Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 26

Isak in Gerar. Hy maak ’n verbond met Abiméleg. Huwelik van Esau.

1

EN daar was hongersnood 1in die land, buiten die eerste hongersnood wat 2in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na 3Abiméleg, die koning van die Filistyne, 4na Gerar.

2

En die HERE het aan hom verskyn en gesê: 5Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek 6jou sal aanwys.

3

Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek asal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek 7al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig 8wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.

4

En bEk sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou 9nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;

5

10omdat Abraham na my stem geluister en 11my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.

6

So het Isak dan in Gerar gebly.

7

En 12toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou — anders sal die manne van die plek, 13so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien.

8

En 14toe hy al ’n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak 15speel met Rebekka, sy vrou.

9

En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, 16ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!

10

En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy ’n 17skuld oor ons gebring het!

11

Daarop gee Abiméleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou 18aanraak, sal 19sekerlik gedood word.

12

Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar 20honderdvoudig 21gewen, want die HERE het hom geseën.

13

En die man het 22groot geword 23en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was:

14

hy het troppe 24kleinvee en beeste gehad en 25baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het.

15

En al die putte 26wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en 27met grond opgevul.

16

Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek 28weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword.

17

Daarop het Isak vandaar weggetrek en 29laer opgeslaan 30in die dal by Gerar en daar bly woon.

18

31En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.

19

En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar ’n put 32met lewendige water.

20

En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het 33hy die put 34Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.

21

Daarop grawe hulle ’n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit 35Sitna genoem.

22

Toe het hy vandaar versit en ’n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit 36Réhobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak 37en kan ons vrugbaar wees in die land.

23

Daarna het hy 38vandaar opgetrek na 39Berséba.

24

En die HERE het aan hom 40in dieselfde nag verskyn en gesê: 41Ek is die God van Abraham, 42jou vader. 43Moenie bang wees nie, want 44Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder 45ter wille van Abraham, my kneg.

25

Toe 46bou hy daar ’n altaar, en hy het die Naam van die HERE 47aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar ’n put gegrawe.

26

Daarop kom Abiméleg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en 48Pigol, sy leërowerste.

27

En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat 49en my van julle af weggestuur het?

28

Toe antwoord hulle: Ons het 50duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog ’n 51eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons ’n verbond met jou 52sluit:

29

53jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou 54nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou 55in vrede weggestuur het. Jy 56is nou eenmaal die geseënde van die HERE.

30

Toe berei hy vir hulle ’n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink.

31

En hulle is die môre vroeg op en het 57vir mekaar ’n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.

32

Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put 58wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry.

33

En 59hy het dit 60Seba genoem. Daarom is die naam van die stad 61Berséba tot vandag toe.

34

Toe Esau 62veertig jaar oud was, het hy 63Judit, die dogter van Beëri, 64die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en 65Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.

35

En chulle was vir Isak en Rebekka 66’n bitter verdriet.

1 Naamlik in die land Kanaän, waar Isak destyds gewoon het.

2 Sien Gén. 12:10.

3 Sien Gén. 20:2 se kanttekening. Dit is onseker of dit dieselfde Abiméleg is waarvan in die voormelde hfst. gespreek is, want dan moes hy baie oud gewees het. Dit wil voorkom of hy sy opvolger in die regering was.

4 Sien Gén. 10:19; 20:1 se kanttekening.

5 Soos jy voorgeneem het om te doen, volgens die voorbeeld van jou vader, Gén. 12:10.

6 Sien die volgende vers.

a Gén. 13:15; 15:18. 7 Wat aan die einde van Génesis 15 genoem en beskryf word.

8 Sien Gén. 22:16, 17.

b Gén. 12:3; 18:18; 22:18. 9 Hebr. saad, dit is, Christus. Sien Gén. 22:18 se kanttekening.
10 Sien Gén. 22:16 se kanttekening.

11 Hebr. onderhouding, bewaring, waarneming, dit is, wat Ek hom beveel het om te onderhou. So ook in Lev. 18:30. Deut. 11:1. Hierdie vier woorde moet soos volg onderskei word: die eerste woord, ordening, is algemeen, dit beteken alles wat God beveel en verordineer het, en die ander drie het in die besonder betrekking op sekere onderskeie dinge: soos die gebooie op die sedewet, die insettinge op die seremoniële wet, die wette op die leer van wat ’n mens verskuldig is om te glo, ens. Elders word hierby die verordeninge gevoeg, waardeur die burgerlike wette verstaan moet word, Deut. 11:1.

12 Sien soortgelyke voorbeelde in Abraham, Gén. 12:13; 20:2.

13 Dit word hier bygevoeg uit vers 9. Sien oor dergelike byvoegsel 1 Kon. 20:34. 2 Kor. 9:6.

14 Hebr. as die dae daar lank was of lank geword het vir hom.

15 Verstaan, deur enige speelse, maar eerbare gebare te gebruik, waaruit die koning kon aflei dat hulle man en vrou was.

16 Sien Gén. 20:11 se kanttekening.
17 Dit is, ’n misdaad, wat straf verdien. Sien Gén. 20:9.
18 Dit is, kwaad of skade aandoen, hetsy met woorde, of werke, in liggaam, eer, of besittings. Die woord aanraak word ook gebruik vir kwaad aandoen in vers 29. Jos. 9:19. Rut 2:9. Job 1:11. Ps. 105:15. Sag. 2:8.

19 Hebr. sterwende gedood word of met die dood gedood word.

20 Dit is, vir een maat wat hy gesaai het, het hy honderd maal soveel geoes.

21 Dit is, hy het verkry, ontvang, bekom.

22 Dit is, ryk en magtig, soos in Gén. 24:35.

23 Hebr. en hy het gaande en groot wordende gegaan. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 8:3. 2 Sam. 3:1. Jona 1:11 se kanttekening.

24 Dit is, klein- en grootvee. Sien Gén. 12:16 se kanttekening.

25 Dit is, baie dienaars, asook uitgebreide bewerking van landerye, wingerde, tuine en boorde. Sien Job 1:3 se kanttekening.

26 Sien Gén. 21:25.

27 Hebr. met stof.

28 Hebr. van met ons.
29 Sien soortgelyke manier van spreek in Gén. 33:18 en elders.

30 Dit is, in ’n lae gebied, ’n ent daarvandaan geleë.

31 Hebr. En Isak het teruggekeer en oopgegrawe.
32 Wat voortgekom het uit ondergrondse are, terwyl daar altyd helder, vars en drinkbare water opgewel het. Vgl. Lev. 14:5, 50; 15:13. Núm. 19:17. Hoogl. 4:15.
33 Naamlik Isak.

34 Dit is, twis, stryery.

35 Dit is, vyandskap, haat, teëstand. Afgelei van dieselfde Hebreeuse woord, word die duiwel Satan genoem, dit is, teëstander, hater.
36 Dit is, ruimtes, uitbreidings.

37 Anders: ons het vrugbaar geword, of ons sal vrugbaar wees.

38 Naamlik uit die dal van Gerar.

39 Waar sy vader vir ’n lang tyd gewoon het. Sien Gén. 21:31-33.

40 Naamlik, direk nadat hy by Berséba gekom het. God die HERE het nie lank met sy troos weggebly nie.

41 Sien Gén. 17:7.

42 Aan wie Ek my woord en beloftes gegee het, wat hy ook aangeneem het. Sien Gén. 31:5, 42.

43 Naamlik vir hierdie Filistyne. Vgl. Gén. 15:1.

44 Sien Gén. 21:22 se kanttekening.

45 Dit is, nie ter wille van sy verdienste nie, maar ter wille van die verbond wat Ek met hom gesluit het.

46 Om daarmee aan te toon dat hy geen ander god wou eer of dien nie, as die God van sy vader Abraham.

47 Sien Gén. 4:26 se kanttekening.

48 Sien Gén. 21:22. Dit wil voorkom of dit iemand anders met dieselfde naam was. Ander meen dat dit die algemene naam was van die leërowerstes van daardie land, soos die naam Abiméleg van die konings was.
49 Sien vers 16.
50 Hebr. siende gesien.

51 Of: vloek. Sien Gén. 14:22, 23 en 24:41 se kanttekeninge.

52 Sien Gén. 15:10, 17, 18 se kanttekeninge.

53 Of: as jy aan ons kwaad doen! Aangesien ons jou nie aangeraak en aangesien ons jou, ens. ’n Vorm van eedswering waarin die straf verswyg word. Sien Gén. 14:23 se kanttekening.

54 Dit is, nie skade aangedoen nie. Sien vers 11. Sien egter in verse 14-16 wat Isak inteendeel ervaar het.

55 Dit is, ons het nie jou persoon, óf jou huisgesin, óf jou besittings skade aangedoen nie.

56 In die Hebreeus is dit ’n onvoltooide redevoering. Dit wil voorkom of hulle wil sê: Omdat jy so duidelik deur God geseën is, moet jy nie bly dink aan die geringe leed wat jy ervaar het nie.

57 Hebr. die man vir sy broer.
58 Sien vers 25.
59 Sien Gén. 21:31.

60 Hebr. Sjeba, dit is, eed.

61 Dit is, eedbron of put van die eed. In Gén. 21:31 word gesê dat die streek Berséba so genoem is weens die eed wat Abraham en Abiméleg daar vir mekaar gesweer het; maar hier word gespreek van ’n stad in daardie streek, wat ook die naam gekry het weens die eed van Isak en Abiméleg.

62 Hebr. ’n seun van veertig jaar; so oud was sy vader Isak ook toe hy getrou het, Gén. 25:20.

63 Hebr. Jehudit. Sommige meen dat dit sy was wat in Gén. 36:2 Oholibáma genoem word. Dit sou beteken dat sy twee name gehad het, soos ook haar vader, wat hier Beëri genoem word, en in Gén. 36:2 Ana. Dit kon egter twee verskillende vroue gewees het, omdat dit blyk dat Esau tot die misbruik om meer vroue tegelyk te hê, geneig was.

64 Een van die Kanaänitiese volke, sien Gén. 10:15. Hierdie huwelike het Esau teen die wil en goedkeuring van sy ouers aangegaan; sien Gén. 24:3; 27:46; 28:2.

65 In Gén. 36:2 Ada genoem.

c Gén. 27:46. 66 Ten eerste oor hulle gruwelike afgodery; ten tweede oor hulle kwade, ydele, wêreldse, trotse en weerspannige maniere; ten derde omdat hulle afkomstig was uit ’n vervloekte nasie, wat God wou verderf en uitroei.