Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 19

Verwoesting van Sodom. Vertrek van Lot.

1

EN 1die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl 2Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe

2

en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis 3van u dienaar en bly die nag oor en awas u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal 4op die plein vernag.

3

Maar bhy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ’n maaltyd berei en 5ongesuurde koeke gebak, 6en hulle het geëet.

4

Hulle het nog nie 7gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: 8jonk en oud, die hele bevolking, 9almal saam.

5

En hulle 10het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, 11dat ons hulle kan beken.

6

Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe

7

en sê: My 12broers, moet tog nie kwaad doen nie.

8

Kyk tog, ek het twee dogters 13wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en 14doen met hulle soos dit 15goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want 16daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.

9

Toe antwoord hulle: 17Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om hier as vreemdeling te vertoef en 18wil tog gedurig die cbaas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, dop Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.

10

Maar 19die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis gebring en die deur toegesluit.

11

Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, klein en groot, 20met blindheid, 21sodat hulle tevergeefs na die ingang gesoek het.

12

Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? ’n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en 22almal wat jy het in die stad — bring hulle uit die plek uit;

13

want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat 23die geroep oor hulle 24groot is 25voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes.

14

Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat 26met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns 27soos een wat gekskeer.

15

En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters 28wat by jou is, dat jy 29weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie.

16

Maar hy 30het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat 31die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.

17

En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê 32Hy: 33Vlug vir jou 34lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!

18

Daarop antwoord Lot 35hulle: Ag nee, my Here!

19

Kyk tog, u kneg het 36genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug 37sonder dat die 38onheil my inhaal en ek sterwe nie.

20

Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en 39dit is klein. Laat my tog daarheen vlug — 40is dit nie klein nie? — dat ek kan lewe!

21

En Hy sê vir hom: Kyk, 41Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie.

22

Vlug gou daarheen, 42want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad 43Soar.

23

Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom.

24

En 44die HERE ehet swawel 45en vuur oor 46Sodom en Gomorra laat reën 47van die HERE uit die hemel,

25

en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei.

26

En fsy vrou het 48agter hom 49omgekyk, en sy het 50’n soutpilaar geword.

27

En Abraham is vroeg in die môre na die plek 51waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het.

28

Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van ’n smeltoond.

29

En onderwyl God die stede van die Jordaanstreek verwoes, het God aan Abraham 52gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het 53waar Lot woonagtig was.

30

En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy twee dogters gaan woon op die gebergte, 54want hy was bang om in Soar te bly; daarom het hy saam met sy twee dogters in ’n spelonk gaan woon.

31

En die oudste het aan die 55jongste gesê: Ons vader is oud, en daar is geen man 56in die land om, 57na die reël van die ganse aarde, 58by ons in te gaan nie.

32

Kom, laat ons aan ons vader 59wyn gee om te drink en 60met hom gemeenskap hou, sodat ons deur ons vader 61’n geslag in die lewe kan hou.

33

Hulle gee toe dié nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.

34

Die volgende dag sê die oudste aan die jongste: Kyk, ek het verlede nag met my vader gemeenskap gehad; laat ons hom vannag weer wyn gee om te drink; gaan dan in, hou met hom gemeenskap, dat ons deur ons vader ’n geslag in die lewe kan hou.

35

Hulle gee toe dié nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.

36

So het dan die twee dogters van Lot by hulle vader bevrug geword,

37

en die oudste het ’n seun gebaar en hom Moab genoem. Hy is die vader van die hedendaagse 62Moabiete.

38

En die jongste het ook ’n seun gebaar en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die vader van die hedendaagse 63Ammoniete.

1 Van wie in Gén. 18:22 gespreek word, waar hulle manne genoem word, soos hierna, vers 5, ens. Die Hebreeuse woord beteken gesante of boodskappers, soos ook die woord engele, wat uit die Griekse taal geneem is.

2 Vgl. Gén. 18:1, 2.

a Gén. 18:4. 3 Dit is, na my huis.

4 Wel te verstaan, tensy Lot hulle met sterk aandrang oortuig om by hom te oornag; soos gebeur het. Vgl. Luk. 24:28, 29.

b Hebr. 13:2. 5 Wat gou gereed kon wees, sodat hulle vinniger kon gaan rus. Vgl. Gén. 18:6.

6 Sien Gén. 18:2 se kanttekening.

7 Hebr. Voordat hulle gaan lê het, of gelê het, naamlik om te slaap. So ook in Gén. 28:13. Lev. 14:47; 26:6, ens.

8 ’n Gruwelike moedswilligheid waaraan hulle hul oorgegee het en waarin hulle almal saamgespan het, jonk en oud, van alle dele van die stad, en dít in die nag.

9 Verstaan van die een kant tot die ander kant van die stad.

10 Hulle het hul nie geskaam om hul eie sonde en skande in die openbaar uit te roep en by almal bekend te maak nie. God verwyt die Israeliete hierdie Sodomitiese roem in die kwaad, Jes. 3:9, waar Hy sê: en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek.

11 Watter gruwel hulle deur hierdie manier van spreek bedoel, kan ’n mens duidelik uit die antwoord van Lot aflei. Sien Lev. 18:22; 20:13. Rom. 1:26, 27. 1 Kor. 6:10. Jud. vers 7.

12 So het Lot die bose mense beleefd aangespreek, deur hulle broers te noem, ten opsigte van die algemene natuurlike broederskap. Vgl. Gén. 9:5; 29:4. Lev. 19:17.
13 Sien hierdie manier van spreek in Gén. 24:16. Núm. 31:18. Rig. 11:39. Vgl. Luk. 1:34 en die kanttekening.

14 Lot, wat ’n verskriklike sonde wou voorkom, laat deur menslike ontsteltenis en radeloosheid ’n ander sonde toe, teen sy vaderlike plig en die norm soos in Rom. 3:8.

15 Dit is, soos dit julle welgeval en behaag. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 20:15; 41:37. Núm. 24:1, ens.

16 Naamlik, om vry te wees van alle skade en geweld. Om onder iemand se skaduwee te kom is om jou onder sy beskutting en beskerming te begewe. Vgl. Rig. 9:15. Ps. 36:8. Jer. 48:45.

c Ex. 2:14. Hand. 7:27.

d 2 Petr. 2:7, 8.

17 Dit is ’n dreigement, indien hulle hom in die hande sou kon kry.

18 Hebr. wil hy regsprekende regspreek? of: hy wil regsprekende regspreek. Sien Gén. 2:16 se kanttekening. Vgl. 2 Petr. 2:8.

19 Die twee engele, Lot se gaste.
20 Naamlik nie net van die liggaam nie, maar ook van die gees. Hierdie wonderbare straf was nie sodanig dat hulle glad nie kon sien nie, maar was hoofsaaklik in die oordeel van die verstand, dat hulle nie kon onderskei wat hulle enigsins wel gesien het nie. Sien dergelike in 2 Kon. 6:18.

21 Anders: sodat hulle moeg geword het om die ingang te vind. In hulle soeke na die deur met groot moeite, sonder om dit te kon vind, het hulle so moeg geword dat hulle moes ophou en weggaan.

22 Anders: alles wat jy het, ens.
23 Anders: die geroep van hulle. Verstaan die geroep van die inwoners van Sodom.

24 Sien Gén. 4:10 se kanttekening; Gén. 18:20.

25 So aan Hom bekend geword het dat Hy na sy geregtigheid wraak daaroor wou oefen. Want die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei, Ps. 34:17.

26 Of: wat sy dogters sou neem. So ook in Gén. 6:2; 24:3; 28:6; 34:9. Deut. 7:3.

27 ’n Lewendige beeld van die sorgelose en vleeslike mense ten tyde van komende oordele. Sien Matt. 24:38. Luk. 17:28, 29. 1 Thess. 5:3.

28 Hebr. wat hier gevind word. Sommige lei hieruit af dat Lot meer dogters gehad het, wat by hulle manne in Sodom gebly en vergaan het.

29 Of: weens die straf van die ongeregtigheid. Sien Gén. 4:13 se kanttekening.

30 Aangesien hy sonder twyfel teëgehou is deur baie vleeslike gedagtes en bekommernisse.

31 Wat Lot erken, vers 19.

32 Naamlik die Here, wat by Abraham bly staan het, Gén. 18:22, en van hom weggegaan het, Gén. 18:33. Hoewel sommige meen dat dit een van die engele was, wat aan Lot verskyn het.

33 Of: Ontkom, so ook in dit wat volg.

34 Hebr. siel; so ook in Gén. 37:21. Deut. 22:26. Jos. 2:13. 1 Kon. 19:3. 2 Kon. 7:7. Matt. 2:20. Die betekenis is dat hy sy besittings moes vergeet, maar aan sy lewe moes dink.

35 Naamlik die engele, maar hy rig nogtans sy woorde in die volgende verse aan die Here, wat nou ook skynbaar by die twee engele teenwoordig was, soos in die voorgaande hfst. met Abraham gebeur het.
36 Sien Gén. 6:8 se kanttekening.

37 Lot is besorg dat die gebergte te ver gaan wees, en dat hy op pad daarheen deur die verwoesting oorval sou kon word.

38 Hebr. kwaad. Verstaan die onheil van die straf, soos hierdie woord dikwels gebruik word. Sien Deut. 31:17. 1 Kon. 9:9; 14:10. Jes. 45:7. Jer. 6:19. Amos 3:6.

39 Anders: dit is tog iets wat klein of gering is, en so in dit wat volg.

40 Anders: is dit nie ’n klein saak nie?

41 Dit is, Ek sal jou goedertieren wees, en hierdie bede uit genade vergun. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 32:20 en vgl. die kanttekening.
42 Omdat dit my goddelike besluit is om jou genadiglik te verskoon.

43 Dit is, klein, tevore Bela genoem, Gén. 14:2. Sien ook Gén. 13:10 se kanttekening.

e Deut. 29:23. Jes. 13:19. Jer. 20:16; 50:40. Klaagl. 4:6. Eség. 16:50. Hos. 11:8. Amos 4:11. Sef. 2:9. Luk. 17:29. 2 Petr. 2:6. Jud. vers 7. 44 Naamlik die Seun van God, wat een in wese, mag en heerlikheid is met die Vader, en hier en in die voorgaande hfst. dikwels JEHOVA of HERE genoem is; aan wie die Vader alle oordeel oorgegee het, Joh. 5:22.

45 Tevore het God ’n algemene oordeel deur water uitgevoer, hier gebruik Hy ’n skrikwekkende en besondere oordeel deur vuur, om daarmee die heillose, verhitte Sodomiete te verteer. ’n Voorbeeld van die ewige straf, Openb. 19:20. Dit het gebeur (na die berekening van sommige) in die jaar 2048 ná die skepping.

46 Voeg hier Adma en Sebóim by volgens Deut. 29:23. Hos. 11:8, want al vier hierdie stede is tegelyk verbrand.

47 Dit is, volgens die mening van vele voortreflike verklaarders, van die Vader, wat deur die Seun werk, Joh. 5:19.

f Luk. 17:32. 48 Dit is, agter Lot, wat die leidsman en voorganger was, wat hom gehaas het om op die plek te kom waar hy behoue sou wees.

49 In stryd met die gebod in vers 17, in hierdie oortreding was ongeloof en ongehoorsaamheid vermeng met gierigheid en ondankbaarheid.

50 Verstaan haar liggaam, wat verander is in ’n soutagtige materie, baie hard om lank te hou en staande te bly. Sien Luk. 17:32. Die Joodse geskiedskrywer Josephus vermeld in sy boek Oudhede dat hierdie soutpilaar nog tot sy tyd gestaan het. Hierdie streek is naderhand die Soutsee genoem. Sien Gén. 14:3 en die kanttekening.

51 Sien Gén. 18:22.
52 Deels aan Abraham se voorbede; sien Gén. 18:23, 24. Deels aan God se beloftes; sien Gén. 12:3.

53 Dit is, in een daarvan. Sien dergelike manier van spreek in Gén. 18:9; 19:12. Jona 1:5. Matt. 27:44.

54 Waar hy nogtans tevore gemeen het om daar veilig te wees, sien vers 20, maar nou vrees hy dat God hierdie stad ook sou verwoes, of dat hy daar onder enige geweld van die inwoners sou ly.
55 Hebr. kleine, en so ook in verse 34, 35, 38. Dit is, die jongste.

56 Hulle het goed geweet dat daar in Soar manne was, maar het gevrees dat hulle, soos die ander, ook sou vergaan.

57 Hebr. na die weg. Sien Gén. 18:11 se kanttekening.

58 Sien hierdie manier van spreek in Gén. 6:4; 16:2, 4. Net so ook in Deut. 25:5.

59 Wat hulle as voorraad saamgebring het op hul reis vanaf Sodom of Soar.

60 ’n Afskuwelike plan en val in Lot se huisgesin.

61 Dit is, ’n seun, of kind, so ook in vers 34. Sien Gén. 4:25 se kanttekening.

62 Hebr. Moab. ’n Volk wat in die Heilige Skrif genoegsaam bekend is. Hulle het aan die oostekant van die Jordaan en die Dooie See gewoon, tussen die Arnon- en Jabbokrivier.
63 ’n Volk wat in die Heilige Skrif ook genoegsaam bekend is. Hulle het ook aan die oostekant van Palestina gewoon, maar noord van die Moabiete.