Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 5

Moses en Aäron verskyn voor die koning van Egipte. Die volk klae oor die swaar werk.

1

EN daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My ’n fees kan hou in die woestyn.

2

Maar Farao antwoord: aWie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? bEk ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.

3

Toe sê hulle: cDie God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.

4

Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.

5

Verder het Farao gesê: Kyk, 1die volk van die land is alreeds baie; en 2julle wil hulle laat ophou met hulle werk?

6

Daarom het Farao dieselfde dag aan die 3drywers onder die volk en die 4opsigters bevel gegee en gesê:

7

Julle 5moet die volk geen strooi meer gee 6om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel.

8

Maar die 7hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God!

9

Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op 8leuenagtige woorde let nie.

10

Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.

11

Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word 9niks verminder nie.

12

Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi.

13

En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.

14

En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, 10met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie 11soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?

15

Daarom het die opsigters van die kinders van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?

16

Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en 12hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by 13u volk.

17

Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die HERE offer.

18

Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.

19

Toe sien die opsigters van die kinders van Israel 14dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens 15die eis van elke dag, nie verminder nie.

20

En hulle het Moses en Aäron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,

21

en het vir hulle gesê: 16Mag die HERE op julle let en 17oordeel, omdat julle ons 18gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 19’n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.

God beloof verlossing.

22

TOE 20gaan Moses weer na die HERE en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?

23

Want vandat ek na Farao gegaan het om in 21u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk 22glad nie verlos nie.

24

Daarop het die HERE Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. 23Want deur ’n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur ’n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe.

a Job 21:15.

b Ex. 3:19.

c Ex. 3:18.
1 Hy verwys na die Israeliete in Egipteland.

2 Met hierdie woorde gee Farao te kenne waarom hy die Israeliete sulke swaar laste opgelê het, naamlik om hulle uit te mergel, en op hierdie manier die verwekking van kinders te verhinder.

3 Hulle was Egiptenaars, soos in vers 14, wat oor die Israelitiese opsigters gestel was.

4 Hulle was Israeliete, soos in vers 14, en hulle het onder die bevel van die Egiptiese drywers gestaan.

5 Hebr. Julle sal nie aanhou om te gee nie.

6 Hebr. om bakstene te bak.

7 Of: som, mate.
8 Hebr. woorde van leuen of van valsheid. Die goddelose koning noem God se woord leuenagtige woorde; of hy wil te kenne gee dat Moses en Aäron se woorde dat hulle deur God gestuur is, leuens was.
9 Hebr. geen woord, dit is, geen ding.
10 Hebr. terwyl gesê word.

11 Hebr. soos gister, eergister.

12 Naamlik die drywers. Anders: die bakstene, sê hulle vir ons, sal julle maak.

13 Naamlik by die Egiptenaars, wat aan ons geen strooi lewer nie, maar nogtans die normale daaglikse werk van ons eis. Anders: en u volk (naamlik die Israeliete) moet die skuld dra.

14 Hebr. dat hulle in die kwaad was.

15 Hebr. die ding of werk van die dag op sy dag, soos in vers 13. Anders: lewer die eis van elke dag.

16 Dit is, die HERE sal toesien en kennis neem van alles wat julle ons aangedoen het. Sien Gén. 31:42 se kanttekening.

17 Sien Gén. 15:14; 16:5.

18 Hebr. ons reuk stinkende gemaak het.

19 Dit is, omdat julle ons haatlik voor Farao gemaak het. Sien Gén. 34:30.

20 Dit is, hy het na ’n afgesonderde plek gegaan, waar hy aan die Here die nood en benoudheid van homself en die volk deur gebed met hartlike sugte kon uitstort en voorlê.
21 Dit is, op las en bevel van U. So ook in Esra 5:1. Ps. 118:26. Jer. 11:21. Joh. 5:43.

22 Hebr. verlossende nie verlos nie.

23 Dit is, deur my krag en dwang. Sien die vervulling in Exodus 12 en 13.