Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 23

Jesus berispe die skrifgeleerdes en Fariseërs.

(Mark. 12:38-40; Luk. 20:45-47.)

1

TOE het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek

2

en gesê: aDie skrifgeleerdes en die Fariseërs 1sit op die stoel van Moses.

3

2Alles wat hulle bdan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, cwant hulle praat en doen nie.

4

dWant hulle 3bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.

5

En hulle doen al hul werke eom deur die mense gesien te word, en hulle maak fhul 4gedenkseëls breed en die 5some van hul klere groot.

6

gEn hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges

7

en die begroetinge op die markte en om deur die mense hgenoem te word: 6Rabbi, Rabbi!

8

Maar julle, laat jul nie 7Rabbi noem nie, want een is julle 8leermeester: Christus, en julle is almal broeders.

9

En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, iwant 9een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.

10

Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle 10leermeester: Christus.

11

kMaar die 11grootste van julle moet jul dienaar wees.

12

lWie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

13

mMaar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en 12die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

14

nWee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, 13en doen 14vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ’n 15swaarder oordeel ontvang.

15

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en 16land om een 17bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n 18kind van die hel, twee maal erger as julle self.

16

Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel — 19dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, 20hy is gebonde.

17

21Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?

18

En: Elkeen wat sweer by die altaar — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by 22die gawe daar bo-op, hy is gebonde.

19

Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of odie altaar wat die gawe heilig?

20

Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is;

21

pen wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom 23wat daarin woon;

22

qen wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

23

rWee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle 24gee tiendes van 25kruisement en anys en koljander, sen die 26swaarste van die wet laat julle ná: 27die reg en 28die barmhartigheid en 29die trou. tHierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

24

Blinde leiers, julle wat die 30muggie uitsif, maar die kameel insluk!

25

vWee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol 31roof en onmatigheid.

26

Blinde Fariseër, 32maak eers xdie binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.

27

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos ygewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.

28

So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

29

zWee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die 33grafstene van die regverdiges;

30

en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het 34aan die bloed van die profete nie.

31

Julle gee dus teen julself getuienis adat julle 35kinders is van die wat die profete vermoor het.

32

36Maak die maat van julle vaders dan vol!

33

b37Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

34

cDaarom, kyk, dEk stuur profete en wyse manne en 38skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges egésel en van die een stad na die ander vervolg,

35

sodat oor julle kan kom al die regverdige 39bloed wat vergiet is op die aarde, fvan die bloed van die regverdige Abel af tot op gdie bloed van Sagaría, die seun van 40Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.

36

Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

37

hJerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en istenig dié wat na jou gestuur is, khoe dikwels wou Ek 41jou kinders bymekaarmaak net soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle 42wou nie!

38

lKyk, julle huis 43word vir julle woes gelaat!

39

Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie 44totdat julle sal sê: m45Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

a Neh. 8:4. 1 Dit is, hulle is geroep en aangestel om die wet van Moses aan die volk voor te lees en te verklaar, Hand. 13:15; 15:21.
b Deut. 17:19. Mal. 2:6.

c Rom. 2:19.

2 Naamlik uit die wet van Moses en die profete; dit wat hulle andersins daarteen of daarbuite geleer het, noem Christus die suurdeeg van die Fariseërs. Hy vermaan sy dissipels om daarteen te waak, Matt. 16:6, 12.
d Jes. 10:1. Luk. 11:46. Hand. 15:10. 3 ’n Beeld geneem van bondels of pakke van verskeie dinge wat ’n mens saambind om op iemand se skouers te sit om te dra.
e Matt. 6:5.

f Deut. 6:8; 22:12.

4 Gr. fulakteria, dit is, bewaarseëls. Dit was briefies of seëls van perkament, waarop die wet van God of ’n deel daarvan geskryf was, wat hulle aan hul voorhoofde en arms gebind het, om daarmee te laat blyk dat hulle die gedagtenis aan die wet altyd voor oë gehou het. Hulle het gemeen dat hul daardeur gehoorsaam was aan dit wat God beveel het in Ex. 13:9, 16. Deut. 6:8.

5 Dit was klossies met pers drade aan die hoeke van die bo-klere, wat hulle volgens die wet, Núm. 15:38. Deut. 22:12, moes dra om daardeur aan die hemelse leer van die wet te dink.

g Mark. 12:38, 39. Luk. 11:43; 20:46.  
h Jak. 3:1. 6 Dit is ’n Hebreeuse woord, wat verwys na iemand wat in geleerdheid en aansien uitstaan, en groter is as ander. Dit is: Meester, Meester.
  7 Die gebruik van hierdie, asook van die volgende titels, word nie sonder meer verbied nie, want hulle word soms wel aan die profete en apostels gegee, maar die ydele eer en heerskappy of meesterskap oor die geloof en die gewete van ander, wat hulle daarmee gesoek het, word egter wel verbied, vers 11.

8 Gr. voorganger, leidsman, of leier. Want Hy alleen is die enigste Wetgewer en ons hoogste Profeet, wat in sake wat die geloof en godsdiens aangaan, alleenlik gehoor en gevolg moet word, Matt. 17:5, en wat die weg van saligheid nie net aanwys nie, maar ook self met sy voorbeeld volmaak voorgaan, Hebr. 2:10; 12:2.

i Mal. 1:6. 9 Omdat ons bestaan en versorging na liggaam en siel van Hom alleen hul oorsprong het, van Hom alleen alles wat goed is moet verwag, en op Hom alleen moet vertrou.
  10 Dit is, voorganger. Sien vers 8.
k Matt. 20:26. 11 Gr. groter, of: meerder.
l Job 22:29. Spr. 29:23. Luk. 14:11; 18:14. Jak. 4:6, 10. 1 Petr. 5:5.  
m Luk. 11:52. 12 Of: die ingaandes, dit is, diegene wat op weg is om die leer van die evangelie aan te neem, verhinder julle met alles wat in julle is, sodat hulle nie daarop kan vorder nie.
n Mark. 12:40. Luk. 20:47. 2 Tim. 3:6. Tit. 1:11. 13 Of: en dit onder die skyn van lang gebede. Dit is, onder die skyn van vroomheid en van gebed vir haar, beroof julle haar van haar lewensmiddele. Sien ook 2 Tim. 3:6.

14 Of: onder dekmantel.

15 Gr. oorvloediger.

16 Gr. die droë, Gén. 1:10.

17 Gr. proseluton, dit is, een wat aangekom of oorgekom het, ’n Jodegenoot. Dit is, iemand wat hom van die heidense tot die Joodse godsdiens wend, soos Nikoláüs, ’n Jodegenoot van Antiochíë, Hand. 6:5. Sien 1 Kron. 2:55, Eség. 14:7, Hand. 2:10 en die kanttekeninge.

18 Gr. seun. Dit is, die verdoemenis in die hel waardig. Sien ook 2 Sam. 12:5, waar in Hebreeus seun van die dood staan.

  19 Naamlik, dit is nie geldig nie, of hy is nie verplig om te betaal wat hy met so ’n eed beloof het nie.

20 Dit is, hy is verplig om sy belofte te betaal.

  21 Christus keur hiermee nie die eedswering wat by skepsele gedoen word goed nie, maar wys slegs hoe verkeerd hulle daaroor gedink en die gewetes van die mense daarin verkeerd onderrig het.
  22 Dit is, die offer. So ook in die volgende verse. Sien Matt. 5:23, 24.
o Ex. 29:37.  
p 1 Kon. 8:13. 2 Kron. 6:1, 2. 23 Of: wat die tempel bewoon. Sien in 1 Kon. 8:27 hoe God in die tempel woon.
q 2 Kron. 6:33. Jes. 66:1. Matt. 5:34. Hand. 7:49.  
r Luk. 11:42.

s 1 Sam. 15:22. Hos. 6:6. Miga 6:8.

t Matt. 9:13; 12:7.

24 Gr. vertien. Dit is, leer dat ’n mens tiendes daarvan moet gee.

25 Die Griekse woord heduosmon ontleen sy naam aan ’n soet of aangename reuk.

26 Dit is, die gewigtigste stukke.

27 Gr. die oordeel. Dit is, dit wat reg en billik is.

28 Dit is, die werke van die liefde.

29 Dit is, getrouheid in alle handelinge met die mense. Of: die geloof.

  30 Dit is ’n algemene spreekwoord teen diegene wat noukeurig op al die klein dingetjies let en nie ag slaan op die groot dinge nie.
v Luk. 11:39. 31 Dit is, vol voedsel en drank deur onregverdigheid verkry en met onmatigheid gebruik.
x Tit. 1:15. 32 Dit is, moenie voortgaan in onregverdigheid en onmatigheid, waardeur julle voedsel en drank onrein geword het nie, dan sal julle skottels en drinkbekers ook rein wees.
y Hand. 23:3.  
z Luk. 11:47. 33 Of: graftombes. Dit is, wat gebou is bo-op die grafte en tot gedagtenis van die oorledenes opgerig word.
  34 Gr. in die bloed, dit is, in die bloedvergieting of doodmaak.
a Hand. 7:51. 1 Thess. 2:15. 35 Gr. seuns.
  36 Dit is, gaan ongesteurd voort, volg en voleindig die boosheid van jul vaders in die doodmaak van die profete, totdat die verdiende straf oor julle sal kom.
b Matt. 3:7. 37 Sien Rom. 3:13, ens.
c Luk. 11:49.

d Matt. 10:16. Luk. 10:3. Joh. 16:2. Hand. 7:52.

e Matt. 10:17. Hand. 5:40.

38 Hierdie woord word hier gebruik vir opregte leraars, sodanige skrifgeleerde soos Esra was, Esra 7:6. Matt. 13:52.
f Gén. 4:8. Hebr. 11:4.

g 2 Kron. 24:21.

39 Dit is, die strawwe oor al die vergieting van die bloed van die regverdiges, soos in Matt. 27:25. Want die kinders wat die slegte voorbeeld van die misdade van hul ouers gevolg het, word hulle sonde en straf deelagtig, Ex. 20:5.

40 Hy word ook Jóhanan genoem, 1 Kron. 6:9, Jójada, 2 Kron. 24:22, en hier Berégja. Hierdie Sagaría was een van die laaste profete wie se dood of moord met name in die Ou Testament beskryf word, en wie se bloed, soos ook die bloed van Abel, tot God om wraak geroep het.

h Luk. 13:34.

i Matt. 21:35, 36.

k Ps. 17:8; 91:4.

41 Dit is, jou inwoners.

42 Dit is, julle het dit altyd probeer verhinder, sien vers 13, en nogtans het Christus ondanks hul optrede almal wat aan Hom behoort, uit hulle vergader, Jes. 1:8. Rom. 9:29.

l Ps. 69:26. Jes. 1:7. Jer. 7:34. Miga 3:12. Hand. 1:20. 43 Dit is, sal verwoes word en verwoes bly; wat die Romeine omtrent veertig jaar daarna gedoen het.
m Ps. 118:26. 44 Naamlik op die laaste dag, wanneer Hy in sy heerlikheid sal kom om te oordeel en hulle dan sal moet erken dat Hy die Geseënde van die Here, dit is, die ware Messías, is, Openb. 1:7. Sien ook Matt. 26:64.

45 Of: Mag Hy geseënd wees wat, ens.