Statevertaling – Bybelstigting
Die bergpredikasie. Die saligsprekinge.
(Luk. 6:17-49.)
EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;
en Hy het sy mond 1geopen en hulle geleer en gesê:
aSalig is die wat 2arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
bSalig is die wat 3treur, want hulle sal vertroos word.
cSalig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde 4beërwe.
dSalig is die wat 5honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
eSalig is die wat 6rein van hart is, want hulle sal 7God sien.
Salig is die 8vredemakers, want hulle sal kinders van God 9genoem word.
fSalig is die wat vervolg word 10ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik 11allerhande 12kwaad 13teen julle spreek gom My ontwil.
hVerbly en verheug julle omdat julle 14loon 15groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat 16voor julle gewees het.
Bergpredikasie (vervolg). Die sout van die aarde en die lig van die wêreld.
iJULLE is die 17sout van die aarde, maar as die sout 18laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.
Julle is die 19lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
ken ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
lLaat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, 20verheerlik.
Die bergpredikasie (vervolg). Die vervulling van die wet en die profete.
MOENIE dink dat Ek gekom het om 21die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te 22vervul.
Want voorwaar Ek sê vir julle, mvoordat die hemel en die aarde 23verbygaan, sal nie een 24jota of een 25titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
nElkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, 26sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Julle het gehoor dat 27aan die mense van die ou tyd gesê is: oJy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet 28verantwoording doen voor die 29gereg.
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder 30sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: 31Raka! moet verantwoording doen voor die 32Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen 33in die helse vuur.
As jy dan jou gawe na die 34altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,
laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.
pWees gou 35goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie.
Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste 36oortjie betaal het nie.
Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: qJy mag nie egbreek nie.
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat rna ’n vrou kyk om haar 37te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
sAs jou 38regteroog jou dan 39laat struikel, 40ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
Daar is ook gesê: tElkeen wat van sy vrou skei, moet haar ’n 41skeibrief gee.
vMaar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: xJy mag nie 42vals sweer nie, maar jy moet 43jou ede aan die Here hou.
Maar Ek sê vir julle: ySweer 44hoegenaamd nie — nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;
ook nie by die aarde nie, zomdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, aomdat dit die stad is van die groot Koning;
ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.
Maar laat julle woord wees: 45Ja ja, nee nee. Wat 46meer as dit is, is uit die Bose.
Julle het gehoor dat daar bgesê is: 47Oog vir oog en tand vir tand.
Maar Ek sê vir julle cdat julle ’n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, 48draai ook die ander een na hom toe.
En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry.
En elkeen wat van jou een myl 49afdwing, loop met hom twee myl saam.
dGee aan hom wat jou iets 50vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.
Julle het gehoor dat daar gesê is: eJy moet jou naaste liefhê en 51jou vyand moet jy haat.
Maar Ek sê vir julle: fJulle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en gbid vir die wat julle 52beledig en julle vervolg;
sodat julle kinders kan 53word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.
hWant as julle 54liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?
En as julle net jul broeders 55groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie?
Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.
| 1 ’n Hebreeuse spreekwyse, as iemand met erns en vrymoedigheid, weloorwoë begin spreek om ander te onderrig. Sien Job 33:2 en die kanttekening. Hand. 8:35. |
| a Luk. 6:20. | 2 Dit is, nederig en gebroke van hart, wat terwyl hulle hul nietigheid verstaan, geringe gedagtes van hulself het en slegs steun op die genade van God in Christus Jesus, Ps. 51:19. Jes. 57:15. |
| b Luk. 6:21. | 3 Dit is, wat oor die sonde bedroef is; droefheid waarvan ook gespreek word in 1 Kor. 5:2. 2 Kor. 7:9, waarteenoor diegene gestel word wat in alle weelde en vreugde lewe, Luk. 16:19, 25. |
| c Ps. 37:11. | 4 Dit is, in vrede besit; hierdie belofte is wel op die teenwoordige lewe van toepassing, maar hier word in die besonder dit wat vervul sal word in die toekomende lewe verstaan. Sien Ps. 37:11. |
| d Jes. 55:1. | 5 Dit is, wat met groot begeerte verlang en strewe na die ware geregtigheid in Christus. |
| e Ps. 15:2; 24:4. Hebr. 12:14. | 6 Dit is, deur die Gees van God gereinig van die besmettinge van sondes en allerhande geveinsdheid, Ef. 5:26 en die kanttekening.
7 Dit is, sal Hom volkome ken en sy heerlikheid aanskou, 1 Kor. 13:12. |
| 8 Wat nie net in hulself vrede het nie, maar ook by ander die vrede bevorder, Hebr. 12:14.
9 Dit is, inderdaad wees en as sodanig geken word. |
| f 2 Kor. 4:10. 2 Tim. 2:12. 1 Petr. 3:14. | 10 Dit is, weens die regverdige saak van Christus en sy leer, soos in die volgende vers: om My ontwil. |
| g 1 Petr. 4:14. | 11 Gr. alle.
12 Gr. kwaad woord, dit is, woord van euwel. 13 Dit is, wat julle teëstaan, of tot jul nadeel. |
| h Luk. 6:23. | 14 Naamlik wat God belowe en sal gee, nie uit verdienste nie, maar uit genade, Rom. 6:23, om Christus wil, 2 Kor. 1:20. So ook in Matt. 6:1, en deurgaans elders.
15 Gr. baie. 16 Dit is, voor julle tyd, of: in voorgaande tye. |
| i Mark. 9:50. Luk. 14:34. | 17 So word die leraars genoem, omdat hulle die siele van mense deur die leer vir God aangenaam maak en van die verderf bewaar, soos sout voedsel smaaklik maak en van verrotting bewaar.
18 Dit is, sy soutigheid, krag of skerpheid verloor. |
| 19 Omdat hulle ander met hul leer verlig, en hulle ook met hul lewe moet voorlig, 1 Petr. 5:3. |
| k Mark. 4:21. Luk. 8:16; 11:33. |
| l 1 Petr. 2:12. | 20 Of prys en grootmaak. |
| 21 Dit is, die leer van die wet of van die profete te verander of te vernietig nie.
22 Dit is, te verklaar, te onderhou, en wat tevore afgebeeld en vooruit aangekondig is, te volbring. |
| m Luk. 16:17. | 23 Dit is, vergaan of verander word. Sien Ps. 102:27. Hebr. 1:11. 2 Petr. 3:10 se kanttekening.
24 Dit is die kleinste letter van die Griekse alfabet, soos jod in die Hebreeuse alfabet. Daarmee wil Christus sê dat ook die kleinste saak wat in die wet geskryf is, nie sal vergaan nie. 25 Dit is, strepie van ’n letter, of puntjie. |
| n Jak. 2:10. | 26 Dit is, sal daar glad nie geag word nie. Of: sal nie daar ingaan nie, soos in die volgende vers verklaar word. |
| o Ex. 20:13. Deut. 5:17. | 27 Of: deur. So ook in verse 27, 33. Hierdeur bedoel Christus die verkeerde verklarings van die Fariseërs en skrifgeleerdes, wat mense al vir baie jare so geleer het, en Hy bedoel nie die leer van Moses en die profete nie. Dit blyk: (1) Uit die voorgaande vers. (2) Omdat hier leringe weerlê word, wat in Moses en die profete nie gevind word nie. Sien vers 43. (3) Omdat deur Christus niks bygevoeg word as dit wat in Moses en die profete gevind word nie, soos ’n mens kan sien in Ex. 20:13. Deut. 5:17.
28 Of: strafbaar wees, of: skuldig om gestraf te word. 29 Of: oordeel; waardeur die regters verstaan word, wat in alle stede die moordenaars gestraf het, Deuteronómium 21. Soos ook in die volgende vers. |
| 30 Dit is, ten onregte of tevergeefs.
31 ’n Siriese woord van minagting, dit beteken ’n leeghoof of domkop. Ander meen dat dit van spoeg kom; en ander dat daarmee ’n geluid bedoel word wat mense dikwels maak om daarmee hul woede, veragting of minagting teenoor hul naaste te kenne te gee. 32 Dit was die hoogste Raad in Jerusalem, Sánhedrin genoem, aan wie die mag behoort het om te oordeel oor die gewigtigste sake, en wat daarom ook die wat skuldig was die swaarste strawwe opgelê het. Sien Deuteronómium 17. 2 Kronieke 19. 33 Gr. tot of in die gehenna van vuur. Gehenna kom van die Hebreeuse woorde ge Hinnom, dit is, die dal van Hinnom, geleë by die stad Jerusalem, Jos. 15:8, waar die Jode wat afgodediens bedryf het vroeër hul kinders lewendig laat verbrand het tussen die gloeiende arms van die koper beeld van Molog. Sien 2 Kon. 23:10. Jer. 7:31. Omdat dit ’n gruwelike pyn was, word hierdie woord dikwels vir die helse pyn gebruik. Deur hierdie strawwe, waarvan die een swaarder is as die ander, toon Christus nie net dat die sondes die ewige verdoemenis verdien nie, maar ook dat die een swaarder as die ander in die toekomende oordeel gestraf sal word. |
| 34 Dit dui op die godsdiens van die Ou Testament, maar daarmee saam word ook die godsdiens van die Nuwe Testament verstaan, hoewel daarin nie sulke altare of offers is nie, Rom. 12:1; 15:16. Filip. 4:18. Hebr. 13:15, 16. Of: offer op die altaar. |
| p Luk. 12:58. Ef. 4:26. | 35 Dit is, kom ooreen of versoen jou met diegene wat jou oor skuld of andersins voor die gereg daag. |
| 36 Gr. kwadrant, dit was ’n vier-en-sestigste deel van ’n arbeider se dagloon. |
| q Ex. 20:14. Deut. 5:18. |
| r Job 31:1. Ps. 119:37. | 37 Naamlik tot onkuisheid. |
| s Matt. 18:8. Mark. 9:43. | 38 Dit is, alles wat jy in die lewe die dierbaarste, aangenaamste of nodigste ag.
39 Of: aanstoot gee. Dit is, tot sonde sou verwek of bring. 40 Dit is, werp dit liewer van jou af weg. |
| t Deut. 24:1. | 41 Sien oor hierdie skeibrief Deut. 24:1, ens. Mal. 2:14. Matt. 19:7 en die kanttekening. Waaruit blyk dat God ligvaardige egskeiding nooit goedgekeur het nie. |
| v Matt. 19:7. Mark. 10:4, 11. Luk. 16:18. 1 Kor. 7:10. |
| x Ex. 20:7. Lev. 19:12. Deut. 5:11. | 42 Dit is, nie so sweer dat jy jou eed nie sal nakom nie.
43 Dit is, dit wat jy met ’n eed aan God of aan mense beloof het, betaal. |
| y Jak. 5:12. | 44 Naamlik nie ligvaardig, onnodig, bedrieglik, of by die skepsele nie. Want ’n regte en noodsaaklike eed word nie verbied nie; soos te sien is in Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31; 12:19. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Thess. 5:27. Hebr. 6:13, 16, 17. Openb. 10:6. |
| z Jes. 66:1.
a Ps. 48:3. |
| 45 Dit is, gebruik in julle daaglikse handelinge en gewone gesprekke eenvoudige, ware en opregte woorde. Sien Jak. 5:12 en die kanttekening.
46 Dit is, wat tot oorvloed bygevoeg word, met ligvaardige of onnodige ede, of andersins. |
| b Ex. 21:24. Lev. 24:20. Deut. 19:21. | 47 Hierdie wet, wat aan die owerhede gegee was, is deur die Fariseërs en skrifgeleerdes verkeerd uitgelê om persoonlike wraak te neem; wat Christus hier in die volgende bestraf. |
| c Spr. 24:29. Luk. 6:29. Rom. 12:17. 1 Kor. 6:7. 1 Thess. 5:15. 1 Petr. 3:9. | 48 Naamlik eerder as wat jy jouself sou wreek. Want dat dit nie letterlik verstaan moet word nie, blyk selfs uit die voorbeeld van Christus, Joh. 18:23. Die volgende twee verse moet ook so verstaan word. |
| 49 In die Grieks word ’n Persiese woord gebruik, waarmee ’n diens aan ’n koninklike hof bedoel word, waartoe die ondergeskiktes gedwing was om die laste van die hoërgeplaastes te dra, of om hul esels, ens. daarvoor te leen en aan te jaag. Dieselfde woord word ook in Matt. 27:32 gebruik. |
| d Deut. 15:8. Luk. 6:35. | 50 Of: begeer, eis. |
| e Lev. 19:18. | 51 Dit staan nêrens in God se wet nie, maar die teendeel daarvan staan in Deut. 32:35. Spr. 25:21. |
| f Luk. 6:27. Rom. 12:20.
g Luk. 23:34. Hand. 7:60. 1 Kor. 4:13. 1 Petr. 2:23. |
52 Of: geweld doen. Anders: belaster, soos dieselfde woord ook gebruik word in 1 Petr. 3:16. |
| 53 Dit is, mag blyk dat julle dit is. |
| h Luk. 6:32. | 54 Naamlik slegs; soos blyk uit die volgende vers. |
| 55 Of: vriendelik bejeën. |