Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 30

1

EN toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het Ragel 1jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders 2sterf ek.

2

Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: 3Is ek dan in die plek van God wat die 4vrug van die skoot aan jou onthou het?

3

5En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy 6op my knieë kan baar en ek ook uit haar 7gebou kan word.

4

Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha 8as vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan.

5

En Bilha het swanger geword en vir Jakob ’n seun gebaar.

6

Toe sê Ragel: 9God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my ’n seun gegee. Daarom het sy hom 10Dan genoem.

7

En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob ’n tweede seun gebaar.

8

Toe sê Ragel: Ek het 11bomenslike worstelinge met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom 12Náftali genoem.

9

En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, 13neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou.

10

En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob ’n seun gebaar.

11

Toe sê Lea: 14Gelukkig! En sy het hom 15Gad genoem.

12

Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob ’n tweede seun gebaar.

13

Toe sê Lea: 16Ek, gelukkige! want die 17dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom 18Aser genoem.

14

En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld 19liefdesappels gevind en dié na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se liefdesappels.

15

Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.

16

Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na mý kom, want ek het jou 20eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap.

17

En God het Lea 21verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob ’n vyfde seun gebaar.

18

Toe sê Lea: God 22het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom 23Íssaskar genoem.

19

En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob ’n sesde seun gebaar.

20

Toe sê Lea: God het my 24’n mooi geskenk gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom 25Sébulon genoem.

21

En daarna het sy ’n dogter gebaar en haar 26Dina genoem.

22

27En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en 28haar skoot geopen:

23

sy het bevrug geword en ’n seun gebaar. Toe sê sy: God het my 29smaad 30weggeneem.

24

En sy het hom 31Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my ’n ander seun daar byvoeg!

25

En nadat Ragel Josef gebaar het, sê 32Jakob vir Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my land kan gaan.

26

Gee my vroue en my kinders 33waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self 34hoe ek u gedien het.

27

Daarop antwoord Laban hom: As ek nou 35guns in jou oë gevind het — ek het waargeneem dat die HERE my om jou ontwil geseën het.

28

Verder sê hy: Bepaal 36vir my jou loon, en ek sal dit gee.

29

Toe antwoord hy hom: U weet self 37hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het.

30

Want min was dit wat u vóór my koms gehad het, en dit het sterk 38vermeerder; en die HERE het u geseën 39op my voetspoor. Wanneer sal ek dan nou ook 40vir my huis werk?

31

En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my 41niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, 42wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg —

32

ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die 43gestippelde en 44bont 45vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat 46swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, 47dit moet my loon wees.

33

48En my regverdigheid sal 49later vir my getuig: 50as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees.

34

Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens jou woord!

35

En 51hy het dieselfde dag uitgekeer 52die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en dié aan sy seuns afgegee.

36

En hy het 53’n afstand van drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas.

37

54Toe neem Jakob vir hom 55groen 56latte van populier-, amandel- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom;

38

en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en 57hulle het verhit geword as hulle kom drink.

39

En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam 58gestreeptes, gestippeldes en bontes.

40

Toe skei Jakob 59die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En 60hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en dié nie onder Laban se vee gesit nie.

41

En elke keer as die 61sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle verhit sou word by die latte.

42

Maar as 62die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.

43

En die man het 63buitengewoon 64uitgebrei en baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.

1 Of: sy het haar suster beny.

2 Dit is, anders gaan ek sterf van hartseer. Woorde van menslike swakheid, wat spruit uit ongeduld. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 20:3 en die kanttekening.

3 Dit is, is ek dan almagtig dat ek jou vrugbaar kan maak? Dit is slegs God wat kinders kan gee. Sien 1 Sam. 2:5. Ps. 113:9; 127:3. Josef spreek dieselfde woorde in Gén. 50:19.

4 Dit is, kinders, Deut. 7:13; 28:4. Ps. 132:11. Jes. 13:18. Christus word ook so genoem ten opsigte van sy menslike natuur, Luk. 1:42.

5 Sy volg liewer die voorbeeld van Sara, Gén. 16:2, as die lofwaardige voorbeeld van Isak en Rebekka, Gén. 25:21.

6 Dit is, sodat ek die kinders wat sy van jou kry, in my skoot kan ontvang en as my kinders beskou. Sien dieselfde manier van spreek in Gén. 50:23.

7 Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 16:2 se kanttekening.

8 Sien Gén. 16:3 en die kanttekening.
9 Dit is, Hy het my saak tot my voordeel besleg. Sien Gén. 15:14 se kanttekening.

10 Dit is, wat ’n saak uitvoer, tereg wys of gerig uitoefen.

11 Hebr. worstelinge van God, dit is, baie groot, swaar, moeilike worstelinge. Sien Gén. 13:10 se kanttekening. Die betekenis is: Ek en my suster het (om so te sê) teen mekaar geveg en gestry om kinders te kry. En dit het met my gegaan volgens my wens bo my suster se verwagting. Of: worstelinge van God, dit is, in gebede tot God, waarmee ek teen my suster geworstel het, en deur God se genade oorwin het.

12 Dit is, my worsteling.

13 Uit ’n menslike stryd, nie vergenoegd met die voorgaande seën nie.
14 Dit kan ook beteken: Daar het ’n bende gekom, dit is, hierdie seun, gevoeg by die voorgaande, sal ’n klomp, of bende mense maak. In die Hebreeus is daar ’n woord wat uit twee saamgevoeg is, asof ’n mens sê: ’n bende kom.

15 Dit is, geluk, of: klomp, skare, bende.

16 Of: Tot my geluk; verstaan: word hierdie seun nog vir my gebore.

17 Verstaan die vroue in die algemeen.

18 Dit is, gelukkig, of wat gelukkig maak, of geluk bring.

19 Hebr. dûdaïm. Hierdie woord dui op sekere lieflike vrugte of blomme, baie aangenaam van reuk, kleur en smaak. Die woord liefdesappels word nêrens anders in die Skrif gevind nie, behalwe hier en in Hoogl. 7:13.
20 Hebr. ek het jou vir loon hurende vir loon gehuur, dit is, vas, sekerlik, uitdruklik. Anders: vir ’n ooreengekome of bestemde loon het ek jou gehuur.
21 Uit genade, nieteenstaande haar menslike swakheid en gebreke.
22 Dit is, ek reken my genoegsaam beloon vir my seun se liefdesappels, omdat God, nadat ek kinders uit my slavin gekry het, nog daarby, buite my verwagting, uit my eie liggaam hierdie seun vir my gegee het. Ander het vir die woord omdat die woord nadat.

23 Hebr. Isjsager, dit is, daar is ’n loon.

24 Die Hebreeuse woord wat hier met geskenk weergegee word, word nêrens anders in die Heilige Skrif gevind nie. Die meeste meen dat dit ’n besondere en voortreflike geskenk beteken.

25 Hebr. Zébulun, dit is, woning of bywoning.

26 Dit is, regsaak of gerig.
27 Sien Gén. 8:1 se kanttekening.

28 Sien Gén. 20:18 se kanttekening.

29 Wat in daardie tyd in die onvrugbaarheid was, 1 Sam. 1:6. Jes. 4:1. Luk. 1:25, en dit veral om twee redes: (1) Omdat dit wil voorkom of die onvrugbares uitgesluit was van die belofte wat aan Abraham gemaak is aangaande die vermenigvuldiging van sy nageslag. (2) Omdat hulle uitgesluit was van die hoop, wat hulle anders kon hê, dat die Messías (wat uit die nageslag van Abraham moes voortkom) een van hulle nakomelinge sou wees.

30 Hebr. vergader, ingetrek, teruggeneem.

31 Hierdie naam wys skynbaar op twee woorde, naamlik, die voorgaande wegneem, en wat hier staan, byvoeg.
32 Naamlik, toe die ander sewe jaar van sy diens verby was, en hy niks meer aan sy skoonpa verskuldig was nie.
33 Verstaan dit eintlik ten opsigte van die vroue.

34 Naamlik tydens die veertien jaar, met groot ywer en trou.

35 Sien Gén. 18:3 se kanttekening oor hierdie manier van spreek. Dit is ’n onvoltooide sin, in sulke redevoeringe gebruiklik, wat ’n mens kan aanvul met hierdie woorde: Bly dan tog by my, en sê maar die loon wat jy van my begeer.
36 Hebr. oor of op my. Hy wil sê: Lê my so ’n loon op soos jy wil. Die Hebreeuse woordjie beteken deursteek, deurboor, heg, vasmaak, en vervolgens bepaal.
37 Of: watter diens ek aan u gelewer het, en wat u deur my verwerf of verkry het; dit is, hoe u voorspoed ervaar het deur my diens.
38 Of: uitgebrei. Sien oor die eienskap van hierdie woord Gén. 28:14 se kanttekening.

39 Dit is, nadat ek u sake bestuur en hanteer het, of: sedert ek my voete in u huis gesit het.

40 Of: iets doen vir my huisgesin.

41 Naamlik geen loon deur u vasgestel nie, maar wat God se voorsienigheid my sal vergun en beskik.

42 Hebr. ek sal terugkeer, ek sal oppas, ens.

43 Dit is, gekleur met klein stippels.

44 Dit is, met groot vlekke.

45 Verstaan kleinvee soos skape, lammers en bokke.

46 Of: ’n donker kleur. Die Hebreeuse woord kom van brand, hitte, warmte.

47 Dit is, my loon sal wees die gestippeldes of bontes of swartes wat gebore sal word uit die enkelkleurige diere, naamlik die wat heeltemal wit is, wat ek sal oppas.

48 Dit is, as u dalk vandag of later kom kyk wat my ten loon geval het, sal dit openlik en onteenseglik blyk wat my regverdige loon is, of die teendeel.

49 Hebr. môre. Dit is, in toekomende tyd. So is die woord môre dikwels in die Heilige Skrif gebruik; soos in Ex. 13:14. Deut. 6:20. Jos. 4:6. Matt. 6:34.

50 Anders: as dit kom (naamlik die geregtigheid) om my loon na te gaan.

51 Naamlik Laban.

52 Naamlik aan die bene, in die vorm van ’n band, volgens die eienskap van die Hebreeuse woord.

53 Of: drie dagreise; verstaan tussen die kleinvee van Laban se seuns, en die ander wat Jakob opgepas het, sodat die wittes nie tog met die bont of swart vee sou vermeng nie.
54 Dit het Jakob gedoen deur die ingewing en bestiering van God. Sien Gén. 31:9. So het God vir Jakob gesorg, sodat Laban hom nie met leë hande na sy huis sou laat gaan nie. Sien Gén. 31:42.

55 Of: vars.

56 Of: stokke.

57 Dit is, terwyl hulle verhit was het hulle dragtig geraak.
58 Naamlik aan die bene, soos in vers 35.
59 Naamlik wat bont of swart was. Hy het hulle laat voorgaan, en die ander het hy laat volg; sodat die ander die bont en swart vee voor hulle oë sou hê as hulle gepaar het.

60 Naamlik, sodat hulle deur aanskoue van die enkelkleuriges nie lammers sou voortbring wat enkelkleurig is nie.

61 Dit is, diere wat in die lente gebore is, wat volgens die eienskap van die Hebreeuse woord stewig, sterk en kompak van bou was.
62 Dit is, vee wat in die herfs gebore is; wat swak en nie sterk van bou was nie.
63 Hebr. baie baie.

64 Sien Gén. 28:14 se kanttekening.