Statevertaling – Bybelstigting
Reëling van die erediens. Die tempelfondamente word gelê.
EN toe die 1sewende maand 2aankom en die kinders van Israel in die stede was, het die volk 3soos een man in Jerusalem byeengekom.
En 4Jésua, die seun van Jósadak, met sy 5broers, die priesters, en Serubbábel, die 6seun van Seáltiël, met sy broers, het klaargemaak en die altaar van die God van Israel gebou om daar brandoffers op te offer soos ageskrywe staan in die wet van Moses, die 7man van God.
En hulle het die altaar op sy grondveste opgerig, 8omdat die skrik vir die volke van die 9lande op hulle gekom het; en hulle het daar brandoffers op geoffer aan die HERE, brandoffers b10smôrens en saans.
En hulle het die huttefees gehou soos geskrywe staan, en brandoffers dag vir dag volgens die getal, na die c11eis van 12elke dag, soos voorgeskrywe was;
en daarna die 13voortdurende brandoffer en dié van die dnuwemane en van al die 14geheiligde feestye van die HERE en van elkeen wat aan die HERE ’n vrywillige gawe gebring het.
Van die eerste dag van die sewende maand af het hulle begin om brandoffers aan die HERE te bring, alhoewel die fondament van die tempel van die HERE nog nie gelê was nie.
Maar hulle het geld gegee aan die 15klipkappers en die 16skrynwerkers, en aan die Sidoniërs en Tiriërs 17voedsel en drank en olie om sederhout van die 18Líbanon te bring na die see, na 19Jafo, volgens die verlof van Kores, die koning van Persië, aan hulle.
En in die tweede jaar ná hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die 20tweede maand, het Serubbábel, die seun van Seáltiël, ’n begin gemaak, hy en Jésua, die seun van Jósadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete 21van twintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van die HERE.
En Jésua het opgetree, sy seuns en sy broers, Kádmiël met sy seuns, die seuns van 22Juda, soos een man, om toesig te hou oor die wat die werk gedoen het aan die huis van God, met die seuns van Hénadad, hulle seuns en hulle broers, die Leviete.
Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die 23instelling van Dawid, die koning van Israel.
En hulle het aangehef met lof en dank aan die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle die HERE loof, omdat die fondament van die huis van die HERE gelê was.
Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe 24die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het.
En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is.
| 1 Tisri genoem, wat ooreenstem met ’n deel van ons September en ’n deel van ons Oktober. In hierdie maand was die huttefees gehou, Lev. 23:24. Núm. 29:12.
2 Hebr. aanraak. 3 Sien Rig. 20:1 se kanttekening. |
| a Deut. 12:5, 6. | 4 Sien Esra 2:2 se kanttekening.
5 Dit is, bloedverwante, en so in dit wat volg. 6 Dit is, kleinkind; want hy was ’n seun van Pedája, wat Seáltiël se seun was, 1 Kron. 3:17-19. Seáltiël word in Matt. 1:12 in die Grieks Salatiël genoem. 7 Sien Rig. 13:6 se kanttekening. |
| b Núm. 28:3. | 8 Dit is, hulle wou hulle deur die oefening in die ware godsdiens verseker teen hul vyande. Anders: maar met skrik, ens. Dit is, hulle het die godsdiens nie nagelaat nie, hoewel hulle bevrees was, ens.
9 Verstaan die omliggende gebiede, waar hul vyande gewoon het. Sien Esra 4:1, 7-10, ens. 10 Sien Núm. 28:3, 4, ens., en die kanttekening. |
| c Lev. 23:34. Núm. 29:12. | 11 Sien Núm. 29:12, ens.
12 Hebr. die woord of die saak van ’n dag op sy dag. |
| d Núm. 28:11, ens. Neh. 10:33. | 13 Sien Núm. 28:6 se kanttekening.
14 Sien Lev. 8:10 se kanttekening. |
| 15 Die Hebreeuse woord kan dui op kappers van klip of van hout, dit is, manne wat klip uit rotse kap en hout uit bosse. Albei was nodig vir die bou van die tempel.
16 Die Hebreeuse woord dui op werkmeesters of ambagslui wat op verskillende beroepe betrekking het. 17 Volgens die voorbeeld van Salomo, 1 Kon. 5:6, 9, 11. 18 Sien 1 Kon. 4:33 se kanttekening. 19 Anders genoem: Joppe, Hand. 9:36. Sien 2 Kron. 2:16 se kanttekening. |
| 20 Ijar genoem, wat ooreenstem met ’n deel van ons April en ’n deel van ons Mei.
21 Hebr. ’n seun van twintig jaar. |
| 22 In Esra 2:40 Hodáwja genoem, en in Neh. 7:43 Hodéwa. |
| 23 Hebr. volgens die hande, dit is (soos sommige verstaan), met psalms wat Dawid gemaak en daarvoor bestem het. Sien 2 Kron. 5:13; 29:27, en vgl. 1 Kron. 16:7, ens. |
| 24 Die betekenis is: Terwyl hulle nou met hulle oë aanskou dat die fondament van hierdie tempel gelê word en dit met die fondament van die eerste tempel vergelyk, kon hulle maklik daaruit aflei hoeveel hierdie gebou van die vorige een sou verskil. Sien Hag. 2:3. Sommige betrek die woorde toe die fondament gelê is grammatikaal op die eerste tempel. |