Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 28

Droom en gesig van Jakob by Bet-el.

1

TOE het Isak Jakob geroep en hom 1geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie.

2

aMaak jou klaar, gaan na 2Paddan-Aram, na die huis van 3Bétuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar ’n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.

3

En mag 4God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ’n menigte van volke kan word.

4

En mag Hy jou gee 5die seën van Abraham, aan jou ben jou nageslag saam met jou, dat jy die land van 6jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.

5

So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Bétuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau.

6

Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie;

7

en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan;

8

en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän 7sleg was in die oë van sy vader Isak,

9

het Esau 8na Ismael gegaan en Máhalat, die dogter van Ismael, die seun van Abraham, die suster van 9Nébajot, 10by sy vroue vir hom as vrou geneem.

10

En Jakob het uit 11Berséba vertrek en na Haran gegaan.

11

Daarop kom hy 12by ’n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.

12

En 13hy het gedroom — daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die 14spits tot aan die hemel reik, terwyl cdie 15engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.

13

En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: 16Ek dis die HERE, die God van 17jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, esal Ek aan jou en jou nageslag gee;

14

en jou nageslag sal wees 18soos die stof van die aarde, en 19jy sal uitbrei 20na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en fin jou 21en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.

15

En kyk, 22Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, 23totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.

16

Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: 24Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en 25ék het dit nie geweet nie.

17

En hy het bevrees geword en gesê: Hoe 26vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 27’n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.

18

Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en grig dit as ’n gedenksteen op; en hy het 28olie 29daaroor 30uitgegiet.

19

En hy het die plek 31Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore 32Lus.

20

En Jakob 33het ’n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my 34brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,

21

en ek 35behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my 36God wees.

22

En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, 37sal ’n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U 38sekerlik die tiendes afstaan.

1 Dit is, die seën wat hy tevore onwetend gegee het, het hy nou, terwyl hy meer lig oor die saak ontvang het, willens en wetens bevestig, terwyl hy Jakob tegelykertyd voorspoed op sy reis toewens, soos in Jos. 22:7.
a Hos. 12:13. 2 Sien Gén. 25:20 se kanttekening.

3 Sien Gén. 22:22, 23.

4 Sien Gén. 17:1 en die kanttekening.
b Gén. 12:7; 13:15; 15:18; 24:7; 26:3. Deut. 34:4. Hand. 7:5. 5 Dit is, wat aan Abraham beloof is, Gén. 12:3, 7; 15:1, 4, 5, 7; 17:5-8.

6 Sien Gén. 17:8 se kanttekening.

7 Of: verkeerd, dit is, onaangenaam, of onbehaaglik was. Sien Gén. 21:11 se kanttekening.
8 Dit is, na Ismael se geslag, of nageslag, sou Ismael in daardie tyd al oorlede wees, soos sommige aflei uit Gén. 25:17.

9 Ismael se eersgebore seun. Sien Gén. 25:13.

10 Dit is, bo en behalwe die twee vroue wat hy reeds gehad het, Gén. 26:34. Hierdie Máhalat was die derde. Dit wil voorkom of Esau dit gedoen het, omdat hy gedink het hy sal sy vader behaag deur ’n vrou uit sy geslag te neem.

11 Sien Gén. 21:31 se kanttekening.
12 Sien vers 19.
c Joh. 1:52. 13 Naamlik ’n droom wat God buitengewoon aan hom gestuur het, om aan hom enige verborge en heilige sake te openbaar. Sien ook Gén. 20:3 se kanttekening oor sodanige goddelike openbaring.

14 Hebr. hoof.

15 Verstaan hier die goeie, heilige engele.

d Gén. 35:1, 3; 48:3.

e Deut. 12:20; 19:8.

16 Sien verse 3, 4.

17 Dit is, grootvader.

f Gén. 12:3; 18:18; 22:18; 26:4. 18 Sien Gén. 13:16.

19 Dit is, kragtig in ’n kort tyd baie vermenigvuldig en uitgebrei word. So ook in Gén. 30:30. Jes. 54:3.

20 Hebr. seewaarts, in die rigting van die see. Sien Gén. 12:8.

21 Hebr. saad. Sien Gén. 12:3; 22:18.

22 Sien Gén. 21:22 en 26:24 se kanttekeninge.

23 Dit is, nimmermeer, selfs nadat vervul is wat Ek gesê het, soos hierdie manier van spreek dikwels gebruik word, 2 Sam. 6:23. Matt. 18:34.

24 Naamlik op ’n besondere wyse, ten opsigte van die voorgaande openbaring. Andersins is God oral teenwoordig.

25 Dit is, ek het tevore nie gedink dat my hier so ’n goddelike openbaring sou wedervaar nie.

26 Ten opsigte van die heerlikheid van die majesteit van God, wat hier op ’n besondere wyse aan Jakob vertoon is.

27 Dit is, ’n plek waarin God op ’n besondere manier woon, om tot die mense deur sy openbaring te spreek, en dat hulle tot Hom kan spreek, deur hul gebede en godsdiensoefeninge, wat van hier, soos deur ’n poort, in die hemel opklim.

g Gén. 31:13; 35:14. 28 Hy het hierdie olie vir sy eie behoeftes op die reis saamgeneem, om dit te gebruik tot voedsel en salwing, volgens die gebruik van daardie lande. Die olie is ook gebruik in die offers, en wanneer mense iets aan God geheilig het. Sien Exodus 29.

29 Hebr. op sy hoof.

30 Tot ’n teken dat hy hierdie klip geheilig het, om in die teenswoordige sy dankbaarheid teenoor God te bewys, en in die toekomende dit as ’n gedagtenis na te laat, dat God hier aan hom verskyn het.

31 Dit is, die huis van God. Sien Gén. 12:8; 13:3.

32 Sien Gén. 35:6; 48:3.

33 Naamlik om van God sekere weldade te begeer, waarvoor hy hom verbind het tot dankbaarheid.

34 Sien Gén. 3:19 se kanttekening.

35 Of: in vrede. Vgl. Gén. 26:29 se kanttekening.

36 Dit is, ek sal Hom geduriglik as die ware God en Saligmaker erken en bely, en tot die doel die godsdiens instel, soos in die volgende vers.

37 Dit is, ’n plek wat ek sal heilig tot godsdiens vir my en almal wat aan my behoort. Vgl. vers 17 en sien die vervulling in Gén. 35:1, 3, 7.

38 Hebr. ek sal tiendes afstaande afstaan, dit is, sekerlik die tiendes afstaan; naamlik tot onderhouding van die godsdiens, en tot uitoefening van alle weldadigheid aan die behoeftiges. Vgl. Gén. 35:3, 7.