Statevertaling – Bybelstigting
TOE1 het koning Daríus bevel gegee, en hulle het nagesoek in die 2argief waar hulle in 3Babel die 4skatte wegbêre.
En in 5Agméta, in die vesting wat in die provinsie Medië lê, is ’n 6skrifrol gevind, en só was daarin geskrywe: 7Oorkonde.
In die eerste jaar van koning Kores het koning Kores bevel gegee: Die Godshuis in Jerusalem — dié huis moet gebou word 8as ’n plek waar hulle offers bring, en sy fondamente 9moet gelê word; sy hoogte moet 10sestig el, sy breedte sestig el wees;
met drie lae 11groot klippe en een laag nuwe hout; en die onkoste sal deur die huis van die koning gedra word.
En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadnésar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en na Babel gebring het, moet hulle teruggee, dat dit in die tempel in Jerusalem op 12hulle plek kan kom, en 13jy moet dit in die Godshuis sit.
Tattenai, goewerneur wes van die 14Eufraat, Setar-Bosenai met hulle partygenote, die Afarsegaïete wes van die Eufraat — julle moet daar nou 15ver van af bly.
16Laat die werk aan daardie Godshuis toe; die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode mag daardie huis van God op sy plek bou.
En deur my word bevel gegee hoe julle met hierdie oudstes van die Jode moet handel om daardie huis van God te bou, naamlik: Uit die inkomste van die koning, uit die belasting van die westelike gebied van die Eufraat moet die onkoste aan daardie manne sorgvuldig vergoed word 17sonder vertraging.
En wat 18nodig is, 19jong bulle sowel as ramme en lammers vir brandoffers aan die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie moet aan hulle volgens opgawe van die priesters in Jerusalem sonder versuim dag vir dag gelewer word,
dat hulle 20welgevallige offers kan bring aan die God van die hemel en kan bid vir die lewe van die koning en van sy seuns.
En deur my word bevel gegee dat van elkeen wat hierdie 21bevel oortree, ’n balk uit sy huis geruk sal word, en dat hy daaraan 22opgehang en vasgeslaan sal word, en van sy huis hieroor ’n 23puinhoop gemaak sal word.
En mag God wat sy Naam daar laat woon het, elke koning en volk neerwerp wat sy hand uitsteek om dit te oortree, om naamlik hierdie Godshuis in Jerusalem te verwoes. Ek, Daríus, gee bevel; sorgvuldig moet dit uitgevoer word.
Toe het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai en hulle partygenote sorgvuldig net so gehandel 24soos koning Daríus laat weet het.
En die oudstes van die Jode het gebou en goed gevorder deur die profetiese werksaamheid van die profeet Haggai en Sagaría, die seun van Iddo; en hulle het gebou en voltooi op bevel van die God van Israel en op bevel van 25Kores en 26Daríus en 27Artasásta, koning van Persië.
En hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand 28Adar; dit was die sesde jaar van die regering van koning Daríus.
Tempelwyding en paasfees.
EN die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die 29ballingskap afkomstig, het die 30inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.
En hulle het geoffer by die inwyding van hierdie huis van God: honderd bulle, tweehonderd ramme, vierhonderd lammers en twaalf bokke as sondoffer vir die hele Israel volgens die getal van die stamme van Israel.
En hulle het die priesters aangestel volgens hulle 31afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, a32volgens die voorskrif van die boek van Moses.
En die ballinge het die bpasga gehou op die veertiende van die 33eerste maand.
Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig — hulle almal was rein — en die paaslam 34geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.
En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het 35dit geëet en 36elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgesonder het om saam met hulle die HERE, die God van Israel, 37te soek.
Hulle het ook die fees van die ongesuurde brode met blydskap sewe dae lank gehou; want die HERE het hulle verbly en die hart van die koning van 38Assirië na hulle omgewend, om hul 39hande te versterk in die werk aan die huis van God, die God van Israel.
| 1 Nadat hulle die bevel van koning Kores opgesoek en gevind het, het Daríus bevel gegee om die tempel te bou. Die woorde van hierdie bevel volg vanaf vers 6.
2 Aram. in die huis van die boeke. 3 Verstaan nie die stad Babel nie, maar die land of gebied van Babilonië in den brede geneem, en Medië daarby gereken. 4 Sien Esra 5:17 se kanttekening. |
| 5 Dit verstaan sommige as Ekbatana, waar die konings van Medië in die somer hulle hofhouding gehad het, waarvan hulle meen dat hierdie plek die naam Agméta gekry het, soos hulle hul hofhouding in die winter te Seleukië gehad het, aan die Tigrisrivier. Anders: in ’n koffer of kas.
6 Asof ’n mens sê: saamgerol, deel van ’n boek, volumen genoem in Latyn; omdat die boeke vroeër op lang rolle van boombas geskrywe en saamgebind was. In Ps. 40:8, Jer. 36:2 en Eség. 2:9 vind ’n mens ’n boekrol, en in Eség. 2:10 en Openb. 5:1 ’n boek van binne en van buite beskrywe; waarvan aangeneem word dat dit ’n rol was. So het die Jode vandag nog in hul sinagoges die wetboek van Moses, geskrywe op ’n lang groot perkamentrol. 7 Dit wil voorkom of dit die opskrif is van die memorandum of gedenkskrif wat hierna volg. |
| 8 Of: op die plek, ens.
9 Of: moet swaar wees. Aram. eintlik: draende, dit is, so swaar en sterk dat dit die gebou kan dra. 10 Dit word deur sommige verstaan as toestemming of toelating dat hulle die tempel so hoog mog bou, aangesien Salomo se tempel slegs dertig el hoog was, 1 Kon. 6:2. Dit blyk egter uit Hag. 2:3 dat hierdie gebou nie vergelyk kon word met die tempel van Salomo nie. Sien ook Esra 3:12 en die kanttekening. |
| 11 Soos in Esra 5:8 en die kanttekening. |
| 12 Naamlik van die voorwerpe, of: sy plek, verstaan dit van die tempel.
13 Anders: julle, of: sit dit in die Godshuis. |
| 14 Aram. rivier.
15 Dit is, pas op, dat julle nie enigsins probeer om hierdie werk te belemmer nie. |
| 16 Dit is, laat hulle ongehinderd voortgaan met die arbeid of met die werk. |
| 17 Aram. om dit nie te laat ophou nie. |
| 18 Of: wat hulle benodig.
19 Aram. seuns of kinders van bulle. |
| 20 Of: offers van lieflike geur. Sien Gén. 8:21 se kanttekening. |
| 21 Aram. woord verander. Dit is, hierdie bevel van my oortree, of enigsins daarteen optree. So ook in die volgende vers; net so ook in Dan. 3:28; 6:9, 16.
22 Aram. uitgedelg. 23 Of: mishoop, soos in Dan. 2:5; 3:29. |
| 24 Volgens die bevel wat die koning gestuur het. |
| 25 Sien Esra 1:1; 5:13, en hier vers 3, ens.
26 Sien Esra 4:24 se kanttekening. 27 Diegene wat hier veronderstel dat Daríus die seun van Histaspes was, hou Artasásta vir Artaxerxes Longimanus, dit is, Langhand; maar diegene wat Daríus hou vir Daríus Nothos, veronderstel dat hierdie Artasásta Artaxerxes Mnemon was, dit is, die Gedagtige, wat ’n lang tyd met sy vader geregeer het en daarna nog ’n lang tyd alleen, sodat sommige twee-en-sestig jaar se regering aan hom toeskryf. |
| 28 Dit kom grotendeels ooreen met Februarie, ook deels met Maart. |
| 29 Aram. kinders van die gevangenskap. So ook in vers 19, 20.
30 Vgl. Exodus 40. Núm. 7:10 se kanttekening. 1 Kon. 8:63. Neh. 12:27 se kanttekening. |
| a Núm. 3:6, 32; 8:11. 1 Kron. 24:1, ens. | 31 Elkeen in sy orde, beurt en diens.
32 Sien Núm. 3:6, 7, ens., 32; 8:9, ens. Verstaan hierby dat hulle die ordening van Dawid vernuwe het, 1 Kron. 24:3-5, ens. |
| b Ex. 12:1, ens. Lev. 23:5. Núm. 28:16. Deut. 16:2. | 33 Naamlik, Abib. Sien Ex. 12:2, 6; 13:4, 5. |
| 34 Vgl. 2 Kron. 29:24, 34; 30:17; 35:3, 6. |
| 35 Naamlik die paaslam.
36 Volgens die wet, Ex. 12:48. Núm. 9:14. 37 Dit is hier, om Hom van harte te dien en in sy weë te wandel. |
| 38 Hy was eintlik koning van Persië, maar nou was Assirië en Chaldéa (wat Israel tevore geteister het) onder sy gebied. Miskien het hy ook in hierdie tyd sy hofhouding in Assirië gehad, want sommige skryf dat Daríus, toe hy die regering met sy seun gedeel het, Assirië vir homself gehou het.
39 Dit is, om hulle moedig en gretig te maak vir hierdie werk. Vgl. Esra 1:6. |