Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 3

Die roeping van Moses.

1

EN Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, 1die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by 2die berg van God, 3by Horeb.

2

Daarop verskyn die 4Engel van die HERE aan hom in ’n vuurvlam uit ’n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!

3

En Moses sê: Laat ek tog 5nader gaan en 6hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie.

4

Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.

5

aEn Hy sê: Moenie nader kom nie. 7Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, 8is heilige grond.

6

Verder sê Hy: bEk is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het 9Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.

7

cEn die HERE sê: 10Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.

8

Daarom het Ek 11neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land 12na ’n goeie en wye land, 13na ’n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek 14van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

9

En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.

10

Gaan dan nou heen, dat dEk jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.

11

Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?

12

En Hy antwoord: eEk sal met jou wees, en 15dit sal vir jou ’n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God 16dien.

13

Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? — wat moet ek hulle antwoord?

14

En God sê vir Moses: 17EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

15

Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: 18Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en 19dit is my gedenknaam 20van geslag tot geslag.

16

Gaan heen en versamel 21die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: 22Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.

17

Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die 23Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na ’n land wat oorloop van melk en heuning.

18

En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, 24het ons ontmoet; laat ons dan nou tog 25drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE, onse God, offer.

19

Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie 26deur ’n sterke hand nie.

20

En Ek sal 27my hand 28uitstrek en Egipte met 29al my wonders teister wat Ek daarin sal doen; en 30daarna sal hy julle laat trek.

21

En Ek sal aan hierdie volk 31guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle 32nie met leë hande trek nie,

22

fmaar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer- en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en gso Egipte 33berowe.

1 Anders: die owerste. Sien Gén. 41:45 se kanttekening.

2 So genoem vanweë hierdie verskyning van God, en omdat God die Here sy wette op hierdie selfde berg aan Moses gegee het, Ex. 18:5; 19:3. 1 Kon. 19:8.

3 Hierdie berg word soms ook die berg Sinai genoem, Ex. 19:1. Hand. 7:30.

4 Hierdie Engel was God die HERE, soos blyk uit verse 4, 6. Deut. 33:16. Vgl. Gén. 16:7 se kanttekening.
5 Hebr. afdraai.

6 Hierdie groot verskynsel was nie in die gees nie, maar deur die aanskouing met liggaamlike oë.

a Jos. 5:15. 7 Dit het gedien om Moses op te wek tot heilige nederigheid of onderworpenheid, soos ook Josua, Jos. 5:15.

8 Hebr. is grond van die heiligheid, naamlik, geheilig deur die teenwoordigheid en verskyning van God, buiten dit was dit soos enige ander plek.

b Matt. 22:32. Mark. 12:26. Luk. 20:37. Hand. 7:32. 9 Sien soortgelyke voorbeelde van vrees vir God in 1 Kon. 19:13. Jes. 6:2, 5. Sien ook Job 13:20. Luk. 5:8. Dit spruit uit die besef van die onwaardigheid van sy persoon en van die hoogheid van God se majesteit.
c Hand. 7:34. 10 Hebr. Ek het siende gesien.
11 Sien Gén. 11:7; 18:21; 35:13.

12 Sien Gén. 13:14, 15.

13 Hieronder word alle liggaamlike seëninge verstaan. Dit word op baie plekke betuig om waar te wees van die beloofde land; soos in Ex. 13:5; 33:3. Lev. 20:24. Deut. 6:3.

14 Hebr. van die Kanaäniet, van die Hetiet, ens.

d Ps. 105:26. Hos. 12:14. Miga 6:4. Hand. 7:35.
e Jos. 1:5. 15 Naamlik hierdie verskyning van God, of dat die volk God sal dien op hierdie berg soos die tweede gedeelte van die vers vermeld.

16 Dit is, aan die HERE offer, soos dit duidelik word in vers 18. Sien die vervulling in Exodus 19.

17 Anders: Ek sal wees wat Ek sal wees, of: Ek sal wees wat Ek was, dit kom in wese ooreen met die Naam JEHOVA. Dit beteken dat God, wat vir Moses gestuur het, ewig is in wese, getrou in sy beloftes, en alvermoënd in die uitvoering daarvan. Vgl. Hebr. 13:8. Openb. 1:4, 8; 16:5.
18 Sien Gén. 2:4 se kanttekening.

19 Asof God sê: By hierdie Naam sal julle altyd aan My dink. Sien Ps. 102:13; 135:13. Hos. 12:6. Anders: dit is my gedenkteken te alle tye.

20 Hebr. tot geslagte van geslag.

21 Hier word die owerstes en leraars van die volk verstaan; hulle het aan die volk verkondig wat hulle by Moses gehoor het. Sien Ex. 12:3, 21; 19:3.

22 Hebr. Besoekende het Ek julle besoek. Sien Gén. 21:1 se kanttekening.

23 Hebr. van die Kanaäniet, ens.
24 Dit is, het aan ons verskyn sonder dat ons dit verwag het, en het tot ons gespreek en ons beveel om te doen wat ons u nou versoek.

25 Naamlik tot die berg Horeb, vers 12. Wanneer daar ongehinderd gereis kan word, is dit slegs drie dagreise ver van Egipte af.

26 Dit is, deur enige groot plae. Sien Ex. 14:31.
27 Dit is, my sterk plae.

28 Hebr. stuur, uitstuur.

29 Dit is, die tien plae waarmee Hy Egipte wou slaan.

30 Naamlik ná die laaste, dit is die tiende plaag, die doodmaak van die eersgeborenes.

31 Of: genade, soos in Gén. 18:3; sodat hulle aan die Israeliete voor die uittog sal gee wat hulle van die Egiptenaars sal begeer.

32 Volgens die belofte van God, Gén. 15:14, waarvan die vervulling gesien word in Ex. 12:35, 36.

f Ex. 11:2; 12:35.

g Eség. 39:10.

33 Dit was nie diefstal of sonde nie, omdat God hulle beveel het om dit te doen, aan wie as Heerser oor almal, alles toekom; ook omdat Hy deur middel hiervan die bittere dwangarbeid van sy volk wou vergeld.