Statevertaling – Bybelstigting
Die lossingsreg.
TOE sê haar skoonmoeder Naómi vir haar: My dogter, sal ek nie vir jou ’n 1rusplek soek, dat dit goed met jou kan gaan nie?
Nou dan, is Boas by wie se diensmeisies jy 2gewees het, nie ons 3bloedverwant nie? Kyk, hy wan vannag op 4die vloer gars uit.
Was jou dan en 5salf jou en trek jou 6klere 7aan, en gaan af na die vloer toe; laat jou deur die man nie herken totdat hy klaar geëet en gedrink het nie.
Maar as hy gaan slaap, let dan op die plek waar hy gaan slaap; 8kom dan nader, 9maak sy voetenent oop en gaan lê; en hy sal jou te kenne gee wat jy moet doen.
En 10sy antwoord haar: Alles wat u sê, sal ek doen.
Daarop het sy afgegaan na die vloer en gedoen net soos haar skoonmoeder haar beveel het.
Nadat Boas geëet en gedrink het, en sy hart 11vrolik was, en hy gaan slaap het by die ent van die hoop, het sy stilletjies gekom en sy voetenent oopgemaak en gaan lê.
En die man het teen middernag geskrik en 12vooroor gebuig en — daar lê ’n vrou aan sy voetenent.
En hy vra: Wie is jy? Toe antwoord sy: Ek is Rut, u dienares; 13brei dan u vleuel oor u dienares uit, want u is die 14losser.
En hy sê: Geseënd is jy deur die HERE, my dogter! Jy 15het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.
Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele 16stadspoort van my volk weet dat jy ’n 17deugsame vrou is.
Nou dan, dit is sekerlik waar dat ek die losser is, maar daar is nog ’n losser, nader as ek.
Bly vannag oor; en as hy jou môre wil los, goed, hy kan los; maar as hy nie lus het om jou te los nie, dan sal ék jou los, so waar as die HERE leef! Bly lê tot môre.
En sy het tot die môre aan sy voetenent bly lê. Maar nog voordat 18een die ander kon herken, het sy opgestaan; want hy het gesê: 19Dit mag nie bekend word dat die vrou op die vloer gekom het nie.
Daarna sê hy: Gee die 20tjalie wat jy om het, en hou dit oop. En sy het dit oopgehou, en hy het ses mate gars afgemeet en dit op haar gesit en die stad ingegaan.
Toe sy by haar skoonmoeder kom, het dié gevra: 21En toe, my dogter? En sy het haar alles vertel wat die man aan haar gedoen het,
en gesê: Hierdie ses mate gars het hy my gegee, want hy het gesê: Jy moet nie met leë hande by jou skoonmoeder kom nie.
En sy antwoord: Sit stil, my dogter, totdat jy weet hoe die saak uitval; want die man sal nie rus tensy hy vandag nog die saak afgehandel het nie.
| 1 Dit is, ’n goeie huwelik vir jou probeer bemiddel? Sy wil sê dat dit in elke opsig haar verskuldigde plig is. Sien oor sulke vrae Rut 2:9 se kanttekening. So ook in die volgende vers. |
| 2 Naamlik om are op te tel; Rut 2:8, 22, 23.
3 Hebr. eintlik is Boas nie ons bekende nie? Sien Rut 2:1 se kanttekeninge, Rut 2:20. 4 Hebr. die dorsvloer van die gars, dit is, die gars wat op die dorsvloer is. |
| 5 Met welriekende olie, soos in daardie lande gebruiklik was. Sien 2 Sam. 12:20; 14:2. 2 Kron. 28:15. Ps. 104:15. Matt. 6:17.
6 Naamlik, die beste wat jy het. 7 Hebr. aan jou, oor jou. |
| 8 Dit wil voorkom of hierdie raad op die oog af nie eerbaar was nie, maar Naómi, wat die godvrugtigheid en eerbaarheid van Boas en Rut geken het, en ook op Boas se ouderdom gelet het, het nie getwyfel of Boas eerbaar en wys in hierdie saak sou handel nie; soos hy ook gedoen het, sodat Naómi nie in haar vertroue bedrieg is nie. Wat die ergernis betref, het Naómi verstandig geweet hoe om dit te vermy deur die omstandigheid van tyd en plek, soos ook Boas self. Sien vers 14.
9 Of: ontdek sy voete. Die Hebreeuse woord word ook in verse 7, 8, 14 gevind. Net so ook in Dan. 10:6. |
| 10 Naamlik Rut. |
| 11 Hebr. goed. Soos in Rig. 16:25 en die kanttekening. |
| 12 Of: hom heen en weer of herwaarts en derwaarts gekeer. |
| 13 Dit is, neem my onder u beskerming, soos ’n man met sy vrou doen. Vgl. Rut 2:12 se kanttekening. Of: brei dan u soom, boord, naamlik van u kleed, oor u dienares uit, ens.
14 Sien Rut 2:20 se kanttekening. |
| 15 Die betekenis is: Wat jy nou doen, is nog beter as die voorgaande wat jy gedoen het aan jou oorlede man en jou skoonmoeder Naómi. Sien Rut 1:8; 2:11. |
| 16 Sien Gén. 22:17 se kanttekening.
17 Of: moedige. |
| 18 Hebr. die man sy naaste.
19 Soos Boas ’n goeie gewete voor God gehad het, so wou hy ook ’n goeie naam by die mense behou. |
| 20 Of: oorkleed, voorskoot, waarmee die vroue hul voorlyf bedek. |
| 21 Hebr. Wie is jy, my dogter? Waaruit afgelei kan word dat dit nog so donker was dat die een die ander nie goed kon herken nie, soos in vers 14 gesê is; hoewel Naómi uit die manier waarop sy die gars gedra het kon aflei dat sy nog jonk was, sodat sy haar volgens die gebruik van daardie tyd dogter genoem het. |