Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 33

1

EN Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vierhonderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel.

2

En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, 1en Ragel en Josef laaste opgestel;

3

maar hy self het voor hulle uit gegaan en 2hom 3sewe maal na die aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het.

4

Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en 4soen hom; en 5hulle het geween.

5

Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het.

6

En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig.

7

En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna 6het Josef nader gekom en Ragel en hul neergebuig.

8

Daarop sê hy: 7Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer.

9

Maar Esau sê: 8Ek het baie, my broer! 9Wat joue is, laat dit joue bly!

10

Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry 10soos ’n mens die aangesig van God sien, 11en u het behae in my gehad.

11

Neem tog my 12begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het.

12

Daarop sê 13hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal 14langs jou trek.

13

Maar 15hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders 16swak is, en dat ek 17lammerooie en melkkoeie 18by my het; as ’n mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee.

14

My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ék sal op 19my gemak trek 20na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer in Seïr aankom.

15

Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? 21Laat my guns in die oë van my heer vind!

16

So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na Seïr toe.

17

Maar Jakob het na 22Sukkot weggetrek en vir hom ’n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem 23Sukkot.

18

aEn Jakob het 24behoue aangekom by die stad 25Sigem wat in die land Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het — hy het sy laer voor die stad opgeslaan

19

en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van 26Hemor, die vader van Sigem, vir honderd 27geldstukke.

20

Daar het hy ook 28’n altaar opgerig en dit genoem: 29Die God van Israel is God.

1 Hy plaas hulle vir wie hy die liefste is laaste, waar dit die veiligste is, sodat hulle, sou die voorstes verslaan word, nog enigsins kon ontkom. Sien Gén. 32:7, 8.
2 Sien Gén. 18:2 se kanttekening.

3 Dit is, dikwels, ’n bepaalde getal vir ’n onbepaalde hoeveelheid. Sien Lev. 26:8 se kanttekening.

4 Sien Gén. 29:11 se kanttekening.

5 Dit het dikwels gebeur by die ontmoeting van vriende, soos hier en in Gén. 29:11; 43:30; 46:29; of by die afskeid, Rut 1:14. Hand. 20:37.

6 Anders: hy is nader gebring, of geroep om te nader, omdat hy dié tyd maar omtrent ses jaar oud was.
7 Of: Wie is hierdie hele laer vir jou? Dit is, waarvoor is dit? Wat bedoel jy daarmee? Hy het sonder twyfel die bedoeling wel verstaan uit die boodskap van die dienaars wat die trop gelei het, maar hy het geleentheid uit Jakob se antwoord gesoek, om sy geskenke beleefd te weier.
8 Dit is, ek het genoeg daarvan.

9 Dit is, hou dit wat jy het vir jou.

10 Asof hy sê: Soos God se guns ’n mens baie verkwik, só is ek ook uitermate verbly deur hierdie vriendelike en vreedsame ontmoeting met u. Ek sien dit as ’n duidelike teken van God se genade teenoor my, asof God self so vriendelik aan my verskyn het.

11 Anders: tog ’n behae in my, of: so vriendelik het u my ontvang.

12 Hebr. seën. Dit word ’n geskenk genoem in Jos. 15:19. 1 Sam. 25:27; 30:26. 2 Kon. 5:15. Vgl. 2 Kor. 9:5, 6, omdat dit bestaan uit dinge wat deur die ryke seëning van die HERE aan die mens geskenk word, en word gewoonlik weggegee met gelukwensing en ontvang met danksegging.
13 Naamlik Esau.

14 Dit is, teenoor, met jou, voor jou, in jou geselskap, deur my na jou te voeg tydens die reis, al is my mense sterker en meer uitgerus as jou mense.

15 Naamlik Jakob.

16 Ruben, die oudste, sou dié tyd omtrent twaalf of dertien jaar oud kon wees.

17 Anders: dragtige ooie.

18 Of: op my, dit is, onder my sorg en bewaring.

19 Of: saggies, rustig.

20 Hebr. volgens die voet, en so in dit wat volg.

21 Dit is, bewys my hierdie guns, doen wat ek versoek, en moenie enige van jou manskappe by my los nie.
22 Hierdie plek het toe nog nie hierdie naam gehad nie, maar het dit daarna gekry, soos aan die einde van hierdie vers gesê word.

23 Dit is, hutte, tente, dakke, krale. Hierdie plek was geleë anderkant die Jordaan, in die stam van Gad, nie ver van Pnuel af nie. Sien Jos. 13:27. Rig. 8:5, 14, 15. Daar word van ’n ander Sukkot gespreek in Ex. 12:37.

a Jos. 24:32. Hand. 7:16. 24 Hebr. sjalem, dit is, behoue. Ander verstaan Sjalem as die naam van ’n stad by die Jordaan, ongeveer waar Johannes die Doper later gedoop het; te onderskei van ’n ander Salem, wat later Jerusalem genoem is; sien Gén. 14:18. Ps. 76:3.

25 Sien Gén. 12:6 se kanttekening.

26 Hebr. Gamor. In Hand. 7:16 word hy (Grieks) Emmor genoem.

27 Lammers genoem, omdat die figuur van ’n lam daarop geteken was. Sien Jos. 24:32. Job 42:11, en vgl. Hand. 7:16. Ander verstaan werklike skape, wat hy vir die land gegee het, soos dit ook gebruiklik was om te koop en te verkoop met die verwisseling van goedere.

28 Om ’n dankoffer daarop te offer, en die gehele godsdiens te beoefen, volgens die voorbeeld van sy vaders. Sien Gén. 12:7 en die kanttekening; Gén. 13:18.

29 Hebr. El Elohe Israel.