Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 21

Wette oor die vryheid en die lewe van die naaste.

1

EN dit is 1die verordeninge wat jy 2hulle moet voorhou:

2

As jy 3a’n Hebreeuse 4slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan.

3

As hy 5alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy 6getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.

4

As sy heer aan hom 7’n vrou gee en sy vir hom seuns of dogters baar, moet die vrou met haar kinders haar heer se eiendom wees, terwyl hy 8alleen vrygelaat word.

5

bMaar as die slaaf 9reguit sê: Ek het my heer, my vrou en my kinders lief; ek 10wil nie as vryman weggaan nie —

6

dan moet sy heer hom na 11die owerhede bring en hom 12by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet 13sy oor met ’n els deurboor; daarna moet hy hom 14vir altyd dien.

7

En as 15iemand sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos 16die slawe weggaan nie.

8

As sy haar heer 17nie beval nie wat haar 18vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan ’n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het.

9

Maar as hy haar vir sy seun bestem, 19moet hy met haar handel volgens die reg van die dogters;

10

as hy vir hom ’n ander een neem, mag hy 20haar voedsel, haar klere en 21haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.

11

En as hy 22hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld.

12

cHy wat ’n mens slaan, dat hy sterwe, 23moet sekerlik gedood word.

13

Maar as hy dit daar nie op 24toegelê het nie, maar God dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou 25’n plek aanwys waarheen hy kan vlug.

14

Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom 26van my altaar af wegneem, 27om te sterwe.

15

dEn hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.

16

En hy wat 28’n mens steel en hom verkoop — of as hy in sy besit gevind word — dié moet sekerlik gedood word.

17

eEn hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.

18

En as manne twis en 29die een die ander slaan met ’n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word —

19

as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, 30ongestraf bly; net sy 31tydverlies 32moet hy vergoed en sorg dat hy 33heeltemal gesond word.

20

En as iemand 34sy slaaf of slavin met ’n stok slaan, dat dié 35onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik 36gewreek word.

21

Maar as hy ná een of twee dae nog 37lewe, moet dit nie gewreek word nie, want 38hy is sy eiendom.

22

En as manne met mekaar veg en ’n swanger vrou so 39stamp dat haar 40vrug afgaan, maar daar 41geen ander letsel is nie, 42moet 43hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur 44skeidsregters gee.

23

Maar is daar 45’n letsel, dan moet jy 46gee 47lewe vir lewe,

24

foog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,

25

brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.

26

En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom 48vry laat weggaan vir sy oog.

27

En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy 49tand.

28

gEn as 50’n bees ’n man of ’n vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees 51sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees 52sal ongestraf bly.

29

Maar as die bees 53tevore al stoterig gewees het en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit ’n man of ’n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas 54moet ook gedood word.

30

As aan hom losgeld 55opgelê word, moet hy vir die lossing van sy lewe alles gee wat hom opgelê word.

31

Of dit ’n seun gestoot het of ’n dogter, volgens hierdie reg moet met hom gehandel word.

32

As die bees ’n slaaf of slavin stoot, moet 56hy aan 57hulle heer dertig 58sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word.

33

En as iemand ’n put oopmaak, of as iemand ’n put grawe en dit nie toemaak nie, en ’n 59bees of esel val daarin,

34

moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar van die dier 60geld gee, maar die dooie dier moet 61syne wees.

35

En as iemand se bees die bees van ’n ander stoot, sodat dit sterwe, moet hulle die lewendige bees verkoop en die geld daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel.

36

Of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy 62ten volle bees vir bees vergoed; maar die dooie een moet 63syne wees.

1 Naamlik burgerlike verordeninge, waarvolgens die regters die volk van God moes rig.

2 Naamlik die volk van Israel, maar in die besonder die regters.

a Deut. 15:12. Jer. 34:14. 3 Niemand mog in Israel ’n Hebreeuse slaaf koop nie, behalwe as iemand homself of sy kinders as gevolg van armoede verkoop het, Lev. 25:39. Deut. 15:12, of as die owerheid hom laat verkoop het, vanweë diefstal wat hy gepleeg het en wat hy nie kon teruggee of vergoed nie, Ex. 22:3.

4 Verstaan hieronder ook die Hebreeuse slavin, soos af te lei is uit Deut. 15:12. Jer. 34:9.

5 Hebr. as hy met sy lyf kom. Dit is, hy as persoon alleen, sonder vrou.

6 Hebr. die heer van ’n vrou. Sien Gén. 14:13 se kanttekening.

7 ’n Heidense of uitlandse slavin, want net hulle mog in slawerny gehou word, Lev. 25:44, maar met ’n Hebreeuse vrou mog ’n mens nie so handel nie, soos blyk uit vers 7.

8 Want die kinders wat uit ’n slavin gebore is, was ook slawe of lyfeienes, soos blyk uit Gén. 21:10. Gal. 4:24, 25, ens.

b Deut. 15:16. 9 Hebr. seggende sê.

10 Hebr. sal.

11 Hebr. gode. Dit is, magistrate, regters, soos in Ps. 82:1, 6 en die kanttekeninge.

12 Naamlik by die deur van die huis van die huisheer.

13 Daarmee word aangewys dat hy asof aangeheg was aan die huis van sy heer, en verbind gebly het om hom voortaan te dien.

14 Sien Deut. 15:17.

15 Hebr. ’n man, en verstaan dit as ’n Hebreeuse man.

16 Van wie in vers 6 gespreek is.

17 Hebr. as sy kwaad of verkeerd is in die oë van haar heer.

18 Sommige lees nie vir homself in die plek van vir homself, gebaseer op ’n ander Hebreeuse letter.

19 Dit is, hy moet vir haar ’n huweliksprys of huweliksgoedere gee, soos die vaders vir hul dogters gee, Ex. 22:16.
20 Hebr. haar vleis, dit is, voedsel of kos.

21 Verstaan deur die huweliksgemeenskap dít waarvan die apostel in 1 Kor. 7:3 spreek, sien ook die kanttekening daar. Anders: bywoning.

22 Waarvan in vers 10 gespreek is.
c Lev. 24:17. 23 Hebr. dodende gedood word.
24 Dit is, met opset gesoek.

25 Oor die stede waarheen diegene wat sonder opset ’n doodslag begaan het, kon vlug, sien Núm. 35:11. Deut. 19:2. Jos. 20:2.

26 Asof God sê: Ook al het hy sy toevlug tot my altaar geneem. Sien 1 Kon. 2:28.

27 Naamlik ooreenkomstig die oordeel van die owerheid.

d Matt. 15:4.
28 In Deut. 24:7 staan uit die kinders van Israel, dit is, ’n Israeliet.
e Lev. 20:9. Spr. 20:20. Matt. 15:4. Mark. 7:10.
29 Hebr. ’n man (dit is, iemand) sy naaste slaan.
30 Dit is, nie met die dood gestraf word nie.

31 Hebr. sy sit, dit is, die skade wat hy gely het, omdat hy nie kon werk nie.

32 Dit is, hy sal sy naaste tot sy tevredenheid vergoed, omdat hy vir so ’n lang tyd nie kon werk nie, en ook sy brood nie kon verdien nie.

33 Hebr. genesende genees, of helende heel.

34 Wat hy met sy geld gekoop het. Om daardie rede word hy in vers 21 sy eiendom genoem. Maar met ’n Hebreeuse dagloner was die omstandighede heeltemal anders, soos te sien is in Lev. 25:39-41.

35 Dit is, terwyl hy slaan.

36 Naamlik deur die owerheid, wat ’n wreker in diens van God is, Rom. 13:3, 4.

37 Hebr. staan.

38 Hebr. hy is sy geld. Dit is, hy is met sy geld gekoop, en daarom is hy sy eiendom, waarom dit ook geloofwaardig is dat hy hom slegs wou kasty, en nie wou doodmaak nie. Anders: as hy sy eiendom is, dit is, as dit so ’n kneg is wat met sy geld gekoop is.

39 Naamlik albei manne, of een van beide.

40 Hebr. haar kinders.

41 Of: geen dodelike letsel. Verstaan hier: geen dodelike letsel aan die moeder, of aan die vrug nie.

42 Hebr. hy moet betalende boete betaal.

43 Naamlik, hy wat die vrou geslaan of gestamp het.

44 Dit is, ooreenkomstig die oordeel van die skeidsregters of bemiddelaars.

45 Of: ’n dodelike letsel, naamlik aan die moeder of aan haar vrug.

46 Naamlik jy, die beskadiger, of jy, die skeidsregter.

47 Hebr. siel vir siel.

f Lev. 24:20. Deut. 19:21. Matt. 5:38.
48 Dit is, hy moet hom van sy diensbaarheid onthef.
49 Verstaan dit ook van die verlamming of besering van ander ledemate van die liggaam.
g Gén. 9:5. 50 Verstaan hier onder die naam bees ook bulle, koeie, bokke, ramme en ander diere, wat skade veroorsaak met hulle horings, tande, of kloue, ens.

51 Hebr. stenigende gestenig word. God wreek die bloed van die mense selfs op die diere. Sien Gén. 9:5.

52 Naamlik, as sy baas nie geweet het dat die bees stoterig was nie.

53 Hebr. vanaf gister, eergister. So ook in vers 36 en elders.

54 Omdat hy die dood van sy naaste nie voorkom het nie, wat hy wel kon doen.

55 Naamlik deur die regters, nadat hulle alle besonderhede van die saak noukeurig ondersoek het.
56 Naamlik aan wie die bees behoort.

57 Naamlik die eienaar van die slaaf of van die slavin.

58 Sien Gén. 20:16 en die kanttekening.

59 Verstaan hierby ook ander diere.
60 Naamlik, soveel as die dier deur die regters of onpartydiges geskat sal word.

61 Naamlik van die eienaar van die put.

62 Hebr. vergoedende vergoed.

63 Naamlik van die eienaar van die stoterige bees.