Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 14

Abram verlos Lot. Melgisédek.

1

EN in die dae van Ámrafel, 1die koning van 2Sínear, Áriog, die koning van 3Ellásar, Kedor-Laómer, die koning van 4Elam, en Tídeal, die koning 5van die nasies,

2

6het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van 7Sodom, en teen Birsa, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, 8dit is Soar.

3

Hulle het almal hulle leërs verenig 9in die laagte Siddim, dit is 10die Soutsee.

4

Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al 11gedien, maar 12in die dertiende jaar het hulle opstandig geword.

5

Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan 13die aRefaïete 14in Ásterot-Karnaim en die Susiete in Ham en 15die bEmiete in die 16vlakte van Kirjatáim

6

en 17die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by 18El-Paran wat aan die woestyn lê.

7

Daarop het hulle omgedraai en by 19En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die 20Amalekiete verower en ook die 21Amoriete wat in 22Háseson-Tamar woon.

8

Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,

9

teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Ámrafel, die koning van Sínear, en Áriog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf.

10

Maar die laagte Siddim was 23vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle 24daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug.

11

En hulle het al die 25goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.

12

Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek — want 26hy was in Sodom woonagtig.

13

Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die 27cterpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was 28bondgenote van Abram.

14

Toe Abram hoor dat sy 29broer as gevangene weggevoer is, het hy sy 30geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agtien, en hulle tot by 31Dan agtervolg —

15

hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, 32hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van 33Damaskus lê.

16

En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.

17

Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte 34Sawe, dit is 35die Koningslaagte.

18

dEn 36Melgisédek, die koning van 37Salem, wat ’n priester van God, die Allerhoogste, was, het 38brood en wyn gebring

19

en hom 39geseën en gesê: 40Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.

20

En 41geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe 42gee hy hom die tiende van alles.

21

En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die 43mense, maar neem die goed vir uself.

22

Toe antwoord Abram die koning van Sodom: 44Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,

23

45dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.

24

46Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, 47laat dié hulle deel neem.

1 Verstaan hier nie sulke magtige of groot konings en monarge soos ander naderhand wel geword het nie, maar sulke regeerders wat oor enkele lande of plekke en menigte van mense regeer het; dit blyk daaruit dat die vyf stede, Sodom, Gomorra, ens., elk ’n koning gehad het, vers 2.

2 Sien Gén. 10:10 se kanttekening.

3 Dit is, Opper-Susiana in Assirië. Vgl. Gén. 2:11 se kanttekening by die naam Háwila.

4 ’n Gebied in Persië, genaamd Elamais, van Elam, die seun van Sem, Gén. 10:22.

5 Dit wil voorkom of die onderdane en krygsmanne van hierdie koning uit verskeie nasies bestaan het. Sommige meen dat die Hebreeuse woord gojim hier die naam is van ’n sekere plek of gebied.

6 Dit is die eerste oorlog wat in die Heilige Skrif duidelik vermeld word. Daar word ook niks gevind in enige geskiedenisboek van die wêreld van enige oorlog wat so oud is soos hierdie een nie.

7 Die vyf stede wat hier met oorlog gestraf word, is (behalwe Soar) nie lank daarna nie, vanweë hulle ondraaglike goddeloosheid, met vuur en swawel uit die hemel verteer.

8 Sien Gén. 13:10 en die kanttekening.

9 Anders: na of tot. Dit was die laagte waarin die voorgemelde stede geleë was.

10 Dit is ná die ondergang van hierdie stede so genoem, omdat die gebied (waarin baie sout of brak lymgrond was, vers 10) ’n groot stinkende poel geword het, anders genoem: Lacus Asphaltites, dit is, die Pik- of Lymsee, asook die Dooie See, omdat geen dier daarin kon bly lewe nie.

11 Hulle was skynbaar deur ’n vorige stryd so deur hom onderwerp dat hulle aan hom belasting moes betaal.

12 Hebr. dertien jare, dit is, die dertiende jaar, en so ook in die volgende vers veertien vir die veertiende.

a Gén. 15:20.

b Deut. 2:10, 11.

13 ’n Volk afkomstig van Kanaän. Sien Gén. 15:20. Anders: reuse, die mening is dat hulle so genoem is omrede hul gesonde krag en sterkte.

14 ’n Stad oorkant die Jordaan, ook slegs Ástarot genoem, Deut. 1:4. Jos. 9:10; 13:31. Die bynaam is Karnaim, moontlik as gevolg van die stad se ligging.

15 ’n Sekere volk wat soos gemeen word reuse was, Deut. 2:10, 11.

16 Hebr. SaweKirjatáim. ’n Stad van die Rubeniete, later in Gílead opgebou, wat eers, soos dit wil voorkom, Sawe genoem is. Sien vers 17. Núm. 32:37. Jos. 13:19.

17 Hebr. Goriet, ’n volk wat in Seïr gewoon het, soos ook Esau, Gén. 32:3, totdat die Edomiete, of Esau se nageslag, hulle daarvandaan verdryf het, Gén. 36:20. Deut. 2:12, 22.

18 Dit is die naam van ’n stad, ’n gebergte en die omliggende land. Sien Núm. 13:3. Deut. 33:2. 1 Sam. 25:1. Háb. 3:3. Hiervan het die woestyn Paran sy naam gekry, Gén. 21:21. Núm. 10:12.

19 In die tyd van Moses Kades genoem, geleë in die woestyn Sin, sien Núm. 20:1, 14, 16, 22, wat onderskei word, volgens die mening van sommige, van Kades-Barnéa, waarvan ons lees in Núm. 32:8. Deut. 1:19.

20 ’n Volk wat afstam van Esau, wat hierdie land daarna bewoon het. Sien Gén. 36:12.

21 Een van die volke wat afstam van Kanaän. Sien Gén. 10:15, 16.

22 Hebr. Gatsatson, daarna Éngedi genoem. Sien Jos. 15:62. 1 Sam. 24:1. 2 Kron. 20:2.

23 Hebr. gate gate. So word ’n woord by die Hebreërs twee maal gestel om die veelheid van iets uit te druk, 2 Kon. 3:16 en die kanttekening. Jer. 2:13.

24 Of: daar geval. ’n Manier van spreek van hulle wat omkom in die slag of andersins. Sien Jos. 8:24, 25. Rig. 8:10; 12:6. 1 Kron. 21:14. Die wat geval het word hier gestel teenoor die wat oorgebly het.

25 Sien Gén. 12:5 en hierna, verse 12, 16, 21.
26 Naamlik Lot. Sien Gén. 13:12.
c Gén. 13:18. 27 Sien Gén. 13:18 se kanttekeninge.

28 Hebr. here van die verbond. Die woord baäl (eienaar) beteken in die algemeen diegene wat iets besit, of ook gebruik, of geneë is tot iets, ens., soos in Gén. 37:19 heer van drome, wat baie drome het; Gén. 49:23 here van pyle, wat baie pyle gebruik; 2 Kon. 1:8 heer van die hare, wat met baie hare gekleed is; Spr. 29:22 heer van driftigheid, wat tot gramskap geneë is. Here van die verbond is hier diegene wat ’n verbond het met mekaar.

29 Dit is, sy neef, sy broer Haran se seun. Sien Gén. 11:27.

30 Of: leerlinge. Die Hebreeuse woord beteken iemand wat van jongs af in iets onderrig is, hetsy in religie, krygsake, of andersins. Anders: die wat in sy huis ingewy is.

31 ’n Stadjie aan die voet van die Líbanongebergte en die noordgrens van die land Palestina, tevore Lesem genoem, Jos. 19:47, of Lais, Rig. 18:27.

32 Asook die volk van Aner, Eskol en Mamre, wat as bondgenote saam met hom uitgetrek het. Sien vers 24.

33 Dit is die baie beroemde hoofstad in Sírië. Sien Jes. 7:8; 17:1. Jer. 49:24, 25. Hand. 9:2.

34 Sien vers 5.

35 So genoem vanweë hierdie geskiedenis. Sien ook oor hierdie laagte 2 Sam. 18:18.

d Hebr. 7:1-3. 36 Hebr. Melgitsedek, wat ’n voorbeeld was van Christus. Sien Ps. 110:4. Hebr. 7:1.

37 Hebr. Sjalem, daarna Jerusalem genoem.

38 Om Abram te vereer en sy vermoeide leër te verkwik, en nie om daarmee aan God te offer nie. Want die Hebreeuse woord wat hier staan, word nêrens in die Heilige Skrif vir offer gebruik nie.

39 As ’n priester van die Allerhoogste. Sien Hebr. 7:7.

40 Dit is, deur die Here begenadig, en met allerlei weldade na siel en liggaam begiftig.

41 Dit is, geloofd en gedank; soos in Gén. 9:26; 24:27.

42 Abram het aan Melgisédek die tiende van die buit van die oorwonne konings gegee, en niks van dit wat aan die koning van Sodom behoort het nie. Sien Hebr. 7:4, ens., en vgl. dit met vers 23 en 24 hierna.

43 Hebr. die siel, dit is, die persone. Sien Gén. 12:5 en die kanttekening.
44 Dit is, ek sweer met opgehewe hand. Sien hierdie manier van eedswering ook in Ex. 6:7. Núm. 14:30. Deut. 32:40. Eség. 20:5, 6. Openb. 10:5, 6.
45 Hebr. as ek ’n draad en skoenriem, ja, iets sal neem, ens. Dit is ’n onvoltooide sin, by die Hebreërs baie gebruiklik, waardeur hulle die straf wat hulle verdien as hulle verkeerdelik sou sweer, gewoonlik verswyg. Hulle toon daarmee dat hulle hoegenaamd geen straf uitsonder nie, maar dit aan die regverdige oordeel van God oorlaat. Verstaan dan hierop wee my of God doen aan my dit of dat, ens. Sien Gén. 26:29.
46 Of: Laat dit sonder my wees, omdat ek niks wat aan u behoort sal neem nie. Ander vertaal dit: behalwe slegs wat, ens. Sien dergelike manier van spreek in Gén. 41:16 en die kanttekening.

47 Dit is, laat nie net vir die jongelinge toe wat hulle van die roof van die vyande verteer het nie, maar ook vir die drie manne wat hulle van die roof nog as hulle deel sou mag eis.