Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 24

Rebekka word gevra as vrou vir Isak.

1

EN Abraham was 1oud en 2ver op sy dae, en die HERE het Abraham in alles 3geseën.

2

Toe sê Abraham aan sy dienaar, 4die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: 5aLê tog jou hand onder my heup,

3

dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, bdat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters 6van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;

4

maar dat jy na 7my land en 8my familie sal gaan om vir my seun Isak ’n vrou te neem.

5

9Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die 10vrou my nie wil 11volg na hierdie land nie. Moet ek u seun dan maar 12terugbring in die land waaruit u weggetrek het?

6

En Abraham antwoord hom: 13Neem jou tog in ag dat jy my seun nie weer daarheen bring nie.

7

cDie HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: dAan jou nageslag sal Ek hierdie land gee — Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar ’n vrou gaan haal.

8

Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy 14ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring nie.

9

Toe lê die dienaar sy hand onder die heup van Abraham, sy heer, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak.

10

En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met 15allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na 16Mesopotámië, na die 17stad van Nahor, getrek.

11

En hy het die kamele 18laat neerkniel buitekant die stad by ’n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,

12

en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek 19haar tog vandag 20ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer.

13

Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep.

14

21Laat dít nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink — dan is sy dit wat U 22bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het.

15

Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit ewat vir Bétuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer.

16

En die dogter was baie 23mooi van aansien, ’n jongmeisie, en 24geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom.

17

Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink.

18

En sy antwoord: Drink, my heer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink.

19

Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het.

20

Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep.

21

En die man het haar 25stilswyend 26betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie.

22

En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man ’n goue 27ring, ’n 28halfsikkel in gewig, en twee armbande 29vir haar hande, tien sikkels goud in gewig.

23

30En hy sê: Wie se dogter is jy? Vertel my tog. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te vernag?

24

Toe antwoord sy hom: fEk is die dogter van Bétuel, 31die seun van Milka wat sy vir Nahor gebaar het.

25

Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag.

26

Toe 32buig die man hom neer en 33aanbid die HERE

27

met die woorde: 34Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy 35trou 36aan my heer nie onttrek het nie. 37Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die 38broers van my heer.

28

Daarna het die dogter geloop en in die huis van haar moeder vertel wat daar gebeur het.

29

En Rebekka het ’n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein.

30

Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek — het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein,

31

en gesê: Kom in, 39geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis 40reggemaak het en ook plek vir die kamele?

32

En die man het in die huis ingekom — die kamele is afgesaal en vir die kamele is strooi en voer gegee, en water 41om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was.

33

Daarop het hulle ete 42voor hom neergesit; maar hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En 43hy antwoord: Spreek maar.

34

Toe sê hy: Ek is die 44dienaar van Abraham.

35

En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy 45groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.

36

En Sara, die vrou van my heer, het vir my heer ’n seun gebaar 46nadat sy al oud was; en 47hy het aan hom alles oorgegee wat hy besit.

37

En my heer het my laat sweer en gesê: 48Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie;

38

49maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my geslag en vir my seun ’n vrou gaan haal.

39

Toe het ek aan my heer gesê: Miskien sal die vrou my nie volg nie.

40

Maar hy het my geantwoord: Die HERE voor wie se aangesig 50ek gewandel het, sal sy engel met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun ’n vrou uit my geslag en uit die huis van my vader kan gaan haal.

41

Dan sal jy ontslae wees van die 51eed aan my: as jy by my geslag kom en hulle haar aan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae van die eed aan my.

42

Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, as U dan my weg waar ek op gaan, voorspoedig wil maak —

43

ek staan hier by die fontein — laat dít nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink —

44

en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep — sý is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.

45

Ek het nog nie klaar in my hart gespreek nie of daar het Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink!

46

En sy het dadelik haar kruik van haar laat afsak en gesê: Drink, en ek sal u kamele ook laat drink. En ek het gedrink, en sy het ook die kamele laat drink.

47

Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En sy antwoord: Die dogter van Bétuel, die seun van Nahor wat Milka vir hom gebaar het. Daarop het ek die ring 52aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande,

48

en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my 53op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se 54broer vir sy seun te gaan haal.

49

As julle dan nou guns en 55trou aan my heer 56wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, 57dat ek regs of links kan 58gaan.

50

Toe antwoord 59Laban en Bétuel en sê: 60Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen 61kwaad of goed van spreek nie.

51

Daar staan Rebekka voor jou, 62neem haar en gaan heen, dat sy ’n vrou kan wees vir die seun van jou heer, soos die HERE gespreek het.

52

Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor die HERE neergebuig na die aarde toe.

53

Daarna het die dienaar silwer- en goue 63goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy 64kosbare geskenke gegee.

54

En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer!

55

Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter 65’n dag of tien by ons bly; daarna 66kan jy heengaan.

56

Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die HERE my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.

57

Toe sê hulle: 67Laat ons die dogter roep en haar self vra.

58

En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: 68Ja.

59

Daarop het hulle Rebekka, 69hulle suster, en 70haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.

60

En hulle het Rebekka 71geseën en aan haar gesê: Ons suster, 72mag jy duisende van tienduisende word, en mag 73jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!

61

Toe het Rebekka en haar 74diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het 75die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.

62

En Isak het uit die rigting van 76die gput Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon 77in die Suidland.

63

En Isak het 78teen die aand uitgegaan om 79te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.

64

Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het 80sy van die kameel afgegly

65

en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en 81bedek haar.

66

Daarop het die dienaar aan Isak alles vertel wat hy gedoen het.

67

En Isak het haar 82in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos 83ná die dood van sy moeder.

1 Sien Gén. 18:11. Abraham was in daardie tyd omtrent honderd-en-veertig jaar oud, want hy was honderd jaar oud toe Isak gebore is, Gén. 21:5, en Isak was veertig jaar oud toe hy met Rebekka getrou het, Gén. 25:20.

2 Hebr. in dae gegaan. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 18:11.

3 Sien Gén. 12:2.

a Gén. 47:29. 4 Hebr. die oue. Verstaan die versorger en hoofkneg van sy huisgesin, genaamd Eliëser van Damaskus. Sien Gén. 15:2.

5 ’n Handelswyse wat die huisheer in die eedswering van sy huismense vereis het, as teken van onderwerping en trou. Sien ook Gén. 47:29. Anders het mense ook in eedswering die hande opgehef, Gén. 14:22. Openb. 10:5.

b Gén. 28:1. 6 Hebr. van die Kanaäniet. Sien oor hulle Gén. 10:15, 16, ens. Van hulle wou Abraham nie ’n vrou vir sy seun hê nie, omdat hulle heeltemal afgodies, groot sondaars en buite God se verbond was. Vgl. Gén. 28:1, 2. Ex. 34:16. Deut. 7:3. Jos. 23:12. Esra 9:1-3. Neh. 13:23, 25, ens. 2 Kor. 6:14, 15. Sien oor hierdie reg van ouers in die huwelike van hul kinders, oor die algemeen, Gén. 6:2 se kanttekening; Gén. 21:21.
7 Abraham se vaderland was Ur van die Chaldeërs, wat ’n deel was van die hele land geleë tussen die Eufraat- en Tigrisrivier, waarby Mesopotámië, waar Nahor gewoon het, ingesluit was.

8 Van wie hy tyding ontvang het, Gén. 22:20. Hulle was wel deur die afgodiese inwoners tussen wie hulle gewoon het, met afgodery besmet, soos blyk uit Gén. 31:19, 30, 32, 35. Jos. 24:2, maar het nie in so ’n gruwelike afgodery en ander growwe sondes verval soos die verworpe Kanaäniete nie. Sien Deut. 12:30, 31.

9 Hier en in dit wat volg word die besondere versigtigheid en godsvrug van hierdie dienaar gesien, wat vóór die eedswering sy heer se bedoeling volkome wil verstaan.

10 Verstaan ’n jongedogter wat Isak se vrou sou word.

11 Hebr. agter my aan. So ook in vers 8.

12 Hebr. terugbringende terugbring. Dit word nie ten opsigte van Isak gesê nie, wat nooit daar was nie, maar ten opsigte van Abraham, in wie se lendene Isak in daardie tyd ingesluit was.

13 Enersyds omdat God hom en sy toekomstige nageslag uit Chaldéa geroep het na hierdie land Kanaän, met die belofte om dit te beërwe; en andersyds om die gevaar van afgodery, waartoe Isak verlei sou kon word. Hebr. Wees waaksaam of behoed jou of let op jouself.
c Gén. 12:1.

d Gén. 12:7; 13:15; 15:18; 26:4. Ex. 32:13. Deut. 34:4. Hand. 7:5.

14 Dit is, vry van of onskuldig ten opsigte van die eed wat ek jou oplê.
15 Dit is, hy het allerlei goed wat nodig en kosbaar is met goedkeuring van sy heer saamgeneem, sowel vir die reis as vir geskenke, waar dit in hierdie saak dienstig sou wees. Sien vers 53.

16 Hebr. Sírië van die twee riviere, so genoem omdat dit geleë was tussen twee riviere, die Tigris aan die ooste, en die Eufraat aan die weste. Sien hierdie naam ook in Deut. 23:4. Rig. 3:8.

17 Dit is, waar Nahor gewoon het. Sien Gén. 23:10 se kanttekening. Verstaan die stad Haran, soos afgelei word uit Gén. 28:10; 29:4.

18 Om te rus, soos hierdie diere maak wanneer hulle moeg is.
19 Naamlik die jongedogter, of ook: my begeerte.

20 Hebr. voor my aangesig.

21 Hy begeer hierdie teken nie uit wantroue of vermetelheid nie, maar uit ’n besondere vertroue wat God in hom gewerk het, wat deur sy voorsienigheid alles so bestier het, soos die uitkoms bewys het, wat hierna blyk. Sien soortgelyke voorbeelde in Rig. 6:17. 1 Sam. 14:9, 10.

22 Anders: toegewys, of voorberei.

e Gén. 22:23.
23 Hebr. goed. Sien ook Gén. 6:2 se kanttekening.

24 Sien hierdie manier van spreek in Gén. 19:8.

25 Terwyl hy by homself gedink het hoe wonderlik die genadige voorsienigheid van God hier vertoon is, en hy wou verder waarneem of dit wat volg met hierdie begin volkome sou ooreenstem.

26 Naamlik met groot blydskap en verwondering, siende dat die teken wat hy van die HERE versoek het, so gou voor sy oë plaasgevind het.

27 Die Hebreeuse woord beteken hier ’n versiersel vir die voorhoof, soos blyk uit vers 47. Jes. 3:21. Eség. 16:12. Soms beteken dit ook ’n oorring of versiering vir die oor, Gén. 35:4. Ex. 32:2, 3.

28 Die Hebreeuse woord vir ’n halfsikkel word verklaar in Ex. 38:26 en die kanttekening. Sien oor die silwer sikkel, Gén. 20:16 se kanttekening. Die goue en die silwer sikkels was beide van een gewig, die gewone sikkel die gewig van 160 garskorrels; die heilige sikkel twee maal swaarder, naamlik 320 garskorrels. ’n Gewigseenheid goud was tien maal soveel werd as ’n gewigseenheid silwer.

29 Verstaan hierby: hy het dit gegee, of aan haar hande gesit, soos die woord neem, gebruik in hierdie vers, dikwels gebruik word. Die woord het nie net sy eie betekenis nie, maar ook ’n ander wat daarin vervat is. Sien Gén. 12:15 se kanttekening.

30 Of: Want hy het gesê, vgl. vers 47.
f Gén. 22:23. 31 Dit word hierby gevoeg sodat die dienaar van Abraham sou weet en verstaan dat sy binne die egtelike band gebore was, uit die wettige en eerste vrou, en nie uit die byvrou Reüma nie. Sien Gén. 22:23, 24.
32 Die Hebreeuse woord beteken eintlik om met die hoof afwaarts te buig.

33 Die Hebreeuse woord beteken om neer te buk en te buig met die hele liggaam. Hier is dit ’n gelowige en godsdienstige eerbied tot God, verenig met aanbidding. Sien ook Gén. 22:5; Ps. 66:4 en die kanttekeninge. Neh. 9:3, ens.

34 Sien Gén. 14:20.

35 Die getrouheid in die hou van sy beloftes. So ook in Gén. 32:10. Ps. 143:1. Jes. 38:18, 19.

36 Hebr. van met of van by my heer, verstaan: nie nagelaat het om te bewys of uit te oefen nie.

37 Hebr. Ek. So word dit gebruik in Gén. 9:9; 17:4. 1 Kron. 28:2. Ps. 35:13; 41:13 en elders.

38 Dit is, bloedverwante. Sien Gén. 13:8 en hierna, vers 48. Mark. 3:31, 32.

39 ’n Voortreflike titel, wat die Israeliete gewoonlik aan die voortreflike vriende van God gegee het, wat aandui dat God aan hulle welgedoen het, en met sy genade en weldadigheid nog steeds by hulle was. Sien Gén. 26:29. Rut 3:10. Ps. 115:15.

40 Of: gesuiwer, gereinig, opgeruim, en alles wat in die pad was, ontruim het. So word die Hebreeuse woord ook gebruik in Lev. 14:36.

41 Sien Gén. 18:4 en die kanttekening.
42 Hebr. voor sy aangesig reggesit om te eet.

43 Naamlik Laban.

44 Sien vers 2.
45 Dit is, ryk en magtig. So ook in Gén. 26:13. 2 Kon. 4:8.
46 Hebr. ná haar ouderdom, dit is, deur ’n bonatuurlike werking van die Here, waaruit ’n buitengewone seën, volgens sy belofte, te wagte is.

47 Dit is, hy het hom erfgenaam van alles gemaak.

48 Sien vers 3.
49 Anders: sal jy nie gaan nie? of: indien jy nie gaan nie, ens., verstaan hierop: wee jou of dan sal God dit of dat aan jou doen. Gén. 14:22, 23 en die kanttekeninge; Gén. 21:23.
50 Sien Gén. 17:1 en die kanttekening.
51 Anders: vloek of eed van die vloek, dit is, die straf wat elkeen oor hom haal as hy valslik sweer.
52 Of: op haar neus, sodat dit van haar voorhoof tot op haar neus gehang het.
53 Hebr. die weg van die waarheid, dit is, die ware of die regte weg.

54 Dit is, bloedverwant, want Bétuel was die seun van Nahor, Abraham se broer. Sien vers 27.

55 Hebr. waarheid.

56 Hebr. wil bewysende.

57 Dit is, sodat ek my elders op die een of op die ander weg mag begewe, om my heer se opdrag uit te voer.

58 Of: terugkyk.

59 Die seun word hier vóór die vader gestel, omdat hy, soos verstaan word, van die vader opdrag gehad het om die woord te voer, en, omdat die regering van die huis oorwegend by hom berus het, aangesien sy vader nie net oud nie, maar miskien ook sieklik was.

60 Hieruit blyk dat by hierdie mense nog ’n mate van kennis en vrees van die ware God was. Sien hier en vers 51.

61 Dit is, ons kan hoegenaamd nie hierdie saak teëspreek nie. Vgl. Gén. 31:24, 29. 2 Sam. 13:22.

62 Sien vers 3 en die kanttekening.
63 Hebr. voorwerpe van silwer en voorwerpe van goud, dit is, silwerwerk en goudwerk.

64 Die Hebreeuse woord dui op alles wat voortreflik en kosbaar is, maar in die besonder voortreflike en kosbare vrugte van die land. Sien Deut. 33:13-15. 2 Kron. 21:3; 32:23. Esra 1:6.

65 Sien Gén. 4:3 se kanttekening. Sommige verstaan deur ’n dag of tien ’n volle jaar (wat ’n jaar van dae genoem word) of tien maande. Die woord of word ook verstaan as ten minste.

66 Anders: kan sy.

67 Dit is, laat ons hoor wat sy oor hierdie haastige vertrek sal sê, want sy het die huwelik op grond van die wil van haar ouers en vriende toegestaan, en as teken daarvan die geskenke ontvang.
68 Hebr. Ek sal gaan.
69 Want nie net Laban, haar broer, nie, maar ook haar ander bloedverwante het afskeid van haar geneem. So ook in die volgende vers.

70 Genaamd Debora, Gén. 35:8.

71 Sien Gén. 14:19.

72 Hulle wens haar toe dat sy ’n moeder mag word van ontelbare mense. Vgl. Dan. 7:10.

73 Sien Gén. 22:17 se kanttekening.

74 Wat die vriende met haar saamstuur tot geselskap en diens.

75 Naamlik Abraham se dienaar.

g Gén. 16:14; 25:11. 76 Sien oor hierdie put Gén. 16:14; 25:11.

77 In die suide van die land Kanaän, naby Berséba en Gerar.

78 Hebr. teen of met die aanbreek van die aand. So ook teen dagbreek in Ex. 14:27.

79 Of: om te dink, te bid, dit is, om sy denke met godsalige gedagtes en aanbidding voor die Here te oefen.

80 Dit is, sy het haastig afgeklim, uit ontsteltenis met die gedagte of die persoon moontlik Isak mog wees, terwyl sy dadelik die dienaar daaroor vra. Ander meen dat sy nie afgeklim het voordat sy van die dienaar verstaan het dat dit Isak was nie. In hierdie betekenis word die volgende vers deur sommige dan vertaal: want sy het aan haar dienaar gesê, ens.
81 Tot ’n teken van skaamte en onderwerping.
82 Sien Gén. 18:10; 23:2.

83 Wat nou reeds drie jaar dood was. Die langdurigheid van hierdie rou was ’n teken van sy liefde vir sy moeder.