Statevertaling – Bybelstigting

2 Korinthiërs 2

1

MAAR dit het ek by myself besluit, om nie weer 1in droefheid na julle te kom nie.

2

Want 2as ek julle bedroef maak, wie is hy dan wat my kan verbly anders as hy wat deur my bedroef gemaak is?

3

En ek het juis 3dit aan julle 4geskrywe, dat ek nie by my koms droefheid mag hê deur 5hulle oor wie ek my moes verbly nie, aomdat ek die vertroue in julle almal het 6dat my blydskap dié van julle almal is.

4

Want uit 7groot verdrukking en benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van 8die liefde wat ek oorvloedig vir julle het.

5

Maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy 9my nie bedroef nie, maar — ek wil nie oordryf nie — 10min of meer julle almal.

6

bVir so iemand is 11daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg;

7

sodat julle daarenteen hom liewer moet 12vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid 13verteer word nie.

8

Daarom 14vermaan ek julle om 15die liefde aan hom te bevestig.

9

Want daarom het ek ook geskrywe om 16julle beproefdheid te weet, of julle 17in alles gehoorsaam is.

10

Aan wie julle iets 18vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het — as ek iets vergeef het — dit was 19om julle ontwil 20voor die aangesig van Christus, sodat 21ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;

11

want ons is met 22sy planne nie onbekend nie.

12

Maar ctoe ek in 23Troas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel 24’n deur vir my in die Here geopen was, het ek 25geen rus vir my gees gehad nie, omdat ek my broeder Titus nie aangetref het nie;

13

maar ek het van hulle afskeid geneem en na Macedónië vertrek.

Die aard en vrug van die bediening van Paulus.

14

MAAR God sy dank wat ons 26altyd laat 27triomfeer 28in Christus den wat die 29reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

15

Want ons is ’n 30aangename geur van Christus tot eer van God 31onder die wat gered word en 31onder die wat verlore gaan;

16

evir die laaste 32’n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ’n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge 33bekwaam?

17

Want ons is nie soos baie 34wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uit opregtheid, maar as 35uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons 36in Christus.

1 Dit is, om julle en my te bedroef deur die kerklike tug wat teen sommige onder julle uitgeoefen moet word.
2 Dit sê hy omdat, wanneer ’n lid van die gemeente gestraf moet word, al die ander lede daaroor bedroef moet wees. Sien 1 Kor. 5:2.
a 2 Kor. 8:22. Gal. 5:10. 3 Naamlik van die wegneem en verbetering van die gebreke onder julle.

4 Naamlik in my eerste brief, hfst. 5.

5 Hy sê dit nie net van die een wat bloedskande gepleeg het nie, maar van al die Korinthiërs, wat hierdie en ander gebreke onder hulle geduld het.

6 Dit is, die rede vir my blydskap, naamlik die afwend van sodanige ergernisse, ook vir julle ’n rede vir blydskap sou wees, naamlik wanneer sulke ergernis afgewend en die gemeente in goeie orde gebring is.

7 Of: groot druk. Dit kan verstaan word, óf van die tydsomstandighede waarin hy die voorgaande brief geskryf het, omdat ’n mens in die tyd van verdrukking noukeuriger en beter op alles let, en met meer mededoëndheid en weldeurdagte raad skryf wat ’n mens skryf; óf as die bekommering en droefheid, wat die apostel in sy gemoed gehad het oor sodanige ergernis wat onder hulle was toe hy die brief geskryf het.

8 Naamlik wat nie kon verdra dat ’n mens sou voel dat julle nie behoorlike misnoeë sou hê in sulke foute nie. Of dat julle jul aan so ’n fout sou skuldig maak.

9 Naamlik nie net my nie.

10 Dit is, enigsins. Die apostel spreek so van hierdie fout, nie om dit te verklein nie, maar omdat die persoon nou behoorlik berou daaroor gehad het, en hy hulle direk daarna tot heraanneming van daardie persoon sou vermaan.

b 1 Kor. 5:3. 11 Sommige verstaan dit as die uiterste kerklike straf of ban, wat die apostel beveel het om teen hierdie persoon uit te oefen, 1 Kor. 5:3, en hulle verstaan die woordjie genoeg as die kort tydjie wat hy hierdie straf sou gedra het. Ander meen egter, uit al die omstandighede van hierdie teks, dat hierdie mens nou, nadat hy deur die regeerders van die gemeente vermaan en ernstig bestraf is, die kerklike ban vanweë sy boetvaardigheid voorkom het, aangesien die ban die uiterste straf van die kerk is, en nie net voor die meerderheid nie, maar voor die hele gemeente moes gebeur, en dat die Korinthiërs Paulus se raad, deur Titus hieroor gevra, wat hulle verder met betrekking tot die saak moes doen, aangesien hy boetvaardig was, soos blyk uit hfst. 7; waarop hy antwoord dat hierdie bestraffing deur die meerderheid, dit is, deur die regeerders van die gemeente gedoen, waarop so ’n ernstige leedwese gevolg het, nou genoeg was, en dat hulle hom verder weer moes opneem, om hom nie deur te groot droefheid tot wanhoop te dryf nie.
12 Dit is, nie verder teen hom optree nie, maar hom weer aanneem en van die uiterste straf onthef. Hierdie woorde van Paulus verwys nie na enige mag van die kerk om die sondes voor God te vergewe nie, wat God alleen toekom, maar om volgens die Woord van God te verklaar dat die boetvaardige se sondes voor God vergewe is, en gevolglik diesulkes te vertroos en sy ontbinding voor die gemeente, wat deur hom ontstig was, te verklaar. Sien Matt. 18:18. Joh. 20:23.

13 Dit is, in sulke droefheid verval dat hy daardeur wanhopig sou raak.

14 Of: bid.

15 Naamlik, Christus wil hê dat die liefde aan die boetvaardige sondaar bewys of bevestig word, Matt. 18:21, 22.

16 Dit is, julle op die proef te stel, en daaruit julle opregtheid in hierdie saak te verstaan.

17 Dit is, in die onderhouding van al die gebooie van Christus, waarvan hierdie ook een is. Sien Matt. 16:19; 18:15.

18 Sien hieroor vers 7 se kanttekeninge.

19 Dit is, om my eenstemmigheid met julle in die nakoming van Christus se bevele en ons onderlinge liefde hierin te betoon.

20 Dit is, opreg asof in Christus se teenwoordigheid, wat alles sien en hoor. Of: in die persoon van Christus, soos die Griekse woord in 2 Kor. 1:11 gebruik is, dit is, in die Naam van Christus. Sien 2 Kor. 5:20.

21 Of: sodat ons nie deur die Satan oorval, oorwin, ingeneem word nie. Die Griekse woord beteken om meer te kry of te hê as wat iemand toekom, en word vernaamlik vir die gierigaards gebruik; dit is ’n beeld wat geneem is van die gierige handelaars wat altyd geleentheid soek om die mense te bedrieg.

22 Dit is, sy liste, bedoelinge of aanslae, 2 Kor. 10:5, wat soms deur te groot slapheid in die kerklike tug probeer om die sondaars aan die slaap te sus, en soms deur te veel strengheid tot wanhoop te bring.
c Hand. 16:8. 23 Sien breedvoeriger oor hierdie plek en reis van Paulus in Hand. 16:8, ens.

24 Dit is, geleentheid. Sien 1 Kor. 16:9.

25 Naamlik om baie lank daar te bly nie, hoewel Paulus daar ook ’n gemeente gestig het, soos blyk uit die volgende vers en uit 2 Tim. 4:13.

d Kol. 1:27. 26 Dit is, hetsy ons vir ’n lang tyd, hetsy vir ’n kort tyd op ’n plek die evangelie verkondig.

27 Of: oorwin.

28 Dit is, in die saak van Christus, of: deur Christus.

29 Dit is, die gerug of die voortgang; ’n beeld geneem van die reukoffers van die Ou Testament, wat, as dit deur vuur aangesteek is, die reuk deur die tempel en oor die vergadering versprei het.

30 Dit is, welgevallig, omdat God se barmhartigheid geopenbaar word onder diegene wat gered word, en sy regverdigheid onder diegene wat verlore gaan. Sien Luk. 2:34.

31 Of: in.

e Luk. 2:34. 32 Dit is, wat dodelik is, en vir hulle ’n aanleiding tot die dood. Nie dat die evangelie uit sy aard iemand se dood veroorsaak nie, want dit is ’n bediening van die lewe, 2 Kor. 3:6, 7, en ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, Rom. 1:16, maar omdat diegene wat ongelowig is, deur hul eie moedswilligheid, hulself daarteen stel, en só God se swaarder oordeel oor hulself bring. Sien Joh. 3:36. 1 Petr. 2:7, 8.

33 Of: genoegsaam, naamlik uit hulself, of deur hulself, soos hierna verklaar word, 2 Kor. 3:5, 6.

34 Of: wat die woord van God vervals. Gr. kapeleuontes, wat beteken om iets wat klein is te koop aan te bied, en dit, om dit makliker te verkoop, dikwels ’n ander reuk of smaak of voorkoms te gee. Die beeld word ook gebruik om iets onder ’n valse reuk of smaak of voorkoms aan te bied. Die betekenis pas hier goed, aangesien die apostel hier getuig dat hy nie die evangelie verfraai, of volgens die mense se wil en goeddunke buig of verdraai nie, maar dit in opregtheid en suiwerheid leer, sonder om te let op wat mense behaag, en die uitkoms daarvan aan God oorlaat.

35 Dit is, uit die ingewing van God en deur God se wil, 2 Kor. 5:19.

36 Of: van Christus, omdat Christus die hele doel en oogmerk van ons evangelie is, 1 Kor. 2:2.