Statevertaling – Bybelstigting
Rut gaan are optel en kom in die land van Boas.
EN Naómi het ’n 1bloedverwant gehad van haar 2man se kant, ’n vermoënde man, uit die geslag van Eliméleg, wie se naam aBoas was.
En Rut, die Moabitiese, het vir Naómi gesê: Laat ek tog die land ingaan en 3are optel agter dié een in 4wie se oë ek genade sal vind. Toe antwoord sy haar: Gaan, my dogter.
Daarop het sy heengegaan, en gekom en are opgetel op die land agter die snyers. En 5gelukkig kom sy op ’n stuk land af wat behoort aan Boas, uit die geslag van Eliméleg.
En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesê: Mag die HERE met julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag die HERE u 6seën!
Daarop sê Boas aan sy 7dienaar, die opsigter oor die snyers: Van wie is hierdie jong vrou?
En die dienaar, die opsigter oor die snyers, antwoord en sê: Dit is die jong Moabitiese vrou wat saam met Naómi uit die veld van Moab 8teruggekom het;
en sy het gesê: Kan ek maar are optel en insamel by die gerwe agter die snyers? Sy het toe gekom en gebly van 9vanmôre af tot nou toe; sy het maar 10min daar in die huis gesit.
Toe sê Boas vir Rut: Luister tog, my dogter: jy moenie op ’n ander land gaan are optel nie, en jy mag ook nie hiervandaan weggaan nie; maar jy moet jou by my diensmeisies aansluit.
Met die oë op die land wat 11hulle afsny, moet jy agter 12hulle aan loop. 13Het ek die dienaars nie bevel gegee om jou nie aan te raak nie? En as jy dors het, gaan dan na die kanne en drink van wat die dienaars skep.
Toe val sy op haar aangesig en 14buig na die aarde toe en sê vir hom: Waarom het ek genade in u oë gevind, dat u 15in my belang stel alhoewel ek ’n vreemdeling is?
En Boas antwoord en sê vir haar: Aan my is alles 16omstandig vertel wat jy aan jou skoonmoeder gedoen het ná die dood van jou man, en dat jy jou vader en jou moeder en jou geboorteland verlaat het en na ’n volk getrek het wat jy 17gister en eergister nie geken het nie.
Mag die HERE jou daad vergelde, en mag 18jou loon volkome wees van die HERE, die God van Israel, 19onder wie se 20vleuels jy kom skuil het.
Toe sê sy: 21So vind ek dan genade in u oë, my heer! Want u het my getroos en 22na die hart van u dienares gespreek, alhoewel ek nie soos een van u dienaresse 23is nie.
En teen etenstyd het Boas vir haar gesê: Kom hierheen en eet van die brood en steek jou stukkie in die asyn. Daarop gaan sy langs die snyers sit, en hy het haar gebraaide 24koring gegee, en sy het geëet en versadig geword 25en oorgehou.
Toe sy weer opstaan om are op te tel, het Boas sy dienaars bevel gegee en gesê: Sy mag ook tussen die gerwe optel, en julle mag haar nie beledig nie.
En julle moet ook 26so nou en dan vir haar uit die bondels uittrek en dit laat lê, dat sy dit kan optel; en julle mag haar nie keer nie.
En sy het op die land opgetel tot die aand; en toe sy 27uitslaan wat sy opgetel het, was dit omtrent ’n 28efa gars.
En sy het dit weggedra; en toe sy in die stad kom, sien haar skoonmoeder wat sy opgetel het; ook het sy uitgehaal en aan haar gegee wat sy 29oorgehou het nadat sy versadig was.
Daarop vra 30haar skoonmoeder haar: Waar het jy vandag opgetel, en waar het jy 31gewerk? Mag hy 32geseënd wees wat in jou 33belang gestel het! En sy vertel haar skoonmoeder by wie sy gewerk het, en sê: Die naam van die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas.
En Naómi sê vir haar skoondogter: Mag hy geseënd wees 34deur die HERE, 35wat sy guns aan 36lewende en 37dode nie onttrek het nie. Verder sê Naómi vir haar: Die man is ons nabestaande, hy is een van ons 38lossers.
Toe sê Rut, die Moabitiese: 39Hy het ook nog vir my gesê: By my dienaars moet jy aansluit totdat hulle klaar is met die hele oes wat aan my behoort.
Daarop het Naómi haar skoondogter Rut geantwoord: Dit is goed, my dogter, dat jy met sy diensmeisies saam uitgaan en aan jou 40geen kwaad op ’n ander land aangedoen word nie.
So het sy dan by die diensmeisies van Boas aangesluit om are op te tel totdat hulle met die gars-oes en die koringoes klaar was; en sy het by haar skoonmoeder gewoon.
| a Matt. 1:5. | 1 Hebr. eintlik bekende; maar hierdie woord word ook gebruik vir ’n bloedverwant, neef of swaer. Sien Rut 3:2. Spr. 7:4 en die kanttekening.
2 Naamlik die oorlede Eliméleg, soos volg. |
| 3 Vgl. Lev. 19:9; 23:22. Deut. 24:19, ens.
4 Dit is, by wie ek hierdie guns sal verkry dat hy my toelaat op sy akker om koringare agter die snyers op te tel. Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 18:3 se kanttekening. So ook hierna, verse 10, 13. |
| 5 Hebr. haar ontmoeting of geval, toeval, oorgekom of voorkom, ontmoet, ens. Dit word gesê ten opsigte van Rut, wat nie geweet het wie se akker dit was nie; maar dit is deur God só beskik om die weg te berei tot dit wat hierna beskryf word. |
| 6 Sien Gén. 12:2 se kanttekening. |
| 7 Hebr. jongman. Sien oor die gebruik van die Hebreeuse woord Gén. 22:5 se kanttekening. |
| 8 Sien Rut 1:7, 10 se kanttekeninge. |
| 9 Hebr. van toe, van die oggend af, ens.
10 Of: haar verblyf is daar, in die huis min; dit is, sy was vanmôre ’n bietjie in die huis, vir die res is sy hier in die veld. Anders: dat sy in die hut of daarbinne gesit het, is min; verstaan in die hut wat waarskynlik in die veld opgerig is, om ’n mens soms ’n bietjie teen die hitte te beskerm of om ’n bietjie te rus, miskien ook om te eet. |
| 11 Naamlik die snyers.
12 Naamlik die diensmeisies. 13 Dit is, ek het hulle wel ernstig bevel gegee, wil hy sê. Sien Rig. 4:6 se kanttekening. |
| 14 Sien Gén. 18:2 se kanttekening.
15 Of: my ken. Dit is, dat u my aanspreek en aan my goed doen, nie anders nie asof ek ’n bekende of familie van u is. |
| 16 Hebr. vertel wordende is aan my vertel.
17 Of: tevore. |
| 18 Naamlik wat God die weldoeners genadiglik beloof het.
19 Of: jy wat gekom het om onder sy vleuels te skuil, of beskerming te soek, of jou toe te vertrou. 20 Dit is, genadige beskutting, beskerming en koestering; ’n beeld geneem van die kuikens, wat hulle onder die vleuels van die ouers verberg om gekoester en bewaar te wees. Sien Ps. 17:8; 36:8; 57:2; 63:8; 91:4. Matt. 23:37. |
| 21 Anders: Laat my genade vind, of: Ek sal genade vind, ens.
22 Sien Gén. 34:3 en Rig. 19:3 se kanttekeninge. 23 Of: sal wees nie; dit is, ek sal my nogtans daarom nie soveel ag of só gedra asof ek een van u dienaresse was nie, maar minder. |
| 24 Of: gort, as voedsel berei. Vgl. 2 Sam. 17:28.
25 Vgl. vers 18. |
| 26 Hebr. rowende roof vir haar uit die bondels, dit is, met opset, of willens en wetens, beroof uit die bondels, deur telkens ’n paar are daarvan te laat val, sodat sy des te meer kan optel. |
| 27 Sien Rig. 6:11 se kanttekening.
28 Sien Ex. 16:36 se kanttekening. |
| 29 Sien vers 14. |
| 30 Naamlik Naómi vra Rut.
31 Hebr. gedoen; naamlik jou werk. So ook in Matt. 20:12: Hierdie laastes het een uur gedoen, naamlik werk, dit is, gewerk of gearbei. So ook in die vervolg van die vers. Sien verder Spr. 31:13 se kanttekening. 32 Soos in vers 20. 33 Sien vers 10 se kanttekening. |
| 34 Vgl. Gén. 24:31 se kanttekening. Rut 3:10.
35 Naamlik Boas. 36 Dit is, aan jou en my. 37 Dit is, aan my oorlede man en beide seuns, wat van sy bloed is, om wie se ontwil en gedagtenis hy aan ons beide goed gedoen het; of: aan wie hy in hul lewe goed gedoen het, soos hy nou aan ons doen, ter wille van hulle. 38 Dit is, wat reg het om ons erfgoed en ons persone, wat vervreem en verkoop is, vanweë naaste bloedverwantskap te los, terug te koop en vry te maak en jou selfs ook ten huwelik te neem, volgens die wette in Lev. 25:25, ens., 47, ens. Deut. 25:5, ens. Matt. 22:24, ens. |
| 39 Anders: Ook, omdat hy vir my gesê het, ens. Verstaan hierby: ook daarom moet hy geseënd wees, uit die voorgaande vers. |
| 40 Sy wil sê: Bly voortaan waar jy so goed behandel word en gaan nie na ’n ander land waar jy kwalik behandel sou kon word nie. |