Statevertaling – Bybelstigting
Die hemelse gesig en die doring in die vlees.
DIT is waarlik vir my 1nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe 2van die Here.
aEk weet van ’n man 3in Christus, veertien jaar gelede — 4of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit — dat so iemand weggeruk is 5tot in die derde hemel.
En ek weet van so ’n man — of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit —
dat hy weggeruk is in die 6Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ’n mens 7nie mag uitspreek nie.
Oor so ’n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe 8in my swakhede.
Want as ek sou wil roem, sou ek nie ’n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.
En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 9’n doring in die vlees gegee, 10’n engel van die Satan, bom my 11met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
Hieroor het ek die Here 12drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.
En Hy het vir my gesê: 13My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid 14volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus 15in my kan woon.
Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want 16as ek swak is, dan is ek 17sterk.
Belangeloosheid van Paulus.
AL roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe genoodsaak. cWant ek moes deur julle aanbeveel geword het; want ek het niks by dié uitnemende apostels 18agtergestaan nie, al is ek 19niks nie.
dDie 20kentekens tog van ’n apostel is onder julle 21verwerklik met alle volharding 22deur tekens en wonders en kragtige dade.
Want wat is daar waarin julle oortref word deur 23die ander gemeentes, ebehalwe dat ek persoonlik julle 24nie lastig geval het nie? 25Vergeef my hierdie onreg.
Kyk, 26vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek sal julle nie lastig val nie, fwant ek soek 27nie julle goed nie, maar julle self; want dit is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders.
En ek sal baie graag 28uitgee, ja, 29myself weggee vir julle siele, al word ek, terwyl ek julle goorvloediger liefhet, minder bemin.
Maar laat dit so wees! Ek het julle nie beswaar nie, maar 30omdat ek slim was, het ek julle met lis 31gevang.
Het ek my dan ten koste 32van julle bevoordeel deur een van die wat ek na julle gestuur het?
Ek het Titus gevra en die broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie 33in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie?
Laaste vermaninge aan die Korinthiërs. Groete.
DINK julle weer dat ons ons by julle 34verdedig? Ons spreek in die teenwoordigheid van God 35in Christus, en dit alles, geliefdes, tot julle stigting.
Want ek vrees dat ek julle by my koms miskien nie sal vind 36soos ek wens nie, en dat ek deur julle gevind sal word 37soos julle nie wens nie — dat daar miskien sal wees twis, jaloersheid, toornigheid, verdeeldheid, kwaadsprekery, nuusdraery, verwaandheid, 38wanordelikheid;
dat as ek gekom het, my God 39my miskien weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat 40vroeër gesondig het en hulle nie bekeer het van die onreinheid en hoerery en 41ongebondenheid wat hulle bedryf het nie.
| 1 Of: Dit is nie voordelig vir my nie, naamlik omdat om te roem ’n skyn van hoogmoed het. Verstaan dan dít: tensy ek om my apostelskap te handhaaf, daartoe gedwing word. Sien verse 11, 12.
2 Dit is, wat die Here aan my gegee of vertoon het. |
| a Hand. 9:3; 22:17. 1 Kor. 15:8. | 3 Dit is, wat in Christus is, of ’n Christen. So spreek hy van homself in die derde persoon, as ’n teken van nederigheid, asof dit iets is wat buite hom gebeur het. Ander verstaan hierdie woorde in Christus as by Christus, vir ’n vorm van eed, soos in vers 19. Rom. 9:1.
4 Dit is, of dit slegs deur ’n verrukking van sinne aan my in my gees vertoon is, of dat my gees vir ’n tyd buite my liggaam in die hemel opgeneem is om sulke dinge te sien en te hoor, weet ek nie. Ander verstaan dit so: Of ek met liggaam en siel in die hemel opgehef was of slegs met die siel, dit weet ek nie. 5 Dit is, in die woonplek van die engele en heilige siele, wat hy in vers 4 die Paradys noem, as beeld geneem van die aardse paradys. Sien Luk. 23:43. Openb. 2:7. Dit word die derde hemel genoem, omdat die lug as die eerste hemel beskou word, die sigbare hemel waarin die sterre is as die tweede, en die hemel bo al die hemele as die derde. Sien 1 Kon. 8:27. |
| 6 Sien vers 2.
7 Of: nie kan uitspreek nie, naamlik omdat dit die begrip van die mense in hierdie lewe te bowe gaan; of omdat dit nie God se wil was nie, omdat hierdie dinge vir Paulus alleen gedien het om hom te versterk teen al die swarighede wat hom in sy diens oorgekom het. Andersins het Paulus die hele raad van God aangaande die saligheid van die mense aan die gemeentes geopenbaar. Sien Hand. 20:27. |
| 8 Dit is, in my swarighede en verdrukkinge wat my oorgekom het, soos in vers 9 en 2 Kor. 11:23, ens., verklaar word. |
| b Job 2:6. | 9 Gr. skolops, die woord beteken ’n skerp stok, splinter of doringagtige hout, wat iemand in die bene of in die vlees steek wanneer ’n mens deur bosse of ruigtes loop. Dit beteken soms ook ’n voetangel, wat voor perde of mense in die pad gegooi word om hulle te verhinder of te vertraag. Beide betekenisse pas goed by Paulus se redevoering. Sien Núm. 33:55. Eség. 28:24.
10 Of: ’n engel Satan, wat naamlik ’n instrument was wat hom hierdie kwelling tot sy vernedering aangedoen het, soos in die voorbeeld van Job te sien is. 11 Dit is, smaad en kwelling aan te doen. Watter kwelling dit was, maak die apostel nie bekend nie. Sommige meen dat dit die vervolginge en verdrukkinge self was; ander meen sekere pyne en benoudhede van die liggaam wat soms oor hom gekom het; ander dat dit kwellinge en aanvegtinge van die siel was. Alles is egter onseker; dit blyk alleen uit verse 9 en 10 dat dit sekere besondere swakhede was van die siel of die liggaam. |
| 12 Dit is, meermale. |
| 13 Naamlik waardeur Ek jou teen hierdie swakhede só versterk dat jy dit oorwin. Sien 1 Kor. 10:13.
14 Dit is, ten einde gebring, of: bewys volkome te wees, soos in Jak. 2:22. 15 Of: oor my kan woon. Die Griekse woord beteken om iets te bewoon of te oorskadu soos ’n hut of tentwoning. |
| 16 Naamlik in myself, deur al sulke benoudhede en kwellinge.
17 Naamlik deur God, wat my te midde daarvan versterk en vertroos. |
| c 1 Kor. 15:10. | 18 Naamlik deur die genade van God, wat my gelei en bygestaan het, 1 Kor. 15:10.
19 Naamlik in myself, 1 Kor. 3:7. |
| d 1 Kor. 9:2. | 20 Naamlik waaraan ’n ware apostel van Christus geken word.
21 Gr. uitgewerk. 22 Gr. in. |
| e 1 Kor. 9:12. 2 Kor. 11:9. | 23 Naamlik wat deur ander apostels geplant en gestig is, met wie hy hom hier vergelyk.
24 Naamlik deur onderhoud van julle te neem vir my en diegene wat saam met my was. 25 ’n Skerp teregwysing deur ’n manier van spreek, soos ook in 2 Kor. 11:19. Of: hierdie ongeregtigheid. |
| f Hand. 20:33. | 26 Sien hieroor 2 Kor. 13:1.
27 Dit is, nie julle besittings nie, maar julle saligheid. |
| g 2 Kor. 6:12. | 28 Naamlik om my en die saam met my te onderhou terwyl ons by julle is.
29 Dit is, vir die saligheid van julle siele selfs my lewe in gevaar stel. |
| 30 Dit is ’n lastering deur die valse apostels, wie se woorde hy aanhaal en daarna weerlê.
31 Of: geneem, dit is, met sagte woorde na my toe gelok, om daarna my voordeel met julle te behaal. |
| 32 Of: van julle iets afgedwing, deur gierigheid iets afgepers, soos die Griekse woord meebring; so ook in die volgende vers. |
| 33 Of: in dieselfde Gees. Wat dan beteken: was ons nie deur dieselfde Gees van God in ons handel en wandel onder julle gelei nie? |
| 34 Naamlik om ons sake slegs by julle in die reine te bring, en nie veelmeer ter wille van julle, om julle in die waarheid wat julle aangeneem het te bevestig nie.
35 Sien hieroor vers 2 se kanttekening. |
| 36 Dit is, terwyl baie onder julle in dieselfde gebreke sorgeloos voortgaan, soos aan die einde van hierdie vers verklaar word.
37 Dit is, strenger in die uitoefening van die kerklike tug as wat julle tot nou toe ervaar het. 38 Of: oproer, beroeringe. |
| 39 Dit sê die apostel, omdat daar niks was wat hom méér verhoog en verbly het nie, as dat sy arbeid behoorlike vrugte onder hulle gedra het; en dat niks hom méér verneder en bedroef het nie, as wanneer sy arbeid deur sondes en ergernisse skynbaar skipbreuk gely het. Sien 1 Thess. 2:19, 20.
40 Naamlik waarvan hy in die voorgaande brief geskryf het. 41 Of: onkuisheid, losbandigheid, wellus. |