Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 13

Abram en Lot skei van mekaar.

1

SO het Abram dan uit Egipte na die 1Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.

2

En Abram was 2baie ryk aan vee, aan silwer en goud.

3

En hy het van 3plek tot plek uit die Suidland getrek tot by 4Bet-el, ana die plek waar sy tent 5in die begin gestaan het, tussen Bet-el en 6Ai,

4

na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar 7die bNaam van die HERE aangeroep.

5

En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.

6

cEn die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.

7

8En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. dOok het 9die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon.

8

Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; 10ons is mos broers.

9

11eLê die hele land nie 12voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.

10

Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele 13Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van 14Soar soos die 15tuin van die HERE, 16soos Egipteland.

11

En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan 17die een van die ander geskei.

12

Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.

13

fEn die manne van Sodom was sleg en groot 18sondaars voor die HERE.

14

19En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en 20weste;

15

gwant 21die hele land wat jy sien, 22sal Ek 23aan jou gee en aan jou nageslag 24tot in ewigheid.

16

hEn Ek sal jou 25nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.

17

Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.

18

Toe het Abram 26al verder tente opgeslaan en gaan woon iby die 27terpentynbome van 28Mamre wat 29by Hebron is; en hy het daar vir die HERE ’n altaar gebou.

1 Dit is, na die suidelike gedeelte van Kanaän.
2 Hebr. baie swaar. So het Abram die waarheid van die goddelike belofte beleef. Hy het bedoel om slegs die honger te ontkom, maar hy het bowendien rykdomme ontvang.
a Gén. 12:8. 3 Dit is, die weë en plekke gevolg waardeur hy tevore na Egipte gereis het, sien Gén. 12:9, of: hy het op so ’n manier gereis dat die vervoer van sy goedere en die trek van sy diere dit kon volhou.

4 Sien Gén. 12:8 se kanttekening.

5 Sien Gén. 12:6, 8.

6 Sien Gén. 12:8 se kanttekening.

b Gén. 4:26; 12:8. 7 Vgl. Gén. 4:26.
c Gén. 36:7.
d Gén. 12:6. 8 Sien hfst. 21 en 26, waar van soortgelyke twis gespreek word.

9 Aangesien die ou inwoners nie veel plek in ’n gedeelte van die land vir vreemdes oorgelaat het nie, kon Abram en Lot, wat baie vermoënd in vee was en sonder twyfel deur die inwoners daaroor beny was, nie saam op een plek hul behoefte aan weiding vind nie. Hieruit het nie net twis onder die herders van Abram en Lot ontstaan nie, maar kon daar ook swarigheid van die Kanaäniete oor hulle kom. Sien Gén. 21:25; 26:15, 20, 21.

10 Hebr. ons is manne broeders. Dit is, nie net na die vlees, omdat ek jou oom en jy my neef is nie, maar ook na die gees, omdat ons een God dien, en met ons twis die inwoners aanstoot gee en ons godsdiens skande sou aandoen.
e Gén. 20:15; 34:10. 11 So ’n manier van vraagstelling beklemtoon groot sekerheid. So ook in Gén. 20:5. Ex. 14:12. Rig. 4:6.

12 Hebr. voor jou aangesig, dit is, om deur jou gebruik te mag word. Sien soortgelyke manier van spreek in Gén. 20:15; 34:10, 21; 47:6.

13 Jordaan is die naam van ’n rivier, wat die land Kanaän bevogtig, en spruit uit twee fonteine in die gebergte van Líbanon, wat Jor en Dan genoem word.

14 Hebr. Tsohar, ’n stad geleë naby Sodom en Gomorra, wat hierdie naam gekry het toe Lot daarin gevlug het, Gén. 19:23. Tevore was dit Bela genoem, Gén. 14:2.

15 Hiermee word die tuin van Eden verstaan, wat God geplant het, of die tuin van die HERE, dit is, ’n uitermate pragtige tuin. Sien soortgelyke maniere van spreek: die leër van God, 1 Kron. 12:22; God se berge, Ps. 36:7; die seders van God, Ps. 80:11; bomenslike worstelinge, Gén. 30:8 en die kanttekening. Dit is, uitermate groot. In dié konteks dui die woord God uitnemendheid aan.

16 Sien Eségiël 31, waar ’n vergelyking gemaak word tussen die vrugbaarheid van Egipte en Assirië.

17 Hebr. die man van sy broeder.
f Gén. 18:20. Eség. 16:49. 18 Vgl. Gén. 6:11; 10:9. Hebr. sondaars voor die HERE baie. Nieteenstaande die groot boosheid van die Sodomiete en omliggende volke, het Lot hierdie streek verkies, vanweë die skoonheid daarvan. Anders: sondaars teen die HERE.
19 God troos Abram oor die vertrek van sy neef en sy keuse van die pragtige streek.

20 Hebr. na die see, Gén. 12:8.

g Gén. 12:7; 15:7, 18; 17:8; 26:4. Deut. 34:4. Hand. 7:5. 21 Nie dat hy toe die hele land gesien het nie, maar dat die hele land wel aan hom beloof was.

22 Wel tot ’n aardse woonplek vir jou vleeslike nageslag, maar ook tot ’n teken van die hemelse vaderland vir jou geestelike nageslag. Vgl. Hebr. 11:9, 10, 14-16.

23 Naamlik, Ek sal jou die reg tot die aardse Kanaän gee, en jou nageslag na die vlees op die regte tyd daadwerklik in besit daarvan stel. Net so sal Ek jou en jou nageslag na die gees hier die reg tot die hemelse Kanaän gee, en hierna ewig in besit daarvan stel, alles uit genade.

24 Dit is, ’n lang tyd, naamlik totdat die Messías, die saad van die seën, wat uit jou vlees gebore sal word, die werk van verlossing op aarde volbring het. Die Hebreeuse woord word onder ander betekenisse dikwels verstaan as die hele tyd van die wet. Sien Gén. 17:13; 48:4. Ps. 132:14. Of: in letterlike betekenis, in ewigheid ten opsigte van die geestelike Kanaän en die geestelike nageslag.

h Gén. 15:5; 17:4. Deut. 10:22. Jer. 33:22. Rom. 4:17, 18. Hebr. 11:12. 25 Abram se nageslag en die stof van die aarde word vergelyk met mekaar, nie ten opsigte van dieselfde aantal nie, maar van ’n groot menigte wat by die mense ontelbaar is; sien dergelike manier van spreek in Gén. 15:5; 22:17; 32:12.
i Gén. 14:13. 26 Dit is, tydens sy reise en trekke het hy hier en daar sy tente opgeslaan.

27 Anders: in die vlaktes.

28 Hierdie Mamre was ’n Amoriet, wat by Hebron gewoon het. Sien Gén. 14:13, 24. En hy moet onderskei word van More, Gén. 12:6.

29 Die woorde wat by Hebron is kan sowel die terpentynbome as Mamre self aandui. Hebron was in die tyd Kirjat-Arba, of die stad van Arba genoem, maar naderhand Hebron. Sien Gén. 23:2; 35:27. Núm. 13:22. Jos. 14:15. 2 Sam. 5:5.