Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 2

Die uitstorting van die Heilige Gees.

1

EN toe die dag avan die 1pinksterfees 2aangebreek het, was 3hulle almal beendragtig 4bymekaar.

2

En daar kom 5skielik uit die hemel ’n geluid soos van ’n 6geweldige 7rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

3

Toe is 8deur hulle tonge gesien soos 9van vuur, wat hulleself 10verdeel en op elkeen 11van hulle 12gaan sit.

4

cEn hulle is almal vervul 13met die Heilige Gees en het begin spreek din 14ander 15tale, soos 16die Gees aan hulle gegee het 17om uit te spreek.

5

En daar het in Jerusalem Jode 18gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie 19wat onder die hemel is.

6

En toe 20hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was 21in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle 22in sy eie taal spreek;

7

en hulle 23was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie 24Galiléërs nie?

8

En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

9

Parthers en Meders en 25Elamiete en die inwoners van 26Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en 27Asië,

10

Frígië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by 28Ciréne, en Romeine 29wat hier vertoef, 30Jode en 31Jodegenote,

11

32Kretense en Arabiere — ons hoor hulle in ons eie 33taal oor 34die groot dade van God spreek.

12

En hulle was almal 35verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?

13

Maar 36ander het gespot en gesê: Hulle is vol 37soetwyn.

Toespraak van Petrus op die pinksterdag.

14

MAAR Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.

15

Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar 38die derde uur in die môre.

16

Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:

17

eEn 39in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees fuitstort op 40alle vlees, en julle seuns en gjulle dogters sal 41profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.

18

En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

19

En Ek sal 42wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.

20

Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige 43dag van die Here kom.

21

hEn elkeen wat die Naam van die Here 44aanroep, sal gered word.

22

Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, ’n man deur God 45vir julle 46aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet —

23

Hom, wat ideur die 47bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, khet julle 48deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;

24

lHom het God opgewek, nadat Hy 49die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.

25

Want Dawid sê van Hom: m50Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie.

26

Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog 51rus 52in hoop.

27

Want U sal 53my siel nie aan die 54doderyk oorlaat of u 55Heilige oorgee om verderwing te 56sien nie.

28

U het My die weë van die lewe 57bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.

29

Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor 58die aartsvader Dawid, ndat hy gesterf het en ook begrawe is, en 59sy graf is by ons tot vandag toe.

30

Omdat hy dan ’n profeet was en geweet het odat God vir hom met ’n eed gesweer het dat hy 60uit die vrug van sy lendene, 61wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy 62troon te sit,

31

het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, pdat sy 63siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.

32

Hierdie Jesus het God 64opgewek, qwaarvan ons almal getuies is.

33

Nadat Hy dan r65deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader sdie 66belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy 67dít tuitgestort, wat julle nou sien en hoor.

34

Want Dawid 68het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: vDie Here het gespreek tot my Here: 69Sit aan my regterhand

35

totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.

36

Laat dan die hele 70huis van Israel sekerlik weet dat God Hom 71Here en 72Christus 73gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.

Die eerste bekeerdes.

37

xTOE hulle dit hoor, is hulle 74diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: yWat moet ons 75doen, broeders?

38

En Petrus sê vir hulle: 76Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word 77in die Naam van Jesus Christus 78tot vergewing van sondes, en julle sal 79die gawe van die Heilige Gees ontvang.

39

Want 80die belofte kom julle toe en 81julle zkinders en almal awat daar 82ver is, die wat die Here onse God 83na Hom sal roep.

40

En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: 84Laat julle red uit hierdie 85verkeerde geslag.

41

Die wat toe sy woord met 86blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend 87siele toegebring.

42

En hulle het 88volhard in die leer van die apostels en 89in die gemeenskap en 90in die breking van die brood en in die 91gebede.

43

En vrees het op 92elkeen gekom, en bbaie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.

44

cEn almal wat gelowig geword het, 93was bymekaar, en het alles 94gemeenskaplik besit.

45

En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop den die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.

46

En dag vir dag het hulle eeendragtig volhard in die tempel en 95van huis tot huis 96brood gebreek en hulle 97voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,

47

terwyl hulle God geprys het en in 98guns was by die hele volk. fEn die Here 99het daagliks by die gemeente gevoeg 100die wat gered is.

a Lev. 23:15. Deut. 16:9.

b Hand. 1:14.

1 Die woord pinkster is ’n afgeleide woord van die Griekse woord pentekoste, dit is, die vyftigste dag; dit is die tweede groot jaarfees, waarop die eerstelinge van die vrugte geoffer was, Núm. 28:26 en die kanttekening, omdat dit begin het op die vyftigste dag ná die tweede dag van die pasga, Lev. 23:15, 16. Op hierdie vyftigste dag ná die eerste pasga en die uittog van die kinders van Israel uit Egipte, is die wet ook deur God op die berg Sinai gegee, Ex. 19:1, 11 en die kanttekening. Sien oor hierdie fees ook Hand. 20:16. 1 Kor. 16:8.

2 Dit is, vervul is.

3 Naamlik die twaalf apostels, aan wie hierdie belofte vernaamlik gemaak was. Sien verse 4, 14, 15.

4 Dit is, op een plek vergader, naamlik in ’n bovertrek in Jerusalem, Hand. 1:13.

5 Dit is, onverwags.

6 Dit is, waai met ’n sterk gedruis.

7 Of: blaas. Hierdie wind het gedui op die Heilige Gees, wat aan die apostels gegee is, en deur die diens van die apostels gegee sou word, en sou deurdring teen alle geweld.

8 Of: op hulle, naamlik die apostels.

9 Dit is, brandend; waarmee aangedui is dat die Heilige Gees die harte van die apostels en van hul toehoorders sou ontsteek met ’n lig van die kennis van God, met vurige liefde tot God en die naaste, en ywer vir God se eer en die mense se saligheid.

10 Dit is, gedaantes van tonge wat gedeel of gesplete was; waarmee die veelheid van tale te kenne gegee is waarmee die apostels sou spreek en die evangelie onder alle volke sou verkondig. Sien vers 4.

11 Naamlik van die apostels. Sien vers 1.

12 Naamlik die vuur van die verdeelde tonge.

c Matt. 3:11. Mark. 1:8. Luk. 3:16. Joh. 14:26; 15:26; 16:13. Hand. 11:15; 19:6.

d Mark. 16:17. Hand. 10:46.

13 Dit is, met die buitengewone gawes van die Heilige Gees.

14 Dit is, vreemde tale, wat tevore aan die apostels onbekend was. Markus sê nuwe tale, Mark. 16:17.

15 Gr. tonge; soos in vers 11.

16 Dit is, die Heilige Gees, 2 Petr. 1:21.

17 Die Griekse woord beteken enige voortreflike sake of spreuke voortbring. Sien vers 11.

18 Dit is, wat tydelik daar gewoon het, óf om in die Joodse godsdiens onderrig te word, Hand. 6:9; 9:29, óf om die pinksterfees te vier, Ex. 23:15-17.

19 Dit is, wat deur die vervolginge van die Assiriese, Babiloniese, Egiptiese en Siriese konings in alle lande verstrooi was, 1 Petr. 1:1, en só is vervul wat tevore gesê was in Jes. 43:5, 6.

20 Dit is, die geluid van hierdie wind, of toe hierdie gerug versprei was.

21 Of: verward, naamlik óf in hierdie samekoms, óf in hul gemoed deur verwondering oor hierdie vreemde saak.

22 Die apostels het dus nie in een taal gespreek nie, soos sommige meen; want dan sou hierdie wonder in die toehoorders gewees het en nie in die apostels nie; maar hulle het in verskeie tale gespreek, volgens die verskeidenheid tale wat die toehoorders gespreek en verstaan het. Sien Hand. 10:46; 19:6. 1 Korinthiërs 12-14.

23 Naamlik asof hulle buite hul sinne was.

24 Dit is, wat in Galiléa gebore is, altyd daar gewoon het, en eenvoudige en ongeleerde mense is, wat geen ander taal as hul moedertaal geleer het nie.

25 Elam was ’n deel van Persië, so genoem na Elam, ’n seun van Sem, Gén. 10:22. 1 Kron. 1:17.

26 Dit is, wat in Mesopotámië (en in Judéa, ens.) woon en gebore is. Mesopotámië is ’n deel van Sírië, in Grieks so genoem omdat dit lê tussen die twee riviere, Tigris en Eufraat, Gén. 24:10; 25:20 en die kanttekening; 35:9.

27 Asië word in die algemeen die derde deel van die wêreld wat toe bekend was, genoem, en in die besonder die deel wat vroeër Klein-Asië en nou Anatolië genoem word; waarvan Kappadócië, Pontus, Frígië en Pamfílië ook deel was; maar dit wil voorkom of dit hier nog meer spesifiek gebruik is vir die deel van Klein-Asië wat in die omgewing van die Egeïese see lê, teenoor Macedónië en Thracië.

28 Dit was ’n stad in Líbië in Afrika, waarvan die omliggende land Libya Cyrenaica genoem was. Die Jode was geruime tyd in al hierdie streke verstrooi, en het die tale van hierdie streke gespreek, 1 Petr. 1:1.

29 Dit is, wat in Rome of in die omgewing gebore of woonagtig was, en na Jerusalem gekom het vir sake of vir godsdiens.

30 Naamlik nie net van godsdiens nie, maar ook van herkoms en geboorte.

31 Gr. proselutoi, dit is, aankomelinge, nie Jode van geboorte nie, maar van godsdiens. Sien Matt. 23:15 se kanttekening.

32 Dit is, gebore of woonagtig op die eiland Kreta. Sien Hand. 27:7, 12. Tit. 1:5.

33 Gr. tonge, vers 4.

34 Of: die heerlike dade van God, naamlik wat Hy deur Jesus Christus gedoen het, tot saligheid van die mense, Luk. 1:49.

35 Dit is, hulle was in onsekerheid oor wat dit tog kon wees, en wat hulle daarvan moes glo.
36 Sommige, moontlik van die skrifgeleerdes, Fariseërs, Sadduseërs en diegene soos hulle.

37 Dit is, hulle is dronk.

38 Naamlik ná die sonsopkoms, soos die Jode hul ure van die dag bereken het, sien Matt. 20:3. Joh. 11:9, en dit kom ooreen met ons negeuur. Soos sommige meen, het die Jode gewoonlik op die feesdae nugter gebly sonder om te eet of te drink tot die sesde uur toe, dit is, tot twaalfuur die middag.
e Jes. 44:3. Eség. 11:19; 36:27. Joël 2:28. Sag. 12:10. Joh. 7:38.

f Hand. 10:45.

g Luk. 2:36. Hand. 21:9.

39 So word die tyd van die ryk van Christus ná sy koms genoem, 1 Kor. 10:11. Hebr. 1:1. Dit word so genoem omdat daar in hierdie tydperk geen verandering meer sal kom in die diens van God nie, en ná hierdie tyd sal die einde van die wêreld volg.

40 Dit is, allerlei mense, van watter rang, ouderdom of geslag hulle ook is, 1 Tim. 2:1, 4.

41 Dit is, God duidelik ken, en ander oor Hom onderrig. Teenoor die wyse van onderrig wat in die Ou Testament slegs by min mense voorgekom het, Núm. 12:6, word die oorvloedige onderwysing en kennis beskryf, wat in die Nuwe Testament sou wees tot die einde van die wêreld.

42 Dit is, wonderbaarlike tekens van God se toorn teen die vyande en vervolgers van die kerk van God. Sien Matt. 24:29. Luk. 21:25.
43 Dit is, die dag waarop die Here Jesus Christus sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
h Joël 2:32. Rom. 10:13. 44 Dit is, Hom met ’n ware geloof as die Saligmaker erken, die saligheid in Hom alleen soek, Hom vir die saligheid, asook in alle ander nood, aanroep, en Hom opreg dien.
45 Gr. in, tot of aan julle.

46 Dit is, daardeur duidelik bewys, dat Hy deur God gestuur en die ware Messías was.

i Hand. 4:28.

k Hand. 5:30.

47 Dit is, nie toevallig, of slegs deur die kwaadwillige optrede van sy vyande nie, maar deur die besluit, beskikking en toelating van God.

48 Of: deur goddelose hande, naamlik van die heidense en goddelose soldate van Pilatus, Matt. 20:19.

l Hand. 10:40. 49 Dit is, van die dood wat Hom met en ná baie smarte aangedoen is. Dit wil voorkom of Petrus hier verwys na die woorde wat gebruik word in Ps. 18:5, 6, waar staan die strikke, bande van die dood, wat goed pas by die woord ontbind.
m Ps. 16:8. 50 Sien die verklaring van hierdie woorde in Ps. 16:8 se kanttekening.
51 Of: woon, naamlik in die graf, soos in ’n tabernakel, soos die Griekse woord meebring.

52 Naamlik om binnekort weer uit die graf op te staan.

53 Dit is, My, ’n deel wat as die geheel verstaan word, Gén. 46:26. Ps. 3:3 se kanttekening. Hand. 27:37, en weer die geheel wat as ’n deel verstaan word, my liggaam. Die woord siel word dikwels so verstaan, Lev. 19:28 se kanttekening; 21:1, 11. Núm. 5:2; 9:10. Hag. 2:13. Sommige verstaan deur hierdie woorde my siel, Christus die Messías, asof Dawid sê: U sal my Siel, dit is, die Christus, wat in my leef, Gal. 2:20, en wat die opstanding en die lewe is, Joh. 11:25, nie in die doderyk laat nie. Die eerste mening is egter die algemeenste.

54 Die Hebreeuse woord sjeol en die Griekse woord hades, wat hier gebruik word, beteken soms die plek van die verdoemdes, Deut. 32:22. Job 11:8. Matt. 11:23. Luk. 16:23. Dit kan nie hier in daardie betekenis gebruik word nie, aangesien Christus se siel, deur die dood van die liggaam geskei, nie in hierdie plek nie, maar in die Paradys was, Luk. 23:43. Soms beteken dit die helse smarte en benoudhede, 1 Sam. 2:6. Ps. 18:6; 116:3, daarom meen sommige dat die woord hier in daardie betekenis gebruik kan word, omdat Christus voor sy dood sodanige smarte in sy siel gely het. Dieselfde woord word egter ook dikwels gebruik vir die graf, Gén. 37:35. Job 17:13. Ps. 6:6; 30:4. Spr. 1:12; 27:20. Jes. 5:14; 38:18. Openb. 20:13, en omdat hier gespreek word van die staat van Christus ná sy dood en van sy opstanding daaruit, word dit daarom wel hier die beste verstaan as die graf waarin Christus se siel, dit is, Christus, maar na sy liggaam (sien vorige kanttekening oor die verband tussen siel en liggaam), gelê het tot op die derde dag.

55 Dit is, die Messías, wat heilig, onskuldig en onbesmet moes wees, van die sondaars afgesonder, en vir wie die Vader tot daardie amp geheilig het. So word Hy deurgaans genoem, Dan. 9:24. Mark. 1:24. 1 Joh. 2:20. Openb. 3:7.

56 Dit is, voel, of daaraan onderworpe te wees nie.

57 Dit is, meegedeel, gegee.
n 1 Kon. 2:10. Hand. 13:36. 58 Dit is, een van die vernaamste voorvaders van die Ou Testament, waaronder ook Abraham, Isak, Jakob en die twaalf hoofde van die stamme van Israel was.

59 Waaruit blyk dat hy nie gespreek het van sy eie vlees nie, wat ontbinding in die graf gesien het en nie opgewek is nie.

o 2 Sam. 7:12. Ps. 132:11. Luk. 1:32. Hand. 13:23. Rom. 1:3. 2 Tim. 2:8. 60 Dit is, uit een van sy nakomelinge. Sien 2 Sam. 7:12. Ps. 132:11. Wat in die maagd Maria vervul is.

61 Dit is, die menslike natuur, Rom. 1:3.

62 Naamlik sy koninklike troon. Dit word egter nie verstaan as ’n aardse koninkryk nie, soos Dawid s’n was, maar as ’n geestelike en ewige koninkryk, waarvan Dawid se koninkryk ’n voorbeeld was, Luk. 1:32, 33. Joh. 18:36.

p Ps. 16:10. Hand. 13:35. 63 Sien die verklaring van hierdie woorde in vers 27 se kanttekeninge.
q Joh. 15:27. Hand. 1:8. 64 Naamlik uit die dode.
r Hand. 5:31. Filip. 2:9.

s Hand. 1:4.

t Hand. 10:45.

65 Dit is, deur God se almagtige krag, Ps. 44:4. Anders: tot die regterhand van God verhoog is, naamlik nadat Hy opgestaan en na die hemel opgevaar het, en gaan sit het aan die regterhand van God, Mark. 16:19.

66 Dit is, die beloofde Heilige Gees.

67 Dit is, hierdie buitengewone gawes van die Heilige Gees.

v Ps. 110:1. 1 Kor. 15:25. Ef. 1:20. Hebr. 1:13. 68 Naamlik na sy liggaam, wat reeds lank in die graf ontbind het, en nog rus.

69 Deur die sit aan die regterhand van God word die allerhoogste eer, heerlikheid en mag verstaan; soos onder die mense gebruiklik is, as ’n mens iemand op die hoogste wyse wil eer, dat ’n mens hom aan sy regterhand stel, 1 Kon. 2:19. Ps. 45:10. Sien die verdere verklaring van hierdie woorde in Ps. 110:1, ens.

70 Dit is, geslag, of volk.

71 Naamlik van sy gemeente, of van die volk van God, naamlik Israel.

72 Dit is, Messías, Gesalfde.

73 Dit is, gestel en verhoog, Filip. 2:9.

x Sag. 12:10. Luk. 3:10. Hand. 9:6.

y Hand. 16:30.

74 Gr. deurboor of geprik, naamlik deur die leedwese oor hul sonde teen Hom begaan.

75 Naamlik om die verdiende straf te ontvlug, vergewing van ons sondes te verkry en salig te word.

76 Naamlik van jul ongeloof en ander sondes.

77 Sien Matt. 28:19. Hoewel hier slegs die Seun se Naam genoem word, aangesien Hy die Middelaar is van die verbond waarvan die doop ’n seël is, word die Vader wat Hom gestuur het, en die Heilige Gees wat Hom gesalf het, nie daardeur uitgesluit nie. Sien ook Hand. 8:16 se kanttekening.

78 Dit is, tot versekering dat jul sondes julle om Christus wil vergewe is, Hand. 22:16. Want nie die water van die doop nie, maar die bloed van Christus reinig ons inderdaad van al ons sondes, 1 Joh. 1:7.

79 Naamlik nie net die gawes van die Heilige Gees wat vir alle gelowiges in die algemeen en tot saligheid nodig is nie, maar ook hierdie buitengewone gawes wat ons nou ontvang het, want hierdie gawes was toe ook aan ander gelowiges meegedeel, tot verspreiding en bevestiging van die evangelie, Hand. 8:17; 19:6.

z Joël 2:28.

a Ef. 2:13.

80 Naamlik wat tevore aangehaal is uit Joël 2:28, en dit ook volgens God se verbond, wat Hy met Abraham en sy nageslag gesluit het, Gén. 17:7.

81 Dit is, julle seuns en dogters, soos daar staan in Joël 2:28.

82 Dit is, wat nog hierna gebore sal word, van geslag tot geslag; of die heidene; want daar word gesê dat hulle ook ver was, Jes. 57:19. Ef. 2:13.

83 Gr. sal roep; die woorde na Hom kom nie letterlik in die Griekse teks voor nie, hoewel die werkwoord wel so vertaal kan word. Só verstaan, beteken dit dat die Here, deur die verkondiging van die evangelie, die uitverkorenes onder die heidendom na die uitverkore Jode sal roep.

84 Dit is, onttrek julle, of skei julle af, sodat julle gered mag word.

85 Gr. krom, slinkse geslag van die skrifgeleerdes, Fariseërs en ander ongelowige Jode.

86 Of: met behae, gewilliglik; wat daartoe deur die genade van God gewillig gemaak is.

87 Dit is, persone, Gén. 46:27.

88 Sien Hand. 1:14.

89 Naamlik van die heiliges in die algemeen, of in die besonder van die goedere, soos verklaar word in verse 44, 45.

90 Daardeur word verstaan, óf dat hulle saam geëet en gedrink het, óf dat hulle die heilige nagmaal met mekaar gehou het, Hand. 20:7 se kanttekening, wat hulle soms albei saam gedoen het, soos ’n mens kan sien in 1 Kor. 11:21, 22.

91 Naamlik wat openlik in die byeenkomste van die hele gemeente plaasgevind het.

b Mark. 16:17. Hand. 5:12. 92 Gr. elke siel, naamlik persoon, soos in vers 41.
c Deut. 15:4. Hand. 4:32. 93 Dit is, het dikwels bymekaargekom op een plek.

94 Naamlik wat die gebruik van die goedere in tyd van nood betref, maar nie wat die eienaarskap daarvan betref voordat dit aan die apostels oorgelewer is nie; soos te sien is in Hand. 5:4.

d Jes. 58:7. Hand. 4:35.
e Hand. 1:14; 20:7. 95 Dit is, in die huise, nou in die een, dan in die ander.

96 Sien vers 42.

97 Naamlik elkeen het sy porsie saamgebring, om daardeur matig met mekaar verheug te wees en mekaar onderling op te bou. Gr. hulle voedsel saam geneem.

f Hand. 5:14; 11:21. 98 Dit is, genade, aangenaamheid.

99 Dit is, het kragtig in die harte van die mense gewerk deur sy Heilige Gees, sodat hulle hul tot die gemeente van die gelowiges gevoeg het.

100 Naamlik deur die geloof in Christus.