Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 19

Die verbranding van ’n rooi koei en die reinigingswater.

1

VERDER het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:

2

Dit is die wetsinsetting wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou ’n rooi koei sonder gebrek 1bring waar 2geen liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk 3gekom het nie.

3

En julle moet haar aan die priester Eleásar gee, en hulle moet haar a4buitekant die laer uitbring en voor hom slag.

4

En die priester Eleásar moet van haar bbloed met sy vinger neem en van haar bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van die tent van samekoms sprinkel.

5

Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; chaar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.

6

En die priester moet sederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.

7

Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe onrein wees.

8

Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in die water was en sy liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

9

En ’n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op ’n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die 5reinigingswater: dit is ’n 6sondoffer.

10

En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, ’n ewige insetting wees.

11

dDie een wat aan ’n dooie, 7enige lyk van ’n mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees.

12

Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom 8daarmee ontsondig — dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.

13

Elkeen wat aan ’n dooie raak, aan die lyk van ’n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, 9verontreinig die tabernakel van die HERE, en 10dié siel moet uit Israel 11uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees; sy onreinheid 12is nog aan hom.

14

Dit is die wet: As iemand 13in ’n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.

15

Ook al die oop goed wat nie met ’n 14deksel 15toegebind word nie, is onrein.

16

En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan ’n dooie of aan ’n mens se doodsbeen of aan ’n graf, sal sewe dae lank onrein wees.

17

16Vir die onreine moet hulle dan van die 17as neem van die 18sondoffer wat verbrand is, en daar 19vars water in ’n pot op gooi;

18

en ’n rein man moet ehisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ’n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ’n dooie of aan ’n graf geraak het.

19

En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.

20

Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet 20dié siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die 21heiligdom van die HERE verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.

21

En dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees. En die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.

22

Ja, alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan 22hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.

1 Hebr. neem, dit is, neem en bring. Sien oor so ’n gebruik van sommige woorde Gén. 12:15 se kanttekening.

2 Vgl. Hebr. 7:26. 1 Petr. 1:19, ens.

3 Hebr. opgekom, opgegaan of opgeklim, dit is, wat nooit ’n juk gedra het en nooit onder die juk was nie.

a Hebr. 13:11, 12. 4 Sien die verklaring hiervan in Hebr. 13:11, 12.
b Hebr. 9:13.
c Ex. 29:14. Lev. 4:11, 12.
5 Waarmee diegene besprinkel sou word wat, vanweë enige seremoniële onreinheid, van die tabernakel van die HERE of die byeenkomste van die gemeente afgesonder was; tot ’n teken van hul reiniging.

6 Hebr. sonde; dit is, ontsondiging, of reiniging van sondes. Sien verse 12, 13, 19, 20. Die betekenis is: Daardie water en die besprinkeling daarvan sal ’n teken wees van die reiniging van sondes, wat slegs deur die bloed van die Messías en Saligmaker, onse Here Jesus Christus, geskied; op voorwaarde dat dit gesprinkel (dit is, toegeëien) is aan die siele van alle ware kinders van God; waarvan hierdie hele seremonie ’n voorbeeld was. Sien Hebr. 9:12-14; 10:1-4, 12, 14. 1 Petr. 1:2. 1 Joh. 1:7, ens. So word die woord sonde ook baie dikwels gebruik vir offer vir die sonde of sondoffer. Sien en vgl. Núm. 8:7 se kanttekening, waar hierdie water water van sonde genoem word, en hierna brand van die sonde in vers 17 en die kanttekening.

d Núm. 31:19. Hag. 2:14. 7 Hetsy van ’n Jood of van ’n vreemdeling. Hebr. siel. Sien Lev. 19:28 se kanttekening.
8 Met die reinigingswater.
9 Wanneer hy, terwyl hy nog onrein is, nogtans nie skroom om, teen God se uitdruklike bevel, in die voorhof van sy heilige woning te verskyn nie.

10 Dit is, mens, persoon.

11 Terwyl hy moedswillig nie net hierdie seremoniële gebod van die HERE verag nie, maar ook die saak waarop dit dui, naamlik die reiniging deur die bloed van die Messías; soos die volgende woorde uitwys, vgl. met vers 9 se kanttekening. Vgl. ook Hebr. 10:26-29. Sien verder Gén. 17:14 se kanttekening. So ook hierna, vers 20.

12 Of: sal voortaan aan hom wees, of: bly aan hom.

13 Dit is, in sy woning.
14 Of: gedraaide doek, of stuk laken. Of: koord waarmee iets toegebind word.

15 Of: saamgevoeg, gekoppel. Die betekenis is: Wat met niks toegedek, ingestop of toegedraai is nie.

16 Hier beveel God die manier waarop die reinigingswater berei en gebruik moet word.

17 Dit is, van die bewaarde as van die verbrande rooi koei. Sien vers 9.

18 Hebr. brand van die sonde, dit is, wat dien tot ontsondiging of reiniging van sonde. Sien vers 9 se kanttekening.

19 Hebr. lewendige water. Dit is, opborrelende, lopende of stromende water wat uit ’n fontein of rivier geneem is. Sien Gén. 26:19 se kanttekening. Lev. 14:5.

e Ps. 51:9.
20 Dit is, dié persoon of mens.

21 Sien vers 13 se kanttekening.

22 Of: dit.