Statevertaling – Bybelstigting
Bíleam seën die Israeliete teen sy sin.
DAARNA het die kinders van Israel weggetrek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, oos van die 1Jordaan van Jérigo.
| 1 Dit is, wat naby Jérigo verbygaan, of wat ’n drif by Jérigo gehad het. |
Toe 2Balak, die seun van Sippor, sien alles wat Israel die Amoriete aangedoen het,
| 2 Hierdie Balak was dié tyd koning van die Moabiete, vers 4. Sien meer oor hom in Rig. 11:25. Miga 6:5. |
3het Moab baie bang geword vir die volk, want hulle was talryk; en Moab het beangs geword vanweë die kinders van Israel.
| 3 ’n Vervulling van wat in Ex. 15:15 vooruit aangekondig is. |
Toe sê Moab vir 4die oudstes van Mídian: Nou sal hierdie menigte 5opeet 6alles wat rondom ons is, soos ’n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was dié tyd koning van Moab.
| 4 Hulle word vorste genoem in vers 8.
5 Dit is, verteer. 6 Hebr. al ons rondomme of ons rondommighede. |
Daarop het hy boodskappers gestuur na 7aBíleam, die seun van Beor, in 8Petor wat by die 9Eufraat is, 10in die land van die kinders van sy volk, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het ’n volk uit Egipte getrek; kyk, hulle het die 11oppervlakte van die land oordek en staan gelaer teenoor my.
| a Jos. 24:9. | 7 Hy word in Jos. 13:22 ’n waarsêer genoem. Sien Núm. 24:1. Die apostel Petrus noem hom ’n profeet, 2 Petr. 2:16.
8 ’n Stad in Mesopotámië, Núm. 23:7 se kanttekening. Deut. 23:4. 9 Hebr. rivier. 10 Dit is, in Bíleam se vaderland, wat Mesopotámië was, soos blyk uit Deut. 23:4. 11 Hebr. oog. Sien Ex. 10:5, 15. So ook hierna, vers 11. |
Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle ’n slag kan slaan en hulle uit die land verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en die een wat jy vervloek, is vervloek.
Toe het die oudstes van Moab en die oudstes van Mídian gegaan met 12waarsêersloon by hulle en by Bíleam gekom en hom die woorde van Balak meegedeel.
| 12 In 2 Petr. 2:15 word dit die loon van ongeregtigheid genoem. Sien Jer. 22:13 se kanttekening. |
Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos die HERE aan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by Bíleam gebly.
En God het 13na Bíleam gekom en gesê: Wie is die manne daar by jou?
| 13 Naamlik in die nag. |
En Bíleam het God geantwoord: Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, laat my weet:
Kyk, daar het ’n volk uit Egipte getrek en hulle het die oppervlakte van die land oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe.
Toe sê God vir Bíleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd.
Toe staan Bíleam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle land, want die HERE het geweier om my saam met julle te laat gaan.
En die vorste van Moab het klaargemaak en by Balak gekom en gesê: 14Bíleam het geweier om saam met ons te gaan.
| 14 Soos Bíleam vir die Moabitiese vorste nie alles gesê het wat God vir hom gesê het nie, so sê hierdie boodskappers ook nie alles vir hul heer Balak nie, wat Bíleam vir hulle gesê het. |
Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en aansienliker was as 15die ander;
| 15 Naamlik as die wat hy die eerste keer gestuur het. |
en hulle het by Bíleam gekom en aan hom gesê: So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom nie.
Want ek sal jou 16baie hoog vereer en alles wat jy my sê, sal ek doen; daarom kom tog, vervloek hierdie volk vir my.
| 16 Hebr. erende sal ek jou eer. |
Toe antwoord Bíleam en sê aan die dienaars van Balak: bAl gee Balak my 17sy huis vol silwer en goud, ek kan 18die bevel van die 19HERE my God nie oortree om klein of groot te doen nie.
| b Núm. 24:13. | 17 Hebr. die volheid van sy huis.
18 Hebr. die mond. 19 Hieruit blyk dat Bíleam in ’n sekere mate die ware God geken het ten opsigte van hierdie saak; egter nie volkome of opreg nie. |
Nou dan, bly julle tog 20ook vannag hier, 21dat ek mag weet wat die HERE verder aan my sal sê.
| 20 Ook, naamlik soos die vorige boodskappers gedoen het.
21 Bíleam het voorgegee dat hy in hierdie saak niks anders sou doen as dit wat God sou behaag nie, terwyl hy wel geweet het dat God hom alreeds verbied het om die Israeliete te vloek. |
En God het in die nag na Bíleam gekom en aan hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, 22staan dan op, gaan met hulle saam; maar net wat Ek jou sê, dit moet jy doen.
| 22 God die HERE laat Bíleam oplaas toe dat hy saam met die boodskappers van Balak sal gaan, nie omdat dit vir Hom aangenaam was nie, soos blyk uit vers 22, maar om die boosheid van Bíleam des te meer te ontbloot en God se heerlikheid daarin te openbaar, dat Hy Bíleam gedwing het om die volk te seën, wat hy voorgeneem het om te vloek. |
Toe maak Bíleam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab.
Maar die toorn van God het ontvlam, 23omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy 24teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.
| 23 Naamlik, met so ’n voorneme om die volk van God te vloek. Anders: toe.
24 Hebr. satan. |
En die cesel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy 25ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel 26geslaan om haar na die pad te stuur.
| c 2 Petr. 2:16. Jud. vers 11. | 25 Dit was ’n teken van die toorn en van die wraak, soos in 1 Kron. 21:16. Vgl. Jos. 5:13.
26 Naamlik met sy stok, vers 27. |
Daarop gaan die Engel van die HERE in ’n hol pad tussen die wingerde staan — ’n muur duskant en ’n muur anderkant.
En toe die esel die Engel van die HERE sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.
En die Engel van die HERE het weer verder gegaan en bly staan op ’n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.
Toe die esel die Engel van die HERE sien, gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met ’n stok geslaan.
Maar die dHERE het die bek van die esel geopen, en sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?
| d 2 Petr. 2:16. Jud. vers 11. |
Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net ’n swaard in my hand — dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.
En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? 27Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.
| 27 Hebr. Het ek die gewoonte hebbende die gewoonte gehad? |
Toe open die HERE die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.
En die Engel van die HERE vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as ’n teëparty, 28want 29ejou weg loop gevaarlik steil 30in my oog!
| e 2 Petr. 2:15. | 28 Dit is, want jy gaan nie op die weg waarop Ek wil hê jy moet gaan nie.
29 Naamlik, waarop jy wil gaan. 30 Hebr. teenoor My, dit is, in my teenwoordigheid. |
Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie — dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe.
Toe antwoord Bíleam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, 31as dit verkeerd is in u oë, 32sal ek teruggaan.
| 31 Dit is, as dit U nie behaag nie.
32 Hebr. sal ek my omkeer. |
En die Engel van die HERE sê vir Bíleam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het Bíleam dan met die vorste van Balak saamgegaan.
Toe Balak hoor dat Bíleam kom, het hy uitgetrek hom tegemoet na Ir-Moab wat by die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van die grondgebied.
En Balak sê vir Bíleam: Het ek nie 33herhaaldelik na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my gekom nie? Is ek werklik nie in staat om jou te vereer nie?
| 33 Hebr. sturende gestuur. |
En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel 34in staat om 35iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.
| 34 Hebr. Sal ek in staat wesende in staat wees?
35 Naamlik, wat ek wil en wat God nie wil nie. |
Bíleam het toe saam met Balak gegaan, en hulle het by 36Kirjat-Husot gekom.
| 36 Anders: die stad van strate, of: in die stad wat buite geleë is. |
En Balak het beeste en kleinvee 37geoffer en daarvan aan Bíleam gestuur en aan die vorste wat by hom was.
| 37 Hebr. geslag. Dit is, tot ’n offer. Die stukke wat oorgebly het, het hulle as maaltyd geëet. Sien Núm. 25:2. |
En 38in die môre het Balak Bíleam geneem en hom op die hoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant 39van die volk kon sien.
| 38 Naamlik die volgende dag, ná die fees van die offer.
39 Naamlik van die volk van Israel. |
Neerlaag van die koning van Arad. Die koperslang.
TOE die Kanaäniet, die koning van 1Arad, wat in 2die Suidland gewoon het, hoor dat Israel 3met die pad van Átarim kom, het hy teen Israel geveg en sommige van hulle as gevangenes weggevoer.
| 1 Dit wil voorkom of Arad die stad is waar hierdie koning se setel was. Sien Jos. 12:14. Ander meen dat Arad die naam van die koning was.
2 Naamlik in die land Kanaän, waarheen die verspieders gegaan het, Núm. 13:17. Sien ook Núm. 33:40. 3 Anders: met die pad van die verspieders. Dit is, met die pad waarop die verspieders wat Moses uitgestuur het, gereis het. Sommige verstaan Átarim as die naam van ’n sekere plek. |
Daarop het Israel aan die HERE ’n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die 4banvloek tref.
| 4 Dit is, ek sal hulle nie vir my, of tot ons voordeel hou om te gebruik nie, maar ek sal hulle vir U heilig, of tot u eer verdelg. Sien Lev. 27:28, 29. Jos. 6:17, 19, 21, 24. |
En die HERE het gehoor na die stem van Israel en 5die Kanaäniete oorgegee. En 6hy het hulle en hul stede 7met die banvloek getref en die plek 8Horma genoem.
| 5 Naamlik in sy hand, soos in vers 2.
6 Naamlik Israel, dit is, die Israeliete. 7 Dit het nie heeltemal plaasgevind gedurende die tyd van Moses nie, maar daarna. Sien Jos. 12:14. Rig. 1:16, 17. 8 Dit is, verbanning. |
Toe trek hulle van die berg Hor af weg op pad na die 9Skelfsee om die land Edom om te trek; maar die siel van die volk het 10op die pad 11ongeduldig geword.
| 9 Sien Ex. 13:18.
10 Of: vanweë die pad. 11 Hebr. verkort geword. Sien Rig. 10:16 se kanttekening. |
En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en aons siel walg van 12die ellendige kos.
| a Núm. 11:6. | 12 Of: ligte, veragtelike. So noem die volk die brood wat uit die hemel kom. |
Toe bstuur die HERE 13giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.
| b 1 Kor. 10:9. | 13 Hebr. brandende. So genoem omdat hulle die mense wat hulle gebyt het, dodelike brand en gevolglik groot dors veroorsaak het. |
En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.
Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou 14’n giftige slang en sit dit op ’n 15paal; dan sal celkeen wat gebyt is en daarna kyk, 16lewe.
| c Joh. 3:14. | 14 In vers 9 word dit ’n koperslang genoem. Die betekenis van hierdie woorde is: Maak ’n koperslang wat net soos die giftige slang lyk.
15 Anders: tot ’n teken, of op ’n banier. 16 Dit is, hy sal genees word en die lewe behou. |
dToe het Moses ’n koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit: en as ’n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.
| d 2 Kon. 18:4. Joh. 3:14. |
eEn die kinders van Israel het weggetrek en laer opgeslaan in Obot.
| e Núm. 33:43. |
Voortsetting van die reis. Oorwinning oor Sihon en Og.
DAARNA het hulle weggetrek van Obot af en laer opgeslaan in 17Ijje-Haäbárim in die woestyn wat oostelik aan Moab vas lê.
| 17 Dit is, heuwels van Abárim. |
Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan by die spruit Sered.
Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan 18oorkant die Arnon wat in die woestyn is en uit die grondgebied van die Amoriete kom; fwant die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete.
| f Rig. 11:18. | 18 Anders: aan die drif van die Arnon. |
Daarom 19word gesê in die 20Boek van die 21Oorloë van die HERE: 22Waheb in 23Sufa en die spruite, die Arnon,
| 19 Anders: sal gesê word, naamlik in toekomende eeue.
20 Hierdie boekrol, geskrif of beskrywing is nie meer beskikbaar nie, nogtans sonder benadeling of vermindering van die kanonieke boeke. 21 Dit is, van die oorloë wat deur God se beskikking en krag plaasgevind het. 22 Hier staan in die Hebreeus eers die woordjie et, wat ’n aanduiding van ’n voorwerp kan wees, of ’n voorsetsel, soos teen. In die laaste geval kan ’n mens verstaan: Teen Waheb, ens., was die oorloë van die HERE, of strydende, of iets dergeliks. Sommige meen dat dit die naam van die koning van Moab is, wat Sihon oorwin het, vers 26. Die volgende woorde, asook vers 15, is moeilik om te verstaan en word verskillend uitgelê. 23 Anders genoem: Suf, Deut. 1:1 en die kanttekening. Ander vertaal met stormwind of die Rooi See. |
en die hang van die spruite wat na die streek van 24Ar afloop en 25leun teen die grondgebied van Moab.
| 24 Ar is die naam van ’n stad in Moab, vers 28.
25 Of: grens, stoot, is geleë. |
En daarvandaan het hulle na Beër getrek. Dit is die put waarvan die HERE aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee.
Toe het Israel 26hierdie lied gesing: Spring op, o put! 27Besing hom!
| 26 Met hierdie lied besing en roem hulle die weldaad wat God aan hulle bewys het deur hierdie waterput te gee.
27 Of: Besing dit (met beurtsang). Sien Ex. 15:21. 1 Sam. 18:7. Ps. 147:7. |
o Put wat die vorste gegrawe het, wat die edeles van die volk gedelf het, met 28die septer, 29met hulle stawe! — En uit die woestyn uit na Mattána toe;
| 28 Of: wetgewer, veldheer, aanvoerder. Dit is, deur die beleid van die wetgewer, naamlik Moses; so ook in Deut. 33:21. Of verstaan God self, deur die wetgewer, soos in Jes. 33:22.
29 Verstaan die stawe van Moses en Aäron, of die regeerstawe wat vorste en regeerders gewoonlik in hul hand gehad het, as ’n teken van hul amp en van hul mag wat hulle van God ontvang het. |
en van Mattána na Naháliël; en van Naháliël na Bamot;
en van Bamot na die dal wat 30in die veld van Moab lê, by die top van Pisga, en oor 31die wildernis afkyk.
| 30 Dit is, in die land.
31 Anders: Jesimon. |
gEn Israel het boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, en gesê:
| g Deut. 2:26. Rig. 11:19. |
Laat my deur jou land trek. hOns sal nie wegdraai in die lande of in die wingerde nie; ons sal die water van die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou tot ons deur jou grondgebied getrek het.
| h Núm. 20:17. |
iMaar Sihon het Israel nie toegelaat om deur sy grondgebied te trek nie; maar Sihon het al sy manskappe versamel en uitgetrek na die woestyn, Israel tegemoet; en toe hy by 32Jahas kom, het hy teen Israel geveg.
| i Deut. 2:30; 29:7. Jos. 24:8. Rig. 11:20. | 32 Die naam van ’n stad, waarvan ook gespreek word in Deut. 2:32. Rig. 11:20. Jer. 48:21, 34. |
kMaar Israel het hom verslaan met die 33skerpte van die swaard en lsy land in besit geneem van die 34Arnon af tot by die 34Jabbok, mtot by die kinders van Ammon; 35want die grens van die kinders van Ammon was sterk.
| k Deut. 2:33; 29:7. Jos. 12:2; 24:8. Rig. 11:21.
l Ps. 135:11, 12; 136:19. Amos 2:9. m Deut. 2:37. |
33 Hebr. mond.
34 Dit is name van riviere. 35 Dit is die rede waarom Sihon nie die land kon inneem soos hy die land van die Moabiete ingeneem het nie. |
nSo het Israel dan al hierdie stede ingeneem, en Israel het gewoon in al die stede van die Amoriete, in Hesbon en in al sy 36onderhorige plekke.
| n Deut. 2:34, 35. | 36 Hebr. dogters, dit is, klein stede, dorpe en gehuggies, wat onder Hesbon geval het soos onder haar moederstad of hoofstad. Moses het dit onbemuurde stede genoem, Deut. 3:5. |
Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer 37teen die vorige koning van die Moabiete en het dié se hele land tot by die Arnon uit sy hand geruk.
| 37 Naamlik, teen die koning wat net voor Balak koning was. |
Daarom sê die spreukdigters: Kom na Hesbon toe! Laat die stad van Sihon 38gebou en bevestig word!
| 38 Naamlik, groter en sterker as wat dit tevore was. |
Want 39’n vuur het uitgegaan uit Hesbon, ’n vlam uit die vesting van Sihon; dit het 40Ar van die Moabiete verteer, 41die bewoners van die hoogtes van Arnon.
| 39 Dit is, Sihon, nadat hy Hesbon ingeneem het, het soos ’n vuur voortgejaag na die Moabiete toe.
40 Dit was die hoofstad van die land van die Moabiete. 41 Anders: die heersers. Verstaan die priesters en vorste wat die stad nie deur hulle afgod kon bevry nie. Sien Jer. 48:7. Anders: die bewoners van Bamot, van Arnon. |
Wee jou, Moab! Jy is verlore, 42volk van oKamos! 43Hy het 44sy seuns prysgegee as 45vlugtelinge, en sy dogters in gevangenskap, aan Sihon, die koning van die Amoriete.
| o 1 Kon. 11:7, 33. | 42 Dit is, volk wat Kamos eer en dien. So was die afgod van die Moabiete genoem, 1 Kon. 11:33.
43 Naamlik Kamos. 44 Naamlik van Moab, dit is, die Moabiete. 45 Dit is, Kamos het hulle in gevangenskap laat wegvoer, sonder dat hy hulle kon beskerm. |
Toe het ons hulle 46beskiet; verlore was Hesbon tot by 47Dibon; en ons het verwoes tot by Nofag, 48met vuur tot by 49Medéba.
| 46 Naamlik met pyle, of: neergevel. Anders: hulle lamp het vergaan, dit is, hulle heerlikheid.
47 Een van die vername plekke of stede in die land van Moab, Jes. 15:2. Jer. 48:18, 22. 48 Ander vertaal: wat reik tot, ens. 49 ’n Stad in die land Moab, Jes. 15:2. |
So het Israel dan gewoon in die land van die Amoriete.
Daarna het Moses gestuur om 50Jaéser te bespied, en hulle het sy 51onderhorige plekke ingeneem, en hy het die Amoriete wat daar was, uit hulle besitting verdrywe.
| 50 Die naam van ’n stad wat vroeër aan die Moabiete behoort het, waarvan gespreek word in Núm. 32:1, 3, 35. Jer. 48:32.
51 Sien vers 25. |
Toe het hulle gedraai en in die rigting van 52Basan opgetrek. pEn 53Og, die koning van Basan, hy en al sy manskappe het hulle tegemoetgetrek na 54Edréï om te veg.
| p Deut. 3:1; 29:7. | 52 Dit was ’n goeie, vrugbare weiveld, waarvan gespreek word in Deut. 32:14. Ps. 22:13. Jer. 50:19. Amos 4:1. Miga 7:14.
53 Hierdie Og was ook ’n koning van die Amoriete, ’n reus; sien oor hom Deut. 3:1, 11. 54 ’n Stad wat in die koninkryk van Og geleë was, Deut. 3:10. |
Daarop sê die HERE vir Moses: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy land in jou hand gegee; en qjy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.
| q Ps. 136:20. |
En hulle het rhom verslaan en sy seuns en sy hele volk, totdat daar 55niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie; en hulle het 56sy land in besit geneem.
| r Ps. 136:20-22. | 55 Hebr. geen orige oorgebly het nie.
56 Naamlik die land van koning Og. |
Die waters van Mériba.
EN toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die 1eerste maand, het die volk in 2Kades gebly. En 3Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.
| 1 Naamlik van die veertigste jaar ná die uittog uit Egipte, Núm. 33:38.
2 Hierdie Kades was geleë aan die grens van die Edomiete, vers 16, te onderskei van Kades-Barnéa, Deut. 1:19. 3 Die suster van Moses en Aäron, ’n profetes. Sien Ex. 15:20. In hierdie veertigste jaar ná die uittog van die Israeliete het Aäron, Núm. 33:38, en Moses, Deut. 34:5, ook gesterwe. |
En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.
En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: 4Ag, het ons tog maar gesterwe toe aons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!
| a Núm. 16:32, 49. | 4 Hierdie woord ag druk die smart van hul harte uit, wat hierdie wens uit hulle gepers het. |
En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?
En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons 5in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.
| 5 Sien Jer. 2:6. |
Daarop gaan Moses en Aäron 6van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en 7hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die 8heerlikheid van die HERE aan hulle.
| 6 Naamlik, omdat hulle gevrees het vir die geweld en die oorlas van die volk.
7 Naamlik Moses en Aäron, terwyl hulle God die HERE aangeroep het, soos in Ex. 17:4. 8 Naamlik in die wolkkolom. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem 9die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. bSo moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
| b Neh. 9:15. Ps. 78:15, 16; 105:41; 114:8. | 9 Naamlik die staf van Aäron, wat voor die verbondsark bewaar was. Sien Núm. 17:10. Sommige verstaan die staf van Moses waarmee hy die wonderwerke gedoen het. |
Toe neem Moses die staf 10voor die aangesig van die HERE weg soos Hy hom beveel het.
| 10 Dit is, uit die tabernakel. |
En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, cen 11hy het vir 12hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, 13dmoet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?
| c Ps. 106:32, 33.
d Deut. 32:51. |
11 Naamlik Moses.
12 Moses was nie beveel om die volk aan te spreek nie, maar om die rots aan te spreek, vers 8. 13 Moses en Aäron moes hieraan nie getwyfel het nie, want God het hulle dit belowe, vers 8. |
Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die 14rots 15twee maal met sy staf; een daar het baie water uitgekom, fsodat die vergadering gedrink het en hulle vee.
| e Ps. 78:15; 105:41. Jes. 48:21. 1 Kor. 10:4.
f Jes. 43:20. |
14 Sien oor die geestelike betekenis van hierdie rots 1 Kor. 10:4.
15 Dit was ook ’n teken van Moses se opvlammende toorn. |
Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: gOmdat julle in 16My nie geglo het 17om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, 18daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.
| g Núm. 27:14. Deut. 1:37. | 16 Dit is, omdat julle my woorde nie geglo het deur te doen wat Ek julle beveel het nie, maar getwyfel het of Ek magtig genoeg was om uit te voer wat Ek julle beveel het om te doen.
17 Naamlik, deur op my bevel die rots vrymoedig te beveel dat dit water sou voortbring; om daardeur die volk ’n goeie voorbeeld te gee om my woorde te glo. 18 Soos God hier aankondig, so het dit gebeur, want Aäron het gesterwe op die berg Hor, vers 28, en Moses op die berg Nebo, Deuteronómium 34. |
Dit is die waters van 19Mériba waar die kinders van Israel 20met die HERE getwis het en Hy Hom onder 21hulle as die Heilige laat ken het.
| 19 Dit is, twiswaters.
20 Dit is, met Moses, die dienaar van die HERE, vers 3. Sien Ex. 16:8. 21 Naamlik Moses en Aäron, want Hy het Homself geheilig deur hul ongehoorsaamheid te straf. Sien Lev. 10:3; 22:32. Ander verstaan: die Israeliete, aan wie God sy heilige woord waargemaak het, toe Hy vir hulle water uit die rots gegee het. |
Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van 22Edom gestuur: hSo sê jou 22broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid 23wat ons oorgekom het.
| h Deut. 23:7. Obad. verse 10, 12. | 22 Edom of Esau en Jakob of Israel was broers; die wat hier met mekaar spreek, was hulle nageslag.
23 Hebr. wat ons gevind het. |
Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het 24baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel.
| 24 Dit is, ’n lang tyd. |
Toe ihet ons die HERE aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het k’n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, ’n stad op die grens van jou grondgebied.
| i Ex. 2:23.
k Ex. 14:19. |
Laat ons tog deur 25jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie 26drink nie; ons sal die 27koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het.
| 25 Dit was op daardie stadium vir hulle die kortste pad na die land Kanaän.
26 Naamlik sonder om daarvoor te betaal, soos in vers 19. 27 Hebr. die weg van die koning. Anders: die gebruiklike pad of die hoofpad. |
Maar Edom antwoord 28hom: Jy sal 29deur my nie trek nie, anders sal ek jou 30met die swaard tegemoettrek.
| 28 Naamlik Moses, of Israel.
29 Dit is, deur my land, soos daar in vers 17 staan. Sien dergelike manier van spreek in Deut. 2:30. Rom. 15:28 en die kanttekening. 30 Dit is, gewapen. |
Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, 31gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek — verder niks nie.
| 31 God het hulle beveel om dit te doen in Deut. 2:6, 7. |
Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met ’n sterk hand.
So het Edom dan geweier om 32Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. 33Daarop het lIsrael van hom af weggedraai.
| l Rig. 11:18. | 32 Naamlik die Israeliete.
33 Die Israeliete het dit gedoen op God se bevel, Deut. 2:4, 5, en die kanttekeninge; nieteenstaande dat die pad wat hulle daarna deur die woestyn moes gaan, vir hulle baie moeilik en swaar was, Núm. 21:4, 5. |
Die dood van Aäron.
mEN die kinders van Israel, die hele vergadering, het van Kades af weggetrek en by die berg Hor gekom.
| m Núm. 33:37. |
En die HERE het met Moses en Aäron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê:
34Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my 35bevel wederstrewig was by die waters van Mériba.
| 34 Dit is, Aäron sal sterwe, vers 26.
35 Hebr. mond. |
nNeem Aäron en sy seun Eleásar, en laat hulle op die berg Hor opklim;
| n Núm. 33:38. Deut. 32:50. |
en trek Aäron 36se klere uit en trek dit sy seun Eleásar aan; en Aäron 37sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe.
| 36 Naamlik sy priesterlike klere, sien daaroor Ex. 28:2.
37 Soos in vers 24. |
Toe het Moses gedoen soos die HERE beveel het: 38hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.
| 38 Naamlik Moses, Aäron en Eleásar. |
En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Eleásar aangetrek. oEn Aäron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Eleásar het van die berg afgeklim.
| o Deut. 10:6; 32:50. |
En toe die hele vergadering 39sien dat 40Aäron gesterf het, het die hele huis van Israel Aäron 41beween 42dertig dae lank.
| 39 Dit is, verneem, naamlik uit die mond van Moses en Eleásar, en terwyl hulle sien dat hy nie terugkeer nie. Sien dergelike manier van spreek in Gén. 42:1, vgl. met Hand. 7:12.
40 Aäron het gesterwe op die ouderdom van honderd-drie-en-twintig jaar, Núm. 33:38, 39, op die eerste dag van die vyfde maand, in die veertigste jaar ná die uittog uit Egipte. Van sy begrafnis word gespreek in Deut. 10:6. 41 Dit is, hulle het oor Aäron gerou. 42 Hulle het Moses ook so lank beween, Deut. 34:8. |
Die verbranding van ’n rooi koei en die reinigingswater.
VERDER het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Dit is die wetsinsetting wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou ’n rooi koei sonder gebrek 1bring waar 2geen liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk 3gekom het nie.
| 1 Hebr. neem, dit is, neem en bring. Sien oor so ’n gebruik van sommige woorde Gén. 12:15 se kanttekening.
2 Vgl. Hebr. 7:26. 1 Petr. 1:19, ens. 3 Hebr. opgekom, opgegaan of opgeklim, dit is, wat nooit ’n juk gedra het en nooit onder die juk was nie. |
En julle moet haar aan die priester Eleásar gee, en hulle moet haar a4buitekant die laer uitbring en voor hom slag.
| a Hebr. 13:11, 12. | 4 Sien die verklaring hiervan in Hebr. 13:11, 12. |
En die priester Eleásar moet van haar bbloed met sy vinger neem en van haar bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van die tent van samekoms sprinkel.
| b Hebr. 9:13. |
Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; chaar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.
| c Ex. 29:14. Lev. 4:11, 12. |
En die priester moet sederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.
Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe onrein wees.
Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in die water was en sy liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.
En ’n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op ’n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die 5reinigingswater: dit is ’n 6sondoffer.
| 5 Waarmee diegene besprinkel sou word wat, vanweë enige seremoniële onreinheid, van die tabernakel van die HERE of die byeenkomste van die gemeente afgesonder was; tot ’n teken van hul reiniging.
6 Hebr. sonde; dit is, ontsondiging, of reiniging van sondes. Sien verse 12, 13, 19, 20. Die betekenis is: Daardie water en die besprinkeling daarvan sal ’n teken wees van die reiniging van sondes, wat slegs deur die bloed van die Messías en Saligmaker, onse Here Jesus Christus, geskied; op voorwaarde dat dit gesprinkel (dit is, toegeëien) is aan die siele van alle ware kinders van God; waarvan hierdie hele seremonie ’n voorbeeld was. Sien Hebr. 9:12-14; 10:1-4, 12, 14. 1 Petr. 1:2. 1 Joh. 1:7, ens. So word die woord sonde ook baie dikwels gebruik vir offer vir die sonde of sondoffer. Sien en vgl. Núm. 8:7 se kanttekening, waar hierdie water water van sonde genoem word, en hierna brand van die sonde in vers 17 en die kanttekening. |
En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, ’n ewige insetting wees.
dDie een wat aan ’n dooie, 7enige lyk van ’n mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees.
| d Núm. 31:19. Hag. 2:14. | 7 Hetsy van ’n Jood of van ’n vreemdeling. Hebr. siel. Sien Lev. 19:28 se kanttekening. |
Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom 8daarmee ontsondig — dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.
| 8 Met die reinigingswater. |
Elkeen wat aan ’n dooie raak, aan die lyk van ’n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, 9verontreinig die tabernakel van die HERE, en 10dié siel moet uit Israel 11uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees; sy onreinheid 12is nog aan hom.
| 9 Wanneer hy, terwyl hy nog onrein is, nogtans nie skroom om, teen God se uitdruklike bevel, in die voorhof van sy heilige woning te verskyn nie.
10 Dit is, mens, persoon. 11 Terwyl hy moedswillig nie net hierdie seremoniële gebod van die HERE verag nie, maar ook die saak waarop dit dui, naamlik die reiniging deur die bloed van die Messías; soos die volgende woorde uitwys, vgl. met vers 9 se kanttekening. Vgl. ook Hebr. 10:26-29. Sien verder Gén. 17:14 se kanttekening. So ook hierna, vers 20. 12 Of: sal voortaan aan hom wees, of: bly aan hom. |
Dit is die wet: As iemand 13in ’n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.
| 13 Dit is, in sy woning. |
Ook al die oop goed wat nie met ’n 14deksel 15toegebind word nie, is onrein.
| 14 Of: gedraaide doek, of stuk laken. Of: koord waarmee iets toegebind word.
15 Of: saamgevoeg, gekoppel. Die betekenis is: Wat met niks toegedek, ingestop of toegedraai is nie. |
En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan ’n dooie of aan ’n mens se doodsbeen of aan ’n graf, sal sewe dae lank onrein wees.
16Vir die onreine moet hulle dan van die 17as neem van die 18sondoffer wat verbrand is, en daar 19vars water in ’n pot op gooi;
| 16 Hier beveel God die manier waarop die reinigingswater berei en gebruik moet word.
17 Dit is, van die bewaarde as van die verbrande rooi koei. Sien vers 9. 18 Hebr. brand van die sonde, dit is, wat dien tot ontsondiging of reiniging van sonde. Sien vers 9 se kanttekening. 19 Hebr. lewendige water. Dit is, opborrelende, lopende of stromende water wat uit ’n fontein of rivier geneem is. Sien Gén. 26:19 se kanttekening. Lev. 14:5. |
en ’n rein man moet ehisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ’n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ’n dooie of aan ’n graf geraak het.
| e Ps. 51:9. |
En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.
Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet 20dié siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die 21heiligdom van die HERE verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.
| 20 Dit is, dié persoon of mens.
21 Sien vers 13 se kanttekening. |
En dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees. En die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.
Ja, alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan 22hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.
| 22 Of: dit. |
Werk van die priesters en die Leviete; voorsiening in hulle onderhoud.
EN die HERE het vir Aäron 1gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die 2ongeregtigheid met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet 3die ongeregtigheid met betrekking tot julle priesteramp dra.
| 1 Om die vrees (waarvan aan die einde van die voorgaande hfst. gespreek is) van die volk weg te neem, en ’n middel aan te wys waardeur voorkom kon word dat sulke onheil hulle hierna weer sou oorkom.
2 Dit is, die straf vir dit wat verkeerd gedoen word in die heiligdom en die seremonies daarvan; daarom moet jy toesien dat elkeen binne die grense van sy diens bly; anders sal jy daarvoor instaan. Sien Lev. 5:1 se kanttekening. 3 Die straf vir dit wat verkeerd gedoen word in die priesteramp; wanneer jy jou daarin nie behoorlik gedra nie, of toelaat dat ’n vreemde in jou amp tree en hom daaraan vergryp. |
En laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien, terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die tent van die 4Getuienis is.
| 4 Sien Núm. 17:4 se kanttekening. |
En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tent; maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, 5hulle sowel as julle nie.
| 5 Hebr. ook hulle, ook julle, naamlik, as jy dit nie voorkom nie, of dit toelaat deur agtelosigheid, of dit oorsien. |
Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en 6’n onbevoegde mag nie na julle toe aankom nie.
| 6 Dit is, hulle wat nie van die stam van Levi is nie, mag nie by julle aansluit en dienswerk verrig nie. |
En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen 7toorn oor die kinders van Israel kom nie.
| 7 Verstaan van die HERE, dit is, so ’n straf of plaag, soos daar tevore van God afgekom het oor Korag en al sy medestanders. |
Want Ek self het ajulle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as 8’n geskenk vir julle, mense wat 9aan die HERE gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.
| a Núm. 3:45. | 8 Dit is, hulle is vir julle diens geskenk, en so ook oorgegee om die HERE te dien. Of: ’n gawe vir julle, aan die HERE gegee of van die HERE gegee.
9 Anders: vir die HERE. |
Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat binnekant die 10voorhangsel is, en julle moet daar diens verrig. As 11’n dienswerk wat geskenk word, gee Ek julle die priesteramp; en die 12onbevoegde wat naby kom, moet gedood word.
| 10 Waardeur die Heilige van die voorhof geskei word.
11 Hebr. ’n dienswerk van ’n geskenk. Dit is, dat jy met jou linie vóór ander tot die hoëpriesteramp verkies is en dit sal bedien, is ’n louter genadegawe van My; soos Ek ook aan die Leviete hul diens geskenk het. Nie julle of hulle het dit verdien nie. So is dit ook met die geestelike wat hierdeur uitgebeeld en aangedui was, naamlik ons gemeenskap met ons Hoëpriester Jesus Christus, asook sy verdienste en saligmakende weldade, wat ’n louter genadegawe van die HERE is, Jes. 9:5. Rom. 3:24; 8:32; 11:35. Ef. 2:7-9, ens. 2 Tim. 1:9. 1 Petr. 2:9, 10. 1 Joh. 4:10. Openb. 1:5, 6. 12 Wat nie van Aäron se linie is nie, en hom die priesteramp wil toe-eien. Sien Núm. 16:40. 2 Kron. 26:19. |
Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self het jou die diens van my 13offergawes gegee; wat betref al die 14heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit 15as aandeel en aan jou seuns as 16ewige insetting.
| 13 Sien Núm. 5:9 se kanttekening.
14 Hebr. heilighede. Sien Lev. 5:15 se kanttekening. 15 Hebr. tot salwing. Dit is, omdat jy tot hierdie heilige amp gesalf is. Sien Lev. 8:12, ens. 16 Tot die koms van die Messías. Sien Gén. 13:15 se kanttekening; Gén. 17:7. |
Van die 17hoogheilige gawes, met uitsondering van wat 18verbrand word, moet dít joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skuldoffer van hulle, wat hulle My bring — as 19iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.
| 17 Sien Lev. 2:3 se kanttekening.
18 Dit is, wat geen brandoffer is of enige offer wat bestem is om heeltemal met vuur op die altaar verbrand te word nie, maar wat van die vuuroffers oorbly, ens. 19 Dit is, jy en jou seuns sal dit vir ’n baie heilige saak hou. Anders: iets hoogheiligs, dit moet van jou en jou seuns wees, dit is, omdat dit ’n baie heilige saak is, kom dit jou en jou seuns toe. |
In ’n 20hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees.
| 20 Hetsy binne-in die Heilige, of daarbuite langs die brandofferaltaar, wat self hoogheilig genoem word, Ex. 29:37. Sien verder Lev. 6:16, 26; 7:6; 8:31; 14:13. Hierdie plek word hoogheilig, of baie heilig genoem, in vergelyking met die hele voorhof, waar die gemeente byeengekom het. Dit was God se wil dat die priesters dit alles hier sou eet, om die heiligheid van hierdie offers te toon en die priesters (wat dit voor God se aangesig as sy gaste geëet het) van alle oordaad en oormatigheid te weerhou. Sien in verse 11, 13, 19 wat in hul eie huise geëet mog word, en deur wie. |
Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; bEk gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
| b Lev. 10:14. |
21Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
| 21 Hebr. Al die vet van die olie, en so ook in dit wat volg en verse 29, 30, 32. Sien Gén. 45:18 se kanttekening. |
Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
cAlles wat 22onder die ban is in Israel, moet joue wees.
| c Lev. 27:28. | 22 Sien Lev. 27:28 en die kanttekening. |
Alles wat die dmoederskoot 23open — alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere — moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy 24sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
| d Ex. 13:2; 22:29. Lev. 27:26. Núm. 3:13. | 23 Hebr. Alle opening van die moederskoot. Sien Ex. 13:2, 12, 15. Núm. 3:12 se kanttekening.
24 Hebr. loskopende loskoop, dit is, heeltemal laat loskoop; en so moet in die volgende verse deur loskoop, laat loskoop verstaan word. |
En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf ’n maand 25oud moet jy loskoop, volgens jou 26skatting, vir 27’n geldsom van vyf sikkels volgens die 28sikkel van die heiligdom; edit is twintig 29gera.
| e Ex. 30:13. Lev. 27:25. Núm. 3:47. Eség. 45:12. | 25 Hebr. van ’n seun van ’n maand.
26 Wat jy volgens my bevel moet doen; soos blyk in dit wat volg. 27 Of: silwer van vyf sikkels. 28 Sien Gén. 20:16 en 23:15 se kanttekeninge. 29 Sien Lev. 27:25 se kanttekening. |
Maar die eersgeborene van ’n bees of die eersgeborene van ’n skaap of die eersgeborene van ’n bok moet jy nie loskoop nie; 30heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
| 30 Hebr. heiligheid; dit is, ’n heilige ding. |
En hulle vleis moet joue wees; soos die 31bors van die beweegoffer en die 32regterboud moet dit joue wees.
| 31 Sien Lev. 7:34.
32 Die Hebreeuse woord kan ook regterskouer beteken. |
Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou 33as ’n ewige insetting. Dit is ’n ewige 34soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.
| 33 God se bedoeling met hierdie en die volgende woorde was om alle murmurering, teëspraak en rusie onder die Israeliete te voorkom en te bedwing.
34 Dit is, duursaam en bestendig; soos die dinge wat gesout is, lank hou en van ontbinding of verrotting bewaar is. Sien Lev. 2:13 se kanttekening. 2 Kron. 13:5. |
Ook het die HERE vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. fEk is jou 35deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
| f Deut. 10:9; 18:2. Eség. 44:28. | 35 Vgl. Deut. 10:9 se kanttekening. |
36En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die 37tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
| 36 Of: En aangaande die kinders van Levi, kyk, Ek gee aan hulle, ens.
37 Sien Lev. 27:30 se kanttekening. |
En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekoms 38om sonde op hulle te laai sodat hulle 39sterwe nie.
| 38 Dit is, om hulle skuldig te maak en straf op hulle te laai. Sien vers 1 se kanttekeninge, vers 32.
39 Soos met Korag en sy bende gebeur het. Sien Númeri 16. |
Maar die 40Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en hulle moet 41hul ongeregtigheid dra — ’n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
| 40 Hebr. Levi.
41 Dit is, hulle sal self die straf dra, wanneer hulle oortree in hul diens. Sien vers 1. |
Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan ’n offergawe aan die HERE afgee, ’n tiende van die tiende.
En julle offergawe sal vir julle gereken word 42soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die 43parskuip.
| 42 Dit is, dit sal geag word en so aangenaam wees, asof julle jul eie land het en van die vrug daarvan (soos die ander stamme) jul tiendes geoffer het.
43 Wynpers en oliepers. Sien Joël 2:24. |
Só moet julle ook ’n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee.
Van al jul 44gawes moet julle die 45hele offergawe aan die HERE afgee, van al 46die beste daarvan, as 47die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.
| 44 Dit is, van alle tiendes wat aan julle gegee word.
45 Dit is, allerlei. 46 Hebr. vet; soos in vers 12 en in die volgende vers. 47 Dit is, die deel waardeur jul tiendes geheilig word, sodat julle dit met ’n skoon gewete kan nuttig. Sien vers 32. |
Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgee, sal dit vir die Leviete gereken word 48as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip.
| 48 Sien vers 27 se kanttekening. |
En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huisgesin; want dit is vir julle ’n loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms.
En julle sal daarby geen sonde op julle 49laai as julle die 50beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.
| 49 Sien verse 1, 22.
50 Hebr. vet; soos in vers 12. Sien die kanttekening daar. |
Die staf van Aäron.
DAARNA het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en 1neem van hulle vir elke stam ’n staf, van al hulle 2owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.
| 1 Hebr. neem van by hulle staf, staf, vir ’n huis van die vader, ens.
2 Sien Númeri 2. |
En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle 3stamhoof.
| 3 Dit is, vir elke stamhoof, vir elke vors of owerste van die stam. Die betekenis is: Alhoewel Ek die stam van Levi in twee groepe onderskei of gedeel het, naamlik die priesterlike linie van Aäron en die Leviete, so sal hulle nogtans in hierdie geval saam gereken word onder een stamhoof, naamlik Aäron. |
En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die 4Getuienis awaar Ek 5met julle saamkom.
| a Ex. 25:22. | 4 Dit is, voor die verbondsark, waarin die tafels van die verbond gelê het, as ’n getuienis van God se wil.
5 Of: met, tot of by julle vergader sal word, of sal saamkom, om met julle te spreek oor alles wat julle die kinders van Israel sal opdra; waarvan die tent van samekoms vernaamlik sy naam het. Sien Ex. 25:22. |
En die staf van die man wat Ek 6uitkies, sal 7bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen 8julle murmureer, stilmaak 9teenoor My.
| 6 Naamlik, tot die priesteramp.
7 Of: uitspruit, uitbot, uitskiet, en so ook in vers 8. 8 Naamlik, Moses en Aäron. 9 Hebr. van oor My of teenoor My, of: van My stilmaak of laat ophou, dit is, afwend en stilmaak; soos daar meer sulke woorde in die Hebreeuse taal is waaronder twee betekenisse verstaan moet word. Sien Gén. 12:15 se kanttekening. Die betekenis is: Ek sal sorg dat hulle ophou om teenoor My en tegelykertyd teenoor julle te murmureer; omdat hulle, terwyl hulle teen julle murmureer, inderdaad teenoor My murmureer. Sien vers 10. |
Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom 10’n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook 11onder hulle stawe.
| 10 Hebr. vir ’n owerste of vors ’n staf, vir ’n owerste een.
11 Hebr. in die midde van hulle stawe. |
En Moses het die stawe voor die 12aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit.
| 12 Sien vers 4 se kanttekening. |
En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en 13amandels laat ryp word!
| 13 Dit is, amandels gedra wat besig was om ryp te word, of geleidelik steeds ryper geword het. |
Toe bring Moses al die stawe 14wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.
| 14 Dit is, uit die Allerheiligste, waar hulle voor die ark gelê het. |
Daarop het die HERE vir Moses gesê: bBring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die 15wederstrewiges, en 16bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.
| b Hebr. 9:4. | 15 Hebr. kinders van wederstrewigheid.
16 Hebr. hulle murmureringe eindig, van My of van teen My, oor My, dit is, eindig, en van My afwend, laat ophou, maak dat hulle nie meer teenoor My murmureer nie. Sien vers 5 se kanttekening. |
En Moses het dit gedoen; soos die HERE hom beveel het, so het hy gedoen.
Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons 17sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!
| 17 Of: ons beswyk, lê op sterwe, is in doodstryd; en so in die volgende vers. So spreek hulle uit groot skok en verbaasdheid, terwyl hulle besorgd is dat dit met hulle almal sal gaan soos met die bende van Korag; maar die HERE waarsku hulle inteendeel deur hierdie middel vir die verderf, deur sy barmhartigheid en lankmoedigheid te toon. Sien verse 5, 10. |
Elkeen wat 18enigsins nader kom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. 19Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?
| 18 Hebr. wat nader, wat nader.
19 Anders: Sal ons dan heeltemal, geheel en al, ten ene male of almal tesame ondergaan? Of: Het ons geëindig om onder te gaan? Dit is, sal daar dan geen einde wees om onder te gaan nie? |
Korag, Datan en Abíram maak oproer teen Moses en Aäron.
EN 1aKorag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en 2On, die seun van Pelet, 3seuns van Ruben, het manne geneem,
| a Núm. 26:9; 27:3. Jud. vers 11. | 1 Hy was die hoof van die verset en oproer (verse 22, 49), vir wie dit nogtans die minste betaam het, omdat hy ’n Leviet was; soos hier en in verse 5, 6 te sien is.
2 Wat hierna nie meer genoem word nie; waaruit sommige aflei dat hy hom bedink en bekeer het. 3 Of: kinders, dit is, nakomelinge van Ruben. Hier word Datan, Abíram en On verstaan. Ruben was wel die eersgeborene, maar het die eersgeboortereg deur sy skandelike misdaad verloor. Hoewel hierdie nakomelinge (so wil dit voorkom) juis daarom hoogmoediger was, soos Korag oor sy afkoms van Levi. |
en hulle 4het opgestaan voor die oë van Moses saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van Israel, 5owerstes van die vergadering, manne 6wat opgeroep was vir die volksvergadering, 7manne van naam.
| 4 Dit is, hulle het opgestaan teen Moses, sameswerend voor sy oë en in sy teenwoordigheid.
5 Hulle het hierdie owerstes betrek, om hul voorneme by die vergadering aansien te gee. 6 Sien Núm. 1:16 se kanttekening. 7 Sien Gén. 6:4. |
En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: 8Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef 9julle jul dan oor die vergadering van die HERE?
| 8 Hebr. baie vir julle, of: vir julle baie, naamlik, dit is genoeg, of te veel vir julle albei (vgl. Eség. 44:6); want die ander Israeliete is net so goed en so na aan die priesterdom en die regering as julle twee.
9 Naamlik, Moses in die regering en Aäron in die priesterdom. |
Toe Moses dit hoor, het hy op sy aangesig 10geval;
| 10 Terwyl hy baie ontsteld en bedroef was, en sugtend tot God dat Hy hierdie gruwelike oproer sou stilmaak. |
en hy het met Korag en sy hele 11bende 12gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal die HERE bekend maak 13wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy 14uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom.
| 11 Almal wat by hom vergader was, sy hele bende.
12 Deur God se ingewing en besturing, terwyl hy met ’n vaste vertroue op die goeie uitkoms in hierdie saak versterk en oortuig is. 13 Wie Hy tot die priesterdom uitgekies het. 14 Hebr. sal kies, dit is, sal aantoon wie uitgekies is; so ook in dit wat volg. |
Doen dit: Neem vir julle vuurpanne, Korag en sy hele bende,
en gooi daar 15môre vuur in en lê daar reukwerk op voor die aangesig van die HERE; dan sal die man wat die HERE uitkies, die heilige wees. 16Dit is nou genoeg, kinders van Levi!
| 15 Naamlik vroeg, soos in vers 5 gesê is.
16 Dit is, hou op en sien af van hierdie slegte voorneme. Of: julle behoort met jul deel (waarvan in die volgende verse gespreek word) volkome tevrede te wees. |
Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi!
Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te 17laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie,
| 17 Sien Núm. 3:6-9, 11, 12, ens. |
en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou — dat julle nou ook die priesteramp begeer?
Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen die HERE vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer?
En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, 18te laat roep; maar hulle 19het gesê: Ons sal nie opkom nie.
| 18 Omdat hy wou probeer om hulle met redevoerings, vermanings en bestraffings te oortuig om daarvan af te sien (soos hy met Korag en die ander gedoen het, hoewel dit tevergeefs was).
19 Het aan Moses so laat antwoord. |
Is dit nie genoeg dat jy ons uit ’n 20land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook 21gedurig oor ons die baas wil speel nie?
| 20 Hulle bedoel hier Egipteland.
21 Hebr. jou tot ’n baas of vors maak, terwyl jy jou ook tot ’n baas maak. |
Ook het jy ons nie gebring in ’n land 22wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die 23oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.
| 22 Waarvan jy so baie gespreek het, wil hulle sê. Sien Ex. 13:5. Lev. 20:24, ens.
23 Dit is, blinddoek, soos ’n mens sê, verstand en oordeel bedwelm, sodat hulle jou bedrog nie sou opmerk nie? |
Toe 24het Moses baie kwaad geword, en hy het aan die HERE gesê: 25Sien hulle offer nie aan nie. bEk het nie 26een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie.
| b 1 Sam. 12:3. | 24 Hebr. het aan Moses ontvlam, naamlik die toorn. Verstaan ’n heilige toornigheid uit groot ywer vir God se eer, teen hierdie vyande van God en van sy instelling. Vgl. Gén. 4:5 se kanttekening.
25 Vgl. Gén. 4:4 en die kanttekening. Anders: spysoffer. 26 Hy wil sê: Ek het niemand van hulle in die minste te na gekom of enige leed aangedoen nie, maar ek wou inteendeel alles wat goed is vir hulle doen en het dit gedoen. Vgl. 1 Sam. 12:3. |
Verder het Moses vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môre voor die aangesig van die HERE is, jy en hulle en Aäron.
En neem julle elkeen sy vuurpan en gooi daar reukwerk op, en bring voor die aangesig van die HERE elkeen sy vuurpan, tweehonderd-en-vyftig vuurpanne, ook jy en Aäron elkeen sy vuurpan.
Toe het hulle elkeen sy vuurpan geneem en daar vuur op gegooi en reukwerk op gelê; en hulle het gaan staan by die ingang van die tent van samekoms, ook Moses en Aäron.
En Korag het die hele vergadering teen 27hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die 28heerlikheid van die HERE aan die hele vergadering.
| 27 Naamlik, Moses en Aäron.
28 In die wolkkolom, wat ’n wonderlike teken was van die besondere teenwoordigheid van God. So ook in vers 42. |
En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in ’n 29oomblik verteer.
| 29 Dit is, baie vinnig, so ook in vers 45. |
Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God cvan die 30geeste van alle 31vlees! Sal 32een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?
| c Núm. 27:16. Hebr. 12:9. | 30 Dit is, van die siele wat U geskape het, omdat U die oorsprong is van die lewe. So word gees ook vir siel gebruik in Ps. 31:6; 146:4. Pred. 12:7. Luk. 8:55; 23:46. Hand. 7:59. Hebr. 12:9.
31 Dit is, van alle mense. Sien Gén. 6:12 se kanttekening. 32 Naamlik Korag. Sien verse 1, 49. |
En die Here het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram!
Toe het Moses opgestaan en na Datan en Abíram gegaan, en die oudstes van Israel het agter hom aan gegaan.
Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens 33al hulle sondes omkom nie.
| 33 Dit is, in die straf wat hulle sal oorkom vanweë al hul sondes. Sien Gén. 4:13 se kanttekening. |
En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente 34saam met hulle vroue en seuns en kindertjies.
| 34 Dit is, saam met hulle huisgesinne. |
Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, 35dat hulle nie uit my eie hart is nie:
| 35 Dit is, dat ek dit nie self versin en uit eie wil of op my eie outoriteit gedoen het nie. Vgl. Núm. 24:13 en Eség. 13:2, en die kanttekeninge. |
as hierdie mense sterwe 36soos alle mense sterwe en met die 37besoeking van alle mense besoek word, 38dan het die HERE my nie gestuur nie.
| 36 Dit is, op ’n algemene, bekende, gewone wyse.
37 Dit is, indien hulle met ’n algemene, bekende of gewone plaag van God gestraf word. 38 Dit is, dan sal daaruit blyk dat die HERE my nie gestuur het nie. |
Maar as die HERE 39iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die 40doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het.
| 39 Hebr. ’n skepping sal skep; dit is, deur sy goddelike almag ’n nuwe wonderwerk sal doen, waarvan tevore nie gehoor is nie. Sien Gén. 1:1 se kanttekening.
40 Of: in die graf, in die kuil, put, ens. Dit is, in die kloof wat deur God se krag in die grond geskeur sou word. Sien oor die Hebreeuse woord sjeol Gén. 37:35 se kanttekening en vgl. Ps. 55:16. |
En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,
en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle dverslind saam met hul huisgesinne en 41al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.
| d Núm. 26:10; 27:3. Deut. 11:6. Ps. 106:17. | 41 Behalwe die seuns van Korag, wat nie omgekom het nie, omdat hulle moontlik ten tyde hiervan in die tent van samekoms diens gedoen, en nie van hul vader se oproerige voorneme geweet het nie, of daarmee nie ingestem het nie. Sien Núm. 26:11. 1 Kron. 6:22, 37. |
So het hulle dan met 42alles wat hulle s’n was, lewendig na die 43doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.
| 42 Of: almal wat aan hulle behoort het.
43 Sien vers 30 se kanttekening. |
En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die aarde ons!
Toe het ’n vuur van die HERE uitgegaan en die 44tweehonderd-en-vyftig man verteer wat die reukwerk gebring het.
| 44 Sien verse 2, 17, 18. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Sê aan Eleásar, die seun van die priester Aäron, dat hy die vuurpanne uit die brand moet wegneem en die vuur 45ver weg moet strooi; want 46hulle is heilig —
| 45 Of: derwaarts, daarheen; dit is, laat dit uitstrooi, gee opdrag dat hulle dit strooi, buite die laer op die plek waar hulle die as gestort het, soos sommige verstaan.
46 Naamlik die vuurpanne (soos volg), waarin hierdie manne op Moses se bevel vuur en reukwerk voor die HERE gebring het. |
naamlik die vuurpanne van die 47wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet 48dun plate geslaan word as ’n oortreksel vir die altaar. Want hulle het dié voor die aangesig van die HERE gebring — daarom is hulle heilig; en hulle sal vir die kinders van Israel ’n 49teken wees.
| 47 Dit is, wat deur die gruwelike sonde die verderf oor hulle gehaal het. Vgl. 1 Kon. 2:23. Spr. 20:2.
48 Hebr. uitrekking van plate. Verstaan dat deur daarop te slaan dit sou uitrek, om só dun plate daarvan te maak. 49 ’n Gedenkteken van hierdie goddelike wraak oor sodanige oproermakers wat hulle teen God se verordening gestel het, sodat elkeen sal leer om daarteen te waak. Sien vers 40. |
Toe het die priester Eleásar die kopervuurpanne geneem wat die mense wat verbrand is, gebring het, en hulle het dit plat geslaan as ’n oortreksel vir die altaar —
’n aandenking vir die kinders van Israel, sodat ’n onbevoegde wat nie uit die nageslag van Aäron is nie, nie sal nader kom om reukwerk voor die aangesig van die HERE aan die brand te steek nie; sodat hy nie 50word soos Korag en sy bende nie, soos die HERE aan 51hom deur die 52diens van Moses 53gesê het.
| 50 Dit is, dat dit met die onbevoegde nie gaan soos met Korag nie, ens.
51 Naamlik Korag. Sien verse 8-11. 52 Hebr. hand. 53 Dit is, vooruit aangekondig, gedreig het. |
Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en Aäron gemurmureer en gesê: Júlle het die volk van die HERE gedood.
En terwyl die vergadering teen Moses en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens het die 54wolk dit oordek en die heerlikheid van die HERE het verskyn.
| 54 Die wolkkolom het die tent van samekoms bedek. Sien vers 19. |
En toe Moses en Aäron tot voor die tent van samekoms kom,
het die HERE met Moses gespreek en gesê:
55Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat Ek hulle in ’n oomblik kan verteer. Toe val 56hulle op hul aangesig,
| 55 Of: Hef julle op.
56 Naamlik Moses en Aäron. Sien verse 4, 22. |
en Moses sê vir Aäron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en 57doen versoening vir hulle; want die 58toorn het van die HERE se aangesig uitgegaan, die plaag het begin!
| 57 Sien Lev. 1:4 se kanttekening.
58 Dit is, ’n groot straf is deur die toornige God uitgestuur, en dit het alreeds begin. |
Toe neem Aäron dit soos Moses gespreek het en hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk begin! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die volk.
En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, het die plaag 59opgehou.
| 59 Of: gestuit, bedwing, ingehou, naamlik deur God. Vgl. 2 Sam. 24:21, 25. |
En die wat deur die plaag gesterf het, was veertienduisend-sewehonderd, buiten die wat gesterf het om 60Korag se ontwil.
| 60 Die oproer waarvan Korag die aanhitser was. Sien vers 1 se kanttekening. |
Daarop gaan Aäron na Moses terug by die ingang van die tent van samekoms; en die plaag is gestuit.
Wette met betrekking tot die offerandes.
DAARNA het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die 1land van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee,
| 1 Die land Kanaän waarin julle jul wonings sal hê. |
en julle ’n vuuroffer aan die HERE wil berei, ’n brandoffer of slagoffer — a2deur ’n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer of by julle 3feestye — om vir die HERE b’n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei,
| a Lev. 22:21.
b Ex. 29:18. |
2 Dit is, as julle iets afgesonder het, wat julle uit dankbaarheid aan die HERE belowe het, of, ens.
3 In die offers wat op die feeste volgens God se wet geoffer moes word. |
dan moet die een wat sy offer aan die HERE bring, cas spysoffer bring ’n 4tiende van ’n efa fynmeel, gemeng met ’n 5kwart-hin olie;
| c Lev. 2:1; 6:14. | 4 Sien Lev. 14:10 se kanttekening.
5 Sien Lev. 19:36 se kanttekening. |
en wyn vir die drankoffer, ’n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam.
Of vir ’n ram moet jy as spysoffer berei twee-tiendes van ’n efa fynmeel, met ’n derde van ’n hin olie gemeng.
En ’n derde van ’n hin wyn vir die drankoffer moet jy as lieflike geur aan die HERE bring.
En as jy ’n 6jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur ’n besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die HERE,
| 6 Hebr. ’n seun van ’n bees. So ook in dit wat volg. |
moet 7hy by die jong bul as spysoffer bring drie-tiendes van ’n efa fynmeel met ’n half-hin olie gemeng.
| 7 Wat die offer wil bring; die persoon word hier van jy in hy verander. |
En vir die drankoffer moet jy ’n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
So moet gedoen word by elke bees of by elke ram of by ’n lam van die skape of van die bokke.
Volgens die getal wat julle berei — so moet julle doen by elkeen volgens hulle getal.
Elke kind van die land moet hierdie dinge op dieselfde manier doen, om ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE te bring.
En as ’n 8vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte 9onder julle is, en ’n vuuroffer van lieflike geur vir die HERE berei — soos julle doen, so moet hy doen.
| 8 Terwyl hy sy vaste woonplek buite julle land het, maar vir ’n sekere tyd by julle vertoef en tot die ware godsdiens bekeer is; soos die saak self uitwys.
9 Wat wel ’n uitlander is, maar onder julle kom woon het. |
Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle den vir die vreemdeling wat by julle vertoef. 10’n Ewige insetting in julle geslagte is dit: 11soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.
| d Ex. 12:49. Núm. 9:14. | 10 Hebr. ’n Insetting van ewigheid. Vgl. Gén. 17:7 se kanttekening.
11 Die betekenis is dat die Israeliete en die bekeerde vreemdelinge in die godsdiens voor God gelyke agting en een reg sal geniet. |
Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land kom waarheen Ek julle bring,
moet julle, as julle van die brood van die land eet, ’n offergawe aan die HERE afgee.
As eersteling van julle growwe meel moet julle ’n koek as offergawe afgee; 12net soos die offergawe van die dorsvloer, so moet julle dit afgee.
| 12 Dit is, of julle growwe meel nou baie of min sal wees, en op dieselfde manier wat julle gebied is om te doen met die eerstelinge van die oes, wat daarna op die dorsvloer gedors word, soos koring, rog, gars. Sien Lev. 2:14-16. |
Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle ’n offergawe aan die HERE gee in julle geslagte.
Verder, as julle jul misgaan en nie al hierdie gebooie doen wat die HERE aan Moses meegedeel het nie —
alles wat die HERE julle deur Moses beveel het 13van die dag af dat die HERE dit beveel het en verder in julle geslagte —
| 13 Dit is, van die tyd af dat hierdie wet aan julle gegee is. |
dan moet die hele vergadering, as dit 14buiten wete van die 15vergadering, in swakheid 16gebeur het, een jong bul berei vir ’n brandoffer as lieflike geur aan die HERE, met die spysoffer en die drankoffer wat volgens voorskrif daarby behoort; en een bokram as sondoffer.
| 14 Sien hieroor Lev. 4:13.
15 Sommige verstaan dit as spesifieke vergaderings of gemeenskappe wat dan in die land Kanaän in stede en dorpe sou wees; en dat in Lev. 4:13, ens. oor die hele vergadering, soos hulle buite Kanaän in die laer byeen was, gespreek is, met bevel om slegs ’n jong bul as sondoffer te bring, buite die laer te neem en te verbrand, Lev. 4:21, maar hier word ’n jong bul as brandoffer en ’n bokram as sondoffer beveel. 16 Naamlik deur die hele vergadering. |
En die priester moet versoening doen vir die 17hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want ’n swakheid was dit, en húlle het hul offer as vuuroffer aan die HERE en hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van die HERE gebring.
| 17 Sien die voorgaande vers se kanttekening. |
Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word, ook die vreemdeling wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.
eEn as ’n enkele 18siel in swakheid sondig, moet dié ’n 19jaaroud bokooi as sondoffer bring.
| e Lev. 4:27. | 18 Dit is, mens, persoon; so ook in dit wat volg.
19 Hebr. ’n dogter van haar jaar. |
En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van die HERE begaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word.
Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan en die vreemdeling wat onder hulle vertoef — een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.
Maar die siel wat iets 20moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad die HERE; en dié siel moet 21uitgeroei word onder sy volk uit.
| 20 Of: met opgehewe hand. Dit is, met opset, trots, hoogmoed en moedswilligheid, sonder enige skroom of ontsag vir die Allerhoogste en sy gebooie. Hierdie manier van spreek word ook in ’n ander betekenis gebruik. Sien Ex. 14:8. Núm. 33:3.
21 Sien Gén. 17:14 se kanttekening. |
Want die woord van die HERE het hy verag en sy gebod verbreek. Dié siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid 22is op hom.
| 22 Of: sal op hom wees. Dit is, hy sal die straf van sy ongeregtigheid dra, waaraan hy self skuldig is. Vgl. Lev. 20:9 se kanttekening. |
Straf van ’n sabbatskender.
EN toe die kinders van Israel in die woestyn was, het hulle ’n man gekry wat op die sabbatdag hout bymekaarmaak.
En die wat hom gekry het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moses en Aäron en na die hele 23vergadering gebring.
| 23 Naamlik, oudstes en regters. |
En 24hulle het hom fin die gevangenis gesit, want dit was 25nie beslis wat met hom gedoen moes word nie.
| f Lev. 24:12. | 24 Naamlik, wat hom op heterdaad betrap het, of ander, op bevel van Moses, ens.
25 Verstaan: daar was geen uitdruklike wet oor hoe hulle hom sou doodmaak nie; hoewel in Ex. 35:2 beveel was dat hulle diegene sou doodmaak wat enige werk op die sabbatdag verrig het. |
Toe sê die HERE vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.
Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos die HERE Moses beveel het.
Bevel om ’n teken aan die klere te maak.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, ghulle moet vir hulle 26klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies ’n draad van pers stof vasbind.
| g Deut. 22:12. Matt. 23:5. | 26 Vgl. Deut. 22:12. Matt. 23:5. Net so ook Ex. 13:16. Deut. 6:8; 11:18. |
En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die HERE dink, dat julle dit doen en 27nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,
| 27 Dit is, julle moenie probeer om die gedagtes van jul harte en die begeerlikheid van jul oë na te volg nie, om agter die afgode van die heidene aan te hoereer; soos julle deur jul vleeslike sinlikheid geneig is om te doen, soos wel geblyk het. |
sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle God heilig mag wees.
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om 28vir julle ’n God te wees. Ek is die HERE julle God.
| 28 Sien Gén. 17:7 se kanttekening. |
Omdat hulle na Egipte wil teruggaan, moet die Israeliete veertig jaar in die woestyn bly.
TOE 1het die hele vergadering uitgeroep — hulle het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween.
| 1 Hebr. Toe het die hele vergadering uitgeroep, en hul stem gegee. |
En al die kinders van Israel het gemurmureer 2teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!
| 2 En gevolglik teen God self, wie se dienaars hulle was. |
En 3waarom bring die HERE ons na hierdie land om 4deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders 5sal ’n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?
| 3 Dit wil voorkom of hulle God wil beskuldig van onbedagsaamheid, asof Hy nie oordink het wat Hy Hom voorgeneem het nie; of van ontrou, asof Hy nie wou doen wat Hy Hom voorgeneem het nie; of van onvermoë, asof Hy nie kon nie.
4 Sien Lev. 26:7 se kanttekening. 5 Naamlik van ons vyande, die Kanaäniete. |
En hulle sê 6vir mekaar: Laat ons ’n hoof 7aanstel en na Egipte teruggaan.
| 6 Hebr. die man tot sy broer.
7 Hebr. gee, stel, maak. |
Toe het Moses en Aäron 8op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.
| 8 Naamlik, om die volk te smeek om afstand te doen van hul verkeerde voorneme, en nie na Egipte terug te keer nie; of om God aan te roep, sowel vir die volk, dat Hy hulle sou bekeer, as vir hulself, dat Hy hulle uit die teenwoordige gevaar sou verlos. |
En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, 9het hulle klere geskeur
| 9 Sien oor die skeur van klere in tyd van groot droefheid en verslaenheid, Gén. 37:29 se kanttekening. |
en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n 10buitengewoon goeie land.
| 10 Hebr. uitermate uitermate. Sien die verdubbeling van die woord uitermate ook in Gén. 17:2, 6, 20. Eség. 16:13. |
11As die HERE ’n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.
| 11 Dit is, as ons die guns van die HERE nie van ons afkeer deur goddeloos en opstandig te wees nie. Sien die begin van die volgende vers. |
Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle anie bevrees vir die volk van die land nie, want 12hulle is ons spys. Hulle 13beskutting het van hulle gewyk, en 14die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!
| a Deut. 20:3. | 12 Dit is, hulle sal so maklik deur ons vernietig word soos voedsel deur ’n gesonde mens in die mond gekou en in die maag verteer word. Vgl. Deut. 31:17 se kanttekening.
13 Of: skaduwee. So ook in Ps. 91:1. Jes. 25:4. Jer. 48:45, ens. 14 Naamlik met sy vaderlike guns, vlytige voorsienigheid en kragtige bystand. Sien Gén. 21:22 en 26:24 se kanttekeninge. |
Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die 15heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.
| 15 Naamlik deur die teken van die wolk, waarin God gewoonlik in groot heerlikheid aan die Israeliete verskyn het, Ex. 16:7, 10; 24:15, 16; 40:34. Lev. 9:6 se kanttekening. 2 Kron. 5:14. |
Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle 16in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?
| 16 Dit is, op My nie vertrou nie, deur geen ag te slaan op al die wonderwerke waarmee Ek my krag en weldadigheid oorvloediglik aan hulle bewys het nie. |
Ek sal hulle met die pes tref en hulle 17uitroei; en Ek sal jou ’n groter en sterker nasie maak as hulle.
| 17 Verstaan dit nie as ’n vas beslote vonnis nie, maar as ’n voorwaardelike dreigement, wat die HERE aan sy kneg Moses wou voorhou om sy ywer en voorbidding vir die welstand van die volk te ontsteek; sodat hierdie woorde nie beteken wat God in sy onveranderlike raad besluit het nie, maar die straf wat die Israeliete verdien het. |
Toe het Moses aan die HERE gesê: bMaar 18die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het
| b Ex. 32:12. | 18 Daar is drie redes wat Moses gebruik om vir die volk te bid. Die eerste is geneem van die vyande van God en van sy volk, wat die eer van God sou skend, indien Hy sy volk sou uitroei, in hierdie vers en in verse 14-16. Die tweede van die wese van God en die genadige verbond van God, verse 17, 18. Die derde van die voorgaande weldade en voorbeelde van goddelike genade wat baie dikwels aan die volk bewys is, vers 19. |
en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, HERE, in die midde van hierdie volk is; dat U, HERE, 19duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en cU in ’n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in ’n vuurkolom by nag.
| c Ex. 13:21; 40:38. | 19 Hebr. oog in oog. Dit is, sigbaar en baie gemeensaam. Vgl. Gén. 32:30, Ex. 33:11, Núm. 12:8, Deut. 5:4 en 1 Kon. 22:19 en die kanttekeninge. |
As U nou hierdie volk 20soos een man ombring, dan sal die nasies wat die 21tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê:
| 20 Dit is, die hele volk asof dit slegs een mens was. So ook in Rig. 6:16.
21 Hebr. gehoor gehoor het. |
dOmdat die HERE hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.
| d Deut. 9:28. |
Laat dan nou tog die 22krag van die HERE groot word, soos U gespreek het deur te sê:
| 22 Om by sy geregtigheid ook sy barmhartigheid te voeg. |
Die eHERE is 23lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit 24ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders 25fbesoek aan die kinders, aan die 26derde en aan die vierde geslag.
| e Ex. 34:6. Ps. 86:15; 103:8; 145:8. Jona 4:2.
f Ex. 20:5; 34:7. Deut. 5:9. |
23 Hebr. lank van toornighede. Sien Ex. 34:6 se kanttekening.
24 By die barmhartigheid van God word ook sy geregtigheid gevoeg, omdat beide in Hom onskeibaar is; daarom het Moses nie sonder meer genade begeer nie, maar só dat God se geregtigheid ook ’n plek sou hê, sodat Hy in die oordele en strawwe aan sy barmhartigheid gedagtig sou wees. Sien Ex. 34:7. Jer. 30:11. Nah. 1:3. 25 Sien Gén. 21:1 se kanttekening. Ex. 20:5. 26 Hebr. aan die derde, en aan die vierde, naamlik nageslag, gereken van die oortreder af. |
Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.
Toe sê die HERE: Ek vergewe, volgens jou woord.
Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die HERE se 27heerlikheid vol sal word,
| 27 Verstaan die geregtigheid en krag van die HERE, wat tot sy eer op die hele aarde aan alle mense bekendgemaak sou word. |
al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al 28tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie,
| 28 Dit is, dikwels; ’n bepaalde getal vir ’n onbepaalde hoeveelheid. Sien Gén. 31:7 en Lev. 26:8 se kanttekeninge. |
29hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het nie, gja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.
| g Deut. 1:35, 36. | 29 Hebr. As hulle die land sal sien, ens. Verstaan dan hierby, om die sin te voltooi: sal Ek nie lewe nie, of iets soortgelyks. Want hier word menslikerwys van God gespreek, omdat dit by die Hebreërs gebruiklik was om in die eedswering die uitkoms of die wens te verswyg, indien ’n mens valslik gesweer het. Vgl. Gén. 14:23 se kanttekening. Hierdie manier van eedswering word elders ook aan God toegeskryf, soos in verse 28, 35. Núm. 32:11, 12. Deut. 1:35. 2 Kon. 9:26. Ps. 89:36. Dit beteken dus: hulle sal die land nie sien nie, soos die laaste woorde van hierdie teks uitdruklik verklaar. |
Maar h30my kneg Kaleb, omdat ’n ander gees in hom was 31en hy volhard het om My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.
| h Jos. 14:8, 9. | 30 Josua word hier nie genoem nie, omdat God hierdie vonnis uitspreek oor die volk wat in die laer was, waar Kaleb teenwoordig was, maar Josua was by Moses en Aäron, by die tent van samekoms; daarom word hy ook nie gereken by, of veroordeel saam met die volk wat in die laer was nie (waarom hy ook uitdruklik in vers 30 genoem word). So is Moses en Aäron ook nie hier genoem nie, omdat hulle nie saam met die volk gesondig het nie, hoewel hulle as gevolg van ’n ander besondere rede, wat hierna verklaar word in Núm. 20:12, ook buite die land gesterwe het.
31 Hebr. en hy vervul het om agter My te gaan; dit is, My voortdurend, getrou en met ’n opregte hart gehoorsaamheid bewys het. So ook in Deut. 1:36. 1 Kon. 11:6. |
Die Amalekiete en die Kanaäniete woon 32in die laagte — draai môre weg en trek tog die woestyn in, op pad 33na die 34Skelfsee.
| 32 Naamlik aan die ander kant van daardie gebergte in die laagte. Hiermee word die Israeliete gewaarsku vir die gevaar, wat vir hulle gewag het, indien hulle sou voorttrek, omdat hulle by die landsgrense van hul vyande gekom het, wat op hulle gewag het en vir wie hulle nie sou kon oorwin nie, omdat God nie met hulle was nie. Sien vers 43.
33 Hebr. van die Skelfsee. 34 Anders: Biesiesee of Rietsee. Verstaan die Rooi See, wat ook so genoem word vanweë die baie biesies wat daarin, en vernaamlik aan die oewer daarvan, gegroei het. Sien oor hierdie see ook Núm. 21:4. Ps. 106:7, 9, 22; 136:13. |
Daarna het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
35Hoe ilank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.
| i Ps. 106:26. | 35 Anders: Hoe lank sal Ek hierdie bose vergadering verdra, of vergewe, wat teen My, ens., sien Matt. 17:17. Of: Hoe lank sal Ek hierdie bose vergadering, wat teen My murmureer en die murmurering van die kinders van Israel, waarmee, ens., aanhoor? |
Sê vir hulle: kSo waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore 36gespreek het, 37so sal Ek aan julle doen.
| k Núm. 26:65; 32:11. | 36 Wat hulle gespreek het, toe hulle gemurmureer het, sien vers 2.
37 Sien vers 23 se kanttekening. |
Julle llyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle 38geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.
| l Deut. 1:35. Hebr. 3:17. | 38 Sien oor hulle Núm. 1:1, 2, ens. |
Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek 39my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, mbehalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
| m Jos. 14:6. | 39 Die manier van eedswering wat die mense gebruik, deur God as getuie te neem, na wie hulle die hand ophef, word menslikerwys aan God toegeskryf. Sien oor hierdie manier van eedswering Gén. 14:22 se kanttekening. |
En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ’n buit word — dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken wat julle verwerp het.
Maar júlle lyke sal in hierdie woestyn lê.
En julle kinders sal soos herders 40rondtrek in die woestyn, 41veertig jaar lank, en sal so 42die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.
| 40 Hebr. sal weidende wees. Die Hebreeuse woord beteken om herders te wees, of soos herders met die kudde herwaarts en derwaarts rond te swerf, om goeie weiding te soek. Waarmee ’n onseker en onbestendige lewe op aarde verstaan word. Vgl. Jes. 38:12.
41 Naamlik, waarby die tyd van hul uittog uit Egipte ingereken is, soos blyk uit Núm. 33:38. Deut. 1:3; 2:14. 42 Dit is, die strawwe wat julle deur allerhande geestelike hoerery en afvalligheid verdien het. Die geestelike hoerery is afgodediens; sien daaroor Ex. 34:15, 16; en alhoewel hierdie kinders die straf van hul ouers gedra het, deur baie jare deur die woestyn te dwaal, nogtans was God nie onregverdig nie, omdat hulle ook hul eie menigvuldige sondes gehad het, wat straf verdien het. |
Volgens die getal dae dat julle die land verken het, nveertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul 43ongeregtighede dra, 44veertig jaar lank, en 45my teëstand gewaar word.
| n Ps. 95:10. | 43 Dit is, die straf van jul ongeregtighede. Sien Gén. 4:13 se kanttekening.
44 Daaronder is die tyd ingereken wat nou verby was, sedert hulle uit Egipte getrek het. Sien vers 33 se kanttekening. 45 Of: my afbreking. Dit kan ’n mens verstaan ten opsigte van God, wat oor hul langdurige opstandigheid van hulle sou wyk, of ten opsigte van die volk, wat, omdat hulle van God afgewyk het, hierdie straf verdien het. |
Ek, die HERE, het dit gespreek; waarlik, 46dit sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.
| 46 Sien vers 23 se kanttekening. |
En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur ’n slegte gerug aangaande die land te versprei,
die manne wat ’n slegte gerug aangaande die land versprei het, o47het gesterwe deur ’n 48plaag 49voor die aangesig van die HERE.
| o 1 Kor. 10:10. Jud. vers 5. | 47 Anders: sal sterwe.
48 Sommige verstaan hier die plaag van die pes, waarmee God gedreig het in vers 12. Ander van ’n haastige en vinnige dood, uit die teenstelling met Josua en Kaleb wat bly lewe het, vers 38. 49 Dit is, God die HERE het op ’n opmerklike manier sy oordeel oor hulle uitgevoer, asof Hy met dié doel openlik op die regterstoel gesit het. |
Maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die lewe gebly.
En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het, het die volk baie getreur
en die môre vroeg klaargemaak en op 50die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die HERE gesê het, want 51ons het gesondig.
| 50 Hebr. hoof.
51 Dit was geen opregte skuldbelydenis of berou nie, omdat diegene wat ophou met een kwaad en dan in ’n ander verval, hulle nie opreg bekeer nie, soos hierdie Israeliete gedoen het; want hulle het wel opgehou om te murmureer, maar wou daarna, teen die bevel van die HERE, die land Kanaän inneem. |
Maar Moses het gesê: pWaarom oortree julle tog die 52bevel van die HERE, aangesien dit tog nie sal geluk nie?
| p Deut. 1:41. | 52 Hebr. mond. Verstaan die bevel van God, sien daaroor vers 25. |
Moenie optrek nie, want die HERE is nie in 53julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.
| 53 Naamlik met sy hulp en bystand. |
Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afvallig geword het, daarom sal die HERE nie met julle wees nie.
Nogtans 54het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die HERE en Moses het nie uit die laer gewyk nie.
| 54 Die Hebreeuse woord beteken om met ’n vermetelheid en groot onstuimigheid iets onbesonne aan te pak, en in die besonder in die strewe na hoogtes. |
Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by 55Horma.
| 55 Die naam van ’n plek, later so genoem vanweë hierdie neerlaag. Sien Núm. 21:3 en die kanttekening. |
Bevel om twaalf manne te stuur om Kanaän te bespied.
EN die HERE het 1met Moses gespreek en gesê:
| 1 Naamlik, nadat die Israeliete so lank in die woestyn Paran gereis het dat hulle by Kades-Barnéa gekom het, ’n stad geleë aan die noorde van die woestyn, naby die suidelike gebergte van die land Kanaän. |
2Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle 3een man stuur, elkeen ’n owerste onder hulle.
| 2 Hierdie bevel het God die HERE aan Moses gegee, nadat die volk hom versoek het dat dit moet gebeur, soos te sien is in Deut. 1:22.
3 Hebr. een man, een man, dit is, een van elke stam. Sien Gén. 7:2 se kanttekening. |
En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens 4die bevel van die HERE — hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.
| 4 Of: volgens die mond van die HERE. So ook in Núm. 9:18. |
En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: 5Sámmua, die seun van Sakkur.
| 5 Hebr. Sjámmua; en so word die letter sjin, ter wille van makliker uitspraak, slegs met ’n “s” vertaal in Símeon, Safat, Íssaskar, Hoséa, Aser en nog ander. |
Van die stam van Símeon: Safat, die seun van Hori.
Van die stam van Juda: Kaleb, die seun van Jefúnne.
Van die stam van Íssaskar: Jígeal, die seun van Josef.
Van die stam van Efraim: 6Hoséa, die seun van Nun.
| 6 Anders Josua genoem, vers 16, met welke naam hy meestal genoem word. |
Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu.
Van die stam van Sébulon: Gáddiël, die seun van Sodi.
Van die stam van Josef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi.
Van die stam van Dan: Ámmiël, die seun van Gemálli.
Van die stam van Aser: Setur, die seun van Mígael.
Van die stam van Náftali: Nagbi, die seun van Wofsi.
Van die stam van Gad: 7Géhuel, die seun van Magi.
| 7 Hebr. Geúel. |
Dit is die name 8van die manne wat Moses gestuur het 9om die land te verken; en Moses het Hoséa, die seun van Nun, Josua genoem.
| 8 Hulle was twaalf in getal, volgens die getal van die twaalf stamme.
9 Dit is, om uit te vind en te verken nie net hoedanig die land was nie, maar ook die inwoners. Sien verse 18, 19, ens. |
En Moses het hulle gestuur om die land Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hier 10in die Suidland op en beklim die gebergte.
| 10 Te verstaan, nie ten opsigte van die laer van die Israeliete, wat by Kades-Barnéa geleë was en die land Kanaän noordwaarts gehad het nie, maar ten opsigte van die ligging van die land Kanaän. |
En bekyk die land, hoe dit is, en die volk wat daarin woon, of dit sterk of swak, of dit min of baie is;
en hoe die land is waar hulle in woon, of dit goed of sleg is; en hoe die stede is waar hulle in woon, 11laers of vestings;
| 11 Dit is, in oop en onbegrensde velde; waarin die laers gewoonlik vertoef het. En verstaan dit volgens die manier van doen van die Arabiere, wat geen vaste woonplek gehad het nie, maar soos nomades van plek tot plek getrek het. |
ook hoe die land is, of dit vet of skraal is, of daar bome in is of nie; en 12wees dapper en bring van die vrugte van die land saam. Dit was toe 13die tyd van die eerste druiwe.
| 12 Dit is, wees vreesloos en onverskrokke.
13 Verstaan hierdeur die tyd waarin die eerste druiwe ryp geword het. |
En hulle het opgetrek en die land verken van die woestyn 14Sin af tot by 15Rehob, na die ingang van 16Hammat —
| 14 Hebr. Tsin, die naam van ’n woestyn, anders Kades genoem, geleë teen die grens van Palestina, Núm. 33:36.
15 ’n Stad geleë aan die noordgrens van die erfdeel wat die stam van Aser later deur die lot ontvang het, Jos. 19:28. 16 Die naam van ’n stad, in die noordooste van Kanaän geleë, wat later aan die stam van Náftali deur die lot toegeken is, Jos. 19:35. 2 Kon. 14:25; 17:24 (waar dit Hamat genoem word). |
hulle het in die Suidland opgetrek en tot by 17Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die 18Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor 19Soan in Egipte gebou.
| 17 Die naam van ’n stad, sien daaroor Gén. 23:2 se kanttekening.
18 Hebr. van Enak, die naam van ’n groot en vermaarde reus. Die naam Enak word egter ook wyer gebruik vir ander reuse. Dit is (volgens die mening van sommige) die geval hier en in verse 28, 33. Sien Deut. 1:28 en die kanttekening. 19 Hebr. Tsoan. Die naam van ’n baie ou stad, waarvan gedink word dat dit die stad Tanis kan wees, een van die vernaamste stede van Egipte, waarin die konings en vorste gewoonlik gewoon het. Sien Ps. 78:12. |
Daarop het hulle tot by die 20dal 21Eskol gekom en daar ’n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan ’n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye.
| 20 Of: wadi, spruit. Die Hebreeuse woord omvat al die betekenisse.
21 Sien die rede vir hierdie benaming in die volgende vers, en vgl. Deut. 1:24 en die kanttekening. |
Dié plek het hulle die dal Eskol genoem 22vanweë die tros wat die kinders van Israel daar afgesny het.
| 22 Want die Hebreeuse woord eskol beteken druiwetros. |
En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken.
En hulle het weggegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn 23Paran, in 24Kades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien.
| 23 Sien Gén. 14:6 se kanttekening.
24 Verstaan Kades-Barnéa, geleë in die woestyn Paran, by die staanplek Ritma, en moet onderskei word van Kades in die woestyn Sin, sien daaroor Gén. 14:7 se kanttekening. |
En hulle het 25hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, adit loop oor 26van melk en heuning, en dít is sy vrugte.
| a Ex. 3:8; 33:3. | 25 Naamlik Moses, as die vernaamste van die vergadering, alhoewel Aäron en die hele vergadering teenwoordig was en dit aangehoor het, waaruit die oproer gespruit het wat hierna beskryf word.
26 Sien Ex. 3:8 se kanttekening. |
Maar die volk wat in die land woon, is 27sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die 28Enakiete gesien.
| 27 Naamlik liggaamlik, in vermoë en in getal.
28 Sien vers 22 se kanttekening. |
Die 29Amalekiete woon in die Suidland, maar die 30Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kanaäniete woon by die see en aan 31die kant van die Jordaan.
| 29 Sien oor hierdie volk Gén. 14:7.
30 Sien oor hulle Gén. 10:15 se kanttekening, en oor hulle en die volke wat volg Gén. 15:19 se kanttekening. 31 Hebr. die hand. |
Toe het 32Kaleb die volk stil gemaak 33teenoor Moses en gesê: Laat ons 34gerus optrek en 35dit in besit neem; want ons kan dit 36sekerlik oorweldig.
| 32 Dit is, hy het die volk laat swyg, sodat hy gehoor kon word. Van Josua word hier niks gemeld nie, nie omdat hy vreesbevange was of nie saam met Kaleb die saak behartig het nie, maar omdat hy óf afwesig was gedurende hierdie oproer, óf (omdat hy ’n dienaar van Moses was) vir ’n gewigtige rede geswyg het. Sien oor sy trou in hierdie optrede Núm. 14:6, 7, ens., oor sy beloning daarvoor Núm. 14:30.
33 Anders: tot of teen Moses, naamlik van hul geroep of gemurmureer. 34 Hebr. optrekkende optrek. 35 Naamlik die land Kanaän. 36 Hebr. oorweldigende oorweldig. |
Maar die manne 37wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.
| 37 Naamlik die ander tien, wat saam met Josua en Kaleb die land verken het. |
So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n land wat sy inwoners 38verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is 39groot manne.
| 38 Hulle wil sê dat dit ’n ruwe land was, waarin ’n mens hom gedaan moes werk om vrugte daarvan te kry, sodat ’n mens se liggaamskragte opgeraak het, of dat die vrugte van die land sleg was, wat skadelik vir die liggaam en onverteerbaar was; wat tog onwaar was. Sommige verstaan dit as die onderlinge oorloë wat tussen die inwoners van Kanaän plaasgevind het. Vgl. Eség. 36:12, 13 se kanttekeninge.
39 Hebr. manne van mate, soos in 1 Kron. 11:23; 20:6. Jes. 45:14. |
Ons het daar ook 40die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.
| 40 Hebr. nefilim. Sien oor die woord reuse Gén. 6:4 se kanttekening. |
Mirjam en Aäron word opstandig teen Moses. God besoek Mirjam met melaatsheid.
EN 1Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë 2die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het ’n Kusitiese vrou geneem.
| 1 Sy word vóór Aäron genoem, omdat sy skynbaar die eerste oorsprong van hierdie murmurering was; vir die rede is sy ook in die besonder gestraf, vers 10.
2 Haar eienaam was, volgens die mening van baie, Sippóra, Ex. 2:21. Sy word egter ’n Kusitiese vrou genoem as gevolg van die volk waaruit sy gespruit het, dit is egter nie die Kusiete wat nakomelinge van Gam was nie, Gén. 10:6, maar van die Midianiete. Dit wil voorkom of die Heilige Skrif onder die naam Kusiete ook die Egiptenaars, Arabiere, Midianiete en die volke wat suidwaarts gewoon het, verstaan. Sien Gén. 2:13 en 10:6 se kanttekeninge. |
En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook 3met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.
| 3 Mirjam word ’n profetes genoem in Ex. 15:20, en God het belowe om met Aäron se mond te wees, sodat hy sy broer Moses tot ’n mond sou wees, Ex. 4:15, 16. |
Maar die man Moses was 4baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.
| 4 Of: geduldig, traag om kwaad te word, goedertieren, dit wil sê: Hy het hierdie onreg geduldig verdra, wat sy suster en broer hom aangedoen het; soos hy anders ook baie geduldig was om die onreg wat almal hom aangedoen het te verdra. |
Toe het die HERE dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, 5kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.
| 5 Naamlik uit julle tente. |
En die HERE het in ’n 6wolkkolom 7neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.
| 6 Sien Núm. 11:25 se kanttekening.
7 Sien Núm. 11:17 se kanttekening. |
Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ’n 8gesig My aan hom bekend maak, deur ’n 9droom sal Ek met hom spreek.
| 8 Sien oor die profetiese gesig Gén. 15:1 en 46:2 se kanttekeninge.
9 Sien oor die verskyning van God in ’n droom Gén. 20:3 en 28:12 se kanttekeninge. |
So is dit nie met my kneg Moses nie: ain my hele huis is hy getrou.
| a Hebr. 3:2. |
10Mond btot mond spreek Ek met hom, en 11deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?
| b Ex. 33:11. Deut. 34:10. | 10 Dit is, in teenwoordigheid, gemeensaam, sonder tussenspraak, baie duidelik, met hoorbare stem. Vgl. Jer. 32:4. 2 Joh. vers 12. In dieselfde betekenis word gesê: aangesig tot aangesig met iemand spreek. Sien Ex. 33:11 en Deut. 5:4 en die kanttekeninge.
11 Naamlik, nie deur die aanskouing van die goddelike wese nie (wat onsienlik is, Ex. 33:20, 23. Joh. 1:18. 1 Tim. 6:16), maar deur ’n besondere teken van sy heerlikheid. En hoewel Hy Hom ook aan die ander profete op verskillende maniere vertoon het, so was die manier waarop Hy aan Moses verskyn het nogtans duideliker as die ander; waarin Moses hier bo die ander profete verhef word. Vgl. Ex. 33:11, 20, 22, 23. Deut. 34:10. Ander aldus: En by aangesig, en nie deur duister woorde of gelykenis van die HERE nie, sien hy. |
En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.
En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam 12melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en — sy was melaats!
| 12 Dit was nie ’n gewone en bekende melaatsheid nie, maar ’n besondere, wat in Egipte geheers het en wat die Israeliete vanweë hul sondes aangekleef het, waarvan baie gelees kan word in Levítikus 13. Hulle wat daarmee besmet was, het geword asof hulle nie bloed het nie en so bleek soos dooies gelyk, omdat al die bloed aangetas was. Sien ook oor die manier van spreek wat hier gebruik word, Ex. 4:6. 2 Kon. 5:27. |
Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.
Laat sy tog nie wees soos ’n 13dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.
| 13 Verstaan ’n misgeboorte, waarvan die vleis half ontbind is, as hy uit die liggaam van sy moeder voortkom. Hebr. wie by sy uitkom uit sy moeder se skoot die helfte van sy vleis al verteer is. |
En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!
Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader 14net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? cLaat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy 15opgeneem word.
| c Lev. 13:46. | 14 Hebr. spuwende gespuug het. Die betekenis is: Soos ’n dogter wat vanweë ’n groot misdaad deur haar vader in haar gesig gespuug is, verdien om ten minste sewe dae uit sy teenwoordigheid weg te bly; so verdien ’n dogter wat as gevolg van ’n groot sonde, waaroor haar gesig deur My met melaatsheid beklad is, nog veel meer om deur My, wat haar hemelse Vader is, vir sewe dae uit die laer waarin Ek woon, afgesonder te word, tot ’n voorbeeld vir ander.
15 Hebr. versamel word, naamlik by die laer, waarvan sy, omrede haar melaatsheid, afgesonder moes word, Lev. 13:46. Núm. 5:2, en daarna, toe sy genees was, weer opgeneem is, Lev. 14:8. So ook in die volgende vers. Vgl. 2 Kon. 5:3 se kanttekening. |
En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het 16nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.
| 16 Hieruit kan verstaan word waarom die Israeliete by Háserot gebly het, soos in Núm. 11:35 gemeld word. |
Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die woestyn 17Paran laer opgeslaan.
| 17 Naamlik in Ritma, wat in die woestyn Paran was. Sien Núm. 33:18, en sien oor Paran Gén. 14:6 se kanttekening. |
Die volk by Tabéra. Murmurering en straf.
EN1 a2die volk het hulle voor die ore van die HERE beklaag dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, ben 3die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.
| a Deut. 9:22.
b Ps. 78:21. |
1 Of: En toe die volk hulle beklaag het, was dit verkeerd in die ore van die HERE. Dit is, hulle het die HERE mishaag; net so word daar gesê dat iemand verkeerd is in die HERE se oë, as hy die HERE mishaag. Sien Gén. 38:7 se kanttekening. Vgl. hierna, vers 10 en die kanttekening.
2 Anders: terwyl die volk hulle as ’t ware beklaag het, dit is, baie gekla het. Of: hulle treurig, moeilik, misnoegd en met baie teëpratery gedra het. Die oorsaak hiervan was skynbaar die ongemak en moeite van die reis. 3 Wat die HERE op ’n buitengewone manier uit die hemel oor hulle laat kom het, hetsy deur weerlig of andersins; sodat hulle goed bemerk het dat dit van die HERE gekom het, om hulle oor hul bose en verkeerde klaery te straf. Vgl. 2 Kon. 1:10 en sien die kanttekening. |
Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die HERE gebid; en die vuur het doodgegaan.
Daarom het hulle die plek 4Tabéra genoem, omdat die vuur van die HERE onder hulle gebrand het.
| 4 Hierdie woord beteken aansteking of brand. Dit was ’n staanplek van die kinders van Israel, ook genoem: Kibrot-Hattáäwa, verse 34, 35. Núm. 33:16. Die verskillende name gee aan ons ’n aanduiding van die verskillende liggings in die staanplek, Tabéra was nader aan Egipte en Kibrot-Hattáäwa nader aan Kanaän geleë. In die telling van die staanplekke word Tabéra verswyg en slegs Kibrot-Hattáäwa genoem. Núm. 33:16. |
Die volk murmureer by Kibrot-Hattáäwa. Die kwartels.
EN c5die gemengde bevolking wat onder hulle was, 6is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook 7weer geween en gesê: dWie sal vir ons vleis gee om te eet?
| c Ex. 12:38. Ps. 106:14. 1 Kor. 10:6.
d Ex. 16:3. |
5 Of: die saamdrommende of saambondelende menigte. Verstaan hiermee hulle wat met die Israeliete uit Egipte gekom het en die voedsel van die land gewoond was, en nou die Israeliete oorsaak tot murmurering gegee het. Sien oor hulle Ex. 12:38.
6 Hebr. hulle is met lus belus, of: het die lus belus. Dit is, hulle was baie belus om vleis te eet. Sien 2 Kron. 36:14 se kanttekening. 7 Hebr. teruggekeer en geween, dit is, weer geween. Die woord terugkeer beteken, as dit saam met ’n ander werkwoord gestel is, dikwels niks anders nie as die vernuwing en herhaling van dieselfde handeling. |
Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel.
Maar nou is ons 8siel 9dor; daar’s glad niks nie: 10net die manna is voor ons oë.
| 8 Dit is, lewe. Sien Gén. 19:17 se kanttekening.
9 Dit is, versmag deur die gebrek aan vars en afwisselende voedsel. 10 Hebr. net ons oë tot die manna, dit is, ons oë sien niks anders as die manna nie. |
eDie manna was soos koljandersaad, en 11dit het gelyk na balsemgom.
| e Ex. 16:14, 31. Ps. 78:24. Joh. 6:31, 49. | 11 Hebr. sy oog; naamlik sy kleur, want kleur word met die oog gesien. Die betekenis is dat die manna die kleur van balsemgom, wat uit ’n bedolagboom gedrup het en baie deursigtig was, gehad het. Sien hieroor Gén. 2:12 se kanttekening. |
Die volk het rondgeloop en dit versamel en in handmeule gemaal of in vysels gestamp, en hulle het dit in potte gekook en daarvan 12roosterkoeke gemaak. En die smaak daarvan was soos die 13smaak van oliekoeke.
| 12 Sien Gén. 18:6 se kanttekening.
13 Dit is, die boonste van die olie, wat sonder afsaksel was en ’n soet smaak gehad het. Sien Ex. 16:31 se kanttekening. |
En as die dou snags op die laer val, het die manna ook daarop geval.
Toe het Moses die volk, volgens hulle geslagte, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die toorn van die HERE het grootliks ontvlam; ook 14was dit verkeerd in die oë van Moses.
| 14 Dit is, dit het hom mishaag. Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 21:11 se kanttekening en vgl. hier vers 1 se kanttekening. |
En Moses sê aan die HERE: Waarom het U u kneg kwaad aangedoen en waarom het ek geen 15genade in u oë gevind nie, dat U die las van hierdie hele volk op my lê?
| 15 Sien Gén. 6:8 se kanttekening. So ook hierna, vers 15. |
Het ék hierdie hele volk dan ontvang? Of het ék hulle 16gebaar, dat U vir my sê: Dra hulle aan jou bors soos ’n oppasser die suigling dra, na die land wat U aan hulle vaders met ’n eed beloof het?
| 16 Of: gegenereer. |
Waarvandaan moet ek vleis kry om aan al hierdie volk te gee? Want hulle ween by my en sê: Gee vir ons vleis, dat ons kan eet.
Ek alleen kan hierdie 17hele volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar.
| 17 Dit is, die hele las van hierdie volk. Sien vers 11. |
En as U so met my wil handel, 18slaan my dan maar liewer dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ek 19my ongeluk nie aansien nie.
| 18 Hebr. dood my tog dodende, dit is, laat my maar so spoedig moontlik sterwe, sodat ek van hierdie las ontslae kan wees.
19 Hebr. my kwaad, dit is, my verdriet en ellendige toestand. Vgl. Gén. 19:19 se kanttekening. |
Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit 20die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet 21dat hulle oudstes van die volk en sy 22opsigters is, en 23bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan.
| 20 Sien hieroor Ex. 3:16 en Lev. 4:15 se kanttekeninge.
21 Dit is, wat in hulle roeping nie net die naam het nie, maar dit ook daadwerklik is. 22 Verstaan ampsdraers en bevelhebbers. Vgl. Ex. 5:6. Deut. 16:18. 23 Hebr. neem, dit is, bring nadat hulle geneem of uitverkies is. |
Dan sal Ek 24neerdaal en daar met jou spreek; en 25van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.
| 24 Menslikerwys van God gespreek. Sien Gén. 11:5; 35:13 en die kanttekening. So ook hierna, vers 25; Núm. 12:5.
25 Dit is, van dieselfde gawes van die Gees, sonder dat die gawes aan Moses ingekort word. Die woord Gees word dikwels vir die gawes van die Gees gebruik, soos in Núm. 27:18. Ps. 51:14. Joël 2:28. Joh. 7:39, ens. |
En aan die volk moet jy sê: 26Heilig julle teen môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die HERE geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die HERE vir julle vleis gee, en julle sal eet.
| 26 Sien Lev. 11:44 se kanttekening. |
Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf dae of tien dae of twintig dae nie —
’n 27hele maand lank, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle die HERE wat in julle midde is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het: fWaarom het ons 28tog uit Egipte uitgetrek?
| f Núm. 21:5. | 27 Hebr. maand van dae, dit is, ’n volle maand, met al sy dae. So ook in die volgende vers. Sien Gén. 29:14 se kanttekening.
28 Anders: dus, of hierheen. |
Toe sê Moses: 29Seshonderdduisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal 30’n hele maand lank eet!
| 29 In Núm. 1:46 word nog drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig by hierdie getal gevoeg. Waaruit dit wil voorkom of die getal van die telling verminder was, of dat dit vir Moses hier genoeg was om die afgeronde getal vir die nie-afgeronde te gebruik; soos ook gevind word in Ex. 12:37. Vgl. Gén. 15:13 en sien die kanttekening.
30 Hebr. ’n maand van dae. |
gSal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle 31genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is?
| g Joh. 6:7. | 31 Hebr. sodat dit vir hulle vind, naamlik vleis waarmee hulle versadig sal word. Die Hebreeuse woord beteken eintlik vind; maar word hier gebruik as genoeg wees; soos ook in Jos. 17:16. Rig. 21:14. |
Maar die HERE sê vir Moses: hSou 32die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.
| h Jes. 50:2; 59:1. | 32 Dit is, sou sy vermoë te klein wees dat Hy nie sou kan volbring wat Hy gespreek het nie? |
Toe het Moses uitgegaan en die woorde van die HERE aan die volk te kenne gegee; en hy het 33sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die 34tent laat staan.
| 33 Soos God beveel het, vers 16, hoewel twee van hulle agtergebly het, vers 26.
34 Naamlik van samekoms. Sien vers 16. |
Daarop het die HERE neergedaal 35in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die 36Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle 37geprofeteer; maar 38daarna nie meer nie.
| 35 Naamlik, wat die tabernakel bedek het, Ex. 40:38. Anders: in ’n wolk. Dit was ’n teken van God se majesteit en teenwoordige verskyning. So ook in Núm. 12:5.
36 Sien vers 17 se kanttekening. 37 Die woord beteken hier om die groot deugde en dade van God, deur die ingewing van die Heilige Gees, uit te spreek en te verkondig. Sien hierdie woord in so ’n betekenis in 1 Sam. 10:5, 6. Joël 2:28. Hand. 2:17. 38 Naamlik, het hulle nie meer geprofeteer nie, omdat hierdie sigbare teken genoeg was om in die diens waartoe hulle geroep was, in hulself verseker en voor die volk bevestig te word; soos ook daarna met Saul gebeur het, 1 Sam. 10:6, 10, 13. Ander: en het nie opgehou nie, naamlik om te profeteer, dit is, van dié dag af het die Gees van profesie hulle nie verlaat nie. |
Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus — hulle het behoort by die wat 39opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die tent uitgegaan het nie — en hulle het in die laer geprofeteer.
| 39 Dit is, uit die sewentig wat Moses by hom saamgeroep het; soos te sien is in verse 24, 25. |
Toe hardloop ’n seun en vertel dit aan Moses en sê: Eldad en Medad profeteer in die laer.
En Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses 40van sy jeug af, antwoord en sê: My heer Moses, belet hulle dit!
| 40 Anders: van sy uitgesoekte jongelinge. |
Maar Moses sê vir hom: 41Ywer jy vir my? 42Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!
| 41 Dit is, is jy met afguns vervul, of: misgun jy iemand dat hy, soos ek, die gawes van die Heilige Gees het? Vgl. hiermee die jaloesie van die dissipels van Johannes die Doper, Joh. 3:26.
42 Hebr. Wie sal gee? ’n Manier van wens by die Hebreërs. Sien hieroor Deut. 5:29 se kanttekening. |
Daarop het Moses hom in die laer teruggetrek, hy en die oudstes van Israel.
Toe het i’n wind wat van die HERE kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe en op die laer gestrooi omtrent ’n dagreis hier en omtrent ’n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee el bokant die grond.
| i Ex. 16:13. Ps. 78:26. |
Toe het die volk opgestaan daardie hele dag en die hele nag en die hele volgende dag en die kwartels versamel. Hy wat die minste gehad het, het tien 43homer versamel. En hulle het dit oral vir hulle 44uitgesprei rondom die laer.
| 43 Sien oor die woord homer, wat ’n inhoudsmaat beteken, Lev. 27:16 en die kanttekening. Anders: hope.
44 Hebr. uitspreidende uitgesprei. |
kDie vleis was nog tussen hulle tande, 45voordat dit gekou was, toe die toorn van die HERE alreeds teen die volk ontvlam het, en die HERE het onder die volk ’n baie groot slagting teweeggebring.
| k Ps. 78:30, 31. | 45 Uit vers 20 word afgelei dat dit plaasgevind het ná ’n maand. So lank het hulle hul lus bevredig deur vleis te eet. |
Daarom het hulle dié plek genoem 46Kibrot-Hattáäwa; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was.
| 46 Dit is, grafte van lus. ’n Staanplek so genoem, omdat diegene daar begrawe is wat gewalg het van die manna en hulle lus met vleis versadig het; wat die HERE wel aan hulle gegee het, maar in sy toorn. |
Van Kibrot-Hattáäwa af het die volk weggetrek na 47Háserot toe, en 48hulle het in Háserot gebly.
| 47 ’n Ander staanplek van die Israeliete in die woestyn. Sien hieroor ook Núm. 33:17. Deut. 1:1.
48 Hebr. hulle was in Háserot. |
Bevel om twee silwertrompette te maak.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Maak vir jou 1twee silwertrompette; van 2dryfwerk moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dien om die vergadering byeen te roep en om die laers te laat opbreek.
| 1 Die gebruik van silwertrompette was drieërlei: (1) Om die vergadering byeen te roep, soos in hierdie vers, naamlik kerklik, verse 3, 7, 10, en burgerlik, vers 4. (2) Om die laer te laat opbreek, verse 2, 5, 6. (3) Om die krygsmanne die wapen te laat opneem en gereed te maak vir die stryd teen die vyande, vers 9.
2 Of: beslaande werk. Sien Núm. 8:4 se kanttekening, waar gespreek word van die kandelaar wat van dryfwerk uit goud gemaak was. |
As 3hulle dan 4daarop 5blaas, moet die hele vergadering by jou byeenkom by die ingang van die tent van samekoms.
| 3 Naamlik die priesters, wat die opdrag daartoe gekry het. Sien vers 8.
4 Dit is, op beide, soos blyk uit die vergelyking met die volgende vers. 5 Naamlik, nie alarm maak nie, soos in verse 5, 6, maar met ’n eentonige en gelyke aaneenlopende klank; soos uit die teenstelling met hierbo genoemde verse af te lei is. |
Maar as hulle op een daarvan blaas, moet by jou byeenkom die owerstes, die stamhoofde van Israel.
En as julle 6alarm 7blaas, moet die laers opbreek wat aan die oostekant staan.
| 6 Verstaan hierdeur klanke wat nie altyd dieselfde, eentonig en gelyk is nie, maar verskeie, trillende en ongelyke klanke. So word die Hebreeuse woord gebruik in verse 6, 7, 9.
7 Naamlik die eerste keer; soos af te lei is uit die teenstelling van die volgende vers. |
Maar as julle die tweede keer alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle moet opbreek.
Maar as die vergadering byeen moet kom, moet julle blaas, maar nie alarm maak nie.
En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas; en dié trompette moet vir julle 8’n ewige insetting in julle geslagte wees.
| 8 Hebr. insetting van ewigheid. Sien Gén. 13:15 se kanttekening. |
En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; 9dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
| 9 Verstaan dat die volk se verlossing en voorspoed nie van die blaas van die trompette afgehang het nie, maar dat hulle dit slegs moes laat klink en optrek in die stryd, as hulle dit op God se bevel gedoen en op sy hulp gesteun het; in welke geval die geklank van die trompette vir hulle ’n teken geword het van God se bystand. Hoe gedenk aan God toegeskryf word, sien Gén. 8:1 se kanttekening. |
Op die dag as julle 10vrolik is, sowel as op julle 11feestye en by die 12begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle 13in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die HERE julle God.
| 10 Dit is, wanneer die HERE ’n merkbare straf van julle weggeneem of ’n besondere weldaad aan julle bewys het; waaroor hulle dan vrolik was en God openlik in die vergadering gedank het. Sien Psalm 48 en 118.
11 Waartydens die opregte vreugde hulle nie net toegelaat was nie, maar ook beveel was, Deut. 16:14. 12 Hebr. hoofde, so ook in Núm. 28:11. Sien hiervan ’n voorbeeld in Nehemía 8, vgl. daar vers 1 met verse 10, 11. 13 Die betekenis is dat die HERE hulle genadig sou wees en aan hulle sou goed doen, as hulle volgens sy bevel sou byeenkom, om Hom vir sy weldade te loof en te dank. Vgl. hiermee die voorgaande vers en die kanttekening. |
Optog van die Israeliete uit die woestyn Sinai.
IN die tweede jaar, in die 14tweede maand, op die twintigste van die maand, het die 15wolk opgetrek van die tabernakel 16van die Getuienis af.
| 14 Sien oor hierdie maand Núm. 1:1 se kanttekening.
15 Waarvan gespreek is in Núm. 9:15. 16 Sien Núm. 1:50 se kanttekening. |
En die kinders van Israel het 17van plek tot plek weggetrek uit die woestyn Sinai, en die wolk het gaan 18rus in die woestyn 19Paran.
| 17 Of: volgens hulle reise. Dit is, in die laerordes soos God hulle beveel en voorgeskryf het om te reis, Númeri 2.
18 Hebr. woon. 19 Sien Gén. 14:6 se kanttekening. Voordat die kinders van Israel ten volle in hierdie woestyn aangekom het, het hulle eers nog ’n staanplek gehad, genaamd Tabéra, Núm. 11:3; daarna nog ’n ander een, genaamd Kibrot-Hattáäwa, Núm. 11:34; en dan nog ’n derde, genaamd Háserot, Núm. 11:35. Van daar het hulle uiteindelik in die woestyn Paran aangekom, Núm. 12:16. |
So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die 20bevel van die HERE deur die 21diens van Moses.
| 20 Hebr. mond. Sien Gén. 41:40 se kanttekening.
21 Hebr. hand. Dit is, beleid. Sien Ex. 4:13 se kanttekening. |
En eerste het weggetrek die vaandel van die laer van Juda se kinders a22volgens hulle leërafdelings; ben oor sy afdeling was Nagson, die seun van Ammínadab.
| a Núm. 2:3.
b Núm. 1:7. |
22 Dit is, volgens die orde wat in die laer van Juda gestel was, met owerstes van duisende en van honderde daarin. So ook in dit wat volg. |
En oor die afdeling van die stam van Íssaskar se kinders was Netáneël, die seun van Suar.
En oor die afdeling van die stam van Sébulon se kinders was Elíab, die seun van Helon.
Toe is die tabernakel afgebreek; en die seuns van Gerson en die seuns van Merári, die draers van die tabernakel, het 23weggetrek.
| 23 Hulle het dadelik ná die vaandel van die kinders van Juda vertrek, sodat hulle ondertussen die tabernakel kon oprig, vir wanneer die Kehatiete sou kom, wat die heiligdom of die heilige voorwerpe fisies moes dra. Sien vers 21. |
Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elísur, die seun van Sedéür.
En oor die afdeling van die stam van Símeon se kinders was Selúmiël, die seun van Surísaddai.
En oor die afdeling van die stam van Gad se kinders was Éljasaf, die seun van Réhuel.
Daarna het die Kehatiete, die draers van cdie heiligdom, weggetrek. En die 24ander het die tabernakel opgerig voordat 25hulle aangekom het.
| c Núm. 4:4. | 24 Naamlik die Gersoniete en Merariete, wat die voorhoede saam met die laer van die stam van Juda gevorm het, soos te sien is uit vers 17.
25 Naamlik die Kehatiete. |
Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Efraim se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elisáma, die seun van Ammíhud.
En oor die afdeling van die stam van Manasse se kinders was Gámliël, die seun van Pedásur.
En oor die afdeling van die stam van Benjamin se kinders was Abídan, die seun van Gideóni.
Toe het weggetrek die vaandel van die laer van Dan se kinders wat, volgens hulle leërafdelings, 26die agterhoede vir al die leërs was; en oor sy afdeling was Ahiëser, die seun van Ammísaddai.
| 26 Hebr. vergaderende al die leërs. Dit was so gestel omdat die stam van Dan met die twee ander wat by hom gevoeg was, die agterhoede gevorm het en só almal wat voor hulle was as ’t ware gesluit het, sodat niemand sou agterbly nie. Só word ook van die agterhoede gespreek in Jos. 6:13. |
En oor die afdeling van die stam van Aser se kinders was Págiël, die seun van Ogran.
En oor die afdeling van die stam van Náftali se kinders was Ahíra, die seun van Enan.
27Dit is die optogte van die kinders van Israel volgens hulle leërafdelings. En hulle het weggetrek.
| 27 Dit is, dit was die orde wat die Israeliete behou het tydens die wegtrek en reis. |
En Moses het vir Hobab, die seun van 28Réhuel, die Midianiet, die 29swaer van Moses, 30gesê: Ons trek na die plek waarvan die HERE gesê het: Ek sal dit aan julle gee. Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want die HERE 31het oor Israel goeie dinge gespreek.
| 28 Hebr. Réuel, of Réhuel.
29 Hebr. skoonvader. Die vers lees dan: En Moses het vir Hobab, die seun van Réhuel (die Midianiet, die skoonvader van Moses), gesê, ens. Hobab was dus die swaer van Moses. 30 Sommige meen dat dit gebeur het toe hulle die eerste keer in die woestyn na hom toe gekom het, Ex. 18:27. 31 Vgl. Gén. 18:19. |
Maar hy het vir hom gesê: 32Ek sal nie saamtrek nie; maar ek sal na my land en my familie gaan.
| 32 Sommige meen dat hy dit slegs vir dié tydperk absoluut weier, omdat hy eers huis toe wou gaan, maar daarna sou teruggekeer het na die Israeliete, omdat die Skrif vermeld dat sy nageslag onder hulle gewoon het, Rig. 1:16; 4:11, 17. 1 Sam. 15:6. 2 Kon. 10:15 en die kanttekening. 1 Kron. 2:55. Jer. 35:2. |
Toe sê hy: Moet ons tog nie verlaat nie, juis daarom dat jy weet hoe ons laer moet opslaan in die woestyn, en jy sal vir ons as 33oë dien.
| 33 Hebr. as twee oë, dit is, as ’n bekwame leidsman of wegwyser om ons op die beste manier te lei oor hierdie ongebaande, onbekende en woeste weg, wat aan jou beter bekend is as aan ons. Anders: en jy het as ons oë gedien. |
En as jy met ons saamtrek, sal ons daardie goeie wat die HERE aan ons sal doen, ook aan jou doen.
En hulle het van die 34berg van die HERE af drie dagreise ver getrek; en die 35verbondsark van die HERE het drie dagreise ver voor hulle uit 36getrek om vir hulle ’n rusplek uit te soek.
| 34 Verstaan die gebergte van Sinai en Horeb, die berg van die HERE genoem, omdat God Hom daar geopenbaar en sy Wet gegee het. Sien Ex. 3:1; 33:6. Deut. 1:2. 1 Kon. 19:8.
35 So genoem omdat die twee kliptafels daarin was wat Moses daarin neergelê het, toe die HERE ’n verbond met die kinders van Israel gesluit het toe hulle uit Egipte na die land Kanaän getrek het, Ex. 25:16. 1 Kon. 8:9. 2 Kron. 5:10. 36 Naamlik, terwyl dit gedra is deur die priesters, Deut. 31:9. |
En die wolk van die HERE was bedags oor hulle as hulle uit die laer wegtrek.
En as die ark wegtrek, het Moses gesê: dStaan op, HERE, 37dat u vyande verstrooi kan word en u haters voor u aangesig kan vlug.
| d Ps. 68:2. | 37 Anders: u vyande sal verstrooi word en, ens. |
En as dit rus, het hy gesê: 38Keer terug, HERE, na die 39tienduisende van die duisende van Israel!
| 38 Anders: Rus, HERE, by die tienduisende, ens.
39 Dit is, na die baie groot menigte van die kinders van Israel, wat byna ontelbaar is. |
Verhaal van die paasfees in die woestyn.
EN die HERE het met Moses 1gespreek in die woestyn Sinai — in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, 2in die eerste maand — en gesê
| 1 Dit wat beskryf word in verse 1-7 het die HERE gespreek vóór die telling van die Israeliete, soos in Núm. 1:1 beskryf, wat plaasgevind het in die tweede maand van die tweede jaar; maar hierdie beskrywing word nou daarna ingevoeg, as gevolg van die onreine en reisende mense, wat die pasga nie in die eerste maand kon hou nie en dit daarom na die tweede maand uitgestel is. Sien vers 11.
2 Deur die Hebreërs Nisan genoem, Neh. 2:1. Est. 3:7, anders: Abib. Sien Ex. 13:4 se kanttekening; Ex. 23:15. Dit het die meeste ooreengekom met ons Maart. |
dat die kinders van Israel die 3apasga op die 4bepaalde tyd moet hou.
| a Ex. 12:1, ens. Lev. 23:5. Núm. 28:16. Deut. 16:2. | 3 Sien oor hierdie woord Ex. 12:11 en Lev. 23:5 se kanttekeninge.
4 Sien Ex. 12:6. |
Op die veertiende dag in hierdie maand, 5teen die aand, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy 6insettinge en al sy verordeninge moet julle dit hou.
| 5 Hebr. tussen die aande. Sien oor hierdie manier van spreek Ex. 12:6 se kanttekening.
6 Sien hieroor Exodus 12; 23. Levítikus 23. |
Toe het Moses met die kinders van Israel gespreek dat hulle die pasga moet hou.
En hulle het die pasga gehou op die veertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.
En daar was 7manne wat deur die 8lyk van ’n mens 9onrein geword het en 10op dieselfde dag die pasga 11nie kon hou nie. Daarom het hulle nader gekom voor Moses en Aäron op dieselfde dag,
| 7 Deur die Hebreeuse woord, wat eintlik manne beteken, word hier ook vroue verstaan.
8 Hebr. siel; sien Lev. 19:28 se kanttekening. En so ook in die volgende vers. 9 Naamlik volgens die seremoniële wet, wat die geestelike onreinheid aandui. Verstaan diegene wat onrein was omdat hulle ’n lyk aangeraak het, of in die huis waarin ’n lyk was, ingegaan het, of saamgegaan het om die lyk te begrawe. Sien Lev. 21:1, 11. 10 Dit is, op die gewone en bepaalde dag. 11 Sien Lev. 7:20, waar die wat onrein is verbied word om van die dankoffers te eet. |
en dié manne het vir hom gesê: Ons is onrein deur die lyk van ’n mens; waarom moet ons 12te kort gedoen word, dat ons 13die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd onder die kinders van Israel sou bring nie?
| 12 Of: agtergehou, of afgehou word.
13 Verstaan die paaslam, wat hier, in vers 13 en in Ex. 12:27 so genoem word, deels omdat die slag daarvan volgens die bevel van God plaasgevind het, om die gedagtenis van hul verlossing uit Egipte te onderhou en God daarvoor danksegging te offer, Ex. 12:27, deels omdat die slag daarvan ’n voorbeeld was van die offer van onse Here Jesus Christus, 1 Kor. 5:7. |
En Moses het vir hulle gesê: Bly staan, dat ek kan hoor wat die HERE julle sal beveel.
Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand van julle of van julle geslagte deur ’n lyk onrein word of op ’n ver reis is, moet hy tog die pasga vir die HERE hou.
In die tweede maand, op die veertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en 14bitter kruie moet hulle 15dit eet.
| 14 Hebr. bitterhede.
15 Naamlik die pasga, dit is, verbygang. Sien ook hierdie manier van spreek in Deut. 16:7. 2 Kron. 30:18. Joh. 18:28, en verstaan die paaslam, wat ’n verbygang genoem word, oor die redes vermeld in Lev. 23:5 se kanttekening. Dieselfde spreekwyse word gevind in die pasga slag, Ex. 12:21. Deut. 16:2, 6, die pasga kook, Deut. 16:7. |
Hulle moet bdaarvan niks laat oorbly tot die môre toe of ’n been daaraan breek nie; volgens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou.
| b Ex. 12:46. Joh. 19:33, 36. |
Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, dié siel moet 16uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd gebring nie. 17Dié man moet sy sonde dra.
| 16 Sien Gén. 17:14 se kanttekening.
17 Sien Lev. 5:1 se kanttekening. |
En as ’n vreemdeling by julle vertoef en die pasga vir die HERE hou, moet hy dit hou volgens die insetting van die pasga en volgens 18die verordening daarvan. cDit moet een insetting vir julle wees, vir die vreemdeling sowel as die kind van die land.
| c Ex. 12:49. | 18 Sien Lev. 5:10 se kanttekening. |
Die wolk- en vuurkolom bo die tabernakel.
EN dop die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die 19wolk die tabernakel 20van die tent 21van die Getuienis oordek, en in die aand was dit oor die tabernakel soos ’n gedaante van vuur, tot die môre toe.
| d Ex. 40:34. | 19 Sien hieroor Ex. 13:21 se kanttekening.
20 Dit is, nie eintlik oor die voorhof nie, wel gedeeltelik oor die Heilige, maar vernaamlik oor die Allerheiligste, waar die ark van die Getuienis was. 21 Sien Núm. 1:50 se kanttekening. |
So was dit altyddeur: die wolk het 22dit 23oordek, en snags ’n gedaante van vuur.
| 22 Naamlik die tabernakel.
23 Naamlik in die dag, soos te sien is in Ex. 13:21 en af te lei is uit die voorgaande vers. |
En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan —
volgens 24die bevel van die HERE het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die HERE laer opgeslaan; eal die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan.
| e 1 Kor. 10:1. | 24 Hebr. die mond. Dit is, volgens die bevel of voorskrif van die HERE; verstaan volgens wat God deur die wolk, wat ’n teken van sy teenwoordigheid was, te kenne gegee het, hetsy dat dit opgetrek het of gerus het. Want dit was vir die Israeliete soos ’n bevel van die HERE, wat hulle in die wegtrek en in die opslaan van die laer moes volg. |
En as die wolk baie dae oor die tabernakel 25bly, het die kinders van Israel die diens van die HERE 26waargeneem en nie weggetrek nie.
| 25 Hebr. verleng, vertoef.
26 Dit is, hulle het die beoefening van die hele godsdiens in die tabernakel nougeset onderhou. Vgl. Lev. 8:35. Núm. 3:7. Hulle het ook ag gegee op dit wat die HERE gedoen het; naamlik of Hy die wolk laat optrek of laat rus het, waarvolgens hulle óf moes wegtrek óf in die laer moes bly staan. |
Maar somtyds was die wolk net 27’n paar dae oor die tabernakel — volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek.
| 27 Hebr. dae van getal, dit is, ’n paar. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 34:30 en die kanttekening. |
En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre — as die wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag — as die wolk optrek, het hulle weggetrek;
of ná twee dae of ’n maand of 28langer — as die wolk lank oor die tabernakel bly, fhet die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.
| f Ex. 40:36, 37. | 28 Hebr. dae. As hierdie woord alleen gestel word, beteken dit soms ’n paar, of baie dae, sien Gén. 4:3 se kanttekening, of ’n hele jaar, sien Lev. 25:29 se kanttekening. |
Volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek. Hulle het die voorskrif van die HERE in ag geneem volgens die bevel van die HERE 29deur die diens van Moses.
| 29 Hebr. deur die hand van Moses. Sien Ex. 4:13 en Lev. 8:36 se kanttekeninge. |
Die opsteek van die lampe.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe 1opsteek, moet die sewe lampe a2aan die voorkant van die kandelaar lig gee.
| a Ex. 25:37. | 1 Hebr. laat opgaan.
2 Hebr. teenoor die aangesig van die kandelaar, dit is, aan beide kante van die stam van die kandelaar; wat as ’t ware sy liggaam was. Want die kandelaar het aan sy stam ses arms, met daarop ses lampe gehad, en een aan die stam; wat as dit aangesteek is, aan die sykante van die kandelaar lig gegee het. Sien Ex. 25:37. |
En Aäron het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy dié lampe opgesteek soos die HERE Moses beveel het.
En dit was die maaksel van die kandelaar: 3dryfwerk uit bgoud; selfs sy voetstuk en sy blomme was dryfwerk; volgens die 4beeltenis wat die HERE aan Moses 5getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.
| b Ex. 25:31. | 3 Dit is, van suiwer en soliede goud, of van een klomp goud saam bewerk, en nie van verskillende stukke en dele aanmekaargeheg nie. Sien Ex. 25:31 se kanttekening.
4 Hebr. voorkoms of gesig, dit is, patroon. 5 Naamlik op die berg, Ex. 25:40. |
Reiniging van die Leviete.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit en 6reinig hulle.
| 6 Wat plaasgevind het toe die Leviete, terwyl hulle openlik tot die diens van die HERE van die ander stamme afgesonder is, met die reinigingswater besprinkel, geskeer en hul klere gewas en offers vir hulle gebring is. Sien die volgende verse. |
En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hulle 7water van ontsondiging; en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself reinig.
| 7 Dit is, water om te ontsondig en volgens die seremoniële wet van sondes te reinig. Sien oor hierdie water Númeri 19, waar dit in vers 9 reinigingswater genoem word. |
Daarna moet hulle 8’n jong bul neem en die spysoffer wat daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en ’n ander jong bul moet jy as sondoffer neem.
| 8 Hebr. die seun van ’n bees, en so ook in dit wat volg. |
En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat nader kom en die hele vergadering van die kinders van Israel versamel.
Dan moet jy die Leviete voor die aangesig van die HERE laat nader kom, en 9die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete lê.
| 9 Verstaan die owerstes van die stamme en sommige vernaamstes, wat in die naam van die hele gemeente hierdie en ander soortgelyke handelinge verrig het. Sien oor die oplegging van die hande Gén. 48:14 en Lev. 1:4 se kanttekeninge. |
En Aäron moet die Leviete as 10beweegoffer 11beweeg voor die aangesig van die HERE namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die HERE te verrig.
| 10 Sien oor die beweegoffer, soos dit eintlik en in die besonder genoem word, Lev. 7:30 se kanttekening. Maar hier wil dit voorkom of die Hebreeuse woord in die algemeen gebruik is vir dit wat aan God geoffer en toegewy word; soos dit staan in Ex. 35:22; 38:24, 29 en hier in verse 13, 15, 21. Hoewel die eerste betekenis (volgens sommige se mening) hier ook toepaslik kan wees, naamlik, dat hulle in die vier windrigtings beweeg was.
11 Dit is, offer, gee of toewy. |
En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bulle lê; en berei jy een as sondoffer en een as brandoffer vir die HERE, om vir die Leviete versoening te doen.
Dan moet jy die Leviete stel voor Aäron en sy seuns en hulle as beweegoffer aan die HERE beweeg.
En jy moet die Leviete onder die kinders van Israel uit afsonder, dat die Leviete cmyne kan wees.
| c Núm. 3:45. |
En daarna moet die Leviete inkom om die tent van samekoms te bedien. 12So moet jy hulle dan reinig en hulle as beweegoffer beweeg.
| 12 Anders: As jy hulle gereinig het, ens. |
Want hulle is heeltemal aan My 13gegee onder die kinders van Israel uit, in die plek van alles 14wat die moederskoot open — al die eersgeborenes uit die kinders van Israel — het Ek hulle vir My geneem.
| 13 So ook in Núm. 3:9.
14 Sien Núm. 3:12 se kanttekening. |
Want dal die eersgeborenes onder die kinders van Israel is myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek hulle vir My geheilig.
| d Ex. 13:2; 22:29; 34:19. Lev. 27:26. Núm. 3:13. Luk. 2:23. |
eEn Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem
| e Núm. 3:12. |
en die Leviete 15gegee — hulle is gegee aan Aäron en sy seuns onder die kinders van Israel uit 16om die dienswerk van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen, sodat daar geen 17plaag mag wees onder die kinders van Israel as die kinders van Israel 18na die heiligdom aankom nie.
| 15 Hebr. gegewene gegee.
16 Dit is, sodat hulle in hul persoon die plek van die eersgeborenes van die Israeliete in stand sou hou, sien Núm. 3:7 se kanttekening, en deur hul diens die soenoffers bedien, wat vir almal, soos die geleentheid hom voordoen, gedoen moes word. 17 Soos met koning Ussía gebeur het, 2 Kron. 26:16. 18 Wat die Leviete daarom in hulle naam moes doen. |
En Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel het met die Leviete gedoen net soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van Israel met hulle gedoen.
En die Leviete het hulleself 19ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle 20beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.
| 19 Wat volgens die seremoniële wet plaasgevind het deur wassing, besprinkeling en offers, Lev. 15:13-15. Núm. 19:11, 12, ens.
20 Sien vers 11 se kanttekening. |
En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig; soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Dit is die saak wat die Leviete betref: 21Van vyf-en-twintig jaar oud en daarbo moet hy kom 22om sy plig te vervul by die dienswerk van die tent van samekoms.
| 21 Die Leviete was ten opsigte van hul ouderdom verdeel in vier groepe. (1) Die wat van hul kinderdae tot hul vyf-en-twintigste jaar soos leerlinge onderrig was in die dinge wat die wet en hul diens aangegaan het. (2) Die wat vyf-en-twintig tot dertig jaar oud was, het begin werk en prakties toegepas wat hulle geleer het. (3) Die wat tussen dertig en vyftig jaar oud was, het die hele en volledige diens van die Levitiese amp bedien. (4) Die wat vyftig jaar en ouer was, was vry van die dienswerk, maar het wel toesig gehad oor diegene wat daadwerklik bedien het. Vgl. Núm. 3:15 se kanttekening.
22 Sien Núm. 4:3 se kanttekening. |
Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van diensplig en nie meer dien nie —
hy kan sy 23broers in die tent van samekoms behulpsaam wees 24om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte.
| 23 Dit is, die ander Leviete, wat in die tabernakel gedien het, wat nog nie vyftig jaar oud was nie.
24 Dit is, om toesig te hou oor diegene wat in die tabernakel gedien het, sodat alles ordelik en stigtelik deur hulle uitgerig is, volgens die wette van God wat daaroor gehandel het. |
Offerandes van die twaalf stamowerstes ná die oprigting en heiliging van die tabernakel.
EN 1op die dag toe Moses adie tabernakel klaar opgerig en dit gesalf en geheilig het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en geheilig het,
| a Ex. 40:18. | 1 Verstaan die eerste dag van die eerste maand van die tweede jaar nadat hulle uit Egipte weggetrek het. Sien Ex. 40:17, 18. |
het die 2owerstes van Israel, die hoofde van hulle families, offers gebring — hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het —
| 2 Sien Núm. 1:16 se kanttekening. |
hulle het hul offer voor die aangesig van die HERE gebring: ses 3tentwaens en twaalf beeste; ’n wa vir twee owerstes en ’n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel 4gebring.
| 3 Dit is, waens met hoë, boogvormige oordekkings, om dit wat daarbinne was te beskerm.
4 Anders: geoffer. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan 5elkeen volgens sy dienswerk.
| 5 Naamlik aan elke geslag van die Leviete, dit is, aan die Gersoniete, Kehatiete en Merariete, wie se ampte en take voorheen beskryf is in Númeri 3 en 4. |
Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Leviete gegee:
twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gerson gegee volgens hulle dienswerk;
en 6vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Merári gegee volgens hulle dienswerk, 7onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.
| 6 Sien oor die rede waarom hy aan die Merariete meer waens en beeste gegee het as vir die Gersoniete, Núm. 3:36 se kanttekening.
7 Dit is, onder die bestuur en toesig van Ítamar. Sien Gén. 41:35 se kanttekening. |
Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens 8van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes 9dit op die skouers dra.
| 8 Dit word genoem in Núm. 4:4, ens.
9 Sien Núm. 4:15 se kanttekening. |
En die owerstes het die 10inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer 11voor die altaar gebring.
| 10 Die Hebreeuse woord beteken eintlik die werk waardeur iets deur sekere seremonies tot ’n besondere gebruik aan die HERE geheilig word, 2 Kron. 7:9. Esra 6:16, en hier in dit wat volg.
11 Naamlik die brandofferaltaar. |
En die HERE het aan Moses gesê: 12Elke owerste moet, elkeen op ’n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar.
| 12 Hebr. ’n Owerste op ’n dag, ’n owerste op ’n dag. Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 7:2 se kanttekening. |
En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was 13Nagson, die seun van Ammínadab, van die stam van Juda.
| 13 Dit is, hy het nie vir homself geoffer nie, maar in die naam van en vanweë die hele stam van Juda. En so moet dit ook verstaan word ten opsigte van die owerstes wat hierna volg, dat hulle vir hul stam geoffer het. |
En sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die 14sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng 15as spysoffer;
| 14 Dit is dubbel soveel as ’n gewone of burgerlike sikkel. Sien Gén. 20:16 en 23:15 se kanttekeninge.
15 Sien oor die spysoffer Lev. 2:1 se kanttekening. |
een 16rookpan van tien 17sikkels goud, vol reukwerk;
| 16 Anders: kookpan, koppie of lepel.
17 Sien oor die waarde van ’n goue sikkel Gén. 24:22 se kanttekening. |
18een jong bul, een ram, 19een jaaroud lam 20as brandoffer;
| 18 Hebr. die seun van ’n bees, en so ook in dit wat volg.
19 Hebr. seun van sy jaar, en so ook in dit wat volg. 20 Sien Gén. 8:20 en Lev. 6:9 se kanttekeninge. |
een bokram as 21sondoffer;
| 21 Sien Lev. 4:3 se kanttekening. |
en 22as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf 23jaaroud lammers. Dit was die offer van Nagson, die seun van Ammínadab.
| 22 Sien Lev. 3:1 se kanttekening.
23 Hebr. seuns van ’n jaar, en so ook in dit wat volg. |
Op die tweede dag het Netáneël, die seun van 24Suar, die owerste van Íssaskar, aangebring —
| 24 Hebr. Tsuar. |
hy het sy offer gebring: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een 25rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
| 25 Naamlik van goud. Sien vers 84. |
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Netáneël, die seun van Suar.
Op die derde dag 26die owerste van die kinders van Sébulon, Elíab, die seun van Helon.
| 26 Naamlik, hy het sy offer gebring. Soos in vers 19, en so ook in dit wat volg. |
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elíab, die seun van Helon.
Op die vierde dag die owerste van die kinders van Ruben, 27Elísur, die seun van Sedéür.
| 27 Hebr. Elítsur. |
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elísur, die seun van Sedéür.
Op die vyfde dag die owerste van die kinders van Símeon, Selúmiël, die seun van 28Surísaddai.
| 28 Hebr. Tsurísjaddai. |
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Selúmiël, die seun van Surísaddai.
Op die sesde dag die owerste van die kinders van Gad, Éljasaf, die seun van Réhuel.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Éljasaf, die seun van Réhuel.
Op die sewende dag die owerste van die kinders van Efraim, Elisáma, die seun van Ammíhud.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elisáma, die seun van Ammíhud.
Op die agtste dag die owerste van die kinders van Manasse, Gámliël, die seun van 29Pedásur.
| 29 Hebr. Pedátsur. |
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Gámliël, die seun van Pedásur.
Op die negende dag die owerste van die kinders van Benjamin, Abídan, die seun van Gideóni.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Abídan, die seun van Gideóni.
Op die tiende dag die owerste van die kinders van Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahiëser, die seun van Ammísaddai.
30Op die elfde dag die owerste van die kinders van Aser, Págiël, die seun van Ogran.
| 30 Hebr. Op die dag van elf dae. |
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Págiël, die seun van Ogran.
Op die 31twaalfde dag die owerste van die kinders van Náftali, Ahíra, die seun van Enan.
| 31 Hebr. Op die dag van twaalf dae. |
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahíra, die seun van Enan.
Dit was die inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne —
elke skottel honderd-en-dertig sikkels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was tweeduisend-vierhonderd volgens die sikkel van die heiligdom —
twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tien sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die rookpanne was honderd-en-twintig sikkels.
Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud lammers twaalf, met hulle spysoffer; en twaalf bokramme as sondoffer.
En al die beeste vir die dankoffer was vier-en-twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is.
En as Moses in die 32tent van samekoms gegaan het om 33met Hom te spreek, het hy die stem met hom hoor spreek van die versoendeksel af wat op die ark van die Getuienis is, 34tussen die twee gérubs uit. 35So het Hy dan met hom gespreek.
| 32 Verstaan toe dit ingewy en tot diens van die HERE geheilig was. Voor dit het God met Moses op die berg Sinai en andersins ook gespreek.
33 Naamlik met die HERE. 34 Daarom word van God gesê dat Hy op of bo-oor die gérubs troon, 1 Sam. 4:4. 2 Kon. 19:15. Ps. 80:2. 35 Naamlik, soos Hy belowe het, Ex. 25:22. |
Wet oor die nasireërsgelofte.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As ’n man of ’n vrou ’n besondere gelofte aflê, die gelofte van ’n 1nasireër, om hom aan die HERE te wy,
| 1 Die Hebreeuse woord nazir, geskryf met die letter zajin, beteken ’n afgesonderde, naamlik van die wêreld, om hom heeltemal tot die bedenking van goddelike dinge en die waarneming van die heilige godsdiens oor te gee. Die nasireërs was ’n beeld wat in Christus nie letterlik nie, maar geestelik vervul is. Sien oor hulle ook Rig. 13:5. Klaagl. 4:7 en die kanttekening. Amos 2:11. Hulle moet onderskei word van diegene wat met die letter sade geskryf en Nasaréners genoem word, van die stad Násaret, soos die Here Christus ook ’n Nasaréner genoem word, Matt. 2:23, en die Christene Nasaréners, Hand. 24:5. Die nasireërs was tweërlei: (1) Die wat God uitdruklik daartoe verkies het, soos Simson, Rig. 13:5, en (volgens sommige) Johannes die Doper, Luk. 1:15. (2) Die wat deur vrywillige gelofte nasireërs geword het, waarvan hier gespreek word. |
moet hy hom van wyn en 2sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen 3druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.
| 2 Sien Lev. 10:9 se kanttekening.
3 Of: vogtigheid van druiwe. |
Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet van alles wat van die 4wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en 5doppe nie.
| 4 So ook in Rig. 13:14. Dit is, wat wyndruiwe dra en wyn voortbring. Die teendeel is ’n wynstok wat dit nie doen nie, Hag. 2:19.
5 Of: skilletjies. |
Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geen askeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan die HERE toewy, moet hy 6heilig wees — hy moet die hare van sy hoof vry laat groei.
| a Rig. 13:5. 1 Sam. 1:11. | 6 Dit is, aan die HERE geheilig en toegewy. |
Al die dae dat hy hom aan die HERE gewy het, mag hy nie by ’n 7dooie kom nie.
| 7 Hebr. siel. Sien vers 11. Lev. 19:28 se kanttekening. |
Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy suster — aan hulle mag hy hom nie verontreinig as hulle dood is nie; want die 8wyding van sy God is op sy hoof.
| 8 Dit is, die teken van sy nasireërskap of wyding, naamlik sy lang hare, wat hy solank sy gelofte geduur het, ongeskeer moes laat. Vgl. verse 9, 19. |
Al die dae van sy nasireërskap is hy heilig aan die HERE.
En as heeltemal onverwags iemand by hom sterwe, sodat hy 9sy gewyde hoof verontreinig, moet hy op die dag van sy reiniging sy hoof 10skeer; op 11die sewende dag moet hy dit skeer.
| 9 Sien vers 7 se kanttekening.
10 Dit is, sy hare tot op die vel met ’n skeermes afskeer. 11 So lank moes ’n mens wat ’n dooie aangeraak het, as onrein beskou word. Sien Núm. 19:11. Vgl. Núm. 12:14. |
En op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee 12jong duiwe na die priester, na die ingang van die tent van samekoms, bring.
| 12 Hebr. seuns van die duif. |
En die priester moet een as sondoffer en een as brandoffer berei en vir hom versoening doen vir wat hy 13uit oorsaak van die 14dooie 15gesondig het; so moet hy dan sy hoof op dieselfde dag 16heilig.
| 13 Of: by.
14 Hebr. siel. 15 Verstaan hierdie sonde van die seremoniële onreinheid, wat hy gekry het deur die dooie liggaam aan te raak, of daarby was, hoewel teen sy wete en wil. 16 Sien Lev. 8:10 se kanttekening. |
Daarna moet hy die dae van sy nasireërskap aan die HERE 17wy en 18’n jaaroud lam as skuldoffer bring; en die vorige dae moet 19wegval, omdat sy nasireërskap verontreinig is.
| 17 Naamlik, hom opnuut onthou van die dinge wat genoem is in verse 3-7, en weer begin met sy nasireërskap, asof hy tevore niks gedoen het nie, om daarin soveel dae as wat hy beloof het, te volhard.
18 Hebr. ’n seun van sy jaar. 19 Dit is, verniet en tevergeefs wees en wat nie in aanmerking kom nie. |
En dit is die wet 20van die nasireër: Op die dag as die dae van sy nasireërskap om is, moet hulle 21hom na die ingang van die tent van samekoms bring;
| 20 Dit is, van die offer van die nasireër.
21 Naamlik om hierdie offer, wat genoem word in verse 14, 15, te bring. |
en hy moet sy offer aan die HERE bring: 22een jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer en 23een jaaroud ooilam sonder gebrek as sondoffer en een ram sonder gebrek as dankoffer
| 22 Hebr. ’n seun van sy jaar.
23 Hebr. ’n dogter van haar jaar. |
en ’n mandjie ongesuurde koeke van fynmeel, koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk, en die 24spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort.
| 24 Spysoffer en drankoffer word so onderskei dat die eerste van droë, die ander van vogtige dinge was. Sien oor die spysoffer Lev. 2:1 se kanttekening en oor die drankoffer Lev. 23:37, en van beide onderskeidelik genoem, soos hier, Joël 1:9, 13. |
En die priester moet dit voor die aangesig van die HERE 25bring en die sondoffer en brandoffer vir hom berei.
| 25 Of: offer. |
Hy moet ook die ram as dankoffer aan die HERE gereedmaak saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester moet die spysoffer en 26drankoffer vir hom berei.
| 26 Vgl. Gén. 35:14 se kanttekening. |
Dan moet die nasireër by die ingang van die tent van samekoms 27bsy gewyde hoof skeer en die hare van sy gewyde hoof neem en dit op die vuur gooi wat onder die dankoffer is.
| b Hand. 21:24. | 27 Sien vers 9 se kanttekening. |
Verder moet die priester die gekookte blad van die ram afneem en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde platkoek; en hy moet hulle op die hande van die nasireër sit nadat dié sy 28gewyde hare afgeskeer het.
| 28 Dit is, die hare wat gedurende sy nasireërskap gegroei het. |
En die priester moet dit cbeweeg as 29beweegoffer voor die aangesig van die HERE. Dit is iets heiligs vir die priester saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die hefoffer. En daarna mag die nasireër wyn drink.
| c Ex. 29:27. | 29 Hoe die beweegoffer van die hefoffer onderskei word, sien Lev. 7:30 se kanttekening. |
Dit is die wet vir die nasireër wat sy offer aan die HERE beloof op grond van sy nasireërskap, 30behalwe wat hy verder kan bekostig. Volgens sy gelofte wat hy afgelê het, só moet hy doen 31volgens die wet van sy nasireërskap.
| 30 Dit is, behalwe dit wat hy bo die genoemde offer nog vrywillig volgens sy vermoë wou belowe en offer. Hy mog wel meer doen, maar nie minder nie, omdat die offer wat in hierdie wet voorgeskryf word, sowel die arme as die ryke opgelê is.
31 Anders: bo, of behalwe. |
Die priesterlike seën.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel 32seën deur vir hulle te sê:
| 32 Dit is, as priesters en dienaars van God in die algemene byeenkoms alle voorspoed, welvaart en saligheid aan die gemeente van God toewens. |
Die HERE 33sal jou seën en jou behoed;
| 33 Sien Gén. 12:2 se kanttekening. |
die HERE 34sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
| 34 Die aangesig van God beteken sy voorsienigheid en teenwoordigheid, om te straf of te seën. Sien oor die aangesig van straf of wraak Lev. 17:10. Ps. 34:17; 51:11. Hier word van die aangesig van guns en seëning gespreek, so ook in 2 Kron. 30:9. Ps. 13:2, ens. Van God word gesê dat Hy sy aangesig laat skyn, as Hy sy genade, seën en weldadigheid met die daad bewys, Ps. 31:17; 80:4, 8, 20; 119:135. Dan. 9:17. |
die HERE sal sy aangesig oor jou 35verhef en aan jou 36vrede 37gee.
| 35 Dit is, gedurig die oë van sy genadige voorsienigheid oor jou hou, om jou in- en uitgang te bewaar, tot jou beswil, wat God nie doen wanneer van Hom gesê word dat Hy sy aangesig verberg, of afwend nie, Deut. 32:20. Eség. 7:22.
36 Sien Gén. 37:14 se kanttekening. 37 Hebr. stel, dit is, jou vrede toevoeg, of aan jou vrede gee. |
So moet hulle dan 38my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.
| 38 Dit het plaasgevind deels met aanroeping van die goddelike Naam, deels met uitstrekking van hul hande oor die gemeente, asof hulle die seën van die HERE, waarvoor hulle gebid het, die hele volk van Godsweë met die daad wou toebring en op hulle lê. |
Bevel om al die onreines buitekant die laer af te sonder.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer awegstuur al die melaatse mense en almal wat ’n b1vloeiing het, en almal wat deur c’n 2lyk onrein is.
| a Lev. 13:3, 46.
b Lev. 15:2. c Lev. 21:1. |
1 Vgl. Lev. 15:2.
2 Hebr. siel. Sien Lev. 19:28 se kanttekening. |
3Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat 4hulle nie 5hul laer 6verontreinig 7waar Ek in hulle midde woon nie.
| 3 Hebr. van die man tot die vrou.
4 Naamlik die ander Israeliete. 5 Daar was (volgens die mening van sommige) drie laers: die laer van die HERE, wat die tabernakel was; die laer van die Leviete; en die laer van die Israeliete. Die melaatses was uitgesluit uit al drie die laers, die mense met vloeiing net uit die eerste twee. 6 Naamlik, deur enige sulke onreines tussen hulle te laat woon. 7 Dit is, by wie Ek deur my genade voortdurend bly, deur my spesiale voorsienigheid bewaar en beskerm, asook deur my Gees en Woord regeer en tot ewige saligheid lei. Vgl. Lev. 26:11, 12 met die kanttekeninge en Eség. 37:28. 2 Kor. 6:16. |
En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die HERE met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.
Wette oor die teruggawe van ontvreemde goed.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
dSpreek met die kinders van Israel: As ’n man of vrou enige 8menslike sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, en dié 9siel skuldig word,
| d Lev. 6:1, 3. | 8 Hebr. sonde van die mens. Verstaan die sonde wat die mense begaan uit menslike swakheid wat voortkom uit die aanklewende verdorwenheid van die natuur. Vgl. Lev. 5:2, 3. Hierdie vergrype word gestel teenoor die sonde wat uit moedswil plaasvind en met opgehewe hand, Núm. 15:30 se kanttekening. Of verstaan die sonde wat plaasvind volgens die wyse van die mense, wat van nature baie tot die sonde geneig is. Anders beteken sonde van die mens dit wat téén enige mens of naaste begaan is.
9 Dit is, persoon. Sien Gén. 12:5 se kanttekening. |
dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, 10bely; daarna moet 11hy wat hy 12skuldig is, eten volle teruggee en 13die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.
| e Lev. 6:5. | 10 Naamlik voor die priester, wat die offerande moes doen en die goedere vir hom mog neem, namens die HERE, indien daar geen losser was nie, vers 8 en vgl. Lev. 5:5, 6, 10-13.
11 Naamlik die skuldige. 12 Dit is, dit wat hy van sy naaste ontvreem het; waarmee hy hom skuldig gemaak het. 13 Naamlik, om daarmee die skade wat die eienaar gely het, te vergeld, omdat hy ontneem was van die gebruik van sy goed. |
Maar as 14die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die HERE, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.
| 14 Naamlik, aan wie die onreg gedoen is, omdat hy dood is, of geen bloedverwant, erfgenaam of iemand anders gehad het wat op die goedere aanspraak sou kon maak nie en aan wie die goedere teruggegee sou kon word nie. In so ’n geval het die priester die goedere ontvang, wat die HERE toegekom het. |
En elke 15heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet 16syne wees.
| 15 Die woord is hier nie spesifiek gestel nie, in teenstelling met beweegoffer, soos in Ex. 29:27, maar in die algemeen vir al die dinge wat deur iemand aan die priester gegee, en so aan God geheilig word, en wat daarna nie vir enige ander gebruik aangewend mag word as wat beveel is nie. So ook in Ex. 25:2. Núm. 15:19. Neh. 10:39.
16 Naamlik van die priester; so ook in die volgende vers. Sien Lev. 6:16 se kanttekening. |
fEn elkeen se heilige gawes — dit moet syne wees: wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.
| f Lev. 10:12. |
Wet oor die jaloersheid.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As 17iemand se vrou 18afwyk en ’n troubreuk teen hom begaan,
| 17 Hebr. man man, soos in Núm. 4:19, ens.
18 Naamlik volgens die vermoede en verdenking deur haar man, wat haar daarvan beskuldig dat sy die band van die huwelik deur owerspel gebreek het en daaroor so oorweldig is deur jaloersheid dat hy nie in sy gemoed gerusgestel kan word nie. |
en ’n man met haar 19vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie — hoewel sy haar 20verontreinig het — terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;
| 19 Sien hierdie selfde manier van spreek in Lev. 15:18; 19:20.
20 Naamlik deur owerspel. |
en daar kom 21’n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar inderdaad verontreinig het; of ’n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie verontreinig het nie;
| 21 Verstaan die emosie van jaloesie van ’n man oor die eerbaarheid van sy vrou, wanneer hy haar van kwaad verdink. Die woordjie gees beteken dikwels die gevoelens en emosies waardeur mense óf tot sondes en swakhede óf tot deugde en goeie werke innerlik geneë is of ook uiterlik gedryf word. Sien Jes. 19:14. Hos. 4:12. 1 Kor. 4:21. Gal. 6:1. 2 Tim. 1:7. |
dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: ’n tiende van 22’n efa garsmeel; hy moet daar 23geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit ’n spysoffer van jaloersheid is, ’n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.
| 22 Sien Ex. 16:36.
23 Die rede is, volgens die mening van sommige, dat die olie ’n teken was van die genade en geestelike gawes, en die wierook ’n teken van die aangename en lieflike geur, en beide was by so ’n geleentheid nie gepas nie. |
En die priester moet haar laat nader kom en haar 24voor die aangesig van die HERE stel.
| 24 Dit is, voor die tabernakel, waarin die ark was, as ’n teken van God se teenwoordigheid. Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
En die priester moet 25heilige water in ’n erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi.
| 25 Naamlik, wat uit die heilige waskom geneem is, wat by die brandofferaltaar staan, waarin die water was wat in die heilige godsdiens gebruik moes word. Sien Ex. 30:18; 40:30. |
Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van die HERE stel en 26die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit — ’n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die 27water van bitter smart wat 28die vloek bring.
| 26 Dit het plaasgevind: (1) Om te verklaar dat die vrou vry en vir haarself verantwoordelik was, daarom het sy die mag gehad om ’n eed te doen, soos daarenteen die bedekking van haar hoof ’n teken is dat sy onder die mag van haar man staan, 1 Kor. 11:5, 10. (2) Sodat sy duidelik gesien en uitgeken kon word en dat haar woorde en gebare deur die hele vergadering só beter waargeneem kon word. (3) Sodat sy des te meer skaamte en vrees sou hê om iets anders as die waarheid te verklaar, omdat sy as ’t ware onbedek staan voor die aangesig van God en die hele vergadering.
27 Dit word so genoem omdat die vrou met ’n swaar vervloeking van haarself, baie bitter smarte oor haarself sou bring, indien sy skuldig sou wees. Sien verse 24, 27. Vgl. Ex. 32:20. 28 Dit is, die straf van God, gemeld in vers 22. Sien ook vers 24. |
En die priester moet haar 29besweer en aan die vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy 30aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in onreinheid nie — wees dan 31vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.
| 29 Dit is, hy sal haar onder eed laat verklaar, of sy owerspel gepleeg het of nie. Anders: beëdig.
30 Anders: in die plek van jou man, dit is, met hom in die plek van jou man gelê het; so ook in verse 20, 29. 31 Dit is, onskuldig en onstrafbaar, sodat hierdie water jou nie skade aandoen nie. |
Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat ’n man behalwe jou eie man 32met jou vleeslike gemeenskap gehad het —
| 32 Hebr. by jou gelê het. Sien oor die Hebreeuse manier van spreek Lev. 18:20, 23; 20:15. |
so moet dan die priester die vrou met die eed 33van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die HERE jou 34tot ’n vervloeking en ’n verwensing maak onder jou volk deurdat die HERE jou heup laat inval en jou skoot laat opswel;
| 33 Die HERE wou hierdie wet op drie maniere bevestig hê: (1) Met ’n eed van vervloeking wat deur die beskuldigde vrou gedoen moes word, soos in hierdie vers en die volgende. (2) Met die beskrywing van hierdie handeling, wat deur die priester gedoen moes word, hoewel só dat die geskrif of blad in die water gedoop en afgespoel moes word, vers 23. (3) Met die bitter drink van die water van bitter smart (waarin die geskrewe vloek as ’t ware afgespoel was), wat die vroue ook moes doen, vers 24.
34 Dit is, tot ’n simbool van die vloek en van die valse eed, dat ander mense jou as ’n voorbeeld sal sien van ’n vervloekte persoon, wat nie net so ’n sonde begaan het nie, maar ook met ’n plegtige eed vermetel ontken het. |
en mag hierdie water wat die vloek bring, in jou ingewande ingaan om die skoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou sê: 35Amen, amen!
| 35 Amen is ’n woord wat die Hebreërs gebruik: (1) In die toestemming van ’n saak, Deut. 27:15, 16. Neh. 8:7. Openb. 5:14. (2) In die bevestiging en versekering van ’n verslag, Matt. 5:18; 6:2, ens. (3) In die toewensing van die goeie, Jer. 11:5; 28:6. Openb. 22:20. (4) In die aanneming en verwagting van ’n dreigende kwaad, soos hier. Dit word soms verdubbel, om die betekenis te vermeerder en te versterk, soos hier en in Ps. 89:53. Joh. 3:3, 11; 5:19, ens. Die woord beteken eintlik mag dit waar wees, of: dit is waar, of: so sal dit gebeur. |
Daarna moet die priester hierdie vervloekinge op ’n 36blad skrywe en dit in die water van bitter smart 37uitwis;
| 36 Of: geskrif.
37 Of: uitvee, afvee, afwas. |
en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat 38die vloek bring, in haar kan ingaan 39tot bitter smart.
| 38 Sien vers 18 se kanttekening.
39 Dit is, sodat sy die bitter straf van God ontvang indien sy skuldig is. |
En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die HERE beweeg en dit na die altaar bring.
Die priester moet ook van die spysoffer 40’n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.
| 40 Verstaan ’n deel van die offer, wat aangesteek moes word. Vgl. Lev. 2:2 en die kanttekening. |
En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, 41die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk 42’n vervloeking wees.
| 41 Die water het hierdie werking nie uit sy natuurlike krag gehad nie, maar uit die verordening van die HERE, wat daardeur as ’t ware deur ’n teken óf sy regverdige oordeel uitgevoer het teen die skuldige, óf sy belofte aan die onskuldige.
42 Sien vers 21 se kanttekening. |
Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en 43swanger word.
| 43 Dit is, vrugbaar wees. |
Dit is die wet oor die jaloersheid: As ’n vrou afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar verontreinig;
of as oor ’n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word — dan moet hy die vrou 44voor die aangesig van die HERE stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.
| 44 Sien vers 16 se kanttekening. |
En die man sal 45vry wees van ongeregtigheid, maar dié vrou sal haar 46ongeregtigheid dra.
| 45 Dit is, alhoewel die man sy vrou beskuldig het omdat hy haar van kwaad verdink het, so sal hy nogtans nie daarvoor gestraf word nie; óf omdat die man dit gedoen het sal hy onskuldig wees aan die owerspel van sy vrou, waar hy anders skuldig sou wees indien hy dit oorgesien het.
46 Sien Lev. 5:1 se kanttekening. |
Die diens van die Leviete.
EN die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Neem die 1volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle families,
| 1 Hebr. hoof. Sien Núm. 1:2 se kanttekening. |
van 2dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal 3wat 4dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.
| 2 Hebr. ’n seun van dertig jaar. So ook in dit wat volg. Sien Núm. 3:15 se kanttekening.
3 Of: wat tot hierdie stryd inkom, om, ens. Verstaan ’n heilige en kerklike stryd, waarin hulle die diens van die tabernakel volgens die vasgestelde orde moes waarneem. Soos die soldate in die krygsmag elk hul opdrag ordelik moet uitvoer. So word die kerkdiens ook ’n stryd of dienswerk genoem, hier en in verse 23, 30, 35 en Núm. 8:24, omdat die bedienaars die goeie orde daarvan moet hou om gedurig te werk, te waak en te stry teen die vyande van die mens se saligheid. Sien 1 Kor. 9:7. 2 Kor. 10:3. 1 Tim. 1:18. 2 Tim. 2:3, 4. 4 Anders: tot hierdie leër of leërskaar inkom. So ook in verse 30, 43. |
Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die tent van samekoms wees, naamlik die 5hoogheilige dinge.
| 5 Verstaan hierdeur die verbondsark, tafel met toonbrode, kandelaar, reukaltaar, voorwerpe en gereedskap van die heiligdom, en die brandofferaltaar. Hierdie dinge is vroeër in Núm. 3:31 bespreek, maar word nou breedvoeriger verklaar. Dit moes deur die Kehatiete gedra word wanneer gereis is. Sien vers 15. |
By die opbreek van die laer moet Aäron en sy seuns kom en die 6voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.
| 6 Sien Ex. 26:31-33. Lev. 4:6 se kanttekening en Hebr. 9:3, waar dit die tweede voorhangsel genoem word. |
En hulle moet ’n dekkleed van 7robbevelle daarop sit en ’n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute 8insteek.
| 7 Sien hieroor Ex. 25:5.
8 Dit is, regsit en pas, sodat dit behoorlik gedra kon word, want die draaghoute moes altyd in die ringe van die ark bly, Ex. 25:15. Vgl. 1 Kon. 8:8. |
Hulle moet ook aoor die 9toonbroodtafel ’n pers doek uitsprei en daarop neersit die 10skottels en die 11rookpanne en die 12bekers en die 13drankofferkanne; ook moet die 14altyd-blywende brood daarop wees.
| a Ex. 25:30. | 9 Hebr. die tafel van die aangesigte, naamlik van die brode van die aangesigte, anders genoem: toonbrode, wat op hierdie tafel gelê het. Dit word so genoem, omdat dit altyd op hierdie tafel voor die aangesig van die HERE as ’t ware ten toon gestel was. Daarom die naam toonbroodtafel.
10 Waarin die toonbrode gesit was (sien hieroor Ex. 25:29) en die hele week daarin gebly het, totdat daar weer ander, nuwe brode gebak was en in die plek van die oues gesit was, Lev. 24:8. 11 Wat met reukwerk bo-op die toonbrode geplaas was, Lev. 24:7. 12 Waaruit besprinkel en gegiet was. Anders: besems, waarmee die tafel afgevee en gereinig was. 13 Hebr. die kanne van besprinkeling. Sommige vertaal die kanne van bedekking. 14 Verstaan die twaalf toonbrode wat elke sabbatdag met nuwes vervang moes word, Lev. 24:8. |
Daarna moet hulle ’n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met ’n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
Dan moet hulle ’n pers doek neem en bdie kandelaar tot verligting bedek, met sy lampe en sy snuiters en sy cbakkies en al sy oliekanne 15waarmee hulle 16daarby diens doen.
| b Ex. 25:31.
c Ex. 25:38. |
15 Sien oor hierdie gereedskap vir die kandelaar en die lampe Ex. 25:38; 35:14.
16 Naamlik by die kandelaar. |
En hulle moet dit met al sy gereedskap op ’n dekkleed van robbevelle neerlê en dit 17op die draagbaar sit.
| 17 Verstaan ’n struktuur van stokke, waaraan iets gehang was om van die een plek na die ander gedra te word. Vgl. vers 12 en Núm. 13:23. Anders: planke. |
En oor die 18goue altaar moet hulle ’n pers doek uitsprei en dit met ’n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
| 18 Verstaan die reukaltaar, wat in die Heilige gestaan het en met goud oorgetrek was. Sien Ex. 30:3, 4. |
Hulle moet ook al die 19gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op ’n pers doek neerlê en met ’n dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.
| 19 Verstaan hierdeur alle heilige klere waarmee die priesters hul diens moes doen. Sien hieroor Ex. 31:10; 35:19; 39:1, 41, waar dit ook klere van die diens genoem word. Sommige verstaan hieronder ook allerlei voorwerpe en gereedskap van die tabernakel. Sien daaroor Ex. 25:29; 27:3. 2 Kon. 25:14, 15. |
En hulle moet die as 20van die altaar verwyder en daar ’n purper doek oor uitsprei.
| 20 Naamlik van die brandofferaltaar. |
En hulle moet al 21sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar ’n dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
| 21 Sien hieroor Ex. 27:3, ens. |
En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van al die gereedskap van die heiligdom, moet 22die seuns van Kehat kom 23om te dra; maar hulle mag 24nie aan die heilige dinge raak nie, 25sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit 26wat die seuns van Kehat moet dra van die tent van samekoms.
| 22 Namate die priesters meer geword het, het hulle ook hierdie dinge gedra. Sien Deut. 31:9. Jos. 3:6; 8:33. 1 Sam. 4:4. 1 Kron. 15:11, 12. Hoewel dit wil voorkom of die Leviete nie heeltemal uitgesluit was nie, 2 Kron. 5:4-7 en die kanttekeninge.
23 Naamlik op hul eie skouers, sien Núm. 7:9, en nie op waens nie; ’n bevel wat die Israeliete nie onderhou het nie, 2 Sam. 6:3, 6, 7. 1 Kron. 13:7; 15:12-15. 24 Sien vers 20. 25 Sien in 1 Sam. 6:19 watter straf die mense van Bet-Semes oorgekom het, omdat hulle die ark van die HERE bekyk het, en in 2 Sam. 6:6, 7 wat Ussa oorgekom het toe hy die ark van die HERE aangeraak het. 26 Dit is, wat hulle moes versorg en dra. |
En die toesig van Eleásar, die seun van die priester Aäron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die dreukwerk van speserye en die 27voortdurende spysoffer en die esalfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die heiligdom en bybehorende gereedskap.
| d Ex. 30:34, 35.
e Ex. 30:23, 24, ens. |
27 Dit wat elke môre en aand geoffer was. Sien hieroor Ex. 29:38, 39. |
En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie 28onder die Leviete uitgeroei word nie.
| 28 Naamlik deur die HERE se regverdige straf, as die priesters deur onbedagsaamheid en sorgeloosheid oorsaak sou wees dat die heilige dinge onbedek gevind sou word deur die Kehatiete, wat deur die hand van die HERE sou sterwe as hulle dit so sou sien en aanraak. |
Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle 29aanstel 30elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.
| 29 Naamlik, deur elkeen van hulle aan te wys en te beveel wat hy moes dra.
30 Hebr. man man. So ook in vers 49. Sien Lev. 15:2 se kanttekening. |
Maar hulle moet nie inkom om vir ’n oomblik die heiligdom te sien nie, 31sodat hulle nie sterwe nie.
| 31 Soos in ’n ander geval twee seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, oorgekom het, Lev. 10:1, en in nog ’n ander Korag en sy bende, Núm. 16:32, 33, ens. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson volgens hulle families, volgens hulle geslagte.
Jy moet hulle tel van 32dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is 33om diens te doen, om dienswerk te verrig by die tent van samekoms.
| 32 Hebr. ’n seun van dertig jaar. So ook in dit wat volg. Sien ook oor hierdie telling Núm. 3:15 se kanttekening.
33 Sien vers 3 se kanttekening. Anders: om in die leërskaar saam te kom. Vgl. Ex. 38:8. |
Dit sal die dienswerk van die geslagte van die Gersoniete wees by die diens en by die 34vervoer:
| 34 Sien vers 15 se kanttekening. |
hulle moet die tentdoeke van die tabernakel dra, ook die 35tent van samekoms, sy dekkleed en die 36dekkleed van robbevelle wat daar bo-oor is, en die 37bedekking vir die ingang van die tent van samekoms
| 35 Verstaan die gordyne wat van bokhaar gemaak was en die hele tent bedek het. Want die Merariete moes die style en pilare dra, vers 31.
36 Hebr. die dekkleed van die rob. 37 Verstaan die tapyt of behangsel wat by die deur van die tabernakel gehang het, tussen die voorhof en die Heilige. |
en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig.
Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete — alles wat hulle moet dra en hulle hele diens — moet wees volgens 38die bevel van Aäron en sy seuns; en julle moet hulle al hulle drawerk aanwys om dit waar te neem.
| 38 Hebr. die mond. Sien Gén. 41:40 se kanttekening. So ook hier verse 37, 41, 45, 49. |
Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van die Gersoniete by die tent van samekoms; en wat hulle 39te besorg het, moet plaasvind 40onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.
| 39 Dit is, hul amp en bediening, waarop hulle goed moes ag gee, sodat hulle elke onderdeel daarvan getrou sou uitvoer.
40 Hebr. onder die hand. Dit is, onder die beleid, opsig en regering van Ítamar, wat moes toesien dat elkeen sy amp reg bedien. So ook in vers 33. Net so ook in Núm. 31:49. Lev. 8:36. |
Wat aangaan die seuns van Merári — dié moet jy tel volgens hulle geslagte, volgens hulle families.
Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal 41wat dienspligtig is, om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.
| 41 Sien vers 3 se kanttekening. |
En dit is wat by hulle drawerk besorg moet word, hulle hele dienswerk by die tent van samekoms: die fstyle van die tabernakel met sy dwarshoute en sy pilare en sy 42voetstukke
| f Ex. 26:15. | 42 Naamlik, waarop die pilare gestaan het, waarvan daar honderd was, elkeen van hulle ’n talent silwer. Sien Ex. 38:27. |
en die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle 43lyne — al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle 44met die naam aanwys.
| 43 Verstaan die koorde van die pilare van die voorhof. Soos die Gersoniete die lyne en toue van die behangsels van die voorhof en van die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof gedra het. Sien vers 26 en Núm. 3:26.
44 Dit is, julle moet dit stuk vir stuk tel en oorlewer met ’n register daarvan, sodat niks daarvan verlore raak nie. |
Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van Merári, hulle hele diens by die tent van samekoms onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.
En Moses en Aäron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens hulle families;
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms.
En hulle geteldes was volgens hulle geslagte tweeduisend-sewehonderd-en-vyftig.
Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE 45deur die diens van Moses getel het.
| 45 Sien vers 28 se kanttekening, en so ook in dit wat volg. |
En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle families,
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms —
hulle geteldes was volgens hulle geslagte, volgens hulle families, tweeduisend-seshonderd-en-dertig.
Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE getel het.
En die geteldes van die geslagte van Merári se seuns volgens hulle geslagte, volgens hulle families,
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms —
hulle geteldes was volgens hulle geslagte 46drieduisend-tweehonderd.
| 46 As hierdie vers vergelyk word met verse 36 en 40, sien ’n mens dat onder die Leviete wat tot die diens van die tabernakel geskik was, die Merariete die meeste in getal was, hoewel hulle in totaal die minste was. Sien Núm. 3:39 se kanttekening. Dit het so gebeur deur die alwyse voorsienigheid van God, omdat die Merariete die swaarste laste moes dra en daarom meer sterk en middeljarige manne benodig het as die Kehatiete en Gersoniete. Vgl. Núm. 3:36 se kanttekening. |
Dit is die geteldes van die geslagte van Merári se seuns wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.
Al die getelde Leviete wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het, volgens hulle geslagte en volgens hulle families,
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was 47om dienswerk te verrig en die werk van vervoer by die tent van samekoms —
| 47 Dit is, om diens en hulp te bewys aan die priesters wat die diens van die tabernakel bedien het. Want die gewone Leviete moes die priesters in hul amp bystaan. |
hulle geteldes was agtduisend-vyfhonderd-en-tagtig.
Volgens die bevel van die HERE deur tussenkoms van Moses is hulle aangewys elkeen vir sy diens en vir sy drawerk; naamlik die geteldes, 48soos die HERE Moses beveel het.
| 48 Of: wat die HERE Moses beveel het. |
Telling van die Leviete.
EN dit is die 1nakomelinge van Aäron en Moses op die dag toe die HERE met Moses op die berg Sinai gespreek het.
| 1 Of: geboortes. Verstaan daardeur die beskrywing, nie net van enkele persone, soos van Moses en Aäron, asook sy seuns en die Leviete nie, maar ook van dit wat deur God se verordering onder hulle gebeur het. So is die woord ook gebruik in Gén. 6:9; 25:19. Sien ook Gén. 37:2 en die kanttekening. |
En dit is die name van die seuns van Aäron: adie eersgeborene Nadab, daarna Abíhu, Eleásar en Ítamar.
| a Ex. 6:22. |
Dit is die name van die seuns van Aäron, die gesalfde priesters, wat hy 2aangestel het om die priesteramp te bedien.
| 2 Of: wie se hande hy gevul het om, ens. Dit is, hulle wat geheilig was tot die bediening van die priesteramp. Sien oor die verklaring van hierdie manier van spreek Lev. 7:37 se kanttekening. Net so ook Ex. 28:41; 29:9. |
bMaar Nadab en Abíhu het gesterwe 3voor die aangesig van die HERE toe hulle 4vreemde vuur voor die aangesig van die HERE in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Ítamar het die priesteramp bedien 5voor die oë van hulle vader Aäron.
| b Lev. 10:1, 2, ens. Núm. 26:61. 1 Kron. 24:2. | 3 Sien Lev. 10:2 se kanttekening.
4 Sien Lev. 10:1 se kanttekening. 5 Dit is, terwyl hulle vader nog gelewe het. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Gén. 11:28. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
cLaat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die priester Aäron, dat hulle hom kan dien.
| c Núm. 16:9; 18:2. |
En hulle moet 6sy diens waarneem en die diens van die 7hele vergadering voor die tent van samekoms, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.
| 6 Of: sy bevel en opdrag onderhou. Hebr. onderhou sy onderhouding. Sien dieselfde manier van spreek in verse 8, 28, 32, 38. Núm. 9:19. Sien ook Lev. 8:35 se kanttekening.
7 Dit is, wat die hele vergadering moes waarneem, in wie se plek die eersgeborenes van die Israeliete tevore die diens moes waarneem, soos in Ex. 19:22 en die kanttekening te sien is. Maar nou word die amp voortaan die Leviete opgelê. Sien Núm. 1:53 en vgl. hierna, vers 38 en Núm. 16:9. |
En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die tent van samekoms en vir die diens 8van die kinders van Israel, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.
| 8 Dit is, wat aan die kinders van Israel tevore self toegekom het om te verrig, deur hul eersgeborenes. |
En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.
Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die 9onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
| 9 Dit is, wat nie van die priesterlike huis is nie; vir wie dit ongeoorloof was om die priesteramp te bedien. Sien ook vers 38 en Núm. 16:40. Vgl. ook Lev. 22:10. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes 10dwat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees.
| d Ex. 13:2. | 10 Hebr. opening van die moederskoot; so word die mense en diere genoem wat eerste uit hul moeder gebore is, Ex. 13:2; 34:19. Núm. 18:15. |
Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, ehet Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die HERE.
| e Ex. 13:2; 22:29; 34:19. Lev. 27:26. Núm. 8:16. Luk. 2:23. |
En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai en gesê:
Tel die seuns van Levi volgens hulle families, volgens hulle geslagte; almal wat manlik is, van 11’n maand oud en daarbo — dié moet jy tel.
| 11 Hebr. ’n seun van ’n maand. Die telling van die Leviete was drieërlei: (1) Van ’n maand oud en daarbo, as hulle aan die HERE geheilig is, waarvan hier en in vers 40 gespreek word. (2) Van vyf-en-twintig jaar oud en daarbo, wanneer hulle aangestel is as nuwe aankomelinge om die gewone werk van die tabernakel te bedien; sien daaroor Núm. 8:24. (3) Van dertig jaar oud en daarbo, wat die vernaamstes was, nie net in die bediening van die tabernakel nie, maar ook in die vervoer daarvan en van sy gereedskap. As hulle die ouderdom van vyftig jaar bereik het, was hulle vrygestel van hul diens, Núm. 4:3, hoewel hulle die ander met hul outoriteit, opsig, beleid en raad bystand moes verleen, Núm. 8:25, 26. |
En Moses het hulle volgens die 12bevel van die HERE getel soos dit hom beveel is.
| 12 Hebr. mond. Sien Gén. 41:40 se kanttekening. Ex. 17:1 en hierna, vers 39. |
fEn dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári.
| f Ex. 6:15-17. Núm. 26:57. 1 Kron. 6:1; 23:6. |
En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte: Libni en Símeï.
En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, Hebron en Ússiël.
En die seuns van Merári volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.
Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Simeïete. Dit is die geslagte van die Gersoniete.
Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van 13’n maand oud en daarbo — húlle geteldes was seweduisend-vyfhonderd.
| 13 Hebr. ’n seun van ’n maand, en so ook in die volgende verse. |
Die geslagte van die Gersoniete moet laer opslaan agter die tabernakel aan die 14westekant.
| 14 Hebr. seewaarts. Sien Núm. 2:18 se kanttekening. |
En owerste oor die familie van die Gersoniete moet Éljasaf, die seun van Lael, wees.
En 15die seuns van Gerson moet by die tent van samekoms 16versorg: 17die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms;
| 15 Die taak van hierdie en die ander Leviete word in hierdie hfst. kortliks aangewys, maar in die volgende hfst. breedvoeriger beskryf.
16 Hebr. bewaar, of waarneem. 17 Verstaan deur die name tabernakel en tent al die gordyne, behangsels en bedekkings, wat van onder tot bo daarby behoort het, wat deur die Gersoniete gedra moes word. |
en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en sy lyne — alles wat by sy bediening behoort.
En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.
Volgens die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo, was daar agtduisend-seshonderd wat die diens van die heiligdom 18waargeneem het.
| 18 Sien vers 7 se kanttekening. |
Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die 19suidekant.
| 19 Die suide het by die Hebreërs sy naam van die regterhand, omdat diegene wat die aangesig na die ooste wend, die suide aan hulle regterhand het. |
En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees Elísafan, die seun van Ússiël.
En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die 20altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee 21hulle diens doen, en die 22voorhangsel en alles wat by 23die bediening daarvan behoort.
| 20 Verstaan die reukaltaar en brandofferaltaar, soos te sien is in Núm. 4:11, 13, waarvan die een in die Heilige en die ander in die voorhof gestaan het.
21 Naamlik die priesters. 22 Verstaan hiermee die voorhangsel wat die Heilige van die Allerheiligste geskei het, asook die bedekkings waarvan ons lees in Núm. 4:5-7, ens. 23 Hebr. sy diens, so ook in Núm. 4:26, dit is, sy gereedskap, voorwerpe en dit wat daarby hoort. |
En 24die hoof van 25die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, 26die opsigter oor die 27wat die diens van die heiligdom waarneem.
| 24 Hy was gestel oor die owerstes van die Leviete en was die vernaamste naas die hoëpriester, wat in tyd van nood in sy plek waargeneem het; sien 1 Kon. 4:4 se kanttekening. Daarom is hy die tweede priester genoem, 2 Kon. 25:18.
25 Hulle was drie, een uit elke geslag van Levi; naamlik Éljasaf uit die geslag van Gerson, vers 24, en Elísafan uit die geslag van Kehat, vers 30, en Súriël uit die geslag van Merári, vers 35. 26 Naamlik Eleásar, wat die hoof van die owerstes van die Leviete was. Ander vertaal: dit is die amp van diegene wat die diens van die heiligdom waarneem. Hierdie woorde word dan gesien as die slot van die beskrywing van die amp van die Kehatiete. 27 Dit is, wat in die godsdiens ’n amp of opdrag het. |
Aan Merári het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Merári.
En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo, was sesduisend-tweehonderd.
En die owerste van die familie vir die geslagte van Merári moet wees Súriël, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die noordekant.
En die toesig van die seuns van Merári — wat hulle te besorg het — moet wees oor 28die style van die tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;
| 28 Omdat die Merariete groter las moes dra as die Gersoniete, soos af te lei is uit die vergelyking van hierdie en die volgende vers met verse 25, 26, so is aan die Merariete tot uitvoering van hul diens vier waens en agt beeste gegee, maar aan die Gersoniete nie meer as twee waens met vier beeste nie. Sien Núm. 7:7, 8. |
en die pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne.
En die wat voor die tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die tent van samekoms, teen sonop, moet wees Moses en Aäron met sy seuns wat die diens van die heiligdom waarneem, naamlik 29die diens vir die kinders van Israel; 30en die gonbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
| g vers 10. Núm. 16:40. | 29 Dit is, in die plek van die diens wat die kinders van Israel anders moes waarneem. Sien vers 7 se kanttekening.
30 Sien vers 10 se kanttekening. |
Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van ’n maand oud en daarbo, was 31twee-en-twintigduisend.
| 31 As ’n mens verse 22, 28, 34 beskou, sal die bevinding wees dat die getal van die Gersoniete 7500 was, van die Kehatiete 8600, van die Merariete 6200, wat in totaal 22300 is, 300 meer as wat in hierdie vers vermeld word. Volgens sommige manuskripte van die Septuagint was die getal van die Kehatiete 8300 en nie 8600 nie. |
En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ’n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
En jy moet vir My — Ek is die HERE — die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
En Moses het, soos die HERE hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.
En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ’n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee-en-twintigduisend-tweehonderd-drie-en-sewentig.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem die 32Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.
| 32 Naamlik die 22000 geteldes. Sien vers 39. |
Wat aangaan die loskoping van die tweehonderd-drie-en-sewentig wat 33oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,
| 33 Want die getal van die Leviete was slegs 22000, vers 39, en van die eersgeborenes was 22273, vers 43. |
moet jy 34per hoof vyf sikkels neem; 35volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; hdie sikkel is twintig 36gera.
| h Ex. 30:13. Lev. 27:25. Núm. 18:16. Eség. 45:12. | 34 Hebr. vyf vyf sikkels, volgens die kop of die harspan.
35 Sien Gén. 20:16 en 23:15 se kanttekeninge. 36 Sien Lev. 27:25 se kanttekening. |
En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.
Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die 37wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;
| 37 Wat in getal 273 was, soos in die voorgaande gemeld is; en gevolglik moes soveel eersgeborenes met geld gelos word. Vgl. vers 46 se kanttekening. |
van 38die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, 39duisend-driehonderd-vyf-en-sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.
| 38 Naamlik, wat oor was bo die getal van die Leviete.
39 Elkeen van die 273 eersgeborenes wat meer was as die getal van die Leviete, moes tot sy lossing vyf sikkels gee, vers 47. Daarom gee die gemelde getal, met vyf vermenigvuldig, hierdie totaal. |
En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die 40bevel van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
| 40 Hebr. mond. |
Die laerorde.
EN die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy 1vaandel by die 2veldtekens van hulle families; op ’n afstand 3rondom die tent van samekoms moet hulle laer opslaan.
| 1 Daar was vier vaandels, soos blyk uit verse 3, 10, 18, 25. Dit was opgestel volgens die vier windrigtings. Onder elke vaandel was drie stamme, waarvan een die vernaamste was, naamlik Juda, Ruben, Efraim en Dan. Juda se laer was teen die ooste met Íssaskar en Sébulon; Ruben in die suide met Símeon en Gad; Efraim in die weste met Manasse en Benjamin; Dan in die noorde met Aser en Náftali. Sien die grootte van elkeen se laer in verse 9, 16, 24, 31.
2 Of: baniere. Dit wil hieruit voorkom of onder die vier vernaamste vaandels nog ander baniere of veldtekens was, volgens die grootheid of hoeveelheid van die geslagte. 3 Die mening is dat die stamme laer opgeslaan het ongeveer 2000 el van die tabernakel af, uit wat beskryf word in Jos. 3:4. Die priesters en die Leviete was volgens hulle orde tussen die tabernakel en die laers van die stamme, vers 17. Núm. 1:53. Moses en Aäron was aan die oostekant, die Gersoniete aan die westekant, die Kahatiete aan die suidekant, die Merariete aan die noordekant van die tabernakel. |
En die wat aan die oostekant, 4teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees.
| 4 Of: ooswaarts. |
En sy leër met hulle geteldes was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.
En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Íssaskar; en Netáneël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Íssaskar wees.
En sy leër met hulle geteldes was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.
5Verder 6die stam van Sébulon; en Elíab, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees.
| 5 Hierdie woord word hier bygevoeg na aanleiding van verse 14, 22, 29.
6 Naamlik, hulle sal langs hom laer opslaan. Soos in verse 5, 12, ens. |
En sy leër met sy geteldes was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.
Al die geteldes in die laer 7van Juda was 8honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet 9eerste opbreek.
| 7 Daaronder word ook verstaan die stamme van Íssaskar en Sébulon, waarvan Juda die vernaamste was. Net so ook hierna van die ander; soos van die laer van Ruben, vers 16; Efraim, vers 24; Dan, vers 31.
8 Hebr. honderdduisend en tagtigduisend en sesduisend en vierhonderd. 9 Dit is, die voorhoede vorm wanneer verder gereis word. |
Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en Elísur, die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.
En sy leër met sy geteldes was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.
En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Símeon; en Selúmiël, die seun van Surísaddai, moet owerste oor die seuns van Símeon wees.
En sy leër met hulle geteldes was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.
Verder die stam van Gad; en Éljasaf, die seun van Réhuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees.
En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.
Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet 10tweede opbreek.
| 10 Dit is, tweede in volgorde die reis voortsit. |
Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen 11op sy plek volgens hulle vaandels.
| 11 Hebr. aan sy hand, dit is, terwyl elkeen op sy plek of aan sy kant is. Verstaan die vier kante van die tent van samekoms, aan elke kant drie stamme, rondom die tabernakel, met die Leviete tussenin. Sien vers 2 se kanttekening. |
Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet 12aan die westekant wees; en Elisáma, die seun van Ammíhud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees.
| 12 Hebr. seewaarts. Sien Gén. 12:8 se kanttekening. Núm. 3:23. |
En sy leër met hulle geteldes was veertigduisend-vyfhonderd.
En langs hom die stam van Manasse; en Gámliël, die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees.
En sy leër met hulle geteldes was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.
Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.
En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.
Al die geteldes in die laer van Efraim was 13honderd-en-agtduisend-eenhonderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet 14derde opbreek.
| 13 Hebr. honderdduisend en agtduisend en honderd. Vgl. vers 9.
14 Dit is, derde in volgorde die reis voortsit. |
Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.
En sy leër met hulle geteldes was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.
En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Aser; en Págiël, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns van Aser wees.
En sy leër met hulle geteldes was een-en-veertigduisend-vyfhonderd.
Verder die stam van Náftali; en Ahíra, die seun van Enan, moet owerste oor die seuns van Náftali wees.
En sy leër met hulle geteldes was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.
Al die geteldes in die laer van Dan was honderd-sewen-en-vyftigduisend-seshonderd. Hulle moet 15laaste opbreek volgens hulle vaandels.
| 15 Dit is, in die reis sal hulle die agterhoede vorm. |
Dit is die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families. Al die geteldes van die laers volgens hulle leërafdelings was aseshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.
| a Ex. 38:26. Núm. 1:46. |
Maar die Leviete is 16onder die kinders van Israel nie getel nie, bsoos die HERE Moses beveel het.
| b Núm. 1:48, 49. | 16 Hebr. in die middel van die seuns van Israel. |
En die kinders van Israel het gedoen net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.
Telling van die Israeliete in die woestyn Sinai.
VERDER het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van 1die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê:
| 1 Wat Sif genoem is en die meeste ooreengekom het met ons April, soos die eerste maand die meeste met ons Maart. Sien 1 Kon. 6:1 se kanttekening. |
aNeem julle 2die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, 3hoof vir hoof;
| a Ex. 30:12. | 2 Hebr. die hoof. So ook in vers 49. Ex. 30:12. Núm. 4:2. Verstaan ’n kort samevatting van ’n groot menigte mense.
3 Hebr. volgens hulle hoofde, of koppe, of hoofskedels. |
van 4twintig jaar oud en daarbo, almal 5wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle 6tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron.
| 4 Hebr. ’n seun van twintig jaar. Soos dikwels in hierdie hfst.
5 Dit is, almal wat in tye van oorlog bewapen was en geskik was om teen die vyand in die stryd uit te trek. Hulle wat deur siekte of hoë ouderdom daarvoor ongeskik was, is gevolglik uitgesluit; soos dikwels in hierdie hfst. Sien hierdie manier van spreek ook in Deut. 24:5. 2 Kron. 26:11. 6 Die Hebreeuse woord beteken nie net tel nie, maar ook op die geteldes let en toesig hou, wat ons monster noem. |
En met julle saam moet daar van elke stam ’n man wees, ’n 7man wat hoof is van sy families.
| 7 Hebr. ’n man van die hoof, dit is, die vernaamste van elke stam, wat volgens geboortereg die eerste was en dus ’n hoof daarvan. Sien vers 16 se kanttekening. |
En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir 8Ruben: Elísur, die seun van Sedéür;
| 8 Dit is, van die stam van Ruben, en so in die volgende verse. |
vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai;
vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab;
vir Íssaskar: Netáneël, die seun van Suar;
vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon;
vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur;
vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni;
vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai;
vir Aser: Págiël, die seun van Ogran;
vir Gad: Éljasaf, die seun van 9Réhuel;
| 9 Hebr. Déhuel. |
vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan.
Dit was 10hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die 11stamhoofde 12van Israel.
| 10 Dit is, die saamgeroepenes, naamlik die hoofde en vorste van die volk van elke stam, wat saamgeroep was as enige gewigtige sake behandel moes word. Vgl. Núm. 16:2; 26:9. Anders: uitmuntendes, beroemdes.
11 Sien Job 12:24 se kanttekening. 12 Hebr. duisende van Israel. Sien Rig. 6:15 se kanttekening. |
Toe het Moses en Aäron dié manne geneem wat met hulle name aangewys was,
en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; 13en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, 14hoof vir hoof,
| 13 Dit is, hulle het met hul geslagsregister bewys van watter voorouers hulle afkomstig was. Anders: hulle is opgeskryf en daar is van hulle ’n register gemaak, of hulle is opgeteken en geregistreer.
14 Sien vers 2 se kanttekening. |
soos die HERE Moses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai.
En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel — hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, 15almal wat op kommando moet uittrek —
| 15 Sien vers 3 se kanttekening. |
hulle geteldes van die stam van Ruben was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.
Van die seuns van Símeon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Símeon was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.
Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Gad was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.
Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Juda was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.
Van die seuns van Íssaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Íssaskar was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.
Van die seuns van Sébulon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Sébulon was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.
Van die seuns van Josef, van die seuns van Efraim, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Efraim was veertigduisend-vyfhonderd;
van die seuns van Manasse, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Manasse was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.
Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.
Van die seuns van Dan, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Dan was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.
Van die seuns van Aser, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Aser was een-en-veertigduisend-vyfhonderd.
Van die seuns van Náftali, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —
hulle geteldes van die stam van Náftali was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.
Dit is die geteldes wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het; twaalf man 16was dit, elkeen vir sy families.
| 16 Naamlik die twaalf owerstes van Israel. Sien verse 4, 16 se kanttekeninge. |
So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek —
al die geteldes dan was bseshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.
| b Ex. 38:26. |
Maar die Leviete, 17volgens hulle voorvaderlike stam, is 18onder hulle nie getel nie.
| 17 Dit is, hoewel die Leviete ook ’n stam was, is hul stam nogtans in hierdie telling nie gereken of getel nie.
18 Hebr. in die middel van hulle. |
Die HERE het naamlik met Moses gespreek en gesê:
Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem nie;
maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel 19van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan.
| 19 So word die tabernakel ook in vers 53 en Ex. 38:21, ens., genoem, omdat die Getuienis van God se wil, dit is, die Wet, daarin bewaar was. Die Wet was op twee kliptafels geskryf en het in die verbondsark gelê. Sien Ex. 25:21. Hebr. 9:4. |
En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die 20onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
| 20 Verstaan almal wat nie van die stam van Levi was nie. So iemand mog nie naby kom om sy hand daarop te lê om te help afbreek, dra of oprig nie, ens. |
En die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen op sy laerplek en elkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings.
Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die tabernakel van die Getuienis, dat daar geen 21toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Leviete die 22diens van die tabernakel van die Getuienis waarneem.
| 21 Naamlik van die regverdige en almagtige God, wat die oortreding van sy wette nie ongestraf laat nie, en vernaamlik die oortreding van die wette wat die beoefening van die openbare godsdiens betref.
22 Sien Lev. 8:35 se kanttekening. |
En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos die HERE Moses beveel het, so het hulle gedoen.
Wette oor die lossing en oor die tiendes.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand ’n besondere gelofte 1aflê — 2mense aan die 3HERE toewy volgens 4jou skatting,
| 1 Naamlik met die dinge of persone wat hom toebehoort of in sy vermoë is, terwyl hy begeer om dit aan die HERE toe te wy tot ’n heilige gebruik; wat in vers 14, ens. heilig genoem word.
2 Hebr. siele, dit is, mense of persone. Sien Gén. 12:5 se kanttekening. 3 En gevolglik aan die priesters wat die diens van die HERE en wat daartoe behoort het, moes waarneem. 4 Die HERE spreek die priester aan, soos blyk uit vers 12, wat hierdie skatting moes doen. Verstaan hierdeur die totale som geld waarvolgens die geheiligde gewaardeer en gelos was. |
dan moet jou skatting vir ’n manspersoon 5van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig 6sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die heiligdom.
| 5 Hebr. van ’n seun van twintig jare tot ’n seun van sestig jare; en so in dit wat volg.
6 Sien oor hierdie munt Gén. 20:16 en 23:15 se kanttekeninge. |
Maar is dit ’n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.
En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir ’n manspersoon twintig sikkels wees en vir ’n vroulike tien sikkels.
Maar is dit iemand van ’n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.
En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo — is dit ’n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels.
Maar as hy te arm is 7vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat 8hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.
| 7 Of: armer as wat julle hom geskat het, dit is, as hy te arm is om die geskatte bedrag te betaal.
8 Sien oor hierdie manier van spreek Lev. 5:7 se kanttekening. |
En as dit vee is waarvan hulle aan die HERE ’n offer kan bring, moet alles wat 9hy 10daarvan aan die HERE gee, 11heilig wees.
| 9 Naamlik hy wat die gelofte gemaak het.
10 Dit is, van wat gewoonlik volgens die wet gebring word. 11 Hebr. heiligheid. So ook in die volgende vers en vers 14, ens. Dit is, aan God toegewy en geheilig. |
Hy mag dit nie omwissel of omruil nie — ’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie; maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een 12omruil, moet 13dit en 14die geruilde heilig wees.
| 12 Hebr. omruilende omruil.
13 Naamlik, wat omgeruil was. 14 Hebr. sy omruilinge, of sy omruiling, dit is, wat in die plek van die geruilde is. So ook in vers 33. |
En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die HERE geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel,
en die priester moet dit skat 15of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.
| 15 Naamlik, om te onderskei of dit goed of sleg sou wees, en daarvolgens sy skatting te doen. Hebr. tussen goed en tussen sleg. So ook in vers 14. |
Maar as hy dit 16wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.
| 16 Hebr. lossende los. |
En as iemand sy huis 17as heilige gawe aan die HERE toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.
| 17 Dit is, deur gelofte vrywillig aan God opdra en toeken, waardeur dit aan die priester behoort; in welke geval, wanneer iemand dit wou los, die skatting van die waarde volgens die uitspraak van die priester moes plaasvind en dan moes die vyfde deel nog daarby kom. |
En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.
En as iemand ’n stuk land van sy besitting aan die HERE heilig, moet jou skatting wees 18volgens die saad wat gesaai word: ’n 19homer garssaad op vyftig sikkels silwer.
| 18 Dit is, volgens die hoeveelheid van die saad waarmee daardie land besaai moet word, sal jy die geld vasstel wat vir die lossing daarvan betaal moet word.
19 Sien oor hierdie maat 1 Kon. 4:22 se kanttekening. Jes. 5:10. Eség. 45:11. Hos. 3:2. |
As hy sy stuk land van die 20jubeljaar af heilig — 21volgens jou skatting, so moet dit bly.
| 20 Sien Lev. 25:10 se kanttekening.
21 Dit is, volgens die prys wat jy stel, sal daardie land terugkeer tot hom wat dit aan die HERE geheilig het, mits hy die vasgestelde prys betaal. |
Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken 22na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting 23afgetrek word.
| 22 Dit is, volgens die baie of min jare wat tot die volgende jubeljaar oorbly.
23 Sien oor hierdie aftrekking volgens die getal jare van die jubeljaar af, Lev. 25:15-17. |
En as hy wat die stuk land geheilig het, dit 24beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly.
| 24 Hebr. lossende los. |
En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan ’n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie;
maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar 25vry word, aan die HERE heilig wees soos ’n stuk land onder die 26ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.
| 25 Naamlik uit die mag en die besitting van diegene wat dit gekoop het. Sien Lev. 25:28 se kanttekening.
26 Die Hebreeuse woord beteken wel ’n uitroei en verderf waarvan niks oorgelaat moes word nie, Deut. 2:34; 7:26, maar ook ’n heiliging van dit wat alleen aan God behoort en gevolglik die priester se eie geword het, soos hier en in vers 28. Núm. 18:14. |
En as hy aan die HERE ’n stuk land heilig 27wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy 28besitting is nie,
| 27 Hebr. sy koping of verowering.
28 Dit is, wat hy as erfgoed besit. |
moet die priester vir hom die bedrag van 29die skatting tot die jubeljaar bereken; en 30hy moet op dieselfde dag die skatting gee as ’n 31heilige gawe aan die HERE.
| 29 Hebr. jou skatting, dit is, die skatting wat jy, Moses, deur my gebod aan hom voorstel, welke skatting deur die priester self moes plaasvind, vers 25. Of met hierdie woorde het die HERE die priester, wat die skatting moes doen, toegespreek. Sien vers 12.
30 Naamlik hy wat die stuk land geheilig het. 31 Dit is, wat aan die HERE geheilig is, of: aan die HERE tot heiligheid, dit is, sodat dit vir die HERE heilig sal wees. |
In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.
En alles wat 32jy skat, moet volgens adie sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig 33gera wees.
| a Ex. 30:13. Núm. 3:47. Eség. 45:12. | 32 Hier spreek die HERE weer tot die priester.
33 ’n Gera het sestig garskorrels geweeg. Sien oor hierdie munt ook Ex. 30:13. Núm. 3:47; 18:16. |
bMaar die 34eersgeborene van ’n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ’n bees is of ’n stuk kleinvee — dit behoort aan die HERE.
| b Ex. 13:2; 22:29; 34:19. Núm. 3:13; 8:17. | 34 Dit is, wat reeds vanweë die eersgeboortereg aan die HERE behoort, en daarom kan jy geen gelofte daarmee maak nie. Sien Ex. 13:2; 22:29; 34:19. Núm. 3:13; 8:17. |
Maar is dit van ’n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.
cMaar niks van die 35bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort — mense of vee of grond wat in sy besit is — mag verkoop of gelos word nie. 36Al die bangoed moet aan die HERE 37hoogheilig wees.
| c Jos. 6:18; 7:13, ens. | 35 Sien vers 21 se kanttekening.
36 Hebr. Alle verbanning. 37 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; 38hy moet sekerlik gedood word.
| 38 Verstaan dit van elkeen wat vyand van God en sy volk is, en in die besonder wat die HERE gebied het om te verderf en uit te roei; dit mog hulle nie loskoop óf laat lewe nie. Sien Núm. 21:2, 3. Jos. 6:17, 18. 1 Sam. 15:3. ’n Mens kan dit ook verstaan, nie van mense nie, maar van diere wat deur die mense verban sou word. |
Ook al die 39tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE.
| 39 Daar was vier soorte tiendes: (1) Die gewone, jaarlikse tiendes van die Leviete. Daarvan word hier gespreek, net so ook in Núm. 18:21, ens. Deut. 14:22, ens.; 26:12, ens. 2 Kron. 31:5. Neh. 10:37. Hebr. 7:8, 9. (2) Die tiendes wat die Leviete van hierdie tiendes aan die hoëpriester moes gee, Núm. 18:26, ens. (3) Die jaarlikse tiendes, waarvan die Israeliete met hul huisgesinne en die Leviete vrolik moes wees voor die HERE, Deut. 12:17, 18; 14:22, 23. (4) Die driejaarlikse tiendes vir die Leviete, armes, weduwees, wese en vreemdelinge, Deut. 14:28; 26:12. |
Maar as iemand van sy tiende iets 40wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg.
| 40 Hebr. lossende los. |
Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee — alles 41wat onder die herderstaf deurgaan — die tiende moet aan die HERE heilig wees.
| 41 Dit dui op die manier om die tiendes onder die vee af te sonder, in daardie tyd gebruiklik: die diere het uit die stal gegaan, die een voor, die ander ná; die herder het die tiende dier wat hy tel aangeraak met sy staf of stok, en het dit saam met hom geneem om aan die HERE te heilig. Sien ook Jer. 33:13. |
Hulle mag nie 42ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle 43dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.
| 42 Soos of dit vet of maer is. Daar mog geen keuse wees nie. Wanneer iemand sy tiende betaal het, het hy nie gegee wat hy wou nie, maar wat volgens die telling van die vee bepaal is en wat telkens die tiende in getal was, soos kort tevore gesê is.
43 Sien vers 10 se kanttekening. |
Dit is die gebooie wat die HERE Moses 44by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.
| 44 Sien hieroor Lev. 25:1; 26:46. |
Belofte en bedreiging.
JULLE amag vir julle geen 1afgode maak nie; en ’n gesnede beeld of ’n 2klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ’n 3steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.
| a Ex. 20:4. Deut. 5:8; 16:22. Ps. 97:7. | 1 Sien Lev. 19:4 se kanttekening.
2 Die Hebreeuse woord beteken alles wat soos ’n pilaar opgerig of op ’n pilaar geplaas was ter ere van die afgode, Ex. 23:24. Deut. 16:22. 3 Hebr. steen van die beeld of afbeelding. |
My sabbatte moet julle hou en bmy heiligdom 4ontsien. Ek is die HERE.
| b Lev. 19:30. | 4 Sien Lev. 19:30 se kanttekening. |
cAs julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,
| c Deut. 28:1, ens. |
sal Ek 5julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
| 5 Wat julle nodig het, naamlik die vroeë en laat reëns. |
En die 6dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood d7volop eet en veilig in julle land woon.
| d Lev. 25:19. | 6 Die betekenis is dat die oes so oorvloedig sou wees dat hulle al die graan nie sou kon dors vóór die druiwe-oes nie, en dat die druiwe-oes ook so oorvloedig sou wees dat hulle die wyn nie in die kelders sou kon berg vóór die saaityd nie; sodat hulle deur die werk oorval sou word.
7 So ook in Lev. 25:19. |
Ook sal Ek vrede gee in die land, esodat julle sal 8lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard 9sal deur julle land trek nie.
| e Job 11:18, 19. | 8 Of: slaap of neerlê. So ook in Gén. 19:4.
9 Dit is, sal deur geen oorlog gekwel word nie. So is die woord swaard vir oorlog gebruik in Núm. 14:3. 2 Sam. 12:10. Jes. 1:20. Eség. 30:4. Vgl. Gén. 27:40 se kanttekening. |
En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle 10val deur die swaard.
| 10 Dit is, vergaan deur die oorlog. So ook in die volgende vers en in Núm. 14:3. 2 Sam. 3:29. Ps. 78:64. Jer. 20:4. |
11fVyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tienduisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.
| f Jos. 23:10. | 11 ’n Bepaalde getal word hier gestel vir ’n onbepaalde hoeveelheid, soos in verse 18, 26. Gén. 4:15, 24, ens. Núm. 14:22. 1 Sam. 18:7. Job 5:19. Die betekenis hier is dat min Israeliete baie van hul vyande sou verslaan. |
En Ek sal 12My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.
| 12 Of: die gesig op jou hê, naamlik, om jou goed te doen. |
Julle sal 13ou koring van vorige jare eet 14en die oue laat plek maak 15vir die nuwe.
| 13 Verstaan dit as die oes wat lank bewaar kan word, wat smaaklik en voedsaam bly.
14 Dit is, so ’n oorvloed sal Ek gee, dat die ou oes in die skure nog nie opgeruim óf verbruik sal wees nie, wanneer die nuwe daarin gebring en gestoor sal moet word. 15 Hebr. van die aangesig van die, ens. |
gEn Ek sal my 16tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen 17afsku hê nie.
| g Eség. 37:26. 2 Kor. 6:16. | 16 Dit is, Ek wil maak dat my genade en woord en godsdiens julle steeds sal bybly, sodat Ek jul God sal bly en julle my volk. Vgl. die volgende vers.
17 Die Hebreeuse woord beteken om iets met groot verfoeiing te verwerp en ’n afkeer daarvan te hê. So ook in verse 15, 30, 43, 44. |
En Ek sal in jul midde 18wandel 19en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My 20’n volk wees.
| 18 Naamlik, om julle in die geestelike te onderrig, te heilig en te begelei na die ewige saligheid; en in die liggaamlike met oorvloed van gesondheid, vrugbaarheid, rykdom en vrede te seën.
19 Sien Gén. 17:7 se kanttekening. Eség. 11:20. 20 Dit is, wat Ek uit genade deur die beloofde Messías sal verlig, regverdig en heilig tot ewige saligheid, 1 Kor. 1:30. |
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle 21jukskeie verbreek en het julle 22regop laat loop.
| 21 Hiermee word die diensbaarheid wat die Israeliete in Egipte soos ’n juk moes dra vergelyk. Sien hierdie en soortgelyke manier van spreek in Jer. 27:2, 8; 28:2, 13, 14. Net so ook in Nah. 1:13.
22 Hebr. met oprigting; dit is, met die hoof omhoog, wat voortkom uit ’n geruste, versekerde en manlike gemoed. |
hMaar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;
| h Deut. 28:15. Klaagl. 2:17. Mal. 2:2. |
en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond 23verbreek —
| 23 Dit is, om dit kragteloos te maak, en dat Ek my beloftes nie volbring nie, vanweë jul ongeloof en ongehoorsaamheid. So ook in Jes. 24:5. |
dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking 24oor julle beskik: die tering en die koors wat 25die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.
| 24 Naamlik soos owerstes, wat, terwyl hulle oor julle soos streng regters heers, julle sal straf en kwel, om my regverdige oordele teen julle uit te voer. Vgl. hierdie manier van spreek met ’n ander soortgelyke een in 2 Kon. 8:1, sien die kanttekening daar.
25 Sien 1 Sam. 2:33. |
En Ek sal my 26aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en ijulle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.
| i Spr. 28:1. | 26 Sien Lev. 17:10 se kanttekening. |
En 27as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle 28sewevoudig weens julle sondes te tugtig.
| 27 Dit is, as Ek so ver met my strawwe voortgegaan het en julle daardeur nog nie tot gehoorsaamheid aan My beweeg is nie.
28 Sien vers 8 se kanttekening. |
En Ek sal 29julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak 30soos yster en julle aarde 31soos koper.
| 29 Dit is, die krag waaroor jy trots is.
30 Dit is, droog, sonder om reën te gee. 31 Dit is, hard en onvrugbaar. |
32En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.
| 32 Dit is, julle sal arbei met liggaam en siel, en met al jul middele om julle te help, maar dit sal alles nietige en vergeefse arbeid wees. |
En as julle jul 33teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.
| 33 Hebr. in teenheid wandel, soos ook in verse 23, 24, 27, 28, 40, 41. Dit is, julle met opset en moedswil teen My verhef, of My soos teëstanders behandel, My weerstaan (mensliker wys gesproke); terwyl julle my gebooie verag, omdat julle deurgaans moedswillig daarteen sal sondig. Anders: as julle ligsinnig, roekeloos, sonder sorg of agterdog wandel, omdat julle jul sal wysmaak dat julle wedervaringe, goed of sleg, nie van My kom nie, maar by geval, en My daarom behoorlike eerbied en gehoorsaamheid sal weier. |
En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle 34kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle 35paaie verlate sal wees.
| 34 Sien Eség. 5:17.
35 Naamlik, wat in jul lande is, wat niemand sal durf gebruik nie, uit vrees vir die wilde diere. |
En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle 36teen My versit,
| 36 Sien vers 21 se kanttekening. |
sal Ek 37My ook kteen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.
| k 2 Sam. 22:27. Ps. 18:27. | 37 Dit is, julle met my regverdige strawwe en oordele teëkom. Anders: in of by geval met julle handel, naamlik, soos een wat geen sorg meer vir julle sal dra om aan julle goed te doen nie. Maar Ek sal so met julle handel dat alle plae julle skynbaar as ’n ongeluk sal oorval. Vgl. Ps. 18:27. |
En Ek sal ’n swaard oor julle bring wat die 38wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.
| 38 Dit is, die straf wat julle sal verdien, omdat julle deur jul afval en ongehoorsaamheid my verbond kragteloos gemaak het. Sien vers 15. |
As Ek vir julle die 39staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood 40in een oond bak en julle brood 41by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie.
| 39 Dit is, die krag van allerlei voedsel om te voed, en vernaamlik van die brood, waarop die lewe van die mens deur die seën van die HERE steun, soos ’n swak liggaam op ’n staf steun. Sien hierdie manier van spreek ook in Eség. 4:16.
40 Die betekenis is dat daar so ’n skaarsheid van brood sal wees dat een oond vir baie vroue genoeg sal wees om vir baie huisgesinne te bak, waar ’n huisgesin andersins dikwels volgens sy grootte self ’n oond sou benodig. 41 Dit is, die brood sal sy gewig hê, maar nie sy voedende krag volgens die gewig nie. |
As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,
sal Ek My 42in grimmigheid teen julle versit, en Ék sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.
| 42 Of: in hittige gramskap teengaan of ontmoet. |
lEn julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.
| l Deut. 28:53. 2 Kon. 6:28. Klaagl. 4:10. |
En Ek sal julle 43hoogtes verwoes en mjulle 44sonpilare verdelg en julle lyke op die 45lyke van julle 46drekgode gooi; en my siel sal ’n afsku van julle hê.
| m 2 Kron. 34:7. | 43 Verstaan hoë plekke soos berge en heuwels, waarop hulle aan die afgode offers gebring het; of die hoë timmerwerk van die altare. Sien hieroor ook Núm. 33:52. Eség. 6:3.
44 Die Hebreeuse woord beteken beelde wat hul naam gekry het van hittigheid en warmte, of (soos sommige meen) omdat hulle in die son ten toon gestel is. Ander verstaan die huise en altare wat ter ere van die son opgerig was; of waarop die vuur as ’n god geëer was. Sien oor hierdie beelde ook 2 Kron. 14:5. Eség. 6:4, ens. 45 So noem Hy die afgebreekte stukke van die afgode en hul rompe; net soos dit veragtelik weggegooi sou word, so sou die liggame van die afgodsdienaars ook verag en nie waardig geag word om begrawe te word nie. 46 Of: drek, dit is, wat deur God nie anders as mensedrek geag word nie; en wat elkeen daarom regmatig as stinkende drek behoort te verfoei. En die beelde van die afgode word dikwels so genoem, om ons van afgodery, soos van ’n afskuwelike vuilheid, te laat walg. Sien Deut. 29:17. 1 Kon. 15:12. 2 Kon. 17:12; 21:11. Jer. 50:2. Eség. 6:6; 14:3; 20:7, ens. |
En Ek sal julle stede puinhope maak en julle 47heiligdomme verwoes en julle 48lieflike geur nie ruik nie.
| 47 Verstaan die tempel, wat ook so in die meervoud genoem word in Eség. 21:2. Die rede is, omdat die tempel verskillende dele gehad het, naamlik die Allerheiligste, die Heilige en die voorhowe.
48 Naamlik, wat van jul offer kom; dit is, jul offers sal nie vir My aangenaam wees nie. Vgl. Gén. 8:21. Jes. 1:11-13, ens. |
Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat 49daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.
| 49 Naamlik, as julle daaruit verdryf sal wees. Sien die volgende vers. |
En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ’n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ’n wildernis en julle stede puinhope word.
Dan sal die land vir sy nsabbatte 50vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.
| n Lev. 25:2. | 50 Dit is, die land sal sy rus kry, wat julle geweier het om te gee, teen my wet, Lev. 25:4. Sien die volgende vers. |
Al die dae van sy verwoesting sal dit rus — die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.
En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het — 51Ek sal in hulle hart ’n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van ’n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, 52soos ’n mens vir ’n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.
| 51 Dit is, Ek sal al hul moed en dapperheid wegneem, en hulle ’n vrees aanjaag, sodat hulle sonder nood verskrik sal word.
52 Hebr. die vlug van ’n swaard. |
En hulle sal struikel 53die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor julle vyande 54nie kan standhou nie.
| 53 Hebr. die man oor sy broer.
54 Hebr. vir julle sal nie wees nie of julle sal nie die bestendigheid of opstanding of krag hê om julle op te rig nie. |
Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van julle vyande sal julle verteer.
En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook 55oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.
| 55 Naamlik, wat hulle nagevolg het. Sien God se dreigement in Ex. 20:5. |
Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen My gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,
56sodat Ék My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle 57onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan 58boet vir hul 59ongeregtigheid,
| 56 Anders: ja, Ek sal My teen hulle versit en hulle in die land van hulle vyande bring. Dan sal hulle onbesnede hart hom immers verneder, en Ek sal aan die straf van hul ongeregtigheid ’n welgevalle hê.
57 Dit is, onboetvaardig, moedswillig, terwyl hulle nie die sonde van hulle af wegwerp nie, maar by hulle hou en voed. So ook in Jer. 9:26. Eseg. 44:7. Hand. 7:51. 58 Of: ’n welgevalle het aan die straf van hul ongeregtigheid. Dit is, sodat hulle opreg die straf wat hulle vanweë hul sondes verdien het, beken en hulle gevolglik van harte bekeer. 59 Sien Lev. 5:1 se kanttekening. |
sal Ek dink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.
Maar die land moet eers 60van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê 61sonder hulle; en húlle sal vir hul 62ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeninge verwerp en hulle siel van my insettinge ’n afsku gehad het.
| 60 Of: ter wille van.
61 Of: ter wille van. 62 Soos in vers 41. |
Maar 63ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, overwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ’n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God.
| o Deut. 4:31. Rom. 11:1, 26, ens. | 63 Dit is, bo en behalwe dat Ek aan hulle sal dink as hulle hul tot My sal bekeer, so sal Ek ook aan hulle dink as hulle deur hul vyande in gevangenskap gehou sal word en nog in onboetvaardigheid volhard. |
Maar Ek sal 64tot hulle beswil dink aan die verbond van 65die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ’n God te wees. Ek is die HERE.
| 64 Of: vir hulle. Vgl. Ps. 79:8.
65 Hebr. die voriges, dit is, wat Ek met die oues, naamlik hul voorvaders, wat Ek uit Egipteland gelei het, gesluit het. |
Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die HERE tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.
Wette oor die sabbatjaar en die jubeljaar.
VERDER het die HERE met Moses gespreek 1by die berg Sinai en gesê:
| 1 Naamlik uit die tent van samekoms, wat nou teenaan die berg opgerig was, Exodus 40, en waaruit God hierdie wette aan Moses gegee het, Lev. 1:1, toe die tent by die berg Sinai opgerig was. Vgl. Lev. 26:46; 27:34. |
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: aAs julle in die land inkom wat Ek julle gee, 2moet die land ’n 3sabbat hou 4vir die HERE.
| a Ex. 23:10. | 2 Anders: die land moet rus, dit moet ’n sabbat vir die HERE wees.
3 Die woord sabbat beteken rus en ophouding van enige werk. Die betekenis hier is dat die land nie bewerk moes word nie. Die uitwendige sabbat was in die Ou Testament: (1) Van dae, soos van die sewende dag en die feesdae, Ex. 20:8. Lev. 23:39, ens. (2) Van maande, soos van die nuwe maande, Lev. 23:24. Núm. 28:11. (3) Van jare, soos hier en in Lev. 26:35, ens. 4 Dit is, volgens sy bevel en tot sy eer. |
Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings daarvan insamel;
maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, ’n sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.
Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou 5ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ’n jaar van rus vir die land wees.
| 5 Anders: wat jy nie gesny het nie, of: waarvan jy jou onthou het. Verstaan die wingerd van elke Israeliet, waarvan hy volgens hierdie wet afstand geneem het, om dit nie te bewerk, te snoei of die druiwe daarvan af te sny nie. So word dit ook genoem in vers 11. |
En die 6opbrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou bywoner wat by jou vertoef,
| 6 Dit is, die vrugte wat in die sewende jaar op die onbewerkte land vanself, deur die seën van die HERE, sal voortkom, en nie deur die eienaar volgens gewoonte in die skure en kelders ingesamel moes word nie. |
en vir jou vee en die wild wat in jou land is, sal die hele opbrings daarvan wees om te eet.
Jy moet ook 7sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou negen-en-veertig jaar is.
| 7 Hebr. sabbatjare. Die woord sabbat beteken hier ’n week, soos in Lev. 23:15. Soos ’n week van dae sewe dae gehad het, so het ’n week van jare sewe jare gehad. |
Dan moet jy in die 8sewende maand, op die tiende van die maand, ’n basuingeklank 9laat deurgaan; op die 10versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.
| 8 Sien oor hierdie maand Lev. 23:24 se kanttekening.
9 Dit is, laat deurgaan deur die hele land, sodat daar oral basuingeklank gehoor word, om die jubeljaar aan te kondig. 10 Sien Lev. 23:27 se kanttekening. |
En julle moet 11die vyftigste jaar 12heilig en ’n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ’n 13jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen 14na sy geslag teruggaan.
| 11 Hebr. die jaar van vyftig jaar.
12 Dit is, aankondig dat dit aan die HERE tot ’n besondere en heilige gebruik toegewy en afgesonder is. Sien oor die woord heilig, in hierdie betekenis gebruik, Lev. 8:10 se kanttekening. 13 Die Hebreeuse woord jobel beteken eerstens ’n ram; daarna ’n ramshoring; laastens die vyftigste jaar, wat met ’n ramshoring aangekondig was, soos hier. In hierdie jaar was die vryheid vir die Israelitiese knegte en diensmaagde uitgeroep, en die wat hul erfgoed deur armoede verkoop het, het weer in besit daarvan gekom. Die woord jaar word hier en in dit wat volg bygevoeg uit vers 13. 14 Dit is, tot sy familie en vriende, van wie hy hom afgesonder het deur hom aan vreemdes te verkoop. Sien vers 41. |
’n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok 15dan afsny nie.
| 15 Verstaan in die vyftigste jaar. Sien vers 5. |
Want dit is ’n jubeljaar, dit moet vir julle 16heilig wees: van die land af moet julle 17die opbrings daarvan eet.
| 16 Hebr. heiligheid.
17 Naamlik, wat vanself sonder jou arbeid gegroei het. |
In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.
Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste koop, moet julle 18mekaar nie 19verdruk nie;
| 18 Hebr. ’n man sy broer.
19 Of: benadeel. Sien Lev. 19:33 se kanttekening. |
volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal 20jare dat daar ’n oes is, moet hy dit aan jou verkoop;
| 20 Dit is, waarin die veld of die akkers hul oes voortbring. Want die land is nie verkoop nie, maar slegs sy opbrings vir sekere jare, soos blyk uit dit wat volg. |
volgens die groter aantal jare moet jy 21die koopprys daarvan vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou die 22aantal oeste.
| 21 Verstaan die prys of waarde van die goed wat verkoop word.
22 Dit is, nie die eiendomsreg van die land nie, maar die gebruik en die opbrings daarvan, en dit vir ’n aantal jare wat met die jubeljaar moet eindig. Want dan kon die verkoper of eienaar weer sy goed in besit neem en die koper moes dit afstaan. |
Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; want Ek is die HERE julle God.
En doen my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit, dat julle veilig kan woon in die land.
En die land sal sy vrug gee, en julle sal volop eet en veilig daarin woon.
En as julle sê: Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie mag insamel nie? —
dan 23gebied Ek my seën vir julle in die sesde jaar, en dit sal die oes vir die drie jare oplewer.
| 23 Dit is, Ek sal my seën gee en toestuur. God se gebied beteken sy doen, volbring en uitvoer, óf met daadwerklike seëning, soos hier en in Deut. 28:8. Ps. 111:9; 133:3, óf met daadwerklike straf, soos in Jes. 5:6. Amos 9:4. Nah. 1:14. Vgl. Gén. 1:3 se kanttekening. |
En in die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrings eet tot die negende jaar toe; totdat 24die opbrings hiervan inkom, moet julle die oue eet.
| 24 Naamlik van die agtste jaar. |
Oor die lossingsreg van verkoopte erfgoed en oor die slawe.
DIE grond moet ook nie 25vir altyd verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is.
| 25 Hebr. tot afsnyding, naamlik van die reg van die lossing; sodat aan die verkoper ten ene male sy reg afgesny en hom ontneem sou word om sy verkoopte erfdeel te mag los of in die jubeljaar tot sy besitting terug te keer. Sien dieselfde manier van spreek in vers 30. |
Daarom 26moet julle, in die hele land van julle besitting, lossing van die grond 27toelaat.
| 26 Dit is, julle sal dit met hierdie voorwaarde verkoop, dat dit gelos mag word.
27 Hebr. eintlik: gee. |
As jou broer verarm en van sy besitting verkoop, moet sy losser wat sy nabestaande is, kom en hy moet los wat sy broer verkoop het.
En as iemand geen losser het nie, 28maar dit kan bekostig en 29genoeg vind vir die lossing,
| 28 Sien dergelike manier van spreek in Lev. 5:7 se kanttekening.
29 Hebr. volgens die genoegsaamheid van sy lossing. |
moet hy die 30jare bereken dat dit verkoop is, en wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan.
| 30 Naamlik, vandat die verkoping plaasgevind het tot die jubeljaar wat daarop volg. Dan moes hy die inkomste van soveel jare as wat daar nog oor was bereken, en daarvolgens is die waarde betaal, soos met die oorspronklike verkoop gedoen was. Sien vers 16. |
Maar as 31hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar 32moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan.
| 31 Hebr. sy hand. Vgl. dit met vers 30 en Rig. 9:33 se kanttekeninge.
32 Dit is, die verkoopte goed sal nie meer in die mag wees van diegene wat dit gekoop het nie. |
En as iemand ’n woonhuis in ’n 33ommuurde stad verkoop, moet daar reg van lossing wees tot die end van die jaar dat dit verkoop is; ’n 34jaar lank moet daar reg van lossing wees.
| 33 Hebr. ’n stad van die muur.
34 Hebr. dae. So word hierdie woord vir ’n volle jaar geneem in Ex. 13:10. 1 Sam. 1:3; 27:7. Die betekenis is: Die reg van hierdie lossing het ’n volle jaar geduur nadat die verkoping plaasgevind het. |
Maar as dit nie gelos word voordat ’n hele jaar verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, 35vir altyd die eiendom van sy koper bly vir sy geslagte; 36in die jubeljaar sal dit nie vry word nie.
| 35 Hebr. tot afsnyding, soos in vers 23. Die betekenis is dat die huis só aan die koper moes behoort en sy eiendom moes word, dat die verkoper alle reg om dit te mag los, ontneem is.
36 Verstaan dit van die verkoopte huis, wat ook nie uit die besit van die koper in die jubeljaar mog uitgaan nie, maar dit moes sy eiendom bly. |
Maar die huise van die dorpe wat rondom geen muur het nie, moet by die veld van die land gereken word; 37daar moet reg van lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word.
| 37 Naamlik vir die huise in die dorpe, net soos van die veld bepaal word in verse 25, 26. In die Hebreeus staan huis in die enkelvoud, siende op elke dorpshuis. Anders: vir hom (die verkoper) moet daar reg van lossing wees en die koper sal daar uitgaan in die jubeljaar. |
Wat die stede van die Leviete aangaan, die huise in die stede wat in hulle besit is — vir die Leviete moet daar 38’n ewige reg van lossing wees.
| 38 Verstaan dit van die tyd van die wet en van die Joodse regering in die land Kanaän; so ook in vers 34. Sien Gén. 13:15 se kanttekening. |
En as iemand 39van die Leviete dit sal los, moet die 40huis wat verkoop is, naamlik in die 41stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van Israel.
| 39 Anders: as iemand enige huis van die Leviete sal koop, ens. Of: die koper sal van die verkoopte huis, ens.
40 Naamlik wat deur die verkoper gelos sal word. 41 Verstaan die stad waarby die huis behoort het of waaronder dit geressorteer het. |
En die weiveld 42om hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is 43’n ewige besitting vir hulle.
| 42 Dit is, wat om die stede geleë is.
43 Soos in vers 32. |
En as jou broer by jou verarm 44en agterraak, moet jy hom 45ondersteun, 46soos ’n 47vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe.
| 44 Dit is, sy vermoë en middele sal minder word. Anders: sy bewende hand tot jou sal uitstrek, om in sy armoede en ellende by jou hulp te kry.
45 Die Hebreeuse woord beteken eintlik aangryp en vat om vas te hou. Verstaan hiermee allerlei ondersteuning en weldadigheid waardeur ’n mens die arme te hulp kom. Vgl. Eség. 16:49. 46 Of: selfs ’n vreemdeling. 47 Hier kan verstaan word diegene wat hulle by die Jode gevoeg en die Israelitiese godsdiens aangeneem het. Want aan ander vreemdelinge mog hulle rente oplê, Deut. 23:20, wat God verbied het om aan die gelowige vreemdeling te doen, Ex. 22:25. Deut. 23:19. |
Jy bmoenie 48rente of 49wins van hom neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe.
| b Ex. 22:25. Deut. 23:19. Spr. 28:8. Eség. 18:8; 22:12. | 48 Die Hebreeuse woord beteken ’n byting of deurknaging, omdat deur rente die middele van ’n mens verslind word.
49 Die Hebreeuse woord is soveel as vermenigvuldiging of oormatige vergroting; soos om rente op rente, woeker op woeker, en onredelik en buite maat te veel te vra. Sommige verstaan die eerste woord as rente wat op geld gehef word, die ander as wins wat verkry word met die verkoop van ware, spys, kleding, ens. |
Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, 50om julle God te wees.
| 50 Sien Gén. 17:7 se kanttekening. |
cEn as jou broer by jou verarm en hom aan jou 51verkoop, 52mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.
| c Ex. 21:2. Deut. 15:12. Jer. 34:14. | 51 Of: aan jou verkoop word.
52 Of: jy sal geen diens van hom eis met slaafse diensbaarheid nie, of: jy sal jou deur hom nie laat dien, of deur hom nie gedien wees, met die diens van ’n slaaf of bediende nie, dit is, jy sal sy diens nie gebruik met sulke hardheid wat mense slawe gewoonlik oplê nie. Hebr. nie jy sal dien in hom die diens van ’n kneg nie. Sien dieselfde manier van spreek in vers 46. Ex. 1:14. Jer. 25:14; 30:8; 34:9, 10. |
Soos ’n dagloner, soos ’n bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;
dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy 53geslag terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan.
| 53 Sien vers 10 se kanttekening. |
Want hulle is my 54knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word 55soos ’n mens ’n slaaf verkoop nie.
| 54 Wat Ek uit alle volke verkies het tot my eiendom, om My hier te dien en hierna vir ewig met My te lewe. So ook in vers 55.
55 Hebr. deur of volgens die verkoping van ’n slaaf, dit is, om as slawe verhandel te word en vir ewig te dien. |
dJy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God vrees.
| d Ef. 6:9. Kol. 4:1. |
Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sal behoort — van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ’n slaaf of slavin koop.
En ook van die kinders van die bywoners wat by julle vertoef — van hulle mag julle koop en van hulle geslag wat by julle is, wat hulle in julle land verwek het; en dié sal vir julle ’n 56besitting wees.
| 56 Naamlik, om hulle altyd as slawe wat in die jubeljaar nie gelos kon word nie, te gebruik. |
En julle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as ’n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat 57dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander — oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.
| 57 Naamlik, as slawe en bediendes, soos in vers 39. |
En as ’n vreemdeling of bywoner by jou 58vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan ’n vreemdeling of bywoner by jou verkoop, of 59aan ’n familielid uit die geslag van ’n vreemdeling,
| 58 Dit is, enige middele of rykdom sal verkry; so ook in vers 49.
59 Dit is, wat van uitlandse ouers afkomstig is, maar nogtans in jou land gebore en daarin deur langdurige inwoning ingewortel is. |
dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg van lossing wees; een van sy broers kan hom los,
of sy oom of sy oom se seun kan hom los, of een van sy naaste bloedverwante uit sy geslag kan hom los, of as hy dit kan bekostig, kan hy homself los.
En hy moet met sy koper reken van die jaar af dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. En die prys waarvoor hy hom verkoop het, moet wees volgens die aantal 60jare; soos ’n dagloner 61sal hy dan dié tyd by hom gewees het.
| 60 Naamlik, wat hy sy heer gedien het, om soveel van die geld van die lossing af te trek as wat sy heer in daardie tyd aan ’n dagloner sou moes gee.
61 Dit is, sal met hom gehandel word. |
As daar nog baie 62jare is, moet hy 63volgens hulle sy losprys uit 64die geld waarvoor hy gekoop is, teruggee;
| 62 Naamlik, wat die jubeljaar voorafgaan waarin die knegte losgelaat moes word. Vgl. die volgende vers.
63 Dit is, dat hy sy heer van die geld waarvoor hy gekoop was, teruggee volgens die hoeveelheid jare wat oor is voor die jubeljaar. 64 Hebr. die geld van sy koping. |
en as daar maar min jare tot die jubeljaar toe oor is, moet hy daarmee rekening hou; volgens dié jare moet hy sy losprys teruggee.
Soos een wat van 65jaar tot jaar loonarbeider is, moet hy by hom wees; hy mag nie met hardheid oor hom 66voor jou oë heers nie.
| 65 Dit is, wat nie nou en dan nie, maar ’n volle jaar of meer vir loon gearbei het.
66 Dit is, terwyl jy dit aanskou en deur die vingers sien. |
En as hy nie 67op dié wyse gelos word nie, moet hy in die jubeljaar vrygelaat word, hy en sy kinders saam met hom.
| 67 Dit is, deur die bogenoemde persone of middele. Anders: in hierdie, naamlik jare. |
Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.
Wette omtrent die olie vir die lampe van die tabernakel en die toonbrode.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, 1uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet 2bring, om 3gedurigdeur ’n brandende 4lamp te hê.
| 1 Sien hieroor ook die gebod in Ex. 27:20.
2 Hebr. neem. Dit is, neem en bring. Sien Gén. 12:15 se kanttekening. 3 Naamlik elke nagtelike uur. 4 Dit is, lampe, wat sewe in getal was, Ex. 25:37. |
5Aäron moet dit buitekant die 6voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte.
| 5 Of: sy seuns volgens sy bevel, soos te sien is in Ex. 27:21.
6 Wat die Heilige van die Allerheiligste onderskei. Sien Lev. 4:6 se kanttekening. Hierdie kandelaar het in die Heilige aan die suidekant gestaan; soos die vergulde tafel aan die noordekant, Ex. 26:35. |
Hy moet op die 7rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.
| 7 Dit is, wat van suiwer en fyn goud gemaak was, Ex. 25:31, soos Hy ook in vers 6 die rein tafel noem, waarop die toonbrode gelê word, omdat dit met suiwer, fyn en gelouterde goud oorgetrek was. Waarvan ook in Ex. 25:24 gelees kan word. |
Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, 8twee-tiendes van ’n efa moet elke koek wees;
| 8 Dit is, van twee gomer, wat die tiende deel van ’n efa was. Sien Ex. 16:36. |
en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ’n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE.
En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood 9as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE.
| 9 Sien Lev. 2:2 se kanttekening. |
Op 10elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die HERE 11regsit, van die kant van die 12kinders van Israel as ’n ewige insetting.
| 10 Hebr. In die dag van die sabbat, in die dag van die sabbat. Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 7:2 se kanttekening.
11 Wat slegs die priesters moes doen. 12 Wat die fynmeel gebring het, waarvan die priesters die brode of koeke moes maak. |
En adit 13moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in ’n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die 14vuuroffers van die HERE — ’n ewige insetting.
| a Ex. 29:32. Lev. 8:31. 1 Sam. 21:6. Matt. 12:4. | 13 Verstaan teen die einde van die week, wanneer hulle op die volgende sabbat die toonbrode van die tafel weggeneem het, om vars brode in die plek daarvan te lê.
14 Dit word ook onder die vuuroffers getel, omdat die wierook wat daarop gelê het, dan aangesteek en voor die HERE verbrand is. |
Straf vir die godslasteraar en ander misdadigers.
EN die seun van ’n Israelitiese vrou — maar hy was die seun van 15’n Egiptiese man — het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en ’n 16Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.
| 15 Dit is waarskynlik dat hierdie Egiptenaar die Israelitiese geloof aangeneem het, soos baie meen; of anders moes hy as ’n vreemdeling onder die Israeliete gewoon het.
16 Ten opsigte van beide sy ouers. |
Toe het die seun van die Israelitiese vrou die 17NAAM 18gelaster en gevloek. Daarom het 19hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Selómit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.
| 17 Verstaan die Naam van die HERE of JEHOVA, soos dit verklaar word in vers 16 en Deut. 28:58. Sien oor hierdie Naam Gén. 2:4 se kanttekening.
18 Die Hebreeuse woord wat hier uitdruklik met laster vertaal is, beteken eintlik deursteek, deurboor, deurwond. Waarmee die afgryslikheid van hierdie daad te kenne gegee word, omdat hy God met sy boosaardige tong asof deursteek het. 19 Verstaan dat die regters hom na Moses gebring het om hom raad te vra, hoe hulle hierdie gruwelike lasteraar sou straf. |
En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat hulle ’n beslissing kon verkry volgens die 20uitspraak van die HERE.
| 20 Hebr. mond. Dit is, die bevel van die HERE. Sien Gén. 41:40 se kanttekening. Ex. 17:1. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit 21gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.
| 21 Naamlik hoe hy gevloek en die Naam van God gelaster het. En hulle, as getuies, moes hul hand op sy hoof lê, om daarmee te getuig dat hulle hom met waarheid van hierdie sonde van godslastering beskuldig het, en dat hy, terwyl hy daaraan skuldig was, hierdie straf verdien het. |
En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy 22sonde dra.
| 22 Dit is, die straf van sy sonde; soos Hy dit verklaar in die volgende vers. Sien Lev. 5:1 se kanttekening. |
En wie die Naam van die HERE 23laster, moet 24sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom 25sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land — as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.
| 23 Hebr. deursteek, soos in vers 11, sien daar.
24 Hebr. dodende gedood word. Dit is, hulle sal nie nalaat om hom te dood nie, sonder om enige verskoning te gebruik. So ook in dit wat volg. 25 Hebr. stenigende stenig. |
En as iemand enige 26mens 27doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.
| 26 Hebr. siel. Sien Gén. 12:5 se kanttekening. Ex. 21:12.
27 Dit is, wie ’n mens se lewe neem deur verwonding en slaan. Vgl. Gén. 37:21. |
Maar hy wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; 28lewe vir lewe.
| 28 Naamlik ’n lewende stuk vee vir die stuk vee wat hy doodgeslaan het. |
En as iemand aan sy naaste ’n liggaamsgebrek toebring — soos hy gedoen het, net 29so moet ook aan hom gedoen word:
| 29 Naamlik volgens wettige orde, soos verklaar in die volgende kanttekening. |
30breuk vir breuk, boog vir oog, tand vir tand — dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan ’n mens 31toebring, moet ook aan hom toegebring word.
| b Ex. 21:24. Deut. 19:21. Matt. 5:38. | 30 Dit was die wet van vergelding, wat nie deur individuele persone nie, maar deur die owerheid, met kennis van sake uitgevoer moes word. Die Fariseërs het dit misverstaan en verkeerd uitgelê; waaroor hulle deur ons Saligmaker, Matt. 5:38, 39, bestraf word.
31 Hebr. gee. |
Hy dan wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat ’n mens doodslaan, moet gedood word.
Net een wet moet daar vir julle wees — die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.
Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
Wette oor die groot feeste.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat 1julle moet uitroep as 2heilige samekomste — dit is my feestye.
| 1 Naamlik deur die priesters. Sien Núm. 10:8, 9, ens.
2 Hebr. samekomste van heiligheid. So word die kerklike byeenkomste genoem, omdat hulle deur middel van stem of ander geluid na die plek van samekoms byeengeroep was om die heilige godsdiens te beoefen. So ook in dit wat volg. |
aSes dae lank kan 3werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ’n dag van volkome rus, ’n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie — dit is ’n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.
| a Ex. 20:9; 23:12. Deut. 5:13. Luk. 13:14. | 3 Verstaan die daaglikse en beroepswerk wat dien tot die versorging van hierdie tydelike lewe. |
Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.
bIn die eerste 4maand, op die veertiende van die maand, 5teen die aand, is die 6pasga van die HERE;
| b Ex. 12:18; 23:15. Núm. 28:16. Deut. 16:1. | 4 Nisan en Abib genoem, wat begin met die gelykheid van dae en nagte en die meeste ooreenstem met ons Maart. Sien Ex. 13:4 en Núm. 9:1 se kanttekeninge.
5 Hebr. tussen die twee aande. Sien oor hierdie manier van spreek Ex. 12:6 se kanttekening. 6 Hebr. pesag, dit is letterlik oorskryding of verbygang. So word die fees genoem deur ’n sakramentele manier van spreek, terwyl dit slegs ’n gedenkteken van die verbygang van die engel was. Vgl. hiermee Ex. 12:11 en Gén. 17:10 met die kanttekening daar. |
en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
Op die 7eerste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees; géén 8beroepswerk mag julle doen nie.
| 7 Dit is, op hierdie dag en op die sewende, soos volg in vers 8, sal die volk hulle in godsdienstige werke oefen en hul onthou van die daaglikse arbeid.
8 Naamlik, wat julle van die godsdiens wat julle verskuldig is om te beoefen, sou mog aftrek en julle vermoei. |
Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE ’n 9vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
| 9 Sien Lev. 1:9 se kanttekening. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die 10eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.
| 10 Die Hebreeuse woord vir gerf beteken die tiende deel van ’n efa, Ex. 16:36, omdat ’n tiende deel van ’n efa uit ’n gerf gedors kon word. |
En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, 11sodat julle welgevallig kan wees; 12die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.
| 11 Hebr. tot julle aangenaamheid of welgevalligheid.
12 Dit is, op die sestiende dag van die maand, die tweede ná die pasga en die tweede van die ongesuurde brode. |
Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ’n 13jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,
| 13 Hebr. ’n seun van sy jaar, dit is, wat ’n jaar oud is. So ook in Núm. 7:17, 21, 33, ens. |
en die spysoffer wat daarby behoort, twee-tiendes van ’n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, ’n 14lieflike geur, en daarby die 15drankoffer van wyn, ’n kwart 16hin.
| 14 Sien Gén. 8:21 se kanttekening.
15 Verstaan die offers waarin vogtige dinge, soos wyn en olie, geoffer was. So ook in verse 18, 37. Sien Gén. 35:14 se kanttekening en vgl. Ex. 29:40. 16 Sien oor hierdie maat Lev. 19:36 se kanttekening. |
En julle mag 17geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
| 17 Die betekenis is dat hulle glad nie die nuwe vrugte mog proe of nuttig nie, maar eers as hulle die eerstelinge daarvan aan God sou geoffer het; wat moes geskied op die dag wat beskryf word in vers 11. |
cDan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die 18beweegoffergerf bring — sewe volle 19weke moet dit wees;
| c Deut. 16:9. | 18 Sien oor die beweegoffer Lev. 7:30 se kanttekening.
19 Hebr. sabbatte. |
tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ’n 20nuwe spysoffer aan die HERE bring.
| 20 Vgl. Núm. 28:26 en verstaan dit as die offer wat moes kom van nuwe koring of vrugte en wat onderskei moet word van die vrywillige spysoffers, waarvan te sien is in Lev. 2:12. |
Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee-tiendes van ’n 21efa fynmeel wees; 22gesuurd moet dit gebak word as 23eerstelinge aan die HERE.
| 21 Sien meer oor hierdie maat in Ex. 16:36 en Lev. 5:11 se kanttekeninge.
22 Dit was geoorloof in hierdie offers van die eerste vrugte, maar nie in die vrywillige spysoffers nie, Lev. 2:11. 23 Vgl. Lev. 2:12. |
Julle moet ook by die brood sewe 24jaaroud lammers sonder gebrek en 25een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet ’n brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
| 24 Hebr. seuns van ’n jaar. So ook in die volgende vers.
25 Hebr. die seun van ’n bees, dit is, ’n jong bees. |
En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer,
en die priester moet hulle 26saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.
| 26 Of: volgens die eerstelingsbrood, waarvolgens hy beide lammers sal beweeg. |
En 27julle moet op daardie selfde dag uitroep: ’n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ’n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.
| 27 Naamlik julle priesters. |
dEn as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die 28kant van jou land as jy oes nie heeltemal 29afoes en 30die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
| d Lev. 19:9. Deut. 24:19. | 28 Dit is, die are wat aan die kante van die land of op die hoek van die akker eenkant staan en wat in die afsny gewoonlik vergeet of nagelaat word.
29 Hebr. voltooi, dit is, nie alles afsny en versamel nie. 30 Dit is, wat oorbly, om daarna versamel te word. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: eIn die 31sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ’n rusdag wees, ’n 32gedenkdag deur basuingeklank, ’n heilige vierdag.
| e Núm. 29:1. | 31 Étanim genoem, 1 Kon. 8:2, wat in ons September begin, wanneer dag en nag ewe lank is.
32 Of: ’n gedenkfees van geklank, of, volgens sommige, ’n geklank ter gedagtenis, wat gebeur het deur die priesters met die blaas van ’n basuin: (1) Om die volk te waarsku dat die burgerlike jaar begin het, waarvolgens alle burgerlike kontrakte en handelinge berei en bereken moes word. (2) Om die volk te vermaan dat hulle God sou dank vir die weldade wat hulle die hele jaar geniet het. (3) Dat hulle hul met erkentenis en leedwese oor hul sondes sou berei vir die dag van versoening, wat die tiende dag van dieselfde maand was. Sien vers 27. |
Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE ’n vuuroffer bring.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
33fMaar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die 34versoendag. ’n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle 35jul verootmoedig en aan die HERE ’n vuuroffer bring.
| f Lev. 16:29, 31. Núm. 29:7. | 33 Of: Immers.
34 Verstaan ’n fees van die Israeliete waar hulle hul versoen het met die HERE oor hul sondes, deur hulle te verneder deur te vas en te bid. 35 Sien Lev. 16:29 se kanttekening. |
En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is ’n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van die HERE julle God.
Want 36elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet 37uit sy volksgenote uitgeroei word.
| 36 Verstaan nie net die Israeliete nie, maar ook die vreemdelinge wat hulle uit ander nasies by die gemeenskap van Israel sou gevoeg het. So ook in die volgende vers.
37 Sien Gén. 17:14 se kanttekening. |
Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, dié siel sal Ek uitroei onder sy volk uit.
Julle mag géén werk doen nie; dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand 38in die aand, 39van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
| 38 Naamlik as die negende dag verby was en die aand gekom het, wat die begin van die tiende dag was; soos in die skepping die aand die môre voorafgegaan het. Die Jode het hierdie manier om die dag te bereken gevolg. Vgl. Gén. 1:5.
39 Dit is, van sonsondergang tot die volgende sonsondergang. |
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: gOp die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die 40huttefees vir die HERE.
| g Ex. 23:16. Núm. 29:12. Deut. 16:15. | 40 Naamlik, hutte wat nie van houtplanke, velle, wol of linne gemaak was nie, maar van takke van groen bome, soos in vers 40 verklaar word. ’n Voorbeeld hiervan is te sien in Neh. 8:16. |
Op die eerste dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
Sewe dae lank moet julle aan die HERE ’n vuuroffer bring. hOp die agtste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE ’n vuuroffer bring. Dit is ’n 41feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
| h Joh. 7:37. | 41 Hebr. verbod of ophouding; omdat dit op die dag verbode was om enige beroepswerk te doen, en die gemeente moes ophou om dit te doen, om byeen te bly vir die verrigting van die openbare godsdiens. Sien ook Núm. 29:35. Deut. 16:8. 2 Kon. 10:20. Neh. 8:18. Joël 1:14. Amos 5:21. Anders: plegtige vergadering, vierdag of byeenkoms. Anders: sluitingsdag; dit is, die laaste en vernaamste dag, waarmee die fees afgesluit was. Sien Joh. 7:37. |
Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE ’n vuuroffer te bring: ’n brandoffer en spysoffer, ’n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;
behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee.
Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.
En op die eerste dag moet julle vir julle 42vrugte neem van 43sierlike bome, met 44palmtakke en takke van digte bome en 45rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees.
| 42 Hoewel die Hebreeuse woord oor die algemeen vrugte beteken, word dit ewenwel ook in 2 Kon. 19:30 verstaan as alles wat uit die wortel of stamme opskiet en groei. Dat hier die takke bedoel word, kan goed afgelei word uit dit wat hier volg en uit Neh. 8:16, waar nog meer soorte takke genoem word. Hiermee het hulle hul hutte gebou.
43 Soos olyfbome, mirtebome en palmbome. Sien Neh. 8:16. 44 Hebr. hande van palms. 45 Waarmee hulle die genoemde takke aanmekaar gebind het, soos sommige meen. |
En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon,
sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel 46in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.
| 46 Naamlik, die veertig jaar wat hulle in die woestyn gewandel het. Dit is, Ek het hulle wonderbaarlik onderhou, sonder om huise te hê om in te woon en sonder vrugte van die aarde as voeding. |
So het Moses dan die feestye van die HERE aan die kinders van Israel bekend gemaak.
Wette oor die reinheid van die priesters as hulle die geheiligde gawes wil eet.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns dat 1hulle versigtig moet wees met die 2heilige gawes van die kinders van Israel — wat hulle aan My 3heilig — sodat hulle 4my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
| 1 Hebr. hulle hul moet afsonder van die heilige gawes, ens. Naamlik, dat hulle nie daarvan eet wanneer hulle deur iets verontreinig, of andersins onbekwaam daarvoor is, nie.
2 Dit is, wat deur die kinders van Israel aan God geoffer was. Sien Lev. 5:15 se kanttekening. 3 Daar word van iets gesê dat dit aan God geheilig is, as dit tot God se eer van die algemene gebruik afgesonder en vir ’n heilige doel toegewy word. So ook in die volgende vers. Net so ook in Ex. 13:2. Núm. 3:13. Deut. 15:19. Anders: omdat hulle dit aan My heilig. 4 Sien Lev. 18:21 se kanttekening. |
Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes 5aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy 6onreinheid op hom is, dié 7siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.
| 5 Naamlik, om daarvan te eet.
6 Waarvan in Levítikus 15 en ook hier, vers 4, ens., gespreek word. 7 Dit is, mens of persoon. So ook in vers 6, ens. Sien Gén. 12:5 se kanttekening. |
Niemand uit die 8nageslag van Aäron wat melaats is of ’n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur 9’n lyk onrein is, aof van wie 10’n saadvloeiing uitgaan,
| a Lev. 15:2. | 8 Sien Gén. 9:9 se kanttekening.
9 Hebr. die onreine van ’n siel, dit is, van ’n dooie liggaam. Sien Lev. 19:28 se kanttekening. 10 Hebr. die vloeiing van saad. |
of iemand wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy onrein word, of aan ’n mens, deur wie hy onrein word ten gevolge 11van watter onreinheid ook al —
| 11 Dit is, met watter onreinheid hy ook al besmet sou mag wees. |
die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die heilige gawes nie eet nie tensy dat hy sy liggaam in die water gebad het.
Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy 12voedsel.
| 12 Hebr. brood. Sien Lev. 3:11 se kanttekening. |
bAas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is die HERE.
| b Ex. 22:31. Lev. 17:15. Eség. 44:31. |
Hulle moet dan 13my ordening onderhou, dat hulle weens 14die heilige gawes geen sonde 15op hulle laai en 16daardeur sterwe nie, omdat hulle 17dit ontheilig het. Ek is die HERE wat 18hulle heilig.
| 13 Hebr. my bewaring bewaar of onderhouding onderhou.
14 Die heilige gawes waarvan in vers 7 gespreek is. Sien Lev. 21:22 se kanttekening. So ook in dit wat volg. 15 Of: dra. Sien Lev. 5:1 se kanttekening. 16 Naamlik deur die heilige gawes waarvan in vers 7 gespreek is. Anders: daarin, naamlik in die sonde of straf vir hul sonde, soos Nadab en Abíhu oorgekom het, Lev. 10:1, 2. 17 Dit is, die heilige gawes. 18 Naamlik die priesters. Sien Lev. 21:8 se kanttekening. |
Ook mag geen 19onbevoegde eet wat heilig is nie. ’n 20Bywoner van ’n priester en ’n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.
| 19 Dit is, wat nie van die priesterlike geslag is nie; dit wil sê die ander Leviete en Israeliete. Sien vers 12. Matt. 12:4.
20 Verstaan iemand wat, terwyl hy van buite af ingekom het, vir ’n tyd sy woning en herberg by die priester het. Sommige verstaan deur hierdie bywoner een van die Hebreeuse slawe, waarvan ons lees in Ex. 21:2 en die kanttekening, Ex. 21:3, ens. |
Maar as ’n priester iemand 21met sy geld koop, mag dié daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is; húlle mag van sy voedsel eet.
| 21 Hebr. met die koop van sy geld, dit is, met die geld waarmee hy koop. |
Maar as die dogter van ’n priester aan ’n 22vreemde behoort, mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.
| 22 Dit is, wat nie van die priesterlike geslag was nie, soos in vers 10. |
Maar as die dogter van ’n priester weduwee is of 23verstoot word en sy 24kinderloos is en in die huis van haar vader terugkom csoos in haar jeug, dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maar geen onbevoegde mag daarvan eet nie.
| c Lev. 10:14. | 23 Sien Lev. 21:7 se kanttekening.
24 Hebr. geen saad. Dit is, geen kinders het nie. Die woord word so verstaan in Gén. 4:25; 15:3. Lev. 20:2, ens. |
En as iemand by vergissing iets eet wat heilig is, moet hy die vyfde deel 25daarvan byvoeg, en só 26wat heilig is, aan die priester teruggee.
| 25 Dit is, wat aan dit wat heilig is gelyk of soveel werd was; omdat dit wat geëet was nie teruggegee kon word nie. Sien Lev. 5:16.
26 Anders: met die heilige teruggee. |
So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, nie ontheilig
en op húlle geen 27strafbare skuld laai deurdat húlle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
| 27 Of: skuld van ongeregtigheid, dit is, die straf van die skuld of misdaad. Soos in vers 9 en Lev. 5:1. |
Bepalinge omtrent die aard van die vrywillige offers.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: 28Enigeen uit die huis van Israel of uit die 29vreemdelinge in Israel wat sy offer bring — volgens al hulle 30geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan die HERE as brandoffer bring —
| 28 Hebr. Man man.
29 Verstaan diegene wat die godsdiens van die Israeliete aangeneem en bely het. 30 Sien hieroor Lev. 7:16 se kanttekening. |
moet dit so bring, dat 31julle welgevalle vind: ’n dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke.
| 31 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
Julle mag nie iets bring waar ’n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle 32nie ten goede kom nie.
| 32 Hebr. nie volgens aangenaamheid, of welgevalle nie. So ook in die volgende vers. Verstaan: nie aangenaam vir die HERE nie. Vgl. hiermee Lev. 1:4 se kanttekening. |
dEn as iemand ’n dankoffer aan die HERE offer om ’n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.
| d Deut. 15:21; 17:1. |
Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of 33skurfte of uitslag — dit moet julle aan die HERE nie bring nie, en daarvan mag julle vir die HERE geen vuuroffer op die altaar lê nie.
| 33 Vgl. Lev. 21:20. |
Maar ’n bees of stuk 34kleinvee waarvan ’n liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer 35berei; maar as gelofte-offer sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.
| 34 Dit is, skape en bokke.
35 Dit is, offer. |
’n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die HERE nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,
en uit die hand van 36’n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, ’n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.
| 36 Hebr. seun van die vreemde of uitlander. Hiermee word deur God beveel dat die offers wat deur die uitlander geoffer sou word (sien Esra 6:8-10), sonder gebrek moes wees, sowel as die offers van die kinders van Israel. |
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
As ’n bees of ’n lam of ’n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as ’n vuuroffergawe aan die HERE.
’n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag slag nie.
En as julle ’n lofoffer aan die HERE bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.
eOp dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die HERE.
| e Lev. 7:15. |
Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die HERE.
En 37ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek 38geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig,
| 37 Dit is, laat my heilige Naam nie gelaster word nie, deur iets te doen teen my gebooie.
38 Dit is, gehou en verklaar word as die God wat die oortreders straf en die vromes beloon. Sien Lev. 10:3 se kanttekening. |
wat julle uit Egipteland uitgelei het om 39vir julle ’n God te wees. Ek is die HERE.
| 39 Sien Gén. 17:7 se kanttekening. |
Wet oor die reinheid van die priesters.
VERDER het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan 1’n dooie moet ’n priester hom nie 2verontreinig onder sy volksgenote nie;
| 1 Hebr. siel. Sien Lev. 19:28 se kanttekening, en hierna, vers 11.
2 Naamlik, deur die dooie liggaam aan te raak, te help begrawe en daaroor te rou, soos ander wat nie priesters was nie, gedoen het. |
behalwe aan sy 3bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;
| 3 Sien Lev. 18:6 se kanttekening. Sommige verstaan deur hierdie woord nie net diegene wat in die volgende twee verse genoem word nie, maar ook die vrou van die priester. |
en aan sy suster wat jongmeisie is, sy 4nabestaande, wat nie aan ’n man toebehoort het nie — aan haar mag hy hom verontreinig.
| 4 Dit is, wat sy natuurlike suster is, en nie uit krag van verdere familieverwantskap of huweliksverband of andersins so genoem word nie. |
Hy mag hom as 5getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.
| 5 Of: huisvader, wettige man. Hier word deur sommige verstaan dat ’n priester nie oor sy vrou (met welke woorde die vertaling dan aangevul word) sou mog rou nie; hoewel dit voorkom of dit nie ongeoorloof was nie, omdat die priester Eségiël van voorneme was om dit te doen, maar dit hom op ’n buitengewone manier verbied is, Eség. 24:16, ens. Of: Hy mag hom nie verontreinig oor ’n owerste onder, ens. Die Hebreeuse woord word in hierdie betekenis gebruik in Jes. 16:8. |
Hulle mag op hul hoof geen 6kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.
| 6 Hebr. die kaalte nie kaal maak nie. |
Heilig moet hulle aan hulle God wees en 7die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, 8die spys van hulle God; daarom moet hulle 9heilig wees.
| 7 Sien Lev. 18:21 se kanttekening.
8 Sien Lev. 3:11 se kanttekening. So ook hierna, verse 8, 21, 22, en Lev. 22:25. 9 Hebr. heiligheid. Dit is, na heiligheid streef, en hulle sal ten opsigte van hul amp vir heilig gehou word. |
Hulle mag geen vrou neem wat ’n hoer of ’n 10onteerde is nie; en ’n vrou wat deur haar man 11verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.
| 10 Dit is, wat verkrag of geskend is, of wat in die openbaar of in die geheim hoerery bedryf het. So ook in vers 14.
11 Dit is, verlaat deur egskeiding, terwyl sy vir die doel hiervan en as bewys hiervan ’n skeibrief van haar man ontvang het. So ook in vers 14. Núm. 30:9 en die kanttekening. Eség. 44:22. |
Daarom moet jy 12hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle 13heilig.
| 12 Of: hom heilig.
13 Dit is, wat julle van ander mense afsonder tot sy eiendom, deur middel van die amp van die priesters, vir wie jy daarom vir heilig en in waarde sal hou. Vgl. Lev. 20:8 se kanttekening. |
En as die dogter van ’n priester 14haar ontheilig om te hoereer, 15ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.
| 14 Anders: begin om te hoereer.
15 Dit is, sy maak dat haar vader verag en vir onheilig gehou en bespot word. Sien soortgelyke manier van spreek in Ps. 89:40. Jes. 43:28. |
En die 16priester wat die hoogste onder sy broers is, 17op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat 18as priester aangestel is om 19die klere aan te trek — hy mag sy hare nie 20laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.
| 16 Hebr. groot priester. So ook in 2 Kon. 12:10; 23:4.
17 Sommige oordeel, deur hierdie woorde te vergelyk met Ex. 40:13-15. Lev. 8:12, 30. Ps. 133:2, dat ná die eerste inwyding van Aäron en sy seuns, niemand van die priesters meer gesalf is nie, behalwe die hoëpriester. 18 Sien Lev. 7:37 se kanttekening. 19 Sien hieroor Ex. 28:4. 20 Dit is, rou oor ’n dooie. Vgl. Lev. 10:6. |
En hy mag by geen dooie kom nie, selfs 21aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;
| 21 Verstaan dit slegs ten opsigte van die hoëpriester; want die ander was dit geoorloof. Sien vers 2. |
en hy mag uit die heiligdom 22nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie 23ontheilig nie, want die 24wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die HERE.
| 22 Naamlik, om die begrafnis by te woon.
23 Naamlik, deur in die heiligdom in te gaan nadat hy in die huis van sy oorlede vader of moeder was of gerou het. 24 Of: kroon, sien hieroor Ex. 29:6 en Lev. 8:9 se kanttekeninge. |
En hý moet ’n vrou in haar maagdelike staat neem.
’n Weduwee of 25een wat verstoot is of ’n onteerde, of ’n hoer — hulle moet hy nie neem nie; maar ’n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,
| 25 Sien vers 7 se kanttekening. |
dat hy nie 26sy kroos onder sy volksgenote 27ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom 28heilig.
| 26 Hebr. saad, dit is, sy kinders. So ook in Gén. 4:25 en hierna, verse 17, 21.
27 Naamlik, deur teen die genoemde wette ’n vrou vir hom te neem. 28 Dit is, afsonder tot ’n heilige diens. So ook in Ex. 28:3; 29:1 en hierna, vers 23. |
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou 29nakomelinge, 30in hulle geslagte, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom om 31die spys van sy God te offer nie.
| 29 Waarby seuns ook ingesluit is. Hetsy hoë- of onderpriesters. So ook in vers 21.
30 Dit is, in watter tye of eeue hulle ná jou sou mag lewe. 31 Sien Lev. 3:11 se kanttekening. |
Want niemand aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: ’n blinde of ’n lamme of een 32wat in die gesig vermink is of iemand by wie ’n 33liggaamsdeel te lank is,
| 32 Dit is, wat ’n ingevalle neus het, sodat hy daardeur spreek. Of: wat abnormaal kort liggaamsdele het.
33 Dit is, wat abnormaal lang liggaamsdele het. |
of iemand wat ’n been of ’n arm gebreek het,
of wat ’n boggel het of 34uitgeteer is of 35’n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of ’n gebreklike skaamdeel het.
| 34 Anders: dun, maer, skraal, dwergagtig.
35 Anders: wat skemering in sy oog het. |
Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. ’n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.
Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die 36hoogheilige en 37heilige gawes eet;
| 36 Hebr. heilighede van heilighede. Verstaan die toonbrode, die skuldoffers en sondoffers.
37 Of: heilighede. Verstaan die dankoffers, die eerstelinge en die tiendes. |
maar 38hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ’n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy 39my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
| 38 Dit is, die priesterlike amp sal hy nie bedien nie. Sien oor hierdie voorhangsel Lev. 4:6 se kanttekening.
39 Dit is, die plekke van die HERE se heiligdom. Verstaan deur die heiligdom die tent van samekoms, soos te sien is in Lev. 16:33, wat in die meervoud gestel is, omdat dit verskillende dele gehad het: die voorhof, die Heilige en die Allerheiligste. |
En Moses het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.
Straf vir verskillende misdade.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Jy moet ook aan die kinders van Israel sê: a1Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan 2Molog gee, moet 3sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig.
| a Lev. 18:21. | 1 Hebr. Man man. So ook in vers 9.
2 Sien Lev. 18:21 se kanttekening. 3 Hebr. dodende gedood word, dit is, sonder enige verskoning. So ook in verse 9-12, 15, ens. |
En Ek sal 4my aangesig teen dié man rig en 5sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan 6Molog gegee om 7my heiligdom te verontreinig en 8my heilige Naam te ontheilig.
| 4 Sien Lev. 17:10 se kanttekening. So ook hierna, vers 5, ens.
5 Naamlik deur ’n besondere straf, wat Ek ook in hierdie lewe oor hom sal laat kom, indien hy nie deur die owerheid gestraf word nie. So ook in dit wat volg. 6 Sien vers 2. 7 Naamlik, as hy daar sou inkom, terwyl hy met sulke gruwelike sondes besmet is. Vgl. Lev. 15:31. 8 Hebr. die Naam van my heiligheid. Sien Lev. 18:21 se kanttekening. |
En as die volk van die land hulle oë 9maar enigsins toemaak vir dié man as hy van sy kinders aan Molog gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie,
| 9 Hebr. toemakende toemaak. Dit is, met opset so ’n misdaad ongemerk laat verbygaan, sonder om dit te straf. |
dan sal Ek my aangesig rig teen dié man en sy 10geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan 11hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit.
| 10 Of: huisgesin; dit is, kinders en nageslag, wat in die voetspore van sy afgodery volg; soos uit die volgende woorde verstaan kan word. Vgl. Ex. 20:5.
11 Dit is, afgodery bedryf deur van die HERE af te wyk (wat die ware Man van sy volk is, Hos. 2:18, 19. 2 Kor. 11:2) om die afgode aan te hang. Daar word gesê dat God jaloers is wanneer dit gebeur, Ex. 20:5. Deut. 5:9. Sien Lev. 17:7 se kanttekening. |
En as ’n persoon hom begewe tot die 12bgeeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.
| b Lev. 19:31. | 12 Sien hieroor Lev. 19:31 se kanttekening. |
cToon dan dat julle 13heilig is en wees heilig, want Ek is die HERE julle God.
| c Lev. 11:44; 19:2. 1 Petr. 1:16. | 13 Sien Lev. 11:44 se kanttekening. |
En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle 14heilig.
| 14 Naamlik deur julle af te sonder van die wêreld, en julle uit genade deur die verdienste van die Messías te regverdig, en julle tot ’n heilige lewe deur my Gees te vernuwe. So kan hierdie woord ook verstaan word in Eség. 37:28. |
dWant 15elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy 16bloedskuld 17is op hom.
| d Ex. 21:17. Spr. 20:20. Matt. 15:4. | 15 Hebr. man man.
16 Hebr. sy bloede (in die meervoud); dit is, hy is die oorsaak en dra die skuld dat sy bloed vergiet moet word. Sien soortgelyke manier van spreek in Jos. 2:19. 2 Sam. 1:16. So ook hierna in vers 11. Net so in Matt. 27:25. Hand. 18:6. 17 Anders: sal op hom wees. |
eEn as iemand owerspel doen met ’n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.
| e Lev. 18:20. Deut. 22:22. Joh. 8:5. |
fEn as ’n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
| f Lev. 18:8. |
gEn as ’n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het ’n 18gruwelike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle.
| g Lev. 18:15. | 18 Sien Lev. 18:23, asook die kanttekening. |
hEn as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het 19soos ’n mens met’n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. 20Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
| h Lev. 18:22. | 19 Sien Lev. 18:22 en die kanttekening.
20 Naamlik hulle albei, tensy deur die een geweld gebruik is, teen die wil van die ander. Sien Deut. 22:25. |
iEn as ’n man ’n vrou en haar moeder neem, is dit ’n skandelike daad; hulle moet hom en 21dié twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie.
| i Lev. 18:17. | 21 Naamlik, indien hulle albei kennis van die gruwelike daad gehad het. Ten minste moes die skuldiges sterwe. |
kEn as ’n man vleeslike gemeenskap het met ’n dier, moet hy sekerlik gedood word, en die dier moet julle doodslaan.
| k Lev. 18:23. |
En as ’n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê, moet jy die vrou en 22die dier doodslaan. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
| 22 Naamlik, om die gedagtenis van sulke gruwelike sonde weg te neem, en om alle mense af te skrik, sodat hulle dit nie navolg nie. |
lEn as ’n man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar skaamte sien en sy sy skaamte sien, is dit ’n 23skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy moet 24sy ongeregtigheid dra.
| l Lev. 18:9. | 23 Die Hebreeuse woord beteken gewoonlik ’n goeie daad of weldadigheid, maar hier en in Spr. 14:34 heeltemal die teendeel, dit is, ’n verkeerde, skandelike, afskuwelike daad, waarmee ’n mens God ten hoogste vertoorn, sy naaste ontstig en homself in die skande bring. So word ook die woord seën as die teendeel daarvan geneem, dit is, vloek. Sien Job 1:5 en die kanttekening.
24 So ook in verse 19, 20. Sien Lev. 5:1 se kanttekening. |
mEn as ’n man 25met ’n vrou gemeenskap het wat onwel is, en haar skaamte ontbloot — hy het haar fontein ontbloot en sý die fontein van haar bloed — dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle volk uit.
| m Lev. 18:19. | 25 Naamlik terwyl hy goed weet dat sy onwel is. Vgl. Lev. 15:24 se kanttekening. |
nOok mag jy die skaamte van jou moeder se suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy bloedverwante ontbloot; hulle moet hul ongeregtigheid dra.
| n Lev. 18:12, 13. |
oEn as ’n man met sy 26tante gemeenskap het, het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; 27sonder kinders sal hulle sterwe.
| o Lev. 18:14. | 26 Dit is, die vrou van sy oom, wat deur die huwelik sy tante geword het.
27 Dit is (soos sommige verklaar), hulle sal gedood word, of: God sal hul gemeenskap vervloek, sodat daar geen kinders van sal kom of oorbly nie, indien hulle nie deur die owerheid gestraf word nie. |
pEn as ’n man sy broer se vrou neem, is dit 28bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; 29sonder kinders sal hulle wees.
| p Lev. 18:16. | 28 Hebr. afsondering, dit is, ’n saak wat uit die midde van die mense weggeruim en geweer behoort te word vanweë die onreinheid daarvan. Die Hebreeuse woord word ook gebruik vir die onreinheid van ’n vrou wat haar maandstonde het, waarom sy van die gemeenskap van mense afgesonder moes wees, Lev. 15:19, 20, ens. Van hierdie wet moes die wet waarna in Deut. 25:5 verwys word, uitgesluit word.
29 Sien die voorgaande vers se kanttekening. |
qOnderhou dan al my insettinge en al my verordeninge en doen dit, dat die land waarheen Ek julle bring om daarin te woon, julle 30nie uitspuug nie.
| q Lev. 18:26. | 30 Sien Lev. 18:25 se kanttekening. |
rEn julle mag nie wandel in die insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen; daarom het Ek ’n afsku van hulle gekry.
| r Lev. 18:3, 30. |
En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, s’n land 31wat oorloop van melk en heuning. Ek is die HERE julle God wat julle van die volke 32afgesonder het.
| s Ex. 3:8. | 31 Sien oor hierdie manier van spreek Ex. 3:8.
32 Naamlik, sodat julle my volk en eiendom sou wees, om My hier te ken en te dien, en hierna in ewigheid saam met My te lewe. Sien vers 26. Ex. 19:5. Deut. 7:6. |
tDaarom moet julle ’n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak 33julleself nie ’n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie — wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.
| t Lev. 11:2. Deut. 14:4. | 33 Sien Lev. 11:43 se kanttekening. |
En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.
vEn as daar in ’n man of vrou ’n 34gees van ’n afgestorwene is of ’n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle.
| v Deut. 18:10. 1 Sam. 28:7. | 34 Sien Lev. 19:31 se kanttekening, asook in hierdie hfst., vers 6, waar verbied word om waarsêers raad te vra. Maar hier word die straf vasgestel teen die waarsêers en dergelike dodebesweerders. |
Verskeie skaduagtige en sedewette insake die godsdiens.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: a1Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is 2heilig.
| a Lev. 11:44; 20:7, 26. 1 Petr. 1:16. | 1 Dit is, lewe volgens al my wette en gebooie, aangaande die sedes, seremonies en burgerlike regte; waarvan sommige in hierdie hfst. beskryf word.
2 Nie net in gedagtes, woorde en werke nie, maar ook in my Wese die Heiligheid self. |
bElkeen moet sy 3moeder en sy vader vrees, en cmy sabbatte hou. 4Ek is die HERE julle God.
| b Ex. 20:12.
c Ex. 31:13. Lev. 26:2. |
3 Die moeder word hier voor die vader genoem, omdat die kinders in hul jonkheid hul moeder die meeste nodig het, en sommige, wanneer hulle ouer is, hul moeder die meeste verag.
4 Sien Lev. 18:2 se kanttekening. So ook verse 4, 10, 12, 14, ens. |
Begeef julle nie tot die 5afgode en maak vir djulle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God.
| d Ex. 34:17. | 5 Die Hebreeuse woord beteken eintlik nietige dinge of wat niks is nie. Waarom die apostel met reg sê dat die afgod in die wêreld niks is nie, 1 Kor. 8:4, want dit is ’n nietige versinsel van die mens se ydel hart, 1 Sam. 12:21. |
En as julle 6’n dankoffer aan die HERE slag, moet julle dit so offer, 7dat julle welgevalle kan vind.
| 6 Sien Lev. 3:1 se kanttekening.
7 Dit is, met jul goeie geneentheid, en vrywillige en ongedwonge voorneme. Want hierdie dankoffers was wel gebied, maar nie met ’n presiese voorskrif nie, sodat elkeen vry was om daarin te doen volgens wat hy in sy hart gevoel het. Sien Lev. 7:16 en vgl. dit met die vrywillige brandoffer, Lev. 1:3. |
eOp die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.
| e Lev. 7:16. |
En as dit 8tog op die derde dag geëet word, 9sal dit ’n onrein ding wees; dit sal nie met welgevalle aangeneem word nie.
| 8 Hebr. etende geëet word.
9 Sien Lev. 7:18 se kanttekening. |
En hy wat dit eet, moet sy 10ongeregtigheid dra, want 11wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom 12moet dié siel uit sy volksgenote uitgeroei word.
| 10 Sien Lev. 5:1 se kanttekening.
11 Sien Lev. 5:15 se kanttekening. 12 Sien Gén. 17:14 se kanttekening. |
fEn as julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en 13die are wat val, nie versamel nie.
| f Lev. 23:22. Deut. 24:19. | 13 Dit is, die are wat nog opgetel kan word. |
Jou wingerd 14moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
| 14 Naamlik, nadat die beste druiwe afgesny is en die oes van die wingerd een maal gedoen is. |
gJulle mag nie steel nie, en julle mag 15nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.
| g Ex. 20:15. | 15 Of: nie ontken dat julle iets van iemand in bewaring geneem het nie. |
hEn julle mag nie vals sweer by my Naam en 16so die 17Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.
| h Ex. 20:7. Deut. 5:11. | 16 Anders: julle sal die Naam van jou God nie, ens.
17 Sien Lev. 18:21 se kanttekening. |
Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die idagloner se 18loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.
| i Deut. 24:14. Jak. 5:4. | 18 Hebr. werk of arbeid. Sien Job 7:2 en Jer. 22:13 se kanttekeninge, ens. |
Jy mag ’n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen 19struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
| 19 Wat hom sou kon seermaak of laat val. |
Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. kJy mag vir die 20geringe nie partydig wees nie en die 21aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.
| k Deut. 1:17; 16:19. Spr. 24:23. | 20 Dit is, in die oordeel en vonnis nie ag gee op die hoedanigheid van die persone nie, maar op die eis en die geregtigheid van die saak. Hierdie manier van spreek is ook in Deut. 10:17. Ps. 82:2. Vgl. Deut. 1:17. Spr. 24:23.
21 Dit is, hom gunstig wees en verdedig in sy onreg. Sien hierdie manier van spreek ook in Ex. 23:3. |
lJy mag nie as ’n 22kwaadspreker onder jou volksgenote 23rondloop nie. Jy 24mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE.
| l Ex. 23:1. | 22 Die Hebreeuse woord beteken eintlik iemand wat iets oor en weer oordra, op die manier van ’n smous, wat by die een koop en aan ’n ander verkoop. So is dit met ’n kwaadspreker, wat by die een iets hoor en dit aan ’n ander oorvertel, tot sy eie voordeel en sy naaste se skade.
23 Dit is, herwaarts en derwaarts rondloop om kwade gerugte van sy naaste te versprei, en nog ander gerugte te verneem om dit weer te versprei. Sien hierdie manier van spreek ook in Spr. 11:13; 20:19. Jer. 6:28; 9:4. 24 Dit is, jy mag jou naaste nie net nie ombring nie, maar ook nie die oorsaak wees dat hy deur valse getuienis omgebring word nie. |
mJy mag jou 25broer in jou hart nie haat nie. nJy moet jou naaste 26vrymoedig berispe, 27sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.
| m 1 Joh. 2:9, 11; 3:15.
n Matt. 18:15. Luk. 17:3. |
25 Dit is, jou naaste. Sien Gén. 19:7 se kanttekening; Gén. 29:4. Of: jou landgenoot. Sien Ex. 2:11. 1 Sam. 30:23. Hand. 22:1, waar die woord broers vir landgenote gebruik word.
26 Hebr. berispende berispe. 27 Dit is, die straf wat hy verdien het, nie met hom dra nie. Anders: jy sal die sonde in hom nie verdra nie. |
oJy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar pjy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
| o Matt. 5:39, 44. Luk. 6:27. Rom. 12:19. 1 Kor. 6:7. 1 Thess. 5:15. 1 Petr. 3:9.
p Matt. 5:43; 22:39. Rom. 13:9. Gal. 5:14. Jak. 2:8. |
Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. qJou akker moet jy nie 28met twee soorte saad besaai nie. En ’n kleed van 29twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
| q Deut. 22:9. | 28 So ook in Deut. 22:9.
29 Soos van wol en linne. Sien Deut. 22:11. |
En as ’n man 30vleeslike gemeenskap het met ’n vrou wat ’n slavin is, vir ’n 31ander man 32bestemd, sonder dat sy 33ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar 34bestraffing plaasvind. Hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie 35vrygelaat nie.
| 30 Vgl. Lev. 18:20.
31 Verstaan die een aan wie sy verloof was of met wie sy sou trou. 32 Die Hebreeuse woord kan ook met versmaad vertaal word, naamlik deur die man aan wie sy verloof of met wie sy getroud was. Anders: deur ’n ieder versmaad, dit is, só verag dat sy nie vrygemaak word nie, maar in slawerny bly. 33 Hebr. loskopende losgekoop. 34 Of: géseling, of: slaan. Sien oor hierdie straf Deut. 25:2, 3. 35 Want indien sy vry was, sou hulle gedood moes word, Deut. 22:24. |
En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring by die ingang van die tent van samekoms — ’n ram as skuldoffer;
en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE weens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.
En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, 36moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle 37verbode wees; daar mag nie van geëet word nie.
| 36 Hebr. moet julle die voorhuid daarvan besny. Dit is, julle moet die eerste vrugte as onrein beskou, soos ’n voorhuid, en nie gebruik nie, maar weggooi.
37 Hebr. onbesny. Dit is, onrein en gevolglik nie geskik om genuttig te word nie. |
Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte 38’n heilige feesgawe aan die HERE wees;
| 38 Dit is, dit moes aan die HERE toegewy wees, om Hom te loof vir die vrugbaarheid van die bome; en daarom moes dit aan die priesters gegee word, wat die voedsel van hul God geëet het. Hebr. heiligheid. |
en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet —dit alles 39om hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is die HERE julle God.
| 39 Dit is, sodat die HERE die opbrings daarvan vir julle meer maak. |
Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie 40met verklaring van voortekens of 41goëlery omgaan nie.
| 40 Sommige vertaal hierdie woorde met voëlgeskreeu. Die Hebreeuse woord beteken nie net om uit die voëls nie, maar ook uit ander dinge iets aan te merk en waar te neem, om deur nietige kuns iets wat verborge is, te openbaar of te voorspel. So is hierdie woord ook gebruik in 2 Kon. 21:6. 2 Kron. 33:6.
41 Die Hebreeuse woord beteken deur verblinding van die oë te toor, waardeur mense meen om te sien wat daar nie is nie; soos dit deur sommige verstaan word in Deut. 18:10. 2 Kon. 21:6. 2 Kron. 33:6. Jes. 2:6; 57:3. Jer. 27:9. Ander verstaan dit as tydwaarneming of waarsêery uit die aanskouing van die wolke en die voorkoms van die hemelliggame, wat sterrekykery genoem word. |
rJulle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.
| r Lev. 21:5. |
sJulle mag ook ter wille van ’n 42dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.
| s Deut. 14:1. | 42 Hebr. siel, dit is, ter wille van die dooie liggaam van ’n mens. So ook in Lev. 21:1, 11; 22:4. Núm. 9:6. Ps. 16:10. |
Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.
Julle moet my sabbatte hou en my heiligdom 43ontsien. Ek is die HERE.
| 43 Of: in ere hou, deur die wette en verordeninge wat daarin onderhou moet word, na te volg, en nie in die heiligdom te verskyn nie terwyl jy onbekwaam is deur afgodery of enige ander sonde en onreinheid. Sien Lev. 26:2. |
tBegeef julle nie tot die 44geeste van afgestorwenes en die 45geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
| t Lev. 20:6. | 44 Of: waarsêers. Want die woord beteken sowel die geeste wat, terwyl hulle oor onbekende en verborge dinge gevra is, antwoord gee, asook die waarsêers, sowel manne as vroue, wat die geeste gevra het om antwoorde te kry. Hulle word wel volgens algemene gebruik waarsêers genoem, maar is hierdie naam in sy letterlike betekenis onwaardig, omdat hulle menigmaal valsheid antwoord en slegs waarheid antwoord om te bedrieg en skade te doen. Sien oor hulle ook Lev. 20:27. Deut. 18:11. 1 Sam. 28:3, 9. 2 Kon. 21:6. 1 Kron. 10:13. Hand. 16:16.
45 Die Hebreeuse woord kom van die wat weet, omdat hierdie dodebesweerders hul daarop beroem en voorgegee het om baie te weet, naamlik nie net wat gebeur het en wat aan ander onbekend was nie, maar ook wat nog sou gebeur, waarvoor hulle ydele en duiwelse kunste gebruik het. Sien oor hulle ook Lev. 20:6, 27. 1 Sam. 28:3, 9. Jes. 8:19. |
Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ’n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
vEn as ’n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie 46verdruk nie.
| v Ex. 22:21. | 46 Die woord beteken om iemand óf deur onwetendheid, óf willens en wetens, ja, ook met geweld in sy besittings te benadeel en te verontreg. |
Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ’n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
Julle mag geen onreg doen in die gereg, in 47lengtemaat, gewig of 48inhoudsmaat nie.
| 47 Verstaan alle standaarde van handmaat of voetmaat, of enige instrument, waarmee ’n mens die lengte of breedte van enige soliede voorwerp meet.
48 Dit is, waarmee ’n mens enige nat ware, of ook droë ware wat nie vas aanmekaar is nie, meet. |
xJulle moet ’n regte weegskaal hê, regte 49weegstene, ’n regte 50efa en ’n regte 51hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.
| x Spr. 11:1; 16:11; 20:10. | 49 Dit is, gewigte. Want dit was gebruiklik dat hulle op die weegskaal stene in plaas van gewigte gelê het. Sien ook Deut. 25:13, 15. Spr. 16:11. Miga 6:11.
50 Sien Lev. 5:11 se kanttekening. 51 Dit was ’n maat van nat ware, wat soveel as die inhoud van twee-en-sewentig gewone hoendereiers bevat het. Sien hieroor Ex. 29:40. Lev. 23:13. Núm. 15:4, 9. |
Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is die HERE.
Wette met betrekking tot huweliksake en kuisheid.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is 1die HERE julle God.
| 1 Naamlik, vir wie julle as jul enigste God en Heiland moet gehoorsaam, en wat die gehoorsames beloon en die ongehoorsames kan en wil straf. |
Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle 2insettinge nie wandel nie.
| 2 So word die afgryslike gewoontes genoem, wat deur toelating en algemene gebruik onder die genoemde volke só die oorhand gekry het dat dit as gestelde wette beskou was. Vgl. vers 30 en Lev. 20:23. |
My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.
Hou dan my insettinge en my verordeninge awat 3die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.
| a Eség. 20:11, 13. Rom. 10:5. Gal. 3:12. | 3 Hierdie spreuk leer drie dinge: (1) Die volmaaktheid van die leer van die wet. (2) Die geregtigheid van die werke. (3) Die loon wat sulke geregtigheid deur God toegesê is; maar omdat die verdorwe mens dit nie in hom het nie, so is die loon uit enkel genade, weens die versoening van Christus, wat deur die geloof aangeneem word, Jes. 53:11. Rom. 3:20-23, ens. Vgl. Deut. 6:25 se kanttekening. |
4Niemand van julle mag naby sy 5naaste bloedverwant kom om die 6skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE.
| 4 Hebr. Man man sal nie, ens., dit is, geen man nie. Want al hierdie gebooie spreek eintlik tot die manspersone, maar só dat deur noodsaaklike gevolgtrekking die vroulike geslag daarby ingesluit is.
5 Die Hebreeuse woord word wel gebruik vir die man en die vrou, maar word hier eintlik vir die vrou gebruik, en dit is van toepassing op die grade of trappe van familieverwantskap en swaerskap wat hier beskryf word, asook die wat in ooreenstemming met sulke grade van verwantskap ingesluit kan word. 6 Hebr. naaktheid, en so in dit wat volg. Dit is ’n eerbare manier van spreek, wat dieselfde beteken as wat die Skrif andersins iemand beken noem. Sien Gén. 4:1 se kanttekening. ’n Soortgelyke manier van spreek is die kombers oplig, Deut. 22:30; 27:20. |
Jy mag die skaamte van jou vader 7en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: 8sy is jou moeder — jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
| 7 Die woordjie en dien hier tot verklaring, asof ’n mens sê naamlik, want vader se skaamte en moeder se skaamte word hier as een verstaan. Sien ook verse 8, 16.
8 Dit is, jy is uit haar gebore; en verstaan bygevolg dieselfde van die vader, wat die skaamte van sy dogter nie mag ontbloot nie, omdat hy haar vader is, en sy uit hom voortgekom het. |
bJy mag die skaamte 9van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van 10jou vader.
| b Lev. 20:11. 1 Kor. 5:1. | 9 Dit is, van jou stiefmoeder; so ook van jou stiefvader. Want onder een voorbeeld moet die gelyke grade verstaan word.
10 Vir wie dit alleen geoorloof is om dit te ontbloot. |
Die skaamte van jou suster, die dogter van jou 11vader of die dogter van jou 12moeder, 13in die huis of 14buitekant gebore — haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
| 11 Dit is, van jou halfsuster aan vaderskant.
12 Dit is, van jou halfsuster aan moederskant. 13 Dit is, in ’n wettige huwelik. 14 Dit is, onwettig. Ander verstaan dit so dat God in die algemeen verbied om met ’n suster te trou, hetsy dat sy die dogter van jou vader is, in die huis gebore, dit is, jou volle suster, hetsy dat sy die dogter van jou moeder is, buitekant gebore, dit is, jou halfsuster aan moederskant. Soos in vers 11 verbied word om te trou met ’n halfsuster aan vaderskant. |
Die skaamte van jou 15seun se dogter of van jou dogter se dogter — hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want 16hulle is jou eie skaamte.
| 15 En so afwaarts in die reguit linie, van alle kinders van jou kinders.
16 Dit is, hulle het deur middel van jou kinders uit jou voortgekom. |
cDie skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is — sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
| c Lev. 20:17. |
dJy mag die skaamte van 17jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.
| d Lev. 20:19. | 17 Naamlik, wat jou tante is aan vaderskant; soos in die volgende vers van die tante aan moederskant gespreek word. |
Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.
eJy mag die skaamte van 18jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie 19naby sy vrou kom nie; sy is 20jou tante.
| e Lev. 20:20. Eség. 22:11. | 18 Dit is, van die vrou van die broer van jou vader, soos die volgende woorde meebring; wie se skaamte die skaamte van die oom genoem word, omdat sy met hom een vlees is.
19 Naamlik, om met haar vleeslike gemeenskap te hê. Sien Gén. 20:4 se kanttekening. 20 Naamlik aangetroude tante, met wie ’n neef van die oorledene ook nie mog trou nie. Daarom was ’n huwelik tussen die oom en sy broer se dogter nog meer ongeoorloof. |
Jy fmag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; 21sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
| f Lev. 20:12. | 21 Net so was die huwelik tussen die skoonseun en die skoonmoeder ook ongeoorloof, Lev. 20:14. |
gJy mag die skaamte 22van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.
| g Lev. 20:21. | 22 Van hierdie wet was in die tyd uitgesluit wanneer die broer gesterf het sonder om manlike erfgename na te laat; want dan moes die naaste broer of bloedverwant met die weduwee trou, om vir sy oorlede broer ’n nageslag te verwek, Deut. 25:5. Matt. 22:24. Sommige gereformeerde verklaarders meen dat uit hierdie wet noodsaaklik volg dat ’n vrou wat met die een broer getroud was, nie ná sy dood met die ander broer mag trou nie; en net so dat ’n man wat met die een suster getroud was, ná haar dood nie met die ander suster mag trou nie. |
hJy mag die skaamte van ’n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; 23haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.
| h Lev. 20:14. | 23 Verstaan die stiefdogter, die stiefseun en die kinders wat uit hulle voortgekom het, van wie die stiefvader en die stiefgrootvader hulle moes onthou soos van hul eie kinders en kleinkinders. |
24Jy mag ook geen vrou by haar 25suster as 26mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, 27te ontbloot nie.
| 24 Hierdie wet word deur sommige aldus verstaan dat ’n man nie tegelyk twee vroue in die huwelik mog hê nie. Want hoewel enkele voorvaders dit gedoen het, en God dit in daardie tyd geduld het, was dit nogtans nie van die begin af so nie, soos Christus leer in Matt. 19:8, uit Gén. 2:24, en is dit in die Nuwe Testament afgeskaf. Baie verstaan egter hier deur die woord suster die vrou se eie suster.
25 Volgens die eerste mening in die vorige kanttekening sou die woord suster hier nie een wat uit dieselfde natuurlike ouers gebore is beteken nie, maar enige ander vrou, soos die woord suster in Ex. 26:3. Eség. 3:13, ens. met ander vertaal word. Sien ook Eség. 1:9 en die kanttekening. 26 Dit is, wat haar skande, verdriet en kwelling aandoen; wat gewoonlik gebeur waar meer as een vrou is. Sien 1 Samuel 1. Veelmeer waar twee susters saam is, soos te sien is in die vroue van Jakob, Génesis 30. 27 As ’n mens dit verstaan as die ware suster, kan hierdie woorde dien tot vergroting van die benoudheid wat sy van haar eie suster in haar lewe sou ervaar. Gevolglik kan hieruit geensins afgelei word dat die man ná haar dood met haar suster sou mog trou nie. Sien hieroor vers 16 se kanttekening. |
Ook imag jy nie naby ’n vrou kom 28terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.
| i Lev. 20:18. | 28 Dit is, wanneer sy as gevolg van haar bloedvloeiing afgesonder moet word. Sien Lev. 12:2; 15:24, 25 en die kanttekeninge. |
k29En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.
| k Lev. 20:10. | 29 Hebr. En tot die vrou van jou naaste sal jy nie gee jou vleeslike gemeenskap nie. So ook meermale in dit wat volg. |
lEn van jou kinders mag jy nie gee om vir 30Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God 31nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
| l Lev. 20:2. Deut. 18:10. 2 Kon. 17:17; 23:10. | 30 So word die afgod van die Ammoniete genoem, wat anders ook Milkom genoem word, 1 Kon. 11:5, 7, tot wie se godsdienstige eer die ouers hul kinders lewend laat verbrand het, of (soos sommige skryf) ten minste tussen twee groot vure laat deurgaan het, om (soos die ouers gemeen het) gesuiwer te word, wat God hier uitdruklik verbied. Sien ook Lev. 20:2. Deut. 18:10. 2 Kon. 17:17; 23:10.
31 Dit is, nie onteer nie, deur te doen wat Hy verbied het, en na te laat wat Hy gebied het. Vgl. Lev. 22:2. So word van God se insettinge en sabbat gesê dat dit ontheilig word, Neh. 13:17. Ps. 89:32. |
mMet ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê 32soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel.
| m Lev. 20:13. | 32 Dit is, soos ’n man met ’n vrou het. So ook in Lev. 20:13. |
nEn jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 33’n gruwelike vermenging.
| n Lev. 20:15, 16. | 33 Of: ’n gruwelike versteuring en verwarring van die orde van God wat in die natuur ingestel is, en ’n skandelike ontering van eerbaarheid. |
Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.
So het die land dan onrein geword; en Ek 34besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners 35uitspuug.
| 34 Dit is, straf vanweë sy ongeregtigheid; so ook in Jes. 26:21. Jer. 36:31. Sien Gén. 21:1 se kanttekening.
35 Die Hebreeuse woord beteken eintlik deur walging opgooi wat die maag nie kan verdra nie; wat vergelyk word met ’n land wat deur slegte inwoners belas is. So ook in vers 28 en Lev. 20:22. |
oMaar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.
| o Lev. 20:22. |
Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.
Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.
Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen — die siele wat dit doen, moet 36uitgeroei word onder hulle volk uit.
| 36 Hieruit (asook uit ander tekste) blyk duidelik dat die Hebreeuse woord wat hier gebruik word, ook dikwels ’n smadelike lyf- en doodstraf insluit. |
Daarom moet julle my 37ordening onderhou om niks te doen van die 38gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
| 37 Hebr. onderhouding, dit is, wat Ek beveel het om te onderhou. So ook in Gén. 26:5. Elders word hierdie woord vertaal met diens waarneem, soos in Núm. 3:7, ens. Sien die kanttekening daar.
38 Hebr. insettinge van gruwels. Sien vers 3 se kanttekening. |
Net een offerplek.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Dit is 1die saak wat die HERE beveel het:
| 1 Of: die woord. |
2Elkeen uit die huis van Israel wat ’n bees of ’n lam of ’n bok 3in die laer 4slag of dit buitekant die laer slag,
| 2 Hebr. Man man, dit is, elkeen, wie dit ook is; so ook in Lev. 15:2 en hierna, verse 8, 10.
3 Te verstaan as buite die voorhof van die tabernakel, soos die volgende vers uitwys. 4 Naamlik, om dit aan die HERE te offer; soos duidelik blyk uit vers 4. |
en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE ’n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie — 5as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man 6uitgeroei word onder sy volk uit;
| 5 Dit is, hulle sal hom aanspreeklik hou asof hy onskuldige bloed vergiet het. Sien die rede hiervoor in vers 11.
6 Sien Gén. 17:14 en Lev. 18:29 se kanttekeninge. |
sodat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle gewoon was om 7op die oop veld te offer, aan die HERE by die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan die HERE kan slag.
| 7 Hebr. op die aangesig van die veld. Dit het die Israeliete gedoen vóór die oprigting van die tabernakel, Ex. 5:3; 8:27. Dit het die HERE nou verbied en dit was strafbaar deur uitroeiing uit sy volk, verse 4, 9. |
Dan moet die priester die bloed teen die altaar van die HERE by die ingang van die tent van samekoms uitgooi en die vet aan die brand steek as a8lieflike geur vir die HERE.
| a Ex. 29:18. Lev. 4:31. | 8 Sien Gén. 8:21 se kanttekening. |
En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die 9veldduiwels agter wie hulle 10aan hoereer nie. Dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees vir hulle geslagte.
| 9 Die Hebreeuse woord beteken eintlik diegene wat ruig en harig is, soos bokke, en wat van tyd tot tyd in sodanige gestalte aan mense verskyn het, en deur die heidene afgebeeld en op godsdienstige wyse vereer was. Sien oor hulle ook 2 Kron. 11:15.
10 Dit is, waarmee hulle afgodery bedryf. Want soos ’n vrou hoereer deur haar liggaam aan iemand anders as haar wettige man beskikbaar te maak; so is die geestelike hoerery, wanneer ’n mens die liefde en eer wat hy aan God alleen verskuldig is, aan die afgode of enige skepsele uitwendig met die daad of inwendig met die hart toeken. Sien Ex. 34:15. Lev. 20:5, 6 en die kanttekening. Rig. 8:33. Eség. 16:16, 26; 23:8, 19, 21, ens. |
En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ’n brandoffer of ’n slagoffer bring,
en dit nie by die ingang van die tent van samekoms bring om dit vir die HERE te berei nie — dié man moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Verbod om bloed te eet.
EN elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, bwat maar enigsins bloed eet — teen die een wat die bloed eet, sal Ek 11my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.
| b Gén. 9:4. Lev. 3:17; 7:27; 19:26. Deut. 12:16, 23. 1 Sam. 14:33. | 11 Hebr. Ek sal my aangesig gee teen die siel, dit is, Ek sal op die mens toornig wees, sodat Ek teen hom sal staan en tot vyand sal wees, en my werk daarvan maak om regverdige straf en wraak teen hom uit te voer. So ook in Lev. 20:3; 26:17. Eség. 14:8, ens. |
Want die 12siel 13van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk 14versoening deur die siel.
| 12 Of: lewe.
13 Dit is, van die lewende dier. Sien Gén. 9:4 se kanttekening. 14 Dit is, versoening deur die bloed van die offerdier is bewerk ten koste van die lewe van die offerdier. Of: versoening vir die siel, naamlik op sakramentele wyse, omdat dit gewys het op die bloed van Jesus Christus, die onbevlekte Lam, wat op die altaar van die kruis vir die mense geslag moes word, Rom. 3:25. Kol. 1:20. Hebr. 9:12. |
Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, 15wat ’n stuk wild of ’n voël vang wat geëet mag word — hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;
| 15 Hebr. wat die jag van ’n stuk wild of ’n voël gejag het, dit is, deur jag gevang het. Vgl. hiermee Gén. 27:3 se kanttekening. |
cwant wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is 16met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want 17die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.
| c Gén. 9:4. | 16 Anders: in.
17 Sien vers 11. |
dEn elkeen wat aas 18eet of iets wat verskeur is, ’n kind van die land sowel as ’n vreemdeling, moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
| d Ex. 22:31. Lev. 11:40. Eség. 44:31. | 18 Naamlik deur onwetendheid of onversigtigheid, en nie met voorbedagte rade of opsetlik nie. Sien Lev. 11:40 se kanttekening. |
Maar as hy 19dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, moet hy 20sy ongeregtigheid dra.
| 19 Naamlik sy klere.
20 Sien Lev. 5:1 se kanttekening. |
Die groot versoendag.
EN die HERE het met Moses gespreek aná die dood van die 1twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;
| a Lev. 10:1, 2. | 1 Naamlik Nadab en Abíhu, vir wie die HERE gedood het, omdat hulle met vreemde vuur voor Hom verskyn het. Sien Lev. 10:1, 2. |
en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron bdat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die 2heiligdom nie, binnekant die 3voorhangsel, voor die 4versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek 5verskyn in die wolk op die versoendeksel.
| b Ex. 30:10. Hebr. 9:7. | 2 Hebr. heiligheid, wat heilig is, heilige plek. Verstaan hier en in verse 3, 17, 27 die Allerheiligste, die binneste plek van die tabernakel, te onderskei van die voorste deel, wat gewoonlik die Heilige genoem word. Sien Ex. 26:33, 34. Hebr. 9:2, 3.
3 Sien Lev. 4:6 se kanttekening. 4 Sien Ex. 25:17, 18, ens. 5 Naamlik gewoonlik en op ’n sigbare wyse; wat in jou ’n heilige vrees en eerbied moet opwek. Vgl. Ex. 3:5. 1 Kon. 8:11, 12 en die kanttekening. |
Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met 6’n jong 7bul as sondoffer en ’n ram as brandoffer.
| 6 Met die bloed van die geslagte bul, soos blyk uit vers 14.
7 Hebr. die seun van ’n bees. |
Hy moet ’n 8heilige linnerok aantrek en ’n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ’n linnegordel moet hy hom gord en ’n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is 9heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.
| 8 Hebr. die linnerok van heiligheid; so ook in die vervolg van hierdie vers klere van heiligheid, dit is, heilige klere, so genoem omdat dit tot ’n heilige gebruik afgesonder was; soos ook in Ex. 28:2. In dieselfde betekenis word ook ander dinge heilig genoem, Ex. 29:31; 30:25. Lev. 22:4. 2 Kron. 5:5.
9 Verstaan onder die klere wat hier genoem word ook die ander, wat omvattender beskryf word in Ex. 28:4, ens., en vgl. Ex. 28:43. |
En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.
Dan moet Aäron die sondofferbul wat cvir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy 10huis versoening doen.
| c Hebr. 7:27, 28. | 10 Dit is, huisgesin. Sien Gén. 7:1 se kanttekening. |
Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.
En Aäron moet oor die twee bokke die lot 11werp, een lot vir die HERE en een lot vir 12Asásel.
| 11 Hebr. gee. Naamlik, om te verneem watter een die HERE geslag wil hê as sondoffer, en watter een in die woestyn of in die veld weggestuur sou word.
12 Sommige verstaan onder hierdie woord ’n persoon, ander ’n plek. Die Hebreeuse woord kom volgens die mening van meeste van twee woorde af, waarvan die een bok beteken, die ander weggaan. Dit wil voorkom of dit dui op die lewende bok, wat losgelaat was om weg te gaan, of die plek of persoon waarheen hy weggestuur word. Sien hierdie woord ook in verse 10, 26. |
Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;
maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om 13oor hom versoening te bewerk deur hom 14vir Asásel in die woestyn te stuur.
| 13 Of: met hom, of: deur hom.
14 Sien vers 8 se kanttekening. |
Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,
en die vuurpan 15vol 16gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee 17handevol fyngestampte 18reukwerk van speserye en dit binnekant die 19voorhangsel bring.
| 15 Hebr. die volheid van die vuurpan. So ook hierna die volheid van die hande, dit is, handevol, en die volheid van die huis, vir: die huis vol, Núm. 22:18. Net so die volheid van ’n kom, vir: ’n kom vol, Rig. 6:38.
16 Hebr. kole van vuur, dit is, wat brandend, aangesteek en gloeiend is. So ook in 2 Sam. 22:13. Eség. 1:13. Rom. 12:20. 17 Hebr. volheid van vuiste. 18 Sien die beskrywing van hierdie reukwerk in Ex. 30:34, 35, 38. 19 Sien Lev. 4:6 se kanttekening. |
En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, 20kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.
| 20 Naamlik, sodat die priester daardeur verhinder word om die teken van die goddelike teenwoordigheid te sien. |
dEn hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger 21op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel.
| d Lev. 4:6. Hebr. 9:25; 10:4. | 21 Hebr. op die aangesig van die versoendeksel; so ook in die vervolg van hierdie vers. Hierdie besprinkeling het slegs een maal plaasgevind. Maar die ander een, wat op die plek voor die versoendeksel gedoen is, sewe maal. Sien Lev. 4:6. |
Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.
So moet hy dan vir 22die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede 23woon.
| 22 Wat dit behels om vir enige plek versoening te doen, word hier en in die 19de vers aangewys; naamlik om dit van die seremoniële en morele onreinhede, wat daaraan of daarin mog wees of begaan is, deur offers te reinig en te ontsondig. Vgl. Lev. 8:15; 14:49, 52, 53 en in hierdie hfst., verse 19, 20.
23 Dit is, teenwoordig is en bly in die midde van diegene wat baie onreinhede het. |
En niemand mag in die tent van samekoms wees as 24hy ingaan om in 25die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.
| 24 Naamlik die hoëpriester.
25 Die Allerheiligste, soos in vers 2. |
Dan moet hy na die 26altaar 27uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar 28stryk
| 26 Verstaan die brandofferaltaar, waarvan gesê word dat dit voor die aangesig van die HERE is om die rede wat in Lev. 1:3 se kanttekening gemeld is.
27 Naamlik uit die eerste of voorste deel van die tabernakel, soos dit af te lei is uit vers 17, waar gespreek word van die priesters se uitkom uit die binneste deel van die tabernakel. 28 Hebr. sal gee. |
en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit 29dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.
| 29 Sien vers 16 se kanttekening, en vers 20. |
En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok 30laat aankom;
| 30 Anders: bring, offer. |
en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok 31lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ’n man 32wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.
| 31 Hebr. steun. Sien Lev. 1:4 se kanttekening.
32 Of: aangewese een, dit is, ’n sekere, bekwame man, wat byderhand is, of die tyd het, of gewoond is om daarvoor gebruik te word. |
So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ’n 33woeste land wegdra; en 34hy moet die bok in die woestyn los.
| 33 Hebr. land van afsondering, dit is, wat onbewoond en van die geselskap en die gemeenskap van mense afgesny en geskei is.
34 Naamlik die man wat gereed staan. |
Dan moet Aäron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.
En hy moet sy liggaam op ’n 35heilige plek in die 36water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen.
| 35 Sien Lev. 6:16, 26; 10:13 se kanttekening.
36 Sien Lev. 6:28 se kanttekening. |
Ook moet hy die vet van die sondoffer op die 37altaar aan die brand steek.
| 37 Naamlik die brandofferaltaar. Want dit was verbode om op die reukaltaar so ’n offer te bring, Ex. 30:9. |
En hy wat die bok 38vir Asásel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
| 38 Sien vers 8 se kanttekening. |
Maar edie sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen 39in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.
| e Lev. 6:30. Hebr. 13:11. | 39 Sien vers 2 se kanttekening. |
En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
En dit moet vir julle ’n 40ewige insetting wees: in die 41sewende maand, op die tiende van die maand, fmoet julle 42jul 43verootmoedig en géén werk doen nie — die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.
| f Lev. 23:27. | 40 Hebr. insetting van ewigheid, so ook in verse 31, 34. Sien Gén. 13:15 se kanttekening.
41 In 1 Kon. 8:2 Étanim genoem, en vandag deur die Jode Tisri; dit kom die meeste ooreen met ons September. 42 Hebr. siele. Dit is, julle persone, dit is, liggaam en siel, soos in Gén. 12:5 en die kanttekening. 43 Of: bekommer, of kwel, dit is, ernstig verneder voor die HERE, met bekentenis van julle sondes, met vas, met bid, met nalating van alles wat vir die liggaam aangenaam en vermaaklik is. Sien hierdie manier van spreek ook in vers 31. Ps. 35:13. Jes. 58:3, 5. Dan. 10:12. |
Want op hierdie dag moet 44hy vir julle 45versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
| 44 Naamlik die hoëpriester.
45 Sien Lev. 1:4 se kanttekening. |
’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is ’n 46ewige insetting.
| 46 Sien vers 29 se kanttekening. |
En die 47priester wat gesalf en 48aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die 49heilige klere, aantrek
| 47 Dit is, die hoëpriester. Sien Lev. 4:3 se kanttekening.
48 Sien Lev. 7:37 se kanttekening. 49 Hebr. die klere van heiligheid; so ook in vers 4. |
en versoening doen vir die 50Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen.
| 50 Hebr. die heiligdom van heiligheid. |
En dit moet vir julle ’n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes geen maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
| g Ex. 30:10. Hebr. 9:7. |
Wette aangaande onrein mans en vroue.
VERDER het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As 1enige man ’n vloeiing uit sy 2vlees het, 3dan is dié vog onrein.
| 1 Hebr. man man. Hierdie herhaling beteken alle of elke man. So ook in Ex. 36:4. Lev. 17:3, 8, 10, ens.
2 So word op ’n eerbare manier die skaamte van ’n man genoem; soos ook in Lev. 12:3. Eség. 16:26; 23:20 en die kanttekeninge, en hier in die volgende vers. 3 Of: dan is hy onrein as gevolg van die vog. |
En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog 4laat loop of sy vlees verstop raak van die vog — dit is ’n onreinheid in hom.
| 4 Naamlik deur swakheid en natuurlike siekte, wat deur die geneeshere gonorree genoem word. |
Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en 5alles waar hy op sit, sal onrein wees.
| 5 Of: elke voorwerp. Die Hebreeuse woord beteken hier allerlei huisraad, gereedskap, voorwerpe, klere, werktuie en roerende goed. So ook in verse 6, 22. |
En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
en die een wat aan 6die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
| 6 Naamlik, behalwe aan sy hande wat gewas is. Sien vers 11. |
En as hy wat die vloeiing het, op ’n reine spuug, moet 7dié een sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.
| 7 Naamlik op wie gespuug is. |
En elke 8saal waar hy op 9ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.
| 8 Verstaan allerlei gereedskap of maaksel en kussingwerk, wat gebruik word om op te sit.
9 Die Hebreeuse woord beteken nie net om op ’n dier te ry nie, Gén. 24:61. Núm. 22:22, maar ook op ’n wa, 2 Kron. 35:24. Jer. 17:25. |
En elkeen wat aan iets raak wat onder hóm is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.
aOok die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.
| a Lev. 6:28; 11:33. |
En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing 10rein word, moet hy 11sewe dae tel 12ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in 13vars water bad; dan sal hy rein wees.
| 10 Dit is, as sy vloeiing ophou.
11 Sien Núm. 19:11, ens. 12 Of: tot sy reiniging. Verstaan die onderhouding van die seremonies wat volgens die wet vereis was, sodat hy as rein beskou kon word. 13 Sien Lev. 14:5 se kanttekening. |
En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of 14twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;
| 14 Hebr. twee seuns van ’n duif, so ook in vers 29. |
en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die HERE.
En as daar van ’n man ’n saadvloeiing 15uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.
| 15 Naamlik in sy slaap. Want dit is ’n ander soort onreinheid as die voorgaande, wat deur liggaamlike swakheid veroorsaak was. |
Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.
En wat die vrou aangaan 16met wie ’n man vleeslike gemeenskap het — altwee moet ’n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.
| 16 Verstaan hier sodanige man wat die genoemde siekte gehad het, of wat andersins in sy slaap verontreinig was. |
En as ’n vrou ’n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar 17onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.
| 17 Sien Lev. 12:2 se kanttekening. |
En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.
En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
En elkeen wat raak aan enige 18voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
| 18 Sien vers 4 se kanttekening. |
en as daar 19iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.
| 19 Naamlik voorwerp of roerende goed. |
bEn as ’n man met 20haar gemeenskap het, sodat haar 21onreinheid 22op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.
| b Lev. 18:19. | 20 Terwyl sy haar vloeiing het, egter buite die man se wete. Want om willens en wetens by ’n vrou tydens haar maandstonde te slaap, was verbode en strafbaar met lyfstraf, Lev. 20:18.
21 Of: afsondering, dit is, haar maandstonde; so genoem omdat sy vir die duur daarvan van die geselskap van mense afgesonder was. 22 Dit is, dat hy met haar maandstonde besmet geword het. |
cEn as ’n vrou lank ’n bloedvloeiing het, buiten die 23tyd van haar onreinheid, of as sy vloei 24oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.
| c Matt. 9:20. | 23 Verstaan die normale tyd van haar maandstonde.
24 Dit is, langer as gewoonlik. |
Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.
En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en ’n bad neem en bly tot die aand toe onrein.
Maar 25as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.
| 25 Dit is, as die vloeiing ophou. |
En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.
Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.
So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie 26deur hulle onreinheid sterwe nie — deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig.
| 26 Of: in hulle onreinheid. |
Dit is die wet vir hom wat ’n vloeiing het en vir hom van wie ’n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word;
en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan ’n vloeiing ly, man of vrou, en vir ’n man wat met ’n onrein vrou gemeenskap het.
Wette oor die reiniging van ’n melaatse.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Dit is die wet van die melaatse 1op die dag van sy reiniging. aHy moet 2na die priester gebring word,
| a Matt. 8:4. Mark. 1:44. Luk. 5:14; 17:14. | 1 Dit is, wanneer die priester hom rein sal verklaar.
2 Naamlik ’n bietjie nader aan die priester, sodat hy nie ver buitekant die laer hoef te gaan nie. |
en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester 3sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,
| 3 Hierdie besigtiging en die verklaring wat daarop gevolg het, moes deur die priester volgens die wette, wat in die voorgaande hfst. gestel is, gedoen word. |
moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein 4voëls en sederhout en 5skarlakendraad en 6hisop moet bring.
| 4 Die Hebreeuse woord beteken in die algemeen ’n voël, Deut. 4:17. Ps. 8:9, in die besonder ’n klein voëltjie, onder andere ’n mossie, soos dit deur baie verstaan word, Ps. 84:4; 102:8.
5 Verstaan enige tipe materiaal, soos wol, wat twee maal in skarlaken verf gedoop is. Sien Gén. 38:28 se kanttekening. Ex. 25:4. 6 Sien Ex. 12:22. |
Die priester moet ook bevel gee dat hulle die een voël in ’n 7erdepot oor 8vars water slag.
| 7 Waarin die bloed van die geslagte voël moes drup en met die water gemeng word.
8 Hebr. lewendige water. Verstaan wat uit ’n fontein of lopende rivier geneem moes word, en lewend genoem word omdat dit beweeg terwyl dit vloei, asof dit leef. Vgl. Gén. 26:19 en die kanttekening. |
Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.
En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die 9oop veld laat wegvlieg.
| 9 Hebr. oor die aangesig van die veld uitstuur, of loslaat. |
Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ’n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, 10maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
| 10 Vgl. Lev. 13:46; Núm. 12:14 en 31:19 se kanttekeninge. |
En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue — al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.
En op die agtste dag moet hy twee 11lammers sonder gebrek neem en een 12jaaroud ooilam sonder gebrek en 13drie-tiendes van ’n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en een 14log olie.
| 11 Waarvan die een as skuldoffer en die ander as brandoffer geoffer moes word. Sien verse 12, 19.
12 Hebr. dogter van haar jaar. 13 Dit is, drie gomer. Sien Ex. 16:36 en die kanttekening. 14 ’n Klein maat van nat ware, wat vier kwadrante bevat het, een kwadrant was die maat van een en ’n halwe hoendereierdop, sodat een log ses hoendereierdoppe bevat het. Die vierde deel van ’n kab, wat die maat van vier logge of vier-en-twintig hoendereierdoppe bevat het, dit is, soveel soos in vier-en-twintig hoendereierdoppe kan gaan. |
En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en dié gawes voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms stel.
En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring ben dit as 15beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
| b Ex. 29:24. | 15 Sien Lev. 7:30 se kanttekening. |
Dan moet hy die lam slag op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die 16heilige plek; want die skuldoffer cnet soos die sondoffer behoort aan die priester; 17hoogheilig is dit.
| c Lev. 7:7. | 16 Hebr. plek van heiligheid. Dit was in die voorhof by die brandofferaltaar. Sien Ex. 29:11. Lev. 4:4; 6:16 se kanttekening; Lev. 6:26.
17 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
Die priester moet ook van die log olie neem en 18dit giet in die priester se linkerhand.
| 18 So ook in vers 26. Dit is, in sy eie hand, en gevolglik nie in die hand van diegene wat gereinig word nie. |
Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, 19bo oor die bloed van die skuldoffer.
| 19 Dit is, op die plek waarop die bloed van die skuldoffer tevore gestryk was. Sien verse 14, 28. |
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Die priester moet ook die sondoffer berei en vir hom wat gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die 20brandoffer slag.
| 20 Sien vers 10 se kanttekening. |
En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar 21offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
| 21 Hebr. laat opklim. |
Maar as hy arm is 22en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van ’n efa fynmeel met olie gemeng as spysoffer, en ’n log olie;
| 22 Dit is, indien hy deur sy armoede nie soveel kan bring nie. Sien Lev. 5:7 se kanttekening en hierna, verse 22, 30-32, ens. |
ook twee tortelduiwe of twee 23jong duiwe — wat hy kan bekostig; en die een sal wees ’n sondoffer en die ander ’n brandoffer.
| 23 Hebr. seuns van ’n duif. So ook in vers 30. |
Hy moet hulle dan op die agtste dag 24ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.
| 24 Of: tot sy reiniging. |
En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Dan moet hy die skuldofferlam slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
Ook moet die priester van die olie in 25die priester se linkerhand giet.
| 25 Dit is, in sy eie hand. Sien vers 15 se kanttekening. |
Dan moet die priester met sy regtervinger van die olie wat in sy linkerhand is, sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die plek van die bloed van die skuldoffer.
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word, om versoening vir hom te doen voor die aangesig van die HERE.
Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of van die jong duiwe wat hy kan bekostig —
die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom wat gereinig word, versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Dit is die wet vir hom op wie die plaag van melaatsheid was, wat by sy reiniging 26nie vermoënd is nie.
| 26 Naamlik, om te bring wat tot die reiniging van die melaatsheid vereis was, vers 10. |
Melaatsheid van huise.
VERDER het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
As julle in die land Kanaän inkom wat Ek julle as besitting 27gee, en Ek die plaag van melaatsheid in ’n huis van die land van julle besitting laat kom,
| 27 Hebr. besig is om te gee, dit is, sekerlik sal gee. Vgl. Lev. 9:4 se kanttekening. |
moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne gee en sê: 28Dit lyk my of daar ’n plaag in die huis is.
| 28 Dit is, dit kom vir my voor, of: dit vertoon so in my oë, die huis word as sodanig deur my beskou. |
En die priester moet bevel gee 29dat hulle die huis 30ontruim, voordat die priester die plaag kom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk.
| 29 Naamlik die bewoners van daardie huis.
30 Naamlik, deur die huisraad daaruit te neem en weg te dra. Die Hebreeuse woord beteken eintlik om iets uit die gesig weg te neem. |
As hy die plaag bekyk en sien dat die plaag aan die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper lyk as die muur,
dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit.
Op die sewende dag moet die priester dan terugkom; sien hy dan dat die plaag hom uitgebrei het aan die mure van die huis,
dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op ’n onrein plek gooi.
En die huis moet hulle binnekant rondom afkrap en die klei wat hulle afgekrap het, buitekant die stad op ’n onrein plek weggooi.
Dan moet hulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister.
Maar as die plaag weer in die huis uitbreek nadat hulle die klippe uitgebreek en die huis afgekrap het en dit gepleister is,
moet die priester kom; en as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit ’n 31kwaadaardige melaatsheid in die huis; dit is onrein.
| 31 Vgl. Lev. 13:51. |
Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op ’n onrein plek uitbring.
En hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle dit toegesluit hou, sal tot die aand toe onrein wees.
En hy wat in die huis 32slaap, moet sy klere was; en hy wat in die huis eet, moet sy klere was.
| 32 Of: lê en slaap. Sien Gén. 19:4 se kanttekening. |
Maar as die priester 33kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.
| 33 Hebr. komende kom, dit is, weer of meermale kom. |
Dan moet hy om die huis te 34ontsondig twee voëls neem en sederhout en 35skarlakendraad en hisop,
| 34 Dit is, deur ’n offer te reinig, en tot ’n gepaste of rein gebruik geskik te maak. Vgl. Lev. 8:15 en die kanttekening. Net so hierna, verse 52, 53.
35 Sien vers 4 se kanttekening. |
en die een voël in ’n erdepot 36oor vars water slag.
| 36 Sien vers 5 se kanttekening. |
Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel.
So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.
Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad 37oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan 38vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.
| 37 Hebr. oor die aangesig van die veld. So ook in vers 7.
38 Dit is, die huis ontsondig, vers 49. Sien die kanttekening daar en oor hierdie manier van spreek Ex. 29:37. Lev. 16:16, 33. Eség. 45:20. |
Dit is die wet oor elke plaag van melaatsheid en oor skurfte
en oor melaatsheid van klere en huise
en oor swelsels en uitslag en ligte vlekke,
39om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.
| 39 Naamlik die priester, en deur die priester die volk. |
Wette aangaande melaatsheid van mense en klere.
VERDER het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
As ’n mens in die vel van sy vlees ’n 1swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees ’n 2plaag van melaatsheid word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;
| 1 Hebr. opgehewendheid.
2 Of: ’n teken van die plaag van melaatsheid; wat wel met reg ’n plaag genoem word, nie net in hierdie hfst. nie, maar ook in Lev. 14:3. Deut. 24:8, ens. Want hierdie melaatsheid was ’n soort kwaadaardige skurfheid, baie aansteeklik, en deur mense ongeneeslik geag, te onderskei van die siekte wat ons vandag melaatsheid noem, en soveel erger. |
en die priester moet na die aangetaste plek in die vel van die vlees kyk. Het die hare op die plek wit geword, en 3lyk dit of die plek dieper is as die vel van sy vlees, dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom 4onrein verklaar.
| 3 Dit is, die aanduiding van die plaag, soos dit sigself aan die priester se sig en oordeel vertoon.
4 Hebr. ontreinig of onrein maak, dit is, onrein verklaar en uitspreek. So ook in verse 11, 15, ens. So is reinig en rein maak soveel soos rein verklaar en uitspreek, verse 6, 13, ens. |
Maar as dit ’n wit vlek in die vel 5van sy vlees is en dit nie dieper lyk as die vel nie, en die hare daarvan nie wit geword het nie, moet die priester 6die aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.
| 5 Naamlik van diegene wat die plaag het.
6 Hebr. die plaag, dit is, die persoon wat die plaag het, of die plaag onder lede het. So ook in verse 12, 13, 17, 31, ens. |
As die priester hom op die sewende dag bekyk en sien dat die aangetaste plek, 7volgens hy kan sien, dieselfde gebly het, die plek nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog ’n keer sewe dae lank opsluit.
| 7 Hebr. in sy oë, dit is, volgens wat hy met sy oë kan sien en met sy verstand kan oordeel. So ook in vers 37. |
Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog ’n keer en sien hy dat die aangetaste plek 8dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom 9rein verklaar. Dit is ’n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy 10rein.
| 8 Of: ingekrimp, of: verduister.
9 Hebr. reinig of rein maak, dit is, rein verklaar, uitspreek. Sien vers 3 se kanttekening. 10 Naamlik van die plaag van melaatsheid; soos af te lei is uit vers 8. |
Maar as die uitslag 11werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, moet hy hom nog ’n keer aan die priester vertoon.
| 11 Hebr. verspreidende versprei, dit is, heeltemal of baie versprei. So ook in verse 22, 27, 35. |
En sien die priester dat die uitslag in die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid.
As 12die plaag van melaatsheid aan ’n mens is, moet hy na die priester gebring word.
| 12 Sien vers 2 se kanttekening. |
En as die priester sien dat daar ’n wit swelsel in die vel is wat die hare wit gemaak het, terwyl daar 13wilde 14vlees in die swelsel groei,
| 13 Hebr. lewendigheid.
14 Of: lewende vlees. Verstaan wat nog sy gevoel het. Want deur die melaatsheid sterf die vlees af, sodat dit ongevoelig word. En merk hier, asook in vers 14, ’n algemene teken om deeglik oor hierdie melaatsheid te oordeel; naamlik waar wilde of gesonde vlees met ongesonde vlees van verskillende kleure vermeng was, was dit die regte melaatsheid; waar een kleur daarenteen gesien was, was dit ’n ander uitslag of gebrek. |
dan is dit ’n verouderde melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie opsluit nie, want hy is onrein.
Maar as die 15melaatsheid so 16geweldig in die vel uitbreek, dat die melaatsheid 17die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die 18oë van die priester kan sien;
| 15 Dit is, swelsel wat lyk of dit melaatsheid is, of die teken van melaatsheid. So ook in die volgende vers.
16 Hebr. uitbrekende uitbreek. 17 Hebr. die hele vel van die plaag, dit is, van diegene wat die plaag het. Sien vers 4 en die volgende verse se kanttekeninge. 18 Dit is, siening en oordeel van die priester. |
en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy 19die aangetaste persoon rein verklaar: 20hy het heeltemal wit geword, 21hy is rein.
| 19 Hebr. die plaag rein verklaar, dit is, hom wat die plaag het. So ook in vers 17, ens.
20 Of: dit. Naamlik die plaag. 21 Dit is, hy wat die plaag van melaatsheid skynbaar gehad het, is vry daarvan. |
Maar so gou as 22wilde vlees aan hom gesien word, sal hy onrein wees;
| 22 Naamlik vermeng met die vlees wat wit geword het, terwyl die verskeidenheid van kleure ’n teken van melaatsheid was, maar die gelykvormigheid ’n teken van gesondheid of enige ander uitslag. Sien vers 10 se kanttekening. |
en as die priester die wilde vlees sien, moet hy hom onrein verklaar. Die wilde vlees is onrein, dit is melaatsheid.
Maar as die wilde vlees weer weggaan en hy wit word, moet hy na die priester kom.
As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste plek wit geword het, dan moet die priester 23die aangetaste persoon 24rein verklaar; hy is rein.
| 23 Sien vers 13 se kanttekening.
24 Hebr. reinig. Sien vers 6 se kanttekening. |
Maar as daar in die vlees aan hom, naamlik in die vel, ’n sweer is en gesond word,
maar in die plek van die sweer ’n wit swelsel of ’n rooierige wit vlek kom, 25moet hy hom aan die priester vertoon.
| 25 Of: moet hy dit, naamlik die vlees waarin daardie wit swelsel, ens. gekom het. |
As die priester sien dat 26dit dieper lyk as die vel, en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n plaag van melaatsheid, dit het in die sweer uitgebreek.
| 26 Naamlik die swelsel of vlek. Sien vers 19. |
Maar as die priester dit bekyk, en daar geen wit hare op is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.
En as dit werklik in die vel versprei, moet die priester hom onrein verklaar; 27dit is ’n plaag van melaatsheid.
| 27 Sien vers 20. |
Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het nie, is dit die 28litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.
| 28 Dit is, ’n teken van inflammasie. |
Of as in die vlees, in sy vel ’n brandplek van vuur is en 29die nuwe vlees van die brandplek ’n rooierige wit of 30wit vlek is;
| 29 Hebr. die lewendigheid of die gesondheid van die brandplek. Verstaan die deel van die vlees wat van die brand genees en weer gesond geword het.
30 Verstaan slegs wit. |
en die priester dit bekyk en sien dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.
Maar as die priester dit bekyk en sien dat op die ligte vlek geen wit hare is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.
Dan moet die priester op die sewende dag hom bekyk. As dit 31werklik in die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.
| 31 Hebr. verspreidende versprei. Sien vers 7. |
Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.
Verder, as daar by ’n man of vrou ’n aangetaste plek aan die hoof of in die baard is,
en die priester die plek bekyk en sien dat dit dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard.
Maar as die priester die plaag van skurfte bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen 32swart hare op is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.
| 32 Wat ’n teken van reinheid en gesondheid was, vers 37, soos die geelheid ’n teken van onreinheid en ongesondheid, vers 30. |
Bekyk die priester dan op die sewende dag die aangetaste plek en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie,
dan 33moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie, en die priester moet die skurwe persoon nog ’n keer sewe dae lank opsluit.
| 33 Of: laat skeer. |
Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom 34rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees.
| 34 Naamlik van die plaag van melaatsheid; so ook in verse 6, 13, 37, 39-41. |
Maar as die skurfte werklik in die vel versprei nadat hy rein verklaar is,
en die priester dit bekyk en sien dat die skurfte in die vel versprei het, dan hoef die priester 35nie na die geel hare te soek nie; hy is onrein.
| 35 Dit is, nie verder daarop te let of ag te gee nie. |
Maar as die skurfte, 36volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.
| 36 Hebr. in sy oë. Sien vers 5 se kanttekening. |
Verder, as ’n man of vrou in die vel van hulle vlees ligte vlekke, wit vlekke het,
en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone 37uitslag wat in die vel uitgebreek het; 38hy is rein.
| 37 Of: wit vlek.
38 Naamlik van die plaag van melaatsheid. Sien vers 34. So ook in die twee volgende verse. |
En as ’n man se hoof kaal word, is hy ’n kaalkop; hy is rein.
En as sy hoof 39aan die voorkant kaal word, het hy ’n bles; hy is rein.
| 39 Dit is, van die kruin tot aan die voorhoof en die slape van die hoof; welke kaalte ’n bles genoem word. |
Maar as daar in die 40kaalte of in die bles ’n rooierige wit plek is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek in die kaalte of in die bles.
| 40 Hieruit blyk dat hier verwys word na die kaalte of bles, wat nie uit ouderdom of enige ander kwaal nie, maar uit melaatsheid voortkom, en dat laasgenoemde onrein verklaar word. |
As die priester dit bekyk en sien dat die swelsel van die aangetaste plek in die kaalte of in die bles rooierig wit is, wat 41lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees,
| 41 Dit is, wat die voorkoms het van melaatsheid, wat in die vel van die vlees vertoon word. |
dan is hy ’n melaatse, hy is onrein; die priester moet hom 42sekerlik onrein verklaar; op sy hoof het hy die plaag.
| 42 Hebr. onrein verklarende moet hy onrein verklaar. |
Verder moet in die klere van die 43melaatse op wie die plaag is, 44skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy 45baard bedek en aroep: Onrein, onrein!
| a Klaagl. 4:15. | 43 Wat as sodanig deur die priester verklaar was. Aan sulkes word opgelê om: (1) Geskeurde klere te dra. (2) Die hare los te laat hang. (3) Sy baard of snor te bedek. (4) Uit te roep dat hy onrein was wanneer hy iemand gesien het. (5) Weg van die geselskap van mense te woon. Dit alles was deels vir homself tot ’n teken van droefheid en rou; deels vir ander, sodat hulle hom kon vermy en nie deur hom besmet word nie.
44 Vgl. Gén. 37:29 se kanttekening. 45 Anders: snor. Vgl. Eség. 24:17. Miga 3:7. |
Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; 46alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees.
| 46 Sien Núm. 5:2; 12:14. 2 Kon. 15:5. 2 Kron. 26:21. Luk. 17:12. |
Verder, as daar in ’n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in ’n kledingstuk van wol of linne;
of in die 47skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in ’n vel of enige 48leerwerk;
| 47 Anders genoem: weefseldraad.
48 Of: pelswerk. |
en die aangetaste plek in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp liggroen of rooierig is, dan is dit ’n plaag van melaatsheid, en hulle moet die priester dit laat sien.
Die priester moet dan die aangetaste plek bekyk en 49die aangetaste voorwerp sewe dae lank opsluit.
| 49 Hebr. die plaag sewe dae lank opsluit. Dit is, dit wat die plaag het, of dit waaraan die plaag is. Vgl. vers 4 se kanttekening. |
Dan moet hy op die sewende dag die plek bekyk; as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in die vel, vir watter diens die vel ook al verwerk is, dan is die plaag ’n 50kwaadaardige melaatsheid; 51so iets is onrein.
| 50 Anders: stekende of smart doende, dit is, wat smart en skade aan die mens wat daardie kleed gebruik, sal veroorsaak.
51 Naamlik die stof, die ding of die goed, waaraan die plaag is; so ook aan die einde van die volgende vers. |
Daarom moet hy die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag van wol of van linne of enige leervoorwerp waarin die aangetaste plek is, verbrand; want dit is ’n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word.
Maar as die priester sien dat die plek in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp nie versprei het nie,
dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp was waar die plek aan is; en hy moet dit nog ’n keer sewe dae lank opsluit.
As die priester dan die aangetaste voorwerp bekyk, nadat dit gewas is, en sien dat die plek 52nog net so lyk, hoewel die plek nie versprei het nie, dan is dit onrein; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is ’n 53invreting 54aan die agter- of aan die voorkant.
| 52 Hebr. oog. Dit is, voorkoms soos die oog kan sien.
53 Of: ingrawing, inbyting. 54 Hebr. in sy kaalte of in sy bles. Verstaan deur die kaalte die agter- of binnekant van ’n kleed, die aweregse kant genoem, wat in die dra daarvan die naaste aan die liggaam is; en deur die bles die voor- of buitekant van ’n kleed, wat gesien word as dit gedra word, die regte kant genoem. Ander verstaan deur die kaalte ’n kleed wat sy wol en hare deur oudheid verloor het en melaats geword het; maar deur die bles ’n kleed wat deur enige melaatsheid van sy wol beroof is. |
Maar as die priester sien dat die plek, nadat dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur.
Maar as dit nog in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp gesien word, dan is dit ’n melaatsheid wat weer uitbreek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur verbrand.
Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was — as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog ’n keer gewas word, en dit sal rein wees.
Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in ’n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.
Wette oor die reiniging van ’n vrou.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: As ’n vrou 1swanger word en ’n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; 2soos in die dae van die 3onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.
| 1 Verstaan hier die ontvangenis van ’n mens in die liggaam van die moeder, wat nie net uit die man nie, maar ook uit die vrou voortkom. Want die woord beteken saad gee en voortbring, Gén. 1:11, 12. Vgl. Hebr. 11:11.
2 Dit is, net soos sy sewe dae onrein is in haar maandstonde, Lev. 15:19, so sal sy ook sewe dae onrein wees, wanneer sy gebaar het. 3 Of: volgens die dae van afsondering van haar krankheid. So genoem omdat sy in die tyd van haar maandstonde afgesonder moes wees van die geselskap van mense, om deur niemand aangeraak te word nie; maar met die voorwaarde dat die mense wat haar, of die dinge waaraan haar liggaam geraak het, asook hulle wat dit aangeraak het, ’n sekere tyd as onrein beskou moes word. Sien Lev. 15:19-21, ens. |
aEn 4op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.
| a Gén. 17:12. Luk. 1:59; 2:21. Joh. 7:22. | 4 Waarop die moeder vry was van haar voorgaande onreinheid (sien vers 2), sodat die besnydenis om hierdie rede nie voor hierdie dag mog plaasvind nie, omdat die moeder en kind beide onrein was. |
Dan moet sy 5drie-en-dertig dae 6in die reinigingsbloed bly. 7Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.
| 5 Naamlik, voordat sy weer as heeltemal rein beskou sal word, terwyl sy afgesonder bly, nie geheel en al van die geselskap van die mense, soos in die eerste sewe dae nie, maar slegs van die heiligdom en van die dinge wat tot die godsdiens behoort het.
6 Hebr. in die bloede (in die meervoud), dit is, in die bloed van haar maandstonde, waarvan sy eers heeltemal gereinig moes wees, voordat sy in die heiligdom van die HERE ingaan. 7 Dit is, aan niks wat oorgebly het van dit wat aan die HERE geoffer of geheilig is nie. |
Maar as sy ’n dogter baar, sal sy twee 8weke onrein wees 9soos by haar maandelikse onreinheid. Dan moet sy ses-en-sestig dae in die reinigingsbloed bly.
| 8 Dit is, dubbel so lank as wanneer sy ’n seuntjie gebaar het; soos sy ook dubbel so lank uit die heiligdom moes bly, dit is, ses-en-sestig dae.
9 Dit is, soos wanneer sy van die mense afgesonder word as gevolg van haar maandstonde. Sien vers 2 se kanttekening. |
En as die dae van haar reiniging in die geval van ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe;
dié moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van ’n seun of ’n dogter.
Maar 10as sy 11’n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as 12sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.
| 10 Dit is, indien sy nie die vermoë of middele het om soveel te bekostig nie. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Lev. 25:26. Die moeder van die Here was ook so arm dat sy nie die middele gehad het om ’n lammetjie te offer nie, Luk. 2:24.
11 Hebr. genoegsaamheid van ’n lam. 12 Hierdie offer het eintlik gesien op die erfsonde, waarin beide, die moeder en haar vrug, ontvang en gebore was. Niemand is van erfsonde uitgesluit nie, behalwe onse Here Jesus Christus. |
Wette oor die onderskeid tussen rein en onrein diere.
EN die HERE het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: aDit is die diere wat julle mag eet van 1al die viervoetige diere wat op die aarde is.
| a Deut. 14:4. Hand. 10:14. | 1 Hebr. uit alle vee. Die Hebreeuse woord word hier in die algemeen gebruik; soos ook in Gén. 1:26; 6:7, 20. |
Alles wat onder die diere 2gesplitste kloue het, en wel 3heeltemal gesplitste kloue, en 4herkou — 5dit mag julle eet.
| 2 Dit is, wie se klou, hoef of nael gesplits is, wat nie die geval is by die hoewe van perde, esels, ens. nie.
3 Dit is, só gesplits dat die kloue nie in baie dele gedeel is, soos by honde, katte, ens. te sien is nie, maar in twee, soos by beeste, skape, ens. 4 Hebr. die gekoude weer kou, en so in dit wat volg. Verstaan die diere wat opnuut kou wat hy gekou en ingesluk het; soos ons sien dat die beeste en skape doen, wanneer hulle lê. Drie voorwaardes of eienskappe word in hierdie rein diere vereis: (1) Die splitsing van die kloue. (2) Die splitsing in twee dele. (3) Die herkouing. Die verskil tussen die eerste twee voorwaardes is nie net af te lei uit hierdie en die sewende vers nie, maar vernaamlik uit vers 26. 5 Of: dit sal julle eet. |
Maar die volgende mag julle nie eet nie van 6die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
| 6 Dit is, wat slegs herkou sonder om die ander eienskappe te hê; so ook in die volgende woorde die wat gesplitste kloue het. Sien Deut. 14:6. |
en die das, want hy herkou, maar het 7geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
| 7 Verstaan nie in twee nie, maar in meer dele; wat teen die tweede voorwaarde is, wat ook die geval is by die hase, genoem in die volgende vers. |
en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie — 8onrein is hy vir julle.
| 8 Want dit voldoen slegs aan die eerste twee voorwaardes en nie aan die derde nie. |
Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie — onrein is hulle vir julle.
Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat 9vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere — dit mag julle eet.
| 9 Naamlik beide tesame. Daarom was die volgende onder die visse onrein: (1) Die wat geen vinne of skubbe gehad het nie. (2) Die wat slegs een van beide gehad het. |
Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die 10lewende wesens wat in die water is — 11’n gruwel is dit vir julle.
| 10 Sien Gén. 1:20 se kanttekening.
11 Dit is, waarvan ’n mens ’n afsku moet hê om dit te eet en aan te raak wanneer dit dood is; soos in die volgende vers verklaar word. |
Ja, ’n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir ’n gruwel hou.
Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie — ’n gruwel is dit vir julle.
En die volgende moet julle van die voëls vir ’n gruwel hou — hulle mag nie geëet word nie, ’n gruwel is hulle: 12die arend en die 13lammervanger en die 14aasvoël;
| 12 In die vertaling van hierdie name is die algemeenste gevoel van die geleerdes gevolg.
13 Anders: die beenbreker, ’n soort arend wie se jeug weer nuut word, Ps. 103:5. 14 Of: seearend, wat sy naam gekry het van die krag en sterkte van sy vliegvermoë. |
en die kuikendief en die 15valk volgens sy soorte;
| 15 Aan hierdie voël word ’n goeie en sterk sig toegeskryf, Job 28:7. |
elke kraai volgens sy soorte;
en die 16volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte;
| 16 Hebr. die dogter van die volstruis. Vroeër het sommige gemeen dat hierdie benaming daarvan kom dat onder hierdie voëls geen mannetjies nie, maar slegs wyfies sou wees. Anders: die uil. |
en die steenuil en die visvanger en die 17steunuil;
| 17 ’n Soort groot uil, of ’n voël wat in die nag vlieg. |
en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël;
en die groot 18sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.
| 18 Of: ooievaar. Hierdie voël het sy naam gekry van die weldadigheid wat hy aan sy ouers bewys, wat hy voed en help wanneer hulle deur ouderdom hulpeloos geword het. |
Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop — ’n gruwel is hulle vir julle.
Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
Van hulle mag julle die volgende eet: die 19treksprinkaan volgens sy soorte en die 20boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.
| 19 Hebr. arbe. Dat hulle in die oosterse lande geëet was, is te sien in Matt. 3:4. Mark. 1:6.
20 Die boomsprinkaan, springer en voetganger word in ander vertalings uitgedruk met hul ooreenstemmende Hebreeuse name: solham, hargol en hagab. Die rede daarvoor is dat daar nie sekerheid is oor watter diere dit was nie. Dit kan in die algemeen sekere soorte diertjies aandui wat in Latyn insect genoem word, wat beskryf is in die voorgaande vers. |
Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het — ’n gruwel is hulle vir julle.
En 21deur hierdie diere word julle 22verontreinig — elkeen wat aan hulle aas raak, 23sal tot die aand toe onrein wees;
| 21 Naamlik deur die dinge wat hierna volg, wat beskryf word van hier af tot in vers 43.
22 Naamlik deur die aanraking daarvan. 23 Dit is, hy sal vanweë sy seremoniële onreinheid nie met mense mag verkeer nie, veel minder in die voorhof van die HERE verskyn, of van dit wat geoffer is eet, tot die aand toe. |
en elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees —
aan 24al die diere 25wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.
| 24 Drie soorte diere word vermeld waarvan mense deur aanraking verontreinig geword het: (1) Groot onrein diere, hier en in die volgende twee verse. (2) Onrein diere wat klein was, verse 29-31. (3) Rein diere wat self doodgegaan het of wat verskeur was, vers 39.
25 Dit is, wat gesplitste kloue het, maar nie net in twee dele, soos skape en beeste nie; maar in meer dele, soos leeus, wolwe, bere, honde en katte. Sien verse 3, 4 se kanttekeninge. |
En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere — onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.
Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.
En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: 26die mol en die muis en die 27akkedis volgens sy soorte,
| 26 In die vertaling van hierdie name het ons gevolg wat die waarskynlikste gelyk het, en wat deur die meeste van die geleerdes aangeneem word.
27 Of: skilpad. Die Hebreeuse woord beteken eintlik wat opgeswel en as ’t ware gewelf is. |
en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
28Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
| 28 Verstaan die genoemde diere, wat onreinheid veroorsaak het, nie net as hulle geëet is nie, maar ook aangeraak is; soos verder blyk uit dit wat volg. |
En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige bhoutvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
| b Lev. 15:12. |
En elke erdevoorwerp 29waar een van hulle in val — alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek;
| 29 Hebr. wat uit hulle sal val in sy middel, dit is, in die voorwerp se middel, waarin hierdie onrein diere of iets van hulle geval het; hetsy dat hulle dood of lewendig was. Want hulle mog geensins aangeraak word nie. |
enige voedsel wat geëet word waar 30water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so ’n 31voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.
| 30 Naamlik, waarmee hulle iets gewas het wat deur die aanraking van hierdie dinge onrein geword het.
31 Naamlik wat deur die aanraking van hierdie dinge onrein geword het. |
En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; ’n bakoond of ’n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.
Maar 32’n fontein of put, ’n versamelplek van water, 33sal rein wees; maar 34hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
| 32 Naamlik, waarin een van hierdie onrein diere geval het, gegooi was of verdrink het.
33 Dit is, hulle hoef die water nie uit te skep en weg te gooi as onrein nie, maar hulle sal dit vir hul eie behoefte mag gebruik. 34 Dit is, die persoon of voorwerp wat die aas aanraak, wanneer dit uit die fontein of put, ens., getrek word waarin dit geval het. |
En as van hulle aas val op enige 35saad wat gesaai word — dit sal rein wees.
| 35 Dit is, wat gewoonlik gesaai word vir die gebruik van mense, of van diere; soos uit die volgende woorde verstaan word. |
Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.
En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;
en hy wat van dié aas 36eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat dié aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.
| 36 Verstaan eintlik om uit onwetendheid te eet, as hy nie geweet het dat die voedsel van so ’n aas berei was nie. Want andersins was hulle verbied om van sodanige aas te eet, Deut. 14:21. |
En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is ’n gruwel — dit mag nie geëet word nie.
Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook 37alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel — julle mag dit nie eet nie, want dit is ’n gruwel.
| 37 Hebr. tot alles wat die voete vermenigvuldig. |
Moenie 38julle self ’n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.
| 38 Hebr. julle siele, dit is, julle persone. Sien Gén. 12:5 en die kanttekening. |
cWant 39Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle 40heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
| c Lev. 19:2; 20:7. 1 Petr. 1:16. | 39 Uit die redes wat God hier gebruik om sy volk die genoemde wette in te skerp, blyk dat die seremoniële reinheid ’n aanwysing en aanleiding was tot die ware geestelike heiligmaking, wat vernaamlik oordink en betrag moet word. God neem sy redes (1) van sy natuur, wat geestelik en volkome heilig is; (2) van die doel waartoe Hy die Israeliete verkies en geroep het, wat hul heiligmaking na die liggaam en na die gees was; (3) van die weldaad wat Hy aan hulle bewys het, deur hulle te lei uit Egipte om hulle te bring in die beloofde land; terwyl Hy daarmee aantoon dat Hy hulle ook uit die geestelike Egipte wou verlos, sodat hulle Hom hier ken en dien, en hierna in die hemelse Kanaän vir ewig met Hom sou lewe.
40 Dit is, reinig julle van alle besmetting van die liggaam en van die gees, en volbring die heiligmaking, dit is, die ware vernuwing van die lewe in die vrees van God, 2 Kor. 7:1. |
Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om 41julle God te wees. 42So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.
| 41 Sien Gén. 17:7 se kanttekening.
42 Of: Wees dan heilig, omdat Ek heilig is. |
Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,
om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.
Nadab en Abíhu word deur vuur van die HERE verteer.
EN die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy 1vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en 2vreemde vuur 3voor die aangesig van die HERE 4gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.
| 1 ’n Pan waarin reukwerk aangesteek is; so ook in Núm. 16:17. Die Hebreeuse woord beteken ook ’n snuiter waarmee vuur geblus is, Ex. 25:38.
2 Naamlik, wat nie geneem was van die heilige vuur van die tabernakel nie; sien hieroor Lev. 1:7 se kanttekening; Lev. 6:12. 3 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. 4 Anders: geoffer, dit is, met die doel om te offer. |
Daarop het daar vuur 5van die aangesig van die HERE uitgegaan en 6hulle verteer, en ahulle het gesterwe 7voor die aangesig van die HERE.
| a Núm. 3:4; 26:61. 1 Kron. 24:2. | 5 Sien Lev. 9:24 se kanttekening.
6 Dit is, hulle gedood en hul lewe verteer. Want net soos hul klere, so het hul liggame heel gebly, sodat dit nie deur die vuur verteer was nie; soos blyk uit verse 4, 5. 7 Dit is, in die voorhof van die tent van samekoms. |
Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE 8gespreek het deur te sê: bIn die 9wat naby My is, 10wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron 11het stilgebly.
| b Lev. 8:35. | 8 Vgl. Lev. 8:35, waar gespreek word van die straf van diegene wat hul amp in die tabernakel nie nougeset sou bedien nie.
9 Dit is, wat My in die tabernakel dien, naamlik die priesters. Sien Ex. 19:22. Lev. 21:17. Eség. 42:13, 14. 10 Dit is, deur diegene te straf wat my wette nie onderhou nie. So ook in Eség. 28:22. Sien soortgelyke gebruik van die woorde regverdig kan wees in Ps. 51:6. God word ook geheilig wanneer Hy sy weldade bewys, en word daaroor weldadig en goed verklaar, Eség. 20:41. 11 Deur nie te murmureer deur ongeduldig te wees teen die oordele van God nie. |
En Moses het 12Mísael en Élsafan, die seuns van 13Ussiël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle 14broers van die heiligdom af weg, 15buitekant die laer uit.
| 12 Hebr. Mísjaël en Éltsafan.
13 Hebr. Hussiël, die broer van Amram, die vader van Aäron en Moses, Ex. 6:17. Núm. 3:19. 14 Dit is, bloedverwante, want Mísael, Élsafan en Aäron was neefs, maar Nadab en Abíhu was ’n geslag verder. Sien Gén. 24:27 se kanttekening. 15 Om daar begrawe te word. |
Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.
Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns 16Eleásar en Ítamar: 17Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe 18en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle 19broers, die hele huis van Israel, kan 20die brand beween wat die HERE aangesteek het.
| 16 Hebr. Elhásar.
17 Dit is, julle sal oor Nadab en Abíhu geen rou bedryf nie, waarvan die loshang van die hare en die skeur van die klere tekens was, Lev. 13:45; 21:10. 18 Anders: en groot toorn oor die hele vergadering losbreek. 19 Sien Ex. 2:11 se kanttekening. 20 Waardeur Nadab en Abíhu verbrand is. |
cJulle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms 21nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die 22salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.
| c Lev. 21:12. | 21 Verstaan dit van daardie huidige oomblik.
22 Sien Lev. 8:2, 30. |
En die HERE het met Aäron gespreek en gesê:
Moenie wyn of 23sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou 24as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; ’n 25ewige insetting is dit vir julle geslagte;
| 23 Die Hebreeuse woord sjegar beteken allerlei drank waardeur mense dronk kan word.
24 Naamlik, om jul priesterskap te bedien. 25 Hebr. insetting van ewigheid. Sien Gén. 13:15 se kanttekening. Lev. 3:17. |
en julle moet onderskeid maak 26tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
| 26 Verstaan dit alles, eerstens ten opsigte van die leer, soos in die volgende vers, ens., tweedens van die seremonies, soos in Levítikus 11, ens., derdens van die sedes, Levítikus 18, ens. |
en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat die HERE 27deur die diens van Moses aan hulle verkondig het.
| 27 Hebr. deur die hand. Sien Lev. 8:36 se kanttekening. |
En Moses het met Aäron gespreek en met sy seuns Eleásar en Ítamar wat oorgebly het: Neem die spysoffer wat van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as 28ongesuurde koeke langs die 29altaar; want dit is 30hoogheilig.
| 28 Dit is, koeke gemaak van die fynmeel van die spysoffer wat aan die HERE gebring was. Sien Lev. 2:1.
29 Naamlik die brandofferaltaar, wat in die voorhof voor die ingang van die tent van samekoms was. Vgl. Lev. 1:3. 30 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
Daarom moet julle dit 31op ’n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van die HERE; dwant so is aan my bevel gegee.
| d Lev. 2:3; 6:16. | 31 Dit is, langs die altaar; soos in die voorgaande vers, in die voorhof van die HERE. Sien Lev. 6:16 se kanttekening. |
Ook die 32beweegbors en die 33hefboud moet julle op ’n 34rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.
| 32 Hebr. die bors van die beweging, of van die beweegoffer.
33 Hebr. die boud van die opheffing, of van die hefoffer. 34 Rein, naamlik volgens die wet van die seremonies, wat êrens in die laer kon wees. Want nie net die manne nie, maar ook die vroue mog daarvan eet. Gevolglik moet hierdie rein plek onderskei word van die heilige plek, genoem in die voorgaande vers, wat in die voorhof van die HERE was. |
Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en 35dit sal vir jou en jou seuns saam met jou ’n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos die HERE beveel het.
| 35 Of: wat vir jou en jou seuns saam met jou ’n ewige insetting sal wees. Hebr. tot ’n aangewese deel van ewigheid. |
En Moses het 36rondgesoek na die sondofferbok, 37maar dit was verbrand! Daarom was hy 38baie kwaad vir Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron wat oorgebly het; en hy het gesê:
| 36 Hebr. soekende gesoek, dit is, hy het baie hard gesoek.
37 Verstaan die deel daarvan wat die priester toegekom het. 38 Omrede hulle nie hul amp behoorlik bedien het nie, omdat hulle verbrand het wat hul moes geëet het. |
Waarom het julle die sondoffer nie op ’n 39heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en 40Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering 41weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE.
| 39 Sien vers 13.
40 Die HERE. 41 Of: te dra. Sien Ex. 28:38 se kanttekening. |
Kyk, die bloed daarvan is nie binne in die 42heiligdom gebring nie. Julle moes dit 43sekerlik 44in die heiligdom geëet het esoos ek beveel het.
| e Lev. 4:5; 6:26; 16:27. | 42 Hebr. heiligheid, dit is, in die eerste deel van die tabernakel, anders genoem: die Heilige, waarin die bloed gebring moes gewees het. Sien Lev. 4:5, 16. Wanneer dit sou plaasgevind het, moes die bok buite die laer heeltemal verbrand word. Sien Lev. 4:12, 21; 6:30; 16:27.
43 Hebr. etende moes julle geëet het. 44 Dit is, by die heiligdom in die voorhof, waar die heilige eetplek was. Sien vers 12. |
Toe sê Aäron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my 45oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit 46goed gewees het in die oë van die HERE?
| 45 Of: ontmoet, of teëgekom, naamlik dat ek my twee seuns Nadab en Abíhu verloor het, en daaroor nie mog rou nie, sodat ek deur die droefheid van my hart nie van die offer kon eet nie.
46 Dit is, sou dit die HERE behaag en vir Hom aangenaam gewees het? Naamlik, dat ek, wat nog droefheid ondervind oor die straf van my twee seuns, met ’n bedroefde gemoed die sondoffer sou geëet het? |
Toe Moses dit hoor, was dit goed in sy oë.
Eerste offerandes van Aäron.
EN op die 1agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en 2die oudstes van Israel geroep
| 1 Wat gevolg het op die sewe dae van inwyding wat gemeld is in Lev. 8:35. Vgl. Eség. 43:26, 27.
2 Sien Lev. 4:15 se kanttekening. |
en aan Aäron gesê: aNeem 3vir jou ’n 4bulkalf as sondoffer en ’n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle 5voor die aangesig van die HERE.
| a Ex. 29:1. | 3 Dit is, om vir jou geslag te word. Sien vers 8.
4 Hebr. die seun van ’n bees, dit is, ’n jong bul. 5 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
En spreek met die kinders van Israel en sê: Neem ’n bokram as sondoffer en ’n kalf en ’n lam, altwee 6een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,
| 6 Hebr. seuns van ’n jaar. So ook in Lev. 14:10. |
ook ’n bul en ’n ram as dankoffer om voor die aangesig van die HERE te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag 7verskyn die HERE aan julle.
| 7 Hebr. het die HERE aan julle verskyn. Hy spreek van ’n gebeurtenis wat nog sou plaasvind, sien verse 23, 24, asof dit teenswoordig was en reeds plaasgevind het, om die sekerheid en vastigheid daarvan by hulle in te skerp. So ook in Gén. 20:3 en die kanttekening. Ex. 9:3. Matt. 26:28, ens. |
Toe het hulle voor die tent van samekoms 8gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van die HERE.
| 8 Anders: Toe het hulle geneem en voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. Sien oor die verklaring hiervan Gén. 12:15 se kanttekening. |
En Moses het gesê: Dit is die saak wat die HERE julle beveel het om te doen, sodat die 9heerlikheid van die HERE aan julle kan verskyn.
| 9 Verstaan die heerlike tekens van die openbaring van God deur die vuur wat van die HERE uitgegaan het, waardeur die brandoffer vanself aangesteek en verteer is. Sien verse 23, 24. Vgl. Ex. 24:16, 17; 40:34, 35. Eség. 43:2. |
En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou bsondoffer en jou brandoffer, en doen versoening 10vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die HERE beveel het.
| b Lev. 16:6. Hebr. 7:27. | 10 Eers vir jou, sodat jy op die manier bekwaam mag wees om die versoening vir die volk te doen, wanneer jy self eers versoen sal wees. Want die Levitiese priesters, omdat hulle self sondaars was, moes ook vir hulself offer, Hebr. 7:27, 28. |
Toe het Aäron na die altaar nader gekom en 11die sondofferkalf geslag wat 12vir hom bedoel was.
| 11 Dit is, wat vir die sonde geoffer moes wees. Vgl. vers 15 se kanttekening.
12 Sien vers 2 se kanttekening. |
En die seuns van Aäron het die bloed na hom gebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegiet.
Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar 13aan die brand gesteek soos die HERE Moses beveel het.
| 13 Dit is, berei en gereedgemaak om aangesteek en verbrand te word. So ook in verse 13, 14, 17, 20. Want dit is onmiddellik daarna aangesteek en verteer met vuur wat wonderbaarlik uit die hemel geval, of uit die Allerheiligste voortgekom het, vers 24. |
En die vleis en die 14vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.
| 14 Met alles wat nog oorgebly het van hierdie kalf. Vgl. Lev. 4:11. |
Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed 15aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi.
| 15 Hebr. vir hom laat vind, dit is, vir hom gelewer, of gebring. So ook in verse 13, 18, ens. |
Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het dit aan die brand gesteek op die altaar.
En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.
Daarna het hy die offer cvan die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat 16vir die volk bedoel was, en dit geslag en 17dit as sondoffer gebring soos 18tevore.
| c Lev. 4:13. | 16 Of: van die volk, dit is, wat vir die volk geoffer sou word. Vgl. vers 8 se kanttekening.
17 Hebr. hy het hom sonde gemaak, dit is, hy het die sondofferbok tot ’n offer berei vir die sonde. Of: hy het hom ontsondig, dit is, met hom het hy die volk ontsondig; dit is, hy het hulle gereinig van hul sondes, nie in die daad nie, maar in die betekenis, terwyl dit wys op die enigste offer van Christus, wat alleen met die daad die sondes kan wegneem, Hebreërs 9; 10. Sien Lev. 4:20 se kanttekening. Daarom word daar ook gesê dat Hy sonde vir ons gemaak is, 2 Kor. 5:21. 18 Naamlik die offer van die bulkalf. Sien verse 2, 8. |
Verder het hy die brandoffer gebring en dit berei 19volgens voorskrif.
| 19 Dit is, volgens die voorskrif, soos dit moes gebeur. Sien Lev. 5:10 se kanttekening. |
En hy dhet die 20spysoffer gebring en 21’n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar, behalwe die 22emôrebrandoffer.
| d Lev. 2:1.
e Ex. 29:38, ens. |
20 Wat altyd saam met die brandoffer moes gaan, soos af te lei is uit Levítikus 6.
21 Naamlik van die fynmeel waaruit die spysoffer bestaan het. Sien Lev. 2:2. 22 Dit is, wat elke môre gewoonlik met spysoffer gebring moes word. Sien Ex. 29:38-40. |
Toe het hy die bul en die ram geslag wat 23vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee — wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het —
| 23 Naamlik, om vir hulle geslag te word. Vgl. vers 8 se kanttekening. |
en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en 24die netvet en die niere en die lap aan die lewer;
| 24 Verstaan die vet wat oor die binnegoed lê. Vgl. Lev. 3:3, 9, 14; 4:8; 7:3, ens. |
en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en 25hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.
| 25 Naamlik Aäron. |
Maar die borsstukke en fdie regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg soos Moses beveel het.
| f Lev. 7:32. |
Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle 26geseën. En 27hy het afgeklim 28nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het.
| 26 Naamlik as priester, wie se amp was om die geestelike goedere deur onderrig, offer en gebed aan die volk van God uit te deel. Die openbare seën was ’n soort gebed, waarvan ons die formulier lees in Núm. 6:23.
27 Naamlik, van die klein heuweltjie, nie steil nie, maar geleidelik opgaande, waarop die altaar gestaan het, sodat mense rondom goed kon sien wat daarop gebeur het. Vgl. Ex. 20:26. Anders: nadat hy afgeklim het. 28 Hebr. van die bring van die sondoffers, brandoffers, ens. |
Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk 29geseën. En die 30heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn —
| 29 Naamlik soos dienaars van God oor sy gemeente. Hierdie seën het in die openbaar plaasgevind met die aanroeping van God se Naam, volgens die voorskrif van Núm. 6:24, ens. Sien ook hieroor Deut. 10:8.
30 Sien die volgende vers en vers 6 se kanttekening. |
gvuur het 31van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, 32het hulle gejuig en 33op hulle aangesig geval.
| g 1 Kon. 18:38. 2 Kron. 7:1. | 31 Dit is, van die Allerheiligste, wat saam met die hele tabernakel die huis van die HERE genoem is, 1 Sam. 3:15. 1 Kron. 6:31, 32, waar die verbondsark was, ’n teken van God se teenwoordigheid; of verstaan dit as die hemel, wat die woning van die HERE genoem word, Deut. 26:15. 2 Kron. 30:27. Jes. 63:15, van waar ten tyde van Elía die vuur op sy offer geval het, 1 Kon. 18:38.
32 Dit is, hulle het ’n vreugdevolle uitroep aangehef. 33 Tot ’n teken van ootmoedige eerbied. Sien Gén. 17:3 se kanttekening. |
Wyding van Aäron en sy seuns.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
aNeem Aäron en sy seuns saam met hom, en 1die klere en 2die bsalfolie en 3die sondofferbul en die twee ramme en die 4mandjie met ongesuurde koeke,
| a Ex. 28:1, 2.
b Ex. 30:25. |
1 Verstaan die heilige en priesterlike klere, wat God beveel het om te maak, Ex. 28:2, en volgens hierdie bevel gemaak was, Ex. 39:1.
2 Hebr. olie van die salwing; so ook in dit wat volg. Sien hieroor Ex. 30:23-25; 37:29. 3 Dit is, wat as ’n sondoffer gebring moes wees. Sien hieroor en oor dit wat volg Ex. 29:1, ens. 4 Waarin die ongesuurde en ongegiste koeke is wat hulle as offers aan God gebring het. |
en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.
En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.
Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is 5die saak cwat die HERE 6beveel het om te doen.
| c Ex. 29:4. | 5 Hebr. die woord. Sien Gén. 20:8 en die kanttekening.
6 Sien Exodus 29 en vgl. daardie hfst. hiermee. |
En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met 7water gewas.
| 7 Sien Lev. 6:28 se kanttekening en hierna, vers 11. |
dDaarop het hy 8hom 9die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom 10die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.
| d Ex. 28:4. | 8 Naamlik Aäron.
9 Sien oor hierdie priesterlike gewaad Ex. 28:4. 10 Sien oor hierdie kleed Ex. 28:4, 6, 7. Dit was tweërlei. Die een van die hoëpriester was van kosbare stof gemaak, Ex. 28:6, waarvan hier gespreek word. Die ander, van linne, vir die ander priesters, die Leviete en konings, 1 Sam. 2:18; 22:18. 1 Kron. 15:27. |
Verder het hy hom die eborstas aangeheg en in die borstas 11die Urim en die Tummim gesit.
| e Ex. 28:30. | 11 Sien hieroor Ex. 28:30. Die woorde beteken ligte en volmaakthede, dinge wat nie deur enige kuns van mense gemaak was nie, maar deur God aan Moses gegee om dit in die heilige borstas te sit. |
En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, 12aan die voorkant, die goue 13plaat, 14die heilige kroon, bevestig, fsoos die HERE Moses beveel het.
| f Ex. 28:36; 29:6. | 12 Hebr. teenoor. Vgl. Ex. 28:37, 38; 29:6.
13 Of: blad. Hebr. die blom van die goud. 14 So genoem omdat dit (soos sommige skryf) byna soos ’n kroon gemaak was. Sien meer in Ex. 29:6 se kanttekening. |
Toe het Moses die salfolie geneem en die 15tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit 16geheilig.
| 15 Die tent van samekoms.
16 Dit is, het dit afgesonder tot ’n heilige gebruik. So ook in die twee volgende verse. Net so ook Gén. 2:3. Ex. 28:41; 29:1. 2 Kron. 7:7. Joël 1:14. |
En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die 17waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.
| 17 Dit is, ’n kom waarin die priesters, wanneer hulle in die tabernakel ingegaan het, hul hande en voete, asook die vleis van die offers en die gereedskap wat tot die diens aan God behoort, gewas het. Sien Ex. 30:18-20; 40:7, 30. Lev. 6:28. |
Daarna het hy gvan die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.
| g Ps. 133:2. |
Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met ’n gordel en hulle die musse omgebind hsoos die HERE Moses beveel het.
| h Ex. 29:9. |
iDaarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns 18het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.
| i Ex. 29:1. | 18 Anders: het met hulle hande op die kop gesteun of geleun, ens. So ook in vers 18. Sien Lev. 1:4 se kanttekening. |
En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en 19die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur 20daar versoening voor te doen.
| 19 Dit is, het dit afgesonder van die algemene en onheilige gebruik. So ook in Ex. 29:36. Lev. 14:49 en die kanttekening, ens.
20 Dit is, om dit deur hierdie offer vir heilige gebruik geskik te maak, of: om daarop versoening te doen, dit is, om daarop die offers van versoening vir die mense te bring. So ook in Ex. 29:36. |
Verder het hy al die vet wat 21aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.
| 21 Anders: op, oor. |
Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, ksoos die HERE Moses beveel het.
| k Ex. 29:14. Lev. 4:11. |
Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
Hy het ook die ram 22in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;
| 22 Sien Lev. 1:6. |
maar die binnegoed en die pote het hy 23met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was ’n brandoffer 24as lieflike geur, ’n vuuroffer was dit aan die HERE, lsoos die HERE Moses beveel het.
| l Ex. 29:18. | 23 Sien vers 11 se kanttekening.
24 Sien Lev. 1:9 se kanttekening. Gén. 8:21. |
Daarop het hy die ander ram, 25die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
| 25 Hebr. ram van die vullinge, dit is, met die offer van die ram waarmee hulle in hul priesteramp bevestig was. Sien Lev. 7:37 se kanttekening. |
En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die 26regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.
| 26 Verstaan die sagte onderste deel van die oor. |
Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
mEn hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.
| m Ex. 29:22. |
Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat 27voor die aangesig van die HERE was, een ongesuurde koek geneem en 28een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
| 27 Sien Lev. 1:3 se kanttekening.
28 Hebr. een koek van die brood van die olie. |
nen dit alles op die 29hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as 30beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
| n Ex. 29:24. | 29 Hebr. palms, en so in dit wat volg.
30 Sien Lev. 7:30 se kanttekening. |
Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; ’n 31wydingsoffer was dit as lieflike geur, ’n vuuroffer aan die HERE.
| 31 Hebr. vullinge, en so in dit wat volg. Sien Lev. 7:37 se kanttekening. |
Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as 32deel toegekom, osoos die HERE Moses beveel het.
| o Ex. 29:26. Lev. 7:33. | 32 Verstaan ten opsigte van daardie tyd, toe die priesterskap eerste ingestel was en Moses die amp van priester buitengewoon bedien het. Want daarna het hy dit nie meer gedoen nie, maar hom gehou by die bediening van die burgerlike en profetiese amp, terwyl sy kinders onder die gewone Leviete gereken is. |
pMoses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns 33geheilig.
| p Ex. 29:21. | 33 Sien vers 10 se kanttekening. |
Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms qen eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet 34dit eet.
| q Ex. 29:32. Lev. 24:9. | 34 Naamlik die orige vleis en die brood wat in die mandjie was. |
Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet 35julle wyding duur.
| 35 Dit is, waar julle deur sekere seremonies in jul priesteramp bevestig word. Sien Lev. 7:37 se kanttekening. |
Soos vandag gedoen is, het die HERE beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.
Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die 36ordening van die HERE hou, 37dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.
| 36 Verstaan die verskuldigde plig van die priesters in die waarneming en onderhouding van alles wat hulle beveel was om in die tabernakel te doen, en in die besonder dit wat hierdie wyding van hulle aangegaan het. Vgl. Núm. 3:7, 8; 9:19. 2 Kon. 11:5. Of: die diens van die HERE waarneem.
37 Soos Nadab en Abíhu naderhand oorgekom het, toe hulle, teen die ordening, vreemde vuur aan die HERE gebring het. |
En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die HERE 38deur die diens van Moses beveel het.
| 38 Hebr. deur die hand van Moses, dit is, deur sy diens en beleid. Sien Ex. 4:13 se kanttekening. So ook in Lev. 10:11. Núm. 16:40. Jos. 14:2. |
Voorskrifte omtrent die skuld- en dankoffers.
EN dit is die wet 1van die skuldoffer: dit is 2hoogheilig.
| 1 Sien Lev. 5:6 se kanttekening.
2 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
3Op die plek waar 4hulle die 5brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en 6hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
| 3 Sien oor hierdie plek Lev. 1:3.
4 Naamlik die priesters. 5 Sien oor hierdie offer Lev. 6:9 se kanttekening. 6 Naamlik, een van die priesters. Sien Lev. 1:5. |
En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — 7by die niere moet hy dit wegneem.
| 7 Sien Lev. 3:4 se kanttekening. |
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die HERE; dit is ’n skuldoffer.
Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. 8Op ’n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.
| 8 Sien Lev. 6:16 se kanttekening. |
Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle — die priester 9wat daardeur versoening doen, aan hom kom 10dit toe.
| 9 Naamlik deur die bediening van hierdie seremonie, wat die versoening aandui en heengewys het na die Messías, wat dit sou verwerf. Sien Lev. 1:4 se kanttekening.
10 Naamlik die offer. |
En die priester wat die brandoffer van iemand bring — die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.
En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.
En elke spysoffer, met olie gemeng of 11droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, 12aan die een so goed as aan die ander.
| 11 Dit is, sonder olie of drankoffer; soos die spysoffers vir die sonde was, Lev. 5:11, en die spysoffers van jaloersheid, Núm. 5:15.
12 Hebr. vir die man soos vir sy broer. |
En dit is die wet 13van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring:
| 13 Sien Lev. 3:1 se kanttekening. |
Ingeval hy dit as a14lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke 15deurmekaargeroer is, met olie gemeng;
| a Ps. 116:17. | 14 Dit is, bely- of erkenoffer, waardeur hulle die weldade wat hulle van God ontvang het, met ootmoed en eerbied openlik erken en prys, en God daarvoor gedank het. Sien oor hierdie offer ook Lev. 22:29. 2 Kron. 29:31; 33:16. Ps. 50:14.
15 Sien Lev. 6:21 se kanttekening. |
saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.
En hy moet daarvan, 16een koek van elke gawe, as 17offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom 18dit toe.
| 16 Naamlik een van die koeke van gesuurde brood, in die voorgaande vers genoem.
17 Of: hefoffer. Verstaan ’n offer wat in die bring daarvan deur die priester omhoog gehef was. Sien hieroor ook vers 32. Ex. 29:27, 28. Vgl. hiermee vers 30 hierna se kanttekening. 18 Naamlik die offergawe. |
Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag 19as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.
| 19 Dit is, as die offer plaasvind. |
En as die offer wat hy bring, ’n 20gelofte of 21vrywillige offer is, moet dit geëet word bop die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.
| b Lev. 19:6. | 20 Verstaan ’n godsdienstige belofte, vrywilliglik aan die HERE gedoen, van dit wat deur Hom geoorloof en in ons mag is, tot eer van God en tot bewys van dankbaarheid. Vgl. Núm. 30:2.
21 Dit is, wat iemand wat nie genoodsaak is deur enige wet nie, uit enkel vrygewigheid van sy hart vir die HERE opgeoffer het. Sien oor so ’n offer ook Lev. 22:23. Eség. 46:12. |
Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.
En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag 22iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie 23met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie 24toegereken word nie; 25’n onrein iets sal dit wees, en 26diegene wat daarvan eet, moet sy 27ongeregtigheid dra.
| 22 Hebr. etende geëet word.
23 Naamlik deur die HERE. 24 As ’n aangename dankoffer. 25 Die Hebreeuse woord beteken eintlik iets wat deur ouderdom ’n slegte reuk en kleur gekry het. 26 Hebr. die siel; so ook in dit wat volg. 27 Sien Lev. 5:1 se kanttekening. |
En 28die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder 29die vleis betref — 30elkeen wat rein is, mag vleis eet.
| 28 Van die dankoffer. Sien die voorgaande en die volgende vers.
29 Naamlik, wat nog oorgebly het en deur niks onreins aangeraak is nie. 30 Naamlik van die priesters en van diegene wat die offers bring om geoffer te word. |
Maar die een wat vleis ceet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy 31onreinheid aan hom is, dié siel moet 32uit sy volksgenote uitgeroei word.
| c Lev. 15:3. | 31 Verstaan seremoniële onreinheid, waarvan die mens hom nog nie gereinig het nie, soos hierna in Levítikus 21; 22 gebied word.
32 Sien Gén. 17:14 se kanttekening. |
En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ’n mens of aan ’n onrein dier of aan enige onrein 33verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
| 33 Dit is, enige iets wat onrein verklaar en daarom verfoeilik is, en vermy moet word. |
Die verbod om vet of bloed te eet.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: 34Géén vet van ’n bees of skaap of bok mag julle eet nie.
| 34 Sien Lev. 3:17 se kanttekening. |
Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir 35allerhande werk 36gebruik word, maar jy mag 37niks daarvan eet nie.
| 35 Hebr. alle.
36 Hebr. gedoen. 37 Hebr. etende mag jy dit nie eet nie. |
Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die HERE ’n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
dOok mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.
| d Gén. 9:4. Lev. 3:17; 17:14. |
Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die HERE sy dankoffer bring, 38moet self aan die HERE die gawe 39uit sy dankoffer bring;
| 38 Naamlik hy self in eie persoon, nie ’n ander namens hom nie. Sien die volgende vers.
39 Dit is, uit die brokke of dele wat óf aan God geoffer is, óf aan die priesters gegee moes word. |
sy hande moet die vuuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, eom dit as 40beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.
| e Ex. 29:24. | 40 Verstaan, volgens die mening van sommige, ’n offer wat, as dit deur die priester gebring was, na die vier windrigtings beweeg moes word; en dit word onderskei van die offergawe, vers 14, wat slegs omhoog gehef was. Sien ook oor hierdie beweegoffer Lev. 8:27; 9:21. |
En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.
Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.
Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die 41regterboud as deel toe.
| 41 Sien Ex. 29:22 se kanttekening. |
Want fdie 42beweegbors en die 43hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as ’n deel wat hulle 44vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.
| f Ex. 29:27. Núm. 18:11. | 42 Hebr. bors van beweging. Sien vers 30 se kanttekening.
43 Hebr. boud van opheffing. 44 Sien Gén. 13:15 se kanttekening. |
Dit is 45die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, 46op die dag toe 47Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die HERE te bedien —
| 45 Of: salwing. Dit is, die reg en die wettige porsie, wat Aäron en sy seuns vanweë hul priesteramp, waartoe hulle beroep en deur die salwing ingewy is, toebehoort.
46 Dit is, van die dag af dat hulle in hul amp ingewy is. 47 Naamlik, God, deur Moses. Anders: as hy, Aäron, hulle sal laat nader kom. |
48wat die HERE beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is ’n ewige insetting vir hulle geslagte.
| 48 Naamlik die aandeel, soos in die voorgaande vers. |
Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die 49wydingsoffer en die dankoffer
| 49 Hebr. vir die vullinge. Want toe die priesters in hul amp aangestel was, was hul hande met offers gevul. Of, met die offer was hul bevestiging in die priesteramp vervul. Sien Ex. 28:41; 29:9; 32:29. Lev. 8:33. 1 Kon. 13:33. Eség. 43:26. |
wat die HERE Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die HERE te bring.
VERDER het die HERE met Moses 1gespreek en gesê:
| 1 Die eerste sewe verse van hierdie hoofstuk word deur ander, met verwysing na die Hebreeuse teks, by die voorgaande vyfde hoofstuk gevoeg; en dit nie sonder rede nie, omdat hier nog oor die skuldoffers gehandel word. |
As 2iemand sondig en ontrou handel 3teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste 4ontken dat iets aan hom toevertrou of 5as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy 6sy naaste iets afgepers het,
| 2 Hebr. siel, en so in dit wat volg. Sien Gén. 12:5 se kanttekening.
3 Wie sy naaste te na kom, sondig ook teen die HERE; nie net omdat die mens God se skepsel is en Hom toebehoort nie; maar ook omdat God beveel het om die naaste lief te hê en nie skade aan te doen nie; en omdat die Naam van die Here dikwels misbruik word in en oor die sonde wat teen die naaste begaan word. 4 Anders: lieg. 5 Hebr. as plasing van die hand, dit is, wat iemand in die hand gegee en aan hom besorg is, hetsy deur slegs een, of deur baie, met wie hy deur sy handdruk, handtekening of andersins in ’n ooreenkoms getree het om dit na te kom en te onderhou. 6 Of: bedrieglik van sy naaste vervreem het. |
of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer aten opsigte van enigiets wat ’n mens kan doen om hom daarmee te besondig —
| a Núm. 5:6. |
as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het;
of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar 7ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee 8op die dag as hy boete doen.
| 7 Hebr. in sy hoof, dit is, die hoofsom self wat ontvreem is, of: die totale som.
8 Dit is, as hy skuldig bevind en skuldig verklaar sal word. Anders: op die dag van sy skuldoffer, dit is, as hy die offer vir sy skuld sal bring om hom te versoen met God; dan sal hy op dieselfde tyd aan sy naaste voldoen. Vgl. Matt. 5:23. |
En hy moet van die kleinvee, 9na jou skatting, as boete aan die HERE ’n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.
| 9 Of: met jou skatting. Sien Lev. 5:15 se kanttekening. |
Dan moet die priester vir 10hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word — enigiets wat ’n mens doen, 11sodat hy daardeur skuldig word.
| 10 Sien Lev. 1:4 se kanttekening.
11 Hebr. tot skuld daarin. |
Voorskrifte omtrent die brand-, spys- en sondoffers.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: 12Dit is die wet van die brandoffer: 13Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die 14altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.
| 12 Dit is, die voorskrif van die manier waarop ’n mens ’n brandoffer moet bring; of die daaglikse, Ex. 29:38, of die vrywillige offer, Levítikus 1, of dit wat die wet vir enige sonde beveel.
13 Dit is ’n beskrywing van die brandoffer; vgl. Gén. 8:20 se kanttekening. 14 Naamlik, wat op hierdie altaar, toe die eerste offer daarop gebring is, uit die hemel geval het, en daarna altyd aan die brand gehou moes word, verse 12, 13. |
En die priester moet sy 15linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en 16dit langs die altaar uitgooi.
| 15 Sien hieroor Ex. 28:39, 40.
16 Naamlik die as. Sien Lev. 1:16 se kanttekening. |
Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as 17buitekant die laer op ’n rein plek uitbring.
| 17 Sien Lev. 4:12 se kanttekening. |
En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet 18elke môre 19daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.
| 18 Hebr. in die môre, in die môre. Sien Gén. 39:10 se kanttekening.
19 Naamlik op die altaar. |
Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.
En dit is die wet bvan die 20spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van die HERE 21voor die altaar bring,
| b Núm. 15:4, ens. | 20 Sien Lev. 2:1 se kanttekening.
21 Anders: op die altaar. Hebr. aan die aangesig van die altaar. |
en een moet daarvan ’n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en chy moet op die altaar die 22gedenkoffer daarvan aan die brand steek 23as lieflike geur vir die HERE.
| c Lev. 2:9. | 22 Sien Lev. 2:2 se kanttekening.
23 Sien Lev. 1:9 se kanttekening. |
En wat daarvan oorbly, 24moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op ’n heilige plek; 25in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.
| 24 Hierdie wet het drie redes gehad: (1) sodat dit wat geheilig was nie geminag sou word deur die algemene gebruik nie; (2) sodat dit nie daarna deur die volk deur spoggery, eergierigheid, oordaad of andersins misbruik sou word nie; (3) sodat die priesters wat die altaar bedien het, van die altaar sou lewe, 1 Kor. 9:13.
25 Hiermee word uitgedruk waar die heilige plek is, waar die heilige dinge deur die priesters geëet moes word. Sien ook vers 26 en Lev. 10:12, 13. |
Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. 26Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.
| 26 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is ’n 27ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. 28Alles dwat 29daaraan raak, word 30heilig.
| d Ex. 29:37. | 27 Hebr. insetting van ewigheid. Sien Gén. 13:15 se kanttekening.
28 Of: Almal. 29 Naamlik, die dinge wat gemeld is in die twee voorgaande verse. 30 Dit is, as heilig geag, en nie gebruik mag word in enige ander sake nie; maar moes óf gebreek óf gewas óf ook geskuur en afgespoel word. Sien verse 27, 28. |
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die HERE moet bring op die dag as 31hy gesalf word: die tiende van ’n 32efa fynmeel 33as voortdurende spysoffer; 34die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.
| 31 Naamlik Aäron of een van sy seuns.
32 Sien Lev. 5:11 se kanttekening. 33 Dit is, óf soos die voortdurende spysoffer, óf met die voortdurende spysoffer, óf tot die voortdurende spysoffer, naamlik in die salwing van die priesters. Sien oor die voortdurende spysoffer Ex. 29:40. 34 Dit is, ’n helfte van die fynmeel vir die môre-offer, en die ander vir die aandoffer. |
Dit moet op ’n plaat met olie berei word; 35deurmekaargeroer moet jy dit bring; in 36gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die HERE.
| 35 Dit is, so gekook dat dit borrel, opkook en rys. So ook in Lev. 7:12. Anders: gebraai.
36 Hebr. kooksels van die spysoffer van brokkies, dit is, gekookte of gebakte brokkies van die spysoffer. |
Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek 37gesalf word, dit berei, as ’n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE 38aan die brand gesteek word.
| 37 Naamlik, om ná sy dood hom op te volg in sy amp.
38 Naamlik, om geheel en al verbrand te word. |
39So moet dan elke spysoffer van ’n priester ’n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.
| 39 Naamlik, dat dit geheel en al aangesteek en verbrand sal word. Anders: moet geheel verbrand word. |
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die 40sondoffer: 41Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. 42Dit is hoogheilig.
| 40 Sien Lev. 4:3 se kanttekening.
41 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. 42 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
eDie priester wat dit 43as sondoffer bring, moet dit eet; op ’n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.
| e Hos. 4:8. | 43 Hebr. ontsondig, dit is, vir die sonde ’n offer bring. |
44Alles wat aan die vleis daarvan raak, 45word heilig; en as daar van die bloed op ’n kledingstuk spat, moet jy 46die stuk waar dit op spat, op 47’n heilige plek was.
| 44 Of: Almal.
45 Sien vers 18 se kanttekening. 46 Naamlik die kledingstuk. 47 Sien vers 16 se kanttekening. |
En ’n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in ’n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met 48water afgespoel word.
| 48 Naamlik in die heilige water. Sien Ex. 40:7, 30. Lev. 8:11 se kanttekening. |
Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.
Maar elke 49sondoffer fwaarvan ’n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.
| f Lev. 4:5. Hebr. 13:11. | 49 Sodanig was die sondoffers wat vir die vergryping deur die hoëpriester, en deur die hele vergadering gebring was, Lev. 4:5, 16. So ook die jaarlikse sondoffer op die dag van versoening, Lev. 16:27. |
EN as 1iemand sondig — dat hy die luid uitgesproke 2beswering hoor, terwyl hy getuie was, 3dit gesien het of daarvan 4weet — as hy naamlik dit 5nie te kenne gee nie en so sy 6ongeregtigheid moet dra;
| 1 Hebr. siel, en so in dit wat volg. Sien Gén. 12:5 se kanttekening.
2 Dit is, lastering teen God (soos in Lev. 24:10, 11) of teen sy naaste (soos in 2 Sam. 16:7) uitgeroep. 3 Dit is, self in persoon by die beswering was. 4 Dit is, uit die mededeling van ander gehoor het. 5 Naamlik aan die owerheid, omdat hy belet is deur enige menslike swakheid van lafhartigheid, vrees, toegeneentheid, versuim, ens. 6 Dit is, hy sal die straf ondergaan wat hy deur sodanige misdaad van stilswye verdien het. Sien hierdie manier van spreek in vers 17 en Lev. 17:16; 20:20. Núm. 14:33. Jes. 53:11, ens.; en so word sonde of ongeregtigheid vir straf gebruik in Gén. 19:15. Núm. 18:1. Sien Gén. 4:13 se kanttekening. |
aof as iemand enigiets aanraak wat 7onrein is — die aas van ’n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein 8gedierte wat rondkruip — en dit vir hom 9verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is;
| a Hag. 2:14. 2 Kor. 6:17. | 7 Verstaan dit as die seremoniële onreinheid, sien breedvoeriger daaroor in Levítikus 11. Deuteronómium 14.
8 Sien Gén. 1:20 se kanttekening. 9 Sodat hy nie geweet het dat hy dit aangeraak het nie. |
of as hy iets onreins van ’n mens aanraak — 10volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig — en dit vir hom verborge was, maar hy 11dit te wete gekom het en skuldig is;
| 10 Dit is, in enige soort onreinheid waarmee ’n mens volgens die seremoniële wet onrein kon word. Sien oor die algemene soorte van hierdie onreinheid Levítikus 11-13; 15; 17.
11 Hebr. dit geweet het. So ook in vers 4. |
of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe 12praat om kwaad of goed te doen — volgens alles wat ’n mens met ’n eed onverskillig kan praat — en dit vir hom 13verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan 14een van hierdie dinge;
| 12 Naamlik aan sy naaste. In 1 Sam. 25:22 en in Hand. 23:12 is ’n voorbeeld van die kwaad, en in Mark. 6:23 van die goeie.
13 Naamlik deur verleiding en ontsteltenis van sy gees. 14 Naamlik aan een van die voorgenoemde misdade. |
15as hy dan 16aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely 17waar hy teen gesondig het,
| 15 Anders: omdat hy, ens.
16 Dit is, dan sal die wet wat hier volg toegepas word. 17 Dit is, teen welke van die voorgenoemde dinge. Anders: dat hy daarteen gesondig het. |
en as 18boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE ’n ooi bring van die 19kleinvee, ’n skaaplam of ’n bok, as 20sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.
| 18 Of: skuldoffer. Verstaan die offer wat gebring was vir die sonde wat uit swakheid gebeur het, maar ewenwel die mens skuldig maak voor God. Sien oor hierdie offer ook vers 16. Lev. 6:17; 7:1.
19 Sien Lev. 1:2 se kanttekening. 20 Sien Lev. 4:3 se kanttekening. Anders: vir die sonde. |
bMaar 21as hy nie’n stuk kleinvee kan 22bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee 23jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer;
| b Lev. 12:8. Luk. 2:24. | 21 Dit is, as hy nie in staat is nie vanweë sy armoede. So ook in vers 11. Lev. 25:26.
22 Hebr. genoegsaamheid van kleinvee. 23 Hebr. seuns van die duif. So ook in vers 11. Sien Lev. 1:14 se kanttekening. |
en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop cvlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek.
| c Lev. 1:15. |
Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ’n sondoffer.
En die ander een moet hy as brandoffer d24volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
| d Lev. 1:15. | 24 Of: volgens die reg, dit is, volgens die voorskrif wat daarvoor vasgestel was en daarom reg en wettig was. So word die Hebreeuse woord meermale gebruik. Vgl. Gén. 40:13 en die kanttekening. |
Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die 25tiende van ’n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ’n sondoffer.
| 25 ’n Gomer genoem, Ex. 16:36, wat die inhoud van 43 hoendereierdoppe bevat het. Tien hiervan is ’n efa, wat tien maal soveel bevat, dit is, soveel soos daar in 432 hoendereierdoppe kon gaan. Dit is mate van droë ware. |
En hy moet dit na edie priester bring, en die priester moet daar ’n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar 26oor die vuuroffers van die HERE faan die brand steek; dit is ’n sondoffer.
| e Lev. 2:2.
f Lev. 4:35. |
26 Anders: volgens die manier van die vuuroffers. Sien Lev. 3:5 se kanttekening. |
So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie 27gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder gbehoort 28dit aan die priester net soos die spysoffer.
| g Lev. 2:3. | 27 Naamlik, van die sondes wat in die begin van hierdie hfst. vermeld is.
28 Naamlik wat oor is. |
Die skuldoffer.
OOK het die HERE met Moses gespreek en gesê:
As 29iemand in iets ontrou handel en in swakheid 30sondig met betrekking tot een van die 31heilige gawes van die HERE, moet hy as 32boete aan die HERE bring ’n ram sonder gebrek van die kleinvee, 33na jou skatting van die waarde hin sikkels silwer, 34volgens idie sikkel van die heiligdom, as ’n skuldoffer.
| h Lev. 27:2, 3, ens.
i Ex. 30:13. |
29 Hebr. siel.
30 Hebr. sondig van die heilighede of heilige gawes. Dit is, deur ontvreemding iets wegneem van die heilige gawes. 31 Hebr. van die heilighede van die HERE, dit is, van die dinge wat aan die HERE geheilig, en tot ’n heilige gebruik afgesonder is. So ook in die volgende vers, ens., en Lev. 22:2. Vgl. Lev. 16:4; 19:24. 32 Hebr. sy skuld, dit is, offer vir sy skuld. Sien Lev. 4:3 se kanttekening. 33 Of: met jou skatting. Dit is, met soveel geld as die priester sal skat, wat die ontvreemde goed werd is. Vgl. Lev. 22:14; 27. 34 Dit was dubbel soveel werd as die gewone sikkel. Sien Gén. 23:15 se kanttekening. |
En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die 35skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.
| 35 Sien vers 6 se kanttekening. |
En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy 36ongeregtigheid moet dra,
| 36 Sien vers 1 se kanttekening. |
dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ’n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.
Dit is ’n skuldoffer; hy is 37sekerlik skuldig teenoor die HERE.
| 37 Hebr. hom skuldig makende, het hy hom skuldig gemaak; dit is, of hy wel deur onkunde, of onversigtigheid, of vergeetagtigheid, of haastigheid, of enige ander swakheid hom vergryp het, so het hy nogtans sonde gedoen wat strafwaardig is. Vgl. Luk. 12:48. |
Die sondoffer.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: As 1iemand in 2swakheid sondig teen 3een van alle 4gebooie van die HERE en 5een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, 6tog doen —
| 1 Dit is, ’n mens. Sien Lev. 2:1 se kanttekening, en so dikwels in dit wat volg.
2 Of: deur afdwaling. Dit is, deur onkunde, as iemand hom vergryp, onwetende dat dit wat hy doen sonde is, of deur onversigtigheid, haastigheid en onbedagsaamheid in enige sonde val, wat hy eers ná die daad begin oordink. 3 Dit is, teen een, of enige van alle gebooie van God, soos in die einde van hierdie vers verklaar word. 4 Naamlik, waardeur iets verbied word. So ook in 1 Kon. 2:43. En so word gebied vir verbied gebruik in Deut. 2:37; 4:23. 5 So ook in verse 13, 22. Sien Gén. 20:9 se kanttekening. 6 Verstaan hierby dat hulle dan die offer sal bring wat hierna beveel word. |
as die 7gesalfde priester 8sondig, 9sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ’n 10jong bul sonder gebrek aan die HERE 11as sondoffer bring;
| 7 Verstaan die hoëpriester; wat later alleen gesalf was, Ex. 29:7; 30:30. Lev. 21:10. Ook Lev. 10:7. Núm. 3:3. Die gewone priesters is ook gesalf, maar slegs die eerste priesters, omdat hierdie salwing ook vir hul nageslag gedien het, Ex. 29:29; 40:15.
8 In leer of in lewe. 9 Sodat hy deur sy sonde ’n skuld oor die volk bring, deurdat hulle sy valse leer aanneem of die slegte voorbeeld van sy lewe navolg. Vgl. 1 Kron. 21:3. Anders: volgens die skuld van die volk, dit is, op dieselfde manier as wanneer iemand van die gewone volk sou sondig. 10 Hebr. die seun van ’n bees. So ook in vers 14. Sien Lev. 1:14 se kanttekening. 11 Hebr. tot sonde; dit is, ’n offer wat gebring word vir die sonde. So word die woord sonde en skuld gebruik in Lev. 6:17. Eség. 45:23. 2 Kor. 5:21. |
en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en 12die bul slag voor die aangesig van die HERE.
| 12 Naamlik deur een van die ander priesters, wat by die altaar gedien het. Want hy word onderskei van die priester wat in die volgende vers die gesalfde genoem word. |
Dan moet die gesalfde priester avan die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,
| a Lev. 16:14. Núm. 19:4. |
en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die 13voorhangsel van die heiligdom.
| 13 Verstaan ’n baie kosbare tapyt, waarmee die Heilige of die voorste deel van die tabernakel geskei word van die Allerheiligste, wat die agterste deel was (hier ook die heiligdom genoem). Sien Ex. 26:31-33; 35:12; 40:3, 21. Núm. 4:5. |
Ook moet die priester van die bloed 14stryk baan die 15horings van die 16altaar van die reukwerk van speserye, wat 17in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan 18die onderkant van die brandofferaltaar wat 19by die ingang van die tent van samekoms is;
| b Lev. 9:9. | 14 Hebr. gee. So ook in vers 18. Ex. 29:12.
15 Vgl. Ex. 27:2; 38:2. 16 Hebr. die altaar van die rook van welriekende spreserye. 17 Naamlik binne in die voorste deel, vóór die heiligdom, Ex. 30:6. 18 Dit is, op die grond of die onderste deel van die altaar. So ook in verse 18, 25, 30, 34. 19 Dit is, vóór by die ingang van die voorste deel van die tabernakel, die Heilige genoem. |
en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, cdie vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
| c Lev. 3:3, 4. |
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem —
soos dit van die dankofferbul afgelig word — den die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.
| d Lev. 3:5. |
Maar die evel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis —
| e Ex. 29:14. Núm. 19:5. |
die hele bul fmoet hy buitekant die laer uitbring op ’n rein plek 20waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
| f Lev. 16:27. Núm. 19:3. Hebr. 13:11. | 20 Hebr. op die uitgooi van die as, dit is, by die uitgegooide as. Verstaan ’n plek buite die laer, waar die as van die verbrande offers gekom het, en met ander vuiligheid wat van die offers gekom het, uitgegooi was. Dit moet onderskei word van die asplek wat aan die oostekant van die voorhof van die tabernakel was, waarheen die as van die altaar eers gedra was. Sien Lev. 1:16 se kanttekening. Sien oor beide plekke saam Lev. 6:10, 11. |
En as gdie hele vergadering van Israel 21hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle 22enigiets doen 23wat die HERE verbied het, en 24skuldig word;
| g Lev. 9:15. Núm. 15:24, ens. | 21 Naamlik deur onkunde en misverstand, soos in vers 2.
22 Hebr. een, dit is, iets, enige ding. 23 Hebr. teen enige van alle gebooie, dit is, teen een, of enige van alle. Sien vers 2 se kanttekening. 24 Dit is, geval in sonde, en daardeur strafwaardig. Vgl. vers 3. |
en die sonde wat hulle 25so gedoen het, bekend word, moet die vergadering ’n jong bul as sondoffer laat aankom en hom 26voor die tent van samekoms bring,
| 25 Naamlik teen enige gebod van die HERE.
26 Hebr. voor die aangesig van die tent. |
en die 27oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van die HERE, en 28die bul moet voor die aangesig van die HERE geslag word.
| 27 Wat in die regering en in die leeramp bo ander gestel was. Sien Ex. 3:16 se kanttekening. Matt. 26:57.
28 Naamlik deur die priester, wie se amp dit was om dit te doen. Sien Lev. 1:5 se kanttekening. |
Dan moet die 29gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,
| 29 Sien vers 3 se kanttekening. |
en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die HERE, voor 30die voorhangsel sprinkel.
| 30 Sien vers 6 se kanttekening. |
En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;
en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek
en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle 31versoening doen, en dit sal hulle 32vergewe word.
| 31 Dit is, die teken en seël van die versoening aankondig, wat deur die Middelaar sou geskied. Sien Lev. 1:4 se kanttekening en vgl. 2 Kor. 5:19, 20.
32 Naamlik uit genade, deur die geloof, op grond van die uitgestorte bloed van Christus, Rom. 3:25, nie van diere nie, Hebr. 10:4, wie se bloedstorting slegs ’n voorbeeld was van Christus se offer, Hebr. 10:1, ens. |
Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die 33eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer van die vergadering.
| 33 Sien vers 12. |
As ’n owerste sondig en 34in swakheid 35enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word;
| 34 Sien vers 2 se kanttekening. En verstaan in hierdie vers die swakheid wat deur onversigtigheid plaasvind, wanneer iemand sy sonde wel bemerk, maar nadat die sonde gedoen is. Die ander, waarvan die volgende vers spreek, kom uit enkel onkunde voort, waardeur ’n mens nie verstaan dat dit wat hy gedoen het sonde is nie, behalwe wanneer hy deur ’n ander onderrig is.
35 Hebr. alle. Sien vers 13 se kanttekening. |
36of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring 37’n bok sonder gebrek, ’n ram;
| 36 Anders: indien of wanneer sy sonde, ens.
37 Dit is, ’n jong en ongespeende bokram. So ook in vers 28 ’n ooi vir ’n jong bokooi. Net so ook in Lev. 5:6, ens. |
en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en 38hom slag op die plek 39waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is ’n sondoffer.
| 38 Naamlik deur die priester.
39 Naamlik voor die deur van die tent van samekoms. Sien Ex. 29:10, 11. Lev. 1:3. |
Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.
Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom 40versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.
| 40 Sien vers 20 se kanttekening. |
hEn as 41iemand 42van die volk van die land 43in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word;
| h Núm. 15:27. | 41 Hebr. enige siel. Sien Lev. 2:1 se kanttekening.
42 Verstaan die gewone volk, nie net van die Israeliete nie, maar ook van die vreemdelinge wat deur die besnydenis by die volk van God ingelyf was, Ex. 12:49. Núm. 15:16. 43 Sien die verklaring hiervan in vers 22 se kanttekening. |
of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ’n 44bok sonder gebrek, ’n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;
| 44 Hebr. ’n jong bokooi, dit is, ’n jong ongespeende bokooi. Sien vers 23 se kanttekening. |
en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op 45die plek van die brandoffer.
| 45 Dit is, waar die brandoffer geslag word. Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;
ien al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester kmoet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom 46versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
| i Lev. 3:3, 4, 14.
k Ex. 29:18. |
46 Sien vers 20 se kanttekening. |
Maar ingeval hy ’n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit ’n ooi wees sonder gebrek wat hy bring;
en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en 47dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.
| 47 Naamlik deur die priester. Sien Lev. 1:5 se kanttekening. |
Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;
en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet 48dit op die altaar 49oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
| 48 Naamlik die vettighede, waarvan daar ’n verskeidenheid was, soos af te lei is uit verse Lev. 3:9, 10.
49 Sien Lev. 3:5 se kanttekening. |
Die dankoffer.
EN as ’n 1dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit 2sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring.
| 1 Die Hebreeuse woord beteken welvaart en voorspoedigheid, of vergelding; asof ’n mens sê: ’n Offer waarmee ’n mens God danksegging vergeld vir allerlei welstand, voorspoed, vrede en seëning; en wat daarom vergeldoffer genoem sou kon word.
2 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
En 3hy moet 4sy hand op die kop van sy offer lê en 5dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
| 3 Naamlik hy wat dit bring om geoffer te word.
4 Sien Lev. 1:4 se kanttekening. 5 Naamlik deur die priester, soos in Lev. 1:5. |
Dan moet hy van die dankoffer ’n 6vuuroffer aan die HERE bring: adie vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat 7aan die binnegoed is,
| a Ex. 29:13, 22. | 6 Sien Lev. 1:9 se kanttekening.
7 Anders: oor of bo–op. |
en die twee niere en die vet daarop wat aan die 8lendene is, en die lap aan die lewer — 9by die niere moet hy dit 10wegneem.
| 8 Verstaan die derms wat in die sagtheid van die buik geleë is, in Latyn ilia genoem.
9 Hebr. bo-op, soos in Lev. 2:2, ens. Dit is, saam met die niere, wat hy nie net moes afsonder vir hierdie offer nie, maar ook die vet moes vir dieselfde doel weggeneem word, en die netvet van die lewer. 10 Of: afhaal, aftrek. |
En die seuns van Aäron moet dit bop die altaar aan die brand steek, 11op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
| b Ex. 29:25. Lev. 6:12. | 11 Naamlik, wat hulle elke oggend en aand moes offer; of wat hul eers ná hierdie offer sou offer. Of die woorde op die brandoffer beteken dat dit volgens die manier van die brandoffer geoffer moes word. Sien ook Lev. 4:35; 5:12 en die kanttekeninge. |
En as sy offer ’n stuk 12kleinvee is, as ’n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
| 12 Dit is, skape en bokke, soos af te lei is uit verse 7, 12. Sien Gén. 12:16 se kanttekening. |
As hy ’n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit 13voor die aangesig van die HERE bring
| 13 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
en sy hand op die kop van sy offer lê en 14dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
| 14 Naamlik deur die priester. Sien Lev. 1:5 se kanttekening. |
Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring: die hele vetstert — naby die 15stuitjie moet hy dit wegneem — en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
| 15 Verstaan hiermee die punt of einde van die ruggraat, wat in die stuitbeen eindig, in Latyn os sacrum genoem. |
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as c16vuurofferspys vir die HERE.
| c Lev. 21:6, 8, 17, 21, 22; 22:25. Eség. 44:7. Mal. 1:12. | 16 Hebr. brood van die vuuroffer. Verstaan die vleis van die offers, wat deur die vuur, tot eer van God, verteer moes word, soos brood of voedsel deur die mond van mense; of: dit wat van die offers die priesters toegekom het om deur hulle geëet te word. Sien Lev. 21:6, 8, 17, 21, 22; 22:25. Eség. 44:7. Mal. 1:12. |
En as sy offer ’n bok is, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring
en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir 17’n lieflike geur. 18Al die vet behoort aan die HERE.
| 17 Sien Gén. 8:21 se kanttekening.
18 Gevolglik mog die vet van die dier wat tot die offer bekwaam was, nie deur die priester of deur die eienaar geëet word nie, maar moes dit aan die HERE geheilig en aan die brand gesteek word. Sien Lev. 7:23, ens. |
’n 19Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle 20woonplekke: géén vet en géén d21bloed mag julle eet nie.
| d Gén. 9:4. Lev. 7:26; 17:10, 14. | 19 Hebr. Insetting van ewigheid. Sien Gén. 13:15 se kanttekening.
20 Hulle word verbied om die vet van die vee te eet, nie net wat in die tent van samekoms aan God geoffer is nie, maar ook wat hulle tuis vir eie gebruik geslag het. Moet egter nie alle vet sonder onderskeid verstaan nie, maar slegs die vet wat vir die offers gebruik word van die drie soorte diere wat aangedui word in Lev. 7:23-25. 21 Sien Gén. 9:4 se kanttekening. Lev. 7:26; 17:10. |
Die spysoffer en die eerstelinge.
EN as 1iemand aan die HERE a’n 2spysoffer bring, moet sy offer 3fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;
| a Lev. 6:14; 9:17. Núm. 15:4. | 1 Hebr. siel. Dit is, ’n persoon, of mens. Sien Gén. 12:5 se kanttekening.
2 Dit is, ’n offer waarin ’n mens voedsel of fynmeel geoffer het, wat ten dele die priester toegekom het, en ten dele met wierook verbrand is. Sien die volgende verse. 3 Dit is, gesifte meel, meelblom. |
en hy moet 4dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ’n 5handvol neem, van 6die fynmeel met die olie, 7met al die wierook wat daarby behoort; en hy bmoet dit as 8die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
| b Lev. 6:15. | 4 Naamlik die spysoffer.
5 Hebr. die volheid van sy vuis met sy vuis neem. So ook in Lev. 5:12. 6 Dit is, fynmeel wat tot die spysoffer behoort. 7 Of: bo-op. So ook in Lev. 3:4 en die kanttekening, Lev. 3:10; 4:9, ens. Dit is, saam met al die wierook van die spysoffer. 8 ’n Reukwerk wat so genoem word, omdat dit God indagtig gemaak het (menslikerwys gesproke) aan die beloftes wat Hy aan die vrome Israeliete gemaak het, en aan die gebede wat hulle tot Hom gebid het, wat met ’n reukwerk wat opstyg vergelyk word, Ps. 141:2. Hand. 10:4. Openb. 8:3, 4. |
En wat oorbly cvan die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 9’n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.
| c Lev. 10:12. | 9 Hebr. heiligheid van heilighede. Dit is, iets wat uiters heilig is, of van baie groot en voortreflike heiligheid. So ook in vers 10. Ex. 30:36. Lev. 24:9, ens. Dit is ’n manier van spreek om die vergroting en verheffing aan te dui van diegene van wie gespreek word. So word God die God van die gode genoem, en die Here der here, Ps. 136:2, 3; die lied van Salomo die lied van die liedere, Hoogl. 1:1 se kanttekening. Vgl. Gén. 9:25 se kanttekening. |
En as jy ’n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, 10ongesuurde koeke met olie gemeng, 11en ongesuurde 12platkoeke met olie bestryk.
| 10 Hebr. koeke van ongesuurdhede, en so ook in dit wat volg.
11 Anders: of. 12 Of: pannekoeke. |
En as ’n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.
Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is ’n spysoffer.
En as ’n spysoffer uit die 13pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.
| 13 Dit is, van dit wat in die pan gaargemaak of gebraai is. |
Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die HERE bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.
En die priester moet van die spysoffer 14die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer 15van lieflike geur aan die HERE.
| 14 Sien vers 2 se kanttekening.
15 Sien Gén. 8:21 en Lev. 1:9 se kanttekeninge. |
En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’n 16hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.
| 16 Sien vers 3 se kanttekening. |
Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat 17ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of 18heuning mag julle vir die HERE ’n vuuroffer aan die brand steek nie.
| 17 Verstaan dit van die vrywillige offers. Want in die dankoffers geld hierdie wet nie, Lev. 7:13, ook nie in die offers van die eerstelinge nie, Lev. 23:17 en hier in die volgende vers.
18 Die heuning was saam met die suurdeeg verbied, omdat dit, nieteenstaande sy soetigheid, die kenmerk het om die deeg waarmee dit gemeng is, te versuur en te laat rys. |
As 19’n offer van eerstelinge mag julle dit aan die HERE 20bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.
| 19 Sien Lev. 23:17.
20 Naamlik ingesuur, of met heuning gemeng. |
En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag 21die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat 22ontbreek nie; dby al jou offers moet jy sout bring.
| d Mark. 9:49. | 21 Dit is, wat jou aan my verbond, waardeur jy verplig is om na ’n onbesmetlike en onverderflike lewe te streef, herinner, Mark. 9:49.
22 Hebr. ophou nie. |
En as jy aan die HERE ’n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur 23gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.
| 23 Of: uitgedroog, geskroei. |
En jy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi; ’n spysoffer is dit.
Dan moet die priester die 24gedenkoffer daarvan, ’n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as ’n vuuroffer aan die HERE.
| 24 Sien vers 2 se kanttekening. |
Die brandoffer.
EN die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit 1die tent van samekoms en gesê:
| 1 Verstaan die tabernakel, waar God ingekom het om sy volk toe te spreek, Ex. 29:42, en waarheen hulle moes kom om Hom te raadpleeg en te hoor spreek, Ex. 33:7. |
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE ’n offer 2wil bring, kan julle jul offer bring van vee — van beeste of 3van kleinvee.
| 2 Anders: offer. So ook in verse 3, 5, ens. Verstaan hierdie bring van ’n offer as die werk van die volk, en nie van die priester nie.
3 Sien Gén. 12:16 se kanttekening. |
As sy offer ’n 4brandoffer is van beeste, moet dit ’n 5bul sonder gebrek wees wat hy bring. 6aBy die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, 7sodat hy welgevalle 8voor die aangesig van die HERE kan vind.
| a Ex. 29:10. | 4 Sien Gén. 8:20 se kanttekening.
5 Sien Lev. 22:20-22. 6 Waar die brandofferaltaar gestaan het, soos te sien is in vers 5. 7 Of: na sy (die offeraar se) welgevalle. Uit hierdie woorde blyk dan volgens sommige dat hier gespreek word van vrywillige offers, wat nie volgens die gewone en vasgestelde voorskrif plaasgevind het nie, maar volgens die goeddunke van ’n spesifieke persoon om God te aanbid of te dank. 8 Voor die tent van samekoms, waar die verbondsark in die binneste deel was, as teken van God se teenwoordigheid in hulle midde, Ex. 25:22. Dit is die rede waarom die tent ook die huis van die HERE genoem word, 1 Sam. 3:15. |
En hy moet 9sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal 10dit vir hom met welgevalle aangeneem word om 11versoening vir hom te doen.
| 9 Hebr. met sy hand steun, naamlik, om daarmee te betuig dat hy hierdie offer aan God toewy, oorgee, en voorstel, asof in sy plek, om vir hom genade by die HERE te vind, deur die toekomende offer van die Messías, wat hierdeur afgebeeld was. Sien Ex. 29:10.
10 Dit is, sodat die brandoffer vir hom wat dit offer, tot ’n wettige en vir God aangename offer dien. 11 Dit is, om aan hom aan te dui en te verseël die versoening wat deur die Messías in die volheid van die tyd sou plaasvind, Rom. 3:25. 2 Kor. 5:19. Ef. 1:7. Kol. 1:14, 19, 20. |
Dan moet 12hy die jong bul voor die aangesig van die HERE 13slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.
| 12 Naamlik die priester; of: hy wat dit offer, deur die priester, soos God beveel het, Ex. 29:11, en ook gebeur het, Lev. 8:15. Of: Dan moet hulle die jong bul slag, naamlik deur die priester.
13 Die Hebreeuse woord beteken eintlik die keel afsny. |
Dan moet 14hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.
| 14 Naamlik een van die priesters. Sien 2 Kron. 29:34. |
En die seuns van Aäron, die priester, moet 15vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.
| 15 Hebr. vuur gee, naamlik van die vuur wat van die hemel sou val, wanneer hulle vir die eerste keer op hierdie altaar sou offer, Lev. 9:24, en daarom voortdurend bewaar moes word. Sien Lev. 6:12. |
Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en 16die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
| 16 Anders: binnegoed; anders: romp, waarvan die kop en die pote af is, en die binnegoed uitgehaal is. |
Maar die 17binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ’n 18vuuroffer 19van lieflike geur aan die HERE.
| 17 Die Hebreeuse woord beteken eintlik die naaste van enige ding, wat die binneste of die middelste daarvan is; sodanig is die binnegoed van diere.
18 Dit is, wat heeltemal deur die vuur verteer en verslind moes word. Sien Ex. 29:18. Sodanig was die brandoffer. 19 Dit is, vir die HERE baie aangenaam en welgevallig, en waarmee Hy volkome tevrede is. Dit word van die offers van diere gesê, nie ten opsigte van hulleself nie, maar van die offer van Christus, wat daardeur aangedui word, wat inderdaad die Slagoffer is, vir God tot ’n lieflike geur, Ef. 5:2. Sien ook Gén. 8:21 se kanttekening. |
En as sy offer ’n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ’n ram sonder gebrek wees wat hy bring.
En 20hy moet dit slag aan die 21noordekant van die altaar, 22voor die aangesig van die HERE; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.
| 20 Die priester, soos in vers 5.
21 Dit is, in die voorhof aan die regterkant van die brandofferaltaar, soos ’n mens in die tent van samekoms inkom. 22 Sien vers 3 se kanttekening. |
Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; ’n brandoffer is dit, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En as sy offer aan die HERE ’n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van 23jong duiwe.
| 23 Hebr. seuns van die duif. So ook in Lev. 12:6. So word ’n kalf ook die seun van ’n bees genoem, Gén. 18:7 en hier in vers 5 ’n jong bul, ’n jong esel die seun van ’n eselin, Gén. 49:11, ’n jong buffel die seun van buffels, Ps. 29:6. |
En die priester moet 24dit na die altaar bring en die kop 25afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.
| 24 Naamlik die offer van voëls, soos in vers 17.
25 Of: omdraai, omwring, afwring. |
Dan moet hy die krop met die 26vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die 27oostekant, 28op die asplek.
| 26 Anders: drek, vuiligheid, naamlik, wat in die krop en die derms is.
27 Dit is, uit eerbied teenoor die goddelike majesteit, baie ver van die verbondsark af, wat aan die westekant was, in die Allerheiligste. 28 Die plek waarheen die offer se as eers gedra is, om daarna met ander vuiligheid buite die laer uitgegooi te word. Sien Lev. 4:12; 6:10, 11; 8:17. |
Dan moet hy 29dit 30by die vlerke skeur 31sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ’n brandoffer is dit, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
| 29 Naamlik die offer, soos in vers 15.
30 Of: tussen die vlerke. 31 Dit is, nie uitmekaar haal of in stukke verdeel, soos met die ander diere gedoen is nie, maar die voëls moes slegs in die middel, tussen die vlerke, geskeur word. |
Moses rig die tabernakel op.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand, moet 1jy die tabernakel van die tent van samekoms oprig.
| 1 Naamlik jy, Moses, deur die diens van die Leviete. |
En jy moet daarin plaas die ark van die Getuienis en 2die ark met die voorhangsel bedek.
| 2 Die bedoeling is: Jy sal die voorhangsel voor die ark hang, sodat mense dit nie sien nie, en daardeur word ’n onderskeid gemaak tussen die Allerheiligste en die Heilige, Ex. 26:33, 34. |
aDan moet jy die tafel inbring en daarop 3regsit wat daarop behoort. bJy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.
| a Ex. 26:35.
b Ex. 27:20. |
3 Dit is, jy sal alles in regte orde rangskik; vernaamlik die toonbrode. |
En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. cDan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.
| c Ex. 26:36. |
Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neersit.
En jy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.
dEn maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op.
| d Ex. 27:16. |
Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees.
eJy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.
| e Ex. 29:37. |
Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit.
Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die tent van samekoms toe, en jy moet hulle met water was.
Trek Aäron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle die rokke aantrek.
Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 4’n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.
| 4 Naamlik so dat dit nie nodig sou wees om die salwing te hernu wanneer hul nageslag tot priesters afgesonder sou word nie, want later is net die hoëpriesters gesalf. |
En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.
En in die eerste maand, 5in fdie tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig.
| f Núm. 7:1. | 5 Naamlik ná die uittog uit Egipte. |
En 6Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.
| 6 Naamlik deur die hande van die Leviete. |
En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.
Verder het hy 7die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.
| 7 Dit is, die twee tafels van die wet van God, Ex. 25:16. |
Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en gdie voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.
| g Ex. 35:12. |
Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.
hEn hy het die 8brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
| h Ex. 25:30. | 8 Hebr. gerangskik die rangskikking van die brood, naamlik die twaalf toonbrode, wat die twaalf stamme, en daarmee alle gelowiges, verteenwoordig het. |
Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.
En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, 9voor die voorhangsel,
| 9 Wat die Heilige van die Allerheiligste geskei het. |
en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.
En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, 10soos die HERE Moses beveel het.
| 10 Dit word meermale herhaal, om aan te toon dat hulle in sake wat God en die godsdiens aangaan, niks anders gedoen het as dit wat God hulle beveel het nie. |
Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.
En Moses en Aäron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas.
As hulle ingaan in die tent van samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi.
11iToe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,
| i Núm. 9:15. 1 Kon. 8:10. | 11 Hier word volbring wat die HERE God belowe het in Ex. 25:8. Sien dergelike in 2 Kron. 5:14. Eség. 43:4, 5. |
sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;
maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.
kWant die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en 12vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, 13op al hulle togte.
| k Ex. 13:21. Núm. 14:14. Deut. 1:33. Neh. 9:19. Ps. 78:14; 105:39. 1 Kor. 10:1. | 12 Naamlik die vuurkolom.
13 Naamlik deur die woestyn, totdat hulle in die beloofde land Kanaän gekom het. |
Hoe die heilige klere gemaak is.
HULLE ahet ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir Aäron gemaak soos die HERE Moses beveel het.
| a Ex. 31:10; 35:19. |
bEn hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
| b Ex. 28:6. |
cEn hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne — ’n kunstige werk.
| c Ex. 28:6. |
Hulle het 1daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg.
| 1 Naamlik aan die skouerkleed. |
En ddie band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos die HERE Moses beveel het.
| d Ex. 28:8. |
Hulle het ook die eoniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op ’n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel.
| e Ex. 28:9-11. |
En 2hy fhet hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die HERE Moses beveel het.
| f Ex. 28:12. | 2 Naamlik die vakman, so ook in vers 8. |
gHy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
| g Ex. 28:15. |
hDit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte, dubbel gevou was dit.
| h Ex. 28:16. |
iEn hulle het 3daarin vier rye stene ingevul: ’n ry met ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag was die eerste ry.
| i Ex. 28:17. | 3 Naamlik in die borstas. |
kEn die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en ’n jaspis.
| k Ex. 28:18. |
En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.
En die vierde ry: ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.
En die stene was volgens die name van die kinders van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.
Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud;
en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas bevestig,
en hulle het die twee goue toutjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak.
Maar die twee ander ente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan.
Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan die twee onder-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
En hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie 4vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het.
| 4 Anders: opgelig. |
En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.
En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van ’n pantser; die opening het ’n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie.
En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in:
’n klokkie en ’n granaatjie, ’n klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die HERE Moses beveel het.
lHulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns;
| l Ex. 28:39. |
en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne men die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne;
| m Eség. 44:18. |
en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.
nHulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op ’n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.
| n Ex. 28:36; 29:6. |
oEn hulle het ’n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos die HERE Moses beveel het.
| o Ex. 28:37. |
So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.
pEn hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke,
| p Ex. 35:11. |
en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en die dekkleed van robbevelle en die voorhangsel tot bedekking;
die ark van die Getuienis met sy draaghoute en die versoendeksel;
qdie tafel met al sy gereedskap en die toonbrode;
| q Ex. 31:8. |
5die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie vir die kandelaar;
| 5 Dit is, wat van suiwer goud gemaak was. |
verder die goue altaar en die salfolie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;
die koperaltaar en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk;
die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die tabernakel van die tent van samekoms;
rdie kunstige klere, om in die heiligdom te dien, die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien.
| r Ex. 31:10. |
Net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel die hele werk gemaak.
En Moses het die hele werk bekyk — en hulle het dit gemaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle 6geseën.
| 6 Dit is, hy het hul werk geprys en hulle die HERE se seën toegewens. |
Samestelling van die brandofferaltaar, die koperwaskom en die voorhof.
HYa het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.
| a Ex. 27:1. |
bEn hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek.
| b Ex. 27:2. |
cHy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak.
| c Ex. 27:3. |
dOok het hy vir die altaar ’n traliewerk gemaak, ’n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar.
| d Ex. 27:4, 5. |
En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.
En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.
En hy het edie draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak.
| e Ex. 27:8. |
fHy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls 1van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.
| f Ex. 30:18. | 1 Naamlik, wat hulle ten dienste van die tabernakel aangemeld het, soos ook in 1 Sam. 2:22, of hulle wat daar byeengekom het om met vas en bid besig te wees, soos die profetes Anna, Luk. 2:37; maar in die besonder om hul koperspieëls vir hierdie werk te bring. |
gHy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank;
| g Ex. 27:9. |
2daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer;
| 2 Naamlik by die behangsels. |
en aan die noordekant honderd el; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.
En aan die westekant was daar behangsels, vyftig el lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.
En aan die oostekant, teen sonop, was daar vyftig el;
vyftien el behangsels vir die een kant, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke;
en vir die ander kant — 3aan weerskante van die poort van die voorhof — vyftien el behangsels, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke.
| 3 Hebr. van hier en van daar. |
Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn dubbeldraad-linne;
en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien.
En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte — tewens die breedte van die stof — vyf el, net soos die behangsels van die voorhof.
Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.
En al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.
Hoeveel metaal daar gebruik is.
DIT is die berekening van die koste van die tabernakel, van die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moses, deur die diens van die Leviete, 4onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.
| 4 Sien Núm. 4:33. |
En Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gemaak wat die HERE Moses beveel het.
En saam met hom Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan, 5’n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in pers en in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne.
| 5 Sien Ex. 35:35. |
Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die heiligdom — die goud wat as offer aangebied was, het bedra negen-en-twintig 6talente en sewehonderd-en-dertig sikkels volgens die 7sikkel van die heiligdom.
| 6 Sien Ex. 25:39 se kanttekening.
7 Sien Núm. 3:47. |
En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom;
’n 8beka vir elke 9persoon, dit is ’n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van 10twintig jaar oud en daarbo, naamlik seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig man.
| 8 Dit is, ’n halwe of gekloofde sikkel.
9 Hebr. hoofskedel, dit is, persoon, soos in Ex. 16:16. 10 Hebr. ’n seun van twintig jaar. |
En die honderd talente silwer het gedien om die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, ’n talent vir ’n voetstuk.
Maar van die duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak, en hy het 11hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien.
| 11 Naamlik die pilare se toppe. |
12En die koper wat as offer aangebied was, het bedra sewentig talente en tweeduisend-vierhonderd sikkels.
| 12 Dit is, die koper wat geoffer was. |
En hy het daaruit die voetstukke van die ingang van die tent van samekoms gemaak en die koperaltaar en sy kopertraliewerk en al die gereedskap van die altaar;
en die voetstukke van die voorhof rondom en die voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die tabernakel, ook al die penne van die voorhof rondom.
Samestelling van die ark, die tafel, die kandelaar en die reukofferaltaar.
EN aBesáleël het die ark van akasiahout gemaak; twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
| a Ex. 25:10. |
En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan ’n goue krans gemaak rondom.
En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.
En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;
en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.
Hy het ook ’n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.
Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.
bEen gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente.
| b Ex. 25:19. |
cEn die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.
| c Ex. 25:20. |
dHy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en ’n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
| d Ex. 25:23. |
eEn hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ’n goue krans gemaak rondom.
| e Ex. 25:24. |
fHy het ook daarvoor ’n lys van ’n handbreed gemaak rondom; en hy het ’n goue krans vir die lys gemaak rondom.
| f Ex. 25:25. |
gHy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.
| g Ex. 25:26. |
hNaby die lys was die ringe as 1plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
| h Ex. 25:27. | 1 Dit is, waarin ’n mens die draaghoute gesteek het. |
Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.
iEn hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.
| i Ex. 25:29. |
kHy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.
| k Ex. 25:31. |
lEn ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
| l Ex. 25:32. |
mDrie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ’n knop en ’n blom — so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
| m Ex. 25:33. |
nMaar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:
| n Ex. 25:34. |
daar was ’n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat 2daaruit uitgaan.
| 2 Naamlik uit die kandelaar, soos daar staan in Ex. 25:35. |
oHulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
| o Ex. 25:36. |
pEn hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.
| p Ex. 25:37, 38. |
qVan ’n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.
| q Ex. 25:39. |
rEn hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; ’n el was sy lengte en ’n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.
| r Ex. 30:1, 2. |
sEn hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor ’n goue krans gemaak rondom.
| s Ex. 30:3. |
tHy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
| t Ex. 30:4. |
vEn hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.
| v Ex. 30:5. |
xHy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos ’n salfmenger dit maak.
| x Ex. 30:22, 34. |
SO moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het.
En Moses het Besáleël en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die HERE wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak.
En hulle het voor die oë van Moses ontvang al die 1offergawes wat die kinders van Israel vir die verrigting van die werk by die vervaardiging van die heiligdom gebring het. Maar húlle het vir hom nog 2elke môre vrywillige offergawes gebring.
| 1 Soos goud, silwer, koper, ens.
2 Hebr. in die môre in die môre. |
Toe het al die kunsvaardige manne wat met al die werk by die heiligdom besig was, 3man vir man, van die werk af gekom waar hulle mee besig was,
| 3 Hebr. man man. |
en hulle het met Moses gespreek en gesê: 4Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan die HERE die vervaardiging beveel het.
| 4 Hebr. Die volk vermenigvuldig om te bring, of: vermenigvuldigende bring die volk. |
Daarop het Moses bevel gegee, en hulle het 5’n oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige werksaamheid 6verrig in verband met die offergawe vir die heiligdom nie. Toe het die volk opgehou om te bring;
| 5 Dit is, ’n gebod, proklamasie, plakkaat.
6 Dit is, nie meer enige boustof gereedmaak vir die werk nie. |
want 7die boustof was vir 8hulle genoeg om die hele werk tot stand te bring; ja, daar het oorgebly.
| 7 Hebr. die werk, dit is, die boustof of goedere vir die werksaamheid, soos in vers 6.
8 Naamlik die kunsvaardige manne. |
Samestelling van die tabernakel.
SO het dan almal wat kunsvaardig was onder die werksmense, die 9tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk het hy dit gemaak.
| 9 Die tabernakel is eerste gemaak, want daarin moes al die gereedskap staan, alhoewel in Exodus 25 die ark, die tafel en die kandelaar vóór die tabernakel genoem word. |
aDie lengte van elke tentdoek was agt-en-twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het 10een maat gehad.
| a Ex. 26:2. | 10 In die breedte sowel as in die lengte. |
En hy het vyf van die tentdoeke aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaargewerk, die een aan die ander.
bEn hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
| b Ex. 26:4. |
cVyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. dDie lissies was die een teenoor die ander.
| c Ex. 26:10.
d Ex. 26:5. |
eHy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was.
| e Ex. 26:6. |
Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as 11’n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.
| 11 Tentseil beteken hier soveel soos ’n dak of ’n deksel. |
Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.
En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.
En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
fHy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was.
| f Ex. 26:11. |
gOok het hy vir die tent ’n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ’n dekkleed van robbevelle.
| g Ex. 26:14. |
hHy het ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak.
| h Ex. 26:15. |
iDie lengte van die styl was tien el, en anderhalf el die breedte van elke styl.
| i Ex. 26:16. |
kElke styl het twee 12tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die tabernakel.
| k Ex. 26:17. | 12 Hebr. hande. |
lEn hy het die style vir die tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
| l Ex. 26:18. |
mEn hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
| m Ex. 26:19. |
nHy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak
| n Ex. 26:20. |
omet hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
| o Ex. 26:21. |
pEn vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, het hy ses style gemaak.
| p Ex. 26:22. |
qOok het hy twee style vir die hoeke van die tabernakel aan die agterkant gemaak.
| q Ex. 26:23. |
rEn hulle was dubbel van onder, en net so was hulle bo dubbel tot by die eerste ring. So het hy dit gemaak vir altwee, vir die twee hoeke.
| r Ex. 26:24. |
sSo was daar dan agt style met hulle silwervoetstukke: sestien voetstukke; 13twee voetstukke onder elke styl.
| s Ex. 26:25. | 13 Hebr. twee voete, twee voete onder een styl. |
tHy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel
| t Ex. 26:26. |
ven vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.
| v Ex. 26:27. |
xEn hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.
| x Ex. 26:28. |
yEn hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek.
| y Ex. 26:29. |
Verder het hy 14die voorhangsel zgemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met gérubs.
| z Ex. 26:31. | 14 Hierdie voorhangsel het skeiding gemaak tussen die Heilige en die Allerheiligste. |
aEn hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet.
| a Ex. 26:32. |
bHy het ook vir die ingang van die tent 15’n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk;
| b Ex. 26:36. | 15 Hierdie was ’n ander bedekking, te onderskei van die voorhangsel, vers 35. |
cen die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper.
| c Ex. 26:37. |
Gifte vir die tabernakel.
TOEa het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is 1die woorde wat die HERE beveel het, om dit te doen:
| a Ex. 34:32. | 1 Anders: sake, dinge. So ook in vers 4 en elders. |
bSes dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle 2’n heiligheid, ’n dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.
| b Ex. 20:8; 31:15. Lev. 23:3. Deut. 5:12. Luk. 13:14. | 2 Dit is, ’n heilige dag. |
cJulle mag op die sabbat 3geen vuur aansteek in 4enigeen van julle woonplekke nie.
| c Ex. 16:23. | 3 Naamlik, om kos te kook, Ex. 16:23; of om te werk; maar ’n mens mog die vuur vir die brandoffer wel aansteek.
4 Hebr. al julle, ens. |
Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dít is die saak wat die HERE beveel het:
dNeem van julle 5besittings ’n offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat 6gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;
| d Ex. 25:2. | 5 Hebr. wat by julle is.
6 Sien Job 12:21 se kanttekening. |
een pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;
| e Ex. 25:4. |
fen rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;
| f Ex. 25:5. |
gen olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;
| g Ex. 25:6. |
hen oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas.
| h Ex. 25:7; 28:17, 20. |
En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het:
idie tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;
| i Ex. 26:26. |
die ark en sy 7draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking;
| 7 Waarmee hulle die ark gedra het van die een plek na die ander. |
die ktafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en 8die ltoonbrode;
| k Ex. 25:23.
l Ex. 25:30. |
8 Sien Ex. 25:30. |
en die kandelaar 9tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar;
| 9 Anders: van lig, dit is, liggewend. So staan daar ook in Ps. 148:3 sterre van lig, dit is, skynende sterre. |
men die 10reukaltaar met sy draaghoute, en ndie salfolie en die reukwerk van speserye, en odie bedekking vir die ingang van die tabernakel;
| m Ex. 30:1.
n Ex. 31:11. o Ex. 26:36. |
10 Verstaan dit as die goue altaar, Ex. 30:1. |
pdie brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; qdie waskom met sy voetstuk;
| p Ex. 27:4.
q Ex. 30:18. |
rdie behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en sdie bedekking van die poort van die voorhof;
| r Ex. 27:9.
s Ex. 27:16. |
tdie 11penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle 12lyne;
| t Ex. 27:19. | 11 Hiermee is die onderste deel van die bedekking of behangsel vasgemaak aan die grond, sodat die wind dit nie sou beweeg of wegwaai nie.
12 Hierdie lyne het daartoe gedien om die behangsels van die voorhof of bedekking van die tabernakel te bind en vas te maak. |
die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy vseuns om 13die priesteramp te bedien.
| v Exodus 28; 31:10. | 13 Naamlik die hoëpriester se amp, soos in Ex. 31:10. |
Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.
En elkeen wie se hart hom 14opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir 15die heilige klere;
| 14 Anders: verhef het.
15 Hebr. klere van heiligheid. |
die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat ’n offer van goud aan die HERE 16gewy het,
| 16 Hebr. beweeg het; omdat die goud wat die manne gebring het, beweeg en opgehef was, as hulle dit vir die Here gegee het; daarom word dit ’n beweegoffer genoem. Vgl. Ex. 38:24. |
en elkeen wat in 17besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.
| 17 Hebr. by wie gevind is. Soos in Mal. 2:6. Sien ook Est. 1:5 en die kanttekening. So ook daar is geen bedrog in sy mond gevind nie, dit is, daar was geen bedrog in sy mond nie. |
Elkeen wat ’n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die HERE gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die 18werk kon gebruik word, het dit gebring.
| 18 Verstaan die dienswerk by die tabernakel. |
En xelke vrou wat kunsvaardig was, het 19met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.
| x Spr. 31:19. | 19 Hulle het dit nie deur ander of deur hul diensmeisies laat spin nie, maar het dit self gespin. |
En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.
En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,
en die speserye en die olie yvir die kandelaar en vir die salfolie en zvir die reukwerk van speserye.
| y Ex. 25:6.
z Ex. 25:6. |
Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die HERE deur 20die diens van Moses beveel het om te verrig — as vrywillige offergawe aan die HERE het die kinders van Israel dit gebring.
| 20 Hebr. die hand. Dit is, oproep, reëling van Moses. |
Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, adie HERE het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, bby sy naam geroep;
| a Ex. 31:2.
b Ex. 31:2. |
en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;
en com kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper,
| c Ex. 31:4. |
en ddeur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk — om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.
| d Ex. 31:5. |
Hy het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.
eHy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ’n ambagsman en ’n kunstenaar en van ’n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van ’n wewer — hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.
| e Ex. 26:1. |
Moses klim weer op die berg.
TOE ahet die HERE aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
| a Deut. 10:1. |
En hou jou gereed 1teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die 2top van die berg.
| 1 Dit is die tweede maal dat Moses op die berg Sinai was, elke reis was veertig dae en veertig nagte.
2 Hebr. hoof. |
bMaar 3niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie, claat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
| b Ex. 19:12.
c Ex. 19:13. |
3 Toe Moses die eerste keer die berg opgeklim het, was Aäron, Nadab en Abíhu by hom, met sewentig van die oudstes van Israel; maar nou het hulle hul gehaat gemaak voor die Here, vanweë die afgodery wat hulle met die goue kalf bedryf het. |
Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
En die HERE het neergedaal in die 4wolk en daar by hom gestaan. En 5Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.
| 4 Naamlik die wolk wat ’n seker teken was van die teenwoordigheid van die HERE.
5 Naamlik die HERE. Sien Ex. 33:19. |
dEn toe die HERE by hom verbygaan, het 6Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, 7lankmoedig en groot van goedertierenheid en 8trou;
| d Ex. 33:19. | 6 Naamlik die HERE.
7 Hebr. lank van toornighede, dit is, stadig om toornig te word, nie haastig om sy toorn uit te voer nie. So ook in Núm. 14:18. Pred. 7:8, ens. Die teendeel hiervan is kort van toornighede, dit is, haastig tot toorn, Spr. 14:17. 8 Sien Gén. 24:27 en die kanttekening. |
ewat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, 9maar nooit ongestraf laat bly nie; wat fdie ongeregtigheid 10van die vaders besoek 11aan die kinders en aan die kindskinders, 12aan die derde en aan die vierde geslag.
| e Ex. 20:6. Núm. 14:18. Deut. 5:10. Ps. 86:15; 103:8; 145:8.
f Jer. 32:18. |
9 Hebr. wat ongestraf houdende nie ongestraf hou nie.
10 Naamlik van die bose en goddelose vaders. 11 Naamlik, as hulle in hul vaders se kwade voetstappe volg. 12 Sien Ex. 20:5. Deut. 5:9. |
Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval
en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, 13laat dan tog die HERE in ons midde trek; want dit is ’n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as g’n erfdeel.
| g Lev. 25:38. Ps. 28:9; 33:12. Sag. 2:12. | 13 Naamlik, met die wolkkolom om ons te lei en te verkwik. |
Toe antwoord Hy: Kyk, hEk sluit ’n verbond; ivoor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek 14aan jou gaan doen.
| h Deut. 5:2.
i Jos. 10:12, 13. |
14 o Israel. Anders: aan jou, o Moses. |
15Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete16.
| 15 Hier volg nou die voorwaardes van die verbond, wat God die HERE van die volk vereis.
16 Verstaan hierby ook die Girgasiete. |
kNeem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ’n strik by jou word nie.
| k Ex. 23:32. Núm. 33:51, 52. Deut. 7:2. |
Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle 17heilige boomstamme afkap.
| 17 Naamlik waarmee hulle afgodery bedryf het. |
lWant jy mag jou nie neerbuig voor ’n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers — ’n jaloerse God is Hy.
| l Ex. 20:5. |
Sluit tog nie ’n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan 18hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet;
| 18 Dit is, afgodery bedryf, wat geestelike hoerery genoem word, Jer. 3:9. Sien Lev. 17:7 se kanttekening. |
en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, men sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
| m 1 Kon. 11:2. |
Jy mag vir jou geen 19gegote gode maak nie.
| 19 Verstaan hieronder ook geskilderde, gekapte, gesnede gode. Hier word by name die gegote beelde genoem, ten opsigte van die gegote kalf wat hulle aanbid het. |
20Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, nop die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek.
| n Ex. 12:15; 23:15. | 20 Sien Ex. 13:6. |
21oAlles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, 22die eerstelinge van beeste en kleinvee.
| o Ex. 13:2; 22:29. Eség. 44:30. | 21 Hebr. Alle opening van die moeder, dit is, alle eersgeborenes. Sien Exodus 13.
22 Hebr. opening van die bees, dit is, van die koeie of grootvee, en van die kleinvee. |
pMaar die eersteling van ’n 23esel moet jy met ’n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy 24nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, qen niemand mag 25met leë hande voor my aangesig verskyn nie.
| p Ex. 13:13.
q Ex. 23:15. Deut. 16:16. |
23 Of: eselin. Die esel of die eselin mog ’n mens nie offer nie, want hulle is onrein.
24 Of: onthoof of die nek afkap. 25 Dit is, nie sonder ’n gawe of ’n geskenk nie; wat ’n mens vir die priester gegee het, dit is gereken asof ’n mens dit vir God gegee het. |
rSes dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd 26moet jy rus.
| r Ex. 20:9. | 26 Naamlik op die sabbat. |
s27Die fees van die weke moet jy ook 28hou, die fees van die eerstelinge van die koringoes; en die 29fees van die insameling 30by die wisseling van die jaar.
| s Ex. 23:16. | 27 Verstaan hier die pinksterfees, wat ook die fees van die eerstelinge genoem word, wat sewe weke ná die pasga gevier is, Lev. 23:15. Hand. 2:1.
28 Hebr. doen; so ook in Ex. 31:16. Deut. 16:1. 29 Dit is, op die tyd wanneer jy die vrugte van die veld tuis bring. 30 Hebr. van die draai van die jaar. |
tAl jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn.
| t Ex. 23:17. Deut. 16:16. |
Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar.
vJy mag die bloed van my offer nie saam met 31gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.
| v Ex. 23:18. | 31 Dit is, solank as daar gesuurde brood in jou huis is. |
32Die xbeste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. yJy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
| x Ex. 23:19. Deut. 26:2.
y Ex. 23:19. Lev. 22:27. Deut. 14:21. |
32 Dit is, die begin van die eerste vrugte, soos in Ex. 23:19. |
Verder het die HERE vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want 33volgens hierdie woorde het Ek ’n verbond gesluit met jou en met Israel.
| 33 Hebr. volgens die mond van hierdie woorde. |
zEn hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen 34brood geëet en 34geen water gedrink nie. aEn 35Hy het op die tafels die 36woorde van die verbond, die tien 36woorde, geskrywe.
| z Ex. 24:18. Deut. 9:9, 18.
a Ex. 31:18; 34:1. Deut. 4:13. |
34 Onder die woord brood word allerlei voedsel verstaan; soos onder die woord water allerlei dranke.
35 Naamlik die HERE, soos in vers 1 en Deut. 10:2 te sien is. Dat God Moses in vers 27 beveel om dit te skrywe, moet verstaan word dat hy dit sou skrywe in die boek van die wet, soos in Ex. 17:14; maar nie dat hy dit op die twee kliptafels sou skrywe nie. 36 Dit is, gebooie, soos in Gal. 5:14. |
En toe Moses van die berg Sinai afdaal — die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal — het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig b37blink 38omdat hy met Hom gespreek het nie.
| b 2 Kor. 3:7. | 37 Dit is, strale uitstuur, soos die son. Die Hebreeuse woord kom van ’n woord wat horings beteken. Hieruit het die misverstand ontstaan dat mense Moses met horings skilder.
38 Of: vandat hy (naamlik Moses) met Hom (naamlik die HERE) gespreek het, of toe hy, ens. |
En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle 39bevrees om naby hom te kom.
| 39 Dit wil voorkom of hulle hom eers nie herken het nie, maar gedink het dat dit ’n engel was. |
Maar Moses het hulle geroep, en Aäron en al die 40owerstes in die vergadering het na hom 41teruggekom; en Moses het met hulle gespreek.
| 40 Of: vorste, regeerders, prinse.
41 Omdat hulle hom nou herken het aan sy stem. |
En 42daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai.
| 42 Naamlik, nadat die owerstes en oudstes van die volk eers na Moses gegaan het, en die volk toe gesien het dat Moses met die owerstes gespreek het. |
Toe Moses klaar met hulle gespreek het, chet hy ’n sluier oor sy gesig getrek.
| c 2 Kor. 3:7, 13. |
Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is,
43sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek.
| 43 Moses het die volk die glans van sy aangesig laat sien, sodat hulle sy woorde des te eerder en des te meer sou glo; daarna het hy weer die sluier oor sy gesig getrek, sodat hulle hom nie sou vrees of vermy nie. |
VERDER het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek 1met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met 2die woorde: aAan jou nageslag sal Ek dit gee;
| a Gén. 12:7; 26:4; 28:13. | 1 Daarom word die land Kanaän die beloofde land genoem.
2 Naamlik tot elkeen van hulle drie in die besonder, by verskeie geleenthede. |
en Ek sal ’n engel 3voor jou uit stuur — en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete4 verdrywe —
| 3 Hy spreek hier nie van die Seun van God, soos in Ex. 23:20 nie, maar van ’n geskape engel.
4 Verstaan hierby ook die Girgasiete, wat in Deut. 7:1 daarby gevoeg is. |
na ’n land wat oorloop van melk en heuning; want 5Ek sal in jou midde nie optrek nie, bomdat jy ’n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.
| b Ex. 32:9. Deut. 9:13. | 5 Dit is, Ek wil jou voortaan nie lei deur ’n sigbare teken, soos Ek tot nou toe deur die wolkkolom gedoen het nie. Maar uiteindelik het die goeie God Hom laat oorhaal, en het Hy soos tevore met die volk opgetrek. |
Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.
Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek 6vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.
| 6 Anders: in een oomblik, as Ek in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Die betekenis is: indien jy jou weer so gruwelik teen My sou vergryp, soos jy met die oprig van die goue kalf gedoen het, sal Ek julle almal vir seker skielik verdelg. |
Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.
En Moses het elke keer 7’n tent geneem en dit vir hom 8buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou 9raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.
| 7 Anders: die tent. Nie die tent waar die volk saamgekom het om hul godsdiens te beoefen nie, want dit was nog nie gemaak nie, soos te sien is in Exodus 36, maar dit was Moses se eie tent, of ’n ander een, wat eintlik daarvoor gemaak was, sodat Moses ’n tyd lank daarin sou bly, en die volk daar na hom toe sou kom, totdat hulle met God versoen sou wees.
8 Omdat God uit die laer gewyk het, vers 3, wou Moses ook nie daarin bly nie. 9 Hebr. soek, naamlik, raad vra deur Moses. |
En as Moses 10uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.
| 10 Naamlik uit die laer, na sy tent wat buite die laer opgeslaan was, om by God vir die volk in te tree. |
En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom 11af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan 12spreek Hy met Moses.
| 11 Naamlik van die berg af.
12 Naamlik die HERE, soos in vers 11, uit die wolkkolom, wat ’n vaste teken van God se genade en goedheid was, Ps. 99:7. |
En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.
Dan spreek die HERE met Moses van 13aangesig tot aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. Daarna gaan 14hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, ’n jongman, die seun van Nun, 15het hom nie uit die tent verwyder nie.
| 13 Dit is, gemeensaam, duidelik, met hoorbare stem; dit was ’n voorreg wat geen ander profeet gehad het nie, Núm. 12:6-8. Deut. 5:4; 34:10.
14 Naamlik Moses. 15 Dit is, hy het nie in die laer gekom nie, maar hy het steeds in die tent buite die laer gebly. |
Toe het Moses met die HERE gespreek: 16U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar Ú laat my nie weet 17wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek 18ken jou by die naam, en jy 19het ook genade in my oë gevind.
| 16 Sien vers 1.
17 Anders: wat. 18 Dit is, Ek het jou bó ander in liefde geken en uitverkies, en dra besondere sorg vir jou; vgl. Gén. 18:19. Ex. 31:2. 19 Sien Gén. 6:8. |
As ek dan nou genade in u oë gevind het, 20maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; 21sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.
| 20 Dit is, wys my die middel waardeur U voorgeneem het om hierdie volk te lei en te bewaar; of: hoe U met hulle wil handel.
21 Anders: omdat ek genade gevind het. |
En Hy antwoord: 22Moet Ek 23self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
| 22 Anders: Ek sal self meegaan.
23 Dit is, die sigbare tekens van my genadige teenwoordigheid, soos die wolkkolom en vuurkolom. |
Toe sê 24hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
| 24 Naamlik Moses. |
Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? cSo sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.
| c Deut. 4:7. |
Toe sê die HERE aan Moses: 25Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, 26en Ek ken jou by die naam.
| 25 Dit is, Ek sal saam met julle trek.
26 Sien vers 12. |
Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.
Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou 27die Naam van die HERE uitroep; dmaar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
| d Rom. 9:15. | 27 Of: die Naam JEHOVA uitroep. Sien die vervulling hiervan in Ex. 34:6. |
Verder het Hy gesê: Jy kan 28my aangesig 29nie sien nie, want 30geen mens kan My sien en bly lewe nie.
| 28 Dit is, my wese nog my heerlikheid in sy volmaaktheid, vanweë jou sonde, Rom. 3:23.
29 Ons kan God in hierdie sterflike lewe nie sien nie; sien Gén. 16:13 en die kanttekening. Maar hiernamaals sal ons Hom sien soos Hy is, 1 Kor. 13:12. 1 Joh. 3:2. 30 Hieruit het die algemene gevoel onder die Jode ontstaan dat hulle sou sterwe wanneer hulle die HERE sou sien, Deut. 5:24, 25. Rig. 13:22. Jes. 6:5. Dan. 10:8. Openb. 1:17. |
Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is 31’n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.
| 31 Naamlik op die berg Sinai of Horeb. |
En 32as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.
| 32 Dit is, wanneer Ek in my heerlikheid verby jou sal gaan. |
En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar 33my aangesig kan nie gesien word nie.
| 33 Sien vers 20. |
Die goue kalf.
TOE 1die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk 2rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, amaak vir ons 3gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
| a Hand. 7:40. | 1 Verstaan dit as sommige onder die volk; want diegene wat later op die bevel van Moses die afgodsdienaars doodgemaak het, word nie hieronder gereken nie, vers 26. Sien 1 Kor. 10:7.
2 Anders: teen. 3 Dit is, ’n sigbare teken of beeld van die onsigbare God, soos in vers 4. |
En Aäron sê vir hulle: 4Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.
| 4 Dit is geloofwaardig dat Aäron van mening was dat die Israeliete eerder sonder ’n goue kalf sou klaarkom as dat hulle hul kosbare juwele moes prysgee; maar hy het in hierdie mening van hom bedroë daarvan afgekom. |
Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.
En hy het dit uit hulle hand geneem en 5dit met die 6beitel bewerk en daar ’n 7gegote 8kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
| 5 Naamlik die kalf.
6 Die Hebreeuse woord kan ook griffel beteken, soos in Jes. 8:1. Dit wil voorkom of die bedoeling dan die volgende is: dat Aäron eers met ’n pen, griffel of kwas die figuur van ’n kalf êrens geteken het om dit aan die volk te wys en te vra of so ’n vorm of model hulle sou behaag. 7 Hebr. kalf van gieting. 8 Of: os. Die afgod Apis was deur die Egiptenaars geëer in die voorkoms van ’n kalf of os. Dit wil voorkom of die Israeliete dit hier nagevolg het. |
Toe Aäron 9dit sien, het hy daarvoor ’n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die 10HERE.
| 9 Naamlik, dat die volk die kalf goddelike eer wou betoon.
10 Aäron gebruik hier die Naam van die ware God, met die doel om Hom deur hierdie kalf te eer; maar dit was egter afgodery. |
En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers 11aangebring; daarop bhet die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan 12om te speel.
| b 1 Kor. 10:7. | 11 Naamlik na die altaar; dit is, hulle het aan die kalf geoffer.
12 Sien vers 19 se kanttekening. |
Toe sê die HERE vir Moses: Gaan heen, klim af, want 13jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, 14chet verderflik gehandel.
| c Deut. 32:5. | 13 God ag die volk van Israel nie waardig om hulle langer sy volk te noem nie, aangesien hulle vir hulle ’n kalf tot hul god gemaak het.
14 Anders: het hulself verderf; dit is, hulle het hulself deur hul afgodery in die verderf gebring. |
En hulle het 15gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. 16Hulle het vir hulle ’n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en 17daaraan geoffer en gesê: dDit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
| d 1 Kon. 12:28. | 15 Naamlik terstond ná die verbond gesluit is, Exodus 19; 24.
16 Aäron het die goue kalf gemaak of laat maak, vers 4, op die versoek of bevel van die volk, vers 1. 17 Naamlik aan die kalf en nie aan My nie, alhoewel hulle voorgee dat hulle dit wel doen, vers 5. |
Verder het die HERE vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, een kyk, dit is 18’n hardnekkige volk.
| e Ex. 33:3. Deut. 9:6, 13. Jes. 48:4. Jer. 5:3. Hos. 4:16. | 18 Dit is, onvergenoegd, vermetel, ongebonde, wat hul nek nie onder die wette en die wil van die HERE wil buig nie. Dit is ’n voorbeeld geneem van diere, wat hulle nekke so hard en styf hou dat hulle dit nie wil buig volgens die begeerte van diegene wat hulle die juk oplê of met die toom wil beheer nie. Sien Deut. 10:16. Spr. 29:1. Hand. 7:51. |
19Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ’n groot nasie maak.
| 19 En verhinder My nie deur jou voorbidding nie. Want die gebed van ’n gelowige het groot krag by God, Jak. 5:16. |
Maar Moses het die HERE sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o HERE, sou u toorn ontvlam teen u volk fwat U met grote krag en met ’n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?
| f Ps. 106:21. |
Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: gIn 20kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle 21van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, en 22laat dit U berou oor die onheil van u volk.
| g Núm. 14:13, ens. | 20 Dit is, met ’n listige en bose voorneme. Anders: ten kwade, dit is, tot hul ongeluk en verderf.
21 Dit is, sodat hulle nie op die aardbodem sou bly nie. 22 Moses bid hier dat God berou moet hê, dit is, dat Hy die volk nie met die onheil sal tref nie, dit is, die straf wat Hy oor hulle wou bring. Sien Gén. 6:6. |
23hGedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U 24by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle nageslag vermenigvuldig 25soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek 26gespreek het, sal Ek aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe.
| h Gén. 12:7; 13:15; 15:18; 26:4; 28:13. Deut. 34:4. | 23 Dit is, gedenk aan die belofte wat U aan Abraham, ens. gemaak het.
24 God sweer by Homself, omdat daar geen meerdere is om by te sweer nie, Hebr. 6:13, 17. 25 Sien Gén. 15:5. 26 Dit is, belowe het. |
27Toe het dit die HERE berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.
| 27 Dit is, toe het Hy nie die volk verdelg soos Hy gedreig het nie, maar Hy het volstaan met drieduisend wat doodgemaak sou word. |
En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels 28van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was 29op die een en op die ander kant beskrywe.
| 28 Dit is, van die wet van God.
29 Hebr. van hier en van daar beskrywe. |
En idie tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.
| i Ex. 31:18. Deut. 9:10. |
En toe 30Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer.
| 30 Wat saam op die berg gebly het, Ex. 24:13. |
Maar 31hy antwoord: 32Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang.
| 31 Naamlik Moses.
32 Hebr. Dit is nie die stem van die sing van krag nie, en dit is nie die stem van die sing van swakheid nie. |
En toe hy naby die laer kom en die kalf en 33kkoordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg 34verbrysel.
| k Deut. 9:17. | 33 Verstaan sodanige koordanse waar daar gefluit en gespeel is, volgens die manier van die heidene.
34 Naamlik voor die oë van die volk, Deut. 9:17. |
En lhy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur 35verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit 36laat drink.
| l Deut. 9:21. | 35 Dit is, hy het die kalf gesmelt en weer tot ’n klont gemaak.
36 Omdat hulle hierdeur die nietigheid van sulke gode sou leer verstaan, wat deur die mens ingesluk kan word; asook om die Israeliete te herinner dat hulle verdien het om die vloek en die toorn van God te drink. Sien Núm. 5:18. |
En Moses het vir Aäron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so ’n groot sonde oor hulle gebring het?
Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, mdat hulle deur en deur sleg is.
| m 1 Joh. 5:19. |
Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! 37En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, 38en hierdie kalf het daaruit gekom.
| 37 Anders: en gee dit aan my.
38 Aäron bely hier sy eie sonde nie so opreg en so openlik soos hy die sonde van die volk bely het nie: hy spreek van die kalf asof dit meer per toeval, eerder as deur sy wil of kuns, gemaak is, maar in vers 4 staan dit heeltemal anders. Sien Deut. 9:20. Aäron se verskoning kom ooreen met dié van Adam, Génesis 3. |
Toe Moses sien dat die volk 39bandeloos was — want 40Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders —
| 39 Anders: ontbloot en so in dit wat volg. Nie soseer ontbloot van hulle sierade nie, maar van God se beskerming, is hulle nou soos ontblote ongewapende mense, wat maklik deur hul vyande oorval en oorwin kon word; vgl. dit met Gén. 3:10. Openb. 3:18; 16:15.
40 Hierdie bandeloosheid of ontbloting (sien die vorige kanttekening) word aan Aäron toegeskryf, omdat hy nie net tot die goddelose versoek van die volk ingewillig het nie, maar dit ook bevorder het. |
het Moses in 41die poort van die laer gaan staan en gesê: 42Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het 43al die seuns van Levi by hom versamel.
| 41 Die laer was met ’n wal, of palissade, of met iets anders omring, en het poorte hier en daar gehad. Die poorte was ook die plekke van die gereg, soos in Gén. 34:20. Deut. 17:5. Rut 4:1, 11.
42 Hebr. Wie vír die HERE is, na my toe! Moses het weens haas en ywer enkele woorde uitgelaat. 43 Dit is, byna almal, want sommige van hulle het hulle ook in afgodery misgaan, ja, selfs Aäron, sien vers 29. Deut. 9:20; 33:9. Anders: En die wat by hom versamel het, was almal kinders van Levi, wat by die huis gebly het en geen afgodery begaan het, deur die kalf te aanbid nie. |
En hy het vir hulle gesê: So spreek die HERE, 44die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen 45sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
| 44 Naamlik die ware God van Israel, nie die kalf waarvan hulle in vers 4 gespreek het nie: Dit is jou gode, Israel.
45 Dit is, die eerste wat hom teëkom; verskoon niemand nie, selfs al is dit jou broer. |
En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man 46geval.
| 46 Naamlik deur die skerpte van die swaard. |
47Toe het Moses gesê: 48Vul vandag julle hand om te offer aan die HERE — want elkeen is teen sy seun en teen sy broer — sodat 49Hy vandag ’n seën oor julle kan gee.
| 47 Of: Want. Met hierdie woorde word aangedui wat die Leviete so dapper en vreesloos gemaak het, sodat hulle selfs hul naaste vriende doodgemaak het, naamlik omdat hulle van Moses verstaan het dat hul vir God hiermee ’n aangename diens sou verrig, en dat hulle op hierdie wyse ’n besondere seën van God sou ontvang.
48 Dit is, heilig die HERE vandag julle hande, dit is, verrig hierdie heilige diens vir Hom; Lev. 7:37 en die kanttekening. God die HERE getuig hier dat waar reg en straf uitgeoefen word oor die kwaaddoeners, dit vir Hom so aangenaam is soos ’n offer. Sien 1 Sam. 15:18, 22. Hierdie daad van die Leviete beskryf Moses weer in Deut. 33:9. 49 Naamlik God die HERE. |
Moses bid vir die volk.
EN die 50volgende dag het Moses aan die volk gesê: Júlle het ’n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.
| 50 Naamlik, nadat daar drieduisend omgebring was. |
51En Moses het na die HERE teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ’n groot sonde begaan en vir hulle 52goue gode gemaak.
| 51 Moses het weer veertig dae op die berg gebly sonder om te eet, terwyl hy vir die volk tot God die HERE gebid het, Deut. 9:18.
52 Anders: ’n god van goud, dit is, die kalf. |
Nou dan, as U tog maar hulle sonde 53wou vergewe! En so nie, 54delg my dan maar uit 55u boek wat U geskryf het!
| 53 Verstaan: so is dit goed. Vgl. hierdie manier van spreek met Luk. 13:9.
54 Wie God eenmaal tot die ewige lewe uitverkies het, verwerp Hy nooit nie. Maar Moses het met hierdie woorde bekend gemaak sy innerlike ywer vir die eer van God, en sy groot liefde vir die volk Israel; vgl. hiermee die ywer van Paulus, Rom. 9:3. 55 Dit word ook die boek van die lewe genoem, omdat almal wat deur God tot die ewige lewe verordineer is, daarin opgeskrywe staan, Ps. 69:29. Filip. 4:3. Openb. 3:5; 20:12; 21:27. Dit is egter menslikerwyse van God gespreek, want deur hierdie boek word niks anders bedoel nie, as God se ewige raad en onveranderlike besluit van die uitverkiesing. |
Toe het die HERE Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, 56dié sal Ek uitdelg uit my boek.
| 56 Verstaan hierby: indien Ek iemand sou uitdelg. |
Maar gaan nou en lei die volk 57waarheen Ek jou gesê het. Kyk, 58my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek 59hulle sonde oor hulle 60besoek.
| 57 Naamlik na die land Kanaän.
58 So dreig God in sy toorn om hierdie volk aan Moses en aan ’n engel oor te gee; sien daaroor Ex. 33:2 se kanttekening. 59 By name hierdie sonde van afgodery wat met die goue kalf begaan is. 60 Sien Gén. 21:1. |
So het die HERE dan die volk 61getref, 62omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.
| 61 Anders: geslaan, naamlik deur die swaard van die Leviete, vers 28.
62 Dit is, omdat hulle Aäron daartoe verlei en gedryf het om die goue kalf te maak. Wat ’n mens deur middel van iemand anders doen, is soveel asof ’n mens dit self gedoen het; in die tussentyd is diegene wat hom as ’n werktuig daartoe laat gebruik, ook nie onskuldig nie. |
Verdeling van die werk.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
aKyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, 1by sy naam geroep;
| a Ex. 35:30. 1 Kron. 2:20. | 1 Dit is, bo al die ander vir hierdie werk verkies, soos in Ex. 35:30. |
en Ek het hom vervul 2met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir 3allerhande werk,
| 2 Dit is, deur die gawes van die Gees van God, soos hierna beskryf word. Waaruit dan genoegsaam blyk dat kunstige handewerk ’n gawe van God is.
3 Hebr. alle, en so ook in vers 5. |
om 4kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,
| 4 Hebr. idees, ontwerpe. |
en deur snywerk in 5stene wat 6ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
| 5 Verstaan hier edelstene.
6 Hebr. gevul. |
En kyk, Ek het hom Ohóliab 7bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek 8wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:
| 7 Hebr. met of by hom gegee.
8 Dit is, skranderheid of vernuf in die kuns wat hulle beoefen. |
die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,
en die tafel met sy gereedskap en 9die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;
| 9 Dit is, wat uit suiwer goud gemaak sou word. Sien Ex. 25:31. |
ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk
en die 10kunstige klere en die heilige klere 11van die priester Aäron en die klere van sy seuns, 12om die priesteramp te bedien;
| 10 Verstaan hier onder die naam kunstige klere ook die tapyte en behangsels van die tabernakel waarvan in Exodus 26; 36 gespreek word. So ook die doeke waarmee die tafel, die ark, die altaar en die ander heilige gereedskap bedek en daarin toegemaak word, wanneer die laer opgebreek en van een plek na ’n ander verskuif het. Sien Núm. 4:5, 9, 11, 12.
11 Naamlik van die hoëpriester. 12 Dit is, wat hulle aangetrek het wanneer hulle die priesteramp bedien het. |
ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom — net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.
Heiliging van die sabbat.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet 13sekerlik 14my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
| 13 Asof God sê: Alhoewel die werk van die tabernakel so vinnig as moontlik voltooi moet word, mag jy sekerlik nie op die sabbat daaraan werk nie; of: geheel en al, in alle geval.
14 Dit is, vir my diens ingestel. |
bOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle 15heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié 16siel moet 17uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
| b Ex. 20:8. Deut. 5:12. Eség. 20:12. | 15 Hebr. heiligheid.
16 Dit is, dié persoon. 17 Sien Gén. 17:14 en die kanttekening. |
Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ’n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte 18as ’n ewige verbond.
| 18 Sien Gén. 17:7. |
Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 19’n teken; cwant in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy 20gerus en 21Hom verkwik.
| c Gén. 1:31; 2:2, 3. Ex. 20:11. | 19 Vgl. Gén. 17:11.
20 Sien Gén. 2:2. 21 God, wat ’n Gees is, word nooit moeg nie; dit is dus menslikerwys gespreek, omdat mense ná lang en swaar arbeid deur rus verkwik word en asem skep. |
En 22Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, ddie twee tafels 23van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met 24die vinger van God.
| d Ex. 32:16. | 22 Naamlik die HERE.
23 Dit is, van die wet, waarin God getuig hoe Hy deur sy volk geëer en gedien wil word. 24 Die vinger van God beteken hier die krag en die werk van God. Vgl. Ex. 8:19. Luk. 11:20 vergeleke met Matt. 12:28 en elders. |
Die reukaltaar.
JY moet ook ’n aaltaar maak om 1reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak.
| a Ex. 37:25. | 1 Om elke dag reukwerk daarop aan te steek. Hierdie altaar het in die voorste deel van die tabernakel voor die voorhangsel gestaan. Dit was eintlik vir die reukwerk gemaak, daar is egter soms op dieselfde altaar bloed gesprinkel tot versoening, soos gesien word in vers 10 en Lev. 4:7. |
’n El moet sy lengte wees en ’n el sy breedte — vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
En jy moet dit 2met suiwer goud oortrek: 3die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor ’n goue krans rondom.
| 2 Dit word in Núm. 4:11 die goue altaar genoem, vgl. Eség. 41:22.
3 Deur die plaat word verstaan die deksel of die boplaat van die altaar, waarop hulle die reukwerk geplaas het. |
Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet dien 4as plekke vir draaghoute om 5dit daarmee te dra.
| 4 Dit is, om die draaghoute daarin te steek, naamlik, wanneer die tabernakel afgebreek, of na ’n ander plek gebring word, Núm. 4:5, 11, 15.
5 Naamlik die altaar. |
En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
Sit dit dan voor 6die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.
| 6 Hierdie voorhangsel was die skeiding tussen die plek waar die priesters hul diens gedoen het, en die Allerheiligste, waar die ark gestaan het. |
En Aäron moet daarop reukwerk van speserye 7aan die brand steek; 8elke môre bas hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.
| b 1 Sam. 3:3. | 7 Hebr. laat rook.
8 Hebr. in die môre in die môre. |
En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy 9dit aan die brand steek as ’n voortdurende 10reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte.
| 9 Naamlik die reukwerk.
10 Of: rookwerk. |
Julle mag daarop geen 11vreemde reukwerk of 12brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.
| 11 Dit is, van êrens anders gebring, of anders berei as beveel word in verse 34-36.
12 Die altaar waarvan in Ex. 27:1 gespreek word, was aangewys vir die brandoffer en spysoffer. |
En Aäron moet 13een maal in die jaar aan die horings daarvan 14versoening doen; met die bloed van die 15sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
| 13 Naamlik op die tiende dag van die sewende maand, wat daarom die dag van versoening genoem was, Lev. 23:27.
14 Of: die versoening doen. 15 Dit is, van die sondoffer waardeur die versoening bewerk word. |
Die halfsikkel as ’n offergawe.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
cAs jy die 16volle getal van die kinders van Israel opneem 17volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy 18lewe, 19losgeld aan die HERE 20gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.
| c Núm. 1:2. | 16 Hebr. die hoof.
17 Dit is, volgens diegene wat uit hulle getel sal word. 18 Hebr. siel, dit is, sy lewe, of sy persoon, en so in dit wat volg. 19 Dit is, die prys waarmee elke persoon sy lewe gered het. 20 Naamlik eenmalig, nie elke jaar nie. |
dDit moet hulle gee, elkeen 21wat na die geteldes oorgaan: ’n halfsikkel 22volgens die sikkel van die heiligdom — die sikkel is twintig 23gera — ’n halfsikkel as offergawe aan die HERE.
| d Lev. 27:25. Núm. 3:47. Eség. 45:12. | 21 Dit is, wat oorgaan van diegene wat getel sal word, na die wat getel is.
22 Sien oor die waarde van ’n sikkel Gén. 20:16 se kanttekening. 23 Sien Lev. 27:25 en die kanttekening. |
Elkeen wat oorgaan na die geteldes, 24van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van die HERE gee.
| 24 Hebr. ’n seun van twintig jaar, dit is, wat twintig jaar word; sien oor die hoeveelheid manne wat daar was Ex. 38:25, 26. |
Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as ’n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die HERE gee om vir julle siele versoening te doen.
eNeem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit 25aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen.
| e Ex. 38:25. | 25 Of: aan die werk of gereedskap. Sien Ex. 38:27, 28. |
Die koperwaskom.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Jy moet ook 26’n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en 27die altaar, en gooi water daarin,
| 26 Dit was van die spieëls van die vroue gemaak, Ex. 38:8.
27 Naamlik die brandofferaltaar, waarvan in Exodus 27 gespreek word. |
dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.
As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, 28sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur ’n vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek.
| 28 Dit is, sodat God hulle nie sou doodmaak nie, soos Hy die seuns van Aäron doodgemaak het, Lev. 10:1, 2. |
Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees, vir 29hom en sy nageslag in hulle geslagte.
| 29 Naamlik Aäron. |
Die heilige salfolie en die reukwerk.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
En jý, neem vir jou van die 30beste speserye: 31vyfhonderd sikkels 32fyn mirre en die 33helfte soveel geurige kaneel, tweehonderd-en-vyftig sikkels, en tweehonderd-en-vyftig sikkels geurige kalmoes
| 30 Hebr. hoofspeserye, dit is, van die vernaamste of beste; soos ook in Hoogl. 4:14. Eség. 27:22.
31 Dit is, soveel as vyfhonderd sikkels weeg. 32 Hebr. vryvloeiende mirre, dit is, wat die beste en onvervals is, en vry van alle onsuiwerheid. Dit is ’n gom wat uit die mirreboom vloei, die voortreflikste van alle boomgomme. 33 Hebr. die helfte daarvan, naamlik van die vyfhonderd sikkels. |
en vyfhonderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en 34’n hin olyfolie;
| 34 Sien Lev. 19:36 en die kanttekening. |
en maak daarvan heilige salfolie, ’n salfmengsel soos ’n 35salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees.
| 35 Anders: oliebereider, salfmaker. Sien 1 Kron. 9:30. |
Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis
en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar
en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk.
36So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig.
| 36 Naamlik deur of met die olie waarvan in verse 23-25 gespreek is. |
Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en 37hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien.
| 37 Naamlik deur die salwing van die heilige olie. |
En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ’n heilige salfolie wees in julle geslagte.
Op 38geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.
| 38 Naamlik behalwe op die liggame van Aäron en sy seuns. |
Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ’n onbevoegde laat kom, 39moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
| 39 Sien Gén. 17:14 en die kanttekening. |
Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: 40storaksgom en 41naeltjies en gálbanum — speserye en ook suiwer wierook; 42alles in gelyke hoeveelhede,
| 40 Of: balsemsap.
41 ’n Soort spesery wat ’n mens in reukwerk gebruik het. 42 Hebr. dat alleen by alleen is, dit is, elkeen sal alleen, sonder om met enige ander vogtigheid vermeng te wees, fyngemaak word, en terwyl dit suiwer is, tesame in een massa gemeng word. |
43en maak daar reukwerk van, ’n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.
| 43 Naamlik Moses, wat dit eerste gemaak het. |
En vrywe ’n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ’n deel daarvan neer voor 44die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees.
| 44 Dit is, op die reukaltaar, wat voor die ark van die Getuienis gestaan het. |
En die reukwerk wat jy moet maak — na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs 45aan die HERE moet dit vir 46jou wees.
| 45 Dit is, tot diens van die HERE.
46 Naamlik sowel vir die priester, as vir die volk. |
Elkeen wat so iets maak 47om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
| 47 Dit is, om dit as reukwerk te gebruik. |
Die wyding van die priesters.
EN dit ais die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat 1sonder gebrek is,
| a Lev. 8:2; 9:2. | 1 Sien Ex. 12:5. |
en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke 2met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak.
| 2 Verstaan hier olyfolie. |
En sit dit in een mandjie, en 3bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme.
| 3 Anders: offer. |
Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en 4hulle met water was.
| 4 Naamlik uit die geheiligde koperwaskom, Ex. 30:18. |
En neem 5die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om.
| 5 Naamlik die heilige klere, waarvan in Exodus 28 gespreek is. |
En sit die tulband op sy hoof, en bevestig 6die heilige kroon aan die tulband.
| 6 Die Hebreeuse woord nezer, wat hier gebruik word, beteken afskeiding of afsondering. Hierdie kroon word so genoem, omdat dit ’n teken van sy afsondering van ander mense was; daarom word die kroon van konings ook nezer genoem, 2 Sam. 1:10. Ps. 89:40. Hier is dit die versiering van die hoëpriester om sy waardigheid aan te wys. Uit Ex. 28:36 en Lev. 8:9 is af te lei dat die plaat en hierdie kroon een en dieselfde is. |
bNeem dan 7die salfolie en giet dit 8op sy hoof en salf hom.
| b Ex. 30:25. | 7 Waarvan in Ex. 30:23-25 gespreek word.
8 Dat dit langs sy baard afloop, Ps. 133:2. |
Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek,
en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit 9as ’n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters 10aanstel.
| 9 Dit is, tot by die Messías, want toe het Aäron se diens met al die seremonies tot ’n einde gekom.
10 Sien Lev. 7:37 se kanttekening; Lev. 8:22-35. |
cEn jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en Aäron en sy seuns moet 11hulle hande op die kop van die bul lê.
| c Lev. 1:3. | 11 Hebr. met hulle hande steun. |
En slag die bul 12voor die aangesig van die HERE 13by die ingang van die tent van samekoms.
| 12 Sien Lev. 1:3.
13 Of: voor. |
Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan 14die onderkant van die altaar uitgiet.
| 14 Daar was ’n sloot of gat, waar dit deur- of ingeloop het. |
En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand.
dMaar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is ’n sondoffer.
| d Lev. 4:12. Hebr. 13:11. |
Neem dan die een ram, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
daarna moet jy die ram slag en sy ebloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi.
| e Hebr. 9:12, 19. |
En die ram 15moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop.
| 15 Of: in sy stukke kap, naamlik, nadat die vel daarvan afgetrek sal wees, Lev. 1:6. |
Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is ’n brandoffer aan die HERE; ’n lieflike geur, 16’n vuuroffer is dit aan die HERE.
| 16 Dit is, ’n offer wat geheel en al deur vuur verteer word. Sien Lev. 1:9. |
Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.
Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van 17die salfolie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.
| 17 Wat beskryf word in Ex. 30:22, ens. |
En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en 18die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die 19regterboud — want dit is ’n 20wydingsram —
| 18 Dit is, dit wat op of oor die lewer is, soos in vers 13.
19 Die Hebreeuse woord kan ook regterskouer beteken. 20 Hebr. ram van vullinge, en so in dit wat volg. Sien Lev. 7:37. |
en een ronde brood en een 21oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is.
| 21 Dit is, met olie gemeng. |
En lê dit alles op die hande van Aäron en op die hande van sy seuns, 22en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE.
| 22 Sien Lev. 7:30. |
Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 23’n vuuroffer aan die HERE.
| 23 Sien vers 18. |
En neem die bors van die wydingsram 24van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit 25jou deel wees.
| 24 Dit is, wat sal dien vir sy wyding.
25 Naamlik Moses se deel. Sien Lev. 8:29. |
En jy moet 26die bors van die beweegoffer heilig en die boud 27van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld.
| 26 Sien Lev. 7:30 se kanttekening.
27 Sien Ex. 25:2 se kanttekening. |
En fdit moet vir Aäron en sy seuns wees tot ’n ewige insetting 28van die kant van die kinders van Israel, want dit is ’n hefoffer; en dit sal ’n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers — hulle hefoffer aan die HERE.
| f Lev. 7:31, 34; 10:14. | 28 Dit is, dat dit wat geoffer sal word deur die kinders van Israel, vir Aäron en sy seuns sal wees. |
En die 29heilige klere van Aäron moet vir 30sy seuns 31ná hom wees, om hulle daarin te salf en 32as priesters aan te stel.
| 29 Alles wat vir die godsdiens gebruik word, word heilig genoem.
30 Verstaan een van sy seuns, naamlik die een wat ná hom hoëpriester sal word. 31 Dit is, ná sy dood. 32 Dit is, in te wy, soos in verse 9, 33. |
Die een van sy seuns wat in sy plek 33priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit 34sewe dae lank aantrek.
| 33 Naamlik hoëpriester.
34 Naamlik sewe dae aanmekaar, want soveel dae word vereis vir sy wyding, vers 35. |
En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in 35’n heilige plek kook.
| 35 Naamlik by die ingang van die tent van samekoms, soos daar in vers 32 en Lev. 8:31 staan. Hier mog elkeen inkom, en die wat offers gebring het, het hulle deel daar geëet. |
gDan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.
| g Lev. 8:31; 24:9. |
En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; hmaar 36’n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is 37heilig.
| h Lev. 10:14. Matt. 12:4. | 36 Dit is, ’n persoon wat nie uit die geslag of afkoms van Aäron is nie. Die Leviete mog selfs nie daarvan eet nie. Sien Lev. 10:14.
37 Dit is, heilige voedsel, aan God toegewy. Hebr. heiligheid. |
En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; 38dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig.
| 38 Selfs die priesters mog nie die oorblyfsel eet nie. |
So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.
Jy moet ook daagliks ’n sondofferbul tot versoening berei 39en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.
| 39 Of: u sal vir die altaar ontsondiging doen, verstaan met die sondoffer. Sien verder Lev. 8:15 se kanttekening. |
Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit 40heilig. So sal dan die altaar 41hoogheilig word: 42elkeen wat aan die altaar raak, 43word heilig.
| 40 Naamlik met die heilige olie.
41 Hebr. heiligheid van heilighede. Nie net self geheilig wees nie, maar ook die gawe heilig wat daarop geoffer word, en in hierdie opsig was die altaar groter as die offer, soos Christus in Matt. 23:19 getuig. 42 Anders: almal, en so in Ex. 30:29. 43 Naamlik seremonieel heilig. |
Die daaglikse brandoffers.
EN dit iis wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.
| i Núm. 28:3. |
Die een lam moet jy in die môre 44berei, en die ander lam moet jy 45teen die aand berei,
| 44 Naamlik, om te offer.
45 Sien Ex. 12:6 en die kanttekening. |
met 46’n tiende van ’n efa fynmeel, gemeng met ’n kwart-47hin 48uitgestampte olie, en as drankoffer ’n kwart-hin wyn vir die een lam.
| 46 Dit is, ’n gomer. Sien Ex. 16:36 en die kanttekening.
47 Een hin is die inhoudsmaat van 72 hoendereierskale, oftewel 3,6 liter. Dus ’n kwart-hin was 900 milliliter. 48 Sien Ex. 27:20. |
En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môrespysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot ’n lieflike geur. Dit is ’n vuuroffer aan die HERE.
Dit moet ’n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, 49by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.
| 49 Hier was die brandofferaltaar, Ex. 40:29. |
En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en 50die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.
| 50 Hebr. hy, dit kan verwys na die tent, of na die volk van Israel, of na elkeen van hulle. |
So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar 51heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien.
| 51 Naamlik deur my heerlike verskyning en teenwoordigheid. |
En Ek ksal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ’n God wees;
| k Ex. 25:8. Lev. 26:12. Ps. 78:60. Sag. 2:10. 2 Kor. 6:16. Openb. 21:3. |
en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.
Die heilige klere.
DAN 1moet jý jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: aAäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron.
| a Hebr. 5:4. | 1 Naamlik, nadat die werk van die tabernakel voltooi is. |
En jy moet vir jou broer Aäron 2heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.
| 2 Dit is, klere wat hy sal aantrek wanneer hy die heilige godsdiens sal verrig. Hebr. klere van heiligheid. |
Jy moet ook spreek met almal wat 3kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
| 3 Hebr. wys van hart. Sien Job 9:4 en die kanttekening. |
En dit is die klere wat hulle moet maak: ’n borstas en ’n 4skouerkleed en ’n 5mantel en ’n kunstig 6bewerkte rok, ’n 7tulband en ’n gordel; so moet 8hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
| 4 Sien Ex. 25:7.
5 Of: bo-kleed, bo-rok, oortreksel, waaraan die klokkies was. Sien vers 31-33. 6 Verstaan kunstig bewerk met versierings in die vorm van ogies. Dit word gesien as die onderrok, wat langer is as die mantel. 7 Dit was ’n bedekking asof rondom die hoof gevou, soos die hedendaagse tulbande van die Turke; dit was die hoofbedekking en versiering van konings en priesters. 8 Naamlik die wyse manne waarvan in vers 3 gespreek is. |
En 8hulle moet die 9goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.
| 9 Naamlik, wat die kinders van Israel vrywillig sou bring, waarvan in Exodus 25 gespreek is. |
bEn hulle moet die skouerkleed maak 10van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.
| b Ex. 39:2. | 10 Die goue skouerkleed of efod was slegs deur die hoëpriester gedra, maar daar was ook skouerklede van linne, wat deur die ander priesters, ja, ook ander mense, gedra is. Sien 1 Sam. 2:18; 22:18. 2 Sam. 6:14. |
Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word.
En 11die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet 12van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
| 11 Naamlik, waarmee die skouerkleed omgord sou word. Daar is verskil van menings of hierdie skouerkleed van die skouers af, sowel voor as agter, gehang het tot op die heupe en onder hierdie band, en of hy slegs agter gehang het tot aan die band of bo die band, en of hy, terwyl hy voor en agter oop is, aan die skouerbande van die heupe neergehang het tot op die voete. Die laaste word egter deur die geleerdste Hebreërs bevestig.
12 Dit is, van dieselfde materiaal waarvan die skouerkleed is. |
En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer:
ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.
Met graveerwerk, 13soos op ’n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in 14kassies van goud.
| 13 Dit is, op die netjiesste en beste. Hebr. Met gravering soos ’n seël.
14 Die hol plek in die goud van ’n ring, waarin die steen ingelê word, word ’n kassie genoem. |
En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig 15as gedagtenisstene vir die kinders van Israel — Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van die HERE om hulle 15in gedagtenis te bring.
| 15 Die betekenis van hierdie woorde is dat Aäron, terwyl hy voor God staan, die kinders van Israel by Hom in gedagtenis bring. |
Jy moet dan kassies van goud maak
en twee kettings van suiwer goud; 16gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.
| 16 Anders: gedraaide werk. |
cJy moet ook die 17borstas van beslissing maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak.
| c Ex. 39:8. | 17 So genoem omdat die hoëpriester dit aangetrek het wanneer belangrike, maar tog twyfelagtige sake voorgeval het, waarin hy God se raad ingeroep het. |
Vierkantig moet dit wees en dubbel gevou; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.
En voorsien dit van ’n steeninvulling van vier rye stene: 18’n ry met ’n 19karneool, ’n topaas en ’n smarag moet die eerste ry wees.
| 18 Dit is, die eerste, soos in Gén. 1:5 se kanttekening; Gén. 2:11.
19 In die vertaling van die name van hierdie stene is die geleerdste vertalers dit nie eens nie. Hier word egter die mening van die meeste en vernaamste vertalers, sowel oues as nuwes, gevolg. In die Hebreeus staan die name soos volg: 1 odem, pitda, bareket. 2 nofeg, sappir, jahalom. 3 lesjem, sjewo, aglama. 4 tarsjisj, sjoham, jasjfe. |
En die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en ’n jaspis.
En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.
En die vierde ry: ’n chrisoliet en ’n oniks en ’n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees 20by hulle invulling.
| 20 Dit is, in die kassies waarin hulle gelê sal word. Vgl. Ex. 25:7 se kanttekening. |
En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.
Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.
En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas,
en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas;
en maak die twee ander ente van 21die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan 22die voorkant daarvan.
| 21 Hebr. beide die gedraaide werk of draaisels.
22 Hebr. aangesig. |
Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig dié aan die twee onder-ente van die borstas, aan die 23kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
| 23 Hebr. lip. |
En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy 24verbinding, bo die band van die skouerkleed.
| 24 Anders: samevoeging. |
En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.
So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die HERE gedurigdeur.
Jy moet ook in die borstas van beslissing 25die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.
| 25 Hierdie woorde sou vertaal kon word met die ligte en die volmaakthede. Dit het God behaag om sy helder en volmaakte antwoorde daardeur aan die hoëpriester te gee. Maar wat dit presies was, is onseker; ’n mens lees nêrens dat God Moses beveel het om dit te maak nie, nog minder hoe of waarvan dit gemaak is. Vgl. Lev. 8:8. |
En jy moet ddie 26mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.
| d Ex. 39:22. | 26 Naamlik die mantel of rok wat onder die skouerkleed gedra sal word. |
En die 27opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet ’n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van ’n pantser moet dit daaraan wees, dat 28dit nie kan skeur nie.
| 27 Dit is, die opening waardeur die hoof van die hoëpriester sal gaan. Hebr. die mond van sy hoof.
28 Naamlik die opening. Anders: hy, naamlik die skouerkleed. |
En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar 29tussenin goue klokkies rondom:
| 29 Anders: te midde van die. |
’n goue klokkie en ’n granaatjie, ’n goue klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.
En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat 30die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die HERE, ingaan en as hy daar uitgaan, 31dat hy nie sterwe nie.
| 30 Verstaan die klank of geluid van die klokkies.
31 Verstaan om deur God die HERE doodgemaak te word. |
Verder moet jy e’n 32plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, 33soos op ’n seëlsteen uitgesny word: 34HEILIG AAN DIE HERE.
| e Ex. 39:30. | 32 Hebr. ’n blom, wat mooi vir die oog is.
33 Hebr. met gravering van ’n seël. 34 Anders: heilig van die HERE. |
En maak dit vas aan ’n pers toutjie, sodat dit aan 35die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.
| 35 Sien vers 4. |
So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, 36sodat Aäron die skuld kan 37dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig — al hulle heilige gawes. En dit moet 38gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind.
| 36 Hier is Aäron ’n tipe van Christus, wat deur sy heiligheid die sondes van sy volk weggeneem het, wat hulle dikwels begaan, ook in hul allerheiligste werke, Joh. 1:29. 2 Kor. 5:19. 1 Joh. 2:1.
37 Dit is, draende wegneem. 38 Verstaan dat die hoëpriester altyd die tulband sou dra wanneer hy diens doen. |
Jy moet ook fdie rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook ’n tulband van fyn linne maak, en ’n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.
| f vers 4. |
En maak 39rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle 40musse maak, tot eer en tot sieraad.
| 39 Naamlik van fyn linne, soos van die hoëpriester, Ex. 39:27. Verstaan dit ook van die gordel en die hoede of hoofbedekkings, wat nie veel anders was as die van die hoëpriester nie.
40 Of: verhewe musse, wat om die hoof gebind is, Lev. 8:13. |
En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. 41En salf hulle en 42stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.
| 41 Naamlik met die heilige olie, soos God beveel het om dit te maak. Sien Ex. 29:7; 30:23-25.
42 Sien Lev. 8:33 en die kanttekening. |
Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.
43En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen 44skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is ’n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag ná hom.
| 43 Hebr. En dit sal op Aäron en op sy seuns wees.
44 Dit is, die straf van die ongeregtigheid; sien Lev. 5:1. |
Die koperaltaar vir die brandoffers.
JY moet ook die aaltaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte — 1vierkantig moet die altaar wees — en drie el sy hoogte.
| a Ex. 38:1. | 1 Naamlik, aangaande sy breedte en sy lengte, maar dit was slegs drie el hoog. |
En jy moet sy 2horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, 3uit een stuk wees; en 4jy moet dit met koper oortrek.
| 2 Hierdie horings het nie net as versiering van die altaar gedien nie, maar ook, so wil dit voorkom, om te verhoed dat dit wat op die altaar gelê het, daarvan afval.
3 Dit is, uit dieselfde stuk, nie aanmekaargesit of -geheg nie; soos dikwels in hierdie beskrywing. 4 Die rede waarom hierdie altaar nie net van buite nie, maar ook van binne, met koper oorgetrek, ja, daarmee só bedek is dat ’n mens geen hout kon sien nie, is om vry en onbeskadig van die vuur te wees en te bly. |
En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy 5skoppe en 6komme en 7vurke en vuurpanne. 8Al dié gereedskap moet jy van koper maak.
| 5 Of: skoffels. Anders: besems.
6 Naamlik, om die bloed van die brandoffers daarin op te vang en daarmee te besprinkel. 7 Of: gaffels, instrumente met tande, geskik om die vleis uit die pot te trek, soos in 1 Sam. 2:13, 14. 8 Hebr. Vir al sy gereedskap sal jy koper maak of berei. |
Jy moet daar 9’n traliewerk aan maak, ’n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.
| 9 Dit was ’n breë koperplaat met baie klein gaatjies, waar die bloed, as en klein kooltjies, of iets dergeliks, kon deurval; en dit was die herd van die altaar, waarop die vuur gelê en gebrand het. |
En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom.
Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.
En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra.
Jy moet dit hol, van planke, maak. 10Soos dit jou op die berg getoon is, so moet 11hulle dit maak.
| 10 Naamlik deur God die Here.
11 Naamlik die werkmeesters. |
Die voorhof.
bJY moet ook 12die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees;
| b Ex. 38:9. | 12 Dit was ’n oop ruimte waar die volk daagliks gekom het om offers te bring en die openbare godsdiens te beoefen, Ps. 100:4; 116:17-19. |
daarby 13twintig 14pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
| 13 Naamlik van die voorhof.
14 Hierdie pilare het daartoe gedien om die behangsels daaraan vas te maak met silwer hakies; asook tot versiering. In Ex. 38:17, 19 staan dat die toppe daarvan ook versilwer was. |
So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
En in die breedte van die voorhof, aan 15die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.
| 15 Hebr. aan die seekant of aan die kant van die see. Sien Gén. 12:8. |
En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el —
sodat daar vyftien el behangsels vir die een 16kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
| 16 Hebr. skouer. Verstaan hier en in die volgende vers die kante van die voorhof. |
en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
en vir die poort van die voorhof ’n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.
Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.
Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte 17vyftig by vyftig en die hoogte 18vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby 19voetstukke van koper.
| 17 Dit is, vyftig aan elke kant.
18 Die helfte so hoog as die tabernakel, Ex. 26:16. 19 Naamlik van die pilare. |
Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy 20penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.
| 20 Of: spykers, wat gedien het om die hele raamwerk en al die dele daarvan aan mekaar vas te sit. |
cEn jý moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir 21die kandelaar 22bring, om gedurigdeur ’n brandende lamp te hê.
| c Lev. 24:2. | 21 Daar was sewe brandende ligte in die kandelaar, Ex. 25:37.
22 Hebr. neem, dit is, om te neem en te bring. Sien Gén. 12:15. |
In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor 23die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal ’n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.
| 23 Dit is, die ark van die Getuienis. |
Die tabernakel en die tent.
EN a1die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en 2bloedrooi stowwe, met gérubs; 3as kunstige werk moet jy dit maak.
| a Ex. 36:8. | 1 Die tabernakel of woning is gemaak om die ark, die goue tafel met die toonbrode en die goue kandelaar daarin te plaas.
2 Sien Gén. 38:28 en die kanttekening. 3 Anders: die mees vernuftige werk. Hebr. die werk van ’n vakman. |
Die lengte van elke tentdoek moet agt-en-twintig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke moet een maat hê.
Vyf van die tentdoeke moet aanmekaargewerk wees, 4die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander.
| 4 Hebr. die vrou aan haar suster, so ook in verse 5, 6. |
En jy moet lissies van pers stof maak aan die 5soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die 6tweede stel.
| 5 Of: selfkant. Hebr. lip, rand, so ook in vers 10.
6 Dit moet verstaan word as die twee buitenste tentdoeke, wat deur lissies die samevoeging gemaak het van beide stelle van vyf tentdoeke. |
Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet die een teenoor die ander wees.
Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is.
Ook moet jy 7bdoeke van bokhaar maak 8as ’n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.
| b Ex. 36:14. | 7 Hebr. doeke van bokke.
8 Dit is, as ’n bedekking of sprei oor die tabernakel, soos in verse 9, 11-13. Dit was die tweede bedekking van die tabernakel, wat tot beskutting teen die reën en wind gedien het. |
Die lengte van elke tentdoek moet 9dertig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke moet een maat hê.
| 9 Hierdie tentdoeke was twee el langer as die ander, waarvan in vers 2 gespreek word. |
En jy moet vyf van die tentdoeke besonders 10aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy 11dubbel vou, 12aan die voorkant van die tent.
| 10 Naamlik met lissies.
11 Dit is, in die helfte gevou. 12 Hebr. reg voor die aangesig van die tent. |
En jy moet vyftig lissies maak 13aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
| 13 Hebr. aan die lip. Anders: aan die selfkant. |
Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is.
En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoeke — die helfte 14van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang 15aan die agterkant van die tabernakel.
| 14 Naamlik die laaste tentdoek.
15 Hier was die Allerheiligste, waar die verbondsark gestaan het. |
En die el wat aan weerskante oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit te oordek.
Jy moet ook vir die tent 16’n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak cen 16’n dekkleed van 17robbevelle daar bo-oor.
| c Ex. 36:19. | 16 Hierdie dekklede het slegs gedien om die dak of boonste deel van die tabernakel te bedek.
17 Hebr. tagasjim, waarskynlik velle van seediere. |
Die style van die tabernakel.
JY moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.
Die lengte van die styl moet tien el wees, en anderhalf el die breedte van elke styl.
Elke styl moet twee 18tappe hê wat met 19mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel.
| 18 Hebr. hande.
19 Hebr. die vrou vir haar suster. Anders: soos in ’n leer geplaas, dit is, ewe wyd van mekaar geplaas, soos die trappe of sporte van lere staan. |
En die style vir die tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
Jy moet ook veertig 20silwervoetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
| 20 Dit was die voetstukke waarop die style gesteun het; elk was van ’n talent silwer, Ex. 38:27. |
En vir die ander 21sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig 22style
| 21 Hebr. rib.
22 Elke styl was een en ’n half el breed, vers 16. Sodat hieruit afgelei kan word dat die lengte van die hele tabernakel dertig el was. |
met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
En vir die agterkant van die tabernakel, 23teen die weste, moet jy 24ses style maak.
| 23 Sien Gén. 12:8. Hebr. seewaarts of aan die see se kant.
24 Hierdie ses style was nege el breed, want elke styl was een en ’n half el breed, en hulle word saamgevoeg om sodoende die tabernakel agter af te sluit of toe te maak. |
Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.
En hulle moet van onder 25dubbel wees, en net so moet hulle bo 26dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.
| 25 Die betekenis is: Hulle sal gelyktydig vas wees aan die style aan die sykant en aan die einde van die tabernakel, waardeur hulle aan mekaar geheg of vasgemaak word.
26 Hebr. volkome. |
So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
Jy moet ook 27dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel
| 27 Anders: balke, latte, grendels. |
en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel 28teen die weste.
| 28 Of: weswaarts. |
En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.
En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, 29as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.
| 29 Hebr. huise vir die dwarshoute, dit is, wat gedien het om die dwarshoute daardeur te steek. |
30dSo moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.
| d Ex. 25:9, 40. Hand. 7:44. Hebr. 8:5. | 30 Nadat al die dele van die tabernakel klaar was, moes dit alles nog bymekaargebring en die tabernakel in sy geheel opgerig en regop gestel word. |
Die voorhangsel en die deur.
VERDER moet jy 31’n evoorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk 32moet jy dit maak, met 33gérubs.
| e Ex. 36:35. | 31 Hierdie voorhangsel was in die plek van ’n skeiding of skeidsmuur, tussen die Heilige en die Allerheiligste, waar slegs die hoëpriester een maal per jaar mog ingaan; en dit is die voorhangsel waarvan die apostel in Hebr. 9:3 melding maak as die tweede voorhangsel. Daar was ’n ander voorhangsel aan die ingang van die tabernakel. Sien ook Lev. 4:6.
32 Of: sal hy dit, naamlik Besaleël, of die werkmeester. 33 Sien Gén. 3:24. |
En jy moet dit 34ophang 35aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.
| 34 Hebr. gee, en so ook in vers 33.
35 Dit is, aan die kramme wat aan die vier pilare vas sal wees. |
En jy moet die voorhangsel 36onder die hakies ophang; en bring 37die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En 38die voorhangsel moet vir julle ’n skeiding maak tussen die 39Heilige en die 40Allerheiligste.
| 36 Sien vers 6.
37 Sien Ex. 25:16. 38 Tot hierdie doel was die voorhangsel eintlik gemaak, om die mense uit te sluit en te verhinder om in te gaan, ja, selfs om in te kyk in die Allerheiligste, waar die ark was, Ex. 40:3. Sien ook Hebr. 9:8. 39 Hebr. die heiligheid. 40 Hebr. die heiligheid van die heilighede; en so ook in die volgende vers. |
En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.
41En sit die tafel 42buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.
| 41 Verstaan die tafel waarop die toonbrode gelȇ het.
42 Naamlik in die heilige plek waar die priesters hul diens verrig het. |
fJy moet ook vir die ingang van die tent 43’n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
| f Ex. 36:37. | 43 Dit was aan die ingang van die deur, ja, dit was soos ’n deur voor aan die ingang van die tabernakel, waar die priesters daagliks uit- en ingegaan het, om hul diens te verrig in die Heilige, maar die volk mog nie daar ingaan nie, Hebr. 9:2, 6. |
En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en 44trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.
| 44 Hy wil nie daarmee sê dat die hele pilaar met goud oorgetrek moes word nie, maar slegs die toppe en ringe, Ex. 36:38. |
Vrywillige offers om die heiligdom op te rig.
TOE het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Sê aan die kinders van Israel dat hulle 1aan My 2’n offergawe moet 3bring; avan elkeen wie se hart hom aandrywe, moet 4julle my offergawe bring.
| a Ex. 35:5. 1 Kron. 29:3, 5, 9, 14. Esra 2:68; 3:5. Neh. 11:2. | 1 Dit is, tot my diens, tot my eer.
2 Dit is, ’n offer wat ’n mens omhoog gehou het, asof ’n mens dit aan God gegee of voorgehou het. Hebr. ’n opheffing of afsondering; aangesien dit ’n gawe is, afgesonder van die res, en aan die HERE geheilig. 3 Hebr. dat hulle vir My ’n offergawe neem. Hy wil sê: Dat hulle ’n offergawe neem en aan My gee. 4 Jy, Moses, en die manne wat Ek beveel het om op die berg te klim, Ex. 24:1. |
En dit is die offergawe wat julle van hulle kant 5moet bring: goud en silwer en koper;
| 5 Naamlik vir die bou van die tabernakel en die dinge wat daartoe behoort. |
en 6pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en 7bokhaar;
| 6 Verstaan deur hierdie volgende stowwe sy, katoen, wol, vlas, of dergelike.
7 Hiervan was ’n deksel of sprei gemaak oor die tabernakel, Ex. 26:7, 13. |
en rooigeverfde ramsvelle en 8robbevelle en 9akasiahout;
| 8 Die boonste dekkleed van die tabernakel was van hierdie velle gemaak, Ex. 26:14.
9 Daar word aangeneem dat dit ’n houtsoort is wat nie aan verrotting onderworpe is nie. Sien Jes. 41:19. Joël 3:18. |
10olie vir die kandelaar, 11speserye vir die salfolie en vir 12die reukwerk van speserye;
| 10 Wat gebruik is om die lampe van die kandelaar te laat brand, vers 37.
11 Waarmee ’n mens die heilige dinge, soos die tabernakel en die dinge wat daartoe behoort het, moes salf, asook die priesters self. 12 Anders: kosbare kruie tot reukwerk. |
boniksstene en 13stene om in te lê vir die 14skouerkleed en die 15borstas.
| b Ex. 28:4. | 13 Dit is, wat in hul kassies ingelê word, en dit volgemaak het. Hebr. stene om te vul of in te lê.
14 Dit is die vernaamste en kosbaarste priesterlike bo-kleed, waaraan die borstas met die Urim en Tummim geheg was. 15 Dit was gemaak van sy, goud en kosbare edelstene, en het die bors van die hoëpriester bedek. |
Ook moet hulle vir My 16’n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.
| 16 Dit is, ’n heilige woning, wat algemeen die tabernakel genoem word. Dit was die plek waar ’n mens die openbare godsdiens beoefen het, soos later in die tempel van Salomo. |
Volgens alles wat Ek jou laat sien — die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort — so moet julle dit maak.
Die Ark. Die versoendeksel. Die gérubs.
17HULLE moet dan ’n ark cvan akasiahout maak. Twee en ’n half 18el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees.
| c Ex. 37:1. Hebr. 9:1, ens. | 17 Naamlik die timmermanne.
18 Sien Gén. 6:15 se kanttekening. |
En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ’n goue 19krans maak rondom.
| 19 Of: rand, lys, kroon. |
En giet 20daarvoor vier goue ringe, en 21sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is.
| 20 Naamlik vir die ark.
21 Of: gee dit. |
En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
En 22steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark 23om die ark daarmee te dra.
| 22 Daar was twee ringe aan die een kant en twee aan die ander kant van die ark, waardeur die draaghoute gesteek is.
23 Die Leviete, niemand anders nie, moes die ark op hulle skouers dra, Núm. 7:9. 2 Kron. 35:3. Sien ook 1 Kron. 13:7, 10, 11; 15:12, 15. |
dDie draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.
| d 1 Kon. 8:8. |
Daarna emoet jy in die ark 24die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.
| e Hebr. 9:4. | 24 Dit is, die twee kliptafels waarop die tien gebooie geskryf was, as ’n getuienis van God se wil, op grond waarvan die ark die ark van die Getuienis genoem word, vers 22 en dikwels elders. |
fMaak ook ’n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ’n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees.
| f Ex. 37:6. |
gMaak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, 25aan die twee ente van die versoendeksel.
| g Hebr. 9:5. | 25 Asof Hy sê: Die gérubs sal uit beide ente van die deksel uitgaan, of as ’t ware daaruit groei, sodat die gérubs en die deksel van een stuk moet wees, en nie in of aan mekaar gesit of gesoldeer wees nie. |
En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.
En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel hbeskut; en hulle aangesigte moet na 26mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.
| h Hebr. 9:5. | 26 Hebr. die man vir sy broer. |
En isit die versoendeksel bo-op die ark; 27maar in die ark moet jy 28die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.
| i Hebr. 9:4, 5. | 27 Of: nadat jy in die ark, ens. Omdat ’n mens later die ark nie moes oopmaak nie, so beveel God die HERE dat hulle die Getuienis in die ark plaas, voordat Hy beveel dat hulle die deksel moes maak, vers 16.
28 Dit is, die tafels van die verbond. |
En kdaar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.
| k Núm. 7:89. |
Die tafel van die toonbrode.
MAAK ook 29’n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ’n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees.
| 29 Hierdie tafel het in die Heilige gestaan, dit is, in die tabernakel, voor die voorhangsel. |
En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor ’n goue krans rondom.
Maak 30daarvoor ook ’n lys van ’n handbreed rondom; en maak ’n goue krans vir die lys rondom.
| 30 Naamlik vir die tafel. |
En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.
Naby die lys moet die ringe wees 31as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
| 31 Hebr. as huise. |
En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.
Maak ook 32sy 33skottels en sy 34rookpanne en sy 35kanne en sy 36bekers waarmee 37gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.
| 32 Naamlik van die tafel.
33 Hierdie skottels was bestem vir die twaalf toonbrode, Lev. 24:5-9. 34 Die Hebreeuse woord beteken verskillende holtes of hol voorwerpe, soos die palm van die hand; hierdie voorwerpe het ten doel gehad om wierook in te sit, sien Lev. 24:7. 35 Verstaan hier bekers of drankofferkanne, soos dit in Núm. 4:7 genoem word. 36 Sommige vertaal: besems, met die doel om die tafel te reinig. 37 Sommige vertaal: bedek; die betekenis is dan dat die tafel met al hierdie voorwerpe toegerus sou word. |
En op die tafel moet jy altyddeur 38toonbrood voor my aangesig neersit.
| 38 Hierdie brode het vir ’n week lank op hierdie tafel gelê; dit was elke sabbatdag vervang, Lev. 24:8. Hebr. brood van die aangesig, omdat dit voor die aangesig van die HERE gelê het. |
Die goue kandelaar.
lMAAK ook ’n kandelaar van suiwer goud. 39Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, 40uit een stuk wees.
| l Ex. 37:17. | 39 Dit is, dit mag nie ’n gegote of gesoldeerde werk wees nie, maar dit moet met ’n hamer uit een klomp goud geslaan word. Hierdie kandelaar was ’n talent swaar, vers 39.
40 Sien kanttekening 39. |
En ses 41arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
| 41 Hebr. riete. Dit is, arms of takke, so ook in dit wat volg. |
Drie kelkies 42soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme 43aan die ander arm, ’n knop en ’n blom — so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
| 42 Dit is, dit het die vorm of gedaante van amandelblomme.
43 Dit is, al ses hierdie arms moet aan mekaar gelyk wees, soos in vers 35 verklaar word. |
Maar 44aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:
| 44 Dit is, aan die stam van die kandelaar. |
daar moet ’n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die tweede paar arms wat 45daaruit uitgaan; en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
| 45 Naamlik uit die kandelaar. |
Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
46Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe 47opsteek en die lig daarteenoor laat val 48aan die voorkant.
| 46 Hebr. Jy moet ook sy sewe lampe maak.
47 Hebr. laat opgaan. 48 Of: teenoor hom. Hebr. op die kant van sy aangesigte. |
Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.
Van 49’n talent suiwer goud moet hulle dit maak — al hierdie voorwerpe.
| 49 Of: sentenaar; verstaan hier ’n sentenaar van die heiligdom wat honderd-vyf-en-twintig pond goud geweeg het; want een sentenaar het drieduisend sikkels geweeg (soos ons uit die berekening in Ex. 38:25, 26 kan aflei). Hoewel ander meen dat dit maar honderd-en-twintig pond geweeg het. Die burgerlike sentenaar het omtrent die helfte soveel geweeg. |
50mEn kyk dat jy dit maak volgens die 51voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.
| m Hand. 7:44. Hebr. 8:5. | 50 Daar staan in Ex. 39:43 dat Moses dit alles noukeurig onderhou het.
51 Dit is, patroon, model, gelykenis. |
Moses en die oudstes klim op die berg.
DAARNA het 1Hy vir Moses gesê: 2Klim 3na die HERE toe op, jy en Aäron, 4Nadab en 4Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.
| 1 Naamlik God.
2 Naamlik, nadat jy die bogenoemde gebooie aan die volk voorgedra het. 3 Dit is, tot My. 4 Dit was die oudste seuns van Aäron; hulle is later deur die vuur van die HERE verteer, Lev. 10:1, 2, omdat hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het. |
En laat Moses alleen nader kom na die HERE toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met 5hom opklim nie.
| 5 Naamlik Moses; ook met die oudstes; die volk moes aan die voet van die berg bly, maar die oudstes het halfpad gegaan, en het iets van die heerlikheid van God gesien, verse 9, 10, maar Moses het tot bo-op die spits van die berg gegaan in die donker wolk, vers 18. |
Toe Moses 6kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, aantwoord die hele volk met een stem en sê: 7Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.
| a Ex. 19:8; 24:7. Deut. 5:27. | 6 Naamlik van die berg in die laer.
7 Dit het die volk geantwoord, sonder om die onmoontlikheid van die onderhouding van die wet te besef, wat deur die vlees kragteloos is, Rom. 8:3. |
En Moses het al die woorde van die HERE 8opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en 9onder die berg 10’n altaar gebou, 11en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.
| 8 Naamlik, nadat hy dit mondelings aan die volk oorgedra het, vers 3.
9 Naamlik aan die voet van die berg. 10 Naamlik as ’n gedenkteken van die verbond wat tussen God en die volk gesluit is, soos in Gén. 31:45. 11 Om hulle te herinner aan die verbond wat deur God gesluit is. |
En hy 12het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers 13bulle vir die HERE geslag.
| 12 Dit is, die eersgeborenes, wat priesters of offeraars was, totdat die Leviete (wat die plek van die eersgeborenes ingeneem het, Núm. 3:41) tot die priesterlike amp verkies was. Die Hebreeuse woord jongmanne beteken nie altyd dié wat jonk van jare is nie, maar ook diegene wat bekwaam was om diens te doen, hetsy in die kerk, regering, die leër, of vir hul ouers of vriende.
13 En ook ander diere, Hebr. 9:19. |
En Moses het die helfte van 14die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen 15die altaar uitgegooi.
| 14 Naamlik van die geslagte diere.
15 Ook op die boek van die verbond, Hebr. 9:19. |
En hy het die 16boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
| 16 Sien vers 4. |
Toe neem Moses die 17bloed en gooi dit uit op die volk en sê: bDit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het 18op grond van al hierdie woorde.
| b Hebr. 9:20. 1 Petr. 1:2. | 17 Naamlik die ander helfte van die bloed.
18 Naamlik, wat in die boek van die verbond geskrywe staan. |
Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel.
En hulle het die God van Israel 19gesien, en onder sy voete net soos 20’n vloerwerk van saffierstene en so helder soos 21die hemel self.
| 19 Naamlik tekens van God se teenwoordigheid, verse 15, 16, want geen mens het God ooit in sy wese gesien nie, Ex. 33:20. 1 Tim. 6:16.
20 Dit is, ’n bouwerk, ’n gebou. Anders: soos die werk van ’n plaveisel van saffiere. 21 Hebr. die liggaam van die hemel. |
Maar 22Hy het sy hand nie na die 23uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle 24geëet en gedrink.
| 22 Dit is, Hy het hulle nie gedood of met plae getref, soos Hy in Ex. 19:12 gedreig het nie, want hierdie keer het hulle dit op bevel van die HERE gedoen, verse 1, 9.
23 Verstaan die oudstes van die volk, van wie in verse 1, 9 gespreek word. Anders: vorste, owerstes. 24 Dit is, hulle het sterk en gesond gebly, soos bewys is deurdat hulle geëet en gedrink het. |
Toe sê die HERE vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.
Hierop het Moses klaargemaak en Josua, sy dienaar. En Moses het 25op die berg van God geklim
| 25 Naamlik op die berg Sinai. |
en 26aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; 27wie regsake het, kan na hulle gaan.
| 26 Naamlik, toe hy van die laer weggegaan het, om na die berg te gaan.
27 Hebr. wat meester van woorde of werke is. |
Toe Moses die berg opklim, 28het ’n wolk die berg oordek.
| 28 Dit was ’n teken van God se teenwoordigheid, hoewel dit met skrik en met vrees gepaardgegaan het, 2 Kron. 6:1. Hebr. 12:18. Sien ook Ex. 19:9. |
En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het 29dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na 30Moses geroep uit die wolk.
| 29 Naamlik die berg, of die HERE, of Moses.
30 Naamlik Moses alleen. Selfs Josua was nie by Moses terwyl die HERE met hom gespreek het nie. |
En cdie verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos 31’n verterende vuur 32op die top van die berg.
| c Hebr. 12:29. | 31 Dit het ten doel gehad om die oortreders van die wet te verskrik, Deut. 4:24.
32 Hebr. op die hoof. |
En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg 33veertig dae en veertig nagte.
| 33 Naamlik sonder voedsel of drank, Ex. 34:28. Deut. 9:9, 18. |
Verskillende ander wette.
JY mag geen 1valse gerug 2rondstrooi nie. 3Verbind jou nie met die skuldige om ’n 4kwaadwillige getuie te wees nie.
| 1 Hebr. gerug van leuens, of aanhoring van valsheid.
2 Anders: aanneem, uitdra, versprei. 3 Dit is, moenie bose mense vergesel of jou by hulle voeg, om hulle te help om hul kwade saak uit te voer nie. 4 Hebr. getuie van geweld. |
Jy mag die 5meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ’n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
| 5 Hebr. baie. Anders: magtiges, grotes, geweldiges. |
aOok mag jy die geringe nie 6voortrek in sy regsaak nie.
| a Lev. 19:15. | 6 Hebr. verheerlik, versier. |
bAs jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy dit 7sekerlik vir hom terugbring.
| b Deut. 22:1, 2. Luk. 6:27. Filip. 2:4. | 7 Hebr. terugbringende terugbring. |
cAs jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, 8moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: 9jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.
| c Deut. 22:4. | 8 Anders: sal jy jou terughou daarvan om hom daar te laat, en oorlatende dit oorlaat aan hom, dit is, nie voordat hy hom aflaai nie.
9 Hebr. aflaaiende sal jy aflaai. Anders: jy moet dit sekerlik saam met hom oprig. Vgl. Neh. 3:8; 4:2 en die kanttekeninge. |
d10Jy mag die reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie.
| d Deut. 27:19. | 10 Naamlik jy wat die regter van die volk is. |
Hou jou ver van valse 11sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, 12ombring nie, want Ek sal 13die skuldige nie regverdig verklaar nie.
| 11 Of: woorde.
12 Dit is, ter dood veroordeel, want Hy spreek hier die regters aan. 13 Naamlik ’n goddelose onregverdige regter, wat ’n onregverdige oordeel oor ’n onskuldige mens uitspreek. |
eOok mag jy 14geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die 15sake van die regverdiges.
| e Deut. 16:19. 1 Sam. 8:3. Spr. 19:6. Pred. 7:7. | 14 Naamlik van persone wat voor die gereg pleit, of iets met die regsaak te doen het.
15 Of: woorde. |
fJy mag die vreemdeling ook nie verdruk nie; want julle 16ken self die gemoed van ’n vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het.
| f Ex. 22:21. Lev. 19:33. Deut. 24:17. | 16 Anders: weet hoe dit voel om ’n vreemdeling te wees. |
En ses jaar lank moet jy jou land besaai en die opbrings daarvan insamel;
gmaar in die sewende moet jy dit 17ongebruik en braak laat lê, 18dat die arm mense van jou volk kan 19eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome.
| g Lev. 25:4, 5. | 17 Dit is, onbewerk laat. Vgl. Jer. 17:4 en die kanttekening.
18 Verstaande, saam met jou en jou mense, omdat die vrugte nie deur die arbeid van enige mense nie, maar deur God se uitsonderlike seën sal groei. Sien Lev. 25:6, 7. 19 Naamlik van wat in die sewende jaar vanself groei. Lev. 25:5, 6. |
hSes dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en 20die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep.
| h Ex. 20:8; 31:13, 14, ens. | 20 Dit is, die kneg wat uit jou slavin gebore is. |
En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. iEn die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond 21nie gehoor word nie.
| i Núm. 32:38. Jos. 23:7. Ps. 16:4. Hos. 2:16. Sag. 13:2. | 21 Hetsy in ’n eed, of in dergelike redes. |
Drie maal in die jaar moet jy vir My ’n fees hou.
k22Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die 23maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek — lmaar 24hulle 25mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie;
| k Ex. 12:14, 15; 13:3.
l Ex. 34:20. Deut. 16:16. |
22 Die pasga en die fees van die ongesuurde brode is wel een en dieselfde, maar die onderskeid tussen die twee is dat slegs die dag waarop die paaslam geëet is, pasga genoem word; die ander sewe dae is die dae van die ongesuurde brode genoem.
23 Sien Ex. 12:2; 13:4. 24 Dit word slegs aan die mans gesê, soos uit vers 17 en Deut. 16:16 blyk. 25 Dit is, nie sonder ’n geskenk of offer nie. |
verder 26die fees 27van die oes, van die eerstelinge 28van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook 29die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.
| 26 Hierdie fees is naderhand deur die Grieke pentekoste genoem, deur ons pinkster, wat vyftig dae ná pasga is, Lev. 23:15, 16. Deut. 16:9. Hand. 2:1. Tydens hierdie fees het God die tien gebooie gegee, Exodus 19, en later die Heilige Gees op sy apostels uitgestort, Handelinge 2.
27 Verstaan hier die koringoes. 28 Dit is, van jou vrugte, om te geniet waarvoor jy gewerk en die veld bewerk het, en wat God aan jou deur jou arbeid gegee het. 29 Hierdie fees vind in die sewende maand van die jaar plaas, naamlik in September; dit het begin op die vyftiende dag van die sewende maand, en het sewe dae geduur; dit word ook genoem: die fees van die tabernakels of die huttefees, Lev. 23:34. Deut. 16:13. |
30Drie maal in die jaar moet 31al jou manspersone 32voor die aangesig van die Here HERE verskyn.
| 30 Naamlik op die drie genoemde besondere feesdae.
31 Naamlik, tensy daar ’n wettige verhindering is, soos siekte, jonkheid, of iets dergeliks. 32 Dit was later by die tempel in Jerusalem, 1 Kon. 14:21. |
Jy mag die bloed van my offer 33nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet 34van my feesoffer nie tot die môre toe oorbly nie.
| 33 Dit is, om gesuurde brood in jou huis te hê, Ex. 12:15.
34 Dit is, van die lam wat geoffer moes word. |
m35Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy 36in die huis van die HERE jou God bring. Jy nmag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
| m Ex. 34:26.
n Ex. 34:26. |
35 Hebr. Die begin van die eerstelinge.
36 In die tabernakel, 1 Kron. 9:19, 23, later in die tempel in Jerusalem, sien Deut. 26:1, 2, ens. |
oKyk, Ek stuur 37’n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na 38die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.
| o Ex. 33:2. | 37 Hy word in Ex. 13:21 die HERE genoem, naamlik Christus, vir wie die Jode in die woestyn getart het, 1 Kor. 10:9. Hy word ’n Engel, dit is Boodskapper, genoem, omdat Hy deur die Vader gestuur is.
38 Naamlik in die land Kanaän. |
Neem jou in ag 39vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want 40my Naam is in Hom.
| 39 Dit is, vanweë sy teenwoordigheid.
40 Dit is, Hy is ’n ware God saam met My, en word ook JEHOVA genoem. Sien Jer. 23:6. Joh. 10:30, 38. 2 Kor. 5:19. Hebr. 1:8. Vgl. ook Joh. 14:10. |
Maar as jy terdeë na sy stem 41luister en alles doen wat Ek sal sê, psal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.
| p Gén. 12:3. | 41 Hebr. luisterende luister in sy stem. |
Want my Engel sal voor jou uit gaan en jou bring 42na die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete; en Ek sal hulle vernietig.
| 42 Dit is, in die land van die Amoriete, ens., en so in dit wat volg. |
Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie qdoen na hulle werke nie; maar jy moet hulle heeltemal afbreek en hulle klippilare 43kort en klein slaan.
| q Lev. 18:3. | 43 Hebr. afbrekende afbreek. |
En julle moet die HERE julle God dien; rdan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
| r Ex. 15:26. Deut. 7:15. |
sDaar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die 44getal van jou dae vol maak.
| s Deut. 7:14. | 44 Wat jy volgens die verloop van die natuur te lewe het; terwyl die bose mense daarteenoor die helfte van hul dae nie beleef nie, Ps. 55:24. |
tEk sal 45my skrik voor jou uit stuur en elke volk waarby jy kom, in verwarring bring. En 46Ek sal al jou vyande vir jou 47laat vlug.
| t Ex. 14:24. Jos. 10:10. | 45 Dit is, ’n groot skrik, of ’n skrik wat Ek oor die volke sal bring. Sien hiervan voorbeelde in Gén. 35:5. 1 Sam. 14:15. 2 Kron. 20:29.
46 Hebr. Ek sal al jou vyande die nek aan jou gee. 47 Dit is, die rug laat toekeer. |
vOok sal Ek perdebye voor jou uit stuur; dié sal die 48Hewiete, Kanaäniete en Hetiete voor jou uit verdrywe.
| v Deut. 7:20. Jos. 24:12. | 48 Verstaan hierby ook die ander nasies wat in vers 23 genoem is. |
Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdrywe nie, dat die land nie 49woes word en die ongediertes nie teen jou te veel word nie.
| 49 Dit is, leeg van inwoners. |
Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die land beërwe.
xEn Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van 50die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.
| x Núm. 34:3, 4. | 50 Verstaan die woestyn Sin, op die pad na Egipte. |
yJy mag met hulle of met hulle gode geen verbond maak nie.
| y Ex. 34:12, 15. Deut. 7:2. |
zHulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou ’n strik wees.
| z Jos. 23:13. Rig. 2:3. |
Wette oor die eiendom van die naaste.
AS aiemand ’n bees of ’n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir ’n bees vergoed en vier stuks kleinvee vir ’n stuk kleinvee.
| a 2 Sam. 12:6. |
As ’n dief betrap word 1terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, 2sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie;
| 1 Soos in Matt. 24:43. Hebr. in deurgrawing, of met ’n instrument waarmee deurgrawe of ingebreek word.
2 Hebr. dit sal vir hom nie bloede (in die meervoud) wees nie, dit is, aan hom (naamlik die persoon wat die dief doodgeslaan het) sal geen bloed toegereken word nie; hy sal daarom nie as ’n moordenaar gestraf word nie. So word die woord bloed (in die meervoud) in Núm. 35:27 en elders gebruik. |
3as die son 4oor hom opgegaan het, 5ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet 6ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word.
| 3 Dit is, as die dief helder oordag inbreek; hy wat hom dan doodslaan, se bloed sal om die rede vergiet word.
4 Naamlik oor die dief, toe hy geslaan is. 5 Naamlik op die een wat doodslaan. 6 Hebr. vergoedende vergoed. Hy, naamlik die dief van wie in vers 1 gespreek is. Die saak van vers 1 word hier voortgesit. |
As die gesteelde goed — 7of dit ’n bees, ’n esel of ’n stuk kleinvee is — nog lewendig 8in sy besit 9gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee.
| 7 Hebr. van bees tot esel.
8 Hebr. in sy hand. Dit is, by hom, in sy huis of stal, voordat hy dit wat gesteel is, geslag of verkoop het. 9 Hebr. gevind wordende gevind word. |
As iemand ’n stuk veld of ’n 10wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van ’n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.
| 10 Verstaan hierby: of iets dergeliks, soos ’n erf, tuin, jong boompies of struike, ens. |
As ’n vuur uitbreek 11en die dorings 12vat, sodat ’n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee.
| 11 Verstaan hierby: óf strooi, óf hooi, óf iets dergeliks, wat maklik aan die brand slaan.
12 Hebr. en dit vind dorings. |
As iemand aan sy naaste geld of 13goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee.
| 13 Dit is, huisraad. |
As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die 14owerhede gaan om te beslis of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie.
| 14 Hebr. gode, soos in Ex. 21:6 en die kanttekening. |
By alle sake van ontvreemding, of dit gaan oor ’n bees, oor ’n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, 15waarvan iemand sê: Dit is myne! — moet die saak van 16altwee voor die owerhede kom; die een wat die owerhede skuldig verklaar, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee.
| 15 Anders: wat sê dat dit dit is wat myne is, of dat dit hy is.
16 Naamlik van die klaer en van die aangeklaagde. |
As iemand aan sy naaste ’n esel of bees of stuk kleinvee of enige dier gee om 17op te pas, en dit gaan dood of kry ’n ongeluk of word weggevoer sonder dat 18iemand dit sien,
| 17 Naamlik vir geld.
18 Naamlik, wat daarvan kon getuig. |
dan moet die 19eed by die HERE tussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet 20daarmee tevrede wees, en 21die ander hoef geen vergoeding te gee nie.
| 19 Dit is, die eed waarmee die HERE as getuie aangeroep word.
20 Dit is, met die eed tevrede wees en vergenoegd wees. 21 Naamlik die oppasser. |
Maar as dit van hom 22weggesteel is, moet hy aan die eienaar vergoeding gee.
| 22 Hebr. stelende gesteel is. |
As dit verskeur is, moet hy 23dit as bewys bring; wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie.
| 23 Dit is, iets of ’n deel van die verskeurde, soos in Amos 3:12. |
En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit kry ’n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, 24moet hy ten volle vergoeding gee.
| 24 Hebr. sal dit vergoedende vergoed, dit is, betaal. |
As die eienaar daarby gewees het, hoef hy geen vergoeding te gee nie. 25As dit gehuur was, kom die huurgeld daarvoor.
| 25 Die betekenis is: Hy wat dit gehuur het, sal onthef wees deur die huurgeld, waarop ooreengekom is, te betaal. |
As iemand ’n jongmeisie 26wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
| 26 Om met ’n verloofde jongmeisie, wat nog ’n maagd was, gemeenskap te hê, was strafbaar met die dood, Deut. 22:23, ens. |
As haar vader 27beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld 28gee 29volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
| 27 Hebr. weierende weier.
28 Hebr. afweeg; vroeër het mense vir mekaar geld afgeweeg. 29 Dit was vyftig sikkels silwer, Deut. 22:29. |
bDie 30towerheks mag jy nie laat lewe nie.
| b Deut. 18:10, 11. | 30 Hier moet ook manlike towenaars verstaan word, Deut. 18:10, 11. |
cElkeen wat met ’n dier gemeenskap het, 31moet sekerlik gedood word.
| c Lev. 18:23; 20:15. | 31 In Lev. 20:15 beveel God dat die dier ook gedood moet word. |
dHy wat aan die gode 32offer, behalwe aan die HERE alleen, 33moet met die banvloek getref word.
| d Deut. 17:2-5. | 32 Onder die woord offer moet ’n mens ook allerlei diens en betoon van eerbied verstaan, Deut. 17:3.
33 Dit is, hy sal as vervloek beskou word, en hy sal uitgeroei word. |
eJy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
| e Lev. 19:34. |
fJulle mag geen weduwee of wees verdruk nie.
| f Sag. 7:10. |
As jy hulle op 34enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My 35roep, hulle geroep 36sekerlik hoor,
| 34 Hebr. verdrukkende verdruk.
35 Of: ernstig roep. Hebr. roepende roep. 36 Hebr. horende hoor. |
en my toorn sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.
gAs jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ’n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen 37rente oplê nie.
| g Lev. 25:36, 37. Deut. 23:19, 20. Ps. 15:5. Spr. 28:8. Eség. 18:8. | 37 Die Hebreeuse woord nesjeg is ontleen aan die woord byt, omdat rente die arm mense byt en verteer. |
hAs jy 38ooit 39jou naaste se 40gewaad as pand neem, moet jy hom dit teruggee 41voor die son 42ondergaan;
| h Deut. 24:12, 13. | 38 Hebr. as pand nemende, as pand neem.
39 Verstaan hierby: as hy ’n arm man is, wat slegs een kledingstuk het, soos blyk uit vers 27. Deut. 24:12, 13. 40 Verstaan hieronder ook bedekking, soos ’n kombers. 41 Of: teen sonsondergang, terwyl die son ondergaan. 42 Hebr. ingaan, naamlik in sy slaapkamer, soos Dawid spreek in Ps. 19:6. |
want dit is sy enigste bedekking, dit is die bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is genadig.
Jy mag 43God nie vloek nie, en ’n iowerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.
| i Hand. 23:3-5. | 43 Of: gode. Sien Ex. 21:6 en die kanttekening, hier moet dan die owerhede, sowel die voorgangers in die kerk as die politieke regering van daardie tyd verstaan word; soos blyk uit die woorde van Paulus, Hand. 23:5. |
Die offer uit jou 44volle opbrings en 45jou parskuip mag jy 46nie terughou nie. kDie eersgeborene van jou seuns 47moet jy aan My gee.
| k Ex. 13:2, 12. | 44 Dit is, die volryp vrugte, die vrugte wat vol en ryp is, soos in Núm. 18:27.
45 Hebr. jou trane. So word wyn en olie genoem, omdat dit soos trane vloei as dit gepars word. 46 Verstaan hierby: maar jy moet dit aan My op die regte tyd bring. 47 Of met vyf sikkels silwer loskoop, wat hulle vir die priesters van die HERE gegee het, Núm. 18:16. |
Jy moet ldieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet dit by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy dit aan My gee.
| l Ex. 23:19. Lev. 22:27. Eség. 44:30. |
En julle moet vir My 48heilige mense wees. mDaarom mag julle nie vleis eet 49wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.
| m Lev. 22:8. Eség. 44:31. | 48 Hebr. manne van heiligheid, dit is, wat ’n heiliger en godsaliger lewe as die heidene lei.
49 In Lev. 17:15 word die diere wat vanself doodgaan hierby gevoeg. |
Wette oor die vryheid en die lewe van die naaste.
EN dit is 1die verordeninge wat jy 2hulle moet voorhou:
| 1 Naamlik burgerlike verordeninge, waarvolgens die regters die volk van God moes rig.
2 Naamlik die volk van Israel, maar in die besonder die regters. |
As jy 3a’n Hebreeuse 4slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan.
| a Deut. 15:12. Jer. 34:14. | 3 Niemand mog in Israel ’n Hebreeuse slaaf koop nie, behalwe as iemand homself of sy kinders as gevolg van armoede verkoop het, Lev. 25:39. Deut. 15:12, of as die owerheid hom laat verkoop het, vanweë diefstal wat hy gepleeg het en wat hy nie kon teruggee of vergoed nie, Ex. 22:3.
4 Verstaan hieronder ook die Hebreeuse slavin, soos af te lei is uit Deut. 15:12. Jer. 34:9. |
As hy 5alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy 6getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.
| 5 Hebr. as hy met sy lyf kom. Dit is, hy as persoon alleen, sonder vrou.
6 Hebr. die heer van ’n vrou. Sien Gén. 14:13 se kanttekening. |
As sy heer aan hom 7’n vrou gee en sy vir hom seuns of dogters baar, moet die vrou met haar kinders haar heer se eiendom wees, terwyl hy 8alleen vrygelaat word.
| 7 ’n Heidense of uitlandse slavin, want net hulle mog in slawerny gehou word, Lev. 25:44, maar met ’n Hebreeuse vrou mog ’n mens nie so handel nie, soos blyk uit vers 7.
8 Want die kinders wat uit ’n slavin gebore is, was ook slawe of lyfeienes, soos blyk uit Gén. 21:10. Gal. 4:24, 25, ens. |
bMaar as die slaaf 9reguit sê: Ek het my heer, my vrou en my kinders lief; ek 10wil nie as vryman weggaan nie —
| b Deut. 15:16. | 9 Hebr. seggende sê.
10 Hebr. sal. |
dan moet sy heer hom na 11die owerhede bring en hom 12by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet 13sy oor met ’n els deurboor; daarna moet hy hom 14vir altyd dien.
| 11 Hebr. gode. Dit is, magistrate, regters, soos in Ps. 82:1, 6 en die kanttekeninge.
12 Naamlik by die deur van die huis van die huisheer. 13 Daarmee word aangewys dat hy asof aangeheg was aan die huis van sy heer, en verbind gebly het om hom voortaan te dien. 14 Sien Deut. 15:17. |
En as 15iemand sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos 16die slawe weggaan nie.
| 15 Hebr. ’n man, en verstaan dit as ’n Hebreeuse man.
16 Van wie in vers 6 gespreek is. |
As sy haar heer 17nie beval nie wat haar 18vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan ’n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het.
| 17 Hebr. as sy kwaad of verkeerd is in die oë van haar heer.
18 Sommige lees nie vir homself in die plek van vir homself, gebaseer op ’n ander Hebreeuse letter. |
Maar as hy haar vir sy seun bestem, 19moet hy met haar handel volgens die reg van die dogters;
| 19 Dit is, hy moet vir haar ’n huweliksprys of huweliksgoedere gee, soos die vaders vir hul dogters gee, Ex. 22:16. |
as hy vir hom ’n ander een neem, mag hy 20haar voedsel, haar klere en 21haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.
| 20 Hebr. haar vleis, dit is, voedsel of kos.
21 Verstaan deur die huweliksgemeenskap dít waarvan die apostel in 1 Kor. 7:3 spreek, sien ook die kanttekening daar. Anders: bywoning. |
En as hy 22hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld.
| 22 Waarvan in vers 10 gespreek is. |
cHy wat ’n mens slaan, dat hy sterwe, 23moet sekerlik gedood word.
| c Lev. 24:17. | 23 Hebr. dodende gedood word. |
Maar as hy dit daar nie op 24toegelê het nie, maar God dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou 25’n plek aanwys waarheen hy kan vlug.
| 24 Dit is, met opset gesoek.
25 Oor die stede waarheen diegene wat sonder opset ’n doodslag begaan het, kon vlug, sien Núm. 35:11. Deut. 19:2. Jos. 20:2. |
Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom 26van my altaar af wegneem, 27om te sterwe.
| 26 Asof God sê: Ook al het hy sy toevlug tot my altaar geneem. Sien 1 Kon. 2:28.
27 Naamlik ooreenkomstig die oordeel van die owerheid. |
dEn hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.
| d Matt. 15:4. |
En hy wat 28’n mens steel en hom verkoop — of as hy in sy besit gevind word — dié moet sekerlik gedood word.
| 28 In Deut. 24:7 staan uit die kinders van Israel, dit is, ’n Israeliet. |
eEn hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.
| e Lev. 20:9. Spr. 20:20. Matt. 15:4. Mark. 7:10. |
En as manne twis en 29die een die ander slaan met ’n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word —
| 29 Hebr. ’n man (dit is, iemand) sy naaste slaan. |
as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, 30ongestraf bly; net sy 31tydverlies 32moet hy vergoed en sorg dat hy 33heeltemal gesond word.
| 30 Dit is, nie met die dood gestraf word nie.
31 Hebr. sy sit, dit is, die skade wat hy gely het, omdat hy nie kon werk nie. 32 Dit is, hy sal sy naaste tot sy tevredenheid vergoed, omdat hy vir so ’n lang tyd nie kon werk nie, en ook sy brood nie kon verdien nie. 33 Hebr. genesende genees, of helende heel. |
En as iemand 34sy slaaf of slavin met ’n stok slaan, dat dié 35onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik 36gewreek word.
| 34 Wat hy met sy geld gekoop het. Om daardie rede word hy in vers 21 sy eiendom genoem. Maar met ’n Hebreeuse dagloner was die omstandighede heeltemal anders, soos te sien is in Lev. 25:39-41.
35 Dit is, terwyl hy slaan. 36 Naamlik deur die owerheid, wat ’n wreker in diens van God is, Rom. 13:3, 4. |
Maar as hy ná een of twee dae nog 37lewe, moet dit nie gewreek word nie, want 38hy is sy eiendom.
| 37 Hebr. staan.
38 Hebr. hy is sy geld. Dit is, hy is met sy geld gekoop, en daarom is hy sy eiendom, waarom dit ook geloofwaardig is dat hy hom slegs wou kasty, en nie wou doodmaak nie. Anders: as hy sy eiendom is, dit is, as dit so ’n kneg is wat met sy geld gekoop is. |
En as manne met mekaar veg en ’n swanger vrou so 39stamp dat haar 40vrug afgaan, maar daar 41geen ander letsel is nie, 42moet 43hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur 44skeidsregters gee.
| 39 Naamlik albei manne, of een van beide.
40 Hebr. haar kinders. 41 Of: geen dodelike letsel. Verstaan hier: geen dodelike letsel aan die moeder, of aan die vrug nie. 42 Hebr. hy moet betalende boete betaal. 43 Naamlik, hy wat die vrou geslaan of gestamp het. 44 Dit is, ooreenkomstig die oordeel van die skeidsregters of bemiddelaars. |
Maar is daar 45’n letsel, dan moet jy 46gee 47lewe vir lewe,
| 45 Of: ’n dodelike letsel, naamlik aan die moeder of aan haar vrug.
46 Naamlik jy, die beskadiger, of jy, die skeidsregter. 47 Hebr. siel vir siel. |
foog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,
| f Lev. 24:20. Deut. 19:21. Matt. 5:38. |
brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.
En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom 48vry laat weggaan vir sy oog.
| 48 Dit is, hy moet hom van sy diensbaarheid onthef. |
En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy 49tand.
| 49 Verstaan dit ook van die verlamming of besering van ander ledemate van die liggaam. |
gEn as 50’n bees ’n man of ’n vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees 51sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees 52sal ongestraf bly.
| g Gén. 9:5. | 50 Verstaan hier onder die naam bees ook bulle, koeie, bokke, ramme en ander diere, wat skade veroorsaak met hulle horings, tande, of kloue, ens.
51 Hebr. stenigende gestenig word. God wreek die bloed van die mense selfs op die diere. Sien Gén. 9:5. 52 Naamlik, as sy baas nie geweet het dat die bees stoterig was nie. |
Maar as die bees 53tevore al stoterig gewees het en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit ’n man of ’n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas 54moet ook gedood word.
| 53 Hebr. vanaf gister, eergister. So ook in vers 36 en elders.
54 Omdat hy die dood van sy naaste nie voorkom het nie, wat hy wel kon doen. |
As aan hom losgeld 55opgelê word, moet hy vir die lossing van sy lewe alles gee wat hom opgelê word.
| 55 Naamlik deur die regters, nadat hulle alle besonderhede van die saak noukeurig ondersoek het. |
Of dit ’n seun gestoot het of ’n dogter, volgens hierdie reg moet met hom gehandel word.
As die bees ’n slaaf of slavin stoot, moet 56hy aan 57hulle heer dertig 58sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word.
| 56 Naamlik aan wie die bees behoort.
57 Naamlik die eienaar van die slaaf of van die slavin. 58 Sien Gén. 20:16 en die kanttekening. |
En as iemand ’n put oopmaak, of as iemand ’n put grawe en dit nie toemaak nie, en ’n 59bees of esel val daarin,
| 59 Verstaan hierby ook ander diere. |
moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar van die dier 60geld gee, maar die dooie dier moet 61syne wees.
| 60 Naamlik, soveel as die dier deur die regters of onpartydiges geskat sal word.
61 Naamlik van die eienaar van die put. |
En as iemand se bees die bees van ’n ander stoot, sodat dit sterwe, moet hulle die lewendige bees verkoop en die geld daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel.
Of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy 62ten volle bees vir bees vergoed; maar die dooie een moet 63syne wees.
| 62 Hebr. vergoedende vergoed.
63 Naamlik van die eienaar van die stoterige bees. |
Die Wet van die HERE.
TOE 1het God al 2hierdie woorde gespreek en gesê:
| 1 Naamlik, nadat Moses en Aäron op die berg geklim het. Sien Ex. 19:24.
2 Dit is, die tien gebooie wat hierna volg. |
Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, 3auit die slawehuis, uitgelei het.
| a Ex. 13:3. Deut. 5:6. Ps. 81:11. | 3 Hebr. uit die huis van diensknegte of slawe. |
Jy mag 4geen ander gode voor my aangesig hê nie.
| 4 Anders: geen ander god nie. |
b5Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat 6bo in die hemel is, of van wat onder 7op die aarde is, of van wat 8in die waters onder die aarde is nie.
| b Lev. 26:1. Ps. 97:7. Jes. 41:29. | 5 Dat Moses op God se bevel die gérubs, Ex. 25:18, en die koperslang, Núm. 21:8, ens., gemaak het, is nie hiermee in stryd nie, omdat daardie dinge nie gemaak is om enige godsdienstige eer daaraan te bewys nie.
6 Soos son, maan, sterre, voëls, Deut. 4:19. Verstaan ook hieronder die engele, Kol. 2:18. 7 Soos mense, viervoetige, of kruipende diere, Deut. 4:16, 17. Jes. 44:13. Eség. 23:14. 8 Soos visse, slange, drake, krokodille, skilpaaie. Sien Deut. 4:18. Jes. 41:29. |
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en 9hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 10’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan 11die kinders, aan die derde en aan die vierde 12geslag van die wat My haat;
| 9 Naamlik nie die afgode self nie, ook nie vir My deur hulle nie; soos in Ex. 32:4, 6 deur die goue kalf, en later die tien stamme deur die twee goue kalwers, 1 Kon. 12:28.
10 God word ’n Man van sy volk genoem, Jer. 2:2. Hos. 2:19. Afgodery word hoerery genoem, Deut. 31:16. Rig. 2:17. Jer. 3:3, 9, 20. Om hierdie rede word God se toorn oor hierdie sonde jaloesie genoem. 11 Dit is, nageslag; naamlik diegene wat in hul vaders se voetstappe volg en ook die sonde van afgodery begaan. 12 In die Hebreeus ontbreek hierdie woord. |
en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
cJy mag die Naam van die HERE jou God nie 13ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie 14ongestraf laat bly nie.
| c Lev. 19:12. Matt. 5:33. | 13 Hebr. tot ydelheid opneem. Sien Ps. 15:3; 16:4; 50:16.
14 Of: as suiwer, onskuldig beskou nie. |
dGedenk die sabbatdag, 15dat jy dit heilig.
| d Eség. 20:12. | 15 Dit is, sonder die dag af van jou gewone werk of daaglikse arbeid, wat tot hierdie tydelike lewe behoort. Gebruik hierdie dag om God te dien met heilige werke, wat die eer van God, en die ewige en geestelike lewe aangaan. |
eSes dae moet jy arbei en al jou werk doen;
| e Ex. 23:12; 34:21. Luk. 13:14. |
maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou 16vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
| 16 Soos os, esel, perd, kameel, olifant, ens. |
Want fin ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit 17geheilig.
| f Gén. 2:2. | 17 Sien Gén. 2:3. |
gEer jou vader en jou moeder, 18dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
| g Matt. 15:4. Ef. 6:2. | 18 Anders: sodat hulle jou dae verleng; hulle, naamlik vader en moeder, deur hul gebed, of seën; wat baie by God vermag, soos daarteenoor ook hul vloek. |
hJy mag nie doodslaan nie.
| h Matt. 5:21. |
iJy mag nie egbreek nie.
| i Matt. 5:27. |
Jy mag nie steel nie.
Jy mag geen valse getuienis teen jou 19naaste 20spreek nie.
| 19 Deur die woord naaste moet ’n mens hier alle mense verstaan, soos in Gén. 11:3. Est. 1:19. Spr. 18:17. Sien Luk. 10:29, 36; ja, selfs jou vyand.
20 Anders: antwoord. |
kJy mag nie 21jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
| k Rom. 7:7. | 21 Vgl. Deut. 5:21. |
En toe die hele volk die donderslae en die 22blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en 23gebewe en op ’n afstand bly staan.
| 22 Hebr. eintlik fakkels, dit is, weerligstrale.
23 Of: teruggedeins. |
lEn hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.
| l Deut. 5:25. Hebr. 12:19. |
Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom 24om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.
| 24 Naamlik, of julle sy gebooie sal gehoorsaam, soos julle in Ex. 19:8 belowe het. Sien Gén. 22:1. |
mSo het die volk dan op ’n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.
| m Ex. 19:16. Hebr. 12:18. |
Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien 25dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.
| 25 Naamlik op die berg Sinai; sien Deut. 4:36. Neh. 9:13. |
Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.
n’n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou 26brandoffers en 27dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, 28sal Ek na jou toe kom en jou seën.
| n Ex. 27:1; 38:1. | 26 Sien Gén. 8:20.
27 Sien Lev. 3:1. 28 Naamlik, om aan jou my guns en liefde te betoon. |
oMaar as jy vir My 29’n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.
| o Deut. 27:5. Jos. 8:30, 31. | 29 Later is die altaar van akasiahout, met koper oorgetrek, gemaak, Ex. 27:1, 2, en daarna van koper, 1 Kon. 8:64. |
Jy mag ook nie 30met trappe na my altaar opklim nie, 31dat jou skaamte nie 32daarop ontbloot word nie.
| 30 Nogtans was hierdie altaar drie el hoog, Ex. 27:1, en Salomo se altaar was tien el hoog, 2 Kron. 4:1. Daar was geen trappe om op te klim nie, maar die grond was sodanig verhoog dat die priester geleidelik, soos op ’n heuwel, kon opklim, om tot voor die altaar te kom en om deur almal gesien te word.
31 Later het God beveel dat die priesters linnebroeke moes dra, Ex. 28:42, 43. 32 Of: daarvoor, naamlik die altaar. |
Aankoms by Sinai.
IN1 die derde 2maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, 3op dieselfde dag, het hulle in die woestyn 4Sinai gekom —
| 1 Dit was die 430ste jaar nadat die verbond met Abraham opgerig is, Gén. 15:13, Gal. 3:17 en die kanttekeninge.
2 (Of: nuwemaan) deur die Jode Siwan genoem. Dit val gedeeltelik in ons maand Mei, en gedeeltelik in ons maand Junie. Vgl. Est. 8:9. 3 Toe hulle van Ráfidim af opgetrek het, wat die eerste dag van die maand was (vgl. Eség. 46:1, 6), die sewen-en-veertigste dag ná pasga of die uittog uit Egipte. 4 Dit is ’n woestyn in Arabië, waar die gelyknamige berg Sinai geleë is, Gal. 4:25. Hand. 7:30. |
hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor 5die berg laer opgeslaan.
| 5 Naamlik die berg Sinai. |
aMaar Moses het opgeklim 6na God toe, en die HERE het hom 7van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:
| a Hand. 7:38. | 6 Dit is, na die wolkkolom op die berg.
7 Naamlik van die top van die berg, terwyl Moses laer af op dieselfde berg was. |
bJulle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, 8en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle 9na My toe gebring het.
| b Deut. 29:2; 32:11. | 8 God wil sê: Soos ’n arend sy kleintjies op sy rug dra, so het Ek julle met haas en met sekerheid uit Egipteland gedra, sien Deut. 32:11.
9 Dit is, na die plek van my teenwoordigheid, en in geskikte omstandighede waar julle My kon dien. |
As julle dan nou 10terdeë na my stem luister en my verbond hou, csal julle my eiendom uit al die volke wees, want 11ddie hele aarde is myne.
| c Deut. 7:6; 10:14, 15; 14:2; 26:18. Ps. 135:4. Jes. 41:8. Tit. 2:14.
d Ps. 24:1. |
10 Hebr. luisterende sal luister.
11 Naamlik met alles wat daarin is. |
eEn júlle sal vir My 12’n koninkryk van priesters en ’n 13heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
| e 1 Petr. 2:9. | 12 Dit is, ’n ryk wat uit priesters en konings bestaan.
13 Dit is, gewy aan die diens van God. |
En Moses 14het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie 15woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.
| 14 Naamlik van die berg af na die volk.
15 Of: sake. |
Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: fAlles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.
| f Ex. 24:3. |
En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal 16in ’n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook 17vir altyd 18aan jóú kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel.
| 16 Hebr. in die dikheid van die wolk.
17 Dit is, hulle lewe lank. 18 Sien Ex. 14:31. |
Verder het die HERE aan Moses gesê: Gaan na die volk en 19heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was
| 19 Dit is, beveel hulle, en jy en die oudstes van die volk moet noukeurig toesien dat hulle hul heilig berei om my gebooie te ontvang. Sien verder Lev. 11:45 se kanttekening. |
en hulle gereed hou teen die derde dag. Want 20op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai 21afdaal.
| 20 Dit was die vyftigste dag ná pasga, wat om daardie rede deur die Grieke pentekoste, dit is, vyftigste dag, genoem word; ons noem die dag Pinkster.
21 Terwyl die HERE in die wolkkolom verskyn, verse 9, 16. |
Ook moet jy vir die volk ’n grens rondom aanwys en sê: gPas op dat julle nie op die berg klim of sy 22voet aanraak nie. 23Elkeen wat die berg aanraak, 24moet sekerlik gedood word.
| g Hebr. 12:18. | 22 Of: grens, kante.
23 Of: Alles wat. 24 Hebr. sal dodende gedood word. |
Geen hand mag hom aanraak nie; maar 25hy 26moet sekerlik gestenig of sekerlik met ’n pyl geskiet word; of dit ’n dier of ’n mens is — hy mag nie lewe nie. 27As die ramshoring 28lang geluide blaas, mag hulle 29op die berg klim.
| 25 Verstaan mens of dier, wat die berg aangeraak het.
26 God wil sê: As hy naby is, moet hulle hom stenig; as hy ver is, moet hulle hom met ’n pyl skiet. 27 Daar was nie ’n ramshoring nie, maar hulle het ’n geluid soos die geluid of die toon van ’n ramshoring gehoor, sien vers 16. 28 Naamlik in een toon, of ’n eenstemmige geluid, soos dit aan die einde van liedere gebruiklik is. 29 Naamlik, by die voet van die berg, vers 17; naamlik so naby dat hulle die afkondiging van die wet sou kon hoor. |
Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en 30die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.
| 30 Dit is, hy het bevel gegee dat hulle hul sou heilig, soos in vers 10. |
En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die 31derde dag; hmoenie naby die vrou kom nie.
| h 1 Sam. 21:4. 1 Kor. 7:5. | 31 Hebr. drie dae. |
En op die derde dag toe dit môre word, iwas daar donderslae en blitse en ’n swaar wolk op die berg 32en die geluid van ’n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.
| i Hebr. 12:18. | 32 Sien vers 13. |
Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, ken hulle het gaan staan 33by die voet van die berg.
| k Deut. 4:10, 11. | 33 Maar so dat hulle die berg nie aangeraak het nie, en ook nie die vasgestelde grens, vers 12, oorskry het nie. |
lEn die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in ’n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
| l Rig. 5:4. Ps. 68:9; 114:4. Háb. 3:10. |
Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens 34hardop geantwoord.
| 34 Hebr. in of met ’n stem, dit is, op ’n sagter manier as deur donder en die skrikwekkende geluid van die basuin. God het dit gedoen om Moses te bemoedig, omdat hy eers baie verskrik en beangs was, Hebr. 12:21. |
Terwyl die HERE op die berg Sinai neerdaal, 35op die top van die berg, het die HERE Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.
| 35 Hebr. op die kop. |
En die HERE het vir Moses gesê: Klim af, 36waarsku die volk, dat hulle nie na die HERE toe 37deurbreek om te sien en baie van hulle dan 38val nie.
| 36 Dit is, wys hulle met groot erns daarop, en skerp dit by hulle in.
37 Naamlik deur die begrensing wat vir hulle gestel is. 38 Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 14:10. 1 Kor. 10:8, ens. Dit is, deur die HERE gedood word, soos Hy in vers 12 dreig. |
En 39ook die priesters 40wat naby die HERE kom, moet hulleself heilig, sodat die HERE nie teen hulle losbreek nie.
| 39 Verstaan hier die eersgeborenes, wat God die HERE vir Homself geheilig het, en wat vóór die afsondering van die stam van Levi die priesterskap in die families bedien het, Ex. 13:2; 24:5, in die plek waarvan Hy later die stam van Levi verkies het, Núm. 8:14, ens.
40 Sien Lev. 10:3. |
Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en 41heilig dit.
| 41 Dit is, sê vir die volk dat hulle hierdie berg vanweë my teenwoordigheid as heilig moet beskou, en dit daarom nie betree nie. |
Daarop sê die HERE vir hom: 42Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die HERE toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.
| 42 Naamlik, om vir die volk my verbod aan te sê; daarna moet jy en Aäron weer na My toe opklim. |
En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle 43dit aangesê.
| 43 Naamlik, dit wat die HERE hom beveel het. |
Die besoek van Jetro.
TOEa Jetro, die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het — dat die HERE Israel uit Egipte uitgelei het —
| a Ex. 2:16; 3:1. |
het Jetro, Moses se skoonvader, Sippóra, die vrou van Moses, geneem — 1nadat hy haar teruggestuur het —
| 1 Hebr. ná haar terugsturing. |
en 2haar twee seuns. (bDie naam van die een was Gersom, want 3hy het gesê: Ek het ’n vreemdeling geword 4in ’n vreemde land;
| b Ex. 2:22. | 2 Naamlik van Sippóra.
3 Naamlik Moses, toe hy die kind daardie naam gegee het. 4 Naamlik in die land Mídian. |
en die naam van die ander was Eliëser; want, het hy gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.)
En Jetro, Moses se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moses gekom in die woestyn waar hy 5by die berg van God met die laer gestaan het.
| 5 Dit was die berg Horeb, waar God die wet aan Moses gegee het. |
En hy het Moses 6laat weet: Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.
| 6 Hebr. gesê. Dit is, hy het dit laat weet deur die mense wat hy vooruit gestuur het. |
Daarop gaan Moses uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het 7na mekaar se 8welstand gevra en 9in die tent ingegaan.
| 7 Hebr. die man sy naaste of metgesel.
8 Hebr. vrede. Sien Gén. 37:14 en die kanttekening. 9 Naamlik in die tent van Moses. |
Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die HERE aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad 10oorgekom het, en dat die HERE hulle verlos het.
| 10 Hebr. gevind het. |
En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die HERE aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.
Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.
Nou weet ek dat die HERE groter is as al die 11gode, 12cnaamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.
| c Ex. 1:10, 16, 22; 5:7; 14:18. | 11 Verstaan hier die afgode van die heidene, wat gode genoem word, alhoewel hulle dit nie werklik is nie.
12 Die betekenis van hierdie woorde is dat die Egiptenaars, wat gedink het dat hulle die volk van God met die hulp van hul gode sou vernietig, deur God in die Rooi See gestort is, tot spyt en skande van al hul afgode, waarop hulle vertrou het. ’n Ander vertaling van die laaste woorde in die sin is: want in die saak waarin hulle vermetel was, was Hy bo of oor hulle. Dit is, die HERE het hulle oortref en oorwin. |
Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, ’n brandoffer en slagoffers geneem 13tot eer van God. En Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader 14brood te eet 15voor die aangesig van God.
| 13 Hebr. vir God, naamlik om te offer.
14 Om brood te eet beteken hier: om ’n feestelike maaltyd te geniet. 15 Dit is, in die vrees van die HERE, terwyl ’n mens die HERE voor oë hou; of: voor die majesteit van God, wat in die wolkkolom verskyn. Vgl. Deut. 12:7; 27:7. |
En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.
En toe Moses se skoonvader sien alles 16wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy 17alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?
| 16 Dit is, hoe hy hom teenoor die volk gedra het.
17 Sonder assessore in die regspraak. |
En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom 18om God te raadpleeg.
| 18 Anders: om God te soek; dit is, hulle vra my wat met die wil en die bevel van God ooreenkom. Sien 1 Sam. 9:9. |
As hulle ’n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.
Maar Moses se skoonvader sê vir hom: 19Die ding wat jy doen, is nie goed nie.
| 19 Naamlik, dat jy dit alleen doen. |
20Jy sal heeltemal uitgeput raak, 21jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.
| 20 Hebr. Jy sal verwelkende verwelk. Dit is ’n manier van spreek deur die beeld van blomme, blare, of plante; sien Deut. 1:9, 12. Jetro wil sê dat Moses hom afsloof, deurdat hy alle sake van die volk self verhoor en besleg het; die volk was ook uitgeput en het moedeloos geword, deurdat hulle lank moes wag voordat hulle gehoor kon word. Anders: verval, afgaan, beswyk.
21 Hebr. ook jy, ook hierdie volk. |
Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, 22wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake voor God,
| 22 Hebr. wees jy vir die volk by God. Dit is asof hy wil sê: Dit is voldoende dat jy jou vir gewigtige sake laat inspan, sake waarin ’n mens God self vir raad moet vra, waaroor gelees kan word in Núm. 15:33, 34; 27:5, 6. Ander, klein sake kan deur ander behartig word. |
en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.
Maar kies jy uit die hele volk 23bekwame manne wat God vrees, 24betroubare manne wat onregverdige wins haat25. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;
| 23 Anders: sterk, dapper, geharde manne. Sien Gén. 47:6 se kanttekening.
24 Hebr. manne van waarheid of getrouheid. 25 Aan hierdie deugde, wat van die regeerders oor streke en stede vereis word, voeg Moses nog ’n paar toe in Ex. 23:6. Deut. 1:16; 16:18. Sien ook 2 Kron. 19:7. Jes. 33:15. |
en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.
As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede 26na hulle woonplek gaan.
| 26 Naamlik nadat daar uitsluitsel vir hulle saak gegee is, sonder om van die oggend tot die aand te wag. So word iemand se huis sy woonplek genoem in Rig. 7:7; 9:55; 19:28, 29. Of: na hulle plek, naamlik in die land Kanaän. |
dMoses het toe geluister na sy skoonvader en 27alles gedoen wat hy gesê het —
| d Deut. 1:9. | 27 Naamlik, nadat God hom so beveel het, Núm. 11:16, en nadat hy dit aan die volk voorgehou het, Deut. 1:14. |
Moses het 28bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel — owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.
| 28 Sien oor watter opdrag en onderrig Moses aan hierdie manne gegee het, Deut. 1:16, 17. |
En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.
Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na 29sy land getrek.
| 29 Naamlik Mídian. |
Water uit die rots.
DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israel, 1volgens die bevel van die HERE, 2van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in 3Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.
| 1 Hebr. op of na die mond.
2 Hulle dagreise was soos volg: van Sin tot Dofka, van Dofka tot Alus, van Alus tot Ráfidim, Núm. 33:12-14. Moses vermeld in hierdie hfst. nie al die reise of stilhouplekke van die volk nie, maar slegs dié waar iets besonders gebeur het. 3 Ráfidim is ’n plek in die woestyn by die berg Horeb. Dit was die elfde plek waar laer opgeslaan is. |
Toe twis die volk met Moses en sê: Gee 4julle vir ons water om te drink. Maar aMoses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom 5versoek julle die HERE?
| a Núm. 20:3, 4. | 4 Naamlik julle, Moses en Aäron.
5 Naamlik deur jul ongeloof; want hulle het getwyfel of die HERE ook by hulle was, vers 7. Hulle wou hê dat Hy dit deur wonders sou laat blyk. Dit is om God te versoek, Ps. 78:18, 19. Matt. 16:1. |
Maar die volk het daar gesmag na water, en 6die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?
| 6 Nie die hele volk nie, maar enkele kwaadwillige mense. |
Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit 7skeel maar min of hulle stenig my.
| 7 Hebr. Nog ’n klein bietjie, en hulle sal my stenig; met dergelike woorde het hulle Moses ook gedreig, Núm. 14:10. |
En die HERE het Moses geantwoord: 8Trek voor die volk uit, en neem 9van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf b10waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.
| b Ex. 7:20. | 8 Naamlik na die berg Horeb.
9 Sodat hulle getuies mag wees van dit wat gaan gebeur. 10 Dit is, jy het Aäron beveel om daarmee te slaan. |
cKyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel
| c Núm. 20:9. Ps. 78:15; 114:8. 1 Kor. 10:4. |
en die plek 11Massa en 12Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?
| 11 Dit is, versoeking.
12 Dit is, twis; sien oor ’n ander Mériba Núm. 20:13. |
Oorwinning oor Ámalek.
dDAAROP het 13Ámalek gekom om 14teen Israel by Ráfidim te veg.
| d Deut. 25:17, 18. | 13 Dit is, die Amalekiete, die nakomelinge van Esau, die broer van Jakob, Gén. 36:15, 16. Dit wat hier beskryf word, het gebeur toe Moses saam met die Israeliete op pad was na Horeb. Sien Deut. 25:17, 18.
14 Dit is, teen die Israeliete. |
En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die 15top van die heuwel staan met 16die staf van God in my hand.
| 15 Hebr. kop.
16 Dit is, die staf waarmee God groot wonders gedoen het. |
En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Ámalek. Maar Moses, Aäron en 17Hur het op die top van die heuwel geklim.
| 17 Hierdie Hur moet blykbaar onderskei word van Hur wat die grootvader van Besáleël en die seun van Kaleb was, 1 Kron. 2:19. |
En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Ámalek die sterkste.
Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, 18die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.
| 18 Hebr. van hier af een, en van daar af een. |
En Josua het 19Ámalek en sy volk met die 20skerpte van die swaard ’n 21neerlaag toegebring.
| 19 Dit wil voorkom of ’n mens hier deur Ámalek die koning of owerste moet verstaan, en deur sy volk die leër. Ander verstaan deur Ámalek die Amalekiete, en deur sy volk die nasies wat hom te hulp gekom het.
20 Hebr. mond. 21 Hebr. verswak, verbreek. |
Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as ’n aandenking 22in ’n boek 23en prent dit Josua in, edat Ek die gedagtenis van Ámalek 24onder die hemel 25heeltemal sal uitdelg.
| e Núm. 24:20. Deut. 25:17-19. 1 Sam. 15:2, 3. | 22 Naamlik, waarin jy die geskiedenisse van die Israeliete moet beskryf.
23 Hebr. lê dit in die ore van Josua. 24 Dit is, oral, so wyd soos die hemel strek. 25 Hebr. uitdelgende sal uitdelg. |
En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: 26Die HERE is my banier.
| 26 Hebr. JEHOVA Nissi. Moses het hierdie altaar so genoem ter gedagtenis aan die oorwinning oor Ámalek. |
En hy het gesê: Waarlik, 27die hand op die troon van die HERE! fOorlog het die HERE teen Ámalek van geslag tot geslag.
| f 1 Sam. 15:2. | 27 Verstaan die hand van God, dit is, sy mag, wat Hy van die hemel (as sy troon) uitstrek tot beskerming van sy volk, en vernietiging van sy vyande. ’n Mens kan deur die troon ook die kerk van God verstaan. Sommige verklaar dit as God se eedswering. Anders: Waarlik, die hand van Ámalek teen die troon van die HERE, dit is, teen Hom en sy volk; die bedoeling van die teks is ietwat onseker. |
Die kwartels en die manna. Die sabbat.
TOE hulle 1van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn 2Sin gekom, wat tussen Elim en 3Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland.
| 1 Voordat hulle van Elim af weggetrek het, was hulle weer by die Rooi See, soos vermeld in Núm. 33:10, 11. Moses skryf hier nie oor dié reis nie.
2 Die naam van ’n woestyn in Steenagtige Arabië (Arabia Petraea), waar die agtste staanplek van die Israëliete was, Núm. 33:10, 11. 3 Hierdie berg word ook Horeb genoem. Moses het op hierdie berg die wet ontvang. |
En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyn gemurmureer.
aEn die kinders van Israel het aan hulle gesê: b4Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HERE gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
| a 1 Kor. 10:10.
b Núm. 11:4. |
4 In die Hebreeus begin die sin met: Wie sal gee, ens., wat vertaal kan word met die uitroep Ag, het ons maar, ens., vgl. Deut. 5:29 en ander plekke. |
Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, 5Ek sal vir julle c6brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die 7dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
| c Ps. 78:24; 105:40. | 5 Dit is, Ek sal spoedig laat reën, naamlik op die manier van reën uit die hemel laat val.
6 Dit is, manna, waarvan die Israeliete brood gebak het. 7 Hebr. woord of ding van die dag; dit beteken hier soveel brood as wat ’n mens elke dag vir sy behoeftes benodig. |
En 8op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, 9sal dit dubbel soveel wees as wat hulle 10daagliks insamel.
| 8 Naamlik die dag voor die sabbat; dan moes die Israeliete hul kos berei wat hulle op die sabbat sou eet, want dan mog ’n mens geen werk doen nie, ja, selfs geen vuur aansteek nie, soos te sien is in Ex. 35:3.
9 Sien vers 22. 10 Hebr. dag dag, soos in Gén. 39:10 en die kanttekening. |
Toe sê Moses en Aäron aan al die kinders van Israel: 11Vanaand, dan sal julle weet dat 12die HERE julle uit Egipteland uitgelei het.
| 11 Sien vers 13.
12 Nie ons, asof uit onsself nie, soos die volk hulle verwyt het, vers 3. |
En môre vroeg, dan sal julle die heerlikheid van die HERE sien, omdat Hy julle murmureringe teen die HERE gehoor het — want wat is ons, dat julle teen ons murmureer?
Daarop sê Moses: Dít sal gebeur as die HERE julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat die HERE julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie 13teen ons nie, maar teen die HERE.
| 13 Hy wil sê: Nie net teen ons nie; of: nie soseer teen ons nie, as wel teen die HERE. Sien ’n dergelike manier van spreek ook in Gén. 32:28 se kanttekening. 1 Sam. 8:7. Joh. 12:44. |
Verder het Moses met Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel: 14Kom nader voor die aangesig van die HERE, want Hy het julle murmureringe gehoor.
| 14 Dit is, vergader voor die wolkkolom, waarin en waardeur God die HERE sy heerlike teenwoordigheid geopenbaar het, vers 10. |
En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en dmeteens verskyn die heerlikheid van die HERE in die wolk.
| d Ex. 13:21. |
Ook het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: 15Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre emet brood versadig word; en 16julle sal weet dat Ek die HERE julle God is.
| e Joh. 6:49, 58. | 15 Sien Ex. 12:6.
16 Naamlik julle sal dit daadwerklik bevind en ervaar. |
En 17in die aand het fdaar 18kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar ’n doulaag rondom die laer.
| f Núm. 11:31. Ps. 105:40. | 17 Naamlik teen die aand van daardie dag.
18 Hebr. die kwartel; so ook in Ex. 8:6 die padda vir paddas. |
gEn nadat die doulaag 19opgetrek het, het daar 20oor die woestyn iets gelê wat 21fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond.
| g Núm. 11:7. Neh. 9:15. Ps. 78:24; 105:40. | 19 Naamlik in die lug, omdat dit deur die hitte van die son verdwyn het; die manna was bedek en verberg onder die dou, wat met die opgang van die son opgetrek het. Sien Núm. 11:9.
20 Hebr. op die aangesig van die woestyn. 21 Hebr. dun. |
Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle 22vir mekaar: 23hWat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE julle gee om te eet.
| h Joh. 6:31. 1 Kor. 10:3. | 22 Hebr. die man vir sy broer.
23 Anders: Dit is Man. Afgelei van die Hebreeuse woord mānāh, wat beteken voedsel of ’n gawe wat vir ons voorberei en bestem is. Sien ook verse 31, 33, 35. |
Dit is die saak wat die HERE beveel het: Samel daarvan in, 24elkeen na 25sy behoefte: ’n gomer vir 26elke persoon volgens julle sieletal; 27elkeen moet dit neem vir die wat in sy tent is.
| 24 Hebr. na die mond van sy kos, dit is, die hoeveelheid kos wat hy en sy huisgesin benodig.
25 En sy hele huisgesin. 26 Hebr. hoofskedel, dit is, persoon. 27 Met hierdie woorde word verklaar wat net tevore in hierdie vers gesê is. |
En die kinders van Israel het so gedoen: hulle het ingesamel, 28die een baie en die ander min.
| 28 Hebr. vermenigvuldigende en verminderende. |
29Maar toe hulle dit met die 30gomer meet, ihet hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen 31na sy behoefte het hulle ingesamel.
| i 2 Kor. 8:15. | 29 Die betekenis is: Toe elkeen dit wat hy versamel het huis toe gebring het, het die vader van die huis dit gemeet, en hy het vir elkeen sy gomer of ’n behoorlike deel daarvan gegee, sodat niemand meer as sy behoorlike deel gekry het nie.
30 Sien vers 36 en die kanttekening. 31 Hebr. na die mond van sy kos, soos in vers 16. |
En Moses het vir hulle gesê: Niemand moet daarvan laat oorbly tot môre toe nie.
Maar hulle het nie na Moses geluister nie: 32sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle.
| 32 Hulle het dit gedoen uit nuttelose voorsorg en wantroue, of uit nuuskierigheid, asof hulle wou toets en sien of ook die manna so lank kon hou. |
En hulle het dit 33môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, 34smelt dit weg.
| 33 Hebr. in die môre in die môre.
34 Naamlik, dit wat op die grond bly lê het. Hier word die rede gegee waarom hulle dit in die môre moes versamel. |
En op die sesde dag het hulle ’n dubbele porsie brood ingesamel, twee gomers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering het gekom 35en dit aan Moses vertel.
| 35 Want hulle het getwyfel of die volk goed of kwaad gedoen het, omdat Moses beveel het dat daar vir elke persoon slegs een gomer ingesamel sou word. |
Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die HERE gespreek het: Môre is dit rusdag, ’n heilige sabbat van die HERE. Wat julle wil 36bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle 37alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.
| 36 Naamlik vir vandag en môre.
37 Naamlik op die sesde dag. Die helfte van die dubbele gomer, wat hulle op die dag voor die sabbat versamel het, het oorgebly. |
En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie 38bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie.
| 38 Soos tevore gebeur het, toe hulle, teen die bevel van Moses, ’n deel gebêre het, vers 20. |
Toe sê Moses: Eet dit 39vandag, want 40dit is vandag die sabbat van die HERE. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.
| 39 Moses leer die volk hier nie net wat hulle op daardie dag moes doen nie, maar van week tot week, so lank as die manna sou reën.
40 Moses het die woorde van hierdie vers, asook van die volgende, gespreek op die aand waarop die sabbat begin of ingegaan het. Ons noem dit nou Saterdagaand; want die sabbat het op die aand van die sesde dag begin, en op die aand van die sewende dag geëindig. |
Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit sabbat; dan sal dit daar nie wees nie.
En op die sewende dag het van die mense uitgegaan 41om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.
| 41 Hierdie mense het nie God, of sy dienaar Moses, geglo nie. |
42Toe sê die HERE vir Moses: Hoe lank weier 43julle om my gebooie en my wette te onderhou?
| 42 Dit is, God het Moses beveel wat hy vir die volk moes sê.
43 Die sonde van sommige word hier gestel asof dit die sonde van almal was. |
Kyk, omdat die HERE julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly 44waar hy is; 45laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
| 44 Hebr. onder homself.
45 Naamlik, om manna te versamel, of om enige ander werk te doen. In Lev. 23:2, 3 word hulle beveel om na die heilige vergadering te gaan, en in Hand. 1:12 word van ’n sabbatsreis gespreek. |
So het die volk dan op die sewende dag gerus.
kEn die huis van Israel het dit MAN genoem. En dit was 46wit soos koljandersaad, en 47dit het gesmaak soos heuningkoek.
| k Núm. 11:7. | 46 Of: dit was soos koljandersaad, wit. Bedoelende, in vorm en in grootte was dit soos koljandersaad, maar die kleur was wit of deurskynend soos balsemgom (Hebr. bedolach) of kristal, Gén. 2:12. Núm. 11:7.
47 Naamlik, as hulle dit van die grond af opgetel het, ongekook; maar as dit gekook was, het dit soos vars oliekoeke gesmaak, Núm. 11:8. |
Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: ’n Gomer vol moet daarvan 48bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.
| 48 Naamlik in die tabernakel, sodra dit gemaak is. |
Moses sê toe vir Aäron: lNeem 49’n kruik en gooi 50’n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die 51HERE neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.
| l Hebr. 9:4. | 49 In Hebr. 9:4 staan goue kruik. Anders: skottel, bak.
50 Hebr. die volheid van ’n gomer. 51 Wat sy teenwoordigheid bo die verbondsark geopenbaar het. |
Soos die HERE Moses beveel het, so het Aäron dit 52voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.
| 52 Verstaan voor die verbondsark waarin die tafels van God se wet was, sien Ex. 25:16, 21, wat die Getuienis genoem word, omdat hulle van God se wil getuig. Die opdrag om die ark te maak is eers op die berg Sinai gegee, maar Moses beskryf dit hier kortliks om die geskiedenis van die manna mee af te rond. |
En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet mtotdat hulle in 53’n bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het.
| m Jos. 5:12. Neh. 9:15. | 53 Dit word teenoor die woestyn gestel. |
En ’n gomer is die tiende van 54’n efa.
| 54 Dit is ’n maat van droë bestanddele, naamlik soveel as die inhoud van 432 hoendereierdoppe (22 liter); sodat die gomer, soos sommige meen, meer as dubbel so groot was as ’n choinix (rantsoen of maat), Openb. 6:6, naamlik ’n rantsoen koring, genoeg kos vir een man vir een dag. Sien Lev. 5:11; 19:36. Deut. 25:14, ens. |
Oorwinningslied van die Israeliete.
TOE het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: aEk wil sing tot eer van die HERE, want Hy is 1hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.
| a Ps. 106:12. | 1 Hebr. verhogende verhoog. |
bDie HERE is my krag en my 2psalm, en Hy het my tot 3heil geword. Hy is my God, Hom sal ek 4roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.
| b Ps. 18:2; 118:14. Jes. 12:2. | 2 Dit is, Hy is die inhoud van my lied, of wat my rede gegee het om Hom met lofsange te prys.
3 Of: verlossing. Sien Ex. 14:13. 4 Anders: ek sal vir Hom ’n rusplek of huis maak. |
Die HERE is ’n krygsman; 5HERE is sy naam.
| 5 Sien Gén. 2:4 se kanttekening. Ex. 3:15; 6:2. |
Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die 6Skelfsee gesink.
| 6 Dit is, die Rooi See. |
cDie 7watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos ’n klip.
| c Neh. 9:11. | 7 Dit is, die hoë waters, wat soos mure regop gestaan het, het op hulle geval, Ex. 14:22. |
do HERE, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o HERE, verpletter die vyand.
| d Ps. 118:15, 16. |
En 8in u grote hoogheid werp U 9diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: 10dit verteer hulle soos ’n stoppel.
| 8 Hebr. in die grootheid van u hoogheid.
9 Dit is, hulle wat teen u volk opgestaan het; want alles wat teen God se volk gedoen word, word deur God geag asof dit teen Hom gedoen is. Sien Sag. 2:8. Matt. 25:45. Hand. 9:4. 10 Dit is ’n onvoltooide sin, wat volledig as volg uitgespreek word: wat hulle verteer, soos die stoppels deur die vuur verteer word. |
eEn 11deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos ’n wal, die watervloede het 12styf geword 13in die hart van die see.
| e Jes. 63:12, 13. Háb. 3:10. | 11 Dit is ’n omskrywing van die wind; sien Ex. 14:21.
12 Of: gestol. 13 Dit is, in die diepte of in die middel van die see, soos in Ps. 18:16; 46:3. Eség. 28:2. Vgl. Deut. 4:11 en die kanttekening. |
Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, 14buit verdeel, 15my begeerte sal versadig word van hulle; 16ek sal my swaard trek, my hand sal hulle 17uitroei.
| 14 Dit het gewoonlik met vreugde gebeur, Jes. 9:2. Farao en sy manskappe het hulself die oorwinning belowe, maar dit het by hulle verbygegaan.
15 Hebr. my siel. Dit is (soos sommige dit hier vertaal), ek wil my woede op hulle koel. Sien Job 16:10 se kanttekening. 16 Hebr. ek sal my swaard leegmaak. 17 Of: in my besit bring, of arm maak. |
fU het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.
| f Ps. 74:13; 106:11. |
o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, 18verheerlik in heiligheid, 19gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?
| 18 Dit is, wat met uitnemende groot heiligheid beklee is.
19 Of: gedug in lofsange. Dit is, wat met groot eerbied en kinderlike vrees aanbid, geëer en geprys moet word. |
U het u regterhand uitgestrek, 20die aarde het hulle verslind.
| 20 Dit is, die bodem van die see. |
U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U ghet hulle deur u krag na u 21heilige woning gevoer.
| g Ps. 77:21. | 21 Verstaan die land Kanaän, waar God sy heilige godsdiens aan sy volk sou gee. Sien Ps. 78:52-54. |
Die volke het dit gehoor, 22hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.
| 22 Of: hulle sal sidder. Sien die vervulling hiervan in Núm. 22:3, 6. Jos. 2:10, 11; 5:1. Ps. 68:3. |
hToe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.
| h Deut. 2:4. |
iVerskrikking en vrees het op hulle geval; deur die grootheid van u arm was hulle stom soos ’n klip, terwyl u volk deurtrek, HERE, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het.
| i Deut. 2:25; 11:25. Jos. 2:9. |
U bring hulle in en plant hulle 23op die bergland van u erfenis, die plek, o HERE, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat u hande gestig het, o Here!
| 23 Dit is, in die bergagtige land, soos Kanaän is, Deut. 11:11. Ander verstaan hier die berg Moría, waarop die tempel later gebou is. |
Die HERE sal regeer 24vir ewig en altoos.
| 24 Dit is, nou en hiernamaals. |
Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die HERE het 25die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.
| 25 Wat kort tevore regop gestaan het soos mure, Ex. 14:22. |
En Mirjam, die profetes, 26die suster van Aäron, het ’n tamboeryn in haar hand kgeneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.
| k 1 Sam. 18:6. | 26 Sy was ook wel Moses se suster, maar omdat sy in die afwesigheid van Moses ’n lang tyd by Aäron gewoon het, word sy om dié rede Aäron se suster genoem. |
En 27Mirjam het 28hulle al singende 29geantwoord: Sing tot eer van die HERE, want 30Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.
| 27 Met ander vroue.
28 Naamlik die manne. 29 Die manne het eers gesing, soos blyk uit vers 1; die vroue het daarna dieselfde gesing. 30 Hebr. verhogende verhoog. |
Die water van Mara.
DAAROP het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn 31Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.
| 31 Die naam van ’n woestyn tussen Egipte en Arabië. Sien Gén. 16:7. |
lEn hulle het in 32Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.
| l Núm. 33:8. | 32 Toe Moses en die Israëliete op hierdie plek gekom het, is dit nog nie Mara, dit is, bitterheid, genoem nie, maar dit is direk daarna so genoem, soos uit hierdie vers blyk. |
Toe 33murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?
| 33 Murmureer is om in die hart verkeerd oor God, sy woord en werke te voel, en met die tong onwaardiglik daaroor te spreek. |
En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ’n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, 34en die water het soet geword. Daar het 35Hy vir 36hulle ’n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef
| 34 Hierdie water het ’n tyd lank soet geword tot diens en gebruik deur die Israeliete, maar dit het nie altyd so gebly nie, soos blyk uit Plinius, Naturalis historia, wat in sy tyd melding maak van hierdie bitter waters. Sien 2 Kon. 2:21.
35 Naamlik God. 36 Naamlik die volk van Israel. |
en gesê: As jy 37getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want 38Ek is die HERE wat jou gesond maak.
| 37 Hebr. luisterende luister.
38 God die HERE wil sê: Dit is Ek wat julle siel en liggaam gesond kan maak, en teen alle ellendes – teenswoordige sowel as toekomende – kan bewaar. |
Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.
TOE het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet omdraai en alaer opslaan 1voor Pi-Hágirot, tussen 2Migdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle laer opslaan by die see.
| a Núm. 33:7. | 1 Anders: voor die mond van Girot, dit is, voor die noute of ingang tussen die berge van Girot.
2 Die naam van ’n stad in Egipte, Jer. 44:1. |
3Dan sal Farao van die kinders van Israel sê: Hulle is verdwaal in die land, 4die woestyn het hulle ingesluit.
| 3 Naamlik, wanneer hy sal hoor dat julle teruggegaan en op ’n baie ongeleë plek laer opgeslaan het.
4 Hebr. die woestyn het oor hulle gesluit. |
bEn Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag 5verheerlik, en die 6Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is. En 7hulle het so gedoen.
| b Ex. 4:21; 10:20. | 5 God verkry eer, sowel in die voltrekking van sy strawwe aan die goddeloses, as in die ontferming oor sy uitverkorenes, Eség. 28:22. Rom. 9:22, 23.
6 Sowel die wat in die see sal verdrink, as die wat in die lewe sal bly. 7 Dit is, hulle het teruggegaan, soos die HERE hulle beveel het. |
Toe die koning van Egipte berig ontvang dat die volk gevlug het, het die hart van Farao en van sy dienaars teenoor die volk verander, en hulle sê: Wat het ons nou gedoen dat ons Israel laat trek het, 8sodat hulle ons nie meer dien nie?
| 8 Hebr. om weg van ons af te dien. |
Daarop het hy sy strydwa ingespan en sy manskappe saam met hom geneem.
En hy het seshonderd uitgesoekte strydwaens geneem en 9al die ander strydwaens van Egipte, en die 10beste vegsmanne op elkeen daarvan.
| 9 Verstaan al die waens wat hulle inderhaas kon kry.
10 Die Hebreeuse woord het sy oorsprong in drie of derde, sodat sommige verstaan die derde orde adjudante by die koning. |
En die HERE het die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, sodat hy die kinders van Israel agtervolg het. Maar die kinders van Israel het 11deur ’n hoë hand uitgetrek.
| 11 Dit is, deur God se mag. Vgl. Ex. 13:16. Anders: openlik, vrymoedig, in goeie orde, sien Ex. 13:18 en die kanttekening, en ten aanskoue van die Egiptenaars, Núm. 33:3. |
cEn die Egiptenaars het hulle agtervolg — al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag — en hulle ingehaal terwyl hulle in die laer gestaan het by die see by Pi-Hágirot, voor Baäl-Sefon.
| c Jos. 24:6. |
Toe Farao naby kom, slaan die kinders van Israel hulle oë op, en kyk, daar trek die 12Egiptenaars agter hulle aan; en hulle het baie bang geword. Daarop het die kinders van Israel tot die HERE geroep.
| 12 Hebr. Egipte, dit is, die Egiptenaars. |
En hulle het vir Moses gesê: Het u, omdat daar in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die woestyn te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit Egipteland uitgelei het?
dIs dít nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe.
| d Ex. 6:8. |
Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan 13vas en aanskou 14die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want 15soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.
| 13 Dit is, wankel nie in julle hart nie.
14 Dit is, die oorwinning wat die HERE sal gee. Sien Gén. 49:18. 15 Anders: die Egiptenaars wat julle vandag gesien het, sal julle, ens. |
Die HERE sal vir julle stry, en 16julle moet stil wees.
| 16 Asof hy wou sê: julle sal niks daartoe bydra met woorde of met dade nie; die HERE sal vir julle stry. Of: Wees julle maar stil, hou op om teen God en my te murmureer. |
Toe vra die HERE vir Moses: Wat roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek.
En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek.
17En Ek, kyk, Ek sal die hart van die Egiptenaars verhard, sodat hulle 18agter hulle aan gaan. En Ek wil My verheerlik aan Farao en sy hele leërmag, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.
| 17 Anders: Wat My aangaan, kyk, Ek sal, ens.
18 Naamlik die see in. |
En die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is, as Ek My verheerlik aan Farao, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.
En 19die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan;
| 19 In Ex. 13:21 word Hy die HERE genoem. |
so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die 20duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.
| 20 Dit was duisternis vir die Egiptenaars wat agterna gekom het, terwyl dit tegelykertyd die Israeliete, wat vooruit gegaan het, verlig het. |
Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur ’n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, een 21die see droog gemaak; fen die waters is gekloof.
| e Ps. 66:6.
f Jos. 4:23. Ps. 78:13; 106:9; 114:3. |
21 Hebr. het die see tot droogte geplaas. |
gEn die kinders van Israel 22het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant.
| g 1 Kor. 10:1. Hebr. 11:29. | 22 Die kinders van Israel kon aanvanklik wel ’n ander, beter pad gevolg het as om deur die Rooi See te trek, maar dit het God die HERE behaag om hulle daardeur te laat trek, om sy krag te betoon en om Farao met sy leër te laat verdrink. |
Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek — al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters — die see in.
En in die môrewaak 23het die HERE, 24in die vuur- en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars 25afgekyk en die leër van die Egiptenaars 26in verwarring gebring.
| 23 Die profeet Dawid beskryf dit met baie besonderhede in Ps. 77:18, 19, en betuig dat God die HERE Hom aan die Egiptenaars vertoon het met weerlig, donderslae en reën.
24 Hierdie kolom was aan die voorkant vuur, maar aan die agterkant duisternis. 25 Dit is, God het Hom kragtig vertoon, terwyl Hy in die vuurkolom was. 26 Of: het verskrik, verbreek, verslaan. |
En Hy het die wiele 27van hulle strydwaens laat insak en 28hulle met moeite 29laat voortgaan. 30Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want die 31HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars.
| 27 Hebr. van sy.
28 Hebr. hom, dit is, elkeen. Of dit dui op die voorgaande woord, leër. 29 Of: gelei. 30 Hebr. Egipte het gesê: Laat ek vlug. 31 Hier word voltrek wat in vers 14 vooruit aangekondig is. |
Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, 32dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.
| 32 Die HERE het dit deur ’n sterk wind gedoen, Ex. 15:10. |
En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen 33dagbreek 34in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het 35dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see 36gestort.
| 33 Hebr. aansien, of terugkeer van die dag, dit is, met die aanbreek van die dag.
34 Dit is, tot sy normale vloei. 35 Naamlik die see; dit is, waar die Egiptenaars hulle ook al gedraai of gekeer het, het die see hulle tegemoet gekom. 36 Hebr. uitgeskud. Dit was ’n regverdige straf van God oor die Egiptenaars, wat die klein kinders van die Israeliete in die water gegooi en verdrink het. |
hEn toe die waters 37terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter 38hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.
| h Ps. 78:53; 106:11. | 37 Die opgehoopte watermassa het weer inmekaar gestort.
38 Naamlik die Israeliete. |
iMaar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek. En die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant.
| i Ps. 77:20. |
So het die HERE Israel dan dié dag uit die hand van die Egiptenaars verlos. En Israel het die Egiptenaars 39dood gesien 40aan die kant van die see.
| 39 Anders: sterwende.
40 Hebr. aan die lip van die see. |
Ook het Israel 41die magtige daad gesien wat die HERE aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die HERE gevrees en geglo 42in die HERE en 42aan Moses, sy kneg.
| 41 Hebr. die groot hand. Dit is, die voortreflike en kragtige werk van die HERE, soos in Ps. 109:27.
42 Die voorsetsel in of aan is in Hebreeus wel een en dieselfde woord, maar die onderskeid in die vertaling word getref op grond van die aard van die saak. Dit is, hulle het die woord wat Moses in die Naam van God tot hulle gespreek het, geglo, soos in Ex. 19:9. 2 Kron. 20:20. |
Wet van die eersgeborenes.
TOE het die HERE met Moses gespreek en gesê:
1aHeilig vir My al die 2eersgeborenes. 3Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, 4dit is myne.
| a Ex. 22:29; 34:19. Lev. 27:26. Núm. 3:13; 8:17. Luk. 2:23. | 1 Dit is, gee bevel dat hulle vir My afsonder, of bestem vir my heilige diens. Sien Lev. 8:10.
2 Naamlik, wat manlik is. 3 Hebr. opening van elke moederskoot. 4 Naamlik daarom, omdat Ek julle eersgeborenes gespaar het, toe Ek alle eersgeborenes in Egipteland gedood het. Sien vers 15. |
Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle 5deur ’n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.
| 5 Hebr. in krag van die hand. |
bVandag trek julle uit, 6in die maand Abib.
| b Ex. 23:15. | 6 Hierdie maand val gedeeltelik in Maart en gedeeltelik in April, wanneer die dae en nagte ewe lank is. Die Hebreeuse woord abib beteken ’n groen aar, waaraan hierdie maand sy naam ontleen het, aangesien die gesaaides in daardie land in dié maand groen are gekry het. |
En as die HERE jou bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee, ’n land wat 7oorloop van melk en heuning, dan moet jy 8hierdie diens in hierdie maand 9onderhou.
| 7 Sien Ex. 3:8.
8 Wat in die volgende verse beskryf word. 9 Hebr. dien. |
Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van die HERE.
Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.
En jy moet jou 10seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
| 10 Dit is, jou kinders. |
En dit moet vir jou as ’n teken wees op jou hand en ’n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van die HERE in jou mond mag wees; want deur ’n sterke hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei.
Daarom moet jy hierdie insetting onderhou 11op die daarvoor bepaalde tyd, 12van jaar tot jaar.
| 11 Sien Ex. 12:6.
12 Hebr. van dae tot dae. So word die woord dae ook gesien as ’n jaar, Lev. 25:29. Amos 4:4 se kanttekening. |
En as die HERE jou in die land 13van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ’n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,
| 13 Verstaan hieronder ook al die nasies wat in vers 5 en Gén. 15:18-21 genoem word. |
cdan moet jy 14alles wat die moederskoot open, 15aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê — wat manlik is, behoort aan die HERE.
| c Ex. 22:30; 34:19. Lev. 27:26. Núm. 8:17. Eség. 44:30. | 14 Hebr. opening van elke moederskoot, vers 2.
15 Naamlik van jou aan die HERE afgee, sodat dit nie meer van jou is nie, maar van die HERE. |
Maar elke eersteling van ’n 16esel moet jy met ’n 17lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, 18moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns 19moet jy loskoop.
| 16 Verstaan hieronder ook alle ander diere wat nie geoffer mog word nie.
17 Verstaan sowel ’n skaaplam as ’n boklam. 18 Naamlik, sodat dit nie vir algemene gebruik aangewend word nie. 19 Naamlik met vyf sikkels van die heiligdom, Núm. 18:16. |
En as jou seun jou 20later vra en sê: 21Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ’n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.
| 20 Sien Ex. 12:26.
21 Hebr. wat is dit? |
Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom 22offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.
| 22 Of: slag. |
En dit sal as ’n teken wees op jou hand en ’n 23voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ’n sterke hand uit Egipte uitgelei.
| 23 Dit wil voorkom of dit gedenkskrifte was, wat aan die voorhoof vasgebind is, om sodoende die HERE se wet te gedenk. Sien Deut. 6:8. |
Tog na die Skelfsee.
TOE Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit 24nader was; want 25God het gesê: 26Die volk kan dalk 27berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.
| 24 Naamlik, om in die land Kanaän te kom.
25 Naamlik by Homself. Sien Gén. 8:21. 26 Dit is menslikerwys gesproke. 27 Naamlik, dat hulle uit Egipteland getrek het. |
Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting 28na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het 29goed gewapend uit Egipteland opgetrek.
| 28 Verstaan hieronder die woestyn Etam, vers 20. Núm. 33:8.
29 Sien Jos. 1:14; 4:12. Rig. 7:11. Anders: in vyf, dit is, met vyf langs mekaar, of in vyf groepe of leërs. |
En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem; dwant hy het die kinders van Israel 30plegtig laat sweer en gesê: God sal 31eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op.
| d Gén. 50:25. Jos. 24:32. | 30 Hebr. beswerende laat sweer, dit is, ernstig of met ’n gewigtige eed laat sweer.
31 Hebr. ag gewende ag gee. |
eSo het hulle dan van Sukkot af weggetrek en laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die woestyn.
| e Núm. 33:6. |
fEn 32die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in 33’n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ’n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.
| f Ex. 40:38. Núm. 14:14. Deut. 1:33. Neh. 9:12, 19. Ps. 78:14; 105:39. 1 Kor. 10:1. | 32 Hy word in Ex. 14:19 die Engel van God genoem; Hy was die ewige Seun van God, 1 Kor. 10:9.
33 In Ps. 105:39 staan dat hierdie wolk soos ’n bedekking uitgesprei was, sodat dit vir die Israeliete ’n skaduwee teen die hitte van die son was. |
Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.
Instelling van die paasfees.
EN die HERE 1het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê:
| 1 Naamlik, voordat Moses van Farao af weggegaan het, Ex. 11:4 se kanttekening, hetsy dit voor die driedaagse duisternis gebeur het, Ex. 10:21, of daarna, Ex. 11:1. |
2Hierdie maand moet vir julle 3die begin van die maande wees; dit moet vir julle 4die eerste van die maande van die jaar wees.
| 2 Deur die Hebreërs Abib genoem, Ex. 13:4, anders genoem: Nisan, Est. 3:7.
3 Hebr. die hoof. Dit is, die begin; so staan daar in Eség. 40:1 se kanttekening die hoof van die jaar, dit is, die begin van die jaar. 4 Dit is wat kerklike sake betref, maar in politieke sake het die jaar met die sewende maand begin. Sien Lev. 23:24 en die kanttekening. |
Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 5’n lam neem 6volgens die families, ’n lam vir ’n huisgesin.
| 5 Hetsy ’n skaaplam of ’n boklam, vers 5. Hierdie lam was ’n voorstelling of beeld wat gewys het op Christus, die ware Lam van God, Joh. 1:29. 1 Kor. 5:7.
6 Hebr. volgens die huis van die vaders. Dit is, volgens die huisgesinne, wat na die vaders genoem is. |
Maar as ’n huisgesin te 7klein is vir ’n lam, dan moet 8hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die 9sieletal; na wat 10elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal 11op die lam bereken.
| 7 Dit is, as hulle te min is om die lam daardie aand heeltemal op te eet.
8 Naamlik die vader van die huis. 9 Dit is, die aantal persone. Sien Gén. 12:5 en die kanttekening. 10 Hebr. man na die mond van sy kos. 11 Dit is, in die regte verhouding van die lam en die getal van die persone wat daarvan sou eet, terwyl daarop gelet moes word dat die persone nie te veel of te min was nie. |
aJulle moet ’n lam hê 12sonder gebrek, ’n 13jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.
| a Lev. 1:3; 22:21. Mal. 1:8. 1 Petr. 1:19. | 12 Sodanig moes Christus wees, 1 Petr. 1:19.
13 Hebr. die seun van ’n jaar, dit is, ’n eenjarige lam. |
14En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag 15teen die aand.
| 14 Dit is, julle moet dit vir vier dae lank, vanaf die tiende tot die veertiende dag, eenkant sit, afgesonder van die trop.
15 Hebr. tussen die aande. Dit is, tussen die begin en die einde van die aand, dit is, tussen ons derde uur ná die middag en die ondergang van die son; op hierdie tyd het onse Here Jesus Christus, die ware Paaslam, gesterf, Matt. 27:46, 50. |
En hulle moet van 16die bloed neem en dit 17stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet.
| 16 Naamlik van die geslagte lam.
17 Hebr. gee, of doen, naamlik met bossies hisop, soos in vers 22 staan. Oor hierdie seremonies word nêrens verder iets gesê nie, ook nie oor enige van die volgende seremonies nie, omdat hulle net in hierdie eerste pasga onderhou moes word. |
bEn hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; 18saam met ongesuurde brode moet hulle dit 19met bitter kruie eet.
| b Núm. 9:11. 1 Kor. 5:8. | 18 Die Israeliete het die paaslam saam met ongesuurde koeke geëet, as gedagtenis daaraan dat hulle hul ongesuurde deeg met groot haas saam met hulle uit Egipteland gedra het, vers 34.
19 Anders: bitter sous. Hebr. met bitterhede, of met bitter dinge. |
Julle moet daarvan nie eet as dit 20rou is en as dit 21in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed.
| 20 Of nie gaar genoeg gebraai is nie.
21 Hebr. kokende gekook in die water. |
Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, 22moet julle met vuur verbrand.
| 22 Sodat dit vir niks anders gebruik sou word nie, hetsy vir afgodery of as voedsel vir algemene gebruik. |
23En só moet julle dit eet: 24Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ’n 25Pasga van die HERE is dit.
| 23 Naamlik hierdie een keer, maar ná hierdie tyd is hierdie dinge nie meer onderhou nie, selfs nie deur Christus of deur sy apostels nie. Sien vers 7.
24 Dit beteken gereed vir die reis, of haastig om ’n taak uit te voer, soos in 2 Kon. 4:29; 9:1. Jer. 1:17. Luk. 12:35, 36. 25 Hebr. Pesag. Dit beteken ’n deurgang, verbygang, of oorspring, omdat die verderfengel by die huise van die Israeliete verbygegaan, of verbygespring het, verse 13, 23, 27. Die lam word hier pesag, dit is, verbygang, genoem, omdat dit ’n teken daarvan was. Sien Gén. 17:10 se kanttekening oor hierdie sakramentele spreekwyse, en vers 13 en Ex. 13:9 oor die eintlike spreekwyse. |
Want 26Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en 27al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan 28al die gode van Egipte, Ek, die HERE.
| 26 Dit wat God deur die verderfengel gedoen het, sê Hy het Hy self gedoen.
27 Naamlik van die Egiptenaars. 28 Dit is asof God sê: Ek sal laat blyk dat al die afgode nutteloos is en nie kan help nie. |
Maar 29die bloed sal vir julle 30’n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek 31Egipteland tref nie.
| 29 Naamlik, waarmee julle die deurposte en bo-drumpel besprinkel het, vers 7.
30 Om te gedenk aan my belofte tot versterking van julle geloof. 31 Dit is, die eersgeborenes in Egipteland. |
cEn hierdie dag moet vir julle 32’n gedenkdag wees, en julle moet dit as ’n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte 33as ’n ewige insetting vier.
| c Ex. 5:1. | 32 Naamlik vir die weldaad wat julle ontvang het, dat Ek julle uit Egipte verlos het.
33 Naamlik, totdat die Messías kom, wat die einde en die vervulling van die wet is. Sien Gén. 13:15; 17:7, 13. |
34Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise 35verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, 36dié siel 37moet uit Israel uitgeroei word.
| 34 Naamlik ná die paasdag, want dit was ’n besondere fees.
35 Hebr. laat ophou. 36 Dit is, dié mens. 37 Sien Gén. 17:14 se kanttekening. |
En op die eerste dag moet daar 38’n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; 39net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word.
| 38 Hebr. samekoms van heiligheid, so ook in dit wat volg.
39 Dit was ongeoorloof om op die sabbatdag te doen, Ex. 16:23, 29; 35:2, 3. |
Onderhou dan die ongesuurde 40brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as ’n ewige insetting hou.
| 40 Of: koeke, volgens die gebruik van die Jode. |
dIn die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.
| d Lev. 23:5. Núm. 28:16. |
41Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, 42of hy al ’n vreemdeling is of ’n kind van die land.
| 41 Sien vers 15. 1 Kor. 5:8.
42 Hebr. in, aan of onder die vreemdeling, ens. |
Julle mag 43niks eet met suurdeeg in nie. eIn al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.
| e Deut. 16:3. | 43 Geen brood, of koeke, of iets anders nie. |
Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: 44Gaan haal vir julle 45kleinvee vir julle families fen slag 46die pasga.
| f Hebr. 11:28. | 44 Hebr. Trek uit, naamlik uit die skaapstal of trop.
45 Dit is, skape of bokke. 46 Dit is, die lam, wat ’n teken was van die pasga of van die deurgang van die verderfengel. |
En 47neem ’n bossie 48hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en 49stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.
| 47 Dit is een van die seremonies wat net gedurende die eerste pasga onderhou moes word. Sien vers 7 se kanttekening.
48 Sien 1 Kon. 4:33 se kanttekening oor hisop. 49 Hebr. laat aanraak. |
Want die HERE sal deurtrek om 50die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal die HERE by die deur 51verbygaan gen die 52verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.
| g Hebr. 11:28. | 50 Anders: Egipte; verstaan die eersgeborenes van die Egiptenaars.
51 Of: verbyspring. 52 Verstaan die verderfengel. |
Onderhou dan 53hierdie saak as ’n insetting vir jou en jou kinders 54tot in ewigheid.
| 53 Uitgesonder die seremonies wat eie was aan hierdie eerste pasga. Sien verse 7, 11, 22.
54 Hier moet verstaan word: tot op Christus. Sien vers 14. |
En as julle 55in die land kom wat die HERE aan julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie 56diens onderhou.
| 55 Naamlik in die land Kanaän. In die woestyn het hulle slegs een keer pasga gehou, Núm. 9:5.
56 Dit is, godsdiens. So ook in vers 26, soos blyk uit vers 27. |
hEn as julle kinders julle vra: 57Wat beteken die diens daar?
| h Jos. 4:6. | 57 Hebr. Wat is hierdie diens vir julle? |
dan moet julle sê: 58Dit is ’n paasoffer aan die HERE, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref maar ons huise gered het. Toe het die volk in aanbidding neergebuig.
| 58 Naamlik die paaslam. |
iEn die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos die HERE Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.
| i Hebr. 11:28. |
kEn middernag het die HERE 59al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, 60tot die eersgeborene van die gevangene toe 61wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.
| k Ps. 78:51; 105:36; 135:8; 136:10. | 59 God het dit gedoen tot ’n straf oor die onreg wat Farao en sy onderdane aan Israel, God se eersgeborene, gedoen het, Ex. 4:22, 23.
60 Vgl. hierdie manier van spreek met Ex. 11:5. 61 Hebr. in die huis van die put of van die kuil. |
lToe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was ’n groot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie in was nie.
| l Ps. 105:38. |
62Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die HERE 63soos julle gespreek het.
| 62 Moses en Aäron het nie na Farao toe gegaan nie, maar die gesante van die koning moes na hulle toe kom en Moses met nederigheid smeek dat hulle tog sou wegtrek, soos uit Ex. 10:29; 11:8 afgelei kan word.
63 Naamlik sonder enige van die voorwaardes waarvan die koning voorheen gespreek het. |
Neem ook julle kleinvee en 64julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en 65seën my ook.
| 64 Of: julle grootvee.
65 Dit is, roep God vir my aan dat Hy my van hierdie plaag sal verlos. Dit begeer Farao ook in Ex. 8:8; 9:28; 10:16, 17. Dit wil voorkom of Farao in sy hart oortuig was dat hy gruwelik teen God die Here gesondig het, deur teen sy eie gewete te handel. |
En die Egiptenaars het by die volk sterk aangehou — om hulle gou uit die land uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons 66is almal dood!
| 66 Sien Gén. 20:3 se kanttekening. |
Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die skouers.
mEn die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis;
| m Ex. 3:21; 11:2. Ps. 105:37. |
en die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars 67berowe.
| 67 So is vervul wat God aan Abraham beloof het, Gén. 15:14, en aan die Israeliete, Ex. 3:22. |
En die kinders van Israel het van 68Raämses na 69Sukkot weggetrek, omtrent 70seshonderdduisend te voet, die manne buiten die 71kinders.
| 68 Sien Gén. 47:11.
69 ’n Plek wat so genoem is omdat die kinders van Israel, toe hulle daar gekom het, hutte van takke gemaak het. Dit is hulle eerste rusplek nadat hulle uit Egipte getrek het. Vgl. Lev. 23:43. Hierdie Sukkot moet onderskei word van ’n ander een, waarvan in Gén. 33:17 gespreek word. 70 Onder hierdie groot getal was daar nie een swakke of sieklike nie, Ps. 105:37. 71 Die vrouens moet ook hierby verstaan word, sonder wie se hulp die kinders nie oor die weg sou kon kom nie; so ook in Ex. 10:24 en die kanttekening. |
En 72’n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste — ’n 73groot hoeveelheid vee.
| 72 Naamlik Egiptenaars, en ander, wat deur die wonderwerke wat hulle gesien het, oorgehaal was om saam op te trek, maar nie volgehou het nie, Núm. 11:4, 5.
73 Hebr. baie swaar vee. |
En hulle 74het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Egipte 75uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie.
| 74 Naamlik, toe hulle in Sukkot gekom het.
75 Soos God die Here vooruit aangekondig het in Ex. 5:24. |
nEn die tyd wat die kinders van Israel in Egipte gewoon het, 76was vierhonderd-en-dertig jaar.
| n Gén. 15:13. Hand. 7:6. Gal. 3:17. | 76 Die Septuagint verklaar die vierhonderd-en-dertig jaar as die tyd wat die kinders van Israel in Egipte en daarvoor in Kanaän gewoon het. Sien Gén. 15:13 se kanttekening. |
En ná verloop van vierhonderd-en-dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek.
77Dit is ’n nag om plegtig onderhou te word tot eer van die HERE, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van die HERE om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.
| 77 Anders: Dit is daardie nag wat die HERE in ag geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei. Hebr. Dit is ’n nag van die onderhoudinge vir die HERE. |
Die insetting van die pasga.
VERDER het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander 78mag daarvan eet nie.
| 78 Verstaan hier: tensy hy besny is, soos uit verse 44, 48 afgelei kan word. |
Maar elke slaaf wat ’n man met geld gekoop het, 79dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet.
| 79 Verstaan hier: nadat hy in die ware godsdiens onderrig is en dit aangeneem het. |
Geen 80vreemde inwoner of huurling 81mag daarvan eet nie.
| 80 Naamlik sodanige uitlander of buitelander, wat in ’n land woon waarvan hy nie ’n burger is nie, of by iemand anders inwoon.
81 Verstaan hier: tensy hulle besny is. |
82In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; oen julle 83mag geen been daarvan breek nie.
| o Núm. 9:12. Joh. 19:36. | 82 Die betekenis is: Hulle sal elke lam in ’n afsonderlike huis eet, elke huisgesin sy eie lam, soos in vers 3 gesê word.
83 Dit dui op Christus, die ware Paaslam, van wie geen been gebreek is nie, Joh. 19:33, 36. |
Die hele vergadering van Israel moet 84dit hou.
| 84 Dit is, sal die pasga voorberei en eet, soos die HERE beveel het; wie dit versuim het, is afgesny, Núm. 9:13. |
En as ’n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga 85wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en 86hy sal soos ’n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.
| 85 Hebr. sal doen, en so in dit wat volg.
86 Dit is, hy sal dieselfde regte geniet as wat die boorlinge van die land geniet. |
Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.
En al die kinders van Israel het dit gedoen. Soos die HERE Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.
En op daardie selfde dag het die HERE die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.
Tiende plaag: die dood van die eersgeborenes.
VERDER 1het die HERE vir Moses gesê: 2Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle 3selfs hiervandaan wegdrywe.
| 1 Sommige verklaar dit dat die HERE die woorde vir Moses gesê het voordat Farao Moses met dreigemente van hom af weggejaag het, Ex. 10:28. Dit is dan die oorsaak waarom Moses so vrymoediglik Farao aangespreek het, Ex. 10:29.
2 Sien oor hierdie plaag verse 4, 5. 3 Hebr. wegdrywende wegdryf. Sien die vervulling in Ex. 12:31-33. |
Sê tog voor die ore van die 4volk adat elke man van 5sy naaste en 6elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet 7eis.
| a Ex. 3:22; 12:35. | 4 Naamlik van die Israeliete.
5 Naamlik van sy Egiptiese naaste. 6 Sien Ex. 3:22. 7 Hebr. vra. |
En die HERE bhet aan die volk 8guns verleen in die oë van die Egiptenaars. 9Ook was die man Moses 10baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë 11van die volk.
| b Ex. 12:36. | 8 Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 39:21.
9 Dit was die oorsaak waarom Farao nie gedurf het om Moses aan te tas nie, hy het gevrees vir ’n oproer onder die volk. 10 Dit is, in hoë aansien. 11 Dit is, van die Egiptiese volk. |
Toe 12sê Moses: So 13het die HERE gespreek: Omtrent middernag ctrek Ek uit dwarsdeur Egipte;
| c Ex. 12:29. | 12 Naamlik tot Farao, voordat hy van hom af weggegaan het, vers 8, want dit is die vervolg van Moses se woorde in Ex. 10:29.
13 Naamlik, toe Hy my laas na u toe gestuur het. |
dan sal dal die 14eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af 15wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin 16agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.
| d Ex. 12:12. | 14 Wat God hier dreig, het Hy deur sy engel uitgerig, Ex. 12:23, 29.
15 Dit is, wat ná hom sou regeer, soos in 1 Kon. 2:24. 1 Kron. 28:5. 16 Hier staan agter die handmeul, omdat hulle wat met die handmeul gemaal het, die malende stene voor die liggaam met hul hande laat voortbeweeg het. Sien Rig. 16:21. Jes. 47:1, 2. |
En daar sal 17’n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie.
| 17 Sowel deur die ouers wie se kinders gedood sal word, as deur die kinders wat dit sal hoor en sien, terwyl hulle vrees dat dit hulle ook sal oorkom, soos dit in sulke verskriklike plae gewoonlik gebeur. |
Maar 18teen geeneen van die kinders van Israel sal ’n hond sy tong verroer nie, van 19die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE ’n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.
| 18 Sommige vertalings lui: by geeneen, ens. Die betekenis is dan dat dit onder hulle so stil sal wees dat selfs die honde (wat deur ’n geringe geluid wakker word) nie sal blaf nie. Sien dergelike manier van spreek in Jos. 10:21.
19 Dit is, nie teen die mense nie, ook nie teen die diere nie. |
eDan sal al hierdie dienaars van u 20na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk 21wat jou volg. En daarna sal 22ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan 23in gloeiende toorn.
| e Ex. 12:30, 31. | 20 Naamlik, wat deur u na my gestuur is.
21 Hebr. wat aan jou voete is, dit is, wat jou voetspore volg, of wat deur jou gelei word, en onder jou bevel staan. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Rig. 8:5. 1 Kon. 20:10. 2 Kon. 3:9. 22 Dit is, sowel die hele volk van Israel met alles wat ons het, as alles wat ons wil saamneem. 23 Moses ywer vir die eer van God. Andersins was hy ’n baie sagmoedige man, Núm. 12:3. |
En die HERE 24het vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat 25my wonders in Egipteland baie kan word.
| 24 Naamlik in Ex. 3:19; 10:1 en elders.
25 Dit is, my wonderbaarlike plae. |
En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. fMaar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel 26nie uit sy land laat trek het nie.
| f Ex. 9:16. Rom. 9:17. | 26 Behalwe deur dwang. Sien Ex. 3:19; 5:24. |
Agtste plaag: die sprinkane.
VERDER het die HERE vir Moses gesê: Gaan na Farao toe, awant Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My 1onder hulle kan verrig,
| a Ex. 4:21; 9:34. | 1 Anders: voor hom, dit is, voor Farao. Of: in die midde van hom, dit is, van sy koninkryk. |
en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.
Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
Want as jy weier om my volk te laat trek, kyk, dan bring Ek môre sprinkane in jou 2grondgebied,
| 2 Dit is, land, koninkryk. |
en hulle sal 3die oppervlakte van die land oordek, sodat ’n mens die land nie sal kan sien nie. En hulle sal 4die oorblyfsel afeet van wat gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en 5al die bome wat vir julle uit die veld opgroei, sal hulle afeet.
| 3 Hebr. die oog, dit is, al die land wat op ander tye met die oog gesien kan word.
4 Naamlik die koring en spelt, soos in Ex. 9:32. 5 Dit is, al die vrugte en blare van die bome. |
En jou huise en die huise van al jou dienaars en die huise van al die Egiptenaars sal vol van hulle wees — soos jou vaders en die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag af dat hulle op die aarde gewees het tot vandag toe nie. Daarop het hy omgedraai en van Farao af weggegaan.
Toe vra Farao se 6dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons 7’n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle die HERE hulle God kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie8?
| 6 Naamlik die edeles, die grotes, die hofdienaars, en die raadshere.
7 Dit is, ’n verderf, naamlik deur die plae wat hy oor ons bring. 8 Verstaan hierby: tensy u hulle vinnig van ons laat trek. |
Daarop bring hulle Moses en Aäron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien die HERE julle God. 9Wie is dit eintlik wat wil gaan?
| 9 Hier stel Farao sy beperking, omdat hy nie al die Israeliete wil laat trek nie, maar slegs sommige, wat hulle vir hom moet noem en bekendmaak. Hebr. Wie en wie is hulle wat gaan? |
En Moses antwoord: Ons wil gaan met ons jong mense en ons ou mense, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste wil ons gaan, want 10ons wil ’n fees vir die HERE hou.
| 10 Waarop ons ’n aantal diere sal moet slag. |
Toe sê hy vir hulle: 11Mag die HERE só met julle wees as wat ek julle en julle kinders sal laat trek! Pas op, 12want julle het ’n verkeerde ding voor oë.
| 11 Bedoelende, mag die HERE volstrek nie met julle wees nie, soos wat ek julle volstrek nie sal laat trek nie. Hy wil dus sê: Ek sal julle met julle kinders geensins laat trek nie.
12 Of: want daar is kwaad voor julle aangesig. Hy wil in hierdie geval sê: Pas op, want die ongeluk en skade, wat ek oor julle gaan bring, kom nader, indien julle nie ophou om my lastig te val nie. |
Nie so nie! Gaan dan, julle manne, en dien die HERE, want dít 13het julle verlang. En hulle het hulle van Farao af weggedrywe.
| 13 Hierdie koning skaam hom nie om te lieg, of om die woorde van Moses en Aäron te verdraai nie. |
Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor Egipteland 14vanweë die sprinkane, dat hulle opkom oor Egipteland en al die plante van die land opeet, alles wat die hael laat oorbly het.
| 14 Die betekenis is: Sodat die sprinkane opkom oor, ens. |
En Moses het sy staf oor Egipteland uitgesteek, en die HERE het 15’n oostewind in die land gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die boostewind die sprinkane aangevoer:
| b Ps. 78:46; 105:34, 35. | 15 Wat in daardie lande baie sterk waai, sodat dit groot skepe in stukke breek. Sien Ex. 14:21. Núm. 11:31. Ps. 48:8. |
die sprinkane het opgekom oor die hele Egipteland en in die hele gebied van Egipte gaan sit, 16’n baie groot menigte — tevore was daar so ’n sprinkaanswerm nie gewees nie, en daarna sal so iets nie weer voorkom nie.
| 16 Hebr. baie swaar. Dit is ten opsigte van die groot menigte (want hulle het die aarde bedek) en ook van die groot skade wat hulle aangerig het. |
En hulle het 17die oppervlakte van die hele land bedek, sodat die land swart was; en hulle het al die plante van die land opgeëet en al die vrugte van die bome wat die hael laat oorbly het — daar het geen groenigheid aan die bome of plante van die veld in die hele Egipteland oorgebly nie.
| 17 Sien vers 5. |
Toe het Farao gou vir Moses en Aäron laat roep en gesê: Ek het gesondig 18teen die HERE julle God en teen julle.
| 18 Teen die HERE, aan wie ek ongehoorsaam was; en teen julle, wat ek so onbeleef verstoot het. |
Vergeef dan tog nou 19net dié keer my sonde, en bid tot die HERE julle God, dat Hy net 20hierdie dood van my af wegneem.
| 19 Asof hy sê: Indien ek my hierna weer misgaan, hoef julle nie meer vir my te bid nie.
20 Dit is, dodelike plaag, wat alles verderf en ons van honger en kommer sal laat sterwe; so staan dit in 2 Kon. 4:40: Die dood is in die pot, dit is, dodelike groente. |
En hy het van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid.
Daarop laat die HERE die wind omslaan in ’n baie sterk westewind; dié het die sprinkane opgetel en hulle in 21die Skelfsee 22gedrywe. Daar het nie een sprinkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie.
| 21 In hierdie see het Farao nie lank hierna nie verdrink, Exodus 14.
22 Hebr. geheg of vasgemaak, dit is, God het hulle so daarin gedrywe en omsluit dat hulle daarin moes bly, sonder om daaruit te kan kom. |
Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie.
Negende plaag: duisternis.
VERDER het die HERE vir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat ’n mens 23die duisternis kan gryp.
| 23 Dit is, die lug, wat baie dik sal wees, en die lig volledig sal uitsluit. |
Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, 24ckom daar ’n dik duisternis in die hele Egipteland, 25drie dae lank.
| c Ps. 105:27, 28. | 24 Hebr. duisternis van die donkerheid.
25 Moses kon wel weet hoe lank hierdie duisternis geduur het, omdat die dag op tyd by die Israeliete begin het, soos volg in vers 23. |
26Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel 27het lig 28in hulle woonplekke gehad.
| 26 Hebr. Hulle het die man sy broer nie gesien nie; daar het geen son, of maan, of ster geskyn nie.
27 Naamlik in die dag, wanneer daar gewoonlik lig is. 28 Dit het slegs betrekking op die land Gosen; of ook, soos sommige meen, op al die plekke waar die Israeliete gewoon het. |
29Toe het Farao Moses laat roep en gesê: Gaan heen, dien die HERE; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. 30Selfs julle kinders kan met julle saamgaan.
| 29 Naamlik, nadat die driedaagse duisternis verby was.
30 Verstaan hierby ook die vroue, wie se sorg die kinders nie kon ontbeer nie. |
Maar Moses antwoord: U moet self ook slagoffers en brandoffers 31met ons saam gee, dat ons dit aan die HERE onse God kan aanbied.
| 31 Hebr. in ons hand gee. |
En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om die HERE onse God te dien. En ons weet nie 32waarmee ons die HERE onse God sal dien voordat ons daar kom nie.
| 32 Met watter vee en hoeveel ons vir ons God sal moet offer nie. |
Maar die HERE het Farao se hart verhard, en hy wou hulle nie laat trek nie.
Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, 33sal jy sterwe.
| 33 Dit is, ek sal jou doodmaak, of laat doodmaak. |
En Moses antwoord: 34U het reg gepraat. dEk sal u aangesig nie weer sien nie.
| d Hebr. 11:27. | 34 Dit is geen getuienis dat Farao reg en goed gepraat het nie, maar Moses het hom laat verstaan dat dit sou gebeur soos Farao gesê het, dat hy vir Moses nie weer sou sien nie, omdat Moses geweet het wat God oor Farao besluit het. |
Vyfde plaag: pes onder die vee.
VERDER het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan 1dien.
| 1 Dit is, offerande bring. |
Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou,
kyk, dan sal die 2hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met ’n baie swaar pes.
| 2 Dit is, die groot krag van God, sonder tussenkoms van enige werk van mense. Sien Ex. 8:19. |
En die HERE sal ’n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.
En die HERE het ’n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal die HERE dit doen in die land.
En die HERE het dit die volgende dag gedoen: 3al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.
| 3 Dit is, allerlei, van elke soort ’n aantal, of verstaan al die diere wat in die veld was, vers 3. Want daar het nog ’n klein aantal oorgebly, soos af te lei is uit verse 19, 25. Vgl. Ex. 10:5. |
Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.
Sesde plaag: swere.
VERDER het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Neem julle 4twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;
| 4 Hebr. die volheid van julle hande. |
en dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare 5uitbreek, in die hele Egipteland.
| 5 Anders: uitbot, uitbloei. |
So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere.
En die towenaars kon voor Moses nie staan 6vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.
| 6 Hebr. van of voor die aangesig van die swere. Sien Jes. 17:9 se kanttekening oor hierdie manier van spreek. |
Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die HERE aan Moses gesê het.
Sewende plaag: hael.
VERDER het die HERE aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
Want hierdie keer sal Ek 7al my plae 8in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.
| 7 Naamlik, al dié wat Ek My nog voorgeneem het, oor jou te stuur, totdat jy my volk sal laat trek.
8 Hy wil sê: Dit wat Ek hierna oor jou sal laat kom, sal jou nie op jou vel teister nie, maar dit sal sodanig wees dat dit jou hart sal deurboor en krenk. |
Want anders sou Ek my hand 9uitgestrek en 10jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;
| 9 Hebr. uitgestuur.
10 Dit is, Ek sou jou beslis ook met dieselfde pes geslaan het, soos in verse 3, 6, wat jy vir seker verdien het; maar vanweë ’n ander oorsaak (wat in vers 16 beskryf word) het Ek jou gespaar. |
amaar juis hierom het Ek jou nog 11laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.
| a Rom. 9:17. | 11 Hebr. hierom het Ek jou laat staan. Sien Rom. 9:17 en die kanttekening. |
Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?
Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 12’n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.
| 12 Hierdie wonder is des te meer wonderbaarlik omdat dit gewoonlik nie reën of hael in Egipte nie. |
Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, 13in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie — op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.
| 13 Sien oor die Hebreeuse woord Jer. 4:6 se kanttekening. |
Hy wat die HERE se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;
maar 14hy wat op die HERE se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.
| 14 Dit is, hy wat die HERE se woord nie geag of ter harte geneem het nie. Sien Ex. 7:23. |
Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.
En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het 15donder en hael gegee, en vuur het na die aarde 16uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën.
| 15 Die Hebreeuse woord beteken eintlik stemme, en dit word ook vertaal met donder, geluid, gedruis.
16 Hebr. geloop. Verstaan hier die vuur van die bliksemstrale, wat met die hael vermeng was. |
En daar was hael en 17onophoudelike vuur 18binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het 19vandat dit aan ’n volk behoort het nie.
| 17 Hebr. vuur, homself grypende.
18 Die hael, wat water is, het met die vuur vermeng, sodat dit ’n wonder in ’n ander wonder is. 19 Dit is, vandat daar mense in Egipte was of gewoon het. |
En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en 20al die bome van die veld verbreek.
| 20 Dit is, die grootste deel van die bome, of verskillende soorte bome, want Ex. 10:5 laat blyk dat enkele bome hierdie plaag vrygespring het. |
Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.
Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het 21dié keer sonde gedoen. Die HERE is reg, maar ek en my volk 22het ongelyk.
| 21 Farao wat hier kwansuis sy sonde bely, veins, want hy sê dié keer, asof hy nie voorheen ook meermale gesondig het nie.
22 Hebr. is goddeloses. |
Bid tot die HERE, 23want daar is oorgenoeg 24donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, 25en julle hoef nie langer te bly nie.
| 23 Anders: Bid tot die HERE (want dit is genoeg), dat daar nie meer donder van God en hael sal wees nie.
24 Dit is, wat van God afkom, of sulke groot en sterk donderslae. 25 Hebr. en julle sal nie bydra om te staan nie. |
Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die HERE uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet 26dat die aarde aan die HERE behoort.
| 26 Anders: dat hierdie land van die HERE is, as synde die Skepper en Regeerder daarvan, Deut. 10:14, 15. Ps. 24:1; 135:6. 1 Kor. 10:26. |
Maar wat u en u dienaars betref — ek weet 27dat julle nog nie ontsag het vir die HERE God nie.
| 27 Dit word bevestig en bewys as die waarheid in vers 35. |
En die vlas en die gars 28was weggeslaan, want die gars was in die 29aar en die vlas in die knop.
| 28 Naamlik deur die hael.
29 Anders: in die halm. Hebr. die gars was groen are of halm. En die vlas was in die knop. |
Maar die koring en die spelt 30was nie weggeslaan nie, want hulle is 31later.
| 30 Naamlik deur die hael.
31 Hebr. duister. Bedoelende dat hulle nog geen are of halms gehad het nie. |
So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot die HERE uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie.
Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars.
bJa, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, csoos die HERE 32deur die diens van Moses gespreek het.
| b Ex. 4:21.
c Ex. 7:3. |
32 Hebr. deur die hand van Moses, dit is, deur Moses se diens, as synde die instrument wat God die HERE gebruik het. Sien hierdie spreekwyse in Ex. 35:29. Lev. 8:36. 2 Kon. 17:13. Hag. 1:1. Mal. 1:1 en elders. |
Tweede plaag: die paddas.
VERDER het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
En as jy weier om hulle te laat trek, kyk, dan sal Ek 1jou hele grondgebied met paddas 2teister,
| 1 Dit is, die hele land.
2 Dit is, pla, kwel. |
sodat die 3Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal 4opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou 5bakskottels.
| 3 Of: sodat die Nyl paddas in oorvloed sal voortbring. Die verwysing na die Nyl sluit ook ander waters en waterkuile in, soos in vers 5.
4 Naamlik so dat geen deure, poorte, mure, beveiliging of wapens jou óf jou knegte sal kan bevry van hierdie diere nie. 5 Anders: in die aangemaakte deeg. |
En die paddas sal 6teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring.
| 6 As Moses spesifiek Farao en sy dienaars noem, gee hy daarmee te kenne dat die Israeliete daarvan vry was. Sien verse 21, 22. |
Verder 7het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.
| 7 Naamlik, nadat Moses die bevel (waarvan in vers 1 gespreek word) uitgevoer het, en Farao geweier het om dit te gehoorsaam. |
En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, 8en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.
| 8 Hebr. en die padda het opgekom, en so ook elders. |
Maar die towenaars het 9dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland.
| 9 Sien Ex. 7:11. |
Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en gesê: 10Bid tot die HERE, dat Hy die paddas van my en van my volk 11wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan die HERE kan offer.
| 10 Sien Gén. 25:21 se kanttekening. Deur die plae en harde slae leer Farao dié God ken vir wie hy vantevore nie wou ken nie. Sien Ex. 5:2. 1 Sam. 6:2, 3, ens.
11 Die towenaars kon wel die plae van God naboots, vers 7, maar hulle kon dit nie afweer of versag nie. |
Maar Moses sê aan Farao: 12Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly?
| 12 Asof Moses sê: Ek gee aan u die eer dat ek u toelaat om vir my die tyd te bepaal, waarin God die HERE deur my gebede u sal verlos van hierdie plaag van paddas. Sien soortgelyke manier van spreek in Rig. 7:2. Jes. 10:15, waar beroem, in plek van aan u die eer, as ’n vertaling van dieselfde Hebreeuse woord gebruik word. |
En 13hy antwoord: Teen môre. Toe sê 14hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos die HERE onse God nie.
| 13 Naamlik Farao.
14 Naamlik Moses. |
En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.
Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan; en Moses het tot die HERE geroep vanweë die paddas 15wat Hy oor Farao beskik het.
| 15 Dit is, wat God deur Moses as ’n straf oor Farao en sy mense gebring het. |
En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe 16uit die huise, van die 17plase af en uit die veld.
| 16 Moses wil sê dat die paddas in die huise, ens., sterwende met besems en grawe uitgevee en uitgegooi is.
17 Of: binneplase, voorhowe. |
En 18hulle het dit 19by hope bymekaargemaak, en die land het gestink.
| 18 Naamlik die Egiptenaars.
19 Hebr. hope, hope. |
En toe Farao sien dat daar 20verligting kom, het hy sy hart a21verhard en na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
| a Ex. 7:14. | 20 Dit is, verligting van die plaag. Anders: verademing.
21 Hebr. swaar gemaak. Dit is, hy het verhard gebly in sy goddelose en weerspannige voorneme. Sien Ex. 7:14. Jes. 6:10. |
Derde plaag: muskiete.
VERDER het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.
En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het 22muskiete gekom op die mense en op die vee. bAl die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.
| b Ps. 105:31. | 22 Hebr. veelheid van muskiete. |
En die towenaars 23het dieselfde gedoen met hulle towerkunste 24om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee.
| 23 Dit is, hulle het die stof van die aarde geslaan, soos Aäron gedoen het, maar tevergeefs.
24 Of: dat hulle muskiete sou laat voortkom. |
Toe sê die towenaars vir Farao: Dit 25is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het.
| 25 Dit is, die krag en die werk van God. Vgl. Luk. 11:20 met Matt. 12:28. Sien dergelike manier van spreek in Rig. 2:15. 1 Sam. 6:3, 9. Hand. 13:11. |
Vierde plaag: steekvlieë.
VERDER het die HERE vir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao — kyk, hy sal na die water toe uitgaan — en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
Want as jy my volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die 26steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë sal wees, en selfs die grond waar 27hulle op staan.
| 26 Die Hebreeuse grondwoord beteken ’n vermenging, wat hier na enige skadelike insekte kan verwys, soos vlieë, perdebye, muskiete, kewers, perdevlieë, miere, ruspes en ander, wat die gras en die vrugte van die bome en die graangewas opeet en beskadig.
27 Naamlik die Egiptenaars. Hy wil sê dat die insekte oral sal wees waar die Egiptenaars is, en nie elders nie, soos blyk uit vers 22. |
Maar Ek sal op dié dag met die land Gosen, 28waarin my volk woon, ’n uitsondering maak, 29dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet 30dat Ek die HERE is 31in die land.
| 28 Hebr. waarop my volk staan.
29 Naamlik, alhoewel die towenaars hulle uiterste bes probeer. 30 Dit is, dat Ek ook HERE in Egipte is, hoewel Farao meen dat daar geen ander heer behalwe hy is nie. Sien Ex. 5:2. 31 Hebr. in die midde van die land of aarde. |
En Ek sal ’n verlossing 32stel tussen my volk en jou volk. Môre sal hierdie teken plaasvind.
| 32 Naamlik, wat ’n onderskeid maak tussen my volk en jou volk. |
En die HERE het so gedoen: cdik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; 33ddie land is deur die steekvlieë verwoes.
| c Ps. 105:31.
d Ps. 78:45. |
33 Dit is, dit wat die land voortgebring het. |
Toe laat Farao Moses en Aäron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in 34die land.
| 34 Verstaan hierdeur: in hierdie land, maar nie in die woestyn, soos julle versoek het nie. Sien Ex. 5:1. |
Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; ewant wat ons aan die HERE onse God offer, 35is ’n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat ’n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?
| e Gén. 43:32; 46:34. | 35 Naamlik osse, kalwers, koeie, bulle, wat die Egiptenaars as gode eer, en nie durf doodmaak nie, ja, dit nie kan verdra dat hulle doodgemaak word om te offer nie. Sien Gén. 43:32; 46:34. |
Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, 36dat ons aan die HERE onse God kan offer soos Hy ons sal beveel.
| 36 Hulle het nie geweet wat hulle aan die HERE sou offer of slag nie, totdat hulle in die woestyn sou kom. Sien Ex. 10:26. |
Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan die HERE julle God kan offer in die woestyn; 37julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. 38Bid vir my.
| 37 Hebr. ver wegtrekkend, nie ver wegtrek nie.
38 Naamlik, dat die plaag van my af weggeneem word. Sien vers 8. Hand. 8:24. |
En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot die HERE bid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net 39nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan die HERE te offer nie.
| 39 Naamlik, soos hy gedoen het toe die plaag van die paddas hom gekwel het, vers 15. |
Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid.
En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: Hy het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie.
Maar fFarao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie.
| f vers 15. |
EN die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ’n 1god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou 2profeet wees.
| 1 Sien Ex. 4:16 en die kanttekening.
2 Hier word bedoel: verklaarder, of woordvoerder; in Ex. 4:16 staan: hy sal vir jou ’n mond wees. |
Jý moet 3spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer aAäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.
| a Ex. 4:14. | 3 Naamlik tot Aäron. |
En Ék sal Farao se hart 4verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig.
| 4 Sien Ex. 4:21 se kanttekening. |
Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my 5hand 6op Egipte 7lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot 8strafgerigte uit Egipteland uitlei.
| 5 Dit is, my strawwe en plae. Sien dergelike manier van spreek in Ex. 9:3. Rig. 2:15. 1 Sam. 12:15. Klaagl. 3:3.
6 Anders: aan Egipte of aan die Egiptenaars. 7 Hebr. gee. 8 Dit is, strawwe. Sien Ex. 6:5. |
Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.
Moses en Aäron het toe gedoen soos die HERE hulle beveel het; so het hulle gedoen.
9En Moses was tagtig jaar en Aäron drie-en-tagtig jaar oud toe hulle met Farao gespreek het.
| 9 Hebr. En Moses was ’n seun van tagtig jaar, en Aäron ’n seun van drie-en-tagtig jaar. |
En die HERE het Moses en Aäron aangespreek met die woorde:
As Farao met julle spreek en sê: 10Doen tog ’n wonderteken vir julleself — dan moet jy vir Aäron sê: Neem 11jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit ’n 12slang word.
| 10 Hebr. Gee wonder vir julleself, dit is, om te bewys dat julle deur God na my gestuur is.
11 In Ex. 4:20 word dit die staf van God genoem, in Ex. 4:2 die staf van Moses. Hier en in vers 12 word dit die staf van Aäron genoem, omdat hy dit nou in sy hand gehad het. 12 Hebr. tannin. Die woord wat hier en in vers 10 en 12 gebruik word kan ook vertaal word met draak. |
Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het ’n slang geword.
Daarop laat Farao óók die wyse manne en die 13towenaars roep; en hulle, die Egiptiese 14towenaars, het 15ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste:
| 13 Goëlaars wat deur duiwelskuns die oë van die mense betower het, sodat hulle gemeen het dat hulle dinge sien wat in werklikheid nie bestaan het nie, en hulle was saam met die wyse manne hoog geag deur die Egiptenaars.
14 Sien Gén. 41:8. Die vernaamste van hierdie towenaars noem Paulus in 2 Tim. 3:8 Jannes en Jambres. 15 Naamlik, wat die uiterlike skyn betref het, maar nie met die daad nie. |
elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar 16Aäron se staf het hulle stawe verslind.
| 16 Dit is, die draak of slang waarin die staf van Aäron verander het. |
Maar Farao se hart was 17verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie bsoos die HERE gespreek het.
| b Ex. 7:3. | 17 Sien Ex. 4:21. |
Eerste plaag: die water word verander in bloed.
TOE sê die HERE vir Moses: Farao se hart 18is verhard; hy weier om die volk te laat trek.
| 18 Hebr. swaar. Sodat dit homself nie kan ophef om gehoorsaam te wees nie. |
Gaan môre vroeg na Farao toe — kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in ’n slang verander het, in jou hand,
en sê vir hom: Die HERE, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur 19met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie.
| 19 Dit is, om u aan te sê. |
So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is. Kyk, 20ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.
| 20 Dit was Aäron wat met die staf geslaan het, soos beskryf word in vers 19, maar God het dit gebied deur Moses. Sien dergelike manier van spreek in Matt. 20:32 vgl. met Mark. 10:49, en Mark. 15:45 met Matt. 27:58. |
En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En 21die Egiptenaars 22sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink.
| 21 Hieruit is af te lei dat nie die Israeliete nie, maar slegs die Egiptenaars gebrek aan goeie water gehad het.
22 Of: sal vermoeid word, naamlik deur die moeite wat hulle sal doen om rondom die rivier te grawe om water te soek, soos in vers 24. Anders: dit sal vir die Egiptenaars lastig of moeilik wees. |
Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle 23waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, 24ook in hout- en in klipbakke.
| 23 Of: moerasse, staande waters.
24 Hebr. in houte en in klippe. |
Moses en Aäron het toe so gedoen soos die HERE beveel het — 25hy het die staf opgehef en cdie water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; den al die water in die Nyl is in bloed verander.
| c Ex. 17:5.
d Ps. 78:44; 105:29. |
25 Naamlik Aäron. |
En die visse wat in die Nyl was, 26het doodgegaan; en die 27Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En 28daar was bloed in die hele Egipteland.
| 26 Hierdie plaag was soveel groter, omdat die Egiptenaars en almal wat in daardie land gewoon het, baie vis geëet en ’n bestaan daaruit gemaak het, sien Núm. 11:5; want die vleis van verskeie diersoorte het hulle uit bygeloof nie geëet nie, Ex. 8:26.
27 Hierdie plaag was ook baie groot, want die Egiptenaars, wat daagliks water gedrink het, het geen ander water gehad as dit wat hulle uit die groot rivier, die Nyl, en die systrome gehaal het nie, omdat dit daar nie reën nie, soos af te lei is uit Deut. 11:10, 11. 28 Dit is, daar was nie net in die rivier bloed nie, maar ook in al die ander waters van Egipte. |
Maar die Egiptiese towenaars 29het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
| 29 Sien vers 11. Die water wat hulle in bloed verander het, het hulle gekry deur rondom die Nyl te grawe, vers 24, of hulle het dit in Gosen gaan haal, of uit die huise van die Israeliete wat hier en daar onder die Egiptenaars gewoon het. |
En Farao het omgedraai en huis toe gegaan 30en dit ook nie ter harte geneem nie.
| 30 Dit is, hy het geen ag daarop geslaan nie, dit nie ernstig opgeneem nie. Sien dergelike manier van spreek in Ex. 9:21. 1 Sam. 4:20. 2 Sam. 18:3. Spr. 22:17. |
Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie.
31So het dan sewe dae verbygegaan nadat die HERE die Nyl geslaan het.
| 31 Hebr. En die week van dae is vervul. So lank het hierdie plaag geduur. |
VERDER het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is 1die HERE.
| 1 Sien Gén. 2:4 se kanttekening. |
En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as 2God, 3die Almagtige, maar 4met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.
| 2 Hebr. in God, die Almagtige. Anders: met die Naam God almagtig.
3 Dit is, wat magtig is om goed te doen en sy beloftes uit te voer, Gén. 17:1. 4 God die HERE wil hier sê dat hierdie Naam van Hom, JEHOVA, en dit wat die Naam beteken, tot nog toe by hulle nie so goed bekend was nie, as wat dit voortaan aan hulle bekend gemaak sou word, deur die daadwerklike vervulling van sy beloftes, in die besonder van die wonderbare verlossing uit Egipte en hul inbring in die land van beloftes. Andersins het God Homself reeds lank vantevore JEHOVA genoem, en by hierdie Naam sy beloftes bevestig, soos te sien is in Gén. 2:4, 7-9; 15:7; 26:24; 28:13, ens. |
Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het;
en Ék het ook gehoor 5die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in 6slawerny gehou word, en Ek 7het aan my verbond gedink.
| 5 Of: die gesteun, die gekla.
6 Of: laat dien, diensbaar maak. 7 Dit is menslikerwys gesproke, soos in Gén. 8:1. |
Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos 8deur ’n uitgestrekte arm en 9deur groot strafgerigte;
| 8 Dit is, deur my groot en besondere krag; menslikerwys van God gespreek.
9 Dit is, terwyl Ek groot en verskriklike strawwe laat gebeur om my geregtigheid oor die Egiptenaars te bewys. |
en Ek sal julle 10as my volk aanneem en vir julle ’n God wees. En julle sal 11erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.
| 10 Dit is, wat My ken en dien, en van my liggaamlike en geestelike weldade geniet tot ewige saligheid.
11 Anders: bevind, weet of ervaar. |
En Ek sal julle bring in die land waaromtrent 12Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee, 13Ek, die HERE.
| 12 Dit is, gesweer het. Sien Gén. 14:22. Jes. 62:8.
13 Anders: Ek is die HERE, asof God sê: Ek kan en sal julle gee wat Ek belowe. Sien vers 1. |
Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit 14ongeduldigheid en weens die harde diens.
| 14 Of: benoudheid. Hebr. kortheid van gees. Die Israeliete was so verbyster en onderdruk dat hulle liewer onder die slawerny van die Egiptenaars wou bly, as dat Moses sou voortgaan om hulle te verlos, omdat hulle gevrees het dat hulle nog slegter behandel sou word. Sien Ex. 14:12. Job 21:4 se kanttekening. |
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek.
Maar Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister aterwyl 15ek onbesnede van lippe is?
| a Ex. 4:10; 6:29. | 15 Dit is, ek is nie welsprekend nie. Hieruit wil Moses die gevolgtrekking maak dat God hom nie na Farao behoort te stuur nie, maar iemand wat beter ter tale is, sien Ex. 4:10. Dieselfde klagte is ook verneem van Jesaja, 6:5, en Jeremia, 1:6. |
Daarop het die HERE met Moses en Aäron gespreek en hulle met ’n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.
Geslagsregister van Moses en Aäron.
DIT is die 16hoofde van hulle 17families. bDie seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die 18geslagte van Ruben.
| b Gén. 46:9. Núm. 26:5. 1 Kron. 5:3. | 16 Dit is, die belangrikstes.
17 Hebr. huis van hul vaders. 18 Of: huisgesinne. |
cEn die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou; dit is die geslagte van Símeon.
| c Gén. 46:10. Núm. 26:12. 1 Kron. 4:24. |
dEn dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewen-en-dertig jaar.
| d Gén. 46:11. Núm. 3:17; 26:57. 1 Kron. 6:1, 16; 23:6. |
eDie seuns van Gerson: Libni en Símeï volgens hulle geslagte.
| e 1 Kron. 6:17; 23:7. |
fEn die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar.
| f 1 Kron. 6:18; 23:12. |
gEn die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming.
| g 1 Kron. 6:19; 23:21. |
hEn Amram het Jogébed, 19sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewen-en-dertig jaar.
| h Ex. 2:1. Núm. 26:59. | 19 Die dogter van Levi, Ex. 2:1. Núm. 26:59, suster van Amram se vader. |
En die seuns van Jishar: 20Korag en Nefeg en Sigri.
| 20 Dit is hierdie Korag wat teen Moses gerebelleer het, Núm. 16:1. |
En die seuns van 21Ússiël: Mísael, Élsafan en Sitri.
| 21 Hy word Aäron se oom genoem, Lev. 10:4. |
iEn Aäron het 22Eliséba, die dogter van Ammínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en ksy het vir hom gebaar: 23Nadab en Abíhu, 24Eleásar en Ítamar.
| i Núm. 3:2; 26:60.
k 1 Kron. 6:3; 24:1. |
22 Sy was van die stam van Juda, die suster van die vors Nagson, Núm. 1:7; 2:3. 1 Kron. 2:10.
23 Hierdie twee word hier saamgevoeg, omdat hulle albei gelyktydig deur die vuur omgekom het, Lev. 10:1. 24 Hy het sy vader Aäron opgevolg in die hoëpriesteramp, Núm. 20:25. |
En die seuns van Korag: Assir en Élkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.
En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom 25Pínehas gebaar. Dit is die 26familiehoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.
| 25 Sien oor hierdie Pínehas Núm. 25:7.
26 Dit is, die belangrikstes. |
Dit is Aäron en Moses aan wie die HERE gesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland 27volgens hulle leërskare.
| 27 God die HERE wou gehad het dat Moses die volk sou uitlei, nie op ’n onordelike manier waar hulle deurmekaar loop nie, maar volgens die ligging van hul woonplekke, want hulle was nog nie verdeel in stamme nie. |
Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en Aäron.
Moses en die towenaars van Egipte.
DIE dag toe die HERE met Moses gespreek het in Egipteland,
het die HERE Moses aangespreek met die woorde: Ek is die HERE. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.
Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: lEk is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?
| l Ex. 4:10; 6:11. |
Moses en Aäron verskyn voor die koning van Egipte. Die volk klae oor die swaar werk.
EN daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My ’n fees kan hou in die woestyn.
Maar Farao antwoord: aWie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? bEk ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.
| a Job 21:15.
b Ex. 3:19. |
Toe sê hulle: cDie God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.
| c Ex. 3:18. |
Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.
Verder het Farao gesê: Kyk, 1die volk van die land is alreeds baie; en 2julle wil hulle laat ophou met hulle werk?
| 1 Hy verwys na die Israeliete in Egipteland.
2 Met hierdie woorde gee Farao te kenne waarom hy die Israeliete sulke swaar laste opgelê het, naamlik om hulle uit te mergel, en op hierdie manier die verwekking van kinders te verhinder. |
Daarom het Farao dieselfde dag aan die 3drywers onder die volk en die 4opsigters bevel gegee en gesê:
| 3 Hulle was Egiptenaars, soos in vers 14, wat oor die Israelitiese opsigters gestel was.
4 Hulle was Israeliete, soos in vers 14, en hulle het onder die bevel van die Egiptiese drywers gestaan. |
Julle 5moet die volk geen strooi meer gee 6om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel.
| 5 Hebr. Julle sal nie aanhou om te gee nie.
6 Hebr. om bakstene te bak. |
Maar die 7hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God!
| 7 Of: som, mate. |
Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op 8leuenagtige woorde let nie.
| 8 Hebr. woorde van leuen of van valsheid. Die goddelose koning noem God se woord leuenagtige woorde; of hy wil te kenne gee dat Moses en Aäron se woorde dat hulle deur God gestuur is, leuens was. |
Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.
Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word 9niks verminder nie.
| 9 Hebr. geen woord, dit is, geen ding. |
Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi.
En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.
En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, 10met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie 11soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?
| 10 Hebr. terwyl gesê word.
11 Hebr. soos gister, eergister. |
Daarom het die opsigters van die kinders van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?
Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en 12hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by 13u volk.
| 12 Naamlik die drywers. Anders: die bakstene, sê hulle vir ons, sal julle maak.
13 Naamlik by die Egiptenaars, wat aan ons geen strooi lewer nie, maar nogtans die normale daaglikse werk van ons eis. Anders: en u volk (naamlik die Israeliete) moet die skuld dra. |
Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die HERE offer.
Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.
Toe sien die opsigters van die kinders van Israel 14dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens 15die eis van elke dag, nie verminder nie.
| 14 Hebr. dat hulle in die kwaad was.
15 Hebr. die ding of werk van die dag op sy dag, soos in vers 13. Anders: lewer die eis van elke dag. |
En hulle het Moses en Aäron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,
en het vir hulle gesê: 16Mag die HERE op julle let en 17oordeel, omdat julle ons 18gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 19’n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.
| 16 Dit is, die HERE sal toesien en kennis neem van alles wat julle ons aangedoen het. Sien Gén. 31:42 se kanttekening.
17 Sien Gén. 15:14; 16:5. 18 Hebr. ons reuk stinkende gemaak het. 19 Dit is, omdat julle ons haatlik voor Farao gemaak het. Sien Gén. 34:30. |
God beloof verlossing.
TOE 20gaan Moses weer na die HERE en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?
| 20 Dit is, hy het na ’n afgesonderde plek gegaan, waar hy aan die Here die nood en benoudheid van homself en die volk deur gebed met hartlike sugte kon uitstort en voorlê. |
Want vandat ek na Farao gegaan het om in 21u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk 22glad nie verlos nie.
| 21 Dit is, op las en bevel van U. So ook in Esra 5:1. Ps. 118:26. Jer. 11:21. Joh. 5:43.
22 Hebr. verlossende nie verlos nie. |
Daarop het die HERE Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. 23Want deur ’n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur ’n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe.
| 23 Dit is, deur my krag en dwang. Sien die vervulling in Exodus 12 en 13. |
TOE antwoord Moses en sê: Maar as 1hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die HERE het nie aan jou verskyn nie?
| 1 Naamlik die Israeliete. |
Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: 2’n Staf.
| 2 In vers 20 word dit die staf van God genoem, omdat groot dinge daarmee uitgevoer is deur die krag van God. |
En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ’n 3slang 4geword; en Moses het daarvoor 5gevlug.
| 3 In Ex. 7:10 word ’n ander Hebreeuse woord gebruik wat ook met draak vertaal kan word.
4 In Ex. 7:15 staan: dit het verander in ’n slang. 5 Naamlik as gevolg van vrees. |
Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het ’n staf in sy 6hand geword —
| 6 Hebr. handpalm. |
sodat hulle kan glo dat die HERE, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het.
En die HERE het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!
En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy ander vlees!
En as hulle jou nie glo en 7aan die eerste teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste teken glo.
| 7 Dit is, nie luister na die woord wat deur die eerste teken bevestig is nie. Hier word aan die teken ’n stem toegeken (soos in Gén. 4:10 aan die bloed), omdat God deur sulke tekens tot die mense spreek. |
En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet dit op die droë grond uit; dan asal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë grond bloed word.
| a Ex. 7:19. |
Toe sê Moses aan die HERE: 8Ag, Here, ek 9is nie ’n man van woorde nie — van gister 10of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.
| 8 Sien oor die Hebreeuse woordjie, vertaal met ag, Gén. 43:20 se kanttekening.
9 Dit is, ek is nie welsprekend nie. 10 Moses het geen hoop meer gehad dat sy spraak sou verbeter nie, aangesien hy selfs op hierdie oomblik, toe die HERE met hom gespreek het oor die opdrag, geen verbetering waargeneem het nie. |
En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond 11gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?
| 11 Hebr. gestel of geplaas, Ps. 94:9. |
Gaan dan nou heen, en bEk sal met jou mond wees en 12jou leer wat jy moet sê.
| b Matt. 10:19. Mark. 13:11. Luk. 12:12. | 12 Naamlik deur my Gees, soos Christus ook aan sy apostels belowe, Matt. 10:19, 20. Mark. 13:11. Luk. 12:11, 12. |
Maar hy sê: Ag, Here, 13stuur tog deur wie U wil stuur.
| 13 Hebr. stuur tog deur die hand (dit is, diens) U sou stuur. Sien Ex. 9:35. Ps. 77:21. Hag. 1:1. Mal. 1:1. Hand. 7:35. Dit is, stuur een van wie U weet dat hy bekwamer is as ek, om so ’n boodskap oor te dra. |
Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet 14dat hý goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart.
| 14 Hebr. dat hy pratende sal praat, dit is, wel ter tale is, goed kan en sal praat. |
cJy moet dan met hom spreek en 15die woorde 16in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen.
| c Ex. 7:2. | 15 Wat Ek tot jou gespreek het, en nog sal spreek.
16 Dit is, jy moet hom duidelik onderrig, en hom kragtig gebied om my woorde getrou bekend te maak aan wie Ek dit stuur. Sien Jes. 51:16; 59:21. Jer. 1:9; 5:14. |
En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou 17’n mond wees en jy 18vir hom ’n god wees.
| 17 Dit is, hy sal jou woordvoerder wees. Anders: in die plek van die mond.
18 Dit is, jy sal in alles die leiding hê, en hom in my Naam oplê en beveel wat hy moet sê, en hy sal aan jou, soos aan My, gehoor gee. Vgl. Ex. 7:1. |
Neem dan hierdie staf in jou hand waarmee jy 19die tekens moet doen.
| 19 Wat in Exodus 7-11 bespreek sal word. |
Moses gaan terug na Egipte.
TOE gaan Moses weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moses: Gaan in vrede.
Ook het die HERE vir Moses in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat 20jou lewe gesoek het, is dood.
| 20 Dit is, hulle wat jou wou doodmaak. Sien soortgelyke manier van spreek in 1 Sam. 22:23. 1 Kon. 19:14. Ps. 54:5. Matt. 2:20. |
Moses neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op ’n esel ry, terug na Egipteland. Moses het ook die 21staf van God in sy hand geneem.
| 21 Wat God hom beveel het om te neem, vers 17, en waardeur God tekens wou doen, Ex. 17:9. Hierdie staf word ook die staf van God genoem, om aan te toon dat die krag om wondertekens te doen, nie in die staf, óf in Moses was nie, maar in God. |
En die HERE sê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen 22wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék sal sy hart 23verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie.
| 22 Dit is, die wonders wat Ek My voorgeneem het en vasbeslote is om te doen deur jou diens en deur my mag.
23 Anders: verstok, naamlik op so ’n wyse dat Ek my genade van hom weerhou, en hom aan sy bose wil en neigings sal oorgee, sodat hy deur sy eie boosheid, en deur die duiwel se ingewing, en uit hierdie wondertekens, oorsaak en aanleiding vind om des te meer my gebooie teen te staan. Sien dergelike manier van spreek in Ex. 10:1. Deut. 2:30. Jos. 11:20. |
Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: My eersgebore seun is 24Israel.
| 24 Dit is, die volk of die nageslag van Israel; hulle word God se eersgebore seun genoem, omdat hulle uit genade eerste uit al die heidene uitverkies was om God se volk en kinders te wees, en vir God so aangenaam is, soos eersgeborenes vir hulle ouers is. |
Daarom 25beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
| 25 Anders: het Ek jou beveel. |
En 26op die pad in die herberg het die HERE hom teëgekom en 27wou hom doodmaak.
| 26 Naamlik na Egipte.
27 Omdat hy versuim het om sy seun te besny. Sien Gén. 17:14. |
Toe neem Sippóra ’n 28skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en 29gooi dit voor sy voete en sê: 30Waarlik, jy is vir my 31’n bloedbruidegom!
| 28 Anders: klipmes.
29 Anders: laat dit (naamlik die afgesnyde voorhuid) sy (naamlik Moses se) voete aanraak. Ander verstaan dat Sippóra haar seun voor die voete van Moses gewerp het. 30 Die woorde word so verstaan, asof Sippóra aan haar man gesê het: Ek moes jou lewe loskoop met die bloed van my seun, vir wie ek besny het, en so het jy vir my soos ’n nuwe bruidegom geword. 31 Hebr. ’n bruidegom van bloede (in die meervoud). |
En 32Hy het hom laat staan. Toe het sy gesê: Bloedbruidegom! — 33met die oog op die besnydenis.
| 32 Naamlik God, of die engel wat Moses wou doodmaak.
33 Dit wil voorkom of sy nie gelukkig was met die besnydenis van haar seuns nie. |
Die HERE het ook aan Aäron gesê: Loop Moses tegemoet in die woestyn. En hy het geloop en hom 34by die berg van God aangetref en hom gesoen.
| 34 Met die naam Horeb, Ex. 3:1. |
Daarop vertel Moses aan Aäron al die woorde van die HERE waarmee Hy hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het.
En Moses en Aäron het vertrek en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaar laat kom;
en Aäron het al die woorde gespreek wat die HERE aan Moses gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk.
En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat die HERE op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende 35aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig.
| 35 Naamlik met mededoë, soos in Ex. 3:7. |
Die roeping van Moses.
EN Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, 1die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by 2die berg van God, 3by Horeb.
| 1 Anders: die owerste. Sien Gén. 41:45 se kanttekening.
2 So genoem vanweë hierdie verskyning van God, en omdat God die Here sy wette op hierdie selfde berg aan Moses gegee het, Ex. 18:5; 19:3. 1 Kon. 19:8. 3 Hierdie berg word soms ook die berg Sinai genoem, Ex. 19:1. Hand. 7:30. |
Daarop verskyn die 4Engel van die HERE aan hom in ’n vuurvlam uit ’n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!
| 4 Hierdie Engel was God die HERE, soos blyk uit verse 4, 6. Deut. 33:16. Vgl. Gén. 16:7 se kanttekening. |
En Moses sê: Laat ek tog 5nader gaan en 6hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie.
| 5 Hebr. afdraai.
6 Hierdie groot verskynsel was nie in die gees nie, maar deur die aanskouing met liggaamlike oë. |
Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.
aEn Hy sê: Moenie nader kom nie. 7Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, 8is heilige grond.
| a Jos. 5:15. | 7 Dit het gedien om Moses op te wek tot heilige nederigheid of onderworpenheid, soos ook Josua, Jos. 5:15.
8 Hebr. is grond van die heiligheid, naamlik, geheilig deur die teenwoordigheid en verskyning van God, buiten dit was dit soos enige ander plek. |
Verder sê Hy: bEk is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het 9Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.
| b Matt. 22:32. Mark. 12:26. Luk. 20:37. Hand. 7:32. | 9 Sien soortgelyke voorbeelde van vrees vir God in 1 Kon. 19:13. Jes. 6:2, 5. Sien ook Job 13:20. Luk. 5:8. Dit spruit uit die besef van die onwaardigheid van sy persoon en van die hoogheid van God se majesteit. |
cEn die HERE sê: 10Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.
| c Hand. 7:34. | 10 Hebr. Ek het siende gesien. |
Daarom het Ek 11neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land 12na ’n goeie en wye land, 13na ’n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek 14van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.
| 11 Sien Gén. 11:7; 18:21; 35:13.
12 Sien Gén. 13:14, 15. 13 Hieronder word alle liggaamlike seëninge verstaan. Dit word op baie plekke betuig om waar te wees van die beloofde land; soos in Ex. 13:5; 33:3. Lev. 20:24. Deut. 6:3. 14 Hebr. van die Kanaäniet, van die Hetiet, ens. |
En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.
Gaan dan nou heen, dat dEk jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.
| d Ps. 105:26. Hos. 12:14. Miga 6:4. Hand. 7:35. |
Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?
En Hy antwoord: eEk sal met jou wees, en 15dit sal vir jou ’n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God 16dien.
| e Jos. 1:5. | 15 Naamlik hierdie verskyning van God, of dat die volk God sal dien op hierdie berg soos die tweede gedeelte van die vers vermeld.
16 Dit is, aan die HERE offer, soos dit duidelik word in vers 18. Sien die vervulling in Exodus 19. |
Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? — wat moet ek hulle antwoord?
En God sê vir Moses: 17EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
| 17 Anders: Ek sal wees wat Ek sal wees, of: Ek sal wees wat Ek was, dit kom in wese ooreen met die Naam JEHOVA. Dit beteken dat God, wat vir Moses gestuur het, ewig is in wese, getrou in sy beloftes, en alvermoënd in die uitvoering daarvan. Vgl. Hebr. 13:8. Openb. 1:4, 8; 16:5. |
Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: 18Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en 19dit is my gedenknaam 20van geslag tot geslag.
| 18 Sien Gén. 2:4 se kanttekening.
19 Asof God sê: By hierdie Naam sal julle altyd aan My dink. Sien Ps. 102:13; 135:13. Hos. 12:6. Anders: dit is my gedenkteken te alle tye. 20 Hebr. tot geslagte van geslag. |
Gaan heen en versamel 21die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: 22Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.
| 21 Hier word die owerstes en leraars van die volk verstaan; hulle het aan die volk verkondig wat hulle by Moses gehoor het. Sien Ex. 12:3, 21; 19:3.
22 Hebr. Besoekende het Ek julle besoek. Sien Gén. 21:1 se kanttekening. |
Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die 23Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na ’n land wat oorloop van melk en heuning.
| 23 Hebr. van die Kanaäniet, ens. |
En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, 24het ons ontmoet; laat ons dan nou tog 25drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE, onse God, offer.
| 24 Dit is, het aan ons verskyn sonder dat ons dit verwag het, en het tot ons gespreek en ons beveel om te doen wat ons u nou versoek.
25 Naamlik tot die berg Horeb, vers 12. Wanneer daar ongehinderd gereis kan word, is dit slegs drie dagreise ver van Egipte af. |
Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie 26deur ’n sterke hand nie.
| 26 Dit is, deur enige groot plae. Sien Ex. 14:31. |
En Ek sal 27my hand 28uitstrek en Egipte met 29al my wonders teister wat Ek daarin sal doen; en 30daarna sal hy julle laat trek.
| 27 Dit is, my sterk plae.
28 Hebr. stuur, uitstuur. 29 Dit is, die tien plae waarmee Hy Egipte wou slaan. 30 Naamlik ná die laaste, dit is die tiende plaag, die doodmaak van die eersgeborenes. |
En Ek sal aan hierdie volk 31guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle 32nie met leë hande trek nie,
| 31 Of: genade, soos in Gén. 18:3; sodat hulle aan die Israeliete voor die uittog sal gee wat hulle van die Egiptenaars sal begeer.
32 Volgens die belofte van God, Gén. 15:14, waarvan die vervulling gesien word in Ex. 12:35, 36. |
fmaar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer- en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en gso Egipte 33berowe.
| f Ex. 11:2; 12:35.
g Eség. 39:10. |
33 Dit was nie diefstal of sonde nie, omdat God hulle beveel het om dit te doen, aan wie as Heerser oor almal, alles toekom; ook omdat Hy deur middel hiervan die bittere dwangarbeid van sy volk wou vergeld. |
Geboorte van Moses. Hy vlug na Mídian.
ENa 1’n man 2uit die huis van Levi het gegaan en 3’n dogter van Levi 4geneem.
| a Ex. 6:19. Núm. 26:59. | 1 Met die naam Amram, die seun van Kehat, die seun van Levi, Ex. 6:17, 19. Núm. 26:59.
2 Dit is, van die huisgesin en geslag van Levi. 3 Vir Levi self gebore, Jogébed genoem, Núm. 26:59, sy was Kehat (Amram se vader) se suster. Amram was dus met sy tante getroud, Ex. 6:19. Sulke huwelike is later verbied, Lev. 18:12. 4 Naamlik as vrou. |
bEn die vrou het swanger geword en ’n seun gebaar. En toe sy sien cdat hy 5mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek.
| b 1 Kron. 23:13. Hand. 7:20.
c Hebr. 11:23. |
5 Hebr. goed. Sien Gén. 6:2 se kanttekening. |
Maar toe sy hom 6nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom 7’n mandjie van 8biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die riete aan die 9kant van die Nyl gesit.
| 6 Want die Israeliete het vermeng gewoon onder en met die Egiptenaars, Ex. 3:22. En die koning se bevel was hard en dit was gevaarlik om dit te oortree, Ex. 1:22. Hebr. 11:23.
7 Of: ’n kissie. 8 Hiervan het die Egiptenare ligte skuite gemaak, vgl. Jes. 18:2. 9 Hebr. lip. Dit het die moeder gedoen sodat die kind des te makliker gehoor, gesien of gevind sou kon word. |
En 10sy suster het op ’n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur.
| 10 Met die naam Mirjam, Ex. 15:20. Núm. 26:59. |
En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om ’n bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan 11die kant van die Nyl heen en weer geloop het. dToe sien sy die mandjie tussen die riete en stuur haar slavin en 12laat dit haal.
| d Hand. 7:21. Hebr. 11:23. | 11 Hebr. aan die hand.
12 Hebr. het dit geneem. |
Nadat sy dit oopgemaak het, sien 13sy die kind, en kyk, dit was ’n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs.
| 13 Hebr. het sy hom, die kind, gesien. |
Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u ’n 14pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog?
| 14 Hebr. soogvrou. |
En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep.
Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog.
En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; 15en hy het haar seun geword. En sy het hom 16Moses genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek.
| 15 Dit is, sy het hom aangeneem as haar seun. Sy het hom laat opvoed in al die wysheid van die Egiptenaars, Hand. 7:21, 22.
16 Die naam Moses beteken uitgetrek, naamlik uit die water. |
eEn in dié dae 17toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ’n Egiptiese man ’n Hebreeuse man, een uit sy 18broers, slaan.
| e Hand. 7:23. Hebr. 11:24, 25. | 17 Moses was op daardie tyd veertig jaar oud, magtig in woorde en in dade, Hand. 7:22.
18 Dit is, familielede, of volksgenote. |
En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, 19het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.
| 19 Dit het Moses gedoen om sy broers te laat verstaan dat God hulle deur sy hand sou red, maar hulle het dit nie verstaan nie, Hand. 7:25. |
Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?
En hy antwoord: fWie het jou as 20owerste en regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar omgebring het? En Moses het gevrees en gesê: Waarlik, die 21saak het bekend geword!
| f Hand. 7:27. | 20 Hebr. ’n man ’n vors, dit is, ’n vorstelike man.
21 Of: daad, of handeling. |
En toe Farao van 22dié saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. gMaar Moses het van Farao af weggevlug en in die land 23Mídian gaan woon. En hy het by ’n put gesit.
| g Hand. 7:29. | 22 Dit is, van die doodslag wat Moses begaan het, verneem het.
23 In Hand. 7:29 (Grieks) Madiam. Sien Gén. 25:2. |
En 24die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.
| 24 Anders: die vors of owerste. Sien oor die Hebreeuse woord kohen, Gén. 41:45 se kanttekening. Sy naam was Jetro, Ex. 3:1, en Réhuel, Ex. 2:18. Núm. 10:29. |
Maar die veewagters het gekom en hulle weggedrywe. Toe staan Moses op en help hulle en laat hulle vee drink.
En toe hulle by hul vader Réhuel kom, sê hy: 25Waarom kom julle vandag so gou?
| 25 Hebr. Waarom het julle jul vandag gehaas om te kom? |
En hulle antwoord: ’n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos; en hy het ook 26volop vir ons geput en die vee laat drink.
| 26 Hebr. puttende geput. |
Daarop sê hy vir sy dogters: En waar is hy? Waarom het julle die man 27dan daar laat staan? Roep hom, dat hy 28brood kan eet.
| 27 Naamlik, nou dat dit reeds laat geword het.
28 Dit is, dat hy ’n maaltyd kan nuttig. Sien Gén. 31:54. |
En Moses het ingewillig om by die man te bly, en hy het aan Moses sy dogter Sippóra gegee.
hEn toe sy ’n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het ’n vreemdeling in ’n vreemde land geword.
| h Ex. 18:2, 3. |
En in 29daardie lang tyd het die 30koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.
| 29 Naamlik omtrent veertig jaar, Ex. 7:7. Hand. 7:30. Moses het veertig jaar aan die hof van Farao gewoon; hy was veertig jaar ’n vreemdeling en herder in Mídian; en hy was veertig jaar in die woestyn.
30 En almal wat Moses om die lewe wou bring, Ex. 4:19, waardeur Moses vry was om na Egipte terug te keer. |
En God het hulle gekerm gehoor, 31en iGod het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob32.
| i Gén. 15:14. | 31 Sien Gén. 8:1 se kanttekening.
32 Naamlik gemaak, of opgerig. |
En God het die kinders van Israel aangesien, en 33God het hulle geken.
| 33 Dit is, Hy het Hom oor hulle ontferm. |
Harde slawerny van Israel in Egipte.
En dit is die name van die seuns van Israel awat in Egipte gekom het; saam met Jakob het 1hulle gekom, elkeen met sy huisgesin:
| a Gén. 46:8. Ex. 6:13. | 1 Hebr. man en sy huis het daar gekom. |
Ruben, Símeon, Levi en Juda;
Íssaskar, Sébulon en 2Benjamin;
| 2 Benjamin was die jongste van al die seuns van Jakob; hy word hier egter gestel vóór die seuns van die byvroue. |
Dan en Náftali, Gad en Aser.
En b3al die siele wat 4uit Jakob se lende voortgekom het, was 5sewentig siele. Maar 6Josef was in Egipte.
| b Gén. 46:27. Deut. 10:22. Hand. 7:14. | 3 Hebr. elke siel, dit is, al die mense. Sien Gén. 12:5 se kanttekening.
4 Sien Gén. 46:26 se kanttekening. 5 Sien Gén. 46:27 se kanttekening. 6 Josef en sy twee seuns het wel uit Jakob voortgekom, maar hulle was in Egipte voordat Jakob daar aangekom het. |
cEn Josef het gesterwe, en al sy broers 7en daardie hele geslag.
| c Gén. 50:26. | 7 Dit is, al die mense van die eeu, of tyd, waarin Josef en sy broers geleef het; so word deur die Hebreeuse woord die tyd van die lewe van ’n mens verstaan. Sien Gén. 15:16 se kanttekening. |
Maar die kinders van Israel was vrugbaar den het baie geword, en hulle het vermeerder en 8buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.
| d Deut. 26:5. Hand. 7:17. | 8 Hebr. in buitengewoon buitengewoon magtig. |
eToe staan daar ’n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie.
| e Hand. 7:18. |
Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.
fKom, laat ons 9’n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons 10vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.
| f Hand. 7:19. | 9 Anders: laat ons hulle met lis of deur slimheid oormeester.
10 Hebr. haters. |
Daar is toe 11opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle 12met harde arbeid te verdruk. En 13hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en 14Raämses gebou.
| 11 Dit is, hulle wat die werk wat aan die Israeliete opgedra is, afgeëis het.
12 Naamlik, wat hulle hul opgelê het. 13 Naamlik, die volk van Israel. 14 Dit moet onderskei word van die land Raämses (Hebr. Rameses), Gén. 47:11. |
Maar g15hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.
| g Ps. 105:24. | 15 Hebr. soos hulle dit verdruk het, so het dit vermenigvuldig, en so het dit uitgebrei of uitgebreek. Sien Gén. 28:14 se kanttekening. |
Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel 16met hardheid laat dien
| 16 Daarom word Egipte tereg genoem ’n slawehuis, Ex. 20:2, en ’n ystersmeltoond, Deut. 4:20. |
en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye — al dié werk 17wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.
| 17 Anders: wat hulle (die Israeliete) met hardheid onder hulle (die Egiptenaars) verrig het. |
En die koning van Egipte het 18met die Hebreeuse vroedvroue — die een se 19naam was Sifra en die ander se naam Pua — gespreek
| 18 Hebr. vroedvroue van die Hebreeuse vroue.
19 Hierdie twee was die vernaamstes, maar sonder twyfel sou daar onder so ’n groot getal Hebreeuse vroue baie meer vroedvroue gewees het. |
en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by ’n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit ’n seun is, 20maak hom dood; maar is dit ’n dogter, laat haar lewe.
| 20 Sien die rede hiervoor in verse 9, 10. |
Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.
Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?
En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is 21sterk — voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.
| 21 Hebr. lewenskragtig. |
Maar God het aan die vroedvroue 22weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.
| 22 Nie ter wille van die leuen nie, maar omdat hulle God gevrees en die kindertjies laat lewe het. Sien vers 21. |
En omdat die vroedvroue God gevrees het, 23het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.
| 23 Hebr. en Hy het vir hulle huise gemaak. Dit is, God het hulle so geseën dat daar geslagte en nakomelinge uit hulle gespruit het. Dit het betrekking op die Israeliete, of op die vroedvroue, of op beide. |
hToe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al 24die seuns 25wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar 26al die dogters kan julle laat lewe.
| h Hand. 7:19. | 24 Hebr. elke seun wat gebore word.
25 Naamlik van die Hebreeuse vroue. 26 Hebr. elke dogter. |
Begrafnis van Jakob. Dood van Josef.
TOE val Josef op sy vader se aangesig, en hy het oor hom geween en hom 1gesoen.
| 1 Terwyl hy ook sonder twyfel sy oë toegedruk het, soos God Jakob belowe het, Gén. 46:4. |
En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om 2sy vader 3te balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.
| 2 Dit is, die dooie liggaam van sy vader.
3 ’n Ou gebruik van die Oosterse volke, waardeur hulle die dooie liggame met geurige kruie en kragtige speserye bestrooi en gevul het, en met salf wat daarvan gemaak is bestryk het; welke gebruik die heidene met bygeloof, maar die Israeliete met ’n heilige nadenke, tot ’n getuienis van die toekomende onverderflikheid van ons liggame, onderhou het. Sien 2 Kron. 16:14; 21:19. Mark. 16:1. Joh. 19:40. |
En 4veertig dae het 5daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom 6sewentig dae lank beween.
| 4 Naamlik, sodat deur die langdurige balseming die krag van die kosbare kruie en salwe al die ledemate van die liggaam kon deurtrek.
5 Naamlik vir die balseming van Jakob. 6 Langer as wat die Israeliete Aäron en Moses beween het, wat slegs dertig dae geduur het, Núm. 20:29. Deut. 34:8. Maar sommige meen dat onder hierdie sewentig dae die voormelde veertig dae van die balseming ingereken moet word; in welke geval die bewening slegs dertig dae sou geduur het. |
En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef met die 7huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan 8guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao:
| 7 Verstaan die vorste, raadshere en vriende van Farao, wat daagliks by hom was; want aangesien hy in rou was, mog Josef nie by die koning verskyn nie, volgens die gebruik van Egipte en van ander lande. Vgl. Est. 4:2.
8 Sien Gén. 18:3 se kanttekening. |
My vader het my alaat sweer en gesê: Kyk, 9ek gaan sterwe; in my graf 10wat ek vir my in die land Kanaän uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.
| a Gén. 47:29. | 9 Sien Gén. 48:21 se kanttekening, en hierna vers 24.
10 So het ander ook, toe hulle nog geleef het, hul grafte voor hulle dood laat gereedmaak. Sien 2 Kron. 16:14. Jes. 22:16. Matt. 27:60. |
En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.
Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en 11al die 12dienaars van Farao, die 13oudstes van sy 14huis, het saam met hom opgetrek, en al die 15oudstes van Egipteland;
| 11 Dit is, die meerderheid, naamlik almal wat beskikbaar was en weg van die huis kon wees. Vgl. Matt. 3:5.
12 Sy hofdienaars en edeles. Sien Gén. 20:8 se kanttekening. 13 Sy raadshere en ander hooggeplaaste amptenare. 14 Dit is, hofhouding. Sien Gén. 34:19 se kanttekening. 15 Vorste, offisiere en vooraanstaande persone van die land. |
ook die hele 16huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en 17hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen laat agterbly.
| 16 Dit is, huisgesin, huisgenote, dienaars en slawe. Vgl. die voorgaande vers en Gén. 7:1 se kanttekeninge.
17 Dit is, hul klein- en grootvee. Sien Gén. 12:16 se kanttekening. |
En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit ’n baie 18groot trek was.
| 18 Hebr. swaar, dit is, groot of talryk in menigte. Vgl. Núm. 20:20. 1 Kon. 3:9; 10:2. 2 Kon. 6:14. 2 Kron. 1:10. |
En toe hulle by die 19Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die 20Jordaan lê, 21het hulle daar ’n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe 22sewe dae lank.
| 19 Verstaan hier ’n gelyke, leë en oop plek wat met dorings begroei of omhein was, of waaromheen ’n menigte dorings gegroei het. Vir Steekdoring vind ons dieselfde Hebreeuse woord atad in Rig. 9:14. Ps. 58:10. Ander behou hierdie Hebreeuse woord Atad as die eienaam van hierdie plek.
20 Sien Gén. 13:10 se kanttekening. 21 Hebr. het hulle daar ’n rouklag gerouklaag. 22 Dit is, Josef het ’n tydperk van sewe dae verorden, om alles wat vir die rouplegtigheid en die begrafnis nodig was, gereed te maak. Sien Jesus Sirag 22:12. |
Toe die 23inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is ’n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle 24dit 25Abel-Misráim genoem, 26wat oos van die Jordaan lê.
| 23 Hebr. inwoner. So ook in dit wat volg, Kanaäniet.
24 Naamlik die bogenoemde plek. 25 Dit is, die rou van die Egiptenaars, of die roubeklaers van die Egiptenaars. 26 So ook in vers 10. |
En sy seuns het met 27hom gedoen net 28soos hy hulle beveel het:
| 27 Naamlik Jakob.
28 Sien Gén. 49:29. |
bsy seuns het hom weggebring na die land Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van 29cMagpéla, die stuk grond wat Abraham as eiendomsgraf gekoop het van Efron, die Hetiet, oos van 30Mamre.
| b Hand. 7:15, 16.
c Gén. 23:16. |
29 Sien Gén. 49:30.
30 Sien Gén. 49:30 se kanttekening. |
Daarna het Josef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het.
Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons 31werklik vergelde al die kwaad wat ons hom 32aangedoen het!
| 31 Hebr. vergeldende vergelde of terugkeer.
32 Hebr. terugbetaal of vergelde het; naamlik vir al die ootmoedige bede en vriendelike smekinge, wat hy aan ons gerig het toe hy in ons hande was, en ons hom afgewys het. Sien Gén. 42:21. So ook hierna, vers 17. |
Daarom 33het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: 34U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde:
| 33 Hebr. hulle het beveel aan of tot Josef; dit is, hulle het enkele afgevaardig na Josef, aan wie hulle beveel het om namens hulle iets voor te lê.
34 Hulle begeer vergewing van Josef, en gebruik daartoe vier redes: (1) omdat hul vader (soos hulle sê) dit voor sy dood begeer het; (2) omdat hulle sy broers was; (3) omdat hulle berou gehad en hul sondes erken het; (4) omdat hulle dieselfde godsdiens as hy beoefen het. |
So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding 35van ons wat 36die God van u vader dien. En Josef 37het geween toe hulle met hom spreek.
| 35 Wat dieselfde God as u dien, wat ons beveel het om mekaar se misdade te vergewe, soos ons begeer dat Hy ons genadig sal wees.
36 Sien Gén. 26:24; 31:42 en die kanttekeninge. 37 Sonder twyfel omdat hulle baie bewoë gespreek het oor ’n saak, wat hy nie sonder ontroering kon aanhoor nie, des te meer omdat hy hul vrees vir straf bemerk het en wantroue oor sy goedheid. |
38En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.
| 38 Naamlik, nadat hulle die verslag gehoor het van diegene wat hulle na Josef afgevaardig het. |
Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want 39is ek din die plek van God?
| d Gén. 45:5. | 39 Dit is, is ek God, wat die mag sou hê om julle kwaad aan te doen, julle, aan wie God, deur my, goed wil doen en wil behou? |
Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen 40soos dit vandag is, om ’n groot volk in die lewe te hou.
| 40 Dit is, soos dit huidig blyk, en vir alle mense sigbaar is. |
Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en 41na hulle hart gespreek.
| 41 Sien Gén. 34:3 se kanttekening. |
En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd-en-tien jaar gelewe.
En Josef het van Efraim 42kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van eMagir, die seun van Manasse, is op 43Josef se knieë gebore.
| e Núm. 32:39. | 42 Hebr. kinders van die derde; dit is, kinders van kindskinders. Sien oor dergelike seën Job 42:16. Ps. 128:6. Hier begin die vervulling van die profesie van Jakob, Gén. 48:19.
43 Dit is, vir wie Josef tydens hul vroegste kinderjare met blydskap en vreugde op sy skoot gesit en mee gespeel het, soos ’n mens gewoonlik met klein kinders doen. Vgl. Gén. 30:3. |
En Josef het aan sy broers gesê: 44Ek gaan fsterwe, maar God sal gewis 45op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het.
| f Hebr. 11:22. | 44 Sien vers 5.
45 Hebr. op julle ag gewende ag gee; dit is, Hy sal sekerlik op julle ag gee, naamlik volgens sy genade; om aan julle goed te doen en sy beloftes aan julle te volbring. Sien Gén. 21:1 se kanttekening, en hier die volgende vers. |
En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee — g46bring dan my gebeente hiervandaan op.
| g Ex. 13:19. Jos. 24:32. | 46 Dit beveel hy, nie uit bygeloof nie, maar uit ’n vaste geloof, waardeur hy dit as seker gehou het dat sy geslag die land Kanaän sou besit en dat dit vir hul almal tot ’n voorbeeld en onderpand van die hemelse Kanaän was. Daarom begeer hy dat sy beendere uiteindelik daarheen gebring sou word. Sien Hebr. 11:22. |
En Josef het gesterwe, 47honderd-en-tien jaar oud. En hulle het hom 48gebalsem, en hy is in ’n 49kis gesit in Egipte.
| 47 Hebr. ’n seun van honderd-en-tien jaar.
48 Sien vers 2 se kanttekening. 49 Waarin sy dooie liggaam bewaar was, om op die regte tyd na die land Kanaän vervoer te mag word, wat honderd-vyf-en-vyftig jaar daarna gebeur het toe die kinders van Israel uit Egipte getrek het. |
Jakob seën sy seuns. Daarna sterwe hy.
DAARNA het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle 1aan die einde van die dae sal wedervaar.
| 1 Hebr. in die agterste, laaste of ná vervolg van die dae, dit is, in die tye wat kom, wat naamlik omtrent tweehonderd jaar ná hierdie tyd begin het, en verder gaan tot by die koms en die koninkryk van die Messías. |
Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader!
Ruben, jy is amy eersgeborene, 2my krag en 3die eersteling van my sterkte; 4die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!
| a Gén. 29:32. | 2 Dit is, ’n kind in die lewenskragtigste jare van my lewe verwek.
3 Naamlik in die verwekking van kinders. Só word die eersgeborenes genoem in Deut. 21:17. Ps. 78:51. 4 Hebr. die vernaamheid. |
5Opbruising 6soos van waters — jy sal die vernaamste nie wees nie, bwant 7jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. 8Hy het my bed beklim.
| b Gén. 35:22. 1 Kron. 5:1. | 5 Hebr. Snelheid.
6 Naamlik, toe jy jou vader se bed geskend het. Soos water baie vinnig van ’n hoë na ’n lae plek afloop, so het jy deur jou onkuis begeerte, gepaardgaande met groot vermetelheid en ligvaardigheid, jouself in ’n skandelike misdaad en oneer gestort. 7 Dit is, jy het jou vader se bed deur bloedskande verontreinig. 8 Dit het Jakob gespreek terwyl hy hom tot sy ander seuns wend. |
Símeon en Levi is 9broers. Hulle 10wapens is werktuie van geweld.
| 9 Naamlik nie net van geboorte nie, maar ook van gedagtes, maniere en handelinge in die kwaad; wat hulle bewys het met hul optrede teen die Sigemiete, Génesis 34.
10 Sommige vertaal: optrede, handelinge. |
Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my 11eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn chet hulle 12manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle 13beeste vermink.
| c Gén. 34:25. | 11 Eer is hier soveel soos siel aan die begin van die vers, wat die waardigste deel van die mens is; so kan die woord eer ook verstaan word in Ps. 16:9; 30:13; 57:9. Anders: tong, waarmee ’n mens verskuldig is om God te eer en sy lof te verbrei. ’n Mens kan deur die woord eer ook sy goeie naam verstaan.
12 Hebr. die man, verstaan die Sigemiete. Sien Gén. 34:25, 26. 13 Hebr. die bees; verstaan hierby ook ander diere wat hulle, tydens die plundering van die stad Sigem, die inwoners met geweld ontneem het. Die Hebreërs gebruik dikwels die enkelvoud vir meervoud, Gén. 32:5. 1 Kron. 10:1 vergeleke met 1 Sam. 31:1. |
14Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. 15Ek sal hulle dverdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel.
| d Jos. 19:1; 21:3, 4, ens. | 14 Om vervloek te wees, is om aan liggaamlike en geestelike, tydelike en ewige straf, of aan enige van dié onderworpe te wees, soos in Gén. 3:14; 4:11; 5:29. Deut. 28:16, 17. Matt. 25:41. Verstaan hier tydelike straf.
15 Jakob spreek in die Naam van God, as ’n profeet, en sy profesie is vervul in die nageslag, want die stam van Símeon was in die land Kanaän vermeng onder die stam van Juda, Jos. 19:1, en die stam van Levi was versprei onder al die stamme. |
Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. 16Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor 17jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.
| 16 Dit is, jy sal hulle op die vlug laat slaan en onderwerp. Vgl. Ps. 18:41.
17 Hiermee gee hy te kenne dat sy nageslag tot die heerskappy, wat die ander deel van die eersgeboortereg is, verhef sou word. |
18Juda eis ’n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin; 19wie sal hom opjaag?
| e Núm. 24:9. Miga 5:7. | 18 Dit alles word hier by wyse van vergelyking gespreek, om die tydelike heerskappy en mag van die nageslag van Juda uit te druk, Rig. 1:2. 1 Sam. 17:51. 2 Sam. 8:12, 13. 1 Kon. 9:20, ens., en die ewige heerskappy van die Messías, wat uit Juda sou voortspruit, Matt. 28:18. Luk. 1:32, 33. Ef. 1:20, 21.
19 Asof hy sê: Sy vyande sal hom in so ’n mate vrees dat hulle hom nie ligtelik of sonder hul eie skade sou tart nie. |
Die 20septer sal fvan Juda nie wyk nie, nòg 21die veldheerstaf 22tussen sy voete uit totdat 23Silo 24kom; en aan Hom 25sal die volke gehoorsaam wees.
| f Matt. 2:6. | 20 Dit is, die mag om te regeer, Jes. 14:5. Eség. 19:11, 14. Sag. 10:11, omdat die regeerders stawwe of septers in hul hande gehou het, as ’n teken van heerskappy, Est. 8:4. Anders: stam; dit is, die stam van Juda sal nie vermeng word met ander, óf uit sy plek weggevoer word nie, voordat, ens.
21 Anders: die wetgewer. Verstaan diegene wat mag het om die wette van die regering vas te stel en voor te skryf. Sien Spr. 8:15. 22 Dit is, wat van die stam van Juda afkomstig sal wees. Anders: wat soos ’n dissipel aan die voete van die meester in die wette onderrig sal word; so ook in Deut. 33:3. 23 Hier word sonder enige twyfel die Messías verstaan. Dit word deur sommige vertaal met sy Seun of Vrug, naamlik die Seun van Juda; want die Hebreeuse woord beteken die vlies waarin die kinders gebore word, en daarom die kind self wat daarin lê, en uit die geslag van Juda (waarvan die maagd Maria, die moeder van die Here Christus deel was, Luk. 1:32) sou voortkom. Anders: die Heiland, Saligmaker, Gelukgewer, ens. 24 Anders: gekom het. Beide is waar, ten opsigte van tweërlei vorme van regering, die een om mag te hê oor strafsake, die ander slegs oor burgerlike en godsdiensverskille; want ’n aantal jare voordat Christus gekom het, het Pompeius die eerste vorm van regering van die Jode afgeneem, maar die ander vorm het hulle nog behou, toe Christus in die vlees verskyn het, Joh. 18:31. 25 Hebr. en tot of aan Hom sal die gehoorsaamheid van die volke wees; dit is, die ware gelowiges uit alle volke sal aan Hom gehoorsaamheid betoon, deur Hom te erken as hul Here en Saligmaker, ens. Anders: en tot Hom sal die vergadering van die volke wees. |
Hy 26maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy 27gewaad in 28druiwebloed.
| 26 Met hierdie manier van spreek word te kenne gegee die oorvloed en edelheid van die wyn, wat in die erfdeel van Juda sou wees.
27 Anders: bo-kleed. 28 Dit is, druiwesap of wyn. So ook in Deut. 32:14. |
29Hy is donkerder van oë as wyn en witter van tande as melk.
| 29 Anders: rooier van oë deur die wyn en witter van tande deur die melk. Met hierdie manier van spreek gee hy die oorvloed en die krag van die wyn en van die melk wat in die land van Juda sou wees, te kenne. |
30Sébulon sal gwoon by die strand van die 31see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na 32Sidon toe.
| g Jos. 19:10, 11. | 30 Dit is, hy sal sy woning aan die seekant hê. Sien die vervulling hiervan in Jos. 19:10, 11, ens.
31 Anders: mere. 32 Sien oor hierdie stad Gén. 10:19. |
33Íssaskar is 34’n sterkgebeende esel wat tussen die 35veekrale lê.
| 33 Met die beeld van ’n sterk, maar lui en gemaksugtige esel, kondig hy vooruit aan dat die nageslag van Íssaskar wel sterk en groot van vermoë sou wees, deur die goedheid van hul land, maar só geneë tot gemak en vrede dat hulle niks besonders sou uitrig nie, ja, hulle sou hulle deur ander laat oorlaai. Sien Rig. 5:13, ens. en vgl. Deut. 33:18.
34 Hebr. ’n esel van been, dit is, ’n esel wat groot en sterk van gebeente is. 35 Of: twee pakke. Sien ook Rig. 5:16 se kanttekening. |
Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.
Dan sal aan sý volk 36reg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel.
| 36 Dit is, regeer, deur wette uit te vaardig en uit te voer. So ook in 1 Sam. 2:10. Ps. 96:13. Sag. 3:7. Dit verstaan Jakob ook van die ander stamme, wat uit die ander diensmaagde voortgekom het, dat hulle die volle heerskappy in hul erfdeel sou hê, net soos enige van die ander stamme. |
37Laat Dan ’n slang wees op die weg, ’n 38horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.
| 37 Die betekenis en bedoeling van hierdie profesie is dit: Dan sal, volgens die aard van die slange, sy vyande listig bespring, soos ook af te lei is uit Deut. 33:22. Sien voorbeelde van die vervulling in Rigters 14-16; 18.
38 Dit is, ’n slang wat hom in die bome skuilhou, hom deur die takke met groot krag en snelheid beweeg en dieselfde ook op die grond langs die pad doen. Die Hebreeuse woord word slegs hier gevind. |
39Op u 40verlossing wag ek, HERE!
| 39 Jakob wend hom tot God, om Hom die welstand van sy nageslag toe te vertrou, omdat hy deur God se Gees die swarighede vooruitsien, wat almal van hulle sou oorkom, en in die besonder die stam van Dan, sowel ten opsigte van hul erfdeel, Jos. 19:47. Rig. 1:34, as van die suiwer religie of godsdiens, wat hulle baie vinnig deur afgodery verloor het, Rig. 18:17.
40 Die Hebreeuse woord beteken óf tydelike verlossing en behoud, Rig. 15:18. 2 Sam. 10:11; óf ewige, Jes. 45:17. Luk. 19:9; óf beide tesame, soos in Ps. 37:39 en hier. Anders: tot (of vir) u verlossing (of behoud) verwag ek die HERE. |
Gad — 41’n bende sal hom 42aanval, maar hý sal hulle aan die hakskeen gryp.
| 41 Jakob wil sê dat Gad aanvanklik wel deur sy vyande onderdruk sou word, maar dat hy hulle daarna self sou oorwin. Sien Deut. 33:20, 21.
42 Die Hebreeuse woord beteken om met bendes wat roof en stroop ’n skielike aanval te doen. |
43Aser, sy spys is vet, en 44hý lewer koninklike lekkernye.
| 43 Die betekenis is dat die nageslag van Aser van die land wat hul as erfdeel sou toekom, baie goeie koring, olie en ander voedsel in oorvloed sou geniet.
44 Dit is, die land van Aser sal baie vrugbaar wees, nie net van noodsaaklike voedsel nie, maar ook van kosbare, aangename en lekker vrugte, wat ’n mens met trots aan ’n koning sou kon voorsit. Sien Deut. 33:24. Jos. 19:24, 25, ens. |
Náftali is soos ’n wildsbok 45so vry, hy wat mooi woorde laat hoor.
| 45 Dit is, waaksaam in oorlogsdade, Rig. 4:6, 10; 5:18, en aangenaam in burgerlike omgang. |
hJosef is 46’n jong vrugteboom, ’n jong vrugteboom by ’n fontein; sy takke klim oor die muur.
| h 1 Kron. 5:1. | 46 Hebr. seun van ’n vrugdraer; so ook dogters in dit wat volg. Josef word vergelyk met ’n vrugbare stam wat takke uitstoot wat hulself baie sou vermenigvuldig en wyd sou uitsprei. |
47iDie boogskutters het hom wel 48geprikkel en hom 49beskiet en hom bestry,
| i Gén. 50:20. | 47 Hebr. Die here of meesters van pyle, dit is, die skutters, wat pyle gebruik om mee te skiet. Sien Gén. 14:13 se kanttekening. Verstaan hierby almal wat Josef een of ander lyding aangedoen het, soos sy broers deur hom te verkoop, sy meesteres deur hom te beskuldig, haar man deur hom in die gevangenis te werp, ens., wat almal na hom geskiet het, soos skutters na ’n teiken, om hom te vernietig.
48 Hebr. verbitter, dit is, het hom bitterheid aangedoen. 49 Sien oor die Hebreeuse woord Job 16:13. Ps. 18:15. Ook Jer. 50:29. |
maar 50sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die 51hande van die 52Magtige van Jakob — 53daarvandaan waar die 54Herder, die Steen van Israel, is,
| 50 Dit is, sy sterkte en welvaart het ongeskonde gebly, sodat hy nie verniel kon word deur sy vyande nie. Sommige verstaan deur die boog die geloof van Josef, deur sy arms sy deugde.
51 Die hande van God beteken sy almagtige sterkte, Ex. 13:3. Ps. 10:12. Eség. 39:21, ens. 52 Dit is, van God, wat Jakob en sy huisgesin deur sy mag beskerm het. 53 Dit is, van God, Hy alleen is die Fontein en Gewer van alles wat goed is. 54 Ander verstaan herder en steen, naamlik Josef, vir wie God aangestel het tot ’n herder, om voedsel beskikbaar te stel vir die Egiptenaars en ander volke, maar in die besonder vir die huis van Jakob; waarom hy ook ’n steen of rots van toevlug genoem word. |
van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou 55seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge 56van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.
| 55 Hy spreek van Josef se nageslag, vir wie hy vier soorte seëninge vooruit aankondig, wat God hulle sou verleen: (1) Deur middel van die hemel, soos tydige somer en winter, sonskyn, reën en dou, Deut. 33:13. Eség. 34:26. (2) Uit die watervloed, soos fonteine, riviere, allerlei staande en vloeiende waters, vgl. Deut. 8:7; 33:13. (3) Deur middel van mense, soos die vrugbaarheid en vermenigvuldiging van die nageslag, Deut. 33:17. (4) Deur die diere, as voedsel, kleding, dienstige hulp, en ’n groot menigte daarvan, vgl. Deut. 28:4.
56 Of: afgrond. Verstaan die diep dieptes, waaruit die seë, fonteine, riviere, mere, spruite, ens. hul oorsprong het. Vgl. Gén. 1:2. |
Die seëninge wat jou vader ontvang het, 57oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die 58ewige heuwels. Dit sal wees op die 59hoof van Josef en op die hoofskedel van die 60uitverkorene onder sy broers.
| 57 Ander vertaal: oortref die seëninge van my voorvaders, ens. Nie net omdat dit opnuut aan my bevestig, helderder geopenbaar en later vervul is nie, maar ook in die algemeen al my kinders betref, wat tot die verbond van God behoort en wat ook meer in getal is as wat die kinders van my vader en grootvader was.
58 Dit is, wat van die begin af bestaan het. Vgl. Deut. 33:15. Eség. 36:2. Háb. 3:6, en verder Ps. 72:5, 7, 17; 89:37, 38. 59 Dit is, die seëninge sal ryklik oor Josef uitgestort word; om van hom in gelyke mate oor al sy nageslag af te vloei. 60 Of: afgesonderde. Naamlik tot besondere mag en heerskappy, om ’n redder van sy geslag te wees. |
61Benjamin is ’n wolf wat verskeur; in die môre eet hy sy prooi, en 62in die aand deel hy buit uit.
| 61 Dit is, die Benjaminiete sal in geaardheid en werke enigsins vergelykbaar wees met wolwe, wat altyd daarop uit is om te roof, die geroofde te verskeur, die verskeurde te verslind en onder hul kleintjies uit te deel. Want hulle sal geneig wees tot oorlog, en dapper in die gebruik van wapens. Sien oor die vervulling hiervan Rig. 3:15. Net so ook Rigters 19; 20. 1 Samuel 12; 14; 15.
62 Dit is, omdat hulle die hele dag met oorlogsbedrywighede besig sal wees. |
Húlle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën.
Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: 63Ek word versamel by my volk. 64Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van 65Efron, die Hetiet, is;
| 63 Sien Gén. 15:15 se kanttekening; Gén. 25:8.
64 Sien oor die gebruik van begrawe Gén. 23:4 se kanttekening. 65 Sien Gén. 23:10 se kanttekening. |
in die spelonk kwat 66op die stuk grond 67van Magpéla is, wat oos van 68Mamre lê, in die land Kanaän; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het.
| k Gén. 23:9, 16. | 66 Hy beskryf hierdie spelonk so sorgvuldig, sowel om te toon dat hy ’n groot begeerte gehad het om daar begrawe te word, asook omdat hy gevrees het dat hulle die plek nie goed sou onthou nie. Want Josef was nou omtrent negen-en-dertig jaar uit die land Kanaän gewees, en sy broers omtrent sewentien jaar.
67 Sien Gén. 23:9 se kanttekening. 68 Anders Hebron genoem, geleë in die stam van Juda, Gén. 23:19; 35:27. |
69Daar het hulle lAbraham begrawe en Sara, sy vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe —
| l Gén. 25:9; 35:29. Hand. 7:16. | 69 Dit beskryf Jakob breedvoerig, deels om die hart van sy kinders weg van Egipte te trek en op te skerp in die verwagting van die beloofde land; deels om aldus openlik te betuig dat hy in die voetspore van Abraham en Isak se geloof volhard het. |
70die stuk grond en die spelonk wat daarin is, wat gekoop is van die seuns van Het.
| 70 Hebr. die koop van die stuk grond en van die spelonk wat daarin is, is van, ens. Anders: in die besitting of die erfgoed van die stuk grond en van die spelonk wat daarin is, gekoop van, ens. |
Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, 71mtrek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is 72by sy volksgenote versamel.
| m Hand. 7:15. | 71 Dit wil voorkom of Jakob die voorgaande rede gelewer het terwyl hy regop in die bed gesit het, om die woord van God, wat hy vervolgens wou uitspreek, te eer en makliker voort te bring. Daarna, nadat hy dit gedoen het en omdat hy vanweë sy swakheid nie langer so kon sit nie, het hy hom weer neergelê en sy voete in die bed langs mekaar uitgestrek, om rustig die dood af te wag en sy gees aan God toe te vertrou.
72 Sien vers 29 se kanttekening. |
Jakob seën die seuns van Josef.
NÁ hierdie dinge het hulle aan Josef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe 1neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam.
| 1 Naamlik terwyl hy na sy vader reis, om hom te besoek. |
En hulle het aan Jakob berig gebring en gesê: Kyk, u seun Josef kom na u toe. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit.
En Jakob het vir Josef gesê: 2God, adie Almagtige, het baan my verskyn by 3Lus, in die land Kanaän, en my 4geseën
| a Gén. 17:1.
b Gén. 35:6. |
2 Sien Gén. 17:1 se kanttekening.
3 Anders Bet-el genoem. Sien Gén. 28:19; 35:6. 4 Dit is, Hy het die seëninge, wat aan my vader en grootvader beloof is, weer met my hernu en bevestig; omdat dit van hand tot hand aan ons nageslag oorgelewer moet word. |
en vir my gesê: cKyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ’n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie 5land 6as ewige besitting gee.
| c Gén. 28:3; 35:11. | 5 Naamlik die land Kanaän.
6 Hebr. as ’n besitting van die ewigheid, naamlik gedurende die tyd van die wet, ten opsigte van hierdie aardse Kanaän; maar ’n tyd sonder einde, ten opsigte van die hemelse. Sien Gén. 13:15; 17:7, 13 en die kanttekening. |
Nou dan, jou twee seuns dwat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, 7is myne. 8Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon.
| d Gén. 41:50; 46:20. | 7 Dit is, ek wil hê dat hulle in die verdeling van my goedere en van die land Kanaän, elk as ’n mede-erfgenaam of stam beskou word, asof hulle uit my gebore was en nie uit jou nie, Jos. 14:4; 16:1; 17:17. Aldus het Josef, wat slegs een deel van die erfenis naas sy broers moes hê, ’n dubbele deel gehad; wat Ruben toegekom het, as die eersgeborene, sien Gén. 29:32, maar hom ontneem en aan Josef oorgedra is, 1 Kron. 5:1, 2, vanweë die oorsaak vermeld in Gén. 49:3, 4.
8 Efraim word vóór Manasse genoem, vanweë die rede vermeld in vers 19. |
Maar 9jou nakomelinge wat jy ná hulle verwek het, 10sal joue wees. 11Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel.
| 9 Dit is, jou kinders wat jy buiten Manasse en Efraim hierna sou mog kry.
10 Dit is, hulle sal as jou seuns gereken word, en my kleinseuns uit jou. 11 Dit is, hulle sal in die verdeling van die land by een van hierdie twee broers van hulle gereken word, en nie op sigself stamme vorm, soos dié twee, nie. Om na of oor ’n naam genoem te word is om so genoem en onder diegene gereken te word wat daardie naam dra. Sien Deut. 28:10. Amos 9:12, en vgl. hierna, vers 16. |
En toe ek van 12Paddan gekom het, ehet Ragel 13by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis 14toe daar nog ’n kort ent pad was 15om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem.
| e Gén. 35:19. | 12 Anders: Paddan-Aram. Sien Gén. 25:20; 35:9.
13 Anders: oor my gesterwe; asof ’n mens sê: terwyl sy op my skoot en in my arms lê. Anders: vóór my, dit is, voor my oë. 14 Sien Gén. 35:16 se kanttekening. 15 Sien Gén. 35:16, 19 se kanttekeninge. |
Toe Israel die seuns van Josef sien, sê hy: 16Wie is dit?
| 16 Jakob se oë was swaar van ouderdom, vers 10, sodat hy, terwyl hy sy oë op hierdie seuns van Josef slaan, hulle nie reg of onderskeidelik kon uitken nie. |
En Josef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat God my hier gegee het. En hy sê: 17Bring hulle tog by my, 18dat ek hulle kan seën.
| 17 Hebr. Neem hulle, dit is, neem hulle en bring hulle; die woord neem word dikwels so gebruik. Sien Gén. 12:15 en die kanttekening.
18 Dit is, dat ek aan hulle die beloftes van God, hoe Hy hulle wil seën, verkondig en met handoplegging bevestig, volgens die manier van seëning deur die aartsvaders. Sien Gén. 27:4 se kanttekening. |
Maar Israel se oë was 19swaar van ouderdom, 20hy kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, 21het hy hulle gesoen en hulle 22omhels.
| 19 Dit is, dik en donker, nie in staat om onderskeidelik te sien nie.
20 Dit is, hy kon nie goed sien nie; soos in vers 8. 21 Sien Gén. 27:26 se kanttekening. 22 Sien Gén. 29:13; 33:4. |
En Israel sê vir Josef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien.
Daarop laat Josef hulle 23van sy knieë af weggaan, en 24hy buig hom met sy aangesig na die aarde toe.
| 23 Naamlik van Jakob se knieë, waartussen hy die seuns vasgehou het in ’n omhelsing, maar Josef wou hulle hier volgens orde langs mekaar voor hom stel, om op die gewone manier van hom die seën te ontvang.
24 Om aan sy vader burgerlike eer te bewys, en hom te bedank vir die vriendskap en eer wat aan hom en sy kinders bewys is. |
En Josef neem hulle twee, Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel en hy bring hulle by hom.
Toe steek Israel sy regterhand uit en 25lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: 26hy het sy hande oorkruis gehou, 27want Manasse was die eersgeborene.
| 25 Hebr. stel dit.
26 Of: hy het sy hande verstandig bestuur. Hebr. hy het sy hande wys gemaak; dit is, hy het dit nie uit misverstand gedoen nie, maar met goeie voorgaande kennis, soos ’n profeet wat God se wil volbring, sonder om ag te gee op die eersgeboorte. Die handoplegging, waaroor hier vir die eerste keer gespreek word, is in hierdie tyd en ook later gebruik, (1) in seëninge, soos hier en in Matt. 19:15; (2) in offers, Lev. 1:4, sien die kanttekening; (3) in veroordelinge en strawwe, Lev. 24:14; (4) in inhuldiginge, en bevorderinge tot ampte, Núm. 8:10. Deut. 34:9. Hand. 6:6. 1 Tim. 4:14; (5) in die doen van wonders, Mark. 6:5. Luk. 4:40. Hand. 28:8, ens. 27 Anders: hoewel. |
En hy fhet 28Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe,
| f Hebr. 11:21. | 28 Naamlik in sy kinders; soos blyk uit vers 16. |
gdie 29Engel wat my uit elke teëspoed verlos het — mag Hy die seuns seën, en 30mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte.
| g Gén. 31:42; 32:1. | 29 Aangesien Jakob van hierdie Engel dieselfde versoek wat hy in vers 15 van God bid, daarom kan dit nie as ’n geskape engel verstaan word nie, maar moet dit verstaan word as die Seun van God. Sien Gén. 22:11 se kanttekening.
30 Dit is, mag hulle in my geslag gereken, en my en my vaders Abraham en Isak se kinders genoem word en as sodanig gehou word. Dit het so gebeur; want hulle was onder die twaalf stamme van Israel gestel as Jakob se eie kinders. Vgl. vers 6 se kanttekening. |
Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd 31in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring.
| 31 Dit is, dit het hom mishaag. Sien Gén. 21:11 se kanttekening. |
En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof.
Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook ’n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer 32groter wees as hy, en sý nageslag sal h’n 33menigte van nasies word.
| h Rut 4:11, 12. | 32 Toe die Israeliete in die woestyn vir die eerste keer getel was, was Efraim eerste gereken, en hy het agtduisend-driehonderd manne meer as Manasse gehad, soos te sien is in Núm. 1:32, 33, 35; 2:19, 21.
33 Hebr. volheid. |
So het hy hulle dan dié dag geseën en gesê: 34Met jou sal 35Israel ’n seën toewens, met die woorde: Mag iGod jou maak soos Efraim en soos Manasse! So het hy dan Efraim voor Manasse gestel.
| i Jer. 31:20. | 34 Anders: Volgens jou, dit is, volgens jou voorbeeld; asof hy sê: Wanneer die Israeliete iemand wil seën of gelukwens, sal jy tot ’n voorbeeld of voorskrif geneem word, soos die woorde wat volg dit duidelik aandui. Sien oor so ’n manier van seën ook Rut 4:11, en van vloek Jer. 29:22.
35 Dit is, my nageslag, die Israeliete. |
Daarop sê Israel vir Josef: Kyk, 36ek gaan sterwe, maar God sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan 37na die land van julle vaders.
| 36 Dit is, ek gaan binnekort sterwe. Vgl. Gén. 19:13; 20:3. Joh. 14:2.
37 Dit is, na die land Kanaän. |
kEn ék gee jou 38een stuk land 39bo jou broers, lwat ek met my swaard en my boog van die 40Amoriete 41afgeneem het.
| k Jos. 13:7; 16:1; 17:1.
l Jos. 24:8. |
38 Hebr. sigem, die woord beteken eintlik ’n skouer of rug, soos in Gén. 9:23, en daarna by wyse van ’n beeld, ’n stuk, deel of hoog geleë landstreek, soos hier. Maar Jakob, as ’n profeet, verwys ook na die naam van die stad Sigem, wat in daardie land op die gebergte geleë was, sien Gén. 12:6, en later die stam van Efraim toegeval het, Jos. 20:7. Daar sou Josef se gebeente ook begrawe word, Jos. 24:32, synde die stuk land wat sy vader Jakob profeties vir hom verower en gegee het, Joh. 4:5, welverstaande nie net die stuk land wat hy vir honderd geldstukke gekoop het nie, Gén. 33:19, maar ook die hele landstreek van die stad Sigem, wat Símeon en Levi met wapengeweld ingeneem en geplunder het, Gén. 34:25, 26.
39 Naamlik ten opsigte van die eersgeboortereg, Deut. 21:17, wat Ruben verloor het en wat na Josef oorgedra is, 1 Kron. 5:1 (wat die dubbele deel van die erfenis betref), as die eersgeborene van die geliefde vrou. 40 Hebr. van die Amoriet. Hy noem die naam van een volk vir al die Kanaäniete, omdat die Amoriete een van die magtigste volke in die land Kanaän was, soos blyk uit Amos 2:9. So ook uit Gén. 15:16. Jos. 10:5. 41 Naamlik, toe ek ná die moord van die Sigemiete (vresende vir die naburige Kanaäniete) gewapend op my hoede moes wees om nie oorval te word nie. Aangesien God hierdie sorg van my geseën het, deur ’n verskrikking oor die omliggende inwoners te stuur, het ek daardie stuk land daar behou, wat ek deur God se seën beskou as my eiendom, soos dit hierna jou nageslag sal toebehoort vir gebruik en besitting. Of anders: sal afneem deur die swaard en die boog van my nageslag. |
DAAROP het Josef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die land Kanaän, aen daar is hulle nou in die land Gosen.
| a Gén. 45:10. |
En hy het 1uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle aan Farao voorgestel.
| 1 Hebr. die einde, of van die uiterste, dit is (soos sommige verstaan), van die jongstes en van die oudstes. Anders: van die aansienlikstes of wat in aansien uitgestaan het. Vgl. Rig. 18:2. 1 Kon. 12:31. Jes. 56:11. Eség. 33:2. |
Toe sê Farao aan 2sy broers: Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: bU dienaars 3is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders.
| b Gén. 46:34. | 2 Naamlik Josef s’n.
3 Hebr. skaapherder of veeherder, (want die Hebreeuse woord word soms breër verstaan. Sien Amos 7:14, 15.) in die enkelvoud, dit is, elkeen van u dienaars is ’n herder van kleinvee. |
Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom 4om as vreemdelinge in die land te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die land Gosen woon.
| 4 Hulle wil sê dat hulle nie daarheen gekom het om dieselfde regte as die burgers, of die inheemse bevolking te geniet nie, maar slegs as vreemdelinge, om vir ’n tyd daar te mag vertoef, vanweë hierdie swaar hongersnood; totdat hulle geleentheid sou hê om na hul land terug te keer. |
Daarop het Farao met Josef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom.
Egipteland lê 5voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die land woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle 6bekwame manne is, stel hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.
| 5 Sien Gén. 13:9 se kanttekening.
6 Hebr. manne van sterkte of bekwaamheid. Die Hebreeuse woord beteken in die algemeen krag of vermoë, en dit word gebruik vir tydelike middele, Ps. 49:7. Eség. 28:5, vir liggaamlike krag, Esra 4:23, vir verstand, trou en standvastigheid in regering, Ex. 18:21, 25, vir krag en ervaring ten opsigte van oorlog, Deut. 3:18. Rig. 11:1. 1 Sam. 18:17, so ook vir vlyt en ervaring in die huishouding, Rut 3:11. Spr. 31:10. |
Toe bring Josef sy vader Jakob in en stel hom aan Farao voor. En Jakob het Farao 7gegroet met ’n seënwens.
| 7 Op ’n besondere wyse, soos ’n patriarg, deur die koning in sy groet vir al die eer en vriendskap wat aan hom en sy mense betoon is, te bedank en hom allerlei voorspoed van God toe te wens. Vgl. 1 Sam. 13:10. 2 Sam. 8:10. So ook hierna, vers 10. |
Daarop sê Farao vir Jakob: 8Hoeveel is die dae van jou lewensjare?
| 8 Dit is, hoe oud is jy? Sien Gén. 25:7. |
En Jakob het Farao geantwoord: 9Die dae van die jare van cmy vreemdelingskap is honderd-en-dertig jaar. Min in getal en 10vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle 11het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.
| c Ps. 119:19. Hebr. 11:9, 13. | 9 Dit is, waarin ek dikwels as ’n vreemdeling herwaarts en derwaarts moes trek en rondswerf. Sien Gén. 17:8 se kanttekening.
10 Jakob wil sê dat sy lewe vol arbeid, moeite, verdriet en ellende was; ook meer as die van sy voorvaders. 11 Want sy vader Isak het honderd-en-tagtig jaar geleef, Gén. 35:28, sy grootvader Abraham honderd-vyf-en-sewentig jaar, Gén. 25:7, sy oorgrootvader Tera tweehonderd-en-vyf jaar, Gén. 11:32. Jakob het gesterwe toe hy honderd-sewen-en-veertig jaar oud was. |
Toe het Jakob Farao gegroet met ’n seënwens en van Farao af weggegaan.
En Josef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle besitting in Egipteland gegee, in die beste deel van die land, 12in die landstreek Raämses, soos Farao beveel het.
| 12 ’n Deel van die land Gosen, waarin, volgens sommige, die stad Raämses geleë was. Vgl. Ex. 1:11. Sien ook Ex. 12:37. |
En 13Josef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met brood onderhou 14ooreenkomstig die getal van die kinders.
| 13 Volgens die belofte gemaak in Gén. 45:11, en herhaal in Gén. 50:21.
14 Of: ooreenkomstig die mond van die klein kind of van die kindjie, dit is, ooreenkomstig die behoefte van die getal van die kinders. Anders: ooreenkomstig die geleentheid, of die aard van die kinders, dit is, soos ’n mens die kinders gewoonlik voed, vir wie ’n mens, sonder hul arbeid of verdienste, die spyse in die mond sit. |
En daar was in die hele land 15geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die land Kanaän 16uitgeput was weens die hongersnood.
| 15 Dit is, daar was baie groot gebrek aan alle lewensbehoeftes. Hierdie groot gebrek was die meeste by die gewone man, omdat daar geen brood te koop was nie. Sien oor die woord brood Gén. 3:19.
16 Of: rasend. Verstaan die inwoners van die land, wat so deur die honger gedruk was, dat hulle baie ontstemd en as ’t ware waansinnig geword het, en op die punt was om in onluste uit te breek. Sien verse 18, 19. |
En Josef het al die geld versamel wat in Egipteland en in die land Kanaän te vinde was, vir die koring wat hulle gekoop het, en Josef het die geld in die paleis van Farao gebring.
En toe die geld in Egipteland en in die land Kanaän op was, het al die Egiptenaars na Josef gekom en gesê: Gee vir ons brood! En: 17Waarom moet ons voor u oë sterwe, want die geld is gedaan?
| 17 Dit is, waarom sou u verdra dat ons voor u oë van honger vergaan, noudat ons geen geld meer het nie? U kan dit tog wel voorkom. |
En Josef antwoord: Gee julle vee, dan sal ek dit aan julle gee vir julle vee as die geld gedaan is.
Toe bring hulle hul vee na Josef, en Josef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en 18beeste en vir die esels; en hy het hulle dié jaar 19versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee.
| 18 Hieruit blyk, en uit vers 6, dat alhoewel herders vir die Egiptenaars ’n gruwel was, hulle nogtans vee vir bepaalde doeleindes gebruik het.
19 Hebr. saggies gelei. |
Toe dié jaar om was, het hulle na hom gekom in 20die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit vir my heer nie wegsteek nie, maar die geld is op en die besitting aan vee is 21my heer s’n. Daar het niks 22vir my heer oorgebly nie as net ons lyf en ons grond.
| 20 Nie van die hongersnood nie, maar die tweede jaar ná die voorgaande, waarin hulle hul diere vir koring verruil het. Hierdie tweede jaar was die sewende jaar van die hongersnood.
21 Naamlik, omdat dit deur hom vir koring verruil is. 22 Dit is, niks wat my heer kan sien en wat hy meer van ons kan eis en ontvang nie. Of wat ons vir my heer sou kon aanbied om koring mee te koop nie. |
Waarom moet ons voor u oë te gronde gaan, ons sowel 23as ons landerye? Koop ons en ons grond vir brood, dan sal ons met ons grond aan Farao 24diensbaar wees; en gee saadkoring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, en dat die grond nie woes word nie.
| 23 Verstaan onder die te gronde gaan van die landerye die verwoesting, soos in die einde van die vers verklaar word. Anders: ons en ons grond bestaan nog, naamlik het oorgebly; koop ons, ens.
24 Hebr. diensknegte of slawe wees. |
So het Josef dan al die grond van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. 25So het die land dan Farao se eiendom geword.
| 25 Tevore het die land wel aan Farao behoort deur die reg van die hoogste gesag, maar nou het dit hom ook toegekom deur eiendomsreg. |
En wat die volk betref — 26hy het hulle laat verhuis na die stede, 27van die een end van die Egiptiese gebied na die ander end daarvan.
| 26 Hebr. hy het hulle laat oorgaan. Hy wil sê dat hy die volk deur die hele land van woonplek laat verander het, uit die een stad of hoek van die land, waar hul besittings was, na ’n ander, waarheen dit Farao behaag het om hulle te stuur, sodat dit daadwerklik sou blyk dat hulle voortaan niks van hul eie gehad het nie, maar dat die hele land volkome aan die koning behoort het.
27 Dit is, van die een grens van Egipte na die ander. |
Net die grond 28van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het ’n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.
| 28 Verstaan sulke persone, wat op die gebied van die godsdiens en die wysheid van die Egiptenaars hul werk gehad het, wat, omdat hulle hul onderhoud van die koning ontvang het, nie nodig gehad het om hul grond te verkoop nie. Sommige vertaal dit met amptenare, omdat die Hebreeuse woord (hoewel selde) dit ook kan beteken. Sien Gén. 41:45. |
Toe sê Josef aan die volk: Kyk, ek het vandag julle en jul grond vir Farao gekoop: daar is saadkoring vir julle, 29dat julle die grond kan besaai.
| 29 Hieruit is af te lei dat dit gebeur het in die laaste jaar van die hongersnood. Vgl. vers 18 se kanttekening. |
En by die insameling moet julle ’n vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier 30dele sal julle eiendom wees, as saad vir die land en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is, en as voeding vir julle kinders.
| 30 Hebr. hande, dit is, dele, soos in Gén. 43:34 se kanttekening. |
En hulle antwoord: U het ons 31lewe gered. Laat ons 32guns mag vind in die oë van my heer, dan sal ons die 33dienaars van Farao wees.
| 31 Hebr. lewend gemaak, dit is, in die lewe behou. So ook in Gén. 6:19; 45:7. Die Egiptenaars verklaar dat hulle met die voorgestelde voorwaarde om Farao se akkers te verbou tevrede was, en hulle beskou dit as groot goedheid of guns wat aan hulle bewys is.
32 Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 18:3 se kanttekening. 33 Dit is, slawe of lyfeienes. |
En Josef het dit 34’n wet gemaak 35tot vandag toe vir die saaigrond van Egipte — 36die vyfde deel behoort aan Farao. Net die grond van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie.
| 34 Of: insetting, ordinansie, reg, gewoonte, gebruik.
35 Dit is, ’n wet wat tot op hede steeds geld. 36 Dit is, die land is Farao se eiendom, met die vyfde deel van die inkomste. |
So het Israel dan in Egipteland gewoon, in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.
En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd-sewen-en-veertig jaar was.
En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, 37dsit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou — 38begrawe my tog nie in Egipte nie.
| d Gén. 24:2. | 37 Sien hieroor Gén. 24:2 se kanttekening.
38 Hy versterk homself hiermee in die geloof aan God se belofte, en wil deur sy voorbeeld almal wat aan hom behoort tot volharding in dieselfde geloof vermaan. Josef het dieselfde gedoen, Gén. 50:24, 25. |
Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in 39hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord.
| 39 Naamlik in die graf van Abraham en Isak, in die land Kanaän, in die spelonk van Magpéla in Hebron. Sien Gén. 23:19; 25:9; 35:29 en die kanttekening. |
Toe sê 40hy: Sweer my dit tog. En 41hy het vir hom gesweer. eToe het Israel 42in aanbidding gebuig 43oor die koppenent van die bed.
| e Hebr. 11:21. | 40 Naamlik Jakob.
41 Naamlik Josef. 42 Naamlik voor die Here. Dit is, hy het God aangeroep, deur Hom te dank vir die versterking van sy geloof, wat hy uit Josef se belofte en eed ontvang het. 43 Vanweë sy swakheid het hy in die bed gesit, en kon nie opstaan om staande of knielende te bid nie. |
Jakob trek af na Egipte.
EN Israel 1het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en in 2Berséba gekom; en hy het offerandes gebring aan 3die God van sy vader Isak.
| 1 Dit het omtrent in die jaar 2239 ná die skepping van die wêreld gebeur, tien jaar ná Isak se dood, toe Josef negen-en-dertig jaar oud was.
2 Sien oor die plek Gén. 21:31 en die kanttekening. 3 Dit is, die God vir wie sy vader Isak geëer en aangeroep het. Hiermee het hy sy standvastige geloof in God se beloftes en sy dankbaarheid teenoor God se weldade betoon, en Hom gebid om raad en hulp op hierdie reis. |
En God het tot Israel gespreek 4in naggesigte en gesê: 5Jakob, Jakob! En hy antwoord: 6Hier is ek!
| 4 Die gesigte waardeur God Hom in daardie tye aan die mense geopenbaar het, was in die algemeen wanneer iemand nie geslaap het nie, deur die aanskouing van ’n gedaante wat óf deur die liggaamlike oog, soos in Gén. 15:1, 5, ens., óf deur die geestesoog, Sag. 3:1, opgemerk is; en soms wanneer iemand wel geslaap het, deur middel van drome, soos in Gén. 20:3. Job 33:15, 16. Beide kon óf in die dag, soos in Hand. 10:9, 10, óf in die nag, soos in Gén. 15:5 en hier, gebeur.
5 God noem sy naam twee maal, om hom aan te spoor om aandagtig te luister; soos in Gén. 22:11. 1 Sam. 3:10. 6 Sien Gén. 22:1 en die kanttekening. |
Toe sê Hy: aEk is God, die God van jou vader. 7Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, bwant Ek sal jou daar ’n groot nasie maak.
| a Gén. 26:24; 28:13; 32:9.
b Gén. 13:16; 16:10; 17:2; 22:17; 26:24; 35:11; 48:4. |
7 Omdat jy en jou nageslag ’n tyd lank sal moet vertrek uit ’n land wat Ek aan jou en jou mense belowe het, Gén. 28:13, na ’n land waarin jou grootvader met vrees en bekommernis verkeer het, Gén. 12:12. |
cEk sal saam met jou 8aftrek na Egipte, en 9Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; 10en Josef sal jou oë toedruk.
| c Núm. 20:15. Deut. 10:22. Jos. 24:4-6. Ps. 105:23, 24, ens. Jes. 52:4. Hos. 11:1. | 8 Naamlik, om jou te vergesel en by te staan. Verstaan die woord optrek ook in dié betekenis. Vgl. Gén. 24:7. Ex. 23:20; 32:34. Let hier vir eens en altyd op dat die woorde optrek, opklim, ens., asook aftrek, afklim, ens., meestal gebruik word ten opsigte van die ligging van die lande, stede en plekke, wat hoog of laag geleë is. Om te gaan na hoogliggende plekke, is optrek; en na laagliggende plekke, is aftrek. Sien Gén. 12:10; 13:1; 35:1. Ex. 19:3. Matt. 20:18. Luk. 10:30. Hand. 3:1. Die opgaan word deur God menslikerwys gesê; asook die afkom.
9 Dit is wel deels aan Jakob se dooie liggaam vervul, Gén. 47:29, 30; 50:13, maar vernaamlik aan sy nageslag, toe Moses hulle uit Egipte gelei het en Josua hulle in die land Kanaän gebring het. 10 Dit is, Josef sal by jou wees as jy sal sterwe, en sal (volgens die ou gewoonte van baie volke) jou oë toedruk ná jou dood. Hier word Jakob deur God verseker dat sy liewe seun Josef nog leef en dat hy tydens Josef se lewe in vrede sal sterf. |
dDaarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.
| d Hand. 7:15. |
En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle 11in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:
| 11 Verstaan hierby: en daarbenewens in Mesopotámië. |
sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; 12sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.
| 12 Jakob het slegs een dogter gehad, naamlik Dina, vers 15, en slegs een kleindogter, vers 17. Die Heilige Skrif gebruik die meervoud vir die enkelvoud, soos ook in Gén. 21:7; hierna in vers 23. Núm. 26:8. 1 Kron. 2:8, 31. |
eEn 13dit is die name 14van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het — Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.
| e Ex. 1:2; 6:13. Núm. 26:5. 1 Kronieke 5-8. | 13 Hierdie geslagsregister word hier en elders deur Moses so noukeurig beskryf, (1) om God se wonderwerk aan te wys in die vermenigvuldiging van die nageslag van Abraham; (2) om die stamme te onderskei, ten opsigte van die priesterdom, die koninklike waardigheid en die verdeling van die land Kanaän; (3) en vernaamlik om die afkoms van die Messías na die vlees na te volg.
14 Dit is, seuns en kleinseuns; asook dogter en kleindogter. |
En die seuns van Ruben: 15Henog en Pallu en Hesron en Karmi.
| 15 Vgl. die name van hierdie register met die herhaling daarvan in Númeri 26. 1 Kronieke 6-8. |
fEn die seuns van Símeon: 16Jémuel en Jamin en 17Ohad en 18Jagin en 19Sohar en Saul, die seun van die 20Kanaänitiese vrou.
| f Ex. 6:14. 1 Kron. 4:24. | 16 Ook Némuel genoem, Núm. 26:12.
17 Hy word in Núm. 26:12. 1 Kron. 4:24 nie onder die kinders van Símeon genoem nie. Dit wil voorkom of hy en die wat aan hom behoort in dié tyd reeds gesterf het. 18 Ook Jarib genoem, 1 Kron. 4:24. 19 Ook Serag genoem, Núm. 26:13. 20 Synde van ’n vervloekte nasie. Dit was vir God se volk verbode om met iemand daarvan te trou. Dit word beskryf tot skande van Símeon, asook van Juda, Génesis 38, en tot eer van die ander, wat hierdie voorbeelde nie gevolg het nie. |
gEn die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
| g 1 Kron. 6:1. |
En hdie seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan 21het gesterwe in die land Kanaän; ien die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
| h Gén. 38:3-5.
i 1 Kron. 2:5. |
21 Sien Gén. 38:7, 10. Hulle word hier wel genoem, maar nie om in die getal, wat in vers 15 vermeld word, gereken te word nie. |
En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en 22Job en Simron.
| 22 Anders Jasub genoem, Núm. 26:24. Hy moet onderskei word van Job wie se lewe en geskiedenis in sy boek beskryf word. Die name word ook in die Hebreeus op verskillende maniere geskryf. |
En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.
Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in 23Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die 24siele van sy seuns en dogters was 25drie-en-dertig.
| 23 Sien Gén. 25:20. Lea se kinders is in Paddan-Aram gebore, maar die nageslag van haar seuns wat hier genoem word, is later in Kanaän gebore.
24 Dit is, mense; sien Gén. 12:5 se kanttekening. 25 Hier word Jakob bygereken, maar Er en Onan word uitgesluit. Sien vers 12. |
kEn die seuns van Gad: 26Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en 27Aródi en Areëli.
| k 1 Kron. 5:11. | 26 Hebr. Tsifjon, anders: Sefon, Núm. 26:15; en so hierna Esbon vir Etsbon, en in vers 10 Sohar vir Tsohar, ens.
27 Anders: Arod, Núm. 26:17. |
lEn die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.
| l 1 Kron. 7:30. |
Dit is die seuns van Silpa mwat Laban aan sy dogter Lea 28gegee het; en sy het vir Jakob hierdie 29sestien siele gebaar.
| m Gén. 29:24. | 28 Naamlik as slavin, Gén. 29:24.
29 Naamlik dertien seuns, twee kleinseuns en een dogter. |
Die seuns van Ragel, 30die vrou van Jakob: Josef en Benjamin.
| 30 Só word Ragel in die besonder genoem, omdat Jakob slegs vir haar volgens God se instelling vir hom verkies het, en van Laban gevra het. Sien Gén. 29:18. |
En nvir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Ásenat, die dogter van 31Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.
| n Gén. 41:50; 48:5. | 31 Sien oor hom Gén. 41:45 se kanttekening. |
oEn die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.
| o 1 Kron. 7:6; 8:1. |
Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.
En die 32seuns van Dan: 33Husim.
| 32 Dit is, seun; sien vers 7 se kanttekening.
33 Ook Suham genoem, Núm. 26:42. |
pEn die seuns van Náftali: Jágseël en Guni en Jeser en Sillem.
| p 1 Kron. 7:13. |
Dit is die seuns van Bilha qwat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.
| q Gén. 29:29. |
Al die siele wat 34aan Jakob behoort het en, uit sy 35heup afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam 36ses-en-sestig siele.
| 34 Anders: Al die siele van Jakob wat in Egipte gekom het.
35 Dit is, wat uit sy vlees en bloed gebore is. Dit beteken dieselfde as om uit iemand se lendene voort te kom. Sien Gén. 35:11. Ex. 1:5. Rig. 8:30. 36 Die vier genoemde somme, naamlik van drie-en-dertig (vers 15), van sestien (vers 18), van veertien (vers 22) en van sewe (vers 25) vorm tesame sewentig. Maar hier word slegs diegene getel wat uit Jakob gebore is en met hom in Egipte aangekom het; sodat Jakob en Josef met sy twee seuns, wat nie saam met Jakob in Egipte gekom het nie, nie bygereken moet word nie. |
En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. rAl die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was 37sewentig.
| r Deut. 10:22. Hand. 7:14. | 37 Onder hierdie getal is Jakob, Josef en sy twee seuns, inbegrepe. |
En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, 38dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land 39Gosen aangekom.
| 38 Naamlik hoe en waar hulle hul die beste in Gosen sou kon vestig.
39 Sien Gén. 45:10 en die kanttekening. |
Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En 40toe hy homself aan hom vertoon, 41het hy om sy hals geval en 42lank aan sy hals geween.
| 40 Dit wil voorkom of Josef, toe hy naby aan sy vader gekom het, homself met alle vriendelikheid aan hom vertoon het, om deur hom herken te mag word.
41 Sien Gén. 33:4; 45:14. Luk. 15:20. Hand. 20:37. 42 Anders: ’n tyd lank. Hebr. nog. |
En Israel sê vir Josef: 43Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, 44dat jy nog leef!
| 43 Hebr. Hierdie keer; die betekenis is: Ek is nou gewillig om te sterwe.
44 Of: omdat, aangesien. |
Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers en die huis van my vader wat in die land Kanaän was, het na my gekom.
En die manne is herders van kleinvee — want hulle was 45veeboere — en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring.
| 45 Hebr. manne van vee of veemanne, dit is, wat met vee werk; so ook in vers 34. So ook manne van skepe, 1 Kon. 9:27, dit is, wat hulle met skeepvaart besighou, seevaarders; vgl. ook Gén. 9:20 se kanttekening. |
En as Farao julle laat roep en sê: Wat is julle nering?
dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders — sodat julle in die land Gosen kan woon. sWant elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars 46’n gruwel.
| s Gén. 43:32. Ex. 8:26. | 46 Sien Gén. 43:32. Hierdie veragtelike staat het vir die Israeliete deur God se regering drieërlei voordeel meegebring, (1) dat hulle ’n goeie, vrugbare weiveld vir hul diere gekry het; (2) dat hulle daarin byeen was en saam in vrede kon woon; (3) dat hulle, omdat hulle van die afgodiese Egiptenaars afgesonder was, die suiwer godsdiens met meer vryheid kon beoefen. |
Josef maak hom aan sy broers bekend.
TOE kon Josef hom 1nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: 2Laat almal 3van my af weggaan! En daar het 4niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.
| 1 Naamlik om te ween; soos hy tevore gedoen het, Gén. 43:31.
2 Dit doen hy om die eer van hom en sy broers by die Egiptenaars te bewaar, omdat hulle moontlik van hom sou hoor dat hy verkoop was, en van sy broers dat hulle hom verkoop het. 3 Hebr. van by my of van langs my; dit is, uit my teenwoordigheid. 4 Behalwe sy broers. |
Daarop 5bars hy in trane uit, sodat 6die Egiptenaars en ook 7die huis van Farao dit gehoor het.
| 5 Hebr. het hy sy stem gegee met ween.
6 Wat pas uit die vertrek gegaan het, en nog nie ver weg was nie. 7 Dit is, die hofhouding, tot wie die gerug net daarna versprei is, soos in vers 16. |
En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers 8kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom.
| 8 Omdat hulle gewete hulle aangekla het van hul mishandeling aan Josef, en van sy teenswoordige hoogheid en mag om hom op hulle te wreek, indien hy wou. |
Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: aEk is julle broer Josef bvir wie julle 9na Egipte verkoop het.
| a Hand. 7:13.
b Gén. 37:28. Ps. 105:17. Hand. 7:9. |
9 Sien Gén. 37:28. |
Maar cwees nou nie bedroef nie, en laat daar geen 10ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want 11om lewens te behou, het 12God my voor julle uit gestuur.
| c Gén. 50:19-21. | 10 Of: droefheid of spyt, of enige ander kwade gevoel. Vgl. Gén. 31:35. Of: laat dit julle nie verdrietig maak of mishaag nie, of: laat geen kwade gesindheid in julle gesien word nie.
11 Naamlik julle lewens. Anders: tot lewensonderhoud, soos in Rig. 6:4; 17:10. 12 Naamlik deur sy wyse, goeie en almagtige regering, terwyl Hy julle bose dade tot ’n goeie uiteinde verander het, voor julle uit gestuur. So het Hy gedoen met die dade van Saul, 1 Sam. 19:9, van Absalom, 2 Sam. 12:12, van Símeï, 2 Sam. 16:10, van Agitófel, 2 Sam. 17:14, van Job se vyande, Job 1:21, van die Jode, Hand. 2:23, ens. Sien 2 Sam. 12:12 se kanttekening. |
Want daar was nou twee jaar hongersnood 13in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie.
| 13 Dit is, deur die hele land. |
Maar God het my 14voor julle uit gestuur 15om vir julle ’n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou 16tot ’n groot verlossing.
| 14 Vgl. Gén. 32:3 se kanttekening.
15 Dit is, sodat julle in hierdie algemene nood onderhou kan word, en jul nageslag kan oorbly. Anders: sodat daar iets sou oorbly waarvan julle sou kan lewe. 16 Dit word groot genoem ten opsigte van die wonderbare werk van die goddelike voorsienigheid, wat hierin helder blyk, en van die groot weldaad wat hierdeur aan die Israeliete bewys word, wat in baie groot getalle sou oorbly. Anders: deur ’n groot verlossing of ontkoming. |
Júlle 17het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my 18’n raadsman van Farao gemaak en ’n gebieder oor sy hele huis en ’n regeerder in die hele Egipteland.
| 17 Dit is, dit was nie julle bedoeling of voorneme om my ’n regeerder in Egipte te maak nie; maar God het dit gedoen, deurdat Hy jul werk tot jul beswil gelei het.
18 Hebr. tot ’n vader. Dit is, tot Farao se vernaamste raadsman, wat sy sake met vaderlike sorg sou bestuur en vir wie hy as ’n vader sou ag. |
Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my ’n gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie 19versuim nie!
| 19 Hebr. staan nie of bly nie staan nie. |
En u kan in die land 20Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit.
| 20 ’n Gebied in Egipte, langs die land Kanaän geleë, baie vrugbaar, vol weivelde, en gevolglik geskik vir veeboere. |
En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie 21verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort.
| 21 Dit is, deur armoede vergaan. |
En kyk, julle oë sien dit, en die oë van my broer Benjamin, dat dit 22my mond is wat met julle spreek.
| 22 Dit is, dat ek nie tot julle spreek deur ’n tolk in ’n ander taal nie, maar met my eie mond en in jul eie taal. |
Vertel my vader dan van al my heerlikheid in Egipte en van alles wat julle gesien het, en dbring my vader gou hierheen af.
| d Hand. 7:14. |
Toe val hy sy broer Benjamin om die 23hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween.
| 23 Hebr. halse. Vgl. Gén. 33:4. |
En 24hy het al sy broers gesoen en 25aan hulle hals geween; en 26daarna het sy broers met hom gespreek.
| 24 Sien Gén. 29:11; 31:28.
25 Dit is, terwyl hy hulle omhels en gesoen het. 26 Toe hulle Josef se opregte en hartlike gedrag sien, het hulle moed geskep en begin om meer vrylik met Josef te spreek. |
Toe die 27gerug in die huis van Farao gehoor word dat Josef se broers gekom het, 28was dit goed in die oë van Farao en van sy dienaars.
| 27 Hebr. stem, geluid. So word hierdie woord ook verstaan in Jer. 10:22. Hand. 2:6, ens.
28 Dit is, dit het hom behaag. |
En Farao het met Josef gespreek: Sê aan jou broers: Doen dit, laai julle diere en trek weg na die land Kanaän.
En gaan haal julle vader en julle 29huisgesinne en kom na my toe, dan sal ek julle 30die beste van Egipteland gee; en eet 31die vettigheid van die land.
| 29 Hebr. huise, soos in vers 11.
30 Hebr. die goeie, dit is, die beste en vrugbaarste. 31 Dit is, die lieflikste en uitnemendste wat God uit en op die aarde gee, tot onderhoud van die menslike lewe. Vgl. Núm. 18:12, 29, 30. Deut. 32:14. Ps. 147:14. |
32Jý kry dan bevel — 33doen dit: Neem vir julle uit Egipteland waens vir julle kinders en julle vroue, en vervoer julle vader en kom.
| 32 Naamlik jy, Josef; dit is, jy is in my naam met genoegsame mag voorsien.
33 Dit word in die meervoud bedoel, en dui op die broers van Josef. |
En 34julle hoef geen spyt te hê oor julle huisraad nie, want die beste van die hele Egipteland is julle s’n.
| 34 Laat julle nie beswaard wees as julle iets van jul huisraad sou agterlaat, of dat julle iets onderweg sou mog beskadig, of in hierdie moeilike tyd nie volgens sy waarde sou kon verkoop nie. |
Die seuns van Israel het toe so gedoen; en Josef het vir hulle waens verskaf volgens die 35bevel van Farao en hulle padkos gegee vir die reis.
| 35 Hebr. mond. |
Hy het aan hulle almal, man vir man, 36’n stel nuwe klere gegee; maar aan Benjamin het hy driehonderd sikkels 37silwer en vyf stel nuwe klere gegee.
| 36 Hebr. wisseling of verandering van klere, dit is, klere wat hulle nie elke dag gebruik het nie; dit wat aansienlike here gewoonlik aan ander gee tot verering of vergoeding, Rig. 14:12, 19. 2 Kon. 5:5.
37 Sien Gén. 20:16 se kanttekening. |
En 38net so het hy ook aan sy vader gestuur tien esels, gelaai met die beste goed van Egipte, en tien eselinne, gelaai met koring en brood en 39voedsel vir sy vader op die reis.
| 38 Hebr. soos dit; dit is, net so of desgelyks of aldus, dit is, soos volg.
39 Anders: bykos. |
Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek; en hy het aan hulle gesê: 40Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie.
| 40 Naamlik deur te twis, en teenoor mekaar vertoornd te word oor dit wat julle my in die verlede aangedoen het. |
En hulle het opgetrek uit Egipte en in die land Kanaän aangekom by hulle vader Jakob.
Toe hulle hom vertel: Josef lewe nog — en dat hy regeerder is in die hele Egipteland — het sy hart 41beswyk, want hy het hulle nie geglo nie.
| 41 Naamlik deur onverwagte blydskap en groot verwondering, aangesien hy nou omtrent twee- of drie-en-twintig jaar nie van hom gehoor het nie. |
Maar toe hulle hom al die woorde van Josef te kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, 42het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword.
| 42 Deur besondere vreugde oor hierdie gans seldsame en onverwagte saak is hy so verkwik dat hy nuwe krag van gees en van liggaam gekry het. |
En Israel het gesê: 43Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe.
| 43 Of: Dit is baie, of ’n groot saak. |
TOE gee 1hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak;
| 1 Naamlik Josef. |
en my 2beker, die silwerbeker, moet jy bo in die 3jongste se sak sit saam 4met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.
| 2 Dit wil voorkom of dit ’n beker was wat hoog, ruim en diep was, en van groot waarde, en het sy naam gekry vanweë sy rondheid en hoogheid.
3 Naamlik Benjamin se sak. 4 Dit is, wat hy saamgebring het om voedsel mee te koop. |
Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels.
Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde?
Is dit nie die 5ding waaruit my heer drink en 6waarmee hy altyd waarneem nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het.
| 5 Naamlik beker.
6 Of: waardeur hy gewis ervaar of sal bevind, naamlik watter soort mense julle is. Hebr. waarnemende sou waarneem. Die Hebreeuse woord beteken wel soms om iets deur goëlery, wat nietig en ongeoorloof is, waar te neem, om verborge dinge te openbaar, of vooruit aan te kondig, soos in Lev. 19:26. 2 Kon. 21:6. Dit beteken egter dikwels ook om iets oordeelkundig te verneem of te bevind, en deur gewisse tekens na te speur, soos in Gén. 30:27. 1 Kon. 20:33, en so is dit hier gebruik. Anders: waarvan hy vir seker sal verneem, en so ook in vers 15. |
En hy het hulle ingehaal en 7hierdie woorde aan hulle meegedeel.
| 7 Naamlik die woorde wat Josef hom beveel het. |
Toe 8sê hulle vir hom: Waarom spreek my heer 9sulke woorde? Dit is ver van u dienaars 10om so iets te doen.
| 8 Dit is, een van hulle sê dit namens almal; daarom volg my heer, nie ons heer nie.
9 Hebr. volgens hierdie woorde. 10 Hebr. om volgens hierdie woord of saak te handel. |
Kyk, geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän aan u teruggebring — hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel?
Dié een van u dienaars by wie dit gevind word, 11moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees.
| 11 Dit is, nie net sal die dief sterwe nie, maar ons almal sal ook slawe wees. Sien Gén. 43:18. So spreek hulle meer met vrymoedigheid as met versigtigheid, omdat hulle van geen kwaad bewus was en hulle geen agterdog gehad het van enige bedrog wat moontlik teen hulle gepleeg is nie, soos tevore met die geld. Hulle oorweeg ook nie die droefheid wat hierdeur oor hul vader sou kom nie. |
Toe sê hy: 12Nou goed, laat dit wees 13soos julle gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal 14vry wees.
| 12 Anders: Dit is nou ook reg, ens.
13 Verstaan dit van die ondersoek; want die straf wat hulle op hulself geneem het, matig hy. 14 Dit is, ongestraf en mag ongehinderd terugkeer. Sien Ex. 20:7; 34:7. |
Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak.
En hy het gesoek; hy het 15begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.
| 15 Dit het hy met opset gedoen, om hulle langer in pyn te hou, en om homself des te meer bo verdenking te hou, want hy het wel geweet in wie se sak die beker was, aangesien hy dit self daarin gesit het. |
Toe 16skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.
| 16 Naamlik van droefheid, oor die misdaad wat Benjamin skynbaar begaan het, en van vrees, sowel vir die straf wat Josef hom mog oplê, as vir die swarigheid wat hierdeur oor hul vader sou kom. Sien oor die skeur van klere Gén. 37:29 se kanttekening. |
En Juda het saam met sy broers in die huis van Josef gekom, terwyl 17hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die grond.
| 17 Naamlik Josef, om die uitkoms van hierdie saak af te wag. |
Daarop sê Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat ’n man soos ek dit ongetwyfeld moet 18waarneem nie?
| 18 Sien vers 5 se kanttekening. |
En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sê? Wat kan ons spreek? En 19waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars 20uitgevind. Kyk, ons is my heer se slawe, ons sowel as hy 21by wie die beker gevind is.
| 19 Die Hebreeuse woord (soos ook ’n ander van dieselfde oorsprong) beteken vry ag, vryspreek en onskuldig verklaar, soos wanneer iemand wat voor ’n regter van ’n misdaad aangekla is, vrygespreek word. Sien hierdie betekenis in Ex. 23:7. Deut. 25:1. Ps. 51:6. Spr. 17:15. Jes. 5:23. Vgl. Matt. 11:19. Rom. 3:20. Gal. 2:16; 3:8, ens.
20 Dit is, Hy het dit in sy voorsienigheid waargeneem en nou aan die lig gebring. Verstaan dit nie van hierdie daad waaraan hulle hul nie skuldig beskou nie, maar van ander, waaroor hul gewetens hulle laat wroeg, en wat God nou gestraf het. 21 Of: in wie se hand. |
Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, dié sal my slaaf wees. Maar trek júlle in 22vrede op na julle vader.
| 22 Dit is, met vriendskap en eensgesindheid, sonder om ongemak te ly aan jul persoon, of skade aan jul goedere. Vgl. Gén. 26:29, 31. 2 Sam. 3:21. |
Toe kom Juda nader na hom en sê: 23Ag, my heer, mag u dienaar tog ’n woord spreek voor die ore van my heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want 24u staan gelyk met Farao.
| 23 Sien Gén. 43:20 en die kanttekening.
24 Hebr. soos u, soos Farao, dit is, u is so groot van aansien en vermoë soos Farao, wie se persoon u verteenwoordig, sodat ek aan u gelyke eerbied verskuldig is soos aan die koning self. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 18:25. Juda noem hier, en in die verse wat volg, sy broer Josef sy heer; en hy noem homself, sy vader en sy broers tien maal Josef se knegte. Hy doen dit wel uit nederigheid en eerbied, maar vervul tegelykertyd Josef se drome, Gén. 37:7, 9. |
My heer het sy dienaars gevra en gesê: Het julle ’n vader of broer?
En ons het my heer geantwoord: Ons het ’n ou vader; en daar is ’n 25jong seun, ’n kind 26van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.
| 25 Vgl. Gén. 37:3. Die woord jeled beteken wel baie jong kinders, ja, selfs ook die wat maar pasgebore is, soos in Gén. 21:8. Ex. 1:17; 2:8; maar dit word ook gebruik vir ouer kinders, soos vir Josef toe hy sewentien jaar oud was, Gén. 37:30, vir al die kinders van Jakob, toe Ruben omtrent veertien jaar oud was, Gén. 33:1, en hier vir Benjamin, toe hy omtrent vier-en-twintig jaar oud was.
26 Dit is, wat gebore is toe sy vader oud was. |
Toe het u aan u dienaars gesê: aBring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan 27rig.
| a Gén. 42:15. | 27 Of: plaas, dit is, dat ek hom mag aanskou, om die waarheid van julle woorde te toets. Sien Gén. 42:15, 16. Soms word hierdie manier van spreek gebruik vir genade of guns bewys, soos in Jer. 39:12; 40:4. |
En ons het my heer geantwoord: Die seun 28kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.
| 28 Want die vader sal dit nie toelaat nie. |
Daarop het u aan u dienaars gesê: bAs julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, 29sal julle my aangesig nie weer sien nie.
| b Gén. 43:3, 5. | 29 Hebr. nie nog ’n keer nie of nie voortgaan om my aangesig te sien nie. Sien Gén. 43:5. |
En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,
het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons ’n bietjie voedsel.
Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.
En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my 30vrou vir my 31twee gebaar het —
| 30 Naamlik Ragel. Sien Gén. 46:19 se kanttekening.
31 Naamlik twee seuns, Josef en Benjamin. |
die een het van my af weggegaan, cen ek het gesê: Voorwaar, hy is 32verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.
| c Gén. 37:33. | 32 Hebr. verskeurende verskeur. Josef verstaan hier vir die eerste keer wat sy broers hul vader wysgemaak het; dat hul vader op hierdie tydstip nie anders geweet het nie as dat Josef verskeur was. |
As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom ’n ongeluk oorkom, ddan sal julle my grys hare met droefenis 33in die doderyk laat afdaal.
| d Gén. 42:38. | 33 Of: graf. Sien Gén. 37:35 en die kanttekening, en hierna, vers 31. |
As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie — terwyl 34sy siel innig aan hom verkleef is —
| 34 Dit is, vir wie hy met baie innige en hartgrondige toegeneentheid liefhet, en soos sy eie hart bemin. Sien dergelike manier van spreek in 1 Sam. 18:1. |
sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer 33in die doderyk laat afdaal.
Want 35u dienaar het die seun deur borgskap 36van my vader verkry deurdat hy gesê het: eAs ek hom nie na u bring nie, 37sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.
| e Gén. 43:9. | 35 Dit is, ek.
36 Hebr. van my vader af, dit is, soos sommige dit verklaar, toe hy van my vader af weggetrek het. 37 Dit is, sal ek verplig bly tot betaling van die skuld en strafwaardig by my vader wees, al die dae van my lewe; soos in Gén. 43:9, sien die kanttekening daar. |
38Laat 39u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.
| 38 Juda betoon hier in die besonder bekommernis oor sy vader, en liefde vir sy broer Benjamin.
39 Dit is, my. |
Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal 40tref nie!
| 40 Hebr. vind, dit is, oorkom, wedervaar, bejeën, ontmoet. Sien hierdie manier van spreek in Ex. 18:8. Deut. 4:30. Est. 8:6. Job 31:29, ens. Hierdie hele verhaal van Juda het Josef se hart so geraak en laat ontsteek dat hy hom nie langer kon bedwing sonder om te ween en hom aan sy broers bekend te maak nie. |
EN die hongersnood was swaar 1in die land.
| 1 Naamlik in die land Kanaän en die omgewing. |
En 2nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer ’n bietjie voedsel.
| 2 Hebr. toe hulle opgehou het om te eet, dit is, toe hulle amper alles opgeëet het. |
Toe het Juda hom geantwoord: 3Die man 4het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: 5Julle sal my aangesig nie sien as julle 6broer nie by julle is nie.
| 3 Naamlik die heer van Egipte. So ook in Gén. 42:33 en hier in verse 5-7, ens.
4 Hebr. waarskuwende gewaarsku. 5 Dit is, in my teenwoordigheid nie kom nie. Sien hierdie manier van spreek in 2 Sam. 14:24, 28, 32. Hand. 20:25, 38. 6 Naamlik Benjamin. |
As u ons broer saam met ons stuur, sal ons aftrek en vir u voedsel koop;
maar aas u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het aan ons gesê: bJulle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.
| a Gén. 42:20.
b Gén. 44:23. |
Toe sê Israel: Waarom het julle so verkeerd teen my gehandel 7deur die man te vertel dat julle nog ’n broer het?
| 7 Of: deur die man te kenne te gee, of julle nog ’n broer het. |
En hulle antwoord: Die man 8het uitdruklik na ons en ons familie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog ’n broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee 9volgens hierdie woorde. Kon ons dan 10ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af?
| 8 Hebr. vraende het hy gevra.
9 Hebr. volgens die mond van hierdie woorde, dit is, volgens die eis van die woorde wat hy ons voorgehou het. 10 Hebr. wetende weet. |
Daarop sê Juda aan sy vader Israel: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie 11sterwe nie — ons en ook u en ons kinders nie.
| 11 Naamlik van honger. |
Ek sal vir hom borg wees; cvan my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u 12skuldig staan.
| c Gén. 44:32. | 12 Dit is, strafwaardig wees al die dae van my lewe. So word die woorde skuldig staan of misdadiger wees gebruik in Gén. 44:32. 1 Kon. 1:21. |
Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was ons nou al twee maal terug.
Toe het Israel, hulle vader, vir hulle gesê: 13As dit so is, doen dan dit: neem van die 14opbrings van die land in julle sakke en bring vir die man ’n geskenk af — bietjie 15balsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels;
| 13 Asof hy sê: As die saak so gesteld is, laat dit dan in God se Naam geskied.
14 Dit is, die beste produkte van die land wat vir hul groot waarde baie geprys en bekend was. Sommige verstaan dit as baie uitnemende gewasse, en vrugte wat van die bome geoes was. 15 Sien hieroor en oor sommige van die speserye wat volg Gén. 37:25 se kanttekeninge. |
en neem 16dubbel soveel geld met julle saam en bring die geld wat weer bo in julle sakke gesit is, met julle saam terug. 17Miskien was dit ’n vergissing.
| 16 Dit is, dubbel soveel soos tevore, omdat die koste vermeerder het, vers 1.
17 Dit is, daar mag ’n misverstand of fout wees, dat julle geld so in julle sakke beland het. |
En neem julle broer — maak julle klaar en gaan terug na die man.
En mag 18God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! 19En ek — as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof.
| 18 Sien Gén. 17:1.
19 Asof hy sê: Moet dit so wees dat my kinders agterbly, laat die wil van die Here geskied, aan wie ek die uitkoms van hierdie saak toevertrou. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Est. 4:16. Anders: soos ek van kinders beroof is (naamlik van Josef en Símeon), so word ek beroof (naamlik van Benjamin). |
Daarop neem die manne dié geskenk, en hulle neem dubbel soveel geld saam met hulle en ook Benjamin, en hulle het klaargemaak en na Egipte afgetrek en voor Josef gaan staan.
Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag 20slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet.
| 20 Hebr. slagting, dit is, vee wat geslag was om geëet te word. Vgl. Spr. 9:2. |
En die man het gedoen soos Josef beveel het, en die man het die manne in die huis van Josef gebring.
21En die manne het gevrees, omdat hulle in die huis van Josef gebring is, en gesê: Ter wille van die geld wat 22die vorige keer in ons sakke teruggekom het, word ons ingebring 23om ons te oorrompel, ons te oorval en 24ons as slawe te neem, saam met ons esels.
| 21 Hulle het nie geweet dat hulle vir ’n maaltyd uitgenooi was nie, maar het gedink dat hulle hul in die huis wou opsluit, en vanweë die geld wou beskuldig of straf.
22 Dit is, met ons eerste reis na hierdie land. Sien Gén. 42:25. 23 Of: sodat hy hom oor ons rol, dit is, hom oor ons werp met swaar beskuldigings, om ons ten gronde te bring; soos iemand onder ’n swaar gewig, wat op hom val, vasgedruk bly. 24 Die mening is dat die Egiptenaars diefstal gewoonlik gestraf het met slawerny. |
25Daarom het hulle nader gekom na die man wat oor die huis van Josef was, en met hom gespreek by die ingang van die huis
| 25 Om hulle te verontskuldig, voordat hulle beskuldig sou kon word vanweë die geld. |
en gesê: 26Ag, my heer, dons het 27die vorige keer 28net afgetrek om voedsel te koop,
| d Gén. 42:3. | 26 Die Hebreeuse woordjie is gebruiklik by diegene wat, terwyl hulle in die moeilikheid is, van ’n meerdere iets versoek. So ook in Ex. 4:10. Núm. 12:11.
27 Sien vers 18 se kanttekening. 28 Hebr. aftrekkende afgetrek. |
emaar toe ons 29in die herberg kom en ons sakke oopmaak, was elkeen se geld bo in sy sak — ons geld volgens sy gewig — en ons het dit saam met ons teruggebring.
| e Gén. 42:27, 35. | 29 Hulle beskryf die saak nie korrek nie, en ook nie in besonderhede soos dit in sy geheel gebeur het nie, omdat net een van hulle onderweg in die herberg sy geld in sy sak gevind het, en die ander eers tuis, Gén. 42:27, 35. Maar dit wil voorkom of hulle dit so gedoen het óf om dit kort te hou, óf deur verslaenheid. |
Ons het ook ander geld saam met ons afgebring om voedsel te koop. Ons weet nie wie ons geld in ons sakke gesteek het nie.
Toe antwoord hy: 30Vrede vir julle! Moenie bang wees nie! 31Julle God en die God van julle vader het julle 32’n skat in jul sakke gegee. 33Julle geld het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle uitgebring.
| 30 Of: Vrede sal vir julle wees, dit is, julle sake staan goed, dit sal goed gaan, hou goeie moed.
31 Dit wil voorkom of hierdie dienskneg van Josef in die ware godsdiens onderrig was. 32 Of: iets wat verborge is. 33 Dit is, ek het julle geld ontvang. |
En die man het die manne in die huis van Josef gebring fen water aan hulle gegee, en 34hulle het hul voete gewas; hy het ook hulle esels voer gegee.
| f Gén. 18:4. | 34 Sien Gén. 18:4 se kanttekening. |
En hulle het die geskenk reggemaak teen dat Josef die middag sou kom, want hulle het gehoor dat hulle daar 35brood sou eet.
| 35 Dit is, hulle maaltyd sou hou, of vir ete sou bly. Sien Gén. 31:54 se kanttekening. |
Toe Josef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle g36voor hom neergebuig na die aarde toe.
| g Gén. 37:10; 42:6. | 36 Sien Gén. 37:7. |
En hy 37het hulle na hul welstand gevra en gesê: 38Gaan dit goed met julle ou vader van wie julle gespreek het? Leef hy nog?
| 37 Hebr. het hulle na hul vrede gevra, dit is, na hul welsyn, of hoe dit met hulle gaan. So ook in Ex. 18:7. Rig. 18:15. 1 Sam. 25:5. Sien oor die woord vrede Gén. 37:14 se kanttekening.
38 Hebr. Het hy vrede? en so in dit wat volg. Sien Gén. 29:6 se kanttekening. |
En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig.
Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer hvan wie julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag God jou genadig wees, 39my seun!
| h Gén. 42:13. | 39 So noem hy hom uit vriendskap en groot toegeneentheid, volgens die manier waarop diegene wat ouer en aansienliker is, gewoonlik ’n jongere en mindere vriendelik aanspreek. |
En Josef het gou gemaak, want sy 40binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan ien daar geween.
| i Gén. 45:2. | 40 Of: ingewande. Die ingewande van ’n mens beteken eintlik sy inwendige organe, soos sy hart, long, lewer, maag, ens. Aangesien hulle, en vernaamlik die hart, baie bewoë en ontroer word wanneer ’n mens met barmhartigheid en medelye vir iemand oorweldig word, word die binneste gesien as die barmhartigheid self, wat uit die diepste van’n mens se hart voortkom, 1 Kon. 3:26. Filip. 2:1. Kol. 3:12. |
Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en 41hom bedwing en gesê: 42Bring die ete op!
| 41 Naamlik om te ween. Sien Gén. 45:1.
42 Dit is, dien die maaltyd op. |
Toe bring hulle dit vir 43hom 44besonders op en vir 45hulle besonders en vir die Egiptenaars wat by hom eet, besonders; want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs eet nie, omdat 46dit vir die Egiptenaars ’n gruwel is.
| 43 Naamlik Josef.
44 Tot ’n teken van sy waardigheid en van die eerbied wat aan hom verskuldig was. 45 Naamlik die broers van Josef. 46 Ten opsigte van hul afgodiese godsdiens, omdat hulle goddelike eer betoon het aan die kalwers, osse, ens., wat die Hebreërs geslag en geëet het. Vgl. Gén. 46:34. Ex. 8:26. |
En hulle het gaan sit 47volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en 48die jongste na sy jonkheid. 49Toe kyk die manne 50mekaar verbaas aan.
| 47 Of: voor sy aangesig, dit is, teenoor Josef.
48 Hebr. die kleine na sy kleinheid. 49 Nie net omdat Josef hulle so ’n groot eer aangedoen het nie, maar in die besonder omdat hulle volgens hul ouderdom, wat hulle gemeen het aan hom onbekend was, geplaas was. 50 Hebr. die man tot sy naaste. |
Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan; maar die porsie van Benjamin was 51vyf maal groter as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en 52saam met hom vrolik geword.
| 51 Hebr. hy het die geregte van Benjamin vermenigvuldig bo die geregte van hulle almal, vyf hande, dit is, vyf dele.
52 Die Hebreeuse woord beteken nie altyd om jou in oorvloed of gulsigheid met wyn te oorlaai nie; maar soms slegs om verheug te wees van die drink van wyn. Sien Ps. 104:15. Hoogl. 5:1. Hag. 1:6 en die kanttekening. Die Griekse woord word in Joh. 2:10 ook so gebruik. |
Die broers van Josef in Egipte.
TOE Jakob 1merk dat daar 2koring in Egipte was, het Jakob aan sy seuns gesê: Wat 3kyk julle so na mekaar?
| 1 Dit is, hoor en verneem uit die gerugte, en die koring sien wat daarvandaan gebring was.
2 Of: lewensmiddele. Die Hebreeuse woord kom oorspronklik van breek, omdat die honger deur lewensmiddele, en vernaamlik deur brood, gebreek word. 3 Soos radeloses, wat met voortdurende nadenke en twyfeling die tyd verspeel, en niks vas besluit, óf iets aan die saak doen nie. |
En hy sê: Kyk, aek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie.
| a Hand. 7:12. |
Daarop het tien van Josef se broers afgetrek om koring uit Egipte te koop.
Maar Benjamin, die broer van Josef, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want 4hy het gedink: Altemit kan 5’n ongeluk hom oorkom.
| 4 Sien hieroor Gén. 20:11 se kanttekening.
5 Of: ’n dodelike ongeval; soos sy broer Josef vroeër oorgekom het, wie Jakob gemeen het dood is. |
So het die seuns van Israel dan gekom om koring te koop 6onder diegene wat daar aangekom het; want daar was hongersnood in die land Kanaän.
| 6 Hebr. in die midde van diegene wat aangekom het; dit is, benewens ander, of in die geselskap van ander, wat ook uit die land Kanaän gekom het om koring te koop. Die rede word terstond in die woorde wat volg bygevoeg. |
En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom ben hulle 7voor hom met die aangesig na die aarde gebuig.
| b Gén. 37:7. | 7 Om aan hom politieke eer te bewys. Sien Gén. 18:2 se kanttekening en vgl. hiermee die voorsegging van Josef se drome, Gén. 37:7, 8. |
Sodra Josef sy broers sien, het hy hulle herken maar 8hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle 9hard aangespreek en vir hulle gesê: Waar kom julle vandaan? En hulle antwoord: Uit die land Kanaän om voedsel te koop.
| 8 Om op hierdie manier ondersoek in te stel na hul toestand en omstandighede, en in die besonder van sy vader en broer.
9 Sien verse 9, 11, 12. Dit het hy gedoen, deels om te verneem hoe dit met sy vader en broer Benjamin gesteld was, deels om hulle aan te spoor tot die bekentenis van die sonde wat hulle teenoor hom begaan het. |
En Josef het sy broers herken, maar húlle het hom nie herken nie.
Toe dink Josef caan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk 10waar die land oop is.
| c Gén. 37:5. | 10 Hebr. die oopheid van die land, dit is, waar die land onbeskermd, oop of kwesbaar is, waar die vyand sou kon inkom om sommige plekke in te neem of die land te plunder en te verwoes. |
Maar hulle het hom geantwoord: Nee, my heer, maar u dienaars het gekom om voedsel te koop.
Ons is almal seuns van een man, ons is eerlike mense; u dienaars is geen spioene nie.
Toe sê hy vir hulle: Nee, maar julle het gekom om te kyk waar die land oop is.
En hulle antwoord: 11U dienaars is twaalf in getal, ons is broers, seuns van een man in die land Kanaän; en kyk, ddie 12jongste is nou by ons vader, maar 13die een is daar nie meer nie.
| d Gén. 43:29. | 11 Hier hoor Josef nou waaroor dit vir hom in sy hele ondervraging gegaan het.
12 Hebr. die kleine, dit is, die jongste, naamlik Benjamin. Vgl. Gén. 19:31 se kanttekening. 13 Naamlik Josef, wie hulle gemeen het dood is, soos blyk uit vers 22 en Gén. 44:20. |
Toe sê Josef vir hulle: Dit is 14wat ek julle gesê het: Julle is spioene!
| 14 Omdat hulle melding gemaak het van twee ander broers, van wie die een nog sou lewe, hou hy des te meer aan op sy voorgaande voorneme om hulle as spioene te beskou, terwyl hy ’n manier soek om sy broer by hom te kry. |
15Hieraan sal julle getoets word: 16so waar as Farao leef, 17julle sal hiervandaan nie trek tensy dat julle jongste broer hierheen kom nie.
| 15 Dit is, hieraan sal ek sien of julle die waarheid gespreek het en te goeder trou optree, of dat julle spioene is.
16 Hebr. Farao se lewe of Farao leef. Dit is ’n onvoltooide sin, wat ’n mens aldus kan voltooi: so seker soos dit is dat Farao leef, net so seker is dit wat ek vir julle sê. Vgl. 1 Sam. 1:26. Ander verstaan hierdie woorde as ’n eed, volgens die manier waarop die Egiptenaars dit gedoen het, by Farao se lewe; sodat Josef uit menslike swakheid (soos dit ook met die vromes kan gebeur) dit eweneens sou gevolg het. 17 Dit wil voorkom of dit ’n eed is, gedoen volgens die manier van die Hebreërs, waarby ’n mens dan moet verstaan: God doen dit of dat aan my, indien julle hiervandaan sal, ens. Sien Gén. 14:23 se kanttekening en vgl. 1 Sam. 17:55. 2 Kon. 2:2. Eség. 33:11. |
Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan haal, maar júlle moet 18in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets word, of die waarheid by julle is of nie. 19So waar as Farao leef, julle is spioene!
| 18 Hebr. gebonde, dit is, ondertussen sal julle hier in die gevangenis bly.
19 Sien die voorgaande vers se kanttekening. |
Daarop het hy hulle saam drie dae lank in bewaring 20laat hou.
| 20 Hebr. versamel. |
En op die derde dag sê Josef vir hulle: 21Doen dit, dan sal julle lewe; ek vrees God!
| 21 Dit is, maak soos ek julle sal sê, dan sal julle sorg dra vir jul lewe en voorspoed, sodat julle nie as spioene beskou en gestraf word nie. |
As julle eerlike mense is, laat 22een van julle broers gevange bly in die huis waar julle in bewaring is; maar gaan júlle, bring 23die koring vir die honger van julle huisgesinne weg,
| 22 Hebr. ’n broer van julle.
23 Hebr. die koring van die honger van julle huisgesinne, dit is, dit wat nodig is vir die honger van julle huisgesinne. |
en ebring julle jongste broer na my toe — dan sal julle woorde waar gemaak word, en julle sal nie sterwe nie. En hulle het so gedoen.
| e Gén. 43:5; 44:23. |
Toe sê hulle vir mekaar: 24Voorwaar, ons boet nou vanweë ons broer, omdat ons die benoudheid van sy siel gesien het 25toe hy ons gesmeek het en ons nie geluister het nie — daarom kom hierdie benoudheid oor ons.
| 24 Anders: Immers, ewenwel. Asof hulle sê: Alhoewel ons dit probeer verberg, voel ons wel dat God ons nou vir ons misdaad laat boet.
25 Dit is wel nie deur Moses in Génesis 37 beskryf nie, maar hier beken hulle dat dit so gebeur het. |
Daarop antwoord Ruben hulle: fHet ek nie vir julle gesê nie: Besondig julle nie aan die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. Kyk, so word dan ook 26sy bloed geëis.
| f Gén. 37:21, 22. | 26 Dit is, die skuld en straf van sy dood. Sien 1 Kon. 2:32, 33, ens. So beteken bloed eis of soek, om te straf en te wreek. Sien 2 Kron. 24:22. Eség. 3:18. Luk. 11:50. Dit wil wel voorkom of hulle almal gemeen het dat Josef dood was. Hulle kon Ruben dit egter destyds wysgemaak het, aangesien hy nie teenwoordig was toe Josef verkoop was nie. Sien Gén. 37:29. |
En hulle het nie geweet dat Josef dit 27verstaan nie, 28want daar was ’n tolk tussen hulle.
| 27 Sien Gén. 11:7 se kanttekening.
28 Josef het gemaak asof hy die Hebreeuse taal nie verstaan nie, om des te minder deur sy broers herken te word. |
Toe 29draai hy hom van hulle af weg en ween. Daarna het hy na hulle teruggegaan en met hulle gespreek; en hy het 30Símeon onder hulle uitgeneem en hom voor hulle oë 31gebind.
| 29 Deels deur die krag van bloed en geboorte, deels oor die woorde wat sy broers saam oor hom gespreek het.
30 Símeon was die naasoudste van die seuns van Jakob, wat, volgens die mening van sommige, Josef die onvriendelikste behandel het, en ook die vernaamste was in die moord op Sigem. Ruben, die oudste, word verskoon, omdat hy minder skuld gehad het in die mishandeling van Josef en die bekwaamste was om sy broers huis toe te begelei. 31 Naamlik deur sy dienaars en lyfwagte, wie hy daarmee belas het. |
Daarop gee Josef bevel om hulle 32sakke vol koring te maak en 33elkeen se geld weer in sy sak te sit en om aan hulle padkos vir die reis saam te gee. En 34so is aan hulle gedoen.
| 32 Die Hebreeuse woord dui op allerlei voorwerpe, toerusting, of saaltasse waarin ’n mens iets pak of sit.
33 Hebr. elkeen se silwerstukke, of gelde. 34 Of: hy het so aan hulle gedoen. |
En hulle het die koring op hulle esels gelaai en daar weggetrek.
En toe die een sy sak oopmaak om sy esel in die herberg voer te gee, sien hy sy geld; en kyk, dit was somaar bo in sy sak!
En hy sê vir sy broers: My geld is teruggegee; hier lê dit dan ook in my sak! Toe 35het hulle hart hul begewe, en hulle draai 36verskrik 37na mekaar toe en sê: 38Wat het God ons nou aangedoen?
| 35 Hebr. het hulle hart uitgegaan, dit is, die krag van hulle hart het van hulle gewyk, soos wanneer iemand in onmag val. Vgl. 1 Kon. 10:5 en die kanttekening.
36 Sien Gén. 27:33 se kanttekening. 37 Hebr. die man na sy broer. 38 Of: Hoe het God dit aan ons gedoen? Hulle oordeel uit dit en al die voorgaande dat God toornig op hulle was. |
En hulle het by hul vader Jakob in die land Kanaän gekom en hom 39alles vertel wat hulle wedervaar het en gesê:
| 39 Alles, behalwe dit wat hulle verberg het om hul vader nie te veel te verskrik nie. |
Die man, die heer van die land, het ons hard aangespreek en 40ons vir spioene van die land gehou.
| 40 Hebr. ons vir spioene van die land gegee, gelewer of gestel. |
Maar ons het aan hom gesê: Ons is eerlike mense, ons is geen spioene nie.
Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is daar nie meer nie, en die jongste is nou by ons vader in die land Kanaän.
Daarop het die man, die heer van die land, aan ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlike mense is — laat een van julle broers by my bly; en 41neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg,
| 41 Hebr. neem die honger van julle huisgesinne. Sien vers 19. |
en bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlike mense is, sal ek julle broer aan julle teruggee, en julle mag in die land 42rondtrek.
| 42 Sien Gén. 34:10. |
En toe hulle hul gsakke leegmaak, was elkeen se bondeltjie geld daar in sy sak! En toe hulle hul bondeltjies geld sien, hulle en hul vader, 43was hulle bevrees.
| g vers 25; Gén. 44:1. | 43 Bekommerd dat hulle van diefstal beskuldig sou word. Vgl. Gén. 43:18. |
Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En 44Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my!
| 44 Dit was vir hom asof hy hom reeds kwyt was, terwyl hy vrees dat hy nie maklik uit die gevangenis sou kom nie, of dat sy lewe ook in gevaar is. |
Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: 45U kan my 46twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe, en ék sal hom na u terugbring.
| 45 Hierdie voorstel was onwettig en onnatuurlik; daarom neem Jakob dit nie aan nie.
46 Twee van die vier wat in Gén. 46:9 genoem word. |
Maar hy sê: My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want 47sy broer is dood, en hy het alleen 48oorgebly; en as ’n 49ongeluk hom oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle 50my grys hare met kommer 51in die doderyk laat afdaal.
| 47 So meen hy. Sien Gén. 37:33, 35 se kanttekeninge.
48 Naamlik van die kinders van Ragel. 49 Sien vers 4. 50 Hebr. my grouheid, grysheid. 51 Of: graf. Sien Gén. 37:35 se kanttekening. |
Josef verklaar die drome van Farao.
NÁ verloop van 1twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die 2Nyl staan;
| 1 Hebr. twee jare van dae, dit is, twee volle jare. Hierdie manier van spreek word ook gevind in 2 Sam. 14:28. Jer. 28:3. So word ook ’n maand van dae ’n volle maand genoem, Gén. 29:14.
2 Die bekende rivier wat die land Egipte jaarliks deur sy oorloop op ’n besondere manier bevogtig en vrugbaar maak. |
en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei 3in die rietgras.
| 3 Anders: vleiland, vogtige weiland, meergebied. |
En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat 4lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie 5op die wal van die Nyl gaan staan.
| 4 Hebr. kwaad, dit is, wanstaltig, mismaak, van lelike voorkoms. So ook in verse 4, 20, 21. Daarenteen word dit wat mooi is, goed genoem, verse 22, 26.
5 Hebr. aan die lip. |
En die koeie wat lelik van aansien en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword.
En hy het weer aan die slaap geraak en nog ’n keer gedroom; en kyk, sewe vet en 6mooi are skiet op aan een steel;
| 6 Dit is, vol are. |
en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die 7oostewind verskroei was;
| 7 Die eienskap van die oostewind in daardie lande is dat dit die vrugte verbrand en verskroei. Sien Eség. 17:10; 19:12. Hos. 13:15. |
en die maer are het die sewe vet en 8vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was ’n 9droom!
| 8 Dit is, vol van sap en vogtigheid.
9 Naamlik nie ’n natuurlike nie, maar ’n goddelike droom, wat van God afkomstig is, en nie van natuurlike oorsake nie. Anders: dit was die droom. |
10Dié môre was sy gees 11onrustig, en hy het aal 12die towenaars en al 13die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon 14dit aan Farao uitlê nie.
| a Dan. 2:2. | 10 Naamlik, nadat hy ’n tyd lank wakker was.
11 Sien Gén. 40:6 se kanttekening. 12 Of: sterrekykers, tekenverklaarders of waarsêers, soos hulle gewoonlik ten onregte genoem word. Verstaan diegene wat met natuurlike of bygelowige, ja, soms ook met duiwelse kunste omgegaan het, om iets wat verborge is te voorspel of aan te dui, en om iets wonderliks te doen. Sien oor hulle Ex. 7:11; 8:19; 9:11. Dan. 2:2, 10. 13 Verstaan al diegene wat in enige wetenskap, of skerpsinnigheid, oordeel of ervaring uitgestaan het. Sien Ex. 7:11. Dan. 2:12. 14 Naamlik die drome, alhoewel eers gesê word droom. Dit was twee drome, of ’n dubbele droom. |
Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag 15my sondes in gedagtenis bring.
| 15 Wat ek ’n tyd gelede teen die koning begaan het. |
16Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van die 17owerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers.
| 16 Dit is, die koning; want die naam Farao was ’n naam wat alle konings van Egipte gehad het, sodat Farao vir die Egiptenaars dieselfde beteken as wanneer ’n mens sê die koning of sy koninklike majesteit. Sien Gén. 12:15 en die kanttekening.
17 Sien Gén. 37:36. |
En ons het bin dieselfde nag ’n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen ’n droom 18met besondere betekenis.
| b Gén. 40:5. | 18 Sien Gén. 40:5 se kanttekening. |
En daar was by ons ’n Hebreeuse 19jongman, ’n kneg van die owerste van die lyfwag — aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.
| 19 Naamlik van omtrent agt-en-twintig jaar, soos blyk uit vers 46. |
20En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur — my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.
| 20 Hebr. En dit het gebeur, soos hy dit aan ons uitgelê het, so het dit gebeur. |
Toe claat Farao Josef roep, en 21hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, 22en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.
| c Ps. 105:20. Dan. 2:25. | 21 Hebr. hulle het hom laat loop.
22 Anders: hy het hom laat skeer. Josef het sy hare in die gevangenis laat groei tot ’n teken van droefheid, sien 2 Sam. 19:24, of volgens die gewoonte van die gevangenes; maar nou het hy hom laat skeer en ander klere aangetrek, sodat hy nie in ’n afskrikwekkende en treurige uiterlike en met vuil en verslete klere voor die koning sou verskyn nie, wat ongeoorloof was. Sien Est. 4:2. |
Toe sê Farao vir Josef: Ek het ’n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy ’n droom net hoef te hoor om dit uit te lê.
En Josef het Farao geantwoord en gesê: 23Niks vir my nie! God sal Farao 24’n gunstige antwoord gee.
| 23 Anders: Sonder my sal God, ens., of: Dit is nie in my nie. Só poog Josef met beleefdheid om Farao se oë, wat nou op hom gevestig was, tot God te wend, van wie die uitlegging van die drome kom. Sien Gén. 40:8. Dan. 2:28.
24 Hebr. vrede antwoord, dit is, dit wat dien tot die voorspoed en die rus van Farao en sy mense. Sien Gén. 37:14 se kanttekening. |
Toe sê Farao vir Josef: Kyk, ek het in my droom gestaan op die 25wal van die Nyl,
| 25 Hebr. lip. |
en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei 26in die rietgras.
| 26 Sien vers 2. |
En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie 27lelik van uiterlik en 28maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie.
| 27 Hebr. kwaad. So ook in dit wat volg.
28 Anders: leeg, uitgeteer. |
En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet:
dié het 29in hulle maag ingegaan, maar ’n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.
| 29 Hebr. in hulle binneste. |
Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en 30mooi are skiet op aan een steel.
| 30 Dit is, goeie. So ook in dit wat volg. |
En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was;
en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die 31towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie.
| 31 Sien vers 8. |
Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is 32een en dieselfde. Wat God 33van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.
| 32 Dit is, eenders, naamlik ten opsigte van die uitleg.
33 Dit is, wat Hy besig is om te doen. Die toekomende dinge word dikwels in die teenwoordige tyd gestel, omdat dit by God so seker is asof dit alreeds gebeur het; soos ook in vers 28. Sien Ex. 9:14. Jos. 11:6. Matt. 24:40; 26:28. |
Die sewe 34mooi koeie 35is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.
| 34 Hebr. goeie. Sien vers 3 se kanttekening.
35 Dit is, beteken sewe jare. Sien Gén. 40:12 se kanttekening. |
En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal 36sewe jare van hongersnood wees.
| 36 Dit is, voorbeelde en tekens van sewe jare, waardeur God laat verstaan dat Hy in hierdie jare ’n tyd van skaarste in die land sal stuur. |
Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.
Kyk, daar kom sewe jare van groot 37oorvloed in die hele Egipteland;
| 37 Hebr. versadigdheid, dit is, van alles waarmee ’n mens hom kan versadig en nog baie oorhou. |
maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland 38vergeet word, en die hongersnood sal 39die land verteer.
| 38 Want wat uit die oog is, gaan gewoonlik ook uit die gedagtes van die hart. Sien vers 31.
39 Dit is, mense en diere wat in die land is. So ook in vers 36. |
En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word 40weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.
| 40 Hebr. van die aangesig van dié hongersnood. |
En wat dit betref dat die droom 41twee maal vir Farao herhaal is — dit is omdat die saak 42deur God 43vas besluit is en God dit gou sal doen.
| 41 Dit is opmerkenswaardig dat die herhaling hier die vastigheid van God se besluit beteken, en die verhaasting van die uitvoering daarvan.
42 Hebr. van met of by God. Anders: van Godsweë. 43 Anders: vasgemaak is. |
Laat Farao dan nou uitkyk na ’n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.
Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed 44die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.
| 44 Hebr. die land vervyf, dit is, ’n vyfde deel van die vrug van die land ontvang, naamlik teen ’n billike prys, om dit later in die tyd van honger weer aan die onderdane te verkoop. |
En hulle moet 45al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en 46onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.
| 45 Dit is, voorraad van die vrug van die land wat tot voedsel kon dien.
46 Op las van, deur mag en deur beleid; vgl. ook Ex. 4:13; 9:35. Núm. 7:8, ens. |
So sal dan die voedsel ’n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood 47te gronde gaan nie.
| 47 Hebr. afgesny of uitgeroei word nie. |
dEn die woord 48was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.
| d Hand. 7:10. | 48 Dit is, dit het hom wel geval. Sien Gén. 19:8 se kanttekening. |
eDaarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die 49Gees van God is?
| e Ps. 105:22. | 49 Verstaan wysheid en versigtigheid, wat God deur sy Gees aan hierdie man op ’n besondere wyse gegee het. So het God in die hart van Farao gewerk om sy raad uit te voer. |
En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.
Jý moet foor 50my huis wees, en 51na jou bevel moet my hele volk 52hulle skik; alleen deur die troon sal ek 53groter wees as jy.
| f Ps. 105:21. | 50 Sien Gén. 34:19 se kanttekening.
51 Hebr. na jou of op jou mond. So word mond ook as bevel verstaan in Ex. 17:1; 38:21. Núm. 3:16, 39; 4:27; 9:18. Deut. 17:10 en die kanttekening. 52 Hebr. jou hand kus, as ’n teken van eerbied en gehoorsaamheid. Dit was in daardie tyd, so ook vandag nog, gebruiklik dat die onderdane die hand aan die mond gebring of gekus het wanneer ’n groot heer tot hulle gespreek of hulle met iets belas het. Vgl. Job 31:27. Hos. 13:2, waar hierdie manier van spreek vir ’n afgodiese eerbied gebruik word, en so word deur kus ook ’n gewillige gehoorsaamheid verstaan, soos in 1 Kon. 19:18. Ps. 2:12. Anders: na jou mond sal my hele volk kus. 53 Vgl. hierdie manier van spreek met Gén. 39:9. |
Verder het Farao vir Josef gesê: 54Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.
| 54 Dit is, merk op en bedink tot hoe ’n groot eer en mag ek jou verhef het. |
Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en 55sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom 56fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang
| 55 Tot ’n teken dat hy aan hom mag gegee het, om in sy naam alles te verseël of te bekragtig.
56 ’n Soort linne of kledingstof wat by die Egiptenaars baie kosbaar, fyn en wit was. Sien daaroor Ex. 25:4; 39:27, 29. Spr. 31:22. |
en hom laat ry op sy 57tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: 58Pas op! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel.
| 57 Die tweede ná die eerste, wat die koning s’n was, tot ’n teken dat hy ná die koning bo alle here van die land verhewe was, Est. 10:3.
58 Sommige verklaar die woord abreg as: tere vader. Teer vanweë sy jonkheid en vader vanweë sy amp; soos die here van die land die vaders van die vaderland genoem word. |
En Farao sê vir Josef: 59Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand 60sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie.
| 59 Dit is, ten opsigte van die koninklike majesteit is ek bo jou. Ander verstaan hierdie woorde as ’n eed, asof hy sê: So waaragtig as ek koning is of by my koninklike majesteit, mag niemand, ens.
60 Dit is, iets voorneem of doen. |
En Farao het Josef genoem 61Sáfenat-Panéag en aan hom Ásenat, die dogter van Potiféra, die 62priester van 63On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland.
| 61 Dit is, verklaarder van verborgenheid.
62 Die Hebreeuse woord beteken ’n priester, maar ook in die algemeen ’n owerste in politieke sake en ’n persoon van groot aansien. Sien 2 Sam. 8:18; 20:26. 1 Kron. 18:17. Job 12:19. Josef word genoodsaak om deur sy huidige posisie hierdie huwelik aan te gaan, maar die kinders daaruit word nietemin deur Jakob gereken as stamvaders van twee stamme in Israel, Gén. 48:16. 63 Die naam van ’n stad in Egipte. |
En Josef was 64dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en 65die hele Egipteland deurgetrek.
| 64 Hebr. ’n seun van dertig jaar.
65 Naamlik om op las van die koning oral amptenare aan te stel, en koringskure op te rig vir die swaar tyd wat voorlê. |
En die land het 66met handvolle 67opgelewer in die sewe jare van oorvloed.
| 66 Dit is, asof ’n mens van een graankorrel hande vol bekom het.
67 Hebr. gemaak. |
Toe het hy 68al die voedsel van die sewe jare versamel wat in Egipteland gekom het, en voedsel in die stede weggesit — die voedsel van die land wat rondom elke stad was, het hy 69daarin weggesit.
| 68 Dit is, eetbare graansoorte en vrugte; en so ook in dit wat volg. Verstaan die vyfde deel, soos in vers 34.
69 Hebr. in die midde daarvan. |
So het Josef dan ’n baie groot hoeveelheid koring opgehoop 70soos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel, want 71dit was ontelbaar.
| 70 Hierdie manier van spreek beteken ’n ontelbare hoeveelheid, Gén. 22:17. Rig. 7:12. 1 Sam. 13:5.
71 Sien ook Rig. 6:5. Job 21:33. |
gEn vir Josef is twee seuns gebore — voordat die jaar van hongersnood gekom het — wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.
| g Gén. 46:20; 48:5. |
En Josef het die eersgeborene 72Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my 73al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.
| 72 Hebr. Menassje, dit is, wat laat vergeet.
73 Dit is, die verdriet en die moeite, wat ek sowel hier in Egipte, as in my vader se huis wedervaar het. |
En die tweede het hy 74Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak 75in die land van my ellende.
| 74 Dit is, dubbele vrug.
75 Dit is, in hierdie land, waarin ek tevore verdruk was. |
Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in Egipteland was, ten einde gekom,
hen die sewe jare van hongersnood het begin aankom soos Josef voorspel het. En daar was hongersnood in 76al die lande, maar in die hele Egipteland was daar 77brood.
| h Gén. 45:6. Ps. 105:16. | 76 Naamlik omliggende lande, soos Kanaän, Sírië, Arabië; soos ook in vers 57.
77 Dit is, allerlei voorraad van eetbare graansoorte en vrugte. |
En toe die hele Egipteland 78honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy julle sê.
| 78 Naamlik, toe die voorraad van die inwoners self op was. |
En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het 79alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland.
| 79 Naamlik alle koringskure waarin die koring vergader en opgeberg was. |
En 80die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar 81op die hele aarde.
| 80 Dit is, die inwoners het van alle omliggende lande gekom.
81 Naamlik die omliggende lande; soos tevore. |
Josef in die gevangenis.
NÁ hierdie dinge het die 1skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte,
| 1 Dit is, die owerste van die skinkers, en die owerste van die bakkers, soos blyk uit vers 2. |
sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee 2hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers.
| 2 Sien Gén. 37:36 se kanttekening. |
En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste 3van die lyfwag, 4in die gevangenis, die plek waar Josef 5gevange was.
| 3 Sien Gén. 37:36 se kanttekening.
4 Sien Gén. 39:20 se kanttekening. 5 Hebr. gebonde. So ook in Gén. 39:20 en hierna, vers 5. |
En die owerste van die lyfwag het Josef by hulle aangestel om hulle te bedien. En hulle was 6’n tyd lank in bewaring.
| 6 Anders: baie dae. Sien Gén. 4:3 se kanttekening. |
En hulle het altwee ’n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, 7elkeen ’n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker 8van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het.
| 7 Naamlik, dit was nie ydele drome nie, maar elkeen het sy verklaring, wat Josef, deur God se ingewing, aan hulle bekendgemaak het, en wat deur die uitkoms daarvan bevestig is. Sien verse 12, 18-20, ens.
8 Dit is, wat tevore in die koning se diens was, maar nou gevange gesit het. |
En Josef het die volgende môre by hulle gekom en gesien dat hulle 9ontstemd was.
| 9 Of: verbaas, beroerd. Die Hebreeuse woord beteken groot ontstemming of ontsteltenis van die gemoed, wat uit bekommering, sorg, vrees, droefheid en heftige gramskap voortspruit. Dit is die aard van die drome wat God aan mense gee dat dit hulle beroer en ontstem of ontstel. Sien Gén. 41:8. Dan. 2:1. Matt. 27:19. |
Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom in bewaring was in die huis van sy heer, en sê: Waarom lyk julle aangesig vandag so 10droewig?
| 10 Hebr. kwaad, dit is, droewig, bekommerd. So word hierdie woordjie gebruik in Neh. 2:1-3. Spr. 25:20. |
En hulle antwoord hom: Ons het ’n droom gehad, en 11daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle: 12Is uitlegging nie ’n saak van God nie? Vertel my tog.
| 11 Dit is, ons het geen waarsêer of droomuitlêer hier by ons nie, en dit is ons nie geoorloof om uit te gaan om te vra nie, want hulle het baie waarsêers gehad, soos te sien is in Gén. 41:8.
12 Josef lei hulle van die droomuitlêers af weg, tot God, van wie sulke drome en hul ware uitleg gekom het. |
Toe vertel die voorman van die skinkers aan Josef sy droom en sê vir hom: 13In my droom 14was daar ’n wingerdstok voor my,
| 13 Dit is, toe ek gedroom het, of toe ek in my droom was.
14 Hebr. kyk daar was, ens. Hierdie woordjie word dikwels gebruik wanneer drome oorvertel word, om aan te toon dat dit seldsaam en wonderlik is, nie net vir diegene wat dit oorvertel nie, maar ook vir diegene aan wie dit vertel word. Sien Gén. 37:7, 9; hierna, vers 16; Gén. 41:2, 3. Rig. 7:13. Dan. 4:10. |
en aan die wingerdstok was drie ranke; en skaars het hy gebot of sy bloeisel was uit, 15sy trosse het ryp druiwe geword.
| 15 Hebr. sy trosse het ryp geword of die druiwe het gaar geword. |
En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gegee.
Toe sê Josef vir hom: Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke 16is drie dae.
| 16 Dit is, beteken drie dae; so ook in vers 18 en Gén. 41:26, 27. Dan. 2:38; 4:22. Matt. 13:19, 38. Luk. 8:11. 1 Kor. 10:4. |
Binne drie dae sal Farao 17jou hoof verhef — jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.
| 17 Dit is, by die oorsig van sy hofdienaars sal hy u meereken onder diegene wat in hul amp sal bly of herstel sal word. ’n Soortgelyke manier van spreek vind ’n mens ook in Ex. 30:12. Núm. 1:2; 26:2, ens., waar die hoofde verhef so iets beteken as om op te tel en om die somtotaal van bepaalde mense op te neem. |
Hou my tog net 18in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ’n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit;
| 18 Hebr. dink aan my by jouself of met jou. |
want ek is gesteel, ja gesteel, uit die 19land van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie.
| 19 Dit is, die land Kanaän, waar die Hebreërs in daardie tyd as vreemdelinge gewoon het, en wat deur God aan hulle beloof was. |
Toe die voorman van die bakkers sien 20dat hy ’n gunstige uitlegging gegee het, sê hy aan Josef: 21Ook in mý droom — toe was daar drie 22mandjies met witbrood op my hoof,
| 20 Hebr. dat hy die goeie uitgelê het, dit is, ten beste en tot voordeel van die skinker.
21 Vgl. vers 9 en die kanttekening. 22 Dit is, gevlegte mandjies, of mandjies vol gate, soos nette. |
en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik.
Toe antwoord Josef en sê: Dit is die uitlegging daarvan — die drie mandjies 23is drie dae.
| 23 Sien vers 12. |
Binne drie dae sal 24Farao jou hoof bo-oor jou verhef — hy sal jou aan ’n paal 25ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.
| 24 Josef gebruik hier wel dieselfde woorde as wat hy in vers 13 gebruik het, maar in ’n ander betekenis, soos blyk uit die bygevoegde woorde bo-oor jou, wat te kenne gee dat die hoofbakker by die oorsig van die hofdienare wel in aanmerking sou kom, maar só dat sy amp hom ontneem sou word.
25 Dit is, laat ophang, en so in vers 22. Anders: jou hoof ophef, naamlik terwyl hy dit van jou af wegneem. |
En op die derde dag, die 26verjaarsdag van Farao, 27het hy ’n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef —
| 26 Hebr. toe Farao gebore was.
27 Sien oor ’n soortgelyke maaltyd Matt. 14:6, ens. |
hy het die voorman van die skinkers herstel in sy 28skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee,
| 28 Hebr. skinking. |
maar die voorman van die bakkers 29het hy opgehang — soos Josef dit aan hulle uitgelê het.
| 29 Naamlik deur sy laksman. Wat ’n mens deur ’n ander laat doen, word gesê dat ’n mens dit self gedoen het, sowel die kwaad, Gén. 20:3. 1 Sam. 22:21. 2 Sam. 12:9; 24:10. 1 Kon. 21:19, as die goeie, en middelmatige, Gén. 46:29. 1 Kon. 3:4; 7:1, 2. |
En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom 30vergeet.
| 30 Naamlik by Farao, en dit vir twee volle jare lank, soos blyk uit Gén. 41:1. |
Josef bied weerstand teen die vrou van Pótifar.
EN Josef ais afgebring na Egipte; 1en Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ’n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die 2Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
| a Gén. 37:28. Ps. 105:17. | 1 Sien Gén. 37:36 se kanttekening.
2 Sien Gén. 37:25 se kanttekening. |
En 3die HERE bwas met Josef, sodat hy ’n voorspoedige man was; en 4hy het in die huis van 5sy heer, die Egiptenaar, gebly.
| b vers 21. Hand. 7:9. | 3 Sien Gén. 21:22 en 26:24 se kanttekeninge.
4 Dit is, hy het nie weggeloop na sy vader of elders heen nie, maar het hom met geduld en getrouheid gevoeg na die staat, waartoe hy deur God verneder is. 5 Hebr. sy here, in die meervoud, terwyl slegs die enkelvoud bedoel word; so ook in dit wat volg, sien ook Gén. 24:10. 2 Sam. 12:8 en die kanttekening. |
En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, 6in sy hand voorspoedig maak,
| 6 Dit is, deur sy diens, Lev. 8:36. Sien Ex. 4:13 en Spr. 26:6 se kanttekeninge, ens. |
het Josef 7guns in sy oë gevind en 8hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, 9aan hom oorgegee.
| 7 Sien Gén. 18:3 en die kanttekening.
8 Dit is, Josef het omgesien na sy persoon. Eers was hy ’n algemene kneg, daarna ’n hofdienaar van sy heer, ja, ’n opsigter van die hele huis. 9 Hebr. in sy hand gegee. Sien Gén. 16:6. |
En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseën 10ter wille van Josef; ja, die seën van die HERE was by alles wat syne was, in die huis en op die veld.
| 10 Die goddelose en wêreldse mense word geseën vanweë die vromes wat by hulle woon. Sien Gén. 30:27, 30. Jes. 45:3, 4. |
En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie 11as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien.
| 11 Dit is, Pótifar het hom oor niks bekommer nie, behalwe oor voedsel en drank, terwyl hy die hele huishouding aan Josef oorgelaat het. Sommige meen dat hierdie woorde as net van die brood wat hy geëet het verwys na die bygeloof van die Egiptenaars, wat nie saam met die Hebreërs wou eet nie. Sien daaroor Gén. 43:32. |
Ná hierdie dinge chet die vrou van sy heer 12haar oë na Josef opgeslaan en gesê: 13Kom hou gemeenskap met my.
| c Spr. 7:13. | 12 Die betekenis is: Sy het hom aangekyk met oneerbare oë en met onkuise lus. Sien Matt. 5:28. 2 Petr. 2:14. Die teendeel was by Job, Job 31:1.
13 Nadat sy haar tevore sonder twyfel daarop toegelê het om hom tot onkuisheid te beweeg. |
Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.
14Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie 15behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?
| 14 Anders: Niemand is in hierdie huis groter as ek nie. Verstaan dit ten opsigte van die mag wat Josef van sy heer ontvang het, om sorg te dra vir die huis, en in sy plek opsig daaroor te hê.
15 Dit is, hy het my ook beveel om vir u te sorg, wat u liggaamlike behoeftes aanbetref, maar geensins om liggaamlike gemeenskap met u te hê nie. |
En nadat sy met Josef 16dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê 17om met haar gemeenskap te hou nie,
| 16 Hebr. dag, dag. Een en dieselfde woord word soms twee maal gestel om daarmee ’n voortdurendheid van tyd uit te druk, Ex. 16:5, 21. Lev. 6:12. Deut. 2:27; 14:22 en die kanttekeninge.
17 Hebr. om by haar te wees. Dit is, om haar gesprekke daaroor te hoor. Want hy het goed geweet dat slegte gesprekke goeie sedes bederf, 1 Kor. 15:33. |
kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.
Toe gryp sy hom aan sy 18kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.
| 18 Sonder twyfel aan sy bo-kleed, soos mantel, ens. |
Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,
roep sy na 19haar huisgenote en sê aan hulle: 20Kyk, 21hy het vir ons ’n 22Hebreeuse man hier gebring om 23met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het 24hard geskreeu;
| 19 Naamlik wat buite was, of intussen weer ingekom het, sodat sy hulle tot getuies sou kon opsteek en voorberei vir wanneer sy Josef voor haar man sou beskuldig.
20 Dit wil voorkom of sy Josef se kleed in haar hande gehad en getoon het. 21 Naamlik my man. Sy noem hom nie so nie, kwansuis omdat sy vir hom kwaad was. 22 So noem sy Josef veragtelik, en om die huisgenote teen hom op te hits, omdat die Egiptenaars die Hebreërs nie goedgesind was nie. Sien Gén. 43:32. 23 Hierdie listige vrou sê nie met my nie, maar met ons, asof sy wil sê: As hy dit van my durf eis, watter skande en oorlas sal hy dan nie die diensmaagde durf aandoen nie? 24 Hebr. groter. |
en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.
En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.
En sy het hom 25met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;
| 25 Naamlik, wat sy tevore teenoor die huisgenote gebruik het, en nou by die man herhaal het. |
en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.
Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: 26So en so het jou kneg aan my gedoen — 27het hy baie kwaad geword;
| 26 Dit is, soos ek gesê het, het hy gedoen.
27 Hy glo sy vrou, sonder om Josef eers aan te hoor. Vgl. die manier van spreek met Gén. 4:5, 6, en sien daar vers 5 se kanttekening. |
en die heer van Josef het dhom laat vang en hom in die 28gevangenis gesit op die plek waar die 29gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.
| d Ps. 105:18. | 28 Hebr. die huis van die rondheid of van die ronde toring.
29 Hebr. gebondenes gebonde. Verstaan hier sulke gevangenes wat teen die koning oortree het, of ’n groot misdaad begaan het, en met bedreiging van die doodstraf gevange gesit het. |
Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom 30guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.
| 30 Hebr. sy genade verleen, dit is, Hy het hom aangenaam gemaak. Sien Gén. 18:3 se kanttekening. |
En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en 31alles wat daar te doen was, het hý gedoen.
| 31 Dit is, alles wat ’n mens gewoonlik daar doen, en alles wat daar gebeur het, het gebeur onder sy bevel en bestuur. |
Die owerste van die gevangenis 32het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees.
| 32 Hebr. het nie elke ding gesien nie. |
Juda en Tamar.
IN 1dié tyd het Juda afgetrek, van sy broers af weg, en uitgedraai na ’n man van 2Adúllam met die naam van Hira.
| 1 Dit is, in die tyd nadat Jakob uit Mesopotámië teruggekeer en in Kanaän gewoon het. Hier word enkele dinge beskryf wat voor die verkoping van Josef gebeur het, en ander dinge wat daarna gebeur het; maar Moses voeg dit saam omdat dit handel oor een patriarg, en omdat dit van so ’n aard was dat dit met een beskrywing op ’n gepaste wyse afgehandel kon word.
2 Adúllam was ’n stadjie in die omgewing van Hebron geleë, wat daarna aan die stam van Juda toegeken is, Jos. 12:15; 15:35. |
En aJuda het daar die dogter van ’n Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en 3hy het met haar getrou en 4by haar ingegaan.
| a 1 Kron. 2:3. | 3 Naamlik teen God se wil, die goeie voorbeeld van sy voorouers, en sonder twyfel buite of ook teen sy vader se raad en goedkeuring. Sien soortgelyke huwelike in Gén. 6:2, 4; 26:34; 27:46.
4 Sien Gén. 6:4 se kanttekening. |
En sy het bevrug geword en ’n seun gebaar, en sy het hom Er genoem.
Daarna het sy weer bevrug geword en ’n seun gebaar en hom Onan genoem.
En sy het nog weer ’n seun gebaar en hom bSela genoem; en 5hy was in 6Kesib toe sy hom gebaar het.
| b Núm. 26:20. | 5 Naamlik Juda.
6 Die naam van ’n plek of stad geleë in die land Kanaän, en daarna in die stam van Juda, nie ver van Adúllam af nie; ook Agsib genoem, Jos. 19:29. Rig. 1:31. Miga 1:14. |
En Juda het vir Er, sy eersgeborene, ’n vrou geneem, en haar naam was Tamar.
Maar Er, die eersgeborene van Juda, 7het die HERE mishaag. Daarom het die HERE hom 8laat sterwe.
| 7 Sien Gén. 21:11 se kanttekening, want hy was geneig tot en het uitgebreek in groot en growwe sondes, wat God se regverdige gramskap teen hom opgewek het. Vgl. Gén. 6:11; 10:9 en die kanttekeninge.
8 Naamlik op so ’n manier dat ’n mens deur sy dood God se regverdige oordeel kon merk. So ook in vers 10. |
Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en 9sluit die swaershuwelik met haar en 10verwek vir jou broer ’n nageslag.
| 9 Die Hebreeuse woord beteken om met sy broer se nagelate vrou te trou, volgens die gebruik van daardie tyd en deur die wet daarna bevestig, Deut. 25:5, 6. Rut 1:11. Matt. 22:24, ens.
10 Want die voorwaarde van hierdie huwelik was dat die eersgebore seun as die seun van die oorledene beskou moes word. |
Maar Onan 11het geweet dat die 12nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond 13verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.
| 11 Sien die voorgaande vers se kanttekening.
12 Dit is, seun. Sien Gén. 4:25 se kanttekening. 13 Of: geskend, deur dit op die aarde te stort; aangesien die Hebreeuse woord beide betekenisse insluit; dit was so goed asof hy die vrug (om so te spreek) uit die moeder se liggaam weggeruk en vernietig het. |
En dit was verkeerd 14in die oë van die HERE wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe.
| 14 Dit is, in God se oordeel. Sien Job 11:4 se kanttekening. |
Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: 15Bly ’n weduwee in die huis van jou vader 16totdat my seun Sela groot is. 17Want 18hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.
| 15 Of: Sit, of: Bly sit. So ook in dit wat volg.
16 Terwyl hy voorgee asof hy hom dan aan haar ten huwelik wou gee; maar uit die volgende blyk dat dit nie sy voorneme was nie. 17 Anders: Maar. 18 Sien Gén. 20:11 se kanttekening. |
19En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda 20klaar getreur het, het hy opgegaan na 21die skeerders van sy kleinvee, na 22Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.
| 19 Hebr. Toe die dae vermenigvuldig het, dit is, toe ’n geruime tyd verloop het, en Sela nogtans nie aan Tamar gegee was nie.
20 Of: homself getroos het, dit is, hy het sy rou afgelê. Vgl. Gén. 37:35. 21 Want in die skeertyd was dit die gebruik om feesmale te hou, en met vriende vrolik te wees, 1 Sam. 25:36. 22 ’n Stad nie ver van Adúllam af geleë nie, wat later die stam van Juda ten deel geval het, Jos. 15:57. ’n Mens lees ook van ’n Timnáta wat in Dan geleë is, Jos. 19:43. |
En hulle het Tamar te kenne gegee en gesê: Kyk, jou skoonvader gaan op na Timna om sy kleinvee te skeer.
Toe trek sy die klere van 23haar weduweeskap uit en 24bedek haar met ’n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van 25Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie.
| 23 Want die weduwees was eenvoudiger en nederiger geklee as ander vroue.
24 Tamar het, om soos ’n oneerbare vrou te lyk, haar versier met ’n sluier, haar gesig toegedraai en verberg, en langs ’n openbare pad gaan sit, sodat sy haar skoonvader sou kon bedrieg, terwyl sy onbekend bly. Vgl. Spr. 7:12; 9:14. Eség. 16:24, 25. 25 Dit word deur sommige gehou vir die naam van ’n sekere plek. Ander vertaal dit met ’n kruispad, wat, volgens hulle gevoel, ’n deur van die oë genoem word, omdat op ’n kruispad die oë oopgemaak word om herwaarts of derwaarts te kyk. Ander vertaal dit met twee fonteine (oë). |
Toe Juda haar sien, het hy haar vir ’n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het;
en hy het na haar uitgedraai by die 26pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: 27Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?
| 26 Naamlik by die pad waar sy gesit het.
27 Sy eis hoereloon, nie uit begeerte van gewin nie, maar om hom later daarmee te oortuig, soos blyk uit vers 25. En Juda was so meegesleur deur die hitte van vleeslike lus dat hy die stem van sy skoondogter nie herken het nie. |
En hy antwoord: Ek sal jou ’n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: 28As jy ’n pand gee totdat jy dit stuur.
| 28 Verstaan hierby: Ek sal jou ter wille wees, indien jy, ens. Anders: Sal jy ’n pand gee totdat jy dit stuur? |
En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die 29bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.
| 29 Die Hebreeuse woord beteken eintlik gedraaide of gevlegte gare, en word verstaan as toue en doeke wat van sulke gare gemaak is. Anders: sweetdoek, sakdoek. |
En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.
En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie.
Toe vra hy die mense van 30haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in 31Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie.
| 30 Dit is, van die plek waar Tamar gesit het.
31 Sien vers 14 se kanttekening. |
Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie.
Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons 32nie ’n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie.
| 32 Dit is, sodat ons hoerery nie ontdek word nie, vanweë die baie navrae na ons besittings, wat ons tot skande sou dien. Merk op dat by die heidene en afgodedienaars, soos die Adullamiete, hoerery as ’n skande gereken was. |
Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: 33Bring haar uit, 34dat sy verbrand kan word.
| 33 Naamlik na die stadspoort, sodat ’n mens haar voor die owerheid kan daag as ’n owerspeelster, omdat sy aan my seun Sela belowe was.
34 So was owerspel dan in dié tyd, ook voordat die wet gegee is, beskou as ’n misdaad wat die dood verdien. Sien Gén. 20:3 se kanttekening; Gén. 20:7, 9. |
Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
En Juda het dit herken en gesê: 35Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En 36hy het haar verder nie meer 37beken nie.
| 35 Sy gewete pla hom, nie net omdat hy sy belofte aan Tamar nie gehou het nie (soos in hierdie vers genoem word), maar ook omdat hy doelbewus hoerery bedryf en onbewus bloedskande begaan het.
36 Hebr. hy het nie voortgegaan om haar te beken nie. 37 Sien hierdie manier van spreek in Gén. 4:1 se kanttekening. |
En toe sy sou baar, cwas daar ’n tweeling in haar skoot.
| c 1 Kron. 2:4. |
En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ’n 38rooi draad om sy hand gebind en gesê: 39Hierdie een is eerste gebore.
| 38 Die Hebreeuse woord beteken eintlik so ’n materiaal wat twee keer in skarlaken kleurstof gedoop is. Sien Ex. 25:4. Lev. 14:4 en die kanttekening.
39 Omdat sy gemeen het dat hy eerste gebore sou word en dus die eersgeborene sou wees. |
Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: 40Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom 41dPeres genoem.
| d Matt. 1:3. | 40 Dit is, hoe het jy voor jou broer, wat vóór jou was, deurgedring, om in die wêreld te kom?
41 Hebr. Perets, dit is, deurbreking, skeuring. Die rede vir dié naam is omdat hy kragtig deurgebreek het om sy broer die voordeel van die eersgeboorte, wat hy skynbaar gehad het, af te neem. |
En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom 42Serag genoem.
| 42 Dit is, opgang, oprysing, omdat hy hom eerste laat sien het in die geboorteproses. |
Josef word deur sy broers verkoop.
EN Jakob het gewoon in die aland 1van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän.
| a Gén. 36:7. Hebr. 11:9. | 1 Sien Gén. 17:8 se kanttekening. |
Dit is die 2geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers — hy was nog jonk — met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die 3slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.
| 2 Hebr. geboortes, dit is, wat Jakob in sy geslag en nageslag wedervaar het. So word die Hebreeuse woord soms gebruik. Sien Gén. 6:9 se kanttekening.
3 Dit is, slegte dinge wat hulle mag gesê of gedoen het, wat tot oneer van hulleself en die hele familie gestrek het. |
En Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns; want hy was vir hom ’n seun 4van die ouderdom; en hy het vir hom ’n 5lang rok met moue gemaak.
| 4 Omdat hy hom op omtrent een-en-negentigjarige ouderdom ontvang het, asook omdat hy die eersgeborene uit Ragel was, wat sy ná ’n lang en verdrietige onvrugbaarheid vir Jakob gebaar het. Vgl. Gén. 44:20.
5 Hebr. van verskeie stukke, naamlik wat van verskeie kleure was. Vgl. 2 Sam. 13:18. |
Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom bgehaat en kon nie 6vriendelik met hom praat nie.
| b Gén. 49:23. | 6 Hebr. tot of in vrede, dit is, wat uit ’n sagmoedige en vreedsame hart voortkom, en dien tot onderhouding van liefde en vrede. |
Ook het Josef ’n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor 7het hulle hom nog meer gehaat.
| 7 Hebr. het hulle toegedoen of toegevoeg of voortgegaan om hom nog of des te meer te haat, so ook in vers 8. Hulle het drie redes gevind om hom te haat. Eerstens, omdat hy hulle slegte gerugte na Jakob gebring het, vers 2. Tweedens, omdat hul vader hom liewer gehad het as sy broers, vers 4. Derdens, vanweë sy drome waarvan hy hulle vertel het, hier, ens. |
Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het.
8Kyk, 9ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop blý staan, 10terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig.
| 8 Die Hebreeuse woord hinee word in hierdie vers vertaal met kyk, toe en terwyl. Josef gebruik hierdie woord drie keer om daarmee te toon dat hierdie droom vir hom baie uitsonderlik was en hom diep geraak het.
9 God wou deur hierdie en die volgende droom openbaar wat later sou gebeur, om te laat verstaan dat dit nie by geval was nie, maar dat dit deur God se regering geskied het. 10 Sien die vervulling daarvan in Gén. 42:6. |
Toe sê sy broers aan hom: 11Wil jy miskien oor ons regeer? of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde.
| 11 Of: sekerlik. Hebr. Wil of wou jy regerende regeer?, en so in die volgende, heersende heers? Josef se broers het hierdie droom op hulleself van toepassing gemaak, soos die Midianiete in Rig. 7:13, 14. |
Daarna het hy nog ’n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ’n 12droom gehad — die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.
| 12 Sien die vervulling hiervan in Gén. 46:29, ens. |
Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom 13hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ’n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou 14moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig?
| 13 Meer om sy ander seuns ietwat te versag, as dat hy inderdaad toornig op Josef sou wees; want hy het wel gemerk dat hierdie droom iets besonders ingehou het, soos blyk uit die volgende vers.
14 Verstaan sy stiefmoeder Lea, of Bilha, Ragel se slavin. Sou ’n mens dit wil verstaan as Ragel, sy eie moeder, wat oorlede was, dan sal dit wees asof Jakob sê: Sal jou moeder uit die dood opstaan en haar voor jou na die aarde neerbuig? |
En sy broers was cafgunstig op hom, maar sy vader het 15die saak in gedagte gehou.
| c Hand. 7:9. | 15 Anders: die woord, dit is, hierdie woorde. Die betekenis is dat hy die drome van Josef oordink en in sy hart opgesluit het, terwyl hy geoordeel het dat dit iets beteken het, en verwag het wat mettertyd daarvan sou word. Vgl. Luk. 2:19. |
En sy broers het die kleinvee van hulle vader by 16Sigem gaan oppas.
| 16 Sien Gén. 12:6 se kanttekening. In dié omgewing het Jakob tevore ’n stuk grond gekoop, Gén. 33:19. |
Toe sê Israel vir Josef: Pas jou broers nie die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord hom: 17Hier is ek!
| 17 Sien Gén. 22:1 en die kanttekening. |
Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die 18welstand van jou broers en die welstand van die vee, en 19bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal van 20Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom.
| 18 Hebr. vrede. Hierdie woord beteken allerlei welstand van mense, nie net in die algemeen nie, Lev. 26:6. 1 Kon. 2:33. Ps. 125:5. Jer. 29:7, maar ook in die besonder, ten opsigte van die gesondheid en krag van hul liggame, 2 Sam. 18:32. Ps. 38:4 en hier; net so ook van hul siel, Núm. 6:26. Jes. 48:22. Luk. 2:14. Joh. 14:27; asook van al hul goedere, roerend en onroerend, 1 Sam. 25:6. Job 5:24 en hier in die woorde wat volg.
19 Of: bring vir my die saak terug, dit is, bring vir my van alles berig. 20 Sien Gén. 23:2 se kanttekening. |
Daarop kry ’n man hom terwyl hy in die veld ronddwaal, en die man vra hom: Wat soek jy?
En hy antwoord: Ek soek my broers. Vertel my tog waar hulle die vee oppas.
Toe sê die man: Hulle het hiervandaan weggetrek, want ek het hulle hoor sê: Laat ons na 21Dotan gaan. En Josef het agter sy broers aan gegaan en hulle in Dotan gevind.
| 21 ’n Plek nie ver geleë van Sigem en Samaría nie, waar mettertyd ’n stad gebou is, wat dieselfde naam het, 2 Kon. 6:13. |
En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, 22het hulle listig raad gehou teen hom om hom 23dood te maak.
| 22 Die Hebreeuse woord beteken om enige kwaad teen iemand arglistig uit te dink of te beraam.
23 ’n Droewige en jammerlike skandaal in die huis van Israël; hoewel God, wat uit duisternis lig te voorskyn laat kom, dit wonderlik bestier het tot eer van Hom en tot voltrekking van sy raad oor Jakob se huisgesin; soos blyk uit dit wat volg. |
En hulle het 24vir mekaar gesê: Daar kom daardie 25dromer aan!
| 24 Hebr. die man vir sy broer.
25 Of: meesterdromer. Hebr. meester van drome. Sien Gén. 14:13 se kanttekening. |
Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi 26en sê: ’n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien 27wat van sy drome word.
| 26 Naamlik vir ons vader en ander. So probeer hulle om die skandelike daad met leuens te verberg.
27 Hebr. wat sy drome sal wees. |
28Toe Ruben dit hoor, 29het hy hom uit hulle hand gered ddeur te sê: Laat ons hom nie 30doodslaan nie.
| d Gén. 42:22. | 28 Of: Ruben het dit gehoor, en so in dit wat volg. Dit wil voorkom of Ruben, toe hy gemerk het dat sy broers Josef wou doodmaak en daarna in ’n put wou gooi, laasgenoemde wat in die voorgaande vers voorgestel is, liewer wou toestaan; omdat hy van voorneme was om hom naderhand uit die put te verlos, soos in die volgende vers beskryf is.
29 Dit is, hy wou hom verlos. 30 Hebr. laat ons hom nie aan die lewe of siel slaan nie. Hy wil sê: laat ons nie sy lewe met ons eie hande neem nie. |
Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, 31maar moenie die hand aan hom slaan nie — sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring.
| 31 Dit is, moet hom nie met eie hand doodmaak nie. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Gén. 22:12, waar die hand na iemand uitsteek beteken om hom dood te maak met die hand; soos Abraham van voorneme was om met sy seun te doen. Dieselfde word bedoel in vers 27: laat ons hand nie teen hom wees nie. |
En toe Josef by sy broers kom, 32trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het,
| 32 Sien die rede waarom hulle dit gedoen het in vers 31. Sien vers 3 oor die rok. |
33en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie.
| 33 Sien in Gén. 42:21 hoe Josef hom in hierdie situasie gedra het. |
Daarna het hulle gaan sit 34om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ’n reisgeselskap 35Ismaeliete wat uit 36Gílead kom — hulle kamele gelaai met 37speserye en 38balsem en 39gom — op pad om dit na 40Egipte af te bring.
| 34 Dit is, om hul maaltyd te hou. Sien Gén. 31:54 se kanttekening.
35 ’n Volk afkomstig van Ismael, die seun van Abraham uit Hagar, van wie se land ’n mens kan lees in Gén. 25:18 se kanttekeninge. Hierna word ook Midianiete genoem, verse 28, 36, waaruit blyk dat dit ’n geselskap was van verskeie nasies, woonagtig in Arabië. 36 Sien Gén. 31:21 se kanttekening. 37 Die Hebreeuse woord beteken in die algemeen allerlei soorte speserye. 38 Anders: hars, terpentyn. 39 Anders: mastiek, of mirre. Sien oor hierdie speserye Gén. 43:11. 40 Sien Gén. 12:10 se kanttekening. |
Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy 41bloed verberg?
| 41 Dit is, sy dood of moord. So is die woord bloed gebruik in 2 Sam. 1:16; 3:28. 2 Kon. 9:7, ens. Vgl. ook Deut. 17:8 en die kanttekening. |
Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat 42ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister.
| 42 Sien vers 22. |
En toe die 43Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete everkoop vir 44twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.
| e Ps. 105:17. Hand. 7:9. | 43 ’n Volk afkomstig van Mídian, die seun van Abraham uit Ketúra. Sien Gén. 25:2 en 36:35 se kanttekeninge.
44 Hebr. twintig silwer. Sien Gén. 20:16 en 23:15 se kanttekeninge. |
45Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daarop 46skeur hy sy klere,
| 45 Want hy het hom vir sy broers versteek, om Josef daarna heimlik uit die put te trek; maar hy is in die tussentyd verkoop.
46 So was dit die gebruik in daardie tyd, wanneer hulle iets wat moeitevol en droewig is oorgekom of wedervaar het. Sien vers 34. Núm. 14:6. 2 Kon. 19:1. Esra 9:3. Job 1:20; 2:12. Matt. 26:65. |
en hy gaan na sy broers terug en sê: 47Die seun is nie daar nie! En ek, 48waar moet ek heen?
| 47 Josef was op daardie stadium omtrent sewentien jaar oud. Sien vers 2.
48 Ruben was baie ontsteld uit vrees vir sy vader, wat van hom as oudste sonder twyfel rekenskap sou eis oor die verlies van Josef, en hom dit des te kwaliker sou neem omdat hy hom onlangs erg vergryp en sy vader grootliks vertoorn het, Gén. 35:22. |
Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ’n bok 49en steek die rok in die bloed,
| 49 Sonder om te twyfel dat hul vader daaruit die gevolgtrekking sou maak dat Josef deur ’n wilde dier verskeur was, soos hy ook gedoen het, vers 33. |
en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie.
En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! f’n Wilde dier het hom opgeëet. 50Verskeur, verskeur is Josef!
| f Gén. 44:28. | 50 Hebr. Verskeurende verskeur, dit is, gewis en sonder enige twyfel, of heeltemal en ten ene male verskeur. Sien Gén. 2:16, 17 en die kanttekeninge. |
Toe 51skeur Jakob sy klere en trek ’n 52roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, 53baie dae lank.
| 51 Sien vers 29 en die kanttekening.
52 Dit is, ’n baie growwe, slegte en goedkoop kleed, waarmee hulle in daardie tyd hulself gewoonlik toegedraai het, soos met ’n sak, tot bewys van diepe rou en groot droefheid. Sien 2 Sam. 3:31. 1 Kon. 20:32; 21:27. Ps. 35:13. Klaagl. 2:10. Matt. 11:21. 53 Dit is, ’n lang tyd, langer as wat ’n mens gewoonlik gedoen het. |
En al sy seuns en al 54sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, 55maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: gNee, treurende sal ek 56na my seun in die 57doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween.
| g Gén. 42:38; 44:29, 31. | 54 Naamlik, sy dogter Dina, sy skoondogters en kleindogters.
55 Nie dat Jakob geen geestelike troos sou gehad of toegelaat het nie, maar dat hy uit menslike swakheid en grootheid van sy liefde vir Josef, sy rou nie sodanig kon aflê of beperk nie, en sy lewe lank enkele oorblyfsels daarvan oorgehou het. 56 Anders: vanweë my seun. Vgl. 1 Sam. 4:19, 21. 2 Sam. 21:1. 57 Die Hebreeuse woord sjeol beteken soms die graf, soos hier en in Gén. 42:38; 44:29, 31. Ps. 6:6; 16:10. Pred. 9:10. Jes. 38:18. Asook allerlei baie diep dieptes, of diep verborge plekke, Job 26:6. Ps. 139:8. Amos 9:2. Soms die hel of plek van die verdoemdes, soos in Job 11:8. Spr. 15:11. In dié betekenis kan dit hier nie verstaan word nie, want Jakob het die teendeel van sy seun geglo. Soms beteken dit ook oorgrote en uiterste benoudhede, en die gevoel van God se toorn, soos in 1 Sam. 2:6. Ps. 18:6; 86:13. |
hEn die 58Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, 59’n hofdienaar van Farao, die owerste 60van die lyfwag.
| h Gén. 39:1. Ps. 105:17. | 58 Sien Gén. 25:2 se kanttekening.
59 Die Hebreeuse woord beteken eintlik ’n ontmande, soos in Jes. 56:3, 4, en daarom ook ’n hofdienaar, omdat die hofdienaars van belangrike vroue ontman was, Est. 4:4. Verder beteken dit ook hofdienaars of offisiere in herehuise, soos hier en in Gén. 40:2. 2 Kon. 8:6. 60 Wat aangestel was om misdadigers op bevel van die koning te straf. Sien Gén. 40:3. Mark. 6:27. Vgl. 1 Sam. 22:17. Die Hebreeuse woord beteken slagters van diere en mense. |
Esau se nakomelinge.
EN adit is 1die geskiedenis van Esau, dit is 2Edom.
| a 1 Kron. 1:35. | 1 Of: geboortes. Dit is, nakomelinge. Anders: nageslagte.
2 Sien Gén. 25:30. |
3Esau het sy vroue geneem uit die dogters 4van Kanaän: 5Ada, die dogter van Elon, die 6Hetiet, en 7Oholibáma, die dogter van 8Ana, 9die dogter van Síbeon, die 10Hewiet;
| 3 Sien Gén. 26:34.
4 Dit is, van die Kanaäniete. Sien Gén. 10:18, 19; 12:6. 5 In Gén. 26:34 Basmat genoem. 6 Een uit die volke van Kanaän, afkomstig van Kanaän, die seun van Gam, Gén. 10:15. 7 Sien Gén. 26:34 se kanttekening. 8 Anders genoem: Beëri, Gén. 26:34, met dien verstande, indien Judit wat daar vermeld word en hierdie Oholibáma een en dieselfde vrou was. 9 Dit is, kleinkind; só word Atália sowel die dogter van Omri, haar grootvader, as die dogter van Agab, haar vader, genoem, 2 Kon. 8:18, 26. 10 Sien Gén. 10:15, 17. Dit wil voorkom of die Hetiete en Hewiete so naby aan mekaar geleë en onderling vermeng was dat hulle hul name maklik verwissel het. |
en 11Basmat, die dogter van Ismael, die 12suster van Nébajot.
| 11 In Gén. 28:9 Máhalat genoem.
12 Sien oor haar Gén. 28:9 se kanttekening, en oor Nébajot Gén. 25:13. |
En Ada het vir Esau gebaar 13Élifas, en Basmat het gebaar 14Réhuel.
| 13 Een van Job se vriende het dieselfde naam gehad, naamlik Élifas van Teman, Job 2:11, sodat mense meen dat die vriend van hierdie Élifas afstam, deur middel van sy seun Teman, wat hierna in vers 11 genoem word onder die kinders van Élifas.
14 Hierdie naam het die vader van Jetro, die vader van Moses se vrou, ook gehad, Ex. 2:18; Núm. 10:29 en die kanttekeninge. |
En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en 15Korag. Dit is die 16seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.
| 15 ’n Mens lees van ’n ander Korag in Ex. 6:20. Núm. 16:1.
16 Hy het ook dogters gehad, vers 6, maar hulle word nie genoem nie. |
Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die 17mense van sy huis, sy 18vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na 19’n land, 20wég van sy broer Jakob af;
| 17 Hebr. siele; soos in Gén. 12:5 en die kantekening.
18 Verstaan deur vee die klein en deur diere die groot diere; soos ook in Gén. 34:23. 2 Kon. 3:17. 19 Naamlik na Seïr, soos in vers 8. 20 Dit is, vanweë Jakob. Dit het deur ’n verborge bestiering van God gebeur, omdat die land Kanaän deur sy vader aan Jakob, volgens die bevel van God, belowe was, en Esau verplig was om die land vir sy broer te ontruim. |
want 21hulle bbesittings was te groot om saam te woon, en die 22land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
| b Gén. 13:6. | 21 Naamlik van Jakob en Esau; hoewel Esau tot op hierdie tyd in Seïr gewoon het, wil dit nogtans voorkom of hy, nadat hy met sy broer versoen was, teruggekeer en in die land Kanaän gewoon het; maar omdat beide daar vreemdelinge was, en hulle nie genoeg ruimte gehad het vir hulle vee nie, sou Esau teruggekeer het na Seïr.
22 Dit is, die land Kanaän. Sien Gén. 17:8 se kanttekening. |
En Esau het cgaan woon 23in die gebergte Seïr. 24Esau, dit is Edom.
| c Jos. 24:4. | 23 Sien Gén. 14:6 se kanttekening.
24 Dit is, Esau is dieselfde man wat ook Edom genoem word. |
Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die 25Edomiete, in die gebergte Seïr.
| 25 Hebr. van Edom. |
Dit is die name 26van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.
| 26 Dit is, kinders en kleinkinders, of nakomelinge. |
En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, 27Sefo en Gáetam en Kenas.
| 27 Hebr. Tsefo, ook Sefi genoem, 1 Kron. 1:36. |
En Timna was ’n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar 28Ámalek. Dit is 29die seuns van Ada, die vrou van Esau.
| 28 Die vader van die Amalekiete, van wie ons lees in Ex. 17:8. Deut. 25:17. 1 Sam. 15:2.
29 Sien vers 10 en ook in dit wat volg. |
En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en 30Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
| 30 Sien vers 33. |
En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau — sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag.
Dit is 31die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof 32Sefo, die stamhoof Kenas,
| 31 Hierdie stamhoofde het nie die een ná die dood van die ander regeer nie, maar saam op dieselfde tyd, elk oor sy eie mense. Hulle was egter nie magtige stamhoofde nie, maar hulle was hoofde, of die vernaamstes van die geslagte, as goewerneurs of leidsmanne.
32 Hebr. Tsefo. |
die stamhoof 33Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Ámalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada.
| 33 Hy moet onderskei word van die ander Korag, ’n seun van Oholibáma, verse 5, 14, 18. Hy kon ’n kleinseun van Élifas gewees het. |
En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.
dDit is die seuns van 34Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana
| d 1 Kron. 1:38. | 34 Hierdie Seïr was daar die eerste vors, van wie die land oorspronklik die naam Seïr gekry het. Hierdie geslag van Seïr word hier vermeld omdat Esau en Élifas met hulle nageslag, deur middel van die huwelik, met mekaar verswaer het en dat die heerskappy van die land oorgegaan het van die Horiete in die hande van die nageslag van Esau; uit vergelyking van hierdie vers met vers 2 blyk dat aanvaar kan word dat die Horiete en Hewiete een en dieselfde is. |
en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van 35die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom.
| 35 Hebr. die Goriet. |
En die seuns van Lotan was Hori en 36Hemam; en die suster van Lotan was 37Timna.
| 36 Hy word in 1 Kron. 1:39 Homam genoem.
37 Sien vers 12. |
En dit is die seuns van Sobal: 38Alwan en Manáhat en Ebal, 39Sefo en Onam.
| 38 Hy word in 1 Kron. 1:40 Aljan genoem.
39 Ook Sefi genoem, 1 Kron. 1:40. |
En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat 40die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het.
| 40 Ander vertaal die Hebreeuse woord met muildiere. Dit is moontlik dat Ana die eerste persoon was wat daaraan gedink het om ’n merrie by ’n esel te voeg, waaruit ’n derde diersoort, halfesel halfperd, voortgebring is, welke gebruik steeds voortduur, alhoewel God dit verbied het, om verskeie soorte diere te vermeng (Lev. 19:19). |
En dit is die 41seuns van Ana: Dison; en 42Oholibáma was die dogter van Ana.
| 41 Dit is, seun, of kinders. So is die meervoud vir die enkelvoud gebruik. Sien Gén. 21:7 se kanttekening.
42 Sien verse 2, 5. |
En dit is die seuns van Dison: 43Hemdan en Esban en Jitran en Keran.
| 43 Ook Hamran genoem, 1 Kron. 1:41. |
Dit is die seuns van 44Eser: Bilhan en Saäwan en 45Akan.
| 44 Hebr. Etser.
45 Anders: Jáäkan, 1 Kron. 1:42. |
Dit is die seuns van Disan: 46Us en Aran.
| 46 Hebr. Uts. |
Dit is die stamhoofde 47van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,
| 47 Hebr. van die Goriet, en so ook in dit wat volg. |
die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete 48volgens hulle stamme in die land Seïr.
| 48 Anders: onder hulle stamhoofde of volgens hulle stamgebiede. |
eEn dit is die 49konings wat geregeer het in die land Edom 50voordat daar ’n koning geregeer het oor 51die kinders van Israel:
| e 1 Kron. 1:43. | 49 Wat uit Esau se nageslag gespruit het, wat die Horiete verdruk en van hulle stamgebiede ’n koninkryk gemaak het.
50 Esau se geslag het wel vinnig tot bloei gekom, maar het vinnig vergaan; terwyl Jakob se geslag later uitgespruit het en langer voortgeduur het, ja, dit duur vir ewig in sy geseënde saad, onse Here Jesus Christus. 51 Of: seuns, nakomelinge. |
Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van 52sy stad was Dinhába.
| 52 Waar hy gebore was. Net so word in dit wat volg die geboorteplekke van hierdie konings aangedui. Aangesien die geboorteplekke verskillend was, wil dit voorkom of die konings nie deur orde van troonopvolging nie, maar deur verkiesing of geweld aan die bewind gekom het. |
En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van 53Bosra, in sy plek geregeer.
| 53 Hebr. Botsra. ’n Hoofstad van Iduméa. Sien hieroor Jes. 34:6; 63:1. Amos 1:12. |
En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land 54van die Temaniete, in sy plek geregeer.
| 54 Hebr. van die Temaniet; so genoem na Teman, die seun van Élifas; sien oor hom verse 4, 11, 15; oor die land Jer. 49:7, 20. Dit wil voorkom of Élifas van Teman, een van die vriende van Job, ook hiervandaan kom, Job 2:11. |
En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat 55die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.
| 55 Sien Gén. 25:2 se kanttekening. |
En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.
En ná die dood van Samla het 56Saul van Réhobot, 57aan die rivier, in sy plek geregeer.
| 56 Hy moet onderskei word van Saul, die seun van Kis, wat die eerste koning van Israel was.
57 Dit is, aan die rivier geleë; om dit te onderskei van ’n ander Réhobot, Gén. 10:11. |
En ná die dood van Saul het Baäl-Hánan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.
En ná die dood van Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, 58die dogter van Mésahab.
| 58 Dit is, kleindogter, kleinkind. Vgl. vers 2. |
fDit is die name van die 59stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, 60met hulle name: die stamhoof 61Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet,
| f 1 Kron. 1:51. | 59 Dit is, van Esau afkomstig, wat ná die konings in Iduméa, óf tesame, óf ná mekaar regeer het.
60 Dit is, nie net van hulle self nie, maar ook van hulle geslagte, huisgesinne en woonplekke, wat dikwels vernoem was na die persone. 61 Dit is hier ’n mansnaam, soos ook in vers 41 Oholibáma; wat onderskei moet word van diegene wat in verse 2, 5, 12 genoem is. |
die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon,
die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof 62Mibsar,
| 62 Hebr. Mibtsar. |
die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.
Jakob by Bet-el. Dood van Ragel en Isak.
DAARNA het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en 1bou daar ’n altaar vir die God awat aan jou verskyn het btoe jy op die vlug was vir jou broer Esau.
| a Gén. 28:12, 13.
b Gén. 27:43. |
1 Om die belofte te gedenk wat Ek daar aan jou en jy aan My gemaak het, Gén. 28:13, 14, 20. Dit wil voorkom of dit daartoe dien dat Jakob getroos en versterk mog word teen die vrees waarmee hy bevange was. Sien Gén. 34:30. |
Toe sê Jakob aan sy 2huisgesin en aan 3almal wat by hom was: Verwyder die 4vreemde gode 5wat onder julle is, en 6reinig julle en trek ander klere aan;
| 2 Hebr. huis. Sien Gén. 7:1 se kanttekening.
3 Diensknegte en diensmaagde, en die wat van buite bygekom het. 4 Hebr. gode van die vreemde. Verstaan die beelde van die afgode, wat deur vreemde volke gedien was, wat nie die ware God is, wat Hom aan Abraham, Isak en Jakob geopenbaar het nie. So word die afgode genoem in Deut. 31:16; 32:12. Jos. 24:20. Ps. 81:10. Hulle word ook ander gode genoem, Deut. 6:14. Jos. 23:16. Rig. 10:13. So ook nuwe gode, Rig. 5:8. 5 Hieruit blyk dit dat daar nog enkele beelde by Jakob se gesin verborge was, hetsy dit die afgode van Laban was, Gén. 31:19, of ’n aantal waardevolle beelde wat hulle uit die plundering van Sigem gekry het, of wat ander gevangenes saamgebring het. Sien Gén. 34:29. 6 Om met hierdie uitwendige seremonie die inwendige suiwering en bekering van die hart te betuig, wat hulle nie net nodig gehad het ten opsigte van die afgodiese besmetting nie, maar ook in die besonder vanweë die moord op die Sigemiete, om hulle gereed te maak vir die plegtige godsdiensoefening, wat Jakob op God se bevel met sy huisgesin sou verrig. Sien Ex. 19:10, 14. |
en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ’n altaar bou vir die God 7wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was 8op die weg wat ek gegaan het.
| 7 Dit is, wat gewoond is om my te verhoor. God antwoord sy volk, as Hy met woorde of werke laat blyk dat Hy hulle verhoor het. Sien 1 Kon. 18:24. Ps. 22:22. Jes. 41:17, 18.
8 Naamlik van Haran af tot hier toe. |
Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode 9wat in hulle besit was, en die 10ringe aan hulle ore, en Jakob het dit 11begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.
| 9 Of: wat in hulle hand was. Sien 2 Sam. 8:10 se kanttekening.
10 Dit het Jakob van hulle afgeneem, óf omdat dit uit die plundering van die afgode van Sigem verkry is, óf ter ere van daardie afgode gedra was, óf deur sy mense misbruik kon word. 11 Of: verberg. Sonder dat sy mense geweet het waar hy dit gelaat het, sodat niemand dit mog vind en vir bygeloof en afgodery misbruik nie. |
En toe hulle weggetrek het, kom daar 12’n skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.
| 12 Dit is, wat van God gestuur en baie groot was. So ook in Ex. 23:27. 2 Kron. 14:14; 17:10. Die woord God word soms gebruik om die grootheid en uitnemendheid van ’n saak uit te druk. Sien Gén. 13:10 se kanttekening. Sonder hierdie skrik sou Jakob met al sy mense maklik oorval en uitgewis geword het, weens die daad wat Símeon en Levi in Sigem gepleeg het, Gén. 34:25. |
So het Jakob dan in 13Lus aangekom wat in die land Kanaän is — dit is 14Bet-el — hy en al die mense wat by hom was,
| 13 Sien Gén. 12:8 se kanttekening; Gén. 28:19.
14 So deur Jakob genoem. |
en hy het daar ’n altaar gebou en cdie plek 15El Bet-el genoem, omdat 16God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.
| c Gén. 28:19. | 15 Dit is, God is by Bet-el. So noem hy hierdie plek die tweede keer; sien Gén. 28:19 en vgl. Gén. 33:20 se kanttekening.
16 Sien Gén. 28:13 en die manier van spreek in Gén. 20:13 en die kanttekening. |
En 17Debóra, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: 18Eik van geween.
| 17 Wat saam met Rebekka uit Mesopotámië gestuur was na die land Kanaän. Sien Gén. 24:59.
18 So genoem omdat hulle Debóra daar betreur en beween het. Hebr. Allon-Báguth. |
Toe verskyn dGod weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;
| d Hos. 12:5. |
en God sê vir hom: 19Jou naam is Jakob; ejy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.
| e Gén. 32:28. 2 Kon. 17:34. | 19 God bevestig hier aan Jakob dit wat Hy tevore aan hom gesê het. Sien Gén. 32:28 se kanttekening. |
Verder sê God vir hom: fEk is 20God, die Almagtige. 21Wees vrugbaar en vermeerder. g’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou afstam, en hkonings sal 22uit jou lendene voortkom.
| f Gén. 17:1; 28:3; 48:3.
g Gén. 17:6, 16. h Matt. 1:6. |
20 Sien Gén. 17:1 en die kantekening.
21 God bevestig hier die seën van sy vader Isak, wat hy aan hom gegee het toe hy na Mesopotámië gevlug het. Sien Gén. 28:3, 4. 22 Dit is, uit jou eie vlees en bloed gebore word. So ook in 1 Kon. 8:19. 2 Kron. 6:9. Hand. 2:30. Vgl. Gén. 46:26. |
En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.
Toe het God 23van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.
| 23 Hebr. opgevaar van bo hom. Van God word gesê dat Hy opvaar en neerdaal, nie omdat Hy van plek verander nie (aangesien Hy oral is), maar wel die tekens van sy teenwoordigheid, wat Hy openbaar deur sy neerdaling, soos in Gén. 11:5. Ex. 3:8. Núm. 11:17, of wegneem deur sy opvaring, soos hier en in Gén. 17:22. Rig. 13:20. |
En 24Jakob ihet ’n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ’n gedenksteen van klip, en daarop ’n 25drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.
| i Gén. 28:18. | 24 Jakob vernuwe hier die gedenkteken wat hy tevore opgerig het, Gén. 28:18, omdat dit met verloop van tyd of deur moedswil van die inwoners, vervalle of omgegooi is, sodat dit mag strek tot ’n ewige gedagtenis van God se weldaad en van sy verskuldigde plig.
25 Verstaan hierdeur, óf die olie, soos direk hierna volg, óf wyn, óf enige ander vloeistof wat gewoonlik gebruik was in drankoffers tot danksegging. |
En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, 26Bet-el genoem.
| 26 Omdat hy sy belofte wil vervul, vernuwe hy nie net die gedenkteken nie, maar ook die naam. Dit wil voorkom of hierdie plek verskillend is van El Bet-el, vers 7. |
Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 27’n kort ent pad was om by 28Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.
| 27 Sien Gén. 48:7. 2 Kon. 5:19.
28 Dit is die naam van ’n stad, wat gewoonlik Betlehem genoem word. Sien oor beide hierdie name vers 19. Miga 5:1. |
En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is 29ook ’n seun vir u.
| 29 Naamlik, soos u gewens het dat vir u nog een, benewens Josef, bygevoeg sou word, Gén. 30:24. |
En 30toe haar siel uitgaan — 31want sy het gesterwe — noem sy hom 32Ben-Oni. Maar sy vader het hom 33Benjamin genoem.
| 30 ’n Duidelike beskrywing van die dood, waaruit blyk dat die dood ’n skeiding is van die siel, wat tot ’n ander lewe oorgaan en uit die liggaam gaan, wat deur die dood vergaan. Daarom word ook van diegene wat nog lewe gesê dat hul siel in hulle is, 2 Sam. 1:9, van diegene wat sterwe dat hul gees uitgaan, Ps. 146:4; en van diegene wat opstaan dat hul siel in hulle terugkeer, 1 Kon. 17:21, 22.
31 Of: dat sy gesterwe het, en noem of het genoem. 32 Dit is, seun van my smart, van my droefheid. 33 Dit is, seun van die regterhand, dit is, wat altyd die naaste aan my en baie geliefd sal wees, soos ’n mens se regterhand vir hom is, Ps. 80:18. |
kSo het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na 34Efrat, dit is 35Betlehem.
| k Gén. 48:7. | 34 Dit wil voorkom of hierdie naam aan Betlehem gegee was deur Kaleb se vrou; sien 1 Kron. 2:19, 24. Daarmee word ook hierdie Betlehem, geleë in die stam van Juda (Miga 5:1. Matt. 2:6), onderskei van ’n ander Betlehem, geleë in die stam van Sébulon, Jos. 19:15.
35 Betlehem beteken ’n huis van brood. |
En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel 36tot vandag toe.
| 36 Naamlik in die tyd toe Moses dit geskryf het; ja, dit het nog bestaan ten tyde van Samuel en Saul, 1 Sam. 10:2. Sien oor die kindermoord wat Herodes in hierdie omgewing aangerig het ten tyde van Christus se geboorte, Jer. 31:15. Matt. 2:16, 17. |
En 37Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van 38Migdal-Eder.
| 37 Hier word Jakob die eerste keer Israel genoem, volgens God se bevel in vers 10.
38 Dit is, ’n toring van die trop. Sien ook Miga 4:8 se kanttekening. |
En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se 39byvrou, lgemeenskap gehad. En 40Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.
| l Gén. 49:4. | 39 Sien Gén. 22:24 se kanttekening.
40 Sonder twyfel met groot hartseer, aangesien deur hierdie daad van Ruben God vertoorn is, sy gesin onteer is, en daar aanleiding tot lastering gegee is; sodat Jakob, toe hy op sy sterfbed gelê het, rede gehad het om hom te bekla oor hierdie skandelike daad, Gén. 49:3, 4, en om Ruben die eersgeboortereg te ontneem, 1 Kron. 5:1, 2. |
m41Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Sébulon.
| m Gén. 46:8. Ex. 1:2. | 41 Hierdie twaalf seuns van Jakob word hier genoem, omdat hulle getal nou, ná Benjamin se geboorte en Ragel se dood, vol was en vir hom geen seuns meer gebore is nie. Hierdie twaalf was die vaders van die twaalf stamme van Israel, van wie dikwels hierna gespreek sal word. |
Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.
En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.
En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob 42wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
| 42 Behalwe Benjamin, wat by Efrat in die land Kanaän gebore is, vers 16. Maar Moses spreek so aangesien al die ander daar gebore is. Dit is ’n manier van spreek waardeur iets nie presies of ten nouste gestel word nie, maar in die algemeen en in sekere opsigte. Sien Gén. 15:13; 46:15; Rig. 20:46; 1 Kor. 15:5 en die kanttekeninge. |
En Jakob het by sy vader Isak gekom in 43Mamre, by 44Kirjat-Arba, dit is 45Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, 46en ook Isak.
| 43 Sien oor hierdie plek Gén. 23:17. Só genoem na Abraham se bondgenoot, wie se naam Mamre was. Sien Gén. 13:18 se kanttekening; Gén. 14:13, 24.
44 Sien Gén. 23:2. 45 Sien Gén. 13:18; 23:2, 19. 46 Wat nog as vreemdeling daar gewoon het. |
En die dae van Isak was honderd-en-tagtig jaar.
En Isak 47nhet die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is 48by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom 49begrawe.
| n Gén. 25:8. | 47 Vgl. Gén. 25:8.
48 Sien Gén. 15:15 se kanttekening. 49 Naamlik in die spelonk waarvan gelees word in Génesis 23, waarin Abraham ook begrawe gelê het, Gén. 25:9. Hierdie spelonk was in Hebron. Die sterwe van Isak het lank ná hierdie tyd gebeur, omdat Jakob ten minste drie-en-twintig jaar ná sy terugkeer uit Mesopotámië in Kanaän gewoon het, voordat sy vader gesterf het. Dit word egter hier deur Moses beskryf, om daarmee Isak se geskiedenis agter te laat en met Jakob se geskiedenis voort te gaan. |
Dina en die Sigemiete.
EN aDina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, 1het uitgegaan 2om die dogters van die land te leer ken.
| a Gén. 30:21. | 1 Naamlik uit die plek waar haar ouers gewoon het, wat by Sigem was, Gén. 33:18, waar sy liewer moes gebly het, Tit. 2:5. Des te meer omdat sy in dié tyd maar omtrent veertien jaar oud was.
2 Sommige meen dat in dié tyd ’n besondere fees of mark in Sigem gehou was, en gevolglik ’n groot toeloop van mense gehad het. |
Toe Sigem, die seun van Hemor, 3die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar 4onteer.
| 3 Sien Gén. 10:17 se kanttekening.
4 Die Hebreeuse woord beteken eintlik verdruk, verneder. En so noem die Heilige Skrif die skending en verkragting van vroue, Rig. 19:24. 2 Sam. 13:14. |
En 5sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en 6na die hart van die dogter gespreek.
| 5 Dit is, sy hart, sy gemoed, lus, begeerte, was aan haar geheg.
6 Dit is, wat vir haar aangenaam en behaaglik mog wees, om haar tevrede te stel en te vertroos; aangesien sy ongetwyfeld oor hierdie onverwagte daad hewig ontsteld was. Sien dergelike manier van spreek in Gén. 50:21. Rig. 19:3. Jes. 40:2. Hos. 2:13. |
Sigem het ook met sy vader Hemor gespreek en gesê: 7Neem daardie dogter vir my as vrou.
| 7 ’n Voorbeeld, ook onder die heidene, dat kinders met die wil en onder die leiding van hulle ouers behoort te trou. |
Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het.
En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob uitgegaan om met hom te spreek.
En die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en 8baie kwaad, omdat hy 9’n skanddaad 10in Israel begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te hou: 11so iets mag nie gebeur het nie.
| 8 Hebr. en hulle het baie ontvlam, naamlik die toorn. Sien Gén. 4:5, 6 en die kanttekening.
9 Of: dwaasheid, afvalligheid, onsinnigheid. Hierdie woord beteken ’n sonde, voortkomende uit ’n bose en onbeskaamde wellus, wat nie net teen God se gebod plaasvind nie, maar ook teen die burgerlike eerbaarheid, of ook soms teen die natuur. Dit veroorsaak daarom groot ergernis en skande. Vgl. Deut. 22:21. Jos. 7:15. Rig. 19:23; 20:6. 2 Sam. 13:12. 10 Dit is, in, of aan die huis van Israel, of God se volk, wat uit Jakob, toe Israel genoem, gespruit het. 11 Of: so gebeur dit nie, dit is, so is dit nie die manier nie, en behoort dit nie te gebeur nie. Sien soortgelyke manier van spreek in Gén. 20:9. |
Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou
en 12verswaer julle met ons: 13gee aan ons julle dogters, en 14neem vir julle ons dogters.
| 12 So ook in Deut. 7:3.
13 Naamlik in die huwelik aan ons seuns. So ook in Gén. 38:14. Deut. 7:3, ens. 14 Naamlik in die huwelik aan julle seuns. Sien Gén. 19:14 se kanttekening. |
Bly maar by ons woon, en die land sal 15voor julle oop lê; woon en trek rond daarin en 16verwerf vaste besittings daarin.
| 15 Sien Gén. 13:9 se kanttekening.
16 Of: stel julle tot besitters of vertoef daarin. |
En Sigem sê vir 17haar vader en haar broers: Laat my 18guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee.
| 17 Naamlik van Dina.
18 Sien Gén. 18:3 se kanttekening. |
19Vra my ’n baie groot 20koopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou.
| 19 Dit is, lê soveel aan my op as wat julle wil.
20 Of: bruidskat. Die bruidskat wat die man aan die vrou gegee het, het ook ná die dood van haar man haar eiendom gebly; die geskenk was wat die man aan die bruid gegee het ten tyde van die verlowing as ’n bevestiging van sy belofte aan haar gemaak. Sien oor die bruidskat Ex. 22:16, 17, en oor die geskenk Gén. 24:53. |
Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, 21met bedrog — 22hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het —
| 21 Of: in bedrog; want hulle was nie van voorneme om tot die huwelik toe te stem nie, soos later geblyk het.
22 Naamlik dit wat in vers 14 volg. |
en sê vir hulle: 23Ons kan dit nie doen om ons suster aan ’n man te gee bwat die voorhuid het nie, want dit sou ’n skande vir ons wees.
| b Génesis 17. | 23 Hulle spreek wel die waarheid, maar sondig daarin dat hulle die besnydenis misbruik om hul bedrieglike plan te bedek, want dit het by hulle nie gegaan oor die besnydenis nie, maar om moord te pleeg uit wraakgierigheid. |
Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat 24manlik is onder julle, besny word.
| 24 Hebr. man, manspersoon. |
Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word.
Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons 25ons dogter en ons trek weg.
| 25 Dit is, die dogter van ons vader, of die dogter van ons huis, soos in vers 8. |
En hulle woorde 26was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, die seun van Hemor.
| 26 Die uitdrukking om goed in iemand se oë te wees beteken dat dit hom behaag. Gén. 16:6. 1 Sam. 29:6, ens. |
En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was 27die mees geëerde in die hele 28huis van sy vader.
| 27 Dit wil voorkom of hy baie bemind, geag en bekend was, omdat nie net die stad na hom vernoem is nie, maar ook sy vader as gevolg van hom bekend was, omdat hy die vader van Sigem genoem is. Sien Gén. 33:18, 19.
28 Dit is, huisgesin, kinders, huisgenote, hofdienaars, offisiere; so ook in Gén. 41:40. 1 Kon. 2:24; 4:6. |
Toe gaan Hemor en sy seun Sigem 29na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê:
| 29 Waar die burgerlike sake deur die beleid van owerhede behandel was, soos tans in die geregshowe. Sien Gén. 22:17 se kanttekening. |
Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom, laat hulle in die land woon en daarin rondtrek: die land lê mos alkante toe 30wyd 31voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons dogters aan hulle gee.
| 30 Hebr. wyd van hande. So ook in Rig. 18:10.
31 Dit is, oop. Sien Gén. 13:9 se kanttekening. |
Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik is onder ons, besny word soos hulle besny is.
Hulle vee en hulle besittings en al hulle diere — sal dit nie ons s’n wees nie? 32Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan bly woon.
| 32 Hulle gee voor dat dit die versoek van Jakob en sy kinders was, terwyl hulle verswyg dat dit die voorwaarde van hul eie versoek was; bowendien verberg hulle hul persoonlike belang onder die dekmantel van algemene belang, sodat hulle, terwyl hulle hul burgers bedrieg, ook deur Símeon en Levi bedrieg word. |
33En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem — almal wat uit sy 34stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het.
| 33 Hulle laat hulle oorreed tot verandering van godsdiens, nie deur onderrig in of liefde vir die waarheid nie, maar deur belofte van en hoop op aardse voordeel.
34 Dit is, alle burgers van die stad van wie gesê word dat hulle by hul stadspoorte in- of uitgaan. Uitgaan, soos hier; of ingaan, soos in Gén. 23:10. Jer. 17:20. |
Maar op die derde dag, 35toe hulle in die pyn was, cneem die twee seuns van Jakob, 36Símeon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was.
| c Gén. 49:6. | 35 Dit is, toe hulle met die meeste smart of pyn bevange was, aangesien die wonde op die derde dag gewoonlik die meeste lyding veroorsaak.
36 Hierdie twee was die leiers van hierdie aanslag, en was volle broers van Dina, van een vader en moeder; Ruben en Juda, Íssaskar en Sébulon was ook volle broers, maar hulle het aan hierdie bloedige daad geen deel gehad nie, sowel omdat die laasgenoemde twee te jonk was, as dat die ander twee eerder tot sagsinnigheid as tot wreedheid geneig was. Sien Gén. 37:21, 22, 26. |
Hulle 37slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood 38met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek.
| 37 Sien oor hierdie woord Gén. 8:21 se kanttekening.
38 Hebr. aan of in die mond van die swaard. |
39Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat 40hulle hulle suster onteer het.
| 39 Baie verstaan dit as die ander seuns van Jakob, dat hulle, toe hulle gehoor het dat die moord in die stad deur hul broers gepleeg was, daarop toegesak het om die vermoordes en die hele stad te plunder.
40 Dit wat Sigem alleen gedoen het, word die burgers in die gemeen ten laste gelê, omdat dit wil voorkom of hulle ’n welgevalle daarin gehad het deurdat hulle hierdie daad nie teëgespreek of verhinder het nie. Of hulle verwys eintlik net na een van hulle, naamlik Sigem, soos ook in Ex. 4:19. Matt. 2:20. |
Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels — wat in die stad en in die veld was — het hulle weggeneem.
En al hulle goed en al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes weggevoer en as buit, en ook alles wat in die huise was.
41Toe sê Jakob vir Símeon en Levi: Julle het 42my ontroer dat julle 43my gehaat gemaak het by die 44inwoners van die land, die 45Kanaäniete en Feresiete, terwyl ek ’n 46klein klompie is. As hulle hul teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ek sal verdelg word, ek en my huis.
| 41 Hieruit blyk dat Jakob nie van die aanslag van sy twee seuns geweet het nie, veel minder daartoe ingewillig het. Vgl. Gén. 49:5-7.
42 Of: julle het my onrus aangedoen, of versteur, nie net deur my gemoed deur hierdie daad te ontstel nie, maar deur ook al my sake in groot gevaar, onsekerheid en verwarring te bring, terwyl ek hier tevore in vrede gewoon het. Sien Jos. 7:25. 1 Kon. 18:17 se kanttekening. 43 Dit is, dat mense my nie sal kan uitstaan of verdra nie. Sien Ex. 5:21. 1 Sam. 13:4; 27:12. 1 Kron. 19:6. 44 Hebr. inwoner. 45 Hebr. Kanaäniet. 46 Hebr. mense van getal; dit is, klein van getal, wat vinnig getel kan word, soos in Núm. 9:20. Deut. 4:27; 33:6. |
Toe antwoord hulle: 47Hoe durf 48hy dan ons suster as ’n hoer behandel!
| 47 Anders: Hoe durf ’n mens dan, ens., naamlik sonder wraak of straf.
48 Naamlik Sigem. |
EN Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vierhonderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel.
En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, 1en Ragel en Josef laaste opgestel;
| 1 Hy plaas hulle vir wie hy die liefste is laaste, waar dit die veiligste is, sodat hulle, sou die voorstes verslaan word, nog enigsins kon ontkom. Sien Gén. 32:7, 8. |
maar hy self het voor hulle uit gegaan en 2hom 3sewe maal na die aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het.
| 2 Sien Gén. 18:2 se kanttekening.
3 Dit is, dikwels, ’n bepaalde getal vir ’n onbepaalde hoeveelheid. Sien Lev. 26:8 se kanttekening. |
Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en 4soen hom; en 5hulle het geween.
| 4 Sien Gén. 29:11 se kanttekening.
5 Dit het dikwels gebeur by die ontmoeting van vriende, soos hier en in Gén. 29:11; 43:30; 46:29; of by die afskeid, Rut 1:14. Hand. 20:37. |
Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het.
En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig.
En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna 6het Josef nader gekom en Ragel en hul neergebuig.
| 6 Anders: hy is nader gebring, of geroep om te nader, omdat hy dié tyd maar omtrent ses jaar oud was. |
Daarop sê hy: 7Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer.
| 7 Of: Wie is hierdie hele laer vir jou? Dit is, waarvoor is dit? Wat bedoel jy daarmee? Hy het sonder twyfel die bedoeling wel verstaan uit die boodskap van die dienaars wat die trop gelei het, maar hy het geleentheid uit Jakob se antwoord gesoek, om sy geskenke beleefd te weier. |
Maar Esau sê: 8Ek het baie, my broer! 9Wat joue is, laat dit joue bly!
| 8 Dit is, ek het genoeg daarvan.
9 Dit is, hou dit wat jy het vir jou. |
Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry 10soos ’n mens die aangesig van God sien, 11en u het behae in my gehad.
| 10 Asof hy sê: Soos God se guns ’n mens baie verkwik, só is ek ook uitermate verbly deur hierdie vriendelike en vreedsame ontmoeting met u. Ek sien dit as ’n duidelike teken van God se genade teenoor my, asof God self so vriendelik aan my verskyn het.
11 Anders: hê tog ’n behae in my, of: so vriendelik het u my ontvang. |
Neem tog my 12begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het.
| 12 Hebr. seën. Dit word ’n geskenk genoem in Jos. 15:19. 1 Sam. 25:27; 30:26. 2 Kon. 5:15. Vgl. 2 Kor. 9:5, 6, omdat dit bestaan uit dinge wat deur die ryke seëning van die HERE aan die mens geskenk word, en word gewoonlik weggegee met gelukwensing en ontvang met danksegging. |
Daarop sê 13hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal 14langs jou trek.
| 13 Naamlik Esau.
14 Dit is, teenoor, met jou, voor jou, in jou geselskap, deur my na jou te voeg tydens die reis, al is my mense sterker en meer uitgerus as jou mense. |
Maar 15hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders 16swak is, en dat ek 17lammerooie en melkkoeie 18by my het; as ’n mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee.
| 15 Naamlik Jakob.
16 Ruben, die oudste, sou dié tyd omtrent twaalf of dertien jaar oud kon wees. 17 Anders: dragtige ooie. 18 Of: op my, dit is, onder my sorg en bewaring. |
My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ék sal op 19my gemak trek 20na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer in Seïr aankom.
| 19 Of: saggies, rustig.
20 Hebr. volgens die voet, en so in dit wat volg. |
Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? 21Laat my guns in die oë van my heer vind!
| 21 Dit is, bewys my hierdie guns, doen wat ek versoek, en moenie enige van jou manskappe by my los nie. |
So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na Seïr toe.
Maar Jakob het na 22Sukkot weggetrek en vir hom ’n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem 23Sukkot.
| 22 Hierdie plek het toe nog nie hierdie naam gehad nie, maar het dit daarna gekry, soos aan die einde van hierdie vers gesê word.
23 Dit is, hutte, tente, dakke, krale. Hierdie plek was geleë anderkant die Jordaan, in die stam van Gad, nie ver van Pnuel af nie. Sien Jos. 13:27. Rig. 8:5, 14, 15. Daar word van ’n ander Sukkot gespreek in Ex. 12:37. |
aEn Jakob het 24behoue aangekom by die stad 25Sigem wat in die land Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het — hy het sy laer voor die stad opgeslaan
| a Jos. 24:32. Hand. 7:16. | 24 Hebr. sjalem, dit is, behoue. Ander verstaan Sjalem as die naam van ’n stad by die Jordaan, ongeveer waar Johannes die Doper later gedoop het; te onderskei van ’n ander Salem, wat later Jerusalem genoem is; sien Gén. 14:18. Ps. 76:3.
25 Sien Gén. 12:6 se kanttekening. |
en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van 26Hemor, die vader van Sigem, vir honderd 27geldstukke.
| 26 Hebr. Gamor. In Hand. 7:16 word hy (Grieks) Emmor genoem.
27 Lammers genoem, omdat die figuur van ’n lam daarop geteken was. Sien Jos. 24:32. Job 42:11, en vgl. Hand. 7:16. Ander verstaan werklike skape, wat hy vir die land gegee het, soos dit ook gebruiklik was om te koop en te verkoop met die verwisseling van goedere. |
Daar het hy ook 28’n altaar opgerig en dit genoem: 29Die God van Israel is God.
| 28 Om ’n dankoffer daarop te offer, en die gehele godsdiens te beoefen, volgens die voorbeeld van sy vaders. Sien Gén. 12:7 en die kanttekening; Gén. 13:18.
29 Hebr. El Elohe Israel. |
Jakob worstel met die Engel, word versoen met Esau en kom in Sigem aan.
JAKOB het ook verder gereis, en die 1aengele van God het hom ontmoet.
| a Gen. 48:16. | 1 Om Jakob des te meer van God se teenwoordigheid en bystand te verseker. |
Toe hy hulle sien, sê Jakob: Dit is ’n leër van God! En hy het die plek 2Mahanáim genoem.
| 2 Dit is, twee leërs, of ’n dubbele leër, hetsy dat die engele hulle verdeel het in twee leërs, om Jakob tussen beide te laat deurgaan; of omdat daar een leër was wat bestaan het uit die engele, en ’n ander uit Jakob se huisgesin. Op die plek was later ’n stad met die naam Mahanáim; Jos. 13:26; 21:38. |
En Jakob het boodskappers uitgestuur 3voor hom uit na sy broer Esau in die land 4Seïr, die landstreek van 5Edom,
| 3 Dit is, voor sy aankoms, of voordat hy daar sou aankom, naamlik om die weg te berei om die guns van sy broer te wen. Dergelike manier van spreek vind ons in Mal. 3:1. Matt. 11:10. Luk. 9:52; 10:1.
4 Sien Gén. 14:6 en die kanttekening. 5 Die streek Idumea, wat grens aan die suideinde van Judéa, en sy naam van Esau ontvang het, wat ook Edom genoem word, Gén. 25:30, en nou in hierdie land gewoon het, Gén. 36:8, nadat hulle die vorige inwoners, naamlik die Horiete, daaruit verdrywe het, Deut. 2:12, 22. |
en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle aan 6my heer, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar — ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe;
| 6 Hoewel Jakob self deur die eersgeboortereg die heer van Esau was, Gén. 27:29, noem hy nogtans sy broer heer, met behoud van sy reg. Die doel was om Esau se guns en vriendskap des te beter deur hierdie vernedering te wen. Te meer omdat hy nog nie daadwerklik in besit van sy reg, wat nog in die toekoms gelê het, gestel was nie. Dawid het dit ook teenoor Saul gedoen, 1 Sam. 24:7, 9 en deurgaans in 1 Samuel 26. |
en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer 7dit laat weet, 8sodat ek guns mag vind in u oë.
| 7 Naamlik van my koms en omstandighede.
8 Sien Gén. 18:3 se kanttekening. Hy versoek vriendskap, deels om kwytskelding van alle voorgaande onmin te verwerf, deels om met vrede deur die land te mag trek. |
En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en 9vierhonderd man saam met hom.
| 9 Sonder twyfel gewapend, soos af te lei is uit verse 8, 11. |
10Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel;
| 10 Uit menslike swakheid, naamlik omdat die boodskappers slegs tyding gebring het dat Esau hom met vierhonderd man tegemoetkom, sonder enige ander berig. |
want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, 11vryraak.
| 11 Hebr. sal wees tot ontsnapping of bewaring. |
En Jakob het gesê: 12o God van my 13vader Abraham en God van my vader Isak, o HERE, wat my beveel het: bGaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen —
| b Gén. 31:13. | 12 Jakob roep in sy benoudheid nie die leër van die engele aan wat hy gesien het nie, maar alleen die ware God.
13 Dit is, grootvader. |
14ek is te gering vir al die gunste en al die 15trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my 16staf oor hierdie 17Jordaan getrek en nou twee laers geword.
| 14 Dit is, ek is die goeie wat U tevore aan my gedoen het geensins waardig nie, ook nie dit wat ek nou van U begeer nie, maar ek steun slegs op u genade, en nie op my waardigheid of verdienste nie.
15 Of: waarheid. Sien Gén. 24:27 se kanttekening. 16 Verstaan ’n wandelstaf; hiermee gee Jakob sy armoede te kenne. 17 Sien Gén. 13:10 se kanttekening. |
Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam 18met die kinders.
| 18 Of: op die kinders; ’n manier van spreek wat lewendig uitdruk wat moeders vir hulle kinders in nood doen. Hulle probeer om hul kinders met hul eie liggaam en lewe te beskerm, en word so deur tiranne bo-op en saam met die kinders omgebring. Sien Hos. 10:14. |
U het tog self gesê: cEk sal 19sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.
| c Gén. 28:13. | 19 Hebr. Ek sal goed doende goed doen. |
En hy het die nag daar oorgebly en 20van wat in sy besit was, ’n geskenk geneem vir sy broer Esau:
| 20 Anders: van wat in sy hand was. Dit is, hy het inderhaas uit al sy vee ’n geskenk geneem om sy broer te eer, en het nie genoeg tyd gehad om ’n beter keuse te maak nie, deels omdat dit in die nag was, deels oor die vrees vir die komende gevaar. |
tweehonderd bokooie en twintig bokke, tweehonderd skaapooie en twintig ramme,
dertig kameelkoeie wat in die melk was, met hulle 21kalfies, veertig koeie en tien bulle, twintig eselinne en tien 22jong esels;
| 21 Hebr. seuns.
22 Of: vullens van esels. |
en hy 23het hulle aan sy dienaars afgegee, 24elke trop afsonderlik, en aan sy dienaars gesê: Trek voor my uit, en laat ’n 25plek oop tussen trop en trop.
| 23 ’n Baie voortreflike geskenk van honderde diere, groot en klein, van verskillende soorte, wat vandag ’n baie groot som geld sou uitmaak.
24 Hebr. trop trop op sy eie. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 7:2 se kanttekening. 25 Hebr. eintlik asemhaling en vervolgens plek of ruimte, omdat die ruimte asem gee. Dit moes daartoe dien dat sy geskenke, elkeen afsonderlik deur sy broer besigtig, aansienliker sou vertoon, en sodoende sy gemoed geleidelik sou versag. Sien vers 20. |
Daarop gee hy aan 26die eerste een bevel en sê: As my broer Esau jou teëkom en jou vra: Aan wie behoort jy, en waarheen gaan jy, en wie s’n is die goed daar 27voor jou?
| 26 Naamlik die dienaar wat die eerste of voorste trop gelei het; en so in die volgende van die tweede, derde, ens.
27 Dit is, wat jy voor jou aanjaag, of wat voor jou uit gaan. |
dan moet jy antwoord: U dienaar Jakob s’n. Dit is ’n geskenk wat hy aan my heer Esau stuur; en kyk, 28hy self kom ook agter ons aan.
| 28 Dit sê hy, sodat sy broer nie sou dink dat hy bang was om voor hom te verskyn nie, of met ’n ander pad hom probeer vermy nie. |
En hy het ook bevel gegee aan die tweede en aan die derde en aan almal wat agter die troppe geloop het, en gesê: 29Net so moet julle Esau antwoord as julle hom kry —
| 29 Dit is, volgens dit wat ek tevore gesê het. |
julle moet sê: Kyk, ook u dienaar Jakob kom agter ons aan. Want 30hy het gedink: 31Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my uit gaan, en daarna sy aangesig sien — miskien 32sal hy my in guns aanneem.
| 30 Sien Gén. 20:11 se kanttekening.
31 Dit is, laat ek sy toorn laat afkoel. Sien Spr. 21:14. 32 Of: sal hy my aangesig aanneem. Hierdie manier van spreek, in ’n positiewe betekenis geneem, beteken om iemand goedgesind te wees en goed aan hom te doen uit ’n vriendelike en redelike waarneming van iets goeds in hom. Dit word van God gesê, as Hy uit enkel genade die goeie, wat slegs van Hom af gekom het, vriendelik aansien, Gén. 19:21. En van mense, as hulle hul naaste om enige billike rede in guns aanneem; soos hier en in 1 Sam. 25:35. 2 Kon. 3:14. |
So het die geskenk dan voor hom uit gegaan, maar hy self het dié nag in die laer gebly.
En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur 33die drif van die 34Jabbok getrek:
| 33 Anders: die ondiepte.
34 Dit is die naam van ’n spruit of rivier, wat by Rabba, die hoofstad van die Ammoniete, ontstaan en uitloop in die Jordaan, benede die see van Galiléa. Sien Núm. 21:24. Deut. 2:37; 3:16. Jos. 12:2. Rig. 11:13. |
hy het hulle geneem en hulle deur die rivier laat trek, ook laat deurtrek wat aan hom behoort het.
Maar 35Jakob het alleen agtergebly, en 36’n Man het met hom geworstel tot dagbreek.
| 35 Dit is, hy het alleen aan hierdie kant van die rivier gebly, aan die gebergte van Gílead, om in eensaamheid tot God te bid.
36 Dit is, die Seun van God, wat Hom hier in ’n menslike liggaam vertoon het; soos ’n mens kan aflei uit verse 28, 30, ens., en Hos. 12:4, 5 en die kanttekening. |
37En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op 38sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.
| 37 Dit is menslikerwys gesproke. Die Here pas Hom aan by die menslike swakheid, laat Hom oorwin, om Jakob te verseker van ’n goeie uitkoms oor die aanstaande gevaar; maar Hy beseer hom ook, sodat Hy hom leer om sy eie swakheid te voel.
38 Anders: heupgewrig. |
dToe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: 39Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.
| d Hos. 12:4. | 39 Omdat hy nou besef het dat hy nie met ’n mens te doen het nie, maar met ’n Meerdere, het hy begeer om deur Hom geseën te word. |
En Hy vra hom: 40Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.
| 40 God vra dit nie omdat Jakob se naam aan Hom onbekend was nie, maar om aanleiding te kry om sy naam te verander tot ’n ewige gedagtenis aan hierdie worsteling. |
Toe sê Hy: eJy sal 41nie meer Jakob genoem word nie, maar 42Israel; want jy 43het geworstel 44met God en 45met die mense en het oorwin.
| e Gén. 35:10. | 41 Nie meer nie beteken hier nie net, of nie soveel, of nie soseer nie. Want hy word hierna ook wel Jakob genoem. Sien hierdie manier van spreek in 1 Sam. 8:7. Joh. 7:16. 1 Kor. 1:17. 1 Joh. 3:18.
42 Dit is, ’n vors van God, of wat vorstelike mag het saam met God; soos blyk uit die volgende woorde. Hierdie naam gee God ’n tweede maal aan Jakob in Gén. 35:10. 43 Of: het jou vorstelik gedra. 44 Terwyl hy die stryd wat God met hom gevoer het, verduur en oorwin het. 45 Naamlik eers met Esau, daarna met Laban, en nou kom hy weer om met Esau te stry. |
Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: 46Waarom vra jy tog na my Naam? En 47Hy het hom daar geseën.
| 46 Dit is ’n afwysende vraag, soos in Rig. 13:17, 18. Hy weier om aan hom sy Naam te openbaar, om hom des te meer te verseker dat hy nie met ’n mens geworstel het nie.
47 Dit was wat Jakob begeer het, vers 26, en waardeur hy nou ten volle verseker was dat God aan hom verskyn het. Sien die volgende vers. |
Toe noem Jakob die plek 48Pniël; want, het hy gesê, ek het 49God gesien van aangesig tot aangesig, en 50tog is my lewe gered.
| 48 Dit is, God se aangesig, of die gesig van God. Sien 1 Kon. 12:25. In die volgende vers is dit Pnuel.
49 Nie in sy goddelike wese nie, maar in so ’n gedaante, waardeur Hy Hom nog duideliker aan my geopenbaar het as ooit tevore. 50 Hy verwonder hom dat hy nie gesterf het terwyl hy God gesien het nie. Sien Gén. 16:13 se kanttekening. Vgl. Ex. 20:19. Rig. 6:22, 23; 13:22. |
En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pnuel verby was; en hy was mank aan sy heup.
51Daarom eet die kinders van Israel 52die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, 53geslaan het.
| 51 Verstaan hier ook dat hulle nie die vleis om die heupsening eet nie. Nie uit bygeloof of ’n godsdienstige bedoeling nie, maar tot ’n gedagtenis aan hierdie wonderlike worsteling en oorwinning wat aan Jakob en sy nageslag geskenk is. Dit het sy plek gehad voor die koms van die Messías, maar kan ná sy koms nie sonder bygeloof gedoen word nie.
52 Of: ontwrigte sening. Anders: verkrimpte, uit lit geraakte, dit is, wat sy krag verloor het, en gevoelloos, of verstuit is, en omdat dit uit lit is, sy plek (om so te spreek) vergeet het. Die Jode noem hierdie sening in die diere ook so, volgens wat hier met Jakob gebeur het. Anders: die geleende sening, omdat dit van die holte van die bekken tot by die heup gaan, asof dit deur die bekken aan die heup geleen is. 53 Dit is, deur aanraking seergemaak het. |
Vlug van Jakob en sy verbond met Laban.
TOE hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s’n was; en uit wat ons vader s’n was, het hy 1al hierdie rykdom verwerf.
| 1 Of: al hierdie heerlikheid, wat gewoonlik op rykdom volg. |
Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was 2soos gister en eergister nie.
| 2 Dit is, soos tevore. So word hierdie woorde ook gebruik in vers 5 en Ex. 4:10; 5:7, 8; 21:29 se kanttekening. Jos. 3:4; 4:18, ens. |
En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug 3na die land van jou vaders en na jou familie; en 4Ek sal met jou wees.
| 3 Dit is, die land Kanaän, wat Ek jou vader Isak en jou grootvader Abraham beloof het; alhoewel hulle daar in dié tyd niks anders besit het nie as die stuk grond en die spelonk waarin Sara begrawe is.
4 Sien Gén. 21:22; 26:24; net so ook Gén. 32:9, waar Jakob self hierdie woorde gebruik. |
Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea 5veld toe roep na sy kleinvee
| 5 Om sonder nalating van sy werk, en met meer vryheid met sy vroue te spreek. |
en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar 6die God van my vader 7was met my.
| 6 Sien Gén. 28:13.
7 Dit is, het aan my verskyn, en het my beveel om na my land te trek. Sien vers 13. |
En julle weet self dat ek met al my 8krag julle vader gedien het;
| 8 Sowel van die gees met sorg dra, as van die liggaam met waak, loop en swoeg. Vgl. verse 40, 42. |
maar julle vader 9het my bedrieg: hy het my loon 10tien maal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie.
| 9 Anders: met my gespot.
10 Dit is, dikwels. So word die getal tien vir dikwels gebruik in vers 41. Lev. 26:26. Núm. 14:22. 1 Sam. 1:8. Job 19:3. |
11As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes.
| 11 Let daarop dat die ooreenkoms wat Jakob met Laban gesluit het, Gén. 30:32, 33, ens., dikwels verander is deur Laban se gierigheid, en die verandering verdra is deur Jakob se lydsaamheid. |
So het God dan die vee van julle vader weggeneem en 12aan my gegee.
| 12 Hieruit blyk dat hierdie hele gebeure nie plaasgevind het deur ’n bedrieglike plan van Jakob nie, maar deur God se bestiering. |
Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en 13in ’n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en 14bont was.
| 13 Sien vers 5 en die kanttekening.
14 Of: gevlek. Dit is, wat kolle gehad het volgens die grootte en kleur van gewone haelstene, anders as die gestippeldes, wat swart kolletjies op hul wit vel gehad het. |
En 15die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!
| 15 Verstaan die Here Christus. Sien Gén. 16:7 se kanttekening. |
En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen.
Ek is die 16God van Bet-el awaar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug 17na jou geboorteland.
| a Gén. 28:13-15, ens. | 16 Dit is, wat aan jou in Bet-el verskyn het, en beloof het om by jou te bly, jou te bewaar, en na Kanaän terug te bring.
17 Sien verse 3, 18. |
Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: 18Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?
| 18 Hulle wil sê: Nee, omdat hy ons die ooreengekome loon nie gun nie, maar dikwels verander. |
19Word ons nie deur hom as vreemdelinge beskou nie? Want 20hy het ons verkoop en die 21geld wat deur ons verkry is, 22geheel en al deurgebring.
| 19 Hy het ons nie soos dogters met ’n eerlike bruidskat weggegee nie, maar soos bediendes vir loon uitgedryf.
20 Naamlik vir jou diens van veertien jaar, wat ’n manier van verkoop was. 21 Hulle verstaan deur hierdie geld die opbrings en die voordeel van Jakob se diens, wat Laban hulle nie net onthou het nie, maar ook self deurgebring het, sonder om iets daarvan met hulle te deel. In dit wat volg deurgebring, Hebr. opgeëet. 22 Hebr. etende geëet, dit is, steeds of deurgaans geëet. |
Want 23al die rykdom wat God van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat God jou gesê het.
| 23 Sien vers 9 se kanttekening. |
Toe maak Jakob hom klaar en laai sy kinders en sy vroue op die kamele,
en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, 24die vee wat syne was, wat hy 25in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän.
| 24 Hebr. die vee van sy besit.
25 Sien Gén. 25:20 se kanttekening. |
Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel 26die huisgode van haar vader gesteel.
| 26 Hebr. terafim, dit was beelde, gemaak volgens die menslike voorkoms, 1 Sam. 19:13, 16, as afgode, Gén. 31:30, 32, om hulle aangaande toekomende dinge te vra, Eség. 21:21, en waardeur ’n mens van die duiwel ’n antwoord gekry het, hetsy dit waarheid of leuen was, Sag. 10:2. Die huisgode word ook vermeld in Rig. 17:5; 18:14, 17, 18, 20. 1 Sam. 15:23 se kanttekening. 2 Kon. 23:24. Hos. 3:4. Aan hierdie huisgode het Laban (hoewel die ware God nie aan hom onbekend was nie, Gén. 30:27 en hier in verse 24, 29) godsdienstige eer bewys, en wou so beide God en die afgode dien, of die kennis van die ware God in ongeregtigheid heeltemal deur afgodery onderdruk, sien Rom. 1:18. Dit is die eerste plek waar die Heilige Skrif van die afgode spreek, alhoewel hulle lank tevore reeds bestaan het. |
En Jakob het Laban, die Arameër, 27mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.
| 27 Hebr. die hart van Laban gesteel. Dit is, hy het heimlik en steelsgewys weggegaan, sonder Laban se medewete en kennis, soos die volgende woorde verklaar, ook verse 26, 27. In hierdie betekenis word hierdie manier van spreek ook gebruik in 2 Sam. 19:3, maar in ’n ander betekenis word dit gevind in 2 Sam. 15:6. Dit wil voorkom of die ingewing en uitdruklike bevel van God die rede vir sy haastige en stil vertrek was, vers 13. |
So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad het: hy het hom klaargemaak en deur 28die Eufraat gegaan en 29sy aangesig gerig na die gebergte van 30Gílead.
| 28 Hebr. die rivier. Ook genoem die Frat, wat tussen Chaldéa en Kanaän vloei, Gén. 2:14; 15:18. Sonder die byvoegsel van die eienaam, word dit die rivier genoem weens sy grootte en bekendheid. So ook in Ex. 23:31. Jos. 24:2, 3.
29 Dit is, hy het vasberade besluit om die pad daarheen aan te pak. Sien Jer. 50:5. Luk. 9:51, 53. 30 ’n Gebergte geleë agter Fenícië oorkant die Jordaan en wat grens aan die gebergte Líbanon. Aan die onderkant van hierdie gebergte was ’n baie goeie land, ook Gílead of Galaäd genoem, vrugbaar en met weiding, Gén. 37:25. Deut. 34:1. Jer. 8:22; 22:6. Hierdie land is naderhand van die Amoriete afgeneem, en as erfdeel gegee aan die stamme van Gad en Ruben, en die halwe stam van Manasse. Sien Núm. 32:1, ens. Deut. 3:12, 13, 15, 16. Jos. 13:8-11, ens. |
31En op die derde dag kry Laban die tyding dat Jakob gevlug het.
| 31 Laban se kleinvee was drie dagreise ver van Jakob se kleinvee af geleë, Gén. 30:36. |
Daarop het hy sy 32broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, 33’n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van Gílead.
| 32 Dit is, bloedverwante; so ook in dit wat volg.
33 Dit is, sewe dagreise. Sien Gén. 30:36. |
Maar 34God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom 35in ’n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob 36geen goed of kwaad spreek nie.
| 34 Naamlik, voordat hy Jakob ingehaal het, of by hom gekom het.
35 Sien Gén. 20:3 se kanttekening. 36 Hebr. van die goeie tot die kwade, dit is, jy sal hom nie met goeie, en ook nie met kwade woorde van sy reis laat afsien nie, maar hom met sy reis laat voortgaan. Vgl. Gén. 24:50. |
En Laban het Jakob ingehaal; Jakob het sy tent al 37opgeslaan gehad in die gebergte, en Laban met sy broers het dit opgeslaan in die gebergte van Gílead.
| 37 Hebr. vasgemaak, geheg. |
Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat jy 38my mislei en my dogters 39soos krygsgevangenes weggevoer het?
| 38 Sien vers 20 en die kanttekening.
39 Dit is, wat met geweld en teen hulle wil weggevoer word; wat Laban Jakob ten onregte verwyt. Sien verse 14-16. |
40Waarom het jy stilletjies gevlug en 41my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en 42siter kon 43weggebring het?
| 40 Hebr. Waarom het jy jou weggesteek om te vlug?
41 Dit is, waarom het jy steelsgewys buite my wete van my af weggetrek? Vgl. dit met vers 20. Anders aldus: het my besteel, of my gesteel, dit is, dit wat myne is gesteel. 42 Sien Gén. 4:21 se kanttekening. 43 Sien Gén. 18:16 se kanttekening. |
Ook het jy my nie toegelaat om my seuns en dogters 44te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel.
| 44 Sien Gén. 29:11 se kanttekening. |
Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar die God van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob 45geen goed of kwaad te spreek nie.
| 45 Sien vers 24 se kanttekening. |
Nou 46is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy 47so erg verlang het na die huis van jou vader — maar 48waarom het jy my gode gesteel?
| 46 Hebr. het jy gaande gegaan.
47 Hebr. verlangende verlang het. 48 ’n Groot blindheid in Laban dat hy sy beelde as gode ag, wat mense, volgens sy mening, nogtans van hom kon steel. Vgl. vers 19. |
Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek bevrees was, want 49ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my wegneem.
| 49 Anders: ek het gesê, naamlik ek het vir my vroue, of vir my gesin gesê. Sien Gén. 20:11 se kanttekening. |
Die een by wie u u gode vind — hy mag nie lewe nie! 50Ondersoek 51wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.
| 50 Hebr. Ondersoek vir jou. Sien ook Gén. 12:1 se kanttekening.
51 Naamlik van u goed. |
Toe gaan Laban in die tent van Jakob en in die tent van Lea en in die tent van die twee slavinne, maar hy het niks gekry nie; en toe hy uit die tent van Lea uitgaan, kom hy in die tent van Ragel.
Maar Ragel het die huisgode geneem en dit in die 52kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent deurgevoel, maar niks gekry nie.
| 52 Anders: strooisel. |
Daarop sê sy vir haar vader: 53My heer moet nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want 54dit gaan met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisgode nie gekry nie.
| 53 Dit is, laat dit nie my heer se gramskap verwek nie; wat gewoonlik in die oë gesien kan word.
54 Hebr. die weg van vroue is met my. |
Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, 55dat u my so vurig agternagesit het?
| 55 Hebr. dat u gebrand het agter my. Die Hebreeuse woord beteken dikwels om iemand met ’n brandende, heftige, grimmige en vyandige gemoed te vervolg; soos in 1 Sam. 17:53. Klaagl. 4:19. Vgl. ook Ps. 10:2 se kanttekening. |
Nou dat u 56al my goed deurgevoel het — wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee.
| 56 Hebr. al my voorwerpe, so ook hierna van al die voorwerpe van u huis. |
Twintig jaar was ek nou by u. U skaap- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie.
Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: 57ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is.
| 57 Dat Jakob Laban moes vergoed vir wat die wilde diere verskeur het, was onbillik en teen die wet, Ex. 22:13. |
Ek was ’n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het 58gevlug van my oë.
| 58 Anders: gewyk. Soortgelyke manier van spreek word ook gevind in Est. 6:1. |
59Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar 60vir u kleinvee; en u het my loon 61tien maal verander.
| 59 Hebr. Dit is vir my twintig jaar in u huis.
60 Dit is, vir so ’n gedeelte van die kleinvee wat, volgens ons ooreenkoms, my loon sou wees. 61 Sien vers 7 se kanttekening. |
As die God van my vader, die God van Abraham en 62die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie — ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande 63aangesien en verlede nag geoordeel.
| 62 Dit is, God wat my vader Isak met groot eerbied en godvrugtigheid dien. So word God ook julle vrees genoem in Jes. 8:13, omdat Hy met ’n kinderlike vrees deur ons gevrees moet word.
63 Die sien van God beteken sy teenwoordige weldadigheid, soos in Gén. 16:13; 29:32. Ex. 3:7, 9. Ps. 31:8 en hier; of sy straf, Gén. 11:5. 1 Kron. 12:17, ens. |
Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters — wat 64sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle 65seuns wat hulle gebaar het?
| 64 Dit is, hoe sou ek sover kom dat ek hulle sou kwaad aandoen, omdat hulle my eie vlees en bloed is. Hy gee voor om nou vriendskap te soek, omdat hy sien dat hy nie die mag het om Jakob en die wat aan hom behoort enige leed aan te doen nie. Dit was die bestiering van die Here, wat vir die rede aan Laban verskyn het.
65 Anders: kinders. |
Kom dan nou, laat ons ’n verbond 66sluit, ek en jy, dat dit ’n getuie tussen my en jou kan wees.
| 66 Sien Gén. 15:18 se kanttekening. |
67Daarop het Jakob ’n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.
| 67 Daarmee toon hy dat hy alle klagtes laat vaar het, en dat hy gewillig was om die verbond te sluit. |
En Jakob het aan 68sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en ’n hoop gemaak en 69daar op die hoop geëet.
| 68 Dit is, bloedverwante, vriende. Sien verse 32, 37, 54.
69 Naamlik ná die sluit en bevestiging van die verbond. |
En Laban het dit 70Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit 71Gal-ed genoem.
| 70 Dit is, in die Aramese taal wat Laban gespreek het, ’n hoop van getuienis, wat ’n teken van die verbond was, wat hulle daar met mekaar gesluit het.
71 Hebr. Galed. Hierdie naam beteken dieselfde in Hebreeus as wat die voorgaande in Aramees beteken. Want Jakob, wat ’n Hebreër was, wou hierdie hoop ook in sy taal ’n naam gee. |
Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag ’n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit 72Gal-ed genoem,
| 72 Sodat hierdie naam, wat Jakob in Hebreeus gegee het, die naam gebly het vir hierdie gebergte en omliggende gebied; soos dit daarom ook tevore deur Moses so genoem is, verse 21, 23. |
en ook 73Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons 74mekaar nie meer sien nie.
| 73 Hebr. Mitspa, dit is, plek van opsig of toesig, of wagplek; omdat God (soos in dit wat volg) die wag en toesig sou hou oor die verbond wat gesluit is.
74 Hebr. die man van sy naaste of vriend, dit is, wanneer ons dan so ver van mekaar geskei sal wees. |
As jy my dogters 75mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, 76dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou.
| 75 Of: verdruk.
76 Dit is, daar is geen buitestander by ons, wat die getuie kan wees en die oortreder kan straf nie. Anders: niemand sal by ons wees nie, naamlik, as ons van mekaar geskei sal wees, behalwe God, ens. |
Verder sê Laban vir Jakob: Daar is dié hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het —
hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie 77dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jý na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie.
| 77 Anders: indien ek, naamlik, meen dat ek te na gekom is en hier verbygaan, dat ek dit nie sal doen in vyandskap nie, maar in vriendskap; en net so ook jy. Of anders aldus: indien dit ek is, wat hier verbygaan na jou toe, dat ek dit nie ten kwade sal doen nie, en jy ewemin. |
78Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer 79by die Vrees van sy vader Isak.
| 78 Hy vermeng die God van Abraham, wat die enigste ware God is, met die afgode, wat Tera, Nahor en Abraham self, voor sy bekering, in Chaldéa gedien het, Jos. 24:2. Sy doel is nie net om so ’n bietjie aan te pas by Jakob nie, maar ook om soos ’n afgodiese huigelaar te hink op beide kante, sien ook vers 19 se kanttekening. Ander verstaan dat Laban op sy afgodiese manier aldus gespreek het: Die gode van Abraham en die gode van Nahor en die gode van hul vaders, ens., waarmee Laban Jakob verwyt dat hy van sy voorvaders se godsdiens afgewyk het; en dat hierteenoor Jakob se eed gestel word, wat hy slegs by die ware God doen.
79 Sien vers 42. |
Toe het Jakob 80’n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om 81brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly.
| 80 Die Hebreeuse woord beteken wel om te offer, maar ook om te slag vir ’n vrolike maaltyd; soos in 1 Sam. 28:24. 1 Kon. 1:9. 2 Kron. 18:2, ens.
81 Dit is, om maaltyd te hou. Sien Gén. 37:25. Ex. 18:12. 2 Kon. 6:22. Luk. 14:1, ens. |
En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters 82gesoen en hulle 83geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek.
| 82 Sien Gén. 29:11 se kanttekening.
83 Dit is, hy het hulle alle geluk en welvaart toegewens tydens die afskeid; soos dit gebruiklik was as mense mekaar gegroet het, nie net met die vertrek nie, maar ook met die aankoms. Sien Gén. 47:7, 10. Rut 2:4. 1 Sam. 13:10. 2 Sam. 8:10. |
EN toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het Ragel 1jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders 2sterf ek.
| 1 Of: sy het haar suster beny.
2 Dit is, anders gaan ek sterf van hartseer. Woorde van menslike swakheid, wat spruit uit ongeduld. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 20:3 en die kanttekening. |
Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: 3Is ek dan in die plek van God wat die 4vrug van die skoot aan jou onthou het?
| 3 Dit is, is ek dan almagtig dat ek jou vrugbaar kan maak? Dit is slegs God wat kinders kan gee. Sien 1 Sam. 2:5. Ps. 113:9; 127:3. Josef spreek dieselfde woorde in Gén. 50:19.
4 Dit is, kinders, Deut. 7:13; 28:4. Ps. 132:11. Jes. 13:18. Christus word ook so genoem ten opsigte van sy menslike natuur, Luk. 1:42. |
5En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy 6op my knieë kan baar en ek ook uit haar 7gebou kan word.
| 5 Sy volg liewer die voorbeeld van Sara, Gén. 16:2, as die lofwaardige voorbeeld van Isak en Rebekka, Gén. 25:21.
6 Dit is, sodat ek die kinders wat sy van jou kry, in my skoot kan ontvang en as my kinders beskou. Sien dieselfde manier van spreek in Gén. 50:23. 7 Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 16:2 se kanttekening. |
Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha 8as vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan.
| 8 Sien Gén. 16:3 en die kanttekening. |
En Bilha het swanger geword en vir Jakob ’n seun gebaar.
Toe sê Ragel: 9God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my ’n seun gegee. Daarom het sy hom 10Dan genoem.
| 9 Dit is, Hy het my saak tot my voordeel besleg. Sien Gén. 15:14 se kanttekening.
10 Dit is, wat ’n saak uitvoer, tereg wys of gerig uitoefen. |
En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob ’n tweede seun gebaar.
Toe sê Ragel: Ek het 11bomenslike worstelinge met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom 12Náftali genoem.
| 11 Hebr. worstelinge van God, dit is, baie groot, swaar, moeilike worstelinge. Sien Gén. 13:10 se kanttekening. Die betekenis is: Ek en my suster het (om so te sê) teen mekaar geveg en gestry om kinders te kry. En dit het met my gegaan volgens my wens bo my suster se verwagting. Of: worstelinge van God, dit is, in gebede tot God, waarmee ek teen my suster geworstel het, en deur God se genade oorwin het.
12 Dit is, my worsteling. |
En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, 13neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou.
| 13 Uit ’n menslike stryd, nie vergenoegd met die voorgaande seën nie. |
En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob ’n seun gebaar.
Toe sê Lea: 14Gelukkig! En sy het hom 15Gad genoem.
| 14 Dit kan ook beteken: Daar het ’n bende gekom, dit is, hierdie seun, gevoeg by die voorgaande, sal ’n klomp, of bende mense maak. In die Hebreeus is daar ’n woord wat uit twee saamgevoeg is, asof ’n mens sê: ’n bende kom.
15 Dit is, geluk, of: klomp, skare, bende. |
Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob ’n tweede seun gebaar.
Toe sê Lea: 16Ek, gelukkige! want die 17dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom 18Aser genoem.
| 16 Of: Tot my geluk; verstaan: word hierdie seun nog vir my gebore.
17 Verstaan die vroue in die algemeen. 18 Dit is, gelukkig, of wat gelukkig maak, of geluk bring. |
En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld 19liefdesappels gevind en dié na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se liefdesappels.
| 19 Hebr. dûdaïm. Hierdie woord dui op sekere lieflike vrugte of blomme, baie aangenaam van reuk, kleur en smaak. Die woord liefdesappels word nêrens anders in die Skrif gevind nie, behalwe hier en in Hoogl. 7:13. |
Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.
Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na mý kom, want ek het jou 20eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap.
| 20 Hebr. ek het jou vir loon hurende vir loon gehuur, dit is, vas, sekerlik, uitdruklik. Anders: vir ’n ooreengekome of bestemde loon het ek jou gehuur. |
En God het Lea 21verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob ’n vyfde seun gebaar.
| 21 Uit genade, nieteenstaande haar menslike swakheid en gebreke. |
Toe sê Lea: God 22het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom 23Íssaskar genoem.
| 22 Dit is, ek reken my genoegsaam beloon vir my seun se liefdesappels, omdat God, nadat ek kinders uit my slavin gekry het, nog daarby, buite my verwagting, uit my eie liggaam hierdie seun vir my gegee het. Ander het vir die woord omdat die woord nadat.
23 Hebr. Isjsager, dit is, daar is ’n loon. |
En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob ’n sesde seun gebaar.
Toe sê Lea: God het my 24’n mooi geskenk gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom 25Sébulon genoem.
| 24 Die Hebreeuse woord wat hier met geskenk weergegee word, word nêrens anders in die Heilige Skrif gevind nie. Die meeste meen dat dit ’n besondere en voortreflike geskenk beteken.
25 Hebr. Zébulun, dit is, woning of bywoning. |
En daarna het sy ’n dogter gebaar en haar 26Dina genoem.
| 26 Dit is, regsaak of gerig. |
27En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en 28haar skoot geopen:
| 27 Sien Gén. 8:1 se kanttekening.
28 Sien Gén. 20:18 se kanttekening. |
sy het bevrug geword en ’n seun gebaar. Toe sê sy: God het my 29smaad 30weggeneem.
| 29 Wat in daardie tyd in die onvrugbaarheid was, 1 Sam. 1:6. Jes. 4:1. Luk. 1:25, en dit veral om twee redes: (1) Omdat dit wil voorkom of die onvrugbares uitgesluit was van die belofte wat aan Abraham gemaak is aangaande die vermenigvuldiging van sy nageslag. (2) Omdat hulle uitgesluit was van die hoop, wat hulle anders kon hê, dat die Messías (wat uit die nageslag van Abraham moes voortkom) een van hulle nakomelinge sou wees.
30 Hebr. vergader, ingetrek, teruggeneem. |
En sy het hom 31Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my ’n ander seun daar byvoeg!
| 31 Hierdie naam wys skynbaar op twee woorde, naamlik, die voorgaande wegneem, en wat hier staan, byvoeg. |
En nadat Ragel Josef gebaar het, sê 32Jakob vir Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my land kan gaan.
| 32 Naamlik, toe die ander sewe jaar van sy diens verby was, en hy niks meer aan sy skoonpa verskuldig was nie. |
Gee my vroue en my kinders 33waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self 34hoe ek u gedien het.
| 33 Verstaan dit eintlik ten opsigte van die vroue.
34 Naamlik tydens die veertien jaar, met groot ywer en trou. |
Daarop antwoord Laban hom: As ek nou 35guns in jou oë gevind het — ek het waargeneem dat die HERE my om jou ontwil geseën het.
| 35 Sien Gén. 18:3 se kanttekening oor hierdie manier van spreek. Dit is ’n onvoltooide sin, in sulke redevoeringe gebruiklik, wat ’n mens kan aanvul met hierdie woorde: Bly dan tog by my, en sê maar die loon wat jy van my begeer. |
Verder sê hy: Bepaal 36vir my jou loon, en ek sal dit gee.
| 36 Hebr. oor of op my. Hy wil sê: Lê my so ’n loon op soos jy wil. Die Hebreeuse woordjie beteken deursteek, deurboor, heg, vasmaak, en vervolgens bepaal. |
Toe antwoord hy hom: U weet self 37hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het.
| 37 Of: watter diens ek aan u gelewer het, en wat u deur my verwerf of verkry het; dit is, hoe u voorspoed ervaar het deur my diens. |
Want min was dit wat u vóór my koms gehad het, en dit het sterk 38vermeerder; en die HERE het u geseën 39op my voetspoor. Wanneer sal ek dan nou ook 40vir my huis werk?
| 38 Of: uitgebrei. Sien oor die eienskap van hierdie woord Gén. 28:14 se kanttekening.
39 Dit is, nadat ek u sake bestuur en hanteer het, of: sedert ek my voete in u huis gesit het. 40 Of: iets doen vir my huisgesin. |
En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my 41niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, 42wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg —
| 41 Naamlik geen loon deur u vasgestel nie, maar wat God se voorsienigheid my sal vergun en beskik.
42 Hebr. ek sal terugkeer, ek sal oppas, ens. |
ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die 43gestippelde en 44bont 45vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat 46swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, 47dit moet my loon wees.
| 43 Dit is, gekleur met klein stippels.
44 Dit is, met groot vlekke. 45 Verstaan kleinvee soos skape, lammers en bokke. 46 Of: ’n donker kleur. Die Hebreeuse woord kom van brand, hitte, warmte. 47 Dit is, my loon sal wees die gestippeldes of bontes of swartes wat gebore sal word uit die enkelkleurige diere, naamlik die wat heeltemal wit is, wat ek sal oppas. |
48En my regverdigheid sal 49later vir my getuig: 50as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees.
| 48 Dit is, as u dalk vandag of later kom kyk wat my ten loon geval het, sal dit openlik en onteenseglik blyk wat my regverdige loon is, of die teendeel.
49 Hebr. môre. Dit is, in toekomende tyd. So is die woord môre dikwels in die Heilige Skrif gebruik; soos in Ex. 13:14. Deut. 6:20. Jos. 4:6. Matt. 6:34. 50 Anders: as dit kom (naamlik die geregtigheid) om my loon na te gaan. |
Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens jou woord!
En 51hy het dieselfde dag uitgekeer 52die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en dié aan sy seuns afgegee.
| 51 Naamlik Laban.
52 Naamlik aan die bene, in die vorm van ’n band, volgens die eienskap van die Hebreeuse woord. |
En hy het 53’n afstand van drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas.
| 53 Of: drie dagreise; verstaan tussen die kleinvee van Laban se seuns, en die ander wat Jakob opgepas het, sodat die wittes nie tog met die bont of swart vee sou vermeng nie. |
54Toe neem Jakob vir hom 55groen 56latte van populier-, amandel- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom;
| 54 Dit het Jakob gedoen deur die ingewing en bestiering van God. Sien Gén. 31:9. So het God vir Jakob gesorg, sodat Laban hom nie met leë hande na sy huis sou laat gaan nie. Sien Gén. 31:42.
55 Of: vars. 56 Of: stokke. |
en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en 57hulle het verhit geword as hulle kom drink.
| 57 Dit is, terwyl hulle verhit was het hulle dragtig geraak. |
En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam 58gestreeptes, gestippeldes en bontes.
| 58 Naamlik aan die bene, soos in vers 35. |
Toe skei Jakob 59die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En 60hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en dié nie onder Laban se vee gesit nie.
| 59 Naamlik wat bont of swart was. Hy het hulle laat voorgaan, en die ander het hy laat volg; sodat die ander die bont en swart vee voor hulle oë sou hê as hulle gepaar het.
60 Naamlik, sodat hulle deur aanskoue van die enkelkleuriges nie lammers sou voortbring wat enkelkleurig is nie. |
En elke keer as die 61sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle verhit sou word by die latte.
| 61 Dit is, diere wat in die lente gebore is, wat volgens die eienskap van die Hebreeuse woord stewig, sterk en kompak van bou was. |
Maar as 62die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.
| 62 Dit is, vee wat in die herfs gebore is; wat swak en nie sterk van bou was nie. |
En die man het 63buitengewoon 64uitgebrei en baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.
| 63 Hebr. baie baie.
64 Sien Gén. 28:14 se kanttekening. |
Jakob werk vir Laban. Hy trou met Lea en Ragel. Sy vroue het baie seuns, en hy word ryk.
TOE 1lig Jakob sy voete op en gaan na die land 2van die kinders van die Ooste.
| 1 Deur hierdie manier van spreek word te kenne gegee dat Jakob, nadat hy deur die voorgaande goddelike aanspreking getroos en versterk is, sy reis met lus en vreugde voortgesit het.
2 Dit is, van die volk wat aan die oostekant van Kanaän woonagtig is. So ook in Rig. 6:33. 1 Kon. 4:30. Job 1:3. Jer. 49:28. |
En meteens sien hy ’n put in die veld en drie troppe kleinvee wat daarby lê, want uit dié put het hulle die vee laat drink; en daar was ’n groot klip op die opening van die put.
En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op sy plek.
Toe sê Jakob vir hulle: My 3broers, waar is julle vandaan? En hulle antwoord: Ons kom van Haran.
| 3 Vgl. Gén. 19:7 se kanttekening. |
En hy vra hulle: Ken julle vir Laban, die 4seun van Nahor? En hulle antwoord: Ons ken hom.
| 4 Dit is, kleinseun. |
Verder sê hy vir hulle: 5Gaan dit goed met hom? En hulle antwoord: Dit gaan goed; en daar kom sy dogter Ragel aan met die vee.
| 5 Hebr. Is vrede vir hom? of: Het hy vrede? So ook in Gén. 43:27. 2 Sam. 18:32. 2 Kon. 4:26, ens. Sien oor die woord vrede Gén. 37:14 se kanttekening. |
En hy sê: Kyk, 6die dag is nog lank; dit is nie tyd om die vee bymekaar te maak nie. Laat die vee drink, en gaan heen, laat hulle wei.
| 6 Hebr. die dag is nog groot. |
Toe antwoord hulle: 7Ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put, en ons laat die vee drink.
| 7 Hebr. Ons sal nie kan nie, naamlik weens die swaar gewig van die klip, wat die paar van ons nie kan wegrol nie, en weens die gewoonte wat ons het om vir mekaar te wag. |
Terwyl hy nog met hulle praat, kom Ragel met die kleinvee van haar vader aan, want 8sy het hulle opgepas.
| 8 Sien dergelike voorbeelde in Ex. 2:16. Hoogl. 1:7, 8. |
Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en 9rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer.
| 9 Dit is, hy het die herders in Ragel se plek gehelp om die klip weg te rol, want alleen kon hy dit nie doen nie. Sien vers 8. |
En Jakob het Ragel 10gesoen en sy stem verhef en 11geween.
| 10 Volgens die gebruik van daardie lande, as ’n manier van groet; sowel met die aankoms, soos in vers 13; Gén. 33:4. Ex. 4:27; 18:7, as met die vertrek, Rut 1:14. 1 Sam. 20:41. 1 Kon. 19:20.
11 Naamlik van blydskap, omdat hy sy niggie so maklik en tydig daar ontmoet het. Sien oor dergelike ween ook Gén. 33:4 se kanttekening. |
En Jakob het Ragel vertel dat hy haar vader se 12broer en die seun van Rebekka was. Daarop het sy geloop en dit aan haar vader vertel.
| 12 Sien Gén. 13:8. |
13Toe Laban die tyding hoor van Jakob, die seun van sy suster, loop hy hom tegemoet en omhels hom en soen hom en bring hom in sy huis. En hy het aan Laban 14al hierdie dinge vertel.
| 13 Hebr. Toe Laban die hoor van Jakob gehoor het.
14 Naamlik die rede vir sy reis, en wat met hom gebeur het op die pad, wat Laban alles moes weet, om alle agterdog oor so ’n skielike en onaansienlike aankoms uit die weg te ruim, in vergelyking met Eliëser se aankoms, Génesis 24. |
Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my 15been en my vlees. En hy het by hom 16’n volle maand gebly.
| 15 Dit is, my bloedverwant, my familie. Sien dieselfde manier van spreek in Gén. 2:23. Rig. 9:2. 2 Sam. 19:12, 13. 1 Kron. 11:1, asook in die geestelike betekenis in Ef. 5:30.
16 Hebr. ’n maand van dae, dit is, ’n volle maand, of soveel dae as daar in een maand is. So is ’n jaar van dae, Gén. 41:1, om te sê: ’n volle jaar. |
Daarop het Laban aan Jakob gevra: Sou jy my verniet dien, omdat jy my broer is? Sê my wat jou loon moet wees.
En Laban het twee dogters gehad — die naam van die 17oudste was Lea, en die naam van die 18jongste Ragel.
| 17 Dit is, die grootste.
18 Dit is, die kleinste. |
En Lea het 19dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien.
| 19 Dit is, swak en gebreklike. |
En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: aEk sal u 20sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter.
| a Hos. 12:13. | 20 Jakob bied aan om ’n lang tyd te dien; sowel omdat die gierigheid van sy oom nie aan hom onbekend was nie, asook omdat hy Ragel baie liefgehad het, en hy begeer het om op die manier tegelykertyd die bruidskat te betaal wat ’n bruidegom in daardie tyd moes gee; soos blyk uit Ex. 22:17. 1 Sam. 18:25. |
Toe antwoord Laban: 21Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan ’n ander man gee. Bly by my.
| 21 ’n Twyfelagtige en listige antwoord, soos die uitkoms wel bewys het. |
So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë 22soos ’n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.
| 22 Hebr. een dae of enkele dae. Sien hierdie manier van spreek ook in Gén. 27:44. Die betekenis van hierdie woorde is dat hierdie tyd vir Jakob baie kort gevoel het. |
Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog 23my vrou, want 24my dienstyd is om, 25dat ek by haar kan ingaan.
| 23 Dit is, my verloofde, volgens die huweliksooreenkoms. Sien dergelike manier van spreek in Matt. 1:18, 19. Luk. 2:5.
24 Naamlik die ooreengekome jare van my diens. 25 Sien Gén. 6:4 se kanttekening; Gén. 16:2. |
Daarop het Laban 26al die manne van die plek versamel en ’n maaltyd berei.
| 26 Dit is, vreeslik baie, naamlik al sy vriende en bekendes, bure en die aansienlikstes van die stad, volgens die gewoonte; sien Rig. 14:10, 11. Joh. 2:1, 2, ens. Laban het al hierdie mense in groot getalle genooi, sodat Jakob nie maklik sou durf om die lis, wat Laban bedink het om hom mee te bedrieg, te verander nie. |
Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem 27en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan.
| 27 Dit wil uit hierdie gedeelte voorkom of dit in daardie tyd gebruiklik was dat hulle die bruid na die bruidegom in die slaapkamer gebring het, terwyl sy bedek was met ’n doek of sluier, vanweë haar ingetoënheid; maar onder hierdie skyn is Jakob bedrieg. |
En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, 28as slavin.
| 28 Dit was in die tyd ’n gebruik dat die ouers, wanneer hulle hul dogters ten huwelik gee, ’n slavin of ander vrouepersoon saamgegee het. Sien Gén. 24:59. |
En die anderdagmôre — daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?
En Laban antwoord: 29Dit is hier by ons nie die gewoonte om 30die jongste voor die oudste weg te gee nie.
| 29 Indien dit so was, moes Laban dit tevore vir Jakob gesê het, en hom nie so lelik bedrieg en mislei het nie.
30 Hebr. die kleine, dit is, die jongste. |
31Hou die volle bruilofsweek met haar; 32dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring.
| 31 Dit is, hou hierdie sewe dae van die bruilofsfees met Lea uit. Sien dergelike voorbeeld van ’n sewedaagse bruilof in Rig. 14:12, 15, 17. Sommige verstaan hierdie week as ’n jaarweek, dit is sewe jaar.
32 Naamlik ná die einde van hierdie week, soos volg in vers 28. |
En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe 33gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou.
| 33 Hoewel dit wil voorkom of hierdie vryheid om twee susters aan een man te gee, nog nie deur menslike wette verbied was nie, nogtans was dit teenstrydig met die natuur en teen die wet wat daarna deur Moses gegee was, Lev. 18:18. |
En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavin Bilha gegee as slavin vir haar.
En 34hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook meer liefgehad as Lea. En hy was by hom nóg sewe jaar in diens.
| 34 Jakob laat hom oorreed om twee vroue tegelyk te neem, wat wel volgens die gebruik van daardie tyd was, maar nie volgens die instelling van God nie, Gén. 2:24. Mal. 2:15. Sien ook Gén. 4:19 se kanttekening. |
En toe die HERE sien dat Lea 35die nie-geliefde was, het Hy haar skoot 36geopen; maar Ragel was onvrugbaar.
| 35 Hebr. gehaat. Dit is, dat sy vir haar man nie so geliefd en aangenaam was soos Ragel nie, sien vers 20. Soms word die woord haat gebruik vir minder liefhê. Sien Deut. 21:15. Matt. 6:24. Luk. 14:26.
36 Dit is, Hy het haar vrugbaar gemaak. Sien Gén. 20:18 se kanttekening. |
En Lea het bevrug geword en ’n seun gebaar en hom 37Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my 38liefhê.
| 37 Dit is, kyk ’n seun of ’n seun van aansien, asof sy sê: Sien hoe God nou vir my ’n seun gegee het in my verdrukking; omdat haar man haar nie so liefgehad het soos haar suster nie.
38 Dit is, meer liefhê as tevore. |
En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom 39Símeon genoem.
| 39 Hebr. Sjímon. Hierdie naam is afgelei van ’n woord wat om te hoor of om te verhoor beteken, want God het haar gebed en versugtinge verhoor. |
En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom 40Levi genoem.
| 40 Die naam beteken toegevoeg, aangesluit, of geheg aan, of my byvoeging. Die rede vir hierdie naam staan in die teks. |
En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die HERE 41loof. Daarom het sy hom 42Juda genoem. En sy het opgehou met baar.
| 41 Hiervan kom die naam Jehuda, dit is, lof, danksegging, belydenis, bekentenis.
42 Hebr. Jehuda. |
Droom en gesig van Jakob by Bet-el.
TOE het Isak Jakob geroep en hom 1geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie.
| 1 Dit is, die seën wat hy tevore onwetend gegee het, het hy nou, terwyl hy meer lig oor die saak ontvang het, willens en wetens bevestig, terwyl hy Jakob tegelykertyd voorspoed op sy reis toewens, soos in Jos. 22:7. |
aMaak jou klaar, gaan na 2Paddan-Aram, na die huis van 3Bétuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar ’n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.
| a Hos. 12:13. | 2 Sien Gén. 25:20 se kanttekening.
3 Sien Gén. 22:22, 23. |
En mag 4God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ’n menigte van volke kan word.
| 4 Sien Gén. 17:1 en die kanttekening. |
En mag Hy jou gee 5die seën van Abraham, aan jou ben jou nageslag saam met jou, dat jy die land van 6jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.
| b Gén. 12:7; 13:15; 15:18; 24:7; 26:3. Deut. 34:4. Hand. 7:5. | 5 Dit is, wat aan Abraham beloof is, Gén. 12:3, 7; 15:1, 4, 5, 7; 17:5-8.
6 Sien Gén. 17:8 se kanttekening. |
So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Bétuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau.
Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie;
en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan;
en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän 7sleg was in die oë van sy vader Isak,
| 7 Of: verkeerd, dit is, onaangenaam, of onbehaaglik was. Sien Gén. 21:11 se kanttekening. |
het Esau 8na Ismael gegaan en Máhalat, die dogter van Ismael, die seun van Abraham, die suster van 9Nébajot, 10by sy vroue vir hom as vrou geneem.
| 8 Dit is, na Ismael se geslag, of nageslag, sou Ismael in daardie tyd al oorlede wees, soos sommige aflei uit Gén. 25:17.
9 Ismael se eersgebore seun. Sien Gén. 25:13. 10 Dit is, bo en behalwe die twee vroue wat hy reeds gehad het, Gén. 26:34. Hierdie Máhalat was die derde. Dit wil voorkom of Esau dit gedoen het, omdat hy gedink het hy sal sy vader behaag deur ’n vrou uit sy geslag te neem. |
En Jakob het uit 11Berséba vertrek en na Haran gegaan.
| 11 Sien Gén. 21:31 se kanttekening. |
Daarop kom hy 12by ’n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.
| 12 Sien vers 19. |
En 13hy het gedroom — daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die 14spits tot aan die hemel reik, terwyl cdie 15engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.
| c Joh. 1:52. | 13 Naamlik ’n droom wat God buitengewoon aan hom gestuur het, om aan hom enige verborge en heilige sake te openbaar. Sien ook Gén. 20:3 se kanttekening oor sodanige goddelike openbaring.
14 Hebr. hoof. 15 Verstaan hier die goeie, heilige engele. |
En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: 16Ek dis die HERE, die God van 17jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, esal Ek aan jou en jou nageslag gee;
| d Gén. 35:1, 3; 48:3.
e Deut. 12:20; 19:8. |
16 Sien verse 3, 4.
17 Dit is, grootvader. |
en jou nageslag sal wees 18soos die stof van die aarde, en 19jy sal uitbrei 20na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en fin jou 21en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.
| f Gén. 12:3; 18:18; 22:18; 26:4. | 18 Sien Gén. 13:16.
19 Dit is, kragtig in ’n kort tyd baie vermenigvuldig en uitgebrei word. So ook in Gén. 30:30. Jes. 54:3. 20 Hebr. seewaarts, in die rigting van die see. Sien Gén. 12:8. 21 Hebr. saad. Sien Gén. 12:3; 22:18. |
En kyk, 22Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, 23totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.
| 22 Sien Gén. 21:22 en 26:24 se kanttekeninge.
23 Dit is, nimmermeer, selfs nadat vervul is wat Ek gesê het, soos hierdie manier van spreek dikwels gebruik word, 2 Sam. 6:23. Matt. 18:34. |
Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: 24Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en 25ék het dit nie geweet nie.
| 24 Naamlik op ’n besondere wyse, ten opsigte van die voorgaande openbaring. Andersins is God oral teenwoordig.
25 Dit is, ek het tevore nie gedink dat my hier so ’n goddelike openbaring sou wedervaar nie. |
En hy het bevrees geword en gesê: Hoe 26vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 27’n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.
| 26 Ten opsigte van die heerlikheid van die majesteit van God, wat hier op ’n besondere wyse aan Jakob vertoon is.
27 Dit is, ’n plek waarin God op ’n besondere manier woon, om tot die mense deur sy openbaring te spreek, en dat hulle tot Hom kan spreek, deur hul gebede en godsdiensoefeninge, wat van hier, soos deur ’n poort, in die hemel opklim. |
Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en grig dit as ’n gedenksteen op; en hy het 28olie 29daaroor 30uitgegiet.
| g Gén. 31:13; 35:14. | 28 Hy het hierdie olie vir sy eie behoeftes op die reis saamgeneem, om dit te gebruik tot voedsel en salwing, volgens die gebruik van daardie lande. Die olie is ook gebruik in die offers, en wanneer mense iets aan God geheilig het. Sien Exodus 29.
29 Hebr. op sy hoof. 30 Tot ’n teken dat hy hierdie klip geheilig het, om in die teenswoordige sy dankbaarheid teenoor God te bewys, en in die toekomende dit as ’n gedagtenis na te laat, dat God hier aan hom verskyn het. |
En hy het die plek 31Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore 32Lus.
| 31 Dit is, die huis van God. Sien Gén. 12:8; 13:3.
32 Sien Gén. 35:6; 48:3. |
En Jakob 33het ’n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my 34brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,
| 33 Naamlik om van God sekere weldade te begeer, waarvoor hy hom verbind het tot dankbaarheid.
34 Sien Gén. 3:19 se kanttekening. |
en ek 35behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my 36God wees.
| 35 Of: in vrede. Vgl. Gén. 26:29 se kanttekening.
36 Dit is, ek sal Hom geduriglik as die ware God en Saligmaker erken en bely, en tot die doel die godsdiens instel, soos in die volgende vers. |
En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, 37sal ’n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U 38sekerlik die tiendes afstaan.
| 37 Dit is, ’n plek wat ek sal heilig tot godsdiens vir my en almal wat aan my behoort. Vgl. vers 17 en sien die vervulling in Gén. 35:1, 3, 7.
38 Hebr. ek sal tiendes afstaande afstaan, dit is, sekerlik die tiendes afstaan; naamlik tot onderhouding van die godsdiens, en tot uitoefening van alle weldadigheid aan die behoeftiges. Vgl. Gén. 35:3, 7. |
Jakob word geseën in die plek van Esau.
TOE Isak 1oud geword het en 2sy oë swak was, sodat hy nie kon sien nie, het hy sy 3oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My seun! En hy het hom geantwoord: 4Hier is ek!
| 1 Sommige reken dat hy honderd-sewen-en-dertig jaar oud was.
2 Nie sonder die wonderbare voorsienigheid van God nie, wat deur hierdie blindheid nie net sy dienskneg Isak onderrig het nie, maar ook die eersgeboortereg aan Jakob oorgedra het. 3 Dit is, die eersgeborene. 4 Sien Gén. 22:1 se kanttekening. |
Toe sê hy: Kyk tog, ek het oud geword, 5ek weet die dag van my dood nie.
| 5 Dit is, so min tyd om te lewe is vir my oor dat ek nie weet hoe gou my dood gaan kom nie, terwyl ek dit elke uur en oomblik verwag. |
Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en 6jag vir my ’n stuk wild
| 6 Hebr. jag vir my kos. Dit is, vang deur te jag ’n wildsdier wat ek kan eet. So ook in vers 5. |
en maak vir my 7lekker ete klaar soos ek dit graag wil hê; en bring dit vir my om te eet; sodat 8my siel 9jou kan seën voordat ek sterwe.
| 7 Of: iets wat smaaklik is.
8 Dit is, ek, met ’n opregte voorneme van die gemoed. 9 Verstaan dit nie as ’n algemene seëning, wat ouers al hul kinders by alle geleenthede kan gee nie, maar as ’n besondere, baie uitnemende en grootse profetiese seëning, by wyse van ’n testament ingestel, om sy seun erfgenaam te verklaar van die geestelike en liggaamlike beloftes, wat aan hom en sy vader gemaak is; so ook in Gén. 28:1. |
En Rebekka het geluister terwyl Isak met sy seun Esau spreek. En Esau het in die veld gegaan om ’n stuk wild te jag en dit te bring.
Toe het Rebekka met haar seun Jakob gespreek: Kyk, ek het jou vader met jou broer Esau hoor spreek en sê:
Bring vir my ’n stuk wild en maak vir my lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën 10voor die aangesig van die HERE voor my dood.
| 10 Dit is, welke seëning in God se Naam, en as ’t ware in sy teenwoordigheid uitgespreek en deur sy raadsbesluit bekragtig sal word. |
My seun, 11luister dan nou na my, na wat ek jou beveel.
| 11 Hoewel Rebekka in hierdie optrede middele gebruik wat nie heeltemal verontskuldig kan word nie, het nogtans die saak self, dat sy gepoog het om die eersgeboortereg aan Jakob te laat toekom, ooreengekom met God se wil en verklaring. Sien Gén. 25:23. |
Loop nou na die kleinvee en gaan 12haal vir my daar twee 13mooi bokkies, dat ek jou vader daarvan ’n lekker ete kan maak soos hy dit graag wil hê.
| 12 Hebr. neem; maar die Hebreeuse woord vervat hier ook die woorde om te bring, en die woorde saam is soveel soos om te haal. Sien Gén. 12:15 se kanttekening.
13 Dit is, vet en goed gevoer. Vgl. Gén. 41:5. |
Dan moet jy dit na jou vader bring, dat hy kan eet; sodat hy jou kan seën voor sy dood.
Toe sê Jakob vir sy moeder Rebekka: Kyk, my broer Esau is ’n 14harige man en ek is ’n 15gladde man.
| 14 Dit is, het ’n ruwe vel.
15 Dit is, het ’n sagte vel. |
Miskien sal my vader my betas, en ek sal in sy oë wees 16soos ’n spotter; 17so sou ek dan ’n vloek oor my bring en nie ’n seën nie.
| 16 Hebr. verleier. Die woord soos word soms nie net vir wat dit skynbaar is gebruik nie, maar ook wat dit inderdaad is. Sien Neh. 7:2. Joh. 1:14. 2 Kor. 3:18.
17 Vgl. Deut. 27:18. |
Maar sy moeder antwoord hom: 18Laat jou vloek op my wees, my seun! Luister net na my en gaan 19haal dit vir my.
| 18 Rebekka spreek so vrymoedig, nie uit onbedagsaamheid nie, maar (so wil dit voorkom) uit ’n vaste vertroue op ’n gunstige uitkoms, terwyl sy deeglik oordink (nie net uit die duidelike woorde van God nie, maar ook uit die onheilige lewe van Esau) dat die eersgeboortereg nie hom nie, maar sy broer Jakob toegekom het.
19 Hebr. neem vir my, dit is, neem en bring vir my, naamlik twee klein bokkies, soos ek beveel het. Sien vers 9. |
Toe het hy dit gaan haal en na sy moeder gebring. En sy moeder het daarvan ’n lekker ete gemaak soos sy vader dit graag wou hê.
Ook neem Rebekka die 20beste klere van Esau, haar oudste seun, 21wat by haar in die huis was, 22en sy trek dit vir Jakob, haar jongste seun, aan;
| 20 Hebr. begeerlike klere, of klere van begeerlikheid, dit is, wat ’n mens begeer; wat mooi en kosbare klere is.
21 Dit is, wat sy bewaar het in geurige koffers, soos blyk uit vers 27. 22 Hierdie en die volgende daad, vers 16, wat Rebekka gebruik om haar voorneme uit te voer, is wel ’n vorm van bedrog, maar minder afkeurenswaardig, omdat haar doel was om haar man uit sy dwaling op die regte pad te help, die wil van God te volbring, en haar seun Jakob in besit te stel van dit wat hom deur God se verordening toegekom het. |
en die velle van die bokkies trek sy oor sy hande en oor die gladdigheid van sy nek,
en sy gee die lekker ete en die brood wat sy gemaak het, in die hand van Jakob, haar seun.
Toe kom hy by sy vader en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek! Wie is jy, my seun?
En Jakob sê aan sy vader: 23Ek is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Rig u tog op, sit en eet van my wildsvleis, dat u siel 24my kan seën.
| 23 Dit is wel prysenswaardig in Jakob dat hy die eersgeboortereg in groot waarde hou en met erns begeer; maar die pad wat hy volg, deur met onwaarheid om te gaan, is nie prysenswaardig nie. Eersgenoemde was God se werk in hom, deur die geloof aan sy beloftes; laasgenoemde was afkomstig van homself, deur die swakheid van die verdorwe natuur.
24 Sien vers 4. |
Daarop het Isak aan sy seun gesê: 25Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat die HERE u God dit my laat teëkom het.
| 25 Hebr. Hoe is dit dat jy dit so gou gekry het? Hierdie woorde kan ook vertaal word soos volg: Wat is dit wat jy dit so gou gekry het? |
En Isak sê vir Jakob: Kom tog nader, dat ek jou kan betas, my seun, of jy waarlik my seun Esau is of nie.
En Jakob het nader gekom na sy vader Isak, en hy het hom betas en gesê: 26Die stem is Jakob se stem, maar die hande is 27Esau se hande.
| 26 Dit is, dit klink asof dit Jakob se stem is.
27 So grof asof dit Esau se hande was, soos verklaar word in vers 23. Hieruit blyk dat Isak begin twyfel het of hierdie saak reg verloop het, nietemin het God se raad voortgegaan. |
Maar hy 28het hom nie geëien nie, omdat sy hande harig was soos sy broer Esau se hande; en hy het hom geseën.
| 28 Kennelik deur ’n wonderbare bestiering van die voorsienigheid van God, wat, behalwe die blindheid van oë, ook ’n verduisterdheid van verstand oor hom laat kom het, sodat hy voortgaan met die seëning, hoewel hy Jakob se stem herken en daarom nog getwyfel het, soos dit blyk uit die volgende vers. |
Hy het naamlik gevra: Is jy waarlik my seun Esau? En hy het geantwoord: Ja.
Toe sê hy: Bring dit vir my nader, dat ek van die 29wildsvleis van my seun kan eet, sodat my siel jou kan seën. En hy het dit vir hom nader gebring, en hy het geëet. Hy het vir hom ook wyn gebring, en hy het gedrink.
| 29 Naamlik, wat jy vir my gevang en voorberei het. |
Daarop sê sy vader Isak vir hom: Kom tog nader en 30soen my, my seun!
| 30 Die soen was in daardie dae gebruiklik by sulke plegtige seëninge, tot verering en bewys van goedwilligheid. Sien Gén. 48:10. |
En hy het nader gekom en hom gesoen. Toe ruik hy 31die geur van sy klere, en hy seën hom en sê: Kyk, 32die geur van my seun is 33soos die geur van die veld wat die HERE geseën het.
| 31 Waaruit hy homself nog meer verseker het dat Jakob sy seun Esau was; asof hy sê: Sy klere ruik nie na die diere se stal nie, maar na die lieflike veld.
32 Dit is, die geur van my seun se klere. 33 Wat meestal veroorsaak word deur die gematigheid van die lug, die vrugbaarheid van die land, en die kosbare oorvloed van allerlei gewasse. Die betekenis is: soos die goeie geur van ’n stuk veld ’n teken is van sy mooi ligging, kosbare vrugte, en groot oorvloed, net so is die geur van die klere van my seun vir my ’n teken van die toekomstige geluksaligheid van hom en van almal wat aan hom behoort, wat vergelyk sal kan word met ’n uitnemende stuk veld. |
aEn 34mag God jou gee van die 35dou van die hemel en van die 36vet grond van die aarde en oorvloed van koring en mos.
| a Hebr. 11:20. | 34 Dit is nie net ’n wens nie, maar ook ’n profesie, wat na die letter nie soseer in Jakob nie, maar in sy nageslag vervul sou word. Nietemin was die geestelike weldade, wat daardeur afgebeeld word, gemeen aan hom en alle ware gelowiges.
35 Begryp onder die woord dou, wat weens die skaarsheid van reën in die land Kanaän baie noodsaaklik was, allerlei seën wat deur middel van die lug en die hemel oor die aarde kom. Vgl. Deut. 33:13, 14. 36 Dit is, baie goeie en kosbare gewasse, uit ’n goeie en vrugbare land. Vgl. Deut. 8:8; 32:13, 14; 33:24 en die kanttekening. |
37Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig. 38Wees ’n heerser oor jou broers, en die seuns van jou moeder moet hulle voor jou neerbuig. bVervloek is hulle wat jou vloek, 39en geseënd hulle wat jou seën.
| b Gén. 12:3. | 37 Hierdie wens of seën is vernaamlik vervul in die tyd van Dawid, Salomo, en die konings van Juda, tot Joram toe. Sien Gén. 25:23 se kanttekening.
38 Soos die eersgeboortereg meebring. Sien Gén. 25:31 se kanttekening. 39 Sien Gén. 12:3 se kanttekening. |
Maar toe Isak Jakob klaar geseën het en Jakob nog 40skaars van sy vader Isak af weggegaan het, kom sy broer Esau van die jag af,
| 40 Hebr. weggaande weggegaan het. |
en hý maak ook ’n lekker ete en bring dit na sy vader en sê aan sy vader: Laat my vader hom oprig en eet van die wildsvleis van sy seun, sodat u siel my kan seën.
En sy vader Isak vra hom: Wie is jy? En hy antwoord: Ek is u seun Esau, u eersgeborene.
Toe 41skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën — ook sal hy geseënd bly!
| 41 Die Hebreeuse woord beteken ’n baie groot vrees en skrik, gepaardgaande met sidder en bewe; soos in Gén. 42:28. Ex. 19:16, 18. Hierdie skrik laat God oor hom val, deels om hom te weerhou van toornigheid teen Jakob, deels om hom daaraan te laat dink dat die uitkoms van die gegewe seëning ooreenkomstig God se besluit en ewige voorneme was. Sien Gén. 25:23. |
Toe cEsau die woorde van sy vader hoor, skreeu hy met ’n baie groot en bitter geroep, en hy sê vir sy vader: Seën 42mý ook, my vader!
| c Hebr. 12:17. | 42 Anders: Ek is ook my vader s’n, of: Ek is ook u seun, my vader; so ook in vers 38. |
En hy antwoord: Jou broer het gekom 43met bedrog en 44jou seën weggeneem.
| 43 Isak noem die daad van Jakob wel bedrog, soos dit in der waarheid was, maar nou het hy met begrip verstaan dat hy self die oorsaak daarvan was, deur sy voorgaande onverstandigheid; soos dit blyk uit sy volharding by dit wat hy gedoen het, hoewel hy bedrieg is. Sien vers 23.
44 Dit is, wat jou van nature toegekom het, en wat ek van voorneme was om aan jou te gee. |
Daarop sê hy: 45Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer onderkruip het? d46My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou 47my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie?
| d Gén. 25:33. | 45 Waarom hy Jakob genoem is, is te sien in Gén. 25:26; naamlik, omdat hy sy broer Esau aan sy hakskeen vasgehou het tydens hul geboorte. Esau gebruik die naam egter asof Jakob hom laat struikel of gepootjie het, dit is, hom mislei en bedrieg het, wat die Hebreeuse woord ook kan beteken. Sien Jer. 17:9 en die kanttekening.
46 Dit is vals, want hy het dit goedsmoeds aan hom verkoop. Sien Gén. 25:32, 33. 47 Die seën het behoort tot die eersgeboortereg. Omdat hy dit verkoop het, het die seën hom nie meer toegekom nie. |
Toe antwoord Isak en sê vir Esau: Kyk, ek het hom as heerser oor jou gestel en aan hom al sy 48broers as dienaars gegee; en ek het hom met koring en mos 49versorg. Wat kan ek dan nou vir jóú doen, my seun?
| 48 Dit is, Esau se geslag en nageslag.
49 Dit is, voorsien, toegerus, ondersteun, sodat hy daarvan nie net die algemene lewensonderhoud sal hê nie, maar ook dit wat vir hom dien tot besondere versterking. |
Daarop het Esau aan sy vader gevra: Het u net 50een seën, my vader? Seën mý ook, my vader! En eEsau het sy stem verhef en geween.
| e Hebr. 12:17. | 50 Verstaan deur hierdie een seën die vernaamste een, waardeur Jakob as erfgenaam van die goddelike verbond en van die land Kanaän verklaar was. |
Toe antwoord sy vader Isak en sê vir hom: Kyk, ver van die vet grond van die aarde sal jou woonplek wees, en ver van die dou van die hemel daarbo.
En 51van jou swaard sal jy lewe, en 52jou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy 53juk van jou nek 54afruk.
| 51 Dit is, deur wapengeweld sal jy jou volk, land en middele moet handhaaf, en gevolglik ’n onrustige lewe lei, te midde van baie oorloë.
52 Sien Gén. 25:23 se kanttekening. 53 Sien 2 Sam. 8:14. 54 Sien die vervulling hiervan in 2 Kon. 8:20, 22. |
En Esau was Jakob 55vyandig gesind vanweë die seën waarmee sy vader hom geseën het, en Esau 56het in sy hart gedink: Die dae van die rou oor my vader is naby; dan sal ek my broer Jakob doodmaak.
| 55 Hierdie vyandigheid het ook oorgegaan op die kinders en nageslag. Sien Eség. 35:5. Amos 1:11. Obad. vers 10.
56 Hoewel by homself. Hy het dit egter nie net gedink het nie, maar ook met woorde of gebare geopenbaar, sodat dit tot die ore van sy moeder gekom het, soos blyk uit vers 42. |
Maar toe hulle aan Rebekka die woorde van Esau, haar oudste seun, vertel, stuur sy en laat Jakob, haar jongste seun, roep en sê vir hom: 57Kyk, jou broer Esau sal hom op jou wreek deur jou dood te maak.
| 57 Rebekka openbaar aan haar seun wat sy verstaan het aangaande Esau se voorneme, om hom aan te moedig om te vlug. |
My seun, luister dan nou na my: maak jou klaar, 58vlug tog na 59Haran, na my broer Laban,
| 58 Hebr. vlug jy of vlug vir jou. Sien Gén. 12:1 se kanttekening.
59 Sien Gén. 11:31 se kanttekening. |
en bly 60’n rukkie by hom tot die 61woede van jou broer bedaar,
| 60 Hebr. een dae of enkele dae. So ook in Gén. 29:20 en die kanttekening.
61 Die Hebreeuse woord beteken ’n hittige en brandende toorn, soos hierdie toorn van Esau was. |
tot die toorn van jou broer teen jou bedaar en hy vergeet het wat jy hom aangedoen het. Dan sal ek stuur en jou daar laat haal. Waarom moet ek julle 62altwee op een dag verloor?
| 62 Dit is, jou, indien Esau jou vermoor, en Esau, indien hy vanweë die moord deur die owerheid gestraf word of deur ’n regverdige oordeel van God omkom, of, soos Kain, van God se aangesig verdryf word. |
fVerder sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe 63vanweë die dogters van Het. As Jakob ’n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die dogters van die land — waarvoor lewe ek dan?
| f Gén. 26:35. | 63 Hebr. van of voor die aangesig van die dogters van Het, verstaan Esau se vroue. Sien Gén. 26:34. |
Isak in Gerar. Hy maak ’n verbond met Abiméleg. Huwelik van Esau.
EN daar was hongersnood 1in die land, buiten die eerste hongersnood wat 2in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na 3Abiméleg, die koning van die Filistyne, 4na Gerar.
| 1 Naamlik in die land Kanaän, waar Isak destyds gewoon het.
2 Sien Gén. 12:10. 3 Sien Gén. 20:2 se kanttekening. Dit is onseker of dit dieselfde Abiméleg is waarvan in die voormelde hfst. gespreek is, want dan moes hy baie oud gewees het. Dit wil voorkom of hy sy opvolger in die regering was. 4 Sien Gén. 10:19; 20:1 se kanttekening. |
En die HERE het aan hom verskyn en gesê: 5Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek 6jou sal aanwys.
| 5 Soos jy voorgeneem het om te doen, volgens die voorbeeld van jou vader, Gén. 12:10.
6 Sien die volgende vers. |
Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek asal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek 7al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig 8wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.
| a Gén. 13:15; 15:18. | 7 Wat aan die einde van Génesis 15 genoem en beskryf word.
8 Sien Gén. 22:16, 17. |
En bEk sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou 9nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;
| b Gén. 12:3; 18:18; 22:18. | 9 Hebr. saad, dit is, Christus. Sien Gén. 22:18 se kanttekening. |
10omdat Abraham na my stem geluister en 11my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
| 10 Sien Gén. 22:16 se kanttekening.
11 Hebr. onderhouding, bewaring, waarneming, dit is, wat Ek hom beveel het om te onderhou. So ook in Lev. 18:30. Deut. 11:1. Hierdie vier woorde moet soos volg onderskei word: die eerste woord, ordening, is algemeen, dit beteken alles wat God beveel en verordineer het, en die ander drie het in die besonder betrekking op sekere onderskeie dinge: soos die gebooie op die sedewet, die insettinge op die seremoniële wet, die wette op die leer van wat ’n mens verskuldig is om te glo, ens. Elders word hierby die verordeninge gevoeg, waardeur die burgerlike wette verstaan moet word, Deut. 11:1. |
So het Isak dan in Gerar gebly.
En 12toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou — anders sal die manne van die plek, 13so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien.
| 12 Sien soortgelyke voorbeelde in Abraham, Gén. 12:13; 20:2.
13 Dit word hier bygevoeg uit vers 9. Sien oor dergelike byvoegsel 1 Kon. 20:34. 2 Kor. 9:6. |
En 14toe hy al ’n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak 15speel met Rebekka, sy vrou.
| 14 Hebr. as die dae daar lank was of lank geword het vir hom.
15 Verstaan, deur enige speelse, maar eerbare gebare te gebruik, waaruit die koning kon aflei dat hulle man en vrou was. |
En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, 16ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!
| 16 Sien Gén. 20:11 se kanttekening. |
En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy ’n 17skuld oor ons gebring het!
| 17 Dit is, ’n misdaad, wat straf verdien. Sien Gén. 20:9. |
Daarop gee Abiméleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou 18aanraak, sal 19sekerlik gedood word.
| 18 Dit is, kwaad of skade aandoen, hetsy met woorde, of werke, in liggaam, eer, of besittings. Die woord aanraak word ook gebruik vir kwaad aandoen in vers 29. Jos. 9:19. Rut 2:9. Job 1:11. Ps. 105:15. Sag. 2:8.
19 Hebr. sterwende gedood word of met die dood gedood word. |
Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar 20honderdvoudig 21gewen, want die HERE het hom geseën.
| 20 Dit is, vir een maat wat hy gesaai het, het hy honderd maal soveel geoes.
21 Dit is, hy het verkry, ontvang, bekom. |
En die man het 22groot geword 23en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was:
| 22 Dit is, ryk en magtig, soos in Gén. 24:35.
23 Hebr. en hy het gaande en groot wordende gegaan. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 8:3. 2 Sam. 3:1. Jona 1:11 se kanttekening. |
hy het troppe 24kleinvee en beeste gehad en 25baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het.
| 24 Dit is, klein- en grootvee. Sien Gén. 12:16 se kanttekening.
25 Dit is, baie dienaars, asook uitgebreide bewerking van landerye, wingerde, tuine en boorde. Sien Job 1:3 se kanttekening. |
En al die putte 26wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en 27met grond opgevul.
| 26 Sien Gén. 21:25.
27 Hebr. met stof. |
Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek 28weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword.
| 28 Hebr. van met ons. |
Daarop het Isak vandaar weggetrek en 29laer opgeslaan 30in die dal by Gerar en daar bly woon.
| 29 Sien soortgelyke manier van spreek in Gén. 33:18 en elders.
30 Dit is, in ’n lae gebied, ’n ent daarvandaan geleë. |
31En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.
| 31 Hebr. En Isak het teruggekeer en oopgegrawe. |
En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar ’n put 32met lewendige water.
| 32 Wat voortgekom het uit ondergrondse are, terwyl daar altyd helder, vars en drinkbare water opgewel het. Vgl. Lev. 14:5, 50; 15:13. Núm. 19:17. Hoogl. 4:15. |
En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het 33hy die put 34Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
| 33 Naamlik Isak.
34 Dit is, twis, stryery. |
Daarop grawe hulle ’n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit 35Sitna genoem.
| 35 Dit is, vyandskap, haat, teëstand. Afgelei van dieselfde Hebreeuse woord, word die duiwel Satan genoem, dit is, teëstander, hater. |
Toe het hy vandaar versit en ’n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit 36Réhobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak 37en kan ons vrugbaar wees in die land.
| 36 Dit is, ruimtes, uitbreidings.
37 Anders: ons het vrugbaar geword, of ons sal vrugbaar wees. |
Daarna het hy 38vandaar opgetrek na 39Berséba.
| 38 Naamlik uit die dal van Gerar.
39 Waar sy vader vir ’n lang tyd gewoon het. Sien Gén. 21:31-33. |
En die HERE het aan hom 40in dieselfde nag verskyn en gesê: 41Ek is die God van Abraham, 42jou vader. 43Moenie bang wees nie, want 44Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder 45ter wille van Abraham, my kneg.
| 40 Naamlik, direk nadat hy by Berséba gekom het. God die HERE het nie lank met sy troos weggebly nie.
41 Sien Gén. 17:7. 42 Aan wie Ek my woord en beloftes gegee het, wat hy ook aangeneem het. Sien Gén. 31:5, 42. 43 Naamlik vir hierdie Filistyne. Vgl. Gén. 15:1. 44 Sien Gén. 21:22 se kanttekening. 45 Dit is, nie ter wille van sy verdienste nie, maar ter wille van die verbond wat Ek met hom gesluit het. |
Toe 46bou hy daar ’n altaar, en hy het die Naam van die HERE 47aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar ’n put gegrawe.
| 46 Om daarmee aan te toon dat hy geen ander god wou eer of dien nie, as die God van sy vader Abraham.
47 Sien Gén. 4:26 se kanttekening. |
Daarop kom Abiméleg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en 48Pigol, sy leërowerste.
| 48 Sien Gén. 21:22. Dit wil voorkom of dit iemand anders met dieselfde naam was. Ander meen dat dit die algemene naam was van die leërowerstes van daardie land, soos die naam Abiméleg van die konings was. |
En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat 49en my van julle af weggestuur het?
| 49 Sien vers 16. |
Toe antwoord hulle: Ons het 50duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog ’n 51eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons ’n verbond met jou 52sluit:
| 50 Hebr. siende gesien.
51 Of: vloek. Sien Gén. 14:22, 23 en 24:41 se kanttekeninge. 52 Sien Gén. 15:10, 17, 18 se kanttekeninge. |
53jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou 54nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou 55in vrede weggestuur het. Jy 56is nou eenmaal die geseënde van die HERE.
| 53 Of: as jy aan ons kwaad doen! Aangesien ons jou nie aangeraak en aangesien ons jou, ens. ’n Vorm van eedswering waarin die straf verswyg word. Sien Gén. 14:23 se kanttekening.
54 Dit is, nie skade aangedoen nie. Sien vers 11. Sien egter in verse 14-16 wat Isak inteendeel ervaar het. 55 Dit is, ons het nie jou persoon, óf jou huisgesin, óf jou besittings skade aangedoen nie. 56 In die Hebreeus is dit ’n onvoltooide redevoering. Dit wil voorkom of hulle wil sê: Omdat jy so duidelik deur God geseën is, moet jy nie bly dink aan die geringe leed wat jy ervaar het nie. |
Toe berei hy vir hulle ’n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink.
En hulle is die môre vroeg op en het 57vir mekaar ’n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.
| 57 Hebr. die man vir sy broer. |
Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put 58wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry.
| 58 Sien vers 25. |
En 59hy het dit 60Seba genoem. Daarom is die naam van die stad 61Berséba tot vandag toe.
| 59 Sien Gén. 21:31.
60 Hebr. Sjeba, dit is, eed. 61 Dit is, eedbron of put van die eed. In Gén. 21:31 word gesê dat die streek Berséba so genoem is weens die eed wat Abraham en Abiméleg daar vir mekaar gesweer het; maar hier word gespreek van ’n stad in daardie streek, wat ook die naam gekry het weens die eed van Isak en Abiméleg. |
Toe Esau 62veertig jaar oud was, het hy 63Judit, die dogter van Beëri, 64die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en 65Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.
| 62 Hebr. ’n seun van veertig jaar; so oud was sy vader Isak ook toe hy getrou het, Gén. 25:20.
63 Hebr. Jehudit. Sommige meen dat dit sy was wat in Gén. 36:2 Oholibáma genoem word. Dit sou beteken dat sy twee name gehad het, soos ook haar vader, wat hier Beëri genoem word, en in Gén. 36:2 Ana. Dit kon egter twee verskillende vroue gewees het, omdat dit blyk dat Esau tot die misbruik om meer vroue tegelyk te hê, geneig was. 64 Een van die Kanaänitiese volke, sien Gén. 10:15. Hierdie huwelike het Esau teen die wil en goedkeuring van sy ouers aangegaan; sien Gén. 24:3; 27:46; 28:2. 65 In Gén. 36:2 Ada genoem. |
En chulle was vir Isak en Rebekka 66’n bitter verdriet.
| c Gén. 27:46. | 66 Ten eerste oor hulle gruwelike afgodery; ten tweede oor hulle kwade, ydele, wêreldse, trotse en weerspannige maniere; ten derde omdat hulle afkomstig was uit ’n vervloekte nasie, wat God wou verderf en uitroei. |
Die dood van Abraham.
EN Abraham 1het weer ’n vrou geneem met die naam van Ketúra.
| 1 Dit is, hy het ná die dood van sy vrou en die huwelik van sy seun nie ’n wewenaar gebly nie, maar weer getrou. |
aEn 2sy het vir hom 3Simran en Joksan en Medan en 4Mídian en Jisbak en 5Suag gebaar.
| a 1 Kron. 1:32. | 2 Hoewel Abraham toe omtrent honderd-en-veertig jaar oud was, en sy liggaam al op die ouderdom van honderd jaar verstorwe was, Gén. 17:17. Rom. 4:19, het hy nogtans kinders by hierdie Ketúra gekry, nie omdat hy weer wonderbaarlik versterk was, soos toe hy Isak verwek het nie, maar omdat hy die wonderbare krag behou het.
3 Hierdie seun en die wat volg was meestal inwoners van Arabië en ander plekke wat ooswaarts van Kanaän geleë was. 4 Die vader en oorsprong van die Midianiete; sien oor hulle Gén. 36:35. Rig. 6:2. Jes. 10:26. Hulle land was aangrensend aan dié van die Moabiete, Núm. 22:4, en hulle het spoedig van die geloof van Abraham verval tot afgodery, Núm. 25:16-18. Hul land word ook Mídian genoem, Ex. 2:16. 1 Kon. 11:18. 5 Hebr. Sjuag. Dit wil voorkom of Bildad, Job se vriend, van hom afkomstig was, Job 2:11. |
En 6Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete.
| 6 Hebr. Joksjan. |
En die seuns van Mídian was: 7Efa en 8Efer en Henog en Abída en Éldaä. Hulle almal was 9seuns van Ketúra.
| 7 Sien oor Efa Jes. 60:6.
8 Die mening is dat Afrika se naam van hierdie man afkomstig is. 9 Onder die seuns word hier ook die kleinseuns verstaan. |
En bAbraham het 10aan Isak alles gegee wat hy besit het,
| b Gén. 24:36. | 10 Sien Gén. 15:4; 24:36. |
maar aan die seuns van die 11byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na 12die Oosland.
| 11 Sien oor die woord byvroue Gen. 22:24 se kanttekening. Verstaan deur hierdie byvroue Hagar en Ketúra, alhoewel hulle ook met die naam vrou genoem word.
12 Verstaan die lande wat ooswaarts van Kanaän geleë is, soos Arabië, Groot-Asië, ens. |
En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: 13honderd-vyf-en-sewentig jaar.
| 13 Hebr. honderd jaar, en sewentig jaar, en vyf jare. So het Abraham, nadat hy uit Ur getrek het, honderd-en-vyf jaar in vreemdelingskap geleef, en kleinkinders van vyftien jaar oud nagelaat, naamlik Jakob en Esau, soos af te lei is uit vers 26. Intussen het Abraham nooit beswyk in die geloof aan God se beloftes, óf in sy gehoorsaamheid aan sy gebooie, óf in geduld onder baie beproewinge, óf in die hoop van die toekomstige heerlikheid nie, hoewel hy ook voorbeelde van menslike swakheid nagelaat het. Hy het gesterf (volgens die berekening van sommige) in die jaar 2124 ná die skepping van die wêreld; en agt-en-dertig jaar ná die dood van sy vrou Sara. |
Abraham het die asem uitgeblaas en cin goeie 14ouderdom gesterwe, oud en 15afgeleef. En hy 16is by sy volksgenote versamel.
| c Gén. 15:15. | 14 Hebr. grysheid of grouheid, soos God hom belowe het, Gén. 15:15.
15 Dit is, moeg van die moeite van hierdie lewe, en verlangend na die rus van die toekomende. 16 Vgl. Gén. 15:15 se kanttekening. Sien ook hierdie manier van spreek hierna in vers 17; Gén. 49:29. Núm. 20:24; 27:13. Rig. 2:10. |
En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, 17in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,
| 17 Sien Gén. 23:9, 17, 19, 20. |
die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. 18Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.
| 18 Later is ook Isak en Jakob, met hulle vroue, daar begrawe, Gén. 49:29, 31. |
Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak 19geseën; en Isak het gewoon by die put 20Lagai-Roï.
| 19 Volgens die beloftes wat Hy tevore aan Abraham gemaak het, Gén. 17:7, 19.
20 Sien Gén. 16:14; 24:62. |
En dit is die 21stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het —
| 21 Dit is, nakomelinge uit hom gebore. Dit word hier beskryf om die waarheid van God se beloftes te bevestig, wat Hy gemaak het in Gén. 16:10; 17:20. |
dit is die dname van die seuns van Ismael, 22hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, 23Nébajot; dan 24Kedar en Ádbeël en 25Mibsam
| d 1 Kron. 1:29. | 22 Dit is, waarmee hulle genoem word volgens die volgorde van hul geboortes. Sommige meen dat hierdie twaalf seuns van Ismael in die land Nabatea gewoon het, geleë tussen die Eufraat en die Rooi See.
23 Sien Jes. 60:7. 24 Sien Ps. 120:5. Hoogl. 1:5. Jes. 21:16. Jer. 49:28. Eség. 27:21. 25 Ons lees van ’n ander Mibsam, wat die seun van Símeon was, in 1 Kron. 4:25. |
en Misma en 26Duma en 27Massa,
| 26 Sien Jes. 21:11. Dit is ook die naam van ’n stad in die stam van Juda, Jos. 15:52.
27 So is die plek aan die berg Horeb, waar die volk Israel met Moses getwis het, ook genoem. |
Hadad en 28Tema, Jetur, Nafis en Kedma.
| 28 Sien Job 6:19. Jer. 25:23. |
Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, 29twaalf vorste volgens hulle volkstamme.
| 29 Dit is die vervulling van die belofte gegee in Gén. 17:20. |
En dit is die lewensjare van Ismael: honderd-sewen-en-dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, 30en hy is versamel by sy volksgenote.
| 30 Sien Gén. 15:15 en hier vers 8 se kanttekening. |
En hulle het gewoon van 31Háwila tot by 32Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. 33Teenoor al sy broers het 34hy hom gevestig.
| 31 Sien Gén. 2:11 en die kanttekening.
32 Sien Gén. 16:7; 20:1. 33 Sien Gén. 16:12. 34 Naamlik sy vaste woonplek daar gekies. Sien Núm. 34:2. Rig. 7:12 se kanttekening. Hebr. hy het geval, naamlik met sy lot en erfdeel, Jos. 23:4. Ps. 78:55. |
Esau en Jakob.
EN dit is 35die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.
| 35 Dit is, afkoms en nageslag. |
En Isak was 36veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër 37uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.
| 36 Hebr. seun van veertig jaar.
37 Óf die land Mesopotámië, in Gén. 24:10 se kanttekening Sírië van die twee riviere genoem, óf ’n stad of gebied daar geleë. |
En Isak het die HERE 38gesmeek 39met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE 40het hom verhoor, esodat sy vrou Rebekka swanger geword het.
| e Rom. 9:10. | 38 Anders: het aangehou met bid. Dit wil voorkom of Isak ’n baie lang tyd aangehou het om te bid, omdat hy sy twee seuns eers gekry het toe hy sestig jaar oud was, vers 26, en hy reeds twintig jaar met Rebekka getroud was, vers 20. Dit wil voorkom of dit ’n plegtige of doelgerigte gebed was, wat Isak alleen of wat hulle albei eendragtig saam gebid het, om kinders van God die HERE af te bid.
39 Of: in die teenwoordigheid van sy vrou. 40 Hebr. van Hom laat afbid, dit is, die HERE het Hom tot Isak se voordeel laat oorhaal. |
En 41die kinders het 42teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, 43waarvoor leef ek dan? Daarop het sy 44gegaan om die HERE te raadpleeg.
| 41 Hebr. seuns.
42 Naamlik op ’n ongewone, seldsame, smartlike wyse, wat die skeiding en vyandskap van hierdie twee kinders en hul nageslag afbeeld. 43 Hebr. waarom ek so? of: waarom ek dit? Dit is onvoltooide woorde, wat voortkom uit ongeduld en ontsteltenis oor hierdie seldsame gebeurtenis. Dit wil voorkom of dit beteken: As dit is hoe dit is, waarom het ek vir kinders gewens? Of: waarom gee God hulle vir my? Of: waarom het ek verwagtende geraak? 44 Naamlik in ’n eensame plek, om in hierdie nood vuriglik tot die HERE te bid; of om die HERE se bedoeling te verstaan deur na ’n profeet, soos Abraham self, of enige ander nog lewende godsalige patriarg te gaan. |
En 45die HERE het haar geantwoord: 46Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal 47van mekaar gaan uit jou liggaam; fen 48die een volk sal sterker wees as die ander volk; gen 49die oudste sal die jongste dien.
| f 2 Sam. 8:14.
g Rom. 9:12. |
45 Naamlik deur direkte woorde, of deur ’n gesig, of in ’n droom, of deur inwendige ingewing, gedoen aan haar, of aan ’n profeet wat haar dit van Godsweë meegedeel het.
46 Dit is, vaders van twee volke, naamlik Edomiete en Israeliete. 47 Wat vervul is, nie net liggaamlik, ten opsigte van Jakob en Esau, asook die Israeliete en Edomiete nie, maar ook geestelik, ten opsigte van die ware kerk en die volk van God, en die vyande van hulle. 48 Die betekenis is dat die een broer en die een volk magtiger as die ander broer en die ander volk sou wees. 49 Hierdie woorde verklaar die voorgaande. Deur die oudste verstaan Esau, wat betreffende die eersgeboorte, liggaamsterkte en uiterlike vermoë, die meerdere was. So ook sy nageslag wat reeds lankal die gebergte Seïr besit het, en daar geregeer het, terwyl die kinders van Israel vreemdelinge in Kanaän, slawe in Egipte, en arm reisigers in die woestyn was. Nietemin sou hierdie oudste aan die jongste onderworpe wees en hom dien. Dit is vervul, eers in Jakob wat, toe hy die eersgeboortereg verkry het, die heer van sy broer geword het. Daarna in sy nageslag, toe hulle die land Kanaän geërf en die Edomiete aan hulle belastingpligtig gemaak het. Sien 2 Sam. 8:14. Dit word ook vervul in die ware kerk, wat, hoewel sy na die uiterlike heerlikheid en mag meestal geringer is as die valse kerk, nogtans Christus deur sy Woord en Gees in haar midde het, terwyl Hy heers oor al sy en die kerk se vyande. |
En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar ’n tweeling in haar skoot.
En die eerste is gebore — rooi, geheel en al soos ’n 50mantel van hare. Daarom het hulle hom 51Esau genoem.
| 50 Die Hebreeuse woord beteken ’n bo-kleed, soos ’n mantel of rok.
51 Dit is, gemaak, volmaak, omdat hy hare gehad het soos ’n volwasse man. |
En daarna is sy broer gebore, hterwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom 52Jakob genoem. En Isak 53was sestig jaar oud by hulle geboorte.
| h Hos. 12:4. | 52 Hebr. Jaäkob. Hierdie naam beteken iets soos hakskeenvashouer. Sien Gén. 27:36 se kanttekening.
53 Hebr. ’n seun van sestig jaar. Soos Abraham, toe hy honderd jaar oud was, vyf-en-twintig jaar gewag het vir die vervulling van God se belofte, Gén. 12:4; so moes Isak ook, nou sestig jaar oud, twintig jaar wag vir die vervulling van dieselfde belofte. So weet God hoe om sy kinders te beproef en te leer. |
En die seuns het opgegroei: Esau het ’n 54ervare jagter geword, 55’n man van die veld; maar Jakob was ’n 56vredeliewende man 57wat in tente gewoon het.
| 54 Hebr. wat die jag verstaan het.
55 Dit is, wat liewer in die veld as by die huis was. Sien Gén. 9:20 se kanttekening. 56 Of: opregte. Sien Gén. 6:9 se kanttekening. 57 Dit is, hy het ’n stil lewe gelei, was nie wild en uithuisig soos sy broer nie, maar het in die huis gewerk en die vee versorg. Die hutte en tente het vir beide take diens gedoen. Sien Gén. 4:20. Hebr. 11:9. |
En Isak het Esau liefgehad, want 58wildsvleis 59was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.
| 58 Anders: wild of prooi.
59 Dit is, was vir hom aangename voedsel en het vir hom lekker gesmaak. Dit was ’n menslike swakheid in hierdie vrome patriarg dat hy daarom vir Esau meer bemin het, alhoewel hy God se bedoeling met Esau tevore genoegsaam verstaan het. |
En Jakob het 60’n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom.
| 60 Die Hebreeuse woord beteken allerlei kooksel, soos moes, bredies, sop, ens., maar in vers 34 word dit ’n kooksel lensies genoem. |
Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van 61die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom 62Edom genoem.
| 61 Die woord word in die Hebreeus verdubbel, om sy onbegrensde begeerte vir die kooksel aan te toon, wat vir hom baie aantreklik en smaaklik gelyk het, of omdat dit baie rooi was. So ook word beter, beter gebruik vir baie beter, Rig. 11:25 se kanttekening; sleg, sleg vir baie sleg, Spr. 20:14.
62 Dit is, rooi, deels omdat hy rooi van velkleur was, soos in vers 25, deels vanweë hierdie rooi kooksel, waarop hy so versot was. |
En Jakob antwoord: Verkoop eers jou 63eersgeboortereg aan my.
| 63 Dit is, die reg van die eersgeborene, wat bestaan (1) in die eer en heerskappy oor sy broers, Gén. 4:7; 49:3. 2 Kron. 21:3. Ps. 89:28; (2) in die dubbele deel van erfgoed, Deut. 21:17; (3) in die reg tot die priesterdom ná die afsterwe van die vader van die huis, in die besonder ná die ombring van die eersgeborenes in Egipte, totdat die priesterdom op die stam van Levi oorgegaan het, Núm. 8:16-19. |
En Esau sê: iKyk, 64ek gaan sterwe, en 65wat baat die eersgeboortereg my dan?
| i Jes. 22:13. 1 Kor. 15:32. | 64 Dit is, ek is tog daagliks in lewensgevaar wanneer ek jag. Of: ek moet tog eenmaal sterwe, wat sal die eersgeboortereg my dan baat? Sommige verstaan dat hy spreek van sy moegheid en honger.
65 So verwerp Esau met ’n onheilige hart hierdie groot en voortreflike reg van die eersgeboorte. Sien Hebr. 12:16 en hierna, vers 34. |
Toe antwoord Jakob: Sweer 66eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.
| 66 Anders: nou, vandag. |
En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.
Rebekka word gevra as vrou vir Isak.
EN Abraham was 1oud en 2ver op sy dae, en die HERE het Abraham in alles 3geseën.
| 1 Sien Gén. 18:11. Abraham was in daardie tyd omtrent honderd-en-veertig jaar oud, want hy was honderd jaar oud toe Isak gebore is, Gén. 21:5, en Isak was veertig jaar oud toe hy met Rebekka getrou het, Gén. 25:20.
2 Hebr. in dae gegaan. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 18:11. 3 Sien Gén. 12:2. |
Toe sê Abraham aan sy dienaar, 4die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: 5aLê tog jou hand onder my heup,
| a Gén. 47:29. | 4 Hebr. die oue. Verstaan die versorger en hoofkneg van sy huisgesin, genaamd Eliëser van Damaskus. Sien Gén. 15:2.
5 ’n Handelswyse wat die huisheer in die eedswering van sy huismense vereis het, as teken van onderwerping en trou. Sien ook Gén. 47:29. Anders het mense ook in eedswering die hande opgehef, Gén. 14:22. Openb. 10:5. |
dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, bdat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters 6van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;
| b Gén. 28:1. | 6 Hebr. van die Kanaäniet. Sien oor hulle Gén. 10:15, 16, ens. Van hulle wou Abraham nie ’n vrou vir sy seun hê nie, omdat hulle heeltemal afgodies, groot sondaars en buite God se verbond was. Vgl. Gén. 28:1, 2. Ex. 34:16. Deut. 7:3. Jos. 23:12. Esra 9:1-3. Neh. 13:23, 25, ens. 2 Kor. 6:14, 15. Sien oor hierdie reg van ouers in die huwelike van hul kinders, oor die algemeen, Gén. 6:2 se kanttekening; Gén. 21:21. |
maar dat jy na 7my land en 8my familie sal gaan om vir my seun Isak ’n vrou te neem.
| 7 Abraham se vaderland was Ur van die Chaldeërs, wat ’n deel was van die hele land geleë tussen die Eufraat- en Tigrisrivier, waarby Mesopotámië, waar Nahor gewoon het, ingesluit was.
8 Van wie hy tyding ontvang het, Gén. 22:20. Hulle was wel deur die afgodiese inwoners tussen wie hulle gewoon het, met afgodery besmet, soos blyk uit Gén. 31:19, 30, 32, 35. Jos. 24:2, maar het nie in so ’n gruwelike afgodery en ander growwe sondes verval soos die verworpe Kanaäniete nie. Sien Deut. 12:30, 31. |
9Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die 10vrou my nie wil 11volg na hierdie land nie. Moet ek u seun dan maar 12terugbring in die land waaruit u weggetrek het?
| 9 Hier en in dit wat volg word die besondere versigtigheid en godsvrug van hierdie dienaar gesien, wat vóór die eedswering sy heer se bedoeling volkome wil verstaan.
10 Verstaan ’n jongedogter wat Isak se vrou sou word. 11 Hebr. agter my aan. So ook in vers 8. 12 Hebr. terugbringende terugbring. Dit word nie ten opsigte van Isak gesê nie, wat nooit daar was nie, maar ten opsigte van Abraham, in wie se lendene Isak in daardie tyd ingesluit was. |
En Abraham antwoord hom: 13Neem jou tog in ag dat jy my seun nie weer daarheen bring nie.
| 13 Enersyds omdat God hom en sy toekomstige nageslag uit Chaldéa geroep het na hierdie land Kanaän, met die belofte om dit te beërwe; en andersyds om die gevaar van afgodery, waartoe Isak verlei sou kon word. Hebr. Wees waaksaam of behoed jou of let op jouself. |
cDie HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: dAan jou nageslag sal Ek hierdie land gee — Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar ’n vrou gaan haal.
| c Gén. 12:1.
d Gén. 12:7; 13:15; 15:18; 26:4. Ex. 32:13. Deut. 34:4. Hand. 7:5. |
Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy 14ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring nie.
| 14 Dit is, vry van of onskuldig ten opsigte van die eed wat ek jou oplê. |
Toe lê die dienaar sy hand onder die heup van Abraham, sy heer, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak.
En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met 15allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na 16Mesopotámië, na die 17stad van Nahor, getrek.
| 15 Dit is, hy het allerlei goed wat nodig en kosbaar is met goedkeuring van sy heer saamgeneem, sowel vir die reis as vir geskenke, waar dit in hierdie saak dienstig sou wees. Sien vers 53.
16 Hebr. Sírië van die twee riviere, so genoem omdat dit geleë was tussen twee riviere, die Tigris aan die ooste, en die Eufraat aan die weste. Sien hierdie naam ook in Deut. 23:4. Rig. 3:8. 17 Dit is, waar Nahor gewoon het. Sien Gén. 23:10 se kanttekening. Verstaan die stad Haran, soos afgelei word uit Gén. 28:10; 29:4. |
En hy het die kamele 18laat neerkniel buitekant die stad by ’n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,
| 18 Om te rus, soos hierdie diere maak wanneer hulle moeg is. |
en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek 19haar tog vandag 20ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer.
| 19 Naamlik die jongedogter, of ook: my begeerte.
20 Hebr. voor my aangesig. |
Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep.
21Laat dít nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink — dan is sy dit wat U 22bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het.
| 21 Hy begeer hierdie teken nie uit wantroue of vermetelheid nie, maar uit ’n besondere vertroue wat God in hom gewerk het, wat deur sy voorsienigheid alles so bestier het, soos die uitkoms bewys het, wat hierna blyk. Sien soortgelyke voorbeelde in Rig. 6:17. 1 Sam. 14:9, 10.
22 Anders: toegewys, of voorberei. |
Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit ewat vir Bétuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer.
| e Gén. 22:23. |
En die dogter was baie 23mooi van aansien, ’n jongmeisie, en 24geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom.
| 23 Hebr. goed. Sien ook Gén. 6:2 se kanttekening.
24 Sien hierdie manier van spreek in Gén. 19:8. |
Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink.
En sy antwoord: Drink, my heer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink.
Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het.
Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep.
En die man het haar 25stilswyend 26betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie.
| 25 Terwyl hy by homself gedink het hoe wonderlik die genadige voorsienigheid van God hier vertoon is, en hy wou verder waarneem of dit wat volg met hierdie begin volkome sou ooreenstem.
26 Naamlik met groot blydskap en verwondering, siende dat die teken wat hy van die HERE versoek het, so gou voor sy oë plaasgevind het. |
En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man ’n goue 27ring, ’n 28halfsikkel in gewig, en twee armbande 29vir haar hande, tien sikkels goud in gewig.
| 27 Die Hebreeuse woord beteken hier ’n versiersel vir die voorhoof, soos blyk uit vers 47. Jes. 3:21. Eség. 16:12. Soms beteken dit ook ’n oorring of versiering vir die oor, Gén. 35:4. Ex. 32:2, 3.
28 Die Hebreeuse woord vir ’n halfsikkel word verklaar in Ex. 38:26 en die kanttekening. Sien oor die silwer sikkel, Gén. 20:16 se kanttekening. Die goue en die silwer sikkels was beide van een gewig, die gewone sikkel die gewig van 160 garskorrels; die heilige sikkel twee maal swaarder, naamlik 320 garskorrels. ’n Gewigseenheid goud was tien maal soveel werd as ’n gewigseenheid silwer. 29 Verstaan hierby: hy het dit gegee, of aan haar hande gesit, soos die woord neem, gebruik in hierdie vers, dikwels gebruik word. Die woord het nie net sy eie betekenis nie, maar ook ’n ander wat daarin vervat is. Sien Gén. 12:15 se kanttekening. |
30En hy sê: Wie se dogter is jy? Vertel my tog. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te vernag?
| 30 Of: Want hy het gesê, vgl. vers 47. |
Toe antwoord sy hom: fEk is die dogter van Bétuel, 31die seun van Milka wat sy vir Nahor gebaar het.
| f Gén. 22:23. | 31 Dit word hierby gevoeg sodat die dienaar van Abraham sou weet en verstaan dat sy binne die egtelike band gebore was, uit die wettige en eerste vrou, en nie uit die byvrou Reüma nie. Sien Gén. 22:23, 24. |
Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag.
Toe 32buig die man hom neer en 33aanbid die HERE
| 32 Die Hebreeuse woord beteken eintlik om met die hoof afwaarts te buig.
33 Die Hebreeuse woord beteken om neer te buk en te buig met die hele liggaam. Hier is dit ’n gelowige en godsdienstige eerbied tot God, verenig met aanbidding. Sien ook Gén. 22:5; Ps. 66:4 en die kanttekeninge. Neh. 9:3, ens. |
met die woorde: 34Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy 35trou 36aan my heer nie onttrek het nie. 37Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die 38broers van my heer.
| 34 Sien Gén. 14:20.
35 Die getrouheid in die hou van sy beloftes. So ook in Gén. 32:10. Ps. 143:1. Jes. 38:18, 19. 36 Hebr. van met of van by my heer, verstaan: nie nagelaat het om te bewys of uit te oefen nie. 37 Hebr. Ek. So word dit gebruik in Gén. 9:9; 17:4. 1 Kron. 28:2. Ps. 35:13; 41:13 en elders. 38 Dit is, bloedverwante. Sien Gén. 13:8 en hierna, vers 48. Mark. 3:31, 32. |
Daarna het die dogter geloop en in die huis van haar moeder vertel wat daar gebeur het.
En Rebekka het ’n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein.
Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek — het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein,
en gesê: Kom in, 39geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis 40reggemaak het en ook plek vir die kamele?
| 39 ’n Voortreflike titel, wat die Israeliete gewoonlik aan die voortreflike vriende van God gegee het, wat aandui dat God aan hulle welgedoen het, en met sy genade en weldadigheid nog steeds by hulle was. Sien Gén. 26:29. Rut 3:10. Ps. 115:15.
40 Of: gesuiwer, gereinig, opgeruim, en alles wat in die pad was, ontruim het. So word die Hebreeuse woord ook gebruik in Lev. 14:36. |
En die man het in die huis ingekom — die kamele is afgesaal en vir die kamele is strooi en voer gegee, en water 41om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was.
| 41 Sien Gén. 18:4 en die kanttekening. |
Daarop het hulle ete 42voor hom neergesit; maar hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En 43hy antwoord: Spreek maar.
| 42 Hebr. voor sy aangesig reggesit om te eet.
43 Naamlik Laban. |
Toe sê hy: Ek is die 44dienaar van Abraham.
| 44 Sien vers 2. |
En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy 45groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.
| 45 Dit is, ryk en magtig. So ook in Gén. 26:13. 2 Kon. 4:8. |
En Sara, die vrou van my heer, het vir my heer ’n seun gebaar 46nadat sy al oud was; en 47hy het aan hom alles oorgegee wat hy besit.
| 46 Hebr. ná haar ouderdom, dit is, deur ’n bonatuurlike werking van die Here, waaruit ’n buitengewone seën, volgens sy belofte, te wagte is.
47 Dit is, hy het hom erfgenaam van alles gemaak. |
En my heer het my laat sweer en gesê: 48Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie;
| 48 Sien vers 3. |
49maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my geslag en vir my seun ’n vrou gaan haal.
| 49 Anders: sal jy nie gaan nie? of: indien jy nie gaan nie, ens., verstaan hierop: wee jou of dan sal God dit of dat aan jou doen. Gén. 14:22, 23 en die kanttekeninge; Gén. 21:23. |
Toe het ek aan my heer gesê: Miskien sal die vrou my nie volg nie.
Maar hy het my geantwoord: Die HERE voor wie se aangesig 50ek gewandel het, sal sy engel met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun ’n vrou uit my geslag en uit die huis van my vader kan gaan haal.
| 50 Sien Gén. 17:1 en die kanttekening. |
Dan sal jy ontslae wees van die 51eed aan my: as jy by my geslag kom en hulle haar aan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae van die eed aan my.
| 51 Anders: vloek of eed van die vloek, dit is, die straf wat elkeen oor hom haal as hy valslik sweer. |
Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, as U dan my weg waar ek op gaan, voorspoedig wil maak —
ek staan hier by die fontein — laat dít nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink —
en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep — sý is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.
Ek het nog nie klaar in my hart gespreek nie of daar het Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink!
En sy het dadelik haar kruik van haar laat afsak en gesê: Drink, en ek sal u kamele ook laat drink. En ek het gedrink, en sy het ook die kamele laat drink.
Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En sy antwoord: Die dogter van Bétuel, die seun van Nahor wat Milka vir hom gebaar het. Daarop het ek die ring 52aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande,
| 52 Of: op haar neus, sodat dit van haar voorhoof tot op haar neus gehang het. |
en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my 53op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se 54broer vir sy seun te gaan haal.
| 53 Hebr. die weg van die waarheid, dit is, die ware of die regte weg.
54 Dit is, bloedverwant, want Bétuel was die seun van Nahor, Abraham se broer. Sien vers 27. |
As julle dan nou guns en 55trou aan my heer 56wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, 57dat ek regs of links kan 58gaan.
| 55 Hebr. waarheid.
56 Hebr. wil bewysende. 57 Dit is, sodat ek my elders op die een of op die ander weg mag begewe, om my heer se opdrag uit te voer. 58 Of: terugkyk. |
Toe antwoord 59Laban en Bétuel en sê: 60Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen 61kwaad of goed van spreek nie.
| 59 Die seun word hier vóór die vader gestel, omdat hy, soos verstaan word, van die vader opdrag gehad het om die woord te voer, en, omdat die regering van die huis oorwegend by hom berus het, aangesien sy vader nie net oud nie, maar miskien ook sieklik was.
60 Hieruit blyk dat by hierdie mense nog ’n mate van kennis en vrees van die ware God was. Sien hier en vers 51. 61 Dit is, ons kan hoegenaamd nie hierdie saak teëspreek nie. Vgl. Gén. 31:24, 29. 2 Sam. 13:22. |
Daar staan Rebekka voor jou, 62neem haar en gaan heen, dat sy ’n vrou kan wees vir die seun van jou heer, soos die HERE gespreek het.
| 62 Sien vers 3 en die kanttekening. |
Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor die HERE neergebuig na die aarde toe.
Daarna het die dienaar silwer- en goue 63goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy 64kosbare geskenke gegee.
| 63 Hebr. voorwerpe van silwer en voorwerpe van goud, dit is, silwerwerk en goudwerk.
64 Die Hebreeuse woord dui op alles wat voortreflik en kosbaar is, maar in die besonder voortreflike en kosbare vrugte van die land. Sien Deut. 33:13-15. 2 Kron. 21:3; 32:23. Esra 1:6. |
En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer!
Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter 65’n dag of tien by ons bly; daarna 66kan jy heengaan.
| 65 Sien Gén. 4:3 se kanttekening. Sommige verstaan deur ’n dag of tien ’n volle jaar (wat ’n jaar van dae genoem word) of tien maande. Die woord of word ook verstaan as ten minste.
66 Anders: kan sy. |
Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die HERE my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.
Toe sê hulle: 67Laat ons die dogter roep en haar self vra.
| 67 Dit is, laat ons hoor wat sy oor hierdie haastige vertrek sal sê, want sy het die huwelik op grond van die wil van haar ouers en vriende toegestaan, en as teken daarvan die geskenke ontvang. |
En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: 68Ja.
| 68 Hebr. Ek sal gaan. |
Daarop het hulle Rebekka, 69hulle suster, en 70haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.
| 69 Want nie net Laban, haar broer, nie, maar ook haar ander bloedverwante het afskeid van haar geneem. So ook in die volgende vers.
70 Genaamd Debora, Gén. 35:8. |
En hulle het Rebekka 71geseën en aan haar gesê: Ons suster, 72mag jy duisende van tienduisende word, en mag 73jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!
| 71 Sien Gén. 14:19.
72 Hulle wens haar toe dat sy ’n moeder mag word van ontelbare mense. Vgl. Dan. 7:10. 73 Sien Gén. 22:17 se kanttekening. |
Toe het Rebekka en haar 74diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het 75die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.
| 74 Wat die vriende met haar saamstuur tot geselskap en diens.
75 Naamlik Abraham se dienaar. |
En Isak het uit die rigting van 76die gput Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon 77in die Suidland.
| g Gén. 16:14; 25:11. | 76 Sien oor hierdie put Gén. 16:14; 25:11.
77 In die suide van die land Kanaän, naby Berséba en Gerar. |
En Isak het 78teen die aand uitgegaan om 79te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.
| 78 Hebr. teen of met die aanbreek van die aand. So ook teen dagbreek in Ex. 14:27.
79 Of: om te dink, te bid, dit is, om sy denke met godsalige gedagtes en aanbidding voor die Here te oefen. |
Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het 80sy van die kameel afgegly
| 80 Dit is, sy het haastig afgeklim, uit ontsteltenis met die gedagte of die persoon moontlik Isak mog wees, terwyl sy dadelik die dienaar daaroor vra. Ander meen dat sy nie afgeklim het voordat sy van die dienaar verstaan het dat dit Isak was nie. In hierdie betekenis word die volgende vers deur sommige dan vertaal: want sy het aan haar dienaar gesê, ens. |
en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en 81bedek haar.
| 81 Tot ’n teken van skaamte en onderwerping. |
Daarop het die dienaar aan Isak alles vertel wat hy gedoen het.
En Isak het haar 82in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos 83ná die dood van sy moeder.
| 82 Sien Gén. 18:10; 23:2.
83 Wat nou reeds drie jaar dood was. Die langdurigheid van hierdie rou was ’n teken van sy liefde vir sy moeder. |
Dood van Sara en haar begrafnis.
EN die lewensdae van Sara was honderd-sewen-en-twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sara.
En Sara het gesterwe in 1Kirjat-Arba, dit is 2Hebron, in die land Kanaän; en Abraham 3het gekom om oor Sara 4te rouklaag en haar te beween.
| 1 Anders: in die stad van Arba. Sommige meen dat hierdie naam afkomstig is van ’n reus, wat die bouer van hierdie stad was. Sien Jos. 14:15; 15:13.
2 ’n Stad wat later in die stam van Juda was, geleë by die terpentynbome van Mamre, waar Abraham vir ’n lang tyd gewoon het. Sien verder Gén. 13:18 se kanttekening. 3 Naamlik in die tent van sy vrou. Sien Gén. 18:6, 9. 4 Hierdie gebruik was van die vroegste tye by die vromes, om uiting aan hulle droefheid te gee, in die algemeen oor die ellende van alle mense, en in die besonder oor die tydelike dood van hul vriende of enige uitnemende persone. Sien hieroor Gén. 50:3. Deut. 34:8. 1 Sam. 25:1. 2 Sam. 3:32. Hand. 9:39, ens. Hierdie gebruik is deur die ongelowiges bygelowig nageboots. Sien Mark. 5:38, 39, ens. |
Daarna het Abraham 5opgestaan, van sy dode af weg, en met die 6seuns van Het gespreek en gesê:
| 5 As ’n gelowige patriarg beteuel hy sy droefheid en rou oor Sara, en wil hy haar nou ’n eerbare begrafnis in ’n vreemde land besorg.
6 Anders: kinders, so ook in verse 5, 7, 10, 11, 16, 18, 20. Dit is, tot die regeerders of vernaamste Hetiete, wat Kanaäniete was, afkomstig van Het, Gam se kleinkind. Sien Gén. 10:15. |
Ek is ’n vreemdeling en bywoner onder julle. aGee my ’n graf as besitting by julle, 7dat ek my dode van my af weg kan begrawe.
| a Hand. 7:5. | 7 Die begrawe van dooie liggame was van die vroegste tye af by die mense gebruiklik, soos hier en uit die volgende vers blyk; omdat die natuur leer dat die een deel van die redelike mens (die liggaam) nie weggewerp behoort te word tot ontering en skending nie; en die religie ons vermaan om die liggaam te bewaar en weg te bêre vir die dag van die opstanding uit die dode. Sien Gén. 50:5, 6. Núm. 33:4. Deut. 21:23. Job 5:26. |
Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê aan hom:
Luister na ons, my heer! U is 8’n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die 9beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.
| 8 Dit is, met wie God is, soos in Gén. 21:22, of ’n prins van God, dit is, ’n voortreflike heer en vors. Sien Gén. 13:10 se kanttekening.
9 Dit is, in die keur van grafte. Vgl. Jer. 22:7. |
Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het;
en hy het met hulle gespreek en gesê: 10As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my ’n goeie woord by Efron, die seun van 11Sohar,
| 10 Hebr. Is dit met julle siel, of: As dit is met julle siel. Die woord siel beteken dikwels die wil, behae, begeerte, soos in Deut. 21:14. 1 Kon. 19:3. 2 Kon. 9:15. Ps. 27:12; 41:3; 105:22.
11 Hebr. Tsogar, ’n Hetiet, en moet onderskei word van Sohar wat die seun van Símeon was, Gén. 46:10. |
dat hy aan my gee die spelonk van 12Magpéla wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die 13volle som aan my gee, dat ek ’n graf onder julle mag besit.
| 12 Die eienaam van hierdie stuk grond, soos blyk uit verse 17, 19.
13 Ten opsigte van die prys van die stuk grond en die gewig van die geld. |
En 14Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van 15sy stad 16ingegaan het:
| 14 Hy was nie net ’n burger onder die Hetiete nie, maar een van die vernaamstes onder hulle, wat gesit het in die vergadering waarvoor Abraham verskyn het. So word die woord sit gebruik om die status en posisie van die openbare rade of regeerders van die volk aan te dui, soos in Ps. 119:23.
15 Dit is die stad waar hy gebore was, soos in Luk. 2:3, 4, of waar hy gewoon het, soos in Gén. 24:10. Matt. 9:1. 16 Dit is, wat burgers of inwoners van die stad was. So ook in vers 18. Vgl. Gén. 34:24. |
Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode.
Daarop het Abraham hom voor die volk van die land neergebuig
en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: 17Ja, as dit u is, ag, luister na my! 18Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe.
| 17 Anders: Waarlik is dit u?, ens. Naamlik die man van wie ek spreek, Efron. Waarskynlik het Abraham hom by naam geken, maar nie van aangesig nie, en het hy nie geweet dat Efron daar gesit het nie.
18 Hebr. ek het gegee, dit is, ek is bereidwillig om te gee. |
En Efron het Abraham geantwoord en aan hom gesê:
My heer, luister na my. ’n Stuk land van vierhonderd 19sikkels silwer — wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.
| 19 ’n Sikkel was ’n soort muntstuk, wat sy naam verkry het van om te weeg, en was van tweërlei aard: die algemene of burgerlike sikkel, en die heilige sikkel, wat dubbel soveel werd was. Hier word van die algemene sikkel gespreek. Sien ook Gén. 20:16 waar van dieselfde muntstuk gespreek word, hoewel daar in die Hebreeus die woord sikkel ontbreek. |
Toe bluister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geld 20afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het — vierhonderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.
| b Gén. 50:13. | 20 Vroeër het hulle vir mekaar geld afgeweeg tydens koop en verkoop, soos hulle dit vandag vir mekaar aftel. |
cSo het dan die stuk grond van Efron wat in Magpéla teenoor Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat daarin is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan rondom staan,
| c Hand. 7:16. |
die eiendom van Abraham 21geword voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van 22sy stad ingegaan het.
| 21 Hebr. gestaan of opgestaan, dit is, het Abraham s’n geword en gebly. So ook in vers 20, met die woord afgestaan.
22 Sien vers 10 se kanttekening. |
Daarna het Abraham toe sy vrou Sara begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, 23oostelik van Mamre, dit is 24Hebron, in 25die land Kanaän.
| 23 Hebr. teen die aangesig van Mamre. Dit is, teenoor Mamre. Sien ook vers 17.
24 Sien vers 2 se kanttekening. 25 Wat wel deur God aan Abraham en sy nageslag gegee is, om op die regte tyd erflik in besit te neem; maar, omdat hy hier voorlopig nog ’n vreemdeling was, het hy (soos ook ander gelowige voorvaders) begeer om daarin begrawe te word, as ’n teken dat hulle die belofte van God geglo het, naamlik dat hulle hierdie land sou besit, wat vir hulle ’n pand was van die hemelse Kanaän. |
So is dan die stuk grond en die spelonk wat daarin was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om dit as graf in eiendom te besit.
Die offerande op Moria.
NÁ 1hierdie dinge het God Abraham 2op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: 3Hier is ek!
| 1 Nadat Abraham soveel beloftes ontvang het, ja, selfs van die geboorte van die Messías, waarvan nie een vervul kon word indien Isak sonder ’n nageslag sou sterwe nie, wou die Here Abraham op hierdie manier beproef, asof Hy al die voorgemelde beloftes wou vernietig.
2 God beproef diegene wat aan Hom behoort as Hy hul swakheid of deug toets, om hulle deur die openbaring daarvan te verneder of te verhoog. Sien Deut. 8:2; 13:3. Rig. 2:22. 2 Kron. 32:31. Ps. 139:23, 24. Wat Abraham betref, God het hom volkome geken, maar wou Abraham se sterk geloof en ongeveinsde gehoorsaamheid op ’n besondere wyse openbaar, tot God se eer, asook ten goede van Abraham en God se ganse kerk. Sien verse 16, 17. 3 Hebr. Kyk ek, naamlik is hier. ’n Manier van spreek wat eie is aan die wat, as hulle geroep word, bereid is om aan te hoor wat hulle voorgehou word. Sien verse 7, 11. Net so ook Gén. 27:1. 1 Sam. 3:4, 6, ens. |
Toe sê Hy: 4Neem jou seun, ajou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na 5die land Moría en 6offer hom daar as 7brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.
| a Hebr. 11:17. | 4 Elke woord moes deur die vaderhart gesny het. Dit, en wat in verse 6, 9, 10 beskryf word, kan enigsins vir ons die genadewerk van God afbeeld, wat sy eie geliefde Seun nie gespaar het nie, maar vir ons almal oorgegee het, om ons sondes te dra aan die kruishout, Rom. 8:32. 1 Petr. 2:24.
5 Volgens die algemene mening is die land so genoem ná die uitkoms van hierdie beproewing, sien vers 14 en die kanttekening. Dit is die land waarin Jerusalem geleë en die tempel op die berg Moría gebou is, 1 Kron. 22:1 en die kanttekening. 2 Kron. 3:1, aan die kant van die berg Sion, omtrent drie dagreise van Berseba af. Sien vers 4. 6 Dit is, maak hom eers dood met jou eie hand, en verbrand daarna die dooie liggaam tot as toe; soos ’n mens doen met die diere wat bestem is vir die brandoffer, Lev. 6:9, 10, ens. Hierdie bevel kan nie deur natuurlike vernuf nie, maar slegs deur die geloof ooreengebring word met God se belofte en Abraham se vaderlike plig en liefde vir sy eie seun. Van God se verborge raad en voorneme in hierdie bevel, sien vers 1 se kanttekening, en vers 12. 7 Sien Gén. 8:20 se kanttekening. |
Daarop het Abraham die môre 8vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het 9hout gekloof vir ’n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.
| 8 Abraham is dadelik gereed, terwyl hy sy vlees en bloed oorwin, en vas glo dat God, nieteenstaande dit alles, sy beloftes sou volbring, omdat Hy magtig is om Isak vir hom uit die dood terug te gee, wat om so te spreek ook gebeur het, soos die apostel getuig in Hebr. 11:19.
9 Hebr. houte van die brandoffer. |
10Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.
| 10 Hierdie groot afstand, en reis van omtrent drie dae, het gedien tot duideliker openbaring van Abraham se besondere standvastigheid. |
En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die 11seun wil daarheen gaan om te 12aanbid en 13dan na julle terugkom.
| 11 Hebr. jongman. Hierdie woord word nie net op klein kinders toegepas nie, maar ook op volwassenes, soos Abraham se geoefende manne, Gén. 14:14, 24; net so ook die jongman Sigem wat Dina verkrag het, Gén. 34:19; Josef, toe hy Farao se droom uitgelê het, Gén. 41:12; Josua, toe hy Moses gedien het, Ex. 33:11; Absalom, toe hy teen sy vader oorlog gevoer het, 2 Sam. 18:29; en hier Isak en Abraham se dienaars. Vgl. die volgende vers.
12 Sien Gén. 24:26 en die kanttekening. 13 Hoewel dit Abraham se voorneme was om sy seun te offer, en die uitkoms van hierdie saak in die besonder vir hom onbekend was, het hy nogtans geglo dat God sy seun aan hom kon teruggee. En só het hy onwetend dit wat toekomstig was, vooruit aangekondig. |
14En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.
| 14 Hoewel dit onseker is hoe oud Isak in hierdie tyd was (sommige meen vyf-en-twintig jaar; ander minder, ander meer), nogtans is hieruit af te lei dat hy volwasse was, omdat hy die hout waarmee die esel gelaai was, die berg kon opdra. Sien vers 5 se kanttekening. |
Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: 15My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ’n brandoffer?
| 15 Die lieflike woorde van Isak sou Abraham wel baie kon hinder na die vlees; maar deur die Here se Gees verwek dit in hom nog meer vertroue in ’n goeie uitkoms, soos sy antwoord getuig. |
En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ’n brandoffer 16voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.
| 16 Hebr. sien. Vgl. vers 14. |
Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak 17gebind en bhom op die altaar bo-op die hout gesit.
| b Jak. 2:21. | 17 Soos die diere wat geoffer gaan word aan hulle vier voete gebind word, so het Abraham sy seun Isak aan die hande en voete gebind (soos sommige meen), omdat die Hebreeuse woord wat vir offers gebruik word, dikwels dit beteken. Merk hier die besondere lydsaamheid en gehoorsaamheid van Isak op, wat sonder twyfel tevore deur sy vader daartoe oorreed was. |
Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun 18te slag.
| 18 Anders: die keel af te sny. |
Maar die 19Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: 20Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
| 19 Verstaan die Seun van God, soos blyk uit die einde van die twaalfde vers en die vervolg van hierdie geskiedenis. Vgl. Gén. 18:1, 17, 22; 19:19, 21, 24.
20 Die naam word twee maal uitgespreek, omdat die saak spoed vereis het, want Abraham was besig om die mes na Isak se keel te bring om te begin sny. |
En Hy sê: 21Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want 22nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, 23van My nie teruggehou het nie.
| 21 Deur hierdie bevel openbaar God nou sy verborge raad en voorneme in hierdie beproewing; wat Hy in die voorgaande bevel, vers 2, nie gedoen het nie.
22 Menslikerwys van God gespreek, soos in vers 1 en die kanttekening, want Abraham se godvrugtigheid was vir God tevore genoegsaam bekend, maar van Hom word gesê dat Hy nou kennis daarvan het, omdat Hy dit deur hierdie beproewing aan sy hele kerk ten volle bekendgemaak het. So word die Hebreeuse woord gebruik in Ps. 139:23: toets my en ken my gedagtes, want tevore het hy gesê, vers 2: U verstaan van ver my gedagte. 23 Hieruit blyk dat dit God self is, wat hier spreek. |
En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens 24’n ram wat agter in die 25bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
| 24 Dit wil voorkom of die Engel vir Abraham van agter af geroep het, sodat hy, toe hy omdraai, dadelik die ram gesien het, en dadelik deur die ingewing van God verstaan het dat hy die ram in sy seun se plek moes slag.
25 Naamlik ’n soort struik of doringbos. |
En 26Abraham het dié plek genoem: Die 27HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: 28Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
| 26 Terwyl hy sy vertroue, soos in vers 8, met hierdie uitkoms vergelyk.
27 Verstaan dat die berg Moría sy naam gekry het van die antwoord wat Abraham sy seun gegee het, vers 8, soos die woord Moría ook byna dieselfde beteken, dit is, die HERE sien. 28 ’n Spreekwoord, gebruik deur diegene wat, terwyl hulle in uiterste nood is en geen menslike uitkoms sien nie, hulle op God se troue voorsienigheid verlaat het. |
Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af
en sê: cEk sweer 29dby Myself, spreek die HERE, 30omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,
| c Luk. 1:73.
d Hebr. 6:13. |
29 Want Hy het geen meerdere gehad om by te sweer nie, Hebr. 6:13. Sien ook Jer. 22:5. Elders sweer God by sy grote Naam, Jer. 44:26; ook by sy siel, Jer. 51:14 se kanttekening; en by sy heiligheid, Amos 4:2; dit is, by Homself. Oor die woordjie spreek, Hebr. neüm, sien Jer. 23:31 se kanttekening.
30 Verstaan hierdeur geen verdienende oorsaak van die belofte wat volg nie, wat ook tevore aan Abraham gemaak was, maar die vrug of die uiteinde van die gehoorsaamheid van Abraham, wat God uit genade met die vernuwing van sy belofte en met hierdie eed van Hom wou vereer en beloon, tot meerdere versterking van die geloof van Abraham en God se hele kerk. Sien hieroor Hebr. 6:13, 14, 17, 18. |
31dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat 32aan die seestrand is; een jou nageslag sal 33die poort van sy vyande in besit neem.
| e Gén. 24:60. | 31 Hebr. seënende seën, en vermeerderende sal Ek vermeerder.
32 Hebr. aan die lip van die see. So ook in Gén. 41:3. Jos. 11:4. 1 Sam. 13:5. 33 Dit is, ryksgebied, mag, stede en lande, want in die ou tyd was die regspraak gehou in die poorte, Deut. 21:19; 22:15. Amos 5:12, 15. Sag. 8:16. Net so ook die sterkte van die stede. Sien Rig. 5:8. Ps. 147:13. Jes. 22:7. Eség. 21:22. Daarom is die poorte ook die stede self, Deut. 12:15; 18:6, ja, die stede van ’n hele land, Jer. 14:2. Dit is ten opsigte van die liggaamlike vervul in Josua, Dawid, ens., maar vernaamlik en geestelik in die Messías, Ps. 2:8, 9; 110:1-3. Kol. 2:15, wat sy kerk en diensknegte sy oorwinning deelagtig maak, 1 Kor. 15:57. 2 Kor. 2:14; 10:5, 6. |
En f34in jou nageslag sal 35al die nasies van die aarde 36geseën word, 37omdat jy na my stem geluister het.
| f Gén. 12:3; 18:18; 26:4. Hand. 3:25. Gal. 3:8. | 34 Hebr. saad. Dit is, in Christus, wat uit jou nageslag na die vlees sal voortkom. Sien Gén. 12:3.
35 Nie net diegene wat uit jou vlees sal voortkom nie, maar ook alle ander volke wat in jou saad, die Messías, sal glo. Sien Gal. 3:29. 36 Sien Hand. 3:25. Gal. 3:8, 16. 37 Sien vers 16 se kanttekening. |
En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam na 38Berséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly woon.
| 38 Sien Gén. 21:31 se kanttekening. |
Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, 39Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:
| 39 Wat nie met Abraham uit Ur van die Chaldeërs getrek het na die land Kanaän nie, maar haar begewe het na Mesopotámië, om daar te woon. Sien Gén. 11:29, 31; 24:10. |
40Us, sy eersgeborene, en 41Bus, sy broer, en Kémuel, die vader van 42Aram,
| 40 Hierdie Us, die seun van Nahor, moet van twee ander met dieselfde naam onderskei word: die een was die seun van Aram, Sem se seun, Gén. 10:23; die ander die seun van Disan, die seun van Seïr, die Horiet, Gén. 36:28.
41 Sommige meen dat Elíhu, die Busiet, van hom afkomstig is, sien oor hom Job 32:2. 42 Sien oor ’n ander Aram Gén. 10:22. Die mening is dat die streek Sírië, na een of beide, Aram genoem is. |
ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en Bétuel.
(En Bétuel was die vader van 43Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.
| 43 Hebr. Ribka, wat later met Isak getroud is, Génesis 24. |
En sy 44byvrou met die naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en 45Máäga gebaar.
| 44 Verstaan so ’n vrou, waarmee ter wille van die verkryging van kinders getrou was, volgens die misbruik van daardie tyd. So ’n vrou was geneem sonder bruidskat en huwelikskontrak, terwyl sy onder die wettige en eerste vrou gestaan het; en haar kinders ook nie erfgename was nie, maar weggestuur is met geskenke of bemakings, Gén. 21:14; 25:6. Die Hebreeuse woord beteken ’n gedeelde of halwe vrou.
45 Dit wil voorkom of dit hier ’n man se naam is, asook in 1 Kon. 2:39 die naam van ’n sekere koning. Die moeder van koning Asa is ook so genoem, 1 Kon. 15:13. |
Geboorte van Isak. Abraham verdryf Hagar en Ismael.
EN die HERE het Sara 1besoek asoos Hy beloof het; en die HERE het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:
| a Gén. 17:19; 18:10. | 1 Die woord besoek kan ook vertaal word met gee ag. God besoek op tweërlei wyse. Of met ’n besondere weldaad en die vervulling van sy belofte, soos in Gén. 50:24. Ex. 4:31. Rut 1:6. Ps. 8:5; soos die woord hier ook gebruik word. Of met uitvoering van dreigemente en strawwe, Ex. 20:5. Deut. 5:9. Ps. 59:6. Jes. 27:1. |
bSara het bevrug geword en vir Abraham 2in sy ouderdom ’n seun gebaar 3cop die bepaalde tyd wat God genoem het.
| b Gal. 4:23. Hebr. 11:11.
c Gén. 18:10, 14. |
2 Anders: vir sy ouderdom, en so ook in vers 7.
3 Sien Gén. 18:10, 14. |
En Abraham 4het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem.
| 4 Volgens die bevel van die HERE in Gén. 17:19, sien die kanttekening daar. |
En Abraham het sy seun Isak besny toe hy 5agt dae oud was, dsoos God hom beveel het.
| d Gén. 17:10. | 5 Hebr. ’n seun van agt dae. So ook in die volgende vers. |
En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is.
En Sara het gesê: ’n 6Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, 7sal oor my lag.
| 6 Deels van verwondering oor die seldsaamheid van hierdie saak; deels van vreugde, omdat baie hulle oor hierdie weldaad van God sal verbly.
7 Of: sal met my lag. Dit is, sal saam met my bly wees, Luk. 1:58. |
Verder sê sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sara soog 8kinders? Want ek het ’n seun gebaar in sy ouderdom.
| 8 Dit is, ’n kind, waar die meervoud volgens die gebruik van die Heilige Skrif soms vir die enkelvoud gebruik word, soos in Gén. 46:7, 23. Núm. 26:8 en die kanttekeninge. |
En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het ’n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.
Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, 9spot;
| 9 Sonder twyfel spot hy daaroor dat daar soveel aandag gegee is aan Isak, wat lank ná hom gebore is. Hierdie bespotting het uit sulke bitterheid gespruit dat die apostel dit vervolging noem, Gal. 4:29. |
en sy sê aan Abraham: eJaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag 10nie saam met my seun Isak erwe nie.
| e Gal. 4:30. | 10 Hieruit is af te lei dat Ismael, sonder twyfel deur aanhitsing van sy moeder, ook melding gemaak het van die reg van die eersgeboorte en die beërwing van die besittings. En daarom was Sara so vererg sowel teenoor die moeder, as teenoor die seun. |
En die woord 11was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun.
| 11 Dit is, het hom glad nie behaag nie, vanweë sy liefde wat hy vir sy seun Ismael gekoester het, en vanweë die belofte wat hy van God vir hom verkry het, Gén. 17:18, 20. Verkeerd in iemand se oë is wat hom mishaag en onaangenaam is. So ook in die volgende vers en Gén. 28:8. Ex. 21:8. Núm. 11:10. |
Maar 12God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara 13in alles wat sy van jou verlang, fwant deur 14Isak sal daar vir jou ’n nageslag 15genoem word.
| f Rom. 9:7. Hebr. 11:18. | 12 Naamlik in die nag, vers 14.
13 Aangaande hierdie saak van Ismael en Hagar. 14 Dit is, God se volk (by wie God se verbond sal vasstaan), en in die besonder die Messías, sal nie voortkom uit Ismael nie, maar uit Isak. So sal die ware nageslag van Abraham ook nie dié wees wat volgens die natuur vleeslik uit hom sal voortkom nie, soos Ismael; maar dié wat deur die genade en krag van die geestelike belofte sy kinders sal wees, soos Isak. Sien Rom. 9:6-8. 15 Anders: geroep word. |
gMaar Ek sal ook die seun van die slavin 16tot ’n nasie maak, 17omdat hy jou kind is.
| g Gén. 16:10; 17:20. | 16 Sien Gén. 16:10; 17:20.
17 Dit is, omdat hy jou seun is, en omdat hy van jou afkomstig is. |
Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het 18brood en ’n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die 19kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal 20in die woestyn van Berséba.
| 18 Verstaan deur brood en water alles wat nodig was vir hierdie reis.
19 Naamlik Ismael, seun genoem in verse 12, 17. Sien die geestelike betekenis van hierdie hele gebeurtenis in Gal. 4:23, 24, ens. 20 Geleë aan die suidelike grens van Palestina, nie ver van Gerar af nie. Dit was op hierdie stadium nog nie so genoem nie, maar wel daarna, toe koning Abiméleg in hierdie omgewing met Abraham ’n verbond gesluit het. Sien vers 31. |
En toe die water in die sak op was, het sy die kind 21onder een van die bosse 22neergewerp
| 21 Naamlik, om weg te kom van die hitte van die son, sodat hy in stilheid en in die skaduwee sou sterwe, soos sy gedink het.
22 Omdat sy hom nie meer langer aan sy hand kon lei nie, en hy te groot was om deur Hagar gedra te word, want hy was toe omtrent 17 jaar oud. Sien vers 18. |
en geloop en op ’n afstand gaan sit 23so ver as ’n boog kan skiet; want sy het gesê: 24Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op ’n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.
| 23 So ver soos ’n boogskutter van sy teiken af staan.
24 Hebr. Dat ek nie sien, wanneer die kind doodgaan nie, of die dood van die kind nie. |
Toe hoor God die stem 25van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister 26op die plek waar hy is.
| 25 Wat ongetwyfeld in dieselfde droewige staat as sy moeder was, en gehuil het.
26 Hebr. in wat of waarin hy is. |
Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, hwant Ek sal hom ’n groot nasie maak.
| h Gén. 16:10; 17:20. |
Daarop het 27God haar oë geopen, en sy sien ’n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.
| 27 Nie dat sy tevore nie gesien het nie, maar dat God haar oë so bestuur en weerhou het dat sy nie die put opgemerk het nie. Vgl. Luk. 24:31. |
En 28God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en 29’n boogskutter geword:
| 28 God was hom goedgunstig, en het hom geseën na die inhoud van sy belofte, vir sover dit die tydelike betref. Vgl. vers 22 se kanttekening.
29 Hebr. ’n skietende boogskutter, dit is, ’n dapper jagter en krygsman. Sien Gén. 16:12. |
hy het in die woestyn 30Paran gewoon; 31en sy moeder het vir hom ’n vrou uit Egipteland geneem.
| 30 Sien Gén. 14:6 se kanttekening.
31 Merk hier die ouers se reg oor die kinders in huweliksake, ja, selfs van die moeder alleen. Vgl. Gén. 24:3, 4, ens. |
Verbond tussen Abraham en Abiméleg.
32IN dié tyd het 33Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: 34God is met jou in alles wat jy doen.
| 32 Dit is, omtrent die tyd van die maaltyd wat in vers 8 gemeld is, en van die verdrywing van Hagar en haar seun.
33 Koning van Gerar, van wie in Gén. 20:2 gespreek word. 34 God die HERE is by die wat aan Hom behoort, nie net met liggaamlike seëninge nie, maar ook met geestelike, hoewel Abiméleg en Pigol hulle oë eintlik op die liggaamlike en tydelike seën gehad het. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 39:3. Jos. 3:7; 7:12. 2 Kron. 1:1. |
Sweer dan nou vir my hier by God 35dat jy met my en my kroos en my nageslag nie 36vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, imoet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.
| i Gén. 14:23. | 35 Verstaan hierby dat oordele of straf oor jou moet kom, of God sal dit of dat aan jou doen. Sien Gén. 14:23 se kanttekening.
36 Of: bedrieglik met my sal spreek of handel. |
En Abraham antwoord: 37Ek sweer.
| 37 Of: Ek sal sweer. |
Maar 38Abraham het Abiméleg aangespreek 39oor ’n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het.
| 38 Voordat Abraham sweer, wil hy alle agterdog uit die weg ruim.
39 Aangesien hy dit gegrawe het, en dat water, vanweë die dorheid van die land, baie moeilik bekombaar was, en daarom baie nodig en van groot waarde was. Vgl. Gén. 26:19-21, ens. Rig. 1:15. |
Daarop antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie 40dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.
| 40 Hebr. hierdie woord, saak, ding. |
Toe 41neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het ’n verbond 42gesluit;
| 41 Naamlik as ’n bewys (1) dat hy die koning dankbaar was vir die vriendskap wat hy van hom ontvang het; (2) dat hy die koning se antwoord aangeneem het aangaande die put; (3) dat hy beloof het om aan hom en die wat aan hom behoort getrou te wees.
42 Hebr. gesny, gekap. Sien Gén. 15:18 se kanttekening. |
Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee 43eenkant uitgekeer.
| 43 Hebr. hulle alleen, so ook in vers 29. |
Toe sê Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?
En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my ’n getuienis kan wees dat ek hierdie put 44gegrawe het.
| 44 En dat dit daarvolgens my en die wat aan my behoort wettiglik toekom. Abraham se voorsorg was nie tevergeefs nie. Sien Gén. 26:15. |
Daarom noem hulle dié plek 45Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.
| 45 Die naam word, hier en in vers 14, aan hierdie plek en die omliggende gebied toegeskryf, maar in Gén. 26:33 aan ’n stad wat in die streek geleë was, wat daarna toegewys is aan die stam van Juda, Jos. 15:28. 1 Kon. 19:3. Dit is egter deur die stam van Símeon bewoon, Jos. 19:2, en was die suidgrens van die land Kanaän, soos Dan die noordgrens was, 2 Sam. 17:11; 24:2. |
So het hulle dan ’n verbond gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en 46na die land van die Filistyne teruggegaan.
| 46 Verstaan na Gerar, nie ver van hierdie plek geleë nie. |
En 47hy het ’n tamarisk in Berséba geplant ken 48daar die Naam van die HERE, 49die ewige God, aangeroep.
| k Gén. 4:26. | 47 Naamlik Abraham.
48 Hy het daar die openbare godsdiens beoefen, omdat hy ’n nuwe rede vir dankbaarheid ontvang het. Sien Gén. 4:26 en die kanttekening. 49 Hebr. die God van die ewigheid. |
En Abraham het 50baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.
| 50 Dit is, ’n lang tyd, omdat die HERE hom hier veiligheid en rus verleen het. |
Abraham kom in Gerar. Hy ontken dat Sara sy vrou is.
EN Abraham het 1daarvandaan weggetrek 2na die Suidland en gaan woon tussen 3Kades en 4Sur en in 5Gerar as vreemdeling vertoef.
| 1 Naamlik van die terpentynbome van Mamre, by Hebron. Sien Gén. 13:18; 14:13; 18:1.
2 Hebron en Mamre was wel in die suideinde van Palestina geleë, maar Abraham het nog meer suidwaarts opgetrek, vir redes wat die Skrif nie meld nie. 3 Sien Gén. 14:7. 4 Sien Gén. 16:7. 5 ’n Stad geleë aan die suidelike grense van Kanaän, nie ver van Berséba en Siklag af nie. Sien Gén. 10:19; 26:1. 2 Kron. 14:13. |
En Abraham het van Sara, sy vrou, 6gesê: aSy is my suster. Toe laat 7Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal.
| a Gén. 12:13; 26:7. | 6 Naamlik, uit dieselfde vrees wat tevore ook oor hom gekom het, toe hy na Egipte gereis het. Sien Gén. 11:29; 12:13 en hierna, vers 12.
7 Daar word gemeen dat dit ’n algemene naam van die konings van daardie land was; soos die naam Farao in Egipte. Sien Gén. 12:15. Vgl. Gén. 26:1, Ps. 34:1 en die kanttekeninge. |
Maar God het in die nag by Abiméleg gekom 8in ’n droom en vir hom gesê: Kyk, 9jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is ’n getroude vrou.
| 8 God het in vroeëre tye Hom geopenbaar deur drome, nie net aan diegene wat aan Hom behoort nie, maar ook aan diegene wat vreemd van sy volk was, en dít ten goede van dié wat aan Hom behoort. Sien Gén. 28:12; 31:24; 40:8; 41:1. Dan. 2:1; 4:2.
9 Anders: jy is sterwende. Dit is, jy is op die punt om te sterwe, as jy nie hierdie vrou dadelik ongeskonde teruggee nie. Vgl. vers 7 en sien hierdie manier van spreek in Gén. 30:1; 48:21; 50:24. |
Maar Abiméleg het nog nie 10naby haar gekom nie; daarom het hy gevra: Here, sal U ook ’n 11regverdige 12nasie ombring?
| 10 Dit is, hy het nie by haar geslaap nie. Hierdie manier van spreek kom ooreen met ’n vrou beken, Gén. 4:1, by ’n vrou ingaan, Gén. 6:4, of ’n vrou aanraak, Spr. 6:29. 1 Kor. 7:1 en hierna, vers 6. Verstaan dat hy deur God daarvan teruggehou is deur siekte. Sien verse 6, 17.
11 Dit is, onskuldig en onwetend in hierdie saak. Vgl. 2 Sam. 4:11. 12 Dit is, nie net my huisgesin nie, soos in vers 17, maar ook die ander onderdane, soos in vers 9. |
Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En sy het self ook gesê: Hy is my broer. 13In die onskuld van my hart en in die reinheid 14van my hande het ek dit gedoen.
| 13 Of: In die opregtheid. Dit is, hierin is my hart suiwer van owerspelige voorneme, en my liggaam van onkuise daad. So word die inwendige en uitwendige onskuld en ongeveinsdheid ook elders uitgedruk, óf in die algemeen van die gehele lewenswandel van die vromes, óf in die besonder van enige saak en handeling, soos in 1 Kon. 9:4. 1 Kron. 29:17. Ps. 24:4; 73:13; 78:72; 101:2.
14 Hebr. van my palms of van die holte van my hande. Sien Job 17:9. |
Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat 15jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie 16teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie 17toegelaat om haar aan te raak nie.
| 15 Hiermee wil God nie sê dat hy heeltemal onskuldig was deur Sara weg te neem nie, maar wel onskuldig ten opsigte van die voorneme en die daad van owerspel. Selfs ’n enkele ongeveinsde voorneme in ’n verkeerde daad, maar wat spruit uit onbedagsaamheid of onwetende ywer, word so uitgedruk, soos in 2 Sam. 15:11. 1 Kon. 22:34. 2 Kron. 18:33.
16 God reken die oortreding teen Sara en Abraham gedoen, asof teen Homself gedoen. Vgl. Ps. 51:6; 105:14, 15. Hand. 9:5. 17 Hebr. gegee. |
Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is ’n 18profeet; en 19hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en 20almal wat aan jou behoort.
| 18 Dit is, ’n man van God, van buitengewone kennis en godvrugtigheid, aan wie Ek My ongehinderd openbaar, en wie Ek baie liefhet.
19 Of: laat hom vir jou bid. 20 Of: alles wat aan jou behoort. |
Abiméleg is toe die môre vroeg op en het al sy 21dienaars geroep en die hele 22saak 23voor hulle ore vertel. Toe was die manne 24baie bang.
| 21 Verstaan raadsmanne, offisiere en vernaamste hofdienaars. So ook in 1 Kon. 1:2; 10:5. 2 Kon. 6:8. 2 Kron. 24:25.
22 Naamlik, al hierdie woorde wat hy in die droom verneem het. 23 Dit is, sodat hulle dit hoor. 24 Aangesien hulle tot voordeel van hul koning aan die wegneem van Sara meegewerk het. Vgl. Gén. 12:15. |
En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En wat het ek teen jou gesondig, dat jy oor my en my koninkryk 25’n groot sonde gebring het? Dinge 26wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen.
| 25 Dit is, jy sou deur jou onbedagsaamheid die groot sonde van owerspel, en die straf daarop, oor ons almal gebring het. Dit is opmerklik van hierdie heidense koning dat hy selfs in daardie tyd (vóór die wet afgekondig is), owerspel beskou het as so ’n gruwelike sonde, dat ook sy hele koninkryk om sy onthalwe daaroor sou moes ly. Sien Gén. 38:24. Lev. 20:10. Deut. 22:22. 2 Sam. 12:5, 10, 11. Jer. 29:22, 23. Eség. 16:38, 40; 23:45, 47. Joh. 8:5.
26 Dit is, wat ongeoorloof en onbetaamlik is. Sien dieselfde manier van spreek in Gén. 34:7. Lev. 4:2, 13. |
Verder sê Abiméleg vir Abraham: 27Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het?
| 27 Hebr. Wat het jy gesien of opgemerk, wat jou beweeg het om dit te doen? |
En Abraham antwoord: 28Ek het gedink 29daar is regtig geen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my 30oor my vrou sal doodmaak.
| 28 Hebr. Ek het gesê, dit is, ek het gedink. So word die woord sê gebruik vir dink in Ex. 2:14, vergeleke met Hand. 7:28. Jos. 22:24. 1 Kon. 5:5 en die kanttekening. 2 Kron. 2:1.
29 Dit wil voorkom of hy wil sê: Hier is wel ’n mooi, vrugbare land en alle oorvloed, maar die vrees van God ontbreek. 30 Hebr. oor die saak van my vrou. |
En sy is ook werklik my suster; 31sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword.
| 31 Sien Gén. 11:29 se kanttekening. |
En toe God my uit die huis van my vader 32laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys — 33op elke plek waar ons kom, moet jy bvan my sê: Hy is my broer.
| b Gén. 12:13. | 32 Alhoewel die Naam van God Elohim, wat in die meervoud staan, gewoonlik in Hebreeus verbind word aan ’n werkwoord wat in die enkelvoud staan, wat die eenheid van die goddelike wese aandui, nogtans word dit hier in die grondteks verbind aan ’n werkwoord in die meervoud om (soos sommige geleerdes oordeel) die drie-eenheid van die persone aan te dui. Sien dergelike manier van spreek in die Hebreeus in Gén. 35:7. Jos. 24:19. 2 Sam. 7:23. Ps. 58:12. Jer. 10:10.
33 Dit wil voorkom of Abraham hiermee wil sê dat hy, toe hy uit die huis van sy vader getrek het, vermoed het dat hy geen vrees vir God sou vind by enige van die volke waar hy sou kom nie; sodat dié van Gerar nie moes voel dat dit spesifiek op hulle gemik was nie. |
34Toe neem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sara het hy aan hom teruggegee.
| 34 Dit, asook die voorgaande en volgende, is ’n uitsonderlike beleefdheid van ’n heidense koning, wat voortgekom het uit God se beleid en regering. |
En Abiméleg sê: Daar lê my land 35voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë.
| 35 Hebr. voor jou aangesig, en vir jou ten goede. Sien Gén. 13:9 se kanttekening. Farao het egter die teenoorgestelde gedoen in Gén. 12:19, 20. |
En vir Sara sê hy: Hier gee ek aan 36jou broer 37duisend sikkels silwer. Kyk, 38dit is vir jou ’n bedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig 39geregverdig is.
| 36 Hiermee laat hy Sara op ’n subtiele wyse verstaan dat sy aanleiding gegee het tot hierdie kwaad, deur te sê dat Abraham haar broer was.
37 Hebr. duisend silwer, dit is, volgens die algemene siening, duisend sikkels silwer. Daar was twee tipes sikkels: die burgerlike sikkel, en die sikkel van die heiligdom wat dubbel die waarde van die burgerlike sikkel was. Die mening is dat die algemene of burgerlike sikkel hier verstaan moet word. 38 Naamlik, die geld word vir jou gegee om so ’n bedekking te koop. Anders: hy (Abraham) is vir jou, of: laat hy vir jou wees, ens., dit is, erken van nou af openlik dat hy jou wettige man is, en bedek jou aangesig as ’n teken dat jy getroud is; en dat hy dus ’n beskerming van jou kuisheid is. Sien oor hierdie bedekking van die aangesig van vroue, Gén. 24:65. 1 Kor. 11:10. 39 Of: en wees geleerd. Dit is, leer hieruit en wees gewaarsku om hierna versigtiger te wees. Sommige verstaan dit as Moses se woorde, aldus: so is sy bestraf. |
Toe het 40Abraham tot God gebid, en God het Abiméleg 41gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar.
| 40 Sien vers 7.
41 Sodat hy nie gesterf het van die siekte nie, soos God die HERE hom gedreig het, verse 3, 7. |
Want die HERE het elke moederskoot van die huis van Abiméleg 42geheel en al toegesluit 43ter wille van Sara, die vrou van Abraham.
| 42 Hebr. toesluitende toegesluit oor elke moederskoot, dit is, Hy het hulle onvrugbaar gemaak. Sien hierdie manier van spreek in 1 Sam. 1:5, 6. Daarenteen beteken die opening van die moederskoot die gawe van vrugbaarheid, Gén. 29:31.
43 Hebr. oor die saak van Sara. |
Verwoesting van Sodom. Vertrek van Lot.
EN 1die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl 2Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe
| 1 Van wie in Gén. 18:22 gespreek word, waar hulle manne genoem word, soos hierna, vers 5, ens. Die Hebreeuse woord beteken gesante of boodskappers, soos ook die woord engele, wat uit die Griekse taal geneem is.
2 Vgl. Gén. 18:1, 2. |
en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis 3van u dienaar en bly die nag oor en awas u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal 4op die plein vernag.
| a Gén. 18:4. | 3 Dit is, na my huis.
4 Wel te verstaan, tensy Lot hulle met sterk aandrang oortuig om by hom te oornag; soos gebeur het. Vgl. Luk. 24:28, 29. |
Maar bhy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ’n maaltyd berei en 5ongesuurde koeke gebak, 6en hulle het geëet.
| b Hebr. 13:2. | 5 Wat gou gereed kon wees, sodat hulle vinniger kon gaan rus. Vgl. Gén. 18:6.
6 Sien Gén. 18:2 se kanttekening. |
Hulle het nog nie 7gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: 8jonk en oud, die hele bevolking, 9almal saam.
| 7 Hebr. Voordat hulle gaan lê het, of gelê het, naamlik om te slaap. So ook in Gén. 28:13. Lev. 14:47; 26:6, ens.
8 ’n Gruwelike moedswilligheid waaraan hulle hul oorgegee het en waarin hulle almal saamgespan het, jonk en oud, van alle dele van die stad, en dít in die nag. 9 Verstaan van die een kant tot die ander kant van die stad. |
En hulle 10het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, 11dat ons hulle kan beken.
| 10 Hulle het hul nie geskaam om hul eie sonde en skande in die openbaar uit te roep en by almal bekend te maak nie. God verwyt die Israeliete hierdie Sodomitiese roem in die kwaad, Jes. 3:9, waar Hy sê: en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek.
11 Watter gruwel hulle deur hierdie manier van spreek bedoel, kan ’n mens duidelik uit die antwoord van Lot aflei. Sien Lev. 18:22; 20:13. Rom. 1:26, 27. 1 Kor. 6:10. Jud. vers 7. |
Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe
en sê: My 12broers, moet tog nie kwaad doen nie.
| 12 So het Lot die bose mense beleefd aangespreek, deur hulle broers te noem, ten opsigte van die algemene natuurlike broederskap. Vgl. Gén. 9:5; 29:4. Lev. 19:17. |
Kyk tog, ek het twee dogters 13wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en 14doen met hulle soos dit 15goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want 16daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.
| 13 Sien hierdie manier van spreek in Gén. 24:16. Núm. 31:18. Rig. 11:39. Vgl. Luk. 1:34 en die kanttekening.
14 Lot, wat ’n verskriklike sonde wou voorkom, laat deur menslike ontsteltenis en radeloosheid ’n ander sonde toe, teen sy vaderlike plig en die norm soos in Rom. 3:8. 15 Dit is, soos dit julle welgeval en behaag. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 20:15; 41:37. Núm. 24:1, ens. 16 Naamlik, om vry te wees van alle skade en geweld. Om onder iemand se skaduwee te kom is om jou onder sy beskutting en beskerming te begewe. Vgl. Rig. 9:15. Ps. 36:8. Jer. 48:45. |
Toe antwoord hulle: 17Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om hier as vreemdeling te vertoef en 18wil tog gedurig die cbaas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, dop Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.
| c Ex. 2:14. Hand. 7:27.
d 2 Petr. 2:7, 8. |
17 Dit is ’n dreigement, indien hulle hom in die hande sou kon kry.
18 Hebr. wil hy regsprekende regspreek? of: hy wil regsprekende regspreek. Sien Gén. 2:16 se kanttekening. Vgl. 2 Petr. 2:8. |
Maar 19die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis gebring en die deur toegesluit.
| 19 Die twee engele, Lot se gaste. |
Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, klein en groot, 20met blindheid, 21sodat hulle tevergeefs na die ingang gesoek het.
| 20 Naamlik nie net van die liggaam nie, maar ook van die gees. Hierdie wonderbare straf was nie sodanig dat hulle glad nie kon sien nie, maar was hoofsaaklik in die oordeel van die verstand, dat hulle nie kon onderskei wat hulle enigsins wel gesien het nie. Sien dergelike in 2 Kon. 6:18.
21 Anders: sodat hulle moeg geword het om die ingang te vind. In hulle soeke na die deur met groot moeite, sonder om dit te kon vind, het hulle so moeg geword dat hulle moes ophou en weggaan. |
Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? ’n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en 22almal wat jy het in die stad — bring hulle uit die plek uit;
| 22 Anders: alles wat jy het, ens. |
want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat 23die geroep oor hulle 24groot is 25voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes.
| 23 Anders: die geroep van hulle. Verstaan die geroep van die inwoners van Sodom.
24 Sien Gén. 4:10 se kanttekening; Gén. 18:20. 25 So aan Hom bekend geword het dat Hy na sy geregtigheid wraak daaroor wou oefen. Want die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei, Ps. 34:17. |
Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat 26met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns 27soos een wat gekskeer.
| 26 Of: wat sy dogters sou neem. So ook in Gén. 6:2; 24:3; 28:6; 34:9. Deut. 7:3.
27 ’n Lewendige beeld van die sorgelose en vleeslike mense ten tyde van komende oordele. Sien Matt. 24:38. Luk. 17:28, 29. 1 Thess. 5:3. |
En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters 28wat by jou is, dat jy 29weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie.
| 28 Hebr. wat hier gevind word. Sommige lei hieruit af dat Lot meer dogters gehad het, wat by hulle manne in Sodom gebly en vergaan het.
29 Of: weens die straf van die ongeregtigheid. Sien Gén. 4:13 se kanttekening. |
Maar hy 30het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat 31die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.
| 30 Aangesien hy sonder twyfel teëgehou is deur baie vleeslike gedagtes en bekommernisse.
31 Wat Lot erken, vers 19. |
En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê 32Hy: 33Vlug vir jou 34lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!
| 32 Naamlik die Here, wat by Abraham bly staan het, Gén. 18:22, en van hom weggegaan het, Gén. 18:33. Hoewel sommige meen dat dit een van die engele was, wat aan Lot verskyn het.
33 Of: Ontkom, so ook in dit wat volg. 34 Hebr. siel; so ook in Gén. 37:21. Deut. 22:26. Jos. 2:13. 1 Kon. 19:3. 2 Kon. 7:7. Matt. 2:20. Die betekenis is dat hy sy besittings moes vergeet, maar aan sy lewe moes dink. |
Daarop antwoord Lot 35hulle: Ag nee, my Here!
| 35 Naamlik die engele, maar hy rig nogtans sy woorde in die volgende verse aan die Here, wat nou ook skynbaar by die twee engele teenwoordig was, soos in die voorgaande hfst. met Abraham gebeur het. |
Kyk tog, u kneg het 36genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug 37sonder dat die 38onheil my inhaal en ek sterwe nie.
| 36 Sien Gén. 6:8 se kanttekening.
37 Lot is besorg dat die gebergte te ver gaan wees, en dat hy op pad daarheen deur die verwoesting oorval sou kon word. 38 Hebr. kwaad. Verstaan die onheil van die straf, soos hierdie woord dikwels gebruik word. Sien Deut. 31:17. 1 Kon. 9:9; 14:10. Jes. 45:7. Jer. 6:19. Amos 3:6. |
Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en 39dit is klein. Laat my tog daarheen vlug — 40is dit nie klein nie? — dat ek kan lewe!
| 39 Anders: dit is tog iets wat klein of gering is, en so in dit wat volg.
40 Anders: is dit nie ’n klein saak nie? |
En Hy sê vir hom: Kyk, 41Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie.
| 41 Dit is, Ek sal jou goedertieren wees, en hierdie bede uit genade vergun. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 32:20 en vgl. die kanttekening. |
Vlug gou daarheen, 42want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad 43Soar.
| 42 Omdat dit my goddelike besluit is om jou genadiglik te verskoon.
43 Dit is, klein, tevore Bela genoem, Gén. 14:2. Sien ook Gén. 13:10 se kanttekening. |
Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom.
En 44die HERE ehet swawel 45en vuur oor 46Sodom en Gomorra laat reën 47van die HERE uit die hemel,
| e Deut. 29:23. Jes. 13:19. Jer. 20:16; 50:40. Klaagl. 4:6. Eség. 16:50. Hos. 11:8. Amos 4:11. Sef. 2:9. Luk. 17:29. 2 Petr. 2:6. Jud. vers 7. | 44 Naamlik die Seun van God, wat een in wese, mag en heerlikheid is met die Vader, en hier en in die voorgaande hfst. dikwels JEHOVA of HERE genoem is; aan wie die Vader alle oordeel oorgegee het, Joh. 5:22.
45 Tevore het God ’n algemene oordeel deur water uitgevoer, hier gebruik Hy ’n skrikwekkende en besondere oordeel deur vuur, om daarmee die heillose, verhitte Sodomiete te verteer. ’n Voorbeeld van die ewige straf, Openb. 19:20. Dit het gebeur (na die berekening van sommige) in die jaar 2048 ná die skepping. 46 Voeg hier Adma en Sebóim by volgens Deut. 29:23. Hos. 11:8, want al vier hierdie stede is tegelyk verbrand. 47 Dit is, volgens die mening van vele voortreflike verklaarders, van die Vader, wat deur die Seun werk, Joh. 5:19. |
en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei.
En fsy vrou het 48agter hom 49omgekyk, en sy het 50’n soutpilaar geword.
| f Luk. 17:32. | 48 Dit is, agter Lot, wat die leidsman en voorganger was, wat hom gehaas het om op die plek te kom waar hy behoue sou wees.
49 In stryd met die gebod in vers 17, in hierdie oortreding was ongeloof en ongehoorsaamheid vermeng met gierigheid en ondankbaarheid. 50 Verstaan haar liggaam, wat verander is in ’n soutagtige materie, baie hard om lank te hou en staande te bly. Sien Luk. 17:32. Die Joodse geskiedskrywer Josephus vermeld in sy boek Oudhede dat hierdie soutpilaar nog tot sy tyd gestaan het. Hierdie streek is naderhand die Soutsee genoem. Sien Gén. 14:3 en die kanttekening. |
En Abraham is vroeg in die môre na die plek 51waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het.
| 51 Sien Gén. 18:22. |
Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van ’n smeltoond.
En onderwyl God die stede van die Jordaanstreek verwoes, het God aan Abraham 52gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het 53waar Lot woonagtig was.
| 52 Deels aan Abraham se voorbede; sien Gén. 18:23, 24. Deels aan God se beloftes; sien Gén. 12:3.
53 Dit is, in een daarvan. Sien dergelike manier van spreek in Gén. 18:9; 19:12. Jona 1:5. Matt. 27:44. |
En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy twee dogters gaan woon op die gebergte, 54want hy was bang om in Soar te bly; daarom het hy saam met sy twee dogters in ’n spelonk gaan woon.
| 54 Waar hy nogtans tevore gemeen het om daar veilig te wees, sien vers 20, maar nou vrees hy dat God hierdie stad ook sou verwoes, of dat hy daar onder enige geweld van die inwoners sou ly. |
En die oudste het aan die 55jongste gesê: Ons vader is oud, en daar is geen man 56in die land om, 57na die reël van die ganse aarde, 58by ons in te gaan nie.
| 55 Hebr. kleine, en so ook in verse 34, 35, 38. Dit is, die jongste.
56 Hulle het goed geweet dat daar in Soar manne was, maar het gevrees dat hulle, soos die ander, ook sou vergaan. 57 Hebr. na die weg. Sien Gén. 18:11 se kanttekening. 58 Sien hierdie manier van spreek in Gén. 6:4; 16:2, 4. Net so ook in Deut. 25:5. |
Kom, laat ons aan ons vader 59wyn gee om te drink en 60met hom gemeenskap hou, sodat ons deur ons vader 61’n geslag in die lewe kan hou.
| 59 Wat hulle as voorraad saamgebring het op hul reis vanaf Sodom of Soar.
60 ’n Afskuwelike plan en val in Lot se huisgesin. 61 Dit is, ’n seun, of kind, so ook in vers 34. Sien Gén. 4:25 se kanttekening. |
Hulle gee toe dié nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.
Die volgende dag sê die oudste aan die jongste: Kyk, ek het verlede nag met my vader gemeenskap gehad; laat ons hom vannag weer wyn gee om te drink; gaan dan in, hou met hom gemeenskap, dat ons deur ons vader ’n geslag in die lewe kan hou.
Hulle gee toe dié nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.
So het dan die twee dogters van Lot by hulle vader bevrug geword,
en die oudste het ’n seun gebaar en hom Moab genoem. Hy is die vader van die hedendaagse 62Moabiete.
| 62 Hebr. Moab. ’n Volk wat in die Heilige Skrif genoegsaam bekend is. Hulle het aan die oostekant van die Jordaan en die Dooie See gewoon, tussen die Arnon- en Jabbokrivier. |
En die jongste het ook ’n seun gebaar en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die vader van die hedendaagse 63Ammoniete.
| 63 ’n Volk wat in die Heilige Skrif ook genoegsaam bekend is. Hulle het ook aan die oostekant van Palestina gewoon, maar noord van die Moabiete. |
Abraham tree op as voorbidder vir Sodom.
DAARNA het die HERE aan 1hom verskyn by die 2terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.
| 1 Naamlik Abraham.
2 Sien Gén. 13:18 se kanttekening. Hier het Abraham sy woonplek gekies, nadat Lot van hom geskei het, Gén. 13:18. |
Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie 3manne voor hom. En toe hy hulle sien, aloop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en 4buig hom na die aarde toe.
| a Hebr. 13:2. | 3 In voorkoms, en soos Abraham gedink het; maar inderwaarheid twee engele, terwyl die derde die HERE self was, wat vir hierdie verskyning hulself in menslike liggame vertoon het, waarmee hulle gegaan, gesit, gespreek en geëet het. Sien Hebr. 13:2. Dat een van die manne die HERE God was, blyk uit vers 1 en die vervolg van hierdie geskiedenis.
4 Naamlik, om politieke en burgerlike eer te bewys. Soos in Gén. 23:7, 12. 1 Sam. 25:24. 2 Sam. 14:4. 1 Kon. 1:23. Est. 3:2. |
En hy sê: 5My heer, 6as ek nou genade in 7u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.
| 5 Anders: My here.
6 Dit is, as u my hierdie guns, eer en vriendskap waardig ag. Om by die mens genade te vind, is om sy guns, toegeneentheid en vriendskap te bekom. Sien Gén. 32:5; 34:11; 39:4, ens. 7 Abraham spreek een van hulle aan, wat die aansienlikste was, en wie hy later sou bevind die HERE te wees. |
Laat hulle tog ’n bietjie water 8bring, en 9was u voete, en lê en rus onder die boom.
| 8 Hebr. neem. Sien Gén. 15:9, 10.
9 Volgens die gebruik van daardie lande, om die voete skoon te maak en te verkwik, omdat hulle vanweë die hitte met sandale of kaalvoet geloop het. Sien Gén. 19:2; 24:32; 43:24. Joh. 13:4, 5. |
En laat ek ’n stukkie 10brood gaan haal, en versterk u 11hart — daarna kan u verder gaan — 12want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het.
| 10 Die Hebreërs noem allerlei voedsel brood, 1 Sam. 14:24. Matt. 6:11; 15:2. Luk. 14:1, 15. Vgl. Gén. 3:19.
11 Sien hierdie manier van spreek in Rig. 19:5, 8. 1 Kon. 13:7. Ps. 104:15. Versterk is hier verkwik en voed, wat brood doen, Ps. 104:15, nie uit sigself nie, maar deur die seën van God, Deut. 8:3. Matt. 4:4. 12 Nie dat hy gemeen het dat dit hulle voorneme was nie, maar dat God hul daarom in sy voorsienigheid daarheen gelei het. Sien Gén. 33:10. |
Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie 13mate meel, die beste, en maak 14roosterkoeke.
| 13 Hebr. seïm. ’n Sekere maat van droë ware, gelykstaande aan die inhoud van 144 hoendereierdoppe, wat ’n derde van ’n efa is. Sien ook Ex. 16:36 se kanttekening.
14 Die Hebreeuse woord beteken koeke wat in ’n vuurherd onder of op kole, of in vuurwarm as gebak word; sien Ex. 12:39. Núm. 11:8. 1 Kon. 17:13; 19:6. |
Daarop loop Abraham na die beeste en vang ’n jong, mooi 15kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het.
| 15 Hebr. ’n seun van ’n bees, dit is, ’n kalf, of jong bees. |
En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit 16aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly 17staan; en hulle het 18geëet.
| 16 Hebr. voor hulle aangesig.
17 Om hulle te dien. 18 Sien vers 2 se kanttekening. |
Toe sê hulle vir hom: 19Waar is Sara, u vrou? En hy antwoord: Daar in die 20tent.
| 19 Nie asof hulle dit nie geweet het nie, maar om geleentheid te skep vir die gesprek wat gaan volg.
20 Abraham wys na die tent van sy vrou, soos dit blyk uit die volgende vers; want die huisvaders en -moeders het elkeen hul eie tente gehad, Gén. 23:2; 24:67; 31:33. |
En 21Hy sê: bEk sal 22oor ’n jaar sekerlik 23weer na jou toe kom — dan sal jou vrou Sara ’n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat 24agter Hom was.
| b Gén. 17:19, 21; 21:2. | 21 Die HERE.
22 Dit is, in die volgende jaar, omtrent hierdie tyd van die menslike lewe. Anders: as hierdie tyd sal lewe of lewendig is. Sien dieselfde manier van spreek in vers 14 en 2 Kon. 4:16. 23 Hebr. terugkomende terugkom. Hierdie terugkoms moet nie presies verstaan word as ’n verskyning soos hierdie een was nie, maar as die vervulling van hierdie belofte, wat ’n besoek genoem word, Gén. 21:1. 24 Agter die HERE wat gespreek het, of agter Abraham, wat daar gestaan het. |
Maar Abraham en Sara was coud, 25ver op hulle dae; dit het met Sara nie meer 26volgens die reël van die vroue 27gegaan nie.
| c Gén. 17:17. Rom. 4:19. Hebr. 11:11. | 25 Hierdie manier van spreek is ook in Gén. 24:1. Jos. 13:1; 23:1. 1 Kon. 1:1. Luk. 1:7, 18.
26 Of: volgens die gewoonte. Hebr. volgens die weg, gang of pad. Die weg word by die Hebreërs gebruik vir reël of gewoonte. So ook in Gén. 19:31; 31:35. 27 Hebr. gewees. |
En Sara het 28by haarself 29gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en dmy heer oud is?
| d Rig. 19:26. 1 Petr. 3:6. | 28 Hebr. in haar midde.
29 Nie uit geloof, soos Abraham tevore nie, maar uit swakheid, omdat sy meer let op die natuur as op God se mag. |
Toe sê 30die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?
| 30 Merk op dat Hy wat tot nou toe die woord gevoer het, en in vers 2 ’n man genoem word, hier JEHOVA, die HERE, genoem word. |
e31Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? 32Hierdie tyd, oor ’n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal ’n seun hê.
| e Matt. 19:26. Luk. 1:37. | 31 Naamlik, om te volbring wat Hy belowe het? Anders: Sou enige ding verborge wees vir die HERE? Naamlik dat Hy dit nie sou weet nie?
32 Sien vers 10. |
Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie — want 33sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.
| 33 Vanweë die ontdekte sonde teen God, die skande voor die gaste en die misnoeë van haar man. |
Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan 34om hulle weg te bring.
| 34 Uit beleefdheid. Sien oor sulke dienswilligheid Hand. 20:38; 21:5. Rom. 15:24. 1 Kor. 16:11. Tit. 3:13. |
Daarop sê die HERE: f35Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,
| f Amos 3:7. | 35 Dit is, Ek sal dit geensins vir Abraham verberg nie, sien ook Amos 3:7. Sien dergelike manier van vra wat ’n sterk ontkennende antwoord impliseer in 2 Sam. 7:5 vergeleke met 1 Kron. 17:4, Matt. 7:16 vergeleke met Luk. 6:44. |
terwyl Abraham tog sekerlik ’n groot en magtige nasie 36sal word en gal die nasies van die aarde 37in hom geseën sal word?
| g Gén. 12:3; 22:18; 26:4. Hand. 3:25. Gal. 3:8. | 36 Hebr. wesende sal wees.
37 Dit is, in sy saad Christus Jesus. Sien Gén. 12:3; 22:18 en die kanttekeninge. |
Want Ek het 38hom verkies, 39dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle 40die weg van die HERE moet hou 41om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.
| 38 Of: hom geken. Dit is, Ek het hom uitverkies, bemin en versorg, as my eiendom. So word die woord ken ook gebruik in verskillende tekste, soos in Ps. 1:6. Jer. 1:5; 24:5 se kanttekening. Hos. 13:5. Amos 3:2. Joh. 10:27. 2 Tim. 2:19.
39 Of: sodat. In dieselfde betekenis word die Hebreeuse woordjies wat hier gebruik word, gebruik in Lev. 17:5. Deut. 20:18; 27:3, ens. 40 Dit is, die voorskrif van God se Woord, wat ons onderrig in alles wat ons geloof en ons wandel aangaan. Sien Ps. 51:15, ens. 41 ’n Manier van spreek, dikwels in die Heilige Skrif gebruik, wat alles wat goed en reg is aandui, en vervat is in die eerste en tweede tafel van die wet, en tot die private of openbare lewe behoort. Vgl. Ps. 119:121. |
Verder het die HERE gesê: 42Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar.
| 42 Sien Gén. 4:10 se kanttekening. |
Ek wil 43neerdaal en sien 44of hulle 45werklik gehandel het soos 46die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.
| 43 Sien Gén. 11:5 se kanttekening.
44 God weet alles volkome vanuit Homself; maar Hy spreek hier menslikerwys, as iemand wat nie wil straf sonder ondersoek en volle kennis van sake nie. 45 Hebr. die voleinding gedoen of gemaak het, dit is, die maat van hulle sondes volgemaak het. Sien Gén. 15:16. 1 Sam. 20:7, 9. Anders: of hulle die uiterste verwoesting met hul werke verdien het. 46 Naamlik van die stad Sodom, of: soos die geroep van hulle is, wat by, ens. |
Toe het 47die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van die HERE.
| 47 Verstaan die twee engele, sien Gén. 19:1. Want die HERE het met Abraham bly spreek. |
En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?
Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?
48Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees! Sal 49die hRegter van die ganse aarde geen reg doen nie?
| h Rom. 3:6. | 48 Hebr. Laat dit vir U ver wees om te doen volgens hierdie saak. Hieruit blyk dat Abraham met die voorgaande vrae geensins God wou verdink van onregverdigheid, of straf van onskuldiges nie, want hy wil God nie vermaan oor sy taak, om Hom te wys op wat Hy moes doen nie, maar wil homself verseker van God se natuur, waarkragtens Hy nie anders kon as om reg te doen nie.
49 Hier erken Abraham die Persoon wat met hom gespreek het as die Regter van die wêreld, wat die Here Christus is, Joh. 5:22, 27. Hand. 10:42; 17:31. |
Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.
En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel 50ek stof en as is.
| 50 Naamlik volgens die liggaam, ten opsigte van my oorsprong en einde in hierdie wêreld. Sien Gén. 3:19. Job 4:19. Pred. 12:7. 1 Kor. 15:47, 48. 2 Kor. 5:1. |
Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf-en-veertig vind nie.
En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar 51veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie.
| 51 Naamlik regverdiges, en so ook in die volgende vers. |
Verder sê hy: 52Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie.
| 52 Hebr. Laat die Here nie ontvlam nie, naamlik sy toornigheid. Sien vers 32 en Gén. 4:5 en die kanttekening, 4:6; 31:36. |
Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie.
53Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.
| 53 Merk in hierdie voorgaande gesprek enersyds in Abraham ’n besondere vrymoedigheid op, gepaardgaande met gepaste nederigheid en onderwerping in sy ywerige voorbidding; andersyds in God ’n wonderlike vriendelikheid en verdraagsame goedertierenheid in sy beantwoording; waardeur Hy Abraham volkome tevrede gestel het aangaande die regverdigheid van die verskriklike oordeel wat Hy oor Sodom en Gomorra wou laat kom, omdat die maat van hulle sondes heeltemal vol was. |
En die HERE het weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.
God verander die naam van Abram en stel die besnydenis in.
TOE Abram 1negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is 2God, die Almagtige; awandel 3voor my aangesig, 4dan sal jy 5opreg wees.
| a Gén. 5:22. | 1 Hebr. ’n seun van negentig jaar en nege jare. Dit was die vyf-en-twintigste jaar nadat hy die belofte van die vermenigvuldiging van sy nageslag in Haran ontvang het, Gén. 12:2-4.
2 Dit is, wat nie net sterk en by magte is om jou teen alle kwaad te bewaar nie, maar ook genoegsaam om jou met alles wat nodig is na liggaam en siel te versorg; aangesien Ek ’n God is wat die genoegsaamheid in Myself ewiglik en onveranderlik besit, sodat hy wat Ek as my bondgenoot aanneem, geluksalig is. 3 Sonder geveinsdheid, met ’n opregte hart My vertrou, en My vrees asof jy in my teenwoordigheid verkeer. So ook in Gén. 24:40. Vgl. Gén. 5:22, 24. 4 Of: en wees opreg. 5 Sien Gén. 6:9. |
En bEk wil my verbond 6sluit tussen My en jou, en cjou 7buitengewoon vermeerder.
| b Gén. 15:18. Ex. 2:24; 6:4. Lev. 26:42.
c Gén. 12:2; 13:16; 15:5. |
6 Dit is, vernuwe, en met ’n heilige sakrament bevestig. Sien vers 10.
7 Hebr. in uitermate uitermate. |
Toe 8val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê:
| 8 Daarmee betuig hy nie net sy nietigheid en onwaardigheid nie, maar ook sy eerbiedige, nederige en dankbare hart teenoor die almagtige en genadige God. So ook in vers 17. Lev. 9:24. Eség. 43:3. |
Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal ddie 9vader van ’n menigte van nasies word.
| d Rom. 4:17. | 9 Nie net na die vlees nie, soos van die Israeliete, Ismaeliete, Idumeërs, Ketureërs nie, maar in die besonder na die gees, soos van alle ware gelowiges deur die hele wêreld, van watter geslag en nasie hulle ook al mag wees, Rom. 4:16, 17. Vgl. Gén. 12:2 en die kanttekening. |
Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees 10Abraham, want Ek maak jou ’n vader van ’n menigte van nasies.
| 10 In hierdie naam Abraham is die letter h ingevoeg, synde die eerste letter van die woord hamon, wat God hier gebruik, en wat menigte of veelheid beteken. Dit is die eerste naam wat God verander het; en hieruit het die gebruik ontstaan dat die name by die besnydenis gegee word. |
En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou 11tot nasies maak, en ekonings sal uit jou voortkom.
| e Matt. 1:6, ens. | 11 Sien vers 4 se kanttekening. |
En Ek sal my verbond 12oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as f’n 13ewige verbond, om vir jou ’n 14God te wees en vir jou nageslag ná jou.
| f Gén. 13:15. | 12 Of: bevestig.
13 Ewig vir alle gelowiges in Christus, ten opsigte van die geestelike; maar vir die Israeliete tydelik, tot die koms van Christus, ten opsigte van die liggaamlike, asook dit wat daarmee saamgaan en in die besonder hierdie sakrament van die besnydenis. 14 Dit is, tot jou Saligmaker, deur die komende Messías. Hierdie manier van spreek omvat die weldade wat hierdie genadeverbond meebring; sien Lev. 26:12. Ps. 33:12; 144:15. Jer. 31:33. |
En gEk sal aan jou en jou nageslag ná jou die 15land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, 16as ’n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ’n God wees.
| g Gén. 15:18. Deut. 1:8. | 15 Waarin jy as vreemdeling gekom het, gereis het, nou nog verkeer en sal verkeer. Sien Gén. 28:4; 36:7; 37:1. In die Hebreeus staan die woord vreemdelingskap in die meervoud, om die aanhoudendheid en langdurigheid van die tyd waarin hy daar vreemdeling sou wees, aan te dui.
16 Hebr. as ’n besitting van die ewigheid. Sien vers 7 se kanttekening. |
Verder het God aan Abraham gesê: 17Maar jý moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.
| 17 Dit is, wat jou aangaan, of van jou kant. Nadat God sy beloftes gegee het, vereis Hy ook die verpligting van sy volk, as die ander deel van die verbond. Vgl. dit met vers 4. |
Dit is 18my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat 19manlik onder julle is, moet besny word —
| 18 Dit is, die teken en seël van my verbond, soos in vers 11 verklaar word. Sien Rom. 4:11. Hierdie manier van spreek, waardeur die teken die naam dra van die saak wat aangedui word, word menigmaal in die sakramente gebruik, nie net om die geestelike weldade vir ons aan te dui en te verklaar nie, maar ook om dit aan elke bondgenoot te verseël. Vgl. hiermee Ex. 12:11. Matt. 26:17. Hand. 22:16. 1 Kor. 10:16; 11:24, 25. Tit. 3:5.
19 Net soos die natuurlike onreinheid van die vroue met die manne gedeel was, so het die belofte van genade ook aan die vroue behoort. Nogtans het God ’n sakrament ingestel wat net aan die manlike geslag bedien kon word, omdat die manne die vernaamste oorsaak is van die geboorte en gevolglik van die voortplanting van die natuurlike onreinheid. Dit was toereikend vir daardie tyd, totdat die Messías sou kom en ’n ander teken vir beide geslagte sou instel. Dat die vroue ewenwel ook ingesluit is in die verbond, blyk uit Gén. 34:14. Ex. 12:3, 4. Joël 2:15, 16 en die kanttekening. |
julle moet aan die 20vlees van julle voorhuid besny word, en hdit sal ’n 21teken wees van die verbond tussen My en julle.
| h Hand. 7:8. Rom. 4:11. | 20 Sien oor die manier van besnydenis Jos. 5:2, 3.
21 Hier spreek God van die besnydenis in die letterlike betekenis; want dit was letterlik ’n teken van die verbond, en nie die verbond self nie, soos Hy ook op ’n soortgelyke wyse spreek van die ander sakramente; soos van die pasga, Ex. 13:9; van die heilige doop, Matt. 3:11; van die heilige nagmaal, 1 Kor. 11:28. |
’n iSeuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. 22Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige 23vreemdeling met geld 24gekoop is, wat nie van jou geslag is nie —
| i Lev. 12:3. Luk. 2:21. | 22 Sien Gén. 14:14; 15:3.
23 Hebr. seun van vreemdeling. 24 Hebr. verkryging of koop van geld, dit is, met geld verkry of gekoop is. |
die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet 25sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as ’n 26ewige verbond.
| 25 Hebr. besnydende besny word.
26 Sien vers 7 se kanttekening. |
En wat manlik is en die voorhuid het, 27wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie — 28dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het 29my verbond verbreek.
| 27 Hier moet verstaan word die wat al oud genoeg was, maar deur ongeloof of veragting die besnydenis sou nalaat, of wat die nalatigheid van sy ouers om hom te besny, nie sou regstel deur die besnydenis wel te ontvang nie. Anders: wat nie die vlees van die voorhuid besny nie.
28 Dit is, die mens sal uit die gemeenskap van God se volk geban wees. Hierdie manier van spreek behels ook, volgens die mening van sommige, ’n vorm van lyfstraf wat toegepas moet word deur die owerheid. Vgl. Ex. 31:14 en Lev. 18:29 se kanttekeninge. 29 Sien 1 Kor. 11:27, 29. |
Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal 30Sara wees.
| 30 Hebr. Sarah. Soos die naam Abram verander is na Abraham deur die invoeging van die letter h, so word die naam Sarai verander deur die verwisseling van die letter i met h aan die einde. Sarai beteken, volgens die mening van sommige, my prinses, maar eintlik my prinse. Sarah beteken sonder meer ’n prinses, waarvan die rede in die volgende vers beskryf word. |
En Ek sal haar 31seën en jou uit haar ook ’n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom.
| 31 Sien Gén. 1:28. |
Toe 32val Abraham op sy aangesig, en hy 33lag en sê in sy hart: Kan daar vir een 34wat honderd jaar oud is, ’n kind gebore word? Of kan Sara, 35wat negentig jaar oud is, baar?
| 32 Sien vers 3.
33 Naamlik nie uit twyfel, soos Sara nie, Gén. 18:12, maar uit verwondering en blydskap, terwyl hy sterk in die geloof is, en ten volle vertrou dat God dit wat Hy beloof het, kon en sou volbring. Sien Rom. 4:19-21. 34 Hebr. ’n seun van honderd jaar. 35 Hebr. ’n dogter van negentig jaar. |
En Abraham sê aan God: 36Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig!
| 36 Abraham wens dat Ismael nie geheel deur God verlaat sal word nie, maar dat God sy oog oor hom sal hou, om hom te beskerm en te seën. |
Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou kSara sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom 37Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ’n 38ewige verbond vir sy nageslag ná hom.
| k Gén. 18:10; 21:2. | 37 Hebr. Jitsjak. God gee hom hierdie naam, vanweë die lag van sy vader. Sien vers 17.
38 Sien vers 7. |
Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, lEk seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. 39Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ’n groot nasie maak.
| l Gén. 16:10; 25:12, 16. | 39 Sien die name van hierdie vorste in Gén. 25:13-16. |
Maar 40my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou 41anderjaar mop hierdie tyd sal baar.
| m Gén. 21:2. | 40 Merk hierdie onderskeid: aan Ismael word liggaamlike goedere beloof, maar aan Isak die verbond, wat nie net liggaamlike seën nie, maar ook geestelike seën behels.
41 Dit is, volgende. |
En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het God van Abraham af 42opgevaar.
| 42 Naamlik na die hemel, in so ’n gedaante soos Hy aan hom verskyn het, sien vers 1. |
Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het.
En Abraham was 43negen-en-negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
| 43 Hebr. ’n seun van negentig en nege jaar. So ook in die volgende vers. |
En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
44Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny
| 44 Waarop God aan Abraham die bevel van besnydenis gegee het; sodat hy geensins uitgestel het nie. Vgl. vers 23. |
en al die manne van sy huis — die wat in sy huis gebore en die wat 45van vreemdelinge met geld gekoop is, is saam met hom besny.
| 45 Hebr. van met die seun van ’n vreemdeling. Die betekenis is dat nie net die wat in Abraham se huis gebore is en die wat gekoop is, besny is nie, maar ook die vreemdelinge wat hom gedien het, wat nie in sy huis gebore of gekoop is nie. Anders: van die vreemdeling afkomstig, en nie van Abraham se geslag nie. |
Hagar en Ismael.
MAAR Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het ’n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.
En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my 1nie toegelaat om moeder te word nie. 2Gaan tog in by my slavin; 3miskien sal ek uit haar 4gebou word. En 5Abram het na Sarai geluister.
| 1 Hebr. toegesluit. Dit is, onvrugbaar gemaak. Vgl. Gén. 20:18 se kanttekening.
2 Sien Gén. 6:4. So ook hier in vers 4. Sarai is wanhopig oor haar eie onvrugbaarheid, maar verlang nogtans hartlik na die beloofde nageslag. Sy gaan so ver dat sy van haarself vergeet, en sonder om God te vra, haar man adviseer om op hierdie manier die vervulling van God se belofte te probeer bewerkstellig. Die ingaan by ’n slavin was algemeen in daardie tyd, maar in stryd met die eerste instelling van die huwelik. 3 Sarai het dit gedoen om te kyk of Abram uit Hagar ’n seun mog bekom, wat sy dan as haar eie sou beskou, omdat die kind uit haar slavin in haar huis vir haar gebore is. Sien Gén. 30:3. Ex. 21:4. 4 Hierdie manier van spreek om te bou of die huis te bou vind ’n mens ook in Gén. 30:3. Deut. 25:9. Rut 4:11. Dit beteken om die geslag te onderhou en uit te brei. 5 Abram laat hom deur Sarai oorreed, nie deur onkuise wellus nie, maar deur die redes wat sy geopper het, en wat hom ook ter harte gegaan het. Dit alles sonder om God te vra, oor wie se belofte dit gaan. Hy laat hom veral oorreed omdat dit nog vir hom verborge was of die beloofde nageslag vir hom uit Sarai of uit iemand anders gebore sou word. |
Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin — 6nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het — en 7gee haar aan haar man Abram 8om sy vrou te wees.
| 6 Naamlik, nadat hy uit Haran vertrek en in die land Kanaän gekom het.
7 Sy misbruik die mag wat sy andersins gehad het oor haar slavin en oor die liggaam van haar man, 1 Kor. 7:4. 8 Verstaan ’n vrou, van minder waardigheid as die eerste, aangesien Hagar ’n slavin en onder die gesag van haar meesteres Sarai gebly het, verse 4, 8, 9. Sien verder oor soortgelyke byvroue, Gén. 25:6; 30:3, 9. Sien oor die geestelike betekenis van hierdie huwelik, Gal. 4:22, ens. |
En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres 9veragtelik in haar oë geword.
| 9 Hebr. lig, dit is, klein geag. |
En Sarai sê vir Abram: 10Die onreg my aangedoen, is 11op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die 12HERE oordeel tussen my en jou.
| 10 Hebr. My onreg. Dit het Sarai gespreek uit gebrek aan berusting.
11 Of: om jou, as gevolg van jou, dit moet jou toegereken word, omdat jy wel bemerk dat Hagar my verag, en jy haar nie daaroor bestraf nie. 12 Uit swakheid vertrou sy die oordeel aan God toe, sodat Hy diegene straf wat verkeerd is, indien Abram nie self sou straf nie. Vgl. 1 Sam. 24:13, 16. |
En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin 13in jou hand — doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar 14sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.
| 13 Dit is, in jou mag, onder jou bevel of gesag. So ook in Jos. 9:25. 1 Sam. 14:48. Vgl. Gén. 24:10; 39:4, 6, 8. Núm. 31:49. 2 Kon. 8:20. (Waar in die Hebreeus ook in of uit iemand se hand staan.) Abram wil sê: Alhoewel ek haar as tweede vrou geneem het, het ek haar nogtans nie aan jou gesag onttrek nie; daarom, as sy verkeerd doen, gebruik jou reg, soos oor een wat nog onder jou is.
14 Hebr. verneder. |
En 15die Engel van die HERE het haar by ’n fontein in die woestyn 16gevind, by die fontein op pad na 17Sur,
| 15 Dit is, die Hoof van die engele, die Here Christus, wat daarom ook die HERE genoem word, vers 13 en Gén. 18:26, 33. Rig. 6:14; 13:19, 22.
16 Hierdie woordjie druk die wakende oog van die HERE uit oor die dwalende en bedroefde Hagar. 17 Hebr. Sjur. Van waar ’n mens na Egipte gegaan het, vanwaar Hagar afkomstig was. Sien Gén. 25:18. Ex. 15:22. 1 Sam. 15:7. |
en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.
Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
Verder sê die Engel van die HERE vir haar: 18Ek sal jou nageslag 19grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.
| 18 Hier word die Engel ’n goddelike werk toegeskryf, waaruit dit blyk dat Hy nie ’n skepsel is nie, maar die Skepper self.
19 Hebr. vermeerderende vermeerder. Hierdie liggaamlike seën is te onderskei van die geestelike, wat gebly het by die nageslag van die belofte. |
Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal ’n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.
En hý sal ’n 20wilde-esel van ’n mens wees: 21sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! 22En ahy sal teenoor al sy broers woon.
| a Gén. 25:18. | 20 Dit is, ’n wilde woeste mens, soos ’n wilde-esel; daaronder word verstaan dat hy ’n onverskrokke en vreesaanjaende krygsman sou wees. Sien Gén. 21:20.
21 Dit is, hy sal almal uittart tot geveg en oorlog, en hy sal daarom ook deur ander uitgetart word. Verstaan dit nie net van homself nie, maar ook van sy nageslag. 22 Die betekenis is dat hy die grenspale van sy woongebied wyd en syd sou uitsprei tot onder sy familie, wie hy nie sou vrees nie, maar openlik en onverskrokke sou benader. Sien Gén. 25:18. |
Toe noem sy die 23Naam van die HERE wat met haar gespreek het: 24U is ’n God wat sien. Want sy het gesê: 25Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?
| 23 Hier word die vermelde Engel uitdruklik JEHOVA, die HERE genoem. Vgl. vers 7.
24 Dit is, wat alle dinge sien, en my ook in hierdie swaar ellende goedgunstig aangesien het, deur my op die regte weg te help en te vertroos. 25 Dit is, is dit nie ’n wonder dat ek nog hier die lig mag aanskou en mag lewe nie, nadat Hy aan my verskyn het, wat na my omgesien het in my ellendige staat? Sy het gemeen dat sy sou sterwe, omdat sy die HERE gesien het. Vgl. Gén. 32:30. Ex. 24:11. Rig. 13:22. |
Daarom noem hulle die put: bPut van 26Lagai-Roï. Dit lê daar tussen 27Kades en Bered.
| b Gén. 24:62; 25:11. | 26 Dit is, die lewende wat my sien. Sy vernoem die put na haarself, omdat sy bly lewe het nadat sy die HERE gesien het, en ook na die HERE, omdat Hy haar gunstig aangesien het. Ander meen egter dat beide benaminge op God dui, wat leef en alles sien.
27 Sien Gén. 14:7 en die kanttekening. |
cEn Hagar het vir Abram ’n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, 28Ismael genoem.
| c Gal. 4:22. | 28 Abram was ongetwyfeld deur Hagar meegedeel dat God die naam van die kind so genoem het. Sien vers 11. |
En Abram was 29ses-en-tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.
| 29 Hebr. ’n seun van tagtig jaar en ses jare. So ook in Gén. 17:1. |
Verbond van God met Abram.
NÁ hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom 1in ’n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, 2aEk is vir jou ’n skild en 3jou loon is baie groot.
| a Ps. 16:6; 18:3; 19:12. | 1 ’n Manier waarop God Hom openbaar aan die mens terwyl hy nie slaap nie, waardeur óf iets uitwendig deur God aan hom verskyn, óf hy in sy gees opgeneem word, om daardeur inwendig te sien of te verstaan wat die HERE aan hom wil bekendmaak, Núm. 12:6-8; 24:4. Jes. 1:1. Hand. 10:10, 11. Dit wil voorkom of God in hierdie gesig ook uitwendig aan Abram verskyn. Sien vers 5, ens.
2 Hierdie woorde bevat die volheid van alle geluksaligheid wat God sy kinders in die Messías belowe en gee, bestaande uit die beskerming teen alle kwaad en skenking van alle goed, aanvanklik hier op aarde, en volmaak in die hiernamaals. 3 Of: jou loon in baie groot mate. |
Toe vra Abram: Here HERE, 4wat sal U my gee, 5aangesien ek sonder kinders heengaan en die 6erfgenaam van my huis 7die Damaskéner Eliëser is?
| 4 Dit is, watter gawe sal my verkwik, solank ek nie die vervulling van u belofte aangaande my nageslag, waaruit die Messías sal voortkom, sien nie.
5 Anders: ek gaan tog sonder kinders. 6 Hebr. seun van verwerwing of bestiering of van versorging van my huis, dit is, die versorger van my huis. So word ’n seun van die betroubaarheid gesien, 1 Kon. 1:52, as ’n betroubare man. So ook seuns van die ballingskap, Esra 4:1, as diegene wat in ballingskap was; seuns van die ellende, Spr. 31:5, as ellendiges; en Jer. 48:45 seuns van die beroering, dit is, rumoermakers, as diegene wat beroering veroorsaak. 7 Hebr. Dammesek, dit is, van Damaskus, of Damaskéner. |
Verder het Abram gesê: Aan my het U geen 8nageslag gegee nie; so sal dan 9die bediende van my huis 10my erfgenaam wees.
| 8 Dit is, seun. Sien Gén. 4:25 se kanttekening.
9 Hebr. die seun van my huis. Dit is, my kneg, wat in my huis gebore is. Vgl. Gén. 14:14. Met hierdie manier van spreek word die ingebore knegte onderskei van die seuns van die skoot of eie kinders, soos in Spr. 31:2. Jer. 2:14. 10 Hebr. sal my erf. So ook in vers 4. |
Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: 11Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat 12uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
| 11 Naamlik Eliëser, die Damaskéner.
12 Hebr. uit jou ingewande. Sien 2 Sam. 7:12. Vgl. Gén. 35:11. 2 Kron. 6:9. |
Daarop lei 13Hy 14hom 15uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: b16So sal jou nageslag wees.
| b Ex. 32:13. Deut. 10:22. Rom. 4:18. Hebr. 11:12. | 13 Naamlik God.
14 Naamlik Abram. 15 Buite die tent. 16 Vgl. Gén. 13:16. 1 Kon. 4:20. |
cEn 17hy het in die HERE geglo; en 18Hy het hom dit 19tot geregtigheid gereken.
| c Rom. 4:3, 9, 18, 22. Gal. 3:6. Jak. 2:23. | 17 Nie dat Abram hier eers begin het om te glo nie, maar dat hy sterker geword het in die geloof, terwyl hy sy vlees oorwin; en die groot beloftes wat God in verse 1, 4, 5 van sy nageslag, en vernaamlik van die Messías, aan hom gegee het, tot troos en saligheid van sy siel, al hoe meer aanneem.
18 Dit is, God het hom, wat geen geregtigheid in homself gehad het om voor God se gerig te bestaan nie, uit louter genade as regverdig geag deur die geloof in God se belofte en die beloofde Middelaar, Rom. 4:2, 3, ens. 19 Sien Ps. 106:31. Rom. 4:3. Gal. 3:6. Jak. 2:23. |
Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het 20uit Ur van die Chaldeërs dom jou hierdie land in besit te gee.
| d Ps. 105:11. | 20 Sien Gén. 11:31. |
En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet 21dat ek dit in besit sal neem?
| 21 Hoewel Abram glo, begeer hy nogtans nadere kennis en versterking van God, soos ook ander gelowiges vroeër gedoen het, Rig. 6:37. 2 Kon. 20:8. |
En Hy antwoord hom: 22Neem vir My ’n driejaaroud vers en ’n driejaaroud bokooi en ’n driejaaroud ram en ’n tortelduif en ’n jong duif.
| 22 Dit is opmerklik dat hier sulke diere geneem word soos meestal in die Ou Testamentiese offerdiens gebruik was. |
En hy het dit alles 23vir Hom gebring en dit middeldeur 24gedeel en 25die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.
| 23 Vir God, wat tevore, vers 9, gesê het: Neem vir My, dit is, om My toe te bring.
24 Terwyl hy sonder twyfel deur God onderrig is. 25 Hebr. die man van sy deel teenoor sy naaste of vriend, dit is, die stukke wat by mekaar behoort het, het hy teenoor mekaar gelê, byvoorbeeld die regterkant van die vers teenoor die linkerkant, ens. |
Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle 26weggejaag.
| 26 Met geblaas, volgens die betekenis van die Hebreeuse woord. |
En toe die son wou ondergaan, val daar ’n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot 27duisternis het hom oorval.
| 27 Duisternis beteken in die Heilige Skrif dikwels droefheid, ellende, teëspoed, vgl. Ps. 35:14; 38:7 en die kanttekeninge, ens. |
Daarop sê Hy vir Abram: 28Weet verseker edat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ’n land 29wat aan hulle nie behoort nie; daar sal 30hulle diensbaar wees en verdruk word 31vierhonderd jaar lank.
| e Ex. 12:40. Hand. 7:6. Gal. 3:17. | 28 Hebr. Wetende sal jy weet.
29 Verstaan die land Kanaän, maar vernaamlik Egipte. 30 Naamlik, die Israeliete. 31 Die getal van hierdie vierhonderd jaar (volgens die mees gangbare mening) word hier as ’n afgeronde getal geneem, soos dit dikwels in so ’n beskrywing plaasvind, soos in Rig. 11:26; 20:46 en die kanttekening. 2 Sam. 5:4, 5. 1 Kon. 15:25 en die kanttekening. Die presiese getal is 430 jaar, Ex. 12:41. Gal. 3:17, wat ’n aanvang geneem het met die tyd van die verbond wat God hier met Abram gesluit het ter bevestiging van sy voorgaande beloftes, soos blyk uit Paulus se woorde, Gal. 3:17. Die einde van die voorgemelde jare is die uittog van die kinders van Israel uit Egipte, of die gee van die wet. Ander neem die begin van hierdie jare vanaf die uittog van Abram uit Ur van die Chaldeërs, of uit Haran, of vanaf die geboorte van Isak, of vanaf die tyd toe Ismael Isak bespot het, wat deur Paulus ’n vervolging genoem word, Gal. 4:29. |
Maar Ek sal ook die nasie 32oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek fmet baie goed.
| f Ex. 3:22; 11:2; 12:35, 36. | 32 Hebr. rig of regspreek. Dit beteken dikwels om iemand se saak te bereg en te besleg, óf tot sy nadeel om hom te straf, soos hier en in Ps. 51:6, óf tot sy voordeel, om hom te beskerm, soos in Gén. 30:6. Ps. 7:9. Jer. 5:28; 22:16. |
gMaar 33jý sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in 34goeie ouderdom begrawe word.
| g Gén. 25:7, 8. | 33 Dit is, jy sal sterwe na die liggaam, maar na die siel vergader word tot die staat van die ander lewe. Vgl. Gén. 25:8, 17.
34 Hebr. in goeie grysheid. ’n Goeie ouderdom bestaan eintlik nie slegs in ’n lang lewe en die tydelike geluk nie, maar in die hele lewe wat deurgebring is in godvrugtigheid voor God, regverdigheid jeens die mense, matigheid en gerustheid by jouself. So ook in Gén. 25:8. Rig. 8:32. 1 Kron. 29:28. |
hEn 35die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van 36die Amoriete 37is tot nog toe nie vol nie.
| h Ex. 12:40. | 35 Anders: in die vierde geslag sal hulle terugkom, dit is, ná die einde van vierhonderd jaar, terwyl die leeftyd van die mens in daardie tyd op omtrent honderd jaar gereken was.
36 En van ander bose nasies, wat hieronder genoem word, verse 19-21. So ook in Gén. 48:22. 1 Kon. 21:26. 2 Kon. 21:11. 37 Omdat God hierdie land aan die Amoriete gegee het, en besluit het om hulle nie daaruit te verdelg voordat hulle dit deur en deur sou verdien het nie, so wou Hy die Amoriete die tyd laat vervul, en intussen sy volk beproef en oefen, Jer. 51:13. Matt. 23:32. |
En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ’n 38rokende oond en 39vurige fakkel tussen dié stukke vleis 40deur.
| 38 Hebr. oond van rook. Die verdrukking van die volk van Israel in Egipte word vergelyk met ’n yster-smeltoond, Deut. 4:20. 1 Kon. 8:51. Jer. 11:4.
39 Hebr. fakkel van vuur, wat God se teenwoordigheid en die toekomende verlossing uit die verdrukking beteken. Sien Rig. 6:21. Jes. 62:1. Sag. 12:6. 40 God sluit hier op ’n besonder plegtige, maar baie vriendelike wyse sy verbond met Abram, Jes. 41:8 en Jak. 2:23 en die kanttekeninge, net soos die een mens, vriend en bondgenoot in daardie tyd gewoond was om met die ander te doen; naamlik deur slagting van diere en verdeling van die stukke, waar die bondgenote dan in die middel deurgegaan het, as teken dat die verbondsbreker waardig was om so in stukke gekap te word, sien Jer. 34:18, 19. |
Op dié dag het die HERE met Abram ’n verbond 41gesluit en gesê: iAan jou nageslag 42gee Ek hierdie land, 43van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die 44Eufraatrivier:
| i Gén. 12:7; 13:15; 24:7; 26:4. Ex. 32:13. Deut. 1:8; 34:4. | 41 Hebr. gesny of gekap. ’n Manier van spreek geneem van die slag van diere, en verdeling van die stukke, sien vers 17.
42 Naamlik deur my beslote voorneme en verklaarde belofte, Gén. 13:15, hoewel die uitvoering nog tot die tyd in vers 13 genoem, uitgestel moet word. 43 Hierdeur word die rivier Sihor verstaan, wat Egipte van Kanaän skei, Núm. 34:5. Jos. 13:3. 1 Kron. 13:5. Ander verstaan hier die Nylrivier. 44 Sien Gén. 2:14 en die vervulling hiervan in 2 Sam. 8:3. 1 Kon. 4:21; 9:21. 1 Kron. 18:3. 2 Kron. 9:26. |
45die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
| 45 Hier volg die lys van volke wat die land Kanaän vóór die Israeliete besit het. Vgl. dit met Gén. 10:15, 16, ens. en met die kanttekeninge daar. |
en Hetiete en Feresiete en 46Refaïete
| 46 Sien oor hulle Gén. 14:5. |
en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.
Abram verlos Lot. Melgisédek.
EN in die dae van Ámrafel, 1die koning van 2Sínear, Áriog, die koning van 3Ellásar, Kedor-Laómer, die koning van 4Elam, en Tídeal, die koning 5van die nasies,
| 1 Verstaan hier nie sulke magtige of groot konings en monarge soos ander naderhand wel geword het nie, maar sulke regeerders wat oor enkele lande of plekke en menigte van mense regeer het; dit blyk daaruit dat die vyf stede, Sodom, Gomorra, ens., elk ’n koning gehad het, vers 2.
2 Sien Gén. 10:10 se kanttekening. 3 Dit is, Opper-Susiana in Assirië. Vgl. Gén. 2:11 se kanttekening by die naam Háwila. 4 ’n Gebied in Persië, genaamd Elamais, van Elam, die seun van Sem, Gén. 10:22. 5 Dit wil voorkom of die onderdane en krygsmanne van hierdie koning uit verskeie nasies bestaan het. Sommige meen dat die Hebreeuse woord gojim hier die naam is van ’n sekere plek of gebied. |
6het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van 7Sodom, en teen Birsa, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, 8dit is Soar.
| 6 Dit is die eerste oorlog wat in die Heilige Skrif duidelik vermeld word. Daar word ook niks gevind in enige geskiedenisboek van die wêreld van enige oorlog wat so oud is soos hierdie een nie.
7 Die vyf stede wat hier met oorlog gestraf word, is (behalwe Soar) nie lank daarna nie, vanweë hulle ondraaglike goddeloosheid, met vuur en swawel uit die hemel verteer. 8 Sien Gén. 13:10 en die kanttekening. |
Hulle het almal hulle leërs verenig 9in die laagte Siddim, dit is 10die Soutsee.
| 9 Anders: na of tot. Dit was die laagte waarin die voorgemelde stede geleë was.
10 Dit is ná die ondergang van hierdie stede so genoem, omdat die gebied (waarin baie sout of brak lymgrond was, vers 10) ’n groot stinkende poel geword het, anders genoem: Lacus Asphaltites, dit is, die Pik- of Lymsee, asook die Dooie See, omdat geen dier daarin kon bly lewe nie. |
Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al 11gedien, maar 12in die dertiende jaar het hulle opstandig geword.
| 11 Hulle was skynbaar deur ’n vorige stryd so deur hom onderwerp dat hulle aan hom belasting moes betaal.
12 Hebr. dertien jare, dit is, die dertiende jaar, en so ook in die volgende vers veertien vir die veertiende. |
Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan 13die aRefaïete 14in Ásterot-Karnaim en die Susiete in Ham en 15die bEmiete in die 16vlakte van Kirjatáim
| a Gén. 15:20.
b Deut. 2:10, 11. |
13 ’n Volk afkomstig van Kanaän. Sien Gén. 15:20. Anders: reuse, die mening is dat hulle so genoem is omrede hul gesonde krag en sterkte.
14 ’n Stad oorkant die Jordaan, ook slegs Ástarot genoem, Deut. 1:4. Jos. 9:10; 13:31. Die bynaam is Karnaim, moontlik as gevolg van die stad se ligging. 15 ’n Sekere volk wat soos gemeen word reuse was, Deut. 2:10, 11. 16 Hebr. Sawe–Kirjatáim. ’n Stad van die Rubeniete, later in Gílead opgebou, wat eers, soos dit wil voorkom, Sawe genoem is. Sien vers 17. Núm. 32:37. Jos. 13:19. |
en 17die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by 18El-Paran wat aan die woestyn lê.
| 17 Hebr. Goriet, ’n volk wat in Seïr gewoon het, soos ook Esau, Gén. 32:3, totdat die Edomiete, of Esau se nageslag, hulle daarvandaan verdryf het, Gén. 36:20. Deut. 2:12, 22.
18 Dit is die naam van ’n stad, ’n gebergte en die omliggende land. Sien Núm. 13:3. Deut. 33:2. 1 Sam. 25:1. Háb. 3:3. Hiervan het die woestyn Paran sy naam gekry, Gén. 21:21. Núm. 10:12. |
Daarop het hulle omgedraai en by 19En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die 20Amalekiete verower en ook die 21Amoriete wat in 22Háseson-Tamar woon.
| 19 In die tyd van Moses Kades genoem, geleë in die woestyn Sin, sien Núm. 20:1, 14, 16, 22, wat onderskei word, volgens die mening van sommige, van Kades-Barnéa, waarvan ons lees in Núm. 32:8. Deut. 1:19.
20 ’n Volk wat afstam van Esau, wat hierdie land daarna bewoon het. Sien Gén. 36:12. 21 Een van die volke wat afstam van Kanaän. Sien Gén. 10:15, 16. 22 Hebr. Gatsatson, daarna Éngedi genoem. Sien Jos. 15:62. 1 Sam. 24:1. 2 Kron. 20:2. |
Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,
teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Ámrafel, die koning van Sínear, en Áriog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf.
Maar die laagte Siddim was 23vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle 24daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug.
| 23 Hebr. gate gate. So word ’n woord by die Hebreërs twee maal gestel om die veelheid van iets uit te druk, 2 Kon. 3:16 en die kanttekening. Jer. 2:13.
24 Of: daar geval. ’n Manier van spreek van hulle wat omkom in die slag of andersins. Sien Jos. 8:24, 25. Rig. 8:10; 12:6. 1 Kron. 21:14. Die wat geval het word hier gestel teenoor die wat oorgebly het. |
En hulle het al die 25goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.
| 25 Sien Gén. 12:5 en hierna, verse 12, 16, 21. |
Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek — want 26hy was in Sodom woonagtig.
| 26 Naamlik Lot. Sien Gén. 13:12. |
Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die 27cterpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was 28bondgenote van Abram.
| c Gén. 13:18. | 27 Sien Gén. 13:18 se kanttekeninge.
28 Hebr. here van die verbond. Die woord baäl (eienaar) beteken in die algemeen diegene wat iets besit, of ook gebruik, of geneë is tot iets, ens., soos in Gén. 37:19 heer van drome, wat baie drome het; Gén. 49:23 here van pyle, wat baie pyle gebruik; 2 Kon. 1:8 heer van die hare, wat met baie hare gekleed is; Spr. 29:22 heer van driftigheid, wat tot gramskap geneë is. Here van die verbond is hier diegene wat ’n verbond het met mekaar. |
Toe Abram hoor dat sy 29broer as gevangene weggevoer is, het hy sy 30geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agtien, en hulle tot by 31Dan agtervolg —
| 29 Dit is, sy neef, sy broer Haran se seun. Sien Gén. 11:27.
30 Of: leerlinge. Die Hebreeuse woord beteken iemand wat van jongs af in iets onderrig is, hetsy in religie, krygsake, of andersins. Anders: die wat in sy huis ingewy is. 31 ’n Stadjie aan die voet van die Líbanongebergte en die noordgrens van die land Palestina, tevore Lesem genoem, Jos. 19:47, of Lais, Rig. 18:27. |
hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, 32hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van 33Damaskus lê.
| 32 Asook die volk van Aner, Eskol en Mamre, wat as bondgenote saam met hom uitgetrek het. Sien vers 24.
33 Dit is die baie beroemde hoofstad in Sírië. Sien Jes. 7:8; 17:1. Jer. 49:24, 25. Hand. 9:2. |
En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.
Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte 34Sawe, dit is 35die Koningslaagte.
| 34 Sien vers 5.
35 So genoem vanweë hierdie geskiedenis. Sien ook oor hierdie laagte 2 Sam. 18:18. |
dEn 36Melgisédek, die koning van 37Salem, wat ’n priester van God, die Allerhoogste, was, het 38brood en wyn gebring
| d Hebr. 7:1-3. | 36 Hebr. Melgitsedek, wat ’n voorbeeld was van Christus. Sien Ps. 110:4. Hebr. 7:1.
37 Hebr. Sjalem, daarna Jerusalem genoem. 38 Om Abram te vereer en sy vermoeide leër te verkwik, en nie om daarmee aan God te offer nie. Want die Hebreeuse woord wat hier staan, word nêrens in die Heilige Skrif vir offer gebruik nie. |
en hom 39geseën en gesê: 40Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.
| 39 As ’n priester van die Allerhoogste. Sien Hebr. 7:7.
40 Dit is, deur die Here begenadig, en met allerlei weldade na siel en liggaam begiftig. |
En 41geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe 42gee hy hom die tiende van alles.
| 41 Dit is, geloofd en gedank; soos in Gén. 9:26; 24:27.
42 Abram het aan Melgisédek die tiende van die buit van die oorwonne konings gegee, en niks van dit wat aan die koning van Sodom behoort het nie. Sien Hebr. 7:4, ens., en vgl. dit met vers 23 en 24 hierna. |
En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die 43mense, maar neem die goed vir uself.
| 43 Hebr. die siel, dit is, die persone. Sien Gén. 12:5 en die kanttekening. |
Toe antwoord Abram die koning van Sodom: 44Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,
| 44 Dit is, ek sweer met opgehewe hand. Sien hierdie manier van eedswering ook in Ex. 6:7. Núm. 14:30. Deut. 32:40. Eség. 20:5, 6. Openb. 10:5, 6. |
45dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.
| 45 Hebr. as ek ’n draad en skoenriem, ja, iets sal neem, ens. Dit is ’n onvoltooide sin, by die Hebreërs baie gebruiklik, waardeur hulle die straf wat hulle verdien as hulle verkeerdelik sou sweer, gewoonlik verswyg. Hulle toon daarmee dat hulle hoegenaamd geen straf uitsonder nie, maar dit aan die regverdige oordeel van God oorlaat. Verstaan dan hierop wee my of God doen aan my dit of dat, ens. Sien Gén. 26:29. |
46Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, 47laat dié hulle deel neem.
| 46 Of: Laat dit sonder my wees, omdat ek niks wat aan u behoort sal neem nie. Ander vertaal dit: behalwe slegs wat, ens. Sien dergelike manier van spreek in Gén. 41:16 en die kanttekening.
47 Dit is, laat nie net vir die jongelinge toe wat hulle van die roof van die vyande verteer het nie, maar ook vir die drie manne wat hulle van die roof nog as hulle deel sou mag eis. |
Abram en Lot skei van mekaar.
SO het Abram dan uit Egipte na die 1Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.
| 1 Dit is, na die suidelike gedeelte van Kanaän. |
En Abram was 2baie ryk aan vee, aan silwer en goud.
| 2 Hebr. baie swaar. So het Abram die waarheid van die goddelike belofte beleef. Hy het bedoel om slegs die honger te ontkom, maar hy het bowendien rykdomme ontvang. |
En hy het van 3plek tot plek uit die Suidland getrek tot by 4Bet-el, ana die plek waar sy tent 5in die begin gestaan het, tussen Bet-el en 6Ai,
| a Gén. 12:8. | 3 Dit is, die weë en plekke gevolg waardeur hy tevore na Egipte gereis het, sien Gén. 12:9, of: hy het op so ’n manier gereis dat die vervoer van sy goedere en die trek van sy diere dit kon volhou.
4 Sien Gén. 12:8 se kanttekening. 5 Sien Gén. 12:6, 8. 6 Sien Gén. 12:8 se kanttekening. |
na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar 7die bNaam van die HERE aangeroep.
| b Gén. 4:26; 12:8. | 7 Vgl. Gén. 4:26. |
En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.
cEn die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.
| c Gén. 36:7. |
8En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. dOok het 9die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon.
| d Gén. 12:6. | 8 Sien hfst. 21 en 26, waar van soortgelyke twis gespreek word.
9 Aangesien die ou inwoners nie veel plek in ’n gedeelte van die land vir vreemdes oorgelaat het nie, kon Abram en Lot, wat baie vermoënd in vee was en sonder twyfel deur die inwoners daaroor beny was, nie saam op een plek hul behoefte aan weiding vind nie. Hieruit het nie net twis onder die herders van Abram en Lot ontstaan nie, maar kon daar ook swarigheid van die Kanaäniete oor hulle kom. Sien Gén. 21:25; 26:15, 20, 21. |
Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; 10ons is mos broers.
| 10 Hebr. ons is manne broeders. Dit is, nie net na die vlees, omdat ek jou oom en jy my neef is nie, maar ook na die gees, omdat ons een God dien, en met ons twis die inwoners aanstoot gee en ons godsdiens skande sou aandoen. |
11eLê die hele land nie 12voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.
| e Gén. 20:15; 34:10. | 11 So ’n manier van vraagstelling beklemtoon groot sekerheid. So ook in Gén. 20:5. Ex. 14:12. Rig. 4:6.
12 Hebr. voor jou aangesig, dit is, om deur jou gebruik te mag word. Sien soortgelyke manier van spreek in Gén. 20:15; 34:10, 21; 47:6. |
Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele 13Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van 14Soar soos die 15tuin van die HERE, 16soos Egipteland.
| 13 Jordaan is die naam van ’n rivier, wat die land Kanaän bevogtig, en spruit uit twee fonteine in die gebergte van Líbanon, wat Jor en Dan genoem word.
14 Hebr. Tsohar, ’n stad geleë naby Sodom en Gomorra, wat hierdie naam gekry het toe Lot daarin gevlug het, Gén. 19:23. Tevore was dit Bela genoem, Gén. 14:2. 15 Hiermee word die tuin van Eden verstaan, wat God geplant het, of die tuin van die HERE, dit is, ’n uitermate pragtige tuin. Sien soortgelyke maniere van spreek: die leër van God, 1 Kron. 12:22; God se berge, Ps. 36:7; die seders van God, Ps. 80:11; bomenslike worstelinge, Gén. 30:8 en die kanttekening. Dit is, uitermate groot. In dié konteks dui die woord God uitnemendheid aan. 16 Sien Eségiël 31, waar ’n vergelyking gemaak word tussen die vrugbaarheid van Egipte en Assirië. |
En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan 17die een van die ander geskei.
| 17 Hebr. die man van sy broeder. |
Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.
fEn die manne van Sodom was sleg en groot 18sondaars voor die HERE.
| f Gén. 18:20. Eség. 16:49. | 18 Vgl. Gén. 6:11; 10:9. Hebr. sondaars voor die HERE baie. Nieteenstaande die groot boosheid van die Sodomiete en omliggende volke, het Lot hierdie streek verkies, vanweë die skoonheid daarvan. Anders: sondaars teen die HERE. |
19En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en 20weste;
| 19 God troos Abram oor die vertrek van sy neef en sy keuse van die pragtige streek.
20 Hebr. na die see, Gén. 12:8. |
gwant 21die hele land wat jy sien, 22sal Ek 23aan jou gee en aan jou nageslag 24tot in ewigheid.
| g Gén. 12:7; 15:7, 18; 17:8; 26:4. Deut. 34:4. Hand. 7:5. | 21 Nie dat hy toe die hele land gesien het nie, maar dat die hele land wel aan hom beloof was.
22 Wel tot ’n aardse woonplek vir jou vleeslike nageslag, maar ook tot ’n teken van die hemelse vaderland vir jou geestelike nageslag. Vgl. Hebr. 11:9, 10, 14-16. 23 Naamlik, Ek sal jou die reg tot die aardse Kanaän gee, en jou nageslag na die vlees op die regte tyd daadwerklik in besit daarvan stel. Net so sal Ek jou en jou nageslag na die gees hier die reg tot die hemelse Kanaän gee, en hierna ewig in besit daarvan stel, alles uit genade. 24 Dit is, ’n lang tyd, naamlik totdat die Messías, die saad van die seën, wat uit jou vlees gebore sal word, die werk van verlossing op aarde volbring het. Die Hebreeuse woord word onder ander betekenisse dikwels verstaan as die hele tyd van die wet. Sien Gén. 17:13; 48:4. Ps. 132:14. Of: in letterlike betekenis, in ewigheid ten opsigte van die geestelike Kanaän en die geestelike nageslag. |
hEn Ek sal jou 25nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.
| h Gén. 15:5; 17:4. Deut. 10:22. Jer. 33:22. Rom. 4:17, 18. Hebr. 11:12. | 25 Abram se nageslag en die stof van die aarde word vergelyk met mekaar, nie ten opsigte van dieselfde aantal nie, maar van ’n groot menigte wat by die mense ontelbaar is; sien dergelike manier van spreek in Gén. 15:5; 22:17; 32:12. |
Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.
Toe het Abram 26al verder tente opgeslaan en gaan woon iby die 27terpentynbome van 28Mamre wat 29by Hebron is; en hy het daar vir die HERE ’n altaar gebou.
| i Gén. 14:13. | 26 Dit is, tydens sy reise en trekke het hy hier en daar sy tente opgeslaan.
27 Anders: in die vlaktes. 28 Hierdie Mamre was ’n Amoriet, wat by Hebron gewoon het. Sien Gén. 14:13, 24. En hy moet onderskei word van More, Gén. 12:6. 29 Die woorde wat by Hebron is kan sowel die terpentynbome as Mamre self aandui. Hebron was in die tyd Kirjat-Arba, of die stad van Arba genoem, maar naderhand Hebron. Sien Gén. 23:2; 35:27. Núm. 13:22. Jos. 14:15. 2 Sam. 5:5. |
Roeping van Abram. Hy kom in Kanaän. Sy trek na Egipte.
EN die HERE het aan 1Abram gesê: 2Gaan ajy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land 3wat Ek jou sal wys.
| a Hand. 7:3. Hebr. 11:8. | 1 Naamlik, voordat hy uit Chaldéa vertrek het. Want hierdie bevel van God was die oorsaak van sy verhuising uit Chaldéa, voordat hy nog geweet het waarheen hy sou trek. Dit is eers daarna aan hom geopenbaar. Sien Gén. 11:31. Vgl. hiermee Hand. 7:3, 4.
2 Hebr. Gaan vir jou, dit is, vir jou beswil; so ook in Gén. 22:2. Net so ook vlug vir jou, Gén. 27:43; ondersoek vir jou, Gén. 31:32. Maar in ander gevalle is die woordjie jou in die Hebreeuse taal dikwels as ’n oortollige byvoegsel gebruik, soos sommige hier ook verstaan. 3 Hy noem geen land nie, om sodoende Abram se geloof, gehoorsaamheid en geduld deur middel van beproewing te oefen en openbaar te maak. |
En Ek sal jou ’n 4groot nasie maak en jou 5seën en jou naam so groot maak, dat jy 6’n seën sal wees.
| 4 Nie net ten opsigte van die menigte van mense van wie jy vader na die vlees sal wees nie, maar ook ten opsigte van hul waardigheid, omdat hulle my volk en eiendom sal wees, wie se vader jy na die gees sal wees, Rom. 4:11, 12, 16, 17; 9:6-8. Gal. 3:7.
5 Die seën van God beteken allerlei weldaad, óf in die algemeen, liggaamlike en geestelike, aardse en hemelse, tydelike en ewige, Gén. 24:1. Deut. 28:2-4, ens., óf in die besonder enkele daarvan, Gén. 1:22, 28; 39:5. Deut. 7:13. Ef. 1:3. 6 So volkome geseënd dat jy nie net in jouself God se seën sal besit nie, maar dat ook dieselfde seën deur jou saad (nageslag), dit is, Christus, oor ontelbare ander uitgesprei sal word. |
En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; ben 7in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
| b Gén. 18:18; 22:18; 26:4. Hand. 3:25. Gal. 3:8. | 7 Dit is, in jou saad, nageslag, Gén. 22:18; 26:4; 28:14, hierdie saad is Christus, Gal. 3:16, wat uit Abraham se nageslag na die vlees moes voortkom, Matt. 1:1, om vir alle ware gelowiges, van wie Abraham die vader is, die ewige seëning te verwerf en te skenk, Gal. 3:28, 29. Anders: saam met jou, naamlik deur die geloof in Christus, soos in Gal. 3:8, 9 in jou verduidelik word saam met Abraham. Sien ook Rom. 4:11, 12, 16. |
Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was 8vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit 9Haran.
| 8 Hebr. ’n seun van vyf jare en sewentig jaar.
9 Waar hy tevore met sy vader Tera uit Chaldéa aangekom het, Gén. 11:31. |
cEn Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle 10besittings wat hulle bymekaargemaak en 11die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land 12Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.
| c Hand. 7:4. | 10 Dit is as eerstelinge van die beloofde seën, wat Abram en sy mense in Haran ontvang het. Die Hebreeuse woord omvat allerlei goedere, hetsy vee, of geld, en huisraad.
11 Hebr. siel. Dit is, mense wat diensbaar was, die wat hy verower het, en die wat uit hulle gebore was. Want Abraham het toe nog geen kinders gehad nie. Die Hebreeuse woord word so gebruik vir mense of persone, Gén. 17:14. Ex. 12:15. Lev. 2:1. Núm. 23:10. Deut. 24:7. Rig. 16:30. Mark. 3:4, ens. 12 Sien oor die grense van die land (naderhand Palestina genoem, en die beloofde land, omdat dit aan Abram se nageslag beloof was, vers 7), Gén. 10:19 en die kanttekening. |
En Abram het deur die land getrek na die plek 13Sigem, tot by die 14terpentynboom 15More. 16dDie Kanaäniete was toe in die land.
| d Gén. 10:18, 19; 13:7. | 13 Hebr. Sjegem, geleë in die middel van die land Kanaän, op die gebergte van Efraim, Jos. 21:21. Rig. 8:31. 1 Kron. 6:67. Hand. 7:16, anders genoem: Sígar, Joh. 4:5.
14 Sien Deut. 11:30. 15 Dit kan die naam van ’n man wees, na wie hierdie plek so genoem word. 16 Hebr. Die Kanaäniet, ’n vervloekte, afgodiese en goddelose volk, afkomstig van Kanaän, Gam se seun. Sien Sag. 14:21. |
17Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: eAan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. 18Toe bou hy daar ’n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.
| e Gén. 13:15; 15:18; 17:8; 24:7; 26:4. Deut. 34:4. | 17 Om deur ’n nuwe openbaring Abram, wat gesien het dat die Kanaäniete die land bewoon, in die geloof te versterk.
18 Naamlik, om daar offers, gebede en danksegginge te doen; en onder sy mense die gehele uiterlike godsdiens in teenstelling met die afgodery van die Kanaäniete te beoefen; wat die Naam van die HERE aanroep genoem word. Sien vers 8; Gén. 4:26 en die kanttekening. |
En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van 19Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die 20weste- en 21Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE ’n altaar gebou en 22die Naam van die HERE aangeroep.
| 19 ’n Stad geleë in die land wat later aan die stam van Benjamin toegeken is. Dit is eers deur Jakob so genoem, terwyl hy na Mesopotámië gereis het, maar dit was voor die tyd Lus genoem, Gén. 28:19.
20 Hebr. see. Hierdeur word die weste verstaan, omdat die westekant van Kanaän aan die see geleë was. Sien Gén. 13:14; 28:14. Núm. 3:23. Deut. 3:27, ens. 21 ’n Stad van die land Kanaän, in die gebied van die stam van Benjamin, ooswaarts van Bet-el geleë. Sien Jos. 7:2. 22 Sien Gén. 4:26 se kanttekening. |
Daarna het Abram 23al verder na die Suidland weggetrek.
| 23 Dit is, langsamerhand en gedurigdeur voortgereis. |
En daar was 24hongersnood in 25die land, sodat Abram na 26Egipte 27afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.
| 24 Hier word Abram se vertroue beproef.
25 Naamlik Kanaän, wat wel vrugbaar was, Deut. 8:7, 8, maar nou vanweë die boosheid van die inwoners met onvrugbaarheid gestraf word, Ps. 107:34. 26 ’n Land in die Hebreeus Misraïm genoem, vernoem na Misraïm, die seun van Gam, geleë in Afrika. Dit grens in die ooste aan die Rooi See en ’n deel van Arabië, in die suide aan Ethiópië, in die weste aan Libië, en in die noorde aan die Middellandse See; baie bekend in die Heilige Skrif, Gén. 13:10; 39:1, ens. 27 Bedoelende dat hy, om God nie te versoek nie, wel vir ’n tyd mog vertrek, om hierdie swaar tyd te ontkom. |
En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: 28Kyk, ek weet dat jy ’n vrou is mooi van aansien.
| 28 Hier val Abram in vleeslike vrees, terwyl hy op sy God moes vertrou het. |
As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou — en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.
fSê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en 29ek om jou ontwil in die lewe kan bly.
| f Gén. 20:12; 26:7. | 29 Hebr. my siel. Dit is, my persoon. Sien vers 5 se kanttekening. |
Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.
Ook het die 30vorste van Farao haar gesien en haar by 31Farao geprys. En die vrou is 32na die paleis van Farao 33geneem.
| 30 Dit is, die vernaamste here, edeles, en offisiere van Farao se hof, wat in die algemeen met sulke dienste probeer om hul prinse te behaag.
31 ’n Algemene titel van alle konings van Egipte, wat hulle behou het totdat hulle naderhand die naam Ptolomeüs gekry het. 32 Nie tot die koning nie, maar tot die koninklike huis van die vroue, om daar volgens die wyse van die land gereedgemaak te word totdat die koning haar tot sy vrou sou neem. Sien Est. 2:8, 9. Intussen het God sorg gedra vir Abram en vir die kuisheid van sy vrou. 33 Naamlik, om gelei te word na Farao se huis. Die Hebreërs omvat dikwels by een woord die betekenis van nog ’n ander woord; soos hier en elders gebeur met die woord lakag, om te neem. Sien Gén. 18:4; 24:22; 27:13, asook met ander woorde in ander verse. Sien Gén. 18:7. Ps. 143:3. Eség. 28:16. |
En hy het goed gedoen aan Abram 34om haar ontwil, sodat hy kleinvee en 35beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het.
| 34 Omdat hy hom voorgeneem het om met haar te trou, en dit liewer met Abram se vriendskap as met sy onwilligheid.
35 Onder die woord beeste word allerlei grootvee gereken. So ook in Gén. 13:5; 20:14; 26:14. Lev. 1:2, ens. |
Maar die gHERE het Farao en sy huis met 36groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.
| g Ps. 105:14. | 36 Watter soort plae dit was, is onseker. Dit is seker dat dit gedien het, sowel om te verhinder dat Sarai geskend word, as om hierdie daad van die koning en sy huis te straf. |
Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? 37Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie?
| 37 Farao het dit nou sonder twyfel geweet, deels vanwëe die aard van sy plaag en die wroeging van sy gewete, en deels uit die ingewing en openbaring van God, soos op ’n ander tyd met Abiméleg gebeur het, Gén. 20:3. |
Waarom het jy gesê: Sy is my suster — sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem haar en gaan weg.
38En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.
| 38 Hier staan nie dat Abram enige woorde van verontskuldiging gebruik het nie, maar hy het sonder twyfel sy swakheid en onbedagsaamheid gevoel en beleef, asook ’n besondere genade van die Here, wat hy bemerk het in die goddelike beleid aangaande hierdie saak. |
Die toring van Babel.
EN 1die hele aarde het 2dieselfde 3taal gehad en een en dieselfde woorde.
| 1 Alle inwoners van die aarde, voor en ná die sondvloed, totdat hierdie verdeling van taal plaasgevind het.
2 Dit word aangeneem dat dit die Hebreeuse taal (wat vernoem is na Heber) was, onder andere daarom dat die eiename van die eerste mense van Hebreeuse oorsprong is, soos Adam, Eva, Kain, Abel, ens. 3 Hebr. lip; so ook in dit wat volg. |
En toe 4hulle wegtrek na die 5ooste, vind hulle ’n laagte 6in die land aSínear; en daar het hulle gaan woon.
| a Gén. 10:10. | 4 Dit is veral te verstaan as Gam se nageslag en hulle hoof Nimrod. Sien Gén. 10:10.
5 Van die plek waarheen hulle eers getrek het, toe hulle vanweë die menigte by die berg Árarat, waar die ark gerus het, hulle enigsins moes versprei. Sien Gén. 8:4. 6 Waarin Babel geleë was. Sien Gén. 10:10 se kanttekening. |
Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons 7stene vorm en dit 8goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en 9die lymgrond vir klei.
| 7 Of: bakstene maak of gereedmaak.
8 Hebr. brand met of tot branding, dit is, deur middel van brand dit hard bak. 9 ’n Taai materiaal, wat vaster kleef as pik en volop aanwesig was in hierdie lande; sien Gén. 14:10. Die geskiedskrywers skryf dat die mure van Babel hiermee gemessel was, en dat dit so hard geword het soos yster. |
En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toring waarvan die 10spits 11tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ’n naam maak, sodat ons nie oor 12die hele aarde verstrooid raak nie.
| 10 Hebr. hoof.
11 ’n Manier van spreek, in ’n oortreffende trap van vergroting; sien Deut. 1:28; 9:1. Ps. 107:26. Matt. 11:23. Dit is ’n heeltemal goddelose en vermetele voorneme, asof hulle, terwyl hulle God en alle mense uitdaag, so ’n bouwerk wou oprig, met die bedoeling om hulle teen alle geweld te beveilig. 12 Hebr. die aangesig van die hele aarde, so ook in verse 8, 9. |
Toe 13daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die 14mensekinders gebou het.
| 13 Menslik van die oneindige en alwetende God gespreek. Die betekenis is: God het van hulle hele vermetele en goddelose bestaan geweet en dit gesien, terwyl Hy geopenbaar het dat Hy Hom gereedgemaak het om hulle te straf.
14 Of: kinders van die mens, vgl. Gén. 6:2 se kanttekening. |
En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou 15sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
| 15 Dit is, hulle sal met hulle werk wil voortgaan. Anders: sal al wat hulle van plan is om te doen nie afgesny of belet word nie? |
Kom, 16laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan 17verstaan nie.
| 16 Vgl. Gén. 1:26 se eerste kanttekening.
17 So ook in Gén. 42:23. Deut. 28:49. Jer. 5:15. 1 Kor. 14:2. Vgl. 1 Kon. 3:9 se kanttekening. |
18bSo het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
| b Deut. 32:8. Hand. 17:26. | 18 Wat hulle gemeen het om te voorkom, het hulle deur God se regverdige oordeel oorgekom. |
Daarom 19het hulle dit 20Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
| 19 Anders: het Hy dit Babel genoem, naamlik God.
20 Sien Gén. 10:10. Die woord beteken verwarring, of vermenging, of die verwarring het gekom, of daarin is verwarring. |
Afstammelinge van Sem.
cDIT is die stamboom van Sem: Toe Sem 21honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpágsad geword, twee jaar ná die vloed.
| c Gén. 10:22, ens. 1 Kron. 1:17, ens. | 21 Hebr. ’n seun van honderd jaar, dit is, Sem was honderd jaar oud. Sien Gén. 7:6 en die kanttekening. |
En Sem het ná die geboorte van Arpágsad nog vyfhonderd jaar 22gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
| 22 Sien Gén. 5:3 en die kanttekening. |
Toe Arpágsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van 23Selag geword.
| 23 Hebr. Sjelag. |
En Arpágsad het ná die geboorte van Selag nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.
En Selag het ná die geboorte van Heber nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.
En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe dPeleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.
| d 1 Kron. 1:25. |
En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.
En Rehu het ná die geboorte van Serug nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van 24Nahor geword.
| 24 Hebr. Nagor. |
En Serug het ná die geboorte van Nahor tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Nahor negen-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van 25Tera geword.
| 25 Hebr. Terag. |
En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die 26vader geword van 27Abram, Nahor en Haran.
| 26 Dit is, hy het begin om te verwek. Sien Gén. 5:32.
27 Abram word eerste genoem, nie omdat hy die oudste was nie, maar die waardigste; soos dit ook volgens die mening van sommige met Sem gebeur het, Gén. 5:32 se kanttekening; Gén. 10:1. |
eEn dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.
| e Jos. 24:2. 1 Kron. 1:26. |
En Haran het gesterwe 28terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in 29Ur van die Chaldeërs.
| 28 Hebr. voor die aangesig van sy vader.
29 ’n Stad in die land van Chaldea. Sien Neh. 9:7. Hand. 7:4. |
En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was fMilka, 30die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.
| f Gén. 22:20. | 30 Milka was getroud met haar oom Nahor. Hierdie huwelike was nog nie deur die wette van daardie tyd uitdruklik verbied nie. Sommige meen dat Jiska Sarai was, die vrou van Abram. Ander meen dat Sarai nie die dogter van Haran was nie, maar dat sy Abram, Nahor en Haran se suster was, uit dieselfde vader, Tera, maar nie uit dieselfde moeder gebore nie. Vgl. Gén. 20:12. |
En gSarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.
| g Gén. 16:1, 2; 18:11, 12. |
hEn 31Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en 32dié het saam 33met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by 34Haran gekom en daar gaan woon.
| h Jos. 24:2. Neh. 9:7. Hand. 7:4. | 31 Naamlik, nadat hy van sy seun Abram verstaan het dat God hom geroep het om uit te gaan uit sy vaderland, volgens die beskrywing daarvan in die twaalfde hfst.
32 Naamlik Lot en Sarai. 33 Naamlik Tera en Abram. 34 Hebr. Garan. ’n Stad in Mesopotámië, bekend in die geskiedenisse. Sien Gén. 24:10; 28:10; 29:4. |
En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.
Afstammelinge van Jafet, Gam en Sem.
EN dit 1is die 2stamboom van die seuns van aNoag: Sem, Gam en Jafet — vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.
| a 1 Kron. 1:4. | 1 Die doel van hierdie beskrywing is vernaamlik om aan te wys van watter vaders die Messías na die vlees afgestam het, en onder watter volk die gemeente van God in die tussentyd was. Daarna om die oorsprong van die volke en die verdeling van die lande wat hulle bewoon het, bekend te maak. Dit alles is ook heel nuttig vir die verklaring van baie Skrifgedeeltes, soos in die vervolg sal blyk.
2 Of: geboortes, geslagte. Sien Gén. 5:1; 6:9 se kanttekening. |
Die 3bseuns van Jafet was: 4Gomer en 5Magog en 6Madai en 7Jawan en 8Tubal en 9Meseg en 10Tiras.
| b 1 Kron. 1:5. | 3 Hulle het hul veral noord- en weswaarts van hul woonplekke uitgesprei; want hulle het hul eers gevestig in Klein-Asië, en het langsamerhand veral die noordelike lande en Europa gevul.
4 Sy nageslag het die noordelike gedeelte van Klein-Asië bewoon, daarom word hulle by die noordelike volke ingesluit, Eség. 38:6. En omdat hulle ook weswaarts uitgebrei het, word gereken dat hulle ook die stamvaders is van die volke in wie se lande die Gallo-Grieke naderhand gewoon het. 5 Die oorsprong van die Skitiërs. Sien oor hulle Eség. 38:2 se kanttekening; Eség. 39:6. 6 Van wie die Meders afkomstig is. Sien 2 Kon. 17:6. Jes. 13:17. Jer. 25:25. Daniël 5; 6; 8. 7 Die vader van die Grieke. Sien Jes. 66:19. Eség. 27:13, 19. Dan. 8:21. Joël 3:6. 8 Die mening is dat uit hom die Iberiërs, en uit hulle die Spanjaarde voortgekom het. Sien Eség. 27:13; 32:26; 38:2, 3. 9 Hebr. Mesjeg. Wie van hom afkomstig is, is onseker. Sommige meen die mense van Kappadosië; ander meen die van Misië; nog ander meen die Moski of Moskowiete. Sien Eség. 38:2, 3. 10 Van hom word nie weer in die Heilige Skrif gemeld nie. Die oorwegende mening is egter dat die Thrasiërs, bure van die Masedoniërs, uit hom voortgekom het. |
En die seuns van Gomer was: 11Áskenas en 12Rifat en 13Togárma.
| 11 Die vader van die inwoners van Pontus en Bithínië, streke geleë in Klein-Asië. Sommige meen dat die Duitsers van hom afkomstig is. Sien Jer. 51:27.
12 Anders: Difat, sien ook 1 Kron. 1:6 en die kanttekening. Hy was die stamvader van die Paflagoniërs, ’n volk van Klein-Asië, tevore Rifateërs of Rifeërs genoem. 13 Hy word vernaamlik gesien as die oorsprong van die volk in Klein-Armenië, of (volgens die mening van ander) die Hoogduitsers. Sien Eség. 27:14; 38:6. |
En die seuns van Jawan was: 14Elísa en 15Tarsis, die 16Kittiërs en 17Dodaniete —
| 14 Van wie die Eoliërs afstam, ’n volk in Griekeland. Vgl. Eség. 27:7.
15 Die hoofstad van Cilícië, die vaderland van Paulus, is na hom genoem, Hand. 22:3. Hierdie Tarsis was dus die oorsprong van die Cilíciërs. Sien Eség. 27:12. Jona 1:3. 16 Die inwoners van Masedonië, of van Italië, of van Ciprus, of van ’n deel van die land Cilícië. Daar is egter meningsverkille daaroor. Sien Núm. 24:24. Jes. 23:1. Jer. 2:10. 17 Anders: Rodaniete, 1 Kron. 1:7. Die mening is dat die Rodiërs en die Doriërs hulle afstammelinge is. |
uit hulle het verdeeld geraak die 18kuslande van die nasies, in hulle lande, 19elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.
| 18 Of: eilande. Verstaan die kuslande en eilande weswaarts van Sirië tussen die Middellandse See en die Atlantiese Oseaan.
19 Die verdeling van tale het op hierdie tydstip nog nie plaasgevind nie (sien Génesis 11), maar Moses verhaal dit hier volgens die tyd waarin hy dit geskryf het. Sien dergelike voorbeeld in Gén. 12:8; 13:3, ens. |
En die seuns van c20Gam was: 21Kus en 22Misráim en 23Put en 24Kanaän.
| c 1 Kron. 1:8. | 20 Sy nakomelinge het van Babel veral suidwaarts verdeel in ’n deel van Asië, en in Afrika, en vir ’n tyd in Palestina. Sien hieroor 1 Kron. 4:40. Ps. 105:27.
21 Van hom is die Arabiere en die Kusiete afkomstig. Sien Gén. 2:13 se kanttekening. Net so ook 2 Kon. 19:9. Job 28:19. Jer. 13:23; 46:9. 22 Die stamvader van die Egiptenaars. Die naam kom baie in die Heilige Skrif voor. En dit is ook die naam van die streek Egipte self en van die inwoners. 23 Die mening is dat hy ’n deel van Líbië (waar die rivier Put geleë is) bewoon het. Sien Jer. 46:9. Eség. 27:10; 38:5. 24 Die stamvader van die Kanaäniete, in die Skrif genoegsaam bekend. Sien Gén. 9:25; 10:18. |
En die seuns van Kus was: 25Seba en 26Háwila en 27Sabta en 28Raéma en 29Sábtega. En die seuns van Raéma: 30Skeba en 31Dedan.
| 25 Van hom kom die Sabeërs, in Woes-Arabië (Arabia Deserta). Sien Ps. 72:10. Jes. 43:3.
26 Die vader van die inwoners van ’n land so genoem, Gén. 2:11. 27 Die mening van die geleerdes is dat sy nakomelinge die onderste deel van Ryk-Arabië (Arabia Felix) bewoon het. 28 Ook ’n stamvader van die inwoners van die voorgemelde Arabië. Sien Eség. 27:22. 29 Die mening is dat hy ook ’n stamvader van dieselfde nasie was. 30 Suidwaarts wonende in Kus, ook Ethiόpië genoem, sien Hand. 8:27, van waar gemeen word die koningin van Skeba gekom het. Sien 1 Kon. 10:1, 4. Eség. 27:22. Matt. 12:42. Ander verbind hom aan Ryk-Arabië (Arabia Felix). 31 ’n Mede-inwoner van Ryk-Arabië (Arabia Felix), of, volgens die mening van ander, van Kus. Sien Eség. 27:15; 38:13. |
dKus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om 32’n geweldenaar op aarde te wees.
| d 1 Kron. 1:10. | 32 Of: ’n geweldige, sien ook Gén. 6:4. |
Hy was ’n geweldige 33jagter 34voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ’n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.
| 33 Hebr. geweldig in jag, naamlik nie net van diere nie, maar ook van mense, met wie hy gehandel het soos jagters met die wild, wat hulle doodmaak of onderdruk volgens hulle begeerte. Sien hierdie manier van spreek in Jer. 16:16. Klaagl. 3:52.
34 Dit is, openlik en vermetel, sonder vrees vir God en skaamte vir die mense. Vgl. Gén. 6:11. |
En die 35begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land 36Sínear.
| 35 Nimrod word gesien as die stigter van die eerste monargie, en hy het eers hierdie vier stede gebou; soos Kain die eerste stad gebou het, voor die sondvloed.
36 Hebr. Sjin’ar, die land van Mesopotamië en Chaldea, vernoem na ’n gebergte wat daaraan grens. Sien oor hierdie Sínear ook Gén. 11:2; 14:1. Jos. 7:21. |
37Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: 38Ninevé en 39Réhobot-Ir en Kalag
| 37 Anders: Uit hierdie land het Assur uitgegaan.
38 Die hoofstad van Assirië, Jona 1:2. 39 Anders: Réhobot die stad, of die strate van die stad, naamlik van Ninevé. |
en Resen, tussen Ninevé en Kalag — dit is 40die groot stad.
| 40 Naamlik Ninevé. Sien Jona 3:3; 4:11. |
En Misráim was die vader van die 41Ludiete en 42Anamiete en 43Lehabiete en 44Naftuhiete
| 41 Die volk van Lidië in Mauritanië. Sien hieroor Jes. 66:19.
42 Mense bring hulle in verband met die Cireneërs. 43 Hulle word in verband gebring met die Libiërs in Afrika. 44 Sommige meen dat hulle die Numidiërs is. |
en die 45Patrusiete en 46Kasluhiete — 47waaruit die 48Filistyne 49voortgekom het — en 50Kaftoriete.
| 45 Wat in die omstreke van Patros in Egipte gewoon het. Sien hieroor Jes. 11:11.
46 Die inwoners van Kassiotis. 47 Asook uit die Kaftoriete. Sien Deut. 2:23. Jer. 47:4. Amos 9:7. Dit wil voorkom of enkele nakomelinge van hierdie twee saam uit hul woonplek na die land Palestina opgetrek en dit ingeneem het. Daarom word hulle Filistyne genoem. 48 Die inwoners van Palestina. 49 Anders: uitgekom. 50 Afkomstig van Kaftor; sien oor hulle Deut. 2:23. |
En Kanaän was die vader van 51Sidon, sy eersgeborene, en 52Het
| 51 Hebr. Tsidon. Bouer van die stad Tsidon of Sidon in Fenisië; sien oor hom Jos. 11:8; 19:28. Rig. 1:31, ens.
52 Die vader van die Hetiete; sien oor hulle Jos. 1:4; 9:1, ens. |
53en die 54Jebusiete en 55Amoriete en 56Girgasiete
| 53 Dit is nie net eiename van persone nie (Jebusi, Amori, ens.), maar ook van die volke wat uit hulle voortgekom het.
54 Sien oor hulle Jos. 15:8; 18:28. Rig. 1:21. 55 Sien oor die Amoriete Deut. 2:24. 56 Sien Matt. 8:28 (Gergeséners). |
en die 57Hewiete en Arkiete en 58Siniete
| 57 Sien Rig. 3:3.
58 Aan hulle word gedink in Jes. 49:12. |
en die 59Arwadiete en 60Semariete en 61Hamatiete. En daarna het die geslagte van die 62Kanaäniete hulle versprei.
| 59 Sien Eség. 27:8, 11.
60 Sien Jos. 18:22. 2 Kron. 13:4. 61 Sien Amos 6:2, 14. Sag. 9:2. Sien oor sommige van hulle saam Gén. 15:19-21. 62 Verstaan hier die Kanaäniete in die algemeen vir al die nakomelinge of volke van Kanaän. |
En die 63gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by 64Gasa, in die rigting van 65Sodom en 66Gomorra en Adma en 67Sebóim tot by 68Lesa.
| 63 Die grense van die land Kanaän word hier afgebaken; dit was in die lengte aan die westekant, Sidon in die noorde en Gasa in die suide, aan die oostekant Lesa in die noorde en Sodom in die suide; so was die breedte in die noorde Sidon en Lesa, en in die suide Gasa en Sodom.
64 Hebr. Azza. 65 Hebr. Sedom. Sien oor hierdie stad en die volgende drie, Gén. 13:10; 14:2. 66 Hebr. Amora. 67 Hebr. Tsebóim. 68 Hebr. Lasja. |
Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.
En ook vir Sem, die 69stamvader 70van al die seuns van Heber, die ouer broer van 71Jafet, is 72seuns gebore.
| 69 Dit is, nie net die oorsprong na die vlees, ten opsigte van die natuurlike geboorte nie, maar ook ’n voorganger na die gees, ten opsigte van die wedergeboorte.
70 Dit is, die Hebreërs (wat daarom ook Heber genoem word, Núm. 24:24), by wie die kerk van God met die ware leer en die ware godsdiens vir ’n lang tyd gebly het. Anders: kinders van die oortog van die Eufraatrivier, wat deur Abraham oorgesteek is, Jos. 24:3. Sien verder van Sem in Gén. 6:10. 71 Hy word in die besonder genoem, omdat hy ook deel gehad het in die seën wat God oor Sem uitgespreek het, waarvan Gam uitgesluit was, Gén. 9:25-27. 72 Hulle het veral hul woonplekke ooswaarts gekies in Groot-Asië, waarin Sírië, Assirië, Mesopotamië, Chaldea, ens. geleë is. |
e73Die seuns van Sem was: 74Elam en 75Assur en f76Arpágsad en 77Lud en 78Aram.
| e 1 Kron. 1:17.
f Gén. 11:10. |
73 Sien die voorgaande vers se kanttekening oor sy nageslag se woonplek.
74 Van hom is die Elamiete, dit is, die Perse, afkomstig. Sien oor hulle Gén. 14:1, 9. Jes. 21:2. Jer. 49:34, ens. Dan. 8:2. Hand. 2:9. 75 Die vader van die Assiriërs, ’n volk wat bekend genoeg is in die Heilige Skrif. Vgl. vers 11. 76 Die mening is dat die Chaldeërs uit hom voortgekom het, en Chasdim genoem word. 77 Uit hom het diegene van Lidië in Klein-Asië voortgekom. 78 Die oorsprong van die Siriërs. Sien oor ’n ander Aram Gén. 22:21. Die mening is dat die land Sírië en die Siriërs hul naam van beide ontvang het. |
En die seuns van Aram was: 79Us en 80Hul en 81Geter en 82Mas.
| 79 Hebr. Uts. Die mening is dat hy die stamvader is van die inwoners van die land Trachonítus. Ander meen dat hy die stamvader was van sommige wat in die omstreke van Idumea gewoon het. Sien oor Us Job 1:1. Klaagl. 4:21.
80 Die mening is dat hy die land van die Palmirene bewoon het, of Armenië. 81 Van hom was die Baktriërs, of diegene wat Apamea bewoon het, afkomstig. 82 Anders: Meseg, 1 Kron. 1:17, wat volgens die mening van sommige die boonste deel van Sírië bewoon het, tussen Cilícië en Mesopotamië teen ’n deel van die berg Amana, genaamd Masius. Ander plaas hulle in Misië. |
En g83Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.
| g 1 Kron. 1:18. | 83 Vgl. Gén. 11:13-15. |
En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, 84want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
| 84 Dit is, omtrent die tyd van sy geboorte is die inwoners van die aarde van mekaar geskei deur verdeling van taal, wat in die volgende hfst. beskryf word. |
En 85Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag
| 85 Van sy nageslag kan ’n mens nie veel inligting in die Heilige Skrif of by ander skrywers vind nie. |
en Hadóram en Usal en Dikla
en Obal en Abímael en 86Skeba
| 86 Hy moet onderskei word van ’n ander Skeba, die seun van Raéma, die seun van Kus, die seun van Gam. Sien vers 7. |
en 87Ofir en 88Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
| 87 Sien 1 Kon. 9:28; 22:49. Ps. 45:10. Jes. 13:12.
88 Hy moet onderskei word van ’n ander Háwila, die seun van Kus, die seun van Gam, van wie gelees word in vers 7. Sommige meen dat die land van die Ismaeliete en Amalekiete na hom vernoem is, Gén. 25:18. 1 Sam. 15:7. |
En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van 89die Ooste.
| 89 Dit is, Chaldea. Sien Núm. 23:7. |
Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.
Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle 90afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.
| 90 Sien Gén. 5:1 se kanttekening. |
Verbond van God met Noag.
EN God het Noag en sy seuns 1geseën en aan hulle gesê: aWees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
| a Gén. 1:28; 8:17. | 1 God vernuwe die seën, wat Hy in Gén. 1:28 oor die mens uitgespreek het, om aan te toon dat die onderhouding en vermenigvuldiging van die menslike geslag, benewens alle heerskappy en mag wat die mens ná die val oor die redelose diere behou het, sowel ná as voor die sondvloed, van sy seën afhanklik was. |
Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde 2beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.
| 2 Of: kruip, en wat beweeg as ’n redelose dier. |
3Alles wat beweeg en 4lewe, sal julle voedsel wees. Net soos 5bdie groen plante, gee Ek dit alles aan julle.
| b Gén. 1:29. | 3 Dit is, allerlei eetbare diere, op die aarde, in die lug en in die waters.
4 Want wat op ’n natuurlike of onnatuurlike wyse doodgegaan het, is deur hierdie wet verbied. 5 Hebr. die groente, soos in Gén. 1:30. Dit is (volgens die algemene mening), bo en behalwe die groen plante en die vrugte, wat Ek julle tevore as voedsel verorden het, gee Ek julle nou ook allerlei lewende eetbare diere. |
cNet die vleis 6met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.
| c Lev. 3:17; 7:26; 17:14; 19:26. Deut. 12:23. | 6 God verbied die mense om bloederige vleis te eet, om hulle van alle wreedheid en geneentheid om dood te maak en te moor af te skrik. Vgl. Lev. 3:17; 17:11. Deut. 12:23. |
dMaar wat julle 7eie bloed betref, dit sal Ek 8eis: 9van al die diere sal Ek dit eis. Ook 10van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.
| d Ex. 21:12, 28. | 7 Hebr. julle bloed van julle siele. Dit is, jul liggaamlike lewe.
8 Dit is, wreek, hetsy deur die verordening deur My ingestel, of op ander maniere waarop Ek straf. Sien die volgende vers. 9 Hebr. van die hand van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die hand van die mens, van die hand van ’n man van sy broeder. Sien Ex. 21:28. 10 Wie hy ook al mag wees, van hoë of lae stand, ryk of arm, man of vrou, omdat die mens sy broeder of suster en medemens is. |
eHy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal 11deur die mens vergiet word; want God het die mens 12fna sy beeld gemaak.
| e Klaagl. 4:13. Matt. 26:52. Openb. 13:10.
f Gén. 1:27. |
11 Hier word die amp van die owerheid bevestig, en die swaard aan hom gegee om die boosdoeners te straf, Rom. 13:1, ens.
12 Sien Gén. 1:27. Alhoewel God se beeld deur die val geskend en verbreek is, het God nogtans enige oorblyfsels daarvan, om verskeie redes, in die mense behou; wat Hy nie geskend wil hê nie, maar Hy verorden hier die straf op sodanige skending. |
Maar gjulle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.
| g Gén. 1:28; 8:17. |
Verder het God met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesê:
13Maar Ek, hkyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle 14nageslag ná julle,
| h Jes. 54:9. | 13 Dit is, wat My aangaan, om julle van my kant te verseker dat Ek alle mense en diere nie meer op hierdie manier sal verderf nie, daarom verbind Ek My aan julle met beloftes, en gee aan julle die teken wat hierna volg.
14 Hebr. saad. Dit is, julle nageslag, wat uit julle sal voortkom en gebore sal word. Sien Gén. 12:7. Ex. 28:43. Lev. 22:4. Deut. 4:37. 1 Sam. 24:22. 1 Kon. 2:33. Joh. 8:33. Rom. 1:3; 11:1. 2 Tim. 2:8. |
en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle — al wat uit die ark uitgegaan het, 15naamlik al die diere van die aarde.
| 15 Of: tot. Die betekenis is dan: tot al die diere van die aarde toe, wat die visse ook insluit. |
En Ek rig my verbond met julle op, dat 16alle vlees nie meer deur die waters van die vloed 17uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.
| 16 Dit is, alle mense, en alles wat lewe, beweeg en gevoel het op die aarde.
17 Sien Gén. 8:21, 22. Verstaan so ’n vloed, waardeur die hele aarde met water bedek sou word tot verderwing van alle mense en diere wat hul woning op die aarde het. Afsonderlike watervloede en oorstromings van lande is hier uitgesluit. |
En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, 18vir ewige geslagte:
| 18 Hebr. tot geslagte van ewigheid, dit is, solank as die wêreld sal bestaan. So ook in vers 16. |
19my boog gee Ek in die wolke; dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
| 19 Verstaan die reënboog, wat in die natuur wel ’n teken is van reën, maar volgens die verordening van God ’n seker bewys is dat die wêreld nie weer deur reën en ’n algemene watervloed sal vergaan nie. |
20As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,
| 20 Hebr. As Ek dan ’n wolk oor die aarde wolk, dit is, as Ek die aarde met wolke oordek. |
dan sal 21Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer ’n vloed word om alle vlees te verdelg nie.
| 21 Dit is, Ek sal doen wat Ek belowe het. Sien Gén. 8:1 se kanttekening. So ook hier en die volgende vers. |
As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan 22die ewige verbond tussen 23God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.
| 22 Sien Gén. 8:21, 22 en 9:12 se kanttekeninge. Hebr. die verbond van ewigheid.
23 Dit is, My. |
En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.
Die seuns van Noag.
EN die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was iSem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van 24Kanaän.
| i Gén. 6:10. | 24 Uit wie die Kanaäniete voortgekom het en die land Kanaän sy naam gekry het; die land wat die Israeliete, wat van Sem afkomstig is, later tot ’n erfdeel geword het. |
Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.
En Noag het as 25landbouer ’n wingerd begin plant.
| 25 Of: landman. Hebr. ’n man van die aarde of van die aardryk, dit is, ’n landbouer. So ook in Gén. 25:27 ’n man van die veld, dit is, wat meer in die veld vertoef as in die huis. Sien ook dieselfde manier van spreek in die Hebreeus in 1 Sam. 16:18, ’n man van die oorlog, dit is, ’n krygsman, en in Spr. 6:11, ’n man van die skild, dit is, wat skild en wapens in die oorlog gebruik, ens. |
Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en 26naak in sy tent gelê.
| 26 Naamlik onwetende, onverhoeds in die slaap van dronkenskap, en nie opsetlik nie. |
En Gam, die 27vader van Kanaän, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.
| 27 Dit word herhaal, sien vers 18 en die kanttekening, tot groter straf van Gam en tot bemoediging van die Israeliete, toe God die volk deur Moses na die land van die Kanaäniete gelei het. |
Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie.
Toe Noag van sy 28wyn wakker word en 29merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,
| 28 Dit is, van die slaap, waarin hy deur die drink van die wyn geval het.
29 Hetsy deur die ingewing van God, óf deurdat sy twee ander seuns hom dit vertel het, óf deur sy eie ondersoek. |
30sê hy: 31Vervloek is 32Kanaän! 33’n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.
| 30 Nie as ’n sondige mens, deur vleeslike toorn of verbystering nie, maar as ’n profeet, deur die ingewing van die Heilige Gees.
31 Dit is, haatlik voor God, veragtelik by die mense, ongelukkig op die aarde, wat homself en sy nageslag betref. 32 Verstaan nie net die seun nie, maar ook die vader Gam, en die nageslag van die seun. 33 Dit is, die mees veragte en slegste slaaf. Sien ook dieselfde manier van spreek in die Hebreeus in Pred. 1:2, ydelheid van ydelhede, en in Hos. 10:15, boosheid van boosheid, vir die allermeeste, ens. Vgl. Lev. 2:3 se kanttekening. |
Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van 34Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
| 34 Sem word hier in die besonder genoem, nie net omdat hy die eerste lof ontvang het in die eer wat hy aan sy vader bewys het nie, vers 23, maar ook omdat die Messías en God se volk uit sy nageslag sou voortkom. Sien Gén. 10:21 se kanttekening. |
35Mag God aan 36Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon 37in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
| 35 Anders: Mag God Jafet lok of oorreed. Verstaan dit as ’n profesie van die roeping van die heidene (Jafet se nageslag), wat deur die lieflike verkondiging van die heilige evangelie sou geskied.
36 Die naam Jafet het die betekenis van ruimte. 37 Dit is, sy nageslag sal tot die gemeenskap van God se kerk gebring word. |
En Noag het ná die vloed driehonderd-en-vyftig jaar gelewe.
So was dan al die dae van Noag negehonderd-en-vyftig jaar, en hy het gesterwe.
Noag gaan uit die ark.
EN God 1het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het ’n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
| 1 Menslikerwys van God gespreek. Van God word gesê om te gedenk, wanneer Hy ná enige uitstel óf sy weldade bewys, Gén. 19:29. Ex. 32:13. Neh. 13:14, 22. Job 14:13. Ps. 132:1, óf sy straf uitvoer, Hos. 9:9. Openb. 18:5. |
Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel 2het toegegaan, en die 3stortreën uit die hemel het opgehou.
| 2 Wat tevore oopgebars en oopgebreek was, om hierdie vreeslike oordeel van God uit te voer, Gén. 7:11.
3 Wat veertig natuurlike dae geduur het. Sien Gén. 7:4, 12, 17 en die kanttekening. |
Toe het die waters 4geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem 5aan die end van honderd-en-vyftig dae.
| 4 Hebr. gaande en terugkerende, dit is, al meer en meer teruggegaan, afgeneem. So ook in vers 5. Vgl. Gén. 26:13 en Jona 1:11 en die kanttekeninge.
5 Bereken vanaf die begin van die sondvloed, sien Gén. 7:11. In hierdie hele tyd het die waters die oorhand gehad op die aarde. Sien ook Gén. 7:24. |
En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, 6op die gebergte van Árarat gerus.
| 6 Dit is, op een van die berge van Groot-Armenië, vandag in die ooste van Turkye. |
En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die 7toppe van die berge sigbaar geword.
| 7 Hebr. hoofde. So ook in Deut. 3:27. Jos. 15:8. Rig. 9:7. |
Toe het Noag 8aan die end van veertig dae die 9venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,
| 8 Naamlik ná die eerste dag van die tiende maand, waarvan in die voorgaande vers gespreek word.
9 Sien Gén. 6:16 en die kanttekening. |
en 10’n kraai uitgestuur 11wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.
| 10 Naamlik, om uit te vind of die water al weggedroog het van die aarde.
11 Hebr. wat uitgegaan het, uitgaande en terugkerende, dit is, hy het herwaarts en derwaarts gevlieg, in die besonder in die omgewing van die ark, omdat die aarde nog grotendeels met water bedek was. |
12Daarop laat hy ’n 13duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde 14verminder het.
| 12 Naamlik sewe dae nadat die kraai uitgelaat was, soos te sien is in vers 10.
13 Wat nie maklik sy maat verlaat nie, en gewoond is om na hom of haar terug te keer. 14 Dit is, meer afgeloop het. |
Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor 15die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.
| 15 Dit is, op die vlakte van die omliggende landstreek. Want die bergtoppe was al sigbaar, vers 5. |
Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe 16stuur hy die duif weer uit die ark.
| 16 Hebr. hy het toe gedoen of hy het voortgegaan om uit te laat of uit te stuur. Hierdie manier van spreek is ook in verse 12, 21 en dikwels elders. Dit beteken die herhaling en vernuwing of hervatting van ’n saak. |
En die duif 17het teen die aand na hom gekom, en daar was 18’n groen olyfblad in sy 19bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.
| 17 Omdat hy geen voedsel gevind het nie, en verlang het om in sy gebruiklike hok te wees.
18 Waarmee God Noag vertroos het, deur hom te verseker dat sy verlossing uit die ark naby was. 19 Hebr. mond. |
Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar 20hy het nie weer na hom teruggekeer nie.
| 20 Want hy het rus en voedsel op die aarde gevind. |
21In die seshonderd-en-eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en 22die aarde was droog —
| 21 Naamlik van Noag se leeftyd, wat die jaar 1657 ná die skepping van die wêreld was. Vgl. Gén. 7:11, waar gesê word dat die sondvloed begin het toe Noag seshonderd jaar oud was.
22 Hebr. die aangesig van die aarde. |
in die tweede maand, op die sewen-en-twintigste dag van die maand, was die aarde droog.
En God het met Noag gespreek en gesê:
23Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.
| 23 Noag het op hierdie bevel gewag, soos hy ook op God se bevel in die ark ingegaan het; waarin hy ’n jaar en tien dae was. |
Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die 24vee en al die diere wat op die aarde kruip, adat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
| a Gén. 1:22, 28; 9:1. | 24 Sien Gén. 6:7 se kanttekening. |
Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.
Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, 25volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.
| 25 Dit is, hulle het ordelik, as ’n paar, volgens hulle soort uitgegaan. |
En Noag het vir die HERE ’n altaar gebou en van al 26die brein diere en al die rein voëls geneem en 27brandoffers op die altaar gebring.
| b Levítikus 11. | 26 Sien Gén. 7:2.
27 So genoem omdat hierdie offer in sy geheel verbrand is, en so met die rook opwaarts geklim en verdwyn het; in hierdie opsig sou dit ook ’n klimoffer genoem kon word. Sien ook Lev. 6:9 se kanttekening. |
En die HERE het 28die lieflike geur 29geruik, en die HERE het 30in sy hart gesê: Ek sal 31die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, c32want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy djeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens 33tref soos Ek gedoen het nie.
| c Gén. 6:5. Spr. 22:15. Matt. 15:19.
d Spr. 22:15. |
28 Hebr. die geur van rus of rus makende, naamlik, wat die mens met God versoen en in rus of vrede stel, nie deur die eie krag van die offer nie, maar deur die afgebeelde offer van onse Here Jesus Christus, waardeur alleen ’n ewige versoening verwerf is, Hebr. 9:12, 13.
29 Menslikerwys of deur gelykenis van God gespreek. Want soos ’n lieflike geur die mens baie genot verskaf, so het God ’n welgevalle gehad in die geloof en die dankbaarheid van Noag. 30 Of: tot, dit is, by Homself. Dit is menslik van God gespreek, om aan ons te verklaar dat Hy sy raad, wat Hy by Homself het, daarna aan sy knegte na sy welgevalle openbaar. 31 Dit is, Ek sal die aarde nie meer só deur ’n algemene sondvloed verderf nie. Hebr. Ek sal nie voortgaan om te vervloek nie. So ook in die einde van hierdie vers. Sien vers 10 se kanttekening. 32 Anders: alhoewel. 33 Dit is, deur ’n algemene sondvloed ombring. Die woord tref of slaan word in ander kontekste dikwels gebruik vir doodmaak, of anders die lewe enigsins beskadig, deur watter middel die een en ander ook al sou geskied. Sien Ex. 21:18. Núm. 14:12; 35:16. Deut. 28:22, 27. 1 Sam. 17:50; 26:8. 2 Sam. 3:27. 1 Kon. 22:34. Amos 4:9, ens. |
eVan nou af sal 34al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.
| e Jer. 33:20, 25. | 34 Dit is, solank as die wêreld sal bestaan. |
DAARNA het die HERE aan aNoag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele 1huisgesin, want bjou het Ek 2regverdig bevind voor my aangesig in hierdie 3geslag.
| a 2 Petr. 2:5.
b Gén. 6:9. |
1 Hebr. huis. So ook in Gén. 17:12; 24:2; 39:11. Ex. 1:1. Spr. 31:27. Hand. 16:15, ens.
2 Hebr. regverdig gesien. Dit is, nie net uitwendig, in skyn en met die mond nie, maar ook inwendig, in waarheid en met die daad, en dit deur die geloof in die beloofde saad en die heiligmaking van die Gees. So ook in Luk. 1:6. 3 Sien Gén. 6:9 se kanttekening. |
cVan al die 4rein diere moet jy vir jou telkens 5sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.
| c Levítikus 11. | 4 Rein met betrekking tot God se verordening waardeur Hy hierdie diere van die ander afgesonder het vir die offers en as voedsel vir die mense; waarvan Hy sy wil aan die voorvaders wel geopenbaar het, maar later deur Moses volkome verklaar het. Sien Lev. 11:2.
5 Hebr. sewe, sewe, so ook in dit wat volg. Sommige verstaan dat dit beteken: van elke soort drie paar, en een oortollig, om geoffer te word ná die sondvloed. Die Hebreërs stel dikwels een of meer woorde twee maal, wanneer hulle ’n verdeling wil maak. Sien Gén. 32:16. Mark. 6:39, asook Núm. 7:11 en 29:10 se kanttekeninge. |
Ook van die 6voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou 7op die hele aarde.
| 6 Naamlik van die wat rein is, soos in vers 2.
7 Hebr. op die aangesig van die hele aarde, en so in dit wat volg. |
Want 8oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en 9al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.
| 8 Dit is, ná of teen die einde van sewe dae.
9 Hebr. al wat bestaan. Naamlik, wat die aarde nodig het om in die lewe te bly, en hulself deur die krag van die siel, wat in hulle is, as ’t ware orent hou, soos daarteenoor ’n dooie liggaam plat lê. Sien vers 23. |
dEn Noag het gedoen net soos die HERE hom beveel het.
| d Gén. 6:22. |
En Noag was 10seshonderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.
| 10 Hebr. ’n seun van seshonderd jaar; so ook in Gén. 5:32, ens. |
En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark egegaan 11vanweë die waters van die vloed.
| e Matt. 24:38. Luk. 17:27. 1 Petr. 3:20. | 11 Hebr. van die aangesig van die waters, of voor, ens., dit is, om aan die waters van die vloed te ontkom. |
Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,
het daar 12twee-twee na Noag in die ark 13gegaan, ’n mannetjie en ’n wyfie, soos God Noag beveel het.
| 12 Sien vers 2 se kanttekening.
13 Sien Gén. 6:20. |
14Ná die sewe dae 15kom toe die waters van die vloed op die aarde.
| 14 Sien vers 4.
15 Hebr. was. Dit is, het gekom of het geval. |
16In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, 17in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die 18groot watervloed oopgebreek, en die 19sluise van die hemel is geopen;
| 16 So ook in vers 6. Dit was die jaar 1656 ná die skepping van die wêreld.
17 Daar is twee verskillende menings oor welke maand dit was, omdat die Hebreërs die begin van die jaar op tweërlei maniere vasgestel het: in heilige sake met die maand Nisan, wat grotendeels ooreenkom met ons Maart, wanneer die dae en nagte ewe lank is; in burgerlike sake met die maand Tisri, wat grotendeels in ons September val, wanneer die dae en nagte weer ewe lank is. Van welke jaar hierdie tweede maand is, laat ons oor aan die oordeel van die verstandige leser. 18 Dit is, van die diepe waters, toegesluit in die holtes van die aarde, waaruit alle fonteine, riviere, strome en watervloede voortkom. 19 Of: vensters. So word die reënwolke genoem, hier en in Gén. 8:2. 2 Kon. 7:2, 19. Jes. 24:18. Mal. 3:10. |
en die stortreën was op die aarde 20veertig dae en veertig nagte lank.
| 20 Dit is die vervulling van die dreigement uitgespreek in vers 4. |
21Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en 22Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.
| 21 Hebr. In of op die been, of die wese van die dag. So ook in Gén. 17:26. Sien Eség. 2:3 se kanttekening.
22 Hebr. Jefet. |
Hulle en 23al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte en al 24die voëls volgens hulle soorte, voëls van 25allerhande vere —
| 23 Dit is, allerlei; soos ook in dit wat volg en elders meer. Verstaan hier nie elke afsonderlike dier nie, maar van al die soorte diere hier genoem, ’n sekere getal, tevore weergegee in vers 2.
24 Die Hebreeuse woord beteken in die algemeen allerlei voëls, maar hier eintlik groot en swaar voëls, omdat dit saam met ’n ander woord gestel word, wat meestal klein voëls beteken. Vgl. Lev. 14:4 se kanttekening. 25 Hebr. elke vleuel. |
van al die vlees waar 26’n lewensgees in was, het 27twee-twee na Noag in die ark gegaan.
| 26 Sien Gén. 6:17.
27 Sien verse 2, 9. |
En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. 28En die HERE het agter hom toegesluit.
| 28 Hoewel Noag moontlik self die ark van binne gesluit het, dui dit nogtans op ’n besondere toesluit en beskerming van die ark, gedoen deur God, hetsy sonder enige middel, óf deur die diens van die engele. |
En die 29vloed was 30veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.
| 29 Verstaan dit nie as die geweld en die oorhand van die waters nie, wat honderd-en-vyftig dae geduur het, vers 24, maar as die reën waarvan gemeld is in verse 4, 12.
30 Naamlik natuurlike dae, bestaande uit vier-en-twintig ure, dit is, uit ’n dag en nag, verse 4, 12. |
En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die aarde, terwyl die ark 31op die waters drywe.
| 31 Hebr. op die aangesig van die waters gaan. |
En die waters het 32heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was.
| 32 Hebr. heeltemal heeltemal. |
Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.
fEn alle vlees wat op die aarde beweeg, 33het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.
| f Luk. 17:27. | 33 Hebr. het uitgeasem. Volgens die voorgaande dreigement van God, Gén. 6:13 en in hierdie hfst., vers 4. |
34Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die 35droë grond was, het doodgegaan.
| 34 Vgl. hiermee Gén. 6:17 se kanttekening.
35 Aldus word die visse duidelik uitgesluit. Vgl. hiermee vers 21. |
So is dan al die lewende wesens verdelg wat op 36die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. gEn net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.
| g 2 Petr. 2:5. | 36 Hebr. op die aangesig van die aarde. |
En die waters het die oorhand behou oor die aarde 37honderd-en-vyftig dae lank.
| 37 Hieronder is die dae van reën ingereken, wat veertig dae was. Sien vers 17. |
Toenemende bederf van die mense. Die sondvloed.
TOE die mense 1op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
| 1 Hebr. op die aangesig van die aardryk, dit is, op die oppervlak van die aarde. |
sien 2die seuns van God dat die dogters van die mense 3mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem 4almal wat hulle verkies het.
| 2 Dit is, die nakomelinge van die gelowige voorvaders wat die ware godsdiens bely het, en wat met hul huisgesinne (as synde God se kerk) van die ongelowige en vleeslike geslag van die Kainiete afgeskei was. Sien Deut. 14:1. Joh. 1:12. So word daarteenoor met die dogters van die mense meestal die nakomelinge van Kain verstaan, wat afgodery bedryf het en na die vlees gelewe het. Sien Luk. 17:27. Jud. vers 19.
3 Hebr. goed, dit is, mooi. So ook in Gén. 24:16; 41:22. Ex. 2:2. 4 Hulle het slegs op die uiterlike skoonheid en wêreldse bekoorlikheid gesien, nie op die ware godsdiens en die vrees van die HERE of die wil van hul vrome ouers nie. Sien Gén. 26:34, 35; 28:8. |
Toe sê die HERE: 5My Gees sal nie 6vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook 7vlees is; 8maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar.
| 5 Of: My Gees sal nie vir ewig met die mens twis nie. Dit is, my Heilige Gees sal nie langer met hierdie hardnekkige mense stry nie, naamlik, deur die mond van die vromes wat nog oorgebly het, en in die besonder deur Noag. Anders: My gemoed (dit is, Ek) sal nie langer beraadslaag (menslikerwys gesê) wat Ek met hierdie bose geslag sal doen nie, aangesien hulle hul deur geen vermaning of bestraffing wil verbeter nie; sien 2 Petr. 2:5.
6 Dit is, altyd. 7 Dit is, verdorwe; verstaan nie net die kinders van die mense nie, maar ook die kinders van God. So word die woordjie vlees vir die verdorwe natuur van die mense gebruik in Joh. 3:6. Rom. 7:18; 8:7. 8 Dit is, Ek staan hulle nog hierdie tyd tot verbetering toe, maar sal daarna my straf nie langer uitstel nie. Sien 1 Petr. 3:20. |
In dié dae was die 9reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense 10ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is 11die geweldiges 12uit die ou tyd, die 13manne van naam.
| 9 Dit is, mense van groter statuur en meer krag as ander. Sien Núm. 13:33. Die Hebreeuse woord kom van val, omdat hulle, synde van God afvallig, die mense met alle geweld en tirannie oorval het en nie God of mense gevrees het nie; waardeur elkeen wat hulle gesien het, so bevrees was dat dit was asof sy hart hom ontval het (dit is, dat sy moed gesink het). Dit word hier ook beskryf as ’n besondere oorsaak van God se toorn.
10 Of: gekom het; hiermee word beskeie en eerbaar die saamslaap van man en vrou bedoel. So ook in Gén. 16:2; 30:3, ens. 11 Of: die magtiges. 12 Hebr. van ewigheid. Sien Jer. 2:20 se kanttekening. 13 Dit is, beroemde manne, wat na die oordeel van die wêreld groot dinge uitgerig het; soos daarteenoor gespreek word van mense van geen naam, dit is, eerlose mense, sien Job 30:8. |
14Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was 15en aal die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
| a Gén. 8:21. Job 15:16. Spr. 6:14. Jer. 17:9. Matt. 15:19. Rom. 3:10-12; 8:6. | 14 In hierdie vers word ’n onverbloemde en grondige beskrywing van die erfsonde en sy vrugte gegee.
15 Hebr. en elke versinsel van die gedagtes van sy hart elke dag net sleg was. |
het dit 16die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, 17en daar was smart in sy hart.
| 16 Aldus word menslikerwys in die Heilige Skrif van God gespreek, omdat Hy sy werk of handeling verander, hoewel Hy in Homself onveranderlik bly; sien die volgende vers en Núm. 23:19. 1 Sam. 15:11, 29. 2 Sam. 24:16. Mal. 3:6. Hand. 15:18. Jak. 1:17.
17 Dit is ook menslikerwys van God gespreek, om aan ons te toon dat God ’n groot mishae in die mens gehad het, vanweë sy boosheid. Vgl. Jes. 63:10. So word ook aan God bedroefdheid toegeskryf, Ef. 4:30. |
En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, 18van die aarde verdelg, die mens sowel as 19die vee en 20die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
| 18 Hebr. uitwis van op die aangesig van die aarde.
19 Die Hebreeuse woord beteken hier nie net die mak diere nie, maar ook die wilde diere van die aarde. So ook in vers 20. Sien Gén. 1:26 se kanttekening. 20 Naamlik, wat op die aarde kruip en nie in die water kan lewe nie. So word die Hebreeuse woord gebruik in Gén. 1:24-26, 28, 30. |
Maar Noag het 21genade gevind in die oë van die HERE.
| 21 Dit is, het Hom uit genade behaag, nie uit eie waardigheid nie. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 19:19. Ex. 33:13, ens. |
Dit is die 22geskiedenis van Noag. Noag was ’n regverdige, 23opregte man onder sy 24tydgenote. bNoag 25het met God gewandel.
| b Gén. 5:22. | 22 Hebr. toledot. Dit is, geslag en geboortes, of: dit wat Noag in sy geslag wedervaar het. Want die Hebreeuse woord beteken nie net afkoms en nakomelinge nie, maar ook dit wat hulle beleef; dit is inderdaad ’n geskiedenis of beskrywing van iemand se wedervaringe. Vgl. Gén. 25:19; 37:2. Núm. 3:1.
23 Dit is, wat in die ware geloof en in ’n vroom lewe ongeveinsd en sonder valsheid was. Sien Gén. 17:1; 25:27. Job 1:1. 24 Hebr. geslagte. So ook in Gén. 7:1. 25 Sien Gén. 5:22 se kanttekening. |
En Noag het drie seuns 26gehad: Sem, Gam en Jafet.
| 26 Hebr. verwek. Sien Gén. 5:32. |
Maar 27die aarde was verdorwe 28voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.
| 27 Verstaan die mense wat op die aarde gewoon het. Sien Gén. 41:57. 2 Sam. 15:23. 1 Kon. 10:24. Eség. 14:13.
28 Dit is, hulle het openlik, roekeloos en vermetel gesondig, nie net sonder skaamte vir die mense nie, maar ook sonder vrees vir God. Sien Gén. 10:9. |
Toe sien God die aarde aan, en — dit was verdorwe, want 29alle vlees het 30sy wandel op die aarde verderwe.
| 29 Dit is, alle mense. So moet ’n mens die woord vlees ook verstaan in Ps. 78:39. Jes. 40:6 en elders.
30 Hebr. sy weg. Dit is, sy voorneme, sedes, lewe en wandel. So ook in Job 23:10. Ps. 1:1. Spr. 12:15, ens. |
En God sê vir Noag: 31Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is 32deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle 33saam met die aarde verdelg.
| 31 Dit is, die tyd van hul ondergang is aanstaande, soos in Eség. 7:2, 3, 6. Amos 8:2.
32 Hebr. van hulle aangesig. 33 Of: van die aarde. |
Maak vir jou 34’n ark van 35goferhout. Met 36afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met 37pik bestryk.
| 34 ’n Oordekte skip van hout, min of meer in die vorm van ’n kis, wat op die water kan dryf.
35 Welke soort boom of hout gofer was, is onseker. 36 Hebr. neste. 37 Die Hebreeuse woord beteken ’n uiters taai, lymagtige stof wat vaskleef, soortgelyk aan ons pik. |
Só moet jy dit maak: driehonderd 38el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte.
| 38 Of: kubiete of elmboë. Die mening van baie is dat hierdie maat drieërlei was: die algemene, die heilige en die geometriese. Die algemene el het bestaan uit vyf handpalms, elke palm die breedte van vier vingers; die heilige uit ses handpalms, Eség. 40:5 (hoewel sommige meen dat die algemene ses handpalms was, en die heilige dubbel so groot) wat gebruik was in die heilige geboue, soos in die tabernakel en in die tempel; maar die geometriese was ses maal langer as die algemene, en Noag het tydens die bou van die ark (soos sommige meen) laasgenoemde gevolg. |
’n 39Opening moet jy aan die ark maak; en 40op die maat van ’n el moet jy 41dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met ’n onderste, tweede en derde verdieping maak.
| 39 Anders: helder lig, wat doeltreffend deur een of meer vensters in die ark versprei was.
40 Sommige verstaan dat dit hier gaan oor die deksel of dak van die ark, wat aan beide kante van bo af die hoogte van een el sou afgaan, vir die doeltreffende afloop van die water. 41 Naamlik die ark. |
Want kyk, Ék bring ’n 42watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle 43vlees waar ’n 44lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal 45wegsterwe.
| 42 Hebr. mabbul, dit beteken ’n vallende vloed wat alles neervel.
43 Naamlik, van mense en diere, uitgesluit die visse en alles wat in die ark was, soos volg. 44 Anders: lewende siel (wese). Vgl. Gén. 1:20. 45 Hebr. uitasem. Dit is, die gees gee. |
Maar met jou sal Ek 46my verbond oprig; cjy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.
| c 1 Petr. 3:20. 2 Petr. 2:5. | 46 Verstaan hierdeur, bo die algemene verbond [genadeverbond], met alle gelowiges gesluit, ’n besondere verbond, naamlik dat Noag in die ark behoue sou bly, op voorwaarde dat Noag God sou vertrou en Hom gehoorsaam. |
En 47van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.
| 47 Dit is, van allerlei lewende aardse diere. |
Van die voëls volgens hulle soorte en van die 48vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, 49moet na jou kom om in die lewe te bly.
| 48 Sien vers 7 se kanttekening.
49 Naamlik deur my drywing en beskikking, sonder jou moeite of bekommernis. Vgl. dit met Gén. 2:19. |
En jy, neem vir jou van 50al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien.
| 50 Dit is, allerlei. Sien Gén. 1:29, 30. |
En Noag het dit gedoen. 51dNet soos God hom beveel het, so het hy gedoen.
| d Gén. 7:5. Hebr. 11:7. | 51 Noag het alles gedoen, en dit op sodanige wyse soos God beveel het. Vgl. Ex. 40:16. |
Nakomelinge van Adam deur Set tot op Noag.
DIT is die 1stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak 2ana die gelykenis van God.
| a Gén. 1:26; 9:6. 1 Kor. 11:7. | 1 Of: verhaal, register, rekening, optelling van geboortes, of geslagte, dit is, van diegene wat uit Adam gebore is; dit is nie almal nie, maar diegene uit wie die Here Christus, na die vlees, deur Set se linie, gebore is, Lukas 3, en wat vir die grootste deel die ware godsdiens, tot die sondvloed toe, bewaar het.
2 Sien Gén. 1:26, 27. |
bMan en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en 3hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
| b Gén. 1:26. Matt. 19:4. Mark. 10:6. | 3 Sowel die vrou as die man; nieteenstaande die onderskeid in hul oorsprong, naamlik dat Adam van die aarde, en Eva uit Adam geskape was. |
Toe Adam 4honderd-en-dertig jaar 5oud was, het hy ’n seun verwek 6na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en 7hom Set genoem.
| 4 Hebr. dertig en honderd jaar, en so word hier en elders in die Hebreeuse taal die kleiner getal meestal voor, en die groter getal daarna gestel.
5 Hebr. geleef het, so staan dit ook in die volgende verse. 6 Teenoor God se beeld en gelykenis, waarvolgens Adam geskape was, word hier nou Adam se beeld en gelykenis gestel, waarvolgens Set gebore is. God se beeld was volmaak, maar ná die val was Adam se beeld heeltemal verdorwe; waardeur nou alle mense wat natuurlik uit Adam gebore word, sondig, ellendig, en aan die dood onderworpe is. Sien Rom. 5:12. 7 Naamlik, na aanleiding van die woorde wat Eva gespreek het toe sy hierdie seun gekry het. Sien Gén. 4:25. |
En die dae van Adam, c8ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters 9gehad.
| c 1 Kron. 1:1. | 8 Hebr. nadat hy Set verwek het, en so in die volgende verse.
9 Hebr. verwek, en so in die volgende verse. |
So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, negehonderd-en-dertig 10jaar, en hy het gesterwe.
| 10 Hebr. negehonderd jaar en dertig jaar. Alhoewel in die Hebreeus die woordjie jaar twee maal gebruik word, word dit nie in Afrikaans gedoen nie. |
Toe Set honderd-en-vyf jaar oud was, dhet hy die vader van Enos geword.
| d Gén. 4:26. |
En Set het ná die geboorte van Enos nog agthonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
So was dan al die dae van Set negehonderd-en-twaalf jaar, en hy het gesterwe.
Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van eKenan geword.
| e 1 Kron. 1:2. |
En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agthonderd-en-vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
So was dan al die dae van Enos negehonderd-en-vyf jaar, en hy het gesterwe.
Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van 11Mahalálel geword.
| 11 In Luk. 3:37 staan daar Mehaláleël. |
En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agthonderd-en-veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
So was dan al die dae van Kenan negehonderd-en-tien jaar, en hy het gesterwe.
Toe Mahalálel vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.
En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agthonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
So was dan al die dae van Mahalálel agthonderd-vyf-en-negentig jaar, en hy het gesterwe.
Toe Jered honderd-twee-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van 12fHenog geword.
| f 1 Kron. 1:3. | 12 Hebr. Ganog. Sien Judas, verse 14, 15. |
En Jered het ná die geboorte van Henog nog agthonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
So was dan al die dae van Jered negehonderd-twee-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.
Toe gHenog vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword.
| g Jud. vers 14. |
En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog driehonderd jaar 13hmet God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.
| h Hebr. 11:5. | 13 Dit is, hy het ’n heilige lewe voor God gelei met ’n groot ywer en besondere voortdurendheid, deur hom af te sonder van die goddeloosheid en bose sedes van die wêreld. Sien soortgelyke manier van spreek in Gén. 6:9. Miga 6:8 en vgl. Jer. 12:3 se kanttekening. |
So was dan al die dae van Henog driehonderd-vyf-en-sestig jaar.
En Henog het met God gewandel; 14en hy was daar nie meer nie, iwant God het hom weggeneem.
| i 2 Kon. 2:11. Hebr. 11:5. | 14 Dit word verklaar in Hebr. 11:5 en die kanttekening, dat hy weggeneem en oorgebring is in die ewige lewe. |
Toe Metúsalag honderd-sewen-en-tagtig jaar oud was, het hy die vader van 15Lameg geword.
| 15 Hebr. Lemeg. |
En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewehonderd-twee-en-tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
So was dan al die dae van 16Metúsalag negehonderd-nege-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.
| 16 Hierdie Metúsalag was die oudste van alle mense wat op die aarde geleef het, van wie die Heilige Skrif melding maak. |
Toe Lameg honderd-twee-en-tagtig jaar oud was, het hy ’n seun verwek
en hom 17Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom 18uit die aarde wat die HERE vervloek het.
| 17 In die Nuwe Testament (in die Grieks) word hy Noë genoem, sien Luk. 3:36. Hebr. 11:7. 1 Petr. 3:20. Die twee Hebreeuse woorde noag en nigam, wat beide hier gebruik word, het ’n sekere ooreenkoms. Die een beteken rus, waarvan die naam Noag geneem is, die ander een vertroos, wat as die rede vir die benaming aangewys word, want Lameg het gesien, nadat hy sonder twyfel deur die Heilige Gees onderrig is, dat Noag vir iets besonders gebruik sou word.
18 Sien Gén. 3:17-19; 4:11. |
En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyfhonderd-vyf-en-negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
So was dan al die dae van Lameg sewehonderd-sewen-en-sewentig jaar, en hy het gesterwe.
En Noag was 19vyfhonderd jaar oud, en Noag 20het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.
| 19 Hebr. ’n seun van vyfhonderd jaar. Dit is, Noag was soveel jaar oud, of was in sy vyfhonderdste jaar. Hierdie manier van spreek word dikwels in die Heilige Skrif gevind. Sien Gén. 7:6; 11:10; 17:17, ens.
20 Dit beteken hier: hy het begin om kinders te verwek; soos ook in Gén. 11:26. Want hierdie drie seuns is nie in een jaar gebore nie, maar soos sommige meen eers Jafet, daarna Sem en laaste Gam. Sien Gén. 9:24; 11:10. Sem word hier eerste gestel, as ’n godvrugtige voorvader van onse Here Jesus Christus, na die vlees, asook van alle Hebreërs. Sien Gén. 10:21, ens. |
Kain en Abel. Die afstammelinge van Kain. Set.
EN die mens 1het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en 2Kain gebaar en gesê: Ek het ’n 3man verkry 4met die hulp van die HERE.
| 1 Verstaan hierdeur die gemeenskap wat tussen man en vrou is om kinders voort te bring, sien verse 17, 25. Net so ook in Gén. 19:8; 24:16. 1 Sam. 1:19. Matt. 1:25.
2 Hebr. Kajin, dit is, verkry. 3 Dit is, ’n seun. 4 Dit is, met die hulp en genade van die HERE. Die Hebreeuse woordjie et word soms as meët, dit is, van en uit, verstaan, sien Jer. 51:59 se kanttekening. Anders: van die HERE, dit is, verkry van die HERE. Anders: Ek het ’n Man verkry, die HERE, asof Eva gemeen het dat sy die beloofde Messías verkry het. |
Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En 5Abel het ’n 6skaapherder geword, en Kain ’n landbouer.
| 5 Hebr. Hevel.
6 Hebr. ’n herder van kleinvee, soos skape en bokke. Want die Hebreeuse woord beteken beide. So ook in vers 4; Gén. 13:5; 26:14, ens. |
En ná 7verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ’n 8offer gebring.
| 7 Hebr. van die einde van dae, dit is, ná ’n tyd lank. Die woord dae, wanneer dit alleen staan, beteken soms in die Heilige Skrif enkele dae, soos in Gén. 24:55; 40:4. Rig. 14:8. Mark. 2:1.
8 Hebr. minga, dit is, gawe, geskenk, of spysoffer. Sien Lev. 2:1 se kanttekening. |
En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van 9hulle vet. aEn die HERE 10het Abel en sy offer genadig aangesien,
| a Hebr. 11:4. | 9 Hebr. hulle vettighede. Verstaan hierdeur dat Abel nie net die vet nie, maar ook die beste van sy kudde geoffer het, en (so wil dit voorkom) ’n goeie aantal. Vet beteken dikwels die beste in die Heilige Skrif, soos in Núm. 18:12 en die kanttekening, ens.
10 Dit is, Abel as persoon en sy offer was vir God aangenaam vanweë sy geloof, siende op die offer van die beloofde Messías. Sien Hebr. 11:4. |
11maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe 12word Kain baie kwaad, en hy het 13sy hoof laat hang.
| 11 Dit verklaar die apostel in Hebr. 11:4, wanneer hy spreek van die getuienis wat God gegee het oor Abel se gawes, hetsy met woorde, met vuur van die hemel, of enige ander teken. Vgl. Lev. 9:24. Rig. 6:21. 1 Kon. 18:38. 1 Kron. 21:26. 2 Kron. 7:1.
12 Hebr. aan Kain het ontvlam, naamlik die toornigheid; so ook in die volgende vers. Sien in ’n soortgelyke manier van spreek die woordjie toorn daarby gevoeg, Ex. 32:10, 11 en vgl. Gén. 39:19. 13 Hebr. sy aangesig het geval. Dit is, die uitdrukking op sy aangesig het verander. |
En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?
Is daar nie 14verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — 15die sonde 16lê en loer voor die deur, en 17sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
| 14 Dit is, sal jy nie (as die eersgeborene) verhewe en verhoog bly bo jou broer nie? Anders: Sal jy jou hoof of aangesig nie vrylik oplig nie, in plaas daarvan dat dit nou neergeslaan is of so hang? Sommige gebruik die woorde aanneming, aangenaamheid of vergewing, vanweë die verskillende betekenisse van die Hebreeuse woord.
15 Dit is, die straf van die sonde; so ook in Gén. 19:15. Lev. 5:1. Núm. 18:1. Sien vers 13 se kanttekening. 16 Dit is, is baie naby, en asof teenwoordig, sodat oor die seker aankoms daarvan nie getwyfel kan word nie. Vgl. Matt. 24:33. Jak. 5:9. 17 Sommige verstaan sy as Abel en nie as die sonde nie, en vertaal verder: maar jy moet oor hom heers; asof God sê: Maar wat jou broer aangaan, jy het geen rede om oor hom toornig te wees nie, omdat hy tot jou geneë en weltevrede is, dat jy (as die eersgeborene) oor hom verhewe bly. Vgl. Gén. 3:16. |
En Kain 18het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan ben hom doodgeslaan.
| b Matt. 23:35. 1 Joh. 3:12. Jud. vers 11. | 18 Om (volgens die mening van sommige) met lieflike gelaat en vriendelike woorde hom alleen die veld in te lok, terwyl hy in sy hart haat en doodslag verberg. Hebr. het vir sy broer gesê, sonder dat die inhoud daarvan weergegee word, naamlik, soos sommige verstaan, dit wat tussen God en hom plaasgevind het. Sodat dit ’n onvoltooide sin is. |
Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: 19Ek weet nie. 20Is ek my broer se wagter?
| 19 ’n Onbeskaamde leuen.
20 ’n Vermetele hoogmoed. |
En 21Hy sê: Wat het jy gedoen? cDie stem van 22die bloed van jou broer 23roep na My van die aarde af.
| c Hebr. 12:24. | 21 Naamlik die HERE.
22 Hebr. die bloede (in die meervoud). So spreek die Heilige Skrif van moord en doodslag, omdat daardeur baie bloed vergiet word. 23 Hebr. is roepende (in die meervoud). Moord is een van die sondes wat om wraak roep; sien daaroor ook Gén. 18:20; 19:13. |
Daarom sal jy vervloek wees, 24ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.
| 24 Of: vanweë. Sien Gén. 5:29. Asof Hy wil sê: Die aarde, wat geskape was tot jou seën en diens, sal hierdie vloek teen jou as wraak uitvoer, deur jou nie die vrugte te gee wat dit jou anders sou gegee het nie, soos in vers 12 gesê word. |
As jy die grond bewerk, 25sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 26d’n swerwer en 27vlugteling sal jy wees op die aarde.
| d Spr. 28:17. | 25 Hebr. sal dit nie voortgaan om aan jou sy vermoë te gee nie.
26 Vanweë tweërlei ongerustheid: ’n liggaamlike, omdat Kain van die een land na die ander sou swerf; die ander geestelik, omdat sy gewete, wat oral saamgaan, hom nie in vrede sou laat nie, maar in voortdurende vrees sou hou. 27 Hebr. ronddwalende. |
Daarop sê Kain vir die HERE: 28My skuld is te groot om dit te dra.
| 28 Kain bekla hom dat hy die skuld of straf nie kan dra nie, vers 14. Sien ook Lev. 5:1 se kanttekening. Ander verstaan die Hebreeuse woord as die oorsaak van die skuld of straf, naamlik die misdaad of ongeregtigheid, en vertaal dan: My misdaad is te groot om vergewe te kan word. |
Kyk, 29U verdryf my nou uit die 30land uit, en 31ek moet my verberg vir u aangesig: ’n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde ewees, en 32elkeen wat my kry, sal my doodslaan.
| e Job 15:20, 21, ens. | 29 Naamlik deur u vonnis, wat so seker en vas is, asof dit reeds uitgevoer was.
30 Hebr. van die aangesig van die land. 31 Dit kan verstaan word as Kain se verbanning uit God se guns en genade, asook uit die aangesig of geselskap van sy gemeente. 32 Anders: alles wat my kry. |
Maar die HERE sê vir hom: 33Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit 34sewevoudig gewreek word. En die HERE het 35’n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
| 33 Dit is, sodat jy, terwyl jy lank dwaal deur die land, ander tot ’n voorbeeld mag wees, om hulle van die doodslag af te skrik, en dat jy tyd van berou mag hê, want tot dusver is jy veral ontsteld oor die straf, sonder om berou te toon.
34 Dit is, veelvoudig; soos dit gebruik word in die Heilige Skrif, Ps. 12:7; 79:12. 35 Hoedanige teken dit was, is onbekend. Maar dit het aangedui wie hy was, wat hy gedoen het en dat niemand sou waag om hom dood te slaan nie. |
Toe gaan Kain weg 36van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land 37Nod, aan die oostekant van Eden.
| 36 Sien vers 14.
37 Die land is so genoem ten opsigte van die straf wat God Kain opgelê het, vers 12 se kanttekening, want die Hebreeuse woordjie wat daar en hier gebruik word, beteken ronddwalende. |
En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en 38Henog gebaar. Daarna 39bou hy ’n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.
| 38 Hebr. Ganog.
39 Hebr. was hy bouende. Dit is, was hy besig om ’n stad te bou vir sy veiligheid, as gevolg van sy gewetensangs. Die vrome aartsvaders het meestal in tente gewoon, nie in stede nie, Hebr. 11:9, 10. |
En vir Henog is Irad gebore; en Irad 40was die vader van Mehújael; en Mehújael was die vader van Metúsael; en Metúsael die vader van Lameg.
| 40 Hebr. het verwek of voortgebring, en so in dit wat volg. |
En 41Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.
| 41 Hierdie Lameg is die eerste van wie ’n mens lees, wat twee vroue tegelyk gehad het, lynreg in stryd met God se verordening, Gén. 2:24. Mal. 2:15 en die kanttekening. |
En Ada het Jabal gebaar. Hy was die 42vader van die tentbewoners en die 43veeboere.
| 42 Dit is, wat eerste begin het om tente te maak en te gebruik vir die wei en oppas van vee, soos die volgende woord skynbaar meebring.
43 Hebr. miqne, dit is, vee, ook besitting, hawe, goedere. In hierdie konteks word veeboere bedoel. |
Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal 44wat op siters en fluite speel.
| 44 Hebr. wat siter (of harp) en fluit hanteer, dit is, wat daarmee omgaan. Hoedanig die musiekinstrumente vroeër was, is onseker. |
En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, ’n 45smid wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma.
| 45 Die Hebreeuse woord beteken eintlik iemand wat skerp maak, slyp; sommige vertaal die woord met leermeester. |
En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! 46Voorwaar, ek slaan ’n man dood 47wat my wond en ’n seun wat my kwes.
| 46 Met hierdie vermetele grootpratery en gespog het Lameg skynbaar verwys na die vaardighede wat sy seuns ontwikkel het, sodat hy hom deur middel daarvan meer sou kon wreek, of sy naaste meer sou kon beseer, as iemand anders.
47 Dit is, indien iemand my slegs verwond, of my liggaam kwes, diegene sal ek onbeskroomd durf én kan doodmaak. |
Want 48Kain sal fsewe maal gewreek word, maar Lameg 49sewen-en-sewentig maal.
| f vers 15. | 48 Sien vers 15 se kanttekening.
49 Of: sewentig maal sewe. Christus gebruik ook hierdie manier van spreek, Matt. 18:22. |
En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ’n seun gebaar en hom 50Set 51genoem. Want, het sy gesê, God het my ’n ander 52kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.
| 50 Hebr. Sjet, dit is, om te stel.
51 Hebr. sy naam Set genoem. Naamlik met toestemming van haar man, soos te sien is in Gén. 5:3, waar hierdie naamgewing aan Adam toegeskryf word. 52 Hebr. saad. Dit is, ’n ander seun gegee. So ook in Gén. 21:13; 38:8. Matt. 22:24, 25. |
En ook vir Set is ’n seun gebore, wat hy Enos genoem het. 53Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.
| 53 Die manier van spreek wat hier in die Hebreeuse teks gebruik is, word op verskillende plekke gebruik vir die aanroeping van die HERE se Naam, soos in 1 Kon. 18:24-26. 2 Kon. 5:11. Joël 2:32. Hand. 2:21. Rom. 10:13. So word dit ook hier gebruik, maar dan word daaronder begryp, soos uit sommige ander tekste blyk, soos Gén. 12:8; 26:25, die beoefening van die hele godsdiens. Die betekenis hier is dus dat die mense openlik, gesamentlik en meer gereeld vergader het, en so die godsdiens begin instel het, waar dit tevore deur Kain en sy geslag vir ’n tyd lank bedorwe en vervals was. Anders: Toe het hulle hulself na die Naam van die HERE begin noem. Dit is, toe het die ware kinders van God hulle van die ander begin afsonder en hulself die volk van God of die kinders van God genoem. Hierdie selfde manier van spreek beteken ook elders om die HERE by die Naam uit te roep, soos in Ex. 33:19; 34:5. |
Sonde en veroordeling van die mens. Die eerste belofte.
MAAR die 1slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En 2hy sê vir die vrou: 3Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
| 1 ’n Dier, wat die duiwel, omdat dit baie listig was, misbruik het om die mens van God, sy Skepper (van wie hy tevore met al sy bose engele afgeval het), Joh. 8:44. 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6, af te trek. Om hierdie rede word hy ook ’n slang genoem, 2 Kor. 11:3. Openb. 20:2.
2 Dit is, die duiwel het deur die slang gespreek met arglistige, bedrieglike woorde; soos die woorde van hierdie en die volgende tekste duidelik uitwys. 3 Die duiwel speel hier met God se gebod en probeer om dit deur dubbelsinnigheid in twyfel te trek of te verduister, en sodoende te vernietig. |
En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin 4mag ons eet,
| 4 Dit is, mag ons vrylik eet. |
maar van die vrugte van die 5boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie 6en dit nie aanroer nie, anders 7sal julle sterwe.
| 5 Of: geboomte.
6 Naamlik, om daarvan te eet. 7 Anders: sal julle miskien sterwe; bedoelende dat Eva hier begin het om te wankel. |
Toe sê die slang avir die vrou: 8Julle sal 9gewis nie sterwe nie;
| a 2 Kor. 11:3. | 8 ’n Vermetele, onbeskaamde, openbare leuen van die duiwel. Daarom word hy tereg ’n leuenaar en vader van die leuens genoem, Joh. 8:44.
9 Hebr. nie sterwende sterwe nie. |
maar bGod weet dat 10as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos 11God sal wees deur goed en kwaad te 12ken.
| b Joh. 8:44. | 10 Hebr. op die dag as.
11 Of: soos gode. 12 Die woord ken het tweërlei betekenis, naamlik wysheid verkry en verstaan wat die mens heerlik en geluksalig maak, όf ellende ervaar wat die mens skandelik en doemwaardig maak. Die Satan belowe die eerste bedrieglik aan die mens, welwetende dat niks anders as die tweede vir hulle sou volg nie. |
Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ’n lus was vir die oë, ja, ’n boom wat ’n mens kan 13begeer 14om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man 15by haar, cen 16hy het geëet.
| c Rom. 5:12, 14, 15. 1 Tim. 2:14. | 13 Anders: wens, dit is, om te begeer of om te wens.
14 Of: om verstandig te maak. 15 Of: wat met of by haar is. 16 Naamlik, nadat hy deur die vrou oorreed was, soos in vers 17 te sien is. |
Toe gaan altwee se 17oë oop, en hulle word gewaar dat hulle dnaak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle 18skorte gemaak.
| d Gén. 2:25. | 17 Verstaan nie soseer die oë van die liggaam, waardeur hulle hul skaamte gesien het nie, maar eerder die geestelike oë, waardeur hulle hul sonde gevoel het, en die straf wat hulle oor hulself en hul nageslag gebring het, aangesien hulle daarvan in hul gewetens oortuig was.
18 Anders: voorskote of bedekkings om hul skaamte te bedek. |
En hulle het die 19stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die 20aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.
| 19 Of: geluid.
20 Hebr. wind van die dag. Dit is (soos sommige verklaar), in die koelte of wind van die oggend- of aandtyd, of by die waai van enige wind op ’n sekere tyd van die dag, waardeur die stem van die HERE na die mens, Adam, oorgebring is. |
Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?
En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.
En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?
En die mens antwoord: Die vrou wat U 21gegee het om by my te wees, sy het my 22van die boom gegee, en ek het geëet.
| 21 Anders: by my gestel.
22 Dit is, van die vrugte van die boom, so ook in vers 6. |
Daarop sê die HERE God aan die vrou: 23Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: eDie slang het my bedrieg, en ek het geëet.
| e Openb. 12:13. | 23 Anders: Wat! Het jy dit gedoen? Of: Waarom het jy dit gedoen? |
Toe sê die HERE God 24aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, 25is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
| 24 Terwyl die slang die duiwel se werktuig was; raak om dié rede hierdie hele vloek die slang liggaamlik en die duiwel geestelik. Maar die slang word hier nie ondervra nie (soos Adam en Eva wel in die voorgaande vers), omdat die duiwel geen verontskuldiging gehad het nie.
25 Of: wees vervloek. So ook in Gén. 4:11. |
26En Ek sal fvyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen 27jou saad en 28haar saad. gHý sal jou die kop vermorsel, 29en jý sal hom in die hakskeen 30byt.
| f Matt. 4:1.
g Kol. 2:15. |
26 Hierdie vonnis is vernaamlik uitgespreek teen die duiwel, wat die grootste oorsaak was van die val van die mense.
27 Verstaan hierdeur alle kinders van die duiwel, Joh. 8:44. 28 Hierdie saad is eintlik alleen die Here Christus, die eniggebore Seun van God, wat uit die vrou, wat ’n maagd was, deur die werking van die Gees van God in die volheid van tyd gebore moes word, om deur die verdienste van sy dood en die krag van sy Gees, die duiwel al sy geweld te ontneem en hom onder sy en sy gemeente se voete te vertrap. Sien Ps. 110:1. Joh. 12:31. Rom. 16:20. Hebr. 2:14. 1 Joh. 3:8. Dit is die eerste evangeliese belofte van die lewe, wat gestel word teenoor die eerste, voorgaande aankondiging van die dood. 29 Dit is, die duiwel en sy saad sal Christus en sy gemeente vervolg, maar nie in staat wees om uit te roei en te verderf nie. 30 Hebr. vermorsel, net soos eerder in hierdie vers. |
Aan die vrou het 31Hy gesê: 32Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy 33kinders baar; en na jou man sal jou 34begeerte wees, hen 35hý sal oor jou heers.
| h 1 Kor. 14:34. 1 Tim. 2:11, 12. Tit. 2:5. 1 Petr. 3:6. | 31 Naamlik God.
32 Hebr. Ek sal vermeerderende vermeerder. 33 Hebr. seuns. Dit is ’n woord wat dikwels in die Heilige Skrif gebruik word vir kinders, dit is, vir seuns en dogters. So ook in Ex. 22:24. Ps. 128:6. 34 Dit is, jy sal verplig wees om jou na die wil van jou man te voeg, en te probeer om onder hom te skuil en deur sy beleid geregeer te word. 35 Dit is, hy sal mag hê om oor jou te gebied, wat nou vir jou vlees lastig sal wees, terwyl dit voor die val niks anders as lieflik was nie. |
En aan die mens het Hy gesê: 36Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie — 37vervloek is die aarde om jou ontwil; met 38moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
| 36 Sien vers 6 se kanttekening.
37 Sien Rom. 8:19-21. 38 Dit is, met swaar en moeitevolle arbeid sal jy jou op aarde onderhou. |
Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal 39die plante van die veld eet.
| 39 Of: die gewasse van die veld, wat jy buite hierdie tuin sal moet vind, aangesien jy voortaan van die vrugte van hierdie tuin verstoot sal wees. |
In die sweet van jou aangesig sal jy 40brood eet 41totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
| 40 Dit is, jou voedsel en onderhoud verkry. So is die woord brood vir allerlei soorte voedsel gebruik in Gén. 18:5; 28:20.
41 Dit is, totdat jy sterf. |
En die mens het sy vrou 42Eva genoem, omdat sy moeder geword het 43van alles wat lewe.
| 42 Hebr. Gawwa.
43 Dit is, van alle mense. |
En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.
Toe sê die HERE God: 44Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. 45As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!
| 44 God verwyt hier die mens sy hoogmoed, waardeur hy gemeen het om aan God gelyk te word, en nou inteendeel homself en al sy nakomelinge in die grootste ellende en veragting gebring het.
45 Dit was nie God se wil dat die mens die teken van die lewe, wat hy deur sy oortreding verloor het, sou gebruik nie. |
Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
So het Hy dan die mens weggedrywe en 46gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die 47swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
| 46 Verstaan hierdeur engele, wat só genoem word, en by die Israeliete met dié naam bekend was omdat die verbondsark in die Allerheiligste met twee gérubs (in menslike gedaante met uitgespreide vlerke) bedek was, Ex. 25:18. 1 Kon. 6:23. 2 Kron. 3:10.
47 Hebr. die vlam van die swaard wat wentel of heen en weer draai. Dit kan wees dat dit inderdaad vurig was, of die gedaante van ’n opgaande vlam gehad het. |
SO is dan voltooi die 1hemel en die aarde met 2hulle ganse leërmag.
| 1 Dit is, die lug, die hemel, die son, maan en sterre, asook die derde hemel met sy inwoners, die heilige engele, soos hulle ook die leërmag van die hemel genoem word, 1 Kon. 22:19, vgl. Gén. 1:1.
2 Die skepsele begrepe in hemel en aarde word ’n leërmag genoem, nie net weens hulle groot menigte en verskeidenheid, presiese orde en besondere prag nie, maar ook omdat hulle deur God as hul Owerste onderhou en geregeer word, en omdat hulle Hom steeds van diens moet wees. So ook in Ps. 103:21. Jes. 45:12. |
aEn God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag 3gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
| a Ex. 20:11; 31:17. Deut. 5:14. Hebr. 4:4. | 3 Dit is menslikerwys van God gespreek; want daar word gesê dat Hy gerus het, nie omdat Hy moeg was van werk nie, maar omdat Hy opgehou het om enige nuwe soorte dinge te skep; hoewel Hy nog altyd werk in die onderhouding en regering van sy skepping, Jes. 40:28. Joh. 5:17. |
En God 4het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het 5deur dit te maak.
| 4 Dit is, God het die sewende dag verhef bo die ander dae en waardiger as hulle gemaak. Vgl. die woord geseën met Gén. 24:31. Die waardigheid is in die gebruik, wat deur die volgende woord geheilig te kenne gegee word. Dit beteken om iets wat algemeen is, tot ’n heilige gebruik af te sonder. So ook in Ex. 13:2. Lev. 8:10. Núm. 7:1. 1 Kon. 8:64, ens.
5 Dit is, om tot sulke gebruike en doeleindes soos met God se wysheid ooreenkom, volgens elkeen se eie aard op die sierlikste en bekwaamste wyse te orden, soos dit nou is. Anders: skeppende gemaak het. |
Skepping van die man en die vrou. Eden.
DIT is 6die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe 7die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
| 6 Hebr. toledot. Of: die geboortes. Dit is, oorspronge of beginsels. Vgl. Ps. 90:2 met die kanttekening.
7 Ná die voltooiing van die werk van die skepping word God hier allereers die Naam JEHOVA (JHWH) gegee. Hierdie Naam beteken die Selfstandige, Selfwesende, van Homself bestaande van ewigheid tot ewigheid, en die Oorsprong of Oorsaak van die bestaan van alle dinge; waarom ook hierdie Naam die ware God alleen toekom. Onthou dit eens en vir altyd: waar jy voortaan die woord HERE met hoofletters geskryf vind, dat daar in die Hebreeus die woord JEHOVA of korter JAH staan. |
was daar 8nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het 8nog uitgespruit nie; 9want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
| 8 Naamlik vóór hul skepping, toe hulle nog nie daar was nie.
9 Die betekenis is dat God die plante, soos kruie, struike, bome, in die skepping op die derde dag uit die aarde laat voortkom het, slegs deur sy alvermoënde woord, sonder enige middele, of van reën uit die lug, of deur die arbeid van mense, wat toe nog nie was nie. |
10Maar 11’n mis het opgetrek uit die aarde en 12die hele aardbodem bevogtig.
| 10 Naamlik nou of daarna; want Moses beskryf hier die gewone middel wat God in die natuur ingestel het, om kruie, struike en bome uit die aarde voort te bring, naamlik die damp, wat die reën veroorsaak en die aardbodem bevogtig.
11 Anders: ’n damp, wat, terwyl dit deur die hitte van die son uit die water en die aarde opgetrek word, en styg tot in die middellug, waar dit deur koue in wolke verander, en daarna weer ontsluit en reën word, waarmee die aardbodem dan bevogtig word. 12 Hebr. die hele aangesig van die aardbodem. |
En die HERE God het die mens 13geformeer 14uit bdie stof van die aarde 15en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens c’n 16lewende siel geword.
| b 1 Kor. 15:47.
c 1 Kor. 15:45. |
13 Of: gebeeldhou, of gefatsoeneer, naamlik, soos ’n pottebakker iets uit klei formeer; soos in Jes. 45:9. Rom. 9:20, 21. Verstaan dit ten opsigte van die mens se liggaam.
14 Hebr. stof uit die grond. 15 Dit is menslikerwys van God gespreek, en wys ons daarop dat die siel van die mense nie geskape is uit enige voorgaande materie, soos die siele van diere nie, Gén. 1:20, 21, 24, maar uit niks, deur God se Gees, en van buite die mens ingestort. 16 Dit is, ’n skepsel, aan wie lewe geskenk is, bestaande uit ’n liggaam en ’n redelike, onsterflike siel, wat saam die mens uitmaak. |
Ook het die HERE God ’n 17tuin 18geplant in 19Eden, 20in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee.
| 17 Naamlik die paradys of lushof, wat God vir die mens as woonplek verorden het.
18 Naamlik op die derde dag van die skepping, voordat die mens geskape was. 19 Eden is die naam van ’n streek in Telássar, die boonste deel in Chaldéa, soos te sien is in 2 Kon. 19:12, en dit moet onderskei word van ’n ander Eden, geleë by Damaskus in Sírië, waarvan ’n mens lees in Amos 1:5. Die Hebreeuse woord eden beteken oorvloed, genot, verlustiging. Hierdie land word so genoem omdat dit ’n pragtige, bekoorlike en voortreflike land was, soos dit te sien is uit die volgende vers van hierdie hfst., asook uit Jes. 51:3. Eség. 28:13; 31:16, 18. 20 Hebr. van Ooste, of uit Ooste, dit is, aan die oostelike kant van Eden, of ooswaarts van die plek waar Moses was, toe hy dit geskrywe het. |
En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en 21goed om van te eet; ook ddie boom 22van die lewe in die middel van die tuin, en die 23boom van die kennis van goed en kwaad.
| d Openb. 2:7. | 21 Verstaan dit as die vrugte van die bome.
22 Dit is, ’n teken van die lewe, dit beteken dat die mens die lewe van God ontvang het en sou behou het, indien hy in sy gehoorsaamheid sou volhard, totdat dit God sou behaag om hom in sy hemelse onsterflikheid op te neem. 23 So genoem omdat die mens deur daarvan te eet sou ondervind (of ondervind het) watter goed hy daardeur sou verloor en in watter kwaad hy sou verval. |
En daar het 24’n rivier 25uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het 26vier lope geword.
| 24 Die mening van sommige is dat dit verstaan moet word as die Eufraatrivier, wat voortspruit uit die gebergte van Groot-Armenië, en daarna met die Hiddékel- of Tigris-rivier saamvloei, waaruit verder twee ander riviere (Pison en Gihon) vertak. Die eintlike ligging van hierdie riviere is egter onseker en die geleerdes het verskillende menings hieroor.
25 Sien vers 8 se kanttekening. Dit het deur Eden gevloei, tot, in en deur die tuin wat in die landstreek Eden geleë was. 26 Hebr. vier hoofde. Dit is, hoofstrome, hoofriviere, hoofwaters. Die woord hoofde beteken hier die begin van hierdie vier lope. |
Die naam van die eerste is die 27Pison. Dit is hy wat om die hele land 28Háwila 29loop waar die goud is.
| 27 Hebr. Pisjon. Hierdie naam word slegs hier in die Heilige Skrif gevind. Dit is ’n sytak van die Eufraatrivier, en volgens die mening van baie vloei dit onder Apamea in die Tigris, en van daar in die Persiese See. Dit dra onder die inwoners die naam Pasitigris of Pisotigris.
28 Hebr. Gawila. Dit is die naam van ’n streek. Volgens die mening van sommige geleerdes ook Susiana genoem, na die hoofstad Susan, waarvan te lees is in Est. 1:2. Dan. 8:2. Sien ook oor ’n ander Háwila Gén. 25:18. 1 Sam. 15:7. 29 Hebr. is omlopende. |
En die goud van dié land is goed. Daar is ook 30balsemgom en 31onikssteen.
| 30 Hebr. bedolag. Dit is, volgens die oordeel van sommige, die naam van ’n boom. Ander meen dat dit die naam van ’n edelgesteente is. In Núm. 11:7 word die kleur van die manna vergelyk met die kleur van balsemgom.
31 Hebr. sjoham, die naam van ’n edelgesteente, waaroor daar verskillende menings is. Hierdie naam word ook gevind in Ex. 25:7; 28:9. Eség. 28:13, ens. |
En die naam van die tweede rivier is die 32Gihon. Dit is hy wat om die hele land 33Kus loop.
| 32 Hebr. Gigon, wat deur die inwoners van die land (soos sommige skryf) Nahar-sares genoem word.
33 Hierdie woord omvat in die algemeen Ethiópië, Arabië en die hele landstreek teen die suide; maar hier in die besonder Woes-Arabië (Arabia Deserta), wat aan Chaldéa grens. |
En die naam van die derde rivier is die 34Hiddékel. Dit is hy wat oos van 35Assur loop. En die vierde rivier is die 36Frat.
| 34 Hebr. Giddekel. Dit is eintlik die Tigris-rivier, Dan. 10:4, wat nou nog die naam Diglats of Tiglats het, soos sommige skryf, maar dit is hier ’n sytak van die Eufraat, wat in die Tigris-rivier vloei en daarom ook Tigris genoem word.
35 Hebr. Asjsjoer. Dit is Assirië, Assur genoem na Assur, die seun van Sem, Gén. 10:22. 36 Verstaan die vernaamste sytak van die Eufraatrivier, wat, omdat hy baie groot is, die naam van die hele rivier dra. Sien oor hierdie rivier Gén. 15:18. Deut. 1:7. Jer. 13:4. |
Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
En die HERE God het aan 37die mens 38bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin 39mag jy vry eet,
| 37 Naamlik beide die man en die vrou; sien Gén. 3:1-3.
38 Hebr. gebied aan, of oor die mens. 39 Hebr. etende sal jy eet. Hierdie manier van spreek, waar ’n woord soos hier verdubbel word, word dikwels in die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif gevind, en dien daartoe om aan dit wat beskryf word, volgens die belang van die saak, ’n besondere gewig of verdere verklaring of aanduiding te gee. So ook in die volgende vers; asook in Gén. 3:4, 16; 17:13; 18:18. Jer. 23:17, ens. se kanttekeninge. |
maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy 40sekerlik sterwe.
| 40 Hebr. sterwende sterwe. Verstaan hiermee drieërlei dood: (1) Die liggaamlike dood met al sy voorgaande ellendes. (2) Die geestelike dood van die siel. (3) Die ewige dood, wat tegelyk liggaamlik en geestelik is. |
Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak 41wat by hom pas.
| 41 Hebr. soos teenoor hom. Of: vir hom. Dit is, wat altyd as ’t ware in sy teenwoordigheid is, wat sy gelyke is, en tot sy hulp en diens bereid is. So ook in vers 20. |
En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle 42na die mens 43gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die 44lewende wesens genoem het, 45so moes hulle naam wees.
| 42 Anders: na Adam, en so in dit wat volg.
43 Of: laat kom het. 44 Sien Gén. 1:20. 45 Of: dit is of het sy naam geword. In die Hebreeus is dit in die enkelvoud. |
So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar 46vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.
| 46 Dit is, vir homself. |
Toe het die HERE God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en 47die plek daarvan met vlees toegemaak.
| 47 Dit is, vir of in die plek van die ribbebeen wat Hy uit hom geneem het, het Hy vlees gemaak en daarmee die geopende plek toegemaak. |
En die HERE God 48bou die rib wat Hy evan die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens.
| e 1 Kor. 11:8. | 48 Dit is ’n beeld geneem van ’n huis wat deur ’n kunstige meester tot ’n waardige doel gebou word. |
Toe sê die mens: 49Dit is nou eindelik fbeen van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.
| f Mal. 2:14. Ef. 5:30, 31. | 49 Of: Hierdie keer is daar. Dit is, ek het nou eindelik ’n metgesel gekry wat my gelyke is, wat ek tevore gesoek, maar nie gevind het nie. |
gDaarom sal die man sy vader en moeder 50verlaat en sy vrou aankleef. hEn hulle sal een vlees wees.
| g Matt. 19:5. Mark. 10:7. Ef. 5:31.
h 1 Kor. 6:16. Ef. 5:28, 29. |
50 Dit neem nie die liefde en eer weg wat ’n man aan sy ouers verskuldig is nie, maar dit maak onderskeid tussen die manier van saamwoon en die grootheid van die verbintenis. |
En hulle was altwee inaak, die mens en sy vrou, maar 51hulle het hul nie geskaam nie.
| i Gén. 3:7. | 51 Die rede was hul volmaaktheid en onskuld, waardeur hulle niks oneerbaars gesien het aan hul liggame, of iets onreins gevoel het aan hul siele nie. |
Die skepping. Die werk van die ses dae. Die rus van die sewende dag.
IN die 1abegin het God die 2hemel en die aarde 3geskape.
| a Job 38:4. Ps. 33:6; 89:12; 136:5. Hand. 14:15; 17:24. Hebr. 11:3. | 1 Dit is, van die tyd van die skepping van alle skepsele, wat deur die skepping ontstaan het; aangesien hulle tevore nie bestaan het nie, maar God alleen, wat sonder begin is, Ps. 90:2. Spr. 8:22, 23. Kol. 1:17. Vgl. dit met Joh. 1:1.
2 Deur hemel, of hemele (aangesien hierdie woord deur die Hebreërs nie in die enkelvoud gebruik was nie) en aarde, mag ’n mens in hierdie eerste vers verstaan, óf die hemel en die aarde soos dit op die eerste dag geskape is, óf die ganse wêreld met alle hemelse en aardse skepsele daarin begrepe. Vgl. Gén. 2:1. 3 Skep het in hierdie hfst. en elders die betekenis van: iets voortrefliks maak, wat tevore nie bestaan het nie; hetsy uit niks, vers 1, of uit iets anders wat uit niks geskape was, soos in verse 21, 27. Sien oor die Hebreeuse woord Elohim, dit is, God, Gén. 20:13 se kanttekening. |
En die 4aarde was 5woes en leeg, en duisternis was 6op die wêreldvloed, en die 7Gees van God 8het gesweef 9op die waters.
| 4 Verstaan hier deur hierdie woord die aarde wat nou is, maar egter soos dit in die begin op die eerste dag geskape is, en nie soos dit deur die daaropvolgende skeppingswerk geword het nie.
5 In die Hebreeus woestheid, of vormloosheid en leegheid; dit word van die aarde gesê, omdat dit toe sonder vorm, orde, onderskeid, sieraad en gebruik was, en sonder inwoners, wat later daarop geskape is. Met hierdie Hebreeuse woorde word elders in die Heilige Skrif die uiterste woestheid, vormloosheid, nietigheid of leegheid wat in iets is, uitgedruk. Sien Deut. 32:10. 1 Sam. 12:21. Job 12:24. Ps. 107:40. Jes. 34:11; 44:9. Jer. 4:23. 6 Hebr. op die aangesig van die wêreldvloed; dit is, op die diepe en ondeurgrondelike waters, wat die aarde bedek het soos ’n kleed, en hoër as die berge gestaan het, Ps. 104:6. Sien 2 Petr. 3:5. 7 Verstaan hier deur die woord Gees die Heilige Gees; nie die wind, wat nog nie geskape was nie. 8 Of: het Homself beweeg. Verstaan hier om die eerste wese en vorm van die aarde en waters, soos dit destyds was, te onderhou, sodat op die manier voortreflike skepsele deur die krag van die Gees daaruit voortgebring sou word. Dit is waarskynlik ’n beeld geneem van voëls wat eiers uitbroei om kleintjies daaruit te laat voortkom, en daarna met hul vlerke oor hulle sweef om hulle te koester en groot te maak. Sien Deut. 32:11. 9 Hebr. op die aangesig van die waters; dit is, op die oppervlak van die waters wat die aarde bedek het. |
En God 10het gesê: Laat daar 11lig wees! En daar was lig.
| 10 Dit wat God sê is sy wil, sy bevel en daad, Ps. 33:9; 148:5, wat Hy uitgevoer het deur sy wesenlike Woord, wat van ewigheid af God en by God was en is, Ps. 33:6. Joh. 1:1, 2.
11 ’n Klaar, helder, lugtige substansie, wat die duistere klomp verlig, en deur sy omloop die dag en nag maak. |
Toe 12sien God dat die lig 13goed was. En God 14het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;
| 12 Dit is menslikerwys van God gespreek. Die betekenis is dat God sy skepsel as goed erken het.
13 Dit word hier goed genoem, dit is vir God aangenaam, op sigself mooi en lieflik, en vir die skepsele, vernaamlik vir die mense, nuttig en dienstig. 14 Naamlik só dat die lig die duisternis, en die duisternis die lig opgevolg het, om nag en dag te maak. |
en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was 15aand en dit was môre, die 16eerste dag.
| 15 Dit is, nag en dag, wat ’n natuurlike dag maak, wat by die Hebreërs begin het met die aand (soos die duisternis die lig voorgegaan het), en geëindig het met die volgende aand, met ander woorde vier-en-twintig ure.
16 Hebr. een dag; maar dit is baie gebruiklik by die Hebreërs dat hulle een vir eerste gebruik, soos in Gén. 8:5. Núm. 29:1. Matt. 28:1. 1 Kor. 16:2. |
bEn God het gesê: Laat daar ’n 17uitspansel wees tussen die waters, en 18laat dit skeiding maak tussen 19waters en waters.
| b Ps. 33:6; 104:2; 136:5. Spr. 8:28. Jes. 42:5. Jer. 10:12; 51:15. | 17 Of: uitbreiding. Die woord wat in die Hebreeuse teks staan, kom van ’n woord wat uitspan, uitrek, ens. beteken. En hierdeur word op die hele ruimte tussen die onderste en die boonste waters gedui.
18 Hebr. laat dit voortdurend skeiding maak. 19 Dit word in die volgende vers verklaar. |
God het toe die uitspansel gemaak en die waters 20wat conder die uitspansel is, geskei van die 21waters wat dbo die uitspansel is. En dit was so.
| c Ps. 33:7; 136:6. Spr. 8:24.
d Ps. 148:4. |
20 Naamlik in en op die aarde. Hebr. wat van onder, ens. So ook in vers 9.
21 Hebr. die waters wat van bo, ens. Verstaan die wolke, wat bo die onderste deel van hierdie uitspansel dryf, of enige ander waters wat ná die skeiding hulle plek bo kon ingeneem het. |
En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.
En God het gesê: eLaat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, 22sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.
| e Job 26:10; 38:8. Ps. 24:2; 33:7; 136:6. | 22 Hieruit blyk dat die hele aardbodem voorheen met water bedek was, ja, selfs die berge, soos in vers 2 se kanttekening. |
En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy 23see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
| 23 Daar staan eintlik seë in die meervoud en nie see in die enkelvoud nie; omdat deur hierdie woord deur die Hebreërs nie net die Groot See verstaan word nie, soos in Pred. 1:7, maar ook ander seë, poele, mere en alle versamelings van waters. Sien Gén. 14:3. Ex. 14:23. Matt. 4:18. Joh. 21:1 en elders. Vgl. Núm. 34:11. |
En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, 24plante wat saad gee en 25bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.
| 24 Dit is, wat saad uit hulself voortbring, dra, gee en uitwerp; so ook in verse 12, 29.
25 Hebr. boom van vrug. |
Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
En dit was aand en dit was môre, die derde dag.
En God het gesê: fLaat daar 26ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en 27laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.
| f Ps. 136:7. | 26 Sien Ps. 74:16.
27 Dit is, om te dien tot afbakening van verskillende geleenthede van tye, soos lente, somer, herfs, winter; verlenging, verkorting en ewe lank maak van dae en nagte, verduisterings, ens., asook om daarmee sekere dae, weke, maande en jare waar te neem en te onderhou, sowel in kerklike as in politieke en burgerlike handelinge, aangaande hierdie lewe. |
gLaat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.
| g Deut. 4:19. Jer. 31:35. |
God het toe 28die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die 29klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.
| 28 Naamlik die son en maan, wat groot genoem word ten opsigte van hulle uiterlike gedaante, soos waargeneem deur ons oë, en hul uitnemende werkinge.
29 Naamlik in vergelyking met die son. |
En God het hulle aan die uitspansel van die hemel 30gestel om lig te gee op die aarde
| 30 Of: gegee. |
en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.
En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.
En God het gesê: Laat die waters wemel met 31’n gewemel van lewende 32wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg 33langs die uitspansel van die hemel.
| 31 Die Hebreeuse woord word hier gebruik vir sodanige diere, wat in die see en ander waters beweeg deur te swem; hoewel dit ook gebruik word vir vlieënde gediertes in die lug, Lev. 11:20, en vir kruipende gediertes op die aarde, Lev. 11:44.
32 Hebr. siel. Verstaan daardeur die diere, wat lewe en voel, en om hierdie rede beweeg. 33 Hebr. in (of na) die aangesig van die, ens. |
En God 34het die groot seediere geskape en al die lewende wesens 35wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die 36gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
| 34 Sien vers 1 se kanttekening.
35 Die Hebreeuse woord beteken nie net die swemmende diere nie, soos hier en in Lev. 11:46. Ps. 69:35, maar ook wat kruip op die aarde, of wat met die optel van die pote beweeg en loop, soos in verse 24-26, 28, 30; 6:20; 7:8. Ps. 104:20. 36 Hebr. elke voël van vleuel. So ook in Ps. 78:27. |
En God 37het hulle geseën en gesê: hWees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.
| h Gén. 8:17. | 37 Dit is, God het aan hulle krag gegee om hul geslag deur voortteling te onderhou en te vermenigvuldig. Sien vers 28 en elders meer. |
En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.
En God het gesê: Laat die aarde lewende 38wesens voortbring volgens hulle soorte: 39vee, 40kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.
| 38 Hebr. siel. Sien vers 20.
39 Die Hebreeuse woord beteken hier alle mak, viervoetige diere, wat onder die mense verkeer en hulle tot diens, voedsel en kleding strek. 40 Sien vers 21 se kanttekening. |
En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
En God het gesê: 41Laat Ons 42mense maak 43na ons 44beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor 45die visse van die see en die voëls van die hemel en 46die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
| 41 God spreek in die meervoud, soos Hy ook hierna doen, deur te sê: na ons beeld, na ons gelykenis, asof Hy met Homself beraadslaag (menslikerwys gesproke) om ons die goddelike Drie-eenheid en die waardigheid van hierdie laaste skepping van die mens aan te wys.
42 Dit is, man en vrou, soos blyk uit dit wat volg, laat hulle heers, en verder uit vers 27 en Gén. 5:2. 43 Hebr. in ons beeld. 44 Hierdie twee woorde, beeld en gelykenis, het skynbaar een en dieselfde betekenis, omdat in hierdie verband soms een van beide in die plek van beide gestel word. Sien die volgende vers en Gén. 5:1. Deur beeld en gelykenis is vernaamlik die ware kennis van God te verstaan, Kol. 3:10, ware geregtigheid en heiligheid, Ef. 4:24. 45 Hebr. vis, dit is, visse, so ook in vers 28. 46 Hierdie woord word hier breër verstaan as in vers 24, waar dit onderskei word van die wilde diere, wat hier onder die Hebreeuse woord behema verstaan word. |
En God het die mens geskape ina sy beeld; na die beeld 47van God het Hy hom geskape; kman en vrou het Hy hulle geskape.
| i Gén. 5:1; 9:6. 1 Kor. 11:7. Ef. 4:24. Kol. 3:10.
k Matt. 19:4. |
47 Dit is, nie na die ewebeeld van die mens wat geskape was, soos deur die voorgaande woorde verstaan sou kon word nie, maar na die beeld van God, wat hom geskape het. Vgl. Gén. 5:1; 9:6. |
En God 48het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: lWees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde 49kruip.
| l Gén. 8:17; 9:1, 2, 7. | 48 Sien vers 22 se kanttekening, hoewel hierdie woord hier meer bevat, soos die vervolg van die vers uitwys.
49 Sien vers 21 se kanttekening. |
Verder het God gesê: mEk gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat 50op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.
| m Gén. 9:3. Ps. 104:14, 15. | 50 Hebr. op die aangesig van die, ens. |
nMaar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ’n lewende siel is, 51gee Ek 52al die groen plante as voedsel. En dit was so.
| n Ps. 104:14. | 51 Hierdie woorde is hier ingevoeg uit die voorgaande vers.
52 Hebr. alle groente. |
Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en 53— odit was 53baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
| o Deut. 32:4. Mark. 7:37. | 53 Die woorde kyk (wat in die Hebreeuse teks staan en hier in die Afrikaans met ’n aandagstreep aangedui word) en baie is deur Moses hierby gevoeg om die grootheid en voortreflikheid van hierdie werk beter uit te druk, asook die uitnemende welgevalle van God, wat Hy in al sy werk gehad het, en in die besonder in die skepping van die mense. |
EN hy het my getoon a1’n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom 2uit die troon van God en van die Lam.
| a Eség. 47:1. Sag. 14:8. | 1 Dit wat hier van hierdie rivier en die boom van die lewe beskryf word, is gebruik as beeld van die paradys, Gén. 2:10, en van die nuwe Jerusalem, Eség. 47:1, ens. Deur hierdie rivier van die water van die lewe word die ewigdurende geluksaligheid verstaan, wat deur die werking van die Heilige Gees en die uitverkorenes se aanskouing van God se aangesig in die toekomstige lewe, altyd oorvloedig, vars en suiwer sal wees en bly. Sien hieroor ook Joh. 4:14; 7:38. Openb. 2:7.
2 Dit is, uit die heerlike aanskouing van die aangesig van God en van Jesus Christus. Sien Ps. 16:11. 1 Kor. 13:12. 1 Thess. 4:17. 1 Joh. 3:2. |
In die middel van sy 3straat en 4weerskante van die rivier was b5die boom van die lewe wat 6twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en 7die blare van die boom is tot genesing van 8die nasies.
| b Openb. 2:7. | 3 Of: plein, mark, soos in Openb. 21:21.
4 Nie dat daar baie bome gesien is nie, omdat Christus alleen hierdie boom van die lewe is, maar omdat sy wortels van onder, en sy takke van bo af, hulle langs die hele rivier uitstrek, soos in Openb. 2:7 te sien is; sien ook die nadere verklaring in die kanttekening daar. 5 Gr. die hout. 6 Dit is, die lewendmakende krag van Christus se verdienste en Gees, wat die hele jaar deur, dit is, tot in ewigheid vars en kragtig is, om hierdie geestelike lewe en hierdie salige verkwikking vir die twaalf stamme van die Israel van God vir altyd te onderhou sonder enige verswakking of verslapping. 7 Dit is ook geneem uit Eség. 47:12; nie dat daar in hierdie ewige lewe enige gebreke meer sal wees nie, maar dat die genesing van al die gebreke, wat deur Christus se verdienste en Gees hiér plaasgevind het, dáár tot in ewigheid deur hierdie krag behou en ongedeerd bewaar sal word, nie net vir die Israeliete nie, maar ook vir alle ander gelowige nasies. 8 Naamlik wat salig geword het, soos in Openb. 21:24, 26 gespreek is. |
En daar sal 9geen enkele vervloeking meer wees nie, en 10die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en 11sy diensknegte 12sal Hom dien.
| 9 Dit is, niks wat die vervloeking waardig is nie, soos in Openb. 21:27 niks onrein of wat verontreinig. En dit wil voorkom of dit ook geneem is uit Sag. 14:11, waar hierdie dinge ook vooruit aangekondig word van die tye van die Nuwe Testament; wat ewenwel nie ten volle sou gebeur nie, totdat Christus sy dorsvloer gesuiwer en al die kaf in die vuur gegooi het, Matt. 3:12; 13:40, ens.
10 Dit is, die heerlikheid van God en van Jesus Christus, as ware God en mens, sal dit vervul. Sien Openb. 21:22, 23. 11 Naamlik sowel engele as salige mense. Sien Openb. 7:15. 12 Dit is, rondom sy troon bereid staan om Hom te loof en te prys, en sy bevele te gehoorsaam. |
En hulle sal 13sy aangesig sien, en c14sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.
| c Openb. 3:12. | 13 Dit is, sy majesteit en heerlikheid, om dit deelagtig te wees; soos van die engele gesê word, Matt. 18:10, en van al die geluksaliges in die hemel, Matt. 5:8. 1 Joh. 3:2.
14 Naamlik omdat hulle Hom toebehoort en sy eiendom is, en openlik daaroor belydenis doen; soos ook die hoëpriester in die Ou Testament op sy voorhoof ’n goue plaat gedra het, waarop geskrywe was: Die heiligheid van die Here. Sien ook die verklaring in Openb. 3:12 en 14:1 se kanttekeninge. |
dEn 15nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en 16hulle sal as konings regeer tot 17in alle ewigheid.
| d Jes. 60:19. Sag. 14:7. Openb. 21:23. | 15 Sien Openb. 21:23, 25.
16 Want hoewel alle gelowiges hiér ook konings en priesters is, Openb. 1:6, sal hulle nogtans eers volkome as konings heers, wanneer al hul vyande en die dood self onder hul voete gebring is, en God alles in almal sal wees in hulle. Sien Rom. 16:20. 1 Kor. 15:28. 17 Gr. in die ewighede van ewighede. |
Laaste waarskuwings en beloftes.
18EN hy het vir my gesê: e19Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, 20die God van die heilige profete, het 21sy engel gestuur fom sy diensknegte te toon wat 22gou moet gebeur.
| e Openb. 19:9; 21:5.
f Openb. 1:1. |
18 Hier begin die slot of laaste deel van hierdie openbaring.
19 Naamlik van hierdie hele openbaring, soos in verse 18, 19 verklaar word; waardeur die goddelikheid daarvan betuig word. Sien ook Openb. 19:9. 20 Dit is, wat aan die profete die profesieë geopenbaar het, en wat hulle na sy volk gestuur het, 2 Petr. 1:20, ens. Deur die God van die heilige profete word hier ook die persoon van Christus verstaan; soos uit die volgende blyk, dat Hy sy engel gestuur het om die dinge te toon wat gou moet gebeur, wat uitdruklik aan Christus toegeskryf word, vers 16. Openb. 1:1. 21 Dit is, my, wat sy engel is. 22 Sien hieroor Openb. 1:1 se kanttekening. |
Kyk, 23Ek kom gou. gSalig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek 24bewaar.
| g Openb. 1:3. | 23 Naamlik om elkeen te vergeld na sy werke, soos in vers 12 uitgedruk word. Hierdie woorde is Christus se woorde, dit bevestig wat in die voorgaande vers gesê is. Sien ook 1 Thess. 5:2.
24 Dit is, goed daarop let, en hom weerhou van dit wat daarin verbied word, naamlik om gemeenskap te hê met die draak, die dier en sy volgelinge; en te doen wat daarin beveel en geprys word. Sien ook Openb. 1:3. |
En dit is 25ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek 26neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.
| 25 So bevestig Johannes dit ook in die einde van sy Evangelie, Joh. 19:35; 21:24. Dit is ook, onder andere, ’n gepaste bewys dat die evangelis Johannes die outeur is van hierdie profesie.
26 Sien hieroor Openb. 19:10 se kanttekening. |
Toe sê hy vir my: hMoenie! want ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.
| h Hand. 10:26; 14:14. Openb. 19:10. |
En hy het vir my gesê: i27Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want kdie tyd is naby.
| i Dan. 8:26; 12:4.
k Openb. 1:3. |
27 Dit is, moet dit nie opsluit nie, hou dit nie verborge nie, maar openbaar dit aan almal; anders as wat in Openb. 10:4 beveel word, soos ook in Dan. 8:26; 12:4. Die rede is, omdat dit wat dáár geopenbaar was, nog vir ’n tyd verborge kon bly, sonder nadeel van God se kerk, totdat die vervulling daarvan dit sou verklaar. Maar nie hiér nie, omdat die vervulling van sommige dinge dadelik sou begin, soos dit wat in Openbaring 2 en 3 geleer is; en omdat die gemeente van Christus dadelik gewaarsku moes word oor al hierdie swarighede wat haar sou oorkom, sodat sy haar betyds daarteen kon voorberei, en dat die lede van die gemeente hulle sou weerhou van die gemeenskap met die Antichris, wanneer hulle bewus sou word van sy opkoms, waarvan die verborgenheid toe reeds begin het om te werk, 2 Thess. 2:7 en die kanttekening. |
28Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige 29nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
| 28 Hiermee word ’n teenwerping voorkom, wat op die voorgaande vers gemaak kon word, naamlik dat sommige hierdie openbaring, indien dit aan almal bekendgemaak word, sou misbruik tot sorgeloosheid van die vlees, of tot verbittering teenoor die kerk van Christus; waarop hierdie antwoord volg, soos in Eség. 2:3. Dan. 12:10, deur welke spreekwyse geen toelating van kwaaddoen bedoel word nie, maar oor sulkes word ’n swaarder oordeel van God bedreig, soos Christus ook aan Judas gesê het in Joh. 13:27: Wat jy doen, doen dit haastig. Sien ook 2 Kor. 2:15.
29 Dit is, sy regverdigheid meer en meer uit die vrugte bewys, soos in Jak. 2:18, 24 verklaar word. Want die woorde regverdiger word, word hier gestel teenoor onreg doen, soos die woorde heiliger word teenoor die woorde vuiler word. |
En kyk, 30Ek kom gou, en my loon is by My, lom elkeen te vergeld 31soos sy werk sal wees.
| l Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6; 14:12. 1 Kor. 3:8. 2 Kor. 5:10. Gal. 6:5. Openb. 2:23. | 30 Van hier af verder begin Christus self om tot die apostel te spreek, tot in die middel van vers 20, soos al die omstandighede en vers 16 duidelik meebring; en Hy bevestig só met sy eie woorde alles wat voorheen deur die engel verkondig was.
31 Naamlik hetsy goed of kwaad, soos tevore meermale beloof en gedreig is. Sien 2 Kor. 5:10. Waardeur nie enige verdienste te kenne gegee word nie, maar ’n genadige beloning van die goeie werke, en ’n regverdige straf en vergelding van die kwade werke. Sien Rom. 6:23. Ef. 2:8, ens. |
mEk is 32die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, ndie eerste en die laaste.
| m Openb. 1:8; 21:6.
n Jes. 41:4; 44:6; 48:12. Openb. 1:8; 21:6. |
32 So spreek Christus van Homself, as die enige en ewige God met die Vader en die Heilige Gees, om sy standvastigheid en almag in die uitvoering van sy beloftes en dreigemente te kenne te gee. Sien meer hieroor in Openb. 1:8; 21:6. |
Salig is die wat sy gebooie doen, sodat 33hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte 34in die stad.
| 33 Dit is, lot, deel, om te mag geniet van die vrugte van die boom van die lewe; sien daaroor vers 2.
34 Naamlik van die nuwe en hemelse Jerusalem, wat voorheen beskryf is. |
oMaar 35buite is 36die honde en die 37towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen 38wat leuens liefhet en doen.
| o 1 Kor. 6:10. Ef. 5:5. Kol. 3:6. | 35 Naamlik buite die hemelse Jerusalem, in die poel van vuur, waarin hulle deur God se regverdige oordeel vir ewig gewerp is. Sien Openb. 19:15; 21:8.
36 Dit is, die rasende vyande en toesnouers van Christus en van die evangelie, soos Christus hulle noem in Matt. 7:6, of die wat die waarheid eens bely het, maar na hulle uitbraaksel omgedraai het, soos Petrus ook sulkes honde noem, 2 Petr. 2:22. 37 Of: gifmengers; want die Griekse woord beteken beide. 38 Naamlik hetsy teen die derde of teen die negende gebod; waarby al die meinedige, ontroue, dubbelhartige mense en bedrieërs van hul naaste verstaan word. |
pEk, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan 39julle voor die gemeentes te betuig. qEk is 40die wortel en die geslag van Dawid, r41die blink môrester.
| p Openb. 1:1.
q Jes. 11:10. Rom. 15:12. Openb. 5:5. r 2 Petr. 1:19. |
39 Naamlik die engele of herders en opsieners van die sewe gemeentes, en deur julle aan jul gemeentes, en voorts aan alle ander herders en gemeentes in die wêreld. Sien Openb. 1:11; 2:1, ens.
40 Sien hieroor Openb. 5:5. Christus word hier so genoem ten opsigte van sy menslike natuur, wat van Dawid afkomstig is, Matt. 1:1. Rom. 1:3. 41 Naamlik wat alle ander sterre in lig te bowe gaan. Christus word hier so genoem, omdat Hy die lig van die wêreld is, en deur sy kennis alles tot die saligheid verlig. Sien Joh. 1:9; 8:12. Selfs ook ten opsigte van die hemelse Jerusalem, waar geen son of maan sal wees nie, maar, aangesien die nag van hierdie eeu verby sal wees, Christus saam met die Vader en Heilige Gees die volkome lig sal wees van alle uitverkorenes, soos die môrester in die oggend is. Sien voorheen in Openb. 2:28; 21:23. 2 Petr. 1:19. |
En 42die Gees en 43die bruid sê: Kom! En laat hom 44wat hoor, sê: Kom! s45En laat hom wat dors het, kom; en laat hom 46wat wil, die water van die lewe 47neem, 48verniet.
| s Jes. 55:1. Joh. 7:37. | 42 Dit is, wat in die harte van alle gelowiges sulke bewegings en gebede verwek, met onuitspreeklike sugtinge, soos Paulus spreek in Rom. 8:23, 26.
43 Dit is, die hele gemeente van Christus, ook selfs diegene wat na die siel in die hemel triomfeer, sien verlangend uit na hierdie laaste koms, om met siel en liggaam met Christus verenig en verheerlik te word. Sien Luk. 21:28. Openb. 6:10, 11. 44 Naamlik met ’n gelowige hart. 45 Dit is, wat met erns en met ’n gevoel van sy gebrek daarna begerig is. 46 Naamlik deur die genade van die Heilige Gees, wat om te wil en die volbringing van die daad in ons werk, Filip. 2:13 en die kanttekeninge. Dit is, elkeen wat ’n begeerte het daarna. 47 Dit is, word hierdie hemelse genade en vertroosting deelagtig, volgens die belofte wat in Openb. 21:6 voorgestel is. 48 Dit is, uit genade, slegs deur die krag van Christus se verdienste en voorspraak. Sien Jes. 55:1. Rom. 3:24, 25. Ef. 2:8. |
49Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
| 49 Dit is die laaste verseëling van die goddelikheid van hierdie boek, saam met ’n dreigement van Christus teen diegene wat iets by hierdie boek sou byvoeg of wegneem. Dit is nie net ’n verseëling van hierdie boek nie, maar dit is ’n slot van die hele Heilige Skrif, aangesien Johannes die laaste van die apostels was en laaste geskryf het; soos in sy Evangelie ook dergelike slot te sien is, Joh. 20:30, 31; 21:24, en voorheen ook Moses in sy laaste boek dergelike verbod gestel het om nie by te voeg of weg te laat nie, naamlik op grond van enige menslike gesag, Deut. 4:2; 12:32. |
tEn as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God 50sy deel wegneem uit vdie boek van die lewe en 51uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
| t Deut. 4:2; 12:32. Spr. 30:6.
v Openb. 13:8; 17:8. |
50 Naamlik wat hy sou meen om te besit. Want dat geeneen van dié wat werklik in die boek van die lewe geskryf is, weggeneem word nie, blyk uit Openb. 13:8; 21:27.
51 Naamlik van die hemelse Jerusalem, soos voorheen in vers 14. |
52Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, 53ja kom, Here Jesus!
| 52 Naamlik Jesus Christus, soos voorheen uit vers 16 blyk, en uit die woorde self, wat nie die engel nie, maar Christus toekom.
53 Dit is die woorde van Johannes, wat, noudat hy ‘n baie hoë ouderdom bereik het, ook sy verlange betuig na die koms van Christus, en na die verlossing en verheerliking van alle gelowiges. |
54Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! 55Amen.
| 54 Hierdie slot kom ooreen met die slot van die meeste briewe van die apostels, omdat hierdie profesie in die vorm van ’n brief aan die gemeentes gerig word.
55 Hierdie woord is ook ’n slot, nie net van die gebede nie, maar ook van die briewe van Johannes, en van die ander apostels, om die vastigheid en sekerheid van alles wat tevore geskryf en bespreek is, te kenne te gee; soos die voorgaande vers hier ook sodanige betekenis van hierdie woord amen vereis. |
Einde van die Openbaring van JOHANNES,
en ook van die hele NUWE TESTAMENT.
EINDE
Die nuwe hemel en die nuwe aarde.
ENa 1ek het 2’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het 3verbygegaan; en 4die see was daar nie meer nie.
| a Jes. 65:17; 66:22. 2 Petr. 3:13. | 1 Naamlik daarna, toe die laaste oordeel gehou was; waarvan in die einde van die voorgaande hoofstuk gespreek is.
2 Dit is, ’n hemel en aarde wat vernuwe is, soos breedvoeriger aangeteken is in 2 Petr. 3:10 en die kanttekeninge. Sommige verklaarders verstaan dit ook as die nuwe gestalte van die kerk van Christus in hierdie wêreld, ná die bekering van die Jode, waarvan in die voorgaande hoofstuk breedvoeriger gespreek is. Hierdie mening is egter daar weerlê; en dat hier van die triomferende kerk van Jesus Christus in die hemel gespreek word, en van die stand daarvan ná die laaste oordeel, sal uit die hele verklaring genoeg blyk, in die besonder uit vers 4, en uit vers 22 en wat volg, wat nie op die stand van die kerk van Christus in hierdie wêreld van toepassing gemaak kan word nie; soos ook die meeste van die regsinnige verklaarders dit so verklaar. 3 Naamlik ten opsigte van hul teenswoordige stand, en vir soveel hulle die mense dien wat hier ’n natuurlike lewe lei, en ten opsigte van die nietigheid waaraan hulle as gevolg van die sondes van die mense onderworpe is. Sien Rom. 8:19, ens. 4 Sommige meen hieruit dat die see deur die vuur verteer en uitgedroog sal word, sodat daarvoor geen gebruik meer sal wees nie. Maar dat die hemel en die aarde, terwyl dit vernuwe en verheerlik is, altyd ’n gemeenskaplike woonplek van die heilige engele en salige mense sal bly, soos die engele ook nou soms op die aarde verskyn, hoewel die hemel hul eie woonplek is. Hierdie mening is egter onseker. |
En ek, Johannes, het bdie heilige stad, 5die nuwe Jerusalem, sien 6neerdaal van God uit die hemel, 7toeberei soos ’n bruid wat vir haar man versier is.
| b vers 10. Openb. 3:12. | 5 Hoewel die gemeente van Christus in die algemeen ook soms só genoem word, soos te sien is in Gal. 4:26. Hebr. 12:22, omdat Jerusalem daarvan ’n beeld en voorbeeld was, word die triomferende kerk van Christus en die plek van haar woning nogtans hier só genoem, omdat dan in haar volkome sal word wat in hierdie wêreld aan haar begin was. Sien Ps. 132:14.
6 Nie dat die woonplek van die salige gelowiges hiernamaals buite die hemel sal wees nie, want die teendeel word getuig in Joh. 14:2, 3. Filip. 3:20. 1 Thess. 4:17. Dit word egter gesê ten opsigte van die voorbeeld, of van die gesig wat Johannes daarvan gesien het, en ten opsigte van die krag waardeur dit alles teweeggebring is. Sien Hebr. 11:10. Openb. 3:12. 7 Naamlik soos in Openb. 19:7 gesê is, dat sy haar as ’n bruid gereed gemaak het, naamlik vir die koms van Christus, so word hier gesê dat sy reeds toeberei was; dit is, ten volle versier en verheerlik, om met Christus, haar Bruidegom, vir ewig verenig te bly. Sien Ef. 5:27. |
En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: cKyk, 8die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as 9hulle God.
| c Eség. 43:7. | 8 Dit is, die woning van God, naamlik nie net met sy genade en Gees, soos hier op aarde in sy gemeente ook gebeur nie, Joh. 14:23. 2 Kor. 6:16, maar ook met sy volkome heerlikheid en vreugde, wanneer Hy alles in almal sal wees, 1 Kor. 15:28. ’n Figuurlike spreekwyse, geneem uit die voorbeeld van die tabernakel in die Ou Testament. Sien Lev. 26:11.
9 Naamlik wat hulle van alle kwaad sal bevry, en met alle goed, na liggaam en siel, oorvloeiende sal vervul. Sien 1 Kor. 2:9; 13:12; 15:43. 2 Kor. 3:18. Filip. 3:21. |
dEn God sal 10al die trane van hulle oë afvee, en daar sal 11geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en 12moeite sal daar nie meer wees nie, want 13die eerste dinge het verbygegaan.
| d Jes. 25:8. Openb. 7:17. | 10 Sien Jes. 25:8. Openb. 7:17.
11 Naamlik onder diegene wat in hierdie hemelse Jerusalem woon. Andersins bly die dood altyd in die poel van vuur, waarin hy volgens Openb. 20:14 gewerp is. 12 Of: arbeid. 13 Naamlik van kruis en lyding van die gelowiges, en van al die ander ellendighede en moeite van hierdie teenswoordige lewe. |
eEn Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, fEk maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde gis waaragtig en betroubaar.
| e Openb. 4:2; 20:11.
f Jes. 43:19. 2 Kor. 5:17. g Openb. 19:9. |
En Hy het vir my gesê: hDit is 14verby! i15Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan 16kdie dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, 17verniet.
| h Openb. 16:17.
i Jes. 41:4; 44:6. Openb. 1:8; 22:13. k Jes. 55:1. |
14 Of: gedoen, het geskied, dit is, alles is volbring wat deur die profete in die Ou, en deur die apostels in die Nuwe Testament vooruit aangekondig is. Sien Openb. 16:17.
15 Sien Openb. 1:8. 16 Hierdie woorde van Christus kom ooreen met Joh. 7:37. Sien die kanttekening daar. 17 Dit is, uit genade, sonder enige verdienste van hulle kant, Ef. 2:8. |
Hy wat oorwin, sal 18alles beërwe; len Ek sal vir hom ’n God wees, en hy sal vir My ’n seun wees.
| l Sag. 8:8. Hebr. 8:10. | 18 Dit is, die volheid van alle geestelike en ewige goedere, na siel en na liggaam. Sien Rom. 8:17, 29. 1 Joh. 3:2. |
Maar m19wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en 20towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel nwat brand met vuur en swawel: dit is 21die tweede dood.
| m Openb. 22:15.
n Openb. 20:14, 15. |
19 Hulle word hier gestel teenoor diegene van wie in die voorgaande vers gesê is dat hulle oorwin, naamlik dapper en standvastig al die swarighede wat hulle ter wille van die belydenis van die evangelie oorkom. Sien Rom. 8:37. Hierdie vreesagtiges is dus diegene wat in die tyd van verdrukking en vervolging uit vrees afwyk, Matt. 13:21.
20 Of: gifmengers. 21 Sien Openb. 20:14. |
Die nuwe Jerusalem.
EN 22een van die sewe engele owat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, 23ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
| o Openb. 15:6, 7. | 22 Naamlik wat Johannes in Openb. 17:3 in die woestyn weggevoer het, en die oordeel oor die groot hoer getoon het; wat nou aan hom die bruid van Christus en die hemelse Jerusalem toon, as ’n einde van alle gesigte.
23 Dit is, die verheerlikte gemeente van Christus met haar woonplek. Sien Openb. 19:7. Waaruit blyk dat in hierdie gesig nie net die heerlikheid van die plek getoon word waar die uitverkorenes hulle altyd met Christus sal verbly nie, maar ook vernaamlik die heerlikheid van die gemeente van Christus self, met haar eienskappe, soos sy hiernamaals in die hemel sal wees. |
En hy het my p24in die gees weggevoer op ’n groot en 25hoë berg en my qdie groot stad getoon, die heilige Jerusalem, 26wat uit die hemel van God neerdaal;
| p Openb. 1:10.
q vers 2. Hebr. 12:22. |
24 Dit is, in ’n verrukking van sinne, of in ’n gesig. Sien Openb. 1:10.
25 Naamlik om van daar die ligging van hierdie hemelse Jerusalem des te beter te kan sien; soos die stad Jerusalem, wat ’n voorbeeld hiervan was, die beste gesien kon word van die top van die berg Sion af, Ps. 24:3. Jes. 2:2, ens. 26 Sien vers 2 se kanttekening. |
27en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy 28lig was soos ’n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
| 27 Naamlik wat oor haar geskyn en haar verheerlik het; soos van God self gesê word dat Hy ’n ontoeganklike lig besit, 1 Tim. 6:16 en die kanttekening.
28 Of: glans. |
En dit het 29’n groot en hoë muur met 30twaalf poorte gehad, en by die poorte 31twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf 32stamme van die kinders van Israel.
| 29 Hiermee word die onoorwinlike vastigheid en sekerheid van die verheerlikte gemeente van God in die hemel aangedui, God is deur sy almag soos ’n vaste muur om hulle, en sal dit altyd bly. Sien Sag. 2:5. Matt. 16:18.
30 Naamlik aan elke kant drie poorte, soos hierna verklaar word. Waardeur te kenne gegee word dat alle gelowiges uit al die geweste van die wêreld tot hierdie stad toegang sal hê; soos Christus ook spreek in Matt. 8:11. 31 Naamlik as troue wagters, sodat in hierdie stad niks sou uitgaan of inkom nie, behalwe dit wat rein was en daar behoort het; soos in vers 27 verklaar word, en soos ook oor die ingang van die paradys geskryf word in Gén. 3:24. 32 Of: geslagte, naamlik van die ware Israel van God, uit al die geslagte van die aarde uitverkies en byeengebring. Sien Rom. 11:26. Openb. 7:4. |
33Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
| 33 Dit dui nie op die uiterlike Jerusalem nie, wat aan die een kant geen poorte gehad het nie, omdat dit teen ’n steil helling gelê het; maar óf op die Jerusalem van die Nuwe Testament, wat Eségiël ook so gesien het, maar met kleiner afmetings, Eség. 48:31; óf ook op die laer van die Israeliete in die woestyn, wat in ’n vierkant geleë was en vir elke stam ’n poort gehad het. Sien Núm. 2:2, ens. |
rEn die muur van die stad het 34twaalf fondamente gehad, en daarop was 35die name van die twaalf apostels van die Lam.
| r Ef. 2:20. | 34 Naamlik van kosbare stene wat goed bo-op of langs mekaar gevoeg is, soos in verse 19, 20 verklaar word. Waardeur die leer van die twaalf apostels te kenne gegee word, waarvan Christus Jesus die kosbare hoeksteen is, waarop die gemeente van Christus hier gebou is en in der ewigheid gebou sal wees; soos Paulus getuig in Ef. 2:20.
35 ’n Beeld, so wil dit voorkom, geneem van die gebruik van die bouers van groot geboue, wat gewoonlik tot sekere gedagtenis hul name op die fondamentstene graveer of inkap. So word hier ook van die twaalf apostels gespreek, omdat hulle almal aan hierdie stad gebou het, en geen ander fondament gelê het as Jesus Christus nie; maar elkeen in verskillende mate en voortreflikheid, soos hierdie kosbare stene onderskeie voortreflikheid het, en soos Paulus ook van homself en ander spreek, 1 Kor. 3:10, 11. |
En hy wat met my gespreek het, shet 36’n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.
| s Eség. 40:3. Sag. 2:1. | 36 Dit verwys na Eség. 40:3, waar dergelike afmeting van die nuwe Jerusalem en van die tempel plaasvind, om te wys dat hier alles volgens God se bevel en beskikking sal gebeur. |
En die stad 37het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op 38duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
| 37 Gr. lê vierhoekig. Dit word só gesê, omdat hierdie figuur die soliedste en onbeweeglikste is.
38 Of: twaalfduisend stadia, [ongeveer tweeduisend tweehonderd en twintig kilometer]. Waardeur te kenne gegee word dat die gemeente van Christus in die hemel baie groot sal wees; en nogtans só dat haar eie woonplek, as ’n hemelse paradys, van ander plekke afgesonder sal wees en bly. |
En hy het 39sy muur gemeet op 40honderd-vier-en-veertig el, 41volgens ’n mens se maat, wat die maat van ’n engel is.
| 39 Dit is, die hoogte van daardie muur.
40 Honderd-vier-en-veertig is ’n vierkantsgetal, naamlik twaalf maal twaalf met mekaar vermenigvuldig, volgens die getal van die twaalf apostels, en van die twaalf stamme van Israel wat hier genoem is. Waardeur nie net die vrugbaarheid of vermenigvuldiging van die lede van Christus deur die apostoliese leer nie, maar ook die onbeweeglike vastigheid en sekerheid van hierdie gemeente in die hemel te kenne gegee word. 41 Dit is, wat die mens gewoond is om te gebruik, in watter gedaante die engel hier aan Johannes verskyn het. |
En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos 42suiwer glas.
| 42 Die aardse goud is op sigself nie deurskynend nie, maar slegs blink en suiwer, maar hierdie goud het bowendien die eienskap van suiwer glas en word gevoeg by jaspis en ander kosbare stene, wat hier die een ná die ander genoem word, om daardeur te kenne te gee dat al die dele van hierdie hemelse Jerusalem, van binne en van buite, en al die inwoners daarvan, elkeen voor God en onder mekaar, die suiwerste, heerlikste, heiligste en aangenaamste sal wees, volgens die maat van die gawes van Christus. |
En 43die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;
| 43 Naamlik waarop die muur gefundeer was; sien daaroor vers 14. |
die vyfde sardoniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis.
En 44die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en 45die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.
| 44 Hierdie poorte word volgens die getal van die twaalf stamme van Israel aangedui, soos in vers 12 aangetoon is. Daardeur kan die menigte van al die getroue leraars en ander voorgangers van die gemeente gepas verstaan word, wat soos pêrels die gewone goud oortref, en deur wie, as instrumente van God, volgens die voorbeeld van die twaalf apostels, die ware Israeliete sowel van die Ou as die Nuwe Testament in die gemeenskap van hierdie kerk van Christus altyd gekom het. Sien 1 Kor. 3:8.
45 Of: die mark, die plein; waardeur gewoonlik dié plek van die stad verstaan word, waar die byeenkomste van die burgers en ook die regspraak gehou word, waarvan hier gesê word dat dit ook van suiwer goud en deurskynend soos glas is, omdat alles vreedsaam, opreg en sonder geskil onder die lede van hierdie gemeente sal gebeur. |
En ’n 46tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en 47die Lam.
| 46 Naamlik geen uiterlike tempel of tempelbenodigdhede nie, soos die uiterlike Jerusalem gehad het, ook met goud en kosbare stene versier; want dit het gedien tot ’n beeld van die toekomende goedere; of het ook gedien om die prediking van die Woord van God, die sakramente en ander uitwendige godsdienstige verrigtinge te hou, wat alles dan sal ophou, wanneer hulle almal deur God alleen geleer sal wees, Jer. 31:34, en Hy self alles in almal sal wees, 1 Kor. 13:10; 15:28.
47 Dit is, Christus self, wat as waaragtige God met die Vader en Heilige Gees heerlikheid aan die gemeente sal verleen, en alles in almal sal wees. |
tEn die stad het 48die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, ven die Lam is sy lamp.
| t Jes. 60:19. Sag. 14:7.
v Openb. 22:5. |
48 Naamlik om daardeur die onderskeid van dae of tye af te meet, omdat daar geen nag sal wees nie, maar ’n ewigdurende lig, soos die volgende vers verklaar; ook nie om ons uitwendig te verlig nie, omdat God se heerlikheid en sy ontoeganklike lig wat Hy bewoon, alle ander ligte sal verduister. Hierdie teks verwys na Jes. 60:19, waar dergelike geprofeteer word, nie net van die tye van die Nuwe Testament, vergeleke met die tye van die Ou Testament nie, maar in die besonder van die vervulling wat hiernamaals sal gebeur. |
xEn die nasies van die wat gered word, sal 49in die lig daarvan wandel, en 50die konings van die aarde 51bring hulle heerlikheid en eer daarin.
| x Jes. 60:3. | 49 Dit is, die heerlikheid van die hele gemeente ook deelagtig wees, soos Christus sê in Matt. 8:11, dat hulle saam met Abraham, Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van God.
50 Naamlik wat gelowig geword het. Hierdie woorde is ook geneem uit Jes. 60:3. 51 Nie dat hierdie koninklike mag daar nog sal voortduur nie, want Paulus getuig die teendeel in 1 Kor. 15:24, maar dat selfs die konings, wat hier in groot heerlikheid was, hul deel ook sal hê in die heerlikheid van hierdie gemeente, in so ’n mate wat God sal behaag om hulle mee te deel. |
y52En bedags — zwant nag sal daar nie meer wees nie — sal sy poorte nooit gesluit word nie;
| y Jes. 60:11.
z Openb. 22:5. |
52 Hierdie spreekwyse is ook geneem uit Jes. 60:11, en gee te kenne dat al die uitverkorenes daar altyd toegang sal hê, en dat hulle in so ’n vrede en gerustheid sal wees dat hulle geen vyande meer hoef te vrees nie, of iets wat hulle, of wat aan hulle behoort, kan skaad nie. |
en hulle sal die heerlikheid en die 53eer van die nasies daarin bring.
| 53 Sien vers 24. |
En daarin sal nie inkom iets wat 54verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is ain 55die boek van die lewe van die Lam.
| a Ex. 32:32. Ps. 69:29. Filip. 4:3. Openb. 3:5; 20:12. | 54 Of: onreinheid bedryf, soos Paulus ook verklaar in 1 Kor. 6:9, 10.
55 Dit is, wat van ewigheid af uit genade daartoe verkies is, en in die tyd kragtig daartoe geroep en gebring is. Sien Rom. 8:29, 30. Openb. 13:8. |
Die Satan duisend jaar gebind. Die gelowiges heers saam met Christus.
EN1 ek het 2’n engel uit die hemel sien neerdaal, amet 3die sleutel van die afgrond en 4’n groot ketting in sy hand.
| a Openb. 1:18. | 1 Hierdie hoofstuk is ietwat moeilik om te verstaan, en word deur die verklaarders verskillend verklaar. Sommige meen dat dit wat hier beskryf word, nog alles moet gebeur ná die ondergang van die Antichris, waarvan in die twee voorgaande hoofstukke gespreek is; en dat die Satan dan eers gebind sal word, die Jode tot Christus bekeer, en die ware kerk van Christus in groot aansien, goeie vrede en welstand, oor al die volke van die wêreld sal heers, en dít duisend jaar lank. In die begin van hierdie duisend jaar sou al die martelare opstaan uit die dood en hulle by hierdie kerk voeg, of in die hemel tot Christus opgeneem word, totdat die Satan ná die duisend jaar weer ontbind word, en die oorblywende ongelowige volke, wat deur Gog en Magog verstaan word, ’n nuwe oorlog teen haar sal begin. Wanneer Christus egter dan sal kom om te oordeel, sy kerk ten volle sal verlos, en die Satan met al sy dienaars vir ewig in die vuurpoel sal werp. Hierdie mening is baie oud, was ook onder baie kerkvaders en word deur sommige leraars ook vandag weer hernu, omdat dit wil voorkom of die letterlike van die teks van hierdie hoofstuk dit meebring. Wanneer alles egter goed oorweeg word, kan dit nie met die aaneenlopende betekenis van God se Woord bestaan nie, om hierdie redes: (1) Omdat in die voorgaande hoofstuk, aangedui in verse 19 en 20, en uit 2 Thess. 2:8 ook bewys is, dat die Antichris en sy ryk nie ten volle vernietig sal word nie, behalwe in die laaste koms van Christus om te oordeel. (2) Nadat die bekering van die Jode plaasgevind het, volgens die voorsegging van Paulus in Romeine 11 en 2 Kor. 3:16, daar nogtans nêrens so ’n stand van die kerk beloof word, wat sonder kruis, stryd en vervolging deur die hele wêreld sou wees nie, soos in Openb. 19:11 bewys is. Want dit bly altyd waar wat Paulus sê in 2 Tim. 3:12: En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word, en in die besonder ten tyde van die einde van die wêreld, waarvan Christus sê in Luk. 18:8: maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind? en wat Paulus sê in 2 Tim. 3:1: dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. (3) Omdat dit stry teen die artikel van die opstanding uit die dode, dat soveel miljoene martelare soos daar in die wêreld was, in die begin van hierdie duisend jaar alléén sou opstaan en in hierdie wêreld sou bly lewe, soos sommige meen, of dat hulle alléén tot Christus in die hemel met hul liggame opgeneem sou word, soos ander meen; aangesien die Skrif oral getuig dat al die dode op dieselfde tyd, en eers op die laaste dag, sal opstaan. Sien hieroor Joh. 5:28; 6:44; 11:24. Sien ook 1 Kor. 15:52. 1 Thess. 4:16, en hierna in hierdie hoofstuk in verse 12, 13. Om hierdie en dergelike redes moet hierdie hoofstuk op ’n ander manier verstaan word, soos in die verklaring aangedui sal word.
2 Hierdeur word die engel Mígael, dit is, Christus self verstaan, soos in die begin van hierdie stryd teen die draak (wat dáár op die aarde gewerp, en hiér nou in die afgrond gebind word) in Openb. 12:7 en die kanttekeninge aangeteken is. 3 Dit is, die mag om die afgrond oop te maak en te sluit, wat aan Christus ook in die besonder toegeskryf word, Openb. 1:18, as Opperheer van hierdie sleutel; wat die Antichris homself volgens Openb. 9:1 en die kanttekening onregmatig toegeken het, maar deur God se regverdige oordeel, wat die krag van die dwaling gestuur het oor die ongehoorsame mense, 2 Thess. 2:10, 11. 4 Hierdeur word die krag van die dood van Christus verstaan, waardeur die Satan al sy mag ontneem is, Kol. 2:15. Hebr. 2:14, asook die krag van Christus se Gees en Woord, waardeur die Satan se hande en voete as ’t ware gebind word, sodat hy die uitverkorenes nie skade kan berokken nie, sien Luk. 11:22. Ef. 1:21, 22, en ook selfs nie die ander mense, buite wat die ketting van God se voorsienigheid en oordele oor mense hom toelaat nie, soos die voorbeeld van Agab, 1 Konings 22, en ander tekste getuig. |
bEn hy het 5die draak gegryp — die ou slang wat die duiwel en die Satan is — en hy het hom gebind duisend jaar lank,
| b 2 Petr. 2:4. Openb. 12:9. | 5 Sien oor hierdie naam en ander volgende titels van die Satan, Openb. 12:3, 9. Hierdie hoofstuk word deur sommige gepas met hfst. 12 saamgevoeg en vergelyk. Want soos die stryd van hierdie draak teen Christus en sy kerk daar beskryf is, en daartussen in sommige hoofstukke, die hele geskiedenis van die Antichris en sy ondergang beskryf is, so kom die Heilige Gees nou weer in hierdie twintigste hoofstuk, en beskryf kortliks die hele uitkoms van die stryd van die draak self teen Christus en sy kerk, ook gedurende die tyd van die Antichris, totdat hy vir altyd saam met die Antichris in die vuurpoel gewerp is. |
en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en 6dit bo hom verseël, csodat hy 7die nasies nie meer sou verlei 8totdat die duisend jaar voleindig is nie. 9Daarna moet hy dan 10’n kort tydjie ontbind word.
| c vers 8. Openb. 16:14, 16. | 6 Naamlik die deur van die afgrond, om seker te maak dat hy die hele tyd daar moet bly. Sien ’n dergelike handelswyse in Dan. 6:18. Matt. 27:66, in die voorbeeld van die kuil van Daniël en Christus se graf.
7 Naamlik soos hy tevore meestal deur die hele wêreld gedoen het, toe hy die heidene tot sy diens verlei het, 1 Kor. 10:20. Andersins duur die mag van die Satan altyd oor die kinders van die ongehoorsaamheid, 2 Kor. 4:4. 8 Sommige verstaan hierdie duisend jaar as die hele tyd vanaf die eerste koms van Christus tot sy tweede, aangesien hierdie woordjie duisend in die Skrif soms ’n bepaalde getal vir ’n onbepaalde beteken. Sien Ps. 91:7; 105:8. Dan. 7:10. Omdat die Satan egter volgens verse 7 en 8 ná hierdie duisend jaar nog losgelaat word, kan dit nie so verstaan word nie; soos ook nie die mening van sommige ander nie, wat hierdie duisend jaar wil laat eindig voor die koms van die Antichris; aangesien in die vierde vers ook binne hierdie duisend jaar melding gemaak word van sommige wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, so moet die tyd van die Antichris dan ook voor die einde van die duisend jaar gewees het. Om hierdie rede begin ander die binding van die Satan dat hy die nasies nie meer verlei nie, van die tyd dat Christus, deur die prediking van die heilige evangelie en krag van sy Gees, deur sy apostels, die heidense nasies oral in die wêreld tot bekering gebring het; wat ongeveer in die tyd van die verwoesting van Jerusalem en die uitroeiing van die Jode, dit is, omtrent die jaar 70 meestal volbring is; en eindig dit met die tyd van pous Gregorius VII, wat ’n magtige instrument van die duiwel was, om die antichristendom op sy sterkste te bring, en al die volke hom te laat aanbid, wat ongeveer in die jaar 1070 gesetel was. Hoewel sommige vanweë die vervolginge, wat die Satan nog meer as tweehonderd-en-vyftig jaar ná die verwoesting van Jerusalem teen die Christene verwek het, hierdie duisend jaar later laat begin, naamlik vanaf die tyd van Konstantyn, en voortgaan tot omtrent die jaar 1300, toe nie net die Antichris die toestand van die Christene meer en meer laat verval het, toe pous Bonifatius VIII oor hierdie ryk gesetel was nie, maar ook die Turke en Tartare deur die Satan die meeste aangespoor is om die Christenvolke in die Ooste en Weste ten gronde te bring, en baie koninkryke en Christenkerke uitgeroei het, nie net in Asië nie, maar ook in Afrika en Europa, soos die huidige toestand van die lande aantoon. 9 Naamlik nie ten opsigte van Christus se mag, asof dit hom nie altyd gebind kon hou nie, maar ten opsigte van die voorsienigheid van God, wat hom, tot straf van die ondankbare wêreld daarna weer sou loslaat en meer vryheid gee. 10 Dit kan verstaan word, óf ten opsigte van die voorgaande duisend jaar en tye van die wêreld, óf ten opsigte van die toekomstige toestand van die kerk van Christus in die hemel; waarvan in die volgende hoofstuk geprofeteer sal word, aangesien ook selfs die hele tyd van Christus se eerste koms tot sy laaste, die laaste dag en laaste uur genoem word in die Skrif. |
11En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, den aan hulle is die oordeel gegee; en ek het edie siele gesien van die wat 12onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat fdie dier en gsy beeld nie aanbid het nie, en hdie merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; ien hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus 13die duisend jaar lank.
| d Openb. 6:10.
e Openb. 6:9. f Openb. 13:12. g Openb. 13:15. h Openb. 13:16. i Openb. 6:11. |
11 Sommige verstaan hierdie gaan sit op trone, en gee van oordeel, as die wederoprigting van Christus se ryk, selfs in die tyd van die Antichris, waarvan terstond hierna gespreek word. In hierdie tyd het ook ’n paar voortreflike manne opgestaan wat die leer van die Antichris veroordeel en hul teen sy ryk en leer gestel het, waarvan in Openbaring 11 en 14 ook geprofeteer is. Ander verstaan dit hier egter wel gepas as dieselfde persone van wie dadelik hierna gespreek word; naamlik wat onthoof is ter wille van die getuienis van Christus, en wat die dier nie aanbid het nie; wat ná hul dood hier op trone geplaas word en oordeel ontvang, omdat hulle saam met Christus in die hemel, na hulle siele, getriomfeer het; nieteenstaande die aardse mense en aanbidders van die dier wat hulle veroordeel het as ketters en verdoemde mense. Sien dergelike belofte in Openb. 3:21. Matt. 19:28.
12 Gr. met die byl gedood. 13 Dit is, en altyd daarna. Want wie in die hemel saam met Christus regeer, word nooit uitgewerp nie. Sien Openb. 3:12. |
En die 14ander dode 15het nie herlewe 16totdat die duisend jaar voleindig was nie. 17Dit is die eerste opstanding.
| 14 Dit is, wat in hulle sondes en bygelowigheid dood was; soos die woord dode ook verstaan word, Matt. 8:22. Joh. 5:25. 1 Tim. 5:6.
15 Dit is, het nie uit hul sondes opgestaan, of het hul nie bekeer nie; soos in dergelike saak gespreek word in Openb. 9:20. 16 Dit is, selfs nie die hele tyd toe die Satan gebind was nie; veel minder daarna toe die Satan weer ontbind is. Sien dergelike spreekwyse in 2 Sam. 6:23. Matt. 1:25. 17 Naamlik uit die dood van die sonde; soos die val in die sonde die eerste dood is, en die eerste sterwe van die mens na die gees. Sien dergelike spreekwyse in Joh. 5:25. Ef. 2:5; 5:14. Kol. 3:1. |
Salig en heilig is hy 18wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het 19die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal k20priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
| k Jes. 61:6. 1 Petr. 2:9. Openb. 1:6; 5:10. | 18 Dit is, wat die eerste opstanding deelagtig is; soos hierdie spreekwyse ook verstaan word in Joh. 13:8. Hand. 8:21.
19 Hierdie tweede dood is die ewige dood, soos hierna in vers 14 uitdruklik verklaar word. Hieruit blyk ook dat hierdie opstanding nie ’n liggaamlike opstanding is nie, maar ’n geestelike; aangesien baie na die liggaam ook sal opstaan tot verderf. Sien Dan. 12:2. Joh. 5:29. 20 Sien hieroor, asook oor die volgende woord konings, die verklaring in Openb. 1:6 en die kanttekening; Openb. 5:10. |
Die Satan word losgemaak en vir altyd oorwin.
EN wanneer die duisend jaar 21voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;
| 21 Sien vers 3 se kanttekening. |
en hy sal 22uitgaan 23om die nasies te verlei 24wat in die vier hoeke van die aarde is, ldie 25Gog en die Magog, om hulle mte versamel vir die oorlog; 26en hulle getal is soos die sand van die see.
| l Eség. 38:2; 39:1.
m Openb. 16:14. |
22 Naamlik uit die afgrond, waarin hy tevore gebind was, om hom by die Antichris te voeg, aan wie hy tevore sy mag oorgegee het, en wat alleen vir ’n tyd die gemeente van Christus verdruk het.
23 Dit verstaan baie as die geestelike verleiding, waardeur hele nasies meer en meer gelei is tot nuwe afgodery en heidense bygelowigheid, hoewel onder ’n ander titel. Sien ook Openb. 9:20, ens. 24 Dit is, in die hele wêreld, of in alle lande van die wêreld. Want van hierdie verleiding was min of geen hele nasies in die Ooste of Weste, ten tyde van die ontbinding van die Satan, en enige tyd daarna, heeltemal vry nie. 25 Sommige verstaan deur hierdie twee nasies dieselfde nasies wat in die voorgaande deel genoem is. Dit wil egter voorkom of nie al die nasies op die vier hoeke van die aarde hier Gog en Magog genoem kan word nie, maar dat dit slegs ’n deel van die nasies van die aarde is, wat behalwe dat hulle deur die draak in godsdienstige sake verlei is tot hulle verderf, ook deur hom verlei en opgestook is tot ’n oorlog, wat in die teks beskryf word. Oor wie nou hierdie Gog en Magog is, is verskillende menings. Met die saak self en met die teks Eségiël 38 en 39, waarna hierdie profesie verwys, kom egter die mening die beste ooreen van diegene wat sê, dat soos God by Eségiël die volk van Israel, aan wie Hy beloof het om hulle uit Babel te verlos, vooruit aankondig watter swarighede hulle daarna in die heilige land, deur die omliggende heidene van Asië, Sírië en Egipte, wat by Eségiël Gog en Magog genoem word, sou oorkom, voordat Christus in die vlees geopenbaar sou word, waaruit God hulle wonderbaarlik sou verlos, soos in die eerste en tweede boek van die Makkabeërs te lees is. So ook sou, ná die beëindiging van die duisend jaar en die ontbinding van die Satan, voor die tweede koms van Christus, die Turke, Tartare en Sarasene, wat meestal hul woonplekke in die omgewing van Gog en Magog het, met die oorblyfsel van die antichristelike ryk, die Christendom bestry, en met swaar oorloë verdruk, waaruit God hulle wonderbaarlik sou verlos, en dit uiteindelik ook deur Christus se tweede koms gedemp en neergewerp sou word. 26 Sien hieroor breedvoeriger in Openb. 9:16 en vervolgens. |
En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en 27die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en 28vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
| 27 So word die Christendom genoem, omdat God altyd sy heiliges en verseëldes daarin gehad het, en tot die einde van die wêreld sal hê, al was daar groot verdorwenheid in die godsdiens en sedes van baie, soos die volk van Israel deurgaans God se volk genoem word, en die stad Jerusalem die heilige stad; ook toe diegene daarin baie verdorwe was. Sien Jes. 1:3, 21. Matt. 4:5. Luk. 19:46.
28 Dit kan enigsins verstaan word as baie buitengewone hulpbewyse, wat God aan die Christene teen die Turke en Tartare verleen het, en wat Hy hopelik nog sal verleen, soos dergelike spreekwyse oor Gog en Magog gebruik word, Eség. 38:22. Dit kan egter ook verstaan word as die laaste geweld van hierdie en dergelike nasies, wat hulle saam met die Antichris nog sal doen, om die Christendom heeltemal uit te roei, voor die laaste dag, wanneer Christus hulle onverwags sal oorval in sy laaste koms, soos van die antichristelike leër voorheen in Openb. 19:20 geprofeteer is. Dit word ook uit die volgende verse bevestig. |
En die duiwel wat hulle verlei het, is 29in die poel van vuur en swawel ngewerp waar odie dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag pgepynig word tot in alle ewigheid.
| n Dan. 7:11. Openb. 19:20.
o Openb. 19:20. p Openb. 14:10. |
29 Dit is, in die hel, om daar vir ewig te bly. Sien ook Openb. 19:20. Matt. 25:41. 1 Kor. 15:24. |
Die laaste oordeel.
30EN ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se 31aangesig die aarde en die hemel 32weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
| 30 Soos die vorige gesigte met die laaste dag geëindig het, so eindig ook hierdie gesig daarin. Wat hier gesien word, is Christus, die Regter van die lewendes en van die dode, wat sy regterstoel in die wolke sal oprig, soos Hy self getuig in Matt. 25:31. Sien ook Hand. 17:31.
31 Dit is, majesteit en heerlikheid. 32 Sien dergelike spreekwyse in Openb. 6:14; 16:20, waardeur die ondergang en verandering van hemel en aarde wat nou bestaan, te kenne gegee word; sien daaroor nadere en verskeie verklarings in 2 Petr. 3:10 se kanttekeninge. |
En ek het die dode, 33klein en groot, 34voor God sien staan, en 35die boeke is geopen; en ’n ander boek, qdie boek 36van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, r37volgens hulle werke.
| q Ex. 32:32. Ps. 69:29. Filip. 4:3. Openb. 3:5; 21:27.
r Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6; 14:12. 2 Kor. 5:10. Gal. 6:5. Openb. 2:23. |
33 Dit is, van alle soorte en stande; hoewel sommige dit ook as die ouderdom en statuur verstaan. Dit wat egter hier onvolmaak is, sal dan volmaak word, 1 Kor. 13:10.
34 Dit is, staande voor die troon of regterstoel van Christus, 2 Kor. 5:10, waaruit blyk dat Christus ook die waaragtige God is. 35 Naamlik van die alwetendheid en voorsienigheid van God, waarin al die doen en late van die mense opgeteken staan. Sien dergelike in Dan. 7:10. Mal. 3:16. Dit is ’n beeld, geneem van die oordeel van die mense, en ’n manier van optree onder groot vorste, waar notisie of kennis geneem word van alles. Sien Est. 6:1. Ander verstaan dit as die boeke van die gewete van elkeen; wat ook waar is, omdat die gewete hulle ook sal beskuldig of verontskuldig in daardie dag. Sien Rom. 2:15, 16. 36 Dit is, van die genadige verkiesing van God tot die ewige lewe. Sien hieroor ook Openb. 3:5; 13:8; 17:8. 37 Naamlik wat hulle in hierdie lewe gedoen het, hetsy goed of kwaad; soos Paulus daarby voeg in 2 Kor. 5:10, sien die verklaring in die kanttekening daar. |
En die see het die dode gegee wat daarin was, en 38die dood en 39die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
| 38 Deur die woord doderyk word deur baie die graf verstaan, en deur die woord dood alle ander plekke waar die dooie liggame verstrooi sou kan wees; soos die vuur, die lug, die voëls en die wrede diere baie liggame verslind het, wat almal deur God se mag te voorskyn gebring sal word, waar hulle ook mag wees. Want Hy wat alles uit niks geskape het, sal ook maklik uit al die elemente van die wêreld die liggame kan versamel, wat ooit in die wêreld was.
39 Of: die graf. |
En 40die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is 41die tweede dood.
| 40 Dit word óf as die duiwel verstaan, wat die mag oor die dood gehad het, Hebr. 2:14, óf, deur ’n figuurlike spreekwyse, as alles wat enigsins hartseer maak of pynlik is; wat uit die hele wêreld verwyder sal word, en ná dié tyd nêrens anders as in die ewige poel van vuur gevind sal word nie.
41 Dit is, die ewige dood, so genoem omdat dit noodwendig volg op die dood van die sonde, wat die eerste dood is, wanneer mense hulle nie daarvan bekeer nie. Sien vers 7 se kanttekening. |
En as dit bevind is dat iemand 42nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
| 42 Sien vers 12. |
Val van Babilon. Vreugde en oorwinningslied in die hemel.
EN 1ná hierdie dinge het ek iets soos ’n groot stem van 2’n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: 3Halleluja, 4die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!
| 1 Dit is, nadat die Roomse Babilon nou uiteindelik, deur ’n besondere oordeel van God, verbrand en uitgeroei was, soos in die voorgaande hoofstuk beskryf is.
2 Naamlik van diegene wat saam met Christus in die hemel triomfeer, en sy troon omring, Openb. 7:9; soos hulle tot hierdie loflied in Openb. 18:20, deur die engel aangespoor word. 3 Dit is, loof God. ’n Hebreeuse spreekwyse, wat in baie psalms voorkom; wat ook in die Griekse en ander kerke behou is, omdat dit baie algemeen en bekend was, soos ook die woorde amen, hosanna, abba, ens. 4 Hierdie eienskappe word nie hier aan God toegewens nie, omdat Hy dit altyd besit het; maar dit word in Hom erken en geprys, omdat Hy dit met die daad nou aan almal geopenbaar het. Sien dergelike in Openb. 5:12; 7:12, en elders. |
Want asy oordele is 5waaragtig en regverdig; want Hy het 6die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy bhet die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.
| a Openb. 15:3; 16:7.
b Deut. 32:43. Openb. 18:20. |
5 Dit is, volgens sy waarheid en regverdigheid uitgevoer; soos Hy voorheen belowe het aan die wat aan Hom behoort, en gedreig het aan die vyande van sy gemeente. Sien Ps. 9:9.
6 Sien Openb. 17:1. |
En vir 7die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! cEn haar rook gaan op tot 8in alle ewigheid.
| c Jes. 34:10. Openb. 14:11; 18:18. | 7 Naamlik om aan te toon met hoe ’n groot erns hulle dit gedoen het.
8 Gr. in die ewighede van ewighede. |
En 9die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja!
| 9 Naamlik wat saam met die vier lewende wesens rondom die troon van God was. Sien breedvoeriger daarvan in Openb. 4:4, 6; 5:8. |
En ’n stem het 10uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, 11al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!
| 10 Naamlik van die hemel, waarvan meermale voorheen gespreek is. Hierdie stem is bedoel om alle diensknegte van God in die hemel en op aarde aan te spoor tot ’n nuwe loflied oor die weldade wat God sy gemeente in die wederkoms van Christus om te oordeel gaan bewys, soos uit die verklaring sal blyk.
11 Naamlik nie net gelowiges in die hemel en op aarde nie, maar ook engele, wat erken dat hulle medediensknegte van die gelowiges is, vers 10. Openb. 22:9. |
En ek het iets gehoor soos die stem van 12’n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, 13het ddie koningskap aanvaar.
| d Openb. 11:17. | 12 Gr. baie.
13 Dit is, nou kom die tyd, nadat Hy al sy vyande onder ons voete gebring het, en die ryk van die Antichris, van die Satan en van die wêreld vernietig het, dat Hy alleen sal heers, en dit voor die hele wêreld sal toon, 1 Kor. 15:24. Want hoewel Hy altyd as Koning geheers het, was sy ryk onder baie, deur die tirannie van hierdie ander en deur sy verdraagsaamheid in dit alles, volgens die oordeel van die wêreld, baie verduister. |
Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, ewant 14die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou 15het haar gereed gemaak.
| e Matt. 22:2. Luk. 14:16. | 14 Dit is, die nadere vereniging en volle verheerliking van die gemeente van Christus in die hemel met haar Bruidegom Christus is naby. Hierdie beeld word ook deurgaans elders gebruik. Sien Mark. 2:19, 20. Joh. 3:29. 2 Kor. 11:2. Ef. 5:23, ens.
15 Naamlik vir hierdie nadere vereniging en volle verheerliking; welke gereedmaking nie voortkom uit haar natuurlike kragte nie, maar uit genade wat aan haar deur haar Bruidegom geskenk is, soos die volgende vers uitwys. Sien ook Eség. 16:3, ens. 2 Kor. 3:5. Ef. 5:26. Filip. 1:29. |
En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne 16is 17die regverdige dade van die heiliges.
| 16 Dit is, beteken, soos voorheen in Openb. 1:20; 17:15, 18.
17 Of: regverdighede, naamlik nie waardeur ons in onsself nie, maar waardeur ons voor God regverdig is, wat die regverdigheid van Christus is, wat ons deur die geloof toegereken word. 2 Kor. 5:21. En dit is soos ’n suiwer wit kleed, waardeur ons naaktheid voor God se aangesig bedek word; sien Rom. 13:14. 1 Kor. 1:30. Gal. 3:27. Openb. 7:13; waaruit die heiligmaking van die Gees sy oorsprong het, wat hiernamaals in ons ook vervolmaak sal word. |
Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die 18wat genooi is na die 19bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: f20Dit is die waaragtige woorde van God.
| f Openb. 21:5. | 18 Naamlik met ’n roeping volgens God se voorneme; want die het Hy geregverdig en verheerlik, Rom. 8:30. Andersins is daar ander ook geroep tot hierdie bruilof, met die uitwendige roeping, wat daarna buite gewerp sal word. Sien Matt. 22:11, ens.
19 Of: aandmaal van die bruilof. So genoem, omdat die bruilofte in dié tyd gewoonlik in die aand gehou was, Matt. 25:1, en omdat dit hier sal begin aan die einde van die wêreld, of op die laaste dag. 20 Naamlik waardeur ons hierdie saligheid belowe word, wat ons daarom met ’n vaste geloof moet aanneem, en waarvan ons die volbringing op die regte tyd moet verwag. |
gEn ek het voor sy voete neergeval 21om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: hMoenie! Ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. 22Aanbid God. Want die getuienis van Jesus 23is die gees van die profesie.
| g Openb. 22:8.
h Hand. 10:26; 14:14. Openb. 22:9. |
21 Naamlik omdat hy daartoe uit menslike swakheid beweeg was, sowel deur die heerlikheid van die engel, as deur die aangename aankondiging wat hy gemaak het van die koms van die bruilof van die Lam; soos dergelike deur Cornelius gedoen is teenoor Petrus, Hand. 10:25. En hoewel Johannes nie hierdie engel as God self beskou het nie, het die engel nogtans, omdat hierdie eer die maat oorskry het en skynbaar iets goddeliks gehad het, geweier om dit aan te neem, sowel hier as hierna in Openb. 22:9, soos ook die verering van die engele deur Paulus in die algemeen verbied word, Kol. 2:18.
22 Naamlik aan wie hierdie eer van ware aanbidding alleen toekom, Matt. 4:10. 23 Dit is, dieselfde saak as die gees van profesie, en met dieselfde waardigheid. Waaruit hy bewys dat hulle albei diensknegte van Jesus Christus is, omdat hy die gees van die profesie ontvang het om dit aan Johannes bekend te maak, Openb. 1:1, en Johannes eweneens om dit voor die gemeente in die naam van Christus te getuig. |
Oorwinning van Christus oor die dier en die valse profeet.
24TOE het ek 25die hemel geopend gesien; en daar was i26’n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem 27Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en 28voer oorlog in geregtigheid.
| i Openb. 6:2. | 24 Hier begin die laaste deel van hierdie hoofstuk, waarin aan Johannes die koms van Christus getoon word in ’n nuwe gesig, om sy gemeente ten ene male te verlos, en die Antichris met al sy volgelinge en alle ander vyande van die gemeente ten ene male tot niet te maak, soos uit die oogpunt van hierdie hele beskrywing blyk. Sommige meen egter dat hier ’n ander koms van Christus beskryf word deur sy Gees en krag, wat sy laaste koms nog sou voorafgaan, waarin die Jode sou bekeer word, en die res van die gemeente hier in hierdie wêreld met die Jode verenig, oor al haar vyande sou triomfeer, en ’n vreedsame ryk geniet. Hierdie mening kan egter nie bestaan met dit wat hier gesê word in vers 20 nie, dat in hierdie koms die dier en die valse profeet lewendig in die poel van vuur gewerp is, wat eers in die laaste koms van Christus sal plaasvind, soos ook die apostel uitdruklik getuig in 2 Thess. 2:8. En ook omdat in hierdie koms van Christus, waarvan in hierdie hoofstuk gespreek word, gesê word dat die bruilof van die Lam met sy bruid sal plaasvind, wat die vereniging is van die gemeente van Christus op die laaste dag met Christus, haar Bruidegom, Matt. 25:1, 13. Daarbenewens word die toestand van Christus se kerk voor sy laaste koms deurlopend in die Skrif beskryf as heeltemal anders op die aarde te wees as wat hierdie mense meen; soos breedvoeriger aangeteken word in Openb. 20:1.
25 Naamlik om vir Christus, as die hoogste Regter en Owerste, die weg te open, om met sy hele hemelse leërskare neer te daal tot verlossing van sy gemeente, en tot straf van al sy en haar vyande. Sien Matt. 24:30; 25:31. 1 Thess. 4:16. 2 Thess. 1:7. Jud. vers 14, ens. 26 Naamlik tot ’n teken van sy heerlikheid en oorwinning; soos in Openb. 6:2 getoon is, maar tot ’n ander doel. Sien die kanttekening daar. 27 Naamlik in die nakoming en uitvoering van sy beloftes en dreigemente. 28 Naamlik nie net tot beskerming van die wat aan Hom behoort nie, maar ook tot regverdige straf van sy vyande, Rom. 2:5, 6. |
En sy oë was k29soos ’n vuurvlam, en op sy hoof was 30baie krone; en Hy het 31’n Naam wat geskrywe is, wat niemand 32ken nie, behalwe Hy self.
| k Openb. 1:14. | 29 Naamlik, soos in Openb. 1:14, waardeur Hy alles deursien, en niks vir Hom verborge is nie.
30 Naamlik in mekaar gevleg, tot ’n teken van sy menigvuldige heerskappy, ook bo die draak en die dier met sewe koppe en tien gekroonde horings. Want Hy is Koning van die konings en Here van die here, vers 16. 31 Naamlik die eie Seun van die oneindige Vader, wie se eienskap van ewige geboorte niemand ten volle verstaan nie, behalwe Hy self, Joh. 1:18. Want hoewel dit ook aan ons geopenbaar is, en sy Naam ook in vers 13 verklaar word, kan nogtans geen skepsel dit ten volle begryp nie, omdat hierdie geboorte onuitspreeklik en ewig is. 32 Of: weet. |
En Hy was bekleed met ’n kleed lwat 33in bloed gedoop was, en sy Naam is: m34Die Woord van God.
| l Jes. 63:1.
m Joh. 1:1. 1 Joh. 1:1. |
33 Naamlik sowel ten opsigte van sy lyding vir ons, as ten opsigte van die bloed van sy vyande, waarmee sy kleed in hierdie slagting gedoop was. Sien hierna vers 15. Jes. 63:1, ens.
34 Sien hieroor Joh. 1:1 se kanttekening. |
En 35die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed 36met wit en rein nfyn linne.
| n Matt. 28:3. Openb. 4:4; 7:9. | 35 Dit is, die heilige engele, met welke leërmagte Hy omring sal wees wanneer Hy kom, en die heilige siele, wat saam met Hom sal neerdaal, om weer met hulle liggame verenig te word, en dan ook hierdie triomf van Christus deelagtig te wees. Sien 2 Kor. 5:8-10.
36 Naamlik om hulle suiwerheid en heerlikheid te kenne te gee, wanneer hulle sal kom om te triomfeer saam met Christus, hulle Hoof, wie se kleed alleen vanweë hierdie slagting in bloed gedoop is, en wie alleen met ’n swaard en ’n ysterstaf gewapen is, omdat die eer van hierdie oorwinning Hom alleen toekom. Sien vers 21. Jes. 63:1, ens. |
oEn 37uit sy mond gaan daar ’n skerp swaard om 38die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ’n p39ysterstaf regeer, qen 40Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
| o vers 21. Openb. 2:16.
p Ps. 2:9. Openb. 2:27. q Jes. 63:3. Openb. 14:19, 20. |
37 Sien oor hierdie swaard die verklaring in vers 21 se kanttekening.
38 Of: volke, dit is, al die vyande van sy gemeente, wat met die Antichris teen Christus en sy ryk sal saamspan. Sien Openb. 2:26, 27, waar hierdie teks uit die tweede psalm ook op die lede van Christus van toepassing gemaak word. 39 Naamlik om hulle te vermorsel, soos erdekruike, omdat hulle hul nie deur die staf van sy Woord laat lei het nie. 40 Dit is, vertrap en verpletter die vyande van God, soos die druiwe in ’n parskuip maklik deur ’n sterk man vertrap en vermorsel word. Sien Openb. 14:20. Jes. 63:3, waar hierdie beeld deur Christus ook gebruik word. Sien ook dergelike in Klaagl. 1:15. |
En Hy dra op 41sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: r42Die Koning van die konings en die Here van die here.
| r 1 Tim. 6:15. Openb. 17:14. | 41 Dit is, op sy kleed, wat hang op sy heup, dit is, openlik voor die oë van almal, soos die kleed op die heup van ’n man wat op ’n perd sit, die meeste gesien word, en die meeste sigbaar is.
42 Hierdie titel word deur Paulus aan God die Vader gegee, 1 Tim. 6:15, en in Openb. 17:14 ook aan Christus, omdat Hy nie net ’n naam bo alle name van God sy Vader ontvang het nie, maar ook van ewigheid af aan God gelyk, en in die gestalte van God was. Sien Joh. 10:29, 30. Filip. 2:6. |
En ek het een engel sien 43staan in die son; en hy het met ’n groot stem uitgeroep en 44vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: sKom hierheen en versamel julle tot 45die maaltyd van die grote God,
| s Jer. 12:9. Eség. 39:17. | 43 Naamlik om die hele lug deur gehoor te word; soos die heroute gewoonlik op hoë en oop plekke die bevel van hul opperbevelvoerder verkondig, om deur almal gehoor te kan word.
44 ’n Figuurlike manier van spreek, geneem uit Jer. 12:9. Eség. 39:17, waardeur ’n groot nederlaag oor die vyande van God te kenne gegee word, wie se dooie en verslane liggame tot ’n prooi vir die wilde voëls en wrede diere gelaat word. Maar hulle sal hier ná hierdie groot slagting van God, in die dal van Armagéddon, Openb. 16:16, tot ’n prooi van die duiwels en van die hel oorgegee word, soos in vers 20 verklaar word. 45 Dit is, wat God in sy toorn oor hierdie vyande van Hom vir julle gereed gemaak het. |
dat julle kan eet die vlees 46van konings en die vlees 47van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
| 46 Naamlik wat nog die Antichris sal navolg en voorstaan, en met hom teen Christus sal saamspan, soos in die volgende vers verklaar word. Want sommige van hierdie konings sal hierdie hoer ook haat, haar naak laat staan, haar vlees eet en haar verbrand, Openb. 17:16.
47 Dit is, allerhande soorte krygsmanne, waaruit ’n groot leër gewoonlik bestaan. |
En ek het 48die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
| 48 Dit is, die Antichris self, wat die hoof van hierdie leër was, en wat sy drie onreine geeste tot die konings van die aarde gestuur het, om hulle tot hierdie laaste stryd teen Christus en sy kerk gereed te maak. Sien daaroor Openb. 16:13, 14 en die kanttekeninge. |
En die dier 49is gevange geneem, en saam met hom 50die valse profeet twat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier vontvang en sy beeld xaanbid het. yLewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat z51met swawel brand.
| t Deut. 13:1. Matt. 24:24. Openb. 13:12, 13; 16:14.
v Openb. 13:16. x Openb. 13:15. y Dan. 7:11. Openb. 20:10. z Openb. 14:10. |
49 Naamlik deur Christus se mag, en terwyl hy nog lewe, soos in die vervolg staan.
50 Sien daaroor Openb. 16:13. Deur hierdie twee word die geestelike en wêreldlike heerskappy van die Antichris met al sy geestelike en gewapende ondergeskiktes verstaan, wat voor die oog van almal deur Christus met die swaarste strawwe gestraf sal word, terwyl die ander aardse en wêreldse mense wat verlei is ook wel hul straf, egter in ’n mindere mate, sal dra. Dit word deur hierdie twee soorte doding deur die vuurpoel en deur die swaard gepas uitgedruk. Sien dergelike in Matt. 5:22. 51 Dit word daarby gevoeg, omdat die swawel uitnemend skerp en baie deurdringende hitte afgee; waardeur die swaarste pyn van die hel afgebeeld word. |
En die ander is gedood met die swaard 52wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.
| 52 Dit is, deur die vonnis wat Hy teen hulle sal vel, waarvan die engele uitvoerders sal wees, Matt. 13:41. Hierdie straf sal ook ewig wees, soos voorheen in Openb. 14:9-11 getuig is, en in Matt. 25:41 van al die vervloektes ook getuig word. |
Val van Babilon. Klaagtone op die aarde.
EN 1ná hierdie dinge het ek 2’n engel sien neerdaal uit die hemel, 3met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.
| 1 Dit is, nadat die voorgaande engel sy woorde oor die beskrywing van die groot hoer afgesluit het.
2 Sommige verstaan dit as Christus self, en as sy koms om te oordeel, wanneer Hy die Antichris totaal tot niet sal maak, 2 Thess. 2:8. Omdat egter in vers 9 en verder breedvoerig gehandel word oor die rou van die konings, handelaars en seemanne, wat hulle ná die val van hierdie Babilon nog sal bedryf, is dit waarskynliker dat hier oor die val van hierdie Babilon en die uitroei van haar troon gespreek word, wat nog voor Christus se koms sal geskied, as ’n voorbeeld van God se regverdige oordeel vir die hele wêreld; soos dit ook daaruit blyk dat God in die vierde vers sy volk beveel om uit haar uit te gaan, sodat hulle nie haar sondes en plae deelagtig word nie; wat nie op die laaste dag van toepassing gemaak kan word nie. Van hierdie laaste wraak oor die dier en die valse profeet sal eers gespreek word in Openb. 19:20, 21. 3 Hierdie twee eienskappe van groot krag en heerlikheid word ook aan die geskape engele toegeskryf, Ps. 103:20. Luk. 2:9. Hand. 12:7. Die rede waarom hierdie titels hier aan dié engel gegee word, is omdat daar groot krag en heerlikheid nodig was in die uitroeiing van hierdie magtige troon van die Antichris in die wêreld. |
En hy het met ’n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: a4Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword b5’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste en ’n versamelplek van allerhande onreine en haatlike cvoëls,
| a Jes. 21:9. Jer. 51:8. Openb. 14:8.
b Jes. 13:21; 34:14. Jer. 50:39. c Jes. 34:11. |
4 Hierdie woorde word ook in Openb. 14:8 uitgespreek deur ’n engel, maar word daar verstaan as die begin van die val van hierdie groot Babilon in die harte van baie in die wêreld, soos daar aangeteken is; wat lank gelede begin gebeur het, en nog daagliks gebeur. Hier word dit egter verstaan as die laaste uitroeiing van die troon van die dier, of van die groot Roomse Babilon. Hierdie woorde is geneem uit Jes. 21:9. Jer. 51:8. Die woorde daar is meer as honderd jaar voor die uitroeiing van die stad en die ryk van die Assiriese (Ou Testamentiese) Babilon deur die profete vooruit aangekondig, en daarna vervul.
5 Naamlik wat meestal in eensame en verlate plekke saam met die onreine diere gebly het, soos die ervaring en Christus self getuig, Matt. 12:43, waar hulle deur God se voorsienigheid as ’t ware in bewaring gehou word, totdat God in sy regverdige oordeel hul toom loslaat om die mense opnuut te versoek. Dergelike woorde word ook gebruik ten opsigte van die verwoesting van die Assiriese Babilon, Jes. 13:21, 22. Jer. 50:39, ens. |
omdat al die nasies gedrink het van die dwyn van die grimmigheid van haar 6hoerery, een die konings van die aarde met haar gehoereer het, en 7die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.
| d Openb. 14:8.
e Openb. 17:2. |
6 Dit is, afgodery. Sien hieroor Openb. 14:8 en 17:2 se kanttekeninge.
7 Hoewel dit op die werklik genoemde handelaars in alle streke van die wêreld van toepassing kan wees, wat ryk en magtig word deur die weelde wat in die antichristelike ryk of in hierdie groot stad Babilon omgaan, soos in vers 11 en vervolgens nader verklaar word, kan dit hier nogtans net so gepas van toepassing wees op die geestelike handel, wat in hul godsdiens, en in die verkoop van geestelike voordele en ampte, bedryf word; omdat alles daar vir geld te koop is. Des te meer so omdat selfs die siele van die mense onder hierdie handel in vers 13 gereken word, en in vers 23 gesê word dat die grotes van die aarde hierdie handelaars was, waaronder die kardinale, patriarge, aartsbiskoppe, biskoppe, abte en ander prelate vernaamlik verstaan kan word, wat sulke handel met hulle dryf. |
En ek het 8’n ander stem uit die hemel hoor sê: f9Gaan uit haar uit, my volk, 10sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
| f Gén. 19:12. Jes. 48:20; 52:11. Jer. 51:6, 45. 2 Kor. 6:17. | 8 Dit wil voorkom of hierdie stem nie ’n stem van ’n geskape engel was nie, maar ’n stem van God of van Christus, komende uit die troon van die hemel, omdat die stem die gelowiges my volk noem, wat God of Christus alleen toekom, Matt. 1:21. Hand. 18:9, 10.
9 Dergelike woorde word ook deur God, Jes. 48:20. Jer. 50:8; 51:6. Sag. 2:7, tot ’n waarskuwing aan die volk van God, voor die ondergang van die Ou Testamentiese Babilon, gebruik, sodat hulle hul betyds sou kon gereedmaak, en daaruit kon vertrek. Wat hier ten opsigte van die geestelike Babilon tot alle ware gelowiges gespreek word; waarvan die redes in die teks volg. 10 Naamlik, óf omdat hulle deur die daaglikse gemeenskap met haar daartoe verlei, óf deur vrees en vervolging deur haar daartoe verplig is. Waarop die gemeenskap van strawwe volg. So vermaan ook Christus diegene wat aan Hom behoort, Matt. 24:16. |
Want haar sondes 11reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede g12onthou.
| g Openb. 16:19. | 11 ’n Manier van spreek, wanneer die maat van die sondes, wat God in sy lankmoedigheid lank verdra het, vervul is, sodat daar niks anders as die straf meer oor is nie. Sien dergelik in Gén. 15:16; 18:20, 21. Rom. 2:5.
12 Soos van God gesê word dat Hy die sondes van die mense vergeet of nie meer daaraan dink nie, Jer. 31:34, en elders, wanneer Hy die gelowiges en die berouvolles die sondes vergewe, en die sondes nie in hulle straf nie, so word gesê dat Hy dit gedenk, of dit onthou, wanneer Hy besluit het om hulle te straf. Sien Openb. 16:19. |
13Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en 14verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker hwaarin sy geskink het.
| h Openb. 14:10. | 13 Dit moet nie verstaan word as enige persoonlike wraak nie, wat Christus diegene wat aan Hom behoort, uitdruklik verbied, Matt. 5:39. Rom. 12:19, maar óf as God se verborge regering in hierdie hele werk, waardeur God sekere instrumente sal verwek, wat hierdie openlike wraak ook onwetende volgens God se wil sal doen, soos van dié van Médië en Persië teen Babilonië gesê word, Jer. 50:9; 51:11, ens., of ook as die prinse en die konings wat, nadat hulle tot die kennis van die waarheid gebring is, God se volk sal voorstaan, en deur ’n goddelike ywer gedrywe, teen die onregverdigheid, tirannie en afgodery van hierdie groot Babilon, God se oordeel ook sal uitoefen. Dit kom goed ooreen met Openb. 17:16, 17. Sien dergelike byvoorbeeld in Ex. 32:27.
14 Dit word gesê, nie ten opsigte van haar ongeregtigheid en tirannie nie, wat God niemand aandoen, óf aangedoen wil hê nie, maar van die benoudheid wat hulle die vromes onregverdig aangedoen het, wat God hier wil hê hulle regverdiglik sal ly, soos die volgende woorde verklaar. |
Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: i15Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie —
| i Jes. 47:8. | 15 Dit is die selfverheerliking van diegene wat, asof sy in die tempel van God sit en voorgee om God te wees; en haar in die wêreldlike dinge verhef bo alle konings en vorste, en in die geestelike dinge bo alle konsilies, biskoppe en prelate, wat as ’n moeder en koningin van alle kerke nie kan val of dwaal nie, wie se troon nie ten gronde kan gaan nie; en meer dergelike pragtige titels, wat sy haarself, en haar dienaars deurlopend vir haar gee in hul geskrifte. |
kdaarom sal haar plae 16op een dag kom: dood en droefheid en honger; en lmet vuur sal sy verbrand word, 17want sterk is die Here God wat haar oordeel.
| k 2 Thess. 2:8.
l Openb. 17:16. |
16 Dit is, in ’n kort tydjie, wat God oor haar bestem het.
17 Naamlik: en daarom sal geen wêreldse mag sy kragtige arm van die uitvoer van hierdie oordeel van Hom aan haar kan afweer nie. |
mEn die konings van die aarde 18wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar 19weeklaag wanneer hulle ndie rook van haar verbranding sien,
| m vers 3. Openb. 17:2.
n vers 18. |
18 Naamlik tot die tyd van haar val en uitroeiing toe. Waaruit blyk dat sommige vorste en konings nog altyd met haar sal saamspan tot bevestiging van haar staat en bygelowigheid, wat hierdie val van haar sal probeer stuit, en as dit reeds gebeur het, dit ernstig maar tevergeefs sal bekla.
19 Gr. hulleself slaan, naamlik op die bors, van droefheid. |
20terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: oWee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want 21in een uur het jou oordeel gekom!
| o Jes. 21:9. Jer. 51:1. Openb. 14:8. | 20 Naamlik sonder om haar te kan help.
21 Soos in vers 8 op een dag, dit is, in ’n kort tydjie. |
En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand 22hulle koopware meer koop nie,
| 22 Gr. hul skeepsvrag of lading, naamlik omdat die ydelheid en bedrog daarvan bekend word. |
23koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande 24geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer
| 23 Hierdie woorde, asook uit sommige van die volgende verse, is meestal geneem uit Eségiël 27, waar dergelike oor die val van die handelstad Tirus vooruit aangekondig word. En hoewel, soos tevore gesê is, hierdie antichristelike Tirus (bedoelende Rome) ook baie handelaars uit alle geweste van die wêreld ryk maak met die koop en gebruik van hierdie goedere dwarsdeur hul hele gebied, in al hul prag en versiering van tempels, beelde, geboue en uiterlike godsdienste, so kan dit ook baie gepas verstaan word as die geestelike handelsware, wat sy en haar grotes onder die mense dryf, soos aangedui is in vers 3 se kanttekening.
24 Gr. thuinehout. Sien 1 Kon. 10:11 en die kanttekening. |
en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en 25waens en 26slawe en pmensesiele.
| p Eség. 27:13. | 25 Of: koetse.
26 Gr. liggame. Dit is, om die liggame van die lewendes tot slawe te maak; en die siele van die afgestorwenes te verkoop, om deur middel van aflate, bedevaarte, sielmisse en dergelike, uit haar verdigsel van ’n vaevuur verlos te word; waaruit die wins van hierdie handelaars dikwels bestaan. |
En 27die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie.
| 27 Gr. die vrug van herfs, oes, of boomvrug, dit is, allerlei pragtige of lieflike vrugte, lekkernye en heerlike geregte, wat jy begeer het, en waarvan jy oorvloed het. |
28Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan 29uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe
| 28 Naamlik die geestelike handelaars, wat van hierdie Babilon afhanklik is, en daarom hoog geag word en magtig is. Sien hieroor vers 3 se kanttekening.
29 Naamlik omdat hulle in gevaar is om hul deel daarvan ook te ontvang; of ten minste van hul voordeel en aansien in die wêreld te kan verloor. |
en sê: Wee, wee die groot stad qwat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en 30versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!
| q Openb. 17:4. | 30 Gr. vergoud of verguld; soos ook in Openb. 17:4. |
En 31elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die 32matrose en almal 33wat die see bevaar, het ver weg gaan staan
| 31 Hierdeur kan enigsins die werklik genoemde stuurmanne en matrose verstaan word, wat ook deur die bring van baie van hierdie goedere, uit al die geweste van die wêreld, uit hierdie Babilon voordeel getrek het, soos oor die stuurmanne en seevaarders van Tirus geskryf word in Eség. 27:9, 25, en vervolgens. Dit word egter ook deur baie figuurlik gesproke verstaan as diegene wat lede is of wat in beheer is van die geestelike howe, abdye, kloosters en dergelike geestelike goedere, wat hierdeur ook hul voordeel en agting sal verloor; wie se konvente ook met waters en riviere vergelyk is in Openb. 16:4.
32 Of: skippers. 33 Gr. wat die see werk. |
en het uitgeroep toe hulle rdie rook van haar verbranding sien, en gesê: sWatter stad is soos die groot stad?
| r vers 9. Jes. 34:10.
s Openb. 13:4. |
En 34hulle het stof op hul hoofde gegooi en onder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!
| 34 Naamlik tot ’n besondere teken van groot rou en droefheid oor hul verlies, soos outyds gebruiklik was, 1 Sam. 4:12. Job 2:12, en soos ook gesê word oor die stuurmanne en seevaarders van Tirus, Eség. 27:30, 31. Hoewel hierdie rou van hulle nie uitstrek oor hul sondes en bygelowige godsdienste, waarin hulle verhard is nie, maar slegs oor hul verlies en skade. |
35Verbly jou oor haar, o hemel, en o 36heilige apostels en profete, omdat God 37julle oordeel taan haar voltrek het!
| t Openb. 19:2. | 35 Dit is, julle inwoners van die hemel, engele en heilige martelare; wat om hierdie uitvoering van God se oordele, om hulle saak te regverdig, ook gebid het, Openb. 6:10, wie se getal nou daagliks aangevul word. Wat nogtans nie so verstaan moet word, asof die hemelse wesens, of God se kerk, hulle oor iemand se ongeluk moes verheug nie, maar oor die uitvoering van God se regverdigheid, en oor die bewys van die regverdigheid van die saak waarvoor die gelowiges hier ly.
36 Hiermee word nie net verstaan die apostels en profete wat in der waarheid so genoem word, wat as lede van een liggaam, en wat ’n gemeenskaplike saak het, hulle ook hieroor sou verbly nie; maar ook die dienaars en leraars van die daaropvolgende tye, wat volgens die voorbeeld van die vorige, ook die dinge sou oorkom. 37 Dit is, julle op haar gewreek het. |
En 38een sterk engel het ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: vSo, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.
| v Jer. 51:64. | 38 Hierdie teken word by die beloftes en die dreigement tot versterking bygevoeg, soos deurgaans by die profete te sien is, en in die besonder by die val van die ou Babilon, Jer. 51:63, 64. |
xEn 39die stem van siterspelers en sangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie, en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie, en die 40geluid van die meul sal ynooit meer in jou gehoor word nie.
| x Jer. 25:10. Eség. 26:13.
y Jer. 25:10. |
39 Onder dergelike spreekwyse word ook die uiterste ongeluk geprofeteer aan diegene van Tirus, Eség. 26:13.
40 Naamlik om voedsel vir die inwoners voor te berei, wat tot onderhoud van hierdie lewe nodig is. |
En 41die lig van ’n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, zen 42die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want 43jou handelaars was die grotes van die aarde; want 44deur jou towery is al die nasies verlei.
| z Jer. 7:34; 16:9; 25:10. | 41 Dit word daarby gevoeg, óf omdat so ’n lig in die aand en nag noodsaaklik is vir ’n groot deel van mense se lewens; óf omdat die bruilofte, waarvan volg, in die besonder in die aand en snags gehou was, waarvoor hierdie lampe en fakkels gebruik was. Sien Matt. 25:1.
42 Naamlik wat nie net ’n tyd van vrolikheid is nie, maar ook ’n middel waardeur die inwoners van hierdie Babilon weer sou kon aanwas en vermenigvuldig. 43 Sien vers 3 se kanttekening. 44 Dit is, afgodery en aanlokking na jou versierde godsdiens, soos meermale voorheen genoem. |
En adie bloed van profete en heiliges is 45in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.
| a Openb. 17:6. | 45 Dit is, sy is bevind om die oorsaak te wees van die storting van die bloed van die profete en heiliges, sowel omdat sy self ’n groot menigte van hulle gedood het, en in haar hele gebied, deur haar streng voorskrifte en inkwisisies, laat doodmaak het; asook omdat sy deur haar optrede die tirannie van ander wat dit gedoen het, versterk en goedgekeur het. Sien dergelike woorde van Christus in Matt. 23:34-36. |
Val van Babilon. Gesig van die groot hoer wat deur die dier verlei is.
EN 1een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: 2Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van 3die groot hoer 4wat op die baie waters sit,
| 1 Naamlik waarvan in die voorgaande hoofstuk gespreek is. Sommige meen dat dit die vyfde engel was, omdat hy sy skaal op die troon van die dier uitgegooi het. Die breedvoerige verklaring daarvan word eintlik in hierdie twee volgende hoofstukke gegee.
2 Dit dien slegs tot aansporing van die apostel, omdat hier geen verandering van plek nie, maar ’n vernuwing van die gesig bedoel word, soos blyk uit vers 3. Sien ’n dergelike spreekwyse in Eség. 8:3; 40:1, ens. 3 Soos die ware kerk van Christus met ’n eerbare vrou, bekleed met die son en versier met ’n kroon van twaalf sterre vergelyk is, Openb. 12:1, so word die afvallige kerk hier vergelyk met ’n pronksugtige hoer, wat, toe sy Christus, die enigste Bruidegom, verlaat het, haar ook tot ander manne, dit is, tot afgode en ander meesters, begewe; hoewel sy oor die teendeel sou mag roem; soos ook oor die Israelitiese kerk en die stad Jerusalem gespreek word, Jes. 1:21. Jer. 3:1. Eség. 16:15. Wie hierdie hoer en wat haar oordeel nou is, sal uit die vervolg blyk. 4 Dit is, wat daar heerskappy voer oor baie volke, menigtes, tale en nasies, soos die engel in verse 15, 18 verklaar. |
amet wie die konings van die aarde 5gehoereer het, en 6die bewoners van die aarde het 7dronk geword van die wyn van haar hoerery.
| a Openb. 18:3. | 5 Dit is, saamgespan het om haar geestelike hoerery en heerskappy voor te staan, en om ander deur hul mag daartoe te bring, soos deur die engel verklaar word in verse 13, 17.
6 Dit is, wat wêreldsgesind en tot wêreldse godsdienste geneë is, soos die mense van nature doen. Want hiervan word in vers 8 almal wie se name in die boek van die lewe geskryf is uitdruklik uitgesonder. 7 Dit is, is deur ’n blinde ywer en liefde vir haar opgesmukte bygelowigheid en afgodery so ingenome en vervul, soos die minnaars gewoonlik is deur die wyn wat vir hulle deur ’n listige hoer ingeskink word, om hulle tot uitvoering van hul wellustige begeertes te bring. |
En 8hy het my in die gees weggevoer 9na ’n woestyn, en ek het 10’n vrou sien sit op ’n 11skarlakenrooi bdier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
| b vers 8. Openb. 13:1. | 8 Naamlik deur ’n verrukking van sinne, soos in die eerste vers se kanttekening.
9 Naamlik om met meer vryheid in stilte op alles te kan let, sonder die gewoel van mense. Ander verstaan deur hierdie woestyn die ryk van die Antichris self, wat wel vol is van allerlei wêreldse gewoel, maar woes en leeg van alle saligmakende waarheid en geestelike vrugbaarheid. 10 Dat deur hierdie vrou die stad Rome met haar heerskappy verstaan word, blyk uit die hele beskrywing wat hierna volg; in die besonder uit vers 5, waar sy die groot Babilon genoem word, naamlik in geestelike sin verstaan, soos in Openb. 14:8; 16:19; en hier uit vers 9, waar deur die engel verklaar word dat die sewe koppe van hierdie dier, waarop die vrou gesit het, sewe berge is; en uit die laaste vers, waar uitdruklik gesê word dat hierdie vrou die groot stad is, wat heerskappy voer oor die konings van die aarde, wat slegs op Rome van toepassing is. Dit is só duidelik, dat nie net die vernaamste kerkvaders en al die gereformeerde leraars dit hieroor eens is nie, maar ook selfs baie pousgesinde verklaarders. Maar laasgenoemdes voer aan, sodat die antichristendom nie aan hul pous en pousdom toegeskryf word nie, dat dit as die stad en heerskappy van Rome verstaan moet word, slegs toe hulle onder die bevel van die heidense keisers was en die Christene vervolg het. Naamlik vir ongeveer driehonderd jaar ná Christus se geboorte tot die tyd van keiser Konstantyn. Dít word egter maklik weerlê uit die vervolg van hierdie twee hoofstukke. Ten eerste, omdat die heidense Rome nie gewoonlik hul eie afgodery aan ander konings en volke wat hulle onderwerp het, opgedring het nie, maar hulle hul bygeloof laat volg het, selfs ook die Jode hul eie godsdiens toegelaat het, totdat hulle teen haar gerebelleer het. Terwyl hierdie vrou met die beker van haar hoerery, dit is, afgodery, al die konings en volke dronk maak. Ten tweede, kan nie op die heidense Rome van toepassing wees wat in vers 12 gesê word, dat die tien konings wat hul mag aan die dier gegee het, een uur lank hul mag ontvang het saam met die dier nie, aangesien die ou Romeine diegene wat hulle onder hul bevel gebring het, gaandeweg van tyd tot tyd met geweld aan hulle onderwerp het, en nie deur onderlinge bewilliging en sameswering nie. Ten derde, omdat die dier en hierdie vrou wat daarop sit, dit is, die Antichris en die stad Rome, dikwels hier saamgevoeg word, aangesien die heidense Rome, solank dit heidens was, in der waarheid nie die stoel van die Antichris was nie, maar dit eers later geword het. En daarom word gesê dat die dier nog vanuit die afgrond sal opkom, en daarna na die verderf gaan. Ten slotte, omdat die droewige en waarskuwende voorbeeld van die ondergang van die stad Babilon, waarvan die volgende hoofstuk breedvoerig spreek, nie van die heidense Rome verstaan kan word nie, omdat die stad dit nooit oorgekom het solank dit heidens was nie; maar dit was daarna onder die Christelike keisers vir meer as honderd jaar in ’n goeie toestand, soos uit die geskiedenis blyk. Dit is wel waar dat dit daarna deur die Gote, Vandale en ander ingeneem en vernietig is, maar dit is kort daarna weer tot sy vorige toestand herstel, en dit duur steeds voort. Terwyl dit openbaar is dat die ondergang van hierdie Babilon, waarvan in die volgende hoofstuk gespreek word, nooit sal eindig nie, soos in Openb. 18:2, 21 getuig word. Dit is só duidelik dat sommige pousgesinde verklaarders self erken dat dit wat hier en in die volgende hoofstuk geprofeteer word, verstaan moet word as die huidige stad van Rome. Om die antichristendom egter nie op hulle toe te pas nie, dis die pousgesindes ’n ander versinsel op, naamlik dat kort voor die einde van die wêreld, tien heidense konings (’n mens weet nie uit watter deel van die wêreld nie), sal kom, met die Antichris uit die stam van Dan saamspan, en die hele wêreld inneem, die pous van Rome verjaag, die Antichris in sy plek stel, hul heidense afgodery aan al die volke opdring (dit alles in drie en ’n half jaar voor die einde van die wêreld), Rome met al haar rykdom verbrand, en dan nog daaroor rou bedryf, ens. Dit is voorheen ook weerlê en is in stryd met alle menslike oordeel en rede; soos die volgende verklaring ook genoegsaam sal uitwys. 11 Hierdeur word die koninklike prag en die bloeddorstigheid van hierdie dier, asook van hierdie vrou, bedoel, soos uit verse 4, 6 blyk. Die nadere verklaring daaroor, asook oor die godslasterlike name, kan in Openb. 13:1 se kanttekening gesien word. Van die sewe koppe en tien horings sal deur die engel self hierna ’n verklaring gegee word. |
En die vrou was cbekleed 12met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 13’n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;
| c Openb. 18:16. | 12 Die uiterlike prag van hierdie vrou, of van die afvallige Roomse kerk, gaan deur die hele ryk, nie net in haar openbare regering nie, maar ook in haar openbare godsdiens; waar alles op die duurste en sierlikste manier gedoen word, en purper en skarlaken die uniform is van haar vernaamste hoofde.
13 Hierdeur word gepas verstaan die pragtige en aanloklike titels wat die Antichris homself en sy kerk voor die wêreld gee, om die mense tot gehoorsaamheid aan hom te bring; soos die heilige vader, die stedehouer van Christus, die hoof van die Katolieke Kerk, die navolger van Petrus, die fondament van die kerk, ens., wat nogtans van binne beskou, vol gruwelike lasteringe, bygelowigheid en valse leringe is. Ander verstaan dit as die beker van die mis, en gevolglik as die mis self, wat vol gruwels is. |
en 14op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: d15Verborgenheid, 16die groot Babilon, 17die moeder van die hoere en 18van die gruwels van die aarde.
| d 2 Thess. 2:7. | 14 Naamlik soos die bekende hoere vroeër gewoonlik aan die voorkant van hul huise en op hul eie voorhoofde hul name en titels aangedui het, om des te meer bekend te word, en die onsedelike mans des te beter na hulle te lok en na hul liefde te trek.
15 Gr. Musterion, baie getuig dat hierdie naam voorheen op die pouslike hoed met drie krone aangebring was. Maar afgesien hiervan, kan dit ook gepas dui op byna alle seremonies, gewade en wydinge, wat die pous met sy geskeerde geestelikes hou, wat hulle alles, tot in die kleinste besonderhede toe, versin om vol misteries en verborgenhede te wees. 16 Naamlik geestelik of figuurlik so genoem, soos in Openb. 11:8 oor Egipte en Sodom uitgedruk word, sien die verklaring daar. Sien ook Openb. 14:8; 16:19. 17 Dit is, van die afgodery en bygelowigheid, soos by vers 1 aangeteken is. Want só roem sy ook, naamlik dat sy die moeder van die heilige kerk is, waaruit alle ander kerke op aarde voortgekom het, en afhanklik is, soos kinders van hul moeder. Of: die moeder van die hoererye. 18 Naamlik in die onttroning en ombring van konings en prinse, in die ontslaan van prinse en onderdane van hul eed, in die verbreking van wettige huwelike, in die onttrekking van kinders van die gehoorsaamheid en die diens van hul ouers onder die dekmantel van godsdiens, in die toelating van openbare bordele, in lieg en bedrieg, en dergelike gruwels, wat die leer en dade van die pousdom meebring. |
En ek het die vrou gesien, 19dronk van edie bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
| e Openb. 18:24. | 19 Waarvan die boeke van die martelare van allerlei nasies vol voorbeelde is. |
Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? 20Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.
| 20 Dit is, ek sal duideliker aan jou verklaar; soos hierna gebeur. |
Die dier wat jy gesien het, 21was en is nie en 22sal uit die afgrond opkom en 23na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde f24wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, 25sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.
| f Ex. 32:32. Filip. 4:3. Openb. 13:8. | 21 Dat hier van die antichristelike ryk geprofeteer word, is duidelik; daarom moet al vier hierdie eienskappe daarop van toepassing wees. Die eerste dus, dat dit in die tyd van Johannes was, kan goed verstaan word as die Romeinse Ryk, wat nou al etlike honderde jare onder verskeie regerings was, en nog sou bly; waarby die engel voeg: en is nie, omdat dit in daardie tyd geen geestelike heerskappy oor die kerke in die Christendom gehad het of in etlike honderde jare sou hê nie.
22 Naamlik omdat dit eers ná vyfhonderd jaar ná die tyd van Johannes beide hierdie heerskappye sou verkry, wanneer die Antichris nie net alle geestelike persone nie, maar ook die wêreldse vorste aan hom, teen Christus se leer en voorbeeld, sou onderwerp, soos ten tyde van Phokas en daarna gebeur het, Openb. 13:1 en die kanttekening. 23 Naamlik nadat dit ’n aansienlike tyd bestaan het, sal dit gaandeweg weer afneem en sy aansien onder die Christene verloor, soos nou onlangs begin gebeur het, en in die volgende hoofstuk vervul sal word. 24 Dit is, behalwe diegene wie se name in die boek van die lewe geskrywe is. Sien daaroor Openb. 13:8. Dit word hier bygevoeg, sodat dit nie sou voorkom of Christus, ten tyde van die ryk van die Antichris, geen gemeente op aarde meer sou hê nie. 25 Dit is, sal met eerbied teenoor hom vervul wees, en hom aanbid, of hulle aan hom onderwerp. Sien Openb. 13:3, 4, 8. |
Hier kom die verstand gwat wysheid het, te pas. hDie sewe koppe 26is sewe berge waar die vrou op sit.
| g Openb. 13:18.
h Openb. 13:1. |
26 Dit is, dui op sewe berge. Dat die stad Rome op sewe berge gebou was, is genoegsaam bekend uit al die ou skrywers; dit was die berge Capitolinus, Palatinus, Caelius, Aventinus, Esquilinus, Viminalis en Quirinalis, daarom word dit ook deur sommige ou skrywers die stad van sewe berge genoem. |
En 27hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; 28die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ’n kort tydjie bly.
| 27 Dit is, dui op sewe konings of koninklike regerings; waaruit blyk dat ’n voorbeeld of saak wel verskeie verklarings kan hê. Wie hierdie sewe konings nou is, word verskillend verstaan. Sommige verstaan deur hierdie konings die sewe keisers wat ná die tyd van Nero in Rome, tot hierdie tyd van Johannes se ballingskap, regeer het. Dit wil egter voorkom of daar geen rede is waarom die keisers wat voor Nero se tyd van Julius Caesar af regeer het, nie ook sou moes ingereken word soos die volgende nie; en dit is duidelik dat hier van sulke konings gespreek word, wat die hele regering van die ganse Romeinse Ryk insluit. Daarom verstaan ander dit meer gepas as die sewe vorme of wyses van regering, waarmee die stad Rome sowel voorheen geregeer is, as daarna steeds geregeer sou word, soos die engel hier en in vers 11 getuig. Waarvan die eerste regering dié van Romulus af tot Tarquinius was, onder werklike konings. Die tweede van Brutus af, onder die consules of burgemeesters. Die derde onder die dictatores. Die vierde onder die decemviros. Die vyfde onder die tribunos consulares. Die sesde onder die keisers, van Julius Caesar af, wat nog geduur het toe hierdie openbaring aan Johannes gegee is.
28 Dit is die sewende soort of wyse van regering, wat onder Konstantyn, die eerste Christelike keiser, begin het, wat in sy tyd ’n ander vorm van regering begin het, en nadat hy ongeveer twintig jaar in Rome gesetel was en die Christelike geloof oral gevestig het, het hy na Bisantium getrek, wat hy na sy naam Konstantinopel vernoem het, en het daar die setel van die keiserryk vernaamlik bevestig, waardeur die keiserlike gesag in Rome en in Italië meer en meer afgeneem het, en die antichristelike heerskappy gaandeweg opgekom het. Wat die agtste vorm van regering is, waarvan hierna gespreek word. |
En 29die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, 30en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.
| 29 Dit is die pouslike regering, wat wel enigsins in haar beginsels begin het om op te staan, maar nog nie ten volle geopenbaar was nie; voordat in die tyd van keiser Phokas, ongeveer vyfhonderd-en-tien jaar ná hierdie openbaring, en seshonderd-en-ses jaar ná Christus se geboorte, die pousdom sy geestelike en wêreldlike heerskappy oor die Christendom gaandeweg uitgebrei het en ten volle te voorskyn gekom het; soos voorheen aangetoon is. Wat ook, nadat dit enkele honderde jare lank in sy volle krag was, gaandeweg weer begin het om te verval, en steeds verval.
30 Dit is, het sy mag uit die vorige sewe koppe, of wyses van regering, versamel en gaandeweg opgerig. Want hierdie agtste omvat nie net ’n kop van hierdie dier nie, maar ook die hele dier. |
En idie tien horings wat jy gesien het, is 31tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings 32een uur lank saam met die dier.
| i Dan. 7:20. Openb. 13:1. | 31 Dit is, koninkryke; soos by Daniël en hier, die konings met hul opvolgers in daardie ryke deurgaans verstaan word. Sommige verklaarders verstaan hierdie getal as ’n presiese getal van tien, wat die eerstes was, wat ongeveer in die tyd van die opkoms van die Antichris in die weste saam opgekom het. Ander verstaan dit as ’n onbepaalde getal wat in die omgewing van tien is; soos hierdie woord tien ook elders gebruik word; sien ’n voorbeeld in Gén. 31:7. Núm. 14:22. Hieronder word die koninkryke van Hongarye, Napels, Spanje, Frankryk, Engeland, Skotland, Pole, Swede, Denemarke, Portugal en Boheme gestel, en sommige ander wat hieronder ingesluit word, soos Navarre, Aragon, León, Sisilië, Sardinië, Noorweë, ens.
32 Dit is, ’n kort tydjie, soos hierdie spreekwyse ook elders aandui. Ander vertaal dit op of ongeveer een tyd; soos hierdie manier van spreek ook gebruik word in Joh. 4:52. Hand. 10:3, 30. Openb. 3:3. |
Hulle het 33een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.
| 33 Naamlik in hierdie stuk van die onderhouding en ondersteuning van die gesag en bygelowigheid van die Antichris, al is dit waar dat hulle in wêreldse sake baie verskil en dikwels met mekaar twis; en al is dit waar dat sommige van hierdie konings hulle soms teen enige van hierdie pouse gestel het, so wou hulle nogtans altyd voorgee dat hulle die pousdom self en sy leer voorstaan. |
Hulle ksal 34teen die Lam oorlog voer, en 35die Lam sal hulle oorwin — lwant Hy is die Here van die here en 36die Koning van die konings — en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.
| k Openb. 16:14.
l 1 Tim. 6:15. Openb. 19:16. |
34 Dit is, Christus in sy lede beveg en vervolg; soos Christus self tot Paulus spreek, Hand. 9:4. Want al is dit waar dat hulle nie altyd die voorneme gehad het om Christus prontuit te bestry nie, word diegene wat probeer om sy lede en sy leer uit te roei, nogtans geag dat hulle Christus self beveg, soos die Skrif sê in Ps. 2:2. Hand. 4:25, ens.
35 Naamlik sowel deur ’n geestelike oorwinning, dat hulle die ware en saligmakende leer van Christus, wat hulle ook al probeer, nie sal kan uitroei nie, maar dat Christus deur sy uitverkorenes en gelowiges, ten spyte van al hierdie geweld, die leer in die wêreld sal verbrei; asook deur baie uiterlike oorwinnings, wat Hy aan dié wat aan Hom behoort oor hulle sal gee, soos die voorbeelde van die voorgaande en hierdie teenswoordige eeu bewys. En in die laaste groot stryd, waarvan in die voorgaande hoofstuk in vers 14 geprofeteer is, sal dit nog duideliker vir die hele wêreld blyk. 36 Hierdie titel word hier aan Christus, as die enigste Here en Koning bo alle here en konings, gegee, soos dit aan God gegee word, 1 Tim. 6:15, omdat Hy die waaragtige God en Heerser oor alle skepsele is, een in wese met die Vader. Sien ook hierna Openb. 19:16. |
En hy sê vir my: mDie waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, 37is volke en menigtes en nasies en tale.
| m Jes. 8:7. | 37 Dit is, dui op volke van verskillende tale en nasies. ’n Sakramentele spreekwyse, soos voorheen ook aangedui is, en in vers 18 nog volg. |
En 38die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en 39haar verlate maak en naak, en 40haar vlees eet en haar n41met vuur verbrand.
| n Openb. 18:8. | 38 Dit is, konings, soos in vers 12 verklaar is, sal uiteindelik hul oë oopmaak, en gewaarword hoe hulle deur haar verlei is, en haar daaroor, asook oor haar afgodery en heerskappy, haat. Sommige het dit nou reeds gedoen, en God moet gebid word dat dit ook deur die ander mag gebeur.
39 Dit is, hul mag en aansien, wat hulle tevore in hul ryke aan haar gegee het, weer vir hulleself neem en teen haar draai. 40 Dit is, sal haar inkomste en rykdom, wat sy van hul lande getrek het, haar weier en ontneem, en dit tot hul eie voordeel aanwend en teen haar gebruik. 41 Naamlik die plek of stad met sewe berge, waar sy haar setel of troon het, soos in Openb. 16:10 aangetoon is. |
Want 42God het dit in hulle harte gegee om sy 43bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee 44totdat die woorde van God volbring is.
| 42 Want die hart van die konings is in die hand van die HERE soos waterstrome, Hy lei dit waarheen Hy wil, Spr. 21:1, naamlik óf in sy regverdige toorn en oordeel, tot hul straf en tot beproewing van sy volk; óf in sy genade tot verlossing en bevryding van sy volk en tot straf van sy vyande.
43 Of: raad, soos ook in vers 13. 44 Dit is, totdat die profesieë of voorseggings vervul is, wat God aan ons in sy Woord geopenbaar het, sowel van die opkoms en heerskappy, as van die val van die Antichris. |
En die vrou wat jy gesien het, is o45die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.
| o Openb. 16:19. | 45 Sien die verklaring hiervan in vers 3 se kanttekening. |
EN ek het ’n groot stem 1uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God 2op die aarde uit.
| 1 Naamlik van die hemel, soos in die voorgaande hoofstuk in vers 5 en hierna in vers 17 uitgedruk word; waardeur die troon van God in die hemel verstaan word, soos daar verklaar is. Want hoewel hierdie skale reeds in die voorgaande hoofstuk aan die sewe engele gegee is, gaan hulle nie voort tot uitvoering van hierdie mag, voordat hulle ’n nuwe opdrag daartoe ontvang nie. Sien Ps. 103:20.
2 In die vervolg blyk dat slegs die eerste engel sy skaal op die aarde uitgegiet het. Maar omdat die plae van die ses ander skale uiteindelik ook oor die mense wat op aarde woon gekom het, hoewel die skale eerstens op ander liggame en elemente uitgestort is, so word daar ook tereg gesê dat dit op die aarde, of aardse mense, uitgegiet is, vir wie God alle elemente tot vyande maak. |
Toe gaan 3die eerste een weg en 4gooi sy skaal 5op die aarde uit, en kwaai en bose aswere het aan die mense gekom wat b6die merk van die dier gehad het en csy beeld aanbid het.
| a Ex. 9:9-11.
b Openb. 13:16, 17. c Openb. 13:14. |
3 Dat deur hierdie engele die instrumente van God verstaan word, waardeur die Antichris met sy hele heerskappy, in verskillende tye en trappe, geteister of gestraf is, blyk duidelik genoeg uit die hele oogmerk van hierdie hoofstuk, en uitdruklik uit hierdie vers, asook uit verse 6 en 10. Maar of hulle die hemelse geeste self was, of ander wat onder hul beheer daartoe deur God in die wêreld opgewek is, sal die beste blyk uit die verklaring van elke skaal.
4 Al hierdie volgende plae kom baie goed ooreen met die plae wat God deur Moses en Aäron oor koning Farao en sy volk, toe Hy die Israeliete uit Egipte wou verlos, laat kom het; soos uit die vergelyking met Exodus 7-10 te sien is; behalwe die plaag ingesluit in die vierde skaal in vers 8, wat die meeste ooreenkom met die plaag waardeur God Agab en die wat aan hom behoort het, wat die profete ook doodgemaak en God se volk vervolg het, onder Elía gestraf het; waarvan te sien is in 1 Konings 17; 18. Of hierdie plae nou letterlik of in ’n geestelike sin verstaan moet word, daaroor is nie eenstemmigheid nie. Dit is des te meer onseker, omdat ’n deel van die skale nog nie uitgestort is nie, maar nog in die toekoms sal gebeur; soos blyk uit Openb. 15:1, dat hierdie plae uitdruklik die sewe laaste plae genoem word, en dat in hierdie hoofstuk diegene wat die merk van die dier dra deur dieselfde plae gestraf word, en dat die troon van die dier en die groot Babilon uiteindelik daardeur uitgeroei sal word. Van hierdie uitroeiing sal in die volgende twee hoofstukke ’n nadere beskrywing volg, wat nog grotendeels vervul moet word. Die uitkoms hiervan sal dan ’n paar dinge nog verder openbaar. Intussen sal dit wat nou die waarskynlikste is, kortliks by elke skaal aangeteken word. 5 Die ryk van die Antichris word deurlopend in hierdie openbaring as ’n wêreld beskou, waarin aarde, see, riviere, lug, son, sterre, ens. is; en dit vanweë die gestalte daarvan en die mag wat die Antichris hom oor die hemel, aarde, see, ens. toe-eien. Die eerste deel dan van hierdie antichristelike wêreld is die aarde, waardeur hier, soos elders in hierdie boek, gepas die aardse mense in die algemeen verstaan word, wat aardse en afgodiese godsdienste toegedaan is en dit hardnekkig voorstaan. Volgens die mening van baie verklaarders word gesê dat hierdie eerste skaal oor hierdie mense uitgestort is toe die antichristelike ryk begin het om skade te ly, toe deur die vernuwing van die verkondiging van die ewige evangelie op verskeie plekke in Europa, deur Waldus, Wycliffe, Johannes Hus, Hiëronimus van Praag, en hul gelykes, die mense van hierdie antichristelike wêreld en die aanbidders van die dier, in plaas daarvan dat hulle hul bekeer het, deur God se regverdige oordeel in ’n verkeerde sin oorgegee is, en met haat en afguns as ’t ware deur ’n bose sweer in hul gemoed aangesteek en gekwel is, sodat hulle nie vir hulleself, óf vir ander, enige rus kon gee nie, totdat hulle hierdie evangelie weer, sover dit vir hulle moontlik was, gedemp of verduister het. Hoewel sommige ook daarby voeg, dat in ongeveer die jaar 1500, sommige verborge siektes en swere, tot ’n besondere straf oor hierdie afgodiese mense en vervolgers van God se volk, in die lande die allernaaste geleë aan die Antichris, begin het om te heers, wat daarvandaan verder in ander dele van Europa versprei het, in die besonder teen diegene wat in hul gedwonge ongetroude staat baie onreinhede bedryf het, wat selfs vir die wêreld skandelik is om te noem. Met ’n soortgelyke plaag het God ook die Filistyne geteister, toe hulle die verbondsark by hulle gehou het, 1 Sam. 5:6, ens. 6 Sien hieroor en oor dit wat volg Openb. 13:14 se kanttekening. |
En die tweede engel het sy skaal 7op die see uitgegooi, en dit het dbloed geword soos van ’n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.
| d Ex. 7:20. | 7 Deur hierdie see word die velerlei volke en koninkryke wat die ryk van die Antichris soos ’n see omring het, gepas verstaan, soos die engel hierna self verklaar, Openb. 17:15. Ten opsigte van die aanbidders van die dier word hier gesê dat dit in bloed verander het, toe hele provinsies, koninkryke en volke, wat daarrondom geleë was, ná die tyd van Luther van die Antichris afvallig geword het; sodat die visse, of inwoners van hierdie aardse ryk van hom, nie meer ongehinderd daarin kon lewe of hul bygelowigheid kon bedryf nie. Waartydens ook baie van hul bloed gestort is, en daagliks nog gestort word, tot ’n regverdige weerwraak van die veelvuldige bloed wat onder sy heerskappy deur die aanbidders van hierdie beeld van die dier ook gestort is [vgl. godsdiensoorloë tydens die sestiende eeu]; soos God se regverdigheid daaroor hierna in vers 6 geprys word. Ander verstaan hierdeur die bevele en besluite van hul laaste konsilies, en in die besonder van Trente, wat ’n paar jaar geduur het, en waarheen die geestelike en wêreldlike dienaars van die dier uit alle dele van Europa saamgekom het; daarom word gesê dat dit in bloed verander het, omdat die valse en afgodiese leer daarin bevestig is, wat die mense noodwendig tot die dood lei as hulle dit aanneem, aangesien geen afgodedienaar salig kan word nie, 1 Kor. 6:10, en dié wat geregverdig wil wees deur die werke van die wet, van Christus se genade verval het, Gal. 5:4. |
En die derde engel het sy skaal uitgegooi 8op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.
| 8 Hierdeur verstaan sommige die verdraaiing en vervalsing van God se Woord, wat in die Heilige Skrif met helder waterfonteine en riviere vergelyk word. So sou hierdeur ’n krag van dwaling en geestelike blindheid oor hulle deur God se regverdige oordeel aangedui word. Omdat dit egter lank tevore reeds begin het en hier van die laaste plae gespreek word, waardeur die ryk van die Antichris skade gely het en uiteindelik ten gronde sal gaan, so word dit deur ander wel gepas verstaan as hul geestelike inkwisisies, howe, verenigings, konvente, byeenkomste, skole en dergelike, wat die Antichris in al die lande van sy ryk opgerig en soos riviere verdeel het om sy troon en ryk daarmee te bevestig, wat ook in bloed verander is, toe dit in genoemde gereformeerde koninkryke en lande uitgeroei en verbied is, sodat niemand daarin kon bly of sy bygelowigheid verder kon bedryf nie. Hierdie dinge, soos dit in sommige plekke reeds gebeur het, sal ook in die toekoms meer en meer gebeur, wanneer die ander konings hul mag van die dier sal onttrek, soos in Openb. 17:16 vooruit aangekondig word. |
En ek het 9die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U ewat is en wat was, 10U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;
| e Openb. 1:4, 8; 4:8; 11:17. | 9 Dit is, wat die skale oor die riviere en waterfonteine uitgegiet het, soos in Openb. 14:18 die engel van die vuur genoem word, wat die mag oor die vuur ontvang het, om die goddeloses te straf.
10 Ander lees: en wat sal wees sonder U, die Heilige. |
want hulle het fdie bloed van heiliges en profete vergiet, en 11U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.
| f Matt. 23:34. | 11 Dit is, U het hulle in hul eie bloed ook laat vergaan. Waaruit blyk dat deur hierdie twee skale so ’n regverdige weerwraak en vergieting van hul bloed verstaan moet word. |
En ek het ’n ander een guit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.
| g Openb. 15:3. |
En 12die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.
| 12 Deur die uitstorting van hierdie skaal op die son, en verskroeiing van die mense daardeur, verstaan sommige baie erge hitte, droogtes en onvrugbaarheid, asook hongersnode en sterftes, wat gewoonlik daarop volg, soos ten tyde van Elía onder die Israeliete gebeur het, wat in die toekoms nog op ’n besondere manier oor die lande en ryke wat die dier toegedaan is gestuur sal word. Omdat sulke strawwe egter selde in een land die oorhand neem, sonder dat die ander ook daarin deel, en hierdie plae eintlik die aanbidders van die dier bedreig, verstaan ander dit as die lig van die heilige evangelie, waarop hierdie skaal uitgegiet word, om dit meerdere krag te gee tot oortuiging en ontbranding van die harte van die mense, waardeur daar nog meer tot bekering gebring sal word, ook selfs die Jode wat Christus in groot getalle sal aanneem, Rom. 11:25, 26, en die ander hardnekkige aanbidders van die beeld van die dier tot meerder spyt en lastering aangespoor sal word, omdat hulle sal sien dat hul ryk daardeur uiteindelik tot ondergang gebring sal word. Waaroor hulle selfs die Naam van God sal laster, as hulle die Heilige Skrif van duisterheid, onvolmaaktheid en onsekerheid sal beskuldig, en dit ’n fondament van alle ketterye durf noem. |
En die mense is geskroei met ’n groot hitte, en hulle het die Naam van God hgelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer 13om Hom heerlikheid te gee nie.
| h verse 11, 21. | 13 Naamlik in die erkenning van sy regverdigheid, en die aanneming van sy barmhartigheid en genade, wat hulle aangebied word. |
En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi 14op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul 15tonge gekou van pyn;
| 14 Baie verklaarders verstaan hierdeur die stad Rome, waar die troon van die Antichris eintlik is, waaruit hy sy geestelike heerskappy oor ander lande voer. Hierdie troon sal deur sulke instrumente vernietig word soos God daartoe sal verwek, wat die Antichris self saam met sy handlangers en volgelinge sal verdryf, waardeur sy ryk baie sal afneem, en sy glans in die wêreld sal verduister, totdat hy uiteindelik deur die Gees van die mond van Christus heeltemal vernietig sal word.
15 Naamlik uit spyt en verdriet dat sulke dinge hulle oorgekom het, aangesien hulle hul ’n ryk sonder einde in die vooruitsig gestel het. |
en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer 16van hul werke nie.
| 16 Dit is, bygelowigheid, afgodery en lasteringe. |
En die sesde engel het sy skaal uitgegooi 17op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
| 17 Hierdeur verstaan sommige die werklike Eufraatrivier, waar die Turke, Perse en dergelike nasies in die ooste aan beide kante hul grondgebied het, soos in Openb. 9:14 se kanttekening aangeteken is; wat hulle nog met mekaar sou verenig en die troon van die Antichris sou inneem. Ander verstaan deur hierdie Eufraatrivier ’n beeld van al die inkomste wat die Antichris uit die hele Christendom trek, waardeur sy troon verryk word, en hy hom en sy troon teen alle ander geweld beskerm, wat deur die Christenprinse eenmaal in geheel gestuit en opgedroog sal word, soos reeds begin is, wat hom magteloos sal maak om hom staande te hou. Hier word gesê dat hierdie prinse van die opgang van die son kom, omdat hulle deur Christus, wat die opgaande Lig is uit die hoogte (vgl. Luk. 1:78), daartoe opgewek sal word; soos die ou Babel tevore deur die Eufraatrivier beskerm en verryk was, deur Kores opgedroog is, en die weg geopen het tot oorrompeling en inneming van dié stad en uitroeiing van haar ryk; soos in Jer. 51:31, ens. vooruit aangekondig, en in Dan. 5:30 vervul is. |
En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en 18uit die mond van die valse profeet 19drie onreine geeste 20soos paddas sien kom.
| 18 Oor die draak en oor die twee diere is tevore gespreek, waarby die beeld van die dier ook tevore gevoeg is. Die valse profeet word hier in die plek van die tweede dier gestel, waaruit blyk dat hierdie valse profeet ook die beeld van die dier is, dit is, die Antichris, met sy hele ryk, vir soveel hy die valse leer deur homself en ander, sy dienaars, voorstaan, en al sy geestelike prelate, vergaderinge, howe, konvente, konsilies en persone daarvoor gebruik, om die valse leer te versprei, soos in die volgende hoofstuk sal blyk. Deur hulle word dus gesamentlik hierdie onreine geeste gestuur, omdat hulle al hul listigheid en aansien saamvoeg, en saamspan om die kerk van God en sy waarheid uit te roei; en asof uit een mond hier spreek en deur een gees gedryf word.
19 Hierdeur word die velerlei gesante, pouslike ambassadeurs en ander geestelike dienaars van die Antichris verstaan, wat die wêreld deur uitgestuur word, om vol van bedrieglikheid en skynheiligheid, prinse, konings en volke aan die antichristelike ryk te onderwerp, wat die apostel in 2 Thess. 2:11 die krag van die dwaling noem, wat ook oor wonders roem, wat die apostel in 2 Thess. 2:9 wonders van die leuen noem, soos in die hele wêreld bekend is. 20 Naamlik wat in die stilstaande water lewe en altyd dieselfde geluid maak. |
Want dit is geeste van duiwels wat itekens doen, wat uitgaan na 21die konings van die aarde en 22die hele wêreld, 23om hulle te versamel kvir die oorlog 24van daardie groot dag van die almagtige God.
| i 2 Thess. 2:9. Openb. 13:13; 19:20.
k Openb. 17:14; 19:19; 20:8. |
21 Naamlik wat die antichristelike ryk nog toegedaan is, soos die woorde aarde en wêreld hier deurlopend verstaan word.
22 Dit is, wat hulle nog deur die hele wêreld probeer onderwerp, soos in alle lande van die wêreld, selfs die barbaarse lande in die ooste en weste, daagliks geskied. 23 Hoewel dit ook daagliks geskied dat hierdie onreine geeste deur hul daaglikse geroep alle konings en volke teen die ware Christene, wat hulle eenstemmig verdoemde ketters noem, probeer opstook, so word hier nogtans eintlik deur hierdie skaal verwys na die uiterste geweld wat die Antichris nog sal gebruik voor sy laaste ondergang; waarvan in die volgende skaal gespreek word, wanneer hy deur die hele wêreld, nie net die volke wat die naam van Christelik dra nie, maar ook baie barbaarse en vreemde nasies, byeen sal probeer bring, om die gemeente van Christus uit te roei, en die Antichris se troon weer op te rig. 24 Naamlik waarop God op buitengewone wyse sy oordele teen hierdie hele mag sal voltrek, waarvan in Openb. 19:19; 20:8 nader gehandel sal word. |
25Kyk, Ek kom lsoos ’n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien mnaak rondloop en 26hulle sy skaamte sien nie.
| l Matt. 24:43. Luk. 12:39. 1 Thess. 5:2. 2 Petr. 3:10. Openb. 3:3.
m Openb. 3:18. |
25 Dit word hierby gevoeg om elkeen te waarsku dat hy op sy hoede sal wees, omdat alles op daardie dag ’n einde sal neem, en daarna geen tyd meer vir bekering sal wees nie; soos hierna sal volg. Sien Matt. 24:43. Luk. 12:39. Openb. 3:3.
26 Dit is, die skandelikheid van sy sondes, naamlik omdat hulle nie deur die kleed van die geregtigheid van Christus, en deur ’n ware geloof wat met berou gepaardgaan, bedek word nie. Sien Gal. 3:27. Openb. 3:18. |
En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word 27Armagéddon.
| 27 Hierdie woord word verskillend verklaar. Sommige vertaal dit: die leër van die vervloeking of van die verwoesting, of: die bedrog van uitroeiing, omdat hierdie leërs deur die Antichris uit alle nasies met bedrog byeengebring sal word, maar tot hul eie uitroeiing en verwoesting. Ander meen egter dat dit ’n eienaam is van ’n sekere plek, waarvan in die Skrif van die Ou Testament melding gemaak word, waar dergelike gebeur het soos hier vooruit aangekondig word, naamlik in 2 Kron. 35:22. Sag. 12:11, waar die laagte van Megíddo genoem word, soos hier die berg van Megíddo, waar koning Josía met die hele Israelitiese leër deur die Egiptenare verslaan is. Die leër van die Antichris sou weer op dieselfde of soortgelyke plek vergader in die hoop om dergelike oorwinning teen die Israel van God te verkry, maar die Here sou deur sy onverwagte koms hierdie hoon teenoor sy gemeente keer, en die vyande self ten volle verslaan en uiteindelik uitroei. Hoewel sommige meen dat hier veel eerder verwys word na die plek in Rig. 5:19, waar Sísera naby die waters van Megíddo met die hele leër van die Kanaäniete op wonderbaarlike wyse deur Debóra en Barak verslaan is, tot verlossing van die kinders van Israel; wat net so goed met hierdie oorwinning ooreenkom. |
En die sewende engel het 28sy skaal uitgegooi in die lug, en ’n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: n29Dit is verby!
| n Openb. 21:6. | 28 Hierdie sewende skaal, wat in die lug uitgegooi word, bring ’n einde aan alles, en gevolglik aan die hele antichristelike ryk, omdat geen dier sonder lug kan lewe nie; en omdat die Satan, wat tot nog toe oor die grootste deel van die wêreld geheers het, in die lug sy troon en woning het, soos Paulus spreek in Ef. 2:2; 6:12, wat ook hiermee vernietig sal word, soos in Openb. 20:10 duideliker getuig word.
29 Naamlik, dit is alles volbring, wat volgens die Woord van God in die wêreld moet gebeur. Of: Dit was daar gewees, naamlik die groot stad en die dier; waarvan in die volgende twee hoofstukke met meer onderskeid gehandel sal word. |
En 30daar het ostemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ’n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie — so ’n geweldige groot aardbewing.
| o Openb. 4:5; 8:5. | 30 Deur hierdie stemme, donderslae, ens., word die tekens verstaan wat die laaste koms van Christus om te oordeel, sal voorafgaan, soos ook dergelike in Matthéüs 24. Markus 13. Lukas 21. 2 Petr. 3:10 beskryf word. |
En p31die groot stad 32is in drie dele verdeel, en 33die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon q34is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee r35die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.
| p Openb. 14:8.
q Openb. 18:5. r Jer. 25:15. Openb. 14:10. |
31 Die stad wat die geestelike Sodom en Egipte is en die hele ryk van die Antichris voorstel, soos in Openb. 11:8 verklaar word; wat hierna ook die groot Babilon genoem word. Sien Openb. 14:8; 18:10.
32 Gr. het in drie dele geword, dit is, ten ene male verpletter, soos dinge wat in baie stukkies gebreek word, tot niet gaan. 33 Of: die stede van die heidene. Hierdeur word alle ander stede buiten die Christendom verstaan, soos van die Turke, Perse en ander heidene. 34 Naamlik om haar regverdige vonnis van God te ontvang; want tevore het dit voorgekom of God haar oorgesien en haar moedswil vergeet het. 35 Sien Openb. 14:8, 10. |
En 36alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;
| 36 Dit is, die plekke wat beskou was as die standvastigste om daarheen te vlug, het haar ontwyk, of het vergaan, soos in Openb. 6:14. |
en 37groot shael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God t38gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.
| s Openb. 11:19.
t verse 9, 11. |
37 Naamlik tot straf van die goddeloses, soos in Jos. 10:11. Hierdie hael was egter soveel swaarder, omdat dit die ondraaglike las van die toorn van God oor hulle gebring het. Want ’n talent het, volgens die getuienis van sommige, ongeveer vier-en-dertig kilogram geweeg.
38 Naamlik uit angs en wanhoop, soos die goddeloses ook op die laaste dag sal doen. Sien Openb. 6:16. |
Sewe engele en sewe skale, of die laaste plae.
EN1 ek het ’n ander teken in die hemel gesien, 2groot en wonderlik: 3sewe engele met a4die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.
| a Openb. 11:14. | 1 Soos in die twee voorgaande hoofstukke breedvoerig oor die opkoms, verleiding en tirannie van die Antichris gehandel is, so kom die Heilige Gees nou in enkele hoofstukke wat volg, en beskryf, tot troos van die gelowiges, die strawwe en plae wat die Antichris en sy ganse ryk sal oorkom, totdat hy uiteindelik heeltemal uitgeroei sal wees; waarvan die gesig wat in hierdie hoofstuk saamgevat is, net ’n voorbereiding is.
2 Dit is, wat groot en wonderlike dinge beteken. 3 Of hierdie sewe engele dieselfde sewe engele was wat meermale tevore genoem is, is onseker. Maar dit is seker dat hulle die instrumente was, waardeur God sy oordele oor die antichristendom gedeeltelik uitgevoer het, en gedeeltelik nog sal uitvoer, soos in die volgende hoofstuk nader verklaar sal word. 4 Dit is, die mag oor die sewe laaste plae, naamlik wat God in hierdie wêreld oor die volgelinge van die Antichris sal laat kom. Want ná die laaste oordeel sal die toorn van God oor hulle en al die goddeloses in alle ewigheid bly, soos voorheen in Openb. 14:10, 11 getuig is, en hierna in Openb. 19:3; 20:10 ook getuig word. Sien ook Matt. 25:46. Joh. 3:36. |
En ek het gesien iets bsoos ’n 5see van glas, gemeng met vuur. En 6die oorwinnaars oor die dier en 7oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien 8staan, met 9siters van God.
| b Openb. 4:6. | 5 Soos hierdie volgende geskiedenis in sy geheel wys op die verlossing van die kinders van Israel uit Egipte, asook op die straf van Farao en van die Egiptenaars in die Rooi See, en uiteindelik op die loflied wat Moses saam met die kinders van Israel, toe hulle op die oewer van die Rooi See gestaan het, oor hul verlossing en oor die straf van die Egiptenaars, gesing het, so moet hierdie see van glas, gemeng met vuur, ook vergelyk word met die Rooi See, waarin die Egiptenaars vergaan en waardeur die Israeliete verlos is. Die see is dan die velerlei volke wat onder die bygelowige regering van die Antichris staan, soos die engel self hierna in Openb. 17:1, 15 verklaar, wat soos ’n see gedurig in hul bygelowigheid woel en versmoor, en probeer om die ware gelowiges daarin saam met hulle te oorweldig; wat met vuur gemeng is, vanweë hul wreedheid en blinde ywer in die vervolging van hulle, en in die oë van die Here deursigtig is soos glas, voor wie al hul dade naak en openbaar is, wat sy gelowiges ewenwel dwarsdeur al hierdie gewoel en gevaar oorbring na die oewer van die saligheid, soos Moses, onder die skaduwee van die Engel van God, vir die volk van Israel gedoen het. Sien ook voorheen in Openb. 4:6.
6 Dit is, die ware gelowiges, wat die dier geestelik oorwin het, soos hulle na die liggaam versoek, vervolg en menigmaal ook gedood was, so het hulle altyd in die geloof bly volhard. 7 Sien hieroor en oor dit wat volg Openb. 13:14, ens. 8 Dit is, noudat hulle die gevare ontkom en in veiligheid gekom het, soos die Israeliete, toe hulle deur die Rooi See by die ander oewer gekom het, van alle sorg vry was, Ex. 15:1, ens. 9 Dit is, mooi en voortreflik, soos hierdie spreekwyse gebruiklik is by die Hebreërs, sien Gén. 23:6. Ps. 36:7, en dus bekwaam om God se lof daarop te speel en te sing. |
En hulle het 10die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en 11die lied van die Lam, en gesê: c12Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; dregverdig en waaragtig is 13u weë, o Koning van die heiliges!
| c Ps. 111:2; 139:14.
d Ps. 145:17. |
10 Dit is, waardeur Moses God vir die verlossing van sy volk gedank het, wat in Ex. 15:1, ens., beskryf word.
11 Dit is, wat ter ere van Jesus Christus, die Lam van God, deur die gelowiges gesing word, vanweë die geestelike verlossing wat deur Hom verwerf is, waarvan ’n voorbeeld beskryf word in Openb. 5:9, 10; 12:10, 11. 12 Die woorde van hierdie loflied is vir die grootste gedeelte bymekaargevoeg uit sommige tekste van die Ou Testament, soos Ps. 25:10; 86:8, 10. Jer. 10:7. 13 Dit is, u raadslae en werkswyse, hoewel die mense dit nie altyd verstaan nie. Sien Rom. 11:33. |
eWie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want 14al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat 15u regverdige dade openbaar geword het.
| e Jer. 10:7. | 14 Dit is, die uitverkorenes uit al die nasies. Sien Openb. 5:9, 10.
15 Of: oordele; naamlik teen die Antichris en sy volgelinge. Oor die uitvoering van hierdie regverdige dade sal in die twee volgende hoofstukke breedvoeriger gespreek word. |
En 16ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, 17fdie tempel van die tent van die getuienis in die hemel 18is geopen.
| f Openb. 11:19. | 16 Naamlik ná die loflied van die gelowiges oor God se toekomende oordele. Die nadere voorbereiding tot uitvoering van God se oordele word in die volgende verse verklaar.
17 Sommige meen dat die tempel hier so genoem word omdat dit volgens die voorbeeld van die tent van die getuienis gemaak was. Hier kan die Griekse woord naos, dit is, tempel, egter meer gepas verstaan word as die binneste deel van die tent van die getuienis, dit is, die Allerheiligste, soos hierdie woord ook soms gebruik word, Ps. 28:2, wat ooreenkom met die binneste deel van die hemel, waar God sy troon het, en waar rondom die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens saam met die heilige engele staan; soos voorheen, en in die besonder in die vierde hfst. verklaar is. Dit is soos die regbank van God in sy hemelse vergadering, waar die oordele van God uitgespreek, en die engele beveel word om dit uit te voer, soos die vervolg meebring. 18 Naamlik om die oordeel, of die vonnis van God oor die Antichris met sy volgelinge, te openbaar en uit te voer. ’n Beeld geneem van koninklike trone en regbanke, wat geopen word wanneer die vonnisse uitgespreek sal word. |
En die sewe engele met 19die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed 20met rein, blink linne, en om die bors g21omgord met goue gordels.
| g Openb. 1:13. | 19 Dit is, die mag en die bevel oor die uitvoering van die sewe plae, soos voorheen in vers 1.
20 Naamlik om die suiwerheid en regverdigheid, nie net van hul persone nie, maar ook van God se oordele, waarvan hulle die uitvoerders was, aan te dui. 21 Naamlik om hulle vaardigheid, standvastigheid en wakkerheid in die uitvoering van God se oordele uit te druk; volgens die gewoonte van die volke in die ooste, wat hulle met breë gordels omgord het, wanneer hulle iets swaars sou aanpak of uitvoer. Sien Luk. 12:35 se kanttekening. Ef. 6:14. |
En 22een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele 23sewe goue skale gegee, 24vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.
| 22 Naamlik wat voorheen die allernaaste aan die troon van God geplaas is, saam met die vier-en-twintig ouderlinge, en wat die hele gemeente van Christus verteenwoordig het, op wie se begeerte en tot wie se wraak hierdie strawwe oor die antichristendom uitgestort word. Sien Openb. 4:6.
23 Hierdie skale was soorte drinkbakke, nie baie diep nie, en het gewoonlik soveel gehou as wat iemand op een slag kon uitdrink. 24 Dit is, van die wyn uit die drinkbeker van die toorn van God, sien daaroor Openb. 14:10. |
En 25die tempel het hvol 26rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en 27niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.
| h Ex. 40:34. 1 Kon. 8:10. Jes. 6:4. | 25 Hier word verwys na dit wat in die tabernakel gebeur het, Ex. 40:34, wat tydens sy inwyding oorskadu is met ’n wolk van God se heerlikheid, sodat Moses nie daar kon ingaan nie; soos ook gebeur het tydens die inwyding van die tempel van Salomo, 1 Kon. 8:10. Ander meen dat hier verwys word na Jes. 6:4, waar deur die rook die regverdige oordele van God oor die volk aangedui word.
26 Dit is, wat voortgekom het uit die troon van die heerlikheid van God, wat omring was met weerlig, donderslae, stemme en vuurfakkels, alles tekens van God se heerlikheid, soos dit beskryf word in Openb. 4:5. 27 Naamlik om hierdie oordele van God nader te aanskou of te ondersoek, omdat dit ondeurgrondelik is, Rom. 11:33, en wat eers, nadat dit volbring is, ten volle verstaan kan word. Ander verstaan dit so dat hierdie sluiting van die tabernakel deur die rook van God se heerlikheid, ná die uitspreek van God se oordeel oor die Antichris en sy volgelinge, ’n verdere gevolg van God se oordeel oor hulle beteken; naamlik dat hulle deur geen van hierdie strawwe verbeter of tot nadenke gebring sou word nie, om hierdie oordele tot hul saligheid te aanskou, soos dit hulle betaam het; maar dat hulle daarin meer en meer verblind en verhard sou word, en nie daarop sou let, voordat dit te laat sou wees nie, wanneer die laaste skaal oor hulle uitgegiet sou wees, en hulle in die ewige verderf gewerp sou word, soos Paulus hiervan spreek in 2 Thess. 2:11, 12. Sien ook Openb. 16:9, 11. |
Die Lam en sy vrygekooptes op die berg Sion.
EN ek het gesien, en kyk, 1die Lam 2staan op die berg Sion, en saam met Hom a3honderd-vier-en-veertigduisend 4met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
| a Openb. 7:4. | 1 Waarom Christus die Lam genoem word, is voorheen verklaar in Openb. 5:6 se kanttekening.
2 Christus word hier voorgestel as staande op die berg Sion, waardeur die gemeente afgebeeld word, soos in Jes. 2:2, 3. 1 Petr. 2:6, en elders, omdat Hy te midde van die vervolginge van die Antichris altyd ’n wakende oog oor sy gemeente hou, en hulle altyd byeenbring en beskerm; waarom daar ook van Hom in Hand. 7:56 gesê word dat Hy aan die regterhand van God staan, en voorheen in Openb. 2:1 dat Hy wandel tussen die kandelare, omdat Hy altyd bekwaam en gereed is om hulle by te staan, en van alle nodige gawes te voorsien. 3 Dit is diegene wat uit al die stamme van die Israel van God verseël is (Openb. 7:3, ens.) gedurende die tyd van die ryk van die Antichris en van die vlug van die vrou in die woestyn, en wat in die algemene afval, altyd by Christus, hul Hoof, gebly het; en hulle word hier gestel teenoor die groot menigte van diegene wat die merk van die dier ontvang het, waarvan voorheen gespreek is, en hierna nog gespreek sal word. 4 Sien oor die skryf van hierdie name op hul voorhoofde, Openb. 7:3 en 9:4 se kanttekeninge. |
5En ek het ’n geluid uit die hemel gehoor soos bdie geluid van baie waters en soos die geluid 6van ’n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor c7van siterspelers wat speel op hulle siters.
| b Openb. 1:15.
c Openb. 5:8. |
5 Sommige verstaan deur hierdie stem die stem van die verseëldes self, wat die apostel eers van ver, en daarna van naby, terwyl hy gaandeweg nader kom, gehoor het. Omdat egter in die derde vers gesê word dat niemand hierdie lied kon leer, behalwe hierdie verseëldes nie, word dit beter verstaan as die stem van die ontelbare menigte van diegene wat in die hemel tevore reeds rondom die troon van God gestaan het en God dag en nag geloof het, waaroor in Openb. 7:9 gehandel is, waarby hierdie honderd-vier-en-veertigduisend hulle ook gevoeg het, nadat hulle ten tyde van die Antichris gaandeweg uit die strydende kerk hier op aarde ook tot die triomferende kerk in die hemel deur Christus, hulle Hoof, gebring is; soos hierna in Openb. 19:1, ens., te sien is.
6 Nie ten opsigte van die verskriklikheid daarvan nie, soos dit wel soms verstaan word, maar ten opsigte van die grootte daarvan en die ywer waaruit dit gespruit het. Andersins was dit heerlik om te hoor, soos hierna in Openb. 19:6 verklaar word. 7 Hierdie beeld is geneem uit die werkswyse in die tempel van Salomo, waar die priesters en Leviete ook musiekinstrumente by hul sang gebruik het. Sien ook Openb. 5:8. |
En hulle het d8’n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en 9niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend 10wat van die aarde vrygekoop is.
| d Openb. 5:9. | 8 Wat ook so genoem word in Openb. 5:9, en hier ’n nuwe genoem word, vanweë die nuwe rede wat tot hierdie loflied gegee word, naamlik die verlossing van hierdie verseëldes, en die nuwe verkondiging van hierdie ewige evangelie. Sien dergelike spreekwyse in Ps. 40:4. Jes. 42:10.
9 Naamlik met ’n opregte gemoed en volle sekerheid, dat hulle deel daaraan het. Want hoewel die huigelaars soms ook God loof vir die verlossing wat deur Christus geskied, kan niemand dit nogtans van harte doen nie, behalwe diegene wat dit deur die ware geloof en die versekering van die Heilige Gees geleer het. Sien Rom. 8:15, 26. 1 Kor. 12:3. 10 Naamlik deur die bloed van die Lam, soos in Openb. 5:9 uitgedruk word. Sien ook 1 Petr. 1:19. |
Dit is hulle wat hulself 11met vroue nie besoedel het nie, ewant hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as 12eerstelinge vir God en die Lam.
| e 2 Kor. 11:2. | 11 Dit kan nie verstaan word as die huwelikstaat, soos sommige beweer, nie. Want dit is in alle opsigte eerbaar en die bed onbesmet, soos Paulus getuig in Hebr. 13:4, en Christus word gevolg waar Hy gaan, nie net deur die geluksaliges wat hier ongetroud was nie, maar ook deur die getroudes, soos aartsvaders, apostels, martelare en ontelbare ander, soos die Skrif spreek in 2 Kor. 5:6, ens. 1 Thess. 4:17, ens. Maar deur maagdelik rein word hier diegene verstaan wat standvastig by Christus, hul Bruidegom, gebly het met hul geloof en ware belydenis, toe die hoer van Babel met die kelk van haar hoerery, dit is, afgodery, alle konings en volke van die aarde dronk gemaak het, waarvan in die vervolg breedvoeriger gespreek sal word. Die apostel Paulus spreek ook op soortgelyke wyse van allerlei ware gelowiges, 2 Kor. 11:2.
12 Dit is, sodat hulle aan God en die Lam geheilig en toegewy sou wees, soos die eerstelinge van die vrugte aan God geheilig en toegewy moes word. Sien Lev. 23:10. Núm. 15:20, ens. |
fEn 13in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is g14sonder gebrek voor die troon van God.
| f Sef. 3:13.
g Ef. 5:27. |
13 Naamlik soos in diegene wat die merk van die dier dra wel gevind word, wat wel voorgee dat hulle God en Christus dien, maar met die daad en in die hart keer hulle hul van Hom af tot die diens van beelde en ander helpers, wat hulle naas God wil eer en aanbid. Sien dergelike in Sef. 3:13. Rom. 1:25.
14 Naamlik omdat hulle deur die ware geloof geregverdig is voor God, en Hom opreg en van harte dien, nie om die mense te behaag nie, maar slegs God. Sien dergelike in Luk. 1:6. Ef. 5:27. |
Die engele wat die oordeel van God aankondig.
15EN ek het 16’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 17’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
| 15 Hier begin die ander gedeelte van hierdie hoofstuk, waarin die herstel van die leer van die evangelie trapsgewys in openbare kerke vooruit aangekondig word. Die openbare kerke het hulle van die antichristendom afgesonder, nadat dit ’n hoogtepunt bereik het, en die waarheid van die evangelie die meeste verduister was. Hoewel God ook altyd die wat aan Hom behoort, daaruit byeengebring het, soos Hy in die tyd van Agab in Israel die seweduisend laat oorbly het, Rom. 11:4.
16 Deur hierdie engel word die getroue getuies van Christus en leraars van die evangelie bedoel, wat, toe die antichristendom op sy hoogtepunt was, begin het om die wêreld daarteen te waarsku, en die evangelie van Christus openlik deur die Christendom versprei het; soos daar ongeveer in die jaar 1170 in Frankryk die Waldense en Albigense was, teen wie die Antichris hom met groot mag gestel het, sodat daar volgens die getuienis van sommige geskiedskrywers meer as ’n miljoen van hulle in verskillende tye en plekke omgebring en verjaag is. Dit kon hulle egter nie uitwis nie, want hulle het in groot getalle deur die hele Europa verstrooi geraak, en by hul belydenis gebly. 17 Naamlik om die saligheid alleen deur die geloof en die aanroeping van die enigste God en die enigste Middelaar Christus te verwerf; wat ewig genoem word, omdat dit van ewigheid af verordineer is, en van die begin van die wêreld af beloof is, Tit. 1:2. Hoewel ander ook meen dat dit hier ewig genoem word, omdat dit ná hierdie tyd nie meer só onderdruk kon word nie, dat dit altyd in die wêreld op sekere plekke openlik bekend sou bly, soos inderdaad gebeur. |
En hy het met ’n groot stem gesê: 18Vrees God en gee Hom heerlikheid, want 19die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom hwat die hemel en die aarde en die see en 20die waterfonteine gemaak het.
| h Gén. 1:1. Ps. 33:6; 124:8; 146:6. Hand. 14:15; 17:24. | 18 Dit is die eerste deel van die stem van die evangelie, waardeur die aanbidders van die dier teen die afgodery gewaarsku word, en vermaan word dat hulle God slegs deur Christus Jesus moet eer, vrees en dien.
19 Dit is, naby, soos die Skrif ook oor die laaste dag spreek. Dit is ’n baie kragtige argument om die mense te vermaan om die afgodery na te laat, soos dit deur Paulus ook teenoor diegene van Athéne gebruik word, Hand. 17:29-31. 20 Hierdie wonderwerk van God word ook elders in die Skrif so beskryf, Ps. 104:10; 114:8. |
En 21’n ander engel het gevolg en gesê: i22Geval, geval het Babilon, kdie groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van 23die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
| i Jes. 21:9. Jer. 51:8. Openb. 18:2.
k Openb. 16:19; 17:5; 18:10, 21. |
21 Naamlik wat met hernude erns die antichristendom sou aanval, en die wêreld daarteen waarsku, nadat die antichristendom die voortgang van die prediking van die voorgaande engel grotendeels onderdruk het. Onder hierdie engel meen sommige dat John Wycliffe saam met sy volgelinge in Engeland, en Johannes Hus en Hiëronimus van Praag in Duitsland en Boheme opgestaan het, wat ongeveer in die jare 1380 en 1400 deur te skryf en te leer baie skade aan hierdie nuwe Babel aangerig het. En hoewel hulle uiteindelik deur die konsilie van Konstanz, en die geweld van keiser Sigismund, grotendeels onderdruk is, het nogtans baie van hul dissipels en kerke altyd bly voortbestaan, in die besonder in die streke van Boheme en Morawië, Pole, Hongarye en elders.
22 Dit is, haar val is deur God besluit, en word reeds in die harte van baie begin, en sal van nou af voortaan meer en meer bevorder word, totdat sy uiteindelik heeltemal uitgeroei sal wees, soos hierna in Openbaring 18 breedvoerig verklaar sal word. Hierdie woorde is geneem uit Jes. 21:9. Jer. 51:8, waar dergelike dreigement oor die ou Babel van Assirië, of Chaldéa, wat die Israeliete lank verdruk het, en wat ’n pleegmoeder van alle prag en afgodery in die wêreld was, uitgespreek word. 23 Dit is, van haar afgodery, waarmee die toorn van God oor haar verwek word. Andersins kan dit ook vertaal word: die wyn van die gif van haar hoerery; soos die Griekse woord in die ou Griekse vertaling van die Ou Testament ook verstaan word, Deut. 32:32. Ps. 58:5. ’n Beeld van ’n oneerbare vrou, wat die manne met soet vergiftigde wyn van hul verstand beroof, en tot haar onkuise liefde trek; hierdie betekenis kom met die uiterlike godsdienspligte van die afgodedienaars ten volle ooreen. |
En 24’n derde engel het hulle gevolg en met ’n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
| 24 Hierdie engel gaan verder, en waarsku almal wat die dier aanbid of sy merk dra met nog meer erns, teen die ewige straf wat hulle moet verwag as hulle hul nie bekeer nie. Onder hierdie engel word die tyd van die Reformasie in die Christendom gestel, wat deur Luther, Zwingli en hul medestanders in die jaar 1517 begin is, en deur baie voortreflike leraars, ja, ook konings, vorste en republieke tot nog toe bevorder is. Waartydens die mense wat onder die antichristendom was, nog duideliker onderrig word, en selfs nog ernstiger gewaarsku word teen die valse leer en afgodery daarvan. |
25sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng l26ingeskink is min die beker van sy toorn, en hy sal ngepynig word omet vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.
| l Openb. 18:6.
m Openb. 16:19. n Openb. 20:10. o Openb. 19:20. |
25 Dit is, soos hy hom laat verlei het deur die beker van die afgodery van die hoer van Babel, sal die Here hom laat drink van die wyn van sy grimmigheid en van sy strawwe. ’n Manier van spreek wat gebruiklik is by die profete, wanneer God se swaar strawwe oor enige volk gedreig word. Sien Ps. 75:9. Jer. 25:15.
26 Of: ingemeng; want suiwer wyn [sonder water] wat ingeskink is, of wyn van verskillende soorte met mekaar gemeng, veroorsaak vir ’n mens eerder dronkenskap, lomerigheid, en ander swarighede; wat hier vergelyk word met God se regverdige strawwe, wat Hy nie met sy barmhartigheid meng nie. |
p27En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie — hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.
| p Openb. 19:3. | 27 Dit is, die rook van die vuur waardeur hulle gepynig word, Luk. 16:24. |
q28Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle 29wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.
| q Openb. 13:10. | 28 Hierdie volgende twee verse dien tot vertroosting van die gelowiges, wat in die tyd van hierdie reformasies opnuut deur die Antichris met alle geweld vervolg en verdruk sou word. Waarteenoor hulle lydsaamheid in die verwagting van die regverdige wraak van God oor die dienaars van die Antichris gestel word; en die sekerheid van die saligheid wat vir hulle gereed gemaak is, soos ook die martelare, wat in die eerste vervolginge onder die heidense keisers ter wille van Christus gesterf het. Albei hierdie redes tot troos is voorgestel in Openb. 6:10, ens.
29 Dit is die twee kenmerke van ’n ware gereformeerde Christen, gestel teenoor die aanbidders van die dier en sy beeld; soos dit voorheen in Openb. 12:11, 17 ook voorgestel is. Sien die kanttekeninge daar. |
En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf — salig is 30van nou af die dode wat 31in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg 32met hulle.
| 30 Sommige voeg hierdie woorde by die voorgaande woord Skryf, en verklaar dit só: Skryf van nou af, op so ’n wyse dat hier deur die engel getuig sou word dat in die tyd van die hernuwing van die verkondiging van hierdie ewige evangelie, deur hierdie drie engele aangetoon, die ware getuies van Christus nie sou preek óf skryf nie (soos egter wel in die duisternis van die antichristendom gebeur), dat die kinders van God, as hulle sterwe, benoud moet wees vir die vrees van die vaevuur, en van die helse smarte, wat hulle ná hul dood nog moet verduur, tensy daarin voorsien word deur uitvaarte, sielemisse, aflate, ens. Maar hulle sal salig wees, so gou as hulle sterf, en hulle word deur Christus se bloed alleen van hul sondes gereinig. Ander voeg hierdie woorde van nou af by die woord salig, en verklaar dit só dat die wat in Christus sterwe, van nou af salig is, dit is, sodra hulle sterwe, ens., nieteenstaande dat die Antichris met sy volgelinge hulle veroordeel as ketters en verdoemde mense; soos Christus ook aan sy dissipels so ’n troos voorstel, Matt. 5:10-12, en albei kom goed met die saak ooreen.
31 Dit is, ter wille van die Here, soos in Ef. 4:1, of: in die Here, dit is, in die geloof en in die vrees van die Here, soos hierdie spreekwyse ook gebruik word in 1 Kor. 15:18. 1 Thess. 4:16, ens. 32 Of: hulle agterna; dit is, die genadige loon vir hulle moeite, swarigheid, lydsaamheid, ens., wat ter wille van Christus verduur word, vergesel hulle, of volg hulle. ’n Beeld geneem van diegene wat nou aan die einde van die loopbaan of van die stryd gekom het, en daarna rus, verkwik en gekroon word, 2 Tim. 4:7, 8. |
Die graanoes en die wynoes.
EN 33ek het gesien, en kyk, daar was ’n wit wolk en 34een soos r’n Menseseun wat op die wolk sit, 35met ’n goue kroon op sy hoof en in sy hand 36’n skerp sekel.
| r Eség. 1:26. Dan. 7:13. Openb. 1:13. | 33 Hierdie volgende gesigte in hierdie hoofstuk word deur sommige verstaan as die swaar oorloë, slagtings en bloedvergieting, wat die Antichris teen die gereformeerde prinse en volke in die wêreld sou verwek, en van die wegneem van talle honderdduisend mense, wat van alle kante af daarop gevolg het, steeds daagliks gebeur, en nog swaarder te verwag is, voordat die groot Babel heeltemal sal val. Die meerderheid verstaan dit egter as die laaste oordeel, soos die beelde en maniere van spreek meebring, en soos die meeste van die gesigte in hierdie openbaring in die laaste oordeel eindig.
34 Die meeste verklaarders verstaan dit as Christus self, aan wie sulke titels ook elders gegee word, soos in Openb. 1:13, en wie se koms om te oordeel ook so beskryf word, Openb. 1:7. Sien ook Dan. 7:13. Matt. 26:64. 35 Naamlik as Koning van die konings en Here van die here, Openb. 19:16. 36 Naamlik vanweë sy krag in hierdie oordeel, waardeur Hy alles aan Homself kan onderwerp, Filip. 3:21. |
En ’n ander engel het uit 37die tempel gekom en met ’n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: sSlaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom 38om te maai, omdat die oes van die aarde 39oorryp geword het.
| s Joël 3:13. Matt. 13:39. | 37 Naamlik van die hemel, soos in vers 17 uitgedruk word, waar die troon van God die Vader is, soos in Openb. 4:2 getuig word; waarvandaan hierdie engel as ’n boodskapper van die Vader tot Christus kom, volgens die manier van doen wat gebruiklik is onder belangrike konings; om dit wat volg aan te kondig, en om die vervulling van die tyd van die uitvoering van God se oordele aan te meld; soos ons lees dat ten tyde van sy vernedering, nie net die engele nie, maar ook Moses en Elía uit die hemel na Hom gekom het, om van sy uitgang in Jerusalem te spreek, Matt. 17:3. Luk. 9:30, omdat Hy nie gekom het om sy wil te doen nie, maar die wil van die Vader wat Hom gestuur het, Joh. 4:34; 6:38.
38 Dit is, om die mense van die aardbodem af weg te neem, omdat die getal van die uitverkorenes nou vervul was. Sien Openb. 6:11. 2 Petr. 3:9. 39 Gr. dor, droog. |
En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde 40is afgemaai.
| 40 Naamlik om die koring in sy skuur te versamel, en om die onkruid met vuur te verbrand, soos Christus self spreek in Matt. 13:30. Hieroor word in die volgende verse breedvoeriger gehandel. |
En 41’n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ’n skerp sekel gehad;
| 41 Sommige verstaan dit ook as Christus Jesus, wat in verskeie gedaantes, as Regter oor goeies en slegtes, voorgestel word; hoewel ander dit verstaan as ’n vername geskape engel, wat ander engele by hom gehad het, wat die struikelblokke en goddeloses van die aarde sou versamel, om hulle onder die oë van Christus, wat op die regterstoel sit, te bring, hulle vonnis daar te laat ontvang, en hulle in die hel te werp; soos Christus, vergesel van die krag van sy engele, die vonnis oor hulle sal uitspreek en uitvoer, Matt. 13:41, 42. 2 Thess. 1:7, ens. |
en ’n ander engel 42wat mag oor die vuur gehad het, het 43uit die altaar uitgekom en met ’n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, 44want sy druiwe het ryp geword.
| 42 Naamlik waarmee die goddeloses gepynig sal word, waarvan voorheen in vers 10 gespreek is.
43 Naamlik waar die siele van die martelare in Openb. 6:9-11 gesien is, wat geroep en verlang het na die wraak oor die vyande van God, en na die verlossing van die gemeente van Christus op aarde; wie se gebed hier verhoor word, wanneer hul getal, en die tyd wat daar beskryf is, vervul is. Van hierdie vervulling is die engel ’n boodskapper en aanmelder, soos die engel Daniël meegedeel het, Dan. 9:21, 23, en Cornelius, Hand. 10:4. 44 Dit is, hul sondes het ’n toppunt bereik, en God se lankmoedigheid oor hulle het tot ’n einde gekom, soos oor die Amoriete gesê word, Gén. 15:16, en oor diegene van Sodom en Gomorra, Gén. 18:20, 21. |
En die engel het sy sekel oor die aarde 45laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi 46in die groot parskuip van tdie grimmigheid van God.
| t Openb. 19:15. | 45 Gr. gewerp, soos ook in vers 16, naamlik om God se oordeel oor hulle uit te voer, soos die uitvoering van God se straf oor die goddeloses deur so ’n beeld verstaan word in Joël 3:13. Openb. 19:15, en elders meer.
46 Dit is, in die afgrond, waar God sy toorn oor die goddeloses sal uitstort. |
En vdie parskuip is 47buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom 48tot aan die tooms van die perde, 49tweehonderd myl ver.
| v Jes. 63:3. | 47 Naamlik van die nuwe Jerusalem. Sien Openb. 22:15.
48 ’n Beeld geneem van ’n groot veldslag, waar die bloed baie hoog vloei. Sien dergelike in Jes. 63:3. 49 Dit is ’n bepaalde getal geneem vir ’n onbepaalde getal. Dit is, baie groot en afgryslik om te sien. |
EN1 ek het a2’n dier uit die see sien opkom met 3sewe koppe en 4tien horings, en op sy horings tien 5krone en op sy koppe 6’n naam van godslastering.
| a Dan. 7:20. Openb. 17:3. | 1 Hierdie gesig kom in baie opsigte ooreen met die gesig wat Daniël gesien het, Dan. 7:2, ens., waar die vier monargieë of grootste heerskappye in die wêreld, in dergelike voorkoms aan die profeet getoon word. Die rede waarom hulle met diere vergelyk word en met die wat uit die see opkom, is omdat hulle met groot gedruis uit die samevloeiing van baie volke (wat met waters vergelyk word, Openb. 17:15) opgerig word, en dikwels met baie wreedheid en geweld verbind en vergesel word.
2 Daar is verskeie menings oor die heerskappy wat hierdeur verstaan word. Sommige verklaarders verstaan daardeur die Romeinse monargie, wat onder die heidense keisers geheers het toe Johannes hierdie openbaring ontvang het, en kort ná hierdie tyd onder keiser Trajanus op haar sterkste en luisterrykste was. En omdat hulle die afgode en gevolglik ook die draak gedien het, so was hulle ook deur hom aangespoor om die Christelike godsdiens tot die uiterste te beveg. En hoewel Konstantyn, asook beide die Theodosiusse, Gratianus, en enkele goeie en Christelike keisers, omtrent tweehonderd-en-twintig jaar daarna die kerk vir ’n tyd voorgestaan het, was daar nogtans ook intussen sommige heidense en ketterse keisers en konings, wat hul mag aan die draak gegee het, en die kerke van Christus en die opregte leraars vervolg het, totdat hierdie dier uiteindelik onder hierdie keiserryk in die weste, ongeveer die jaar 400 en 500 ná Christus se geboorte, ’n dodelike wond ontvang het, toe die stad Rome deur die Noordse volke, die Longobarde, Gote, Hunne en Vandale, tot vyf maal toe ingeneem en uiteindelik verwoes is. Uit hierdie ondergang het die Antichris uiteindelik sy ryk voortgebring, toe keiser Justinianus, ongeveer die jaar 550, hierdie barbaarse nasies verdryf en ten gronde gebring het, en die biskop van Rome opnuut verhef het; en dat die wrede keiser Phokas, ongeveer die jaar 606, hom tot algemene biskop verklaar het. Daardeur is die wond aan die hoof van hierdie dier weer genees, en is hy onder alle volke en tale aanbid; waarvan deur die opkoms van die tweede dier, in die vervolg van die hoofstuk nader gespreek sal word. Hierdie mening is ’n mening van baie voortreflike leraars, en pas baie goed by byna alle dele van die beskrywing van die eienskappe van hierdie eerste dier. Hierin is egter die volgende swarighede: eerstens dat hierdie Romeinse Ryk alreeds lank tevore in sy krag was, terwyl die dier in hierdie gesig vertoon word as nog opkomende. Tweedens dat dit beswaarlik is dat ’n mens die tyd ná Konstantyn se koms tot die keiserdom, en sommige godsalige keisers, ook hieronder moet verstaan; of dat die opkoms van die tweede dier, dit is, van die Antichris, onder hierdie vrome keisers gestel moet word. En allermeeste dat die twee-en-veertig maande, waarvan hier in vers 5 gespreek word, duidelik dui op die twee-en-veertig maande, of duisend-tweehonderd-en-sestig dae, waarvan in Openb. 11:2, 3 gespreek is, en op die duisend-tweehonderd-en-sestig dae, in Openb. 12:6; wat die tyd is toe die heilige stad deur die heidene vertrap is, en waarin die twee getuies verwek is, wat die gemeente in die woestyn onderhou het; en teen wie hierdie dier oorlog gevoer het, soos daar verklaar is. Daarom word dit ten beste op die nuwe Roomse heerskappy gedui, wat in daardie stad, ongeveer die tyd van die vertrapping van die heilige stad, en van die vlug van die kerk van Christus die woestyn in, opgerig is, en hom oor die hele Christendom vernaamlik in die weste uitgestrek het. Omdat hierdie heerskappy tweërlei is, naamlik ’n wêreldse, wat die Antichris bo alle konings, vorste en republieke, direk of indirek, uitstrek, en ’n geestelike, wat hy oor al die biskoppe, abte, prelate en priesters in die kerk aanneem, so word beide hierdie onregmatige magte, in hierdie gesig, onder die gedaante van hierdie twee diere, baie duidelik voorgestel; soos hierna ook deur die koninklike opgesmukte hoer, wat op hierdie dier sit, en deur die valse profeet, wat haar vergesel. Want dit is eie aan die apostel in hierdie geskrif, dat die verskillende eienskappe en werkinge van ’n persoon, of opvolging van persone, deur verskillende gesigte vertoon word; soos voorheen die kerk van Christus in Openbaring 11, deur die tempel en sy voorhof, en in Openbaring 12 deur ’n vrou met die son bekleed, vertoon word. Ja, soos Christus self in hierdie openbaring soms as ’n lam, soms as ’n engel, en priester van die hemel, soms as ’n oorwinnaar sittende op ’n wit perd, aangedui word. Dat die verklarings van al hierdie eienskappe, wat hier in hierdie hoofstuk volg, baie goed op beide heerskappye van toepassing is, sal in die vervolg blyk. 3 Hierdie sewe koppe word in Openb. 17:9 deur die engel self verklaar as die sewe berge, waarop die groot stad waar die vrou op sit, wat die heerskappy voer oor die konings van die aarde, gebou is; asook as die sewe konings, of regeringsvorme, waaraan die vrou onderworpe was, waarvan in daardie hoofstuk ’n nadere verklaring sal volg. 4 Dit word hierna in Openb. 17:12 verklaar as tien konings, wat nog nie die koninkryk ontvang het nie, maar hulle sou hul mag een uur saam met die dier ontvang; waaraan hulle hul mag vir ’n tyd sou oorgee, totdat hulle dit weer sou terugneem; sien ook daar ’n nadere verklaring daarvan. 5 Gr. diademata, wat ’n soort versierde kroon was, wat die konings ook toegekom het, wat hulle maklik van hul hoofde sou kon verwyder, om dit voor die troon van die draak en van die dier te kan afhaal en aan sy voete te lê, soos die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens hul krone voor die troon van God en van die Lam werp, Openb. 4:10. 6 Anders: name, naamlik soos daar is: die God op aarde, die stedehouer van Christus, die hoof en die bruidegom van die kerk, en dergelike meer, benewens die afgodediens, wat ook in God se Woord deur die woord lastering verstaan word; soos te sien is in Jes. 65:7. Eség. 20:27. Sien hieroor ook 2 Thess. 2:4. |
En die dier wat ek gesien het, was soos ’n 7luiperd, en sy pote soos dié van ’n beer, en sy bek soos die bek van ’n leeu; en 8die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
| 7 Die eerste drie monargieë word in Dan. 7:4, ens., vergelyk met hierdie drie wilde en verskeurende diere; die drie word hier tesame aan slegs hierdie dier toegeken, omdat die eienskappe van die drie tesame by hierdie dier pas; sien oor hierdie eienskappe ook Daniël 7 en die kanttekeninge.
8 Hierdie krag en troon en mag kom van die draak af, omdat hy die owerste van hierdie wêreld is, Joh. 12:31, die god van hierdie wêreld, 2 Kor. 4:4, en die owerste van die mag van die lug, wat kragtig werk in die kinders van ongehoorsaamheid, Ef. 2:2, wat ook self roem dat hy hierdie koninkryke kan gee aan wie hy wil, Luk. 4:6, en Paulus getuig dat die koms van die Antichris sal wees volgens die werking van die Satan met alle krag, 2 Thess. 2:9. |
En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik 9gewond was, en 10sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
| 9 Gr. geslag. Sien oor hierdie wond en die genesing daarvan, vers 1 se kanttekening. Want uit die vervolg van die teks, en die spreekwyse wat Johannes gebruik, blyk dat die dier hierdie wond tydens sy eerste opkoms ontvang het, wat wel enigsins genees is deur keiser Justinianus en sommige wat hom opgevolg het, maar ten volle genees is deur Pepyn en Karel die Grote, wat ongeveer die jaar 700 en 800 die biskop van Rome in volle besit van sy goedere gestel het, toe die tien konings wat saam met hom opgestaan het, hul mag by hom gevoeg het; waarop die verwondering en onderwerping van alle volke in die Christendom gevolg het, soos die teks verklaar.
10 Gr. die slag of wond van sy dood. |
En 11hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier bgelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
| b Openb. 18:18. | 11 Naamlik wel nie in sy gedaante, soos die heidense Romeinse Ryk met hul afgode gedoen het nie, maar in die nuwe beeldediens, en ander afgodiese handelinge, waartoe hulle in hierdie ryk verval het, soos voorheen in Openb. 9:20 getuig is; en die ervaring maar te dikwels bewys. |
En ’n mond is aan hom gegee wat 12groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee 13om dit ctwee-en-veertig maande lank te doen.
| c Openb. 11:2. | 12 Sien dergelike in Dan. 7:8. Dit word van die klein horinkie, wat tussen die ander opgekom het, gesê; wat letterlik verstaan word as koning Antiochus, oor wie se tirannie en afgodery onder die Jode baie te lees is in 1 Makkabeërs 1; 2, en wat deur baie verklaarders onder die Christene as ’n voorbeeld van die Antichris verstaan was, wat dergelike tirannie en afgodery onder die Christene sou aanrig en gebruik. Sien die verklaring van hierdie groot dinge in vers 1 se laaste kanttekening.
13 Anders: om twee-en-veertig maande lank oorlog te voer, dit is, duisend-tweehonderd-en-sestig dae, sien daaroor vers 1 en Openb. 12:6 se kanttekeninge. |
En hy het sy mond oopgemaak 14om te laster teen God, om sy Naam en 15sy tabernakel en 16die wat in die hemel woon, te laster.
| 14 Naamlik om so inderdaad vir homself die mag en die name van God toe te eien. Want hy sit in die tempel van God, en verhef hom bo alles wat God genoem word, 2 Thess. 2:4.
15 Hierdeur verstaan sommige die ware kerk van God, wat hy as ketters beskou en verbanne verklaar en uitkryt voor die hele wêreld. Ander verstaan hierdeur die liggaam van Christus, wat ’n tabernakel van sy Godheid genoem word, Joh. 1:14. Hebr. 9:11, 12, en wat deur die mis lasterlik mishandel word. Albei is waar. 16 Dit is, die engele en salige siele, wat hy, met alle mag, in afgode verander, en met wie hy geestelike hoerery bedryf; waarmee hy die konings en volke van die aarde dronk maak, soos in Openbaring 17 verklaar sal word. Dit is die grootste verkleinering en lastering wat hy hulle sou kon aandoen; soos Paulus en Bárnabas, toe mense aan hulle goddelike eer wou bewys, daaroor hul klere geskeur het, Hand. 14:14, wat gewoonlik met die aanhoor van godslastering gebeur het, soos te sien is in 2 Kon. 18:37. Matt. 26:65. |
Dit is dook aan hom gegee om oorlog te voer teen 17die heiliges en 18hulle te oorwin, en 19aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
| d Dan. 7:21. Openb. 11:7. | 17 Dit is, die ware gelowiges en belyers van Christus se Naam, soos voorheen in Openb. 11:7 van die twee getuies ook gesê is.
18 Naamlik deur die oorwinning oor die liggaam, sowel teen die gelowiges in die besonder, deur hulle dood te maak, as teenoor hul gemeentes, deur hulle te ontwrig en te verwoes; waarvan die boeke van die martelare vol voorbeelde is. Hoewel die gelowiges altyd die draak en die dier geestelik oorwin het, soos die gelowige siele roem en lofsing in Openb. 12:11, en soos van hulle getuig word in hierdie hoofstuk, vers 8. 19 Naamlik deur ’n regverdige oordeel van God, wat ’n krag van dwaling onder hierdie volke gestuur het, sodat hulle die leuen sou glo, en almal veroordeel word wat die waarheid nie glo nie, 2 Thess. 2:10, 11. |
En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, e20almal wie se name nie fvan die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam 21wat geslag is, geskrywe is nie.
| e Ex. 32:33. Filip. 4:3. Openb. 3:5; 20:12; 21:27.
f Openb. 17:8. |
20 Dit is, wat nie deur God in Christus uitverkies is nie, soos Paulus spreek in Ef. 1:4. Sien dergelike in Luk. 10:20. Openb. 20:12.
21 Sommige voeg die woorde van die grondlegging van die wêreld af by die voorgaande woorde wie se name nie in die boek van die lewe geskrywe is nie, soos Paulus oor die uitverkiesing in Christus spreek, Ef. 1:4. Ander, by die laaste woorde wat geslag is. Want hoewel Christus nie letterlik geslag is nie, behalwe toe Hy vir ons aan die kruis gely het, so was sy dood en offer van die begin van die wêreld af kragtig tot verlossing van sy gelowiges, en Hy is van die begin af geslag in God se besluit, in God se beloftes, en in die geloof van die uitverkorenes, soos van Abraham gesê word, Joh. 8:56, en van Moses, Hebr. 11:26. |
As iemand ’n oor het, laat hom hoor.
22As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; gas iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. hHier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.
| g Gén. 9:6. Matt. 26:52.
h Openb. 14:12. |
22 Gr. As iemand die gevangenskap saamlei, dit is, ’n menigte gevangenes. Dit word tot slot hierby gevoeg, en tot troos van die gelowiges, naamlik dat die onregverdige mense, óf hier in hierdie wêreld regverdige vergelding sal ontvang, soos menigmaal gebeur; óf ten minste in die toekomende, wanneer hulle saam met die dier en die valse profeet in die poel van vuur gewerp sal word, en deur die geestelike swaard van Christus, wat uit sy mond kom, met die ewige dood gedood word, soos hierna in Openb. 19:20 gespreek word. |
Die dier wat uit die aarde opkom.
23EN iuit die aarde het ek ’n ander dier sien opkom, en 24hy het twee horings gehad net soos ’n lam 25en het gepraat soos ’n draak.
| i Openb. 11:7. | 23 Dat die opkoms van hierdie ander dier uit die aarde die Antichris voorstel, word sonder twyfel deur alle verklaarders verstaan. Hy gee hom voor in die gedaante van die eerste dier as ’n prins van die wêreld, en as ’n god op aarde, soos tot nou toe aangetoon is, maar nou kom hy na vore as ’n valse profeet, wat die hele wêreld verlei deur sy afgodery en valse leer, soos uit die vervolg sal blyk.
24 Dit is, hy gedra hom in die uiterlike en in sy belydenis, asof hy die stedehouer van Christus, van die Lam van God, is, en ’n dienaar van al die dienaars van Christus. 25 Dit is, voer leringe in wat die Skrif leringe van duiwels noem, 1 Tim. 4:1. Sien ook Matt. 7:15. 2 Kor. 11:14. Sommige verstaan egter hierdeur die mag wat hy hom aanmatig om die hemel te sluit en te open. |
En 26hy oefen al die mag van die eerste dier uit kvoor sy oë, en hy maak dat 27die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die ldodelike wond genees is.
| k Openb. 19:20.
l vers 3. |
26 Dit is, vervolg en verdruk die kerk van Christus met sy geestelike mag, deur die instrumente van sy geestelike hiërargie, met sy inkwisisies, verordeninge, verbanning uit die gemeenskap van sy kerk, en dergelike; soos hy ook doen deur sy wêreldlike werktuie, deur bloedige verordeninge, en strawwe met swaard en vuur.
27 Dit is, die wêreldse en aardse mense, waarteenoor hiervoor diegene gestel is wat geskryf is in die hemel en in die boek van die Lam. |
Hy doen ook m28groot tekens, sodat hy selfs 29vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
| m 2 Thess. 2:9. Openb. 16:14. | 28 Naamlik wat die apostel tekens van die leuen noem, 2 Thess. 2:9, omdat dit deels versin is en deels deur die Satan gedoen word tot bevestiging van die leuens.
29 Hierdeur word gepas die weerlig van sy uitsluitings uit sy kerk en verbannings verstaan, waardeur hy nie net die gewone volk nie, maar ook konings en vorste en hele koninkryke en republieke verskrik, soos bekend is uit die geskiedenisse. Hoewel sommige dergelike wonders ook deur sommige Roomse biskoppe geroem is. |
En hy nverlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle 30’n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
| n Deut. 13:1. Matt. 24:24. Openb. 16:14; 19:20. | 30 Dit word deur sommige as die beeldediens in die algemeen verstaan, wat almal wat onder die Antichris is, moet aanneem, soos die onderdane van die koning van Babel, op straf van vuur, die beeld van die koning moes aanbid, soos in Dan. 3:1. Dit word egter deur ander verstaan as sy geestelike heerskappy, wat hy deur al sy geestelikheid in alle geestelike howe, soos hulle dit noem, oral opgerig het; en wat alle volke, as ’n beeld van hulle heerser, oral moet aanbid en hulle daaraan moet onderwerp. Waarop die volgende eienskappe van hierdie beeld die beste van toepassing is. |
En dit is hom gegee 31om ’n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat odie dier se beeld nie aanbid nie.
| o Openb. 19:20. | 31 Die wat dit verstaan as die beeldediens, verstaan dit as die beelde waardeur die Satan (soos tot Eva deur die slang) soms gespreek het; of waardeur hul geestelikes versin het dat die heiliges, wat hierdeur afgebeeld is, ook sou gespreek het, soos verskeie voorbeelde daarvan in hulle legendes voorkom, om hierdie afgodiese diens sodoende des te meer geloofwaardigheid en krag te gee. Ander verstaan dit as die bepalings van die genoemde geestelike howe, en hul inkwisisies, waardeur hulle skrikwekkend is vir klein en groot, en waardeur hulle baie wat hul mag nie wil erken en hul afgodery navolg nie, tot die dood toe vervolg en deur die hande van die owerhede laat sterf het. |
En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe p32’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
| p Openb. 19:20. | 32 Dit word gepas verstaan as hul grisma of oliesel, waardeur elkeen in sy sakrament van konfirmasie of bevestiging, wat hulle bo die doop van Christus verhef, op sy voorhoof geteken moet word. Soos ook hul geestelikes wanneer hulle hul ordeninge ontvang, op dergelike manier gesalf en gemerk word op hul hoofde, hande en vingers, hierdie merke noem hulle onuitwisbaar, en daarsonder mag hulle nie hul geestelike goedere uitdeel nie, of selfs ook nie onder ander mense in vrede handel of verkeer nie. |
sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk q33of die naam van die dier of 34die getal van sy naam het.
| q Openb. 14:11. | 33 Dit is, die belydenis dat hulle Rooms-Katoliek, of goeie pousgesindes is, wat hulle beskou as die hoof van die kerk, en wat in sy leer en insettinge nie kan dwaal nie.
34 Dit is, aan die Latynse of Roomse kerk verbind, wat haar vernaamste godsdienstige verrigtinge in Latyn doen, en haar gebede ook in Latyn, wat sy aan haar dienaars opdring, sonder dat diegene wat dit doen dit verstaan. Hierdie naam Rooms, of Latyns, lewer hierdie getal van sy naam op, soos volg. |
Hier kom rdie wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is 35die getal van ’n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.
| r Openb. 17:9. | 35 Dit is, ’n getal wat bereken word deur die letters van die naam van ’n mens, of van ’n orde van mense, volgens die Hebreeuse of Griekse wyse, wat die letters van hul alfabet gebruik om die getal uit te druk; en hoewel hieroor verskeie verklarings gegee word, is die oudste en waarskynlikste die verklaring van Irenaeus, wat kort ná die tyd van die apostel geleef het, al ’n duisend-vierhonderd-en-vyftig jaar gelede, wat dit pas op die woord lateinos, waarin die getal seshonderd-ses-en-sestig gevind word. Wat baie goed met die saak ooreenkom, omdat die pous hom uitgee as die hoof van die Latynse kerk, wat die godsdiens in die Latynse taal beoefen wil hê, en die ou Latynse vertaling van die Bybel as outentiek gehou wil hê. |
Die vrou en die draak.
EN1 ’n 2groot teken het in die hemel verskyn: 3’n vrou wat met die 4son bekleed was, en 5die maan was onder haar voete, en op haar hoof 6’n kroon van twaalf sterre;
| 1 Hier begin die vierde gesig, en dit word deur baie so verstaan dat die tweede deel van hierdie openbaring ook hier begin, waarin die toestand van die kerk van Christus, vanaf die tyd van die apostels tot aan die einde van die wêreld, en die opkoms en heerskappy van die Antichris, met sy uiteindelike val, ’n bietjie nader en breedvoeriger beskryf word, nadat dit in die voorgaande gesigte kortliks gedoen is.
2 Dit is, ’n gesig wat groot dinge aangedui het. Daar word om hierdie rede gesê dat dit in die hemel verskyn het, omdat dit in die geopende hemel getoon is, hoewel die dinge self meestal op die aarde gebeur het. 3 Deur hierdie vrou verstaan sommige die maagd Maria, wat Christus gebaar het, en met Christus na Egipte gevlug het. Christus is deur die Satan tot die dood toe vervolg, daarna opgeneem in die hemel, en sit daar aan die regterhand van God sy Vader en regeer die volke met ’n ystersepter. Aangesien dit egter nou reeds gebeur het, voordat hierdie openbaring aan Johannes gegee is; en hier eintlik van dinge wat nog moet kom, geprofeteer word, soos in Openb. 1:1; 4:1 getuig is en in Openb. 22:6 beskryf word; en baie dinge hier nie op die maagd Maria kan dui nie, so verstaan die meeste van die verklaarders deur hierdie vrou die gemeente van Christus, wat volgens die voorbeeld van Christus, haar Hoof en Bruidegom, die dinge oorgekom het, wat hier met hierdie beeld verstaan word, soos in die vervolg sal blyk. 4 Hierdeur word die ware geloof in Christus, die son van geregtigheid, aangedui; waarmee die gemeente van Christus beklee, versier en verlig is. Sien Gal. 3:27. Ef. 3:17; 5:14. 5 Hierdeur verstaan sommige die seremonies van die Ou Testament, wat baie dikwels gerig was volgens die veranderinge (fases) van die maan, en wat nou met Christus se koms kragteloos geword en tot niet gemaak is, Kol. 2:14. Hierdeur word egter alle veranderlike en wêreldse dinge meer gepas verstaan, wat soos die maan dikwels verander, en wat deur die ware kerk van Christus oorwin is en ten opsigte van die ewige, onveranderlike en hemelse dinge geringgeskat word. Sien 1 Kor. 7:30, 31. 2 Kor. 4:18. 6 Dit is, die leer van die twaalf apostels, waaroor hulle alleen roem, en wat hulle as haar kroon en versiering beskou, soos in Openbaring 21 die fondamente van die hemelse Jerusalem met twaalf kosbare stene vergelyk word, waarop die name van die twaalf apostels gegraveer was. |
en 7sy was swanger en het uitgeroep in haar 8weë en barensnood.
| 7 Naamlik om Christus, deur die evangelie, te baar en ’n gestalte te gee in die harte van die uitverkorenes van God, deur die hele wêreld, soos Paulus spreek in Gal. 4:19. Hoewel dit van die algemene kerk altyd waar is, is dit nogtans in die besonder vervul ten tyde van, en sommige honderde jare ná die tyd van die apostels, waarin die apostoliese en eerste kerk, nieteenstaande die weerstand van die Satan en van al sy instrumente, die leer van Christus deur die wêreld voortgeplant het, en baie besondere kerke as haar kinders te voorskyn gebring het, soos Paulus daarvan spreek in Gal. 4:26, 27, uit Jes. 54:1.
8 Dit word hierby gevoeg as gevolg van die grote sorg, pyn en angs, wat die kerk van Christus en haar getroue dienaars dikwels het, om die kinders van God te win en uit die wêreld te versamel. Sien ’n voorbeeld daarvan in Paulus, 1 Kor. 4:11, ens. |
En ’n ander teken het in die hemel verskyn, en 9daar was ’n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe 10krone;
| 9 Dat hierdie draak die duiwel of Satan is, word in vers 9 verklaar. En hy word hier groot en vuurrooi genoem vanweë sy bloeddorstigheid en wreedheid; aan wie hier sewe koppe toegeskryf word vanweë sy groot listigheid; en tien horings en sewe krone vanweë sy groot krag en heerskappy in die wêreld, soos die Skrif oor hom spreek, Joh. 8:44. 2 Kor. 11:3, 14. Ef. 6:12. Hoewel sommige ook deur hierdie sewe koppe die sewe berge en sewe konings van die groot stad verstaan, waar die Satan toe vernaamlik sy heerskappy gehad het; en deur die tien horings die tien vernaamste ryke wat onder hul bevel was. Waarvan hierna in Openb. 17:9-12 gespreek sal word.
10 Gr. diademata, sien daaroor Openb. 13:1 en die kanttekening. |
en 11sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
| 11 Soos in Openb. 1:20 se kanttekening verklaar is dat die sewe sterre die sewe engele van die gemeentes is, só kan die derde deel hier ook gepas as die leraars of voorgangers van die gemeentes verstaan word, wat deur die stert, dit is, deur die krag en venynigheid van hierdie draak, in die tye van vervolginge en van dwaalleer, waarvan in Openb. 6:3, ens. en die kanttekeninge geprofeteer is, van die suiwer leer en ware geestelike sorg van die kerk tot wêreldse sorg sou verval, soos voorheen in Openb. 9:1 se kanttekeninge aangedui is; en soos die kerklike geskiedenis getuig dat dit in sulke tye soms gebeur het. |
En 12sy het ’n manlike kind gebaar, awat al 13die nasies met ’n ystersepter sou 14regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.
| a Ps. 2:9. Openb. 2:27. | 12 Gr. sy het ’n seun, ’n man gebaar. Sommige verstaan hierdeur, soos ook deur die hieropvolgende stryd van Mígael teen die draak, Konstantyn, die eerste Christelike keiser, wat voor die Christenkerk, ná driehonderd jaar van vervolging, te voorskyn gebring is, en ná baie oorloë en oorwinnings oor die dienaars van die afgode en van die draak, uiteindelik die Romeinse Ryk onder die beheer van die Christene gebring het, die Christenkerk bo alle ander verheerlik het, en tot aan die hemel verhef het. Hierdie verklaring is baie oud, aangesien Konstantyn self hierdie gesig om dié rede in sy wapen ingevoer het, nadat hy Maximianus, Maxentius, Licinius en ander vyande en vervolgers van die Christene, met hul leërmagte oorwin het, en die afgodediens uit die Romeinse Ryk geweer het. Omdat hier egter oor hierdie manlike kind, en hierna oor Mígael en die draak baie dinge gesê word wat baie beswaarlik slegs op Konstantyn en sy tydgenote gedui kan word, is dit daarom wel gepas dat dit ook as Christus self verstaan word, en as sy geestelike geboorte deur die hele wêreld, in die hart en in die belydenis van die gelowiges, deur die diens van die kerk, soos hiervoor in die tweede vers aangedui is; teen Christus en sy geestelike geboorte het die Satan hom met alle geweld en listigheid gestel, sowel deur die vervolginge van die Jode en heidene, as deur verskeie godslasterlike ketterye, wat hy teen die persoon en die voldoening van Christus onder die Christene verwek het. Hoewel Christus, nou sittende aan die regterhand van God, as die Hoof van die uitverkorenes, altyd die oorhand behou, en vir ewig op sy troon gebly het.
13 Of: volke. 14 Gr. wei. |
15En die vrou het na die woestyn gevlug 16waar sy ’n plek het wat deur God gereed gemaak is, 17dat hulle haar daar sou onderhou bduisend-tweehonderd-en-sestig dae lank.
| b Openb. 11:3. | 15 Sommige verstaan hierdie vlug van die kerk van Christus as die verskuldigde plig van alle gelowiges, wanneer hulle nou Christus in hul hart ontvang het, en saam met Hom ’n plek in die hemele het, soos Paulus oor hulle spreek in Ef. 2:6, naamlik dat hulle van die wêreld moet vlug, en soek na die dinge wat daarbo is, en nie wat op die aarde is nie, Kol. 3:1, 2. Omdat hierdie verskuldigde plig van die kerk van Christus egter altyd voortgaan, en hier slegs van ’n bepaalde tyd gespreek word, word dit deur ander wel so gepas verstaan as ’n voorbereiding tot die vlug van hierdie vrou, waarvan hierna in vers 13 meer gesê sal word. Hierdie voorbereiding is selfs ten tyde van Konstantyn deur die Ariaanse en ander ketterye, en deur die hoogmoed en heerssug van baie biskoppe en ander wêreldse optrede onder hulle, in die kerk begin, wat die antichristendom langsamerhand gekweek het, totdat dit ongeveer in die jaar 606 uiteindelik te voorskyn gekom het; soos elders ook aangeroer is. En hulle meen dat dit hier slegs aangeroer word om intussen die oorsaak van hierdie vlug te beskryf, en hierna breedvoeriger daaroor te spreek; wat ook bewys word deur die ooreenkoms van die tyd in hierdie vers met vers 14.
16 Naamlik deur God deur die meting van die tempel en die uitsluiting van die voorhof, waarvan in Openb. 11:1 gespreek is, soos die ooreenkoms van die duisend-tweehonderd-en-sestig dae hier, en die twee-en-veertig maande daar in vers 3 ook meebring. 17 Anders: dat sy daar gevoed sou word, naamlik deur die twee getuies, wat daartoe deur God uitgestuur was, om die gemeente van God, gedurende hierdie tyd, in die woestyn te onderhou; wat ook verwys na dit wat in die voorgaande hoofstuk geprofeteer is. Want dat sommige dit wil verstaan as die vlug van die Christene uit Jerusalem en uit die Joodse land na Pella oorkant die Jordaan, ten tyde van die beleg van Jerusalem, en verwoesting van die heilige land, wat omtrent drie en ’n half jaar sou geduur het, pas nie by hierdie openbaring nie, omdat daardie verwoesting ten tyde van hierdie openbaring al gebeur het, en omdat hier van langer tye gespreek word, soos voorheen aangedui is, en hierna nog aangedui sal word. |
En 18daar het oorlog in die hemel gekom: 19Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;
| 18 Dat hier, soos sommige meen, nie gespreek word van die eerste val van die Satan, en sy weerspannigheid teen die Seun van God, waarvan Christus spreek in Joh. 8:44 en Jud. vers 6, nie, blyk uit die rede wat meermale beskryf is, dat dit hier oor toekomende dinge handel. So ook nie van die stryd wat Christus, die ware Mígael, dit is, aan God gelyk, Filip. 2:6, teen die Satan gevoer het nie, toe Hy die gedaante van ’n dienskneg aangeneem het, en in die huis van die sterk man ingegaan het om hom te bind en sy goed te roof, Matt. 12:29, en toe Hy hom deur sy dood tot niet gemaak het, en oor hom getriomfeer het aan die kruis, Kol. 2:15. Hebr. 2:14. Want hoewel dit ’n ewigdurende fondament is van alle oorwinning oor die Satan en sy instrumente, soos die inwoners van die hemel hierna in verse 10 en 11 sing, was hierdie fondament ook al tevore vasgelê, voordat hierdie openbaring aan Johannes gebeur het. Derhalwe moet hierdie stryd en oorwinning verstaan word as ’n besondere toeëiening van hierdie eerste oorwinning van Christus, wat nog oor die Satan sou volg in die lede van Christus, waarvan Christus ook spreek in Matt. 16:18, en Paulus in Rom. 16:20, naamlik in die tye van vervolginge en verleidinge, onder die heidense en Ariaanse keisers en ander ketterse konings, toe Christus ten sterkste in sy lede bestry is, en vernaamlik ook toe die Antichris in die weste en die Mohammedane in die ooste die oorhand verkry het, en die kerk van Christus deur die hele wêreld verdruk geword het; wat duidelik bewys word uit die tyd van duisend-tweehonderd-en-sestig dae, wat ná hierdie stryd aan die vlug van die vrou in die woestyn toegeskryf word; en uit die triomflied van die inwoners van die hemel, verse 10, 11, wat merkbaar spreek van so ’n oorwinning, en dus ook van so ’n stryd.
19 Soos hierdie Mígael, dit is, wie is soos God, deur meeste verklaarders as Christus self verstaan word, verstaan sommige sy engele as die gelowiges, wat deur Christus, en saam met Christus, die draak en sy engele oorwin het, soos in vers 11 getuig word. Nogtans kan hierdie naam engele egter ook gepas verstaan word as die werklike engele, omdat hulle ook dikwels deur Christus, hul Hoof, tot troos en hulp van die gelowiges in hierdie stryd gestuur word; soos te sien is in Hebr. 1:14, en die voorbeelde van Elía, Elísa, van Daniël en sy vriende, van Petrus en Paulus in hul gevangenskap, in die Skrif bewys; en soos die kerklike geskiedenis getuig dat die vrome martelare, onder die heidense keisers en onder die Antichris, óf deur die engele uit hul hande verlos, óf in hul pyne verlig, óf vertroos en versterk is. Die vervolgers was ook dikwels deur die engele met verskeie plae gestraf en gestuit, soos Herodes deur ’n engel van die Here getref is in Hand. 12:23, tot verligting van die gemeente. |
en hulle kon nie oorwin nie, 20cen hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
| c Dan. 2:35. | 20 Christus gebruik dergelike manier van spreek ook ten opsigte van sy oorwinning oor die Satan, Luk. 10:18. Hier word ook merkbaar verwys na sommige gesigte van die Ou Testament, waar dergelike stryd en aanklag van die Satan voor die troon van God, teen die gelowiges, met ’n uiteindelike oorwinning oor die Satan gesien is, Job 1:11; 2:5, en in die besonder Sag. 3:1, wat baie dinge met hierdie gesig in gemeen het, sowel in die persone, as in die uitkoms daarvan. Of dit nou daadwerklik gebeur het, of slegs figuurlik gespreek is, dit is nie belangrik nie. Dit is genoeg en seker dat Christus, nadat Hy die versoening van ons sondes volbring het, nou aan die regterhand van sy Vader sit, en as ons Voorspraak daar verskyn, dat die Satan en sy engele alle redes vir aanklag teen die gelowiges, voor die troon van God, ten ene male ontneem is, soos Paulus tereg roem, Rom. 8:33, ens., en soos die hemelse leërskare hierna sing, verse 10, 11, en dat Hy vandaar die Satan met al ons en sy vyande gedurig sal onderwerp, soos Paulus getuig in 1 Kor. 15:25. |
En ddie groot draak is neergewerp, 21die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat 22die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
| d Luk. 10:18. Openb. 20:2. | 21 So word die Satan genoem, omdat hy ons voorvaders in die paradys deur ’n slang verlei het. Sien 2 Kor. 11:3.
22 Dit is, die kinders van die ongehoorsaamheid in die hele wêreld, Ef. 2:2. |
Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want 23die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
| 23 Sien hieroor vers 8 se kanttekening. |
En hulle het hom oorwin deur 24die bloed van die Lam en deur 25die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe 26hulle lewe nie liefgehad nie.
| 24 Sien hieroor vers 7 se kanttekening.
25 Dit is, die evangelie, wat hulle deur die geloof aangeneem en standvastig bely het. Want dit is die geestelike swaard en instrument, waardeur die Satan ook oorwin word. Sien Ef. 6:17. 26 Dit is, hulle het hul lewe hier geringgeskat, ten opsigte van Christus en sy waarheid. Sien Luk. 14:26. Hand. 20:24. |
eDaarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; fwee die 27bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal 28met groot woede, omdat hy weet dat hy 29min tyd het.
| e Ps. 96:11. Jes. 49:13.
f Openb. 8:13. |
27 Dit is, wee die aardse en wêreldse mense, hetsy diegene wat die vasteland, of die eilande in die see bewoon; soos voorheen in Openb. 3:10, en elders.
28 Dit is, is baie kwaad, omdat hy niks vermag teen die kinders van God voor die troon van God nie; soos in vers 8 gesê is. 29 Naamlik soos die tyd tussen Christus se eerste en laaste koms die laaste uur genoem word, 1 Joh. 2:18, so word die tyd van die heerskappy van Satan wat oorbly ’n klein tydjie genoem, omdat hy in die voleinding van die wêreld in die poel van vuur gewerp sal word; en hy nou daagliks uit die tekens wat Christus en sy apostels vooruit aangekondig het, sien dat hierdie tyd toenemend nader kom. Sien Matt. 25:41. Openb. 20:10. |
30En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;
| 30 Dit is, toe die Satan sien dat hy Christus in sy lede, en die saligheid van sy lede, nie meer met sy beskuldigings in die hemel kon beskadig nie, het hy hom weer teen die kerk van Christus gewend, om haar ten minste in hierdie wêreld te kwel deur die berowing van haar goed, met gevangenskap, met lasteringe teen hul persoon, met ballingskappe, vervolginge en dergelike kwellinge. |
gmaar die 31twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, 32na haar plek, kon vlieg, waar sy 33uit die gesig van die slang 34onderhou word, h35’n tyd en tye en ’n halwe tyd.
| g vers 6.
h vers 6. |
31 Naamlik deur God; sommige meen hierdie twee arendsvlerke is die geloof, waarmee sy in dit alles vas gegrond bly op Christus, haar Hoof, 1 Joh. 5:4, en die hoop van die saligheid, waardeur sy al die verdrukkinge oorwin, wetende dat die lyding van die teenwoordige tyd nie kan opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Hoewel allerlei kragtige bewaring van God ook deur arendsvlerke verstaan word, soos te sien is in Deut. 32:11.
32 Naamlik waaroor tevore in vers 6 se kanttekening gehandel is. 33 Gr. van die aangesig af. 34 Anders: sodat sy daar gevoed sou word, naamlik sowel deur God alleen, deur sy Gees en Woord, soos gesê word van die seweduisend wat God in die tyd van Elía vir Hom laat oorbly het, 1 Kon. 19:18. Rom. 11:4, en daarna ook deur die twee getuies, wat God vir ’n lang tyd vir haar in die woestyn verwek het, soos in Openb. 11:3 aangeteken is. 35 Sommige verstaan hier ’n tyd as ’n jaar, die tye as twee jaar en ’n halwe tyd as ’n halwe jaar, soos hierdie spreekwyse skynbaar gebruik word in Dan. 7:25; 12:7, en meen dat die tyd van die heerskappy van die Antichris nie langer sal duur as drie en ’n half jaar voor die voleinding van die wêreld nie, soos die tirannie van Antiochus, wat ’n voorbeeld van die Antichris was, onder die Jode, ten tyde van die Makkabeërs, nie langer geduur het nie. Hierdie mening is egter in Openb. 11:3 weerlê; en word boonop kragtig weerlê, omdat indien dit waar sou wees, die oordeelsdag, ten tyde van die Antichris reeds bekend sou wees, in stryd met die getuienis van Christus, Mark. 13:32. Soos dit ook nie moontlik is dat die Antichris in so min tyd uit die stam van Dan (soos sommige verklaarders meen), wat geen gebied in die wêreld het nie, sou opkom en vir hom al die Jode deur die hele wêreld tot aanhangers maak, die stad van Jerusalem met die Joodse land inneem, en die tempel opbou, daarna homself dwarsdeur die wêreld sou laat aanbid, die Christendom onderwerp, die stad Rome verwoes en dergelike meer; aangesien die Skrif getuig dat hierdie verborgenheid van die ongeregtigheid al in die tyd van Paulus aan die werk was, 2 Thess. 2:7, en dat die Jode self, voor die voleinding van die wêreld, tot bekering sal kom, en tot die ware kerk van Christus vergader sal word, Rom. 11:25. 2 Kor. 3:14, ens. Daarom moet hierdie tyd, tye en halwe tyd, verstaan word as ’n tyd wat aan God wel bekend is, en nie aan ons, behalwe met die uitkoms daarvan, bekend sal word nie. Of: vir drie en ’n half jaar, wat saam twee-en-veertig maande oplewer, of duisend-tweehonderd-en-sestig dae, elke dag as ’n jaar verstaan, waarvan voorheen in Openb. 11:3, en in hierdie hoofstuk in vers 6 gespreek is, en hierna ook in Openb. 13:5; want in daardie tyd sal die kerk van Christus ook in die woestyn gevoed word, waartydens die voorhof van die tempel ongemeet sal bly, die heilige stad deur die heidene vertrap sal word, die twee getuies sal profeteer, en die dier teen die heiliges oorlog sal voer; waarvan in die volgende hoofstuk geprofeteer sal word. |
36En die slang het uit sy bek water soos ’n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.
| 36 Hoewel sommige deur hierdie waters ook valse leringe verstaan, is dit nogtans bekend in God se woord dat deur waters of riviere die vervolginge of verdrukkinge verstaan word, soos te sien is in Ps. 42:8; 124:5. Matt. 7:25. Dat hier ook gespreek word van nuwe vervolginge en swarighede, wat die Satan die kerk, nadat sy die woestyn in gevlug het, sou aandoen, blyk hier uit die teks. Na watter vervolginge hier egter verwys word, is daar verskeie menings. Sommige meen dat dit die vervolginge was wat die Antichris teen die Griekse kerke verwek het, omdat hulle die beeldediens, die aanroeping van die heiliges en die eer van hul relikwieë en sy heerskappy nie wou aanneem nie; wat vir ’n lang tyd deur sommige Griekse keisers gestuit is. Ander dat dit die vervolginge is wat teen die Hussiete in Boheme en nog ander plekke verwek is, wat die Here deur ’n sekere Ziska met wonderbaarlike verlossinge, asof dit uit die aarde opgekom het, vir ’n lang tyd gestuit het. Asook oor die samespanning van die keisers en konings met die Antichris, in die tyd toe die kerk ná Luther se tyd die hoof begin optel het, waarvan sommige steeds voortgaan. Eindelik verstaan ander dit as die laaste geweld, wat die Antichris nog saam met al sy volgelinge sal doen, voor sy val. Dit is egter tot troos van die gemeente daarby gevoeg, dat die Here sy kerk uiteindelik nog wonderbaarlik sal verlos, soos Moses en Aäron van die geweld en die samespanning van Korag, Datan en Abíram verlos is, toe die aarde sy mond oopgemaak en hul vyande verslind het, Núm. 16:31, 32, ons het soortgelyke wonderbaarlike en onverwagte verlossings ook meermale in ons tyd gesien, in alle dele van die Christendom. |
En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.
En 37die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer 38teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
| 37 Naamlik omdat sy haar nou op sommige plekke en tye van sy aangesig teruggetrek het, soos in vers 14 genoem word; en omdat sy daarna ook hulp van konings en prinse verwerf het, wat haar teen die geweld en die aanvalle van die Antichris en sy volgelinge beskerm het.
38 Naamlik wat nog verstrooi en weggesteek was op sodanige plekke waar daar geen openbare kerke was nie, en waar die Antichris en die konings, wat aan hom hul mag verleen het, steeds hul heerskappy gehad het. Aan hierdie verstrooide Christene word hier twee kenmerke gegee, naamlik dat hulle God volgens sy gebooie gedien het, en nie volgens menslike insettinge nie; en dat hulle die getuienis van Jesus bewaar het, dit is, hul saligheid slegs gesoek het in die verdienste van die enigste en volmaakte Saligmaker Jesus, en nie in hulle eie, of in die van enige skepsele nie, volgens die leer en getuienis van die heilige evangelie; waarin die ware onderskeid bestaan tussen ’n dienaar van die Antichris, en ’n evangeliese en gereformeerde Christen. |
Die dier wat uit die see opkom.
EN ek het 39op die sand van die see gaan staan.
| 39 Naamlik in ’n gesig, of ook metterdaad, op die eiland Patmos, soos dergelike van Daniël, Dan. 10:4, getuig word, naamlik om te sien wat verder sou gebeur, of watter gesig uit die see aan my getoon sou word. Soos die volgende hoofstuk aandui, dit wil voorkom of hierdie vers daarby hoort, en daarom word dit ook deur sommige by die volgende hoofstuk gevoeg. |
Die twee getuies.
ENa ’n riet soos 1’n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en 2meet die tempel van God en 3die altaar en die wat daarin aanbid.
| a Eség. 40:3, ens.; 41-43. | 1 In hierdie gesig word deur die heropbouing van die tempel die herstel van die vervalle godsdiens in die gemeente van Christus, hoewel met noukeuriger bepalings, te kenne gegee, nadat dit deur die tirannie van die Antichris oorgeneem is, hieroor is geprofeteer vanaf die negende hfst. Hierdie gesig is geneem uit Eség. 40:3, en wat volg, dat in die groter breedte as wat die tempel vroeër was, die wederoprigting van die gemeente geskets is, wat tevore vervalle was, en wat weer deur Christus in groter mate in die hele wêreld opgerig sou word.
2 Dit is, meet die ware kerk af, waar God opreg gedien word, en onderskei hulle van die ander, wat die meeste in getal is, en wat, hoewel hulle die naam daarvan het, nogtans God nie opreg dien nie. 3 Dit was in die tempel tweërlei, naamlik die reukaltaar, wat in die Heilige gestaan het, en waarop die reukwerk, met die gebede van die heiliges, geoffer was; en die brandofferaltaar, wat voor die tempel in die voorhof van die priesters was, en waar die offers van versoening en van dankbaarheid gebring is. Dit saam met die aanbidders, word hier ook gemeet om weer op te rig, aangesien hierdie twee fundamentele hoofsake van die Christelike geloof, onder die heerskappy van die Antichris, die meeste verduister en vertrap is; naamlik, eerstens die oorsaak van die versoening van ons sondes voor God, wat die Heilige Skrif ons in Christus en sy offer alleen stel, terwyl die versoening deur eie verdienstes, aflate, vaevuur, bedevaarte tot heiliges, en ander dergelike bygelowigheid, in die ryk van die Antichris gesoek word. Tweedens, die ware aanroeping van die enigste God deur die enigste Middelaar Christus, terwyl hierdie aanroeping in die ryk van die Antichris verdeel word onder baie beskermheiliges, soos bekend is. Die ware aanbidders van God is diegene wat hulself alleen aan God en Christus in hierdie heiligdom hou. En hulle is ook alleen die ware priesters van die Nuwe Testament, al is hulle min in getal, en meer verborge voor die oë van die wêreld, en nie diegene wat hulle bygelowige godsdienste in groot getalle in die openbaar beoefen nie. |
Maar 4die voorhof buitekant die tempel moet jy 5uitlaat en dit nie meet nie, want dit is 6aan die heidene gegee; en hulle sal 7die heilige stad b8twee-en-veertig maande lank vertrap.
| b Openb. 13:5. | 4 In sommige manuskripte staan: binnekant die tempel, naamlik ten opsigte van die buitenste muur van die tempel.
5 Gr. werp na buite. 6 So word almal genoem wat die heidense manier van doen gebruik deur afgodery te pleeg in hul godsdienste. Hoewel die Griekse woord ook volke in die algemeen beteken. 7 Dit is, die sigbare kerk, wat deur Jerusalem afgebeeld is, wat deur die afgodedienaars nou ingeneem en vertrap word, aangesien hulle met die titel van God se tempel en van die heilige kerk wil roem, en die ware kerk verdruk. Sodat deur die uiterste voorhof verstaan word diegene wat die meeste godsdienstige verering en aansien het in die ryk van die Antichris, of hul geestelikheid, soos hulle spreek; en deur die heilige stad die hele menigte wat daarby behoort en wat ook van hierdie titel roem, nie anders as wat die van Jerusalem vroeër ook gedoen het nie, selfs toe hulle Christus en sy ware lede vervolg het. 8 Hierdeur word die hele tyd verstaan, wat die heerskappy van die Antichris duur. Maar die berekening van die begin en die einde van hierdie tyd word verskillend geneem, soos in die volgende vers aangeteken is. Die sekerste is dat ons die vervulling hiervan met lydsaamheid moet verwag. |
En Ek sal aan 9my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.
| 9 Enkeles meen dat deur hierdie twee getuies Henog en Elía bedoel word, wat die tyd van twee-en-veertig maande, oftewel duisend-tweehonderd-en-sestig dae, dit is ongeveer drie en ’n half jaar, voor die einde van die wêreld teen die Antichris sou profeteer, en daarna deur hom gedood sou word, en wat letterlik alles sou oorkom wat in hierdie teks genoem word. Hierdie mening word deur sommige deesdae gedryf, om die Antichris en sy ryk, wat nou al lank in die wêreld bekend is, te verduister. Maar behalwe dat dit ongerymd is, dat die Heilige Gees in hierdie openbaring die dinge wat nog moet gebeur, soveel eeue sou verbygaan, waarin die kerk van Christus soveel veranderinge gely het, en onmiddellik kom tot die laaste vier jaar van die wêreld, so is dit dan ook nie moontlik dat die ryk van die Antichris in drie en ’n halwe jaar opgerig sou kon word nie, en alles in die gehele wêreld teweegbring wat in God se woord van hom en sy ryk vooruit aangekondig is. Dit is ook in stryd met God se woord dat die heiliges uit die hemel met hul hemelse liggame sou neerdaal, om hier gedood te word, of dat hulle weer op hierdie wêreld sou kom om te preek, soos Abraham getuig. Luk. 16:29. Of ook dat hulle in drie en ’n halwe jaar sou profeteer, of dat hul liggame binne genoemde drie en ’n halwe dag deur die volke, stamme en tale so gesien sou word, en dat diegene wat op die aarde woon, hulle daaroor sou verbly, en mekaar geskenke sou stuur, soos verder in die hoofstuk staan. Daarom moet altwee, die saak self en die tyd hier, noodsaaklik op profetiese wyse en figuurlik verstaan word, naamlik van die dae wat volle jare beteken, soos in Eség. 4:5. Dan. 9:24. Sommige begin die jare in die jaar 606, wanneer die biskop van Rome vir die eerste keer die titel van biskop van die hele Christelike kerk (wat Christus alleen toekom) aangeneem het, en dat die afgodery onder die Christene meer begin deurbreek het. Hoewel ander wat hierdie jare ’n bietjie vroeër begin het, naamlik vanaf die verwoesting van die ou Rome, en van sy oorheersing deur die Gote, omtrent die jaar 412. Dit in sy geheel gelaat, soos in die tweede vers gesê word, dan word deur die opwek van hierdie twee getuies goed verstaan enkele bekwame leraars, wat God in die tyd van die ryk van die Antichris hier en daar op verskillende tye in sy gemeentes verwek het, om hierdie heerskappy en afgodery openbaar te maak en te weerlê. Daar word gesê dat hulle met sakke bekleed is, omdat hulle hul in slegte klere en met ’n treurige uiterlike teen die prag en die hoogmoed van die antichristendom gestel het. Hulle word daarom ook twee genoem, omdat daar maar min van hulle was, maar tog genoeg, om die waarheid aan die mense te verklaar, want alle waarheid bestaan uit twee of drie getuies, Deut. 19:15, en omdat God in die algemeen twee bekwame getuies wil gebruik om die vervalle leer weer op te rig, soos hier gesien word by Josua en Serubbábel, wat die godsdiens ná die terugkeer uit Babel weer opgerig het soos in die vierde vers, en by Moses en Aäron, wat dieselfde in die woestyn gedoen het, en by Elía en Elísa, wat dit ook gedoen het in die tyd van Agab en ander Baäldienaars, waarop hier gesien word in die vyfde en die sesde vers. Hulle kan daarom ook twee genoem word, omdat hulle die leer van die Ou en die Nuwe Testament alleen, tot weerlegging van die antichristendom, as getuies van hierdie waarheid, verkondig het, en ander daardeur kragtig oorwin het. Soos Waldus en Petrus Bruys in Frankryk, Wycliffe en Purvey in Engeland, Johannes Hus en Hiëronimus van Praag in Boheme en Duitsland, wat hieroor in die konsilie van Konstanz tot die dood veroordeel is, en wat met blydskap deur die groot hoeveelheid mense, uit verskillende nasies en tale vergader, verbrand is; totdat dit die Here behaag het om Luther en Melanchthon in Duitsland, Zwingli en Oecolampadius in Switserland, Farel en Calvyn in Frankryk, met nog ander in hulle plek te verwek, wat met groter krag hul getuienis volbring het, en hulle het ’n groot deel van die groot Babel laat val, van hierdie totale val en vernietiging sal hierna geprofeteer word. |
cHulle is 10die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
| c Sag. 4:3, 14. | 10 Hierdie voorbeeld is geneem uit die gesig van Sagaría, Sag. 4:2, 3, 14, waar Josua, die hoëpriester, en Serubbábel, die vors, so afgebeeld word, omdat hulle instrumente was waardeur die olie van die gawe van die Heilige Gees en die lig van sy Woord kragtig was, om die vervalle tempel en die godsdiens weer op te rig in Israel, ná die gevangenskap in Babel. |
En as iemand hulle wil beskadig, 11gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
| 11 Dit verwys na die voorbeeld van Moses in die rebellie van Korag en sy volgelinge, Núm. 16:35, en na die voorbeeld van Elía teen die soldate wat gekom het om hom te vang, 2 Kon. 1:10, waardeur allerlei plae verstaan kan word, wat God aan die vyande van sy profete gestuur het. Dit kan ook verstaan word as die vuur van die dreigemente van God teen die hardnekkige mense, soos gesien kan word in Jer. 5:14. |
dHulle het mag om 12die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, e13om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
| d 1 Kon. 17:1.
e Ex. 7-10; 12. |
12 Dit verwys ook na die voorbeeld van Elía, 1 Konings 17, waardeur óf die uiterlike plae van droogtes en hongersnode verstaan kan word; óf ook die weerhouding van die werking van God se Gees, weens die mense se ondankbaarheid, soos Paulus in 2 Thess. 2:11 getuig, dat God hulle ’n krag van die dwaling sal stuur, sodat hulle die leuen sal glo, omdat hulle die liefde van die waarheid nie aangeneem het om salig te word nie.
13 Dit verwys ook na die voorbeeld van Moses en Aäron, wat die Egiptenaars, wat hulle teen hul vermaninge verset het, met hierdie en ander plae gestraf het, soos God om dieselfde oorsake verskillende ongevalle en plae oor die hardnekkige Christendom gestuur het. |
fEn 14wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal 15die dier wat guit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
| f Dan. 7:21. Openb. 13:7.
g Openb. 13:11. |
14 Naamlik elkeen sy eie, op die bestemde tyd, tydens hierdie heerskappy van die Antichris.
15 Dit is, die Antichris met sy geestelike heerskappy, wat in Openb. 9:11 Abáddon of verderwer genoem is; wat in die dertiende hfst. nader beskryf sal word. |
en hulle lyke sal lê 16op die straat van 17hdie groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.
| h Openb. 17:2, 5; 18:10. | 16 Of: in die ruimte. Dit is ook ’n eienskap van die Roomse hiërargie, of geestelike heerskappy, dat hulle diegene wat hulle vir ketters uitskel, aan die galg ophang of op die rat (folterbank) sit, en in hul gebied hul begrafnisse weier, in die besonder op hul gewyde plekke, en hulle naam ná hul dood smaadheid aandoen.
17 Hierdeur word die stad Rome met haar heerskappy verstaan, soos die engel verklaar in Openb. 17:9, 18. Rome word die geestelike Sodom genoem, vanweë die ontug wat daar heers, en Egipte, vanweë die verdrukking van die volk van God, en waarvan gesê word dat onse Here daar geestelik gekruisig is, omdat soos Christus self ook deur ’n Romeinse goewerneur gekruisig is, Hy ook so in sy lede deur die Roomse heerskappy nog elke dag gekruisig word. |
En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ’n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.
18Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar 19geskenke stuur, omdat dié twee profete die bewoners van die aarde 20gepynig het.
| 18 Dit is, die aardse mense, wat hulle tot die aardse godsdienste begewe.
19 Naamlik, tot ’n teken van blydskap, soos in Est. 9:19, 22. 20 Dit is, die profete het met hul preke, geskrifte en vermanings, hul gewete geroer, en hulle gekwel, om nie so gerus met hul bygelowigheid en sondes verder te gaan nie, waarvan hulle gedink het ontslae te wees, deur hul dood. |
En 21ná die drie en ’n halwe dag het ’n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ’n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.
| 21 Dit is, ná ’n kort tydjie, dat hierdie getuies gedood was en deur die geweld en die publieke oordeel van die Antichris en sy volgelinge, dit gelyk het asof hulle hul aansien onder die mense verloor het, het God weer ander in hulle plek verwek, wat deur dieselfde gees gedryf was, soos gesê word dat Johannes die Doper in die gees en krag van Elía gekom het, Luk. 1:17. |
En hulle het ’n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En 22hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.
| 22 Sommige verstaan dit as die saligheid van die profete, of getuies van Christus, wat soos Christus, hul Hoof, deur ’n wolk in die hemel opgeneem is, en soos Lasarus se siel deur die engele gedra is tot in die skoot van Abraham, net so met baie ontering en verdrukking deur die dood in die hemel opgeneem is, om daar vertroos en verheerlik te word, totdat hulle in die laaste dae ten aanskoue van hul vervolgers, na siel en liggaam, Christus tegemoet in die wolke na die hemel opgeneem sal word, 1 Thess. 4:17. Ander verstaan dit as die groter krag en verheerliking van die getuies, deur dié wat in hulle plek sal kom, soos by wyse van spreke in Jes. 14:13, 19 en op ander plekke gesê word. Wat deur ander wat hulle opgevolg het, en wat ook bekragtig is deur die politieke arm in Duitsland, Frankryk, Engeland, Skotland, Switserland, Nederland en ander streke in die wêreld, nieteenstaande al die geweld van die Antichris, geskied en volbring is, en nog volbring moet word. |
En in dié uur het daar 23’n groot aardbewing gekom, en 24’n tiende van die stad het geval, en 25seweduisend mense het in die aardbewing omgekom, en 26die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring.
| 23 Dit is, ’n groot beroering en beweging van die mense in die wêreld, sowel van die Antichris en diegene wat hulle teen hierdie getuies gestel het, as van die ander wat die getuienisse aangeneem en bely het; soos die ervaring in die vorige eeue getuig het, en in hierdie eeu nog getuig.
24 Dit is, ’n groot deel van die Roomse en antichristelike hiërargie het van die Antichris afvallig geraak. 25 Sommige verstaan hiermee mense van naam en aansien, soos konings, vorste, kerkleiers, leraars en ander, wat in verskeie oorloë, wat hulle vir die Antichris gevoer het, omgekom het. 26 Dit is, ’n groot deel van die volke wat onder sy heerskappy was, het hom verlaat, en het hulle tot die suiwerheid van die evangelie volgens hul voorbeeld, meer en meer bekeer, totdat die uiteindelike val van die groot stad met die sewe berge en haar valse profeet sal volg, hiervan word in die volgende hoofstukke geprofeteer. |
Die tweede wee het verbygegaan; kyk, idie derde kom gou.
| i Openb. 8:13; 9:12; 15:1. |
Die sewende basuin.
EN 27die sewende engel het geblaas, en daar was 28groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het 29die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
| 27 Wat op hierdie basuin gevolg het, word op die bekwaamste manier verstaan as die oprigting van die ryk van God en van sy Christus in die hemel, ná die einde van die wêreld, wat met die laaste woorde van vers 15 en met verse 18, 19 goed ooreenkom, en in die orde wat met hierdie gesigte gehou word, dat elke besondere gesig met die einde van die wêreld en sy voorsegging eindig, soos Openb. 10:7 ook getuig.
28 Naamlik van blydskap, wat onder die geeste van die heiliges in die hemel was, soos volg. 29 Dit is, hulle staan nou alleen onder sy regering, nadat almal aan Hom onderwerp is wat hulle daarteen gestel het. Sien 1 Kor. 15:24. |
En die vier-en-twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid
en gesê: Ons dank U, Here God, Almagtige, kwat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.
| k Openb. 1:4, 8; 4:8; 16:5. |
En 30die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, 31die profete, en aan 32die heiliges en aan 33die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die 34verderwers van die aarde te verderf.
| 30 Naamlik, tevore teen Christus en sy ryk; maar nou het die tyd gekom dat U u straf, in u regverdige toorn, teen hulle sal uitvoer.
31 Waarby ook die apostels en evangeliste van die Nuwe Testament ingesluit word. 32 Waarby ook al die troue leraars en martelare ingesluit word. 33 Hiermee word al die ander gelowiges bedoel. 34 Naamlik met geweld van die vervolging, met valse lering en verkeerde voorbeelde. Sien Openb. 19:2. |
En 35die tempel van God het in die hemel loopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.
| l Openb. 15:5. | 35 Deur die oopmaak van die tempel in die hemel word na behore verstaan die verheerliking van die gemeente self in die hemel, en deur die verbondsark die heerlike aansien van Christus ons Middelaar, waarvan die ark ’n voorbeeld was; en deur die donderslae en die weerlig, ens., die tekens van sy toorn teen die ongelowiges. |
Die boek uit die hemel word deur Johannes geëet.
EN ek het 1’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, 2bekleed met ’n wolk, en 3’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos adie son, en sy voete soos bpilare van vuur;
| a Matt. 17:2.
b Openb. 1:15. |
1 Sommige meen dat dit die engel Gabriël was, omdat sy naam God is my sterkte beteken; die meeste ander verklaarders verstaan egter deur hierdie engel die Here Christus self, wat hier in ’n gesig verskyn asof Hy uit die hemel neerdaal, tot troos van sy gemeente, nie in sy eie menslike natuur nie, wat die hemel moet behou tot die wederoprigting van alle dinge, Hand. 3:21, maar ten opsigte van sy werking, wat in hierdie gesig gepas uitgedruk word, soos in Openb. 1:13, 15 gedeeltelik verklaar is; en soos Hy van sy gedurige teenwoordigheid in sy gemeente spreek, Matt. 18:20; 28:20. Want tevore het Hy in die gedaante van ’n lam en van ’n priester van die hemel aan die apostel verskyn, omdat Hy as Middelaar en Voorbidder by die Vader, in die voorgaande gesigte, beskou is. Maar van nou af word Hy soms as ’n sterk Engel of Boodskapper van sy Vader in sy heerlikheid geopenbaar; soms as Koning van die konings en Oorwinnaar oor alles; soms as die Bruidegom van sy gemeente, omdat Hy in die vervolg as ’n Uitvoerder van God se besluite oor sy gemeente of oor die vyande daarvan, voorgestel word.
2 Naamlik tot ’n teken van sy majesteit, soos Hy in die wolkkolom voor die leërskare van die Israeliete uitgetrek het, Ex. 13:21, ens., en in die tempel verskyn het, 2 Kron. 5:13; 7:1, en op die laaste dag ook met die wolke sal kom as Regter oor almal, soos voorheen getuig is in Openb. 1:7. 3 Sien oor hierdie en ander eienskappe wat hierna volg, Openb. 1:15, 16; 4:3 en die kanttekeninge. |
en in sy hand het hy ’n 4geopende boekie gehad, en hy het 5sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land;
| 4 Sommige verstaan hierdeur dieselfde boek van die voorsienigheid van God wat tevore met seëls verseël was, wat nou oop is in die hand van Christus, omdat niemand in die hemel of op die aarde dit kon oopmaak nie, behalwe die Lam wat geslag is, soos getuig is in Openb. 5:3. Hier word dit ’n boekie genoem, omdat ’n groot deel daarvan tevore geopenbaar was, en dat daar nou nog net ’n deel oor was om te openbaar. Ander verstaan dit as die boek van die evangelie, wat in die tyd toe die Antichris op sy hoogste was, soos ’n geslote boek vir die gemeente was, maar vanaf die tyd toe die Turke die Christendom aangeval het, soos in die voorgaande hoofstuk aangeteken is, is dit weer deur sommige besondere manne van God meer en meer aan die gemeente geopenbaar en was dit duideliker voorgehou.
5 Naamlik tot ’n teken dat Hy van nou af en voortaan openlik gebruik en besit geneem het van aarde en see, van die vasteland en die eilande, om sy waarheid en leer op beide weer voort te plant. |
en hy het met 6’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, 7het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.
| 6 Naamlik wat niemand sou kon verhinder om gehoor te word nie.
7 Naamlik om enkele verborgenhede of voorsegginge van toekomende dinge bekend te maak. Want hierdie donderslae het nie net ’n geluid gemaak nie, maar het met ’n sprekende stem gepaardgegaan, soos uit die volgende vers blyk. Sien dergelike in Openb. 1:10, 11. |
En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ’n stem uit die hemel vir my hoor sê: c8Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, 9en skryf dit nie op nie.
| c Dan. 8:26; 12:4. | 8 Dergelike verbod is te lees in Dan. 8:26; 12:4, waardeur die gewigtigheid van die dinge wat die donderslae uitgespreek het, te kenne gegee word, wat veel meer deur die uitkoms, as deur die voorsegginge daarvan in die gemeente, bekend moes word.
9 Sommige manuskripte het: en jy sal dit daarna opskryf; en daarom meen sommige dat dit wat hier verseël word, hierna eers in hfst. 14 beskryf sou word; veral omdat in Openb. 1:1 getuig word dat hierdie openbaring aan Christus Jesus gegee is om dit aan sy diensknegte bekend te maak, nie om dit te verswyg nie. Sien ook Openb. 22:10. |
dEn die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, 10het sy hand na die hemel opgehef,
| d Dan. 12:7. | 10 Naamlik volgens die gebruiklike optrede tydens eedswering. Sien Gén. 14:22. Dan. 12:7. Ja, God self spreek ook so in Ex. 6:7. |
en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, edat daar 11geen tyd meer sal wees nie;
| e Openb. 11:15. | 11 Naamlik ná die basuin van die sewende engel, soos die volgende vers verklaar; wat sommige verstaan as die tyd wat deur die loop van die hemel in dae, maande en jare gemeet word; welke tyd met die einde van die wêreld sal eindig. Ander verstaan dit as die tyd van bekering, wat die mense ná hierdie tyd nie meer gegun sal word nie; dit word daarom hier met so ’n eed deur die Engel bevestig, sodat die mense nou met erns daarop sou let. Nog ander verstaan dit ook gepas as die tyd van die vervolging en verdrukking van God se gemeente deur die Antichris en die wêreld; en dat die Engel om die rede dit so beëdig, om die gemeente daarvan te verseker en daardeur te troos, soos Christus ook doen in Luk. 21:28. |
maar 12in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, 13dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.
| 12 Dit sal, volgens die mening van baie, die stem van die aartsengel op die laaste dag wees, waarna die opstanding van die dode en die laaste oordeel sal volg, met die volle verlossing en verheerliking van die gemeente van Christus, 1 Kor. 15:52. 1 Thess. 4:16.
13 Baie verstaan dit, soos tevore verklaar is, as alles wat die gemeente van Christus sou oorkom in hierdie wêreld, en as alles wat deur die profete vooruit aangekondig is, wat met hierdie basuin sal eindig. Ander meen, soos ook deur die profete vooruit aangekondig is dat die huis van Jakob tot die Here bekeer sal word, dat die hele gemeente van Christus, bestaande uit Jode en heidene, nog oor al hul vyande, selfs in hierdie wêreld, sal triomfeer, en verstaan hierdie woorde só dat dit nog aan die begin van hierdie basuin sal gebeur, en dat Christus eers daarna sal verskyn, om die oordeel uit te spreek oor alle vlees. Hierdie mening kom egter nie ooreen met dit wat deurlopend in die Skrif gesê word van die toestand van die gemeente van Christus op hierdie aarde nie, omdat die gemeente van Christus nêrens enige vaste rus in hierdie wêreld beloof word nie, maar ’n gedurige stryd teen haar vyande, selfs ook wanneer die Jode tot Christus bekeer sal word, welke bekering sommige onder die sesde basuin stel. Hiervan sal egter in Openbaring 20 breedvoeriger gespreek word. |
En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, 14neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.
| 14 Naamlik waarvan in die tweede vers gespreek is; sien ook die kanttekening daar. |
En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: fNeem en 15eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.
| f Eség. 3:1. | 15 Hierdie woorde is geneem uit Eség. 3:1, waar dieselfde met die profeet gebeur. Daardeur word bedoel dat hy hierdie boek deeglik moes oorsien, oordink, verstaan en herkou. |
Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en 16in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.
| 16 Hierdeur word te kenne gegee dat die kennis van die verborgenhede van God wel aangenaam en welbehaaglik is, maar dat die werkinge wat daarop volg, vir die kinders van God dikwels swaar en bitter is, soos die verloëning van onsself, en die verdrukkinge en vervolginge wat hul daaruit oorkom. Ook die strawwe self waarmee die vervolgers gedreig word, is dikwels bitter en hartseer om aan te hoor vir die kinders van God, soos Eségiël in hfst. 3:15 in sy gemoed bedroef is, as hy kla oor die hardnekkigheid van die Jode teen sy prediking, en Paulus oor die hardnekkigheid van die Jode van sy tyd, Rom. 9:2. |
En hy het vir my gesê: 17Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.
| 17 Dit word deur sommige as Johannes verstaan, wat weer uit sy ballingskap vrygelaat sou word om die evangelie oral vrylik te kan verkondig. Aangesien hier egter van profeteer gespreek word onder die sesde basuin, verstaan ander dit meer gepas as ’n voorsegging wat deur die persoon van Johannes tot die leraars van alle geslagte geskied, wat in die tyd van die sesde basuin weer te voorskyn sou kom, en die evangelie uit die verdrukking en duisternis van die antichristendom gaandeweg duidelik aan die lig sal bring, soos in die volgende hoofstuk nader verklaar sal word, waarvan hierdie hoofstuk ’n voorbereiding is. |
Die vyfde basuin of die eerste wee.
EN toe die vyfde engel blaas, 1sien ek ’n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is 2die sleutel van adie put van die afgrond gegee.
| a Luk. 8:31. Openb. 17:8. | 1 Sommige verstaan deur hierdie ster Mohammed met sy volgelinge, wat ongeveer die jaar 620 sy goddelose leer uit die Judaïsme, heidendom en Christendom bymekaargeraap het en uit die put van die afgrond te voorskyn gebring het, en daarna deur sy Arabiere en Sarasene, soos gewapende sprinkane, deur ’n groot deel van die wêreld, deels met bedrog, deels met geweld, voortgeplant het, soos sodanige leërs met sprinkane vergelyk word, Rig. 7:12. Jes. 33:4. Joël 1:4; 2:4, ens., waaruit hierdie beskrywing merendeels geneem is. Omdat in hierdie boek deur sterre egter oral opsieners en leraars van die kerk bedoel word, soos verklaar word in Openb. 1:20 en die kanttekening, so word die biskop van Rome met sy volgelinge hier baie meer gepas verstaan, wat hom omtrent dieselfde tyd as die algemeen erkende biskop onder die Christene verhef het. Hy het ná die ondergang van die Romeinse Ryk, in plaas daarvan om slegs die geestelike sorg na te streef, hom meer tot aardse en wêreldse sorg begeef en ’n nuwe heerskappy opgerig, en daarom word daar gesê dat dit uit die hemel op die aarde geval het.
2 Dit is, die mag om die put of die diepste van die afgrond (dit is, van die hel, Luk. 8:31 en die kanttekening) te open, waaruit hierdie dik rook opgegaan het; welke mag aan hom gegee is deur ’n regverdige oordeel van God oor die ondankbaarheid van die mense, soos hierna in verse 4, 5 ook gesê word; en soos Paulus spreek in 2 Thess. 2:9-11. |
En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het 3rook opgekom uit die put soos rook van ’n groot oond, 4en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
| 3 Dit is, valse en afgodiese leer, wat Paulus in 1 Tim. 4:1, ens. leringe van duiwels noem, wat bestaan in die verbod op die huwelik en op die gebruik van voedsel, wat God geskape het om met danksegging te geniet, asook op afgodery, beeldediens, eie verdienste en voldoening, en ander bygelowigheid, soos in vers 20 uitgedruk word.
4 Dit is, die leer van Christus, soos voorheen in Openb. 8:12, en elders. |
En 5uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.
| 5 Dit is, hierdie sprinkane het hul oorsprong uit hierdie afgodiese en bygelowige leer gehad. Want deur die verbod op die huwelik en op sekere voedsel, deur die verdigsel van die vaevuur, van eie verdienste en voldoening en dergelike, het die menigte monnike en ander godsdienstige ordes deur die Christendom sodanig vermenigvuldig, soos bekend is. |
En aan hulle is gesê 6dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet bbeskadig nie, maar net alleen die mense 7wat cdie seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.
| b Openb. 6:6.
c Eség. 9:4. Openb. 7:3. |
6 Dit is, die ware gelowiges, wat op die akker van die Here groei en floreer, Ps. 1:3; 92:13. Dit word gesê om te toon dat hier nie van werklike sprinkane gespreek word nie, maar van geveinsde en skadelike mense, soos hul volgende beskrywing ook aandui.
7 Sien oor hierdie seël van God Openb. 7:3, 4. |
En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle 8vyf maande lank 9gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging 10van ’n skerpioen wanneer hy ’n mens steek.
| 8 Dit is, die tyd wanneer die sprinkane in die veld gewoonlik op hul sterkste is, van die begin van die lente tot ná die oes, of gedurende die hele somer. Waarmee te kenne gegee word dat hierdie sprinkane nie dadelik gekeer of belet sal word om die mense te kwel, soos die sprinkane in die plaag van Egipte nie, Ex. 10:19, maar dat hulle die hele tyd waarop hulle op hul sterkste is en wat deur God bepaal is, sodanige eienskap sal behou.
9 Naamlik in hul gewetens, deur die onsekerheid oor hul saligheid, deur onsekerheid oor die genoegsaamheid van hul verdienste, deur vrees vir die vaevuur, en dergelike, waarvan diegene wat deur die merk van God se Gees verseël is, vry is, soos Paulus getuig in Rom. 5:1, 2; 8:1. 10 Naamlik wie se steek hoe langer hoe erger word, indien dit nie aan die begin behandel word nie. |
dEn in dié dae sal die mense 11die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.
| d Jes. 2:19. Jer. 8:3. Hos. 10:8. Luk. 23:30. Openb. 6:16. | 11 Naamlik vanweë benoudheid in hulle gemoed. |
eEn 12die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.
| e Ex. 10:4. | 12 Hierdie beskrywing toon dat hier van niks anders nie as van skadelike mense gespreek word, wat altyd gereed staan om die ware Christene te vervolg en ’n geestelike oorlog te voer, soos perde wat gereedstaan vir die oorlog; wat met hul geskeerde skedel soos krone op hul hoofde, hul heerskappy, wat hulle onder hul owerste met drie krone het, voor almal betuig. Wat met ’n mooi voorkoms soos mense wat die harte van baie wen; en deur hul lang hare soos vrouehare wel sagmoedigheid veins, maar tande soos dié van leeus het, om die Christene deur hul inkwisisies en ander skerp en wrede prosedures te kwets; wat teen alle wêreldlike mag hul voorregte en vryhede, verleen deur hul koning, soos borsharnasse van yster dra; en deur die gedruis van hulle vlerke hul bo ander verhef en die hele wêreld vreesbevange maak; wat eindelik met hulle sterte, dit is, bygelowige leringe, die mense wat die seël van God nie het nie, baie kwellinge aandoen, soos in vers 5 verklaar is. |
En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.
En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.
En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.
En hulle het as koning oor hulle fdie engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is 13Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
| f vers 1. | 13 Abáddon in Hebreeus en Apóllion in Grieks beteken verderf en verderwer, en kom ooreen met die naam wat die apostel Paulus die Antichris gee, 2 Thess. 2:3, 4, 9, as hy hom die mens van sonde noem, en die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word; wie se koms is volgens die werking van die Satan. Sien die kanttekeninge daar vir die verklaring. |
gDie een wee 14het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.
| g Openb. 8:13. | 14 Naamlik ten opsigte van die gesig wat aan die apostel getoon was. Want die saak self het ’n lang tyd daarna plaasgevind, en sal eers deur die verskyning van die wederkoms van Jesus Christus heeltemal tot niet gemaak word; soos Paulus getuig in 2 Thess. 2:8. |
Die sesde basuin of die tweede wee.
EN die sesde engel het geblaas, en ek het ’n stem gehoor 15uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,
| 15 Dit wys op die reukaltaar, wat vier horings gehad het en in die Heilige voor die Allerheiligste gestaan het; die altaar waarop die priesters elke dag reukwerk geoffer het; maar op hierdie vier horings het die hoëpriester een keer per jaar versoening gedoen met die bloed van die sondoffer van versoening, Ex. 30:10. Deur hierdie horings word die mag van Christus verstaan, wat hier die vonnis uitspreek tot straf van diegene wat sy kerk tot nog toe verdruk het. Sien Openb. 6:9. |
en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: h16Maak die vier engele los 17wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.
| h Openb. 7:1. | 16 Daar is verklaarders wat hierdie vier engele verstaan as die sekte van die Mohammedane, wat vernaamlik in vier volke bestaan, wat al die ander onder hulle gebring het, naamlik die Arabiere, Sarasene, Tartare en Turke, waarvan die Arabiere en Sarasene wel vanaf die jaar 620 die Christene baie geweld aangedoen het, en in die besonder die Romeinse Ryk in die ooste en weste, maar daarna weer deur die Christene tot oorkant die Eufraat gedryf is, tot ongeveer die jaar 1300, toe die antichristendom in die tyd op sy hoogste was, en die opregte Christene die allermeeste verdruk, die Tartare en Turke uit Armenië, wat teen die Eufraat geleë was, deurgebreek, groot dele van Asië en Afrika oorgeneem en onderwerp het, en die Griekse of Oosterse Ryk, waarvan Konstantinopel die hoofstad was, vernietig het. In hierdie oorloë is baie bloed vergiet. Dit wil ook voorkom of die konings wat hul mag aan die dier gegee het, soveel werk deur hierdie oorloë gekry het, dat die opregte leraars in verskeie lande intussen nuwe kerke opgerig het, sonder dat hulle deur die vervolginge van die Antichris uitgeroei kon word, soos in Frankryk, Engeland, Boheme, Switserland, en ander dele, soos deur Waldus, Wycliffe, Johannes Hus, Hiëronimus van Praag en ander gebeur het; waarvan in die volgende hoofstukke breedvoeriger geprofeteer sal word.
17 Naamlik deur die voorsienigheid van God, totdat die maat van die sondes van die Christendom vol was, soos in vers 20 getuig sal word; en dat hierdie volke, deur God se regverdige oordeel, die vrye teuel gegee sal word, om hul eergierigheid en roofgierigheid uit te voer; soos in Jes. 10:5. Jer. 25:9. |
Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 18’n derde van die mense dood te maak.
| 18 Want deur hierdie leërs is daar baie honderde duisende Christene omgebring, en baie ander tot afval en daardeur tot die geestelike dood gelei, soos die geskiedenis van daardie tyd en die ervaring getuig. |
En die getal van die leërs 19van perderuiters was 20twee maal tienduisend maal tienduisend; 21en ek het hulle getal gehoor.
| 19 Dit word so genoem omdat hul leërs uitermate groot was en hoofsaaklik uit perderuiters bestaan het, en die leërs van die Christene ver te bowe gegaan het, waardeur hulle ook hul meeste oorwinnings behaal het; soos in die volgende vers uitgedruk word.
20 Dit is, ’n oorgrote menigte; soos ook elders deur hierdie spreekwyse verstaan word. Sien Ps. 68:18. Dan. 7:10. En dat hierdie Turke en Tartare met honderde duisende na die slagveld gekom het, is genoeg bekend uit die geskiedenis. 21 Naamlik wat genoem is in hierdie gesig. |
En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met 22vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was 23soos leeukoppe, en uit hulle bekke het 24vuur en rook en swawel uitgegaan.
| 22 Aangesien hierdie nasies baie min ysterwapens aan hul liggame dra, verstaan sommige hierdeur hul verskillende uitrustings, wat gewoonlik uit dergelike kleure bestaan het. Ander verstaan hul wrede gedagtes, wat hulle teenoor die Christene betoon, en hul verskriklike lasteringe, wat hulle gewoonlik teen hul blaas.
23 Dit is, wat sterk, vinnig en wreed is, en nie net deur te slaan nie, maar ook deur te byt en te skeur gewoonlik woed. 24 Dit verstaan sommige as die artillerie wat hulle sleep, waar as dit skiet, dit lyk of daar vuur, rook en swawel uit hul monde voortkom. Ander verstaan hierdeur allerlei soorte wreedheid wat hulle deur hul wapens sou bedryf. |
Deur hierdie drie plae is ’n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;
want hulle mag is in hulle bek en 25in hulle sterte; want hulle sterte is 26soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.
| 25 Sommige verstaan dit só dat hulle nie net van voor af in die aanval nie, maar ook van agter af in die vlug, vroeër met hul boë, en nou met hul artillerie, weet hoe om te skiet en skade aan te rig.
26 Wie se gif in die kop en in die stert lê, wat gewoonlik ook met beide die meeste skade kan aanrig, soos daar ook sodanige slange gevind word, wat koppe op hul sterte het en amfisbaena genoem word. |
En die orige mense wat 27deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van 28die werke van hul hande, om 29die duiwels te aanbid, iof die 30afgode van goud en silwer en koper en klip en hout 31wat nie kan sien of hoor of loop nie.
| i Ps. 115:4-7; 135:15. | 27 Naamlik wat God vanweë die afgodery en ander sondes oor hulle gestuur het; wat uit die volgende woorde blyk. Waaruit blyk dat hierdie afgodery, wat die Christene in Griekeland en die lande in die Midde-Ooste begin het, en met hul tweede sinode van Nicéa, en nog ander, bevestig het, die oorsaak was dat God deur sy regverdige oordeel hierdie strawwe oor hulle gestuur het; volgens wie se voorbeeld die kerke van die weste hulle nogtans nie laat waarsku het nie, maar in dieselfde afgodery gebly het.
28 Dit is, beeldediens; want nie die duiwels nie, maar die beelde is werke van mensehande. 29 Hier word nie gespreek van die afgodery van die heidene nie; want die Mohammedane het eintlik nie oorlog gevoer teen die heidene nie, wat meestal lank tevore deur die Christelike keisers in die ooste en weste uitgeroei was, ook nie van die oorloë van die Mohammedane onder mekaar nie, aangesien hulle geen beelde het of vereer nie, maar hulle het oorlog gevoer teen die Christene. Diegene wat hulle nie doodgemaak het nie, maar wat oorgebly het in die hele Europa, was ook nie heidene nie, maar Christene van belydenis. En hier word dus deur die duiwels te aanbid nie verwys na dit wat hulle bely het nie, maar na dit wat hulle metterdaad gedoen het; omdat diegene wat van die ware godsdiens afwyk, en ’n godsdiens met beelde, deur God verbode, oprig, daarmee nie God nie, maar die duiwel dien, ongeag waarop hulle roem; soos te sien is in 2 Kron. 11:15. Amos 5:25, 26. 1 Kor. 10:20, en soos die apostel in 1 Tim. 4:1 leringe van duiwels noem wat hulle wel as goddelike leringe beskou, maar omdat dit teen God se instelling stry, dit as leringe en dienste van die duiwel beskou moet word. 30 Of: beelde. 31 Dit is geneem uit Psalm 115, wat die apostel op die antichristelike beelde toepas, omdat hulle nie méér krag het as die beelde van die heidene of Jode in hierdie geval nie. |
En hulle het hul nie bekeer van hul 32moorde en hul 33towerye en hul 34hoerery en hul 35diefstalle nie.
| 32 Hiervan is, benewens ander, die martelare, wat hulle in talle duisende deur baie eeue heen met vuur, swaard en galg, en andersins vermoor het, genoegsame getuies.
33 Of: giftigheid, soos hierdie woord beide beteken, en soos albei onder die ryk van die Antichris baie algemeen in gebruik is. 34 Waarvan die openbare bordele, wat deur baie van hulle in die openbaar toegelaat word, en waaruit hulle voordeel trek, en die ontugtighede van die priesters onder andere ’n bewys is. 35 Waaronder die onttrekking van die erflatings van die ware erfgename tot hul kloosters, en die toewysing van die goedere wat vir die godsdiens bedoel is, tot onderhoud van lui buike en tot wêreldse prag onder baie, met reg getel kan word. |
Die sewende seël word oopgemaak. Sewe engele met sewe basuine. Die eerste vier basuine.
EN toe Hy 1die sewende seël oopgemaak het, kom daar 2stilte in die hemel omtrent ’n halfuur lank.
| 1 Naamlik die laaste van die boek met sewe seëls, wat die Lam uit die hand van Hom wat op die troon sit, ontvang het, Openb. 5:7.
2 Dit is, ’n stilte van spreek en van geluid van ander stemme, wat tevore gehoor was; deur hierdie stilte verstaan sommige ’n stilte van vervolging van die gemeente op aarde, wat ná die onderwerping van die heidense tiranne deur Konstantyn vir ’n kort tyd geduur het. Ander verstaan hierdie stilte as ’n ernstige verwagting van alle geeste in die hemel op dit wat ná die opening van hierdie sewende seël sou volg. Dit word ook deur sommige verstaan as die gebruik wat gewoonlik in die tempel op die uur van gebed gevolg is, wanneer die priesters in die Heilige ingegaan het om rook te laat opgaan, soos die Engel hier terstond sal doen, en die hele gemeente wat in stilte buite was, gewag het vir die priester om uit te kom, soos te sien is in Luk. 1:10. |
En ek het 3die sewe engele gesien wat voor God staan, en 4sewe basuine is aan hulle gegee.
| 3 Deur hierdie sewe engele verstaan sommige die hele menigte van die heilige engele, wat voortdurend rondom die troon van God staan; omdat die getal sewe ’n volmaakte getal is. Dit kan hier egter ook wel verstaan word as sewe besondere engele, wat uit die hele menigte ontbied was om hierdie besondere opdrag van God te ontvang. Van die engele word gesê dat hulle voor God staan, hier en in Luk. 1:19, en altyd die aangesig van die Vader in die hemel sien, Matt. 18:10, omdat hulle altyd toegang tot die troon van God het, en altyd bereid is om God se bevele te ontvang en uit te voer, Hebr. 1:14.
4 Naamlik om, die een ná die ander, God se oordele oor die mense te verkondig, soos van die sewende vers van hierdie hoofstuk tot die einde van die negende hoofstuk beskryf sal word. |
En 5’n ander engel het gekom en met ’n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom 6gegee, om dit a7met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê;
| a Openb. 5:8. | 5 Naamlik van ’n ander natuur, wat hier tussenbeide getree het voordat die ander sewe die basuine geblaas het; deur hierdie Engel word hier noodsaaklikerwys Christus, ons Middelaar, verstaan, die Engel van die verbond en van die aangesig van God, Jes. 63:9. Mal. 3:1, wat alleen die Priester van die hemel is, en ons gebede met die reukwerk van sy verdienste op die goue altaar, dit is, op Homself, aan God as ’n lieflike geur offer en aanbied soos getuig word in Rom. 8:34. Ef. 5:2. Hebr. 4:14; 9:24; 13:10, 15. 1 Joh. 2:1.
6 Naamlik deur God sy Vader, omdat Hy Hom as Middelaar gestel het. 7 Of: aan die gebede te gee. Dit verstaan sommige as die gebede van alle gelowiges op aarde, wat gedurig tot God roep en sug, dat sy ryk mag kom en dat Hy hulle van die Bose sal verlos. Ander verstaan dit in die besonder as die gebede van die martelare, waarvan tevore gespreek is in Openb. 6:10, maar dit kan ook as al die gebede van die kinders van God in die algemeen verstaan word. |
ben die rook van die reukwerk het 8met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel 9opgegaan voor God.
| b Ps. 141:2. | 8 Of: gelê by die gebede.
9 Naamlik om deur die Vader verhoor te word; waarna die volgende oordele van God, as ’n vrug van hierdie verhoring, sou volg. Sien Hand. 10:4. |
En die engel het 10die wierookbak geneem en dit met 11vuur van die altaar volgemaak en 12dit op die aarde gegooi; 13en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.
| 10 Die Griekse woord beteken eintlik wierook, maar uit dit wat volg, blyk dat dit hier as die wierookbak verstaan moet word, soos ook in vers 3.
11 Hierdeur word Christus se vurige begeerte gepas verstaan, waardeur Hy begeer dat ons gebede by sy verdienste gevoeg word, vir God aangenaam is en deur Hom verhoor word, Joh. 17:24. 12 Naamlik die vuur van die altaar, waardeur Hy altyd dit begeer wat vir sy gelowiges tot saligheid is, so begeer Hy ook dat die regverdigheid van God, sy Vader, uitgevoer word teen die onbekeerlike verdrukkers van sy gemeente, sien Ps. 2:12, soos dit ook sal blyk uit die gevolge ná die blaas van die basuine van die sewe engele. 13 Naamlik tot ’n teken dat die voorbidding van hierdie Engel verhoor was, soos dit altyd verhoor word. Sien Joh. 11:41, 42; 12:28, 29. |
14En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.
| 14 Soos in Openb. 6:2 se kanttekening aangeteken is dat sommige verklaarders die gesigte van die eerste ses seëls dui op die politieke veranderinge en swarighede wat die wêreld, en in die besonder die Romeinse Ryk, vanweë die verdrukkinge van die kerk van Christus oorgekom het, tot en met die tyd van Konstantyn, só is daar ook sommige wat hierdie basuine as die daaropvolgende veranderinge en swarighede verstaan, wat die Romeinse Ryk deur verskeie barbaarse nasies uit al die geweste van die wêreld, verskeie kere en in verskeie tye, verduur het; waardeur hierdie ryk in die weste geheel onderworpe geraak het, en in baie koninkryke en heerskappye verdeel is, wat daarna deur die geestelike heerskappy van die biskop van Rome op ’n ander manier enigsins aan mekaar verbind is. Dit wil voorkom of hierdie mening deur die spreekwyse wat hier gebruik word, en deur die vergelyking van dergelike uit die Ou Testament, ook bevestig word; sien daaroor Jes. 28:2; 30:30. Jer. 15:9. Eség. 32:7. Aangesien tevore egter gesê is dat Christus hier nie as ’n heerser van wêreldse koninkryke nie, maar as ’n geestelike regeerder van sy gemeente oral erken word, en dat deur die voorbidding en voorspraak van Christus hier, en deur sy verseëling in die voorgaande hoofstuk en in die volgende hoofstuk in die vierde vers, die ware gelowiges van hierdie volgende oordele en swarighede vrygestel word, soos Christus ook vir Petrus bid, Luk. 22:32, en alle gelowiges verseker dat hulle nie deur die valse profete mislei sal word nie, Matt. 24:24, terwyl hulle nie gevrywaar is van die liggaamlike swarighede nie, so is dit meer gepas dat dit as die geestelike stand van die kerk verstaan word, en as die wêreldlike stand alleen vir sover dit die geestelike stand raak. |
En die eerste engel het geblaas, 15en daar het 16hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ’n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.
| 15 Hierdeur word gepas die eerste hoofdwaling verstaan, wat ná ’n kort periode van rus vir die kerk, ten tyde van Konstantyn, die gesonde leer verderf het, naamlik die dwaalleer van die Ariane, wat die ewige Godheid van Christus verloën het, by wie die kettery van die Masedoniane gevoeg is, wat saam met die Ariane in die vierde eeu, die Godheid van die Heilige Gees ontken het, en wat ’n groot deel van die kerk verderf het.
16 Soos die gesonde leer met reën vergelyk word, Jes. 55:10, 11, só word hierdie verderflike leer gepas met hael en vuur vergelyk, wat die aarde laat verdor. Hier word ook bloed bygevoeg, omdat dit met groot vervolging, onder keiser Flavius Julius Constantius, seun van Konstantyn, en ander, in ’n groot deel van die wêreld gebeur het, waardeur ’n derde deel van die bome, dit is, van die leraars en ander belangrike lede van die gemeente, mislei is, en die groen gras verbrand is, dit is, die gewone lede, wat skynbaar wel in die kerk gefloreer het, maar sonder ware wortel, bedorwe is, soos Christus spreek van sulkes wat afvallig word, Matt. 13:20, 21. |
En die tweede engel het geblaas, en 17iets soos ’n groot berg wat brand met vuur, is 18in die see gegooi. En ’n derde van die see het bloed geword,
| 17 Hierdeur word die tweede hoofdwaling verstaan, naamlik van die Pelagiane, wat omtrent die jaar 400 ontstaan het, en vir ’n geruime tyd die kerk van Christus bestry het; wat om die rede met ’n brandende berg vergelyk word, omdat hulle die vrye wil van die mense teen die genade van Christus verhef het, en die mens so hoogmoedig laat word het deur sy ingebeelde heiligheid en eiedunk van sy volmaaktheid en natuurlike kragte in hemelse en geestelike sake, soos die Skrif ook elders sodanige hoogmoed met berge vergelyk, Jes. 2:14, 15. Sag. 4:7.
18 Dit word so gestel omdat hierdie kettery benewens ander plekke, baie eilande ook ingeneem het, soos Rhodos, Sisilië, Brittanje en ander, soos die historici getuig. Andersins word die volke in hierdie boek ook soms waters genoem, soos in Openb. 17:15 verklaar word; en deur die skepe wat daarin is, word dikwels die besondere gemeentes verstaan, wat deur hierdie leer verdorwe is; hoewel Christus nogtans twee derdes daarvan behou het deur die ywer van die troue leraars in die regsinnige leer. |
en ’n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ’n derde van die skepe het vergaan.
En die derde engel het geblaas, 19en ’n groot ster wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van die riviere en op die waterfonteine.
| 19 Hierdeur word gepas die derde hoofdwaling verstaan, wat ongeveer die jaar 425 begin is deur ene Nestorius, biskop van Konstantinopel, ’n welsprekende en aansienlike biskop, wat die twee nature van Christus geskei het en twee persone van Christus gemaak het, naamlik een wat mens en een wat God was; op grond daarvan word hy ’n groot ster genoem, wat soos ’n fakkel brand. En hoewel dit wil voorkom of sy leer die Ariane weerspreek het, so was hy nogtans bitter soos wildeals, waarmee ook die verleidende leer in Hebr. 12:15 en die kanttekening vergelyk word, en het hierdie leer versprei deur baie volke, soos fonteine en riviere gewoonlik doen, totdat dit by die sinode van Éfese deur al die kerke veroordeel is. |
En die naam van die ster 20word genoem Alsem; en ’n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
| 20 Dit is, was inderdaad bitter soos alsem, want dit het die leer bitter gemaak soos wildeals en onbekwaam as goeie voedsel, hoewel dit met die eerste oogopslag anders voorgekom het. |
En die vierde engel het geblaas, 21en ’n derde van die son is getref en ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre, sodat ’n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.
| 21 Hierdeur word gepas die vierde hoofdwaling, naamlik van die Eutugiane verstaan, wat ongeveer die jaar 450 ontstaan het, wat heeltemal die teenoorgestelde is van die Nestoriaanse dwaling, omdat hulle geleer het dat die twee nature in Christus vermeng en die een in die ander verander was, waardeur Christus, die Son van geregtigheid, vir ’n groot deel van sy eer ontroof is; die maan, dit is, die kerk van Christus, en die sterre, dit is, haar leraars, vir ’n groot deel verduister is, en die lig van die leer self sy ware glans en voorkoms ontneem is, totdat hierdie leer by die sinode van Chalcedon as verderflik en boos veroordeel is. Ná hierdie hoofdwaling het baie verdeeldheid in die Christendom, en in die besonder onder die biskoppe en leraars gevolg, en baie ander swarighede en twiste het oor die sinodebesluit gekom, wat die kerke van ooste en weste uiteindelik geskeur en in baie swarighede gebring het, waaruit ook soos in die volgende hoofstuk blyk, groter swarighede sal ontstaan, soos die engel in die volgende vers reeds aankondig. |
En ek het gesien en gehoor ’n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ’n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!
Die getroue Israeliete uit ontsaglike gevare gered.
EN 1ná hierdie dinge het ek 2vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai 3op die aarde of op die see of teen enige boom nie.
| 1 Naamlik toe hierdie voorgaande gesig verby was, het ek ’n deel gesien van dit wat nog ná die opening van die sesde seël moes gebeur. Want dit wat in hierdie hoofstuk volg, behoort ook by die opening van die sesde seël, soos blyk uit die begin van die volgende hoofstuk, waar die sewende seël eers geopen word. Waaruit ook gepas afgelei word dat die inhoud van hierdie hoofstuk aaneenskakel met dié van die voorgaande, en mekaar verklaar.
2 Sommige verstaan dit as goeie engele, wat ook soms tot uitvoering van God se oordele in die wêreld gebruik word, en verstaan deur hierdie vier engele, wat mag gehad het om die aarde en die see met onstuimige winde en storms te beskadig of dit te laat bedaar, sodanige instrumente wat God deur ’n regverdige oordeel in alle uithoeke van die wêreld gebruik het om die Arabiere, Hagarenes, Kusiete, Sarasene, en ander wrede volke in die ooste en suide, en die Gote, Vandale, Longobarde, Hunne en ander soos hulle, in die weste en die noorde, op te wek om die hele Romeinse Ryk te oorrompel en te verniel; soos sulke swarighede dikwels onder die beeld van winde en storms verstaan word. Sien Jer. 49:36; 51:1 en die kanttekening. Dan. 7:2. Hierdie vernieling van die Romeinse Ryk het gebeur vóór die opkoms van die Antichris, soos deur Paulus getuig word dat dit sou gebeur, 2 Thess. 2:7. Waarop gevolg het dat God, om die Christengemeente te midde van hierdie verwoestings in stand te hou, die verseëldes uit alle nasies deur hierdie ander Engel laat verseël het, soos dergelike verseëling ten tyde van die verwoesting van die Israelitiese land deur die Babiloniërs en Assiriërs, op God se bevel gedoen is, Eség. 9:4, waarop hierdie profesie duidelik wys. Ander verstaan deur hierdie vier engele soveel bose geeste, wat as instrumente van die Satan in die oprig van die antichristendom daartoe vernaamlik in al die streke van die wêreld gearbei het, sodat die werking van God se Gees, wat ook met wind vergelyk word, Joh. 3:8. Hand. 2:2, gestuit en verhinder mag word, en die troue en opregte leraars oral gedemp en tot stilswye gebring word, tot verdorring en verderwing van die regsinnige godsdiens, omdat ’n krag van die dwaling deur tekens van die leuen onder hulle gestuur is, soos Paulus in 2 Thess. 2:9, ens. getuig. Waarop God nogtans hierdie verseëling van hierdie uitverkorenes van Hom uit alle geslagte wou doen, om sy gemeente selfs te midde van dit alles nog altyd te behou, soos Hy gedoen het in Israel, toe Hy die seweduisend behou het wat hul knieë nie voor Baäl gebuig het nie; sien daaroor 1 Kon. 19:18. Rom. 11:4, 5. 3 Hierdie drie soorte word genoem, omdat die winde gewoonlik skadelik of bevorderlik is vir hierdie drie dinge. Die aarde, verstaan die mense op die aarde, die see, verstaan die mense op eilande en op skepe, en die bome, wat met hul takke hulself in die lug uitsprei. Daardeur word sodanige mense bedoel wat uitstaan bo ander, soos blyk in Openb. 9:4, waar die sprinkane opdrag gegee word dat hulle geen boom mag beskadig nie, maar slegs mense wat nie die merk van God op hul voorhoofde het nie. |
En ek het’n ander 4engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ’n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig
| 4 Hierdeur kan Christus verstaan word, wat die opgaande Lig uit die hoogte is, en wat alleen die seël van die lewende God het, om die wat aan Hom behoort daarmee te verseël, en wat die hoogste gesag oor alle engele het. |
en gesê: aMoenie die aarde of die see of die bome 5beskadig voordat ons 6die diensknegte van onse God b7op hulle voorhoofde 8verseël het nie.
| a Openb. 9:4.
b Eség. 9:4. |
5 Gr. onreg aandoen.
6 Dit is, die ware gelowiges en uitverkorenes van God, sodat hulle nie saam met die ander mislei word nie. Sien Matt. 24:24. 7 Hier word vernaamlik verwys na dit wat beskryf word in Eség. 9:4, en dit word ook as beeld gedoen, omdat die slawe vroeër op hul voorhoofde gemerk was met die name van hul here, en die soldate op hul hande met die name van hul opperbevelvoerder. Hierdie merk word op die voorhoof aangebring, omdat dit, hoewel dit vernaamlik inwendig is, hulle nogtans deur hul belydenis en vrugte aan almal bekendmaak. Sien Openb. 14:1. 8 Dit is, met ’n seël as ’n teken gemerk, sodat hulle, terwyl hulle daardeur van ander onderskei is, nie saam met hulle beskadig word nie. Hierdie verseëling is die werking en versterking van die Heilige Gees, waardeur hulle, tot kinders van God gestel, teen alle verleiding verseker word. Sien Rom. 8:15, ens. 2 Kor. 1:21, 22. Ef. 4:30. 2 Tim. 2:19. |
En ek het die getal van die verseëldes gehoor: chonderd-vier-en-veertigduisend verseëldes 9uit al die stamme van die kinders van Israel —
| c Openb. 14:1. | 9 Sommige verstaan dit letterlik as die uitverkorenes onder die Jode, hoewel die Ou Testamentiese orde nie meer onder hulle gevolg word nie, omdat God in die Nuwe Testament al diegene wat Hom liefhet, aan mekaar gelyk gestel het, en in Christus word nie meer Jood of Griek, slaaf of vryman aangesien nie, Gal. 3:28. Ander verstaan dit as die Israel van God wat vanuit Jode en heidene byeengevoeg is, wat gedurende die tyd van die heerskappy van die Antichris deur die Here versamel is; ’n groot getal, en nogtans telbaar vir die mense. Maar die getal wat hierna in die hemel gesien sal word, bestaande uit alle uitverkorenes van alle tye, is inderdaad aan God bekend, maar ontelbaar vir die mense. Sien Gén. 15:5. Jes. 49:20; 60:4, 5, ens. |
uit die stam van Juda twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalfduisend verseëldes;
uit die stam van Aser twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalfduisend verseëldes;
uit die stam van Símeon twaalfduisend verseëldes; 10uit die stam van Levi twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Íssaskar twaalfduisend verseëldes;
| 10 Hier word die stam van Levi onder die stamme van Israel gereken, wat nogtans geen spesifieke erfenis in die land Kanaän gehad het nie, en die stam van Dan word uitgelaat. Die rede is omdat ons nou almal priesters en Leviete voor God is. Wat die Daniete egter betref, word hulle stam hier uitgelaat, omdat hulle die eerstes was wat hulle tot die afgodery begewe het, Rigters 18, en omdat een van die goue kalwers van Jeróbeam in Dan opgerig was, 1 Konings 12. Daarom was hulle ook onder die eerstes wat deur die heidene weggevoer is, 2 Konings 15, en onder hulle verstrooi gebly het. Daarom is ook die stam van Dan in die terugkeer van die Israeliete, ná die gevangenskap in Babel, nie meer onder die Israelitiese stamme in die eerste boek van die Kronieke gereken nie. |
uit die stam van Sébulon twaalfduisend verseëldes; 11uit die stam van Josef twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalfduisend verseëldes.
| 11 Dit is, uit die stam van Efraim, wie se naam ook verswyg word, omdat die afgodery in Dan en Bet-el ook van hulle afkomstig was. Want Jeróbeam was ’n Efraimiet, 1 Kon. 11:26. Daarom word Josef, die vader van Efraim, hier in sy plek gestel. Ander meen dat die stam van Efraim die stam van Josef genoem word, omdat die stam van Efraim bo die stam van Manasse verhef is in die seën van Jakob, Gén. 48:14, 19. |
Gesig van die martelare in die heerlikheid.
12NÁ hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en 13tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met 14palmtakke in hulle hande;
| 12 Soos die voorgaande verseëling van die honderd-vier-en-veertigduisend op aarde plaasgevind het, ten tyde van die Antichris, toe die kerk van Christus haar nog onder die Antichris skuilgehou het en vervolg was, so word hierdie ontelbare getal uit al die volke in die hemel gesien, voor die troon van God, waar hulle uit alle plekke en tye versamel is. Ander verstaan met hierdie ontelbare getal diegene wat ná die begin van die val van die Antichris in die openbare gemeentes deur al die lande versamel is, en nog daagliks versamel word. Want hierdie verseëling gebeur gewoonlik in die verdrukte en ondergrondse kerke, en nie in die openbare en vrye kerke nie, soos die teks in Eség. 9:4 ook meebring. Sien ook Openb. 14:1.
13 Gr. tonge. 14 Naamlik tot ’n teken van oorwinning. |
en hulle het met ’n groot stem geroep en gesê: Heil 15aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
| 15 Naamlik (die heil of saligheid) is alleen aan Hom toe te skryf, dit is, ons het dit nie verkry deur ons eie krag, werke of waardigheid nie, maar deur die blote genade van God en die verdienste van Jesus Christus, ons Saligmaker. Sien Ef. 2:8-10. Openb. 19:1. |
En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon 16op hulle aangesig neergeval en God aanbid
| 16 Dit is, met ’n vernederde gemoed en met eerbied voor sy majesteit. Want die engele en geeste het nie gesigte, of vlees, of bene nie, soos Christus spreek in Luk. 24:39. |
en gesê: Amen! 17Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte 18aan onse God tot 19in alle ewigheid! Amen.
| 17 Gr. Die seën.
18 Dit is, laat die lof oor al hierdie eienskappe deur almal versprei en aan God toegeskryf word. 19 Gr. in die ewighede van die ewighede. |
Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: 20Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
| 20 Dit wil voorkom of die ouderling hier na ’n deel van hierdie hele skare verwys, wat ’n spesiale uitrusting gehad het. |
En ek sê vir hom: 21My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit 22die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere 23wit gemaak in die bloed van die Lam.
| 21 Johannes noem hierdie ouderling so uit eerbied.
22 Naamlik onder die Antichris. Want oor die ander martelare is in die voorgaande hoofstuk gespreek. 23 Dit is, gereinig. Want die bloed van Jesus Christus reinig ons van al ons sondes, 1 Joh. 1:7. |
Daarom is hulle 24voor die troon van God en 25dien Hom dag en nag 26in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal 27sy tent oor hulle oopspan.
| 24 Dit is, in die teenwoordigheid van die aangesig van God.
25 Naamlik om Hom te loof en te dank. 26 Naamlik in die binneste van die hemel. Want die hemelse Jerusalem het geen ander tempel as God en die Lam nie, Openb. 21:22. 27 Of: by hulle woon. |
Hulle sal nie meer d28honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal edie son of enige hitte op hulle val nie;
| d Jes. 49:10.
e Ps. 121:6. |
28 Dit is, geen leed of gebrek sal hulle meer oorkom nie. Sien dergelike in Jes. 49:10. |
want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle flaat wei en hulle na 29lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë g30afvee.
| f Ps. 23:1.
g Jes. 25:8. Openb. 21:4. |
29 Dit is, die volheid van die gawes van die Heilige Gees. Sien Joh. 4:14; 7:38. Openb. 22:1.
30 ’n Beeld van ’n pleegmoeder of moeder, wat haar kind wat huil, vertroos; hier word sodanige afvee bedoel, waarna geen ander trane meer sal volg nie. Sien Jes. 25:8. Openb. 21:4. |
Die oopmaak van die eerste ses seëls.
EN ek het gesien 1toe die Lam 2een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ’n donderslag: 3Kom kyk!
| 1 Gr. hote, dit is, toe, waarvoor ander hoti lees, dit is, dat; die sin lees dan ook reg.
2 Dit is, die eerste van die seëls, soos direk daarna een van die lewende wesens, dit is, die eerste, soos blyk uit verse 3, 5, 7. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Gén. 1:5. Matt. 28:1. 3 Soos een van die vier-en-twintig ouderlinge in Openb. 5:5 die apostel vertroos het, toe hy geween het omdat niemand gevind is wat hierdie boek met sy seëls kon oopmaak nie, só kom nou ’n ander een van die vier lewende wesens en vermaan die apostel om noukeurig te let op dit wat ná die opening van die seëls sal volg, soos ook die ander drie elkeen op sy beurt sal doen; sodat alles met orde en vrug kan voortgaan in hierdie verskynings, wat hier in die hemele getoon word. |
4En ek het gesien, en kyk, daar was a5’n wit perd. En hy wat daarop sit, het ’n boog; en aan hom is ’n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ’n oorwinnaar en om te oorwin.
| a Openb. 19:11. | 4 Sommige verstaan onder die gesigte wat op die opening van die eerste vier seëls volg, die vier monargieë waarvan Daniël geprofeteer het. Hierdie mening word egter weerlê deur dit wat in Openb. 1:1 en 4:1 gesê is, naamlik dat hier dinge getoon word wat ná hierdie dinge moes gebeur, dus nie sodanige dinge wat nou lank tevore gebeur het nie. Diegene wat dit as toekomende dinge verklaar, is ook van tweërlei mening. Sommige verstaan deur die verskynings wat met die opening van hierdie seëls vertoon word, die veranderinge en swarighede wat die Romeinse Ryk, van hierdie tyd af tot die tyd van keiser Konstantyn, wat die eerste Christelike keiser was, oorgekom het; naamlik só dat die wit perd met sy oorwinnende ruiter Christus sou beteken, wat, soos Hy nou reeds deur sy apostels begin het, so ook voortaan deur ander getroue leraars die heidense afgodery en ander ydele godsdienste sou onderwerp en die Romeinse Ryk in hierdie saak so in ’n heel ander staat herstel. Die vuurrooi perd is die bloedstortinge en burgerlike onenighede wat in hierdie ryk onder verskeie keisers sou ontstaan. Die swart perd is die hongersnode en swaar tye wat God verskeie male tot ’n straf onder hulle gestuur het. Die vaal perd is die swaar peste en ander ernstige siektes en sterftes wat in hierdie ryk sou plaasvind; en dit alles vanweë die vervolging wat hulle tot tien maal toe teen die Christene begin het. Waarop ná die opening van die vyfde seël die siele van die Christene wat gedood is tot God om wraak sou roep, wat ná die opening van die sesde seël verhoor is deur God. Daarna is Konstantyn verwek, wat die tirannieke keisers en vervolgers van die gemeente Maxentius, Maximianus, Licinius en ander, hul gelykes, onderwerp het, wat die heidense afgode al hul aansien ontneem en al hul dienaars tot die uiterste desperaatheid gebring het. Hierdie menings oor hierdie hoofstuk kom ooreen met die eienskappe van hierdie gesigte en die geskiedenis van hierdie tyd. Maar omdat hier eintlik van Christus, as die Lam wat geslag is, gespreek word, wat met sy bloed sy gemeente gekoop het en slegs melding gemaak word van vier lewende wesens en vier-en-twintig ouderlinge, wat almal voorgangers van die gemeente van Christus is, soos in die voorgaande hoofstuk verklaar is, so is dit wel geloofwaardig dat in hierdie en alle ander toekomende gesigte verwys word na die veranderinge en swarighede, asook vertroostinge, wat die kerk van Christus die hele wêreld deur sou oorkom, soos in die vervolg aangeteken sal word.
5 Hierdeur word die suiwer prediking van die evangelie verstaan, wat Christus, die Koning van die konings, wat hierdie perd beheer (soos hierna verklaar word in Openb. 19:11, ens.), deur die hele wêreld, gewapen met die krag van sy Gees, soos met sy boog, versprei het, en deur sy dienaars alle teëstand oorwin het, sodat Hy, nieteenstaande die vervolginge van die heidense en ander barbaarse of ketterse konings in die ooste en weste, daarin die oorhand behou het. |
En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
En ’n ander perd, 6’n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou 7doodmaak; en 8’n groot swaard is aan hom gegee.
| 6 Hierdeur word die Satan met sy werktuie gepas verstaan, soos die heidense en Ariaanse keisers en konings, wat die gemeente van Christus met vervolging en bloedstorting gevul het. In hierdie tye het baie duisende martelare die waarheid van die leer van Christus met hulle bloed verseël; waarvan in die negende vers melding gemaak sal word.
7 Gr. slag. 8 Naamlik om daarmee die opregte Christene dood te maak of te onthoof. |
En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was 9’n swart perd; en hy wat daarop sit, het 10’n skaal in sy hand.
| 9 Hierdeur word die valse leringe en ketterye gepas verstaan, wat die Satan met sy instrumente teen die suiwere leer van die heilige evangelie vanaf hierdie tyd probeer het om in te voer, soos daar die Cerintiërs, Ebioniete, Marcioniete, Manigeërs, Samosateniane, Ariane, Pelagiane en dergelike ander was, wat nogtans almal uiteindelik deur die getroue leraars en regsinnige sinodes onderwerp is.
10 Hierdeur verstaan baie die Heilige Skrif, wat hierdie ketters wel voorgegee het om te volg, maar tot hul verderf verdraai en volgens hul menslike vernuf wou buig, 2 Petr. 3:16. |
En ek het ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: 11’n Rantsoen koring vir 12’n penning en drie rantsoene gars vir ’n penning; en moenie 13die olie en die wyn b14beskadig nie.
| b Openb. 9:4. | 11 Die Griekse woord goiniks beteken ’n meeteenheid, waarmee die rantsoen wat ’n mens nodig gehad het om ’n dag te kan lewe, afgemeet is, en waarmee die voedsel aan die slawe uitgedeel was.
12 Dit was die dagloon van ’n arbeider, soos te sien is in Matt. 20:2, 9, 10, sodat daarmee geprofeteer word dat daar so ’n skaarste van graan sou wees dat ’n man, om te kan lewe, al sy daaglikse inkomste daaraan sou moes bestee. Omdat hier eintlik van geestelike voedsel gespreek word, word hierdeur gepas die skaarste van God se suiwer woord verstaan, wat in enige van hierdie tye sou kom deur die vervalsing en tirannie van enige van hierdie ketterye, en deur die slapheid en vreesagtigheid van baie leraars. Sien dergelike figuurlike spreekwyse in Amos 8:11. 13 Hierdeur word die grondwaarhede van die leer van die saligheid gepas verstaan, wat die harte verkwik en versterk. Hiermee word te kenne gegee dat God nogtans altyd enkele getroue leraars selfs tydens hierdie skaarste van sy woord sou verwek, wat die grondwaarhede van die leer van die saligheid sou verstaan en die harte van die uitverkorenes daarmee verkwik en versterk, soos die kerklike geskiedenis getuig dat dit ook steeds in die swaar tye gebeur het. 14 Gr. onreg aandoen. |
En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!
En ek het gesien, en kyk, daar was 15’n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en 16die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak 17met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
| 15 Of: bleekgroen, soos die blare is wanneer dit verdor. Waardeur die menslike insettinge en bygelowigheid gepas verstaan word, waardeur die gesigte mismaak word, Matt. 6:16, en die kerk van Christus geleidelik van haar gesonde leer beroof word, en die mense van Christus se verdienste tot hul eie verdienste, en tot ander middelaars en gronde van die saligheid, en hulle verderf, verlei word. Sien Matt. 15:8, 9; 23:14. Gal. 5:4. Kol. 2:18, ens. Hierdie bygelowigheid en menslike insettinge het ná hierdie ketterye in die kerk van Christus ingedring, en het geleidelik die weg tot die antichristendom geopen.
16 Of: die graf. 17 Hierdie vier plae is dié waarmee God die Israeliete dreig, Eség. 14:21, sien ook Lev. 26:22, ens., wat hier verstaan kan word as die geestelike plae, wat die Satan deur die bygelowigheid die siele en gewetens van die mense aandoen. |
En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek 18onder die altaar cdie siele van die wat 19gedood is ter wille van die woord van God en ddie getuienis wat hulle gehad het.
| c Openb. 20:4.
d Openb. 19:10. |
18 Naamlik wat in die Heilige in die tempel van die hemel voor die troon van God gestaan het; soos in Openb. 8:3; 16:17 beskryf word. Hierdie altaar is Christus, Hebr. 13:10, wat so genoem word omdat ons gebede nie vir God aangenaam is nie, behalwe as dit in Christus se Naam gedoen, Joh. 16:23, en deur Hom aan God geoffer word, Hebr. 13:15. In die teenwoordigheid van Christus dus, en as ’t ware onder sy skaduwee, soos Dawid van die tabernakel spreek, Ps. 27:5, en Johannes in Openb. 7:16, 17, het hierdie heilige siele hulself vertoon, wie se liggame tevore gemartel was deur die ongelowige Jode, heidene en valse Christene. Dat hierdie heilige siele hul woning en troos by Christus het, blyk duidelik uit 2 Kor. 5:8. Filip. 1:23, en uit Openb. 7:15, 16, ens.
19 Gr. geslag. |
En hulle het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: 20Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
| 20 Gr. Tot wanneer toe. Hierdie gebed spruit nie voort uit enige wraakgierigheid nie, maar uit ’n heilige ywer, wat hierdie heilige geeste het tot die bevordering van God se eer, en ’n begeerte dat God sy geregtigheid en hul goeie saak onder die mense sal bekendmaak, soos Dawid ook spreek tot Saul, 1 Sam. 24:13, en Paulus van ’n vyand van die kerk van Christus, 2 Tim. 4:14, en ons almal saam wanneer ons bid: Verlos ons van die Bose. |
En aan elkeen van hulle is 21wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ’n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat 22nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
| 21 Gr. stolai; sien hieroor Mark. 12:38 se kanttekening. Naamlik wat gewas en wit gemaak was in die bloed van die Lam, soos getuig word in Openb. 7:14, waardeur die volkome heiligmaking en oorwinning van hierdie siele deur die bloed van Christus bedoel word, en ook hul heerlikheid te kenne gegee word, wat hulle reeds in die hemel besit. Sien 2 Kor. 5:2, 3.
22 Naamlik deur die Antichris en sy dienaars, wat kort daarna in die kerk van Christus sou opstaan, deur hul geestelike heerskappy die gemeente van Christus verdruk, en sy getroue getuies vervolg en doodmaak, soos die heidene, Jode en ander valse Christene tevore gedoen het. |
En ek het gesien toe Hy 23die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ’n groot aardbewing; een die son het swart geword soos ’n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
| e Hand. 2:20. | 23 Waarop die opkoms, nie net van die Mohammedane in die ooste nie, maar vernaamlik van die Roomse Antichris in die weste gevolg het, wat hulle met ’n geestelike tirannie verhef bo al wat God genoem word, en hulle in die tempel van God as ’n god op aarde uitgee. Onder hulle het hierdie groot en verskriklike veranderinge in die kerk van Christus plaasgevind, naamlik dat die hele stand daarvan as ’t ware van sy plek beweeg is; dat Christus, die Son van geregtigheid, deur die sak van menslike insettinge verduister is, die kerk van Christus, wat soos die maan van Hom alleen haar lig ontvang, met bloedige vervolginge gevul is en rooi geword het; dat die sterre, dit is, die herders en leraars (soos in Openb. 1:20 verklaar is), van die hemel, dit is, van die hemelse en geestelike, tot aardse en wêreldse sorg verval het; dat die hemel sou wyk soos ’n boek wat toegerol word, dit is, dat die Heilige Skrif en die hemelse leer van Christus soos ’n geslote boek geword het en die lidmate van die gemeente verbied en ontneem is; dat uiteindelik alle berge en eilande, dit wil sê, alle vorste en volke sou vrees vir sy heerskappy. Hierdie verklaring stem wel ooreen met die ervaring van die geskiedenis, en dat sulke veranderinge in die kerk en in die wêreld dikwels in die Skrif deur so ’n figuurlike spreekwyse verstaan word, blyk uit die vergelyking van verskeie tekste in die Ou Testament. Dit wil voorkom of hierdie teks daaraan ontleen is. Sien Jes. 13:10; 34:4. Jer. 4:23. Eség. 32:7. Joël 2:10. Ander nogtans, wat nader aan die letterlike bly, voeg hierdie drie verse by die volgende drie, wat oor die swaar strawwe handel wat die vervolgers en verdrukkers op die laaste dag sal oorkom, gestel teenoor die troos wat die martelare reeds geniet, van watter strawwe hierdie tekens in hemel en aarde ook as voorbodes deur Christus gestel word, Matt. 24:29. Mark. 13:24. Luk. 21:25, ens. |
en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ’n vyeboom wat deur ’n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
en die hemel het weggewyk soos ’n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
en 24die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
| 24 Naamlik wat met hul volgelinge die gelowiges hier verdruk het; sonder dat iemand, groot of klein, slaaf of vry, van hierdie strawwe sal vry wees of verskoon word. Want soos in vers 11 die martelare getroos is en beloftes ontvang het van verdere vergelding, wanneer die getal van hul medebroeders vol sal wees, van welke algemene troos in die volgende hoofstuk breedvoeriger gespreek sal word, só word hier ook hul verdrukkers in die algemeen gewaarsku oor die swaar en ellendige strawwe wat hulle te wagte is, indien hulle hul nie bekeer nie. |
en vir die berge en die rotse gesê: fVal op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
| f Jes. 2:19. Hos. 10:8. Luk. 23:30. Openb. 9:6. |
want 25die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan 26bestaan?
| 25 Dit is, van die swaar straf wat God in sy regverdige toorn oor hulle sal bring.
26 Gr. staan, soos in Ps. 1:5. |
Die boek met sewe seëls verseël. Die Lam alleen waardig om dit oop te maak.
EN ek het 1in die regterhand van Hom wat op die troon sit, a’n boek gesien, 2van binne en van buite beskrywe en 3met sewe seëls goed verseël.
| a Eség. 2:10. | 1 Die Griekse woordjie epi word ook vertaal met aan die regterhand; maar uit die sewende vers blyk dat hierdie vertaling beter is.
2 Of: van binne en van agter. Hieruit blyk dat hierdie ’n boekrol was wat aan albei kante beskrywe was, soos vroeër dikwels gedoen is. Sien ’n voorbeeld in Ps. 40:8. Sag. 5:1. 3 Sommige verstaan dit as die boek van die Ou en van die Nuwe Testament; omdat hier egter gespreek word van ’n openbaring van toekomende dinge, wat God aan Jesus Christus gegee het om daarna aan Johannes bekend te maak, soos dit in hierdie hoofstuk beskryf word, so word dit beter verstaan as die boek van die regering van God oor sy gemeente, en sy oordele oor hul vyande, soos ook die oopmaak van hierdie sewe seëls die een ná die ander, met die daaropvolgende openbaringe, dit duidelik te kenne gee. |
En ek het 4’n sterk engel gesien wat met ’n groot stem uitroep: 5Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?
| 4 Naamlik om deur ’n luide geroep deur elkeen oor die hele wêreld gehoor te word. Hierdie titel word aan al die engele van God gegee, Ps. 103:20.
5 Dit is, met aansien en mag daartoe geregtig en bekwaam. |
En niemand bin die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of 6daarin kyk nie.
| b vers 13. Filip. 2:10. | 6 Naamlik om dit wat daarin opgesluit is aan Johannes, en deur hom aan die hele gemeente tot hul troos en waarskuwing bekend te maak, volgens die belofte wat voorheen gemaak is in Openb. 1:1. |
En 7ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.
| 7 Naamlik omdat hy gevrees het dat die belofte wat voorheen aan hom gemaak is, hierdeur nie spoedig vervulling sou hê nie; waarna hy nogtans baie verlang het. |
Toe sê 8een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, c9die Leeu wat uit die stam van Juda is, d10die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.
| c Gén. 49:9, 10.
d Jes. 11:10. Rom. 15:12. Openb. 22:16. |
8 Naamlik wat naaste aan hom was.
9 So word Christus genoem in die seëning van Juda in die testament van Jakob, Gén. 49:9, en dit vanweë sy koninklike en oorwinnende krag oor die duiwel, wêreld, sonde en dood. 10 Soos ook in Openb. 22:16; Christus word so genoem omdat Hy uit die geslag van Dawid soos ’n wortel wat uitspruit, voortgekom het, en ook onder hierdie naam beloof word, Jes. 53:2. |
En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ’n 11Lam 12asof Hy geslag is, met 13sewe horings en esewe oë, wat die f14sewe Geeste van God is 15wat uitgestuur is oor die hele aarde.
| e Sag. 3:9; 4:10.
f Openb. 4:5. |
11 So word Christus hier afgebeeld omdat die paaslam, asook die ander lammers wat daagliks vir die sonde geoffer is, Ex. 29:38, skaduwees van Christus was, soos Hy ook so genoem word in Jes. 53:7. Sien ook Joh. 1:29.
12 Of: geslag was. Die woordjie asof verstaan sommige as die letterlike van die saak, soos dit in Joh. 1:14 (waar die woord soos in hierdie betekenis gebruik word) en elders verstaan word. Ander verstaan dit slegs as ’n beeld, naamlik omdat Christus nou verheerlik op sy Vader se troon, die littekens van sy wonde en ander smarte wat Hy tevore vir ons gedra het, in hierdie gesig nog dra, soos Hy dit in Luk. 24:40 en Joh. 20:27 ook gedra het. 13 Hierdeur word die Heilige Gees aangedui, wat Christus sonder mate ontvang het, Joh. 3:34, deur wie Hy ook sy mag en sy voorsienigheid in die regering van sy gemeente uitvoer. 14 Dit is, die volheid van die Heilige Gees. Sien oor die rede vir hierdie manier van spreek Openb. 1:4 en die kanttekening. 15 Gr. uitgestuur in die hele land of die aarde. Hierdie woorde is geneem uit Sag. 3:9, waar sewe oë gegraveer word op die steen waarop God sy tempel onder Josua bou, wat in Sag. 4:10 verklaar word as die oë van God, wat die aarde deurloop, dit is, sy voorsienigheid en Gees, waardeur Hy die wêreld en in die besonder sy gemeente regeer. |
16Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;
| 16 Naamlik as Middelaar tussen God en die mense. |
en toe Hy die boek 17neem, 18val die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met g19siters en goue skale vol reukwerk, 20wat hdie gebede van die heiliges is.
| g Openb. 14:2.
h Ps. 141:2. |
17 Naamlik om die seëls daarvan oop te maak, en om dit wat daarin vervat was te openbaar, soos in Openb. 6:1 en vervolgens tot aan die einde van hierdie openbaring.
18 Soos hulle in Openb. 4:10 voor Hom wat op die troon sit, gedoen het; waarmee hulle bewys dat hulle die Lam ook erken as die enige en waaragtige God, een in wese en heerlikheid met die Vader, soos die engele en alle ander skepsele ook aan die Lam dieselfde eer gee wat hulle aan God die Vader gee. 19 Naamlik soos die priesters en Leviete gewoonlik in die tempel gebruik het. Oor die siters as musiekinstrumente, waarmee hulle hul harte verhef en God geloof het, is oral in die psalms van Dawid te lees. Sien oor die skale of houers van reukwerk 2 Kron. 4:22. Sag. 14:20. Deur hierdie reukwerk is die gebede wat tot God opgegaan en vir Hom in Christus aangenaam was, aangedui, soos te sien is in Ps. 141:2. 20 Dit is, wat die gebede van die heiliges aandui; hier word verwys na die gebruik in die Ou Testament. Want soos die priesters daagliks en die hoëpriester een maal per jaar die reukwerk, tesame met die bloed van die offers, Lev. 16:13. Hebr. 9:4, ens., voor God geoffer het, om te kenne te gee dat hulle as voorgangers van die gemeente, en saam met die gemeente van die Ou Testament, hul gebede en danksegginge tot God gebring het; só word ook hier aangedui dat die voorgangers van die gemeente, sowel van die Ou as van die Nuwe Testament, in die triomferende kerk in die hemel ook gesamentlik hul gebede en danksegginge in Christus voor God se troon bring. Soos met hierdie vier lewende wesens en vier-en-twintig ouderlinge ook alle ander heiliges in die hemel verstaan word, volgens die inhoud van die loflied wat in die volgende vers uitgedruk en nader verklaar word in Openb. 6:10; 7:9, 10, 15; 8:3. |
Toe sing hulle i’n 21nuwe lied en sê: kU is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God 22met u bloed lgekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,
| i Openb. 14:3.
k Openb. 4:11. l Hand. 20:28. Ef. 1:7. Kol. 1:14. Hebr. 9:12; 10:10. 1 Petr. 1:19. 1 Joh. 1:7. |
21 Dit is, van ’n nuwe vorm en met nuwe inhoud, soos in Ps. 33:3. Jes. 42:10.
22 Gr. in u bloed, dit is, deur of met. |
men het ons 23konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde 24heers.
| m Ex. 19:6. 1 Petr. 2:5, 9. Openb. 1:6. | 23 Sien Openb. 1:6.
24 Sommige verstaan dit as die heerskappy van die heiliges op die aarde ten tyde van die duisend jaar waarvan in Openbaring 20 gespreek sal word. Sien daar die weerlegging van hierdie mening. Ander verstaan dit as ’n heerskappy wat die heiliges in die hemel nou reeds oor die mense wat op die aarde is, voer. Dit is egter in stryd met ander tekste in die Skrif, 2 Kon. 22:20. Sien Job 14:21. Jes. 63:16. En hier word uitdruklik gespreek, nie van ’n teenswoordige nie, maar van ’n toekomende heerskappy, wat naamlik eers sal wees wanneer hulle saam met Christus in sy laaste koms sal sit op trone, en die wêreld, asook die engele self sal oordeel, Matt. 19:28. Luk. 22:30. 1 Kor. 6:3 en die kanttekening, en wanneer die nuwe hemel en die nuwe aarde sal wees, waarin die geregtigheid sal woon, 2 Petr. 3:13. Sien ook Matt. 5:5. |
Toe sien ek, en ek hoor ’n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en nhulle getal was 25tienduisende van tienduisende en duisende van duisende;
| n Dan. 7:10. Hebr. 12:22. | 25 Dit is geneem uit Dan. 7:10, waardeur die heerlikheid en mag van God en Christus afgebeeld word, wat ontelbare dienaars rondom Hom het. |
en met ’n groot stem het hulle gesê: oDie Lam wat geslag is, is waardig 26om te ontvang die krag en 27rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en 28lof.
| o Openb. 4:11. | 26 Nie dat Hy dit nog nie gehad het nie; want Hy was verhewe bo elke naam wat genoem word in hemel en op aarde, Filip. 2:9, maar dit moet verstaan word as die erkenning van al hierdie eienskappe deur alle wesens, soos hierna uitgedruk word.
27 Want in Hom is al die skatte van die wysheid en kennis verborge, Kol. 2:3. 28 Of: seëning, soos ook in die volgende vers. |
En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en 29onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot 30in alle ewigheid!
| 29 Dit word gesê, soos hierna op die see, van alle lewende en lewelose skepsele, omdat hulle almal rede en oorsaak gee dat ’n mens Christus lof en eer toebring, soos in Ps. 148:1, ens. Ander verstaan deur diegene wat onder die aarde is, diegene wat op die bestemde tyd uit die grafte sal opstaan.
30 Gr. in die ewighede van ewighede. |
En die vier lewende wesens het gesê: 31Amen! En die vier-en-twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.
| 31 Sien hieroor Openb. 1:7. |
Gesig van die troon. Die vier-en-twintig ouderlinge. Die vier lewende wesens.
NÁ1 hierdie dinge het ek gesien — kyk, ’n geopende deur in die hemel, en die eerste stem 2wat ek soos ’n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat 3ná hierdie dinge 4moet gebeur.
| 1 Dit is, nadat die eerste gesig geëindig het.
2 Naamlik Openb. 1:10, wat die stem van Christus was, wie se heerlikheid daar beskryf is, en wie se woorde hier ooreenkom met die woorde wat in Openb. 1:1 verklaar is. 3 Dit is, van hierdie tyd af tot die einde van die wêreld, soos die openbaring self hierna aantoon. 4 Naamlik ten opsigte van God se voorsienigheid, sowel in die wêreld in die algemeen, as in die besonder in die gemeente van God, tot straf van die goddelose en tot beproewing en vertroosting van die vromes, soos in Openb. 1:1; 22:6. |
En dadelik 5was ek in die Gees, en kyk, 6daar staan ’n troon in die hemel en 7Een sit 8op die troon.
| 5 Dit is, in ’n nuwe verrukking of verheffing van sinne deur die Gees, soos in Openb. 1:10.
6 Baie vergelyk hierdie gesig met die gesig wat Jesaja, hfst. 6:1, ens., en Eségiël, hfst. 1:4, ens., gesien het van die majesteit van God in die hemel. En daar is sonder twyfel verskeie dinge in hierdie gesig, wat ook soortgelyk in die ander gevind word. Daar moet slegs aangemerk word dat hierdie gesig, soos ook die ander, baie dinge ontleen het aan die tabernakel of tempel van die Ou Testament, wat Moses beveel was om te maak volgens die voorbeeld wat hom op die berg getoon was, soos te sien is in Ex. 25:8, 9, 40. Hebr. 8:5; 9:24. Uit hierdie aanmerking kan baie dele en eienskappe van hierdie en die volgende gesigte des te beter verstaan word, soos in die vervolg breedvoeriger sal blyk. 7 Naamlik God die Vader, wat hierdie openbaring aan Christus Jesus gegee het, soos staan in Openb. 1:1, wat ook blyk uit die vergelyking met hfst. 5:6, 7, waar Christus die verseëlde boek neem uit die hand van Hom wat op die troon sit. 8 Naamlik as Regter van almal, en in die besonder as Koning en Beskermer van sy gemeente. Hier moet egter aangemerk word dat daar van dié troon, waaruit hierdie donderslae voortkom, gesê word dat dit in die tempel van die hemel is, Openb. 16:17, 18, waar ook die altaar voor hierdie troon van God staan, Openb. 8:3; 9:13, waarin die ark van die Getuienis gesien word, Openb. 11:19, en waaruit die engele van God se aangesig as gérubs uitgestuur word, Openb. 14:15, 17, 18. Dit alles, en ander dergelike, doel op die voorbeeld van die tempel en van die tabernakel, hoewel dit hier in die hemel gesien is. |
En Hy wat daarop sit, het 9in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was 10’n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ’n smarag.
| 9 Deur hierdie drie kosbare stene, waarvan die eerste van verskeie kleure is, die tweede van blinkende rooi en die derde van heldergroen, word hier die groot heerlikheid en nogtans onveranderlikheid van God se wese gepas afgebeeld, wat alles ook met sy heerlikheid bestraal en deur sy krag ondersteun. Hier moet egter opgemerk word dat hier geen beeld of gestalte van God se aangesig aangeteken word nie, sodat die mense hieruit geen rede sou hê om Hom af te beeld nie; soos Moses van die verskyning van God op die berg Horeb in die vuur getuig, Deut. 4:15. Daarom word in die verskyning in Jesaja 6. Eségiël 1; 10. Daniël 7, ook geen besondere gedaante van die aangesig uitgedruk nie. Die Israeliete het ook nooit in die Ou Testament, op grond van sulke verskynings wat aan die profete getoon is, God deur enige beeld durf afbeeld nie, soos so ’n afbeelding in die tyd van die apostels en die eerste evangeliese kerk ook nooit bestaan het nie, omdat dit in stryd is met die uitdruklike bevel van God, Deut. 4:15, 23. Jes. 40:18. Hand. 17:29. Rom. 1:23.
10 Hierdeur word God se genadeverbond oor sy gemeente gepas uitgebeeld dat naamlik, watter storms en vloede van vervolging of ander swarighede hulle in hierdie onstuimige wêreld ook oorkom, Hy hulle nogtans nie sal laat vergaan nie, soos van die waters van die sondvloed gespreek word, Gén. 9:12, ens. |
En rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, 11en op die trone het ek die vier-en-twintig ouderlinge sien sit, bekleed 12met wit klere; en hulle het 13goue krone op hulle hoofde gehad.
| 11 Sommige verstaan hierdie vier-en-twintig ouderlinge as die twaalf aartsvaders en die twaalf apostels, as voorgangers van die hele kerk van die Ou en Nuwe Testament. Maar omdat Johannes, een van die apostels, toe nog geleef het, en hierdie gesig in die hemel plaasgevind het, só verstaan ander hierdeur al die voorgangers van die Ou Testament, as ’n beeld geneem van die priesters en Leviete, wat die tabernakel gedien het en in vier-en-twintig klasse verdeel was, en dus vier-en-twintig owerstes gehad het, wat voorgangers van die hele Israelitiese kerk was, soos te sien is in 1 Kronieke 24.
12 Dit beteken hul heilige en priesterlike klere en hul oorwinning. 13 Daarmee word hul koninklike waardigheid afgebeeld wat hulle in Christus en van Christus as oorwinnaars van die Satan en van die wêreld verkry het, Openb. 1:6. |
En daar het 14weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en 15sewe vuurfakkels wat 16die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;
| 14 Hierdeur word die kragtige werking van God en van sy woord afgebeeld, waarvan gesê word dat dit uit die tempel van die hemel gaan, Openb. 16:17.
15 Naamlik soos daar aan die kandelaar in die tabernakel sewe lampe was, wat altyd van olie en lig voorsien moes wees. Sien die betekenis hiervan in Openb. 1:4 en die kanttekening. 16 Dit is, die Heilige Gees met sy verskeie gawes in Christus se gemeente. Sien Openb. 1:4 en die kanttekening. |
en voor die troon was daar a17’n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon 18vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.
| a Openb. 15:2. | 17 Hierdie beeld is ook geneem van die voorkoms van die tempel, waarin ’n groot kopervat met water was, genaamd die kopersee of see van gietwerk, 1 Kon. 7:23. Hier word gesê dat dit van kristal is, omdat dit heeltemal sigbaar en deurskynend voor God se troon was; en die menigte van volke in die wêreld uitbeeld, wat soos ’n see dikwels herwaarts en derwaarts beweeg word, maar altyd onder God se oë en mag staan, en maklik verbreek of stilgemaak kan word. So word die woord waters, waaruit die see bestaan, hierna deur die engel verklaar, Openb. 17:15.
18 Sommige verstaan hierdeur die vier wesens waarvan Eségiël, hfst. 1; 10, in dergelike gesig spreek, waardeur daar die engele van God aangedui word. Uit Openb. 5:9 blyk egter duidelik dat hierdeur mense verstaan word, wat deur die bloed van Christus gekoop is, uit alle volke, tale en nasies, soos ook die vier-en-twintig ouderlinge waarvan tevore gespreek is, wat beide van al die engele onderskei word, Openb. 7:11. Daarom verstaan ander dit as die vier evangeliste, wat vol oë was, weens hul groot kennis in die dinge van Christus; en ses vlerke gehad het, omdat hulle oor die lewe, sterwe en die heerlikheid van Christus aan alle kante ywerig ondersoek gedoen het en dit aan ons oorgedra het, sodat ons die ewige lewe deur Christus mag verkry. Waar van Matthéüs gesê word dat hy ’n aangesig het soos ’n mens, omdat hy by die menswording van Christus begin, Markus soos ’n leeu, omdat hy by die roeping van Johannes die Doper in die woestyn begin, Lukas soos ’n kalf of os, omdat hy by Sagaría, wat in die tempel geoffer het, begin, en Johannes soos ’n arend, omdat hy by die hoë geboorte van die Seun van God uit die persoon van die Vader begin. Hierdie menings is baie oud in die Christelike kerk. Omdat Johannes egter toe nog op die aarde geleef het, en hulle ook in Openb. 5:9 sing dat hulle uit alle tale en nasies deur Christus se bloed gekoop is, terwyl die vier evangeliste almal uit die Jode was, verstaan ander dit wel so gepas as die herders en voorgangers van die Nuwe Testament in die algemeen, wat vier genoem word, omdat hulle die evangelie na die vier uithoeke van die wêreld versprei het, en omdat hulle vier ampte deur Paulus genoem word in Ef. 4:11, naamlik apostels, profete, evangeliste en herders of leraars, wat in hul amp in die saak van Christus moedig moet wees soos ’n leeu, lydsaam en met deursettingsvermoë soos ’n os of kalf, versigtig soos ’n mens, en alles ondersoekende soos ’n arend; waarom aan hulle ook baie oë en vlerke toegeskryf word. |
En die eerste lewende wese was soos ’n leeu, en die tweede lewende wese was soos ’n kalf, en die derde lewende wese het ’n gesig gehad soos ’n mens, en die vierde lewende wese was soos ’n arend wat vlieg.
En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het 19sonder ophou 20dag en nag gesê: bHeilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, cwat was en wat is en wat kom!
| b Jes. 6:3.
c Openb. 1:4, 8; 11:17; 16:5. |
19 Naamlik om God te dank en te prys voor sy troon.
20 Dit is, altyd en ewig; omdat daar in die hemelse Jerusalem geen nag is nie, maar ’n ewige dag, verlig deur God en die Lam, Openb. 21:23, 25. |
En elke keer as die lewende wesens 21heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot 22in alle ewigheid lewe,
| 21 Dit is, sy heerlikheid en eer met ’n dankbare gemoed erken; soos in Jos. 7:19.
22 Gr. in die ewighede van ewighede, soos ook in die volgende vers. |
val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en 23werp hulle krone voor die troon en sê:
| 23 Nie om hulle daarvan te ontdoen nie, maar om te bewys dat hul oorwinning nie van hulself gekom het nie, maar van Hom wat op die troon sit, wat hulle deur hierdie neerval en neerwerp van hul krone betuig. |
dU is 24waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en 25deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
| d Openb. 5:12. | 24 Dit is, dat die hele wêreld u heerlikheid erken, U as God eer, en u krag as ’n alvermoënde krag vrees.
25 Dit is, bestaan hulle nog, soos hulle geskape is, Rom. 11:36. |
Vyfde brief: aan die gemeente van Sardis.
EN skryf aan 1die engel van die gemeente in 2Sardis: Dít sê 3Hy wat adie sewe Geeste van God en bdie sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy 4die naam het dat jy leef, en jy is dood.
| a Openb. 1:4.
b Openb. 1:16. |
1 Sien Openb. 2:1.
2 Dit was ’n baie groot en bekende stad in Lidië, waar die hof en die woonplek van koning Croesus vroeër was. 3 Omdat hierdie titel nie in die beskrywing van die verskyning van Christus, Openbaring 1, staan nie, daarom meen sommige dat dit geneem is uit die inleiding van hierdie boek, Openb. 1:4, waar die Heilige Gees só genoem word om die redes wat daar verklaar is. Want die Heilige Gees is nie net die Gees van die Vader nie, maar ook van die Seun, wat Hy aan sy gelowiges tot Leidsman en Trooster gee, Joh. 15:26. Gal. 4:6. Ander meen dat die sewe Geeste hier sewe engele is, waarvan meermale in hierdie openbaring gespreek word, wat in Christus se hand as sy dienaars is, om hulle te gebruik waar dit Hom behaag; soos ook die sewe sterre die sewe engele of opsieners van die gemeente beteken, soos verklaar is in Openb. 1:20. Aangesien die woord geeste egter nêrens in hierdie openbaring vir die engele gebruik word nie, is die eerste verklaring daarom die beste. 4 Dit is, die skyn dat jy ’n ywerige en troue opsiener van die gemeente is, en jy is dit nie, soos die volgende vers verklaar. |
5Wees wakker en versterk die wat oorbly, 6wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke 7nie volkome 8voor God gevind nie.
| 5 Of: Ontwaak, naamlik uit jou slapheid en geveinsdheid, soos in Ef. 5:14. Sien ook Eség. 34:16.
6 Dit is, meer en meer verontagsaam sou word, en eindelik verlore gaan, indien hulle nie met goeie vermaninge en voorbeelde opgewek en versterk word nie. 7 Gr. nie vervul nie, dit is, nie opreg nie, nie ernstig en ywerig genoeg nie. Want ook die allerheiligstes struikel in vele opsigte, Jak. 3:2. 8 Ander lees: voor my God; dit is, hoewel julle die mense met hierdie skyn kan bluf, God is nie met die skyn tevrede nie, maar vereis ’n opregte gemoed en ’n ernstige gedrag. |
Onthou dan 9hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en cbekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom d10soos ’n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.
| c vers 19.
d Matt. 24:43. 1 Thess. 5:2. 2 Petr. 3:10. Openb. 16:15. |
9 Dit is, die opdrag wat jy ontvang het, en die leer wat jy van die apostels gehoor het, toe jy tot hierdie diens geroep is.
10 Dit is, spoedig en onvoorsiens, soos in Matt. 24:43, wat óf as ’n spoedige dood oor hom, óf as ander strawwe verstaan kan word. |
Maar jy het enkele 11persone ook in Sardis wat 12hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal 13saam met My 14in wit klere wandel, omdat 15hulle dit waardig is.
| 11 Of: name, soos in Hand. 1:15 en die kanttekening.
12 Dit is, wat hulle nie met onsuiwer leer en met ’n onkuis lewe, soos die Nikolaïete, verontreinig het nie. Sien 1 Thess. 4:4. Judas, vers 23, gebruik ook hierdie beeld. 13 Waarvan Christus ’n voorbeeld of bewys gegee het, Matt. 17:2. 14 Naamlik as oorwinnaars van die sonde en van die wêreld. Want die wit klere was vroeër ’n teken van triomf en heerlikheid, soos blyk uit die volgende vers. Sien ook Openb. 7:9; 19:14. 15 Hierdie waardigheid in hulle kom nie uit hul krag of verdienste nie, maar van Christus, en ter wille van sy verdienste, omdat Hy hulle deur sy verdienste sodanige vergelding uit genade waardig ag en waardig maak. Sien 2 Kor. 3:4, 5. 2 Thess. 1:5, 11. Hebr. 13:21. |
Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en 16Ek sal sy naam nooit uitwis euit die boek van die lewe nie, en fEk sal 17sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
| e Ex. 32:32. Ps. 69:29. Filip. 4:3. Openb. 20:12; 21:27.
f Matt. 10:32. Luk. 12:8. |
16 Dit word gesê tot troos van die gelowiges, wat moontlik in twyfel sou kom oor hul verkiesing. Nie dat iemand wat waarlik in die boek van die lewe geskrywe is, daaruit verwyder kan word nie, want die teendeel blyk uit Openb. 13:8; 17:8; 20:15; 21:27, maar omdat sommige ten opsigte van die roeping en hul belydenis skynbaar daarin geskrywe is, wat daarna metterdaad toon dat hulle nie daarin geskrywe is nie, soos in Ps. 69:29 verklaar word dat hulle uit die boek van die lewe geneem word, en dat hulle nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie, waar die laaste gedeelte die eerste verklaar.
17 Naamlik as van my ware dienaar en dissipel, Matt. 10:32. |
Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Sesde brief: aan die gemeente van Filadelfía.
EN skryf aan die engel van die gemeente in 18Filadelfía: Dít sê 19die Heilige, gdie Waaragtige, hwat 20die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:
| g vers 14.
h Job 12:14. Jes. 22:22. Openb. 1:18. |
18 Dit was ’n stad in Mísië, nie ver van Lidië af nie, so vernoem na ene Attalus Filadelfus, wat hierdie stad eerste laat bou het. Die stad het wel nie baie floreer nie, omdat dit aan baie aardbewings onderworpe was, maar het ewenwel ’n baie voorbeeldige en vroom gemeente gehad, soos uit die brief self blyk.
19 Hierdie twee titels word deurgaans in die Ou Testament aan God toegeskryf, soos te sien is in Jes. 6:3. Ps. 145:17, wat Christus, as die ware Seun van God, Homself hier ook gee, omdat Hy die Een is wat nie net in Homself heilig is nie, maar ons ook heilig maak, en wat waaragtig is in al sy beloftes en dreigemente. 20 Dit is, van die gemeente van Christus, waarvan Dawid en sy huis ’n voorbeeld was. Hier word verwys na die teks in Jes. 22:22, waar so ’n belofte aan Éljakim gemaak word; daardeur word die opperste mag van insluiting in die gemeente bedoel en die uitsluiting daaruit, en gevolglik ook in en uit die hemel, soos Christus sy gemeente ook ’n geestelike mag, maar onder Hom, belowe het, Matt. 16:19; 18:18. |
Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 21’n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het 22min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.
| 21 Dit is, ’n vaste en onbelemmerde geleentheid om die evangelie met goeie voortgang te versprei, soos in 1 Kor. 16:9. 2 Kor. 2:12.
22 Naamlik uit jouself, of in jouself, om so ’n groot werk te volbring. Maar (wil Hy sê), omdat jy getrou is in die bewaring van my woord, so sal Ek vir jou die deur oopmaak deur my Gees, en niemand, hoeseer hy dit ook teëstaan, sal dit verhinder nie. Want die krag van God word in ons swakheid volbring, 2 Kor. 12:9. Ander vertaal dit: jy het nog ’n bietjie krag, dit is, daar is deur my genade nog iets goeds by jou, naamlik wat Ek in jou verder sal seën. |
Kyk, Ek gee jou iuit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg — 23Ek sal maak dat hulle kom en 24voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
| i Openb. 2:9. | 23 Dit is, Ek sal selfs uit die Jode, wat nou geswore vyande van my gemeente is, enkeles tot My bekeer; soos naamlik oorblyfsels van die genade tevore in Paulus en ander gebeur het, en volgens Christus se belofte in hierdie gemeente nog meer moes gebeur.
24 Dit is, hulle aan jou en aan my gemeente onderwerp, en hulle van hul vorige weerstand bekeer. ’n Beeld geneem uit die manier van doen onder die Oosterse volke, gebruiklik by diegene wat erken het dat hulle oorwonne is. Sien Ps. 72:9. |
Omdat jy 25die woord van my lydsaamheid 26bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur 27van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
| 25 So word die evangelie genoem, omdat dit ons die lyding en lydsaamheid van Christus voor oë stel, en ons deurlopend tot lyding en lydsaamheid vermaan.
26 Dit is, belet het dat die versoeking tot jou sal kom; of as dit kom, dat dit jou aan jou siel skade sal aandoen. 27 Dit is, van die vervolging, soos meermale aangedui is. Dit wil voorkom of Christus hier spreek van die tienjarige vervolging wat Trajanus kort hierna oor die hele wêreld heen teen die Christene aangevuur het. |
Kyk, Ek kom gou! k28Hou vas wat jy het, sodat niemand 29jou kroon kan neem nie.
| k Openb. 2:25. | 28 Naamlik die geloof en ’n goeie gewete, soos Paulus verklaar in 1 Tim. 1:19.
29 Sommige verstaan dit as die kroon van die leeramp, waarin hierdie leraar hom tot dusver goed gekwyt het; maar dit kan ook verstaan word as die kroon van die ewige lewe, soos in Openb. 2:10. Hier word gedreig dat dit van iemand geneem sal word, wanneer hy in sorgeloosheid van sy amp of van die lewe sou verval. Sulke waarskuwings is middele wat daartoe dien, sodat die gelowiges in die goeie standvastig sou bly. Want Christus beloof in die voorgaande vers, dat Hy hulle sal bewaar in die uur van beproewing; en in die volgende vers, dat hy ’n pilaar in die tempel van God is, waar hy nooit weer sal uitgaan nie. |
Wie oorwin, Ek sal hom l30’n pilaar in die tempel van my God maak, en 31hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en 32Ek sal op hom m33die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, n34van die nuwe Jerusalem, 35wat uit die hemel van my God neerdaal, en 36my nuwe Naam.
| l 1 Kon. 7:21.
m Openb. 22:4. n Openb. 21:2, 10. |
30 Dit is, in die gemeente van die uitverkorenes van my God, wat hier opgebou word, en hiernamaals in die hemel voltooi sal wees. Hier verwys die apostel na die twee kolomme wat in die tempel van Salomo gestaan het, waarvan ons lees in 1 Kon. 7:15. Dit was ’n versiering en vastigheid daarin, waarvan die een deur Salomo Jagin genoem is, dit is, Hy sal bevestig, en die ander Boas, dit is, in Hom is sterkte. Sien ook Gal. 2:9.
31 Naamlik soos hierdie pilare, wat in die tempel van die Ou Testament ’n voorafskaduwing was en deur die Chaldeërs daaruit weggevoer is, soos te sien is in Jer. 52:17. Want wie ’n pilaar is in die gemeente van die ware uitverkorenes, kan nie weggevoer word nie, Matt. 24:24, en word nooit uitgewerp nie, Joh. 6:37. 32 Naamlik soos ’n mens gewoonlik op die kolomme eretitels geskryf het, en soos die twee kolomme in die tempel van Salomo ook hierdie twee name gehad het, waarvan tevore gespreek is. 33 Naamlik tot ’n teken dat hy God as ’n eiendom toekom, soos ons gewoonlik dinge wat ons eie is, met ons naam merk; en soos die soldate ook gewoonlik vroeër met die naam van hul owerstes, en die diensknegte met die naam van hul here gemerk was. Sien Openb. 7:3. Want hoewel ons hier weet dat ons kinders van God is, is dit nogtans nog nie in die daad geopenbaar wat ons sal wees nie, 1 Joh. 3:2. 34 Dit is, van die ware gemeente van Christus, wat hier gestel word teenoor die uiterlike of ou Jerusalem, soos in Gal. 4:26. 35 Naamlik ten opsigte van die krag waardeur hulle op die aarde versamel word, en van die heerlikheid waarmee hulle op die laaste dag beklee sal word. Sien Openb. 21:2, ens. 36 Naamlik tot ’n teken dat hy my dienaar is en my heerlikheid deelagtig sal word. Sien oor hierdie nuwe Naam, wat Christus van die Vader verwerf het ná sy verhoging, Filip. 2:9, 10. Openb. 19:12, 16. |
Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Sewende brief: aan die gemeente van Laodicéa.
EN skryf aan die engel van die gemeente 37van die Laodicense: Dít sê o38die Amen, 39die getroue en waaragtige Getuie, p40die begin van die skepping van God:
| o Openb. 1:5, 6.
p Kol. 1:15. |
37 Laodicéa was ’n ryk en bekende stad, geleë in Frígië teen die Lycusrivier, nie ver van Kolosse af nie, waarvan ook melding gemaak word in Kol. 2:1; 4:16.
38 Hierdie woord Amen word gebruik as ’n naam of titel van Christus, soos in Openb. 1:8: wat is, wat was en wat kom, en soos die woord EHEJE in Ex. 3:14, dit is, Ek is, as ’n naam of titel van God gebruik word, waardeur die getrouheid en standvastigheid van Christus verstaan word, in die vervulling van alle beloftes van God, 2 Kor. 1:19, 20. 39 Soos die woord Amen die standvastigheid van Christus in die uitvoering van sy beloftes beteken, só beteken hierdie woorde sy getrouheid en waarheid in die voorstelling van die leer van die saligheid, wat Hy vir ons uit die boesem van die Vader gebring het. 40 Dit is, die bron en oorsprong van die skepping van alle dinge, soos in Joh. 1:3. Kol. 1:15. Ander vertaal dit: prins of owerste van die skepsele van God, soos Hy ook in Hebr. 1:2 ’n erfgenaam van alle dinge genoem word. |
Ek ken jou werke, dat jy 41nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
| 41 Dit is, nie ywerig is in die aangenome waarheid nie, ook nie vreemd daarvan nie, soos iemand wat wel die waarheid aangeneem het, maar in jou lewe of uitwendige godsdiens probeer om jou na die wêreld te skik, om ondankbaarheid en vervolging te ontsnap. Sulke mense is erger en sal swaarder gestraf word as diegene wat nog vreemd is van die waarheid, soos Christus oor die Fariseërs spreek in Joh. 9:41, en Elía oor die Israeliete in 1 Kon. 18:21. |
Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou 42uit my mond spuug.
| 42 Nie dat sulke lou mense in die mond van Christus of in Christus is nie, maar omdat hulle, deur hul belydenis, spog en voorgee asof hulle daarin is. |
Want 43jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en 44blind en 45naak is nie.
| 43 Dit is, jy spog of meen dat jy in alle geestelike gawes oorvloedig is, omdat dit met jou goed gaan na die oordeel van die wêreld, soos die Fariseër gemeen het in Lukas 18, maar die teendeel is waar, soos Christus hulle stuk vir stuk uitwys.
44 Naamlik in die kennis van jouself en van jou ellende. 45 Naamlik van die ware geregtigheid en heiligheid, wat vir God geld, soos die volgende vers uitwys. |
Ek raai jou aan om 46van My te koop goud 47wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en q48wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en 49salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
| q 2 Kor. 5:3. Openb. 7:13; 16:15; 19:8. | 46 Dit is, te begeer of probeer om te verkry, nie deur enige verdienste van jou kant nie (want Christus sê hier dat hy naak en arm was), maar uit genade en verniet, deur die gebed, soos verklaar word in Jes. 55:1. Sien ook Matt. 11:28.
47 Of: wat gloeiend uit die vuur kom, dit is, wat uit die vuur getrek is en nou die toets deurstaan het, waardeur die ware geloof bedoel word, wat deur die vuur van versoekings beproef word, 1 Petr. 1:7, en dat al die rykdomme van Christus se lyding deur hulle toegeëien en aan hulle oorgedra word. 48 Dit is, die geregtigheid en heiligheid van Christus, waardeur ons geestelike ellende en naaktheid voor God bedek word, soos verklaar word in Openb. 7:13, 14; 19:8. 49 Of: oogsalf, dit is, die regte verstand van sy woord en die krag van sy Gees, waardeur ons tot kennis gebring word van onsself en van die genade van God teenoor ons, Ps. 19:9; 119:105. |
r50Almal wat Ek liefhet, 51bestraf en 52tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
| r Job 5:17. Spr. 3:12. Hebr. 12:5. | 50 Christus voeg hierdie versagting hierby om die skerpheid van die vorige vermaning effens te versag, omdat dit uit liefde vir hulle voortkom.
51 Naamlik met woorde en oortuigings, wat die Griekse woord inhou. 52 Naamlik met daadwerklike besoekinge en strawwe. Sien dergelik in Hebr. 12:5, 6. |
Kyk, 53Ek staan by die deur en Ek klop. 54As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom 55maaltyd hou, en hy met My.
| 53 Dit wil voorkom of hierdie teks uit die Hooglied van Salomo geneem is, Hoogl. 5:2, waar dergelike klop van die Bruidegom Christus aan die deur van sy slaperige bruid beskryf word. Daardeur word die geestelike aanmaning van Christus verstaan, aan die deur van ons gewete, deur sy Woord en Gees, om ons uit ons sondes en slaperigheid op te wek en om ons op sy vermaning te laat ag gee.
54 Dit word nie gestel in die vrye wil van die mens nie, maar hierdie vermaning is ’n middel waardeur Christus die deur van ons harte oopmaak, omdat Hy hier spreek tot lede van sy gemeente, waarvan baie reeds die Gees van Christus deelagtig was. Hierdie gawe word deur sulke vermanings meer en meer aangewakker, soos Paulus tot Timótheüs spreek in 2 Tim. 1:6, 7; want niemand kom tot Christus nie, behalwe diegene wat dit van die Vader gehoor en geleer het, vir wie die Vader trek en aan wie dit deur die Vader gegee is, Joh. 6:44, 45, 65. Sodat niemand sy hart vir Christus se vermanings oopmaak nie, behalwe diegene wie se hart God self eers oopmaak om op sy woord ag te gee, soos Dawid bid in Ps. 119:18, en van Lídia getuig word in Hand. 16:14, en van alle gelowiges in Filip. 2:13. 55 Dit is, My meer en meer met hom verenig deur my Gees, hom meer en meer my genade en guns laat voel tot sy troos en versterking, Joh. 14:21, 23, en hom hiernamaals die ewige vreugde laat geniet, wat ook vergelyk word met die aansit by ’n tafel wat ruim voorsien is, Matt. 8:11. Luk. 14:15. |
Aan hom wat oorwin, ssal Ek gee om saam met My te sit 56op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
| s Matt. 19:28. 1 Kor. 6:2. | 56 Dit is, Ek sal hom hiernamaals my heerlikheid en mag in die oordeel deelagtig maak, soos Christus verklaar in Matt. 19:28. Joh. 17:5, ens., en Paulus in Rom. 8:17. 1 Kor. 6:2, 3. |
Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Briewe aan die sewe gemeentes van Asië. Eerste brief: aan Éfese.
SKRYF aan 1die engel van die gemeente in 2Éfese: Dít sê 3Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat 4wandel tussen die sewe goue kandelaars:
| 1 Dit is, die opsiener of herder van die gemeente; soos in Openb. 1:20 verklaar is. Dit word hier in die enkelvoud gestel, óf om die hele raad van opsieners daardeur te bedoel, soos in Mal. 2:7 onder die naam boodskapper in die enkelvoud die hele raad van priesters bedoel word; óf omdat een onder hulle in orde voorrang gehad het, deur wie dit aan die ander oorgedra is, soos dit duidelik is uit Hand. 20:17, 28 dat daar meer ouderlinge of opsieners in hierdie gemeente van Éfese was, aan wie Paulus in sy laaste afskeid opdrag gee dat hulle sou ag gee op hulleself en op die hele kudde, waaroor die Heilige Gees hulle as episkopous, dit is, opsieners, gestel het, om oor die gemeente te waak. Dit is dus ongegrond dat sommige hieruit enige biskoplike mag van een bo die ander aflei. Want ook selfs dit wat hier aan die engel van die gemeente geskryf word, word tot waarskuwing van die hele gemeente geskryf, soos blyk uit vers 7, en uit Openb. 1:11.
2 Sien oor die ligging van hierdie stad Openb. 1:11 se kanttekening. 3 Naamlik Christus, aan wie hierdie eienskappe toegeskryf word, Openb. 1:13, 16, waar dit ook verklaar is. 4 Naamlik om hulle te voorsien van hul geestelike lig en versiering (soos die priesters in die tempel dit gewoonlik uiterlik gedoen het), en om ag te gee op hul goeie orde en regering. Nie dat Hy met sy liggaam alomteenwoordig is nie, maar omdat Hy deur sy Gees en Woord altyd by sy gemeentes is, hulle verlig en regeer, soos Hy in Matt. 18:20; 28:20 belowe. Sien dergelike in Lev. 26:12. |
5Ek ken jou werke en 6jou arbeid en 7jou lydsaamheid, en dat jy 8slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié 9op die proef gestel het wat sê 10dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;
| 5 Dit is, al jou dade, goed en kwaad, soos in dit wat volg verklaar word. Hier spreek Christus nie net van blote kennis nie, maar van kennis gepaardgaande met ’n aktiewe sorg en voorneme om die dade te beloon of te bestraf, soos in al die briewe verklaar sal word.
6 Naamlik deur standvastig te leer en te vermaan. Sien 1 Thess. 5:12. 1 Tim. 5:17. 7 Naamlik in die verdra van vervolginge. 8 Dit is, wat aanstoot gee in leer of lewe. So word hier dus sy ywer geprys in die uitoefening van die kerklike tug. 9 Of: versoek, of: só beproef en ondersoek dat jy hulle valsheid aan die dag gebring het. 10 Dit is, wat voorgegee het dat hulle deur Christus gestuur was, soos baie valse leraars en valse apostels in daardie tyd reeds in die gemeente opgestaan het, Hand. 20:29, ens. 2 Kor. 11:13, ens. |
en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.
Maar Ek het teen jou dat jy 11jou eerste liefde verlaat het.
| 11 Dit is, jou eerste ywer in die uitoefening van jou amp en van die werke van die liefde, soos in vers 5 verklaar word. |
Onthou dan 12waarvandaan jy uitgeval het, en 13bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek 14gou na jou toe en sal 15jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
| 12 Dit is, van hoe ’n groot ywer tot hoe ’n groot slapheid.
13 Naamlik tot jou vorige ywer. Want dat hy nie heeltemal van die liefde en van die geloof verval het nie, blyk uit die lof wat tevore in verse 2, 3 en hierna in vers 6, deur Christus nog aan hom gegee word. 14 Naamlik met my bestraffings en kastydings. 15 Dit is, jou gemeente, soos tevore in Openb. 1:20 verklaar is. Waaruit blyk dat ook die gemeente in hierdie verslapping verval het, wat Christus deur hierdie dreigement tot haar eerste ywer wil opwek. Want hoewel Christus se gemeente nimmermeer vergaan, Matt. 16:18, word hulle nogtans wel van die een plek geneem en op ’n ander geplant, soos Christus die Jode dreig, Matt. 21:43. |
Maar dit het jy, dat jy die werke 16avan die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.
| a vers 15. | 16 Hierdie sekte van die Nikolaïete, soos sommige ou skrywers getuig, het geleer dat hoerery nie ’n sonde was nie en dat die eet van afgodsoffers geoorloof was, waarteen die besluit van die apostels in Hand. 15:29 gestel is. Sommige meen dat Nikoláüs, een van die eerste diakens, Hand. 6:5, die stigter daarvan sou gewees het, wat soos ’n ander Judas van die suiwerheid van die leer van Christus afvallig sou word, hoewel ander hom daarvan verontskuldig en voorhou dat ’n ander Nikoláüs die invoerder daarvan was, wat die naam van hierdie eerste Nikoláüs daarvoor misbruik het. Sien Eusebius, Kerklike Geskiedenisse, en Irenaeus. |
Wie 17’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van b18die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.
| b Gén. 2:9. Openb. 22:2. | 17 Sien Matt. 13:43. Mark. 4:9.
18 Gr. die hout van die lewe. Dit verwys na die boom van die lewe, wat in die middel van die aardse paradys gestaan het, Gén. 2:9; hierdie paradys word geneem as ’n voorbeeld en voorafskaduwing van die hemel, of die woonplek van die uitverkorenes in die hemel, soos ook in Luk. 23:43. 2 Kor. 12:2, 4. Die boom van die lewe is ’n voorafskaduwing van Christus, die Bron van die lewe, waaraan die wat in die geloof standvastig bly ewige gemeenskap sal hê, soos ook hierna in die hemelse Jerusalem dieselfde boom van die lewe geplant staan, Openb. 22:2, wie se blare dien tot genesing van die heidene, ’n genesing wat van Christus alleen voortkom, Joh. 11:25. Hand. 4:12. |
Tweede brief: aan die gemeente van Smirna.
EN skryf aan 19die engel van die gemeente in 20Smirna: Dít sê c21die eerste en die laaste, 22wat dood was en 23lewend geword het:
| c Jes. 41:4; 44:6. Openb. 1:17. | 19 Sien vers 1 se kanttekening.
20 Dit was ook ’n beroemde stad in Ionië, teen die see geleë, wat verder noord as Éfese was, waaruit dit as ’n kolonie gespruit het. 21 Sien Openb. 1:8 se kanttekening. 22 Naamlik na sy menslike natuur, 1 Petr. 3:18. 23 Naamlik deur sy opstanding uit die dood. Of: lewend was, naamlik na sy goddelike natuur, toe Hy dood was na sy menslike natuur. |
Ek ken jou werke en verdrukking en 24armoede — maar jy is 25ryk — en 26die lastering van die wat 27sê dat hulle Jode is en 28dit nie is nie, maar 29’n sinagoge van die Satan.
| 24 Naamlik deur die berowing van jou goedere tydens die verdrukking.
25 Naamlik geestelik, of volgens die geestelike en hemelse goedere, wat deur geen vervolgers ontneem kan word nie, Matt. 6:19. 26 Naamlik waarmee hulle Christus as ’n verleier, en sy gemeente as vyande van die wet, afvalliges van Moses en as oproermakers belaster; soos deurgaans in die evangelie en in die Handelinge van die apostels voorkom, en hulle onder hierdie dekmantel die Christene vervolg het. Sien Hand. 13:50; 14:2, en elders. 27 Dit is, roem dat hulle Jode is, en gevolglik God se volk en yweraars vir die wet, Rom. 2:17, ens. 28 Dit is, geen ware Jode is nie, ook nie kinders van Abraham, soos hulle roem nie, maar kinders is van die duiwel, wie se werke hulle navolg, Joh. 8:39, ens. 29 Dit is, vergadering. Aangesien die Jode hulle vergaderings of gemeentes sinagoges noem, daarom gebruik die evangelis hierdie woord. |
30Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, 31die duiwel gaan sommige van julle 32in die gevangenis werp, sodat julle 33op die proef gestel kan word; en julle sal 34tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou 35tot die dood toe, en Ek sal jou 36die kroon van die lewe gee.
| 30 Naamlik só dat julle daarom sou afwyk of kleinmoedig word.
31 Naamlik deur sy werktuie, die tiranne wat hy daartoe sal aanhits. 32 Naamlik om hulle allerlei smaad en verdriet aan te doen. 33 Of: beproef word, naamlik of julle standvastig by die waarheid sal bly. 34 Sommige verstaan hierdie dae as soveel jare, Núm. 14:34, omdat daar kort hierna onder keiser Trajanus ’n tienjarige vervolging teen die Christene ontstaan het. Ander verstaan dit as ’n klein of kort tydjie, Hos. 6:2, sodat dit hier tot vertroosting bygevoeg word. 35 Dit is, sodat julle selfs die dood nie vrees nie; of: tot die einde toe. 36 Dit is, die ewige lewe as ’n kroon of genadige vergelding van julle arbeid, 1 Petr. 5:4, ’n beeld geneem van diegene wat vir ’n prys deelneem in ’n stryd of wedloop. Sien 2 Tim. 4:7, 8. |
dWie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur 37die tweede dood geen skade ly nie.
| d Matt. 13:9. | 37 Dit is, die ewige dood; want soos die eerste dood die skeiding van die siel van die liggaam is, so bring die tweede dood die skeiding en verstoting tussen die ongelowige mense en God, gepaardgaande met ewige smarte en martelinge in die hel, soos Johannes dit verklaar, Openb. 20:14; 21:8. |
Derde brief: aan die gemeente van Pérgamus.
EN skryf aan die engel van die gemeente in 38Pérgamus: Dít sê Hy 39wat die skerp etweesnydende swaard het:
| e vers 16. Openb. 1:16. | 38 Die stad Pérgamus was die hoofstad van ’n deel van Klein-Asië, waar die Attaliese konings tevore hul hof gehad het, en waar die Romeinse goewerneurs nou ook gesetel was; die stad was daarom vol prag, ongeregtigheid, hoerery en afgodery, aangesien daar ook ’n tempel was waar die duiwel onder die naam van Asklepios ook antwoorde gegee het, soos die heidense geskiedskrywings getuig. En waar die gemeente van die Christene die allermeeste vervolg en verdruk, en met erge ketterye bestry was.
39 Sien hieroor Openb. 1:16 se kanttekening. |
Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar 40die troon van die Satan is. En 41jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin 42Ántipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.
| 40 Christus noem die stad hier die troon van die Satan, omdat die Satan daar op ’n besondere wyse deur afgodery en tirannie geregeer het; soos in Openb. 13:2 aan die dier met sewe koppe en tien horings, die troon van die draak gegee word.
41 Dit is, jy vrees nie om my Naam te bely nie, nieteenstaande al die swarighede wat jou daardeur oorkom. 42 Oor hierdie Ántipas lees ’n mens nie veel in die ou kerklike geskiedskrywings nie; maar hier blyk dat hy ’n bekende opsiener of herder van die gemeente was, wat as ’n martelaar of getuie van die waarheid van Christus dit met sy dood verseël het, wat Hy hulle hier voor oë stel as ’n navolgenswaardige voorbeeld. |
Maar Ek het enkele dinge teen jou: 43dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van f44Bíleam wat Balak geleer het om ’n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.
| f Núm. 22:23; 24:14; 25:1; 31:16. | 43 Dit is, nog onder jou toelaat en laat leer, soos in vers 20 verklaar word, sonder om hulle deur die mag van die kerklike ban uit julle midde te verwyder; soos die teendeel hiervan tevore geprys is in die engel van die gemeente van Éfese, vers 2.
44 Naamlik waarvan in die geskiedenis in Númeri 22-24 geskryf is; wat, omdat God Bíleam nie toegelaat het om die Israeliete te vloek nie, Balak, die koning van die Moabiete aangeraai het dat hy hulle sou lok tot hul afgodiese maaltye, en tot hoerery deur sommige dogters en vroue wat hy in die laer van die Israeliete gestuur het, soos te sien is in Núm. 25:1, ens., vergeleke met Núm. 31:16, sodat hulle so in God se onguns sou kon verval, soos gebeur het. Dit was ’n totaal duiwelse raad, en Petrus in sy tweede brief en ook Judas het teen sulke soort mense gewaarsku. |
So het jy ook 45mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.
| 45 Dit is, soos die Israeliete deur die raad van Bíleam tot afgodery en hoerery verlei is, so het julle ook onder julle die wat die leer van die Nikolaïete aanhang, wat daar leer dat dit geoorloof is, wat Bíleam Balak aangeraai het. Sien oor hierdie Nikolaïete vers 6 se kanttekening. |
Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer g46met die swaard van my mond.
| g Jes. 49:2. Ef. 6:17. Hebr. 4:12. Openb. 1:16. | 46 Dit is, deur my waarskuwings en geestelike mag. Sien hieroor Openb. 1:16. 2 Kor. 10:5, 6. |
Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet 47van die verborge manna, en Ek sal hom gee 48’n wit keursteen, en op dié steen 49’n nuwe naam geskrywe 50wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.
| 47 Die apostel verwys hier na die kruik met manna, wat in die Allerheiligste weggebêre en bewaar was, soos te lees is in Ex. 16:33, 34. Hebr. 9:4, waardeur Christus, die brood van die lewe, wat op die regte tyd sou verskyn, met al sy verdienste en weldade afgebeeld was, soos breedvoerig verklaar word in Joh. 6:31, ens. Hier word dus die innige gemeenskap met Christus beloof, en genieting van alle geestelike gawes, ook van die heerlikheid wat Hy vir ons verwerf het, soos in vers 7 deur die boom van die lewe beloof is; aangesien dit die Vader behaag het dat alle volheid in Hom sou woon, en dat ons in Hom volmaak is, Kol. 1:19; 2:9, 10.
48 Dit is die Heilige Gees, wat in ons gewetens hierdie keurstem [van vryspraak] van die Vader oorbring, en getuig dat ons om Christus wil deur die geloof in God se oordeel vrygespreek is van alle sondes en strawwe daarvan, 2 Kor. 1:22. ’n Beeld geneem van die stemmery van die Grieke en Romeine in die veroordeling of vryspraak van die misdadigers. Die veroordeling het geskied deur ’n swart keursteen, die vryspraak deur ’n witte. Sien iets dergeliks in Hand. 26:10. 49 Hierdie naam is dat hy, wat tevore ’n kind van die toorn en die verderf was, nou as ’n kind van God en erfgenaam van die ewige lewe gestel word, soos Paulus spreek in Rom. 8:15. 50 Want die natuurlike mens verstaan nie die dinge wat van die Gees van God is nie, maar ons het die Gees van Christus ontvang, sodat ons kan weet wat aan ons deur God geskenk is. Sien Joh. 14:17. 1 Kor. 2:9, 10, ens. |
Vierde brief: aan die gemeente van Thiatíre.
EN skryf aan die engel van die gemeente 51in Thiatíre: Dít sê 52die Seun van God hwat oë het soos ’n vuurvlam, en sy voete is soos 53blink koper:
| h Openb. 1:14, 15. | 51 Dit was die laaste stad in Mísië, teenoor Macedónië, suidwaarts van Pérgamus geleë; sien daaroor Hand. 16:14 se kanttekening.
52 Hier noem Christus Homself by sy Naam, na sy goddelike natuur, soos Hy in die gesig in Openb. 1:13 Homself die Seun van die mens noem, na sy menslike natuur, omdat Hy God en mens is in een persoon. En Hy skryf aan Homself hier die eienskappe toe wat tevore in die beeld van sy persoon verklaar is, Openb. 1:14, 15. 53 Of: fyn koper. |
Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, 54en dat die laaste meer is as die eerste.
| 54 Sommige boeke laat die woordjie en hier uit. |
Maar Ek het 55enkele dinge teen jou; dat jy 56die vrou iIsébel, wat haarself ’n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.
| i 1 Kon. 16:31. 2 Kon. 9:7. | 55 Naamlik in getal, hoewel hulle gewigtig is, soos ook in vers 14. En dit sê Christus om hulle des te makliker en met meer moed tot verbetering daarvan te bring.
56 Sommige verstaan hierdeur die sekte van die Nikolaïete, soos deur die hoer Babilon hierna in hfst. 17 die hele afgodiese heerskappy van die Antichris verstaan word. Maar omdat Christus nou twee maal hierdie sekte by die naam genoem het, is dit geloofwaardiger dat hierdeur ’n sekere aansienlike vrou van hierdie sekte onder hulle bedoel word, wat ’n skyn van godsaligheid gehad het, en geroem het dat sy ’n profetiese gees besit. Sy het, soos die regte Isébel vroeër die volk van Israel tot die afgodery van Baäl verlei het, en gevolglik ook tot hoerery, wat gewoonlik met sulke afgodery gepaardgegaan het, ook só deur haar skyn en oorredings die Christene hiertoe, as ’n geoorloofde saak, probeer bring, en daarvoor haar huis oopgemaak. |
En Ek het haar tyd gegee om haar 57van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.
| 57 Naamlik geestelike en liggaamlike, wat beide tevore genoem is. |
Kyk, 58Ek werp haar neer op ’n siekbed, en die wat met haar 59owerspel bedryf, 60in ’n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.
| 58 Naamlik in ’n swaar en kwellende siekte; sodat die bed, wat tevore vir haar gedien het tot wellus, haar nou sal dien tot straf en verdriet, en sy nog tyd sal hê om haar saam met haar kinders te bekeer, soos hierna verklaar word.
59 Dit is, afgodery en hoerery, soos tevore. Want afgodery is ook geestelike owerspel, omdat dit die mens van God, die ware Man van sy gemeente, afkeer. 60 Naamlik óf deur die straf van die owerheid, óf deur siektes, óf ook deur wroeging van hul gewetens oor hul bose lewe. |
En 61haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet k62dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, len Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
| k 1 Sam. 16:7. 1 Kron. 28:9; 29:17. Ps. 7:10. Jer. 11:20. Hand. 1:24.
l Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6; 14:12. 2 Kor. 5:10. Gal. 6:5. Openb. 20:12. |
61 Sommige verstaan hierdeur haar dissipels. Omdat daar egter tevore van hulle gespreek is, verstaan ander hier die kinders wat uit hierdie vrou en haar navolgers voortgekom het, en hier word sonder twyfel gesinspeel op die kinders wat afkomstig was van Agab en Isébel, wat almal deur die swaard van Jehu omgebring is, soos te lees is in 2 Kon. 9:22; 10:6, ens.
62 Dit voeg Christus daarby, omdat die voorstanders van hierdie sekte hul gruwels onder dekmantels voortgebring het en probeer het om die lelikheid daarvan onder die skyn van geestelike verborgenhede en Christelike vryheid by die gewone mense te verduister; soos uit die volgende vers blyk, en soos sommige vrysinnige sektes nou ook doen. Waarteen Christus sy alwetendheid stel in die oordeel ook selfs van die niere en gedagtes van hul harte. |
En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die 63dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, 64nie leer ken het nie: Ek sal op julle 65geen ander las lê nie.
| 63 Dit is, die duistere verborgenhede van hul sataniese leer, wat hulle voorgee van die Heilige Gees afkomstig is, en waarmee hulle ander bedrieg.
64 Dit is, nog nie verstaan en goedgekeur het nie. 65 Dit is, geen straf, geen versoeking nie, soos hierdie dinge deur die profete deurgaans ’n las genoem word. Ander verstaan dit as ’n las van seremonies of onderhouding van swaar bevele, soos sulke bevele in Hand. 15:10, 28 ’n juk en ’n las genoem word. |
mHou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.
| m Openb. 3:11. |
En aan hom wat oorwin en 66my werke tot die einde toe bewaar, n67sal Ek mag 68oor die nasies gee,
| n Ps. 2:8. | 66 Dit is, my gebooie en leringe; soos die geloof ’n werk van God genoem word, Joh. 6:29.
67 Hierdie teks is geneem uit Ps. 2:8, waar hierdie belofte van God die Vader aan sy Seun Jesus Christus gemaak word, in wie se gemeenskap Christus hier beloof dat Hy die ware gelowiges, wat standvastig bly, ook sal ontvang, op so ’n wyse soos Hy in Openb. 3:21 beloof, dat Hy aan hulle sal gee om saam met Hom te sit op sy troon, soos Hy sit op die troon van die Vader. Sien ook Rom. 8:17. Ef. 2:6. 2 Tim. 2:12. 68 Dit is, oor die vyande van sy gemeente, soos die heidene altyd vyande van God se volk was. |
en 69hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.
| 69 Hierdeur word die geestelike mag en oorwinning oor al die vyande van Christus se gemeente bedoel, wat hulself rig teen die saligheid van die kinders van God, waarvan hulle hier die beginsels geniet deur die bloed van die Lam, en die woord van hulle getuienis, wat die septer van hierdie ryk is, Openb. 12:11, en sal hierna op die laaste dag ook as konings saam met Christus die ongelowige wêreld veroordeel, Matt. 19:28. 1 Kor. 6:2, 3. |
En Ek sal hom 70die môrester gee.
| 70 Hierdeur word gepas ’n groter lig van die kennis van Christus verstaan, wat, soos die môrester die dag voorgaan, so ook hier in ons harte voortdurend lig sal gee, totdat die son van volkome kennis van God in ons sal skyn, wanneer God alles in almal sal wees, 1 Kor. 15:28. Sien ook 2 Petr. 1:19. Openb. 22:16, waar Christus en sy kennis met die môrester vergelyk word. |
Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Naam en onderwerp van die boek.
DIE1 openbaring van Jesus Christus wat 2God 3Hom gegee het om aan sy diensknegte 4te toon 5wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
| 1 Gr. Apokalupsis, hierdie woord word selfs in die algemene Latynse vertaling (Vulgaat) en verskeie ander behou, en beteken ’n openbaring of ontdekking van verborge dinge, soos hierdie woord aangaande die evangelie in die algemeen gebruik word, Matt. 11:25. Ef. 3:5. Hier word dit egter verstaan as ’n openbaring van die dinge wat hierna sal gebeur, soos in hierdie vers genoem word. Die woord openbaring word hier ook gebruik as ’n opskrif van die boek; soos die profete ’n dergelike opskrif in die begin van hul profesieë gebruik het. Sien Jes. 1:1. Hos. 1:1. Joël 1:1. Miga 1:1.
2 Naamlik die Vader, soos uit die volgende blyk. 3 Naamlik Jesus Christus, as Middelaar en ten opsigte van sy menslike natuur. Want as die ewige God is Hy een in wese en alwetendheid met die Vader; maar as Middelaar ontvang Hy van die Vader die opdrag en die bevel, en na sy mensheid ook selfs die kennis van die dinge wat tot uitvoering van sy middelaarsamp en tot saligheid van sy gemeente nodig is. Sien Joh. 1:16; 3:31, 32, ens. 4 Naamlik nie net met woorde nie, maar ook met gesigte en voorstellings. 5 Dit word gesê ten opsigte van die begin van hierdie gebeurtenisse, waarop die voortgang tot die laaste dag toe sou volg, 2 Petr. 3:8, 9. |
6wat getuig het van 7die woord van God en 8die getuienis van Jesus Christus — alles wat hy gesien het.
| 6 Naamlik Johannes.
7 Dit verstaan sommige as die openbaring wat volg; maar omdat dit wil voorkom of Johannes met hierdie woorde sy aansien wil versterk sodat die profesie wat volg des te beter aangeneem sal word, so word dit deur ander verstaan as sy voorgaande apostoliese prediking en geskrifte, waarin hy getuig het wat hy van Christus gesien en gehoor het, soos hy ook spreek in sy Evangelie, Joh. 19:35; 21:24, en in sy eerste brief, 1 Joh. 1:1, en soos van die apostels in die algemeen gesê word in Luk. 1:2. Dit kan egter ook as beide verstaan word. 8 Dit is, wat hy gegee het van Jesus Christus se persoon, van sy prediking, wonders, lyde, sterwe, en van sy verheerliking. Sien dergelike ook in Petrus, 2 Petr. 1:16, ens. |
aSalig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, bwant 9die tyd is naby.
| a Openb. 22:7.
b Openb. 22:10. |
9 Naamlik dat hierdie dinge sal begin om te gebeur; en derhalwe dat die gelowiges hulle met die oordeel van God teen die verdrukkers, en met die salige uitkoms vir die verdruktes (wat beide hier deurlopend voorgestel word) sal kan vertroos en versterk. Andersins word ook selfs gesê dat die laaste uur en dag naby is, omdat dit die mens onverwags sal oorval. Sien Matt. 24:43, ens. 1 Thess. 5:2, 4. 2 Petr. 3:10. Openb. 3:3. |
Opdrag aan die sewe gemeentes van die provinsie Asië.
JOHANNES aan 10die sewe gemeentes 11in Asië: Genade vir julle en vrede 12van Hom cwat is en wat was en wat kom, en van 13die sewe Geeste wat voor sy troon is,
| c vers 8. Ex. 3:14. Openb. 4:8; 11:17; 16:5. | 10 Naamlik wat in vers 11 by name genoem word, wat vermoedelik deur Paulus gestig was, maar daarna deur Johannes, as die langslewende van al die apostels, opgebou en meer bevestig is, soos al die ou geskiedskrywings getuig dat hy in Éfese gesterf het. Onder hierdie sewe gemeentes word egter alle ander gemeentes van Christus verstaan, omdat sommige van die gemeentes nie baie lank ná die tyd van die apostel Johannes nie, tot niet gegaan het of verstrooi was; soos daarom ook in die slot van elke brief daarby gevoeg word: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
11 Hy bedoel Klein-Asië, nou Anatolië of Natolië genoem, waarbinne hierdie stede almal geleë was. 12 Hierdeur word die ewige en onveranderlike Godheid van die Vader verstaan; die apostel druk hiermee die Naam uit van EHEJE, dit is, Ek is, wat God Homself gee, Ex. 3:14, en die Naam JEHOVA, waarmee die ewiglewende en onveranderlike God oral in die Ou Testament genoem word. 13 Sommige verstaan hierdeur die sewe engele, waarvan meermale in hierdie boek melding gemaak word, wat hier saam met God in hierdie wens van genade en vrede gestel sou wees, as instrumente van God en middele waardeur God sy gemeentes bewaar, en sy genade menigmaal bewys, soos Paulus in 1 Tim. 5:21 Timótheüs besweer voor God en die uitverkore engele. Maar omdat in hierdie wens die genade en vrede van hierdie sewe Geeste afgebid word met dieselfde woorde waarmee dit van God en daarna van Christus afgebid word, wat deur geen enkele skepsel gegee kan word nie, Jes. 42:8. Jak. 1:17, so moet hier deur hierdie sewe Geeste die Heilige Gees verstaan word, wat ook ’n gewer is van hierdie evangeliese genade en vrede, 2 Kor. 13:13, en vir hierdie rede sewe Geeste genoem word, omdat Hy sy gawes in hierdie sewe gemeentes so volkome uitstort asof Hy sewe geeste is. Hierdie verklaring word ook daaruit bewys dat hierdie sewe Geeste nêrens gereken word onder diegene wat God of die Lam aanbid nie, soos die vier lewende wesens, die vier-en-twintig ouderlinge, met al die skares van die heilige engele wel doen. Soos ook daaruit dat hierdie sewe Geeste uitdruklik in Openb. 4:5 sewe vuurfakkels wat brand voor die troon genoem word, dit is, die velerlei wyshede en gawes van die Heilige Gees (vgl. Jes. 11:2), wat die troon van God in die besonder verlig en versier; soos ook in Openb. 5:6 die horings en oë, dit is, die mag en wysheid van die Lam; en dat hulle in gelyke graad gestel word tussen God (Openb. 4:5) en tussen Christus (Openb. 5:6). Hier word egter die Heilige Gees met sy gawes tussen die Vader en Christus gestel, omdat die apostel van die weldade en eienskappe van Christus in die volgende verse nog meer wou spreek. |
en van Jesus Christus, ddie 14getroue Getuie, edie Eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het f15in sy bloed
| d Jes. 55:4. Openb. 3:14.
e 1 Kor. 15:20. Kol. 1:18. f Hand. 20:28. Hebr. 9:12, 14. 1 Petr. 1:19. 1 Joh. 1:7. Openb. 5:9. |
14 Naamlik wat aan ons die evangelie uit die boesem van die Vader gebring en deur sy dood verseël het, Joh. 1:18. 1 Tim. 6:13.
15 Dit is, deur sy bloedige dood en offer, Hebr. 9:14. |
en ons gemaak het g16konings en hpriesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
| g 1 Petr. 2:9. Openb. 5:10.
h Rom. 12:1. 1 Petr. 2:5. |
16 Naamlik om geestelike heerskappy te voer oor die sonde en die wêreld en om aan God geestelike offers van dankbaarheid vir ons verlossing te bring. Sien 1 Petr. 2:5, 9. |
Kyk, iHy 17kom met die wolke, en 18elke oog sal Hom sien, ook hulle kwat Hom 19deursteek het; en 20al die geslagte van die aarde sal 21oor Hom rou bedryf; 22ja, amen!
| i Dan. 7:13. Matt. 24:30; 25:31. Hand. 1:11. 1 Thess. 1:10. 2 Thess. 1:10. Jud. vers 14.
k Sag. 12:10. Joh. 19:37. |
17 Dit is, sal kom, naamlik op die laaste dag in sy heerlikheid, terwyl Hy in die wolke soos op sy regterstoel sit, om alle mense te oordeel, soos in Dan. 7:13. Waarmee Hy die vervulling van hierdie boek sal afsluit.
18 Naamlik nie net van die gelowiges nie, maar ook selfs van die ongelowiges, soos die volgende uitwys. 19 Dit is, gekruisig en gedood het, soos Jode en die heidene Hom hier op aarde in sy persoon aangedoen het, en ook daagliks gedoen het aan sy gemeente en lede. Hierdie teks is geneem uit Sag. 12:10, waar hierdie woorde profeties met betrekking tot God uitgespreek word, wat hier op die Seun van God, naamlik Christus, as dieselfde God, dui. 20 Dit wil voorkom of hierdie woorde in Sagaría slegs oor die stamme en geslagte van Israel uitgespreek word; maar dit is bekend dat onder hulle ook deurgaans die heidene, wat tot die kerk van Christus ten tyde van die Nuwe Testament geroep sou wees, gereken word. Daarom kan in hierdie teks wel alle volke, beide Jode en heidene, verstaan word, waarvan sommige hulle met droefheid en berou oor hul voorgaande vergrypings teen Christus en sy gemeente bekeer het, en hul bekering ook by die koms van Christus sal bewys; en die ander, wat hardnekkig is, hul Regter met verskrikking teen hulle sal moet sien kom. Die woorde van Sagaría sluit beide moontlikhede in. 21 Of: voor Hom. 22 Dit is, ja, dit sal so wees. Deur die gebruik van beide woorde word die groot begeerte van die profeet en ander gelowiges uitgedruk, en deur die verandering van die taal in Grieks (ja) en Hebreeus (amen) word gepas te kenne gegee dat hierdie wens deur die gelowige Grieke of heidene met die Hebreërs of Jode gemeenskaplik gedeel word. Sien Openb. 22:20. |
lEk is die 23Alfa en die Oméga, 24die begin en die einde, sê 25die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
| l Jes. 41:4; 44:6. Openb. 21:6; 22:13. | 23 Hierdie spreekwyse is geneem uit die Griekse alfabet, die taal waarin Johannes hier skryf. Die A, by hulle alfa genoem, is die eerste, en die O, by hulle oméga genoem, is die laaste letter, soos in die teks ook verklaar word.
24 Naamlik van alle dinge; wat van God gesê word, nie net omdat Hy van ewigheid af voor alle skepsele was nie en Hy altyd dieselfde bly, al is dit dat die skepsele verander of vergaan, Hebr. 1:11, 12, maar ook omdat Hy die begin en die einde van alles is, sodat alle dinge deur Hom en tot sy eer is, Spr. 16:4. Rom. 11:36. Sien ook Jes. 41:4; 44:6. 25 Naamlik Christus, wat Hom hier aan Johannes openbaar en van wie in die voorgaande vers gespreek is; aan wie, as die enige God met die Vader en die Heilige Gees, hierdie eienskappe uitdruklik toegeskryf word, soos ook hierna in verse 11, 17 en Openb. 22:13. |
Jesus verskyn aan Johannes op Patmos. Bevel om op te skrywe wat hy sien, en dit te stuur aan die sewe gemeentes.
26EK, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat 27Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.
| 26 Hier begin die openbaring self; die apostel noem eers sy naam, volgens die gewoonte van die profete Jeremia, Daniël en ander, wat gewoonlik hul name in dergelike voorseggings noem, asook die plekke en geleenthede waarop sulke openbaringe aan hulle plaasgevind het, tot beter bevestiging van die sake.
27 Dit is ’n eiland geleë in die Middellandse en Egeïese See, een van die eilande van die Siklade, die eilandgroep waarheen die apostel Johannes verban was ter wille van die evangelie soos in die teks volg, deur keiser Domitianus, soos Eusebius in sy Kerklike Geskiedenisse, en Hiëronimus in sy Catalogus Series Ecclesiae, getuig. |
Ek was m28in die Gees op 29die dag van die Here, en ek het agter my ’n groot stem gehoor, 30soos van ’n basuin,
| m Openb. 4:2. | 28 Dit is, in ’n verrukking of verheffing van sinne deur die Heilige Gees, soos met Petrus gebeur het in Hand. 10:10, en Paulus van homself getuig in 2 Kor. 12:2, en soos met die profete ook deurgaans gebeur het.
29 Dit is, die eerste dag van die week, so genoem omdat Christus op dié dag opgestaan het uit die dood, en omdat die diens van die Here reeds in daardie tyd deur die Christene, in die plek van die sabbat, onderhou was, soos alle ou leraars getuig en dit ook af te lei is uit Hand. 20:7 en 1 Kor. 16:2. Op dié dag dan, wat vir die godsdiens geheilig was, is aan Johannes, wat met heilige oordenking besig was, omdat hy in ’n plek was waar daar toe skynbaar nog geen vergaderinge was nie, hierdie openbaring getoon. 30 Dit is, so helder en duidelik soos van ’n basuin. Want dat dit ’n sprekende stem was, blyk uit dit wat volg. |
wat sê: 31Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ’n 32boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na 33Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.
| 31 Sien hieroor vers 8 se kanttekening.
32 Of: boekie. 33 Dit was die hoofstad van Klein-Asië, geleë teen die Ioniese See, waar Paulus ’n lang tyd gepreek het, Hand. 19:1, ens., en aan dié gemeente het hy die bekende brief aan die Efésiërs geskryf; die ses ander stede was ook in dieselfde Asië geleë. Van Smirna en Pérgamus is in die Skrif niks meer te lees nie, soos ook nie van Sardis en Filadelfía nie; maar van Thiatíre word wel melding gemaak in Hand. 16:14, in die bekering van Lídia, die purperverkoopster, en van Loadicéa in Kol. 4:15, 16. Daar word egter deur Plinius getuig dat sommige van dié stede ’n tyd daarna deur ’n aardbewing vergaan het. |
Toe draai ek my om, om te sien 34watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek 35sewe goue kandelaars,
| 34 Dit is, wie se stem hierdie was.
35 Hierdeur word die sewe gemeentes aangedui, wat vir God so kosbaar soos goud is, soos in vers 20 verklaar word. Hierdie beeld is geneem van die goue kandelaar wat in die Heilige van die tabernakel was, en dag en nag deur die priesters met olie en lig in sy lampe voorsien moes word, Lev. 24:2, soos dieselfde beeld ook te vinde is in Sag. 4:2; daardeur was die gawes en verligting van die Heilige Gees afgebeeld, en die naarstigheid van die priesters in die versorging daarvan deur die woord en die sakramente. Hierdeur word aan Christus alleen, as die enigste Priester van die Nuwe Testament, die sorg en eer toegeskryf. |
en tussen die sewe kandelaars Een soos n36die Seun van die mens met 37’n kleed aan wat tot op die voete hang, en o38gegord om die bors met ’n goue gordel.
| n Eség. 1:26. Dan. 7:13. Openb. 14:14.
o Openb. 15:6. |
36 Dit is, Christus Jesus, wat in die evangelie deurgaans so genoem word, en hier soos die Seun van die mens aangedui word, omdat Hy verskyn in ’n gesig, en nie in sy persoon nie; en dít in so ’n gedaante, nie wat Hy in sy natuur het nie, maar wat Hy in sy werkinge en eienskappe het, waarna hier verwys word; soos Hy elders as ’n lam, elders as sittende op ’n perd, elders op ander wyse in hierdie openbaring vertoon word. En Hy word die Seun van die mens genoem, nie net omdat Hy waaragtig mens is nie, uit ’n vrou gebore, maar omdat Hy die Een is, van wie Daniël, met hierdie selfde titel, Dan. 7:13, geprofeteer het, en wat ook so aan Daniël verskyn het. Of: Een soos ’n menseseun, dit is, soos ’n mens.
37 Naamlik wat na regte ’n priesterlike kleed was, Ex. 28:4, 40; 39:27. 38 Daarmee word Christus se vaardigheid in die bediening van sy amp uitgedruk, soos deur die goue gordel sy waardigheid. |
Sy hoof en hare 39was wit soos pwit wol, soos sneeu, qen 40sy oë soos ’n vuurvlam,
| p Dan. 7:9.
q Openb. 19:12. |
39 Daarmee word die wysheid en ewigheid van Jesus Christus afgebeeld, soos ook hierdie eienskappe van God die Vader so afgebeeld word in Dan. 7:9.
40 Hierdie volgende beelde is meestal geneem uit Dan. 10:6, waar aan Daniël ’n soortgelyke gesig verskyn het. Deur die vuurvlam word sy alwetende en allesdeurstralende oog, selfs in die harte van die mense, bedoel, soos af te lei is uit Openb. 2:18, 19, 23. |
en sy voete soos 41blink koper wat gloei soos in ’n oond, en sy stem rsoos die stem 42van baie waters.
| r Openb. 14:2. | 41 Gr. galkolibano, dit is, metaal uit Líbanon, of: fyn koper; soos dergelike verskyning staan in Eség. 1:7 en Dan. 10:6, waardeur die standvastigheid en onoorwinlike krag van Christus afgebeeld word, wat niemand kan aantas sonder om homself te beseer nie, en waarmee Hy alles aan Hom kan onderwerp.
42 Naamlik wat van die rotse afloop en deur niemand gestuit kan word nie. ’n Beeld van die krag van die stem van Christus, wat onder alle tale en volke deurgedring het, soos hierdie woord waters deur die engel self verklaar word, Openb. 17:15. |
En 43in sy regterhand het Hy 44sewe sterre gehou, en ’n skerp 45tweesnydende swaard het uit sy smond uitgegaan, en sy aangesig was 46soos die son wat skyn in sy krag.
| s Jes. 49:2. Ef. 6:17. Hebr. 4:12. Openb. 2:16; 19:15. | 43 Van hierdie sterre word gesê in die regterhand van Christus te wees, omdat Hy hulle stuur, regeer en beskerm, deur hulle kragtig is in die harte van die mense, en nogtans ook by magte is om hulle te straf, indien hulle hul roeping nie behoorlik waarneem nie; soos af te lei is uit Openb. 2:1, 5.
44 Hierdie sterre word hierna in vers 20 verklaar as die engele of opsieners van die gemeente, wat met sterre vergelyk word, omdat hulle die gemeente met hul leer en lewe moet voorlig, soos die sterre die reisende mense op land en op water voorlig. 45 Naamlik van sy Woord, sowel deur sy beloftes, tot troos van die gehoorsames, as deur sy waarskuwings, tot straf van die ongehoorsames, soos verklaar word in Openb. 2:16; 19:15. So word ook God se woord genoem in Ef. 6:17. Hebr. 4:12. 46 Hierdeur word die heerlikheid van Christus aangedui, soos ook van die gelowiges hiernamaals in die ewige lewe, Matt. 13:43, wat nogtans self geen heerlikheid besit behalwe van Christus en deur Christus nie. |
En toe ek Hom sien, 47val ek soos ’n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; tEk 48is die eerste en die laaste
| t Jes. 41:4; 44:6; 48:12. | 47 Naamlik deels uit eerbied, deels uit verskrikking, soos Daniël, Dan. 8:18; 10:8, ens., en ander ook oorgekom het.
48 Sien daaroor verse 8, 11. |
ven die 49lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. xEn Ek het 50die sleutels van die doderyk en van die dood.
| v Rom. 6:9.
x Job 12:14. Jes. 22:22. Openb. 3:7; 20:1. |
49 Anders: en Ek was die lewende en was dood. Want Christus dood synde na die vlees, het ewenwel lewend gebly na die Gees, dit is, na sy goddelike natuur, soos Hy ook nou na beide in ewigheid leef.
50 Dit is, die mag om julle van die dood en die hel (Gr. hades) te verlos en die vyande daarin te werp. Sien Matt. 10:28. |
Skryf 51die dinge op wat jy gesien het, 52die wat is sowel as die 53wat gaan gebeur;
| 51 Naamlik in hierdie gesig. Ander verstaan dit breër as alles wat in die gemeente van Christus tot die tyd van Christus se hemelvaart deur die apostel gesien was. Die eerste vers van hierdie hoofstuk is egter in stryd daarmee, soos ook die eerste vers van hfst. 4.
52 Dit is, die stand van die sewe gemeentes, soos dit tans is, en dit wat Ek jou binnekort sal beveel om aan hulle te skryf; wat in die volgende twee hoofstukke gebeur het. 53 Naamlik wat vanaf die begin van hfst. 4 tot aan die einde van die boek beskryf word. |
die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre 54is y55die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.
| y Mal. 2:7. | 54 Dit is, beteken, of stel dit voor; soos in Gén. 41:27 en meermale in die Heilige Skrif. Sien egter oor hierdie sewe sterre en sewe kandelare verse 12, 16 se kanttekeninge.
55 Dit is, leraars of opsieners van die sewe gemeentes, soos die profete en priesters ook soms engele genoem word, omdat hulle deur God uitgestuur word om die volk namens God te leer, te vermaan, te troos en te waarsku. Sien Rig. 2:1. Hag. 1:13. Mal. 2:7. |
Opskrif en seëngroet.
JUDAS,1 ’n 2dienskneg van Jesus Christus en broer van 3Jakobus, aan 4die wat geroep, 5in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus 6bewaar is:
| 1 Daar was onder die apostels van Christus twee met hierdie naam: een wat Iskáriot genoem is en ons Here verraai het, en een wat ook Thaddéüs en Lebbéüs genoem is in Matt. 10:3, van wie, om hom van die ander een te onderskei, gesê word: Judas, nie die Iskáriot nie, Joh. 14:22, en wat ook tot onderskeid Judas, die broer of seun van Jakobus genoem word, sien Luk. 6:16. Hand. 1:13 se kanttekeninge. Ander meen dat die skrywer van hierdie brief, die broer van Jakobus, en die broer van die Here Jesus was. Matt. 13:55. Gal. 1:19.
2 Dit is, apostel. Sien Rom. 1:1. Tit. 1:1. Jak. 1:1. 2 Petr. 1:1. 3 Daar was onder die apostels ook twee Jakobusse, Matt. 10:2, 3: een wat die seun van Sebedéüs was en ’n broer van die evangelis Johannes, en een wat die seun van Alféüs was, ook die kleine genoem. Die broer of seun van hierdie tweede Jakobus was Judas; wat hy in die opskrif byvoeg, om hom van Jakobus die seun van Sebedéüs te onderskei, en ook sy aansien daardeur te versterk, aangesien hierdie Jakobus onder die apostels in groot agting was. Sien Luk. 6:16. Hand. 15:13. Gal. 2:9, en die opskrif van die brief van Jakobus se kanttekening. 4 Sien Rom. 1:6. 5 Naamlik deur die Gees van die wedergeboorte. 6 Naamlik by die saligheid, wat Hy vir hulle verwerf het. Sien Joh. 10:28; 17:12. 1 Petr. 1:5. |
7Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle 8vermenigvuldig word!
| 7 Sien dergelike groet in Tit. 1:4.
8 Sien oor hierdie woord 1 Petr. 1:2, 2 Petr. 1:2 en die kanttekeninge. |
Teen die goddelose en valse leraars.
GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor 9ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die 10noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te 11stry 12vir die geloof wat 13eenmaal aan die heiliges 14oorgelewer is.
| 9 Dit is, oor sake wat ons almal se saligheid aangaan, wat julle met ons apostels in gemeen het. Sien Tit. 1:3.
10 Naamlik om dit nou te doen. Die rede vir hierdie noodsaaklikheid word aangewys in die volgende vers. 11 Naamlik teen die verleiding en verkeerde voorbeelde van die goddelose spotters, om nie deur hulle oorwin en verlei te word tot afvalligheid of goddeloosheid nie, 1 Tim. 6:12. 12 Dit is, vir die suiwer leer van die evangelie, soos in 1 Tim. 4:1 verklaar word, om dit te behou en daarvan nie af te wyk nie. 13 Dit is, wat nie verander sal word nie, maar altyd sal bly soos dit eens deur Christus en die apostels geleer is. 14 Naamlik deur Christus en sy apostels. |
aWant sekere mense het 15ingesluip bwat 16lank tevore al 17opgeskryf is 18vir hierdie oordeel, 19goddelose mense wat 20die genade van onse God 21verander in 22ongebondenheid, en die enigste 23Heerser, 24God, en onse Here Jesus Christus 25verloën.
| a 2 Petr. 2:1.
b 1 Petr. 2:8. 2 Petr. 2:3. |
15 Dit is, heimlik en bedrieglik onder die Christene gekom. Sien Gal. 2:4. 2 Petr. 2:1.
16 Of: eertyds, vgl. 2 Petr. 2:3. 17 Naamlik van God in die register van die verworpe mense. ’n Beeld geneem van die mense wat registers het waarin hulle die name opteken van diegene met wie hulle te doen het, elk in sy orde. Sien Filip. 4:3. 18 Naamlik waardeur God hul regverdig tot ’n slegte gesindheid oorgegee het, Rom. 1:21-28. 2 Thess. 2:10, 11, en hiernamaals sal straf met die ewige verdoemenis. 19 Dit is, wat nie op God of op sy diens ag gee nie. 20 Dit is, die leer van God se genade. 21 Dit is, om deur die misbruik van die genade met groter gemak te sondig en alle ontug te bedrywe. Sien Gal. 5:13. 1 Petr. 2:16. 2 Petr. 2:19. Gr. versit, oordra, dit is, bring van die een plek na die ander. 22 Of: lossinnigheid, wellustigheid, onkuisheid. 23 Of: Here. Gr. Despoten. Sien oor hierdie woord Hand. 4:24 en 2 Petr. 2:1 se kanttekeninge. 24 Of: onse God en Here Jesus Christus. 25 Sien 2 Petr. 2:1 se kanttekening. |
Maar ek wil julle daaraan 26herinner, al weet julle dit nou 27eenmaal, dat die Here, nadat Hy 28die volk uit Egipteland 29gered het, cdaarna die wat ongelowig was, 30omgebring het.
| c Núm. 14:29; 26:64, 65. Ps. 106:26. 1 Kor. 10:5. Hebr. 3:17. | 26 Dit is, enkele voorbeelde van God se oordele teen sodaniges beskryf en in gedagtenis bring.
27 Dit is, gewis, ten volle, tereg, onveranderlik. 28 Naamlik Israel. 29 Gr. behou het. 30 Dit is, omgebring het in die woestyn; hierdie tydelike straf was ’n afbeelding van die ewige, Hebr. 3:17, ens. |
dEn die engele wat hul eie 31beginsel nie bewaar het nie, maar 32hul eie woning verlaat het, ehet Hy vir die oordeel 33van die groot dag 34met ewige boeie onder die duisternis bewaar;
| d 2 Petr. 2:4.
e 2 Petr. 2:4. |
31 Dit is, hul eerste staat, waarin hulle volgens God se ewebeeld geskape en in die hemelse geluksaligheid met die goeie engele gestel was, Joh. 8:44. Of: oorsprong, of: heerskappy. Want die Griekse woord het al drie hierdie betekenisse.
32 Dit is, die hemel, die plek van geluksaligheid, waar die goeie engele nog hulle woonplek het, Matt. 24:36. Mark. 12:25. Luk. 2:15, waaruit hierdie afvallige engele regverdiglik verstoot is. 33 Naamlik waarin daardie groot werk van die opstanding, die oordeel van alle mense en die voleinding van die wêreld sal geskied, en Christus in sy heerlikheid sal verskyn. 34 Sien 2 Petr. 2:4 se kanttekening. |
fsoos Sodom en Gomorra en 35die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as 36hierdie mense gehoereer en 37agter vreemde vlees aangeloop het, 38as ’n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf 39van die ewige vuur ondergaan.
| f Gén. 19:24. Deut. 29:23. Jes. 13:19. Jer. 50:40. Eség. 16:49. Hos. 11:8. Amos 4:11. Luk. 17:29. 2 Petr. 2:6. | 35 Naamlik Adma en Sebóim, soos hulle genoem word in Deut. 29:23.
36 Naamlik inwoners van Sodom en Gomorra. 37 So beskryf die apostel met eerbare woorde die gruwelike sonde van die Sodomiete. Sien Rom. 1:27. 38 Naamlik van God se regverdige toorn en straf teen sodanige sondaars, om hulle daarin te kan spieël. 39 Sien oor hierdie straf Matt. 25:41. |
Tog besoedel ook 40hierdie mense net so 41in hulle dromerye 42die vlees en verag 43die heerskappy en laster 44die heerlike wesens.
| 40 Naamlik goddelose mense, van wie hy gespreek het in vers 4.
41 Of: hulle slaap. Dit word óf letterlik óf geestelik verstaan, dat hulle deur die Satan soos in ’n slaap van sonde gewieg, hul liggame ontreinig met hoerery, owerspel, ens. 42 Dit is, hul liggame, waarin hierdie sondes gedoen word, en wat daardeur verontreinig word. Sien 1 Kor. 6:18. 43 Dit is, diegene wat die owerheid uitmaak, en die amp self. 44 Gr. die heerlikhede. Sommige verstaan dit as diegene wat oor die mense in hoogheid, mag, eer en groot aansien gestel is. Sien 2 Petr. 2:10 en die kanttekening. |
Maar toe g45Mígael, 46die aartsengel, 47met die duiwel in woordestryd was oor 48die liggaam van Moses, hhet hy geen 49oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: i50Die Here bestraf jou!
| g Dan. 10:13; 12:1. Openb. 12:7.
h 2 Petr. 2:11. i Sag. 3:2. |
45 Dit is die eienaam van die aartsengel, wat ook gevind word in Dan. 10:13; 12:1. Openb. 12:7, en wat wie is soos God beteken. Hierdie naam kan ook aan die Here Jesus Christus toegeskryf word, hoewel Hy in 1 Thess. 4:16 uitdruklik van die aartsengel onderskei word.
46 Dit is, die owerste van die engele, of een van die owerstes van die engele. Sien oor hierdie naam 1 Thess. 4:16 en die kanttekening. 47 Hierdie geskiedenis word nie in die Skrifte van die Ou Testament beskryf nie, sodat dit wil voorkom of Judas dit óf uit ’n oorlewering van hand tot hand, óf uit ’n geskrif wat ons nie meer het nie, gekry het; soos hy ook in vers 14 die profesie van Henog en soos Paulus ook die name van die Egiptiese towenaars beskryf, 2 Tim. 3:8. Daaruit is nie af te lei dat die Heilige Skrif onvolkome sou wees nie. Sien hieroor 2 Tim. 3:8 se kanttekeninge. 48 Dit word deur baie verstaan as die dooie liggaam van Moses, toe hy op die berg Nebo gesterf het, wat God op ’n onbekende plek begrawe het (Deut. 34:1, 6), sodat die Israeliete met sy doodsbeendere geen afgodery sou begaan nie. Hulle meen dat die duiwel dit probeer verhinder het, om sodoende die volk tot afgodery te bring, soos deur baie mense deesdae gedoen word met die beendere van martelare en ander heiliges. 49 Dit is, lasterlike oordeel, lasterwoorde of skelwoorde, waarmee iemand veroordeel word. Sien 2 Petr. 2:11. 50 Dergelike word gelees in Sag. 3:2, sommige meen dat die apostel daarna verwys. |
kMaar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, 51op natuurlike wyse verstaan, daardeur 52gaan hulle te gronde.
| k 2 Petr. 2:12. | 51 Dit is, deur die uitwendige sintuie.
52 Naamlik deurdat hulle die dinge met oordaad en ontugtigheid misbruik, waarmee hul liggaam en siel te gronde gaan. |
53Wee hulle, want hulle het 54die weg van lKain bewandel en mom 55loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort nen 56in die verset van Korag 57omgekom.
| l Gén. 4:8. 1 Joh. 3:12.
m Núm. 22:7, 21. 2 Petr. 2:15. n Núm. 16:1. |
53 Dit is, ’n ewige ellende sal oor hulle kom.
54 Dit is, die voorbeeld van Kaïn gevolg, deur hul broers te haat en te vervolg. 55 Dit is, soos Bíleam deur gierigheid, ter wille van die loon, hom laat verlei het om God se volk te vervloek, hoewel God hom dit verhinder het, so leer hierdie mense ook valse leringe, en laster die regte leer, ter wille van vuil gewin. Gr. uitgestort, dit is, soos uitgegote water vanself wegvloei, so word hulle deur groot gierigheid daarheen gedryf. 56 Dit is, deur die weerspannigheid en oproerigheid van Korag teen hul owerheid, na te volg. 57 Of: in die verderf gebring, soos Korag en sy metgeselle Datan en Abíram, wat met alles wat hulle besit het, lewend in die aarde weggesink het, Núm. 16:31, ens. |
Hulle is oskandvlekke in julle 58liefdemaaltye, wat 59sonder vrees 60saam fees hou en 61hulleself voer, pwaterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome 62in die nasomer, wat sonder vrugte is, 63twee maal gestorwe, ontworteld;
| o 2 Petr. 2:13.
p 2 Petr. 2:17. |
58 Gr. agapais, dit is, liefdes. So is die maaltye genoem wat die eerste Christene gewoonlik met mekaar gehou het tot versterking van die liefde, as die nagmaal gehou was; waarvan die apostel Paulus spreek in 1 Kor. 11:21, 22, en wat beskryf word deur Tertullianus, Apologeticum.
59 Naamlik om daaroor deur God gestraf te word; of ook van skande voor die mense. 60 Dit is, deur julle tot ’n besondere maaltyd genooi. 61 Dit is, met gulsigheid en oordadigheid vul en voer hulle hulself vet. Sien Eség. 34:2. 62 Dit is, wat dan nie vrugte of blare het nie. 63 Dit is, geheel en al dood en sal nooit weer vrugte of blare hê nie. |
q64woeste golwe van die see wat hulle eie skandes 65laat opskuim, 66dwaalsterre vir wie 67die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
| q Jes. 57:20. | 64 Dit is, onstuimige, wrede.
65 Naamlik hul onstuimige vuil en lasterlike woorde en skandelike dade, soos skuim en vuiligheid uitwerp. 66 Dit is, planete; hoewel hul wentelbaan vas is, wil dit nogtans vir ons voorkom of hulle dwaal, omdat hulle baan nie eenparig is met die ander sterre nie. Daarmee vergelyk hy hul onstandvastigheid. 67 Sien 2 Petr. 2:17 se kanttekening. |
En rHenog, 68die sewende van Adam af, het ook teen hulle 69geprofeteer en gesê: sKyk, die Here 70het gekom met sy 71heilige tienduisendtalle,
| r Gén. 5:18.
s Dan. 7:10. Hand. 1:11. 1 Thess. 1:10. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7. |
68 Naamlik met Adam ingereken, aldus: Adam, Set, Enos, Kenan, Mahalálel, Jered, Henog. Sien Génesis 5.
69 Hierdie profesie staan nêrens in die Skrifte van die Ou Testament beskryf nie, maar dit wil voorkom of dit van hand tot hand onder die Jode oorgelewer was, en God het dit deur die apostel Judas laat opteken in die Heilige Skrif, om ewiglik in die gemeente bewaar te word. Sien vers 9. 70 Dit is, sal kom. So spreek die profete om daarmee die sekerheid van die vervulling van die profesie aan te toon, asof dit nou reeds gebeur of al gebeur het. Sien 1 Kor. 16:22. 71 Naamlik engele. ’n Bepaalde getal vir ’n onbepaalde groot hoeveelheid. Sien Matt. 24:31; 25:31. Dan. 7:10 en die kanttekeninge. |
om gerig 72te hou oor 73almal en al die 74goddelose mense onder hulle 75te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en toor al 76die harde woorde wat die goddelose sondaars teen 77Hom gespreek het.
| t Matt. 12:36. | 72 Gr. te doen, of: oordeel te vel.
73 Naamlik ongelowige en onboetvaardige sondaars. Want hier word gespreek van die oordeel van verdoemenis, waarin die gelowige en boetvaardige sondaars nie sal kom nie, Joh. 5:24. 74 Dit is, wat onder hulle in goddeloosheid uitmunt (uitstaan) en die godsaliges laster, vervolg en verdruk; hoedanig hier deur die apostel beskryf word. 75 Gr. te bestraf, of: te oortuig. 76 Dit is, nie net oor hul goddelose werke nie, maar ook oor hul ongerymde lasterlike en smadelike woorde, wat ondraaglik is. 77 Naamlik die Here, wat sal kom om te oordeel, vers 14. Dit is, teen sy persoon, leer en gemeente. |
Hulle is 78murmureerders 79wat oor hul lot klae, en volgens 80hulle begeerlikhede wandel; ven hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense 81vlei 82ter wille van voordeel.
| v 2 Petr. 2:18. | 78 Naamlik sowel teen God, omdat Hy nie aan hulle verwagtinge voldoen nie; as teen die mense, en vernaamlik die wat oor hul gestel is, met wie se regering hulle nie tevrede is nie.
79 Dit is, wat nie tevrede is met die omstandighede of deel wat God vir hulle beskik het nie. 80 Naamlik vleeslike begeerlikhede. Sien Rom. 8:1, 5. 2 Kor. 10:3. Gal. 5:16. 2 Petr. 3:3. 81 Dit is, om die persone, wat deur hul rykdom of mag in aansien is en vir hulle bevorderlik kan wees, as ’t ware met verwondering te prys en te vlei. 82 Om deur hulle vleiery voordeel te bekom. |
Vermaning en danksegging.
MAAR julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is 83deur die apostels van onse Here Jesus Christus,
| 83 Hieruit volg nie dat hierdie Judas nie ook ’n apostel van Christus sou wees nie; want Petrus maak ook melding van die briewe van Paulus, 2 Petr. 3:15; maar slegs dat hy ná die ander apostels geskryf het. Hy verwys hier vernaamlik na die apostels Paulus en Petrus. |
dat hulle vir julle gesê het: xIn die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie 84goddelose begeerlikhede wandel.
| x Hand. 20:29. 1 Tim. 4:1. 2 Tim. 3:1; 4:3. 2 Petr. 2:1; 3:3. | 84 Gr. begeerlikhede van die goddelooshede. |
Dit is hulle wat 85skeuring maak, 86sinnelike mense wat 87die Gees nie het nie.
| 85 Naamlik in die gemeente. Of: hulle afskei, naamlik van die heilige vergaderinge van die gelowiges.
86 Gr. siellike, soos in 1 Kor. 2:14. Jak. 3:15. Sien die kanttekeninge daar. 87 Naamlik van God, dit is, die Gees van die wedergeboorte; wat blyk uit die feit dat hul vleeslike begeerlikhede in hulle die oorhand het en heers; wat nie gebeur in diegene wat die Gees van die wedergeboorte het nie. |
Maar julle, geliefdes, moet 88julleself 89opbou in 90jul allerheiligste geloof en 91in die Heilige Gees 92bid
| 88 Of: mekaar, soos in 1 Thess. 5:11.
89 Of: stig, dit is, bevestig julle fondament, en neem daagliks meer en meer toe in die geloof. 90 Dit is, in die vertroue wat julle het op die Saligmaker Jesus Christus, om dit te behou, daarin toe te neem, en alle Christelike deugde daarop te vestig, Rom. 14:23. Hebr. 11:6. Of: in die leer van die heilige profete en apostels, wat julle glo en eenmaal aangeneem het, Ef. 2:20, daagliks meer en meer daarin toeneem, en daarby vas bly staan. 91 Of: deur die Heilige Gees, Rom. 8:26. 92 Naamlik tot God, dat Hy deur sy goddelike genade en krag julle daarin versterk. Waaruit blyk, as ons vermaan word om ons te stig en te bewaar, dat sulke bewaring nie deur ons kragte voortkom nie, maar deur die genade en krag van God, tot wie ons daarvoor moet bid. |
en 93julleself 94in die liefde van God 95bewaar, terwyl julle 96die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.
| 93 Of: mekaar, soos in vers 20.
94 Verstaan hier, óf in die liefde waarmee God ons liefhet, om in sy guns en vriendskap te bly; óf in die liefde wat ons vir God het, om daarin te volhard en toe te neem; ons moet beide nastreef. Dit wil egter voorkom of die tweede meer met die bedoeling van die apostel ooreenkom. 95 Naamlik deur sorgvuldig alle middele aan te wend om daarin te bly en toe te neem. Sien vers 20. 96 Dit is, die genadige uitspraak of vonnis, wat Hy oor ons gelowiges sal uitspreek op die oordeelsdag, Matt. 25:34, sonder ons verdienste, uit enkel barmhartigheid. |
En aan 97sommige wat twyfel, moet julle 98barmhartigheid bewys;
| 97 Of: bewys barmhartigheid aan sommige, terwyl julle onderskeid maak tussen swakkes en moedswilliges, tussen leersames en hardnekkiges, naamlik om jul bestraffings en vermanings volgens elkeen se ingesteldheid met sagmoedigheid of strengheid te rig, om hul des te beter te win.
98 Dit is, bestraf en vermaan sommige uit barmhartigheid en medelye oor hul swakheid, naamlik wie uit swakheid sondig en nie moedswillig is nie, Gal. 6:1. |
maar 99ander moet julle 100met vrees 101red deur hulle uit die vuur te 102ruk; en ook 103die kleed moet julle haat wat deur sonde 104bevlek is.
| 99 Naamlik wat moedswillig of hardnekkig is.
100 Gr. in vrees; dit is, probeer om hulle te verskrik met voorstelling van die vreeslike oordeel van God, wat oor sulke mense sal kom, indien hulle hul nie bekeer nie, 2 Tim. 4:2. 101 Dit is, probeer om hulle te red deur goeie vermanings. Sien 1 Tim. 4:16. 102 Dit is, trek hulle sonder om te talm uit die openlike gevaar om die saligheid te verloor, soos ’n mens doen as iemand in die vuur geval het. Want ’n bekeerde sondaar is as ’t ware uit die helse vuur geruk. 103 Dit is, nie net die onkuisheid en ander sondes self nie, maar ook dit wat enige gemeenskap daarmee het. 104 Dit wil voorkom of dit gesê word ten opsigte van die onreinhede volgens die wet, waarvolgens almal wat iets onreins aangeraak het, self ook as onrein beskou was. |
Aan Hom nou wat magtig is om julle van 105struikeling te bewaar en julle sonder gebrek 106voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
| 105 Of: stamp, misstap.
106 Dit is, voor Hom wat heerlik is. |
yaan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en 107tot in alle ewigheid! Amen.
| y Rom. 16:27. 1 Tim. 1:17. | 107 Gr. tot in alle eeue. |
Einde van die algemene brief van JUDAS.
Opskrif en seëngroet. Lof van Gajus.
DIE1 ouderling aan die geliefde 2Gajus 3wat ek in waarheid liefhet.
| 1 Sien in 2 Joh. vers 1 se kanttekening waarom Johannes homself so noem.
2 Wie hierdie Gajus was, word nêrens elders verklaar nie, behalwe as hy een van die getroues was waarvan ’n mens lees in Hand. 19:29; 20:4. Rom. 16:23. 1 Kor. 1:14. 3 Sien 2 Joh. vers 1 en die kanttekening. |
Geliefde, ek wens dat dit met jou 4in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, 5soos dit met jou siel goed gaan;
| 4 Of: voor alles.
5 Naamlik aangesien jou siel met die kennis van die saligmakende en gesonde leer en met velerlei Christelike deugde bedeel is, dat jy ook ’n gesonde liggaam mag hê, soos jy ’n gesonde siel het. |
want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou 6waarheid getuig, soos jy 7in die waarheid wandel.
| 6 Dit is, opregtheid, 1 Joh. 3:18 en die kanttekening.
7 Sien 2 Joh. vers 4 en die kanttekening. |
Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat 8my kinders in die waarheid wandel.
| 8 Dit is, dissipels, wat ek deur die verkondiging van die evangelie gebaar het, soos Paulus spreek van die Korinthiërs, 1 Kor. 4:15. |
Geliefde, jy handel 9getrou 10in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir 11vreemdelinge
| 9 Dit is, soos ’n getroue bedienaar van die goedere, wat die Here te dien einde aan jou verleen het, betaam. Sien Luk. 12:42. 1 Kor. 4:2.
10 Dit is, dat jy hulle in jou huis ontvang, herberg en onderhou. 11 Dit is, wat, behalwe dat hulle broeders en gelowiges is, ook ter wille van die evangelie in vreemde lande moet verkeer. |
wat van 12jou liefde 13voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle 14voorthelp op ’n 15voor God waardige wyse.
| 12 Dit is, jou milddadigheid, wat jy uit liefde aan hulle betoon het.
13 Dit is, openlik in die vergadering van die gemeente waarin ek my nou bevind. Baie kerkvaders meen dat dit die gemeente van Éfese was. 14 Dit is, hulle nie net uitlei en ’n stuk van die pad saam met hulle reis nie, maar hulle ook voorsien van dit wat hul vir die reis sal nodig hê. Sien Hand. 27:3; 28:10. 15 Sien Kol. 1:10. 1 Thess. 2:12. |
Want 16vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om 17iets van die heidene te neem.
| 16 Dit kan op twee maniere verstaan word: óf dat hierdie broeders uit hul vaderland gegaan het na vreemde lande om die evangelie daar onder die heidene te verkondig; óf dat hulle ter wille van die diens van God en die belydenis van die Christelike leer uit hul vaderland moes gaan en vlug na vreemde lande. Maar die eerste is die waarskynlikste, soos dit blyk uit die volgende vers.
17 Naamlik vir hul diens, maar sonder vergoeding die evangelie verkondig, om geen verhindering te gee aan die evangelie van Christus nie, soos Paulus ook gedoen het, 1 Kor. 9:12. |
Ons behoort dan 18sulke mense goed 19te ontvang, sodat ons 20mede-arbeiders van die waarheid kan word.
| 18 Naamlik soos in die voorgaande vers beskryf word.
19 Naamlik in ons huise, te herberg en te versorg na hul liggaamlike behoeftes. 20 Daarmee ook mag help om die verbreiding van die ware leer van die evangelie te bevorder. |
Klag teen Diótrefes. Lof van Demétrius. Groete.
EK het 21aan die gemeente 22geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle 23die eerste wil wees, 24steur hom nie aan ons nie.
| 21 Naamlik waarvan Gajus óf ’n leraar, óf ’n voortreflike lidmaat was. Watter gemeente dit was, word nêrens vermeld nie.
22 Naamlik aangaande hierdie saak, om hierdie broeders by die gemeente aan te beveel. Hoewel ons nie hierdie brief besit nie, kan daaruit nie aangeneem word dat daar iets ontbreek aan die volkomenheid van die Heilige Skrif nie; aangesien dit slegs ’n brief van aanbeveling was, en indien daar iets in hierdie brief geskryf was wat nodig is tot saligheid, word dit genoeg in die ander boeke van die Heilige Skrif gevind, en Johannes getuig self dat sy Evangelie genoegsaam is om te glo en salig te word, Joh. 20:31. 23 Dit is, wat hom uit eergierigheid bo sy broeders verhef, daarna smag om hulle te oorheers en al die gesag na hom alleen te trek. 24 Dit is, ag nie my, my skrywe en voorspraak nie. |
Daarom, 25as ek kom, sal ek hom 26herinner aan 27die werke wat hy doen deur met 28slegte woorde teen 29ons 30uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self 31die broeders nie gasvry nie, maar 32verhinder ook die 33wat dit wil doen en 34werp hulle uit die gemeente.
| 25 Naamlik na jou, wat ek hoop spoedig sal gebeur, vers 14.
26 Dit is, hom voor oë stel, en aan die gemeente bekendmaak, sodat hulle dit mag weet en oordink. 27 Naamlik wat hy hier beskryf. 28 Dit is, lasterlike. 29 Dit is, my, soos ook in die voorgaande vers. 30 Dit is, aanhoudend leuens voort te bring. 31 Naamlik wat beskryf word in vers 7. 32 Of: verbied. 33 Dit is, wat hierdie broeders wil ontvang. 34 Naamlik deur die kerklike ban. |
Geliefde, amoenie navolg wat 35kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat 36goed doen, is uit God; maar 37hy wat kwaad doen, bhet God 38nie gesien nie.
| a Ps. 37:27. Jes. 1:16. 1 Petr. 3:11.
b 1 Joh. 3:6. |
35 Dit is, sowel in die algemeen allerlei kwaad, as in die besonder hierdie slegte voorbeeld van Diótrefes.
36 Dit kan ook so verstaan word: sowel in die algemeen van allerlei goed, as in die besonder van die goedheid van weldadigheid teenoor die broeders, wat hy hier in Gajus prys. 37 Dit is, wat dit sy werk maak om kwaad te doen. Want andersins doen die wedergeborenes uit swakheid ook soms iets wat kwaad is. 38 Naamlik met die oë van die ware geloof, of: Hom nie reg geken nie. Sien 1 Joh. 3:6. |
Van Demétrius is 39deur almal 40getuienis gegee en 41deur die waarheid self; en 42ons getuig ook, en julle weet 43dat ons getuienis waar is.
| 39 Naamlik gelowiges wat hom ken.
40 Naamlik van besondere godsaligheid, liefde en getrouheid. 41 Dit is, hierdie getuienis is geheel en al waar, soos hy dit ook daagliks met daad en waarheid betoon. 42 Dit is, ek, Johannes; soos ook in verse 9, 10. 43 Dit is, dat ek niks anders getuig as dit wat waaragtig is nie, Joh. 19:35. |
cEk het 44baie dinge gehad om te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skryf nie.
| c 2 Joh. vers 12. | 44 Naamlik aangaande hierdie sake. Sien 2 Joh. vers 12. |
Maar ek hoop om 45jou gou te sien, en ons sal van 46mond tot mond spreek.
| 45 Dit is, spoedig by jou te wees, of na jou toe te kom.
46 Sien 2 Joh. vers 12 se kanttekening. |
47Vrede vir jou! 48Die vriende groet jou. Groet 49die vriende 50by die naam.
| 47 Dit was die gebruiklike groet onder die Jode of Hebreërs. Sien hieroor Joh. 20:19.
48 Dit is, die gelowiges wat hier is. 49 Dit is, die gelowiges wat by jou is. 50 Dit is, elkeen in die besonder. |
Einde van die derde brief van JOHANNES.
Opskrif en seëngroet.
DIE1 ouderling aan die 2uitverkore 3vrou en aan haar kinders — 4wat ek 5in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook 6almal wat 7die waarheid leer ken het;
| 1 So noem die apostel Johannes homself, óf vanweë sy amp, soos ook Petrus, 1 Petr. 5:1, óf vanweë sy hoë ouderdom; asof hy sê: Die oue.
2 So noem hy haar volgens die oordeel van die liefde, waarvolgens almal wat Christus bely, as uitverkorenes beskou moet word. Sien dergelike in vers 13. Filip. 4:3. 1 Thess. 1:4. 2 Thess. 2:13. 1 Petr. 1:2. 3 Gr. kuria, dit is, meesteres, soos ook in vers 5; waardeur nie net iemand van die vroulike geslag verstaan word nie, maar ’n voortreflike, aansienlike, magtige vrou. 4 Naamlik sowel die ma as die kinders, soos uit die Griekse woord blyk. 5 Dit is, opreg, soos in 1 Joh. 3:18. 6 Naamlik wat in daardie plek woon en u ken. 7 Dit is, die ware leer van die heilige evangelie. Sien 2 Tim. 2:25. 1 Joh. 2:21; 3:19. |
8ter wille van die waarheid wat 9in ons bly en by ons vir ewig sal wees —
| 8 Naamlik het ek hulle lief, aangesien hulle dieselfde waarheid aangeneem het, bely en beleef.
9 Naamlik deur die genade en ooreenkomstig die beloftes van God, dat Hy ons altyd daarin sal bewaar. Sien Matt. 24:24. Joh. 10:28. Filip. 1:6. 1 Petr. 1:5. 1 Joh. 5:4, 5. |
10genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, 11in waarheid en liefde.
| 10 Sien dergelike groet in 1 Tim. 1:2.
11 Dit is, tot versterking en vermeerdering van die kennis van die waarheid en van die liefde. Of: met waarheid en liefde. |
Broederliefde. Valse leraars.
EK was baie bly dat ek 12van u kinders gevind het wat 13in die waarheid wandel, soos ons ’n gebod 14van die Vader ontvang het.
| 12 Dit is, sommige van u kinders.
13 Dit is, die ware leer van die evangelie bely, en hul lewens daarvolgens rig, volgens die gebooie van God. 14 Naamlik deur die Seun, Joh. 15:15. |
En nou bid ek u, uitverkore vrou, anie asof ek u 15’n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: bdat ons mekaar moet liefhê.
| a 1 Joh. 2:7.
b Joh. 13:34; 15:12. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. 1 Petr. 4:8. 1 Joh. 3:23; 4:21. |
15 Sien 1 Joh. 2:7, 8 se kanttekeninge. |
cEn 16dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle 17van die begin af gehoor het dat julle 18daarin moet wandel.
| c Joh. 15:10. | 16 Dit is, hierin bestaan die ware liefde tot God en die naaste. Of: hiermee word dit betoon.
17 Toe die leer van die evangelie die eerste keer aan julle verkondig is, 1 Joh. 2:7. 18 Dit is, so jul lewe daarvolgens rig. |
dWant baie verleiers het in die wêreld ingekom: 19die wat nie bely 20dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en 21die Antichris.
| d Matt. 24:5, 24. 2 Petr. 2:1. 1 Joh. 4:1. | 19 Sien 1 Joh. 2:22 en 4:2 se kanttekeninge.
20 Gr. Jesus Christus in die vlees kom. Sien dergelike spreekwyse in 1 Joh. 4:2. 21 Sien ook 1 Joh. 4:3. |
22Wees op julle hoede, 23dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ’n 24volle 25loon ontvang.
| 22 Dit is, gee ag op jul eie saligheid, waarvan julle afvallig sou raak, indien julle jul deur hulle laat verlei. Sien Hand. 20:28.
23 Dit is, sodat ons, naamlik apostels, wat julle tot die kennis van die waarheid gebring het, die vrug van ons arbeid aan julle nie verloor nie. Of: dat julle (soos ander vertaal), naamlik wat die ware leer eens aangeneem het en jul lewe daarvolgens rig, die vrug van jul belydenis en wandel, wat die ewige lewe is, nie verloor indien julle deur verleiding tot afval gebring word nie. 24 Dit is, oorvloedige. 25 Naamlik ons apostels van ons arbeid, as dit nie tevergeefs aan julle gedoen is nie. Sien Filip. 4:1. 1 Thess. 2:19 en die kanttekeninge. Of julle gelowiges, as julle teen die verleiding standvastig bly by die ware leer van die evangelie. |
Elkeen wat 26’n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, 27hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hý 28het die Vader sowel as die Seun.
| 26 Naamlik deur afvalligheid van die leer van die evangelie, soos die volgende woorde verklaar.
27 Dit is, hy het geen gemeenskap met God nie. 28 Dit is, het gemeenskap met beide. Sien 1 Joh. 1:3. |
eAs iemand 29na julle kom en 30hierdie leer nie 31bring nie, 32ontvang hom nie in die huis nie 33en groet hom nie.
| e Rom. 16:17. 2 Tim. 3:5. Tit. 3:10. | 29 Naamlik in julle huis, of andersins, om julle te leer en te onderrig.
30 Naamlik dat Jesus Christus in die vlees gekom het, vers 7, en wat ons apostels julle geleer het. 31 Dit is, leer en voorstel. 32 Dit is, hou met hom geen broederlike gemeenskap of noue omgang nie. 33 Ander vertaal: en sê nie vir hom: Groete. Gr. Gairein, dit is, om bly te wees. Sien Jak. 1:1 se kanttekening. So ook in die volgende vers. |
Want die een wat hom groet, 34het gemeenskap aan sy 35bose werke.
| 34 Dit is, luister na sy valse leer, waardeur hy die mense verlei, en stel homself in gevaar om ook deur hom verlei te word. Hy gee ander aanstoot, asof hy die valse leer goedkeur, aangesien hy sulke gemeenskap met die valse leraars hou.
35 Naamlik wat hy doen deur die mense van die ware leer weg te lei. |
Alhoewel ek 36baie het om aan julle te skrywe, wou ek dit nie 37met papier en ink doen nie, maar ek hoop om na julle te kom en van 38mond tot mond te spreek, sodat 39ons blydskap 40volkome kan wees.
| 36 Naamlik aangaande hierdie sake.
37 Dit is, deur ’n brief wat met ink op papier geskryf word. Hy sê dit nie omdat daar enige sake aangaande die saligheid was wat hy nie op papier wou stel nie; want hy het al hierdie sake genoegsaam in sy Evangelie beskryf, Joh. 20:31; maar omdat hy gehoop het om spoedig by hulle uit te kom, en hierdie sake mondeling aan hulle te verklaar. 38 Dit is, by julle teenwoordig wees. Sien dergelike in 1 Kor. 13:12. 39 Naamlik wat sal ontstaan deur my teenwoordigheid. 40 Gr. vervul, dit is, oorvloedig. |
Die kinders van u 41uitverkore suster groet u. Amen.
| 41 Sien vers 1. |
Einde van die tweede brief van JOHANNES.
Die geloof in Jesus en die gevolge daarvan.
ELKEENa wat 1glo dat Jesus 2die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die 3Vader liefhet, het ook 4die een lief wat uit Hom gebore is.
| a Joh. 1:12. | 1 Naamlik met sodanige geloof, wat vergesel is van alles wat tot ’n opregte geloof behoort. Sien 1 Joh. 4:2.
2 Dit is, die ware en beloofde Messías. Sien Joh. 20:31. 3 Dit is, Hy wat tot geboorte voortgebring het, naamlik die Vader. 4 Dit is, sy kind; omdat dit so is onder die mense, so bewys die apostel daarmee dat, as ’n mens God liefhet, ’n mens ook al die kinders van God, wat uit Hom gebore is, moet liefhê. |
Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: 5wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.
| 5 Want uit die liefde van God, soos ’n oorsprong en fontein, moet die liefde tot die naaste spruit en voortkom. |
bWant 6dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; cen sy gebooie is nie 7swaar nie.
| b Joh. 14:15; 15:10.
c Matt. 11:29, 30. |
6 Naamlik, hiermee betoon ons dat ons God waarlik liefhet.
7 Dit is, beswaarlik, moeilik; dit word hier nie gesê om aan te wys dat ons hierdie gebooie hier op aarde volkome kan onderhou nie; sien 1 Joh. 1:8; 2:1; maar ten opsigte van die wedergeborenes, in wie se hart die Heilige Gees die gebooie van God só inskryf dat Hy dadelik in hulle ’n begeerte verwek om die gebooie graag te onderhou, Rom. 7:22. En dit wat iemand graag doen, is nie vir hom swaar of moeilik nie. Sien Matt. 11:30. |
Want alles wat uit God gebore is, 8oorwin die wêreld; den dit is 9die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik 10ons geloof.
| d Joh. 16:33. | 8 Dit is, dit hou die oorhand in die geestelike stryd tussen die Gees van die wedergeboorte en die wêreldse begeerlikhede en aanlokkinge, waardeur ons tot afwyking van die geloof en oortreding van die gebooie van God versoek word.
9 Dit is, die oorsaak van ons oorwinning, omdat dit Christus omhels, deur wie ons alles vermag, Filip. 4:13. 10 Naamlik wat vergesel is van alles wat tot ’n ware geloof geëis word; want so ’n geloof kan nie bestaan sonder onderhouding van die gebooie van die liefde tot God en die naaste nie. |
eWie anders is dit wat die wêreld oorwin fas hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
| e 1 Kor. 15:57.
f 1 Joh. 4:15. |
Dit is Hy wat 11deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; 12nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is 13die Gees wat getuig, 14want die Gees is die waarheid.
| 11 Die apostel verwys hier na die water en bloed wat uit die deurboorde sy van Christus gevloei het, waarvan slegs Johannes melding maak, Joh. 19:34, 35, en hy vermeld dit hier weer, om te toon dat daarin ’n verborgenheid is, naamlik dat die water van die Heilige Gees uit Hom vloei, waardeur ons gereinig en wedergebore word, en dat deur die uitstorting van sy bloed aan die kruis die versoening met God en die vergewing van ons sondes vir ons verwerf is. Daardeur is vervul wat afgebeeld was deur die seremonies van die Ou Testament, wat hoofsaaklik bestaan het uit reinigings met water, en bloedstorting van diere wat geoffer was, sodat dít die betekenis is: omdat Christus gekom het en alles wat deur die seremonies van die Ou Testament afgebeeld was, in die daad vervul het, is dit ’n duidelike bewys dat Hy die ware Messías is.
12 Dit is, Hy het gekom om nie net die weldaad van die wedergeboorte of van die reiniging van ons verdorwe natuur nie, maar ook die weldaad van die regverdigmaking of versoening met God saam teweeg te bring, deur sy Gees en bloed; hierdie twee weldade kan nie van mekaar geskei word nie. 13 Dit is, die Heilige Gees getuig in die harte van die gelowiges, 2 Kor. 1:22. Ef. 1:13. 14 Sommige vertaal aldus: dat die gees die waarheid is. Dit is, die leer van die evangelie, dat Jesus die Christus is. Hierdie leer word die gees genoem in 2 Kor. 3:6, sien die kanttekeninge daar. |
15Want daar is 16drie wat getuig 17in die hemel: die Vader, 18die Woord en die Heilige Gees, en 19hierdie drie is 20een;
| 15 Hierdie vers, omdat dit ’n baie duidelike getuienis vervat van die Heilige Drie-eenheid, is skynbaar deur die Ariane uit sommige manuskripte uitgelaat, maar word in byna alle Griekse manuskripte gevind en selfs ook deur baie vername kerkvaders wat voor die tye van die Ariane geleef het, wat dit tot bewys van die Heilige Drie-eenheid daaruit aangevoer het. Die teenstelling van die getuies op die aarde in vers 8, toon verder duidelik aan dat hierdie vers daar moet wees, soos ook blyk uit vers 9, waar gespreek word van hierdie getuienis van God.
16 Naamlik persone en onderskeie getuies. 17 Dit is, gee hiervan uit die hemel ’n hemelse en goddelike getuienis, waaraan nie getwyfel kan word nie. Sien Matt. 3:16, 17; 17:5. Joh. 3:31. Hand. 2:1, ens. 18 Dit is, die Seun van God. Sien Joh. 1:1. 19 Naamlik persone. Sien Matt. 3:16, 17; 28:19. 20 Naamlik in wese en natuur; wat al drie gesamentlik en enerlei van hierdie saak getuig. Dit is ’n baie duidelike bewys en getuienis van die drieheid van die persone in die enige goddelike Wese. Sien Joh. 10:30. |
en daar is 21drie wat getuig op die aarde: 22die Gees en die water en die bloed, en die drie is 23eenstemmig.
| 21 Dit is, daar is ook drie getuies op die aarde wat dieselfde getuig.
22 Dit is, die Gees van die aanneming tot kinders, wat aan die gelowiges in die gemeente hier op die aarde gegee word, en die water van die wedergeboorte, waardeur die gelowiges van hul gemeenskap met die Vader en die Seun verseker word, en die bloed van die Nuwe Testament, waardeur hulle vergewing van hul sondes en versoening met God verkry. Ander verstaan deur die Gees die leer van die evangelie, deur die water die sakrament van die doop, en deur die bloed die sakrament van die nagmaal; deur hierdie drie middele word die gelowiges in die kerk hier op die aarde van die vergewing van hul sondes deur Christus, en van die ewige lewe, soos deur drie vaste getuies, verseker. Sien ook vers 6 se kanttekeninge. 23 Dit is, verwys na enerlei saak, en gee daarvan enerlei getuienis, naamlik dat Jesus die Saligmaker en die Seun van God is, vers 5. |
gAs ons die getuienis van die mense aanneem — die getuienis van God is 24groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy 25aangaande sy Seun getuig het.
| g Joh. 5:37. | 24 Dit is, geloofwaardiger, en moet daarom ook des te meer aangeneem word.
25 Naamlik aangaande Jesus Christus, dat Hy die ware en enigste Saligmaker is. |
hWie in die Seun van God glo, 26het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, 27het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.
| h Joh. 3:36. Rom. 8:16. Gal. 4:6. | 26 Dit is, is deur die Heilige Gees, wat die geloof in hom gewerk het, in sy hart hiervan oortuig en verseker, Joh. 3:33.
27 Sien 1 Joh. 1:10. |
En dit is 28die getuienis: dat God 29ons die ewige lewe gegee het, ien dié lewe 30is in sy Seun.
| i Joh. 1:4. | 28 Naamlik waarvan ek spreek.
29 Naamlik wat waarlik in Christus glo, Joh. 3:36. 30 Naamlik soos in ’n fontein, uit wie se volheid ons dit ontvang, Joh. 1:16. Want die Seun het vir ons die lewe verdien, het die mag om dit aan ons te gee, en gee dit ook aan almal wat in Hom glo. Sien Joh. 6:47, 48, 51; 17:2. |
Hy wat die Seun 31het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
| 31 Dit is, met die ware geloof aangeneem het, Joh. 1:12, hy het die beginsels van die ewige lewe reeds in hierdie lewe, en het ’n seker hoop dat hy dit ook hiernamaals volkome sal besit. Sien Joh. 5:24; 8:51. |
kDit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en 32kan glo in die Naam van die Seun van God.
| k Joh. 20:31. | 32 Dit is, meer en meer in die geloof kan toeneem en daarin volhard. |
En dit is 33die vrymoedigheid wat ons 34teenoor Hom het, ldat Hy ons 35verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
| l Jer. 29:12. Matt. 7:8; 21:22. Mark. 11:24. Luk. 11:9. Joh. 14:13; 15:7; 16:24. Jak. 1:5. 1 Joh. 3:22. | 33 Dit is, vrymoedige vertroue; soos in Hebr. 4:16. 1 Joh. 2:28; 3:21.
34 Naamlik teenoor God; soos die apostel spreek in 1 Joh. 3:21. 35 Gr. hoor. |
En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, 36wat ons ook al vra, ons 37die bedes 38verkry wat ons van Hom gevra het.
| 36 Naamlik volgens sy wil, soos in vers 14.
37 Dit is, die sake waarvoor ons bid. 38 Gr. hê, dit is, sekerlik sal hê. |
As iemand 39sy broeder 40’n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy 41bid, en 42Hy sal hom 43die lewe gee — vir die wat nie ’n sonde tot die dood doen nie. mDaar is 44’n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie 45dat hy moet bid nie.
| m Núm. 15:30. 1 Sam. 2:25. Matt. 12:31. Mark. 3:29. Luk. 12:10. Hebr. 6:4; 10:26. 2 Petr. 2:20. | 39 Dit is, sy medechristen.
40 Dit is, ’n sonde waarop die ewige dood nie sekerlik volg nie; dit is, wat nie onvergeeflik is nie. 41 Naamlik vir sy broeder, dat God hom hierdie sonde wil vergewe. 42 Naamlik God sal hom sy sondes vergewe en sodoende die lewe gee. Of: hy, naamlik wat tot God oor die sonde van sy broeder bid, sal met sy gebed vergewing by God teweegbring. Sien 1 Tim. 4:16. Jak. 5:20. 43 Dit is, van die dood, wat hy deur sy sonde verdien het, verlos. 44 Dit is, wat sekerlik die dood tot gevolg het, naamlik die lastering teen die Heilige Gees, wanneer iemand die waarheid van die Christelike leer, waarvan hy deur die Heilige Gees verlig en oortuig is, loën en dit vyandig laster en vervolg. Sien Matt. 12:31 se kanttekeninge. 45 Naamlik omdat God sulke sondaars hierdie sonde nie wil vergewe nie, maar Hy gee hulle oor in hul onboetvaardigheid tot die einde toe, omdat hulle die middel tot boetvaardigheid, wat Christus se offer is, en die oortuiging van die Heilige Gees, verwerp en teëstaan. |
nAlle ongeregtigheid is sonde, en daar is ’n sonde wat 46nie tot die dood is nie.
| n 1 Joh. 3:4. | 46 Hier mag nie verstaan word dat daar ’n sonde só lig sou wees dat dit nie die dood sou verdien nie, hoe klein dit ook mag wees; want dit stry teen Deut. 27:26. Jak. 2:10; maar dat dit nie onafwendbaar die dood meebring nie, maar vergewe kan word, as die sondaar ’n opregte berou en leedwese daaroor betoon. |
oOns weet dat elkeen wat uit God gebore is, 47nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, 48bewaar homself, en 49die Bose 50het geen vat op hom nie.
| o 1 Joh. 3:9. | 47 Naamlik tot die dood; ook nie dat die sonde oor hom heerskappy voer nie. Sien 1 Joh. 3:9.
48 Naamlik dat hy nie in hierdie sonde verval nie. 49 Dit is, die duiwel, wat probeer om hom tot hierdie sonde te bring, Matt. 6:13. 50 Of: raak hom nie, dit is, het geen vat op hom, om hom in hierdie sonde te trek, nie. |
Ons weet dat 51ons uit God is en 52die hele wêreld 53in die mag van die Bose lê.
| 51 Naamlik wat in Christus glo.
52 Dit is, alle ander mense, wat nie wedergebore is en nie glo nie. 53 Dit is, in die sonde en onder die geweld van die duiwel. |
En ons weet dat die Seun van God gekom het pen ons 54verstand gegee het om 55die Waaragtige te ken; en 56ons is in die Waaragtige, 57in sy Seun, Jesus Christus. q58Hy is die waaragtige God en 59die ewige lewe.
| p Luk. 24:45.
q Jes. 9:5; 44:6; 54:5. Joh. 20:28. Rom. 9:5. 1 Tim. 3:16. |
54 Dit is, die regte en saligmakende kennis van die ware God, waarin die ewige lewe bestaan, Joh. 17:3. Of: verstand gegee het, sodat ons die Waaragtige mag ken.
55 Dit is, die ware en lewende God, die Vader van ons Saligmaker Jesus Christus. 56 Dit is, ons het deur die geloof gemeenskap met Hom, 1 Joh. 1:3. 57 Ander voeg die woordjie en hier in, soos in 1 Joh. 1:3, en verstaan dan onder hierdie Waaragtige ook die Vader, soos in die voorgaande. 58 Naamlik Jesus Christus. Sien Joh. 17:3. 59 Dit is, die oorsprong, verdiener en gewer van die ewige lewe, Joh. 1:4; 10:28; 14:6. |
My kinders, 60bewaar julleself van die 61afgode. Amen.
| 60 Dit is, hou wag en dra sorg, dat julle jul met geen afgodery besmet nie.
61 Gr. idole. Dit is, valse gode, of: beelde wat tot afgodery misbruik word, dat julle daaraan geen eer of diens betoon nie, omdat dit geensins saam met die Christelike religie en die ware godsdiens kan bestaan nie. |
Einde van die eerste algemene brief van JOHANNES.
Die valse leraars.
GELIEFDES, aglo nie elke 1gees nie, bmaar 2stel die geeste op die proef 3of hulle uit God is, cwant baie 4valse profete het in die wêreld 5uitgegaan.
| a Jer. 29:8. Matt. 24:4. Ef. 5:6. Kol. 2:18.
b Matt. 7:15, 16. 1 Kor. 14:29. 1 Thess. 5:21. c Matt. 24:5, 24. 2 Petr. 2:1. 2 Joh. vers 7. |
1 Dit is, leraar, wat voorgee dat sy leer uit openbaring van die Heilige Gees is. Sien 1 Tim. 4:1.
2 Naamlik aan die toetssteen van God se Woord. Sien 1 Thess. 5:21. 3 Dit is, of hul leer deur God ingegee is en met God se Woord ooreenkom. 4 Dit is, valse leraars. Want nie alleen die wat toekomende dinge vooruit aankondig, word profete genoem nie, maar ook die wat die Skrif uitlê, 1 Kor. 14:3, 37. So word ook nie alleen die wat iets vooruit aankondig wat nie waar is nie, valse profete genoem nie, maar ook die wat die Skrif verkeerd uitlê en valse leringe dryf. Sien Matt. 24:24. 5 Sien 1 Joh. 2:19 en die kanttekening. |
6Hieraan ken julle 7die Gees van God: elke 8gees wat 9bely 10dat Jesus Christus 11in die vlees gekom het, 12is uit God;
| 6 Of: Ken hieraan die Gees van God; gebiedenderwys.
7 Verstaan hier die leer wat deur God se Gees ingegee is, of ’n ware leraar, wat deur God se Gees gedryf word. 8 Dit is, leraar. Sien vers 1 se kanttekeninge. 9 Dit is, openlik leer en beken. 10 Gr. Jesus Christus wat in die vlees gekom het. Sien vers 3. 2 Joh. vers 7. 11 Dit is, die menslike natuur aangeneem het, om as die enigste Middelaar, in die natuur, ons met God te versoen. Sien Joh. 1:14. Rom. 1:3. Dit is die vernaamste hoofstuk van die Christelike godsdiens, en as ’n hoofsom daarvan. Sien Matt. 16:16. Mark. 8:29. Joh. 20:31. Rom. 1:3, 4. Daaruit blyk dat Hy die Seun van God was voordat Hy die menslike natuur aangeneem het. 12 Hy is ’n ware leraar, wat die goddelike waarheid en leer voorstel. |
en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; den dit is 13die gees van die Antichris ewaarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy fis nou al in die wêreld.
| d 1 Joh. 2:22.
e 1 Joh. 2:18. f 2 Thess. 2:7. |
13 Dit is, die leer van die Antichris, wat stry teen die waarheid van die persoon en die amp van Christus. |
Julle is 14uit God, my kinders, en het 15hulle 16oorwin, omdat 17Hy wat in julle is, 18groter is as 19hy wat in die wêreld is.
| 14 Deur die Gees van God wedergebore en daardeur met die kennis van die ware en goddelike leer verlig.
15 Naamlik die valse leraars. 16 Naamlik deur julle standvastigheid in die ware leer, waarvan hulle julle nie kon aftrek of mislei nie. Sien Matt. 24:24. 17 Naamlik die Gees van God, wat God vir julle gegee het, en wat in julle bly. Sien 1 Joh. 3:9 en die kanttekening. 18 Dit is, magtiger, soos in Joh. 10:29. 1 Joh. 3:20. Naamlik om julle by die waarheid te behou en teen die verleidings te versterk. 19 Naamlik die duiwel of die gees van die dwaling, vers 6, wat in die wêreldse en onwedergebore mense is, soos die valse leraars is en in die volgende vers beskryf word. |
20Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle 21uit die wêreld, en 22die wêreld 23luister na hulle.
| 20 Naamlik die valse leraars.
21 Dit is, dinge wat uit die wêreld is, en wat met die verstand van die onwedergebore mense of ook met hul wêreldse luste ooreenkom. 22 Dit is, die wêreldse en onwedergebore mense; soos in 1 Joh. 3:13. 23 Dit is, neem hul valse leer aan. |
g24Ons is 25uit God; hy wat God 26ken, 27luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. 28Hieruit ken ons 29die Gees van die waarheid en 30die gees van die dwaling.
| g Joh. 8:47; 10:27. | 24 Naamlik apostels, en die wat saam met ons dieselfde leer voorstel.
25 Dit is, nie net deur die Gees van God wedergebore en verlig met die kennis van die waarheid nie, maar ook deur Hom geroep om sy goddelike waarheid suiwer aan die mense te verkondig. 26 Naamlik reg ken, soos Hy Hom in sy Woord geopenbaar het. 27 Dit is, neem ons leer aan, soos in die voorgaande verse. 28 Naamlik of ’n mens na ons luister of nie na ons luister nie. 29 Naamlik as ’n mens na ons luister en ons leer aanneem. 30 Naamlik as ’n mens nie na ons luister en ons leer nie aanneem nie. Sodat uit die leer en Skrifte van die apostels (soos ook van die profete en evangeliste) geoordeel moet word oor waarheid of dwaling in die leer. |
God is liefde. Om God lief te hê en die broeders lief te hê.
GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is 31uit God, en elkeen wat liefhet, 32is uit God gebore en 33ken God.
| 31 Dit is, God is die bewerker van die liefde; wat dit in ons werk en ons beveel.
32 Dit is naamlik ’n seker teken dat hy waarlik deur die Gees van God wedergebore is. 33 Naamlik reg, hoedanig Hy is, wat Hom behaag, en wat Hy ons beveel het. |
Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is 34liefde.
| 34 Dit is, God het nie net Homself lief nie, maar ook al sy skepsele, in die besonder sy uitverkorenes in Christus Jesus, met sodanige groot liefde en toegeneentheid, dat ’n mens met reg mag sê dat Hy nie net liefde het nie, maar ook die liefde self is, soos Hy ook die wysheid, goedheid, ens., self genoem word. |
hHierin is die liefde van God 35tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat 36ons deur Hom kan 37lewe.
| h Joh. 3:16. Rom. 5:8. | 35 Gr. in ons, soos ook in vers 16, of: onder ons.
36 Naamlik wat in Hom glo, soos gesê word in Joh. 3:16. 37 Naamlik geestelik en ewiglik. |
Hierin 38is die liefde: nie dat ons God 39liefgehad het nie, imaar dat Hy ons 40liefgehad het en sy Seun gestuur het kas ’n versoening vir ons sondes.
| i Rom. 3:24. 2 Kor. 5:19. Kol. 1:19.
k Rom. 3:25. 1 Joh. 2:2. |
38 Dit is, blyk die grootheid van God se liefde tot ons.
39 Naamlik eerste, sodat ons met ons liefde God tot wederliefde sou verwek het. Want ons was van nature haters van God, Rom. 1:30, en vyande van God, Rom. 5:10. 40 Naamlik eerste, soos gesê word in vers 19. |
Geliefdes, as God ons 41so liefgehad het, 42behoort ons ook 43mekaar lief te hê.
| 41 Dit is, met so ’n groot, uitnemende, onverdiende en onuitspreeklike liefde.
42 Naamlik, dit is nie net betaamlik dat ons as God se kinders sy voorbeeld hierin navolg nie; maar ons is daardeur verplig, asook deur God se bevel, om dit te doen. 43 Dit is, nie net God, wat die mense so uitnemend liefgehad het nie, maar ons ook mekaar ter wille van Hom. |
l44Niemand het God ooit 45aanskou nie. mAs ons mekaar liefhet, 46bly God in ons en het 47sy liefde in ons 48volmaak geword.
| l Ex. 33:20. Deut. 4:12. Joh. 1:18. 1 Tim. 1:17; 6:16.
m 1 Joh. 3:24. |
44 Naamlik van die mense, soos gesê word in 1 Tim. 6:16.
45 Naamlik met die oë van die liggaam, soos verklaar word in vers 20. Dit is, hoewel ’n mens God nie met die liggaamlike oë kan sien en aanskou nie, is dit nogtans so dat Hy ewenwel in ons bly as ons mekaar liefhet. 46 Sien hieroor 1 Joh. 3:24 en die kanttekening. 47 Naamlik waarmee ons Hom liefhet. 48 Sien 1 Joh. 2:5 se kanttekening. |
Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, 49dat Hy ons van sy Gees gegee het.
| 49 Sien 1 Joh. 3:24 en die kanttekening. |
En ons het 50aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser 51van die wêreld gestuur het.
| 50 Sien 1 Joh. 1:1 en die kanttekening.
51 Dit is, van die uitverkorenes en gelowiges in die hele wêreld. Sien Joh. 3:17; 4:42. 1 Joh. 2:2 en die kanttekening. |
Elkeen wat 52bely dat Jesus die Seun van God is — 53God bly in hom, en hy in God.
| 52 En ook verder gedoen het wat hierdie belydenis vereis, naamlik Hom met ’n ware geloof aangeneem het, en sy geloof met die werke van die liefde getoon het. Want andersins het die duiwels dit ook bely, Matt. 8:29. Mark. 5:7.
53 Sien 1 Joh. 3:24 en die kanttekening. |
En ons het die liefde wat God 54tot ons het, leer ken en geglo. God is 55liefde; 56en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
| 54 Gr. in ons.
55 Sien vers 8 se kanttekening. 56 Of: daarom. |
57Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons 58vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want 59soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.
| 57 Dit is, hierdeur is ons volmaak in die liefde, want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld, soos in die teks volg.
58 Dit is, ’n vrymoedige vertroue dat ons in daardie dag nie veroordeel sal word nie; omdat ons nou die liefde oefen, en die Here Christus dan die werke van die liefde te voorskyn sal bring, nie as verdienende oorsake van die vryspreking en saligheid nie, maar as vrugte en kenmerke van ons geloof. Sien Matt. 25:34, 35, ens. 59 Dit is, soos Christus in die liefde gewandel het, en voortdurend daarin bly, ons ook sy voetstappe navolg. Sien 1 Joh. 2:6, 3:3 en die kanttekeninge. Of: soos God liefde is, wandel ons ook so in die liefde, verse 8, 10. Matt. 5:48. |
Daar is 60geen vrees 61in die liefde nie; maar 62die volmaakte liefde 63dryf die vrees buite, want die 64vrees sluit 65straf in, en hy wat vrees, 66het nie volmaak geword in die liefde nie.
| 60 Naamlik om verdoem te word in die dag van oordeel nie; hierdie vrees word ’n slaafse vrees genoem. Want hy spreek hier nie van die vrees van God, wat die beginsel van alle wysheid is nie, Ps. 111:10, wat ’n kinderlike ontsag is vir die goddelike majesteit, en ’n sorgvuldigheid om hierdie majesteit nie te vertoorn nie; want daardie vrees word ons gebied, Filip. 2:12. 1 Petr. 1:17.
61 Dit is, in diegene wat hul geloof deur die liefde betoon; wat God en hul naaste waarlik liefhet. 62 Dit is, as ons God en ons naaste opreg liefhet. Sien 1 Joh. 2:5 en die kanttekening. 63 Gr. werp. Want hierdie vrees is so vas in die harte en gewetens van die sondaars ingeplant, dat dit as ’t ware met geweld deur ’n sterk en opregte geloof uit die hart gedryf moet word. Dat ons nou ’n opregte geloof het, word bekend uit die opregte liefde tot God en ons naaste, waaraan hierdie uitdrywing gevolglik ook toegeskryf word. 64 Naamlik om verdoem te word. 65 Of: pyn; dit is, kwelling, angs en benoudheid van die gemoed, wat ophou as ons verseker is deur die Gees van God sowel as deur die werke van die liefde, van die opregtheid van ons geloof. Hoe groter hierdie werke is, hoe minder is die vrees en benoudheid. 66 Dit is, het nog nie die ware liefde nie; want as hy dit gehad het, sou hy hierdie vrees uitdryf. |
67Ons het Hom lief, 68omdat Hy ons eerste liefgehad het.
| 67 Of: Laat ons Hom, dit is, God, liefhê; want die Griekse teks kan op albei maniere vertaal word.
68 Sien vers 10. |
nAs iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder 69haat, 70is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder 71wat hy gesien het, nie liefhet nie, 72hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?
| n 1 Joh. 2:4. | 69 Dit is, nie net metterdaad haat nie, maar ook selfs nie liefhet nie; soos die volgende woorde verklaar.
70 Sien 1 Joh. 2:4. 71 Dit is, wie se persoon, toestand en nood hy sien, waardeur die liefde en barmhartigheid gewoonlik ontsteek word in die hart. 72 Hy wil sê: hy kan God geensins liefhê nie; omdat ’n mens makliker deur te sien as deur te hoor tot liefde beweeg word; en God die een liefde nie minder as die ander van ons eis nie. |
oEn hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.
| o Lev. 19:18. Matt. 22:39. Joh. 13:34; 15:12. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. 1 Petr. 4:8. 1 Joh. 3:23. |
Die kinders van God.
KYKa 1wat ’n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons 2kinders van God 3genoem kan word! Om hierdie rede 4ken 5die wêreld ons nie, omdat dit 6Hom nie geken het nie.
| a Joh. 1:12. | 1 Of: hoedanige, dit is, wat ’n groot weldaad sy liefde tot ons is. Die apostel spreek so om die grondoorsaak van ons geluksaligheid aan te wys, 1 Joh. 4:10.
2 Naamlik deur genadige aanneming tot kinders en erfgename van God, sien Hos. 1:10. Rom. 8:14-17, terwyl ons tevore kinders van die toorn was. Sien Ef. 1:5; 2:3. 3 Dit is, kan wees, naamlik sodat ons die naam saam met die saak het, vers 2. Sien dergelike in Luk. 1:32. 4 Naamlik as kinders van God. 5 Dit is, die wêreldse en ongelowige mense; die menigte van diegene wat buite Christus is. 6 Naamlik God, wat ons Vader is, Joh. 16:3. |
Geliefdes, b7nou is ons kinders van God, c8en 9dit is nog nie geopenbaar 10wat ons sal wees nie; dmaar ons weet dat ons, as 11Hy verskyn, aan Hom 12gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien 13soos Hy is.
| b Jes. 56:5. Joh. 1:12. Rom. 8:15. Gal. 3:26; 4:6.
c Matt. 5:12. Rom. 8:18. 2 Kor. 4:17. d Filip. 3:21. Kol. 3:4. |
7 Dit is, in hierdie lewe het ons reeds die reg van die kindskap van God, en die sekerheid daarvan, Joh. 1:12.
8 Dit is, maar. 9 Dit is, hierdie heerlikheid, wat vir die kinders van God berei is, is nog nie volkome aan ons bekendgemaak nie, hoewel enkele beskrywings daarvan hier en daar in die Skrif gegee word. 10 Dit is, met hoe ’n groot heerlikheid ons beklee sal word. 11 Naamlik Christus, soos blyk uit Kol. 3:4. 1 Joh. 2:28. Ander verstaan hier dit, naamlik wat ons sal wees. 12 Naamlik in heerlikheid na liggaam en na siel; nogtans só dat Christus, die Hoof, soos betaamlik is, ver bo sy ledemate in heerlikheid sal uitsteek. Sien Filip. 3:21 se kanttekeninge. 13 Naamlik in sy volle heerlikheid, waar Hy aan die regterhand van sy Vader sit; wat ’n groot deel van ons geluksaligheid sal wees, Ps. 16:11. Openb. 22:4. |
En elkeen wat 14hierdie hoop 15op Hom het, 16reinig homself soos 17Hy rein is.
| 14 Naamlik dat hy die heerlikheid van die kinders van God sal geniet.
15 Dit is, op Christus, dat Hy in sy wederkoms hom met hierdie heerlikheid sal beklee, omdat Hy dit vir hom verdien het. 16 Dit is, hy misbruik hierdie hoop nie om daardeur makliker te sondig nie, maar streef daarna om sy liggaam en siel, wat beide so uitnemend verheerlik sal word, in reinheid en heerlikheid te besit, 1 Kor. 6:20. 1 Thess. 4:4 se kanttekening. 17 Naamlik Christus. Sien vers 5. Dit is, die voorbeeld van Christus aan homself voorhou, as ’n voorbeeld van reinheid, om dit na te volg, hoewel dit in hierdie lewe nie volmaak kan gebeur nie. |
Elkeen wat 18die sonde doen, 19doen ook die wetteloosheid, ewant die sonde is 20wetteloosheid.
| e 1 Joh. 5:17. | 18 Dit is, wat hom tot ’n sondige lewe begewe en die sonde oor hom laat heers, soos ook in vers 8 en enkele volgende verse, hoedanig dit ook mag wees, en hoe gering dit ook deur die mense geag mag word.
19 Dit is, begaan die oortreding van die wet, of verbreek die wet. 20 Gr. anomia, waardeur alles verstaan word wat nie met die wet ooreenkom nie, teen die wet stry of die wet verbreek. |
fEn julle weet dat 21Hy 22verskyn het om ons sondes 23weg te neem, gen geen sonde is in Hom nie.
| f Jes. 53:12. 1 Tim. 1:15.
g Jes. 53:9. 2 Kor. 5:21. 1 Petr. 2:22. |
21 Naamlik Christus.
22 Naamlik deur sy eerste koms in die vlees. Sien 1 Joh. 1:2. 23 Of: op Hom te neem om weg te dra. Sien Joh. 1:29 se kanttekening. |
Elkeen 24wat in Hom bly, 25sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie 26gesien en Hom nie geken nie.
| 24 Dit is, wat deur ’n ware geloof met Hom gemeenskap het.
25 Dit is, begewe hom nie tot ’n slegte en sondige lewe nie; laat die sonde nie oor hom heers nie. Want andersins val ook die ware gelowiges soms wel in sondes, 1 Kon. 8:46. Ps. 19:13. Spr. 20:9. Jak. 3:2. 1 Joh. 1:8. Deur die woord sondig en die sonde doen verstaan Johannes hier wat Paulus noem wandel na die vlees, Rom. 8:1, en diensknegte van die sonde wees, Rom. 6:17. Sien ook Joh. 8:34. 26 Naamlik met die oë van die ware geloof, dit is, nie reg geken nie, soos die volgende woorde verklaar. |
My kinders, laat niemand julle 27mislei nie: hwie 28die geregtigheid doen, is 29regverdig 30soos Hy regverdig is.
| h 1 Joh. 2:29. | 27 Naamlik deur julle wys te maak dat ’n ware geloof met ’n slegte en sondige lewe gepaard kan gaan.
28 Dit word gestel teenoor die sonde doen, en beteken daarom ’n godsalige en regverdige lewe lei, en hom in alle goeie werke bevlytig en oefen. 29 Dit is, ’n vroom en godsalige mens, soos hierdie woord deurgaans gebruik word. Sien 1 Petr. 3:12; 4:18. 2 Petr. 2:7, 8. 30 Dit word nie verstaan as so ’n gelykheid wat in alles sou ooreenkom nie, want niemand onder die mense is so gelyk aan Christus nie; maar verstaan hier sodanige gelykheid soos daar is tussen ’n volmaakte voorbeeld en ’n werk wat daarvolgens gemaak is, hoewel die werk nie die voorbeeld volkome weergee nie. |
31Hy wat die sonde doen, is 32uit die duiwel, want die duiwel 33sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God 34verskyn, om 35die werke van die duiwel te 36verbreek.
| 31 Dit is, wat dit sy werk maak om te sondig. Sien vers 6 se kanttekening.
32 Dit is, hy aard na die duiwel, soos kinders na hul vaders. Sien Joh. 8:44. 33 Dit is, soos hy direk nadat hy goed geskape was, hom tot die doen van sonde begewe het, en daarin geduriglik bly en voortgaan, so doen ook die onwedergebore en ongoddelike mense niks anders as om te sondig nie. 34 Naamlik in die vlees. Sien vers 5 se kanttekening. 35 Dit is, die sondes, waarvan die duiwel die eerste bewerker is. 36 Gr. ontbind, of: ontdoen; wat Hy gedoen het toe Hy die straf daarvoor vir die gelowiges gely het, Hebr. 2:14, 15, en Hy doen dit ook as Hy hulle lewend maak deur sy Gees, waardeur Hy hulle van die heerskappy en slawerny van die sonde verlos, en van hulle ’n volk maak wat ywerig is in goeie werke, Tit. 2:14. |
iElkeen 37wat uit God gebore is, 38doen geen sonde nie, komdat 39sy saad in hom 40bly; en hy kan 41nie sondig nie, 42want hy is uit God gebore.
| i 1 Joh. 5:18.
k 1 Petr. 1:23. |
37 Dit is, wedergebore deur die Woord en die Gees van God. Sien Joh. 1:13.
38 Sien vers 6 se kanttekening. 39 Dit is, God se saad, waardeur hy wedergebore is, naamlik die Woord van God, Joh. 3:5, 6. 1 Petr. 1:23. 40 Dit is, vergaan nie heeltemal nie, maar hou aan om die vrugte van die wedergeboorte te werk, wat eens in hulle begin is, Filip. 1:6. 41 Dit is, hom nie tot ’n sondige lewe begewe nie; soos in verse 6, 8. 42 Of: omdat hy uit God gebore is. Want deur die genade van die wedergeboorte word die heerskappy van die sonde in hom weggeneem. Sodat om wedergebore te wees en ’n sondige lewe te lei nie tesame kan bestaan nie. |
Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel 43openbaar: elkeen 44wat die geregtigheid nie doen nie, is nie 45uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.
| 43 Dit is, kenbaar, om die een van die ander te onderskei en uit te ken.
44 Sien vers 7 se kanttekeninge. 45 Naamlik gebore of wedergebore nie, vers 9 se kanttekeninge. |
Want dit is 46die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, ldat ons mekaar moet liefhê;
| l vers 23. Joh. 13:34; 15:12. | 46 Of: die verkondiging wat julle, ens. Sien 1 Joh. 1:5. |
nie soos mKain 47wat uit die Bose was en 48sy broer 49doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? n50Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.
| m Gén. 4:8.
n Hebr. 11:4. |
47 Dit is, ’n kind van die duiwel. Sien vers 10. Joh. 8:44.
48 Naamlik Abel. 49 Gr. geslag het. 50 Dit is, uit enkel nyd en afgunstigheid, omdat hy nie kon verdra nie dat God aan Abel, wat godsalig geleef het, getuienis gegee het dat hy vir Hom aangenaam was, en dat Kain se offer Hom mishaag het, omdat hy ’n slegte lewe gelei het. Sien Hebr. 11:4. |
o51Verwonder julle nie, my broeders, as 52die wêreld julle haat nie.
| o Joh. 15:18. | 51 Naamlik asof dit ’n vreemde en ongehoorde saak sou wees. Want dat dit direk van die begin van die wêreld af so was, leer die voorbeeld van Kain en Abel, in die voorgaande vers.
52 Dit is, die wêreldse en onwedergebore mense. |
pOns weet dat ons 53oorgegaan het 54uit die dood in die lewe, 55omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.
| p 1 Joh. 2:10. | 53 Dit is, oorgebring is; naamlik deur God, Joh. 5:24. Kol. 1:13.
54 Dit is, uit die geestelike en uit die ewige dood. 55 Daarmee word nie die verdienende oorsaak van die lewe aangewys nie, maar die kenmerk waaruit ons van die lewe verseker word. Sien Luk. 7:47. |
Elkeen wat sy broeder haat, is 56’n moordenaar; qen julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets 57blywends in hom het nie.
| q Matt. 5:21. Gal. 5:21. | 56 Gr. ’n mensedoder; naamlik voor God, omdat hy in sy hart, wat God vernaamlik aansien, sy naaste, as dit van hom sou afhang, reeds doodgeslaan het. Sien Matt. 5:22 en die kanttekening.
57 Dit is, is nie in hom nie. |
rHieraan het ons 58die liefde 59leer ken, dat 60Hy 61sy lewe vir ons afgelê het; en ons 62behoort 63ons lewe vir die broeders af te lê.
| r Joh. 15:13. Ef. 5:2. | 58 Dit is, die krag en grootheid van die liefde.
59 In sommige manuskripte word gelees: die liefde van God leer ken. 60 Naamlik Jesus Christus. 61 Gr. sy siel. Sien Matt. 20:28. Joh. 10:15. Dit is, vir ons gesterf het. 62 Naamlik wanneer die eer van God, die stigting van die gemeente en die nood van die broeders dit vereis. 63 Gr. ons siele, soos tevore. |
sMaar wie 64die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en 65sy hart 66vir hom 67toesluit, hoe 68bly die liefde 69van God in hom?
| s Deut. 15:7. Luk. 3:11. Jak. 2:15. | 64 Gr. die lewe, dit is, lewensonderhoud, Mark. 12:44. Luk. 8:43; 21:4.
65 Gr. sy ingewande. Sien Luk. 1:78. 2 Kor. 7:15. Filip. 2:1. Fil. vers 7 en die kanttekeninge. 66 Gr. van hom, dit is, dat hy hom nie bystaan in sy nood nie. 67 Naamlik dat hy dit nie oopmaak tot behulpsaamheid en weldadigheid nie. 68 Dit is, is, of: kan die liefde van God in hom wees. 69 Hy noem hier die liefde tot God, en nie tot die naaste nie, hoewel hy hier oor laasgenoemde spreek, omdat ons God nie kan liefhê as ons ons naaste nie liefhet nie. Sien 1 Joh. 4:20, 21. |
My kinders, laat ons nie liefhê 70met woorde of met die tong nie, maar 71met die daad en 72in waarheid.
| 70 Naamlik slegs; soos in Rom. 2:28.
71 Dit is, deur dit met die daad, met die werke van die liefde, aan die naaste te betoon. 72 Dit is, in opregtheid van hart, sonder geveinsdheid of eergierigheid om deur die mense gesien te word. Sien Matt. 6:1, ens. |
En 73hieraan weet ons dat ons 74uit die waarheid is; en ons sal 75ons harte 76voor Hom 77gerusstel,
| 73 Naamlik aan die betoning van opregte liefde aan ons naaste.
74 Dit is, ware en ongeveinsde Christene is, wat die waarheid van die evangelie reg verstaan, glo en beleef. 75 Dit is, ons gewete. 76 Naamlik voor Jesus Christus, wat oor ons sal regspreek, om voor Hom by sy wederkoms vrymoediglik te mag bestaan, en nie beskaamd te word nie. Sien 1 Joh. 2:28. 77 Dit is, om ons deur hierdie kenmerk te verseker dat ons ware kinders van God is. Sien vers 10. 1 Joh. 4:6, 17. Matt. 5:45. 2 Petr. 1:10. |
want as 78ons hart ons 79veroordeel, 80God is 81meer as ons hart, en 82Hy weet alles.
| 78 Dit is, ons gewete, elkeen afsonderlik.
79 Dit is, beskuldig, oortuig en veroordeel dat ons God en ons naaste nie opreg liefhet nie, en daarom geen ware Christene is nie. 80 Of: God is waarlik meer, ens. 81 Dit is, magtiger om ons te veroordeel. 82 Dit is, Hy weet alle dinge en Hy weet baie beter as ons eie gewete hoe dit met ons gesteld is. Sien Job 9:4; 11:6, ens.; 28:23, 24. Ps. 94:7, ens. Jes. 40:13, ens. Hand. 1:24; 15:8. Hebr. 4:13. |
Geliefdes, as ons hart ons 83nie veroordeel nie, dan het ons 84vrymoedigheid 85teenoor God;
| 83 Naamlik dat ons huigelaars is; maar dat die Heilige Gees saam met ons gees getuig dat ons ware kinders van God is, Rom. 8:16.
84 Dit is, ’n vrymoedige vertroue, Hebr. 4:16. 85 Naamlik dat Hy ons as sy ware kinders sal erken. |
ten 86wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.
| t Jer. 29:12. Matt. 7:8; 21:22. Mark. 11:24. Luk. 11:9. Joh. 14:13; 16:24. Jak. 1:5. 1 Joh. 5:14. | 86 Naamlik wat vir ons tot saligheid nodig is, en met sy wil ooreenkom. Sien 1 Joh. 5:14. |
vEn dit is sy gebod, dat ons 87in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, xmoet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ’n gebod gegee het.
| v Joh. 6:29; 17:3.
x Lev. 19:18. Matt. 22:39. Joh. 13:34; 15:12. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. 1 Petr. 4:8. 1 Joh. 4:21. |
87 Dit is, in sy Seun Jesus Christus. Sien 1 Joh. 2:12. |
yEn hy wat sy gebooie bewaar, 88bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: 89aan die Gees wat Hy ons gegee het.
| y Joh. 14:23; 15:10. 1 Joh. 4:12. | 88 Dit is, het innerlike gemeenskap met Hom. Sien 1 Joh. 1:3.
89 Dit is, aan die getuienis, die werking en drywing van die Heilige Gees. Sien Rom. 8:9, 14-16. |
Pligte van ouderlinge en jongmense. Vermaning om nederig en waaksaam te wees.
EK vermaan 1die ouderlinge onder julle, ek wat 2’n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n 3deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:
| 1 Dit is, die leraars en herders van die gemeente, soos in Tit. 1:5.
2 Naamlik newens julle. Petrus verhef hom dus nie bo almal, as hoof van alle leraars nie. 3 Dit kan verstaan word as die hoop van die apostel, soos ook van alle gelowiges, Rom. 8:24, of ook van die besondere aanskouing van Christus se heerlikheid, wat aan hom saam met die twee ander apostels op die berg vertoon is, Matt. 17:1, ens. 2 Petr. 1:16-18, wat hiernamaals volkome voor die hele wêreld geopenbaar sal word, 1 Joh. 3:2. |
a4Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, 5nie uit dwang nie, maar gewilliglik; bnie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;
| a Hand. 20:28.
b 1 Tim. 3:3. Tit. 1:7. |
4 Dit is, onderrig en versorg die gemeente van God, soos goeie herders, met alles wat vir die gemeente nodig is tot saligheid. Of: Gee ag op die kudde, soos Paulus spreek in Hand. 20:28. ’n Beeld geneem van die sorg van herders vir hulle skape; sien meer hieroor in Johannes 10.
5 Dit is, nie uit vrees vir bestraffing of straf nie. |
cook nie as heersers oor 6die erfdeel nie, dmaar as 7voorbeelde vir die kudde.
| c 2 Kor. 1:24.
d Filip. 3:17. 1 Tim. 4:12. Tit. 2:7. |
6 Gr. klerôn, dit is, lot of: erfdele; so genoem, omdat die erfdele van die land Kanaän, soos ook ander erfdele in die algemeen, deur die lot verdeel was. Die spesifieke gemeentes of gelowiges word so genoem, omdat God hulle uit die hele mensdom as sy eiendom verkies en tot kinders en erfgename aangeneem het; sien Hand. 26:18; soos God sy volk ook in die algemeen so noem, Deut. 9:29. 1 Kon. 8:51. Ps. 28:9, vanweë sy besondere liefde en sorg vir hulle, wat Hy vir Hom, soos deur die lot, as eiendom aangeneem het.
7 Dit is, voorbeelde in leer en lewe. |
En wanneer e8die Opperherder verskyn, fsal julle 9die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.
| e Jes. 40:11. Eség. 34:23. Joh. 10:11. Hebr. 13:20. 1 Petr. 2:25.
f 1 Kor. 9:25. 2 Tim. 4:8. Jak. 1:12. 1 Petr. 1:4. |
8 Hier verwys Petrus nie na homself nie, maar na Christus. Want Hy alleen is die Herder van al die herders en van al die skape, sowel Jode as heidene. Hierdie titel kan niemand anders toekom nie.
9 Die Griekse woord amarantinon kom van amarant, wat ’n kruid is wat nie verwelk nie, waarvan kranse in daardie tyd gemaak is. Sien 1 Kor. 9:24, 25. |
Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; gen wees almal met ootmoed 10bekleed in onderdanigheid 11aan mekaar, hwant God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
| g Rom. 12:10. Filip. 2:3.
h Spr. 3:34. Jak. 4:6. |
10 Of: versier.
11 Die apostel sê dit nie ten opsigte van elkeen se amp, geestelik of wêreldlik, waarin daar altyd behoorlike onderskeid gemaak moet word nie, maar ten opsigte van die algemene liefde, waarin elkeen vir die ander, soveel moontlik, moet terugstaan en toegee. Sien Rom. 12:10. |
i12Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.
| i Job 22:29. Spr. 29:23. Matt. 23:12. Luk. 14:11. Jak. 4:10. | 12 Naamlik vóór alles en in alles, dit is, onderwerp julle met ’n nederige en gelowige gemoed aan die wil en regering van God, soos die volgende vers ook verklaar. |
kWerp al julle bekommernis op Hom, lwant Hy sorg vir julle.
| k Ps. 55:23. Matt. 6:25. Luk. 12:22. Filip. 4:6. 1 Tim. 6:8.
l 1 Kor. 9:9. Hebr. 13:5. |
mWees nugter en waaksaam, nwant julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan 13verslind.
| m 1 Thess. 5:6. 1 Petr. 1:13; 4:7.
n Job 1:7. Luk. 22:31. |
13 Dit is, tot ’n val of afval bring, en daardeur tot die verderf. |
oHom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding 14opgelê word 15aan julle broederskap wat in die wêreld is.
| o Ef. 4:27. Jak. 4:7. | 14 Gr. voleindig, dit is, geskied oral aan die broederskap sowel as aan julle. Want dit is die lot van alle gelowiges. Sien Hand. 14:22.
15 Dit is, aan al die broeders, wat met julle een is in die geloof; soos in 1 Petr. 2:17. |
Wense en groete.
EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons p’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!
| p Hebr. 10:37. 1 Petr. 1:6. |
Aan Hom die heerlikheid en die krag tot 16in alle ewigheid! Amen.
| 16 Gr. tot die eeue van die eeue. |
Deur 17Silvánus, die getroue broeder, 18soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit 19die ware genade van God is waarin julle staan.
| 17 Hy word elders ook Silas genoem, ’n metgesel en medereisiger van Petrus en Paulus, soos hier en in die briewe van Paulus deurgaans te sien is. Sien Handelinge 15-17. 2 Kor. 1:19. 1 Thess. 1:1.
18 Sommige voeg dit by die voorgaande woord getroue, omdat die een nie anders as uit goeie hoop so oor die ander kan voel nie. Ander voeg dit by die volgende woord kortliks, in hierdie betekenis: Soos ek meen het ek vir julle kortliks geskryf. Maar ’n mens sal nie sommer sy eie optrede so beskryf nie. 19 Dit is, die waaragtige leer van die genade van God, wat aan julle verkondig is en wat julle deur die geloof aangeneem het. |
Die mede-uitverkorene in 20Babilon en 21Markus, 22my seun, groet julle.
| 20 Sommige verstaan hierdeur die stad Rome, om daardeur te bewys dat Petrus in Rome was, wat deur hom by vergelyking Babilon genoem sou word, omdat dit ’n afgodiese stad was, vol verwarring, afgodery en vervolging van die gelowiges; soos die stad Rome ook so genoem word in die Openbaring van Johannes, hfst. 14:8; 16:19; 17:5; 18:2, 10, 21. Maar dit is baie geloofwaardiger dat hier eintlik van die regte Babilon, in Chaldéa of Assirië geleë, gespreek word, waar die apostel Petrus, as ’n besondere apostel van die Jode, toe was; omdat daar ná die verlossing uit die Babiloniese ballingskap nog ’n groot menigte Jode gebly het, soos daar ook die hoofsinagoges was van al die verstrooide Jode; waaruit Petrus aan al die ander in die verstrooiing geskrywe het. Te meer omdat dit geen normale handelswyse is dat in die afsluitingswoorde van briewe anders as in werklike terme gespreek word nie; soos Paulus ook in verskeie briewe eweneens die naam van die stad Rome noem, net soos van ander stede. Dit is ’n ander saak in die Openbaring van Johannes, waar meestal in figuurlike sin gespreek word.
21 Sien oor hom Hand. 12:12, 25; 15:37. Kol. 4:10. 2 Tim. 4:11. Fil. vers 24. 22 Naamlik nie ten opsigte van sy natuurlike geboorte nie, maar van Petrus se besondere liefde vir hom, soos Paulus ook Timótheüs deurgaans so noem. |
Groet mekaar qmet ’n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.
| q Rom. 16:16. 1 Kor. 16:20. 2 Kor. 13:12. 1 Thess. 5:26. |
Einde van die eerste algemene brief van PETRUS.
OMDAT Christus dan vir ons 1na die vlees 2gely het, amoet julle jul ook 3wapen met dieselfde gedagte, bdat 4wie na die vlees gely het, 5opgehou het met die sonde,
| a Hebr. 12:1.
b Rom. 6:7. |
1 Dit is, na sy menslike natuur, soos in 1 Petr. 3:18.
2 Naamlik tot versoening en wegneming van ons sondes. 3 Dit is, versterk julle, naamlik teen alle aanvegtinge en verleidinge van die vlees, die duiwel en die wêreld. 4 Dit is, wie die sonde afgesterf het, of wie sy vlees en verdorwe natuur gekruisig en gedood het; sodat die woorde vlees en lyding hier anders gebruik word as in die voorgaande woorde, deur ’n spreekwyse van die Grieke, antanaklasis genoem (’n enkele woord of frase wat in twee verskillende betekenisse gebruik word). Dit word dikwels in die Skrif gebruik. 5 Naamlik om dit voortaan nie meer te dien nie. Sien meer hieroor in Rom. 6:3, ens., soos die volgende vers ook verklaar. |
com 6die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede 7van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
| c Rom. 14:7. 2 Kor. 5:15. Gal. 2:20. Ef. 4:24. 1 Thess. 5:10. Hebr. 9:14. | 6 Naamlik ná ons doop en bekering.
7 Dit is, van die natuurlike en onwedergebore mense. Sien Ef. 2:3. |
dWant dit is genoeg dat ons 8die afgelope lewenstyd die wil 9van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en 10ongeoorloofde afgoderye.
| d Ef. 4:17. | 8 Naamlik wat ons bekering voorafgegaan het, hoewel in ons onwetendheid. Sien oor onwetendheid Hand. 3:17 se kanttekening.
9 Dit is, hoewel ons Jode was, nogtans volgens die gewoontes of begeerlikhede van die heidene, onder wie ons gewoon het, geleef het. Nie dat die apostel self so geleef het nie. 10 Of: gruwelike, onbehoorlike. Dit word nie bygevoeg asof daar enige afgodery was wat nie gruwelik of ongeoorloofd is nie, maar om die afgryslikheid van die afgodery uit te druk, waartoe die Jode hulle ook dikwels deur die heidene, onder wie hulle gewoon het, laat verlei het om hulle te behaag. |
Daarom vind 11hulle dit vreemd as julle nie saam loop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, 12en hulle laster.
| 11 Naamlik onbekeerde Jode en heidene.
12 Dit is, skel op, of laster julle, en die leer, omdat julle, deur dit na te volg, nie doen soos hulle nie. |
Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om 13die lewende en die dode te oordeel.
| 13 Dit is, alle mense. Sien Hand. 10:42. |
eWant daarom is ook aan die 14dode 15die evangelie verkondig, sodat hulle wel 16geoordeel kan word 17na die mens 18in die vlees, maar 19lewe 20na God 21in die gees.
| e Joh. 5:25. 1 Petr. 3:19. | 14 Naamlik diegene wat in die tyd van Noag geleef het, en nou dood is, oor wie hy in 1 Petr. 3:19, 20 gespreek het; hulle het Noag ook belaster omdat hy nie soos hulle gedoen het nie, naamlik trou, eet, drink, ens., sonder om oor God se toekomende straf na te dink, soos Christus ook daarvan spreek in Matt. 24:37, 38.
15 Naamlik deur Noag, die prediker van geregtigheid, ten einde hulle daardeur tot bekering van so ’n sorgelose lewe te bring. 16 Dit is, gestraf of gekasty word; soos in 1 Kor. 11:31, 32. Naamlik deur die sondvloed, wat God oor die hele menslike geslag wou laat kom het. Ander verstaan dit as die doodmaak van die vlees, en as die geestelike lewe deur die Gees. Maar die eerste verklaring kom beter ooreen met die woorde hier en met die woorde in 1 Petr. 3:19. 17 Gr. na die mense, dit is, na die uiterlike oordeel van die mense in hierdie wêreld. 18 Dit is, in die liggaam, deur die tydelike lewe van hulle weg te neem. 19 Naamlik as hulle Noag gehoor, sy vermaning aangeneem, en hulle na aanleiding daarvan bekeer het. 20 Dit is, vir God, of na God se genade, wat vir hulle aangebied is. 21 Dit is, na die siel en in hul geestelike stand. Hoewel Petrus dit nie direk sê nie, is dit tog moontlik dat sommige hulle op die einde nog bekeer het, toe hulle sien dat God sy straf reeds oor hulle gestuur het. Hieruit blyk immers dat God vir Noag daarom as ’n prediker na hulle gestuur het, om hulle tot bekering te roep, sodat, hoewel hul liggame vergaan het, hul siele ten minste gered is. |
fEn die einde van 22alle dinge is naby; gwees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
| f 1 Joh. 2:18.
g Luk. 21:34. |
22 Naamlik in hierdie wêreld. En daarom, wil die apostel sê, moet ons op ons hoede wees, sodat die laaste oordeel ons nie oorval, soos die sondvloed die eerste wêreld oorval het nie. Sien dergelike in Matt. 24:37. Luk. 21:34. |
Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, hwant die liefde 23sal ’n menigte sondes bedek.
| h Spr. 10:12. | 23 Naamlik onder die mense, omdat die liefde alles verdra, in alles die beste soek en alles vergewe. Hierdie gedeelte verwys duidelik na Spr. 10:12, waaruit die apostel hierdie woorde neem. Want dit is slegs die verdienste van Christus wat ons sondes vir die oordeel van God bedek, 1 Joh. 2:1, 2. |
iWees gasvry jeens mekaar k24sonder om te murmureer.
| i Rom. 12:13. Hebr. 13:2.
k Filip. 2:14. |
24 Naamlik omdat dit vir julle moeilik of lastig is, soos mense maklik geneig is om te doen. |
lNamate elkeen 25’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
| l Spr. 3:28. Rom. 12:6. 2 Kor. 8:11. | 25 Naamlik van God. Waaronder ook die verskeidenheid van roepinge tot gebruik van hierdie gawe verstaan word; soos in Ef. 4:8. |
mAs iemand 26spreek, laat dit wees 27soos woorde van God; as iemand 28dien, laat dit wees 29soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.
| m Jer. 23:22. | 26 Dit is, die Woord van God aan die gemeente, óf in die openbaar en algemeen, óf in die besonder, voorhou en verklaar tot lering, vertroosting, vermaning, ens.
27 Dit is, met alle erns en eerbied, soos dit betaamlik is om God se Woord te spreek. 28 Of: bedien. Want hy spreek hier oor die amp van die diakens en versorgsters van siekes en armes. Sien dergelike in Rom. 12:6-8. 29 Dit is, met erns en ywer (soos diegene van Godsweë dit doen); mildelik (soos hy wat dit doen, dit deur God se seën doen); en in nederigheid (dat hy dit nie uit sy eie krag doen nie, maar krag van God verkry, wat die oorsprong van alle goed is). |
Geliefdes, n30verbaas julle nie oor 31die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
| n Jes. 48:10. 1 Kor. 3:13. 1 Petr. 1:7. | 30 Gr. wees geen vreemdelinge nie, dit is, moenie vreemd dink, of verwonder julle nie, soos vreemdes doen as iets ongewoons oor hulle kom nie. Soos ook in vers 4.
31 Die Griekse woord pirosis beteken ’n werking van die vuur tot beproewing. |
maar namate julle gemeenskap het 32aan die lyde van Christus, 33moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
| 32 Dit is, aan die verdrukkinge wat ons volgens die voorbeeld van Christus en ter wille van Hom ly. Of: wat Christus in die lede van sy liggaam ly. Sien Rom. 8:17. 2 Kor. 1:5. Kol. 1:24. Hebr. 11:26.
33 Naamlik dat julle waardig geag word om ter wille van Christus en volgens sy voorbeeld te ly. Sien Matt. 5:12. Hand. 5:41. |
oAs julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat 34die Gees van die heerlikheid en 35van God op julle rus. Wat 36hulle betref, word 37Hy wel gelaster; maar wat julle betref, 38word Hy verheerlik.
| o Matt. 5:10. 1 Petr. 2:20; 3:14. | 34 Dit is, wat julle met heerlikheid soos kinders van God versier, soos Hy ook elders die Gees van die waarheid, van die wysheid, ens. genoem word, Jes. 11:2. Joh. 16:13.
35 Dit is, wat God ons deur Christus en ter wille van Christus meedeel, wat in ons as sy lede woon, en ons daarom hierin aan Christus gelykvormig maak. 36 Naamlik julle verdrukkers. 37 Naamlik hierdie Gees, wat hierdie vrymoedigheid in julle bewerk. 38 Naamlik as julle te midde van die verdrukking sy krag en vertroosting in julle ervaar, en daardeur by ander jul standvastigheid bewys. Sien Matt. 10:19. Luk. 12:11. Joh. 14:16, 17. |
Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief 39of kwaaddoener of as een 40wat hom met die sake van ’n ander bemoei nie.
| 39 Naamlik van enige ander soort kwaad, waaroor die burgerlike wette daardie mense gewoonlik straf.
40 Dit is, met ’n ander se amp of sake, uit nuuskierigheid of heerssug, waardeur dikwels verwarring, twiste en skeuringe voortkom, en daarom ook strafbaar is. |
Maar wanneer iemand as ’n Christen ly, 41moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
| 41 Naamlik oor die lyding, of oor die skande wat hom as gevolg daarvan aangedoen word. |
pWant die tyd is daar dat 42die oordeel moet begin 43by die huis van God. En as dit eers by ons begin, q44wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
| p Jer. 25:29. Luk. 23:31.
q Luk. 10:12. |
42 Dit is, die kastydinge. Want soos die verdrukkinge beproewinge is vir die gelowiges, so is dit ook kastydinge vir hulle, ten opsigte van God, wat hierdie tugtiging tot hulle beswil gebruik. Sien Hebr. 12:6, ens.
43 Dit is, by die huisgenote van God, of by sy gemeente, Hebr. 3:2, ens. 44 Dit is, hoe vreeslik sal, ens. |
rEn as die regverdige 45nouliks gered word, waar sal die goddelose en 46die sondaar 47verskyn?
| r Spr. 11:31. | 45 Dit is, nie anders nie as deur baie stryd, verdrukkinge, benoudhede, beproewinge en kastydinge, Matt. 7:13, 14. Andersins is die saligheid van die gelowiges, wat deur die geloof in Christus geregverdig is, en deur sy Gees geheilig, volgens God se belofte seker en gewis. Sien Rom. 8:33.
46 Dit is, die onboetvaardige sondaar, soos in Ps. 1:1. Joh. 9:31. 47 Naamlik om in God se oordeel stand te hou, Ps. 1:5 en die kanttekening. |
So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.
Pligte van vroue en mans.
NETa so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan 1die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde 2gewin kan word
| a Gén. 3:16. 1 Kor. 14:34. Ef. 5:22. Kol. 3:18. Tit. 2:5. | 1 Naamlik van die evangelie.
2 Dit is, tot Christus bekeer word, soos hierdie woord wen gebruik word in Matt. 18:15. 1 Kor. 9:19, en elders. Nie dat die goeie lewe sonder woorde genoeg is om die mens te bekeer of tot die geloof te bring nie; want die Heilige Gees doen dit slegs deur die Woord van God, Ps. 19:8. Rom. 1:16; 10:17; maar omdat sulke mans, as hulle die goeie wandel van die gelowige vroue sien, ’n goeie dunk kry van die Woord en van die godsdiens wat hulle bely, en ’n begeerte om dit ook te hoor en hulle deur God se genade daarvolgens te skik. |
as hulle jul reine, 3godvresende wandel aanskou het.
| 3 Dit is, eerbiedige en sorgvuldige wandel, naamlik in die diens van God en van julle mans. |
bJulle 4versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,
| b 1 Tim. 2:9. Tit. 2:3. | 4 Dit is, julle belangrikste versiering, want Paulus laat in 1 Tim. 2:9 ook toe dat vroue hulle versier met behoorlike of sierlike kleding; maar Petrus bestraf hier alle onmatige en al te uitspattige versiering, waartoe die vroulike geslag dikwels geneig is, en alle hoogmoed en trotsheid in die gewone en andersins geoorloofde versiering. |
maar 5die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ’n sagmoedige en stille gees, wat baie 6kosbaar is voor God.
| 5 Dit is, die innerlike mens, wat daagliks vernuwe word na God se beeld, 2 Kor. 4:16.
6 Dit is, dierbaar en aangenaam. |
Want so het vroeër ook 7die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig,
| 7 Naamlik wat oor hulle godvrugtigheid, versigtigheid en nederigheid geprys word in die Ou Testament, soos Rebekka, Hanna (die moeder van Samuel), Abígail, Ester en dergelike. |
csoos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se 8kinders 9julle geword het as julle goed doen en 10geen enkele verskrikking vrees nie.
| c Gén. 18:12. | 8 In sommige manuskripte staan dogters, naamlik na die gees, soos Abraham die vader is van alle gelowiges, Rom. 4:16.
9 Dit is, wat julle deur jul dade bewys, soos in Joh. 15:8. 10 Of: met geen enkele. Die Griekse woord beteken ’n haastige of skielike ontsteltenis, soos ’n voël of enige ander dier ontsteld is, wanneer dit iets sien of hoor wat vir hom gevaarlik is. Die apostel verklaar dat die vroue maklik aan hierdie ontsteltenis, wat die vroulike geslag maklik oorval vanweë die swakheid van hul natuur, kan ontkom in die diens aan hulle mans, as hulle maar goed doen en ’n goeie gewete voor God behou. |
Net so moet julle, manne, 11verstandig met hulle dsaamlewe en aan die vroulike 12geslag, as die swakkere, 13eer bewys, omdat julle ook 14mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede 15nie verhinder mag word nie.
| d Ef. 5:25, ens. Kol. 3:19. | 11 Gr. volgens verstand, dit is, terwyl julle jul heerskappy met versigtigheid en matigheid gebruik.
12 Gr. skeuos, dit is, instrument, vat, houer. ’n Hebreeuse spreekwyse, waarvolgens ’n persoon of enige ander saak met ’n instrument aangedui word; die vrou word hier so genoem omdat sy as hulp vir die man geskape is, Gén. 2:18. 13 Naamlik nie bo die man nie, maar aan die man se sy, of langs die man bo die res van die huisgesin, geplaas met ’n besondere sorg en mededoëndheid, soos die woord eer ook beteken, Matt. 15:4. 1 Tim. 5:17. Die woord eer vereis ook die liefde van die man, en die vrou se sorg oor die huis. Sien Ps. 45:10, ens. Spr. 31:27, 28. Ef. 5:25, ens. 14 Naamlik van die ewige lewe. Sommige manuskripte stel dit so: omdat hulle ook mede-erfgename met julle is. Dit kom goed met die betekenis ooreen. 15 Naamlik deur twis of tweedrag. Hier word onder die gebede ook allerlei oefeninge van godsdienstigheid verstaan. |
Broederliefde, geduld, verdrukking.
16EN eindelik, ewees almal eensgesind, 17medelydend, vol broederliefde en 18ontferming, 19vriendelik.
| e Rom. 12:16; 15:5. 1 Kor. 1:10. Filip. 2:2; 3:16. | 16 Die apostel kom nou terug na die vermanings wat elkeen aangaan.
17 Naamlik met mekaar. Die Griekse woord beteken eintlik om meegevoel te hê met die lyding van ’n ander. 18 Die Griekse woord beteken ’n deug waardeur die ingewande of die hart maklik oor ’n ander se nood in beroering gebring word. 19 Hierdie woord beteken eintlik: wat bedink, of begryp, wat vir ’n ander aangenaam is. |
fVergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, 20maar seën inteendeel, omdat julle weet 21dat julle hiertoe geroep is, gsodat julle 22seën kan beërwe.
| f Lev. 19:18. Spr. 20:22; 24:29. Matt. 5:39. Rom. 12:17. 1 Kor. 6:7. 1 Thess. 5:15.
g Matt. 25:34. 1 Tim. 4:8. |
20 Dit is, bid vir hulle en doen goed aan diegene wat julle uitskel of kwaad aandoen, soos Christus ook beveel in Matt. 5:44. Maar hier moet opgemerk word dat Petrus, soos ook Christus, nie spreek oor die amp van ’n owerheid teenoor openbare boosdoeners nie, maar oor die amp van ’n gewone Christen teenoor elkeen in die besonder.
21 Naamlik deur God, vir wie julle daagliks ook vertoorn het deur jul sondes, en wie se seëning julle daarom ook onwaardig was. Dit kan ook by die voorgaande gevoeg word, naamlik dat julle hiertoe geroep is, om geen kwaad met kwaad te vergeld nie. 22 Naamlik tydelike en ewige. Sien Matt. 25:34. 1 Tim. 4:8. |
h23Want wie 24die lewe wil liefhê en 25goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.
| h Ps. 34:13, ens. Jak. 1:26. | 23 Hierdie gedeelte is geneem uit Ps. 34:13, ens. Die apostel volg daarin hoofsaaklik die Griekse vertaling, wat die betekenis van die Hebreeus goed uitdruk. Maar dit wat die profeet vraenderwys stel, stel die apostel verhalenderwys.
24 Hebr. wie is die man wat die lewe wil, en liefhet of begeer om die goeie te sien? 25 Dit is, ’n geluksalige lewe lei. Want al is dit so dat die godsaliges menigmaal verdruk word, behou hulle nogtans altyd ’n goeie gewete, en verwag ’n salige uitkoms. Daarom verheug hulle hul selfs ook in die verdrukkinge, Rom. 5:3. Jak. 1:2, ens. |
iHy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
| i Ps. 37:27. Jes. 1:16. 3 Joh. vers 11. |
Want 26die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar 27die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
| 26 Dit is, die gunstige en sorgvuldige oë van die Here.
27 Dit is, die toornige of afkerige aangesig van die Here. |
En 28wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?
| 28 Dit is, óf niemand sal julle kwaad wil aandoen, as julle navolgers is van die goeie nie, óf as iemand dit julle ewenwel tog aandoen, kan hy julle nie in jul geluksaligheid skaad nie, omdat julle ter wille van die geregtigheid ly. |
kMaar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. lEn 29vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
| k Matt. 5:10. 1 Petr. 2:20; 4:14.
l Jes. 8:12. Jer. 1:8. |
29 Gr. vrees nie hulle vrees nie, dit is, soos hulle vrees en ontsteld is, omdat hulle ’n slegte gewete het, soos in Jes. 8:12, waaruit Petrus hierdie woorde vir sy doel toepas. |
mMaar 30heilig die Here God in julle harte nen wees altyd bereid 31om verantwoording te doen aan elkeen 32wat van julle rekenskap eis 33omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en 34vrees;
| m Job 1:21.
n Ps. 119:46. Hand. 4:8. |
30 Dit is, skryf aan Hom alle lof en eer toe, hang Hom alleen aan, en vertrou op Hom, soos in Job 33:4. Rom. 4:20. Want dan gee ons aan God sy hoogste eer, as ons alles aan sy genade, trou, wysheid en mag toeskryf.
31 Dit is, openlike belydenis en verdediging uit God se Woord van julle hoop, volgens die mate van die gawes wat julle ontvang het. 32 Naamlik ampshalwe, of om onderrig te word; of wanneer die verdediging van die waarheid dit vereis. Want Christus sê andersins ook, dat ons nie dit wat heilig is aan die honde moet gee, of ons pêrels voor die varke moet gooi nie, sodat hulle nie omdraai en ons verskeur nie, Matt. 7:6. 33 Dit is, omtrent die grond van julle geloof, en dus ook van jul hoop waarop julle steun. 34 Dit is, met sorgvuldige versigtigheid, sodat julle niks sou kwytraak wat vir God se gemeente of vir die evangelie nadelig sou wees nie. Sien ’n voorbeeld in Christus, Joh. 18:19, 20, toe Hy voor die regters gestaan het. |
35met behoud van ’n goeie gewete, osodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel 36in Christus belaster.
| o Tit. 2:8. 1 Petr. 2:12, 15. | 35 Of: hou ’n goeie gewete, naamlik in alles wat julle doen, en in al hierdie vrees of versigtigheid, sodat julle dit nie as dekmantel gebruik om na te laat om openlik te bely wat God julle in sy Woord gebied, of wat tot sy eer dien nie.
36 Dit is, volgens Christus se leer en bevel. |
Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle 37ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.
| 37 Naamlik om daardeur julle geloof te beproef, Jak. 1:2-4. |
pWant Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is 38na die vlees, maar lewend gemaak 39deur die Gees;
| p Rom. 5:6. Hebr. 9:15, 28. | 38 Of: in die vlees, dit is, na sy menslike natuur, soos hierdie woord vlees van Christus deurgaans verstaan word. Sien Joh. 1:14. Rom. 1:3. 1 Tim. 3:16. Want hoewel diegene wat die liggaam doodmaak, nie die siel kan doodmaak nie, Matt. 10:28, word nogtans gesê dat die hele mens doodgemaak is, wanneer siel en liggaam deur ’n gewelddadige dood van mekaar geskei word; hoewel geen geweld die siel of die liggaam van Christus van sy Godheid kon skei nie.
39 Dit is, deur sy goddelike natuur, waardeur Hy sy mensheid uit die dood opgewek het, soos hierdie woord Gees ook elders vir die goddelike natuur van Christus gebruik word. Sien Rom. 1:4. Hebr. 9:14, ens. Ander vertaal dit: na die gees, en verstaan dit as die siel van Christus, wat lewend gebly het, al was sy liggaam gedood. Maar so sou Petrus hier niks anders oor Christus sê as wat alle gelowiges toekom nie, Matt. 10:28, en dit is ook in stryd met die Griekse woord zoopoietheis, wat lewend gemaak is beteken; so ’n lewendmaking is ’n werk eie aan God; sien Joh. 5:21. Rom. 4:17. 1 Tim. 6:13. Dit wat ook hierna oor hierdie Gees van Christus gesê word, dat Hy in die Gees vir die geeste wat in die gevangenis is, in die tyd van Noag gepreek het, kan ook nie van die siel van Christus, wat voor sy ontvangenis uit Maria nog nie was nie, gesê word nie. |
40in wie 41Hy ook 42heengegaan en 43gepreek het vir 44die geeste qin die gevangenis,
| q 1 Petr. 4:6. | 40 Of: deur wie, naamlik die Gees of sy Godheid.
41 Naamlik Christus, oor wie Petrus hier spreek. 42 Of: gekom het, dit is, van die hemel afgekom het, naamlik deur sy openbaring en werking, soos Hy self tot Abraham gespreek het toe Hy neergedaal het om Lot te verlos en Sodom en Gomorra deur vuur te straf, Gén. 18:21, asook om sy volk Israel uit Egipte te verlos en die Egiptenaars te straf, Ex. 3:8. 43 Naamlik deur Noag, die prediker van geregtigheid, 2 Petr. 2:5. 44 Hierdie gedeelte is moeilik, en word daarom verskillend uitgelê. Sommige verstaan deur hierdie geeste die heidene, wat in die skaduwee van die dood en as ’t ware in die hel gesit het, vir wie Christus deur sy apostels die evangelie verkondig het. Die heidene word egter nêrens geeste genoem nie, en die tyd wanneer hierdie prediking aan hulle plaasgevind het, pas nie by so ’n verklaring nie, omdat die apostels die evangelie nie in die tyd van Noag nie, maar ná die opstanding van Christus verkondig het. Ander verstaan deur hierdie geeste die verdoemde siele in die hel, aan wie Christus Hom ná sy dood op ’n buitengewone manier sou geopenbaar het, om sy oorwinning aan hulle te verkondig tot skrik, en om hulle van hul ondankbaarheid en regverdige straf te oortuig. Maar van so ’n buitengewone verskyning van Christus in die hel word nêrens in die Skrif melding gemaak nie; dit was ook nie nodig nie, en die woord preek hier word nêrens in so ’n betekenis gebruik nie. Ander verstaan daardeur die siele van die gelowiges van die Ou Testament, wat êrens onder die aarde in ’n voorportaal van die hel, soos in ’n gevangenis, bewaar sou word, totdat Christus sou gesterf het en met sy siel aan hulle verskyn het, om hul verlossing uit hierdie gevangenis aan hulle te verkondig, en om hulle daarna saam met Hom in die hemel op te neem. Behalwe dat hierdie verklaring in stryd is met dit wat Christus vir die bekeerde kwaaddoener aan die kruis gesê het: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees, Luk. 23:43, is dit ook in stryd met die saligheid van die siele van die voorgeslag, wat al voor Christus se dood en opstanding in die hemel was, soos opgeteken is in Hebr. 11:5, 16, 40; 12:23, en in nog ander plekke. ’n Gevangenis word ook nêrens ’n plek genoem waarin iemand bewaar word om hom gelukkiger te maak nie, maar wel ’n plek waarin iemand vir sy oordeel of straf bewaar word. Die woord preek verwys in God se Woord ook altyd na die oproep tot geloof en bekering, wat vir die siele van die afgestorwe gelowiges van die Ou Testament nie meer nodig was nie; soos dit ook nie toegepas kan word op daardie siele nie, as gesê word dat Christus deur sy Gees gepreek het vir die siele wat in die tyd van Noag ongehoorsaam was. Daarom is hierdie volgende uitlegging die aanneemlikste, naamlik dat hier deur die geeste die siele verstaan moet word van die mense aan wie die Gees of Godheid van Christus deur Noag die bekering vroeër laat verkondig het, naamlik toe hulle nog geleef het. Daarom word Noag ook ’n prediker van geregtigheid genoem in 2 Petr. 2:5. Hierdie mense het, nieteenstaande die prediking van Noag en God se lankmoedigheid oor hulle, ongehoorsaam en goddeloos gebly, soos ook in 2 Petr. 2:5 getuig word. Vanweë hul ongehoorsaamheid en goddeloosheid was hulle in die gevangenis of hel toe Petrus sy brief geskryf het, soos die hel ook ’n gevangenis genoem word, Openb. 20:7, en van die onsalige geeste wat daarin is, gesê word dat hulle daar in bewaring gehou word vir die dag van oordeel, 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6. |
rwat eertyds ongehoorsaam was stoe die lankmoedigheid van God een maal 45gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, tdit is agt, 46siele 47deur water heen gered is;
| r Gén. 6:5.
s Gén. 6:3, 14. Matt. 24:37. Luk. 17:26. Rom. 2:4. t Gén. 8:18. 2 Petr. 2:5. |
45 Naamlik honderd-en-twintig jaar lank, of die mense hulle sou bekeer, voordat Hy die straf waarmee Hy hulle gedreig het, sou uitvoer, Gén. 6:3. Sien ook oor hierdie lankmoedigheid van God teenoor die ongehoorsames Rom. 2:4; 9:22 en die kanttekeninge.
46 Dit is, mense, soos in Hand. 2:41. 47 Of: in water, dit is, binne-in en deur water, soos hierdie Griekse woord dia ook gebruik word in Rom. 4:11. 1 Tim. 2:15. |
v48waarvan die 49teëbeeld, die doop, ons nou ook red, 50nie as ’n aflegging van die vuilheid 51van die vlees nie, maar as 52’n bede tot God om 53’n goeie gewete — 54deur die opstanding van Jesus Christus
| v Ef. 5:26. | 48 Dit verwys na die ark en Noag se ingaan in die ark, waardeur Noag behoue gebly het in die water van die sondvloed, waarin die ander vergaan het.
49 Die doop word so genoem, omdat dit ’n sakrament is van ons behoud uit die algemene verderf van die wêreldse mense, soos die ark ’n middel was van die liggaamlike behoud van Noag en sy mense uit die verderf van die eerste wêreld. 50 Dit is, die doop wat uitwendig is, en waardeur die vuilheid van die liggaam afgewas word, en wat ook baie huigelaars en mondchristene deelagtig is, red nie ons siele werklik nie. Maar, so wil hy sê, dit gaan oor die inwendige doop, wat deur die bloed en die Gees van Christus aan ons siele plaasvind. 51 Verstaan as liggaam. 52 Of: afvraging, afsmeking. Die Griekse woord beteken hier so ’n afsmeking wat met ’n ernstige begeerte gepaardgaan by dit waarvoor ’n mens vra, soos wanneer ’n mens iemand raad of hulp vra of versoek. 53 Dit is, wat deur die bloed en die Gees van Jesus Christus gereinig is, Hebr. 9:14. Hierdeur word die vrymoedige toegang en aanspraak van die gelowiges in hul vertroue verstaan, en in hul gebede tot God, as tot hul Vader; sien Rom. 8:15. Gal. 4:6; wat ’n onafskeibare vrug is van die vergewing van ons sondes en van ons vernuwing of wedergeboorte. Ander meen dat hier na die volwasse doop in die eerste kerk verwys word. Daar is vir die dopelinge gevra of hulle voortaan ook die duiwel en die wêreld wou afsweer, en in ’n nuwe lewe, met ’n goeie gewete, voor God wandel, waarop hulle geantwoord het: Ja. Hierdie vraag en antwoord sou deur die Griekse woord eperotema verstaan word. Hierdie antwoord wat uit ’n goeie of gereinigde gewete voor God gespruit het, betuig dan ook van die inwendige doop van die hart. 54 Naamlik wat ’n volkome bewys is van Christus se voldoening vir ons sondes, ’n onderpand van die opwekking van die nuwe mens, en van ons salige opstanding hiernamaals. Sien Rom. 6:3, ens. |
xwat heengegaan het na die hemel en 55aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.
| x Ef. 1:20. | 55 Sien hieroor en oor dit wat volg Ef. 1:20, ens. Kol. 3:1. |
MY 1kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, 2dat julle nie moet sondig nie; 3en as iemand gesondig het, 4ons het a’n 5Voorspraak 6by die Vader, Jesus Christus, 7die Regverdige.
| a 1 Tim. 2:5. Hebr. 7:25. | 1 Hy gebruik hierdie woord om sy vriendelikheid teenoor hulle te betoon, soos Christus in Joh. 13:33, en hy noem die gelowiges so, nie net omdat hy baie van hulle deur die verkondiging van die evangelie as ’t ware gebaar het nie, 1 Kor. 4:15. Fil. vers 10, maar ook vanweë sy hoë ouderdom.
2 Dit is, dat julle hierdie leer nie sou misbruik om daardeur makliker te sondig nie. 3 Of: maar. 4 Dit is, dat julle sou weet, en jul daarmee vertroos, dat ons ’n Voorspraak het, ens. 5 Gr. Parakleton. Hierdie titel beteken eintlik ’n advokaat of voorspraak, wat iemand se saak voorhou en uitvoer in die gerig; en word hier aan Christus toegeskryf, omdat Hy by die Vader vir ons intree, Rom. 8:34. 6 Naamlik vir wie ons met ons sondes vertoorn het. 7 Hy word so genoem in Jes. 53:11. Sag. 9:9. Hand. 7:52, omdat Hy sonder enige sonde was, sien 1 Joh. 3:5, en daarom bekwaam om ons Voorspraak te wees, Hebr. 7:26. 1 Petr. 3:18. |
En Hy is b’n 8versoening 9vir ons sondes, en nie alleen vir 10ons s’n nie, maar ook vir dié c11van die hele wêreld.
| b Rom. 3:25. 2 Kor. 5:18. Kol. 1:20. 1 Joh. 4:10.
c Joh. 4:42. 1 Joh. 4:14. |
8 Gr. hilasmos, versoening, dit is, Versoener; soos Paulus Hom in dieselfde betekenis hilasterion noem, dit is, versoendeksel, in Rom. 3:25, sien die kanttekening daar. Hy word hier die versoening self genoem, omdat Hy Hom as versoening geoffer het, Joh. 17:19 en die kanttekeninge, Hebr. 10:14, en dat Hy alleen en volmaak ons met God versoen het, Hebr. 9:28.
9 Naamlik omdat Hy daarvoor in ons plek die straf dra en daarmee aan die geregtigheid van God voldoen, stil Hy die toorn van God, en versoen sodoende God met die mense, 2 Kor. 5:21. 10 Naamlik van die apostels en ander gelowiges wat nou lewe. 11 Dit is, van alle mense wat in die hele wêreld uit alle volke, Joh. 11:52. Openb. 5:9, nog in Hom sal glo. Want dat Hy nie ieder en elke mens in die hele wêreld met God versoen nie, blyk sowel uit die ervaring, as daaruit dat Hy nie vir ieder en elke mens tot die Vader gebid het nie, Joh. 17:9, maar slegs vir diegene wat in Hom sal glo, Joh. 17:20. |
Onderhouding van die gebooie. Broederliefde. Verloëning van die wêreld.
EN hieraan weet ons dat ons 12Hom 13ken: as ons sy gebooie 14bewaar.
| 12 Naamlik Jesus Christus.
13 Naamlik só dat ons Hom ook as ons Saligmaker erken, Hom liefhet, ons vertroue op Hom stel en Hom gehoorsaam. Want hierdie woord beteken hier, soos ook dikwels elders, meer as net blote kennis. Sien Ps. 1:6. Matt. 7:23. 2 Tim. 2:19. 14 Dit is, onderhou, naamlik met opregte vlyt en ywer; hoewel dit in hierdie lewe nie heeltemal volkome gebeur nie. Sien 1 Joh. 1:8. |
dHy wat sê: Ek ken Hom — en sy gebooie nie bewaar nie — is ’n leuenaar en in hom 15is die waarheid nie.
| d 1 Joh. 4:20. | 15 Dit verklaar die voorgaande, by wyse van teenstelling, wat hierdie apostel dikwels gebruik. |
Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het 16die liefde van God waarlik 17volmaak geword. e18Hieraan weet ons dat ons 19in Hom is.
| e Joh. 13:35. | 16 Naamlik waarmee ons God liefhet.
17 Of: vervul, dit is, ’n opregte en ware liefde geword, wat ten volle ontwikkel het. Sien 1 Joh. 4:12, 18. Want dat ons geloof of ons liefde in alle grade nie volmaak is in hierdie lewe nie, leer Paulus in 1 Kor. 13:9, en Johannes in 1 Joh. 1:8. 18 Gr. Hierin, naamlik aan die onderhouding van God se Woord, en as ons liefde volmaak geword het. 19 Dit is, met Hom en met sy weldade gemeenskap het. |
Hy wat sê dat hy 20in Hom bly, fbehoort self ook so te wandel 21soos Hy gewandel het.
| f Joh. 13:15. 1 Petr. 2:21. | 20 Dit is, in sy gemeenskap is en wil bly. Sien Joh. 6:56.
21 Dit is, heilig volgens die voorbeeld van sy lewe, hoewel ons dit in alles nie volmaak kan navolg nie, 1 Joh. 1:8. |
Broeders, dit is g22geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar ’n ou gebod wat julle 23van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het.
| g 2 Joh. vers 5. | 22 Naamlik as ek met hierdie skrywe die gebod om jul naaste lief te hê aan julle voorhou en ernstig benadruk; wat nie nuut is nie, aangesien dit nie net in die Ou Testament voorgehou word nie, Lev. 19:17, 18, maar ook van die begin van die verkondiging van die evangelie af altyd sterk gedryf is, Matt. 5:44. Joh. 15:12. Rom. 12:10; 13:8.
23 Dit is, vandat julle tot die kennis van Christus geroep is. |
24En tog skryf ek aan julle h25’n nuwe gebod 26wat waar is in Hom 27en in julle, 28want 29die duisternis gaan verby en 30die waaragtige lig 31skyn alreeds.
| h Joh. 13:34; 15:12. | 24 Of: Weereens.
25 Dit is, wat op ’n nuwe wyse deur Christus en sy apostels voorgehou en gedryf word, met sy eie voorbeeld en besondere liefde bevestig is, en deur die Gees van God in die harte van gelowiges ingeskryf word, volgens die beloftes van die nuwe verbond, Jer. 31:33. Sien Joh. 13:34 en die kanttekening. 26 Dit is, die liefde wat waarlik in Christus teenoor ons is, moet ook waarlik in julle wees. Sien Joh. 13:34. 27 Of: is ook. 28 Of: dat die duisternis verbygaan, ens. 29 Naamlik van onwetendheid en goddeloosheid, wat tevore in die wêreld was voordat die evangelie verkondig is. Sien dergelike in Rom. 13:12. 1 Thess. 5:4. 1 Petr. 2:9. 30 Naamlik van die saligmakende kennis van God en van sy beloftes en gebooie, Ef. 5:8. 1 Joh. 1:7; 2:9. 31 Naamlik in die leer van die evangelie, wat ons verkondig. |
Hy wat sê dat hy 32in die lig is en sy broeder haat, 33is in die duisternis tot nou toe.
| 32 Dit is, die leer van die evangelie ken en aanneem.
33 Dit is, hy steek nog vas in die voorgaande onwetendheid en blindheid; en is daarom geen ware Christen nie. |
iWie sy broeder liefhet, kbly in die lig, en in hom is geen oorsaak van 34struikeling nie.
| i 1 Joh. 3:14.
k Joh. 12:35. |
34 Of: aanstoot, ergernis. Gr. skandalon; dit beteken ’n klip of iets dergeliks, wat in die pad lê, waarteen ’n mens stamp, en waardeur ’n mens tot ’n val gebring word, wat maklik gebeur as ’n mens in die duisternis wandel; maar hy wat in die lig wandel, kan so ’n struikelblok maklik vermy, as hy goed voor hom kyk, die apostel sê hier dat die ware gelowiges dit doen. Sien dergelike in Ps. 119:165. Joh. 11:9, 10. |
Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie 35waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.
| 35 Naamlik of hy op die regte pad gaan of nie. Of weet nie dat hy sy verderf tegemoetgaan nie. |
lEk skryf aan julle, 36my kinders, 37omdat die sondes julle vergewe is 38om sy Naam ontwil.
| l Luk. 24:47. Hand. 4:12; 13:38. | 36 Soos tevore in vers 1. Die indeling volgens ouderdom begin nog nie hier nie, maar in die volgende vers.
37 Of: dat die sondes julle vergewe is. So ook in verse 13, 14. 38 Dit is, om Christus Jesus ontwil. Sien Hand. 4:12; 10:43 en die kanttekeninge daar. |
Ek skryf aan julle, 39vaders, omdat julle 40Hom ken wat 41van die begin af is. Ek skryf aan julle, 42jongmanne, omdat julle 43die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, 44kinders, omdat julle 45die Vader ken.
| 39 Dit is, ou mense, wat deur jul jare baie kennis verkry het.
40 Naamlik Jesus Christus. 41 Naamlik van die wêreld, dit is, van ewigheid af. Sien 1 Joh. 1:1. 42 Naamlik wat in die beste jare van jul lewe is, en bekwaam om te stry. 43 Dit is, die duiwel, Matt. 6:13; 13:19. 44 Naamlik wat nog jonk van jare is, wie se amp en eer dit is om hul ouers reg te ken, te respekteer en lief te hê. 45 Naamlik van ons Here Jesus Christus, wat ook om Christus ontwil ons Vader geword het, Joh. 20:17. |
Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat 46julle sterk is en 47die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.
| 46 Dit is, soos jong mense gewoonlik sterk van liggaam is, so moet hulle ook sterk in die geloof wees om teen die duiwel te stry, 1 Petr. 5:9.
47 Naamlik wat die geestelike swaard is, waarmee julle teen die duiwel moet stry, Ef. 6:17. |
mMoenie 48die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. nAs iemand die wêreld liefhet, dan is 49die liefde van die Vader 50nie in hom nie.
| m Rom. 12:2.
n Gal. 1:10. Jak. 4:4. |
48 Dit is, die dinge wat buite die regte kennis en diens van God in hierdie wêreld deur wêreldse mense hooggeag, begeer en nagejaag word, wat in die volgende vers genoem word. Sien Jak. 4:4.
49 Naamlik waarmee ons God die Vader liefhet. 50 Naamlik omdat hierdie tweërlei liefdes hulle uitstrek tot sake wat teen mekaar stry, nie tesame kan bestaan nie, en die een liefde die ander uitdryf. Sien Matt. 6:24. |
Want 51alles wat in die wêreld is — 52die begeerlikheid van die vlees en 53die begeerlikheid van die oë en 54die grootsheid van die lewe — 55is nie uit die Vader nie, maar is 56uit die wêreld.
| 51 Dit is, alles wat die wêreldse mense liefhet en najaag, lê opgesluit in hierdie drie soorte wat hier genoem word.
52 Dit is, die wellustigheid. Sien Rom. 13:14. 53 Dit is, die gierigheid en begeerte van rykdom, wat hier van die oë genoem word, omdat die aanskouing van hierdie goedere die begeerte daarvan opwek, en dat die oë van die gierigaards nooit daarmee versadig word nie, maar alles wil hê wat hulle sien. Sien Spr. 27:20. Pred. 4:8. 54 Of: trotsheid, dit is, die eergierigheid of hoogmoedigheid, wat die wêreldse mense in hul status en lewe in alle opsigte betoon in groot prag, praal en verheffing bo hul naaste. Terwyl die apostel hierdie sondes beskryf, gee hy hulle die naam van begeerlikheid, omdat dit uit die aangebore verdorwenheid voortkom, Jak. 1:15, om sodoende die wortel daarvan aan die kaak te stel. 55 Dit is, is nie deur God in die mense se harte ingeplant nie, en behaag God nie. 56 Dit is, uit die verdorwe natuur van die wêreldse mense. |
oEn 57die wêreld gaan verby en 58sy begeerlikheid, maar hy wat 59die wil van God doen, 60bly vir ewig.
| o Ps. 90:10. Jes. 40:6. 1 Kor. 7:31. Jak. 1:10; 4:14. 1 Petr. 1:24. | 57 Dit is, die wêreldse mense.
58 Dit is, al die goedere en welluste waartoe hulle begeerlikheid strek. 59 Naamlik in die wegvlug van hierdie begeerlikhede en sondes. 60 Dit is, sal die ewige lewe hê. |
Die antichriste.
KINDERS, 61dit is die laaste uur; pen soos julle gehoor het dat 62die Antichris 63kom, bestaan daar ook nou 64baie antichriste, waaruit ons weet 65dat dit die laaste uur is.
| p Matt. 24:5. 2 Thess. 2:3. | 61 Dit is, ons beleef nou die laaste tyd van die wêreld, waaroor tevore gesê is dat die Antichris daarin sal kom en dat baie valse leraars sal opstaan. Sien Matt. 24:5. 1 Kor. 10:11. 2 Thess. 2:3. 1 Tim. 4:1. 2 Tim. 3:1. 2 Petr. 3:3.
62 Gr. ho antichristos; die woord beteken in die algemeen iemand wat hom, onder die naam van Christen, teen die leer van Christus se persoon en amp stel; en in die besonder een onder hulle wat besonderlik uitstaan, wat nie bestaan in slegs een persoon nie, maar in verskeie persone wat mekaar in ’n staat opvolg of in mekaar se plek kom, soos ’n mens onder die keiser van Rome dikwels nie net die regerende keiser verstaan nie, maar ook al diegene wat in die keiserryk die een ná die ander opvolg. Hier spreek die apostel van die uitstaande Antichris, soos die Griekse woordjie ho te kenne gee, wat in 2 Thess. 2:3, ens., en in die Openbaring van Johannes deurgaans beskryf word. 63 Dit is, sal kom, of as ’t ware op pad is om te kom. Sien 2 Thess. 2:7. 64 Dit is, baie valse leraars onder die Christene, wat voorlopers van die groot Antichris is, en deur een gees gedryf, want hier word daardie woord in die algemeen en breedvoerig gebruik. 65 Naamlik volgens die voorseggings van Christus en die apostels, tevore opgeteken. |
q66Hulle het 67van ons 68uitgegaan, maar hulle was nie 69van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle 70by ons 71gebly het; rmaar dit moes aan die lig kom dat hulle nie 72almal van ons is nie.
| q Ps. 41:10. Hand. 20:30.
r 1 Kor. 11:19. |
66 Naamlik hierdie antichriste en valse leraars.
67 Naamlik Christene of Christelike vergaderings. 68 Dit is, hulle het uit ons voortgekom, het opgestaan en het hulle van ons afgesonder. 69 Dit is, van die ware en opregte Christene, of van die opregte en regsinnige leraars nie. 70 Naamlik opregte Christene en leraars. 71 Naamlik in die eenheid van die geloof en by die waarheid. 72 Naamlik wat hulleself Christene noem en hul leer met Christus se Naam beklee. Sien Matt. 7:21. |
s73En julle het 74die salwing 75van die Heilige en weet 76alles.
| s Ps. 45:8; 133:2. 2 Kor. 1:21. Hebr. 1:9. | 73 Die apostel wys nou vir die gelowiges die regte middel aan om aan die verleidings van die antichriste te ontkom, naamlik dat hulle vas bly staan in die leer wat hulle deur die verligting van die Heilige Gees eens geleer en aangeneem het.
74 Of: die salf; waardeur hy die genadige werking van die Heilige Gees verstaan, waardeur hulle wedergebore en met die saligmakende kennis van Christus verlig en versterk is, wat met die uitgieting van kosbare salf vergelyk word. Sien Ps. 45:8; 133:2. 75 Dit is, van Christus Jesus, wat so genoem word in Ps. 16:10; Dan. 9:24; Hand. 2:27 en die kanttekeninge; en die rede in Hebr. 7:26. Alle gelowiges het van Hom hierdie gawe ontvang, Joël 2:28. Joh. 1:16; 14:26. 76 Naamlik wat julle tot saligheid nodig het om te weet, en waaroor ek vir julle skryf. |
Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle 77die waarheid nie ken nie, 78maar omdat julle dit ken en omdat 79geen leuen uit die waarheid is nie.
| 77 Naamlik van die leer van die evangelie.
78 Dit is, om die gedagtenis van dit wat julle weet vir julle te verfris, en jul daardeur in die waarheid meer en meer te versterk teen die verleidings. 79 Gr. dat alle leuen uit die waarheid nie is nie, dit is, omdat geen leuen (dit is, geen valse leer), uit die waarheid (dit is, uit die leer van die evangelie wat ons verkondig), is nie. |
Wie is 80die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus 81die Christus is? Dit is die Antichris 82wat die Vader en 83die Seun loën.
| 80 Dit is, die vernaamste valse leraar.
81 Gr. nie is nie, dit is, wat die waarheid loën en sê dat Jesus nie die Christus, dit is, die Messías, die Gesalfde, die beloofde Saligmaker, is nie. Sien Joh. 20:31. 82 Hoe die Vader geloën word, word nader in die volgende vers verklaar. 83 Die Seun van God, die Here Jesus Christus, word geloën, nie net ten opsigte van sy persoon wanneer ’n mens óf sy goddelike, óf sy ware menslike natuur, óf dergelike loën nie. Maar ook ten opsigte van sy amp, as ’n mens ontken dat Hy die Saligmaker is, of dat Hy die enige en volmaakte Saligmaker is, en as ’n mens benewens Hom nog ander middelaars tot die saligheid stel, ens. |
tElkeen wat die Seun loën, 84het ook nie die Vader nie.
| t Luk. 12:9. 2 Tim. 2:12. | 84 Dit is, loën ook geheel en al die Vader, omdat die Vader nie sonder sy Seun kan wees nie, of reg geken word nie. Sien Joh. 8:19; 10:30. In sommige Griekse manuskripte word die volgende woorde ook hier bygevoeg: wie die Seun bely, het ook die Vader. |
85Wat julle dan van die begin af gehoor het, 86laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook 87in die Seun en in die Vader bly.
| 85 Naamlik van die suiwer leer van die evangelie, wat deur Christus en die apostels van die begin af aan julle verkondig is.
86 Dit is, volhard julle standvastig daarin. 87 Dit is, in die opregte en saligmakende leer van die Vader en van die Seun. Of: in die gemeenskap van die Vader en van die Seun, 1 Joh. 1:3. |
En dit is 88die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik 89die ewige lewe.
| 88 Dit is, wat Christus vir ons in die evangelie beloof het.
89 Sien Matt. 19:29; 25:46. Joh. 3:15, 16; 5:24; 6:33, 54; 10:10; 17:2, en deurlopend in die evangelie. |
Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot 90die wat julle mislei.
| 90 Naamlik sodat julle des te beter en sorgvuldiger teen hul verleiding kan waak. |
vEn 91die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig 92dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande 93alles leer, so is 94dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, 95so moet julle 96in Hom bly.
| v Jer. 31:34. Hebr. 8:11. | 91 Dit is, dieselfde genade van die Heilige Gees, wat Christus vir julle gegee het, om jul te verlig met die kennis van die waarheid; soos in vers 20.
92 Naamlik hierdie dinge, omdat julle dit reeds weet, of die gronde van die Christelike leer, wat julle reeds gelê het. 93 Dit is, al hierdie dinge; of: alles wat julle nodig het om te weet tot saligheid. Sien vers 20. 94 Naamlik die salwing. 95 Dit is, so bly in Hom; ’n Hebreeuse spreekwyse. Of hy spreek so om die goeie vertroue te toon, wat hy in hul standvastigheid gehad het. 96 Naamlik in Christus; soos uit die volgende vers en vers 24 blyk. |
En nou, my kinders, bly 97in Hom, xsodat ons 98vrymoedigheid kan hê wanneer Hy 99verskyn en nie 100beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.
| x Mark. 8:38. 1 Joh. 3:2. | 97 Naamlik in Christus, dit is, in sy gemeenskap en leer, deur dit in geloof vas te hou.
98 Naamlik om voor Hom te bestaan in sy oordeel, deur te vertrou dat Hy ons nie sal verdoem nie, maar sal vryspreek. 99 Naamlik in sy koms om te oordeel, soos die volgende woorde verklaar. Sien ook 1 Joh. 3:2. 100 Of: beskaamd voor Hom weggaan. Naamlik soos alle ongelowiges en goddeloses sal ondervind. |
As julle weet dat 101Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat 102die geregtigheid doen, 103uit Hom gebore is.
| 101 Naamlik God die Vader, of Christus, van wie hy in die voorgaande woorde gespreek het.
102 Dit is, wat godsalig leef. 103 Dit is, geestelik deur Hom wedergebore is. Sien 1 Joh. 3:9. |
Die Woord het in die vlees verskyn.
WAT a1van die begin af was, wat ons gehoor het, bwat ons met ons oë gesien het, wat ons 2aanskou het cen ons hande getas het 3aangaande die Woord 4van die lewe —
| a Joh. 1:1.
b Joh. 1:14. 2 Petr. 1:16. c Luk. 24:39. Joh. 20:27. |
1 Naamlik van die skepping, dit is, van alle ewigheid af; sien Miga 5:1. Joh. 1:1; waarmee Christus se goddelike natuur beskryf word; soos met die volgende woorde sy menslike natuur, waarvolgens Hy gehoor, gesien en getas is, en waarin Hy ook deur wonders en andersins soms sy heerlikheid geopenbaar het.
2 Dit sê meer as gesien, wat dikwels terloops gebeur, maar dit wat ’n mens aanskou, daarop let ’n mens met aandag. 3 Dit is, van die Here Jesus Christus, wat deur hierdie apostel die Woord genoem word, Joh. 1:1, 14. 1 Joh. 5:7. Openb. 19:13. Sien Joh. 1:1 se kanttekening. 4 Hierdie titel word aan die Woord, dit is, die Seun van God, toegeskryf, omdat Hy die ewiglewende wese van God in Hom het, aan die skepsele lewe gee, en ons die ewige lewe nie net verkondig het nie, maar ook verwerf en meegedeel het. Sien Joh. 1:4; 14:6. |
en 5die lewe 6is geopenbaar, en 7ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle 8die ewige lewe 9wat by die Vader was en 10aan ons geopenbaar is —
| 5 Dit is, die Seun van God; wat ook die lewe genoem word, Joh. 1:4; 14:6.
6 Naamlik in die vlees, soos Paulus spreek in 1 Tim. 3:16. 7 Naamlik die apostels het die Woord, dit is, die Seun van God, in sy aangenome menslike natuur gesien. So word gewoonlik oor die persoon van Christus gepraat wanneer van sy hele persoon, genoem na die een natuur, gesê word wat slegs op die ander natuur van toepassing is. Sien dergelike in vers 7. Joh. 3:13. Hand. 20:28 se kanttekening. 8 Dit is, Christus, wat van ewigheid af leef en die oorsprong en gewer van die ewige lewe is, soos Hy in hierdie vers ook die lewe genoem word. 9 Dit is, soos Johannes in sy evangelie spreek, Joh. 1:1, wat by God was. Sien die kanttekening daar. 10 Naamlik sy apostels, wat Hy as sy getuies verkies en geroep het, en aan hulle gegee het om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken. Sien Matt. 13:11. Hand. 1:8; 2:32. |
wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook 11gemeenskap 12met ons kan hê; en 13ons gemeenskap is 14met die Vader en 15met sy Seun, Jesus Christus.
| 11 Naamlik aan al die geestelike weldade wat Christus vir ons verwerf het, en wat in die evangelie verkondig word.
12 Apostels van Christus en alle ander gelowiges met mekaar, vers 7. 13 Naamlik wat ons as gelowiges gesamentlik het. 14 Naamlik wat nou met ons deur Christus versoen is en ons sy hemelse goedere deelagtig maak. 15 Naamlik om deur die geloof sy geregtigheid en heerlikheid deelagtig te word. Dit blyk dat die apostel hier spreek van ’n geestelike gemeenskap wat ons met Christus het. |
En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat 16julle blydskap 17volkome kan wees.
| 16 Naamlik wat deur die verkondiging van die evangelie en die werking van die Heilige Gees reeds in jul harte ontsteek is, Rom. 14:17.
17 Dit is, hier al meer en meer toeneem, en ná hierdie lewe volmaak kan wees. Sien Joh. 15:11; 16:24. |
God is lig. Hy wat in die lig nie wandel nie, het geen gemeenskap met Hom nie.
EN dit is 18die verkondiging wat ons van 19Hom gehoor het en aan julle verkondig: dGod is 20lig, en 21geen duisternis is in Hom nie.
| d Joh. 1:9; 8:12; 9:5; 12:35, 36. | 18 Gr. epangelia. Die woord beteken meestal belofte; maar hier word dit goed vertaal met verkondiging; omdat dit wat volg, nie soseer ’n belofte nie, maar ’n verkondiging vervat.
19 Naamlik Jesus Christus. 20 Naamlik, omdat Hy in Homself met sy verstand alles helder en duidelik weet, en in sy wil heeltemal suiwer en heilig is; asook omdat Hy die mense deur sy Gees verlig, Joh. 1:4. 21 Gr. hoegenaamd geen. Naamlik van enige onwetendheid, dwaling of onheiligheid. |
As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in 22die duisternis 23wandel, dan 24lieg ons en 25doen nie die waarheid nie.
| 22 Naamlik van onwetendheid, dwalinge, onheiligheid en sondes, wat werke van die duisternis is, Ef. 5:11.
23 Naamlik só dat die sonde oor ons sou heers, Rom. 6:12, 14, 17, 20. 24 Dit is, spreek nie die waarheid nie, omdat God sy gemeenskap nie aan diegene belowe het nie, en die wat waarlik in gemeenskap met God is, nie in die duisternis wandel nie, 1 Joh. 3:9, want die lig en die duisternis het geen gemeenskap met mekaar nie, 2 Kor. 6:14. 25 Dit is, tree nie opreg op nie, Joh. 3:21. |
Maar as ons 26in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap 27met mekaar; e28en die bloed van Jesus Christus, 29sy Seun, 30reinig ons van 31alle sonde.
| e Hebr. 9:14. 1 Petr. 1:19. Openb. 1:5. | 26 Dit is, nie net in die ware kennis van die evangelie nie, maar ook in ware reinheid en heiligheid van die lewe.
27 Dit is, ons as gelowiges onderling en gesamentlik met God en sy Seun, vers 3. Of: ons met God en God met ons. 28 Die apostel voeg dit hierby om te toon dat ons wandel in die lig nie ’n verdiende of werkende oorsaak is van hierdie gemeenskap wat ons met God het nie, maar ’n vrug en kenmerk daarvan. Omdat Christus, die Seun van God, dit teweeggebring het deur sy bloed, dit is, deur sy bloedige lyding en sterwe, om ons daardeur met God te versoen en te verenig. 29 Die apostel voeg dit hierby om daarmee die waardigheid van Christus se verdienste uit te druk; soos in Hand. 20:28. 30 Naamlik deur die skuld en straf van die sonde deur die weldaad van die regverdigmaking van ons weg te neem, asook die smet van die sonde of verdorwenheid deur die weldaad van die wedergeboorte wat in hierdie lewe begin, en ná hierdie lewe ook volkome sal wees. 31 Naamlik sowel aangebore as daadwerklike, sowel groot as klein. |
Die belydenis van sonde en die vergifnis.
fAS ons sê dat ons geen sonde het nie, 32mislei ons onsself en 33die waarheid is nie in ons nie.
| f 1 Kon. 8:46. 2 Kron. 6:36. Job 9:2. Ps. 143:2. Spr. 20:9. Pred. 7:20. | 32 Naamlik van die regte weg af wat tot die saligheid lei.
33 Dit is, God se Woord, wat die waarheid genoem word, Joh. 17:17, en ons deurlopend anders leer. Of: so ’n mening of inbeelding bestaan in onwaarheid. |
gAs ons ons sondes 34bely, Hy is 35getrou en 36regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
| g Ps. 32:5. Spr. 28:13. | 34 Naamlik voor God, met ware berou en verbetering.
35 Naamlik in sy beloftes, wat Hy aan die boetvaardige sondaars gemaak het. 36 Dit is, nie dat die belydenis van sondes volgens die regverdigheid van God die vergewing daarvan sou verdien nie, maar hierdie woord verklaar die voorgaande, omdat die regverdigheid vereis dat iemand dit wat hy belowe het, nakom. Sien Ps. 143:1. 2 Petr. 1:1. |
As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan 37maak ons Hom tot ’n leuenaar en is 38sy woord nie in ons nie.
| 37 Naamlik as dit van ons sou afhang; dit is, beskuldig ons Hom van leuens, omdat Hy daarvan in sy Woord anders getuig.
38 Dit is, die waarheid; naamlik wat God in sy Woord voorhou, soos die apostel spreek in vers 8. |
Die wederkoms van die Here.
DIT is reeds die tweede brief, geliefdes, wat ek aan julle skrywe. In 1albei wil ek a2deur herinnering julle 3suiwere 4gesindheid opwek,
| a 2 Petr. 1:13. | 1 Hierdie woord is hier bygevoeg, omdat die apostel in die meervoud spreek, oor albei sy briewe.
2 Gr. in herinnering of indagtigmaking. 3 Naamlik in die leer van die evangelie. 4 Of: verstand. |
sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete 5tevore gespreek is, en die 6gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser.
| 5 Naamlik van die Messías en die toestand van sy ryk in die Nuwe Testament.
6 Dit is, die leer van ons, wat ons julle geleer het, nie uit ons eie goeddunke of gesag nie, maar as apostels van die Here Christus. Sien 2 Petr. 1:21. Beide die leer van die apostels en die profete word baie toepaslik saamgevoeg, omdat dit saam die grond van die Christelike leer is. Sien dergelike in Ef. 2:20. |
bDit moet julle 7veral weet, dat daar aan 8die einde van die dae 9spotters sal kom wat 10volgens hulle eie begeerlikhede wandel
| b 1 Tim. 4:1. 2 Tim. 3:1. Jud. vers 18. | 7 Dit is, eerstens.
8 Dit is, in die laaste dae. Sien 2 Tim. 3:1. 9 Naamlik wat sal spot, sowel met die voorsegging van God in sy Woord, vernaamlik van die laaste oordeel en van die einde van die wêreld, asook met diegene wat dit glo, en hulle beskou as swakke en liggelowige mense. Sien oor die spotters Ps. 1:1. Jes. 22:13 en die kanttekening. 10 Dit is, deur die bose begeerlikhede van hulle vlees na te volg, in alle ongebondenheid van die lewe. Soos die Nikolaïete en hul gelykes gedoen het. |
en 11sê: cWaar 12is die belofte van 13sy wederkoms? Want vandat 14die vaders 15ontslaap het, bly alles 16soos dit was van die begin van die skepping af.
| c Eség. 12:22. | 11 Naamlik spottenderwys.
12 Dit is, bly die vervulling van hierdie belofte en voorseggings? Hierdie vraag is so goed soos ’n ontkenning. 13 Naamlik om die lewendes en die dooies te oordeel, en die wêreld te vernuwe. 14 Dit is, die voorouers. 15 Dit is, gesterwe. Sien Matt. 9:24. 1 Kor. 11:30. 1 Thess. 4:13. Hierdie woord het hulle skynbaar ook spottenderwys gebruik, asof dit tyd was dat die vaders uit die slaap opgewek sou word, indien daar ’n opstanding van die dooies en ’n laaste oordeel sou wees. 16 Of: soos dit aan die begin van die skepping was. Dit is die redes wat hulle aanvoer teen die sekerheid van die voorseggings van die laaste oordeel en die voleinding van die wêreld: omdat ’n mens sien dat daar nou baie jare nadat die voorseggings plaasgevind het, geen vervulling daarvan waargeneem kan word nie, maar dat alles bly soos dit altyd was, dat dit daarom nie geloofwaardig is dat dit ooit vervul sal word nie. |
Want 17moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was den ’n aarde wat 18uit water en 19deur water ontstaan het 20deur die woord van God,
| d Gén. 1:9. Ps. 24:2. | 17 Dit is, hulle wil dit nie weet en opmerk nie.
18 Naamlik uit die water uitsteek, waarmee dit eers bedek was, Gén. 1:9. 19 Dit kan ook in beteken, soos in 1 Tim. 2:15 se kanttekening verklaar word, omdat die waters is soos die vastigheid waarin die aarde is en vasstaan. Sien Ps. 24:2. 20 Dit is, deur sy krag en bevel. Sien Gén. 1:3. Ps. 33:9. Hebr. 1:3. Daarmee beantwoord en weerlê Petrus die bewerings van die spotters, en bewys dat die bestaan en vergaan van hemel en aarde slegs ondergeskik is aan die wil, bevel en krag van God; waardeur, soos Hy hulle geskape het, Hy hulle só onderhou solank dit Hom behaag, en hulle ook deur dieselfde woord kan vernietig, as dit Hom behaag. |
e21waardeur 22die toenmalige wêreld met water 23oorstroom is en vergaan het.
| e Gén. 7:10, 21. | 21 Naamlik deur die hemel en aarde. Want albei het hul waters tot die sondvloed bygedra, soos geskrywe staan in Gén. 7:11.
22 Dit is, die mense en diere wat toe in die wêreld was en geleef het; behalwe die wat in die ark bewaar is. 23 Naamlik deur die woord en bevel van God. Die apostel wil daarmee bewys dat soos God, toe dit Hom behaag het, die eerste wêreld deur sy mag laat vergaan het met water, dat Hy ook die tweede en teenswoordige wêreld met vuur kan en sal laat vergaan, wanneer dit Hom behaag; soos in die volgende vers verklaar word. |
fMaar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord 24as ’n skat weggelê gen word 25vir die vuur bewaar teen die dag 26van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.
| f vers 10. Ps. 102:27. Jes. 51:6. Hebr. 1:11.
g 2 Thess. 1:8. |
24 Dit is, bewaar, soos ’n mens ’n skat wegbêre in die skatkamer, om op die geleë tyd, as dit ons behaag, uitgegee en bestee te word.
25 Naamlik om daardeur verbrand te word. Sien Ps. 50:3. 2 Thess. 1:8. 26 Dit is, op die laaste algemene oordeel; of van die verdoemenis, soos die volgende woorde verklaar. |
Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, h27dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
| h Ps. 90:4. | 27 En dat ons ons daarom nie moet verwonder dat die Here, na ons mening, so lank talm om sy belofte te volbring nie, aangesien Hy nie die tye as kort of lank volgens ons gedagtegang reken nie, omdat Hy ewig is en nie gebonde is aan die tye nie. |
iDie Here 28vertraag nie die belofte ksoos sommige dit 29vertraging ag nie, lmaar Hy is lankmoedig 30oor ons en mwil nie hê dat 31sommige moet vergaan nie, maar dat 32almal 33tot bekering moet kom.
| i Háb. 2:3.
k vers 15. 1 Petr. 3:20. l Jes. 30:18. Rom. 2:4. m Eség. 18:32; 33:11. 1 Tim. 2:4. |
28 Of: vertraag nie aangaande die belofte nie, dit is, stel nie die volbringing van die belofte uit oor die tyd wat Hy daarvoor bestem het nie.
29 Dit is, uitstel oor die bestemde tyd. 30 Naamlik wat geroep is tot die kennis van Christus en in Hom glo; hy beskou almal aan wie hy skryf as sodanig volgens die oordeel van die liefde. Sien 2 Petr. 1:1. 31 Naamlik van ons, wat kragtig geroep is en nog geroep sal word. Want soos God alles wat Hy wil, kan doen en ook doen, kan dit nie so verstaan word van elk en ieder mens nie, omdat die Skrif en die ervaring self getuig, dat nie alle mense salig word nie, maar dat baie verlore gaan. 32 Naamlik die uitverkorenes, van wie hy hier spreek, Openb. 6:11. 33 Naamlik dat daar om genoemde rede vir hulle tyd gegee word om tot bekering te kom. |
Maar 34die dag van die Here sal kom n35soos ’n dief in die nag, 36waarin die hemele 37met gedruis 38sal verbygaan en 39die elemente sal brand en 40vergaan, en die aarde en 41die werke wat daarop is, sal 42verbrand.
| n Matt. 24:43, 44. 1 Thess. 5:2. Openb. 3:3; 16:15. | 34 Dit is, die jongste of laaste dag, as die Here sal kom om te oordeel.
35 Dit is, onvoorsiens. Sien 1 Thess. 5:2 se kanttekening. 36 Naamlik in die dag van die Here. 37 Naamlik soos in ’n groot donderstorm of groot storting van water gehoor word. 38 Oor hoe hierdie verbygaan of vergaan van hemel en aarde sal gebeur, is daar verskillende menings van kerkvaders en latere gereformeerde teoloë. Sommige meen dat die substansie of wese van die wêreld ten ene male sal vergaan en vernietig word. Ander, dat slegs die hoedanighede daarvan sal vergaan en verander word, en die substansie of wese sal bly. Hierdie mening is wel die algemeenste en waarskynlikste. Sien Ps. 102:26, 27. Rom. 8:19. 39 Naamlik waaruit alle liggaamlike skepsele bestaan, dit is, die vuur, lug, water en aarde. 40 Gr. losgemaak of ontbind word. 41 Naamlik wat die aarde daaruit voortbring, of wat die mense op die aarde gemaak en gebou het. 42 Naamlik deur die vuur waarvan gespreek is in vers 7. |
Terwyl al hierdie dinge dan 43vergaan, 44hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —
| 43 Dit is, sal vergaan. Sien vers 10.
44 Dit is, hoe ’n groot ywer behoort julle dan aan te wend, om sodanig te wees in ware godsvrug, dat julle in daardie verskriklike dag mag bestaan, en plek vind in die toekomende wêreld. |
julle wat die koms van die dag 45van God 46verwag en 47verhaas, o48waardeur die hemele 49deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
| o Ps. 50:3. 2 Thess. 1:8. | 45 Dit is, van die Here Jesus Christus; soos in Tit. 2:13. Of van God die Vader, wat sy regspraak sal hou deur die Seun, Hand. 17:31.
46 Naamlik met lydsaamheid. 47 Naamlik met verlange. 48 Naamlik deur die koms van die dag van God. 49 Sien hieroor verse 7, 10. |
Maar ons verwag pvolgens sy belofte 50nuwe hemele en ’n nuwe aarde 51waarin 52geregtigheid 53woon.
| p Jes. 65:17; 66:22. Openb. 21:1. | 50 Naamlik óf van ’n nuwe substansie en wese; óf versier met nuwe hoedanighede, en daardeur as ’t ware vernuwe. Sien vers 10 se kanttekening.
51 Naamlik in die nuwe hemele en aarde. Want hy spreek in die meervoud. 52 Dit is, mense wat geregverdig is van die sonde, en niks anders as geregtigheid sal doen nie; terwyl hierdie aarde vol is van bose en onregverdige mense. 53 Dit is, sal woon, naamlik waar die regverdige mense ’n vaste plek sal hê, en altyd daarin bly en geregtigheid beoefen. |
Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle 54vlekkeloos en onberispelik 55voor Hom 56bevind mag word 57in vrede.
| 54 Naamlik onbevlek van die sondes en besmetting van die wêreld. Want andersins leef niemand sonder enige vlek nie, 1 Kon. 8:46. Ps. 19:13. Spr. 20:9. Jak. 3:2. 1 Joh. 1:8, maar die vlekkeloosheid van Christus word die gelowige as hul eie toegereken, Ef. 5:26, 27, en hulle bewaar hul dat die sonde nie in hulle heers nie, Rom. 6:12.
55 Naamlik voor die Here Jesus Christus. 56 Naamlik as Hy sal kom om te oordeel. Want soos ’n mens dan gevind sal word, so sal hy geoordeel word, Pred. 11:3. Matt. 24:46. 57 Dit is, dat julle ’n rustige gemoed en ’n goeie gewete voor God het, en met die mense in vrede lewe. |
qEn ag 58die lankmoedigheid van onse Here 59as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan 60julle geskryf het,
| q Rom. 2:4. | 58 Naamlik wat Hy gebruik, deurdat Hy die koms van die dag van oordeel uitstel, om die mense tyd te gee tot bekering.
59 Dit is, as ’n saak wat heeltemal tot diens is vir die bevordering van julle saligheid. 60 Naamlik gelowige Jode; wat hy gedoen het deur die brief aan die Hebreërs. Sien Hebr. 6:2; 10:36, 37. |
net soos rin al die briewe. Hy spreek daarin 61oor hierdie dinge, 62waarvan 63sommige swaar is om te verstaan, wat 64die ongeleerde en 65onvaste mense 66verdraai, net soos die ander Skrifte, 67tot hul eie verderf.
| r Rom. 8:19. 1 Kor. 15:24. 1 Thess. 4:15. | 61 Naamlik waaroor ek julle nou geleer en vermaan het, naamlik van die koms van Christus om te oordeel, die voleinding van die wêreld, die valse leraars en spotters wat sal opstaan, ens.
62 Of: waaronder. 63 Naamlik sommige dinge of spreuke. Hy sê nie dat alles wat in die Skrif geleer word, swaar sou wees om te verstaan nie, maar slegs sommige dinge, vernaamlik die wat van toekomende dinge of van die raad van God oor toekomende dinge spreek; wat, hoewel dit swaar is om verstaan te word, nogtans duidelik genoeg voorgestel word, soveel as vir die gelowiges vir die saligheid nodig is om te weet; net soos alles wat nodig is om te weet vir die saligheid, duidelik genoeg in die Heilige Skrif geleer en uitgedruk word. Sien Deut. 29:29; 30:11. Ps. 19:8; 119:105. Spr. 6:23. 2 Kor. 4:3. 2 Petr. 1:19. 64 Of: onervare, naamlik in goddelike dinge. 65 Of: onbevestigde, wat nie in die ware grondslag van die Christelike leer bevestig is nie. 66 Naamlik deur valse verklarings daarvan te gee, en verkeerde afleidings of gevolgtrekkings daaruit te maak. Sien Rom. 3:5, 8; 9:19; 11:1. 67 Waarmee nie na die oogmerk wat hulle daarmee het verwys word nie, maar na die uiteinde wat daarop sal volg. |
Noudat julle 68dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle 69op jul hoede wees dat julle nie miskien 70meegesleep word deur die dwaling 71van sedelose mense en 72wegval 73uit jul eie vastigheid nie.
| 68 Naamlik dat daar sulke verleiers en spotters sal opstaan, en dat hulle en hul volgelinge se uiteinde sodanig sal wees.
69 Gr. julle bewaar. 70 Of: saam weggelei. 71 Naamlik van valse leraars en spotters, wat aan geen wette onderworpe wil wees nie. 72 Naamlik deur die gesonde leer te verlaat, en sodanige dwalings aan te neem. Want hoewel dit seker is, dat dit vir die uitverkorenes onmoontlik is om so verlei te kan word, dat hulle heeltemal wegval, Matt. 24:24, het hulle nogtans sulke vermanings en waarskuwings nodig, om daardeur, soos deur gewone middele, opgewek en staande gehou te word, sodat hulle nie wegval nie. Sien 1 Kor. 10:12, 13. 73 Dit is, van die vaste grondslag van jul geloof, wat julle eenmaal gelê het. |
Maar julle moet 74toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan 75Hom kom die heerlikheid toe, 76nou sowel as 77in die dag van die ewigheid. Amen.
| 74 Dit is, daagliks meer en meer in die Christelike leer toeneem. ’n Beeld geneem van kinders, wat geleidelik opgroei tot volle grootte en manlike ouderdom. Sien hieroor Ef. 4:13, 14.
75 Naamlik die Here Jesus Christus. En omdat hierdie lof net die enigste ware God toekom, is dit ’n duidelike bewys van die Godheid van Christus. 76 Dit is, in hierdie lewe. 77 Dit is, in die tyd ná hierdie lewe, wat vir ewig sal duur. |
Einde van die tweede algemene brief van PETRUS.
Die valse leraars.
MAAR1 daar was ook avalse profete onder 2die volk, net bsoos daar 3onder julle valse leraars sal wees wat 4verderflike 5ketterye 6heimlik sal 7invoer, en ook 8die Here 9wat hulle gekoop het, 10verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring;
| a Deut. 13:1.
b Matt. 24:11. Hand. 20:29. 1 Tim. 4:1. 2 Tim. 3:1. |
1 Dit is, net soos daar opregte profete onder God se volk was, aan wie se Skrifte ons ons moet hou, 2 Petr. 1:19, so was daar ook valse profete, wat ’n mens moes vermy, Deut. 13:1, ens.
2 Naamlik die volk van God, of die Joodse volk. 3 Naamlik Christene. Sodat die toestand van die gemeente, wat dit betref, nie beter sal wees in die Nuwe Testament as wat dit in die Ou Testament was nie. 4 Gr. ketterye van die verderf, ’n Hebreeuse spreekwyse. 5 Sien Hand. 5:17 se kanttekening oor hierdie woord. Uit wat volg blyk dat hy hier spreek van ketterye wat nie net die geloof nie, maar ook die leer van die Christelike lewe betref. 6 Of: van die kant af, of: van bo af, naamlik bo en teen die gesonde leer. 7 Naamlik in die gemeente, of onder die Christene. 8 Gr. Despoten, sien oor hierdie woord Hand. 4:24. Jud. vers 4 en die kanttekeninge. 9 Hier word gesê dat hulle deur die Here gekoop is, aangesien hulle hul vir sodanig uitgee en deur ander met ’n oordeel van liefde daarvoor gehou word, vir solank as hulle in die gemeenskap van die kerk was. Sien dergelike spreekwyse in Joh. 15:2. Openb. 22:19. Want Christus het waarlik en inderdaad slegs sy gemeente gekoop deur sy bloed, Hand. 20:28. Ef. 5:25, dit is, slegs die ware gelowiges, wat altyd by Christus bly, en Hom nie verloën nie. Sien 1 Joh. 2:19. Openb. 14:3, 4. 10 Naamlik deur die daad, en met hul valse leer en slegte lewe, hoewel hulle Hom met die mond sou kon bely. Sien Tit. 1:16. Jud. vers 4. |
en baie sal 11hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal 12die weg van die waarheid 13gelaster word;
| 11 Gr. apoleiais, dit is, hulle verderflike leringe en verleidinge. Ander lees aselgeiais, dit is, hulle ontugtigheid of lossinnigheid.
12 Dit is, die ware Christelike leer en godsdiens, wat die weg tot die ewige saligheid aanwys. Sien oor hierdie benaming Hand. 9:2; 19:9; 22:4. 13 Naamlik deur hulle, deur die waarheid te weerspreek en te beskuldig; sowel as deur ander, wat uit hul bose leer en goddelose lewe oorsaak sal hê om die Christelike godsdiens te laster. |
en 14uit hebsug sal 15hulle met 16verdigte woorde 17voordeel uit julle trek. cOor hulle is 18die oordeel 19van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
| c Jud. vers 4. | 14 Naamlik aangevuur, dit is, ter wille van vuil wins, Tit. 1:11.
15 Naamlik die valse leraars. 16 Dit is, geveinsde, soet en vleiende woorde, soos in Rom. 16:18. 17 Gr. julle handelsbedrywighede, dit is, julle daarmee as ’t ware te verkoop, Openb. 18:13, om voordeel uit julle te trek; hulle begeer nie jul saligheid nie, maar jul goedere. 18 Dit is, die straf, soos in 1 Kor. 11:29, naamlik tydelike en ewige; soos die volgende woorde verklaar. 19 Dit is, wat al lankal oor hulle besluit is, en sekerlik oor hulle sal kom. |
20Want as God ddie engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan 21kettings van duisternis oorgegee het, om 22vir die oordeel in bewaring gehou te word;
| d Jud. vers 6. Openb. 20:3. | 20 Hierdie volgende vyf verse word saamgevat in vers 9.
21 Naamlik soos gevange misdadigers met kettings bewaar word in die duister gevangenisse, totdat hulle daaruit gehaal word om gestraf te word. 22 Naamlik vir die laaste oordeel. Of: vir die ewige straf. |
en die 23ou wêreld nie gespaar het nie, maar eNoag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
| e Gén. 7:23. 1 Petr. 3:19. | 23 Dit is, die mense van die eerste wêreld, voor die sondvloed. Sien Génesis 6; 7. |
en deur die stede fvan Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle 24tot ondergang 25veroordeel het en 26as ’n voorbeeld gestel het vir 27die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
| f Gén. 19:24. Deut. 29:23. Jes. 13:19. Jer. 50:40. Eség. 16:49. Hos. 11:8. Amos 4:11. Jud. vers 7. | 24 Dit is, met ’n totale verwoesting van mense en stede.
25 Dit is, gestraf, of verdoem. 26 Naamlik van God se regverdige toorn en straf oor die goddeloosheid. 27 Naamlik dat hulle ook ’n soortgelyke straf sal oorkom. |
en 28die regverdige Lot gered het, gwat hom baie 29gekwel het oor 30die losbandige lewe 31van die sedelose mense;
| g Gén. 19:7, 8. | 28 Dit is, die vrome en godsalige Lot.
29 Of: vermoei, uitgeput. 30 Gr. die lewe in losbandigheid. 31 Die Griekse woord beteken mense wat nie na reg of na rede vra nie en volgens geen wette leef nie. |
want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel h32gepynig oor hulle wettelose werke —
| h Ps. 119:158. | 32 Gr. gepynig deur die sien en hoor in die wettelose werke. |
idie Here 33weet om die godsaliges uit 34versoeking te verlos en 35die onregverdiges te bewaar vir die dag 36van oordeel 37om gestraf te word;
| i 1 Kor. 10:13. | 33 Dit is, wil en kan; soos Hy ook dikwels getoon het.
34 Dit is, verdrukking, waardeur God hulle op die proef stel. Sien Jak. 1:2. 1 Petr. 1:6. 35 Naamlik wat sodanig is en bly, sonder om hulle te bekeer van hul ongeregtigheid. Sien Eség. 18:21. 36 Dit is, van die laaste oordeel, waarin hulle oorgegee sal word om beide na siel en liggaam vir ewig gestraf te word. 37 Of: wat reeds gestraf word, naamlik nou reeds na die siel, ná hul dood. |
en 38veral die wat 39die vlees 40in vuile begeerlikheid agternaloop en 41die heerskappy verag. Vermetel en 42aanmatigend, skroom hulle nie om 43die heerlike wesens te belaster nie,
| 38 Dit is, vernaamlik, of: allerergste.
39 Dit is, die vleeslike onkuisheid. 40 Gr. in begeerlikheid van besmetting, bevlekking, waarmee nie net die siel nie, maar ook die liggaam besmet word. Sien 1 Kor. 6:18. 41 Dit is, hulle wat die owerheid uitmaak. 42 Of: eiesinnig. Sien oor hierdie woord Tit. 1:7 se kanttekening. 43 Gr. die heerlikhede. Sommige verstaan dit as die heerskappye, wat in heerlikheid gestel is onder die mense. |
terwyl 44die engele, hoewel 45groter in sterkte en krag, 46geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.
| 44 Dit is, die goeie engele, onder wie Mígael as ’n voorbeeld voorgehou word, Jud. vers 9.
45 Naamlik as wat enige mens is. 46 Dit is, wat hulle sê teen diegene wat die owerheid uitmaak, nie met lasterlike woorde voorstel nie. |
kMaar 47hulle sal, lomdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat 48die natuur volg, 49gebore 50om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid 51te gronde gaan
| k Jer. 12:3.
l Jud. vers 10. |
47 Naamlik die valse leraars.
48 Gr. natuurlike, dit is, wat die instinkte en luste van hul natuur volg; waarin die valse leraars dieselfde is, omdat hulle ook so die luste van hul verdorwe natuur volg. 49 Gr. geteel, of: voortgebring, dit is, soos redelose diere nie anders kan verwag as om deur mense gevang en doodgemaak te word nie, so het hierdie valse leraars ook geen ander verwagting nie, as om deur God met ’n ewige verderf gestraf te word; soos hierna verklaar word. 50 Gr. tot vang en vernietiging. 51 Dit is, verlore gaan; of: in hul verderf verlore gaan. |
en 52die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die 53weelderigheid oordag ’n genot; hulle is 54skandvlekke en smette, weelderig in hul 55bedrieërye 56as hulle met julle saamsmul;
| 52 Naamlik die ewige dood en verdoemenis, wat die ongeregtigheid volgens God se regverdige oordeel verdien; soos die ewige lewe daarenteen ’n kroon van die geregtigheid genoem word wat uit genade gegee word, 2 Tim. 4:8.
53 Dit is, lekker lewe, drink en smul, soos die ryk man gedoen het, Luk. 16:19. 54 Naamlik deurdat hulle die Christelike naam gebruik, maar hulle bevlek dit met hul bose lewenswandel. 55 Gr. apatais, dit is, bedrieglike verleidinge. 56 Of: as hulle saam met julle fees hou; dit is, deur julle as ’n gas genooi is, of gemeenskaplike maaltye met julle te deel. |
met oë 57vol van owerspel, 58wat nie ophou om te sondig nie; hulle 59verlok 60onvaste siele, hulle het ’n hart geoefen in hebsug, hulle is 61kinders van die vervloeking.
| 57 Dit is, wat duidelik hul geneentheid tot onkuisheid toon, en waarmee hulle na ander vroue kyk, om hulle te begeer. Sien Matt. 5:28.
58 Gr. onophoudelik van sonde, dit is, wat voortdurend met die onkuise rondkyk en begeer van ander vroue die hart tot owerspel opwek, en dit ook met die hart pleeg. 59 Naamlik met mooi praatjies, soos met lokaas. 60 Naamlik in die waarheid of godsaligheid. 61 Dit is, vervloekte mense; soos in Joh. 17:12. Ef. 2:2. Kol. 3:6. 2 Thess. 2:3. 1 Petr. 1:14. |
Hulle het 62die regte pad verlaat en verdwaal, en m63die weg gevolg van Bíleam, die seun van 64Beor, wat 65die loon van ongeregtigheid 66liefgehad het,
| m Núm. 22:7, 21. Jud. vers 11. | 62 Naamlik van die saligheid, of van die godsaligheid, wat tot die saligheid lei.
63 Dit is, die handelswyse. Sien 1 Kor. 4:17. Jud. vers 11. 64 Gr. Bosor. Hy word in Núm. 22:5 Beor genoem. 65 Dit is, wat Balak hom belowe het om ’n onregverdige ding te doen, naamlik om die volk van God te vloek. 66 Dit is, uit gierigheid, om daardie loon te verkry, teen God se wil en sy eie gewete. |
maar die bestraffing van sy eie oortreding ontvang het: n67die stom lasdier het met die stem van ’n mens 68gepraat en die waansinnigheid van 69die profeet verhinder.
| n Núm. 22:21. | 67 Dit is, die eselin waarop hy gery het.
68 Gr. geluid gemaak. 69 Naamlik Bíleam, wat ’n profeet genoem word, maar ook ’n waarsêer in Jos. 13:22, omdat hy as sodanig by die Moabiete beskou was, soos die profete beskou was by die volk van God, hoewel hy ook deur God se inspraak van die Messías geprofeteer het, Núm. 24:17. Sien dergelike in Joh. 11:51. |
oHulle is 70waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ’n stormwind, vir 71wie 72die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
| o Jud. vers 12. | 70 Dit is, lyk wel soos fonteine, maar gee geen water nie; deur hierdie beeld word hul skynheiligheid en geveinsdheid beskryf, soos hul onbestendigheid in die volgende beeld.
71 Naamlik die valse leraars. 72 Dit is, baie groot duisternis, wat ook die buitenste duisternis genoem word, Matt. 8:12; 22:13; 25:30, waardeur die hel aangedui word. |
Want 73deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle 74deur begeerlikhede van die vlees en 75ongebondenheid die wat 76waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
| 73 Gr. trotse dinge van onsin, dit is, stel hul valse en ydele leer vermetel en met groot hoogmoed voor.
74 Gr. in. 75 Of: lossinnigheid, onkuisheid. 76 Dit is, wat nou inderdaad die kennis van die suiwer waarheid het. Ander lees in die plek van ontoos, dit is, waarlik, oligon, dit is, ’n bietjie. |
Hulle belowe 77vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe 78van die verdorwenheid is; pwant waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword.
| p Joh. 8:34. Rom. 6:16. | 77 Naamlik ’n vleeslike vryheid onder die dekmantel van die evangelie.
78 Naamlik wat in hulle is en heers; of: van die ewige verderf. Want albei is waar in verskillende opsigte. |
qWant as 79hulle, nadat hulle 80deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, 81die besmettinge van die wêreld 82ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en 83oorwin word, rdan het vir hulle 84die laaste erger geword as 85die eerste.
| q Hebr. 6:4; 10:26.
r Matt. 12:45. |
79 Sommige meen die valse leraars, terwyl ander meen diegene wat deur die valse leraars verlei is.
80 Naamlik wat hulle verkry het deur die verkondiging van die evangelie, wat die onwedergeborenes dikwels ook het. Sien Matt. 13:19, 20, ens. 81 Dit is, die dwalinge, afgoderye en growwe sondes, waarin hulle tevore vasgevang was, en wat in die wêreld is. 82 Naamlik deur hulle af te keer van hierdie dwalinge, sondes en afgoderye, na die kerk van God, wat die geveinsdes en onwedergeborenes ook dikwels doen. 83 Naamlik só dat hulle weer daarin verval en daarin bly, sonder om hul daarvan te bekeer, terwyl hulle hierdie sondes oor hul laat heers. 84 Dit is, hierdie laaste toestand, waarin hulle verkeer wanneer hul van die waarheid afvallig geword het. Sien Luk. 12:47. 85 Dit is, hul eerste toestand, waarin hulle verkeer het voordat hulle die waarheid geken het. Sien Luk. 12:48. |
Want dit sou vir hulle beter wees as hulle 86die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige 87gebod wat aan hulle oorgelewer is.
| 86 Dit is, die leer van die evangelie, wat tevore die weg van die waarheid genoem is, vers 2.
87 Dit is, die heilige leer van die evangelie, wat nie net in beloftes bestaan nie, maar ook in gebooie; die apostel spreek op hierdie manier, omdat die valse leraars die mense verlei het, nie net weg van die waarheid nie, maar ook na allerlei goddeloosheid. |
Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: sDie hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
| s Spr. 26:11. |
LÊ1 adan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;
| a Matt. 18:3. Rom. 6:4. 1 Kor. 14:20. Ef. 4:23. Kol. 3:8. Hebr. 12:1. | 1 Naamlik omdat julle wedergebore is uit hierdie onverganklike saad van die lewende God. Want hierdie vermaning volg uit dit wat in die voorgaande hoofstuk gesê is. |
en 2verlang sterk 3soos pasgebore kindertjies na die 4onvervalste melk 5van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,
| 2 Naamlik na julle geestelike voedsel, en versterking van die nuwe mens, wat reeds in julle is.
3 Dit is, soos mense wat nou kort gelede deur God se Gees en Woord wedergebore is. 4 Petrus voeg dit by, want, soos die suiwer melk die regte voeding gee, net so gee ook die Woord van God, wat onvervals is, die regte voeding vir die siel en die geestelike mens. 5 Dit is, die geestelike melk, gestel teenoor die liggaamlike melk, wat die pasgebore kindertjies begeer. Ander verstaan dit as woordelike melk, dit is, wat in die Woord van God bestaan, om aan te dui dat, soos die Woord van God die geestelike saad van ons wedergeboorte is, dieselfde Woord ook die geestelike voedsel daarvan is. Die Griekse woord logikon wat hier vertaal word met van die woord, word in Rom. 12:1 vertaal met redelike. |
as julle ten minste b6gesmaak het dat 7die Here goedertieren is.
| b Ps. 34:9. | 6 Dit is, gevoel het, gewaargeword het in julle gemoed, naamlik deur die krag van God se Woord en Gees. Hy gaan dan nog voort in die beeld van die kinders, wat deur hul smaak die regte melk van hulle moeders maklik van die vervalste melk kan onderskei, deur die een aan te neem, en die ander te verwerp. Sien Joh. 10:4, 5.
7 Naamlik Jesus Christus, soos die volgende vers dit stel. |
cKom na 8Hom toe, 9die lewende steen wat 10deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;
| c Ef. 2:20. | 8 Naamlik die Here Jesus, soos die volgende verse dit stel.
9 Dit is, die geestelike steen. Christus word so genoem teenoor die lewelose stene van die seremoniële tempel, wat ’n afbeelding van die geestelike huis van God was, dit is, van sy gemeente, waarin God met sy Gees en genade woon, 1 Kor. 3:16, waarvan Christus die fondament is, 1 Kor. 3:11, en die hoeksteen, op wie sowel Jode as heidene tot ’n tempel van God gebou word. Sien ook Ef. 2:20-22. 10 Dit is, deur ’n groot deel van die mense, wêreldse en ongelowige, veral die Jode en hul owerstes. |
en laat julle ook soos 11lewende stene 12opbou, tot d’n geestelike huis, e’n heilige priesterdom, 13om fgeestelike offers te bring wat aan God welgevallig is 14deur Jesus Christus.
| d Hebr. 3:6.
e Openb. 1:6; 5:10. f Rom. 12:1. Hebr. 12:28. |
11 Dit is, geestelike stene, soos hierna verklaar word.
12 Dit is, meer en meer deur die geloof verenig. 13 Naamlik van dankbaarheid, wat in die Nuwe Testament slegs van alle gelowiges vereis word; so is daar die offer van ons liggame, dit is, van onsself, vir die Here tot ’n eiendom, Rom. 12:1, 2, en die lofoffer en offer van ons gebede voor God, asook van die weldadigheid teenoor ons naaste, vers 9. Hebr. 13:15, 16. Openb. 8:3, 4. 14 Want soos ons persoon nie vir God aangenaam is behalwe deur die geloof in Jesus Christus nie, Rom. 5:1; 8:39, so kan ons werke, vanweë hul onvolmaaktheid, ook nie God behaag nie, behalwe as dit in Christus Jesus is, en om sy ontwil. Sien Hebr. 11:4; 13:15, 21. |
15Daarom staan dit ook in die Skrif: gKyk, Ek lê in Sion ’n uitverkore en kosbare 16hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal 17nooit beskaam word nie.
| g Jes. 28:16. | 15 Naamlik ten dele in Jes. 8:14 en 28:16, en ten dele in Ps. 118:22, waaruit die apostel Petrus hierdie woorde aanhaal, terwyl hy enkele woorde uitlaat, wat nie gedien het tot sy voorneme nie, tog gee hy die betekenis daarvan suiwer weer. Ander vertaal: Daarom vervat Hy (naamlik God) ook in die Skrif.
16 Sien hieroor vers 4 se kanttekening. 17 Dit is, nie in sy verwagting bedrieg word nie; soos in Rom. 5:5; 10:11. |
Vir julle dan wat glo, is Hy 18kosbaar; 19maar vir die ongelowiges geld die woord: hDie steen wat die bouers verwerp het, 20dit het ’n hoeksteen geword; en: i21’n Steen van aanstoot en ’n rots van struikeling —
| h Ps. 118:22. Matt. 21:42. Hand. 4:11.
i Jes. 8:14. Rom. 9:33. |
18 Of: heerlik. Gr. kosbaarheid, of heerlikheid; dit is, baie heerlik of kosbaar.
19 Naamlik in Ps. 118:22. Jes. 8:14. Sien die verklaring daarvan in Matt. 21:42. Ef. 2:20. 20 Naamlik vir God se gemeente, nieteenstaande alle weerstand en oproer wat die ongelowiges daarteen onderneem het. 21 Naamlik vir die ongelowiges, wat hulle deur ongeloof teen hierdie steen gekant het, soos die volgende vers verklaar. |
vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, 22waarvoor hulle ook bestem is.
| 22 Dit is, waarvoor hulle ook verordineer is, soos die woord bestem of aanstel ook gebruik word in Joh. 15:16. Hand. 13:47. 1 Thess. 5:9. Nie dat God iemand sou bestem of ordineer om aan sy Woord ongehoorsaam te wees nie (aangesien dit sonde sou wees), want dit sou teen God se natuur stry, Ps. 5:5. Jak. 1:13; maar omdat God hierdie halsstarrige mense deur sy regverdige oordeel aan hul halsstarrigheid oorgegee het, om hul ongehoorsaamheid teenoor Christus meer en meer bloot te lê, Luk. 2:34, en dat hulle hul sodoende die verdiende straf en toorn van God met hul ongehoorsaamheid meer en meer op die hals haal. Sien Jes. 8:14. Matt. 21:44. Rom. 1:24 en 9:17 se kanttekeninge. |
kMaar 23julle is 24’n uitverkore geslag, l25’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, 26’n volk as eiendom verkry, om te verkondig 27die deugde van Hom wat julle 28uit die duisternis geroep het 29tot sy wonderbare lig,
| k Ex. 19:5. Deut. 7:6; 14:2; 26:18. Ef. 1:14.
l Openb. 1:6; 5:10. |
23 Naamlik die wat Christus met ’n ware geloof aangeneem het.
24 Dit is, al hierdie voorregte en eretitels, wat ten opsigte van die uiterlike verbond aan die hele volk Israel deurgaans gegee word, en in die besonder in Ex. 19:5, 6. Deut. 26:18, 19, kom julle inderwaarheid toe. Sien ook Mal. 3:16, 17. Rom. 9:8. 25 Dit is, konings en priesters, soos Johannes spreek in Openb. 1:6. Moses sê in Ex. 19:6: ’n koninkryk van priesters. Maar die apostel volg hier die Griekse vertaling, omdat dit dieselfde betekenis het. 26 Gr. ’n volk tot verkryging, dit is, wat God vir Hom deur sy bloed as eiendom verkry het, Hand. 20:28. 27 Dit is, die eienskappe, naamlik die wysheid, mag, regverdigheid, genade en barmhartigheid van God. 28 Naamlik van onwetendheid en natuurlike boosheid. 29 Dit is, tot heiligheid en ware kennis van God. Sien Hand. 26:18. |
m30julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
| m Hos. 1:10; 2:22. Rom. 9:26. | 30 Hierdie woorde is geneem uit Hos. 2:22. Die apostel verklaar dit hier van die verstrooide Jode wat tot Christus bekeer is, en Paulus, Rom. 9:25, ook van die bekeerde heidene, wat nou albei een volk van God in Christus is, Ef. 2:13, ens. |
Die eerbare lewenswandel onder die heidene. Onderwerping aan die owerheid.
GELIEFDES, ek vermaan julle 31as bywoners en vreemdelinge nom julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer 32teen die siel;
| n Rom. 13:14. Gal. 5:16. | 31 Of: inwoners, sien oor hierdie woord 1 Petr. 1:17 se kanttekening.
32 Dit is, teen die saligheid van die siel, naamlik om dit te verderf. Hier bedoel Petrus ’n stryd van buite af. Paulus bedoel ’n ander saak in Rom. 7:23. Gal. 5:17, as hy die innerlike stryd van die vlees en die Gees teenoor mekaar beskryf. |
oen hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, psodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, qhulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik r33in die dag van besoeking.
| o Rom. 12:17. 2 Kor. 8:21. Filip. 2:15.
p Tit. 2:8. 1 Petr. 3:16. q Matt. 5:16. r Luk. 1:68; 19:44. |
33 Dit is, in die tyd as die Here hulle deur sy genade tot bekering sal besoek. Sien dergelike in Luk. 1:68; 19:44. Ander verstaan dit as die dag waarop die gelowiges deur die ongelowiges versoek of vervolg word; omdat dit dikwels gebeur dat die vervolgers, as hulle die godsaligheid en lydsaamheid van die vervolgdes sien, daardeur tot nadenke gebring word, en dat hulle God, wie se kinders hulle tevore vervolg het, selfs begin prys. |
sWees dan 34onderdanig aan elke 35menslike verordening 36ter wille van die Here — of dit 37die koning is as opperheer,
| s Rom. 13:1. Tit. 3:1. | 34 Naamlik in alles wat hulle jul beveel, indien dit nie met God en sy bevel in stryd is nie. Sien Hand. 4:19.
35 Gr. menslike skepping; sommige meen dat hierdie woorde die owerheid self aandui, wat so genoem word omdat dit uit mense bestaan en gewoonlik deur mense daargestel word. Ander verstaan dit as die verordeninge en wette wat die owerheid tot onderhouding van die burgerlike samehorigheid en welvaart opstel. Maar die eerste verklaring kom des te beter met die volgende woorde ooreen. 36 Dit is, omdat dit God se wil is om julle deur hulle te regeer. Sien Rom. 13:1. 1 Tim. 2:2. 37 Hierdeur word die Romeinse keiser verstaan, onder wie se heerskappy die provinsies in daardie tyd gestaan het. |
of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te 38straf, maar die wat goed doen, te prys.
| 38 Of: wraak (wreek). |
Want so is dit die wil van God tdat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense 39tot swye sal bring,
| t Tit. 2:8. | 39 Dit is, sodat hulle geen rede het om teen julle te laster nie. ’n Beeld geneem van perde of bulle, in wie se bekke ’n mens ’n stang sit, of muilband, om hulle te keer om kwaad te doen. Sien Matt. 22:34. 1 Kor. 9:9. |
v40as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ’n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.
| v Joh. 8:32. Rom. 6:18. Gal. 5:1. | 40 Dit is, wel deur Christus van die heerskappy van die duiwel en van die sonde vrygemaak, maar nie om julle onder hierdie dekmantel aan die gehoorsaamheid van die owerhede te onttrek, of kwaad te doen nie; maar om God te dien en sy wette te gehoorsaam. |
xJulle moet almal 41eer, y42die broederskap liefhê, God vrees, zdie koning eer.
| x Rom. 12:10. 1 Petr. 5:5.
y Rom. 12:10. Ef. 4:3. Hebr. 13:1. 1 Petr. 1:22. z Matt. 22:21. |
41 Naamlik met die eer wat hulle volgens hul aansien en beroep toekom.
42 Dit is, die broeders en hul Christelike byeenkomste; soos in 1 Petr. 5:9. |
Pligte van Christelike diensknegte.
aDIENSKNEGTE, wees julle here 43onderdanig 44met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan 45die wat verkeerd is.
| a Ef. 6:5. Kol. 3:22. 1 Tim. 6:1. Tit. 2:9. | 43 Naamlik in die Here, soos Paulus byvoeg, Ef. 6:1.
44 Naamlik nie net vir die straf nie, maar ook vir die oortreding van hul gebooie, en met sorgvuldigheid om hulle nie te vertoorn nie, soveel dit in julle vermoë is. 45 Gr. skolios, dit is, die verdraaides, krommes, slinkses. |
bWant 46dit is genade as iemand, 47ter wille van die gewete voor God, 48leed verdra deur onregverdig te ly.
| b Matt. 5:10. | 46 Naamlik by God, soos dit aan die einde van vers 20 daarby gevoeg word, naamlik, dit is vir God aangenaam.
47 Gr. ter wille van die gewete van God (verstaan hiermee die gewete van die mens ten opsigte van God), dit is, omdat hy hom in sy gewete daaraan verbind om God bo almal te dien en te gehoorsaam. 48 Gr. droefhede. |
Want 49watter roem is daar as julle verdra 50wanneer julle sonde doen en 51geslaan word? cMaar as julle verdra wanneer julle 52goed doen en ly — dit is genade by God.
| c 1 Petr. 3:14; 4:14. | 49 Naamlik voor God, soos aan die einde van die vers.
50 Dit is, as julle die wettige gebod van jul here verag of oortree. 51 Gr. met vuiste geslaan word. 52 Dit is, God dien en sy gebooie gehoorsaam. |
Want 53hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en djulle 54’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle 55sy voetstappe kan navolg;
| d Joh. 13:15. Filip. 2:5. 1 Joh. 2:6. | 53 Naamlik as dissipels van Christus, sodat julle sy kruis sou dra, Matt. 10:38; 16:24, ens.
54 Of: patroon, skryfvoorbeeld. ’n Beeld geneem van skilders of skryfmeesters. 55 Naamlik nie net in sy lyding nie, maar ook in sy lydsaamheid, soos hierna volg. |
eHy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;
| e Jes. 53:9. 2 Kor. 5:21. 1 Joh. 3:5. |
fwat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar 56dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;
| f Matt. 27:39. Joh. 8:48, 49. | 56 Dit is, sy saak oorgegee het, of: sy saak beveel het. Of: Homself oorgegee het, of: die wraak oorgegee het. |
gwat 57self ons sondes in sy liggaam 58op die kruishout gedra het, hsodat ons die sondes kan 59afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se 60wonde julle genees is.
| g Jes. 53:4. Matt. 8:17.
h Rom. 6:11. |
57 Naamlik as ’n offer vir ons sondes, om deur die straf wat Hy daarvoor na liggaam en siel gely het, die sondes te vernietig, soos die bok van versoening die sondes van die volk opgelê is, Lev. 16:21, en soos Jesaja daarvan profeteer, Jes. 53:4, en Paulus verklaar in 2 Kor. 5:21.
58 Gr. aan die hout. 59 Of: afskei, naamlik deur die krag van sy dood en sy voldoening. 60 Gr. wond, of: merk, streep, haal, naamlik wat Hy ter wille van ons gedra het; die apostel verkies doelbewus hierdie Griekse woord, aangesien die diensknegte, omdat hulle Christene was, dikwels dergelike slae en wonde van hul harde here moes verdra het. |
Want julle was i61soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en 62Opsiener van julle siele.
| i Jes. 53:6. Eség. 34:6. Luk. 15:4. | 61 Naamlik in julle onwetendheid en blindheid. Die apostel verwys hier na Jes. 53:6.
62 Gr. Episkopon, dit is, Opsigter of Opsiener, dit is, Hy wat sorg dra vir die saligheid van julle siele, al is dit so dat julle liggame hier dikwels mishandel word. Sien Matt. 10:28. |
Opskrif en seëngroet.
SÍMEON1 2Petrus, 3’n dienskneg en 4apostel van Jesus Christus, 5aan die wat 6net so ’n kosbare geloof 7as ons verkry het 8deur die geregtigheid van 9onse God en Saligmaker, Jesus Christus:
| 1 Of: Simon. Sien Matt. 4:18. Mark. 1:16.
2 Sien oor hierdie naam 1 Petr. 1:1 se kanttekening. 3 Sien Rom. 1:1. Filip. 1:1. Jak. 1:1. 4 Sien Luk. 6:13 en die kanttekening. 5 Dit is, aan die gelowige en verstrooide Jode, aan wie hy ook sy eerste brief geskryf het. Sien 2 Petr. 3:1. 6 Dit is, dieselfde kosbare geloof; want hoewel die geloof van die een dikwels groter en sterker is as van ’n ander, is alle geloof nogtans, solank dit ’n opregte geloof is, ewe kosbaar ten opsigte van dit waarop die geloof steun en van dit wat ’n mens deur die geloof verkry; waarom dit ook een geloof genoem word, Ef. 4:5. 7 Naamlik apostels en ander Jode, wat hier, of in Jerusalem en in die Joodse land, in Christus glo. Gr. saam met ons deur die lot verkry, Luk. 1:9. 8 Gr. in die geregtigheid, dit is, deur die waaragtigheid en standvastigheid van God in sy beloftes, dat Hy in sy koms in die vlees sommige van die Israeliete kragtig sou roep. Die geloof word dan nie verkry deur ons kragte of na ons verdienste nie, maar deur ’n genadige gawe van God, volgens sy beloftes en sy voorneme. Sien Ef. 2:8. 9 Sien oor hierdie twee titels Tit. 2:13 se kanttekening. |
aMag genade en vrede vir julle b10vermeerder word c11deur die kennis 12van God en Jesus, onse Here!
| a Rom. 1:7. 1 Petr. 1:2.
b 1 Petr. 1:2. Jud. vers 2. c Joh. 17:3. |
10 Sien 1 Petr. 1:2 se kanttekening.
11 Gr. in die kennis. Want in of deur hierdie kennis is die ewige lewe, Joh. 17:3. 12 Naamlik van die Vader, want Hy word in wat hierna volg onderskei van die Here Jesus, soos ook in Joh. 17:3. |
Vermaning om die Christelike deugde in beoefening te bring.
IMMERS, 13sy goddelike krag het ons alles 14geskenk wat tot 15die lewe en 16godsvrug dien, deur die kennis 17van Hom wat ons geroep het 18deur sy heerlikheid en deug,
| 13 Naamlik van God die Vader.
14 Naamlik slegs uit genade, sonder enige waardigheid of verdienste van ons kant; soos in vers 2. 15 Dit is, wat vir die ewige lewe nodig en nuttig is, om dit te verkry. 16 Dit is, om God reg te dien en ’n godvrugtige lewe te lei. 17 Naamlik van die Here Jesus Christus, aan wie ons roeping deur die verkondiging van die evangelie deurgaans toegeskryf word. 18 Of: tot heerlikheid en deug. Die Griekse woord dia beteken egter nie altyd tot nie, maar soms ook deur; soos in Rom. 6:4. Dit wil voorkom of dit wat die apostel pas tevore die lewe genoem het, hy nou hier heerlikheid noem; en wat hy godsvrug genoem het, noem hy nou deug. |
19waardeur Hy ons 20die grootste en kosbare beloftes 21geskenk het, dsodat julle 22daardeur deelgenote kan word van 23die goddelike natuur, 24nadat julle die 25verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
| d Jes. 56:5. Joh. 1:12. Rom. 8:15. Gal. 3:26. | 19 Of: omrede waarvan, naamlik van die gemelde weldade van God in vers 3. Ander lees deur wie, naamlik Jesus, onse Here.
20 Naamlik omdat daardeur die allergrootste en kosbaarste goed, naamlik die ewige saligheid beloof word, en dat dit die allerhoogste God is, wat nie kan lieg nie, wat dit beloof. 21 Dit is, uit genade gedoen, en die beloofde goed uit genade gegee; sien vers 3. 22 Naamlik deur die weldade en beloftes hiervoor gemeld. 23 Dit is, sulke goddelike eienskappe wat die skepsele meegedeel kan word en waarin die beeld van God bestaan, soos goedheid, heiligheid, wysheid, heerlikheid en dergelike, Ef. 4:23, 24. Kol. 3:10. Want andersins kan die wese van God nie aan enige geskape wesens meegedeel word nie. 24 Of: as julle maar die verdorwenheid ontvlug het. 25 Naamlik wat die ongelowiges en die ongodsdienstiges sal oorkom. Hier word verdorwenheid teenoor heerlikheid gestel, soos ook begeerlikheid teenoor deug, vers 3. Ander verstaan dit as die verdorwenheid van die menslike natuur. |
En juis 26daarom ook 27moet julle met 28aanwending van alle ywer 29by julle geloof voeg die 30deug, en by die deug die 31kennis,
| 26 Ander lees: daarvolgens.
27 Uit die voorgaande beskrywing van die weldade van God wat aan hulle bewys is, as die oorsaak en grond waardeur ons tot voortgang in die godsvrug aangespoor behoort te word, vermaan hy nou tot ’n ywerige voortgang daarin. Sommige vertaal dit so, asof hy in vers 3 en hier sê: Soos of omdat sy goddelike krag, ens., so wend alle ywer aan, ens. Sien dergelike in 1 Tim. 1:3. 28 Naamlik, bo en behalwe die voorgaande weldade en gawes van God, wend alle ywer aan om dit te bewaar en te vermeerder. 29 Gr. in; so ook in dit wat volg. 30 ’n Deugdelike en godvrugtige wandel. Sien vers 3. 31 Dit is, Christelike verstandigheid en onderskeiding. |
en by die kennis die 32selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die 33godsvrug,
| 32 Dit is, onthouding van oordaad in spys, drank, en van die begeerlikhede van die vlees.
33 Of: godsdienstigheid. |
en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die 34naasteliefde.
| 34 Dit word hier bygevoeg, omdat die Christene nie net hul medechristene en huisgenote van die geloof moet liefhê nie (hoewel vernaamlik hulle, Gal. 6:10), maar ook alle mense, selfs hul vyande, Matt. 5:44. Rom. 12:18. Sien dergelike beskrywing van die vernaamste Christelike deugde in Gal. 5:22. Filip. 4:8. |
Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan 35laat dit julle nie 36ledig of e37onvrugbaar 38tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;
| e Tit. 3:14. | 35 Gr. stel.
36 Naamlik soos diegene is wat nie werk nie. 37 Naamlik in goeie werke, wat vrugte is van die Heilige Gees en van die geloof, Matt. 3:8. Joh. 15:2, 16. Gal. 5:22. 38 Dit is, tot meerdere en oorvloediger kennis, soos in 2 Petr. 3:18. Of: in die kennis, dit is, in die Christengeloof. |
want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, fis 39blind en 40kortsigtig, en het die reiniging van sy 41vorige sondes 42vergeet.
| f Jes. 59:10. Sef. 1:17. | 39 Naamlik in sy verstand, aangaande die sake wat die ware geloofsleer en godsdiens betref. Sien Matt. 15:14. Openb. 3:17.
40 Anders: bysiende; dit is, wat niks kan sien behalwe dit wat naby sy oë gehou of gebring word nie, en sy oë amper sluit. Daarmee gee hy te kenne, indien so iemand iets in die Christelike godsdiens sou kon sien, dat dit niks anders as ’n baie klein en donker sig is, wat die hemelse dinge nie kan waarneem nie. 41 Gr. wat voorheen begaan is, naamlik voor die bekering tot die Christendom of voor die doop, in sy onwetendheid en blindheid; wat hy om hierdie rede daarna nog yweriger behoort te vermy, noudat hy ’n Christen geword het. 42 Gr. het vergeetagtigheid geneem, dit is, het nie nagedink waartoe die doop, waardeur die reiniging van die sondes beteken en verseël word, hom verplig, of wat hy in sy doop belowe het nie. |
Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle 43roeping en verkiesing 44vas te maak; want as julle dit doen, sal julle 45nooit struikel nie.
| 43 Hoewel die roeping tydsgewys op die verkiesing volg, aangesien die verkiesing van ewigheid af is, Ef. 1:4, en die roeping in die tyd gebeur, word die roeping nogtans hier vooropgestel, omdat ons daaruit verseker word van ons verkiesing, Rom. 8:30.
44 Naamlik nie ten opsigte van God nie, Jes. 14:27; 46:10. Rom. 11:29. 2 Tim. 2:13, maar ten opsigte van onsself, om nog meer verseker te mag wees dat ons deur God uitverkies is tot die saligheid. Sommige manuskripte voeg by: deur die goeie werke, naamlik soos deur die vrugte, waaraan ’n goeie boom geken word, Matt. 7:17, 18. 45 Naamlik só, dat julle heeltemal uit die genade van God sal val nie. Sien Ps. 37:24. Jud. vers 24. Want andersins struikel ons almal dikwels, Jak. 3:2. ’n Beeld geneem van diegene wat in ’n wedloop hardloop. Sien 1 Kor. 9:24. |
Want so sal ryklik aan julle verleen word 46die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.
| 46 Dit is, die versekering dat julle ware en opregte onderdane van hierdie koninkryk is, en dat daar ook in die koninkryk van die heerlikheid in die hemel ’n ryk beloning uit genade aan julle gegee sal word. Sien 2 Kor. 9:6. |
Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd 47hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en 48vasstaan in 49die waarheid wat by julle is.
| 47 Gr. julle van hierdie dinge gedagtig te maak.
48 Dit is, dit grondig verstaan, en volkome oortuig is van die waarheid daarvan. 49 Gr. die teenwoordige waarheid, naamlik wat vroeër wel beloof is, maar nou deur Christus se koms volkome geopenbaar, vas geglo en openlik bely word deur die gelowiges. |
En ek beskou dit as 50reg, so lank as ek 51in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering g52op te wek,
| g 2 Petr. 3:1. | 50 Dit is, soos my amp en julle saligheid dit vereis.
51 Dit is, in hierdie lewe is, waarin my siel in hierdie liggaam van my woon soos in ’n tentwoning, wat spoedig afgebreek sal word, en waaruit ek spoedig sal verhuis. Sien 2 Kor. 5:1. 52 Dit sê die apostel omdat die gelowiges dikwels traag en slaperig is in die betragting van hul verskuldigde plig, en nodig het om dikwels daaruit as ’t ware opgewek te word deur vermanings. Gr. in gedagtigmaking. |
homdat ek weet dat 53die aflegging van my tentwoning 54ophande is, isoos onse Here Jesus Christus dit ook aan 55my bekend gemaak het.
| h 2 Tim. 4:6.
i Joh. 21:18, 19. |
53 Dit is, my dood en afsterwe. Sien die voorgaande vers.
54 Gr. haastig is. 55 Die apostel verwys óf na die openbaring wat die Here Jesus aan hom gegee het van die wyse van sy dood, Joh. 21:18, 19, óf na ’n ander openbaring aangaande die tyd van sy dood wat daarna deur die Here aan hom gegee is, wat nie beskryf is nie. |
En ek sal my beywer, dat julle 56ook gedurig 57ná my heengaan hierdie dinge in 58gedagtenis kan hou.
| 56 Of: altyd, by elke geleentheid. Sommige voeg dit by die woorde: my beywer.
57 Naamlik uit hierdie lewe, dit is, ná my dood. 58 Of: melding kan maak; naamlik as julle hierdie brief van my lees, wat ek met dié doel geskryf het. |
kWant ons het nie kunstig verdigte 59fabels nagevolg toe ons julle 60die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, lmaar ons was aanskouers 61van sy majesteit;
| k 1 Kor. 1:17; 2:1, 4; 4:20.
l Matt. 17:1. Joh. 1:14. 1 Joh. 1:1. |
59 Naamlik soos die valse leraars gewoonlik doen. Gr. Want deur nie kunstige fabels na te volg nie, het ons aan julle, ens.
60 Dit is, die eerste koms van Christus in die vlees, waarin Hy deur sy leer en wondertekens kragtig getoon, en die harte van die mense oortuig het, dat Hy die ware beloofde Messías was, in die besonder ook deur sy opstanding uit die dode en daaropvolgende verheerliking. 61 Dit is, van die bewys van sy heerlikheid, toe Hy op die berg voor die oë van drie van sy dissipels verander is, Matt. 17:1, 2, soos die volgende verder verklaar. Sien Hebr. 8:1. |
want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem 62uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: mDit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.
| m Matt. 3:17; 17:5. Mark. 1:11; 9:7. Luk. 3:22; 9:35. Kol. 1:13. | 62 Dit is, van die majesteit van God die Vader, uit die hemel, wat die troon is van sy majesteit en heerlikheid. |
En hierdie stem het 63ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op 64die heilige berg was.
| 63 Naamlik ek (Petrus), Jakobus en sy broer, Johannes. Sien Matt. 17:1.
64 Die mening is dat hierdie berg die berg Tabor is; sien Matt. 17:1 se kanttekening; en dit word heilig genoem omdat dit geheilig is deur hierdie verskyning van die heerlikheid van Christus, soos die stad Jerusalem die heilige stad genoem word, Matt. 4:5, omdat God sy diens en heiligdom daar gevestig het. Sien dergelike in Ex. 3:5 en die kanttekening. |
En ons het 65die profetiese woord 66wat baie vas is, waarop julle tog 67moet ag gee nsoos op 68’n lamp wat 69in ’n donker plek skyn, totdat 70die dag aanbreek en odie 71môrester 72opgaan in julle harte;
| n 2 Kor. 4:6.
o Openb. 22:16. |
65 Naamlik wat beskryf staan in die Skrifte van die profete; wat oorvloediglik getuig van die krag en koms van Christus. Sien Luk. 1:70. Joh. 5:39. Hand. 10:43. Rom. 1:2. 1 Petr. 1:10.
66 Gr. wat vaster is; wat verstaan kan word soos dit hier staan; in vergelyking van hierdie getuienis van Petrus, ten opsigte van die Jode, soos in Hand. 17:11; of volgens ’n Hebreeuse spreekwyse: rotsvas of baie vas, naamlik om ons geloof daarop te bou, soos op baie stewige grond, Ef. 2:20, hierdie verklaring is die eenvoudigste. 67 Of: julle daaraan hou. 68 Of: ’n lig, soos die Skrif ook elders genoem word, Ps. 19:9; 119:105. Spr. 6:23, omdat dit die middel is waardeur ons verlig word met die kennis van die saligheid. 69 Dit is, in die harte van die mense, wat van nature verduister, ja, die duisternis self is, in sake wat die saligheid aangaan, Joh. 1:5. 1 Kor. 2:14. Ef. 4:17, 18, waarvan die oorblyfsels steeds in die wedergeborenes is solank hulle nog hier op aarde leef, 1 Kor. 13:9, ens. 70 Gr. die dag deurskyn, dit is, deurbreek; deur hierdie dag word die tyd van die volmaakte kennis in die toekomende lewe verstaan. 71 Dit is, Christus, wat in ons sal opgaan in sy volmaaktheid in die toekomende lewe, soos God die lig, en die Lam die lamp en môrester van die hemelse Jerusalem genoem word, ten opsigte van die volle kennis wat ons dan deur Hom sal ontvang, Openb. 21:23; 22:5, 16. 72 Dit is, sodat julle daardeur volkome verlig mag word. |
terwyl julle 73veral dít moet weet, dat 74geen profesie van die Skrif ’n saak van 75eie uitlegging is nie;
| 73 Dit is, in die besonder en veral ongetwyfeld aanvaar.
74 Gr. alle profesie van die Skrif is nie, ens. ’n Hebreeuse spreekwyse, soos in Rom. 3:20. Dit is, geen profetiese Skrif nie. 75 Gr. epilusis, dit is, ontvouing, uitlegging. Die apostel gebruik hierdie woord, wat óf die uitlegging beteken wat deur die profete self gedoen word met die voorstelling van hul profesieë, waardeur hulle nie hul eie goeddunke aan die mense uitlê en verklaar nie, maar die raad van God; nie wat hul eie gemoed nie, maar wat die Gees van God hulle ingee; óf ook die uitlegging van die profetiese Skrifte wat deur ander daaroor gedoen word, wat nie volgens menslike vernuf gedoen word nie, maar volgens die eenparige betekenis van die Heilige Skrif, wat self sy eie bedoeling die allerbeste verklaar. |
want geen 76profesie is ooit 77deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, p78deur die Heilige Gees 79gedrywe, het die heilige 80mense van God 81gespreek.
| p 2 Tim. 3:16. | 76 Dit is, profetiese leer.
77 Dit is, deur menslike goeddunke of ingewing, volgens wat hulle as mense wou gehad en goedgevind het. 78 Naamlik die Gees van die waarheid, wat hulle in alle waarheid gelei het, soos Hy ook aan die apostels beloof is, Joh. 15:26; 16:13. 79 Dit is, deur ’n besondere en buitengewone openbaring van die raad van God opgewek en aangedryf, om dit aan die mense bekend te maak. 80 So word die profete en leraars genoem, omdat God hierdie mense in die besonder in sy huis en tot sy diens gebruik. Sien 2 Kon. 1:9, ens. 1 Tim. 6:11. 2 Tim. 3:17. 81 Naamlik hul profetiese leer, en dit ook op skrif gestel en aan ons nagelaat. |
Opskrif en seëngroet.
PETRUS,1 ’n apostel van Jesus Christus, aan 2die vreemdelinge van adie verstrooiing 3in Pontus, Galásië, Kappadócië, 4Asië en Bithínië,
| a Jak. 1:1. | 1 Die eienaam van hierdie apostel was Simon of Simeon, Joh. 21:2. 2 Petr. 1:1. Maar hy het die naam Petrus, of in Siries Céfas, Joh. 1:43. 1 Kor. 1:12, van Christus ontvang, toe Hy hom tot die apostelskap geroep het, soos te sien is in Mark. 3:16. Luk. 6:14. Sien die rede hiervoor in Matt. 16:18 se kanttekening.
2 Sommige verstaan hierdeur diegene wat, omdat hulle die geloof in Christus bely het, deur die ongelowige Jode uit die Joodse land verdryf is, soos in Hand. 8:4; 11:19 te sien is. Maar dit wil nie voorkom of hierdie verdrewe Christene in so ’n kort tyd na lande kon vertrek wat so ver van Judéa af geleë was nie, maar dat hulle eerder in die lande wat rondom Judéa geleë is, gebly het. Daarom is die mening meer geloofwaardig van diegene wat hierdeur die Jode verstaan wat lank tevore in die lande van Asië verstrooi was, deur die wegvoering van die Assiriërs en die vervolging onder Antiochus wat tevore plaasgevind het, soos die Griekse woord parepidemois beteken; hulle was wel vreemdelinge, maar het onder daardie volke gewoon, soos ook die Griekse woord diaspora, dit is, verstrooiing, so gebruik word in Joh. 7:35. Uit hulle het ook talle op die pinksterdag in Jerusalem gekom, en deur die prediking van Petrus en ander apostels tot bekering gekom, Hand. 2:10 se kanttekening, wat daarna teruggekeer het huis toe en die geloof uitgedra het, hoewel nie sonder groot swarigheid van die ander hardnekkige Jode nie. Hierdie mening word ook bevestig in die titel wat Jakobus in sy brief aan dieselfde Jode gee, as hy hulle die twaalf stamme wat in die verstrooiing is noem, aan wie hy sy brief skryf. Sien Jak. 1:1. Petrus het, soos ook Jakobus, sy brief geskryf tot hulle versterking. 3 Dit was alles provinsies in Asië geleë, waarin baie Jode tevore hul woning gevestig het, soos in Hand. 2:9, 10 en in die reise van Paulus ook ten dele te sien is. 4 Dit was ’n deel van Asië, Klein-Asië genoem, waarvan Éfese die hoofstad was. Sien Hand. 2:9 se kanttekening. |
5uitverkore 6volgens die voorkennis van God die Vader, 7in die heiligmaking van die Gees, 8tot gehoorsaamheid en b9besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: cMag genade en vrede vir julle d10vermenigvuldig word!
| b Hebr. 12:24.
c Rom. 1:7. 1 Kor. 1:3. Gal. 1:3. Ef. 1:2. d 2 Petr. 1:2. Jud. vers 2. |
5 Hiermee word nie soseer die ewige verkiesing, (wat deur die uitdrukking voorkennis van God weergegee word) bedoel nie, maar die verkiesing in tyd uit die algemene menigte mense en in die besonder uit die Jode; hierdie verkiesing word in die Skrif andersins ook die roeping, of die roeping na God se voorneme genoem. Sien Joh. 15:19. Rom. 8:28. 1 Kor. 1:26.
6 Dit is, volgens die ewige besluit of voorneme. Sien vers 20. Rom. 8:29. 7 Of: deur. Want hierdie verkiesing of roeping bestaan in die heiligmaking van die Gees, en vind plaas deur die Heilige Gees, omdat slegs die werking van die Heilige Gees ons van die algemene menigte verdorwe mense afsonder. 8 Naamlik van die geloof. Want deur die geloof gehoorsaam ons die evangelie van Christus. Sien vers 22. Rom. 1:5. 9 Dit is, versoening met God deur die bloed van Christus, wat ons in die geloof aanneem, en waarvan die besprinkeling van die bloed van die offers in die Ou Testament ’n voorbeeld was. Sien Hebr. 9:18, ens. So word al die vernaamste oorsake van ons saligheid hier dan kortliks vermeld. 10 Die apostel sê dit omdat hulle reeds die beginsels van hierdie genade en vrede ontvang het. |
Danksegging weens die hoop op die saligheid.
e11GESEËND is 12die God en Vader van onse Here Jesus Christus fwat na sy grote barmhartigheid 13ons die wedergeboorte geskenk het tot 14’n lewende hoop g15deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
| e 2 Kor. 1:3. Ef. 1:3.
f Rom. 6:23. Jak. 1:18. g 1 Kor. 15:20. |
11 Soos in Ef. 1:3. Of: Geloofd.
12 Sien hieroor 1 Kor. 15:24. 13 Dit is, deur sy Gees vernuwe het, of van die verdorwenheid van ons eerste geboorte en van die heerskappy van die inwonende sonde verlos het. Sien Joh. 3:5, 6. Rom. 6:11, ens. 14 Dit is, ’n hoop op die ewige lewe, of ’n lewendmakende hoop, ’n hoop wat lewend en seker in ons is, en alle swarighede oorwin; waaronder ook die geloof, waaruit hierdie hoop ontstaan, begryp word. 15 Die apostel skryf hier ons wedergeboorte aan die opstanding van Christus toe, nie om sy dood uit te sluit nie, want daardeur is ons met God versoen, en deur die krag van hierdie dood is ons ou mens ook gedood; maar omdat hierdie versoening deur Christus se opstanding aan ons toegeken word, en die nuwe mens in ons opgewek word, soos Paulus in Rom. 6:4 en vervolgens breedvoeriger verklaar. Sien ook Rom. 4:25 se kanttekeninge. |
sodat ons ’n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, hwat 16in die hemele bewaar is vir ons
| h Kol. 1:5. 2 Tim. 1:12. | 16 Die apostel sê dit omdat baie Jode ’n aardse koninkryk onder die Messías verwag het. |
wat 17in die krag van God 18bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om 19geopenbaar te word 20in die laaste tyd.
| 17 Of: deur.
18 Die Griekse woord beteken ’n bewaring wat deur uitgeplaaste wagte plaasvind. So is die krag van God dan soos ’n wag en sterkte, waarmee ons teen ons geestelike vyande reg rondom bewaak word. Sien Ps. 34:7, 8; 91:1, 2. Joh. 10:28, 29. 19 Dit is, aan julle in die openbaar gegee en meegedeel te word. Sien 1 Joh. 3:2. 20 Dit is, op die laaste dag, as Christus sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. |
i21Daarin verheug julle jul, al word julle knou — 22as dit nodig is — ’n kort tydjie bedroef onder allerhande 23beproewinge,
| i Rom. 5:3. Jak. 1:2.
k Hebr. 10:37. 1 Petr. 5:10. |
21 Naamlik in die saak soos in vers 4. Of: In Hom, naamlik God.
22 Dit is, as dit God se wil is, waaraan ons ons gretiglik moet onderwerp, soos hy hierna spreek, 1 Petr. 3:17, en omdat dit diensbaar is tot ons saligheid, 1 Kor. 11:32. 23 Dit is, verdrukkinge of versoekinge, soos in Jak. 1:2. |
lsodat die beproefdheid van julle geloof, 24wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, 25bevind mag word 26tot lof en eer en heerlikheid 27by die openbaring van Jesus Christus;
| l Jes. 48:10. 1 Kor. 3:13. Jak. 1:3. 1 Petr. 4:12. | 24 Dit is, van meer krag en waarde as die loutering van goud deur die vuur. Sien Job 23:10. Jak. 1:3.
25 Naamlik as julle daardeur beproef is en standvastig in die geloof gebly het, nieteenstaande alle versoekinge. Sien Matt. 24:13. 26 Naamlik in die hemel voor God, soos in Rom. 2:7. Dit word gestel teenoor die smaad en oneer, wat die wêreldse mense meen hulle die gelowiges deur die vervolging aandoen. 27 Sien vers 5, kanttekening 20. |
mvir wie julle, al het julle Hom 28nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en 29julle verbly met ’n 30onuitspreeklike en 31heerlike blydskap,
| m Joh. 20:29. | 28 Dit word ook as ’n teken van die vrug van die ware geloof gestel, Joh. 20:29. 1 Joh. 4:20. Ander lees nie geken nie, naamlik na die vlees.
29 Die gelowiges is ook bedroef in die verdrukkinge, soos in vers 6 gesê is, omdat hulle nie ongevoelig is in die kastydinge nie, maar hulle verbly hul in die troos van die Gees, wat hulle daardeur ervaar, Rom. 5:3, 4, en in die oordenking van die blye uitkoms daarvan. Sien Hebr. 12:11. 30 Dit is, wat deur die gelowiges deur die werking van die Heilige Gees, selfs te midde van die verdrukkinge, beter gevoel word as wat met die mond aan ander meegedeel kan word. Sien Joh. 14:17. Filip. 4:4. 31 Gr. verheerlikte blydskap, dit is, wat in hierdie lewe uit goeie en heerlike oorsake spruit, en in die toekomende met die ewige heerlikheid verbind sal wees. Hierdie eienskap word hier gestel teenoor die wêreldse vreugde, wat dikwels met oneer vermeng is, en gewoonlik tot skande lei, Filip. 3:19. |
en 32die einddoel van julle geloof, die saligheid 33van julle siele, verkry.
| 32 Of: die loon van julle geloof; so genoem omdat dit aan die einde van die arbeid uit genade aan ons gegee sal word. Sien hieroor die gelykenis in Matt. 20:1, ens.
33 Hoewel hierdie saligheid, wat ons deur Christus verwerf, die hele mens toekom, word dit nogtans van julle siele genoem, omdat hierdie saligheid, wat in en ná hierdie lewe in die siel begin, ook ná die opstanding van die dooies die liggaam deelagtig sal word, Filip. 3:20, 21. |
34Aangaande hierdie saligheid het ndie profete wat geprofeteer het 35oor die genade wat vir julle bestem is, 36ondersoek en nagevors,
| n Gén. 49:10. Dan. 2:44. Hag. 2:8. Sag. 6:12. | 34 Naamlik wat deur Christus vir ons verwerf is, om hier en in die hiernamaals te geniet. Sien Hand. 3:24; 10:43, ens.
35 So noem die apostel die vervulling van die beloftes, wat in die evangelie geopenbaar is, teenoor die blote voorbeelde en aankondigings van hierdie genade. Sien Joh. 1:17. 36 Want die profete, wat deur God se Gees daaroor onderrig is, het altyd probeer om meer en meer daarvan te weet. Sien hieroor voorbeelde in Jes. 63:1, ens. Dan. 9:24, ens. Luk. 10:24. |
en hulle het onagespeur op watter of 37hoedanige tyd 38die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van pdie lyde wat oor Christus sou kom en 39die heerlikheid daarna.
| o Dan. 9:24.
p Ps. 22:7. Jes. 53:3. |
37 Dit is, hulle het nie net die genade self ondersoek nie, maar ook die tyd wanneer dit oor die huis van Israel sou kom. Sien Gén. 49:10. Jes. 11:1. Dan. 9:24.
38 Dit is, die Heilige Gees, deur wie die heilige manne van God gedryf is en gespreek het, 2 Petr. 1:21, Hy word hier Christus se Gees genoem, omdat Hy uit Christus voortkom, en Hy Hom van die Vader, nie net na die apostels nie, maar ook na die profete gestuur het. Sien Joh. 12:41; 15:26, vergeleke met Hand. 28:25. Daarom word Hy ook die Gees van die Seun genoem, Gal. 4:6. 39 Gr. die heerlikhede. |
Aan hulle is geopenbaar 40dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het qin die Heilige Gees 41wat van die hemel gestuur is — r42dinge waarin 43die engele begerig is om in te sien.
| q Hand. 2:4.
r Ef. 3:10. |
40 Die apostel spreek hier oor die saak self, naamlik Christus se koms in die vlees, sy lyding en heerlikheid, soos in die voorgaande vers genoem is, en nie van die vrugte en werkinge daarvan in ons nie, wat die gelowiges van die Ou Testament sowel as ons ontvang het, soos hiervoor meermale aangewys is.
41 Naamlik op die pinksterdag, volgens die profesie van Joël, Joël 2:28. Hand. 2:4, 16, 17. 42 Naamlik waaroor hy in hierdie en in die voorgaande vers gespeek het. 43 Naamlik vanweë die verwondering en vreugde wat hulle in die erkenning van God se menigvuldige wysheid het, wat Hy gebruik in die werk van ons verlossing en in die uitdeling van sy genade oor die gemeente, soos Paulus verklaar in Ef. 3:10. Dit wil voorkom of die apostel hier verwys na die voorbeeld van die verbondsark, waaroor twee gérubs geduriglik met uitgestrekte vlerke en geboë hoofde na die genadestoel of versoendeksel gekyk het. Sien Ex. 25:20. Hebr. 9:5. |
Vermaning om heilig te wees.
s44DAAROM, omgord die lendene van julle verstand, 45wees nugter en hoop 46volkome op die genade wat julle 47deel word 48by die openbaring van Jesus Christus.
| s Luk. 12:35. Ef. 6:14. | 44 Omdat die apostel in vers 4 gesê het dat hierdie hoop in die hemel bewaar word, kom hy in hierdie ander deel van die brief, en vermaan hulle dat hulle sal poog om daartoe te kom langs die voorgestelde weg, en alle verhinderinge of belemmeringe wat in hul verstand sou mag voorkom, op te skort en van hulle af te weer, soos die mense van daardie tyd hul lang klere met gordels om hul heupe opgeskort het, om makliker te beweeg.
45 Die apostel voeg dit by, soos Christus ook in Luk. 21:34, omdat ’n mens wat met voedsel en drank oorlaai is, net so onbekwaam is om geestelike dinge te oordink as om sy weg spoedig voort te sit. Sien ook 1 Thess. 5:6. 46 Dit is, seker en opreg. 47 Gr. wat vir julle gebring, dit is, toegevoeg, of: aangebied word. 48 Naamlik op die laaste dag, soos in vers 7. Ander verstaan dit as die genade wat nou deur die evangelie aan ons geopenbaar en aangebied word. |
49Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig 50volgens die begeerlikhede wat tevore in julle 51onwetendheid bestaan het nie.
| 49 Naamlik van God. Gr. Soos kinders van gehoorsaamheid.
50 Dit is, moenie wandel soos julle tevore gedoen het nie, toe julle jul lewe ingerig het volgens die begeerlikhede wat in jul onwetendheid was. Sien dergelike in Rom. 12:2. Ef. 2:3. 51 Dit is, Joodse en wêreldse blindheid voor julle bekering tot Christus. |
Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, tmoet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,
| t Luk. 1:75. |
omdat daar geskrywe is: vWees heilig, want Ek is heilig.
| v Lev. 11:44, 45; 19:2; 20:7. |
En as julle 52Hom 53as Vader aanroep xwat sonder 54aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd 55van julle vreemdelingskap;
| x Deut. 10:17. 2 Kron. 19:7. Job 34:19. Hand. 10:34. Rom. 2:11. Gal. 2:6. Ef. 6:9. Kol. 3:25. | 52 Dit is, God, die hoogste Regter.
53 Naamlik as opregte kinders. Sien Jak. 2:7. 54 Gr. aanneming van die voorkoms, sien daaroor Hand. 10:34 se kanttekening. 55 Die Griekse woord paroikia beteken om vir ’n tyd in ’n plek te woon wat nie ons vaderland is nie, soos te sien is in Luk. 24:18. Hebr. 11:9. Ons vreemdelingskap is hier in die liggaam op die aarde, buite die hemel, wat eintlik ons vaderland is. Sien 2 Kor. 5:1, 6. |
yomdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat 56deur die vaders oorgelewer is nie,
| y 1 Kor. 6:20; 7:23. | 56 Hy spreek ten dele oor die slegte voorbeelde van baie van hul voorvaders, soos in Eség. 20:18. Hand. 7:51, en ten dele oor baie ydele en Farisese oorleweringe, waarna hulle hul meer gerig het as na God se gebooie, soos deurgaans in die evangelie te sien is. |
maar zdeur die kosbare bloed van Christus, 57soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos,
| z Hand. 20:28. Hebr. 9:12. Openb. 1:5. | 57 Dit is, omdat Hy ’n vlekkelose Lam is sonder gebrek; ’n sakramentele spreekwyse, waardeur dit wat van die paaslam gesê is, na Christus verwys, omdat die paaslam ’n beeld van Christus was, 1 Kor. 5:7, soos ook die ander lammers, wat as daaglikse soenoffers sonder gebrek gekies moes word. Sien Núm. 28:3. Joh. 1:29. |
wat wel a58vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye 59geopenbaar is 60om julle ontwil,
| a Rom. 16:25. Ef. 1:9; 3:9. Kol. 1:26. 2 Tim. 1:9. Tit. 1:2. | 58 Dit is, tevore verordineer, naamlik tot Middelaar en versoening vir ons sondes. Sien ook oor hierdie woord vers 2. Rom. 8:29; 11:2.
59 Naamlik in die vlees, 1 Tim. 3:16. 60 Dit is, om julle saligheid ontwil. Sien hieroor Hebr. 11:40 en die kanttekeninge. |
julle wat 61deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek ben Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.
| b Hand. 2:33. Filip. 2:9. | 61 Naamlik deur Christus. Want ons kan slegs vertroue in God hê deur die geloof in Christus. Hy alleen is ons Middelaar en die weg tot die Vader, Joh. 14:6. |
As julle 62in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees ctot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar 63vurig liefhê uit ’n 64rein hart;
| c Rom. 12:10. Ef. 4:3. Hebr. 13:1. 1 Petr. 2:17. | 62 Dit is, deur die geloof, wat deur die aanhoor van die evangelie en deur die Heilige Gees in julle gewerk is. Sien Hand. 15:9.
63 Gr. uitgestrek, dit is, met ’n liefde wat uitgestrek of uitgespan is. 64 Dit is, opreg, ongeveins. |
want julle is dwedergebore 65nie uit verganklike esaad nie, maar uit 66onverganklike, 67deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
| d Jak. 1:18.
e 1 Joh. 3:9. |
65 Naamlik soos julle eerste geboorte was. Want alles wat uit die vlees gebore is, is vlees, Joh. 3:6.
66 Die woord van die evangelie word so genoem, omdat dit by die onberoulike werking van die Heilige Gees gevoeg is, en dat die wedergeboorte, wat daardeur in ons teweeggebring word, onverganklik is. Sien Rom. 11:29. Filip. 1:6. 1 Joh. 5:4, 18, ens. 67 Of: deur die woord van God, wat daar leef, en tot in ewigheid bly. |
fWant 68alle vlees 69is soos gras, en 70al die heerlikheid van die mens 71soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,
| f Jes. 40:6. 1 Kor. 7:31. Jak. 1:10; 4:14. 1 Joh. 2:17. | 68 Dit is, alle mense uit vlees gebore; of: alle natuurlike mense.
69 Dit is, verwelk of vergaan soos gras. 70 In Jes. 40:6, waaruit hierdie woorde aangehaal word, staan: al sy aanvalligheid, dit is, al die heerlikheid waarmee God nog die natuurlike mens in sy goedertierenheid versier, naamlik in sake wat die wêreldse wysheid en eer aangaan. 71 Naamlik wat wel vir ’n kort tyd mooi staan, maar vinnig verdwyn, soos hierna verklaar word. |
72maar die woord van die Here 73bly tot in ewigheid. En 74dit is die woord wat aan julle verkondig is.
| 72 Naamlik van die evangelie, waarvan Jesaja op daardie plek profeteer.
73 Naamlik ten opsigte van sy vernuwende, wederbarende en saligmakende krag, soos hiervoor in vers 23 aangeteken is. Sien ook Joh. 3:6. Jak. 1:21. 74 Naamlik van die evangelie. Sien 2 Kor. 3:6, ens. |
Veroordeling van die onbarmhartige rykes.
KOMa nou, 1julle rykes, ween en huil oor die ellendes 2wat oor julle kom.
| a Spr. 11:28. Amos 6:1. Luk. 6:24. 1 Tim. 6:9. | 1 Naamlik wat rykdomme op ’n onregverdige manier bymekaarmaak of dit misbruik; soos die volgende uitwys. Want andersins is die rykdomme op sigself nie verkeerd nie, maar ’n seën van God, Spr. 10:22. Maar dit word oor die algemeen en baie maklik misbruik tot nadeel van die saligheid. Sien Matt. 13:22; 19:23, 24. Hier word nie net die gewone ryk gierigaards en verkwisters bedoel nie, maar ook diegene wat in openbare gesagsposisies is, soos konings, prinse, goewerneurs, regters en dergelike; wat hul mag en outoriteit tot onderdrukking van die armes misbruik, soos blyk uit vers 6.
2 Of: wat oor julle sal kom, naamlik sowel in hierdie lewe, as vernaamlik ná hierdie lewe. Sien Luk. 16:23. |
3Julle rykdom 4is bedorwe, en 5julle klere is deur die motte verniel.
| 3 Naamlik wat julle tot onderhoud van die armes moes bestee het.
4 Dit is, julle het dit eerder by julle laat bederf as om dit met die armes te deel. 5 Naamlik waarmee julle die naakte mense moes geklee het. Sien Jes. 58:7. |
6Julle goud en silwer 7is verroes, en hulle roes 8sal tot ’n getuienis 9teen julle wees en sal 10soos ’n vuur julle vlees verteer. bJulle het 11skatte vergader 12in die laaste dae.
| b Matt. 6:19. Rom. 2:5. | 6 Naamlik wat julle tot onderhoud van julle naaste moes gegee het; soos tevore.
7 Naamlik in jul kiste of kaste, waarin julle dit gierig bewaar het, sonder om daarvan met die armes te deel. 8 Dit is, om julle te oortuig van jul gierigheid en van jul regverdige verdoemenis. Sien Matt. 10:18. Mark. 1:44. 9 Naamlik in die oordeelsdag. 10 Dit is, sal soos ’n vuur wees, waarmee julle gepynig sal word. 11 Sommige verstaan dit as die skat van God se toorn wat die gierigaards in die laaste dae sal oorval, waarvan Paulus in Rom. 2:5 spreek; maar dit kan beter verstaan word as die skatte van tydelike besittings; die gierigaards is altyd en uitsluitlik besig om dit bymekaar te maak. Sien Matt. 6:19. 12 Naamlik van die wêreld. Of van julle lewe, dit is, tot aan die einde van julle lewe; as julle al ’n hoë ouderdom bereik het, hou julle ewenwel nie op om gierig nog skatte te vergader nie. Sien Luk. 12:19. Of: teen die laaste dae. |
Kyk, cdie loon van die arbeiders 13wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, 14roep uit; en 15die geroep van die maaiers het gekom tot in 16die ore van die Here 17van die leërskare.
| c Lev. 19:13. Deut. 24:14. | 13 Met hierdie een soort ongeregtigheid bedoel hy ook alle ander dergelike ongeregtighede.
14 Naamlik tot God, dat Hy wraak daaroor sou wil uitoefen. Sien Gén. 4:10. Hebr. 12:24. 15 Gr. die uitroepe, dit is, die klagte van die werkers oor hierdie ongeregtigheid van julle. 16 Dit moet verstaan word as ’n menslike beeld; daar word dikwels menslike ledemate aan God toegeskryf, nie letterlik nie (want God is Gees, Joh. 4:24), maar figuurlik. Hiermee word bedoel dat God hulle klagte verhoor het. Sien Ps. 18:7. Jes. 37:17. 17 Gr. Sabaot, of Sebaot, soos die Hebreërs dit lees. Dit is ’n Hebreeuse woord, en beteken leërskare, naamlik van die hemel en die aarde, wat in sy diens staan, en vir Hom stry teen sy vyande. Hierdie titel word dikwels in die Ou Testament aan God toegeskryf, sien Jes. 1:9. Jer. 11:20. Rom. 9:29. Hier word dit deur die apostel gebruik om daarmee sy groot mag aan te wys, wat Hy het om die onderdrukkers van die regverdiges te straf. |
dJulle het op die aarde 18’n weelderige en 19losbandige lewe gelei; julle het 20jul harte vet gevoer soos op 21’n slagdag.
| d Job 21:13. Luk. 16:19, 25. | 18 Dit is, julle het jul rykdomme in oordadigheid, gulsigheid en brassery verkwis, en die arme honger laat ly. Sien ’n voorbeeld daarvan in Luk. 16:19, 20, ens.
19 Sien ook 1 Tim. 5:6. 20 Dit is, nie net jul liggame vet gevoer nie, maar dit ook gedoen met ’n groot begeerte van jul harte, om beide te versadig. 21 Dit is, soos op die groot feesdae, as die dankoffers geslag is, en die mense gewoonlik uitbundig feesgevier het, so doen julle daagliks. Sien Spr. 7:14. Jes. 22:13. |
Veroordeel, vermoor het julle 22die regverdige; hy 23versit hom nie teen julle nie.
| 22 Dit is, die onskuldiges met geweld en wreedheid vervolg. Hiermee word daardie rykes bedoel wat ook in hoogheid sit en as owerheid aangestel is.
23 Dit is, hy laat hom deur julle onderdruk, sonder om iets daarteen te doen. Sien ’n voorbeeld daarvan in Nabot, 1 Kon. 21:13, en in Stéfanus, Hand. 7:59, 60. |
Vermaning om geduldig te wees. Die eed. Die gebed. Die bekering.
24WEES dan geduldig, broeders, 25tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en 26het geduld daarmee totdat dit 27die vroeë en die 28laat reën ontvang het.
| 24 Dit is, verdra geduldig die onreg en geweld wat hierdie rykes julle aandoen.
25 Naamlik om te oordeel; dan sal Hy die onreg, wat die vromes aangedoen is, wreek, dit hulle verdrukkers regverdig vergeld, 2 Thess. 1:5, 6, en hulle dan volkome van hulle verlos, Luk. 21:28. 26 Dit is, verwag dit met geduld. 27 Dit is, wat nodig is as die land eers besaai is. 28 Wat daarna, teen die tyd van die oes, vir die gewasse nuttig is. Sien Deut. 11:14 en die kanttekening. |
29Julle moet ook geduldig wees; 30versterk julle harte, want 31die wederkoms van die Here 32is naby.
| 29 Naamlik soos die landbouer. Of: Julle dan, wees geduldig.
30 Naamlik met ’n vaste vertroue dat die Here sy beloftes, wat Hy aan die gelowiges gemaak het, op die regte tyd sekerlik sal volbring. 31 Naamlik tot die oordeel; soos tevore. 32 Dit is, sal nie lank vertoef nie; dan sal Hy julle van die goddelose geselskap en geweld verlos. |
33Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, 34die Regter 35staan voor die deur.
| 33 Dit is, moenie mekaar met onbehoorlike woorde of werke rede gee om daaroor teen mekaar te sug nie, dit is, bedroef te wees of tot God te kla nie.
34 Naamlik Jesus Christus, wat as Regter van die wêreld alle onreg sal straf. 35 Dit is, is naby met sy wederkoms, soos iemand wat al tot by die deur of poort gekom het, en gereed is om in te gaan. Sien Matt. 24:33. |
Neem as voorbeeld 36van lyding, my broeders, en van geduld 37die profete wat 38in die Naam van die Here gespreek het.
| 36 Gr. van die lyding van die kwaad, dit is, van verdrukkings.
37 Die Here Christus stel hulle vir dié doel ook as voorbeeld, Matt. 5:12. 38 Dit is, op las, bevel en ingewing van die Here. Sien 2 Petr. 1:20, 21. |
Kyk, eons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die flydsaamheid van Job, en julle het 39die einddoel van die Here met hom gesien, gdat die Here 40vol medelye en ontferming is.
| e Matt. 5:11.
f Job 1:21, 22. g Núm. 14:18. Ps. 103:8. |
39 Dit is, die goeie uitkoms wat die Here vir Job gegee het uit al sy lyding, wat hy geduldig verdra het. Sien hieroor Job 42:10.
40 Gr. is van ruime ingewande; met die ingewande word ’n inwendige beroering van die gemoed tot barmhartigheid verstaan. Sien Luk. 1:78. Filip. 2:1. Kol. 3:12. Sien Filip. 1:8 se kanttekening. |
Maar bo alles, my broeders, h41moenie sweer nie: 42nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en 43ook geen ander eed nie; maar 44laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie 45onder ’n oordeel val nie.
| h Matt. 5:34. 2 Kor. 1:17, 18. | 41 Naamlik ydellik; of uit mismoedigheid, soos mense dikwels in teëspoed doen. Sien ook Matt. 5:34; 23:16, 18. Want anders is ’n wettige eedswering by die Naam van God nie verbode nie, Hebr. 6:16.
42 Dit is, nie by enige skepsele nie, soos baie gewoond was om te doen. Hulle het gemeen dat, as hulle die Naam van God nie in hul gesprekke noem nie, hulle die Naam van God dan nie ontheilig of ydellik misbruik nie; soos die Fariseërs ook geleer het. Sien Matt. 5:34, ens. 43 Wat ydellik of by enige ander skepsel gedoen sou word. 44 Dit is, die waarheid eenvoudig stel met ja, en desgelyks as iets ontken word, dit eenvoudig uitdruk met nee, sonder om ’n eed daarby te sweer in jul gewone omgangstaal, samesprekinge of handelinge. 45 Dit is, straf, wat God gedreig het oor diegene wat sy Naam ydellik gebruik, Ex. 20:7. Sien oor hierdie spreekwyse Matt. 23:14. Luk. 23:40. Rom. 2:3; 13:2. 1 Kor. 11:29. Jak. 3:1. Ander lees in geveinsdheid; waarmee dan aangetoon sou word dat sulke ydele ede óf by die skepsele uit geveinsdheid gesweer word, óf dat dit die mense tot geveinsdheid bring, soos blyk by die Fariseërs, Matt. 23:19. |
Is daar iemand onder julle 46wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? iLaat hom psalmsing.
| i Ef. 5:19. Kol. 3:16. | 46 Naamlik onder enige vorm van kwaad, soos die Griekse woord meebring. |
Is daar iemand 47siek onder julle? Laat hom 48die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle 49oor hom 50bid nadat hulle khom 51in die Naam van die Here 52met olie gesalf het.
| k Mark. 6:13. | 47 Naamlik liggaamlik.
48 Naamlik wat die gawe van gesondmaking deur wonders ontvang het, ’n gawe wat destyds aan sommige leraars en ouderlinge gegee is. Sien 1 Kor. 12:9. 49 Of: vir hom. 50 So het Elísa oor die seun van die weduwee gebid, 2 Kon. 4:33, Christus oor Lasarus, Joh. 11:41, en Paulus oor Eútichus, Hand. 20:10, naamlik dat God hom sy sondes wil vergewe en sy gesondheid teruggee. 51 Dit is, terwyl hulle die Naam van die Here aanroep, wat die Bewerker is van so ’n wonderbare gesondmaking. 52 Naamlik volgens die voorbeeld van die dissipels, wat van Christus die gawe van wonderbare gesondmaking ontvang het, en olie daarvoor gebruik het, Mark. 6:13 en die kanttekening. Nie dat daar in die olie enige verborge krag was om die siektes te genees nie, maar hulle het dit as ’n buitengewone teken gebruik, waardeur bekend geword het dat deur hulle diens so ’n wonder van God plaasgevind het tot bevestiging van hul leer; soos ’n mens sien dat Christus en die apostels, in die genesing van siektes, soms speeksel, modder, aanrakings, handoplegging, ander kere hul skaduwee, gordels en sweetdoeke daarvoor gebruik het. Hierdie gawe van wonderbare gesondmaking het baie honderde jare gelede opgehou, omdat dit nie meer nodig is nie, aangesien die evangeliese leer genoegsaam deur wonders bevestig is. So word hierdie uiterlike teken vandag nog tevergeefs en spottend as ’n sakrament gebruik. Dit word nog meer bygelowig misbruik, as hulle meen dat so ’n salwing krag het om die sondes weg te neem en dat dit tot die saligheid van siele dienstig is. |
En 53die gebed van die geloof sal die kranke 54red, en 55die Here sal hom 56oprig. Selfs as hy 57sonde gedoen het, sal dit hom 58vergewe word.
| 53 Dit is, wat sowel deur die ouderlinge as deur die kranke uit ’n ware geloof tot die Here gebid word.
54 Dit is, sal die kranke verlos van die liggaamlike siekte, ooreenkomstig die Here se wil. 55 Naamlik as die Werkmeester van hierdie wonderbare gesondmaking. Dit word uitdruklik hier bygevoeg, sodat ’n mens nie sal dink dat die olie of die uitgesproke gebed so ’n krag in hulself sou hê nie. 56 Of: ophelp, naamlik uit sy siekte. 57 Naamlik waarom God dié siekte oor hom sou kon beskik; soos in Joh. 5:14. 1 Kor. 11:30. 58 Naamlik deur die Here, as ’n mens Hom op passende wyse daarom bid. |
59Bely mekaar julle misdade en 60bid vir mekaar, sodat julle 61gesond kan word. Die 62vurige gebed 63van ’n regverdige het groot krag.
| 59 Die apostel wil hiermee nie leer dat die gelowiges al hul sondes sou openbaar en bely voor ’n ampsdraer om daarvan onthef te word of vergewing te kry nie, soos verkeerdelik gemeen word. Want hy spreek hier uitdruklik van ’n belydenis wat mense aan mekaar moet doen, dit is, die een gelowige aan die ander, en ook onderling, soos omstandighede dit eis. Onder die misdade word eerstens die sondes verstaan wat die een gelowige teen die ander sou gedoen het, waardeur die liefde tot die naaste verbreek is en twis mog ontstaan het. Die apostel wil dat diegene wat teen sy naaste misdoen het, sy skuld sal bely of beken, en met hom daaroor versoen, soos ook Christus leer in Matt. 5:23. Dit behoort te alle tye te gebeur, maar dit is in die besonder nodig as ’n mens siek is. Daarbenewens, as iemand in ’n sonde geval het waaroor hy só beswaard is dat hy hom nie alleen goed kan troos nie, moet hy daardie sonde aan ’n ander bekendmaak, hetsy ’n ampsdraer, óf enige ander goeie vriend, om deur hom uit God se Woord getroos te word, en om hom te help bid dat daardie sonde hom deur God vergewe mag word; soos die volgende woorde stel.
60 Naamlik vir vergewing van sondes wat hulle teenoor mekaar bely het, asook vir die gesondheid van die liggaam wanneer iemand siek is, soos in die voorgaande vers. 61 Naamlik na liggaam en siel. 62 Dit is, kragtig en opreg; of sterk aanhoudend. 63 Dit is, van ’n vroom gelowige mens. |
lElía was ’n mens 64net soos ons, en hy het 65ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het 66op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;
| l 1 Kon. 17:1. Luk. 4:25. | 64 Of: dieselfde lyding as ons. Sien Hand. 14:15. Dit word hier bygevoeg, sodat ’n mens nie sou dink dat Elía vanweë sy groot ywer en godsaligheid enige verdienste in sy gebede by God sou gehad het nie. Hy het ook sy swakhede gehad en is slegs uit genade deur God verhoor.
65 Gr. het ’n gebed gebid. Of: het met ’n gebed gebid. Dit is ’n Hebreeuse spreekwyse; deur die verdubbeling word te kenne gegee dat hy ernstig gebid het. 66 Dit is, op die land van die Israeliete. Want daar was geen algemene droogte oor die hele wêreld nie. |
men hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.
| m 1 Kon. 18:45. |
Broeders, nas een onder julle 67van die waarheid afgedwaal het en iemand hom 68bekeer,
| n Matt. 18:15. | 67 Naamlik van die evangeliese leer, hetsy in oortuiging, of in wandel.
68 Naamlik deur onderwys in die gesonde leer, en ernstige vermanings tot boetvaardigheid, wat middele is waardeur God mense bekeer. Aan hierdie middele word toegeskryf wat God se eie werk is, omdat Hy kragtig daardeur werk. |
laat hy weet dat die een wat ’n sondaar van sy dwaalweg bekeer, 69’n siel 70uit die dood sal 71red oen ’n menigte 72sondes sal 73bedek.
| o Spr. 10:12. 1 Petr. 4:8. | 69 Naamlik van die dwalende, Jud. vers 23.
70 Naamlik van die ewige dood. 71 Naamlik as ’n instrument van hierdie behoudenis. Sien dergelike in 1 Tim. 4:16. 72 Naamlik van die afgedwaalde. 73 Dit is, sal daartoe lei dat God die sondes van die afgedwaalde bedek en hom dit nie sal toereken nie; ook dat sy sondes onder die mense as vergete en vergewe beskou sal word. |
Einde van die brief van die apostel JAKOBUS.
Verset teen oorheersing deur die hartstogte.
WAARVANDAAN kom 1oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, 2van julle welluste awat 3in julle lede 4stryd voer nie?
| a Rom. 7:23. 1 Petr. 2:11. | 1 Hiermee word nie openbare oorloë, gevoer met soldate en wapens, bedoel nie, want dit het in daardie tyd nie onder die Christene voorgekom nie, maar die besonder hewige twiste en woordgevegte wat onder hulle was; dit is sowel met woorde as ander maniere gevoer, tot groot skande van die Christelike godsdiens en ergernis van die heidene. Dit word gestel teenoor die vrede, waaroor hy in die laaste deel van die voorgaande hoofstuk gespreek het.
2 Dit is, van julle slegte en vleeslike begeerlikhede, waarin julle behae skep. 3 Daardeur verstaan die apostel nie net die uiterlike ledemate van die liggaam, soos die tong, hande, voete, oë, ens. nie, maar ook die inwendige kragte en geneentheid van die siel, waarin die begeerlikheid die meeste regeer. 4 Dit is, om die siel as ’t ware te beveg om dit in die verderf te stort en ten gronde te bring. Sien 1 Petr. 2:11. |
Julle 5begeer en julle 6het nie, julle 7pleeg moord en 8is naywerig en julle 9kan niks verkry nie. Julle 10veg en maak oorlog, en julle 11het nie, 12omdat julle nie bid nie.
| 5 Naamlik eer, rykdom van hierdie wêreld, ens.
6 Dit is, óf julle kom nie daarby uit nie, óf, as julle dit bekom, sal dit vir julle nie bevorderlik nie, maar skadelik wees. 7 Of: beny. Dit is, misgun jul naaste die dinge wat die Here vir hom gegee het. In baie Griekse boeke word foneuete gelees, dit is, julle pleeg moord, vir fthoneite, dit is, julle beny. Verstaan met die woorde moord pleeg om sy naaste te haat, wat ’n doodslag voor God is, 1 Joh. 3:15. 8 Dit is, julle staan ook met groot ywer en geneentheid die eer en rykdom van hierdie wêreld voor. Die Griekse woorde wat hier gebruik word, beteken beide jaloersheid, maar met die onderskeid dat die eerste eintlik beteken om sy naaste te misgun wat God hom gegee het, naamlik sy eer, besittings, of goeie naam; en die tweede, om uit jaloersheid en deur verkeerde weë daarna te soek, dat ons ook dieselfde mag besit en nie minder is as hy nie. 9 Naamlik die dinge wat julle ander misgun, of wat julle ook sou wil hê soos jul naaste. Want God gee hierdie dinge aan wie Hy wil. 10 Dit is, julle twis en murmureer oor hierdie dinge uit jaloersheid teenoor mekaar, soos in die voorgaande vers. 11 Dit is, julle verkry niks daardeur nie. Sien Hag. 1:6. 12 Dit is, het hierdie goedere nie deur gebed van God, deur wie dit gegee moet word, gevra nie. |
13Julle bid en julle ontvang nie, bomdat julle 14verkeerd bid, 15om dit in julle welluste deur te bring.
| b Matt. 20:22. Rom. 8:26. | 13 Dit is, hoewel julle God soms om hierdie dinge in gebed vra, kry julle dit ewenwel nie, en dit deur julle eie skuld.
14 Naamlik nie net omdat julle gebed uit ’n afgunstige hart voortkom nie, maar ook omdat julle hierdie dinge nie vir ’n goeie doel vra nie, naamlik om dit te gebruik soos dit hoort. 15 Dit is, sodat julle daarmee aan jul verkeerde begeertes sou mag voldoen en dit voed. |
16Egbrekers en egbreeksters, 17weet julle nie dat 18die vriendskap van die wêreld 19vyandskap teen God is nie? cWie dan ’n vriend van die wêreld wil wees, word ’n vyand van God.
| c Joh. 15:19. Gal. 1:10. 1 Joh. 2:15. | 16 So noem hy almal wat die liefde wat hulle aan God en Christus, hul Bruidegom en Saligmaker, verskuldig is, en aan Hom ook in die doop belowe het, aan die wêreld betoon. ’n Beeld geneem van liggaamlike owerspel, wat plaasvind as getroude mense die huweliksliefde, wat hulle aan mekaar verskuldig is, aan ander bewys. Sien Jer. 13:27. Eség. 23:43, 45. Hos. 2:1. Hy gee hierdie naam aan hulle om die lelikheid van die sonde beter aan te toon.
17 Dit is, julle kan en behoort nie onwetend hieroor te wees nie. 18 Dit is, van wêreldse en ongelowige mense, om hulle in die boosheid te behaag of na te volg; en van wêreldse dinge en begeerlikhede, om dit met oortreding van God se gebooie of versaking van die Christelike leer na te jaag. Sien 1 Joh. 2:15. 19 Of: vyandskap van God. Sien Rom. 8:7. Dit is, dit kan nie bestaan saam met die liefde, diens en vriendskap van God nie, maar maak God tot ’n vyand. |
20Of meen julle dat 21die Skrif 22tevergeefs sê: d23Met jaloersheid begeer 24die Gees wat in ons woon?
| d Núm. 11:29. | 20 Dit is, moet tog nie meen dat, ens.
21 Die volgende woorde staan nêrens letterlik in die Heilige Skrif van die Ou Testament nie, maar die betekenis word wel daarin gevind. Om dié rede meen sommige dat die apostel na Gén. 6:5 en 8:21 verwys. Ander meen dat hy verwys na Núm. 11:29. 22 Gr. ydellik, dit is, dat dit nie so sou wees nie, of nie tot ons stigting geskryf sou wees nie, Rom. 15:4. 23 Of: Die Gees, wat in ons woon, begeer teen jaloersheid. Sien die volgende verklaring. 24 Sommige verstaan dit as die gees van die verdorwe mense of van die gedagtes van die mensehart, Gén. 6:5. Of: met jaloersheid begeer die gees wat in julle woon, dit is, neig van nature tot jaloersheid en dergelike booshede. Maar dit word egter beter verstaan as die Gees van God, deur wie ons wedergebore word, omdat daarby gevoeg word: wat in ons woon, wat in die Skrif dikwels oor die Gees van God gesê word, Ex. 25:8; 29:45. Rom. 8:11. 1 Kor. 3:16. Dit beteken dus: Die Gees van God, wat in ons woon, stry teen die bose neiging tot jaloersheid, soos in Gal. 5:17. Of: verwek in ons heilige begeertes (soos in Rom. 8:26), wat teen jaloersheid stry. Daarom behoort diegene in wie die Gees van God woon, Rom. 8:9. 1 Kor. 3:16, die vriendskap van die wêreld nie lief te hê nie. |
25Maar Hy gee 26groter genade; daarom sê Hy: eGod weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
| e Spr. 3:34. 1 Petr. 5:5. | 25 Dit is, sal gee, naamlik die Gees van God. Dit is so ver van die waarheid af dat Hy begeerte tot jaloersheid sou hê, Hy gee inteendeel groter genade.
26 Dit is, ’n baie groot genade, soos in Jak. 3:1 se kanttekening. |
27Onderwerp julle dan aan God; fweerstaan 28die duiwel, en 29hy sal van julle wegvlug.
| f Ef. 4:27. 1 Petr. 5:9. | 27 Naamlik met gewillige gehoorsaamheid aan sy gebooie, deur al julle gedagtes, begeertes en neigings, woorde en werke te rig volgens die reël van sy wil, in sy Woord voorgeskryf.
28 Naamlik as hy julle versoek en aanlok om jul vleeslike begeertes te volbring en die vriendskap van die wêreld te soek. Sien dieselfde vermaning in 1 Petr. 5:8, 9. 29 Naamlik indien julle hom teëstaan. |
30Nader tot God, en Hy sal tot julle 31nader. gReinig 32die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, 33julle dubbelhartiges!
| g Jes. 1:15. | 30 Naamlik deur opregte bekering, geloof, gehoorsaamheid en gebede.
31 Naamlik met sy genade en weldade. 32 Dit is, al julle uiterlike ledemate, wat soos instrumente van die siel is, waartoe die hande die meeste gebruik word. Sien Ps. 26:6. Jes. 1:15, 16. 1 Tim. 2:8. 33 Gr. julle tweesieliges. Sien oor hierdie woord Jak. 1:8 se kanttekening. |
h34Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in 35bedruktheid.
| h Matt. 5:4. | 34 Gr. Wees bewus van julle ellende, weeklaag, ens. Naamlik nie net uitwendig, soos die huigelaars deurgaans doen nie, maar vernaamlik inwendig in die hart; terwyl julle bedroef is oor jul sondes en ellendes.
35 Die Griekse woord beteken eintlik neerslagtigheid van oë of aangesig, uit droefheid of skaamte. |
iVerneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
| i Job 22:29. Spr. 29:23. Matt. 23:12. Luk. 14:11; 18:14. 1 Petr. 5:6. |
Broeders, 36moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder 37oordeel, spreek kwaad van die wet en 38oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ’n dader van die wet nie, maar 39’n regter.
| 36 Gr. teen mekaar, dit is, spreek nie wat teen mekaar se eer en goeie naam is nie.
37 Dit is, veroordeel, soos in Matt. 7:1 en die kanttekening. 38 Dit is, veroordeel, naamlik omdat hy met hierdie kwaadsprekery toon, dat hy hom nie daaraan hou dat die wet kwaadsprekery met reg verbied het nie, Lev. 19:16. 39 Naamlik van die wet. Om ’n regter van die wet te wees is ’n groot en dwase vermetelheid van ’n mens. |
40Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. kMaar jy, wie is jy wat ’n ander oordeel?
| k Rom. 14:4. | 40 Naamlik God die Here, in wie se plek al diegene, wat hulle naaste ligvaardig oordeel, hulle vermetel stel, en die wet van God, wat dit verbied, daarmee as ’t ware veroordeel. |
Onsekerheid van menslike planne.
KOM nou, julle wat sê: l41Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar 42deurbring en 43handel drywe en wins maak —
| l Luk. 12:18. | 41 Of: Laat ons vandag, ens.
42 Gr. maak. 43 Onder hierdie een soort menslike voorneme en sorg word alle ander ook verstaan; net hierdie een word genoem, omdat by hierdie een die grootste gebrek hierin (naamlik om God in alles te benodig) gevind word. |
julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. mWant 44hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 45’n damp wat vir ’n kort tydjie 46verskyn en daarna verdwyn.
| m Jes. 40:6. 1 Kor. 7:31. Jak. 1:10. 1 Petr. 1:24. 1 Joh. 2:17. | 44 Dit is, hoe kort, broos en onseker.
45 Dit is, soos ’n damp. 46 Of: gesien word. |
In plaas dat julle 47sê: nAs die Here wil 48en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
| n Hand. 18:21. 1 Kor. 4:19. Hebr. 6:3. | 47 Dit is, behoort te sê, naamlik sowel in julle hart, as met woorde, om daarmee te kenne te gee dat julle die voorsienigheid van God en die broosheid van jul lewe reg verstaan en erken.
48 Of: so sal ons lewe, en dit of dat doen. |
Maar nou 49roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.
| 49 Dit is, julle spreek só vermetel asof die uitkoms van sake en julle lewe in jul hand en mag geleë is. |
oWie dan 50weet om goed te doen en dit nie doen nie, 51vir hom is dit sonde.
| o Luk. 12:47. | 50 Dit is, weet wat goed en wat kwaad is; wat ’n mens behoort te doen en wat ’n mens behoort na te laat.
51 Dit is, hy sondig swaarder as diegene wat dit nie weet nie, en hy kan hom geensins verontskuldig nie. Sien Luk. 12:47. Joh. 9:41; 15:22. |
Beheersing van die tong.
MOENIEa 1baie leermeesters wees nie, my broeders, bomdat julle weet dat ons 2’n groter 3oordeel sal ondergaan.
| a Matt. 23:8.
b Matt. 7:1. Luk. 6:37. |
1 Daarmee bestraf hy nie diegene wat die leeramp begeer nie, 1 Tim. 3:1, maar diegene wat hulle as groot meesters voordoen deur ander ligtelik te oordeel en te berispe; hiervan is daar baie, omdat die mens so geaard is dat hy die gebreke van ander maklik sien en berispe, maar dié van homself nie sien nie. Sien Matt. 7:1. Luk. 6:37.
2 Of: vele, dit is, baie groot en swaar. 3 Dit is, straf, aangesien dit gewoonlik ná die uitgesproke vonnis volg. Sien 1 Kor. 11:31. Hierdie straf word vermeld in Matt. 7:2, en is regverdig, omdat hulle ander veroordeel in dit waaraan hulle self skuldig is, en sodoende ook oor hulself ’n vonnis bring. |
Want ons almal 4struikel dikwels. cAs iemand 5in woorde nie struikel nie, 6is hy ’n volmaakte man, in staat om ook 7die hele liggaam 8in toom te hou.
| c Ps. 34:14. Jak. 1:26. | 4 Of: stamp, soos in Jak. 2:10. Dit is, sondig, begaan dikwels dieselfde of dergelike sondes wat ons in ander bestraf, Gal. 6:1.
5 Gr. in die woord, dit is, in dit wat ons sê, spreek. 6 Dit is, is begiftig met die regte wysheid en versigtigheid. Want dit is duidelik dat hierdeur nie die volkome volmaaktheid wat die wet eis bedoel word nie, omdat hy inwendig in sy hart met bose luste, en uitwendig met die ander ledemate ewenwel kan sondig, al bedwing hy sy tong. En omdat niemand sy tong bedwing soos dit hoort nie, vers 8, is dit ook ’n duidelike bewys van die mens se onvolmaaktheid. 7 Dit is, die werkinge van al die ander lede van die liggaam. 8 Dit is, bedwing, dat dit nie die bepalings oortree nie. ’n Beeld geneem van perde, wat deur die toom gedwing word om op die regte pad te gaan. Sodat diegene wat die tong kan bedwing, wat die heel moeilikste is, ook die ander ledemate kan bedwing, wat makliker is; soos in die volgende vers verklaar word. |
Kyk, 9ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons 10stuur 11hulle hele liggaam daarmee.
| 9 Dit is, soos ons stange sit, ens. Gr. ons werp.
10 Dit is, waarheen ons wil. Net so regeer die tong naamlik die hele mens en alles wat hy doen, hetsy ten goede of ten kwade. 11 Naamlik hoe groot en sterk dit ook is. |
Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ’n baie klein roer net waarheen die stuurman 12wil.
| 12 Gr. drywing, dit is, die beweging van sy gemoed. |
dNet so is die tong ook ’n klein lid en 13beroem hom op groot dinge — kyk hoe ’n groot 14hoop hout steek 15’n klein vuurtjie aan die brand.
| d Spr. 12:18; 15:2. | 13 Dit is, rig groot dinge aan. Of: verhef hom grootliks. ’n Beeld geneem van perde, wat die nek vorentoe uitsteek, Ps. 12:4.
14 Gr. hulen, dit beteken oor die algemeen allerlei materiale, maar vernaamlik die wat ’n mens kan brand; daarom word ’n bos ook so genoem. 15 Dit is, soos ’n klein vuurtjie, al is dit slegs ’n vuurvonk. |
16Die tong 17is ook ’n vuur, 18die wêreld van ongeregtigheid. Net so ’n plek neem die tong onder ons lede in; dit 19besmet die hele liggaam en 20steek 21die hele lewensloop aan die brand en word 22uit die hel 23aangesteek.
| 16 Naamlik as dit nie bedwing word nie, maar misbruik word.
17 Dit is, hoewel die tong ’n klein lid is, wanneer ’n mens dit misbruik, word daardeur dikwels ’n groot brand van twis, oproerigheid, oorlog, ens., ontsteek, waardeur kerke, lande en stede verwoes word. 18 Dit is, soos die wêreld vol is van allerlei soorte ongeregtigheid, bring ’n onbedwonge tong ook allerlei ongeregtigheid voort, soos om te kyf, te laster, te veg, dood te slaan, ens. ’n Figuurlike spreekwyse, waarmee ’n baie groot menigte aangedui word, soos ’n mens sê: ’n see, of ’n afgrond van booshede. 19 Dit is, bring baie booshede en sondes voort, waarmee die mens besmet word. Sien Matt. 15:18-20. 20 Naamlik soos ’n vuur om te verderf en te verniel. 21 Gr. die hele rat of rondgang van die lewe, ens. Of: die loop van ons lewe van die geboorte af; dit is soos ’n rat wat altyd ronddraai van die oggend tot die aand, van die jeug tot die ouderdom, van die geboorte tot die dood. 22 Dit is, van die duiwel, wie se plek van pyniging die hel is. Gr. gehênnes, sien oor hierdie woord Matt. 5:22 se kanttekening. 23 Dit is, opgewek en gaande gemaak om te misbruik. |
Want 24elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word 25getem en is getem deur die menslike natuur.
| 24 Dit is, alle soorte wilde diere, hoe wild hulle ook al van nature mag wees.
25 Dit is, mak gemaak, sodat hulle die mense geen kwaad aandoen nie. |
Maar die tong 26kan geen mens 27tem nie; dit is ’n onbedwingbare kwaad, 28vol dodelike gif.
| 26 Naamlik hoe heilig die mens ook is, en watter moeite en sorg hy ook daartoe aanwend.
27 Dit is, só bedwing dat dit nooit meer kwaad doen nie; soos die volgende woorde verklaar. Daarom moet ’n mens des te meer en sorgvuldiger moeite doen, en die Here nog vuriger om sy genade smeek, dat hierdie kwaad van ons meer en meer bedwing mag word. 28 Naamlik wat deur die helse slang aangeblaas is. Want as die tong misbruik word, asof dit die venyn van laster, skinder, uitskel, vloek, ens. uitspoeg, bring die lasteraar hom daardeur in die dood, indien hy hom daarvan nie bekeer nie, Ps. 140:4. Rom. 1:30. 1 Kor. 6:10. |
29Daarmee loof ons God 30en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense ewat na die gelykenis van God gemaak is.
| e Gén. 1:27. | 29 Gr. Daarin. Die apostel toon nou dat die misbruik van die tong ook ’n totaal misvormde saak is, en geheel en al onbetaamlik dat ’n mens met dieselfde tong waarmee hy God loof, sy naaste, na God se ewebeeld geskape, sou laster of vloek, en dat sodoende deur een en dieselfde tong totaal teenstrydige werke voortgebring sou word.
30 Dit is, God, wat ons Vader is, soos tevore in Jak. 1:27. |
Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. 31Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
| 31 Dit is, hierdie misbruike van die tong, wat tevore aangewys is. |
’n Fontein laat tog nie 32uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?
| 32 Gr. uit dieselfde holte, dit is, springaar. |
’n Vyeboom, my broeders, kan tog nie 33olywe 34voortbring, of ’n wingerdstok 35vye nie? 36So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
| 33 Dit is, vye en olywe tesame, dit is, soet en bitter vrugte.
34 Gr. maak. 35 Dit is, druiwe en vye tesame. 36 Sien die voorgaande vers. So behoort die tong dan ook nie goed en kwaad, teen die ander skepsele, voort te bring nie. |
Die wysheid wat van bo is.
37WIE is wys en verstandig onder julle? fLaat hom uit 38sy goeie lewenswandel 39sy werke 40in sagmoedige wysheid toon.
| f Ef. 5:8. | 37 Dit is, as daar iemand onder julle is, wat hom daarvoor uitgee dat hy wys en verstandig is, of daarvoor gehou wil word, laat hom sy wysheid toon, ens. Die apostel wys van hier af die regte middele aan teen die meesteragtige veroordeling en misbruik van die tong, waaroor hy tot nou toe gespreek het.
38 Dit is, omgang onder die mense, sowel in die kerk, regering en huishouding, as in die besonder met alle mense. 39 Dit is, laat hom nie oor sy wysheid roem nie, maar laat hom dit in waarheid met sy werke bewys, deur so ’n meesterskap na te laat, en sy tong te bedwing. 40 Gr. in sagmoedigheid van die wysheid, dit is, in sodanige wysheid wat altyd met sagmoedigheid gepaardgaan. |
gMaar as julle bittere 41afguns en selfsug in julle hart het, moenie 42roem en 43lieg 44teen die waarheid nie.
| g Rom. 13:13. | 41 Of: ywer; soos in Rom. 10:2. Dit is die fontein waaruit die voorgaande sondes gewoonlik spruit. Om hierdie rede probeer die apostel om dit eers toe te stop.
42 Naamlik dat julle opregte Christene is nie. 43 Naamlik as julle so roem. 44 Naamlik van die evangelie, wat deurlopend leer dat sulke sondes nie saam met die Christelike roeping kan bestaan nie. Of: teen die waarheid van die saak, omdat julle geen ware Christene is nie, ook nie waarlik verstandig nie, soos julle roem om te wees. |
hDít is nie die wysheid 45wat van bo kom nie, maar is 46aards, 47natuurlik, 48duiwels;
| h 1 Kor. 2:6, 7. | 45 Dit is, van die hemel, van die Vader van die ligte, Jak. 1:17, van wie die regte en saligmakende wysheid voortkom en verkry word. Sien ook Joh. 3:5.
46 Dit is, wêrelds, wat die aardse en wêreldse mense het. 47 Gr. siellik, soos in 1 Kor. 2:14. Dit is, wat uit die siel van die mens kom, soos die siel van nature is, en nog onwedergebore, verdorwe en onverstandig in geestelike sake. 48 Dit is, soos die duiwel het, en wat hy die mense ingee. |
iwant waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
| i 1 Kor. 3:3. Gal. 5:20. |
Maar die wysheid van bo is ten eerste 49rein, dan vredeliewend, 50vriendelik, 51geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, 52onpartydig en ongeveins.
| 49 Of: suiwer; nie besmet met sodanige heersende gebreke en sondes nie.
50 Of: beskeie. Dit staan nie tot die uiterste toe op sy regte nie, maar sien graag van sy reg af. Sien Filip. 4:5 se kanttekening. 51 Dit is, gee graag ruimte vir goeie onderrig en vermanings, en hou nie hardnekkig aan sy punt vas nie. 52 Die Griekse woord beteken ook iemand wat nie al te noukeurig ’n saak ondersoek of onderskei nie. Die hemelse wysheid maak ook wel onderskeid en oordeel tussen waarheid en onwaarheid, tussen goed en kwaad, 1 Kor. 10:15. 1 Thess. 5:21. 1 Joh. 4:1. Jud. vers 22, maar oordeel nie ligvaardig of te skerp oor sy naaste se woorde of werke nie. Dit is wat die apostel hier wil sê. |
En 53die vrug van die geregtigheid 54word 55gesaai in vrede vir die wat vrede 56maak.
| 53 Naamlik die ewige lewe. Sien Rom. 6:21, 22. Gal. 6:8.
54 Dit is, word deur vrede gesaai. Of: die vrug van die geregtigheid wat in vrede, dit is, in die ware geluksaligheid, bestaan, word gesaai, ens. 55 Dit is, weggelê en bewaar. Sien oor hierdie beeld Ps. 97:11. Gal. 6:8. 56 Of: beoefen, dit is, wat nie net vrede maak tussen strydende partye nie, maar ook alle ywer en middele aanwend om met alle mense, sover dit moontlik is, in vrede te lewe. |
Aanneming van die persoon word veroordeel.
MY broeders, laat julle 1geloof in onse Here Jesus Christus, 2die Here van die heerlikheid, nie wees a3met aanneming van die persoon nie.
| a Lev. 19:15. Deut. 16:19. Spr. 24:23. Matt. 22:16. | 1 Dit is, die Christengeloof, waarvan Christus die Fondament is, 1 Kor. 3:11 en die kanttekening.
2 Hiermee word die waardigheid van die Christengeloof aangedui. Dit dui nie alleen daarop dat Christus vir ons gekruisig is nie, 1 Kor. 2:2, maar ook dat Hy van ewigheid af God is, en nou in heerlikheid aan die regterhand van God sit in die hoogste plek. Sien 1 Kor. 2:8. Hebr. 1:3. 1 Petr. 3:22. Ander voeg hierdie woorde van die heerlikheid by die woord geloof; omdat die geloof vernaamlik daarop wys dat Christus deur sy lyding in sy heerlikheid ingegaan het, en alle gelowiges ook daarin sal bring en dit deelagtig maak. 3 Dit is, van die uiterlike dinge van die mens, wat niks aan die saak toedoen nie, soos rykdom, mag, ens. Sien hieroor Hand. 10:34 en Rom. 2:11 se kanttekeninge. |
Want as daar in julle 4vergadering 5’n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ’n 6pragtige kleed aan, en daar kom ook 7’n arm man in met vuil klere aan;
| 4 Gr. sinagoge, verstaan hierdeur nie die Joodse skole of sinagoges, waar die Christene nie meer gekom het om hul godsdiens te beoefen nie, maar allerlei plekke waar die Christene bymekaargekom het om hul godsdiens te beoefen.
5 Dit is, ryk mense wat vanweë hul rykdom of voorkoms voorgetrek word, wat dikwels gevind word onder diegene wat in verse 6 en 7 beskryf word. 6 Gr. blinkende. 7 Naamlik hoewel hy vroom en gelowig is. |
en as julle 8opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u 9op hierdie goeie plek sit, en vir 10die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit —
| 8 Dit is, almal saam julle oë met eerbied op hom vestig.
9 Gr. goed, of: ereplek. 10 Naamlik wat in die vergadering kom. Sien vers 2. |
11het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en 12regters met verkeerde oorlegginge geword nie?
| 11 Of: is julle nie in julleself veroordeel nie? Dit is, in jul gewetens daarvan oortuig dat julle daardeur verkeerd doen nie?
12 Dit is, julle het geoordeel dat jul verkeerde oorlegginge in hierdie aanneming van die persoon goed en reg was. Of: regters wat verkeerde oorlegginge het, dit is, verkeerde regters. |
bLuister, my geliefde broeders — 13het God nie die 14armes van hierdie wêreld 15uitverkies 16as rykes in die geloof en erfgename 17van die koninkryk wat Hy cbeloof het aan die 18wat Hom liefhet nie?
| b Joh. 7:48. 1 Kor. 1:26, ens.
c Ex. 20:6. 1 Sam. 2:30. Spr. 8:17. Matt. 5:3. |
13 Dit is, het julle nie gelees, geleer of verstaan, dat God, ens.
14 Nie almal nie, maar meer armes as rykes, 1 Kor. 1:26. 15 Naamlik van ewigheid af, voor die grondlegging van die wêreld, Ef. 1:4, en in die tyd geroep. 16 Of: om ryk te word in die geloof, ens., soos die hieropvolgende woorde hierdie betekenis vereis. Sien dergelike spreekwyse in Rom. 8:29. 17 Naamlik van die hemele, en van alle hemelse goedere, hoewel hulle nie die goedere van hierdie wêreld het nie. 18 Naamlik hetsy armes of rykes; die apostel voeg dit by, sodat die rykes nie sou meen dat hulle van die uitverkiesing en hierdie koninkryk ten ene male uitgesluit sou wees nie. |
Maar julle het die arm man 19oneer aangedoen. 20Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle 21voor die regbanke sleep nie?
| 19 Naamlik deurdat julle aan sodanige ryk man meer eer bewys as aan ’n gelowige arm man, wat julle verag.
20 Hy bewys dat sulke ryk mense hierdie eer nie waardig is nie, vanweë hul boosheid, omdat hulle die gelowiges met geweld onderdruk. 21 Naamlik om die gelowiges daar onder die skyn van reg valslik te beskuldig, en onbarmhartig te laat veroordeel. Sien Matt. 10:17. |
Is dit nie hulle wat 22die edele Naam belaster 23wat oor julle aangeroep is nie?
| 22 Naamlik van die Here Jesus Christus, die Seun van God.
23 Naamlik toe julle in sy Naam gedoop is. Of: na wie julle vernoem is, naamlik Christene. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien dergelike in Gén. 48:16. Jes. 4:1. |
As julle ewenwel 24die koninklike wet 25volbring volgens die Skrif: dJy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.
| d Lev. 19:18. Matt. 22:39. Mark. 12:31. Rom. 13:9. Gal. 5:14. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. | 24 Dit is, die vernaamste en algemene wet, waaronder alle ander wette ingesluit is, soos ’n algemene grootpad ook ’n koningsweg genoem word, Núm. 21:22. Of: wat God, die Here en Koning oor almal, ons voorgeskryf en gebied het.
25 Of: onderhou. Want as aanvaar word dat iemand die hele wet van die liefde tot sy naaste onderhou het; maar hy die persone behandel soos gesê is, dan is hy ’n oortreder van dié wet; omdat daar geen plek vir liefde tot die naaste kan wees, waar die naaste verag word nie; soos in die volgende vers verklaar word. |
Maar as julle 26partydig is, 27doen julle sonde en word deur 28die wet as oortreders bestraf.
| 26 Naamlik soos tevore verklaar is in verse 1, 2, ens.
27 Gr. werk, dit is, doen ’n werk wat sonde is, deur te stry teen die liefde vir die naaste. 28 Naamlik soos in die vorige vers meegedeel. |
eWant 29wie 30die hele wet onderhou, maar in een opsig 31struikel, 32het aan almal skuldig geword.
| e Deut. 27:26. Matt. 5:19. Gal. 3:10. | 29 Nie dat iemand die hele wet volmaak kan onderhou nie, maar dit word gesê onder voorbehoud, as daar iemand sou wees, of indien iemand hom daarop sou beroem, soos die jongman, Matt. 19:20.
30 Naamlik behalwe hierdie een ding waarin hy ’n misstap begaan. 31 Dit is, sondig; ’n beeld geneem van diegene wat, terwyl hulle wandel of loop, hul voet stamp en val. Sien Jak. 3:2. 32 Dit is, het hom skuldig gemaak aan die straf wat die wet teen die oortreders uitspreek, Deut. 27:26: Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou, ens. Want wie dit aandurf om die Wetgewer in die een te verag, durf dit ook aan om Hom in die ander te verag; en wie een lid van die liggaam skade aandoen, van hom word gesê dat hy die hele liggaam skade aangedoen het. |
Want Hy wat gesê het: fJy mag nie egbreek nie, 33het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ’n oortreder van die wet geword.
| f Ex. 20:14. Matt. 5:27. | 33 Dit is een en dieselfde Wetgewer, wat sowel die een as die ander verbied het. |
Julle moet 34so spreek en so doen soos diegene wat deur 35die wet van vryheid geoordeel sal word.
| 34 Naamlik sonder aanneming van die persoon.
35 Dit is, deur die evangelie, waardeur verkondig word dat ons deur Christus vrygemaak is van die vloek van die wet, sien Jak. 1:25, en gevolglik ’n swaarder oordeel te wagte sal wees, as ons hierdie genade tot onbarmhartigheid misbruik. Ander vertaal dit: soos diegene wat deur die wet van vryheid (dit is, volgens die leer van die evangelie), voortaan julle broeders sal oordeel, sonder aanneming van die persoon. |
gWant 36die oordeel sal onbarmhartig wees oor die 37wat geen barmhartigheid bewys het nie; en 38die barmhartigheid roem teen die oordeel.
| g Matt. 6:15; 18:35. Mark. 11:25. Luk. 16:25. | 36 Dit is, wat nie met barmhartigheid, of genade van vergewing versag of getemper is nie.
37 Dit is, wat geen liefde aan sy naaste betoon het nie, waaronder ook diegene is wat vanweë aanneming van die persoon die arme verag. Sien Matthéüs 25. 38 Sommige verstaan dit as die barmhartigheid van God, wat teen die streng oordeel van die wet roem, wat deur Christus oorwin en weggeneem is van alle gelowiges. Maar dit wil voorkom of die voorgaande woorde vereis dat dit verstaan word as die barmhartigheid van die mens, wat hy aan sy naaste bewys het. Die barmhartigheid roem, dit is, laat die mens wat dit gedoen het, in Christus roem en hom verbly teen die oordeel van die verdoemenis, dat dit nie oor hom sal kom nie; aangesien dit seker is dat dit nie sal kom oor die ware gelowiges nie, Joh. 5:24. Rom. 8:1. 1 Kor. 15:55, en hy deur die werke van barmhartigheid en liefde verseker is van die waarheid en opregtheid van sy geloof, Matt. 25:35, 36. Gal. 5:6. |
Nutteloosheid van geloof sonder werke.
h39WAT baat dit, my broeders, as iemand 40sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? 41Dié geloof kan hom tog 42nie red nie?
| h Matt. 7:26. Jak. 1:23. | 39 Naamlik tot troos en saligheid van die mens.
40 Dit is, uiterlik bely en roem, nieteenstaande dat hy in werklikheid geen ware geloof het nie. 41 Dit is, so ’n geloof, wat sonder die werke is. 42 Of: Kan dié geloof hom red? Dit is, regverdig maak voor God? |
iAs daar nou ’n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
| i Luk. 3:11. 1 Joh. 3:17. |
en een uit julle 43sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — 44wat baat dit?
| 43 Dit is, die liefde slegs met woorde aan hulle sou betoon.
44 Hy wil sê: Niks, nie vir die arme nie, ook nie vir diegene wat slegs met woorde liefhet nie. |
Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, 45in sigself dood.
| 45 Of: op sigself, dit is, het geen nut tot regverdigmaking nie; en geen krag om salig te maak nie, nie meer as wat ’n dooie liggaam sonder siel krag het om enige werke van die lewe te doen nie. Sien vers 26. |
Maar 46iemand sal 47sê: 48Jy het die geloof en 49ek die werke. 50Toon my jou geloof 51uit jou werke, en ek sal jou 52uit my werke 53my geloof toon.
| 46 Naamlik wat die ware en lewende geloof het, wat werksaam is deur goeie werke.
47 Naamlik vir ’n huigelaar, wat roem oor sy geloof, en geen goeie werke voortbring nie. 48 Naamlik ’n geloof wat sonder goeie werke is. Of: Jy sê dat jy die geloof het. Laat dit so wees. 49 Dit is, ’n geloof met die werke, of wat werksaam is deur die goeie werke. 50 Dit is, kom nou, as jy ’n ware geloof het, soos jy roem en jou dit verbeel, wys dit dan deur die werke, soos ’n boom deur sy goeie vrugte toon dat hy ’n goeie boom is, Matt. 7:17, 18. 51 Ander lees: sonder jou werke, wat ook ’n goeie verklaring is. Maar die meeste Griekse boeke het uit jou werke. 52 Naamlik uit die vrugte van ’n ware geloof as ’n seker bewys daarvan. 53 Naamlik dat dit ’n opregte en ware geloof is. |
Jy glo 54dat God één is. 55Jy doen goed; kdie duiwels 56glo dit ook, en 57hulle sidder.
| k Mark. 1:24. | 54 Dit is, jy glo nie, soos die heidene, dat daar baie gode is nie, maar dat daar slegs een God is, wat Hom in sy Woord geopenbaar het, Deut. 6:4. 1 Kor. 8:6.
55 Naamlik in soverre dat jy glo dat hierdie artikel waar is, soos dit ook is; maar sodanige kennis van en instemming met die artikels van die geloof is nie genoeg vir ’n opregte en ware geloof nie. Die bewys volg. 56 Dit is, weet en stem ook in dat daar slegs een God is; hulle het daarom nogtans geen ware geloof nie. 57 Of: beef, naamlik vir die verskriklike oordeel van God, waarvoor hulle in bewaring gehou word, 2 Petr. 2:4. Hulle vertrou nie op die genade van God en wil Hom nie as hul Vader dien nie. |
Maar 58wil jy weet, 59o nietige mens, dat die geloof 60sonder die werke dood is?
| 58 Dit is, wil jy nog duideliker onderrig word in hierdie leerstuk, ek sal dit nog duideliker bewys met die voorbeelde van Abraham en Ragab.
59 Dit is, jy geveinsde, wat tevergeefs oor die geloof roem, sonder om dit met die werke te toon. 60 Dit is, as dit sonder goeie werke is, soos in vers 17. |
Is Abraham, 61ons vader, 62nie uit die werke geregverdig ltoe hy Isak, sy seun, op die altaar 63geoffer het nie?
| l Gén. 22:10. | 61 Dit is, wat die vader van alle ware gelowiges is, Rom. 4:1, 11, 16, wie se geestelike kinders daarom deur geen ander geloof geregverdig word, as waardeur Abraham geregverdig is nie.
62 Dit wil voorkom of dit in stryd is met dit wat Paulus in Romeine 4 en Galásiërs 3 sê, waar hy leer en bewys dat Abraham nie uit die werke geregverdig is nie, maar deur die geloof. Dit het selfs ook sommige kerkvaders laat twyfel of hierdie brief van Jakobus ook as Heilige Skrif erken behoort te word. Maar as ’n mens die saak goed insien, is daar hoegenaamd geen teenstrydigheid nie. Want die oogmerk van Paulus is om (teen die vals apostels) te leer dat die mens nie voor God geregverdig word deur sy eie geregtigheid nie (wat bestaan uit die werke van die wet wat ons gedoen het), maar slegs deur die geloof, dit is, deur die geregtigheid van Christus, wat met ’n ware geloof aangeneem word, Rom. 3:28. Gal. 2:16. Filip. 3:9. Tit. 3:4, 5. Hebr. 10:38. Hy bewys dit met die voorbeeld van Abraham in Romeine 4. Maar die oogmerk van Jakobus is om (teen die mondchristene) te leer dat die geloof, waardeur ons voor God geregverdig word, nie net kennis met instemming is, of ’n uiterlike belydenis van die artikels van die geloof nie, maar ook ’n vaste vertroue van die hart op die genade van God in Christus, wat in die ware gelowiges goeie werke verwek en voortbring, waardeur hulle verseker word en aan ander betoon dat hulle die ware saligmakende geloof het, en voor God geregverdig is. Vir dié doel verwys hy hier ook na die voorbeeld van Abraham, en hy bewys dat sy geloof, waardeur hy voor God geregverdig is, sodanige geloof was, en dat dit vernaamlik uit daardie groot werk van die geloof blyk, toe hy sy seun Isak wou opoffer. Beide hierdie leringe, sowel van Paulus as van Jakobus, is waar en Skrifmatig, en geensins met mekaar in stryd nie. Daarom, as Jakobus hier sê dat Abraham uit die werke geregverdig is, dit is, soos hy self verklaar, uit die werk toe hy Isak opgeoffer het, dan verstaan hy onder hierdie woorde uit die werke dat Abraham met sy werke betoon dat hy ’n ware en lewende geloof gehad het, en dat hy deur die goeie werke, as vrugte daarvan, voor God en die mense betoon het dat hy waarlik voor God geregverdig was. Jakobus gebruik die woord geregverdig nie in die betekenis soos Paulus dit doen, as hy spreek oor die regverdigmaking van die mense voor God nie, maar as ’n bewys van die regverdigmaking voor God en die mense; soos hy ook deur die woord geloof, as hy in vers 24 ontken dat ons slegs daardeur geregverdig word, ’n blote instemming met en belydenis van die Christengeloof bedoel, wat nie gepaardgaan met vertroue en goeie werke nie, soos die ware saligmakende geloof wel doen. Want dat Abraham, om presies te wees, nie uit daardie werk voor God geregverdig is nie, blyk helder en duidelik uit Gén. 15:6, waar gesê word dat Abraham al enkele jare tevore, voordat hy sy seun opgeoffer het, toe hy die belofte van hierdie seun geglo het, deur God deur die geloof geregverdig is, soos Jakobus ook hier betuig, in vers 23. 63 Dit is, wou offer, of besig was om hom te offer. Hierdie werk was ’n duidelike bewys van ’n opregte en baie sterk geloof, Rom. 4:18-20. |
64Sien jy dat die geloof 65saamgewerk het met sy werke en dat die geloof 66volkome geword het uit die werke?
| 64 Of: Jy sien dan.
65 Naamlik om deur die goeie werke kragtig te bewys en te betuig dat hy voor God geregverdig was. 66 Dit is, verklaar en betoon om ’n geloof te wees, wat al sy dele gehad het, en volmaak of opreg was. Soos hierdie woorde volkome word ook gebruik word vir: volmaak bewys word, 2 Kor. 12:9. |
En 67die Skrif is vervul wat sê: mEn Abraham het God geglo, en 68dit is hom tot geregtigheid gereken, en 69hy is ’n vriend van God genoem.
| m Gén. 15:6. Rom. 4:3. Gal. 3:6. | 67 Dit is, deur daardie werk het hy betoon dat dit waar is wat die Skrif van hom sê, dat hy deur die geloof geregverdig is, omdat uit hierdie werk blyk dat hy die ware regverdigmakende geloof besit het, en deur die geloof voor God geregverdig is. Hier blyk ook dat Jakobus die regverdigmaking voor God inderwaarheid nie aan die werke toeskryf nie, maar aan die geloof wat deur die werke bewys word.
68 Sien die verklaring hiervan in Rom. 4:3 en die kanttekening. 69 Hierdie woorde word nie in Génesis 15 gevind nie, maar die saak kan afgelei word uit dit wat gesê word in Gén. 22:12, 16, 18, en hy word so genoem in 2 Kron. 20:7. Jes. 41:8. |
70Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word 71uit die werke en nie 72alleen uit die geloof nie?
| 70 Of: Julle sien dan nou, soos in vers 22.
71 Dit is, om geregverdig te wees soos dit deur die goeie werke betuig en bewys word. 72 Dit is, nie deur so ’n geloof wat sonder goeie werke is nie, of wat geen goeie werke daarmee saam voortbring nie. |
En is nRagab, 73die hoer, nie ook net so geregverdig 74uit die werke toe sy 75die boodskappers 76ontvang en 77met ’n ander pad weggestuur het nie?
| n Jos. 2:1; 6:23. Hebr. 11:31. | 73 Sien oor hierdie woord Hebr. 11:31 en die kanttekening.
74 Sien vers 21 se verklaring. Hieruit blyk ook dat, omdat sy inderwaarheid nie deur hierdie een goeie werk voor God geregverdig kon word nie, hierdie woorde daarom oneintlik verstaan moet word, naamlik dat sy met hierdie werk betoon het dat haar geloof ’n ware en regverdigmakende geloof was. Sien Hebr. 11:31. 75 Of: gestuurdes, naamlik wat gestuur is om die land Kanaän te verken. 76 Naamlik in vrede, Hebr. 11:31, sonder om hulle aan te gee, maar aan hulle alle hulp bewys het. 77 Naamlik om aan die gevaar te ontkom. Sien Josua 2. |
Want soos die liggaam 78sonder gees dood is, so is ook 79die geloof 80sonder die werke dood.
| 78 Dit is, sonder die lewendmakende siel, waardeur die liggaam beweeg en werke van die lewe voortbring; soos in Ps. 104:29. Jes. 2:22. Dit is, sonder asem of beweging.
79 Dit is, die kennis van en instemming met die artikels van die geloof; of die uiterlike belydenis daarvan. 80 Dit is, as dit nie saamgaan met die goeie werke nie. Sien verse 17, 20. |
Opskrif en seëngroet.
JAKOBUS,1 2’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan 3die twaalf stamme awat in 4die verstrooiing is: 5Groete!
| a Hand. 8:1. 1 Petr. 1:1. | 1 Sien die inleiding van hierdie boek.
2 Naamlik in diens van die apostelskap. Sien Rom. 1:1. Filip. 1:1. 2 Petr. 1:1. Jud. vers 1. Openb. 1:1. 3 Naamlik van die Israeliete of Jode, wat in twaalf stamme of geslagte verdeel was; naamlik hulle wat uit die stamme die evangelie aangeneem het. Sien Gén. 49:28. Ex. 24:4. Jos. 3:12. Hand. 26:7. 4 Die Israeliete of Jode is dikwels buite hul vaderland in ander lande verstrooi. Die tien stamme deur die Assiriërs, en die twee deur die Babiloniërs, wat later wel teruggebring is, maar sommige het in die verstrooiing gebly, sien meer hieroor in Hand. 2:5 en die kanttekening. Uiteindelik is hulle ten ene male verstrooi deur die oorlog van die Romeine onder Vespasianus en Titus; hulle het in dié verstrooiing gebly tot op hierdie tyd. Dit wil voorkom of hierdie laaste verstrooiing nog nie plaasgevind het toe hierdie brief geskryf is nie; sodat hier diegene verstaan word wat deur die eerste verstrooiings agtergebly het in die lande van Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië, ens., soos ook in 1 Petr. 1:1 en die kanttekening genoem word, en ook blyk dat die Jode in hierdie en ander ver lande verstrooi was, en waarvan sommige tot die Christelike geloof bekeer is, Hand. 2:9-11, 41. 5 Gr. Gairein, dit is, om bly te wees; dit was ’n manier van groet wat by die Grieke gebruiklik was. Sien Matt. 26:49; 27:29. Joh. 19:3. Hand. 15:23. |
Die beproewinge en versoekinge.
bAG dit 6louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande 7versoekinge 8val,
| b Matt. 5:11. Rom. 5:3. 1 Petr. 1:6. | 6 Gr. alle, dit is, slegs vreugde, niks anders as vreugde nie. Hierdie vreugde ontstaan nie uit die ervaring van verdrukkinge nie, maar uit die ervaring van God se genade te midde van die verdrukkinge, en dat die nuttighede en vrugte daarvan bemerk word soos die volgende verse vermeld.
7 Dit is, verdrukkinge, wat so genoem word omdat God daardeur ons standvastigheid in die geloof beproef en bekendmaak, soos in die volgende vers verklaar word. So word ook gesê dat God Abraham beproef het, Gén. 22:1 en die kanttekening, dit is, sy geloof beproef het. Sien ook 2 Petr. 2:9. Openb. 3:10. 8 Die Griekse woord beteken om daar midde-in te val, om as ’t ware van alle kante, rondom, daardeur vasgevang te wees. |
c9omdat julle weet dat 10die beproewing van julle geloof 11lydsaamheid bewerk.
| c Rom. 5:3. 1 Petr. 1:7. | 9 Naamlik tot watter uiteinde God hierdie verdrukkinge oor julle laat kom, en watter nuttighede dit vir die gelowiges bring. Hierdie wetenskap is die oorsaak van die vreugde waartoe hy aanmoedig.
10 Dit is, die verdrukkinge, waardeur julle geloof, soos goud deur vuur, beproef word, 1 Petr. 1:7. 11 Naamlik nie die beproewing self nie, aangesien dit in die ongelowige ongeduldigheid en murmurering teen God voortbring, maar omdat God deur sy Gees die verstand van die gelowiges so verlig dat hulle verstaan dat Hy hulle geloof daardeur wil beproef en openbaar maak, en hulle daardeur vir die ewige vreugde voorberei. En dit is nie in stryd met wat Paulus in Rom. 5:4 sê nie: Die lydsaamheid werk beproefdheid, want onder die woord beproefdheid verstaan Paulus nie die verdrukkinge waardeur die geloof beproef word, soos Jakobus hier sê nie, maar gewaarwording en ervaring, naamlik van God se hulp, bystand, troos en getrouheid in sy beloftes. |
Maar die lydsaamheid moet 12tot volle verwerkliking kom, sodat julle 13volmaak en 14sonder gebrek kan wees en 15in niks 16kortkom nie.
| 12 Gr. ’n volmaakte werk. Dit is, ’n opregte, ongeveinsde en tot die einde toe durende werk, Matt. 10:22.
13 Soos hiervoor beskryf is, want die apostel het dit nie verstaan as ’n totaal volkome volmaaktheid volgens die eis van die wet nie, soos hierna blyk in Jak. 3:2. 14 Of: geheel opreg. Dit is, dat julle nie net ly vir ’n goeie saak nie, 1 Petr. 4:15, 16, maar ook in julle hele lewe alle opregtheid betoon, sodat elkeen daaruit mag sien dat julle ten onregte ly. 15 Naamlik wat die Christelike roeping van ons eis. Of: in geen versoeking nie, naamlik hoe swaar die versoeking ook sou wees. 16 Dit is, deur na te laat wat julle verskuldig is en wat julle, as goeie Christene, behoort te doen. |
dEn 17as iemand van julle 18wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan 19almal 20eenvoudig gee 21sonder om te verwyt, en 22edit sal aan hom gegee word.
| d Spr. 2:3.
e Jer. 29:12. Matt. 7:7; 21:22. Mark. 11:24. Joh. 16:24. 1 Joh. 3:22; 5:14. |
17 Naamlik soos dit ons almal van nature ontbreek.
18 Dit kan wel as alle wysheid verstaan word, maar die apostel verstaan hier vernaamlik die wysheid van geestelike en hemelse sake, waarvan die begin vrees van God is, en besonderlik dié wysheid wat gebruik moet word in verdrukkinge, om die regte oorsake daarvan te verstaan, en die manier hoe ’n mens hom daarin moet gedra en troos; waarin groot wysheid geleë is. 19 Naamlik wat reg tot Hom bid vir hierdie wysheid. 20 Of: mildelik. Dit is, sonder swarigheid of karigheid. 21 Naamlik soos mense, wat nie graag gee nie, oor die algemeen doen. Hy gee ons so dikwels en so baie. 22 Naamlik die wysheid; hierdie belofte kan ook uitgebrei word na ander dinge wat vir ons saligheid nodig is. Sien Matt. 7:7, ens. Luk. 11:9. Joh. 16:23. |
Maar hy moet 23in die geloof bid, 24sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
| 23 Dit is, met ’n vaste vertroue dat hy verhoor sal word, Mark. 11:22-24.
24 Naamlik of hy verhoor sal word of nie. Anders: of God in sy beloftes getrou is of nie. Sien oor hierdie woord Hand. 10:20; 11:12. Rom. 4:20. |
Want 25dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie —
| 25 Naamlik wat so, sonder vertroue, en twyfelende, bid. |
so 26’n dubbelhartige man, 27onbestendig 28in al sy weë.
| 26 Gr. ’n tweesielige man, dit is, wat sy siel of hart as ’t ware in twee dele verdeel het tussen God en sy begeerlikhede, en so albei wil dien, soos die Israeliete hulle hart verdeel het tussen die Here en Baäl, 1 Kon. 18:21. Hos. 10:2.
27 Dit is, nie net veranderlik van denke nie, maar ook onrustig in sy gemoed. 28 Dit is, in al sy gedagtes, beraadslagings en handelinge. ’n Hebreeuse spreekwyse. |
Maar laat die broeder 29wat gering is, 30roem in sy 31hoogheid,
| 29 Dit is, wat deur kruis, armoede en verdrukkinge in ’n geringe en ellendige staat is. Want so word geringheid dikwels as verdrukking verstaan. Sien Ps. 116:6; 119:71.
30 Dit is, verheug hom, soos in vers 2. 1 Petr. 1:6. 31 Dit is, in die heerlike staat, waartoe God hom geroep het, naamlik dat hy deur die geloof ’n kind en erfgenaam van God geword het, Joh. 1:12. Rom. 8:17. |
en 32die ryke 33in sy geringheid, want soos ’n blom van die gras sal 34hy verbygaan.
| 32 Naamlik wat nie aan sulke verdrukkinge onderworpe is nie, maar rykdom, eer en alle ander gemak van hierdie lewe in oorvloed het.
33 Hoewel hy in geen geringe staat is nie, maar in ’n verhewe staat in die oë van die wêreld, dat hy hierin nie roem nie, maar vernaamlik daarin, dat hy ’n nederige hart het, wat hom daarom nie bo ander verhef nie. Hy gedra hom in geringheid voor God en die mense terwyl hy gedagtig is aan die veranderlikheid van die sake van hierdie wêreld. 34 Naamlik só ’n ryke, soos in die volgende vers verklaar word. |
fWant 35die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal 36die ryke ook 37in sy weë 38verwelk.
| f Jes. 40:6. 1 Kor. 7:31. Jak. 4:14. 1 Petr. 1:24. 1 Joh. 2:17. | 35 Dit is, soos die son opgaan, ens.
36 Dit geld alle mense, maar word vernaamlik van die rykes gesê, omdat hulle baie moeilik van die vertroue op hul rykdomme afgetrek kan word. Sien 1 Tim. 6:17. 37 Sien vers 8 se kanttekening. Gr. poreiais, dit is, wandelinge. 38 Dit is, sy hoogheid en heerlikheid verloor, soos ’n blom wat verwelk. |
gSalig is die man wat 39versoeking 40verdra, want as hy 41die toets deurstaan het, sal hy h42die kroon van die lewe 43ontvang wat die Here ibeloof het aan die 44wat Hom liefhet.
| g Job 5:17.
h 2 Tim. 4:8. 1 Petr. 5:4. Openb. 2:10. i Matt. 10:22; 19:28, 29. |
39 Dit is, verdrukking. Sien vers 2.
40 Naamlik lydsaam en standvastig. 41 Naamlik deur die verdrukking getoets is, en bevind dat hy ewenwel standvastig in die geloof bly. 42 Dit is, die ewige lewe, waarmee hy ná die stryd en oorwinning soos met ’n kroon verheerlik sal word. 43 Dit is, verkry, nie as ’n loon na verdienste nie; want die lyding van die teenwoordige tyd kan nie opgeweeg word teen die toekomende heerlikheid nie, Rom. 8:18, maar as ’n genadige geskenk, Rom. 6:23. 44 Dit is, hulle wat in Christus glo, Joh. 3:36; 5:24, en hulle geloof toon deur ’n standvastige liefde tot God en hul naaste. Sien 2 Tim. 4:8. |
Laat niemand, 45as hy in versoeking kom, 46sê: Ek word deur God versoek nie. Want God 47kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self 48versoek Hy niemand nie.
| 45 Hier word die woord versoek in ’n ander betekenis gebruik as in die voorgaande, naamlik vir aanlok of verwek tot kwaad of sonde. Omdat die Satan dit altyd doen, word hy daarom ook die versoeker genoem, Matt. 4:3. 1 Thess. 3:5.
46 Naamlik soos sommige skynbaar gedoen het. Omdat die verdrukkinge (waardeur ’n mens tot afval en ander sondes aangelok word of daardeur verwek word om die verdrukkinge te ontvlug) deur die voorsienigheid van God oor ons gestuur word, Gén. 45:7. 2 Sam. 16:10, kom hulle tot die slotsom dat God dan ook ’n outeur moet wees van die verwekking tot die kwaad, wat deur verdrukkinge geskied. Die apostel weerlê dit hier kragtig. 47 Gr. is onversoeklik van die kwade, dit is, kan vanweë sy volmaakte goedheid nie self tot kwaad verwek word nie, of iemand daartoe verwek nie, omdat Hy nie kan doen wat teen sy natuur stry, en waarvan sy natuur ’n afkeer het nie. 48 Dit is, verwek niemand tot kwaad nie. |
Maar elkeen 49word versoek 50as hy deur sy eie begeerlikheid 51weggesleep en 52verlok word.
| 49 Dit is, tot die kwaad aangelok; soos tevore.
50 Dit is, van die bose luste van sy vlees, wat alle mense van nature het, en wat ná die val van die eerste ouers by almal aangebore is. Want hoewel die Satan en die wêreld ons ook tot die kwaad aanlok, sou hulle nogtans niks kon uitrig nie, indien hierdie bose luste, as inwendige en vernaamste oorsake, nie daarmee saam gekom het nie. 51 Naamlik van die goeie. 52 Naamlik tot die kwaad, deur die soetigheid daarvan soos deur aas daartoe aangelok te word. Dit is die eerste bose roersel in die hart van die mens, as hy tot die kwaad versoek of verwek word; daardie roersel is reeds sonde, omdat dit afwyk van die opregtheid wat die wet eis, 1 Joh. 3:4 se kanttekeninge, wat die apostel Paulus dikwels sonde noem, Rom. 7:7-9, 11, ens., en dit is in stryd met die tiende gebod: Jy mag nie begeer nie. |
Daarna, as die begeerlikheid 53ontvang het, 54baar dit sonde; en as die sonde tot 55volle ontwikkeling gekom het, 56bring dit 57die dood voort.
| 53 Hy verklaar dit nader met ’n beeld van ’n vrou wat haar vrug eers ontvang en daarna baar. Onder die ontvang van die begeerlikheid word ’n tweede beweging of roersel in die hart verstaan, waardeur ook die wil daarmee instem, soos Dawid, toe hy na die vrou van Uría gekyk het, eers verlei is om haar te begeer, en daarna in sy hart besluit het dat hy haar wou hê. Daarmee was die sonde as ’t ware ontvang, 2 Sam. 11:2, ens.
54 Dit is, bring voort, en volbring deur die daad die uiterlike sonde, wat om daardie rede gewoonlik daadsonde genoem word, en hier vol ontwikkelde sonde. Waaruit dan nie afgelei kan word, dat die begeerlikheid geen sonde sou wees nie; inteendeel, omdat dit sulke slegte vrugte voortbring, moet dit ’n slegte boom wees, Matt. 7:17, 18. 55 Dit is, uitwendig gedoen is. Dit is ’n beskrywing van die daadsonde. 56 Die apostel gebruik hier ’n Griekse woord, wat eintlik op die bevalling dui, waar die vrug van ’n vrou van haar skei, en dit uit haar liggaam voortkom, om by die vorige beeld te bly. 57 Naamlik die tydelike en ewige dood. Sien Deut. 27:26. Eség. 18:4. Rom. 1:32; 6:23. Hieruit kan nie afgelei word dat slegs die daadsondes die dood verdien, en nie ook die inwendige slegte begeerlikhede nie. Want dat dit ook die dood verdien, getuig Moses uitdruklik in Deut. 27:26, Christus in Matt. 5:22, 28, Paulus in Rom. 5:14; 7:7, Johannes in 1 Joh. 3:15. Maar die apostel leer slegs hoe die sonde ons mettertyd toenemend tot die dood bring. |
58Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
| 58 Dit is, vernaamlik in hierdie leerstuk; dat julle God vir ’n outeur van die versoekings of aanlokkings tot die kwaad sou hou, want dit is godslasterlik. |
kElke goeie gif en elke 59volmaakte gawe daal 60van bo af neer, van die 61Vader van die ligte, lby wie daar 62geen verandering of 63skaduwee van 64omkering is nie.
| k Spr. 2:6. 1 Kor. 4:7.
l Jes. 14:27; 46:10. Mal. 3:6. Rom. 11:29. |
59 Dit is, wat nodig en dienstig is om die mens toenemend te vervolmaak en tot saligheid te bring.
60 Dit is, van God af, wat sy troon daar bo in die hemel het, en van daar sy gawes na ons afstuur. Sien Joh. 3:31. 61 Dit is, wat nie net die lig self is, 1 Joh. 1:5, 7, en ’n ontoeganklike lig bewoon nie, 1 Tim. 6:16, maar verlig ook elke mens wat in die wêreld kom, Joh. 1:9. 62 Gr. geen verandering in is, naamlik in sy wese, natuur en eienskappe. 63 Gr. afskaduwing; ’n beeld van die son, waarvan die skynsel dikwels deur enkele wolke as skaduwees verduister word. 64 Naamlik van sy wil, van goed tot kwaad. |
m65Volgens sy wil het Hy ons 66voortgebring deur 67die woord van die waarheid, sodat ons as 68eerstelinge 69van sy skepsele kan wees.
| m 1 Kor. 4:15. Gal. 4:19. 1 Petr. 1:23. | 65 Gr. Willende of gewil het, dit is, na sy welbehae, wat die oorsprong van ons wedergeboorte en saligheid is, Filip. 2:13.
66 Die Griekse woord beteken eintlik: soos wanneer ’n moeder haar kind in die wêreld bring; soos in vers 15. 67 Dit is, deur die verkondiging van die evangelie, wat as uiterlike middel daarvoor nodig is. Sien Rom. 10:14, 17. 1 Petr. 1:23. 68 Gr. ’n sekere eersteling, dit is, soos die eerstelinge van vrugte eers aan God geheilig is, so is ook die gelowige Jode aan God geheilig vóór ander volke. 69 Dit is, van ander mense, sowel heidene as Jode, wat nog in Christus sou glo. |
Daders van die woord.
SO dan, my geliefde broeders, nelke mens moet gou wees 70om te hoor, stadig 71om te praat, stadig om toornig te word.
| n Spr. 17:27. Pred. 5:1. | 70 Naamlik die Woord van waarheid, om dit te leer. Of ook in die algemeen: om iets goeds te leer.
71 Dit is, jou oordeel oor bepaalde sake of persone uit te spreek. |
Want die toorn van ’n man 72bewerk nie die geregtigheid voor God nie.
| 72 Dit is, as dit te heftig is, spoor dit die mens nie aan om te doen wat reg is voor God nie, maar tot wraak, skeldtaal, slaan en dergelike bose werke. Sien Ps. 4:5. Matt. 5:22. |
oDaarom, 73doen afstand van alle 74vuiligheid en 75oorvloed van boosheid, en 76ontvang met sagmoedigheid 77die ingeplante 78woord, wat 79in staat is om julle siele te red.
| o Rom. 13:12. Kol. 3:8. | 73 Dit is die eerste deel van die ware bekering, om die kwaad af te lê, Ps. 34:15. Jes. 1:16.
74 Dit is, sonde, wat vuil en stinkend voor God is, en vernaamlik die vuil en lelike sondes wat deur die apostel Petrus genoem word, 1 Petr. 4:3. 75 Dit is, alle oorvloeiende en uitstaande boosheid. Die Christene moet alle boosheid, hoedanig dit ook al is, aflê, 1 Kor. 5:7. 1 Petr. 2:1, maar in die besonder die boosheid wat uitsteek en oorloop. 76 Naamlik deur geloof en gehoorsaamheid. 77 Naamlik ingeplant deur die diens van leraars, wat plant en natmaak, 1 Kor. 3:6, en die woord, as ’n onverganklike saad, in die harte van die mense saai, waardeur hulle wedergebore word en groei. Sien Luk. 8:11. 1 Petr. 1:23; 2:2. 78 Dit is, die leer van die evangelie. 79 Naamlik gepaardgaande met die krag en werking van die Heilige Gees, en deur die geloof aangeneem, Joh. 3:5. |
pEn word 80daders van die woord en nie net hoorders 81wat julleself bedrieg nie.
| p Matt. 7:21. Luk. 11:28. Rom. 2:13. 1 Joh. 3:7. | 80 Of: doeners; hierdeur verstaan die apostel nie diegene waarvan Paulus in Rom. 2:13 spreek, wat deur die nakom van die wet geregverdig wou word nie; maar diegene wat met die hart glo tot geregtigheid, hulle lewe volgens die leer van Christus skik, en hulle geloof betoon met die vrugte van bekering.
81 Gr. paralogizomenoi, dit is, tot ’n valse slotsom kom, waarmee hulle hul bedrieg, en tot die gevolgtrekking kom, omdat hulle hoorders van die woord is; Christus sê egter in Luk. 11:28, dat húlle salig is wat die woord van God nie net hoor nie, maar dit ook bewaar. |
qWant as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat 82sy natuurlike gesig in 83’n spieël sien;
| q Luk. 6:47. | 82 Gr. gesig van sy geboorte.
83 Want God se woord is soos ’n spieël: die wet, om ons smette en sondes daarin te sien; en die evangelie, om die genade van God in Christus daarin te aanskou. Hy wat slegs die wet sien, en sy sondes wat daarin aangewys word nie verbeter en laat staan nie, en wat die genade wat in die evangelie uitgebeeld word, nie met ’n ware geloof aanneem nie, hy is soos dié man, en so ’n aanskouing sal vir hom nie tot nut wees, as die ander dinge nie volg nie. |
want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
rMaar 84hy wat diep insien 85in die volmaakte wet 86van die vryheid en 87daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n dader van die werk, gelukkig wees 88in wat hy doen.
| r Matt. 5:19. | 84 Gr. hy wat neerbuk, dit is, wat terwyl hy neerbuk, kyk, soos ’n mens doen as jy iets baie graag wil insien. Sien Luk. 24:12. Joh. 20:5. 1 Petr. 1:12.
85 Dit is, die ingeplante woord, naamlik van die evangelie, soos in vers 21. Want die woord wet word hier gebruik vir die leer in die algemeen, soos Paulus die leer van die evangelie ook die wet van die geloof noem in Rom. 3:27. 86 Dit is, wat ons leer dat ons deur die Seun waarlik van die sonde vrygemaak is, en waardeur ons die Gees van vryheid, en nie van diensbaarheid nie, ontvang. Sien Joh. 8:36. Rom. 8:2, 15. 87 Dit is, in daardie wet of leer. 88 Dit is, wanneer hy by hierdie leer bly, en daarvolgens lewe. Hy verdien wel nie daardeur die geluksaligheid nie, wat deur die geloof alleen verkry word, Háb. 2:4. Rom. 3:22, ens. Gal. 2:16; 3:8, ens., maar dit is ’n weg om tot die geluksaligheid te kom, Ps. 1:1, 2. Ef. 2:10. |
sAs iemand onder julle 89meen dat hy godsdienstig is en 90sy tong nie in toom hou nie, maar 91sy hart mislei, die 92godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
| s Ps. 34:14. Jak. 3:6. 1 Petr. 3:10. | 89 Dit is, hom verbeel, hom daarvoor uitgee.
90 Naamlik deur te laster, te lieg, vuil te spreek, ens., want uit die oorvloed van die hart spreek die mond, Matt. 12:34. Slegs een soort sonde word genoem, waaronder alle ander dergelike sondes ook verstaan word. 91 Naamlik deur hierdie ydele inbeelding. 92 Naamlik wat hy uiterlik betoon, en waaroor hy roem. |
Reine en onbesmette godsdiens 93voor God en die Vader is dít: 94om wese en weduwees in hulle verdrukking te 95besoek en jou 96vlekkeloos te bewaar 97van die wêreld.
| 93 Dit is, wat God die Vader van ons eis en wat vir Hom aangenaam is.
94 Onder hierdie een soort liefdebetoning jeens die naaste word alle ander ook verstaan, waardeur die geloof werksaam moet wees, Gal. 5:6. 95 Of: opsig hê oor wese en weduwees. 96 Naamlik van die vuilighede, waaroor hy in vers 21 gespreek het. Sien ook 2 Tim. 2:21. 97 Dit is, van die goddelose mense, waarvan die wêreld vol is, 1 Joh. 5:19, en van die wêreldse begeerlikhede, wat in die wêreldse mense heers. Sien 1 Joh. 2:15, 16. |
Verskillende voorskrifte.
DIEa broederliefde moet 1bly.
| a Rom. 12:10. Ef. 4:3. 1 Petr. 1:22; 2:17; 4:8. | 1 Dit is, volhard, soos julle goed daarmee begin het. Sien Hebr. 6:10. |
bVergeet 2die gasvryheid nie, cwant daardeur het sommige, 3sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.
| b Rom. 12:13. 1 Petr. 4:9.
c Gén. 18:1; 19:1. |
2 Naamlik jeens die vreemdelinge en verjaagde Christene, wat dikwels hul vaderland moes verlaat, en nie geweet het waarheen om te gaan nie; sien ook Rom. 12:13. 1 Petr. 4:9. Hierdie deug word in die besonder by herders van die gemeente aangeprys, 1 Tim. 3:2. Tit. 1:8.
3 Naamlik soos Abraham, Gén. 18:1, en Lot, Gén. 19:1. |
dDink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self 4ook ’n liggaam het.
| d Matt. 25:36. | 4 Naamlik, in hierdie liggaamlike lewe, wat aan baie verdrukkinge onderworpe is. Of: ook in die liggaam so mishandel word, dit is, net so mishandel, of in dieselfde slegte omstandighede as hulle is. Ander verstaan dit as die liggaam van Christus, dit is, as sy gemeente, in dié sin: as iemand wat ook in die liggaam is, dit is, lede van dieselfde liggaam. Sien 1 Kor. 12:25, 26. |
Laat die huwelik 5in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
| 5 Gr. in alles, dit is, in alle dinge, of: onder alle persone. Want dit kan op beide maniere verstaan word: in alle dinge, naamlik wat die huwelikstaat volgens God se instelling meebring en vereis; of: onder alle persone, naamlik van watter staat of beroep hulle ook is, mits hulle dit wettiglik en in die Here doen, Levítikus 18. 1 Kor. 7:39. Die apostel stel hier ’n reël vir die getroudes, waarvolgens hulle hul moet gedra, en stel dus hierdie vermaning teen die misbruik van baie mense, wat hulle in hoerery of deur egskeiding in owerspel misdra het, om aan die laste en ongemakke van die huwelik te ontkom; en ook teen sommige valse leraars, wat in die tyd van die apostel, en ook daarna, die huwelikstaat as oneerbaar en bevlek verwerp het, waarteen die apostel ook Timótheüs waarsku, 1 Tim. 4:3. |
e6Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. fWees tevrede 7met wat julle het, want 8Hy het gesê: gEk sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
| e Ex. 23:8. Deut. 16:19. Spr. 15:16.
f Filip. 4:11. 1 Tim. 6:6, 8. g Deut. 31:6, 8. Jos. 1:5. 1 Kron. 28:20. |
6 Of: Julle sede, dit is, julle handel en wandel onder die mense.
7 Naamlik wat die Here deur jul arbeid en in jul beroep aan julle verleen, sonder om deur onbehoorlike praktyke, of te groot bekommering, na meer rykdom te streef. Sien Matt. 6:31, ens. 1 Tim. 6:6. 8 Naamlik God tot Josua, Jos. 1:5, en derhalwe in sy persoon tot alle gelowiges. |
Daarom kan ons met alle vrymoedigheid 9sê: hDie Here is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?
| h Ps. 56:5; 118:6. | 9 Naamlik met Dawid deur die geloof, Ps. 118:6. |
Gedenk ijulle 10voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.
| i vers 17. | 10 Of: leidsmanne, soos in vers 17. Hy spreek in die besonder van die apostels en ander getroue leraars, wat hul leer met hul bloed verseël het, sonder om op enige wêreldse vergelding te let, maar slegs op die ewige en hemelse gesien het, soos die volgende woorde aandui. Hy wil dus dat hulle altyd hul voorgangers se leer, standvastigheid in die geloof, en hul geduld in lyding gedenk, maar nie dat hulle aan die voorgangers enige godsdienstige eer sou betoon nie. |
Jesus Christus is 11gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
| 11 Dit is, soos Hy hul Helper in alle moeilike omstandighede was, soos hulle op Hom hul vertroue gestel het, en soos hul leer Christus Jesus alleen as die vaste fondament van die saligheid gestel het – só was Hy ook altyd dieselfde, is steeds dieselfde, en sal dit in ewigheid bly – as dieselfde God en dieselfde Middelaar, sowel in die Ou as in die Nuwe Testament. Sien 1 Kor. 3:11. Ef. 2:20. Openb. 1:8; 22:13. |
k12Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word 13deur genade, lnie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, 14geen voordeel gehad het nie.
| k Jer. 29:8. Matt. 24:4. Rom. 16:17. Ef. 4:14; 5:6. Kol. 2:16. 2 Thess. 2:2. 1 Tim. 4:3. 1 Joh. 4:1.
l Joh. 6:27. Rom. 14:17. |
12 Dit is, word dus nie so rondgeslinger nie. Want dit is ’n gevolgtrekking van die vermanings uit die voorgaande twee verse.
13 Dit is, deur die saak self wat deur die seremonies van die Ou Testament uitgebeeld was, en nie deur die seremoniële skaduwees nie, waarvan hy een soort aanhaal, naamlik die onderskeid tussen voedsel, terwyl hy die ander ook daaronder verstaan. Sien oor dergelike betekenis van die woord genade Joh. 1:17. Hand. 15:10, 11. 14 Naamlik vir die siel, en op sigself beskou. Want die koninkryk van die hemele is nie spys óf drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees, Rom. 14:17. |
Ons het 15’n altaar waarvan die 16wat die tabernakel bedien, geen reg het 17om te eet nie;
| 15 Hierdeur word geen klip of uitwendige altaar verstaan nie, want dan moes die apostel sê dat ons baie altare het, of moet hê, naamlik in alle tempels of hoeke van die tempels; maar hy spreek van dié geestelike altaar, naamlik Christus Jesus self, wat deur die ewige Gees Homself sonder smet geoffer het, Hebr. 9:14. Soos Christus se vlees dus die offer is, so is Christus ook die Hoëpriester, en die altaar self, wat hierdie offer geheilig het, soos die altaar gewoonlik die offer heilig, volgens die getuienis van Christus, Matt. 23:19. Christus word ook ons altaar genoem, omdat ons op Hom ons gebede en danksegginge aan God moet offer. Sien Openb. 6:9; 8:3.
16 Dit is, wat aan die seremonies van die Ou Testament nog gemeenskap wil hê om ’n deel van hul saligheid daarin te soek. Sien Gal. 5:2. 17 Dit is, waaraan hulle geen reg het om geestelike gemeenskap te hê nie, soos Paulus die geestelike gemeenskap verklaar in 1 Kor. 10:16. |
mwant die diere waarvan die bloed 18vir die sonde deur die hoëpriester 19in die heiligdom ingedra word — 20hulle liggame 21word 22buitekant die laer verbrand.
| m Ex. 29:14. Lev. 4:21; 6:30; 16:27. Núm. 19:3. | 18 Dit is, tot ’n offer vir die sonde.
19 Dit is, in die Allerheiligste, op die versoendag, wat die tiende dag van die sewende maand was, Lev. 23:27. 20 Naamlik van die geslagte diere. 21 Naamlik op God se bevel, sien daaroor Lev. 16:27. 22 Naamlik van die Israeliete in die woestyn; waaruit die apostel, soos uit ’n voorbeeld, aflei dat die gelowiges, wat gemeenskap het aan die bloed van Jesus Christus en sy verdienste, geen gemeenskap moet hê in hul uiterlike godsdiens met daardie vleeslike Israel of Jerusalem nie, noudat ons Hoëpriester sy offer daarbuite volbring het, en met sy bloed in die ware Allerheiligste ingegaan het. |
23Daarom het Jesus ook, om 24die volk deur sy eie bloed te heilig, nbuitekant die poort gely.
| n Joh. 19:17, 18. | 23 Dit is die tweede gevolgtrekking van die apostel, uit die voorgaande voorbeeld van die verbrand van die diere buitekant die laer, naamlik dat Christus buitekant die poort van die stad Jerusalem, waarin die seremonies van die Ou Testament plaasgevind het, die vuur van die toorn van God moes ly, om ons met God te versoen.
24 Dit is, die geestelike Israel, die kinders van die belofte, wat die engel die volk van Christus noem, Matt. 1:21, en wat Christus sy skape, Joh. 10:15, 16, en hulle wat die Vader Hom gegee het noem, Joh. 17:9, ens. |
Laat ons dan 25uitgaan 26na Hom toe 27buitekant die laer en 28sy smaad dra.
| 25 Naamlik deur ’n waaragtige geloof, sonder om ons meer aan enige ander seremonies te bind.
26 Naamlik, na Hom alleen. 27 Naamlik waarin al die seremonies van die Israeliete en priesters bedien en gebruik was. 28 Dit word om twee redes daarby gevoeg. Eerstens, omdat buitekant die laer, soos ook later buitekant die stad Jerusalem, die plek was waar mense gewoonlik die misdadigers, as synde voortaan die geselskap van mense onwaardig, uitgebring het om gedood te word, soos te sien is in Lev. 24:14. Jos. 7:24. Hand. 7:58, ens. Tweedens ook, omdat die Jode dit as ’n groot skande beskou het om geen gemeenskap aan die seremonies van die wet te hê nie. Sien Hand. 10:14, 15, 28. Gal. 2:12, 13. Paulus vermaan hulle om nieteenstaande alle versmading en vervolging van die Jode en ook van die wêreld oor hierdie saak, alleen tot Christus en sy offer hulle toevlug te neem en daarin standvastig te bly. |
oWant ons het hier 29geen blywende stad nie, maar ons 30soek die toekomstige.
| o Filip. 3:20. | 29 Dit is, geen vaste stad wat vaste fondamente het nie; of: waarna ons moet streef om lank te bly en daar ons heil te soek.
30 Dit is, wat vaste fondamente het en ewig is in die hemel. Sien Hebr. 11:10, 16. |
Laat ons dan gedurig 31deur Hom aan God ’n lofoffer bring, dit is pdie 32vrug van die lippe wat sy Naam 33bely.
| p Hos. 14:3. | 31 Naamlik Jesus Christus, dit is, terwyl ons deur die geloof steun op Hom, op sy verdienste en voorbidding. Sien 1 Petr. 2:5. 1 Joh. 2:1.
32 Dit is, nie soos die Israeliete uit die eerstelinge of vrugte van die aarde nie, maar die vrug van ons lippe, wat Hoséa in Hos. 14:3 die lippe as offerdiere noem, dit is, danksegging vir die weldade wat verwerf is. 33 Dit is, loof en dank, soos in Matt. 11:25. Rom. 14:11. |
Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, qwant God 34het ’n welbehae aan 35sulke offers.
| q Filip. 4:18. | 34 Naamlik in Christus Jesus, soos in vers 21 uitgedruk word. Soos die gehoorsaamheid van ’n kind, al verdien dit niks by sy vader nie, en van ’n onderdaan aan sy owerheid, nogtans aangenaam is, net so is ons weldadigheid ook vir God in Christus behaaglik en aangenaam, al kan ons daaroor nie voor Hom roem asof daar verdienste in is nie. Sien Luk. 17:10. Rom. 11:35.
35 Naamlik van dankbaarheid. Want Christus alleen is die offer van ons versoening met God, soos die apostel meermale betuig het. Sien Hebr. 9:25-28; 10:14, 18. |
rWees 36gehoorsaam aan julle 37voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele sas diegene wat 38rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie 39al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.
| r Filip. 2:29. 1 Thess. 5:12. 1 Tim. 5:17.
s Eség. 3:18; 33:8. |
36 Naamlik in alles wat hulle julle uit en volgens God se Woord gebied, soos in Eség. 3:2 uitgedruk word. Andersins beveel ook Christus sy dissipels dat hulle op hulle hoede moet wees vir die suurdeeg, dit is, verkeerde leer van die Fariseërs, Matt. 16:6, 12.
37 Dit is, herders en leraars, soos tevore in vers 7. Waarmee nie net die waardigheid van die amp van die leraars nie, maar ook hul verskuldigde plig bedoel word, soos ook in die volgende woorde uitgedruk word, want hulle waak vir julle siele, dit is, vir die saligheid van julle siele. Sien Eség. 3:18. 38 Naamlik indien iemand deur hulle nalatigheid of slegte voorbeelde verlore gaan. Sien Eség. 3:18. 1 Tim. 4:16. 39 Naamlik oor die ondankbaarheid of halsstarrigheid van die volk. |
Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons 40’n goeie gewete het, omdat ons 41in alles 42goed wil wandel.
| 40 Naamlik in alles wat ons doen en leer; in die besonder wat die verwerping van die seremonies betref, waarvan hy kort tevore gespreek het, en waartoe die Jode moeilik kon besluit. Sien dergelike in Hand. 23:1. 1 Kor. 4:4. 2 Kor. 1:12.
41 Of: onder almal, soos in vers 4 se kanttekening. 42 Dit is, opreg, volgens God se wil en bevel, soos in 2 Kor. 1:12 verklaar word. |
Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle 43teruggegee kan word.
| 43 Naamlik soos die apostel nie net hier nie, maar ook elders van sy hoop om uit sy boeie verlos te word betuig. Sien Filip. 2:24. Fil. vers 22. |
Heilwense en groete.
44MAG die God van die vrede, wat tdie 45groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, 46deur die bloed 47van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
| t Jes. 40:11. Eség. 34:23. Joh. 10:11. 1 Petr. 5:4. | 44 Met hierdie gebed sluit die apostel volgens sy gewoonte die brief af, en noem hy God die God van vrede, soos ook in Rom. 15:33; 16:20. 2 Kor. 13:11, ten opsigte van die evangelie van vrede, waardeur aan ons vrede met God en die mense verkondig en daadwerklik meegedeel word. Sien Luk. 2:14. Rom. 5:1. Ef. 2:14, 15.
45 Naamlik Jesus Christus, soos volg, vir wie die apostel so noem, nie net omdat Hy op ’n besondere wyse sy skape verlos het nie, maar ook omdat Hy ’n herder van alle herders is. Sien Joh. 10:11, ens. 1 Petr. 5:4. 46 Dit is, waardeur die nuwe, en gevolglik ook ewigblywende testament bevestig is, Hebr. 9:12. Die woorde in die bloed, of: deur die bloed kan gevoeg word, óf by die woorde groot Herder van die skape, omdat Hy daarom ’n groot en goeie herder is, omdat Hy sy skape deur sy bloed in ewigheid versoen het; óf dit kan gevoeg word by die woorde uit die dode teruggebring het, omdat Hy, terwyl Hy deur sy bloed die ewige Testament bevestig het, volgens die voorsegging van die profete, nie langer deur die dood vasgehou kon word nie, soos Petrus getuig in Hand. 2:24, ens. 47 Dit is, wat nimmermeer verander word, soos die eerste verander is; en gevolglik van ’n ewigdurende krag is. |
vjulle 48volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur 49in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan 50wie die heerlikheid toekom tot 51in alle ewigheid! Amen.
| v 2 Kor. 3:5. Filip. 2:13. | 48 Of: berei, bekwaam maak in alle goeie werke, dit is, in julle volbring wat daar nog sou mag ontbreek, soos die Griekse woord eintlik bedoel.
49 Gr. in julle tot stand te bring, naamlik deur sy Heilige Gees. Sien Filip. 2:13. 50 Naamlik Christus Jesus. Hierdie lof word in God se Woord nooit aan iemand anders as die ware en ewige God gegee nie. 51 Gr. in ewighede van ewighede. |
En ek vermaan julle, broeders, 52verdra die woord van vermaning, want ek het 53ook maar kort aan julle geskrywe.
| 52 Die apostel spreek hier so, om die skerpheid van sommige vermaninge wat in hierdie brief voorkom, te versag, vernaamlik in Hebreërs 6 en 10.
53 Dit word nie ten opsigte van ander briewe gesê nie, maar ten opsigte van die rykdom en gewigtigheid van die inhoud wat die apostel hier kortliks behandel. |
Julle moet weet dat die broeder 54Timótheüs vrygelaat is, saam met wie 55ek julle sal sien as hy spoedig kom.
| 54 Hieruit wil dit voorkom of Timótheüs iewers in Asië gevange gehou was, soos sommige ook aflei uit 1 Tim. 6:12, hoewel Lukas in die Handelinge van die Apostels daarvan geen melding maak nie, aangesien hy in sy geskiedskrywing nie verder gaan as tot die gevangenskap van Paulus in Rome nie.
55 Hieruit lei sommige af dat Paulus nou uit sy gevangenskap vrygelaat was toe hy hierdie brief geskrywe het, net soos dit deur baie afgelei word uit 2 Tim. 4:17, 18. Baie van die kerkvaders skrywe ook dat hy ná sy eerste vrylating in Rome nog ’n reis in Sírië en ander plekke gemaak het. Hierdie woorde kan egter ook verstaan word as die goeie hoop wat hy toe van sy vrylating gehad het, waarvan in vers 19 gespreek is. |
Groet al julle 56voorgangers en al 57die heiliges. Die wat 58van Italië is, groet julle.
| 56 Dit is, herders en leraars, soos in verse 7, 17.
57 Dit is, gelowige Christene, soos oral in die titels van die briewe van Paulus te sien is. 58 Dit is, nie net van Rome nie, maar ook diegene wat hom uit die hele Italië dikwels in sy gevangenskap besoek het. Sien Hand. 28:30, 31. |
59Die genade sy met julle almal! Amen.
| 59 Naamlik van Jesus Christus, soos die apostel in van sy ander briewe daarby voeg. |
Einde van die brief van PAULUS aan die Hebreërs.
Volharding onder beproewinge volgens die voorbeeld van Christus.
DAAROM dan, terwyl ons so 1’n groot wolk van getuies 2rondom ons het, alaat ons ook 3elke las aflê en 4die sonde wat ons so maklik omring, en b5met volharding 6die wedloop c7loop wat voor ons lê,
| a Rom. 6:4. Ef. 4:22. Kol. 3:8. 1 Petr. 2:1, 2.
b Rom. 12:12. Hebr. 10:36. c 1 Kor. 9:24. |
1 Dit is, so ’n groep of menigte van getuies, soos in die voorgaande hoofstuk beskryf is, wat in die geloof en die hoop standvastig en lydsaam volhard het.
2 So spreek die apostel, omdat – soos ’n wolk wat rondom ons in die lug hang, altyd deur ons gesien kan word, hoe ons ons ook draai – ons ook net so waarheen ons ons ook rig in God se Woord, hierdie voorbeelde aantref. 3 Naamlik van wêreldse sorg, bekommering en wellus, soos ook Christus die wat aan Hom behoort vermaan, Luk. 21:34. 4 Hy bedoel hier in die besonder die sonde van begeerlikheid, wat óf vanself uit die oorblyfsels van die verdorwe natuur maklik in ons opstaan, óf deur die geleenthede wat uitwendig voorval, en verhinderings veroorsaak in ons Christelike lewensloop, wat ons moet weerstaan en van ons wegwerp. Sien Rom. 8:1, 13. 5 Of: deur volharding. Want as die wedloop lank is en daar swarighede op die weg is, so is ook volharding in die wedloop nodig om nie te beswyk nie. 6 Of: die wedstryd. Want die Griekse woord agon beteken beide. Die Heilige Skrif vergelyk elders ook die toestand en die lewe van ’n Christen met ’n wedloop vir ’n prys, of ’n stryd gedurende die wedloop, 1 Kor. 9:24. 2 Tim. 4:7. 7 Gr. hardloop. |
8die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, dwat 9vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die 10skande verag het en aan die regterkant evan die troon van God 11gaan sit het.
| d Luk. 24:26. Filip. 2:8, 9, ens. 1 Petr. 1:11.
e Hebr. 1:3; 8:1. |
8 Naamlik veral; want hoewel ons ook goed doen deur op die voorgaande getuies te let, moet ons nogtans veral ons oë hierin op Christus slaan, wat die Leidsman tot die geloof is, en die Volmaker daarvan.
9 Naamlik waartoe Hy deur sy lyding nie net self sou kom nie, maar ook die gelowiges sou bring, Luk. 24:26. 1 Petr. 1:11. Of: in plaas van die vreugde, naamlik waarvan Hy die gebruik kon behou, as dit nie was dat Hy Hom ter wille van ons verneder en die kruis verkies het nie, Filip. 2:6, ens. 10 Naamlik wat Hom deur die sondaars aangedoen was in lewe en sterwe, soos in die volgende vers verklaar word. 11 Naamlik daarna, wanneer Hy dit alles standvastig en met volharding oorwin het, wat vir ons ook dien tot ’n voorbeeld van ’n gelukkige uitkoms. |
Want julle moet ag gee op 12Hom wat so ’n 13teëspraak 14van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle 15in jul siele nie 16vermoeid word en verslap nie.
| 12 Naamlik Jesus, wat so groot en heerlik is dat ons nie met Hom vergelyk kan word nie.
13 Hierdeur word alle veragting, smaad en hoon verstaan, wat Christus aangedoen was tot sy skandelike dood aan die kruis toe. 14 Dit is, van die goddelose en onregverdige mense, soos die woord sondaars ook verstaan word in Ps. 1:1. Joh. 9:25, 31, wat Hy met een woord kon verslaan. 15 Dit is, in die standvastige hoop en lydsaamheid van jul siele. 16 Of: verflou. |
fJulle het nog nie 17ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd 18teen die sonde nie.
| f 1 Kor. 10:13. | 17 Dit is, tot die uiterste, of: tot die dood toe.
18 Sommige verstaan die woord sonde hier as sondaars, soos in vers 3 uitgedruk is. Ander as die sonde self wat in ons is, waarvan hy in vers 1 gespreek het, wat ons met sware stryd moet aflê, ook selfs deur die tugtigings en verdrukkings, soos in verse 10, 11 verklaar word. |
19En julle het die 20vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: gMy seun, ag 21die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom 22bestraf word nie;
| g Job 5:17. Spr. 3:11. Openb. 3:19. | 19 Of: En het julle heeltemal vergeet, ens.? vraenderwys.
20 Naamlik van die Wysheid, Spr. 3:11, 12. 21 Die Griekse woord paideia beteken eintlik ’n tugtiging wat die kinders tot hul verbetering aangedoen word. 22 Of: weerspreek, met woorde getugtig. |
want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun 23wat Hy aanneem.
| 23 Dit is, as sy seun erken en beskou. |
As julle die tugtiging 24verdra, 25behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
| 24 Naamlik lydsaam, of: gewillig, soos tevore.
25 Naamlik, dit is vir julle ’n seker teken dat julle egte kinders is, en dat God julle dit oplê as Vader. Want die goddelose word ook deur God gestraf, maar as Regter, en spreek dikwels godslasteringe uit teen die God van die hemel in hierdie strawwe; sien Openb. 16:10, 11; of verval in wanhoop, soos Saul, Judas, ens. |
Maar as julle sonder tugtiging is, wat 26almal deelagtig geword het, dan is julle 27onegte kinders en nie seuns nie.
| 26 Naamlik ware en egte kinders.
27 Naamlik wat die vaders dikwels ver van hulle verwyder, en vir wie hulle menigmaal geen regte sorg dra nie, omdat hulle nie hul ware erfgename is nie. |
Verder, ons het ons vaders na 28die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan 29die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
| 28 Dit is, die liggaam, soos die teenstelling met die Vader van die geeste vereis.
29 Dit is, die Vader van die siele, soos die woord geeste ook in vers 23 verstaan word. God word in die besonder die Vader van die geeste genoem, omdat ons siele deur Hom sonder middel in die liggaam geskape word. Sien hieroor ook Núm. 16:22; 27:16. Pred. 12:7. Sag. 12:1. |
Want húlle het ons wel 30’n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons 31sy heiligheid kan deelagtig word.
| 30 Gr. vir min dae, dit is, in die jare van ons jonkheid.
31 Want deur die afsterwing van die sonde en deur die beoefening van lydsaamheid neem ons meer en meer toe in die heiligheid, waarvan die tugtigings middele en instrumente is. |
Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 32’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur 33geoefen is.
| 32 Dit is, van die geregtigheid wat ons gewetens vrede en blydskap toebring, in plaas van die droefheid wat die tugtiging ons aangedoen het; naamlik aangesien ons daardeur verseker word dat ons egte kinders is.
33 Naamlik met geduld en lydsaamheid, soos tevore. |
h34Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;
| h Jes. 35:3. | 34 Naamlik om met blydskap gedurende die wedloop tot die einde toe te hardloop. Dit is ’n afsluiting van hierdie vermaning wat in die eerste vers voorgehou is. |
en maak reguit 35paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie 36uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
| 35 Of: spore met julle voete.
36 Of: meer en meer uit die spoor gaan. Die apostel gaan voort met die beeld van hardloop in die regte baan tot die einde toe, en wel sonder om na een of ander kant toe af te wyk. Want baie onder die Jode wat tot die Christendom bekeer is, het altyd bly terugkyk na die Jodedom, en nie reguit gehardloop nie. Sien Hand. 15:1. Gal. 2:14. |
iJaag die vrede na 37met almal, en kdie heiligmaking 38waarsonder niemand 39die Here sal sien nie;
| i Rom. 12:18. 2 Tim. 2:22.
k Matt. 5:8. |
37 Naamlik soveel moontlik is, en soveel in julle is, altyd met behoud van ’n goeie gewete en vrede met God. Sien Rom. 12:18.
38 Naamlik heiligmaking, soos die Griekse woord noodwendig meebring, hoewel dit ook van beide waar is. Sien Matt. 5:8, 9. Joh. 13:35. 39 Naamlik in die toekomende lewe. Sien 1 Kor. 6:9. |
len pas op dat niemand in die genade van God 40veragter nie; dat m41geen wortel van bitterheid opskiet en n42onrus verwek en baie hierdeur 43besoedel word nie.
| l 2 Kor. 6:1.
m Deut. 29:18. n Hand. 17:13. Gal. 5:12. |
40 Dit is, agterbly, afwyk.
41 So noem die apostel vernaamlik die verleiers, en diegene wat ander tot afval wil bring, terwyl hy sien op ’n soortgelyke vermaning van Moses in Deut. 29:18, omdat die einde van sodaniges verdriet en bitterheid in die siel is. 42 Naamlik in julle gemeente. 43 Dit is, ook besmet en tot afval gebring. |
oLaat niemand ’n hoereerder wees nie, of ’n 44onheilige psoos Esau, wat vir één spysgereg 45sy eersgeboortereg verkoop het.
| o Ef. 5:3. Kol. 3:5. 1 Thess. 4:3.
p Gén. 25:33. |
44 Dit is, goddelose mens, wat na geen heilige of goddelike dinge vra nie.
45 Naamlik wat nie net voordeel in die familie oor die ander broers gegee het nie, maar ook ’n voorbeeld was van alle geestelike voordeel in die huis van God, soos in vers 23 aangedui word. |
qWant julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, 46verwerp is, want hy het geen geleentheid 47vir berou gevind nie, al het hy 48dit met trane vurig begeer.
| q Gén. 27:36. | 46 Of: verstoot, naamlik deur sy vader Isak, ten opsigte van sy eerste en geestelike seën, wat Jakob nou in sy besit gehad het.
47 Naamlik by sy vader Isak, so dat Isak berou sou gehad het dat hy Jakob geseën het. Want dit was hierdie berou wat Esau met trane gesoek het, soos in Gén. 27:36, ens., te sien is. 48 Naamlik die seën. Of: dit, naamlik die berou van sy vader. Want dat Esau geen berou oor sy eie misdaad begeer het nie, blyk daaruit dat hy direk daarna Jakob se lewe bedreig het. |
49Want julle het nie gekom rby 50’n tasbare berg nie sen ’n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm
| r Ex. 19:10, ens.; 20:21.
s Ex. 19:16. Deut. 5:22. |
49 Dit hang saam met die voorgaande vermaning tot vrede, heiligmaking, ens., omdat die Israeliete, wanneer hulle die wet sou hoor, Exodus 20, hulle drie dae tevore moes heilig, hul klere moes was, en hulle van hul vroue moes onthou. Sien Ex. 19:10, ens. As hulle dan dít moes doen wanneer hulle God die wet hoor aankondig, hoeveel te meer moet julle jul reinig na die gees, noudat julle kom tot die vergadering van die Nuwe Testament, om Christus se stem te hoor.
50 Dit is, die sigbare berg, naamlik Sinai, of Horeb; sien hieroor Ex. 19:17, ens. Deut. 5:2. |
en basuingeklank en 51die geluid van woorde waarby die hoorders tgesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie —
| t Ex. 20:19. Deut. 5:25; 18:16. | 51 Dit is, van die tien woorde of gebooie. Want daarop het hierdie smeking van die volk gevolg, Ex. 20:19. Deut. 5:25. |
want hulle kon die gebod nie 52verdra nie: vselfs as 53’n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ’n pyl neergeskiet word.
| v Ex. 19:13. | 52 Dit is, sonder om hulle daaroor te ontstel en te vrees.
53 Dit is, nie net enige mens nie, maar selfs ook enige dier, Ex. 19:13. |
En 54Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.
| 54 Hierdie woorde van Moses word wel nie in Exodus 19 gevind nie, maar die apostel het dit afgelei uit wat in vers 19 oor die redevoering van Moses tot God in hierdie verskriktheid gesê word. Of hy haal dit uit ’n historiese oorlewering, soos dit wat hy sê van Jannes en Jambres, 2 Tim. 3:8. Of uit ’n besondere openbaring, soos die hele orde van die skeppingswerk aan Moses geopenbaar is. |
Maar julle het gekom by 55die berg Sion en die stad van xdie lewende God, die hemelse Jerusalem en 56tienduisende engele,
| x Gal. 4:26. Openb. 3:12; 21:10, ens. | 55 Dit is, by die algemene kerk en die ware gemeente van Jesus Christus, waarvan die berg Sion ’n voorbeeld was; sien Ps. 2:6. Jes. 2:3; 49:14, ens.; wat terstond ook die stad van God en die hemelse Jerusalem genoem word, omdat dit deur God uit die hemel opgerig, in die besonder geregeer en verheerlik word. Sien Openb. 3:12; 21:2, 10. Sien ook Sag. 2:4, ens.
56 Naamlik wat ook dienaars van Christus is, en medediensknegte van die gelowiges, soos die engel spreek in Openb. 19:10; 22:9. |
by die feestelike vergadering en die gemeente 57van eersgeborenes wat yin 58die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by 59die geeste van die 60volmaakte regverdiges,
| y Luk. 10:20. | 57 Dit is, van die uitverkorenes, wat deur die besondere genade van God baie hemelse voorregte bo ander mense ontvang het.
58 Naamlik in die boek van die lewe. Sien Luk. 10:20. Filip. 4:3. Openb. 13:8. 59 Dit is, die siele van hulle wat die volmaakte heiligheid en saligheid in die hemel besit; sien 1 Kor. 13:10; hoewel hulle nog ’n ander vervolmaking met hulle liggame in die laaste dag verwag, 2 Tim. 4:8. 60 Of: geheiligde. |
en by 61Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en 62die bloed zvan die besprenkeling wat van beter dinge spreek 63as aAbel.
| z Hebr. 10:22. 1 Petr. 1:2.
a Gén. 4:10. Hebr. 11:4. |
61 Naamlik wat teenoor Moses gestel word, wat slegs ’n voorbeeld van die ware Middelaar Jesus Christus was.
62 Naamlik waarmee die Nuwe Testament bevestig en ons gewetens gereinig is. Sien Hebr. 9:11, ens. 63 Dit is, as die bloed van Abel, wat om wraak geroep het voor God, Gén. 4:10, terwyl die bloed van Christus om versoening en vrede met God roep. |
bPas op dat julle 64Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie 65ontvlug het nie wat 66Hom afgewys het toe Hy op aarde ’n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat 67Hy uit die hemele spreek.
| b Hebr. 2:3. | 64 Naamlik Christus, wat deur sy Gees en Woord spreek.
65 Naamlik die toorn of straf van God. 66 Verstaan hierdeur Christus, en onder ’n goddelike waarskuwing die woorde van die wet wat op Sinai afgekondig is. Ander neem dit egter as Moses, want die apostel stel hulle die voorbeeld van die Israeliete in die woestyn, hul rebellie teen Moses, en die strawwe wat daarop gevolg het, gedurig voor oë. 67 Naamlik Jesus Christus, die Seun van God, wat uit die hemel neergedaal het, Joh. 3:13, en die Here uit die hemel is, 1 Kor. 15:47, en wat nou terwyl Hy in die hemel aan die regterhand van sy Vader is, deur sy Gees en dienaars gedurig tot ons spreek. |
Toe het 68sy stem 69die aarde geskud; maar nou 70het Hy 71belowe en gesê: cNog een maal 72laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.
| c Hag. 2:7. | 68 Naamlik die stem van Jesus Christus; want Hy was die Engel van die aangesig van God, wat tot Moses gespreek het, Ex. 3:2, 4, ens., en deur wie die wet ook gegee is, Hand. 7:38.
69 Naamlik in die gee van die wet; sien daaroor Exodus 19. 70 Naamlik dieselfde Jesus Christus, as die ewige Seun van God, en Middelaar tussen God en die mense. Want die hele samevoeging van die woorde vereis hierdie verklaring. 71 Naamlik deur die profeet Haggai, Hag. 2:6, waar hy van die koms van Christus en van die roeping van die heidene profeteer. 72 Naamlik deels deur groot wonders en wondertekens aan hemel en aarde, soos in die koms van Christus en ten tyde van sy lyding en van sy opstanding plaasgevind het; maar in die besonder deur die kragtige verkondiging van die evangelie en die sending van die Heilige Gees oor die hele aarde, waardeur die seremoniële diens van die wet en die afgodery van die heidene tot niet gemaak, en die geestelike godsdiens oral opgerig is. Dit het ’n groot beweging en verandering, nie net op aarde nie, maar ook in die hemel veroorsaak, sodat ook die engele hulle daaroor verwonder en begerig is om daarin te sien, Ef. 3:10. 1 Petr. 1:12. |
En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van 73die wankelbare dinge as 74geskape dinge, sodat 75die onwankelbare 76kan bly.
| 73 Dit is, die veranderlike, soos die eerste tabernakel, en die godsdiens daaraan verbonde, was.
74 Naamlik met hande van mense, uit verganklike stof. 75 Dit is, die geestelike dinge wat daardeur uitgebeeld en in die Nuwe Testament teweeggebring was. Hiertoe behoort ook die nuwe hemel en aarde, waarvan Jesaja profeteer, Jes. 65:17, ens. 76 Naamlik onveranderlik in God se gemeente. |
Daarom, omdat ons 77’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons 78dankbaar wees, den so God 79welbehaaglik dien met 80eerbied en vrees.
| d 1 Petr. 2:5. | 77 Naamlik wat hier in ons begin, en hiernamaals volkome sal word.
78 Naamlik oor die genade wat ons reeds ontvang het. 79 Dit is, nie deur seremoniële en uitwendige dinge nie, maar in geestelike dinge, wat God altyd in Christus behaag. Sien Rom. 12:1; 14:17, 18. Hebr. 13:21, ens. 80 Of: skaamte en godvrugtigheid. |
eWant onse God is 81’n verterende vuur.
| e Deut. 4:24. | 81 Dit is, soos ’n verterende vuur, naamlik teen hulle wat ongehoorsaam of afvallig is. Sien Deut. 4:24. Hebr. 10:31. |
Die aard van die geloof; voorbeelde uit die Ou Testament.
DIE geloof dan is 1’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 2’n bewys van 3die dinge wat ons nie sien nie.
| 1 Dit is, om die dinge wat deur God in Christus beloof is, en wat derhalwe deur die hoop verwag word, te laat bestaan, of vas en asof teenwoordig te laat staan. Dit gebeur nie net deur ’n toestemming van God se beloftes in ons verstand nie, maar ook deur ’n vertroue daarop in ons wil. Sien Rom. 4:18, ens. Hebr. 3:14. Gr. hupostasis, dit is, selfstandigheid. Sien oor hierdie woord ook 2 Kor. 9:4; 11:17. Of: ’n vaste grond.
2 Of: oortuiging; want die geloof, wat op God se openbaring en belofte sien, oortuig en verseker die hart van die mens baie sterker van die waarheid van die dinge, as enige ander bewys wat uit die natuurlike verstand voortgebring is. 3 Dit is, selfs wat deur ons natuurlike verstand of denkvermoë nie begryp word nie. Of: wat nie vir ons oë sigbaar is nie. Want hoewel die dinge wat gesien word, ook wel geglo word, soos Christus tot Thomas spreek, Joh. 20:29, is dit nietemin nie eintlik die goddelike geloof, wat deur die Heilige Gees in ons gewerk word nie. Dié geloof sien slegs op God se belofte of openbaring, hetsy dit nou dinge uit die verlede, hede of toekoms is; soos uit die voorbeelde wat Paulus beskryf, sal blyk. |
Want daardeur het 4die mense van die ou tyd 5getuienis ontvang.
| 4 Naamlik voorvaders, van wie ons afkomstig is, en wie se voorbeelde ons moet navolg.
5 Naamlik dat hulle God behaag het, soos in vers 5 uitgedruk word. |
Deur die geloof verstaan ons adat 6die wêreld 7deur die woord van God 8toeberei is, bsodat die dinge wat gesien word, 9nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.
| a Gén. 1:1. Ps. 33:6. Joh. 1:10. Ef. 3:9. Kol. 1:16.
b Rom. 4:17. Kol. 1:16. |
6 Gr. die eeue; soos in Hebr. 1:2.
7 Dit is, deur die kragtige bevel van God. Sien Génesis 1. Ps. 33:6. 8 Dit is, geskape en in sodanige orde en gestalte gebring soos ons dit nou sien. 9 Of: ontstaan het, nie uit sienlike of sigbare dinge nie, dit is, uit niks. Want dit is eie aan die geloof, dat dit uit God se Woord glo dat die wêreld uit niks geskape is; waartoe geen filosoof deur die natuurlike denkvermoë kon kom nie. |
Deur die geloof chet Abel 10’n beter offer aan God gebring as Kain, 11waardeur hy dgetuienis ontvang het 12dat hy regverdig was, omdat God 13oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof 14spreek hy nog nadat hy dood is.
| c Gén. 4:4.
d Matt. 23:35. |
10 Sommige verstaan die woord beter as met ’n beter prys, omdat Abel uit sy vetste diere sy offer gebring het en Kain net uit enkele eenvoudige vrugte. Hier word egter die woord ook goed verstaan as waardiger, en vir God aangenamer. Die apostel kom tot dié gevolgtrekking, omdat God Abel en sy offer aangesien het, en Kain s’n nie. Die apostel getuig dat dit deur die geloof van Abel geskied het; naamlik omdat Abel in hierdie offer op die saad van die vrou gesien het, wat die kop van die slang sou vermorsel, dit is, op Christus, wat deur sy dood die duiwel tot niet sou maak, Hebr. 2:14.
11 Naamlik deur die geloof. 12 Dit staan wel nie in soveel woorde in Gén. 4:4 nie, maar die apostel lei dit af uit dit wat daar staan, naamlik dat God hom en sy offer genadig aangesien het, welke titel van regverdigheid Christus daarom ook aan Abel gee, Matt. 23:35. 13 Naamlik deur Moses, Gén. 4:4, of deur ’n buitengewone teken uit die hemel aangaande sy offer, soos oor Aäron se offer, Lev. 9:24, oor Elía s’n, 1 Kon. 18:38, Dawid s’n, 1 Kron. 21:26, en Salomo s’n, 2 Kron. 7:1, gebeur het, deurdat vuur uit die hemel gestuur is. Dit is ’n geloofwaardige aanname, omdat Kain, toe hy dit gesien het, oor sy broer met woede en afguns ontstoke was. 14 Naamlik nie net met sy goeie voorbeeld in God se Woord nie, maar ook deur sy bloed, wat ná sy dood tot God om wraak geroep het. Sien Gén. 4:10. Hebr. 12:24. |
Deur die geloof is eHenog 15weggeneem om die dood nie te 16sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy 17God behaag het.
| e Gén. 5:24. | 15 Gr. oorgeplaas, naamlik van die aarde in die hemel, soos van Elía gesê word in 2 Kon. 2:1.
16 Dit is, ly of ervaar; soos die woord sien ook verstaan word in Ps. 16:10. Joh. 8:51. Waaruit blyk dat sy liggaam in hierdie opneming in die hemel die sterflikheid afgelê het, en in ’n onsterflike en verheerlikte liggaam verander is; soos van Elía gelees word in Luk. 9:30, en van alle gelowiges in die laaste dag, 1 Kor. 15:51. 1 Thess. 4:15. 17 Hoewel die teks, Gén. 5:22, dit nie sê nie, kom die apostel tot dié gevolgtrekking uit dit wat daar staan, naamlik dat hy gedurig voor God gewandel het. |
En sonder geloof 18is dit onmoontlik om God te behaag; want hy 19wat tot God gaan, moet glo 20dat Hy is en 21’n beloner is van die 22wat Hom soek.
| 18 Of: is dit onmoontlik dat hy God behaag het, naamlik tot ewige saligheid. Die rede is omdat niemand buite Christus God só kan behaag nie, Joh. 14:6. Hand. 4:12.
19 Dit is, wat voortdurend voor God wandel, soos Moses van Henog spreek, Gén. 5:22, 24. Of: wat God dien, en daarna streef om sy guns te geniet. 20 Naamlik nie net dat God bestaan nie, maar ook soos Hy Hom in sy Woord geopenbaar het, nie net volgens die wet nie, maar ook volgens die evangelie, waarop die geloof, waarvan Paulus hier spreek, eintlik dui, Rom. 1:16, 17. 21 Of: loongewer, vergelder; dit is, volbringer van sy beloftes in die beloning van diegene wat Hom soek. Want op hierdie loon kan nie gehoop word nie, anders as uit ’n vorige belofte, waarop die geloof sien. Dit moet hier noodsaaklik nie ’n belofte van die wet nie, maar van die evangelie wees, aangesien niemand die belofte van die ewige lewe uit die wet deelagtig kan word nie. Sien Gal. 3:18. 22 Naamlik deur die weg in die evangelie geopenbaar, Joh. 17:3. |
Deur die geloof het fNoag, toe hy ’n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande 23wat nog nie gesien was nie, 24met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy 25die wêreld veroordeel het en 26’n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.
| f Gén. 6:13. | 23 Dit is, wat nog nie teenwoordig was nie, naamlik van die sondvloed, en van sy redding in die ark.
24 Naamlik met eerbied en kinderlike vrees vir God se dreigemente teen die wêreld, en vir God se beloftes teenoor hom. 25 Naamlik deur sy voorbeeld, in die teenwoordigheid van almal; soos in Matt. 12:41, 42. 26 Dit is, deelgenoot of: besitter, nie net van sy lewe nie, wat die goddelose Gam ook deelagtig was, maar ook van die ewige lewe, wat slegs deur die geregtigheid van die geloof verkry word, Rom. 4:13, ens. |
Deur die geloof het gAbraham, toe hy 27geroep is, gehoorsaam weggetrek 28na die plek wat hy as ’n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.
| g Gén. 12:4. | 27 Naamlik uit Ur in Chaldéa. Sien Hand. 7:2, ens.
28 Dit is, na die land Kanaän, hoewel dit in sy eerste roeping nog nie aan hom bekendgemaak was nie. Sien Gén. 12:1. |
Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ’n vreemde land en 29in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van 30dieselfde belofte.
| 29 Naamlik soos vreemdelinge en reisigers gewoonlik doen, om dit weer op te pak en na ander plekke te neem.
30 Naamlik van die toekomstige besit van die land Kanaän, en vervolgens ook van die ewige lewe. |
Want hy het 31die stad verwag 32wat fondamente het, waarvan God die 33boumeester en oprigter is.
| 31 Dit is, die hemel, of die hemelse Jerusalem, waarvan die land Kanaän en daarna ook Jerusalem slegs skaduwees was.
32 Naamlik wat vas en onbeweeglik is. Die apostel stel dit teenoor tente, wat nie fondamente het nie. Sien Hebr. 13:14. Openb. 3:12; 21:2, ens. 33 Dit is, argitek of tekenaar van die bouplan, soos gewoonlik gedoen word voordat ’n mens oorgaan tot die bou van stede. |
Deur die geloof het hSara self ook krag ontvang 34om bevrug te word; en toe sy i35oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom 36getrou geag het wat dit beloof het.
| h Gén. 17:19; 21:2.
i Luk. 1:36. |
34 Gr. tot neerwerping, of: tot grondlegging van die saad. Dit word nie net van Abraham verstaan, uit wie Sara die saad ontvang het nie; maar ook van Sara self, wat in hierdie ontvangenis, deur die krag van die geloof, haar eie saad op so ’n hoë ouderdom daarby gegee het, soos in alle natuurlike ontvangenis geskied. Sien ook Lev. 12:2 en die kanttekening.
35 Naamlik toe sy reeds negentig jaar oud was, en bowendien onvrugbaar. Sien Gén. 16:1. Rom. 4:19. 36 Want hoewel Sara aan die begin daaroor gelag het, so het sy nogtans daarna ook aan die belofte vasgehou. |
Daarom is daar ook gebore uit een vader, 37en dit ’n verstorwene, kinders ksoos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die 38strand van die see, wat ontelbaar is.
| k Gén. 15:5; 22:17. Rom. 4:18. | 37 Naamlik nie net ten opsigte van Sara nie, maar ook van homself, soos Paulus verklaar in Rom. 4:19. Dat Abraham ná die dood van Sara nog verskeie kinders uit Ketúra gekry het, moet aan die vernude krag toegeskryf word, wat hy deur hierdie nuwe belofte ontvang het.
38 Gr. lip. |
lIn die geloof het hulle almal gesterwe sonder om 39die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely mdat hulle 40vreemdelinge en bywoners op aarde was.
| l Joh. 8:53.
m Gén. 23:4; 47:9. |
39 Dit is, die saak wat verskeie kere aan hulle belowe was, van die besit van die land Kanaän en die Saad waarin alle geslagte van die aarde geseën sou word.
40 Soos deur Jakob uitdruklik betuig word, toe hy voor Farao gestaan het, Gén. 47:9, en van ander vóór en ná hom, Gén. 15:13; 28:4. Ps. 39:13. |
Want die wat 41sulke dinge sê, verklaar dat hulle 42’n vaderland soek.
| 41 Naamlik dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde is.
42 Naamlik wat buite hierdie wêreld in die hemel is, soos in vers 16 verklaar word. |
En as hulle bly dink het aan dié vaderland 43waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.
| 43 Naamlik hier op aarde, soos die land van Mesopotámië of Chaldéa, waaruit Abraham met sy huisgesin vertrek het. |
Maar nou verlang hulle na ’n beter een, dit is ’n hemelse. Daarom 44skaam God Hom nie vir hulle nom hulle God 45genoem te word nie, want Hy het vir hulle 46’n stad berei.
| n Ex. 3:6. Matt. 22:32. Hand. 7:32. | 44 Dit is, God ag dit nie benede sy waardigheid nie.
45 Naamlik selfs ná hul dood, soos Hy deurgaans die God van Abraham, Isak en Jakob genoem word. Sien Ex. 3:6. Waaruit Christus self tot die slotsom kom dat hulle nie net kinders van God was terwyl hulle op aarde geleef het nie, maar dat hul liggame ook weer sou opstaan, aangesien God nie ’n God van dooies is nie, maar van lewendes, Matt. 22:31, 32. 46 Naamlik wat fondamente in die hemel het, waarin God self sy heerlikheid openbaar, en hulle as ware burgers sal ontvang, Filip. 3:20. |
oDeur die geloof het Abraham, 47toe hy op die proef gestel is, Isak 48geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het 49sy eniggeborene geoffer,
| o Gén. 22:10. | 47 Dit is, God het van Abraham verlang om ’n vaste bewys van sy gehoorsaamheid te gee, Génesis 22.
48 Dit is, was hy bereid om te offer, of besig om hom te offer. 49 So word Isak genoem omdat slegs hy uit die vrye gebore was, en Ismael, uit die diensbare gebore, geen ware erfgenaam was nie. |
50aan wie gesê is: pIn Isak sal jou nageslag genoem word — want hy het 51gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek;
| p Gén. 21:12. Rom. 9:7. Gal. 3:29. | 50 Of: van wie, soos hierdie Griekse woordjie pros ook verstaan kan word, Hebr. 1:7, 8.
51 Dit is, by homself besluit of bedink, deur die geloof, wat vasstaan op God se beloftes. |
daaruit het hy hom ook, 52om so te spreek, terug ontvang.
| 52 Dit voeg die apostel daarby, omdat hy hom wat God beveel het om te slag, reeds as dood beskou het. Uit hierdie toestand, wat as ’n toestand van die dood beskou kon word, het hy hom terug ontvang toe God hom die offer belet het. |
qDeur die geloof het Isak vir 53Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms.
| q Gén. 27:28, 39. | 53 Dit is, in sy seën die land Kanaän en die omgewing só verdeel, en Esau se nageslag só aan Jakob se nageslag onderwerp, asof hy die volle besit daarvan reeds gehad het. |
rDeur die geloof het Jakob 54op sy sterfbed altwee die seuns van Josef geseën; sen 55hy het aanbid terwyl hy leun 56op die knop van sy staf.
| r Gén. 48:15.
s Gén. 47:31. |
54 Dit is, naby die dood.
55 Naamlik nie sy staf aanbid nie, soos sommige verkeerdelik meen, maar terwyl hy leun op sy staf, die God van sy vaders, en die Engel wat hom tot op daardie tydstip bygestaan het en van baie swarighede verlos het; dit is, die Seun van God; soos in Gén. 48:3, 15 gesien word. 56 Die Hebreeuse teks in Gén. 47:31 lui: aan die kop of koppenent van die bed. Die Griekse vertalers van die Ou Testament het egter vir mitta, dit is, bed, gelees matte, dit is, roede of staf; welke vertaling die apostel hier gevolg het, aangesien beide korrek kan wees. Want uit die vergelyking van Gén. 47:31 met Gén. 48:2 blyk dat Jakob, toe hy die seuns van Josef en daarna ook sy eie seuns geseën het, op sy bed gesit het, en vanweë sy swakheid op sy staf geleun het, omdat sy bene van die bed afgehang het, wat hy ná die seën weer opgetrek het, Gén. 49:33. |
tDeur die geloof het Josef aan die einde van sy lewe 57melding gemaak van die uittog van die kinders van Israel en bevel gegee 58aangaande sy gebeente.
| t Gén. 50:24. | 57 Dit is, betuig dat God sy belofte sou volbring, van die verlossing van die kinders van Israel uit Egipte. Sien Gén. 50:24, ens.
58 Dit is, dat sy gebeente saamgeneem moes word na die land Kanaän, nie uit ’n bygeloof, of om sy gebeente daar te laat aanbid nie, wat nooit gebeur het nie, maar om die gemeenskap wat hy met sy broers aan die belofte van God gehad het, en sy hoop op die vervulling daarvan, ook ná sy dood, hierdeur te betuig en hul nageslag daarin te versterk. |
vDeur die geloof is Moses ná sy geboorte deur sy 59ouers drie maande lank weggesteek, omdat hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en 60hulle het nie die gebod van die koning gevrees nie.
| v Ex. 2:2. Hand. 7:20. | 59 Gr. vaders, dit is, ouers, naamlik Amram en Jogébed, Ex. 6:19, wat deur die skoonheid van die kind beweeg was om iets besonders van hom te verwag, wat die apostel hier aan hul geloof op God se beloftes toeskryf. Josephus, die geskiedskrywer, getuig in Oudhede dat aan die vader van Moses deur ’n goddelike openbaring bekendgemaak was dat hierdie seun hulle uit Egipte sou verlos.
60 Naamlik nie só dat hulle die kind, volgens die bevel van die koning, sou doodmaak nie, hoewel daar ’n mate van swakheid in hul geloof gekom het, toe hulle hom ewenwel daarna op die rivier as vondeling gelê het, egter met die hoop dat iemand hom sou vind en grootmaak, soos gebeur het. ’n Geloof, al gaan dit met swakheid gepaard, word hier dus ook as ’n waaragtige geloof gereken. |
Deur die geloof het Moses, toe hy 61grootgeword het, geweier om 62die seun van Farao se dogter genoem te word,
| 61 Dit is, toe hy veertig jaar oud geword het, soos Stéfanus getuig, Hand. 7:23.
62 Want sy het hom as haar seun aangeneem, Ex. 2:10. Hand. 7:21. |
xomdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ’n tyd lank 63die genot van die sonde te hê,
| x Ps. 84:11. | 63 Dit is, die vermaaklikhede en gemak van die hof van Farao, wat hy nie kon geniet sonder om teen God te sondig nie. |
en die 64smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien 65na die beloning.
| 64 Dit is, wat hy ter wille van die verwagting van Christus, en volgens Christus se voorbeeld, sou moes ly. Sien dergelike in 2 Kor. 1:5. Kol. 1:24. Want Moses het ook die dag van Christus gesien, en hom daarin verheug, soos van Abraham gesê word, Joh. 8:56.
65 Naamlik wat ewig en onverganklik sou wees in die hemel, 1 Petr. 1:4-6, waarop die gelowiges ook mag sien, soos op ’n beloning. Nie omdat God dit aan hulle verskuldig sou wees, of omdat hulle dit sou verdien nie, maar omdat God hul Vader dit hulle as sy kinders uit genade beloof om te gee. Sien Matt. 5:10-12. |
Deur die geloof het hy 66Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want 67hy het volgehou soos een wat 68die Onsienlike 69sien.
| 66 Naamlik met die hele volk van Israel, nieteenstaande die dreigemente van die koning. Sien Ex. 10:29.
67 Naamlik terwyl hy vashou aan God se bevel, sonder om deur enige vrees daarvan te wyk. Of: hy was dapper, standvastig. 68 Naamlik God. Sien Ps. 56:12; 118:6. Rom. 8:31. 69 Naamlik deur die geloof. |
yDeur die geloof het hy die pasga gehou en 70die besprenkeling van die bloed, sodat die verderwer hulle eersgeborenes 71nie sou aanraak nie.
| y Ex. 12:21. | 70 Gr. aangieting, naamlik aan die bo-drumpels en deurposte van die Israeliete, Ex. 12:21, ens.
71 Dit is, nie sou beskadig of seermaak nie. |
zDeur die geloof het 72hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.
| z Ex. 14:22. | 72 Naamlik Moses, Aäron en die ander Israeliete. Want hoewel sommige onder hulle geen ware geloof gehad het nie, soos die apostel in Hebr. 3:18 getuig het, nogtans was daar ook baie ware gelowiges saam met hom; sien Hebr. 3:16; waarna hier eintlik verwys word. |
aDeur 73die geloof het die mure van Jérigo geval nadat daar sewe dae lank 74omheen getrek was.
| a Jos. 6:20. | 73 Naamlik van Josua en van die ander vroom Israeliete; soos in die voorgaande vers.
74 Naamlik deur die leër van die Israeliete met trompetgeklank, Jos. 6:20. |
bDeur die geloof het Ragab, 75die hoer, nie saam met 76die ongehoorsames omgekom nie, comdat sy die spioene 77in vrede ontvang het.
| b Jos. 6:23. Jak. 2:25.
c Jos. 2:1. |
75 Die Hebreeuse woord zona beteken ook ’n gasvrou; en die spioene het in haar huis gegaan om daar te oornag, Jos. 2:1. Die apostel noem haar egter hier, soos ook Jakobus in sy brief, hfst. 2:25, ’n hoer, dit wil dus voorkom of sy van beide hierdie dinge haar werk gemaak het; soos meermale onder die heidene geskied het, aangesien van haar man ook geen melding gemaak word nie, Jos. 2:18. Maar daarna, toe sy tot God bekeer is, het sy ’n voorbeeld van geloof en vroomheid geword, en onder die Israeliete getrou met Salmon, die vader van Boas, een van die voorouers van Dawid, en derhalwe ook van Christus. Sien Matt. 1:5.
76 Dit is, die ander, halsstarrige en onboetvaardige mense binne Jérigo. 77 Dit is, beleefd, en hulle in alles behulpsaam was. |
En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek dvan Gídeon, eBarak en fSimson en gJefta, hDawid en iSamuel en 78die profete sou verhaal,
| d Rig. 6:11.
e Rig. 4:6. f Rig. 13:24. g Rig. 11:1; 12:7. h 1 Sam. 17:45. i 1 Sam. 12:20. |
78 Naamlik wat ná Samuel en Dawid onder die volk van Israel was. |
wat deur die geloof 79koninkryke oorweldig het, 80geregtigheid uitgeoefen, 81beloftes verkry, k82bekke van leeus toegestop,
| k Rig. 14:6. 1 Sam. 17:34. Dan. 6:23. | 79 Naamlik toe Josua een-en-dertig konings, en Dawid al die omliggende koninkryke rondom die land Kanaän oorwin het.
80 Naamlik nie net deur ’n regverdige lewe te lei nie, maar ook in die uitoefen van openbare regspleging, soos baie godsalige regters en konings gedoen het. 81 Dit is, die vervulling van die beloftes wat aan hulle gemaak is, soos die besit van die land Kanaän en van enkele besondere weldade, soos aan Sara, Hanna, ens., en ook in die algemeen van die vergewing van sondes, die aanneming tot kinders, en die erfenis van die ewige lewe. Sien vers 16. Hand. 15:11. 82 Naamlik soos Simson, Rig. 14:5, 6, Dawid, 1 Sam. 17:34, 35, en Daniël, Dan. 6:23. |
l83die krag van vuur uitgeblus, m84die skerpte van die swaard ontvlug, krag n85uit swakheid ontvang het, dapper gewees het 86in die oorlog, 87leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.
| l Dan. 3:25.
m 1 Sam. 20:1. 1 Kon. 19:3. 2 Kon. 6:16. n Job 42:10. Ps. 6:9. Jes. 38:21. |
83 Naamlik soos die metgeselle van Daniël, Dan. 3:25.
84 Gr. die monde van die swaard, naamlik soos Dawid die swaard van Saul, 1 Samuel 20, Elía die swaard van Agab, 1 Konings 19, Elísa die swaard van die Arameërs, 2 Konings 6. 85 Naamlik soos Job, Job 42, Dawid, Psalm 6, Hiskía, Jesaja 38. 86 Naamlik soos baie rigters en konings. 87 Naamlik soos Jónatan, 1 Samuel 14. |
o88Vroue het hulle dode 89deur opstanding teruggekry, pen ander is 90gefolter en wou geen 91bevryding aanneem nie, om 92’n beter opstanding te kan verkry.
| o 1 Kon. 17:23. 2 Kon. 4:36.
p Hand. 22:25. |
88 Soos die weduwee van Sarfat deur Elía, 1 Konings 17, die Sunamitiese vrou, 2 Konings 4, deur Elísa.
89 Dit is, nadat hulle deur die profete uit die dood opgewek was. 90 Naamlik uitgerek soos vel op ’n trommel, om daarna met stokke geslaan en gepynig te word tot die dood, soos die Griekse woord meebring. Hier verwys die apostel ook na die voorbeeld van Eleásar en dergelike pyniginge onder die tiran Antiochus, waarvan ons kan lees in 2 Makkabeërs 6:18, ens. 91 Naamlik wat deur die dienaars van Antiochus aangebied was, indien hy maar net sou voorgee om God se wet te oortree, soos hulle versoek het. 92 Naamlik hiernamaals op die laaste dag, Dan. 12:2. |
Ander weer het die proef van 93bespottinge en géselinge deurstaan, ook van qboeie en gevangenis.
| q Jer. 20:2. | 93 Naamlik soos Miga, 1 Konings 22, Amos, Jeremia, ens. |
rHulle is 94gestenig, 95in stukke gesaag, 96versoek, 97deur die swaard vermoor. Hulle 98het rondgeloop sin 99skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel —
| r 1 Kon. 21:13.
s 2 Kon. 1:8. Matt. 3:4. |
94 Soos Sagaría, die seun van Jójada, 2 Kronieke 24.
95 Soos die ou Joodse geskiedenisse getuig van Jesaja onder die tirannie van Manasse. Hieruit blyk dat die apostel nie net uit die goddelike Skrif nie, maar ook uit ander geskiedenisse wat aan die Hebreërs bekend was, voorbeelde beskryf; soos ook in vers 35 se kanttekening aangeteken is. 96 Naamlik deur swaar dreigemente en pyniginge. 97 Gr. deur die dood van die swaard; soos baie in die tyd van Manasse, 2 Kon. 21:16, en onder ander tiranne. 98 Gr. het rondgeswerf. 99 Soos van Elía verklaar word, 2 Kon. 1:8, en soos die profete se kleding oor die algemeen was, soos te sien is in Sag. 13:4. |
die wêreld was hulle 100nie werd nie — hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond.
| 100 Die wêreldse mense het sulke gelowiges as ’n uitvaagsel van die wêreld beskou, maar die apostel getuig daarenteen dat die wêreld hulle nie werd was nie, en dat God hulle daarom buite die samelewing onderhou het; soos Dawid lank in die wildernisse rondgedwaal het, 1 Samuel 22-24, Elía onder Agab, 1 Konings 19, en die honderd profete wat in die spelonke weggesteek was, 1 Konings 18, soos ook baie ander waarvan die geskiedenisse melding maak. |
En alhoewel 101hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, 102het hulle die belofte nie verkry nie,
| 101 Naamlik van wie in hierdie hoofstuk melding gemaak word.
102 Dit is, die beloofde saak, naamlik Christus in die vlees geopenbaar, met die vervulling van al die skaduwees van die Ou Testament, en van die toestand van die kerk van die Nuwe Testament onder Hom deur die hele wêreld, beloof. Sien Luk. 10:23, 24. |
omdat God 103iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie 104sonder ons volmaak sou word nie.
| 103 Naamlik dat in ons tyd dit alles volbring sou word.
104 Sommige verstaan dit as hulle saligheid in die hemel. Dit sou egter in stryd wees met dit wat by die voorbeeld van Henog aangeteken is in vers 5, en met dit wat van hulle hoop gesê is in vers 16, en met die belofte van Christus in Matt. 5:12, en ander plekke in die Skrif; asook met die tyd waarin Paulus dit geskryf het, toe Christus lankal opgevaar het na die hemel, en derhalwe, soos hulle ook gemeen het, die voorvaders in die hemel gebring was. Dit moet egter verstaan word as die koms van Christus in die vlees, en as die volmaking van die toestand van die kerk onder die Nuwe Testament, soos tevore aangedui is. Want as die volmaaktheid in die Ou Testament was, dan sou die Nuwe Testament nie nodig gewees het nie, en sou hulle hul volmaking uit ’n ander oorsaak gehad het as ons. Sonder ons kan dus gepas verstaan word as deur ’n ander oorsaak as ons. |
WANTa 1die wet, wat 2’n skaduwee het 3van die toekomstige weldade, nie 4die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur 5dieselfde offers wat jaar na jaar 6gedurig gebring word, die wat 7toetree, tot 8volmaaktheid lei nie.
| a Kol. 2:17. Hebr. 8:5. | 1 Naamlik van die seremonies ten tyde van die Ou Testament.
2 Dit is, ’n eerste ontwerp, soos skilders gewoonlik ’n beeld, wat hulle daarna wil voltooi, eers met enkele lyne en skaduwees in breë trekke skets of ontwerp. 3 Dit is, die geestelike en hemelse sake, wat vir ons in die Nuwe Testament verwerf en meegedeel sou word. Dit is, van Christus self en sy weldade. 4 Sommige verstaan hierdeur die volmaakte wyse van die uiterlike godsdiens, wat God deur Christus in die Nuwe Testament sou instel, wat van die instellings van die Ou Testament verskil het soos ’n skaduwee of eerste ontwerp verskil van die volmaakte beeld van enige saak; soos dit daarom ook die eerste beginsels of elemente en die abc van die wêreld genoem word, Gal. 4:3, 9. Aangesien die apostel egter nêrens in hierdie of in die voorgaande hoofstuk enige teenstelling maak tussen die uitwendige godsdiens van die Ou en van die Nuwe Testament nie, maar slegs tussen die skaduwees van die Ou Testament en Christus self met sy offer en weldade, wat Hy vir ons verwerf het, daarom word deur ander die woorde die beeld self beter verstaan as die afgebeelde saak self of die ewebeeld, waarvolgens hierdie skaduwees voorgestel word, soos van ons gesê word dat ons na God se beeld of ewebeeld geskape is. Die bygevoegde woorde die beeld self van die dinge vereis ook hierdie betekenis, dit is, die dinge self in hulle volledige beeld of gedaante, soos hulle moes en sou wees. 5 Dit is, van dieselfde soort, of van dieselfde aard en natuur. 6 Gr. gedurigdeur of in ewigheid, dit is, sonder om dit na te laat, solank hierdie priesterskap en hierdie wet moes duur. 7 Of: tot God gaan, naamlik met hul offers. 8 Of: volkomenheid, naamlik na die gewete, deur die wegneem van die sonde en die skuld daarvan, soos verklaar word in Hebr. 9:9. |
9Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, 10geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.
| 9 Ander lees vraenderwys: Sou hulle anders nie opgehou het nie? Die betekenis kom egter ooreen.
10 Dit is, geen gewetenswroeging oor die sonde sou hê nie; en sou hulle oor geen skuld van die sonde meer skuldig voel nie, aangesien hulle eenmaal daarvan gereinig of verlos sou wees. |
Maar in dié offers is daar jaar na jaar 11’n herinnering aan die sondes;
| 11 Naamlik nie net van die sondes wat daardie jaar begaan is nie, maar van al die sondes wat tevore begaan was. Sien Lev. 16:21. |
bwant die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik 12die sonde wegneem.
| b Lev. 16:14. Núm. 19:4. Hebr. 9:13. | 12 Naamlik deur sy eie waardigheid en krag, aangesien dit slegs ’n liggaamlike en verganklike saak is, aangesien die sonde ’n geestelike kwaad is, en vernaamlik in die siel, wat onsterflik is, gesetel is. |
13Daarom sê Hy, 14as Hy in die wêreld inkom: cSlagoffer en spysoffer 15wou U nie hê nie, maar U 16het vir My ’n liggaam berei.
| c Ps. 40:7. Jes. 1:11. Jer. 6:20. Amos 5:21. | 13 Naamlik Christus, die Hoëpriester van die toekomstige dinge, in wie se Naam Dawid in Psalm 40 spreek, en van wie se koms hy profeteer, soos Paulus hier betuig en die saak self uitwys.
14 Naamlik toe Hy die menslike natuur aangeneem en in een persoon met Homself verenig het, soos in Hebr. 1:6; 9:11. 15 Naamlik om dit aan te neem tot ’n versoening en voldoening vir die sonde, soos die Jode hulle dit ingebeeld het. Andersins het God hierdie dinge ook gewil om gebruik te word vir die gelowiges van die Ou Testament as voorbeelde en sakramentele tekens, wat hulle na die toekomstige voldoening van die offer van Christus gewys het. Egter ook nie langer as tot wanneer die offer self volbring sou wees nie, wanneer hierdie skaduwees moes ophou, soos hier en op ander plekke bewys word. 16 Die Hebreeuse teks van Ps. 40:7 sê: ore het U vir my gegrawe. Die apostel volg egter hier die Griekse vertaling, soos meestal in hierdie brief, aangesien dieselfde betekenis in beide vervat is. Want die woorde: ore het U vir my gegrawe, beteken dat Christus, toe Hy mens geword het, Hom tot ’n gewillige dienskneg van sy Vader oorgegee het, om Hom tot die dood van die kruis te gehoorsaam. Dit is ’n beeld geneem van die slawe van die Hebreërs, wie se oor aan die deurpos deurboor was as getuienis daarvan dat, nadat hulle ses jaar hul here gedien het, hulle die sewende jaar nie die diens van hul here wou verlaat nie, maar voortdurend tot die dood daarin wou bly, soos te sien is in Ex. 21:6. Net so word dan ook hier van God die Vader gesê dat Hy vir Christus ’n liggaam berei het, omdat Christus, terwyl Hy die menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria deur die krag van die Heilige Gees van sy Vader ontvang het, dit hier oorgee tot die diens van sy Vader, om Hom gewillig in alles te gehoorsaam, selfs tot die dood toe, om ’n soenoffer te wees vir ons sondes. Dit is dan asof Hy sê: U het vir My ’n liggaam gegee wat in u diens tot die dood toe gewillig en bereid is. |
Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.
Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom — in 17die boekrol is dit van My geskrywe — 18om u wil te doen, o God.
| 17 Gr. in die hoof, of: in die begin van die boekrol, naamlik van u Wet. Want die wetboek was in die ou tyd gewoonlik op ’n rol geskryf, soos ons landkaarte ook vroeër, en soos die Jode dit nog het in hulle sinagoges. Nou is daar baie plekke in die boek van die Wet wat van Christus se koms getuig, selfs ook in die begin van die boek, toe God die saad van die vrou belowe het dat Hy die Satan se kop sou vermorsel, Gén. 3:15.
18 Dit is, om U gehoorsaam te wees tot die dood van die kruis, tot versoening van alle gelowiges. |
Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie — wat volgens die wet geoffer word —
het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. 19Hy neem die eerste weg 20om die tweede te stel.
| 19 Naamlik allerlei soorte soenoffers wat in die Ou Testament gebring was.
20 Naamlik sy gehoorsaamheid aan die wil van sy Vader. |
21Deur hierdie wil is 22ons geheilig d23deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
| d Hebr. 9:12. | 21 Dit is, deur die gehoorsaamheid aan hierdie wil; soos in Rom. 5:19.
22 Dit is, het ons alles wat tot ons volkome heiligmaking nodig is, naamlik vergewing van die sondes, vernuwing van die gees en ewige saligheid. 23 Dit is, hierdie wil van God het ook daarin bestaan dat Christus sy liggaam tot ’n soenoffer vir ons sondes aan die kruis sou oorgee, Filip. 2:8. |
En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels 24dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
| 24 Dit is, van dieselfde soort en natuur. |
maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes 25gebring het, e26vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
| e Ps. 110:1. Hand. 2:34. 1 Kor. 15:25. Ef. 1:20. Kol. 3:1. Hebr. 1:13. | 25 Naamlik aan die kruishout.
26 Die woorde vir altyd word deur sommige gevoeg by die woorde gebring het, maar die samevoeging soos in die teks is die beste. |
27en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ’n voetbank van sy voete.
| 27 Dit is, in hierdie koninklike en priesterlike amp van Hom, soos Hy dit nou bedien, as Middelaar so lank volhard en voortdurend die uitvoering daarvan vervul, totdat deur sy tussenkoms en sy Vader se mag al die vyande van ons saligheid, en ten laaste ook die dood, tot niet gemaak sal wees; wanneer Hy hierdie vorm van regering sal aflê, en saam met die Vader en die Heilige Gees alles in almal sal wees. Sien 1 Kor. 15:24, ens. |
Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak 28die wat geheilig word.
| 28 Dit is, wat deur sy Gees en Woord in Hom glo en wedergebore word. Hiermee word ’n afbakening gemaak van diegene wat deur Christus se offer volmaak word. Want hoewel sy offer op sigself genoegsaam is vir alle mense, maak dit nogtans niemand volmaak behalwe diegene wat deur Hom geheilig word nie. |
En ook 29die Heilige Gees 30gee aan ons getuienis;
| 29 Naamlik in sy Woord en in die besonder in die beskrywing van die nuwe verbond, Jeremia 31, wat Hy met ons gesluit het. Waaruit dan blyk dat die Heilige Gees die ware God is, en ’n onderskeie persoon in die goddelike wese is.
30 Naamlik dit wat hy in die voorgaande vers gesê het. Want hoewel daar in die beskrywing van die nuwe testament [verbond], Jeremia 31, geen melding gemaak word van ’n offer nie, nogtans, aangesien volkome vergewing van die sondes daar beloof word, en die apostel tot hiertoe bewys het dat die dood van die Testamentmaker daartussen moes kom, sodat die nuwe testament vas sou wees, en hy dit ook bewys het uit Psalm 40, kom hy onweerspreeklik tot die gevolgtrekking dat dit deur hierdie enigste offer in die nuwe verbond teweeggebring moes word. Só leer ons dus hier by die apostel om die Skrif met die Skrif te vergelyk, om vaste gevolgtrekkings in sake van die geloof te maak. |
want nadat Hy tevore gesê het: fDit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, 31spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,
| f Jer. 31:31-34. Rom. 11:27. Hebr. 8:8. | 31 Hierdie woorde kan verstaan word as Paulus se woorde, hoewel dergelike woorde ook deur die profeet Jeremia geskryf is. Andersins sou iets in die begin van die volgende vers ontbreek, om die gevolgtrekking van Paulus aan te vul, naamlik so spreek Hy, of iets dergeliks. Sommige manuskripte het dit ook voor die 17de vers geplaas, omdat hulle hierdie woorde, spreek die Here, as die woorde van die profeet verstaan het. |
en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.
Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar 32geen offer meer vir die sonde nie.
| 32 Naamlik van versoening; maar slegs offers van dankbaarheid, wat in die Nuwe Testament van ons vereis word. Sien Rom. 12:1. Hebr. 13:15. 1 Petr. 2:5. |
Vermaning om in die geloof te volhard.
33TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het gom 34in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus
| g Joh. 10:9; 14:6. Rom. 5:2. Ef. 2:13; 3:12. | 33 Hier begin die apostel die tweede deel van hierdie brief, naamlik die vermanings tot die verskuldigde plig van die gelowiges. En hy vermaan hulle in die res van hierdie hoofstuk tot vrymoedigheid in die geloof, tot standvastigheid in die belydenis en tot lydsaamheid in die verdrukkings.
34 Gr. tot die ingang van die heiligdom, dit is, om deur geloof, hoop en gebede direk tot God in die hemel te gaan, Rom. 5:2. Ef. 3:12. |
op die 35nuwe en 36lewende 37weg wat Hy vir ons 38ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is 39sy vlees,
| 35 Die Griekse woord beteken eintlik wat vars geslag is, wat hier op die offer van Christus sien, wat vars geslag was en vir altyd in volle krag bly.
36 Dit is, lewendmakende, soos in Joh. 6:51, want Christus se dood is ons lewe. 37 Só noem hy Christus wat vir ons geoffer is, omdat ons deur Hom en sy verdienstes toegang tot God het. Sien Joh. 14:6. 38 Of: nuut voorberei, of voorgestel het. Sien Hebr. 9:18. 39 Dit is, sy menslike natuur, waardeur sy goddelike natuur bedek was, soos deur die voorhangsel die verbondsark en die genadestoel [versoendeksel], saam met die hele Allerheiligste. |
en ons ’n groot Priester 40oor die huis van God het,
| 40 Dit is, die hele gemeente van God. Sien Hebr. 3:6. |
laat ons toetree met ’n 41waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, 42die harte deur 43besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete en 44die liggaam gewas h45met rein water.
| h Eség. 36:25. | 41 Dit is, ongeveinsde, opregte gemoed.
42 Dit is, ons siele, of gedagtes, wil en geneigdheid. 43 Naamlik met die bloed van Christus. Sien Hebr. 9:14. 44 Dit is, ons uitwendige dade of werke, wat deur die liggaam geskied. 45 Dit is, deur die werking van die Gees van Christus, wat deurgaans deur rein water aangedui word. Sien Eség. 36:25. 1 Joh. 5:6. |
Laat ons die belydenis 46van die hoop onwankelbaar 47vashou, want Hy wat dit beloof het, 48is getrou;
| 46 Naamlik wat in ons is, 1 Petr. 3:15.
47 Dit is, standvastig behou, sonder om daarvan af te wyk, of ons daarvan te laat aflei. 48 Naamlik in die volbringing van wat Hy beloof het. |
en laat ons op 49mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;
| 49 Of: mekaar waarneem. |
en laat ons ons onderlinge 50byeenkoms nie versuim soos 51sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
| 50 Naamlik in die Christelike byeenkomste, wat vir die aanhoor van God se Woord, gemeenskaplike gebede en die gebruik van die heilige sakramente tot stand gebring is. Sien Hand. 2:42; 20:7. 1 Kor. 11:20, ens.
51 Naamlik wat van die waarheid afval, óf uit vrees vir die Jode, óf deur nalatigheid, óf vanweë ’n hoë dunk van hulself, óf uit ander oorsake hierin traag word. Sien Matt. 18:20. |
iWant as ons 52opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar 53geen offer vir die sondes meer oor nie,
| i Núm. 15:30. Matt. 12:31. Hebr. 6:4. 2 Petr. 2:20. 1 Joh. 5:16. | 52 Dit is, moedswillig afval van hierdie geloof, wat die apostel hier beskryf het, soos hierdie sonde in vers 29 breedvoeriger verklaar word, en wat die apostel ook in Hebr. 6:6 ’n afval genoem het. Hy spreek hier dus nie van allerlei sonde of afval nie, maar van die sonde wat Christus die sonde of lastering teen die Heilige Gees noem, Matt. 12:32, en van die sonde tot die dood, waarvan Johannes spreek, 1 Joh. 5:16, soos blyk uit die volgende eienskappe, wat hierna beskryf word.
53 Naamlik aangesien sodaniges die enigste offer van die Nuwe Testament, naamlik die Here Jesus en sy verdienste, moedswillig verwerp en verag. Dit wil voorkom of die apostel hier ook verwys na Núm. 15:30, 31, waar ook selfs volgens die wet geen offer tot versoening toegelaat word vir diegene wat moedswillig gesondig en die HERE versmaad het nie, maar hulle moes sonder genade uit die volk uitgeroei word. |
maar ’n verskriklike verwagting van oordeel en ’n vuurgloed wat 54die teëstanders sal verteer.
| 54 Dit is, die vyande van God se waarheid, en vervolgers daarvan. |
As iemand die wet van Moses 55verwerp het, sterf hy sonder ontferming kop die getuienis van twee of drie;
| k Núm. 35:30. Deut. 17:6; 19:15. Matt. 18:16. Joh. 8:17. 2 Kor. 13:1. | 55 Dit is, tot niet gemaak, verlaat, verloën, of daarvan afvallig geword het, soos in Deut. 13:5-7; 17:2 verklaar word. Want hoewel daar meer moedswillige sondes was wat met die dood gestraf is, verwys die apostel nogtans in die besonder na hierdie sonde van moedswillige afval, soos die Griekse woord athetein, dit is, verwyder, of tot niet maak, en die vergelyking van die volgende vers meebring. |
hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God 56vertrap het en 57die bloed van die testament waardeur hy 58geheilig is, 59onrein geag en 60die Gees van genade gesmaad het?
| 56 Dit is, moedswillig verag en verwerp het. Want dit wat ’n mens vertrap, behandel ’n mens gewoonlik met veragting en verwerping.
57 Dit is, die bloed van Jesus Christus, waardeur die Nuwe Testament bevestig is, Matt. 26:28. 58 Naamlik uitwendig, ten opsigte van sy voorgaande professie of belydenis, aangaande die aanhoor van die goddelike Woord, die gebruik van die heilige sakramente en die afskeiding van ander gewone mense, naamlik Jode en heidene. Hoewel sodaniges nie die ware wedergeboorte deelagtig was nie, soos Johannes getuig in 1 Joh. 2:19, en soos sulkes in 2 Petr. 2:22, nog ewenwel honde en sôe genoem word, al was hulle skoongewas van hul uitwendige modder, en al het hulle die onreinheid van afgodery en ander onheiligheid verlaat. 59 Gr. algemeen, dit is, profaan, onheilig, soos in Mark. 7:2. Hand. 10:14. Want dit wat ’n mens verwerp of versaak, beskou ’n mens as onrein of onheilig in sake van die godsdiens. 60 Dit is, die Heilige Gees, wat in hulle ’n smaak van God se genade begin werk het, waaroor hulle hul ook ’n tyd verbly het. Sien breedvoeriger hieroor in Hebr. 6:5. |
Want ons ken Hom 61wat gesê het: lMy kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: mDie Here sal sy volk oordeel.
| l Deut. 32:35. Rom. 12:19.
m Deut. 32:36. |
61 Naamlik in Deut. 32:35, 36, waar die Here belowe dat Hy wraak sal neem op sy volk se vyande, en oordeel, dit is, reg verskaf en beskerm teen alle vervolgers en verdrukkers. Hier moet opgemerk word dat die apostel die woorde van die Griekse vertalers na die Hebreeuse teks verander en verbeter. |
Vreeslik is dit 62om te val in die hande van die lewende God.
| 62 Naamlik as Hy wraak oefen op sy vyande. Andersins is dit beter om in die hande van God te val, as in die van die mense, wanneer Hy die wat aan Hom behoort genadiglik tugtig, 2 Sam. 24:14. |
Maar onthou die vorige dae waarin julle, 63toe julle verlig geword het, ’n groot lydensworsteling deurstaan het,
| 63 Naamlik aanvanklik, toe julle gelowig geword het, en deur die doop in die gemeente van Christus ingelyf is. Hoeveel te meer dan, wil hy sê, moet julle standvastig wees en teen alle verdrukkinge gewapen, nadat julle nou lankal Christus bely en Hom gedien het. |
gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge 64’n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle 65deelgenote geword het van die wat in so ’n toestand verkeer het.
| 64 Dit kan óf letterlik verstaan word, aangesien die Christene dikwels in die skouspele voor die wilde diere gegooi is, 1 Kor. 15:32, óf as beeld, omdat hulle in die openbaar in die sinagoges en geregshowe skandelik ten toon gestel en sleg behandel was, soos Christus vooruit aankondig in Luk. 12:11; 21:12, en Paulus van homself en ander apostels spreek, 1 Kor. 4:9.
65 Dit is, medelye gehad het, en alle broederlike hulp bewys het. |
Want julle het ook saam met my gevoel 66in nmy boeie, en julle het die berowing van julle goed 67met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle 68in julself o’n beter en blywende besitting in die hemele het.
| n Hand. 21:33.
o Matt. 5:12. |
66 Naamlik toe ek in Jerusalem oorval en gevange geneem was, en genoodsaak was om my op die keiser te beroep, om aan die geweld van die Jode te ontkom; toe die gelowige Jode sonder twyfel groot medelye met Paulus gehad en aan hom alle hulp bewys het. Sien Hand. 21:33.
67 Naamlik volgens die vermaning en belofte van Christus in Matt. 5:11, 12, en volgens die voorbeeld van die apostels, Hand. 5:41. Sien ook 1 Thess. 2:14. 68 Dit is, in die hoop wat in julle is. |
Werp dan 69julle vrymoedigheid, wat ’n groot 70beloning het, nie weg nie.
| 69 Dit is, julle vrymoedige belydenis, wat spruit uit die vrymoedigheid van die geloof en van die hoop op God, soos in vers 23 staan. Of: julle vertroue.
70 Naamlik uit genade en om Christus wil. Sien Rom. 11:35. Kol. 3:24. Hebr. 13:21. |
pWant julle het 71lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, 72die belofte te verkry.
| p Luk. 21:19. | 71 Dit is, standvastigheid en lydsame verwagting van die vervulling van God se belofte, soos die bewys wat die apostel hier uit die teks van Hábakuk aanhaal, meebring.
72 Dit is, die beloofde saak of erfenis. Sien Gal. 3:22. |
qWant 73nog ’n klein tydjie, en 74Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.
| q Háb. 2:3. Hag. 2:6. 1 Petr. 1:6; 5:10. | 73 Naamlik is daar oor. Hierdie woorde is geneem uit Háb. 2:3. Hag. 2:6. Die apostel haal dit nie woord vir woord aan nie, maar beskryf die betekenis daarvan om in te pas by sy doel.
74 Naamlik die Messías, Christus. |
rMaar die regverdige 75sal uit die geloof lewe; en 76as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.
| r Háb. 2:4. Rom. 1:17. Gal. 3:11. | 75 Sien meer oor hierdie aanhaling in Rom. 1:17 se kanttekeninge.
76 Naamlik van hierdie geloof en lydsame verwagting, deur afval, of verloëning van Christus en sy waarheid. |
77Maar by ons is daar 78geen onttrekking tot verderf nie, maar 79geloof tot 80behoud 81van die lewe.
| 77 Hiermee versag die apostel die voorgaande dreigement, naamlik dat hy oor hulle nie so dink nie, hoewel hy so spreek, soos hy ook in dergelike waarskuwing gedoen het in Hebr. 6:9.
78 Gr. nie van die onttrekking nie. 79 Gr. van die geloof. 80 Of: verkryging, verwerwing. 81 Dit is, van die saligheid van die siel; soos Christus ook spreek in Matt. 10:39. Sien ook die kanttekening daar. |
Die offers van die ou verbond moes gedurig herhaal word, omdat hulle onvolmaak was. Die offer van Christus het een maal plaasgevind en was heeltemal voldoende.
SO het dan 1die eerste verbond sowel 2verordeninge vir die erediens asook 3sy aardse 4heiligdom gehad.
| 1 Baie Griekse manuskripte het die woorde eerste tabernakel; maar uit die laaste vers van die voorgaande hoofstuk, asook uit die vers wat hierna volg, blyk dat hier eerder die eerste verbond gelees moet word.
2 Of: regverdigmakinge, of: instellinge, dit is, wyses van optrede, waarvolgens die erediens ingerig moes word, waarin die seremoniële regverdigmaking bestaan het. 3 Of: daardie aardse heiligdom, dit is, wat aards is en van verganklike materiaal gemaak, soos alle dinge in die wêreld is, sien oor die materiale Exodus 25; 26; 36; 37. Dit word hier gestel teenoor die hemelse en onverganklike, wat deur die aardse heiligdom uitgebeeld word, soos die apostel hierna sal verklaar. 4 So word die gebou genoem wat in die Ou Testament deur God se verordening vir die godsdiens geheilig was. In die plek daarvan het daarna die tempel van Salomo gekom. Paulus beskryf hier egter nie die tempel nie, maar die tabernakel, omdat die tabernakel deur Moses, volgens die voorbeeld wat aan hom op die berg deur God getoon is, gebou was. Daarna het Salomo die tempel volgens hierdie tabernakel gebou, hy het egter enkele ander dinge daarby gevoeg. |
aWant die tabernakel is so ingerig: 5die eerste, waarin 6die kandelaar was en die tafel en b7die toonbrode, wat die Heilige genoem word;
| a Ex. 26:1; 36:1.
b Lev. 24:5. |
5 Dit is, die eerste deel van die tabernakel. Want die voorhof van die volk en van die priesters, waarin die vergaderings en offers plaasgevind het, slaan die apostel hier oor, en hy verklaar slegs die sake wat in die bedekte deel van die tabernakel of tent was, en die plegtighede wat daarin plaasgevind het. Die eerste deel van die tabernakel is die Heilige en die ander deel die Allerheiligste genoem.
6 Hierdie kandelaar, tafel en toonbrode was in die eerste deel van die tabernakel, Ex. 25:23, ens. 7 Gr. die voorsit van die brode. |
en 8agter die tweede voorhangsel 9die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste,
| 8 Dit was die voorhangsel wat die Heilige van die Allerheiligste geskei het, en word die tweede genoem ten opsigte van die eerste voorhangsel, wat die ingang van die Heilige in die tabernakel bedek het. Sien Ex. 26:36. Want in die tempel was dit met mure van die voorhowe afgeskei, daarom was daarin slegs een voorhangsel, wat geskeur het toe Christus aan die kruis gesterf het, Luk. 23:45.
9 Dit is, die deel van die tabernakel; want beide hierdie dele was onder een dak. |
waarin ’n goue 10wierookbak was en cdie ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, 11waarin ddie goue kruik met die manna was en edie staf van Aäron wat gebloei het, en fdie tafels van die verbond;
| c Ex. 25:10.
d Ex. 16:33. e Núm. 17:10. f Ex. 34:29. 1 Kon. 8:9. 2 Kron. 5:10. |
10 Gr. thumiaterion, waardeur sommige die reukaltaar self verstaan, wat in die Heilige gestaan het, waar die priesters elke dag ingegaan het om reukwerk daarop te brand, soos in vers 6 ook aangetoon word, sien Ex. 30:6. Omdat dit naby die Allerheiligste gestaan het, meen sommige dat hier bedoel word dat dit in die Allerheiligste was. Hierdie manier van spreek sou egter baie ongerymd wees, omdat hier uitdruklik staan dat hierdie thumiaterion, soos ook die verbondsark, in die Allerheiligste was, wat agter die tweede voorhangsel was. Daarom word dit beter verstaan as die wierookbak, waarmee die hoëpriester een maal per jaar in die Allerheiligste gegaan het om reukwerk daarop te brand, wat daarom ook in die Allerheiligste bewaar was, soos Josephus teen Apion getuig. En hoewel Moses nie uitdruklik daarvan melding maak nie, kan dit nogtans uit Lev. 16:12 ook afgelei word.
11 Sommige meen dat die woord waarin na die woord tabernakel verwys, waarvan in vers 3 gespreek is, omdat in 1 Kon. 8:9. 2 Kron. 5:10 uitdruklik gesê word, dat daar in die verbondsark niks anders toegesluit was as die twee tafels van die wet nie. Ander verstaan dit egter as die ark self, waarin of waarby die goue kruik met manna en die staf van Aäron in die tyd van die tabernakel was, soos te sien is in Ex. 16:33, 34. Núm. 17:10, hoewel dit in die tyd toe die tempel van Salomo gebou was, nie meer in of by die ark was nie, óf omdat dit vergaan het, óf omdat dit êrens in ’n ander deel van die tempel gebring was, soos ook die oorspronklike boek van die wet, waarvan melding gemaak word in Deut. 31:26. 2 Kron. 34:14. |
gen daar bo-op 12die gérubs van die heerlikheid wat 13die versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie.
| g Ex. 25:22. | 12 Dit was twee gedaantes van engele, met hulle hoofde na mekaar gebuig, en met hulle vlerke wat aan mekaar raak, soos te sien is in Ex. 25:18. Tussen hulle uit het God aan Moses antwoord gegee vanaf die boonste deel van die genadestoel [versoendeksel], soos betuig word in Núm. 7:89.
13 Of: genadestoel, wat die deksel van die ark was, waarmee die twee kliptafels van die wet bedek was. Dit was ’n voorbeeld van Christus, wat die wet bedek, omdat Hy vir ons onder die wet gebore is, en ons van die vloek van die wet verlos het. Daarom word Christus ook versoendeksel, of: versoening genoem, Rom. 3:25, en van die engele word gesê dat hulle begerig is om hierdie verborgenhede te aanskou, 1 Petr. 1:12. |
En nadat hierdie dinge so ingerig was, hhet die priesters wel 14gedurig 15in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul,
| h Núm. 28:3. | 14 Dit is, elkeen in sy afdeling, soos te sien is in Luk. 1:8, 9.
15 Dit is, in die eerste deel van die tabernakel, die Heilige genoem, soos in vers 2. |
imaar 16in die tweede die hoëpriester alleen, 17een maal in die jaar, 18nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die 19sondes van die volk uit onwetendheid begaan —
| i vers 25. Ex. 30:10. Lev. 16:2, 34. | 16 Dit is, in die tweede deel, naamlik die Allerheiligste, soos tevore.
17 Naamlik op die tiende dag van die sewende maand Tisri, op die plegtige dag van vas en van die versoening van die hele volk. Sien Lev. 16:29, ens. 18 Naamlik van die offer van versoening, wat buite die tabernakel, op die brandofferaltaar in die voorhof geslag en geoffer was. Die bloed hiervan was, ná die aansteek van die reukwerk in bogenoemde wierookbak, deur die priester in die Allerheiligste voor die ark en die genadestoel [versoendeksel] gebring, en die versoendeksel is tot sewe maal daarmee besprinkel, nadat dit deur die reukwerk soos met ’n wolk oordek was; soos in Lev. 16:11, ens. te sien is. Hierdie skaduwee en voorbeeld gaan die apostel vervolgens stuk vir stuk verklaar. 19 Gr. onwetendhede, of: onbedagsaamhede; waardeur nie net verstaan word die sondes wat eintlik uit onwetendheid gedoen word nie, maar ook alle soorte sondes, soos genoegsaam uit Lev. 16:16 blyk, waarna Paulus hier, asook in Hebr. 7:27, en elders verwys. Die sondes word ook so genoem, omdat alle sondes (uitgesonder die sonde teen die Heilige Gees) altyd saamgaan met ’n dwaling van die verstand deur die verleiding van die Satan. |
waarmee 20die Heilige Gees dít duidelik maak, kdat 21die weg na die heiligdom 22nog nie geopen is 23so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.
| k Joh. 14:6. | 20 Naamlik wat die Insteller van al hierdie godsdienstige verrigtinge was, en derhalwe waaragtig ewig God met die Vader en die Seun, en nogtans ’n onderskeie persoon.
21 Dit is, na die Allerheiligste, of na die hemel, soos in verse 12, 24 verklaar word. 22 Dit is, nog nie so duidelik en volkome bekendgemaak is soos daarna plaasgevind het nie, toe Christus die sake wat hierdeur afgebeeld is, in sy eerste koms volbring het. Net soos in 1 Joh. 3:2 gesê word dat dit nog nie geopenbaar of openbaar gemaak is wat ons sal wees nie, naamlik ná Christus se tweede koms, hoewel ons nogtans hier enigsins daarvan onderrig is, maar nie so duidelik en volkome soos dit aan ons bekend sal word wanneer die saak self in ons vervul sal wees nie. 23 Dit is, solank as die gemeente onder die Ou Testament deur hierdie seremonies en die handelswyse van die eerste tabernakel, en gevolglik ook van die eerste tempel, slegs onderrig was sonder dat die evangelie onbedek en heeltemal duidelik aan haar voorgedra was, soos ná die vervulling plaasgevind het. Want dat sommige dit só uitlê asof die gelowiges in die Ou Testament geen toegang gehad het tot die hemel, voordat Christus opgevaar het na die hemel nie, is in stryd met die voorbeeld van Elía, 2 Kon. 2:11, en van Lasarus, Luk. 16:22, vergeleke met Matt. 8:11, en van die moordenaar aan die kruis, Luk. 23:43, vergeleke met 2 Kor. 12:2-4, en met die hoop van die gelowige vaders, Hebr. 11:16. Dit is ook in stryd met Christus se beloftes, Matt. 5:10-12, wat lank voor sy opstanding geskied het. |
Dit was 24’n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat 25hom wat die diens verrig, na die gewete 26nie volkome kan maak nie,
| 24 Gr. parabole, dit is, ’n gelykenis wat iets anders uitbeeld.
25 Gr. die dienende. 26 Naamlik in hulself beskou, of deur hul eie krag. Andersins kon dit, wanneer dit reg gebruik word, dien om die gelowige vaders op Christus te wys, deur wie se offer die gewetens gereinig sou word, soos in vers 14 verklaar word. |
omdat dit net bestaan het lin spys en drank men verskillende 27wassinge en 28vleeslike verordeninge wat 29opgelê is tot op die tyd van 30herstelling.
| l Lev. 11:2.
m Núm. 19:7, ens. |
27 Gr. baptismois.
28 Dit is, uiterlike insettinge, wat die mens slegs ten opsigte van sy uitwendige of liggaamlike toestand geregverdig of geheilig het. Sien vers 13. 29 Naamlik as ’n juk wat die vaders self nie kon dra nie, en deur Christus afgeneem is, Hand. 15:10, 11. 30 Gr. regstelling, dit is, op die tyd waarop dit reggestel sal word, naamlik tot op die tye van die Nuwe Testament, waarvan Jeremia gespreek het, waarin die afgebeelde saak vervul, hierdie seremonies afgewend, en ander, korter godsdienstige verrigtinge ingestel word, waardeur die Heilige Gees kragtiger sou werk, 2 Korinthiërs 3. |
Maar Christus, nwat 31opgetree het as Hoëpriester 32van die toekomstige weldade, het deur 33die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie 34aan hierdie skepping behoort nie,
| n Hebr. 3:1; 4:14; 6:20; 8:1. | 31 Naamlik in die vlees, of in die wêreld.
32 Dit is, al die geestelike weldade, wat deur die offer van Christus aan die kruis, en deur sy ingang in die hemel verwerf is, soos die vergewing van sondes, wedergeboorte, die Gees van aanneming tot kinders en die ewige saligheid, wat, terwyl dit in die Ou Testament afgebeeld is, verwerf is in die Nuwe Testament deur Christus. 33 Hierdeur word die menslike natuur van Christus verstaan, waarin die volheid van die Godheid soos in ’n tabernakel of tempel woon, Joh. 1:14; 2:19, soos ook in Hebr. 8:2 aangedui is. Van Christus word daar gesê dat Hy deur hierdie tabernakel van sy vlees ingegaan het in die hemel, omdat deur die geestelike krag en waardigheid van sy offer wat vir ons volbring is, vir Hom die toegang tot die hemel geopen is, en aan Hom ’n naam gegee is wat bo elke naam is, Filip. 2:8, 9. Hierdie verklaring kom ooreen met dit wat hy in Hebr. 10:20 sê oor die nuwe weg wat vir ons geopen is, naamlik om in te gaan in die Allerheiligste, deur hierdie voorhangsel heen, dit is die vlees van Christus. Want Christus het ons voorgegaan om vir ons plek te berei, Joh. 14:2. Hy wil dus sê: soos Christus deur Homself en deur sy eie bloed ingegaan het in die heiligdom, moet ons ook deur dieselfde weg daar inkom. 34 Of: van hierdie skepsel. |
ook nie met die bloed 35van bokke en kalwers nie, omaar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en 36’n ewige 37verlossing teweeggebring.
| o Hand. 20:28. Ef. 1:7. Kol. 1:14. Hebr. 10:10. 1 Petr. 1:19. Openb. 1:5; 5:9. | 35 Want beide hierdie soorte diere was geslag, wanneer die hoëpriester in die Allerheiligste sou ingaan, Lev. 16:11, 15, met beide se bloed het hy ook in die Allerheiligste ingegaan, vgl. vers 18.
36 Dit is, altyddurend en van ewige krag, soos in Hebr. 10:14. 37 Gr. vrykoping, dit is, verlossing wat deur losprys geskied, gevind. |
pWant as die bloed van stiere en bokke en 38die as van ’n vers wat 39die verontreinigdes besprinkel, heilig maak 40tot reiniging van die vlees,
| p Lev. 16:14. Núm. 19:4. Hebr. 10:4. | 38 Dit was nog ’n ander seremonie waardeur die onreines volgens die wet in die Ou Testament gereinig was, wat ook op Christus en die besprinkeling van sy bloed gedui het. Sien hieroor Núm. 19:2, ens.
39 Naamlik volgens die wet, deur die aanraking van enige dooies, of doodsbeendere, of grafte, Núm. 19:16. Of: wat onheilig gemaak was. 40 Dit is, om uitwendig volgens die wet rein te wees, en toegang te mag hê tot die vergaderings en ander uitwendige godsdienstige verrigtinge van die Ou Testament. |
hoeveel te meer sal qdie bloed van Christus, rwat Homself 41deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, 42julle gewete reinig van 43dooie werke som die lewende God te dien.
| q 1 Joh. 1:7. Openb. 1:5.
r Gal. 1:4. Ef. 5:2. Tit. 2:14. s Luk. 1:74. Rom. 6:13. Gal. 2:20. 1 Petr. 4:2. |
41 Dit is, deur sy ewige godheid, waaruit die krag en waardigheid van die offer van Christus voortgekom het, soos in Hand. 20:28 ook aangetoon word; en soos die ewige godheid van Christus ook ’n Gees genoem word, Rom. 1:4. 1 Tim. 3:16. 1 Petr. 3:18.
42 Dit is, julle siele, verstand, wil en geneentheid, waarvan die gewetens ook die gevoel het, om te weet wat God ons geskenk het, 1 Kor. 2:12. Ander lees ons gewetens. 43 Dit is, sondes. Sien Hebr. 6:1. |
En daarom is Hy Middelaar van ’n nuwe 44testament, tsodat, terwyl daar ’n dood plaasgevind het 45vir die verlossing van die oortredinge 46onder die eerste testament, die 47wat geroepe is, 48die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.
| t Rom. 5:6. 1 Petr. 3:18. | 44 Die Hebreeuse woord berit, wat Jeremia in hfst. 31 gebruik, beteken in die algemeen allerlei verbond of kontrak, hetsy dit tussen twee partye gemaak word, of slegs deur een party, soos in testamente gedoen word. Voorbeelde hiervan kan gelees word in Gén. 6:18; 9:9. Job 31:1. Dat dié verbond ’n testament is, stel die apostel as ’n feit, omdat dit slegs van God se kant af kom, soos die teks in Jeremia 31, wat in die voorgaande hoofstuk bespreek is, genoeg uitwys; en omdat alle voorbeelde daarvan, wat met bloed van doodgemaakte offers besprinkel en verseël was, dit sodanig getoon het.
45 Gr. vir die vrykoping. 46 Dit is, wat ten tyde van die Ou Testament plaasgevind en onversoend gebly het, maar wat deur God oorgesien en vergewe was ter wille van die offer en genoegdoening van Christus, wat daarna sou plaasvind. Sien Hand. 15:11. Rom. 3:25, 26. 47 Naamlik met ’n kragtige roeping tot die geloof, soos Abraham en sy geestelike nageslag was, Rom. 4:16. 48 Dit is, die beloofde ewige erfenis. Sien Hebr. 11:8-10. |
Want waar ’n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker 49aangekondig word;
| 49 Gr. gebring word, naamlik voordat dit geldig is; soos die volgende vers verklaar. |
vwant ’n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie.
| v Gal. 3:15. |
Daarom is ook 50die eerste testament 51nie sonder bloed 52ingewy nie;
| 50 Of: die verbond deur Moses gesluit.
51 Naamlik van die geslagte of doodgemaakte diere, wat na die dood van die Middelaar van die Nuwe Testament heengewys het. Want aangesien die oortreding van die wet die dood verdien het, en God die oortreder deur sy genade volgens die bedoeling van die Nuwe Testament daarvan sou vrywaar, mits aan sy geregtigheid genoeg sou geskied, so het Christus, die Middelaar, hier tussenbeide getree. Hy het as borg, Hebr. 7:22, die voldoening op Hom geneem, daarna deur sy dood die skuld van die oortreding betaal, en ook vir hulle die ewige erfdeel, wat Hom as die Seun van God toegekom het, verwerf. 52 Dit is, openlik ingestel, plegtig bevestig en as vas en bindend verklaar. |
53want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy 54die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en 55die boek self en 56die hele volk besprinkel
| 53 Hierdie beskrywing van Paulus is geneem uit Ex. 24:3, ens., behalwe dat die apostel hier water, skarlakenrooi wol en hisop byvoeg uit Lev. 14:6. Núm. 19:6, waar hierdie dinge in dergelike besprinkelings gebruik was.
54 Waarvan op ander plekke dikwels melding gemaak word. 55 Dit word wel nie in Exodus 24 uitdruklik gesê nie, maar kan ewenwel uit die beskrywing van Moses daar genoegsaam afgelei word. 56 Dit is, die twaalf gedenkstene, wat Moses daar opgerig het, om die twaalf stamme van Israel te verteenwoordig, en dít voor die oë en in die teenwoordigheid van die hele volk. Sien Ex. 24:8 se kanttekening. |
en gesê: xDit is die bloed 57van die testament wat God met die oog op julle 58verorden het.
| x Ex. 24:8. Matt. 26:28. | 57 Dit is, ’n teken en seël van die verbond of testament. Want dit was die bloed van kalwers en bokke, wat tot inwyding of bevestiging van hierdie verbond gebruik was. ’n Sakramentele spreekwyse, soos in Luk. 22:19. 1 Kor. 11:24, 25.
58 Dit is, met julle gemaak het, volgens al hierdie woorde of gebooie; soos daar staan in Ex. 24:8. |
59En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.
| 59 Dit is geneem uit verskeie ander plekke van die wet, in die besonder uit Ex. 29:12. Lev. 16:14, ens. |
En 60byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
| 60 Dit word bygevoeg, omdat enkele reinigings van die wet slegs deur water geskied het. Dit het ook op die offer van Christus gesien, aangesien in sy dood bloed en water gevloei het. Sien Joh. 19:34. 1 Joh. 5:6. |
61Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers 62gereinig moes word, 63maar die hemelse dinge self 64deur beter offers as hierdie.
| 61 Naamlik volgens God se onveranderlike bevel en verordening. Sien Hebr. 10:9, 10.
62 Dit is, van die algemene gebruik afgesonder en bekwaam gemaak om godsdienstige gemeenskap daaraan te hê. 63 Dit is, die ingang tot die hemel self, en die geestelike gawes wat ons nodig het om daarin te kom, en wat deur hierdie uitwendige reinigings afgebeeld word. Sien Ef. 1:3. Kol. 3:1, 2. 64 Dit is, deur die offer van Christus, wat beter en van groter waarde is. Dit word hier in die meervoud genoem, hoewel dit slegs een is, en een maal geoffer, omdat dit die krag van al die figuurlike offers en sake wat daardeur afgebeeld word, insluit. |
Want Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom met hande gemaak, ’n teëbeeld 65van die ware nie, maar in die hemel self 66om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn;
| 65 Naamlik heiligdom, dit is, die hemelse, wat deur die aardse een afgebeeld was, soos volg.
66 Naamlik met sy oorwinnende offer, wat Hy hier op aarde sonder gebrek aan sy Vader geoffer het, tot ’n versoening vir alle sondes van sy gelowiges; en met ’n ewige begeerte, dat dit ons altyd toegereken sou word tot ons saligheid. Sien Rom. 8:34. 1 Tim. 2:5. 1 Joh. 2:1, 2. |
ook nie om Homself dikwels te offer, ysoos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan 67met bloed wat nie sy eie is nie,
| y vers 7. Ex. 30:10. Lev. 16:2, 34. | 67 Of: vreemde bloed, dit is, met bloed van geslagte diere, wat van ’n ander natuur is as hy. |
68want dan moes Hy dikwels gely het 69van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal 70in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.
| 68 Naamlik indien Hy Homself dikwels moes offer, aangesien sy offer deur lyding en met lyding volbring was, en sonder lyding nie volbring kon word nie.
69 Dit is, van die begin af toe die mense gesondig het. Waaruit blyk dat God die sondes nooit vergewe het nie, behalwe op grond van hierdie offer van Christus. 70 Dit is, in die volheid van die tyd wat God daartoe bestem het. Sien Gal. 4:4. |
En 71net soos die mense bestem is om 72een maal te sterwe en 73daarna die oordeel,
| 71 Gr. na soveel.
72 Naamlik deur God se verordening, omdat die mens gesondig het, Rom. 5:12. Want dat sommige mense nie gesterwe het nie, soos Henog en Elía, en dat sommige twee maal gesterwe het, soos die wat wonderbaarlik in hierdie lewe opgewek was, is ’n besondere voorreg en uitsondering van hierdie algemene reël. 73 Naamlik van elkeen in die besonder onmiddellik ná die dood, en van almal in die algemeen hiernamaals op die laaste dag. |
zso sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om 74die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal 75sonder sonde verskyn aan die 76wat Hom verwag tot saligheid.
| z Rom. 5:6, 8. 1 Petr. 3:18. | 74 Naamlik van al sy uitverkorenes en gelowiges. Of: die sondes van baie op Hom te neem of te dra.
75 Dit is, sonder om nog die toerekening en straf van ons sondes te dra, maar om in heerlikheid alles te oordeel. 76 Naamlik deur geloof en hoop. Sien 2 Tim. 4:8. |
Die ou verbond is ’n voorbeeld en is verbygaande. Christus is die Middelaar van ’n beter en ewige verbond.
DIE1 hoofsaak nou van wat ons gesê het, is adít: Ons het so ’n Hoëpriester bwat gaan sit het 2aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,
| a Hebr. 3:1; 4:14; 6:20; 9:11.
b Ef. 1:20. Kol. 3:1. Hebr. 12:2. |
1 Of: Die hoofsaak onder dit of in dit, dit is, die vernaamste; want die Griekse woord kefalaion beteken beide.
2 Dit is, aan die regterhand van God, wat sit op die troon van sy majesteit of heerlikheid, in die derde of hoogste hemel. Sien Hebr. 1:3. Hand. 3:21. |
’n Bedienaar 3van die heilige dinge en 4van die ware 5tabernakel wat die Here opgerig het en nie ’n mens nie.
| 3 Of: van die heiligdom; waardeur die hemel, waarvan die Allerheiligste ’n voorbeeld was, soos in Hebr. 9:8, 12, verstaan word. Dit word hier van die eerste deel van die tabernakel onderskei, waar die priesters elke dag ingegaan het, maar die hoëpriester het slegs een maal per jaar in die heiligdom, of die Allerheiligste, ingegaan, soos in die begin van die volgende hoofstuk nader verklaar word.
4 Die woord ware word hier gestel teenoor die skaduwees, soos in Joh. 1:17. 5 Soos deur die Allerheiligste die hemel afgebeeld word, so word deur hierdie tabernakel die menslike natuur van Christus verstaan, soos ook in Joh. 1:14; 2:19. Hebr. 9:11, en waarin die volheid van die Godheid liggaamlik woon, soos in sy tempel of tabernakel, Kol. 2:9, wat deur die krag van die Heilige Gees ontvang, en deur geen mens opgerig is nie, en deur die opoffering en bloed van die menslike natuur het Christus in die Allerheiligste ingegaan, wat goed ooreenstem met die volgende vers. Daar kan ook gesê word dat Christus ’n Bedienaar hiervan is, omdat Hy hierdie menslike natuur van Hom geheilig het tot ’n geskikte offer, om daarin die sondes van sy volk te versoen, en die werk van ons saligheid te volbring. Sien Joh. 17:19. Hebr. 9:11, waar dit op hierdie manier breedvoerig verklaar word. |
6Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. cDaarom moes Hy ook 7iets hê om te offer.
| c Ef. 5:2. | 6 Hierdie woord Want gee die rede waarom hy in die voorgaande vers gesê het dat Christus ’n Bedienaar van die ware tabernakel van sy liggaam is, naamlik omdat Hy as Hoëpriester ook iets moes gehad het wat Hy sou offer.
7 Naamlik Homself, of sy eie liggaam, soos in Hebr. 7:27; 9:14 uitgedruk word. |
Want as Hy op aarde was, 8sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat 9volgens die wet die gawes offer,
| 8 Naamlik omdat Hy nou alles op aarde volbring het wat deur Hom, as Priester, op aarde moes gebeur. Hy sou derhalwe sy amp uitgedien het; maar Hy moes nog die oorblywende deel van sy priesteramp in die hemel, in die ware Allerheiligste volbring.
9 Dit is, behoorlik en wettelik. In hierdie woorde is ook ’n rede vervat waarom Christus nou geen priester op aarde sou wees nie, naamlik wat wettelik en volgens die verordening van God die priesteramp hier sou bedien, omdat die wet geen priester aanstel behalwe uit die stam van Levi nie, en geen offers behalwe van seremoniële gawes nie. Hiervan was Christus nie as ’n bedienaar gestel nie, maar Hy was ’n Bedienaar van dit wat hierdeur afgebeeld was, soos die volgende vers ook meebring. |
dhulle wat ’n afbeeldsel en skaduwee 10van die hemelse dinge bedien, soos Moses ’n goddelike bevel ontvang het etoe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens 11die voorbeeld 12wat jou 13op die berg getoon is.
| d Kol. 2:17. Hebr. 10:1.
e Ex. 25:40. Hand. 7:44. |
10 Dit is, van die dinge wat deur Christus ook in die hemel bedien en volbring moes word, en wat vir ons tot die ingang in die hemel nodig is.
11 Of: voorskrif, bloudruk, patroon, afbeelding waarvolgens ’n mens iets doen of bou. 12 Naamlik in ’n gesig, of op die berg, of eerder in die geopende hemel, soos in Hebr. 9:23 verklaar word, want terwyl Moses op die berg was, het hy hierdie voorbeeld in die hemel self gesien. 13 Gr. in die berg, dit is, op die berg, naamlik Horeb. |
fMaar nou het 14Hy ’n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van 15’n beter verbond wat op 16beter beloftes 17wettelik gegrond is.
| f 2 Kor. 3:6. | 14 Naamlik die Here Jesus Christus.
15 Naamlik beter as wat die verbond van die wet en van die seremonies was. 16 Naamlik wat in verse 10-12 uitgedruk word. 17 Gr. gewettig is. |
Want as daardie eerste een 18onberispelik was, sou daar nie plek vir ’n tweede gesoek word nie.
| 18 Dit is, waaraan niks ontbreek het nie, of: waarin niks meer vereis kon word nie. Want wat volmaak is, hoef nie plek te maak vir iets anders van gelyke hoedanigheid nie. Want die wet van Moses, waarvan die seremonies hier as ’n aanhangsel beskou word, was op sigself wel volmaak, indien iemand dit volkome onderhou het, maar vanweë die onmag van die verdorwe natuur van die mens, wat die wet nie kon wegneem nie, kon dit niemand tot die saligheid bring nie, Rom. 8:3. Gal. 3:21. Daarom wou God hierdie nuwe verbond deur Christus, in die plek van die eerste, met die mens maak, sodat die gebrek van die eerste daardeur herstel sou word. Die seremonies was ook voorbeelde en skaduwees van hierdie nuwe verbond, Kol. 2:17, soos in die volgende hoofstuk aangedui sal word, en waarvan die voorvaders ook die beloftes ontvang het, Gal. 3:17, ens., maar die volheid daarvan is aan ons deur Christus geopenbaar, soos die apostel in die vervolg uit Jeremia 31 bewys. |
Want Hy 19berispe 20hulle en sê: gKyk, 21daar kom dae, spreek die Here, dat Ek 22met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe 23verbond 24tot stand sal bring,
| g Jer. 31:31-34. | 19 Of: toon die gebrek vir hulle aan; of: kla oor hulle. Dit is, Hy toon die swakheid, wat deur hulle verdorwenheid in hierdie verbond was, aan en kla daaroor.
20 Naamlik die Israeliete. 21 Naamlik ten tyde van die Messías. 22 Hieronder word ook alle uitverkorenes uit die heidene verstaan, soos deurgaans by die profete te sien is, wat deur die geloof in hierdie olyfboom ingeënt sou word. Sien Rom. 11:17, 25, 26. Gal. 4:26, ens. 23 Of: testament. 24 Gr. sal voleindig. Sien vers 10 se kanttekening. |
nie volgens die verbond wat Ek 25met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het 26hulle veronagsaam, spreek die Here.
| 25 Naamlik deur Moses in die woestyn.
26 Of: Ek het op hulle geen ag geslaan nie. By die profeet staan geskrywe: alhoewel Ék gebieder oor hulle was, sien Jer. 31:32 se kanttekening, wat dieselfde betekenis as hierdie woorde het. Die apostel wou egter die Griekse vertaling behou, omdat daar in die saak geen verskil was nie. |
Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal 27sluit met die huis van Israel, spreek die Here: hEk sal my wette 28in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; ien Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.
| h Jer. 31:33.
i Sag. 8:8. |
27 Dit is, ten volle openbaar en deur die hele wêreld verbrei. Want die belofte van hierdie verbond was nie deur die wet van Moses tot niet gemaak nie, Gal. 3:17, maar is eers deur Christus vervul, ten volle geopenbaar, en in sy volkomenheid opgerig.
28 Dit is, nie net op kliptafels of perkamente nie. Sien 2 Kor. 3:3, ens. |
kEn hulle sal 29nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want 30almal sal My ken, klein en groot onder hulle.
| k Joh. 6:45, 65. 1 Joh. 2:27. | 29 Naamlik nie net met woorde of met geskrifte, soos in die verbond van die wet gebeur het nie, maar hulle sal vernaamlik deur God (naamlik deur sy Gees) geleer wees, soos Christus ook gespreek het in Joh. 6:45, 65. Hy het nogtans met sy eie mond ook die evangelie aan hulle verkondig en hulle tot die kennis van God vermaan. Dit word dus nie volkome of geheel en al ontken nie, maar dit word vergelyk met die manier van onderwysing soos dit in die Ou Testament plaasgevind het, soos sulke spreekwyses meermale voorkom. Sien voorbeelde daarvan in Joh. 5:30, 45. 1 Thess. 4:9.
30 Naamlik wat dit van God geleer het, soos Christus getuig in Joh. 6:45. Want dat hier slegs gespreek word van die saligmakende kennis en van die waaragtige geloof, blyk uit die volgende vers, aangesien niemand se sondes in die nuwe verbond vergewe word nie, behalwe deur die waaragtige geloof, Rom. 3:30. Sommige verstaan dit as die stand van die toekomstige lewe, waar geen uitwendige lering meer nodig sal wees nie, wanneer ons Hom van aangesig tot aangesig sal sien, 1 Kor. 13:12. 1 Joh. 3:2. Uit die hele oogmerk van die apostel blyk egter dat hierdie beloftes alle uitverkore gelowiges van die Nuwe Testament ook in hierdie lewe aangaan. |
Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge 31nooit meer dink nie.
| 31 Naamlik om dit te straf. God straf in die nuwe verbond nie meer nie, wanneer Hy die sonde eens vergewe het, alhoewel sommige dit beweer. Hoewel Hy nog soms sy kinders uit vaderlike liefde kasty tot hul eie beswil. Sien Hebr. 12:6, 7. |
32As Hy sê ’n nuwe verbond, het Hy die eerste 33oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby 34die verdwyning.
| 32 Tot dusver is die woorde van die profeet Jeremia beskryf; nou spreek die apostel weer. Gr. In die sê.
33 Of: laat verouder, dit is, as oud verklaar. 34 Dit is, wegneming, sodat dit verwyder is, en nie meer gebruik word nie. |
Die priesterskap van Melgisédek ’n tipe van die ewige priesterskap van Christus.
WANTa 1hierdie Melgisédek was koning 2van Salem, priester 3van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en 4hom geseën het;
| a Gén. 14:18. | 1 Die apostel beskryf die geskiedenis van Melgisédek uit Gén. 14:17, ens., soos ook hierna uit Psalm 110. Daar word slegs op hierdie plekke in die Ou Testament van hom melding gemaak. Sommige meen dat hy Sem, die seun van Noag, die voorvader van Abraham, was. Hierdie Sem het nog geleef toe hierdie dinge met Abraham gebeur het, soos blyk uit die vergelyking van sy ouderdom met hierdie tyd. In sy huisgesin het die regte kennis en diens van God sonder twyfel behoue gebly. Dit wat hierna gesê word, is egter in stryd daarmee, naamlik dat hy sonder vader, sonder moeder en sonder geslagsregister was.
2 Meeste van die kerkvaders meen dat hierdie Salem die stad was wat hierna Jerusalem genoem word; hoewel Hiëronimus en sommige ander meen dat dit die Salem was naby die Jordaan, waarvan in Joh. 3:23 melding gemaak word. Rondom hierdie stad was enkele vlaktes, waarvan in Gén. 14:17 gespreek word. Hiëronimus getuig dat daar in sy tyd nog oorblyfsels van die paleis van Melgisédek in hierdie Salem aan die Jordaan te sien was. 3 Dit is, van die ware God, die Skepper van hemel en aarde, soos Melgisédek spreek in Gén. 14:19. Met hierdie titel onderskei hy hom van die priesters van die valse gode, waarmee die wêreld in die tyd gevul was, wat ook selfs deur enkele voorouers van Abraham oorkant die Eufraat gedien was, Jos. 24:14. 4 Naamlik as ’n priester van die Allerhoogste, en met priesterlike gesag, soos die bewys wat Paulus in vers 7 hieruit trek, ook vereis. |
aan wie Abraham ook 5’n tiende deel van alles gegee het — 6hy was in die eerste plek, volgens uitleg, 7koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is 8koning van vrede;
| 5 Dit was ook ’n daad van Abraham aan Melgisédek as priester. Van ander priesterlike handelinge spreek Paulus hier nêrens nie, wat hier nogtans alles oorweeg het waarin die priesterskap van Melgisédek die priesterskap van Levi te bowe gegaan het. So word dan verkeerdelik deur sommige die offer van brood en wyn hier toegevoeg, waarvan hier geen melding gemaak word nie. In Gén. 14:18 word egter nie van die offer gespreek nie, maar van die bring van brood en wyn, as ’n koninklike geskenk, wat daartoe gedien het om die geselskap van Abraham, wat vermoeid was deur die veldslag, met spys en drank te verkwik, soos Josephus dit ook beskryf in Joodse Oudhede.
6 Naamlik Melgisédek, as ’n tipe en voorbeeld van Christus, waarvan die apostel die eienskappe – sowel van sy name as van ander hoedanighede – só aanteken dat hy dit tegelykertyd in Christus, die Seun van God, bewys as waarlik vervul te wees. 7 Só word Christus na die voorbeeld van Melgisédek genoem, nie net omdat Hy self regverdig is nie, maar ook omdat Hy vir ons die ware geregtigheid voor God geword het, 1 Kor. 1:30. 2 Kor. 5:21. 8 Dit is, waarin hy ook ’n voorbeeld van Christus was, wat vir ons die ewige vrede met God verwerf het, Rom. 5:1. |
9sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan 10die Seun van God, bly hy priester altyddeur.
| 9 Hierdie volgende dinge word van Melgisédek as voorbeeld van Christus gesê, omdat daar niks van hierdie dinge in die beskrywing van die geskiedenis in Génesis 14 en Psalm 110 gemeld word nie, en omdat hy daarenteen ingevoer word as ’n mens wat (by wyse van spreke) uit die hemel geval het, sonder begin en einde, wat in Christus in der waarheid vervul word. Want Hy is sonder vader, ten opsigte van sy menslike natuur, en sonder moeder en geslagsregister, ten opsigte van sy goddelike natuur; net so ook sonder begin van dae of lewenseinde.
10 Hieruit blyk dat Melgisédek nie die Seun van God was, wat Homself in menslike gedaante aan Abraham sou vertoon het nie, soos sommige ook gemeen het; maar dat hy slegs ’n voorbeeld en gelykenis van die Seun van God gedra het. |
11Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ’n tiende van die buit gegee het.
| 11 Van hier af tot en met vers 10 verhef die apostel Melgisédek bo Abraham. Vanaf vers 11 verhef hy die priesterskap van Christus bo die priesterskap van die Leviete, en bewys dat dit, as iets wat onvolmaak is, ’n einde moes hê, maar dat Christus se priesterskap vir ewig sou duur. |
Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, b12wel ’n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is 13van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;
| b Núm. 18:21. Deut. 18:1. Jos. 14:4. 2 Kron. 31:5. | 12 Naamlik van God. Sien die wet daarvan in Núm. 18:24, ens.
13 Dit is, die ander Israeliete, wat ook van Abraham afkomstig was. |
maar 14hy wat nie 15uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het cvan Abraham tiendes geneem en 16die besitter van die beloftes geseën.
| c Gén. 14:20. | 14 Naamlik Melgisédek, Gén. 14:19.
15 Naamlik uit die Leviete. 16 Naamlik Abraham, die voorvader, wat die belofte gehad het dat in sy nageslag (Christus) alle geslagte geseën sou word, Gén. 12:3; 22:18. |
Nou word sonder 17enige teëspraak die mindere 18deur die meerdere geseën.
| 17 Gr. alle.
18 Hy spreek hier van ’n plegtige en priesterlike seën, waardeur iemand as ’n priester en gesant van God, ’n ander seën, soos Melgisédek hier aan Abraham gedoen het. Want andersins kan ook ’n mindere wel ’n meerdere seën of vir hom bid. |
En hier neem wel 19sterflike mense tiendes, maar dáár een 20van wie getuig word dat hy lewe.
| 19 Dit is, die priesters, wat deur die dood weggeneem word en plek maak vir ander wat volg.
20 Sommige verstaan dit as Melgisédek, omdat daar in die geskiedenis in Génesis 14 geen melding gemaak word van sy dood, óf van iemand wat hom in sy priesterskap op aarde opgevolg het nie. Sien verse 3, 16. Dit kan egter ook uit Psalm 110 geneem wees, waar gesê word: U is priester vir ewig, wat van Christus verstaan word, wat altyd leef, en van Abraham tiendes geneem het in die persoon van Melgisédek. |
En, 21om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, 22deur Abraham tiendes gegee;
| 21 Of: om met ’n woord te spreek.
22 Of: in Abraham, soos die Griekse woord dia soms beteken. Hierdie verklaring word ook uit die volgende vers versterk. |
want 23hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.
| 23 Naamlik Levi. Want hoewel ook Christus uit die lendene van Dawid, en gevolglik ook van Abraham, gespruit het, so is dit nogtans alleen na sy menslike natuur, en het op ’n buitengewone wyse geskied, wat Hom daarom van hierdie onderwerping bevry het, soos ook van die sonde, waarmee almal in Adam gesondig het, Rom. 5:12. |
dAs daar dan 24volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was — want 25met die oog daarop het die volk 26die wet ontvang — waarom was dit nog nodig dat 27’n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
| d Gal. 2:21. | 24 Of: heiligmaking, naamlik nie net die uitwendige na die vlees nie, maar ook die inwendige na die gees, en wat voor God bestaan; waaronder ook die ware versoening met God vervat is. Sien Hebr. 10:14.
25 Ander vertaal: daaronder of daarnaas, dit is, met die instelling van die Levitiese priesterskap. Nog ander vertaal: daarvan of daaroor, naamlik die Levitiese priesterskap, het die volk van Israel die wet deur Moses ontvang, dit is, het God deur Moses die volk van Israel aan die wet van die Levitiese priesterskap en sy hele diens verbind, sodat die volk in sy heiligmaking slegs die diens en die beleid van hierdie priesterskap moes gebruik. 26 Sommige verstaan dit slegs as die wet van die priesterlike bediening en die seremonies, wat aan die Levitiese priesterskap verbonde was, soos ook in vers 12. Ander verstaan dit breër as die hele wet van Moses, sowel die sedewet as die seremoniële wet, omdat God die priesterskap onder die Leviete ingestel het, sodat hulle bewaarders, verklaarders en bedienaars van hierdie wet sou wees. Sien Hag. 2:12. Mal. 2:6, 7. 27 Naamlik soos God deur Dawid in Psalm 110 met eedswering betuig. |
Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook 28verandering van wet;
| 28 Sommige verstaan dit ook slegs as die wet van die priesterskap in die stam van Levi met die seremonies, soos in die voorgaande vers aangeteken is. Ander verstaan dit as die hele wet van Moses, omdat die Levitiese priesterskap en sy diens, met die hele wet, só deur God se ordinansie aaneengeheg was, en die een met die ander só verweef, dat die een nie sonder die ander verander kon word nie, omdat hierdie priesterskap van Levi of Aäron ’n groot deel van hierdie wet omvat het, soos in die meeste instellings van die wet te sien is. En dit wil voorkom of hierdie betekenis in verse 18 en 19 bevestig word. |
omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge 29gesê word, 30aan ’n ander stam behoort het waaruit 31niemand die altaar bedien het nie.
| 29 Naamlik in Psalm 110.
30 Gr. ’n ander stam deelagtig was, naamlik die stam van Juda, soos Jakob in Gén. 49:10 vooruit aangekondig het dat die Silo, of Messías, uit die stam van Juda moes voortkom, wat, vervul in die persoon van Jesus Christus, bekend was aan alle Christene aan wie Paulus hier skryf. Só word dit ook in die volgende verse verklaar. 31 Naamlik wettiglik. Want toe koning Ussía uit die stam van Juda dit probeer het, is hy daarvoor deur God met melaatsheid gestraf, 2 Kron. 26:18. |
Want dit is volkome duidelik edat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê 32van die priesterskap nie.
| e Jes. 11:1. Matt. 1:3. | 32 Dit is, van die bediening van die priesterskap. Want andersins moes ook die konings sorg dra dat die priesters hulle amp reg bedien het, soos in Dawid, Salomo, Hiskía, Josía en ander te sien is. |
En nog baie duideliker is dit as daar ’n ander priester opstaan 33na die ewebeeld van Melgisédek,
| 33 Daarmee verklaar die apostel dit wat hy tevore die orde van Melgisédek genoem het. |
een wat dit geword het nie 34kragtens die wet van ’n vleeslike gebod nie, maar 35uit die krag van die 36onvernietigbare lewe.
| 34 Dit is, deur die wet van die seremoniële gebooie, wat in uitwendige en vleeslike of verganklike reinigmakings en heiligmakings bestaan het, soos daar van die kleding van die priesters, salwing, reiniging, offers, ens. was, waardeur hulle in hul diens ingewy was, en wat slegs die liggaam en die uitwendige toestand van die mens geraak het. Hier moet egter aangemerk word dat die apostel van hierdie seremonies spreek volgens die algemene gevoel van die Jode, wat in hierdie uitwendige dinge die heiligmaking gesoek het. Hulle moes dit egter slegs as voorbeelde en skaduwees van Christus beskou het, soos in die volgende hoofstukke geleer word.
35 Dit is, deur die krag van God en die salwing van die Heilige Gees, wat onverganklik op Hom sou bly, en Hom tot ’n ewige priester gestel het, wat altyd sou lewe om vir ons te bid en ons die krag van sy offer ook deelagtig te maak tot ’n onvernietigbare lewe. Sien vers 25. Rom. 6:9, 10. Openb. 1:18. 36 Gr. onlosmaaklike. |
Want Hy getuig: fU is priester 37vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
| f Ps. 110:4. Hebr. 5:6. | 37 Dit is, sonder dat die priesterskap van Christus aan enige verandering onderworpe sou wees. Want hoewel van sommige seremonies van die Ou Testament gesê word dat dit vir ewig ingestel is, soos gesê word van die besnydenis, Gén. 17:13, van die paasfees, Ex. 12:14, van die sabbat, Ex. 31:16, en van die offers, Núm. 18:19, kan dit nogtans nie van die seremonies op sigself beskou, gesê word nie, maar slegs ten opsigte van hul betekende saak in Christus, en tot die tyd van die koms van Christus, waardeur die seremonies tot niet gemaak is, soos die apostel hier en die Skrif elders oral getuig. |
Want aan die een kant is daar 38die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en 39nutteloosheid daarvan,
| 38 Of: afskaffing.
39 Naamlik om daardeur geestelik gereinig te word, soos die Jode in die gebruik daarvan hul heiligheid en volmaaktheid gesoek het. Hoewel hierdie seremonies die ware Israeliete gedien het om daardeur tot Christus en sy heiligmaking gebring te word, wat wel van groot nut was, maar met die koms van Christus geëindig het. |
gomdat 40die wet niks volkome gemaak het nie; hmaar aan die ander kant is daar 41die invoering van ’n beter hoop waardeur 42ons tot God nader.
| g Hand. 13:39. Rom. 3:28; 8:3. Gal. 2:16.
h Joh. 1:17. Rom. 3:21. |
40 Naamlik van die seremonies, waarvan hy hier eintlik spreek. Selfs ook nie die sedewet nie, omdat dit deur die vlees daartoe onmagtig was, soos Paulus getuig in Rom. 8:3.
41 Naamlik, wat alle dinge volkome maak, waardeur die krag van die nuwe verbond en van die priesterskap van Christus verstaan word. Dit word ’n beter hoop genoem, omdat dit die ware heiligmaking kragtig in ons teweegbring. Ander vertaal dit: die aanleiding tot ’n beter hoop, naamlik die wet self, wat daarom ook ’n leidsman tot Christus genoem word, Gal. 3:24. Die letterlike betekenis van die Griekse woord epeisagoge vereis egter eerder die eerste betekenis, aangesien dit ’n invoering of aanleiding meebring van ’n saak wat dit wat tevore was, te bowe gaan. 42 Want deur Christus en sy priesterskap het ons ’n vrye toegang tot God self, Rom. 5:2. |
En vir sover dit nie sonder eedswering 43was nie — want 44húlle het sonder eedswering priesters geword,
| 43 Naamlik dat Christus ’n ewige priester geword het.
44 Naamlik die Levitiese priesters. |
maar 45Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: iDie Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek —
| i Ps. 110:4. | 45 Naamlik Christus. |
46in sover het Jesus van ’n beter verbond 47borg geword.
| 46 Naamlik aangesien dit deur ’n onveranderlike eed van God bevestig is, en derhalwe ook onveranderlik is, en kragtig om ons salig te maak, soos in die volgende verklaar word. Of: van ’n soveel beter verbond het Jesus borg geword.
47 Dit is, Middelaar, soos Hy ook genoem word in Hebr. 8:6; 9:15; 12:24. |
En hulle het wel priesters geword in ’n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;
maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ’n priesterskap 48wat nie op ander oorgaan nie.
| 48 Omdat die Levitiese priesterskap in die ewige priester volgens die orde van Melgisédek (naamlik Christus) moes oorgaan, vergaan die eerste, en bly hierdie laaste vir ewig. Of: wat nie van Hom oorgaan op ’n ander navolger nie, soos met die Levitiese priesterskap gebeur het. |
Daarom kan Hy ook 49volkome red die wat deur Hom 50tot God gaan, omdat Hy 51altyd leef kom 52vir hulle in te tree.
| k 1 Tim. 2:5. 1 Joh. 2:1. | 49 Of: ten volle, tot die volle einde toe, só dat daaraan niks ontbreek nie, wat die Griekse woord meebring, met die gevolg dat buite Hom geen deel van die saligheid óf in onsself, óf in iemand anders te soek of te vinde is nie.
50 Naamlik deur ’n waaragtige en lewende geloof. Sien Hebr. 10:19, ens. 51 Naamlik in die hemel, in sy heerlikheid, aan die regterhand van sy Vader, waar Hy altyd die ander deel van sy hoëpriesteramp, die voorbidding, vervul. 52 Sien die verklaring hiervan in Rom. 8:34. Hebr. 9:24. |
Want so ’n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat 53hoër as die hemele geword het;
| 53 Dit is, bo alle sigbare hemele, in die troon van sy Vader, tot die hoogste heerlikheid verhewe, Ef. 4:10. Openb. 3:21. |
wat nie 54elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om leers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want 55dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.
| l Lev. 9:7; 16:6. Hebr. 5:3. | 54 Dit is, dikwels, of: op alle bestemde dae. Sien Hebr. 9:7.
55 Naamlik vir die sondes van die volk geoffer, want Hy self het geen sonde gehad om vir Homself te offer nie, soos in die voorgaande vers betuig is. |
Want 56die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar 57die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig 58volmaak is.
| 56 Naamlik deur Moses gegee.
57 Naamlik deur Dawid in Psalm 110 verklaar, nadat die wet enkele honderde jare tevore gegee was. Dit voeg die apostel daarby om te bewys dat die laaste instelling die vorige tot niet maak. 58 Of: geheilig, ingewy, soos meermale tevore. Sien Hebr. 2:10. |
DAAROM moet ons nie bly by 1die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar 2na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer 3die fondament te lê van die bekering 4uit dooie werke en van die geloof 5in God,
| 1 Gr. die woord van die begin of beginsel van Christus, dit is, waardeur ons in die begin tot lidmate van Christus aangeneem word, en soos die eerste onderwysing van kinders is, die nuwelinge, Hebr. 5:12 en die kanttekening.
2 Dit is, na die volkome kennis van die leer van Christus voortgaan, Ef. 4:13. 3 Of: eerste grond, waarvan hier ses hoofsake beskryf word. 4 Dit is, uit sondige of vleeslike werke, waarvan die einde die dood is, Rom. 6:23. Kennis hiervan kom in die besonder deur die wet, Rom. 3:20. 5 Naamlik Vader, Seun en Heilige Gees, waarvan die hoofsaak in die twaalf artikels van die geloof vervat is. |
van die leer 6van die doop en 7van die handoplegging en 8van die opstanding van die dode en 9van die ewige oordeel.
| 6 Dit is, van die aard, instelling en die gebruik van die doop en van die sakramente, waardeur die geloof en die bekering in ons versterk word. In die Grieks word die woord doop hier in die meervoud gebruik, nie omdat daar meer as een doop is nie, Ef. 4:5, maar óf om die uitwendige en inwendige doop aan te dui, 1 Petr. 3:21, óf omdat in die eerste kerk die volwassenes wat tot Christus bekeer, en ’n tyd lank in die Christelike godsdiens onderrig was, dikwels saam in ’n aansienlike getal gedoop was, sodat dit wil voorkom of daar baie doopbedienings op een dag plaasgevind het.
7 Dit is, van die gawes van die Heilige Gees, wat die gelowiges in die eerste kerk gewoonlik deur handoplegging meegedeel is, Hand. 8:16, 17, en in die besonder in die bevestiging van kerkdienaars, 1 Tim. 4:14. 8 Van hierdie artikel moes diegene wat tot die gemeenskap van die kerk van Christus toegelaat was, in die besonder verantwoording doen, omdat nie net die heidene daarmee gespot het nie, Hand. 17:32, maar ook die Sadduseërs onder die Jode, Matt. 22:23, en baie ketters onder die Christene dit ook geloën het, 2 Tim. 2:18. 9 Naamlik oor lewendes en oor dode, oor die ongelowiges tot die ewige dood, en oor die gelowiges tot die ewige lewe. Dit is dan die ses hoofsake van die beginsels of fondamente van die Christelike godsdiens, wat aan die nuwelinge deur vrae en antwoorde voorgestel was, wat ook merendeels in ons kategismus vervat word. |
En 10dit sal ons doen aas God dit toelaat.
| a Hand. 18:21. 1 Kor. 4:19. Jak. 4:15. | 10 Naamlik die lê van die eerste fondamente van die Christelike godsdiens, wat Paulus nou wel verbygaan, omdat hy hulle ook tot ’n meer volkome kennis van ander leerstukke wou bring. Hy belowe ewenwel om dit by ander geleenthede te behandel, indien die Here dit sou toelaat, soos hy ook op ander plekke in sy briewe doen. Ander verstaan dit as die verklaring van die meer volkome leer, wat hy hierna gaan voorstel. |
bWant 11dit is onmoontlik om die 12wat eenmaal verlig geword het en 13die hemelse gawe gesmaak en 14die Heilige Gees deelagtig geword het,
| b Matt. 12:31. Hebr. 10:26. 1 Joh. 5:16. | 11 Naamlik ten opsigte van God se regverdige oordeel oor sulke ondankbare mense, ooreenkomstig die verklaring wat Christus self gegee het van diegene wat teen die Heilige Gees sondig, Matt. 12:31, 32; soos die volgende verse ook uitwys dat hier, soos ook in Hebr. 10:26, van dié sonde gespreek word. Daarom gebied die apostel Johannes, 1 Joh. 5:16, dat ’n mens vir sulkes nie moet bid nie. Sien dergelike spreekwyse in Joh. 12:39, 40.
12 Naamlik in die verstand deur die verkondiging van die evangelie. 13 Dit is, die geloof, waarvan hier gesê word dat hulle dit gesmaak het, nie omdat hulle dit in sy ware wese ooit ontvang het nie, maar omdat hulle ’n klein beginsel en beeld of skyn daarvan gevoel het, soos die woord proe ook teenoor drink gestel word, Matt. 27:34. Hierdie smaak noem Christus in die gelykenis van die saaier, Matt. 13:20, 21, die aanneem van die woord met blydskap, wat nogtans geen wortel, dit is, geen ware vertroue op Christus het nie, en nie aanhoudend behoorlike vrugte dra nie, omdat dit op rotsagtige plekke, dit is, in ’n hart wat nie behoorlik voor God verneder óf toeberei is nie, geval het. En dat dit hier ook die bedoeling is, blyk uit vers 7 en elders, waar dit vergelyk word met die grond wat die reën indrink, en in plaas van goeie plante, dorings en distels voortbring. 14 Dit is, enkele gawes van die Heilige Gees, wat God in die eerste kerk die dissipels meegedeel het. Sien hieroor 1 Korinthiërs 12; 14. |
en 15die goeie woord van God gesmaak het en 16die kragte van die toekomstige wêreld,
| 15 Dit is, die beloftes van die evangelie, waarvan hierdie mense ook in ’n mate ’n smaak ontvang het, soos van die woord van Johannes die Doper in Joh. 5:35 van sommige Jode gesê word, dat hulle gewillig was om hulle vir ’n tyd in sy lig te verbly.
16 Dit kan goed verstaan word as die kragte van die ewige lewe, waarvan hierdie mense ook iets gesmaak het, omdat hulle hierdie woord met blydskap aanneem, en hulle in die belofte hiervan vir ’n tyd verbly, soos in vers 4 aangedui is. Die woord smaak kom hiermee goed ooreen. |
en 17afvallig geword het — om 18dié 19weer tot bekering te vernuwe, 20omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
| 17 Of: verval het, waardeur nie allerlei sondes verstaan word waarin die ware gelowiges ook soms verval nie (soos Dawid, Petrus, ens.), en wat daarna tot bekering kom; maar hier word ’n algehele verval of afval van die Christelike godsdiens verstaan, en wat moedswillig geskied, soos in Hebr. 10:26 uitgedruk word, en met lastering daarvan (teen die getuienis van die Heilige Gees in hul gemoed), gepaardgaan; soos Christus getuig in Matt. 12:31.
18 Dit verwys na die voorgaande woord onmoontlik, vers 4. Dit is dus onmoontlik om dié weer tot bekering te vernuwe. Hierdie onmoontlikheid is nie net te verstaan ten opsigte van die leraars, wat tevergeefs sou arbei om hulle te vernuwe of tot bekering te bring nie, maar ook ten opsigte van God se waarheid self, wat eenmaal hierdie regverdige oordeel oor hulle gevel het, en nie veranderlik is nie, en Hom nie laat bespot nie, Gal. 6:7. Ja, ook ten opsigte van Christus se verdienste, wat hulle moedswillig versaak en verwerp, soos in die teks volg. Daarom word ook in Hebr. 10:26 gesê dat daar geen offer meer oor is vir die sonde van sulke mense nie. 19 Die woordjie weer verwys na die staat waaruit hulle verval het, welke staat die beginsel was van die vernuwing, indien hulle daarin gebly en behoorlik daarin voortgegaan het. Tot hierdie staat kan hulle selfs nie teruggebring word nie. Ander verstaan hierdie woorde weer vernuwe eenvoudig as vernuwe word, soos die Griekse woord palin, dit is, weer, deur ’n figuurlike manier van spreek pleonasme genoem, dikwels oortollig is. Sien ’n voorbeeld in Joh. 4:54; 13:12. Hand. 18:21, en dit word slegs daarby gevoeg om die saak kragtiger te betuig. 20 In hierdie woorde word nog ’n rede gegee waarom sulke afvalliges nie tot bekering vernuwe kan word nie, naamlik omdat hulle Christus, wat die Vader tot versoening vir ons sondes gegee het, ten opsigte van hulleself, dit is, soveel in hulle is (soos die Jode en heidene tevore uiterlik aan Christus gedoen het), opnuut smaad aandoen en teen hulle gewete in en tot hul verderf, Hom tot skouspel, of tot skande maak voor die hele wêreld, wat God nie ongestraf wil laat nie; soos die Griekse woord paradeigmatizein (openlik tot skande maak) ook beteken, Matt. 1:19. In Mark. 3:29 word die woord blasfemein (laster) gebruik. |
21Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, 22het deel aan die seën van God.
| 21 Deur hierdie beeld toon die apostel die billikheid van hierdie swaar oordeel van God oor sulke mense, aangesien dergelike oordeel selfs onder die mense oor sulke grond gebeur.
22 Dit is, word deur God meer en meer bekwaam gemaak om meer vrugte voort te bring. Of: ontvang seën van God. |
Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is 23naby die vervloeking — die einde daarvan is verbranding.
| 23 Dit is, om geheel verlate, en soos ’n vervloekte saak tot die vuur oorgegee te word. |
24Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat 25saamhang met die saligheid, al 26spreek ons ook so.
| 24 Met hierdie woorde versag die apostel die voorgaande dreigement, en verklaar hierna hoekom hy die swaar straf van die afvalliges aan hulle voorgehou het, naamlik nie omdat hy hulle as sodanig beskou het nie, maar om hulle te waarsku en aan te spoor om vas te hou aan die leer van die evangelie en aan God se beloftes.
25 Of: die saligheid aankleef. 26 Dit is, spreek ons so ’n swaar oordeel uit teen die afvalliges. |
cWant God is 27nie onregverdig om 28julle werk te 29vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het 30vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.
| c Spr. 14:31. Matt. 10:42; 25:40. Mark. 9:41. Joh. 13:20. | 27 Dit is, nie ontrou, of onstandvastig in die vervulling van sy beloftes nie; soos God se trou en standvastigheid hierin ook deurgaans die regverdigheid van God genoem word. Sien Ps. 143:1. 1 Joh. 1:9.
28 Naamlik van die ware geloof, wat Hy reeds in julle gewerk het, Filip. 1:29. 29 Naamlik dat Hy julle werk nie, volgens sy belofte, tot die einde toe in julle sou volbring nie, Filip. 1:6, en hiernamaals nie genadiglik sou beloon nie. 30 Of: in sy Naam, dit is, nie net uit menslike oorwegings teenoor die armes en verdruktes nie, maar omdat hulle ter wille van die Naam van God en die belydenis van Christus gely het, wat ’n eienskap is van die ware geloof en die ware liefde, wat Christus nie onbeloon laat nie. Sien Matt. 10:41, 42; 25:40. Mark. 9:41. |
Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom 31tot die volkome sekerheid van die hoop 32tot die einde toe;
| 31 Want soos die hoop van die saligheid uit die geloof voortkom, so word dieselfde hoop ook meer en meer gesterk deur die ware vrugte van die geloof. Sien 2 Petr. 1:10.
32 Naamlik van julle lewe; want wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word, Matt. 10:22. |
sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en 33lankmoedigheid 34erfgename van die belofte is.
| 33 Dit is, lydsame verwagting van die vervulling van God se belofte, soos hy hierna met die voorbeeld van Abraham en van alle ware gelowiges bewys.
34 Dit is, die beloofde erfenis in die hemel nou geniet. |
Want 35toe God aan Abraham 36die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer
| 35 Die apostel bewys met die voorbeeld van Abraham, die vader van alle gelowiges, dit wat hy in die voorgaande vers van al die gelowige voorvaders betuig het.
36 Naamlik in Gén. 22:16, toe Abraham sy seun geoffer het. In hierdie belofte is alle liggaamlike en geestelike beloftes begrepe, naamlik van die beloofde Saad, en van die vermenigvuldiging van sy nageslag as die vader van alle gelowiges. Sien ’n nadere verklaring hiervan in Rom. 4:16. Gal. 3:14, ens. |
en gesê: d37Voorwaar, Ek sal jou 38ryklik seën en jou grootliks vermeerder.
| d Gén. 12:3; 17:4; 22:16. Ps. 105:9. Luk. 1:73. | 37 Hierdie woord staan wel nie in die Hebreeuse teks nie, maar word deur Paulus uit die Griekse vertaling daarby aangehaal, aangesien dit in die sin self begrepe is. Ander meen dat die woordjie ki, wat in die Hebreeuse teks staan, soms ook voorwaar beteken, Job 8:6. Spr. 30:2.
38 Dit is, baie oorvloedig en gedurig seën en baie vermeerder. |
En so het hy 39die belofte verkry nadat hy 40geduldig gewag het.
| 39 Dit is, dit wat God belowe het, soos in vers 12.
40 Gr. lankmoedig was. |
Want mense sweer 41by een wat meer is, en edie 42eed 43van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.
| e Ex. 22:11. | 41 Naamlik by God. Want ander ede word in die Woord van God veroordeel. Sien Deut. 6:13. Jer. 4:2; 5:7. Die rede is omdat God alleen die harte van die mense ken, en alle mense, hoe aansienlik hulle ook is, kan straf, indien hulle valslik sweer.
42 Dit is, die wettige en behoorlike eed van mense waarteen niks ingebring kan word nie. 43 Naamlik van die beloftes wat aan iemand gemaak word. Want aangesien daar twee soorte ede is – die een om die waarheid van sake wat gebeur het, te bevestig, en een om ander te verseker van die toekomstige onderhouding van dit wat beloof is – spreek Paulus hier in die besonder van die laaste soort. |
Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, 44dit met ’n eed gewaarborg;
| 44 Of: het deur ’n eed bemiddel, dit is, het die eed as middel gebruik. |
sodat ons 45deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan 46die hoop wat voorlê;
| 45 Dit is, sy belofte en sy eed, wat beide onveranderlik is.
46 Dit is, die lydsame verwagting van die vervulling van die beloftes wat ons deur die geloof aangeneem het, Rom. 8:24, 25, aangesien die woord hoop hier in sy letterlike betekenis verstaan word. |
en ons het 47dit 48as ’n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan 49tot binnekant die voorhangsel
| 47 Naamlik, die hoop wat ons gelowiges het, ens.
48 Dit is, waarmee die siel hom aan God se beloftes vashou, teen alle bewegings en storms van die wêreld; soos ’n skip met sy anker in die see, teen alle storms. 49 Dit is, die hemel, waar Christus aan die regterhand van God sit en vir ons bid; wat deur die ingang van die hoëpriester in die Allerheiligste uitgebeeld was, soos verklaar word in Hebr. 9:24. |
waar Jesus as 50voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van 51Melgisédek f’n hoëpriester geword het vir ewig.
| f Hebr. 3:1; 4:14; 8:1; 9:11. | 50 Naamlik wat vir ons daar ingegaan het, om vir ons plek te berei, Joh. 14:2, 3.
51 Dit voeg die apostel daarby, om so terug te keer tot die verklaring van die koninklike priesterskap van Christus, wat hy onderbreek het, Hebr. 5:11, ens., en weer in die volgende hoofstuk hervat. |
WANT 1elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree 2ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om 3gawes en offers vir die sondes te bring
| 1 Naamlik soos diegene was wat uit die nageslag van Aäron wettige priesters geword het. Want Paulus het hierdie brief geskryf terwyl die tempel nog gestaan het, en verwys na die handelswyse wat toe nog genoegsaam bekend was.
2 Dit is, ter wille van die mense, tot hulle voordeel en diens, om die mense met God te versoen, of om enkele weldade van God te verkry. 3 Deur die woord gawes word offers verstaan, wat bestaan het uit vrugte en ander dergelike dinge wat geoffer was; en deur offers, die offers van diere van allerlei soorte wat op die altaar geslag, en só geoffer was. |
as een wat kan 4saamvoel met 5die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook 6met swakheid bevange is.
| 4 Of: matig meevoel, dit is, op ’n behoorlike of gepaste wyse. Die Griekse woord metriopathein beteken eintlik om medelye te hê met mate, of volgens mate, dit is, soveel nodig is om diegene wat dit nodig het, te hulp te kom.
5 Dit is, sondaars. ’n Hebreeuse spreekwyse. Deur die eerste word die sonde wat uit onwetendheid of swakheid van die verstand geskied, verstaan; deur die tweede die sonde waarin die mens val deurdat hy homself verlei of daaraan toegee, en gewillig voortgaan om te sondig, hoewel daar dwaling bykom wanneer die verstand deur die begeerlikheid verduister word, Jak. 1:14, 15. Teen beide het God offers van versoening verordineer; sien Levítikus 4-6; maar nie vir die moedswillige sonde teen die Heilige Gees nie. Sien Hebr. 10:26, 27. 6 Dit is, met sonde, soos die volgende vers uitwys. Hierin is Christus nie aan die ander hoëpriesters gelyk nie, aangesien Hy wel in alles in ’n gelyke mate versoek is, maar sonder sonde. Sien Hebr. 4:15; 7:26, 27. |
En daarom juis 7moet hy, net asoos vir die volk, so ook 8vir homself vanweë die sondes offer.
| a Lev. 9:7; 16:6. Hebr. 7:26. | 7 Gr. is hy skuldig.
8 Sien hieroor Lev. 4:3; 9:7; 16:6, wanneer hy een maal per jaar in die Allerheiligste ingegaan en eers vir sy eie sondes, en daarna vir die sondes van die volk geoffer het; en wanneer hy self enige ergerlike sondes begaan het. |
bEn niemand neem 9die waardigheid vir 10homself nie, maar hy wat deur God geroep word, cnet soos Aäron.
| b 2 Kron. 26:16.
c Ex. 28:1. 1 Kron. 23:13. |
9 Naamlik om hoëpriester te word. Hy spreek van diegene wat wettige priesters was.
10 Naamlik sonder ’n voorgaande roeping. |
So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar 11Hý het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: d12U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
| d Ps. 2:7. Hand. 13:33. Hebr. 1:5. | 11 Dit is, God, sy Vader.
12 Sommige meen dat met hierdie woorde slegs die persoon van die Vader beskryf word, wat die Seun tot die priesteramp verheerlik het, en dat eers in vers 6 die bewys daarvan sou volg. Ander verstaan dat in hierdie vyfde vers ook bewysredes ingesluit sou wees dat die Vader Hom wettiglik tot Hoëpriester aangestel het; eerstens in die woorde wat hierop in Ps. 2:8 volg: Eis van My, ens., aangesien dit eie aan die werk van ’n priester is om vir die volk te bid; tweedens ook in die woorde my Seun, aangesien die eersgebore seuns, vóór die instelling van die Levitiese priesterskap, ná die dood van hul vader gewoonlik die priesteramp in die families bedien het; sien Gén. 25:31 en die kanttekening; en derdens en vernaamlik in die woorde vandag het Ek U gegenereer. Hoewel daardeur in die besonder die ewige geboorte van die Seun van die Vader verstaan word, Hebr. 1:5, pas Paulus dit op ’n gepaste wyse toe op die openbaring daarvan, wat in dié tyd plaasgevind het, vernaamlik deur sy opstanding uit die dode, Hand. 13:33. Wat ’n duidelike bewys is dat Hy deur die Vader tot Middelaar en gevolglik ook tot Hoëpriester wettiglik aangestel is. |
Soos Hy ook 13op ’n ander plek sê: eU is priester vir ewig 14volgens die orde van Melgisédek.
| e Ps. 110:4. Hebr. 7:17. | 13 Naamlik in Psalm 110, wat Christus self ook op die Messías laat dui, Matt. 22:44, 45.
14 Dit is, volgens die manier en ewebeeld van Melgisédek, soos in Hebr. 7:15 verklaar word. |
fHy wat 15in die dae van sy vlees gebede en smekinge 16met sterk geroep en trane aan Hóm 17geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is 18uit die angs —
| f Matt. 26:39; 27:46, 50. Joh. 17:1. | 15 Dit is, toe Hy ons swakke natuur aangeneem het, en daarin by ons gewandel en gely het. Want hoewel Hy ons natuur ook in die hemel dra, so het Hy nogtans die swakhede daarvan afgelê.
16 Die apostel verwys hier wel na die héle vernedering van Christus, maar vernaamlik na die angs en uiterste benoudheid van Christus in die tuin, toe Hy druppels bloed gesweet het, en na sy sterk geroep aan die kruis, toe Hy geroep het: My God, my God, waarom het U My verlaat? 17 Dit is, aan sy Vader voorgedra, en vir ons sy lewe in die hande van sy Vader opgedra het. 18 Gr. eulabeias, hierdie woord beteken dikwels vrees, soos te sien is in Hand. 23:10, en dit is dieselfde wat Markus, hfst. 14:33, thambos en ademonian, dit beteken, ontsteldheid en benoudheid, noem. Dit was in Christus se menslike natuur, deur die vooruitsien en voorgevoel van die helse benoudhede, wat Christus in sy siel vir ons aan die kruis sou ly, nogtans sonder sonde, aangesien Hy altyd vas in die geloof gebly het, en Hom in dit alles volkome aan die wil van sy Vader onderwerp het. Hier word gesê dat Hy uit hierdie angs of verskrikking verhoor was, omdat Hy deur sy gebed versterk en verseker was dat Hy deur die krag van sy goddelike natuur alles sou oorwin, en só die duiwel en die dood self onder sy voete bring. Ander vertaal: vanweë die godvrugtigheid; of: om sy godvrugtigheid ontwil, wat die woord eulabeia ook beteken. Die Griekse woordjie apo, dit is, van of uit, veroorsaak egter dat hierdie verklaring nie aanneemlik is nie. |
gHy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid 19geleer uit wat Hy gely het;
| g Filip. 2:6. | 19 Dit is, ervaar wat dit is om Hom in sulke benoudhede in alles gehoorsaam aan die wil van sy Vader te onderwerp. |
en nadat Hy 20volmaak is, het Hy vir almal 21wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword
| 20 Naamlik in hierdie gehoorsaamheid van Hom. Of: geoffer is, naamlik aan die kruis deur die ewige Gees, soos die apostel hierna spreek in Hebr. 9:14. Of: volkome ingewy is. Want die Griekse woord teleiotheis dra al hierdie betekenisse.
21 Dit is, wat in Hom glo, en vervolgens ook hierdie geloof met die ander dele van die gehoorsaamheid gepaard laat gaan, soos die Skrif deurgaans ook die geloof die gehoorsaamheid noem, as die grond van alle ware gehoorsaamheid. Sien Joh. 3:36. |
en is 22deur God genoem ’n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;
| 22 Of: deur God betitel, dit is, deur God aangestel of geordineer. Want aan wie God die naam gee, aan hom gee Hy ook die saak self. |
23waaroor ons 24veel te sê het wat swaar is om te verklaar, 25omdat julle 26traag geword het om te hoor.
| 23 Naamlik oor die saak. Of: van wie, naamlik van Melgisédek.
24 Gr. woord, saak. 25 In hierdie woorde gee die apostel die rede waarom hy gesê het dat die sake waaroor hy van voorneme was om te skryf, swaar is om te verklaar. Dit is naamlik nie soseer ten opsigte van die saak self nie, as ten opsigte van hul traagheid; waarom hy hulle hiermee tot opmerksaamheid opwek. 26 Of: traag in die gehoor, of: van gehoor. |
hWant hoewel julle 27vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ’n mens julle 28die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan 29melk en nie aan vaste 30spys nie.
| h 1 Kor. 3:1-3. | 27 Of: ten opsigte van die tyd, naamlik dat julle in die leer van Christus geoefen is.
28 Gr. die elemente of die abc van die beginsel, dit is, die grondbeginsels en fondamente van die Christelike leer, wat hy in die volgende hoofstuk sal beskryf. Andersins word ook die seremonies van die Ou Testament, waarin die Hebreërs maklik verval en altyd bly hang het, die eerste beginsels van die wêreld en swak elemente genoem, Gal. 4:9. Kol. 2:8, omdat God hulle daardeur soos deur ’n alfabet tot die geestelike leer van die saligheid gelei het; van waar die Hebreërs nou moes voortgaan tot die saak self wat deur die seremonies voorgestel is, en daarin meer en meer toeneem. 29 Dieselfde beeld gebruik die apostel ook in 1 Kor. 3:2, om hulle hul traagheid en onkunde in die sake van die verborgenhede van die evangelie te laat verstaan, soos die volgende verse verklaar. 30 Gr. voedsel. |
Want elkeen wat melk gebruik, is 31onervare in die woord van geregtigheid, omdat 32hy ’n kind is.
| 31 Dit is, nie genoeg in die leer van die evangelie onderrig nie, waarin die ware geregtigheid, wat in God se oordeel kan bestaan en wat van ons geëis word, geopenbaar is.
32 Dit is, soos ’n kind, naamlik in kennis. Sien 1 Kor. 14:20. Ef. 4:14. |
Maar 33vaste spys is 34vir volwassenes, vir die wat 35geestesvermoëns besit 36deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.
| 33 Dit is, ook die onbedekte en diepste verborgenhede en leerstukke van God se Woord. Dit word deels gestel teenoor die eerste beginsels van die leer, en deels teenoor die seremonies, waarin die Jode, soos kinders, altyd verval het.
34 Soos in 1 Kor. 2:6; 14:20. Ef. 4:13. 35 Of: die sinne geoefen het. Die Griekse woord beteken die instrumente waardeur die sinne hul werk verrig en geoefen word, soos oë, ore, tonge, ens., waardeur hier die inwendige instrumente van die siel verstaan word, soos die rede, verstand, wil, ens., wat, terwyl dit deur die krag van die Gees verlig en vernuwe is, ook deur die oefening van God se Woord daagliks meer en meer versterk moet word, om die kwade en die onware te kan verwerp, en die goeie en die waarheid te kan aanneem. 36 Dit is, deur bekwaamheid wat ’n mens verkry deur baie oefening in enige saak. |
LAAT ons dan 1vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan 2nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle 3agtergebly het nie.
| 1 Dit is, met sorgvuldigheid daarop let. Sien Filip. 2:12. Wat nie in stryd is met die vaste vertroue op Christus nie, soos blyk uit vers 16.
2 Of: vir ons nog nagelaat is. Ander verstaan die woord nalaat as verlaat of versuim; maar die eerste betekenis kom met die volgende vers baie goed ooreen. 3 Dit is, nie tot die oogmerk of doel, wat hom voorgestel is, gekom het nie. ’n Beeld geneem van die Israeliete in die woestyn, wat wel Egipte verlaat het om na die land Kanaän te reis, maar wat deur hulle ongelowigheid verhinder was, sodat hulle nie daar ingekom het nie. Of: daarvan uitgesluit is, sodat ’n mens dit moet ontbeer. |
Want aan ons is die evangelie ook verkondig net 4soos aan hulle; maar die woord 5van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof 6verenig was nie.
| 4 Naamlik ten tyde van Moses en Dawid, waarvan hy tevore gespreek het. Waaruit blyk dat die saligheid in die Ou Testament op geen ander manier meegedeel is nie, as deur die leer van die evangelie. Sien ook Joh. 8:56. Hand. 15:10, 11. Hebreërs 11.
5 Gr. van die gehoor, dit is, van die prediking, waardeur die Woord gehoor word, soos in Jes. 53:1. Rom. 10:16. 6 Dit is, saamgevoeg was, gepaardgegaan het, soos dinge wat ’n mens meng, bymekaargevoeg word. |
Want ons wat geglo het, 7gaan die rus in, 8soos Hy gesê het: aDaarom het Ek in my toorn gesweer, 9hulle sal in my rus nie ingaan nie — 10alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af 11volbring is.
| a Ps. 95:11. | 7 Naamlik waarvan Dawid in Psalm 95 spreek en die apostel in vers 9.
8 Naamlik nie met duidelike woorde nie, maar deur ’n noodwendige gevolg. Want wanneer God sweer dat die ongelowiges in God se rus nie sal ingaan nie, so beloof Hy daarenteen dat die gelowiges wel daar sal ingaan. 9 Sien Hebr. 3:11 en die kanttekening. 10 Of: aangesien nogtans. Die apostel wil daarmee bewys dat daar elders in die Skrif wel gespreek word van tweërlei rus, naamlik die van die sabbatdag en die van die land Kanaän, maar dat Dawid in Psalm 95 eintlik van geeneen van hierdie twee spreek nie, maar van ’n ander rus, wat deur hierdie twee afgebeeld was, en nog vir die gelowiges toekomende is. Die rede waarmee die apostel dit bewys, is omdat die rus van God op die sabbat ná die skepping van alle dinge só lank, naamlik omtrent drieduisend jaar, gelede was, en dat die Israeliete reeds lank tevore, naamlik meer as vierhonderd jaar gelede, deur Josua in die rus van die land Kanaän ingebring was, derhalwe spreek Dawid hier van ’n rus waartoe die gelowiges nog daagliks uitgenooi word, soos hy deur die woord vandag bewys, en wat derhalwe nog vir hulle bewaar en toekomende is, tot watter gevolgtrekking hy in vers 9 kom. 11 Gr. geword, of: geskied het. Want in ses dae het God die hemel en die aarde geskape, en op die sewende dag daarvan gerus. |
Want Hy het 12êrens van die sewende dag so gespreek: bEn God het op die sewende dag 13van al sy werke 14gerus;
| b Gén. 2:2. Ex. 20:11; 31:17. | 12 Naamlik in Gén. 2:2. Ex. 20:11.
13 Naamlik wat Hy Hom voorgeneem het om te skep. Want van die onderhouding van alle dinge en die herstel van dit wat daarin verval, rus God nimmermeer, Ps. 104:13, ens. Joh. 5:17. Hand.17:25, ens. 14 Dit is, opgehou om nuwe soorte skepsele voort te bring. Want God word nie moeg of afgemat nie, Jes. 40:28. Daarom het Hy geen sodanige rus daarvan nodig nie. |
en nou 15hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
| 15 Naamlik Psalm 95, waarvan in die voorgaande gespreek is. |
Terwyl dit dan 16so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie 17eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,
| 16 Naamlik deur ’n noodwendige gevolg, soos in vers 3 se kanttekening.
17 Naamlik deur Moses, in die woestyn, soos in vers 2 se kanttekening. |
bepaal 18Hy weer ’n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel 19later 20deur Dawid spreek, soos gesê is: cVandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.
| c Ps. 95:7. Hebr. 3:7. | 18 Naamlik God die Heilige Gees, soos uitgedruk word in Hebr. 3:7.
19 Naamlik nadat die Israeliete uit Egipte verlos was en in die land Kanaän aangekom het. 20 Gr. in Dawid, dit is, in die psalms van Dawid; of: deur Dawid, soos die woord in ook gebruik word in Rom. 9:25. |
Want as 21Josua 22aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie.
| 21 Gr. Jesus. Dit is, Josua, die seun van Nun, wat die kinders van Israel in die land Kanaän gebring het. Sien Hand. 7:45.
22 Naamlik waarin die hoogste geluk van die mense geleë is, en wat Dawid aandui. Want hoewel die land Kanaän ook ’n rusplek was vir die Israeliete, was hulle hoogste geluk nie daarin geleë nie, maar dit was slegs ’n skadu van hierdie laaste en geestelike rus, en moes hulle daarom ook naarstiglik daarna streef om deur die geloof daartoe te kom. Of: hulle in die rus gebring het. |
Daar bly dus 23’n sabbatsrus oor 24vir die volk van God;
| 23 Gr. sabbatismos, dit is, ’n rus, naamlik bo die rus van die land Kanaän en van die sewende dag, dit is die geestelike en ewige rus wat hiermee uitgebeeld word, en wat hy in die volgende vers beskryf.
24 Dit is, vir die ware gelowiges, wat die ware Israeliete en kinders van die belofte is. |
25want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
| 25 Deur die woordjie wie word elke gelowige verstaan, van wie gesê word dat hulle in die rus van God ingaan, wanneer hulle hier rus van die volbringing van die werke van die vlees, en hiernamaals ten volle sal rus van al hulle arbeid, Openb. 14:13. Van hierdie rus word die sabbat hier ook as ’n sakramentele teken en beeld aangemerk. |
Laat ons ons dan beywer om 26in te gaan in dié rus, sodat niemand 27in dieselfde voorbeeld van 28ongehoorsaamheid mag val nie.
| 26 Naamlik deur ’n standvastige geloof soos die volgende woorde meebring.
27 Dit is, ’n voorbeeld van ongehoorsaamheid word, soos ons vaders in die woestyn was. Ander verstaan die woord val as verlore gaan. 28 Of: ongelowigheid. |
29Want die woord van God is 30lewend en kragtig en skerper d31as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot 32die skeiding van siel en gees en 33van gewrigte en murg, en is 34’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
| d Pred. 12:11. Jes. 49:2. Ef. 6:17. | 29 Sommige verstaan dit as Christus, wat die Woord van God genoem word, Joh. 1:1. Openb. 19:13. Die hele beskrywing wat volg, kom ook goed daarmee ooreen. Maar omdat Paulus die persoon van Christus in sy ander geskrifte nie met hierdie Naam noem nie, kan dit hier beter as die woord van die evangelie verstaan word, waarvan die krag ook elders beskryf word. Sien Rom. 1:16. 2 Kor. 3:8, 9. 1 Petr. 1:23, 25.
30 Naamlik deur die werking van die Heilige Gees, wat hierdie lewe en hierdie krag daardeur in ons harte openbaar. 31 Of: bo alle tweesnydende swaard. Die Griekse woord beteken eintlik ’n swaard wat twee monde het, en van twee kante af byt of sny. So word daar ook gesê dat daar uit Christus se mond ’n skerp swaard gaan, Openb. 19:15. Sien ook Jes. 11:4. Ef. 6:17. Hierdeur word met beeldspraak te kenne gegee dat God se Woord aan die een kant die harte verslaan deur die oortuiging van sondes en strawwe wat die mens verdien het, en aan die ander kant die harte suiwer en slegte begeertes doodmaak, om voortaan vir Christus te lewe. Sien ’n voorbeeld in Hand. 2:37, 38. 32 Dit is, tot in die diepste bewegings van die wil en die verstand van die mens. Sien ook 1 Thess. 5:23. 33 Dit is, van dit wat die mees verborge in die mens blyk te wees, soos die murg en die gewrigte is. 34 Van God se Woord word gesê dat dit die oorlegginge en gedagtes van die hart beoordeel of onderskei, omdat die mens wat deur God se Woord onderrig en vermaan is, hom verontskuldig of beskuldig voor God se oordeel, en hom daaroor voor God verneder, of ook die moed gee om vrymoedig tot die troon van God se genade te gaan. Sien 1 Kor. 14:24, 25. |
eEn daar is geen skepsel onsigbaar voor 35Hom nie, maar alles is 36oop en 37bloot voor die oë van Hom 38met wie ons te doen het.
| e Ps. 33:13. | 35 Naamlik God, vers 12, met wie ons te doen het, soos in die vervolg van die teks staan. Só klim hy dan hier van die Woord van God tot God self, wat die Kenner en Regter van almal is. Dit is ’n nuwe rede waarom ons goed op God se Woord moet ag gee, omdat dié Woord so ’n krag oor ons siele het, deur Hom wat alles weet en bereg.
36 Gr. naak. 37 Die Griekse woord beteken die nek of die keel oopmaak, om die dele of inwendige organe te kan sien wat in die bors is, soos die priesters gewoonlik die diere wat geoffer word, van die nek af eers die bors oopgemaak het, om te sien of al die dele daarin rein en sonder gebrek was. 38 Of: aan wie ons rekenskap moet gee; of: tot wie ons spreek, naamlik in ons gebede. Of: van wie ons die woord het, of spreek, naamlik in hierdie bespreking van ons. |
Christus oortref die hoëpriesters van die ou verbond.
f39TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat 40deur die hemele 41deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons 42die belydenis vashou.
| f Hebr. 3:1; 6:20; 8:1; 9:11. | 39 Hier sluit die apostel die bespreking van die profetiese amp van Christus af, en gaan voort tot sy priesterlike en koninklike amp. Hy skryf terstond ook ’n troon aan Hom toe en vergelyk Hom met Melgisédek; en noem Hom ’n groot Hoëpriester, omdat Hy groter is as al die hoëpriesters van die Ou Testament, wat slegs skaduwees van Christus se priesteramp was, soos in die volgende vyf hoofstukke breedvoeriger verklaar sal word.
40 Naamlik wat sigbaar is. 41 Naamlik tot in die derde hemel, wat die troon van God is, en die heerlike woonplek van die heilige engele en geeste, wat deur die Allerheiligste afgebeeld word, soos in Hebr. 9:24 verklaar word. Sien ook 2 Kor. 5:8; 12:2, 4. 42 Dit is, die leer van hierdie groot Hoëpriester deur die ware geloof standvastig bely, nieteenstaande alle swarighede en vervolginge wat ons daardeur mag oorkom. |
gWant ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, hmaar een wat 43in alle opsigte versoek is 44net soos ons, maar isonder sonde.
| g Hebr. 2:18.
h Filip. 2:7. i Jes. 53:9. 2 Kor. 5:21. 1 Petr. 2:22. 1 Joh. 3:5. |
43 Naamlik in alle dinge waaraan die mens nie net in hierdie lewe van nature onderworpe is nie, maar ook selfs die swarighede en strawwe, wat deur die sonde daarby gekom het; uitgesonder alleen die sonde self, wat deur gehoorsaamheid, heiligheid en regverdigheid vernietig moes word.
44 Gr. na gelykheid. |
Laat ons dan met vrymoedigheid kna 45die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind 46om op die regte tyd gehelp te word.
| k Rom. 3:25. | 45 Naamlik wat God nou in Christus opgerig het. Dit wil voorkom of die apostel hier verwys na die genadestoel [versoendeksel], wat op die verbondsark was, waardeur die tafels van die wet – wat die uiterste gehoorsaamheid of straf in die eerste verbond vereis het – bedek was. Só word Christus ook genoem in Rom. 3:25 en die kanttekening.
46 Gr. tot hulp wat betyds is, of: tot hulp op die regte tyd. Naamlik wanneer dit vir ons tot ons saligheid bevorderlik of nodig is. |
Christus groter as Moses. Waarskuwing teen ongeloof en ongehoorsaamheid.
DAAROM,1 heilige broeders, deelgenote van 2die hemelse roeping, 3let op die 4Apostel en a5Hoëpriester van 6ons belydenis, Christus Jesus,
| a Hebr. 4:14; 6:20; 8:1; 9:11. | 1 Naamlik aangesien ons verstaan het dat Christus waaragtig God is, en een natuur met ons deelagtig geword het, soos in die twee voorgaande hoofstukke bewys is.
2 Dit is, wat uit die hemel is, Filip. 3:14, en ons tot hemelse dinge vermaan, 2 Thess. 2:14. En só onderskei hy die gelowige Jode van die ongelowige en hardnekkige Jode. 3 Naamlik só dat julle Hom gehoorsaam bly. Die Griekse woord beteken om met groot aandag op te let. 4 Dit is, Gesant van die Vader, om aan ons God se raad oor ons saligheid te openbaar. Sien Joh. 20:21. 5 Naamlik om ons met God te versoen. Oor hierdie amp sal hy breedvoeriger handel in die volgende en die vyfde hfst. 6 Dit is, van die evangeliese leer, waar ons belydenis van doen. |
wat getrou was aan Hom 7wat Hom aangestel het, net bsoos Moses ook in 8sy hele huis.
| b Núm. 12:7. | 7 Gr. wat Hom gemaak het, naamlik tot Apostel, Profeet en Hoëpriester. Sien Hand. 2:36 en die kanttekeninge.
8 Dit is, sy gemeente, wat die huis van God genoem word, omdat Hy daarin woon deur sy Woord, genade en Gees. Sien Matt. 18:20. 1 Tim. 3:15. |
Want 9Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis 10gebou het, meer eer het 11as die huis;
| 9 Naamlik Christus, die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis.
10 Of: toegerus, toeberei. 11 Naamlik wat deur hom gebou is, dit is, sy gemeente, waarvan Moses ’n lidmaat is. |
want elke huis word deur iemand gebou, cmaar 12Hy wat alle dinge gebou het, 13is God.
| c 2 Kor. 5:17, 18. Ef. 2:10. | 12 Dit is, teweeggebring het wat tot die welstand van sy gemeente behoort.
13 Daaruit volg dan noodwendig dat Christus ook hierdie ware God is, wat dit alles gebou het, soos hy in die derde vers getuig het. |
En Moses was wel getrou in sy hele huis as ’n dienaar, d14om te getuig van wat nog gespreek sou word,
| d Deut. 18:15, 18. | 14 Of: tot getuienis. Dit sê die apostel van die voorseggings en seremonies van die Ou Testament, wat deur Moses en die profete bekendgemaak is, en daarna deur Christus en die apostels nader en breedvoeriger verklaar sou word, soos Moses self getuig, Deut. 18:15. |
maar Christus 15as Seun oor sy huis. eEn ons is sy 16huis fas ons net 17die vrymoedigheid en 18die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.
| e 1 Kor. 3:16; 6:19. 2 Kor. 6:16. 1 Petr. 2:5.
f Rom. 5:2. |
15 Dit is, as eie Seun en Erfgenaam, want anders was Moses ook ’n seun van God deur die geloof.
16 Dit is, gemeente, of huisgenote; soos in vers 2. 17 Dit is, die geloof of vertroue in Christus, waardeur ons ’n vrymoedige toegang het tot God, as tot ons Vader. Sien Hebr. 10:22. Rom. 8:15, ens. 18 Dit is, die hoop waardeur ons van God se guns en ons toekomende heerlikheid durf roem, Rom. 5:2, 3. |
Daarom, soos 19die Heilige Gees spreek: gVandag as julle 20sy stem 21hoor,
| g Ps. 95:7. Hebr. 4:7. | 19 Naamlik deur die mond van die profeet Dawid, soos daarby gevoeg word in Hand. 1:16. Sien ook 2 Sam. 23:2. 2 Petr. 1:21.
20 Naamlik God se stem, of die Messías se stem, waardeur God ook tot hulle sou spreek, Hebr. 1:1. 21 Of: sal hoor. Waarmee die profeet aantoon dat hy dit nie net verstaan as sy stem wat toe gespreek het nie, maar as nog ’n ander stem, naamlik van die Messías, wat daarna nog tot hulle sou spreek. |
22verhard julle harte nie hsoos 23in die verbittering, 24in die dag van die versoeking in die woestyn nie,
| h Ex. 17:2. | 22 Van die mense word gesê dat hulle hul harte verhard wanneer hulle die stem van die Here nie ter harte neem of tot hulle harte laat ingaan, om dit te glo en te gehoorsaam nie. Sien Sag. 7:11, ens.
23 Dit is, in die tyd van die verbittering, toe die Israeliete God deur hulle weerspannigheid vertoorn of verbitter het. Dit het dikwels gedurende die veertig jaar in die woestyn gebeur, maar in die besonder soos ons lees in Ex. 17:7. Núm. 20:13. 24 Dit is, ten tyde van die versoeking, toe hulle My in die woestyn versoek het. Die apostel stel hulle hierdie voorbeeld voor, omdat hulle altyd op hul voorouers geroem het. |
waar julle vaders My 25versoek, 26My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
| 25 Van die mens word gesê dat hy God versoek wanneer hy God se beloftes of mag moedswillig in twyfel trek, of die gewone middele van God se regering verag, en buitengewone middele versoek, soos die Israeliete hier gedoen het, en die Fariseërs Christus versoek in Matt. 16:1.
26 Sommige verstaan dit as ’n verklaring van die voorgaande woord versoek, maar word deur ander heel gepas in ’n positiewe betekenis verklaar as om genoegsame bewys of ervaring van God se mag en goeie wil te hê deurdat hulle die hele voorgaande tyd verlos en gespysig is, soos die volgende woorde hierdie betekenis ook meebring. |
Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd 27dwaal hulle met die hart. Maar húlle het 28my weë 29nie leer ken nie,
| 27 Dit is, hulle keer hulle as dwalende mense van My af, en van die gehoorsaamheid wat hulle aan My verskuldig is.
28 Dit is, my gebooie wat Ek aan hulle gegee het, en my weldade wat Ek aan hulle bewys het. 29 Dit is, nie ter harte geneem nie; of: in hulle verstand nie probeer het om die weë te onderhou, om dit behoorlik te erken en waar te neem nie. |
isodat Ek in my toorn gesweer het: 30Hulle sal 31in my rus nie ingaan nie.
| i Núm. 14:21. Deut. 1:34. | 30 Gr. Indien hulle in my rus sal ingaan. ’n Manier van eedswering wat by die Hebreërs gebruiklik is. Sien Mark. 8:12 en die kanttekening.
31 So word die land Kanaän hier genoem, omdat dit die einde van die omswerwinge van die Israeliete in die woestyn was. Dit word hier dadelik voorgestel as ’n voorbeeld van die toekomende rus ná hierdie lewe, in die ewige lewe, soos Paulus in die volgende hoofstuk nader sal verklaar. |
Sorg daarvoor, 32broeders, dat daar nie miskien in een van julle 33’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.
| 32 Só noem hy hier die Hebreërs wat Christus bely het, en vermaan hulle nou elkeen in die besonder om toe te sien dat hulle nie die groter groep hardnekkige Jode sou volg nie, soos baie van hulle vaders in die woestyn gedoen het, en daardeur uit die rus van die land Kanaän uitgesluit was.
33 Gr. ’n bose hart van ongeloof, dit is, wat onder die skyn van ’n Christen te wees, ewenwel ongelowig is, en daarom maklik tot afwyking van sy belydenis gebring kan word. Sien Matt. 13:20, 21. |
Maar vermaan 34mekaar elke dag 35so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.
| 34 Naamlik tot standvastigheid en toename in die geloof. Dit kan ook vertaal word as vermaan julleself, maar dit wil voorkom of die volgende woorde, sodat niemand van julle, die eerste vertaling vereis, soos hierdie Griekse woord heautous ook gebruik word in Ef. 4:32. Kol. 3:16. 1 Thess. 5:13.
35 Dit is, so lank as die Here julle tyd en geleentheid daartoe gee, en julle daartoe roep, op watter roeping ons moet ag slaan. Want andersins stuur die Here dikwels deur sy regverdigheid ’n krag van die dwaling oor die mense wat die evangelie nie gehoorsaam is nie, tot straf van hulle ondankbaarheid. Sien 2 Thess. 2:11, 12. |
Want ons het 36deelgenote van Christus geword, as ons net die begin 37van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;
| 36 Naamlik in sy hemelse erfenis, Rom. 8:17. 1 Petr. 1:3, 4. Of: Christus deelagtig geword.
37 Gr. hupostaseos. Die Griekse woord kan ook selfstandigheid beteken. Só noem hy die geloof en vaste vertroue op Christus, omdat dit God se beloftes aan ons bevestig en in ons laat bestaan. Sien ’n dergelike betekenis van hierdie woord in Hebr. 11:1 en die kanttekening. 2 Kor. 9:4; 11:17, hoewel die woord in Hebr. 1:3 in ’n ander betekenis gebruik word. |
38omdat daar gesê word: kVandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.
| k vers 7. | 38 Of: solank, naamlik ook tot julle gesê word deur die Gees van Christus en sy gesante, soos dit vroeër deur Moses tot julle vaders gesê is. |
Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? 39Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?
| 39 Ander vertaal: Want sommige het, toe hulle dit gehoor het, Hom verbitter, maar nie almal wat, ens. Naamlik soos Josua, Kaleb, baie Leviete en ander. Dit voeg die apostel dan daarby om te toon dat God altyd ook sy oorblyfsel onder die volk behou het, en derhalwe ook onder hulle sal behou, nieteenstaande die verharding van baie. |
En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die 40wat gesondig het, lwie se 41lyke in die woestyn geval het nie?
| l Núm. 14:36. Ps. 106:26. 1 Kor. 10:10. Jud. vers 5. | 40 Dit is, teen God gemurmureer en van Hom afvallig geword het.
41 Gr. lede. Nie dat almal wat in die woestyn gesterf het, noodwendig ook uit die hemel uitgesluit was nie, want ook Aäron en Moses het daar gesterf; maar die wat sonder berou en bekering, nadat hulle God versoek het, daarin gesterf het, waarvan die uitsluiting uit die beloofde land maar net ’n voorbeeld was. |
mEn aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?
| m Deut. 1:34. |
En ons sien dat hulle 42deur ongeloof nie kon ingaan nie.
| 42 Dit is, omdat hulle nie op God se beloftes vertrou het nie, maar teen Hom gemurmureer het sonder berou. |
Christus, as Seun van die mens bo die engele, is Hoëpriester en kan medelye met ons swakhede hê.
DAAROM1 moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien 2wegdrywe nie.
| 1 Dit is, aangesien ons nou bewys het hoe voortreflik die persoon van Christus is, van wie ons spreek.
2 Of: verbyvloei. Dit word deur sommige verstaan as die woord wat ons gehoor het, en sorg moet dra dat dit nie uit ons wegdrywe nie, soos dit gewoonlik met vergeetagtige toehoorders gebeur. Deur ander word dit verstaan as die persone self, van wie gesê word dat hulle wegdrywe, wanneer hulle soos water wat verbyvloei, vergaan of verlore gaan. Sien 2 Sam. 14:14. Ps. 58:8. |
Want as adie woord 3deur engele gespreek, onwankelbaar was, en belke oortreding en ongehoorsaamheid 4regverdige vergelding ontvang het,
| a Hand. 7:53. Gal. 3:19.
b Gén. 19:17, 26. Deut. 27:26. |
3 Waardeur al die openbaringe wat God in die Ou Testament aan die profete deur die engele gegee het, verstaan word; en in die besonder ook die gee van die wet, wat wel deur God self, maar nogtans ook deur die diens van die engele gegee is, soos Stéfanus getuig in Hand. 7:53, en Paulus in Gal. 3:19.
4 Gr. regverdige loonvergelding, naamlik van die strawwe, wat as gevolg daarvan oor hulle gekom het. Sien enkele voorbeelde daarvan in 1 Kor. 10:5, ens. |
choe sal ons 5ontvlug as ons 6so ’n groot saligheid veronagsaam wat, dnadat dit 7eers deur 8die Here verkondig is, aan ons 9bevestig is 10deur die wat dit gehoor het,
| c Hebr. 12:25.
d Matt. 4:17. Mark. 1:14. |
5 Naamlik die regverdige vergelding van die strawwe.
6 Dit is, so ’n duidelike en kragtige leer, wat ons tot saligheid roep. Waardeur die evangelie verstaan word, wat ook ’n diens van die Gees en van lewe genoem word, terwyl die wet ’n letter is wat doodmaak; sien daaroor 2 Kor. 3:6, 7 se kanttekeninge. 7 Gr. ’n aanvang geneem het om gespreek te word. 8 Naamlik Jesus Christus, toe Hy in die dae van sy vlees onder ons gepreek het as ’n dienaar van die besnydenis. Rom. 15:8 en die kanttekening. 9 Dit is, meer en meer versterk. 10 Hieruit wil sommige aflei dat Paulus hierdie brief nie geskryf het nie, aangesien hy nie deur mense nie, maar van Christus self die evangelie gehoor het en tot ’n apostel beroep is, 2 Kor. 12:4, ens. Gal. 1:1; 2:6. Dit is egter ’n baie swak argument, omdat die apostels deur ’n figuurlike spreekwyse dikwels hulleself in die vermaninge insluit, hoewel dit hulle nie eintlik aangaan nie, soos meermale in hierdie eerste drie verse geskied. Sien ook ’n sprekende voorbeeld in 1 Kor. 10:8, 9. 1 Petr. 4:3. Bowendien, hoewel Paulus die leer van die evangelie van niemand anders geleer het as van Christus nie, is hy nogtans ook daarin versterk deur Ananías, Hand. 9:17, en deur onderlinge omgang met die ander apostels, soos die ander apostels ook deur die omgang met hom; soos hy self breedvoerig getuig, Gal. 2:2, ens. |
eterwyl God ook nog 11saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?
| e Mark. 16:20. Hand. 14:3; 19:11. | 11 Naamlik met die apostels en evangeliste, wat aan ons die evangelie verkondig het. Sien Mark. 16:20. |
12Want aan die engele het Hy 13die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie;
| 12 Ná die einde van die tussengevoegde vermaning, kom die apostel weer tot verklaring van die leer. Want hierdie woorde sluit aan by die einde van die voorgaande hoofstuk, waar hy gesê het dat God die Vader alles aan die voete van Christus onderwerp het, en gaan so voort tot die verklaring van die nederigheid en verhoging van die mensheid van Christus.
13 Dit is, van welke toekoms of stand die profete soveel gespreek het, en waarvan Dawid spreek in die aangehaalde teks, Psalm 110. Hierdie wêreld word die toekomstige genoem, ten opsigte van God se beloftes in die Ou Testament, en van die oprigting van alle dinge, wat, deurdat Christus aan die regterhand van sy Vader gaan sit het, deur die hele wêreld begin is, en op die laaste dag voleindig sal word. |
maar 14iemand het êrens getuig en gesê: f15Wat is die mens, dat U aan hom 16dink, of die mensekind, dat U hom besoek?
| f Ps. 8:5. | 14 Naamlik wat genoegsaam bekend is, naamlik die profeet Dawid, in Psalm 8.
15 Sommige meen dat die teks in Ps. 8:5, hier deur enige toepassing van die woorde van die profeet Dawid na Christus verwys, hoewel dit deur Dawid in ’n ander betekenis gespreek sou wees, soos dit dikwels by baie skrywers gebeur, en waarvan in Rom. 10:6, 18 ’n voorbeeld gevind word. Want dit wat van ’n saak of persoon gesê is, kan ook wel met waarheid by wyse van vergelyking van ’n ander gesê word; veel meer kan dit deur die ingewing van die Heilige Gees geskied. Aangesien die apostel egter hierdie vers, as van Christus gespreek, ook aanhaal in 1 Kor. 15:27. Ef. 1:22, én aldaar, én ook hier, ’n bewys vind van dit wat hy aangaande Christus wil leer, so moes dit deur Dawid ook vir dieselfde doel uitgespreek wees, as waarvoor die apostel dit hier aanhaal. Want al wil dit voorkom of Dawid daar by die eerste oogopslag spreek van die mens en sy waardigheid oor ander skepsele in die algemeen, nogtans (aangesien die eerste mens hierdie waardigheid deur sy ongehoorsaamheid terstond verloor het, en derhalwe van nature geen reg meer daarop het nie, waarom baie skepsele hulle ook van hul gehoorsaamheid aan hom onttrek het, ja, vyande van hom geword het) het die profeet hoër gesien, naamlik op Christus, en die wederoprigting van die mens in Christus, wat ’n volkome mag en gesag oor alle skepsele, groot en klein, ontvang het, selfs oor die engele in die hemel en al die diere op die aarde, Ef. 1:20-22. Filip. 2:9, 10. Waarom selfs die engele Hom, toe Hy hier in die vlees gewandel het, gedien het, en die visse in die see en die ander diere aan Hom as volkome Here onderworpe was, soos daar telkens voorbeelde hiervan in die evangelie voorkom. Sien Matt. 8:31; 21:2. Luk. 5:6. Joh. 21:6. Hierdie waardigheid het alle gelowiges in Christus nou ook weer deelagtig geword, 1 Kor. 3:22. Ef. 2:6, ens. 16 Die woord dink, soos ook die volgende besoek, of: aansien, dui sowel op die staat van vernedering van Christus, waaruit Hy verhoog is, as op die ellendige staat van die mens, waarin hy deur die sonde geval het, waarin God hom as ’t ware met sy ontfermende oë aangesien het en genadiglik voorgeneem het om hom tot ’n beter staat te bring, soos hierdie manier van spreek oral meebring. Sien Gén. 8:1; 21:1. Eség. 16:4, ens. |
U het hom 17’n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.
| 17 Of: ’n kort tydjie, soos ook in vers 9, want hierdie woord beteken beide. Dit word deur die apostel op die gelowiges en veral op Christus, hul Hoof, gedui, omdat hulle hier wel ’n weinig, of: ’n kort tydjie minder is as die engele, soos ook Christus in sy nederige staat in die oë van die mense was, maar dat hulle deur Christus aan die engele gelyk sal word in die toekomstige wêreld, Matt. 22:30, en dat Christus, hulle Hoof, ook volgens sy mensheid, ver bo alle engele verhef is ná sy hemelvaart, soos die Skrif oral getuig. |
gAlle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy 18niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. 19Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie;
| g Ps. 8:7. Matt. 28:18. 1 Kor. 15:27. Ef. 1:22. | 18 Selfs ook nie die engele nie.
19 Met hierdie woorde bewys die apostel dat hierdie teks eerstens en vernaamlik van Christus verstaan moet word, aangesien dit in geen ander mens ter wêreld tot nog toe in alles vervul is nie. |
20maar ons sien Hom, naamlik Jesus, hwat vir ’n kort tydjie minder as die engele gemaak is, 21vanweë die lyde van die dood imet heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir 22elkeen die dood sou 23smaak.
| h Filip. 2:7, 8.
i Hand. 2:33. |
20 Dit is, ons weet en glo uit God se Woord, en ervaar dit in die regering van sy gemeente, dat dit alles nou in Jesus Christus vervul is, en dat dit derhalwe ook in sy lede, op die regte tyd, na hul mate, vervul sal word, soos in die volgende vers uitgedruk word.
21 Dit is, omdat Hy die dood moes ly, of: deur die lyde van die dood. Sien Luk. 24:26. 22 Naamlik sy lede, of broeders, wat Hy sy heerlikheid deelagtig sou maak; soos in Joh. 10:11. Rom. 8:33, 34, ens. 23 Dit is, ly, soos Christus self sy lyding met ’n drinkbeker vergelyk, Matt. 20:22; 26:39. Sien dergelike manier van spreek in Matt. 16:28. Mark. 9:1. Luk. 9:27. Joh. 8:52. |
Want dit het 24Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie 25kinders 26na die heerlikheid wou bring, om 27die bewerker van hulle saligheid deur lyde te 28volmaak.
| 24 Naamlik God die Vader, soos in Rom. 11:36.
25 Gr. seuns, waarvan Christus die eersgeborene genoem word, wie se beeld die ander gelykvormig moes word, Rom. 8:29. 26 Dit is, tot die gemeenskap van die heerlikheid van sy Seun, waarvan hy in die voorgaande vers gespreek het. 27 Dit is, oorsaak, en Leidsman, soos Hy genoem word in Hand. 3:15. Sien ook Hebr. 5:9. 28 Gr. teleiosai, dit beteken om te volmaak, soms ook om te heilig, of: om in te wy; welke betekenisse hier op Christus toegepas kan word. Die woord om te heilig kan hier ook gebruik kan word, omdat Christus Hom aldus verklaar, Joh. 17:19, en die volgende vers dit ook meebring. Deur die woord om te heilig word hier dan verstaan, dat die Vader dit verordineer het dat Christus deur sy gehoorsaamheid tot die kruisdood toe, in sy heerlikheid sou ingaan, en ons met Hom daartoe ook bekwaam maak. |
Want 29Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, kis almal 30uit Een; om hierdie rede 31skaam 32Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie,
| k Hand. 17:26. | 29 Hierdie reël is geneem uit die wyse van heiliging in die Ou Testament, waar die hoëpriester en die ander wat hy geheilig het, van dieselfde natuur en oorsprong was. Waar ook die eerstelinge van een natuur en oorsprong was met die hele massa wat daardeur geheilig was. Sien Rom. 11:16. Hebr. 5:1.
30 Die Griekse woord henos, dit is, een geheel, kan óf een Vader, óf een natuur beteken. Aangesien die engele egter ook ’n gemeenskaplike Vader, naamlik God, met die gelowiges het, en die apostel hier wil bewys dat Christus met sy gelowiges ’n gemeenskap het wat Hy nie met die engele het nie, so moet die woord Een hier noodwendig as die eenheid van die natuur verstaan word, soos die eerstelinge en die hele massa van een natuur was. 31 Dit is, ag Hy dit nie benede sy waardigheid nie, hoewel Hy oneindig veel waardiger is as hulle. 32 Naamlik die Seun van God, of die Bewerker van hulle saligheid. |
33wanneer Hy sê: lEk sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys;
| l Ps. 22:23. | 33 Naamlik in Psalm 22, welke psalm ’n voortdurende beskrywing gee van die geskiedenis van die lyding van Christus, en daarom altyd vóór die môre-offer gesing was, volgens die opskrif van die psalm en vers 1 se kanttekening, as ’n verklaring van die betekende saak van hierdie offerande. Daarom word deur die evangeliste, wanneer hulle skryf oor die lyding van Christus, meer tekste uit hierdie psalm aangehaal, as uit enige ander hoofstuk van die Ou Testament. |
en verder: m34Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: n35Hier is Ek en die kinders 36wat God My gegee het.
| m Ps. 18:3.
n Jes. 8:18. |
34 Met hierdie teks, geneem uit Ps. 18:3, bewys die apostel dat Christus dieselfde beweging van die gemoed, en gevolglik dieselfde natuur met die gelowiges deelagtig is.
35 Hierdie teks is geneem uit Jes. 8:18, waar Christus, die ware Immánuel, die profeet aanspreek en in sy lyding vertroos met Hom en al die kinders van God as voorbeeld, wat altyd aan dergelike swarighede onderworpe was, soos daardie hele hoofstuk vanaf vers 8 en verder ’n profesie van Christus is. 36 Naamlik uit die wêreld, om My vir hulle te heilig. Sien Joh. 17:6. |
Aangesien 37die kinders dan 38vlees en bloed deelagtig is, ohet Hy 39dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, psodat Hy deur die dood hom 40tot niet kon maak wat 41mag oor die dood het — dit is 42die duiwel —
| o Joh. 1:14. Filip. 2:7.
p Jes. 25:8. Hos. 13:14. 1 Kor. 15:54. 2 Tim. 1:10. |
37 Naamlik, die ware gelowiges, wat uit God gebore en lede van Christus is, waarvan in Jesaja 8 gespreek word.
38 Dit is, bestaan uit vlees en bloed; of: die swakke menslike natuur deelagtig is; soos in 1 Kor. 15:50. 39 Dit is, Hy het dit in eenheid van persoon aangeneem, soos die apostel spreek in Filip. 2:7, sien ook vers 16 se kanttekening. 40 Dit is, die duiwel se mag of tirannie oor die kinders van God kon verbreek en wegneem. 41 Naamlik deur die sonde, waartoe hy die mense gebring het, en waaronder hy hulle nog gehou het; om welke sonde die mens aan die vervloekte dood onderworpe was. Sien Rom. 5:12. 1 Kor. 15:56. 42 Naamlik met al sy engele, soos Christus spreek in Matt. 25:41. Want onder hierdie owerste word almal ingesluit wat onder hom staan. |
en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank 43uit vrees vir die dood q44aan slawerny onderworpe was.
| q Rom. 8:15. | 43 Dit is, vir die ewige en vervloekte dood, welke vrees alle sondige mense noodwendig bevang, totdat hulle van hul verlossing verseker is. Sien Luk. 1:74.
44 Dit is, aan slaafse vrees, of aan die gees van slawerny, soos hy spreek in Rom. 8:15. |
Want waarlik, 45Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor 46die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.
| 45 Of: Hy neem die engele nie aan nie. Dit is, die Skrif sê nêrens dat Hy die engele sou aanneem nie, maar wel die geslag van Abraham, Gén. 12:3; 22:18, soos dit ook inderdaad in sy menswording geblyk het.
46 Of, soos sommige verklaar: Hy neem die geslag van Abraham aan (dit is, die menslike natuur). Ander het hier bekommer met help vertaal, maar dit is ongerymd, omdat die goeie engele geen hulp tot hul verlossing nodig het nie, aangesien hulle nie gesondig het nie. |
rDaarom moes Hy 47in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ’n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge 48wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.
| r Filip. 2:7. Hebr. 4:15. | 47 Naamlik uitgesonder die sonde, soos die apostel daarby voeg in Hebr. 4:15.
48 Naamlik om die mens met God te versoen. |
sWant deurdat Hy self 49onder versoeking gely het, 50kan Hy dié help wat versoek word.
| s Hebr. 4:15, 16. | 49 Naamlik in die staat van sy nederigheid, met allerlei lyding en verdriet.
50 Naamlik des te beter, aangesien Hy dit ook ervaar het, en daarom groter medelye met hulle kon hê. |
Voortreflikheid van Christus bo die engele.
NADAT1 2God 3baiekeer en 4op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in 5hierdie laaste dae tot 6ons gespreek 7deur die Seun
| 1 Naamlik in die tye van die Ou Testament.
2 Naamlik die Vader, soos blyk uit die naam Seun, wat aan die einde van die vers uitgedruk word. 3 Dit is, op baie tydstippe en geleenthede. Gr. in baie gedeeltes. 4 Naamlik deur aansprake, drome, gesigte, verskynings. Sien Núm. 12:6. 5 Só noem die apostel die tyd van die Nuwe Testament, omdat daar in die tyd geen verandering meer in die onderrig verwag kan word nie, maar alles so moet bly, sonder om iets daaraan toe te voeg of weg te neem, soos dit deur Christus geleer en verordineer is, tot op die laaste dag. Sien ook Joël 2:28. Hand. 2:17. 6 Naamlik die apostels en ander Hebreërs, wat die woord uit God se mond gehoor het, en deur wie dit deur die hele wêreld verbrei is. 7 Gr. in die Seun, dit is, die eie en eniggebore Seun van die Vader, in die vlees geopenbaar, Joh. 1:14; want andersins was ook die profete kinders van God, en is alle gelowiges dit ook, Joh. 1:12. 1 Joh. 3:1. |
wat Hy aas erfgenaam van alles 8aangestel het, bdeur wie Hy ook 9die wêreld gemaak het.
| a Matt. 21:38.
b Gén. 1:3. Ps. 33:6. Joh. 1:3. Ef. 3:9. Kol. 1:16. |
8 Hierdie reg om Here en besitter van alles te wees, het die Seun van God nie net omdat Hy alles geskape het nie, soos die volgende woorde meebring, maar Hy is ook as erfgenaam van alles aangestel, omdat Hy deur die Vader van ewigheid af as Middelaar uitverkies is, 1 Petr. 1:20, en deur die Vader in die wêreld ingebring is, toe Hy Hom die menslike natuur laat aanneem het, Luk. 1:32; 2:11. Hebr. 1:6; en uiteindelik toe Hy Hom, nadat Hy die werk van ons verlossing uitgerig het, tot sy regterhand verhef het, Ef. 1:21, 22. Filip. 2:9-11.
9 Gr. die eeue, soos in Hebr. 11:3. Dit is, die wêreld met alles wat daarin is, Joh. 1:3. Kol. 1:16. Die apostel voeg dit by die voorgaande as die eerste rede waarom die Vader Hom as ’n erfgenaam en ’n Here van alles aangestel het, naamlik omdat Hy alles deur Hom geskape het; waarop die ander redes in die volgende vers volg, geneem van die heerlikheid van sy persoon en die ewegelykheid met die Vader, en van die onderhouding van alle dinge. |
cHy, wat 10die afskynsel is van sy heerlikheid en 11die afdruksel van 12sy wese en alle dinge 13dra 14deur die woord van sy krag, 15nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, 16het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
| c 2 Kor. 4:4. Filip. 2:6. Kol. 1:15. | 10 Naamlik in wie die volle heerlikheid van die Vader, dit is, sy goddelike wese en goddelike eienskappe, volkome is, en as ’t ware in ’n afdruksel voor oë gestel word. Sommige verstaan dit van Christus na sy menslike natuur, waarin Hy deur sy leer, werke en wonderdade, die wysheid, regverdigheid, almag en grondelose barmhartigheid van God ten volle aan ons geopenbaar het, soos ook in Joh. 1:14, 18; 14:9-11 aangetoon word. Aangesien hierdie titels egter hier aan die Seun van God gegee word as Skepper en Onderhouer van alle dinge, wat Hom na sy goddelike natuur alleen toekom, so moet hierdie twee titels verstaan word van Christus in soverre Hy die ewige Seun van God is en ’n lig van die ewige lig, een van wese en heerlikheid met die Vader, nogtans van die selfstandigheid van die Vader onderskeie, deur wie die Vader sy werkinge uitvoer en eienskappe betoon, soos die son dit doen deur sy lig.
11 Omdat die persoon van die Seun die persoon van die Vader volkome afbeeld, soos ’n afdruk die seël afbeeld. Waarom Hy ook die Beeld van die onsienlike God genoem word, Kol. 1:15. 12 Gr. hupostaseos, dit is, van die selfstandigheid of die persoon, waardeur die persoon van die Vader verstaan word, in soverre Hy van die Seun onderskei is, en van Homself en in Homself bestaan, en as Oorsprong van die persoon van die Seun, deur ’n ewige en onuitspreeklike generasie. Sien Spr. 8:22, ens. Miga 5:1. Joh. 1:14, 18. 13 Dit is, ondersteun, of onderhou, of laat bestaan, Kol. 1:17. 14 Dit is, deur sy almagtige wil of bevel, Ps. 33:9. 15 Dit is ’n nuwe rede waarom die Seun van God as erfgenaam en Here van alles aangestel is, naamlik omdat Hy die reinigmaking van ons sondes bewerk het, toe Hy die vlees aangeneem het, en Homself deur die ewige Gees aan sy Vader, as ons enige Hoëpriester sonder smet opgeoffer het, en daarom aan die regterhand van God, as ons ewige Koning, gestel is; waaroor in die volgende en die vyfde hfst. breedvoeriger gehandel sal word. 16 Sien hieroor 1 Kor. 15:25 en Ef. 1:20 se kanttekeninge, en elders. |
terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy d’n 17voortrefliker naam 18geërf het as hulle.
| d Filip. 2:9. | 17 Gr. meer verskillende, of meer onderskeie naam, dit is, waardiger, of uitnemender. Sien Hebr. 8:6. Hierdie naam is die naam Seun, soos die volgende vers bewys.
18 Naamlik volgens sy goddelike natuur, deur sy ewige geboorte van die Vader, waarmee die menslike natuur in eenheid van persoon verenig is. Want Christus is slegs een Seun, in wie hierdie twee nature bestaan. |
Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: e19U is my Seun, 20vandag het Ek U 21gegenereer? en weer: f22Ek sal vir Hom ’n Vader wees, en Hy sal vir My ’n Seun wees?
| e Ps. 2:7. Hand. 13:33. Hebr. 5:5.
f 2 Sam. 7:14. 1 Kron. 22:10. |
19 Naamlik eie en natuurlike Seun; want andersins is ook die engele kinders van God, ten opsigte daarvan dat hulle deur God en na sy ewebeeld geskape, en tot kinders aangeneem is. Sien Job 1:6. Ps. 89:7 en die kanttekening.
20 Dit is, van ewigheid, wat vandag genoem word omdat in die ewigheid geen begin of einde is nie, maar ’n gedurigheid wat altyd teenwoordig is. Ander verstaan dit as die tyd waarin hierdie ewige geboorte in die wêreld geopenbaar is. 21 Of: voortgebring, verwek, gebore, naamlik deur ’n ewige, bonatuurlike en onbegryplike generasie. Want Hy spreek van so ’n geboorte, ’n manier waarop geen engel of mens gebore is nie, maar slegs die Seun. Waarom Hy ook die eniggeborene van die Vader genoem word, sien Joh. 1:18, en die eie Seun van God, Rom. 8:32. Hierdie teks word ook in Hand. 13:33 met sy opstanding uit die dood in verband gebring, omdat Hy daar met krag verklaar is as die Seun van God, soos Paulus spreek in Rom. 1:4. 22 Hierdie woorde word wel uitgespreek van Salomo as ’n voorbeeld van Christus, wat die tempel in Jerusalem sou bou, maar veral van Christus Jesus, as die betekende saak, verstaan, wat die geestelike tempel, dit is, die gemeente van God, alleen gebou het, en Here daarvan is, soos die apostel in Hebr. 3:4-6 betuig, en wat alleen ’n koninkryk sonder einde het, soos die engel verklaar, Luk. 1:32, 33. |
En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld 23inbring, sê Hy: gEn al die engele van God moet Hom aanbid.
| g Ps. 97:7. | 23 Naamlik in Psalm 97, waar ’n beskrywing gevind word van die koms van die Here in die wêreld, om ’n nuwe koninkryk op te rig; wat vervul is toe Christus mens geword en onder ons gewoon het, vol genade en heerlikheid, Joh. 1:14, toe ook die menigte van die hemelse leërskare Hom aanbid en sy Naam grootgemaak het, Luk. 2:13, ens. |
En 24van die engele sê Hy wel: hHy wat van sy boodskappers 25winde maak en van sy dienaars 26vuurvlamme;
| h Ps. 104:4. | 24 Gr. tot die engele, maar die woord tot is as ’n Hebreeuse spreekwyse geneem vir van, soos ook in Gén. 20:2. Jes. 41:7.
25 Dit is, soos geeste, of winde, om Hom vinnig te gehoorsaam. 26 Dit is, soos vuurvlamme, om soos vuur en weerligstrale sy bevele kragtig uit te voer. |
maar 27van die Seun: iU 28troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 29’n regverdige septer;
| i Ps. 45:7. | 27 Of: tot die Seun, soos in vers 7.
28 Hierdie woorde in Psalm 45 moet noodwendig van Christus, die ware Bruidegom en Koning van sy gemeente, verstaan word. Want dat die Jode nou sê dat dit van Salomo verstaan moet word, is ongerymd, omdat Salomo nêrens God genoem word nie. Sy troon was ook nie ewig nie, maar het slegs veertig jaar geduur, en sy septer en sy nakomelinge se septer was nie altyd ’n septer van geregtigheid nie, aangesien daar baie gebreke en ongeregtighede in sy en sy nakomelinge se regering was, soos die boeke van die konings betuig. Dit is nie waarskynlik dat die huwelik van Salomo met die dogter van Farao gedurig in die gemeente van God geprys en besing moet word nie, soos die opskrif van hierdie psalm in vers 1 meebring. Dit is so duidelik, dat selfs die Joodse rabbyne erken dat hierdie psalm oor die Messías handel. Die gesag van die apostel is egter hierin genoeg en bo alle teëspraak. Deur die troon word die heerlikheid, en deur die septer die krag van hierdie regering verstaan. 29 Dit is, ’n septer van die reg, of van die billikheid, dit is, waar geen kromheid óf onreg plek het nie. |
U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, 30u God U 31gesalf 32met vreugde-olie bo u 33metgeselle;
| 30 Sien Joh. 20:17 en die kanttekening.
31 Naamlik met die Heilige Gees, vir wie Hy in sy menslike natuur ontvang het sonder mate, Joh. 3:34. 32 So word die gawes van die Heilige Gees genoem, omdat dit die hart van die mense opgewek en verheug maak in God, en tot hulle roeping vaardig en gewillig, Hand. 10:38. 33 Dit is, u broeders, of ander kinders van God, waarvan Christus die Eersgeborene is. Want al die lede van die liggaam van Christus, dit is, van sy gemeente, is dieselfde Gees met Christus deelagtig, nogtans só dat die volheid van die gawes in Christus, die Hoof, is, maar in die ander lede volgens die mate van die gawe van Christus. Sien Joh. 1:16. Ef. 4:7. |
34en: kU, o Here, het 35in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
| k Ps. 102:26. | 34 Naamlik van of tot die Seun sê Hy; soos in vers 8. Die apostel getuig dat hierdie woorde van die Seun van God gesê word; soos ook die strekking van Psalm 102 aantoon, aangesien Hy daar van die wederoprigting van die koninkryk van God spreek en van die verspreiding daarvan onder die heidene, wat beide deur Christus plaasgevind het, Ps. 102:14, ens.
35 Naamlik van die skepping van alle dinge; soos in Gén. 1:1. Joh. 1:1. |
lHulle sal vergaan, maar 36U bly; en hulle sal almal soos ’n kleed verslyt,
| l Jes. 51:6. 2 Petr. 3:7, 10. | 36 Naamlik van ewigheid tot ewigheid, sonder verandering; soos ook van Christus getuig word, Openb. 1:8; 22:13. Sien ook Hebr. 13:8. |
en soos 37’n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal 38verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
| 37 Naamlik wat oor iets gesit word om dit toe te maak en te beskerm teen reën, wind en hitte; wat as dit klaar gebruik is, gewoonlik opgerol en eenkant gesit word.
38 Sien 2 Petr. 3:10. |
En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: m39Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?
| m Ps. 110:1. Hand. 2:34. 1 Kor. 15:25. Ef. 1:20. Hebr. 10:12. | 39 Sien hieroor vers 3 en 1 Kor. 15:24, 25 se kanttekeninge. |
Is hulle nie almal 40dienende geeste wat vir diens 41uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?
| 40 Dit is, wat altyd God ten dienste is, of voor Hom gereed staan, om Hom te dien. Sien Jes. 6:2. Eség. 10:8. Dan. 7:10. Sag. 1:8 en die kanttekening. Openb. 5:11, ens.
41 Naamlik deur God en deur Christus Jesus self, Openb. 1:1, ens. Hier word dus niemand van die engele uitgesonder, wat nie ten dienste van die gelowiges deur God uitgestuur word nie, soos sommige meen. |
Opskrif, seëngroet en danksegging.
PAULUS, a1’n gevangene van Christus Jesus, en die broeder 2Timótheüs, aan Filémon, die geliefde en 3ons mede-arbeider,
| a Ef. 3:1; 4:1. | 1 Naamlik in Rome vir Christus se saak, Hand. 28:16, 20. Hy beskryf hier direk sy gevangenskap, om Filémon beter te oortuig om hierdie versoek nie te weier nie.
2 Hierdie naam voeg hy dikwels by sy eie naam in die opskrifte van sy briewe. Sien 2 Kor. 1:1. Filip. 1:1. Kol. 1:1. 1 Thess. 1:1. 2 Thess. 1:1. Hier doen hy dit ook, sodat die pleitrede van twee des te meer krag sou hê. 3 Naamlik óf in die verkondiging van die evangelie, óf omdat hy gehelp het om dit deur alle goeie dienste te bevorder. In laasgenoemde betekenis word vroue ook so genoem, Rom. 16:3. |
en aan 4Áppia, die geliefde suster, en aan b5Archíppus, ons 6medestryder, en aan die gemeente cwat in 7jou huis is:
| b Kol. 4:17.
c Rom. 16:5. 1 Kor. 16:19. Kol. 4:15. |
4 Dit is baie geloofwaardig dat sy die vrou van Filémon was, wat daarby gevoeg word omdat die saak haar ook aangegaan het.
5 Hy was ’n dienaar van die gemeente in Kolosse, Kol. 4:17, en word hierby gevoeg, sodat hy die versoening van Onésimus sou help bevorder deur sy teenwoordigheid en aansien. 6 Naamlik in die stryd waarvan die apostel spreek in 1 Tim. 1:18. 2 Tim. 2:3. 7 Dit word verstaan as die huis van Filémon, aan wie hierdie brief vernaamlik geskrywe is. |
8Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
| 8 Dit is die gebruiklike groet van Paulus in die meeste van sy briewe. |
dEk dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink,
| d 1 Thess. 1:2. 2 Thess. 1:3. |
omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot 9die Here Jesus en al die 10heiliges het,
| 9 Dit moet gevoeg word by die woord geloof, soos die volgende woorde by die woord liefde.
10 Dit is, gelowiges, wat nog hier op die aarde is, en deur die bloed en die Gees van Christus geheilig is. |
dat 11die gemeenskap van jou geloof 12kragtig mag word 13deur die kennis 14van alles wat goed in julle is, 15tot eer van Christus Jesus.
| 11 Dit is, jou geloof, wat jy met ons in gemeen het. Of: die mededeling van die vrugte van jou geloof, vernaamlik jou goedheid wat uit die geloof spruit. Sien Hebr. 13:16.
12 Dit is, kragtig betoon mag word deur sy kragtige werking. Sien soortgelyke teks, 1 Kor. 16:9. 13 Gr. erkentenis, dit is, sodat almal daardeur bekendgemaak word met alles wat goed is. 14 Dit is, van alle Christelike deugde. 15 Gr. eis, dit is, in Christus Jesus. Want ons het niks goeds nie, behalwe deur die weldaad van Christus en sy Gees, Joh. 15:5. Of: teenoor Christus betoon. Want al die goeie wat ons tot eer van Christus Jesus aan die heiliges betoon, reken Christus asof dit aan Hom gedoen was, Matt. 25:35, ens. |
Want ons het groot 16blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, 17broeder, 18die harte van die heiliges 19verkwik is.
| 16 Gr. charan, dit is, vreugde. Ander lees charin, dit is, aangenaamheid.
17 Hierdie vriendelike woord voeg hy daarby om daarmee die grootheid van sy geneentheid teenoor hom uit te druk. 18 ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien verse 12, 20. 2 Kor. 6:12; 7:15. 1 Joh. 3:17. 19 Gr. tot rus gebring is, naamlik deur jou weldadigheid wat jy aan hulle betoon het. |
Paulus pleit vir die bekeerde slaaf, Onésimus, wat van sy heer weggeloop het.
DAAROM, al het ek baie vrymoedigheid 20in Christus om jou te beveel wat betaamlik is,
| 20 Dit is, vanweë my apostelskap, waarin die Here Christus my gestel het, en wat Christus met sodanige gesag voorsien het. |
pleit ek liewer 21ter wille van die liefde. Ek, Paulus, as ’n ou man en nou ook 22’n gevangene van Jesus Christus,
| 21 Of: deur die liefde. Dit kan verstaan word óf as die liefde van Filémon vir Paulus, óf van Paulus vir hom, wat die waarskynlikste is. Want hierdie liefde word gestel teenoor die gesag.
22 Sien vers 1. |
epleit by jou vir 23my kind, Onésimus, fwat ek 24verwek het in my boeie,
| e Kol. 4:9.
f 1 Kor. 4:15. Gal. 4:19. |
23 Of: my seun. Sien 1 Tim. 1:2, 18. 2 Tim. 1:2; 2:1.
24 Of: gewin, gegenereer, dit is, deur die evangelie bekeer het. |
wat vroeër 25vir jou nutteloos was, maar nou 26baie nuttig vir jou en vir my. Ek stuur hom terug;
| 25 Naamlik deur sy ontrouheid, toe hy van jou af weggeloop en iets van jou gesteel het.
26 Dit wil voorkom of die apostel verwys na sy naam Onésimus, sien daaroor vers 20 en die kanttekening, wat, alhoewel hy dit tevore nie vervul het nie, hy dit nou wel doen. |
maar neem jy hom, dit is 27my eie hart, 28aan.
| 27 Dit is, wat ek van harte liefhet. Of: wat ek so liefhet soos my eie hart.
28 Naamlik in genade en in jou diens. |
Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie 29van die evangelie 30in jou plek kan dien.
| 29 Dit is, wat ek ter wille van die evangelie ly.
30 Dit is, dat ek sy diens sou beskou asof dit deur jou gedoen was. |
Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat 31jou goedheid nie uit 32dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.
| 31 Gr. die goeie van jou. ’n Hebreeuse spreekwyse.
32 Of: noodsaak. |
Want 33miskien is hy om hierdie rede 34’n tydjie 35van jou geskei, dat jy hom 36vir altyd kan besit,
| 33 Hierdie woord stel hier nie enige twyfelagtigheid voor nie, maar versag dit wat gesê word.
34 Gr. vir ’n uur of kort tydjie. 35 So versag Paulus Onésimus se misdaad van wegloop, om hom des te beter met sy heer te versoen. 36 Gr. vir ewig. ’n Hebreeuse spreekwyse. Dit is, sy hele lewe lank. Want omdat hy nou ’n vroom Christen geword het, sou hy nie eens daaraan dink om weer weg te loop of aan sy heer ontrou te wees nie. Dit wil voorkom of hy enigsins verwys na die wette van altyddurende slawerny, Ex. 21:6. Deut. 15:17. |
37nie meer as ’n slaaf nie, maar méér as ’n slaaf, as 38’n geliefde broeder 39in die vlees sowel as in die 40Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.
| 37 Dit is, nie net as ’n slaaf nie. Want hy versoek hier geen vrylating van Onésimus nie, maar slegs versoening met hom.
38 Dit is, as ’n Christen, wat die Christene behoort lief te hê, en wat vir my dierbaar is. 39 Dit is, wat jou onderdaan is wat sy natuurlike lewe betref, en vir jou baie sal beteken in die dinge wat die sake van hierdie lewe aangaan. 40 Naamlik wat nou ook in die Here Christus glo. |
As jy my dan vir 41’n metgesel hou, neem hom aan net 42soos vir my.
| 41 Of: deelgenoot, naamlik in die geloof en ook in die diens van die Woord.
42 Dit is, soos jy vir my sou doen. |
En as hy jou 43benadeel het of iets skuld, 44sit dit op mý rekening —
| 43 So versag hy die misdaad van ontvreemding of diefstal met ’n algemene en sagter woord, soos ook in verse 11, 15. Op dieselfde manier het Josef ook sy broers vertroos, Gén. 45:5.
44 Naamlik asof ek dit aan jou verskuldig was. Hier sien ’n mens die ware betekenis van die woord toereken, wat deur ’n gelykenis van borgskap gebruik word in die leer van die regverdigmaking van die mense voor God, Gén. 15:6. Rom. 4:3, ens. |
45ek, Paulus, het dit met my eie hand geskrywe: ek sal betaal — om nie te sê jou rekening nie, want jy is daarby 46jou eie persoon ook aan my verskuldig.
| 45 Dit is as ’n skriftelike skulderkenning of skuldbrief, waarin hy beloof om namens Onésimus die skade wat hy sy heer aangedoen het, te betaal, sodat die versoening daardeur nie verhinder word nie.
46 Naamlik omdat ek deur my prediking en onderrig jou tot Christus bekeer en behou het. Weens hierdie groot weldaad is jy nie net jou goedere nie, maar ook jouself aan my verskuldig. Daarom behoort jy hierdie betaling nie van my te begeer nie. |
47Ja, broeder, mag ek tog van 48jou 49voordeel trek 50in die Here! 51Verkwik 52my hart in die Here.
| 47 Gr. Nai, welke woord nie net gebruik word om die waarheid te bevestig nie, maar ook om te smeek; soos ook die Hebreeuse woordjie ana of na, en die woorde asseblief tog in ons eie taal. Sien Matt. 15:27. Openb. 22:20.
48 Dit is, hierdie vrug of weldaad van jou. 49 Hy gebruik hier ’n Griekse woord waarvan die naam Onésimus afgelei is, wat beteken om voordelig te wees, of ’n persoon van wie ’n mens vrug, hulp of vreugde geniet. 50 Dit is, volgens die bevel en die wil van die Here; of: in die Naam van die Here, om die Here se ontwil, tot wie hy nou tot bekering gekom het. 51 Sien oor hierdie spreekwyse vers 7. 52 Dit kan verstaan word óf van Paulus self, óf van Onésimus, soos in vers 12. |
In vertroue 53op jou gehoorsaamheid het ek aan jou geskrywe, omdat ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek sê.
| 53 Dit is, dat jy na my sal luister en my versoek sal inwillig. |
Persoonlike mededeling. Groete en heilwense.
54EN berei tegelykertyd ook gherberg vir my, hwant ek hoop dat ek 55op julle gebede aan julle 56sal geskenk word.
| g Hebr. 13:2.
h Filip. 1:25. |
54 Dit voeg hy daarby, sodat Filémon, verstaande dat Paulus self daarheen sou kom, hom nog minder sy versoek sou weier.
55 Wat julle vir my vrylating doen. 56 Dit is, sal deur God uit genade vrygelaat word, en aan julle asof uit die dood teruggegee word. Sien dergelike spreekwyse in Hand. 27:24. Filip. 1:25. |
iÉpafras, my medegevangene in Christus Jesus, groet jou;
| i Kol. 1:7; 4:12. |
ook kMarkus, lAristárchus, mDemas en nLukas, my mede-arbeiders.
| k Hand. 12:12, 25; 15:37. Kol. 4:10. 2 Tim. 4:11. 1 Petr. 5:13.
l Hand. 19:29; 20:4; 27:2. Kol. 4:10. m Kol. 4:14. 2 Tim. 4:10. n Kol. 4:14. 2 Tim. 4:11. |
Die genade van onse Here Jesus Christus sy 57met julle gees! Amen.
| 57 Sien Gal. 6:18. 2 Tim. 4:22. |
Einde van die brief van PAULUS aan Filémon.
HERINNERa1 2hulle daaraan om onderdanig te wees aan 3owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, 4bereid tot elke goeie werk;
| a Rom. 13:1, ens. 1 Petr. 2:13. | 1 Gr. Bring dit by hulle in gedagtenis.
2 Naamlik die Kretense, jou toehoorders. 3 Naamlik hoedanig hulle ook is, nie net die gelowiges nie, maar ook die ongelowiges, soos die meeste van hulle toe nog was. 4 Naamlik sowel in dit waarmee hulle deur die owerhede belas word en wat nie in stryd is met God se Woord nie, asook in die algemeen, soos die volgende vermaninge meebring. |
om niemand te belaster nie, 5nie strydlustig te wees nie, bvriendelik te wees en aan alle mense calle sagmoedigheid te bewys.
| b Filip. 4:5.
c 2 Tim. 2:24, 25. |
5 Naamlik met woorde of ook andersins. |
dWant ons was ook 6vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ’n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.
| d 1 Kor. 6:11. Ef. 2:1. Kol. 3:7. 1 Petr. 4:3. | 6 Naamlik voor ons bekering tot Christus, in geestelike sake wat die saligheid aangaan. Sien 1 Kor. 2:14. Ef. 4:17, 18. |
Maar toe 7die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens 8verskyn het —
| 7 Naamlik wat die eerste oorsaak is van ons saligheid, waardeur God beweeg is om ons dit mee te deel. Sien Joh. 3:16. Rom. 5:8. 1 Joh. 4:9.
8 Naamlik deur die verkondiging van die evangelie; soos in Tit. 2:11. |
enie 9op grond van die werke 10van geregtigheid 11wat ons gedoen het nie, fmaar na sy barmhartigheid ghet Hy ons gered 12deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
| e Rom. 3:20, 28; 4:2, 6; 9:11; 11:6. Gal. 2:16. Ef. 2:9.
f Hand. 15:11. Ef. 2:4. g Ef. 1:4. 2 Tim. 1:9. |
9 Naamlik as oorsake wat die saligheid sou verdien of waardig wees.
10 Gr. wat in geregtigheid is, dit is, wat gedoen is volgens die wet van God, wat die voorskrif is van alle geregtigheid; sodat hier duidelik alle goeie werke uitgesluit word, wat gedoen is nie net volgens die seremoniële wet nie, maar ook volgens die wet van die sedes of van die tien gebooie. 11 Naamlik nie net vóór ons bekering en regverdigmaking nie, asof ons ons deur hierdie werke daartoe sou berei het; maar ook wat ná die bekering gedoen is, aangesien die werke ná die bekering nie teen hierdie werke gestel word nie, maar die barmhartigheid van God, wat alle werke uitsluit, Rom. 9:16; 11:6. 12 Dit is, deur die wedergeboorte en vernuwing deur die Heilige Gees, wat soos ’n waterbad is, waardeur die vuiligheid van ons sondes gewas en gereinig word, Eség. 36:25-27, waarvan die waterbad van die doop ’n teken en seël is. Sien dergelike spreekwyse in Rom. 4:11. |
hwat Hy ryklik 13uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;
| h Eség. 36:25. | 13 Dit is, oorvloedig meegedeel. Hy bly by die beeld van die water. Sien dergelike in Jes. 44:3. Eség. 36:25; 39:29. Joël 2:28. Sag. 12:10. Hand. 2:17; 10:45. |
sodat ons, 14geregverdig deur sy genade, erfgename kan word 15ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.
| 14 Dit is, vrygespreek in die oordeel van God, deur toerekening van die geregtigheid van Christus en vergewing van die sondes.
15 Dit is, van die ewige lewe, waarop die gelowiges hoop; soos in Tit. 1:2. |
Dit is 16’n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge 17beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra 18om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en 19nuttig is vir die mense.
| 16 Sien 1 Tim. 1:15. 2 Tim. 2:11.
17 Dit is, met vaste en bondige redes uit die Skrif die toehoorders inskerp dat hulle dit vas glo en naarstig betrag. 18 Dit is, om hulle veral daarin te oefen en met goeie voorbeelde voor te gaan. 19 Naamlik aangesien God dit uit genade sal vergeld. |
iMaar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.
| i 1 Tim. 1:4; 4:7; 6:20. Tit. 1:14. |
kAan 20’n man wat partyskap verwek, moet jy 21jou onttrek 22ná die eerste en tweede vermaning,
| k Matt. 18:17. Rom. 16:17. 2 Thess. 3:6. 2 Tim. 3:5. 2 Joh. vers 10. | 20 Dit is, wat valse leer hardnekkig dryf en voorstaan, tot verontrusting en skeuring van die gemeente. Sien oor die woord partyskap ook Hand. 15:5. Hand. 5:17 en 1 Kor. 11:19 se kanttekeninge.
21 Of: vermy, verwerp, dit is, niks met hom gemeen hê nie; laat hom gaan, sonder om verder met hom te redetwis en dit wat heilig is voor sulke honde te gooi, Matt. 7:6. Laat hom nie bly in die uiterlike gemeenskap van die kerk nie. 22 Naamlik aan hom gerig deur die gemeente om afstand te doen van sy dwalinge en skeurmakery. Sien Matt. 18:17. |
wetende dat so iemand 23op ’n verkeerde pad is en 24sonde doen en 25selfveroordeeld staan.
| 23 Of: verkeerd is. Naamlik soos ’n huis wat tot op die grond toe afgebreek en omgekeer is.
24 Naamlik moedswillig en swaar. 25 Dit is, in sy eie gemoed oortuig dat hy hom teen die waarheid stel. |
Besondere aanbevelinge, groete en heilwense.
WANNEER ek Ártemas of lTíchikus na jou stuur, doen dan jou bes om na my te kom in 26Nikópolis, want ek het 27besluit om daar te oorwinter.
| l Hand. 20:4. Ef. 6:21. 2 Tim. 4:12. | 26 Daar was verskeie stede met hierdie naam, daarom meen sommige dat hier bedoel word Nikópolis in Thracië geleë, nie ver van Filíppi af nie, maar ander meen dit is Nikópolis in Epirus, gebou deur Augustus ter gedagtenis aan die oorwinning wat hy daar ter see oor Antonius behaal het, wat nou bekend staan as Preveza.
27 Gr. geoordeel. |
Jy moet Senas, 28die wetgeleerde, en mApollos 29ywerig voorthelp, sodat dit hulle 30aan niks ontbreek nie.
| m Hand. 18:24. 1 Kor. 1:12. | 28 So is diegene genoem wat in die wet van Moses bekwaam was en dit aan die volk uitgelê het. Sien Matt. 22:35. Luk. 7:30; 10:25; 11:45; 14:3.
29 Gr. naarstig. 30 Dit is, aan geen reisgeld en ander noodsaaklikhede vir die reis nie. |
31Ons mense moet ook leer om vir die noodsaaklike behoeftes 32goeie werke voor te staan, sodat hulle nie 33onvrugbaar mag wees nie.
| 31 Dit is, die leraars self, wat van ons roeping en orde is.
32 Dit kan verstaan word óf in die algemeen as alle goeie werke, óf in die besonder as die werke van weldadigheid teenoor die behoeftiges, soos die voorgaande woorde skynbaar meebring. 33 Naamlik in die voortbrenging van die vrugte van die geloof en liefde. |
Almal wat saam met my is, groet jou. Groet die wat vir ons liefhet 34in die geloof. Die genade sy met 35julle almal! Amen.
| 34 Dit is, met so ’n liefde soos die Christengeloof vereis. Of: ter wille van die gemeenskaplike geloof.
35 Naamlik met alle gelowiges wat by jou is. |
Einde van die brief van PAULUS aan Titus.
Hoe Titus ou manne, vroue, jong manne en diensknegte moet vermaan. Hy self moet ’n voorbeeld vir almal wees.
MAAR spreek 1jy wat by 2die gesonde leer pas.
| 1 Naamlik, handel nie soos hierdie verleiers nie, maar soos ’n getroue leraar, terwyl jy sulke fabels, onsinnige praatjies en gebooie van mense vermy, die leer van die evangelie suiwer verkondig.
2 Sien 1 Tim. 1:10 se kanttekening; 1 Tim. 6:3. |
Die ou manne moet nugter wees, 3waardig, 4ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.
| 3 Of: statig, deftig, eerbaar.
4 Of: versigtig. |
Die ou vroue amoet ook in hulle 5gedrag wees soos dit die heiliges betaam, bgeen kwaadspreeksters of 6aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,
| a 1 Tim. 2:9. 1 Petr. 3:3.
b 1 Tim. 5:13. |
5 Gr. uiterlike voorkoms, naamlik sowel in kleredrag as in hulle hele lewenswyse.
6 Gr. hulle nie tot slavinne van baie wyn maak nie. |
sodat 7hulle die jong vroue kan leer om 8versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,
| 7 Naamlik die ou vroue, deur wie die jong vroue beter en met minder opspraak onderrig kan word, as deur mans, naamlik in privaatheid. Want om openlik in die gemeente te leer, is vir vroue verbode, 1 Kor. 14:34. 1 Tim. 2:12.
8 Of: ingetoë, soos in die volgende vers. |
9ingetoë te wees, kuis, 10huislik, 11goed, caan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God 12nie belaster word nie.
| c Gén. 3:16. 1 Kor. 14:34. Ef. 5:22. Kol. 3:18. 1 Petr. 3:1. | 9 Of: versigtig.
10 Dit is, om nie ledig by die huise rond te gaan nie, soos in 1 Tim. 5:13, maar om by die huis te bly. 11 Dit is, goedertieren en goedaardig. 12 Naamlik soos gewoonlik gedoen word deur die vyande van die waarheid, wat dit wat sondig is in die lewe van diegene wat God se woord aangeneem het, as rede gebruik om die woord self te laster, asof die woord die sondige lewe sou voorstaan, Rom. 2:24. |
Vermaan die jong manne net so om 13ingetoë te wees.
| 13 Of: versigtig, soos in verse 2, 4, 5. |
dBetoon jou in alles ’n voorbeeld van goeie werke, met 14onvervalstheid 15in die leer, 16waardigheid, opregtheid.
| d 1 Tim. 4:12. 1 Petr. 5:3. | 14 Gr. onverdorwenheid, dit is, sonder om dit te vermeng met enige valse leer of instellings van mense, waardeur die suiwer leer verderf en vervals word.
15 Dit is, in die voorhou en prediking van die evangeliese leer. 16 Of: standvastigheid. Die onvervalstheid gaan die leer self aan, en die waardigheid en opregtheid die manier waarop dit voorgehou moet word. |
17Laat die woord gesond en 18onweerspreeklik wees, esodat 19die teëstanders 20beskaam kan word en niks slegs kan hê om van 21julle 22te sê nie.
| e 1 Petr. 2:12, 15; 3:16. | 17 Sien 1 Tim. 1:10; 6:3. 2 Tim. 1:13; 4:3. Tit. 1:9, 13. Naamlik wat jy in die openbaar sal verkondig, of in privaatheid by die mense sal gebruik.
18 Of: onbestraflik, onverwerplik, onveragtelik; wat sowel van die woord as van die persoon van Titus verstaan kan word. 19 Dit is, wat nog vreemd en vyande van die evangeliese leer is. 20 Naamlik in hulle lasteringe teen die leer of leraars van die evangelie. 21 Ander lees ons, naamlik dienaars van die evangelie. 22 Naamlik in waarheid. |
fDie diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle 23in alles behaag en nie 24teëpraat nie;
| f Ef. 6:5. Kol. 3:22. 1 Tim. 6:1, 2. 1 Petr. 2:18. | 23 Naamlik wat nie in stryd is met die bevele van die Here Jesus Christus nie. Sien Hand. 4:19; 5:29. Kol. 3:18, 22 se kanttekeninge.
24 Naamlik teen die bevele of bestraffings van hul here. |
hulle moet 25niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle 26die leer van God, ons Verlosser, in alles 27kan versier.
| 25 Dit is, ongemerk met listigheid en deur diefstal iets van die goedere van hul here vir hulleself neem. Sien oor hierdie woord Hand. 5:2, 3.
26 Naamlik wat hierdie dinge gebied, en wat hulle aangeneem het en bely. 27 Wat plaasvind as hulle hierdie leer toepas en in alles navolg. |
Die reddende genade het aan almal verskyn. Wat dit beteken.
28WANT 29die reddende genade van God het aan 30alle mense 31verskyn
| 28 Die apostel gee nou die rede waarom Titus allerlei soorte mense, oud en jonk, en selfs ook die slawe of diensknegte, moet vermaan om hulle vroom te gedra.
29 Dit is, die leer van die genade van God wat aan ons deur Christus bewys en in die evangelie vervat is. 30 Dit is, allerlei soorte mense, mans, vroue, oud, jonk, vry en diensbaar, soos uit die voorgaande blyk. Sien dergelike in 1 Tim. 2:1, 2, 4 en die kanttekeninge. Sommige voeg die woorde alle mense by die woord reddende, in hierdie betekenis: die genade van God, reddende alle mense het verskyn. 31 Naamlik as ’n lig in die duisternis van die skaduwees van die Ou Testament en van die onwetendheid van die heidendom, Jes. 42:7, 16. Hand. 26:18. Ef. 5:8. 1 Petr. 2:9. 1 Joh. 2:8. |
en leer ons gom die goddeloosheid en h32wêreldse begeerlikhede 33te verloën, 34ingetoë en 35regverdig en 36vroom in die teenwoordige 37wêreld te lewe,
| g Ef. 1:4. Kol. 1:22. 2 Tim. 1:9.
h 1 Joh. 2:16. |
32 Dit is, wat in die wêreldse en onwedergebore mense gevind word en heers, en beskryf word in 1 Petr. 4:3. 1 Joh. 2:16.
33 Sien Matt. 16:24 se kanttekening. 34 Naamlik ten opsigte van onsself. 35 Naamlik ten opsigte van ons naaste. 36 Naamlik ten opsigte van God. 37 Gr. eeu. |
iterwyl ons 38die salige hoop en 39die verskyning 40van die heerlikheid verwag 41van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,
| i 1 Kor. 1:7. Filip. 3:20. | 38 Dit is, die saligheid waarop die gelowiges hoop.
39 Naamlik om die lewendes en die dooies te oordeel. Want so word hierdie woord deurgaans gebruik. Sien 2 Thess. 2:8. 1 Tim. 6:14. 2 Tim. 4:1, 8. 40 Want hierdie verskyning sal met groot heerlikheid plaasvind. Sien Matt. 16:27; 19:28; 24:30; 25:31. 1 Petr. 4:13. 41 Dit is, van Jesus Christus, ons grote God en Verlosser; want beide hierdie titels word Jesus Christus hier toegeskryf, soos blyk omdat hier van sy heerlike verskyning om te oordeel gespreek word, en soos die samevoeging van die Griekse woorde ook uitwys. ’n Duidelike bewys van sy Godheid. |
kwat Homself vir ons 42gegee het 43om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy 44eiendom 45te reinig, lywerig in goeie werke.
| k Gal. 1:4; 2:20. Ef. 5:2. Hebr. 9:14.
l Ef. 2:10. |
42 Naamlik in die dood.
43 Dit is, nie net om ons met God te versoen deur ’n volkome betaling vir ons sondes deur sy bloed nie, Ef. 1:7. 1 Petr. 1:18. 1 Joh. 1:7. Openb. 5:9, maar ook om ons deur sy Gees van wedergeboorte te verlos van die heerskappy van die sonde en ongeregtigheid, Rom. 6:3, ens. Gal. 5:24. Kol. 2:11, 12. 1 Petr. 4:1, 2. 44 Gr. periousion, waarmee die Griekse vertalers van die Ou Testament die Hebreeuse woord segullah, Ex. 19:5, verklaar. Dit beteken eintlik dit wat as iets besonders, uitnemend en kosbaar weggelê word, om te bewaar. 45 Naamlik deur sy Gees, waardeur, soos deur rein water, die gelowiges van die vuilighede van die sondes gereinig word, en hulle tot ’n volk van God afgesonder word. Sien Eség. 36:25, 26. |
Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle 46erns. mLaat niemand jou verag nie.
| m 1 Tim. 4:12. | 46 Gr. bevel, gesag. Sien oor hierdie woord Rom. 16:26. 1 Kor. 7:6, 25. 2 Kor. 8:8. Dit is, toon in die gee van onderrig dat jy spreek as ’n gesant van God, wie se bevele jy met erns moet voordra. |
Opskrif en seëngroet.
PAULUS, 1’n dienskneg van God en ’n apostel van Jesus Christus, 2volgens die geloof van die uitverkorenes van God en 3die kennis van die waarheid 4wat na die godsaligheid is,
| 1 Sien Rom. 1:1. Filip. 1:1. Jak. 1:1. 2 Petr. 1:1. Jud. vers 1. Openb. 1:1.
2 Dit is, verkondig dieselfde leer wat die uitverkorenes van God van alle tye geglo het. Of: verkondig die evangelie waardeur slegs die uitverkorenes van God tot die saligmakende geloof gebring word; soos in Rom. 1:5. 2 Tim. 1:1. Sien ook Hand. 13:48. Rom. 8:30. 3 So word die geloof genoem, omdat daar sonder kennis van die waarheid van die evangelie geen saligmakende geloof kan wees nie. Sien Jes. 53:11. Joh. 17:3. Kol. 1:9, 10. 1 Tim. 2:4. Hebr. 10:26. 1 Joh. 4:16. 4 Dit is, kennis wat sodanig is dat dit nie net geken word nie, maar ook deur die beoefening van ware godsaligheid in praktyk gebring moet word, en wat die ware godsaligheid voorskryf, eis, en die mens daartoe opwek en bring. Sien 1 Tim. 6:3. |
5in die hoop van die ewige lewe 6wat God, awat nie kan lieg nie, b7van ewigheid af beloof het,
| a Núm. 23:19. 2 Tim. 2:13.
b Rom. 16:25. Ef. 1:9; 3:9. Kol. 1:26. 1 Petr. 1:20. |
5 Of: tot die hoop, op die hoop; wat deur hierdie leer in die harte van die gelowiges gewerk en bevestig word, Rom. 5:4, 5.
6 Naamlik hierdie waarheid. 7 Gr. voor die ewige tye, dit is, van die begin van die wêreld af, voordat mense begin het om die eeue te tel. Sien Gén. 3:15. Rom. 16:25, 26. |
en op die 8regte tyd 9sy woord 10bekend gemaak het 11deur die prediking cwat aan my toevertrou is, 12ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser — aan dTitus, 13my ware kind volgens 14die gemeenskaplike geloof:
| c Hand. 20:24. Gal. 1:1.
d 2 Kor. 2:12; 7:14; 8:6, 16. Gal. 2:3. |
8 Dit is, in die volheid van die tyd, Gal. 4:4, naamlik wat God bestem het om sy Seun in die wêreld te stuur.
9 Naamlik van die evangelie, waarvan die prediking aan my toevertrou is. 10 Naamlik duidelik, sonder bedekking van skaduwees en voorbeelde, en onder alle volke. Ander voeg hierdie woorde by die vorige vers en vertaal dit soos volg: maar bekend gemaak het op die regte tyd, naamlik sy woord, deur die prediking, ens. 11 Gr. in die prediking. 12 Sien 1 Tim. 1:1. 13 Sien hieroor ook 1 Tim. 1:2. 14 Dit is, wat ons albei en alle uitverkorenes gemeenskaplik het; waarmee hy te kenne gee dat hy nie sy natuurlike nie, maar sy geestelike kind is. Sien 1 Tim. 1:2 se kanttekening. |
eGenade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!
| e Ef. 1:2. Kol. 1:2. 2 Tim. 1:2. 1 Petr. 1:2. |
Titus word belas met die bestuur van die gemeente van Kreta en met die bestryding van die valse leraars.
OM hierdie rede het ek jou in 15Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou 16regmaak 17wat oorgebly het, fen van stad tot stad 18ouderlinge sou aanstel 19soos ek jou 20beveel het —
| f 2 Tim. 2:2. | 15 Dit is ’n eiland in die Middellandse See. Sien oor hierdie eiland Hand. 2:11; 27:7, 12. ’n Groot eiland wat destyds honderd stede gehad het.
16 Dit is, nie dit wat verkeerd gedoen was verbeter nie, soos sommige uitlê, maar verder vervul wat tot opbou van die gemeente nodig is, maar nog nie gedoen is nie. 17 Gr. wat ontbreek het, agterweë gelaat is, naamlik wat nog nie gedoen is nie. 18 Naamlik wat in die woord arbei, dit is, leraars, 1 Tim. 5:17, wat in vers 7 ook biskoppe of opsieners genoem word; waaruit blyk dat deur ouderlinge en opsieners hier na dieselfde bediening verwys word. Sien Hand. 20:17, 28. Filip. 1:1. 1 Tim. 5:17. 1 Petr. 5:1, 2. 19 Dit is, nie uit jou eie gesag en goeddunke alleen nie, maar volgens die orde wat ek jou voorgeskryf en self nagekom het. Sien oor hierdie orde Hand. 14:23. 1 Tim. 4:14. 20 Gr. verordineer het. |
gas iemand 21onberispelik is, die man van 22een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.
| g 1 Tim. 3:2. | 21 Gr. onbeskuldigbaar, onbestrafbaar. Sien 1 Tim. 3:10 en die kanttekening.
22 Sien hieroor 1 Tim. 3:2 se kanttekening. |
Want ’n 23opsiener moet has ’n rentmeester van God onberispelik wees, 24nie eiesinnig, nie oplopend, igeen drinker, geen vegter, kgeen vuilgewinsoeker nie;
| h Matt. 24:45. 1 Kor. 4:1. 1 Tim. 3:15.
i Lev. 10:9. Ef. 5:18. k 1 Tim. 3:3. 1 Petr. 5:2. |
23 Gr. episkopos, sien oor hierdie woord Hand. 20:28; Filip. 1:1; 1 Tim. 3:1 en die kanttekeninge.
24 Of: nie selfbehaaglik nie, dit is, wat net sy eie kop wil volg en hardkoppig die mening van ander verwerp en wat vir niemand wil wyk nie. |
maar lgasvry, een wat 25die goeie liefhet, 26ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;
| l 1 Tim. 3:2. | 25 Of: die goeie mense.
26 Of: versigtig. |
een wat vashou aan 27die betroubare woord wat 28volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers 29te weerlê.
| 27 Of: die woord wat geloofwaardig is, en met geloof aangeneem word.
28 Dit is, volgens die suiwer leer van die heilige evangelie. Sien Joh. 7:17. Rom. 16:17. 29 Dit is, met bondige redes uit die Skrif te oortuig van hul dwalinge. |
mWant daar is baie wat 30tugteloos is, 31wat onsin praat en verleiers is, veral die 32wat uit die besnydenis is;
| m Hand. 15:1. | 30 Dit is, wat hulle aan geen orde wil onderwerp nie. Sien 1 Tim. 1:9. Tit. 1:6.
31 Sien hieroor 1 Tim. 1:6. 32 Dit is, wat Jode is, Hand. 11:2. Rom. 3:30. Gal. 2:12. Kol. 4:11, wat baie sterk op die onderhouding van die wet aangedring het en dit met die evangelie vermeng het. Dat daar op Kreta baie Jode was, blyk uit Hand. 2:11. |
hulle 33mond moet gestop word. Hulle keer hele n34huise 35onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.
| n Matt. 23:14. 2 Tim. 3:6. | 33 Naamlik deur weerlegging van hul valse leringe en lasteringe. Sien vers 9. Matt. 22:34.
34 Dit is, huisgesinne, soos in Luk. 10:5. Hand. 16:15; 18:8. 1 Kor. 1:16. 1 Tim. 3:4; 5:4. 2 Tim. 1:16. 35 Dit is, keer hulle van die regte geloof af en bring hulle in die verderf. |
36Een uit hulle, hul eie 37profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, 38lui buike.
| 36 Dit is, een uit die Kretense wat op Kreta gebore is, naamlik Epimenides. Die eerste deel van hierdie aanhaling kan ’n mens ook lees by Callimachus.
37 Dit is, digter. Want die heidene het byna dieselfde agting gehad vir hul digters, as die Jode vir hul profete, en het geglo, hoewel verkeerdelik, dat hierdie digters enige goddelike ingewings ontvang het. Daarom was hulle ook vates, dit is, profete genoem. Elders noem hy sulke mense ook digters, Hand. 17:28. 38 Dit is, vraatsugtige en lui mense. |
Hierdie getuienis 39is waar. 40Daarom moet jy hulle 41skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,
| 39 Naamlik van die grootste gedeelte van die Kretense wat sodanige mense is.
40 Gr. Om hierdie rede. 41 Of: streng. Gr. afsnydend, soos in Rom. 11:22. 2 Kor. 13:10. ’n Beeld geneem van dokters, wat die dooie weefsel uitsny. |
oen hulle nie besig hou met 42Joodse fabels en gebooie van mense 43wat van die waarheid afwyk nie.
| o Jes. 29:13. Matt. 15:9. Kol. 2:22. 1 Tim. 1:4; 4:7; 6:20. | 42 Sien hieroor 1 Tim. 1:4 en 4:7 se kanttekeninge.
43 Of: wat hulle van die waarheid afkeer. |
p44Alle dinge is 45rein 46vir die reines; q47vir die besoedeldes en ongelowiges egter is 48niks rein nie, maar hulle 49verstand sowel as hulle gewete is besoedel.
| p Matt. 15:11. Hand. 10:15. Rom. 14:20.
q Matt. 23:25. Rom. 14:23. |
44 Dit is, allerlei voedsel. Want die Jode het daarop aangedring dat ’n mens in die Nuwe Testament die onderskeid van voedsel, soos in die Ou Testament beveel is, nog steeds moes onderhou, Levítikus 11.
45 Dit is, geoorloof om te eet. Sien 1 Tim. 4:3. 46 Dit is, die gelowiges, wie se harte deur die geloof gereinig is, Hand. 15:9. 47 Dit is, wie se harte nog nie deur die geloof gereinig is nie, soos die volgende woord ongelowiges nader verklaar. 48 Dit is, gebruik geen voedsel in reinheid, soos dit behoort, nie. Of: geen onthouding van enige voedsel kan hulle rein maak nie. 49 Dit is, die onreinheid is nie geleë in die uiterlike onthouding van enige voedsel nie, maar is inwendig in die siel van die mens en in die kragte daarvan, wat in die ongelowiges almal onrein en met sonde besmet is, hoeseer hulle hul ook van enige voedsel sou weerhou. Sien Matt. 15:11, 18. |
50Hulle 51bely 52dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom 53deur die werke, omdat hulle 54gruwelik en 55ongehoorsaam is en 56ongeskik vir elke goeie werk.
| 50 Naamlik hierdie verleiers en drywers van die onderskeid van voedsel.
51 Naamlik met die mond en uiterlike skyn. 52 Dit is, dat hulle die ware religie en godsdiens beoefen. 53 Naamlik wat kwaad en met die ware godsdiens in stryd is, soos hierna verklaar word. 54 Dit is, nie net geringe nie, maar ook lelike en gruwelike sondes bedryf. Sien Job 15:16. Ps. 14:3. 55 Dit is, wat die waarheid geen plek wil gee nie, of wat hulle nie wil laat oortuig om die waarheid te glo en aan te neem nie. 56 Gr. verwerplik, of: afgekeur, dit is, wat, omdat hulle geen goeie werke voortbring nie, met reg afgekeur word, dat hulle nie opregte gelowiges is nie, maar verwerplik. |
EKa 1besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat 2die lewende en 3die dode 4sal oordeel 5by sy verskyning en 6sy koninkryk:
| a Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Thess. 2:5. 1 Tim. 5:21; 6:13. | 1 Dit is, neem God as getuie dat ek jou ernstig vermaan. Sien dergelike in 1 Tim. 5:21. Of: betuig, vermaan jou om Gods wil.
2 Dat is, wat dan nog sal lewe wanneer Christus sal kom om te oordeel. Sien 1 Kor. 15:51. 1 Thess. 4:16, 17. 3 Dit is, wat tevore gesterf het en weer opgewek is, Joh. 5:28, 29. Openb. 20:12. 4 Hy stel aan hom die laaste oordeel voor, sodat hy en ons almal daardeur opgewek mag word tot getrouheid in ons bediening, omdat ons dan daarvan rekenskap moet gee. Sien 2 Kor. 5:10, 11. 5 Naamlik op die wolke, met sy engele en met die heerlikheid van sy Vader om te oordeel. 6 Naamlik van die heerlikheid. |
7verkondig 8die woord; 9hou aan 10tydig en 11ontydig; 12weerlê, 13bestraf, 14vermaan 15in alle lankmoedigheid en 16lering;
| 7 Hierdie woord beteken eintlik: met ’n luide stem, soos die aankondigers, iets verkondig. Sien Jes. 40:9.
8 Naamlik van die evangelie. 9 Gr. dring aan, naamlik met aanhoudende lering en vermaning. 10 Dit is, wanneer daar ’n goeie geleentheid voor is, sonder om dit te versuim, Spr. 25:11. 11 Daarmee wil Paulus nie sê dat Timótheüs en ander predikers onbeleefdheid moes gebruik nie, maar dat hulle gedurig en ywerig moet aanhou, sonder om enige tyd of geleentheid te versuim, ook al kom dit óf hulle self nie goed te pas nie, óf soms ook die toehoorders sou voel dat dit hulle nie geleë is om die vermanings aan te hoor nie. 12 Naamlik die dwalinge van diegene wat die waarheid nog nie ken nie of nie toestem nie. 13 Naamlik diegene wat boos is en ’n verkeerde lewe lei. 14 Naamlik tot oefening van alle Christelike deugde. Of: vertroos, naamlik alle swak en bedroefde mense. 15 Dit is, sonder hewigheid of bitterheid, terwyl jy die mense se onkunde en onoordeelkundigheid geduldig verdra. Sien Gal. 6:1. 2 Tim. 2:24. 16 Dit is, só dat die hoofsake van die leer altyd helder en duidelik voorgehou word. |
want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle 17die gesonde leer nie sal 18verdra nie, maar, 19omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal 20versamel 21volgens hulle eie begeerlikhede,
| 17 Naamlik van die heilige evangelie. Sien 2 Tim. 1:13.
18 Dit is, nie net nie aanneem nie, maar ook nie wil duld dat dit aan hulle voorgehou word nie. 19 Dit is, omdat hulle ’n hart en ore het wat jeuk om iets nuuts en vreemds te hoor. 20 Of: ophoop; dit is, die een ná die ander na vore bring en verkies, wat vir hulle iets nuuts leer. 21 Dit is, wat ’n leer voorhou wat met hulle bose luste ooreenkom. |
en die 22oor sal afkeer 23van die waarheid en hulle sal wend tot 24fabels.
| 22 Dit is, nie wil hoor nie.
23 Dit is, van die suiwer en waaragtige leer van die evangelie. 24 Sien oor hierdie fabels 1 Tim. 1:4; 4:7. Tit. 1:14. 2 Petr. 1:16. |
Maar wees jy in alles 25nugter; 26ly verdrukking; doen die werk 27van ’n evangelis; 28vervul jou bediening.
| 25 Of: wakker, naamlik nie net na die liggaam nie, maar vernaamlik na die siel.
26 Gr. ly kwaad, soos in 2 Tim. 2:3, 9. 27 Dit is, van ’n getroue leraar van die heilige evangelie. Sien oor die amp van ’n evangelis Hand. 21:8. Ef. 4:11. 28 Of: maak dat hulle ten volle verseker is van jou bediening. Dit is, gedra jou in jou diens met sodanige naarstigheid en getrouheid, dat elkeen mag sien en verseker wees dat jy ’n opregte leraar is, wat alle dele van sy amp goed bedien en uitvoer, en daardeur in die waarheid meer en meer versterk word. Sien vers 17. |
Paulus wys op sy einde en vra Timótheüs om na hom te kom. Mededeling aangaande verskillende persone.
bWANT ek 29word alreeds 30as ’n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my 31heengaan is naby.
| b 2 Petr. 1:14. | 29 Dit is, sal nou spoedig geoffer of gedood word. Die apostel het dit geweet óf uit ’n besondere openbaring, óf deur waarneming van die toestand en omstandighede van sy sake. Sien dergelik in 2 Petr. 1:14.
30 Sien hieroor Filip. 2:17 se kanttekening. 31 Of: loslating, verhuising. So noem hy sy dood, soos ook in Filip. 1:23. Sien die kanttekening daar. |
Ek het 32die goeie stryd gestry; ek het die wedloop 33voleindig; ek het 34die geloof behou.
| 32 Die apostel vergelyk die loop van sy diens en lewe met ’n stryd of wedstryd, wat vroeër gehou is met hardloop, stoei en andersins, om daardeur ’n prys of kroon te behaal. Sien oor dieselfde beeld 1 Kor. 9:24, 25. 2 Tim. 2:5.
33 Naamlik omdat ek nou by die uiterste en die einde van my lewe gekom het. 34 Daardeur word die saligmakende geloof verstaan, en die trou wat hy Christus in die bediening van die apostelskap belowe het. |
cVerder is vir my weggelê 35die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in 36dié dag sal 37gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat 38sy verskyning 39liefgehad het.
| c 1 Kor. 9:25. 1 Petr. 5:4. | 35 Dit is, die ewige lewe, waarmee die regverdiges, of geregverdigdes, soos met ’n prys volgens God se genadige belofte, gekroon word. ’n Beeld geneem van die stryders of kampvegters, wat ’n kroon as prys ontvang het, as hulle wettiglik gestry het. Sien 1 Kor. 9:25. 2 Tim. 2:5. Jak. 1:12. Openb. 2:10; 3:11.
36 Naamlik van my heengaan, en ten volle in die dag van die laaste oordeel, soos in 1 Kor. 1:8. 2 Kor. 1:14. 2 Tim. 1:12, 18. 37 Gr. teruggee, naamlik as ’n genadige vergelding. 38 Sien vers 1. 39 Dit is, terwyl hulle bewus is van hulle opregtheid, daarna verlang het, met versekering en vertroue, dat hulle dán nie veroordeel sal word nie, maar die kroon van die lewe sal ontvang. |
Beywer jou om 40gou na my te kom.
| 40 Dit is, nog voor die winter, vers 21. |
Want dDemas 41het my verlaat, omdat hy die teenwoordige 42wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na 43Dalmásië.
| d Kol. 4:14. Fil. vers 24. | 41 Dit is, het van hier vertrek, deur afskeid te neem van die diens wat hy hier saam met my verrig het in die prediking. Sien Fil. vers 24.
42 Gr. eeu, dit is, om die gerief van hierdie lewe te soek, om aan die arbeid en gevaar te ontkom, of om na sy tydelike sake om te sien; waaruit dan nie volg dat hy heeltemal van die geloof afvallig sou geword het nie. 43 Hierdie streek is ’n deel van Illírikum, wat ooswaarts aan Macedónië grens, en wes- en suidwaarts aan die Adriatiese See. |
e44Lukas is alleen by my. f45Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie 46tot diens wees.
| e Kol. 4:14.
f Hand. 15:37. Kol. 4:10. Fil. vers 24. |
44 Sien oor hom Kol. 4:14. Fil. vers 24.
45 Hy was ’n neef van Bárnabas, Kol. 4:10, met die naam Johannes, en die bynaam Markus, Hand. 12:12, 25; 15:39. Sien ook oor hom Fil. vers 24. 1 Petr. 5:13. 46 Naamlik van die evangelie, en nie soseer om my in die besonder te dien nie. |
g47Tíchikus het ek 48na Éfese gestuur.
| g Hand. 20:4. Kol. 4:7. | 47 Sien oor hom Hand. 20:4. Ef. 6:21. Kol. 4:7. Tit. 3:12.
48 Naamlik om die kerk in jou plek te versorg. |
As jy kom, moet jy 49die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en 50die boeke, veral 51die perkamente.
| 49 Gr. felonen. Lat. penulam, wat ’n mantel was om tydens reise te gebruik teen reën en koue. Sommige verstaan daardeur ’n tassie om boeke in te sit.
50 Naamlik van die Heilige Skrif, of ander, wat handel oor God se Woord. 51 Gr. membranas, ’n Latynse woord, wat ’n paar dun velle van diere beteken, wat voorberei is om op te skryf. Dit word by ons perkamente genoem, omdat dit eerste in die stad Pergamus gevind en berei is. |
h52Alexander, die kopersmid, het my 53baie kwaad aangedoen. Mag 54die Here hom vergeld na sy werke!
| h 1 Tim. 1:20. | 52 Sien oor hom 1 Tim. 1:20.
53 Naamlik deur te laster en die gesonde leer teen te staan, soos verklaar word in vers 15. 54 Dit is geen vervloeking wat uit ’n wraakgierige hart voortgekom het nie, wat teen die leer van Christus, Matt. 5:44, en ook van Paulus self is, Rom. 12:14, maar dit is ’n profetiese dreigement uit ’n goddelike ywer tot God se eer en deur ingewing van die Heilige Gees, oor die straf wat op hom gewag het, omdat hy hom as totaal onbekeerlik en verhard getoon het. Sien dergelike in Neh. 4:4, ens. Ps. 5:11. |
Jy moet ook 55vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.
| 55 Naamlik dat hy jou nie ook dergelike kwaad aandoen nie, of die gemeente geen skade berokken nie. |
In my 56eerste verdediging het 57niemand 58my bygestaan nie, maar almal het my 59verlaat. 60Mag dit hulle nie toegereken word nie!
| 56 Naamlik gedoen voor keiser Nero.
57 Naamlik van my medehelpers in die diens van die woord; of: wat my gewoonlik gevolg en my geselskap gehou het. Dit wil voorkom of hy Lukas uitsonder, vers 11. Indien Petrus toe in Rome was, soos voorgegee word, sou dit ’n groot skande vir hom gewees het, wat nie geloofwaardig is nie. 58 Naamlik om my met raad, voorspraak, getuienis of andersins te help. 59 Dit is, alleen gelaat; nie geselskap gehou nie. 60 Omdat hulle dit uit swakheid en vrees vir gevaar gedoen het, bid hy God vir hulle, waar hy tevore teen die moedswillige en verstokte Alexander gebid het, vers 14. Sien dergelike in Luk. 23:34. Hand. 7:60. |
Maar die Here het my 61bygestaan en my 62krag gegee, 63sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en 64al die heidene dit kan hoor; en ek is 65uit die bek van die leeu verlos.
| 61 Naamlik met die genade van sy Gees, soos Hy belowe het in Luk. 21:14, 15. Of: het gestaan by my, soos in Hand. 27:23, en my vertroos en versterk.
62 Dit is, bekragtig met wysheid, versigtigheid en dapperheid. 63 Of: sodat mense deur my ten volle verseker sou wees van die prediking. Sien vers 5. 64 Dit is, sodat ek nog tyd en geleentheid sou hê om die evangelie onder die heidene, wie se apostel ek is, Rom. 11:13, verder te verbrei. 65 Dit is, uit ’n groot en teenwoordige gevaar van die dood, soos waarin diegene is wat reeds in die bek en die kake van ’n wrede leeu geval het, Ps. 22:22; 58:7. Ander verstaan deur die leeu keiser Nero, wat vanweë sy wreedheid so genoem word, soos deurgaans die tiranne en vyande van die kerk, Ps. 35:17; 91:13. Spr. 28:15. Jer. 2:15; 4:7. So noem Christus koning Herodes vanweë sy sluheid ’n jakkals, Luk. 13:32. |
En die Here 66sal my verlos 67van elke bose werk en my red om 68in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot 69in alle ewigheid! Amen.
| 66 Dit is, ek is daarvan verseker uit sy beloftes, Ps. 34:20; 41:3; 55:23.
67 Dit is, van versaking of krenking van die waarheid en vertwyfeling aan sy hulp. 68 Dit is, wanneer Hy dit eindelik sal gee. 69 Gr. in ewighede van ewighede. |
Groet i70Prisca en Áquila en die huis van 71Onesíforus.
| i Hand. 18:2. Rom. 16:3. | 70 Sien oor hulle Hand. 18:2. Rom. 16:3.
71 Sien oor hom 2 Tim. 1:16. |
72Erástus het in Korinthe gebly. 73Trófimus het ek siek 74in Miléte agtergelaat.
| 72 Sien oor hom Hand. 19:22. Rom. 16:23.
73 Sien oor hom Hand. 20:4; 21:29. 74 Sien oor hierdie stad Hand. 20:15, 17. |
Beywer jou om voor die winter te kom. Eubúlus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou.
Mag die Here Jesus Christus 75met jou gees wees! Die genade sy met 76julle! Amen.
| 75 Dit is, mag Hy vir jou sy genade gee, vernaamlik wat die siel betref.
76 Dit is, nie net met jou nie, Timótheüs, maar ook met alle gelowiges in Éfese. |
Einde van die tweede brief van PAULUS aan Timótheüs.
Verskriklike verdorwenheid van die laaste dae.
MAARa 1weet dit, dat daar 2in die laaste dae 3swaar tye 4sal kom.
| a 1 Tim. 4:1. 2 Petr. 2:3. Jud. vers 18. | 1 Naamlik só, dat jy jou daarteen bewapen en ander waarsku.
2 So word die tye van die Nuwe Testament genoem, van die verbreiding van die evangelie af tot die einde van die wêreld. Sien 1 Kor. 10:11. 1 Tim. 4:1. Of: in die tye wat volg, Hand. 2:17. 3 Dit is, moeilik, vol droefheid en gevaar vir die godsaliges. 4 Of: aanstaande sal wees. |
Want 5die mense sal 6liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, 7grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
| 5 Dit is, die meerderheid of die grootste groep van die mense.
6 Of: eie liefhebbers, dit is, hulleself te veel liefhê, te veel van hulleself hou, en hul eie voordeel in alle dinge soek. 7 Dit is, bluffers, roemers, van hulle eie gawes en deugde. |
8sonder natuurlike liefde, 9onversoenlik, kwaadsprekers, 10bandeloos, 11wreed, sonder liefde 12vir die goeie,
| 8 Naamlik wat God van nature geplant het in die harte van die ouers jeens hulle kinders, en van die kinders jeens hulle ouers; ’n mens sien ook dat dit van nature in die redelose diere ingeplant is. Sien Jes. 49:15. Rom. 1:31.
9 Dit is, waarmee geen verbond van vriendskap gesluit kan word nie. Sien ook Rom. 1:31. 10 Of: onbeheers, naamlik in voedsel, drank of vleeslike wellus. 11 Of: wild, ongetem; of: onvanpas, met wie dit swaar is om mee om te gaan. 12 Dit is, vir die deug. Of: vir die goeies. |
verraaiers, 13roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
| 13 Dit is, wat hulle deur hul neigings vinnig herwaarts of derwaarts laat dryf. |
mense wat 14’n gedaante van godsaligheid het, maar 15die krag daarvan verloën het. b16Keer jou ook van hierdie mense af.
| b Matt. 18:17. Rom. 16:17. 2 Thess. 3:6. Tit. 3:10. 2 Joh. vers 10. | 14 Gr. morfosin. Die woord beteken ook wel ’n afbeelding of voorskrif, Rom. 2:20, maar word hier gebruik vir ’n uiterlike gedaante of skyn.
15 Dit is, hulle betrag nie die daadwerklike beoefening daarvan nie. 16 Dit is, hou geen gemeenskap met sulke mense nie, maar vlug van hulle weg. |
cWant uit hulle is die wat in die 17huise 18insluip en 19arme vroue 20gevange neem wat met sondes 21belaai is en deur allerhande 22begeerlikhede 23gedryf word,
| c Matt. 23:14. Tit. 1:11. | 17 Of: huisgesinne.
18 Dit is, op bedrieglike wyse en skaamteloos daar ingaan. 19 Of: onnosele, verspotte, dwase. Naamlik wat ligsinnig en onstandvastig is. 20 Dit is, hulle harte met vleitaal na hulle toe trek, en hulle lei waar hulle wil, soos ’n mens doen met diegene wat in die oorlog gevang word. 21 Of: opgehoop, dit is, wat met die pak van hulle sondes, soos ’n opgehoopte las, swaar belaai is. 22 Naamlik onsinnige en ligvaardige begeerlikhede, wat baie en in verskeidenheid by sulke onnosele vroue gevind word. 23 Naamlik soos ’n mens redelose diere voor hulle uit dryf. |
wat 24altyd leer en nooit tot die kennis 25van die waarheid 26kan kom nie.
| 24 Dit is, wat uit nuuskierigheid en onstandvastigheid van sinne altyd iets nuuts wil leer, en vir dié doel leraars soek wat aan hulle nuuskierigheid sou voldoen.
25 Naamlik van die ware en opregte fondament van die Christelike godsdiens, waarin die regte kennis van die sondes en die troos van die gewete teen die sonde gesoek moet word. 26 Naamlik omdat sulke leraars daardie fondament self nie ken of aan ander leer nie. |
En dnet soos 27Jannes en 28Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense 29die waarheid teë, mense verdorwe 30in die verstand, 31onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
| d Ex. 7:11. | 27 Dit is die name van die Egiptiese towenaars, wat die wonders van Moses kragteloos wou maak, Exodus 7, wie se name nie in die Heilige Skrif, Ex. 7:11, opgeteken staan nie; maar hulle word deur die apostel óf uit sekere Joodse skrywers, óf deur sekere ou oorlewerings van hand tot hand hier beskryf. Hieruit mag ’n mens nie tot die gevolgtrekking kom dat daar sekere ongeskrewe oorlewerings of tradisies sou wees aangaande enige hoofsake van die leer nie, aangesien dit slegs die geskiedenis aangaan. Sien hieroor Eusebius, Oor die evangeliese voorbereiding, wat hierdie name uit ’n pythagoriese filosoof Numenius meedeel; soos ook Plinius van hierdie Jannes melding maak. Daaruit blyk dat hierdie name destyds nie net onder die Jode nie, maar ook onder die heidene bekend was.
28 Ander noem hom Mambres. 29 Naamlik die leer van die evangelie, en diegene wat hierdie waarheid leer en voorstaan. 30 Of: in die sinne, terwyl hulle deur hul bose neigings verblind is. 31 Of: verwerplik. Dit is, kan nie as opregte leraars van die leer van die geloof, of as gelowiges gereken word nie. Sien 1 Kor. 9:27. |
Maar hulle sal 32nie verder voortgaan nie, want 33hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié 34van daardie manne geword het.
| 32 Naamlik in aansien by die mense, om hulle daardeur te verlei; hoewel hulle sal voortgaan in die kwaad, vers 13.
33 Dit is, hulle dwase en valse leer; of: hulle geveinsdheid en skynheiligheid. 34 Naamlik van die Egiptiese towenaars, wat tevore genoem is. |
Vermaning om te volhard in die gesonde leer en om by elke geleentheid te preek.
MAAR jy het my 35navolger geword in leer, 36lewenswandel, 37planne, 38geloof, 39lankmoedigheid, 40liefde, 41lydsaamheid,
| 35 Of: ywerig nagejaag, dit is, terwyl jy my standvastig gevolg het, geleer en nagevolg. Of: verstaan, sowel van my as van ander. Want Timótheüs was toe nog nie by Paulus toe hy in Antiochíë, Ikónium en Listre hierdie vervolging gely het nie, Hand. 16:1. Sien oor hierdie woord Luk. 1:3 en die kanttekening. 1 Tim. 4:6.
36 Of: beleid, naamlik sowel in die manier hoe ek my lewe orden, as hoe ek my amp bedien. 37 Dit is, my oogmerk en doel, wat ek in my bediening altyd voor oë gestel het. 38 Of: getrouheid, vertroue, standvastigheid in die geloof. 39 Naamlik sowel jeens die teësprekers, om hulle te win of te oortuig, as jeens die broeders in die verdra van hul swakhede. 40 Naamlik sowel jeens die vyande as jeens die vriende betoon. 41 Naamlik in die verdra van ongelyk, lasteringe, smaadhede en allerlei vervolginge. |
e42vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het 43in Antiochíë, in fIkónium, in gListre. 44Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! hEn die Here het my uit almal verlos.
| e Hand. 13:50.
f Hand. 14:2. g Hand. 14:19. h Ps. 34:20. 2 Kor. 1:10. |
42 Naamlik wat ek gely het, of: wat my aangedoen is.
43 Naamlik nie in Siríë nie, maar in Pisídië geleë, naby Ikónium en Listre. Sien die geskiedenis hiervan in Handelinge 13; 14. 44 Naamlik nog baie ander dergelike vervolginge. Sien 2 Kor. 11:23, ens. |
iEn almal 45wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal 46vervolg word.
| i Matt. 16:24. Luk. 24:26. Joh. 17:14. Hand. 14:22. 1 Thess. 3:3. | 45 Dit is, wat die Christelike leer of godsdiens standvastig wil bely, beleef en verbrei.
46 Naamlik deur die goddelose mense. En derhalwe moet hulle hul daarop voorberei, en hulle met lydsaamheid en standvastigheid daarteen bewapen. |
Maar 47goddelose mense en 48bedrieërs sal voortgaan 49van kwaad tot erger, hulle 50wat verlei en 51verlei word.
| 47 Hoedanig die tiranne en vervolgers is.
48 Gr. goëlaars, wat die mense met valse leer as ’t ware betower, Gal. 3:1. 49 Dit is, meer en meer afwyk van die suiwer leer, en hoe langer hoe meer probeer om die mense te verlei, en om die godvrugtiges te haat, te kwel en te vervolg. 50 Dit is, wat alle listighede en ywer aanwend om die mense van die regte weg van die saligheid te verlei. 51 Of: verlei is, terwyl hulle self dwaal, op die dwaalweg is. |
Maar bly jy in wat jy geleer het en 52waarvan jy verseker is, omdat jy weet 53van wie jy dit geleer het,
| 52 Naamlik dat dit die ware leer is. Of: wat aan jou toevertrou is.
53 Naamlik van my, wat ’n apostel is, wat deur die Here Christus self geroep, Gal. 1:1, en in die derde hemel opgeneem was, 2 Kor. 12:2, ens. Sien 2 Tim. 2:2. |
en dat jy 54van kleins af die 55heilige Skrifte ken wat jou 56wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
| 54 Naamlik terwyl jy deur jou grootmoeder en moeder in die Skrif onderrig is. Sien 2 Tim. 1:5.
55 Naamlik waarmee my leer volkome ooreenkom, en waaruit dit geneem is en bevestig word. Sien Hand. 26:22. 56 Of: onderrig, dit is, jou al die wysheid kan leer wat vir die mense nodig is om te weet om tot die saligheid te kom. |
k57Die hele Skrif is 58deur God ingegee en is nuttig tot 59lering, tot 60weerlegging, tot 61teregwysing, tot 62onderwysing in die geregtigheid,
| k 2 Petr. 1:20. | 57 Gr. Al. Dit is, die hele Skrif, soos die woord al gebruik word in 1 Kor. 13:2, waardeur verstaan word vernaamlik die Skrifte van die Ou Testament, waarvan die Skrifte van die Nuwe Testament ’n nadere verklaring is, en wat daarom tesame daaronder begryp word, soveel daarvan as reeds geskryf was toe Paulus, kort voor sy dood, hierdie brief geskryf het, 2 Tim. 4:6; wat ook van die ander, wat toe nog nie geskryf was nie, in gelyke sin verstaan moet word. Sien 2 Petr. 3:16. Openb. 1:1; 22:16, ens.
58 Gr. deur God ingeblaas, dit is, deur ingewing van die Heilige Gees, wat die Gees van die waarheid is, en die skrywers van hierdie Skrifte in alle waarheid gelei het, sodat hulle nie kon dwaal nie. Sien Joh. 16:13. 2 Petr. 1:20, 21. 59 Naamlik van die hoofsake van die Christelike godsdiens. 60 Of: bestraffing, oortuiging, naamlik van dwalinge en valse leringe. 61 Naamlik van die lewe en van die slegte sedes. 62 Dit is, leer volkome wat reg en onreg, eerlik en oneerlik is, en hoe ’n mens ingetoë, regverdig en vroom moet lewe in hierdie wêreld, Tit. 2:12. |
sodat 63die mens van God 64volkome kan wees, vir elke goeie werk 65volkome toegerus.
| 63 Sien oor hierdie woord 1 Tim. 6:11 en die kanttekening.
64 Volkome uit die hele Skrif mag leer en daaruit al die dele van sy amp verstaan. 65 Dit is, van alles goed voorsien. |
JY dan, 1my seun, 2wees sterk 3deur die genade 4wat in Christus Jesus is;
| 1 Sien oor hierdie benaming 1 Kor. 4:17, 1 Tim. 1:2 en 2 Tim. 1:2 se kanttekeninge.
2 Of: word versterk, dit is, met sterkte en krag omgord, naamlik om die arbeid van die diens te verdra, en allerlei verdrukkinge met standvastigheid te ly. 3 Of: in die genade. 4 Dit is, wat God aan ons bewys en betuig het deur Jesus Christus. |
en wat jy van my gehoor het 5onder baie getuies, a6vertrou dit toe aan 7getroue manne wat 8bekwaam sal wees om ook ander te leer.
| a Tit. 1:5. | 5 Gr. deur baie getuies, soos in 2 Kor. 2:4; 3:11. Dit is, wat jy in die openbaar gehoor het in die teenwoordigheid van baie van my toehoorders, wat almal kan getuig dat jy dit wat jy leer van my gehoor en ontvang het.
6 Of: lê dit weg by getroue, ens. 7 Naamlik in die bewaring en voorstelling van die suiwere leer en in die bediening van hul amp. 8 Dit is, wat nie net in die leer goed geoefen is nie, maar ook die bekwaamheid het om dit stigtelik voor te dra. |
9Ly dan verdrukking soos 10’n goeie krygsman van Jesus Christus.
| 9 Gr. Ly dan kwaad, soos ook in vers 9. 2 Tim. 4:5.
10 Dit is, dien die Here Christus, en onder Christus, in ’n geestelike oorlog teen sy eie en sy uitverkorenes se vyande. Sien 2 Kor. 10:3, 4, ens. 1 Tim. 1:18. Want ’n ware krygsman moet hom geen arbeid, moeite, ongemak, of gevaar ontsien nie. |
b11Niemand wat ’n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag 12wat hom vir die diens gewerf het.
| b 1 Kor. 9:25. | 11 Dit is, soos krygsmanne hulle nie kan bemoei met handeldryf, ambagte of landbou, waardeur lewensonderhoud of voedsel gewoonlik verdien word nie, maar altyd moet let op hul wagte, reise en ander dienste wat die kryg aangaan, volgens die bevel van hulle owerstes, so moet ook ’n getroue leraar van die evangelie dieselfde doen, en hom nie met enige ander wêreldse dinge bemoei nie, sodat hy sy amp getrou kan bedien, om vir God aangenaam te wees, 2 Kor. 5:9.
12 Dit is, sy owerste of kaptein. |
En verder, as iemand aan ’n 13wedstryd deelneem, 14word hy nie bekroon as hy nie 15volgens die reëls gewedywer het nie.
| 13 Naamlik van stoei, hardloop, of dergelike wedstryde, wat ingestel is om ’n prys daardeur te wen. Sien 1 Kor. 9:24.
14 Dit is, ontvang nie die prys nie, wat gewoonlik ’n gevlegte kroon was. 15 Dit is, as hy nie aan die reëls wat vir sodanige wedstryde ingestel is, voldoen het nie. |
c16Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.
| c 1 Kor. 9:10. | 16 Dit is, soos ’n landbouer eers moet ploeg, eg, saai, onkruid uittrek, maai, plant, natmaak, ens., voordat hy vrugte kan geniet, so moet ook ’n leraar van die evangelie eers vlytige arbeid aanwend, voordat hy enige vrug kan geniet óf vir die gemeente, óf vir homself, Ps. 126:6. Jes. 65:23. Matt. 13:3, ens. 1 Kor. 9:10. |
Dink na oor wat 17ek sê; en 18mag die Here jou insig gee in alles!
| 17 Dit is, wat ek deur hierdie beelde wil sê, om jou dit te laat toepas in jou diens.
18 Omdat ons egter van nature nie kan verstaan die dinge wat van die Gees van God is en geestelik beoordeel word nie, 1 Kor. 2:14, bid ek God, dat Hy, sowel in hierdie as in ander dinge wat die saligheid en jou amp aangaan, jou verstand sal verlig, om alles volkome en reg te verstaan. |
19Onthou 20dat Jesus Christus, duit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is 21volgens my evangelie,
| d 2 Sam. 7:12. Ps. 132:11. Jes. 11:1. Matt. 1:1. Hand. 2:30; 13:23. Rom. 1:3. | 19 Dit is, herinner jou gedurig om hierdie artikel van die geloof dikwels te oordink en ywerig in te skerp, sowel vir jou en vir die gemeente tot troos, as tot weerlegging van die valse leraars, wat die opstanding loën. Sien vers 18. 1 Kor. 15:12, 13, ens.
20 Of: dat Jesus Christus, wat uit die dode opgewek is, uit die geslag van Dawid is. 21 Dit is, volgens die leer van die evangelie, wat ek altyd en standvastig geleer het, waarvan hierdie artikel een van die vernaamste is. |
e22waarin ek verdrukking ly f23tot die boeie toe 24soos ’n kwaaddoener; maar 25die woord van God is nie gebonde nie.
| e Ef. 3:13. Kol. 1:24.
f Ef. 3:1; 4:1. Filip. 1:7. Kol. 4:3, 18. 2 Tim. 1:8. |
22 Of: waarvoor.
23 Dit is, soveel en so ver, sodat ek daarom hier na Rome as ’n gevangene gebring is en met kettings gebind en bewaar word, om deur die keiser geoordeel te word. 24 Dit is, word so behandel, asof ek enkele bose dade bedryf het. 25 Dit is, die verkondiging van die evangelie gaan ewenwel voort, nieteenstaande my gevangenskap. Sien Filip. 1:12, 13. |
Daarom verdra ek alles 26ter wille van die uitverkorenes, 27sodat hulle ook die verlossing 28wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.
| 26 Dit is, ten beste en tot diens van die uitverkorenes, nie om daarmee vir hulle te voldoen tot hul versoening met God nie; want dit het Christus alleen en volkome gedoen, Jes. 63:3. Hand. 4:12. 1 Tim. 2:5, maar tot hul stigting en versterking in die geloof. Sien Kol. 1:24.
27 Naamlik aangesien hulle in die geloof gesterk word deur my standvastigheid in die lyding ter wille van die evangelie. 28 Dit is, wat Christus vir ons verdien en verkry het, en wat die uitverkorenes om Christus wil geskenk word. |
29Dit is ’n betroubare woord; gwant as ons 30met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom 31lewe.
| g Rom. 6:8. | 29 Sien 1 Tim. 1:15; 3:1; 4:9. Tit. 3:8.
30 Dit is, ter wille van Hom onskuldig verdruk of doodgemaak sal word, Rom. 8:36. 2 Kor. 4:10, soos in die volgende vers nader verklaar word. 31 Naamlik hiernamaals vir ewig. |
hAs ons 32verdra, sal ons met Hom 33regeer. iAs ons 34Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.
| h Rom. 8:17. 2 Kor. 4:10. Filip. 3:10. 1 Petr. 4:13.
i Matt. 10:33. Mark. 8:38. Luk. 9:26; 12:9. |
32 Naamlik allerlei verdrukkinge, met lydsaamheid en standvastigheid in die geloof.
33 Gr. as konings heers of regeer. 34 Naamlik Christus, of sy leer. Sien Matt. 10:33. |
kAs ons 35ontrou is, 36Hy bly getrou; Hy kan 37Homself nie verloën nie.
| k Núm. 23:19. Rom. 3:3; 9:6. | 35 Naamlik, daarin om Hom standvastig aan te hang en te bely, of om Hom getrou te dien. Of: ongelowig is, dit is, nie glo of vertrou op sy beloftes nie.
36 Naamlik, nieteenstaande ons ontrou, in al sy woorde, dreigemente en beloftes, Rom. 3:3, 4. 37 Dit is, iets doen wat teen die volmaaktheid van sy natuur stry; soos dit sou wees, indien Hy iets sou sê of belowe of dreig, en dit nie sou uitvoer nie, Núm. 23:19. |
Gedrag teenoor die wat hulle afkeer van die gesonde leer en van die Christelike reinheid.
38HERINNER aan hierdie dinge en betuig 39voor die Here dat hulle geen 40woordestryd moet voer wat 41tot geen nut is nie, maar net tot 42ondergang van die hoorders.
| 38 Of: Laat hulle aan hierdie dinge dink, naamlik deur dit by elke geleentheid die gemeente in te skerp.
39 Dit is, in die Naam van die Here Jesus Christus, en as ’t ware in sy teenwoordigheid, so lief soos hulle die Here het. 40 Sien daaroor 1 Tim. 6:4. 41 Dit is, tot geen stigting van die gemeente in die geloof of die godsaligheid nie. 42 Dit is, verwarring, ontstigting, verswakking van die geloof, of ook afkering van die gesonde leer. |
Lê jou daarop toe om jou 43beproef voor God te stel as 44’n werker 45wat hom nie hoef te skaam nie, wat 46die woord van die waarheid 47reg sny.
| 43 Dit is, ná lang beproewing deur arbeid en verdrukkinge getrou en opreg bevind.
44 Naamlik in die werk van die Here, in die prediking van die Woord van God, in alle ywer en getrouheid. 45 Dit is, wat hom nie vanweë enige nalatigheid, onsuiwerheid, of ontrouheid hoef te skaam nie. 46 Dit is, die suiwer en ware leer van die evangelie. Sien 2 Kor. 6:7. Kol. 1:5. Jak. 1:18. 47 Dit is, wat ordelik al die hoofsake en afdelings van die leer van die evangelie voorstel en toepas, volgens die begrip en die verstandsvermoë van die hoorders. ’n Beeld geneem óf van die priesters van die Ou Testament, wat die diere wat tot offers geslag is, bekwaam opgesny en verdeel het; óf van die huisvaders, wat vir die huisgenote hul voedsel verdeel en uitdeel, volgens elkeen se behoeftes. Sien 1 Kor. 3:2. Hebr. 5:12, ens. |
lMaar 48die onheilige, 49onsinnige praatjies 50moet jy vermy; want hulle sal al verder 51voortgaan in goddeloosheid,
| l 1 Tim. 1:4; 4:7; 6:20. Tit. 1:14; 3:9. | 48 Dit is, wat nie bevorderlik is vir die godsaligheid nie, maar eerder hinderlik is; en daarom godsalige leraars nie betaam nie.
49 Sien daaroor 1 Tim. 6:20. 50 Gr. staan rondom, dit is, weerhou jou nie net daarvan nie, maar bestraf en belet dit ook in ander. 51 Naamlik indien dit in hulle eers posvat, en ’n mens hulle nie dadelik teëgegaan het nie. |
en 52hulle 53woord sal 54voortwoeker soos 55’n kanker, onder wie daar 56Himenéüs en Filétus is,
| 52 Naamlik van die onsinnige praters.
53 Dit is, valse leer, wat hulle met sulke onsinnige praatjies en menslike welsprekendheid versier en inprent. 54 Dit is, versprei word deur die liggaam van die gemeente en dit laat verderf. ’n Beeld geneem van groeiende gewasse of wonde, wat die vlees van die liggaam verteer en altyd voortkruip, soos die volgende woord verklaar. 55 Gr. gangraina, dit is nie die siekte wat ’n mens kanker noem nie, hoewel dit ook altyd soos kanker voortkruip en die vlees verteer, maar dit wat ’n mens gewoonlik die koue vuur of gangreen noem, wat baie vinnig voortkruip en die vlees van lewe en gevoel ontneem, tensy ’n mens dit dadelik probeer wegneem. 56 Sien oor hom 1 Tim. 1:20. Hy noem hier die vernaamste onsinnige praters, sodat hulle, terwyl hulle bekend is, des te beter vermy kan word. |
wat 57van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding 58al plaasgevind het; en hulle keer die 59geloof van sommige om.
| 57 Dit is, van die regsinnige leer van die evangelie, wat hulle tevore bely het.
58 Dit is, dat daar dus geen opstanding van die liggaam sal wees nie; en dat alles wat die Skrif van die opstanding sê, verstaan moet word as die geestelike opstanding van die siele uit die dood van die sondes. 59 Dit is, hul historiese kennis en toestemming, wat hulle gehad het van die regte leer. Sien oor so ’n geloof Matt. 13:21. Jak. 2:19. |
60Ewenwel, 61die fondament van God 62staan vas met 63hierdie seël: mDie Here 64ken die wat syne is; en: Laat elkeen 65wat die Naam van Christus noem, afstand doen 66van die ongeregtigheid.
| m Joh. 10:14. | 60 Naamlik hoewel sommige van die waarheid afwyk, en sommige se geloof omgekeer word, moet ons geen aanstoot daaraan neem, asof die saligheid van die uitverkorenes onseker is nie. Want dit blyk daaruit dat sodaniges nie deel was van die getal van die uitverkorenes nie, wat nie verlei kan word nie, Matt. 24:24.
61 Dit is, die voorneme van God aangaande die ewige uitverkiesing, wat vas en onveranderlik is, Jes. 14:27; 46:10. Mal. 3:6. Jak. 1:17, en soos die fondament van ’n gebou wat goed gelê is, onbeweeglik is; op hierdie voorneme steun die saligheid van die uitverkorenes soos op ’n vaste fondament. Hierdie fondament word gestel teenoor wat vroeër gesê is, dat sommige se geloof verdraai of omgekeer word, soos ’n huis wat geen vaste fondament het nie. Sien Matt. 7:24, ens. Luk. 10:20. 62 Dit is, is bestendig, vas en seker, 1 Kor. 16:13. 2 Kor. 1:24. Filip. 1:27; 4:1. 63 Dit is, hierdie teken, waarmee die boek van die lewe, waarin die name van die uitverkorenes geskryf is, soos met ’n seël bevestig is; en waarmee die getal van die uitverkorenes in die voorwetenskap van God, soos in ’n geslote boek, verseël is, Openb. 22:10. Of: waardeur bekendgemaak word of iemand deur God uitverkies is of nie, Openb. 7:3, 4. 64 Dit is, weet wie Hy as syne beskou, uitverkies het en liefhet, Ps. 1:6. Matt. 7:23. Joh. 13:18; en maak ook dikwels dat sommige wat deur die mense as uitverkorenes beskou was, deur hul afwyking van die gesonde leer en terwyl hulle tot goddeloosheid verval, openbaar word dat hulle nooit uitverkorenes was nie. Sien Núm. 16:5. 1 Joh. 2:19. 65 Dit is, wat hom uitgee vir ’n gelowige Christen en gevolglik uitverkies deur God. 66 Dit is, van allerlei sonde, wat ongeregtigheid en wetteloosheid is, 1 Joh. 3:4, en in die besonder van die valse leer, soos die kettery van Himenéüs en Filétus. ’n Kenteken van ons uitverkiesing is dus, as ons van sonde en valse leer afwyk, die ware godsaligheid betrag, en by die suiwere leer volstandig bly. En hy wat sulke dinge nie doen nie, kan nie verseker wees dat hy uitverkies is nie. |
nMaar 67in ’n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige 68tot eer, maar ander 69tot oneer.
| n Rom. 9:21. | 67 Dit is, soos daar in ’n groot huis of paleis, wat deur ’n ryk of magtige man bewoon word, allerlei voorwerpe is van verskillende materiale, waarde en gebruik, so word ook in die uiterlike en sigbare gemeente, wat die huis van God is, 1 Tim. 3:15, nie net opregte gelowiges, deur God uitverkies tot sy eer, gevind nie; maar ook huigelaars, wat nooit deur God as syne geken is nie, en op die regte tyd openbaar word. Sien Matt. 3:12; 13:26, 47; 22:11, 14; 25:1, ens.
68 Dit is, wat gebruik word tot eerbare en voortreflike dienste. Daarmee word die uitverkorenes vergelyk. 69 Dit is, wat gebruik word tot slegte en vuil dienste. Hiermee word die huigelaars en verworpenes vergelyk. Sien dergelike in Rom. 9:21. |
As iemand 70hom dus 71hiervan deeglik 72reinig, 73sal hy ’n voorwerp tot eer wees, 74geheilig en 75bruikbaar vir die Here, 76toeberei 77vir elke goeie werk.
| 70 Daarmee word nie te kenne gegee dat iemand hom deur sy eie krag sou kon reinig nie; want dit moet plaasvind deur die genade van die Heilige Gees, wat soos rein water ons reinig, Eség. 36:25. 1 Kor. 6:11; maar dat ons nie moet sien op ander wat afvallig word, om daaraan aanstoot te neem nie, maar dat elkeen hom so moet gedra in reinheid, dat hy daardeur van sy verkiesing verseker kan wees.
71 Naamlik van mense wat voorwerpe is tot oneer, dit is, van die goddelose en verworpe huigelaars, en van hierdie verleiers soos Himenéüs en Filétus. Of: van hierdie dinge, wat by hierdie mense gevind word, dit is, van hulle dwalinge, onsinnige praatjies, en goddeloosheid. 72 Dit is, daarvan afstand doen, of hom weerhou om nie daarmee besmet te word nie. 73 Dit is, sal daarmee toon dat hy waarlik so ’n voorwerp is, dit is, uitverkies is, en sal as sodanig erken word. Sien dergelike spreekwyse in Joh. 15:8. 74 Dit is, gereinig van die vuilheid van die sonde, en tot diens van die Here toegeëien. 75 Dit is, wat tot eerbare en voortreflike dienste deur die eienaar van die huis gebruik kan word. 76 Naamlik van God, deur sy genade, 1 Kor. 4:7. Ef. 2:10. 77 Dit is, tot ’n heilige en godsalige wandel, en tot beoefening van allerlei goeie werke. |
oMaar vlug vir 78die begeerlikhede van die jonkheid en 79jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, 80saam met die wat die Here uit ’n rein hart aanroep.
| o 1 Tim. 6:11. | 78 Dit is, waaraan die jongmense meestal onderworpe is, soos eergierigheid, hoogmoedigheid, onbestendigheid, ydele eer, wellustigheid en dergelike.
79 Of: agtervolg. 80 Dit is, vernaamlik saam met die opregte gelowiges; want andersins moet ons ook met alle mense in vrede lewe, Rom. 12:18. |
pEn die dwase en 81onverstandige 82strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit 83twis verwek;
| p 1 Tim. 1:4; 6:4. Tit. 3:9. | 81 Gr. ongeleerde, dit is, wat ons nie kan leer wat tot ons stigting dien of nodig is nie.
82 Dit is, die sake waaroor mense redeneer. 83 Gr. gevegte, naamlik met woorde. |
en 84’n dienskneg van die Here moet nie 85twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, qbekwaam om te onderrig en een wat 86kwaad kan verdra.
| q 1 Tim. 3:2. | 84 Dit is, wat die Here dien in die leeramp.
85 Gr. veg, soos in die voorgaande vers, dit is, oor ydele dinge baie rusie maak, of die waarheid met twisgierige argumente voorstaan. 86 Naamlik van lastering en vervolging. Of: die kwade, naamlik kwade persone. |
rHy moet 87die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, 88of God hulle nie miskien 89bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
| r Gal. 6:1. | 87 Naamlik teen die gesonde leer van die evangelie. Of: wat van ’n teenstrydige gevoel is.
88 Hiermee word aangewys hoe moeilik iemand van dwalinge tot die kennis van die waarheid gebring kan word. 89 Naamlik van hulle dwalinge. |
en hulle 90weer nugter kan word, vry 91van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom 92gevang was 93om sy wil te doen.
| 90 Die Griekse woord beteken eintlik om weer nugter te word uit dronkenskap. ’n Beeld van die liggaam geneem, om op die siel toe te pas.
91 Dit is, van die onwetendheid, dwalinge of ketterye, waarin die Satan hulle verstrik hou. 92 Die Griekse woord beteken om lewend gevang te word, soos wilde diere deur die jagters in strikke of nette gevang word. 93 Dit is, om die wil van die Satan te doen, waartoe hulle deur God deur ’n regverdige oordeel oorgegee is, Joh. 8:44. Ef. 2:2. |
Opskrif en seëngroet.
PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus 1deur die wil van God, 2ooreenkomstig die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is,
| 1 Dit is, wat deur God self, na sy behae, tot die apostelskap verkies en geroep is. Sien Rom. 1:1. Gal. 1:1, 15.
2 Dit is, om die evangelie te verkondig, waarin die belofte van die ewige lewe voorgestel word, wat God gemaak het aan almal wat in Christus Jesus glo. Sien Rom. 1:2, 16. Tit. 1:1-3. |
aan 3Timótheüs, my geliefde 4kind: aGenade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here!
| a Gal. 1:3. 1 Tim. 1:2. 1 Petr. 1:2. | 3 Sien oor hom Hand. 16:1. Rom. 16:21. 1 Kor. 4:17. 2 Kor. 1:1. Filip. 2:19. 1 Tim. 1:2, en deurgaans in die Handelinge van die apostels en in die briewe van Paulus.
4 Sien 1 Tim. 1:2. Die apostel, wat nou ’n ou man was, volgens Fil. vers 9, noem Timótheüs so omdat hy nog jonk was, 1 Tim. 4:12, en omdat hy hom deur die evangelie gebaar het, en teenoor hom vaderlikgesind was, soos die woord geliefde ook te kenne gee. |
Liefde van Paulus vir Timótheüs. Vermaning om standvastig te wees in die geloof en in die bediening.
5EK dank God, bwat ek 6van my voorouers af in 7’n rein gewete dien, cwanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
| b Hand. 22:3. Rom. 1:9.
c 1 Thess. 1:2; 3:10. |
5 Dit kan ook soos volg vertaal word, uit vergelyking van hierdie teks met Rom. 1:8-10: Ek dank God oor jou. En God is my getuie, wat ek, ens., wanneer ek onophoudelik, ens. Of die woorde ek dank God kan gevoeg word by vers 5.
6 Dit is, volgens die voorbeeld van die heilige aartsvaders, profete en gelowige Jode in die Ou Testament, van wie ek afstam. Sien Hand. 22:3. 2 Kor. 11:22. Filip. 3:5. 7 Dit is, wat gereinig is deur die Heilige Gees en die bloed van Jesus Christus, Hebr. 9:14; 10:22. Wat verstaan moet word van die tyd van sy bekering; hoewel aan hom in ’n mate ’n goeie gewete toegeskryf kan word voor sy bekering, om die redes wat verklaar word in Hand. 23:1 en die kanttekening. |
terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou 8trane dink, sodat ek 9met blydskap vervul kan word,
| 8 Naamlik wat jy ter wille van my dikwels gestort het, toe jy van my verdrukkinge gehoor het, en veral toe jy van my afskeid geneem het. Sien Hand. 20:37, 38.
9 Naamlik as ek jou weer mag sien. |
en as ek 10my herinner die 11ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers 12gewoon het in jou 13grootmoeder Loïs en in jou moeder 14Eunice, en wat — daarvan is 15ek oortuig — ook in jou is.
| 10 Gr. jou ongeveinsde geloof in gedagtenis neem.
11 Dit het die apostel geweet uit sy veelvuldige ervaring van sy opregtheid. 12 Dit is, altyd en gedurig in haar was, en as ’t ware ’n vaste woonplek in haar hart geneem het. 13 Naamlik aan moederskant. Want sy vader was van Griekse of heidense afkoms en godsdiens. Sien Hand. 16:1. 14 Wat ’n gelowige Joodse vrou genoem word, Hand. 16:1. 15 Naamlik deur al die oorvloedige bewyse van die opregtheid van jou geloof, wat geen twyfel daaraan toelaat nie. |
Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om 16die genadegawe van God 17aan te wakker d18wat in jou is deur die oplegging van 19my hande.
| d Hand. 6:6; 8:17; 13:3; 19:6. 1 Tim. 4:14; 5:22. | 16 Sien 1 Tim. 4:14.
17 Die Griekse woord anazopurein, wat die apostel hier gebruik, beteken eintlik om ’n klein vuurtjie, wat byna uitgebrand het of onder die as bedek is, weer lewendig en brandend te maak deur daarin te blaas. ’n Baie goeie beeld, waardeur aangewys word dat die gawes van die Heilige Gees deur gebed, aanhoudende lees van die Woord, en die ywerige bediening van ons roeping, ook so vermeerder en as ’t ware brandende gemaak word. 18 Dit is, wat ek met hierdie seremonie van die handoplegging te kenne gegee het, dat dit deur die werking van die Heilige Gees in jou is; en wat, deur die kragtige gebede van die gemeente gevoeg by hierdie seremonie, deur God nog in jou vermeerder sal word. 19 In die eerste brief, 1 Tim. 4:14, sê die apostel van die ouderlinge; wat albei waar is, aangesien die apostel Paulus hom die hande opgelê het in die teenwoordigheid en in naam van die ganse vergadering van die ouderlinge, as die vernaamste onder hulle en bowendien ’n apostel. |
eWant God het ons nie 20’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar 21van krag en liefde en 22selfbeheersing.
| e Rom. 8:15. | 20 Dit is, ’n beweging van die hart en van die gemoed, wat, as dit kwaad is, deur die bose, en as dit goed is, deur die Heilige Gees in die mens gewerk word, en as gevolg daarvan gees genoem word.
21 Dit is, van sterkte en dapperheid van hart in die bediening van ons amp, te midde van alle vyande, gevare en verdrukkinge. 22 Gr. sofronismou, waardeur eintlik ’n gematigde of gesonde verstand verstaan word, wat by die dapperheid gevoeg moet word, sodat dit nie in roekeloosheid, geskel, getier en onbeskeidenheid verander nie. |
fSkaam jou dan nie oor 23die getuienis van onse Here of oor my, g24sy gevangene nie, maar ly saam 25verdrukkinge vir die evangelie 26na die krag van God
| f Rom. 1:16.
g Hand. 21:33. Ef. 3:1; 4:1. Kol. 4:18. Fil. verse 1, 9, 13. |
23 Dit is, die leer van die evangelie, waarin getuig word wie ons Here en Verlosser is, en hoe die Here sy mag, wysheid, regverdigheid en barmhartigheid aan die mense betoon. Sien Ps. 19:8; 119:2. 1 Kor. 1:6; 2:1.
24 Dit is, ter wille van Hom gevange geneem. 25 Of: verdrukkinge met die evangelie. Dit is, waaraan die evangelie self, en, ter wille van die evangelie, almal wat dit preek, aanneem en bely, onderworpe is, 2 Tim. 3:12. 26 Dit is, volgens die krag wat God jou verleen om die verdrukkinge met lydsaamheid en standvastigheid te verdra. Dit voeg hy daarby sodat ons dit nie aan ons eie krag toeskryf nie. Sien Filip. 1:29. 1 Tim. 1:12. |
hwat ons 27gered en 28geroep het 29met ’n heilige roeping, 30nie volgens ons werke nie, 31maar volgens sy eie voorneme en 32genade wat ons 33van ewigheid af 34in Christus Jesus 35geskenk is,
| h Ef. 1:3. Tit. 3:4-6. | 27 Naamlik deur sy Seun Jesus Christus.
28 Naamlik uiterlik deur die verkondiging van die evangelie, en inwendig deur die kragtige werking van sy Gees. 29 Dit is, wat op sigself heilig is, en wat ons oproep tot heiligheid, Luk. 1:75. Ef. 1:4. Kol. 1:22. 30 Naamlik wat as ’n voorgaande of vooruitgesiene oorsaak hierdie roeping sou verdien, of God daartoe sou beweeg het. Sien Rom. 9:11. Ef. 2:9. Tit. 3:5. 31 Dit is, volgens wat Hom behaag het van ewigheid, by Homself, om oor ons te besluit. Sien Rom. 8:28; 9:11. Ef. 1:11; 3:11. 32 Dit is, genadige voorneme, waarvan die enigste en eerste bewegende oorsaak is die onverdiende genade en barmhartigheid van God, Rom. 6:23; 11:5, 6. Gal. 1:15. Ef. 1:6. Tit. 3:7. 33 Dit is, soos hy elders spreek, voor die grondlegging van die wêreld, Ef. 1:4. 34 Dit is, om die vrugte daarvan deur Jesus Christus te verkry. Sien verder Ef. 1:4. 35 Dit is, wat God in sy raad voorgeneem en besluit het om aan ons te skenk. Sien dergelike in Joh. 17:24. Want hierdie genade is in werklikheid nie van ewigheid af nie, maar in die tyd aan ons gegee, wanneer ons daadwerklik geroep word; maar dit word só genoem, omdat hierdie daadwerklike skenking plaasvind volgens daardie ewige voorneme van God, wat so vasstaan asof dit reeds volbring is. |
imaar wat nou geopenbaar is deur 36die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, kwat 37die dood 38tot niet gemaak het en 39die lewe en die onverderflikheid 40aan die lig gebring het deur die evangelie,
| i Rom. 16:25. Ef. 1:9; 3:9. Kol. 1:26. Tit. 1:2. 1 Petr. 1:20.
k Jes. 25:8. Hebr. 2:14. |
36 Naamlik in die vlees, in sy eerste koms.
37 Naamlik die ewige dood. 38 Naamlik deur sy dood, Hebr. 2:14. Verstaan dit ten opsigte van die gelowiges, wat deur Hom daarvan verlos en bevry is. Want die toorn van God bly op die ongelowiges, Joh. 3:36. 39 Naamlik die ewige lewe, soos die volgende woord onverderflikheid, tot verklaring bygevoeg, uitwys. 40 Dit is, teweeggebring het deur sy verdienste, en te voorskyn gebring of bekendgemaak het deur die verkondiging van die evangelie. |
l41waarvoor ek 42aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene.
| l Hand. 9:15; 13:2; 22:21. Gal. 1:15; 2:8. Ef. 3:8. 1 Tim. 2:7. | 41 Dit is, om die evangelie te verkondig, vernaamlik onder die heidene.
42 Naamlik deur God, wat my daartoe afgesonder, geroep en verordineer het. Sien Hand. 13:2. Rom. 1:1. Gal. 1:1. |
Om hierdie rede 43ly ek ook hierdie dinge; maar ek 44skaam my nie, want ek weet 45in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy 46mag het om 47my pand te bewaar tot 48dié dag toe.
| 43 Dit is, hierdie verdrukkinge en bande.
44 Of: skaam my nie daaroor nie. 45 Dit is, op wie se beloftes ek vertrou het. 46 Dit is, dat Hy nie net die wil het nie, wat uit sy beloftes blyk, maar ook die mag het om dit uit te voer. 47 Dit is, die ewige geluksaligheid en heerlikheid, wat God sy kinders en getroue dienaars beloof het, en deur Hom in die hemel as ’n toevertroude pand vir hulle weggelê is, en getrou bewaar word. 48 Naamlik van die koms van Christus om te oordeel, wanneer Hy dit aan hulle sal gee om metterdaad en vir ewig te besit. |
m49Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, 50in die geloof en liefde 51wat in Christus Jesus is.
| m 2 Tim. 3:14. | 49 Dit is, hou altyd in jou gedagtes ’n kort begrip van die gesonde leer, waarin die vernaamste hoofstukke daarvan in kort as ’t ware ontwerp en afgebeeld is, waarna jy jou leringe kan rig. Of, soos sommige uitlê: laat die gesonde woorde, dit is, die gesonde leer, wat jy van my gehoor het, en die manier hoe ek my leringe hou, ’n voorskrif vir jou wees, wat jy in die leringe moet volg.
50 Dit is twee hoofsake, waaronder al die artikels of onderdele van die gesonde leer gebring kan word, en waarin dit saamgevat is. Sien Tit. 3:8. 51 Dit is, die geloof wat Christus Jesus as ’n fondament het, en die liefde wat om Christus wil betoon moet word. Sien 1 Tim. 1:14. |
Bewaar jou 52goeie pand 53deur die Heilige Gees 54wat in ons woon.
| 52 Naamlik van die gesonde leer. Sien 1 Tim. 6:20. Dit is deur God aan jou toevertrou, om goed te bewaar, en suiwer en getrou aan ander mee te deel.
53 Dit voeg hy daarby, sodat Timótheüs hierdie bewaring nie aan homself of aan sy eie kragte sou toeskryf nie, aangesien dit ’n werk en gawe van die Heilige Gees in ons is, Rom. 15:13. 1 Kor. 12:3. 54 Sien Rom. 8:9, 11. 1 Kor. 3:16. |
Jy weet dit ndat 55almal wat in Asië is, hulle van my 56afgekeer het, onder wie Figéllus en Hermógenes is.
| n Hand. 19:10. | 55 Dit is, die meeste van die dienaars van die evangelie, wat óf van Asië is, óf nou in Asië te Éfese en elders hul verblyf het. Sien Hand. 20:4 se kanttekening.
56 Dit is, my verlaat het, sonder om my in my diens of verantwoording by te staan. Sien ’n dergelike klag in 2 Tim. 4:10, 16. |
Mag die Here aan 57die huis van oOnesíforus 58barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels 59verkwik en hom oor 60my kettings nie geskaam nie;
| o 2 Tim. 4:19. | 57 Dit is, die hele huisgesin, wat hul huisvader se goeie voorbeeld, deur Paulus te verkwik, sonder twyfel nagevolg het.
58 Dit is, alles wat goed is na liggaam en siel, wat so genoem word, omdat God die mense dit nie uit verdienste nie, maar uit genadige ontferming verleen. Sien 1 Tim. 1:2. 59 Die Griekse woord beteken eintlik: het my afgekoel. ’n Beeld van diegene wat verhit is, en deur verkoeling verkwik word. Sien Ps. 39:14; 66:12. Hand. 3:19. 60 Dit is, my vernederde toestand in my gevangenskap. Sien oor hierdie kettings Hand. 28:16 se kanttekeninge. |
maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig 61gesoek en gevind.
| 61 Naamlik omdat Rome ’n baie groot stad was en vol van mense uit die hele wêreld. |
Mag die Here hom skenk 62dat hy barmhartigheid mag verkry 63van die Here 64in dié dag! En jy weet 65baie goed hoeveel dienste hy 66in Éfese bewys het.
| 62 Sien vers 16.
63 Dit is, van Hom wat ons Here en Regter is. 64 Naamlik as hierdie Here die lewende en die dode sal oordeel, en die strawwe en belonings sal uitdeel. 65 Gr. beter. 66 Naamlik bo en behalwe die diens wat hy my daarna hier in Rome bewys het. |
Die pligte van diensknegte.
ALMALa wat diensknegte is onder 1’n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer 2nie belaster mag word nie.
| a Ef. 6:5. Kol. 3:22. Tit. 2:9. 1 Petr. 2:18. | 1 Dit is, slawerny of diensbaarheid, wat ’n juk genoem word as gevolg van die swaarte en die las daarvan in daardie tyd.
2 Naamlik asof die Christelike godsdiens die diensknegte of slawe, onder die dekmantel van die Christelike vryheid, hulle aan hul here onttrek het, of van hul gehoorsaamheid aan die wil van hul here losgemaak het. |
En die wat gelowige here het, moet hulle nie verag omdat hulle broeders is nie, maar moet hulle des te meer dien, omdat hulle wat 3die weldade ontvang, gelowiges en geliefdes is. Leer hierdie dinge en wek daartoe op.
| 3 Gr. weldaad. Naamlik van die verlossing deur Christus verwerf. Ander verstaan dit as die weldade wat die diensknegte van hul here op hul beurt kan verwag, wat, wanneer hulle gelowig is, nie sal nalaat om die diensknegte se troue diens met dergelike sorg en weldade te beloon nie; en vertaal dit aldus: wat die weldoen weer sal aanneem of vergeld. Nog ander vertaal: wat hierdie weldaad mededeelagtig is. |
Vermaning en algemene raadgewinge.
AS iemand 4iets anders leer en 5nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,
| 4 Naamlik as wat ek geleer het.
5 Gr. nie kom tot, dit is, nie daaraan vashou nie. |
dié is verwaand en 6verstaan niks nie, maar 7het ’n sieklike sug na twisvrae en woordestryd bwaaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,
| b 1 Tim. 1:4. 2 Tim. 2:23. Tit. 3:9. | 6 Naamlik hoewel hy hom wys hou, of graag as wys gehou sou word.
7 Gr. is siek, of krank, naamlik van sinne of verstand, soos dwaalgeeste en bedrieglike leraars gewoonlik doen, wat die eenvoudige leer van die godsaligheid te gering ag, en daarom met hoëre spitsvondighede of nuwe leringe voor die gemeente probeer pronk, vir wie die apostel ongesond van verstand verklaar, omdat hulle die gesonde leer verwerp of verbygaan. |
c8nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid 9winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.
| c 1 Kor. 11:16. | 8 Of: voortdurende wrywing, twiste, waarmee hulle hul en ander se verstand as ’t ware verslyt, sonder dat uit sulke twiste of geskille enige ware nut tot ’n opregte geloof en die opregte godsaligheid voorkom.
9 Dit is, slegs dien om wêreldse eer of wins daardeur te soek, soos die bedrieglike leraars gewoonlik onder hul dissipels doen, waar die een met nuwe gevoelens, spitsvondighede en twiste die dissipels van die ander na homself probeer trek. |
dMaar die godsaligheid 10saam met vergenoegdheid 11is ’n groot wins.
| d Spr. 15:16. Hebr. 13:5. | 10 Dit is, met ’n gemoed wat genoeg het en tevrede is met dit wat die Here hom verleen, welke vergenoegdheid ook self uit die godsaligheid spruit. Want wie Christus het, het alles met Hom.
11 Dit is, in die godsaligheid self is die grootste wins geleë, aangesien dit die belofte het van die teenwoordige en die toekomende lewe, soos hy in 1 Tim. 4:8 spreek. |
eWant ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
| e Job 1:21; 27:19. Ps. 49:18. |
fMaar as ons voedsel en klere het, gmoet ons daarmee 12vergenoeg wees.
| f Spr. 27:26.
g Ps. 55:23. Matt. 6:25. 1 Petr. 5:7. |
12 Naamlik sonder om ander rykdomme te begeer. |
hMaar die 13wat ryk wil word, val in versoeking en 14strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
| h Spr. 11:28. Matt. 13:22. Jak. 5:1. | 13 Dit is, hul sinne daarmee te veel bekommer, of met al te groot begeerte poog om ryk te word.
14 Naamlik van die duiwel, wat hulle deur hierdie begeerte om ryk te word tot baie onbehoorlike dinge versoek, en as ’t ware met strikke in die wêreld vashou. Sien Matt. 6:24. |
iWant die 15geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal 16van die geloof en hulleself 17met baie smarte deurboor.
| i Ex. 23:8. Deut. 16:19. Spr. 15:16. | 15 Gr. liefde van geld.
16 Dit is, van die gesonde leer van die geloof. 17 Dit is, hulle siele met angs en sorg baie kwellinge aangedoen om rykdom te vergader, en as dit vergader is, om dit te behou. Daarom vergelyk Christus dit ook met dorings, Matt. 13:22, wat die mense seermaak en die goeie saad verstik. |
kMaar jy, 18man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
| k 2 Tim. 2:22. | 18 So noem die Skrif diegene wat deur God se Gees geregeer word, en in die besonder die getroue profete en leraars. Sien 2 Kon. 1:9, ens. 2 Tim. 3:17. |
lStry die goeie 19stryd van die geloof, 20gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en 21die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
| l 1 Tim. 1:18. | 19 Dit is, beywer jou met alle vlytigheid, nie net in die prediking van die woord van die geloof nie, maar ook in die belewing daarvan, 2 Tim. 4:7.
20 ’n Beeld geneem van diegene wat vir ’n prys hardloop, en soos hulle hardloop hul hande uitsteek om te gryp sodra hulle by die wenpaal kom. Sien 1 Kor. 9:24. Filip. 3:13, 14. 21 Naamlik om Christus getrou te dien, toe jy deur my tot ’n evangelis in die teenwoordigheid van die ouderlinge verkies was. Sien 1 Tim. 4:14. |
mEk gebied jou voor die aangesig van God nwat aan alle dinge 22die lewe gee, en van Christus Jesus o23wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,
| m 1 Tim. 5:21.
n Deut. 32:39. 1 Sam. 2:6. o Matt. 27:11. Joh. 18:37. |
22 Dit is, onderhou en aan alles die lewe gee wat lewe het, Hand. 17:25, ja, ook tot die lewe verwek wat reeds gesterf het; wat Paulus hierby voeg om Timótheüs teen alle gevare van die dood te versterk.
23 Sien hieroor Joh. 18:37, ens. |
dat jy 24die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus
| 24 Dit is, hierdie bevele, wat ek jou tot hiertoe gegee het, self onderhou en ander beveel om dit te onderhou. |
wat op sy eie tyd 25vertoon sal word deur pdie salige en 26enigste Heerser, qdie Koning van die konings en Here van die here,
| p 1 Tim. 1:17.
q Openb. 17:14; 19:16. |
25 Dit is, te voorskyn gebring sal word uit die hemel om die lewende en die dode te oordeel.
26 Of: alleen Heerser. So word God die Vader alleen wys, 1 Tim. 1:17, en alleen goed genoem, Matt. 19:17, en in die volgende vers word gesê dat Hy alleen onsterflikheid besit, omdat Hy dit alleen in Homself en volmaak het. Die apostel spreek hier só, nie om Christus hier uit te sluit nie, aan wie hierdie titels ook gegee word, Openb. 1:8; 19:16 en elders, maar om God só van alle skepsele te onderskei, en om aan te toon dat ons geen mag wat in die wêreld teen ons is hoef te vrees wanneer ons ons roeping getrou uitvoer nie, en gevolglik God vir ons het, wat deur Christus eenmaal alles sal oordeel. Sien ook Joh. 17:3. |
wat alleen onsterflikheid besit en 27’n ontoeganklike lig bewoon, rwat geen mens 28gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
| r Ex. 33:20. Deut. 4:12. 1 Joh. 4:12. | 27 Dit is, ’n volmaaktheid en heerlikheid in Homself besit, wat niemand kan begryp nie, soos die woord lig ook gebruik word, 1 Joh. 1:5, ens.
28 Naamlik met die liggaamlike oog, aangesien Hy ’n geestelike wese is, soos Hy daarom ook onsienlik genoem word, 1 Tim. 1:17. Sien ook Joh. 1:18. 1 Joh. 4:20. |
Beveel die rykes in die teenwoordige 29wêreld om nie hoogmoedig te wees nie sen ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons 30alles ryklik verleen 31om te geniet;
| s Mark. 4:18. Luk. 8:14. | 29 Gr. eeu.
30 Selfs dan ook die rykdomme. 31 Gr. tot genieting, naamlik met dankbaarheid en matigheid. Sien Deut. 8:10, ens. |
dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, 32mededeelsaam,
| 32 Gr. gemeensaam. Hierdie deug van mededeelsaamheid word gestel teenoor die trots en die teruggetrokkenheid van sommige rykes, wat die kleines en armes verag, en selfs nie te woord wil staan nie. Ander verstaan dit as ’n mededeelsaamheid om ander alle goeie vriendskap en hulp te bewys, soos die vrygewigheid, wat voorafgaan, slegs die goedere aangaan. Sien Gal. 6:6. Hebr. 13:16. |
ten vir hulle ’n skat weglê, 33’n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.
| t Matt. 6:20. Luk. 12:33; 16:9. | 33 Naamlik van hoop; nie dat die weldadigheid van die rykes so iets verdien nie, maar omdat dit ’n vrug is van die geloof, en dat God belowe het om dit uit genade om Christus wil te beloon. Sien Hebr. 13:21. 1 Petr. 2:5. |
o Timótheüs, bewaar 34jou pand en vvermy 35die onheilige, onsinnige praatjies en 36teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis,
| v 1 Tim. 1:4; 4:7. 2 Tim. 2:16. Tit. 1:14; 3:9. | 34 Dit is, die gesonde leer van die geloof, wat vir jou as pand tot bewaring gegee is, om dit goed aan te wend en ook vir ander tot bewaring te gee.
35 Gr. onheilige ydele uitroepe; waardeur die apostel weer die spitsvondige twiste van bedrieglike leraars verstaan, wat deur hulle met groot hewigheid en uitroepe sonder stigting gevoer word. 36 Naamlik sowel teen die gesonde leer, as selfs teen mekaar in sake waarvan die saligheid nie afhang nie, soos die bedrieglike leraars gewoonlik doen deur van die een ydele saak na die ander te verval. |
waarvan sommige belydenis gedoen het en, 37wat die geloof betref, 38op ’n dwaalweg geraak het. 39Mag die genade met jou wees! Amen.
| 37 Dit is, van die gesonde leer van die geloof, soos in vers 10.
38 Of: gemis, soos iemand wat die doel mis waarna hy oënskynlik skiet. Want dit kom sulke mense dikwels oor, dat hulle deur hul spitsvondigheid en ydele wysheid van die ware wysheid afdwaal. Sien 2 Tim. 2:18. 39 Sien hieroor die slot van die ander briewe. |
Einde van die eerste brief van PAULUS aan Timótheüs.
Die grysaards en die weduwees.
’Na 1BEJAARDE man moet jy nie hard 2bestraf nie, maar vermaan hom soos ’n vader, jongeres soos broers,
| a Lev. 19:32. | 1 Dat die Griekse woord presbuteros hier in die algemeen verstaan moet word as alle bejaarde manne, blyk uit die volgende teenstellings.
2 Die Griekse woord beteken eintlik iemand met woorde slaan. |
bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.
3Eer die weduwees wat 4waarlik weduwees is.
| 3 Dit is, bevorder hulle, verleen hulle alle hulp en bystand, soos die volgende vers vereis. Sien ook vers 17.
4 Dit is, sonder kinders of vriende wat hulle kan help, of wat van alle menslike hulp ontbloot is, soos in vers 5 verklaar word. |
Maar as ’n weduwee 5kinders of kleinkinders het, laat 6hulle eers leer om teenoor 7hulle eie huis eerbied te betoon ben 8vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.
| b Gén. 45:10, 11. Matt. 15:4. Mark. 7:10. Ef. 6:1, 2. | 5 Naamlik wat tot hul jare gekom het en middele het om haar te help.
6 Naamlik die kinders of kleinkinders. Ander verstaan dit as die weduwees, maar die meervoud, en die woord leer (wat in die Grieks nie onderrig nie, maar laat onderrig beteken) en die Griekse woorde vergelding doen stry daarteen. 7 Dit is, hul eie familie en naasbestaandes. 8 Dit is, hulle weer help en voed, soos hulle ouers aan hulle in hul jonkheid gedoen het. |
cEn sy wat waarlik weduwee is en 9alleen gelaat is, d10hoop op God en 11bly in smekinge en gebede nag en dag.
| c 1 Kor. 7:32.
d Luk. 2:36. |
9 Dit is, sonder middele of vriende, wat haar kan of wil help.
10 Naamlik alleen, wat ’n Vader is van weduwees en wese, Ps. 68:6. 11 Naamlik soos van Anna, die profetes, beskryf word, Luk. 2:36, ens. |
Maar sy wat losbandig is, is 12lewendig dood.
| 12 Dit is, al leef sy na die liggaam, is sy geestelik dood, soos in Matt. 8:22. |
Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.
eMaar 13iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof 14verloën en is slegter 15as ’n ongelowige.
| e Gal. 6:10. | 13 Naamlik wat gesondheid en middele daarvoor het.
14 Naamlik deur die daad, alhoewel hy dit met die mond bely. Sien Tit. 1:16. 15 Naamlik aangesien hulle dit ook uit die wet van die natuur gewoonlik doen. |
Laat ’n weduwee 16gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat 17die vrou van een man gewees het
| 16 Naamlik tot die amp van diakones, wat in die vroeë kerk die gemeente gedien het onder siek, vreemde en arm mense, en as dit nodig was, deur die gemeente onderhou is.
17 Nie asof so ’n vrou baie mans gelyktydig sou gehad het nie, maar dat die vroue deur egskeiding, wat toe in gebruik was, dikwels baie mans, die een ná die ander gehad het, terwyl almal nog geleef het, wat egter deur Christus bestraf word, Matt. 5:32. Mark. 10:12. Ander verstaan dit as ’n weduwee wat slegs een keer getroud was, dit is egter in stryd met wat Paulus sê in Rom. 7:1, ens. 1 Kor. 7:39. |
en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, fgasvry gewees het, gdie 18voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk 19nagestreef het.
| f 1 Petr. 4:9.
g Gén. 18:4; 19:2. Luk. 7:38, 44. |
18 Soos dit in die warm lande baie gebruiklik was, waar die mense met kaal bene en slegs op sandale geloop het, en terwyl hulle vermoeid was of vuil van die stof, daarom hierdie dienste tot verkwikking gewoonlik gebruik het. Sien Joh. 13:5, 14. Deur hierdie een voorbeeld van beleefdheid word allerlei sorg en diens verstaan.
19 Gr. nagevolg. |
Maar jy moet die jong weduwees 20afwys; want wanneer hulle 21tot oneer van Christus 22wellustig word, wil hulle trou
| 20 Of: verwerp, weier, naamlik om verkies te word in die getal van die diakonesse. Want andersins was hulle nie van die getal van die lede van die gemeente verwerp, wanneer hulle goed gelewe het nie, soos uit vers 14 blyk, en ook uit Rom. 7:3. 1 Kor. 7:39, tevore gemeld. En selfs ook nie van die hulp van die gemeente, wanneer hulle dit nodig gehad en geen kinders of vriende gehad het wat hulle kon help nie, waarmee Paulus in vers 16 afsluit.
21 Dit is, sonder agting van die diens wat hulle Christus en die gemeente belowe het. 22 Dit is, in die diens van, en deur die onderhoud van die gemeente oorvoed en vleeslikgesind word. Sien Openb. 18:7, 9. |
en 23kom onder ’n oordeel, omdat 24hulle hul eerste geloof verwerp het.
| 23 Of: kom onder skuld, dit is, het iets begaan wat strafbaar is, en waaroor hulle berispe of blameer kan word. Ander gebruik die woord oordeel vir veroordeling of verdoemenis, en die eerste geloof vir die Christelike geloof, wat hulle tevore in die doop bely het. Maar aangesien Paulus hier van die huwelik spreek, wat niemand in die doop belowe nie, word dit hier gepas ’n bietjie sagter gebruik, vir berispe of blameer, soos uit vers 14 ook af te lei is.
24 Dit is, hulle eerste belofte of trou, naamlik deur hulle tot die diens van die gemeente te laat gebruik, waartoe hulle hul met hul ontydige huwelike onbekwaam maak. Want dat hierdeur geen direkte belofte om nie te trou nie verstaan word, blyk uit wat gesê word in vers 14. |
En 25tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook hpraatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.
| h Tit. 2:3. | 25 Naamlik van die ander jong weduwees, wat tot diens van die gemeente verkies was, het onder die skyn van die een of die ander te gaan besoek, tot sulke ydelheid verval. |
26Ek wil dan hê dat die jong weduwees imoet trou, kinders baar, hulle huise regeer en 27die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.
| i 1 Kor. 7:9. | 26 Dit is, ek beveel, naamlik indien hulle die gawe van onthouding nie het nie, 1 Kor. 7:7, 9.
27 Dit is, wat vreemdelinge is van die geloof en net rede soek om te laster. Ander verstaan dit as die Satan self. |
Want 28sommige het al 29afgewyk agter die Satan aan.
| 28 Naamlik van hierdie jong weduwees, wat daaroor berispe en deur die gemeente geminag word.
29 Dit is, het van die geloof afgewyk en tot die Satan teruggekeer, wat hulle tevore gedien het, naamlik uit oneer en skande, wat hulle vanweë hul misdryf in die gemeente gely het. Ander verstaan hier dat hulle aan die versoekings van die Satan gehoor gegee het, en tot onkuisheid verval het. |
As ’n gelowige man of ’n gelowige vrou 30weduwees by hulle het, moet dié aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat 31dit die wat 32waarlik weduwees is, kan help.
| 30 Naamlik in hulle familie of onder hulle voorouers; met dien verstande dat hulle die middele het om dit te kan doen.
31 Naamlik die gemeente. 32 Dit is, sonder volwasse kinders of kleinkinders, en van alle vriende en hulp verlate, soos in vers 5. |
Oor die regte van leraars. Verskillende raadgewinge.
kLAAT die ouderlinge wat goed regeer, 33dubbele eer waardig geag word, 34veral die wat arbei in woord en leer.
| k Rom. 15:27. 1 Kor. 9:11. Gal. 6:6. Filip. 2:29. 1 Thess. 5:12. Hebr. 13:17. | 33 Dit is, meer of oorvloediger. Onder hierdie eer word ook hul onderhoud verstaan, soos die volgende verse uitwys, en die woord eer is in hierdie betekenis by die Hebreërs gebruiklik. Sien Mark. 7:10, 11, ens.
34 Hieruit blyk duidelik dat daar in daardie tyd twee soorte ouderlinge in die gemeente was, naamlik sommige wat in die woord gearbei het, en ander wat slegs tot die regering van die gemeente gebruik was, soos hulle ook voorgangers of regeerders genoem word, Rom. 12:8. 1 Kor. 12:28, en elders. Want dat sommige dit so wil uitlê, dat diegene wat hulle meer as ander goed van hul taak gekwyt het en ywerig was in hul diens deur moeite en groot arbeid, verstaan sou word deur die woorde arbei in die woord, is ongegrond, aangesien Paulus sulke leraars wat hul nie geheel en al goed van hul taak gekwyt het nie, of slapper was in hul diens as ander, nooit geprys het nie, en ook nie gesê het dat hulle goed regeer nie, veel minder dat hulle dubbele eer waardig is. |
Want die Skrif sê: l35Jy mag ’n os wat graan dors, nie muilband nie; en: m36Die arbeider is sy loon werd.
| l Deut. 25:4. 1 Kor. 9:9.
m Lev. 19:13. Deut. 24:14. Matt. 10:10. Luk. 10:7. |
35 Sien hieroor 1 Kor. 9:9 se kanttekeninge.
36 Hierdie woorde word gevind in Matt. 10:10. |
37Moenie ’n beskuldiging teen ’n ouderling aanneem nie, behalwe nop die getuienis van twee of drie.
| n Deut. 19:15. | 37 Dit is, moenie hom veroordeel nie, nie sonder genoegsame getuies nie, wat aan niemand gedoen mog word nie, volgens die wet van Moses, Deut. 19:15, maar neem selfs ook geen beskuldiging aan om daarvolgens te oordeel nie. Die rede is, omdat die wat in hierdie openbare diens van die regering van die gemeente staan, aangesien hulle elkeen moet vermaan en die wat ononordelik lewe moet bestraf, maklik vir hulself ongenoeë en kwaadwillighede op die hals kan haal, en dat selfs die aanneem van die beskuldigings om daarvolgens te oordeel, ’n man verdag maak en daarom tot ergernis van die gemeente en tot opspraak daaroor strek. |
Bestraf 38die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.
| 38 Naamlik onder die ouderlinge, as hulle in die openbaar sondig, of wanneer hulle op die getuienis van twee of drie getuies genoegsaam oortuig is. Want van hulle het hy sopas geskryf; wat nogtans op ander ook kan en moet dui, omdat die redes van die apostel nie minder vir hulle geld nie. Sien Matt. 18:17. |
oEk besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy 39hierdie dinge p40sonder vooroordeel in ag neem en niks uit 41partydigheid doen nie.
| o Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Thess. 2:5; 5:27. 1 Tim. 6:13.
p Deut. 17:4; 19:18. |
39 Naamlik wat tevore gesê is, en hierna nog gesê sal word. Omdat dit die dienaars van die gemeente aangaan, daarom gebruik die apostel hier teenoor Timótheüs so ’n ernstige beswering.
40 Of: sonder dat jy die een hierin meer bevoordeel as die ander, soos die Griekse woord prokrima meestal beteken. 41 Of: neiging tot. ’n Beeld geneem van die ewewig van ’n weegskaal, waarin die een skaal laer as die ander een is. |
qMoenie 42haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes 43van ander gemeenskap hê nie. Hou jou 44rein.
| q Hand. 6:6; 8:17; 13:3; 19:6. 1 Tim. 4:14. 2 Tim. 1:6. | 42 Dit is, sonder om eers behoorlike en genoegsame ondersoek van die persoon, sy lewe en sy leer te doen.
43 Dit kan verstaan word óf as diegene wat ’n onbekwame persoon tot die diens wil verkies, óf as die persoon wat onbekwaam is, wat verkies word. 44 Dit is, vry van sulke sonde, of: sonder skuld; soos hierdie Griekse woord hagnos ook vertaal word in 2 Kor. 7:11. |
Moenie langer water 45alleen drink nie, maar gebruik ’n bietjie wyn rter wille van jou maag en jou herhaalde 46ongesteldhede.
| r Ps. 104:15. | 45 Die woord alleen ontbreek wel in die Griekse teks, maar moet noodwendig hierby verstaan word, soos dit wat daarop volg uitwys. Want Paulus verbied hom nie om water te drink nie, maar om nie alleen water te drink nie.
46 Naamlik waarin jy soms verval by gebrek aan genoegsame steunsel of voedsel. |
Die sondes van sommige mense is 47baie sduidelik en gaan voor hulle uit 48tot die oordeel, maar 49volg ander eers agterna.
| s Gal. 5:19. | 47 Naamlik voordat hulle tot die diens verkies word, soos van Simon die towenaar gesê word, Hand. 8:18.
48 Of: om hulle te oordeel, naamlik as onbekwaam tot die diens in die kerk, dit is, om hulle af te wys, of nie tot die diens van die gemeente te verkies nie. 49 Dit verstaan sommige aldus, dat die ergerlike lewe of die valse leer van sommige mense tevore genoegsaam bekend is, selfs voordat ’n mens daarna ondersoek instel, en hulle daarom sonder swarigheid nie in aanmerking geneem kan word nie. Maar in ander sou die sondes volg, dit is, eers bekend word nadat behoorlike ondersoek daarna ingestel is, en daarom moet ’n mens naarstig ondersoek instel voordat hulle verkies. Ander verstaan dit as bekend word nadat hulle al verkies is, aangesien hulle hul vantevore, soos die skynheiliges gewoonlik doen, vir ’n tyd goed gedra het, en dat daarom diegene wat hulle verkies het, aan sulke geheime sondes geen skuld dra nie, solank hulle behoorlik ondersoek gedoen het. |
Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die 50wat anders is, kan nie weggesteek word nie.
| 50 Gr. wat anders het, dit is, wie se goeie werke en bekwaamheid tot die diens nog nie bekend is nie, maar by gebrek aan geleentheid of vanweë kwaadwillige mense verduisterd, sal God op die regte tyd wel aan die lig bring. So wil die apostel dan hê dat ’n mens hierna ook ywerig ondersoek moet instel. |
Die afval van die laaste dae.
MAARa 1die Gees sê uitdruklik dat 2in die laaste tye sommige 3van die geloof bafvallig sal word en 4verleidende geeste en leringe 5van duiwels sal aanhang
| a 2 Tim. 3:1. 2 Petr. 3:3. Jud. vers 18.
b Matt. 24:23. 2 Thess. 2:3. |
1 Naamlik die Heilige Gees, deur sy buitengewone ingewing in die apostels en ander profete. Sien Hand. 20:23; 21:4.
2 Of: in die tye wat volg. Sien 2 Tim. 3:1. 3 Dit is, van die ware leer van die geloof, soos die volgende woorde bewys. Sien 2 Thess. 2:3. 2 Petr. 2:1. 4 Hierdeur word óf die bose geeste self verstaan, soos in die gedeelte wat volg, óf die geeste van valse leraars, soos in 1 Joh. 4:1. 5 Dit is, waarvan die duiwel die bewerker of ingewer is. |
6deur die geveinsdheid van leuenaars wat 7gebrandmerk is in hulle eie gewete,
| 6 Gr. in die geveinsdheid, dit is, onder die skyn van heiligheid en van ’n nougesette lewe te wil lei. Dit is ’n beeld geneem van die toneelspelers, wat dikwels ’n karakter aanneem wat hulle nie is nie.
7 Naamlik só toegeskroei dat hulle geen gevoel het nie; want daartoe verval die valse leraars of bygelowige mense uiteindelik deur die regverdige oordeel van God. Sien Ef. 4:19. 2 Thess. 2:11. |
wat verbied om te trou en 8gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om cmet danksegging dgebruik te word deur die gelowiges en 9die wat die waarheid ken.
| c Rom. 14:6. 1 Kor. 10:30.
d Gén. 1:29; 9:3. |
8 Dat hierdie woord ingevoeg moet word om die teenstelling uit te druk, blyk duidelik uit die volgende woorde, soos sulke voorbeelde meermale voorkom. Sien ’n ander voorbeeld in 1 Kor. 14:34. 1 Tim. 2:12.
9 Deur die gelowiges en die wat die waarheid ken word saam verstaan die ware gelowiges vir wie alle dinge rein is, ook alle voedsel wat met matigheid gebruik word, Tit. 1:15. |
eWant alles wat deur God geskape is, is goed, en 10niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;
| e Gén. 1:31. Hand. 10:15. Rom. 14:14. | 10 Naamlik op sigself, ten tyde van die Nuwe Testament, waartydens die onderskeid van voedsel as rein en onrein weggeneem is. Sien Hand. 10:15. |
want dit word 11geheilig 12deur die woord van God en 13die gebed.
| 11 Dit is, tot die regte en heilige gebruik gerig of bekwaam gemaak, soos in 1 Kor. 7:14.
12 Dit is, deur die verklaring wat die woord van God vir ons daarvan gee. Sien Tit. 1:15. 13 Naamlik dat dit vir ons tot gesondheid en seën mag dien, waaronder ook die danksegging verstaan word. Sien Matt. 15:36. Joh. 6:11. |
Oor getrouheid en werksaamheid in die bediening.
AS jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy ’n goeie dienaar van Jesus Christus wees 14terwyl jy jouself fvoed met die woorde 15van die geloof en van die goeie leer waarvan jy ’n navolger geword het.
| f 2 Tim. 1:5; 3:14, 15. | 14 Of: opgevoed met die woorde, ens. Naamlik van jou kinderdae af, soos hy daarby voeg in 2 Tim. 3:15.
15 Dit is, van die gesonde leer van die geloof, soos die volgende woorde verklaar. |
gMaar verwerp onheilige en oudwyfse 16fabels, en oefen jou in die godsaligheid.
| g 1 Tim. 1:4; 6:20. 2 Tim. 2:16. Tit. 1:14; 3:9. | 16 Naamlik waar die Joodse Talmoediste nog vol van is, waarvan Paulus ook spreek in Tit. 1:14; 3:9, en hy vooruit aankondig dat ook enige Christenleraars in die laaste tye daartoe sal verval, 2 Tim. 4:4. |
hWant 17die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit 18die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.
| h Kol. 2:23. | 17 Hierdeur verstaan sommige die oefening van diegene wat wedywer om ’n prys te behaal deur stoei, hardloop en andersins, soos die Griekse woord gimnasia soms beteken, waardeur slegs enige liggaamlike nuttigheid verkry was; maar omdat Paulus hier handel met betrekking tot sake wat die godsdiens aangaan, verstaan ander dit beter as enige oefening van die liggaam, waardeur dit getem of getugtig word, soos vas, waak, onthouding van enige voedsel of kleding, wat andersins geoorloofd is. Hiervan sê die apostel dat dit wel enigsins nuttig kan wees, maar nogtans weinig ten opsigte van die godsaligheid self, aangesien dit ook misbruik kan word en in bygelowigheid kan verval, soos Paulus getuig in Kol. 2:23. Maar die godsaligheid is vir God altyd aangenaam, en tot alles dienstig.
18 Naamlik van Christus self, Matt. 6:33. |
Dit is 19’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;
| 19 Dit is, ’n vaste en ware belofte. |
want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons 20gehoop het op die lewende God wat ’n 21behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.
| 20 Naamlik in al ons swarighede en verdrukkinge.
21 Gr. soter, wat sommige hier vertaal met verlosser. Aangesien God egter nie ’n verlosser is nie behalwe van die gelowiges, Joh. 3:36 en elders, so kan dit hier nie in die betekenis verstaan word nie, maar slegs as ’n beskermer en behoeder, soos die Griekse woord sozein in die algemeen baiekeer vir allerlei behoed en bewaar gebruik word, ja, ook word gesê in Ps. 36:6, 7, dat Hy diere en mense behou, om die goedheid van God teenoor die wat aan Hom behoort te prys. |
Beveel en leer hierdie dinge.
i22Laat niemand jou jonkheid verag nie, kmaar wees ’n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, 23in gees, in geloof, in reinheid.
| i Tit. 2:15.
k Tit. 2:7. 1 Petr. 5:3. |
22 Dit is, gee niemand oorsaak deur jou handel en wandel nie, dat iemand jou met rede weens jou jonkheid sou kon verag; welke betekenis die woorde wat volg vereis.
23 Dit is, ywer van die gees, of: gawes van die gees. |
Totdat ek kom, moet jy aanhou 24met voorlesing, vermaning en lering.
| 24 Naamlik van die Heilige Skrif, soos hy daarby voeg in 2 Tim. 3:14, ens. |
25Verwaarloos nie 26die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur 27die profesie lmet die handoplegging 28van die ouderlinge.
| l Hand. 6:6; 8:17; 13:3; 19:6. 1 Tim. 5:22. 2 Tim. 1:6. | 25 Dit is, wek dit op en pas dit goed toe, bestee dit goed, 2 Tim. 1:6, 7.
26 Hierdeur word sowel die roeping as die gawe daartoe nodig, verstaan, soos die woorde wat volg uitwys. 27 Sien hieroor 1 Tim. 1:18 se kanttekening. 28 Dit is, van die byeenkoms van die ouderlinge, of van die opsieners van die gemeente, in wie se naam en teenwoordigheid Paulus Timótheüs die hande opgelê het, 1 Tim. 6:12. Want dat Paulus dit self gedoen het, blyk uit 2 Tim. 1:6, en wel in Listre, soos af te lei is uit Hand. 16:1, 2. |
Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat 29jou vooruitgang 30vir almal duidelik kan wees.
| 29 Naamlik in gawes en godsaligheid.
30 Naamlik mense. Of: in alles, naamlik dinge. |
Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy 31jouself red sowel as die wat jou hoor.
| 31 Naamlik deur die woord, as ’n instrument en dienaar van Christus, in wie die woord van versoening gelê is, 2 Kor. 5:19, nogtans is nie hy wat plant of hy wat natmaak iets nie, maar God wat laat groei, 1 Kor. 3:7. |
Pligte van die opsieners en diakens.
DIT is ’n 1betroubare woord: as iemand na 2’n opsienersamp 3verlang, begeer hy ’n 4voortreflike 5werk.
| 1 Of: gewisse, geloofwaardige, seker.
2 Gr. episkopes, waarvan die woord episkopus of biskop kom; waarmee alle opsieners en leraars van die gemeente sonder onderskeid verstaan word, soos hierna uit die volgende beskrywing blyk, asook uit die vergelyking van ander tekste. Sien Hand. 20:17, 28. Filip. 1:1. Tit. 1:5, 7, ens. 3 Of: begerig is. Hy spreek nie van enige lus of begeerte van eergierigheid nie, maar van ’n toegeneentheid van die gemoed, wat hom deur behoorlike maniere daartoe bereid en gewillig toon; terwyl hy hom ewenwel altyd aan die oordeel van die gemeente onderwerp, en ’n wettige beroeping verwag. 4 Gr. goeie, skoon, eerlike. 5 Dit is, arbeid of arbeidsame werk. Dit is dus nie net in eretitels geleë nie, maar gaan gepaard met arbeid en moeite, waarom Christus hulle ook werkers of arbeiders noem, Matt. 9:37, 38; 10:10. |
a’n Opsiener dan moet 6onberispelik wees, 7die man van een vrou, 8nugter, ingetoë, 9fatsoenlik, gasvry, bbekwaam om te onderrig;
| a Tit. 1:6.
b 2 Tim. 2:24. |
6 Naamlik ten opsigte van sy handel en wandel onder die mense.
7 Nie dat hy noodsaaklik getroud moet wees nie, aangesien Paulus self nie getroud was nie, 1 Kor. 7:7, maar omdat hy nie baie vroue óf tegelyk, óf die een ná die ander weens egskeiding mog hê nie, soos by die Jode en Grieke en in die besonder in die Oosterse lande vir baie lank die gebruik was; wat vir ’n tyd skynbaar wel in ander mense geduld was, maar in die leraars nie geduld mog word nie. Sien dergelike spreekwyse in 1 Tim. 5:9. 8 Of: waaksaam. 9 Die Griekse woord kosmios beteken eintlik iemand wat in sy gedrag en hele lewenswandel eerbaar is, en niks doen behalwe wat geskik en gepas is nie. Sien 1 Tim. 2:9. |
geen 10drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar 11vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;
| 10 Of: sittend by die wyn, dit is, wat hom nie oorgee aan baie wyn nie, soos hy hierna sê in vers 8.
11 Dit is, wat aan ander kan toegee en hulle in redelikheid verdra, soos die Griekse woord meebring. |
een wat sy eie 12huis goed regeer en sy kinders met alle 13waardigheid in onderdanigheid hou.
| 12 Dit is, huisgesin, naamlik vrou, kinders, bediendes. Of: sy huis goed lei.
13 Of: sedigheid, deftigheid, standvastigheid, eerbaarheid. Sien 1 Tim. 2:2. |
Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?
Hy moet nie ’n 14nuweling wees nie, sodat hy nie 15verwaand word 16en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.
| 14 Gr. neophutos, wat beteken nuut geplant, dit is, wat onlangs tot die geloof gekom of by die gemeente aangesluit het.
15 Naamlik deur opinie van groot wysheid, wat hy reeds sou meen om te besit, wanneer hy so vinnig tot die leeramp bevorder sou wees. 16 Dit is, in so ’n oordeel waarin die duiwel geval het, toe hy homself oor sy wysheid, en as skepsel, teen God wou verhef. Ander verstaan hier die Griekse woord diabolos as ’n kwaadspreker, wat dit eintlik beteken en soos dit gebruik word in vers 11 en 2 Tim. 3:3, en verklaar dit aldus: sodat hy, terwyl hy homself verhef, nie val in die oordeel of die beskuldiging van die kwaadspreker, tot verkleinering en ergernis van die gemeente van Christus nie, soos in die volgende vers ook gesê word. |
Maar hy moet ook goeie getuienis hê van 17die buitestaanders, sodat hy nie in 18veragting en 19in die strik van die duiwel val nie.
| 17 Dit is, die wat nog vreemd is van die gemeente, soos in 1 Kor. 5:12.
18 Naamlik by diegene waaronder hy tevore ligvaardig of onregverdig verkeer het, en dit vir ’n tyd nie verbeter het deur ’n goeie lewe te lei nie, terwyl hy nou gelowig geword het. 19 Of: strik van die kwaadspreker, soos in vers 6, waardeur sommige enige kleinmoedigheid verstaan, wat hom daaroor sou mag oorkom, soos ’n strik oor sy siel; ander, sulke veragting waardeur hy as ’t ware met ’n strik van die duiwel belet sou wees om in sy roeping die gemeente tot deeglike stigting te wees. |
cNet so moet die 20diakens 21waardig wees, 22nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie,
| c Hand. 6:3. | 20 Sien oor die instelling en die besondere amp van die diakens in die versorging van die armes Hand. 6:1, 2, ens.
21 Of: eerbaar, soos in vers 4. 22 Gr. tweewoordig, dit is, ydel en wispelturig van woorde. |
manne wat 23die verborgenheid van die geloof in 24’n rein gewete d25hou.
| d 1 Tim. 1:19. | 23 Dit is, die leer of die belydenis van die leer van die evangelie, wat deurgaans ’n verborgenheid genoem word, omdat dit die mens nie uit die natuur nie, maar deur die openbaring van God bekendgemaak is. Sien 1 Kor. 2:6, 7.
24 Dit is, goeie of opregte gewete, sien daaroor 1 Tim. 1:19. Want al was die amp van die diakens nie om in die byeenkomste openlik te onderrig nie, het hul diens tog meegebring dat hulle met baie soorte mense omgegaan het, wat hulle ook moes onderrig en troos, en soms ook teregwys, waarvan Stéfanus ’n voorbeeld was, Handelinge 7. Dat Filippus die hofdienaar onderrig en gedoop het, het deur buitengewone roeping gebeur, omdat hy toe as ’n evangelis diens gedoen het. Sien Hand. 8:29; 21:8. 25 Gr. besit, dit is, behou of bewaar. |
En hulle moet ook 26eers ’n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle 27onberispelik is, kan hulle dien.
| 26 Sommige verstaan dit só, asof daar nog ’n laer trap in hierdie bediening was, wat hulle onderdiakens noem, waarin hulle eers vir ’n tyd getoets moes word. Dit is egter nie nodig nie, aangesien hierdie woord reg verstaan kan word as die toetsing van sulke persone aan die vereistes hier voorgestel, wat deur die regeerders van die gemeente geskied.
27 Gr. onbeskuldigbaar; naamlik in hulle handel en wandel geoordeel en bevind is. |
Net so moet 28die vroue waardig wees, geen kwaadspreeksters nie, 29nugter, 30betroubaar in alles.
| 28 Dit moet sowel op die vroue van die opsieners as van die diakens toegepas word. Want oor die weduwees wat diakonesse was, sal in 1 Tim. 5:9 en verder gehandel word.
29 Of: waaksaam. Sien vers 2. 30 Dit wil voorkom of die apostel dit hier van die vroue van die opsieners en diakens vereis, nie net omdat hulle aan hul manne getrou moet wees nie, maar omdat aan hulle ook soms enige dinge bekend word wat die regering van die kerk en die bewaring en uitdeling van die aalmoese aangaan, waarin betroubaarheid noodsaaklik is. |
Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.
eWant die wat goed gedien het, verkry vir hulle ’n eervolle 31plek en 32veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.
| e Matt. 25:21. | 31 Of: trap; waardeur verstaan word óf ’n positiewe agting en aansien in die gemeente van God, óf ook ’n toegang tot meerdere en hoëre dienste, naamlik van die ouderlingskap, of van die leeramp, soos ook by die kerkvaders baie gebruiklik was.
32 Naamlik sowel in hul geloof, omdat dit met ’n goeie gewete gepaardgaan; asook in hul dade en woorde voor die kerk van God, omdat hulle getrou daarin handel. Dit wil voorkom of die apostel dit hier stel teenoor die kwaadsprekery en strikke van die Satan, waarvan hy in verse 6, 7 gespreek het. |
Ek skryf jou hierdie dinge in die hoop om gou na jou te kom.
Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra f33in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, 34’n pilaar en grondslag van die waarheid.
| f 2 Tim. 2:20. | 33 So word die gemeente genoem, omdat God met sy Gees en Woord daarin woon. Sien 1 Kor. 3:16. Hebr. 3:4-6.
34 So word die gemeente van God genoem, omdat God in sy gemeente die waarheid bevestig, en deur haar aan ander openlik bekendmaak, soos die owerheid gewoonlik sy verordeninge en wette aan pilare of ander plekke vasmaak om aan almal bekend te word. Hier word gevolglik verklaar dat dit die amp en die verskuldigde plig van die gemeente is, om hierdie waarheid te versprei en teen alle dwalinge te bevestig. Wanneer sy dit nie doen nie, val sy maklik in skeuringe en dwalinge. Sien Mal. 2:5, ens. Soos Paulus ook die gemeente van Éfese, waar Timótheüs toe was, soos blyk in 1 Tim. 1:3, hierteen waarsku, Hand. 20:28, ens., en Christus self in Openb. 2:1, ens. Ander voeg hierdie woorde by die volgende vers. |
En, onteenseglik, 35die verborgenheid van die godsaligheid is groot: g36God is 37geopenbaar 38in die vlees, is 39geregverdig 40in die Gees, het verskyn 41aan engele, his verkondig onder die heidene, is geglo 42in die wêreld, iis 43opgeneem in heerlikheid.
| g Joh. 1:14.
h Ef. 3:5, 6. i Mark. 16:19. Luk. 9:51. Hand. 1:2. |
35 So noem die apostel die leer van die evangelie, soos voorheen in vers 9, die verborgenheid van die geloof, waarvan hy ’n kort samevatting in die volgende woorde voorstel.
36 Dit is, die ewige Seun van God, soos hierdie woord God ook as God die Seun verstaan word, Joh. 1:1. Hand. 20:28. Rom. 9:5. 1 Joh. 5:20, en elders meer. 37 Dit is, het mens geword, en het deur woorde en werke sy Godheid bekendgemaak. Sien Luk. 24:19. Joh. 1:14. 38 Dit is, in die menslike natuur, wat deur Hom in eenheid van sy persoon aangeneem is, soos in Joh. 1:14. Rom. 1:3. Hebr. 2:14. 39 As onskuldig en regverdig erken, soos in Matt. 11:19. Luk. 7:29. Rom. 3:4. 40 Of: deur die Gees. Wat te verstaan is as die goddelike natuur van Christus, waardeur Hy Homself uit die dood verwek het, en gevolglik ook bewys het om regverdig en onskuldig te wees, hoewel Hy deur die Jode en heidene as skuldig veroordeel was. Sommige verstaan dit as die gawes van die Heilige Gees, wat Hy ná sy opstanding op sy dissipels en ander gelowiges uitgestort het. Dit kom egter nie met Paulus se doel ooreen nie, aangesien hierdie gawes van die Heilige Gees eers ná Christus se verheerliking gegee is, waarvan hy in die laaste deel spreek; die eerste gedeelte word ook met dergelike spreekwyses bevestig, Rom. 1:4. 1 Petr. 3:18. 41 Naamlik as sy dienaars en boodskappers, sowel in sy geboorte, Luk. 2:13, as in sy versoeking, Matt. 4:11, in sy lyding, Luk. 22:43, en in sy opstanding en hemelvaart, Luk. 24:4. Hand. 1:10. 42 Dit is, onder alle volke van die wêreld, heidene sowel as Jode, Rom. 10:18. Kol. 1:6. 43 Naamlik aan die regterhand van sy Vader, van waar Hy die gawes van sy Gees in sy gemeente uitgestort het, en deur kragte en wonders sy heerlikheid betoon het, Mark. 16:19, 20. Hand. 1:2, 8; 2:33, ens. |
Gebed vir alle mense.
IN die eerste plek vermaan ek dan dat 1smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge 2gedoen moet word 3vir alle mense;
| 1 Hoewel hierdie maniere van bid soms ietwat uitgebreider verstaan word, kan dit nogtans hier goed onderskei word, naamlik dat smekinge verbiddinge oor allerlei strawwe en swarighede is; gebede die begeerte om God se hulp en om allerlei seën; voorbedes gebede of ook versugtinge, wat ons by God doen vir ander; danksegginge wat gedoen word oor die weldade van God wat deur ons of deur ander ontvang is.
2 Naamlik nie net in die verborge nie, maar vernaamlik in die byeenkomste van die gelowiges, aangesien die openbare gebede ’n deel is van die bediening van die leraars. Sien Hand. 6:4. 3 Dit is, vir allerlei mense, van watter beroep of volk hulle ook is, hoë of lae, soos die woord alle dikwels in God se Woord vir allerlei gebruik word. Sien Matt. 4:23. Luk. 11:42. 1 Kor. 10:25. Ef. 1:3. Dat die woord alle hier so gebruik moet word, blyk uit Joh. 17:9. Gal. 5:12. 2 Tim. 4:14. 1 Joh. 5:16. Openb. 6:10, waar getuig word dat ons nie vir ieder en elkeen moet bid nie, ja, dat die gelowiges ook teen sommige gebid het. |
avir konings en almal wat hooggeplaas is, 4sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle 5godsvrug en waardigheid.
| a Jer. 29:7. | 4 Dit verstaan sommige as die doel of die oorsaak waartoe die owerhede hooggeplaas is, naamlik sodat ons onder hul regering in rus kan lewe, soos Paulus ook leer, Rom. 13:3, 4. Dit word egter deur ander beter verstaan as die saak waarvoor ons vir die owerhede moet bid, aangesien daar dikwels owerhede is, soos in die tyd van die apostels, wat die kerk van God vervolg en probeer om die lede daarvan te belet om in godsvrug en rus te lewe.
5 Dit betref die diens van God, of die eerste tafel van die gebooie van God, soos die volgende woord waardigheid of sedigheid na die gebooie van die tweede tafel en na die dienste wat die een aan die ander verskuldig is, verwys. Want die regte owerhede is bewaarders of beskermers van albei die tafels van die tien gebooie. |
Want 6dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,
| 6 Naamlik om te bid vir alle mense, soos die volgende verse uitwys. |
bwat wil hê dat 7alle mense gered word en tot 8kennis van die waarheid kom.
| b Eség. 18:23. 2 Petr. 3:9. | 7 Die woord alle word hier ook gebruik vir allerlei, soos blyk uit vers 2, waarvan hierdie vers ’n verklaring gee; asook uit die woord wil, want as God wil dat alle mense gered word, so sal ook alle mense gered word, omdat God alles doen wat Hy wil, Ps. 115:3. Rom. 9:19. Ef. 1:11. En dit word ook bewys deur dit wat die apostel daarby voeg, dat God wil dat hulle almal tot kennis van die waarheid kom, aangesien die Skrif getuig dat dit ’n voorreg van God se volk is. Sien Ps. 147:19, 20. Matt. 11:25. Joh. 6:45. Ef. 2:12, ens. Dat iemand sou wou sê dat God dit wil, indien die mense dit ook wil, is om die redding ten dele aan die wil van God en ten dele aan die wil van die mens toe te skryf, wat in stryd is met dit wat die apostel leer, Rom. 9:16, 23; 10:20; 11:35, 36, en deurgaans elders.
8 Naamlik in die evangelie geopenbaar, soos die volgende verse meebring. |
cWant daar is 9een God en deen Middelaar tussen God en die mense, 10die mens Christus Jesus,
| c Joh. 17:3. Rom. 3:30.
d Gal. 3:19. Hebr. 9:15. |
9 Naamlik in getal; of: ’n enige God, soos ook een Middelaar, dit is, ’n enige Middelaar. Sien Joh. 14:6. Hand. 4:12.
10 Dit sê Paulus nie om sy Godheid van hierdie Middelaarsamp uit te sluit nie, want Hy is God geopenbaar in die vlees, 1 Tim. 3:16, en God het deur sy bloed sy kerk verkry, Hand. 20:28, maar om aan te dui dat Hy in sy menslike natuur die losprys vir ons betaal het, en dat Hy as mens ons gelyk is, daarom het alle soorte mense deur die geloof ’n vrymoedige toegang tot Hom en sy offer. Sien Hebr. 2:10, ens. |
ewat Homself gegee het 11as ’n losprys 12vir almal, 13as die getuienis 14op die regte tyd,
| e Matt. 20:28. Ef. 1:7. Kol. 1:14. | 11 Dit is, voldoening vir die sonde.
12 Naamlik wat in Hom glo. Sien Matt. 20:28. Joh. 10:15. Rom. 3:25. 13 Dit is, die Verlosser van wie die profete getuig het, om op die regte tyd geopenbaar te word, 1 Petr. 1:11, 12. Of: om te wees; naamlik die getuienis op die regte tyd te openbaar. Of: geopenbaar, naamlik van God se oorvloedige liefde teenoor die mens, soos Paulus skryf, Rom. 5:8. 14 Gr. op die eie regte tye, naamlik deur God daartoe bestem, wat die apostel die volheid van die tyd noem, Gal. 4:4. |
15waartoe ek faangestel is as 16’n prediker en apostel — gek sê die waarheid 17in Christus, ek lieg nie — ’n leraar van die heidene in geloof en waarheid.
| f Hand. 9:15; 13:2; 22:21. Gal. 1:16; 2:8. Ef. 3:8. 2 Tim. 1:11.
g Rom. 1:9; 9:1. |
15 Of: tot welke, naamlik getuienis, waarvan in die voorgaande vers gespreek is.
16 Sien oor die eienskap van hierdie woord Rom. 10:14 se kanttekening. 17 Dit is, deur Christus, of by Christus; ’n wyse van eedswering, soos in Rom. 9:1. |
Ek wil dan hê dat die manne h18op elke plek moet bid en 19heilige hande iophef sonder 20toorn en twis.
| h Joh. 4:21.
i Ps. 134:2. |
18 Dit is, nie net by die huis en in die verborge nie, maar ook in die byeenkomste van die gemeente, waar dit ook al geskied. Paulus stel dit hierby, omdat in die Ou Testament die gebede meestal aan die tempel in Jerusalem verbind was, wat ten tyde van die Nuwe Testament op elke plek sonder uitsondering mag geskied, volgens die profesie in Mal. 1:11. Joh. 4:21. Sien ook Matt. 18:19, 20.
19 Dit is, wat vry is van alle onreg en verdrukking van die onskuldiges. Sien Ps. 26:6. Jes. 1:15, 16. Die heilige hande word ook gestel teenoor die wassings en reinigings, wat in die seremoniële wet gebruiklik was. Sien Hebr. 9:10. 20 Deur die eerste word reg verstaan alle bose geneentheid van die hart teenoor die naaste, en deur die ander die twyfeling en redetwisting van die gemoed of murmurering van die ongeloof teenoor die beloftes van God. Albei hierdie gebreke moet uit ons gebede geweer word. Sien Matt. 5:22-24. Jak. 1:6-8. |
Pligte van die vrou.
kSO ook moet 21die vroue hulle versier met 22behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met 23vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
| k Tit. 2:3. 1 Petr. 3:3. | 21 Naamlik sowel in elke opsig, as in die besonder wanneer hulle in die openbare byeenkomste verskyn; want daarvan spreek hy hier vernaamlik, soos uit die volgende blyk, aangesien baie van die vroulike geslag die gewoonte het om hulle op te smuk wanneer hulle sulke byeenkomste moet bywoon.
22 Of: sierlike kleding, waardeur nie net die kleding nie, maar ook alle ander versiering verstaan word, wat die apostel nie slordig en onversorg, ook nie opgesmuk en buitensporig wil hê nie; maar eerbaar en welvoeglik, volgens elkeen se beroep. Sien ook die eienskap van dieselfde woord in 1 Tim. 3:2. 23 Allerlei haarvlegsels of die dra van goud of pêrels word hier nie verbied nie, soos te sien is in Gén. 24:22, 53. Ex. 35:22. Spr. 31:22. Luk. 15:22, maar wel dit wat strek tot hoogmoedigheid, ligsinnigheid, onmatigheid, of aanstootlike opsmuk van die liggame van die vroue teen of bo hulle status en beroep. Sien Jes. 3:16, ens. 1 Petr. 3:3, ens. |
maar, soos dit vroue betaam 24wat die godsvrug bely, met goeie werke.
| 24 Dit is, belydenis doen van die ware godsdienstigheid; of: belofte maak om godvrugtig en Christelik te lewe. |
Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
lEk laat die vrou egter nie toe 25om onderrig te gee mof oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
| l 1 Kor. 14:34.
m Gén. 3:16. Ef. 5:24. |
25 Naamlik om ander te onderrig in die openbare byeenkomste, soos Paulus skryf, 1 Kor. 14:34. Andersins mag ook die vroue hulle kinders tuis onderrig, soos die moeder van Salomo gedoen het, Spr. 31:1, ja, selfs ook wel ander, wanneer die nood dit vereis of dit bevorderlik is tot stigting. Sien 1 Sam. 25:24. Hand. 18:26, ens. |
nWant Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
| n Gén. 1:27; 2:22. |
oEn Adam is 26nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het 27in oortreding gekom.
| o Gén. 3:6. | 26 Naamlik eerste en deur die Satan self.
27 Naamlik nie net vir haarself nie, maar ook vir haar man, vir wie sy tot die sonde en oortreding gebring het. |
Maar sy sal gered word 28deur kinders te baar, 29as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
| 28 Naamlik, dat hoewel die baar van kinders met smart die vroue tot ’n straf opgelê is, dit nogtans hul saligheid nie sal verhinder nie, as hulle bly in die geloof, ens.
29 Naamlik die vroue. Die apostel spreek hier in die meervoud, om te toon dat hierdie troos alle gelowige vroue toekom. Sommige pas dit wel op die kinders toe, maar omdat die ouers nie die skuld van hul kinders dra, wanneer hulle deur hul eie skuld verlore gaan nie, Eség. 18:3, 4, so word dit noodsaaklik as die vroue verstaan. |
Opskrif en seëngroet.
PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus, avolgens die bevel van God, 1ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, b2ons Hoop,
| a Hand. 9:15.
b Kol. 1:27. |
1 Of: ons Saligmaker. So word God die Vader ook elders genoem, soos in Luk. 1:47. 1 Tim. 2:3. Tit. 1:3, omdat Hy ons deur Christus die verlossing skenk. Sien 2 Kor. 5:18, ens. Ander edisies lees: van God, die Vader, en van ons Verlosser, Jesus Christus.
2 Dit is, die Bewerker en Fondament van die hoop wat ons van ons verlossing besit. Sien Hand. 4:12. |
caan Timótheüs, 3my ware dkind 4in die geloof: e5Genade, 6barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!
| c Hand. 16:1. 1 Thess. 3:2.
d 1 Kor. 4:17. e Gal. 1:3. 1 Petr. 1:2. |
3 Dit is, my geliefde kind, soos hy spreek in 2 Tim. 1:2; want die Griekse woord gnesios of ware, word nie teenoor onegte of basterkinders gestel nie, maar beteken ’n besondere vlak van liefde van Paulus teenoor hom, en ’n besondere geneentheid en eerbied van Timótheüs teenoor Paulus. Dit is dan eintlik ’n kind wat die aard van sy vader goed na vore laat kom, soos hy Titus ook noem, Tit. 1:3.
4 Dit is, volgens die gemeenskaplike geloof, soos hy daarna verwys in Tit. 1:3. Waarmee Paulus aanwys dat hy nie spreek van ’n natuurlike nie, maar van ’n bonatuurlike geboorte, waardeur hy hom deur die evangelie vir Christus gewin, en tot die gemeenskaplike geloof gebring het. Sien 1 Kor. 4:14, 15. 5 Sien hieroor die begin van die ander briewe van Paulus. 6 Dit is ’n vrug van die genade van God; want soos hier deur die genade die ewige genade van ons verkiesing goed verstaan word, so word deur die barmhartigheid die vergewing van ons sondes deur die geloof, en deur die vrede die gerustheid van ons gewetens in God verstaan, Rom. 5:1, ens. |
Die ware evangelie.
SOOS ek jou 7versoek het 8toe ek fna Macedónië op reis was, 9moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen 10ander leer moet leer nie,
| f Hand. 20:1. | 7 Of: gebid, vermaan het.
8 Sien oor hierdie reis van Paulus Hand. 20:1, ens. 9 Hier word die doel gegee waarom Paulus Timótheüs in Éfese agtergelaat het, nie om altyd daar te bly en om daar biskop te wees, soos sommige meen nie, maar slegs vir ’n tyd, om as evangelis en mede-arbeider van die apostels die gemeente te versterk teen diegene wat valse leringe wou invoer, soos hy in Hand. 20:29 spreek. Want dat Timótheüs daarna na Paulus teruggekeer het, blyk uit 2 Tim. 4:9-11. 10 Dit is, vreemde of valse leer. |
gen hulle nie 11besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net htwisvrae bevorder meer as 12stigting van God wat in die geloof is.
| g 1 Tim. 4:7; 6:20. 2 Tim. 2:16. Tit. 1:14; 3:9.
h 1 Tim. 6:4. |
11 Of: ag slaan op fabels. Hoewel die Grieke ook baie fabels onder hul godsdiens vermeng het, en geslagsregisters van hul gode, wil dit nogtans hier voorkom of Paulus na enkeles verwys wat uit die Jodedom gekom en hul Talmoediese fabels en eindelose geslagsregisters by die Woord van God gevoeg het, soos hulle ook die wet met die evangelie wou vermeng. Paulus waarsku Timótheüs hier teen al hierdie dinge, soos hy dit ook uitdruklik Joodse fabels noem in Tit. 1:14.
12 Dit is, stigting wat volgens God se wil is. Ander lees: bediening van God, soos in 1 Kor. 4:1. |
iMaar die doel 13van die gebod is 14liefde uit ’n 15rein hart en ’n 16goeie gewete en ’n 17ongeveinsde geloof,
| i Rom. 13:8. Gal. 5:14. | 13 Deur die Griekse woord parangelia, dit is, gebod, bevel of aanmaning, wat hier en in vers 18 gebruik word, verstaan sommige die bevel wat Paulus hier aan Timótheüs gee, waarvan die doel liefde uit ’n rein hart, ens. is. Ander verstaan deur die woord gebod die wet van God, wat sommige sonder verstand wou invoer saam met die evangelie. Die apostel leer dat die regte doel van die wet onder die evangelie liefde tot God en ons naaste uit ’n rein hart, ens. moet wees; en dat die wet nie só geleer moet word soos sommige dit verkeerdelik gedryf het nie. Hierdie verklaring kom beter met vers 7, ens. ooreen.
14 Naamlik teenoor God en die naaste, Matt. 22:37, ens. 15 Dit is, ’n opregte hart sonder geveinsdheid. 16 Dit is, wat reg en goed onderrig is aangaande sy dade uit die Woord van God, en deur die Gees van God vernuwe is, Hebr. 9:14. Sien verder vers 19 se kanttekening. 17 Naamlik in Christus, ons Verlosser, waardeur ons voor God regverdig en van sy genade teenoor ons verseker is, uit welke geloof hierdie ander gawes spruit, Rom. 5:1, 2. Gal. 5:6, ens. |
18waarvan sommige mense 19afgedwaal en hulle afgewend het na 20onsinnige praatjies;
| 18 Naamlik van voorgaande deugde en doel.
19 Die Griekse woord beteken ’n afwyk of mis van die doel wat voorgestel is. 20 Naamlik oor die doel van die wet, wat hulle nie verstaan het nie, maar hulle wou die wet invoer as ’n las, wat nie ons, óf ons vaders in staat was om te dra nie, soos Petrus spreek in Hand. 15:10, en soos die volgende vers verklaar. |
hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, 21nie verstaan nie.
| 21 Naamlik soos dit hoort nie. |
Maar ons weet kdat die wet 22goed is as iemand dit 23wettiglik gebruik
| k Rom. 7:12. | 22 Naamlik op sigself en terwyl dit reg verstaan word, soos in Rom. 7:12, 14.
23 Dit is, tot só ’n doel soos dit deur God gegee is. Sien Rom. 10:4. Gal. 3:19. |
en as hy weet ldat 24die wet nie gegee is 25vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en 26sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,
| l Gal. 5:23. | 24 Naamlik om die regverdige te veroordeel, of met die wet se dreigende mag te verslaan, of slegs uit vrees vir straf tot gehoorsaamheid te dwing. Sien Rom. 6:14; 7:6.
25 Dit is, diegene wat deur die geloof in Christus geregverdig en deur sy Gees geheilig, God met oorgawe en gewilliglik dien en gehoorsaam. 26 Dit is, wat van sonde doen hul werk maak, of met lus in die sondes voortgaan, soos in Ps. 1:1. Joh. 9:31. |
hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die 27gesonde leer in stryd is,
| 27 Dit is, die leer van die godsaligheid, so genoem omdat dit op sigself volmaak is, en die mens tot sy geestelike gesondheid bring. Sien Ps. 19:8, ens. 2 Tim. 1:13. |
28volgens die evangelie van die heerlikheid mvan die salige God nwat aan my 29toevertrou is.
| m 1 Tim. 6:15.
n 1 Thess. 2:4. |
28 Dit is, volgens die leer van die evangelie, waarin die heerlikheid van God, ons Verlosser, voorgestel word.
29 Dit is, opgelê of beveel is. |
En ek dank Hom wat my 30krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my 31getrou geag en 32in die bediening gestel het,
| 30 Dit is, krag en bekwaamheid gegee het, 2 Kor. 3:5, 6. Of ook: tot nog toe so versterk het dat ek onder die las nie beswyk nie.
31 Dit moet nie verstaan word as enige getrouheid wat God in Paulus gesien het voordat Hy Hom oor hom ontferm het nie, maar waartoe hy deur God se ontferming gekom het, soos hy verklaar in 1 Kor. 7:25. 2 Kor. 4:1. 1 Thess. 2:4. 32 Naamlik van die apostelskap. |
omy wat vroeër ’n lasteraar en ’n vervolger en 33’n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, pomdat ek dit 34onwetend gedoen het in ongeloof.
| o Hand. 8:3; 9:1; 22:4; 26:9. 1 Kor. 15:9. Gal. 1:13.
p Joh. 9:39, 41. Hand. 3:17. |
33 Of: ’n belediger.
34 Naamlik van die goddelikheid en waarheid van die evangelie, soos in Hand. 3:17, waarmee hy hom nie verontskuldig, asof hy daaroor voor God nie strafbaar was nie, want hy betuig hierna die teendeel oor homself, verse 15, 16, soos ook in die algemeen, 2 Thess. 1:8. Hy gee egter hiermee te kenne dat sy sonde nie sonde teen die Heilige Gees was nie, gedoen uit moedswilligheid en haat van die bekende waarheid, en daarom was dit deur die genade en verdienste van Christus vergeeflik. |
En die genade van onse Here was baie oorvloedig 35met geloof en liefde wat 36in Christus Jesus is.
| 35 Naamlik in Christus en sy evangelie. Die geloof word dus gestel teenoor sy voorgaande onwetendheid, en die liefde teenoor sy lastering en vervolging.
36 Dit is, deur die genade van Christus Jesus, of in die staat wat daar in Christus Jesus is. |
Dit is 37’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, qdat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek 38die vernaamste is.
| q Matt. 9:13. Mark. 2:17. Luk. 5:32; 19:10. 1 Joh. 3:5. | 37 Dit is, ’n vaste en ware woord.
38 Gr. eerste, dit is, eerste van die grootste, naamlik ten opsigte van my voorgaande lastering en vervolging. Sien ook 1 Kor. 15:9. |
Maar daarom is aan my 39barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste 40al sy lankmoedigheid sou betoon, 41om ’n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.
| 39 Of: God het Hom oor my ontferm, soos in vers 13.
40 Naamlik wat God in die evangelie beloof het om te gebruik, sodat Hy die sondaar tot bekering mag bring. 41 Naamlik dat niemand, hoe groot sondaar hy ook is, die genade van God hoef te betwyfel nie, as hy maar deur die geloof sy toevlug tot Christus neem. |
Aan 42die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, 43alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot 44in alle ewigheid. Amen.
| 42 Dit is, van alle skepsele, soos die woord eeue gebruik word in die Griekse teks van Hebr. 1:2. Of: wat van ewigheid is, en in ewigheid leef.
43 Dit is, wat alleen van Homself en volmaak wys is, soos Hy ook in so ’n betekenis alleen goed genoem word, Matt. 19:17. 44 Gr. in of tot ewighede van ewighede. |
Hierdie boodskap 45vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, 46ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, rsodat jy 47daardeur 48die goeie stryd kan stry
| r 1 Tim. 6:12. | 45 Die Griekse woord beteken eintlik om iemand iets toe te vertrou wat hy by hom bêre, of aan hom te gee om te bewaar.
46 Dit is, voorseggings. Want in die tyd van die apostels was sommige manne van God deur die bevel van die Heilige Gees tot die diens van die evangelie afgesonder, soos Paulus en Bárnabas so uitgestuur was, Hand. 13:2. Of: van hulle is deur sommige profesieë vooruit aangekondig wat hulle sou oorkom, soos te sien is in Hand. 11:27, 28; 20:23; 21:11. Dit word ook van Timótheüs getuig in 1 Tim. 4:14. 47 Naamlik deur die voorseggings of profesieë, dit is, deur die dinge wat tevore aan jou vooruit verkondig is. 48 Wat nie net as die arbeid, ywer en stryd verstaan word wat alle gelowiges in hul algemene beroep opgelê is nie, maar ook die troue leraars in die besonder. Sien 2 Tim. 4:7, 8. |
sen aan 49die geloof en 50’n goeie gewete 51vashou. Sommige het 52dit van hulle 53weggestoot en 54aan die geloof 55skipbreuk gely,
| s 1 Tim. 3:9. | 49 Dit is, die belydenis of leer van die ware geloof, soos blyk uit die teenstelling van die lasteringe van Himenéüs en Alexander in die volgende vers.
50 Dit is, ’n opregte gewete, wat hom in al sy dade rig volgens dit waarvan hy uit die Woord van God onderrig is, en nie volgens eersug, geldgierigheid of ander geneentheid nie; waaroor maklik geoordeel kan word deur diegene wat mense se woorde met hul dade vergelyk. 51 Gr. besit, dit is, behou. 52 Naamlik die goeie of opregte gewete. 53 Dit is, nie nagekom of waargeneem nie. 54 Of: wat betref, in, aangaande die geloof, dit is, aan die ware leer of belydenis van die geloof, soos die volgende vers vereis, en soos Paulus nader verklaar in 2 Tim. 2:17, 18. 55 Dit is, verval het of afvallig geword het; ’n beeld geneem van diegene wat hul besittings deur skipbreuk verloor. Sien 1 Tim. 4:1. |
onder wie daar is tHimenéüs en v56Alexander, xwat ek 57aan die Satan oorgegee het, sodat hulle 58kan leer om nie te 59laster nie.
| t 2 Tim. 2:17.
v 2 Tim. 4:14. x 1 Kor. 5:5. |
56 Baie meen dat dit dieselfde Alexander is waarvan in Hand. 19:33 gespreek word, maar dit is nie seker nie. Omdat hy hier egter saam met Himenéüs genoem word, moes hy ook aan dieselfde dwalinge en lasteringe skuldig gewees het, waarvan hierdie Himenéüs deur Paulus beskuldig word, 2 Tim. 2:18, naamlik dat hy die opstanding van die dode ontken het.
57 Naamlik deur die kerklike ban; sien ’n duideliker verklaring in 1 Kor. 5:5 se kanttekening. 58 Dit is, hulle bedink en tot erkentenis van hul dwalinge kon kom, wat die doel van die kerklike tug is, soos Paulus ook getuig in 1 Kor. 5:5. 2 Thess. 3:14. Of: indien hulle hul nie bekeer nie, hulle die kerk van God des te minder skade sou berokken, en deur hul straf ’n voorbeeld vir ander lasteraars en verleiers sou wees. Want die Griekse woord beteken beide om geleer en getug te word. 59 Dit is, van die gesonde leer of goddelike waarheid kwaad spreek, soos dieselfde woord blasphemein ook vir die leer gebruik word in 1 Tim. 6:1. Tit. 2:5. |
Verskillende vermaninge. Groete.
VERDER, broeders, abid vir ons dat 1die woord van die Here 2sy snelle loop mag hê en 3verheerlik word net soos by julle;
| a Matt. 9:38. Ef. 6:19. Kol. 4:3. | 1 Dit is, die verkondiging van die evangelie.
2 Gr. mag hardloop, dit is, haastig en voorspoedig mag verbrei en bevorder word. 3 Dit is, in eer en agting gehou mag word, en waardige vrugte voortbring. |
ben dat ons 4verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, cwant die geloof is nie 5die deel van almal nie.
| b Rom. 15:31.
c Joh. 6:44. |
4 Dit is, ontslaan of vrygehou word van sulke mense wat die loop van die evangelie probeer verhinder, soos die hardnekkige Jode en hul aanhangers was, Handelinge 17; 18.
5 Naamlik, dit is nie aan almal gegee om in Christus te glo nie. Sien Matt. 13:11. Joh. 6:44, ens. |
dMaar die Here is getrou; Hy sal julle 6versterk een bewaar 7van die Bose.
| d 1 Thess. 5:24.
e Joh. 17:15. |
6 Naamlik in die geloof.
7 Naamlik dat julle nie deur hom versoek word nie, Matt. 6:13. Of: van die bose mense, waaroor hy in die voorgaande vers geskryf het. Of: van die boosheid, naamlik dat julle nie daarin verval nie. |
En ons vertrou aangaande julle in die Here dat julle doen en ook sal doen wat ons julle 8beveel.
| 8 Naamlik in die Naam van die Here, soos hierna in vers 6 verklaar word, en in 1 Thess. 4:2. |
Mag die Here julle harte 9rig tot 10die liefde van God en 11die lydsaamheid van Christus!
| 9 Dit is, julle harte reg lei, sonder dat dit na die een of ander kant toe wankel.
10 Dit kan verstaan word óf as die liefde waarmee ons God liefhet, óf as die liefde waarmee God ons liefhet, sodat ons naamlik in die gevoel daarvan meer en meer versterk word. Sien Rom. 5:5; 8:39. 11 Dit is, die verdraagsaamheid in die kruis en die verdrukking om Christus wil; of: die lydsame verwagting van Christus tot oordeel. |
fOns beveel julle, broeders, 12in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul 13onttrek aan elke 14broeder 15wat onordelik wandel en nie volgens g16die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
| f vers 14. 1 Kor. 5:11. Tit. 3:10.
g 2 Thess. 2:15. |
12 Dit is, omdat ons deur Christus beveel is, of deur Hom die gesag daartoe het. Sien 2 Kor. 5:19, 20.
13 Dit is, vermy, geen vertroulike omgang met so iemand hou nie; naamlik nadat in die gemeente behoorlike kennis daarvan geneem is, en hy ongehoorsaam bly, al is hy vermaan. Sien vers 14. Matt. 18:15, ens. 1 Kor. 5:11. 14 Dit is, wat belydenis doen van die geloof in Christus, hoewel hy dit nie reg uitleef nie, soos Paulus verklaar in 1 Kor. 5:11. 15 Dit kan hier in die algemeen as alle onordelikheid verstaan word waardeur aanstoot in die gemeente van God gegee word; of as die besondere onordelikheid waarvan hy in vers 11 ’n nadere verklaring gee, naamlik van diegene wat ledig rondgegaan het en bemoeisiek was sonder om hulle beroep behoorlik waar te neem, soos die vervolg skynbaar vereis. 16 Dit is, bevele en vermaninge, soos in 2 Thess. 2:15 en die kanttekening. |
Want julle weet self hhoe julle 17ons moet navolg, iwant ons het ons nie 18onordelik onder julle gedra nie;
| h 1 Kor. 11:1. 1 Thess. 1:6, 7.
i 1 Thess. 2:10. |
17 Naamlik nie net my nie, maar ook Timótheüs en Silvánus, in wie se name hierdie brief ook geskryf is.
18 Naamlik soos hierdie ledige of bemoeisieke mense hulle onordelik gedra in sake buite hul beroep. |
kook het ons 19nie brood by iemand kosteloos geëet nie; maar ons het met arbeid en inspanning nag en dag 20gewerk om nie iemand van julle tot las te wees nie.
| k Hand. 18:3; 20:34. 1 Kor. 4:12. 2 Kor. 11:9; 12:13. 1 Thess. 2:9. | 19 Of: nie brood van iemand nie, dit is, nie voedsel of drank geniet nie, soos in Gén. 3:19.
20 Dit is, bo en behalwe die sorgvuldige waarneming van ons apostelamp, het ons ook met ons hande gewerk om onsself te onderhou. Sien Hand. 20:34. 1 Thess. 2:9. |
lNie dat ons nie 21die reg het nie, maar om onsself vir julle as m’n voorbeeld te stel, dat julle 22ons kan navolg.
| l 1 Kor. 9:3, 6. 1 Thess. 2:9.
m 1 Kor. 4:16; 11:1. Filip. 3:17. 1 Thess. 1:6. |
21 Naamlik, om julle lastig te val, of onderhoud van julle te neem, soos ander apostels gedoen het, en hy elders leer dat die dienaars van die Woord ook mag doen. Sien breedvoeriger hieroor in 1 Kor. 9:3, ens.
22 Naamlik in die waarneem van jul arbeidspligte, elk in sy eie beroep; en nie jul ledigheid en bemoeisiekheid verontskuldig onder ’n dekmantel van, óf om die evangelie te wil bevorder, óf omdat die wederkoms van Christus spoedig sou plaasvind nie. |
Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: 23as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
| 23 Naamlik terwyl hy gesondheid, krag en geleentheid daartoe het; want andersins het die gemeente ook die verantwoordelikheid om elkeen wat gebrek het, soveel dit moontlik is, te versorg. Sien 2 Korinthiërs 8; 9. |
Want 24ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar 25bemoeisiek is.
| 24 Dit voeg die apostel daarby om aan te wys dat hy hierdie voorgaande vermaninge en voorbeelde nie tevergeefs aan hulle voorhou nie; en dit volg eintlik op dit wat deur hom in vers 6 gesê is.
25 Dit is, deur dinge te doen sonder beroep, buite hul beroep en teen hul beroep; soos hierdie woord ook vir sommige weduwees wat leeglê gebruik word, 1 Tim. 5:13. |
nSulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig ote werk en 26hulle eie brood te eet.
| n 1 Thess. 4:11.
o Ef. 4:28. |
26 Dit is, wat hulle deur hul eie arbeid verkry het. Sien 1 Thess. 4:11. |
En julle, broeders, moet nie in goeddoen p27verflou nie.
| p Gal. 6:9. | 27 Die Griekse woord beteken eintlik iets erger, naamlik, slapper of traer word. Die apostel voeg dit hierby om hulle te vermaan dat hulle nie weens die misbruik van hierdie bemoeisieke mense slapper of traer moes word in die weldoen aan die ware armes nie. |
En as iemand aan 28ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, 29teken dié man en q30hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy 31skaam kan word.
| q vers 6. Matt. 18:17. 1 Kor. 5:9. | 28 Dit is, hierdie vermaning van ons om rustig te werk, sy eie sake waar te neem, en ’n ordelike lewe te lei. Sien verder vers 6.
29 Sommige voeg die woord teken by die voorgaande woord brief, asof die apostel sê: Teken hom, of wys my hom aan deur ’n brief. Hierdie samevoeging kom egter nie goed met die Griekse woord semeiousthai en met dit wat volg ooreen nie. Want hierdie Griekse woord beteken eintlik nie om iemand aan te wys nie, maar wel om iemand te merk of met ’n merk te teken, en daardeur hom skande aan te doen, of uit enige eervolle vergaderinge uit te sluit, en sy naam, as sulke eer onwaardig, aan te teken of te verwyder. Sodat hierdie woord deur ander baie duidelik verstaan word as die Christelike ban en uitsluiting uit die gemeenskap van die kerk, volgens die orde deur Christus ingestel, Matt. 18:15, soos die volgende woorde ook duidelik meebring. 30 Sien breedvoeriger oor hierdie woord en die saak wat daardeur voorgestel word 1 Kor. 5:9, 11. 31 Naamlik, en deur hierdie skaamte terugkeer tot sy verskuldigde plig, soos die Griekse woord meebring. Sien Matt. 21:37. |
En beskou hom nie 32as ’n vyand nie, maar vermaan hom 33as ’n broeder.
| 32 Naamlik van wie julle heeltemal moet vlug, of vir wie julle moet verlaat, soos ’n mens gewoonlik teenoor ’n vyand optree.
33 Naamlik wat verdwaal is, en wat ’n mens daarom moet terugbring na die regte pad, 2 Kor. 2:7. |
rEn mag Hy, 34die Here van die vrede, julle altyd vrede gee 35op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!
| r Rom. 15:33; 16:20. 1 Kor. 14:33. 2 Kor. 13:11. Filip. 4:9. 1 Thess. 5:23. | 34 Dit is, wat die Bewerker is van alle vrede en geluksaligheid.
35 Dit is, sowel met God as onder mekaar. |
sDie groete van Paulus, met my eie hand, wat 36’n teken is in elke brief; so skryf ek.
| s 1 Kor. 16:21. Kol. 4:18. | 36 Naamlik waardeur my eie briewe van ander, wat moontlik vals onder my naam verskyn, deur die gemeente onderskei kan word. Sien Kol. 4:18. |
Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
Einde van die tweede brief van PAULUS aan die Thessalonicense.
Die wederkoms van Christus sal voorafgegaan word deur die openbaring van die Antichris.
MAAR ons vra julle, broeders, 1met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en 2ons vereniging met Hom,
| 1 Naamlik waaroor hy in die voorgaande brief, 1 Thessalonicense 4 en 5, gespreek het. Dit wil voorkom of sommige onder hulle dit nie reg verstaan het nie, daarom onderrig hy hulle breedvoeriger hieroor. Ander vertaal dit met: deur die wederkoms, ens. Dit is, so seker as julle aan hierdie wederkoms van Christus en ons vereniging met Hom glo en dit verwag. Die eerste vertaling kom egter die beste met die Griekse woorde ooreen.
2 Naamlik in die laaste dag, in sy heerlikheid, waaroor hy in 1 Thess. 4:16, gehandel het. |
aom nie gou julle 3verstand te 4verloor of 5verskrik te word nie — 6deur gees of 7deur woord of 8deur brief wat van ons afkomstig sou wees — asof 9die dag van Christus al daar is.
| a Jer. 29:8. Matt.24:4. Ef. 5:6. Kol. 2:18. 1 Joh. 4:1. | 3 Naamlik wanneer hulle sulke opvattings van Christus se tweede koms, met aanduiding van dag en tyd, begin aanneem, dan gewoonlik soos uitsinnige mense gedryf word, soos vroeër sodaniges onder die chiliaste was, en in ons tyd onder enige soort geesdrywers. Ander verstaan dit as die regte mening oor hierdie geloofsartikel.
4 Gr. beweeg, dit is, beweeg word in julle verstand. ’n Beeld geneem van die golwe van die see, wat deur verskeie winde heen en weer gedryf word. 5 Of: ontroerd, ontsteld, soos ’n mens gewoonlik oor ’n haastige en onverwagte groot geskreeu van oproerige mense ontstel word. 6 Dit is, deur voorgee van geestelike openbaringe, wat sulke mense gewoonlik voortbring. Sien ook 1 Joh. 4:1. 7 Of: rede, naamlik asof van my of Timótheüs en Silas gehoor. Ander verstaan dit as enkele skynbaar aanneemlike redes wat hier en daar uit God se Woord ongegrond byeengebring is. 8 Naamlik deur hulle valslik in ons naam opgestel, wat sulke mense gewoonlik ook na vore bring. 9 Naamlik van Christus se tweede koms om te oordeel, asof dit terstond daarna sou plaasvind. |
Laat niemand julle op enige manier 10mislei nie, want beers moet 11die afval kom en 12die mens van sonde 13geopenbaar word, 14die seun van die verderf,
| b Matt. 24:23. 1 Tim. 4:1. 1 Joh. 2:18. | 10 Dit sê die apostel omdat hierdie mense die gemeente met sodanige voorwendsels laat afkeer het van hul beroep en van hul gewone arbeid, asof dit nou verder onnodig sou wees, aangesien Christus met hierdie koms van Hom aan alles ’n einde sou maak, en ’n hemelse lewe bring; waarvan die apostel in die volgende hoofstuk breedvoeriger sal spreek. Ander was daardeur verlei om te twyfel aan die vastigheid van die evangelie, aangesien dit wou voorkom of hulle tevergeefs op die belofte van hierdie wederkoms gewag het, soos van sulkes gespreek word in 2 Petr. 3:3, 8, 9.
11 Gr. apostasia, wat sommige kerkvaders verstaan as die afval van baie koninkryke van die Romeinse Ryk, dit word egter beter verstaan as ’n algemene afval van die suiwerheid van die evangelie, wat Paulus ook vooruit aankondig in 1 Timótheüs 4. 2 Timótheüs 3; 4, en wat aan Johannes geopenbaar is in Openbaring 11; 12, en elders. Omdat hierdie woord apostasia in die Nuwe Testament altyd ’n afval van die leer beteken, en Paulus ook hier in werklikheid oor die leer handel. 12 Dit is, die Antichris, die mens tot alle sonde oorgegee. Hieruit, soos ook uit die volgende woorde die seun, die teëstander, die ongeregtige, ens., wil sommige aflei dat die Antichris slegs een persoon sou wees, wat volgens hulle drie en ’n half jaar sal heers, dat hy al die Jode oor die hele wêreld na hom sal trek, die tempel in Jerusalem weer sal opbou, hom daarin as God sal laat eer en só alle koninkryke van die aarde onder sy gesag sal bring, ens. Dit is egter verdigsels wat ingaan teen die algemene oordeel, om die ware Antichris te verduister, omdat die werkinge en eienskappe wat hom hierna, en deurgaans in die Openbaring van Johannes, toegeskryf word, heeltemal vreemd is van bogenoemde verklarings. Daarom, hoewel die Antichris hier onder die naam van een mens beskryf word, word nie noodwendig slegs een mens daaronder verstaan nie, maar ’n langdurige opeenvolging van mense, wat die een ná die ander dieselfde amp, mag en heerskappy het, soos sodanige manier van spreek in sulke profesieë gebruiklik is. Sien Jes. 10:5; 14:12. Jer. 48:40. Dan. 7:17. Hebr. 9:7, 25. 1 Joh. 4:3. Openb. 17:10. Des te meer omdat die apostel in vers 7 betuig dat hierdie verborgenheid van die ongeregtigheid nou reeds in sy tyd begin het om te werk. 13 Dit is, sy geestelike heerskappy oor die Christendom openlik sal bekendmaak en bevestig, soos hierdie woord hierna ook gebruik word, verse 6, 8. 14 Dit is, wat ander verderf, en self na die verderf gaan, en daartoe bestem is deur God se regverdige oordeel. Sien Joh. 17:12. Openb. 9:11 en die kanttekening. |
die 15teëstander wat hom 16verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy 17in die tempel van God 18as God sal sit en c19voorgee dat hy God is.
| c Dan. 11:36. | 15 Naamlik van Christus en sy leer, waarom hy ook die Antichris, dit is, Teenchristus genoem word; wat verstaan word, nie as dit wat hy met woorde sal voorgee nie, maar dat sy leer en dade sodanig sal wees dat hy daardeur die ware leer van Christus en sy kerk sal probeer verdruk, hoewel hy ’n ander beeld sal wil voorhou. Daarom word hom twee horings toegeskryf, soos die lam, maar hy spreek nogtans soos die draak, en doen die werke van die eerste dier, genoem in Openb. 13:1. Sien Openb. 13:11 en die kanttekening, ens.
16 Dit is, neem meer gesag aan as al wat God genoem word in die hemel en op die aarde. Sien Ps. 82:6; 115:3. 1 Kor. 8:5. Of: verhef teen al. Ander lees: bo almal wat God genoem word. 17 Of: teen die tempel van God. Waardeur die tempel van Jerusalem nie verstaan kan word nie, soos sommige voorgee, aangesien dit nou al eeue gelede verwoes is, en ook verwoes moet bly, volgens die getuienis van die engel, Dan. 9:27, en van Christus, Matt. 23:37, 38; 24:1, 2. Wat ook, as dit deur die Antichris weer opgebou sou word, om daarin geëer te word, nie die tempel van God genoem kan word nie, maar die tempel van die Antichris, of van die duiwel. Maar hierdeur word egter verstaan die gemeente van God, waarin of waarteen die Antichris hom sal stel, en wat hy met sy heerskappy sal verdruk, soos die woorde tempel van God ook elders in die Skrif gebruik word, 1 Kor. 3:16. 2 Kor. 6:16. 1 Tim. 3:15. 1 Petr. 2:5, ens.; en soos die woord sit ook vir die Antichris gebruik word, Openb. 17:15; 18:7. 18 Naamlik op aarde, terwyl hy hom goddelike mag toeskryf. 19 Dit is, sodanige majesteit, mag en heerskappy aanneem en uitoefen, asof hy God is. |
Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
En nou, 20julle weet wat 21hom 22teëhou, sodat hy op 23sy tyd geopenbaar kan word.
| 20 Naamlik deur die waarskuwing wat ek julle gegee het. Die apostel spreek dit hier nie uit nie, om, soos baie ou verklaarders meen, die keisers van Rome nie te veel teenoor die Christene te vertoorn nie, omdat die Romeine voorgegee het dat hul heerskappy geen einde sou hê in die wêreld nie.
21 Naamlik die Antichris. 22 Dit is, sy openbaring of openlike opkoms nou nog verhinder en vertraag. Hierdeur word deur sommige die suiwer verkondiging van die evangelie verstaan, en die opregtheid van leraars in die gemeente van God, wat, solank hulle in Christus se kerk behou is, sulke geestelike heerskappysug en dwaling weerstaan en teëgehou het. Die meeste kerkvaders verstaan egter hierdeur die oppermag en aansien van die ou keisers in die Romeinse Ryk, wat deur hul wêreldlike mag die opkomende geestelike mag van die Antichris oor die Christendom teëgehou het, totdat hierdie keiserlike mag deur die Sarasene en Mohammedane in die ooste, en deur verskeie barbaarse volke in die weste, erg gebreek en tot ’n einde gebring is. By hierdie geleentheid het hierdie onregmatige geestelike mag in die Christendom deurgebreek, en haar heerskappy selfs oor keisers, konings, prinse en volke openlik bevestig, wat omtrent seshonderd jaar ná die geboorte van Christus gebeur het, soos deur baie geskiedskrywings van daardie tyd bewys is. Wie die Antichris is, wat hierdie mag in die Christendom vir eeue onregmatig besit het, word duidelik aangewys in Openbaring 13; 17; 18. 23 Naamlik deur God verordineer, en vir die Antichris toegelaat, soos tevore verklaar is. |
Want 24die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat 25hy wat nou teëhou, 26uit die weg geruim is;
| 24 Dit is, die heimlike opkoms van hierdie ongeregtige antichristelike heerskappy word langsamerhand in die kerk van Christus bevorder. Dit geskied naamlik deur die Satan en enkele van sy instrumente, wat deur magsug (soos Diótrefes daaroor bestraf word, 3 Joh. verse 9, 10), en deur invoering van valse en bygelowige leringe en menslike instellings, die Satan reeds van die tyd van die apostels af hierin die hand gebied het. Sien 1 Joh. 2:18. Of: die verborgenheid van die ongeregtigheid werk reeds.
25 Naamlik die Antichris in sy opkoms teëhou, waarvan in die voorgaande vers gespreek is. 26 Dit is, só gebreek sal word en sy krag verloor, dat hy hierdie opkomende geestelike heerskappy nie langer sal kan teëstaan nie. Wie dit is, is in die voorgaande vers se kanttekening verklaar. |
en 27dan sal 28die ongeregtige 29geopenbaar word, dhy wat die Here 30met die asem van sy mond 31sal verdelg en 32deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
| d Job 4:9. Jes. 11:4. | 27 Dit is, nadat hy sy krag om teë te hou verloor het.
28 Dit is, die Antichris, wat só genoem word omdat hy hom aan geen wette sou onderwerp nie, maar sou roem dat hy bo alle wette is; soos die Griekse woord anomos eintlik sonder wet of wetteloos beteken. 29 Sien hieroor vers 3 se kanttekening. 30 Dit is, deur die suiwere verkondiging van die heilige evangelie, waardeur die Gees van die Here kragtig is in die harte van die mense. Sien dergelike in Jes. 11:4. Hebr. 4:12. Openb. 1:16. 31 Of: verteer. Die Griekse woord analosei beteken eintlik: om spys, drank, geld, goed langsamerhand deur te bring en tot niet te maak. Só sal Christus dan op die regte tyd ook die Antichris langsamerhand verdelg, en sy aansien ontneem in die Christendom. 32 Dit is, deur sy verskyning in sy wederkoms. Want dan sal die dier en die valse profeet gedood en in die vuurpoel gewerp word, Openb. 19:20. |
33hy wie se koms is evolgens die werking 34van die Satan f35met allerhande kragtige dade en tekens en 36wonders van die leuen
| e Joh. 8:41. 2 Kor. 4:4. Ef. 2:2.
f Deut. 13:1. Openb. 13:13. |
33 Naamlik die Antichris, waarvan die apostel in die begin van die voorgaande vers gespreek het.
34 Dit is, met sodanige werking soos die Satan gewoonlik gebruik om mense te verlei. Hierdie werking word in die volgende verse verklaar. 35 Dit is, krag van tekens of wonders, wat die Satan te voorskyn sal bring om die heerskappy en valse leer van die Antichris te bevestig. Sien Matt. 24:24. Openb. 13:13, ens. 36 Dit is, wat ten dele verdig en ten dele deur die Satan teweeggebring sal wees, om sy dienaars in aansien, en die arme verblinde mense in hul valse opvattings en bygeloof te hou. |
en met 37allerhande 38verleiding van ongeregtigheid gin die wat verlore gaan, 39omdat hulle 40die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
| g 2 Kor. 2:15; 4:3. | 37 Want die Satan het ’n beperkte mag.
38 Dit is, tot ongeregtige en valse leer, soos die woord waarheid uitwys, wat daarteen gestel word; en soos in vers 12. 39 Dit is, in vergelding, wat die Griekse woord meebring. Dit is dus ’n regverdige straf van God oor die sonde en ondankbaarheid van sulke mense, soos in die volgende vers nader verklaar word. 40 Dit is, die waarheid nie liefgehad het nie, en gevolglik ook nie geglo en vasgehou het nie. Sien ’n dergelike straf van God oor die heidene, wat die natuurlike kennis van God nie vasgehou het nie, in Rom. 1:28. |
hEn daarom sal 41God hulle die krag van die dwaling stuur, iom die 42leuen te glo,
| h Rom. 1:24.
i 1 Tim. 4:1. |
41 Dit is, God sal die Satan vrye teuels oor hulle gee, om sy krag van verleiding teen hulle te gebruik, en Hy sal sy genade, wat hulle nog weerhou het, voortaan inhou, en hulle só aan hulle eie begeertes oorgee, waardeur hulle kragtig tot dwaling gebring sal word. Sien dergelike oordele van God oor die ondankbare mense in Deut. 28:28. 2 Kron. 18:22. Job 12:17. Jes. 19:14. Rom. 1:24; 11:8. 2 Kor. 4:3, 4, ens.
42 Dit is, opgesmukte en valse leer. |
sodat almal 43geoordeel kan word wat 44die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die 45ongeregtigheid.
| 43 Dit is, veroordeel, of verdoem, soos meermale op ander plekke.
44 Naamlik van die evangelie. 45 Dit is, valse en ongeregtige leer, soos in vers 10. |
Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle 46van die begin af verkies het tot saligheid 47in heiligmaking van die Gees en 48geloof in die waarheid,
| 46 Naamlik van die wêreld, soos in Miga 5:1. Joh. 1:1. Dit is, van ewigheid af, of: voor die grondlegging van die wêreld, Ef. 1:4, hoewel sommige dit verstaan as die begin toe die evangelie aan hulle verkondig is, wanneer God hulle deur sy Gees uit die verdorwe menslike geslag verkies of afgesonder het; soos die woord verkies of afsonder ook elders gebruik word. Sien Joh. 15:16. 1 Kor. 1:27. Dit wil egter voorkom of die eerste verklaring baie goed by die volgende vers pas, omdat die verkiesing, waarvan Paulus hier spreek, die roeping voorafgaan, soos ook te sien is in Rom. 8:29, 30; 9:23, 24, maar die daadwerklike uitverkiesing uit die verdorwe menslike geslag, wat in die tyd geskied, volg ná die roeping, omdat hierdie afsondering deur die roeping van die evangelie teweeggebring word.
47 Of: deur, dit is, hierdie saligheid word deur die heiligmaking van die Gees en die geloof verkry, en is derhalwe ’n onfeilbare merkteken van julle ewige verkiesing, Rom. 8:14. 2 Kor. 1:22. 48 Dit is, wat op die waarheid van die evangelie sien en steun. |
waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie 49om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.
| 49 Dit is, om die ewige heerlikheid deur Christus en met Christus te verkry, Rom. 8:17. Openb. 3:21. |
So dan, broeders, staan vas ken hou julle aan die 50voorskrifte wat julle geleer is òf 51deur ’n woord òf deur ’n brief van ons.
| k 2 Thess. 3:6. | 50 Gr. oorleweringe. Só noem die apostel die vermaninge en leringe wat hulle van hom ontvang het, wat sowel die leer as die lewe aangaan, nie net toe hy by hulle teenwoordig was nie, maar ook wat hy nou in hierdie briewe aan hulle voorgestel het. Sien 1 Kor. 11:2. 2 Thess. 3:6.
51 Naamlik toe ek by julle teenwoordig was. |
En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en ’n 52ewige troos en 53goeie hoop 54in genade gegee het,
| 52 Dit is, ’n vaste troos, gegrond op die belofte van die ewige lewe.
53 Naamlik van ons verlossing en ewige saligheid, 1 Petr. 1:3, 4. 54 Dit is, deur sy genade. |
julle harte vertroos en julle lversterk in alle 55goeie woorde en werke!
| l 1 Thess. 3:13. | 55 Dit is, gee dat julle julself en ander met godsalige woorde en werke altyd mag stig en versterk. |
Opskrif en seëngroet.
PAULUS en 1Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense 2in God onse Vader en die Here Jesus Christus:
| 1 Dit is, Silas. Sien 1 Thess. 1:1 se kanttekening.
2 Sien 1 Thess. 1:1 se kanttekening. |
a3Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
| a 1 Kor. 1:3. 1 Thess. 1:1. 1 Petr. 1:2. | 3 Sien hieroor die begin van die voorgaande briewe. |
Die vooruitgang en standvastigheid van die gemeente in geloof en liefde nieteenstaande die vervolginge.
bONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit 4billik is, omdat julle geloof 5grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,
| b Ef. 1:15. Filip. 1:3. Kol. 1:3. 1 Thess. 1:2. | 4 Gr. waardig, dit is, billik of betaamlik. Sien Matt. 3:8. Hand. 26:20.
5 Gr. uitermate groei, naamlik groter as wat dit tevore was. |
sodat ons self in die gemeentes van God c6oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur —
| c 1 Thess. 2:19. | 6 Gr. in julle roem, dit is, julle prys en God dank vanweë sy seën oor julle, en julle as ’n navolgenswaardige voorbeeld aan die ander gemeentes voorstel. |
d7’n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God 8waardig geag mag word, ewaarvoor julle ook ly;
| d Jud. vers 6.
e 1 Thess. 2:14. |
7 Dit is, wat ’n bewys is, dat God se regverdige oordeel eenmaal oor die wêreld sal kom, aangesien die vromes hier moet ly en die goddeloses die oorhand het. Sien ook Filip. 1:28.
8 Of: waardig gemaak, naamlik deur God uit genade, soos in vers 11 verklaar word, en voorheen in Kol. 1:12. Nie omdat die verdraagsaamheid van die vervolginge dit op sigself waardig is of verdien nie, want dit ontken die apostel uitdruklik, Rom. 8:18, maar omdat God sy kinders in Christus hierdie koninkryk genadiglik waardig ag of maak, as hulle in die lyding aan Christus gelykgemaak word, sodat hulle Hom ook daarna in sy heerlikheid gelyk mag word, Rom. 8:17. 2 Tim. 2:12. Openb. 3:21. |
faangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
| f Sag. 2:8. |
en aan 9julle wat verdruk word, verligting te gee saam met 10ons gin die 11openbaring van die Here Jesus uit die hemel 12met sy magtige engele
| g 1 Thess. 4:16. | 9 Naamlik, dit is reg by God om verligting te vergelde. Dit moet nie so verstaan word, asof sulke verdrukkinge en kastydinge van die gelowiges hierdie verligting verdien het of waardig was voor God, soos die verdrukkers die regverdige straf van God verdien en waardig is nie. Want God se Woord betuig deurgaans aan ons die teendeel. Sien Jes. 47:6, ens.; 51:21. Dan. 9:16. Hebr. 12:6, 7. 1 Petr. 4:16, 17, ens. Maar omdat die gelowiges sulke lyding deur die verdrukkers aangedoen word ter wille van Christus en van die geregtigheid, waaroor God hulle sulke belonings van verligting uit genade belowe, Matt. 5:11, 12. 1 Petr. 4:14, ens. En omdat God regverdig en getrou is in die volbringing van sy genadige beloftes, word gesê dat dit reg of regverdig is by God dat Hy dit doen, soos die woord reg en regverdig ook elders vir hierdie getrouheid en waarheid van God gebruik word. Sien Ps. 143:1. 1 Joh. 1:9.
10 Naamlik apostels van Jesus Christus, wat so ’n belofte van Christus ook in die besonder ontvang het, Matt. 19:28. 11 Dit is, wederkoms, Matt. 24:30. 12 Gr. met die engele van sy krag, waardeur Hy sy oordeel kragtig sal uitvoer, Ps. 103:20. Matt. 13:41, 42; 24:31. ’n Hebreeuse spreekwyse. |
h13in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen iop die wat God 14nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus 15nie gehoorsaam is nie.
| h 2 Petr. 3:7.
i Rom. 2:8. |
13 Gr. in die vuur van die vlam, wanneer Hy wraak gee. Ook ’n Hebreeuse spreekwyse, soos tevore met die engele van sy krag. Sien ’n nadere beskrywing daarvan in Ps. 50:2, ens.
14 Naamlik soos dit hoort, en daarom ook nie liefhet óf op Hom vertrou nie. 15 Dit is, nie glo nie, en nie hul lewe daarvolgens rig nie. |
kHulle sal as straf ondergaan ’n ewige verderf, 16weg van die aangesig van die Here en van 17die heerlikheid van sy sterkte,
| k Jes. 2:19. | 16 Dit is, óf hulle sal dit ly, terwyl hulle van die aangesig van Christus verstoot is. Sien Matt. 25:41; óf die toornige aangesig van Christus, die Regter, sal hulle hierdie verderf aandoen.
17 Dit is, sy sterk heerlikheid, soos in vers 8. Ef. 1:7. |
lwanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en 18bewonder te word in almal wat glo, 19in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.
| l Hand. 1:11. 1 Thess. 1:10. Openb. 1:7. | 18 Naamlik in sy wonderlike krag en goedheid in die verheerliking van sy gelowiges.
19 Naamlik van die openbaring van Christus, soos in vers 7. |
Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle 20die roeping 21waardig mag ag, en dat Hy 22alle welgevalle aan wat goed is, en 23alle werk van die geloof 24met krag volkome mag maak,
| 20 Dit is, die heerlikheid waartoe julle geroep is; want hulle was al tevore kragtig tot die geloof geroep en gebring.
21 Of: waardig mag maak. Sien vers 5. 22 Dit is, alles wat Hy volgens sy welbehae en goedheid oor julle besluit het. Sien Matt. 25:34, ens. Luk. 12:32. 23 Dit is, die geloof wat Hy in julle gewerk het, Filip. 1:6. 1 Thess. 1:3. 24 Dit is, kragtig, of: deur sy krag. |
sodat 25die Naam van onse Here Jesus Christus in julle 26verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig 27die genade van onse God en die Here Jesus Christus.
| 25 Dit is, Jesus Christus met al sy eienskappe, soos in Filip. 2:10.
26 Dit is, as heerlik erken en geroem. 27 Dit is, ooreenkomstig die mate van genade of gawe van Christus, soos hy spreek in Ef. 4:7. |
MAAR oor die tye en 1geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
| 1 Naamlik van die tye; onder die tye word die jaar, maand, of dag verstaan; onder geleenthede word verstaan of dit dag, nag, oggend, aand of middernag sal wees, of dergelike. Sien Mark. 13:34, 35. Hand. 1:7. |
want julle weet self baie goed adat 2die dag van die Here 3kom 4net soos ’n dief in die nag.
| a Matt. 24:43. 2 Petr. 3:10. Openb. 3:3; 16:15. | 2 Só word die laaste dag deurgaans genoem, omdat Christus dan sal kom as Here om die lewendes en dooies te oordeel.
3 So spreek die profete van toekomende dinge, asof dit reeds teenwoordig was, vanweë die sekerheid daarvan. 4 Hieruit kan nie afgelei word dat Christus in die nag sal kom nie, soos sommige meen; maar daarmee word geleer dat Hy onverhoeds en onverwag sal kom; naamlik ten opsigte van die wêreldse mense, soos die volgende vers verklaar. Want die godsaliges moet altyd daarna verlang, en op hul hoede wees daarvoor, soos in vers 4 betuig word. Sien ook Matt. 24:42, ens. |
Want wanneer 5hulle 6sê: Vrede en 7veiligheid — dan oorval b8’n skielike verderf hulle soos die barensnood ’n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
| b 2 Thess. 1:9. | 5 Naamlik die wêreldse en goddelose mense.
6 Naamlik óf met woorde, óf ten minste in hul hart, soos in Ps. 14:1. 7 Of: sekerheid, dit is, daar is geen ongeluk te vrees nie. Sien Matt. 24:37, ens. 8 Of: onvoorsiene. Sien ook Luk. 21:34. |
cMaar julle, broeders, is nie 9in duisternis, dat die dag julle 10soos ’n dief sou oorval nie.
| c Ef. 5:8. | 9 Dit is, in onwetendheid en sorgeloosheid, soos die ander, waarvan hy tevore gespreek het.
10 Naamlik wat gewoonlik onverwag en in die duister kom. |
11Julle is almal d12kinders van die lig en kinders evan die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
| d Luk. 16:8. Ef. 5:8.
e Rom. 13:12. |
11 Naamlik wat in Christus glo.
12 Dit is, wat die ware kennis van Christus en van sy wil ontvang het, en dit gehoorsaam soos kinders hul vader gehoorsaam. |
fLaat ons dan nie 13slaap soos die ander nie, maar glaat ons 14waak hen 15nugter wees.
| f Rom. 13:11, 13. Ef. 5:14.
g Luk. 21:36. h 1 Kor. 15:34. |
13 Dit is, in vleeslike sorgeloosheid lewe.
14 Dit is, op ons hoede wees, en met geestelike sorg op Hom wag. 15 Dit word gestel, nie teenoor matige eet en drink nie, maar teenoor swelgery, dronkenskap en ander wêreldse laste, soos Christus self verklaar in Luk. 21:34. |
Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, 16is in die nag dronk.
| 16 Naamlik, is gewoonlik in die nag dronk. Hy gebruik hier ’n rede soos dit meestal gebeur; want anders is daar ook hulle wat vroeg in die oggend opstaan om sterk drank te drink, Jes. 5:11. |
Maar laat ons 17wat van die dag is, nugter wees, imet 18die borswapen van geloof en liefde aan, en 19as helm die hoop op die saligheid.
| i Jes. 59:17. Ef. 6:14, ens. | 17 Dit is, wat kinders van die lig is, soos hy in vers 5 gespreek het.
18 Dit is, voorsien met die geloof en die liefde, soos met ’n borswapen teen die aanvalle van die Satan. Sien 1 Petr. 5:8, 9. 19 Sien oor hierdie volle geestelike wapenrusting van ’n Christen, Ef. 6:11, ens. |
Want God het ons nie 20bestem 21tot toorn nie, maar om die saligheid 22te verkry deur onse Here Jesus Christus
| 20 Dit is, geordineer, of: beskik, soos in 1 Petr. 2:8.
21 Dit is, om voorwerpe van toorn te wees, of: om ’n regverdige straf en verderf oor ons te bring. Sien Rom. 9:22. 22 Die Griekse woord beteken eintlik: om baie te doen aangaande ’n saak om dit te verkry, soos in Hand. 20:28. 1 Petr. 2:9. Hoewel God ons dus tot die saligheid uitverkies het, en Christus dit vir ons verwerf het, moet ons ewenwel sorgvuldig wees om die middele te gebruik, waardeur God ons tot saligheid bring. Sien Ef. 2:10. Filip. 2:12. |
wat vir ons gesterf het, ksodat ons, of ons waak en of ons 23slaap, saam met Hom kan lewe.
| k Rom. 14:7. 2 Kor. 5:15. Gal. 2:20. 1 Petr. 4:2. | 23 Die woord slaap moenie hier verstaan word soos in vers 6 nie, want die wat in die sondes slaap, lewe sonder Christus. Hier moet dit verstaan word óf as die natuurlike slaap van die mense, óf eerder as ontslape of gestorwe. Want Christus het daarvoor gesterf, sodat, hetsy of ons waak, dit is, hier lewe, en of ons slaap, dit is, gesterf het, ons met Christus sou lewe, naamlik hier ’n geestelike lewe, en hiernamaals ’n ewige en onverganklike lewe in heerlikheid. Sien dergelike in Rom. 14:8, ens. |
Daarom, 24bemoedig mekaar en 25bou die een die ander op, soos julle ook doen.
| 24 Of: vertroos, want die Griekse woord beteken beide.
25 Naamlik sowel deur goeie voorbeelde, as deur goeie onderrig. |
Verskillende voorskrifte, wense en groete.
lMAAR ons vra julle, broeders, 26erken die wat onder julle 27arbei en julle 28voorgangers 29in die Here is en 30julle vermaan;
| l Rom. 15:27. 1 Kor. 9:11; 16:18. Gal. 6:6. Filip. 2:29. 1 Tim. 5:17. Hebr. 13:7, 17. | 26 Naamlik as sodanig vanweë hulle roeping, en so erken behoort te word. Sien 1 Kor. 16:18.
27 Naamlik in woord en leer, soos hy byvoeg in 1 Tim. 5:17. 28 Naamlik benewens die leraars in die regering van die gemeente en die toepassing van die dissipline, soos die apostel ook duidelik tussen hierdie twee soorte ouderlinge onderskei in 1 Tim. 5:17. 29 Dit is, in die werk van die Here, naamlik om hulle te onderskei van die wêreldse owerhede waaronder hulle gestaan het. 30 Dit kan verstaan word as beide, sowel die ouderlinge wat in die woord arbei, as diegene wat slegs voorgangers is in die regering, aan wie die besondere vermaninge naas die leraars ook toekom. Sien hieroor Rom. 12:8. 1 Kor. 12:28. |
en bewys hulle 31in liefde die hoogste agting 32ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.
| 31 Dit is, nie uit vrees of dwang nie, maar uit toegeneentheid.
32 Dit is, vanweë die diens wat hulle in naam van Christus vir julle doen, en tot bevordering van daardie diens. |
En ons versoek julle, broeders, vermaan 33die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, 34ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.
| 33 Naamlik leeglêers en dergelike, waaroor hy breedvoeriger handel in 2 Thess. 3:10, ens.
34 Of: hou die swakkes staande, naamlik in die geloof, soos in Rom. 15:1. |
mSorg dat niemand ’n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná 35wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
| m Lev. 19:18. Spr. 20:22; 24:29. Matt. 5:39. Rom. 12:17. 1 Kor. 6:7. 1 Petr. 3:9. | 35 Dit is, weldadigheid, soos dit hier teenoor wraakgierigheid gestel word. |
n36Wees altyddeur bly.
| n Matt. 5:12. Luk. 10:20. Rom. 12:12. Filip. 4:4. | 36 Dit is, wees altyd opgeruimd en tevrede, selfs te midde van alle verdrukkinge, Rom. 5:3. 2 Kor. 6:10. |
oBid 37sonder ophou.
| o Luk. 18:1. Rom. 12:12. Kol. 4:2. | 37 Dit is, by alle geleenthede en in al julle nood. |
pWees 38in alles dankbaar, want dit is 39die wil van God in Christus Jesus oor julle.
| p Ef. 5:20. | 38 Dit is, sowel in teëspoed as in voorspoed, terwyl julle jul gewillig aan die wil van die Here onderwerp. Sien Job 1:21. Matt. 5:11, 12.
39 Dit is, wat vir God aangenaam is in Christus Jesus, Hebr. 13:21. Of: die welbehae van God oor julle. Sien 1 Petr. 3:17. |
q40Blus die Gees nie uit nie.
| q 1 Kor. 14:30. | 40 Dit kan verstaan word óf as die verligting en ander gawes van die Gees wat in die gelowiges self is, en wat deur die middele daartoe ingestel, gedurig aangewakker moet word, soos Paulus vermaan in 2 Tim. 1:6, 7, en deur die versuim van hierdie middele word die Gees in ons bedroef en sy gawes as ’t ware uitgeblus, Ef. 4:30; óf as die geestelike gawes wat in ander is, wat deur veragting en teëspraak soms onderdruk word. Dit wil voorkom of die laaste die beste ooreenkom met dit wat volg. |
Verag 41die profesieë nie.
| 41 Dit is, die verklarings en toe-eiening van God se Woord, waaroor die apostel breedvoerig handel in 1 Kor. 14:3, ens., wat sowel van gewone as buitengewone profesieë verstaan kan word, teenoor diegene wat hulle wys genoeg geag het, en gemeen het dat hulle dit nie nodig het nie. Sien Hebr. 10:25. 2 Petr. 1:19, ens. |
r42Beproef alle dinge; 43behou 44die goeie.
| r 1 Joh. 4:1. | 42 Naamlik wat deur die leraars aan julle voorgestel word, aan die toetssteen van God se Woord. Sien ’n lofwaardige voorbeeld in Hand. 17:11.
43 Naamlik standvastig, sonder om daarvan af te wyk. 44 Dit is, die goeie leer, wat julle in God se Woord vas gefundeer vind. |
sOnthou julle 45van elke vorm van kwaad.
| s Filip. 4:8. | 45 Of: van elke kwade vorm; weerhou julle dan eerder van die kwaad self. |
tEn mag Hy, 46die God van die vrede, julle 47volkome heilig maak, en mag julle 48gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word 49by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
| t 1 Kor. 1:8. Filip. 4:9. 1 Thess. 3:13. | 46 Dit is, God, wat die Bewerker is van alle geluk en heil, soos die woord vrede deurgaans in die Skrif gebruik word. Of: wat die Bewerker is van die regte vrede met God en met ons naaste. Sien Rom. 5:1; 14:17.
47 Of: in alle dele, dit is, mag Hy wat die goeie werk in julle begin het, dit ook voleindig tot op die dag van Jesus Christus, soos hy spreek in Filip. 1:6. 48 Deur die woord gees word gepas die verstand van die mens verstaan, deur die woord siel die wil en geneenthede, en deur die woord liggaam die lede self, waardeur dit wat die verstand uitdink en die wil besluit, eindelik uitgevoer word, soos dergelike onderskeid byna ook te sien is in die woorde van Christus, Matt. 22:37. Luk. 10:27. Want hoewel die mens slegs een siel het, is daar nogtans verskeie kragte daarin, wat almal in die natuurlike mens verdorwe is, Ef. 4:17, 18, en daarom deur die Gees van God vernuwe en geheilig moet word. 49 Dit voeg die apostel daarby om aan te dui dat hierdie heiligmaking van al ons kragte dán eers ten volle sal geskied, hoewel ons daagliks meer en meer daarin moet toeneem. Sien 1 Kor. 13:9, 10. Filip. 3:12, ens. |
vHy wat julle roep, is getrou; Hy 50sal dit ook doen.
| v 1 Kor. 1:9; 10:13. 2 Kor. 1:18. 2 Thess. 3:3. | 50 Dit is, julle volgens sy belofte geheel en al heilig op die regte tyd. |
Broeders, bid vir ons.
xGroet die broeders almal met 51’n heilige kus.
| x Rom. 16:16. 1 Kor. 16:20. 2 Kor. 13:12. 1 Petr. 5:14. | 51 Sien hieroor Rom. 16:16 se kanttekening. |
52Ek besweer 53julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.
| 52 Sien dergelike in Matt. 26:63.
53 Naamlik regeerders en voorgangers van die gemeente, aan wie hierdie brief gestuur is om dit daarna aan die hele gemeente voor te lees. Daarom handel diegene, wat die lees van Paulus se briewe en van die hele Skrif van die gemeente wil weerhou, verkeerd. |
54Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
| 54 Sien oor hierdie slot Rom. 16:20. |
Einde van die eerste brief van PAULUS aan die Thessalonicense.
Vermaninge tot heiligmaking, broederlike liefde en werksaamheid.
VERDER1 dan, broeders, vra en vermaan ons julle 2in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons 3geleer het ahoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.
| a Filip. 1:27. 1 Thess. 2:12. | 1 Of: Wat oor is, broeders.
2 Dit is, in die Naam van die Here Jesus, of: om Jesus Christus wil. Sien 2 Kor. 5:20. 3 Dit is, onderrig is. |
Want julle weet 4watter bevele ons julle 5deur die Here Jesus gegee het.
| 4 Hy spreek hier nie van verborge geheime bevele nie, maar van openbare bevele, wat hy daarna weer beskryf.
5 Dit is, vanweë die Here, of op bevel van die Here Jesus. |
bWant dit is 6die wil van God: julle 7heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;
| b Rom. 12:2. Ef. 5:27. Filip. 4:8. | 6 Dit is, wat God van julle eis, of gedoen wil hê.
7 Hierdie woord kan in die algemeen verstaan word as allerlei heiligheid, of in die besonder as kuisheid of eerbaarheid, soos hierna verklaar word. |
dat elkeen van julle moet weet om 8sy eie vrou te verkry in heiligheid en 9eer,
| 8 Gr. sy vat (kruik), of: vrou. Sommige meen dat dit vertaal moet word met: laat elkeen sy liggaam besit in heiligheid, wat ’n Hebreeuse spreekwyse is, omdat dit die instrument van die siel is. Sien 1 Joh. 3:3 se kanttekening.
9 Dit is, eerbaarheid. Want niks onteer die liggaam van die mens meer as onkuisheid nie. Sien 1 Kor. 6:16, ens. |
nie in 10hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene cwat God 11nie ken nie;
| c 1 Kor. 15:34. Ef. 4:18. | 10 Of: ontugtige beweging.
11 Naamlik soos dit hoort, en soos Hy Hom in sy Woord geopenbaar het, 2 Thess. 1:8. Andersins ken die heidene God ook uit die natuur, maar hierdie kennis was nie kragtig genoeg om hulle behoorlik tot sy liefde en gehoorsaamheid te beweeg nie, Rom. 1:19, ens. |
dat niemand sy broeder 12in hierdie saak moet 13bedrieg en 14benadeel nie, omdat die Here ’n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
| 12 Ander vertaal in die handel, en pas bedrieg en benadeel dan op finansiële handeling toe.
13 Gr. oorklim, en beteken om iemand deur geweld te benadeel, of om meer te neem as wat betaamlik is, soos die volgende woord verklaar. 14 Gr. gierig behandel, wat beteken om iemand uit gierigheid te bedrieg of te benadeel. Sien 2 Kor. 2:10; 12:17. |
Want God het ons nie tot 15onreinheid geroep nie, dmaar tot heiligmaking.
| d Joh. 17:19. 1 Kor. 1:2. | 15 Hieronder verstaan die apostel nie net die ontugtigheid nie, maar ook die gierigheid en onregverdigheid, waardeur die siel self ook besoedel word. |
eDaarom, hy wat 16dit verwerp, verwerp 17nie ’n mens nie, maar God fwat ook sy Heilige Gees 18aan ons gegee het.
| e Luk. 10:16.
f 1 Kor. 7:40. |
16 Dit is, hierdie voorgemelde bevele, soos hy dit in die tweede vers genoem het.
17 Naamlik nie net ’n mens nie, maar vernaamlik God, wat self hierdie bevele deur sy profete en apostels gegee het. 18 Dit kan óf as die apostels verstaan word, wat, deur die Gees van God gedryf, hierdie bevele gegee het; óf ook as alle Christene, wat deur die Gees van God geheilig is, sodat hulle nie meer die begeertes van die vlees nie, maar van die Gees sou volg, Gal. 5:24, 25. |
gOor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self 19deur God geleer om mekaar lief te hê;
| g Lev. 19:18. Matt. 22:39. Joh. 13:34; 15:12. Ef. 5:2. 1 Petr. 4:8. 1 Joh. 3:23; 4:21. | 19 Gr. godgeleerdes; sien hieroor Joh. 6:45. |
en 20julle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedónië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees
| 20 Dit is, julle bewys ook met die daad, dat julle die broeders liefhet. |
hen julle 21eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig ien 22met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,
| h 2 Thess. 3:7, 12.
i Hand. 20:34. Ef. 4:28. |
21 Naamlik soos diegene doen wat eer soek, of eer iewers in stel, soos die Griekse woord meebring. Dit sê die apostel omdat die wêreldse mense in die algemeen hul eer daarin stel en naarstig is om hulle met baie dinge te bemoei wat hulle nie aangaan nie, ’n gebrek waarteen hy die gelowiges hier waarsku, en hulle vermaan om liewer eer te soek en hulle te beywer om in rustigheid hul eie sake waar te neem.
22 Naamlik om in julle en die wat aan julle behoort se lewensbehoeftes te voorsien. Die apostel sê dit aan diegene wat, onder die dekmantel dat hulle hul bemoei met algemene sake buite hulle beroep, van ander se arbeid probeer lewe, wat breedvoeriger bespreek word in 2 Thess. 3:10, ens. |
sodat julle 23welvoeglik kan wandel teenoor 24die wat buite is, en aan 25niks behoefte mag hê nie.
| 23 Dit is, sonder opspraak. Want die heidene self keur ook sulke gedrag af. Die Griekse woord beteken dit wat betaamlik is.
24 Dit is, wat nog vreemdelinge is van die geloof, soos in 1 Kor. 5:12. 25 Of: niemand, naamlik van diegene wat buite is nie; want die Griekse woord kan beide beteken. |
Oor die opstanding uit die dode en die wederkoms van Christus.
MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot 26die ontslapenes nie, ksodat julle nie treur 27soos die ander 28wat geen hoop het nie.
| k Lev. 19:28. Deut. 14:1. 2 Sam. 12:20. | 26 Dit is, die wat gesterf het of in rus is, soos in Joh. 11:11, ens.
27 Hiermee toon die apostel dat hy nie alle droefheid oor die gestorwenes verbied nie. Christus het dit ook self oor Lasarus, Joh. 11:35, die gemeente oor Stéfanus, Hand. 8:2, en Paulus oor Epafrodítus, toe hy dodelik siek was, Filip. 2:27, bewys. Hy spreek hier egter slegs van die oordrewe en heidense droefheid. 28 Naamlik van die salige opstanding, waarvan hy in die volgende verse spreek. Want hoewel die heidene aan die onsterflikheid van die siele geglo het, kon hulle egter nooit die opstanding van die liggaam en die hervereniging daarvan met hulle siele begryp of glo nie. Sien Hand. 17:32; 26:23, ens. |
Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat 29in Jesus ontslaap het, 30saam met Hom 31bring.
| 29 Of: deur Jesus, dit is, deur die krag van Jesus, die Regter van die lewendes en die dode, Joh. 5:21, ens.
30 Naamlik as Hy uit die hemel op die laaste dag sal verskyn, in die oordeel. 31 Naamlik in die lewe en in heerlikheid, wanneer Hy hulle uit die grafte opgewek en met hulle siele verenig het. |
Want dit sê ons vir julle 32deur die woord van die Here, ldat 33ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal 34vóór wees nie.
| l 1 Kor. 15:22, 51. | 32 Gr. in die woord van die Here, waardeur sommige die beloftes van Christus verstaan, Matt. 24:31. Joh. 5:28, waar soortgelyke woorde staan. Ander verstaan ’n besondere en nadere openbaring van Christus hiervan aan Paulus gegee, soos hy betuig in 1 Kor. 15:51.
33 Naamlik gelowige mense, waaronder hy homself ook stel, vanweë die onsekerheid van die dag van Christus se wederkoms. Sien meer hieroor in 1 Kor. 15:51. 34 Naamlik om deur Christus verheerlik te word. |
mWant die Here self sal van die hemel neerdaal met 35’n geroep, met 36die stem 37van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat 38in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
| m Matt. 24:31. 1 Kor. 15:52. 2 Thess. 1:7. | 35 Die Griekse woord keleusma beteken eintlik ’n geroep wat met ’n bevel gepaardgaan, soos gewoonlik gebeur aan diegene wat sekere handelinge gelyktydig moet doen, of ’n skip gelyktydig moet roei, of ’n geveg moet begin.
36 Watter soort stem of basuin dit sal wees, verklaar die Skrif nie breedvoeriger nie, behalwe dat daardeur die groot mag en heerlikheid van Christus in sy tweede koms voor oë gestel word, wat met sy engele, as ’n owerste van sy leër, met trompetgeklank en groot geskal sal kom. Dit sal skrikwekkend wees vir sy vyande, en moed en troos gee aan sy vriende. Sien soortgelyke beskrywing in Matt. 25:31. Joh. 5:28. 1 Kor. 15:52. 2 Thess. 1:7, 8. Jud. vers 14. Openb. 11:15, ens. 37 Dit is, van die owerste van die engele, wat hier uitdruklik van Christus onderskei word. Sien meer hieroor in Jud. vers 9. 38 Dit is, in die geloof van Christus, soos in Openb. 14:13. |
Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle 39in wolke 40weggevoer word die Here tegemoet 41in die lug; en so sal ons altyd 42by die Here wees.
| 39 Wat naamlik soos ’n wa sal wees, waarmee hulle tot Christus in die lug opgeneem sal word, soos van Elía gesê word, 2 Kon. 2:11, en van Christus self, Hand. 1:9.
40 Gr. geruk, getrek, naamlik nadat hulle verander en in ’n oogwink aan sy verheerlikte liggaam gelykvormig gemaak is, 1 Kor. 15:51. Filip. 3:20, 21. 41 Naamlik waar Hy sy oordeel sal hou, voor die oë van alle mense, wat deur die engele byeengebring sal word aan sy regter- en aan sy linkerhand. Sien Matt. 25:31, ens. Openb. 1:7. 42 Naamlik by Christus Jesus in die hemel, Joh. 14:2, 3. |
Bemoedig mekaar dan 43met hierdie woorde.
| 43 Gr. in hierdie woorde, dit is, redevoerings of oordenkings. |
DAAROM, 1toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om in Athéne alleen agter te bly;
| 1 Dit is, vanweë ons verlange na julle, waarvan hy in 1 Thess. 2:17, 18 gespreek het. |
en ons het aTimótheüs, ons broeder en dienaar van God en ons medewerker 2in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig 3in julle geloof,
| a Hand. 16:1. Rom. 16:21. Filip. 2:19. | 2 Dit is, in die verkondiging en verbreiding van die evangelie.
3 Of: aangaande julle geloof, of: vanweë julle geloof. Ander lees: ons geloof. |
bsodat niemand 4verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self cdat ons 5hiervoor 6bestemd is.
| b Ef. 3:13. Filip. 1:14.
c Hand. 14:22. 2 Tim. 3:12. |
4 Naamlik om van die geloof af te wyk of te twyfel. Sien 2 Thess. 2:2. Die Griekse woord beteken om herwaarts en derwaarts beweeg te word.
5 Naamlik om vir die Naam van Christus te ly. Sien 2 Tim. 3:12. 6 Dit is, aangestel, verordineerd is, naamlik deur God, soos die woord bestemd ook gebruik word in Luk. 2:34. |
Want ook toe ons by julle was, 7het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.
| 7 Naamlik soos hy ook aan ander gemeentes meegedeel het. Sien Hand. 14:22. Rom. 8:17, 29. |
Daarom, 8toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook 9gestuur om julle geloof te wete te kom, of 10die versoeker julle nie miskien versoek het en 11ons arbeid 12tevergeefs sou wees nie.
| 8 Dit is, vanweë ons verlange na julle, soos in vers 1.
9 Naamlik vir Timótheüs. 10 Dit is, die Satan deur die vervolginge en ander verleidinge. Sien Matt. 4:3. 11 Naamlik wat ons aangewend het om aan julle die evangelie te verkondig. 12 Dit is, vrugteloos. |
Maar nou dat Timótheüs net van julle af by ons 13aangekom het en ons die goeie tyding 14van julle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd ’n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle —
| 13 Dit is, teruggekom het, naamlik na ons toe in Korinthe, nadat ons hom van Athéne af na julle toe gestuur het. Sien Hand. 18:1, 5.
14 Dit is, van julle standvastigheid in die geloof. |
daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle 15deur jul geloof.
| 15 Dit is, deur die getuienis wat ons gehoor het van julle geloof. |
Want nou 16leef ons, as julle 17vasstaan in die Here.
| 16 Dit is, ons is bly en verheug, soos die volgende vers verklaar.
17 Dit is, in die geloof in die Here. Want deur die geloof word ons met Christus verenig. |
Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly 18voor onse God,
| 18 Dit is, opreg, soos in God se teenwoordigheid en nie net voor die mense nie, soos in Luk. 1:6. |
dterwyl ons nag en dag baie ernstig bid 19om julle aangesig te sien en 20te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?
| d Rom. 1:10, 11; 15:23. 2 Tim. 1:4. | 19 Dit is, om by julle teenwoordig te wees.
20 Dit is, julle in die geloof meer volkome te onderrig. Die apostel sê dit, omdat hy as gevolg van die bitter vervolging van die Jode min tyd by hulle kon deurbring. Sien Hand. 17:10. |
Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;
en mag die Here julle 21ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos 22ons ook teenoor julle is,
| 21 Dit is, mag Hy, wat die gebrek van sy dienaars deur sy Gees maklik kan vervul, maak dat julle meer en meer toeneem.
22 Naamlik oorvloedig in die liefde. |
esodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by 23die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al 24sy heiliges.
| e 1 Kor. 1:8. 1 Thess. 5:23. 2 Thess. 2:17. | 23 Gr. parousia.
24 Naamlik engele, soos beskryf word in 2 Thess. 1:7, hoewel dit ook breër verstaan kan word as die heilige siele wat saam met Christus uit die hemel in die geselskap van die engele sal neerdaal, om met hul liggame weer verenig en verheerlik te word. |
Hoe Paulus sy bediening onder die Thessalonicense uitgeoefen het.
JULLEa weet tog self, broeders, dat 1ons ingang by julle nie 2tevergeefs was nie;
| a 1 Thess. 1:5, 9. | 1 Dit is, ons eerste koms na julle om die evangelie onder julle te verkondig. Sien Hand. 17:1, 4.
2 Dit is, sonder krag of vrug. |
maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, b3in Filíppi gely het en mishandel is, het ons 4in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God cte verkondig 5onder veel stryd.
| b Hand. 16:22.
c Hand. 17:2. |
3 Ook ’n bekende stad in Macedónië, soos in Hand. 16:12 verklaar is. Sien in genoemde hoofstuk wat Paulus daar gedoen en hoe hy gely het.
4 Dit is, deur die hulp en bystand van onse God. 5 Naamlik wat ons, sowel deur die hardnekkige Jode as deur die onkundige heidene, aangedoen is. |
Want 6ons vermaning was nie 7uit dwaling of 8uit onsuiwerheid 9of uit bedrog nie;
| 6 Naamlik om julle tot die gehoorsaamheid van die evangelie van Christus te bring.
7 Naamlik soos van diegene wat die wet met die evangelie vermeng het, om die haat van die Jode te vermy. Sien 2 Kor. 11:13, ens. Gal. 5:11, en elders. 8 Naamlik soos van diegene wat die heidene in hulle welluste toegegee en gevlei het. Sien 2 Petr. 2:13. Jud. vers 10, ens. 9 Naamlik om op ’n bedrewe wyse van hulle eer, geld, of ander wêreldse voordele te trek, soos van sommige getuig word in 2 Kor. 11:20, en hierna in verse 5, 6 verklaar word. |
maar soos ons deur God 10waardig geag is dat die evangelie aan ons 11toevertrou sou word, so spreek ons, dnie om mense te behaag nie, maar God wat ons 12harte beproef.
| d Gal. 1:10. | 10 Dit is, bekwaam gekeur of geag is, dit is, getoets of bekwaam gemaak is. Sien Hand. 9:15. 2 Kor. 3:5, 6. Gal. 1:15, 16, ens.
11 Dit is, beveel, of aan ons gegee om te bewaar, om dit volgens die wil van God aan ander uit te deel. Sien 1 Kor. 4:1, 2. 2 Kor. 5:19. 1 Tim. 1:11. 12 Naamlik ondersoek of ken, soos die suiwerheid van goud deur vuur beproef en gekeur word. |
Want ons het, soos julle weet, ons nooit met 13vleitaal opgehou of met 14bedekte hebsug nie. eGod is getuie.
| e Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Tim. 5:21. 2 Tim. 4:1. | 13 Gr. in ’n woord van vleiery, naamlik soos die bedrieërs gewoonlik doen, om die harte van die mense na hulle toe te trek, deur niks anders te leer as dit wat vir hulle aangenaam is nie.
14 Dit is, om uit hebsug, onder ’n ander voorwendsel of bedekking, iets van julle te begeer. |
Ook het ons nie eer van mense, òf van julle òf van ander gesoek nie, fal kon ons as apostels van Christus 15met gesag optree.
| f 1 Kor. 9:3. 2 Thess. 3:9. | 15 Sommige verstaan dit as die gesag en die groot aansien, wat hy nie graag onder hulle wou gebruik nie, maar eerder vriendelikheid en nederigheid, soos teenoor teer en gehoorsame kinders, soos die volgende woorde meebring. Sien ook 1 Kor. 4:21. Ander verstaan dit as: tot las, dit is, die beswaring tot onderhoud en ander onkostes wat vir die apostel en sy metgeselle noodsaaklik was, soos hy ook uitdruklik daarvan spreek in vers 9. |
Maar ons was 16vriendelik onder julle soos ’n pleegmoeder haar kinders koester.
| 16 Of: sagmoedig, goedertieren. |
Terwyl ons so 17na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook 18ons eie lewe, omdat julle vir ons 19dierbaar geword het.
| 17 Gr. julle begeer het.
18 Dit beteken geensins dat die evangelie nie meer as ons lewe is nie, maar omdat dit nog swaarder is, en van meer toegeneentheid getuig, om die lewe vir iemand af te lê, as om die evangelie mee te deel. 19 Naamlik vanweë julle ywer in die aanneem van die evangelie, en julle geduldigheid in die lyding daarvoor. |
gJulle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; want terwyl ons nag en dag 20gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.
| g Hand. 18:3; 20:34. 1 Kor. 4:12. 2 Kor. 11:9; 12:13. 2 Thess. 3:8. | 20 Naamlik met ons hande deur tente te maak, om my en my geselskap, sonder dat dit julle iets kos, te onderhou, Hand. 18:3, sien die rede daarvan in 2 Kor. 11:12 en die kanttekening. |
Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo,
hoe ons, soos julle weet, net soos ’n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het
en betuig het hdat julle 21waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.
| h Gén. 17:1. 1 Kor. 7:20. Ef. 4:1. Filip. 1:27. Kol. 1:10. | 21 Dit is, soos dit diegene betaam wat God ken, aan Hom gehoorsaam is en sy Naam bely. |
Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God 22ontvang het wat deur ons 23verkondig is, julle dit 24aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God 25wat ook werk in julle wat glo.
| 22 Naamlik met die uitwendige ore.
23 Gr. (die woord) van die gehoor, dit is, wat aan julle verkondig is, en wat God deur sy dienaars ons laat hoor. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Jes. 53:1. Rom. 10:16, 17. 24 Naamlik met die hart en die geloof, soos in Hand. 16:14. 25 Of: wat, naamlik verwysende na God, ook werk, ens., naamlik die versekerdheid van die vergewing van julle sondes, die vrymoedige toegang tot God deur die Heilige Gees, liefde tot God en julle naaste, hoop op die saligheid, lydsaamheid en dergelike deugde. |
Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat 26in Christus Jesus is in Judéa, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle 27ieie stamgenote net soos hulle van die Jode,
| i Hand. 17:5, 13. | 26 Hiermee tref hy onderskeid tussen die ware gemeente van die Jode en die ander sinagoges onder die Jode, wat hulself ook as God se volk beskou het, hoewel hulle die ander, hul broeders wat Christus bely het, vervolg het. Sien Hand. 12:1. Hebr. 10:32, ens.
27 Naamlik hulle wat deur die Jode daartoe opgestook was. Sien daaroor Hand. 17:5. Die Griekse woord beteken eintlik diegene wat aan een stam, volk of ambag behoort. |
kwat ook die Here Jesus len hulle 28eie profete 29gedood en ons 30vervolg het en God nie behaag nie en teen 31alle mense gekant is,
| k Hand. 7:52.
l Matt. 23:37. Luk. 13:34. |
28 Dit is, wat uit hul eie volk tot hulle in die besonder deur God gestuur was.
29 Dit is, tot die dood toe vervolg, en nie gerus het voordat hulle die Here Jesus deur die hande van die ongelowiges aan die kruis laat ombring het nie. Sien Hand. 2:23. 30 Die Griekse woord beteken iemand só vervolg dat hy deur die vervolging verjaag en uitgewerp word. 31 Naamlik wat hul verlossing in Christus soek. |
mdeurdat hulle ons verhinder om tot die heidene 32te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes 33gedurig 34vol kan maak. Maar 35die toorn het oor hulle gekom 36tot die einde toe.
| m Hand. 17:13. | 32 Naamlik die evangelie van Christus, wat alleen ’n krag van God tot redding is, Rom. 1:16.
33 Dit is, soos tevore aan Christus en sy profete, ook nou aan sy apostels en ander gestuurdes. Sien Hand. 7:51, 52. 34 Daar word gesê dat die mense hulle sondes of die maat van hulle sondes vol maak, wanneer hulle vir ’n tyd, deur God se lankmoedigheid, nie verhinder word om voort te gaan in die sondes nie, totdat dit tot ’n hoogtepunt gekom het, en God hulle dan met swaar strawwe besoek. Sien Gén. 15:16. Matt. 23:32, ens. 35 Naamlik van God, wat hulle regverdig in hul sondes vanweë hul ondankbaarheid verhard, Rom. 9:18, 22. 2 Thess. 2:11, 12. 36 Of: tot die uiterste toe. Dit word deur sommige verstaan as die gewig van die straf of van die toorn van God, waarmee God sulke mense hier en hiernamaals sal tref. Ander verstaan dit, wel met reg, as die gedurigheid van hierdie straf of van die toorn van God, wat hierdie hardnekkige geslag van die Jode kort hierna oorgekom het, toe God hulle, toe hulle saam met die meeste van die ander Jode uit alle geweste te Jerusalem byeen was, deur die Romeine by wyse van voorbeeld gestraf en só uitgeroei is, dat hulle steeds nie meer ’n volk is nie, maar verstrooid woon onder alle volke, en oor die algemeen verhard is in hulle ongeloof. Dit wil ook voorkom of die profesie van Daniël, Dan. 9:26, ens., en die woorde van Christus, Matt. 23:38: Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat, dit bevestig, soos ook Matt. 24:15, ens. Luk. 21:20, ens. Enkeles verstaan hierdie woord einde as die einde van die wêreld, sodat die toorn van God oor hierdie volk nooit sou ophou nie. Dit is egter in stryd met die belofte en die voorsegging van die apostel Paulus, Rom. 11:25, ens., asook 2 Kor. 3:15, 16 en ander tekste, waar van die toekomstige bekering van die Joodse volk tot Christus geprofeteer word. |
Begeerte van Paulus om die Thessalonicense weer te sien. Sy blydskap en wense toe Timótheüs hom die berigte gebring het.
MAAR nadat ons, broeders, 37’n kort tydjie 38van julle 39geskeie was — 40in persoon, nie met die hart nie — het ons 41met groot verlange ons des te meer beywer om julle aangesig 42te sien.
| 37 Of: ’n uur. Want Paulus moes weens die Jode se vervolging vinnig van hulle weggaan. Sien Hand. 17:10.
38 Dit is, van julle teenwoordigheid. 39 Die Griekse woord beteken eintlik só ’n skeiding, soos ’n vader wat van sy kinders geskei is, hulle soos weeskinders alleen laat. 40 Dit is, in die liggaamlike teenwoordigheid. 41 Gr. in groot begeerte. 42 Dit is, weer te sien, of na julle te kom. |
nDaarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, 43meer as een maal; maar die Satan 44het ons verhinder.
| n Rom. 1:13; 15:22. | 43 Dit is, meermale, soos in Filip. 4:16.
44 Naamlik deur ander vervolginge en verhinderinge, of deur nuwe probleme wat hy in ander gemeentes laat ontstaan en wat ons teenwoordigheid vereis het. |
oWant 45wie anders as julle is 46ons hoop of blydskap of 47kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?
| o 2 Kor. 1:14. Filip. 2:16; 4:1. | 45 Naamlik behalwe ander gemeentes wat deur my tot Christus bekeer is, waaroor ek in Christus mag roem, en waarvoor ek die ewige roem, blydskap en heerlikheid van God uit genade as vergelding sal ontvang. Sien 2 Tim. 4:7.
46 Dit is, rede vir of oorsaak van hoop en blydskap. 47 Dit is, heerlike eer, soos die volgende vers verklaar. |
Want julle is ons eer en blydskap.
Opskrif en seëngroet.
PAULUS en 1Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die 2Thessalonicense wat 3in God die Vader en die Here Jesus Christus is: a4Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
| a Rom. 1:7. Ef. 1:2. 1 Petr. 1:2. | 1 Hy word ook Silas genoem, Hand. 17:4, en was ’n gedurige metgesel van Paulus in sy reise deur die streke van Macedónië, Griekeland en ander lande, Handelinge 15; 16.
2 Sien oor die ligging van hierdie stad, en van die bekering en stigting van hierdie gemeente, die begin van Handelinge 17. 3 Dit is, wat die Naam van God die Vader en van Jesus Christus bely. Sien Joh. 17:3. Of: wat deur die krag van God die Vader in Christus geroep is. Waardeur die ware gemeente van heidene en Jode onderskei word. 4 Sien oor hierdie groet Rom. 1:7. |
Vrug van die evangelie in Thessaloníka, en die getrouheid van die gemeente daar.
bONS dank God 5altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede
| b Ef. 1:16. Filip. 1:3. Kol. 1:3. 2 Thess. 1:3. | 5 Dit is, by elke geleentheid, en so dikwels as ons bid. |
en onophoudelik in gedagte hou c6die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, 7voor onse God en Vader,
| c Joh. 6:29. | 6 Of: julle werk van die geloof, dit is, julle geloof wat God in julle werk, en wat nie ledig is nie, maar sy vrugte en werking voortbring. Soos die arbeid van julle liefde as die arbeidsame liefde, en die lydsaamheid van julle hoop as die lydsame en verdraagsame hoop gestel word. Sien 1 Kor. 13:13. Gal. 5:6. Jak. 2:17, ens.
7 Sommige voeg dit by die voorgaande woorde in gedagte hou, sodat dít die betekenis is: in gedagte hou in ons gebede voor God. Ander voeg dit by die voorgaande woorde geloof, liefde en hoop voor God, om die opregtheid daarvan te kenne te gee, sodat hulle hul as ’t ware in God se teenwoordigheid vir die deugde beywer. Sien dergelike manier van spreek in Gén. 17:1. Luk. 1:6. |
omdat ons weet van 8julle verkiesing, broeders wat 9deur God bemin word.
| 8 Naamlik waardeur julle uitverkies is tot die ewige lewe, Hand. 13:48. 1 Kor. 1:26, ens., wat hy uit die voorgaande en volgende kenmerke bewys en aflei.
9 Die woorde deur God kan óf by die woord bemin gevoeg word, soos in die teks, óf by die woord verkiesing. Sien 2 Thess. 2:13. |
dWant 10ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook 11in krag en 12in die Heilige Gees en 13in volle versekerdheid, esoos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.
| d 1 Kor. 2:4; 4:20.
e 1 Thess. 2:1. |
10 Dit is, ons verkondiging van die evangelie.
11 Dit is, wat gepaardgegaan het met kragtige wondertekens onder julle en die werking van die Heilige Gees in julle, Mark. 16:20. 1 Kor. 2:4, ens. 12 Dit is, in gawes van die Heilige Gees, waarmee die gelowiges toegerus was, soos te sien is Hand. 19:6. Of: deur die inwendige werking van die Heilige Gees in hul harte, waardeur die geloof in hulle gewerk was, Hand. 16:14. 13 Sommige verstaan dit as die versekerdheid van die geloof in die Thessalonicense self; maar die volgende bring skynbaar mee dat hier gespreek word van die versekerdheid wat Paulus in sy prediking getoon het tot oortuiging van die gewetens van die uitverkorenes, ondanks al die swarighede wat hom as gevolg daarvan oorgekom het; waarop ook die versekerdheid van die geloof in die uitverkorenes gevolg het. |
fEn julle het navolgers van 14ons geword 15en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap 16van die Heilige Gees,
| f 1 Kor. 4:16; 11:1. Filip. 3:17. 2 Thess. 3:9. | 14 Hy spreek hier, soos ook meermale tevore, in die meervoud, omdat hy in die begin van die brief Silvánus en Timótheüs by sy naam gevoeg het.
15 Naamlik in die verdra van verdrukkinge, soos die volgende woorde uitwys. Sien 1 Kor. 11:1. 16 Dit is, deur die Heilige Gees in julle gewerk. Want ander moet ook soms verdrukking verdra; maar om daaroor verheug te wees, omdat hulle Christus hierin gelykvormig word, is ’n werk van die Heilige Gees in die gelowiges. Sien Hand. 5:41. Rom. 5:3, ens.; 14:17. Filip. 1:29. |
sodat julle 17voorbeelde geword het vir al die gelowiges in Macedónië en Acháje.
| 17 Naamlik van standvastigheid en lydsaamheid. |
Want 18van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ook 19op elke plek het 20julle geloof in God 21uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar 22iets van te sê nie.
| 18 Dit is, die gerug van God se Woord het deur julle dade en voorbeelde bekend geword.
19 Naamlik rondom Macedónië en Acháje. 20 Dit is, die belydenis en vrugte van julle geloof. Sien Rom. 1:8. 21 Dit is, is verkondig of het rugbaar geword. 22 Naamlik om dit aan ander bekend te maak, of om julle by ander daaroor te prys. |
Want 23hulle vertel self aangaande ons 24watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul 25van die afgode bekeer het tot God, om 26die lewende en waaragtige God te dien
| 23 Naamlik die gelowiges wat uit ander lande of gemeentes na ons toe kom. Sien vers 7.
24 Hoe vlytig en ywerig julle ons by julle ingelaat het, en die woord van die evangelie aangeneem het. Sien Hand. 17:4. 25 Dit is, van die afgodediens. 26 Deur die titel lewende word God onderskei van die stomme beelde en ander lewelose skepsele, wat deur die heidene gedien was. Deur die titel waaragtige word Hy van die versierde gode, (uit die mense of ander lewende skepsele) wat deur hulle tot afgode gestel was, onderskei. |
gen sy Seun 27uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige 28toorn 29verlos.
| g Hand. 1:11. Filip. 3:20. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7. | 27 Naamlik in sy tweede koms, om die lewendes en die dooies te oordeel.
28 Dit is, straf en wraak, wat Hy op die laaste dag sal uitoefen oor alle ongelowiges. Sien Matt. 3:7. Rom. 1:18; 5:9. 29 Naamlik deur sy verdienste en krag, en hier, en hiernamaals ewiglik, salig maak. |
BETOONa 1reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook ’n Here in die hemele het.
| a Ef. 6:9. | 1 Gr. die reg en die billikheid. Deur die eerste woord kan die dinge wat die here volgens die landswette verskuldig is om aan hulle diensknegte te doen gepas verstaan word; deur die ander dit wat billikheid en Christelike barmhartigheid ook daarby vereis. |
Vermaning om te bid en wysheid te betrag.
b2VOLHARD in die gebed en 3waak daarin met danksegging;
| b Luk. 18:1. Rom. 12:12. Ef. 6:18. 1 Thess. 5:17. | 2 Of: Wees gedurig. Want die Griekse woord beteken beide, naamlik om met ywer en gedurig in die gebed te volhard. Sien Luk. 18:1. Ef. 6:18.
3 Dit is, wees sorgvuldig en aandagtig, sodat nie net die mond nie, maar ook die hart en verstand waaksaam is in die gebed. Sien Mark. 13:33, ens. Openb. 3:2, ens. |
en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons 4die deur van die woord mag open com te spreek van 5die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook 6in boeie is,
| c Ef. 6:19. 2 Thess. 3:1. | 4 Dit is, goeie geleentheid en vrymoedigheid verleen om die evangeliewoord te mag versprei, soos in 1 Kor. 16:9. 2 Kor. 2:12.
5 Dit is, die evangelie, oftewel die leer van Christus. Sien waarom dit ’n verborgenheid genoem word in Ef. 1:9 en Kol. 2:2 se kanttekeninge. 6 Dit is, gevange. Sien oor die wyse van hierdie gevangenskap Hand. 28:16. |
dat ek dit openbaar kan maak soos ek 7dit behoort te spreek.
| 7 Naamlik kragtens my roeping, Rom. 1:14. 1 Kor. 9:16. |
dWandel 8in wysheid teenoor die 9wat buite is, een 10koop die tyd uit.
| d Ef. 5:15.
e Ef. 5:16. |
8 Dit is, met wysheid, versigtig, dit is, sodat julle jul nie sonder dat dit nodig is in gevaar stel nie, en dat julle nie aan hul sondes, afgodery of valse leringe toegee nie, maar hulle by elke geleentheid probeer win.
9 Dit is, nog vreemd is van die geloof of die gemeente van God, wat die huis van God is. Sien dergelike in 1 Kor. 5:12, 13. 10 Sien oor hierdie spreekwyse Ef. 5:16 se kanttekening. |
fLaat julle woord altyd aangenaam wees, 11met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle 12iedereen moet antwoord.
| f Mark. 9:50. | 11 Gr. gesout, dit is, só voorberei dat dit aangenaam is vir diegene waaronder julle verkeer, dat alle vuil, verderflike en onstigtelike redes daaruit geweer word, soos voedsel deur sout smaaklik gemaak en alle verderf daaruit geweer word. Sien 1 Kor. 15:33. Ef. 4:29.
12 Naamlik hetsy dit buite of binne die gemeente is; hetsy om rekenskap te gee van julle geloof, 1 Petr. 3:15, hetsy om mekaar te vertroos of te vermaan, 1 Thess. 5:11. |
Sending van Tíchikus en Onésimus. Groete.
13AL my omstandighede sal gTíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.
| g Hand. 20:4. Ef. 6:21. 2 Tim. 4:12. | 13 Of: Die dinge wat my betref, naamlik van my omstandighede in hierdie gevangenis, en wat ek hier doen. |
Ek het hom na julle gestuur juis hiervoor, om 14julle toestande te leer ken en julle harte 15te vertroos,
| 14 Dit is, die toestand waarin julle gemeente is.
15 Naamlik sowel met sy gawes, as deur die berig van die vryheid wat ek hier het om die evangelie te versprei in my boeie, en die voortgang daarvan. Sien Hand. 28:30. Filip. 1:12. |
saam met hOnésimus, die getroue en geliefde broeder wat 16van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.
| h Fil. vers 10. | 16 Dit is, nie net een van julle stad en land nie, maar ook ’n bedienaar van julle gemeente, soos ’n dergelike spreekwyse hierna in vers 12 te sien is. |
i17Aristárchus, my medegevangene, 18groet julle; en k19Markus, 20die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het — as hy by julle kom, 21ontvang hom —
| i Hand. 27:2.
k Hand. 15:37. 2 Tim. 4:11. |
17 Hy was ’n bekende dissipel, gebore in Macedónië, ’n voortdurende metgesel van Paulus, wat hom ook tot in sy gevangenskap in Rome gevolg het. Sien Hand. 19:29; 20:4; 27:2.
18 Om te groet is eintlik om iemand vrede, geluk en saligheid toe te wens. Sien Luk. 10:5. 19 Wat ook Johannes genoem word, wie se moeder Maria ’n baie godsalige vrou was, in wie se huis die vergaderings van die apostels en van ander gelowiges dikwels gehou is, Hand. 12:12. Hy het wel saam met Bárnabas van Paulus afskeid geneem, Hand. 15:38, maar ewenwel standvastig in diens van die evangelie gebly, en na Paulus teruggekeer, soos dit hier blyk en in 2 Tim. 4:11, hoewel hy daarna by Petrus aangesluit het, 1 Petr. 5:13, in wie se geselskap hy sy evangelie beskryf het, soos sommige kerkvaders getuig. 20 Dit is, broers- of susterskind. 21 Naamlik met alle eer en vriendelikheid; wat Paulus daarby voeg om Markus se aansien by hierdie gemeentes te verhoog. |
ook Jesus wat 22Justus genoem word, manne 23wat uit die besnydenis is. 24Hulle alleen is my medewerkers 25vir die koninkryk van God en hulle was ’n troos vir my.
| 22 Sien oor hom Hand. 18:7.
23 Dit is, uit die Jode. 24 Naamlik uit die Jode; want uit die Grieke was daar baie meer, soos uit hierdie groet self blyk, maar uit die Jode was daar baie wat Paulus teëgestaan het, Hand. 28:24, ens. 25 Dit is, in die diens van die evangelie, waardeur die ryk van God, sowel van die genade as van die heerlikheid bevorder word, wat deur die profete beloof is om in die tyd van die Messías vervul te word. Sien Matt. 4:23. Mark 4:11. |
lÉpafras 26wat een van julle is, ’n dienskneg van Christus, groet julle en 27stry altyd vir julle in die gebede, dat julle 28volmaak en 29volkome mag staan in die ganse wil van God.
| l Kol. 1:7. Fil. vers 23. | 26 Soos voorheen in vers 9.
27 Dit is, hy hou gedurig en met groot ywer aan. 28 Dit is, volkome onderrig; dit word gestel teen diegene wat nog kinders of nuwelinge in die leer was, soos in 1 Kor. 2:6; 14:20. Filip. 3:12. 29 Gr. vervul. |
Want ek getuig van hom dat hy ’n groot ywer het vir julle en vir die wat in 30Laodicéa en die wat in Hiërápolis is.
| 30 Hierdie twee bekende stede was nie ver van hulle af geleë nie, soos aangeteken is in Kol. 1:2 se kanttekening. |
Die 31geneesheer m32Lukas, die geliefde, en n33Demas groet julle.
| m 2 Tim. 4:11.
n 2 Tim. 4:10. |
31 Naamlik van beroep of professie, soos Matthéüs ’n tollenaar genoem word, ook ná sy bekering en roeping tot die apostelskap, Matt. 10:3.
32 Hy is die evangelis Lukas, wat sy evangelie deur die Heilige Gees beskryf het, en ’n voortdurende metgesel van Paulus op sy reise was, tot in Rome in sy gevangenskap. Sien Hand. 27:1 se kanttekening; Hand. 28:14. 33 Hy was wel vir ’n tyd ’n mede-arbeider van Paulus in sy gevangenskap, Fil. vers 24, maar het hom daarna skandelik verlaat, 2 Tim. 4:10. |
Groet die broeders in Laodicéa en Nimfas en die gemeente 34wat in sy huis is.
| 34 Dit kan verstaan word, óf as die gemeente wat in hierdie man se huis hulle byeenkomste gehou het, óf ook as sy huisgesin, wat soos ’n klein gemeente in sy huis was, en in ’n nougesette Christelike orde deur hom gehou was, soos van die huis van Áquila en Priscílla gesê word, Rom. 16:5. 1 Kor. 16:19. |
En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook 35in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié 36uit Laodicéa lees.
| 35 Hy wil dit nie net hê omdat dit ’n bekende gemeente in daardie streek was nie, maar ook omdat sommige probeer het om dieselfde dwalinge daar in te voer waarteen Paulus die Kolossense in die eerste twee hoofstukke van hierdie brief gewaarsku het.
36 Die apostel verwys hier óf na ’n brief wat hy aan die Laodicense sou geskryf het, óf na ’n brief wat uit Laodicéa aan hom geskryf sou wees. |
En sê aan 37Archíppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het 38in die Here, dat jy dit 39vervul.
| 37 Dit wil voorkom of hy die mededienaar van Épafras in hierdie gemeente was, wat ná die vertrek van Épafras in sy ywer en diens verslap het, daarom wil die apostel hierdie vermaning aan hom gerig hê.
38 Dit is, deur die Here, of: van die Here; want dit is ook die Here self, wat die arbeiders in sy oes uitstuur, al is dit so dat hulle meestal deur die gemeentes beroep word. Sien Matt. 9:38. Hand. 20:28. 39 Dit is, ten volle of behoorlik bedien, terwyl jy nie tevrede is met slegs die titel nie, maar die werk van jou bediening getrou verrig. Sien dergelike in 2 Tim. 4:5. |
oDie groete van Paulus, 40met my eie hand. pDink aan my boeie. 41Die genade sy met julle! 42Amen.
| o 2 Thess. 3:17.
p Hebr. 13:3. |
40 Hierdeur verstaan hy die woorde van die volgende groet van genade, wat hy gewoonlik met sy eie hand onderaan al sy briewe geskrywe het, hoewel hy dikwels die hand van ander gebruik het om die briewe uit te skryf, soos hy self getuig in 2 Thess. 3:17. Sien verder 1 Kor. 16:21 se kanttekening.
41 Dit is, die besondere guns van God in Christus teenoor ons, met al die weldade wat daaruit vloei. 42 Sien oor hierdie woord Matt. 6:13 en 28:20 se kanttekeninge. |
Einde van die brief van PAULUS aan die Kolossense.
Vermaning tot heiligmaking en broederlike liefde.
AS1 julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge 2daarbo awaar Christus is en aan die regterhand van God sit.
| a Ef. 1:20. | 1 Hierdie gevolgtrekking verwys na Kol. 2:12, 13, waar Paulus getuig het dat ons deur die doop met Christus begrawe en opgewek is, om te bewys dat ons nie die seremonies van die wet, of die leer van die wysbegeerte, of die menslike insettinge nodig het nie. Waaruit hy ook nou hierdie vermanings gee. Sien die voormelde twee verse se kanttekeninge.
2 Dit is, die ewige geluksaligheid en heerlikheid, waarvan Christus in die hemel besit geneem het, asook die geestelike gawes wat nodig is tot die saligheid, wat Christus aan die regterhand van sy Vader aan sy gemeente meedeel, soos in Hand. 2:33. Ef. 4:8, ens., verklaar word. |
3Bedink die dinge wat daarbo is, nie 4wat op die aarde is nie.
| 3 Dit is, betrag dit en streef daarna, soos hierdie woord ook elders gebruik word, Rom. 8:5 en die kanttekening.
4 Dit is, aardse en verganklike dinge, Filip. 3:19. Of: menslike en aardse insettinge, wat met die gebruik daarvan vergaan, waarvan hy tevore ook gespreek het. |
bWant 5julle het gesterwe, en 6julle lewe is saam met Christus c7verborge in God.
| b Rom. 6:2.
c Rom. 8:24. 2 Kor. 5:7. |
5 Naamlik van die sonde en van die wêreld. Sien Rom. 6:2, ens.
6 Dit is, julle geestelike en onverganklike lewe. Want al het die gelowiges enkele beginsels daarvan, blyk dit nogtans nie vir die wêreld nie, en hulle self verwag die volheid daarvan in Christus en met Christus, uit die hemel, met ’n hoop wat nie bedrieg nie, Rom. 8:24, 25. 7 Dit is, soos Christus aan die regterhand van sy Vader in die besit is van sy heerlikheid, hoewel dit vir die oë van die wêreld verborge is, so word ook die lewe wat ons in Christus en met Christus toekom, daar bewaar om op die regte tyd aan ons geopenbaar te word voor die oë van die hele wêreld, 1 Petr. 1:4, 5, ens. |
dWanneer Christus, 8wat ons lewe is, 9geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
| d Filip. 3:21. 1 Joh. 3:2. | 8 Dit is, die fontein en oorsaak van ons geestelike en ewige lewe, Hebr. 2:10.
9 Naamlik deur sy koms om te oordeel, om ons aan Hom in heerlikheid gelykvormig te maak. Sien Filip. 3:21. 1 Joh. 3:2. |
Maak e10dood dan f11julle lede 12wat op die aarde is, naamlik hoerery, 13onreinheid, g14hartstog, slegte begeertes en gierigheid, hwat 15afgodediens is,
| e Ef. 4:22; 5:3.
f Rom. 7:5, 23. g 1 Thess. 4:5. h Ef. 5:5. |
10 Naamlik meer en meer; want hy het tevore gesê dat hulle reeds gesterwe het, vers 3, naamlik ten opsigte van die heersende mag van die sonde, hoewel die oorblyfsels daarvan gaandeweg meer en meer tot niet gemaak moes word, Rom. 6:12, ens.
11 Dit is, die bose hartstogte wat nog in julle lede is, of: wat soos lede is van hierdie sondige liggaam, soos hy tevore gespreek het, Kol. 2:11. Want soos die mens sy dade uitvoer deur die lede van sy liggaam, so werp hierdie verdorwenheid in die mens ook deur sy verskillende begeertes sy luste uit, tensy dit deur God se Gees deur ons weerstaan en doodgemaak word. Sien Rom. 8:13, 14. 12 So noem die apostel die bose begeertes, omdat dit altyd die mense tot wêreldse dinge beweeg, naamlik tot begeerlikheid van die vlees, begeerlikheid van die oë en grootsheid van die lewe, 1 Joh. 2:16, waarvan ons in die hemel heeltemal vry sal wees, Openb. 21:27. 13 Daardeur word die ander soorte onkuisheid verstaan, soos owerspel en dergelike besoedelinge van die vlees. 14 Die Griekse woord pathos beteken so ’n hartstog waardeur ’n persoon ontug bedryf, ook selfs wat teen die natuur is, soos Paulus breedvoeriger daaroor spreek in Rom. 1:26, ens. 15 Sien vir die rede waarom die gierigheid afgodediens genoem word Ef. 5:5 se kanttekening. |
iwaardeur 16die toorn van God oor die 17kinders van die ongehoorsaamheid kom,
| i 1 Kor. 6:10. Gal. 5:19. Ef. 5:5. Openb. 22:15. | 16 Dit is, God se regverdige wraak en straf. Sien Rom. 1:18.
17 Gr. seuns, dit is, mense aan die ongehoorsaamheid oorgegee, soos in Ef. 2:2; 5:6. Want hoewel God ook die gelowiges swaar kasty wanneer hulle in enige sulke sondes val, gebeur dit nogtans nie om hulle te verdelg nie, maar om hulle tot bekering te bring, soos in Dawid en ander te sien is. Sien Ps. 6:2; 103:8, ens. Hebr. 12:5, ens. |
kwaarin julle ook 18vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.
| k 1 Kor. 6:11. Ef. 2:1. Tit. 3:3. | 18 Naamlik voor julle bekering tot Christus. Daar was dan in hulle geen werk ter voorbereiding vir die genade nie, soos sommige verkeerdelik meen dat dit voor die bekering in die mense sou wees, waardeur God beweeg sou word om hulle tot Christus te roep deur die evangelie. Sien 1 Kor. 6:11. Ef. 2:2; 4:17. Tit. 3:3, ens. |
lMaar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik 19toorn, woede, 20boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
| l Ef. 4:22. Hebr. 12:1. Jak. 1:21. 1 Petr. 2:1. | 19 Sien hoe dit verstaan moet word in Ef. 4:26 se kanttekening.
20 Hierdeur word die bose hart wat iemand teen ’n ander koester verstaan, ook wanneer dit voorkom of die toorn en woede verby is, waardeur hy geleentheid soek om hom op ’n ander te wreek, soos Kain aan Abel gedoen het, Gén. 4:5. Sien ook Ef. 4:31. |
mLieg nie vir mekaar nie, omdat julle 21die oue mens met sy werke afgelê het
| m Ef. 4:25. | 21 Sien hieroor, asook oor dit wat die apostel in die volgende vers sê van die nuwe mens, Ef. 4:22, 24 se kanttekeninge. |
nen julle jul met die nuwe mens beklee het 22wat vernuwe word 23tot kennis ona die beeld van 24sy Skepper,
| n Rom. 6:4.
o Gén. 1:26; 5:1; 9:6. 1 Kor. 11:7. |
22 Naamlik van dag tot dag, soos Paulus daarby voeg in 2 Kor. 4:16. Want hoewel die gelowiges reeds die ou mens afgelê en hulle met die nuwe mens beklee het, ten opsigte van die heerskappy van beide, moet hulle egter daagliks nog daarin toeneem, soos die apostel hier vermaan, deur die gebruik van die middele wat deur God daarvoor ingestel is; sien daaroor Ef. 4:24 se kanttekeninge.
23 Of: tot erkenning. Want daarvoor word ons deur die Gees van Christus in ons verstand verlig, sodat ons God reg sou ken en as ons God erken, soos Hy in die eerste skepping geken en erken was. 24 Naamlik wat ons geskape het na sy beeld, Gén. 1:26, 27, waartoe ons nou weer deur die Gees van Christus herskape word, 2 Kor. 3:18. |
25waar daar p26nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, 27Scith, qslaaf, vryman is nie, maar 28Christus is alles en in almal.
| p Gal. 3:28; 5:6; 6:15.
q 1 Kor. 7:21, 22; 12:13. |
25 Dit is, in die staat van die wedergeboorte, ten tyde van die Nuwe Testament.
26 Dit is, voor God nie beskou of geag word as Griek en Jood, ens. nie, soos in Gal. 3:28. 27 Die apostel voeg hierdie woord daarby, omdat hulle onder die volke wat deur die Grieke barbaars genoem was, wel as die grofste en wreedste beskou was, soos die Tartare wat van hulle afkomstig was. 28 Dit is, Christus maak die mens, wie hy ook is, deur die geloof vir God aangenaam; en die mens, van watter stand hy ook is, vind in Hom alleen alles wat nodig is tot die saligheid. Sien Hand. 4:12. 1 Kor. 1:30. |
rBeklee julle dan, sas uitverkorenes van God, heiliges en 29geliefdes, met 30innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
| r Ef. 4:32; 6:11.
s 1 Thess. 1:4. |
29 Naamlik van God, wat God daarom weer moet liefhê en gehoorsaam.
30 Gr. ingewande van barmhartighede. ’n Hebreeuse spreekwyse, waardeur innerlike of hartlike oortuiging van enige saak verstaan word. Sien Ef. 4:32. Filip. 1:8; 2:1. |
Verdra mekaar ten vergewe mekaar as die een teen die ander 31’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
| t Matt. 6:14. Mark. 11:25. Ef. 4:32. | 31 Dit is, ’n rede vir ’n klag. |
vEn beklee julle bo dit alles met die liefde wat x32die band van die volmaaktheid is.
| v Joh. 13:34; 15:12. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. 1 Joh. 3:23; 4:21.
x Ef. 4:3. Kol. 2:2. |
32 Naamlik waardeur al die lede van die gemeente ten volle met mekaar verenig is en mekaar alle behoorlike dienste en broederlike toegeneentheid bewys. Of: die band van die volmaaktheid van al die Christelike deugde, wat alles onder die liefde verstaan word, Rom. 13:8. Gal. 5:14. Na die mate wat die liefde in ons is, so is die ander deugde ook in ons. |
En laat 33die vrede van God, waartoe julle ook 34in een liggaam geroep is, in julle harte 35heers, en 36wees dankbaar.
| 33 Naamlik nie net wat ons met God het in ons gewete deur die geloof nie, Rom. 5:1. Filip. 4:7, maar ook wat die gelowiges onder mekaar moet hê, wat God hulle beveel, en waarvan Hy ’n bewerker is, Mark. 9:50. Ef. 4:3.
34 Dit is, in een gemeente, wat die geestelike liggaam van Christus is, waarvan al die lede aan mekaar in vrede verbonde moet wees, Ef. 1:22, 23. 35 Dit is, die oorhand, die beheer en bestuur het, om alles met rustigheid tot ’n goeie einde te rig. Die Griekse woord is gebruik vir diegene wat die beheer gehad het in die geveg- en skouspele, sien meer daaroor in Kol. 2:18. 36 Naamlik nie net teenoor julle naaste, om vrede met hom te behou nie, maar ook teenoor God. Want wie teenoor God dankbaar is, sal nie probeer om God se gemeente te versteur of te verdeel nie. |
Laat 37die woord van Christus ryklik in julle 38woon 39in alle wysheid. yLeer en vermaan mekaar 40met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing 41in julle hart met 42dankbaarheid tot eer van die Here.
| y Ef. 5:19. | 37 Dit is, die leer van die evangelie, wat deur Christus aan ons verkondig is, en nie net tot die Nuwe Testament beperk is nie, maar ook in die Ou Testament voorkom, 1 Petr. 1:10, 11.
38 Dit is, wees baie daarmee besig; want waarmee ’n mens woon, daaroor spreek ’n mens en daarmee verkeer ’n mens baie. 39 Dit is, om met alle eerbied daardeur in wysheid en kennis gestig te word. 40 Sien oor die onderskeid hiervan Ef. 5:19 se kanttekening. 41 Dit is, nie net met die mond nie, maar ook met die hart. 42 Of: aangenaamheid, genade. Want die Griekse woord garis het meer betekenisse. Sien Ef. 4:29. Kol. 4:6. |
En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles 43in die Naam van die Here Jesus en zdank God die Vader deur Hom.
| z Ef. 5:20. 1 Thess. 5:18. | 43 Dit is, volgens sy bevel en tot sy eer, terwyl die hulp van Christus ingeroep word. Want hierdie spreekwyse omvat al hierdie dinge. Sien Ps. 31:4. Matt. 18:20. |
Huislike pligte.
aVROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is 44in die Here.
| a Gén. 3:16. 1 Kor. 14:34. Ef. 5:22. Tit. 2:5. 1 Petr. 3:1. | 44 Dit is, volgens die bevel van die Here, wat julle hierdie dinge wou oplê. Of: op voorwaarde dat julle in hierdie gehoorsaamheid nie teen die bevel van die Here ingaan nie. Sien Hand. 5:29. |
bManne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.
| b Ef. 5:25. |
cKinders, julle moet jul ouers 45in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.
| c Ef. 6:1. | 45 Naamlik in die Here, soos Paulus sê in Ef. 6:1. |
Vaders, 46moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.
| 46 Naamlik deur te sware en voortdurende strengheid. Sien Ef. 6:4 se kanttekening. |
dDiensknegte, julle moet jul here na die vlees 47in alles gehoorsaam wees, nie met 48oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle 49God vrees.
| d Ef. 6:5. 1 Tim. 6:1. Tit. 2:9. 1 Petr. 2:18. | 47 Soos in vers 20.
48 Sien oor hierdie woord en die hele vers Ef. 6:5-7 se kanttekeninge. 49 Naamlik wat julle hierdie diens vir ’n tyd opgelê het, en wie julle hierin ook moet gehoorsaam wees en vrees. |
En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en 50nie vir mense nie,
| 50 Dit is, nie net, of vernaamlik nie. Want die wat dien, moet ook die mense dien, maar vernaamlik die Here, aan wie hy van al sy dade rekenskap moet gee, Ef. 6:7. |
omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as 51vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.
| 51 Dit is, die ewige erfenis van die kinders van God as ’n vergelding op jul troue diens sal ontvang, wanneer julle van alle slawerny en mensediens vrygestel sal word, en die aanneming tot kinders in julle geopenbaar sal word, Rom. 8:23. So is hierdie vergelding nie uit verdienste nie, maar uit genade; omdat ’n erfenis die kinders nie uit verdienste nie, maar slegs vanweë hul geboorte of aanneming toekom. Sien Rom. 8:15-17. |
Maar wie 52onreg doen, sal die 53onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen 54aanneming van die persoon nie.
| 52 Naamlik hetsy heer of dienskneg. Die apostel voeg dit daarby om die ontroue diensknegte te waarsku en die troue diensknegte te vertroos dat God eenmaal wraak sal neem op die hardheid van sommige here, onder wie hulle hier moet staan.
53 Dit is, die straf van die onreg, soos in 2 Kor. 5:10. 54 Sien hieroor Matt. 22:16 en Hand. 10:34 se kanttekeninge. |
WANT1 ek wil hê dat julle moet weet wat ’n groot 2stryd ek oor julle het, en oor die wat 3in Laodicéa is en almal wat 4my aangesig in die vlees nie gesien het nie,
| 1 Hierdie woord want verwys na dit wat aan die einde van die voorgaande hoofstuk deur Paulus gesê is; en wys daarmee aan dat hy nie net met alle krag gearbei het by diegene waar hy self gepreek het nie, maar ook vol sorg was vir diegene waar hy nie self was nie.
2 Naamlik deur gedagtes, deur gebede, deur vermaninge met sorg vervul aan diegene wat daarheen reis, en deur boodskappe; en dit alles nieteenstaande die hindernisse, wat die Satan my daarteenoor in die weg lê; wat hy daarom ’n stryd noem. 3 ’n Stad nie ver van Kolosse af geleë nie, waar dit wil voorkom of valse leraars dieselfde dwalinge versprei het, vgl. vers 4 en verder. Waarom hy ook beveel dat hierdie brief by hulle gelees word, Kol. 4:16. 4 Dit is, nie my liggaamlike teenwoordigheid gehad het nie; soos in Hand. 20:38. |
5dat hulle harte 6vertroos mag word, 7deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom 8van die volle versekerdheid van insig, a9om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,
| a Jes. 53:11. Jer. 9:23. Joh. 17:3. Filip. 3:8. | 5 Hierdie drie dinge, naamlik vertroosting, liefde en volle versekerdheid, kan óf die vrug wees van Paulus se stryd vir hulle, óf die saak self waaroor hierdie besorgdheid en stryd van Paulus gegaan het.
6 Naamlik wanneer hulle kennis neem van my besorgdheid oor hulle, en my getuienis van die opregtheid van die leer, wat hulle deur Épafras en ander ontvang het. 7 ’n Beeld van timmerwerk, wat saamgevoeg en in mekaar geheg is, om sterker en stewiger te wees. Nou is daar niks wat die harte meer saambind nie, as eenheid in die ware geloof, Hand. 4:32, waaruit die ware liefde ook vloei. 8 Naamlik wat deur die Heilige Gees in ons gewerk word. Want hoewel die evangelie self aan ons hierdie kennis van die geloof skenk, kan daar nogtans nie die volle versekerdheid daarvan in ons harte wees nie, behalwe deur hierdie besondere versekering van die Gees. Sien Ef. 1:13. 9 Dit is ’n nadere verklaring van die kennis van die geloof, waarvan hy tevore gespreek het. Want hierin bestaan die hele leer van die saligheid, dat ons God die Vader reg ken en Jesus Christus, wat Hy gestuur het, Joh. 17:3. |
b10in wie al die skatte 11van wysheid en kennis 12verborge is.
| b 1 Kor. 1:24. | 10 Naamlik in Christus. Of: in welke verborgenheid van God die Vader en van Christus. Want die Griekse woord kan beide beteken, sodat die betekenis is dat in Christus, of in die leer van God die Vader en van Christus, al die skatte van die wysheid en kennis (naamlik wat nodig is tot saligheid) verborge is. Dit word so deur die apostel betuig, om aan die Kolossense te toon dat die saligheid dan nêrens anders gesoek moet word nie as in hierdie leer, wat ons tot God deur Christus rig, soos in 1 Kor. 1:30; 2:2, ens. Ander verstaan dit nie as die saak wat ons vir die saligheid moet ken nie, maar as die wysheid wat in Christus se persoon self is, wat alle ander wysheid van mense en engele te bowe gaan; wat wel waar is, maar dit wil voorkom of dit nie so goed by die doel van Paulus pas anders as deur ’n vergesogte gevolgtrekking nie.
11 Hierdie twee woorde onderskei sommige hier só, dat deur die wysheid die kennis van al die leerstukke van die geloof, en deur die kennis die kennis van al die bevele van Christus wat vir die Christelike lewenswandel nodig is, verstaan word. 12 Dit is, ingesluit is. Die apostel gebruik egter die woord verborge, omdat die natuurlike mens nie hierdie dinge begryp nie, maar dat dit geestelik onderskei word, Matt. 11:25. 1 Kor. 1:23. |
Vermaning teen valse leringe.
DIT sê ek, csodat niemand julle 13mag verlei met 14drogredes nie.
| c vers 18. Ef. 5:6. | 13 Die Griekse woord beteken: om iemand te oorreed met bedrieglike redenasies of gevolgtrekkings.
14 Naamlik soos die orators en filosowe gewoonlik gebruik het, waardeur hulle onder die voorwendsel van waarskynlike redes, wat dikwels geen standvastigheid gehad het nie, die harte oorgeneem en wysgemaak het wat hulle wou. |
Want dal is ek ook 15na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om 16julle egoeie orde te 17sien en die vastigheid 18van julle geloof in Christus.
| d 1 Kor. 5:3.
e 1 Kor. 14:40. |
15 Dit is, liggaamlik, soos hy spreek in 1 Kor. 5:3.
16 Naamlik in julle daaglikse lewenswandel, en ook in die uitoefening van die dissipline en regering van julle gemeente. 17 Naamlik in my gees, soos hy tevore getuig het, en soos hy spreek in 1 Kor. 5:3; hetsy die apostel dit verstaan as die kennis wat hy hiervan gehad het deur die boodskap van Épafras en ander, hetsy ook deur enige besondere openbarings van die Heilige Gees, soos Elísa van die dade van sy dienaar Gehási gehad het, 2 Kon. 5:26. 18 Dit is, van die belydenis van julle geloof, sonder om in die minste daarvan af te wyk, wat mense julle ook al probeer wysmaak; hierdie standvastigheid prys die apostel in hulle, om hulle meer en meer daarin te versterk. |
Soos julle dan Christus Jesus, die Here, 19aangeneem het, wandel so 20in Hom,
| 19 Naamlik deur die ware geloof, Joh. 1:12.
20 Dit is, soos dit Hom of sy gemeenskap waardig is. |
fgewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, 21soos julle geleer is, terwyl julle daarin goorvloedig is 22in danksegging.
| f Ef. 3:17.
g 1 Kor. 1:5. |
21 Naamlik deur Épafras en die troue leraars voor hom, nie soos hierdie ander julle probeer wysmaak nie.
22 Naamlik oor die genade wat julle reeds ontvang het, Kol. 1:12. |
h23Pas op dat niemand julle 24as ’n buit wegvoer deur 25die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens 26die oorlewering van die mense, volgens 27die eerste beginsels van die wêreld en 28nie volgens Christus nie.
| h Rom. 16:17. Hebr. 13:9. | 23 Hier begin die apostel die verslag oor die dwalinge waarteen hy hulle waarsku, naamlik wysbegeerte, menslike insettinge en vermenging van die seremoniële wet, waarvan hy die een ná die ander weerlê.
24 Of: beroof, tot ’n buit wegvoer, naamlik weg van Christus en sy waarheid na ander leringe of middele tot saligheid buite Christus. ’n Beeld geneem van rowers, wat nie net die goedere nie, maar ook die mense self as buit weggevoer het, om hulle slawe van hulself of van ander te maak. Sien ’n voorbeeld in 1 Samuel 30. 25 Hierdeur word nie die regte wysbegeerte, wat ’n gawe van God is, en selfs ’n instrument of middel wat nuttig is om God se Woord beter te verstaan en te verklaar, verstaan nie; maar die drogredes of bedrieglike skynwysheid van sommige heidense filosowe, soos die woorde nietige misleiding verklaar en soos Paulus hiervan spreek in Rom. 1:21, 22. Hierdie filosowe het in hul skynwysheid sommige dinge oor God en oor die weg tot die hoogste goed voorgestel, wat valse leraars met die evangelie wou vermeng, soos die skolastieke leraars in die pousdom ook doen, waardeur die eenvoud en opregtheid van die saligmakende leer van die evangelie merkbaar verduister en vervals is. 26 Dit is die tweede dwaling wat hierdie leraars by die evangelie van Christus wou voeg, om na hul mening meer glans aan die eenvoud van die evangelie by die mense te gee, soos die Fariseërs vroeër gedoen het, Matt. 15:3, ens. 27 Gr. elemente. So noem die apostel die seremonies van die wet, omdat dit God in die verdeling van die tye behaag het om die Israeliete, en vervolgens in hulle die res van die wêreld wat salig geword het, deur hierdie middel so tot Christus te lei, soos ’n kind deur die aanleer van die alfabet gereedgemaak word om te lees, en as ’t ware deur ’n onderwyser tot groter wysheid gebring word. Sien hieroor ’n breedvoeriger verklaring in Gal. 3:24; 4:3, 9, ens. 28 Dit is, volgens die leer of instelling van Christus, wat slegs in die gemeente van Christus moet geld, Gal. 1:6, 8, 9. |
iWant 29in Hom 30woon al 31die volheid van die Godheid 32liggaamlik;
| i Joh. 1:14. Kol. 1:19. | 29 Naamlik as ware mens, wat onder ons gewoon het vol genade en heerlikheid, Joh. 1:14.
30 Naamlik met ’n wesenlike inwoning van die Seun van God in die menslike natuur, deur die vereniging van sy goddelike natuur met die menslike in eenheid van sy persoon, soos die liggaam ’n tent en woning van ons siel genoem word, 2 Kor. 5:1, en soos Christus ook sy menslike natuur om hierdie rede ’n tempel noem, waarin naamlik sy Godheid gewoon het, wat Hy weer sou oprig, Joh. 2:19. 31 Dit is, die gehele Godheid, naamlik van die Seun, met al sy eienskappe; nie slegs ten opsigte van sommige gawes nie, soos Hy so ook in die profete, apostels en ander heiliges woon. 32 Dit is, persoonlik, soos die Griekse woord soma soms ’n persoon beteken, of: wesenlik, waarlik, teenoor die skaduwees en beelde van die Ou Testament, soos die woord soma in hierdie selfde hoofstuk in vers 17 verstaan word. Die saak kom egter op dieselfde neer, want in die Ou Testament word wel gesê dat God in die tabernakel, tempel, verbondsark, ens. woon, maar slegs soos in skaduwees of beelde van Christus se menslike natuur, wat Hy in die volheid van die tyd sou aanneem, om persoonlik of waarlik en wesenlik daarin met al sy volheid te woon. As Hy dan ware God en ware mens in een persoon is en die volheid van die Godheid in Hom woon, wil die apostel sê, moet ons geen saligheid buite Hom soek nie, nie in die seremonies van die wet, of in die filosofiese aanmoediging van engelediens, of in enige ander menslike insettinge of bedenksels nie, maar slegs in Hom en in sy Woord. |
ken julle 33het die 34volheid in Hom wat die Hoof is van 35alle owerheid en mag;
| k Joh. 1:16. | 33 Gr. is in Hom vervul, dit is, ons het alles in Hom wat tot ons volmaakte saligheid nodig is, 1 Kor. 1:30.
34 Sien Ef. 1:23; 4:16. 35 Dit is, selfs ook van die engele in die hemel, wat onder Hom staan, soos in Kol. 1:16 betuig is. Waaruit blyk dat ons nie in hulle nie, maar in Christus die saligheid besit. Want die eienskap van die Hoof en sy werking vereis dat al die lede, onder wie die engele hier ook duidelik genoem word, van Hom afhanklik is en hulle geestelike lewe ontvang, Ef. 5:23. En hoewel die goeie engele nie die verlossing van Christus nodig gehad het nie, omdat hulle nie geval het nie, blyk dit nogtans hieruit dat hulle ook deur Hom in hul geluksalige toestand vir ewig bewaar word. Waarom hulle ook, onder die vergadering van diegene waar die gelowiges bygekom het, gereken word, Hebr. 12:22, en uitverkore engele genoem word, 1 Tim. 5:21, en hulle hul ook stel onder die diensknegte van Christus en medediensknegte van die gelowiges, Openb. 22:9. |
lin 36wie julle ook 37besny is met ’n besnydenis wat 38nie met hande verrig word nie, deur 39die liggaam van die sondige 40vlees af te lê 41in die besnydenis van Christus,
| l Deut. 10:16. Jer. 4:4. Rom. 2:29. Filip. 3:3. | 36 Naamlik Christus.
37 Naamlik nie met die uitwendige besnydenis nie, wat deur Christus se dood saam met die ander seremonies van die Ou Testament tot niet gemaak is, soos die apostel hier leer en in Gal. 5:1, 2, maar met die inwendige besnydenis van die hart, in die gees, wat die saak was waarvan die uitwendige besnydenis ’n teken was en wat die apostel in die volgende woorde nader verklaar. Waaruit hy wil aflei dat die uitwendige dan nie meer vir ons nodig of nuttig is nie. 38 Dit is, maar deur God self, deur sy Gees, Deut. 30:6. Rom. 2:29. 39 Dit is die ganse massa van die verdorwenheid, wat met ’n liggaam met baie lede vergelyk word, sien Rom. 6:6. Kol. 3:5, vanweë die baie begeerlikhede wat die sonde in ons werk. 40 Hierdeur word verklaar waaruit hierdie sondige natuur sy oorsprong het, naamlik uit die vleeslike geboorte, Joh. 3:6. 41 Nie die letterlike besnydenis van Christus waardeur Hy self op die agtste dag besny is nie, maar die besnydenis waardeur Hy ons met sy Gees in ons harte besny, dit is, van die skuld en heerskappy van die sonde verlos, en ons harte reinig, soos die volgende verse breedvoeriger verklaar. |
momdat julle saam met Hom 42begrawe is in die doop, 43waarin julle ook saam opgewek is n44deur die geloof 45in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
| m Rom. 6:4. Gal. 3:27.
n Ef. 1:19; 3:7. |
42 Of: begrawe is deur die doop. Want in die doop ontvang ons ’n teken en seël dat ons ou mens deur die dood van Christus doodgemaak en vervolgens ook begrawe is, dit is, deur Christus se lyde en sterwe so sy heersende mag verloor het, dat die ou mens soos ’n liggaam is wat dood en begrawe is, wat hom nie kan beweeg om te heers nie, hoewel dit steeds sy stank gee, totdat dit deur dieselfde dood en deur die Gees van Christus heeltemal vernietig word. Sien Rom. 6:3, ens.
43 Naamlik in die doop, of: in Christus. Want albei is waar, maar op verskillende maniere. Want deur die krag van die opstanding van Christus is ons opgewek tot die nuutheid van die lewe, en deur die doop word dit ook verseël. Sien Rom. 6:4, ens. Die apostel wil daarmee bewys dat ons self die seël van die besnydenis in die Nuwe Testament nie meer nodig het nie, omdat die doop nou vir ons dieselfde beteken en verseël. 44 Naamlik waarsonder die uitwendige doop geen krag het nie. Want hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, Mark. 16:16. Die geloof neem dan die weldaad aan, wat die doop aan ons wys en verseël. 45 Hierdeur kan óf die krag van God verstaan word, waardeur die geloof in ons gewerk word, óf die steunsel van die geloof, waarop die geloof in ons vernuwing sien, naamlik die krag van God wat Christus uit die dood opgewek het, waardeur ons ook uit die dood van die sonde opgewek word. |
oEn 46julle, wat 47dood was deur die misdade en die 48onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom 49lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade 50vergeef het,
| o Ef. 2:1. | 46 Naamlik wat nou in Christus glo en gedoop is.
47 Sien Ef. 2:1. 48 Dit word nie gesê van die letterlike voorhuid, wat die gelowige Kolossense nog gehad het nie, maar van die natuurlike verdorwenheid, waarin hulle voor hul bekering was, wat so as beeld genoem word, omdat die voorhuid in die Ou Testament ’n skandelike en veragtelike ding onder die Israeliete was. Sien dergelike spreekwyse in Deut. 10:16. Jer. 9:25, ens. 49 Sien Ef. 2:5. 50 Of: genadiglik vergeef het, of vergeef. Want deur die geloof word ons ons misdade en sondige natuur deur die krag van Christus se verdienste vergewe, en word die sondige liggaam, of die ou mens, in ons ook doodgemaak; die doop is ’n teken en seël van beide weldade in die Nuwe Testament, soos die besnydenis in die Oue was, Rom. 2:29; 4:11. |
en 51die skuldbrief teen ons, wat 52met sy insettinge ons 53vyandig was, 54uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,
| 51 Die Griekse woord geirografon, dit is, handskrif, verstaan sommige hier as ’n skrif wat met die hand van God self op kliptafels geskryf was, soos van die wet van die tien gebooie getuig word, Ex. 34:1. Dit word deur hulle verstaan as die sedewet of as die tien gebooie, waarvan gesê word dat dit teen ons was, ten opsigte van sy strenge eis tot volkome gehoorsaamheid, of by gebrek daaraan, weens die vervloeking, wat Christus ter wille van ons aan die kruis gedra het, en ons daarvan verlos het, Gal. 3:10, 13. Omdat die apostel egter hier eintlik handel teen die onderhouding van die besnydenis en ander seremonies, word hierdie skuldbrief verstaan as die seremoniële wet van die Ou Testament, wat ’n skuldbrief genoem word, wat teen ons was, omdat dit soos ’n rekening of skuldbrief was, waardeur die mense hul misdade en skulde daagliks wel voor God erken het en nogtans nooit deur die uiterlike beoefening daarvan verlos is nie, soos Paulus verklaar in Hebr. 10:1, ens., soos die woord geirografon, of handskrif, ook gebruik word in die Griekse teks, Tobias 5:3; 9:6. Dit blyk ook uit die vergelyking van hierdie teks met Ef. 2:14, 15, waar hierdie woord, handskrif in insettinge, die wet van gebooie wat in insettinge bestaan genoem word; die woord dogmasi, dit is, bevele of insettinge, word nêrens in die Woord van God gebruik vir die wet van die tien gebooie nie, en ook nie die woord dogmatizesthe, soos in vers 20, nie. Dit wat daar deur Paulus bygevoeg word, bewys dit ook duidelik. Want die sedewet maak eintlik geen vyandskap tussen Jode en heidene nie, omdat dit ook in die natuur geskryf is, Rom. 2:14, maar dit is slegs die seremoniële wet, waardeur hierdie onderskeid en hierdie vyandskap tussen hierdie volke veroorsaak is, soos daar aangeteken is. Van die sedewet kan ook nie met reg gesê word, dat Christus dit weggeruim het deur sy dood, om ons geheel en al van die onderhouding daarvan te bevry nie, soos Paulus hier wil bewys. Want hoewel ons deur Christus van die vloek en die strenge eis tot volkome onderhouding van die sedewet as verdienste tot die saligheid verlos is, bly ons nogtans aan die onderhouding daarvan verbonde, soos aan ’n reël van dankbaarheid, wat ons aan God verskuldig is vir ons verlossing.
52 Of: deur die insettinge, of bevele; waardeur sommige die insettinge of leringe van die Nuwe Testament verstaan, waardeur die seremoniële wet as tot niet gemaak verklaar is; maar die vergelyking met die teks in Ef. 2:15 toon dat hierdie skuldbrief in die insettinge bestaan het, en in hierdie teks word geleer dat hierdie skuldbrief nie eenvoudig deur die leer en insettinge van Christus nie, maar deur die dood van Christus aan die kruis tot niet gemaak is, wat dit aan die kruis vasgespyker en ten ene male vernietig het, toe Hy dit ter wille van ons misdade en van die skuld daarvan, aan die kruis volbring het. Want waar daar voldoening aan skuld is, is geen rekening of ’n skuldbrief meer nodig nie, en word dit derhalwe vernietig. 53 Of: enigsins, heimlik, in die geheim vyandig was, naamlik omdat die wassing, offerandes en ander seremonies van die Ou Testament die mense skynbaar wel gereinig het, maar dit egter nie werklik gedoen het nie, maar hulle slegs van hul skuld oortuig het, behalwe as hulle daardeur tot Christus gebring is, wie se bloed alleen die gewetens kon reinig van dodelike werke, Hebr. 9:9, ens. 54 Dit is, doodgetrek, gerojeer, of ten ene male vernietig, soos ons spreek. |
pnadat Hy 55die owerhede en magte 56uitgeklee en hulle 57in die openbaar 58tentoongestel en 59daardeur oor hulle 60getriomfeer het.
| p Gén. 3:15. Matt. 12:29. Luk. 11:22. Joh. 12:31; 16:11. | 55 Dit is, die Satan met al sy bose geeste, wat groot mag oor die mense het, solank hulle nie verlos is van die heerskappy van die sonde nie. Sien Ef. 6:12. 2 Tim. 2:26.
56 Dit is, van hul wapens en mag ontneem, watter wapens die sonde en dood was en wie se mag die wet was, 1 Kor. 15:55, 56. Sien ook Luk. 11:22. ’n Beeld geneem van die oorwonne bevelvoerders met hul soldate, wat van hul wapens ontneem is, en gewoonlik voor almal se oë as ’n skouspel begelei is, totdat hulle in die gevangenis gebring en daar opgesluit of omgebring is. 57 Of: vrymoediglik, met vrymoedigheid. 58 Of: tot skande gemaak, naamlik tot hul verkleining en smaadheid. Sien oor hierdie woord Matt. 1:19 se kanttekening. 59 Of: daarin, naamlik die kruis. Want deur sy dood het Hy die Satan, wat die mag van die dood gehad het, die mag ontneem om ons te beskadig of te beskuldig. En hoewel hy nog teen ons stryd voer, is ons nietemin verseker van die volle oorwinning in Christus Jesus, Luk. 10:17. Rom. 16:20. Hebr. 2:14. Openb. 12:10. Anders: in Homself, of: deur Homself. 60 Dit word as ’n geestelike triomf verstaan, waardeur Christus, wat die Satan alle geestelike mag ontneem het, ’n oorwinnaar van hel, dood en verdoemenis gebly het. |
q61Laat niemand julle dan 62oordeel 63in spys of 64in drank of 65met betrekking tot ’n r66fees of nuwemaan of sabbat nie,
| q Lev. 11:2. Rom. 14:2. Gal. 4:10.
r Lev. 23:2, ens. |
61 Hiermee sluit die apostel die voorgaande bespreking af, eers teen die seremonies, daarna teen die wysbegeerte van Plato, en uiteindelik teen die insettinge van mense.
62 Dit is, veroordeel as onrein en oortreders van die wet, soos die Jode gewoonlik gedoen het. 63 Dit is, omdat julle nie meer so ’n onderskeid tussen spys of drank onderhou, soos God in die Ou Testament ingestel het nie. 64 Soos die Jode in die Ou Testament in sekere gevalle beveel was om ook tussen soorte drank onderskeid te maak, Núm. 6:3. 65 Of: vanweë die saak van die fees; soos hierdie spreekwyse ook gebruik word in 1 Petr. 4:16. 66 Hierdeur word die drie jaarlikse feesdae verstaan, wat God in die Ou Testament ingestel het, Lev. 23:4, soos deur nuwemaan die maandelikse feeste, Núm. 28:11, en deur die woord sabbat die sabbatsjare, en in die besonder die weeklikse, vir soveel dit seremonieel was, Ex. 20:11. Lev. 19:3, wat deur die koms van Christus tot niet gemaak is, ten opsigte van hul besondere en meerdere heiligheid, wat hulle deur God se instelling gehad het, asook vanweë hul betekenis en noodsaaklikheid. Hoewel die Christelike kerk ook goedgedink het om sommige feesdae te onderhou, na die vryheid van die Christene, ter herinnering aan sekere besondere weldade van Christus, om God volgens sy bevel daardeur te dien, deur na sy Woord te luister, die heilige sakramente te gebruik, openbare en algemene gebede en lofsange te doen, aalmoese te gee, ens. Aan hierdie dae is die gewetens van Christene nou nietemin nie méér gebind nie, as om goeie orde te handhaaf en om mekaar in Christelike byeenkomste, deur onderlinge versterking, meer en meer te stig en te versterk. Wat ook wel op ander tye gedoen mag word, wanneer dit met goeie orde kan geskied. Sien 1 Kor. 11:17, ens.; 14:23, ens. Maar van die apostels se tyd af, is in plaas van die weeklikse sabbat die eerste dag van die week vir dieselfde doel altyd onderhou. Sien Hand. 20:7. 1 Kor. 16:1, 2. Openb. 1:10. |
wat s’n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar 67die liggaam behoort aan Christus.
| s Hebr. 8:5; 10:1. | 67 Dit is, die saak wat Christus afbeeld, dit is, in Christus vervul. Want alle skaduwees van die Ou Testament het na Christus en sy weldade verwys, deur wie se koms die skaduwees ook ’n einde het. Sien Joh. 1:17. Gal. 4:3, 4. |
tLaat niemand 68julle van jul prys beroof nie, al sou hy 69behae hê in nederigheid en 70verering van die engele en 71indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak 72opgeblase wees deur sy 73vleeslike gesindheid,
| t Jer. 29:8. Matt. 24:4. Ef. 5:6. 2 Thess. 2:9. 1 Joh. 4:1. | 68 Of: julle oorheers na sy goeddunke. Die Griekse woord katabrabeuein beteken ’n misbruik van die gesag wat aan iemand oor ’n ander gegee word. Dit word eintlik gebruik vir diegene wat in die openbare wedlope of spele die gesag het om aan elkeen sy beurt om te hardloop of te veg te gee, en die prys, wat in Grieks brabeion genoem word, 1 Kor. 9:24, daarna aan die een wat dit verdien het, te gee. Indien iemand dit nie regverdig doen nie, maar onregverdig of slegs volgens sy wil, word daar gesê dat hy katabrabeuein of heersende hierin handel, soos die woord brabeuein daarenteen beteken om regverdig hierin te handel of te heers. Sien Kol. 3:15 en die kanttekeninge.
69 Gr. willende, dit is, gewillig, eiewillig, ongedwonge. 70 Sommige het probeer om hierdie verering van die engele uit die wysbegeerte van Plato in te voer in die gemeentes van Frígië, soos sommige ou skrywers getuig. Waarteen selfs lank ná hierdie tyd ’n sinode in Laodicéa gehou is. Hierdie verleiers het voorgegee dat ’n mens nie met nederigheid direk tot God of tot Christus moes gaan nie, maar deur die engele, wat God se dienaars was en wat as middelaars tussen God en ons sou optree, soos sommige vandag nog voorgee die geval is met die gestorwe heiliges. 71 Of: binnegaan, naamlik met hul spitsvondige en vermetele voorwendsels, en spreek van hierdie dinge asof dit uit die hemel gekom het; hoewel dit niks anders was nie as menslike uitvindings en bedenkinge sonder grond. 72 Dit is, hom hierin behaag en hovaardig gedra, asof hy groot dinge gevind het. 73 Of: vindingrykheid van sy vlees, dit is, nie deur God se leiding verlig nie, maar deur die verdorwe natuur verlei. Want die vleeslike gesindheid is vyandskap teen God, Rom. 8:7. |
en nie vashou aan 74die Hoof nie, uit wie 75die hele liggaam 76deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so 77met goddelike groei groot word.
| 74 Naamlik Christus Jesus, wat die Hoof is van sy gemeente en ook selfs van alle engele. Van hierdie Hoof, en gevolglik van die werking van hierdie Hoof in al die lede, wyk diesulkes af.
75 Naamlik van die gemeente. Sien Kol. 1:24. 76 Sien oor hierdie hele beeld Ef. 4:16 se kanttekeninge, waar dieselfde woorde ook beskryf en verklaar word. 77 Gr. groei met die groei van God. |
78As julle dan saam met Christus 79vdie eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog 80in die wêreld lewe, onderworpe aan 81insettinge
| v Gal. 4:9. | 78 Met hierdie slotsom kom die apostel tot die laaste soort dwalinge, naamlik die menslike insettinge.
79 Dit is, die seremonies van die wet, deur God self in die Ou Testament ingestel, soos hy dit ook in vers 8 so genoem het. Hoeveel te meer, wil hy sê, is julle dan vry van die insettinge wat slegs op menslike goeddunke gegrond is. 80 Dit is, asof julle lewe en geluksaligheid in hierdie uitwendige wêreldse beginsels geleë is. 81 Of: bevele; dit is, moenie toelaat dat sulke leraars julle aan insettinge onderwerp nie. |
soos: 82raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —
| 82 Dit is die woorde van hierdie bygelowige mense, wat Paulus beskryf; hy dui met hierdie drieërlei spreekwyse aan dat die bygeloof altyd groei. Want eers verbied hulle om aan te raak, naamlik om te eet of te drink; daarna selfs om te smaak; uiteindelik selfs om aan te roer. Want dat hier slegs gespreek word van sulke dinge waarmee die liggaam versorg en gevoed word, blyk uit die volgende twee verse. Baie valse leraars het in dié tyd groot heiligheid in hierdie dinge gestel en doen dit nog steeds teen die leer van Paulus, hier en in Rom. 14:17. 1 Tim. 4:3, 4. |
almal dinge wat deur die gebruik bestem is 83om te vergaan — xvolgens 84die gebooie en leringe van mense,
| x Jes. 29:13. Matt. 15:9. Tit. 1:14. | 83 Gr. tot verderf is, dit is, vergaan in die liggaam van die mense, wanneer dit nou gebruik word en slegs dien tot onderhoud van hierdie verganklike lewe, maar geen krag het om die geestelike lewe in ons voort te bring nie. Sien Matt. 15:11. 1 Kor. 6:13; 8:8. Hy wat egter volgens God se Woord doen, bly vir ewig, 1 Joh. 2:17.
84 Dit is, nie deur God ingestel nie, maar volgens die goeddunke van mense, aangesien slegs die Woord van God in sake van die godsdiens en van die gewete moet geld. Sien Deut. 12:32. Matt. 15:9. |
ywat, alhoewel dit ’n skyn 85van wysheid het, 86in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, 87geen waarde het nie, maar strek z88tot versadiging van die vlees.
| y 1 Tim. 4:8.
z 1 Tim. 5:23. |
85 Dit is, van ’n baie verhewe leer, waaroor die menslike wysheid hom verwonder.
86 Dit is, in so ’n godsdiens wat die mense hulself oplê, asof hulle meer wou doen as wat God van hulle eis. Want hierdie dekmantel, asook die volgende twee, van nederigheid en gestrengheid teen die liggaam, hou hierdie mense gewoonlik voor. 87 Of: nie in enige eer is nie, naamlik wat ’n mens die liggaam aandoen, tot versadiging van die vlees, is nie in enige agting by God, of van enige waarde tot die saligheid nie. Sien 1 Kor. 8:8. 1 Tim. 4:8. Hebr. 13:9. 88 Dit is, dien slegs om die liggaam te versterk en van noodsaaklike voedsel te voorsien. |
Opskrif en seëngroet.
PAULUS,1 ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Timótheüs,
| 1 Sien oor hierdie hele opskrif die ander briewe se kanttekeninge by die opskrifte, en vernaamlik Ef. 1:1, 2. |
aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in 2Kolosse is: aGenade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
| a Rom. 1:7. Gal. 1:3. Ef. 1:2. 1 Petr. 1:2. | 2 Dit was ’n beroemde stad in Frígië, nie ver van Hiërápolis en Laodicéa af nie, soos te sien is in Kol. 4:13, 16. Die apostel was self nooit daar nie, Kol. 2:1, hoewel hy die evangelie dikwels gepreek het in Pamfílië, ’n streek nie ver van daar af geleë nie; waarvandaan dit wil voorkom of hy Épafras en sommige ander daarheen gestuur het. Sien Hand. 13:13; 14:24. |
Geloof en liefde van die Kolossense. Gebed vir hulle geestelike welsyn. Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing, die Beeld van die onsigbare God, Skepper van alles, Hoof van die gemeente.
bONS dank 3die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,
| b Ef. 1:15. Filip. 1:3. 1 Thess. 1:2. 2 Thess. 1:3. | 3 Sien oor hierdie benaming van God 1 Kor. 15:24 en Ef. 1:3 en die kanttekeninge. |
omdat ons gehoor het van 4julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,
| 4 Dit is, die belydenis van julle geloof in Christus Jesus, op wie die ware geloof in die besonder wys, om deur Hom vergewing van sondes en die saligheid te verkry, Hand. 10:43. Rom. 3:24, 25, ens. |
vanweë 5die hoop cwat vir julle 6weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het 7deur die woord van die waarheid van die evangelie,
| c 1 Petr. 1:4. | 5 Dit is, die ewige saligheid, waarop ons hier hoop, en hiernamaals in die hemel sal geniet, Rom. 8:24. Ef. 1:18.
6 Dit is, bewaar word, soos Petrus spreek, 1 Petr. 1:4, om op die regte tyd daar te ontvang. 7 Gr. in, Ef. 1:13. |
wat julle sowel as 8die hele wêreld bereik het; den 9dit dra vrug, net soos 10onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God 11in waarheid leer ken het;
| d Mark. 4:8. Joh. 15:16. | 8 Dit is, onder al die volke van die wêreld, soos hierna in vers 23 verklaar word. Sien ook Rom. 10:18.
9 Naamlik van die ware geloof, en wat by die ware bekering pas. Sien Matt. 3:8; 13:23, asook Jes. 55:10. 10 Gr. in. 11 Dit is, waarlik en opreg, soos in Hand. 10:34, wat as die Kolossense verstaan word, wat opreg en sonder geveinsdheid die waarheid van die evangelie leer ken het; of as diegene wat dit eerste aan hulle gepreek het, wat dit opreg en sonder om dit met menslike leringe te meng aan hulle voorgehou het, soos hy direk hierna van Épafras getuig. |
soos julle ook geleer het van eÉpafras, ons geliefde mededienskneg, wat ’n getroue dienaar van Christus 12vir julle is,
| e Kol. 4:12. Fil. vers 23. | 12 Dit is, julle ten goede en tot julle saligheid. |
wat ook julle liefde 13in die Gees aan ons te kenne gegee het.
| 13 Of: deur die Gees, dit is, wat deur die Heilige Gees in julle gewerk is, en uit ’n geestelike gesindheid en oorsaak voortkom; wat die apostel daarby voeg om hierdie liefde te onderskei van wêreldse liefde, wat sy oorsprong uit wêreldse oorsake het. Sien Rom. 14:17. Ef. 6:18. |
fDaarom 14hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra gdat julle vervul mag word met die kennis van 15sy wil 16in alle wysheid en geestelike insig,
| f Ef. 1:15.
g 1 Kor. 1:5. |
14 Dit is, so dikwels as ons bid, om ook vir julle te bid.
15 Dit is, God se wil in die evangelie geopenbaar, waarvan hy in vers 6 gespreek het. 16 Hierdie twee gawes word só onderskei, dat wysheid in werklikheid die begrip is van die geestelike verborgenhede en leringe, in die evangelie aan ons geopenbaar; maar die insig is die vermoë om die ware leer van die evangelie goed te kan onderskei van menslike byvoegsels en om dit tot stigting en vertroosting te kan gebruik, soos die apostel hierna ook albei hierdie dinge voorstel. |
hsodat julle 17waardiglik voor die Here mag wandel om Hom 18in alles te behaag en julle in elke goeie werk ivrug mag dra en in die kennis van God mag groei,
| h Gén. 17:1. 1 Kor. 7:20. Ef. 4:1. Filip. 1:27. 1 Thess. 2:12.
i Joh. 15:16. |
17 Dit is, soos dit diegene betaam wat die Here ken, bely en liefhet. Sien dergelike in Rom. 16:2. Ef. 4:1.
18 Dit is, om die Here in julle hele lewenswandel te mag behaag. |
en 19met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle 20lydsaamheid en lankmoedigheid 21met blydskap,
| 19 Dit is, met allerlei krag, wat Hy ons in ons swakheid meedeel, om al hierdie vyande van ons te oorwin, wanneer ons deur die geloof daardie krag van Hom begeer. Sien 1 Kor. 1:27. 2 Kor. 12:9. Jak. 1:5, 17.
20 Die lydsaamheid verwys na die grootte van die verdrukking, wat hulle lydsaam verdra; die lankmoedigheid na die langdurigheid daarvan, waardeur hulle daaronder nie beswyk, óf hul wreek nie, al is dit soms binne hul bereik. Sien Jes. 30:15. Klaagl. 3:25. 21 Nie oor die verdrukkinge self nie, wat ook vir die gelowiges droefheid veroorsaak en trane uitpers, Joh. 16:20, maar oor die vertroostinge wat hulle daarin beleef, en die vrugte en beloninge wat hulle daardeur verkry. Sien Matt. 5:12. Hand. 5:41. Rom. 5:3. 2 Kor. 1:5, ens. |
en die Vader 22mag dank wat ons 23bekwaam gemaak het om 24deel te hê aan die erfdeel van die heiliges 25in die lig —
| 22 Naamlik ons, van wie hy in die negende vers gespreek het. Die apostel begin hier die tweede deel van hierdie brief, wat bestaan uit die voorstelling van die leer van die saligheid en uit die weerlegging van die dwalinge wat in stryd is daarmee.
23 Naamlik deur sy Woord en Gees. 24 Of: om deel te hê aan die lot, dit is, aan die erfdeel van die heiliges, soos in Hand. 26:18. 25 Dit is, in die ryk van sy genade en heerlikheid, wat lig genoem word vanweë die ware kennis van God, wat daarin heers; en vanweë die ewige heerlikheid en helderheid in die hemel, wat daarop volg, gestel teenoor die ryk van die duisternis, waarvan in die volgende vers gespreek word. |
kHy wat ons verlos het uit 26die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van l27die Seun van sy liefde,
| k Ef. 2:4. 1 Thess. 2:12.
l Matt. 3:17; 17:5. 2 Petr. 1:17. |
26 Dit is, van die sonde en die ewige dood, waaroor aan die Satan as ’n heerser oor die duisternis, Ef. 6:12, die mag toegeskryf word, Hebr. 2:14, omdat hy oor die ongelowige mense heers deur afleiding en deur onkunde van God en sy wil, 2 Kor. 4:3, 4, en hulle so tot die ewige dood in die ewige duisternis bring, Matt. 8:12. 2 Petr. 2:17. Jud. vers 6.
27 Dit is, sy geliefde Seun, Matt. 3:17; 17:5. ’n Hebreeuse spreekwyse. |
28in wie ons 29die verlossing het mdeur sy bloed, 30naamlik die vergifnis van die sondes.
| m Hand. 20:28. Ef. 1:7. Hebr. 9:14. 1 Petr. 1:19. | 28 Naamlik die Seun van sy liefde, dit is, Christus Jesus, wie se persoon hy hierna beskryf.
29 Gr. vrymaking of lossing deur ’n losprys. Sien ook Ef. 1:7. 30 Hier word hierdie verlossing, wat ons in Christus Jesus het, nader verklaar; die vergifnis van die sondes word hier, soos ook in Luk. 1:77, alleen genoem, nie omdat ons deur die verlossing van Christus nie meer ontvang nie, maar omdat dit die eerste deel van ons verlossing is en die grond waarop die reg op die ewige lewe en die heiligmaking, asook die pand van die Heilige Gees noodwendig volg, soos die apostel elders oral verklaar, vernaamlik in Ef. 1:7, ens., waarvan hierdie brief ’n kort opsomming is. Sien ook Gal. 3:12, ens. |
nHy is 31die Beeld 32van die onsienlike God, odie 33Eersgeborene van die hele skepping;
| n 2 Kor. 4:4. Filip. 2:6. Hebr. 1:3.
o Openb. 3:14. |
31 Christus word hier so genoem, sowel ten opsigte van sy ewige geboorte van die Vader, omdat Hy die Afdruksel en ewige Beeld van die persoon van die Vader is, een in wese met die Vader, Spr. 8:22. Miga 5:1. Joh. 10:30. Hebr. 1:3, asook ten opsigte daarvan dat, terwyl Hy mens geword het, God in Hom en deur Hom sy eienskappe, naamlik sy wysheid, goedheid, regverdigheid en almag, voor ons oë as ’t ware afbeeld. Sien Joh. 14:9. 1 Tim. 3:16.
32 Naamlik van die Vader, wat daarom onsienlik genoem word, omdat sy wese onsienlik is, 1 Tim. 6:16, en omdat Hy Hom nie voor die oë van mense geopenbaar het nie, soos die Seun in sy aangenome menslike natuur wel gedoen het. Sien Joh. 1:18, 33. 33 Hy sê nie die Eersgeskapene nie, maar Eersgeborene, wat van sy goddelike natuur en ewige geboorte van die Vader vóór alle skepsele verstaan moet word, en van sy waardigheid bo alle skepsele, soos by die woord Beeld aangeteken is, en nader blyk uit Joh. 1:1, vergeleke met vers 14. Des te meer omdat hier nie van Hom gesê word die Eersgeborene onder baie broeders, soos in Rom. 8:29 nie, maar van die hele skepping, waardeur Hy duidelik van alle skepsele onderskei word, en gevolglik nie as ’n skepsel nie, maar as die Skepper van alles bekendgestel word, soos in die volgende vers breedvoeriger verklaar word. |
pwant 34in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, 35trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en 36tot Hom geskape.
| p Gén. 1:3. Ps. 33:6. Joh. 1:3. Ef. 3:9. Hebr. 1:2. | 34 Dit is, deur Hom as ’n medewerker van die Vader, soos aan die einde van hierdie vers verklaar word. Sien ook Joh. 1:3; 5:19.
35 Hierdie name word hier aan die engele in die hemel gegee, omdat God hulle dikwels as konings (wie die trone eintlik toekom), prinse, owerhede en magtiges gebruik in die regeer van lande en koninkryke, soos by Daniël, Sagaría en ander profete te sien is. Sien ook Ef. 1:21; 3:10. 36 Dit is, om sy ontwil, sodat Hy ’n erfgenaam en Here sou wees ook van al hierdie dinge. Sien Hebr. 1:2. Of: tot sy eer, soos tot die eer van die Vader en van die Heilige Gees. Sien Joh. 5:23. Rom. 11:36. |
En Hy is 37voor alle dinge, en in Hom 38hou alle dinge stand.
| 37 Dit is, voordat daar enige dinge geskape was, soos in Spr. 8:22. Joh. 17:5.
38 Dit is, alle geskape wesens word in wese, lewe en beweging deur Hom onderhou; sien Joh. 5:17. Hebr. 1:3, ens., waardeur die ewige Godheid van die Seun, en gevolglik die eenheid van sy wese met die Vader en die Heilige Gees bewys word, omdat daar slegs een enige God is, wat die hemel en die aarde geskape het en onderhou. Sien 1 Joh. 5:7. |
qEn Hy is 39die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy 40wat die begin is, rdie 41Eersgeborene uit die dode, sodat Hy 42in alles die eerste kan wees.
| q Ef. 1:22; 4:15; 5:23.
r 1 Kor. 15:20. Openb. 1:5. |
39 In die voorgaande verse het hy gespreek van die uitnemendheid van die persoon van Christus, as die ewige Seun van God en Skepper en Onderhouer van alle dinge; nou bewys hy ook die uitnemendheid van die persoon van Christus bo al sy uitverkore lede, ten opsigte daarvan dat Hy as God en mens die Middelaar geword het tussen God en die mense; waarvan die eerste is dat Hy die geestelike Hoof van die gemeente is, wat sy geestelike liggaam is en wat deur sy verdienste en Gees alle geestelike lewe en saligheid van Hom ontvang. Sien breedvoeriger hieroor in Ef. 1:22; 4:15, 16.
40 Dit is, die eersteling uit die dode, soos Paulus Hom in 1 Kor. 15:20 noem. Christus word so genoem, omdat Hy nie net die Een is wat deur sy eie krag opgestaan het en deur wie se krag alle ander opgestaan het en hiernamaals sal opstaan nie, maar ook omdat Hy die Eerste is wat tot die ewige heerlikheid opgestaan het, sodat Hy al sy gelowiges hiernamaals saam met Hom tot hierdie heerlikheid sou verwek. Sien 1 Kor. 15:23. 1 Thess. 4:14, ens. 41 Dit is, die Eersgeborene onder diegene wat tot die ewige heerlikheid uit die dood sal opstaan, waardeur, soos ook deur die woord begin, te kenne gegee word, nie net dat Hy die eerste in rangorde is en die oorsaak van die opstanding van die ander nie, maar bowendien ook dat Hy in heerlikheid bo ander, selfs na sy menslike natuur, ver sal uitstaan, soos die eersgeborenes in die Ou Testament bo al hul broeders gestel was; wat die volgende woorde sodat Hy, ens., ook duidelik meebring. 42 Of: onder almal, naamlik sy broeders. |
Want dit het die 43Vader behaag dat sin Hom 44die ganse volheid sou woon
| s Joh. 1:14, 16. Kol. 2:9. | 43 Dit is, God sy Vader, van wie Paulus ook in die volgende verse spreek. Sien 2 Kor. 5:18.
44 Naamlik van alle geestelike gawes en heerlikheid, naamlik nie net om dit vir Homself te besit nie, maar ook om dit aan al die lede, volgens die mate van sy gawes, mee te deel. Sien Joh. 1:14, 16; 3:34, 35. Ef. 4:7, ens. |
ten dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vvrede gemaak het 45deur die bloed van sy kruis — ek sê deur Hom — die dinge 46op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
| t 2 Kor. 5:18. 1 Joh. 4:10.
v Jes. 9:6. Joh. 16:33. Hand. 10:36. Rom. 5:1. Ef. 2:14. |
45 Dit is, deur sy bloedige offer eenmaal aan die kruis volbring, Hebr. 10:10, ens.
46 Sien die verklaring van hierdie teks in Ef. 1:10 se kanttekening. |
Ook 47julle wat 48vroeër vervreemd was 49en vyandig gesind 50deur die bose werke, het Hy nou versoen
| 47 Naamlik gelowiges uit die heidene.
48 Naamlik voordat julle tot Christus bekeer was. Sien Ef. 2:12, ens. 49 Dit is, wat God gehaat het en deur God gehaat is. Sien Joh. 15:25. Rom. 1:30; 5:10. Jak. 4:4. 50 Dit is, die gesindheid wat altyd met bose werke besig is, Gén. 6:5. |
51in die liggaam van sy vlees deur die dood, xom julle heilig en sonder gebrek en 52onberispelik voor Hom te stel;
| x Luk. 1:75. Ef. 1:4; 5:27. 2 Tim. 1:9. Tit. 2:12. | 51 Dit is, in sy liggaam, wat bestaan uit vlees en bloed, en ons in alle swakhede gelyk, maar sonder sonde, Hebr. 2:14; die apostel voeg hierdie beskrywing daarby, sodat hy Christus se liggaam wat Hy vir ons in die dood gegee het, sou onderskei van sy geestelike liggaam, wat sy gemeente is, waarvan hy kort tevore gespreek het; en ook van sy verheerlikte liggaam, waarmee Hy in die hemel triomfeer, en wat nie meer aan swakheid of sterflikheid onderworpe is nie, Rom. 6:9, 10.
52 Naamlik omdat die geregtigheid van Christus ons deur die geloof toegereken word, en al ons gebreke deur sy bloed en voorbidding bedek word, Rom. 8:33, 34, en ons wat deur God se Gees wedergebore is, ook self hierna van alle oorblyfsels van die sonde bevry sal word, Ef. 5:26, 27. |
yas julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van 53die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die 54ganse mensdom onder die hemel, 55waarvan ek, Paulus, ’n dienaar geword het.
| y Joh. 15:6. | 53 Dit is, die hoop van die ewige saligheid, wat die gelowiges deur die evangelie beloof word.
54 Dit is, alle volke of soorte mense in die wêreld, soos Christus verklaar in Matt. 28:19, en Markus ook spreek in Mark. 16:15. 55 Naamlik van die evangelie onder alle volke. |
Arbeid en stryd van Paulus in sy bediening.
zNOU verbly ek my in my 56lyding avir julle en vul in my vlees aan 57die oorblyfsels van 58die verdrukking van Christus bvir 59sy liggaam, wat die gemeente is;
| z 2 Kor. 7:4.
a Ef. 3:13. Filip. 2:17. 2 Tim. 2:10. b Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. Ef. 4:12; 5:23. |
56 Dit is, om julle met my voorbeeld te versterk in die aangenome waarheid. Sien 2 Kor. 12:15. 2 Tim. 2:10.
57 Of: dit wat ontbreek. Dit word nie verstaan as die lyding van Christus vir ons sondes, asof daaraan iets sou ontbreek vir ons verlossing nie, want dit is volkome en in alle dele volmaak, sodat daaraan niks ontbreek nie, vers 20. Hebr. 10:14. 1 Joh. 1:7; 2:2, maar van die lyding wat sy lede aangedoen word om sy ontwil. Sien 2 Kor. 1:5. Hebr. 11:26. 58 Dit is, wat óf Christus ly in sy lede, Hand. 9:4. 2 Kor. 1:5, óf die gelowiges ter wille van Christus se saak, 2 Kor. 4:10. Hebr. 11:26. 59 Dit is, tot versterking en stigting van sy gemeente, soos hy tevore vir julle gesê het. |
waarvan ek ’n dienaar geword het volgens 60die bediening van God cwat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul,
| c Rom. 16:25. Ef. 1:9; 3:9. 2 Tim. 1:10. Tit. 1:3. 1 Petr. 1:20. | 60 Dit is, nadat Hy hierdie opdrag en gawes van Hom aan my uitgedeel het, soos ’n heer oor sy huis. Sien die verklaring van hierdie woord in Ef. 1:10. |
naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af 61verborge was, dmaar nou geopenbaar is aan sy heiliges,
| d Matt. 13:11. | 61 Sien die verklaring hiervan in Ef. 3:5 se kanttekeninge, ens. |
eaan wie God wou bekend maak wat 62die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, 63dit is 64Christus onder julle, f65die hoop van die heerlikheid.
| e 2 Kor. 2:14.
f 1 Tim. 1:1. |
62 Dit is, die oorvloed en heerlikheid; of: die heerlike oorvloedigheid.
63 Naamlik die rykdom van die heerlikheid. 64 Want in Hom is al die skatte van die wysheid en kennis van God verborge, soos hy hierna spreek in Kol. 2:3. Wie dan Christus het wat in hom woon deur die geloof, het alles saam met Hom, Rom. 8:32. 65 Dit is, in wie en deur wie ons die hoop van die ewige heerlikheid ontvang. |
Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens 66in alle wysheid onderrig, om 67elke mens 68volmaak in Christus Jesus voor te stel;
| 66 Naamlik tot saligheid nodig. Sien Hand. 20:27. 2 Tim. 3:15.
67 Naamlik wie hy ook is, hetsy Jood of heiden. 68 Dit is, leer om sy volmaaktheid slegs in Christus te stel en te soek; of in Christus se geloof en leer. Sien Hand. 4:12. Rom. 1:16. |
waarvoor ek arbei en 69stry 70volgens sy werking wat in my werk met krag.
| 69 ’n Beeld geneem van diegene wat om ’n prys stry of veg, wat al hul kragte wat hulle besit, gebruik om te oorwin.
70 Dit is, volgens die mate van sy werking, wat in ons nie ledig is nie. Sien 1 Kor. 15:10. 2 Tim. 1:6, 7. |
DAAROM,1 my geliefde broeders, na wie ek ook 2verlang, 3my blydskap a4en kroon, 5staan 6so vas 7in die Here, geliefdes.
| a 1 Thess. 2:19. | 1 Naamlik omdat ons burgerlike gedrag en lewenswyse in die hemele is, en daar so ’n heerlikheid na liggaam en siel deur Christus vir ons berei is; soos in die laaste verse van die voorgaande hoofstuk verklaar word, waarna hierdie woorde verwys.
2 Gr. sterk begeer, dit is, wat ek met groot begeerte en liefde van die hart bemin, en na wie ek baie verlang. Sien Filip. 1:8. 3 Dit is, wat my rede gee, dat ek my oor jul geloof en Christelike wandel verbly en verheug. 4 Dit is, ’n eer en sieraad van my diens, waardeur julle tot Christus bekeer is. Só word ’n deugsame vrou die kroon van haar man genoem, Spr. 12:4, en godsalige kinders ’n kroon van hul ouers, Spr. 17:6. Sien 1 Thess. 2:19. Openb. 3:11. 5 Dit is, bly standvastig. ’n Beeld geneem van soldate, wat in die stryd nie wyk of vlug nie, maar staande bly. Sien 1 Kor. 16:13. Gal. 5:1. Ef. 6:11. Kol. 4:12. 2 Thess. 2:15. 6 Naamlik soos julle tot nou toe gedoen het. Of: soos ek julle nou onderrig het. 7 Dit is, in die geloof en die gehoorsaamheid van die Here Christus. Of: deur die krag van die Here. |
Ek vermaan 8Euódia en ek vermaan Síntiché om 9eensgesind te wees 10in die Here.
| 8 Hierdie twee vroue, soos uit die volgende vers blyk, was lidmate van die gemeente van die Filippense en het baie goed gedoen tot bevordering van die evangelie, maar onder hulle het misverstande en twis ontstaan, wat vir die gemeente ergerlik en skadelik was.
9 Naamlik nie net aangaande die leer nie, maar ook ten opsigte van die toegeneentheid van die gemoed. Sien Filip. 2:2; 3:16. 10 Dit is, met sodanige heilige eenheid wat die Here ons beveel, en wat vir Hom aangenaam is. |
En ek vra jou ook, 11opregte 12metgesel, wees 13hierdie vroue 14behulpsaam wat met my 15saamgestry het in die evangelie, 16ook saam met Clemens en my ander 17mede-arbeiders 18wie se name 19in die boek van die lewe b20is.
| b Ex. 32:32. Ps. 69:29. Openb. 3:5; 20:12; 21:27. | 11 Sien oor hierdie woord Filip. 2:20 en 1 Tim. 1:2 se kanttekeninge. Tit. 1:3.
12 Of: jukgenoot. Die Griekse woord beteken iemand wat ’n juk saam met ’n ander trek. Waardeur nie Paulus se vrou verstaan word, soos sommige gemeen het nie; want dit is seker dat Paulus nie getroud was toe hy die eerste brief aan die Korinthiërs geskryf het nie, soos blyk uit 1 Kor. 7:7. ’n Mens lees nêrens, en dit is ook nie geloofwaardig, dat hy daarna getroud is nie. Ook gee die Griekse taal geen aanleiding dat dit van ’n vrou gesê sou kon word nie. Hierdeur word egter iemand van die leraars in die gemeente van die Filippense verstaan, wat getrou die juk van die diens van die evangelie saam met die apostel gedra en getrek het, soos hy sodanige elders sy medestryder noem, Filip. 2:25. Fil. vers 2. ’n Beeld van twee osse wat saam ’n juk trek. Sien 2 Kor. 6:14. 13 Naamlik wat sopas genoem is. 14 Naamlik om hulle weer tot eensgesindheid te bring. 15 Dit moet nie verstaan word dat hulle die evangelie openlik saam met Paulus gepreek het nie, want dit verbied die apostel die vroue, 1 Kor. 14:34, 35. 1 Tim. 2:12, maar dat hulle in die besonder, ter wille van die belydenis van die leer van die evangelie, baie teëspoed en verdrukkinge standvastig uitgestaan het. Die apostel gebruik hier ’n beeld geneem van diegene wat om ’n prys meeding. Sien 2 Tim. 2:5. Hebr. 10:32. 16 Dit kan gevoeg word óf by die woord behulpsaam, óf by die woord saamgestry. Of hierdie Clemens daarna ’n opsiener van die kerk van Rome was, is onseker. 17 Naamlik in die werk van die diens van die evangelie. Sien Rom. 16:3, 9, 21. Filip. 2:25. Fil. verse 1, 24. 18 Dit spreek die apostel van hierdie mede-arbeiders van hom volgens die oordeel van die liefde, 1 Kor. 13:7. 19 Dit is, in die register van die uitverkorenes tot die ewige lewe, waardeur God se besluit van die ewige verkiesing verstaan word. Sien Ex. 32:32, 33. Luk. 10:20. Openb. 3:5; 17:8; 20:12, 15. 20 Naamlik geskryf, ’n beeld geneem van die inskrywing van burgers of van soldate in ’n register, om hulle daardeur te ken en vir ware burgers of soldate te hou. |
c21Verbly julle 22altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
| c 1 Thess. 5:16. | 21 Sien Rom. 12:12. 2 Kor. 13:11. Filip. 3:1.
22 Naamlik nie alleen in tyd van voorspoed nie, maar ook van teëspoed en verdrukking, omdat dit vir die Christene salig is, Jak. 1:2. Sien Filip. 2:17, 18. |
Laat julle 23vriendelikheid aan alle mense bekend word. d24Die Here is naby.
| d 1 Kor. 10:11. Hebr. 10:25. | 23 Of: billikheid, redelikheid, wat ’n besondere, voortreflike en noodsaaklike deug is, as ’n mens nie op die uiterste reg aandring nie, maar aan sy naaste ter wille van vrede en stigting toegee en as ’t ware wyk, vir soveel die Woord van God en ’n goeie gewete kan verdra. Sien Rom. 15:1, 2. 1 Kor. 9:19. 2 Tim. 2:24. Tit. 3:2.
24 Dit is, is oral by ons, en hoor en sien al ons woorde en ons dade. Of: is naby met sy koms om te oordeel, wanneer ons van al ons woorde en ons dade sal moet rekenskap gee, Jak. 5:9. |
eWees oor niks 25besorg nie, maar laat 26julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging 27bekend word by God.
| e Ps. 55:23. Matt. 6:25. 1 Tim. 6:8, 17. 1 Petr. 5:7. | 25 Naamlik met angstige bekommernis, wat voortkom uit wantroue van God se voorsienigheid, Matt. 6:25. Anders is die gelowiges ook verplig om vir hulle eie mense te sorg, 1 Tim. 5:8.
26 Dit is, die sake wat julle begeer en versoek. 27 Dit word menslikerwys gespreek; want andersins ken God van Homself al ons nood en ons gebrek beter as ons self. Sien Matt. 6:32. |
fEn 28die vrede van God, 29wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle 30sinne 31bewaar in Christus Jesus.
| f Joh. 14:27. Rom. 5:1. Ef. 2:14. | 28 Sien oor hierdie vrede Rom. 5:1 en 14:17 se kanttekeninge.
29 Dit is, wat so groot en uitnemend goed is, dat dit deur geen menslike verstand begryp kan word nie, veel minder met menslike woorde uitgespreek kan word. 30 Of: gedagtes. 31 Die Griekse woord beteken om iets met wagte of besetting teen die vyande te bewaar. Sien 1 Petr. 1:5. |
Verder, broeders, alles wat waar is, galles wat 32eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat h33rein is, alles wat 34lieflik is, alles wat 35loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, 36bedink dit.
| g Rom. 13:13.
h 1 Thess. 4:3-5. |
32 Of: waardig, edel.
33 Of: kuis. 34 Of: vriendelik. 35 Of: ’n goeie boodskap is, waarvan mense met lof spreek. 36 Naamlik om dit met ’n ernstige voorneme en ywer voor te stel en te betrag. |
37En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en 38die God van vrede 39sal met julle wees.
| 37 Hier verklaar die apostel breedvoeriger wat hy tevore in die algemeen vermaan het, dat hulle hom sou navolg, Filip. 3:17.
38 Sien Rom. 15:33; 16:20. 2 Kor. 13:11. 1 Thess. 5:23. 39 Naamlik met sy genadige teenwoordigheid, bystand en seën. |
Erkentlikheid van Paulus vir die gawe wat hy van die Filippense ontvang het. Groete.
EK het my grootliks verbly 40in die Here dat julle nou eindelik weer 41opgeleef het iom 42aan my belange te dink; waaraan julle ook 43gedink het, maar julle het 44die geleentheid nie gehad nie.
| i 2 Kor. 11:9. | 40 Sien vers 4.
41 Gr. weer groeiende of spruitende geword het. ’n Beeld geneem van die bome, wat in die winter dood voorkom, en teen die somer weer uitspruit en groen word. 42 Dit is, aan my behoeftes in hierdie boeie. Of: vir my te sorg. 43 Naamlik voorheen, hoewel julle dit nie gestuur het nie. 44 Naamlik om die gawes op die gepaste manier aan my te stuur. |
Nie dat ek dit 45uit gebrek sê nie, want ek 46khet geleer 47om vergenoeg te wees met 48die omstandighede waarin ek is.
| k 1 Tim. 6:6. | 45 Dit is, asof ek gebrek moes ly, of nie in staat sou wees om dit geduldig te ly nie.
46 Naamlik sowel uit die Woord van God, as deur die ervaring en oefening. 47 Dit is, tevrede en baie gerus te wees. Sien oor hierdie deug 1 Tim. 6:6. Hebr. 13:5. 48 Of: die dinge wat ek het, al is dit weinig en matig. |
49Ek weet om 50lverneder te word, ek weet ook om 51oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek 52onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
| l 1 Kor. 4:11. 2 Kor. 11:27. | 49 Dit is, ek het geleer, soos in die vorige vers.
50 Naamlik deur armoede en gebrek; en om daarin tevrede te wees. 51 Dit is, oorvloed van lewensonderhoud te hê, en dit reg te gebruik. 52 Die apostel gebruik hier ’n Griekse woord wat eintlik beteken: om onderrig te word in die verborgenhede van enige godsdiens, wat nie aan elke mens geopenbaar is nie; en wil daarmee te kenne gee dat hy hierdie saak ten volle verstaan en geleer het. |
53Ek is tot 54alles in staat deur Christus wat my 55krag gee.
| 53 Dit voeg hy daarby, sodat dit nie lyk asof hy hierdie deug aan homself en sy krag toeskryf nie.
54 Naamlik tot alles wat vooraf gesê is en dergelike dinge. 55 Naamlik deur die genade en werking van sy Heilige Gees, waarsonder ons niks goeds kan dink óf doen nie, Joh. 15:5. 2 Kor. 3:5. Filip. 1:29; 2:13. |
Nogtans het julle goed gedoen toe julle 56deel gehad het in 57my verdrukking.
| 56 Dit is, julle het dit ter harte geneem, asof dit julle self raak, Hebr. 13:3. Of: het ook iets aan my gegee om in my behoefte daarin te voorsien.
57 Naamlik wat ek hier ly in boeie, gebrek en armoede. |
mEn julle, Filippense, weet ook 58dat in die begin van die evangelie, toe ek van Macedónië vertrek het, geen gemeente 59deel gehad het in my 60rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.
| m 2 Kor. 11:9. | 58 Dit is, van die tyd af toe ek die evangelie die eerste maal onder julle gepreek het.
59 Of: met my iets gedeel het in my rekening, ens., naamlik hetsy vir my behoeftes, of om aan ander arm gemeentes ’n hand te reik. 60 ’n Beeld van getroue rentmeesters of handelaars, wat noukeurig in hul rekeningboeke opteken wat en van wie hulle iets ontvang, wat hulle uitgee, en waaraan dit bestee is, om goeie rekenskap te hou en te kan gee. |
Want ook 61in Thessaloníka het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.
| 61 Sien oor hierdie stad en die apostel se verblyf daarin Handelinge 17. |
Nie dat ek die gawe 62soek nie, maar ek soek 63die vrug wat oorvloedig word 64op julle rekening.
| 62 Dit is, dat dit vir my veral sou gaan oor die gawes wat julle aan my gestuur het.
63 Dit is, dat julle geloof deur sulke vrugte oorvloedig getoon word. Of: dat julle die vrug en vergelding van hierdie milddadigheid van julle ryklik mag verkry. 64 Dit is, sodat ek as ’t ware in my rekeningboek kan aanteken wat ek van julle ontvang het. Hy verwys hier ook na die voorgaande beeld. |
Maar ek het 65alles ontvang, en 66ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, n67’n lieflike geur, ’n welgevallige offer, welbehaaglik by God.
| n Hebr. 13:16. | 65 Naamlik wat julle aan my gestuur het; soos hierna verklaar word.
66 Dit is, meer as genoeg vir my lewensonderhoud, sodat julle nie meer hoef te stuur nie, soos ook die volgende sin, Ek het, ens., dit ook te kenne gee. 67 Gr. soos ’n reuk van welriekendheid. Die apostel verwys hier na die dankoffers van die Ou Testament, wat voorbeelde was van ons geestelike dankoffers in die Nuwe Testament, waaronder die werke van weldadigheid teenoor die dienaars van die Woord en die armes ook is, wat hy met hierdie beskrywing verklaar as baie aangenaam te wees vir die Here, om hulle meer en meer daartoe aan te spoor. Sien Hebr. 13:16. |
En 68my God sal 69elke behoefte van julle 70vervul 71na sy rykdom 72in heerlikheid 73deur Christus Jesus.
| 68 Naamlik in wie ek glo, en vir wie ek dien in sy gemeente.
69 Dit is, alles wat julle nodig het tot julle onderhoud. 70 Dit is, in oorvloed aan julle gee. 71 Naamlik omdat al die goed van hierdie wêreld Hom toebehoort, Ps. 24:1. 1 Kor. 10:26. Of: volgens die rykdom van sy barmhartigheid, Ef. 2:4. 72 Dit is, baie heerlik en milddadig. 73 Gr. in. |
Aan onse God 74en Vader die heerlikheid tot 75in alle ewigheid! Amen.
| 74 Dit is, wat ons Vader deur Christus geword het, en ons sy kinders, teenoor wie Hy vaderlikgesind is, en wat Hy vaderlik sal versorg, Matt. 6:32. Joh. 20:17.
75 Gr. tot die eeue van die eeue. |
Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam 76met my is, groet julle.
| 76 Naamlik hier in Rome. |
Al die heiliges, en veral die wat 77aan die keiserlike huis behoort, groet julle.
| 77 Gr. uit, dit is, sommige wat keiser Nero in sy paleis dien. Sien Filip. 1:13 en die kanttekening. |
78Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
| 78 Sien Gal. 6:18. |
Einde van die brief van PAULUS aan die Filippense.
Waarskuwing teen valse apostels. Vermaning om die vrugte van die Gees voort te bring.
VERDER, my broeders, averbly julle 1in die Here. 2Dit is vir my nie lastig 3om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en 4dit gee julle sekerheid.
| a Filip. 4:4. Jak. 1:2. 1 Petr. 4:13. | 1 Dit is, oor die genade wat die Here aan ons bewys het. Of: met ’n vreugde wat vir die Here aangenaam is, naamlik te midde van die verdrukkinge.
2 Of: Dit is vir my nie swaar, moeilik, te veel nie. 3 Naamlik wat ek julle tevore mondelings geleer het. Sien 2 Thess. 2:15. 4 Dit is, dit strek en dien tot julle versekering, om daardeur meer en meer in die waarheid van die Christelike leer en in die geloof bevestig te word. |
b5Let op die honde; let op die 6slegte arbeiders; let op die 7versnyding.
| b Jes. 56:10. | 5 Dit is, weerhou julle van die valse apostels, wat hy met hierdie smadelike naam van honde noem om hul aard uit te druk, dat hulle die ware leraars onbeskaamd met hul lasteringe aanblaf en byt.
6 Dit is, wat wel baie werk en moeite aanvaar, maar om ’n bose en verderflike leer by die mense in te plant. 7 Dit is, diegene wat uit die besnydenis is, daarop roem, en leer dat die besnydenis tot saligheid noodsaaklik is. Dit mag nie soseer ’n besnyding genoem word nie, maar eerder met reg ’n versnyding. Die apostel verander hier met groot vernuf die woord besnyding na versnyding, aangesien die leer van hierdie valse apostels die mense wat dit aanneem, van Christus afsny, en hulle tot die verderf as ’t ware in stukke versny. |
cWant 8óns is 9die besnydenis, ons wat dGod 10in die Gees dien en 11in Christus Jesus roem en nie op 12die vlees vertrou nie;
| c Deut. 10:16; 30:6. Jer. 4:4. Rom. 2:29. Kol. 2:11.
d Joh. 4:24. |
8 Naamlik wat ons geregtigheid in Christus alleen soek en stel, soos hierna verklaar word.
9 Dit is, die ware besnydenis wat vir God geld, wat die inwendige besnydenis van die hart is. Sien Rom. 2:29. 10 Of: deur die krag van die Heilige Gees. Of: met die gees, dit is, inwendig met die siel en die hart, Joh. 4:24. Ef. 6:18. 11 Naamlik dat ons in Hom en in sy geregtigheid alleen ons saligheid het, 1 Kor. 1:30, 31. 12 Dit is, op die uiterlike seremonies van die wet of uiterlike besnydenis van die vlees en die onderhouding daarvan, om daardeur salig te word. Dit word gestel teenoor die woord gees, wat tevore gebruik is. |
13alhoewel ek rede het om ook te vertrou op die vlees. As 14iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, e15ek nog meer.
| e 2 Kor. 11:21. | 13 Gr. alhoewel ek vertroue het ook in die vlees, dit is, alhoewel ek ook rede het aangaande die uiterlike besnydenis en ander seremonies van die wet, asook die uiterlike voordele van die Jode, om daarop te vertrou, naamlik indien ’n mens sy vertroue om salig te word daarop sou kon stel.
14 Naamlik van hierdie valse apostels, wat altyd op daardie uiterlike baie geroem, en hul saligheid daarin gesoek het. 15 Dit is, ek sou daarin nog meer rede hê om te vertrou. |
Ek is 16besny op die agtste dag, uit die geslag van fIsrael, uit die stam van gBenjamin, ’n Hebreër uit die Hebreërs; 17wat die wet betref, h’n Fariseër;
| f 2 Kor. 11:22.
g Gén. 49:27. h Hand. 23:6. |
16 Gr. agtdagse besnydenis.
17 Dit is, ten opsigte van die verstaan van die wet; of: uit die drie partye wat onder die Joodse volk was, Sadduseërs, Esseners en Fariseërs, het ek aan die party van die Fariseërs behoort, wat as die strengste beskou was, Hand. 26:5. |
18wat ywer betref, i’n vervolger 19van die gemeente; wat die geregtigheid 20in die wet betref, 21onberispelik.
| i Hand. 8:3; 9:1; 22:3, 4. Gal. 1:13. 1 Tim. 1:13. | 18 Naamlik vir die onderhouding van die seremonies van die wet; waarin die valse apostels ook baie, egter verkeerdelik, geywer het.
19 Naamlik van die Christene, wat hul saligheid nie in die werke van die wet gesoek het nie, maar in Christus alleen. 20 Dit is, wat die wet uiterlik van die mense eis. 21 Naamlik sodat die mense my nie kon bestraf oor enige moedswillige oortreding van die wet nie, omdat my uiterlike werke aan die wet van God gelykvormig was. Hy verklaar dat hy nogtans nie daardeur geregverdig is nie, 1 Kor. 4:4. |
kMaar 22wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil 23skade geag.
| k Matt. 13:44. | 22 Gr. wat my winste was, dit is, wat ek in daardie tyd vir my nuttig en bevorderlik tot saligheid geag het.
23 Dit is, daarenteen verwerp as iets wat skade veroorsaak. |
Ja waarlik, 24ek ag ook 25alles skade lom die uitnemendheid 26van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek 27alles prysgegee het en as 28drek beskou, om 29Christus as wins te verkry
| l Jes. 53:11. Jer. 9:23. Joh. 17:3. Kol. 2:2. | 24 Dit is, ek het dit nie slegs so geag toe ek eers tot Christus bekeer was nie, maar ag dit nou nog so, en bly by daardie mening.
25 Naamlik waardeur die mense hul saligheid buite Christus soek. 26 Naamlik nie net van die blote kennis nie, maar van die saligmakende kennis, wat gepaardgaan met vertroue en geloof, Joh. 17:3, soos die woorde my Here ook te kenne gee. 27 Gr. aan alles skade gely het. 28 Die Griekse woord beteken eintlik: dinge wat óf deur die honde uitgewerp, óf vir die honde gegooi word; dit is, vuil en verwerplike dinge. 29 Dit is, om die geregtigheid van Christus deelagtig te word, wat die grootste wins is. |
en 30in Hom 31gevind te word, 32nie met my geregtigheid 33wat uit die wet is nie, maar 34met dié wat deur die geloof in Christus is, 35die geregtigheid m36wat uit God is 37deur die geloof;
| m Rom. 1:17; 3:21. | 30 Dit is, in sy gemeenskap, deur die geloof in Hom ingelyf, en sy geregtigheid deelagtig te wees.
31 Naamlik in die oordeel van God. 32 Dit is, nie deur te vertrou op my eie geregtigheid nie. 33 Dit is, wat uit volkome onderhouding van die wet bestaan, sowel die van die sedes as die van die seremonies. 34 Dit is, wat ’n mens verkry as ’n mens in Christus glo en sy geregtigheid daardeur aanneem; en wat aan die gelowiges deur God uit genade as hul geregtigheid toegereken word. 35 Naamlik van Christus. 36 Dit is, wat God ons skenk en genadiglik toereken, Rom. 4:6. 37 Of: in; dit is, wat ons deur die geloof verkry en ons toe-eien, soos deur ’n geestelike instrument waardeur hierdie geregtigheid aangeneem word. |
38sodat ek 39Hom kan 40ken en 41die krag van sy opstanding nen 42die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan 43sy dood gelykvormig word,
| n Rom. 8:17. 2 Kor. 4:10. 2 Tim. 2:11, 12. 1 Petr. 4:13. | 38 Hiermee beskryf hy die ware saligmakende en regverdigmakende geloof, waarin dit bestaan, waarop dit wys en wat dit voortbring.
39 Naamlik Christus. 40 Sien vers 8. 41 Dit is, die vrugte en weldade wat Hy deur sy dood vir ons verkry het, deur sy opstanding kragtig toepas en toebring, naamlik ons regverdigmaking voor God, en die krag om uit die dood van die sonde op te staan. Sien Rom. 4:25; 6:3, 4, ens.; 8:11. 1 Petr. 4:1, 2. 42 Dit is, sodat ek deel het aan die vrugte van die lyding van Christus, naamlik dat ek daardeur van die straf van die sondes verlos en tot ’n nuwe lewe opgewek word, en ter wille van Hom alle lyding, kruis en verdrukking, wat my om sy ontwil sou mag oorkom, gewillig verdra. 43 Naamlik die ou mens wat in my gekruisig is, Rom. 6:5, 6, en ter wille van Hom die hele dag sterwende is, Rom. 8:36. |
44of ek miskien 45die opstanding uit die dode kan bereik.
| 44 Hierdie woorde beteken hier nie enige onsekerheid oor die saak nie, maar dui aan hoe moeilik dit is om dit te verkry, om daarmee die lus en die ywer op te skerp. Dit beteken: met ywer daarna streef of ek miskien, ens.
45 Naamlik die salige opstanding van die regverdiges, en daardeur tot die ewige heerlikheid en geluksaligheid, Luk. 14:14. Joh. 6:39, 40, 44, 54. Daarom word slegs die gelowiges en regverdiges kinders van die opstanding genoem, Luk. 20:36. Nie dat die goddeloses nie ook sal opstaan nie, Dan. 12:2. Hand. 24:15, maar hulle opstanding sal wees tot verdoemenis, Joh. 5:29, en daarom meer ’n val as ’n opstanding. |
Nie dat ek 46dit al verkry het of al 47volmaak is nie, maar 48ek jaag daarna 49of ek dit ook kan gryp, 50omdat 51ek ook deur Christus Jesus gegryp is.
| 46 Naamlik die volmaaktheid van die wedergeboorte in hierdie lewe.
47 Naamlik in wedergeboorte. 48 Of: ek vervolg, naamlik met groot lus en ywer. 49 Waarmee hy nie wil sê dat hy onseker is of hy dit sal verkry nie, maar hy verwys na die gewig van die saak en sy ywer daarna, soos in die voorgaande vers. 50 Of: waartoe, dit is, om dit te verkry. 51 Dit is, deur Christus as ’t ware gegryp en gevang, toe ek sy kerk vervolg het, en as ’t ware in die verderf geloop het, op die pad na Damaskus deur Hom aangegryp en tot Hom bekeer is, Handelinge 9. Sien dergelike in 1 Kor. 13:12. |
Broeders, 52ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.
| 52 Dit is, ek beroem my nie daarop nie, soos sommige dalk mag dink, omdat ek so baie roem oor die gemeenskap met Christus en sy weldade. |
Maar 53een ding: ek 54vergeet die dinge 55wat agter is en 56strek my uit 57na wat voor is, oen 58jaag 59na die doel 60om die prys te verkry van die 61hoë roeping van God 62in Christus Jesus.
| o 1 Kor. 9:24. 2 Tim. 4:7. | 53 Naamlik as die vernaamste waarin ek my met alle ywer oefen, Ps. 27:4. Luk. 10:42.
54 Dit is, deur nie tevrede te wees met die goeie wat ek voorheen kon gedoen het nie. 55 Dit is, wat verby is, waarmee dit wat hy tot nog toe gedoen het, ook terwyl hy nog tot Christus bekeer is, verstaan word. ’n Beeld geneem van diegene wat in ’n wedloop reeds ver gehardloop het, en die plekke wat verby is agter hulle laat. Sien 1 Kor. 9:24. 56 Naamlik, soos atlete hul kop, nek, arms en liggaam vorentoe uitstrek om des te vinniger te hardloop; deur welke beeld hy sy groot en naarstige poging verklaar, wat hy met alle mag aanwend om dit te verkry. 57 Dit is, wat nog gehardloop moet word om by die einde of wenstreep te kom. Of: na die beloftes van die evangelie, wat aan ons voorgestel is om dit te bekom en te gryp. 58 Of: vervolg; soos in vers 12. 59 Dit is, na die wenstreep wat aan die einde van die wedloop gestel is, waarna die atlete met inspanning hardloop om dit eerste te gryp, en só die prys te wen. 60 Gr. brabeion, waardeur ’n kroon of ander wyse van verering verstaan word wat gegee is aan diegene wat die wedloop gewen het. Die apostel verstaan daardeur die ewige saligheid, wat hy ’n kroon van die geregtigheid noem, 2 Tim. 4:8. 61 Dit is, wat ons deur God uit die hemel gegee word, en ons tot die hemelse geluksaligheid nooi en bring, wat gegee sal word aan diegene wat God kragtig geroep het tot die gemeenskap van die saligheid, wat hierdie roeping gehoorsaam is, en gevolglik hierdie wedloop met volharding tot die einde toe hardloop. 62 Dit is, wat deur die verdienste van Christus alleen verkry kan word, en wat op grond daarvan en deur Hom aan ons gegee word. |
Laat ons almal dan wat 63volmaak is, 64so gesind wees; en as julle 65anders gesind is, sal God 66dit ook aan julle openbaar.
| 63 Deur hierdie woord bedoel die apostel nie diegene wat in die onderhouding van die wet volmaak sou wees nie, want dit het hy tevore van homself ontken, verse 12, 13, maar diegene wat die hoofpunte van die Christelike godsdiens deeglik en grondig verstaan, en daarin reeds as ’t ware ’n volwasse man geword het, Ef. 4:13, teenoor wie diegene gestel word wat nog soos kinders in kennis is. Sien 1 Kor. 2:6; 3:1. Hebr. 5:13, 14.
64 Naamlik soos tevore deur my geleer is; naamlik oor die regverdigmaking van die mens voor God, vers 9, van ons onvolmaaktheid in hierdie lewe, vers 12, en dergelike. 65 Naamlik in sake van minder gewig. 66 Naamlik julle mettertyd in kennis laat toeneem en groei, indien julle leergierig is en die middele daartoe met ywer gebruik. Hy sê dit nie van verborge openbarings buite die Woord van God nie, maar van die gewone openbarings of bekendmakings wat Hy bewerk deur die prediking van sy Woord, vergesel van die verligting van sy Gees. Dit word gesê vernaamlik tot troos van die swakkes, wat nog nie reg kon verstaan dat die seremoniële wet heeltemal afgeskaf was nie; dat God naamlik ook mettertyd sou gee dat hulle dit verstaan. Sien hieroor ook Romeine 14. |
Maar 67wat ons reeds bereik het — laat ons pvolgens 68dieselfde reël wandel, qlaat ons eensgesind wees.
| p Gal. 6:16.
q Rom. 12:16; 15:5. 1 Kor. 1:10. Filip. 2:2. 1 Petr. 3:8. |
67 Dit is, in die leerstukke, wat ons deur die genade van God begryp.
68 Dit is, volgens die kennis wat ons daarvan het uit die Woord van God, wat soos ’n reël of rigsnoer is, waarvolgens ons ons geloof en wandel moet rig. |
Wees 69ook r70my navolgers, broeders, en let op die wat 71so wandel soos julle ons stot voorbeeld het.
| r 1 Kor. 4:16; 11:1. 1 Thess. 1:6.
s 2 Thess. 3:9. 1 Petr. 5:3. |
69 Of: tesame, tegelyk.
70 Naamlik in gesindheid en in lewenswandel. Sien 1 Kor. 11:1. 71 Naamlik soos ek wandel; soos in die volgende verklaar word. |
tWant 72baie — van wie ek julle dit 73dikwels gesê het en 74nou ook 75onder trane sê — wandel as 76vyande van die kruis van Christus.
| t Rom. 16:17. | 72 Naamlik van die leraars, wat die Woord preek, en in hul roeping nie wandel soos ons nie.
73 Naamlik toe ek by julle was, en julle daarteen in my prediking gewaarsku het. 74 Naamlik deur hierdie brief van my. 75 Dit is, met droefheid van die hart, wat daaruit ontstaan dat hierdie leraars met hul valse leer en wanordelike lewe die gemeente verlei en versteur, en hulself die verderf op die hals haal. 76 Dit is, hulle laat blyk dat hulle vyande is van dié leer waarin geleer word dat die mense nie deur die onderhouding van die wet nie, maar deur die enigste offer van Christus wat aan die kruis geskied het, salig word, 1 Kor. 1:23, 24; 2:2. |
77Hulle einde is die verderf, hulle 78god is die buik en hulle 79eer 80is in hulle skande; hulle 81bedink 82aardse dinge.
| 77 Dit is, wat uiteindelik deur God met die ewige verdoemenis gestraf sal word, Openb. 19:20, 21. Sien ook Filip. 1:28.
78 Dit is, wat in plaas daarvan om God te dien en sy eer te verbrei, niks anders begeer as om ’n lekker en gemaklike lewe te lei nie, en om hul buik, asof dit hul god is, te dien. 79 Dit is, eer wat hulle by die mense soek, en waarop hulle roem. 80 Dit is, soek hul eer in dit wat vir hulle skandelik is, dit is, vir hulle sal uitgroei tot tydelike en ewige skande. Of: tot hul skande. 81 Of: oorweeg, dit is, om met die sintuie en die verstand daarna te streef. 82 Dit is, tydelike genot en gemak. |
vWant 83ons burgerskap 84is in die hemele, x85van waar ons ook as Verlosser 86verwag die Here Jesus Christus,
| v Hebr. 13:14.
x 1 Kor. 1:7. 1 Thess. 1:10. Tit. 2:13. |
83 Dit is, burgerlike gedrag en lewenswyse van die ware Christene. Sien Filip. 1:27.
84 Dit is, is sodanig dat dit altyd streef nie na aardse nie, maar na hemelse dinge, en na die heerlikheid wat in die hemele weggebêre is. Sien Kol. 3:1, 2. 85 Gr. uit, naamlik plek van die hemele. Sien dergelike in Matt. 2:9. 86 Naamlik om die lewende en die dode te kom oordeel, Hand. 1:11. |
ywat ons 87vernederde liggaam van gedaante sal 88verander, om 89gelykvormig te word aan 90sy verheerlikte liggaam 91volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
| y 1 Kor. 15:51. Kol. 3:4. 1 Joh. 3:2. | 87 Gr. die liggaam van ons vernedering, of: ons liggaam van vernedering, dit is, hierdie sterflike en verganklike liggaam van ons.
88 Die Griekse woord beteken om van gedaante of hoedanigheid te verander. Sien 1 Kor. 15:52, ens. 89 Naamlik in onverderflikheid, onsterflikheid en ander geestelike eienskappe. Sien 1 Kor. 15:48, 49. 90 Gr. die liggaam van sy heerlikheid, of: sy liggaam van heerlikheid, naamlik wat Hy ná sy opstanding, en nou nog in die hemel het. 91 Dit is, volgens sy goddelike en alvermoënde krag, waardeur Hy alles vermag, en derhalwe ook die opwekking en verandering van ons liggame teweeg kan bring. |
AS daar dan enige 1troos 2in Christus 3is, as daar enige 4vertroosting 5van die liefde, as daar enige 6gemeenskap van die Gees, as daar enige 7innige tederheid en 8ontferming is,
| 1 Of: vermaning. Want die Griekse woord beteken beide.
2 Dit is, in Christus se Naam, of: om Christus wil. 3 Of: plek het by julle; of: by julle mag geld. 4 Dit is, troosvolle aanspreking. 5 Dit is, uit opregte liefde gedoen. 6 Dit is, indien julle ook die genade van die wedergeboorte in die oordenking van hierdie vermaning toon. Of: indien julle deur een Gees aan mekaar verbind is. 7 Gr. ingewande. Sien Filip. 1:8 en die kanttekening. 8 Dit is, medelye, naamlik met my boeie en verdrukkinge. Sien Kol. 3:12. Hebr. 10:28. |
9maak dan my blydskap volkome deur a10eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, 11een van siel, een van sin.
| a Rom. 12:16; 15:5. 1 Kor. 1:10. Filip. 3:16. 1 Petr. 3:8. | 9 Dit is, vermeerder dit hoe langer hoe meer met jul Christelike lewenswandel.
10 Deur hierdie enigheid van sinne word nie net ’n eensgesindheid in die denke aangaande die belangrikste hoofsake van die Christelike leer verstaan nie, maar ook enigheid in wil, geneentheid en liefde, soos dit hier ook staan. Sien Hand. 4:32. 11 Gr. van een siel; of: die siele bymekaargevoeg hê. |
Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, bmaar in nederigheid moet die een die ander 12hoër ag as homself.
| b Rom. 12:10. 1 Petr. 5:5. | 12 Naamlik in gawes, of in dienste. |
cJulle moet nie elkeen na 13sy eie belange 14omsien nie, maar elkeen ook na 15die ander s’n.
| c 1 Kor. 10:24; 13:5. | 13 Dit is, sy voordeel, eer of gemak.
14 Naamlik vernaamlik, of alleenlik. Want andersins moet ook ’n Christen sy huisgenote versorg, 1 Tim. 5:8. Die apostel gebruik hier ’n woord wat eintlik beteken: om na iets te kyk soos na ’n teiken waarna ’n mens skiet. 15 Dit is, die belange wat tot sy naaste se voordeel, eer, diens en stigting strek. |
dWant 16hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
| d Matt. 11:29. Joh. 13:15. 1 Petr. 2:21. 1 Joh. 2:6. | 16 Gr. dieselfde moet gevoel word, dit is, dat daar dan in julle dieselfde gesindheid en geneentheid moet wees tot nederigheid. |
eHy, wat in die 17gestalte van God was, het dit 18geen roof geag om 19aan God gelyk te wees nie,
| e 2 Kor. 4:4. Kol. 1:15. Hebr. 1:3. | 17 Gr. morfe, dit is, gedaante, of gestalte waarmee dit hier vertaal is, omdat daardeur nie net ’n goddelike majesteit en heerlikheid bedoel word nie, maar ook die goddelike wese self, omdat daarsonder geen ware goddelike majesteit kan wees nie, en dit ook by niemand anders kan wees as by die waaragtige God nie, Jes. 42:8. Uit dit wat volg blyk dat deur hierdie woord ook die wese van God bedoel word, soos in hierdie vers gesê word, dat Hy aan God gelyk was, en in vers 7 dat Hy die gestalte van ’n dienskneg aangeneem het, dit is, nie net ’n diensbare en knegtelike hoedanigheid nie, maar ook ’n ware menslike natuur self met so ’n hoedanigheid beklee. Sodat die woorde gestalte van God te verstaan is as sy wese en hoedanigheid, waarin Hy van alle ewigheid af was, voordat Hy die menslike natuur aangeneem het. Sien Joh. 1:1, 14; 17:5.
18 Dit is, geen saak wat ongeoorloof of onregverdig was, wat Hom nie met reg toebehoort het nie, asof Hy dit geroof het. 19 Dit is, aan God sy Vader ooreenkomstig sy goddelike wese en gevolglik ook in majesteit en heerlikheid volkome gelyk te wees en te bly, as een met die Vader. Sien Joh. 5:18, 26; 10:30; 16:15. Hebr. 1:3. |
fmaar het 20Homself 21ontledig deur g22die gestalte van ’n dienskneg aan te neem 23en aan die mense gelyk geword;
| f Ps. 8:6.
g Matt. 20:28. Joh. 13:14. |
20 Naamlik geheel vrywilliglik.
21 Gr. leeggemaak, dit is, het die gebruik van sy goddelike heerlikheid vir ’n tyd as ’t ware afgelê om ons verlossingswerk in die staat van nederigheid te volbring, Hom daardeur as ’t ware ontledig, en in sy menslike natuur verborge gehou, terwyl Hy slegs sommige klein strale daarvan deur sy wonderwerke en andersins nou en dan laat skyn het, Joh. 1:14; 2:11. In vers 8 word dit verklaar met die woord verneder. 22 Dit word verklaar met die woorde wat volg, naamlik dat Hy ’n ware menslike natuur aangeneem het, en daarmee saam ’n totaal nederige en veragte staat, soos van ’n slaaf of dienskneg, om so vir ons sondes te voldoen, en sy Vader tot ons verlossing te dien. Sien Jes. 53:11. 23 Gr. in gelykmaking aan die mense, dit is, aan die mense gelykgemaak geword, naamlik nie net ooreenkomstig die menslike natuur wat deur Hom aangeneem is nie, maar ook ooreenkomstig alle swakhede daarvan, sonder sonde. Sien Hebr. 2:17; 4:15. Of: soos ’n eenvoudige en veragte mens. Sien Rig. 16:7, 11. Ps. 82:7. |
hen 24in gedaante 25gevind 26as ’n mens, het Hy 27Homself iverneder deur 28gehoorsaam te word 29tot die dood toe, ja, 30die dood van die kruis.
| h Hebr. 2:14, 17; 4:15.
i Hebr. 2:9; 12:2. |
24 Daardeur word dit wat tevore gestalte of aan mense gelykgemaak genoem is, verstaan. Saam met die uitwendige wandel onder die mense.
25 Dit is, bevind te wees. 26 Dit is, as ’n ware en ook as ’n eenvoudige en veragte mens. Sien vers 7. 27 Sien vers 7. 28 Naamlik deur Hom in alles gewillig aan die wil van sy Vader te onderwerp. 29 Dit is, nie net in allerlei bevele nie, maar ook in die swaarste, om die dood te sterwe; waaraan Hy andersins nie onderworpe was nie, nóg volgens sy goddelike natuur, wat onsterflik is, 1 Tim. 1:17, nóg volgens sy menslike natuur, omdat daarin geen sonde was nie, 1 Joh. 3:5, en daarom die loon daarvan nie verdien het nie, Rom. 6:23. 30 Dit is, die allerbitterste en allersmadelikste dood, wat ook deur God vervloek was, Deut. 21:23. Onder hierdie uiterste trap van vernedering sluit die apostel alle ander dinge in wat dit voorafgegaan het na liggaam en na siel, en druk dit so uit om die uiterste vernedering van Christus beter voor oë te stel, en om die gelowiges daarmee tot nederigheid te vermaan. |
k31Daarom het 32God Hom ook 33uitermate verhoog en Hom l34’n naam 35gegee wat 36bo elke naam is,
| k Hand. 2:33.
l Hebr. 1:4. |
31 Met die woord daarom word nie aangetoon dat Christus met hierdie vernedering die heerlikheid wat volg vir Homself verdien het nie; want alles wat Christus verdien het, het Hy vir ons verdien, Joh. 17:19; maar toon slegs aan wat hierop gevolg het, of gepas was om te volg. Sien dergelike in Hand. 20:26. Hebr. 3:7. 2 Petr. 1:10.
32 Naamlik die Vader. 33 Naamlik nadat Hy uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar het, aan die regterhand van God gaan sit het in die hoogste heerlikheid, Ef. 1:20. Hebr. 1:3, wat Hy wel volgens sy goddelike natuur van ewigheid af gehad het, Joh. 17:5, maar omdat Hy die gebruik daarvan in die staat van sy nederigheid as ’t ware afgelê het, het Hy dit ná sy hemelvaart weer aangeneem en dit glorieryk vertoon; en sy menslike natuur is na liggaam en na siel versier met so ’n hoë heerlikheid en geluksaligheid as wat ’n skepsel kan ontvang, wat al die heerlikheid van engele en ander mense ver te bowe gaan. 34 Daardeur word nie die blote naam, waardeur Hy van ander mense onderskei is, verstaan nie; want dié het Hy ook in die staat van sy nederigheid gehad; ook nie net die vermaardheid van sy persoon nie, maar wel die majesteit en heerlikheid daarvan. Sien Ef. 1:21. 35 Of: geskenk. Sien Filip. 1:29 se kanttekening. Waarmee te kenne gegee word dat hierdie verhoging gebeur het volgens die Vader se wil en welbehae. 36 Dit is, die allergrootste en hoogste heerlikheid. |
msodat 37in die Naam van Jesus sou 38buig elke knie van 39die wat in die hemel en 40die wat op die aarde en 41die wat onder die aarde is,
| m Jes. 45:23. Rom. 14:11. | 37 Dit is, hierdie Jesus Christus wat só verheerlik is, en vanweë hierdie heerlikheid van Hom.
38 Dit is, alle redelike skepsele moet hulle onderwerp, selfs sy vyande teen hulle wil. Die apostel verwys hier na dit wat God sê, Jes. 45:23, en pas dit hier op Jesus Christus toe, soos ook in Rom. 14:11. Hierdie woorde moet dus nie letterlik verstaan word nie, naamlik dat as die Naam Jesus genoem word, ’n mens die knieë sou moes buig, soos sommige uit misverstand van hierdie teks, en nie sonder bygeloof nie, doen; want die engele en bose geeste, van wie hier ook gespreek word, het eintlik geen knieë nie. Dit moet egter verstaan word as beeld van die uiterlike eerbied, wat ’n mens aan konings of vorste, onder wie ’n mens staan, betoon. Hier word die onderwerping van alle skepsele aan Christus, as die Here van die here en Koning van die konings, verstaan, Openb. 19:16, die Owerste oor die konings van die aarde, Openb. 1:5, en die Here van almal, Hand. 10:36. 39 Naamlik die heilige engele en salige siele, Openb. 5:13. 40 Dit is, alle mense wat op die aarde lewe. 41 Dit is, alle mense wat gesterwe het en in die grafte is; of ook alle bose geeste en verdoemde mense wat in die hel is, dit is, alle redelike skepsele, in watter plek van die geskape wêreld hulle ook sou mag wees. Want hoewel die duiwels en die goddelose en verdoemde mense nie aan Christus die nodige onderdanigheid en eer bewys nie, moet hulle nogtans, ten spyte daarvan, aan Hom as die Here en Regter oor almal, onderworpe wees. Sien Ps. 22:30; 72:9. |
nen 42elke tong sou bely 43dat Jesus Christus die Here is 44tot heerlikheid van God die Vader.
| n Joh. 13:13. 1 Kor. 8:6; 12:3. | 42 Naamlik van alle nasies en volke, en ook van alle redelike skepsele, nie net van die goeies nie, maar ook van die slegtes, wat, hoe ernstig hulle hul ook teen Christus stel, Hom egter nieteenstaande daarvan moes bely, Mark. 5:7. Hand. 16:17, en sal hulle Hom in die laaste oordeel moet erken as die Regter van die lewendes en van die dooies, en as die Here, Matt. 7:22.
43 Of: dat die Here Jesus die Christus is, dit is, die Gesalfde. 44 Dit is, watter belydenis strek tot verbreiding van die heerlikheid van die Vader, wat alleen uit barmhartigheid en genade teenoor ons, hierdie Seun van Hom, Jesus, tot Here en Saligmaker gestel en gegee het. |
Daarom, my geliefdes, soos julle altyd 45gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, 46werk julle eie heil uit 47met vrees en bewing;
| 45 Naamlik die evangelie, deur dit met ’n ware geloof aan te neem, en met ’n godsalige lewenswandel te belewe.
46 Dit is, beywer, bearbei, terwyl julle die middele wat God tot bevordering daarvan verordineer het, gebruik. 47 Dit is, met ’n gevoel van nederigheid oor julleself, en met groot en kinderlike sorgvuldigheid, terwyl julle vrees dat julle iets sou mag doen of nalaat waardeur julle God sou kon vertoorn, of wat tot saligheid hinderlik sou wees. Sien oor hierdie spreekwyse Ps. 2:11. 1 Kor. 2:3. 2 Kor. 7:15. Ef. 6:5. Hebr. 12:28. 1 Petr. 1:17. |
owant dit is God 48wat in julle werk 49om te wil sowel as 50om te werk 51na sy welbehae.
| o 2 Kor. 3:5. | 48 Dit word daarby gevoeg, sodat ’n mens uit hierdie voorgaande vermaning nie sou dink of aflei dat die mens die saligheid uit homself en deur sy eie krag sou kon bewerk nie. Sien Filip. 1:6. 2 Kor. 3:5. Jak. 1:17.
49 Dit is, nie net die vermoë om te wil nie, maar om te wil self; wat die wil kragtig neig en buig om die goeie te kies, en sodoende van onwilliges gewilliges maak, deur die krag van die Heilige Gees, Joh. 3:5; 6:44. Rom. 9:16. 1 Petr. 1:3. 50 Of: om uit te werk, dit is, die nakoming en volbringing van die goeie wat ’n mens wil. 51 Dit is, nie volgens enige voorgaande goeie hoedanigheid of voorbereiding, wat Hy in die mens sou vind nie, maar na sy welbehae, uit louter genade. Sien Ef. 1:5, 9, 11; 2:8. 2 Tim. 1:9. |
pDoen 52alles q53sonder murmurering en 54teëspraak,
| p Rom. 12:17. 1 Petr. 2:12.
q 1 Petr. 4:9. |
52 Naamlik wat die Here julle beveel, hoe swaar dit ook vir die vlees sou mag wees.
53 Dit is, gewillig en met geduld. 54 Of: twis, beraadslaging, naamlik of julle dit wat God gebied, sal doen of nie. Want die Griekse woord beteken óf in sy gedagtes, óf met woorde oor en weer argumenteer of kibbel. |
sodat julle 55onberispelik en 56opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 57’n krom en verdraaide geslag ronder 58wie julle 59skyn soos 60ligte in die wêreld,
| r Spr. 4:18. Matt. 5:14. | 55 Dit is, sodat die mense nie met reg julle wandel sou kon berispe nie. Sien Luk. 1:6. Ef. 5:26, 27.
56 Of: eenvoudig, sonder bedrog. Sien Matt. 10:16. 57 Dit is, ongelowige en onwedergebore mense. Sien Hand. 2:40. 58 Naamlik mense. 59 Dit is, en voortaan ook moet skyn en verlig. 60 Of: voorligters, sterre. Sien Spr. 4:18. Matt. 5:14. |
deurdat julle die woord 61van die lewe 62vashou, smy tot ’n roem teen 63die dag van Christus, dat ek nie verniet 64geloop of verniet gearbei het nie.
| s 2 Kor. 1:14. 1 Thess. 2:19. | 61 Dit is, waarin ons die ewige lewe, en die weg om daartoe te kom, aangewys word, en wat ons daartoe lei. Sien Joh. 6:68.
62 Dit is, die gesonde leer van die evangelie standvastig vashou, bely en beoefen. Of: voordra. 63 Naamlik wanneer Hy sal kom om alle mense te oordeel, of om my uit hierdie lewe te verlos. 64 Naamlik, in my loopbaan van diens aan julle, julle bedien het deur die prediking van hierdie woord. |
Maar al word 65ek 66as ’n drankoffer uitgegiet 67oor die offer en 68bediening van julle geloof, tverbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;
| t 2 Kor. 7:4. | 65 Naamlik deur my bloed te vergiet ter wille van die evangelie.
66 Die Griekse woord beteken om so geoffer te word, soos in die Ou Testament benewens die offer van meel ook wyn as ’n drankoffer geoffer was. Die apostel verwys hier na die stort van sy bloed; want die bloed van die martelare is vir die Here ’n aangename offer, Ps. 116:15. 67 Dit is, omdat ek julle deur die verkondiging van die evangelie aan God as ’t ware opgeoffer en geheilig het, en daarmee tot julle diens was om julle tot die geloof te bring, waarin julle deur my dood bevestig sal word. 68 Gr. leitourgia. Sien oor hierdie woord Rom. 15:16. 2 Kor. 9:12 se kanttekening. Hebr. 8:2, 6. |
en om dieselfde rede 69moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.
| 69 Dit kan óf vermanend verstaan word, dat hulle hul dan moet verbly; óf verhalend, dat hulle dit reeds doen. |
Timótheüs en Epafrodítus gesante van Paulus aan die Filippense.
EN ek hoop 70in die Here Jesus om vTimótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.
| v Hand. 16:1. Rom. 16:21. 1 Thess. 3:2. | 70 Dit is, met hulp en deur die genade van die Here; indien dit Hom sal behaag. Sien Hand. 18:21. 1 Kor. 4:19. Jak. 4:15. |
Want ek het niemand van 71dieselfde gesindheid wat 72julle belange 73opreg sal behartig nie;
| 71 Gr. gelyksielig, dit is, wat vir julle dieselfde omgee as ek en hy.
72 Naamlik wat die opbou van julle gemeente en wat julle saligheid betref. 73 Die Griekse woord beteken eintlik: so opreg soos dit van nature kom, soos die ouers vir hul kinders sorg wat uit hulle gebore is. |
xwant hulle soek 74almal hul 75eie belange, nie 76dié van Christus Jesus nie.
| x 1 Kor. 10:24; 13:5. | 74 Dit is, byna almal, of meeste van hulle, soos in Matt. 10:22. Mark. 1:5. Joh. 10:8.
75 Dit is, hul eie gemak, nut of eer. 76 Dit is, dit wat tot bevordering van Christus se ryk, eer en leer behoort. |
Maar julle ken 77sy beproefdheid, dat hy, 78soos ’n kind teenoor sy vader, 79saam met my in die evangelie gedien het.
| 77 Dit is, die bewys van sy opregtheid en getrouheid, wat hy voorheen dikwels getoon het. Of: hoe hy altyd opreg en getrou bevind was.
78 Dit is, nie soos ’n kneg uit dwang nie, maar met ’n onderdanige en bereidwillige gesindheid. Sien 1 Kor. 4:17. 2 Tim. 2:1. 79 Dit is, my gehelp het in die verkondiging, verbreiding en verdediging van die leer van die evangelie. |
Ek hoop dan om 80hom 81dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met 82my sal gaan;
| 80 Naamlik Timótheüs, so ’n voortreflike jongman en getroue leraar, wat vir my so nuttig en behulpsaam was.
81 Dit kan óf by die woord stuur, óf by die woord sien gevoeg word. 82 Naamlik wat my ampsbediening betref. |
en ek 83vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom.
| 83 Dit is, ek hoop vas daarop en het min twyfel daaroor; want die woord beteken hier nie ’n vaste sekerheid van die hart nie, maar ’n groot en vaste hoop. Sien Filip. 1:25. |
Maar ek het dit noodsaaklik geag om 84Epafrodítus, 85my broeder en 86medewerker en 87medestryder, julle 88afgevaardigde en 89bedienaar van my behoefte, 90na julle te stuur,
| 84 Sien oor hom ook Filip. 4:18. Sommige meen dat hy dieselfde man sou wees wat Épafras genoem word, Kol. 1:7; 4:12. Fil. vers 23, maar dit is onseker.
85 Dit is, my medebroeder en ’n leraar van die heilige evangelie. 86 Naamlik in die werk van die verkondiging van die evangelie. 87 Naamlik in die geestelike stryd teen die vyande van die evangelie, met groot moeite en lewensgevaar. 88 Gr. apostolon, welke woord in die besonder beteken een wat deur Christus self geroep en uitgestuur is, om die evangelie deur die hele wêreld te verkondig, Gal. 1:1. Ef. 4:11. Hier word dit egter breër verstaan in die algemeen, as een wat deur iemand afgevaardig is, om in sy naam of namens hom iets te doen. Epafrodítus was deur die Filippense na Paulus in Rome gestuur, om vir hom die middele te bring wat hulle tot sy onderhoud bygedra het. Of ook: julle leraar; want so word hierdie woord ook soms verstaan as allerlei leraars. Sien Rom. 16:7. 2 Kor. 8:23. 89 Waarom die apostel hom so noem, word breedvoeriger verklaar in Filip. 4:18. 90 Naamlik nou dadelik met hierdie brief. |
want hy het 91na julle almal verlang en 92was besorg, omdat 93julle gehoor het dat hy siek was.
| 91 Dit is, om julle almal weer te sien en by julle te wees.
92 Die Griekse woord beteken ’n baie kommerlike verwagting van enige kwaad of leed, met groot benoudheid in die hart. Sien Matt. 26:37. Mark. 14:33. 93 Naamlik en geweet het dat julle, wat hom so baie liefhet, baie hartseer daaroor sou wees. |
Want hy was ook siek 94tot by die dood; maar God was hom 95barmhartig, en nie hom alleen nie, maar 96ook my, dat ek nie 97droefheid op 98droefheid sou hê nie.
| 94 Dit is, dat hy in groot gevaar was dat hy aan hierdie siekte sou sterf.
95 Dit is, het hom uit genade in die lewe behou en weer sy gesondheid herstel. 96 Naamlik dat ek die genade wat aan hom bewys is, beskou, asof dit aan my betoon is, vanweë die hulp wat ek van hom ontvang. 97 Naamlik vanweë die dood van so ’n voortreflike leraar en nuttige instrument in die kerk van God. 98 Naamlik wat my daagliks in hierdie boeie deur die vyande van die evangelie aangedoen word. |
Ek het hom dus 99des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek 100minder bedroef kan wees.
| 99 Naamlik so vinnig as wat hy weer gesond geword het. Of: des te yweriger, des te vinniger.
100 Naamlik soos ek was, omdat julle jul getroue leraar so lank moes ontbeer. |
Ontvang hom dan 101in die Here met alle blydskap yen hou 102sulke manne 103in eer.
| y 1 Kor. 9:14. Gal. 6:6. 1 Thess. 5:12. 1 Tim. 5:17. Hebr. 13:17. | 101 Dit is, ter wille van die Here, wie se dienaar hy is. Of: verwelkom hom nie met ’n wêreldse vreugde nie, maar soos dit die Here behaaglik is.
102 Dit is, wat dienaars is van die evangelie, en vernaamlik diegene wat so getrou is soos hy en Timótheüs. 103 Of: in waarde, of: kosbaar. |
Want 104ter wille van die werk van Christus het hy 105tot naby die dood gekom en 106sy lewe 107gewaag om aan te vul 108wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.
| 104 Dit is, ter wille van die werk waartoe Christus hom geroep het; of dit wat hy tot verbreiding van die ryk van Christus en van Christus se eer aangeneem het. Waardeur óf in die algemeen die bediening van die Woord verstaan word met alles wat daarmee verband hou, óf in die besonder die diens wat hy aan die apostel verrig het, deur dit waarvoor die Filippense hom gestuur het, oor te bring, en wat hy nog gedoen het om die apostel in sy boeie te dien. Dit alles dien ook tot verbreiding en diens van die koninkryk van Christus.
105 Dit is, was in groot gevaar van sy lewe, naamlik óf op die gevaarlike reis, óf hier in Rome, omdat hy my help en dien in die verspreiding van die evangelie. 106 Gr. sy siel. 107 Die Griekse woord beteken om te beraadslaag sonder om op sy lewe ag te slaan of te let. Dit is, nadat hy oordink het wat hy behoort te doen, of hy sy lewe in gevaar moet stel of sy diens moet versaak, het hy besluit om liewer sy lewe te waag. 108 Dit is, sodat, terwyl julle self nie hier teenwoordig kan wees om my in my boeie te dien nie, hy in julle almal se plek hierdie dinge kon doen. Gr. julle gebrek van bediening aan my. |
Opskrif en seëngroet.
PAULUS en 1Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in 2Filíppi is, saam met die 3opsieners en 4diakens:
| 1 Hy voeg Timótheüs se naam hier by sy eie, as ’n opregte en ware leraar van die evangelie, om te toon dat Timótheüs ook alles goedkeur wat die apostel aan hulle skryf. Sien 2 Kor. 1:1. 1 Thess. 1:1. 2 Thess. 1:1.
2 Sien oor hierdie stad in Macedónië Hand. 16:12. 3 Gr. episkopois, dit is, opsieners, waarvan die woord biskop kom, wat algemeen gebruik is vir alle opsieners en regeerders van die kerk. Sien Hand. 20:17, 28. 1 Tim. 3:1. Tit. 1:5, 7. Want hier blyk dat daar in ’n gemeente meer as net een so ’n biskop was. 4 Hierdie woord word soms in die algemeen verstaan as allerlei dienaars, Matt. 20:26. Rom. 13:4, ook as die leraars van die kerk, 1 Kor. 3:5. 2 Kor. 11:23. Ef. 3:7, soms in die besonder, soos hier, as diegene wat die gemeente dien in die versorging van die armes, 1 Tim. 3:8, 12, sien oor hierdie instelling en amp Handelinge 6. |
aGenade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
| a Rom. 1:7. 1 Petr. 1:2. |
Paulus se liefde vir die Filippense. Vrug van sy gevangenskap.
bEK dank my God elke maal as ek aan julle dink —
| b Ef. 1:15. Kol. 1:3. 1 Thess. 1:2. 2 Thess. 1:3. |
en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap —
5oor 6julle gemeenskap aan die evangelie van 7die eerste dag af tot nou toe,
| 5 Naamlik ek dank God, vers 3.
6 Dit is, oor die groot weldaad dat die evangelie ook aan julle verkondig is, en dat julle dit deur die geloof aangeneem het. Sien 1 Joh. 1:3. 7 Naamlik dat julle die evangelie ontvang en aangeneem het. |
omdat ek juis hierop vertrou, dat 8Hy wat c9’n goeie werk in julle begin het, dit 10sal voleindig tot 11op die dag van Jesus Christus;
| c Joh. 6:29. 1 Thess. 1:3. | 8 Naamlik God die Vader.
9 Naamlik van die geloof in Christus en van die bekering tot God. 10 Dit is, meer en meer sal vermeerder, versterk en bewaar. 11 Naamlik waarop Christus julle uit hierdie lewe tot Hom sal neem, of uit die dood sal opwek op die oordeelsdag. |
soos dit 12vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal din my boeie sowel as in die 13verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in 14die genade is.
| d Ef. 3:1; 4:1. Kol. 4:3, 18. 2 Tim. 1:8. | 12 Naamlik volgens die reg en die wet van die liefde, wat geen kwaad bedink nie, alle dinge glo, en alle dinge hoop, 1 Kor. 13:5, 7.
13 Naamlik in die gehoorsaal en elders. Sien vers 13. 14 Dit is, wat aan my deur God gegee is, nie net om in Christus te glo nie, maar ook om ter wille van Hom te ly. |
eWant 15God is my getuie hoe ek 16na julle almal verlang 17met die innige tederheid 18van Jesus Christus.
| e Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31. Gal. 1:20. 1 Thess. 2:5. 1 Tim. 5:21. 2 Tim. 4:1. | 15 Dit is ’n manier van eedswering, wat die apostel hier gebruik omdat dit nodig was dat die Filippense van sy liefde vir hulle verseker sou wees.
16 Dit is, julle almal liefhet. Sien 2 Kor. 9:14. 17 Gr. in die ingewande; ’n Hebreeuse spreekwyse, aangesien die ingewande deur ’n groot inwendige liefde as ’t ware in beweging kom en ontsteld word. Sien Luk. 1:78. 18 Dit is, watter emosie of liefde in my ontstaan om Christus wil, vir wie julle met geloof aangeneem het, of omdat ons Jesus Christus as ’n gemeenskaplike Saligmaker het. |
En dit bid ek dat 19julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word 20in kennis en alle 21ervaring,
| 19 Dit is, die deug van die liefde wat in julle is tot God en julle naaste, waarin al die deugde van die eerste en tweede tafel verstaan word.
20 Of: met, deur kennis, naamlik van goddelike dinge wat tot saligheid noodsaaklik is. 21 Naamlik innerlike oortuiging van die verstand, waardeur die goddelike dinge begryp en onderskei word. |
om 22die dinge waar dit op aankom, 23te onderskei, sodat julle 24rein en 25vir niemand ’n aanstoot mag wees nie, tot op 26die dag van Christus,
| 22 Of: wat uitnemend is. Die Griekse woord beteken beide. Want die kennis van hierdie goddelike dinge verskil baie en is uitnemender as enige ander kennis van wêreldse dinge. Sien Rom. 2:18.
23 Dit is, nadat julle die leringe aan God se Woord beproef en getoets het, dit reg mag verstaan en onderskei. 24 Dit is, sonder geveinsdheid of bedrog. 25 Sien Matt. 18:7, naamlik waardeur hy verhinder, of tot ’n val gebring sou word, in die Christelike wedloop. Gr. onergerlik, of: onaanstootlik. 26 Sien vers 6. |
vervul met die vrug 27van geregtigheid 28wat daar is deur Jesus Christus 29tot heerlikheid en lof van God.
| 27 Dit is, van godsaligheid, vroomheid en nuwe gehoorsaamheid.
28 Dit is, wat in ons gewerk en voortgebring word deur die Gees van Christus. 29 Dit is die doel waartoe en waarom alle goeie werke gedoen moet word. Sien Ps. 115:1. Matt. 5:16. 1 Kor. 10:31. 1 Petr. 2:12; 4:11. |
En 30ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat 31wat my wedervaar het, eerder 32op bevordering van die evangelie uitgeloop het,
| 30 Dit is, word nie verslae of neem nie aanstoot aan my gevangenskap nie, maar verstaan dit van my.
31 Dit is, hierdie gevangenskap en verdrukking van my, wat ek ly ter wille van die evangelie. 32 Dit is, dat dit allesbehalwe ’n verhindering is vir die voortgang en verspreiding van die evangeliese leer, dat dit ook, deur die bestiering van God, daartoe dienstig en bevorderlik is. |
sodat 33my boeie openbaar geword het 34in Christus 35onder die hele keiserlike lyfwag en by 36al die ander,
| 33 Dit is, die rede waarom ek met boeie of kettings gevang is en gehou word; dat dit nie as gevolg van enige misdryf is wat ek gepleeg het nie, maar slegs as gevolg van die leer van die evangelie.
34 Dit is, waarmee ek ter wille van Christus gebind is. Sien Ef. 4:1. 35 Of: hof of huis van keiser Nero, dit is, aan sy raadsmanne en hofdienaars. Sien Filip. 4:22. Gr. praitorion. 36 Naamlik plekke, of mense, naamlik in hierdie stad Rome en omliggende dele. |
fen die meeste van die broeders wat in die Here 37deur my boeie 38vertroue gekry het, dit des te meer waag om 39die woord onbevrees te spreek.
| f Ef. 3:13. 1 Thess. 3:3. | 37 Dit is, deur my onskuld, standvastigheid en dapperheid, wat blyk en deur my getoon word in hierdie gevangenskap van my.
38 Dit is, dapper of vrymoedig geword het. 39 Naamlik van God, dit is, om die leer van die evangelie te bely en te verkondig. |
40Sommige preek Christus wel ook 41uit afguns en 42twis, maar ander ook 43uit welwillendheid:
| 40 Hierdeur bedoel die apostel sommige leraars wat die regsinnige leer goed gepreek het, omdat daar staan dat hulle Christus gepreek het, maar dat hulle hart nie suiwer was nie, maar met afguns en twis teenoor Paulus gevul.
41 Naamlik wat Paulus die eer misgun het wat aan hom gegee is deur diegene wat deur sy prediking tot bekering gekom het. 42 Of: stryd, naamlik teen Paulus en die ander opregte leraars, vir wie hulle daarmee wou hinder, of ’n deel van sy eer van hom af weg wou trek. 43 Gr. deur ’n welbehae, dit is, met ’n opregte, goedwillige en toegeneë hart tot bevordering van die mense se saligheid. |
die eerste verkondig Christus uit naywer, 44nie met suiwer bedoelinge nie, met die mening om aan my boeie 45verdrukking toe te voeg;
| 44 Naamlik ten opsigte van hulle hart, waarmee hulle die leer gepreek het, nie met suiwer en opregte bedoelinge nie. Sien vers 15.
45 Dit is, om my kruis nog meer te verswaar, omdat hulle probeer om my deur hul prediking by die gemeente verdag en veragtelik te maak. |
maar die ander 46uit liefde, omdat hulle weet dat ek 47bestem is 48tot die verdediging van die evangelie.
| 46 Naamlik tot eer van God, stigting van die gemeente en saligheid van die mense.
47 Of: hier lê, naamlik gevange. Of: deur God hiertoe geroep is. 48 Dit is, om die leer van die evangelie ook in hierdie boeie te verkondig en te verdedig teen al die vyande daarvan; waarin, omdat ek dikwels deur die boeie verhinder word om dit te doen, hulle my uit liefde te hulp kom. Of: vanweë die verdediging. |
49Maar wat maak dit? In alle geval, op 50allerlei wyse, of dit 51onder ’n skyn of 52in waarheid is, word Christus verkondig; en 53hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly.
| 49 Naamlik wat sal dit wees of teweegbring? Sal dit óf julle óf my ontstel? Geensins nie.
50 Gr. alle. 51 Naamlik van ywer tot verspreiding van die evangelie, waarmee hulle hul afguns en twis probeer bedek. 52 Dit is, met ’n opregte en suiwer gemoed, sonder geveinsdheid of bedrog. 53 Naamlik nie net dat Christus inderwaarheid gepreek word nie, maar ook dat Hy immers deur hierdie ander, hoewel nie met suiwer bedoelinge nie, gepreek word en dat sy leer só deur hulle versprei word tot die saligheid van die mense. |
gWant ek weet 54dat dit 55deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek,
| g 2 Kor. 1:11. | 54 Dit is, hierdie verdrukking wat hulle my uit afguns en haat aandoen.
55 Dit is, deur die ondersteuning of hulp van die Heilige Gees, wat ek deur julle gebed vir my van Christus sal verkry. |
volgens my 56reikhalsende verwagting en hoop hdat ek in niks 57beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, 58soos altyd so ook nou, 59groot gemaak sal word 60in my liggaam, 61of dit deur die lewe 62of deur die dood is.
| h Rom. 5:5. | 56 Letterlik: ’n hoof wat strek. Die Griekse woord beteken ’n reikhalsende verlange. Sien Rom. 8:19.
57 Dit is, in die skande kom deur af te wyk of op te gee. 58 Naamlik vroeër, in die voorgaande jare van my diens, waarin baie verdrukkinge my ook oorgekom het en met dapperheid deur my oorwin is. 59 Dit is, geëer, geroem. Sien oor hierdie woorde Luk. 1:46 se kanttekening. 60 Dit is, deur die lyding wat my liggaamlik aangedoen mag word. Of: deur my verlossing. 61 Dit is, of ek nog die lewe behou, om Hom nog te dien en te verheerlik deur die prediking van die evangelie. 62 Dit is, of dat ek deur die keiser omgebring en doodgemaak word, om Christus met my dood te vereer en sy leer met my bloed te bevestig. |
63Want vir my is 64die lewe Christus en 65die sterwe wins.
| 63 Of: Want Christus is my wins in die lewe en in die sterwe.
64 Dit is, indien ek nog in die lewe bly, sal ek my lewe bestee ter ere en tot diens van Christus. 65 Dit is, indien ek gedood word, sal dit nie vir my skade nie, maar groot wins bring, omdat ek in die plek van die aarde die hemel, en in die plek van hierdie ellendige sterflike lewe ’n geluksalige ewige lewe sal win. |
Maar 66as ek in die vlees moet lewe, 67dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en 68wat ek sal kies, 69weet ek nie.
| 66 Dit beteken hier nie om volgens die begeerlikhede van die vlees te lewe nie, soos in Rom. 8:1, maar om in hierdie liggaamlike en tydelike lewe te bly.
67 Of: as ek nog in die vlees mag lewe, dan sou dit vir my vrugbare arbeid beteken. Gr. ’n vrug van die werk. 68 Naamlik indien aan my die keuse van beide gegee is: óf om te sterwe óf om in die lewe te bly. 69 Naamlik omdat daar in beide opsigte baie gewigtige redes is; sodat ek beswaarlik weet watter as die gewigtigste my die meeste behoort te lei. |
Want ek word van 70weerskante 71gedring: ek het verlange 72om heen te gaan en 73met Christus te wees, want dit is 74verreweg die beste;
| 70 Naamlik deur twee begeertes, wat hierna genoem word.
71 Naamlik in my gemoed, terwyl ek nie weet wat ek as die beste sal beskou nie, omdat daar in beide opsigte kragtige en dringende redes is. 72 Dit is, van hierdie lewe te skei. ’n Beeld geneem van diegene wat uit ’n herberg vertrek om die reis na hul vaderland voort te sit. Of: om los te maak. ’n Beeld geneem van diegene wat op ’n skip na ’n ander land of plek wil reis, wat die tou van die skip losmaak om die reis te onderneem. Sien dergelike in 2 Tim. 4:6. 73 Naamlik in die hemel, met my siel, wat hulle nie kan doodmaak nie. Sien Matt. 10:28. Luk. 23:43. 74 Gr. veelmeer, beter, naamlik vir my. Sien Ps. 16:11. Rom. 8:18. |
maar om 75in die vlees te bly, is nodiger 76om julle ontwil.
| 75 Dit is, in hierdie liggaamlike lewe. Sien vers 22.
76 Naamlik om julle en ander gemeentes in die geloof te versterk, en nog baie ander vir Christus te win. |
En 77dit vertrou en weet ek dat ek sal 78bly, ja, saam 79met julle almal sal bly 80tot julle bevordering en blydskap 81in die geloof,
| 77 Sommige kerkvaders meen dat die apostel dit vir seker geweet het deur ’n besondere openbaring van God (soos in Hand. 23:11), dat hy nie in die eerste gevangenskap omgebring sou word nie; en dat wanneer hy vrygelaat is, hy daarna in Asië, Sírië, Griekeland en elders vir nog tien jaar sou preek, en daarna weer in Rome gevang en doodgemaak sou word. Dit is egter onseker; en dit blyk uit Filip. 2:17, dat hy dit nie uit ’n gewisse kennis, verkry deur goddelike openbaring, sê nie, maar uit ’n waarskynlike veronderstelling en hoop, uit al die omstandighede van die saak, dat hy in hierdie eerste verdediging nie ter dood veroordeel sou word nie. Dit het ook gebeur, soos uit die briewe blyk, wat hy daarna in sy boeie geskryf het. In sy tweede verdediging verklaar hy dat die tyd van sy heengaan naby was, 2 Tim. 4:6, 16.
78 Naamlik in die lewe. 79 Dit is, nog tot julle, Filippense, sal kom en ’n kort tyd saam met julle bly. 80 Dit is, om met my lering en prediking julle meer en meer in kennis en godsaligheid te laat toeneem. 81 Dit is, wat voortspruit uit die geloof, of: wat sal ontstaan tot vermeerdering van julle geloof. |
sodat 82julle roem 83oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur 84my teenwoordigheid weer by julle.
| 82 Naamlik dat julle deur my, ’n apostel van Christus, tot die geloof bekeer en daarin versterk kan wees.
83 Gr. in my, naamlik wanneer julle deur jul gebede my vrylating verkry het. 84 Naamlik wat ek hoop die Here sal gee. |
Vermaning om te volhard. Broederlike eenheid, ootmoed, heiligmaking.
iALLEENLIK, 85gedra julle 86waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, 87een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,
| i Gén. 17:1. 1 Kor. 7:20. Ef. 4:1. Kol. 1:10. 1 Thess. 2:12; 4:1. | 85 Of: wandel. Die Griekse woord beteken: soos ’n goeie burger hom betaamlik in sy stad gedra, in sy omgang en wandel ’n voorbeeld stel. Sien ook Filip. 3:20 en die kanttekening.
86 Dit is, soos diegene wat die leer van die evangelie geleer en aangeneem het, betaam. Sien Ef. 4:1. 1 Thess. 2:12. 87 Sien Hand. 4:32 en die kanttekening. Deur die gees word die verstand bedoel, en deur die siel die wil en geneentheid. Die een kan ook ’n verklaring van die ander wees. Ander verstaan deur die woord gees die Heilige Gees. |
en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur 88die teëstanders nie. Dit is vir 89hulle wel 90’n bewys van verderf, maar vir 91julle van redding, en dit 92van God;
| 88 Dit is, wat óf met valse leer, óf met swaar vervolginge en dreigemente hulle teen die leer van Christus stel, om dit te vernietig.
89 Naamlik die vervolgers en valse leraars. 90 Dit is, ’n seker teken dat hulle die verderf tegemoetgaan. Sien 2 Thess. 1:5. 91 Naamlik gelowiges, wat julle nóg deur valse leer laat verlei, nóg deur vrees vir vervolging laat afskrik, om van die ware geloof af te wyk. 92 Dit voeg hy daarby sodat hulle nie sou meen dat hul standvastigheid ’n verdienstelike oorsaak van die saligheid sou wees nie; en sodat hulle sou weet dat hierdie standvastigheid nie van hulleself nie, maar van God kom, soos in die volgende vers verklaar word. |
omdat dit aan julle 93ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in 94Hom te glo nie, maar ook 95vir Hom 96te ly,
| 93 Of: om Christus wil geskenk is. Sien Ef. 2:8.
94 Naamlik Christus. 95 Dit is, om sy ontwil; ter wille van sy leer en saak. 96 Om ter wille van Christus aan verdrukkinge en vervolginge onderworpe te wees, en om dit met lydsaamheid te verdra en te oorwin, Matt. 5:12. Hand. 5:41. |
97terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle 98in my gesien het en 99nou van my hoor.
| 97 Naamlik om te stry en te volhard.
98 Naamlik toe ek by julle was. Sien hieroor Hand. 16:19, ens. 99 Naamlik uit die berigte van wat ek hier in Rome daagliks moet ly in my boeie. |
KINDERSa, julle moet jul ouers gehoorsaam wees 1in die Here, want dit is reg.
| a Kol. 3:20. | 1 Soos in Ef. 5:21 in die vrees van God, dit is, in alles wat nie in stryd is met die Here of sy bevel en vrees nie. Sien Luk. 14:26. |
bEer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod 2met ’n belofte —
| b Ex. 20:12. Deut. 5:16; 27:16. Matt. 15:4. Mark. 7:10. | 2 Gr. in belofte, dit is, met ’n besondere belofte van ’n lang lewe en voorspoed. Want andersins het die tweede gebod ook ’n algemene belofte van God se barmhartigheid oor baie duisende. |
sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe 3op die aarde.
| 3 Dit wat die vyfde gebod sê: in die land wat die HERE jou sal gee, wat verwys na die land Kanaän, noem Paulus in die algemeen: op die aarde, omdat die Here onder die Nuwe Testament alle lande van die ganse aarde nou geheilig het, en sy seën belowe aan diegene wat Hom gehoorsaam, in watter land hulle ook is. Want die godsaligheid het die belofte van die teenwoordige en van die toekomende lewe, 1 Tim. 4:8. |
En vaders, moenie julle kinders 4vertoorn nie, cmaar voed hulle op in 5die tug en 6vermaning van die Here.
| c Deut. 6:7, 20. Ps. 78:4. Spr. 19:18; 29:17. | 4 Dit is, deur te streng op te tree, wat sulke toorn veroorsaak waaruit mismoedigheid sou ontstaan of ’n weersin van die kinders teen die ouers; andersins beveel God ook soms om behoorlike strengheid te gebruik teen die groot gebreke van kinders. Sien Spr. 13:24; 19:18; 23:13, ens.
5 Of: tugtiging. Sien Hebr. 12:7. 6 Of: onderwysing, wat tot die vrees van die Here kan lei, of uit die Woord van die Here geneem is. |
dDiensknegte, wees gehoorsaam aan julle here 7na die vlees, 8met vrees 9en bewing, in opregtheid van julle hart, 10soos aan Christus;
| d Kol. 3:22. 1 Tim. 6:1. Tit. 2:9. 1 Petr. 2:18. | 7 Dit is, na die liggaam, of na die uiterlike toestand van die mens. Want oor die gewete en in die geestelike is God alleen die Here.
8 Dit is, met eerbied. 9 Dit is, met sorg om hulle nie te vertoorn nie. Want ’n slaafse vrees, wat slegs uit die bedenking van ’n bereide straf voortkom, prys die apostel nie in die Christene nie, soos die volgende woorde verklaar. Sien Rom. 13:5. 10 Naamlik ons Opperheer. Sien Ef. 5:22 en die kanttekening. |
nie 11met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat 12die wil van God van harte doen
| 11 Dit is, om slegs in die teenwoordigheid en voor die oë van die here hulle goed te dien, soos sommige diensknegte gewoonlik doen, wat hulle here dikwels agter hul rug bespot en besteel.
12 Naamlik om trou en opreg te dien. Want dit is God se wil aangaande die diensknegte. Gr. wat die wil van God uit die siel doen. |
en met goedwilligheid 13die Here dien en 14nie mense nie,
| 13 Naamlik Christus Jesus, in hierdie diens van julle, soos Hy dit julle in hierdie beroep opgelê het. Sien Joh. 15:14.
14 Naamlik alleenlik of vernaamlik. |
omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, 15loon van die Here 16sal ontvang, of hy ’n slaaf is of ’n vryman.
| 15 Dit is, die loon daarvan. Hy spreek hier van loon uit genade, soos Paulus om hierdie rede hierdie loon van die diensknegte, wat God sal gee aan diegene wat getrou gedien het, ’n erfenis as vergelding noem, Kol. 3:24.
16 Of: sal behaal, wegdra, naamlik in die laaste oordeel. Sien 2 Kor. 5:10. |
eEn, here, 17doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is fen by Hom geen 18aanneming van die persoon is nie.
| e Kol. 4:1.
f Deut. 10:17. 2 Kron. 19:7. Job 34:19. Hand. 10:34. Rom. 2:11. Gal. 2:6. Kol. 3:25. 1 Petr. 1:17. |
17 Naamlik wat goed is, en deur die Here beloon word, soos hy in die voorgaande vers van die diensknegte gespreek het. Want hy beveel die here nie om hulle diensknegte te gehoorsaam of te dien nie, maar om hulle in alle billikheid en sagmoedigheid te beveel en te regeer, soos die volgende woorde verklaar.
18 Dit is, die Here sal nie na die uiterlike toestand van die mens kyk in sy oordeel, naamlik of iemand heer of kneg, edel of onedel, ryk of arm is nie, maar of hy die Here se gebooie gehoorsaam het, elkeen in sy beroep. Sien Rom. 2:11. |
Die wapenrusting van God.
EINDELIK, my broeders, 19word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
| 19 Dit is, wees daagliks meer en meer, deur die krag van die Here, teen jou vyande versterk. Waartoe die middele in vers 13 en verder voorgestel word. |
gTrek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die 20liste van die duiwel.
| g Kol. 3:12. 1 Thess. 5:8. | 20 Dit is, bedrieglike verleidings. Sien Ef. 4:14. |
Want ons worstelstryd is 21nie teen 22vlees en bloed nie, maar teen 23die owerhede, hteen die magte, teen die wêreldheersers 24van die duisternis van hierdie eeu, teen 25die bose geeste 26in die lug.
| h Ef. 2:2. | 21 Dit is, nie alleen, of vernaamlik nie, want ook die wêreld en ons eie vlees veroorsaak vir ons gedurige stryd. Ons vernaamste vyand, wat ook die wêreld en ons vlees daarvoor gebruik, is egter die Satan. Sien 1 Petr. 5:8.
22 Dit is, swakke mense, soos ons ook self is. Sien Matt. 16:17. Gal. 1:16. 23 Die apostel gee aan die Satan en sy engele hierdie titels, nie omdat hulle deur God as ware owerstes en regeerders van die wêreld aangestel is, soos God dikwels die diens van goeie engele gebruik nie, Ef. 1:21; 3:10, maar omdat hulle hierdie mag, wat die goeie engele van God het en dit deur hulle val verloor het, nogtans soos tiranne met lis en geweld steeds teen die verdorwe en bose wêreld gebruik; en dat hulle, tot straf van die kwaad en tot die uitoefening van die goeie, dit deur ’n regverdige oordeel van God vir ’n tyd toegelaat word. Sien 2 Kor. 4:4. 2 Thess. 2:9, 10. Sien ook Ef. 2:2 se kanttekeninge. 24 So word die ryk van die Satan genoem, omdat hy die mense deur onkunde of gebrek aan kennis van God en sy Woord tot allerlei sondes en booshede verlei. Sien Hand. 26:18. Kol. 1:13. 25 Gr. die geestelike van die boosheid, dit is, geeste wat tot alle boosheid geneë is en die mense ook daartoe probeer verlei. 26 Gr. in die hemelse of bo-hemelse plekke; hierdie woorde word hier anders verstaan as in die ander gedeeltes van hierdie brief, omdat die lug soms hemel genoem word, Lev. 26:19. Matt. 6:26, en die apostel noem in Ef. 2:2 die Satan die owerste van die mag van die lug, want dat die Satan geen plek of mag meer in die ware hemel het nie, blyk uit 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6. Openb. 12:8, ens. |
Daarom, neem i27die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied 28in die dag van onheil en, nadat julle alles 29volbring het, staande kan bly.
| i 2 Kor. 10:4. | 27 Of: die volle wapening, naamlik waarmee God ons in sy Woord wapen teen alle aanvalle van die Satan.
28 Dit is, die tyd van versoeking, soos Christus spreek in Luk. 8:13. Want hoewel ons altyd op ons hoede moet wees, is daar nogtans sommige tye en geleenthede, waarin die Satan ons die allermeeste probeer bestry, om ons tot ’n val te bring. 29 Of: uitgewerk het, naamlik dit wat ons in hierdie stryd te doen staan tot oorwinning van hierdie vyande; wat daarna beskryf word. |
k30Staan dan vas, julle lendene met 31die waarheid 32omgord, lmet die borswapen 33van die geregtigheid aan,
| k Luk. 12:35. 1 Petr. 1:13.
l Jes. 59:17. 2 Kor. 6:7. |
30 Naamlik as goeie krygsmanne, wakker, en in goeie orde, sonder om in die minste toe te gee of af te wyk. Sien 1 Petr. 5:9.
31 Sommige verstaan hierdeur opregtheid, gestel teenoor geveinsdheid; ander die waarheid van die leer, gestel teenoor alle dwalinge en ketterye. Sien 1 Tim. 1:18, 19. 32 Die krygsmanne se gordels was vroeër breed en sterk, gemaak van sterk materiaal, en bedek met yster- of koperplaatjies, waardeur die swakste dele van die liggaam, dit is, die lendene en boonste deel van die maag, omgord, verstewig en beskerm was. 33 Dit is, godsaligheid van die lewe, en ’n goeie gewete, soos Paulus ook tot Timótheüs spreek in 1 Tim. 1:18, 19. |
en as skoene aan julle 34voete die 35bereidheid vir die evangelie 36van vrede.
| 34 Waardeur ook die skene of bene tot by die knieë verstaan word, wat die krygsmanne vroeër in die oorlog ook beskerm het, nie net teen die ongemak van die weer nie, maar ook om ’n pyl of slag te weerstaan.
35 Dit is, om altyd bereid te wees om die geloof te bely en om rekenskap te gee van die hoop wat in julle is, Rom. 10:10. 1 Petr. 3:15. Want diegene wat skaam of vreesagtig is ten opsigte van hierdie saak, word gewoonlik maklik deur die Satan tot swaar sondes verlei. 36 Dit is, waardeur die vrede met God aan ons verkondig word, Rom. 10:15. |
Behalwe dit alles neem 37die skild van die geloof op waarmee julle al 38die vurige pyle van die Bose sal kan 39uitblus.
| 37 Dit is, van die ware vertroue op God deur Christus. Want hierdeur word al die onvolmaakthede van die voorgaande wapens bedek, en word ons teen alle aanvalle van die Satan beskerm, Ps. 91:1, ens. 1 Petr. 5:9, ens.
38 Sommige verstaan dit as giftige pyle, wat deur hul gif die liggaam en die wond ontsteek soos met ’n vuur, soos dikwels vroeër in die oorlog gebruik is; ander as pyle wat met die punte in die vuur gelê was, om harder te wees en meer skade aan te rig; of ook om die brandende pyl êrens in te skiet. Dit alles stem goed ooreen met die aard van die versoekings van die Satan, wat soos ’n gif en vuur die siel kwes en deurdring, indien dit nie betyds gestuit en geblus word nie. 39 Dit is, nie net om dit af te weer nie, maar ook om al hul giftige krag van beskadiging te ontneem. |
mEn neem aan die helm 40van verlossing nen die swaard 41van die Gees — dit is die woord van God —
| m Jes. 59:17. 1 Thess. 5:8.
n Hebr. 4:12. Openb. 2:16. |
40 Dit is, van die hoop van die verlossing of saligheid, soos Paulus in 1 Thess. 5:8 byvoeg, waardeur ons beweeg word om alle verganklike dinge te verag, Rom. 8:18, 24.
41 Dit is, van die Heilige Gees, wat Hy ons as ’t ware in die hand gee, om die Satan op alle voorgestelde versoekings te weerstaan. Sien Hebr. 4:12, en die voorbeeld van Christus teen die Satan, Matt. 4:1, ens. |
terwyl julle met alle 42gebed en smeking oby elke geleentheid bid 43in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking 44vir al die heiliges
| o Luk. 18:1. Rom. 12:12. Kol. 4:2. 1 Thess. 5:17. | 42 Sommige onderskei dit só, dat deur die woord gebed ’n afbid van die kwaad of van die versoeking verstaan word; en deur die woord smeking ’n ernstige gebed om God se hulp en genade, sodat – omdat dit God immers behaag om toe te laat dat ons daarin val – ons in die versoeking kan bly staan, en ’n goeie uitkoms mag verkry, 1 Kor. 10:13. Sien oor hierdie onderskeid ook 1 Tim. 2:1 en die kanttekening.
43 Dit is, met erns en van harte; soos in Joh. 4:24. Of: deur die Gees, dit is, die Heilige Gees, Rom. 8:26, 27. 44 Dit is, gelowiges, wat in hierdie wêreld ook in dergelike stryd is. |
en pvir my, sodat 45’n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak,
| p Hand. 4:29. 2 Thess. 3:1. | 45 Dit is, die bekwaamheid en vermoë om die Woord van God te spreek met standvastigheid en vrymoedigheid. ’n Hebreeuse spreekwyse, soos die volgende vers verklaar. |
qwaarvoor ek 46’n gesant is r47in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.
| q 2 Kor. 5:20.
r Hand. 28:20. |
46 Naamlik om God en Christus wil. Sien 2 Kor. 5:19, ens.
47 Sien oor hierdie gevangenskap Hand. 28:16 se kanttekening. |
Die brief deur Tíchikus gestuur. Groete.
sEN dat julle ook 48my omstandighede kan ken, hoe dit met my gaan, alles sal t49Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar in die Here, julle bekend maak.
| s Kol. 4:7.
t Hand. 20:4. Kol. 4:7. Tit. 3:12. |
48 Of: my sake; dit is, hoe my sake hier in Rome tydens my gevangenskap staan, wat Lukas kortliks in Handelinge 28 beskryf vanaf vers 16 tot aan die einde van die hoofstuk.
49 Hierdie Tíchikus het Paulus oral op sy reise deur Asië vergesel, soos te sien is in Hand. 20:4, en hy het hom tydens sy gevangenskap in Rome nie verlaat nie. Paulus het hom ook na Éfese en ander kerke in Asië gestuur om hulle te versterk. Sien oor hom ook Kol. 4:7. Tit. 3:12. |
Ek het hom juis daarvoor vna julle gestuur, dat julle ons omstandighede kan ken en hy 50julle harte kan troos.
| v 2 Tim. 4:12. | 50 Naamlik nie net deur ander redevoeringe uit God se Woord as ’n dienaar van Christus nie, maar ook deur die berig wat hy aan julle sal bring van die vryheid wat in hierdie kettings van my deur die keiser aan my gegee word. |
51Vrede vir die broeders en 52liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus!
| 51 Hierdeur word, volgens die Hebreërs se spreekwyse, allerlei geluksaligheid na siel en liggaam verstaan.
52 Dit is, toeneming of vermeerdering in die liefde met geloof. Want hy skryf aan diegene wat reeds geglo het, Ef. 1:1. |
Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus 53in onverganklikheid liefhet! Amen.
| 53 Dit is, tot verkryging van die onverganklike en onverwelklike erfenis in die hemel, soos Petrus in 1 Petr. 1:4 spreek. Ander verstaan deur die woord onverganklikheid die opregtheid van die liefde, waarvan hy hier spreek. |
Einde van die brief van PAULUS aan die Efésiërs.
WEES dan 1navolgers van God soos geliefde kinders;
| 1 Naamlik deur mekaar se gebreke en misdade te vergewe, soos in die laaste vers van die voorgaande hoofstuk genoem word. |
aen wandel in liefde, bsoos Christus ons ook liefgehad het cen Hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God 2tot ’n lieflike geur.
| a Joh. 13:34; 15:12. 1 Thess. 4:9. 1 Joh. 3:23; 4:21.
b Gal. 2:20. Tit. 2:14. 1 Petr. 3:18. c Hebr. 8:3; 9:14. |
2 Gr. tot ’n reuk van welriekendheid. ’n Beeld geneem van die offers van die Ou Testament, sien Gén. 8:21, waarvan gesê word dat dit ’n lieflike geur vir God is, nie ter wille van die offers self nie, maar ter wille van die heenwysing wat dit gehad het na Christus se offer en gehoorsaamheid. Sien Ps. 40:7. Hebr. 10:8, ens. |
dMaar hoerery en allerhande 3onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
| d Mark. 7:21. Ef. 4:29. Kol. 3:5. | 3 Of: vuiligheid. |
ook nie gemeenheid en dwase of 4lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer 5danksegging.
| 4 Gr. eutrapelia, hierdie woord word soms in die goeie sin verstaan as eerlike, vermaaklike redes, wat geoorloof en stigtelik is vir sekere tye en geleenthede, soos daarvan voorbeelde is in God se Woord, 1 Kon. 18:27. Dit word hier egter in die negatiewe sin verstaan as lawwigheid of spotterny, wat ligsinnige mense en spotters gewoonlik voortbring om mekaar te vermaak, en ’n mens eintlik guitigheid noem.
5 Gr. eugaristia, dit is, danksegging; hoewel die woord hier ietwat breër verstaan word as woorde wat aangenaam en dank waardig is. |
eWant dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, 6wat ’n afgodedienaar is, ’n erfdeel het in die koninkryk 7van Christus en van God nie.
| e 1 Kor. 6:10. Gal. 5:19. Kol. 3:5. Openb. 22:15. | 6 Naamlik omdat hy sy vertroue stel op goedere, en daarin sy lewe en geluksaligheid stel, in plaas daarvan om dit te stel en te soek in die lewende God. Sien Kol. 3:5. 1 Tim. 6:17.
7 Nie dat dit twee koninkryke is nie, maar omdat Christus as Middelaar dit verwerf en eerste ingeneem het, en ons saam met Hom deur God in die besit daarvan gestel sal word. Sien Openb. 3:21. |
fLaat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor 8die kinders van die ongehoorsaamheid.
| f Jer. 29:8. Matt. 24:4. Mark. 13:5. Luk. 21:8. Kol. 2:4, 18. 2 Thess. 2:3. 1 Joh. 4:1. | 8 Dit is, wat aan die ongehoorsaamheid oorgegee is, soos kinders aan hulle vader, soos in Ef. 2:2. |
Wees dan nie hulle deelgenote nie.
gWant vroeër was julle 9duisternis, maar nou is julle 10lig in die Here — wandel soos 11kinders van die lig.
| g 1 Thess. 5:4. | 9 Dit is, duister of onkundig van verstand, om behoorlik te kan onderskei tussen die goed en die kwaad. Sien Ef. 4:18.
10 Dit is, deur God se Gees verlig om die goed van die kwaad te onderskei, ander met ’n goeie voorbeeld voor te gaan, en daardeur soos ’n lig te skyn. 11 Dit is, wat die lig van die evangelie deelagtig is en daarvan belydenis doen, en julle so noem en daaroor roem, soos kinders oor hulle vader roem, 1 Thess. 5:5. |
hWant 12die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
| h Gal. 5:22. | 12 Dit is, werking; of dit wat die Heilige Gees voortbring. |
13En beproef wat die Here welbehaaglik is;
| 13 Dit is, naarstiglik ondersoek, en nadat dit ondersoek is bewys daarvan lewer en dit doen, soos in Rom. 12:2. |
ien hou nie gemeenskap met die 14onvrugbare werke van die duisternis nie, maar 15bestraf dit liewer.
| i Matt. 18:17. 1 Kor. 5:8; 10:20. 2 Kor. 6:14. 2 Thess. 3:14. | 14 Dit is, wat nie net geen goeie vrugte voortbring nie, maar ook niks anders as slegte vrugte nie.
15 Naamlik altyd deur julle Christelike lewenswandel; en deur God se Woord, wanneer dit met vrug kan geskied. Sien 1 Kor. 14:24. Anders sê Christus ook dat sulke pêrels nie voor die varke gegooi moet word nie, Matt. 7:6. |
Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is 16skandelik selfs om te noem.
| 16 Veel meer is dit dan skandelik om dit te doen. |
kMaar al die dinge 17wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, 18is lig.
| k Joh. 3:20, 21. | 17 Of: wat bestraf word, word deur die lig geopenbaar.
18 Dit is, aan die lig gelyk, naamlik in die suiwering en verklaring van alle dinge. Want God se Woord en die goeie voorbeelde van die gelowiges is soos die vuur, wat verlig en suiwer. Sien Matt. 5:16. 1 Kor. 3:13. |
Daarom 19sê Hy: lOntwaak, jy 20wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal 21oor jou skyn.
| l Rom. 13:11. 1 Thess. 5:6. | 19 Sommige verstaan dit as die woorde van die apostel, wat so spreek, gedryf deur die Gees van Christus, soos die profete deurgaans betuig: So spreek die Here, naamlik deur my tot julle. Ander verstaan dit as ’n aanhaling van woorde uit die profete, wat Paulus saamvoeg en verklaar, sien Jes. 9:1; 26:19; 60:1, waarin die hoofsaak van die bekering van die mens vervat is.
20 Naamlik die geestelike slaap van die sonde en dood van die sonde, wat wakker en lewend gemaak is deur die Woord en die Gees van Christus, soos in Ef. 2:1 gesê is. Hierdie vermaning gaan ten dele die gelowiges aan, wat soms ook in enkele algemene sondes slaap, en ten dele ook die ongelowiges, wat in dieselfde sondes dood is. Die eerstes vermaan hy om wakker te word deur die krag van die Gees van God, wat hulle reeds deelagtig is; die ander, om uit die dood op te staan, sodat hulle, terwyl hulle deur sulke vermanings die lewendmakende krag van Christus voel, ook daaraan gehoorsaam kan wees, soos Lasarus deur Christus se woord en krag uit die liggaamlike dood opgestaan het, Joh. 11:43, 44. 21 Naamlik as die Son van geregtigheid, om julle goed te lei, en soos kinders van die dag versigtig te laat wandel, soos die volgende vers verklaar. |
mPas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;
| m Kol. 4:5. |
nen koop die 22tyd uit, omdat 23die dae boos is.
| n Rom. 13:11. | 22 Dit is, deur die goeie geleenthede om goed te doen en ander vir Christus te win, versigtig waar te neem; ’n beeld geneem van wyse handelaars.
23 Naamlik sowel vanweë die wanordelikheid van die mense, as vanweë die vervolgings. Hy gaan dan voort in die beeld geneem van handelaars, wat in moeilike en sorglike tye baie versigtig moet wees, om hul handel goed te bedryf, die slegte geleenthede te vermy en nie die goeie te versuim nie. |
Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, omaar verstaan wat die wil van die Here is.
| o Rom. 12:2. 1 Thess. 4:3. |
pMoenie dronk word van wyn nie — 24daarin is losbandigheid; maar 25word met die Gees vervul.
| p Spr. 23:29, 30. Jes. 5:11, 22. Luk. 21:34. | 24 Naamlik wanneer dit misbruik word tot dronkenskap, en nie gebruik word vir noodsaaklike behoefte en matige vrolikheid nie.
25 Dit is, soek nie julle vermaak in vleeslike begeertes nie, maar in geestelike vermaak, waarvan sang een van die vernaamste is. |
qSpreek onder mekaar met 26psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing 27in julle hart tot eer van die Here,
| q Kol. 3:16. | 26 Hierdie drie soorte geestelike gesange dien een doel, naamlik om die gees op te beur; en word deur sommige soos volg onderskei, dat psalms allerlei geestelike gesange is, wat nie net met die stem nie, maar ook met snarespel geoefen word; lofsange, danksegginge aan God, of lofgedigte van God se genade teenoor ons; en geestelike liedere sulke gedigte waarin allerlei geestelike leringe vervat is. Sien ook Kol. 3:16. Dit wil voorkom of hierdie verskillende name geneem is uit die verskillende opskrifte van die psalms van Dawid.
27 Dit is, nie net met die tong of instrumente nie, maar ook met die hart. |
rterwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,
| r Kol. 3:17. 1 Thess. 5:18. |
en aan mekaar 28onderdanig is 29in die vrees van God.
| 28 Of: onderworpe, dit is, elkeen volgens sy roeping die ander met eerbied voorgaan, of mekaar in nederigheid behandel, Filip. 2:3.
29 Dit is, nogtans só dat die vrees van God altyd die reël en rigsnoer van julle onderdanigheid is. |
Huislike pligte.
sVROUE, wees aan julle eie mans onderdanig, 30soos aan die Here.
| s Gén. 3:16. 1 Kor. 14:34. Kol. 3:18. Tit. 2:5. 1 Petr. 3:1. | 30 Naamlik Jesus Christus, soos staan in Ef. 6:5. Die rede hiervoor is dat die man die beeld van Christus dra in die regeer van die vrou, 1 Kor. 11:3, 7. |
tWant die man is die hoof van die vrou, vsoos Christus ook Hoof is van die gemeente; en 31Hy is die 32Verlosser xvan die liggaam.
| t 1 Kor. 11:3.
v Ef. 1:22; 4:15. Kol. 1:18. x Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. Ef. 1:23; 4:12. Kol. 1:24. |
31 Naamlik Christus. Want van die plig van die manne sal hierna in vers 25, ens., gespreek word.
32 Of: Saligmaker. |
Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook 33in alles aan hul eie mans wees.
| 33 Naamlik in die vrees van God, soos in vers 21 staan, dit is, solank dit nie in stryd is met die liefde of die bevel van Christus nie, wat die Hoof is oor die man en die vrou. Sien Luk. 14:26. |
yManne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en zHomself daarvoor 34oorgegee het
| y Kol. 3:19.
z vers 2. Gal. 1:4. |
34 Naamlik in die dood. |
om dit te 35heilig, nadat Hy dit agereinig het 36met die waterbad 37deur die woord,
| a Tit. 3:5. 1 Petr. 3:21. | 35 Dit is, af te sonder van alle wêreldse mense, en aan Hom alleen toe te eien. Waarmee die apostel te kenne gee dat ook die manne hul vroue in heiligheid by hulle moet neem, en moet bewaar van alle wêreldse losbandigheid en skandelikheid.
36 Dit is, deur sy bloed en Gees, waarvan die waterbad in die doop ’n teken en seël is, en tegelykertyd ’n middel waardeur die Gees van God hierdie reiniging meer en meer versterk. Sien Matt. 3:11. 2 Kor. 3:3. 1 Petr. 3:21. 37 Gr. in die woord. |
38sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; bmaar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
| b Kol. 1:22. | 38 Hierdeur word die uiteinde van die reiniging deur die bloed en die Gees van Christus verstaan; waarvan die beginsel in die gelowiges reeds in hierdie lewe teweeggebring word, en die uiteindelike vervulling hiernamaals, wanneer die gemeente van Christus deur haar Bruidegom Christus ten volle berei sal wees vir hierdie geestelike bruilof. Sien Hoogl. 2:14; 4:7. Openb. 19:7. |
So behoort die mans hulle eie vroue 39lief te hê soos hul 40eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;
| 39 Deur die woord liefde word ook die behoorlike sorg verstaan, soos in vers 29 verklaar word, en die eer, wat die man aan sy vrou as die swakkere verskuldig is, 1 Petr. 3:7.
40 Die apostel verwys hier na die skepping van die vrou uit die rib van die man, en gevolglik uit die liggaam van die man, Gén. 2:21, 22, soos hierna in vers 31 verklaar word. |
want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
cWant ons is 41lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.
| c Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. | 41 Naamlik van Christus. Hier spreek die apostel nie van die gemeenskap aan die menslike natuur nie, waardeur Christus wel die vlees en bloed deelagtig geword het, soos die kinders, Hebr. 2:14, maar van die geestelike gemeenskap tussen Hom en die ware gelowiges, waarvan Hy die Hoof, en hulle sy lede is. Sien Ef. 1:22; 2:15; 4:12, ens. |
dDaarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle 42twee sal eeen vlees word.
| d Gén. 2:24. Matt. 19:5. Mark. 10:7.
e 1 Kor. 6:16. |
42 Sien hieroor Matt. 19:5 en die kanttekeninge. |
43Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.
| 43 Nie van die liggaamlike huwelik nie, maar van die geestelike huwelik en die vereniging tussen Christus en sy gemeente, soos die apostel hier verklaar; hierdie vereniging noem hy ’n verborgenheid, omdat dit deur geen natuurlike mens begryp word nie, ja, selfs ook deur geen verstand ten volle deurgrond word nie, maar deur die geloof geken dat Christus ons Hoof en ons Bruidegom is, en ons sy geestelike bruid en lede, waardeur al die verworwe weldade en gawes, wat tot saligheid nodig is, deur Christus in ons as sy lede vloei. |
In alle geval moet 44elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet 45die man eerbiedig.
| 44 Hiermee kom die apostel terug na die vermaning van man en vrou, nadat hy die verborgenheid van die vereniging van Christus met sy gemeente tussenin verklaar het.
45 Dit is, met eerbied die man onderdanig wees, soos die apostel tevore vermaan het. |
Die eenheid van die geloof.
EK 1vermaan julle dan, ek, die 2gevangene 3in die Here, aom te wandel 4waardig die roeping waarmee 5julle geroep is,
| a Gén. 17:1. 1 Kor. 7:20. Filip. 1:27. Kol. 1:10. 1 Thess. 2:12. | 1 Of: smeek, versoek.
2 Gr. gebonde. Sien Ef. 3:1. 3 Dit is, ter wille van die saak van die Here, naamlik van Christus, soos in Ef. 3:1. 4 Dit is, betaamlik, sien Matt. 3:8 en die kanttekening. 5 Naamlik tot die gemeenskap van Christus, en derhalwe ook van die godsaligheid in Christus. Die apostel spreek hier nie net van die uitwendige nie, maar ook van die inwendige en kragtige roeping, waardeur hulle tot die geloof in Christus gebring was; soos uit die volgende verse blyk. |
bmet alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar 6in liefde verdra
| b Kol. 1:11; 3:12. 1 Thess. 5:14. | 6 Dit is, deur die liefde. Want die liefde verdra alles, 1 Kor. 13:7. Hy spreek hier van die verdra van sodanige beledigings wat elkeen persoonlik betref, soos in Matt. 18:15. Andersins prys Christus ook hierdie gemeente van Éfese, Openb. 2:2, omdat hulle die slegte mense nie kon verdra nie, naamlik wat valse leringe probeer invoer en die gemeente in beroering gebring het. |
en ernstig strewe om die eenheid 7van die Gees te bewaar 8deur die band van die vrede.
| 7 Dit is, die geestelike eenheid met al die lede van die gemeente van Christus, hetsy uit Jode, hetsy uit heidene, wat Christus se liggaam is, waarvan die Heilige Gees die Band en Samevoeger is, soos in die volgende vers verklaar word.
8 Gr. in die band of saambinding. |
Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is 9in een hoop van julle roeping;
| 9 Dit is, die saak waarop gehoop is, waartoe julle geroep is, wat die saligheid van julle siele is. |
c10een Here, een geloof, 11een doop,
| c Deut. 4:39. Mal. 2:10. 1 Kor. 8:4, 6. | 10 Naamlik Jesus Christus, soos blyk uit vers 6, waar God en die Vader van Hom onderskei word.
11 Naamlik nie net in die getal nie, maar ook in die bediening aan julle almal, Rom. 6:3, 4. |
12een God en Vader 13van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
| 12 Soos die Vader in die voorgaande vers deur die woorde een Here nie uitgesluit word van ons Here te wees nie, en ook nie die Heilige Gees nie, wat ook die Here genoem word, Jes. 6:8, vergeleke met Hand. 28:25. 2 Kor. 3:18. So word die Seun ook hier deur die woorde een God nie uitgesluit nie, en die Heilige Gees ook nie, sien 1 Kor. 12:4-6. Met hierdie verskillende titels word slegs die orde en eienskap aangewys wat elke persoon in hierdie werking en samevoeging van hierdie liggaam, dit is, van die gemeente, het.
13 Hier word nie eintlik gespreek van alle skepsele of mense in die algemeen nie, omdat God nie almal se Vader in Christus is nie; maar hier word gespreek van alle ware lede van die gemeente, wat die liggaam van Christus is, oor wie almal God die Vader die hoogste gesag het, deur wie almal Hy sy besondere regering uitbrei, wat die ware lede van die gemeente in beide gevalle met ander mense gemeen het, en in wie almal Hy soos ’n Vader met sy genade en Gees woon, wat eie aan die gelowiges is, Joh. 14:23. |
dMaar aan 14elkeen van ons is die genade gegee 15volgens die mate van die gawe van Christus.
| d Rom. 12:6. 1 Kor. 12:11. 2 Kor. 10:13. 1 Petr. 4:10. | 14 Naamlik wat lede van hierdie liggaam is.
15 Dit is, volgens wat dit Christus behaag om aan elkeen in sy roeping die gawes toe te deel, tot volmaking en vereniging van hierdie liggaam, Joh. 1:16. Rom. 12:3. |
Daarom sê 16Hy: eToe 17Hy opgevaar het 18in die hoogte, het Hy 19die gevangenes gevange geneem en 20gawes aan die mense gegee.
| e Ps. 68:19. | 16 Naamlik God.
17 Naamlik Christus, soos uit die volgende verklaring blyk. Want dit is ’n profesie oor Christus se koninkryk uit Ps. 68:19. 18 Dit is, in die hemel, soos verklaar word in vers 10. 19 Dit is, ’n groot menigte gevangenes, soos in 2 Kron. 28:5. Of: gevangenis, naamlik, dit wat ons gevange gehou het, naamlik die sonde, duiwel, dood en verdoemenis; waaroor Christus deur sy dood, opstanding en hemelvaart getriomfeer het, Kol. 2:15, sodat, hoewel dit ons nog aanveg, ons nogtans in Christus die oorwinning daaroor het, Joh. 16:33. Rom. 8:37-39. 20 Naamlik uit die hemel, toe Hy gaan sit het aan die regterhand van God sy Vader, Hand. 2:33. |
fMaar dít: Hy het opgevaar — 21wat beteken dit anders as dat Hy ook eers 22neergedaal het 23in die onderste dele van die aarde?
| f Joh. 3:13; 6:62. | 21 Dit is, wat gee dit anders te kenne?
22 Naamlik deur sy besondere werking in die aanneem van die menslike natuur, uit die maagd Maria, soos in Joh. 6:33, 42, sonder dat Hy daarom volgens sy goddelike natuur die hemel verlaat het. Sien Joh. 3:13. Soos Hy ook ná sy hemelvaart ewenwel ooreenkomstig sy goddelike natuur en Gees met ons is tot aan die voleinding van die wêreld, Matt. 28:20. 23 Dit is, in die aarde. Want die Woord het vlees geword en het by ons gewoon, Joh. 1:14. Sien Ps. 139:15. |
Hy wat neergedaal het, is 24dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy 25alles tot volheid kan bring.
| 24 Naamlik persoon, hoewel Hy in ’n ander natuur neergedaal het.
25 Dit is, al die lede van sy gemeente deur sy Gees en gawes; soos in vers 8. Ander verstaan dit as die vervulling van die voorseggings van die profete, waarvan hierdie profesie van Dawid ook een is. Maar die eerste kom so gepas met die volgende verse ooreen. |
gEn Hy het gegee sommige 26as apostels, ander as profete, ander 27as evangeliste, ander 28as herders en leraars,
| g 1 Kor. 12:28. | 26 Sien oor die onderskeid tussen apostels en profete 1 Kor. 12:28 se kanttekeninge.
27 Sien oor hulle amp Hand. 21:8 en die kanttekening. 28 Sommige onderskei hierdie twee ampte op hierdie manier, dat die herders nie net die gemeente sou leer en onderrig nie, maar ook deur die kerklike tug sou lei en regeer, soos die herders met die skape doen; en dat die leraars slegs besig sou wees om die Skrif te verklaar, en die waarheid van die leer teen die ketterye en dwalinge te verdedig. Maar aangesien die woordjie ander nie hiertussen staan, soos in die voorgaande verskillende roepings nie, verstaan ander dit as een amp; en dat hierdie twee name hier bymekaar staan om aan te dui dat alle herders ook leraars moet wees, aangesien hierdie twee name dikwels in die Skrif in mekaar se plek gestel word, en Paulus hierdie twee sake byeenvoeg in die beproewing van kerkdienaars, 1 Timótheüs 3. Titus 1. |
om die heiliges 29toe te rus 30vir hulle dienswerk, tot opbouing hvan die liggaam van Christus,
| h Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. Ef. 1:23; 5:23. Kol. 1:24. | 29 Of: saam te voeg. Want daartoe is hierdie dienste in God se kerk ingestel, sodat die lede van die gemeente meer en meer saamgevoeg of volmaak, dit is, tot ’n volmaakte liggaam onder Christus, hulle Hoof, gestel sou word.
30 Dit is, sodat die werk van die bediening sy volle betekenis sou hê, wat bestaan uit die prediking van God se Woord, bediening van die sakramente, uitoefening van die kerklike tug en die regering van die gemeente. Hierdie dinge het deur hierdie ingestelde dienste hul volle betekenis oor die wêreld heen verkry, is in die gemeente bevestig en moet bevestig bly tot aan die voleinding van die wêreld, Matt. 28:20. 1 Kor. 11:26. |
totdat ons almal kom 31tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, 32tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
| 31 Dit is, tot dieselfde geloof en kennis of erkenning van die Seun van God; wat hier in hierdie wêreld wel in ’n mate, maar hiernamaals ten volle sal gebeur, wanneer God in Christus alles in almal sal wees, 1 Kor. 13:11, 12, wat die volgende woorde ook meebring.
32 Dit is, tot die volwasse manlike kennis en volkome mate van die gawes, wat ons uit Christus se volheid moet ontvang, Joh. 1:16. |
isodat ons nie meer kinders sou wees nie kwat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur 33die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
| i 1 Kor. 14:20.
k Matt. 11:7. |
33 Of: onstandvastigheid. Gr. dobbelsteen of dobbelspel, waardeur die apostel die bedrieërye of liste van sulke mense bedoel, wat die dissipels van Christus deur dwalinge probeer nadertrek, net soos die dobbelaars wat weet hoe om wonderlike liste en valshede te gebruik om die goed van ander mense vir hulle te verkry, soos die volgende woorde ook verklaar. |
maar, terwyl ons 34in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat ldie Hoof is, naamlik Christus,
| l Ef. 5:23. Kol. 1:18. | 34 Dit plaas die apostel daarby, omdat die waarheid soms voorgestaan kan word teen die liefde; soos die waarheid onder die dekmantel van die liefde te kort gedoen kan word. Ander vertaal dit: in die liefde opreg handel, omdat die woord waarheid ook opregtheid beteken. |
muit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die 35ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — 36die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
| m Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. Ef. 2:21. | 35 Dit is, deur die gewrigte of lede, waardeur die lewe en voedsel aan die ander lede gegee word. Die apostel bedoel met die ondersteuning wat gegee word die gewrigte en samevoeging van die lede, waardeur die krag en voedsel van die een lid in die ander kom, soos daar senuwees, are en dergelike is, wat deur die samevoeging in die lede deurgaan en vir hulle die voedsel en krag gee, en dit in die besonder uit die hoof. Die apostel vergelyk hiermee toepaslik al die ampte en gawes van die Gees in die gemeente, wat almal van Christus afhanklik is, en die hele liggaam aanmekaarhou en hom sy geestelike krag en voedsel meedeel, 1 Kor. 12:12, 14.
36 Gr. die groei van die liggaam bewerk, dit is, sy groei verkry. ’n Hebreeuse spreekwyse. |
Die Christelike heiligmaking teenoor die bedorwe sedes van die heidene.
37DIT sê nen betuig ek dan in die Here, odat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie —
| n Rom. 1:9.
o Rom. 1:18. 1 Petr. 4:3. |
37 Naamlik as ’n gevolgtrekking uit die voorgaande; omdat ons lede van Christus is en sodanige gawes met Hom deelagtig, dat julle dan, ens.; en kom hy só weer tot nuwe vermanings. |
mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van 38die lewe van God pdeur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;
| p 1 Thess. 4:5. | 38 Naamlik nie waardeur God in Homself leef nie, maar waarmee Hy in ons deur sy Gees leef in Christus. Sien Ef. 2:1. |
wat 39ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die 40ongebondenheid om 41in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.
| 39 ’n Beeld geneem van diegene wat deur baie slae of brandmerke in sommige dele van die liggaam só verhard is dat hulle daarvan geen gevoel meer het nie; so gaan dit ook met baie mense, wat deur gedurig kwaad te doen, die gevoel of wroeg van hul gewetens só verdoof dat hulle dit nie meer voel nie. Sien Rom. 1:28. 1 Tim. 4:2.
40 Of: wellustigheid, losbandigheid. 41 Gr. in gierigheid, of onversadigdheid, dit is, met ’n groot begeerte en welbehae, soos die gierige sy siel seën in onregverdigheid, Ps. 10:3. |
Maar julle het 42Christus nie so leer ken nie,
| 42 Dit is, die leer van Christus en van die gemeenskap met Hom. |
as julle ten minste van 43Hom gehoor het en in Hom onderrig is 44soos die waarheid is in Jesus:
| 43 Naamlik terwyl Hy in sy Woord deur ons tot julle spreek.
44 Dit is, soos die waarheid van Christus vereis, en soos dit in die waarheid moet wees. |
dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, 45die oue mens qmoet aflê wat deur die begeerlikhede 46van die verleiding te gronde gaan,
| q Kol. 3:9. Hebr. 12:1. 1 Petr. 2:1. | 45 So word die totale verdorwenheid en boosheid wat van nature in die mens is, genoem, Rom. 6:6, wat ook vlees genoem word, Rom. 8:5. Gal. 5:19.
46 Dit is, wat die mens tot alle sonde verlok en verlei, as hy dit nie deur God se Gees weerstaan nie, Jak. 1:13-15. |
en dat julle vernuwe moet word 47in die gees van julle gemoed
| 47 Dit is, in die innerlike en verstandigste deel van julle siel, soos in Rom. 12:2. As dit dan self vernuwe en wedergebore moet wees om God te kan dien, so is dan ook die wil, en alle ander geneentheid, van nature nie beter nie, tensy dit deur dieselfde krag vernuwe word. |
ren julle met 48die nuwe mens 49moet beklee wat na God geskape is 50in ware geregtigheid en heiligheid.
| r Rom. 6:4. Kol. 3:10. 1 Petr. 4:2. | 48 So noem die apostel die wedergeboorte of vernuwing van die mens, wat bestaan in die verligting van die verstand, en verandering van die wil tot heiligheid en regverdigheid, waarin die beeld van God bestaan. Die apostel noem die laaste daarvan hier, en sal die eerste hierna noem, Kol. 3:10.
49 Die apostel vergelyk hier die vernuwing van die mens met ’n nuwe kleed, soos die natuurlike verdorwenheid in vers 22 met ’n ou vuil kleed, wat hy sê die gelowiges moet aflê en die nuwe aantrek; omdat hulle nou deur die Gees van God wedergebore, in beide meer en meer moet voortgaan en toeneem, deur die gebruik van die middele wat God daartoe bestem het; naamlik om dapper teen die sonde te stry deur die Gees van God, Rom. 8:13, en om die gawe van God te verwek, 2 Tim. 1:6, 7, om God se Woord ywerig te hoor en te oordink, Ps. 1:2. 2 Tim. 3:16, 17, die sakramente waardiglik te gebruik, 1 Kor. 11:17, 18, ens., vurige gebede tot God uit te stort, Ef. 6:18, en dergelike. Sien ook Joh. 15:2. 1 Kor. 9:25, 26, ens. 50 Gr. in geregtigheid en heiligheid van die waarheid. |
Daarom, lê die leuen af sen spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
| s Sag. 8:16. |
t51Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
| t Ps. 4:5. | 51 Met hierdie woorde, geneem uit Psalm 4, verbied die apostel nie alle toorn nie, want sulke bewegings is deur God in die hart geskape, en soms word toorn ook aan God en Christus toegeskryf, naamlik oor die sonde en ondankbaarheid van die mense. Die mening van die apostel is egter dat, indien daar regverdige oorsake van toorn gegee word, dit nie die maat moet oorskry of te lank moet duur nie, maar spoedig weer neergelê word. |
ven gee aan die duiwel geen 52plek nie.
| v Jak. 4:7. 1 Petr. 5:9. | 52 Of: ruimte, dit is, geen tyd of geleentheid om jou deur jou toorn tot ander sondes te lei nie, as jou gemoed sonder ’n genoegsame oorsaak te lank ontsteld sou bly, 1 Petr. 5:8, 9. |
Laat die een wat steel, nie meer steel nie; xmaar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk 53wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.
| x Hand. 20:35. 1 Thess. 4:11. 2 Thess. 3:8, 12. | 53 Dit is, wat loflik en eerlik is; want alle arbeid waaruit wins voortkom, is nie altyd loflik en vir God aangenaam nie. |
yLaat daar geen 54vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ’n woord wat goed is 55vir die nodige stigting, sodat dit 56genade kan gee aan die wat dit hoor.
| y Matt. 12:36. Ef. 5:3, 4. | 54 Gr. verrotte.
55 Gr. vir die stigting van die gebruik, of van die nuttigheid, of van die noodsaaklikheid, dit is, die nuttige stigting. 56 Dit is, enige geestelike gawe kan toebring. Of: aangenaamheid. Sommige verstaan hierdie woord as dank of danksegging, sodat die betekenis sou wees: dat die vromes wat dit hoor, julle daaroor mag dank. |
En 57bedroef nie die Heilige Gees van God nie, z58deur wie julle 59verseël is tot die dag avan verlossing.
| z Rom. 8:16. 2 Kor. 1:22; 5:5. Ef. 1:13.
a Luk. 21:28. Rom. 8:23. Ef. 1:14. |
57 ’n Spreekwyse as beeld uit Jes. 63:10, waardeur te kenne gegee word dat die Gees van God, wat in ons woon, deur dergelike sondes, waarvan Hy ’n afkeer het, sy vriendelike werking in ons verduister, en in plaas van sy liefde ons sy toorn laat ervaar (soos ’n vader ’n bedroefde gesigsuitdrukking kry oor sy kinders, wanneer hulle in sy teenwoordigheid kwaad doen, en in plaas daarvan om vriendskap te bewys, hulle, hoewel onwillig, moet straf), waaruit ook ’n bedroefde gemoed in die gelowiges ontwikkel, en die sekerheid van hul saligheid verduister word. Sien Ps. 6:2; 31:10, 11; 51:11, ens.
58 Gr. in wie. 59 Naamlik as ’t ware deur die afgedrukte seël van God se ewebeeld van die ongelowiges onderskei, en van die toekomende saligheid verseker word. Sien Ef. 1:13. |
bAlle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
| b Kol. 3:19. |
cMaar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; dvergeef mekaar soos God ook 60in Christus julle vergewe het.
| c Filip. 2:1. Kol. 3:12.
d Matt. 6:14. Mark. 11:25. Kol. 3:13. |
60 Dit is, ter wille van Christus en sy versoening, soos in 2 Kor. 5:19. Of: deur Christus. |
Die verborgenheid van die roeping van die heidene. Die apostelskap van Paulus.
OM hierdie rede is ek, Paulus, adie gevangene 1van Christus Jesus 2vir julle wat heidene is —
| a Hand. 21:33. Ef. 4:1. Filip. 1:7, 13, 14, 16. Kol. 4:3. 2 Tim. 1:8. Fil. vers 1. | 1 Dit is, ter wille van die saak van Christus; of: om Christus wil, soos hy homself hierdie titel ook gee in 2 Tim. 1:8. Fil. vers 1.
2 Dit is, omdat ek Christus tot nou toe aan julle heidene verkondig het, en nog selfs in hierdie boeie van my verkondig, nieteenstaande die feit dat die Jode daaroor so verbitterd is teenoor my, en my in die hande van die ongelowiges oorgegee het, Handelinge 21. Of ook: om julle deur my voorbeeld en lydsaamheid in die waarheid van hierdie leer te versterk, soos in vers 13. |
as julle ten minste gehoor het van 3die bediening b4van die genade van God cwat aan my verleen is 5vir julle,
| b Rom. 1:5.
c vers 8. Hand. 13:2. |
3 Gr. bedeling. Sien oor die krag van hierdie woord Ef. 1:10 se kanttekening.
4 Dit is, my roeping uit genade tot apostel. Sien daaroor Hand. 9:15; 22:21, ens. 5 Of: onder julle, naamlik heidene, Hand. 26:17, 18. |
dat Hy aan my ddeur ’n openbaring bekend gemaak het e6die verborgenheid, soos ek 7tevore kortliks geskryf het;
| d Hand. 22:17, 21; 26:16, 17. Gal. 1:11, 12.
e Rom. 16:25. |
6 Naamlik van die evangelie van Christus, en vernaamlik van die roeping van die heidene, soos hierna beskryf word. Sien in Ef. 1:9 se kanttekening waarom dit ’n verborgenheid genoem word.
7 Naamlik in die twee voorgaande hoofstukke, waarin die hoofpunte van die leer van die evangelie kortliks deur hom voorgestel is. |
waardeur julle, as julle dit lees, 8my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
| 8 Dit is, hoe volkome die Here hierdie dinge aan my geopenbaar het. |
9wat in ander 10tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie f11soos dit nou aan sy heilige apostels 12en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik
| f Hand. 10:28. | 9 Naamlik die verborgenheid, waarvan in vers 3 gespreek is.
10 Of: geslagte, eeue, naamlik voor die koms van Jesus Christus in die vlees en sy verheerliking. 11 Hierdie woord toon aan dat daar wel sommige openbarings in die Ou Testament aan die profete gemaak is aangaande die roeping van die heidene tot die gemeenskap van die Messías, soos Paulus dit ook in die brief aan die Romeine, hfst. 9-11, uit die wet en die profete bewys. Dit is egter nog nooit so duidelik en in die besonder geopenbaar as nou nie – vernaamlik die deel dat die heidene tot die gemeenskap van Christus geroep sou word sonder om aan die besnydenis en ander seremoniële wette gebonde te wees – aangesien omtrent al die voorgaande voorseggings van die profete figuurlik uitgespreek is, en skynbaar beteken het dat die heidene ook tot die gemeenskap van dieselfde seremoniële wette gebring sou word. Hierdie voorseggings is nou nader en deegliker deur die apostels verklaar, en betuig dat dit nie as die uiterlike seremonies nie, maar as die geestelike gemeenskap aan die godsdiens van die Jode verstaan moet word; soos Petrus in ’n verrukking van sinne nader deur Christus onderrig is, Hand. 10:14, 15, en soos die apostels dit ook gesamentlik in hulle sinode verklaar het, Handelinge 15. 12 Naamlik van die Nuwe Testament, wat op buitengewone wyse die Gees van die verklaring van God se Woord ontvang het, sien hieroor 1 Kor. 12:28. Ef. 4:11. |
dat die heidene 13mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie
| 13 Die woord mede verwys hier na die Jode wat in Christus geglo het, met wie die gelowige heidene, sonder om verplig te word om uiterlike gemeenskap met die Jode in hul seremonies te hou, erfgename van die saligheid is, van dieselfde liggaam van die gemeente van Christus, en deelgenote van dieselfde beloftes van die vergewing van sondes, van die Gees van die wedergeboorte en aanneming tot kinders, ens., waarvan hulle andersins tevore vervreemd was, soos voorheen in Ef. 2:12 betuig is. |
waarvan ek ’n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is g14ooreenkomstig die werking van sy krag.
| g Ef. 1:19. Kol. 2:12. | 14 Dit is, ooreenkomstig God se kragtige werking, nie net waarmee ek geroep is nie, maar ook in my diens versterk en geseën is. |
Aan my, h15die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om ionder die heidene die evangelie van 16die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,
| h 1 Kor. 15:9. 1 Tim. 1:15.
i Hand. 9:15; 13:2; 22:21. Gal. 1:16; 2:8. 1 Tim. 2:7. 2 Tim. 1:11. |
15 Dit sê die apostel ten opsigte van sy toestand voor sy bekering, toe hy ’n vervolger was van Christus se gemeente. Sien 1 Kor. 15:9, 10. 1 Tim. 1:13.
16 Dit is, die ondeurgrondelike oorvloed van die genade van Christus. ’n Beeld geneem van die wilde diere, wie se spore ’n mens dikwels nie kan sien om dit te volg en te vind nie, soos in Rom. 11:33. |
en vir almal aan die 17lig te bring wat die gemeenskap is kvan die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was 18in God wat 19alles lgeskape het deur Jesus Christus,
| k Rom. 16:25. Ef. 1:9. Kol. 1:26. 2 Tim. 1:10. Tit. 1:2. 1 Petr. 1:20.
l Gén. 1:3. Ps. 33:6. Joh. 1:3. Kol. 1:16. Hebr. 1:2. |
17 Dit is, deur die verkondiging van die evangelie hul oë te open, soos Christus tot Paulus spreek, Hand. 26:18.
18 Dit is, in God se raad en voorneme, soos hierna in vers 11 verklaar word. 19 Dit is, alle volke, sowel heidene as Jode. Waaruit die apostel wil aflei dat dit dan gepas was dat nie net die Jode nie, maar ook die heidene deur Christus versoen en verenig sou word. Sien Kol. 1:16-18. Ander verstaan dit as die tweede skepping, maar die apostel het egter tevore daarvan gespreek, sien Ef. 2:10 en die kanttekening. |
msodat nou 20deur die gemeente 21aan die owerhede en magte 22in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,
| m 1 Petr. 1:12. | 20 Dit is, deur die onderskeie stande van die gemeente onder die Ou en Nuwe Testament.
21 Dit is, aan die engele, soos voorheen in Ef. 1:21 en Kol. 1:16. So genoem, omdat God dikwels hierdie diens gebruik in die regering van lande en koninkryke, Dan. 4:13; 10:13. Want ook die engele self is begerig om hierdie menigvuldige wysheid van God in die verskeidenheid van die regering van die gemeente, en van die weldade wat Hy aan die gelowiges deur Christus bewys, te aanskou, 1 Petr. 1:12. 22 Gr. hemelse, of bo-hemelse, naamlik plekke. |
23volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,
| 23 Gr. volgens die voorneme van die eeue, dit is, volgens sy ewige raad en besluit. Sien Ef. 1:4, ens. |
n24in wie ons 25die vrymoedigheid en die 26toegang het 27met vertroue deur die geloof 28in Hom.
| n Joh. 10:9; 14:6. Rom. 5:2. Ef. 2:18. Hebr. 10:19. | 24 Naamlik in Christus Jesus.
25 Naamlik om as kinders, God as ons Vader aan te spreek, soos die Griekse woord parresia meebring; en om te roem op die hoop van die heerlikheid van God, Rom. 5:2; 8:15, ens. 26 Of: leiding, naamlik deur dieselfde Gees, wat ons as ’t ware met die hand tot God lei, Rom. 8:26. 27 Naamlik van die geloof op God. 28 Naamlik Christus. Want deur die geloof in Christus as ons Middelaar glo en vertrou ons op God, en het ons vrymoedige toegang tot God, 1 Petr. 1:21. Gr. van Hom. |
oDaarom bid ek dat julle nie 29moedeloos word by my verdrukkinge p30ter wille van julle nie. 31Dit is julle eer.
| o Filip. 1:14. 1 Thess. 3:3.
p Kol. 1:24. |
29 Die Griekse woord beteken eintlik: om aanstoot te neem, of deur sommige struikelblokke ontmoedig te word, sien Gal. 6:9, en is ’n beeld geneem van diegene wat met ywer ’n wedloop begin, en wanneer hulle sommige struikelblokke voor hulle sien, afwyk of verslap, uit vrees om daaroor te val.
30 Dit is, om julle ontwil; of: om vir julle ’n voorbeeld van standvastigheid in die geloof te wees. Sien vers 1 se kanttekening. 31 Dit is, hierin bestaan julle eer, naamlik dat julle nie moedeloos word nie, wanneer julle van hierdie verdrukkinge van my hoor nie. |
Gebed van Paulus vir die Efésiërs.
OM hierdie rede buig ek my knieë voor 32die Vader van onse Here Jesus Christus,
| 32 Hierdie titel gee die apostel hier aan God die Vader, omdat ons geen toegang tot Hom het nie, behalwe deur Christus. Sien Joh. 14:6. |
33van wie elke 34geslag 35in die hemele en op die aarde sy 36naam ontvang,
| 33 Dit kan as God die Vader of ook as Christus verstaan word.
34 Of: familie, soos in Luk. 2:4. Dit is, wat van een Vader afkomstig is, en onder een Hoof staan; soos die gemeente van Christus, en deur Christus, onder God as haar Vader gestel is, alle geestelike lewe en voorspoed van Hom ontvang, en een geestelike familie is. 35 Dit is, van die gelowiges, nie net wat nog hier op aarde leef nie, maar ook hulle wie se siele in die hemel die aanneming tot kinders reeds deur Christus en met Christus geniet. Sien 2 Kor. 5:8. Filip. 1:23. Hoewel sommige hier ook die engele inreken. Sien Ef. 1:10 en die kanttekening. 36 Dit is, nie net met woorde genoem word nie, maar dit ook inderdaad is, soos hierdie woord ook elders gebruik word. Sien Luk. 1:32. Rom. 9:26, ens. |
dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag qversterk te word deur sy Gees in die 37innerlike mens,
| q Ef. 6:10. | 37 Sommige verstaan hierdie woord as die wedergebore deel van die mens, soos in Rom. 7:22, waarin die apostel wens dat hulle meer en meer versterk mag word. Ander as die inwendige deel van die mens, naamlik die siel van die gelowige met al haar bewegings, waarin hy begeer dat hulle met krag en moed begiftig word om al die verdrukkinge, wat hulle van buite af aangedoen word, te kan weerstaan. Sien 2 Kor. 4:16. |
sodat Christus deur die geloof 38in julle harte kan woon, julle wat in 39die liefde r40gewortel en gegrond is,
| r Kol. 2:7. | 38 Dit is, geduriglik met sy werking bly, soos in Joh. 6:56; 14:23.
39 Naamlik teenoor God en julle naaste, wat ’n onlosmaaklike vrug en metgesel van die geloof is, 1 Kor. 13:1. Gal. 5:6. Ander verstaan dit as die liefde waarmee God ons liefhet. 40 Dit is, bevestig is, versterk is. |
en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat 41die breedte en lengte en diepte en hoogte is,
| 41 Dit is, die uitnemende waardigheid en ondeurgrondelikheid van die werk van ons verlossing deur Christus. ’n Beeld geneem van landmeters, wat, om ’n werk of gebou heeltemal te ken, gewoonlik hierdie dinge afmeet en oorweeg. |
en die liefde van Christus te ken wat 42die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die 43volheid van God.
| 42 Naamlik van alle natuurlike mense, wat ons hier slegs deur die Gees van Christus, volgens die mate van die gawe van Christus, kan ken, soveel as vir ons nodig is tot saligheid, maar hiernamaals eers ten volle verstaan sal word. Sien 1 Kor. 2:9, ens.; 13:9, ens.
43 Dit is, van die kennis en van die werking van God, nie waarmee God vervul is nie, maar wat Hy ons hier wil meedeel. Sien Ef. 4:12, 13. |
sEn aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag 44wat in ons werk,
| s Rom. 16:25. | 44 Hiermee toon die apostel dat hy in hierdie danksegging nie verwys na die mag van God wat in Hom verborge is nie, maar van die mag waarvan Hy self ’n bewys in ons bekering getoon het, en nog daagliks in ons toon in die volvoering van hierdie genade. |
aan Hom die heerlikheid 45in die gemeente in Christus Jesus 46deur alle geslagte 47tot in ewigheid! Amen.
| 45 Naamlik waarin hierdie krag en heerlikheid van God deur Jesus Christus alleen bekend word, behoorlik geprys moet word, en in alle eeue geprys sal word, hoeseer die wêreld ook daarteen opstaan en woel.
46 Of: tot alle tye. 47 Gr. tot in die eeu van die eeue. |
Verlossing uit genade.
ENa julle 1het Hy lewend gemaak, wat 2dood was deur die misdade en die sondes
| a Rom. 5:6. Kol. 2:13. | 1 Hierdie woorde, in skuinsdruk, word ter wille van duidelikheid hier ingevoeg uit vers 5, waar die verklaring te sien is.
2 Dit is, nie net aan die tydelike en ewige dood onderworpe nie; maar ook sonder enige lewe en beweging in geestelike sake, soos hierdie woorde dood was ook elders gebruik word, Rom. 6:13. Ef. 5:14. Kol. 2:13. 1 Tim. 5:6. |
bwaarin julle 3tevore gewandel het 4volgens die loop van hierdie wêreld, 5volgens die cowerste 6van die mag van die lug, van die gees 7wat nou in 8die kinders van die ongehoorsaamheid werk,
| b 1 Kor. 6:11. Kol. 3:7. Tit. 3:3.
c Joh. 12:31; 14:30; 16:11. Ef. 6:12. |
3 Naamlik voor julle bekering tot die geloof in Christus.
4 Dit is, volgens die algemene leefwyse van die wêreldse mense. 5 Dit is, volgens die wil en ingewing van die owerste. 6 Dit is, van die Satan, wat, soos dan ook direk hierna verklaar word, so genoem word omdat hy ’n geestelike gedaante het, en nog groot mag in die lug behou het, soos uit die geskiedenis van Job blyk, en wat gedurig vanuit die lug teen die gelowiges stryd voer, Ef. 6:12. 1 Petr. 5:8. 7 Dit is, deur sy werkinge en ingewinge lei waar hy wil. Die apostel voeg die woordjie nou daarby omdat die Satan sy mag en heerskappy, wat hy voorheen oor hulle almal uitgeoefen het, nou oor die gelowiges verloor het, hoewel hy hulle nog beveg, maar sy mag slegs oor die ongelowiges behou het, 2 Kor. 4:3, 4. 2 Thess. 2:9, 10. 8 Die ongelowige mense, wat die evangelie ongehoorsaam is, Ef. 5:6. Kol. 3:6, word ook andersins deugniete of kinders van Bélial genoem. Sien Deut. 13:13 en die kanttekening. |
onder wie 9ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van 10ons vlees toe ons 11die wil van die vlees en van 12die sinne gedoen het; en ons was 13van nature 14kinders van die toorn net soos ook 15die ander.
| 9 Naamlik wat vanuit die Jode tot Christus bekeer is; wat hy daarby voeg om te bewys dat hul bekering, sowel as dié van die heidene, slegs uit genade plaasgevind het.
10 Dit is, ons verdorwe natuur, soos hierdie spreekwyse deurgaans voorkom, wat Paulus verklaar in Rom. 8:7, 8, ens. 11 Gr. die wille, dit is, luste en begeertes van die vlees. 12 Die Griekse woord dianoia beteken die verstand, of die redelike deel van die mens se siel; wat die mens voor sy bekering ook tot niks anders nie as tot ydelheid en wêreldse dinge dryf. Sien Rom. 1:22; 8:7. Kol. 2:18. 13 Of: deur die natuur, dit is, van ons geboorte of moederskoot af, soos hierdie woord natuur ook gebruik word in Gal. 2:15 en elders. Sien Job 14:4. Ps. 51:7. Joh. 3:6. Rom. 5:12-14. 14 Dit is, onderworpe aan die toorn van God vanweë ons aangebore sonde. Sien Rom. 1:18; 9:22. 15 Naamlik die heidene. Sien Rom. 3:9, ens. |
Maar God, wat 16ryk is in barmhartigheid, het ons 17deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,
| 16 Dit is, oorvloedig.
17 Of: op grond van, vanweë. |
ook toe ons 18dood was deur die misdade, d19lewend gemaak 20saam met Christus — euit genade is julle gered —
| d Rom. 6:8; 8:11. Kol. 3:1, 3.
e Hand. 15:11. Tit. 3:5. |
18 Sien vers 1 se kanttekening.
19 Dit is, uit die dood van die sonde verlos, deur ons regverdigmaking en wedergeboorte, soos direk hierna verklaar word. 20 Want toe Christus, wat ter wille van ons sondes gesterf het, opgewek is, het hy metterdaad betoon dat Hy die skuld van ons sonde en ook die liggaam van ons sondes tot niet gemaak het; wat Hy eers vir ons, en daarna ook in ons volbring het deur die krag van sy dood en sy opstanding (Rom. 4:25; 6:6-8), toe Hy ons die geloof geskenk het, deur die geloof geregverdig het, en deur sy Gees vernuwe en geheilig het. Sien 1 Kor. 1:30. |
en saam opgewek en saam laat sit in die hemele 21in Christus Jesus,
| 21 Naamlik as ons Hoof, in wie ons reeds hierdie weldade besit, en wat ons ook in hoop besit, Rom. 8:24, en dit vir seker deelagtig sal word op die regte tyd. Sien Rom. 8:11. 1 Kor. 15:20. Filip. 3:21. Kol. 3:1, 2, ens. |
sodat Hy in 22die eeue wat kom, 23kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.
| 22 Naamlik aan die mense van eeue of tye wat kom.
23 Die Griekse woord beteken soveel as ’n voorbeeld of duidelike bewys voorhou, want God het in daardie tyd hierdie voorbeeld van sy barmhartigheid aan heidene en Jode bewys, sodat ook ons, hul nageslag, terwyl ons dit verstaan, ons toevlug tot hierdie genade sou neem, 1 Tim. 1:16. |
Want 24uit genade is julle 25gered, 26deur die geloof, en 27dit nie uit julleself nie: fdit is die gawe van God;
| f Matt. 16:17. Ef. 1:19. | 24 Of: deur die genade, naamlik van God in Christus, soos in die voorgaande vers verklaar is.
25 Dit is, van die sonde en straf van die sonde verlos, en tot erfgename van die ewige saligheid gestel. 26 Naamlik waardeur hierdie genade van God in Christus deur ons aangeneem en ons toegeëien word, Joh. 1:12. Rom. 3:24, 25. 27 Naamlik, dit is nie uit julleself dat julle glo nie. Want anders sou die apostel een ding twee maal sê; en nie net die saligheid self nie, maar ook die geloof is ’n gawe van God. Sien Filip. 1:29. 2 Tim. 1:9, ens. |
28nie uit die werke nie, gsodat niemand mag roem nie.
| g Rom. 3:27. 1 Kor. 1:29. | 28 Naamlik nie in die geheel, of ten dele nie. Sien Rom. 4:4, 5; 11:6. Soos die volgende woorde ook uitwys. |
Want 29ons is sy maaksel, hgeskape in Christus Jesus tot goeie werke wat 30God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
| h 2 Kor. 5:17. Ef. 1:4; 4:24. Tit. 2:14. | 29 Die apostel spreek hier nie van die eerste skepping nie, maar van die vernuwing en wedergeboorte, wat in God se Woord ’n tweede of nuwe skepping genoem word. Sien 2 Kor. 5:17.
30 Of: God tevore berei het, naamlik in sy ewige raad, of ook deur sy Gees in ons. Sien Hebr. 8:10, ens. |
Heidene en Jode met God deur die kruis van Christus versoen.
DAAROM, onthou dat julle wat vroeër heidene 31in die vlees was en 32onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde 33besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
| 31 Sommige verstaan dit as die onbesnedenheid van die heidene; maar sodanig was hulle steeds nadat hulle tot Christus bekeer was, en die naam onbesnedenes, wat volg, gee dit genoeg te kenne. Die woord vlees word dus beter verstaan as die verdorwenheid van die natuur, waarin die heidene voor hul bekering was, soos in Joh. 3:6. Rom. 8:5, ens.
32 Gr. voorhuid. Dit is, die wat nie besny is nie, en dit is minagtend bedoel. Sien 1 Sam. 17:26. Eség. 44:7. 33 Dit is, van die Jode wat besny was, wat ’n teken was van God se verbond met hulle, Gén. 17:11. |
dat julle in dié tyd 34sonder Christus was, vervreemd van 35die burgerskap van Israel en vreemdelinge iten aansien van 36die verbonde van die belofte, 37sonder hoop en 38sonder God in die wêreld.
| i Rom. 9:4. | 34 Dit is, sonder om gemeenskap te hê met Christus, wat sou kom, buiten wie geen saligheid was nie, Joh. 14:6. Hand. 4:12. Die Israeliete wat die koninkryk van Israel verwag het, het gemeenskap gehad met Christus, wat belowe was. Sien Joh. 8:56. Hand. 13:26, 32; 15:11; 26:6, 7. Hebr. 11:26, ens.
35 Dit is, die gemeente van God, wat by die burgerskap van Israel inbegrepe was. 36 Dit is, van die geestelike beloftes wat God in sy verbond met die Israeliete opgerig, onderhou en dikwels vernuwe het; waarom die apostel die verbonde in die meervoud noem. 37 Naamlik geen ware hoop op die vergewing van sondes en op die ewige saligheid nie. 38 Dit is, sonder die ware kennis en diens van die ware God. Want al het hulle baie gode en godsdienste gehad, was dit nogtans deur hulle verdig en versin. Sien Rom. 1:21, ens. Al het sommige God as Skepper geken, nogtans, omdat hulle die Seun nie geken of vereer het nie, het hulle ook nie die Vader gehad nie, Joh. 5:23. |
Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër 39ver was, naby gekom deur 40die bloed van Christus.
| 39 Naamlik van hierdie weldade en voordele, waarvan in die voorgaande hoofstuk gespreek is. Hier verwys die apostel na Jes. 49:1. Sien Hand. 2:39.
40 Dit is, deur die dood en die bloedige offer van Christus, waardeur hierdie onderskeid tussen die volke weggeneem is. |
kWant Hy is 41ons vrede, Hy wat 42albei een gemaak en die middelmuur 43van skeiding afgebreek het
| k Jes. 9:5. Miga 5:4. Joh. 16:33. Hand. 10:36. Rom. 5:1. Kol. 1:20. | 41 Dit is, bron en oorsaak van ons vrede, sowel tussen God en die mense, as tussen die mense self, naamlik Jode en heidene.
42 Naamlik Jode en heidene. 43 Of: van die heining; naamlik wat die Jode van die heidene geskei en afgeskut het, soos ’n muur gewoonlik twee huise of plekke van mekaar skei. Waardeur die seremoniële wet verstaan word, wat hierdie onderskeid tussen Jode en heidene gemaak het. Dit wil voorkom of Paulus hier ook verwys na die skeur van die voorhangsel van die tempel, wat geskeur het toe Christus gely het, Matt. 27:51. Luk. 23:45. |
deurdat Hy 44in sy vlees 45die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik 46die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, 47deur vrede te maak, 48die twee 49in Homself tot 50een nuwe mens kon skep
| 44 Dit is, in sy liggaam, of menslike natuur, aan die kruis geoffer, Joh. 1:14. 1 Petr. 4:1. ’n Beeld van slagoffers, wie se vleis op die altaar verbrand is.
45 Naamlik tussen Jode en heidene, soos uit die volgende blyk, wat spruit uit die verskeidenheid van godsdiens. 46 Naamlik waardeur die seremonies ingestel was, en tot op die tyd van herstelling gegee is, Hebr. 9:10. 47 Dit is, vereniging en gemeenskap, nadat die oorsaak en die middel van tweespalt weggeneem is. 48 Naamlik volke, dit is, die uitverkorenes uit albei hierdie volke, Rom. 9:24; 11:7. 49 Dit sê die apostel omdat ons met Christus self moet verenig deur die geloof, voordat ons uit Jode en heidene een liggaam kan word. 50 Dit is, vernuwe deur die Heilige Gees en die krag van die wedergeboorte. Hier spreek die apostel van alle gelowiges soos van een mens, omdat hulle almal onder Christus die Hoof, as lede van een geestelike liggaam, soos tot een vernieude mens gestel word. |
en 51albei 52in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy 53daaraan 54die vyandskap 55doodgemaak het.
| 51 Die apostel sê dit omdat die Jode en heidene deur Christus se kruis nie net verenig is nie, maar ook tesame met God versoen is.
52 Dit is, in dieselfde gemeente, wat Christus se geestelike liggaam is. Sommige verstaan hierdeur die liggaam van Christus self, wat die apostel in vers 15 die vlees van Christus genoem het. 53 Naamlik aan die kruis. 54 Naamlik sowel tussen God en ons as gevolg van die sonde, as tussen Jode en heidene. Want hy het voorheen oor beide hierdie versoenings gespreek. 55 Dit is, heeltemal weggeneem deur sy dood. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word, Hebr. 10:14. |
lEn Hy het die evangelie van 56vrede 57kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
| l Jes. 57:19. Ef. 3:12. | 56 Naamlik tussen God en die mense, en vervolgens ook van die mense onder mekaar, Luk. 2:14. Rom. 10:15. 2 Kor. 5:19, ens.
57 Naamlik sowel deur Homself in sy vleeslike dae onder die Jode, as ’n dienskneg van die besnydenis, as ná sy hemelvaart deur sy apostels aan almal sonder onderskeid; deur en met watter apostels Hy kragtig was tot bekering van almal, sowel van heidene as van Jode, Mark. 16:20. Joh. 10:16. 2 Kor. 13:3, ens. |
mwant 58deur Hom het ons albei die toegang deur 59een Gees tot die Vader.
| m Joh. 10:9; 14:6. Rom. 5:2. Ef. 3:12. Hebr. 10:19. | 58 Naamlik Christus deur die geloof aangeneem, Rom. 5:2.
59 Naamlik van die aanneming tot kinders, Rom. 8:15, wat ook aan hierdie hele liggaam sy lewe en beweging gee. |
So is 60julle dan 61nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar 62medeburgers van die heiliges en n63huisgenote van God,
| n Gal. 6:10. | 60 Naamlik heidene wat in Christus glo.
61 Naamlik soos vroeër. Sien verse 11, 12. 62 Naamlik van hierdie geestelike Jerusalem, Gal. 4:26. 63 Want God se gemeente word deurgaans God se huis en tempel genoem. Sien 2 Kor. 6:16. 1 Tim. 3:15. Hebr. 3:2, ens. So staan hulle dan onder een Hoof en sorg, en het elkeen sy taak en deel in hierdie huis. |
ogebou pop 64die fondament van die apostels en profete, q65terwyl Jesus Christus 66self die hoeksteen is,
| o 1 Kor. 3:9, 10.
p Jes. 28:16. Matt. 16:18. 1 Kor. 3:10. Openb. 21:14. q 1 Petr. 2:4. |
64 Dit is, die leer van die apostels en van die profete, sowel van die Ou as van die Nuwe Testament, soos daarom die name van die twaalf apostels op die twaalf fondamente van die hemelse Jerusalem gestel word, Openb. 21:14.
65 Want die leer van die profete en apostels wys ons ten opsigte van die saligheid op niemand wat ons kan vertrou nie, behalwe op Jesus Christus, op sy voldoening en verdienste, 1 Kor. 1:30; 2:2. 66 Naamlik waarop die hele gebou met sy mure en stene rus, dit is, alle ware gelowiges uit Jode en heidene word bymekaargebring, en deur een Gees saamgebind, soos in die volgende vers volg. Sien ook 1 Petr. 2:4. Dat hierdie belangrikste hoeksteen ook die enigste fondament van hierdie hele gebou is, blyk uit Jes. 28:16. 1 Kor. 3:10, 11. Of: waarvan Jesus Christus self die, ens. |
rin wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys stot ’n heilige 67tempel in die Here,
| r Ef. 4:16.
s 1 Kor. 6:19. 2 Kor. 6:16. |
67 Naamlik waarin die Here met sy genade woon, en derhalwe waarin Hy geëer en gedien wil wees, soos ’n vader in sy huis. |
68in wie 69julle ook saam opgebou word tot ’n woning van God 70in die Gees.
| 68 Naamlik die belangrikste hoeksteen, Christus.
69 Naamlik wat uit die heidene na sy voorneme geroep is, en gevolglik ook in Hom glo. 70 Of: deur die Gees. |
Opskrif en seëngroet.
PAULUS,1 ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan 2adie heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus:
| a Rom. 1:7. 1 Kor. 1:2. 2 Kor. 1:1. | 1 Sien oor hierdie hele opskrif van Paulus Rom. 1:1 en 1 Kor. 1:1, 2 se kanttekeninge.
2 Hierdie laaste titel voeg hy by as verklaring van die eerste, naamlik dat hy sodanige heiliges bedoel, wat deur die geloof en die Gees van Christus geheilig is, Hand. 15:8, 9. 1 Petr. 1:22; nie soos baie Jode hulleself heiliges genoem het omdat hulle uiterlik deur die seremonies geheilig was nie, Hebr. 9:13, 23. |
bGenade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus!
| b Gal. 1:3. 1 Petr. 1:2. |
Die seëninge van God in Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing en Hoof van die gemeente.
3GESEËND is cdie God 4en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met 5alle geestelike seëninge 6in die hemele 7in Christus,
| c 2 Kor. 1:3. 1 Petr. 1:3. | 3 Die woord seën word in hierdie vers op tweërlei wyse gebruik. Want die mens seën God as hy Hom loof en dank, en God seën die mens wanneer Hy sy genade en weldade aan hom bewys. Albei is ’n Hebreeuse spreekwyse. Hier verwys die apostel na die woorde van die verbond: in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, Gén. 22:18 en die kanttekening.
4 Dit is, God, wat die Vader van onse Here Jesus Christus is, 1 Kor. 15:24. Hierdie wyse van benaming van God word deur Paulus en ander apostels in die Nuwe Testament gebruik, in teenstelling met die Ou Testament, waar God in sodanige seëninge genoem word die Here, die God van Israel, of die God van Abraham, Isak en Jakob, met wie God eerste sy verbond gesluit het. Sien Luk. 1:68. 5 Dit is, allerlei. 6 Gr. in die hemelse, of allerhoogste, naamlik plekke, soos in vers 20 en Ef. 2:6. Hierdeur word te kenne gegee, dat God aan ons, asof vanaf sy troon, hierdie geestelike seëninge meegedeel het, en dat dit daartoe dien om ons in die hemele geluksalig te maak, Matt. 5:12. 1 Petr. 1:4. Hierdie seëninge word hierna tot vers 15 in die besonder beskryf. 7 Naamlik as in ons Hoof, om ons salig te maak. Sien verse 22, 23. Ef. 2:5-7; 4:15, 16. Sien ook Joh. 1:16. Filip. 3:20. |
dsoos Hy ons 8in Hom 9uitverkies het 10voor die grondlegging van die wêreld eom 11heilig en 12sonder gebrek voor Hom 13in liefde te wees,
| d Joh. 15:16. 2 Tim. 1:9.
e Luk. 1:75. Ef. 5:27. Kol. 1:22. 2 Tim. 1:9. Tit. 2:12. |
8 Naamlik in Christus, as ons Hoof, soos in die voorgaande vers, om ons aan die beeld van sy Seun gelykvormig te maak, Joh. 17:6. Rom. 8:29. Of: deur Hom, Joh. 15:16, 19.
9 Naamlik uit die gewone groep verdorwe mense. Sien Joh. 15:16, 19. Rom. 8:29. 2 Thess. 2:13. 1 Petr. 1:1, 2, ens. 10 Dit is, van ewigheid af, soos hierdie spreekwyse oral gebruik word. Sien Joh. 17:24. 1 Petr. 1:20. Sien ook Ps. 90:2. Spr. 8:23. 11 Hieronder word ook die ware geloof verstaan, wat nooit sonder heiligheid is nie, net soos die heiligheid en liefde nie sonder die ware geloof kan bestaan nie; want deur die geloof word ons harte gereinig, Hand. 15:9. 1 Petr. 1:22. Dat ons ook uit genade in Christus tot die geloof uitverkies is, blyk uit Hand. 13:48. Rom. 8:30. 2 Tim. 1:9. Jak. 2:5. 12 Dit is, nie net voor die mense nie, soos die geveinsdes soms vir ’n tyd ook is, maar opreg soos in God se teenwoordigheid. Sien Gén. 17:1. Luk. 1:6. Hierdie heiligheid en onberispelikheid is in hierdie lewe wel opreg, en is deur die krag van God se Gees begin, maar sal in die toekomende lewe eers in alle opsigte volmaak word. Sien 1 Kor. 13:9. Ef. 5:27. Filip. 3:12, ens. Maar hierdie onvolmaakte heiligheid en onberispelikheid is in Christus Jesus ook in hierdie lewe vir God behaaglik, en as ’t ware volkome deur Hom aangeneem, omdat Hy ons ons gebreke deur die geloof in Christus vergewe en in Christus oorsien, Kol. 2:10. Hebr. 13:21. 1 Petr. 2:5, ens. 13 Sommige verstaan dit as die liefde waarmee God ons liefgehad het, en voeg dit by die voorgaande woord uitverkies. Dit kan egter gepas by die woorde wat volg, heilig en sonder gebrek, gevoeg word, en verstaan word as ons liefde teenoor God en die naaste, waarin hierdie heiligheid vernaamlik openbaar word. Sien 1 Kor. 13:1, ens. Gal. 5:6. |
deurdat Hy ons 14voorbeskik het om ons as sy kinders 15vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, 16na die welbehae van sy wil,
| 14 Naamlik van ewigheid af, soos in die voorgaande vers. Hier word ten opsigte van ons, die hoogste voleinding van ons verkiesing tot heerlikheid nader uitgedruk, naamlik ons aanneming tot kinders en erfgename van God, en mede-erfgename van Christus, waarvan ons hier wel die beginsels en verwagting het, Joh. 1:12. Rom. 8:15, maar die volle besit van hierdie kindskap en hierdie erfenis sal ons hiernamaals eers ontvang. Sien Rom. 8:23. Gal. 4:5. Hebr. 9:15. 1 Joh. 3:2.
15 Of: tot Homself, dit is, tot sy eer, om sy eie ontwil, vir Homself, aan Homself. Want God die Vader het ons in Christus as sy kinders en erfgename verordineer, Rom. 8:17. 16 Dit is, nie uit enige verdienste of waardigheid van ons kant nie, maar alleen deur sy onverdiende guns, genade en welbehae. Sien Rom. 9:11, 12, 15, 16; 11:6. 2 Tim. 1:9. Soos in die volgende vers ook verklaar word. |
17tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons 18begenadig het fin die 19Geliefde.
| f Matt. 3:17. | 17 Dit is, sodat sy heerlike genade deur ons geloof en geprys word; wat die uiteinde van hierdie ewige en genadige verkiesing van God is, Rom. 9:23.
18 Of: aangenaam gemaak het, naamlik vir Homself; soos hierdie woord ook in Luk. 1:28 vir die maagd Maria gebruik word. 19 Naamlik Christus, sy geliefde Seun, Matt. 3:17. |
g20In Hom het ons 21die verlossing 22deur sy bloed, 23die vergifnis van die misdade na 24die rykdom van sy genade,
| g Hand. 20:28. Kol. 1:14. Hebr. 9:12. 1 Petr. 1:18. | 20 Naamlik in die geliefde Seun Jesus Christus. Want soos ons van ewigheid af in Hom uitverkies is tot die saligheid en tot die middele daarvan, soos in die drie voorgaande verse gesê is, so is ook die uitvoering van hierdie ewige voorneme van God in Hom en deur Hom op die regte tyd volbring.
21 Die Griekse woord beteken eintlik: ’n verlossing wat deur betaling van ’n losprys of prys plaasvind. Sien Matt. 20:28. 1 Kor. 6:20. 1 Petr. 1:18, ens. 22 Dit is, sy bloedige offer wat aan die kruis volbring is, Hebr. 9:12, ens. 23 Naamlik wat die eerste vrug is van hierdie verlossing vir diegene wat hul dit deur die geloof toe-eien, Rom. 3:24, 25, waarop die ewige saligheid volg, Rom. 8:30. 24 Dit is, sy uitnemend groot en oorvloedige genade, Rom. 2:4. Ef. 2:7. |
wat Hy 25oorvloedig aan ons bewys het 26in alle wysheid en 27verstand,
| 25 Naamlik wanneer Hy aan ons deur sy evangelie en deur sy Gees hierdie dinge geopenbaar het, soos in vers 9 verklaar word.
26 Sommige verstaan dit as die wysheid van God wat Hy gebruik in die uitdeel van hierdie weldade, maar dit word beter verstaan as die wysheid wat God ons deur die evangelie skenk, naamlik die kennis van Hom en van Jesus Christus, ons Middelaar. Sien Joh. 17:3. 1 Kor. 1:24; 2:6, 7. 27 Of: wetenskap, wat ’n deug is waardeur hierdie wysheid met oorleg gebruik word tot eer van God en tot stigting van die naaste. |
deurdat Hy aan ons h28die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself 29voorgeneem het,
| h Rom. 16:25. Ef. 3:9. Kol. 1:26. 2 Tim. 1:9. Tit. 1:2. 1 Petr. 1:20. | 28 Dit is, die geheime raad van God van ons verlossing deur Christus, wat van nature aan geen mens bekend is nie; soos dit wat in die navolgende vers beskryf word ook ’n deel daarvan is. Sien 1 Kor. 2:8. Ef. 3:9. Kol. 1:26. 1 Tim. 3:16, ens.
29 Of: voorgestel, dit is, sonder om daartoe beweeg te wees deur iets buite Hom, of dat Hy vooruit iets in die mense gesien het, wat Hom daartoe sou kon beweeg, maar Hy het hierdie ewige besluit slegs uit sy eie wysheid, genade en barmhartigheid geneem, Rom. 11:34-36. |
30om die ivolheid van 31die tye te reël, met die doel om alle dinge 32wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, 33onder een hoof in Christus te verenig —
| i Gén. 49:10. Dan. 9:24. Gal. 4:4. | 30 Dit is, vanaf die vasgestelde tyd waarop God besluit het om sy Seun te stuur, en deur sy evangelie ook die heidene tot die gemeenskap van sy Seun te roep, sowel as die Jode. Sien Gal. 4:4.
31 Dit is, in of teen die tyd van die reëling. Die Griekse woord beteken sulke reëlings as wat ’n huisvader gebruik in die bestuur van sy huis, soos in elke situasie en behoefte, die tyd, persoon en optrede vereis word. So het God ook in sy huis, dit is, in sy gemeente, van die begin van die wêreld af sekere persone, optrede en tye beveel, waarop en waardeur alles gedoen en geopenbaar moes word. 32 Sommige verstaan daardeur die gelowiges wat reeds in die hemel is, en wat nog op die aarde is. Ander vergelyk hierdie teks met Kol. 1:16, 20, en meen dat deur diegene wat in die hemel is, die engele in die hemel verstaan moet word, wat saam met die gelowiges op aarde van alle eeue deur Christus onder Hom as Hoof vergader is, met mekaar vrede behou het, en só een liggaam geword het, wat tevore deur die sondes van die mense as ’t ware van mekaar afgeskeur was, Hebr. 12:22, 23. Openb. 19:10. 33 Gr. tot een Hoof, of tot een hoofsom saam te vat. |
34in Hom in wie 35ons ook k’n 36erfdeel ontvang het nadat ons 37vantevore daartoe verordineer is 38ooreenkomstig die voorneme van Hom wat 39alles werk volgens die raad van sy wil,
| k Rom. 8:17. | 34 Naamlik in Christus, as ons Hoof, soos tevore verklaar is.
35 Naamlik wat uit die Jode tot Christus bekeer is, soos ook in die volgende vers verklaar word. 36 Of: ’n lot verkry het, naamlik van die Here in sy gemeente. Dit wil voorkom of die apostel hier verwys na die verdeling van die erfenis van die land Kanaän deur die lot onder die twaalf stamme van Israel, wat ’n skaduwee en voorbeeld was van hierdie ewige erfenis wat deur ons ware Josua verkry is. Sien Núm. 26:55, ens.; 33:53. Jos. 13:6. 37 Dit is, nie almal wat die vleeslike saad van Abraham was nie, maar die kinders van die belofte, Rom. 9:8, en wat Hy vantevore uit genade onder hierdie volk uitverkies het, Rom. 11:2, 5-7. 38 Dit is, nie op grond van enige waardigheid in ons, of op grond van enige werk van ons kant nie, maar slegs uit genade, 2 Tim. 1:9. Dit voeg die apostel daarby, sodat die gelowiges uit die Jode nie sou meen dat daar iets meer in hulle as in die heidene was nie, as rede waarom hulle dié verordinering of voorbeskikking tot hierdie erfdeel waardig was. Sien Rom. 8:29, ens. 39 Naamlik wat die saligheid van Jode of heidene betref, waarvan hy hier spreek. Sien Filip. 2:13. Hoewel dit ook in die algemeen waar is van alle ander dinge, Ps. 115:3. |
sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons 40wat reeds tevore op Christus 41gehoop het,
| 40 Naamlik uit die Jode, aan wie hierdie voorrang deur God beloof was. Sien Hand. 13:46. Rom. 15:8.
41 Naamlik deur die geloof in Hom. Want die geloof neem die beloftes aan, waarvan die hoop die vervulling verwag, Rom. 8:24, 25. Hebr. 11:1. |
42in wie 43julle ook, nadat julle 44die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, 45nadat julle ook geglo het, l46verseël is met die Heilige Gees 47van die belofte,
| l Rom. 8:15. 2 Kor. 1:22; 5:5. Ef. 4:30. | 42 Naamlik in Christus Jesus, soos tevore.
43 Of: julle ook tot ’n erfdeel geword het. Want soos hy van die gelowiges uit die Jode gespreek het, vers 11, so spreek hy nou van die heidene, wat saam ’n deel van die erfdeel ontvang het. Sien Hand. 26:17, 18. 44 So word die evangelie genoem, nie net omdat dit die enige waarheid van God is nie, aan ons op buitengewone wyse deur God tot ons saligheid geopenbaar, Joh. 17:17, maar ook omdat die waarheid van al die skaduwees van die Ou Testament daarin vervul is. Sien Joh. 1:17. 45 Of: toe julle ook geglo het. Want hierdie verseëling van die Gees gebeur deur die geloof, en ná die geloof, Gal. 3:2. 46 Hierdie spreekwyse is geneem van die mense, wat gewoonlik verseëlde briewe gegee het tot versterking van enige beloftes, en dít menigmaal met die afdruk van hul eie wapen of beeld. Die beloftes van die vergewing van ons sondes, van ons aanneming tot kinders en ons ewige erfenis, word aan ons gemaak deur die evangelie, en word deur die geloof ons toegeëien. Die verseëling van die Gees, wat daarby gevoeg word, is die wedergeboorte of vernuwing van die beeld van God in ons, waarmee Hy ons siele begiftig en dit daarop druk, as ons in Christus glo, om ons meer en meer te verseker van die uitvoering van hierdie beloftes van Hom, 2 Kor. 1:21, 22; 3:18. Dit betuig hierdie dinge boonop aan ons gemoed, soos met ’n goddelike inspraak, op grond waarvan ons ook God as onse Vader durf aanroep, Rom. 8:15. Gal. 4:6, en roem op die hoop van die heerlikheid van God, Rom. 5:2; 8:38, 39. 47 Dit is, wat aan ons beloof is. Of: waardeur die beloftes van God in ons verseker word. |
wat 48die onderpand is van ons erfdeel 49om sy eiendom mte verlos tot lof van sy heerlikheid.
| m Ex. 19:5. Deut. 7:6; 14:2; 26:18. Rom. 8:23. 1 Petr. 2:9. | 48 Gr. arrabon, sien oor hierdie woord 2 Kor. 1:22 se kanttekening; 2 Kor. 5:5. Sien ook Rom. 8:23. Ef. 4:30.
49 Of: tot die volle verlossing van sy verkreë of eie volk, 1 Petr. 2:9, dit is, tot die volle genieting van die verlossing, wat Christus vir ons verkry het. Gr. tot die verlossing van die verkryging. |
nDaarom — vandat 50ek gehoor het van die geloof in die Here Jesus wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges —
| n Filip. 1:3. Kol. 1:3. 1 Thess. 1:2. 2 Thess. 1:3. | 50 Naamlik nie net deur by julle teenwoordig te wees nie, maar ook nou in my afwesigheid as gevolg van hierdie boeie van my, Ef. 6:20. |
hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie,
dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring 51in kennis van Hom 52mag gee,
| 51 Of: met kennis van Hom, of: in erkenning van Hom. Want die ware wysheid bestaan nie net in die kennis van God nie, maar ook in die erkenning van sy genade en majesteit.
52 Dit is, mag gee dat julle meer en meer in die wysheid toeneem deur die Heilige Gees. |
53verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat 54die hoop van sy roeping en wat 55die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel 56onder die heiliges is;
| 53 Dit verwys na die voorgaande woorde, mag gee. Ander lees: om verlig te wees na die oë van julle verstand.
54 Dit is, die verwagte saak, wat in die volgende woorde verklaar word. Sien 1 Petr. 1:3, 4. 55 Dit is, die oorvloedigheid, soos in vers 7. 56 Dit is, ware gelowiges. Want hierdie erfenis behoort nie aan die ander nie. |
en wat die uitnemende grootheid van 57sy krag is vir ons wat glo, ona die werking van die krag van sy sterkte
| o Kol. 2:12. | 57 Naamlik waardeur ons nou wedergebore is, en waarin ons meer en meer versterk word, totdat ons deur dieselfde krag hiernamaals ten volle na siel en liggaam verlos en verheerlik sal word. Want die apostel begeer nie net dat hulle dit weet nie, maar ook dat hulle volgens sy voorbeeld God sal bid dat die krag meer en meer in hulle geopenbaar mag word, die krag wat met baie voortreflike woorde deur hom bekend word. |
58wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het pen Hom 59laat sit het aan sy regterhand in die hemele,
| p Ps. 110:1. Hand. 2:34. 1 Kor. 15:25. Kol. 3:1. Hebr. 1:3; 10:12. 1 Petr. 3:22. | 58 Dit voeg die apostel daarby, omdat ons wedergeboorte en verheerliking ook van die opstanding en verheerliking van Christus afhang; en omdat dieselfde mag wat hierdie werk in Christus as ons Hoof bewerk het, ook in ons as sy ledemate werk, nie net ten opsigte van die komende opwekking uit die dood nie, maar ook die opwekking uit die geestelike dood van die sondes, soos verklaar word in Ef. 2:1, 4. Sien ook Rom. 6:4; 8:11. Filip. 3:21. 1 Petr. 1:3. 2 Petr. 1:3.
59 Deur die sit aan die regterhand van God word verstaan dat God Hom tot die hoogste mag en heerlikheid verhoog het; geneem as ’n beeld van prinse en konings, wat op hul troon sit, en aan hulle regterhand diegene wat naas hulle die magtigste en belangrikste in die koninkryk is, laat sit. Sien Ps. 45:10. Matt. 20:21. Soos dit ook verklaar word in Hebr. 1:3; 8:1. 1 Kor. 15:25, vergeleke met Ps. 110:1. |
60bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en 61elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook 62in die toekomstige.
| 60 Hierdie titels word nie net gegee aan die vorste en magte in hierdie wêreld nie, maar ook aan die engele in die hemel, Kol. 1:16, bo wie Christus ver verhewe is, selfs na sy menslike natuur.
61 Naamlik van hoogheid en heerlikheid. 62 Dit verstaan sommige as die koninkryk van die hemel, of as die toestand van die hemelse wesens; maar aangesien hierdie toestand nou ook aanwesig is, word dit beter verstaan as die toestand van alle skepsele, selfs ná die voleinding van hierdie wêreld, wanneer die gelowiges verheerlik sal word en Christus nogtans, ook na sy menslike natuur, as die Hoof, ver verhewe sal bly bo alle skepsele. Sien Luk. 1:32, 33. Openb. 5:13, en deurgaans. |
qEn Hy het 63alle dinge onder 64sy voete onderwerp en Hom 65as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
| q Ps. 8:7. Matt. 28:18. 1 Kor. 15:27. Hebr. 2:8. | 63 Dit is, ook selfs dit wat vreemd is, ja, vyande is van sy gemeente, 1 Kor. 15:25, 26.
64 Dit is, onder sy mag en gesag, Matt. 28:18. 65 Naamlik nie net om hulle te regeer nie, maar ook om hulle te beskerm, en aan hul die geestelike lewe en beweging te gee, soos die hoof aan die lede gee. Sien Ef. 4:8, 10, ens. Kol. 2:10, 19. |
rwat sy liggaam is, die 66volheid van Hom wat alles in almal vervul.
| r Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. Ef. 4:16; 5:23. | 66 Dit is, waardeur Christus as ’n volmaakte persoon voorgestel word, bestaande uit die Hoof en sy liggaam; soos die woord Christus soms vir albei gebruik word, sien 1 Kor. 12:12, 13, ten opsigte van hierdie noue vereniging wat tussen hulle is. |
Laaste vermaninge. Groete.
BROEDERS,a as iemand ewenwel 1deur 2een of ander misdaad 3oorval word, moet julle 4wat geestelik is, so een 5reghelp 6met die gees van sagmoedigheid, 7terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie 8versoek word nie.
| a Rom. 14:1; 15:1. 1 Kor. 9:22. | 1 Gr. in.
2 Naamlik waardeur hy julle of ander geërger het. 3 Of: oorkom, verras, naamlik uit onversigtigheid of swakheid, nie uit moedswillige opset nie. 4 Dit is, wat deur God se Gees verlig is, en begenadig met die vermoë om ander te vermaan. Sien 1 Kor. 3:1. 5 Naamlik met goeie onderwysing en vermaning. Die Griekse woord beteken eintlik: heelmaak, volmaak, die gebrek vervul of iets herstel. Sien Matt. 4:21. 6 Gr. in die gees. 7 Dit is, terwyl hy aan sy eie swakhede dink, dat hy ook daardeur maklik met dergelike sondes oorval kan word. 8 Dit is, deur versoekings van die duiwel en van die vlees tot dergelike sondes gebring word. |
b9Dra mekaar se 10laste en 11vervul so 12die wet van Christus.
| b Matt. 11:29. Joh. 13:14. Rom. 15:1. 1 Thess. 5:14. | 9 Dit is, help dra, om dit te verdra, te verbeter, en weg te neem met Christelike beskeidenheid en medelye.
10 Dit is, swakhede en gebreke, wat soos ’n swaar las op die mense lê. 11 Dit is, voldoen, volbring, onderhou. 12 Naamlik om mekaar lief te hê, Joh. 13:34, 35. Hoewel dit ook deur Moses beskryf is, Lev. 19:18, word dit hier in die besonder Christus se wet genoem, omdat Hy dit sy dissipels uitdruklik beveel het, sowel met vermaning as met sy voorbeeld, Joh. 15:12. 1 Joh. 3:16. |
Want as iemand 13meen dat hy iets is, 14terwyl hy niks is nie, 15mislei hy homself.
| 13 Dit is, meen dat hy iets groots, heiligs of besonders is, baie van homself hou, en reken dat hy beter is as sy naaste. Daaruit spruit gewoonlik dat ’n mens die gebreke van sy naaste so hard bestraf.
14 Dit is, omdat hy uit homself niks goeds het nie, en alles wat hy het van God ontvang het, 1 Kor. 4:7. 2 Kor. 3:5. 15 Dit is, maak homself dwaaslik wys wat nie waar is nie. |
Maar laat elkeen 16sy eie werk 17op die proef stel; en 18dan sal hy grond vir 19roem hê 20alleen wat homself betref en 21nie wat die ander betref nie.
| 16 Dit is, sy eie optrede en handelinge; nie soseer die optrede van ander nie.
17 Dit is, ondersoek en toets, nie na sy eie goeddunke nie, maar volgens die reël en toetssteen van die wet van God. 18 Naamlik as hy bevind dat sy optrede met die wet van God ooreenkom. 19 Dit is, met ’n goeie gewete sal mag roem, nie vanweë sy waardigheid of verdienste nie, Rom. 3:27. 1 Kor. 1:29, 31, maar omdat hy opreg voor God wandel volgens God se wet, 1 Kor. 9:15. 2 Kor. 1:12. 20 Dit is, uit sy eie goeie lewenswandel, en in sy eie gewete. 21 Dit is, deur hom nie met ander te vergelyk, wat na sy mening nie so goed soos hy is nie, soos die Fariseër gedoen het, Luk. 18:11. |
cWant elkeen sal 22sy eie pak dra.
| c Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6; 14:12. 1 Kor. 3:8. 2 Kor. 5:10. Openb. 2:23; 22:12. | 22 Dit is, aan God rekenskap gee oor sy eie werke, en volgens sy eie optrede geoordeel word. |
dMaar laat hom wat 23in die Woord 24onderwys ontvang, 25meedeel 26van alle goeie dinge aan hom wat 27onderwys gee.
| d Rom. 15:27. 1 Kor. 9:11. | 23 Naamlik van God.
24 Die Griekse woord kategoumenos beteken wel iemand wat in die eerste beginsels van die godsdiens onderwys ontvang, maar hier word dit breedvoeriger gebruik vir allerlei toehoorders, van watter stand hulle ook is, wat deur die prediking van die goddelike Woord in die Christelike godsdiens onderwys ontvang. 25 Dit is, ook sy deel tot onderhoud van die leraars gee. 26 Gr. in alle goedere, dit is, mildelik, sodat die leraars des te beter, sonder verhindering, al hul tyd aan die bediening van hul amp kan bestee. 27 Gr. katkiseer, soos tevore. |
e28Moenie dwaal nie; God laat Hom nie 29bespot nie; fwant net wat die mens 30saai, dit sal hy ook maai.
| e 1 Kor. 6:10.
f Luk. 16:25. |
28 Dit is, moenie jou ydellik inbeeld of laat wysmaak nie.
29 Gr. God word nie bespot nie, naamlik met ydele ontwykings, wat baie gebruik om die bevele van God nie te gehoorsaam nie; aangesien Hy die ontwykings nie aanneem nie, en ook nie sonder straf laat verbygaan nie. 30 Dit is, meegedeel het, sowel aan die leraars, waarvan tevore gespreek is, as aan die armes, waarvan hy hierna spreek. ’n Beeld waarmee die oorvloedige vrug van die mededeelsaamheid aangewys word. Soos uit een koringkorrel wat gesaai word, dikwels honderdvoudig weer opgroei en gemaai word, Gén. 26:12. Sien hieroor ook 2 Kor. 9:6. |
Hy wat 31in sy vlees saai, sal 32uit die vlees 33verderf 34maai; maar hy wat 35in die Gees saai, sal 36uit die Gees 37die ewige lewe maai.
| 31 Wat sy goedere slegs bestee om wellustig daarvan te lewe, of skatte vir hom te vergader, en nie dink aan die onderhouding van die kerkdienaars, óf van die armes nie.
32 Dit is, uit hierdie misbruik van die goedere, wat slegs aan sy vlees bestee word. 33 Naamlik tydelik en ewig. 34 Dit is, hy sal daarvan vergelding en vrug ontvang. 35 Dit is, wat sy goedere aan geestelike sake bestee, om God se eer en die saligheid van die mense daardeur te bevorder, en aan die armes goed te doen. 36 Dit is, omdat hy sy goedere aan geestelike sake bestee het. 37 Dit is, nie net hier in hierdie lewe tydelike seën ontvang nie, maar ook hiernamaals die ewige geluksaligheid, as ’n vrug van weldadigheid, nie uit verdienste nie, maar uit genade. Sien Matt. 25:34, 35, ens. |
gEn laat ons 38nie moeg word 39om goed te doen nie, want 40op die regte tyd sal ons 41maai as ons nie 42verslap nie.
| g 2 Thess. 3:13. | 38 Die Griekse woord beteken om deur enige kwaad in die goeie te verslap; soos dikwels gebeur in hierdie saak, omdat daar ’n groot hoeveelheid armes is, en daar onder hulle dikwels baie onwaardiges en baie ondankbares is; en omdat die tyd van vergelding nie dadelik kom nie.
39 Dit is, om weldadigheid te betoon. 40 Dit is, hoewel die tyd van vergelding uitgestel word, soos daar tyd is tussen saai en maai, sal dit nogtans sekerlik kom. 41 Sien vers 8. 42 Gr. ontbind of losgemaak wees. |
Laat ons dan, 43terwyl ons geleentheid het, aan 44almal 45goed doen, maar hdie meeste aan die 46huisgenote van die geloof.
| h 1 Tim. 5:8. | 43 Naamlik om te saai, dit is, om aan die armes goed te doen; wat in die tyd van hierdie lewe, wat kort en onseker is, moet gebeur.
44 Naamlik armes, of ander wat ons hulp en bystand nodig het. Sien Luk. 10:36, 37. 45 Gr. die goeie werk, dit is, weldadigheid betoon. 46 Dit is, die gelowige Christene, wat saam met ons lidmate van die gemeente is, wat die huis van die lewende God is, 1 Tim. 3:15. Ons is aan húlle meer verbonde; en dit sou onbehoorlik wees, dat diegene wat aan een huis behoort, mekaar honger en gebrek sou laat ly. |
47Kyk 48met watter groot letters ek 49met my eie hand aan julle skrywe.
| 47 Of: Julle kyk.
48 Of: met hoeveel woorde of skrifte. 49 Naamlik sonder om dit deur die hand van ’n ander te laat skryf, soos hy soms wel gedoen het, Rom. 16:22, en waar hy slegs sy naam met die groet daaronder geskryf het, 1 Kor. 16:21. Kol. 4:18. Hier wys hy dan hoe hoog hy die Galásiërs ag; en hy het dit gedoen sodat die valse apostels nie sou sê dat dit nie Paulus se brief was nie, of ’n ander brief in die plek daarvan sou voortbring, asof dit deur hom geskryf was nie, soos hulle gewoonlik wel gedoen het, 2 Thess. 2:2. |
Almal 50wat ’n mooi vertoning 51in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie 52ter wille van die kruis van Christus 53vervolg te word nie.
| 50 Of: wat wel aangesien of aansienlik wil wees. Hy bedoel hier die valse apostels.
51 Dit is, deur die onderhouding van die uiterlike en liggaamlike seremonies. 52 Dit is, ter wille van die leer van Christus, wat so genoem word, omdat dit die samevatting en inhoud daarvan is, dat die lewe vir ons deur die kruis van Christus verkry is, 1 Kor. 2:2. 53 Naamlik deur die Jode, soos ons daagliks deur hulle die meeste vervolg word, omdat ons leer dat die wet van Moses deur Christus vervul is en tot ’n einde gekom het. |
Want ook hulle 54wat besny word, 55hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle 56in julle vlees kan roem.
| 54 Naamlik, en die besnydenis so sterk dryf asof dit nog vir die saligheid noodsaaklik is.
55 Naamlik in die ander dele, wat ook in die wet gebied word nie, maar hulle lei ’n onreëlmatige of huigelagtige lewe. 56 Dit is, hulle onder julle baie aanhangers kan kry, en daardeur ydellik roem by die Jode. |
Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, 57behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, 58deur wie 59die wêreld 60vir my gekruisig is en 61ek vir die wêreld.
| 57 Dit is, in die regsinnige leer van Christus, wat vir ons gekruisig is, 1 Kor. 2:2.
58 Naamlik die kruis van Christus; of: Christus die Gekruisigde. Die betekenis kom op dieselfde neer. 59 Dit is, die eer, die guns en die aansien by die mense. 60 Dit is, deur my verag en verwerp word. 61 Naamlik omdat ek oor die leer van Christus deur die wêreld verag, vervolg en verstoot word, 1 Kor. 4:12, 13. |
iWant 62in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid 63enige krag, maar ’n 64nuwe skepsel.
| i Matt. 12:50. Joh. 15:14. 2 Kor. 5:16. Gal. 5:6. Kol. 3:11. | 62 Dit is, in die ryk en die gemeente van Christus, of: volgens die leer van Christus. Sien Gal. 5:6.
63 Naamlik om deur die besnydenis die ewige lewe te verkry, of deur die voorhuid verhinder te word om dit te verkry. 64 Of: nuwe kreatuur of skepping, waardeur die wedergeboorte en vernuwing van die mens deur die Heilige Gees verstaan word. Sien 2 Kor. 5:17. |
kEn mag daar 65vrede en 66barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel 67volgens hierdie reël, en 68oor die Israel van God!
| k Ps. 125:5. | 65 Dit is, allerlei geestelike seëninge, en vernaamlik versoening met God en versekering daarvan deur die Heilige Gees in hulle gemoed, Rom. 5:1.
66 Naamlik van God, wat die Fontein is waaruit die versoening en saligheid van die mens vloei. 67 Dit is, volgens hierdie leer, wat ek in hierdie brief oor die regverdigmaking van die mens voor God, oor die Christelike vryheid, en oor die Christelike wandel voorgestel en verklaar het. 68 Dit is, oor alle ware gelowiges, wat ware Israeliete is, en deur God as sodanig geken word; hy voeg dit daarby om hulle van die Israeliete na die vlees te onderskei. Sien Rom. 2:28, 29; 9:6, ens. |
Verder moet 69niemand my moeite aandoen nie, lwant ek dra 70die littekens van die Here Jesus in my liggaam.
| l 2 Kor. 4:10. | 69 Naamlik van hierdie valse apostels. Hy spreek dit met apostoliese gesag om hul verdere moedswil te bedwing.
70 Naamlik deur die slae, boeie en wonde, wat ek ter wille van Christus en sy leer ontvang het. Hiermee wil hy toon dat hy geen vervolging ontsien het nie, soos die valse apostels wel gedoen het. Sien 2 Kor. 11:23, ens. |
71Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle 72gees, broeders! Amen.
| 71 Dit is ’n groet en wens, waarmee die apostel sy briewe afsluit, soos hy self getuig in 2 Thess. 3:17. Sien ook Rom. 16:24. 1 Kor. 16:23. 2 Kor. 13:13.
72 Dit is, siel, gemoed. |
Einde van die brief van PAULUS aan die Galásiërs.
Vermaning om die Christelike vryheid te handhaaf.
STAAN1 adan vas 2in die vryheid waarmee 3Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie 4weer bonder 5die juk van diensbaarheid 6bring nie.
| a Joh. 8:32. Rom. 6:18. 1 Petr. 2:16.
b Jes. 9:3. |
1 Dit is, bly standvastig sonder om af te wyk. Sien 1 Kor. 16:13.
2 Naamlik vry van die diensbaarheid van die wet, waarvan in die voorgaande hoofstukke gespreek is. 3 Naamlik wat ons van die vloek en dwang van die wet bevry het, en al die seremonies van die wet vervul en afgeskaf het. Sien Joh. 8:36. 4 Soos julle tevore aan die diensbaarheid van die afgode onderworpe was, en daarvan verlos, moet dan nie weer ’n nuwe diensbaarheid van seremonies aanneem nie. Sien Gal. 4:8. 5 Dit is, die swaar en moeilike onderhouding van die seremonies, wat Petrus in Hand. 15:10 ’n ondraaglike juk noem. 6 Dit is, soos met toue en rieme daaraan gebind en vasgemaak. ’n Beeld geneem van osse, waar ’n mens ’n juk aan hul horings vasbind, om hulle te dryf. |
Kyk, 7ek, Paulus, sê vir julle cdat 8as julle jul laat besny, 9Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.
| c Hand. 15:1. | 7 Naamlik wat ’n apostel is van Jesus Christus, nie vanweë mense of deur mense nie, maar deur God self daartoe beroep. Sien Gal. 1:1. Hy stel dus sy apostoliese gesag teen die aansien van die valse apostels.
8 Gr. as julle besny word, naamlik met die gedagte dat die besnydenis nog noodsaaklik is tot saligheid, en dat julle daardeur geregverdig sal word. 9 Dit is, dat julle dan geen deel het aan die geregtigheid van Christus nie, want diegene wat hulle eie geregtigheid wil oprig, is nie aan die geregtigheid van God onderworpe nie, Rom. 10:3. En diegene wat die besnydenis beskou as noodsaaklik, versaak daarmee dat Christus dit wat daardeur afgebeeld was, volbring het. |
En ek betuig dit weer aan elke mens 10wat hom laat besny, dat hy 11onder verpligting is om 12die hele wet te onderhou.
| 10 Gr. wat besny word, soos tevore in vers 2.
11 Dit is, dat hy hom daarmee verplig en verbind. 12 Dit is, die hele wet in alles volkome te onderhou om deur die wet geregverdig te word; omdat niemand dit doen of kan doen nie, is almal wat in die wet hulle geregtigheid soek, onderworpe aan die vloek, Deut. 27:26. Jak. 2:10. |
Julle wat 13geregverdig wil wees deur die wet, is 14losgemaak van Christus; julle het 15van die genade 16verval.
| 13 Gr. geregverdig word.
14 Gr. julle is verydel of nutteloos gemaak van Christus. Dit is, hoewel julle Christus se geregtigheid wil meng met die wet, so sal dit julle nie kan baat nie, omdat so ’n vermenging onmoontlik is, en die geregtigheid van Christus tot niet gemaak word, indien die geregtigheid deur die wet is, Gal. 2:21. 15 Dit is, van die guns van God, en derhalwe ook van God se weldade wat daaruit vloei, soos die kragtige roeping, die geloof, vergewing van sondes, regverdigmaking, heiligmaking en die ewige lewe. Want om deur die werke én deur die genade geregverdig te word, kan nie saam bestaan nie, Rom. 11:6. 16 Dit is, sou verval, indien julle deur die wet geregverdig wil word. Of hy sê dit nie ten opsigte van die ware gelowiges, wat nimmermeer van die genade van God geheel en al of finaal verval nie, 1 Petr. 1:5. 1 Joh. 3:9; maar hy sê dit ten opsigte van die geveinsdes, wat voorkom of hulle in die genade van God staan, en van wie gesê word dat hulle daarvan verval het, wanneer dit bekend en openbaar word dat hulle nooit in die genade van God gestaan het nie, 1 Joh. 2:19. |
Want 17óns 18verwag 19deur die Gees 20uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.
| 17 Naamlik gelowiges uit die Jode, aan wie die wet gegee was; hoeveel te meer behoort julle wat uit die heidene is en die wet nie gehad het nie, dan ook deur die geloof, en nie deur die wet nie, die geregtigheid te soek, Gal. 2:15, 16.
18 Dit is, vertrou dat ons die geregtigheid het, en die vrug daarvan, waarop ons nou hoop, sekerlik sal verkry, Rom. 8:24. Tit. 2:13. 19 Naamlik van God, wat hierdie vertroue in ons werk. 20 Naamlik in Christus, waarmee ons die verdienste van Christus aanneem. En nie uit die werke van die wet nie. |
dWant 21in Christus Jesus het nòg die 22besnydenis nòg die 23onbesnedenheid enige 24krag, maar 25die geloof wat 26deur die liefde e27werk.
| d Matt. 12:50. Joh. 15:14. 1 Kor. 7:19. 2 Kor. 5:17. Gal. 6:15. Kol. 3:11.
e 1 Thess. 1:3. |
21 Dit is, nou in die ryk van Christus onder die Nuwe Testament; om ’n Christen te wees.
22 Dit is, al die seremonies en voordele wat vroeër aan die Jode gegee was. 23 Dit is, om onbesny te wees, wat nie die saligheid bevorder of skaad nie. Sien Rom. 3:30. 24 Naamlik om regverdig te maak. 25 Naamlik het alleen die krag, as ’n instrument waardeur ons die geregtigheid van Christus aanneem en deelagtig word. 26 Dit is, deur betoning van die werke van die liefde tot God en die naaste. Waarmee die ware geloof onderskei word van die uiterlike belydenis van die geloof van die geveinsdes, wat ’n dooie geloof is en nie kan red nie. Sien Jak. 2:14, 20, 26. Met hierdie beskrywing beantwoord hy ook die lastering van die valse leraars wat leer dat die leer van die regverdigmaking deur die geloof alleen, sorgelose en goddelose mense maak. 27 Of: werkende en ywerig is. |
Julle 28het goed geloop: f29wie het julle verhinder om 30die waarheid 31gehoorsaam te wees?
| f Gal. 3:1. | 28 Naamlik in die wedloop van die ware geloof, dit is, deur vas te hou aan die regte leer van die regverdigmaking en van die Christelike vryheid. ’n Beeld geneem van diegene wat kompeteer op die baan. Sien 1 Kor. 9:24, 26. Filip. 3:14.
29 Dit is, julle in jul wedloop belemmer en as ’t ware gestop. Dit vra hy omdat hy hom verwonder oor hulle groot onstandvastigheid in die suiwere leer; en dadelik lê hy die grootste skuld hiervan op die valse leraars, om aan hulle te toon dat hy geglo het dat hulle uit swakheid, en nie uit boosheid nie, gesondig het; en om hulle só des te beter te win. 30 Naamlik van die regverdigmaking van die mense uit genade, deur die geloof, sonder die werke, Gal. 2:5. 31 Dit is, aan te neem, te glo, en standvastig daarin te bly. |
32Hierdie oortuiging kom nie van 33Hom wat julle roep nie.
| 32 Gr. Hierdie wysmaking, of oorreding, naamlik van die valse apostels, wat julle wysmaak en probeer om julle te laat glo dat die regverdigheid ook deur die wet is, en nie net deur Christus nie.
33 Naamlik God, of Christus. Sien Gal. 1:6. En is daarom nie goed nie, en kom ook nie met die waarheid ooreen nie. |
g34’n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
| g 1 Kor. 5:6. | 34 Sien oor hierdie beeld 1 Kor. 5:6. Deur hierdie suurdeeg kan verstaan word óf die valse leer self, soos in Matt. 16:6, 12, óf die mense wat hierdie leer bevorder het. Hoewel hulle min was, het hulle steeds groot skade aangerig om die hele gemeente mettertyd te verderf, en moet daarom des te meer vermy word. |
hEk vertrou van julle in die Here dat julle 35nie anders sal dink nie; maar 36die een wat julle in die war bring, sal 37die oordeel dra, 38wie dit ook mag wees.
| h 2 Kor. 2:3; 8:22. | 35 Naamlik as wat ek julle geleer het en weer in hierdie brief leer.
36 Dit is, met valse en vreemde leer julle gewetens onrustig maak en die vrede van die gemeente versteur. 37 Dit is, deur God regverdiglik en sekerlik gestraf word. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Matt. 23:14. 38 Dit is, wat daaraan skuldig is, van watter aansien hy ook sou mag wees. |
Maar ek, broeders, as ek 39nog 40die besnydenis verkondig, 41waarom word ek nog vervolg? Dan is i42die struikelblok van die kruis 43vernietig!
| i 1 Kor. 1:23. | 39 Naamlik soos ek gedoen het toe ek nog ’n Fariseër was, met die bedoeling om daardeur geregverdig te word.
40 Dit is, leer dat die besnydenis en die ander seremonies van die wet nodig is om tot die saligheid onderhou te word, soos die valse apostels my daarvan beskuldig. 41 Dit is, dat so ’n beskuldiging onwaar is, blyk uit die vervolgings wat die Jode my daagliks aandoen, en dit om geen ander rede nie, as dat ek leer dat die besnydenis en die ander seremonies deur Christus afgeskaf is. 42 Dit is, die aanstoot wat die Jode neem van die Christelike leer, waardeur geleer word dat Christus deur sy kruisiging en dood alleen ons van die vloek verlos, en die saligheid verkry het, 1 Kor. 1:23. 43 Dit is, sou ophou. |
kAg, as die wat julle 44opstandig maak, hulleself tog maar ook wou 45vermink!
| k Jos. 7:25. | 44 Dit is, in die war bring, soos in vers 10.
45 Of: afsny. Naamlik van die gemeente en die geselskap van die gelowiges. Dit wens hy uit ’n apostoliese ywer vir die eer van God en die saligheid van die mense, en nie uit ’n wraakgierige gemoed nie. Daarom is dit nie teenstrydig met die gebod van Christus nie, Matt. 5:44, ook nie met sy eie leer nie, Rom. 12:14. |
Want julle is 46tot vryheid 47geroep, broeders; l48gebruik net nie julle vryheid as 49’n aanleiding vir die vlees nie, maar 50dien mekaar deur die liefde.
| l 1 Kor. 8:9. 1 Petr. 2:16. Jud. vers 4. | 46 Sien vers 1.
47 Naamlik deur God en deur Christus. Sien vers 8. Gal. 1:6. 48 Tevore het hy hulle vermaan om standvastig te bly by die Christelike vryheid; hier vermaan hy hulle verder tot die regte gebruik daarvan. 49 Dit is, om hierdie vryheid te misbruik tot die volbringing van die vleeslike begeertes en tot ’n dekmantel vir die sonde, 1 Petr. 2:16. 50 Dit is, hoewel julle vry is van die diensbaarheid van die wet, moet julle egter steeds mekaar die dienste van die liefde betoon. Want hoewel julle vry is van die seremoniële wet, so is julle nie vry van die wet van die liefde nie, Rom. 13:8. 1 Petr. 2:17. |
mWant 51die hele wet word 52vervul in 53een woord, naamlik: nJy moet jou naaste liefhê soos jouself.
| m Rom. 13:8.
n Lev. 19:18. Matt. 22:39. Mark. 12:31. Jak. 2:8. |
51 Gr. al die wet, naamlik van die tweede tafel, waarin God aan ons voorskryf hoe ons ons moet gedra teenoor ons naaste. Sien Rom. 13:8.
52 Dit is, kortliks en opsommend soos in een hoofpunt saamgevat. Sien Lev. 19:18. Matt. 22:39. Rom. 13:8. 53 Dit is, in een gebod. Sien Deut. 4:13. |
Maar oas julle mekaar 54byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander 55verteer word nie.
| o 2 Kor. 12:20. | 54 Dit is, met twis, laster en onenigheid mekaar kwel en leed aandoen oor hierdie stuk van die Christelike vryheid.
55 Dit is, dat julle geloof nie deur julle getwis sal verswak nie, en die welstand, vrede en rus van die gemeente nie verbreek word nie. |
Die werke van die vlees en die vrug van die Gees.
MAAR 56ek sê: pWandel 57deur die Gees, 58dan sal julle nooit 59die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
| p Rom. 13:14. 1 Petr. 2:11. | 56 Naamlik, dit is wat ek wil sê. Sien Gal. 3:17; 4:1. Hy verklaar hier nader wat hy gesê het in vers 13, en wys die middel aan waardeur die misbruik van die vryheid vermy word.
57 Wanneer gees en vlees in mense teenoor mekaar gestel word, dan word deur die gees verstaan die deel van die mens wat deur die Gees wedergebore is, en deur die vlees die natuurlike verdorwenheid, wat die wedergeborenes nog aankleef. Sien Rom. 8:1. 58 Dit wys aan watter vrug daaruit sal volg, as ’n mens na die Gees wandel. Dít sal dan die middel wees om die misbruik van die vryheid te verhoed. Of: en volbring nooit die begeerlikheid van die vlees nie. 59 Dit is, die verkeerde gedagtes, geneenthede, neigings en luste van die verdorwe natuur, wat die wedergeborenes nog aankleef. |
qwant die vlees 60begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle 61staan teenoor mekaar, sodat julle 62nie kan doen wat julle 63wil nie.
| q Rom. 7:15, ens. | 60 Dit is, die verkeerde luste van die vlees stry teen die goeie luste, wat die Heilige Gees in die wedergeborenes verwek.
61 Dit is, is onderling teenstrydige luste. 62 Dit is, nie altyd kan volbring nie. 63 Naamlik volgens die goeie luste en begeertes wat die Heilige Gees in julle gewerk het; soos ook daarteenoor die begeerte van die Gees verhinder dat julle die luste van die vlees volbring, Rom. 7:19, ens. |
Maar as julle 64deur die Gees gelei word, dan is julle 65nie onder die wet nie.
| 64 Naamlik só dat die Gees en die goeie begeerlikhede, wat Hy in julle werk, die oorhand in julle het, sodat julle jul daardeur in God se weë laat lei.
65 Dit is, nie onder die dwang van die wet nie, wat deur vrees vir die dreiging van die wet ontstaan, ook nie onder die vloek van die wet nie, ook nie onder die juk van die seremonies nie. Want hierdie Gees, wat die wedergeborenes lei, is nie ’n gees van slawerny tot vrees nie, maar van aanneming tot kinders en van vryheid. Sien Rom. 8:15. Gal. 4:6. |
En rdie werke 66van die vlees 67is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, 68ongebondenheid;
| r 1 Kor. 3:3. Jak. 3:14. | 66 Dit is, wat die vlees of die verdorwenheid van ons natuur voortbring; en waarin die mens se verdorwe aard ’n behae het.
67 Dit is, is voldoende bekend, omdat ’n mens deur die insig van die natuur weet dat dit verkeerd, skandelik en oneerlik is. Of: kan nie verborge bly nie, hoeveel die mense ook probeer om dit te bedek. 68 Dit is, onkuisheid, wellustigheid, losbandigheid. |
afgodery, towery, vyandskap, twis, 69jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
| 69 Of: afguns. Dit is, wanneer ’n mens sy naaste misgun dat dit met hom goedgaan, of voordeel verkry tot skade van sy naaste. |
afguns, moord, dronkenskap, 70brassery en 71dergelike dinge, swaarvan ek julle 72vooraf sê, soos ek al 73vroeër gesê het, dat die 74wat sulke dinge doen, 75die koninkryk van God 76nie sal 77beërwe nie.
| s 1 Kor. 6:10. Ef. 5:5. Kol. 3:6. Openb. 22:15. | 70 Sien Rom. 13:13. Ef. 5:18.
71 Dit word daarby gevoeg, omdat daar nog baie meer is, en dit te lank sou neem om hulle almal op te noem. 72 Dit is, nie net as ’n leraar onderrig nie, maar ook as ’n profeet vooraf beslis verkondig en waarsku. 73 Naamlik in 1 Kor. 6:9, 10. Ef. 5:5. 74 Dit is, hierdie en dergelike werke van die vlees. 75 Naamlik die ryk van die heerlikheid; oftewel die ewige saligheid in die hemel. 76 Naamlik, tensy hulle hul van harte van sulke sondes bekeer. 77 Dit is, verkry en besit. Want hierdie ryk word nie verkry uit verdienste nie, maar uit genade, as ’n erfenis. Sien Matt. 19:26; 25:34. 1 Kor. 6:10. |
tMaar 78die vrug van die Gees is liefde, 79blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, 80getrouheid, sagmoedigheid, 81selfbeheersing.
| t Ef. 5:9. | 78 Dit is, die werke wat die Gees van God in die wedergeborenes werk; en waaruit die wedergeboorte geken word.
79 Naamlik deur die Heilige Gees, Rom. 14:17, wat ontstaan uit die sekerheid dat ons vrede met God het. 80 Dit is, getrou in die beloftes en bediening van sy amp. 81 Of: kuisheid, onthouding van onbehoorlike luste. |
vTeen 82sulke dinge 83is die wet nie.
| v 1 Tim. 1:9. | 82 Of: die mense wat sulke en dergelike deugde in hul lewe beoefen en laat blyk as vrug van die Gees.
83 Naamlik om daaroor te verdoem. Sien vers 18. |
xMaar 84die wat aan Christus behoort, 85het die vlees met sy 86hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
| x Rom. 6:6; 13:14. Gal. 2:20. 1 Petr. 2:11. | 84 Dit is, wat deur die ware geloof in Christus ingelyf is; wat opregte Christene is.
85 Dit is, is nie net skuldig om hulle verdorwe aard dood te maak, en dit nie oor hulle te laat heers nie; maar deur die krag van die Gees van Christus, wat hulle ontvang het, doen hulle dit ook inderdaad. 86 Naamlik nie die natuurlike nie, maar die wat teen die wet van God stry, wat voortkom uit die verdorwe aard van die mens, Rom. 1:24, 26. |
As ons deur 87die Gees lewe, laat ons ook 88deur die Gees wandel.
| 87 Dit is, deur die Heilige Gees uit die dood van die sonde opgewek tot ’n nuwe lewe.
88 Dit is, in ons lewe die leiding van die Heilige Gees volg, en sy voorheen vermelde vrugte voortbring, Rom. 8:5, ens. |
89Laat ons nie word 90soekers van ydele eer wat mekaar 91uittart en mekaar 92beny nie.
| 89 Die apostel vermaan nou verder die Galásiërs om van enkele besondere sondes te vlug en deugde na te streef. Dit is die rede waarom sommige die sesde hfst. hier begin.
90 Dit is, eergierig wees, om bo ander uit te steek, of om oor ander te heers. 91 Gr. roep, of uitlok, uitdaag, naamlik met veragting, smaadhede, skel, of dergelike. 92 Naamlik beny mekaar se deugde, toestande of geleenthede, wat gewoonlik uit eergierigheid voortkom, en daarmee gepaardgaan. |
Die evangelie maak vry van die wet.
MAAR 1ek sê: So lank as die erfgenaam 2’n kind is, verskil hy 3niks van ’n dienskneg nie, al is hy 4heer van alles;
| 1 Dit is, dit wat ek gesê het in Gal. 3:24, 25, naamlik dat die wet ons tugmeester is, verklaar ek nou met ’n ander beeld, ook geneem van menslike sake. Sien dergelike in 1 Kor. 5:6. 2 Kor. 9:6.
2 Dit is, nog onmondig en minderjarig is. 3 Naamlik wat die teenwoordige gebruik van die erfgoed betref, wat hy net so min mag aanraak en gebruik as ’n dienskneg, omdat hy hierin nog nie selfstandig is nie, maar onder ander staan. 4 Al behoort al die goedere van die erfdeel hom toe. |
maar hy staan 5onder voogde en bestuurders 6tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.
| 5 Dit is, onder die mag en die toesig van diegene wat vir die bestuur en versorging van sy goedere aangestel is. Sien oor hierdie woorde Matt. 20:8. Luk. 12:42; 16:1. 1 Kor. 4:1.
6 Die tyd van minderjarigheid is regtens bepaal; vaders kan dit ook deur hulle testament verkort of verleng, volgens hulle goeddunke. |
So was 7ons ook, 8toe ons kinders was, in 9diensbaarheid 10onder die eerste beginsels van die wêreld.
| 7 Naamlik Jode wat nou lede van die gemeente van Christus is.
8 Naamlik ten tyde van die Ou Testament, voor die koms van Christus. 9 Dit is, onderworpe en skuldig om te onderhou. 10 Gr. elemente; dit is, onder die seremonies, wat in uiterlike en aardse dinge bestaan, en as ’t ware die eerste aanleiding en die begin was van die saligmakende kennis. Sien Kol. 2:8. |
aMaar toe 11die volheid van die tyd gekom het, het God 12sy Seun uitgestuur, 13gebore 14uit ’n vrou, bgebore 15onder die wet,
| a Gén. 49:10. Dan. 9:24.
b Matt. 5:17. |
11 Dit is, die volwasse ouderdom van die gemeente, om uit hierdie voogdy gestel te word. Of: toe die tyd vervul was, wat God bestem het om sy Seun in die wêreld te stuur.
12 Naamlik Jesus Christus, wat van ewigheid af God se Seun was, voordat Hy Mens geword het, Ps. 2:7. Spr. 8:24. Miga 5:1. Hand. 13:33. 13 Gr. geword. 14 Dit is, uit die vlees en bloed van die maagd Maria, Luk. 1:31; 2:7. 15 Dit is, Christus het Hom nie net aan die seremoniële wet onderwerp nie, maar ook aan die sedewet, wat Hy volmaak vir ons onderhou het, die vloek daarvan op Hom geneem, en ons daarvan verlos het, 2 Kor. 5:21. |
om 16die wat onder die wet was, 17los te koop, csodat ons 18die aanneming tot kinders kan ontvang.
| c Joh. 1:12. Gal. 3:26. | 16 Dit is, wat onder die juk was van die seremoniële wet, en ook onder die vloek en die skerp gehoorsaamheid van die sedewet, waarvan hy in hierdie hoofstuk ook spreek. Sien vers 21.
17 Gr. uit te koop, naamlik deur vir hulle ’n volkome losprys vir hul sondes te betaal. Sien Gal. 3:13. 18 Gr. as seuns ontvang. Daarom moes die Seun van God gestuur word om ons te verlos, sodat Hy die reg van seunskap, wat Hy van nature gehad het, vir alle gelowiges, nie net seuns nie, maar ook dogters, 2 Kor. 6:18, sou verkry en uit genade meedeel. |
dEn omdat 19julle 20kinders is, het God 21die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en 22Hy roep: 23Abba, Vader!
| d Rom. 8:15. | 19 Naamlik gelowige Galásiërs, wat tevore heidene was.
20 Naamlik van God, deur die Seun van God geword, en om sy ontwil deur God tot kinders aangeneem, wat tevore kinders van die toorn en vyande van God was, sien Rom. 5:10. Ef. 2:12, en nou die reg en die vryheid van God se kinders geniet, wat gestel is buite die voogdy van die wet, en bevry is van die vloek daarvan. 21 Dit is, die Heilige Gees, wat julle as ’n onderpand in jul harte verseker van hierdie genadige aanneming tot kinders, en van die erfenis wat die kinders toekom, 2 Kor. 1:22; 5:5. Ef. 1:13. 22 Dit is, ons roep deur Hom, Rom. 8:15. Dit is, Hy werk deur ons, dat ons vrymoediglik en met sekerheid tot God roep. Sien dergelike spreekwyse in Rom. 8:26. 23 Sien die verklaring hiervan in Rom. 8:15 se kanttekening. |
Daarom is 24jy 25nie meer 26dienskneg nie, maar 27kind; en as jy kind is, dan ook 28erfgenaam van God 29deur Christus.
| 24 Naamlik wat nou in Christus glo.
25 Naamlik soos tevore. 26 Naamlik wat onder die voogdy en diensbaarheid van die wet staan. 27 Naamlik kind van God, wat nou tot volwasse leeftyd gekom het en sodoende van die genoemde voogdy onthef is. 28 Sien oor hierdie besluit Rom. 8:17. 29 Naamlik wat hierdie erfenis vir ons verdien en verkry het, en wie se mede-erfgename ons sal wees, Rom. 8:17. |
Maar destyds, 30toe julle God nie geken het nie, het julle 31dié 32gedien e33wat van nature geen gode is nie;
| e 1 Kor. 8:4. | 30 Dit is, toe julle nog in die heidendom was, en geen kennis van die ware God gehad het nie.
31 Dit is, die afgode. 32 Naamlik as slawe en diensknegte van die afgode. 33 Dit is, waarlik en wesenlik, maar slegs volgens goeddunke deur die verdigsels van mense, Jer. 10:11. |
maar nou dat julle 34God ken, 35of liewer deur God 36geken is, f37hoe keer julle 38weer terug 39tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle 40weer 41van voor af aan 42wil dien?
| f Kol. 2:20. | 34 Dit is, die ware God, wat van nature en in sy wese God is.
35 Die apostel voeg dit daarby om aan te toon dat hulle hierdie kennis nie uit hulleself, deur die helderheid van hul verstand, besit nie, maar deur die genade van God, waardeur Hy aan hulle geopenbaar is en hulle tot hierdie kennis gebring het. 36 Naamlik deur die wat aan Hom behoort. Sien Matt. 7:23. 2 Tim. 2:19. Dit is, vir wie God alleen uit barmhartigheid verwerdig het om met sy kennis te verlig. Sien ook 1 Kor. 8:3; 13:12. 37 Dit is, moet julle nie terugkeer nie. 38 Naamlik van die een diensbaarheid tot die ander; van die diensbaarheid van die afgode tot die diensbaarheid van die seremonies. 39 Dit is, tot die seremonies en leer van die wet, wat geen mag het om julle daardeur te regverdig nie. Sien Hebr. 7:18, 19. 40 Naamlik soos julle tevore die afgode gedien het. 41 Of: van bo af. 42 Dit is, julle weer tot diensbaarheid daartoe begewe, omdat julle naamlik die leer van die valse apostels wil volg. |
g43Julle 44neem 45dae en 46maande en 47tye en 48jare waar.
| g Rom. 14:5. Kol. 2:16. | 43 Hier beskryf die apostel enkele soorte van die genoemde elemente of eerste beginsels, aangaande die onderhouding van die Joodse feesdae. Sien Rom. 14:5.
44 Naamlik volgens die manier van die Jode, om daarmee aan God diens te bewys, en daardeur geregverdig te word. 45 Dit is, die sabbatte, een maal elke week, Ex. 20:8. Kol. 2:16. Naamlik vir soveel dit seremonieel en aan die Jode eie was. 46 Dit is, die feeste van die nuwe maande, Núm. 28:11. 47 Dit is, die groot jaarlikse feeste van pasga, pinkster en hutte, Ex. 23:15, 16, ens. 48 Dit is, die sewende en ook die vyftigste jaar, Ex. 23:10. Lev. 25:4, 6, 10, ens. |
Ek vrees vir julle dat ek miskien 49tevergeefs aan julle gearbei het.
| 49 Dit is, sonder vrug; dat al my arbeid en moeite wat ek aangewend het om julle tot Christus te bekeer, vrugteloos sou wees, en nie die einddoel, naamlik julle saligheid, sou bereik, indien julle deur die wet geregverdig wil word nie. |
Broeders, 50ek bid julle, word 51soos ek, want 52ek is ook soos julle. Julle het 53my geen onreg aangedoen nie;
| 50 Dit is, as ek julle nie met bestraffing kan beweeg nie, word dan beweeg deur my vriendelike vermaning dat julle by die waarheid van die evangelie sal bly.
51 Naamlik wat vroeër ook baie vir die wet geywer het, maar daarna, toe ek Christus reg leer ken het, al daardie uiterlike seremonies verwerp en skade geag het, Filip. 3:7, 8. 52 Naamlik soos ek vroeër was, toe ek immers so baie vir die Jodedom geywer het, soos julle ook sou mag doen, Gal. 1:14. Ander verstaan dit as die positiewe gesindheid wat Paulus vir hulle gekoester het; en dat hy hulle hier vermaan dat hulle hom dieselfde gesindheid sal koester. 53 Dit is, wat my persoon aangaan, het julle vir my geen rede gegee dat ek julle so skerp uit toorn of weerwraak sou bestraf nie. En daarmee wil hy stilswyend aanwys dat hulle Christus hierin onreg aangedoen het. |
maar 54julle weet dat ek 55ten gevolge van krankheid van die vlees 56die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;
| 54 Naamlik, dit is só ver van die waarheid af dat julle my onreg aangedoen het, dat, soos julle weet, julle aan my, toe ek die evangelie by julle verkondig het, die meeste eer en liefde getoon het wat ’n mens kan doen.
55 Dit is, in ’n nederige en slegte staat, sonder uiterlike praal. Of: met baie verdrukkinge, smaadhede, moeite, haat en gevare, wat my uiterlik oorgekom het. Sien 1 Kor. 2:3. 2 Kor. 11:30; 12:9. 56 Dit is, toe die evangelie die eerste keer deur my aan julle, terwyl julle nog heidene was, verkondig was. Sien Hand. 16:6; 18:23. |
en julle het 57my beproewing 58in my vlees nie 59verag of 60verfoei nie, maar julle het my ontvang h61as ’n engel van God, i62ja, as Christus Jesus.
| h Mal. 2:7.
i Matt. 10:40. Joh. 13:20. |
57 Of: my versoeking, dit is, my verdrukkinge – wat hy tevore swakheid genoem het – waardeur God my geloof en getrouheid wou beproef.
58 Dit is, wat my uiterlik aangedoen is. 59 Gr. as niks geag nie. 60 Gr. uitgespoeg, dit is, julle het julle nie daaroor geërger nie, of: julle is nie daardeur afgewend om die evangelie nie aan te neem, my leer te verag of te verwerp nie. 61 Dit is, asof ek een van die heilige engele en diensbare geeste was. Of: as ’n gesant van God; want dit is ook wat die woord engel beteken. 62 Dit is, nie as ’n dienaar van Christus nie, maar asof ek die Here self was. Die apostel wil hiermee aanwys dat dit groot skande vir die Galásiërs sou wees, indien hulle hom, aan wie hulle tevore sulke eer en liefde betoon het, so ligvaardig sou verlaat, en die valse apostels volg; in plaas daarvan dat hulle in die vorige behoort te volhard. |
63Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, 64as dit moontlik was, 65jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het.
| 63 Dit is, hoe salig het julle jul toe geag! Sien oor hierdie woord Rom. 4:9.
64 Naamlik dat ’n mens iemand met die uitgrawe en gee van sy oë ’n diens sou kan bewys. 65 Dit is, julle sou alles wat vir julle die allerkosbaarste en aangenaamste is, vir my gegee het. Sien Matt. 5:29. |
Het ek dan 66julle vyand geword deur julle 67die waarheid te vertel?
| 66 Naamlik soos ek deur die valse apostels gelaster word. Of: soos mense sou meen dat ek hierdie skerp bestraffing uit haat of vyandskap sou gegee het.
67 Naamlik tot julle beswil en saligheid; want dit is nie ’n werk van vyande nie, maar van vriende. Sien Spr. 27:6. |
k68Hulle ywer vir julle is 69nie goed nie, maar hulle wil 70ons 71buitesluit, sodat julle 72vir hulle kan ywer.
| k Rom. 10:2. 2 Kor. 11:12. | 68 Dit is, die valse leraars, wat probeer om julle te verlei, maak wel asof hulle groot ywer gehad het om julle tot die saligheid te bring, of groot geneentheid vir julle gekoester het.
69 Dit is, met geen ware nie, maar met ’n geveinsde ywer of geneentheid. 70 Naamlik die ware apostels en leraars. 71 Naamlik dat julle ons nie meer sou hoor, volg of aanhang nie. Ander lees: julle insluit, dit is, julle as ’t ware in ’n gevangenis toesluit, en aan hulle onderwerp. 72 Dit is, hulle met ’n ywer en groot geneentheid volg en aanhang. |
Dit is goed as daar 73altyd geywer word 74in ’n goeie saak en nie alleen 75wanneer ek by julle teenwoordig is nie,
| 73 Dit is, met ’n ywer wat altyd standvastig bly en nie ophou nie.
74 Dit is, oor ’n goeie saak; want daar is tweërlei ywer, ’n goeie, wat hier beskryf word, en ’n verkeerde, wat gebeur oor ’n slegte saak wat ’n mens as goed beskou, en wat daarom met onkunde gemeng is. Sien Rom. 10:2. 75 Naamlik toe julle met so ’n ywer en geneentheid jeens my en my leer aangevuur was; daarin moes julle gebly het, hoewel ek nie nou by julle is nie. |
l76my kinders, 77vir wie ek weer in barensnood is totdat 78Christus in julle 79’n gestalte verkry.
| l 1 Kor. 4:15. Fil. vers 10. Jak. 1:18. | 76 Naamlik wat ek deur die evangelie gebaar het, 1 Kor. 4:15.
77 Dit is, wat julle eers met baie moeite en arbeid uit die heidendom tot Christus bekeer het, en vir wie ek nou weer groot arbeid en moeite sal moet aanwend, om julle opnuut van hierdie dwalings van julle terug te bring. 78 Dit is, die saligmakende kennis van Christus. 79 Dit is, soos ’n moeder haar kind so lank dra, totdat dit ’n volmaakte gestalte gekry het, en dit dan baar, net so sal ek nie ophou om te arbei nie, totdat julle in die regte kennis van Christus bevestig sal wees. |
Sara en Hagar, voorbeelde van die twee verbonde.
EN ek sou wens om nou by julle 80teenwoordig te wees en my 81stem te verander, want ek is 82buite raad met julle.
| 80 Naamlik om my liefde vir julle des te beter te betoon, en julle breedvoeriger oor alles te kan onderrig, as wat deur skryf kan gebeur.
81 Dit is, my woorde en redes te voeg na die geleentheid van elkeen, of om julle oor die sake nou vriendeliker, dan skerper aan te spreek. 82 Dit is, ek weet nie hoe ek dit met julle het nie, of ek goed of sleg van julle moet verwag; of waarop hierdie afwyking van julle sal uitloop, of hoe ek julle weer daarvan op die beste manier terug sal bring. |
83Julle wat onder die wet wil wees, 84sê vir my, 85luister julle nie na die wet nie?
| 83 Dit is, wat deur die werke van die wet en die onderhouding van die seremonies probeer om geregverdig te word.
84 Dit is, antwoord my ’n slag op dit wat ek vir julle uit die wet self sal voorhou. 85 Dit is, wil julle jul nie aan die wet onderwerp nie, deur aan te neem wat in die wet en boeke van Moses geskryf staan? Naamlik dat die wet self diegene van die erfenis uitsluit wat slawe van die wet is, soos in die volgende verse bewys word. Die woord wet word hier in tweërlei betekenisse gebruik, soos in Rom. 3:21. |
86Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, m87een uit 88die slavin nen 89een uit 90die vrye.
| m Gén. 16:15.
n Gén. 21:2. Hand. 7:8. Hebr. 11:11. |
86 Naamlik in die wet van Moses, Génesis 11-22.
87 Naamlik Ismael. 88 Naamlik Hagar. 89 Naamlik Isak. 90 Naamlik Sara. |
oMaar die een uit die slavin is gebore 91na die vlees, en die ander een uit die vrye 92deur die belofte.
| o Joh. 8:39. Rom. 9:7. | 91 Dit is, na die krag, werking en gang van die natuur. Want Hagar was nog jonk toe sy haar seun ontvang het, en Abraham nog daartoe in staat om kinders te verwek.
92 Naamlik gebore is deur die bonatuurlike werking van God, deur God aan Abraham beloof, Gén. 18:10. Want Sara was onvrugbaar en negentig jaar oud, en Abraham honderd, albei na die natuur onbekwaam om kinders voort te bring, Gén. 17:17. Rom. 4:19. |
Dit is 93sinnebeelde, want 94dié vroue 95staan 96vir twee verbonde: 97een, 98van die berg Sinai afkomstig, 99wat vir die slawerny kinders baar — 100dit is Hagar;
| 93 Gr. allegoroumena, dit is, wat wel ’n ware gebeurtenis of geskiedenis is, maar benewens dit ook iets anders beteken, as synde voorbeelde of afbeeldings van geestelike sake; soos ook die koperslang, Joh. 3:14, die huwelik van Adam en Eva, Ef. 5:32, die deurgang van die Israeliete deur die Rooi See, 1 Kor. 10:1, 2, en die sondvloed, 1 Petr. 3:20.
94 Naamlik, Sara en Hagar. 95 Dit is, dui op, beteken, beeld af. ’n Sakramentele spreekwyse. Sien Gén. 41:26, 27. Matt. 26:26. 96 Naamlik die ou verbond van die wet, waarin beloof word dat diegene wat die wet volkome onderhou, die saligheid daardeur sal verkry; en die nuwe verbond van die evangelie, waarin die ewige lewe beloof word aan die sondaars wat in Christus glo. Sien Jer. 31:31, ens. Hebr. 8:8-10. 97 Naamlik die verbond van die wet. 98 Dit is, wat sy oorsprong van daar het, waar dit deur God aan die volk voorgehou is deur middel van Moses, en deur die volk aangeneem is. 99 Dit is, deur kinders voort te bring wat onder die slawerny is. Want die wet eis van die mense ’n volkome gehoorsaamheid, of by gebrek daaraan verkondig dit aan hulle die vloek. 100 Dit is, wat deur die slavin Hagar afgebeeld is, wat, terwyl sy self ’n slavin was, uit die huis verdryf is, en wie se kinders nie saam met die seuns van die vrye erwe nie, Gén. 21:10. Want diegene wat uit ’n slavin gebore word, is ook slawe en geen erfgename nie. |
want 101Hagar 102staan vir die berg Sinai 103in Arabië en 104kom ooreen 105met die 106teenswoordige Jerusalem en is 107met haar kinders saam 108in slawerny.
| 101 Dit is, hierdie verbond, wat deur Hagar afgebeeld is. Of: hierdie woord Hagar.
102 Dit is, word ook Sinai genoem. Want die berg wat ons Sinai noem, word, soos sommige meen, deur die Arabiere Hagar genoem, en na aanleiding daarvan word die Arabiere ook Hagareners genoem, 1 Kron. 5:10, 19. Ps. 83:7. Of: is ’n afbeelding van Sinai, en van die verbond van die wet, wat op die berg Sinai gegee is. 103 Dit is, geleë in die woestyn van Arabië, waarheen Hagar saam met haar seun Ismael gevlug het toe sy uit die huis van Abraham verdryf was, en het daar vir Ismael ’n Egiptiese vrou geneem, Gén. 21:14, 20, 21. 104 Naamlik dieselfde verbond, dit is, het dieselfde gelykenis en eenheid. 105 Dit is, met die Joodse sinagoge of godsdiens, wat binne Jerusalem die oorhand en sy setel het. 106 Naamlik die Jerusalem ná die koms van Christus, deur wie al die seremonies vervul en afgeskaf is; en wat ewenwel daaraan vashou dat die onderhouding van die seremonies steeds noodsaaklik is vir die saligheid. 107 Dit is, met almal wat hierdie godsdiens aanhang, en deur die verbond van die wet hulle saligheid soek. Daarom word dit tereg met Hagar en haar seun vergelyk; en sal ook soos Hagar met haar seun van die erfenis uitgesluit word. 108 Of: want dit is met haar kinders saam in slawerny, dit is, dit dra nog die juk van die seremonies, en soek daardeur die saligheid. |
pMaar 109Jerusalem daarbo 110is vry; en dit is die 111moeder 112van ons almal.
| p Openb. 21:2. | 109 Dit is, die ware Christelike kerk en godsdiens, wat haar saligheid soek, nie deur die eerste verbond van die wet, naamlik deur die werke van die wet nie, maar deur die tweede verbond van die evangelie, naamlik deur die verdienste van Christus met ’n ware geloof aan te neem; dit het sy oorsprong van die hemel, deur die kragtige roeping van die Heilige Gees. Sien Hebr. 12:22. Openb. 3:12; 21:10.
110 Naamlik van die diensbaarheid en vloek van die wet; en word tereg met Sara en Isak, wat vrye persone was, vergelyk; daarom sal dit ook die erfenis van die hemel beërf. 111 Soos Sara die moeder van Isak was, wat die erfgenaam van sy vader was, omdat hy uit ’n vrye moeder gebore was. 112 Naamlik gelowiges, sowel Jode as heidene, wat hulle saligheid in Christus alleen soek. |
113Want daar is geskrywe: qVerbly jou, 114onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want 115die kinders van die eensame is 116meer as van haar 117wat ’n man het.
| q Jes. 54:1. | 113 Naamlik in Jes. 54:1. Die apostel bevestig hierdie afgebeelde onderskeid tussen die twee verbonde, volke en gemeentes, van die wet en van die evangelie, met die getuienis en voorsegging van die profeet Jesaja, sodat dit nie sou voorkom of hy hierdie toepassing buite die Skrif om gedoen het nie.
114 Dit is, gemeente van diegene wat hul saligheid slegs in Christus soek, wat ten tyde van Christus min in geval was, sodat dit voorgekom het of sy geen kinders gehad het nie; wat ook daarin uitgebeeld word, soos die profeet sê, dat sy geen barensnood het nie en eensaam is. 115 Dit is, lidmate van die eensame. 116 Waardeur vooruit aangekondig word die groot menigte van diegene wat hulle uit die Jodedom, en vernaamlik uit die heidendom, na hierdie gemeente sal begeef, wat ná Christus se hemelvaart gebeur het. 117 Dit is, die Joodse kerk of sinagoge, wat daarop geroem het dat slegs hulle God se gemeente en eiendom is, en baie aanhangers gehad het. |
rMaar 118ons, broeders, is 119soos Isak, 120kinders van die belofte;
| r Rom. 9:7, 8. | 118 Naamlik wat ons saligheid nie deur die wet nie, maar deur die geloof in Christus soek.
119 Gr. volgens Isak, dit is, volgens die voorbeeld van Isak, naamlik soos Isak uit krag van die belofte, bo die krag van die natuur, terwyl hy uit ’n vrye moeder gebore is, erfgenaam was van sy vader se goed, so sal ook almal wat deur die ware geloof die beloftes van die evangelie aanneem, as vrye kinders van God, die hemelse erfenis deelagtig word. 120 Dit is, aan wie die erfenis van die ewige lewe toegesê is, en dit deelagtig sal word. |
maar soos 121destyds hy wat 122na die vlees gebore is, hom wat 123na die Gees was, s124vervolg het, 125so is dit nou ook.
| s Gén. 21:9. | 121 Naamlik ten tyde van Abraham.
122 Naamlik Ismael. Sien vers 23. 123 Dit is, Isak, wat gebore was uit krag van die belofte van God, wat deur sy ouers aangeneem is met ’n ware geloof, wat die Gees van God in hulle gewerk het. 124 Naamlik met bittere bespotting. Sien Gén. 21:9. 125 Naamlik so word die gelowiges, wat hul saligheid alleen in Christus soek, soos Isak, steeds vervolg deur die Joodse sinagoge, wat deur die wet salig wil word, waarvan Ismael ’n voorbeeld was. Daarmee vermaan hy die gelowiges tot lydsaamheid en standvastigheid. |
Maar 126wat sê die Skrif? t127Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.
| t Gén. 21:10. | 126 Dit is, let tog goed op wat die Heilige Skrif in hierdie geskiedenis nog verder sê.
127 Deur hierdie uitwerping van Hagar en Ismael uit die huis van Abraham is ook afgebeeld dat almal wat probeer om deur die verbond van die wet salig te word, net so uit die huis van God uitgewerp sal word, en die erfenis van die ewige lewe nie sal verkry nie. Maar dat die wat uit die geloof in Christus is, daarin sal bly en alleen salig word. |
Daarom, broeders, 128ons is nie kinders 129van die slavin nie, maar 130van die vrye.
| 128 Naamlik wat die saligheid alleen in Christus soek en nie in die wet nie.
129 Naamlik van Hagar, dit is, van die verbond van die wet, waarvan Hagar ’n voorbeeld was, wat nie sal erf nie, maar uitgewerp sal word. 130 Naamlik van Sara, dit is, van die genadeverbond van die evangelie, waarvan Sara ’n voorbeeld was, wat die erfenis sal verkry. |
Die wet is onmagtig om te red, maar dit lei na Christus en die geloof.
o, 1ONVERSTANDIGE Galásiërs, awie het julle 2betower om 3die waarheid nie 4gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus 5afgeskilder is as onder julle 6gekruisig?
| a Gal. 5:7. | 1 Of: dwase, onwyse. Hy noem hulle so om aan te toon dat hy aanvaar dat hulle dit meer uit onbesonnenheid of onversigtigheid gedoen het as uit boosheid, sien dergelike in Luk. 24:25, waarmee hy dus nie teen die leer van Christus ingaan nie, Matt. 5:22. Sien ook 1 Kor. 15:36.
2 Dit is, die oë van julle verstand só verblind, dat julle die regte waarheid nie kan sien nie, soos die goëlaars die uiterlike oë van die mense betower dat hulle meen om te sien wat hulle nie sien nie. Hy vergelyk dus hierdie valse leraars met goëlaars, en gee hulle, wat soos bedrieërs die eenvoudiges met mooipraat en listighede verlei, die meeste skuld vir hierdie verleiding. 3 Naamlik van die evangelie, dat die mens voor God geregverdig word deur die geloof; waaroor gespreek is in Gal. 2:5, 14. 4 Dit is, aan te neem en te glo. 5 Of: voorgeskilder, dit is, so helder deur my prediking aan julle voorgehou, asof dit in ’n tafereel geskilder of voorgeskryf was. 6 Dit is, oor wie se kruisiging, asook oor die oorsake en vrugte daarvan – dat ons naamlik daardeur van die vloek van die wet en die diensbaarheid van die seremonies verlos is – ek julle so oorvloedig en duidelik geleer het, asof Hy self voor julle oë gekruisig was. |
7Dit alleen wil ek 8van julle weet: het julle 9die Gees ontvang uit die werke van die wet of 10uit die prediking van die geloof?
| 7 Naamlik uit soveel ander sake, wat julle sou kan oortuig van julle dwalings.
8 Dit is, antwoord my slegs op hierdie saak. Nie dat hy dit nie sou geweet het nie, maar hy sê dit om aan te toon dat hy met hulle eie antwoord hierop tevrede sal wees. 9 Dit is, die gawes van die Heilige Gees, soos daar is die Gees van wedergeboorte, van heiligmaking, en van aanneming tot kinders. 10 Gr. uit die gehoor, dit is, uit die prediking van die leer van die evangelie. Sien Jes. 53:1. Joh. 12:38. Rom. 10:16. |
Is julle so 11onverstandig? Nadat julle 12met die Gees 13begin het, eindig julle nou 14met die vlees?
| 11 Of: onwys, dwaas.
12 Dit is, met die genade en leer van die geloof, wat die Heilige Gees werk. 13 Naamlik toe julle eers tot Christus bekeer is, om deur Hom die saligheid te soek. 14 Dit is, met die werke van die wet en met die seremonies, wat uitwendig gedoen en gesien word; wat die valse leraars die Galásiërs geleer het. |
Het julle 15verniet 16so baie gely? 17As dit maar verniet was!
| 15 Dit is, sonder vrug en vergelding, wat sou gebeur as julle weer van die leer sou afwyk.
16 Naamlik vervolging, versmaadheid en onreg vanweë die saak en leer van Christus. 17 Dit is, mag dit ver daarvandaan wees dat so iets sou gebeur, met die hoop dat hulle so iets nie sou wedervaar nie. Of: as dit maar net daarby gebly het, en dat julle nie vanweë julle afwyking nog ander swarighede te wagte sou wees nie. |
Hy wat julle dan 18die Gees verleen en 19kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of 20uit die prediking van die geloof?
| 18 Dit is, die geestelike gawes. Sien vers 2.
19 Dit is, wonderwerke. Sien 1 Kor. 12:10, 28. 20 Sien vers 2. |
bNet soos 21Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
| b Gén. 15:6. Rom. 4:3. Jak. 2:23. | 21 Sien oor hierdie voorbeeld Gén. 15:6. Rom. 4:3, ens. |
22Julle verstaan dan dat die 23wat uit die geloof is, hulle is 24kinders van Abraham.
| 22 Of: Verstaan dan, ens.
23 Dit is, wat hulle geregtigheid soek in Christus deur die geloof. 24 Naamlik geestelike kinders, nie volgens die vlees nie, maar volgens die belofte. Sien vers 29. Joh. 8:39. Rom. 4:11; 9:6-8. Soos die vader geregverdig is, so word ook die kinders geregverdig, omdat daar slegs een manier is om geregverdig te word, naamlik deur die geloof in Christus. Sien Rom. 3:30. |
En 25die Skrif wat 26vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het 27vooraf aan Abraham 28die evangelie verkondig met die woorde: c29In jou sal al die 30volke 31geseën word.
| c Gén. 12:3; 18:18; 22:18; 26:4; 49:10. Hand. 3:25. | 25 Dit is, die Heilige Gees, wat in die Heilige Skrif spreek.
26 Naamlik in Gén. 12:3. 27 Naamlik ook selfs in die Ou Testament. 28 Gr. vooraf geëvangeliseer. 29 Dit is, in die saad, wat aan jou beloof is en uit jou sal voortkom, naamlik Christus, soos in vers 16 verklaar word. Sien ook Gén. 22:18. 30 Dit is, sowel heidene as Jode. 31 Dit is, geregverdig en salig word. |
Sodat die wat uit die geloof is, geseën word 32saam met die gelowige Abraham.
| 32 Dit is, op dieselfde manier as wat die gelowige Abraham geseën of geregverdig was. Sien verse 6, 7. |
Want almal wat 33uit die werke van die wet is, 34is onder die vloek; want 35daar is geskrywe: dVervloek is 36elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet 37om dit te doen nie.
| d Deut. 27:26. | 33 Dit is, wat hulle regverdigheid en saligheid soek deur die onderhouding van die wet van Moses.
34 Naamlik omdat hulle die wet nie volkome onderhou nie, en daarom nie die seëning of regverdigmaking deur die wet kan verkry nie. Want seën en vloek is in stryd met mekaar. 35 Naamlik in Deut. 27:26. 36 Die apostel volg hier die Griekse vertaling, omdat dit die betekenis van die Hebreeuse grondteks baie goed weergee, hoewel die woorde elkeen en alles nie daar staan nie. 37 Naamlik volmaak in alle dele, en op die wyse wat God beveel. Daaruit blyk dat deur die werke van die wet hier nie net die werke van die seremoniële wet verstaan word nie, maar ook van die sedewet of tien gebooie. |
eEn dat niemand 38deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; fwant 39die regverdige sal uit die geloof lewe.
| e Rom. 3:20. Gal. 2:16.
f Háb. 2:4. Rom. 1:17. Hebr. 10:38. |
38 Gr. in die wet. Die apostel gebruik hierdie manier van spreek deur die wet, uit die wet, uit die werke van die wet, in die wet, in dieselfde betekenis.
39 Of: die regverdige uit die geloof sal lewe. Sien Rom. 1:17. |
Maar die wet 40is nie uit die geloof nie, maar gdie mens 41wat hierdie dinge doen, sal 42daardeur 43lewe.
| g Lev. 18:5. Eség. 20:11. Rom. 10:5. | 40 Want die wet belowe die lewe nie aan diegene wat uit die geloof geregverdig wil word nie, maar aan die wat die wet volmaak onderhou; wat hy bewys uit die belofte wat by die wet gevoeg word, Lev. 18:5. Eség. 20:11.
41 Of: gedoen sal hê; naamlik volmaak, soos in vers 10. 42 Dit is, deur so ’n volmaakte onderhouding van die wet. 43 Naamlik ewig, en sal gevolglik daardeur geregverdig word, indien hy die wet in alles volkome sou onderhou, wat nogtans niemand doen óf kan doen nie, Rom. 3:9, ens. |
hChristus het ons 44losgekoop 45van die vloek van die wet deur 46vir ons 47’n vloek te word — want 48daar is geskrywe: iVervloek is elkeen wat 49aan ’n hout hang —
| h Rom. 8:3. 2 Kor. 5:21.
i Deut. 21:23. |
44 Gr. uitgekoop uit die vloek. Want hierdie verlossing het plaasgevind deur betaling van ’n losprys vir ons, Matt. 20:28. 1 Tim. 2:6.
45 Dit is, van die straf – tydelike en ewige – waarmee die wet die oortreders dreig, en wat ons deur ons oortredings verdien het. 46 Dit is, in ons plek, as ons borg, Hebr. 7:22. 47 Dit is, het die toorn van God en die straf vir die sondes op Hom geneem, om dit te dra en daarmee aan God se straffende geregtigheid te voldoen. 48 Naamlik in Deut. 21:23. 49 Dit is, aan ’n kruis opgehang word. Sien Hand. 5:30. 1 Petr. 2:24. Dit moet nie so verstaan word dat almal wat gekruisig word, verdoem sou wees nie (want die teendeel blyk uit die voorbeeld van die bekeerde misdadiger, Luk. 23:43), maar omdat God hierdie manier van straf, wat die wreedste en smadelikste is, as ’n voorbeeld gestel het van die straf wat sy Seun, om ons van die vloek te verlos, sou moes ly. |
sodat 50die seën van Abraham 51na die heidene 52kan kom 53in Christus Jesus, en dat 54ons 55die belofte van die Gees 56deur die geloof kan ontvang.
| 50 Dit is, die genade van die versoening en van die regverdigmaking, asook die erfenis van die ewige lewe, wat aan Abraham en sy nageslag beloof was, Gén. 12:3; 22:18.
51 Of: na die volke; soos aan hom beloof was dat in hom alle volke geseën sou word, Gén. 12:3. 52 Dit is, sou afvloei, soos uit ’n fontein. 53 Dit is, deur Christus, as die geseënde saad wat aan Abraham beloof was, vers 16. 54 Sowel Jode as heidene. 55 Dit is, die geestelike belofte, nie van tydelike nie, maar van ewige goedere. 56 Dit is, deur Christus, aangeneem met ’n ware geloof. |
Broeders, ek spreek 57menslikerwys: kselfs ’n mens se 58testament 59wat bekragtig is, 60maak niemand tot niet of 61voeg daaraan toe nie.
| k Hebr. 9:17. | 57 Dit is, ek sal ’n voorbeeld gebruik wat aan menslike sake ontleen is. Sien Rom. 3:5. 1 Kor. 9:8.
58 Die Griekse woord diatheke word soms in die besonder gebruik vir ’n testament, Hebr. 9:17, soms in die algemeen vir enige verbond of kontrak tussen twee partye. Dit kan hier in albei betekenisse gebruik word. 59 Naamlik met onderlinge beloftes, ede, ondertekenings, verseëlings, of dergelike wyse wat by die mense gebruiklik is. 60 Dit is, behoort nie, en kan ook nie tot niet maak nie. 61 Gr. verordineer iets daarbenewens, naamlik deur daaraan af te doen, by te voeg, of te verander. |
lNou is 62aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy 63saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, 64dit is Christus.
| l vers 8. | 62 Dit is, so kan ook niemand die verbond, wat God met Abraham en alle gelowiges gesluit het, tot niet maak of verander nie. Waarin – aangesien die beloftes, wat God daarin van sy kant af gemaak het, nie gegrond is op die onderhouding van die wet nie, maar op Christus, die beloofde saad van Abraham – dit ook altyd vas en onveranderd moet bly, soos in die volgende vers breedvoeriger verklaar word.
63 Sien Gén. 22:18. Die woord saad word soms gebruik vir al die nakomelinge, soos in Gén. 15:18; 22:17, soms vir iemand besonders daaruit, soos in Gén. 4:25; 21:13. Dat dit hier in die tweede betekenis verstaan moet word, bewys die apostel hier, en hy leer dat die saad Christus is. Sien ook Gén. 13:15; 17:10. 64 Sien hiervan die bewys in die geslagsregisters van Christus, Matt. 1:1-16. Luk. 3:23-34, soos ook Isak ’n voorbeeld van Christus was, Gén. 21:12. Rom. 9:7. Hebr. 11:18. |
65Maar ek sê dít: 66die wet 67wat mvierhonderd-en-dertig jaar later gekom het, maak 68die verbond wat deur God 69in Christus 70vantevore bekragtig is, nie 71kragteloos om 72die belofte tot niet te maak nie.
| m Gén. 15:13. Ex. 12:40. Hand. 7:6. | 65 Dit is, dit wil ek sê met die voorgaande voorbeeld van menslike verbonde of testamente.
66 As iemand hierteen sou kon beswaar maak en sê: “Voordat die wet gegee was, was dit met die saak van God se verbond so gesteld, maar dat die verbond van God verander is toe die wet gegee is”, dan bewys die apostel hier dat so iets ook onwaar is. 67 Dit is, terwyl die wet soveel jaar daarna op die berg Sinai gegee is. Die begin van hierdie vierhonderd-en-dertig jaar moet gereken word vanaf die tyd toe God vir Abraham beveel het om uit sy land te trek, Gén. 12:1. Sien breedvoeriger hieroor Ex. 12:40. Hand. 7:6. 68 Dit is, dat die verbond van God dan veel meer vas bly, sonder verandering. 69 Naamlik omdat dit deur die dood van Christus as die Testamentmaker bekragtig sou word, Hebr. 9:15, dat Christus ook hierdie geestelike seëninge vir ons moes verdien deur ’n volkome voldoening vir ons sondes, waarvan die seremonies van die wet voorbeelde was; en dat ons dit nie anders deelagtig kan word, as deur die geloof in Christus nie. 70 Naamlik met eedswering, Gén. 12:2; 15:18; 17:4; 22:17. Hebr. 6:14, 15, ens., en met ander uiterlike tekens en seëls. 71 Of: onvas. Gr. die wet, ens., maak die verbond, ens., nie kragteloos nie. 72 Sien vers 16. |
nWant as 73die erfenis 74uit die wet is, dan is dit nie meer 75uit die belofte nie. Maar God het dit aan 76Abraham 77deur ’n belofte 78genadiglik geskenk.
| n Rom. 4:14. | 73 Naamlik van die ewige lewe, waarvan die erfenis van die land Kanaän ’n voorbeeld was.
74 Dit is, deur die volkome onderhouding van die wet verkrygbaar is. 75 Dit is, uit die geloof, waarmee die genade en seëning, in Christus beloof, aangeneem word. Want hierdie twee is teenstrydig met mekaar, en kan nie saam bestaan nie. Sien Rom. 11:6. 76 Dit is tevore bewys in vers 6, ens., en sodoende sal dan ook al Abraham se kinders die erfenis ontvang; omdat daar slegs een weg tot saligheid is. 77 Naamlik met ’n ware geloof aangeneem. 78 Dit is, sonder enige verdienste van sy kant, Rom. 4:13, 16. |
79Wat beteken die wet dan? oDit is 80bygevoeg 81weens die oortredinge, totdat 82die saad 83aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en 84dit is p85deur engele 86beskik 87deur tussenkoms q88van ’n middelaar.
| o Joh. 15:22. Rom. 4:15; 5:20; 7:8.
p Hand. 7:38, 53. q Deut. 5:5. Joh. 1:17. Hand. 7:38. |
79 Dit was ’n teëwerping van die valse leraars, naamlik indien die wet die mens nie regverdig nie, dat dit dan geen gebruik het nie, en tevergeefs gegee is.
80 Of: verordineer. 81 Naamlik om dit bekend te maak, Rom. 3:20; 5:20; 7:7, en daarvan te oortuig. 82 Naamlik daardie beloofde saad van Abraham, wat Christus is, sien vers 16; Hy is die einde van die wet, Rom. 10:4. 83 Naamlik van die erfdeel, dit is, dat Hy die Hoof van almal is wat erfgename sal wees, want dit is uit Hom, in Hom, en deur Hom dat ons almal die erfenis verkry en mede-erfgename met Hom word, Rom. 8:17. 84 Naamlik die wet. 85 Dit is, deur die diens van die engele; hoewel dit in die geskiedenis van die wetgewing nie vermeld word nie, kan dit nogtans uit ander plekke afgelei word, en was dit in die gemeente geglo. Sien Hand. 7:38, 53. Hebr. 2:2. 86 Of: verordineer. 87 Dit is, deur die diens. ’n Hebreeuse spreekwyse. Mal. 1:1. 88 Waardeur sommige Moses verstaan, wat God in die gee van die wet as ’n boodskapper en tussenganger tussen Hom en die volk gebruik het, Ex. 19:21. Ander verstaan Christus, deur wie God die volk Israel uit Egipte deur die woestyn gelei het, en tot Moses gespreek het op die berg Sinai, Hand. 7:38. 1 Tim. 2:5. |
En die middelaar is nie net 89vir een nie; maar God 90is een.
| 89 Dit is, vir een party nie, maar is altyd vir twee verskillende partye, om hulle te verenig.
90 Dit is, bly altyd dieselfde, sonder dat Hy verander word, nie net in sy wese nie, maar ook in sy wil, voorneme en besluite. Of: is een van twee partye. |
91Is die wet dan teen die beloftes van God? 92Nee, stellig nie! Want as daar ’n wet 93gegee was 94wat krag het om lewend te maak, 95dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.
| 91 Dit is ’n tweede teëwerping wat die valse apostels kan voorhou teen dit wat die apostel sopas gesê het, naamlik dat as die wet die oortredings oopvlek en verdoem, en die belofte dit bedek en vergewe, dit wil voorkom of hierdie twee teenstrydig is met mekaar.
92 Dit is, dit volg geensins daaruit nie. 93 Naamlik vir die doel dat die mens daardeur geregverdig sou word. Of: wat sodanig was dat die mens dit volkome sou kan onderhou. 94 Dit is, die mense regverdig verklaar, en die ewige lewe gee. 95 Dit is, as dit so was, sou die wet teenstrydig wees met die belofte. Maar dit is nie so nie, en daarom is hier geen teenstrydigheid nie. Sien Rom. 8:3. |
r96Maar 97die Skrif het alles ingesluit 98onder die sonde, 99sodat die belofte 100uit die geloof in Jesus Christus 101aan die gelowiges 102gegee kon word.
| r Rom. 3:9; 11:32. | 96 Naamlik, dit is ’n bewys dat die wet nie lewend of regverdig kan maak nie, omdat niemand die wet volmaak onderhou nie, maar alle mense daardeur oortuig word van sonde.
97 Dit is, die geskrewe wet, en die profete as verklaarders daarvan. 98 ’n Beeld geneem van misdadigers wat in die kerker toegesluit word om bewaar te word vir die straf. Sien dergelike in Rom. 11:32. 99 Dit is, die beloofde seëning en erfenis. 100 Dit is, deur die geloof in Christus, as deur ’n instrument waarmee die beloofde seëning aangeneem word. 101 Gr. aan hulle wat glo, naamlik in Christus; en nie aan die wat werk nie, dit is, wat deur die werke van die wet die geregtigheid soek, Joh. 3:16. Rom. 3:22; 4:4, 5. 102 Naamlik deur God, uit genade, verniet. |
Maar 103voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet 104in bewaring gehou, ingesluit 105met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
| 103 Dit is, voordat Christus, wat die fondament van die geloof is, waar die geloof op sien en steun, in die vlees gekom het. Sien vers 19.
104 Die Griekse woord beteken so ’n bewaring wat met soldate en wagte in ’n plek van sekerheid plaasvind. Die apostel gebruik hier weer dieselfde beeld as in die vorige vers, soos uit die volgende woorde blyk. Dit wil egter voorkom of die apostel hier ook na hierdie gebruik van die wet verwys, dat dit gedien het om die Jode daarmee van die ander volke as ’t ware af te skei en te bewaar. Sien Deut. 4:7. Ps. 147:19. E |