Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 17

Oor die struikelblokke. Oor die vergifnis van belediginge en die krag van die wet. Die nuttelose dienskneg.

1

ENa Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.

2

Dit is 1beter vir hom as ’n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie 2kleintjies sou laat struikel.

3

Pas op vir julleself. bEn as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en 3as hy berou kry, vergewe hom.

4

cEn as hy 4sewe maal op ’n dag teen jou sondig en sewe maal op ’n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe.

5

Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.

6

En die Here sê: dAs julle geloof gehad het 5soos ’n mosterdsaad, sou julle vir hierdie 6moerbeiboom sê: Word 7ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees.

7

En wie is daar van julle wat ’n 8dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?

8

Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en 9omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?

9

10Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.

10

So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is 11onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.

Genesing van tien melaatses.

11

EN op sy reis na Jerusalem het Hy deur 12Samaría en Galiléa gegaan.

12

En toe Hy in ’n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat 13op ’n afstand bly staan het.

13

En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, 14Meester, wees ons barmhartig!

14

En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan 15vertoon julle eaan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.

15

En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ’n groot stem verheerlik.

16

En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was ’n Samaritaan.

17

Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?

18

Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie 16vreemdeling nie?

19

En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.

Oor die skielike koms van die koninkryk van God.

20

EN toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie 17met sigbare tekens nie.

21

En hulle sal nie sê: fKyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is 18binne-in julle.

22

En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om 19een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.

23

gEn hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.

24

Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook 20in sy dag wees.

25

hMaar eers moet Hy baie ly en deur 21hierdie geslag 22verwerp word.

26

iEn soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:

27

23hulle het geëet en gedrink, 24hulle het getrou en 25is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.

28

Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.

29

kMaar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.

30

Net so sal dit wees 26in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.

31

In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl 27sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.

32

l28Dink aan die vrou van Lot!

33

mElkeen wat probeer om sy 29lewe te red, sal dít verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit 30behou.

34

nEk sê vir julle: In daardie 31nag sal daar twee op een bed wees; die een sal 32aangeneem en die ander 33verlaat word.

35

Twee vroue sal saam 34maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

36

Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

37

En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: o35Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

a Matt. 18:7. Mark. 9:42.
  1 Gr. Dit is nuttig vir hom, dit is, dit sou minder kwaad vir hom inhou, dat die straf hom aangedoen word voordat hy aanstoot sou gee, as dat hy as gevolg van dié aanstoot met die ewige dood gestraf sou word, soos Christus hier dreig.

2 Dit is, ook die geringstes onder die gelowiges. Sien Matt. 18:5, 6 en die kanttekening.

b Lev. 19:17. Spr. 17:10. Matt. 18:15. Jak. 5:19. 3 Gr. indien hy hom bekeer, dit is, sy skuld erken en vergewing begeer. Hiermee wil Christus nogtans nie sê dat ’n mens nie diegene moet vergewe wat nog nie berou gekry en vergewing begeer het nie. Want Hy het deur sy voorbeeld anders geleer, Luk. 23:34, soos Stéfanus ook gedoen het, Hand. 7:60, en Paulus, 1 Kor. 4:12.
c Matt. 18:21. 4 Dit is, dikwels, soos in Ps. 119:164. Spr. 24:16.
d Matt. 17:20; 21:21. Mark. 11:23. 5 Dit is, al was dit ook baie klein, solank dit net opreg is. Sien Matt. 17:20.

6 Gr. sukaminos, wat ’n soort moerbeiboom is.

7 Dit is, met wortel en al uitgetrek, of uitgeroei.

  8 Dit is, ’n slaaf of lyfeiene, wat aan sy heer alles wat hy kan doen verskuldig is.
  9 Naamlik volgens die gebruik van daardie lande, waar mense lang klere gedra het. Sien Luk. 12:37.
  10 Dit is, sal hy hom daarvoor ook dank, asof hy daardeur aan hom iets verskuldig is.
  11 Gr. nuttelose. Dit is, wat ons Here geen nut of voordeel toebring nie, Rom. 11:35. Hoewel daar niemand is wat selfs dit doen wat hy verskuldig is om te doen nie, 1 Kon. 8:46. Job 9:3. Matt. 6:12.
12 Dit is, deur die land waarvan die stad Samaría die hoofstad was. Want van Galiléa na Jerusalem was die kortste pad deur die land van Samaría.
  13 Dit is, apart van die volk, volgens die wet in Núm. 5:2.
14 Gr. Epistata. Sien Luk. 5:5 se kanttekening.
e Lev. 13:2; 14:2. Matt. 8:4. Luk. 5:14. 15 Sien Matt. 8:4 se kanttekening oor die rede hiervoor.
  16 Dit is, wat van ’n ander geslag as van die Joodse geslag is. Want die Samaritane het uit die heidene voortgespruit, 2 Kon. 17:24.
17 Gr. met waarneming, dit is, op so ’n manier dat dit opgemerk kan word, soos dit gebeur in die koms van wêreldse prinse, wat vanweë uiterlike prag vooraf waargeneem en verwag kan word.
f Matt. 24:23. Mark. 13:21. Luk. 21:7, 8. 18 Of: in julle midde. Wat verstaan kan word, óf van die Jode in die algemeen, aangesien die Messías nou in hul midde was, Joh. 1:26, óf ook van die gelowiges onder hulle, in wie se harte Hy deur sy Woord en Gees sy ryk opgerig het.
  19 Naamlik om sy liggaamlike teenwoordigheid te geniet, en uit sy eie mond die woord te hoor.
g Matt. 24:23. Mark. 13:21.  
  20 Naamlik sowel in die vinnige verspreiding van die evangelie deur die hele wêreld, Rom. 10:18, as in sy laaste koms om te oordeel, 1 Kor. 15:52. 2 Petr. 3:10.
h Matt. 16:21; 17:22; 20:18. Mark. 8:31; 9:31; 10:33. Luk. 9:22; 18:31; 24:6, 7. 21 Naamlik die Jode.

22 Gr. afgekeur.

i Gén. 6:2; 7:7. Matt. 24:37, 38. 1 Petr. 3:20.  
  23 Dit is, hulle het vir niks anders gesorg as vir hierdie en dergelike wêreldse of liggaamlike dinge nie, sonder om te let op dit wat vooruit gesê is.

24 Naamlik die manne.

25 Naamlik die vroue of dogters.

k Gén. 19:24. Deut. 29:23. Jes. 13:19. Jer. 50:40. Hos. 11:8. Amos 4:11. Jud. vers 7.  
  26 Naamlik van wraak en oordeel, wat Hy sal uitvoer, sowel in die besonder teen die Jode en die stad Jerusalem, as in die algemeen oor die hele wêreld. Sien Matt. 24:3.
27 Gr. sy besittings, vate, voorwerpe.
l Gén. 19:26. 28 Naamlik sodat julle met jul harte nie te ernstig vashou aan die aardse dinge, en daarna omkyk, soos sy gedoen het, en julle saam met haar gestraf word nie.
m Matt. 10:39; 16:25. Mark. 8:35. Luk. 9:24. Joh. 12:25. 29 Gr. siel. Sien Matt. 10:39 se kanttekening.

30 Gr. lewend voortplant, dit is, in die ewige lewe behou.

n Matt. 24:40, 41. 1 Thess. 4:17. 31 Naamlik as Christus sal kom om te oordeel.

32 Naamlik deur God uit genade.

33 Naamlik om regverdig veroordeel te word.

  34 Sien hieroor Matt. 24:41 se kanttekening.
o Job 39:33. Matt. 24:28. 35 Sien hieroor die verklaring in Matt. 24:28.