Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 31

Vlug van Jakob en sy verbond met Laban.

1

TOE hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s’n was; en uit wat ons vader s’n was, het hy 1al hierdie rykdom verwerf.

2

Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was 2soos gister en eergister nie.

3

En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug 3na die land van jou vaders en na jou familie; en 4Ek sal met jou wees.

4

Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea 5veld toe roep na sy kleinvee

5

en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar 6die God van my vader 7was met my.

6

En julle weet self dat ek met al my 8krag julle vader gedien het;

7

maar julle vader 9het my bedrieg: hy het my loon 10tien maal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie.

8

11As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes.

9

So het God dan die vee van julle vader weggeneem en 12aan my gegee.

10

Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en 13in ’n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en 14bont was.

11

En 15die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!

12

En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen.

13

Ek is die 16God van Bet-el awaar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug 17na jou geboorteland.

14

Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: 18Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?

15

19Word ons nie deur hom as vreemdelinge beskou nie? Want 20hy het ons verkoop en die 21geld wat deur ons verkry is, 22geheel en al deurgebring.

16

Want 23al die rykdom wat God van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat God jou gesê het.

17

Toe maak Jakob hom klaar en laai sy kinders en sy vroue op die kamele,

18

en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, 24die vee wat syne was, wat hy 25in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän.

19

Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel 26die huisgode van haar vader gesteel.

20

En Jakob het Laban, die Arameër, 27mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.

21

So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad het: hy het hom klaargemaak en deur 28die Eufraat gegaan en 29sy aangesig gerig na die gebergte van 30Gílead.

22

31En op die derde dag kry Laban die tyding dat Jakob gevlug het.

23

Daarop het hy sy 32broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, 33’n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van Gílead.

24

Maar 34God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom 35in ’n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob 36geen goed of kwaad spreek nie.

25

En Laban het Jakob ingehaal; Jakob het sy tent al 37opgeslaan gehad in die gebergte, en Laban met sy broers het dit opgeslaan in die gebergte van Gílead.

26

Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat jy 38my mislei en my dogters 39soos krygsgevangenes weggevoer het?

27

40Waarom het jy stilletjies gevlug en 41my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en 42siter kon 43weggebring het?

28

Ook het jy my nie toegelaat om my seuns en dogters 44te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel.

29

Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar die God van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob 45geen goed of kwaad te spreek nie.

30

Nou 46is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy 47so erg verlang het na die huis van jou vader — maar 48waarom het jy my gode gesteel?

31

Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek bevrees was, want 49ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my wegneem.

32

Die een by wie u u gode vind — hy mag nie lewe nie! 50Ondersoek 51wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.

33

Toe gaan Laban in die tent van Jakob en in die tent van Lea en in die tent van die twee slavinne, maar hy het niks gekry nie; en toe hy uit die tent van Lea uitgaan, kom hy in die tent van Ragel.

34

Maar Ragel het die huisgode geneem en dit in die 52kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent deurgevoel, maar niks gekry nie.

35

Daarop sê sy vir haar vader: 53My heer moet nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want 54dit gaan met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisgode nie gekry nie.

36

Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, 55dat u my so vurig agternagesit het?

37

Nou dat u 56al my goed deurgevoel het — wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee.

38

Twintig jaar was ek nou by u. U skaap- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie.

39

Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: 57ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is.

40

Ek was ’n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het 58gevlug van my oë.

41

59Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar 60vir u kleinvee; en u het my loon 61tien maal verander.

42

As die God van my vader, die God van Abraham en 62die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie — ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande 63aangesien en verlede nag geoordeel.

43

Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters — wat 64sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle 65seuns wat hulle gebaar het?

44

Kom dan nou, laat ons ’n verbond 66sluit, ek en jy, dat dit ’n getuie tussen my en jou kan wees.

45

67Daarop het Jakob ’n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.

46

En Jakob het aan 68sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en ’n hoop gemaak en 69daar op die hoop geëet.

47

En Laban het dit 70Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit 71Gal-ed genoem.

48

Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag ’n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit 72Gal-ed genoem,

49

en ook 73Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons 74mekaar nie meer sien nie.

50

As jy my dogters 75mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, 76dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou.

51

Verder sê Laban vir Jakob: Daar is dié hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het —

52

hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie 77dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jý na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie.

53

78Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer 79by die Vrees van sy vader Isak.

54

Toe het Jakob 80’n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om 81brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly.

55

En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters 82gesoen en hulle 83geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek.

1 Of: al hierdie heerlikheid, wat gewoonlik op rykdom volg.
2 Dit is, soos tevore. So word hierdie woorde ook gebruik in vers 5 en Ex. 4:10; 5:7, 8; 21:29 se kanttekening. Jos. 3:4; 4:18, ens.
3 Dit is, die land Kanaän, wat Ek jou vader Isak en jou grootvader Abraham beloof het; alhoewel hulle daar in dié tyd niks anders besit het nie as die stuk grond en die spelonk waarin Sara begrawe is.

4 Sien Gén. 21:22; 26:24; net so ook Gén. 32:9, waar Jakob self hierdie woorde gebruik.

5 Om sonder nalating van sy werk, en met meer vryheid met sy vroue te spreek.
6 Sien Gén. 28:13.

7 Dit is, het aan my verskyn, en het my beveel om na my land te trek. Sien vers 13.

8 Sowel van die gees met sorg dra, as van die liggaam met waak, loop en swoeg. Vgl. verse 40, 42.
9 Anders: met my gespot.

10 Dit is, dikwels. So word die getal tien vir dikwels gebruik in vers 41. Lev. 26:26. Núm. 14:22. 1 Sam. 1:8. Job 19:3.

11 Let daarop dat die ooreenkoms wat Jakob met Laban gesluit het, Gén. 30:32, 33, ens., dikwels verander is deur Laban se gierigheid, en die verandering verdra is deur Jakob se lydsaamheid.
12 Hieruit blyk dat hierdie hele gebeure nie plaasgevind het deur ’n bedrieglike plan van Jakob nie, maar deur God se bestiering.
13 Sien vers 5 en die kanttekening.

14 Of: gevlek. Dit is, wat kolle gehad het volgens die grootte en kleur van gewone haelstene, anders as die gestippeldes, wat swart kolletjies op hul wit vel gehad het.

15 Verstaan die Here Christus. Sien Gén. 16:7 se kanttekening.
a Gén. 28:13-15, ens. 16 Dit is, wat aan jou in Bet-el verskyn het, en beloof het om by jou te bly, jou te bewaar, en na Kanaän terug te bring.

17 Sien verse 3, 18.

18 Hulle wil sê: Nee, omdat hy ons die ooreengekome loon nie gun nie, maar dikwels verander.
19 Hy het ons nie soos dogters met ’n eerlike bruidskat weggegee nie, maar soos bediendes vir loon uitgedryf.

20 Naamlik vir jou diens van veertien jaar, wat ’n manier van verkoop was.

21 Hulle verstaan deur hierdie geld die opbrings en die voordeel van Jakob se diens, wat Laban hulle nie net onthou het nie, maar ook self deurgebring het, sonder om iets daarvan met hulle te deel. In dit wat volg deurgebring, Hebr. opgeëet.

22 Hebr. etende geëet, dit is, steeds of deurgaans geëet.

23 Sien vers 9 se kanttekening.
24 Hebr. die vee van sy besit.

25 Sien Gén. 25:20 se kanttekening.

26 Hebr. terafim, dit was beelde, gemaak volgens die menslike voorkoms, 1 Sam. 19:13, 16, as afgode, Gén. 31:30, 32, om hulle aangaande toekomende dinge te vra, Eség. 21:21, en waardeur ’n mens van die duiwel ’n antwoord gekry het, hetsy dit waarheid of leuen was, Sag. 10:2. Die huisgode word ook vermeld in Rig. 17:5; 18:14, 17, 18, 20. 1 Sam. 15:23 se kanttekening. 2 Kon. 23:24. Hos. 3:4. Aan hierdie huisgode het Laban (hoewel die ware God nie aan hom onbekend was nie, Gén. 30:27 en hier in verse 24, 29) godsdienstige eer bewys, en wou so beide God en die afgode dien, of die kennis van die ware God in ongeregtigheid heeltemal deur afgodery onderdruk, sien Rom. 1:18. Dit is die eerste plek waar die Heilige Skrif van die afgode spreek, alhoewel hulle lank tevore reeds bestaan het.
27 Hebr. die hart van Laban gesteel. Dit is, hy het heimlik en steelsgewys weggegaan, sonder Laban se medewete en kennis, soos die volgende woorde verklaar, ook verse 26, 27. In hierdie betekenis word hierdie manier van spreek ook gebruik in 2 Sam. 19:3, maar in ’n ander betekenis word dit gevind in 2 Sam. 15:6. Dit wil voorkom of die ingewing en uitdruklike bevel van God die rede vir sy haastige en stil vertrek was, vers 13.
28 Hebr. die rivier. Ook genoem die Frat, wat tussen Chaldéa en Kanaän vloei, Gén. 2:14; 15:18. Sonder die byvoegsel van die eienaam, word dit die rivier genoem weens sy grootte en bekendheid. So ook in Ex. 23:31. Jos. 24:2, 3.

29 Dit is, hy het vasberade besluit om die pad daarheen aan te pak. Sien Jer. 50:5. Luk. 9:51, 53.

30 ’n Gebergte geleë agter Fenícië oorkant die Jordaan en wat grens aan die gebergte Líbanon. Aan die onderkant van hierdie gebergte was ’n baie goeie land, ook Gílead of Galaäd genoem, vrugbaar en met weiding, Gén. 37:25. Deut. 34:1. Jer. 8:22; 22:6. Hierdie land is naderhand van die Amoriete afgeneem, en as erfdeel gegee aan die stamme van Gad en Ruben, en die halwe stam van Manasse. Sien Núm. 32:1, ens. Deut. 3:12, 13, 15, 16. Jos. 13:8-11, ens.

31 Laban se kleinvee was drie dagreise ver van Jakob se kleinvee af geleë, Gén. 30:36.
32 Dit is, bloedverwante; so ook in dit wat volg.

33 Dit is, sewe dagreise. Sien Gén. 30:36.

34 Naamlik, voordat hy Jakob ingehaal het, of by hom gekom het.

35 Sien Gén. 20:3 se kanttekening.

36 Hebr. van die goeie tot die kwade, dit is, jy sal hom nie met goeie, en ook nie met kwade woorde van sy reis laat afsien nie, maar hom met sy reis laat voortgaan. Vgl. Gén. 24:50.

37 Hebr. vasgemaak, geheg.
38 Sien vers 20 en die kanttekening.

39 Dit is, wat met geweld en teen hulle wil weggevoer word; wat Laban Jakob ten onregte verwyt. Sien verse 14-16.

40 Hebr. Waarom het jy jou weggesteek om te vlug?

41 Dit is, waarom het jy steelsgewys buite my wete van my af weggetrek? Vgl. dit met vers 20. Anders aldus: het my besteel, of my gesteel, dit is, dit wat myne is gesteel.

42 Sien Gén. 4:21 se kanttekening.

43 Sien Gén. 18:16 se kanttekening.

44 Sien Gén. 29:11 se kanttekening.
45 Sien vers 24 se kanttekening.
46 Hebr. het jy gaande gegaan.

47 Hebr. verlangende verlang het.

48 ’n Groot blindheid in Laban dat hy sy beelde as gode ag, wat mense, volgens sy mening, nogtans van hom kon steel. Vgl. vers 19.

49 Anders: ek het gesê, naamlik ek het vir my vroue, of vir my gesin gesê. Sien Gén. 20:11 se kanttekening.
50 Hebr. Ondersoek vir jou. Sien ook Gén. 12:1 se kanttekening.

51 Naamlik van u goed.

52 Anders: strooisel.
53 Dit is, laat dit nie my heer se gramskap verwek nie; wat gewoonlik in die oë gesien kan word.

54 Hebr. die weg van vroue is met my.

55 Hebr. dat u gebrand het agter my. Die Hebreeuse woord beteken dikwels om iemand met ’n brandende, heftige, grimmige en vyandige gemoed te vervolg; soos in 1 Sam. 17:53. Klaagl. 4:19. Vgl. ook Ps. 10:2 se kanttekening.
56 Hebr. al my voorwerpe, so ook hierna van al die voorwerpe van u huis.
57 Dat Jakob Laban moes vergoed vir wat die wilde diere verskeur het, was onbillik en teen die wet, Ex. 22:13.
58 Anders: gewyk. Soortgelyke manier van spreek word ook gevind in Est. 6:1.
59 Hebr. Dit is vir my twintig jaar in u huis.

60 Dit is, vir so ’n gedeelte van die kleinvee wat, volgens ons ooreenkoms, my loon sou wees.

61 Sien vers 7 se kanttekening.

62 Dit is, God wat my vader Isak met groot eerbied en godvrugtigheid dien. So word God ook julle vrees genoem in Jes. 8:13, omdat Hy met ’n kinderlike vrees deur ons gevrees moet word.

63 Die sien van God beteken sy teenwoordige weldadigheid, soos in Gén. 16:13; 29:32. Ex. 3:7, 9. Ps. 31:8 en hier; of sy straf, Gén. 11:5. 1 Kron. 12:17, ens.

64 Dit is, hoe sou ek sover kom dat ek hulle sou kwaad aandoen, omdat hulle my eie vlees en bloed is. Hy gee voor om nou vriendskap te soek, omdat hy sien dat hy nie die mag het om Jakob en die wat aan hom behoort enige leed aan te doen nie. Dit was die bestiering van die Here, wat vir die rede aan Laban verskyn het.

65 Anders: kinders.

66 Sien Gén. 15:18 se kanttekening.
67 Daarmee toon hy dat hy alle klagtes laat vaar het, en dat hy gewillig was om die verbond te sluit.
68 Dit is, bloedverwante, vriende. Sien verse 32, 37, 54.

69 Naamlik ná die sluit en bevestiging van die verbond.

70 Dit is, in die Aramese taal wat Laban gespreek het, ’n hoop van getuienis, wat ’n teken van die verbond was, wat hulle daar met mekaar gesluit het.

71 Hebr. Galed. Hierdie naam beteken dieselfde in Hebreeus as wat die voorgaande in Aramees beteken. Want Jakob, wat ’n Hebreër was, wou hierdie hoop ook in sy taal ’n naam gee.

72 Sodat hierdie naam, wat Jakob in Hebreeus gegee het, die naam gebly het vir hierdie gebergte en omliggende gebied; soos dit daarom ook tevore deur Moses so genoem is, verse 21, 23.
73 Hebr. Mitspa, dit is, plek van opsig of toesig, of wagplek; omdat God (soos in dit wat volg) die wag en toesig sou hou oor die verbond wat gesluit is.

74 Hebr. die man van sy naaste of vriend, dit is, wanneer ons dan so ver van mekaar geskei sal wees.

75 Of: verdruk.

76 Dit is, daar is geen buitestander by ons, wat die getuie kan wees en die oortreder kan straf nie. Anders: niemand sal by ons wees nie, naamlik, as ons van mekaar geskei sal wees, behalwe God, ens.

77 Anders: indien ek, naamlik, meen dat ek te na gekom is en hier verbygaan, dat ek dit nie sal doen in vyandskap nie, maar in vriendskap; en net so ook jy. Of anders aldus: indien dit ek is, wat hier verbygaan na jou toe, dat ek dit nie ten kwade sal doen nie, en jy ewemin.
78 Hy vermeng die God van Abraham, wat die enigste ware God is, met die afgode, wat Tera, Nahor en Abraham self, voor sy bekering, in Chaldéa gedien het, Jos. 24:2. Sy doel is nie net om so ’n bietjie aan te pas by Jakob nie, maar ook om soos ’n afgodiese huigelaar te hink op beide kante, sien ook vers 19 se kanttekening. Ander verstaan dat Laban op sy afgodiese manier aldus gespreek het: Die gode van Abraham en die gode van Nahor en die gode van hul vaders, ens., waarmee Laban Jakob verwyt dat hy van sy voorvaders se godsdiens afgewyk het; en dat hierteenoor Jakob se eed gestel word, wat hy slegs by die ware God doen.

79 Sien vers 42.

80 Die Hebreeuse woord beteken wel om te offer, maar ook om te slag vir ’n vrolike maaltyd; soos in 1 Sam. 28:24. 1 Kon. 1:9. 2 Kron. 18:2, ens.

81 Dit is, om maaltyd te hou. Sien Gén. 37:25. Ex. 18:12. 2 Kon. 6:22. Luk. 14:1, ens.

82 Sien Gén. 29:11 se kanttekening.

83 Dit is, hy het hulle alle geluk en welvaart toegewens tydens die afskeid; soos dit gebruiklik was as mense mekaar gegroet het, nie net met die vertrek nie, maar ook met die aankoms. Sien Gén. 47:7, 10. Rut 2:4. 1 Sam. 13:10. 2 Sam. 8:10.