Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 22

Wette oor die eiendom van die naaste.

1

AS aiemand ’n bees of ’n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir ’n bees vergoed en vier stuks kleinvee vir ’n stuk kleinvee.

2

As ’n dief betrap word 1terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, 2sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie;

3

3as die son 4oor hom opgegaan het, 5ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet 6ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word.

4

As die gesteelde goed — 7of dit ’n bees, ’n esel of ’n stuk kleinvee is — nog lewendig 8in sy besit 9gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee.

5

As iemand ’n stuk veld of ’n 10wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van ’n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.

6

As ’n vuur uitbreek 11en die dorings 12vat, sodat ’n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee.

7

As iemand aan sy naaste geld of 13goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee.

8

As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die 14owerhede gaan om te beslis of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie.

9

By alle sake van ontvreemding, of dit gaan oor ’n bees, oor ’n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, 15waarvan iemand sê: Dit is myne! — moet die saak van 16altwee voor die owerhede kom; die een wat die owerhede skuldig verklaar, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee.

10

As iemand aan sy naaste ’n esel of bees of stuk kleinvee of enige dier gee om 17op te pas, en dit gaan dood of kry ’n ongeluk of word weggevoer sonder dat 18iemand dit sien,

11

dan moet die 19eed by die HERE tussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet 20daarmee tevrede wees, en 21die ander hoef geen vergoeding te gee nie.

12

Maar as dit van hom 22weggesteel is, moet hy aan die eienaar vergoeding gee.

13

As dit verskeur is, moet hy 23dit as bewys bring; wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie.

14

En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit kry ’n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, 24moet hy ten volle vergoeding gee.

15

As die eienaar daarby gewees het, hoef hy geen vergoeding te gee nie. 25As dit gehuur was, kom die huurgeld daarvoor.

16

As iemand ’n jongmeisie 26wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.

17

As haar vader 27beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld 28gee 29volgens die huweliksprys vir jongmeisies.

18

bDie 30towerheks mag jy nie laat lewe nie.

19

cElkeen wat met ’n dier gemeenskap het, 31moet sekerlik gedood word.

20

dHy wat aan die gode 32offer, behalwe aan die HERE alleen, 33moet met die banvloek getref word.

21

eJy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

22

fJulle mag geen weduwee of wees verdruk nie.

23

As jy hulle op 34enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My 35roep, hulle geroep 36sekerlik hoor,

24

en my toorn sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.

25

gAs jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ’n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen 37rente oplê nie.

26

hAs jy 38ooit 39jou naaste se 40gewaad as pand neem, moet jy hom dit teruggee 41voor die son 42ondergaan;

27

want dit is sy enigste bedekking, dit is die bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is genadig.

28

Jy mag 43God nie vloek nie, en ’n iowerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.

29

Die offer uit jou 44volle opbrings en 45jou parskuip mag jy 46nie terughou nie. kDie eersgeborene van jou seuns 47moet jy aan My gee.

30

Jy moet ldieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet dit by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy dit aan My gee.

31

En julle moet vir My 48heilige mense wees. mDaarom mag julle nie vleis eet 49wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.

a 2 Sam. 12:6.
1 Soos in Matt. 24:43. Hebr. in deurgrawing, of met ’n instrument waarmee deurgrawe of ingebreek word.

2 Hebr. dit sal vir hom nie bloede (in die meervoud) wees nie, dit is, aan hom (naamlik die persoon wat die dief doodgeslaan het) sal geen bloed toegereken word nie; hy sal daarom nie as ’n moordenaar gestraf word nie. So word die woord bloed (in die meervoud) in Núm. 35:27 en elders gebruik.

3 Dit is, as die dief helder oordag inbreek; hy wat hom dan doodslaan, se bloed sal om die rede vergiet word.

4 Naamlik oor die dief, toe hy geslaan is.

5 Naamlik op die een wat doodslaan.

6 Hebr. vergoedende vergoed. Hy, naamlik die dief van wie in vers 1 gespreek is. Die saak van vers 1 word hier voortgesit.

7 Hebr. van bees tot esel.

8 Hebr. in sy hand. Dit is, by hom, in sy huis of stal, voordat hy dit wat gesteel is, geslag of verkoop het.

9 Hebr. gevind wordende gevind word.

10 Verstaan hierby: of iets dergeliks, soos ’n erf, tuin, jong boompies of struike, ens.
11 Verstaan hierby: óf strooi, óf hooi, óf iets dergeliks, wat maklik aan die brand slaan.

12 Hebr. en dit vind dorings.

13 Dit is, huisraad.
14 Hebr. gode, soos in Ex. 21:6 en die kanttekening.
15 Anders: wat sê dat dit dit is wat myne is, of dat dit hy is.

16 Naamlik van die klaer en van die aangeklaagde.

17 Naamlik vir geld.

18 Naamlik, wat daarvan kon getuig.

19 Dit is, die eed waarmee die HERE as getuie aangeroep word.

20 Dit is, met die eed tevrede wees en vergenoegd wees.

21 Naamlik die oppasser.

22 Hebr. stelende gesteel is.
23 Dit is, iets of ’n deel van die verskeurde, soos in Amos 3:12.
24 Hebr. sal dit vergoedende vergoed, dit is, betaal.
25 Die betekenis is: Hy wat dit gehuur het, sal onthef wees deur die huurgeld, waarop ooreengekom is, te betaal.
26 Om met ’n verloofde jongmeisie, wat nog ’n maagd was, gemeenskap te hê, was strafbaar met die dood, Deut. 22:23, ens.
27 Hebr. weierende weier.

28 Hebr. afweeg; vroeër het mense vir mekaar geld afgeweeg.

29 Dit was vyftig sikkels silwer, Deut. 22:29.

b Deut. 18:10, 11. 30 Hier moet ook manlike towenaars verstaan word, Deut. 18:10, 11.
c Lev. 18:23; 20:15. 31 In Lev. 20:15 beveel God dat die dier ook gedood moet word.
d Deut. 17:2-5. 32 Onder die woord offer moet ’n mens ook allerlei diens en betoon van eerbied verstaan, Deut. 17:3.

33 Dit is, hy sal as vervloek beskou word, en hy sal uitgeroei word.

e Lev. 19:34.
f Sag. 7:10.
34 Hebr. verdrukkende verdruk.

35 Of: ernstig roep. Hebr. roepende roep.

36 Hebr. horende hoor.

g Lev. 25:36, 37. Deut. 23:19, 20. Ps. 15:5. Spr. 28:8. Eség. 18:8. 37 Die Hebreeuse woord nesjeg is ontleen aan die woord byt, omdat rente die arm mense byt en verteer.
h Deut. 24:12, 13. 38 Hebr. as pand nemende, as pand neem.

39 Verstaan hierby: as hy ’n arm man is, wat slegs een kledingstuk het, soos blyk uit vers 27. Deut. 24:12, 13.

40 Verstaan hieronder ook bedekking, soos ’n kombers.

41 Of: teen sonsondergang, terwyl die son ondergaan.

42 Hebr. ingaan, naamlik in sy slaapkamer, soos Dawid spreek in Ps. 19:6.

i Hand. 23:3-5. 43 Of: gode. Sien Ex. 21:6 en die kanttekening, hier moet dan die owerhede, sowel die voorgangers in die kerk as die politieke regering van daardie tyd verstaan word; soos blyk uit die woorde van Paulus, Hand. 23:5.
k Ex. 13:2, 12. 44 Dit is, die volryp vrugte, die vrugte wat vol en ryp is, soos in Núm. 18:27.

45 Hebr. jou trane. So word wyn en olie genoem, omdat dit soos trane vloei as dit gepars word.

46 Verstaan hierby: maar jy moet dit aan My op die regte tyd bring.

47 Of met vyf sikkels silwer loskoop, wat hulle vir die priesters van die HERE gegee het, Núm. 18:16.

l Ex. 23:19. Lev. 22:27. Eség. 44:30.
m Lev. 22:8. Eség. 44:31. 48 Hebr. manne van heiligheid, dit is, wat ’n heiliger en godsaliger lewe as die heidene lei.

49 In Lev. 17:15 word die diere wat vanself doodgaan hierby gevoeg.