Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 38

Juda en Tamar.

1

IN 1dié tyd het Juda afgetrek, van sy broers af weg, en uitgedraai na ’n man van 2Adúllam met die naam van Hira.

2

En aJuda het daar die dogter van ’n Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en 3hy het met haar getrou en 4by haar ingegaan.

3

En sy het bevrug geword en ’n seun gebaar, en sy het hom Er genoem.

4

Daarna het sy weer bevrug geword en ’n seun gebaar en hom Onan genoem.

5

En sy het nog weer ’n seun gebaar en hom bSela genoem; en 5hy was in 6Kesib toe sy hom gebaar het.

6

En Juda het vir Er, sy eersgeborene, ’n vrou geneem, en haar naam was Tamar.

7

Maar Er, die eersgeborene van Juda, 7het die HERE mishaag. Daarom het die HERE hom 8laat sterwe.

8

Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en 9sluit die swaershuwelik met haar en 10verwek vir jou broer ’n nageslag.

9

Maar Onan 11het geweet dat die 12nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond 13verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.

10

En dit was verkeerd 14in die oë van die HERE wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe.

11

Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: 15Bly ’n weduwee in die huis van jou vader 16totdat my seun Sela groot is. 17Want 18hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.

12

19En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda 20klaar getreur het, het hy opgegaan na 21die skeerders van sy kleinvee, na 22Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.

13

En hulle het Tamar te kenne gegee en gesê: Kyk, jou skoonvader gaan op na Timna om sy kleinvee te skeer.

14

Toe trek sy die klere van 23haar weduweeskap uit en 24bedek haar met ’n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van 25Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie.

15

Toe Juda haar sien, het hy haar vir ’n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het;

16

en hy het na haar uitgedraai by die 26pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: 27Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?

17

En hy antwoord: Ek sal jou ’n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: 28As jy ’n pand gee totdat jy dit stuur.

18

En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die 29bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.

19

En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.

20

En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie.

21

Toe vra hy die mense van 30haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in 31Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie.

22

Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie.

23

Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons 32nie ’n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie.

24

Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: 33Bring haar uit, 34dat sy verbrand kan word.

25

Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.

26

En Juda het dit herken en gesê: 35Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En 36hy het haar verder nie meer 37beken nie.

27

En toe sy sou baar, cwas daar ’n tweeling in haar skoot.

28

En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ’n 38rooi draad om sy hand gebind en gesê: 39Hierdie een is eerste gebore.

29

Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: 40Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom 41dPeres genoem.

30

En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom 42Serag genoem.

1 Dit is, in die tyd nadat Jakob uit Mesopotámië teruggekeer en in Kanaän gewoon het. Hier word enkele dinge beskryf wat voor die verkoping van Josef gebeur het, en ander dinge wat daarna gebeur het; maar Moses voeg dit saam omdat dit handel oor een patriarg, en omdat dit van so ’n aard was dat dit met een beskrywing op ’n gepaste wyse afgehandel kon word.

2 Adúllam was ’n stadjie in die omgewing van Hebron geleë, wat daarna aan die stam van Juda toegeken is, Jos. 12:15; 15:35.

a 1 Kron. 2:3. 3 Naamlik teen God se wil, die goeie voorbeeld van sy voorouers, en sonder twyfel buite of ook teen sy vader se raad en goedkeuring. Sien soortgelyke huwelike in Gén. 6:2, 4; 26:34; 27:46.

4 Sien Gén. 6:4 se kanttekening.

b Núm. 26:20. 5 Naamlik Juda.

6 Die naam van ’n plek of stad geleë in die land Kanaän, en daarna in die stam van Juda, nie ver van Adúllam af nie; ook Agsib genoem, Jos. 19:29. Rig. 1:31. Miga 1:14.

7 Sien Gén. 21:11 se kanttekening, want hy was geneig tot en het uitgebreek in groot en growwe sondes, wat God se regverdige gramskap teen hom opgewek het. Vgl. Gén. 6:11; 10:9 en die kanttekeninge.

8 Naamlik op so ’n manier dat ’n mens deur sy dood God se regverdige oordeel kon merk. So ook in vers 10.

9 Die Hebreeuse woord beteken om met sy broer se nagelate vrou te trou, volgens die gebruik van daardie tyd en deur die wet daarna bevestig, Deut. 25:5, 6. Rut 1:11. Matt. 22:24, ens.

10 Want die voorwaarde van hierdie huwelik was dat die eersgebore seun as die seun van die oorledene beskou moes word.

11 Sien die voorgaande vers se kanttekening.

12 Dit is, seun. Sien Gén. 4:25 se kanttekening.

13 Of: geskend, deur dit op die aarde te stort; aangesien die Hebreeuse woord beide betekenisse insluit; dit was so goed asof hy die vrug (om so te spreek) uit die moeder se liggaam weggeruk en vernietig het.

14 Dit is, in God se oordeel. Sien Job 11:4 se kanttekening.
15 Of: Sit, of: Bly sit. So ook in dit wat volg.

16 Terwyl hy voorgee asof hy hom dan aan haar ten huwelik wou gee; maar uit die volgende blyk dat dit nie sy voorneme was nie.

17 Anders: Maar.

18 Sien Gén. 20:11 se kanttekening.

19 Hebr. Toe die dae vermenigvuldig het, dit is, toe ’n geruime tyd verloop het, en Sela nogtans nie aan Tamar gegee was nie.

20 Of: homself getroos het, dit is, hy het sy rou afgelê. Vgl. Gén. 37:35.

21 Want in die skeertyd was dit die gebruik om feesmale te hou, en met vriende vrolik te wees, 1 Sam. 25:36.

22 ’n Stad nie ver van Adúllam af geleë nie, wat later die stam van Juda ten deel geval het, Jos. 15:57. ’n Mens lees ook van ’n Timnáta wat in Dan geleë is, Jos. 19:43.

23 Want die weduwees was eenvoudiger en nederiger geklee as ander vroue.

24 Tamar het, om soos ’n oneerbare vrou te lyk, haar versier met ’n sluier, haar gesig toegedraai en verberg, en langs ’n openbare pad gaan sit, sodat sy haar skoonvader sou kon bedrieg, terwyl sy onbekend bly. Vgl. Spr. 7:12; 9:14. Eség. 16:24, 25.

25 Dit word deur sommige gehou vir die naam van ’n sekere plek. Ander vertaal dit met ’n kruispad, wat, volgens hulle gevoel, ’n deur van die oë genoem word, omdat op ’n kruispad die oë oopgemaak word om herwaarts of derwaarts te kyk. Ander vertaal dit met twee fonteine ().

26 Naamlik by die pad waar sy gesit het.

27 Sy eis hoereloon, nie uit begeerte van gewin nie, maar om hom later daarmee te oortuig, soos blyk uit vers 25. En Juda was so meegesleur deur die hitte van vleeslike lus dat hy die stem van sy skoondogter nie herken het nie.

28 Verstaan hierby: Ek sal jou ter wille wees, indien jy, ens. Anders: Sal jy ’n pand gee totdat jy dit stuur?
29 Die Hebreeuse woord beteken eintlik gedraaide of gevlegte gare, en word verstaan as toue en doeke wat van sulke gare gemaak is. Anders: sweetdoek, sakdoek.
30 Dit is, van die plek waar Tamar gesit het.

31 Sien vers 14 se kanttekening.

32 Dit is, sodat ons hoerery nie ontdek word nie, vanweë die baie navrae na ons besittings, wat ons tot skande sou dien. Merk op dat by die heidene en afgodedienaars, soos die Adullamiete, hoerery as ’n skande gereken was.
33 Naamlik na die stadspoort, sodat ’n mens haar voor die owerheid kan daag as ’n owerspeelster, omdat sy aan my seun Sela belowe was.

34 So was owerspel dan in dié tyd, ook voordat die wet gegee is, beskou as ’n misdaad wat die dood verdien. Sien Gén. 20:3 se kanttekening; Gén. 20:7, 9.

35 Sy gewete pla hom, nie net omdat hy sy belofte aan Tamar nie gehou het nie (soos in hierdie vers genoem word), maar ook omdat hy doelbewus hoerery bedryf en onbewus bloedskande begaan het.

36 Hebr. hy het nie voortgegaan om haar te beken nie.

37 Sien hierdie manier van spreek in Gén. 4:1 se kanttekening.

c 1 Kron. 2:4.
38 Die Hebreeuse woord beteken eintlik so ’n materiaal wat twee keer in skarlaken kleurstof gedoop is. Sien Ex. 25:4. Lev. 14:4 en die kanttekening.

39 Omdat sy gemeen het dat hy eerste gebore sou word en dus die eersgeborene sou wees.

d Matt. 1:3. 40 Dit is, hoe het jy voor jou broer, wat vóór jou was, deurgedring, om in die wêreld te kom?

41 Hebr. Perets, dit is, deurbreking, skeuring. Die rede vir dié naam is omdat hy kragtig deurgebreek het om sy broer die voordeel van die eersgeboorte, wat hy skynbaar gehad het, af te neem.

42 Dit is, opgang, oprysing, omdat hy hom eerste laat sien het in die geboorteproses.