Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 102

’n Gebed vir Sion.

1

’N GEBED 1van ’n ellendige as hy 2beswyk en sy klagte 3uitstort voor die aangesig van die HERE.

2

o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!

3

4Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, 5verhoor my gou!

4

Want 6my dae verdwyn a7soos rook en my gebeente gloei 8soos ’n vuurherd.

5

Platgeslaan 9soos die plante en verdor is my hart; 10want ek vergeet om my brood te eet.

6

11Vanweë my harde gesug kleef my gebeente 12aan my vlees.

7

Ek 13is soos ’n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos ’n uil op die puinhope.

8

14Ek is slapeloos en het geword 15soos ’n eensame voël op die dak.

9

Die hele dag smaad 16my vyande my; die wat teen my 17raas, 18gebruik my naam as ’n vloek.

10

Want 19ek eet as soos brood en meng 20my drank met trane,

11

21vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.

12

22My dae is 23soos ’n skaduwee wat lank geword het, en ek, 24soos die plante verdor ek.

13

Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en 25u gedenknaam van geslag tot geslag.

14

Ú sal opstaan, U 26oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die 27bestemde tyd het gekom.

15

Want 28u knegte 29het sy klippe lief en 30het medelyde met sy 31puin.

16

Dan sal 32die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;

17

omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,

18

Hom gewend het tot die gebed 33van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.

19

34Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk 35wat geskape gaan word, sal die HERE loof;

20

omdat Hy 36van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel 37op die aarde gelet het,

21

om die gekerm 38van die gevangene te hoor, om los te maak 39die kinders van die dood;

22

sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,

23

40as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.

24

41Hy het my krag 42op die weg swak gemaak, 43my dae verkort.

25

My God, 44sê ek, 45neem my nie weg in die helfte van my dae nie — 46u jare is 47van geslag tot geslag!

26

In 48die voortyd het 49U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.

27

50Húlle sal vergaan, maar Ú sal bly; ja, 51hulle almal sal soos ’n kleed verslyt; bU verwissel hulle soos ’n kledingstuk, en hulle verdwyn.

28

Maar 52U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.

29

53Die kinders van u knegte sal 54woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.

1 Of: vir die bedrukte. Verstaan hier die bedrukte en ellendige gevangenes in Babel.

2 Of: oorstelp. Naamlik van angs en skrik. In hierdie betekenis word die woord versmag ook gebruik in Ps. 77:4; 107:5; 142:4; 143:4. Sien ook Ps. 61:3 se kanttekening.

3 Dit is, vrymoedig en oorvloedig uit die dieptes van die hart te kenne gee.

4 Dit is, onttrek u hulp nie van my nie. Sien Job 13:24 se kanttekening.

5 Hebr. haas U, verhoor my.

a Ps. 37:20. 6 Naamlik die dae van my lewe.

7 Anders: in of tot rook.

8 Anders: soos ’n vuur in ’n vuurherd. Sien Job 21:24 se kanttekening oor gebeente.

9 Of soos die gras, wat nadat dit afgemaai is, verdroog en hooi word.

10 Hy wil sê: Ek het geen lus gehad om my lewensbehoeftes aan te spreek of enige voedsel te gebruik nie.

11 Dit is, vanweë my sugte, wat daagliks met geluid en geween geskied.

12 Dit is, aan my vel. Hy wil sê: Ek is so uitgeteer dat ek net vel en been is. Sien Job 19:20 se kanttekening. Klaagl. 4:8.

13 Dit is, ek is gedwing om alleen en eensaam te bly, van alle mense verlate, en ek maak verskriklike geluide, soos die pelikaan en die uile maak, Job 30:29.
14 Ek waak.

15 Dit is, soos ’n voël wat sy maat verloor het.

16 Naamlik die Babiloniërs of Chaldeërs.

17 Sien Ps. 5:6 se kanttekening.

18 Anders: sweer teen my. Dit is, as hulle sweer om iemand kwaad aan te wil doen, so dreig hulle dat hulle hom só sal mishandel, dat hy soos ek sal word. Of: hulle gebruik my naam as ’n vorm van vervloeking. Vgl. Núm. 5:21. Jes. 65:15. Jer. 29:22 met die kanttekeninge.

19 Hy wil sê: Aangesien ek met ’n rougewaad in die as lê, gebeur dit dikwels dat ek as eet saam met my voedsel. Anders: ek is so bedroef, dat ek nie meer lus of smaak in brood of ander voedsel vind nie, asof ek as eet.

20 In die Hebreeus staan hierdie woord in die meervoud. Dit is, alles wat ek drink.

21 Hebr. van die aangesig van u grimmigheid.
22 Die dae van my lewe.

23 Naamlik wanneer die son ondergaan; dan is die skaduwee lank uitgestrek, maar dit bly nie lank nie, omdat die nag terstond daarop volg, Ps. 109:23; 144:4.

24 Sien vers 5 en die kanttekening.

25 Hebr. u gedagtenis. Naamlik die gedagtenis aan u heerlike werke en weldade, wat U voorheen aan u volk gedoen en bewys het. Sien Ex. 3:15. Ps. 135:13.
26 Dit is, oor u volk en die stad Jerusalem.

27 Naamlik die tyd van die sewentig jaar van ons ballingskap, waarvan geprofeteer is. Sien 2 Kron. 36:21. Jer. 25:12; 29:10. Dan. 9:2, 24, 25. Immers, uit die laaste woorde van hierdie vers blyk genoegsaam dat hierdie psalm geskryf is aan die einde van die Babiloniese ballingskap.

28 Dit is, ons Jode, Neh. 1:3; 2:3; 4:2.

29 Dit is, hulle verlang vurig daarna dat die stad Jerusalem weer opgebou word, en is baie bedroef daaroor dat dit tot ’n puinhoop gemaak is.

30 Dit is, dit vul hulle met droefheid dat die stad en die tempel so verwoes bly lê.

31 Of: steenhoop, of: puinhoop.

32 Naamlik diegene wat die wonderbaarlike verlossing van u volk en die vervulling van u beloftes sal sien.
33 Verstaan hiermee die arme Jode, wat in die Babiloniese ballingskap was.
34 Naamlik ons verlossing uit die Babiloniese ballingskap.

35 Dit is, die volk wat weldra of lank ná ons gebore sal word; maar ’n mens kan dit ook verstaan as die volk van Israel, wat uit die Babiloniese ballingskap verlos word, asof hulle uit die stof verwek en opnuut geskape sou word. Sien Ps. 22:32. Eségiël 37.

36 Na aanleiding van Deut. 26:15. Anders: uit die hoogte van sy heiligdom, dit is, vanuit die hemel.

37 Dit is, op ons, wat op die aarde woon.

38 Naamlik wat in Babel in ballingskap verkeer. Of: gebondene.

39 Dit is, wat by die dood gereken word, soos in Ps. 44:23; 79:11.

40 Dit is, wanneer God uit die Jode en heidene een volk sal maak, en vir Hom ’n kerk uit al die koninkryke van die aarde sal versamel. Sien Hand. 2:5. Ef. 2:13, 14.
41 Naamlik God.

42 Naamlik toe ek as gevangene na Babel weggevoer was, waar ek tot nog toe in ballingskap verkeer.

43 Naamlik die dae van my lewe. Sodat baie van ons in droefheid en ellende gesterf het. Sien dergelike manier van spreek in Job 21:21. Sien ook Ps. 55:24 se kanttekening.

44 Naamlik soos die HERE my verdruk het op die weg na Babel, vers 24, stel hierdie gedagte teenoor die vorige versoeking en vrees dat ek binnekort sou sterf.

45 Hebr. neem my nie op, naamlik uit hierdie lewe nie. Sien Job 36:20 se kanttekening.

46 Hy wil sê: HERE, omdat U ewig bly, daarom sal ook u kerk ewiglik bly en sal nie deur die vyande en vervolgers onderdruk kan word nie, soos hy vers 29 afsluit.

47 Hebr. van geslag van geslagte.

48 Hebr. voor die aangesig, wat hier beteken: vroeër, voorheen.

49 Die apostel gebruik in Hebr. 1:10-12 hierdie woorde om die Godheid van Christus te bewys, omdat die Here Christus hier verklaar word, nie net as die Skepper van alles en ewig nie, maar ook as Verlosser en Saligmaker van sy gemeente. Sien verse 14, 16, 23, 29. Dit is waarom die apostel in die aangehaalde gedeelte ook die Naam HERE, soos in vers 13 herhaal is, aan Hom toeskryf.

b Hebr. 1:12. 50 Naamlik die hemel en aarde, Hebr. 1:10, 11.

51 Naamlik al die hemele.

52 Naamlik wie U tevore van ewigheid af was; en U bly dieselfde tot in ewigheid.
53 Dit is, ons kinders of nakomelinge.

54 Dit is, ’n vaste woning by U hê, sonder om ooit weer te verander. Of: hulle sal in Sion woon, vers 22. Ps. 69:36, 37.