Statevertaling – Bybelstigting
Josua stuur twee manne uit om Kanaän en Jérigo te verken.
DAAROP het Josua, die seun van Nun, uit 1Sittim in 2die geheim twee manne as verkenners uitgestuur en gesê: Gaan bekyk die land en 3Jérigo. Hulle het toe gegaan en in die huis 4van ’n hoer, met die naam van Ragab, ingekom; en hulle het daar gaan slaap.
En toe daar aan die koning van Jérigo gesê is: Kyk, manne uit die kinders van Israel het vannag hierheen gekom om die land te verken,
stuur die koning van Jérigo na Ragab om te sê: Lewer die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het; want hulle het gekom om die hele land te verken.
Maar die vrou het die twee manne geneem en 5hulle weggesteek; en sy het gesê: 6Seker, die manne het na my gekom; maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.
En toe die poort met donker gesluit moes word, het die manne uitgegaan; ek weet nie waar die manne heengegaan het nie; jaag hulle gou agterna, want julle sal hulle inhaal.
Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek 7onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was.
Die manne het hulle toe agternagejaag in die rigting van die Jordaan, na die driwwe; en die 8poort het hulle gesluit nadat hulle vervolgers uitgegaan het.
En voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe
en aan die manne gesê: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat 9die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe;
want ons het gehoor dat die HERE adie water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en bwat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die 10banvloek getref het.
Toe ons dit hoor, 11het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want cdie HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.
Sweer dan nou tog vir my by die HERE dat, terwyl ek aan julle ’n guns bewys het, julle ook aan my 12familie ’n guns sal bewys; en gee my ’n betroubare teken
dat julle die lewe van my vader en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en 13ons siele sal red van die dood.
Toe sê die manne vir haar: 14Mag ons siel in julle plek sterwe! As 15julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, dan sal ons, as die HERE ons die land gee, aan jou guns en trou 16bewys.
Daarop het sy hulle met ’n lyn deur die venster laat afsak; want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur gewoon het;
en sy het vir hulle gesê: Loop die gebergte in, dat die vervolgers julle nie aantref nie, en steek julle daar drie dae lank weg totdat die vervolgers teruggekom het; daarna kan julle dan verder gaan.
Toe sê die manne vir haar: Ons sal 17ontslae wees 18van hierdie eed aan jou wat jy ons laat sweer het —
kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel.
Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, 19ddié se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees, dié se bloed sal op ons hoof wees, ingeval ’n hand teen hom is.
Maar as jy hierdie saak van ons bekend maak, sal ons ontslae wees van die eed aan jou wat jy ons laat sweer het.
Daarop sê sy: Soos julle sê, is dit goed; en sy het hulle laat gaan, en hulle het weggegaan; en sy het die rooi lyn aan die venster vasgebind.
Hulle het toe weggegaan en in die gebergte gekom en daar drie dae lank gebly totdat die vervolgers teruggekeer het; want die vervolgers het 20op die hele pad gesoek maar niks gekry nie.
21Die twee manne het toe weer van die gebergte afgeklim en 22deurgegaan en by Josua, die seun van Nun, gekom en hom 23alles vertel wat hulle ondervind het.
Verder het hulle vir Josua gesê: Sekerlik gee die HERE die hele land in ons hand, ja, al die inwoners van die land bewe selfs vir ons.
| 1 Geleë in die land van die Moabiete, waar die Israeliete hulle misgaan het deur hoerery en afgodery met Baäl-Peor, Núm. 25:1.
2 Hebr. stilswyende. Dit is, hy het dit nie aan die volk bekend gemaak nie, anders as Moses wat dit wel gedoen het toe hy twaalf manne uitgestuur het, Núm. 13:2; 32:8. 3 Jérigo was later toebedeel aan die stam van Benjamin; omtrent 30 kilometer van Jerusalem af en 12 van die Jordaan af. Dit is die eerste stad wat die Israeliete met geweld aangeval het. Die stad was in ’n vrugbare vlakte geleë, waar baie palmbome gegroei het, daarom word dit die palmstad genoem, Deut. 34:3. Rig. 1:16. 2 Kron. 28:15. 4 Anders: van ’n vrou wat ’n hoer was. Die Hebreeuse woord beteken ook ’n gasvrou; maar in Hebr. 11:31 en Jak. 2:25 word Ragab uitdruklik ’n hoer genoem. |
| 5 Hebr. hom weggesteek, naamlik elkeen van hulle.
6 Anders: Dit is reg. |
| 7 Hebr. in die vlas van die hout; dit wil voorkom of die vlas, wat ru is en nog sy stoppels het, so genoem is. Sommige meen dat deur die vlas van die hout boomwol verstaan moet word, wat deur die Grieke ξύλινον en ξύλον genoem word, wat baie in Sírië en Assirië voorgekom het. |
| 8 Naamlik die stadspoort, sodat die verkenners, indien hulle nog in die stad was, nie sou kon ontsnap nie. |
| 9 Dit is, skrik van julle, of vanweë julle. |
| a Ex. 14:21. Jos. 4:23.
b Núm. 21:24, 34. |
10 Sien Deut. 2:34 se kanttekening. |
| c Deut. 4:39. | 11 Dit is, ons het al ons moed of durf verloor. Sien hierdie manier van spreek ook in Deut. 1:28; 20:8. Jos. 5:1; 7:5. Jes. 13:7. Eség. 21:15. Nah. 2:10. |
| 12 Hebr. huis van my vader. Sien Jos. 6:23, 25. |
| 13 Dit is, ons persone. |
| 14 Dit is, ons sal jou en die wat aan jou behoort verskoon en beskerm, al sou dit ons ons lewe kos.
15 Dit is, jy of iemand van die wat aan jou behoort. 16 Hebr. doen. |
| 17 Dit is, vry. So ook in vers 20.
18 Dit is, van die eed wat jy van ons afgeneem het. |
| d Matt. 27:25. | 19 Dit is, hy sal self skuldig daaraan wees, indien sy bloed vergiet word. |
| 20 Naamlik wat na die Jordaan toe gaan, maar hulle het hulle nie op die gebergte gesoek nie, waar die verkenners geskuil het. |
| 21 Dit is, hulle het toe weer op hul oorspronklike pad gekom, waarvan hulle afgewyk het om nie in die hande van hul vervolgers te val nie.
22 Naamlik deur die Jordaan. 23 Hebr. alles vertel wat hulle gevind het. |