Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 35

Jakob by Bet-el. Dood van Ragel en Isak.

1

DAARNA het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en 1bou daar ’n altaar vir die God awat aan jou verskyn het btoe jy op die vlug was vir jou broer Esau.

2

Toe sê Jakob aan sy 2huisgesin en aan 3almal wat by hom was: Verwyder die 4vreemde gode 5wat onder julle is, en 6reinig julle en trek ander klere aan;

3

en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ’n altaar bou vir die God 7wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was 8op die weg wat ek gegaan het.

4

Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode 9wat in hulle besit was, en die 10ringe aan hulle ore, en Jakob het dit 11begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.

5

En toe hulle weggetrek het, kom daar 12’n skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.

6

So het Jakob dan in 13Lus aangekom wat in die land Kanaän is — dit is 14Bet-el — hy en al die mense wat by hom was,

7

en hy het daar ’n altaar gebou en cdie plek 15El Bet-el genoem, omdat 16God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.

8

En 17Debóra, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: 18Eik van geween.

9

Toe verskyn dGod weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;

10

en God sê vir hom: 19Jou naam is Jakob; ejy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.

11

Verder sê God vir hom: fEk is 20God, die Almagtige. 21Wees vrugbaar en vermeerder. g’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou afstam, en hkonings sal 22uit jou lendene voortkom.

12

En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.

13

Toe het God 23van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.

14

En 24Jakob ihet ’n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ’n gedenksteen van klip, en daarop ’n 25drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.

15

En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, 26Bet-el genoem.

16

Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 27’n kort ent pad was om by 28Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.

17

En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is 29ook ’n seun vir u.

18

En 30toe haar siel uitgaan — 31want sy het gesterwe — noem sy hom 32Ben-Oni. Maar sy vader het hom 33Benjamin genoem.

19

kSo het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na 34Efrat, dit is 35Betlehem.

20

En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel 36tot vandag toe.

21

En 37Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van 38Migdal-Eder.

22

En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se 39byvrou, lgemeenskap gehad. En 40Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.

23

m41Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Sébulon.

24

Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.

25

En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.

26

En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob 42wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

27

En Jakob het by sy vader Isak gekom in 43Mamre, by 44Kirjat-Arba, dit is 45Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, 46en ook Isak.

28

En die dae van Isak was honderd-en-tagtig jaar.

29

En Isak 47nhet die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is 48by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom 49begrawe.

a Gén. 28:12, 13.

b Gén. 27:43.

1 Om die belofte te gedenk wat Ek daar aan jou en jy aan My gemaak het, Gén. 28:13, 14, 20. Dit wil voorkom of dit daartoe dien dat Jakob getroos en versterk mog word teen die vrees waarmee hy bevange was. Sien Gén. 34:30.
2 Hebr. huis. Sien Gén. 7:1 se kanttekening.

3 Diensknegte en diensmaagde, en die wat van buite bygekom het.

4 Hebr. gode van die vreemde. Verstaan die beelde van die afgode, wat deur vreemde volke gedien was, wat nie die ware God is, wat Hom aan Abraham, Isak en Jakob geopenbaar het nie. So word die afgode genoem in Deut. 31:16; 32:12. Jos. 24:20. Ps. 81:10. Hulle word ook ander gode genoem, Deut. 6:14. Jos. 23:16. Rig. 10:13. So ook nuwe gode, Rig. 5:8.

5 Hieruit blyk dit dat daar nog enkele beelde by Jakob se gesin verborge was, hetsy dit die afgode van Laban was, Gén. 31:19, of ’n aantal waardevolle beelde wat hulle uit die plundering van Sigem gekry het, of wat ander gevangenes saamgebring het. Sien Gén. 34:29.

6 Om met hierdie uitwendige seremonie die inwendige suiwering en bekering van die hart te betuig, wat hulle nie net nodig gehad het ten opsigte van die afgodiese besmetting nie, maar ook in die besonder vanweë die moord op die Sigemiete, om hulle gereed te maak vir die plegtige godsdiensoefening, wat Jakob op God se bevel met sy huisgesin sou verrig. Sien Ex. 19:10, 14.

7 Dit is, wat gewoond is om my te verhoor. God antwoord sy volk, as Hy met woorde of werke laat blyk dat Hy hulle verhoor het. Sien 1 Kon. 18:24. Ps. 22:22. Jes. 41:17, 18.

8 Naamlik van Haran af tot hier toe.

9 Of: wat in hulle hand was. Sien 2 Sam. 8:10 se kanttekening.

10 Dit het Jakob van hulle afgeneem, óf omdat dit uit die plundering van die afgode van Sigem verkry is, óf ter ere van daardie afgode gedra was, óf deur sy mense misbruik kon word.

11 Of: verberg. Sonder dat sy mense geweet het waar hy dit gelaat het, sodat niemand dit mog vind en vir bygeloof en afgodery misbruik nie.

12 Dit is, wat van God gestuur en baie groot was. So ook in Ex. 23:27. 2 Kron. 14:14; 17:10. Die woord God word soms gebruik om die grootheid en uitnemendheid van ’n saak uit te druk. Sien Gén. 13:10 se kanttekening. Sonder hierdie skrik sou Jakob met al sy mense maklik oorval en uitgewis geword het, weens die daad wat Símeon en Levi in Sigem gepleeg het, Gén. 34:25.
13 Sien Gén. 12:8 se kanttekening; Gén. 28:19.

14 So deur Jakob genoem.

c Gén. 28:19. 15 Dit is, God is by Bet-el. So noem hy hierdie plek die tweede keer; sien Gén. 28:19 en vgl. Gén. 33:20 se kanttekening.

16 Sien Gén. 28:13 en die manier van spreek in Gén. 20:13 en die kanttekening.

17 Wat saam met Rebekka uit Mesopotámië gestuur was na die land Kanaän. Sien Gén. 24:59.

18 So genoem omdat hulle Debóra daar betreur en beween het. Hebr. Allon-Báguth.

d Hos. 12:5.
e Gén. 32:28. 2 Kon. 17:34. 19 God bevestig hier aan Jakob dit wat Hy tevore aan hom gesê het. Sien Gén. 32:28 se kanttekening.
f Gén. 17:1; 28:3; 48:3.

g Gén. 17:6, 16.

h Matt. 1:6.

20 Sien Gén. 17:1 en die kantekening.

21 God bevestig hier die seën van sy vader Isak, wat hy aan hom gegee het toe hy na Mesopotámië gevlug het. Sien Gén. 28:3, 4.

22 Dit is, uit jou eie vlees en bloed gebore word. So ook in 1 Kon. 8:19. 2 Kron. 6:9. Hand. 2:30. Vgl. Gén. 46:26.

23 Hebr. opgevaar van bo hom. Van God word gesê dat Hy opvaar en neerdaal, nie omdat Hy van plek verander nie (aangesien Hy oral is), maar wel die tekens van sy teenwoordigheid, wat Hy openbaar deur sy neerdaling, soos in Gén. 11:5. Ex. 3:8. Núm. 11:17, of wegneem deur sy opvaring, soos hier en in Gén. 17:22. Rig. 13:20.
i Gén. 28:18. 24 Jakob vernuwe hier die gedenkteken wat hy tevore opgerig het, Gén. 28:18, omdat dit met verloop van tyd of deur moedswil van die inwoners, vervalle of omgegooi is, sodat dit mag strek tot ’n ewige gedagtenis van God se weldaad en van sy verskuldigde plig.

25 Verstaan hierdeur, óf die olie, soos direk hierna volg, óf wyn, óf enige ander vloeistof wat gewoonlik gebruik was in drankoffers tot danksegging.

26 Omdat hy sy belofte wil vervul, vernuwe hy nie net die gedenkteken nie, maar ook die naam. Dit wil voorkom of hierdie plek verskillend is van El Bet-el, vers 7.
27 Sien Gén. 48:7. 2 Kon. 5:19.

28 Dit is die naam van ’n stad, wat gewoonlik Betlehem genoem word. Sien oor beide hierdie name vers 19. Miga 5:1.

29 Naamlik, soos u gewens het dat vir u nog een, benewens Josef, bygevoeg sou word, Gén. 30:24.
30 ’n Duidelike beskrywing van die dood, waaruit blyk dat die dood ’n skeiding is van die siel, wat tot ’n ander lewe oorgaan en uit die liggaam gaan, wat deur die dood vergaan. Daarom word ook van diegene wat nog lewe gesê dat hul siel in hulle is, 2 Sam. 1:9, van diegene wat sterwe dat hul gees uitgaan, Ps. 146:4; en van diegene wat opstaan dat hul siel in hulle terugkeer, 1 Kon. 17:21, 22.

31 Of: dat sy gesterwe het, en noem of het genoem.

32 Dit is, seun van my smart, van my droefheid.

33 Dit is, seun van die regterhand, dit is, wat altyd die naaste aan my en baie geliefd sal wees, soos ’n mens se regterhand vir hom is, Ps. 80:18.

k Gén. 48:7. 34 Dit wil voorkom of hierdie naam aan Betlehem gegee was deur Kaleb se vrou; sien 1 Kron. 2:19, 24. Daarmee word ook hierdie Betlehem, geleë in die stam van Juda (Miga 5:1. Matt. 2:6), onderskei van ’n ander Betlehem, geleë in die stam van Sébulon, Jos. 19:15.

35 Betlehem beteken ’n huis van brood.

36 Naamlik in die tyd toe Moses dit geskryf het; ja, dit het nog bestaan ten tyde van Samuel en Saul, 1 Sam. 10:2. Sien oor die kindermoord wat Herodes in hierdie omgewing aangerig het ten tyde van Christus se geboorte, Jer. 31:15. Matt. 2:16, 17.
37 Hier word Jakob die eerste keer Israel genoem, volgens God se bevel in vers 10.

38 Dit is, ’n toring van die trop. Sien ook Miga 4:8 se kanttekening.

l Gén. 49:4. 39 Sien Gén. 22:24 se kanttekening.

40 Sonder twyfel met groot hartseer, aangesien deur hierdie daad van Ruben God vertoorn is, sy gesin onteer is, en daar aanleiding tot lastering gegee is; sodat Jakob, toe hy op sy sterfbed gelê het, rede gehad het om hom te bekla oor hierdie skandelike daad, Gén. 49:3, 4, en om Ruben die eersgeboortereg te ontneem, 1 Kron. 5:1, 2.

m Gén. 46:8. Ex. 1:2. 41 Hierdie twaalf seuns van Jakob word hier genoem, omdat hulle getal nou, ná Benjamin se geboorte en Ragel se dood, vol was en vir hom geen seuns meer gebore is nie. Hierdie twaalf was die vaders van die twaalf stamme van Israel, van wie dikwels hierna gespreek sal word.
42 Behalwe Benjamin, wat by Efrat in die land Kanaän gebore is, vers 16. Maar Moses spreek so aangesien al die ander daar gebore is. Dit is ’n manier van spreek waardeur iets nie presies of ten nouste gestel word nie, maar in die algemeen en in sekere opsigte. Sien Gén. 15:13; 46:15; Rig. 20:46; 1 Kor. 15:5 en die kanttekeninge.
43 Sien oor hierdie plek Gén. 23:17. Só genoem na Abraham se bondgenoot, wie se naam Mamre was. Sien Gén. 13:18 se kanttekening; Gén. 14:13, 24.

44 Sien Gén. 23:2.

45 Sien Gén. 13:18; 23:2, 19.

46 Wat nog as vreemdeling daar gewoon het.

n Gén. 25:8. 47 Vgl. Gén. 25:8.

48 Sien Gén. 15:15 se kanttekening.

49 Naamlik in die spelonk waarvan gelees word in Génesis 23, waarin Abraham ook begrawe gelê het, Gén. 25:9. Hierdie spelonk was in Hebron. Die sterwe van Isak het lank ná hierdie tyd gebeur, omdat Jakob ten minste drie-en-twintig jaar ná sy terugkeer uit Mesopotámië in Kanaän gewoon het, voordat sy vader gesterf het. Dit word egter hier deur Moses beskryf, om daarmee Isak se geskiedenis agter te laat en met Jakob se geskiedenis voort te gaan.