Statevertaling – Bybelstigting
Intog van Jesus in Jerusalem.
(Matt. 21:1-11 en ooreenk. pl.)
ENa toe hulle naby Jerusalem kom, 1by Bétfagé en Betánië, aan die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels uit
en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle; en dadelik as julle daar inkom, sal julle ’n 2eselsvul vind wat vasgemaak is, waar 3geen mens op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.
En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.
En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die 4straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak.
Daarop sê sommige van die wat daar staan, vir hulle: Wat maak julle dat julle die vul losmaak?
En hulle antwoord hul soos Jesus beveel het. Toe laat hulle hul begaan.
5En hulle het bdie vul na Jesus gebring en chulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit.
Toe gooi baie mense hulle klere op die pad oop, en ander kap 6takke van die bome af en strooi dit op die pad.
En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: 7Hosanna! d8Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna 9in die hoogste hemele!
eEn Jesus het in Jerusalem gekom en in die tempel. En nadat Hy alles rondom bekyk het, en omdat dit al 10aand was, het Hy met die twaalf uitgegaan na Betánië.
Die verdroogde vyeboom. Die reiniging van die tempel.
(Matt. 21:12-22 en ooreenk. pl.)
fEN die volgende dag, onderwyl hulle uit Betánië gaan, het Hy honger gehad;
en toe Hy op ’n afstand ’n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as blare nie, want dit was nie 11die tyd van vye nie.
En Jesus 12spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou ’n vrug eet nie! En sy dissipels het dit gehoor.
En hulle het in Jerusalem gekom; gen toe Jesus in die tempel ingaan, begin Hy om die wat in die tempel verkoop en koop, uit te jaag; en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi;
en Hy het niemand toegelaat om enige 13voorwerp deur die tempel te dra nie.
hEn Hy het geleer en vir hulle gesê: Is daar nie geskrywe: iMy huis moet ’n huis van gebed 14genoem word vir al die nasies nie? kMaar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak.
En die skrifgeleerdes en die owerpriesters het dit gehoor en lgesoek hoe hulle Hom kon 15ombring; want hulle was bang vir Hom, omdat die hele skare 16verslae was oor sy leer.
En toe dit laat word, het Hy uitgegaan buitekant die stad.
En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog van die wortels af.
En Petrus het 17onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.
Jesus antwoord en sê vir hulle: 18Julle moet geloof in God hê.
mWant, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: 19Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê.
Daarom sê Ek vir julle: nAlles wat julle in die gebed 20vra, glo dat julle dit 21sal ontvang, en julle sal dit verkry.
En wanneer julle 22staan 23en bid, overgeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
pMaar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
Die doop van Johannes.
(Matt. 21:23-27 en ooreenk. pl.)
qEN hulle het weer in Jerusalem gekom. En terwyl Hy in die tempel rondwandel, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die 24ouderlinge na Hom
En sê vir Hom: 25rDeur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U dié gesag gegee om dit te doen?
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook 26een ding vra, en antwoord julle My, dan sal Ek julle vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.
Die 27doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Antwoord My.
En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
Maar as ons sê: Uit mense — 28dan was hulle vir die volk bang, swant almal het gedink dat Johannes werklik ’n profeet was.
En hulle antwoord en sê vir Jesus: Ons weet nie. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.
| a Matt. 21:1. Luk. 19:29. | 1 Gr. na, of: in, dit is, naby, soos in Luk. 19:29 staan. Sien Matt. 21:1 se kanttekening oor die ligging van hierdie twee plekke. |
| 2 In Matt. 21:2 word gesê dat daar ook ’n eselin saam met haar vul vasgebind was. Maar Markus vermeld slegs die vul, omdat Christus daarop gery het. Sien Luk. 19:35.
3 Gr. geeneen van die mense, dit is, niemand nie. |
| 4 Of: tweesprong, kruispad. |
| b Joh. 12:14.
c 2 Kon. 9:13. |
5 Sien oor hierdie intog van Christus in Jerusalem Matt. 21:1-11 se kanttekeninge. |
| 6 Die Griekse woord beteken klein, teer, groen takkies, wat geskik is om op te sit en oor te beweeg. Sien ook Joh. 12:13. |
| d Ps. 118:26. | 7 Sien Matt. 21:9 se kanttekening oor die betekenis van hierdie woord.
8 Of: Laat Hy geprys wees. |
| 9 Dit is, U wat daar in die hoogste hemele is. |
| e Matt. 21:12, 14. Luk. 19:45. Joh. 2:14. | 10 Gr. aanduur. |
| f Matt. 21:18. |
| 11 Dit is, die regte en normale tyd wat die vyebome vol en ryp vrugte dra; hoewel vyebome in die warm lande ook buite seisoen enkele vrugte dra, wat gewoonlik deur die gewone mense geëet is. Dit wil voorkom of Christus verwag het om sulke vrugte daaraan te vind. |
| 12 Gr. antwoord. Met hierdie tipiese Hebreeuse spreekwyse word dikwels ’n redevoering begin, soos hier duidelik blyk. |
| g Matt. 21:12. Luk. 19:45. Joh. 2:14. |
| 13 Naamlik wat nie tot die godsdiens behoort nie. |
| h Matt. 21:13. Luk. 19:46.
i 1 Kon. 8:29. Jes. 56:7. k Jer. 7:11. |
14 Dit is, wees, en moet so gehou word. |
| l Joh. 7:19. | 15 Gr. verderf, of: vernietig.
16 Of: ontsteld was, naamlik deur verwondering; en daarom het hulle gevrees, dat die hele volk sy leer sou aanhang en van hulle afvallig sou word. |
| 17 Naamlik wat tevore, in vers 14, deur Christus gesê is. |
| 18 Gr. Julle moet geloof van God hê, dit is, geloof wat vas steun en vertrou op God en sy beloftes. |
| m Matt. 17:20; 21:21. Luk. 17:6. | 19 Gr. Word opgehef en in die see gewerp. |
| n Jer. 29:12. Matt. 7:7. Luk. 11:9. Joh. 14:13; 15:7; 16:24. Jak. 1:5, 6. 1 Joh. 3:22; 5:14. | 20 Naamlik volgens die wil van God. Sien 1 Joh. 5:14.
21 Gr. ontvang. |
| o Matt. 6:14. Kol. 3:13. | 22 Dit is, voor God verskyn en teenwoordig wees om te bid. Want hoewel die Jode soms staande gebid het, Job 30:20. Jer. 15:1. Luk. 18:13, het hulle nogtans meestal op hul knieë gegaan, 2 Kron. 6:13. Dan. 6:11. Hand. 9:40; 20:36.
23 Gr. biddende. |
| p Matt. 18:35. |
| q Matt. 21:23. Luk. 20:1. | 24 Dit is, die owerstes of oudstes van die volk, wat in daardie tyd saam met die owerpriesters en skrifgeleerdes die Groot Raad van die Jode gevorm het. |
| r Ex. 2:14. Hand. 4:7; 7:27. | 25 Gr. In watter gesag. |
| 26 Gr. een woord; dit is ’n Hebreeuse spreekwyse. |
| 27 Dit is, die leer van Johannes deur sy doop bevestig, soos blyk uit die volgende verse. |
| s Matt. 14:5. Mark. 6:20. | 28 Dit is ’n afgebroke spreekwyse, waardeur hul verleentheid en oorlegginge in kort uitgedruk word. |