Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 16

Hagar en Ismael.

1

MAAR Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het ’n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.

2

En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my 1nie toegelaat om moeder te word nie. 2Gaan tog in by my slavin; 3miskien sal ek uit haar 4gebou word. En 5Abram het na Sarai geluister.

3

Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin — 6nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het — en 7gee haar aan haar man Abram 8om sy vrou te wees.

4

En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres 9veragtelik in haar oë geword.

5

En Sarai sê vir Abram: 10Die onreg my aangedoen, is 11op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die 12HERE oordeel tussen my en jou.

6

En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin 13in jou hand — doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar 14sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.

7

En 15die Engel van die HERE het haar by ’n fontein in die woestyn 16gevind, by die fontein op pad na 17Sur,

8

en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.

9

Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.

10

Verder sê die Engel van die HERE vir haar: 18Ek sal jou nageslag 19grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.

11

Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal ’n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.

12

En hý sal ’n 20wilde-esel van ’n mens wees: 21sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! 22En ahy sal teenoor al sy broers woon.

13

Toe noem sy die 23Naam van die HERE wat met haar gespreek het: 24U is ’n God wat sien. Want sy het gesê: 25Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?

14

Daarom noem hulle die put: bPut van 26Lagai-Roï. Dit lê daar tussen 27Kades en Bered.

15

cEn Hagar het vir Abram ’n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, 28Ismael genoem.

16

En Abram was 29ses-en-tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.

1 Hebr. toegesluit. Dit is, onvrugbaar gemaak. Vgl. Gén. 20:18 se kanttekening.

2 Sien Gén. 6:4. So ook hier in vers 4. Sarai is wanhopig oor haar eie onvrugbaarheid, maar verlang nogtans hartlik na die beloofde nageslag. Sy gaan so ver dat sy van haarself vergeet, en sonder om God te vra, haar man adviseer om op hierdie manier die vervulling van God se belofte te probeer bewerkstellig. Die ingaan by ’n slavin was algemeen in daardie tyd, maar in stryd met die eerste instelling van die huwelik.

3 Sarai het dit gedoen om te kyk of Abram uit Hagar ’n seun mog bekom, wat sy dan as haar eie sou beskou, omdat die kind uit haar slavin in haar huis vir haar gebore is. Sien Gén. 30:3. Ex. 21:4.

4 Hierdie manier van spreek om te bou of die huis te bou vind ’n mens ook in Gén. 30:3. Deut. 25:9. Rut 4:11. Dit beteken om die geslag te onderhou en uit te brei.

5 Abram laat hom deur Sarai oorreed, nie deur onkuise wellus nie, maar deur die redes wat sy geopper het, en wat hom ook ter harte gegaan het. Dit alles sonder om God te vra, oor wie se belofte dit gaan. Hy laat hom veral oorreed omdat dit nog vir hom verborge was of die beloofde nageslag vir hom uit Sarai of uit iemand anders gebore sou word.

6 Naamlik, nadat hy uit Haran vertrek en in die land Kanaän gekom het.

7 Sy misbruik die mag wat sy andersins gehad het oor haar slavin en oor die liggaam van haar man, 1 Kor. 7:4.

8 Verstaan ’n vrou, van minder waardigheid as die eerste, aangesien Hagar ’n slavin en onder die gesag van haar meesteres Sarai gebly het, verse 4, 8, 9. Sien verder oor soortgelyke byvroue, Gén. 25:6; 30:3, 9. Sien oor die geestelike betekenis van hierdie huwelik, Gal. 4:22, ens.

9 Hebr. lig, dit is, klein geag.
10 Hebr. My onreg. Dit het Sarai gespreek uit gebrek aan berusting.

11 Of: om jou, as gevolg van jou, dit moet jou toegereken word, omdat jy wel bemerk dat Hagar my verag, en jy haar nie daaroor bestraf nie.

12 Uit swakheid vertrou sy die oordeel aan God toe, sodat Hy diegene straf wat verkeerd is, indien Abram nie self sou straf nie. Vgl. 1 Sam. 24:13, 16.

13 Dit is, in jou mag, onder jou bevel of gesag. So ook in Jos. 9:25. 1 Sam. 14:48. Vgl. Gén. 24:10; 39:4, 6, 8. Núm. 31:49. 2 Kon. 8:20. (Waar in die Hebreeus ook in of uit iemand se hand staan.) Abram wil sê: Alhoewel ek haar as tweede vrou geneem het, het ek haar nogtans nie aan jou gesag onttrek nie; daarom, as sy verkeerd doen, gebruik jou reg, soos oor een wat nog onder jou is.

14 Hebr. verneder.

15 Dit is, die Hoof van die engele, die Here Christus, wat daarom ook die HERE genoem word, vers 13 en Gén. 18:26, 33. Rig. 6:14; 13:19, 22.

16 Hierdie woordjie druk die wakende oog van die HERE uit oor die dwalende en bedroefde Hagar.

17 Hebr. Sjur. Van waar ’n mens na Egipte gegaan het, vanwaar Hagar afkomstig was. Sien Gén. 25:18. Ex. 15:22. 1 Sam. 15:7.

18 Hier word die Engel ’n goddelike werk toegeskryf, waaruit dit blyk dat Hy nie ’n skepsel is nie, maar die Skepper self.

19 Hebr. vermeerderende vermeerder. Hierdie liggaamlike seën is te onderskei van die geestelike, wat gebly het by die nageslag van die belofte.

a Gén. 25:18. 20 Dit is, ’n wilde woeste mens, soos ’n wilde-esel; daaronder word verstaan dat hy ’n onverskrokke en vreesaanjaende krygsman sou wees. Sien Gén. 21:20.

21 Dit is, hy sal almal uittart tot geveg en oorlog, en hy sal daarom ook deur ander uitgetart word. Verstaan dit nie net van homself nie, maar ook van sy nageslag.

22 Die betekenis is dat hy die grenspale van sy woongebied wyd en syd sou uitsprei tot onder sy familie, wie hy nie sou vrees nie, maar openlik en onverskrokke sou benader. Sien Gén. 25:18.

23 Hier word die vermelde Engel uitdruklik JEHOVA, die HERE genoem. Vgl. vers 7.

24 Dit is, wat alle dinge sien, en my ook in hierdie swaar ellende goedgunstig aangesien het, deur my op die regte weg te help en te vertroos.

25 Dit is, is dit nie ’n wonder dat ek nog hier die lig mag aanskou en mag lewe nie, nadat Hy aan my verskyn het, wat na my omgesien het in my ellendige staat? Sy het gemeen dat sy sou sterwe, omdat sy die HERE gesien het. Vgl. Gén. 32:30. Ex. 24:11. Rig. 13:22.

b Gén. 24:62; 25:11. 26 Dit is, die lewende wat my sien. Sy vernoem die put na haarself, omdat sy bly lewe het nadat sy die HERE gesien het, en ook na die HERE, omdat Hy haar gunstig aangesien het. Ander meen egter dat beide benaminge op God dui, wat leef en alles sien.

27 Sien Gén. 14:7 en die kanttekening.

c Gal. 4:22. 28 Abram was ongetwyfeld deur Hagar meegedeel dat God die naam van die kind so genoem het. Sien vers 11.
29 Hebr. ’n seun van tagtig jaar en ses jare. So ook in Gén. 17:1.