Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 6

1

VERDER het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is 1die HERE.

2

En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as 2God, 3die Almagtige, maar 4met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

3

Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het;

4

en Ék het ook gehoor 5die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in 6slawerny gehou word, en Ek 7het aan my verbond gedink.

5

Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos 8deur ’n uitgestrekte arm en 9deur groot strafgerigte;

6

en Ek sal julle 10as my volk aanneem en vir julle ’n God wees. En julle sal 11erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.

7

En Ek sal julle bring in die land waaromtrent 12Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee, 13Ek, die HERE.

8

Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit 14ongeduldigheid en weens die harde diens.

9

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

10

Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek.

11

Maar Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister aterwyl 15ek onbesnede van lippe is?

12

Daarop het die HERE met Moses en Aäron gespreek en hulle met ’n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.

            Geslagsregister van Moses en Aäron.

13

DIT is die 16hoofde van hulle 17families. bDie seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die 18geslagte van Ruben.

14

cEn die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou; dit is die geslagte van Símeon.

15

dEn dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewen-en-dertig jaar.

16

eDie seuns van Gerson: Libni en Símeï volgens hulle geslagte.

17

fEn die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar.

18

gEn die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming.

19

hEn Amram het Jogébed, 19sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewen-en-dertig jaar.

20

En die seuns van Jishar: 20Korag en Nefeg en Sigri.

21

En die seuns van 21Ússiël: Mísael, Élsafan en Sitri.

22

iEn Aäron het 22Eliséba, die dogter van Ammínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en ksy het vir hom gebaar: 23Nadab en Abíhu, 24Eleásar en Ítamar.

23

En die seuns van Korag: Assir en Élkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.

24

En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom 25Pínehas gebaar. Dit is die 26familiehoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.

25

Dit is Aäron en Moses aan wie die HERE gesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland 27volgens hulle leërskare.

26

Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en Aäron.

Moses en die towenaars van Egipte.

27

DIE dag toe die HERE met Moses gespreek het in Egipteland,

28

het die HERE Moses aangespreek met die woorde: Ek is die HERE. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.

29

Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: lEk is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?

1 Sien Gén. 2:4 se kanttekening.
2 Hebr. in God, die Almagtige. Anders: met die Naam God almagtig.

3 Dit is, wat magtig is om goed te doen en sy beloftes uit te voer, Gén. 17:1.

4 God die HERE wil hier sê dat hierdie Naam van Hom, JEHOVA, en dit wat die Naam beteken, tot nog toe by hulle nie so goed bekend was nie, as wat dit voortaan aan hulle bekend gemaak sou word, deur die daadwerklike vervulling van sy beloftes, in die besonder van die wonderbare verlossing uit Egipte en hul inbring in die land van beloftes. Andersins het God Homself reeds lank vantevore JEHOVA genoem, en by hierdie Naam sy beloftes bevestig, soos te sien is in Gén. 2:4, 7-9; 15:7; 26:24; 28:13, ens.

5 Of: die gesteun, die gekla.

6 Of: laat dien, diensbaar maak.

7 Dit is menslikerwys gesproke, soos in Gén. 8:1.

8 Dit is, deur my groot en besondere krag; menslikerwys van God gespreek.

9 Dit is, terwyl Ek groot en verskriklike strawwe laat gebeur om my geregtigheid oor die Egiptenaars te bewys.

10 Dit is, wat My ken en dien, en van my liggaamlike en geestelike weldade geniet tot ewige saligheid.

11 Anders: bevind, weet of ervaar.

12 Dit is, gesweer het. Sien Gén. 14:22. Jes. 62:8.

13 Anders: Ek is die HERE, asof God sê: Ek kan en sal julle gee wat Ek belowe. Sien vers 1.

14 Of: benoudheid. Hebr. kortheid van gees. Die Israeliete was so verbyster en onderdruk dat hulle liewer onder die slawerny van die Egiptenaars wou bly, as dat Moses sou voortgaan om hulle te verlos, omdat hulle gevrees het dat hulle nog slegter behandel sou word. Sien Ex. 14:12. Job 21:4 se kanttekening.
a Ex. 4:10; 6:29. 15 Dit is, ek is nie welsprekend nie. Hieruit wil Moses die gevolgtrekking maak dat God hom nie na Farao behoort te stuur nie, maar iemand wat beter ter tale is, sien Ex. 4:10. Dieselfde klagte is ook verneem van Jesaja, 6:5, en Jeremia, 1:6.
b Gén. 46:9. Núm. 26:5. 1 Kron. 5:3. 16 Dit is, die belangrikstes.

17 Hebr. huis van hul vaders.

18 Of: huisgesinne.

c Gén. 46:10. Núm. 26:12. 1 Kron. 4:24.
d Gén. 46:11. Núm. 3:17; 26:57. 1 Kron. 6:1, 16; 23:6.
e 1 Kron. 6:17; 23:7.
f 1 Kron. 6:18; 23:12.
g 1 Kron. 6:19; 23:21.
h Ex. 2:1. Núm. 26:59. 19 Die dogter van Levi, Ex. 2:1. Núm. 26:59, suster van Amram se vader.
20 Dit is hierdie Korag wat teen Moses gerebelleer het, Núm. 16:1.
21 Hy word Aäron se oom genoem, Lev. 10:4.
i Núm. 3:2; 26:60.

k 1 Kron. 6:3; 24:1.

22 Sy was van die stam van Juda, die suster van die vors Nagson, Núm. 1:7; 2:3. 1 Kron. 2:10.

23 Hierdie twee word hier saamgevoeg, omdat hulle albei gelyktydig deur die vuur omgekom het, Lev. 10:1.

24 Hy het sy vader Aäron opgevolg in die hoëpriesteramp, Núm. 20:25.

25 Sien oor hierdie Pínehas Núm. 25:7.

26 Dit is, die belangrikstes.

27 God die HERE wou gehad het dat Moses die volk sou uitlei, nie op ’n onordelike manier waar hulle deurmekaar loop nie, maar volgens die ligging van hul woonplekke, want hulle was nog nie verdeel in stamme nie.
l Ex. 4:10; 6:11.