Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 10

Afstammelinge van Jafet, Gam en Sem.

1

EN dit 1is die 2stamboom van die seuns van aNoag: Sem, Gam en Jafet — vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.

2

Die 3bseuns van Jafet was: 4Gomer en 5Magog en 6Madai en 7Jawan en 8Tubal en 9Meseg en 10Tiras.

3

En die seuns van Gomer was: 11Áskenas en 12Rifat en 13Togárma.

4

En die seuns van Jawan was: 14Elísa en 15Tarsis, die 16Kittiërs en 17Dodaniete —

5

uit hulle het verdeeld geraak die 18kuslande van die nasies, in hulle lande, 19elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.

6

En die seuns van c20Gam was: 21Kus en 22Misráim en 23Put en 24Kanaän.

7

En die seuns van Kus was: 25Seba en 26Háwila en 27Sabta en 28Raéma en 29Sábtega. En die seuns van Raéma: 30Skeba en 31Dedan.

8

dKus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om 32’n geweldenaar op aarde te wees.

9

Hy was ’n geweldige 33jagter 34voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ’n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.

10

En die 35begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land 36Sínear.

11

37Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: 38Ninevé en 39Réhobot-Ir en Kalag

12

en Resen, tussen Ninevé en Kalag — dit is 40die groot stad.

13

En Misráim was die vader van die 41Ludiete en 42Anamiete en 43Lehabiete en 44Naftuhiete

14

en die 45Patrusiete en 46Kasluhiete — 47waaruit die 48Filistyne 49voortgekom het — en 50Kaftoriete.

15

En Kanaän was die vader van 51Sidon, sy eersgeborene, en 52Het

16

53en die 54Jebusiete en 55Amoriete en 56Girgasiete

17

en die 57Hewiete en Arkiete en 58Siniete

18

en die 59Arwadiete en 60Semariete en 61Hamatiete. En daarna het die geslagte van die 62Kanaäniete hulle versprei.

19

En die 63gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by 64Gasa, in die rigting van 65Sodom en 66Gomorra en Adma en 67Sebóim tot by 68Lesa.

20

Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.

21

En ook vir Sem, die 69stamvader 70van al die seuns van Heber, die ouer broer van 71Jafet, is 72seuns gebore.

22

e73Die seuns van Sem was: 74Elam en 75Assur en f76Arpágsad en 77Lud en 78Aram.

23

En die seuns van Aram was: 79Us en 80Hul en 81Geter en 82Mas.

24

En g83Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.

25

En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, 84want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.

26

En 85Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag

27

en Hadóram en Usal en Dikla

28

en Obal en Abímael en 86Skeba

29

en 87Ofir en 88Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.

30

En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van 89die Ooste.

31

Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.

32

Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle 90afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.

a 1 Kron. 1:4. 1 Die doel van hierdie beskrywing is vernaamlik om aan te wys van watter vaders die Messías na die vlees afgestam het, en onder watter volk die gemeente van God in die tussentyd was. Daarna om die oorsprong van die volke en die verdeling van die lande wat hulle bewoon het, bekend te maak. Dit alles is ook heel nuttig vir die verklaring van baie Skrifgedeeltes, soos in die vervolg sal blyk.

2 Of: geboortes, geslagte. Sien Gén. 5:1; 6:9 se kanttekening.

b 1 Kron. 1:5. 3 Hulle het hul veral noord- en weswaarts van hul woonplekke uitgesprei; want hulle het hul eers gevestig in Klein-Asië, en het langsamerhand veral die noordelike lande en Europa gevul.

4 Sy nageslag het die noordelike gedeelte van Klein-Asië bewoon, daarom word hulle by die noordelike volke ingesluit, Eség. 38:6. En omdat hulle ook weswaarts uitgebrei het, word gereken dat hulle ook die stamvaders is van die volke in wie se lande die Gallo-Grieke naderhand gewoon het.

5 Die oorsprong van die Skitiërs. Sien oor hulle Eség. 38:2 se kanttekening; Eség. 39:6.

6 Van wie die Meders afkomstig is. Sien 2 Kon. 17:6. Jes. 13:17. Jer. 25:25. Daniël 5; 6; 8.

7 Die vader van die Grieke. Sien Jes. 66:19. Eség. 27:13, 19. Dan. 8:21. Joël 3:6.

8 Die mening is dat uit hom die Iberiërs, en uit hulle die Spanjaarde voortgekom het. Sien Eség. 27:13; 32:26; 38:2, 3.

9 Hebr. Mesjeg. Wie van hom afkomstig is, is onseker. Sommige meen die mense van Kappadosië; ander meen die van Misië; nog ander meen die Moski of Moskowiete. Sien Eség. 38:2, 3.

10 Van hom word nie weer in die Heilige Skrif gemeld nie. Die oorwegende mening is egter dat die Thrasiërs, bure van die Masedoniërs, uit hom voortgekom het.

11 Die vader van die inwoners van Pontus en Bithínië, streke geleë in Klein-Asië. Sommige meen dat die Duitsers van hom afkomstig is. Sien Jer. 51:27.

12 Anders: Difat, sien ook 1 Kron. 1:6 en die kanttekening. Hy was die stamvader van die Paflagoniërs, ’n volk van Klein-Asië, tevore Rifateërs of Rifeërs genoem.

13 Hy word vernaamlik gesien as die oorsprong van die volk in Klein-Armenië, of (volgens die mening van ander) die Hoogduitsers. Sien Eség. 27:14; 38:6.

14 Van wie die Eoliërs afstam, ’n volk in Griekeland. Vgl. Eség. 27:7.

15 Die hoofstad van Cilícië, die vaderland van Paulus, is na hom genoem, Hand. 22:3. Hierdie Tarsis was dus die oorsprong van die Cilíciërs. Sien Eség. 27:12. Jona 1:3.

16 Die inwoners van Masedonië, of van Italië, of van Ciprus, of van ’n deel van die land Cilícië. Daar is egter meningsverkille daaroor. Sien Núm. 24:24. Jes. 23:1. Jer. 2:10.

17 Anders: Rodaniete, 1 Kron. 1:7. Die mening is dat die Rodiërs en die Doriërs hulle afstammelinge is.

18 Of: eilande. Verstaan die kuslande en eilande weswaarts van Sirië tussen die Middellandse See en die Atlantiese Oseaan.

19 Die verdeling van tale het op hierdie tydstip nog nie plaasgevind nie (sien Génesis 11), maar Moses verhaal dit hier volgens die tyd waarin hy dit geskryf het. Sien dergelike voorbeeld in Gén. 12:8; 13:3, ens.

c 1 Kron. 1:8. 20 Sy nakomelinge het van Babel veral suidwaarts verdeel in ’n deel van Asië, en in Afrika, en vir ’n tyd in Palestina. Sien hieroor 1 Kron. 4:40. Ps. 105:27.

21 Van hom is die Arabiere en die Kusiete afkomstig. Sien Gén. 2:13 se kanttekening. Net so ook 2 Kon. 19:9. Job 28:19. Jer. 13:23; 46:9.

22 Die stamvader van die Egiptenaars. Die naam kom baie in die Heilige Skrif voor. En dit is ook die naam van die streek Egipte self en van die inwoners.

23 Die mening is dat hy ’n deel van Líbië (waar die rivier Put geleë is) bewoon het. Sien Jer. 46:9. Eség. 27:10; 38:5.

24 Die stamvader van die Kanaäniete, in die Skrif genoegsaam bekend. Sien Gén. 9:25; 10:18.

25 Van hom kom die Sabeërs, in Woes-Arabië (Arabia Deserta). Sien Ps. 72:10. Jes. 43:3.

26 Die vader van die inwoners van ’n land so genoem, Gén. 2:11.

27 Die mening van die geleerdes is dat sy nakomelinge die onderste deel van Ryk-Arabië (Arabia Felix) bewoon het.

28 Ook ’n stamvader van die inwoners van die voorgemelde Arabië. Sien Eség. 27:22.

29 Die mening is dat hy ook ’n stamvader van dieselfde nasie was.

30 Suidwaarts wonende in Kus, ook Ethiόpië genoem, sien Hand. 8:27, van waar gemeen word die koningin van Skeba gekom het. Sien 1 Kon. 10:1, 4. Eség. 27:22. Matt. 12:42. Ander verbind hom aan Ryk-Arabië (Arabia Felix).

31 ’n Mede-inwoner van Ryk-Arabië (Arabia Felix), of, volgens die mening van ander, van Kus. Sien Eség. 27:15; 38:13.

d 1 Kron. 1:10. 32 Of: ’n geweldige, sien ook Gén. 6:4.
33 Hebr. geweldig in jag, naamlik nie net van diere nie, maar ook van mense, met wie hy gehandel het soos jagters met die wild, wat hulle doodmaak of onderdruk volgens hulle begeerte. Sien hierdie manier van spreek in Jer. 16:16. Klaagl. 3:52.

34 Dit is, openlik en vermetel, sonder vrees vir God en skaamte vir die mense. Vgl. Gén. 6:11.

35 Nimrod word gesien as die stigter van die eerste monargie, en hy het eers hierdie vier stede gebou; soos Kain die eerste stad gebou het, voor die sondvloed.

36 Hebr. Sjin’ar, die land van Mesopotamië en Chaldea, vernoem na ’n gebergte wat daaraan grens. Sien oor hierdie Sínear ook Gén. 11:2; 14:1. Jos. 7:21.

37 Anders: Uit hierdie land het Assur uitgegaan.

38 Die hoofstad van Assirië, Jona 1:2.

39 Anders: Réhobot die stad, of die strate van die stad, naamlik van Ninevé.

40 Naamlik Ninevé. Sien Jona 3:3; 4:11.
41 Die volk van Lidië in Mauritanië. Sien hieroor Jes. 66:19.

42 Mense bring hulle in verband met die Cireneërs.

43 Hulle word in verband gebring met die Libiërs in Afrika.

44 Sommige meen dat hulle die Numidiërs is.

45 Wat in die omstreke van Patros in Egipte gewoon het. Sien hieroor Jes. 11:11.

46 Die inwoners van Kassiotis.

47 Asook uit die Kaftoriete. Sien Deut. 2:23. Jer. 47:4. Amos 9:7. Dit wil voorkom of enkele nakomelinge van hierdie twee saam uit hul woonplek na die land Palestina opgetrek en dit ingeneem het. Daarom word hulle Filistyne genoem.

48 Die inwoners van Palestina.

49 Anders: uitgekom.

50 Afkomstig van Kaftor; sien oor hulle Deut. 2:23.

51 Hebr. Tsidon. Bouer van die stad Tsidon of Sidon in Fenisië; sien oor hom Jos. 11:8; 19:28. Rig. 1:31, ens.

52 Die vader van die Hetiete; sien oor hulle Jos. 1:4; 9:1, ens.

53 Dit is nie net eiename van persone nie (Jebusi, Amori, ens.), maar ook van die volke wat uit hulle voortgekom het.

54 Sien oor hulle Jos. 15:8; 18:28. Rig. 1:21.

55 Sien oor die Amoriete Deut. 2:24.

56 Sien Matt. 8:28 (Gergeséners).

57 Sien Rig. 3:3.

58 Aan hulle word gedink in Jes. 49:12.

59 Sien Eség. 27:8, 11.

60 Sien Jos. 18:22. 2 Kron. 13:4.

61 Sien Amos 6:2, 14. Sag. 9:2. Sien oor sommige van hulle saam Gén. 15:19-21.

62 Verstaan hier die Kanaäniete in die algemeen vir al die nakomelinge of volke van Kanaän.

63 Die grense van die land Kanaän word hier afgebaken; dit was in die lengte aan die westekant, Sidon in die noorde en Gasa in die suide, aan die oostekant Lesa in die noorde en Sodom in die suide; so was die breedte in die noorde Sidon en Lesa, en in die suide Gasa en Sodom.

64 Hebr. Azza.

65 Hebr. Sedom. Sien oor hierdie stad en die volgende drie, Gén. 13:10; 14:2.

66 Hebr. Amora.

67 Hebr. Tsebóim.

68 Hebr. Lasja.

69 Dit is, nie net die oorsprong na die vlees, ten opsigte van die natuurlike geboorte nie, maar ook ’n voorganger na die gees, ten opsigte van die wedergeboorte.

70 Dit is, die Hebreërs (wat daarom ook Heber genoem word, Núm. 24:24), by wie die kerk van God met die ware leer en die ware godsdiens vir ’n lang tyd gebly het. Anders: kinders van die oortog van die Eufraatrivier, wat deur Abraham oorgesteek is, Jos. 24:3. Sien verder van Sem in Gén. 6:10.

71 Hy word in die besonder genoem, omdat hy ook deel gehad het in die seën wat God oor Sem uitgespreek het, waarvan Gam uitgesluit was, Gén. 9:25-27.

72 Hulle het veral hul woonplekke ooswaarts gekies in Groot-Asië, waarin Sírië, Assirië, Mesopotamië, Chaldea, ens. geleë is.

e 1 Kron. 1:17.

f Gén. 11:10.

73 Sien die voorgaande vers se kanttekening oor sy nageslag se woonplek.

74 Van hom is die Elamiete, dit is, die Perse, afkomstig. Sien oor hulle Gén. 14:1, 9. Jes. 21:2. Jer. 49:34, ens. Dan. 8:2. Hand. 2:9.

75 Die vader van die Assiriërs, ’n volk wat bekend genoeg is in die Heilige Skrif. Vgl. vers 11.

76 Die mening is dat die Chaldeërs uit hom voortgekom het, en Chasdim genoem word.

77 Uit hom het diegene van Lidië in Klein-Asië voortgekom.

78 Die oorsprong van die Siriërs. Sien oor ’n ander Aram Gén. 22:21. Die mening is dat die land Sírië en die Siriërs hul naam van beide ontvang het.

79 Hebr. Uts. Die mening is dat hy die stamvader is van die inwoners van die land Trachonítus. Ander meen dat hy die stamvader was van sommige wat in die omstreke van Idumea gewoon het. Sien oor Us Job 1:1. Klaagl. 4:21.

80 Die mening is dat hy die land van die Palmirene bewoon het, of Armenië.

81 Van hom was die Baktriërs, of diegene wat Apamea bewoon het, afkomstig.

82 Anders: Meseg, 1 Kron. 1:17, wat volgens die mening van sommige die boonste deel van Sírië bewoon het, tussen Cilícië en Mesopotamië teen ’n deel van die berg Amana, genaamd Masius. Ander plaas hulle in Misië.

g 1 Kron. 1:18. 83 Vgl. Gén. 11:13-15.
84 Dit is, omtrent die tyd van sy geboorte is die inwoners van die aarde van mekaar geskei deur verdeling van taal, wat in die volgende hfst. beskryf word.
85 Van sy nageslag kan ’n mens nie veel inligting in die Heilige Skrif of by ander skrywers vind nie.
86 Hy moet onderskei word van ’n ander Skeba, die seun van Raéma, die seun van Kus, die seun van Gam. Sien vers 7.
87 Sien 1 Kon. 9:28; 22:49. Ps. 45:10. Jes. 13:12.

88 Hy moet onderskei word van ’n ander Háwila, die seun van Kus, die seun van Gam, van wie gelees word in vers 7. Sommige meen dat die land van die Ismaeliete en Amalekiete na hom vernoem is, Gén. 25:18. 1 Sam. 15:7.

89 Dit is, Chaldea. Sien Núm. 23:7.
90 Sien Gén. 5:1 se kanttekening.