Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 29

Jakob werk vir Laban. Hy trou met Lea en Ragel. Sy vroue het baie seuns, en hy word ryk.

1

TOE 1lig Jakob sy voete op en gaan na die land 2van die kinders van die Ooste.

2

En meteens sien hy ’n put in die veld en drie troppe kleinvee wat daarby lê, want uit dié put het hulle die vee laat drink; en daar was ’n groot klip op die opening van die put.

3

En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op sy plek.

4

Toe sê Jakob vir hulle: My 3broers, waar is julle vandaan? En hulle antwoord: Ons kom van Haran.

5

En hy vra hulle: Ken julle vir Laban, die 4seun van Nahor? En hulle antwoord: Ons ken hom.

6

Verder sê hy vir hulle: 5Gaan dit goed met hom? En hulle antwoord: Dit gaan goed; en daar kom sy dogter Ragel aan met die vee.

7

En hy sê: Kyk, 6die dag is nog lank; dit is nie tyd om die vee bymekaar te maak nie. Laat die vee drink, en gaan heen, laat hulle wei.

8

Toe antwoord hulle: 7Ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put, en ons laat die vee drink.

9

Terwyl hy nog met hulle praat, kom Ragel met die kleinvee van haar vader aan, want 8sy het hulle opgepas.

10

Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en 9rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer.

11

En Jakob het Ragel 10gesoen en sy stem verhef en 11geween.

12

En Jakob het Ragel vertel dat hy haar vader se 12broer en die seun van Rebekka was. Daarop het sy geloop en dit aan haar vader vertel.

13

13Toe Laban die tyding hoor van Jakob, die seun van sy suster, loop hy hom tegemoet en omhels hom en soen hom en bring hom in sy huis. En hy het aan Laban 14al hierdie dinge vertel.

14

Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my 15been en my vlees. En hy het by hom 16’n volle maand gebly.

15

Daarop het Laban aan Jakob gevra: Sou jy my verniet dien, omdat jy my broer is? Sê my wat jou loon moet wees.

16

En Laban het twee dogters gehad — die naam van die 17oudste was Lea, en die naam van die 18jongste Ragel.

17

En Lea het 19dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien.

18

En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: aEk sal u 20sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter.

19

Toe antwoord Laban: 21Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan ’n ander man gee. Bly by my.

20

So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë 22soos ’n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.

21

Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog 23my vrou, want 24my dienstyd is om, 25dat ek by haar kan ingaan.

22

Daarop het Laban 26al die manne van die plek versamel en ’n maaltyd berei.

23

Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem 27en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan.

24

En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, 28as slavin.

25

En die anderdagmôre — daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?

26

En Laban antwoord: 29Dit is hier by ons nie die gewoonte om 30die jongste voor die oudste weg te gee nie.

27

31Hou die volle bruilofsweek met haar; 32dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring.

28

En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe 33gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou.

29

En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavin Bilha gegee as slavin vir haar.

30

En 34hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook meer liefgehad as Lea. En hy was by hom nóg sewe jaar in diens.

31

En toe die HERE sien dat Lea 35die nie-geliefde was, het Hy haar skoot 36geopen; maar Ragel was onvrugbaar.

32

En Lea het bevrug geword en ’n seun gebaar en hom 37Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my 38liefhê.

33

En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom 39Símeon genoem.

34

En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom 40Levi genoem.

35

En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die HERE 41loof. Daarom het sy hom 42Juda genoem. En sy het opgehou met baar.

1 Deur hierdie manier van spreek word te kenne gegee dat Jakob, nadat hy deur die voorgaande goddelike aanspreking getroos en versterk is, sy reis met lus en vreugde voortgesit het.

2 Dit is, van die volk wat aan die oostekant van Kanaän woonagtig is. So ook in Rig. 6:33. 1 Kon. 4:30. Job 1:3. Jer. 49:28.

3 Vgl. Gén. 19:7 se kanttekening.
4 Dit is, kleinseun.
5 Hebr. Is vrede vir hom? of: Het hy vrede? So ook in Gén. 43:27. 2 Sam. 18:32. 2 Kon. 4:26, ens. Sien oor die woord vrede Gén. 37:14 se kanttekening.
6 Hebr. die dag is nog groot.
7 Hebr. Ons sal nie kan nie, naamlik weens die swaar gewig van die klip, wat die paar van ons nie kan wegrol nie, en weens die gewoonte wat ons het om vir mekaar te wag.
8 Sien dergelike voorbeelde in Ex. 2:16. Hoogl. 1:7, 8.
9 Dit is, hy het die herders in Ragel se plek gehelp om die klip weg te rol, want alleen kon hy dit nie doen nie. Sien vers 8.
10 Volgens die gebruik van daardie lande, as ’n manier van groet; sowel met die aankoms, soos in vers 13; Gén. 33:4. Ex. 4:27; 18:7, as met die vertrek, Rut 1:14. 1 Sam. 20:41. 1 Kon. 19:20.

11 Naamlik van blydskap, omdat hy sy niggie so maklik en tydig daar ontmoet het. Sien oor dergelike ween ook Gén. 33:4 se kanttekening.

12 Sien Gén. 13:8.
13 Hebr. Toe Laban die hoor van Jakob gehoor het.

14 Naamlik die rede vir sy reis, en wat met hom gebeur het op die pad, wat Laban alles moes weet, om alle agterdog oor so ’n skielike en onaansienlike aankoms uit die weg te ruim, in vergelyking met Eliëser se aankoms, Génesis 24.

15 Dit is, my bloedverwant, my familie. Sien dieselfde manier van spreek in Gén. 2:23. Rig. 9:2. 2 Sam. 19:12, 13. 1 Kron. 11:1, asook in die geestelike betekenis in Ef. 5:30.

16 Hebr. ’n maand van dae, dit is, ’n volle maand, of soveel dae as daar in een maand is. So is ’n jaar van dae, Gén. 41:1, om te sê: ’n volle jaar.

17 Dit is, die grootste.

18 Dit is, die kleinste.

19 Dit is, swak en gebreklike.
a Hos. 12:13. 20 Jakob bied aan om ’n lang tyd te dien; sowel omdat die gierigheid van sy oom nie aan hom onbekend was nie, asook omdat hy Ragel baie liefgehad het, en hy begeer het om op die manier tegelykertyd die bruidskat te betaal wat ’n bruidegom in daardie tyd moes gee; soos blyk uit Ex. 22:17. 1 Sam. 18:25.
21 ’n Twyfelagtige en listige antwoord, soos die uitkoms wel bewys het.
22 Hebr. een dae of enkele dae. Sien hierdie manier van spreek ook in Gén. 27:44. Die betekenis van hierdie woorde is dat hierdie tyd vir Jakob baie kort gevoel het.
23 Dit is, my verloofde, volgens die huweliksooreenkoms. Sien dergelike manier van spreek in Matt. 1:18, 19. Luk. 2:5.

24 Naamlik die ooreengekome jare van my diens.

25 Sien Gén. 6:4 se kanttekening; Gén. 16:2.

26 Dit is, vreeslik baie, naamlik al sy vriende en bekendes, bure en die aansienlikstes van die stad, volgens die gewoonte; sien Rig. 14:10, 11. Joh. 2:1, 2, ens. Laban het al hierdie mense in groot getalle genooi, sodat Jakob nie maklik sou durf om die lis, wat Laban bedink het om hom mee te bedrieg, te verander nie.
27 Dit wil uit hierdie gedeelte voorkom of dit in daardie tyd gebruiklik was dat hulle die bruid na die bruidegom in die slaapkamer gebring het, terwyl sy bedek was met ’n doek of sluier, vanweë haar ingetoënheid; maar onder hierdie skyn is Jakob bedrieg.
28 Dit was in die tyd ’n gebruik dat die ouers, wanneer hulle hul dogters ten huwelik gee, ’n slavin of ander vrouepersoon saamgegee het. Sien Gén. 24:59.
29 Indien dit so was, moes Laban dit tevore vir Jakob gesê het, en hom nie so lelik bedrieg en mislei het nie.

30 Hebr. die kleine, dit is, die jongste.

31 Dit is, hou hierdie sewe dae van die bruilofsfees met Lea uit. Sien dergelike voorbeeld van ’n sewedaagse bruilof in Rig. 14:12, 15, 17. Sommige verstaan hierdie week as ’n jaarweek, dit is sewe jaar.

32 Naamlik ná die einde van hierdie week, soos volg in vers 28.

33 Hoewel dit wil voorkom of hierdie vryheid om twee susters aan een man te gee, nog nie deur menslike wette verbied was nie, nogtans was dit teenstrydig met die natuur en teen die wet wat daarna deur Moses gegee was, Lev. 18:18.
34 Jakob laat hom oorreed om twee vroue tegelyk te neem, wat wel volgens die gebruik van daardie tyd was, maar nie volgens die instelling van God nie, Gén. 2:24. Mal. 2:15. Sien ook Gén. 4:19 se kanttekening.
35 Hebr. gehaat. Dit is, dat sy vir haar man nie so geliefd en aangenaam was soos Ragel nie, sien vers 20. Soms word die woord haat gebruik vir minder liefhê. Sien Deut. 21:15. Matt. 6:24. Luk. 14:26.

36 Dit is, Hy het haar vrugbaar gemaak. Sien Gén. 20:18 se kanttekening.

37 Dit is, kyk ’n seun of ’n seun van aansien, asof sy sê: Sien hoe God nou vir my ’n seun gegee het in my verdrukking; omdat haar man haar nie so liefgehad het soos haar suster nie.

38 Dit is, meer liefhê as tevore.

39 Hebr. Sjímon. Hierdie naam is afgelei van ’n woord wat om te hoor of om te verhoor beteken, want God het haar gebed en versugtinge verhoor.
40 Die naam beteken toegevoeg, aangesluit, of geheg aan, of my byvoeging. Die rede vir hierdie naam staan in die teks.
41 Hiervan kom die naam Jehuda, dit is, lof, danksegging, belydenis, bekentenis.

42 Hebr. Jehuda.