Statevertaling – Bybelstigting
Opskrif en seëngroet.
PAULUS,1 ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en a2Timótheüs, die broeder, aan die gemeente van God wat in Korinthe is, saam met al die heiliges wat in die hele 3Acháje is:
bGenade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus.
Danksegging van Paulus vir die vertroostinge wat God hom geskenk het.
cGESEËND is 4die God en Vader van onse Here Jesus Christus, 5die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,
dwat ons 6troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.
eWant soos 7die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is 8ons troos ook oorvloedig deur Christus.
Maar of ons verdruk word, dit is 9julle tot troos en redding; 10en fdit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of ons getroos word, dit is 11julle tot troos en redding.
En ons hoop 12vir julle is vas, omdat ons weet dat net soos julle deelgenote is aan die lyding, so ook aan die troos.
13Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees met ons verdrukking gwat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit 14bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het.
Ja, ons het al self 15by onsself die doodvonnis oor ons gehad, hsodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God 16wat die dode opwek;
iwat ons verlos het 17uit so ’n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos,
kterwyl julle ook vir ons saamwerk deur die gebed, lsodat daar vir die 18genadegawe aan ons 19deur baie persone op baie maniere vir ons 20gedank mag word.
Redes waarom Paulus sy besoek aan Korinthe uitgestel het.
WANT 21ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en 22reinheid van God, nie in 23vleeslike wysheid nie, maar 24in die genade van God in die wêreld verkeer het, en 25veral by julle.
Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle 26lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,
soos julle ook 27gedeeltelik van ons verstaan het dat ons 28julle roem is, net msoos julle ook 29ons roem is 30in die dag van die Here Jesus.
nEn 31in hierdie vertroue 32wou ek vroeër na julle kom, dat julle 33’n tweede genade kan ontvang,
en by julle langs deurgaan na Macedónië, om weer van Macedónië af by julle te kom en 34deur julle voortgehelp te word na Judéa.
Het ek dan miskien ligsinnig gehandel toe ek my dit voorgeneem het? Of wat ek my voorneem, neem ek my dit voor 35na die vlees sodat by my tegelyk is: 36ja ja, en nee nee?
37So waar as God getrou is — 38ons woord tot julle was onie 39ja en nee nie!
Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en Silvánus en Timótheüs, 40was nie ja en nee nie, maar was ja 41in Hom.
Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, 42in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God 43deur ons.
Maar Hy wat ons saam met julle 44bevestig 45in Christus en ons 46gesalf het, is God,
pwat ons ook 47verseël het en 48die Gees as onderpand in ons harte gegee het.
qMaar ek roep God as getuie aan 49oor my siel dat ek 50om julle te spaar nog nie na Korinthe gekom het nie —
rnie dat ons 51heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas.
| a Filip. 1:1. | 1 Sien oor Paulus se naam, sy apostelskap en hierdie hele apostoliese groet, die verklaring van Rom. 1:1, 7. 1 Kor. 1:1-3.
2 Omdat Timótheüs tevore deur hom na Korinthe gestuur was, en nou na hom teruggekeer en aan hom berig gebring het oor die stand van sake in die gemeente, voeg Paulus sy naam hier by sy eie, om hom meer aansien by hulle te gee, soos hy in die eerste brief Sosthénes, met dieselfde titel broeder, ook by sy eie naam gevoeg het, 1 Kor. 1:1. Sien ook 1 Kor. 16:10, 11. 3 Dit is die naam van ’n bekende provinsie in Griekeland, waarin Korinthe geleë was en waarvan dit die hoofstad was. Sien 1 Kor. 1:2 se kanttekening. |
| b Rom. 1:7. 1 Kor. 1:3. Ef. 1:2. 1 Petr. 1:2. |
| c Ef. 1:3. 1 Petr. 1:3. | 4 Dit is, God wat die Vader is van onse Here Jesus Christus. Sien 1 Kor. 15:24.
5 Dit is, wat self baie barmhartig is oor ons, en die bron van alle ontferming en vertroosting in ons is. |
| d 2 Kor. 7:6. | 6 Naamlik deur sy Woord en deur sy Gees, soos Christus belowe in Joh. 14:16. |
| e Ps. 34:20; 94:19. | 7 Dit is, wat ons om Christus wil ly; of dat ons ly as lede van Christus, volgens die voorbeeld van Christus, wat die lyding wat sy lede aangedoen word, as sy eie reken, Hand. 9:4. Rom. 8:17. Kol. 1:24. Gr. die lydinge.
8 Naamlik waarmee ons self vertroos word; en daarom ook bekwaamheid kry om ander beter te troos. Sien vers 4. |
| f 2 Kor. 4:17. | 9 Naamlik nie net omdat julle deur ons voorbeeld versterk sou word nie, maar ook omdat ons daardeur meer stof en ervaring kry om julle te troos en te versterk. Sien Kol. 1:24 se kanttekeninge.
10 Gr. wat gewerk (dit is, teweeggebring) word in die lydsaamheid van dieselfde lyding wat ons ook ly. Want die lydsaamheid werk ervaring van God se hulp en trou, en daarom ook hoop op die saligheid, Rom. 5:3, 4. 11 Naamlik aangesien ons vertroos word, julle jul ook daaroor verheug, en ons julle so ook beter kan troos en jul saligheid kan bevorder. |
| 12 Gr. oor julle. |
| g Hand. 19:23, ens. | 13 Hier begin die apostel om die saak self te bespreek, en beskryf die eerste oorsaak wat hom verhinder het om na hulle te kom, naamlik die geweldige groot verdrukking in Asië, waarvan gelees kan word in Handelinge 19.
14 Dit is, so swaar dat ons daaronder sou beswyk het, indien die Here ons nie wonderbaarlik versterk en deur sy mag bewaar het nie, soos in die volgende twee verse verklaar word. |
| h Jer. 17:5, 7. | 15 Dit is, ons het reeds die gevolgtrekking gemaak dat ons nie sou ontkom nie.
16 Dit is, wat daarom veel meer die wat in doodsgevaar verkeer, deur sy mag kan verlos. |
| i 1 Kor. 15:31. | 17 Sien Ex. 10:17. |
| k Rom. 15:30. Filip. 1:19.
l 2 Kor. 4:15. |
18 Dit is, die genadige verlossing.
19 Dit is, deur die voorbidding van baie. 20 Naamlik deur die wat tevore vir ons gebid het. Want danksegging moet volg op die verhoring van die gebede. |
| 21 So spreek die apostel om die lastering van die valse apostels te voorkom, wat hom verdag probeer maak het van wispelturigheid in sy beloftes, en van onbedagsaamheid in sy hele optrede, omdat hy volgens sy toesegging aan die einde van die voorgaande brief nog nie na hulle toe oorgekom het nie.
22 Dit is, wat God van ons eis; en waarvan God ’n getuie is. 23 Dit is, bedrieglike wysheid, soos die vleeslike mense gewoonlik doen, en onder hulle ook die valse apostels, om ander te mislei en hul eie eer en voordeel te bevorder. 24 Dit is, in die krag en opregte wysheid, wat God uit genade meedeel. 25 Gr. oorvloediger. Paulus sê dit, nie asof hy elders minder opreg was nie, maar ten opsigte van die lang tyd wat hy onder hulle vertoef het, meer as in die ander gemeentes, Hand. 18:11. |
| 26 Naamlik in die brief aan julle geskryf, wat duidelik en eenvoudig is. Of: ken, naamlik uit my woord en wandel, toe ek by julle was. |
| m Filip. 2:16. 1 Thess. 2:19. | 27 Dit sê die apostel, óf ten opsigte van die beste deel, wat sulke dinge altyd graag erken het, óf ook ten opsigte van die hele gemeente, wat reeds sommige gebreke na aanleiding van sy vorige skrywe verbeter het, soos blyk uit die tweede en sewende hfst., hoewel hulle nog te veel gehoor gegee het aan sommige wat die uiterlike aansien en die wêreldse wysheid te hoog geag het.
28 Dit is, dat ons julle leermeesters is, op wie julle roem en deur wie julle tot kennis van Christus gebring is, soos julle erken. 29 Naamlik waaroor ons in Christus roem, dat ons julle na die kennis en gemeenskap van Christus gebring het, en waardeur julle met baie geestelike gawes versier is. 30 Dit is, op die laaste dag, wanneer Christus sal verskyn om elkeen se dade te oordeel; wat Paulus daarby voeg om te toon dat hierdie roem van hom en van hulle nie vleeslik of ydel nie, maar goed gegrond was, en deur Christus self op die laaste dag goedgekeur sou word. |
| n 1 Kor. 16:5. | 31 Naamlik dat julle so hooggeag word deur my, en ek deur julle.
32 Naamlik volgens my skrywe, 1 Kor. 16:5-7. 33 Dit is, meer en meer deur my versterk sou word in die genade en gawes van Christus, waarmee julle in my eerste koms na julle reeds begenadig was. |
| 34 Dit is, deur sommige van julle wat daartoe benoem is. |
| 35 Dit is, volgens die optrede van vleeslike mense; of: uit vleeslike oorwegings, wat wispelturig is en maklik verander, 2 Kor. 10:3.
36 Dit is, deur iets te sê en dit te ontken; of: deur iets te sê en dit nie te doen nie. |
| o Matt. 5:37. Jak. 5:12. | 37 ’n Spreekwyse, wanneer ’n mens iets sterk wil bevestig. Of: God, wat getrou is, weet dat, ens.
38 Naamlik wat deur ons aan julle gepreek is. Want in hierdie volgende vyf verse weerlê die apostel eers die gevolgtrekking van die valse leraars, naamlik dat die apostel hierdie belofte wat hy gemaak het, om na hulle te kom, nie gehou het nie, en daaruit dan tot die gevolgtrekking wil kom dat sy hele prediking onbetroubaar was, en daarop nie staatgemaak kon word nie. Hy antwoord egter in verse 23, 24 op die belofte om na hulle te kom. 39 Dit is, onbetroubaar en onseker, soos die mense wat eers ja en dan nee sê oor dieselfde saak, onbetroubaar en onseker is in hulle woorde en optrede. |
| 40 Naamlik in ons prediking. Soos Christus die Saligmaker nie veranderlik is nie, maar gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is, Hebr. 13:8. So is Hy ook nie anders deur ons gepreek nie en is dieselfde evangelie van Christus altyd aan die gemeente deur ons voorgestel. Sien Gal. 1:7-9.
41 Naamlik God. Want soos hy Hom die Seun van God genoem het, so betuig hy ook dat Christus ja is, dit is, standvastigheid en waarheid in God, of in God se beloftes, wat alleen waarheid en vastigheid is, soos in die volgende vers verklaar word. |
| 42 Naamlik in Christus Jesus. Want soos Christus altyd dieselfde is in God se beloftes, wat onveranderlik is, so is alle beloftes van God oor ons saligheid ja, dit is, waarheid, en amen, dit is, gewis en seker in Christus, omdat God in die nuwe verbond geen beloftes van die saligheid maak óf volbring nie, behalwe in Christus en deur Christus. Sien Joh. 14:6. Hand. 4:12. Ef. 1:3, ens.
43 Dit is, deur die diens van ons, apostels en leraars, wat in hierdie leer ook niemand anders moet ken as Christus, en Hom as gekruisigde, nie, 1 Kor. 2:2. Kol. 2:9, 10, ens. |
| 44 Naamlik in die waarheid.
45 Dit is, om die vrug en krag van alle beloftes van God te soek in Christus, en deur die gemeenskap met Christus. 46 Dit is, met die gawes van die Heilige Gees begiftig het, wat in die Skrif dikwels met olie of suiwer salf vergelyk word. Sien Ps. 45:8. Hand. 4:27; 10:38. 1 Joh. 2:20, 27. |
| p Rom. 8:16. 2 Kor. 5:5. Ef. 1:13; 4:30. | 47 Dit is, soos met die afdruk van sy seël verseker, naamlik van ons gemeenskap met Christus, en vervolgens van ons aanneming tot kinders en tot erfgename van God, Rom. 8:15, 16. 1 Kor. 2:12.
48 Gr. arraboon, wat, soos ook arra, eintlik ’n onderpand beteken, wat ’n deel of beginsel is van die toekomende dinge wat ons beloof en verseker word; soos wanneer iemand enige beskikbare geld gee as ’n waarborg en versekering van die betaling van wat beloof is. Sien 2 Kor. 5:5. Ef. 1:13, 14. Die eerste gawe dan van die Gees en van die lewe is ’n onderpand van ons hele erfenis; sodat hierdie salwing, verseëling en die gee van die onderpand tot dieselfde doel dien. Die vermelding van hierdie weldaad dien egter daartoe om te bewys dat hierdie dinge altyd kragtiger en sekerder word in ons harte. |
| q Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 11:31. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Thess. 2:5. 1 Tim. 5:21. 2 Tim. 4:1. | 49 Naamlik dat Hy my siel straf, indien ek nie die waarheid spreek nie. ’n Opregte wyse van ’n ware eed, wat die apostel daarom hierby voeg, omdat daar baie op die spel was, dat sy woord nie as onbetroubaar gereken sou word nie.
50 Dit is, dat ek nie die apostoliese mag moet gebruik om die ongehoorsames te straf nie. Sien 2 Korinthiërs 10. |
| r 1 Petr. 5:3. | 51 Die apostel spreek so om te versag wat hy pas tevore gesê het om hulle nie te spaar nie, waarvan die betekenis is dat hy hierdie dinge nie sê om hulle te dreig of om oor hulle en hul geloof te heers soos ’n heerser nie, maar om hulle soos ’n dienaar en medewerker van Christus tot opregte erkentenis en verbetering van hul foute, en vervolgens tot opregte blydskap saam met hom te bring, nou, voordat hy na hulle toe kom; en om hulle geloof waarin hul staan, sodoende meer en meer te versterk, soos in die begin van die volgende hoofstuk verklaar word. |