Statevertaling – Bybelstigting
TOE Bíleam sien dat dit goed was in die oë van die HERE om Israel te seën, het hy hom nie 1soos die vorige kere 2tot towery gewend nie, maar sy gesig 3na die woestyn gedraai.
Toe Bíleam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens 4sy stamme in die laer staan, 5het die Gees van God op hom gekom.
En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man 6met geopende oog spreek.
Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.
Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel!
Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by ’n rivier, soos 7alewees wat die HERE geplant het, soos 8seders by die water.
Water vloei 9uit sy emmers, en sy saad is 10by baie waters. En laat sy koning hoër wees as 11Agag, en sy koninkryk hom verhef!
God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van a’n buffel; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente 12stukkend breek en met sy pyle verbrysel.
bHy buig hom, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin: wie sal hom 13opjaag? 14Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle wat jou vervloek!
Toe het Balak baie kwaad geword vir Bíleam en 15sy hande saamgeslaan, en Balak het aan Bíleam gesê: Ek het jou laat roep om my vyande te vloek, en kyk, 16jy het nou al drie maal net geseën!
17Trek dan nou gou 18na jou woonplek! Ek het gesê dat ek jou 19hoog sal vereer; maar kyk, 20die HERE het jou van verering teruggehou.
Toe het Bíleam vir Balak gesê: Het ek nie alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie:
cAl gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree om goed of kwaad 21uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek, dit sal ek spreek.
En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom, 22ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen 23aan die einde van die dae.
Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.
Die hoorder van die woorde van God spreek, en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken, wat die gesigte van die Almagtige sien wat neerval en geopende oë het.
24Ek sien 25hom, maar 26nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ’n 27ster kom te voorskyn uit Jakob, en ’n 27septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die 28slape van die hoof van Moab en 29werp al die 30oorlogsugtiges omver.
31Ook sal Edom ’n besitting wees; en 32Seïr, 33sy vyande, sal ’n besitting wees, maar Israel 34neem toe in krag.
dEn laat daar 35een uit Jakob heers en die vrygeraaktes 36uit die stede vernietig.
Toe hy Ámalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Ámalek is die 37eersteling van die heidene, 38maar sy einde is ondergang.
Toe hy die 39Keniete sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou 40nes is gebou op die rots.
Ewenwel sal 41Kain tot verwoesting wees. 42Hoe lank nog? Assur sal jou as gevangene wegvoer.
Verder het hy sy spreuk aangehef en gesê: Wee, 43wie sal lewe as God 44dít 45beskik?
En skepe kom van die 46kant van 47die Kittiërs af, en hulle verneder Assur en hulle verneder 48Heber; en 49hy is ook tot ondergang bestem.
Toe het Bíleam hom klaargemaak en weggetrek en 50na sy woonplek teruggekeer. En Balak het ook sy koers gegaan.
| 1 Hebr. soos keer in keer.
2 Hebr. die towery tegemoet. Verstaan die onbehoorlike manier van voorsegginge wat hy gebruik het en wat deur God as towery gesien word. 3 Waar die kinders van Israel hul laer in die veld van die Moabiete gehad het. |
| 4 Naamlik, in die orde ingedeel soos die HERE beveel het, Númeri 2.
5 Dit is, God het vir hom ingegee wat hy moet spreek. |
| 6 Naamlik die oog van die verstand, om te sien wat in die toekoms met die kinders van Israel sou gebeur. |
| 7 Of: aalwyn. Dit is ’n boom waarvan die hout, as dit dor word, ’n lieflike reuk afgee.
8 Die hout van hierdie boom is mooi, dit groei hoog en dik en dit verrot nie maklik nie. Die tempel van Salomo was van hierdie hout gemaak, 1 Kon. 6:9, 10. |
| 9 Naamlik uit Israel se emmers.
10 Dit is, dit sal baie vermenigvuldig. 11 Dit is die naam van die koning, ja, van alle konings van die Amalekiete, welke koninkryk in hierdie tyd baie heerlik en groot was. Sien 1 Sam. 15:8. |
| a Núm. 23:22. | 12 Of: ontbeen, dit is, die been uit die vleis trek. |
| b Gén. 49:9. Núm. 23:24. | 13 Of: wakker maak.
14 Volgens die belofte van God, Gén. 12:3. |
| 15 Tot ’n teken van toorn en verdriet.
16 Hebr. seënende het jy hulle geseën. |
| 17 Hebr. Vlug.
18 Naamlik na Mesopotámië, na jou stad Petor. 19 Hebr. vererende sal vereer, naamlik met groot geskenke. 20 Of: die HERE het die eer van jou teruggehou. |
| c Núm. 22:18. | 21 Dit is, van myself. Sien Núm. 16:28. |
| 22 Dit is, ek sal jou inligting gee en terselfdertyd waarsku. Sommige verstaan hier deur die inligting die volgende profesie, ander die goddelose raad in Númeri 25, vgl. met Núm. 31:16 en Openb. 2:14.
23 Naamlik in die tyd van Dawid, soos daar geskrywe staan in 2 Sam. 8:2. |
| 24 Anders: Ek sal hom of dit sien.
25 Dit is ’n profesie aangaande Christus, die toekomende Messías, van wie Dawid ’n voorbeeld was. 26 Dit is, nog nie. 27 Deur die woorde ster en septer verstaan Bíleam die heerlike koninkryk van die volk van God, wat gedeeltelik in Dawid se aardse koninkryk vervul is, maar vernaamlik in die geestelike koninkryk van onse Here Jesus Christus. Sien Openb. 22:16. 28 Of: hoeke, sye van Moab, dit is, die grense. Sien die vervulling van hierdie profesie in 2 Sam. 8:2. Dit is egter vernaamlik vervul deur die roeping van die heidene deur die apostels. Sommige verstaan deur die slape van die hoof van Moab, die vorste van die land. 29 Eintlik breek af. 30 Hebr. die kinders van Set. In vergelyking met Jer. 48:45 word afgelei dat met beide woorde die Moabiete bedoel word. |
| 31 Sien die aanvanklike vervulling hiervan in 1 Kron. 18:13, en aangaande die geestelike vervulling, die roeping van die heidene en vernietiging van die vyande van God se kerk.
32 Dit is die naam van die gebergte waar die Edomiete gewoon het, Gén. 36:7, 8. 33 Naamlik die kinders van Israel se vyande. 34 Anders: betoon mag, dit is, tree dapper op. |
| d 2 Sam. 8:14. | 35 Verstaan Dawid en Christus.
36 Hebr. uit die stad, dit is, uit elke stad, of al die stede, naamlik van die Edomiete, vers 18. |
| 37 Of: die eerste, dit is, ’n baie voortreflike koninkryk, of die eerste wat teen die Israeliete oorlog gevoer het.
38 Dit is, die Amalekiete sal uitgedelg word volgens die raad en besluit van God. Sien Ex. 17:14. 1 Samuel 15. |
| 39 Hulle het onder die Amalekiete gewoon, 1 Sam. 15:6.
40 Dit is, woning, soos in Job 29:18. |
| 41 Anders: die Kaïniete of die Keniete, wat, so wil dit voorkom, hul oorsprong van ’n sekere Kain het.
42 Of: Solank as Assur jou gevange sal hou. |
| 43 Dit is, wie sal dan lewend bly? Asof hy sê: Ag, watter groot droefheid en ellende sal dan baie volke oorkom!
44 Naamlik wat hier volg, vers 24, of hom (naamlik Israel) aanstel, of Homself aanstel. 45 Hebr. aanstel. |
| 46 Hebr. hand, dit is, kus of oewer.
47 Hebr. Kittim. Hy was een van die seuns van Jawan, die seun van Jafet, die seun van Noag, Gén. 10:4. Die Kittiërs het hulle gevestig in Cilicië, Masedonië, Ciprus en Italië; Josephus, Oudhede. 48 Dit is, die Hebreërs of nageslag van Heber, sien oor hom Gén. 10:22, 24. Al die Jode of Israeliete is Heber se nakomelinge, wat deur die Romeine en Grieke verneder is. 49 Naamlik die Kittiër. |
| 50 Naamlik na Mesopotámië. Dit was wel Bíleam se bedoeling en voorneme, maar hy is deur die Midianiete weerhou en daarna deur die Israeliete met die swaard verslaan, Núm. 31:8. Ander meen dat Bíleam wel huis toe gegaan het, maar naderhand na die Midianiete teruggekeer en saam met hulle omgekom het. |