Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 34

Moses klim weer op die berg.

1

TOE ahet die HERE aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.

2

En hou jou gereed 1teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die 2top van die berg.

3

bMaar 3niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie, claat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.

4

Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.

5

En die HERE het neergedaal in die 4wolk en daar by hom gestaan. En 5Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.

6

dEn toe die HERE by hom verbygaan, het 6Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, 7lankmoedig en groot van goedertierenheid en 8trou;

7

ewat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, 9maar nooit ongestraf laat bly nie; wat fdie ongeregtigheid 10van die vaders besoek 11aan die kinders en aan die kindskinders, 12aan die derde en aan die vierde geslag.

8

Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval

9

en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, 13laat dan tog die HERE in ons midde trek; want dit is ’n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as g’n erfdeel.

10

Toe antwoord Hy: Kyk, hEk sluit ’n verbond; ivoor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek 14aan jou gaan doen.

11

15Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete16.

12

kNeem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ’n strik by jou word nie.

13

Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle 17heilige boomstamme afkap.

14

lWant jy mag jou nie neerbuig voor ’n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers — ’n jaloerse God is Hy.

15

Sluit tog nie ’n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan 18hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet;

16

en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, men sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.

17

Jy mag vir jou geen 19gegote gode maak nie.

18

20Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, nop die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek.

19

21oAlles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, 22die eerstelinge van beeste en kleinvee.

20

pMaar die eersteling van ’n 23esel moet jy met ’n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy 24nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, qen niemand mag 25met leë hande voor my aangesig verskyn nie.

21

rSes dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd 26moet jy rus.

22

s27Die fees van die weke moet jy ook 28hou, die fees van die eerstelinge van die koringoes; en die 29fees van die insameling 30by die wisseling van die jaar.

23

tAl jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn.

24

Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar.

25

vJy mag die bloed van my offer nie saam met 31gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.

26

32Die xbeste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. yJy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

27

Verder het die HERE vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want 33volgens hierdie woorde het Ek ’n verbond gesluit met jou en met Israel.

28

zEn hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen 34brood geëet en 34geen water gedrink nie. aEn 35Hy het op die tafels die 36woorde van die verbond, die tien 36woorde, geskrywe.

29

En toe Moses van die berg Sinai afdaal — die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal — het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig b37blink 38omdat hy met Hom gespreek het nie.

30

En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle 39bevrees om naby hom te kom.

31

Maar Moses het hulle geroep, en Aäron en al die 40owerstes in die vergadering het na hom 41teruggekom; en Moses het met hulle gespreek.

32

En 42daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai.

33

Toe Moses klaar met hulle gespreek het, chet hy ’n sluier oor sy gesig getrek.

34

Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is,

35

43sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek.

a Deut. 10:1.
1 Dit is die tweede maal dat Moses op die berg Sinai was, elke reis was veertig dae en veertig nagte.

2 Hebr. hoof.

b Ex. 19:12.

c Ex. 19:13.

3 Toe Moses die eerste keer die berg opgeklim het, was Aäron, Nadab en Abíhu by hom, met sewentig van die oudstes van Israel; maar nou het hulle hul gehaat gemaak voor die Here, vanweë die afgodery wat hulle met die goue kalf bedryf het.
4 Naamlik die wolk wat ’n seker teken was van die teenwoordigheid van die HERE.

5 Naamlik die HERE. Sien Ex. 33:19.

d Ex. 33:19. 6 Naamlik die HERE.

7 Hebr. lank van toornighede, dit is, stadig om toornig te word, nie haastig om sy toorn uit te voer nie. So ook in Núm. 14:18. Pred. 7:8, ens. Die teendeel hiervan is kort van toornighede, dit is, haastig tot toorn, Spr. 14:17.

8 Sien Gén. 24:27 en die kanttekening.

e Ex. 20:6. Núm. 14:18. Deut. 5:10. Ps. 86:15; 103:8; 145:8.

f Jer. 32:18.

9 Hebr. wat ongestraf houdende nie ongestraf hou nie.

10 Naamlik van die bose en goddelose vaders.

11 Naamlik, as hulle in hul vaders se kwade voetstappe volg.

12 Sien Ex. 20:5. Deut. 5:9.

g Lev. 25:38. Ps. 28:9; 33:12. Sag. 2:12. 13 Naamlik, met die wolkkolom om ons te lei en te verkwik.
h Deut. 5:2.

i Jos. 10:12, 13.

14 o Israel. Anders: aan jou, o Moses.
15 Hier volg nou die voorwaardes van die verbond, wat God die HERE van die volk vereis.

16 Verstaan hierby ook die Girgasiete.

k Ex. 23:32. Núm. 33:51, 52. Deut. 7:2.
17 Naamlik waarmee hulle afgodery bedryf het.
l Ex. 20:5.
18 Dit is, afgodery bedryf, wat geestelike hoerery genoem word, Jer. 3:9. Sien Lev. 17:7 se kanttekening.
m 1 Kon. 11:2.
19 Verstaan hieronder ook geskilderde, gekapte, gesnede gode. Hier word by name die gegote beelde genoem, ten opsigte van die gegote kalf wat hulle aanbid het.
n Ex. 12:15; 23:15. 20 Sien Ex. 13:6.
o Ex. 13:2; 22:29. Eség. 44:30. 21 Hebr. Alle opening van die moeder, dit is, alle eersgeborenes. Sien Exodus 13.

22 Hebr. opening van die bees, dit is, van die koeie of grootvee, en van die kleinvee.

p Ex. 13:13.

q Ex. 23:15. Deut. 16:16.

23 Of: eselin. Die esel of die eselin mog ’n mens nie offer nie, want hulle is onrein.

24 Of: onthoof of die nek afkap.

25 Dit is, nie sonder ’n gawe of ’n geskenk nie; wat ’n mens vir die priester gegee het, dit is gereken asof ’n mens dit vir God gegee het.

r Ex. 20:9. 26 Naamlik op die sabbat.
s Ex. 23:16. 27 Verstaan hier die pinksterfees, wat ook die fees van die eerstelinge genoem word, wat sewe weke ná die pasga gevier is, Lev. 23:15. Hand. 2:1.

28 Hebr. doen; so ook in Ex. 31:16. Deut. 16:1.

29 Dit is, op die tyd wanneer jy die vrugte van die veld tuis bring.

30 Hebr. van die draai van die jaar.

t Ex. 23:17. Deut. 16:16.
v Ex. 23:18. 31 Dit is, solank as daar gesuurde brood in jou huis is.
x Ex. 23:19. Deut. 26:2.

y Ex. 23:19. Lev. 22:27. Deut. 14:21.

32 Dit is, die begin van die eerste vrugte, soos in Ex. 23:19.
33 Hebr. volgens die mond van hierdie woorde.
z Ex. 24:18. Deut. 9:9, 18.

a Ex. 31:18; 34:1. Deut. 4:13.

34 Onder die woord brood word allerlei voedsel verstaan; soos onder die woord water allerlei dranke.

35 Naamlik die HERE, soos in vers 1 en Deut. 10:2 te sien is. Dat God Moses in vers 27 beveel om dit te skrywe, moet verstaan word dat hy dit sou skrywe in die boek van die wet, soos in Ex. 17:14; maar nie dat hy dit op die twee kliptafels sou skrywe nie.

36 Dit is, gebooie, soos in Gal. 5:14.

b 2 Kor. 3:7. 37 Dit is, strale uitstuur, soos die son. Die Hebreeuse woord kom van ’n woord wat horings beteken. Hieruit het die misverstand ontstaan dat mense Moses met horings skilder.

38 Of: vandat hy (naamlik Moses) met Hom (naamlik die HERE) gespreek het, of toe hy, ens.

39 Dit wil voorkom of hulle hom eers nie herken het nie, maar gedink het dat dit ’n engel was.
40 Of: vorste, regeerders, prinse.

41 Omdat hulle hom nou herken het aan sy stem.

42 Naamlik, nadat die owerstes en oudstes van die volk eers na Moses gegaan het, en die volk toe gesien het dat Moses met die owerstes gespreek het.
c 2 Kor. 3:7, 13.
43 Moses het die volk die glans van sy aangesig laat sien, sodat hulle sy woorde des te eerder en des te meer sou glo; daarna het hy weer die sluier oor sy gesig getrek, sodat hulle hom nie sou vrees of vermy nie.