Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 32

Jakob worstel met die Engel, word versoen met Esau en kom in Sigem aan.

1

JAKOB het ook verder gereis, en die 1aengele van God het hom ontmoet.

2

Toe hy hulle sien, sê Jakob: Dit is ’n leër van God! En hy het die plek 2Mahanáim genoem.

3

En Jakob het boodskappers uitgestuur 3voor hom uit na sy broer Esau in die land 4Seïr, die landstreek van 5Edom,

4

en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle aan 6my heer, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar — ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe;

5

en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer 7dit laat weet, 8sodat ek guns mag vind in u oë.

6

En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en 9vierhonderd man saam met hom.

7

10Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel;

8

want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, 11vryraak.

9

En Jakob het gesê: 12o God van my 13vader Abraham en God van my vader Isak, o HERE, wat my beveel het: bGaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen —

10

14ek is te gering vir al die gunste en al die 15trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my 16staf oor hierdie 17Jordaan getrek en nou twee laers geword.

11

Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam 18met die kinders.

12

U het tog self gesê: cEk sal 19sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.

13

En hy het die nag daar oorgebly en 20van wat in sy besit was, ’n geskenk geneem vir sy broer Esau:

14

tweehonderd bokooie en twintig bokke, tweehonderd skaapooie en twintig ramme,

15

dertig kameelkoeie wat in die melk was, met hulle 21kalfies, veertig koeie en tien bulle, twintig eselinne en tien 22jong esels;

16

en hy 23het hulle aan sy dienaars afgegee, 24elke trop afsonderlik, en aan sy dienaars gesê: Trek voor my uit, en laat ’n 25plek oop tussen trop en trop.

17

Daarop gee hy aan 26die eerste een bevel en sê: As my broer Esau jou teëkom en jou vra: Aan wie behoort jy, en waarheen gaan jy, en wie s’n is die goed daar 27voor jou?

18

dan moet jy antwoord: U dienaar Jakob s’n. Dit is ’n geskenk wat hy aan my heer Esau stuur; en kyk, 28hy self kom ook agter ons aan.

19

En hy het ook bevel gegee aan die tweede en aan die derde en aan almal wat agter die troppe geloop het, en gesê: 29Net so moet julle Esau antwoord as julle hom kry —

20

julle moet sê: Kyk, ook u dienaar Jakob kom agter ons aan. Want 30hy het gedink: 31Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my uit gaan, en daarna sy aangesig sien — miskien 32sal hy my in guns aanneem.

21

So het die geskenk dan voor hom uit gegaan, maar hy self het dié nag in die laer gebly.

22

En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur 33die drif van die 34Jabbok getrek:

23

hy het hulle geneem en hulle deur die rivier laat trek, ook laat deurtrek wat aan hom behoort het.

24

Maar 35Jakob het alleen agtergebly, en 36’n Man het met hom geworstel tot dagbreek.

25

37En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op 38sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.

26

dToe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: 39Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.

27

En Hy vra hom: 40Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.

28

Toe sê Hy: eJy sal 41nie meer Jakob genoem word nie, maar 42Israel; want jy 43het geworstel 44met God en 45met die mense en het oorwin.

29

Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: 46Waarom vra jy tog na my Naam? En 47Hy het hom daar geseën.

30

Toe noem Jakob die plek 48Pniël; want, het hy gesê, ek het 49God gesien van aangesig tot aangesig, en 50tog is my lewe gered.

31

En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pnuel verby was; en hy was mank aan sy heup.

32

51Daarom eet die kinders van Israel 52die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, 53geslaan het.

a Gen. 48:16. 1 Om Jakob des te meer van God se teenwoordigheid en bystand te verseker.
2 Dit is, twee leërs, of ’n dubbele leër, hetsy dat die engele hulle verdeel het in twee leërs, om Jakob tussen beide te laat deurgaan; of omdat daar een leër was wat bestaan het uit die engele, en ’n ander uit Jakob se huisgesin. Op die plek was later ’n stad met die naam Mahanáim; Jos. 13:26; 21:38.
3 Dit is, voor sy aankoms, of voordat hy daar sou aankom, naamlik om die weg te berei om die guns van sy broer te wen. Dergelike manier van spreek vind ons in Mal. 3:1. Matt. 11:10. Luk. 9:52; 10:1.

4 Sien Gén. 14:6 en die kanttekening.

5 Die streek Idumea, wat grens aan die suideinde van Judéa, en sy naam van Esau ontvang het, wat ook Edom genoem word, Gén. 25:30, en nou in hierdie land gewoon het, Gén. 36:8, nadat hulle die vorige inwoners, naamlik die Horiete, daaruit verdrywe het, Deut. 2:12, 22.

6 Hoewel Jakob self deur die eersgeboortereg die heer van Esau was, Gén. 27:29, noem hy nogtans sy broer heer, met behoud van sy reg. Die doel was om Esau se guns en vriendskap des te beter deur hierdie vernedering te wen. Te meer omdat hy nog nie daadwerklik in besit van sy reg, wat nog in die toekoms gelê het, gestel was nie. Dawid het dit ook teenoor Saul gedoen, 1 Sam. 24:7, 9 en deurgaans in 1 Samuel 26.
7 Naamlik van my koms en omstandighede.

8 Sien Gén. 18:3 se kanttekening. Hy versoek vriendskap, deels om kwytskelding van alle voorgaande onmin te verwerf, deels om met vrede deur die land te mag trek.

9 Sonder twyfel gewapend, soos af te lei is uit verse 8, 11.
10 Uit menslike swakheid, naamlik omdat die boodskappers slegs tyding gebring het dat Esau hom met vierhonderd man tegemoetkom, sonder enige ander berig.
11 Hebr. sal wees tot ontsnapping of bewaring.
b Gén. 31:13. 12 Jakob roep in sy benoudheid nie die leër van die engele aan wat hy gesien het nie, maar alleen die ware God.

13 Dit is, grootvader.

14 Dit is, ek is die goeie wat U tevore aan my gedoen het geensins waardig nie, ook nie dit wat ek nou van U begeer nie, maar ek steun slegs op u genade, en nie op my waardigheid of verdienste nie.

15 Of: waarheid. Sien Gén. 24:27 se kanttekening.

16 Verstaan ’n wandelstaf; hiermee gee Jakob sy armoede te kenne.

17 Sien Gén. 13:10 se kanttekening.

18 Of: op die kinders; ’n manier van spreek wat lewendig uitdruk wat moeders vir hulle kinders in nood doen. Hulle probeer om hul kinders met hul eie liggaam en lewe te beskerm, en word so deur tiranne bo-op en saam met die kinders omgebring. Sien Hos. 10:14.
c Gén. 28:13. 19 Hebr. Ek sal goed doende goed doen.
20 Anders: van wat in sy hand was. Dit is, hy het inderhaas uit al sy vee ’n geskenk geneem om sy broer te eer, en het nie genoeg tyd gehad om ’n beter keuse te maak nie, deels omdat dit in die nag was, deels oor die vrees vir die komende gevaar.
21 Hebr. seuns.

22 Of: vullens van esels.

23 ’n Baie voortreflike geskenk van honderde diere, groot en klein, van verskillende soorte, wat vandag ’n baie groot som geld sou uitmaak.

24 Hebr. trop trop op sy eie. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 7:2 se kanttekening.

25 Hebr. eintlik asemhaling en vervolgens plek of ruimte, omdat die ruimte asem gee. Dit moes daartoe dien dat sy geskenke, elkeen afsonderlik deur sy broer besigtig, aansienliker sou vertoon, en sodoende sy gemoed geleidelik sou versag. Sien vers 20.

26 Naamlik die dienaar wat die eerste of voorste trop gelei het; en so in die volgende van die tweede, derde, ens.

27 Dit is, wat jy voor jou aanjaag, of wat voor jou uit gaan.

28 Dit sê hy, sodat sy broer nie sou dink dat hy bang was om voor hom te verskyn nie, of met ’n ander pad hom probeer vermy nie.
29 Dit is, volgens dit wat ek tevore gesê het.
30 Sien Gén. 20:11 se kanttekening.

31 Dit is, laat ek sy toorn laat afkoel. Sien Spr. 21:14.

32 Of: sal hy my aangesig aanneem. Hierdie manier van spreek, in ’n positiewe betekenis geneem, beteken om iemand goedgesind te wees en goed aan hom te doen uit ’n vriendelike en redelike waarneming van iets goeds in hom. Dit word van God gesê, as Hy uit enkel genade die goeie, wat slegs van Hom af gekom het, vriendelik aansien, Gén. 19:21. En van mense, as hulle hul naaste om enige billike rede in guns aanneem; soos hier en in 1 Sam. 25:35. 2 Kon. 3:14.

33 Anders: die ondiepte.

34 Dit is die naam van ’n spruit of rivier, wat by Rabba, die hoofstad van die Ammoniete, ontstaan en uitloop in die Jordaan, benede die see van Galiléa. Sien Núm. 21:24. Deut. 2:37; 3:16. Jos. 12:2. Rig. 11:13.

35 Dit is, hy het alleen aan hierdie kant van die rivier gebly, aan die gebergte van Gílead, om in eensaamheid tot God te bid.

36 Dit is, die Seun van God, wat Hom hier in ’n menslike liggaam vertoon het; soos ’n mens kan aflei uit verse 28, 30, ens., en Hos. 12:4, 5 en die kanttekening.

37 Dit is menslikerwys gesproke. Die Here pas Hom aan by die menslike swakheid, laat Hom oorwin, om Jakob te verseker van ’n goeie uitkoms oor die aanstaande gevaar; maar Hy beseer hom ook, sodat Hy hom leer om sy eie swakheid te voel.

38 Anders: heupgewrig.

d Hos. 12:4. 39 Omdat hy nou besef het dat hy nie met ’n mens te doen het nie, maar met ’n Meerdere, het hy begeer om deur Hom geseën te word.
40 God vra dit nie omdat Jakob se naam aan Hom onbekend was nie, maar om aanleiding te kry om sy naam te verander tot ’n ewige gedagtenis aan hierdie worsteling.
e Gén. 35:10. 41 Nie meer nie beteken hier nie net, of nie soveel, of nie soseer nie. Want hy word hierna ook wel Jakob genoem. Sien hierdie manier van spreek in 1 Sam. 8:7. Joh. 7:16. 1 Kor. 1:17. 1 Joh. 3:18.

42 Dit is, ’n vors van God, of wat vorstelike mag het saam met God; soos blyk uit die volgende woorde. Hierdie naam gee God ’n tweede maal aan Jakob in Gén. 35:10.

43 Of: het jou vorstelik gedra.

44 Terwyl hy die stryd wat God met hom gevoer het, verduur en oorwin het.

45 Naamlik eers met Esau, daarna met Laban, en nou kom hy weer om met Esau te stry.

46 Dit is ’n afwysende vraag, soos in Rig. 13:17, 18. Hy weier om aan hom sy Naam te openbaar, om hom des te meer te verseker dat hy nie met ’n mens geworstel het nie.

47 Dit was wat Jakob begeer het, vers 26, en waardeur hy nou ten volle verseker was dat God aan hom verskyn het. Sien die volgende vers.

48 Dit is, God se aangesig, of die gesig van God. Sien 1 Kon. 12:25. In die volgende vers is dit Pnuel.

49 Nie in sy goddelike wese nie, maar in so ’n gedaante, waardeur Hy Hom nog duideliker aan my geopenbaar het as ooit tevore.

50 Hy verwonder hom dat hy nie gesterf het terwyl hy God gesien het nie. Sien Gén. 16:13 se kanttekening. Vgl. Ex. 20:19. Rig. 6:22, 23; 13:22.

51 Verstaan hier ook dat hulle nie die vleis om die heupsening eet nie. Nie uit bygeloof of ’n godsdienstige bedoeling nie, maar tot ’n gedagtenis aan hierdie wonderlike worsteling en oorwinning wat aan Jakob en sy nageslag geskenk is. Dit het sy plek gehad voor die koms van die Messías, maar kan ná sy koms nie sonder bygeloof gedoen word nie.

52 Of: ontwrigte sening. Anders: verkrimpte, uit lit geraakte, dit is, wat sy krag verloor het, en gevoelloos, of verstuit is, en omdat dit uit lit is, sy plek (om so te spreek) vergeet het. Die Jode noem hierdie sening in die diere ook so, volgens wat hier met Jakob gebeur het. Anders: die geleende sening, omdat dit van die holte van die bekken tot by die heup gaan, asof dit deur die bekken aan die heup geleen is.

53 Dit is, deur aanraking seergemaak het.