Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 13

Wet van die eersgeborenes.

1

TOE het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2

1aHeilig vir My al die 2eersgeborenes. 3Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, 4dit is myne.

3

Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle 5deur ’n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.

4

bVandag trek julle uit, 6in die maand Abib.

5

En as die HERE jou bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee, ’n land wat 7oorloop van melk en heuning, dan moet jy 8hierdie diens in hierdie maand 9onderhou.

6

Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van die HERE.

7

Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.

8

En jy moet jou 10seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.

9

En dit moet vir jou as ’n teken wees op jou hand en ’n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van die HERE in jou mond mag wees; want deur ’n sterke hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei.

10

Daarom moet jy hierdie insetting onderhou 11op die daarvoor bepaalde tyd, 12van jaar tot jaar.

11

En as die HERE jou in die land 13van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ’n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,

12

cdan moet jy 14alles wat die moederskoot open, 15aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê — wat manlik is, behoort aan die HERE.

13

Maar elke eersteling van ’n 16esel moet jy met ’n 17lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, 18moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns 19moet jy loskoop.

14

En as jou seun jou 20later vra en sê: 21Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ’n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.

15

Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom 22offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.

16

En dit sal as ’n teken wees op jou hand en ’n 23voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ’n sterke hand uit Egipte uitgelei.

Tog na die Skelfsee.

17

TOE Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit 24nader was; want 25God het gesê: 26Die volk kan dalk 27berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.

18

Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting 28na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het 29goed gewapend uit Egipteland opgetrek.

19

En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem; dwant hy het die kinders van Israel 30plegtig laat sweer en gesê: God sal 31eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op.

20

eSo het hulle dan van Sukkot af weggetrek en laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die woestyn.

21

fEn 32die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in 33’n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ’n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.

22

Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.

a Ex. 22:29; 34:19. Lev. 27:26. Núm. 3:13; 8:17. Luk. 2:23. 1 Dit is, gee bevel dat hulle vir My afsonder, of bestem vir my heilige diens. Sien Lev. 8:10.

2 Naamlik, wat manlik is.

3 Hebr. opening van elke moederskoot.

4 Naamlik daarom, omdat Ek julle eersgeborenes gespaar het, toe Ek alle eersgeborenes in Egipteland gedood het. Sien vers 15.

5 Hebr. in krag van die hand.
b Ex. 23:15. 6 Hierdie maand val gedeeltelik in Maart en gedeeltelik in April, wanneer die dae en nagte ewe lank is. Die Hebreeuse woord abib beteken ’n groen aar, waaraan hierdie maand sy naam ontleen het, aangesien die gesaaides in daardie land in dié maand groen are gekry het.
7 Sien Ex. 3:8.

8 Wat in die volgende verse beskryf word.

9 Hebr. dien.

10 Dit is, jou kinders.
11 Sien Ex. 12:6.

12 Hebr. van dae tot dae. So word die woord dae ook gesien as ’n jaar, Lev. 25:29. Amos 4:4 se kanttekening.

13 Verstaan hieronder ook al die nasies wat in vers 5 en Gén. 15:18-21 genoem word.
c Ex. 22:30; 34:19. Lev. 27:26. Núm. 8:17. Eség. 44:30. 14 Hebr. opening van elke moederskoot, vers 2.

15 Naamlik van jou aan die HERE afgee, sodat dit nie meer van jou is nie, maar van die HERE.

16 Verstaan hieronder ook alle ander diere wat nie geoffer mog word nie.

17 Verstaan sowel ’n skaaplam as ’n boklam.

18 Naamlik, sodat dit nie vir algemene gebruik aangewend word nie.

19 Naamlik met vyf sikkels van die heiligdom, Núm. 18:16.

20 Sien Ex. 12:26.

21 Hebr. wat is dit?

22 Of: slag.
23 Dit wil voorkom of dit gedenkskrifte was, wat aan die voorhoof vasgebind is, om sodoende die HERE se wet te gedenk. Sien Deut. 6:8.
24 Naamlik, om in die land Kanaän te kom.

25 Naamlik by Homself. Sien Gén. 8:21.

26 Dit is menslikerwys gesproke.

27 Naamlik, dat hulle uit Egipteland getrek het.

28 Verstaan hieronder die woestyn Etam, vers 20. Núm. 33:8.

29 Sien Jos. 1:14; 4:12. Rig. 7:11. Anders: in vyf, dit is, met vyf langs mekaar, of in vyf groepe of leërs.

d Gén. 50:25. Jos. 24:32. 30 Hebr. beswerende laat sweer, dit is, ernstig of met ’n gewigtige eed laat sweer.

31 Hebr. ag gewende ag gee.

e Núm. 33:6.
f Ex. 40:38. Núm. 14:14. Deut. 1:33. Neh. 9:12, 19. Ps. 78:14; 105:39. 1 Kor. 10:1. 32 Hy word in Ex. 14:19 die Engel van God genoem; Hy was die ewige Seun van God, 1 Kor. 10:9.

33 In Ps. 105:39 staan dat hierdie wolk soos ’n bedekking uitgesprei was, sodat dit vir die Israeliete ’n skaduwee teen die hitte van die son was.