Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 28

Die heilige klere.

1

DAN 1moet jý jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: aAäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron.

2

En jy moet vir jou broer Aäron 2heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.

3

Jy moet ook spreek met almal wat 3kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

4

En dit is die klere wat hulle moet maak: ’n borstas en ’n 4skouerkleed en ’n 5mantel en ’n kunstig 6bewerkte rok, ’n 7tulband en ’n gordel; so moet 8hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

5

En 8hulle moet die 9goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.

6

bEn hulle moet die skouerkleed maak 10van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.

7

Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word.

8

En 11die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet 12van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

9

En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer:

10

ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.

11

Met graveerwerk, 13soos op ’n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in 14kassies van goud.

12

En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig 15as gedagtenisstene vir die kinders van Israel — Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van die HERE om hulle 15in gedagtenis te bring.

13

Jy moet dan kassies van goud maak

14

en twee kettings van suiwer goud; 16gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.

15

cJy moet ook die 17borstas van beslissing maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak.

16

Vierkantig moet dit wees en dubbel gevou; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.

17

En voorsien dit van ’n steeninvulling van vier rye stene: 18’n ry met ’n 19karneool, ’n topaas en ’n smarag moet die eerste ry wees.

18

En die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en ’n jaspis.

19

En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.

20

En die vierde ry: ’n chrisoliet en ’n oniks en ’n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees 20by hulle invulling.

21

En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.

22

Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.

23

En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas,

24

en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas;

25

en maak die twee ander ente van 21die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan 22die voorkant daarvan.

26

Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig dié aan die twee onder-ente van die borstas, aan die 23kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.

27

En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy 24verbinding, bo die band van die skouerkleed.

28

En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.

29

So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die HERE gedurigdeur.

30

Jy moet ook in die borstas van beslissing 25die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.

31

En jy moet ddie 26mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.

32

En die 27opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet ’n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van ’n pantser moet dit daaraan wees, dat 28dit nie kan skeur nie.

33

En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar 29tussenin goue klokkies rondom:

34

’n goue klokkie en ’n granaatjie, ’n goue klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.

35

En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat 30die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die HERE, ingaan en as hy daar uitgaan, 31dat hy nie sterwe nie.

36

Verder moet jy e’n 32plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, 33soos op ’n seëlsteen uitgesny word: 34HEILIG AAN DIE HERE.

37

En maak dit vas aan ’n pers toutjie, sodat dit aan 35die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.

38

So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, 36sodat Aäron die skuld kan 37dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig — al hulle heilige gawes. En dit moet 38gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind.

39

Jy moet ook fdie rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook ’n tulband van fyn linne maak, en ’n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.

40

En maak 39rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle 40musse maak, tot eer en tot sieraad.

41

En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. 41En salf hulle en 42stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.

42

Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.

43

43En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen 44skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is ’n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag ná hom.

a Hebr. 5:4. 1 Naamlik, nadat die werk van die tabernakel voltooi is.
2 Dit is, klere wat hy sal aantrek wanneer hy die heilige godsdiens sal verrig. Hebr. klere van heiligheid.
3 Hebr. wys van hart. Sien Job 9:4 en die kanttekening.
4 Sien Ex. 25:7.

5 Of: bo-kleed, bo-rok, oortreksel, waaraan die klokkies was. Sien vers 31-33.

6 Verstaan kunstig bewerk met versierings in die vorm van ogies. Dit word gesien as die onderrok, wat langer is as die mantel.

7 Dit was ’n bedekking asof rondom die hoof gevou, soos die hedendaagse tulbande van die Turke; dit was die hoofbedekking en versiering van konings en priesters.

8 Naamlik die wyse manne waarvan in vers 3 gespreek is.

9 Naamlik, wat die kinders van Israel vrywillig sou bring, waarvan in Exodus 25 gespreek is.
b Ex. 39:2. 10 Die goue skouerkleed of efod was slegs deur die hoëpriester gedra, maar daar was ook skouerklede van linne, wat deur die ander priesters, ja, ook ander mense, gedra is. Sien 1 Sam. 2:18; 22:18. 2 Sam. 6:14.
11 Naamlik, waarmee die skouerkleed omgord sou word. Daar is verskil van menings of hierdie skouerkleed van die skouers af, sowel voor as agter, gehang het tot op die heupe en onder hierdie band, en of hy slegs agter gehang het tot aan die band of bo die band, en of hy, terwyl hy voor en agter oop is, aan die skouerbande van die heupe neergehang het tot op die voete. Die laaste word egter deur die geleerdste Hebreërs bevestig.

12 Dit is, van dieselfde materiaal waarvan die skouerkleed is.

13 Dit is, op die netjiesste en beste. Hebr. Met gravering soos ’n seël.

14 Die hol plek in die goud van ’n ring, waarin die steen ingelê word, word ’n kassie genoem.

15 Die betekenis van hierdie woorde is dat Aäron, terwyl hy voor God staan, die kinders van Israel by Hom in gedagtenis bring.
16 Anders: gedraaide werk.
c Ex. 39:8. 17 So genoem omdat die hoëpriester dit aangetrek het wanneer belangrike, maar tog twyfelagtige sake voorgeval het, waarin hy God se raad ingeroep het.
18 Dit is, die eerste, soos in Gén. 1:5 se kanttekening; Gén. 2:11.

19 In die vertaling van die name van hierdie stene is die geleerdste vertalers dit nie eens nie. Hier word egter die mening van die meeste en vernaamste vertalers, sowel oues as nuwes, gevolg. In die Hebreeus staan die name soos volg:

1 odem, pitda, bareket.

2 nofeg, sappir, jahalom.

3 lesjem, sjewo, aglama.

4 tarsjisj, sjoham, jasjfe.

20 Dit is, in die kassies waarin hulle gelê sal word. Vgl. Ex. 25:7 se kanttekening.
21 Hebr. beide die gedraaide werk of draaisels.

22 Hebr. aangesig.

23 Hebr. lip.
24 Anders: samevoeging.
25 Hierdie woorde sou vertaal kon word met die ligte en die volmaakthede. Dit het God behaag om sy helder en volmaakte antwoorde daardeur aan die hoëpriester te gee. Maar wat dit presies was, is onseker; ’n mens lees nêrens dat God Moses beveel het om dit te maak nie, nog minder hoe of waarvan dit gemaak is. Vgl. Lev. 8:8.
d Ex. 39:22. 26 Naamlik die mantel of rok wat onder die skouerkleed gedra sal word.
27 Dit is, die opening waardeur die hoof van die hoëpriester sal gaan. Hebr. die mond van sy hoof.

28 Naamlik die opening. Anders: hy, naamlik die skouerkleed.

29 Anders: te midde van die.
30 Verstaan die klank of geluid van die klokkies.

31 Verstaan om deur God die HERE doodgemaak te word.

e Ex. 39:30. 32 Hebr. ’n blom, wat mooi vir die oog is.

33 Hebr. met gravering van ’n seël.

34 Anders: heilig van die HERE.

35 Sien vers 4.
36 Hier is Aäron ’n tipe van Christus, wat deur sy heiligheid die sondes van sy volk weggeneem het, wat hulle dikwels begaan, ook in hul allerheiligste werke, Joh. 1:29. 2 Kor. 5:19. 1 Joh. 2:1.

37 Dit is, draende wegneem.

38 Verstaan dat die hoëpriester altyd die tulband sou dra wanneer hy diens doen.

f vers 4.
39 Naamlik van fyn linne, soos van die hoëpriester, Ex. 39:27. Verstaan dit ook van die gordel en die hoede of hoofbedekkings, wat nie veel anders was as die van die hoëpriester nie.

40 Of: verhewe musse, wat om die hoof gebind is, Lev. 8:13.

41 Naamlik met die heilige olie, soos God beveel het om dit te maak. Sien Ex. 29:7; 30:23-25.

42 Sien Lev. 8:33 en die kanttekening.

43 Hebr. En dit sal op Aäron en op sy seuns wees.

44 Dit is, die straf van die ongeregtigheid; sien Lev. 5:1.