Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 11

Tiende plaag: die dood van die eersgeborenes.

1

VERDER 1het die HERE vir Moses gesê: 2Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle 3selfs hiervandaan wegdrywe.

2

Sê tog voor die ore van die 4volk adat elke man van 5sy naaste en 6elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet 7eis.

3

En die HERE bhet aan die volk 8guns verleen in die oë van die Egiptenaars. 9Ook was die man Moses 10baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë 11van die volk.

4

Toe 12sê Moses: So 13het die HERE gespreek: Omtrent middernag ctrek Ek uit dwarsdeur Egipte;

5

dan sal dal die 14eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af 15wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin 16agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.

6

En daar sal 17’n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie.

7

Maar 18teen geeneen van die kinders van Israel sal ’n hond sy tong verroer nie, van 19die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE ’n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.

8

eDan sal al hierdie dienaars van u 20na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk 21wat jou volg. En daarna sal 22ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan 23in gloeiende toorn.

9

En die HERE 24het vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat 25my wonders in Egipteland baie kan word.

10

En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. fMaar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel 26nie uit sy land laat trek het nie.

1 Sommige verklaar dit dat die HERE die woorde vir Moses gesê het voordat Farao Moses met dreigemente van hom af weggejaag het, Ex. 10:28. Dit is dan die oorsaak waarom Moses so vrymoediglik Farao aangespreek het, Ex. 10:29.

2 Sien oor hierdie plaag verse 4, 5.

3 Hebr. wegdrywende wegdryf. Sien die vervulling in Ex. 12:31-33.

a Ex. 3:22; 12:35. 4 Naamlik van die Israeliete.

5 Naamlik van sy Egiptiese naaste.

6 Sien Ex. 3:22.

7 Hebr. vra.

b Ex. 12:36. 8 Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 39:21.

9 Dit was die oorsaak waarom Farao nie gedurf het om Moses aan te tas nie, hy het gevrees vir ’n oproer onder die volk.

10 Dit is, in hoë aansien.

11 Dit is, van die Egiptiese volk.

c Ex. 12:29. 12 Naamlik tot Farao, voordat hy van hom af weggegaan het, vers 8, want dit is die vervolg van Moses se woorde in Ex. 10:29.

13 Naamlik, toe Hy my laas na u toe gestuur het.

d Ex. 12:12. 14 Wat God hier dreig, het Hy deur sy engel uitgerig, Ex. 12:23, 29.

15 Dit is, wat ná hom sou regeer, soos in 1 Kon. 2:24. 1 Kron. 28:5.

16 Hier staan agter die handmeul, omdat hulle wat met die handmeul gemaal het, die malende stene voor die liggaam met hul hande laat voortbeweeg het. Sien Rig. 16:21. Jes. 47:1, 2.

17 Sowel deur die ouers wie se kinders gedood sal word, as deur die kinders wat dit sal hoor en sien, terwyl hulle vrees dat dit hulle ook sal oorkom, soos dit in sulke verskriklike plae gewoonlik gebeur.
18 Sommige vertalings lui: by geeneen, ens. Die betekenis is dan dat dit onder hulle so stil sal wees dat selfs die honde (wat deur ’n geringe geluid wakker word) nie sal blaf nie. Sien dergelike manier van spreek in Jos. 10:21.

19 Dit is, nie teen die mense nie, ook nie teen die diere nie.

e Ex. 12:30, 31. 20 Naamlik, wat deur u na my gestuur is.

21 Hebr. wat aan jou voete is, dit is, wat jou voetspore volg, of wat deur jou gelei word, en onder jou bevel staan. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Rig. 8:5. 1 Kon. 20:10. 2 Kon. 3:9.

22 Dit is, sowel die hele volk van Israel met alles wat ons het, as alles wat ons wil saamneem.

23 Moses ywer vir die eer van God. Andersins was hy ’n baie sagmoedige man, Núm. 12:3.

24 Naamlik in Ex. 3:19; 10:1 en elders.

25 Dit is, my wonderbaarlike plae.

f Ex. 9:16. Rom. 9:17. 26 Behalwe deur dwang. Sien Ex. 3:19; 5:24.