Statevertaling – Bybelstigting

Exodus 7

1

EN die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ’n 1god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou 2profeet wees.

2

Jý moet 3spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer aAäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.

3

En Ék sal Farao se hart 4verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig.

4

Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my 5hand 6op Egipte 7lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot 8strafgerigte uit Egipteland uitlei.

5

Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.

6

Moses en Aäron het toe gedoen soos die HERE hulle beveel het; so het hulle gedoen.

7

9En Moses was tagtig jaar en Aäron drie-en-tagtig jaar oud toe hulle met Farao gespreek het.

8

En die HERE het Moses en Aäron aangespreek met die woorde:

9

As Farao met julle spreek en sê: 10Doen tog ’n wonderteken vir julleself — dan moet jy vir Aäron sê: Neem 11jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit ’n 12slang word.

10

Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het ’n slang geword.

11

Daarop laat Farao óók die wyse manne en die 13towenaars roep; en hulle, die Egiptiese 14towenaars, het 15ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste:

12

elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar 16Aäron se staf het hulle stawe verslind.

13

Maar Farao se hart was 17verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie bsoos die HERE gespreek het.

Eerste plaag: die water word verander in bloed.

14

TOE sê die HERE vir Moses: Farao se hart 18is verhard; hy weier om die volk te laat trek.

15

Gaan môre vroeg na Farao toe — kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in ’n slang verander het, in jou hand,

16

en sê vir hom: Die HERE, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur 19met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie.

17

So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is. Kyk, 20ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.

18

En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En 21die Egiptenaars 22sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink.

19

Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle 23waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, 24ook in hout- en in klipbakke.

20

Moses en Aäron het toe so gedoen soos die HERE beveel het — 25hy het die staf opgehef en cdie water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; den al die water in die Nyl is in bloed verander.

21

En die visse wat in die Nyl was, 26het doodgegaan; en die 27Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En 28daar was bloed in die hele Egipteland.

22

Maar die Egiptiese towenaars 29het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.

23

En Farao het omgedraai en huis toe gegaan 30en dit ook nie ter harte geneem nie.

24

Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie.

25

31So het dan sewe dae verbygegaan nadat die HERE die Nyl geslaan het.

1 Sien Ex. 4:16 en die kanttekening.

2 Hier word bedoel: verklaarder, of woordvoerder; in Ex. 4:16 staan: hy sal vir jou ’n mond wees.

a Ex. 4:14. 3 Naamlik tot Aäron.
4 Sien Ex. 4:21 se kanttekening.
5 Dit is, my strawwe en plae. Sien dergelike manier van spreek in Ex. 9:3. Rig. 2:15. 1 Sam. 12:15. Klaagl. 3:3.

6 Anders: aan Egipte of aan die Egiptenaars.

7 Hebr. gee.

8 Dit is, strawwe. Sien Ex. 6:5.

9 Hebr. En Moses was ’n seun van tagtig jaar, en Aäron ’n seun van drie-en-tagtig jaar.
10 Hebr. Gee wonder vir julleself, dit is, om te bewys dat julle deur God na my gestuur is.

11 In Ex. 4:20 word dit die staf van God genoem, in Ex. 4:2 die staf van Moses. Hier en in vers 12 word dit die staf van Aäron genoem, omdat hy dit nou in sy hand gehad het.

12 Hebr. tannin. Die woord wat hier en in vers 10 en 12 gebruik word kan ook vertaal word met draak.

13 Goëlaars wat deur duiwelskuns die oë van die mense betower het, sodat hulle gemeen het dat hulle dinge sien wat in werklikheid nie bestaan het nie, en hulle was saam met die wyse manne hoog geag deur die Egiptenaars.

14 Sien Gén. 41:8. Die vernaamste van hierdie towenaars noem Paulus in 2 Tim. 3:8 Jannes en Jambres.

15 Naamlik, wat die uiterlike skyn betref het, maar nie met die daad nie.

16 Dit is, die draak of slang waarin die staf van Aäron verander het.
b Ex. 7:3. 17 Sien Ex. 4:21.
18 Hebr. swaar. Sodat dit homself nie kan ophef om gehoorsaam te wees nie.
19 Dit is, om u aan te sê.
20 Dit was Aäron wat met die staf geslaan het, soos beskryf word in vers 19, maar God het dit gebied deur Moses. Sien dergelike manier van spreek in Matt. 20:32 vgl. met Mark. 10:49, en Mark. 15:45 met Matt. 27:58.
21 Hieruit is af te lei dat nie die Israeliete nie, maar slegs die Egiptenaars gebrek aan goeie water gehad het.

22 Of: sal vermoeid word, naamlik deur die moeite wat hulle sal doen om rondom die rivier te grawe om water te soek, soos in vers 24. Anders: dit sal vir die Egiptenaars lastig of moeilik wees.

23 Of: moerasse, staande waters.

24 Hebr. in houte en in klippe.

c Ex. 17:5.

d Ps. 78:44; 105:29.

25 Naamlik Aäron.
26 Hierdie plaag was soveel groter, omdat die Egiptenaars en almal wat in daardie land gewoon het, baie vis geëet en ’n bestaan daaruit gemaak het, sien Núm. 11:5; want die vleis van verskeie diersoorte het hulle uit bygeloof nie geëet nie, Ex. 8:26.

27 Hierdie plaag was ook baie groot, want die Egiptenaars, wat daagliks water gedrink het, het geen ander water gehad as dit wat hulle uit die groot rivier, die Nyl, en die systrome gehaal het nie, omdat dit daar nie reën nie, soos af te lei is uit Deut. 11:10, 11.

28 Dit is, daar was nie net in die rivier bloed nie, maar ook in al die ander waters van Egipte.

29 Sien vers 11. Die water wat hulle in bloed verander het, het hulle gekry deur rondom die Nyl te grawe, vers 24, of hulle het dit in Gosen gaan haal, of uit die huise van die Israeliete wat hier en daar onder die Egiptenaars gewoon het.
30 Dit is, hy het geen ag daarop geslaan nie, dit nie ernstig opgeneem nie. Sien dergelike manier van spreek in Ex. 9:21. 1 Sam. 4:20. 2 Sam. 18:3. Spr. 22:17.
31 Hebr. En die week van dae is vervul. So lank het hierdie plaag geduur.