Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 7

Voorskrifte omtrent die skuld- en dankoffers.

1

EN dit is die wet 1van die skuldoffer: dit is 2hoogheilig.

2

3Op die plek waar 4hulle die 5brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en 6hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3

En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,

4

en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — 7by die niere moet hy dit wegneem.

5

En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die HERE; dit is ’n skuldoffer.

6

Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. 8Op ’n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.

7

Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle — die priester 9wat daardeur versoening doen, aan hom kom 10dit toe.

8

En die priester wat die brandoffer van iemand bring — die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.

9

En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.

10

En elke spysoffer, met olie gemeng of 11droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, 12aan die een so goed as aan die ander.

11

En dit is die wet 13van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring:

12

Ingeval hy dit as a14lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke 15deurmekaargeroer is, met olie gemeng;

13

saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.

14

En hy moet daarvan, 16een koek van elke gawe, as 17offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom 18dit toe.

15

Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag 19as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.

16

En as die offer wat hy bring, ’n 20gelofte of 21vrywillige offer is, moet dit geëet word bop die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.

17

Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.

18

En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag 22iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie 23met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie 24toegereken word nie; 25’n onrein iets sal dit wees, en 26diegene wat daarvan eet, moet sy 27ongeregtigheid dra.

19

En 28die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder 29die vleis betref — 30elkeen wat rein is, mag vleis eet.

20

Maar die een wat vleis ceet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy 31onreinheid aan hom is, dié siel moet 32uit sy volksgenote uitgeroei word.

21

En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ’n mens of aan ’n onrein dier of aan enige onrein 33verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

Die verbod om vet of bloed te eet.

22

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:

23

Spreek met die kinders van Israel en sê: 34Géén vet van ’n bees of skaap of bok mag julle eet nie.

24

Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir 35allerhande werk 36gebruik word, maar jy mag 37niks daarvan eet nie.

25

Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die HERE ’n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

26

dOok mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.

27

Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

28

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

29

Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die HERE sy dankoffer bring, 38moet self aan die HERE die gawe 39uit sy dankoffer bring;

30

sy hande moet die vuuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, eom dit as 40beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.

31

En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.

32

Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.

33

Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die 41regterboud as deel toe.

34

Want fdie 42beweegbors en die 43hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as ’n deel wat hulle 44vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.

35

Dit is 45die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, 46op die dag toe 47Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die HERE te bedien —

36

48wat die HERE beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is ’n ewige insetting vir hulle geslagte.

37

Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die 49wydingsoffer en die dankoffer

38

wat die HERE Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die HERE te bring.

1 Sien Lev. 5:6 se kanttekening.

2 Sien Lev. 2:3 se kanttekening.

3 Sien oor hierdie plek Lev. 1:3.

4 Naamlik die priesters.

5 Sien oor hierdie offer Lev. 6:9 se kanttekening.

6 Naamlik, een van die priesters. Sien Lev. 1:5.

7 Sien Lev. 3:4 se kanttekening.
8 Sien Lev. 6:16 se kanttekening.
9 Naamlik deur die bediening van hierdie seremonie, wat die versoening aandui en heengewys het na die Messías, wat dit sou verwerf. Sien Lev. 1:4 se kanttekening.

10 Naamlik die offer.

11 Dit is, sonder olie of drankoffer; soos die spysoffers vir die sonde was, Lev. 5:11, en die spysoffers van jaloersheid, Núm. 5:15.

12 Hebr. vir die man soos vir sy broer.

13 Sien Lev. 3:1 se kanttekening.
a Ps. 116:17. 14 Dit is, bely- of erkenoffer, waardeur hulle die weldade wat hulle van God ontvang het, met ootmoed en eerbied openlik erken en prys, en God daarvoor gedank het. Sien oor hierdie offer ook Lev. 22:29. 2 Kron. 29:31; 33:16. Ps. 50:14.

15 Sien Lev. 6:21 se kanttekening.

16 Naamlik een van die koeke van gesuurde brood, in die voorgaande vers genoem.

17 Of: hefoffer. Verstaan ’n offer wat in die bring daarvan deur die priester omhoog gehef was. Sien hieroor ook vers 32. Ex. 29:27, 28. Vgl. hiermee vers 30 hierna se kanttekening.

18 Naamlik die offergawe.

19 Dit is, as die offer plaasvind.
b Lev. 19:6. 20 Verstaan ’n godsdienstige belofte, vrywilliglik aan die HERE gedoen, van dit wat deur Hom geoorloof en in ons mag is, tot eer van God en tot bewys van dankbaarheid. Vgl. Núm. 30:2.

21 Dit is, wat iemand wat nie genoodsaak is deur enige wet nie, uit enkel vrygewigheid van sy hart vir die HERE opgeoffer het. Sien oor so ’n offer ook Lev. 22:23. Eség. 46:12.

22 Hebr. etende geëet word.

23 Naamlik deur die HERE.

24 As ’n aangename dankoffer.

25 Die Hebreeuse woord beteken eintlik iets wat deur ouderdom ’n slegte reuk en kleur gekry het.

26 Hebr. die siel; so ook in dit wat volg.

27 Sien Lev. 5:1 se kanttekening.

28 Van die dankoffer. Sien die voorgaande en die volgende vers.

29 Naamlik, wat nog oorgebly het en deur niks onreins aangeraak is nie.

30 Naamlik van die priesters en van diegene wat die offers bring om geoffer te word.

c Lev. 15:3. 31 Verstaan seremoniële onreinheid, waarvan die mens hom nog nie gereinig het nie, soos hierna in Levítikus 21; 22 gebied word.

32 Sien Gén. 17:14 se kanttekening.

33 Dit is, enige iets wat onrein verklaar en daarom verfoeilik is, en vermy moet word.
34 Sien Lev. 3:17 se kanttekening.
35 Hebr. alle.

36 Hebr. gedoen.

37 Hebr. etende mag jy dit nie eet nie.

d Gén. 9:4. Lev. 3:17; 17:14.
38 Naamlik hy self in eie persoon, nie ’n ander namens hom nie. Sien die volgende vers.

39 Dit is, uit die brokke of dele wat óf aan God geoffer is, óf aan die priesters gegee moes word.

e Ex. 29:24. 40 Verstaan, volgens die mening van sommige, ’n offer wat, as dit deur die priester gebring was, na die vier windrigtings beweeg moes word; en dit word onderskei van die offergawe, vers 14, wat slegs omhoog gehef was. Sien ook oor hierdie beweegoffer Lev. 8:27; 9:21.
41 Sien Ex. 29:22 se kanttekening.
f Ex. 29:27. Núm. 18:11. 42 Hebr. bors van beweging. Sien vers 30 se kanttekening.

43 Hebr. boud van opheffing.

44 Sien Gén. 13:15 se kanttekening.

45 Of: salwing. Dit is, die reg en die wettige porsie, wat Aäron en sy seuns vanweë hul priesteramp, waartoe hulle beroep en deur die salwing ingewy is, toebehoort.

46 Dit is, van die dag af dat hulle in hul amp ingewy is.

47 Naamlik, God, deur Moses. Anders: as hy, Aäron, hulle sal laat nader kom.

48 Naamlik die aandeel, soos in die voorgaande vers.
49 Hebr. vir die vullinge. Want toe die priesters in hul amp aangestel was, was hul hande met offers gevul. Of, met die offer was hul bevestiging in die priesteramp vervul. Sien Ex. 28:41; 29:9; 32:29. Lev. 8:33. 1 Kon. 13:33. Eség. 43:26.