Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 32

Die goue kalf.

1

TOE 1die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk 2rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, amaak vir ons 3gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

2

En Aäron sê vir hulle: 4Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.

3

Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.

4

En hy het dit uit hulle hand geneem en 5dit met die 6beitel bewerk en daar ’n 7gegote 8kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

5

Toe Aäron 9dit sien, het hy daarvoor ’n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die 10HERE.

6

En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers 11aangebring; daarop bhet die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan 12om te speel.

7

Toe sê die HERE vir Moses: Gaan heen, klim af, want 13jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, 14chet verderflik gehandel.

8

En hulle het 15gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. 16Hulle het vir hulle ’n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en 17daaraan geoffer en gesê: dDit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

9

Verder het die HERE vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, een kyk, dit is 18’n hardnekkige volk.

10

19Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ’n groot nasie maak.

11

Maar Moses het die HERE sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o HERE, sou u toorn ontvlam teen u volk fwat U met grote krag en met ’n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?

12

Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: gIn 20kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle 21van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, en 22laat dit U berou oor die onheil van u volk.

13

23hGedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U 24by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle nageslag vermenigvuldig 25soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek 26gespreek het, sal Ek aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe.

14

27Toe het dit die HERE berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.

15

En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels 28van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was 29op die een en op die ander kant beskrywe.

16

En idie tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.

17

En toe 30Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer.

18

Maar 31hy antwoord: 32Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang.

19

En toe hy naby die laer kom en die kalf en 33kkoordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg 34verbrysel.

20

En lhy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur 35verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit 36laat drink.

21

En Moses het vir Aäron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so ’n groot sonde oor hulle gebring het?

22

Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, mdat hulle deur en deur sleg is.

23

Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

24

Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! 37En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, 38en hierdie kalf het daaruit gekom.

25

Toe Moses sien dat die volk 39bandeloos was — want 40Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders —

26

het Moses in 41die poort van die laer gaan staan en gesê: 42Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het 43al die seuns van Levi by hom versamel.

27

En hy het vir hulle gesê: So spreek die HERE, 44die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen 45sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.

28

En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man 46geval.

29

47Toe het Moses gesê: 48Vul vandag julle hand om te offer aan die HERE — want elkeen is teen sy seun en teen sy broer — sodat 49Hy vandag ’n seën oor julle kan gee.

Moses bid vir die volk.

30

EN die 50volgende dag het Moses aan die volk gesê: Júlle het ’n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.

31

51En Moses het na die HERE teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ’n groot sonde begaan en vir hulle 52goue gode gemaak.

32

Nou dan, as U tog maar hulle sonde 53wou vergewe! En so nie, 54delg my dan maar uit 55u boek wat U geskryf het!

33

Toe het die HERE Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, 56dié sal Ek uitdelg uit my boek.

34

Maar gaan nou en lei die volk 57waarheen Ek jou gesê het. Kyk, 58my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek 59hulle sonde oor hulle 60besoek.

35

So het die HERE dan die volk 61getref, 62omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.

a Hand. 7:40. 1 Verstaan dit as sommige onder die volk; want diegene wat later op die bevel van Moses die afgodsdienaars doodgemaak het, word nie hieronder gereken nie, vers 26. Sien 1 Kor. 10:7.

2 Anders: teen.

3 Dit is, ’n sigbare teken of beeld van die onsigbare God, soos in vers 4.

4 Dit is geloofwaardig dat Aäron van mening was dat die Israeliete eerder sonder ’n goue kalf sou klaarkom as dat hulle hul kosbare juwele moes prysgee; maar hy het in hierdie mening van hom bedroë daarvan afgekom.
5 Naamlik die kalf.

6 Die Hebreeuse woord kan ook griffel beteken, soos in Jes. 8:1. Dit wil voorkom of die bedoeling dan die volgende is: dat Aäron eers met ’n pen, griffel of kwas die figuur van ’n kalf êrens geteken het om dit aan die volk te wys en te vra of so ’n vorm of model hulle sou behaag.

7 Hebr. kalf van gieting.

8 Of: os. Die afgod Apis was deur die Egiptenaars geëer in die voorkoms van ’n kalf of os. Dit wil voorkom of die Israeliete dit hier nagevolg het.

9 Naamlik, dat die volk die kalf goddelike eer wou betoon.

10 Aäron gebruik hier die Naam van die ware God, met die doel om Hom deur hierdie kalf te eer; maar dit was egter afgodery.

b 1 Kor. 10:7. 11 Naamlik na die altaar; dit is, hulle het aan die kalf geoffer.

12 Sien vers 19 se kanttekening.

c Deut. 32:5. 13 God ag die volk van Israel nie waardig om hulle langer sy volk te noem nie, aangesien hulle vir hulle ’n kalf tot hul god gemaak het.

14 Anders: het hulself verderf; dit is, hulle het hulself deur hul afgodery in die verderf gebring.

d 1 Kon. 12:28. 15 Naamlik terstond ná die verbond gesluit is, Exodus 19; 24.

16 Aäron het die goue kalf gemaak of laat maak, vers 4, op die versoek of bevel van die volk, vers 1.

17 Naamlik aan die kalf en nie aan My nie, alhoewel hulle voorgee dat hulle dit wel doen, vers 5.

e Ex. 33:3. Deut. 9:6, 13. Jes. 48:4. Jer. 5:3. Hos. 4:16. 18 Dit is, onvergenoegd, vermetel, ongebonde, wat hul nek nie onder die wette en die wil van die HERE wil buig nie. Dit is ’n voorbeeld geneem van diere, wat hulle nekke so hard en styf hou dat hulle dit nie wil buig volgens die begeerte van diegene wat hulle die juk oplê of met die toom wil beheer nie. Sien Deut. 10:16. Spr. 29:1. Hand. 7:51.
19 En verhinder My nie deur jou voorbidding nie. Want die gebed van ’n gelowige het groot krag by God, Jak. 5:16.
f Ps. 106:21.
g Núm. 14:13, ens. 20 Dit is, met ’n listige en bose voorneme. Anders: ten kwade, dit is, tot hul ongeluk en verderf.

21 Dit is, sodat hulle nie op die aardbodem sou bly nie.

22 Moses bid hier dat God berou moet hê, dit is, dat Hy die volk nie met die onheil sal tref nie, dit is, die straf wat Hy oor hulle wou bring. Sien Gén. 6:6.

h Gén. 12:7; 13:15; 15:18; 26:4; 28:13. Deut. 34:4. 23 Dit is, gedenk aan die belofte wat U aan Abraham, ens. gemaak het.

24 God sweer by Homself, omdat daar geen meerdere is om by te sweer nie, Hebr. 6:13, 17.

25 Sien Gén. 15:5.

26 Dit is, belowe het.

27 Dit is, toe het Hy nie die volk verdelg soos Hy gedreig het nie, maar Hy het volstaan met drieduisend wat doodgemaak sou word.
28 Dit is, van die wet van God.

29 Hebr. van hier en van daar beskrywe.

i Ex. 31:18. Deut. 9:10.
30 Wat saam op die berg gebly het, Ex. 24:13.
31 Naamlik Moses.

32 Hebr. Dit is nie die stem van die sing van krag nie, en dit is nie die stem van die sing van swakheid nie.

k Deut. 9:17. 33 Verstaan sodanige koordanse waar daar gefluit en gespeel is, volgens die manier van die heidene.

34 Naamlik voor die oë van die volk, Deut. 9:17.

l Deut. 9:21. 35 Dit is, hy het die kalf gesmelt en weer tot ’n klont gemaak.

36 Omdat hulle hierdeur die nietigheid van sulke gode sou leer verstaan, wat deur die mens ingesluk kan word; asook om die Israeliete te herinner dat hulle verdien het om die vloek en die toorn van God te drink. Sien Núm. 5:18.

m 1 Joh. 5:19.
37 Anders: en gee dit aan my.

38 Aäron bely hier sy eie sonde nie so opreg en so openlik soos hy die sonde van die volk bely het nie: hy spreek van die kalf asof dit meer per toeval, eerder as deur sy wil of kuns, gemaak is, maar in vers 4 staan dit heeltemal anders. Sien Deut. 9:20. Aäron se verskoning kom ooreen met dié van Adam, Génesis 3.

39 Anders: ontbloot en so in dit wat volg. Nie soseer ontbloot van hulle sierade nie, maar van God se beskerming, is hulle nou soos ontblote ongewapende mense, wat maklik deur hul vyande oorval en oorwin kon word; vgl. dit met Gén. 3:10. Openb. 3:18; 16:15.

40 Hierdie bandeloosheid of ontbloting (sien die vorige kanttekening) word aan Aäron toegeskryf, omdat hy nie net tot die goddelose versoek van die volk ingewillig het nie, maar dit ook bevorder het.

41 Die laer was met ’n wal, of palissade, of met iets anders omring, en het poorte hier en daar gehad. Die poorte was ook die plekke van die gereg, soos in Gén. 34:20. Deut. 17:5. Rut 4:1, 11.

42 Hebr. Wie vír die HERE is, na my toe! Moses het weens haas en ywer enkele woorde uitgelaat.

43 Dit is, byna almal, want sommige van hulle het hulle ook in afgodery misgaan, ja, selfs Aäron, sien vers 29. Deut. 9:20; 33:9. Anders: En die wat by hom versamel het, was almal kinders van Levi, wat by die huis gebly het en geen afgodery begaan het, deur die kalf te aanbid nie.

44 Naamlik die ware God van Israel, nie die kalf waarvan hulle in vers 4 gespreek het nie: Dit is jou gode, Israel.

45 Dit is, die eerste wat hom teëkom; verskoon niemand nie, selfs al is dit jou broer.

46 Naamlik deur die skerpte van die swaard.
47 Of: Want. Met hierdie woorde word aangedui wat die Leviete so dapper en vreesloos gemaak het, sodat hulle selfs hul naaste vriende doodgemaak het, naamlik omdat hulle van Moses verstaan het dat hul vir God hiermee ’n aangename diens sou verrig, en dat hulle op hierdie wyse ’n besondere seën van God sou ontvang.

48 Dit is, heilig die HERE vandag julle hande, dit is, verrig hierdie heilige diens vir Hom; Lev. 7:37 en die kanttekening. God die HERE getuig hier dat waar reg en straf uitgeoefen word oor die kwaaddoeners, dit vir Hom so aangenaam is soos ’n offer. Sien 1 Sam. 15:18, 22. Hierdie daad van die Leviete beskryf Moses weer in Deut. 33:9.

49 Naamlik God die HERE.

50 Naamlik, nadat daar drieduisend omgebring was.
51 Moses het weer veertig dae op die berg gebly sonder om te eet, terwyl hy vir die volk tot God die HERE gebid het, Deut. 9:18.

52 Anders: ’n god van goud, dit is, die kalf.

53 Verstaan: so is dit goed. Vgl. hierdie manier van spreek met Luk. 13:9.

54 Wie God eenmaal tot die ewige lewe uitverkies het, verwerp Hy nooit nie. Maar Moses het met hierdie woorde bekend gemaak sy innerlike ywer vir die eer van God, en sy groot liefde vir die volk Israel; vgl. hiermee die ywer van Paulus, Rom. 9:3.

55 Dit word ook die boek van die lewe genoem, omdat almal wat deur God tot die ewige lewe verordineer is, daarin opgeskrywe staan, Ps. 69:29. Filip. 4:3. Openb. 3:5; 20:12; 21:27. Dit is egter menslikerwyse van God gespreek, want deur hierdie boek word niks anders bedoel nie, as God se ewige raad en onveranderlike besluit van die uitverkiesing.

56 Verstaan hierby: indien Ek iemand sou uitdelg.
57 Naamlik na die land Kanaän.

58 So dreig God in sy toorn om hierdie volk aan Moses en aan ’n engel oor te gee; sien daaroor Ex. 33:2 se kanttekening.

59 By name hierdie sonde van afgodery wat met die goue kalf begaan is.

60 Sien Gén. 21:1.

61 Anders: geslaan, naamlik deur die swaard van die Leviete, vers 28.

62 Dit is, omdat hulle Aäron daartoe verlei en gedryf het om die goue kalf te maak. Wat ’n mens deur middel van iemand anders doen, is soveel asof ’n mens dit self gedoen het; in die tussentyd is diegene wat hom as ’n werktuig daartoe laat gebruik, ook nie onskuldig nie.