Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 23

Dood van Sara en haar begrafnis.

1

EN die lewensdae van Sara was honderd-sewen-en-twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sara.

2

En Sara het gesterwe in 1Kirjat-Arba, dit is 2Hebron, in die land Kanaän; en Abraham 3het gekom om oor Sara 4te rouklaag en haar te beween.

3

Daarna het Abraham 5opgestaan, van sy dode af weg, en met die 6seuns van Het gespreek en gesê:

4

Ek is ’n vreemdeling en bywoner onder julle. aGee my ’n graf as besitting by julle, 7dat ek my dode van my af weg kan begrawe.

5

Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê aan hom:

6

Luister na ons, my heer! U is 8’n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die 9beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.

7

Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het;

8

en hy het met hulle gespreek en gesê: 10As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my ’n goeie woord by Efron, die seun van 11Sohar,

9

dat hy aan my gee die spelonk van 12Magpéla wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die 13volle som aan my gee, dat ek ’n graf onder julle mag besit.

10

En 14Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van 15sy stad 16ingegaan het:

11

Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode.

12

Daarop het Abraham hom voor die volk van die land neergebuig

13

en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: 17Ja, as dit u is, ag, luister na my! 18Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe.

14

En Efron het Abraham geantwoord en aan hom gesê:

15

My heer, luister na my. ’n Stuk land van vierhonderd 19sikkels silwer — wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.

16

Toe bluister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geld 20afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het — vierhonderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.

17

cSo het dan die stuk grond van Efron wat in Magpéla teenoor Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat daarin is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan rondom staan,

18

die eiendom van Abraham 21geword voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van 22sy stad ingegaan het.

19

Daarna het Abraham toe sy vrou Sara begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, 23oostelik van Mamre, dit is 24Hebron, in 25die land Kanaän.

20

So is dan die stuk grond en die spelonk wat daarin was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om dit as graf in eiendom te besit.

1 Anders: in die stad van Arba. Sommige meen dat hierdie naam afkomstig is van ’n reus, wat die bouer van hierdie stad was. Sien Jos. 14:15; 15:13.

2 ’n Stad wat later in die stam van Juda was, geleë by die terpentynbome van Mamre, waar Abraham vir ’n lang tyd gewoon het. Sien verder Gén. 13:18 se kanttekening.

3 Naamlik in die tent van sy vrou. Sien Gén. 18:6, 9.

4 Hierdie gebruik was van die vroegste tye by die vromes, om uiting aan hulle droefheid te gee, in die algemeen oor die ellende van alle mense, en in die besonder oor die tydelike dood van hul vriende of enige uitnemende persone. Sien hieroor Gén. 50:3. Deut. 34:8. 1 Sam. 25:1. 2 Sam. 3:32. Hand. 9:39, ens. Hierdie gebruik is deur die ongelowiges bygelowig nageboots. Sien Mark. 5:38, 39, ens.

5 As ’n gelowige patriarg beteuel hy sy droefheid en rou oor Sara, en wil hy haar nou ’n eerbare begrafnis in ’n vreemde land besorg.

6 Anders: kinders, so ook in verse 5, 7, 10, 11, 16, 18, 20. Dit is, tot die regeerders of vernaamste Hetiete, wat Kanaäniete was, afkomstig van Het, Gam se kleinkind. Sien Gén. 10:15.

a Hand. 7:5. 7 Die begrawe van dooie liggame was van die vroegste tye af by die mense gebruiklik, soos hier en uit die volgende vers blyk; omdat die natuur leer dat die een deel van die redelike mens (die liggaam) nie weggewerp behoort te word tot ontering en skending nie; en die religie ons vermaan om die liggaam te bewaar en weg te bêre vir die dag van die opstanding uit die dode. Sien Gén. 50:5, 6. Núm. 33:4. Deut. 21:23. Job 5:26.
  8 Dit is, met wie God is, soos in Gén. 21:22, of ’n prins van God, dit is, ’n voortreflike heer en vors. Sien Gén. 13:10 se kanttekening.

9 Dit is, in die keur van grafte. Vgl. Jer. 22:7.

10 Hebr. Is dit met julle siel, of: As dit is met julle siel. Die woord siel beteken dikwels die wil, behae, begeerte, soos in Deut. 21:14. 1 Kon. 19:3. 2 Kon. 9:15. Ps. 27:12; 41:3; 105:22.

11 Hebr. Tsogar, ’n Hetiet, en moet onderskei word van Sohar wat die seun van Símeon was, Gén. 46:10.

12 Die eienaam van hierdie stuk grond, soos blyk uit verse 17, 19.

13 Ten opsigte van die prys van die stuk grond en die gewig van die geld.

14 Hy was nie net ’n burger onder die Hetiete nie, maar een van die vernaamstes onder hulle, wat gesit het in die vergadering waarvoor Abraham verskyn het. So word die woord sit gebruik om die status en posisie van die openbare rade of regeerders van die volk aan te dui, soos in Ps. 119:23.

15 Dit is die stad waar hy gebore was, soos in Luk. 2:3, 4, of waar hy gewoon het, soos in Gén. 24:10. Matt. 9:1.

16 Dit is, wat burgers of inwoners van die stad was. So ook in vers 18. Vgl. Gén. 34:24.

17 Anders: Waarlik is dit u?, ens. Naamlik die man van wie ek spreek, Efron. Waarskynlik het Abraham hom by naam geken, maar nie van aangesig nie, en het hy nie geweet dat Efron daar gesit het nie.

18 Hebr. ek het gegee, dit is, ek is bereidwillig om te gee.

19 ’n Sikkel was ’n soort muntstuk, wat sy naam verkry het van om te weeg, en was van tweërlei aard: die algemene of burgerlike sikkel, en die heilige sikkel, wat dubbel soveel werd was. Hier word van die algemene sikkel gespreek. Sien ook Gén. 20:16 waar van dieselfde muntstuk gespreek word, hoewel daar in die Hebreeus die woord sikkel ontbreek.
b Gén. 50:13. 20 Vroeër het hulle vir mekaar geld afgeweeg tydens koop en verkoop, soos hulle dit vandag vir mekaar aftel.
c Hand. 7:16.
21 Hebr. gestaan of opgestaan, dit is, het Abraham s’n geword en gebly. So ook in vers 20, met die woord afgestaan.

22 Sien vers 10 se kanttekening.

23 Hebr. teen die aangesig van Mamre. Dit is, teenoor Mamre. Sien ook vers 17.

24 Sien vers 2 se kanttekening.

25 Wat wel deur God aan Abraham en sy nageslag gegee is, om op die regte tyd erflik in besit te neem; maar, omdat hy hier voorlopig nog ’n vreemdeling was, het hy (soos ook ander gelowige voorvaders) begeer om daarin begrawe te word, as ’n teken dat hulle die belofte van God geglo het, naamlik dat hulle hierdie land sou besit, wat vir hulle ’n pand was van die hemelse Kanaän.