Statevertaling – Bybelstigting
Net een offerplek.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Dit is 1die saak wat die HERE beveel het:
| 1 Of: die woord. |
2Elkeen uit die huis van Israel wat ’n bees of ’n lam of ’n bok 3in die laer 4slag of dit buitekant die laer slag,
| 2 Hebr. Man man, dit is, elkeen, wie dit ook is; so ook in Lev. 15:2 en hierna, verse 8, 10.
3 Te verstaan as buite die voorhof van die tabernakel, soos die volgende vers uitwys. 4 Naamlik, om dit aan die HERE te offer; soos duidelik blyk uit vers 4. |
en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE ’n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie — 5as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man 6uitgeroei word onder sy volk uit;
| 5 Dit is, hulle sal hom aanspreeklik hou asof hy onskuldige bloed vergiet het. Sien die rede hiervoor in vers 11.
6 Sien Gén. 17:14 en Lev. 18:29 se kanttekeninge. |
sodat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle gewoon was om 7op die oop veld te offer, aan die HERE by die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan die HERE kan slag.
| 7 Hebr. op die aangesig van die veld. Dit het die Israeliete gedoen vóór die oprigting van die tabernakel, Ex. 5:3; 8:27. Dit het die HERE nou verbied en dit was strafbaar deur uitroeiing uit sy volk, verse 4, 9. |
Dan moet die priester die bloed teen die altaar van die HERE by die ingang van die tent van samekoms uitgooi en die vet aan die brand steek as a8lieflike geur vir die HERE.
| a Ex. 29:18. Lev. 4:31. | 8 Sien Gén. 8:21 se kanttekening. |
En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die 9veldduiwels agter wie hulle 10aan hoereer nie. Dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees vir hulle geslagte.
| 9 Die Hebreeuse woord beteken eintlik diegene wat ruig en harig is, soos bokke, en wat van tyd tot tyd in sodanige gestalte aan mense verskyn het, en deur die heidene afgebeeld en op godsdienstige wyse vereer was. Sien oor hulle ook 2 Kron. 11:15.
10 Dit is, waarmee hulle afgodery bedryf. Want soos ’n vrou hoereer deur haar liggaam aan iemand anders as haar wettige man beskikbaar te maak; so is die geestelike hoerery, wanneer ’n mens die liefde en eer wat hy aan God alleen verskuldig is, aan die afgode of enige skepsele uitwendig met die daad of inwendig met die hart toeken. Sien Ex. 34:15. Lev. 20:5, 6 en die kanttekening. Rig. 8:33. Eség. 16:16, 26; 23:8, 19, 21, ens. |
En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ’n brandoffer of ’n slagoffer bring,
en dit nie by die ingang van die tent van samekoms bring om dit vir die HERE te berei nie — dié man moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Verbod om bloed te eet.
EN elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, bwat maar enigsins bloed eet — teen die een wat die bloed eet, sal Ek 11my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.
| b Gén. 9:4. Lev. 3:17; 7:27; 19:26. Deut. 12:16, 23. 1 Sam. 14:33. | 11 Hebr. Ek sal my aangesig gee teen die siel, dit is, Ek sal op die mens toornig wees, sodat Ek teen hom sal staan en tot vyand sal wees, en my werk daarvan maak om regverdige straf en wraak teen hom uit te voer. So ook in Lev. 20:3; 26:17. Eség. 14:8, ens. |
Want die 12siel 13van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk 14versoening deur die siel.
| 12 Of: lewe.
13 Dit is, van die lewende dier. Sien Gén. 9:4 se kanttekening. 14 Dit is, versoening deur die bloed van die offerdier is bewerk ten koste van die lewe van die offerdier. Of: versoening vir die siel, naamlik op sakramentele wyse, omdat dit gewys het op die bloed van Jesus Christus, die onbevlekte Lam, wat op die altaar van die kruis vir die mense geslag moes word, Rom. 3:25. Kol. 1:20. Hebr. 9:12. |
Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, 15wat ’n stuk wild of ’n voël vang wat geëet mag word — hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;
| 15 Hebr. wat die jag van ’n stuk wild of ’n voël gejag het, dit is, deur jag gevang het. Vgl. hiermee Gén. 27:3 se kanttekening. |
cwant wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is 16met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want 17die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.
| c Gén. 9:4. | 16 Anders: in.
17 Sien vers 11. |
dEn elkeen wat aas 18eet of iets wat verskeur is, ’n kind van die land sowel as ’n vreemdeling, moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
| d Ex. 22:31. Lev. 11:40. Eség. 44:31. | 18 Naamlik deur onwetendheid of onversigtigheid, en nie met voorbedagte rade of opsetlik nie. Sien Lev. 11:40 se kanttekening. |
Maar as hy 19dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, moet hy 20sy ongeregtigheid dra.
| 19 Naamlik sy klere.
20 Sien Lev. 5:1 se kanttekening. |
Die groot versoendag.
EN die HERE het met Moses gespreek aná die dood van die 1twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;
| a Lev. 10:1, 2. | 1 Naamlik Nadab en Abíhu, vir wie die HERE gedood het, omdat hulle met vreemde vuur voor Hom verskyn het. Sien Lev. 10:1, 2. |
en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron bdat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die 2heiligdom nie, binnekant die 3voorhangsel, voor die 4versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek 5verskyn in die wolk op die versoendeksel.
| b Ex. 30:10. Hebr. 9:7. | 2 Hebr. heiligheid, wat heilig is, heilige plek. Verstaan hier en in verse 3, 17, 27 die Allerheiligste, die binneste plek van die tabernakel, te onderskei van die voorste deel, wat gewoonlik die Heilige genoem word. Sien Ex. 26:33, 34. Hebr. 9:2, 3.
3 Sien Lev. 4:6 se kanttekening. 4 Sien Ex. 25:17, 18, ens. 5 Naamlik gewoonlik en op ’n sigbare wyse; wat in jou ’n heilige vrees en eerbied moet opwek. Vgl. Ex. 3:5. 1 Kon. 8:11, 12 en die kanttekening. |
Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met 6’n jong 7bul as sondoffer en ’n ram as brandoffer.
| 6 Met die bloed van die geslagte bul, soos blyk uit vers 14.
7 Hebr. die seun van ’n bees. |
Hy moet ’n 8heilige linnerok aantrek en ’n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ’n linnegordel moet hy hom gord en ’n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is 9heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.
| 8 Hebr. die linnerok van heiligheid; so ook in die vervolg van hierdie vers klere van heiligheid, dit is, heilige klere, so genoem omdat dit tot ’n heilige gebruik afgesonder was; soos ook in Ex. 28:2. In dieselfde betekenis word ook ander dinge heilig genoem, Ex. 29:31; 30:25. Lev. 22:4. 2 Kron. 5:5.
9 Verstaan onder die klere wat hier genoem word ook die ander, wat omvattender beskryf word in Ex. 28:4, ens., en vgl. Ex. 28:43. |
En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.
Dan moet Aäron die sondofferbul wat cvir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy 10huis versoening doen.
| c Hebr. 7:27, 28. | 10 Dit is, huisgesin. Sien Gén. 7:1 se kanttekening. |
Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.
En Aäron moet oor die twee bokke die lot 11werp, een lot vir die HERE en een lot vir 12Asásel.
| 11 Hebr. gee. Naamlik, om te verneem watter een die HERE geslag wil hê as sondoffer, en watter een in die woestyn of in die veld weggestuur sou word.
12 Sommige verstaan onder hierdie woord ’n persoon, ander ’n plek. Die Hebreeuse woord kom volgens die mening van meeste van twee woorde af, waarvan die een bok beteken, die ander weggaan. Dit wil voorkom of dit dui op die lewende bok, wat losgelaat was om weg te gaan, of die plek of persoon waarheen hy weggestuur word. Sien hierdie woord ook in verse 10, 26. |
Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;
maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om 13oor hom versoening te bewerk deur hom 14vir Asásel in die woestyn te stuur.
| 13 Of: met hom, of: deur hom.
14 Sien vers 8 se kanttekening. |
Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,
en die vuurpan 15vol 16gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee 17handevol fyngestampte 18reukwerk van speserye en dit binnekant die 19voorhangsel bring.
| 15 Hebr. die volheid van die vuurpan. So ook hierna die volheid van die hande, dit is, handevol, en die volheid van die huis, vir: die huis vol, Núm. 22:18. Net so die volheid van ’n kom, vir: ’n kom vol, Rig. 6:38.
16 Hebr. kole van vuur, dit is, wat brandend, aangesteek en gloeiend is. So ook in 2 Sam. 22:13. Eség. 1:13. Rom. 12:20. 17 Hebr. volheid van vuiste. 18 Sien die beskrywing van hierdie reukwerk in Ex. 30:34, 35, 38. 19 Sien Lev. 4:6 se kanttekening. |
En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, 20kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.
| 20 Naamlik, sodat die priester daardeur verhinder word om die teken van die goddelike teenwoordigheid te sien. |
dEn hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger 21op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel.
| d Lev. 4:6. Hebr. 9:25; 10:4. | 21 Hebr. op die aangesig van die versoendeksel; so ook in die vervolg van hierdie vers. Hierdie besprinkeling het slegs een maal plaasgevind. Maar die ander een, wat op die plek voor die versoendeksel gedoen is, sewe maal. Sien Lev. 4:6. |
Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.
So moet hy dan vir 22die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede 23woon.
| 22 Wat dit behels om vir enige plek versoening te doen, word hier en in die 19de vers aangewys; naamlik om dit van die seremoniële en morele onreinhede, wat daaraan of daarin mog wees of begaan is, deur offers te reinig en te ontsondig. Vgl. Lev. 8:15; 14:49, 52, 53 en in hierdie hfst., verse 19, 20.
23 Dit is, teenwoordig is en bly in die midde van diegene wat baie onreinhede het. |
En niemand mag in die tent van samekoms wees as 24hy ingaan om in 25die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.
| 24 Naamlik die hoëpriester.
25 Die Allerheiligste, soos in vers 2. |
Dan moet hy na die 26altaar 27uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar 28stryk
| 26 Verstaan die brandofferaltaar, waarvan gesê word dat dit voor die aangesig van die HERE is om die rede wat in Lev. 1:3 se kanttekening gemeld is.
27 Naamlik uit die eerste of voorste deel van die tabernakel, soos dit af te lei is uit vers 17, waar gespreek word van die priesters se uitkom uit die binneste deel van die tabernakel. 28 Hebr. sal gee. |
en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit 29dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.
| 29 Sien vers 16 se kanttekening, en vers 20. |
En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok 30laat aankom;
| 30 Anders: bring, offer. |
en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok 31lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ’n man 32wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.
| 31 Hebr. steun. Sien Lev. 1:4 se kanttekening.
32 Of: aangewese een, dit is, ’n sekere, bekwame man, wat byderhand is, of die tyd het, of gewoond is om daarvoor gebruik te word. |
So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ’n 33woeste land wegdra; en 34hy moet die bok in die woestyn los.
| 33 Hebr. land van afsondering, dit is, wat onbewoond en van die geselskap en die gemeenskap van mense afgesny en geskei is.
34 Naamlik die man wat gereed staan. |
Dan moet Aäron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.
En hy moet sy liggaam op ’n 35heilige plek in die 36water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen.
| 35 Sien Lev. 6:16, 26; 10:13 se kanttekening.
36 Sien Lev. 6:28 se kanttekening. |
Ook moet hy die vet van die sondoffer op die 37altaar aan die brand steek.
| 37 Naamlik die brandofferaltaar. Want dit was verbode om op die reukaltaar so ’n offer te bring, Ex. 30:9. |
En hy wat die bok 38vir Asásel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
| 38 Sien vers 8 se kanttekening. |
Maar edie sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen 39in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.
| e Lev. 6:30. Hebr. 13:11. | 39 Sien vers 2 se kanttekening. |
En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
En dit moet vir julle ’n 40ewige insetting wees: in die 41sewende maand, op die tiende van die maand, fmoet julle 42jul 43verootmoedig en géén werk doen nie — die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.
| f Lev. 23:27. | 40 Hebr. insetting van ewigheid, so ook in verse 31, 34. Sien Gén. 13:15 se kanttekening.
41 In 1 Kon. 8:2 Étanim genoem, en vandag deur die Jode Tisri; dit kom die meeste ooreen met ons September. 42 Hebr. siele. Dit is, julle persone, dit is, liggaam en siel, soos in Gén. 12:5 en die kanttekening. 43 Of: bekommer, of kwel, dit is, ernstig verneder voor die HERE, met bekentenis van julle sondes, met vas, met bid, met nalating van alles wat vir die liggaam aangenaam en vermaaklik is. Sien hierdie manier van spreek ook in vers 31. Ps. 35:13. Jes. 58:3, 5. Dan. 10:12. |
Want op hierdie dag moet 44hy vir julle 45versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
| 44 Naamlik die hoëpriester.
45 Sien Lev. 1:4 se kanttekening. |
’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is ’n 46ewige insetting.
| 46 Sien vers 29 se kanttekening. |
En die 47priester wat gesalf en 48aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die 49heilige klere, aantrek
| 47 Dit is, die hoëpriester. Sien Lev. 4:3 se kanttekening.
48 Sien Lev. 7:37 se kanttekening. 49 Hebr. die klere van heiligheid; so ook in vers 4. |
en versoening doen vir die 50Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen.
| 50 Hebr. die heiligdom van heiligheid. |
En dit moet vir julle ’n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes geen maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
| g Ex. 30:10. Hebr. 9:7. |
Wette aangaande onrein mans en vroue.
VERDER het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As 1enige man ’n vloeiing uit sy 2vlees het, 3dan is dié vog onrein.
| 1 Hebr. man man. Hierdie herhaling beteken alle of elke man. So ook in Ex. 36:4. Lev. 17:3, 8, 10, ens.
2 So word op ’n eerbare manier die skaamte van ’n man genoem; soos ook in Lev. 12:3. Eség. 16:26; 23:20 en die kanttekeninge, en hier in die volgende vers. 3 Of: dan is hy onrein as gevolg van die vog. |
En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog 4laat loop of sy vlees verstop raak van die vog — dit is ’n onreinheid in hom.
| 4 Naamlik deur swakheid en natuurlike siekte, wat deur die geneeshere gonorree genoem word. |
Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en 5alles waar hy op sit, sal onrein wees.
| 5 Of: elke voorwerp. Die Hebreeuse woord beteken hier allerlei huisraad, gereedskap, voorwerpe, klere, werktuie en roerende goed. So ook in verse 6, 22. |
En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
en die een wat aan 6die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
| 6 Naamlik, behalwe aan sy hande wat gewas is. Sien vers 11. |
En as hy wat die vloeiing het, op ’n reine spuug, moet 7dié een sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.
| 7 Naamlik op wie gespuug is. |
En elke 8saal waar hy op 9ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.
| 8 Verstaan allerlei gereedskap of maaksel en kussingwerk, wat gebruik word om op te sit.
9 Die Hebreeuse woord beteken nie net om op ’n dier te ry nie, Gén. 24:61. Núm. 22:22, maar ook op ’n wa, 2 Kron. 35:24. Jer. 17:25. |
En elkeen wat aan iets raak wat onder hóm is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.
aOok die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.
| a Lev. 6:28; 11:33. |
En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing 10rein word, moet hy 11sewe dae tel 12ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in 13vars water bad; dan sal hy rein wees.
| 10 Dit is, as sy vloeiing ophou.
11 Sien Núm. 19:11, ens. 12 Of: tot sy reiniging. Verstaan die onderhouding van die seremonies wat volgens die wet vereis was, sodat hy as rein beskou kon word. 13 Sien Lev. 14:5 se kanttekening. |
En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of 14twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;
| 14 Hebr. twee seuns van ’n duif, so ook in vers 29. |
en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die HERE.
En as daar van ’n man ’n saadvloeiing 15uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.
| 15 Naamlik in sy slaap. Want dit is ’n ander soort onreinheid as die voorgaande, wat deur liggaamlike swakheid veroorsaak was. |
Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.
En wat die vrou aangaan 16met wie ’n man vleeslike gemeenskap het — altwee moet ’n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.
| 16 Verstaan hier sodanige man wat die genoemde siekte gehad het, of wat andersins in sy slaap verontreinig was. |
En as ’n vrou ’n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar 17onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.
| 17 Sien Lev. 12:2 se kanttekening. |
En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.
En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
En elkeen wat raak aan enige 18voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
| 18 Sien vers 4 se kanttekening. |
en as daar 19iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.
| 19 Naamlik voorwerp of roerende goed. |
bEn as ’n man met 20haar gemeenskap het, sodat haar 21onreinheid 22op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.
| b Lev. 18:19. | 20 Terwyl sy haar vloeiing het, egter buite die man se wete. Want om willens en wetens by ’n vrou tydens haar maandstonde te slaap, was verbode en strafbaar met lyfstraf, Lev. 20:18.
21 Of: afsondering, dit is, haar maandstonde; so genoem omdat sy vir die duur daarvan van die geselskap van mense afgesonder was. 22 Dit is, dat hy met haar maandstonde besmet geword het. |
cEn as ’n vrou lank ’n bloedvloeiing het, buiten die 23tyd van haar onreinheid, of as sy vloei 24oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.
| c Matt. 9:20. | 23 Verstaan die normale tyd van haar maandstonde.
24 Dit is, langer as gewoonlik. |
Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.
En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en ’n bad neem en bly tot die aand toe onrein.
Maar 25as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.
| 25 Dit is, as die vloeiing ophou. |
En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.
Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.
So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie 26deur hulle onreinheid sterwe nie — deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig.
| 26 Of: in hulle onreinheid. |
Dit is die wet vir hom wat ’n vloeiing het en vir hom van wie ’n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word;
en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan ’n vloeiing ly, man of vrou, en vir ’n man wat met ’n onrein vrou gemeenskap het.
Wette oor die reiniging van ’n melaatse.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Dit is die wet van die melaatse 1op die dag van sy reiniging. aHy moet 2na die priester gebring word,
| a Matt. 8:4. Mark. 1:44. Luk. 5:14; 17:14. | 1 Dit is, wanneer die priester hom rein sal verklaar.
2 Naamlik ’n bietjie nader aan die priester, sodat hy nie ver buitekant die laer hoef te gaan nie. |
en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester 3sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,
| 3 Hierdie besigtiging en die verklaring wat daarop gevolg het, moes deur die priester volgens die wette, wat in die voorgaande hfst. gestel is, gedoen word. |
moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein 4voëls en sederhout en 5skarlakendraad en 6hisop moet bring.
| 4 Die Hebreeuse woord beteken in die algemeen ’n voël, Deut. 4:17. Ps. 8:9, in die besonder ’n klein voëltjie, onder andere ’n mossie, soos dit deur baie verstaan word, Ps. 84:4; 102:8.
5 Verstaan enige tipe materiaal, soos wol, wat twee maal in skarlaken verf gedoop is. Sien Gén. 38:28 se kanttekening. Ex. 25:4. 6 Sien Ex. 12:22. |
Die priester moet ook bevel gee dat hulle die een voël in ’n 7erdepot oor 8vars water slag.
| 7 Waarin die bloed van die geslagte voël moes drup en met die water gemeng word.
8 Hebr. lewendige water. Verstaan wat uit ’n fontein of lopende rivier geneem moes word, en lewend genoem word omdat dit beweeg terwyl dit vloei, asof dit leef. Vgl. Gén. 26:19 en die kanttekening. |
Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.
En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die 9oop veld laat wegvlieg.
| 9 Hebr. oor die aangesig van die veld uitstuur, of loslaat. |
Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ’n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, 10maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
| 10 Vgl. Lev. 13:46; Núm. 12:14 en 31:19 se kanttekeninge. |
En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue — al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.
En op die agtste dag moet hy twee 11lammers sonder gebrek neem en een 12jaaroud ooilam sonder gebrek en 13drie-tiendes van ’n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en een 14log olie.
| 11 Waarvan die een as skuldoffer en die ander as brandoffer geoffer moes word. Sien verse 12, 19.
12 Hebr. dogter van haar jaar. 13 Dit is, drie gomer. Sien Ex. 16:36 en die kanttekening. 14 ’n Klein maat van nat ware, wat vier kwadrante bevat het, een kwadrant was die maat van een en ’n halwe hoendereierdop, sodat een log ses hoendereierdoppe bevat het. Die vierde deel van ’n kab, wat die maat van vier logge of vier-en-twintig hoendereierdoppe bevat het, dit is, soveel soos in vier-en-twintig hoendereierdoppe kan gaan. |
En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en dié gawes voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms stel.
En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring ben dit as 15beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
| b Ex. 29:24. | 15 Sien Lev. 7:30 se kanttekening. |
Dan moet hy die lam slag op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die 16heilige plek; want die skuldoffer cnet soos die sondoffer behoort aan die priester; 17hoogheilig is dit.
| c Lev. 7:7. | 16 Hebr. plek van heiligheid. Dit was in die voorhof by die brandofferaltaar. Sien Ex. 29:11. Lev. 4:4; 6:16 se kanttekening; Lev. 6:26.
17 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
Die priester moet ook van die log olie neem en 18dit giet in die priester se linkerhand.
| 18 So ook in vers 26. Dit is, in sy eie hand, en gevolglik nie in die hand van diegene wat gereinig word nie. |
Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, 19bo oor die bloed van die skuldoffer.
| 19 Dit is, op die plek waarop die bloed van die skuldoffer tevore gestryk was. Sien verse 14, 28. |
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Die priester moet ook die sondoffer berei en vir hom wat gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die 20brandoffer slag.
| 20 Sien vers 10 se kanttekening. |
En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar 21offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
| 21 Hebr. laat opklim. |
Maar as hy arm is 22en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van ’n efa fynmeel met olie gemeng as spysoffer, en ’n log olie;
| 22 Dit is, indien hy deur sy armoede nie soveel kan bring nie. Sien Lev. 5:7 se kanttekening en hierna, verse 22, 30-32, ens. |
ook twee tortelduiwe of twee 23jong duiwe — wat hy kan bekostig; en die een sal wees ’n sondoffer en die ander ’n brandoffer.
| 23 Hebr. seuns van ’n duif. So ook in vers 30. |
Hy moet hulle dan op die agtste dag 24ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.
| 24 Of: tot sy reiniging. |
En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Dan moet hy die skuldofferlam slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
Ook moet die priester van die olie in 25die priester se linkerhand giet.
| 25 Dit is, in sy eie hand. Sien vers 15 se kanttekening. |
Dan moet die priester met sy regtervinger van die olie wat in sy linkerhand is, sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die plek van die bloed van die skuldoffer.
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word, om versoening vir hom te doen voor die aangesig van die HERE.
Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of van die jong duiwe wat hy kan bekostig —
die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom wat gereinig word, versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Dit is die wet vir hom op wie die plaag van melaatsheid was, wat by sy reiniging 26nie vermoënd is nie.
| 26 Naamlik, om te bring wat tot die reiniging van die melaatsheid vereis was, vers 10. |
Melaatsheid van huise.
VERDER het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
As julle in die land Kanaän inkom wat Ek julle as besitting 27gee, en Ek die plaag van melaatsheid in ’n huis van die land van julle besitting laat kom,
| 27 Hebr. besig is om te gee, dit is, sekerlik sal gee. Vgl. Lev. 9:4 se kanttekening. |
moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne gee en sê: 28Dit lyk my of daar ’n plaag in die huis is.
| 28 Dit is, dit kom vir my voor, of: dit vertoon so in my oë, die huis word as sodanig deur my beskou. |
En die priester moet bevel gee 29dat hulle die huis 30ontruim, voordat die priester die plaag kom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk.
| 29 Naamlik die bewoners van daardie huis.
30 Naamlik, deur die huisraad daaruit te neem en weg te dra. Die Hebreeuse woord beteken eintlik om iets uit die gesig weg te neem. |
As hy die plaag bekyk en sien dat die plaag aan die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper lyk as die muur,
dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit.
Op die sewende dag moet die priester dan terugkom; sien hy dan dat die plaag hom uitgebrei het aan die mure van die huis,
dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op ’n onrein plek gooi.
En die huis moet hulle binnekant rondom afkrap en die klei wat hulle afgekrap het, buitekant die stad op ’n onrein plek weggooi.
Dan moet hulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister.
Maar as die plaag weer in die huis uitbreek nadat hulle die klippe uitgebreek en die huis afgekrap het en dit gepleister is,
moet die priester kom; en as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit ’n 31kwaadaardige melaatsheid in die huis; dit is onrein.
| 31 Vgl. Lev. 13:51. |
Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op ’n onrein plek uitbring.
En hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle dit toegesluit hou, sal tot die aand toe onrein wees.
En hy wat in die huis 32slaap, moet sy klere was; en hy wat in die huis eet, moet sy klere was.
| 32 Of: lê en slaap. Sien Gén. 19:4 se kanttekening. |
Maar as die priester 33kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.
| 33 Hebr. komende kom, dit is, weer of meermale kom. |
Dan moet hy om die huis te 34ontsondig twee voëls neem en sederhout en 35skarlakendraad en hisop,
| 34 Dit is, deur ’n offer te reinig, en tot ’n gepaste of rein gebruik geskik te maak. Vgl. Lev. 8:15 en die kanttekening. Net so hierna, verse 52, 53.
35 Sien vers 4 se kanttekening. |
en die een voël in ’n erdepot 36oor vars water slag.
| 36 Sien vers 5 se kanttekening. |
Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel.
So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.
Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad 37oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan 38vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.
| 37 Hebr. oor die aangesig van die veld. So ook in vers 7.
38 Dit is, die huis ontsondig, vers 49. Sien die kanttekening daar en oor hierdie manier van spreek Ex. 29:37. Lev. 16:16, 33. Eség. 45:20. |
Dit is die wet oor elke plaag van melaatsheid en oor skurfte
en oor melaatsheid van klere en huise
en oor swelsels en uitslag en ligte vlekke,
39om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.
| 39 Naamlik die priester, en deur die priester die volk. |
Wette aangaande melaatsheid van mense en klere.
VERDER het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
As ’n mens in die vel van sy vlees ’n 1swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees ’n 2plaag van melaatsheid word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;
| 1 Hebr. opgehewendheid.
2 Of: ’n teken van die plaag van melaatsheid; wat wel met reg ’n plaag genoem word, nie net in hierdie hfst. nie, maar ook in Lev. 14:3. Deut. 24:8, ens. Want hierdie melaatsheid was ’n soort kwaadaardige skurfheid, baie aansteeklik, en deur mense ongeneeslik geag, te onderskei van die siekte wat ons vandag melaatsheid noem, en soveel erger. |
en die priester moet na die aangetaste plek in die vel van die vlees kyk. Het die hare op die plek wit geword, en 3lyk dit of die plek dieper is as die vel van sy vlees, dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom 4onrein verklaar.
| 3 Dit is, die aanduiding van die plaag, soos dit sigself aan die priester se sig en oordeel vertoon.
4 Hebr. ontreinig of onrein maak, dit is, onrein verklaar en uitspreek. So ook in verse 11, 15, ens. So is reinig en rein maak soveel soos rein verklaar en uitspreek, verse 6, 13, ens. |
Maar as dit ’n wit vlek in die vel 5van sy vlees is en dit nie dieper lyk as die vel nie, en die hare daarvan nie wit geword het nie, moet die priester 6die aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.
| 5 Naamlik van diegene wat die plaag het.
6 Hebr. die plaag, dit is, die persoon wat die plaag het, of die plaag onder lede het. So ook in verse 12, 13, 17, 31, ens. |
As die priester hom op die sewende dag bekyk en sien dat die aangetaste plek, 7volgens hy kan sien, dieselfde gebly het, die plek nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog ’n keer sewe dae lank opsluit.
| 7 Hebr. in sy oë, dit is, volgens wat hy met sy oë kan sien en met sy verstand kan oordeel. So ook in vers 37. |
Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog ’n keer en sien hy dat die aangetaste plek 8dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom 9rein verklaar. Dit is ’n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy 10rein.
| 8 Of: ingekrimp, of: verduister.
9 Hebr. reinig of rein maak, dit is, rein verklaar, uitspreek. Sien vers 3 se kanttekening. 10 Naamlik van die plaag van melaatsheid; soos af te lei is uit vers 8. |
Maar as die uitslag 11werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, moet hy hom nog ’n keer aan die priester vertoon.
| 11 Hebr. verspreidende versprei, dit is, heeltemal of baie versprei. So ook in verse 22, 27, 35. |
En sien die priester dat die uitslag in die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid.
As 12die plaag van melaatsheid aan ’n mens is, moet hy na die priester gebring word.
| 12 Sien vers 2 se kanttekening. |
En as die priester sien dat daar ’n wit swelsel in die vel is wat die hare wit gemaak het, terwyl daar 13wilde 14vlees in die swelsel groei,
| 13 Hebr. lewendigheid.
14 Of: lewende vlees. Verstaan wat nog sy gevoel het. Want deur die melaatsheid sterf die vlees af, sodat dit ongevoelig word. En merk hier, asook in vers 14, ’n algemene teken om deeglik oor hierdie melaatsheid te oordeel; naamlik waar wilde of gesonde vlees met ongesonde vlees van verskillende kleure vermeng was, was dit die regte melaatsheid; waar een kleur daarenteen gesien was, was dit ’n ander uitslag of gebrek. |
dan is dit ’n verouderde melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie opsluit nie, want hy is onrein.
Maar as die 15melaatsheid so 16geweldig in die vel uitbreek, dat die melaatsheid 17die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die 18oë van die priester kan sien;
| 15 Dit is, swelsel wat lyk of dit melaatsheid is, of die teken van melaatsheid. So ook in die volgende vers.
16 Hebr. uitbrekende uitbreek. 17 Hebr. die hele vel van die plaag, dit is, van diegene wat die plaag het. Sien vers 4 en die volgende verse se kanttekeninge. 18 Dit is, siening en oordeel van die priester. |
en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy 19die aangetaste persoon rein verklaar: 20hy het heeltemal wit geword, 21hy is rein.
| 19 Hebr. die plaag rein verklaar, dit is, hom wat die plaag het. So ook in vers 17, ens.
20 Of: dit. Naamlik die plaag. 21 Dit is, hy wat die plaag van melaatsheid skynbaar gehad het, is vry daarvan. |
Maar so gou as 22wilde vlees aan hom gesien word, sal hy onrein wees;
| 22 Naamlik vermeng met die vlees wat wit geword het, terwyl die verskeidenheid van kleure ’n teken van melaatsheid was, maar die gelykvormigheid ’n teken van gesondheid of enige ander uitslag. Sien vers 10 se kanttekening. |
en as die priester die wilde vlees sien, moet hy hom onrein verklaar. Die wilde vlees is onrein, dit is melaatsheid.
Maar as die wilde vlees weer weggaan en hy wit word, moet hy na die priester kom.
As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste plek wit geword het, dan moet die priester 23die aangetaste persoon 24rein verklaar; hy is rein.
| 23 Sien vers 13 se kanttekening.
24 Hebr. reinig. Sien vers 6 se kanttekening. |
Maar as daar in die vlees aan hom, naamlik in die vel, ’n sweer is en gesond word,
maar in die plek van die sweer ’n wit swelsel of ’n rooierige wit vlek kom, 25moet hy hom aan die priester vertoon.
| 25 Of: moet hy dit, naamlik die vlees waarin daardie wit swelsel, ens. gekom het. |
As die priester sien dat 26dit dieper lyk as die vel, en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n plaag van melaatsheid, dit het in die sweer uitgebreek.
| 26 Naamlik die swelsel of vlek. Sien vers 19. |
Maar as die priester dit bekyk, en daar geen wit hare op is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.
En as dit werklik in die vel versprei, moet die priester hom onrein verklaar; 27dit is ’n plaag van melaatsheid.
| 27 Sien vers 20. |
Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het nie, is dit die 28litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.
| 28 Dit is, ’n teken van inflammasie. |
Of as in die vlees, in sy vel ’n brandplek van vuur is en 29die nuwe vlees van die brandplek ’n rooierige wit of 30wit vlek is;
| 29 Hebr. die lewendigheid of die gesondheid van die brandplek. Verstaan die deel van die vlees wat van die brand genees en weer gesond geword het.
30 Verstaan slegs wit. |
en die priester dit bekyk en sien dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.
Maar as die priester dit bekyk en sien dat op die ligte vlek geen wit hare is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.
Dan moet die priester op die sewende dag hom bekyk. As dit 31werklik in die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.
| 31 Hebr. verspreidende versprei. Sien vers 7. |
Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.
Verder, as daar by ’n man of vrou ’n aangetaste plek aan die hoof of in die baard is,
en die priester die plek bekyk en sien dat dit dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard.
Maar as die priester die plaag van skurfte bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen 32swart hare op is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.
| 32 Wat ’n teken van reinheid en gesondheid was, vers 37, soos die geelheid ’n teken van onreinheid en ongesondheid, vers 30. |
Bekyk die priester dan op die sewende dag die aangetaste plek en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie,
dan 33moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie, en die priester moet die skurwe persoon nog ’n keer sewe dae lank opsluit.
| 33 Of: laat skeer. |
Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom 34rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees.
| 34 Naamlik van die plaag van melaatsheid; so ook in verse 6, 13, 37, 39-41. |
Maar as die skurfte werklik in die vel versprei nadat hy rein verklaar is,
en die priester dit bekyk en sien dat die skurfte in die vel versprei het, dan hoef die priester 35nie na die geel hare te soek nie; hy is onrein.
| 35 Dit is, nie verder daarop te let of ag te gee nie. |
Maar as die skurfte, 36volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.
| 36 Hebr. in sy oë. Sien vers 5 se kanttekening. |
Verder, as ’n man of vrou in die vel van hulle vlees ligte vlekke, wit vlekke het,
en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone 37uitslag wat in die vel uitgebreek het; 38hy is rein.
| 37 Of: wit vlek.
38 Naamlik van die plaag van melaatsheid. Sien vers 34. So ook in die twee volgende verse. |
En as ’n man se hoof kaal word, is hy ’n kaalkop; hy is rein.
En as sy hoof 39aan die voorkant kaal word, het hy ’n bles; hy is rein.
| 39 Dit is, van die kruin tot aan die voorhoof en die slape van die hoof; welke kaalte ’n bles genoem word. |
Maar as daar in die 40kaalte of in die bles ’n rooierige wit plek is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek in die kaalte of in die bles.
| 40 Hieruit blyk dat hier verwys word na die kaalte of bles, wat nie uit ouderdom of enige ander kwaal nie, maar uit melaatsheid voortkom, en dat laasgenoemde onrein verklaar word. |
As die priester dit bekyk en sien dat die swelsel van die aangetaste plek in die kaalte of in die bles rooierig wit is, wat 41lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees,
| 41 Dit is, wat die voorkoms het van melaatsheid, wat in die vel van die vlees vertoon word. |
dan is hy ’n melaatse, hy is onrein; die priester moet hom 42sekerlik onrein verklaar; op sy hoof het hy die plaag.
| 42 Hebr. onrein verklarende moet hy onrein verklaar. |
Verder moet in die klere van die 43melaatse op wie die plaag is, 44skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy 45baard bedek en aroep: Onrein, onrein!
| a Klaagl. 4:15. | 43 Wat as sodanig deur die priester verklaar was. Aan sulkes word opgelê om: (1) Geskeurde klere te dra. (2) Die hare los te laat hang. (3) Sy baard of snor te bedek. (4) Uit te roep dat hy onrein was wanneer hy iemand gesien het. (5) Weg van die geselskap van mense te woon. Dit alles was deels vir homself tot ’n teken van droefheid en rou; deels vir ander, sodat hulle hom kon vermy en nie deur hom besmet word nie.
44 Vgl. Gén. 37:29 se kanttekening. 45 Anders: snor. Vgl. Eség. 24:17. Miga 3:7. |
Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; 46alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees.
| 46 Sien Núm. 5:2; 12:14. 2 Kon. 15:5. 2 Kron. 26:21. Luk. 17:12. |
Verder, as daar in ’n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in ’n kledingstuk van wol of linne;
of in die 47skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in ’n vel of enige 48leerwerk;
| 47 Anders genoem: weefseldraad.
48 Of: pelswerk. |
en die aangetaste plek in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp liggroen of rooierig is, dan is dit ’n plaag van melaatsheid, en hulle moet die priester dit laat sien.
Die priester moet dan die aangetaste plek bekyk en 49die aangetaste voorwerp sewe dae lank opsluit.
| 49 Hebr. die plaag sewe dae lank opsluit. Dit is, dit wat die plaag het, of dit waaraan die plaag is. Vgl. vers 4 se kanttekening. |
Dan moet hy op die sewende dag die plek bekyk; as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in die vel, vir watter diens die vel ook al verwerk is, dan is die plaag ’n 50kwaadaardige melaatsheid; 51so iets is onrein.
| 50 Anders: stekende of smart doende, dit is, wat smart en skade aan die mens wat daardie kleed gebruik, sal veroorsaak.
51 Naamlik die stof, die ding of die goed, waaraan die plaag is; so ook aan die einde van die volgende vers. |
Daarom moet hy die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag van wol of van linne of enige leervoorwerp waarin die aangetaste plek is, verbrand; want dit is ’n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word.
Maar as die priester sien dat die plek in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp nie versprei het nie,
dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp was waar die plek aan is; en hy moet dit nog ’n keer sewe dae lank opsluit.
As die priester dan die aangetaste voorwerp bekyk, nadat dit gewas is, en sien dat die plek 52nog net so lyk, hoewel die plek nie versprei het nie, dan is dit onrein; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is ’n 53invreting 54aan die agter- of aan die voorkant.
| 52 Hebr. oog. Dit is, voorkoms soos die oog kan sien.
53 Of: ingrawing, inbyting. 54 Hebr. in sy kaalte of in sy bles. Verstaan deur die kaalte die agter- of binnekant van ’n kleed, die aweregse kant genoem, wat in die dra daarvan die naaste aan die liggaam is; en deur die bles die voor- of buitekant van ’n kleed, wat gesien word as dit gedra word, die regte kant genoem. Ander verstaan deur die kaalte ’n kleed wat sy wol en hare deur oudheid verloor het en melaats geword het; maar deur die bles ’n kleed wat deur enige melaatsheid van sy wol beroof is. |
Maar as die priester sien dat die plek, nadat dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur.
Maar as dit nog in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp gesien word, dan is dit ’n melaatsheid wat weer uitbreek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur verbrand.
Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was — as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog ’n keer gewas word, en dit sal rein wees.
Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in ’n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.
Wette oor die reiniging van ’n vrou.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: As ’n vrou 1swanger word en ’n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; 2soos in die dae van die 3onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.
| 1 Verstaan hier die ontvangenis van ’n mens in die liggaam van die moeder, wat nie net uit die man nie, maar ook uit die vrou voortkom. Want die woord beteken saad gee en voortbring, Gén. 1:11, 12. Vgl. Hebr. 11:11.
2 Dit is, net soos sy sewe dae onrein is in haar maandstonde, Lev. 15:19, so sal sy ook sewe dae onrein wees, wanneer sy gebaar het. 3 Of: volgens die dae van afsondering van haar krankheid. So genoem omdat sy in die tyd van haar maandstonde afgesonder moes wees van die geselskap van mense, om deur niemand aangeraak te word nie; maar met die voorwaarde dat die mense wat haar, of die dinge waaraan haar liggaam geraak het, asook hulle wat dit aangeraak het, ’n sekere tyd as onrein beskou moes word. Sien Lev. 15:19-21, ens. |
aEn 4op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.
| a Gén. 17:12. Luk. 1:59; 2:21. Joh. 7:22. | 4 Waarop die moeder vry was van haar voorgaande onreinheid (sien vers 2), sodat die besnydenis om hierdie rede nie voor hierdie dag mog plaasvind nie, omdat die moeder en kind beide onrein was. |
Dan moet sy 5drie-en-dertig dae 6in die reinigingsbloed bly. 7Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.
| 5 Naamlik, voordat sy weer as heeltemal rein beskou sal word, terwyl sy afgesonder bly, nie geheel en al van die geselskap van die mense, soos in die eerste sewe dae nie, maar slegs van die heiligdom en van die dinge wat tot die godsdiens behoort het.
6 Hebr. in die bloede (in die meervoud), dit is, in die bloed van haar maandstonde, waarvan sy eers heeltemal gereinig moes wees, voordat sy in die heiligdom van die HERE ingaan. 7 Dit is, aan niks wat oorgebly het van dit wat aan die HERE geoffer of geheilig is nie. |
Maar as sy ’n dogter baar, sal sy twee 8weke onrein wees 9soos by haar maandelikse onreinheid. Dan moet sy ses-en-sestig dae in die reinigingsbloed bly.
| 8 Dit is, dubbel so lank as wanneer sy ’n seuntjie gebaar het; soos sy ook dubbel so lank uit die heiligdom moes bly, dit is, ses-en-sestig dae.
9 Dit is, soos wanneer sy van die mense afgesonder word as gevolg van haar maandstonde. Sien vers 2 se kanttekening. |
En as die dae van haar reiniging in die geval van ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe;
dié moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van ’n seun of ’n dogter.
Maar 10as sy 11’n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as 12sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.
| 10 Dit is, indien sy nie die vermoë of middele het om soveel te bekostig nie. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Lev. 25:26. Die moeder van die Here was ook so arm dat sy nie die middele gehad het om ’n lammetjie te offer nie, Luk. 2:24.
11 Hebr. genoegsaamheid van ’n lam. 12 Hierdie offer het eintlik gesien op die erfsonde, waarin beide, die moeder en haar vrug, ontvang en gebore was. Niemand is van erfsonde uitgesluit nie, behalwe onse Here Jesus Christus. |
Wette oor die onderskeid tussen rein en onrein diere.
EN die HERE het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: aDit is die diere wat julle mag eet van 1al die viervoetige diere wat op die aarde is.
| a Deut. 14:4. Hand. 10:14. | 1 Hebr. uit alle vee. Die Hebreeuse woord word hier in die algemeen gebruik; soos ook in Gén. 1:26; 6:7, 20. |
Alles wat onder die diere 2gesplitste kloue het, en wel 3heeltemal gesplitste kloue, en 4herkou — 5dit mag julle eet.
| 2 Dit is, wie se klou, hoef of nael gesplits is, wat nie die geval is by die hoewe van perde, esels, ens. nie.
3 Dit is, só gesplits dat die kloue nie in baie dele gedeel is, soos by honde, katte, ens. te sien is nie, maar in twee, soos by beeste, skape, ens. 4 Hebr. die gekoude weer kou, en so in dit wat volg. Verstaan die diere wat opnuut kou wat hy gekou en ingesluk het; soos ons sien dat die beeste en skape doen, wanneer hulle lê. Drie voorwaardes of eienskappe word in hierdie rein diere vereis: (1) Die splitsing van die kloue. (2) Die splitsing in twee dele. (3) Die herkouing. Die verskil tussen die eerste twee voorwaardes is nie net af te lei uit hierdie en die sewende vers nie, maar vernaamlik uit vers 26. 5 Of: dit sal julle eet. |
Maar die volgende mag julle nie eet nie van 6die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
| 6 Dit is, wat slegs herkou sonder om die ander eienskappe te hê; so ook in die volgende woorde die wat gesplitste kloue het. Sien Deut. 14:6. |
en die das, want hy herkou, maar het 7geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
| 7 Verstaan nie in twee nie, maar in meer dele; wat teen die tweede voorwaarde is, wat ook die geval is by die hase, genoem in die volgende vers. |
en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie — 8onrein is hy vir julle.
| 8 Want dit voldoen slegs aan die eerste twee voorwaardes en nie aan die derde nie. |
Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie — onrein is hulle vir julle.
Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat 9vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere — dit mag julle eet.
| 9 Naamlik beide tesame. Daarom was die volgende onder die visse onrein: (1) Die wat geen vinne of skubbe gehad het nie. (2) Die wat slegs een van beide gehad het. |
Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die 10lewende wesens wat in die water is — 11’n gruwel is dit vir julle.
| 10 Sien Gén. 1:20 se kanttekening.
11 Dit is, waarvan ’n mens ’n afsku moet hê om dit te eet en aan te raak wanneer dit dood is; soos in die volgende vers verklaar word. |
Ja, ’n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir ’n gruwel hou.
Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie — ’n gruwel is dit vir julle.
En die volgende moet julle van die voëls vir ’n gruwel hou — hulle mag nie geëet word nie, ’n gruwel is hulle: 12die arend en die 13lammervanger en die 14aasvoël;
| 12 In die vertaling van hierdie name is die algemeenste gevoel van die geleerdes gevolg.
13 Anders: die beenbreker, ’n soort arend wie se jeug weer nuut word, Ps. 103:5. 14 Of: seearend, wat sy naam gekry het van die krag en sterkte van sy vliegvermoë. |
en die kuikendief en die 15valk volgens sy soorte;
| 15 Aan hierdie voël word ’n goeie en sterk sig toegeskryf, Job 28:7. |
elke kraai volgens sy soorte;
en die 16volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte;
| 16 Hebr. die dogter van die volstruis. Vroeër het sommige gemeen dat hierdie benaming daarvan kom dat onder hierdie voëls geen mannetjies nie, maar slegs wyfies sou wees. Anders: die uil. |
en die steenuil en die visvanger en die 17steunuil;
| 17 ’n Soort groot uil, of ’n voël wat in die nag vlieg. |
en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël;
en die groot 18sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.
| 18 Of: ooievaar. Hierdie voël het sy naam gekry van die weldadigheid wat hy aan sy ouers bewys, wat hy voed en help wanneer hulle deur ouderdom hulpeloos geword het. |
Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop — ’n gruwel is hulle vir julle.
Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
Van hulle mag julle die volgende eet: die 19treksprinkaan volgens sy soorte en die 20boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.
| 19 Hebr. arbe. Dat hulle in die oosterse lande geëet was, is te sien in Matt. 3:4. Mark. 1:6.
20 Die boomsprinkaan, springer en voetganger word in ander vertalings uitgedruk met hul ooreenstemmende Hebreeuse name: solham, hargol en hagab. Die rede daarvoor is dat daar nie sekerheid is oor watter diere dit was nie. Dit kan in die algemeen sekere soorte diertjies aandui wat in Latyn insect genoem word, wat beskryf is in die voorgaande vers. |
Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het — ’n gruwel is hulle vir julle.
En 21deur hierdie diere word julle 22verontreinig — elkeen wat aan hulle aas raak, 23sal tot die aand toe onrein wees;
| 21 Naamlik deur die dinge wat hierna volg, wat beskryf word van hier af tot in vers 43.
22 Naamlik deur die aanraking daarvan. 23 Dit is, hy sal vanweë sy seremoniële onreinheid nie met mense mag verkeer nie, veel minder in die voorhof van die HERE verskyn, of van dit wat geoffer is eet, tot die aand toe. |
en elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees —
aan 24al die diere 25wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.
| 24 Drie soorte diere word vermeld waarvan mense deur aanraking verontreinig geword het: (1) Groot onrein diere, hier en in die volgende twee verse. (2) Onrein diere wat klein was, verse 29-31. (3) Rein diere wat self doodgegaan het of wat verskeur was, vers 39.
25 Dit is, wat gesplitste kloue het, maar nie net in twee dele, soos skape en beeste nie; maar in meer dele, soos leeus, wolwe, bere, honde en katte. Sien verse 3, 4 se kanttekeninge. |
En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere — onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.
Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.
En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: 26die mol en die muis en die 27akkedis volgens sy soorte,
| 26 In die vertaling van hierdie name het ons gevolg wat die waarskynlikste gelyk het, en wat deur die meeste van die geleerdes aangeneem word.
27 Of: skilpad. Die Hebreeuse woord beteken eintlik wat opgeswel en as ’t ware gewelf is. |
en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
28Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
| 28 Verstaan die genoemde diere, wat onreinheid veroorsaak het, nie net as hulle geëet is nie, maar ook aangeraak is; soos verder blyk uit dit wat volg. |
En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige bhoutvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
| b Lev. 15:12. |
En elke erdevoorwerp 29waar een van hulle in val — alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek;
| 29 Hebr. wat uit hulle sal val in sy middel, dit is, in die voorwerp se middel, waarin hierdie onrein diere of iets van hulle geval het; hetsy dat hulle dood of lewendig was. Want hulle mog geensins aangeraak word nie. |
enige voedsel wat geëet word waar 30water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so ’n 31voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.
| 30 Naamlik, waarmee hulle iets gewas het wat deur die aanraking van hierdie dinge onrein geword het.
31 Naamlik wat deur die aanraking van hierdie dinge onrein geword het. |
En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; ’n bakoond of ’n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.
Maar 32’n fontein of put, ’n versamelplek van water, 33sal rein wees; maar 34hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
| 32 Naamlik, waarin een van hierdie onrein diere geval het, gegooi was of verdrink het.
33 Dit is, hulle hoef die water nie uit te skep en weg te gooi as onrein nie, maar hulle sal dit vir hul eie behoefte mag gebruik. 34 Dit is, die persoon of voorwerp wat die aas aanraak, wanneer dit uit die fontein of put, ens., getrek word waarin dit geval het. |
En as van hulle aas val op enige 35saad wat gesaai word — dit sal rein wees.
| 35 Dit is, wat gewoonlik gesaai word vir die gebruik van mense, of van diere; soos uit die volgende woorde verstaan word. |
Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.
En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;
en hy wat van dié aas 36eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat dié aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.
| 36 Verstaan eintlik om uit onwetendheid te eet, as hy nie geweet het dat die voedsel van so ’n aas berei was nie. Want andersins was hulle verbied om van sodanige aas te eet, Deut. 14:21. |
En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is ’n gruwel — dit mag nie geëet word nie.
Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook 37alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel — julle mag dit nie eet nie, want dit is ’n gruwel.
| 37 Hebr. tot alles wat die voete vermenigvuldig. |
Moenie 38julle self ’n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.
| 38 Hebr. julle siele, dit is, julle persone. Sien Gén. 12:5 en die kanttekening. |
cWant 39Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle 40heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
| c Lev. 19:2; 20:7. 1 Petr. 1:16. | 39 Uit die redes wat God hier gebruik om sy volk die genoemde wette in te skerp, blyk dat die seremoniële reinheid ’n aanwysing en aanleiding was tot die ware geestelike heiligmaking, wat vernaamlik oordink en betrag moet word. God neem sy redes (1) van sy natuur, wat geestelik en volkome heilig is; (2) van die doel waartoe Hy die Israeliete verkies en geroep het, wat hul heiligmaking na die liggaam en na die gees was; (3) van die weldaad wat Hy aan hulle bewys het, deur hulle te lei uit Egipte om hulle te bring in die beloofde land; terwyl Hy daarmee aantoon dat Hy hulle ook uit die geestelike Egipte wou verlos, sodat hulle Hom hier ken en dien, en hierna in die hemelse Kanaän vir ewig met Hom sou lewe.
40 Dit is, reinig julle van alle besmetting van die liggaam en van die gees, en volbring die heiligmaking, dit is, die ware vernuwing van die lewe in die vrees van God, 2 Kor. 7:1. |
Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om 41julle God te wees. 42So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.
| 41 Sien Gén. 17:7 se kanttekening.
42 Of: Wees dan heilig, omdat Ek heilig is. |
Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,
om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.
Nadab en Abíhu word deur vuur van die HERE verteer.
EN die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy 1vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en 2vreemde vuur 3voor die aangesig van die HERE 4gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.
| 1 ’n Pan waarin reukwerk aangesteek is; so ook in Núm. 16:17. Die Hebreeuse woord beteken ook ’n snuiter waarmee vuur geblus is, Ex. 25:38.
2 Naamlik, wat nie geneem was van die heilige vuur van die tabernakel nie; sien hieroor Lev. 1:7 se kanttekening; Lev. 6:12. 3 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. 4 Anders: geoffer, dit is, met die doel om te offer. |
Daarop het daar vuur 5van die aangesig van die HERE uitgegaan en 6hulle verteer, en ahulle het gesterwe 7voor die aangesig van die HERE.
| a Núm. 3:4; 26:61. 1 Kron. 24:2. | 5 Sien Lev. 9:24 se kanttekening.
6 Dit is, hulle gedood en hul lewe verteer. Want net soos hul klere, so het hul liggame heel gebly, sodat dit nie deur die vuur verteer was nie; soos blyk uit verse 4, 5. 7 Dit is, in die voorhof van die tent van samekoms. |
Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE 8gespreek het deur te sê: bIn die 9wat naby My is, 10wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron 11het stilgebly.
| b Lev. 8:35. | 8 Vgl. Lev. 8:35, waar gespreek word van die straf van diegene wat hul amp in die tabernakel nie nougeset sou bedien nie.
9 Dit is, wat My in die tabernakel dien, naamlik die priesters. Sien Ex. 19:22. Lev. 21:17. Eség. 42:13, 14. 10 Dit is, deur diegene te straf wat my wette nie onderhou nie. So ook in Eség. 28:22. Sien soortgelyke gebruik van die woorde regverdig kan wees in Ps. 51:6. God word ook geheilig wanneer Hy sy weldade bewys, en word daaroor weldadig en goed verklaar, Eség. 20:41. 11 Deur nie te murmureer deur ongeduldig te wees teen die oordele van God nie. |
En Moses het 12Mísael en Élsafan, die seuns van 13Ussiël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle 14broers van die heiligdom af weg, 15buitekant die laer uit.
| 12 Hebr. Mísjaël en Éltsafan.
13 Hebr. Hussiël, die broer van Amram, die vader van Aäron en Moses, Ex. 6:17. Núm. 3:19. 14 Dit is, bloedverwante, want Mísael, Élsafan en Aäron was neefs, maar Nadab en Abíhu was ’n geslag verder. Sien Gén. 24:27 se kanttekening. 15 Om daar begrawe te word. |
Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.
Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns 16Eleásar en Ítamar: 17Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe 18en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle 19broers, die hele huis van Israel, kan 20die brand beween wat die HERE aangesteek het.
| 16 Hebr. Elhásar.
17 Dit is, julle sal oor Nadab en Abíhu geen rou bedryf nie, waarvan die loshang van die hare en die skeur van die klere tekens was, Lev. 13:45; 21:10. 18 Anders: en groot toorn oor die hele vergadering losbreek. 19 Sien Ex. 2:11 se kanttekening. 20 Waardeur Nadab en Abíhu verbrand is. |
cJulle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms 21nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die 22salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.
| c Lev. 21:12. | 21 Verstaan dit van daardie huidige oomblik.
22 Sien Lev. 8:2, 30. |
En die HERE het met Aäron gespreek en gesê:
Moenie wyn of 23sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou 24as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; ’n 25ewige insetting is dit vir julle geslagte;
| 23 Die Hebreeuse woord sjegar beteken allerlei drank waardeur mense dronk kan word.
24 Naamlik, om jul priesterskap te bedien. 25 Hebr. insetting van ewigheid. Sien Gén. 13:15 se kanttekening. Lev. 3:17. |
en julle moet onderskeid maak 26tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
| 26 Verstaan dit alles, eerstens ten opsigte van die leer, soos in die volgende vers, ens., tweedens van die seremonies, soos in Levítikus 11, ens., derdens van die sedes, Levítikus 18, ens. |
en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat die HERE 27deur die diens van Moses aan hulle verkondig het.
| 27 Hebr. deur die hand. Sien Lev. 8:36 se kanttekening. |
En Moses het met Aäron gespreek en met sy seuns Eleásar en Ítamar wat oorgebly het: Neem die spysoffer wat van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as 28ongesuurde koeke langs die 29altaar; want dit is 30hoogheilig.
| 28 Dit is, koeke gemaak van die fynmeel van die spysoffer wat aan die HERE gebring was. Sien Lev. 2:1.
29 Naamlik die brandofferaltaar, wat in die voorhof voor die ingang van die tent van samekoms was. Vgl. Lev. 1:3. 30 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
Daarom moet julle dit 31op ’n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van die HERE; dwant so is aan my bevel gegee.
| d Lev. 2:3; 6:16. | 31 Dit is, langs die altaar; soos in die voorgaande vers, in die voorhof van die HERE. Sien Lev. 6:16 se kanttekening. |
Ook die 32beweegbors en die 33hefboud moet julle op ’n 34rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.
| 32 Hebr. die bors van die beweging, of van die beweegoffer.
33 Hebr. die boud van die opheffing, of van die hefoffer. 34 Rein, naamlik volgens die wet van die seremonies, wat êrens in die laer kon wees. Want nie net die manne nie, maar ook die vroue mog daarvan eet. Gevolglik moet hierdie rein plek onderskei word van die heilige plek, genoem in die voorgaande vers, wat in die voorhof van die HERE was. |
Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en 35dit sal vir jou en jou seuns saam met jou ’n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos die HERE beveel het.
| 35 Of: wat vir jou en jou seuns saam met jou ’n ewige insetting sal wees. Hebr. tot ’n aangewese deel van ewigheid. |
En Moses het 36rondgesoek na die sondofferbok, 37maar dit was verbrand! Daarom was hy 38baie kwaad vir Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron wat oorgebly het; en hy het gesê:
| 36 Hebr. soekende gesoek, dit is, hy het baie hard gesoek.
37 Verstaan die deel daarvan wat die priester toegekom het. 38 Omrede hulle nie hul amp behoorlik bedien het nie, omdat hulle verbrand het wat hul moes geëet het. |
Waarom het julle die sondoffer nie op ’n 39heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en 40Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering 41weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE.
| 39 Sien vers 13.
40 Die HERE. 41 Of: te dra. Sien Ex. 28:38 se kanttekening. |
Kyk, die bloed daarvan is nie binne in die 42heiligdom gebring nie. Julle moes dit 43sekerlik 44in die heiligdom geëet het esoos ek beveel het.
| e Lev. 4:5; 6:26; 16:27. | 42 Hebr. heiligheid, dit is, in die eerste deel van die tabernakel, anders genoem: die Heilige, waarin die bloed gebring moes gewees het. Sien Lev. 4:5, 16. Wanneer dit sou plaasgevind het, moes die bok buite die laer heeltemal verbrand word. Sien Lev. 4:12, 21; 6:30; 16:27.
43 Hebr. etende moes julle geëet het. 44 Dit is, by die heiligdom in die voorhof, waar die heilige eetplek was. Sien vers 12. |
Toe sê Aäron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my 45oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit 46goed gewees het in die oë van die HERE?
| 45 Of: ontmoet, of teëgekom, naamlik dat ek my twee seuns Nadab en Abíhu verloor het, en daaroor nie mog rou nie, sodat ek deur die droefheid van my hart nie van die offer kon eet nie.
46 Dit is, sou dit die HERE behaag en vir Hom aangenaam gewees het? Naamlik, dat ek, wat nog droefheid ondervind oor die straf van my twee seuns, met ’n bedroefde gemoed die sondoffer sou geëet het? |
Toe Moses dit hoor, was dit goed in sy oë.
Eerste offerandes van Aäron.
EN op die 1agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en 2die oudstes van Israel geroep
| 1 Wat gevolg het op die sewe dae van inwyding wat gemeld is in Lev. 8:35. Vgl. Eség. 43:26, 27.
2 Sien Lev. 4:15 se kanttekening. |
en aan Aäron gesê: aNeem 3vir jou ’n 4bulkalf as sondoffer en ’n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle 5voor die aangesig van die HERE.
| a Ex. 29:1. | 3 Dit is, om vir jou geslag te word. Sien vers 8.
4 Hebr. die seun van ’n bees, dit is, ’n jong bul. 5 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
En spreek met die kinders van Israel en sê: Neem ’n bokram as sondoffer en ’n kalf en ’n lam, altwee 6een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,
| 6 Hebr. seuns van ’n jaar. So ook in Lev. 14:10. |
ook ’n bul en ’n ram as dankoffer om voor die aangesig van die HERE te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag 7verskyn die HERE aan julle.
| 7 Hebr. het die HERE aan julle verskyn. Hy spreek van ’n gebeurtenis wat nog sou plaasvind, sien verse 23, 24, asof dit teenswoordig was en reeds plaasgevind het, om die sekerheid en vastigheid daarvan by hulle in te skerp. So ook in Gén. 20:3 en die kanttekening. Ex. 9:3. Matt. 26:28, ens. |
Toe het hulle voor die tent van samekoms 8gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van die HERE.
| 8 Anders: Toe het hulle geneem en voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. Sien oor die verklaring hiervan Gén. 12:15 se kanttekening. |
En Moses het gesê: Dit is die saak wat die HERE julle beveel het om te doen, sodat die 9heerlikheid van die HERE aan julle kan verskyn.
| 9 Verstaan die heerlike tekens van die openbaring van God deur die vuur wat van die HERE uitgegaan het, waardeur die brandoffer vanself aangesteek en verteer is. Sien verse 23, 24. Vgl. Ex. 24:16, 17; 40:34, 35. Eség. 43:2. |
En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou bsondoffer en jou brandoffer, en doen versoening 10vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die HERE beveel het.
| b Lev. 16:6. Hebr. 7:27. | 10 Eers vir jou, sodat jy op die manier bekwaam mag wees om die versoening vir die volk te doen, wanneer jy self eers versoen sal wees. Want die Levitiese priesters, omdat hulle self sondaars was, moes ook vir hulself offer, Hebr. 7:27, 28. |
Toe het Aäron na die altaar nader gekom en 11die sondofferkalf geslag wat 12vir hom bedoel was.
| 11 Dit is, wat vir die sonde geoffer moes wees. Vgl. vers 15 se kanttekening.
12 Sien vers 2 se kanttekening. |
En die seuns van Aäron het die bloed na hom gebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegiet.
Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar 13aan die brand gesteek soos die HERE Moses beveel het.
| 13 Dit is, berei en gereedgemaak om aangesteek en verbrand te word. So ook in verse 13, 14, 17, 20. Want dit is onmiddellik daarna aangesteek en verteer met vuur wat wonderbaarlik uit die hemel geval, of uit die Allerheiligste voortgekom het, vers 24. |
En die vleis en die 14vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.
| 14 Met alles wat nog oorgebly het van hierdie kalf. Vgl. Lev. 4:11. |
Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed 15aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi.
| 15 Hebr. vir hom laat vind, dit is, vir hom gelewer, of gebring. So ook in verse 13, 18, ens. |
Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het dit aan die brand gesteek op die altaar.
En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.
Daarna het hy die offer cvan die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat 16vir die volk bedoel was, en dit geslag en 17dit as sondoffer gebring soos 18tevore.
| c Lev. 4:13. | 16 Of: van die volk, dit is, wat vir die volk geoffer sou word. Vgl. vers 8 se kanttekening.
17 Hebr. hy het hom sonde gemaak, dit is, hy het die sondofferbok tot ’n offer berei vir die sonde. Of: hy het hom ontsondig, dit is, met hom het hy die volk ontsondig; dit is, hy het hulle gereinig van hul sondes, nie in die daad nie, maar in die betekenis, terwyl dit wys op die enigste offer van Christus, wat alleen met die daad die sondes kan wegneem, Hebreërs 9; 10. Sien Lev. 4:20 se kanttekening. Daarom word daar ook gesê dat Hy sonde vir ons gemaak is, 2 Kor. 5:21. 18 Naamlik die offer van die bulkalf. Sien verse 2, 8. |
Verder het hy die brandoffer gebring en dit berei 19volgens voorskrif.
| 19 Dit is, volgens die voorskrif, soos dit moes gebeur. Sien Lev. 5:10 se kanttekening. |
En hy dhet die 20spysoffer gebring en 21’n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar, behalwe die 22emôrebrandoffer.
| d Lev. 2:1.
e Ex. 29:38, ens. |
20 Wat altyd saam met die brandoffer moes gaan, soos af te lei is uit Levítikus 6.
21 Naamlik van die fynmeel waaruit die spysoffer bestaan het. Sien Lev. 2:2. 22 Dit is, wat elke môre gewoonlik met spysoffer gebring moes word. Sien Ex. 29:38-40. |
Toe het hy die bul en die ram geslag wat 23vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee — wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het —
| 23 Naamlik, om vir hulle geslag te word. Vgl. vers 8 se kanttekening. |
en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en 24die netvet en die niere en die lap aan die lewer;
| 24 Verstaan die vet wat oor die binnegoed lê. Vgl. Lev. 3:3, 9, 14; 4:8; 7:3, ens. |
en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en 25hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.
| 25 Naamlik Aäron. |
Maar die borsstukke en fdie regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg soos Moses beveel het.
| f Lev. 7:32. |
Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle 26geseën. En 27hy het afgeklim 28nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het.
| 26 Naamlik as priester, wie se amp was om die geestelike goedere deur onderrig, offer en gebed aan die volk van God uit te deel. Die openbare seën was ’n soort gebed, waarvan ons die formulier lees in Núm. 6:23.
27 Naamlik, van die klein heuweltjie, nie steil nie, maar geleidelik opgaande, waarop die altaar gestaan het, sodat mense rondom goed kon sien wat daarop gebeur het. Vgl. Ex. 20:26. Anders: nadat hy afgeklim het. 28 Hebr. van die bring van die sondoffers, brandoffers, ens. |
Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk 29geseën. En die 30heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn —
| 29 Naamlik soos dienaars van God oor sy gemeente. Hierdie seën het in die openbaar plaasgevind met die aanroeping van God se Naam, volgens die voorskrif van Núm. 6:24, ens. Sien ook hieroor Deut. 10:8.
30 Sien die volgende vers en vers 6 se kanttekening. |
gvuur het 31van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, 32het hulle gejuig en 33op hulle aangesig geval.
| g 1 Kon. 18:38. 2 Kron. 7:1. | 31 Dit is, van die Allerheiligste, wat saam met die hele tabernakel die huis van die HERE genoem is, 1 Sam. 3:15. 1 Kron. 6:31, 32, waar die verbondsark was, ’n teken van God se teenwoordigheid; of verstaan dit as die hemel, wat die woning van die HERE genoem word, Deut. 26:15. 2 Kron. 30:27. Jes. 63:15, van waar ten tyde van Elía die vuur op sy offer geval het, 1 Kon. 18:38.
32 Dit is, hulle het ’n vreugdevolle uitroep aangehef. 33 Tot ’n teken van ootmoedige eerbied. Sien Gén. 17:3 se kanttekening. |
Wyding van Aäron en sy seuns.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
aNeem Aäron en sy seuns saam met hom, en 1die klere en 2die bsalfolie en 3die sondofferbul en die twee ramme en die 4mandjie met ongesuurde koeke,
| a Ex. 28:1, 2.
b Ex. 30:25. |
1 Verstaan die heilige en priesterlike klere, wat God beveel het om te maak, Ex. 28:2, en volgens hierdie bevel gemaak was, Ex. 39:1.
2 Hebr. olie van die salwing; so ook in dit wat volg. Sien hieroor Ex. 30:23-25; 37:29. 3 Dit is, wat as ’n sondoffer gebring moes wees. Sien hieroor en oor dit wat volg Ex. 29:1, ens. 4 Waarin die ongesuurde en ongegiste koeke is wat hulle as offers aan God gebring het. |
en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.
En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.
Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is 5die saak cwat die HERE 6beveel het om te doen.
| c Ex. 29:4. | 5 Hebr. die woord. Sien Gén. 20:8 en die kanttekening.
6 Sien Exodus 29 en vgl. daardie hfst. hiermee. |
En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met 7water gewas.
| 7 Sien Lev. 6:28 se kanttekening en hierna, vers 11. |
dDaarop het hy 8hom 9die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom 10die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.
| d Ex. 28:4. | 8 Naamlik Aäron.
9 Sien oor hierdie priesterlike gewaad Ex. 28:4. 10 Sien oor hierdie kleed Ex. 28:4, 6, 7. Dit was tweërlei. Die een van die hoëpriester was van kosbare stof gemaak, Ex. 28:6, waarvan hier gespreek word. Die ander, van linne, vir die ander priesters, die Leviete en konings, 1 Sam. 2:18; 22:18. 1 Kron. 15:27. |
Verder het hy hom die eborstas aangeheg en in die borstas 11die Urim en die Tummim gesit.
| e Ex. 28:30. | 11 Sien hieroor Ex. 28:30. Die woorde beteken ligte en volmaakthede, dinge wat nie deur enige kuns van mense gemaak was nie, maar deur God aan Moses gegee om dit in die heilige borstas te sit. |
En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, 12aan die voorkant, die goue 13plaat, 14die heilige kroon, bevestig, fsoos die HERE Moses beveel het.
| f Ex. 28:36; 29:6. | 12 Hebr. teenoor. Vgl. Ex. 28:37, 38; 29:6.
13 Of: blad. Hebr. die blom van die goud. 14 So genoem omdat dit (soos sommige skryf) byna soos ’n kroon gemaak was. Sien meer in Ex. 29:6 se kanttekening. |
Toe het Moses die salfolie geneem en die 15tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit 16geheilig.
| 15 Die tent van samekoms.
16 Dit is, het dit afgesonder tot ’n heilige gebruik. So ook in die twee volgende verse. Net so ook Gén. 2:3. Ex. 28:41; 29:1. 2 Kron. 7:7. Joël 1:14. |
En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die 17waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.
| 17 Dit is, ’n kom waarin die priesters, wanneer hulle in die tabernakel ingegaan het, hul hande en voete, asook die vleis van die offers en die gereedskap wat tot die diens aan God behoort, gewas het. Sien Ex. 30:18-20; 40:7, 30. Lev. 6:28. |
Daarna het hy gvan die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.
| g Ps. 133:2. |
Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met ’n gordel en hulle die musse omgebind hsoos die HERE Moses beveel het.
| h Ex. 29:9. |
iDaarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns 18het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.
| i Ex. 29:1. | 18 Anders: het met hulle hande op die kop gesteun of geleun, ens. So ook in vers 18. Sien Lev. 1:4 se kanttekening. |
En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en 19die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur 20daar versoening voor te doen.
| 19 Dit is, het dit afgesonder van die algemene en onheilige gebruik. So ook in Ex. 29:36. Lev. 14:49 en die kanttekening, ens.
20 Dit is, om dit deur hierdie offer vir heilige gebruik geskik te maak, of: om daarop versoening te doen, dit is, om daarop die offers van versoening vir die mense te bring. So ook in Ex. 29:36. |
Verder het hy al die vet wat 21aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.
| 21 Anders: op, oor. |
Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, ksoos die HERE Moses beveel het.
| k Ex. 29:14. Lev. 4:11. |
Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
Hy het ook die ram 22in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;
| 22 Sien Lev. 1:6. |
maar die binnegoed en die pote het hy 23met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was ’n brandoffer 24as lieflike geur, ’n vuuroffer was dit aan die HERE, lsoos die HERE Moses beveel het.
| l Ex. 29:18. | 23 Sien vers 11 se kanttekening.
24 Sien Lev. 1:9 se kanttekening. Gén. 8:21. |
Daarop het hy die ander ram, 25die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
| 25 Hebr. ram van die vullinge, dit is, met die offer van die ram waarmee hulle in hul priesteramp bevestig was. Sien Lev. 7:37 se kanttekening. |
En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die 26regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.
| 26 Verstaan die sagte onderste deel van die oor. |
Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
mEn hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.
| m Ex. 29:22. |
Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat 27voor die aangesig van die HERE was, een ongesuurde koek geneem en 28een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
| 27 Sien Lev. 1:3 se kanttekening.
28 Hebr. een koek van die brood van die olie. |
nen dit alles op die 29hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as 30beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
| n Ex. 29:24. | 29 Hebr. palms, en so in dit wat volg.
30 Sien Lev. 7:30 se kanttekening. |
Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; ’n 31wydingsoffer was dit as lieflike geur, ’n vuuroffer aan die HERE.
| 31 Hebr. vullinge, en so in dit wat volg. Sien Lev. 7:37 se kanttekening. |
Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as 32deel toegekom, osoos die HERE Moses beveel het.
| o Ex. 29:26. Lev. 7:33. | 32 Verstaan ten opsigte van daardie tyd, toe die priesterskap eerste ingestel was en Moses die amp van priester buitengewoon bedien het. Want daarna het hy dit nie meer gedoen nie, maar hom gehou by die bediening van die burgerlike en profetiese amp, terwyl sy kinders onder die gewone Leviete gereken is. |
pMoses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns 33geheilig.
| p Ex. 29:21. | 33 Sien vers 10 se kanttekening. |
Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms qen eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet 34dit eet.
| q Ex. 29:32. Lev. 24:9. | 34 Naamlik die orige vleis en die brood wat in die mandjie was. |
Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet 35julle wyding duur.
| 35 Dit is, waar julle deur sekere seremonies in jul priesteramp bevestig word. Sien Lev. 7:37 se kanttekening. |
Soos vandag gedoen is, het die HERE beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.
Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die 36ordening van die HERE hou, 37dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.
| 36 Verstaan die verskuldigde plig van die priesters in die waarneming en onderhouding van alles wat hulle beveel was om in die tabernakel te doen, en in die besonder dit wat hierdie wyding van hulle aangegaan het. Vgl. Núm. 3:7, 8; 9:19. 2 Kon. 11:5. Of: die diens van die HERE waarneem.
37 Soos Nadab en Abíhu naderhand oorgekom het, toe hulle, teen die ordening, vreemde vuur aan die HERE gebring het. |
En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die HERE 38deur die diens van Moses beveel het.
| 38 Hebr. deur die hand van Moses, dit is, deur sy diens en beleid. Sien Ex. 4:13 se kanttekening. So ook in Lev. 10:11. Núm. 16:40. Jos. 14:2. |
Voorskrifte omtrent die skuld- en dankoffers.
EN dit is die wet 1van die skuldoffer: dit is 2hoogheilig.
| 1 Sien Lev. 5:6 se kanttekening.
2 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
3Op die plek waar 4hulle die 5brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en 6hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
| 3 Sien oor hierdie plek Lev. 1:3.
4 Naamlik die priesters. 5 Sien oor hierdie offer Lev. 6:9 se kanttekening. 6 Naamlik, een van die priesters. Sien Lev. 1:5. |
En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — 7by die niere moet hy dit wegneem.
| 7 Sien Lev. 3:4 se kanttekening. |
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die HERE; dit is ’n skuldoffer.
Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. 8Op ’n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.
| 8 Sien Lev. 6:16 se kanttekening. |
Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle — die priester 9wat daardeur versoening doen, aan hom kom 10dit toe.
| 9 Naamlik deur die bediening van hierdie seremonie, wat die versoening aandui en heengewys het na die Messías, wat dit sou verwerf. Sien Lev. 1:4 se kanttekening.
10 Naamlik die offer. |
En die priester wat die brandoffer van iemand bring — die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.
En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.
En elke spysoffer, met olie gemeng of 11droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, 12aan die een so goed as aan die ander.
| 11 Dit is, sonder olie of drankoffer; soos die spysoffers vir die sonde was, Lev. 5:11, en die spysoffers van jaloersheid, Núm. 5:15.
12 Hebr. vir die man soos vir sy broer. |
En dit is die wet 13van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring:
| 13 Sien Lev. 3:1 se kanttekening. |
Ingeval hy dit as a14lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke 15deurmekaargeroer is, met olie gemeng;
| a Ps. 116:17. | 14 Dit is, bely- of erkenoffer, waardeur hulle die weldade wat hulle van God ontvang het, met ootmoed en eerbied openlik erken en prys, en God daarvoor gedank het. Sien oor hierdie offer ook Lev. 22:29. 2 Kron. 29:31; 33:16. Ps. 50:14.
15 Sien Lev. 6:21 se kanttekening. |
saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.
En hy moet daarvan, 16een koek van elke gawe, as 17offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom 18dit toe.
| 16 Naamlik een van die koeke van gesuurde brood, in die voorgaande vers genoem.
17 Of: hefoffer. Verstaan ’n offer wat in die bring daarvan deur die priester omhoog gehef was. Sien hieroor ook vers 32. Ex. 29:27, 28. Vgl. hiermee vers 30 hierna se kanttekening. 18 Naamlik die offergawe. |
Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag 19as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.
| 19 Dit is, as die offer plaasvind. |
En as die offer wat hy bring, ’n 20gelofte of 21vrywillige offer is, moet dit geëet word bop die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.
| b Lev. 19:6. | 20 Verstaan ’n godsdienstige belofte, vrywilliglik aan die HERE gedoen, van dit wat deur Hom geoorloof en in ons mag is, tot eer van God en tot bewys van dankbaarheid. Vgl. Núm. 30:2.
21 Dit is, wat iemand wat nie genoodsaak is deur enige wet nie, uit enkel vrygewigheid van sy hart vir die HERE opgeoffer het. Sien oor so ’n offer ook Lev. 22:23. Eség. 46:12. |
Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.
En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag 22iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie 23met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie 24toegereken word nie; 25’n onrein iets sal dit wees, en 26diegene wat daarvan eet, moet sy 27ongeregtigheid dra.
| 22 Hebr. etende geëet word.
23 Naamlik deur die HERE. 24 As ’n aangename dankoffer. 25 Die Hebreeuse woord beteken eintlik iets wat deur ouderdom ’n slegte reuk en kleur gekry het. 26 Hebr. die siel; so ook in dit wat volg. 27 Sien Lev. 5:1 se kanttekening. |
En 28die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder 29die vleis betref — 30elkeen wat rein is, mag vleis eet.
| 28 Van die dankoffer. Sien die voorgaande en die volgende vers.
29 Naamlik, wat nog oorgebly het en deur niks onreins aangeraak is nie. 30 Naamlik van die priesters en van diegene wat die offers bring om geoffer te word. |
Maar die een wat vleis ceet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy 31onreinheid aan hom is, dié siel moet 32uit sy volksgenote uitgeroei word.
| c Lev. 15:3. | 31 Verstaan seremoniële onreinheid, waarvan die mens hom nog nie gereinig het nie, soos hierna in Levítikus 21; 22 gebied word.
32 Sien Gén. 17:14 se kanttekening. |
En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ’n mens of aan ’n onrein dier of aan enige onrein 33verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
| 33 Dit is, enige iets wat onrein verklaar en daarom verfoeilik is, en vermy moet word. |
Die verbod om vet of bloed te eet.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: 34Géén vet van ’n bees of skaap of bok mag julle eet nie.
| 34 Sien Lev. 3:17 se kanttekening. |
Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir 35allerhande werk 36gebruik word, maar jy mag 37niks daarvan eet nie.
| 35 Hebr. alle.
36 Hebr. gedoen. 37 Hebr. etende mag jy dit nie eet nie. |
Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die HERE ’n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
dOok mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.
| d Gén. 9:4. Lev. 3:17; 17:14. |
Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die HERE sy dankoffer bring, 38moet self aan die HERE die gawe 39uit sy dankoffer bring;
| 38 Naamlik hy self in eie persoon, nie ’n ander namens hom nie. Sien die volgende vers.
39 Dit is, uit die brokke of dele wat óf aan God geoffer is, óf aan die priesters gegee moes word. |
sy hande moet die vuuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, eom dit as 40beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.
| e Ex. 29:24. | 40 Verstaan, volgens die mening van sommige, ’n offer wat, as dit deur die priester gebring was, na die vier windrigtings beweeg moes word; en dit word onderskei van die offergawe, vers 14, wat slegs omhoog gehef was. Sien ook oor hierdie beweegoffer Lev. 8:27; 9:21. |
En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.
Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.
Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die 41regterboud as deel toe.
| 41 Sien Ex. 29:22 se kanttekening. |
Want fdie 42beweegbors en die 43hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as ’n deel wat hulle 44vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.
| f Ex. 29:27. Núm. 18:11. | 42 Hebr. bors van beweging. Sien vers 30 se kanttekening.
43 Hebr. boud van opheffing. 44 Sien Gén. 13:15 se kanttekening. |
Dit is 45die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, 46op die dag toe 47Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die HERE te bedien —
| 45 Of: salwing. Dit is, die reg en die wettige porsie, wat Aäron en sy seuns vanweë hul priesteramp, waartoe hulle beroep en deur die salwing ingewy is, toebehoort.
46 Dit is, van die dag af dat hulle in hul amp ingewy is. 47 Naamlik, God, deur Moses. Anders: as hy, Aäron, hulle sal laat nader kom. |
48wat die HERE beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is ’n ewige insetting vir hulle geslagte.
| 48 Naamlik die aandeel, soos in die voorgaande vers. |
Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die 49wydingsoffer en die dankoffer
| 49 Hebr. vir die vullinge. Want toe die priesters in hul amp aangestel was, was hul hande met offers gevul. Of, met die offer was hul bevestiging in die priesteramp vervul. Sien Ex. 28:41; 29:9; 32:29. Lev. 8:33. 1 Kon. 13:33. Eség. 43:26. |
wat die HERE Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die HERE te bring.
VERDER het die HERE met Moses 1gespreek en gesê:
| 1 Die eerste sewe verse van hierdie hoofstuk word deur ander, met verwysing na die Hebreeuse teks, by die voorgaande vyfde hoofstuk gevoeg; en dit nie sonder rede nie, omdat hier nog oor die skuldoffers gehandel word. |
As 2iemand sondig en ontrou handel 3teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste 4ontken dat iets aan hom toevertrou of 5as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy 6sy naaste iets afgepers het,
| 2 Hebr. siel, en so in dit wat volg. Sien Gén. 12:5 se kanttekening.
3 Wie sy naaste te na kom, sondig ook teen die HERE; nie net omdat die mens God se skepsel is en Hom toebehoort nie; maar ook omdat God beveel het om die naaste lief te hê en nie skade aan te doen nie; en omdat die Naam van die Here dikwels misbruik word in en oor die sonde wat teen die naaste begaan word. 4 Anders: lieg. 5 Hebr. as plasing van die hand, dit is, wat iemand in die hand gegee en aan hom besorg is, hetsy deur slegs een, of deur baie, met wie hy deur sy handdruk, handtekening of andersins in ’n ooreenkoms getree het om dit na te kom en te onderhou. 6 Of: bedrieglik van sy naaste vervreem het. |
of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer aten opsigte van enigiets wat ’n mens kan doen om hom daarmee te besondig —
| a Núm. 5:6. |
as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het;
of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar 7ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee 8op die dag as hy boete doen.
| 7 Hebr. in sy hoof, dit is, die hoofsom self wat ontvreem is, of: die totale som.
8 Dit is, as hy skuldig bevind en skuldig verklaar sal word. Anders: op die dag van sy skuldoffer, dit is, as hy die offer vir sy skuld sal bring om hom te versoen met God; dan sal hy op dieselfde tyd aan sy naaste voldoen. Vgl. Matt. 5:23. |
En hy moet van die kleinvee, 9na jou skatting, as boete aan die HERE ’n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.
| 9 Of: met jou skatting. Sien Lev. 5:15 se kanttekening. |
Dan moet die priester vir 10hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word — enigiets wat ’n mens doen, 11sodat hy daardeur skuldig word.
| 10 Sien Lev. 1:4 se kanttekening.
11 Hebr. tot skuld daarin. |
Voorskrifte omtrent die brand-, spys- en sondoffers.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: 12Dit is die wet van die brandoffer: 13Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die 14altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.
| 12 Dit is, die voorskrif van die manier waarop ’n mens ’n brandoffer moet bring; of die daaglikse, Ex. 29:38, of die vrywillige offer, Levítikus 1, of dit wat die wet vir enige sonde beveel.
13 Dit is ’n beskrywing van die brandoffer; vgl. Gén. 8:20 se kanttekening. 14 Naamlik, wat op hierdie altaar, toe die eerste offer daarop gebring is, uit die hemel geval het, en daarna altyd aan die brand gehou moes word, verse 12, 13. |
En die priester moet sy 15linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en 16dit langs die altaar uitgooi.
| 15 Sien hieroor Ex. 28:39, 40.
16 Naamlik die as. Sien Lev. 1:16 se kanttekening. |
Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as 17buitekant die laer op ’n rein plek uitbring.
| 17 Sien Lev. 4:12 se kanttekening. |
En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet 18elke môre 19daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.
| 18 Hebr. in die môre, in die môre. Sien Gén. 39:10 se kanttekening.
19 Naamlik op die altaar. |
Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.
En dit is die wet bvan die 20spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van die HERE 21voor die altaar bring,
| b Núm. 15:4, ens. | 20 Sien Lev. 2:1 se kanttekening.
21 Anders: op die altaar. Hebr. aan die aangesig van die altaar. |
en een moet daarvan ’n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en chy moet op die altaar die 22gedenkoffer daarvan aan die brand steek 23as lieflike geur vir die HERE.
| c Lev. 2:9. | 22 Sien Lev. 2:2 se kanttekening.
23 Sien Lev. 1:9 se kanttekening. |
En wat daarvan oorbly, 24moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op ’n heilige plek; 25in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.
| 24 Hierdie wet het drie redes gehad: (1) sodat dit wat geheilig was nie geminag sou word deur die algemene gebruik nie; (2) sodat dit nie daarna deur die volk deur spoggery, eergierigheid, oordaad of andersins misbruik sou word nie; (3) sodat die priesters wat die altaar bedien het, van die altaar sou lewe, 1 Kor. 9:13.
25 Hiermee word uitgedruk waar die heilige plek is, waar die heilige dinge deur die priesters geëet moes word. Sien ook vers 26 en Lev. 10:12, 13. |
Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. 26Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.
| 26 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is ’n 27ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. 28Alles dwat 29daaraan raak, word 30heilig.
| d Ex. 29:37. | 27 Hebr. insetting van ewigheid. Sien Gén. 13:15 se kanttekening.
28 Of: Almal. 29 Naamlik, die dinge wat gemeld is in die twee voorgaande verse. 30 Dit is, as heilig geag, en nie gebruik mag word in enige ander sake nie; maar moes óf gebreek óf gewas óf ook geskuur en afgespoel word. Sien verse 27, 28. |
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die HERE moet bring op die dag as 31hy gesalf word: die tiende van ’n 32efa fynmeel 33as voortdurende spysoffer; 34die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.
| 31 Naamlik Aäron of een van sy seuns.
32 Sien Lev. 5:11 se kanttekening. 33 Dit is, óf soos die voortdurende spysoffer, óf met die voortdurende spysoffer, óf tot die voortdurende spysoffer, naamlik in die salwing van die priesters. Sien oor die voortdurende spysoffer Ex. 29:40. 34 Dit is, ’n helfte van die fynmeel vir die môre-offer, en die ander vir die aandoffer. |
Dit moet op ’n plaat met olie berei word; 35deurmekaargeroer moet jy dit bring; in 36gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die HERE.
| 35 Dit is, so gekook dat dit borrel, opkook en rys. So ook in Lev. 7:12. Anders: gebraai.
36 Hebr. kooksels van die spysoffer van brokkies, dit is, gekookte of gebakte brokkies van die spysoffer. |
Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek 37gesalf word, dit berei, as ’n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE 38aan die brand gesteek word.
| 37 Naamlik, om ná sy dood hom op te volg in sy amp.
38 Naamlik, om geheel en al verbrand te word. |
39So moet dan elke spysoffer van ’n priester ’n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.
| 39 Naamlik, dat dit geheel en al aangesteek en verbrand sal word. Anders: moet geheel verbrand word. |
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die 40sondoffer: 41Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. 42Dit is hoogheilig.
| 40 Sien Lev. 4:3 se kanttekening.
41 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. 42 Sien Lev. 2:3 se kanttekening. |
eDie priester wat dit 43as sondoffer bring, moet dit eet; op ’n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.
| e Hos. 4:8. | 43 Hebr. ontsondig, dit is, vir die sonde ’n offer bring. |
44Alles wat aan die vleis daarvan raak, 45word heilig; en as daar van die bloed op ’n kledingstuk spat, moet jy 46die stuk waar dit op spat, op 47’n heilige plek was.
| 44 Of: Almal.
45 Sien vers 18 se kanttekening. 46 Naamlik die kledingstuk. 47 Sien vers 16 se kanttekening. |
En ’n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in ’n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met 48water afgespoel word.
| 48 Naamlik in die heilige water. Sien Ex. 40:7, 30. Lev. 8:11 se kanttekening. |
Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.
Maar elke 49sondoffer fwaarvan ’n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.
| f Lev. 4:5. Hebr. 13:11. | 49 Sodanig was die sondoffers wat vir die vergryping deur die hoëpriester, en deur die hele vergadering gebring was, Lev. 4:5, 16. So ook die jaarlikse sondoffer op die dag van versoening, Lev. 16:27. |
EN as 1iemand sondig — dat hy die luid uitgesproke 2beswering hoor, terwyl hy getuie was, 3dit gesien het of daarvan 4weet — as hy naamlik dit 5nie te kenne gee nie en so sy 6ongeregtigheid moet dra;
| 1 Hebr. siel, en so in dit wat volg. Sien Gén. 12:5 se kanttekening.
2 Dit is, lastering teen God (soos in Lev. 24:10, 11) of teen sy naaste (soos in 2 Sam. 16:7) uitgeroep. 3 Dit is, self in persoon by die beswering was. 4 Dit is, uit die mededeling van ander gehoor het. 5 Naamlik aan die owerheid, omdat hy belet is deur enige menslike swakheid van lafhartigheid, vrees, toegeneentheid, versuim, ens. 6 Dit is, hy sal die straf ondergaan wat hy deur sodanige misdaad van stilswye verdien het. Sien hierdie manier van spreek in vers 17 en Lev. 17:16; 20:20. Núm. 14:33. Jes. 53:11, ens.; en so word sonde of ongeregtigheid vir straf gebruik in Gén. 19:15. Núm. 18:1. Sien Gén. 4:13 se kanttekening. |
aof as iemand enigiets aanraak wat 7onrein is — die aas van ’n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein 8gedierte wat rondkruip — en dit vir hom 9verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is;
| a Hag. 2:14. 2 Kor. 6:17. | 7 Verstaan dit as die seremoniële onreinheid, sien breedvoeriger daaroor in Levítikus 11. Deuteronómium 14.
8 Sien Gén. 1:20 se kanttekening. 9 Sodat hy nie geweet het dat hy dit aangeraak het nie. |
of as hy iets onreins van ’n mens aanraak — 10volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig — en dit vir hom verborge was, maar hy 11dit te wete gekom het en skuldig is;
| 10 Dit is, in enige soort onreinheid waarmee ’n mens volgens die seremoniële wet onrein kon word. Sien oor die algemene soorte van hierdie onreinheid Levítikus 11-13; 15; 17.
11 Hebr. dit geweet het. So ook in vers 4. |
of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe 12praat om kwaad of goed te doen — volgens alles wat ’n mens met ’n eed onverskillig kan praat — en dit vir hom 13verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan 14een van hierdie dinge;
| 12 Naamlik aan sy naaste. In 1 Sam. 25:22 en in Hand. 23:12 is ’n voorbeeld van die kwaad, en in Mark. 6:23 van die goeie.
13 Naamlik deur verleiding en ontsteltenis van sy gees. 14 Naamlik aan een van die voorgenoemde misdade. |
15as hy dan 16aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely 17waar hy teen gesondig het,
| 15 Anders: omdat hy, ens.
16 Dit is, dan sal die wet wat hier volg toegepas word. 17 Dit is, teen welke van die voorgenoemde dinge. Anders: dat hy daarteen gesondig het. |
en as 18boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE ’n ooi bring van die 19kleinvee, ’n skaaplam of ’n bok, as 20sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.
| 18 Of: skuldoffer. Verstaan die offer wat gebring was vir die sonde wat uit swakheid gebeur het, maar ewenwel die mens skuldig maak voor God. Sien oor hierdie offer ook vers 16. Lev. 6:17; 7:1.
19 Sien Lev. 1:2 se kanttekening. 20 Sien Lev. 4:3 se kanttekening. Anders: vir die sonde. |
bMaar 21as hy nie’n stuk kleinvee kan 22bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee 23jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer;
| b Lev. 12:8. Luk. 2:24. | 21 Dit is, as hy nie in staat is nie vanweë sy armoede. So ook in vers 11. Lev. 25:26.
22 Hebr. genoegsaamheid van kleinvee. 23 Hebr. seuns van die duif. So ook in vers 11. Sien Lev. 1:14 se kanttekening. |
en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop cvlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek.
| c Lev. 1:15. |
Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ’n sondoffer.
En die ander een moet hy as brandoffer d24volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
| d Lev. 1:15. | 24 Of: volgens die reg, dit is, volgens die voorskrif wat daarvoor vasgestel was en daarom reg en wettig was. So word die Hebreeuse woord meermale gebruik. Vgl. Gén. 40:13 en die kanttekening. |
Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die 25tiende van ’n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ’n sondoffer.
| 25 ’n Gomer genoem, Ex. 16:36, wat die inhoud van 43 hoendereierdoppe bevat het. Tien hiervan is ’n efa, wat tien maal soveel bevat, dit is, soveel soos daar in 432 hoendereierdoppe kon gaan. Dit is mate van droë ware. |
En hy moet dit na edie priester bring, en die priester moet daar ’n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar 26oor die vuuroffers van die HERE faan die brand steek; dit is ’n sondoffer.
| e Lev. 2:2.
f Lev. 4:35. |
26 Anders: volgens die manier van die vuuroffers. Sien Lev. 3:5 se kanttekening. |
So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie 27gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder gbehoort 28dit aan die priester net soos die spysoffer.
| g Lev. 2:3. | 27 Naamlik, van die sondes wat in die begin van hierdie hfst. vermeld is.
28 Naamlik wat oor is. |
Die skuldoffer.
OOK het die HERE met Moses gespreek en gesê:
As 29iemand in iets ontrou handel en in swakheid 30sondig met betrekking tot een van die 31heilige gawes van die HERE, moet hy as 32boete aan die HERE bring ’n ram sonder gebrek van die kleinvee, 33na jou skatting van die waarde hin sikkels silwer, 34volgens idie sikkel van die heiligdom, as ’n skuldoffer.
| h Lev. 27:2, 3, ens.
i Ex. 30:13. |
29 Hebr. siel.
30 Hebr. sondig van die heilighede of heilige gawes. Dit is, deur ontvreemding iets wegneem van die heilige gawes. 31 Hebr. van die heilighede van die HERE, dit is, van die dinge wat aan die HERE geheilig, en tot ’n heilige gebruik afgesonder is. So ook in die volgende vers, ens., en Lev. 22:2. Vgl. Lev. 16:4; 19:24. 32 Hebr. sy skuld, dit is, offer vir sy skuld. Sien Lev. 4:3 se kanttekening. 33 Of: met jou skatting. Dit is, met soveel geld as die priester sal skat, wat die ontvreemde goed werd is. Vgl. Lev. 22:14; 27. 34 Dit was dubbel soveel werd as die gewone sikkel. Sien Gén. 23:15 se kanttekening. |
En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die 35skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.
| 35 Sien vers 6 se kanttekening. |
En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy 36ongeregtigheid moet dra,
| 36 Sien vers 1 se kanttekening. |
dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ’n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.
Dit is ’n skuldoffer; hy is 37sekerlik skuldig teenoor die HERE.
| 37 Hebr. hom skuldig makende, het hy hom skuldig gemaak; dit is, of hy wel deur onkunde, of onversigtigheid, of vergeetagtigheid, of haastigheid, of enige ander swakheid hom vergryp het, so het hy nogtans sonde gedoen wat strafwaardig is. Vgl. Luk. 12:48. |
Die sondoffer.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: As 1iemand in 2swakheid sondig teen 3een van alle 4gebooie van die HERE en 5een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, 6tog doen —
| 1 Dit is, ’n mens. Sien Lev. 2:1 se kanttekening, en so dikwels in dit wat volg.
2 Of: deur afdwaling. Dit is, deur onkunde, as iemand hom vergryp, onwetende dat dit wat hy doen sonde is, of deur onversigtigheid, haastigheid en onbedagsaamheid in enige sonde val, wat hy eers ná die daad begin oordink. 3 Dit is, teen een, of enige van alle gebooie van God, soos in die einde van hierdie vers verklaar word. 4 Naamlik, waardeur iets verbied word. So ook in 1 Kon. 2:43. En so word gebied vir verbied gebruik in Deut. 2:37; 4:23. 5 So ook in verse 13, 22. Sien Gén. 20:9 se kanttekening. 6 Verstaan hierby dat hulle dan die offer sal bring wat hierna beveel word. |
as die 7gesalfde priester 8sondig, 9sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ’n 10jong bul sonder gebrek aan die HERE 11as sondoffer bring;
| 7 Verstaan die hoëpriester; wat later alleen gesalf was, Ex. 29:7; 30:30. Lev. 21:10. Ook Lev. 10:7. Núm. 3:3. Die gewone priesters is ook gesalf, maar slegs die eerste priesters, omdat hierdie salwing ook vir hul nageslag gedien het, Ex. 29:29; 40:15.
8 In leer of in lewe. 9 Sodat hy deur sy sonde ’n skuld oor die volk bring, deurdat hulle sy valse leer aanneem of die slegte voorbeeld van sy lewe navolg. Vgl. 1 Kron. 21:3. Anders: volgens die skuld van die volk, dit is, op dieselfde manier as wanneer iemand van die gewone volk sou sondig. 10 Hebr. die seun van ’n bees. So ook in vers 14. Sien Lev. 1:14 se kanttekening. 11 Hebr. tot sonde; dit is, ’n offer wat gebring word vir die sonde. So word die woord sonde en skuld gebruik in Lev. 6:17. Eség. 45:23. 2 Kor. 5:21. |
en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en 12die bul slag voor die aangesig van die HERE.
| 12 Naamlik deur een van die ander priesters, wat by die altaar gedien het. Want hy word onderskei van die priester wat in die volgende vers die gesalfde genoem word. |
Dan moet die gesalfde priester avan die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,
| a Lev. 16:14. Núm. 19:4. |
en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die 13voorhangsel van die heiligdom.
| 13 Verstaan ’n baie kosbare tapyt, waarmee die Heilige of die voorste deel van die tabernakel geskei word van die Allerheiligste, wat die agterste deel was (hier ook die heiligdom genoem). Sien Ex. 26:31-33; 35:12; 40:3, 21. Núm. 4:5. |
Ook moet die priester van die bloed 14stryk baan die 15horings van die 16altaar van die reukwerk van speserye, wat 17in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan 18die onderkant van die brandofferaltaar wat 19by die ingang van die tent van samekoms is;
| b Lev. 9:9. | 14 Hebr. gee. So ook in vers 18. Ex. 29:12.
15 Vgl. Ex. 27:2; 38:2. 16 Hebr. die altaar van die rook van welriekende spreserye. 17 Naamlik binne in die voorste deel, vóór die heiligdom, Ex. 30:6. 18 Dit is, op die grond of die onderste deel van die altaar. So ook in verse 18, 25, 30, 34. 19 Dit is, vóór by die ingang van die voorste deel van die tabernakel, die Heilige genoem. |
en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, cdie vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
| c Lev. 3:3, 4. |
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem —
soos dit van die dankofferbul afgelig word — den die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.
| d Lev. 3:5. |
Maar die evel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis —
| e Ex. 29:14. Núm. 19:5. |
die hele bul fmoet hy buitekant die laer uitbring op ’n rein plek 20waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
| f Lev. 16:27. Núm. 19:3. Hebr. 13:11. | 20 Hebr. op die uitgooi van die as, dit is, by die uitgegooide as. Verstaan ’n plek buite die laer, waar die as van die verbrande offers gekom het, en met ander vuiligheid wat van die offers gekom het, uitgegooi was. Dit moet onderskei word van die asplek wat aan die oostekant van die voorhof van die tabernakel was, waarheen die as van die altaar eers gedra was. Sien Lev. 1:16 se kanttekening. Sien oor beide plekke saam Lev. 6:10, 11. |
En as gdie hele vergadering van Israel 21hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle 22enigiets doen 23wat die HERE verbied het, en 24skuldig word;
| g Lev. 9:15. Núm. 15:24, ens. | 21 Naamlik deur onkunde en misverstand, soos in vers 2.
22 Hebr. een, dit is, iets, enige ding. 23 Hebr. teen enige van alle gebooie, dit is, teen een, of enige van alle. Sien vers 2 se kanttekening. 24 Dit is, geval in sonde, en daardeur strafwaardig. Vgl. vers 3. |
en die sonde wat hulle 25so gedoen het, bekend word, moet die vergadering ’n jong bul as sondoffer laat aankom en hom 26voor die tent van samekoms bring,
| 25 Naamlik teen enige gebod van die HERE.
26 Hebr. voor die aangesig van die tent. |
en die 27oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van die HERE, en 28die bul moet voor die aangesig van die HERE geslag word.
| 27 Wat in die regering en in die leeramp bo ander gestel was. Sien Ex. 3:16 se kanttekening. Matt. 26:57.
28 Naamlik deur die priester, wie se amp dit was om dit te doen. Sien Lev. 1:5 se kanttekening. |
Dan moet die 29gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,
| 29 Sien vers 3 se kanttekening. |
en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die HERE, voor 30die voorhangsel sprinkel.
| 30 Sien vers 6 se kanttekening. |
En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;
en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek
en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle 31versoening doen, en dit sal hulle 32vergewe word.
| 31 Dit is, die teken en seël van die versoening aankondig, wat deur die Middelaar sou geskied. Sien Lev. 1:4 se kanttekening en vgl. 2 Kor. 5:19, 20.
32 Naamlik uit genade, deur die geloof, op grond van die uitgestorte bloed van Christus, Rom. 3:25, nie van diere nie, Hebr. 10:4, wie se bloedstorting slegs ’n voorbeeld was van Christus se offer, Hebr. 10:1, ens. |
Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die 33eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer van die vergadering.
| 33 Sien vers 12. |
As ’n owerste sondig en 34in swakheid 35enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word;
| 34 Sien vers 2 se kanttekening. En verstaan in hierdie vers die swakheid wat deur onversigtigheid plaasvind, wanneer iemand sy sonde wel bemerk, maar nadat die sonde gedoen is. Die ander, waarvan die volgende vers spreek, kom uit enkel onkunde voort, waardeur ’n mens nie verstaan dat dit wat hy gedoen het sonde is nie, behalwe wanneer hy deur ’n ander onderrig is.
35 Hebr. alle. Sien vers 13 se kanttekening. |
36of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring 37’n bok sonder gebrek, ’n ram;
| 36 Anders: indien of wanneer sy sonde, ens.
37 Dit is, ’n jong en ongespeende bokram. So ook in vers 28 ’n ooi vir ’n jong bokooi. Net so ook in Lev. 5:6, ens. |
en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en 38hom slag op die plek 39waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is ’n sondoffer.
| 38 Naamlik deur die priester.
39 Naamlik voor die deur van die tent van samekoms. Sien Ex. 29:10, 11. Lev. 1:3. |
Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.
Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom 40versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.
| 40 Sien vers 20 se kanttekening. |
hEn as 41iemand 42van die volk van die land 43in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word;
| h Núm. 15:27. | 41 Hebr. enige siel. Sien Lev. 2:1 se kanttekening.
42 Verstaan die gewone volk, nie net van die Israeliete nie, maar ook van die vreemdelinge wat deur die besnydenis by die volk van God ingelyf was, Ex. 12:49. Núm. 15:16. 43 Sien die verklaring hiervan in vers 22 se kanttekening. |
of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ’n 44bok sonder gebrek, ’n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;
| 44 Hebr. ’n jong bokooi, dit is, ’n jong ongespeende bokooi. Sien vers 23 se kanttekening. |
en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op 45die plek van die brandoffer.
| 45 Dit is, waar die brandoffer geslag word. Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;
ien al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester kmoet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom 46versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
| i Lev. 3:3, 4, 14.
k Ex. 29:18. |
46 Sien vers 20 se kanttekening. |
Maar ingeval hy ’n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit ’n ooi wees sonder gebrek wat hy bring;
en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en 47dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.
| 47 Naamlik deur die priester. Sien Lev. 1:5 se kanttekening. |
Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;
en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet 48dit op die altaar 49oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
| 48 Naamlik die vettighede, waarvan daar ’n verskeidenheid was, soos af te lei is uit verse Lev. 3:9, 10.
49 Sien Lev. 3:5 se kanttekening. |
Die dankoffer.
EN as ’n 1dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit 2sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring.
| 1 Die Hebreeuse woord beteken welvaart en voorspoedigheid, of vergelding; asof ’n mens sê: ’n Offer waarmee ’n mens God danksegging vergeld vir allerlei welstand, voorspoed, vrede en seëning; en wat daarom vergeldoffer genoem sou kon word.
2 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
En 3hy moet 4sy hand op die kop van sy offer lê en 5dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
| 3 Naamlik hy wat dit bring om geoffer te word.
4 Sien Lev. 1:4 se kanttekening. 5 Naamlik deur die priester, soos in Lev. 1:5. |
Dan moet hy van die dankoffer ’n 6vuuroffer aan die HERE bring: adie vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat 7aan die binnegoed is,
| a Ex. 29:13, 22. | 6 Sien Lev. 1:9 se kanttekening.
7 Anders: oor of bo–op. |
en die twee niere en die vet daarop wat aan die 8lendene is, en die lap aan die lewer — 9by die niere moet hy dit 10wegneem.
| 8 Verstaan die derms wat in die sagtheid van die buik geleë is, in Latyn ilia genoem.
9 Hebr. bo-op, soos in Lev. 2:2, ens. Dit is, saam met die niere, wat hy nie net moes afsonder vir hierdie offer nie, maar ook die vet moes vir dieselfde doel weggeneem word, en die netvet van die lewer. 10 Of: afhaal, aftrek. |
En die seuns van Aäron moet dit bop die altaar aan die brand steek, 11op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
| b Ex. 29:25. Lev. 6:12. | 11 Naamlik, wat hulle elke oggend en aand moes offer; of wat hul eers ná hierdie offer sou offer. Of die woorde op die brandoffer beteken dat dit volgens die manier van die brandoffer geoffer moes word. Sien ook Lev. 4:35; 5:12 en die kanttekeninge. |
En as sy offer ’n stuk 12kleinvee is, as ’n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
| 12 Dit is, skape en bokke, soos af te lei is uit verse 7, 12. Sien Gén. 12:16 se kanttekening. |
As hy ’n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit 13voor die aangesig van die HERE bring
| 13 Sien Lev. 1:3 se kanttekening. |
en sy hand op die kop van sy offer lê en 14dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
| 14 Naamlik deur die priester. Sien Lev. 1:5 se kanttekening. |
Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring: die hele vetstert — naby die 15stuitjie moet hy dit wegneem — en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
| 15 Verstaan hiermee die punt of einde van die ruggraat, wat in die stuitbeen eindig, in Latyn os sacrum genoem. |
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as c16vuurofferspys vir die HERE.
| c Lev. 21:6, 8, 17, 21, 22; 22:25. Eség. 44:7. Mal. 1:12. | 16 Hebr. brood van die vuuroffer. Verstaan die vleis van die offers, wat deur die vuur, tot eer van God, verteer moes word, soos brood of voedsel deur die mond van mense; of: dit wat van die offers die priesters toegekom het om deur hulle geëet te word. Sien Lev. 21:6, 8, 17, 21, 22; 22:25. Eség. 44:7. Mal. 1:12. |
En as sy offer ’n bok is, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring
en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir 17’n lieflike geur. 18Al die vet behoort aan die HERE.
| 17 Sien Gén. 8:21 se kanttekening.
18 Gevolglik mog die vet van die dier wat tot die offer bekwaam was, nie deur die priester of deur die eienaar geëet word nie, maar moes dit aan die HERE geheilig en aan die brand gesteek word. Sien Lev. 7:23, ens. |
’n 19Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle 20woonplekke: géén vet en géén d21bloed mag julle eet nie.
| d Gén. 9:4. Lev. 7:26; 17:10, 14. | 19 Hebr. Insetting van ewigheid. Sien Gén. 13:15 se kanttekening.
20 Hulle word verbied om die vet van die vee te eet, nie net wat in die tent van samekoms aan God geoffer is nie, maar ook wat hulle tuis vir eie gebruik geslag het. Moet egter nie alle vet sonder onderskeid verstaan nie, maar slegs die vet wat vir die offers gebruik word van die drie soorte diere wat aangedui word in Lev. 7:23-25. 21 Sien Gén. 9:4 se kanttekening. Lev. 7:26; 17:10. |
Die spysoffer en die eerstelinge.
EN as 1iemand aan die HERE a’n 2spysoffer bring, moet sy offer 3fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;
| a Lev. 6:14; 9:17. Núm. 15:4. | 1 Hebr. siel. Dit is, ’n persoon, of mens. Sien Gén. 12:5 se kanttekening.
2 Dit is, ’n offer waarin ’n mens voedsel of fynmeel geoffer het, wat ten dele die priester toegekom het, en ten dele met wierook verbrand is. Sien die volgende verse. 3 Dit is, gesifte meel, meelblom. |
en hy moet 4dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ’n 5handvol neem, van 6die fynmeel met die olie, 7met al die wierook wat daarby behoort; en hy bmoet dit as 8die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
| b Lev. 6:15. | 4 Naamlik die spysoffer.
5 Hebr. die volheid van sy vuis met sy vuis neem. So ook in Lev. 5:12. 6 Dit is, fynmeel wat tot die spysoffer behoort. 7 Of: bo-op. So ook in Lev. 3:4 en die kanttekening, Lev. 3:10; 4:9, ens. Dit is, saam met al die wierook van die spysoffer. 8 ’n Reukwerk wat so genoem word, omdat dit God indagtig gemaak het (menslikerwys gesproke) aan die beloftes wat Hy aan die vrome Israeliete gemaak het, en aan die gebede wat hulle tot Hom gebid het, wat met ’n reukwerk wat opstyg vergelyk word, Ps. 141:2. Hand. 10:4. Openb. 8:3, 4. |
En wat oorbly cvan die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 9’n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.
| c Lev. 10:12. | 9 Hebr. heiligheid van heilighede. Dit is, iets wat uiters heilig is, of van baie groot en voortreflike heiligheid. So ook in vers 10. Ex. 30:36. Lev. 24:9, ens. Dit is ’n manier van spreek om die vergroting en verheffing aan te dui van diegene van wie gespreek word. So word God die God van die gode genoem, en die Here der here, Ps. 136:2, 3; die lied van Salomo die lied van die liedere, Hoogl. 1:1 se kanttekening. Vgl. Gén. 9:25 se kanttekening. |
En as jy ’n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, 10ongesuurde koeke met olie gemeng, 11en ongesuurde 12platkoeke met olie bestryk.
| 10 Hebr. koeke van ongesuurdhede, en so ook in dit wat volg.
11 Anders: of. 12 Of: pannekoeke. |
En as ’n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.
Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is ’n spysoffer.
En as ’n spysoffer uit die 13pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.
| 13 Dit is, van dit wat in die pan gaargemaak of gebraai is. |
Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die HERE bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.
En die priester moet van die spysoffer 14die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer 15van lieflike geur aan die HERE.
| 14 Sien vers 2 se kanttekening.
15 Sien Gén. 8:21 en Lev. 1:9 se kanttekeninge. |
En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’n 16hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.
| 16 Sien vers 3 se kanttekening. |
Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat 17ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of 18heuning mag julle vir die HERE ’n vuuroffer aan die brand steek nie.
| 17 Verstaan dit van die vrywillige offers. Want in die dankoffers geld hierdie wet nie, Lev. 7:13, ook nie in die offers van die eerstelinge nie, Lev. 23:17 en hier in die volgende vers.
18 Die heuning was saam met die suurdeeg verbied, omdat dit, nieteenstaande sy soetigheid, die kenmerk het om die deeg waarmee dit gemeng is, te versuur en te laat rys. |
As 19’n offer van eerstelinge mag julle dit aan die HERE 20bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.
| 19 Sien Lev. 23:17.
20 Naamlik ingesuur, of met heuning gemeng. |
En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag 21die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat 22ontbreek nie; dby al jou offers moet jy sout bring.
| d Mark. 9:49. | 21 Dit is, wat jou aan my verbond, waardeur jy verplig is om na ’n onbesmetlike en onverderflike lewe te streef, herinner, Mark. 9:49.
22 Hebr. ophou nie. |
En as jy aan die HERE ’n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur 23gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.
| 23 Of: uitgedroog, geskroei. |
En jy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi; ’n spysoffer is dit.
Dan moet die priester die 24gedenkoffer daarvan, ’n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as ’n vuuroffer aan die HERE.
| 24 Sien vers 2 se kanttekening. |
Die brandoffer.
EN die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit 1die tent van samekoms en gesê:
| 1 Verstaan die tabernakel, waar God ingekom het om sy volk toe te spreek, Ex. 29:42, en waarheen hulle moes kom om Hom te raadpleeg en te hoor spreek, Ex. 33:7. |
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE ’n offer 2wil bring, kan julle jul offer bring van vee — van beeste of 3van kleinvee.
| 2 Anders: offer. So ook in verse 3, 5, ens. Verstaan hierdie bring van ’n offer as die werk van die volk, en nie van die priester nie.
3 Sien Gén. 12:16 se kanttekening. |
As sy offer ’n 4brandoffer is van beeste, moet dit ’n 5bul sonder gebrek wees wat hy bring. 6aBy die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, 7sodat hy welgevalle 8voor die aangesig van die HERE kan vind.
| a Ex. 29:10. | 4 Sien Gén. 8:20 se kanttekening.
5 Sien Lev. 22:20-22. 6 Waar die brandofferaltaar gestaan het, soos te sien is in vers 5. 7 Of: na sy (die offeraar se) welgevalle. Uit hierdie woorde blyk dan volgens sommige dat hier gespreek word van vrywillige offers, wat nie volgens die gewone en vasgestelde voorskrif plaasgevind het nie, maar volgens die goeddunke van ’n spesifieke persoon om God te aanbid of te dank. 8 Voor die tent van samekoms, waar die verbondsark in die binneste deel was, as teken van God se teenwoordigheid in hulle midde, Ex. 25:22. Dit is die rede waarom die tent ook die huis van die HERE genoem word, 1 Sam. 3:15. |
En hy moet 9sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal 10dit vir hom met welgevalle aangeneem word om 11versoening vir hom te doen.
| 9 Hebr. met sy hand steun, naamlik, om daarmee te betuig dat hy hierdie offer aan God toewy, oorgee, en voorstel, asof in sy plek, om vir hom genade by die HERE te vind, deur die toekomende offer van die Messías, wat hierdeur afgebeeld was. Sien Ex. 29:10.
10 Dit is, sodat die brandoffer vir hom wat dit offer, tot ’n wettige en vir God aangename offer dien. 11 Dit is, om aan hom aan te dui en te verseël die versoening wat deur die Messías in die volheid van die tyd sou plaasvind, Rom. 3:25. 2 Kor. 5:19. Ef. 1:7. Kol. 1:14, 19, 20. |
Dan moet 12hy die jong bul voor die aangesig van die HERE 13slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.
| 12 Naamlik die priester; of: hy wat dit offer, deur die priester, soos God beveel het, Ex. 29:11, en ook gebeur het, Lev. 8:15. Of: Dan moet hulle die jong bul slag, naamlik deur die priester.
13 Die Hebreeuse woord beteken eintlik die keel afsny. |
Dan moet 14hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.
| 14 Naamlik een van die priesters. Sien 2 Kron. 29:34. |
En die seuns van Aäron, die priester, moet 15vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.
| 15 Hebr. vuur gee, naamlik van die vuur wat van die hemel sou val, wanneer hulle vir die eerste keer op hierdie altaar sou offer, Lev. 9:24, en daarom voortdurend bewaar moes word. Sien Lev. 6:12. |
Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en 16die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
| 16 Anders: binnegoed; anders: romp, waarvan die kop en die pote af is, en die binnegoed uitgehaal is. |
Maar die 17binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ’n 18vuuroffer 19van lieflike geur aan die HERE.
| 17 Die Hebreeuse woord beteken eintlik die naaste van enige ding, wat die binneste of die middelste daarvan is; sodanig is die binnegoed van diere.
18 Dit is, wat heeltemal deur die vuur verteer en verslind moes word. Sien Ex. 29:18. Sodanig was die brandoffer. 19 Dit is, vir die HERE baie aangenaam en welgevallig, en waarmee Hy volkome tevrede is. Dit word van die offers van diere gesê, nie ten opsigte van hulleself nie, maar van die offer van Christus, wat daardeur aangedui word, wat inderdaad die Slagoffer is, vir God tot ’n lieflike geur, Ef. 5:2. Sien ook Gén. 8:21 se kanttekening. |
En as sy offer ’n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ’n ram sonder gebrek wees wat hy bring.
En 20hy moet dit slag aan die 21noordekant van die altaar, 22voor die aangesig van die HERE; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.
| 20 Die priester, soos in vers 5.
21 Dit is, in die voorhof aan die regterkant van die brandofferaltaar, soos ’n mens in die tent van samekoms inkom. 22 Sien vers 3 se kanttekening. |
Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; ’n brandoffer is dit, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En as sy offer aan die HERE ’n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van 23jong duiwe.
| 23 Hebr. seuns van die duif. So ook in Lev. 12:6. So word ’n kalf ook die seun van ’n bees genoem, Gén. 18:7 en hier in vers 5 ’n jong bul, ’n jong esel die seun van ’n eselin, Gén. 49:11, ’n jong buffel die seun van buffels, Ps. 29:6. |
En die priester moet 24dit na die altaar bring en die kop 25afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.
| 24 Naamlik die offer van voëls, soos in vers 17.
25 Of: omdraai, omwring, afwring. |
Dan moet hy die krop met die 26vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die 27oostekant, 28op die asplek.
| 26 Anders: drek, vuiligheid, naamlik, wat in die krop en die derms is.
27 Dit is, uit eerbied teenoor die goddelike majesteit, baie ver van die verbondsark af, wat aan die westekant was, in die Allerheiligste. 28 Die plek waarheen die offer se as eers gedra is, om daarna met ander vuiligheid buite die laer uitgegooi te word. Sien Lev. 4:12; 6:10, 11; 8:17. |
Dan moet hy 29dit 30by die vlerke skeur 31sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ’n brandoffer is dit, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
| 29 Naamlik die offer, soos in vers 15.
30 Of: tussen die vlerke. 31 Dit is, nie uitmekaar haal of in stukke verdeel, soos met die ander diere gedoen is nie, maar die voëls moes slegs in die middel, tussen die vlerke, geskeur word. |
Moses rig die tabernakel op.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand, moet 1jy die tabernakel van die tent van samekoms oprig.
| 1 Naamlik jy, Moses, deur die diens van die Leviete. |
En jy moet daarin plaas die ark van die Getuienis en 2die ark met die voorhangsel bedek.
| 2 Die bedoeling is: Jy sal die voorhangsel voor die ark hang, sodat mense dit nie sien nie, en daardeur word ’n onderskeid gemaak tussen die Allerheiligste en die Heilige, Ex. 26:33, 34. |
aDan moet jy die tafel inbring en daarop 3regsit wat daarop behoort. bJy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.
| a Ex. 26:35.
b Ex. 27:20. |
3 Dit is, jy sal alles in regte orde rangskik; vernaamlik die toonbrode. |
En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. cDan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.
| c Ex. 26:36. |
Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neersit.
En jy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.
dEn maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op.
| d Ex. 27:16. |
Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees.
eJy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.
| e Ex. 29:37. |
Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit.
Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die tent van samekoms toe, en jy moet hulle met water was.
Trek Aäron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle die rokke aantrek.
Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 4’n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.
| 4 Naamlik so dat dit nie nodig sou wees om die salwing te hernu wanneer hul nageslag tot priesters afgesonder sou word nie, want later is net die hoëpriesters gesalf. |
En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.
En in die eerste maand, 5in fdie tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig.
| f Núm. 7:1. | 5 Naamlik ná die uittog uit Egipte. |
En 6Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.
| 6 Naamlik deur die hande van die Leviete. |
En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.
Verder het hy 7die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.
| 7 Dit is, die twee tafels van die wet van God, Ex. 25:16. |
Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en gdie voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.
| g Ex. 35:12. |
Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.
hEn hy het die 8brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
| h Ex. 25:30. | 8 Hebr. gerangskik die rangskikking van die brood, naamlik die twaalf toonbrode, wat die twaalf stamme, en daarmee alle gelowiges, verteenwoordig het. |
Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.
En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, 9voor die voorhangsel,
| 9 Wat die Heilige van die Allerheiligste geskei het. |
en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.
En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, 10soos die HERE Moses beveel het.
| 10 Dit word meermale herhaal, om aan te toon dat hulle in sake wat God en die godsdiens aangaan, niks anders gedoen het as dit wat God hulle beveel het nie. |
Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.
En Moses en Aäron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas.
As hulle ingaan in die tent van samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi.
11iToe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,
| i Núm. 9:15. 1 Kon. 8:10. | 11 Hier word volbring wat die HERE God belowe het in Ex. 25:8. Sien dergelike in 2 Kron. 5:14. Eség. 43:4, 5. |
sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;
maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.
kWant die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en 12vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, 13op al hulle togte.
| k Ex. 13:21. Núm. 14:14. Deut. 1:33. Neh. 9:19. Ps. 78:14; 105:39. 1 Kor. 10:1. | 12 Naamlik die vuurkolom.
13 Naamlik deur die woestyn, totdat hulle in die beloofde land Kanaän gekom het. |
Hoe die heilige klere gemaak is.
HULLE ahet ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir Aäron gemaak soos die HERE Moses beveel het.
| a Ex. 31:10; 35:19. |
bEn hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
| b Ex. 28:6. |
cEn hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne — ’n kunstige werk.
| c Ex. 28:6. |
Hulle het 1daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg.
| 1 Naamlik aan die skouerkleed. |
En ddie band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos die HERE Moses beveel het.
| d Ex. 28:8. |
Hulle het ook die eoniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op ’n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel.
| e Ex. 28:9-11. |
En 2hy fhet hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die HERE Moses beveel het.
| f Ex. 28:12. | 2 Naamlik die vakman, so ook in vers 8. |
gHy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
| g Ex. 28:15. |
hDit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte, dubbel gevou was dit.
| h Ex. 28:16. |
iEn hulle het 3daarin vier rye stene ingevul: ’n ry met ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag was die eerste ry.
| i Ex. 28:17. | 3 Naamlik in die borstas. |
kEn die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en ’n jaspis.
| k Ex. 28:18. |
En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.
En die vierde ry: ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.
En die stene was volgens die name van die kinders van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.
Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud;
en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas bevestig,
en hulle het die twee goue toutjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak.
Maar die twee ander ente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan.
Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan die twee onder-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
En hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie 4vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het.
| 4 Anders: opgelig. |
En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.
En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van ’n pantser; die opening het ’n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie.
En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in:
’n klokkie en ’n granaatjie, ’n klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die HERE Moses beveel het.
lHulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns;
| l Ex. 28:39. |
en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne men die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne;
| m Eség. 44:18. |
en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.
nHulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op ’n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.
| n Ex. 28:36; 29:6. |
oEn hulle het ’n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos die HERE Moses beveel het.
| o Ex. 28:37. |
So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.
pEn hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke,
| p Ex. 35:11. |
en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en die dekkleed van robbevelle en die voorhangsel tot bedekking;
die ark van die Getuienis met sy draaghoute en die versoendeksel;
qdie tafel met al sy gereedskap en die toonbrode;
| q Ex. 31:8. |
5die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie vir die kandelaar;
| 5 Dit is, wat van suiwer goud gemaak was. |
verder die goue altaar en die salfolie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;
die koperaltaar en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk;
die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die tabernakel van die tent van samekoms;
rdie kunstige klere, om in die heiligdom te dien, die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien.
| r Ex. 31:10. |
Net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel die hele werk gemaak.
En Moses het die hele werk bekyk — en hulle het dit gemaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle 6geseën.
| 6 Dit is, hy het hul werk geprys en hulle die HERE se seën toegewens. |
Samestelling van die brandofferaltaar, die koperwaskom en die voorhof.
HYa het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.
| a Ex. 27:1. |
bEn hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek.
| b Ex. 27:2. |
cHy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak.
| c Ex. 27:3. |
dOok het hy vir die altaar ’n traliewerk gemaak, ’n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar.
| d Ex. 27:4, 5. |
En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.
En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.
En hy het edie draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak.
| e Ex. 27:8. |
fHy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls 1van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.
| f Ex. 30:18. | 1 Naamlik, wat hulle ten dienste van die tabernakel aangemeld het, soos ook in 1 Sam. 2:22, of hulle wat daar byeengekom het om met vas en bid besig te wees, soos die profetes Anna, Luk. 2:37; maar in die besonder om hul koperspieëls vir hierdie werk te bring. |
gHy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank;
| g Ex. 27:9. |
2daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer;
| 2 Naamlik by die behangsels. |
en aan die noordekant honderd el; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.
En aan die westekant was daar behangsels, vyftig el lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.
En aan die oostekant, teen sonop, was daar vyftig el;
vyftien el behangsels vir die een kant, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke;
en vir die ander kant — 3aan weerskante van die poort van die voorhof — vyftien el behangsels, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke.
| 3 Hebr. van hier en van daar. |
Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn dubbeldraad-linne;
en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien.
En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte — tewens die breedte van die stof — vyf el, net soos die behangsels van die voorhof.
Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.
En al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.
Hoeveel metaal daar gebruik is.
DIT is die berekening van die koste van die tabernakel, van die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moses, deur die diens van die Leviete, 4onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.
| 4 Sien Núm. 4:33. |
En Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gemaak wat die HERE Moses beveel het.
En saam met hom Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan, 5’n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in pers en in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne.
| 5 Sien Ex. 35:35. |
Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die heiligdom — die goud wat as offer aangebied was, het bedra negen-en-twintig 6talente en sewehonderd-en-dertig sikkels volgens die 7sikkel van die heiligdom.
| 6 Sien Ex. 25:39 se kanttekening.
7 Sien Núm. 3:47. |
En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom;
’n 8beka vir elke 9persoon, dit is ’n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van 10twintig jaar oud en daarbo, naamlik seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig man.
| 8 Dit is, ’n halwe of gekloofde sikkel.
9 Hebr. hoofskedel, dit is, persoon, soos in Ex. 16:16. 10 Hebr. ’n seun van twintig jaar. |
En die honderd talente silwer het gedien om die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, ’n talent vir ’n voetstuk.
Maar van die duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak, en hy het 11hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien.
| 11 Naamlik die pilare se toppe. |
12En die koper wat as offer aangebied was, het bedra sewentig talente en tweeduisend-vierhonderd sikkels.
| 12 Dit is, die koper wat geoffer was. |
En hy het daaruit die voetstukke van die ingang van die tent van samekoms gemaak en die koperaltaar en sy kopertraliewerk en al die gereedskap van die altaar;
en die voetstukke van die voorhof rondom en die voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die tabernakel, ook al die penne van die voorhof rondom.
Samestelling van die ark, die tafel, die kandelaar en die reukofferaltaar.
EN aBesáleël het die ark van akasiahout gemaak; twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
| a Ex. 25:10. |
En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan ’n goue krans gemaak rondom.
En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.
En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;
en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.
Hy het ook ’n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.
Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.
bEen gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente.
| b Ex. 25:19. |
cEn die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.
| c Ex. 25:20. |
dHy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en ’n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
| d Ex. 25:23. |
eEn hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ’n goue krans gemaak rondom.
| e Ex. 25:24. |
fHy het ook daarvoor ’n lys van ’n handbreed gemaak rondom; en hy het ’n goue krans vir die lys gemaak rondom.
| f Ex. 25:25. |
gHy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.
| g Ex. 25:26. |
hNaby die lys was die ringe as 1plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
| h Ex. 25:27. | 1 Dit is, waarin ’n mens die draaghoute gesteek het. |
Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.
iEn hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.
| i Ex. 25:29. |
kHy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.
| k Ex. 25:31. |
lEn ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
| l Ex. 25:32. |
mDrie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ’n knop en ’n blom — so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
| m Ex. 25:33. |
nMaar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:
| n Ex. 25:34. |
daar was ’n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat 2daaruit uitgaan.
| 2 Naamlik uit die kandelaar, soos daar staan in Ex. 25:35. |
oHulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
| o Ex. 25:36. |
pEn hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.
| p Ex. 25:37, 38. |
qVan ’n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.
| q Ex. 25:39. |
rEn hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; ’n el was sy lengte en ’n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.
| r Ex. 30:1, 2. |
sEn hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor ’n goue krans gemaak rondom.
| s Ex. 30:3. |
tHy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
| t Ex. 30:4. |
vEn hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.
| v Ex. 30:5. |
xHy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos ’n salfmenger dit maak.
| x Ex. 30:22, 34. |
SO moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het.
En Moses het Besáleël en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die HERE wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak.
En hulle het voor die oë van Moses ontvang al die 1offergawes wat die kinders van Israel vir die verrigting van die werk by die vervaardiging van die heiligdom gebring het. Maar húlle het vir hom nog 2elke môre vrywillige offergawes gebring.
| 1 Soos goud, silwer, koper, ens.
2 Hebr. in die môre in die môre. |
Toe het al die kunsvaardige manne wat met al die werk by die heiligdom besig was, 3man vir man, van die werk af gekom waar hulle mee besig was,
| 3 Hebr. man man. |
en hulle het met Moses gespreek en gesê: 4Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan die HERE die vervaardiging beveel het.
| 4 Hebr. Die volk vermenigvuldig om te bring, of: vermenigvuldigende bring die volk. |
Daarop het Moses bevel gegee, en hulle het 5’n oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige werksaamheid 6verrig in verband met die offergawe vir die heiligdom nie. Toe het die volk opgehou om te bring;
| 5 Dit is, ’n gebod, proklamasie, plakkaat.
6 Dit is, nie meer enige boustof gereedmaak vir die werk nie. |
want 7die boustof was vir 8hulle genoeg om die hele werk tot stand te bring; ja, daar het oorgebly.
| 7 Hebr. die werk, dit is, die boustof of goedere vir die werksaamheid, soos in vers 6.
8 Naamlik die kunsvaardige manne. |
Samestelling van die tabernakel.
SO het dan almal wat kunsvaardig was onder die werksmense, die 9tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk het hy dit gemaak.
| 9 Die tabernakel is eerste gemaak, want daarin moes al die gereedskap staan, alhoewel in Exodus 25 die ark, die tafel en die kandelaar vóór die tabernakel genoem word. |
aDie lengte van elke tentdoek was agt-en-twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het 10een maat gehad.
| a Ex. 26:2. | 10 In die breedte sowel as in die lengte. |
En hy het vyf van die tentdoeke aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaargewerk, die een aan die ander.
bEn hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
| b Ex. 26:4. |
cVyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. dDie lissies was die een teenoor die ander.
| c Ex. 26:10.
d Ex. 26:5. |
eHy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was.
| e Ex. 26:6. |
Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as 11’n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.
| 11 Tentseil beteken hier soveel soos ’n dak of ’n deksel. |
Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.
En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.
En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
fHy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was.
| f Ex. 26:11. |
gOok het hy vir die tent ’n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ’n dekkleed van robbevelle.
| g Ex. 26:14. |
hHy het ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak.
| h Ex. 26:15. |
iDie lengte van die styl was tien el, en anderhalf el die breedte van elke styl.
| i Ex. 26:16. |
kElke styl het twee 12tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die tabernakel.
| k Ex. 26:17. | 12 Hebr. hande. |
lEn hy het die style vir die tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
| l Ex. 26:18. |
mEn hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
| m Ex. 26:19. |
nHy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak
| n Ex. 26:20. |
omet hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
| o Ex. 26:21. |
pEn vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, het hy ses style gemaak.
| p Ex. 26:22. |
qOok het hy twee style vir die hoeke van die tabernakel aan die agterkant gemaak.
| q Ex. 26:23. |
rEn hulle was dubbel van onder, en net so was hulle bo dubbel tot by die eerste ring. So het hy dit gemaak vir altwee, vir die twee hoeke.
| r Ex. 26:24. |
sSo was daar dan agt style met hulle silwervoetstukke: sestien voetstukke; 13twee voetstukke onder elke styl.
| s Ex. 26:25. | 13 Hebr. twee voete, twee voete onder een styl. |
tHy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel
| t Ex. 26:26. |
ven vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.
| v Ex. 26:27. |
xEn hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.
| x Ex. 26:28. |
yEn hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek.
| y Ex. 26:29. |
Verder het hy 14die voorhangsel zgemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met gérubs.
| z Ex. 26:31. | 14 Hierdie voorhangsel het skeiding gemaak tussen die Heilige en die Allerheiligste. |
aEn hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet.
| a Ex. 26:32. |
bHy het ook vir die ingang van die tent 15’n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk;
| b Ex. 26:36. | 15 Hierdie was ’n ander bedekking, te onderskei van die voorhangsel, vers 35. |
cen die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper.
| c Ex. 26:37. |
Gifte vir die tabernakel.
TOEa het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is 1die woorde wat die HERE beveel het, om dit te doen:
| a Ex. 34:32. | 1 Anders: sake, dinge. So ook in vers 4 en elders. |
bSes dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle 2’n heiligheid, ’n dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.
| b Ex. 20:8; 31:15. Lev. 23:3. Deut. 5:12. Luk. 13:14. | 2 Dit is, ’n heilige dag. |
cJulle mag op die sabbat 3geen vuur aansteek in 4enigeen van julle woonplekke nie.
| c Ex. 16:23. | 3 Naamlik, om kos te kook, Ex. 16:23; of om te werk; maar ’n mens mog die vuur vir die brandoffer wel aansteek.
4 Hebr. al julle, ens. |
Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dít is die saak wat die HERE beveel het:
dNeem van julle 5besittings ’n offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat 6gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;
| d Ex. 25:2. | 5 Hebr. wat by julle is.
6 Sien Job 12:21 se kanttekening. |
een pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;
| e Ex. 25:4. |
fen rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;
| f Ex. 25:5. |
gen olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;
| g Ex. 25:6. |
hen oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas.
| h Ex. 25:7; 28:17, 20. |
En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het:
idie tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;
| i Ex. 26:26. |
die ark en sy 7draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking;
| 7 Waarmee hulle die ark gedra het van die een plek na die ander. |
die ktafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en 8die ltoonbrode;
| k Ex. 25:23.
l Ex. 25:30. |
8 Sien Ex. 25:30. |
en die kandelaar 9tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar;
| 9 Anders: van lig, dit is, liggewend. So staan daar ook in Ps. 148:3 sterre van lig, dit is, skynende sterre. |
men die 10reukaltaar met sy draaghoute, en ndie salfolie en die reukwerk van speserye, en odie bedekking vir die ingang van die tabernakel;
| m Ex. 30:1.
n Ex. 31:11. o Ex. 26:36. |
10 Verstaan dit as die goue altaar, Ex. 30:1. |
pdie brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; qdie waskom met sy voetstuk;
| p Ex. 27:4.
q Ex. 30:18. |
rdie behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en sdie bedekking van die poort van die voorhof;
| r Ex. 27:9.
s Ex. 27:16. |
tdie 11penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle 12lyne;
| t Ex. 27:19. | 11 Hiermee is die onderste deel van die bedekking of behangsel vasgemaak aan die grond, sodat die wind dit nie sou beweeg of wegwaai nie.
12 Hierdie lyne het daartoe gedien om die behangsels van die voorhof of bedekking van die tabernakel te bind en vas te maak. |
die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy vseuns om 13die priesteramp te bedien.
| v Exodus 28; 31:10. | 13 Naamlik die hoëpriester se amp, soos in Ex. 31:10. |
Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.
En elkeen wie se hart hom 14opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir 15die heilige klere;
| 14 Anders: verhef het.
15 Hebr. klere van heiligheid. |
die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat ’n offer van goud aan die HERE 16gewy het,
| 16 Hebr. beweeg het; omdat die goud wat die manne gebring het, beweeg en opgehef was, as hulle dit vir die Here gegee het; daarom word dit ’n beweegoffer genoem. Vgl. Ex. 38:24. |
en elkeen wat in 17besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.
| 17 Hebr. by wie gevind is. Soos in Mal. 2:6. Sien ook Est. 1:5 en die kanttekening. So ook daar is geen bedrog in sy mond gevind nie, dit is, daar was geen bedrog in sy mond nie. |
Elkeen wat ’n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die HERE gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die 18werk kon gebruik word, het dit gebring.
| 18 Verstaan die dienswerk by die tabernakel. |
En xelke vrou wat kunsvaardig was, het 19met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.
| x Spr. 31:19. | 19 Hulle het dit nie deur ander of deur hul diensmeisies laat spin nie, maar het dit self gespin. |
En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.
En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,
en die speserye en die olie yvir die kandelaar en vir die salfolie en zvir die reukwerk van speserye.
| y Ex. 25:6.
z Ex. 25:6. |
Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die HERE deur 20die diens van Moses beveel het om te verrig — as vrywillige offergawe aan die HERE het die kinders van Israel dit gebring.
| 20 Hebr. die hand. Dit is, oproep, reëling van Moses. |
Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, adie HERE het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, bby sy naam geroep;
| a Ex. 31:2.
b Ex. 31:2. |
en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;
en com kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper,
| c Ex. 31:4. |
en ddeur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk — om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.
| d Ex. 31:5. |
Hy het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.
eHy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ’n ambagsman en ’n kunstenaar en van ’n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van ’n wewer — hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.
| e Ex. 26:1. |
Moses klim weer op die berg.
TOE ahet die HERE aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
| a Deut. 10:1. |
En hou jou gereed 1teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die 2top van die berg.
| 1 Dit is die tweede maal dat Moses op die berg Sinai was, elke reis was veertig dae en veertig nagte.
2 Hebr. hoof. |
bMaar 3niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie, claat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
| b Ex. 19:12.
c Ex. 19:13. |
3 Toe Moses die eerste keer die berg opgeklim het, was Aäron, Nadab en Abíhu by hom, met sewentig van die oudstes van Israel; maar nou het hulle hul gehaat gemaak voor die Here, vanweë die afgodery wat hulle met die goue kalf bedryf het. |
Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
En die HERE het neergedaal in die 4wolk en daar by hom gestaan. En 5Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.
| 4 Naamlik die wolk wat ’n seker teken was van die teenwoordigheid van die HERE.
5 Naamlik die HERE. Sien Ex. 33:19. |
dEn toe die HERE by hom verbygaan, het 6Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, 7lankmoedig en groot van goedertierenheid en 8trou;
| d Ex. 33:19. | 6 Naamlik die HERE.
7 Hebr. lank van toornighede, dit is, stadig om toornig te word, nie haastig om sy toorn uit te voer nie. So ook in Núm. 14:18. Pred. 7:8, ens. Die teendeel hiervan is kort van toornighede, dit is, haastig tot toorn, Spr. 14:17. 8 Sien Gén. 24:27 en die kanttekening. |
ewat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, 9maar nooit ongestraf laat bly nie; wat fdie ongeregtigheid 10van die vaders besoek 11aan die kinders en aan die kindskinders, 12aan die derde en aan die vierde geslag.
| e Ex. 20:6. Núm. 14:18. Deut. 5:10. Ps. 86:15; 103:8; 145:8.
f Jer. 32:18. |
9 Hebr. wat ongestraf houdende nie ongestraf hou nie.
10 Naamlik van die bose en goddelose vaders. 11 Naamlik, as hulle in hul vaders se kwade voetstappe volg. 12 Sien Ex. 20:5. Deut. 5:9. |
Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval
en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, 13laat dan tog die HERE in ons midde trek; want dit is ’n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as g’n erfdeel.
| g Lev. 25:38. Ps. 28:9; 33:12. Sag. 2:12. | 13 Naamlik, met die wolkkolom om ons te lei en te verkwik. |
Toe antwoord Hy: Kyk, hEk sluit ’n verbond; ivoor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek 14aan jou gaan doen.
| h Deut. 5:2.
i Jos. 10:12, 13. |
14 o Israel. Anders: aan jou, o Moses. |
15Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete16.
| 15 Hier volg nou die voorwaardes van die verbond, wat God die HERE van die volk vereis.
16 Verstaan hierby ook die Girgasiete. |
kNeem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ’n strik by jou word nie.
| k Ex. 23:32. Núm. 33:51, 52. Deut. 7:2. |
Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle 17heilige boomstamme afkap.
| 17 Naamlik waarmee hulle afgodery bedryf het. |
lWant jy mag jou nie neerbuig voor ’n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers — ’n jaloerse God is Hy.
| l Ex. 20:5. |
Sluit tog nie ’n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan 18hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet;
| 18 Dit is, afgodery bedryf, wat geestelike hoerery genoem word, Jer. 3:9. Sien Lev. 17:7 se kanttekening. |
en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, men sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
| m 1 Kon. 11:2. |
Jy mag vir jou geen 19gegote gode maak nie.
| 19 Verstaan hieronder ook geskilderde, gekapte, gesnede gode. Hier word by name die gegote beelde genoem, ten opsigte van die gegote kalf wat hulle aanbid het. |
20Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, nop die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek.
| n Ex. 12:15; 23:15. | 20 Sien Ex. 13:6. |
21oAlles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, 22die eerstelinge van beeste en kleinvee.
| o Ex. 13:2; 22:29. Eség. 44:30. | 21 Hebr. Alle opening van die moeder, dit is, alle eersgeborenes. Sien Exodus 13.
22 Hebr. opening van die bees, dit is, van die koeie of grootvee, en van die kleinvee. |
pMaar die eersteling van ’n 23esel moet jy met ’n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy 24nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, qen niemand mag 25met leë hande voor my aangesig verskyn nie.
| p Ex. 13:13.
q Ex. 23:15. Deut. 16:16. |
23 Of: eselin. Die esel of die eselin mog ’n mens nie offer nie, want hulle is onrein.
24 Of: onthoof of die nek afkap. 25 Dit is, nie sonder ’n gawe of ’n geskenk nie; wat ’n mens vir die priester gegee het, dit is gereken asof ’n mens dit vir God gegee het. |
rSes dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd 26moet jy rus.
| r Ex. 20:9. | 26 Naamlik op die sabbat. |
s27Die fees van die weke moet jy ook 28hou, die fees van die eerstelinge van die koringoes; en die 29fees van die insameling 30by die wisseling van die jaar.
| s Ex. 23:16. | 27 Verstaan hier die pinksterfees, wat ook die fees van die eerstelinge genoem word, wat sewe weke ná die pasga gevier is, Lev. 23:15. Hand. 2:1.
28 Hebr. doen; so ook in Ex. 31:16. Deut. 16:1. 29 Dit is, op die tyd wanneer jy die vrugte van die veld tuis bring. 30 Hebr. van die draai van die jaar. |
tAl jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn.
| t Ex. 23:17. Deut. 16:16. |
Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar.
vJy mag die bloed van my offer nie saam met 31gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.
| v Ex. 23:18. | 31 Dit is, solank as daar gesuurde brood in jou huis is. |
32Die xbeste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. yJy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
| x Ex. 23:19. Deut. 26:2.
y Ex. 23:19. Lev. 22:27. Deut. 14:21. |
32 Dit is, die begin van die eerste vrugte, soos in Ex. 23:19. |
Verder het die HERE vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want 33volgens hierdie woorde het Ek ’n verbond gesluit met jou en met Israel.
| 33 Hebr. volgens die mond van hierdie woorde. |
zEn hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen 34brood geëet en 34geen water gedrink nie. aEn 35Hy het op die tafels die 36woorde van die verbond, die tien 36woorde, geskrywe.
| z Ex. 24:18. Deut. 9:9, 18.
a Ex. 31:18; 34:1. Deut. 4:13. |
34 Onder die woord brood word allerlei voedsel verstaan; soos onder die woord water allerlei dranke.
35 Naamlik die HERE, soos in vers 1 en Deut. 10:2 te sien is. Dat God Moses in vers 27 beveel om dit te skrywe, moet verstaan word dat hy dit sou skrywe in die boek van die wet, soos in Ex. 17:14; maar nie dat hy dit op die twee kliptafels sou skrywe nie. 36 Dit is, gebooie, soos in Gal. 5:14. |
En toe Moses van die berg Sinai afdaal — die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal — het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig b37blink 38omdat hy met Hom gespreek het nie.
| b 2 Kor. 3:7. | 37 Dit is, strale uitstuur, soos die son. Die Hebreeuse woord kom van ’n woord wat horings beteken. Hieruit het die misverstand ontstaan dat mense Moses met horings skilder.
38 Of: vandat hy (naamlik Moses) met Hom (naamlik die HERE) gespreek het, of toe hy, ens. |
En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle 39bevrees om naby hom te kom.
| 39 Dit wil voorkom of hulle hom eers nie herken het nie, maar gedink het dat dit ’n engel was. |
Maar Moses het hulle geroep, en Aäron en al die 40owerstes in die vergadering het na hom 41teruggekom; en Moses het met hulle gespreek.
| 40 Of: vorste, regeerders, prinse.
41 Omdat hulle hom nou herken het aan sy stem. |
En 42daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai.
| 42 Naamlik, nadat die owerstes en oudstes van die volk eers na Moses gegaan het, en die volk toe gesien het dat Moses met die owerstes gespreek het. |
Toe Moses klaar met hulle gespreek het, chet hy ’n sluier oor sy gesig getrek.
| c 2 Kor. 3:7, 13. |
Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is,
43sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek.
| 43 Moses het die volk die glans van sy aangesig laat sien, sodat hulle sy woorde des te eerder en des te meer sou glo; daarna het hy weer die sluier oor sy gesig getrek, sodat hulle hom nie sou vrees of vermy nie. |
VERDER het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek 1met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met 2die woorde: aAan jou nageslag sal Ek dit gee;
| a Gén. 12:7; 26:4; 28:13. | 1 Daarom word die land Kanaän die beloofde land genoem.
2 Naamlik tot elkeen van hulle drie in die besonder, by verskeie geleenthede. |
en Ek sal ’n engel 3voor jou uit stuur — en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete4 verdrywe —
| 3 Hy spreek hier nie van die Seun van God, soos in Ex. 23:20 nie, maar van ’n geskape engel.
4 Verstaan hierby ook die Girgasiete, wat in Deut. 7:1 daarby gevoeg is. |
na ’n land wat oorloop van melk en heuning; want 5Ek sal in jou midde nie optrek nie, bomdat jy ’n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.
| b Ex. 32:9. Deut. 9:13. | 5 Dit is, Ek wil jou voortaan nie lei deur ’n sigbare teken, soos Ek tot nou toe deur die wolkkolom gedoen het nie. Maar uiteindelik het die goeie God Hom laat oorhaal, en het Hy soos tevore met die volk opgetrek. |
Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.
Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek 6vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.
| 6 Anders: in een oomblik, as Ek in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Die betekenis is: indien jy jou weer so gruwelik teen My sou vergryp, soos jy met die oprig van die goue kalf gedoen het, sal Ek julle almal vir seker skielik verdelg. |
Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.
En Moses het elke keer 7’n tent geneem en dit vir hom 8buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou 9raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.
| 7 Anders: die tent. Nie die tent waar die volk saamgekom het om hul godsdiens te beoefen nie, want dit was nog nie gemaak nie, soos te sien is in Exodus 36, maar dit was Moses se eie tent, of ’n ander een, wat eintlik daarvoor gemaak was, sodat Moses ’n tyd lank daarin sou bly, en die volk daar na hom toe sou kom, totdat hulle met God versoen sou wees.
8 Omdat God uit die laer gewyk het, vers 3, wou Moses ook nie daarin bly nie. 9 Hebr. soek, naamlik, raad vra deur Moses. |
En as Moses 10uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.
| 10 Naamlik uit die laer, na sy tent wat buite die laer opgeslaan was, om by God vir die volk in te tree. |
En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom 11af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan 12spreek Hy met Moses.
| 11 Naamlik van die berg af.
12 Naamlik die HERE, soos in vers 11, uit die wolkkolom, wat ’n vaste teken van God se genade en goedheid was, Ps. 99:7. |
En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.
Dan spreek die HERE met Moses van 13aangesig tot aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. Daarna gaan 14hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, ’n jongman, die seun van Nun, 15het hom nie uit die tent verwyder nie.
| 13 Dit is, gemeensaam, duidelik, met hoorbare stem; dit was ’n voorreg wat geen ander profeet gehad het nie, Núm. 12:6-8. Deut. 5:4; 34:10.
14 Naamlik Moses. 15 Dit is, hy het nie in die laer gekom nie, maar hy het steeds in die tent buite die laer gebly. |
Toe het Moses met die HERE gespreek: 16U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar Ú laat my nie weet 17wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek 18ken jou by die naam, en jy 19het ook genade in my oë gevind.
| 16 Sien vers 1.
17 Anders: wat. 18 Dit is, Ek het jou bó ander in liefde geken en uitverkies, en dra besondere sorg vir jou; vgl. Gén. 18:19. Ex. 31:2. 19 Sien Gén. 6:8. |
As ek dan nou genade in u oë gevind het, 20maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; 21sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.
| 20 Dit is, wys my die middel waardeur U voorgeneem het om hierdie volk te lei en te bewaar; of: hoe U met hulle wil handel.
21 Anders: omdat ek genade gevind het. |
En Hy antwoord: 22Moet Ek 23self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
| 22 Anders: Ek sal self meegaan.
23 Dit is, die sigbare tekens van my genadige teenwoordigheid, soos die wolkkolom en vuurkolom. |
Toe sê 24hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
| 24 Naamlik Moses. |
Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? cSo sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.
| c Deut. 4:7. |
Toe sê die HERE aan Moses: 25Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, 26en Ek ken jou by die naam.
| 25 Dit is, Ek sal saam met julle trek.
26 Sien vers 12. |
Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.
Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou 27die Naam van die HERE uitroep; dmaar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
| d Rom. 9:15. | 27 Of: die Naam JEHOVA uitroep. Sien die vervulling hiervan in Ex. 34:6. |
Verder het Hy gesê: Jy kan 28my aangesig 29nie sien nie, want 30geen mens kan My sien en bly lewe nie.
| 28 Dit is, my wese nog my heerlikheid in sy volmaaktheid, vanweë jou sonde, Rom. 3:23.
29 Ons kan God in hierdie sterflike lewe nie sien nie; sien Gén. 16:13 en die kanttekening. Maar hiernamaals sal ons Hom sien soos Hy is, 1 Kor. 13:12. 1 Joh. 3:2. 30 Hieruit het die algemene gevoel onder die Jode ontstaan dat hulle sou sterwe wanneer hulle die HERE sou sien, Deut. 5:24, 25. Rig. 13:22. Jes. 6:5. Dan. 10:8. Openb. 1:17. |
Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is 31’n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.
| 31 Naamlik op die berg Sinai of Horeb. |
En 32as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.
| 32 Dit is, wanneer Ek in my heerlikheid verby jou sal gaan. |
En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar 33my aangesig kan nie gesien word nie.
| 33 Sien vers 20. |
Die goue kalf.
TOE 1die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk 2rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, amaak vir ons 3gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
| a Hand. 7:40. | 1 Verstaan dit as sommige onder die volk; want diegene wat later op die bevel van Moses die afgodsdienaars doodgemaak het, word nie hieronder gereken nie, vers 26. Sien 1 Kor. 10:7.
2 Anders: teen. 3 Dit is, ’n sigbare teken of beeld van die onsigbare God, soos in vers 4. |
En Aäron sê vir hulle: 4Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.
| 4 Dit is geloofwaardig dat Aäron van mening was dat die Israeliete eerder sonder ’n goue kalf sou klaarkom as dat hulle hul kosbare juwele moes prysgee; maar hy het in hierdie mening van hom bedroë daarvan afgekom. |
Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.
En hy het dit uit hulle hand geneem en 5dit met die 6beitel bewerk en daar ’n 7gegote 8kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
| 5 Naamlik die kalf.
6 Die Hebreeuse woord kan ook griffel beteken, soos in Jes. 8:1. Dit wil voorkom of die bedoeling dan die volgende is: dat Aäron eers met ’n pen, griffel of kwas die figuur van ’n kalf êrens geteken het om dit aan die volk te wys en te vra of so ’n vorm of model hulle sou behaag. 7 Hebr. kalf van gieting. 8 Of: os. Die afgod Apis was deur die Egiptenaars geëer in die voorkoms van ’n kalf of os. Dit wil voorkom of die Israeliete dit hier nagevolg het. |
Toe Aäron 9dit sien, het hy daarvoor ’n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die 10HERE.
| 9 Naamlik, dat die volk die kalf goddelike eer wou betoon.
10 Aäron gebruik hier die Naam van die ware God, met die doel om Hom deur hierdie kalf te eer; maar dit was egter afgodery. |
En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers 11aangebring; daarop bhet die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan 12om te speel.
| b 1 Kor. 10:7. | 11 Naamlik na die altaar; dit is, hulle het aan die kalf geoffer.
12 Sien vers 19 se kanttekening. |
Toe sê die HERE vir Moses: Gaan heen, klim af, want 13jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, 14chet verderflik gehandel.
| c Deut. 32:5. | 13 God ag die volk van Israel nie waardig om hulle langer sy volk te noem nie, aangesien hulle vir hulle ’n kalf tot hul god gemaak het.
14 Anders: het hulself verderf; dit is, hulle het hulself deur hul afgodery in die verderf gebring. |
En hulle het 15gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. 16Hulle het vir hulle ’n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en 17daaraan geoffer en gesê: dDit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
| d 1 Kon. 12:28. | 15 Naamlik terstond ná die verbond gesluit is, Exodus 19; 24.
16 Aäron het die goue kalf gemaak of laat maak, vers 4, op die versoek of bevel van die volk, vers 1. 17 Naamlik aan die kalf en nie aan My nie, alhoewel hulle voorgee dat hulle dit wel doen, vers 5. |
Verder het die HERE vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, een kyk, dit is 18’n hardnekkige volk.
| e Ex. 33:3. Deut. 9:6, 13. Jes. 48:4. Jer. 5:3. Hos. 4:16. | 18 Dit is, onvergenoegd, vermetel, ongebonde, wat hul nek nie onder die wette en die wil van die HERE wil buig nie. Dit is ’n voorbeeld geneem van diere, wat hulle nekke so hard en styf hou dat hulle dit nie wil buig volgens die begeerte van diegene wat hulle die juk oplê of met die toom wil beheer nie. Sien Deut. 10:16. Spr. 29:1. Hand. 7:51. |
19Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ’n groot nasie maak.
| 19 En verhinder My nie deur jou voorbidding nie. Want die gebed van ’n gelowige het groot krag by God, Jak. 5:16. |
Maar Moses het die HERE sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o HERE, sou u toorn ontvlam teen u volk fwat U met grote krag en met ’n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?
| f Ps. 106:21. |
Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: gIn 20kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle 21van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, en 22laat dit U berou oor die onheil van u volk.
| g Núm. 14:13, ens. | 20 Dit is, met ’n listige en bose voorneme. Anders: ten kwade, dit is, tot hul ongeluk en verderf.
21 Dit is, sodat hulle nie op die aardbodem sou bly nie. 22 Moses bid hier dat God berou moet hê, dit is, dat Hy die volk nie met die onheil sal tref nie, dit is, die straf wat Hy oor hulle wou bring. Sien Gén. 6:6. |
23hGedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U 24by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle nageslag vermenigvuldig 25soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek 26gespreek het, sal Ek aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe.
| h Gén. 12:7; 13:15; 15:18; 26:4; 28:13. Deut. 34:4. | 23 Dit is, gedenk aan die belofte wat U aan Abraham, ens. gemaak het.
24 God sweer by Homself, omdat daar geen meerdere is om by te sweer nie, Hebr. 6:13, 17. 25 Sien Gén. 15:5. 26 Dit is, belowe het. |
27Toe het dit die HERE berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.
| 27 Dit is, toe het Hy nie die volk verdelg soos Hy gedreig het nie, maar Hy het volstaan met drieduisend wat doodgemaak sou word. |
En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels 28van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was 29op die een en op die ander kant beskrywe.
| 28 Dit is, van die wet van God.
29 Hebr. van hier en van daar beskrywe. |
En idie tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.
| i Ex. 31:18. Deut. 9:10. |
En toe 30Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer.
| 30 Wat saam op die berg gebly het, Ex. 24:13. |
Maar 31hy antwoord: 32Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang.
| 31 Naamlik Moses.
32 Hebr. Dit is nie die stem van die sing van krag nie, en dit is nie die stem van die sing van swakheid nie. |
En toe hy naby die laer kom en die kalf en 33kkoordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg 34verbrysel.
| k Deut. 9:17. | 33 Verstaan sodanige koordanse waar daar gefluit en gespeel is, volgens die manier van die heidene.
34 Naamlik voor die oë van die volk, Deut. 9:17. |
En lhy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur 35verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit 36laat drink.
| l Deut. 9:21. | 35 Dit is, hy het die kalf gesmelt en weer tot ’n klont gemaak.
36 Omdat hulle hierdeur die nietigheid van sulke gode sou leer verstaan, wat deur die mens ingesluk kan word; asook om die Israeliete te herinner dat hulle verdien het om die vloek en die toorn van God te drink. Sien Núm. 5:18. |
En Moses het vir Aäron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so ’n groot sonde oor hulle gebring het?
Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, mdat hulle deur en deur sleg is.
| m 1 Joh. 5:19. |
Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! 37En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, 38en hierdie kalf het daaruit gekom.
| 37 Anders: en gee dit aan my.
38 Aäron bely hier sy eie sonde nie so opreg en so openlik soos hy die sonde van die volk bely het nie: hy spreek van die kalf asof dit meer per toeval, eerder as deur sy wil of kuns, gemaak is, maar in vers 4 staan dit heeltemal anders. Sien Deut. 9:20. Aäron se verskoning kom ooreen met dié van Adam, Génesis 3. |
Toe Moses sien dat die volk 39bandeloos was — want 40Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders —
| 39 Anders: ontbloot en so in dit wat volg. Nie soseer ontbloot van hulle sierade nie, maar van God se beskerming, is hulle nou soos ontblote ongewapende mense, wat maklik deur hul vyande oorval en oorwin kon word; vgl. dit met Gén. 3:10. Openb. 3:18; 16:15.
40 Hierdie bandeloosheid of ontbloting (sien die vorige kanttekening) word aan Aäron toegeskryf, omdat hy nie net tot die goddelose versoek van die volk ingewillig het nie, maar dit ook bevorder het. |
het Moses in 41die poort van die laer gaan staan en gesê: 42Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het 43al die seuns van Levi by hom versamel.
| 41 Die laer was met ’n wal, of palissade, of met iets anders omring, en het poorte hier en daar gehad. Die poorte was ook die plekke van die gereg, soos in Gén. 34:20. Deut. 17:5. Rut 4:1, 11.
42 Hebr. Wie vír die HERE is, na my toe! Moses het weens haas en ywer enkele woorde uitgelaat. 43 Dit is, byna almal, want sommige van hulle het hulle ook in afgodery misgaan, ja, selfs Aäron, sien vers 29. Deut. 9:20; 33:9. Anders: En die wat by hom versamel het, was almal kinders van Levi, wat by die huis gebly het en geen afgodery begaan het, deur die kalf te aanbid nie. |
En hy het vir hulle gesê: So spreek die HERE, 44die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen 45sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
| 44 Naamlik die ware God van Israel, nie die kalf waarvan hulle in vers 4 gespreek het nie: Dit is jou gode, Israel.
45 Dit is, die eerste wat hom teëkom; verskoon niemand nie, selfs al is dit jou broer. |
En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man 46geval.
| 46 Naamlik deur die skerpte van die swaard. |
47Toe het Moses gesê: 48Vul vandag julle hand om te offer aan die HERE — want elkeen is teen sy seun en teen sy broer — sodat 49Hy vandag ’n seën oor julle kan gee.
| 47 Of: Want. Met hierdie woorde word aangedui wat die Leviete so dapper en vreesloos gemaak het, sodat hulle selfs hul naaste vriende doodgemaak het, naamlik omdat hulle van Moses verstaan het dat hul vir God hiermee ’n aangename diens sou verrig, en dat hulle op hierdie wyse ’n besondere seën van God sou ontvang.
48 Dit is, heilig die HERE vandag julle hande, dit is, verrig hierdie heilige diens vir Hom; Lev. 7:37 en die kanttekening. God die HERE getuig hier dat waar reg en straf uitgeoefen word oor die kwaaddoeners, dit vir Hom so aangenaam is soos ’n offer. Sien 1 Sam. 15:18, 22. Hierdie daad van die Leviete beskryf Moses weer in Deut. 33:9. 49 Naamlik God die HERE. |
Moses bid vir die volk.
EN die 50volgende dag het Moses aan die volk gesê: Júlle het ’n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.
| 50 Naamlik, nadat daar drieduisend omgebring was. |
51En Moses het na die HERE teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ’n groot sonde begaan en vir hulle 52goue gode gemaak.
| 51 Moses het weer veertig dae op die berg gebly sonder om te eet, terwyl hy vir die volk tot God die HERE gebid het, Deut. 9:18.
52 Anders: ’n god van goud, dit is, die kalf. |
Nou dan, as U tog maar hulle sonde 53wou vergewe! En so nie, 54delg my dan maar uit 55u boek wat U geskryf het!
| 53 Verstaan: so is dit goed. Vgl. hierdie manier van spreek met Luk. 13:9.
54 Wie God eenmaal tot die ewige lewe uitverkies het, verwerp Hy nooit nie. Maar Moses het met hierdie woorde bekend gemaak sy innerlike ywer vir die eer van God, en sy groot liefde vir die volk Israel; vgl. hiermee die ywer van Paulus, Rom. 9:3. 55 Dit word ook die boek van die lewe genoem, omdat almal wat deur God tot die ewige lewe verordineer is, daarin opgeskrywe staan, Ps. 69:29. Filip. 4:3. Openb. 3:5; 20:12; 21:27. Dit is egter menslikerwyse van God gespreek, want deur hierdie boek word niks anders bedoel nie, as God se ewige raad en onveranderlike besluit van die uitverkiesing. |
Toe het die HERE Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, 56dié sal Ek uitdelg uit my boek.
| 56 Verstaan hierby: indien Ek iemand sou uitdelg. |
Maar gaan nou en lei die volk 57waarheen Ek jou gesê het. Kyk, 58my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek 59hulle sonde oor hulle 60besoek.
| 57 Naamlik na die land Kanaän.
58 So dreig God in sy toorn om hierdie volk aan Moses en aan ’n engel oor te gee; sien daaroor Ex. 33:2 se kanttekening. 59 By name hierdie sonde van afgodery wat met die goue kalf begaan is. 60 Sien Gén. 21:1. |
So het die HERE dan die volk 61getref, 62omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.
| 61 Anders: geslaan, naamlik deur die swaard van die Leviete, vers 28.
62 Dit is, omdat hulle Aäron daartoe verlei en gedryf het om die goue kalf te maak. Wat ’n mens deur middel van iemand anders doen, is soveel asof ’n mens dit self gedoen het; in die tussentyd is diegene wat hom as ’n werktuig daartoe laat gebruik, ook nie onskuldig nie. |
Verdeling van die werk.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
aKyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, 1by sy naam geroep;
| a Ex. 35:30. 1 Kron. 2:20. | 1 Dit is, bo al die ander vir hierdie werk verkies, soos in Ex. 35:30. |
en Ek het hom vervul 2met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir 3allerhande werk,
| 2 Dit is, deur die gawes van die Gees van God, soos hierna beskryf word. Waaruit dan genoegsaam blyk dat kunstige handewerk ’n gawe van God is.
3 Hebr. alle, en so ook in vers 5. |
om 4kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,
| 4 Hebr. idees, ontwerpe. |
en deur snywerk in 5stene wat 6ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
| 5 Verstaan hier kosbare stene.
6 Hebr. gevul. |
En kyk, Ek het hom Ohóliab 7bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek 8wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:
| 7 Hebr. met of by hom gegee.
8 Dit is, skranderheid of vernuf in die kuns wat hulle beoefen. |
die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,
en die tafel met sy gereedskap en 9die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;
| 9 Dit is, wat uit suiwer goud gemaak sou word. Sien Ex. 25:31. |
ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk
en die 10kunstige klere en die heilige klere 11van die priester Aäron en die klere van sy seuns, 12om die priesteramp te bedien;
| 10 Verstaan hier onder die naam kunstige klere ook die tapyte en behangsels van die tabernakel waarvan in Exodus 26; 36 gespreek word. So ook die doeke waarmee die tafel, die ark, die altaar en die ander heilige gereedskap bedek en daarin toegemaak word, wanneer die laer opgebreek en van een plek na ’n ander verskuif het. Sien Núm. 4:5, 9, 11, 12.
11 Naamlik van die hoëpriester. 12 Dit is, wat hulle aangetrek het wanneer hulle die priesteramp bedien het. |
ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom — net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.
Heiliging van die sabbat.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet 13sekerlik 14my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
| 13 Asof God sê: Alhoewel die werk van die tabernakel so vinnig as moontlik voltooi moet word, mag jy sekerlik nie op die sabbat daaraan werk nie; of: geheel en al, in alle geval.
14 Dit is, vir my diens ingestel. |
bOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle 15heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié 16siel moet 17uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
| b Ex. 20:8. Deut. 5:12. Eség. 20:12. | 15 Hebr. heiligheid.
16 Dit is, dié persoon. 17 Sien Gén. 17:14 en die kanttekening. |
Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ’n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte 18as ’n ewige verbond.
| 18 Sien Gén. 17:7. |
Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 19’n teken; cwant in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy 20gerus en 21Hom verkwik.
| c Gén. 1:31; 2:2, 3. Ex. 20:11. | 19 Vgl. Gén. 17:11.
20 Sien Gén. 2:2. 21 God, wat ’n Gees is, word nooit moeg nie; dit is dus menslikerwys gespreek, omdat mense ná lang en swaar arbeid deur rus verkwik word en asem skep. |
En 22Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, ddie twee tafels 23van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met 24die vinger van God.
| d Ex. 32:16. | 22 Naamlik die HERE.
23 Dit is, van die wet, waarin God getuig hoe Hy deur sy volk geëer en gedien wil word. 24 Die vinger van God beteken hier die krag en die werk van God. Vgl. Ex. 8:19. Luk. 11:20 vergeleke met Matt. 12:28 en elders. |
Die reukaltaar.
JY moet ook ’n aaltaar maak om 1reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak.
| a Ex. 37:25. | 1 Om elke dag reukwerk daarop aan te steek. Hierdie altaar het in die voorste deel van die tabernakel voor die voorhangsel gestaan. Dit was eintlik vir die reukwerk gemaak, daar is egter soms op dieselfde altaar bloed gesprinkel tot versoening, soos gesien word in vers 10 en Lev. 4:7. |
’n El moet sy lengte wees en ’n el sy breedte — vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
En jy moet dit 2met suiwer goud oortrek: 3die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor ’n goue krans rondom.
| 2 Dit word in Núm. 4:11 die goue altaar genoem, vgl. Eség. 41:22.
3 Deur die plaat word verstaan die deksel of die boplaat van die altaar, waarop hulle die reukwerk geplaas het. |
Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet dien 4as plekke vir draaghoute om 5dit daarmee te dra.
| 4 Dit is, om die draaghoute daarin te steek, naamlik, wanneer die tabernakel afgebreek, of na ’n ander plek gebring word, Núm. 4:5, 11, 15.
5 Naamlik die altaar. |
En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
Sit dit dan voor 6die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.
| 6 Hierdie voorhangsel was die skeiding tussen die plek waar die priesters hul diens gedoen het, en die Allerheiligste, waar die ark gestaan het. |
En Aäron moet daarop reukwerk van speserye 7aan die brand steek; 8elke môre bas hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.
| b 1 Sam. 3:3. | 7 Hebr. laat rook.
8 Hebr. in die môre in die môre. |
En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy 9dit aan die brand steek as ’n voortdurende 10reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte.
| 9 Naamlik die reukwerk.
10 Of: rookwerk. |
Julle mag daarop geen 11vreemde reukwerk of 12brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.
| 11 Dit is, van êrens anders gebring, of anders berei as beveel word in verse 34-36.
12 Die altaar waarvan in Ex. 27:1 gespreek word, was aangewys vir die brandoffer en spysoffer. |
En Aäron moet 13een maal in die jaar aan die horings daarvan 14versoening doen; met die bloed van die 15sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
| 13 Naamlik op die tiende dag van die sewende maand, wat daarom die dag van versoening genoem was, Lev. 23:27.
14 Of: die versoening doen. 15 Dit is, van die sondoffer waardeur die versoening bewerk word. |
Die halfsikkel as ’n offergawe.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
cAs jy die 16volle getal van die kinders van Israel opneem 17volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy 18lewe, 19losgeld aan die HERE 20gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.
| c Núm. 1:2. | 16 Hebr. die hoof.
17 Dit is, volgens diegene wat uit hulle getel sal word. 18 Hebr. siel, dit is, sy lewe, of sy persoon, en so in dit wat volg. 19 Dit is, die prys waarmee elke persoon sy lewe gered het. 20 Naamlik eenmalig, nie elke jaar nie. |
dDit moet hulle gee, elkeen 21wat na die geteldes oorgaan: ’n halfsikkel 22volgens die sikkel van die heiligdom — die sikkel is twintig 23gera — ’n halfsikkel as offergawe aan die HERE.
| d Lev. 27:25. Núm. 3:47. Eség. 45:12. | 21 Dit is, wat oorgaan van diegene wat getel sal word, na die wat getel is.
22 Sien oor die waarde van ’n sikkel Gén. 20:16 se kanttekening. 23 Sien Lev. 27:25 en die kanttekening. |
Elkeen wat oorgaan na die geteldes, 24van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van die HERE gee.
| 24 Hebr. ’n seun van twintig jaar, dit is, wat twintig jaar word; sien oor die hoeveelheid manne wat daar was Ex. 38:25, 26. |
Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as ’n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die HERE gee om vir julle siele versoening te doen.
eNeem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit 25aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen.
| e Ex. 38:25. | 25 Of: aan die werk of gereedskap. Sien Ex. 38:27, 28. |
Die koperwaskom.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Jy moet ook 26’n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en 27die altaar, en gooi water daarin,
| 26 Dit was van die spieëls van die vroue gemaak, Ex. 38:8.
27 Naamlik die brandofferaltaar, waarvan in Exodus 27 gespreek word. |
dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.
As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, 28sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur ’n vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek.
| 28 Dit is, sodat God hulle nie sou doodmaak nie, soos Hy die seuns van Aäron doodgemaak het, Lev. 10:1, 2. |
Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees, vir 29hom en sy nageslag in hulle geslagte.
| 29 Naamlik Aäron. |
Die heilige salfolie en die reukwerk.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
En jý, neem vir jou van die 30beste speserye: 31vyfhonderd sikkels 32fyn mirre en die 33helfte soveel geurige kaneel, tweehonderd-en-vyftig sikkels, en tweehonderd-en-vyftig sikkels geurige kalmoes
| 30 Hebr. hoofspeserye, dit is, van die vernaamste of beste; soos ook in Hoogl. 4:14. Eség. 27:22.
31 Dit is, soveel as vyfhonderd sikkels weeg. 32 Hebr. vryvloeiende mirre, dit is, wat die beste en onvervals is, en vry van alle onsuiwerheid. Dit is ’n gom wat uit die mirreboom vloei, die voortreflikste van alle boomgomme. 33 Hebr. die helfte daarvan, naamlik van die vyfhonderd sikkels. |
en vyfhonderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en 34’n hin olyfolie;
| 34 Sien Lev. 19:36 en die kanttekening. |
en maak daarvan heilige salfolie, ’n salfmengsel soos ’n 35salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees.
| 35 Anders: oliebereider, salfmaker. Sien 1 Kron. 9:30. |
Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis
en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar
en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk.
36So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig.
| 36 Naamlik deur of met die olie waarvan in verse 23-25 gespreek is. |
Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en 37hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien.
| 37 Naamlik deur die salwing van die heilige olie. |
En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ’n heilige salfolie wees in julle geslagte.
Op 38geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.
| 38 Naamlik behalwe op die liggame van Aäron en sy seuns. |
Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ’n onbevoegde laat kom, 39moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
| 39 Sien Gén. 17:14 en die kanttekening. |
Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: 40storaksgom en 41naeltjies en gálbanum — speserye en ook suiwer wierook; 42alles in gelyke hoeveelhede,
| 40 Of: balsemsap.
41 ’n Soort spesery wat ’n mens in reukwerk gebruik het. 42 Hebr. dat alleen by alleen is, dit is, elkeen sal alleen, sonder om met enige ander vogtigheid vermeng te wees, fyngemaak word, en terwyl dit suiwer is, tesame in een massa gemeng word. |
43en maak daar reukwerk van, ’n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.
| 43 Naamlik Moses, wat dit eerste gemaak het. |
En vrywe ’n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ’n deel daarvan neer voor 44die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees.
| 44 Dit is, op die reukaltaar, wat voor die ark van die Getuienis gestaan het. |
En die reukwerk wat jy moet maak — na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs 45aan die HERE moet dit vir 46jou wees.
| 45 Dit is, tot diens van die HERE.
46 Naamlik sowel vir die priester, as vir die volk. |
Elkeen wat so iets maak 47om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
| 47 Dit is, om dit as reukwerk te gebruik. |
Die wyding van die priesters.
EN dit ais die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat 1sonder gebrek is,
| a Lev. 8:2; 9:2. | 1 Sien Ex. 12:5. |
en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke 2met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak.
| 2 Verstaan hier olyfolie. |
En sit dit in een mandjie, en 3bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme.
| 3 Anders: offer. |
Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en 4hulle met water was.
| 4 Naamlik uit die geheiligde koperwaskom, Ex. 30:18. |
En neem 5die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om.
| 5 Naamlik die heilige klere, waarvan in Exodus 28 gespreek is. |
En sit die tulband op sy hoof, en bevestig 6die heilige kroon aan die tulband.
| 6 Die Hebreeuse woord nezer, wat hier gebruik word, beteken afskeiding of afsondering. Hierdie kroon word so genoem, omdat dit ’n teken van sy afsondering van ander mense was; daarom word die kroon van konings ook nezer genoem, 2 Sam. 1:10. Ps. 89:40. Hier is dit die versiering van die hoëpriester om sy waardigheid aan te wys. Uit Ex. 28:36 en Lev. 8:9 is af te lei dat die plaat en hierdie kroon een en dieselfde is. |
bNeem dan 7die salfolie en giet dit 8op sy hoof en salf hom.
| b Ex. 30:25. | 7 Waarvan in Ex. 30:23-25 gespreek word.
8 Dat dit langs sy baard afloop, Ps. 133:2. |
Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek,
en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit 9as ’n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters 10aanstel.
| 9 Dit is, tot by die Messías, want toe het Aäron se diens met al die seremonies tot ’n einde gekom.
10 Sien Lev. 7:37 se kanttekening; Lev. 8:22-35. |
cEn jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en Aäron en sy seuns moet 11hulle hande op die kop van die bul lê.
| c Lev. 1:3. | 11 Hebr. met hulle hande steun. |
En slag die bul 12voor die aangesig van die HERE 13by die ingang van die tent van samekoms.
| 12 Sien Lev. 1:3.
13 Of: voor. |
Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan 14die onderkant van die altaar uitgiet.
| 14 Daar was ’n sloot of gat, waar dit deur- of ingeloop het. |
En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand.
dMaar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is ’n sondoffer.
| d Lev. 4:12. Hebr. 13:11. |
Neem dan die een ram, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
daarna moet jy die ram slag en sy ebloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi.
| e Hebr. 9:12, 19. |
En die ram 15moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop.
| 15 Of: in sy stukke kap, naamlik, nadat die vel daarvan afgetrek sal wees, Lev. 1:6. |
Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is ’n brandoffer aan die HERE; ’n lieflike geur, 16’n vuuroffer is dit aan die HERE.
| 16 Dit is, ’n offer wat geheel en al deur vuur verteer word. Sien Lev. 1:9. |
Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.
Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van 17die salfolie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.
| 17 Wat beskryf word in Ex. 30:22, ens. |
En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en 18die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die 19regterboud — want dit is ’n 20wydingsram —
| 18 Dit is, dit wat op of oor die lewer is, soos in vers 13.
19 Die Hebreeuse woord kan ook regterskouer beteken. 20 Hebr. ram van vullinge, en so in dit wat volg. Sien Lev. 7:37. |
en een ronde brood en een 21oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is.
| 21 Dit is, met olie gemeng. |
En lê dit alles op die hande van Aäron en op die hande van sy seuns, 22en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE.
| 22 Sien Lev. 7:30. |
Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 23’n vuuroffer aan die HERE.
| 23 Sien vers 18. |
En neem die bors van die wydingsram 24van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit 25jou deel wees.
| 24 Dit is, wat sal dien vir sy wyding.
25 Naamlik Moses se deel. Sien Lev. 8:29. |
En jy moet 26die bors van die beweegoffer heilig en die boud 27van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld.
| 26 Sien Lev. 7:30 se kanttekening.
27 Sien Ex. 25:2 se kanttekening. |
En fdit moet vir Aäron en sy seuns wees tot ’n ewige insetting 28van die kant van die kinders van Israel, want dit is ’n hefoffer; en dit sal ’n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers — hulle hefoffer aan die HERE.
| f Lev. 7:31, 34; 10:14. | 28 Dit is, dat dit wat geoffer sal word deur die kinders van Israel, vir Aäron en sy seuns sal wees. |
En die 29heilige klere van Aäron moet vir 30sy seuns 31ná hom wees, om hulle daarin te salf en 32as priesters aan te stel.
| 29 Alles wat vir die godsdiens gebruik word, word heilig genoem.
30 Verstaan een van sy seuns, naamlik die een wat ná hom hoëpriester sal word. 31 Dit is, ná sy dood. 32 Dit is, in te wy, soos in verse 9, 33. |
Die een van sy seuns wat in sy plek 33priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit 34sewe dae lank aantrek.
| 33 Naamlik hoëpriester.
34 Naamlik sewe dae aanmekaar, want soveel dae word vereis vir sy wyding, vers 35. |
En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in 35’n heilige plek kook.
| 35 Naamlik by die ingang van die tent van samekoms, soos daar in vers 32 en Lev. 8:31 staan. Hier mog elkeen inkom, en die wat offers gebring het, het hulle deel daar geëet. |
gDan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.
| g Lev. 8:31; 24:9. |
En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; hmaar 36’n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is 37heilig.
| h Lev. 10:14. Matt. 12:4. | 36 Dit is, ’n persoon wat nie uit die geslag of afkoms van Aäron is nie. Die Leviete mog selfs nie daarvan eet nie. Sien Lev. 10:14.
37 Dit is, heilige voedsel, aan God toegewy. Hebr. heiligheid. |
En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; 38dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig.
| 38 Selfs die priesters mog nie die oorblyfsel eet nie. |
So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.
Jy moet ook daagliks ’n sondofferbul tot versoening berei 39en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.
| 39 Of: u sal vir die altaar ontsondiging doen, verstaan met die sondoffer. Sien verder Lev. 8:15 se kanttekening. |
Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit 40heilig. So sal dan die altaar 41hoogheilig word: 42elkeen wat aan die altaar raak, 43word heilig.
| 40 Naamlik met die heilige olie.
41 Hebr. heiligheid van heilighede. Nie net self geheilig wees nie, maar ook die gawe heilig wat daarop geoffer word, en in hierdie opsig was die altaar groter as die offer, soos Christus in Matt. 23:19 getuig. 42 Anders: almal, en so in Ex. 30:29. 43 Naamlik seremonieel heilig. |
Die daaglikse brandoffers.
EN dit iis wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.
| i Núm. 28:3. |
Die een lam moet jy in die môre 44berei, en die ander lam moet jy 45teen die aand berei,
| 44 Naamlik, om te offer.
45 Sien Ex. 12:6 en die kanttekening. |
met 46’n tiende van ’n efa fynmeel, gemeng met ’n kwart-47hin 48uitgestampte olie, en as drankoffer ’n kwart-hin wyn vir die een lam.
| 46 Dit is, ’n gomer. Sien Ex. 16:36 en die kanttekening.
47 Een hin is die inhoudsmaat van 72 hoendereierskale, oftewel 3,6 liter. Dus ’n kwart-hin was 900 milliliter. 48 Sien Ex. 27:20. |
En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môrespysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot ’n lieflike geur. Dit is ’n vuuroffer aan die HERE.
Dit moet ’n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, 49by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.
| 49 Hier was die brandofferaltaar, Ex. 40:29. |
En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en 50die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.
| 50 Hebr. hy, dit kan verwys na die tent, of na die volk van Israel, of na elkeen van hulle. |
So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar 51heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien.
| 51 Naamlik deur my heerlike verskyning en teenwoordigheid. |
En Ek ksal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ’n God wees;
| k Ex. 25:8. Lev. 26:12. Ps. 78:60. Sag. 2:10. 2 Kor. 6:16. Openb. 21:3. |
en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.
Die heilige klere.
DAN 1moet jý jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: aAäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron.
| a Hebr. 5:4. | 1 Naamlik, nadat die werk van die tabernakel voltooi is. |
En jy moet vir jou broer Aäron 2heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.
| 2 Dit is, klere wat hy sal aantrek wanneer hy die heilige godsdiens sal verrig. Hebr. klere van heiligheid. |
Jy moet ook spreek met almal wat 3kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
| 3 Hebr. wys van hart. Sien Job 9:4 en die kanttekening. |
En dit is die klere wat hulle moet maak: ’n borstas en ’n 4skouerkleed en ’n 5mantel en ’n kunstig 6bewerkte rok, ’n 7tulband en ’n gordel; so moet 8hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
| 4 Sien Ex. 25:7.
5 Of: bo-kleed, bo-rok, oortreksel, waaraan die klokkies was. Sien vers 31-33. 6 Verstaan kunstig bewerk met versierings in die vorm van ogies. Dit word gesien as die onderrok, wat langer is as die mantel. 7 Dit was ’n bedekking asof rondom die hoof gevou, soos die hedendaagse tulbande van die Turke; dit was die hoofbedekking en versiering van konings en priesters. 8 Naamlik die wyse manne waarvan in vers 3 gespreek is. |
En 8hulle moet die 9goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.
| 9 Naamlik, wat die kinders van Israel vrywillig sou bring, waarvan in Exodus 25 gespreek is. |
bEn hulle moet die skouerkleed maak 10van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.
| b Ex. 39:2. | 10 Die goue skouerkleed of efod was slegs deur die hoëpriester gedra, maar daar was ook skouerklede van linne, wat deur die ander priesters, ja, ook ander mense, gedra is. Sien 1 Sam. 2:18; 22:18. 2 Sam. 6:14. |
Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word.
En 11die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet 12van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
| 11 Naamlik, waarmee die skouerkleed omgord sou word. Daar is verskil van menings of hierdie skouerkleed van die skouers af, sowel voor as agter, gehang het tot op die heupe en onder hierdie band, en of hy slegs agter gehang het tot aan die band of bo die band, en of hy, terwyl hy voor en agter oop is, aan die skouerbande van die heupe neergehang het tot op die voete. Die laaste word egter deur die geleerdste Hebreërs bevestig.
12 Dit is, van dieselfde materiaal waarvan die skouerkleed is. |
En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer:
ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.
Met graveerwerk, 13soos op ’n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in 14kassies van goud.
| 13 Dit is, op die netjiesste en beste. Hebr. Met gravering soos ’n seël.
14 Die hol plek in die goud van ’n ring, waarin die steen ingelê word, word ’n kassie genoem. |
En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig 15as gedagtenisstene vir die kinders van Israel — Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van die HERE om hulle 15in gedagtenis te bring.
| 15 Die betekenis van hierdie woorde is dat Aäron, terwyl hy voor God staan, die kinders van Israel by Hom in gedagtenis bring. |
Jy moet dan kassies van goud maak
en twee kettings van suiwer goud; 16gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.
| 16 Anders: gedraaide werk. |
cJy moet ook die 17borstas van beslissing maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak.
| c Ex. 39:8. | 17 So genoem omdat die hoëpriester dit aangetrek het wanneer belangrike, maar tog twyfelagtige sake voorgeval het, waarin hy God se raad ingeroep het. |
Vierkantig moet dit wees en dubbel gevou; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.
En voorsien dit van ’n steeninvulling van vier rye stene: 18’n ry met ’n 19karneool, ’n topaas en ’n smarag moet die eerste ry wees.
| 18 Dit is, die eerste, soos in Gén. 1:5 se kanttekening; Gén. 2:11.
19 In die vertaling van die name van hierdie stene is die geleerdste vertalers dit nie eens nie. Hier word egter die mening van die meeste en vernaamste vertalers, sowel oues as nuwes, gevolg. In die Hebreeus staan die name soos volg: 1 odem, pitda, bareket. 2 nofeg, sappir, jahalom. 3 lesjem, sjewo, aglama. 4 tarsjisj, sjoham, jasjfe. |
En die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en ’n jaspis.
En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.
En die vierde ry: ’n chrisoliet en ’n oniks en ’n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees 20by hulle invulling.
| 20 Dit is, in die kassies waarin hulle gelê sal word. Vgl. Ex. 25:7 se kanttekening. |
En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.
Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.
En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas,
en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas;
en maak die twee ander ente van 21die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan 22die voorkant daarvan.
| 21 Hebr. beide die gedraaide werk of draaisels.
22 Hebr. aangesig. |
Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig dié aan die twee onder-ente van die borstas, aan die 23kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
| 23 Hebr. lip. |
En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy 24verbinding, bo die band van die skouerkleed.
| 24 Anders: samevoeging. |
En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.
So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die HERE gedurigdeur.
Jy moet ook in die borstas van beslissing 25die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.
| 25 Hierdie woorde sou vertaal kon word met die ligte en die volmaakthede. Dit het God behaag om sy helder en volmaakte antwoorde daardeur aan die hoëpriester te gee. Maar wat dit presies was, is onseker; ’n mens lees nêrens dat God Moses beveel het om dit te maak nie, nog minder hoe of waarvan dit gemaak is. Vgl. Lev. 8:8. |
En jy moet ddie 26mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.
| d Ex. 39:22. | 26 Naamlik die mantel of rok wat onder die skouerkleed gedra sal word. |
En die 27opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet ’n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van ’n pantser moet dit daaraan wees, dat 28dit nie kan skeur nie.
| 27 Dit is, die opening waardeur die hoof van die hoëpriester sal gaan. Hebr. die mond van sy hoof.
28 Naamlik die opening. Anders: hy, naamlik die skouerkleed. |
En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar 29tussenin goue klokkies rondom:
| 29 Anders: te midde van die. |
’n goue klokkie en ’n granaatjie, ’n goue klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.
En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat 30die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die HERE, ingaan en as hy daar uitgaan, 31dat hy nie sterwe nie.
| 30 Verstaan die klank of geluid van die klokkies.
31 Verstaan om deur God die HERE doodgemaak te word. |
Verder moet jy e’n 32plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, 33soos op ’n seëlsteen uitgesny word: 34HEILIG AAN DIE HERE.
| e Ex. 39:30. | 32 Hebr. ’n blom, wat mooi vir die oog is.
33 Hebr. met gravering van ’n seël. 34 Anders: heilig van die HERE. |
En maak dit vas aan ’n pers toutjie, sodat dit aan 35die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.
| 35 Sien vers 4. |
So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, 36sodat Aäron die skuld kan 37dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig — al hulle heilige gawes. En dit moet 38gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind.
| 36 Hier is Aäron ’n tipe van Christus, wat deur sy heiligheid die sondes van sy volk weggeneem het, wat hulle dikwels begaan, ook in hul allerheiligste werke, Joh. 1:29. 2 Kor. 5:19. 1 Joh. 2:1.
37 Dit is, draende wegneem. 38 Verstaan dat die hoëpriester altyd die tulband sou dra wanneer hy diens doen. |
Jy moet ook fdie rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook ’n tulband van fyn linne maak, en ’n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.
| f vers 4. |
En maak 39rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle 40musse maak, tot eer en tot sieraad.
| 39 Naamlik van fyn linne, soos van die hoëpriester, Ex. 39:27. Verstaan dit ook van die gordel en die hoede of hoofbedekkings, wat nie veel anders was as die van die hoëpriester nie.
40 Of: verhewe musse, wat om die hoof gebind is, Lev. 8:13. |
En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. 41En salf hulle en 42stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.
| 41 Naamlik met die heilige olie, soos God beveel het om dit te maak. Sien Ex. 29:7; 30:23-25.
42 Sien Lev. 8:33 en die kanttekening. |
Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.
43En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen 44skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is ’n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag ná hom.
| 43 Hebr. En dit sal op Aäron en op sy seuns wees.
44 Dit is, die straf van die ongeregtigheid; sien Lev. 5:1. |
Die koperaltaar vir die brandoffers.
JY moet ook die aaltaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte — 1vierkantig moet die altaar wees — en drie el sy hoogte.
| a Ex. 38:1. | 1 Naamlik, aangaande sy breedte en sy lengte, maar dit was slegs drie el hoog. |
En jy moet sy 2horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, 3uit een stuk wees; en 4jy moet dit met koper oortrek.
| 2 Hierdie horings het nie net as versiering van die altaar gedien nie, maar ook, so wil dit voorkom, om te verhoed dat dit wat op die altaar gelê het, daarvan afval.
3 Dit is, uit dieselfde stuk, nie aanmekaargesit of -geheg nie; soos dikwels in hierdie beskrywing. 4 Die rede waarom hierdie altaar nie net van buite nie, maar ook van binne, met koper oorgetrek, ja, daarmee só bedek is dat ’n mens geen hout kon sien nie, is om vry en onbeskadig van die vuur te wees en te bly. |
En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy 5skoppe en 6komme en 7vurke en vuurpanne. 8Al dié gereedskap moet jy van koper maak.
| 5 Of: skoffels. Anders: besems.
6 Naamlik, om die bloed van die brandoffers daarin op te vang en daarmee te besprinkel. 7 Of: gaffels, instrumente met tande, geskik om die vleis uit die pot te trek, soos in 1 Sam. 2:13, 14. 8 Hebr. Vir al sy gereedskap sal jy koper maak of berei. |
Jy moet daar 9’n traliewerk aan maak, ’n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.
| 9 Dit was ’n breë koperplaat met baie klein gaatjies, waar die bloed, as en klein kooltjies, of iets dergeliks, kon deurval; en dit was die herd van die altaar, waarop die vuur gelê en gebrand het. |
En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom.
Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.
En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra.
Jy moet dit hol, van planke, maak. 10Soos dit jou op die berg getoon is, so moet 11hulle dit maak.
| 10 Naamlik deur God die Here.
11 Naamlik die werkmeesters. |
Die voorhof.
bJY moet ook 12die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees;
| b Ex. 38:9. | 12 Dit was ’n oop ruimte waar die volk daagliks gekom het om offers te bring en die openbare godsdiens te beoefen, Ps. 100:4; 116:17-19. |
daarby 13twintig 14pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
| 13 Naamlik van die voorhof.
14 Hierdie pilare het daartoe gedien om die behangsels daaraan vas te maak met silwer hakies; asook tot versiering. In Ex. 38:17, 19 staan dat die toppe daarvan ook versilwer was. |
So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
En in die breedte van die voorhof, aan 15die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.
| 15 Hebr. aan die seekant of aan die kant van die see. Sien Gén. 12:8. |
En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el —
sodat daar vyftien el behangsels vir die een 16kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
| 16 Hebr. skouer. Verstaan hier en in die volgende vers die kante van die voorhof. |
en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
en vir die poort van die voorhof ’n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.
Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.
Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte 17vyftig by vyftig en die hoogte 18vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby 19voetstukke van koper.
| 17 Dit is, vyftig aan elke kant.
18 Die helfte so hoog as die tabernakel, Ex. 26:16. 19 Naamlik van die pilare. |
Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy 20penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.
| 20 Of: spykers, wat gedien het om die hele raamwerk en al die dele daarvan aan mekaar vas te sit. |
cEn jý moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir 21die kandelaar 22bring, om gedurigdeur ’n brandende lamp te hê.
| c Lev. 24:2. | 21 Daar was sewe brandende ligte in die kandelaar, Ex. 25:37.
22 Hebr. neem, dit is, om te neem en te bring. Sien Gén. 12:15. |
In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor 23die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal ’n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.
| 23 Dit is, die ark van die Getuienis. |
Die tabernakel en die tent.
EN a1die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en 2bloedrooi stowwe, met gérubs; 3as kunstige werk moet jy dit maak.
| a Ex. 36:8. | 1 Die tabernakel of woning is gemaak om die ark, die goue tafel met die toonbrode en die goue kandelaar daarin te plaas.
2 Sien Gén. 38:28 en die kanttekening. 3 Anders: die mees vernuftige werk. Hebr. die werk van ’n vakman. |
Die lengte van elke tentdoek moet agt-en-twintig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke moet een maat hê.
Vyf van die tentdoeke moet aanmekaargewerk wees, 4die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander.
| 4 Hebr. die vrou aan haar suster, so ook in verse 5, 6. |
En jy moet lissies van pers stof maak aan die 5soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die 6tweede stel.
| 5 Of: selfkant. Hebr. lip, rand, so ook in vers 10.
6 Dit moet verstaan word as die twee buitenste tentdoeke, wat deur lissies die samevoeging gemaak het van beide stelle van vyf tentdoeke. |
Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet die een teenoor die ander wees.
Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is.
Ook moet jy 7bdoeke van bokhaar maak 8as ’n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.
| b Ex. 36:14. | 7 Hebr. doeke van bokke.
8 Dit is, as ’n bedekking of sprei oor die tabernakel, soos in verse 9, 11-13. Dit was die tweede bedekking van die tabernakel, wat tot beskutting teen die reën en wind gedien het. |
Die lengte van elke tentdoek moet 9dertig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke moet een maat hê.
| 9 Hierdie tentdoeke was twee el langer as die ander, waarvan in vers 2 gespreek word. |
En jy moet vyf van die tentdoeke besonders 10aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy 11dubbel vou, 12aan die voorkant van die tent.
| 10 Naamlik met lissies.
11 Dit is, in die helfte gevou. 12 Hebr. reg voor die aangesig van die tent. |
En jy moet vyftig lissies maak 13aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
| 13 Hebr. aan die lip. Anders: aan die selfkant. |
Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is.
En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoeke — die helfte 14van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang 15aan die agterkant van die tabernakel.
| 14 Naamlik die laaste tentdoek.
15 Hier was die Allerheiligste, waar die verbondsark gestaan het. |
En die el wat aan weerskante oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit te oordek.
Jy moet ook vir die tent 16’n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak cen 16’n dekkleed van 17robbevelle daar bo-oor.
| c Ex. 36:19. | 16 Hierdie dekklede het slegs gedien om die dak of boonste deel van die tabernakel te bedek.
17 Hebr. tagasjim, waarskynlik velle van seediere. |
Die style van die tabernakel.
JY moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.
Die lengte van die styl moet tien el wees, en anderhalf el die breedte van elke styl.
Elke styl moet twee 18tappe hê wat met 19mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel.
| 18 Hebr. hande.
19 Hebr. die vrou vir haar suster. Anders: soos in ’n leer geplaas, dit is, ewe wyd van mekaar geplaas, soos die trappe of sporte van lere staan. |
En die style vir die tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
Jy moet ook veertig 20silwervoetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
| 20 Dit was die voetstukke waarop die style gesteun het; elk was van ’n talent silwer, Ex. 38:27. |
En vir die ander 21sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig 22style
| 21 Hebr. rib.
22 Elke styl was een en ’n half el breed, vers 16. Sodat hieruit afgelei kan word dat die lengte van die hele tabernakel dertig el was. |
met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
En vir die agterkant van die tabernakel, 23teen die weste, moet jy 24ses style maak.
| 23 Sien Gén. 12:8. Hebr. seewaarts of aan die see se kant.
24 Hierdie ses style was nege el breed, want elke styl was een en ’n half el breed, en hulle word saamgevoeg om sodoende die tabernakel agter af te sluit of toe te maak. |
Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.
En hulle moet van onder 25dubbel wees, en net so moet hulle bo 26dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.
| 25 Die betekenis is: Hulle sal gelyktydig vas wees aan die style aan die sykant en aan die einde van die tabernakel, waardeur hulle aan mekaar geheg of vasgemaak word.
26 Hebr. volkome. |
So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
Jy moet ook 27dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel
| 27 Anders: balke, latte, grendels. |
en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel 28teen die weste.
| 28 Of: weswaarts. |
En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.
En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, 29as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.
| 29 Hebr. huise vir die dwarshoute, dit is, wat gedien het om die dwarshoute daardeur te steek. |
30dSo moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.
| d Ex. 25:9, 40. Hand. 7:44. Hebr. 8:5. | 30 Nadat al die dele van die tabernakel klaar was, moes dit alles nog bymekaargebring en die tabernakel in sy geheel opgerig en regop gestel word. |
Die voorhangsel en die deur.
VERDER moet jy 31’n evoorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk 32moet jy dit maak, met 33gérubs.
| e Ex. 36:35. | 31 Hierdie voorhangsel was in die plek van ’n skeiding of skeidsmuur, tussen die Heilige en die Allerheiligste, waar slegs die hoëpriester een maal per jaar mog ingaan; en dit is die voorhangsel waarvan die apostel in Hebr. 9:3 melding maak as die tweede voorhangsel. Daar was ’n ander voorhangsel aan die ingang van die tabernakel. Sien ook Lev. 4:6.
32 Of: sal hy dit, naamlik Besaleël, of die werkmeester. 33 Sien Gén. 3:24. |
En jy moet dit 34ophang 35aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.
| 34 Hebr. gee, en so ook in vers 33.
35 Dit is, aan die kramme wat aan die vier pilare vas sal wees. |
En jy moet die voorhangsel 36onder die hakies ophang; en bring 37die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En 38die voorhangsel moet vir julle ’n skeiding maak tussen die 39Heilige en die 40Allerheiligste.
| 36 Sien vers 6.
37 Sien Ex. 25:16. 38 Tot hierdie doel was die voorhangsel eintlik gemaak, om die mense uit te sluit en te verhinder om in te gaan, ja, selfs om in te kyk in die Allerheiligste, waar die ark was, Ex. 40:3. Sien ook Hebr. 9:8. 39 Hebr. die heiligheid. 40 Hebr. die heiligheid van die heilighede; en so ook in die volgende vers. |
En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.
41En sit die tafel 42buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.
| 41 Verstaan die tafel waarop die toonbrode gelȇ het.
42 Naamlik in die heilige plek waar die priesters hul diens verrig het. |
fJy moet ook vir die ingang van die tent 43’n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
| f Ex. 36:37. | 43 Dit was aan die ingang van die deur, ja, dit was soos ’n deur voor aan die ingang van die tabernakel, waar die priesters daagliks uit- en ingegaan het, om hul diens te verrig in die Heilige, maar die volk mog nie daar ingaan nie, Hebr. 9:2, 6. |
En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en 44trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.
| 44 Hy wil nie daarmee sê dat die hele pilaar met goud oorgetrek moes word nie, maar slegs die toppe en ringe, Ex. 36:38. |
Vrywillige offers om die heiligdom op te rig.
TOE het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Sê aan die kinders van Israel dat hulle 1aan My 2’n offergawe moet 3bring; avan elkeen wie se hart hom aandrywe, moet 4julle my offergawe bring.
| a Ex. 35:5. 1 Kron. 29:3, 5, 9, 14. Esra 2:68; 3:5. Neh. 11:2. | 1 Dit is, tot my diens, tot my eer.
2 Dit is, ’n offer wat ’n mens omhoog gehou het, asof ’n mens dit aan God gegee of voorgehou het. Hebr. ’n opheffing of afsondering; aangesien dit ’n gawe is, afgesonder van die res, en aan die HERE geheilig. 3 Hebr. dat hulle vir My ’n offergawe neem. Hy wil sê: Dat hulle ’n offergawe neem en aan My gee. 4 Jy, Moses, en die manne wat Ek beveel het om op die berg te klim, Ex. 24:1. |
En dit is die offergawe wat julle van hulle kant 5moet bring: goud en silwer en koper;
| 5 Naamlik vir die bou van die tabernakel en die dinge wat daartoe behoort. |
en 6pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en 7bokhaar;
| 6 Verstaan deur hierdie volgende stowwe sy, katoen, wol, vlas, of dergelike.
7 Hiervan was ’n deksel of sprei gemaak oor die tabernakel, Ex. 26:7, 13. |
en rooigeverfde ramsvelle en 8robbevelle en 9akasiahout;
| 8 Die boonste dekkleed van die tabernakel was van hierdie velle gemaak, Ex. 26:14.
9 Daar word aangeneem dat dit ’n houtsoort is wat nie aan verrotting onderworpe is nie. Sien Jes. 41:19. Joël 3:18. |
10olie vir die kandelaar, 11speserye vir die salfolie en vir 12die reukwerk van speserye;
| 10 Wat gebruik is om die lampe van die kandelaar te laat brand, vers 37.
11 Waarmee ’n mens die heilige dinge, soos die tabernakel en die dinge wat daartoe behoort het, moes salf, asook die priesters self. 12 Anders: kosbare kruie tot reukwerk. |
boniksstene en 13stene om in te lê vir die 14skouerkleed en die 15borstas.
| b Ex. 28:4. | 13 Dit is, wat in hul kassies ingelê word, en dit volgemaak het. Hebr. stene om te vul of in te lê.
14 Dit is die vernaamste en kosbaarste priesterlike bo-kleed, waaraan die borstas met die Urim en Tummim geheg was. 15 Dit was gemaak van sy, goud en kosbare edelstene, en het die bors van die hoëpriester bedek. |
Ook moet hulle vir My 16’n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.
| 16 Dit is, ’n heilige woning, wat algemeen die tabernakel genoem word. Dit was die plek waar ’n mens die openbare godsdiens beoefen het, soos later in die tempel van Salomo. |
Volgens alles wat Ek jou laat sien — die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort — so moet julle dit maak.
Die Ark. Die versoendeksel. Die gérubs.
17HULLE moet dan ’n ark cvan akasiahout maak. Twee en ’n half 18el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees.
| c Ex. 37:1. Hebr. 9:1, ens. | 17 Naamlik die timmermanne.
18 Sien Gén. 6:15 se kanttekening. |
En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ’n goue 19krans maak rondom.
| 19 Of: rand, lys, kroon. |
En giet 20daarvoor vier goue ringe, en 21sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is.
| 20 Naamlik vir die ark.
21 Of: gee dit. |
En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
En 22steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark 23om die ark daarmee te dra.
| 22 Daar was twee ringe aan die een kant en twee aan die ander kant van die ark, waardeur die draaghoute gesteek is.
23 Die Leviete, niemand anders nie, moes die ark op hulle skouers dra, Núm. 7:9. 2 Kron. 35:3. Sien ook 1 Kron. 13:7, 10, 11; 15:12, 15. |
dDie draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.
| d 1 Kon. 8:8. |
Daarna emoet jy in die ark 24die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.
| e Hebr. 9:4. | 24 Dit is, die twee kliptafels waarop die tien gebooie geskryf was, as ’n getuienis van God se wil, op grond waarvan die ark die ark van die Getuienis genoem word, vers 22 en dikwels elders. |
fMaak ook ’n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ’n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees.
| f Ex. 37:6. |
gMaak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, 25aan die twee ente van die versoendeksel.
| g Hebr. 9:5. | 25 Asof Hy sê: Die gérubs sal uit beide ente van die deksel uitgaan, of as ’t ware daaruit groei, sodat die gérubs en die deksel van een stuk moet wees, en nie in of aan mekaar gesit of gesoldeer wees nie. |
En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.
En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel hbeskut; en hulle aangesigte moet na 26mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.
| h Hebr. 9:5. | 26 Hebr. die man vir sy broer. |
En isit die versoendeksel bo-op die ark; 27maar in die ark moet jy 28die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.
| i Hebr. 9:4, 5. | 27 Of: nadat jy in die ark, ens. Omdat ’n mens later die ark nie moes oopmaak nie, so beveel God die HERE dat hulle die Getuienis in die ark plaas, voordat Hy beveel dat hulle die deksel moes maak, vers 16.
28 Dit is, die tafels van die verbond. |
En kdaar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.
| k Núm. 7:89. |
Die tafel van die toonbrode.
MAAK ook 29’n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ’n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees.
| 29 Hierdie tafel het in die Heilige gestaan, dit is, in die tabernakel, voor die voorhangsel. |
En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor ’n goue krans rondom.
Maak 30daarvoor ook ’n lys van ’n handbreed rondom; en maak ’n goue krans vir die lys rondom.
| 30 Naamlik vir die tafel. |
En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.
Naby die lys moet die ringe wees 31as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
| 31 Hebr. as huise. |
En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.
Maak ook 32sy 33skottels en sy 34rookpanne en sy 35kanne en sy 36bekers waarmee 37gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.
| 32 Naamlik van die tafel.
33 Hierdie skottels was bestem vir die twaalf toonbrode, Lev. 24:5-9. 34 Die Hebreeuse woord beteken verskillende holtes of hol voorwerpe, soos die palm van die hand; hierdie voorwerpe het ten doel gehad om wierook in te sit, sien Lev. 24:7. 35 Verstaan hier bekers of drankofferkanne, soos dit in Núm. 4:7 genoem word. 36 Sommige vertaal: besems, met die doel om die tafel te reinig. 37 Sommige vertaal: bedek; die betekenis is dan dat die tafel met al hierdie voorwerpe toegerus sou word. |
En op die tafel moet jy altyddeur 38toonbrood voor my aangesig neersit.
| 38 Hierdie brode het vir ’n week lank op hierdie tafel gelê; dit was elke sabbatdag vervang, Lev. 24:8. Hebr. brood van die aangesig, omdat dit voor die aangesig van die HERE gelê het. |
Die goue kandelaar.
lMAAK ook ’n kandelaar van suiwer goud. 39Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, 40uit een stuk wees.
| l Ex. 37:17. | 39 Dit is, dit mag nie ’n gegote of gesoldeerde werk wees nie, maar dit moet met ’n hamer uit een klomp goud geslaan word. Hierdie kandelaar was ’n talent swaar, vers 39.
40 Sien kanttekening 39. |
En ses 41arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
| 41 Hebr. riete. Dit is, arms of takke, so ook in dit wat volg. |
Drie kelkies 42soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme 43aan die ander arm, ’n knop en ’n blom — so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
| 42 Dit is, dit het die vorm of gedaante van amandelblomme.
43 Dit is, al ses hierdie arms moet aan mekaar gelyk wees, soos in vers 35 verklaar word. |
Maar 44aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:
| 44 Dit is, aan die stam van die kandelaar. |
daar moet ’n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die tweede paar arms wat 45daaruit uitgaan; en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
| 45 Naamlik uit die kandelaar. |
Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
46Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe 47opsteek en die lig daarteenoor laat val 48aan die voorkant.
| 46 Hebr. Jy moet ook sy sewe lampe maak.
47 Hebr. laat opgaan. 48 Of: teenoor hom. Hebr. op die kant van sy aangesigte. |
Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.
Van 49’n talent suiwer goud moet hulle dit maak — al hierdie voorwerpe.
| 49 Of: sentenaar; verstaan hier ’n sentenaar van die heiligdom wat honderd-vyf-en-twintig pond goud geweeg het; want een sentenaar het drieduisend sikkels geweeg (soos ons uit die berekening in Ex. 38:25, 26 kan aflei). Hoewel ander meen dat dit maar honderd-en-twintig pond geweeg het. Die burgerlike sentenaar het omtrent die helfte soveel geweeg. |
50mEn kyk dat jy dit maak volgens die 51voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.
| m Hand. 7:44. Hebr. 8:5. | 50 Daar staan in Ex. 39:43 dat Moses dit alles noukeurig onderhou het.
51 Dit is, patroon, model, gelykenis. |
Moses en die oudstes klim op die berg.
DAARNA het 1Hy vir Moses gesê: 2Klim 3na die HERE toe op, jy en Aäron, 4Nadab en 4Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.
| 1 Naamlik God.
2 Naamlik, nadat jy die bogenoemde gebooie aan die volk voorgedra het. 3 Dit is, tot My. 4 Dit was die oudste seuns van Aäron; hulle is later deur die vuur van die HERE verteer, Lev. 10:1, 2, omdat hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het. |
En laat Moses alleen nader kom na die HERE toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met 5hom opklim nie.
| 5 Naamlik Moses; ook met die oudstes; die volk moes aan die voet van die berg bly, maar die oudstes het halfpad gegaan, en het iets van die heerlikheid van God gesien, verse 9, 10, maar Moses het tot bo-op die spits van die berg gegaan in die donker wolk, vers 18. |
Toe Moses 6kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, aantwoord die hele volk met een stem en sê: 7Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.
| a Ex. 19:8; 24:7. Deut. 5:27. | 6 Naamlik van die berg in die laer.
7 Dit het die volk geantwoord, sonder om die onmoontlikheid van die onderhouding van die wet te besef, wat deur die vlees kragteloos is, Rom. 8:3. |
En Moses het al die woorde van die HERE 8opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en 9onder die berg 10’n altaar gebou, 11en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.
| 8 Naamlik, nadat hy dit mondelings aan die volk oorgedra het, vers 3.
9 Naamlik aan die voet van die berg. 10 Naamlik as ’n gedenkteken van die verbond wat tussen God en die volk gesluit is, soos in Gén. 31:45. 11 Om hulle te herinner aan die verbond wat deur God gesluit is. |
En hy 12het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers 13bulle vir die HERE geslag.
| 12 Dit is, die eersgeborenes, wat priesters of offeraars was, totdat die Leviete (wat die plek van die eersgeborenes ingeneem het, Núm. 3:41) tot die priesterlike amp verkies was. Die Hebreeuse woord jongmanne beteken nie altyd dié wat jonk van jare is nie, maar ook diegene wat bekwaam was om diens te doen, hetsy in die kerk, regering, die leër, of vir hul ouers of vriende.
13 En ook ander diere, Hebr. 9:19. |
En Moses het die helfte van 14die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen 15die altaar uitgegooi.
| 14 Naamlik van die geslagte diere.
15 Ook op die boek van die verbond, Hebr. 9:19. |
En hy het die 16boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
| 16 Sien vers 4. |
Toe neem Moses die 17bloed en gooi dit uit op die volk en sê: bDit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het 18op grond van al hierdie woorde.
| b Hebr. 9:20. 1 Petr. 1:2. | 17 Naamlik die ander helfte van die bloed.
18 Naamlik, wat in die boek van die verbond geskrywe staan. |
Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel.
En hulle het die God van Israel 19gesien, en onder sy voete net soos 20’n vloerwerk van saffierstene en so helder soos 21die hemel self.
| 19 Naamlik tekens van God se teenwoordigheid, verse 15, 16, want geen mens het God ooit in sy wese gesien nie, Ex. 33:20. 1 Tim. 6:16.
20 Dit is, ’n bouwerk, ’n gebou. Anders: soos die werk van ’n plaveisel van saffiere. 21 Hebr. die liggaam van die hemel. |
Maar 22Hy het sy hand nie na die 23uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle 24geëet en gedrink.
| 22 Dit is, Hy het hulle nie gedood of met plae getref, soos Hy in Ex. 19:12 gedreig het nie, want hierdie keer het hulle dit op bevel van die HERE gedoen, verse 1, 9.
23 Verstaan die oudstes van die volk, van wie in verse 1, 9 gespreek word. Anders: vorste, owerstes. 24 Dit is, hulle het sterk en gesond gebly, soos bewys is deurdat hulle geëet en gedrink het. |
Toe sê die HERE vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.
Hierop het Moses klaargemaak en Josua, sy dienaar. En Moses het 25op die berg van God geklim
| 25 Naamlik op die berg Sinai. |
en 26aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; 27wie regsake het, kan na hulle gaan.
| 26 Naamlik, toe hy van die laer weggegaan het, om na die berg te gaan.
27 Hebr. wat meester van woorde of werke is. |
Toe Moses die berg opklim, 28het ’n wolk die berg oordek.
| 28 Dit was ’n teken van God se teenwoordigheid, hoewel dit met skrik en met vrees gepaardgegaan het, 2 Kron. 6:1. Hebr. 12:18. Sien ook Ex. 19:9. |
En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het 29dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na 30Moses geroep uit die wolk.
| 29 Naamlik die berg, of die HERE, of Moses.
30 Naamlik Moses alleen. Selfs Josua was nie by Moses terwyl die HERE met hom gespreek het nie. |
En cdie verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos 31’n verterende vuur 32op die top van die berg.
| c Hebr. 12:29. | 31 Dit het ten doel gehad om die oortreders van die wet te verskrik, Deut. 4:24.
32 Hebr. op die hoof. |
En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg 33veertig dae en veertig nagte.
| 33 Naamlik sonder voedsel of drank, Ex. 34:28. Deut. 9:9, 18. |
Verskillende ander wette.
JY mag geen 1valse gerug 2rondstrooi nie. 3Verbind jou nie met die skuldige om ’n 4kwaadwillige getuie te wees nie.
| 1 Hebr. gerug van leuens, of aanhoring van valsheid.
2 Anders: aanneem, uitdra, versprei. 3 Dit is, moenie bose mense vergesel of jou by hulle voeg, om hulle te help om hul kwade saak uit te voer nie. 4 Hebr. getuie van geweld. |
Jy mag die 5meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ’n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
| 5 Hebr. baie. Anders: magtiges, grotes, geweldiges. |
aOok mag jy die geringe nie 6voortrek in sy regsaak nie.
| a Lev. 19:15. | 6 Hebr. verheerlik, versier. |
bAs jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy dit 7sekerlik vir hom terugbring.
| b Deut. 22:1, 2. Luk. 6:27. Filip. 2:4. | 7 Hebr. terugbringende terugbring. |
cAs jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, 8moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: 9jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.
| c Deut. 22:4. | 8 Anders: sal jy jou terughou daarvan om hom daar te laat, en oorlatende dit oorlaat aan hom, dit is, nie voordat hy hom aflaai nie.
9 Hebr. aflaaiende sal jy aflaai. Anders: jy moet dit sekerlik saam met hom oprig. Vgl. Neh. 3:8; 4:2 en die kanttekeninge. |
d10Jy mag die reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie.
| d Deut. 27:19. | 10 Naamlik jy wat die regter van die volk is. |
Hou jou ver van valse 11sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, 12ombring nie, want Ek sal 13die skuldige nie regverdig verklaar nie.
| 11 Of: woorde.
12 Dit is, ter dood veroordeel, want Hy spreek hier die regters aan. 13 Naamlik ’n goddelose onregverdige regter, wat ’n onregverdige oordeel oor ’n onskuldige mens uitspreek. |
eOok mag jy 14geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die 15sake van die regverdiges.
| e Deut. 16:19. 1 Sam. 8:3. Spr. 19:6. Pred. 7:7. | 14 Naamlik van persone wat voor die gereg pleit, of iets met die regsaak te doen het.
15 Of: woorde. |
fJy mag die vreemdeling ook nie verdruk nie; want julle 16ken self die gemoed van ’n vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het.
| f Ex. 22:21. Lev. 19:33. Deut. 24:17. | 16 Anders: weet hoe dit voel om ’n vreemdeling te wees. |
En ses jaar lank moet jy jou land besaai en die opbrings daarvan insamel;
gmaar in die sewende moet jy dit 17ongebruik en braak laat lê, 18dat die arm mense van jou volk kan 19eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome.
| g Lev. 25:4, 5. | 17 Dit is, onbewerk laat. Vgl. Jer. 17:4 en die kanttekening.
18 Verstaande, saam met jou en jou mense, omdat die vrugte nie deur die arbeid van enige mense nie, maar deur God se uitsonderlike seën sal groei. Sien Lev. 25:6, 7. 19 Naamlik van wat in die sewende jaar vanself groei. Lev. 25:5, 6. |
hSes dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en 20die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep.
| h Ex. 20:8; 31:13, 14, ens. | 20 Dit is, die kneg wat uit jou slavin gebore is. |
En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. iEn die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond 21nie gehoor word nie.
| i Núm. 32:38. Jos. 23:7. Ps. 16:4. Hos. 2:16. Sag. 13:2. | 21 Hetsy in ’n eed, of in dergelike redes. |
Drie maal in die jaar moet jy vir My ’n fees hou.
k22Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die 23maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek — lmaar 24hulle 25mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie;
| k Ex. 12:14, 15; 13:3.
l Ex. 34:20. Deut. 16:16. |
22 Die pasga en die fees van die ongesuurde brode is wel een en dieselfde, maar die onderskeid tussen die twee is dat slegs die dag waarop die paaslam geëet is, pasga genoem word; die ander sewe dae is die dae van die ongesuurde brode genoem.
23 Sien Ex. 12:2; 13:4. 24 Dit word slegs aan die mans gesê, soos uit vers 17 en Deut. 16:16 blyk. 25 Dit is, nie sonder ’n geskenk of offer nie. |
verder 26die fees 27van die oes, van die eerstelinge 28van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook 29die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.
| 26 Hierdie fees is naderhand deur die Grieke pentekoste genoem, deur ons pinkster, wat vyftig dae ná pasga is, Lev. 23:15, 16. Deut. 16:9. Hand. 2:1. Tydens hierdie fees het God die tien gebooie gegee, Exodus 19, en later die Heilige Gees op sy apostels uitgestort, Handelinge 2.
27 Verstaan hier die koringoes. 28 Dit is, van jou vrugte, om te geniet waarvoor jy gewerk en die veld bewerk het, en wat God aan jou deur jou arbeid gegee het. 29 Hierdie fees vind in die sewende maand van die jaar plaas, naamlik in September; dit het begin op die vyftiende dag van die sewende maand, en het sewe dae geduur; dit word ook genoem: die fees van die tabernakels of die huttefees, Lev. 23:34. Deut. 16:13. |
30Drie maal in die jaar moet 31al jou manspersone 32voor die aangesig van die Here HERE verskyn.
| 30 Naamlik op die drie genoemde besondere feesdae.
31 Naamlik, tensy daar ’n wettige verhindering is, soos siekte, jonkheid, of iets dergeliks. 32 Dit was later by die tempel in Jerusalem, 1 Kon. 14:21. |
Jy mag die bloed van my offer 33nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet 34van my feesoffer nie tot die môre toe oorbly nie.
| 33 Dit is, om gesuurde brood in jou huis te hê, Ex. 12:15.
34 Dit is, van die lam wat geoffer moes word. |
m35Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy 36in die huis van die HERE jou God bring. Jy nmag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
| m Ex. 34:26.
n Ex. 34:26. |
35 Hebr. Die begin van die eerstelinge.
36 In die tabernakel, 1 Kron. 9:19, 23, later in die tempel in Jerusalem, sien Deut. 26:1, 2, ens. |
oKyk, Ek stuur 37’n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na 38die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.
| o Ex. 33:2. | 37 Hy word in Ex. 13:21 die HERE genoem, naamlik Christus, vir wie die Jode in die woestyn getart het, 1 Kor. 10:9. Hy word ’n Engel, dit is Boodskapper, genoem, omdat Hy deur die Vader gestuur is.
38 Naamlik in die land Kanaän. |
Neem jou in ag 39vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want 40my Naam is in Hom.
| 39 Dit is, vanweë sy teenwoordigheid.
40 Dit is, Hy is ’n ware God saam met My, en word ook JEHOVA genoem. Sien Jer. 23:6. Joh. 10:30, 38. 2 Kor. 5:19. Hebr. 1:8. Vgl. ook Joh. 14:10. |
Maar as jy terdeë na sy stem 41luister en alles doen wat Ek sal sê, psal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.
| p Gén. 12:3. | 41 Hebr. luisterende luister in sy stem. |
Want my Engel sal voor jou uit gaan en jou bring 42na die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete; en Ek sal hulle vernietig.
| 42 Dit is, in die land van die Amoriete, ens., en so in dit wat volg. |
Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie qdoen na hulle werke nie; maar jy moet hulle heeltemal afbreek en hulle klippilare 43kort en klein slaan.
| q Lev. 18:3. | 43 Hebr. afbrekende afbreek. |
En julle moet die HERE julle God dien; rdan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
| r Ex. 15:26. Deut. 7:15. |
sDaar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die 44getal van jou dae vol maak.
| s Deut. 7:14. | 44 Wat jy volgens die verloop van die natuur te lewe het; terwyl die bose mense daarteenoor die helfte van hul dae nie beleef nie, Ps. 55:24. |
tEk sal 45my skrik voor jou uit stuur en elke volk waarby jy kom, in verwarring bring. En 46Ek sal al jou vyande vir jou 47laat vlug.
| t Ex. 14:24. Jos. 10:10. | 45 Dit is, ’n groot skrik, of ’n skrik wat Ek oor die volke sal bring. Sien hiervan voorbeelde in Gén. 35:5. 1 Sam. 14:15. 2 Kron. 20:29.
46 Hebr. Ek sal al jou vyande die nek aan jou gee. 47 Dit is, die rug laat toekeer. |
vOok sal Ek perdebye voor jou uit stuur; dié sal die 48Hewiete, Kanaäniete en Hetiete voor jou uit verdrywe.
| v Deut. 7:20. Jos. 24:12. | 48 Verstaan hierby ook die ander nasies wat in vers 23 genoem is. |
Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdrywe nie, dat die land nie 49woes word en die ongediertes nie teen jou te veel word nie.
| 49 Dit is, leeg van inwoners. |
Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die land beërwe.
xEn Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van 50die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.
| x Núm. 34:3, 4. | 50 Verstaan die woestyn Sin, op die pad na Egipte. |
yJy mag met hulle of met hulle gode geen verbond maak nie.
| y Ex. 34:12, 15. Deut. 7:2. |
zHulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou ’n strik wees.
| z Jos. 23:13. Rig. 2:3. |
Wette oor die eiendom van die naaste.
AS aiemand ’n bees of ’n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir ’n bees vergoed en vier stuks kleinvee vir ’n stuk kleinvee.
| a 2 Sam. 12:6. |
As ’n dief betrap word 1terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, 2sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie;
| 1 Soos in Matt. 24:43. Hebr. in deurgrawing, of met ’n instrument waarmee deurgrawe of ingebreek word.
2 Hebr. dit sal vir hom nie bloede (in die meervoud) wees nie, dit is, aan hom (naamlik die persoon wat die dief doodgeslaan het) sal geen bloed toegereken word nie; hy sal daarom nie as ’n moordenaar gestraf word nie. So word die woord bloed (in die meervoud) in Núm. 35:27 en elders gebruik. |
3as die son 4oor hom opgegaan het, 5ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet 6ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word.
| 3 Dit is, as die dief helder oordag inbreek; hy wat hom dan doodslaan, se bloed sal om die rede vergiet word.
4 Naamlik oor die dief, toe hy geslaan is. 5 Naamlik op die een wat doodslaan. 6 Hebr. vergoedende vergoed. Hy, naamlik die dief van wie in vers 1 gespreek is. Die saak van vers 1 word hier voortgesit. |
As die gesteelde goed — 7of dit ’n bees, ’n esel of ’n stuk kleinvee is — nog lewendig 8in sy besit 9gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee.
| 7 Hebr. van bees tot esel.
8 Hebr. in sy hand. Dit is, by hom, in sy huis of stal, voordat hy dit wat gesteel is, geslag of verkoop het. 9 Hebr. gevind wordende gevind word. |
As iemand ’n stuk veld of ’n 10wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van ’n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.
| 10 Verstaan hierby: of iets dergeliks, soos ’n erf, tuin, jong boompies of struike, ens. |
As ’n vuur uitbreek 11en die dorings 12vat, sodat ’n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee.
| 11 Verstaan hierby: óf strooi, óf hooi, óf iets dergeliks, wat maklik aan die brand slaan.
12 Hebr. en dit vind dorings. |
As iemand aan sy naaste geld of 13goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee.
| 13 Dit is, huisraad. |
As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die 14owerhede gaan om te beslis of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie.
| 14 Hebr. gode, soos in Ex. 21:6 en die kanttekening. |
By alle sake van ontvreemding, of dit gaan oor ’n bees, oor ’n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, 15waarvan iemand sê: Dit is myne! — moet die saak van 16altwee voor die owerhede kom; die een wat die owerhede skuldig verklaar, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee.
| 15 Anders: wat sê dat dit dit is wat myne is, of dat dit hy is.
16 Naamlik van die klaer en van die aangeklaagde. |
As iemand aan sy naaste ’n esel of bees of stuk kleinvee of enige dier gee om 17op te pas, en dit gaan dood of kry ’n ongeluk of word weggevoer sonder dat 18iemand dit sien,
| 17 Naamlik vir geld.
18 Naamlik, wat daarvan kon getuig. |
dan moet die 19eed by die HERE tussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet 20daarmee tevrede wees, en 21die ander hoef geen vergoeding te gee nie.
| 19 Dit is, die eed waarmee die HERE as getuie aangeroep word.
20 Dit is, met die eed tevrede wees en vergenoegd wees. 21 Naamlik die oppasser. |
Maar as dit van hom 22weggesteel is, moet hy aan die eienaar vergoeding gee.
| 22 Hebr. stelende gesteel is. |
As dit verskeur is, moet hy 23dit as bewys bring; wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie.
| 23 Dit is, iets of ’n deel van die verskeurde, soos in Amos 3:12. |
En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit kry ’n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, 24moet hy ten volle vergoeding gee.
| 24 Hebr. sal dit vergoedende vergoed, dit is, betaal. |
As die eienaar daarby gewees het, hoef hy geen vergoeding te gee nie. 25As dit gehuur was, kom die huurgeld daarvoor.
| 25 Die betekenis is: Hy wat dit gehuur het, sal onthef wees deur die huurgeld, waarop ooreengekom is, te betaal. |
As iemand ’n jongmeisie 26wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
| 26 Om met ’n verloofde jongmeisie, wat nog ’n maagd was, gemeenskap te hê, was strafbaar met die dood, Deut. 22:23, ens. |
As haar vader 27beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld 28gee 29volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
| 27 Hebr. weierende weier.
28 Hebr. afweeg; vroeër het mense vir mekaar geld afgeweeg. 29 Dit was vyftig sikkels silwer, Deut. 22:29. |
bDie 30towerheks mag jy nie laat lewe nie.
| b Deut. 18:10, 11. | 30 Hier moet ook manlike towenaars verstaan word, Deut. 18:10, 11. |
cElkeen wat met ’n dier gemeenskap het, 31moet sekerlik gedood word.
| c Lev. 18:23; 20:15. | 31 In Lev. 20:15 beveel God dat die dier ook gedood moet word. |
dHy wat aan die gode 32offer, behalwe aan die HERE alleen, 33moet met die banvloek getref word.
| d Deut. 17:2-5. | 32 Onder die woord offer moet ’n mens ook allerlei diens en betoon van eerbied verstaan, Deut. 17:3.
33 Dit is, hy sal as vervloek beskou word, en hy sal uitgeroei word. |
eJy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
| e Lev. 19:34. |
fJulle mag geen weduwee of wees verdruk nie.
| f Sag. 7:10. |
As jy hulle op 34enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My 35roep, hulle geroep 36sekerlik hoor,
| 34 Hebr. verdrukkende verdruk.
35 Of: ernstig roep. Hebr. roepende roep. 36 Hebr. horende hoor. |
en my toorn sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.
gAs jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ’n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen 37rente oplê nie.
| g Lev. 25:36, 37. Deut. 23:19, 20. Ps. 15:5. Spr. 28:8. Eség. 18:8. | 37 Die Hebreeuse woord nesjeg is ontleen aan die woord byt, omdat rente die arm mense byt en verteer. |
hAs jy 38ooit 39jou naaste se 40gewaad as pand neem, moet jy hom dit teruggee 41voor die son 42ondergaan;
| h Deut. 24:12, 13. | 38 Hebr. as pand nemende, as pand neem.
39 Verstaan hierby: as hy ’n arm man is, wat slegs een kledingstuk het, soos blyk uit vers 27. Deut. 24:12, 13. 40 Verstaan hieronder ook bedekking, soos ’n kombers. 41 Of: teen sonsondergang, terwyl die son ondergaan. 42 Hebr. ingaan, naamlik in sy slaapkamer, soos Dawid spreek in Ps. 19:6. |
want dit is sy enigste bedekking, dit is die bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is genadig.
Jy mag 43God nie vloek nie, en ’n iowerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.
| i Hand. 23:3-5. | 43 Of: gode. Sien Ex. 21:6 en die kanttekening, hier moet dan die owerhede, sowel die voorgangers in die kerk as die politieke regering van daardie tyd verstaan word; soos blyk uit die woorde van Paulus, Hand. 23:5. |
Die offer uit jou 44volle opbrings en 45jou parskuip mag jy 46nie terughou nie. kDie eersgeborene van jou seuns 47moet jy aan My gee.
| k Ex. 13:2, 12. | 44 Dit is, die volryp vrugte, die vrugte wat vol en ryp is, soos in Núm. 18:27.
45 Hebr. jou trane. So word wyn en olie genoem, omdat dit soos trane vloei as dit gepars word. 46 Verstaan hierby: maar jy moet dit aan My op die regte tyd bring. 47 Of met vyf sikkels silwer loskoop, wat hulle vir die priesters van die HERE gegee het, Núm. 18:16. |
Jy moet ldieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet dit by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy dit aan My gee.
| l Ex. 23:19. Lev. 22:27. Eség. 44:30. |
En julle moet vir My 48heilige mense wees. mDaarom mag julle nie vleis eet 49wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.
| m Lev. 22:8. Eség. 44:31. | 48 Hebr. manne van heiligheid, dit is, wat ’n heiliger en godsaliger lewe as die heidene lei.
49 In Lev. 17:15 word die diere wat vanself doodgaan hierby gevoeg. |
Wette oor die vryheid en die lewe van die naaste.
EN dit is 1die verordeninge wat jy 2hulle moet voorhou:
| 1 Naamlik burgerlike verordeninge, waarvolgens die regters die volk van God moes rig.
2 Naamlik die volk van Israel, maar in die besonder die regters. |
As jy 3a’n Hebreeuse 4slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan.
| a Deut. 15:12. Jer. 34:14. | 3 Niemand mog in Israel ’n Hebreeuse slaaf koop nie, behalwe as iemand homself of sy kinders as gevolg van armoede verkoop het, Lev. 25:39. Deut. 15:12, of as die owerheid hom laat verkoop het, vanweë diefstal wat hy gepleeg het en wat hy nie kon teruggee of vergoed nie, Ex. 22:3.
4 Verstaan hieronder ook die Hebreeuse slavin, soos af te lei is uit Deut. 15:12. Jer. 34:9. |
As hy 5alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy 6getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.
| 5 Hebr. as hy met sy lyf kom. Dit is, hy as persoon alleen, sonder vrou.
6 Hebr. die heer van ’n vrou. Sien Gén. 14:13 se kanttekening. |
As sy heer aan hom 7’n vrou gee en sy vir hom seuns of dogters baar, moet die vrou met haar kinders haar heer se eiendom wees, terwyl hy 8alleen vrygelaat word.
| 7 ’n Heidense of uitlandse slavin, want net hulle mog in slawerny gehou word, Lev. 25:44, maar met ’n Hebreeuse vrou mog ’n mens nie so handel nie, soos blyk uit vers 7.
8 Want die kinders wat uit ’n slavin gebore is, was ook slawe of lyfeienes, soos blyk uit Gén. 21:10. Gal. 4:24, 25, ens. |
bMaar as die slaaf 9reguit sê: Ek het my heer, my vrou en my kinders lief; ek 10wil nie as vryman weggaan nie —
| b Deut. 15:16. | 9 Hebr. seggende sê.
10 Hebr. sal. |
dan moet sy heer hom na 11die owerhede bring en hom 12by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet 13sy oor met ’n els deurboor; daarna moet hy hom 14vir altyd dien.
| 11 Hebr. gode. Dit is, magistrate, regters, soos in Ps. 82:1, 6 en die kanttekeninge.
12 Naamlik by die deur van die huis van die huisheer. 13 Daarmee word aangewys dat hy asof aangeheg was aan die huis van sy heer, en verbind gebly het om hom voortaan te dien. 14 Sien Deut. 15:17. |
En as 15iemand sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos 16die slawe weggaan nie.
| 15 Hebr. ’n man, en verstaan dit as ’n Hebreeuse man.
16 Van wie in vers 6 gespreek is. |
As sy haar heer 17nie beval nie wat haar 18vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan ’n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het.
| 17 Hebr. as sy kwaad of verkeerd is in die oë van haar heer.
18 Sommige lees nie vir homself in die plek van vir homself, gebaseer op ’n ander Hebreeuse letter. |
Maar as hy haar vir sy seun bestem, 19moet hy met haar handel volgens die reg van die dogters;
| 19 Dit is, hy moet vir haar ’n huweliksprys of huweliksgoedere gee, soos die vaders vir hul dogters gee, Ex. 22:16. |
as hy vir hom ’n ander een neem, mag hy 20haar voedsel, haar klere en 21haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.
| 20 Hebr. haar vleis, dit is, voedsel of kos.
21 Verstaan deur die huweliksgemeenskap dít waarvan die apostel in 1 Kor. 7:3 spreek, sien ook die kanttekening daar. Anders: bywoning. |
En as hy 22hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld.
| 22 Waarvan in vers 10 gespreek is. |
cHy wat ’n mens slaan, dat hy sterwe, 23moet sekerlik gedood word.
| c Lev. 24:17. | 23 Hebr. dodende gedood word. |
Maar as hy dit daar nie op 24toegelê het nie, maar God dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou 25’n plek aanwys waarheen hy kan vlug.
| 24 Dit is, met opset gesoek.
25 Oor die stede waarheen diegene wat sonder opset ’n doodslag begaan het, kon vlug, sien Núm. 35:11. Deut. 19:2. Jos. 20:2. |
Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom 26van my altaar af wegneem, 27om te sterwe.
| 26 Asof God sê: Ook al het hy sy toevlug tot my altaar geneem. Sien 1 Kon. 2:28.
27 Naamlik ooreenkomstig die oordeel van die owerheid. |
dEn hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.
| d Matt. 15:4. |
En hy wat 28’n mens steel en hom verkoop — of as hy in sy besit gevind word — dié moet sekerlik gedood word.
| 28 In Deut. 24:7 staan uit die kinders van Israel, dit is, ’n Israeliet. |
eEn hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.
| e Lev. 20:9. Spr. 20:20. Matt. 15:4. Mark. 7:10. |
En as manne twis en 29die een die ander slaan met ’n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word —
| 29 Hebr. ’n man (dit is, iemand) sy naaste slaan. |
as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, 30ongestraf bly; net sy 31tydverlies 32moet hy vergoed en sorg dat hy 33heeltemal gesond word.
| 30 Dit is, nie met die dood gestraf word nie.
31 Hebr. sy sit, dit is, die skade wat hy gely het, omdat hy nie kon werk nie. 32 Dit is, hy sal sy naaste tot sy tevredenheid vergoed, omdat hy vir so ’n lang tyd nie kon werk nie, en ook sy brood nie kon verdien nie. 33 Hebr. genesende genees, of helende heel. |
En as iemand 34sy slaaf of slavin met ’n stok slaan, dat dié 35onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik 36gewreek word.
| 34 Wat hy met sy geld gekoop het. Om daardie rede word hy in vers 21 sy eiendom genoem. Maar met ’n Hebreeuse dagloner was die omstandighede heeltemal anders, soos te sien is in Lev. 25:39-41.
35 Dit is, terwyl hy slaan. 36 Naamlik deur die owerheid, wat ’n wreker in diens van God is, Rom. 13:3, 4. |
Maar as hy ná een of twee dae nog 37lewe, moet dit nie gewreek word nie, want 38hy is sy eiendom.
| 37 Hebr. staan.
38 Hebr. hy is sy geld. Dit is, hy is met sy geld gekoop, en daarom is hy sy eiendom, waarom dit ook geloofwaardig is dat hy hom slegs wou kasty, en nie wou doodmaak nie. Anders: as hy sy eiendom is, dit is, as dit so ’n kneg is wat met sy geld gekoop is. |
En as manne met mekaar veg en ’n swanger vrou so 39stamp dat haar 40vrug afgaan, maar daar 41geen ander letsel is nie, 42moet 43hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur 44skeidsregters gee.
| 39 Naamlik albei manne, of een van beide.
40 Hebr. haar kinders. 41 Of: geen dodelike letsel. Verstaan hier: geen dodelike letsel aan die moeder, of aan die vrug nie. 42 Hebr. hy moet betalende boete betaal. 43 Naamlik, hy wat die vrou geslaan of gestamp het. 44 Dit is, ooreenkomstig die oordeel van die skeidsregters of bemiddelaars. |
Maar is daar 45’n letsel, dan moet jy 46gee 47lewe vir lewe,
| 45 Of: ’n dodelike letsel, naamlik aan die moeder of aan haar vrug.
46 Naamlik jy, die beskadiger, of jy, die skeidsregter. 47 Hebr. siel vir siel. |
foog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,
| f Lev. 24:20. Deut. 19:21. Matt. 5:38. |
brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.
En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom 48vry laat weggaan vir sy oog.
| 48 Dit is, hy moet hom van sy diensbaarheid onthef. |
En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy 49tand.
| 49 Verstaan dit ook van die verlamming of besering van ander ledemate van die liggaam. |
gEn as 50’n bees ’n man of ’n vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees 51sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees 52sal ongestraf bly.
| g Gén. 9:5. | 50 Verstaan hier onder die naam bees ook bulle, koeie, bokke, ramme en ander diere, wat skade veroorsaak met hulle horings, tande, of kloue, ens.
51 Hebr. stenigende gestenig word. God wreek die bloed van die mense selfs op die diere. Sien Gén. 9:5. 52 Naamlik, as sy baas nie geweet het dat die bees stoterig was nie. |
Maar as die bees 53tevore al stoterig gewees het en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit ’n man of ’n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas 54moet ook gedood word.
| 53 Hebr. vanaf gister, eergister. So ook in vers 36 en elders.
54 Omdat hy die dood van sy naaste nie voorkom het nie, wat hy wel kon doen. |
As aan hom losgeld 55opgelê word, moet hy vir die lossing van sy lewe alles gee wat hom opgelê word.
| 55 Naamlik deur die regters, nadat hulle alle besonderhede van die saak noukeurig ondersoek het. |
Of dit ’n seun gestoot het of ’n dogter, volgens hierdie reg moet met hom gehandel word.
As die bees ’n slaaf of slavin stoot, moet 56hy aan 57hulle heer dertig 58sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word.
| 56 Naamlik aan wie die bees behoort.
57 Naamlik die eienaar van die slaaf of van die slavin. 58 Sien Gén. 20:16 en die kanttekening. |
En as iemand ’n put oopmaak, of as iemand ’n put grawe en dit nie toemaak nie, en ’n 59bees of esel val daarin,
| 59 Verstaan hierby ook ander diere. |
moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar van die dier 60geld gee, maar die dooie dier moet 61syne wees.
| 60 Naamlik, soveel as die dier deur die regters of onpartydiges geskat sal word.
61 Naamlik van die eienaar van die put. |
En as iemand se bees die bees van ’n ander stoot, sodat dit sterwe, moet hulle die lewendige bees verkoop en die geld daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel.
Of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy 62ten volle bees vir bees vergoed; maar die dooie een moet 63syne wees.
| 62 Hebr. vergoedende vergoed.
63 Naamlik van die eienaar van die stoterige bees. |
Die Wet van die HERE.
TOE 1het God al 2hierdie woorde gespreek en gesê:
| 1 Naamlik, nadat Moses en Aäron op die berg geklim het. Sien Ex. 19:24.
2 Dit is, die tien gebooie wat hierna volg. |
Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, 3auit die slawehuis, uitgelei het.
| a Ex. 13:3. Deut. 5:6. Ps. 81:11. | 3 Hebr. uit die huis van diensknegte of slawe. |
Jy mag 4geen ander gode voor my aangesig hê nie.
| 4 Anders: geen ander god nie. |
b5Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat 6bo in die hemel is, of van wat onder 7op die aarde is, of van wat 8in die waters onder die aarde is nie.
| b Lev. 26:1. Ps. 97:7. Jes. 41:29. | 5 Dat Moses op God se bevel die gérubs, Ex. 25:18, en die koperslang, Núm. 21:8, ens., gemaak het, is nie hiermee in stryd nie, omdat daardie dinge nie gemaak is om enige godsdienstige eer daaraan te bewys nie.
6 Soos son, maan, sterre, voëls, Deut. 4:19. Verstaan ook hieronder die engele, Kol. 2:18. 7 Soos mense, viervoetige, of kruipende diere, Deut. 4:16, 17. Jes. 44:13. Eség. 23:14. 8 Soos visse, slange, drake, krokodille, skilpaaie. Sien Deut. 4:18. Jes. 41:29. |
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en 9hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 10’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan 11die kinders, aan die derde en aan die vierde 12geslag van die wat My haat;
| 9 Naamlik nie die afgode self nie, ook nie vir My deur hulle nie; soos in Ex. 32:4, 6 deur die goue kalf, en later die tien stamme deur die twee goue kalwers, 1 Kon. 12:28.
10 God word ’n Man van sy volk genoem, Jer. 2:2. Hos. 2:19. Afgodery word hoerery genoem, Deut. 31:16. Rig. 2:17. Jer. 3:3, 9, 20. Om hierdie rede word God se toorn oor hierdie sonde jaloesie genoem. 11 Dit is, nageslag; naamlik diegene wat in hul vaders se voetstappe volg en ook die sonde van afgodery begaan. 12 In die Hebreeus ontbreek hierdie woord. |
en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
cJy mag die Naam van die HERE jou God nie 13ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie 14ongestraf laat bly nie.
| c Lev. 19:12. Matt. 5:33. | 13 Hebr. tot ydelheid opneem. Sien Ps. 15:3; 16:4; 50:16.
14 Of: as suiwer, onskuldig beskou nie. |
dGedenk die sabbatdag, 15dat jy dit heilig.
| d Eség. 20:12. | 15 Dit is, sonder die dag af van jou gewone werk of daaglikse arbeid, wat tot hierdie tydelike lewe behoort. Gebruik hierdie dag om God te dien met heilige werke, wat die eer van God, en die ewige en geestelike lewe aangaan. |
eSes dae moet jy arbei en al jou werk doen;
| e Ex. 23:12; 34:21. Luk. 13:14. |
maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou 16vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
| 16 Soos os, esel, perd, kameel, olifant, ens. |
Want fin ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit 17geheilig.
| f Gén. 2:2. | 17 Sien Gén. 2:3. |
gEer jou vader en jou moeder, 18dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
| g Matt. 15:4. Ef. 6:2. | 18 Anders: sodat hulle jou dae verleng; hulle, naamlik vader en moeder, deur hul gebed, of seën; wat baie by God vermag, soos daarteenoor ook hul vloek. |
hJy mag nie doodslaan nie.
| h Matt. 5:21. |
iJy mag nie egbreek nie.
| i Matt. 5:27. |
Jy mag nie steel nie.
Jy mag geen valse getuienis teen jou 19naaste 20spreek nie.
| 19 Deur die woord naaste moet ’n mens hier alle mense verstaan, soos in Gén. 11:3. Est. 1:19. Spr. 18:17. Sien Luk. 10:29, 36; ja, selfs jou vyand.
20 Anders: antwoord. |
kJy mag nie 21jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
| k Rom. 7:7. | 21 Vgl. Deut. 5:21. |
En toe die hele volk die donderslae en die 22blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en 23gebewe en op ’n afstand bly staan.
| 22 Hebr. eintlik fakkels, dit is, weerligstrale.
23 Of: teruggedeins. |
lEn hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.
| l Deut. 5:25. Hebr. 12:19. |
Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom 24om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.
| 24 Naamlik, of julle sy gebooie sal gehoorsaam, soos julle in Ex. 19:8 belowe het. Sien Gén. 22:1. |
mSo het die volk dan op ’n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.
| m Ex. 19:16. Hebr. 12:18. |
Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien 25dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.
| 25 Naamlik op die berg Sinai; sien Deut. 4:36. Neh. 9:13. |
Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.
n’n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou 26brandoffers en 27dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, 28sal Ek na jou toe kom en jou seën.
| n Ex. 27:1; 38:1. | 26 Sien Gén. 8:20.
27 Sien Lev. 3:1. 28 Naamlik, om aan jou my guns en liefde te betoon. |
oMaar as jy vir My 29’n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.
| o Deut. 27:5. Jos. 8:30, 31. | 29 Later is die altaar van akasiahout, met koper oorgetrek, gemaak, Ex. 27:1, 2, en daarna van koper, 1 Kon. 8:64. |
Jy mag ook nie 30met trappe na my altaar opklim nie, 31dat jou skaamte nie 32daarop ontbloot word nie.
| 30 Nogtans was hierdie altaar drie el hoog, Ex. 27:1, en Salomo se altaar was tien el hoog, 2 Kron. 4:1. Daar was geen trappe om op te klim nie, maar die grond was sodanig verhoog dat die priester geleidelik, soos op ’n heuwel, kon opklim, om tot voor die altaar te kom en om deur almal gesien te word.
31 Later het God beveel dat die priesters linnebroeke moes dra, Ex. 28:42, 43. 32 Of: daarvoor, naamlik die altaar. |
Aankoms by Sinai.
IN1 die derde 2maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, 3op dieselfde dag, het hulle in die woestyn 4Sinai gekom —
| 1 Dit was die 430ste jaar nadat die verbond met Abraham opgerig is, Gén. 15:13, Gal. 3:17 en die kanttekeninge.
2 (Of: nuwemaan) deur die Jode Siwan genoem. Dit val gedeeltelik in ons maand Mei, en gedeeltelik in ons maand Junie. Vgl. Est. 8:9. 3 Toe hulle van Ráfidim af opgetrek het, wat die eerste dag van die maand was (vgl. Eség. 46:1, 6), die sewen-en-veertigste dag ná pasga of die uittog uit Egipte. 4 Dit is ’n woestyn in Arabië, waar die gelyknamige berg Sinai geleë is, Gal. 4:25. Hand. 7:30. |
hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor 5die berg laer opgeslaan.
| 5 Naamlik die berg Sinai. |
aMaar Moses het opgeklim 6na God toe, en die HERE het hom 7van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:
| a Hand. 7:38. | 6 Dit is, na die wolkkolom op die berg.
7 Naamlik van die top van die berg, terwyl Moses laer af op dieselfde berg was. |
bJulle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, 8en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle 9na My toe gebring het.
| b Deut. 29:2; 32:11. | 8 God wil sê: Soos ’n arend sy kleintjies op sy rug dra, so het Ek julle met haas en met sekerheid uit Egipteland gedra, sien Deut. 32:11.
9 Dit is, na die plek van my teenwoordigheid, en in geskikte omstandighede waar julle My kon dien. |
As julle dan nou 10terdeë na my stem luister en my verbond hou, csal julle my eiendom uit al die volke wees, want 11ddie hele aarde is myne.
| c Deut. 7:6; 10:14, 15; 14:2; 26:18. Ps. 135:4. Jes. 41:8. Tit. 2:14.
d Ps. 24:1. |
10 Hebr. luisterende sal luister.
11 Naamlik met alles wat daarin is. |
eEn júlle sal vir My 12’n koninkryk van priesters en ’n 13heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
| e 1 Petr. 2:9. | 12 Dit is, ’n ryk wat uit priesters en konings bestaan.
13 Dit is, gewy aan die diens van God. |
En Moses 14het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie 15woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.
| 14 Naamlik van die berg af na die volk.
15 Of: sake. |
Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: fAlles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.
| f Ex. 24:3. |
En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal 16in ’n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook 17vir altyd 18aan jóú kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel.
| 16 Hebr. in die dikheid van die wolk.
17 Dit is, hulle lewe lank. 18 Sien Ex. 14:31. |
Verder het die HERE aan Moses gesê: Gaan na die volk en 19heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was
| 19 Dit is, beveel hulle, en jy en die oudstes van die volk moet noukeurig toesien dat hulle hul heilig berei om my gebooie te ontvang. Sien verder Lev. 11:45 se kanttekening. |
en hulle gereed hou teen die derde dag. Want 20op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai 21afdaal.
| 20 Dit was die vyftigste dag ná pasga, wat om daardie rede deur die Grieke pentekoste, dit is, vyftigste dag, genoem word; ons noem die dag Pinkster.
21 Terwyl die HERE in die wolkkolom verskyn, verse 9, 16. |
Ook moet jy vir die volk ’n grens rondom aanwys en sê: gPas op dat julle nie op die berg klim of sy 22voet aanraak nie. 23Elkeen wat die berg aanraak, 24moet sekerlik gedood word.
| g Hebr. 12:18. | 22 Of: grens, kante.
23 Of: Alles wat. 24 Hebr. sal dodende gedood word. |
Geen hand mag hom aanraak nie; maar 25hy 26moet sekerlik gestenig of sekerlik met ’n pyl geskiet word; of dit ’n dier of ’n mens is — hy mag nie lewe nie. 27As die ramshoring 28lang geluide blaas, mag hulle 29op die berg klim.
| 25 Verstaan mens of dier, wat die berg aangeraak het.
26 God wil sê: As hy naby is, moet hulle hom stenig; as hy ver is, moet hulle hom met ’n pyl skiet. 27 Daar was nie ’n ramshoring nie, maar hulle het ’n geluid soos die geluid of die toon van ’n ramshoring gehoor, sien vers 16. 28 Naamlik in een toon, of ’n eenstemmige geluid, soos dit aan die einde van liedere gebruiklik is. 29 Naamlik, by die voet van die berg, vers 17; naamlik so naby dat hulle die afkondiging van die wet sou kon hoor. |
Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en 30die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.
| 30 Dit is, hy het bevel gegee dat hulle hul sou heilig, soos in vers 10. |
En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die 31derde dag; hmoenie naby die vrou kom nie.
| h 1 Sam. 21:4. 1 Kor. 7:5. | 31 Hebr. drie dae. |
En op die derde dag toe dit môre word, iwas daar donderslae en blitse en ’n swaar wolk op die berg 32en die geluid van ’n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.
| i Hebr. 12:18. | 32 Sien vers 13. |
Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, ken hulle het gaan staan 33by die voet van die berg.
| k Deut. 4:10, 11. | 33 Maar so dat hulle die berg nie aangeraak het nie, en ook nie die vasgestelde grens, vers 12, oorskry het nie. |
lEn die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in ’n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
| l Rig. 5:4. Ps. 68:9; 114:4. Háb. 3:10. |
Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens 34hardop geantwoord.
| 34 Hebr. in of met ’n stem, dit is, op ’n sagter manier as deur donder en die skrikwekkende geluid van die basuin. God het dit gedoen om Moses te bemoedig, omdat hy eers baie verskrik en beangs was, Hebr. 12:21. |
Terwyl die HERE op die berg Sinai neerdaal, 35op die top van die berg, het die HERE Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.
| 35 Hebr. op die kop. |
En die HERE het vir Moses gesê: Klim af, 36waarsku die volk, dat hulle nie na die HERE toe 37deurbreek om te sien en baie van hulle dan 38val nie.
| 36 Dit is, wys hulle met groot erns daarop, en skerp dit by hulle in.
37 Naamlik deur die begrensing wat vir hulle gestel is. 38 Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 14:10. 1 Kor. 10:8, ens. Dit is, deur die HERE gedood word, soos Hy in vers 12 dreig. |
En 39ook die priesters 40wat naby die HERE kom, moet hulleself heilig, sodat die HERE nie teen hulle losbreek nie.
| 39 Verstaan hier die eersgeborenes, wat God die HERE vir Homself geheilig het, en wat vóór die afsondering van die stam van Levi die priesterskap in die families bedien het, Ex. 13:2; 24:5, in die plek waarvan Hy later die stam van Levi verkies het, Núm. 8:14, ens.
40 Sien Lev. 10:3. |
Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en 41heilig dit.
| 41 Dit is, sê vir die volk dat hulle hierdie berg vanweë my teenwoordigheid as heilig moet beskou, en dit daarom nie betree nie. |
Daarop sê die HERE vir hom: 42Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die HERE toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.
| 42 Naamlik, om vir die volk my verbod aan te sê; daarna moet jy en Aäron weer na My toe opklim. |
En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle 43dit aangesê.
| 43 Naamlik, dit wat die HERE hom beveel het. |
Die besoek van Jetro.
TOEa Jetro, die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het — dat die HERE Israel uit Egipte uitgelei het —
| a Ex. 2:16; 3:1. |
het Jetro, Moses se skoonvader, Sippóra, die vrou van Moses, geneem — 1nadat hy haar teruggestuur het —
| 1 Hebr. ná haar terugsturing. |
en 2haar twee seuns. (bDie naam van die een was Gersom, want 3hy het gesê: Ek het ’n vreemdeling geword 4in ’n vreemde land;
| b Ex. 2:22. | 2 Naamlik van Sippóra.
3 Naamlik Moses, toe hy die kind daardie naam gegee het. 4 Naamlik in die land Mídian. |
en die naam van die ander was Eliëser; want, het hy gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.)
En Jetro, Moses se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moses gekom in die woestyn waar hy 5by die berg van God met die laer gestaan het.
| 5 Dit was die berg Horeb, waar God die wet aan Moses gegee het. |
En hy het Moses 6laat weet: Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.
| 6 Hebr. gesê. Dit is, hy het dit laat weet deur die mense wat hy vooruit gestuur het. |
Daarop gaan Moses uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het 7na mekaar se 8welstand gevra en 9in die tent ingegaan.
| 7 Hebr. die man sy naaste of metgesel.
8 Hebr. vrede. Sien Gén. 37:14 en die kanttekening. 9 Naamlik in die tent van Moses. |
Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die HERE aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad 10oorgekom het, en dat die HERE hulle verlos het.
| 10 Hebr. gevind het. |
En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die HERE aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.
Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.
Nou weet ek dat die HERE groter is as al die 11gode, 12cnaamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.
| c Ex. 1:10, 16, 22; 5:7; 14:18. | 11 Verstaan hier die afgode van die heidene, wat gode genoem word, alhoewel hulle dit nie werklik is nie.
12 Die betekenis van hierdie woorde is dat die Egiptenaars, wat gedink het dat hulle die volk van God met die hulp van hul gode sou vernietig, deur God in die Rooi See gestort is, tot spyt en skande van al hul afgode, waarop hulle vertrou het. ’n Ander vertaling van die laaste woorde in die sin is: want in die saak waarin hulle vermetel was, was Hy bo of oor hulle. Dit is, die HERE het hulle oortref en oorwin. |
Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, ’n brandoffer en slagoffers geneem 13tot eer van God. En Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader 14brood te eet 15voor die aangesig van God.
| 13 Hebr. vir God, naamlik om te offer.
14 Om brood te eet beteken hier: om ’n feestelike maaltyd te geniet. 15 Dit is, in die vrees van die HERE, terwyl ’n mens die HERE voor oë hou; of: voor die majesteit van God, wat in die wolkkolom verskyn. Vgl. Deut. 12:7; 27:7. |
En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.
En toe Moses se skoonvader sien alles 16wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy 17alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?
| 16 Dit is, hoe hy hom teenoor die volk gedra het.
17 Sonder assessore in die regspraak. |
En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom 18om God te raadpleeg.
| 18 Anders: om God te soek; dit is, hulle vra my wat met die wil en die bevel van God ooreenkom. Sien 1 Sam. 9:9. |
As hulle ’n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.
Maar Moses se skoonvader sê vir hom: 19Die ding wat jy doen, is nie goed nie.
| 19 Naamlik, dat jy dit alleen doen. |
20Jy sal heeltemal uitgeput raak, 21jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.
| 20 Hebr. Jy sal verwelkende verwelk. Dit is ’n manier van spreek deur die beeld van blomme, blare, of plante; sien Deut. 1:9, 12. Jetro wil sê dat Moses hom afsloof, deurdat hy alle sake van die volk self verhoor en besleg het; die volk was ook uitgeput en het moedeloos geword, deurdat hulle lank moes wag voordat hulle gehoor kon word. Anders: verval, afgaan, beswyk.
21 Hebr. ook jy, ook hierdie volk. |
Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, 22wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake voor God,
| 22 Hebr. wees jy vir die volk by God. Dit is asof hy wil sê: Dit is voldoende dat jy jou vir gewigtige sake laat inspan, sake waarin ’n mens God self vir raad moet vra, waaroor gelees kan word in Núm. 15:33, 34; 27:5, 6. Ander, klein sake kan deur ander behartig word. |
en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.
Maar kies jy uit die hele volk 23bekwame manne wat God vrees, 24betroubare manne wat onregverdige wins haat25. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;
| 23 Anders: sterk, dapper, geharde manne. Sien Gén. 47:6 se kanttekening.
24 Hebr. manne van waarheid of getrouheid. 25 Aan hierdie deugde, wat van die regeerders oor streke en stede vereis word, voeg Moses nog ’n paar toe in Ex. 23:6. Deut. 1:16; 16:18. Sien ook 2 Kron. 19:7. Jes. 33:15. |
en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.
As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede 26na hulle woonplek gaan.
| 26 Naamlik nadat daar uitsluitsel vir hulle saak gegee is, sonder om van die oggend tot die aand te wag. So word iemand se huis sy woonplek genoem in Rig. 7:7; 9:55; 19:28, 29. Of: na hulle plek, naamlik in die land Kanaän. |
dMoses het toe geluister na sy skoonvader en 27alles gedoen wat hy gesê het —
| d Deut. 1:9. | 27 Naamlik, nadat God hom so beveel het, Núm. 11:16, en nadat hy dit aan die volk voorgehou het, Deut. 1:14. |
Moses het 28bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel — owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.
| 28 Sien oor watter opdrag en onderrig Moses aan hierdie manne gegee het, Deut. 1:16, 17. |
En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.
Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na 29sy land getrek.
| 29 Naamlik Mídian. |
Water uit die rots.
DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israel, 1volgens die bevel van die HERE, 2van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in 3Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.
| 1 Hebr. op of na die mond.
2 Hulle dagreise was soos volg: van Sin tot Dofka, van Dofka tot Alus, van Alus tot Ráfidim, Núm. 33:12-14. Moses vermeld in hierdie hfst. nie al die reise of stilhouplekke van die volk nie, maar slegs dié waar iets besonders gebeur het. 3 Ráfidim is ’n plek in die woestyn by die berg Horeb. Dit was die elfde plek waar laer opgeslaan is. |
Toe twis die volk met Moses en sê: Gee 4julle vir ons water om te drink. Maar aMoses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom 5versoek julle die HERE?
| a Núm. 20:3, 4. | 4 Naamlik julle, Moses en Aäron.
5 Naamlik deur jul ongeloof; want hulle het getwyfel of die HERE ook by hulle was, vers 7. Hulle wou hê dat Hy dit deur wonders sou laat blyk. Dit is om God te versoek, Ps. 78:18, 19. Matt. 16:1. |
Maar die volk het daar gesmag na water, en 6die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?
| 6 Nie die hele volk nie, maar enkele kwaadwillige mense. |
Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit 7skeel maar min of hulle stenig my.
| 7 Hebr. Nog ’n klein bietjie, en hulle sal my stenig; met dergelike woorde het hulle Moses ook gedreig, Núm. 14:10. |
En die HERE het Moses geantwoord: 8Trek voor die volk uit, en neem 9van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf b10waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.
| b Ex. 7:20. | 8 Naamlik na die berg Horeb.
9 Sodat hulle getuies mag wees van dit wat gaan gebeur. 10 Dit is, jy het Aäron beveel om daarmee te slaan. |
cKyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel
| c Núm. 20:9. Ps. 78:15; 114:8. 1 Kor. 10:4. |
en die plek 11Massa en 12Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?
| 11 Dit is, versoeking.
12 Dit is, twis; sien oor ’n ander Mériba Núm. 20:13. |
Oorwinning oor Ámalek.
dDAAROP het 13Ámalek gekom om 14teen Israel by Ráfidim te veg.
| d Deut. 25:17, 18. | 13 Dit is, die Amalekiete, die nakomelinge van Esau, die broer van Jakob, Gén. 36:15, 16. Dit wat hier beskryf word, het gebeur toe Moses saam met die Israeliete op pad was na Horeb. Sien Deut. 25:17, 18.
14 Dit is, teen die Israeliete. |
En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die 15top van die heuwel staan met 16die staf van God in my hand.
| 15 Hebr. kop.
16 Dit is, die staf waarmee God groot wonders gedoen het. |
En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Ámalek. Maar Moses, Aäron en 17Hur het op die top van die heuwel geklim.
| 17 Hierdie Hur moet blykbaar onderskei word van Hur wat die grootvader van Besáleël en die seun van Kaleb was, 1 Kron. 2:19. |
En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Ámalek die sterkste.
Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, 18die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.
| 18 Hebr. van hier af een, en van daar af een. |
En Josua het 19Ámalek en sy volk met die 20skerpte van die swaard ’n 21neerlaag toegebring.
| 19 Dit wil voorkom of ’n mens hier deur Ámalek die koning of owerste moet verstaan, en deur sy volk die leër. Ander verstaan deur Ámalek die Amalekiete, en deur sy volk die nasies wat hom te hulp gekom het.
20 Hebr. mond. 21 Hebr. verswak, verbreek. |
Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as ’n aandenking 22in ’n boek 23en prent dit Josua in, edat Ek die gedagtenis van Ámalek 24onder die hemel 25heeltemal sal uitdelg.
| e Núm. 24:20. Deut. 25:17-19. 1 Sam. 15:2, 3. | 22 Naamlik, waarin jy die geskiedenisse van die Israeliete moet beskryf.
23 Hebr. lê dit in die ore van Josua. 24 Dit is, oral, so wyd soos die hemel strek. 25 Hebr. uitdelgende sal uitdelg. |
En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: 26Die HERE is my banier.
| 26 Hebr. JEHOVA Nissi. Moses het hierdie altaar so genoem ter gedagtenis aan die oorwinning oor Ámalek. |
En hy het gesê: Waarlik, 27die hand op die troon van die HERE! fOorlog het die HERE teen Ámalek van geslag tot geslag.