Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Esra 10

Die vreemde vroue word weggestuur.

1

EN terwyl Esra bid en hy wenende neerval en 1belydenis doen voor die huis van God, kom daar uit Israel ’n baie groot vergadering van manne en vroue en kinders by hom bymekaar; want die volk het geween met ’n groot geween.

2

Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, 2begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land 3getrou het; maar tog is daar nog 4hoop vir Israel in hierdie saak.

3

Laat ons dan nou ’n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat 5beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word.

4

Staan op, want die saak 6rus op u, en ons staan by u; wees sterk en handel!

5

Toe het Esra opgestaan en hy het die owerstes van die priesters, die Leviete en die hele Israel laat sweer om volgens hierdie woord te handel; en hulle het gesweer.

6

En Esra het hom opgerig van 7voor die huis van God en 8weggegaan na die kamer van Jóhanan, die seun van Éljasib. En hy het daar gekom; geen 9brood het hy geëet en geen water gedrink nie, want hy het rou bedrywe oor die ontrou 10van die ballinge.

7

Toe het hulle ’n 11oproep deur Juda en Jerusalem laat gaan aan al die ballinge om in Jerusalem saam te kom.

8

En elkeen wat nie binne drie dae inkom nie, dié se hele besitting sou volgens besluit van die owerstes en die oudstes deur die banvloek getref word, en hy self uit die vergadering van die 12ballinge 13uitgesluit word.

9

Daarop het al die manne van Juda en Benjamin binne drie dae in Jerusalem saamgekom; dit was die 14negende maand, op die twintigste van die maand; en die hele volk het op die 15plein van die huis van God gesit en 16bewe vanweë die saak self en vanweë die reënbuie.

10

En die priester Esra het opgestaan en vir hulle gesê: Julle was ontrou en het vreemde vroue getrou om 17die skuld van Israel te vermeerder.

11

18Gee dan nou aan die HERE, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue.

12

Toe antwoord die hele vergadering en sê 19hardop: Só, volgens u woorde, 20is ons verplig om te handel;

13

maar die mense is baie, en dit is die reëntyd — 21dit is onmoontlik om buite te staan; en dit is nie ’n werk van een dag en nie van twee nie, want 22ons het in hierdie saak swaar oortree.

14

Laat tog ons owerstes vir die hele vergadering 23optree, dan kan almal in ons stede wat vreemde vroue getrou het, op vasgestelde tye kom, en die 24oudstes en die regters 25van elkeen se stad saam met hulle, om die toorngloed van onse God, 26wat hierdie saak betref, van ons af te wend.

15

Net Jónatan, die seun van Ásahel, en Jagséja, die seun van Tikwa, 27het hierteen opgetree, en Mesúllam en die Leviet Sábbetai het hulle gesteun.

16

Maar die seuns van die ballingskap het so gedoen; en afgesonder is: Esra, die priester, saam met manne, familiehoofde volgens hulle families, en hulle is almal by hul naam genoem; en hulle het op die eerste dag van die 28tiende maand sitting gehou om die saak te ondersoek,

17

en met al die manne wat vreemde vroue getrou het, was hulle gereed op die eerste dag van die 29eerste maand.

18

En van die seuns van die priesters wat vreemde vroue getrou het, was daar van die seuns van Jésua, die seun van Jósadak, en sy broers: Maäséja en Eliëser en Jarib en Gedálja.

19

Maar hulle het hulle 30hand daarop gegee dat hulle hul vroue sou wegstuur en dat hulle ’n ram skuldig sou wees 31vir hulle skuld.

20

En van die seuns van Immer: Hanáni en Sebádja;

21

en van die seuns van Harim: Maäséja en Elía en Semája en Jéhiël en Ussía;

22

en van die seuns van Pasgur: Eljoënai, Maäséja, Ismael, Netáneël, Jósabad en Eleása.

23

En van die Leviete: Jósabad en Símeï en Kelája (dit is Kelíta), Petágja, Juda en Eliëser.

24

En van die sangers: Éljasib; en van die poortwagters: Sallum en Telem en Uri.

25

En uit 32Israel, van die seuns van Parhos: Ramja en Jissía en Malkía en Míjamin en Eleásar en Malkía en Benája;

26

en van die seuns van Elam: Mattánja, Sagaría en Jéhiël en Abdi en Jéremot en Elía;

27

en van die seuns van Sattu: Eljoënai, Éljasib, Mattánja en Jéremot en Sabad en Asísa;

28

en van die seuns van Bébai: Jóhanan, Hanánja, Sábbai en Átlai;

29

en van die seuns van Bani: Mesúllam, Mallug en Adája, Jasub en Seal, Jéremot;

30

en van die seuns van Pahat-Moab: Adna en Kelal, Benája, Maäséja, Mattánja, Besáleël en Bínnuï en Manasse;

31

en van die seuns van Harim: Eliëser, Jissía, Malkía, Semája, Símeon,

32

Benjamin, Mallug, Semárja;

33

van die seuns van Hasum: Mátnai, Mattátta, Sabad, Elifélet, Jerémai, Manasse, Símeï;

34

van die seuns van Bani: Máädai, Amram en Úel,

35

Benája, Bedéja, 33Kelúhu,

36

Wanja, Méremot, Éljasib,

37

Mattánja, Mátnai en Jáäsai

38

en Bani en Bínnuï, Símeï

39

en Selémja en Natan en Adája,

40

34Magnádbai, Sásai, Sarai,

41

Asáreël en Selémja, Semárja,

42

Sallum, Amárja, Josef;

43

van die seuns van Nebo: Jeï-el, Mattítja, Sabad, Sebína, 35Jáddai en Joël, Benája.

44

Hulle almal het vreemde vroue getrou, en daaronder was vroue 36wat kinders voortgebring het.

1 Oor die sondes van die hele volk in die algemeen, en die growwe sondes van die huwelike met die afgodiese heidene in die besonder.
2 Hebr. geantwoord. Dit is, hy het die woord geneem. Sien Rig. 18:14 se kanttekening.

3 Hebr. laat woon het. Sien ook verse 10, 14, 17, 18. Neh. 13:23, 27.

4 Naamlik hierdie hoop dat ons deur ware bekering daarna sal streef om aan God se straf te ontkom; wat hierna beskryf word.

5 Soos in Esra 9:4.
6 Dit is, dit betaam u, dit is u amp, u plig; as priester en volgens die opdrag van die koning van Persië.
7 Dit is, uit die plek van die voorhof van die volk.

8 Om daar ’n duidelike plan en orde van uitvoering te beraam, wat hierna beskryf word.

9 Dit is, hy het nie spys of drank genuttig nie.

10 Sien Esra 9:4 en die kanttekening; so ook in dit wat volg.

11 Hebr. stem. Dit is, die bevel bekendgemaak, soos in Esra 1:1.
12 Hebr. wegvoering.

13 Verstaan geëkskommunikeer, verban of afgesny uit die gemeente.

14 Genaamd Kislew, wat ooreenkom met ’n deel van November en ’n deel van Desember.

15 Sien Neh. 2:8. Waaruit sommige aflei dat hier die plek van die voorhof van die tempel verstaan word, wat in daardie tyd nog oop en sonder ’n muur was.

16 Vanweë die bewussyn van hul misdaad en vrees vir God se straf.

17 Hebr. by Israel se skuld by te voeg.
18 Anders: Doen nou voor die HERE, die God van julle vaders, belydenis en doen, ens. Sien Jos. 7:19.
19 Hebr. groot stem.

20 Vgl. vers 4.

21 Hebr. daar is geen krag om buite te staan nie.

22 Hebr. ons het vermenigvuldig om te oortree.

23 Hebr. staan.

24 Dit is, omdat hulle bepaalde kennis van die inwoners van hul plekke het, en in staat is om oor alle besonderhede aan die groot raad in Jerusalem te berig.

25 Hebr. van stad en stad.

26 Anders: gedurende hierdie saak; of: totdat die saak afgehandel is.

27 Dit is, was aangestel, omdat dit wil voorkom of net hulle alleen onder die priesters onskuldig was aan hierdie misdaad.
28 Genaamd Tebet, wat ooreenkom met ’n deel van Desember en ’n deel van Januarie.
29 Genaamd Abib of Nisan, wat ooreenkom met ’n deel van Maart en ’n deel van April.
30 Dit is, hulle het hul belofte met ’n handdruk verseël. Vgl. 2 Kon. 10:15.

31 Sien Lev. 4:3, ens., waar die priesters sowel as die gewone volk beveel is om, benewens die skulderkenning, hul offer te bring.

32 Tot hiertoe is die skuldiges in die kerklike stand, wat tot die tempeldiens behoort het, genoem. Nou volg diegene wat daarbuite, onder die volk, was.
33 Of: Kelúhi.
34 Of: Mabnádbai.
35 Of: Jáddau.
36 Anders: by wie hulle kinders gehad het. Hebr. en hulle het seuns of kinders gestel. Hy wil sê dat hulle die heidense vroue verlaat het, sowel die wat kinders gehad het as die wat geen kinders gehad het nie, soos in vers 3 gesê is.

Einde van die boek ESRA.