Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 3

Sonde en veroordeling van die mens. Die eerste belofte.

1

MAAR die 1slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En 2hy sê vir die vrou: 3Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

2

En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin 4mag ons eet,

3

maar van die vrugte van die 5boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie 6en dit nie aanroer nie, anders 7sal julle sterwe.

4

Toe sê die slang avir die vrou: 8Julle sal 9gewis nie sterwe nie;

5

maar bGod weet dat 10as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos 11God sal wees deur goed en kwaad te 12ken.

6

Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ’n lus was vir die oë, ja, ’n boom wat ’n mens kan 13begeer 14om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man 15by haar, cen 16hy het geëet.

7

Toe gaan altwee se 17oë oop, en hulle word gewaar dat hulle dnaak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle 18skorte gemaak.

8

En hulle het die 19stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die 20aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.

9

Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?

10

En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.

11

En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?

12

En die mens antwoord: Die vrou wat U 21gegee het om by my te wees, sy het my 22van die boom gegee, en ek het geëet.

13

Daarop sê die HERE God aan die vrou: 23Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: eDie slang het my bedrieg, en ek het geëet.

14

Toe sê die HERE God 24aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, 25is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.

15

26En Ek sal fvyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen 27jou saad en 28haar saad. gHý sal jou die kop vermorsel, 29en jý sal hom in die hakskeen 30byt.

16

Aan die vrou het 31Hy gesê: 32Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy 33kinders baar; en na jou man sal jou 34begeerte wees, hen 35hý sal oor jou heers.

17

En aan die mens het Hy gesê: 36Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie — 37vervloek is die aarde om jou ontwil; met 38moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.

18

Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal 39die plante van die veld eet.

19

In die sweet van jou aangesig sal jy 40brood eet 41totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

20

En die mens het sy vrou 42Eva genoem, omdat sy moeder geword het 43van alles wat lewe.

21

En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.

22

Toe sê die HERE God: 44Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. 45As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!

23

Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.

24

So het Hy dan die mens weggedrywe en 46gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die 47swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

1 ’n Dier, wat die duiwel, omdat dit baie listig was, misbruik het om die mens van God, sy Skepper (van wie hy tevore met al sy bose engele afgeval het), Joh. 8:44. 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6, af te trek. Om hierdie rede word hy ook ’n slang genoem, 2 Kor. 11:3. Openb. 20:2.

2 Dit is, die duiwel het deur die slang gespreek met arglistige, bedrieglike woorde; soos die woorde van hierdie en die volgende tekste duidelik uitwys.

3 Die duiwel speel hier met God se gebod en probeer om dit deur dubbelsinnigheid in twyfel te trek of te verduister, en sodoende te vernietig.

4 Dit is, mag ons vrylik eet.
5 Of: geboomte.

6 Naamlik, om daarvan te eet.

7 Anders: sal julle miskien sterwe; bedoelende dat Eva hier begin het om te wankel.

a 2 Kor. 11:3. 8 ’n Vermetele, onbeskaamde, openbare leuen van die duiwel. Daarom word hy tereg ’n leuenaar en vader van die leuens genoem, Joh. 8:44.

9 Hebr. nie sterwende sterwe nie.

b Joh. 8:44. 10 Hebr. op die dag as.

11 Of: soos gode.

12 Die woord ken het tweërlei betekenis, naamlik wysheid verkry en verstaan wat die mens heerlik en geluksalig maak, όf ellende ervaar wat die mens skandelik en doemwaardig maak. Die Satan belowe die eerste bedrieglik aan die mens, welwetende dat niks anders as die tweede vir hulle sou volg nie.

c Rom. 5:12, 14, 15. 1 Tim. 2:14. 13 Anders: wens, dit is, om te begeer of om te wens.

14 Of: om verstandig te maak.

15 Of: wat met of by haar is.

16 Naamlik, nadat hy deur die vrou oorreed was, soos in vers 17 te sien is.

d Gén. 2:25. 17 Verstaan nie soseer die oë van die liggaam, waardeur hulle hul skaamte gesien het nie, maar eerder die geestelike oë, waardeur hulle hul sonde gevoel het, en die straf wat hulle oor hulself en hul nageslag gebring het, aangesien hulle daarvan in hul gewetens oortuig was.

18 Anders: voorskote of bedekkings om hul skaamte te bedek.

19 Of: geluid.

20 Hebr. wind van die dag. Dit is (soos sommige verklaar), in die koelte of wind van die oggend- of aandtyd, of by die waai van enige wind op ’n sekere tyd van die dag, waardeur die stem van die HERE na die mens, Adam, oorgebring is.

21 Anders: by my gestel.

22 Dit is, van die vrugte van die boom, so ook in vers 6.

e Openb. 12:13. 23 Anders: Wat! Het jy dit gedoen? Of: Waarom het jy dit gedoen?
24 Terwyl die slang die duiwel se werktuig was; raak om dié rede hierdie hele vloek die slang liggaamlik en die duiwel geestelik. Maar die slang word hier nie ondervra nie (soos Adam en Eva wel in die voorgaande vers), omdat die duiwel geen verontskuldiging gehad het nie.

25 Of: wees vervloek. So ook in Gén. 4:11.

f Matt. 4:1.

g Kol. 2:15.

26 Hierdie vonnis is vernaamlik uitgespreek teen die duiwel, wat die grootste oorsaak was van die val van die mense.

27 Verstaan hierdeur alle kinders van die duiwel, Joh. 8:44.

28 Hierdie saad is eintlik alleen die Here Christus, die eniggebore Seun van God, wat uit die vrou, wat ’n maagd was, deur die werking van die Gees van God in die volheid van tyd gebore moes word, om deur die verdienste van sy dood en die krag van sy Gees, die duiwel al sy geweld te ontneem en hom onder sy en sy gemeente se voete te vertrap. Sien Ps. 110:1. Joh. 12:31. Rom. 16:20. Hebr. 2:14. 1 Joh. 3:8. Dit is die eerste evangeliese belofte van die lewe, wat gestel word teenoor die eerste, voorgaande aankondiging van die dood.

29 Dit is, die duiwel en sy saad sal Christus en sy gemeente vervolg, maar nie in staat wees om uit te roei en te verderf nie.

30 Hebr. vermorsel, net soos eerder in hierdie vers.

h 1 Kor. 14:34. 1 Tim. 2:11, 12. Tit. 2:5. 1 Petr. 3:6. 31 Naamlik God.

32 Hebr. Ek sal vermeerderende vermeerder.

33 Hebr. seuns. Dit is ’n woord wat dikwels in die Heilige Skrif gebruik word vir kinders, dit is, vir seuns en dogters. So ook in Ex. 22:24. Ps. 128:6.

34 Dit is, jy sal verplig wees om jou na die wil van jou man te voeg, en te probeer om onder hom te skuil en deur sy beleid geregeer te word.

35 Dit is, hy sal mag hê om oor jou te gebied, wat nou vir jou vlees lastig sal wees, terwyl dit voor die val niks anders as lieflik was nie.

36 Sien vers 6 se kanttekening.

37 Sien Rom. 8:19-21.

38 Dit is, met swaar en moeitevolle arbeid sal jy jou op aarde onderhou.

39 Of: die gewasse van die veld, wat jy buite hierdie tuin sal moet vind, aangesien jy voortaan van die vrugte van hierdie tuin verstoot sal wees.
40 Dit is, jou voedsel en onderhoud verkry. So is die woord brood vir allerlei soorte voedsel gebruik in Gén. 18:5; 28:20.

41 Dit is, totdat jy sterf.

42 Hebr. Gawwa.

43 Dit is, van alle mense.

44 God verwyt hier die mens sy hoogmoed, waardeur hy gemeen het om aan God gelyk te word, en nou inteendeel homself en al sy nakomelinge in die grootste ellende en veragting gebring het.

45 Dit was nie God se wil dat die mens die teken van die lewe, wat hy deur sy oortreding verloor het, sou gebruik nie.

46 Verstaan hierdeur engele, wat só genoem word, en by die Israeliete met dié naam bekend was omdat die verbondsark in die Allerheiligste met twee gérubs (in menslike gedaante met uitgespreide vlerke) bedek was, Ex. 25:18. 1 Kon. 6:23. 2 Kron. 3:10.

47 Hebr. die vlam van die swaard wat wentel of heen en weer draai. Dit kan wees dat dit inderdaad vurig was, of die gedaante van ’n opgaande vlam gehad het.