Statevertaling – Bybelstigting
Paulus verdedig sy apostoliese gesag.
EN ek self, Paulus, 1bid julle by die sagmoedigheid en 2vriendelikheid van Christus, ek wat 3in julle teenwoordigheid wel 4nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle —
ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek 5nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen 6om dit aan te durf teen sommige wat reken dat ons 7volgens die vlees wandel nie.
Want hoewel ons 8in die vlees wandel, 9voer ons die stryd nie 10volgens die vlees nie;
awant 11die wapens van ons stryd is nie 12vleeslik nie, maar 13kragtig deur God bom 14vestings neer te werp,
terwyl ons 15planne 16verbreek en elke 17skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid 18aan Christus,
en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid 19te straf wanneer julle gehoorsaamheid 20volkome is.
Kyk julle na 21wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;
want al sou ek ook nog meer roem 22oor ons gesag wat die Here ons gegee het com julle 23op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie —
anders sou dit die skyn hê asof ek julle 24deur die briewe wil bang maak.
Want die briewe, 25sê hulle, is wel gewigtig en kragtig, maar die persoonlike teenwoordigheid is swak en die 26woord niks werd nie.
Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook 27met die daad in ons aanwesigheid is.
dWant ons waag dit nie om ons te 28reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul 29met hulself meet en 30met hulself vergelyk, is hulle 31onverstandig.
Maar ons sal nie 32buite die maat roem nie, emaar volgens die maat van die werkkring 33wat God ons as ‘n maat toebedeel het 34om ook julle te bereik.
Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.
Ons roem nie 35buite die maat 36in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof 37toeneem, in hoër mate onder julle 38toe te neem 39volgens ons werkkring,
om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om 40in die werkkring van ‘n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.
fMaar wie roem, moet 41in die Here roem.
gWant nie hy wat homself aanbeveel, dié is 42beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.
| 1 Of: vermaan.
2 Of: billikheid, beskeidenheid. 3 Gr. na die aangesig, dit is, teenwoordig, of: na die uiterlike gelaat. 4 Of: gering. Hierdie woorde haal Paulus aan, as ’t ware uit die mond van sommige valse apostels, wat die ernstige vermaninge van die apostel, in die voorgaande brief gestel, op so ’n wyse kragteloos probeer maak het. |
| 5 Dit is, nie gedwing word deur die ongehoorsaamheid van hierdie mense om, wanneer ek teenwoordig is, werklik met sulke vertroue te bestraf nie.
6 Naamlik met wat ek skryf en dreig, wanneer ek nie teenwoordig is nie. 7 Dit is, vleeslike of menslike maniere van optrede gebruik, om aansien by die mense te verkry. |
| 8 Dit is, in hierdie lewe, soos ’n swak en geringe mens. Sien Hebr. 5:7.
9 So noem hy sy handel en wandel onder die mense in die verbreiding van die heilige evangelie. Sien 1 Tim. 1:18. 2 Tim. 4:7. 10 Dit is, volgens die wyse van vleeslike of bedrieglike mense. Sien 2 Kor. 1:17. Hierdie woorde na die vlees of volgens die vlees word só deur die apostel op verskeie plekke gebruik. |
| a Ef. 6:13, ens.
b Jer. 1:10. |
11 Dit is, die middele wat ons gebruik om deur die evangelie van Christus die mense te bekeer, en in die ryk en onder die gehoorsaamheid van Christus te bring.
12 Dit is, sulke middele wat die natuurlike mense gewoonlik gebruik, om ander aan hulle te onderwerp, óf met welsprekendheid, óf met bedrieëry, óf met geweld. 13 Gr. kragtig vir God, dit is, deur die krag wat God daaraan toevoeg, sowel in die doen van wondertekens, Mark. 16:20, as in die beweging en oortuiging van die harte deur sy Gees, Hand. 16:14, asook in die straf van diegene wat hierdie dinge probeer weerstaan. Sien ’n voorbeeld in Élimas, Hand. 13:8. 14 So noem die apostel alles wat die Satan en die wêreld, hetsy met vervolginge, hetsy met wêreldse wysheid en welsprekendheid, in die weg lê om die loop van die evangelie te stuit, soos die twee volgende verse verklaar. Sien ook Jer. 1:10, 18, 19. |
| 15 Naamlik wat die natuurlike rede van die mense voortbring om die evangelie van sy aansien te ontneem.
16 Dit is, aan Christus en sy Woord onderwerp. Want die rede van die mense moet geen regter wees oor die evangelie nie, maar moet daaronder buig en hom daaraan onderwerp; soos die volgende woorde ook verklaar. 17 Naamlik van aansienlike wysheid of dapperheid. 18 Gr. van. Dit is, van die evangelie van Christus, wat vir die wat verlore gaan wel dwaasheid is, maar vir die wat gered word, is dit die krag van God, 1 Kor. 1:18. |
| 19 Gr. te wreek. Die apostel bedoel nie enige uitwendige of wêreldse wraak nie, want dit het Christus sy apostels verbied, Matt. 20:25, ens.; 26:52, maar van die verkondiging van die wraak van God oor die hardnekkiges, en van die uitoefen van die kerklike ban teen diegene wat hulle as lede van die gemeente voordoen, en nogtans onchristelik leer of leef.
20 Dit is, volbring, of ten volle bewys is. Dit sê die apostel tot versagting van die voorgaande dreigement, om hulle tot voorkoming van hierdie straf deur die betering van sulke ergernisse aan te moedig; aangesien daar ook behoorlike tyd en geleentheid tot bekering aan sulkes gegee moet word, voordat die swaarste straf gebruik mag word. |
| 21 Gr. die dinge wat volgens die aangesig is, dit is, dit wat ’n uitwendige skyn het voor die mense; of waaroor iemand uiterlik wil roem. |
| c 2 Kor. 13:10. | 22 Naamlik wat ons as apostels van Christus meer as ander dissipels van Christus ontvang het.
23 Dit is, om dit so te gebruik dat die sondaar daardeur tot bekering, en nie tot wanhoop nie, gebring word. Sien 1 Kor. 5:5. 2 Kor. 2:6-8. |
| 24 Dit is, deur die swaarwigtigheid en belangrikheid van die briewe slegs wou bang maak. Hiermee weerlê die apostel ’n ander lastering van sommige valse apostels, soos deur hom hierna breedvoeriger verklaar word. |
| 25 Naamlik die valse apostels. Ander lees: sê hy, asof hy van ’n spesifieke persoon onder hulle spreek.
26 Dit is, sy redevoeringe en woorde het niks wat aansienlik of uitnemend is, as hy teenwoordig is nie. |
| 27 Dit is, in die uitvoering van dit waarmee ons in die briewe dreig. |
| d 2 Kor. 3:1; 5:12. | 28 Of: voeg by, dit is, onder sulkes te reken of meen te wees.
29 Gr. in hulself, dit is, volgens hul eie goeddunke of behae gereken wil hê. 30 Naamlik sonder om op ander te let, aan wie die Here meer gawes en mag gegee het, soos aan die apostels van Christus. 31 Of: nie wys nie. |
| e Ef. 4:7. | 32 Gr. tot of in dinge wat sonder maat is, dit is, buite die maat wat God ons toebedeel het, soos hierdie ander doen.
33 Dit is, wat God aan ons voorgeskryf het, en waarmee Hy ons diens bepaal het. ’n Beeld geneem van hom wat elkeen sy erfdeel uitdeel om daar te bou, of sy akker om daarop te saai, of wingerdgrond om daarin te plant. Of: watter maat God ons toebedeel het. 34 Naamlik in die verbreiding van die heilige evangelie en die voortplanting van die gemeente van Christus. |
| 35 Naamlik ons deur Christus voorgeskryf of bepaal.
36 Dit is, waar die evangelie van Christus reeds deur ander verbrei is. 37 Dit is, versterk is. 38 Of: uit te brei, naamlik in die voorgeskrewe gebiede van ons prediking. Ander voeg hierdie woorde so bymekaar: wanneer julle geloof toeneem of versterk is onder julle, dat ons in hoër mate toeneem, dit is, uitbrei. 39 Dit is, in die uitbreiding van ons voorgeskrewe gebied, sodat die woord werkkring hier gebruik word vir die gebied of die vasgestelde maat van lande en stede, waar elke apostel sy arbeid moes verrig. Dit kom goed ooreen met die volgende vers, want dit is wat die apostel hier verklaar, dat hul swakhede en gebreke nog ’n hindernis was, sodat hy nog nie in die lande wat bo hulle geleë was kon reis, om daar die evangelie te plant nie. Wanneer hulle egter hierdie gebreke sou regstel en in die geloof behoorlik versterk is, sou hy vrymoediglik en sonder agterdog na ander kon gaan. |
| 40 Dit is, waar ’n ander reeds die gebied van sy roeping het en preek. Sien Rom. 15:20. |
| f Jes. 65:16. Jer. 9:23. 1 Kor. 1:31. | 41 Dit is, aan die Here al die lof van sy arbeid toeskryf, omdat die krag om te arbei en die vrug daarvan slegs uit sy seën voortkom. Sien 1 Kor. 3:5; 15:10. |
| g Spr. 27:2. | 42 Dit is, ná beproewing as trou en opreg geken, gekeur en bevind word. |