Statevertaling – Bybelstigting
Jesus voor Pilatus.
(Matt. 27:1, 2, 11-31 en ooreenk. pl.)
EN adadelik, vroeg in die môre, het die owerpriesters saam met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele Raad ’n besluit geneem; en nadat hulle Jesus geboei het, het hulle Hom weggelei en baan Pilatus 1oorgelewer.
cEn Pilatus het Hom gevra: Is U die Koning van die Jode? En Hy het geantwoord en vir hom gesê: 2U sê dit.
En die owerpriesters het baie beskuldiginge teen Hom ingebring.3
dEn Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring.
Maar Jesus het 4niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.
eEn 5op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat.
fEn daar was ’n sekere Barábbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand ’n moord begaan.
En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen 6soos altyd.
Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?
Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.
gMaar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat.
Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?
En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!
Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!
hEn omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom 7oorgelewer om gekruisig te word.
iToe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is 8die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar
en 9trek Hom ’n purperkleed aan en vleg ’n kroon van dorings en sit dit vir Hom op;
en hulle begin Hom begroet: Wees gegroet, Koning van die Jode!
En hulle slaan Hom met ’n riet op die hoof en spuug op Hom en val op die knieë en 10bring Hom hulde.
En toe hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die purperkleed uit en trek Hom sy eie klere aan; en hulle lei Hom weg om Hom te kruisig.
Die kruisiging.
(Matt. 27:32-56 en ooreenk. pl.)
kEN hulle het ’n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, die vader van 11Alexander en Rufus, gedwing om 12sy kruis te dra.
lEn hulle het Hom gebring op die plek Gólgota, dit is, as dit vertaal word: 13Plek van die Hoofskedel.
Toe gee hulle Hom 14wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.
mEn nadat hulle Hom gekruisig het, nhet hulle sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen 15moes kry.
En dit was 16die derde uur toe hulle Hom gekruisig het.
oEn die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE.
Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter- en een aan sy linkerkant.
pEn die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.
qEn die verbygangers het Hom gesmaad, terwyl hulle hul hoof skud en sê: Ha, rU wat die tempel afbreek en in drie dae opbou,
verlos Uself en kom af van die kruis!
En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, 17Homself kan Hy nie verlos nie.
Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook 18die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
sEn toe dit die sesde uur was, kom daar 19duisternis oor die hele aarde tot die negende uur toe.
En die negende uur het Jesus met ’n groot stem uitgeroep en gesê: tEloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?
En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Kyk, Hy roep na Elía.
vToe hardloop een en maak ’n spons vol asyn en 20sit dit op ’n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom af te haal.
Maar Jesus het met ’n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.
xEn 21die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.
yEn toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, 22sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.
zEn daar was ook vroue wat avan ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdaléna ook, en 23Maria, die moeder van Jakobus, 24die kleine, en van Joses, en 25Salóme —
hulle wat Hom gevolg en bHom gedien het toe Hy in Galiléa was — en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.
Die begrafnis.
(Matt. 27:57-66 en ooreenk. pl.)
cEN toe dit 26aand geword het, omdat dit 27die voorbereiding was, dit is die voorsabbat,
kom daar ’n vername raadslid, Josef van Arimathéa, wat self ook 28die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.
En Pilatus was verwonderd 29dat Hy al dood was, en hy het die hoofman oor honderd geroep en hom gevra of Hy al lank dood was.
En toe hy dit van die hoofman oor honderd verneem het, het hy die liggaam aan Josef geskenk.
En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom dneergelê in ’n graf wat in ’n rots uitgekap was. En hy het ’n steen teen die opening van die graf gerol.
En 30Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Joses, het gesien waar Hy neergelê word.
| a Ps. 2:2. Matt. 27:1. Luk. 22:66; 23:1. Joh. 18:28.
b Hand. 3:13. |
1 Sien in Matt. 27:2 se kanttekening die oorsaak waarom hulle Hom aan Pilatus oorgelewer het. |
| c Matt. 27:11. Luk. 23:3. Joh. 18:33. | 2 Sien oor hierdie spreekwyse Matt. 26:25 se kanttekening. |
| 3 Sommige manuskripte eindig met: maar Hy het niks geantwoord nie. |
| d Matt. 27:13. Joh. 19:10. |
| 4 Gr. nie meer iets nie. Sien vir die rede van hierdie swye Matt. 27:14 se kanttekening. |
| e Matt. 27:15. Luk. 23:17. Joh. 18:39. | 5 Of: op elke fees, naamlik van die pasga. Sien Joh. 18:39. |
| f Matt. 27:16. Luk. 23:19. Joh. 18:40. |
| 6 Naamlik dat hy vir hulle ’n gevangene sou loslaat. |
| g Matt. 27:20. Luk. 23:18. Joh. 18:40. Hand. 3:14. |
| h Matt. 27:26. Joh. 19:1. | 7 Naamlik aan die hoofman en die soldate. |
| i Matt. 27:27. Joh. 19:2. | 8 Gr. praitorion, waarmee die Latynse woord praetorium weergegee word; die woord beteken die plek waar die Romeinse goewerneurs gewoon en hul regsake gehou het. |
| 9 Gr. beklee Hom met purper, dit is, met ’n purperkleed. Sien meer hieroor in Matt. 27:28 se kanttekening. |
| 10 Of: aanbid Hom. Hulle gebruik die heidense wyse van koninklike eerbetoon om Hom te bespot. |
| k Matt. 27:32. Luk. 23:26. | 11 Die name van hierdie mense word hier genoem omdat hulle later beroemde persone in die kerk van God geword het. Moontlik word van hierdie Rufus melding gemaak in Rom. 16:13.
12 Naamlik van Christus. Sien die oorsaak hiervan in Matt. 27:32 se kanttekening. |
| l Matt. 27:33. Luk. 23:33. Joh. 19:17. | 13 Sien Matt. 27:33 se kanttekening. |
| 14 Sien hieroor Matt. 27:34 se kanttekening. |
| m Matt. 27:35. Luk. 23:34. Joh. 19:23.
n Ps. 22:19. |
15 Gr. sou wegneem. |
| 16 Hierdie ure moet volgens die Joodse manier bereken word, vanaf die opgang van die son tot sy ondergang. Sien Matt. 20:3 en Joh. 11:9 se kanttekeninge. En omdat pasga toe aangebreek het op die tyd wat die dae en nagte ewe lank is, kom die derde uur ooreen met ons negende, die sesde met ons twaalfde, en die negende met ons derde uur ná die middag. Johannes sê in Joh. 19:14, dat dit omtrent die sesde uur was toe Pilatus Hom voor die volk gebring het. Sien in die kanttekening daar hoe dit met mekaar ooreenstem. |
| o Matt. 27:37. Luk. 23:38. Joh. 19:19. |
| p Jes. 53:12. Luk. 22:37. |
| q Ps. 22:8; 69:21; 109:25. Matt. 27:39. Luk. 23:35.
r Joh. 2:19. |
| 17 Anders: kan Hy Homself nie verlos nie? |
|
|
18 Naamlik een van hulle. Sien Matt. 27:44 se kanttekening. Luk. 23:39. |
| s Matt. 27:45. Luk. 23:44. | 19 Sien oor hierdie duisternis en ook wat hierna volg Matt. 27:45, ens. en die kanttekeninge. |
| t Ps. 22:2. Matt. 27:46. |
| v Ps. 69:22. Joh. 19:29. | 20 Of: sit dit om. |
| x 2 Kron. 3:14. Matt. 27:51. Luk. 23:45. | 21 Sien hieroor Matt. 27:51 se kanttekening. |
| y Matt. 27:54. Luk. 23:47. | 22 Naamlik dat Christus met so ’n sterk stem uitgeroep het, Hebr. 5:7, en daarna so terstond gesterf het; en daarmee saam die wonders sien wat gebeur het, soos in Matt. 27:54 beskryf word. |
| z Matt. 27:55. Luk. 23:49.
a Ps. 38:12. |
23 Die vrou van Alféüs, soos sommige meen. Sien Matt. 10:3; 27:56.
24 Dit is, die jonger een, wat so genoem is om hom te onderskei van ’n ander Jakobus, wat die seun van Sebedéüs was, of van sy oom, die broer van Alféüs, soos sommige meen. 25 Sy was die vrou van Sebedéüs, soos blyk wanneer ’n mens hierdie vers vergelyk met Matt. 27:56. |
| b Luk. 8:2, 3. |
| c Matt. 27:57. Luk. 23:50. Joh. 19:38. | 26 Naamlik op die dag voor die sabbat.
27 Naamlik van die pasga, wat die Jode hierdie keer tot op die sabbat uitgestel het. Die redes hiervoor word in Matt. 26:20 se kanttekening meegedeel. |
| 28 Naamlik wat deur die Messías opgerig sou word, Luk. 2:25, 38. |
| 29 Gr. of, of: indien. |
| d Matt. 12:40; 26:12; 27:60. Luk. 23:53. |
| 30 Sien vers 40. |