Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 22

Die offerande op Moria.

1

1hierdie dinge het God Abraham 2op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: 3Hier is ek!

2

Toe sê Hy: 4Neem jou seun, ajou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na 5die land Moría en 6offer hom daar as 7brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.

3

Daarop het Abraham die môre 8vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het 9hout gekloof vir ’n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.

4

10Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.

5

En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die 11seun wil daarheen gaan om te 12aanbid en 13dan na julle terugkom.

6

14En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.

7

Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: 15My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ’n brandoffer?

8

En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ’n brandoffer 16voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.

9

Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak 17gebind en bhom op die altaar bo-op die hout gesit.

10

Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun 18te slag.

11

Maar die 19Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: 20Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

12

En Hy sê: 21Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want 22nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, 23van My nie teruggehou het nie.

13

En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens 24’n ram wat agter in die 25bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.

14

En 26Abraham het dié plek genoem: Die 27HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: 28Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.

15

Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af

16

en sê: cEk sweer 29dby Myself, spreek die HERE, 30omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,

17

31dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat 32aan die seestrand is; een jou nageslag sal 33die poort van sy vyande in besit neem.

18

En f34in jou nageslag sal 35al die nasies van die aarde 36geseën word, 37omdat jy na my stem geluister het.

19

En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam na 38Berséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly woon.

20

Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, 39Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:

21

40Us, sy eersgeborene, en 41Bus, sy broer, en Kémuel, die vader van 42Aram,

22

ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en Bétuel.

23

(En Bétuel was die vader van 43Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.

24

En sy 44byvrou met die naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en 45Máäga gebaar.

1 Nadat Abraham soveel beloftes ontvang het, ja, selfs van die geboorte van die Messías, waarvan nie een vervul kon word indien Isak sonder ’n nageslag sou sterwe nie, wou die Here Abraham op hierdie manier beproef, asof Hy al die voorgemelde beloftes wou vernietig.

2 God beproef diegene wat aan Hom behoort as Hy hul swakheid of deug toets, om hulle deur die openbaring daarvan te verneder of te verhoog. Sien Deut. 8:2; 13:3. Rig. 2:22. 2 Kron. 32:31. Ps. 139:23, 24. Wat Abraham betref, God het hom volkome geken, maar wou Abraham se sterk geloof en ongeveinsde gehoorsaamheid op ’n besondere wyse openbaar, tot God se eer, asook ten goede van Abraham en God se ganse kerk. Sien verse 16, 17.

3 Hebr. Kyk ek, naamlik is hier. ’n Manier van spreek wat eie is aan die wat, as hulle geroep word, bereid is om aan te hoor wat hulle voorgehou word. Sien verse 7, 11. Net so ook Gén. 27:1. 1 Sam. 3:4, 6, ens.

a Hebr. 11:17. 4 Elke woord moes deur die vaderhart gesny het. Dit, en wat in verse 6, 9, 10 beskryf word, kan enigsins vir ons die genadewerk van God afbeeld, wat sy eie geliefde Seun nie gespaar het nie, maar vir ons almal oorgegee het, om ons sondes te dra aan die kruishout, Rom. 8:32. 1 Petr. 2:24.

5 Volgens die algemene mening is die land so genoem ná die uitkoms van hierdie beproewing, sien vers 14 en die kanttekening. Dit is die land waarin Jerusalem geleë en die tempel op die berg Moría gebou is, 1 Kron. 22:1 en die kanttekening. 2 Kron. 3:1, aan die kant van die berg Sion, omtrent drie dagreise van Berseba af. Sien vers 4.

6 Dit is, maak hom eers dood met jou eie hand, en verbrand daarna die dooie liggaam tot as toe; soos ’n mens doen met die diere wat bestem is vir die brandoffer, Lev. 6:9, 10, ens. Hierdie bevel kan nie deur natuurlike vernuf nie, maar slegs deur die geloof ooreengebring word met God se belofte en Abraham se vaderlike plig en liefde vir sy eie seun. Van God se verborge raad en voorneme in hierdie bevel, sien vers 1 se kanttekening, en vers 12.

7 Sien Gén. 8:20 se kanttekening.

8 Abraham is dadelik gereed, terwyl hy sy vlees en bloed oorwin, en vas glo dat God, nieteenstaande dit alles, sy beloftes sou volbring, omdat Hy magtig is om Isak vir hom uit die dood terug te gee, wat om so te spreek ook gebeur het, soos die apostel getuig in Hebr. 11:19.

9 Hebr. houte van die brandoffer.

10 Hierdie groot afstand, en reis van omtrent drie dae, het gedien tot duideliker openbaring van Abraham se besondere standvastigheid.
11 Hebr. jongman. Hierdie woord word nie net op klein kinders toegepas nie, maar ook op volwassenes, soos Abraham se geoefende manne, Gén. 14:14, 24; net so ook die jongman Sigem wat Dina verkrag het, Gén. 34:19; Josef, toe hy Farao se droom uitgelê het, Gén. 41:12; Josua, toe hy Moses gedien het, Ex. 33:11; Absalom, toe hy teen sy vader oorlog gevoer het, 2 Sam. 18:29; en hier Isak en Abraham se dienaars. Vgl. die volgende vers.

12 Sien Gén. 24:26 en die kanttekening.

13 Hoewel dit Abraham se voorneme was om sy seun te offer, en die uitkoms van hierdie saak in die besonder vir hom onbekend was, het hy nogtans geglo dat God sy seun aan hom kon teruggee. En só het hy onwetend dit wat toekomstig was, vooruit aangekondig.

14 Hoewel dit onseker is hoe oud Isak in hierdie tyd was (sommige meen vyf-en-twintig jaar; ander minder, ander meer), nogtans is hieruit af te lei dat hy volwasse was, omdat hy die hout waarmee die esel gelaai was, die berg kon opdra. Sien vers 5 se kanttekening.
15 Die lieflike woorde van Isak sou Abraham wel baie kon hinder na die vlees; maar deur die Here se Gees verwek dit in hom nog meer vertroue in ’n goeie uitkoms, soos sy antwoord getuig.
16 Hebr. sien. Vgl. vers 14.
b Jak. 2:21. 17 Soos die diere wat geoffer gaan word aan hulle vier voete gebind word, so het Abraham sy seun Isak aan die hande en voete gebind (soos sommige meen), omdat die Hebreeuse woord wat vir offers gebruik word, dikwels dit beteken. Merk hier die besondere lydsaamheid en gehoorsaamheid van Isak op, wat sonder twyfel tevore deur sy vader daartoe oorreed was.
18 Anders: die keel af te sny.
19 Verstaan die Seun van God, soos blyk uit die einde van die twaalfde vers en die vervolg van hierdie geskiedenis. Vgl. Gén. 18:1, 17, 22; 19:19, 21, 24.

20 Die naam word twee maal uitgespreek, omdat die saak spoed vereis het, want Abraham was besig om die mes na Isak se keel te bring om te begin sny.

21 Deur hierdie bevel openbaar God nou sy verborge raad en voorneme in hierdie beproewing; wat Hy in die voorgaande bevel, vers 2, nie gedoen het nie.

22 Menslikerwys van God gespreek, soos in vers 1 en die kanttekening, want Abraham se godvrugtigheid was vir God tevore genoegsaam bekend, maar van Hom word gesê dat Hy nou kennis daarvan het, omdat Hy dit deur hierdie beproewing aan sy hele kerk ten volle bekendgemaak het. So word die Hebreeuse woord gebruik in Ps. 139:23: toets my en ken my gedagtes, want tevore het hy gesê, vers 2: U verstaan van ver my gedagte.

23 Hieruit blyk dat dit God self is, wat hier spreek.

24 Dit wil voorkom of die Engel vir Abraham van agter af geroep het, sodat hy, toe hy omdraai, dadelik die ram gesien het, en dadelik deur die ingewing van God verstaan het dat hy die ram in sy seun se plek moes slag.

25 Naamlik ’n soort struik of doringbos.

26 Terwyl hy sy vertroue, soos in vers 8, met hierdie uitkoms vergelyk.

27 Verstaan dat die berg Moría sy naam gekry het van die antwoord wat Abraham sy seun gegee het, vers 8, soos die woord Moría ook byna dieselfde beteken, dit is, die HERE sien.

28 ’n Spreekwoord, gebruik deur diegene wat, terwyl hulle in uiterste nood is en geen menslike uitkoms sien nie, hulle op God se troue voorsienigheid verlaat het.

c Luk. 1:73.

d Hebr. 6:13.

29 Want Hy het geen meerdere gehad om by te sweer nie, Hebr. 6:13. Sien ook Jer. 22:5. Elders sweer God by sy grote Naam, Jer. 44:26; ook by sy siel, Jer. 51:14 se kanttekening; en by sy heiligheid, Amos 4:2; dit is, by Homself. Oor die woordjie spreek, Hebr. neüm, sien Jer. 23:31 se kanttekening.

30 Verstaan hierdeur geen verdienende oorsaak van die belofte wat volg nie, wat ook tevore aan Abraham gemaak was, maar die vrug of die uiteinde van die gehoorsaamheid van Abraham, wat God uit genade met die vernuwing van sy belofte en met hierdie eed van Hom wou vereer en beloon, tot meerdere versterking van die geloof van Abraham en God se hele kerk. Sien hieroor Hebr. 6:13, 14, 17, 18.

e Gén. 24:60. 31 Hebr. seënende seën, en vermeerderende sal Ek vermeerder.

32 Hebr. aan die lip van die see. So ook in Gén. 41:3. Jos. 11:4. 1 Sam. 13:5.

33 Dit is, ryksgebied, mag, stede en lande, want in die ou tyd was die regspraak gehou in die poorte, Deut. 21:19; 22:15. Amos 5:12, 15. Sag. 8:16. Net so ook die sterkte van die stede. Sien Rig. 5:8. Ps. 147:13. Jes. 22:7. Eség. 21:22. Daarom is die poorte ook die stede self, Deut. 12:15; 18:6, ja, die stede van ’n hele land, Jer. 14:2. Dit is ten opsigte van die liggaamlike vervul in Josua, Dawid, ens., maar vernaamlik en geestelik in die Messías, Ps. 2:8, 9; 110:1-3. Kol. 2:15, wat sy kerk en diensknegte sy oorwinning deelagtig maak, 1 Kor. 15:57. 2 Kor. 2:14; 10:5, 6.

f Gén. 12:3; 18:18; 26:4. Hand. 3:25. Gal. 3:8. 34 Hebr. saad. Dit is, in Christus, wat uit jou nageslag na die vlees sal voortkom. Sien Gén. 12:3.

35 Nie net diegene wat uit jou vlees sal voortkom nie, maar ook alle ander volke wat in jou saad, die Messías, sal glo. Sien Gal. 3:29.

36 Sien Hand. 3:25. Gal. 3:8, 16.

37 Sien vers 16 se kanttekening.

38 Sien Gén. 21:31 se kanttekening.
39 Wat nie met Abraham uit Ur van die Chaldeërs getrek het na die land Kanaän nie, maar haar begewe het na Mesopotámië, om daar te woon. Sien Gén. 11:29, 31; 24:10.
40 Hierdie Us, die seun van Nahor, moet van twee ander met dieselfde naam onderskei word: die een was die seun van Aram, Sem se seun, Gén. 10:23; die ander die seun van Disan, die seun van Seïr, die Horiet, Gén. 36:28.

41 Sommige meen dat Elíhu, die Busiet, van hom afkomstig is, sien oor hom Job 32:2.

42 Sien oor ’n ander Aram Gén. 10:22. Die mening is dat die streek Sírië, na een of beide, Aram genoem is.

43 Hebr. Ribka, wat later met Isak getroud is, Génesis 24.
44 Verstaan so ’n vrou, waarmee ter wille van die verkryging van kinders getrou was, volgens die misbruik van daardie tyd. So ’n vrou was geneem sonder bruidskat en huwelikskontrak, terwyl sy onder die wettige en eerste vrou gestaan het; en haar kinders ook nie erfgename was nie, maar weggestuur is met geskenke of bemakings, Gén. 21:14; 25:6. Die Hebreeuse woord beteken ’n gedeelde of halwe vrou.

45 Dit wil voorkom of dit hier ’n man se naam is, asook in 1 Kon. 2:39 die naam van ’n sekere koning. Die moeder van koning Asa is ook so genoem, 1 Kon. 15:13.